Solidariteit Tydskrif | Uitgawe 2 van 2012

Page 1

So

lida

rite it 1

10 j

aar -fe esu

itga we

Solidariteit Solidarity

02 • 2 01 2 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

Solidariteit Beweging

9 771683 562000




Solidariteit FinansiĂŤle Dienste Solidariteit Beweging


7 8 42 73

Met die intrapslag In Beweging – reeds 110 jaar Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Ekonomiese vryheid begin met opleiding Jy & die reg Ongeskiktheid ná besering: Wat’s my regte? In retrospek Met baie liefde, van ’n weggooikind

Nuuswaardig

10 12 14 16 18 19 20 21 22 23 26

Die Solidariteit Beweging: 110 jaar jonk Solidariteit Beweging gee hoop vlerke Elke tree daar deur trotse geskiedenis Nuwe Beweging, ’n nuwe handelsmerk Aangrypende Randse Staking: 90 jaar later Oud, jonk tuis by Solidariteit Só gaan ons Afrikaans laat vlamvat FAK nou ook deel van Beweging Regstellende aksie het kompas verloor Prisoners of affirmative action at DCS Verewig jou tuiste in ’n kiekie en wen!

28 29 30 31 32 33 34 35 36 37 40 44 45 46 47 48 50

Massasteun teen Absa-afleggings What to expect at disciplinary hearing Húlle ook onder vakbond se vlerk Sappi-afleggings: Solidariteit veg voort Afrikaanse eksamen: Storm woed voort Só woeker vakbond regdeur die land Belasting: Hoeveel mense betaal werklik? Ekonomiese vryheid:Wat beteken dit? 10-year struggle paid of Hoe om nee-sê-kollegas uit te skakel Só ruk tolgeld en brandstof jou beursie ANC-aanslag op howe se onafhanklikheid Al jou lidmaatskapvrae beantwoord Oppas wat jy op sosiale media kwytraak Kennisekonomie vra vernuwende denke Is die verpleegberoep aan die uitsterf? Wanneer werk bron van trauma word

2012

6

02

Gereeld

inhoud In Beweging

26

20

52 53 54 54

56 56 57 58 58 59 60 61 62 62 64 65 70 72

Bedryfsnuus

44

34

R7 miljoen in beurslenings toegeken Só help ons ’n volk om op te staan Deel wêreld van werk met ’n kind Só help Beroepsleidingsdiens jongmense met vakkeuses Afrikaans: Moet ons taal beskerm word? Taalwet-tydlyn Jeug staan op teen onderdrukking Sol-Tech: Instelling met karakter(s) Instelling met karakter van sport en ontspanning Instelling met karakter van groei en ontwikkeling Eerste sosialemedia-staptog aangebied Nuut op Maroela Media se boekrak Ai, dit was die goeie ou dae Skep jou eie Afrikaanse blog by Maroela Plaasaanvalle: Deel jou storie Vroue en kinders se lyding só onthou Buckets full of benefits for our members Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep

Ons is die oudste burgerlike beweging in Suid-Afrika met sy wortels in die mynbedryf, maar 110 jaar ná sy stigting maak Solidariteit die plan vir ’n hele nuwe beweging bekend: Die Solidariteit Beweging – ’n nuwe plan met nuwe instellings, ’n driejaarplan met ’n begroting van meer as R1 miljard. XX

Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit.



met die intrapslag

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300

www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23

EDITOR REDAKTEUR Chris du Plessis

NEWS EDITOR NUUSREDAKTEUR Ilze Nieuwoudt WEBREDAKTEUR WEB EDITOR Daleen de Jager

ADVERTENSIES ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784

In Beweging – reeds 110 jaar

V

anaf die vroeë 1900’s, om presies te wees 1902, was daar ’n Ouboet in die werkplek wat begin omsien het na werknemers se regte: ’n Organisasie wat hom ten doel gestel het om die werkersklas op die myne aan die Witwatersrand teen uitbuiting te beskerm. Vandag, 110 jaar later, staan Solidariteit steeds trots sy plek vol as segsman vir die weerlose, met ’n passie om vir sy mense beskerming te bied. Hoe kry Solidariteit dit reg om deur al die veranderings heen steeds relevant te bly? Wat maak van Solidariteit se storie ’n suksesverhaal? • Die feit dat ons op die vaste geloof en beginsels van die Christelik demokratiese vakbondstelsel gevestig is. • Die feit dat ons erken dat dit wat ons doen, nie ons werk is nie, maar ons roeping. Hiervolgens moet ons ’n interne lokus van kontrole hê; met ander woorde, die plig om ’n verskil te maak, lê by ons, nie by iemand anders nie. Dit is juis hierdie selfdoen-beginsel wat Solidariteit meer as net ’n vakbond maak. Die kwessie van Afrikaner-armoede wat veral ná die Anglo-Boereoorlog kop uitgesteek het, het uiteindelik tot die stigting van Solidariteit Helpende Hand in 1949 gelei. Sedertdien is ander behoeftes wat ontstaan het met die stigting van AfriForum, Sol-Tech, Solidariteit Finansiële Dienste, Akademia en nog vele meer

6

02/2012 • www.solidariteit.co.za

eiehandig onder die loep geneem. Vandag is daar reeds bykans 20 selfdoen-instellings in die Solidariteit Beweging. 2012 is vir ons ’n baie spesiale jaar. Dit is ’n jaar waarin die Solidariteit Beweging bekendgestel word as ’n hegte familie van instellings wat in die Beweging hul gedeelde waardes uitleef. So is die Solidariteit Beweging met sy amptelike bekendstelling op 17 April vanjaar nie net een van die modernste rolspelers in Suid-Afrika nie, maar ook een met die langste geskiedenis. Die Solidariteit Beweging is ’n organisasie wat self ’n verskil in die lewens van sy lede en Suid-Afrika as ’n geheel maak. Hierdie uitgawe van Solidariteit Tydskrif word in dankbaarheid gewy aan 110 jaar van genade, 110 jaar van groei en 110 jaar van verskil maak aan dit wat voorlê. Geniet hierdie unieke feesjaaruitgawe propvol inligting oor wie en wat die Beweging is, en word deel van ’n suksesvolle span met ’n vaste vertroue en geloof in ons toekoms!

ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media

INTEKENARE SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ACCOUNTS Elna Botes

MEDEWERKERS CONTRIBUTORS Flip Buys, dr. Dirk Hermann, Chris du Plessis, Marietha Malan, Ilze Nieuwoudt, Esté Meyer-Jansen Reint Dykema, Daleen de Jager, Johan Roos, Cilleste van der Walt, Moira-Marie Kloppers, Juanita du Preez, Phil Davel, Nico Strydom, Piet le Roux, Jahni Cowley, Paul Joubert en Suné van Heerden UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE

tel: 082 445 4513 aksentmedia@vodamail.co.za

DRUKWERK PRINTING Paarl Media Gauteng

VERSPREIDING DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria

Soli Deo Gloria!

Chris du Plessis Redakteur

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo vir Sirkulasie en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Is jy trots op geskiedenis?

SÊ JOU SÊ!

A. Ja, dit is immers waar ons vandaan kom. B. Nee, die toekoms is belangriker. C. Ek gee nie regtig om nie. • Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Jy kan ook by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem en die uitslag van vorige peilings sien.

Kies beste vakbond om jou by te staan

Solidariteit maak beswaar teen tolgeld

Daar word genoem dat tolgeld jaarliks “slegs” volgens inflasie verhoog sal word. Indien die tolgeld bedoel is om binne ’n spesifieke tydperk vir die konstruksie van die paaie te betaal, moet daar tog ’n dag kom wanneer die paaie klaar betaal is en net instandhouding nodig is? Daar behoort nou al ’n datum te wees wanneer die paaie betaal en tolgeld verlaag gaan word. Die kans is egter skraal dat dit ooit sal gebeur. David Martens: Ons weet egter ook dat tolgeld in der waarheid maar net nog ’n speen is wat aan die uitgemelkte koei gelas is om méér belasting op te eis vir die spandabelrige leefwyses van die regeringspolitici, asook omkoopgeld waarmee “vriende” in die buiteland (en plaaslik) vergoed word. Kyk maar na die heffings (oftewel belastings) op brandstof, elektrisiteit, voertuiglisensies en baie

meer. Dit gaan oor die totalitêre beheer oor ons finansies – dis al. Michele Bester Lammertyn: Ons gaan vir ewig betaal, net soos vir e-natis, daardie R30 het nou al ’n administrasiefooi geword, maar word net nie geskrap nie! Kays Smit: Ons kan nie net alles gelate aanvaar nie. Ons moet kla, al help dit nie!

Foto’s: iStockphoto.com

Beweeg saam! Sluit vandag nog aan!

Solidariteit maak dit voortdurend makliker vir mense om by die vakbond aan te sluit. Jy kan ook aansluit deur bloot ’n SMS te stuur. Solidariteit se dienssentrum sal jou dan terugskakel en jou vinnig en maklik telefonies help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “LID” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2.

Albie Stodart, graadverteenwoordiger van Randfontein, skryf: Ek wil graag vir Willie van Rensburg, senior organiseerder van Carletonville, bedank vir die wyse waarop hy die salarisaanpassings vir treindrywers, treinkontroleurs en treinbeheeramptenare (Sheltam: verskeie depots) hanteer het. Aangesien hierdie kwessie reeds die afgelope vier jaar aan die gang was, het ek en Willie dit letterlik van ons voorgangers “geërf.” Nodeloos om te sê, het ons lede se gemoedere van die staanspoor af hoog geloop en was ek en Willie as die skuldiges gebrandmerk. Soos dit egter ’n goeie organiseerder betaam, het Willie deurentyd koelkop en professioneel gebly en die beste vir sy lede “uitgebewe” (soos hy dit stel). Ek wil alle werknemers aanmoedig om by Solidariteit aan te sluit. Dit is jou belangrikste plig teenoor jouself om by die beste vakbond, naamlik Solidariteit, aan te sluit. Baie dankie vir almal se volgehoue ondersteuning. (Brief verkort – Red.)

*

Het jou adres verander of wil jy op Solidariteit se elektroniese kommunikasie inteken? Stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za. Stuur jou nuuswenke na nuus@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • 02/2012

7


spreek Buys

Flip Buys is uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.

deur Flip Buys

Ekonomiese vryheid begin met opleiding

Die hoofoorsaak van armoede is dat armes nie aktief aan die ekonomie deelneem nie. In kort – mense is arm wanneer hulle nie ’n goeie werk het of kan kry nie. Armes het gewoonlik ook nie die kennis en vaardighede om self ’n suksesvolle onderneming te begin nie. Wie nie aan die ekonomie deelneem nie, geniet nie die voordele van deelname soos ’n salaris nie.

D

ie ekonomie vergoed mense volgens die grootte of waarde van hulle bydrae tot die ekonomie. Hierdie waarde word hoofsaaklik deur die mark se vraag en aanbod bepaal. Die vraag na die dienste van ’n opgeleide ingenieur is byvoorbeeld hoër as die vraag na ’n ongeskoolde handewerker. Daarby lewer ingenieurs ’n groter bydrae met ’n hoër waarde tot die ekonomie, omdat hulle beter opgelei is. Dit beteken dat ’n werknemer se vergoeding regstreeks deur sy vlak van opleiding en vaardigheid bepaal word.

Voordele van opleiding

Navorsing bewys duidelik dat opleiding veral twee belangrike voordele het: • Hoe beter mense opgelei is, hoe hoër is hulle vergoeding. • Die werkloosheidskoers van opgeleide mense is veel laer as die gemiddelde, en as hulle hul werk verloor, kry hulle vinniger weer ander werk.

Foto’s: iStockphoto.com; Reint Dykema; Mapsofworld.com

Ekonomiese vryheid

8

Ekonomiese vryheid beteken verskillende dinge vir verskillende mense. Sosialiste sien dit as vryheid van behoeftes aan geld en dienste soos behuising, gesondheidsorg en elektrisiteit. Die pad na ekonomiese vryheid vir sosialiste is deur geld by wyse van belasting van werkendes te vat en aan armes te gee in die vorm van toelaes, dienste, staatsdiensposte en dies meer. In die praktyk is hierdie stelsel nie in Suid-Afrika moontlik nie, omdat slegs 10% van die bevolking belasting betaal. Geen mens kan op die lang termyn meer betaal word as wat hy bydra nie. Ondersteuners van die vrye mark sien ekonomiese vryheid as die vryheid om jou eie ekonomiese besluite te neem, sonder inmenging deur die staat. Hierdie siening het baie sin, maar slegs as mense se opleiding goed genoeg is om aan die vryemarkekonomie deel te neem (of te mag deelneem – dit is nie ’n resies wat iemand moet wen nie). 02/2012 • www.solidariteit.co.za

“Opleiding is die enigste pad na ware en blywende ekonomiese vryheid. Die ekonomie het oor en oor bewys dat alle ander paaie net doodloopstrate na armoede en ellende is.”


spreekBuys

Padkaart na vryheid

Daarom begin Solidariteit se padkaart na ekonomiese vryheid by goeie onderwys en opleiding. In enige moderne ekonomie is ongeskoolde en swak opgeleide mense arm en werkloos, of het hulle onsekere en swak betalende werk.

Onderwys

Solidariteit is nie self by onderwys betrokke nie, maar ons ondersteun organisasies soos die SuidAfrikaanse Onderwysersunie (SAOU) en die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas). Verder is Solidariteit Helpende Hand betrokke by verskeie ondersteuningsprojekte, soos die Skooltassie- en die Kosblikkieprojek. Ons het die afgelope vyf jaar reeds byna 12 500 skooltassies met skryfbehoeftes uitgedeel. Daarby dryf ons ook skoolvoedings- en verskeie ander hulpprojekte.

Opleiding

Die persentasie 15- tot 24-jariges besig met naskoolse opleiding.

Solidariteit se rol in die bevordering van opleiding is veel groter. ’n Paar rand van elke Solidariteit-lid se maandelikse ledegeld gaan na Helpende Hand se beursfonds, waarmee meer as 500 beurse jaarliks toegeken word. Ons wil hierdie beursfonds grootskaals uitbou, omdat ons vyf keer meer aansoeke kry as wat daar beurse beskikbaar is. Ons tweede projek is ons tegniese kollege, Sol-Tech, waar sowat 600 vakleerlinge tans studeer. Ons gaan dit aanstaande jaar na 800 jongmense uitbrei, omdat ons oorval word met aansoeke. Solidariteit het vanjaar ook sy afstandsonderrigakademie begin, wat ’n hoëronderwysinstelling op universiteitvlak is. Akademia se sentrums het reeds in Pretoria, die Oos-Rand,Wes-Rand, Vaaldriehoek en Stellenbosch geopen.

Die Kampus-bouprojek

Ons begin vanjaar bou aan Die Kampus, wat by voltooiing beide Sol-Tech en Akademia sal huisves en waar duisende mense opgelei kan word. Die bouwerk gaan sowat R150 miljoen kos. Hierdie opleidingsprojekte word gefinansier deur die Solidariteit Groeifonds, waartoe elke lid maandeliks bydra. Daarbenewens dra ons sakebeen ook jaarliks miljoene rande tot opleiding by, waarvan die grootste gedeelte uit ons korttermynversekeringskema kom. Sowat 1 000 jongmense vind tans by ons opleidingsprojekte baat. Ons hoop om dit binne vyf jaar na 5 000 jongmense uit te brei. Dán kan ons regtig begin om ’n verskil te maak.

Die bruto binnelandse produk per capita, aangepas vir koopkrag. Studiefonds

Ons beoog om ons Studiefonds om twee redes nog verder uit te bou. Ons droom is om ’n beursfonds beskikbaar te hê wat groot genoeg is om alle jongmense wat wil studeer, te help om hulle drome waar te maak. Die tweede doelwit is om ons huidige lede ook te help om hulle kwalifikasies te verbeter. Dit sal hulle in staat stel om beter werk met beter vergoeding te kry. Opleiding is die enigste pad na ware en blywende ekonomiese vryheid. Die geskiedenis

het oor en oor bewys dat alle ander paaie net doodloopstrate na armoede en ellende is. Solidariteit se krag lê in ons lede. Kyk net hoe ver het ons reeds gekom met ons lede se bydraes. Met hierdie paar rand per lid lei ons reeds ’n duisend jongmense per jaar op, en spaar ’n duisend ouers groot bedrae aan studiegeld. Ons nuwe planne om die Studiefonds grootskaals uit te brei, kan dit vir ons moontlik maak om saam derduisende meer mense te help om hulself te help. Dit is die enigste pad na ware ekonomiese vryheid. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

9


nuuswaardig

Die Solidariteit Beweging: 110 jaar jonk

Solidariteit is vanjaar 110 jaar oud, en tydens dié feesjaar word al die instellings rondom Solidariteit in een groot beweging, die Solidariteit Beweging, saamgevoeg. Dit gaan gepaard met die bekendstelling van ’n driejaarplan met ’n begroting van meer as R1 miljard. ’n Bouplan waarmee ons opnuut hoop gaan bring!

K

Deur dr. Dirk Hermann

an ’n organisasie 110 jaar jonk wees? Dit is presies wat Solidariteit vanjaar is. Ons is die oudste burgerlike beweging in Suid-Afrika met sy wortels in die mynbedryf, maar 110 jaar ná sy stigting maak Solidariteit die plan vir ’n hele nuwe beweging bekend: Die Solidariteit Beweging – ’n nuwe plan met nuwe instellings, ’n driejaarplan met ’n begroting van meer as R1 miljard. ’n Plan wat ten doel het om vir Solidariteit-lede en hul gemeenskap ’n toekoms te skep. Die Solidariteit Beweging is gebore as vakbond in die hartseertyd ná die Tweede Vryheidsoorlog in 1902, het sy eie strydgeskiedenis van, onder andere, die 1922-staking en was deel van die opstaan van die Afrikaner in die 1930’s, die apartheidtyd en die post-1994 Suid-Afrika. Die Beweging se geskiedenis was dus die afgelope 110 jaar soos ’n goue draad deur die geskiedenis van Suid-Afrika verweef. Die Beweging kon daarin slaag om op kritieke tye besluite te neem wat hom die kanniedood van die SuidAfrikaanse burgerlike samelewing gemaak het. Vandag is die Solidariteit Beweging die sterkste wat hy nog ooit was, en die boublokke vir die volgende 110 jaar is in plek. Binne die Solidariteit-vakbond weet ons ons lede is nie net ekonomiese wesens wat van agt tot vyf werk nie. Ons lede is mense wat ook in gemeenskappe leef, wat huise in munisipaliteite het, wat self arm is of mense wil help wat sukkel, wat ’n taal praat en ’n spesifieke identiteit het. Ons lede is mense wat omgee vir hulle kinders en wat wil hê hulle kinders moet studeer. Die Solidariteit-vakbond se kernfokus is dus om sy lede in die werkplek te beskerm maar ook om vir hulle omstandighede te help skep waarin hulle gelukkig in Suid-Afrika kan leef. Dit is hoekom Solidariteit ’n Beweging rondom hom geskep het. Ons mense se uitdagings is baie groter as net die werkplek. Die Solidariteit Beweging bestaan uit 18 verskillende instellings waarvan die grootste lede-instellings Solidariteit-vakbond, AfriForum, Solidariteit Helpende Hand en die FAK is.

10

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het onlangs gesê: “Vir ’n minderheid om in ’n meerderheidsomgewing te oorleef, moet hulle die meerderheidskennis hê.” Dit is hoekom opleiding so ’n sentrale deel van die Solidariteit Beweging is. Ons opleidingsinstellings is Sol-Tech wat tegniese opleiding doen en Akademia wat hoëronderwyskursusse aanbied en op pad is om ’n volwaardige universiteit te word. Om jongmense in staat te stel om te studeer, het ons ’n beursplatform wat miljoene rande se beurse per jaar uitgee. Binnekort begin bouwerk aan ’n splinternuwe kampus, wat ongeveer R150 miljoen gaan kos, waar al die opleidingsinisiatiewe gehuisves

gaan word. Op die kultuurfront het ons Maroela Media en Kraal Uitgewers; op navorsingsgebied is die Solidariteit Navorsingsinstituut en die NP van Wyk Louw-Sentrum vir Kulturele Vryheid deel van die Beweging. Ook deel van die Solidariteit Beweging is Solidariteit Finansiële Dienste, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy, Solidariteit Groeifonds en Solidariteit Eiendomme. Onder die sambreel van die Solidariteit Beweging maak dié instellings mekaar sterker. Eindelik omvat die Beweging se naam alles: Ons beweeg in solidariteit! • Dr. Dirk Hermann is adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. S


nuuswaardig www.solidariteit.co.za • 01/2012

11


nuuswaardig

Solidariteit Beweging gee hoop vlerke Die Solidariteit Beweging, die eenheid wat voortaan elke entiteit saamsnoer wat die afgelope paar jaar deur die vakbond Solidariteit tot stand gekom het of sedertdien by die Solidariteit-familie ingesluit is, is in April vanjaar tydens Solidariteit se 110de bestaansjaarviering bekendgestel. Met die vakbond steeds aan die voorpunt, vorm dit saam met die afsonderlike dele van die Beweging nou ’n selfs kragtiger geheel. Hoewel elke deel van die Solidariteit Beweging ’n unieke fokus het, werk die entiteite nou saam om op verskeie terreine hoop by mense te vestig. Deur Ilze Nieuwoudt

Solidariteit Solidarity Die vakbond Solidariteit

Die vakbond Solidariteit is die ouboet van die Solidariteit Beweging en lê ten grondslag van die hele Beweging. Solidariteit se hooftaak is om werksekuriteit vir lede te verseker, om hulle diensvoorwaardes te verbeter en om onreg in die werkplek uit te wis.

AfriForum AfriForum

AfriForum wil toesien dat daar aan die basiese voorwaardes vir die voortbestaan van Afrikaners voldoen word, deur in sy hoedanigheid as geloofwaardige belange-organisasie vir Afrikaners en burgerregte-waghond buite die werkplek op nasionale en plaaslike vlak op te tree.

Solidariteit Helpende Hand Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Helpende Hand glo aan opheffing deur opleiding. Die fokus van Solidariteit Helpende Hand is om beurse, beroepsleiding en opvoedingsprojekte aan jong kinders te bied, soos die Skooltassie- en Kosblikkieprojek. Die organisasie het ook landwyd strukture in plek wat diens aan die gemeenskap lewer. 12

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Sol-Tech Sol-Tech

Sol-Tech lei studente in ambagte op en is as ’n instelling vir verdere onderwys en opleiding asook by die tersaaklike Setas geregistreer. Sol-Tech fokus daarop om studente in skaars en kritieke vaardighede op te lei.

akademia

jou oop, afrikaanse leertuiste

Akademia

Akademia is ’n privaat hoëronderwysinstelling wat geakkrediteerde programme aanbied. Akademia het vanjaar reeds met die eerste diploma- en sertifikaatkursusse begin. Studiesentrums is dwarsoor Suid-Afrika gevestig en programme word deur afstandsonderrig aangebied.

Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste (SFD)

Die maatskappy bied ’n reeks finansiële produkte wat insluit korttermynverskering, ’n aftreeplan en finansiële adviesdienste. Die winste van SFD word gebruik om ontwikkelingsprojekte van die Solidariteit Beweging te finansier.

Solidariteit Groeifonds Solidariteit Groeifonds

Elke lid van die vakbond Solidariteit dra maandeliks tot die Solidariteit Groeifonds by. Bydraes word ook ontvang van individue wat nie lede is nie. Die fonds finansier die ontwikkelingsprojekte van die Beweging en die oprigting van SolTech is grotendeels danksy dié fonds moontlik gemaak. Die Groeifonds gaan ook help met die bou van Die Kampus.

Solidariteit Beleggingsmaatskappy

Solidariteit Beleggingsmaatskappy

Solidariteit Beleggingsmaatskappy (SBM) is die houermaatskappy van die sake-instellings van die Beweging. Die beleggingsfilosofie van dié maatskappy is om die instellings te ondersteun wat tot die doelwitte van die Beweging bydra, soos die korttermynversekeringskema en opleidingsentra in Afrikaans.

