Solidariteit Tydskrif Uitgawe 3 - 2015

Page 1

HELPENDE HAND GESOEK: DIE LEKKERSTE KOEKSISTER IN LAND BLADSY 47

bl.

ERFENIS

TIENPUNTPLAN VIR BEWARING DISAPPOINTMENT AFTER NEGATIVE ESKOM RULING

BELASTING:

JY HOES BAIE MEER AS WAT JY DINK! BLADSY 60

AFRIFORUM LAAT SPEKE SING VIR GODSDIENS IN SKOLE AFRIKAANS WAAROM TAAL KAN, MOET BLY – KENNER

03 • 2015 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000

Solidariteit Beweging

HIER OM TE BLY! BEWEGING HOU KRISISBERAAD EN DUISENDE LEDE VERKLAAR: ONS IS...

ONS SAL NIE BEDEL, MAAR BEDING OOR BRANDPUNTE


Trek voordeel uit die spesiale aanbiedings vir Solidariteit-lede by

MONUMENT TOYOTA CONSTANTIA op geselekteerde voertuie uit ons Toyota-reeks e-pos jou kontakbesonderhede na solidaritygroupdeals@um.co.za



inhoud NOMMER 3 VAN 2015

ONS WIL HIER BLY

TER WILLE VAN DIE KINDERS NUUSWAARDIG 10 10 12 12 13 14 16 18 20 22 22 23 24 25 26

‘ANC kan nie met onderrig en erfenis vertrou word’ ‘Ou en nuwe standbeelde ewe deel van die land se geskiedenis’ ‘Ik ben een africaander – ik wil niet loopen’ Mosie van wantroue teen Zuma-regering ‘Ons sal ons nie laat uitvee, mnr. Zuma’ Ons sien kans vir uitdagings, sê beraadgangers Ons bedel nie, maar beding – jou bydrae tel! ‘Ons wil hier bly ter wille van die kinders’ Erfenisbewaring: Ons tienpuntaksieplan DKD loop sy ras-rieme styf in arbeidsappèlhof Solidariteit v. EFF: Malema fyn dopgehou Solidariteit v. SAPD: Die stryd duur steeds voort Nuwe vakbondlandskap kan land laat brand Opleiding kardinaal in opheffing van gemeenskap Hoër onderwys, tegnologie en Buck Rogers

BEDRYFSNUUS 28 28 29 29 30 31 32 36 37

Evraz Highveld Steel: Solidariteit wil lede beskerm Labour Relations Amendment Act could be lethal to employment SAA plans major restructuring process ‘500 000 poste in gevaar gestel met getallespel oor ras in mynbedryf ’ Solidariteit veg verbete teen afleggings by Telkom Taaiste onderhandelings nóg lê vanjaar voor by Kamer van Mynwese Die risiko van ’n Eskom-netwerkineenstorting Public Protector to investigate poor service delivery Solidarity Occupational Health and Safety Training

IN BEWEGING 42 43 43 44 46 47 48 48 50 51 51 54 55 56 58 60 62 63 64 66 66 67 68 71 72

Speke sing vir behoud van godsdiens in skole ‘Afrikaans mág en móét aan universiteite gebruik word’ AfriForum dra by tot regskostes ter behoud van Afrikaans in skole Onderwysdepartement kry slae oor foute en voorstelle Dokumentêr wys ANC se ware kleure – AfriForum Gesoek: Die lekkerste koeksister in SA WerkNet: Snuffel en bied geleenthede vinnig, maklik Nomineer raakvatter in jou gemeenskap Só woeker Sol-Tech-studente in die werkplek Ambag as loopbaan Kry loopbaanvoorsprong by Sol-Tech Work fulfilment or big salary? – Gen Y responds They deserve better, union says after negative Eskom ruling Neem die regte vitamiene in deur die regte kossoorte te eet Wenke vir persoonlike finansiële bestuur Belasting: Slegs 1,1 miljoen tot 3,3 miljoen dra takslas Goeie boeke bly bekoor, wys Kraal-peiling Kom kuier by Kraal-Klub Buckets full of benefits for our members Maroela Media: Afrikaans was nog nooit so lekker nie! Bambaduze boei enduit, skrywer weet gewis hoe tienerkop werk Hart wat dié land nie kan los nie Die eerste vroue-optog na die Uniegebou Solidariteit vereer sterre in die gemeenskap Gewilde rubriek nou ook in boekvorm te kry

GEREELD

Redakteursbrief

Die Solidariteit Beweging se Krisisberaad en die uitkomste daarvan het ’n stuk ongekende energie onder ons mense losgemaak. ’n Aantal belangrike mosies is op die beraad voorgehou en aanvaar. bladsy 6

Seepkis

Ondanks al die uitdagings in die land, is ons lede steeds positief oor die toekoms. Verskeie van ons lede het op Facebook laat hoor wat hul drome vir Suid-Afrika is en waarom hulle net hier bly! bladsy 7

SpreekBuys

Die Solidariteit Beweging is oplossingsgedrewe en ofskoon ons nie al die antwoorde het nie, praat ons nie net oor die land se toenemende probleme nie – ons wil en gaan oplossings ontwikkel! bladsy 8

jy & die Reg

Werkgewers is lief daarvoor om werknemers van wie hulle ontslae wil raak, te oortuig om ʼn skikkingsooreenkoms te sluit waarin hul dienste beëindig word. Oppas hiervoor! bladsy 52

in Retrospek

Mense staar miskien, of fluister, kyk na haar met ʼn mengsel van simpatie en afkeer. Maar haar Vader verstaan haar, skryf Marietha Malan oor Marietjie wat belydenis van geloof afgelê het. bladsy 73



Redakteursbrief

Selfbeskik deur selfdoen nodig

Op ’n Dinsdagoggend in Mei 2015, ’n werksoggend, daag meer as 1 700 mense by die Solidariteit Beweging se KRISISBERAAD by die Voortrekkermonument in Pretoria op. Motors en busse stroom in en die organiseerders skarrel om ekstra sitplek en verversings gereël te kry.

M

ense van heinde en ver het verlof geneem sodat hulle kan kom hoor en saam kan praat en dink. Lede van Solidariteit, die FAK en Afriforum, ondersteuners van Helpende Hand en ander lede van die publiek stroom in. Mense kom van dwarsoor SuidAfrika en so ver as van Stampriet in Namibië. Dit gons van energie en asems wat opgehou word. Mense is hier om te hoor en te praat, te dink en te doen. Oral hoor jy mense praat en die geselsies is meestal dieselfde. Suid-Afrika is op verskeie vlakke reeds in ’n krisis. Op die vlak van ideologie, politiek, ekonomie en kultuur staar die krisis ons elke dag in die gesig. Mense is bekommerd en honger vir ’n uitlaatklep. Vuisvoos, letterlik en figuurlik. Vleg jy tussen die mense deur, hoor jy dieselfde woorde en frases oor en oor: Eskom; beurtkrag; Zuma en kie; staatsverval; korrpusie; misdaad. Nog ʼn moord. “Wat moet ons doen?” “Waarheen? Landuit...?” “Wat is volgende?” Van meet af aan is dit duidelik dat die sprekers die beraadgangers se sin van

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

KRISISBERAAD

6

dringendheid en behoefte aan ’n werkbare en verantwoordelike uitkoms reg verwoord. Zuma en kie, ons het genoeg gehad. Regeer ons goed of ons regeer onsself. Ons is hier om te bly en ons is nie tweedeklasburgers nie. Ten spyte van ons welslae en uitsonderlike bydraes tot die modernisering van Suid-Afrika, kapittel en kriminaliseer jou regering wittes in die algemeen en Afrikaners in besonder. Basta! Ons gaan aanhou selfdoen, meer en meer, want ons sal vry, veilig en voorspoedig in hierdie land bly. Nie verleë nie, nie skaam nie, nie skoorvoet oor ons verlede en toekoms nie. Deur selfbeskikking en deur selfdoen sal ons self verantwoordelikheid aanvaar vir ons gemeenskappe. Die boodskap is ook duidelik: Genoeg gepraat oor die krisis – wat gaan ons dóén? Die antwoord doen Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, aan die hand: Dit is weer tyd vir ’n kragdadige waagstuk. ’n Waagstuk soortgelyk aan die waagstukke wat ons voorouers op verskeie geleenthede in ons geskiedenis hier aan die suidpunt van Afrika geneem het. Soortgelyk aan waagstukke soos die Groot Trek, die aanpak van die Britte in