Solidariteit Eiendomme Solidariteit Eiendomsmaatskappy

Solidariteit Eiendomsmaatskappy besit en bestuur die verskillende eiendomme van die Solidariteit Beweging. Een van die belangrikste projekte van dié maatskappy is die ontwikkeling van ’n nuwe kampus vir Sol-Tech en Akademia.


die

lewende monument vir ’n hoopvolle toekoms

Die Kampus

Die bou van ’n nuwe kampus vir Sol-Tech en Akademia is een van die grootste projekte wat die Solidariteit Beweging dié jaar aanpak. Die boukoste sal ongeveer R150 miljoen beloop.

mar ela Maroela Media

media

Maroela Media is ’n Afrikaanse nuwemediamaatskappy wat met webgebaseerde media werk. Dit sluit ’n webtuiste, internetradio, foto’s, video’s en sosiale media in. Maroela Media is vinnig besig om die grootste Afrikaanse kuierplek op die internet te word.

Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI)

Die SNI gee diepte aan die Solidariteit Beweging. Die instituut doen ekonomiese, sosiale, politieke en regsnavorsing.

Kraal Uitgewers

Kraal Uitgewers gee historiese en aktuele boeke oor en vir Afrikaners uit. Die doel van die uitgewery is om die Afrikaner se geskiedenis gebalanseerd te boekstaaf en om krities, dog positief, om te gaan met aktuele sake wat Afrikaners raak.

FAK

Die FAK is die jongste toevoeging tot die Beweging en het ’n trotse geskiedenis van meer as 80 jaar. Die FAK fokus onder meer op die handhawing en bevordering van Afrikanerbelange.

AfriForum Jeug

AfriForum Jeug strewe daarna om selfstandigheid onder jong Afrikaners te bevorder en die realiteite in Suid-Afrika te beïnvloed deur veldtogte te dryf en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.

NP van Wyk Louw-Sentrum vir Kulturele Vryheid

Dié stigting fokus onder meer daarop om oplossings vir die Afrikaner- en ander taal- en kultuurgemeenskappe te ontwikkel.

Beroepsleidingsdiens

Dié diens lei jongmense om die regte vakkeuses te maak, maar fokus ook op persoonlike ontwikkeling, mentorskap vir beurshouers, uitruilprojekte en die toekenning van beurse.

Vennoot van die Solidariteit Beweging

Virseker Trust Solidariteit is ’n vennoot van die Virseker Trust. ’n Deel van die premie-inkomste van Virseker word aan die Trust geskenk om jongmense in Afrikaans op te lei. S

nuuswaardig

Solidariteit Navorsingsinstituut


nuuswaardig

1902

1918

1995

Elke tree daar deur trotse geskiedenis

Die vakbond Solidariteit vier vanjaar 110 jaar van vakbondwese. Die afgelope 110 jaar was vir Solidariteit en Suid-Afrika ’n tyd van eerstes, opwinding en gebeure wat merkwaardige draaipunte in die geskiedenis geword het. Daar was Dalene Matthee, De la Rey, die Wêreldbekerrugbytoernooi in 1995. Solidariteit was met elke tree daar en is so trots Suid-Afrikaans soos die protea, koeksisters,Tafelberg, braaivleis en biltong. Deur Cilleste van der Walt

In die geskiedenisboeke verewig

• Mei 1902: ’n Vredesooreenkoms word gesluit wat die Anglo-Boereoorlog beëindig. • 14 Julie 1904: Paul Kruger sterf ná ’n paar jaar in die buiteland, maar word langs sy vrou in Pretoria begrawe. • 31 Mei 1910: Die Kaapkolonie, Natal, die Oranjerivierkolonie en Transvaal verenig om die Unie van Suid-Afrika te vorm. • 14 September 1914: Koos de la Rey, bekende leier van die Anglo-Boereoorlog, sterf. • 20 Mei 1916: Huisgenoot (destyds bekend as De Huisgenoot) word vir die eerste keer gepubliseer. • 1918: CJ Langenhoven (1873 – 1932) skryf Die Stem van Suid-Afrika. • 1931:Te midde van die Groot Depressie bevind ’n kommissie dat byna ’n derde van alle Afrikaners armlastig is. Dit lei tot ’n veldtog vir die ekonomiese bemagtiging van Afrikaners. • 1939-1945: Suid-Afrika veg aan Britse kant in Noord-Afrika en Europa tydens die Tweede Wêreldoorlog. • 1948: Die Herenigde Nasionale Party wen die verkiesing. Die party word later 14

02/2012 • www.solidariteit.co.za

• • •

• •

• • • •

hernoem na die Nasionale Party (NP), wat die land sou regeer tot 1994. 1955: Die operasangeres Mimi Coertse maak haar debuut in die operawêreld. 31 Mei 1961: Suid-Afrika word ’n republiek. Die land onttrek ook uit die Statebond. 3 Desember 1967: Dr. Chris Barnard voer die eerste suksesvolle menslike hartoorplanting ter wêreld uit in die Groote Schuur-hospitaal in Kaapstad. 1971: Perskor (die Afrikaanse Perskorporasie) kom tot stand. 3 April 1973: Die eerste oproep met ’n draagbare sellulêre foon word gemaak deur die Amerikaner Martin Cooper van Motorola. Die eerste selfoonnetwerk is uiteindelik in 1994 in Suid-Afrika begin. 5 Januarie 1976: Die SAUK begin met gereelde televisie-uitsendings. 1984: Die kaalvoet-atleet Zola Budd breek twee keer in minder as drie jaar die wêreldrekord in die 5 000 m vir vroue. 1984: Die bekende musikant Koos du Plessis sterf in ’n motorongeluk. 1985: Dalene Mathee se bekendste boek, Fiela se Kind, word vir die eerste keer uitgereik.

• 11 Februarie 1990: Nelson Mandela word ná 27 jaar in gevangenisskap vrygelaat. • 1993: Nelson Mandela en FW de Klerk ontvang saam die Nobelprys vir Vrede. • April 1994: Die ANC wen die verkiesing en Nelson Mandela word in Mei as president ingehuldig. • 1995: Suid-Afrika is gasheer van die Wêreldbekerrugbytoernooi, en tree ook as wenners uit die stryd met Francois Pienaar as kaptein van die span. • 1999:Thabo Mbeki word staatspresident van Suid-Afrika. • 2000: Callie en Monique Strydom word vir 127 dae in die Filippyne gyselaar gehou deur Abu Sayyaf-rebelle. • 2002: Die Suid-Afrikaanse swemmer Roland Schoeman wen ’n goue medalje by die Statebondspele. • 2003: Die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron word die eerste Suid-Afrikaner wat ‘n Oscar-toekenning ontvang, vir haar rol in die film Monster. • 2003: Die Suid-Afrikaanse skrywer JM Coetzee ontvang die Nobelprys vir Letterkunde. • 2010: Suid-Afrika bied die Wêreldbekersokkertoernooi met groot sukses aan.


nuuswaardig

1939

2010

1967

1955 2003 Van vakbond tot Beweging

• 1902: Die Transvaal Miners’ Union word in die lewe geroep. • 1922: Die Randse Staking vind plaas en meer as 35 000 werknemers aan die Rand neem aan die bykans twee maande lange staking deel. • 1934: Die MWU spog met 3 500 lede. • 1939: Die Eerste Ekonomiese Volkskongres

om die armblankevraagstuk op te los word in Bloemfontein gehou. • ’n Hernieude stryd om die beheer van die MWU breek uit tussen die Hervormers en die uitvoerende bestuur van die MWU. • 1987: Arrie Paulus, wat 20 jaar aan die stuur van die MWU gestaan het, tree uit. Hy het onder meer in 1967 die MWU gered van algehele ineenstorting.

• 1994: Die MWU besluit om sy hooffokus te plaas op die protes teen onbillike regstellende aksie. • 11 Julie 1997: Flip Buys word aangestel as uitvoerende hoof van die MWU. Sy aanstelling lei ’n nuwe era vir die MWU in. • 2002: Die MWU verander na Solidariteit. • April 2012: Die Solidariteit Beweging word bekendgestel as ’n familie van instellings. S


nuuswaardig

Nuwe Beweging, ’n nuwe handelsmerk Eers was daar dieTransvaal Miners’ Union (1902), toe die Mine Workers’ Union, oftewel die MWU (1913). Dit het gegroei tot MWU-Solidariteit in 2001 en eindelik in 2002 is Solidariteit gevestig. Vanjaar word die vakbond saam met sy onderskeie entiteite saamgesnoer in die Solidariteit Beweging met meer as 170 000 lede.

V

Deur Ilze Nieuwoudt en Dawid Brand 1. Die handelsmerk van die vakbond is as vertrekpunt vir die Bewegingshandelsmerk gebruik.

olgens Chris du Plessis, hoof van kommunikasie by Solidariteit, was dit ’n uitdaging om dit waarvoor die Solidariteit Beweging staan in een enkele, treffende nuwe handelsmerk saam te vat.“Die Beweging is ’n familie van instellings wat dieselfde oogmerk het, en dit is om ’n veilige tuiste te skep en te wees. Dit is ook ’n plek van samekoms waar persoonlike bemagtiging plaasvind en waar mense toegerus word om hul roepings aan te gryp en uit te leef,” verduidelik hy. “Met hierdie idees in gedagte het ons ’n idee gehad van dit wat ons moet uitbeeld, maar die vraag was hoe?” Ná maande waarin idees uitgeruil is, ontwerpe gemaak en verwerp is, is daar uiteindelik besluit om die vakbond Solidariteit se geskiedenis te eerbiedig en ’n handelsmerk te skep wat steeds in pas is met die beeld van Solidariteit, maar met ’n moderne toepassing wat ook die toekoms vergestalt.

2. Die handelsmerk is benewens klomp kleiner diamantjies ook drie groot diamante wat in mekaar pas.

1

4. Die nuwe handelsmerk van die Solidariteit Beweging is ’n viering van gister, vandag en môre.

4

2

Sê dit met oranje

“Ons het ook besluit om oranje as die amptelike kleur van die handelsmerk te vestig. Die doel is uiteindelik dat as iemand hierdie kleur raaksien, die verbintenis dadelik met die Beweging gemaak sal word,” verduidelik Du Plessis. “Die strategie word reeds suksesvol deur verskeie ander groot maatskappye toegepas. Dink byvoorbeeld aan Vodacom se rooi, MTN se geel en Kulula se kenmerkende groen.” Die besluit om oranje as die amptelike handelsmerkkleur te vestig was vanselfsprekend. “Oranje simboliseer lewenslus, kreatiwiteit en ons Protestantse wortels, en is deurweef met ons geskiedenis,” sê Du Plessis.

Sê dit met diamante

Die vakbond Solidariteit se logo met sy kenmerkende diamante is reeds goed gevestig in die Beweging en daarom is daar ook besluit om dit die fokus van die Beweging se handelsmerk te maak. Al die entiteite in die Beweging se handelsmerke bevat ook die diamantvorm as simbool. 16

02/2012 • www.solidariteit.co.za

3. Die simboliek van die vakbond wat die afgelope 110 jaar gegroei het tot ’n familie van instellings.

Solidariteit Beweging 3 “Diamante is onbreekbaar, weerkaats lig in ’n spektrum van kleure, dit het ’n unieke skoonheid, maar het ook juis waarde vir sy hardheid. Boonop lê Solidariteit se wortels nog altyd in die mynbedryf en is die diamantvorm ook ’n pylvorm wat rigting aandui.”

Drie diamante word een

Die handelsmerk bestaan uit verskeie klein diamante, maar is ook drie groot diamantvorms

wat een word. Dit simboliseer onder meer die Christelike grondslag van die Beweging waarin die Drie-eenheid van God gesimboliseer word. Voorts vergestalt dit ook die boodskap van geloof, hoop en liefde; gister, vandag en môre; en liggaam, siel en gees. • Wat dink jy van die nuwe handelsmerk van die Solidariteit Beweging? Stuur gerus ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za en laat jou stem hoor! S



nuuswaardig

Aangrypende Randse Staking: 90 jaar later

D

Deur Ilze Nieuwoudt

aar was in die geskiedenis van SuidAfrika nog nooit ’n staking soos die Randse Staking van 1922 nie. En in die 90 jaar sedert dié grootskaalse staking waaraan meer as 35 000 werknemers deelgeneem het, was daar ook nog nie weer een van soortgelyke omvang en impak nie. Dit was meer as net ’n staking, en geld was ook nie die enigste kwessie wat ter sprake was nie. Die Randse Staking het eindelik ’n rebellie, ’n opstand en ’n saak van lewe en dood geword.

Die redes vir die staking

In sy boek, Van MWU tot Solidariteit, beskou die geskiedkundige Wessel Visser die staking van 1922 as een van die sleutelgebeure in die geskiedenis van die vakbondwese. Hoewel die staking tot ’n mate oor die behoud van werkgeleenthede gegaan het en dit uiting gegee het aan wit werknemers se vrese oor hul kwesbaarheid in die werkplek, was die staking in wese ’n andersoortige opstand. “Geen ander Suid-Afrikaanse staking het hom nog in so ’n sistematiese, gesamentlike verwerping van die staat self gemanifesteer nie,” verduidelik Visser. Sommige kenners reken dat die Randse Staking in der waarheid ’n rebellie teen die heersende Britse gesag sowel as die Kamer van Mynwese met sy Britse bande was. Die staking moet voorts ook gesien word teen die agtergrond van die era. Dit was skaars 20 jaar ná die beëindiging van die Anglo-Boereoorlog, en bitterheid teenoor die Britse regering was nog vlak in die gemoed van baie Afrikaners. Dit was ’n tyd van ekonomiese insinking: Die goudprys het drasties gedaal (van 130 sjieling per fyn ons in 1920 tot 95 sjieling teen die einde van 1921), en produksiekoste het aansienlik gestyg. Dit was ’n tyd van werkloosheid, dalende lone en bankrotskappe, wat werknemers blootgestel en baie kwesbaar gelaat het. Toe die spreekwoordelike vulkaan uiteindelik in Januarie 1922 tot uitbarsting kom, het werknemers aan die Rand tot aksie oorgegaan om hul stem te laat hoor en te help om toe te sien dat hul werk beskerm word. In dié tydperk het daar behoorlik oorlog aan die Rand uitgebreek waarin verskeie konflikte tussen burgerlikes en die staat se polisiemagte plaasgevind het. Daar was gerugte dat polisiekantore aangeval sou word, grootskaalse 18

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Heel bo: ’n Stakersvergadering wat op 6 Maart 1922 in Rissikstraat in Johannesburg gehou is. Regs bo: Die polisiekantoor in Fordsburg nadat dit deur stakers geplunder is. Bo: Baie geboue is deur vlamme in puin gelê. intimidasie was aan die orde van die dag, geweld het losgebars en lewens is in die proses verloor.

Die 1922-staking in ’n neutedop

• Hoewel die staking as ’n mynwerkerstaking begin het, het dit vinnig oorgespoel na ander bedrywe aan die Rand. Meer as 35 000 werknemers van goudmyne, kragstasies en ingenieurswerke aan die Witwatersrand het aan die staking deelgeneem. • Die staking is op 10 Januarie 1922 uitgeroep en is uiteindelik op 17 Maart afgelas. • Alle werk op die myne vanaf Randfontein in die weste tot by Springs in die ooste is deur die staking tot stilstand geruk. Slegs noodsaaklike dienste in die Johannesburgse muni-

sipaliteit en pompwerk op die myne is vir die duur van die staking voortgesit. • Die lewering van krag in die streek is vir die duur van die staking geheel en al gestaak. • Volgens amptelike bronne is 43 soldate, 86 polisielede en 81 burgerlikes in die staking dood, terwyl 133 soldate, 86 polisielede en 315 burgerlikes beseer is. • Bykans 4 700 mense is gearresteer, waarvan 853 op aanklagte van moord, hoogverraad en oortreding van krygswetregulasies skuldig bevind is. Vyftien stakers is ter dood veroordeel vir misdade wat tydens die staking gepleeg is, maar net vier van hulle is uiteindelik vir die misdade gehang. Die res se vonnisse is later versag. S


nuuswaardig

Oud, jonk tuis by Solidariteit

Solidariteit Tydskrif het met die Beweging se jongste en oudste lede gaan gesels om te bepaal hoe hulle met die Beweging identifiseer. Deur Esté Meyer-Jansen

Twaalfjarige maak reeds ’n verskil

Suné Zaaiman, ’n 12-jarige inwoner van Kimberley, het verlede jaar eiehandig R12 000 vir Solidariteit Helpende Hand se beursfonds ingesamel. Zaaiman, ’n graad 7leerling aan Laerskool Eureka, is versot op drama en modelwerk, en sy het behoorlik met hierdie talente van haar gewoeker. Deur geld wat sy met haar motiveringspraatjies en modelkompetisies ingesamel het, het sy boonop gehelp om drie jongmense se universiteitsgeld in 2011 te betaal terwyl nog vyf vanjaar die geleentheid sal hê om te kan studeer danksy hierdie fonds. Dit was ’n artikel oor Helpende Hand se betrokkenheid by wit plakkerskampe wat Zaaiman, wat toe nog net 10 jaar oud was, oorgehaal het tot aksie.“Die artikel het my vreeslik gepla. Ek het vir my ma gesê ons moet regtig iets doen om hierdie mense te help,” vertel sy. Zaaiman glo dit is elke Christen se verantwoordelikheid om sy of haar medemens te probeer help.“Ons moet in Jesus se voetspore hier op aarde loop,” sê sy.

Foto’s:Verskaf

Oudste lid geniet voordele

Johannes Marthinus oftewel Mybie Myburg is amptelik die oudste lid van Solidariteit en geniet reeds 67 jaar lank die voordele van die vakbond se lidmaatskap. Hy het by die destydse Yster-, Staal- en verwante Nywerhede-Unie (SAWU) aangesluit, wat op 27 Februarie 2001 met vier ander vakbonde saamgesmelt het om die groter Mynwerkersunie-Solidariteit te stig, wat vandag as Solidariteit bekend staan. Volgens sy vrou, Kittie, het Mybie vir 30 jaar as voorman by Volkswagen gewerk en was ook vir 12 jaar by General Motors. Vandag, in die ouderdom van 89, hou hy hom egter met rustiger dinge in Uitenhage besig waar hy graag saam met Kittie in hulle tuin werskaf. Kittie en Mybie is reeds 64 jaar getroud en hulle verkeer in goeie gesondheid. Hulle spog met sewe kleinkinders en het reeds drie agterkleinkinders.Vir die Myburgs is een van die belangrikste aspekte van hulle Solidariteit-lidmaatskap die voordeel van ’n begrafnisplan. “Ons hoor ook gereeld onderhoude met dr. Dirk Hermann op die radio,” sê Kittie trots. Hierdie lede bewys weer hoe kragtig die Beweging as instrument is om te help om ’n ruimte te skep waar Afrikaners hulle roeping kan uitleef – of jy nou ’n jong tiener of reeds diep in die 80’s is. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

19


nuuswaardig

Só gaan ons Afrikaans laat vlamvat

Jou taal is jou tuiste, en sonder ’n tuiste is daar geen gevoel van behoort nie. Daarom het die Solidariteit Beweging ’n tienpunt-strydplan vir Afrikaans beraam. Dié multimiljoenrand-taalplan veg enersyds vir Afrikaans se regmatige plek, maar andersyds doen dit ’n beroep op Afrikaanssprekendes om self verantwoordelikheid te aanvaar vir die positiewe uitbouing van die taal.

H

Deur Cilleste van der Walt en Moira-Marie Kloppers

ierdie plan van die Solidariteit Beweging gaan Afrikaans op alle vlakke bevorder en volg in reaksie op die Wetsontwerp op SuidAfrikaanse Tale (lees ook die artikels op bladsy 56). Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, sê sprekers van Afrikaans moet self verantwoordelikheid vir hul taal aanvaar. “Ons kan nie toelaat dat Afrikaans afgeskaal word tot bloot ’n spreektaal nie. Afrikaans is ’n wetenskap-, onderrig-, sake-, kultuur-, akademiese, skryf- en owerheidstaal. Afrikaans wil dit alles wees. Ons sal graag met alle Afrikaanse organisasies saamwerk om Afrikaans uit te bou en sal ook uitreik na ander taalgroepe sodat almal in Suid-Afrika die geleentheid kan hê om in hul eie taal te kan leef.”

Só lyk die strydplan vir Afrikaans Regsplan

Indien die wetsontwerp tot die benadeling van Afrikaans lei, sal die Solidariteit Beweging, onder leiding van AfriForum, nie huiwer om die grondwetlikheid daarvan tot in die konstitusionele hof te toets nie. Indien ander groepe ook regsaksies beplan, sal die Solidariteit Beweging dit in vennootskap met hulle onderneem.

Die behoud van Afrikaanse skole

Die Solidariteit Beweging se burgerregteinisiatief, AfriForum, het met ’n omvattende veldtog begin teen die regering se hernieude pogings om Afrikaans as onderrigmedium uit skole te verdring. Die veldtog, Red Afrikaanse Skole, bestaan uit ’n vyfpuntplan wat moeiteloos deur ouers ondersteun kan word.

Foto: iStockphoto.com

Beurse aan Afrikaanse studente

20

Solidariteit Helpende Hand het in 2011 beurse ter waarde van bykans R6 miljoen aan 509 Afrikaanse jongmense toegeken. In 2012 gaan Solidariteit Helpende Hand beurse ter waarde van meer as R7 miljoen aan Afrikaanse jongmense toeken. Daar word beplan om binne tien jaar R30 miljoen per jaar aan beurse 02/2012 • www.solidariteit.co.za

“Ons kan nie toelaat dat Afrikaans afgeskaal word tot bloot ’n spreektaal nie.”

Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging. vir Afrikaanse studente beskikbaar te stel.

Afrikaans as wetenskap- en onderrigtaal

Afrikaans moet op naskoolse vlak as wetenskaptaal beskerm word. Die Solidariteit Beweging bevorder Afrikaans as wetenskaptaal deur sy Afrikaanse opleidingsinstellings, Sol-Tech en Akademia. Sol-Tech is die enigste instelling in Suid-Afrika waar ambagslui in Afrikaans opgelei word. Die Kampus, waar die Afrikaanse opleidingsinstellings gehuisves sal word, gaan teen ’n koste van R150 miljoen opgerig word.

Afrikaans terug in hoofstroom-ekonomie Die Solidariteit Beweging help om Afrikaans weer as saketaal in die hoofstroom-ekonomie te vestig deur sy vennootskap met die korttermynversekeringsverskaffer VirSeker. Die VirSeker Trust lewer ’n reusebydrae om onderrig in Afrikaans op naskoolse vlak te bevorder.

Afrikaans in die gedrukte media

Die Solidariteit Beweging help om Afrikaans se voortbestaan in die gedrukte media te beveilig deur Kraal Uitgewers, sy eie uitgewery. Kraal Uitgewers publiseer elke jaar hoë gehalte Afri-

kaanse boeke wat buiten die behoud van Afrikaans as taal ook ten doel het om die geskiedenis van Afrikaners in Suid-Afrika behoue te laat bly. Die Solidariteit Tydskrif is ook een van die vyf grootste tydskrifte in Suid-Afrika.

Afrikaans op die internet

Die Solidariteit Beweging bevorder Afrikaans op die internet deur Maroela Media. Maroela Media is ’n internetkletskamer, trots en onbeskaamd Afrikaans. Maroela hou besoekers op die hoogte van wat in die wêreld gebeur, gee hulle ’n blik op Afrikaanssprekende meningsvormers se denke en waaroor hulle gesprekke handel en bied hulle die geleentheid om hul eie stem te laat hoor, in Afrikaans.

Afrikaans in die werkplek

Die Solidariteit Beweging veg, deur die vakbond Solidariteit, ook om die behoud van Afrikaans in Suid-Afrikaanse werkplekke. Solidariteit plaas tans groot druk op die Raad op Finansiële Dienste (RFD) om studiemateriaal vir die regulerende eksamen in Afrikaans vir finansiële adviseurs beskikbaar te stel.

Plaaslike en internasionale bevordering

Die Solidariteit Beweging gaan die bedreiging van die Afrikaanse taal ook op die internasionale agenda plaas deur onder meer van sy internasionale skakelkantoor in Delft in Nederland gebruik te maak vanwaar verdere internasionale skakeling gedoen sal word. ’n Netwerk om Afrikaners wêreldwyd met mekaar te laat skakel, gaan ook van stapel gestuur word.