die Anglo-Boereoorlog en die opstaan daarna, die helpmekaar en opstaan tydens en ná die depressie. Die waagstuk van selfstandigheid lê voor ons. Selfstandig wees op verskeie lewensterreine deur gemeenskapsorganisasies. Binne net sewe dae het die Solidariteit Beweging se mense ingespring en ’n spoggeleentheid gereël. ’n Geleentheid waaroor mense reeds praat as een van die mees kritiese gebeurtenisse in die onlangse geskiedenis van ons gemeenskap. Die Krisisberaad en die uitkomste daarvan het ’n stuk ongekende energie onder ons mense losgemaak. ’n Aantal belangrike mosies is op die beraad voorgehou en aanvaar. Planne word gemaak en bestaande aksies word meer en groter. Hiervoor het ons u ondersteuning en insette nodig. In Oktober vanjaar moet ons terugrapporteer en ons hoop om nog duisende mense by ons eerste opvolgberaad te verwelkom.

JOHAN KRUGER REDAKTEUR

ONS IS HIER OM TE BLY! Ons sal egter die voorwaardes moet skep om hier te kan bly. Die tyd vir vinnige en maklike antwoorde is lankal verby, en ons wil nie voorgee dat ons al die oplossings het nie. Daarom is die Krisisberaad net die begin van ’n langer proses om alle moontlike oplossings te ondersoek, en sien ons uit na die uitvoering van die korttermynaksieplanne, en die ontwikkeling van langtermynoplossings.

~ FLIP BUYS, VOORSITTER VAN DIE SOLIDARITEIT BEWEGING ~

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za


Seepkis

Word deel van die gesprek by www.blog.solidariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za

Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE

H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 | 0861 25 24 23 | www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Johan Kruger BESTURENDE REDAKTEUR | MANAGING EDITOR Cilleste van Dyk

Só droom ons oor ons land

Na aanleiding van die Solidariteit Beweging se Krisisberaad wat in Mei gehou is, het Solidariteit sy Facebook-volgelinge gevra: “Wat is jou GROOTSTE DROOM vir Suid-Afrika?” Hier is ʼn paar van die antwoorde: Yvonne Abourizk: Om sonder diefwering voor my kamervenster te kan slaap, in ʼn land waar daar genoeg werk vir almal is. Natuurlik, bo alles, dat my kleinkinders weer eendag saans in die somer om die blok sal kan loop sonder om te vrees vir hul lewe.

veral vir ons afgestudeerde jeug. ʼn Skoon land met ʼn sterk ekonomie.

Stropie Johnnie van Zyl: Net dít: álmal word oor dieselfde kam geskeer sonder diskriminasie teen enige groep, met ʼn regering wat nie korrupsie toelaat nie en ʼn president wat ʼn mens kan respekteer.

Wat doen ons sosialemediavriende om sélf ʼn verskil te maak? Een van Solidariteit se vakbondverteenwoordigers, Willie Rossouw, het só geantwoord: “Ek maak ʼn verskil deur ʼn Solidariteit-verteenwoordiger te wees, AfriForum en Helpende Hand te ondersteun en te bid vir ons volk se toekoms. Ook om my taal suiwer te hou en om Afrikanertradisies en die geskiedenis oor te dra na my gesin, familie en vriende.”

Yvonne Holtzhausen: Om net weer vry te wees in ʼn land waar daar geen misdaad en korrupsie is nie. Waar daar werk is vir almal,

Tinus Pretorius: ʼn Werkbare regering waarin my kultuur, herkoms en toekoms verseker is.

MENINGSPEILING WAT IS MEER BELANGRIK IN WERKPLEK: OPLEIDING OF ERVARING?

a Opleiding is meer belangrik as ervaring. b Ervaring is meer belangrik as opleiding. c Albei is ewe belangrik in die werkplek.

WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Daleen Gouws ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP | DESIGN Martie Maree INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Alana Bailey, Mariska Batt, Waldemar Blanche, Michelle Burger, Flip Buys, Chris du Plessis, Gideon du Plessis, Reint Dykema, Dirk Hermann, Paul Joubert, Moira-Marie Kloppers, Piet le Roux, Susan Lombaard, Marietha Malan, Paul Mardon, Esté Meyer Jansen, Ilze Nieuwoudt, Alet Rademeyer, Francois Redelinghuys, Francois Smit, Inge Strydom, Cilleste van Dyk en Danie van Graan. UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION

Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort

Foto’s: iStockphoto.com

• SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za

HIER OM TE BLY EN HIER OM JOU BELANGE TE BESKERM! Sluit maklik by Solidariteit aan deur ’n SMS te stuur. Soli­dariteit se vriendelike diens­sentrum­agente sal jou terugskakel en jou vinnig help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34802 te stuur. SMS’e kos R2. Ons be­skerm nie net jou werk nie, maar maak ’n daadwerklike verskil sodat ons lede en hul geliefdes vry, veilig en voorspoedig kan wees – net hier aan die suidpunt van Afrika! Verander jou adres by diens@solidariteit.co.za.

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.

Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

7


KOM ONS WERK SAAM AAN

OPLOSSINGS Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

Die Solidariteit Beweging het op 5 Mei ’n Krisisberaad saamgeroep om te besin oor die groeiende krisis in die land en om oplossings daarvoor te ontwikkel. Ons doel is nie om net te praat oor die probleme nie. Ons wil iets daaraan doen, want ons is HIER OM TE BLY! Natuurlik besef ons goed dat die land en ons gemeenskap se probleme nie oornag opgelos kan word nie. Daarom het ons by die beraad besluit om verskeie korttermynaksiestappe in werking te begin stel, terwyl ’n taakspan gaan werk aan meer OMVATTENDE OPLOSSINGS.

8

D

aar is toenemende tekens dat die tempo van agteruitgang in die land besig is om toe te neem. Die groot gevaar is dat dit later ingevolge die “wet op versnelde agteruitgang” tot staatsverval kan lei. Dit gebeur wanneer iets wat op ’n glybaan na onder is, al vinniger begin afgly totdat dit naderhand in ’n onkeerbare spiraal na die bodem toe spoed. Die “sneller” hiervoor is gewoonlik ’n Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

onverwagse gebeurtenis wat soos ’n vallende domino ’n ketting van gebeure ontketen. Dink maar net hoe die aanvalle op vreemdelinge soos ’n vinnige veldbrand versprei het. Wanneer ’n Derdewêreldland inplof, is dit soos iemand op ’n fiets wat op ’n plaaspad val. Dit is seer en stowwerig, maar jy kan dadelik weer opklim en verder ry. As ’n moderne land egter verval, is dit soos ’n vliegtuig wat neerstort. Dit gebeur nie baie nie; dit neem lank

voordat dit gebeur omdat ’n vliegtuig ver kan sweef, maar as die vliegtuig val, is dit ’n ramp waarvan nie gou weer opgestaan kan word nie. Suid-Afrika het gelukkig nog nie “geval” nie, en daar is nog baie positiewe dinge in die land wat ’n mens die hoop gee dat die land nie sommer totaal sal verval nie. Maar die rooi ligte flikker, want groot dele van die staat het al verswak of geval en soos domino’s kan dit die res begin omstamp.


SpreekBuys FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging

KRISISBERAAD

DIE AGT ERGSTE STAATSKRISISSE

1

Die ideologiese krisis

Die regering kon ná 21 jaar nog nie ’n werkbare ideologie ontwikkel nie, maar klou steeds vas aan uitgediende opposisie- of struggle-resepte uit die Koue Oorlog-era. Dit word al duideliker dat die regerende party tydens die destydse grondwetlike onderhandelings toegewings gemaak het om die mag te kry, en nou dié mag gebruik om hul oorspronklike doelwitte deur te stoomroller. Dít is ’n giftige mengsel van rassenasionalisme onder die dekmantel van “transformasie” en outoritêre politieke en onbekostigbare ekonomiese sosialisme. Die ANC het dit herhaaldelik duidelik gestel dat die doel van hul transformasiebeleid is om beheer van alle “magsentrums” oor te neem, met “African”-heerskappy (hegemonie) as doelwit.