Kultuur en musiek

Plaaslik betrek en ondersteun die Beweging talle Afrikaanse kultuurorganisasies om saam te staan vir die behoud van Afrikaans op kultuurvlak. Solidariteit en die FAK het ’n Afrikaanse navorsingsinstituut gestig. AfriForum bied ook jaarliks ’n Afrikaanse musiekfees aan wat deur sowat 35 000 mense bygewoon word. ’n Nuwe, moderne FAK-sangbundel gaan boonop vanjaar die lig sien. S


nuuswaardig

FAK nou ook deel van Beweging

D

Deur Ilze Nieuwoudt

ie Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) het reeds ’n lang pad gestap sedert die stigting van hierdie organisasie in 1929, meer as 80 jaar gelede. Vandag staan die FAK, met sy insluiting as deel van die Solidariteit Beweging, aan die begin van ’n opwindende nuwe era. Binne hierdie raamwerk sal die FAK voortaan selfs sterker sy visie as ideevoertuig vir Afrikaanse kultuurorganisasies op onder meer die gebiede van taal, onderwys en maatskaplike kwessies laat hoor. Die FAK behou ook steeds sy oorkoepelende koördineringsfunksie vir hierdie organisasies deur ’n sterk stem te wees vir Afrikaanse kultuurorganisasies. Volgens dr. Danie Langner (foto), sedert Februarie die besturende direkteur van die FAK, is die FAK onlangs geherstruktureer. Die fokus sal nou op drie gebiede val: die Stichting voor Afrikaans, die voortsetting van bekende FAK-kultuurprojekte soos die FAK-sangbundel, en die N.P. van Wyk Louw-Sentrum vir Kulturele Vryheid. Die Stichting voor Afrikaans is daarop gemik om in die Lae Lande bewusmaking van Afrikaans te doen. Dit sal onder meer gedoen word deur netwerkgeleenthede tussen Afrikaanse en Nederlandse organisasies, fondsinsamelingsprojekte en die beskikbaarstelling van aktuele artikels oor Suid-Afrika en Afrikaans in die Nederlandse media. Die N.P van Wyk Louw-Sentrum vir Kulturele Vryheid is in Februarie vanjaar gestig en sal op sy beurt daarop fokus om, rondom die internasionale beginsel van kulturele vryheid, oplossings vir die Afrikaner- en ander taal- en kultuurgemeenskappe in Suid-Afrika te ontwikkel. Langner is dit eens met die bekende historikus, Hermann Giliomee, dat Van Wyk Louw as een van die grootste Afrikaners van alle tye beskou kan word. Hy reken ook dat daar deur die sentrum op Van Wyk Louw se werk voortgebou sal kan word.

Foto: Verskaf

Meer as 80 jaar van hoogtepunte

• In 1931 nooi die FAK skrywers om gedigte in te skryf in ’n kompetisie wat ten doel gehad het om ’n geskikte volkslied vir Suid-Afrika te kry. Uit al die inskrywings word op C.J. Langenhoven se Die Stem besluit. In 1937 besluit die FAK se keuringskomitee op die M.L. de Villiers-toonsetting van die gedig. Die lied word uiteindelik in 1957 amptelik as die enigste volkslied van Suid-Afrika verklaar. • In 1937 sien die eerste FAK-volksangbundel die lig. • In die 1940’s is die FAK onder meer ook betrokke by die oprigting van die bekende Hugenote-monument in Franschhoek. • In 1959 bied die FAK een van die grootste taalfeeste aan, genaamd “Die wonder van Afrikaans”. Die fees is landwyd aangebied en is vanaf 6 April tot 30 Mei gevier. Die fees is op 30 Mei afgesluit met ’n vertoning in die Amfiteater by die Voortrekkermonument wat deur 60 000 mense bygewoon is. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

21


nuuswaardig

Regstellende aksie het kompas verloor

“R

Deur Moira-Marie Kloppers

egstellende aksie roep vir ’n nuwe kompas. Die kernprobleem van Suid-Afrika se regstellendeaksie-beleid is dat dit verval het in ’n uitsetbeleid wat net syfers najaag. Alles word gedoen om dié uitset te bereik: Poste word vakant gelaat; poste word geskrap; strenger regulasies word aanvaar; swaarder boetes word voorgestel en poste word uitgekontrakteer sodat dit nie getel word nie. Regstellende aksie het sy positiewe karakter verloor. Dit het in homself misluk. Ons sal weer moet dink, want op die oomblik is daar net regstellende verloorders.” Só sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. Hermann, wat ook sy doktorale studies oor die tema van regstellende aksie gedoen het, het onlangs in ’n sterk bewoorde toespraak by ’n kongres wat deur Unisa aangebied is, gesê dat Suid-Afrika volwasse genoeg moet wees om te erken dat die huidige regstellendeaksie-perd dood is.“Dit help nie om ’n dooie perd met ’n dikker stok weer lewendig te probeer slaan nie. Meer regulasies, meer boetes en meer wette gaan nie weer die perd laat galop nie. Die jokkies gaan net kwater vir die onwillige dooie perd word.”

Só verskil Mandelaen Manyi-benaderings

• Manyi lê die klem op uitsette, naamlik rasseteikens. • Mandela lê klem op insette, naamlik opleiding en ontwikkeling. • Manyi wil poste transformeer. • Mandela wil mense transformeer. • Manyi glo aan ras ten koste van groei. • Mandela glo aan ontwikkeling as inset vir groei. • Manyi glo aan regstel sonder balans. • Mandela wil wanbalanse regstel sonder om nuwe wanbalanse te skep. • Manyi glo aan vergelding en verteenwoordiging. • Mandela glo aan regverdigheid en gelykheid.

Manyi

Manuel

Mandela

Foto’s: Ilze Nieuwoudt; iStockphoto.com

Manyi en Manuel:Teenpole in een kraal

22

Verlede jaar het Jimmy Manyi, huidige kabinetswoordvoerder en voormalige direkteur-generaal van arbeid en voormalige voorsitter van die diensgelykheidskommissie, die gewraakte woorde geuiter dat daar ’n oorkonsentrasie van bruines in die Wes-Kaap is. Die internasionaal gerespekteerde hoof van die beplanningskommissie, minister Trevor Manuel, het hewig hierop gereageer en Manyi as ’n “rassis, soortgelyk aan Verwoerd” uitgekryt. “Die feit is dat Jimmy Manyi bloot die regering se idee oor regstellende aksie geformuleer het. Hy het dit só goed gedoen dat hy die woordvoerder van die kabinet geword het. Daar word reeds ’n wiskundige benadering tot regstellende aksie gevolg: ’n uitsetgebaseerde program wat bitter min met regstelling en baie met ras te doen het. Dit is orals so ingeskryf in die regeringsdepartemente se regstellendeaksieplanne. Suid-Afrika moet oral ’n presiese replika van die nasionale demografie van SuidAfrika wees,” sê Hermann. Ná sy gewraakte uitspraak het Manyi ook 02/2012 • www.solidariteit.co.za

mooi verduidelik hoe dié wiskundige formule in sy afdeling werk:“In die regeringskommunikasiediens is Indiërs oorverteenwoordig. Ons teiken is 3% en ons sit met 15,5%.Wat swart mense betref: Hulle is 76% van die bevolking, maar by GCIS sit ons met ’n 56%-verteenwoordiging. Hulle is dus onderverteenwoordig. Bruin mense is nasionaal 11%; ons het 10,9%, so dinge is amper eksie-perfeksie daar. Wit mense: nasionaal is daar 12%, maar by die GCIS is hulle ook oorverteenwoordig.”

Nelson Mandela dui die rigting aan

Volgens Hermann lê regstellende aksie se

kompas in die oorspronklike bron waaruit regstellende aksie ontwikkel het: Nelson Mandela. Wanneer ’n mens luister na Mandela se woorde tydens die ANC-konferensie oor regstellende aksie in 1991 hoor ’n mens niks van absolute verteenwoordiging, mense as nommers en poste wat vakant gelaat word ter wille van ras ten koste van standaarde nie. ’n Mens hoor ’n positiewe benadering. Iets wat direk teenoor die Manyi-benadering staan. “Regstellende aksie in Suid-Afrika roep vir ’n nuwe kompas: Regstellende aksie vir ’n beter Suid-Afrika vir almal wat daarin woon,” sê Hermann. S


R

Photograph: iStockphoto.com

By Moira-Marie Kloppers

udi van Heerden, Derick Wher, Jan Kotze and Pieter Davids: Four men who wanted to make a difference in the Department of Correctional Services (DCS).With more than fifty years’ experience between them, it is hard to believe that they are being denied their wish to improve service delivery in the DCS. Despite of being the best candidates for four vacant posts, the department has decided not to fill the positions to the detriment of service delivery because of the DCS’s implementation of affirmative action. “The DCS’s implementation of affirmative action comes down to nothing more than a racial count. In terms of this approach, the goal of counteracting the effects of past discrimination falls by the wayside and race becomes the only concern,” said Dr Dirk Hermann, Deputy General Secretary of Solidarity. The DCS does not take the demographics of the Western Cape, skills, experience or service delivery into account in its implementation of affirmative action. Instead, it is playing a numbers game by trying to apply national demographics to the Western Cape.This approach to affirmative action amounts to a quota system which is not in line with the Employment Equity Act. The DCS’s implementation of affirmative action is in keeping with the controversial statements by Jimmy Manyi, former DirectorGeneral of Labour and current cabinet spokesperson, that there is an over-concentration of coloured people in the Western Cape. According to Manyi, every place in South Africa should become a replica of the country’s national demographics. Manyi merely expressed government policy, and the DCS and other organs of the state, such as the South African Police Services (SAPS), are putting that policy into practice. Manyi voiced the government’s position so successfully that he is now the cabinet spokesperson. The DCS is not the only state department to implement the policy in this manner. Solidarity is involved in similar cases against the SAPS. Altogether, Solidarity has now already brought 21 cases against the DCS and the SAPS about their application of affirmative action. “We trust that these cases will make it to

newsworthy

Prisoners of affirmative action at DCS? “The DCS’s implementation of affirmative action comes down to nothing more than a racial count. In terms of this approach, the goal of counteracting the effects of past discrimination falls by the wayside and race becomes the only concern.” Dr Dirk Hermann, Deputy General Secretary of Solidarity.

the Constitutional Court where we will obtain a final ruling on the constitutionality of absolute representation,” said Hermann. The DCS conducted interviews with all four candidates in September 2010 for four different positions.They were the shortlisted candidates and were qualified for the positions.Yet, they were not appointed because the principle of absolute representation was applied.The posts were left vacant. The Deputy Regional Head of the DCS in the Western Cape sent a memorandum to the

National Commissioner of Correctional Services following the interview process, requesting that the department deviate from the affirmative action plan, as the candidates were the best and their appointment would have been in the best interest of service delivery. The National Commissioner recommended, however, that the positions be re-advertised and “equity candidates” be found. Meanwhile, the four men’s cases have been referred to the labour court. A court date has not been set yet. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

23




nuuswaardig

WEN!

Verewig jou tuiste in ’n kiekie en wen!

Suid-Afrika is ’n land sonder gelyke. Of dit in die Karoo op ’n plaas of in die stad se gejaag is – almal voel iewers tuis. Waar is jou hartsplek waar jy kan uitroep: “My huis is hier”? As jy jou liefde vir Suid-Afrika, sy natuur en sy mense met die wêreld wil deel, is die Solidariteit Tydskrif Fotokompetisie die ideale geleentheid om met jou fotografievernuf én jou hartshuis, Suid-Afrika, te spog. Dis jou kans om jou eie stukkie geskiedenis vas te vang.

V

Deur Cilleste van der Walt

erlede jaar kon liriekskrywers hul trotse Afrika-stemme in die “Basta! Ons voetspore is in Afrika”-liriekskryfkompetisie laat hoor en vanjaar is dit jóú kans om jou kamera nader te trek en bietjie met Suid-Afrika te spog in die opwindende Solidariteit Tydskrif Fotokompetisie. Al wat jy moet doen, is om die beoordelaars te oortuig dat jou foto met trots sê: “My huis is hier!” Stuur vandag nog jou wenfoto en een sin wat jou foto beskryf vir ons, en wys jou hartshuis, Suid-Afrika, vir die wêreld. Die foto hoef natuurlik nie net fisieke huise of gesinne uit te beeld nie, maar kan bloot jou liefde vir jou land besing. Besoek www.solidariteittydskrif.co.za vir meer inligting oor die kompetisie en om na die eerste inskrywings en die opwindende pryse te kyk. Stuur jou inskrywing (foto met ’n enkelsinbyskrif) na foto@solidariteit.co.za en staan die kans om een van die fantastiese pryse op die spel te wen. ’n Wenner in elke ouderdomskategorie en elke fotokategorie asook ’n algehele wenner sal ná afloop van die kompetisie aangewys word. Onthou om aan te dui in watter ouderdoms- en fotokategorie jy deelneem!

Ouderdomskategorieë

• Kategorie 1: Laerskoolleerlinge (graad 1 tot 7) • Kategorie 2: Hoërskoolleerlinge (graad 8 tot 12) • Kategorie 3: Volwassenes (18 jaar en ouer).

Strooptyd aan die Suidpunt van Afrika!

*

NB! Onthou om ’n byskrif vir jou foto te gee!

FOTOKOMPETISIE Solidariteit Tydskrif

Fotokategorieë

Foto: iStockphoto.com

• Natuur • Mense • Plekke (insluitende geboue en ander mensgemaakte strukture) • Abstrak • Swart en wit of sepia.

26

Sluitingsdatum

Die sluitingsdatum vir die kompetisie is 1 Julie. Lesers sal daarna die geleentheid kry om vir hulle gunstelingfoto’s te stem. Die wenners sal in uitgawe 5 bekendgemaak word. S 02/2012 • www.solidariteit.co.za

“My huis is hier!”

Reëls

1. Die kompetisie is oop vir enigiemand en daar is nie ’n beperking op die aantal inskrywings wat ingestuur mag word nie. 2. Geen inskrywingsfooi word gehef nie. 3. Elke inskrywing moet die volgende bevat: • ’n Hoë gehalte foto (minstens 1 Mb); • ’n enkele sin wat jou foto beskryf; • jou persoonlike inligting (naam, van, volledige kontakbesonderhede); en • die foto- en ouderdomskategorie waarvoor ingeskryf word. 4. Die beoordelaars se beslissings is finaal. 5. Geen gemanipuleerde foto’s mag ingeskryf word nie en enige teken van plagiaat of manipulasie van foto’s is gronde vir diskwalifikasie. 6. Solidariteit Tydskrif behou die reg voor om enige van die inskrywings vir verdere publikasie te gebruik. Erkenning sal wel aan die betrokke fotograaf gegee word.


bedryfsnuus


Bedryf snuus

Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.

Massasteun vir veldtog teen Absa-afleggings

M

Foto: iSotckphoto.com

Deur Moira-Marie Kloppers

28

et een van die grootste sosialemedia-protesveldtogte wat nóg in Suid-Afrika gehou is en beslis die grootste sosialemedia-veldtog ooit deur enige Suid-Afrikaanse vakbond, het Solidariteit in Maart vanjaar met die StopAbsaveldtog ’n nuwe era van burgerlike protesmobilisering ingelui. Volgens TweetReach.com en Hashtracking.com het 547 911 Twitter-gebruikers en meer as 40 000 Facebook-gebruikers in die eerste week van die veldtog aktief oor Solidariteit se StopAbsa-veldtog getwiet en geskryf en sodoende meer as 1,8 miljoen mense deur sosiale media bereik. “Dié reusedeelname het daartoe gelei dat #StopAbsa vir drie dae aaneen in Suid-Afrika ge‘trend’ het – nóg ’n eerste in Suid-Afrika,” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. Die vakbond het die StopAbsa-veldtog van stapel gestuur in reaksie op Absa se omstrede herstruktureringsproses wat reeds tot talle afleggings gelei het. Volgens Google Analytics het Solidariteit se StopAbsa-proteswebblad, www.stopabsa.co.za, binne vyf dae meer as 11 170 unieke besoeke ontvang. Meer as 2 500 protesboodskappe is deur die webblad aan Marcus Agius, die voorsitter van Barclays in Engeland, en Maria Ramos, uitvoerende hoof van Absa, gestuur. ’n Video, waarin twee werknemers vertel hoe hulle eers afgelê en toe met ’n kartonboksie vol persoonlike besittings na buite vergesel is, terwyl kollegas in trane moes toekyk, is in dieselfde week meer as 6 233 keer op dié webblad gekyk. “Die krag van sosiale media is besig om teen ’n reusespoed in Suid-Afrika te groei. Dit is ’n manier waarop gewone Suid-Afrikaners hul stem kan laat hoor sonder om aan massastraatoptogte deel te neem. Deur aan hierdie veldtog deel te neem, het gewone Suid-Afrikaners reeds ’n groot oorwinning behaal. Absa het verskoning gevra vir die manier waarop werknemers soos misdadigers na buite begelei is. Ons het dus daarin geslaag om die koue, Barclays-manier van afleggings uit Suid-Afrika te verban. Daardie kultuur is nie in Suid-Afrika welkom nie,” het Hermann gesê.

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Vergesel wyl kollegas in trane toekyk

Nadat hulle in ’n kantoor ingeroep en meegedeel is dat daar nie meer vir hulle ’n pos in Absa se struktuur is nie, is hulle ’n boksie in die hand gestop, na hulle kantoor vergesel om ’n paar persoonlike goedjies op te pak en soos misdadigers voor al hulle kollegas, sommige in trane, na buite begelei, waar hulle personeelkaarte van hulle afgeneem is. Só getuig twee Absa-slagoffers in die video wat Solidariteit op die videoplatform YouTube bekendgestel het. Volgens Hermann vertel twee Absaslagoffers hulle verhale in die video.“Dit is duidelik uit hulle vertellings dat Absa se herstrukturering op afleggings uitloop en dat jare se diens en uitstekende prestasie nie vir die bank belangrik is nie. Die feit is dat die bank wat eens as die ‘bank van die mense’ bekendgestaan het, nou ’n bank is wat koud en afsydig teenoor sy werknemers staan en ’n winsslaaf geword het.” In die video verduidelik die twee Absa-werknemers, wat onlangs op ’n vernederende wyse, voor al hulle kollegas, uit Absa se kantore begelei is, die proses wat Absa volg. “Werknemers ontvang eers briewe waarin hulle in kennis gestel word dat hulle deur die bank se herstruktureringsproses geraak word en dat hulle weer vir hul poste aansoek moet doen. Een van die slagoffers het met sy brief na sy bestuurder gegaan en dié het hom verseker dat sy werk veilig is. Skaars ’n maand later het dieselfde werknemer, wat die vorige jaar ’n verhoging en bonus vir uitstekende prestasie ontvang het, ’n afleggingsbrief ontvang en is hy van die perseel na buite begelei.” Volgens Hermann sal Solidariteit nie toelaat dat die Britse en Amerikaanse manier van afleggings en sake doen hier gevolg word nie.“As dit een keer gebeur, sal dit weer gebeur en dit is wat ons wil verhinder.” S


A

By Cilleste van der Walt

disciplinary hearing at work is the last thing anyone would like to prepare for, but knowing what to expect should you find yourself in such a situation can be very beneficial. The saying “better safe than sorry” describes the importance of your knowledge about this type of hearing perfectly.

Get it in writing

Firstly, ensure you receive the charges against you in writing, in a language that you understand. Your employer should also inform you of the date, place and time of the disciplinary hearing. He or she should give you enough time to get a representative. Such a representative may be a colleague or a representative from a trade union that is recognised at the workplace.

How do you plead?

Your employer has to ask you to plead. If you plead guilty, the matter cannot be taken further.

Be prepared

You must be given a reasonable period of time to prepare for the hearing. A reasonable period is measured according to the difficulty of the hearing. If you feel that the time allotted is insufficient, you will have to request a postponement of the hearing.The presiding officer will decide whether or not to grant the postponement.

Time for cross-examination

You have to be offered the opportunity to cross-examine your employer’s witnesses. It is also important that you present your version of events to your employer’s witnesses. If there

are conflicting statements, you will be requested to provide evidence and to explain why there are discrepancies.

Tell your side of the story

The presiding officer must grant you the opportunity to relate your side of the case to your employer and to present evidence.

What next?

After the hearing, your employer must communicate the outcome of the hearing to you, preferably in writing. If you are to be dismissed, your employer must explain why it is the appropriate sanction and how the decision was reached. If you want to refer a case of unfair dismissal to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA), it must be done within 30 days. S

industrynews

What to expect at disciplinary hearing


bedryfsnuus

Húlle ook onder vakbond se vlerk

S

Deur Cilleste van der Walt

edert Solidariteit se ontstaan 110 jaar gelede het die bedrywe waarin die vakbond beskerming bied, geweldig uitgebrei. Waar die vakbond oorspronklik slegs mynwerkers verteenwoordig het, het dit gegroei tot ’n moderne vakbond wat lede in ’n groot verskeidenheid bedrywe se belange beskerm. Die nuutste bedrywe wat Solidariteit onder sy vlerk geneem het, is:

Foto’s: iSotckphoto.com; verskaf

Finansiële bedryf

30

Solidariteit het verlede jaar groot opslae gemaak toe die vakbond aangedring het op ’n Afrikaanse vraestel in die regulerende eksamen wat alle finansiële adviseurs moet skryf. Met dié aksie het die vakbond sy vastrapplek in dié bedryf verstewig. Sedertdien het talle werknemers in die finansiële bedryf by Solidariteit aangesluit en gaan die bedryf van krag tot krag. Die vakbond het selfs in Maart vanjaar verskeie 02/2012 • www.solidariteit.co.za

werkgewers in die finansiële bedryf in Kaapstad besoek om onder meer die eksamenkwessie verder te bespreek. Die vertaling van die studiemateriaal vir die eksamen sloer tans, en die sperdatum vir die eksamen sal moontlik weer geskuif moet word (lees ook die artikel op bladsy 32).

Universiteite

Werknemers by die Universiteit van Johannesburg (UJ) en die Universiteit van Pretoria (UP) is sedert die middel van verlede jaar ook onder Solidariteit se beskerming. ’n Formele erkenningsooreenkoms is reeds by UJ geteken en Solidariteit het ’n goeie verhouding met UP. Die erkenning wat Solidariteit by UJ het, stel die vakbond in staat om lede daar voortaan groter bedingingsmag oor kwessies in die werkplek te gee. Hoewel dit vir die vakbond splinternuwe terrein is, is dit juis ’n professio-

nele vakbond soos Solidariteit wat werknemers in ’n omgewing soos ’n universiteit moet verteenwoordig.