2

Die politieke krisis

Ons stelsel, wat deur een party oorheers word, lei tot al minder vryheid vir die ekonomie, die opposisie, die media, die regbank, grondwetlike instellings soos die openbare beskermer, staatsinstellings, die burgerlike samelewing, en die beperking van die vryheid van taal- en kultuurgroepe. As dit nie gekeer word nie, is Nog talle ander krisisse kan genoem word, soos die maatskaplike krisis weens gesinsverbrokkeling, die misdaadkrisis, die groeiende krisis van die land se infrastruktuur soos elektrisiteit- en waterverskaffing, die omgewingskrisis, die tekens van agteruitgang in ons regstelsel met gevalle van straflose korrupsie van politieke leiers, en die demografiese krisis wat homself uitspeel. Gelukkig is daar ook nog sterk dryfkragte wat staatsverval teenwerk, soos die meervoudige magsentrums in die land, die sterk moderne sektor met sy groeiende middelklas, die veelvlakkige verskeidenheid in die land wat algehele magsentralisasie bemoeilik, die groot groep goed opgeleide mense, die gedeelde Christelike waardes, die onafhanklike howe en die regstelsel, die luide opposisiepolitiek, tegnologie wat mense bemagtig, die kulturele kapitaal in talle gemeenskappe, en die wakende oog van die buiteland. Gevaar van tweedeklasburgerskap Daar word dikwels gesê dat dit ekonomies nog goed gaan met wit mense in die algemeen en met Afrikaners in die besonder, en dit word as bewys voorgehou van ons voortgesette bevoorregting in die nuwe bedeling. In die praktyk het meerderheidsregering in meerderheidsoorheersing begin

die uiteinde ’n vryheidslose, ondemokratiese “demokrasie.”

3

Die regeringskrisis

Dit word al duideliker dat die regering nie ’n moderne land kan regeer nie. Dit is die hoofoorsaak van die versnellende verswakking van die staat en dít deur selftoegediende wonde soos byvoorbeeld die regering se rassebeleid. Daarom ontstaan daar ’n groeiende gaping tussen wat die regering wil doen en wat die staat kan doen.

4

Die grondwetlike krisis

Die grondwetlike gesag raak al meer ondergeskik aan politieke mag. Vanweë “Zumafikasie” word Suid-Afrika al meer deur persoonlike en politieke netwerke, in plaas van deur grondwetlike instellings, regeer.

3 miljoen belastingbetalers ’n bevolking van 55 miljoen mense moet versorg.

6

Die bedelingskrisis

7

Die kulturele krisis

8

Die arbeidskrisis

Ingeboude struktuurfoute lei onder meer daartoe dat meerderheidsregering oorgaan in meerderheidsoorheersing.

Die demokratiese ruimtes van grondwetlik erkende kultuurgemeenskappe kwyn algaande weens die krimpende politieke ruimtes, en dié kultuurgemeenskappe se instellings word oorgeneem en elke aspek van hul lewens deur die meerderheid beheer of oorheers, en dít deur die beleid van “verteenwoordigendheid.”

Die politiek het verwagtings geskep waaraan die ekonomie nie kan voldoen nie en wat die onvolhoubare toestand tot gevolg het dat

Die hemelhoë werkloosheidsyfer in die land lê aan die wortel van die land se probleme, en word verder aangevuur deur swak arbeidswetgewing, die verval van die land se opleidingstelsel, en optrede van sekere vakbonde wat werk vernietig.

ontaard. Kom ons kyk hoe die bedeling reeds in die praktyk verander het: • Veeltaligheid het ná ’n oorgangstyd oral eentaligheid geword; • Gelykheid en “regstelling” het “verteenwoordigendheid” geword; • Afrikaanse skole word deurlopend deur staatsweë vir “transformasie” geteiken; • Die grondwetlike voorsiening vir Afrikaanse universiteite word polities toegestop; • Die grondwetlike instellings wat hieroor moes waak, is tandeloos, disfunksioneel of is deur die regering gekoöpteer; • Rassetransformasie volgens bevolkingsyfers het die meeste instellings onder ANC- en swart politieke beheer laat beland; • Die goedkeuring van hierdie grondwetlike regte berus ook by die meerderheid, wat dit betekenisloos maak omdat die ANC dit skynbaar as voortgesette bevoorregting beskou; en • Die meerderheid se individuele regte weeg nou, kortom, swaarder as die minderheid s’n. Daarom is die vraag of die tyd nie nou aangebreek het vir ’n omvattende plan om hierdie dubbele krisis die hoof te bied nie? Die voorwaarde vir die sukses van enige plan is dat dit soveel moontlik steun kry; dat die