Individuele lede

Solidariteit het dit die afgelope paar jaar ook reggekry om die verteenwoordiging van individuele lede tot ’n afsonderlike bedryf te ontwikkel. Die vakbond is die enigste in sy soort wat lede op ’n individuele vlak kan help met werkkwessies. Hierdie bedryf het sedert 2005 met 29% gegroei. Meer as 30 voltydse personeellede in die regsafdeling sien op ’n individuele grondslag na lede se probleme om. Die vakbond hanteer jaarliks meer as 1 000 sake namens individue. Hierdie bedryf bars uit sy nate, maar dit is vir seker nie die einde van die vinnige groei nie. Solidariteit handhaaf ’n 5%netto groei per jaar en die vooruitskouing is dat dit sal voortduur. S


bedryfsnuus

Sappi-afleggings: Solidariteit veg voort

N

Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com

Deur Cilleste van der Walt

á ’n lang stryd en intensiewe konsultasies tussen vakbonde en die papiervervaardiger Sappi, is die aantal werknemers wat deur ’n grootskaalse afleggingsproses by Sappi geraak sou word, met meer as die helfte verminder – van ongeveer 959 tot 456 werknemers. Die afleggings is ook vir ses maande uitgestel sodat werknemers wat nie vir skeidingspakkette aansoek doen nie, eers aan ’n spesiale opleidingsplan kan deelneem. Hoewel die aantal werknemers wat deur ’n gedwonge aflegging geraak sal word tot 456 gesny kon word, dring Solidariteit steeds daarop aan dat alternatiewe vir gedwonge afleggings oorweeg moet word. Intussen het Sappi ingestem om die werknemers ’n keuse tussen twee opsies te gee. ’n Werknemer kan kies om óf aansoek te doen vir ’n vrywillige skeidingspakket, óf hy kan vir die volgende ses maande aan ’n spesiale opleidingsprogram deelneem terwyl hy gedeeltelike vergoeding ontvang. Volgens Marius Croucamp, hoof van Solidariteit se kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf, is die doel van die opleidingsprogram om so veel moontlik werknemers se vaardighede te verbreed. “Dit sal uiteindelik kan beteken dat hierdie werknemers se vaardighede tot so ’n mate uitgebrei word dat hulle moontlik in ander poste of afdelings binne Sappi aangewend sal kan word. Op dié manier kan werknemers in werklikheid afleggings vryspring. Die aantal gedwonge afleggings sal dus waarskynlik selfs minder wees as wat nou bereken word,” vertel Croucamp. Solidariteit het in Desember vier Artikel 189-afleggingskennisgewings van onderskeidelik Sappi se Ngodwana-, Enstra-, Richardsbaai- en Tugela-meules ontvang. Ingevolge die kennisgewings sou 959 werknemers moontlik deur afleggings geraak word. Die vakbond het versoek dat die vier afleggingsprosesse gekonsolideer word sodat dit op een slag by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) hanteer kan word. Dié proses het reeds begin vrugte dra. Die onsekere tydperk van moontlike afleggings by Sappi is egter ongelukkig nog nie iets van die verlede nie.“Daar is in dié stadium

“Die beleide en subsidies wat die bedryf in die buiteland ondersteun, maak die speelvlak vir Suid-Afrikaanse papiervervaardigers ongelyk.” Marius Croucamp, hoof van Solidariteit se kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf.

twee bedreigings vir die papierbedryf. Die beleide en subsidies wat die bedryf in die buiteland ondersteun, maak die speelvlak vir Suid-Afrikaanse papiervervaardigers ongelyk.

Daarbenewens sal die beoogde koolstofbelasting wat vanjaar ingestel gaan word, die winsgewendheid van talle Sappi-meulens ernstig raak,” waarsku Croucamp. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

31


bedryfsnuus

Afrikaanse eksamen: Storm woed voort

Die Raad op Finansiële Dienste (RFD) se gesloer om die studiemateriaal vir die regulerende eksamen vir finansiële adviseurs in Afrikaans te laat vertaal, kan tot duisende werkverliese in die finansiële bedryf lei as die Afrikaanse kandidate nie betyds die eksamen kan aflê nie.

D

Illustrasie: iStockphoto.com

Deur Jahni Cowley

32

ie sperdatum vir die aflê van dié eksamen is 30 Junie vanjaar en die vertaling van die studiemateriaal is nog ver van klaar. Solidariteit het intussen aanbeveel dat die sperdatum vir die eksamen wéér uitgestel word, sodat Afrikaanse kandidate eers hulle studiemateriaal in Afrikaans kan ontvang en dan genoeg tyd het om vir die eksamen voor te berei. Volgens Marius Croucamp, hoof van Solidariteit se kommunikasie-, chemiese en professioneledienstebedryf, wys inligting in Solidariteit se besit dat nagenoeg 40% (oftewel 150 000) van alle finansiële adviseurs in SuidAfrika Afrikaanssprekend is. “Dit is daarom vanselfsprekend dat daar ’n groot behoefte onder kandidate bestaan om die eksamen in Afrikaans af te lê. Dit is dus net logies dat die studiemateriaal ook in Afrikaans beskikbaar gestel moet word. “Hoewel die RFD reeds ’n geruime tyd gelede ingestem het om die eksamenvraestelle asook die studiemateriaal in Afrikaans beskikbaar te stel, is min vordering met die vertaling daarvan gemaak. Dit raak nou hoogs onwaarskynlik dat al die kandidate wat graag die eksamen in Afrikaans wil aflê, dit wel teen die spertyd sal kan doen,” verduidelik hy. Die gevolge kan verreikend wees.“Adviseurs wat teen die sperdatum nog nie die eksamen geslaag het nie, sal ‘onwettig’ werk en talle is reeds in kennis gestel dat hulle hul werk kwyt sal wees,” sê Croucamp. Die situasie is ’n groot bron van kommer vir werknemers in die bedryf. Anton*, ’n Solidariteit-lid, vertel: “Ek is 60 jaar oud en is al vir byna 30 jaar ’n finansiële beplanner. Die aankondiging dat ek die RFD-eksamen op my gevorderde ouderdom sou moes skryf, was vir my ’n groot skok. Boonop kom ek toe agter dat ek nie die eksamen in my moedertaal sou kon aflê nie. Dit maak my kwaad en gefrustreerd. “Ek is baie bly dat Solidariteit tot die stryd toegetree het en soveel druk op die RFD toegepas het, anders sou ek glad nie die opsie gehad het om die eksamen in Afrikaans af te lê

02/2012 • www.solidariteit.co.za

nie. In hierdie stadium het ek net drie maande oor om voor te berei vir die eksamen, maar ek het steeds geen Afrikaanse studiemateriaal nie. Ek hoop Solidariteit kan die situasie vir my en duisende ander mense beredder.” “Solidariteit benadruk dat die RFD van minagting van die hof aangekla kan word as die vertaling nie betyds gedoen word nie,” sê Croucamp. * Skuilnaam S

40%

oftewel nagenoeg 150 000 van alle finansiële raadgewers in SA is Afrikaanssprekend


bedryfsnuus

Só woeker vakbond regdeur die land Deur Cilleste van der Walt

Bellville • Solidariteit het hom onlangs tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) gewend nadat ’n geskil by Assmang Manganese verklaar is. Die maatskappy poog om die National Union of Mineworkers (NUM) as die meerderheidsvakbond by die maatskappy te verklaar.

Bloemfontein

• Solidariteit het ’n erkenningsooreenkoms by Pertra Diamonds se Koffiefontein-myn geteken en het op 30 Maart met loononderhandelings hier begin. Koffiefontein word as een van die beste diamantmyne ter wêreld beskou.

Despatch

Foto’s: iStockphoto.com

• Motiveringsgesprekke met die oog op vanjaar se loononderhandelings het by Patensie Sitrus en die Gamtoos Besproeiingsraad begin.Terugvoer word eersdaags verwag. • Formex Engineering in Port Elizabeth het onlangs in ’n Artikel 189-kennisgewing aangedui dat die maatskappy beplan om ’n aantal werknemers af te lê. Konsultasies duur voort in ’n poging om die aantal afleggings te beperk.

Klerksdorp

• Loononderhandelings by Netcare is afgesluit met ’n 7,85%-salarisverhoging tesame met ’n 10,26%-bydrae tot mediesefondskostes.

• ’n Loonooreenkoms is by die Matlosanagroep gesluit. Ingevolge die ooreenkoms sal werknemers by dié groep ’n loonverhoging van 7% ontvang.

Lydenburg

• Solidariteit is besig met ’n Artikel 189afleggingsproses by Aquarius Platinum se Everest-myn. • ’n Geskil is onlangs na die KVBA verwys nadat loononderhandelings by Silulumanzi Water (waterverskaffer vir die Nelspruitomgewing) vasgeval het. • ’n Werknemer van die Marula Platinum-myn en lid van Solidariteit het, na aanleiding van ’n saak waarin beweer is dat hy ’n ongeluk probeer wegsteek het, ’n arbitrasietoekenning van R860 000 ontvang. Hy is ook weer in sy pos aangestel. Die myn het egter intussen aangedui dat hy teen die uitspraak gaan appelleer.

Polokwane

• Loononderhandelings is aan die gang by die Kokanje-aftreeoord en Solidariteit wag steeds op die oord se eerste aanbod.

Pretoria

• Talle Solidariteit-lede is vroeg vanjaar skriftelik ingelig dat hulle poste in die staat se inligtingstegnologieagentskap (Sita) se nuwe struktuur “oortollig” is en dat hulle aansoek moet doen om nuwe poste wat in Januarie geadverteer is. Solidariteit se herhaalde eise dat daar oor die herstrukturering onderhandel moet word, het egter

op dowe ore geval. Die herstruktureringsproses gaan ook gepaard met die eensydige verandering van werknemers se diensvoorwaardes. Die vakbond wag tans op ’n regsmening voordat verdere stappe geneem sal word.

Secunda

• Verteenwoordigers van Sasol Shared Services het onlangs by ’n baie tevrede lid ’n welverdiende klop op die skouer gekry. Hendrik Kruger het in ’n e-pos sy dank aan Solidariteit uitgespreek nadat die verteenwoordigers hom bygestaan het tydens ’n dissiplinêre verhoor waarin hy onskuldig bevind is.

Vaaldriehoek

• Solidariteit is betrokke by die konsultasieproses rakende die beplande aflegging van 175 werknemers by Samancor Chroom. • Solidariteit het die beplande afleggings by Bidvest in Vanderbijlpark afgeweer. • Die vakbond is in kennis gestel dat Hydro Oil Cooling and Engineering in Vanderbijlpark met ’n Artikel 189-afleggingsproses gaan begin. Daar is egter intussen besluit om die werknemers tydelik te ontslaan. Solidariteit vergader eersdaags met die maatskappy. • BHP Billiton het ’n Artikel 189-kennisgewing aan Solidariteit gestuur om die vakbond van die beplande afleggings hier in te lig. • Lees meer oor Solidariteit se dienskantore op bladsy 72.As jy nog nie die beskerming van die beste vakbond in die land geniet nie, skakel ons vandag nog by 0861 25 24 23 of besoek www.solidariteit.co.za en sluit in slegs een minuut aan! S www.solidariteit.co.za • 02/2012

33


bedryfsnuus

Belasting: Hoeveel mense betaal werklik?

82%

T

Deur Ilze Nieuwoudt

Foto: iStockphoto.com

alle mense is daarvan oortuig dat daar tans vyf miljoen belastingbetalers in Suid-Afrika is en versprei hierdie mite as die reine waarheid. En selfs al is dié foutiewe syfer daarop gemik om te toon hoe swaar die las is wat op die handjievol belastingbetalers rus, lyk die volle waarheid oor die aantal belastingbetalers in die land selfs droewiger. Volgens Paul Joubert, navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is die regering se inkomste van verskillende soorte belasting afkomstig. “Luidens inligting van die 2010/11belastingjaar was 33,7% van die regering se inkomste van persoonlike inkomstebelasting afkomstig, terwyl 19,7% van maatskappybelasting en 27% van BTW afkomstig was. Die oorblywende 19,6% van belastinginkomste kom van onder meer die brandstofheffing en invoertariewe,” verduidelik hy. Die mense wat hierdie ander belastings betaal, is op die ou end ook maar dieselfde mense wat inkomstebelasting betaal. Die jongste inkomstebelastingstatistiek toon dat daar tans 5,9 miljoen geregistreerde belastingbetalers is. Dit weerspieël egter nie werklik die aantal mense wat belasting betaal nie.“Net omdat iemand vir inkomstebelasting geregistreer is, beteken nie dat hy of sy noodwendig inkomstebelasting in die spesifieke belastingjaar betaal het nie,” sê Joubert. In 2010/11 moes byvoorbeeld net sowat 4,7 miljoen mense belastingopgawes indien. Daar was dus 1,2 miljoen mense wat wel vir belasting geregistreer was, maar nie eens opgawes moes indien nie. “Daar is ’n baie groter wanbalans tussen die aantal mense wat belasting betaal en die totale bevolking as wat met die eerste oogopslag blyk,” verduidelik Joubert. “Eintlik is daar net sowat 3,2 miljoen belastingbetalers, en slegs 2,1 miljoen of selfs so min as 1,4 miljoen wat enigsins beduidende bedrae belasting betaal. Diegene wat met groot kommer daarop wys dat daar slegs vyf miljoen belastingbetalers in Suid-Afrika is, is dus verkeerd: Die ware syfers is veel meer rede tot kommer.”

34

Só dra Suid-Afrikaners by

Uit data oor die 4,7 miljoen mense wat opgawes moes indien, kan die volgende afleidings gemaak word om ’n idee te kry van wie beduidend tot die staatskas bygedra het: 02/2012 • www.solidariteit.co.za

van alle inkomstebelasting word deur 1,4 miljoen mense betaal.

Het jy geweet?

• Slegs 22% van alle Suid-Afrikaners woon in Gauteng, maar meer as 40% van Suid-Afrika se belastingbetalers woon in Gauteng. • Suid-Afrikaners as ’n geheel het in 2010 ’n belasbare inkomste van meer as R800 miljoen gehad en het meer as R165 miljoen inkomstebelasting betaal. • In 2010 was die meerderheid van Suid-Afrika se inkomstebelastingbetalers (51,4%) tussen die ouderdom van 35 en 54 jaar. • Uit die 4,7 miljoen mense het sowat 0,26 miljoen geen belasbare inkomste gehad nie en dus geen bydrae gemaak nie. • Sowat 1,2 miljoen mense (wat R1 tot R90 000 verdien) het ’n bydrae van sowat 1,1% van die inkomstebelasting gemaak. • Dit beteken dat slegs sowat 3,2 miljoen mense verantwoordelik was vir sowat 99% van alle inkomstebelasting wat ingevorder is. • Sowat 1,1 miljoen belastingbetalers val in die R90 000 tot R150 000-inkomstekate-

gorie. Hierdie kategorie het ’n totale bydrae van 7,2% van inkomstebelasting gemaak. • Dit beteken dat slegs 2,1 miljoen van alle belastingbetalers verantwoordelik was vir 92% van alle inkomstebelasting wat in 2010/11 ingevorder is. • Indien diegene wat R150 000 tot R200 000 verdien, ook uit die totaal gesluit word, bly daar slegs 1,4 miljoen mense oor wat vir 82% van alle inkomstebelasting verantwoordelik was. S


bedryfsnuus

Ekonomiese vryheid: Wat beteken dit?

J

Deur Esté Meyer-Jansen

an Alleman is vir die eerste keer met die term “ekonomiese vryheid” gekonfronteer toe die geskorste leier van die ANC-jeugliga, Julius Malema, laat verlede jaar ’n opmars na die Uniegebou hiervoor gelei het. Die term is nou weer in die kollig nadat die regerende party voorsteldokumente vir dringende sosiale en ekonomiese veranderinge voorgelê het. Die dokumente gaan so ver om wysigings aan die Suid-Afrikaanse Grondwet voor te stel. Die vraag bly egter staan: Wat presies is ekonomiese vryheid? Aangesien daar reeds verskeie definisies bestaan wat hemelsbreed van mekaar verskil, is die antwoord nie so eenvoudig nie.

Foto: iStockphoto.com

Die verskillende definisies

“Malema se definisie van ekonomiese vryheid is ‘om vry te wees van ekonomiese beperkinge’. Dit beteken letterlik dat die staat myne kan vat om sosiale regte te finansier,” verduidelik Piet le Roux, senior navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut. Dit stem ooreen met Isaiah Berlin, ’n Britse sosiale en politieke filosoof, se idee van positiewe vryheid wat lei tot eise betreffende sosiale regte soos behuising, onderwys en gesondheidsorg. Die regering kan net hierdie sosiale regte verskaf as ander lede van die gemeenskap daarvoor betaal en kan byvoorbeeld ’n oneindige hoeveelheid belasting instel om dit reg te kry. Die klassieke liberale benadering van ekonomiese vryheid neem egter die tradisie van privaat eiendom en argumenteer dat die individue die vryheid moet hê om handel te

dryf met hulle privaat hulpbronne sonder inmenging van ’n derde party. “Hierdie twee definisies van ekonomiese vryheid vorm die basis van vandag se politieke debat. As ’n paar mense egter deurlopend moet betaal vir ander se sosiale regte, is ’n mens op ’n pad wat reguit na ’n wanfunksionele staat lei,” waarsku Le Roux.

SA val in jongste vryheidsindeks

Luidens die Economic Freedom of the World: 2011 Annual Report het Suid-Afrika vier plekke op die jongste vryheidsindeks geval – van die 83ste na die 87ste posisie. Die 141 lande wat aan die verslag deelneem, word beoordeel op die grootte van die regering, die vryheid van die regbank, toegang tot geld, vryheid om handel te dryf met die buiteland en die regulering van krediet, arbeid en besigheid. Aan die bopunt van die indeks is lande soos Hong Kong, Singapoer, Nieu-Seeland, Switserland en Australië. Die Verenigde State van Amerika het van die agste na die tiende plek op die indeks geval terwyl lande soos die Demokratiese Republiek van die Kongo, Angola,Venezuela, Myanmar en Zimbabwe aan die onderpunt lê. Die 2011-verslag het na die tydperk oor 2008 en 2009 gekyk. In hierdie tydperk het Suid-Afrika ’n 50 jaar oue tradisie van staatsinmenging voortgesit. Die land is in die 113de posisie in terme van die regering se grootte en dit is veral semi-staatsinstellings soos Eskom se aandeel in die ekonomie en die relatiewe hoë belasting wat bydra tot die land se lae staanplek. Die regulering van persoonlike krediet het

Suid-Afrika 55 plekke na die 107ste plek laat val.Verder is die land ook ’n onderpresteerder as dit by arbeidsreg kom. Volgens Neil Emerick, raadslid van die Free Market Foundation, is hierdie resultate ’n bewys dat die hele land benadeel word deur die burokratiese rondslomp wat veral entrepreneurs opgelê word.“Suid-Afrika moet versigtig na beleidsopsies kyk, veral in die lig van armoede en werkloosheid,” sê Emerick in die verslag.

Ekonomiese vryheid in SA

Le Roux skets ’n donker prentjie van SuidAfrika se ekonomiese vryheid. Hy stel die volgende voor: • ’n Mens kan maklik in die strik trap om ’n diktator te ondersteun terwyl hy in jou guns besluit. Kennis is egter noodsaaklik. • Sluit aan by ’n organisasie soos Solidariteit wat vir jou ’n alternatief tot die regering se standpunt bied. Die Solidariteit Beweging beplan om later vanjaar ’n strategiese dokument oor ekonomiese vryheid bekend te maak wat planne sal voorlê oor hoe jy die vrug van jou arbeid kan behou. • Neem verantwoordelikheid en help om druk ten gunste van ekonomiese vryheid op die staat uit te oefen. Die Economic Freedom of the World-verslag stel dit duidelik dat groter ekonomiese vryheid gemeenskappe help om langer, gesonder lewens te leef en bydra tot hoër vlakke van inkomste. • Lees meer by www.freetheworld.co.za. Lees ook SpreekBuys op bladsy 8 en 9 oor hoe opleiding bydra tot ekonomiese vryheid. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

35


industrynews

10-year struggle paid off

T

By Cilleste van der Walt

he decision to replace an ageing Telkom vehicle fleet with new vehicles resulted in the closure of this communication company’s vehicle workshops in 2001 and the retrenchment of several hundred people who used to keep the old wheels turning countrywide. After Debis Fleet Management assumed responsibility for Telkom’s vehicle fleet on 1 April 2000 there was a drastic under-utilisation of Telkom’s workshops and the 360 staff members employed there, resulting in their eventual retrenchment. One of the biggest issues that faced the retrenched employees was that the Telkom Pension Fund promised them lifelong medical cover even after they were retrenched, but Debis only provided medical cover for two months after their retrenchment. Three employees approached Solidarity for help in 2006 after they had exhausted almost every other avenue of redress, and after a 10year struggle they finally received justice in

2011. On 20 January last year, the Honourable J. Gush handed down his judgement reinstating the former employees on the medical aid scheme as of 1 December 2011 without penalties or exclusions. Dirk Groenewald, head of Solidarity’s labour court division, said: “We have been assisting our members since 2006 and even though the litigation process can sometimes be a protracted affair, nothing compares to the feeling of winning at last and successfully closing a case.When you’ve worked on a case for so long you cannot help but become personally involved, and to receive such gratitude from your members makes you realise the importance of what you do. “I would like to thank our members for their words of appreciation and for their understanding and assistance in handling the case. I wish them well for the future, which will now be one that includes a medical aid,” Groenewald added with a smile. S

Photographs: iStockphoto.com

Unfair dismissal at Armscor set right

36

Solidarity recently enjoyed a very successful outcome in a case of unfair dismissal. Five employees at Armscor were dismissed unfairly, both substantively and procedurally, in terms of the clause on non-renewal/renewal on less favourable terms in their fixed-term contracts. The five former employees approached Solidarity for help in November 2011 and Solidarity took the case to the CCMA, where the

02/2012 • www.solidariteit.co.za

commissioner found the evidence of these claims credible.The first employee was awarded compensation to the amount of four months’ salary, as he had already found other employment elsewhere.The four other employees were placed on renewed, fixedterm contracts for a further period of three years, with the same terms and benefits contained in their previous fixed-term contracts.

Boubedryf tel kop op

Suid-Afrika se boubedryf kan uiteindelik uitsien na beter dae. Dit blyk uit die toenemende vertroue van residensiële en nie-residensiële boukontrakteurs soos aangedui in die jongste bouvertrouensindeks van Eerste Nasionale Bank (FNB) en die Buro vir Ekonomiese Ondersoek (BEO). Luidens die indeks het die vertroue van hoofkontrakteurs in die eerste kwartaal van vanjaar met 12 punte toegeneem. Die totale sakevertroue in die boubedryf het van 29 indekspunte in die vorige kwartaal, tot 34 indekspunte in die huidige kwartaal verhoog. Volgens dr. Cees Bruggemans, hoofekonoom van FNB, is die indeks tekenend daarvan dat die boubedryf herstel.

Dié lenings neem toe

Talle ontleders het onlangs hul kommer uitgespreek oor die toename in ongesekuurde lenings. In die derde kwartaal van verlede jaar het hierdie lenings met tot R21 miljard toegeneem. Ongeskuurde lenings word deur banke, mikroleners en kleinhandelaars aangebied, hoofsaaklik in die vorm van persoonlike lenings. Onttrekkings op bank-, krediet- en winkelkaarte word ook daarby ingesluit. Annabel Bishop, ’n ekonoom van Investec, waarsku dat ongesekuurde lenings kan toeneem. Volgens Bishop kan dié lenings hoofsaaklik toegeskryf word aan mense se behoefte om hul hoë lewenstandaard te onderhou.


N

Deur Cilleste van der Walt

ee-sêers kry ’n mens oral, en die wêreld sou seker nogal vervelig gewees het sonder hulle. Indien jy egter jou planne, idees of oplossings by die werk wil uitvoer, moet jy die kuns bemeester om mense te hanteer wat vir elke plan, idee en oplossing nee sê. As ons ’n gesonde toekoms in Suid-Afrika wil bou, is dit juis nuwe idees en planne wat daardie droom ’n werklikheid gaan maak. Moenie bang wees om innoverend te dink vir ’n beter toekoms nie. Die kanse is goed dat jou plan kan werk, selfs al het die nee-sêers alles uitgewys wat moontlik daarmee verkeerd kan gaan. Hoe het Thomas Edison, of selfs Einstein, dit reggekry om te doen wat hulle gedoen het? Hulle het geweier om na nee-sêers te luister

en as hulle geglo het dat iets sal werk, het hulle dit gedoen. Hier is ’n paar wenke om nee-sêers by die werk te hanteer: • Beskerm jou doelwitte. Moenie vir die nee-sêers laat blyk wat jy beplan of wat jou doelwit is nie, want hulle sal ’n manier vind om jou droom te bederf, heel waarskynlik met negatiewe opmerkings of aaklige stories van iemand wat dieselfde doelwit gehad het en misluk het. Moet net nie met hulle oor jou droom praat nie en stuur die geselskap in ’n ander rigting. • Hou nee-sêers uit jou lewe. Dit is ongelukkig nie altyd moontlik nie, maar probeer tog om so min as moontlik tyd saam met hulle deur te bring. Nee-sêers

beperk jou potensiaal. • Beoordeel die nee-sêer se agtergrond. Voordat jy enigiets glo wat ’n nee-sêer sê, oorweeg eers wie en wat hulle is. Het die persoon die nodige kennis en ervaring om nee te sê vir dít wat jy beplan, of is hy of sy sommer net iemand wat ander mense negatief beïnvloed? Eers wanneer jy die antwoord hierop het, moet jy besluit of jy na hulle wil luister of nie. • Ignoreer hulle. Wanneer jy die waarde van die nee-sêer se mening bepaal het en tot die gevolgtrekking gekom het dat dit nie op jou doelwitte van toepassing is nie, moet jy jou bloot nie verder daaraan steur nie. Net omdat hulle iets sê, beteken nie dat jy hulle woorde ernstig moet opneem nie. S

bedryfsnuus

Hoe om nee-sê-kollegas uit te skakel


promosie

MIBFA-uitbetaling volg binnekort

D

ie oomblik waarvoor duisende mense gewag het, is om die draai. Die langverwagte uitbetaling van sowat R35 miljard aan meer as 1,5 miljoen mense gaan binnekort begin. Die uitbetaling maak deel uit van die surplusuitbetaling van die metaal-en-ingenieursbedryf se aftreefondse, die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds (EIPF) en die Metaalindustrieë Voorsorgfonds (MIPF). Hier is antwoorde op van die belangrikste vrae oor MIBFA en die proses wat gevolg moet word

Foto: iStockphoto.com

Wie kan voordeel trek?

38

• Voormalige lede wat van 1 Mei 1991 tot 31 Maart 2008 lede van die MIPF was. • Voormalige lede wat van 1 Januarie 1980 tot 31 Maart 2008 lede van die EIPF was. • Persone wat aktiewe lede op 31 Maart 2008 was. • Pensioenarisse wat op 31 Maart 2008 lede van die EIPF was. • Lede wat op 31 Maart 2008 voordele in die fonds gehad het wat nog nie uitbetaal is nie. Ongelukkig kan geen voormalige lede of pensioenarisse wat voor of op 31 Maart 2008 oorlede is, of lede wat eers ná 1 April 2008 by die fonds aangesluit het, voordeel uit die surplusverdeling trek nie.

Kwalifiseer ek?

As jy wonder of jy wel voordeel uit hierdie 02/2012 • www.solidariteit.co.za

surplusverdeling kan trek, moet jy die MIBFAnavraaglyn by 0861 50 44 55 skakel. Sodra dit bevestig is dat jy wel vir die uitbetaling in aanmerking kom, moet jy registreer. Besoek die webtuiste www.mibfa.co.za vir meer inligting oor die surplusverdeling.

Wat het ek nodig om te registreer?

• • • • • •

Identiteitsdokument; Pos- en woonadres; Kontaknommers; Voordeleverklaring; Lidmaatskapkaart of salarisstrokie; en Besonderhede van vorige werkgewers en dienstermyne.

Wat behels die proses verder?

Persone wat registreer en wel vir die uitbetaling kwalifiseer, sal kort nadat die registrasievorms verwerk is, individuele surplusstate ontvang waarin die uitbetalingsbedrag uiteengesit word. Die Raad op Finansiële Dienste het die skema in November verlede jaar goedgekeur en daarom kan uitbetalings binnekort begin.

Wanneer kan ek my uitbetaling verwag?

Aangesien ’n groot aantal, nagenoeg een miljoen, mense se uitbetalings nou gedoen moet word, word daar verwag dat dit ’n uitgerekte proses sal wees, en daarom kan daar nie ’n presiese dag vir die uitbetaling van elke persoon se surplus bepaal word nie.

Hoe sal die betaling gedoen word?

• Betalings sal slegs aan lede gedoen word wie die surplusregistrasieproses gevolg het. • Lede van die fonds wie se lidmaatskap steeds teen 31 Maart 2008 en die implementeringsdatum aktief was se surplus sal as ’n toevoeging tot die bestaande voordeel beskou word. Aangesien dit deur wetgewing verbied word, sal hierdie lede nie nou ’n kontantuitbetaling kan ontvang nie. • Pensioenarisse sal ’n gedeelte van hulle surplus in die vorm van ’n kontantuitbetaling ontvang, terwyl die res van die bedrag gebruik sal word om die bestaande pensioen te verhoog. • Persone wat op 31 Maart 2008 aktiewe lede van die fonds was, maar wat intussen bedank het, afgelê is of van die fonds oorgeplaas is voor die implementeringsdatum van die surplus, sal ’n kontantuitbetaling ontvang. • Voormalige lede sal ’n kontantuitbetaling ontvang. • In die geval van persone wat gesterf het ná die datum waarop die surplus bewillig is, sal surplusvoordele in kontant aan begunstigdes van die boedel uitbetaal word.

Waar kan ek meer inligting kry?

Vir meer inligting oor die MIBFA-surplusverdeling, skakel die navraaglyn by 0861 50 44 55 of besoek die webtuiste www.mibfa.co.za.


Surplus Apportionment & DataVerification Exercise Due to amendments to the Pension Funds Act in 2007, you may be eligible for a payment. MIBFA would like anyone who is a member, a pensioner or a former member of the funds (or their predecessor funds) to contact them to ensure that they have on record the correct contact details of all members. MIBFA is also taking this opportunity to find and pay any former members who did not take their benefits which were entitled to them upon leaving the industry.

HAVE YOU WORKED IN THE METAL INDUSTRIES?

ARE YOU OR WERE YOU A MEMBER OF THE: • Metal Industries Provident Fund (MIPF) • Engineering Industries Pension Fund (EIPF)

Then you need to contact MIBFA! Have the following on hand when contacting MIBFA: • Identity number (new and old); • Postal and home address; • Contact telephone number and/or cellphone number; and • Documents such as a benefit statement, a membership card or a salary slip.

0861 50 44 55 www.mibfasurplus.co.za

There is no registration fee to contact MIBFA.You are advised not to pay any third parties to assist you in replying to the funds. The entire process is expected to take at least 18 months to complete. Membership or former membership of one of these funds does not necessarily mean you will be entitled to benefit from the funds.


bedryfsnuus

Só ruk tolgeld en brandstof jou beursie

Dit is soos ’n nare droom wat waar word, en vanaf April voel motoriste wat Gautengse hoofweë gebruik, net hóé naar hierdie droom is. Maar hoe swaar gaan motoriste deur die instelling van die nuwe tolstelsel in Gauteng geraak word? En om alles te kroon, styg die brandstofprys ook (gereeld) met rasse skrede.

P

Deur Nico Strydom

ravin Gordhan, minister van finansies, het in Februarie tydens ’n mediasessie voor sy begrotingsrede bekendgemaak dat die kabinet R5,75 miljard aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) sal gee om sy skuld te verminder en om sodoende die tolheffings te verlaag. Gordhan het ondanks wye teenkanting aangekondig dat motoriste met e-skyfies 30c/km pleks van die beplande 66c/km sal betaal. Hy het verder gesê dat ’n motoris nie meer as R550 per maand aan tolgeld sal betaal nie en dat ’n 20%korting toegestaan sal word vir swaar voertuie wat die tolpaaie buite spitstye gebruik.

Ry hier en betaal

Die N1, N3, N12 en R21 in en om die metropolitaanse gebiede van Pretoria, Johannesburg en Ekurhuleni is opgegradeer as deel van die Gautengse hoofwegverbeteringsprojek. Die skuld wat Sanral aangegaan het om dié paaie te bou en op te gradeer, beloop sowat R20 miljard. Tolgeld sal vanaf 30 April op hierdie paaie gehef word om dié skuld te help terugbetaal.

Foto: iStockphoto.com

Nog slegte nuus

40

Asof daar geen einde aan slegte nuus vir motoriste is nie, het Gordhan verder ook tydens sy begrotingsrede aangekondig dat die algemene heffing op brandstof met 20c per liter sal styg terwyl die heffing vir die Padongelukkefonds met 8c per liter verhoog gaan word. Dit beteken dat ’n liter brandstof vanaf 4 April 28c meer kos. Met die petrolprys wat na verwagting ook verder sal styg, blyk dit dat vuisvoos motoriste hulle maar moet staal vir ’n moeilike tyd wat voorlê. Intussen het die Energiereguleerder van Suid-Afrika (Nersa) ook in Maart ’n verhoging van 31,6% vir Transnet se pyplynstelsel goedgekeur. Dit kan daarop neerkom dat motoriste in Gauteng ’n verdere 4c meer per liter brandstof sal moet opdok vir hierdie styging. Luidens berigte sal Gautengse motoriste wat daagliks tussen Johannesburg en Pretoria pendel, ná die petrolverhogings, brandstofheffing en die inwerkingstelling van die nuwe oorhoofse 02/2012 • www.solidariteit.co.za

22,4

miljard liter petrol en diesel sal vanjaar in Suid-Afrika verkoop word.

tolstelsel, sowat R800 per maand ekstra vir vervoer moet opdok. Die adjunkminister van finansies, Nhlanhla Nene, is vroeër aangehaal waar hy glo gesê het kritici wat meen die paaie moet eerder deur ’n brandstofheffing betaal word, nie besef dit sal ’n reuse-las “op almal, veral die armes, plaas nie”. Hy het glo ook gesê dit sal ’n las plaas op ander wat nie die tolpaaie gebruik nie. Daar is na raming reeds 320 000 voertuie vir e-tol geregistreer. Die Gautengse premier, Nomvula Mokonyane, het motoriste wat nog nie geregistreer het nie, aangemoedig om te registreer voordat die stelsel teen einde April in werking tree. Solidariteit het in Februarie ook sy lede aangemoedig om aan ’n e-tol-protesaksie deel te neem deur te toet elke keer wanneer hulle deur ’n tolhek ry. Solidariteit het vroeër berig dat nagenoeg 30 200 Suid-Afrikaners per SMS beswaar gemaak het teen die e-tolstelsel.

Betaal, al bly jy nie hier

Volgens Paul Joubert, navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, kan daar ’n skatting gemaak word dat daar gesamentlik sowat 22,4 miljard liter petrol en diesel in 2012 in Suid-Afrika verkoop sal word. “Dit beteken dat die bykomende brandstofheffing van 20c per liter ’n ekstra R4,48 miljard vir die staatskas sal inbring. Dit is R1,27 miljard minder as die R5,75 miljard wat bykomend aan Sanral toegeken is.” Joubert sê slegs sowat 37% van alle petrol en 24% van alle diesel word in Gauteng verkoop. “Dit beteken dat Gautengers slegs sowat R1,39 miljard meer weens die 20c-styging in die brandstofheffing sal betaal. Die oorblywende R3,09 miljard sal gehef word op brandstof wat in ander provinsies verkoop word. Die inwoners van ander provinsies gaan dus tog gedeeltelik vir die Gautengse tolpaaie betaal, selfs al ry hulle nooit daarop nie.” S


inbeweging


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.

deur Phil Davel en Johan Roos

Ongeskiktheid ná besering: Wat is my regte?

As ek permanent ongeskik verklaar word vir werk ná ’n besering aan diens, tree slegs my pensioenvoordele in werking? As die ergste gebeur en ek oorleef nie ’n besering aan diens nie, wat word van my gesin? Het hulle enige eise, en sal daar na hulle omgesien word? En hoe gemaak met tydelike ongeskiktheid?

A

s jy in die uitvoering van jou werk ’n fisieke besering opdoen, is jou werkgewer ingevolge die Wet op die Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (Artikel 130 van 1993) verplig om ’n eis by die Vergoedingskommissaris in te dien. Die Vergoedingskommissaris oorweeg die eis en aanvaar aanspreeklikheid vir vergoeding ten opsigte van redelike mediese onkoste, tydelike algehele arbeidsongeskiktheid (salarisvervanging) en blywende arbeidsongeskiktheid en/of begrafniskoste. Sou jy in die uitvoering van jou pligte by die werk te sterwe kom, bestaan die vergoeding uit ’n pensioen wat aan jou lewensmaat en kinders jonger as 18 jaar uitbetaal word. Die aantal kinders word tot drie beperk. Die wet skryf die persentasies van die pensioen wat uitbetaal word soos volg voor: Weduweepensioen is 40% en 20% vir elke kind. Dit word soos volg bereken: 40% van 75% van jou salaris op die datum van die ongeval (of 20% van 75% van jou salaris op die datum van die ongeval) wat ook onderhewig is aan voorgeskrewe minimum en maksimum bedrae wat jaarliks deur die minister van arbeid in die Staatskoerant afgekondig word.

Foto: iStockphoto.com

Ongeskiktheid – tydelik of permanent

42

Indien ’n werknemer tydelik ongeskik is om sy of haar werk te doen, moet die werkgewer die omvang van die ongeskiktheid ondersoek. As die werknemer permanent ongeskik is, moet die werkgewer die moontlikheid van alternatiewe diens of aanpassing van die pligte of werkomstandighede ondersoek ten einde die werknemer se ongeskiktheid te akkommodeer. Die werknemer behoort ook die geleentheid te kry om aangehoor te word en om deur ’n vakbondverteenwoordiger of medewerknemer bygestaan te word. • Het jy geweet? Solidariteit Regsdienste het in 2011 geskiedenis gemaak deur meer as R250 miljoen namens Solidariteit se lede te beding. Besoek www.regsdienste.co.za S 02/2012 • www.solidariteit.co.za

Hoe beskerm wet swanger werknemers?

Ingevole Artikel 26 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes mag geen werkgewer ’n werknemer verplig of toelaat om onder omstandighede te werk wat gevaarlik is vir die ongebore kind of vir ’n vrou wat borsvoed nie. Gedurende dié tyd moet die werkgewer tot ses maande ná die geboorte van die kind gepaste alternatiewe werk aan die werknemer verskaf.


kry die krag van die WET aan jou kant – 24 uur per dag X

REGSHULPVERSEKERING Solidariteit

UNIEKE KENMERKE*

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag • Regsverteenwoordiging ter waarde van R40 000 per jaar • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

’n Prokureur tot jou diens teen slegs R77 per maand!* Skakel ons vandag nog by

aksent media • 082 445 4513

0861 765 734

* Bepalings en voorwaardes geld

Solidariteit Beweging

Geadministreer deur Legal X, ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste (FSP-nommer: 5277)

Solidariteit Finansiële Dienste ’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


bedryfsnuus

“Die konstitusionele hof moet ’n gereedskapstuk word vir die ANC om sy doelwitte te bereik.” Johan Kruger, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut

ANC-aanslag op howe se onafhanklikheid

D Foto: iStockphoto.com

Deur Nico Strydom

44

ie ANC se bekendmaking van ’n besprekingsdokument oor die transformasie van die regstelsel en die rol van die regbank is waarskynlik die grootste aanslag op die onafhanklikheid van howe sedert die aanvaarding van die Grondwet in 1996. Volgens Johan Kruger, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is dié dokument waarskynlik die duidelikste aanduiding tot nog toe dat die ANC die konstitusionele hof in lyn met die uitvoering van die party se transformasie-agenda wil bring. Die besprekingsdokument is in Februarie deur die minister van justisie, Jeff Radebe, bekendgestel. Kruger sê ’n aantal maatreëls word in die vooruitsig gestel om uitvoering te gee aan die transformasiemandaat van die ANC. “Een hiervan is die ontleding van die besluite van die konstitusionele hof sedert die ontstaan daarvan, om te bepaal wat die uitwerking van hierdie besluite op die transformasie van die staat en die samelewing was.”

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Kruger sê ná afloop van die evaluering en na gelang van die uitkoms daarvan sal maatreëls in werking gestel word om die kapasiteit van die konstitusionele hof só te wysig dat dit tot “die ewolusie van konstitusionele regspraak” kan lei. Hy meen om hierdie stappe in perspektief te stel, is dit belangrik om die ANC se begrip van die Grondwet van nader te beskou. Hy sê luidens die besprekingsdokument is dit duidelik dat die ANC die Grondwet as ’n “transformatiewe Grondwet” beskou. Volgens Kruger staan die transformasie van die samelewing en die realisering van sosio-ekonomiese regte soos in die Handves van Regte verskans, sentraal in die ANC se beskouing van die Grondwet. “Hierdie siening raak na my mening problematies wanneer die ANC sy nasionale doelwitte voorhou as dit wat die Grondwet se bedoeling is. Hier is dus inderwaarheid ’n oorplanting van die ANC se beleid in die Grondwet.” Kruger meen die ANC se redes om so ’n proses in werking te stel, blyk tweeledig te wees.

Die ANC is volgens hom gefrustreerd met die feit dat die konstitusionele hof met kwessies van ANC-beleid inmeng. Deur die omvattende maatreëls wat in die besprekingsdokument voorgestel word, wil die ANC eenvoudig die regbank en al sy ratte só omvorm dat dit nie meer die transformasiedoelwitte van die ANC en sy amptenary kan teëspreek nie. Kruger sê die tweede rede het te doen met die ANC wat sy transformasiedoelwit “oorplant” asof dit ook die transformatiewe doelwit van die Grondwet is.“Die Grondwet, so voer die ANC aan, kan dus nie anders geïnterpreteer word as dat dit belyn moet wees met die beleid en doelwitte van die ANC nie. Die konstitusionele hof moet ’n gereedskapstuk word vir die ANC om sy doelwitte te bereik.” ’n Deeglik gekoördineerde en berekende opposisieveldtog teen die rigting wat die ANC nou inslaan, is dringend nodig om te verseker dat die laaste arm van die regering wat nog nie in die ANC se hande is nie, se onafhanklikheid beskerm word, verduidelik Kruger. S


S

olidariteit-lede is soms in die duister oor hoe om ledevoordele te eis of selfs navrae te rig. Hierdie gids sal help om talle van jou vrae te beantwoord.

Hoe werk aftrekorders en debietorders?

’n Aftrekorder word deur jou werkgewer gebruik om jou Solidariteit-lidmaatskapgeld direk van jou salaris af te trek. Met ’n debietorder word jou lidmaatskapgeld maandeliks direk van jou persoonlike bankrekening verhaal. Om te verseker dat die debietorder wel verhaal word en jy jou voordele behou, benodig Solidariteit jou korrekte bankbesonderhede. Dit is belangrik dat jy dié inligting gereeld bywerk.

En as debietorder nie afgetrek word?

Solidariteit stuur vir jou ’n SMS wat jou daarvan in kennis stel. Skakel ons dan by 0861 25 24 23 om die probleem so gou moontlik op te los.

Hoe eis ek my swangerskapvoordeel?

Wie kontak ek met lidmaatskapnavrae?

Bel jou naaste dienskantoor vir al die nodige inligting, die vriendelike dienskantoordames sal die proses aan jou verduidelik en al die nodige inligting en vorms verskaf. Die dienskantore se kontakinligting verskyn op bladsy 72 van hierdie tydskrif. Om die voordeel te eis, moet jy vir minstens 12 maande lank ononderbroke lid wees en ook nie later as 60 dae ná die bevalling jou voordeel eis nie.

Skakel 0861 25 24 23 en kies die korrekte opsie, of stuur e-pos na diens@solidariteit.co.za, of SMS die woord SOL na 34388.

Bel jou naaste dienskantoor vir al die nodige inligting, die personeel sal die proses aan jou verduidelik en al die nodige inligting en vorms verskaf. As jy wil uitvind of die lid wel vir die voordeel kwalifiseer, bel jou naaste dienskantoor of die dienssentrum by 0861 25 24 23 met die lid se identiteitsnommer of sy of haar lidmaatskapnommer.

Skakel 0861 25 24 23 of jou naaste dienskantoor vir hulp met die bywerk van jou inligting of besoek www.solidariteit.co.za, klik op “my info” en werk jou inligting by.

Hoe eis ek begrafnisvoordeel?

Wat benodig ek wanneer ek die dienssentrum of -kantoor kontak?

Jy benodig net jou identiteitsnommer en/of lidmaatskapnommer. Dit is altyd makliker as jy Solidariteit self kontak.

Hoe werk ek my inligting by?

Hoe kry ek my gratis testament?

Bel 0861 25 24 23 en kies opsie vyf, of stuur ’n e-pos na fineks@wvs.co.za. S

bedryfsnuus

Al jou lidmaatskapvrae beantwoord


bedryfsnuus

Oppas wat jy op sosiale media kwytraak

J

Foto: iStockphoto.com

Deur Daleen de Jager

46

ou Facebook-profiel is jou persoonlike saak: Hier kan jy maar vir jou vriende presies vertel hoe jy voel, nie waar nie? Toe nie.Wees baie versigtig wat jy op jou sosialemediaprofiel kwytraak. Dit kan onverwagse negatiewe gevolge hê. Omdat baie mense dink dat hulle Facebook-profiel hul persoonlike area is, en dat hulle daar maar kan ontslae raak van hul negatiewe gevoelens teenoor hul werkplek of bestuurder, is daar in die afgelope twee jaar al meer gevalle waar werknemers dissiplinêr aangekla is vir onvanpaste aanmerkings oor hul werkgewer op sosialemediaprofiele. Die realiteit is dat niemand ’n werkgewer kan kwalik neem wanneer hy dissiplinêr optree teen ’n werknemer wie se snydende aanmerkings tot negatiewe publisiteit vir hom as werkgewer lei nie. Maar baie mense het vrae oor hierdie kwessie: • Wat as die negatiewe kommentaar nie by die werk of gedurende werkure gepubliseer is nie? • Wat van die werknemer se reg op privaatheid? Mag die werkgewer staatmaak op bewyse wat veronderstel is om privaat te wees? Wat werknemers moet onthou, is dat die internet ’n openbare domein is. En dat enigiemand met ’n profiel op Facebook wel beheer oor sy privaatheidinstellings op daardie profiel het. Wanneer werknemers nie van hierdie privaatheidinstellings gebruik maak nie, verloor hulle hul reg op privaatheid, asook die beskerming van die Wet op die Regulering van die Onderskepping van Kommunikasie en Verskaffing van Kommunikasieverwante Inligting (Rica). Dit is dus ’n werknemer se plig om sy profiel se privaatheidinstellings op te stel en te gebruik. Facebook het veral onlangs meer privaatheidinstellingopsies bygevoeg, wat dit nog makliker vir die gebruiker maak om te bepaal wie sy plasings en kommentare op sy profiel kan sien en wie nie. ’n Gebruiker kan spesifieke individue se toegang tot sy plasings en kommentaar beperk en kan ook selfs groepe skep; wat impliseer dat wanneer hy publiseer, hy presies kan kies watter groepe die plasing kan sien en watter nie. Verder is daar al bepaal dat ’n werkgewer wel mag optree teen ’n werknemer se gedrag 02/2012 • www.solidariteit.co.za

as dié gedrag ’n ongunstige uitwerking op die werkverhouding het, al het dit nauurs plaasgevind. Hanno Bucksteg, spesialis-litigant van Solidariteit Regsdienste, sê werknemers het ’n fidusiêre plig teenoor hul werkgewers, wat beteken dat die werknemer die belange van die werkgewer moet beskerm. “Indien die werknemer neerhalende stukke skryf wat die werkgewer se meerwaarde aantas of inligting wat eie is aan die werkgewer, ingeslote handelsgeheime, bekend maak, kan dit definitief tot ontslag lei en/of kan die werkgewer sulke optrede met ’n interdik stop. ” Bucksteg voeg by dat hierdie plig ook beteken dat die werknemer nie valse, neerhalende bewerings oor medewerkers mag maak nie. Die publikasie van neerhalende of negatiewe opinies op sosialemediaplatforms sluit aan by laster en naamskending. Bucksteg sê dat

lede baie versigtig moet wees wat hulle publiseer. Hy voeg egter by dat die lid ook die reg het om billike kommentaar te lewer uit hoofde van sy reg op vryheid van spraak. Maar dié reg moet nie misbruik word deur geheime inligting of onware bewerings, wat die werkgewer mag skade aanrig, te publiseer nie. Moet egter nie nou sommer jou sosialemediaprofiel gaan toemaak omdat jy reken dat dit té veel gevaar inhou nie. Dit is net so erg om in ’n telefoongesprek teenoor iemand jou werkgewer bloot te stel. Dit is egter wys om seker te maak dat die privaatheidinstellings op jou sosialemediaprofiel gestel is en dat die plasings wat jy maak, niemand negatief beïnvloed nie. Maak dus seker jou sosialemediaprofiel is beskaafd en sonder naamskending, negatiewe kommentaar en valse bewerings teenoor jou werkgewer. S


bedryfsnuus

Kennisekonomie vra vernuwende denke

Dit is ’n alombekende en ongelukkige feit dat vakbondlidmaatskap wêreldwyd aan die afneem is. Daarteenoor groei Solidariteit se lidmaatskap elke jaar. Die geheim? Om by ’n veranderende (kuber)wêreld aan te pas.