meerderheid Afrikaners (dalk 80%) dit uiteindelik steun, wat beteken dat ons gemeenskap se belangrikste uiteenlopende sienings deel van hierdie plan moet wees. Planne vir “volkseenheid” werk nie omdat dit veronderstel dat almal by een plan moet inval. Dit is wensdenkery dat almal met alles saamstem. Daarom gaan ons planne gegrond wees op “volksveelheid” met die uitgangspunt dat mense nie oor alles hoef saam te stem nie. Die vorige bedeling het tot ’n einde gekom omdat Afrikaners self besluit het dat die groot eis van die tyd “geregtigheid” is. Daar is nou geregtigheid teenoor die meerderheid. Daarom is die eis van ons tyd nou om te sorg dat daar vir ons gemeenskap ook geregtigheid is. Ons is hier om te bly. Ons sal egter die voorwaardes moet skep om hier te kan bly. Ek wil nou al waarsku teen mooiklinkende “oplossings”. Die tyd vir vinnige en maklike antwoorde is lankal verby, en ons wil nie voorgee dat ons al die oplossings het nie. Daarom is die Krisisberaad net die begin van ’n langer proses om alle moontlike oplossings te ondersoek, en sien ons uit na die uitvoering van die korttermynaksieplanne, en die ontwikkeling van langtermynoplossings. Lede sal op hoogte van die vordering gehou word, en sal ruim geleentheid kry om insette in die proses te lewer. S

5

Die ekonomiese krisis

Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

9


Nuuswaardig

KRISISBERAAD

‘ANC kan nie met onderrig en erfenis vertrou word’

D

aar is ernstige leemtes in die Grondwet, wat tesame met ’n gebrek aan politieke wil by die owerheid om dele daarvan te respekteer, nie genoegsame beskerming vir minderhede bied nie. Só meen Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Kriel het by die Solidariteit Beweging se Krisisberaad in Pretoria gesê daar is die afgelope twee dekades telkens verwys na die SuidAfrikaanse Grondwet wat van die modernste ter wêreld is. Die belewenis die afgelope jare is egter dat dit nie minderheidsgemeenskappe se belange doeltreffend beskerm nie. “Die internasionale beginsel dat minderhede inspraak moet hê in sake wat hulle direk raak, word nie behoorlik in die Grondwet vervat nie. “Die gevolg is dat die Afrikaner-minderheid onder die huidige politieke bestel aan die ANCregering uitgelewer is, wat volle besluitnemingsmag oor sake het wat die Afrikaners direk raak.” Kriel het gesê as na gebeure die afgelope maande gekyk word, soos die standbeeldedebakel, die aanval op Afrikaans as onderrigmedium en pres. Jacob Zuma se uitsprake dat die land se probleme met die koms van Jan van Riebeeck begin het, bevestig dit die ANC kan nie vertrou word om besluite oor Afrikanersake

Deur Alet Rademeyer

te neem nie. “Die Afrikaners word tot sondebok verklaar wie se erfenis geen respek verdien nie. Die ANC se besluit dat Afrikaner- en ander minderheidstandbeelde na ‘temaparke’ geskuif moet word waar hy (die ANC) dit in ‘konteks’ kan plaas, het verder sout in die wonde gevryf. Die sogenaamde parke is niks anders as staatskonsentrasiekampe vir Afrikanerbeelde nie. En die doel met konsentrasiekampe is om ongewensde elemente uit die openbare

samelewing te verwyder.” Volgens Kriel het die tyd aangebreek om te sê die ANC-meerderheidsregering kan nie met Afrikaners se erfenis vertrou word nie. “Ons wil self oor ons erfenis besluit en ons maak aanspraak op ʼn deel van die belastinggeld wat ons aan die owerheid betaal.” Oor Afrikaanse onderrig het hy gesê ondanks die feit dat net een universiteitskampus uit 38 nog oorwegend Afrikaans is, ag mense soos Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, en prof. Dan Kgwadi, rektor van die Noordwes-Universiteit, dit regverdigbaar om te eis dat Engels ook daar gebruik word. “Die regering probeer ons paai deur aan te voer dat hy nie Afrikaans wil afskaal nie, maar Engels wil toevoeg. Hiermee word ons intelligensie onderskat aangesien daar talle voorbeelde is oor hoe Afrikaans oral uitgedruk is.” Volgens Kriel mag daar mense wees wat meen die aandrang deur Afrikaners om self oor hul sake te besluit, is onhaalbaar. Daar is egter wêreldwyd voorbeelde waar veranderings in politieke bedelings plaasgevind het ondanks owerhede wat aanvanklik daarteen geskop het. “Ons moet hierdie aanspraak met energie, selfvertroue en deursettingsvermoë aanpak. As fase een kan ons selfstandigheid begin vestig ongeag die owerheid se standpunt daaroor,” het hy gesê. S