D

Deur Jahni Cowley

ie klemverskuiwing wêreldwyd na ’n sogenaamde “kennisekonomie” is vir die moderne werknemer ’n werklikheid. Dieselfde geld ook vir potensiële lede van Solidariteit. Businessdictionary.com omskryf “kennisekonomie” as ’n ekonomie wat op die skepping, evaluering en handeldrywing van kennis gegrond is. Volgens dié omskrywing word arbeidskoste binne ’n kennisekonomie aansienlik minder belangrik, terwyl tradisionele ekonomiese kwessies soos die skaarsheid van hulpbronne glad nie meer van toepassing is nie.

Foto: iStockphoto.com

Is vakbonde dan nog nodig?

In die lig van die nuwe era waarin die kennisekonomie al meer die norm word, moet natuurlik bepaal word of werknemers wat deel van hierdie soort ekonomie vorm wel ’n vakbond nodig het. Die antwoord is ja en nee. Ja – want werknemers moet steeds beskerm word teen moontlike ongelykheid in die werkgewer-werknemer-verhouding. Nee – want werknemers in ’n kennisekonomie gaan

waarskynlik nooit kollektiewe bedinging nodig hê nie, en dit is tog die hoeksteen van vakbondwese, nie waar nie?

Ja! Ja! Ja!

Solidariteit se standpunt is dat die vraag oor die nodigheid van vakbondlidmaatskap oorwegend “ja” geantwoord kan word. Dienslewering aan die hoogs opgeleide werknemers wat in die kennisekonomie aktief is, sal egter anders moet lyk as die tradisionele vakbondmetodes. Die organisering van die kennisekonomie is een van die grootste uitdagings wat hedendaagse vakbonde in die gesig staar. ’n Vakbond wat innoveerders wil organiseer, moet self ook innoverend wees.

Pas aan of...

Die sukses van Solidariteit lê in sy vermoë om aan te pas by ’n veranderende wêreld. Solidariteit is een van die min Suid-Afrikaanse vakbonde wat sosiale media inspan om sy veldtogte woema te gee en om basiese inligting vinnig aan lede te kommunikeer.‘n Natuurlike

uitvloeisel hiervan is ledegroei, hoewel die krag van die internet baie meer vaardig ingespan kan word om werwing en die vlak van dienslewering aan lede te verhoog. Die idee van ’n kuberunie, waar lede deur middel van die internet en sosiale media gewerf word, georganiseer word en diens ontvang, het reeds in Europa posgevat. Die Unite-vakbond van Brittanje is ’n baanbreker op dié gebied en het talle veldtogte eksklusief en baie suksesvol deur sosiale media gedryf. In Suid-Afrika is slegs Solidariteit tans gerat om hierdie rol te vervul. Solidariteit kan as kuberunie ’n aanlyn-, eenstopdiens met die klik van ’n muis bied. Ons wil die internet en sosiale media inspan om mense te organiseer en te bemagtig in hulle werkplekke, ongeag hoe geïsoleer hulle is. Solidariteit gaan in 2012 begin om lede doelbewus en doeltreffend te werf, te organiseer, en diens aan lede te lewer deur van die internet gebruik te maak. Solidariteit se lede kan hulle dus gereed maak vir ’n opwindende nuwe reis! S www.solidariteit.co.za • 02/2012

47


bedryfsnuus

Is die verpleegberoep aan die uitsterf?

Dit is alombekend dat geregistreerde verpleërs (GV’s) baie skaars is.Wanneer ’n pos vir ’n GV geadverteer word, word honderde aansoeke ontvang van hoopvolles wat nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie. ’n Paar geregistreerde verpleërs wat Solidariteit-lede is, deel die positiewe en negatiewe aspekte van dié bedryf.

A

Illustrasie: iStockphoto.com

Deur Cilleste van der Walt

48

ns van Heerden, ’n verpleegbestuurder met infeksiebeheer, wondsorg en risikobestuur as spesialiteitsrigting, vertel dat verpleegkundiges lank reeds nie meer die dienende Martha’s van ouds is nie. “Dit is ’n volwaardige professie waarin ons die spesialiteit van ons keuse kan beoefen,” vertel Van Heerden. “Dis ’n fees om my beroep in Suid-Afrika te kan beoefen. Die hoogtepunte in my loopbaan as ’n verpleegkundige is baie meer as die laagtepunte, want ek verpleeg omdat ek wil, nie omdat ek móét nie.” Ten spyte van verpleegkundiges se passie vir hul beroep, is daar tog dinge wat kwel. “Maatskappye buit verpleërs uit omdat daar so ’n geweldige tekort aan beskikbare gekwalifiseerde personeel is,” verduidelik Van Heerden. “Boonop word die verantwoordelikhede van administratiewe personeel soms op verpleegkundiges geplaas, wat die werklading eenvoudig te groot maak. Laastens is daar ook maatskappye wat hulself vrystel van verpleegrisiko’s deurdat verpleegkundiges deesdae self verantwoordelik is vir hul vrywaring.” Me. HG van Deventer, ’n geregistreerde verpleegster, glo vas dat sy in die regte beroep is. “My werk gee my soveel bevrediging. Ek glo dit is die pad wat die Here vir my beplan het. Dit is fantasties om saans moeg op my bed lê en te weet vandag het ek my werk goed gedoen en ek het iets vir my medemens beteken.” Sy erken egter dat die beroep nie altyd net maanskyn en rose is nie. Die probleme in die beroep is juis die rede vir die uiters kommerwekkende afname in die aantal geregistreerde verpleegkundiges. “Ek voel nie na waarde geskat nie en word ook nie finansieel vir my professionele diens en lang werkure beloon nie,” verduidelik Van Deventer. Intussen, sê sy, is daar ook kommer onder verpleegkundiges oor die gehalte werk wat verpleegassistente lewer. Me. C van der Merwe, ’n geregistreerde verpleegster in ’n hoësorgeenheid, vertel dat dit 02/2012 • www.solidariteit.co.za

vir haar ’n voorreg is om met mense te werk. “Die beroep bied elke dag nuwe uitdagings en die geleentheid om meer te leer oor behandelings en siektetoestande. Alles wat ons leer, wend ons positief aan om ons pasiënte se vinnige herstel te verseker. Die samewerking met ’n multi-professionele span is verrykend,” verduidelik Van der Merwe. Sy reken egter ook daar is talle probleme in die beroep wat aangepak behoort te word. “Die groot personeeltekort het ’n hoë werklading tot gevolg, en daarbenewens is die salarisse nie ’n akkurate weerspieëling van die harde werk wat verpleegkundiges insit nie,” sê sy. S

Netcare wages

eement with Solidarity signed a wage agr increase of Netcare on March 6: An (that is, a cost7,85% on the basic salary % up to 11,6%, 8,1 of to-company increase l).The hospitals depending on the job leve tcare Bougainand units included are: Ne Nursing), Netville (Admin, Suppor t and re Jakaranda tca Ne ), care Femina (Admin g) and Netrsin Nu and t (Admin, Suppor t and Nursing). care Moot (Admin, Suppor


promosie


bedryfsnuus

Wanneer werk bron van trauma word

D

Deur Moira-Marie Kloppers

ie meeste mense bring gemiddeld meer as ’n derde van die dag by hulle werkplek deur. Dis hier waar hulle vir hulself uitdagende loopbaandoelwitte stel en hard werk om dit te bereik, waar kollegas weldra vriende en later soos familie word en die kantoor byna ’n tweede tuiste raak. Ongelukkig is die werkplek dikwels ook een van die grootste oorsake van trauma in werknemers en hulle gesinne se lewens. In Suid-Afrika verloor duisende werknemers elke jaar hulle werk en inkomste in ontslag- en afleggingsprosesse. Dié werknemers voel dan dikwels asof hulle hul gesinne in die steek gelaat het. Indien die persoon nie vroegtydig op die regte manier met die traumatiese afleggingsproses bygestaan word nie, kan die gevoel van mislukking só oorweldigend word dat die persoon alle hoop verloor dat hy of sy ooit weer sukses sal behaal. Die langtermyngevolge van dié tipe werkverwante trauma is dikwels onttrekking, alkohol- of dwelmmisbruik, woede, gesinsgeweld, egskeiding, depressie en selfs selfmoord of gesinsmoord.

Hoe kan ek my kollega help?

Wanneer ’n kollega werkverwante trauma ervaar, is dit is altyd raadsaam om die persoon te oorreed om so gou moontlik professionele hulp by ’n berader of sielkundige te kry. Die aanvanklike ontlontingsrol van die kollegas van ’n werknemer wat ’n slagoffer van werkverwante trauma geword het, is egter net so belangrik as professionele hulp. Ontlonting word dikwels ook emosionele eerstehulp genoem. Ontlonting deur ’n kollega kan egter nooit professionele hulp deur ’n berader vervang nie.

Foto: iStockphoto.com

Moets en moenies

50

Die belangrikste doelwit van ontlonting is om die persoon sover te kry om te praat oor die oorweldigende gevoelens wat hy of sy op daardie oomblik beleef. Hou die volgende riglyne in gedagte: • Gaan na ’n veilige plek waar die persoon sonder onderbrekings kan praat. • Onthou dat jy die persoon se persoonlike ruimte betree. Hanteer hom of haar dus met respek. • Kalmeer die persoon. Wees self kalm en 02/2012 • www.solidariteit.co.za

praat met selfvertroue en empatie. • Stel vas wat gebeur het. Kry soveel moontlik inligting en feite, maar volg ’n persoonlike aanslag. • Gee die persoon genoeg tyd om te praat oor wat gebeur het. Luister aandagtig na die persoon se weergawe van gebeure en let op na sy of haar gevoelens en reaksie. • Verseker hom of haar dat sy of haar reaksie op die gebeure ’n normale reaksie in ’n abnormale situasie is. • Bied emosionele ondersteuning. Bel die persoon se ondersteuningstelsel (familie en vriende) indien nodig. • Gee praktiese bystand. Bied aan om die

persoon huis toe te neem of om oproepe namens hom of haar te maak. • Beskerm die persoon teen sekondêre trauma. Moenie die persoon van ander traumatiese gebeure vertel wat die situasie net verder kan vererger nie. • Help om belangrike inligting oor die proses vorentoe aan te teken. Luister namens die persoon na detail en teken dit aan.

Lees meer oor trauma

Lees gerus Richard K James en Burl E Gilliland se boek oor trauma, Crisis Intervention Strategies (vyfde uitgawe), as jy meer wil weet oor trauma en hoe om dit te hanteer. S


Foto: iStockphoto.com

N

á ’n besondere kort bemarkingsprogram aan die begin van Januarie 2012, het Akademia sy deure oopgemaak en begin as ’n vars, nuwe privaat verskaffer van hoër onderwys. Akademia het dit reggekry om studente te registreer by vyf studiesentra en die studente draf fluks klas gedurende weeksaande en Saterdae. Die tegnologie wat gebruik word, vind groot byval by studente en daar het reeds ’n lekker studiegees onder die studente ontwikkel. Die tegnologie laat die studente toe om tydens klasse ook met mekaar te kommunikeer, beide deur stem en beeld. Met die oog op die res van die jaar het Akademia besluit om ’n middeljaar-inname van studente te reël om nog studente wat vir die Hoër Sertifikate in Kantooradministrasie en Rekeningkunde wil inskryf, te akkommodeer. Hierdie studente se akademiese jaar sal dus in Julie 2012 begin. Die inskrywings vir hierdie inname sal vanaf 2 Mei 2012 plaasvind, terwyl die inskrywings vir die 2013-akademiese jaar reeds op 1 Oktober 2012 begin. ’n Geldige matrieksertifikaat word vereis vir inskrywing. Gedurende hierdie tyd open aansoeke om rentevrye studielenings vir die Junie-inname by Solidariteit Helpende Hand. Hierdie leningsaansoeke se sluitingsdatum is reeds 31 Mei. Leningsaansoeke vir die 2013-akademiese jaar sluit op 30 November. Akademia het in die afgelope tyd reeds twee nuwe programme by die Raad op Hoër Onderwys vir moontlike akkreditering ingelewer. Hierdie programme is ’n BCom-graad en ’n diplomakursus van drie jaar. Die BCom het die hoofvakke Sakebestuur en Bemarking asook byvakke soos Ekonomie, Rekeningkunde, Finansiële Bestuur en Entrepreneurskap. Die driejaar-diploma het Bemarking en Verkope as hoofstudierigtings. Navrae wat die afgelope tyd ontvang is, toon dat daar ’n besondere belangstelling in veral graadstudie-moontlikhede is. Die Akademia-span is tans hard aan die werk om nog twee graadkwalifikasies voor te berei om in 2013 of 2014 aan te bied. Hierdie kwalifikasies is gerig daarop om ook voornemende studente die geleentheid te gee om kwalifikasies in veral die syferwetenskappe te bekom. ’n BCom Rekeningkundegraad, wat aan die vereistes van die Instituut van Geoktrooieerde Rekenmeesters voldoen en wat aan ’n student wat dit voltooi het toegang sal gee tot die Instituut se

promosie

Akademia: Nog kans om in te skryf Wat bied Akademia?

• Gehalte-studiemateriaal in Afrikaans • • • •

eksamens, is op die agenda, asook ’n BSc-graad in Wiskunde en Ekonomie. Ofskoon die BScgraad nie ’n direkte beroepsgerigte kwalifikasie is nie, gaan die kurrikulum voorsiening maak vir die aanleer van vaardighede wat veral in die finansiële beroepsomgewing waardevol kan wees. Afrikaanse studente is veral uitblinkers in die beroepe waar syferkundigheid vereis word en behoort dus baie by so ’n kwalifikasie baat

wat Afrikaans as wetenskaptaal bevorder; nauurse, interaktiewe lesings by ’n gevorderde tegnologie-leersentrum in jou omgewing; ’n tabletrekenaar vir navorsing, opdragte en kommunikasie met Akademia; ’n elektroniese biblioteek; en persoonlike kontak, begeleiding en ondersteuning.

te vind. Hierdie kwalifikasies is tans in die ontwerpstadium en sal eers later vanjaar voorgelê word vir akkreditering. Enige navrae oor Akademia se programaanbieding of ander Akademia-verwante navrae kan gerus deur die webtuiste by www.akademia.ac.za of by die dienssentrum by telefoonnommer 0861 222 888 gedoen word. • Akademia is deel van die Solidariteit Beweging. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

51


in Beweging

Chantel Odendaal

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Joalene Whittingstall

Luzanne Eigelaar

R7 miljoen in beurslenings toegeken

S

Foto’s: Verskaf

Deur Juanita du Preez

52

olidariteit Helpende Hand se Afrikaanse Beursinstituut het vanjaar R7 miljoen se beurslenings aan 524 behoeftige studente toegeken. Die beursskema het die afgelope jaar ongekende groei beleef en die beskikbare fondse het met R2 miljoen toegeneem. In 2011 is R5 miljoen se beurslenings toegestaan. “By Helpende Hand volg ons ’n beleid van bemagtiging en opheffing deur opleiding, want ons glo dat dit die beste manier is om armoede uit te roei,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. “Die omvattende dienswaardeketting bied ’n deurlopende begeleidingsproses wat geestelike, kulturele en maatskaplike armoede aanpak en ’n kleuter, kind, student en jongmens uiteindelik help om voor te berei vir die werklewe,” sê hy. Vanjaar fokus Helpende Hand veral op die uitbou van die beursskema sodat nog meer voornemende studente die geleentheid kan kry om hulle te bekwaam en ’n bydrae tot die ekonomie en hulle eie familie te kan maak. Sedert 2010 het die beursfondse wat deur die Instituut bestuur en geadministreer word, van 19 tot 56 gegroei. In 2011 is 23 nuwe beursfondse geskep. Elf volwaardige gemeenskapsbeurse wat uitsluitlik behoeftige studente in die streek of tak bedien, is geskep. “Die beurskonsep maak werklik ’n groot verskil in so baie kinders se lewens,” sê Dinah Theron, hoof van die Afrikaanse Beursinstituut. “Individue wat van ander afhanklik was om ’n 02/2012 • www.solidariteit.co.za

bestaan te voer, kan ná afloop van hul studies nou onafhanklik funksioneer. Ongelukkig kon ons as gevolg van beperkte fondse nie almal help wat aansoek gedoen het nie en moes ons duisende kinders se aansoeke afkeur.” Om deel van ’n beter toekoms te word, bel Dinah Theron by 012 644 4428 of stuur e-pos na dinah@helpendehand.co.za. Die Afrikaanse Beursinstituut het reeds die lewens van etlike jongmense verander en hulle die geleentheid gegee om hul droomberoepe na te jaag. Hier is net ’n paar suksesverhale van studente:

Chantel Odendaal

Chantel het in 2011 Vokale kunste by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) begin studeer. Sy is geseën met ’n baie mooi stem en sy droom om ’n professionele operasangeres te wees. “Dis vir my ongelooflik om te hoor hoe my stem verbeter en dit is baie bevredigend as ek sien my lektor, Anina Wasserman, is beïndruk met die note wat ek kan sing. Ek het eers ’n bietjie met Italiaans gesukkel, want jy moet dit kan vertaal, spel en nou moet jy dit kan sing ook. Ons lag baie vir die uitspraak van die woorde. Ek is egter vinnig besig om dit onder die knie te kry en het reeds my eerste optredeklas gehad waar ek ’n lied in Italiaans moes sing. Ek was baie trots,” sê Chantel. Sy bedank God vir haar talent en die Beursinstituut vir die belangstelling en ondersteuning in haar studies.

Joalene Whittingstall

Joalene is besig met haar graad in onderwys by die Aros-kampus van die Noordwes Universiteit. Dié aspirantjuffrou was nie seker wat sy ná skool wou doen nie en toe sy uiteindelik op onderwys besluit het, was die 2011-akademiese jaar reeds aan die gang. Sy het egter tog aansoek gedoen en die hoof het haar ná ’n gesprek toegelaat om vir die kursus in te skryf, mits sy al die afgehandelde werk self inhaal. “Dankie vir die ekstra myl wat die personeel van die Beursinstituut vir my gestap het. Julle sal nooit weet hoe julle die las op my skouers verlig het nie. Ek waardeer dit opreg.”

Luzanne Eigelaar

Luzanne is ’n musiekstudent wat in 2011 haar derde studiejaar vir die BMus-graad aan die Universiteit van die Vrystaat voltooi het. “Ek droom om eendag ’n bekende internasionale orrelis te wees, maar sal dit net kan bereik deur harde werk, die ondersteuning van my ma en vriende en deur te glo,” sê sy. Luzanne het haar eerste en tweede jaar cum laude geslaag en verskeie ander musiektoetse ook met lof geslaag. Sy is ook aangewys as een van die drie wenners van die Hennie Joubert-merieteprys. Dié prys word deur Unisa toegeken aan die drie toppresteerders van die onderskeie grade.“Dit was vir my ’n groot eer,” sê sy. “Ek voel bevoorreg dat mense soos Solidariteit ’n aandeel in my studies het en dit vir my moontlik maak om êrens in die lewe te kom.” S


H

inbeweging

Só help ons ’n volk om op te staan Deur dr. Danie Brink

oe meer ’n mens van die doen en late van Solidariteit Helpende Hand te wete kom, hoe meer besef jy dat dít waarmee ons besig is, van onskatbare waarde is en Christene se hunkering aanspreek om getrou te wees aan die Bybelse opdrag om na weduwees, kinders en armes om te sien. Om by die werk van Helpende Hand betrokke te wees, is baie vervullend. Solidariteit Helpende Hand is ’n organisasie sonder winsoogmerk wat poog om Afrikaners se armoede te verlig en om die armoedesiklus permanent en op ’n volhoubare wyse te verbreek en te voorkom. Hierdie edele taak word aangepak deur 42 voltydse werknemers, 118 landwye takke en duisende vrywilligers. Een van Helpende Hand se beste meetbare uitsette is die toeken van studiebeurse en -le-

nings deur ons Afrikaanse Beursinstituut. Deur ’n beurs of ’n studielening aan ’n behoeftige beurshouer toe te ken, word die persoon in staat gestel om opleiding te ontvang en ekonomies onafhanklik te word. Daarom is die uitbreiding van beurstoekennings (wat tans op 64 verskillende beurse staan) ons hooffokus vir 2012. Dit bly ’n uitdaging om in 2012 nuut en kreatief te dink oor die resultate wat deur gevestigde staatmakers soos Helpende Hand se Kosblikkie- en Skooltassieprojek gelewer word. Juis daarom wil ons vanjaar die kosblikkie aan kleuters met meer as net kos vul. Ons lei kleuterskoolassistente op en verskaf broodnodige leiding aan behoeftige ouers. Ons Skooltassieprojek bly een van ons belangrikste nasionale projekte en ons stel daarmee saam ons ouerhulpprogram bekend wat ouers help

om hulle kinders skoolgereed te kry en in die vroeë grade met huiswerk te help. Tydens die Eerste Ekonomiese Volkskongres in Kimberley in 1939 was Afrikaners arm en oënskynlik hulpeloos – heel moontlik in ’n selfs benarder situasie as in 2012. Die planne wat by hierdie kongres en deur verskeie komitees voortspruitende uit die kongres gemaak is en die suksesse wat daaruit voortgevloei het, bly ’n inspirerende verhaal. Die verhaal word vertel in ’n FAK-boek van 1964 met die gepaste titel Volk staan op. Dit is vir ons as Helpende Hand, gestig in 1949, baie opwindend om in hierdie dae betrokke te wees by planne, projekte en aktiwiteite wat met reg die inhoud van ’n nuwe boek kan verskaf – ’n Volk staan weer op. • Dr. Danie Brink is uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. S

“South Africa’s leading trade union administrator”

Proud partner and sponsor of Solidarity for more than a decade in union administration With ongoing changes and innovations in technology, ProPay has become a frontrunner in the trade union administration sector.

CONTACT US

www.propay.co.za E-mail: info@propay.co.za 0861 ProPay (776 729)


inbeweging

Deel wêreld van werk met ’n kind

S

Deur Karin Venter en Marita Enslin

olidariteit Helpende Hand versoek alle werkplekke landwyd om op 25 Mei hulle deure oop te maak sodat kinders daar besoek kan aflê en meer kan leer oor ’n spesifieke beroep sodat hulle beter voorbereid vir die werklewe kan wees. Dié inisiatief vorm deel van Solidariteit Helpende Hand se Neem ’n kind saam werk toe-veldtog. “Helpende Hand volg ’n beleid van opheffing deur opleiding as ’n langtermynoplossing vir die armoedeprobleem,” sê dr. Danie Brink, uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. “Ons omvattende Beroepsleidingsdiens lei jongmense om die regte vakkeuses te maak om goeie beroepe te hê en finansieel onafhanklik te kan funksioneer. Met die Neem ’n kind saam werk toe-veldtog kan kinders eerstehands ervaar hoe hulle toekoms eendag kan lyk.” Die Beroepsleidingsdiens fokus onder meer op skaduwerk as ’n metode om vir ’n toekomstige loopbaan voor te berei. Met die Neem ’n kind saam werk toe-veldtog word skaduwerk ook ingespan. Dit is die beste manier om te sien hoe ’n tipiese werkdag in ’n beroep verloop en om intelligente vrae oor die beroep te kan vra. Ná afloop van die skaduwerk kan die werkvereistes met die kind se aanleg, persoonlikheid en belangstellings vergelyk word. Helpende Hand bied ’n professionele psigometriese diens aan wat hierdie aanlegte vasstel. Die Afrikaanse loopbaanblad www.loopbaan.co.za bied verder ’n alles-in-een-inligtingsportaal oor beroepe en skaars en kritieke vaardighede. Belangstellende ondernemings kan hulle as toekomsgerig en kindervriendelik op hierdie webtuiste lys deur hulle besonderhede na loopbaan@helpendehand.co.za te stuur sodat

die onderneming onder ”Skaduwerk” by www.loopbaan.co.za gelys kan word. Hoërskoolleerlinge kan dan op 25 Mei die ondernemings besoek wat op dié netwerk gelys is. Solidariteit Helpende Hand het vanjaar ook die Borg ’n kind-projek bekendgestel en dis reeds volstoom by ongeveer 120 Helpende Hand-takke landwyd aan die gang. Sommige takke het in die verlede soortgelyke projekte aangepak, maar daar is besluit om die idee vanjaar as ’n amptelike projek met spesifieke kriteria by alle takke van stapel te stuur. Die doel van die projek is om kleuters en kinders wat die potensiaal het om te matrikuleer of ’n naskoolse kwalifikasie te verwerf, die geleentheid te bied om hulle volle potensiaal te bereik wat hulle vanweë hul swak maatskaplike omstandighede nie andersins sou kon doen nie. Deur dié projek kan Solidariteit Helpende Hand-takke help toesien dat kleuters die graad Rklas bywoon. Die takke fokus ook daarop om ondersteuning te bied sodat leerders nie as gevolg van swak huislike omstandighede skool verlaat voordat hulle graad 12 geslaag het nie. Helpende Hand se waardeketting begin by ’n voorskoolse diens en strek deur die hele skoolloopbaan tot ná skool. Die beoogde uiteinde van die projek is dat beurse beskikbaar gestel word aan leerders wat die potensiaal het en wil studeer. S

Só help Beroepsleidingsdiens jongmense met vakkeuses Foto: iStockphoto.com

Deur Juanita du Plessis

54

Solidariteit Helpende Hand se omvattende Beroepsleidingsdiens lei jongmense om die regte vakkeuses te maak. Die Afrikaanse allesin-een-loopbaanblad, www.loopbaan.co.za, bied inligting oor beroepe en skaars en kritieke vaardighede. Helpende Hand verskaf 02/2012 • www.solidariteit.co.za

professionele psigometriese beroepsvoorligting deur ’n psigometris aan individue en groepe regoor Suid-Afrika. Die doel is om aan Afrikaanse jongmense landwyd ’n bekostigbare beroepsleidingsdiens ten opsigte van vak- en beroepskeuses te verskaf.

Verskeie pakkette word aangebied en individuele en groeptoetse is beskikbaar. • Vir meer inligting, bel Annette Taljaard of Karin Venter by 012 644 4390 of stuur epos aan annette@helpendehand.co.za of karin@helpendehand.co.za.



inbeweging

Afrikaans: Moet ons taal beskerm word?

A

Deur Alana Bailey

frikaans is ’n taal wat deurgeskuur is as die sogenaamde instrument van die onderdrukker; verweef met herinneringe van alles wat boos is en verdraai met politieke onkorrektheid. Afrikaans het gebarste hakskene van die pad wat hy al in dié land geloop het, en sy plooie en littekens verraai dekades se oorlewingstryd. Die taal se rug is geboë onder verdrukking en sy lippe gebars van die son. Maar met elke pols van nuwe bloed wat in die toekoms van die taal gepomp word, kom nuwe momentum met ’n nuwe kleur. Afrikaans is ’n taal wat elke Suid-Afrikaner onder sy arm, in sy hart of in sy sak kan dra. Afrikaans is modern, onsettend beskrywend en so deel van Suid-Afrika se DNS soos Zoeloedansers. Is dit dan nodig om proaktief vir die taal op te tree ten einde sy voortbestaan as onderrigmedium te verseker? Sommiges sal sê Afrikaans is soepel en gesond, word nie onderdruk nie en kan mos vryelik in die openbaar gebruik word. ’n Taal is ’n taal, sê ander weer traak-my-nie-agtig – dit kom en gaan, as ek dit nie kan aantrek of koop nie, wil ek dit nie hê nie. Dan is daar die broodnodige stem van die taalpuriste wat elke Engelse woord as die ondergang van Afrikaans sien.

Wat as niemand reg is nie?

Feite ruïneer dikwels ’n lekker storie, maar die feit is dat tot 40% van die modules aan die Universiteit van Pretoria (UP) nie meer in Afrikaans beskikbaar is nie. As dubbelmediumklasse daarby ingesluit word, word meer as 65% van die modules aan die UP nie meer in Afrikaans aangebied nie. Kovsies vaar beslis nie beter nie. En Stellenbosch... Stellenbosch se deurdagte verengelsing is iets wat bitter moeilik in die kiem gesmoor sal kan word. Maar voor ’n mens wil opspring en iets vir jou taal doen, moet jy eers sê hoekom moedertaalonderrig, nie net Afrikaanse moedertaalonderrig nie, so belangrik is. AfriForum Jeug het ’n goed nagevorste moedertaalverslag in Afrikaans, Engels,Tswana en Zoeloe bekend gestel, wat verduidelik waarom moedertaalonderrig beskerm moet word. Die volgende 56

02/2012 • www.solidariteit.co.za

bevindings word daarin genoem: • Wêreldwyd is daar ’n regstreekse verband tussen die implementering van moedertaalonderrig, gehalteonderwys en ekonomiese groei. • Daar is geen meriete in die betoog dat dit in studente se belang is om in Engels te studeer as Engels nie hul eerste taal is nie. • Die toekoms van Suid-Afrika se inheemse tale sal wankelrig wees solank die departement van hoër onderwys versuim om bykomende finansiering aan meertalige universiteite beskikbaar te stel. • ’n Meertaligheidsgeoormerkte toekenning wat 2% van die mediumtermyn-uitgaweraamwerk bedra, word benodig vir die doeltreffende bevordering van meertaligheid op tersiêre vlak in Suid-Afrika.

Hoekom ’n taal proaktief beskerm?

Baie sal argumenteer ’n taal is slegs ’n taal, met lettergrepe, taalreëls en aksenttekens. Maar as jy droom in Afrikaans, bid in Afrikaans, grappe maak en jou kind sy eerste woorde in Afrikaans leer, word dit veel meer as ’n taal. Dit word ’n ervaring. President Steyn het destyds gevra:“Hoe kan een Afrikaner neutraal bly terwyl ’n ander bereid is om vir Afrika te sterf?” Op grond daarvan vra ek: Hoe is dit moontlik dat een persoon sy lewe daaraan sal wy om ’n taal se voortbestaan as onderrigmedium te verseker, terwyl ’n ander nie eens die sin daarvan insien om sy naam op ’n petisie neer te pen nie? As ’n mens sulke apatie vir ywer kan inruil, sal dit nuwe lewe blaas in die taal. Dit sal hom help om sy krom rug reguit te trek, sy hande oop te maak, sy voete af te stof en weer aan sy verrimpelde plooie lewe te gee. AfriForum Jeug beywer homself vir moedertaalonderrig, nie net vir die ooglopende feitelike voordele daaraan verbonde nie, maar omdat ons glo dat ander gemeenskappe dieselfde passie vir hul taal kan ontwikkel as die Afrikaanse gemeenskap. Elke generasie neem verantwoordelikheid vir sy eie tyd. Ons tyd as jongmense het lankal aangebreek. S

Alana Bailey

Taalwet-tydlyn Deur Alana Bailey

In 2003 is ’n konsep-taalwet ná openbare raadpleging saamgestel. Die departement van kuns en kultuur moes dit aan die parlement voorlê, maar dit het nooit gebeur nie. In 2009 het ’n prokureur, Cerneels Lourens, met die steun van onder andere Solidariteit en AfriForum, die staat hof toe geneem weens die versuim om ’n talewet te implementeer. In Maart 2010 het die Noord-Gautengse hooggeregshof beslis dat die staat voor 16 Maart 2012 ’n taalwet in werking moes stel. In 2011 is ’n konsepwet gepubliseer wat die ingewikkelde kwessie van taalbestuur tot nege bladsye verskraal. Openbare kommentaar is gevra. Uiteindelik is ’n aangepaste dokument na die parlement verwys wat bepaal het dat drie tale op nasionale vlak gebruik moes word. Twee van die drie moes “voorheen benadeelde tale” wees, terwyl die derde óf Afrikaans, óf Engels moes wees. AfriForum het beklemtoon dat hy gereed is om die staat vir dié ongrondwetlike optrede hof toe te neem. Eindelik is oppervlakkige wysigings aangebring wat bepaal dat enige drie amptelike tale gebruik mag word, maar dat nasionale entiteite en staatsdepartemente hulle plig om “voorheen benadeelde tale” te bevorder, in gedagte moet hou. Die sperdatum vir die implementering van die wet is met ses maande uitgestel. AfriForum meen die wyse waarop die Talewet tot dusver hanteer is, is tekenend is van die ANC-regering se onvermoë om die betekenis van taal te verstaan. • Alana Bailey is ’n adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S


A

Deur Charl Oberholzer

friForum Jeug het op 12 Maart vanjaar landwyd op vier universiteitskampusse ballonne vrygelaat in protes teen regstellende aksie, taalonderdrukking en diskriminerende toelatingsvereistes. Die protesaksie was simbolies van talle jongmense wat besig is om hulle bestaansreg in Suid-Afrika op te eis. Dit is vanjaar presies 18 jaar sedert 1994. Tog word daar vandag nog teen jongmense wat ná 1994 gebore is gediskrimineer op grond van hul ras. Jongmense regoor Suid-Afrika se frustrasievlakke is besig om te styg. Sodra dié studente vir toelating tot ’n studierigting aan ’n universiteit aansoek doen, maak hulle kennis met regstellendeaksie-riglyne wat voorskryf dat sekere fakulteite se studentesamestelling die land se demogafie moet weërspieel. Sommige aansoekers kry glad nie toegang tot ’n tersiêre instelling nie. Gevolglik verlaat talle topstudente die land. Studente wat wel toelating kry vir ’n studierigting wat nie noodwendig hul eerste keuse was nie, gradueer en begin aansoek doen vir werk. Weer eens tel ras teen hierdie jongmense; dié keer omdat regstellendeaksie-maatreëls voorsiening maak vir sogenaamde “positiewe diskriminasie”. Die ANC glo vas in die uitkomsgerigte benadering: Die maatstaf vir die sukses van gelykheid in die werkplek is die demografie van die arbeidsmark. Daar word glad nie na die substansie van die arbeidsmark gekyk nie. In teenstelling hiermee bepaal die insetgerigte benadering dat die maatstaf vir die sukses van gelykheid in die werkplek gemeet moet word aan dié vraag: Word diegene wat nie voldoende geleenthede het nie, opgelei en in staat gestel om op gelyke vlak met ander mee te ding? Insetgerigte bevordering van gelykheid gaan dus oor opleiding. Dit is hierdie beginsel wat jongmense aan die Universiteit van Pretoria, Universiteit van die Vrystaat, Universiteit van Stellenbosch en die Noordwes Universiteit wou beklemtoon deur protes aan te teken teen die onbillike wyse waarop die ANC gelykheid probeer behaal en die verlede gebruik as ’n wapen om die toekoms te vernietig. AfriForum Jeug het verder uitgebeeld hoe belaglik rasseklassifikasie met die aansoekproses vir universiteitstoelating is deur met swartgeverfde gesigte ’n omslagtige klagtestaat aan die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande, te oorhandig. Die Universiteit van Pretoria se Veeartsenykunde-fakulteit weier toegang aan topstudente wat almal tussen sewe en nege onderskeidings in matriek behaal het, terwyl daar ’n tekort van 34% aan veeartse in die land is. AfriForum Jeug verteenwoordig tans sowat 35 studente met gesamentlik meer as 200 onderskeidings teen wie daar op dié manier gediskrimineer is. Om die huidige beleid van die ANC te diskrediteer, gaan nog lank neem, maar drie studente wat deur AfriForum Jeug verteenwoordig is, is reeds toelating tot die Veeartsenykunde-fakulteit toegestaan. ’n Klein oorwinning, maar dis moontlik gemaak deur jongmense wat self as drukgroep begin optree het. Jongmense is moeg daarvoor om as minderwaardige landsburgers hanteer te word, om jammer te sê en om die ander wang te draai. Daarom groei AfriForum Jeug vinnig. Geregtigheid sal slegs sy geboë rug weer reguit kan maak wanneer jongmense begin om voortdurend en gesamentlik standpunt in te neem en self nuwe realiteite te skep. • Charl Oberholzer is die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug. S www.solidariteit.co.za • 02/2012

57

Ondersteuners van AfriForum Jeug laat balonne los by die Noordwes Universiteit.

inbeweging

Jeug staan op teen onderdrukking


inbeweging

Instelling met karakter van sport, ontspanning

Sol-Tech rus sy studente nie net met vaardighede toe nie, maar vorm ook hul karakter om ’n waardevolle bydrae tot ander se lewens te maak.

Hoewel Sol-Tech se hooffokus is om studente in skaars rigtings op te lei, het die instelling ook ’n hart vir jongmense.“Sol-Tech se studenteraad is slaggereed om te verseker dat studente in 2012 nie net akademies presteer nie, maar ook emosionele en geestelike ondersteuning kry om persoonlik te ontwikkel. Sosiale ontwikkeling deur studentepret en

sport word ook nie afgeskeep nie,” sê Phillip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech. Minnaar, wat besig is met ’n doktorsgraad oor jong volwassenes wat die werkplek betree, beplan om vanjaar verskeie kursusse oor dié onderwerp aan te bied. Sol-Tech se jongmenskarakter kom veral in die passie van die Sol-Tech-studenteraad

na vore. Die studenteraad het reeds vanjaar ’n groot sportdag gehou en selfs ’n wolkbreuk kon nie die studente se brandende opgewondenheid en spangees blus nie. SolTech se rugbyspan het ook reeds begin oefen. Die span is slaggereed om vanjaar weer die finaal te haal, nadat hulle verlede jaar in die semifinaal teen Tuks vasgeval het.

Sol-Tech: Instelling met karakter(s)

“Met ’n mengsel van kenners, groentjies, studentepret en ’n sterk dissipline, is Sol-Tech ’n instelling met hope karakter én karakters,” vertel Paul van Deventer, besturende direkteur van dié tegniese opleidingskollege.

“O Foto’s: Reint Dykema & verskaf

Deur Moira-Marie Kloppers

58

ns doel is om mense vir hulle roepings toe te rus en nie net vir hul beroepe nie. ’n Goeie tegniese kwalifikasie waarborg ’n werk, maar ’n gevormde karakter waarborg ’n loopbaan wat ’n verskil in mense se lewens en aan die welstand van Suid-Afrika maak.” Só beskryf Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, die doel van die Beweging se tegniese opleidingsinstelling, Sol-Tech. Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech (foto regs), verduidelik dat dié instelling reeds goeie vordering maak om hierdie doel te verwesenlik. “Sol-Tech sorg nie net dat

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Afrikaanse jongmense aan die einde van hulle studieloopbaan met ’n gesogte rooiseël-kwalifikasie kan spog nie. Sol-Tech lewer gebalanseerde, vaardige jongmense met karakter. Jongmense wat hul loopbane met selfvertroue kan aanpak omdat hulle nie net die beste kennis en ervaring het nie, maar ook omdat hulle voorbereid is vir die wêreld van werk.” Sol-Tech het reeds landwyd bekendheid verwerf vir sy gehalte-opleiding en uitstekende uitslae.“Sol-Tech het dus self reeds ’n kenmerkende karakter. ’n Karakter van voortdurende groei en ontwikkeling wat op ’n stewige, Christelike fondasie gebou is, maar tog steeds die pret en plesier van studentwees behou.”


Sol-Tech se uitstekende groei is aan die Solidariteit-lede se R10-bydraes aan die Groeifonds te danke. Sedert 2008 is meer as R30 miljoen se moderne toerusting vanuit die Groeifonds vir Sol-Tech aangekoop.Vroeër vanjaar is nóg ’n masjien, ’n vonk-erodeerder (vonk-erosiemasjien) ter waarde van R160 000 aangekoop. Meer as 60 pas en draai- en gereedskapmakerstudente sal van vanjaar af opleiding ontvang om met dié masjien te werk. Volgens Phillip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech, verskaf die opleidingsentrum opleiding van hoë gehalte op net die beste kwaliteit toerusting.“Daar is min opleidingsinstellings wat vonk-erodeerders het en praktiese opleiding op hierdie masjien kan aanbied.” Sol-Tech se vermoë om studente op te lei, groei jaar ná jaar. Sol-Tech neem in April en Augustus vanjaar nóg studente in en daar is nog plek vir studente vir albei innames. Nog twee ope dae word vir later vanjaar, op Saterdag, 7 Julie en Saterdag, 20 Oktober, beplan. Studente wat Sol-Tech se ope dae bywoon, lê ’n keuringstoets af om studente vir inname te keur en te bepaal of ’n oorbruggingskursus nodig sal wees voordat studente met hulle studies begin. “Sol-Tech se ope dae word uitstekend bygewoon. Dit vul ons met groot opgewondenheid, want dit wys dat daar werklik weer ’n herlewing in belangstelling in skaars beroepe is. Die Kampus, wat in die volgende drie jaar gebou gaan word, gaan ons in staat stel om baie meer jongmense op te lei,” sê Minnaar. Sol-Tech se strategie is om dié diensleier op die tegniese opleidingsfront te wees. Daarom is Sol-Tech ook op die voorgrond wat rekenaartegnologie en studenteadministrasiestelsels betref. Sol-Tech se nuwe aanlyn-studenteadministrasiestelsel, wat binnekort ingestel word, gaan ’n eenstopsentrum vir Sol-Techstudente wees asook ’n belangrike forum waar ouers op die hoogte kan bly van hulle kinders se vordering en deelname by die kollege. S

inbeweging

Instelling met karakter van groei, ontwikkeling

Sol-Tech spog met hoëgehaltetoerusting, soos dié vonk-erodeerder (heel bo en bo regs) wat onlangs aangekoop is. Bo links: ’n Voornemende student lê ’n keuringstoets tydens een van die ope dae af.

Sol-Tech se ope dae is op Saterdag, 7 Julie en Saterdag, 20 Oktober. Innames vind plaas op Maandag, 30 April en Maandag, 27 Augustus. Vir die spesifieke innamedatums, die kursusse wat gevolg kan word en inligting oor beurslenings, besoek www.sol-tech.co.za of skakel 012 755 5687. www.solidariteit.co.za • 02/2012

59


inbeweging

Eerste sosialemedia-staptog

N

Deur Ernst Roets

uwe tegnologie maak dit nou vir die mensdom moontlik om vanuit hul sitkamer hul stemme oor enige denkbare onderwerp dik te maak… en gehoor te word! Nie net kan mense nou hul stemme laat hoor nie, maar hulle kan selfs deur middel van sosiale media aan protesoptogte deelneem. In hierdie gees het Afriforum op 28 Februarie vanjaar Suid-Afrika se heel eerste sosialemedia-staptog gehou – ’n staptog wat op die sosialemedia-netwerke Twitter en Facebook as “#onswasdaar” bekend gestaan het. Die inisiatief het ontstaan nadat pres. Jacob Zuma tydens die ANC se eeufeesvieringe vroeër vanjaar groot lof teenoor Kubaanse afgevaardigdes uitgespreek het vir hul bydrae tot die “groot oorwinning” by die “epiese slag van Cuito Cuanavale” tydens die Grensoorlog. In dieselfde tyd het die Engelse weergawe van Kraal Uitgewers se boek, Ons was daar, op die rakke verskyn. Die boek is saamgestel deur genl. Jannie Geldenhuys, voormalige hoof van die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), en geskryf deur meer as 60 ander persone wat by die oorlog betrokke was. In die boek word die waarheid oor die geskiedenis van die Grensoorlog vertel deur dié wat self daar was en word Zuma se opmerking ontbloot vir wat dit is – ’n verdraaiing van die geskiedenis vir die bevordering van ’n politieke doelwit. AfriForum het met hierop gereageer deur die Ons was daar-veldtog aan te kondig – ’n veldtog wat daarop gemik is om die politieke wanvoorstellings oor die verlede in perspektief te plaas. Pleks daarvan om ’n tradisionele veldtog van stapel te stuur, het Afriforum besluit om van sosiale media gebruik te maak om die veldtog te dryf. Die veldtog is afgeskop met ’n ope brief aan die staatspresident. Die brief is egter nie in ink geskryf nie, maar is in die vorm van ’n video met sosiale media versprei – ’n video wat uiteindelik meer as 30 000

60

02/2012 • www.solidariteit.co.za

besoeke op YouTube gekry het. Die tweede fase van die veldtog is op 28 Februarie aangepak. Kopieë van die boek We Were There is saam met ’n memorandum by die ambassades van Rusland, Kuba, Angola en die VSA en uiteindelik ook by die president se kantoor by die Uniegebou oorhandig. ’n Klein groep verteenwoordigers van AfriForum en ander woordvoerders in die Solidariteit Beweging het saam met Steve Hofmeyr, Adam Tas, Gerrie Pretorius en Andries Hendrik Potgieter die fisieke staptog aangepak. Die publiek is gevra om in die sosiale media “saam te stap” deur die fisieke staptog te volg en die nuus oor die vordering daarvan wat deurlopend op Facebook en Twitter gepubliseer is, met ander te deel. En was dit nie ’n sukses nie! ’n Verslag wat die impak op Twitter vanaf 11:07 die 28ste Februarie gemeet het, dui aan dat die onderwerp “#onswasdaar” (die #-teken word op Twitter gebruik om ’n bepaalde onderwerp aan te dui) 626 778 verskynings op Twitter gemaak het. Die verdraaiing van SuidAfrika se geskiedenis en hierdie veldtog in besonder was in Suid-Afrika vir ’n ruk lank die onderwerp wat die meeste op Twitter bespreek is. Dit was ook die vierde gewildste onderwerp van die dag in Nederland en was verder ook gewild in Australië, Nieu-Seeland, Engeland en die VSA. Hoewel die impak van só ’n veldtog nie akkuraat op Facebook gemeet kan word nie, lyk dit of die veldtog selfs ’n groter impak op Facebook gemaak het. ’n Inisiatief soos hierdie is ’n bewys daarvan dat tegnologiese ontwikkeling nie iets is waarvoor ons moet bang wees nie, maar eerder iets wat omhels en benut moet word. Wie weet wat nog alles in die toekoms gedoen sal kan word om standpunt in te neem. • Ernst Roets is ’n adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S


inbeweging

Op die Maroela-boekrak Deur Suné van Heerden

Die kaskenades van Jakkals en Wolf

Arme Wolf! Waar hy ook al kom, probeer die skelm Jakkals hom ’n streep trek. Die hare waai behoorlik – en saam beleef die twee allerhande skreeusnaakse avonture. Afrikaanse kinders is al geslagte lank versot op Jakkals en Wolf se manewales. Danksy hierdie pragboek deur Leon Rousseau kan die jongklomp hulle opnuut verlekker in 15 prettige, klassieke stories. Die kaskenades van Jakkals en Wolf kos R120.

Die kamer langsaan

’n Verhaal oor ’n vrou wat ’n roman skryf om aan die werklikheid te ontsnap, totdat die onderskeid tussen werklikheid en fiksie ontstellend vaag begin word. Hoeveel opofferings mag die liefde van jou vra? Die dramatiese Donné en terughoudende Theresa se soeke na die

antwoord op hierdie vraag neem hulle op twee wyd uiteenlopende paaie. Die kamer langsaan is Maroela se boek van die maand en kos R170.

Donker plekke

Hierdie boek moet jy liefs nie lees net voor jy gaan slaap nie! François Bloemhof se versameling misdaadkortverhale deur van die beste skrywers in dié genre in Suid-Afrika is propvol skop, skiet, spanning en aksie. Skrywers sluit in Deon Meyer, Leon van Nierop, Fanie Viljoen en Tom Dreyer. Donker plekke kos R165. • Om die drie boeke op hierdie bladsy te bestel, skakel LAPA Uitgewers by 012 401 0700. Dit is ook in toonaangewende boekwinkels te koop. Die pryse is onderhewig aan verandering. S

*

Stuur jou naam en kontakbesonderhede na maroela@maroelamedia.co.za en jy ontvang dalk een van dié drie boeke as geskenk in die pos!


inbeweging

Ai, dit was die goeie ou dae

H

Deur Herman Toerien

Illustrasie: iStockphoto.com

errie moet bieg, hy kan nie baie van Solidariteit se ontstaansjare onthou nie. Ma sê dis omdat Herrie toe nog half nat agter die ore was. Van die groot mynstaking kan Herrie meer onthou, maar Herrie meen dit was nog voor Arrie Paulus se dae – anders sou die goewermentstroepe maar noustrop getrek het. Herrie is nie heeltemal so oud nie, al sê die ekonoom Mike Schüssler dat Japan binnekort ’n miljoen mense van 100 jaar of ouer gaan hê; maar Herrie is nie ’n Japannees nie. Jare gelede word ’n verslaggewer na Mooihawe uitgestuur. Die organiseerders van die Comrades het die koerant laat weet van iemand in die ouetehuis wat vir dié ultramarathon ingeskryf het. Hy is 85. By Mooihawe tref hy die omie aan, flink besig om die tehuis se gras te sny. Die verslaggewer word ingenooi vir tee, en die omie vertel hy het in sy lewe nog nooit gerook nie, en behalwe nagmaalwyn, nog geen druppeltjie alkohol oor sy lippe laat vloei nie. En hy vloek ook nie. Die verslaggewer maak verwoed notas. Toe breek daar ’n verskriklike vloekery uit die vertrek langsaan op. Die omie vra verskoning:“Dis my pa. Hy het die hele oggend lê en suip en nou is sy sigarette ook op.” Soos Solidariteit, is daar ook mense wat nie net mooier word met die ouderdom nie, maar ook op ’n mooi manier oud word. Herrie het onlangs die begrafnisdiens van ds. Danie Hoffman bygewoon, wat net voor sy 92ste verjaarsdag oorlede is. Hy het kort tevore nog die wêreld vol gery met sy kar, en selfs die koppies in Herrie se woongebied uitgeklim. Dit het Herrie laat dink aan oom Pietie le Roux van Stellenbosch, wat jare gelede met sy boereorkes die land vol gereis het. Dit was die dae toe daar nog baie treine geloop het, al die pad tot in die Krugerwildtuin. Oom Pietie was maar iets in die 30 toe hy weens swak gesondheid afgetree het. As afgetredene het hy die konsertina laat huil. Toe hy 86 is, ontwikkel die mediese tegnologie só dat hulle die moeilikheid wat sy swak gesondheid veroorsaak het, kon opfieks. Oom Pietie

62

het anderkant 90 eers sy laaste noot gespeel. Mag daar nog baie mooi jare vir Solidariteit wees. En wat arbeidsake betref, kan Solidariteit altyd kennis neem van die handboek van arbeidsaamheid: Daar was eendag vier kollegas, genaamd Almal, Iemand, Enigeen en Niemand. ’n Belangrike opdrag moes uitgevoer word en Almal was seker dat Iemand dit sal doen. Enigeen kon dit doen, maar Niemand het dit gedoen nie. Dit het Iemand kwaad gemaak, omdat dit Almal se werk was. Almal het gedink Iemand sou die werk doen, maar Niemand het besef dat Almal dit nie sou doen nie. Die gevolg was dat Almal Iemand kwalik geneem het toe Niemand nie gedoen het wat Enigeen kon gedoen het nie! Gelukkig het Solidariteit nog altyd die regte handboek, die Bybel, wat leer van arbeid adel. Baie geluk, Solidariteit, en dankie vir wat julle vir Almal doen. S

Skep jou eie Afrikaanse blog op Maroela Media

Het jy geweet jy kan jou eie Afrikaanse blog op Maroela Media skep? Daar kan jy dan na hartelus saamgesels oor alles jy op die hart dra. Herrie se kerrie (die artikel bo) is een van die blogs wat reeds groot aftrek op Maroela Media geniet. Herman Toerien het spesiaal ’n blog geskryf vir Solidariteit se 110e verjaarsdag. Om jou bydrae te maak, besoek www.maroelamedia.co.za. 02/2012 • www.solidariteit.co.za



inbeweging

Plaasaanvalle: Deel jou storie

D

Deur Ilze Nieuwoudt

ie laaste woord oor plaasaanvalle in SuidAfrika is beslis nog nie gespreek nie. Solank doellose moorde, aanvalle op weerlose gesinne en hul werkers aanhou en die regering hom steeds doof hou vir die probleem, kan daar nie stilgebly word nie. Kraal Uitgewers, die uitgewershuis van die Solidariteit Beweging, het verlede jaar in samewerking met die Transvaalse Landbou-unie (TLU) ’n opspraakwekkende boek getiteld Treurgrond – 20 jaar van plaasaanvalle in Suid-Afrika uitgereik waarin 2 617 plaasaanvalle en -moorde gelys is. Die boek het wye reaksie ontlok en is verwelkom deur talle mense wat die naaste aan die werklikheid van plaasaanvalle staan. “Die werklikheid is dat die boek met sy huidige inhoud nie naastenby die volle prentjie van plaasaanvalle in Suid-Afrika skets nie. Sedert die bekendstelling van die boek is ons en die TLU oorval deur familie, vriende en kennisse wat nog aanvalle wou aanmeld wat nie in die boek gelys is nie. Hoewel ons met die samestelling van die uitgawe in 2011 besef het dat dit nie naastenby die volle verhaal vertel nie, is dit tog nodig om sover moontlik die volledige waarheid oor plaasaanvalle in Suid-Afrika te vertel,” sê Johan Kruger, uitvoerende hoof van Kraal Uitgewers. Die inhoud van die 2011-uitgawe van Treurgrond is hoofsaaklik gegrond op ’n lys van aanvalle wat deur die TLU bygehou word na aanleiding van aanvalle wat direk by die organisasie aangemeld word en wat in die hoofstroommedia verskyn. “Daar is egter soveel aanvalle waaroor die media bloot nie meer berig nie en waarvan die publiek dus grotendeels onbewus is. Die volle omvang van plaasaanvalle is dus inderwaarheid baie groter en skokkender as wat met die eerste oogopslag vermoed word,” sê Kruger.

Nuwe boek oor plaasaanvalle

Juis aangesien die volle verhaal van plaasaanvalle nog nie vertel is nie, het Kraal Uitgewers besluit om ’n veldtog te begin waartydens die publiek die geleentheid kry om ook hulle eie ervarings van plaasaanvalle te deel. Die doel hiervan is om uiteindelik ’n meer omvattende monument ter nagedagtenis aan dié wat deur hierdie gru-misdade geraak is, in boekformaat tot stand te bring. Die nuwe weergawe van Treurgrond sal later vanjaar uitgereik word.

Vertel jou storie!

Is jy, jou familie, vriende of kennisse op die een of ander manier deur ’n plaasaanval geraak? Is jou verhaal nog nie in Treurgrond gelys nie? Is daar feitelike foute in 64

02/2012 • www.solidariteit.co.za

’n gelyste voorval? Was daar intussen nuwe verwikkelinge? Is die aanvallers sedertdien aangekeer en gevonnis? Wat is jou boodskap oor die aanval? Kraal Uitgewers het jou insette nodig om hierdie boekemonument saam te stel en sodoende die ware prentjie oor plaasaanvalle in Suid-Afrika te skets.

Neem só deel aan die veldtog

• Besoek www.treurgrond.co.za. Alle voorvalle wat in die eerste uitgawe van Treurgrond verskyn het, is hier beskikbaar. Soek deur die inhoud om na te gaan of ’n spesifieke voorval wel gelys is. Vul die aanlynvorm in en vertel jou storie, bring veranderinge aan die huidige inskrywing of lys ’n nuwe voorval. • SMS die woord “Plaas” na 34388. Kraal Uitgewers sal jou terugskakel om jou storie te dokumenteer. (SMS’e kos R2.) • Stuur e-pos na treurgrond@solidariteit.co.za en vertel vir ons jou storie. • Faks jou storie na 086 593 2882 of 012 644 1824. • Skakel Kraal Uitgewers by 012 644 4329 en vertel ons jou storie (ook as jy nie internettoegang het nie of onseker is of jou storie in die eerste uitgawe opgeneem was).

Watter inligting word gelys?

• Alle voorvalle van roof, moord, poging tot moord, ontvoering, seksuele misdrywe en kapings wat op kleinhoewes, plotte en plase plaasgevind het, moet gelys word. • Plaasaanvalle van 1990 tot 2011 word opgeneem. (Die huidige uitgawe van Treurgrond strek net van 1990 tot 2010.) Die volgende inligting moet ingesluit word: • Naam, van en ouderdom van die persoon of persone wat aangeval is; • Naam van die plaas; • Distrik waarin die plaas geleë is; • ’n Kort beskrywing van die misdaad wat gepleeg is; • Naam van polisiekantoor waar die voorval aangemeld is; en • Enige relevante bykomende inligting, soos of die aanvallers aangekeer en gevonnis is. S


D

Deur Ilze Nieuwoudt

it is ’n verhaal wat verdien om weer en weer vertel te word en in Kraal Uitgewers se nuutste boek, Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902, kry die leser ’n intense blik op die lyding van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog. Met meer as 300 foto’s, waarvan nagenoeg 80% nog nooit voorheen gepubliseer is nie, is Onthou! ’n uitsonderlike versamelstuk. Onthou! is die vyfde boek in Kraal Uitgewers se “Erwe van ons vaad’re”-reeks en die uitreiking van hierdie versamelaarsitem val saam met die herdenking van die beëindiging van die oorlog 110 jaar gelede en die inwyding van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein op 16 Desember 1913. Die boek word einde Mei amptelik bekendgestel. In Onthou! word die leser betrek by die

lewe, lyding en sterwe van Boerevroue en -kinders wie se verhale kort ná die einde van die oorlog in die bekende boeke van Elizabeth Neethling opgeteken is. Onthou! bied ook waardevolle annotasies, notas en aantekeninge om vir vandag se leser ’n perspektief op die gebeure van destyds te gee. Onthou!, bestaan uit drie dele. In die proloog word onder meer die redes vir die Britte se verskroeideaardebeleid, wat onder meer die oprigting van konsentrasiekampe ingesluit het, sowel as die rol van die ProBoere-beweging in Brittanje ondersoek. Dit word gevolg deur die verhale van mense wat self in die kampe geleef het. Die derde deel van die boek

bevat ’n insiggewende geskiedenis van die Vrouemonument in Bloemfontein.

Bestel Onthou! só

Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902 (Samestellers: A.W.G Raath en Elria Wessels) word uitgegee deur Kraal Uitgewers en kos R520 (R60 posgeld uitgesluit). Bestel jou kopie op een van die volgende maniere: • SMS: SMS die woord “Onthou” na 34388 en ’n Kraal-agent sal jou kontak. (SMS’e kos R2.) • Faks: 086 593 2882 of 012 644 1824 • Skakel: 012 644 4329 • E-pos: kraal@solidariteit.co.za S

inbeweging

Vroue en kinders se lyding só onthou


aksent media • 082 445 4513

gee jou

DROME

van môre vlerke

VANDAG

Motor- en huisinhoudversekering Regshulpversekering Aftreeplan

Korttermynlenings

Finansiële adviesdiens

Skakel ons vandag nog by

0861 101 005 Solidariteit Beweging

Solidariteit Finansiële Dienste ’n Gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556


promosie




inbeweging

Buckets full of benefits for our members

This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership.The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

We are on your side, come what may Labour matters

Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal re-presentation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.

Death benefit (Doves)

Funeral benefit • A dignified funeral is provided for members who qualify and his/her spouse.This includes a coffin and the funeral services. • For cremations a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children under the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of main member. • The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. 70

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Additional cash disbursements • At the death of paid-up members a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: * Children aged between 14 and under 21 years – R1 500 * Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.

Permanent medical disability

Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500.

Maternity benefit

A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within 6 months after the confinement.

Solidarity Magazine

Members receive 6 copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.

Additional services

Car and household insurance

This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free no-obligation quote.

Solidarity Legal Aid Package

Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R77 per month. This package provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R40 000 per year (limited to R15 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).

Solidarity Retirement Plan

Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people that are able to retire independently. The Solidarity Retirement Plan is offered in conjunction with Allan Gray. • Call 0861 101 005.

Wills and estate administration

Every member is entitled to the free drawing up of a will.The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Call 012 644 4300.

Don’t delay, join Solidarity today!

• Phone 0861 25 24 23; visit our website at www.solidarity.co.za; SMS the word “member” and your name to 34388; or visit one of our local offices (see page 72). Membership costs R85 per month for individual members and R83 per month for collective members.


inbeweging

This is how we create hope for our members! Solidarity Helping Hand

Solidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every application is considered on merit. Written applications may be addressed to: Solidarity Helping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046. Or phone 0861 25 24 23.

Bursaries

Solidarity Helping Hand manages and administrates various bursary funds and annually spend more than R5 million to assist deserving students for whom it would otherwise not have been possible to further their education.These students are

either members of trade union Solidarity or monthly contributors to Solidarity Helping Hand and their children. For more information, contact Melani Gerber or Dinah Theron at 012 644 4428 or send e-mail to melani@helpendehand.co.za or dinah@helpendehand.co.za.

*

Turn to page 45 for more information on our exciting benefits, as well as everything you need to know about our debit order system.

Membership categories

With three membership categories Solidarity offers a home for everybody!

Collective members

Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.

Individual members

Individual members are members who are younger then 50 years at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns fifty after joining remains an individual member. Individual members qualify for all Solidarity benefits.

Photograph: iStockphoto.com

Supporting members

This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision, but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are over the age of 50 years at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit. S * Terms and conditions apply

www.solidariteit.co.za • 02/2012

71


inbeweging

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville

Ettienne Pio, Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville

Bloemfontein Pieter Burger Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville Willie van Rensburg Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Despatch Piet Veldtman,Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 041 933 5144/5145 Faks: 041 933 5539 E-pos: despatch@solidariteit.co.za Straatadres: Hoofstraat 91, Despatch

Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za

*

Blaai na bladsy 6 vir Solidariteithoofkantoor se kontakbesonderhede. 72

02/2012 • www.solidariteit.co.za

Klerksdorp

Manie Lourens,Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornlaan 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp

Kathu Gert van Wyk,Adel Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou,Winkel 7, Kathu

Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg

Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville

Richardsbaai

Francois van Heerden, Hennie Vosloo Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Angler Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg Connie Prinsloo en Johan Nell Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Charisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistraat, Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4,Total Garage

Secunda Kobie de Villiers Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek Jaco van den Berg,JohanVenter,Francois Calldo, Gerhard Cloete,JJ Fernandes,Lee Coetzee,Le Roy Fritz Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 • Faks: 016 931 3171 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130

Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Grondvloer, Haddad-gebou, h.v. Buiten- en Elizabethstraat, Sakesentrum

Witbank Cornelius van Leeuwen, Jo-Anne Coetzer Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


in Retrospek

Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.

Met baie liefde, van ’n weggooikind Deur Marietha Malan

Illustrasie: iStockphoto.com

E

k het al ’n kerse-pad help bou vir ’n dametjie vir wie die Groot Vraag gevra moes word. Rooi rose gekoop vir verskeie Valentyns- of soortgelyke funksies. Ek het al my sitkamer help versier met lakens en blomme as ’n romantiese verrassing. ’n Senuweeagtige voornemende bruidegom wat kom ouers vra het, gepaai. Ek het vitterige en omgekrapte meisiekinders vir hulle wagtende ridders help mooimaak en my sak deeglik geskud vir rokke, sonbedsessies en naelbehandelings. Terwyl my enigste sonbedsessie die een agter my kar se wiel wagtende langs die sportbane is. Ja-nee, jy kan my niks vertel van die liefde nie. Of so het ek gedink totdat ’n sesjarige seuntjie in my klas, Ofentse, die dag voor Valentynsdag voor my kom staan en verklaar: “Teacher, help me. I want to make ‘I love you’”. ’n Valentynsdag-kaartjie, het ek gedink. Seker vir ’n maatjie. Dalk iemand by die kinderhuis. Want Ofentse is ’n weggooikindjie.“Abandoned child” staan op sy lêer. Ek teken vir hom ’n hartjie op rooi papier; vou ’n wit vel papier dubbeld vir ’n kaartjie. Dis toe eers dat ek die Jesus-prentjie sien wat hy pas uit ’n tydskrif geknip het. Nadat die rooi hartjie sorgvuldig uitgeknip is, plak Ofentse dit versigtig op die kaartjie.Toe die Jesus-prentjie bo-op die hartjie. ’n Vreemde Valentynskaartjie, dink ek. Meer soos ’n Kerskaartjie. Maar Ofentse was nog nie klaar nie. Hy kom sit die kaartjie oop voor my neer.“Write for me, Teacher,” vra hy. Ek neem die pen en volg sy instruksies.“Write:‘I love you, Jesus,’ ” sê hy. Daarna neem hy die kaartjie en verdwyn by die badkamer in. Nuuskierig volg ek hom en loer om die deur. Daar, in die hoekie, sit die tengerige seuntjie op sy knietjies voor die kaartjie met gevoude hande. Hy bid! ’n Valentynskaartjie vir Jesus. Met baie liefde, van ’n weggooikind. Ek het gedink ek weet van liefde, maar ’n klein seuntjie het my kom leer hoe om onvoorwaardelik en met sy hele hart lief te hê. Hy het niemand nie. Maar hy het vir Jesus. Hy weet dat Jesus hom liefhet. En daarom bied hy vir Hom ’n kaartjie met ’n rooi hartjie op aan;

As jy nou na ’n kenner van die liefde soek, vra ’n ma met vyf kinders waarvan sommige al getroud en ander tieners is.

’n kaartjie wat sê “I love you, Jesus.” Deur die venster van die badkamer het ek opgekyk na die blou lug; half verwag dat ’n Hand by die hemel sou uitkom en die kaartjie by die seuntjie sou neem. Maar dit was nie nodig nie. Die liefde wat die tenger lyfie omring het, was byna tasbaar. Die Hande om hom onsigbaar, maar tog so werklik. Daardie liefde is die liefde van ’n Man wat gekeer het dat ’n woedende skare ’n ontugtige vrou met klippe doodgooi.Wat opgekyk het na Saggeus, die tollenaar, en hom gevra het om af te klim sodat hy by hom kon gaan eet. Die Man wat gehuil het by sy vriend Lasarus se graf, en wat hom uit die dood opgewek het. Die Man wat gesê het:“Laat die kindertjies na My toe kom, en verhinder hulle nie.” Dieselfde Man wat aan die kruis gesê het:“Vader, vergeef hulle,

want hulle weet nie wat hulle doen nie.” Het jy die liefde van daardie Man in jou? ’n Onvoorwaardelike liefde, ’n dien-liefde, ’n selflose liefde? ’n Liefde wat ook ruimte het vir die swaarkry-mense om jou? Wat in staat is om ander mense se misstappe teen jou te vergewe? ’n Liefde wat jou leer dat dit saliger is om te gee as te ontvang? Nie altyd nie? Moenie té sleg voel nie. Daardie dag op die badkamervloer het Ofentse my laat sien dat ek begin vergeet het van die liefde. Die ware liefde, nie net teenoor almal om my nie, maar ook, en veral, teenoor my Skepper en Here. Hy wat nie net ’n papier-hart nie, maar ook my vleis-hart, my innerlike wese, in besit wil neem. En ook vir my op my knieë voor Hom wil sien. S

www.solidariteit.co.za • 02/2012

73


promosie

Hospitaalopnames: Jou vrae beantwoord Moet hospitaalopnames geregistreer word, of kan ek net by hospitaal opdaag?

’n Mens moet tussen twee soorte hospitaalopnames onderskei: Gewone opnames en opnames tydens lewensbedreigende noodgevalle. Onder normale omstandighede waar lewensbedreigende noodgevalle nie ter sprake is nie, moet alle opnames vooraf geregistreer word. In Medihelp se geval verkies die skema om ten minste 72 uur voor ’n beplande opname daarvan ingelig te word. In die geval van ’n lewensbedreigende noodopname (wat dus weens die aard daarvan nie vooraf geregistreer kan word nie) moet die opname gewoonlik op die eerste werkdag ná die noodgeval geregistreer word.

Foto: iStockphoto.com

Watter inligting moet ek byderhand hou om my opname te registreer?

Die volgende inligting is van belang tydens gewone opnames: • Die pasiënt se besonderhede asook sy of haar mediesefonds-lidmaatskapnommer. • Die prosedure- en diagnostiese kodes vir

die behandeling. Hierdie kodes sal jou dokter vir jou gee. • Jou dokter se besonderhede. • Die naam van die hospitaal waar jy of jou afhanklike opgeneem gaan word. Ná registrasie, sal jou mediese skema jou van ’n registrasienommer voorsien.

Beteken die registrasienommer dat my rekening ten volle betaal gaan word?

Nee. Die registrasienommer beteken dat jou opname geregistreer is en dat jou mediese skema dus die opnameproses en jou hospitaalverblyf names jou sal bestuur. Dit is noodsaaklik om seker te maak dat die beplande prosedure wel deur jou mediese skema gedek word en watter limiete ter sprake is. Indien jy dienste tydens jou hospitalisasietydperk ontvang wat jou mediese skema se voordeletariewe oorskry, kan jy moontlik ’n bybetaling op dié dienste hê. ’n Voorbeeld hiervan kan die rekening wees van die narkotiseur wat moontlik hoër tariewe kan hef.

Nog nie ’n Medihelp-lid nie?

SMS “Kontak my” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se uitstekende voordele-opsies verlang. Watter ander dienste moet vooraf goedgekeur word?

Sekere dienste moet vooraf goedgekeur word, selfs al is die hospitaalopname reeds geregistreer. Hierdie dienste sluit in gespesialiseerde radiologiese dienste, kankerbehandeling en dienste wat verband hou met ’n geregistreerde Versekerde Minimum Voordele-toestand. Let daarop dat mediese skemas in die algemeen ook voorafgoedkeuring vereis vir tandheelkundige prosedures wat onder narkose gedoen word asook sekere meer ingewikkelde tandheelkunde soos ortodonsie of periodonsie.

Het my spesifieke voordele-opsie ’n invloed op my hospitaalopname?

Ja, jou voordele-opsie mag wel ’n invloed hê op jou kwalifisering vir hospitalisasie vir spesifieke siektetoestande. Dit beteken dat behandeling in ’n hospitaal vir sekere siektetoestande nie gemagtig is nie, behalwe in lewensbedreigende noodgevalle. Jou spesifieke voordele-opsie mag ook gebruik maak van ’n voorkeurverskaffer, wat beteken dat indien jy dienste buite hierdie netwerk bekom, daar bybetalings mag wees.

Is daar ’n afsonderlike opnameproses vir noodvervoerdienste?

Ja. In die algemeen het mediese skemas ’n voorkeurverskaffer vir noodvervoerdienste. Hierdie verskaffer vervoer jou van die toneel van die noodgeval tot by die hospitaal. Voordat dit kan gebeur, moet die voorkeurverskaffer gebel en jou besonderhede asook jou medieseskema-lidmaatskapnommer verskaf word. Met jou aankoms by die hospitaal geld die proses soos vir ’n lewensbedreigende noodopname, wat beteken dat jou opname op die eerste werkdag ná die noodgeval geregistreer moet word. Twee afsonderlike prosesse geld dus: Die vervoer na die hospitaal toe en die opname in die hospitaal. 74

02/2012 • www.solidariteit.co.za


Solidariteit Solidarity

AfriForum

AfriForum Jeug

Solidariteit Beleggingsmaatskappy

0861 25 24 23

www.solidariteit.co.za

Solidariteit Eiendomme

Solidariteit Helpende Hand

Solidariteit Navorsingsinstituut

lewende monument vir ’n hoopvolle toekoms

Die Solidariteit Beweging sluit in die vakbond Solidariteit; die burgerregte-inisiatief AfriForum; AfriForum Jeug, die NP van Wyk Louw-Sentrum vir Kulturele Vryheid, die sosiaal-maatskaplike inisiatief Solidariteit Helpende Hand; die Solidariteit Beleggingsmaatskappy; Solidariteit Finansiële Dienste; Solidariteit Eiendomme; die Solidariteit Navorsingsinstituut; Solidariteit Groeifonds; Kraal Uitgewers; die FAK, Maroela Media, Die Kampus, die Beroepsleidingsdiens, Sol-Tech en Akademia. Met die VirSeker Trust as vennoot.

Welkom tuis!

In 1902 was daar die Transvaal Miners’ Union, toe MWU-Solidariteit en later Solidariteit. Vandag, 110 jaar later, bou die Solidariteit Beweging met nog meer erns aan ’n hoopvolle toekoms. ’n Bouplan van meer as R1 miljard waardeur ons nóg meer wil beskerm, bewaar, bemagtig, bemoedig en beveilig. Die Solidariteit Beweging is jóú huis waar ’n familie van instellings met jou hande vat om die geskiedenis van gister te vier, terwyl ons vandag self in geloof bou aan ’n môre vol geleenthede vir ons kinders. Dit is jóú tuiste van hoop.

media

mar ela

Solidariteit Groeifonds

Solidariteit Finansiële Dienste

Sol-Tech

akademia jou oop, afrikaanse leertuiste

Solidariteit Beweging

die


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.