‘Ou en nuwe standbeelde ewe deel van die land se geskiedenis’

Foto: Reint Dykema

T

10

ydens die Krisisberaad op 5 Mei is daar ’n mosie aanvaar om die vandalisering van Afrikanermonumente en die regering se planne met dié monumente, teen te staan. Dit is geen geheim dat monumente die afgelope paar maande die teiken van vandale geword het nie. Ongelukkigheid heers oor monumente wat op openbare plekke sigbaar is en gesien word as kolonialistiese standbeelde. Toe Chumani Maxwele, ’n student aan die Universiteit van Kaapstad, menslike ontlasting gegooi het op die standbeeld van Cecil John Rhodes wat op dié kampus staande was, het die vloedhekke as’t ware oopgebars met soortgelyke betogings landwyd. Dié voorval en die gevolge daarvan het wye mediadekking ontvang en standbeeldskending het gesneeubal. Hoewel dié optrede ’n misdaad is en deur die wet verbied word, het Julius Malema,

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Deur Francois Redelinghuys leier van die EFF, sy volgelinge aangehits om ook standbeelde te beskadig wat hulle aan kolonialisme en onderdrukking herinner. Na dese is die standbeelde van Paul Kruger, genl. Louis Botha, Koningin Victoria, Ghandi en nog ander geskend, ongeag die oorsprong en geskiedkundige herkoms van dié standbeelde. Ten spyte daarvan dat Solidariteit ’n hofbevel bekom het om die aanhitsing van standbeeldskending stop te sit, blyk dit nie of Malema sy aanhitsingstaktiek gaan staak nie. Hoekom is dit belangrik om hierdie standbeelde te bewaar? Janco Jordaan, gewese SR-voorsitter van die Puk-kampus aan die Noordwes-Universiteit, skryf dat Suid-Afrika ook gesien moet word as ’n standbeeld. Hy sê die indruk word geskep dat “alle landsburgers geskiedenis- en tradisie-ateïste moet wees”. Volgens Jordaan word daar geïmpliseer dat die

geskiedenisboeke van Suid-Afrika eintlik eers ná 1994 geskryf kan word, want al wat voor 1994 gebeur het, was die struggle. Eugene Brink, navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê dis belangrik om hand in eie boesem te steek en te besef dat elkeen sy eie toekoms bepaal. Rhodes, apartheid, kolonialisme en Paul Kruger word egter almal geblameer vir probleme waarvoor daar nou self verantwoordelikheid aanvaar moet word. “Ons kan nie liries raak oor demokrasie en stemreg sonder om die verantwoordelikhede van ons burgerskap ernstig op te neem nie,” sê hy. “Standbeelde, ongeag van wie, is deel van ons en ons land se geskiedenis. Dalk is daar sommige mense wat meer aanklank vind by Kerkplein as by Nelson Mandela Square of andersom. Die feit bly staan dat albei ewe deel van ons geskiedenis is,” het Jordaan gesê. S



Nuuswaardig

Mosie van wantroue teen Zuma-regering

M ‘Ik ben een africaander – Ik wil niet loopen’

D

geskep het waarbinne hulle kon leef.” Volgens Hermann is die tydperk ook gekenmerk deur ’n diep geloof en vertroue in die toekoms. “Mense het gedoen wat hulle moes doen en het dan op die Here vertrou.” Hy het verwys na mense wat ná die oorlog opgestaan het en self verantwoordelikheid geneem het om eie ruimtes te skep. In 1915 is die Helpmekaarfonds en ’n Afrikaanse koerant, Die Burger, gestig. Die Armblanke Verbond wat met werkplasing gehelp het, is in 1917 gestig. Daarna het die Eerste Volksbank, Santam en Sanlam gevolg. Later was daar die Reddingsdaadbond, Federale Volksbeleggings en die Afrikaanse Handelsinstituut. Daar was nie reusebemagtigingsprojekte en regstellende aksie deur die staat nie. “Vandag beset die regering net eenvoudig bestaande instellings. Dit is nie wat Afrikaners gedoen het nie. Instellings is opgerig deur eenvoudige aksies soos straatkollektes en koeksister- en pannekoekverkopings.” Hermann het bygevoeg dat die toekoms in sterk burgerlike instellings, ’n gesonde historiese bewussyn, aktiewe deelname en ’n sin vir roeping lê. “Jou stukkie van die legkaart is deel van ’n baie groter toekoms, maar sonder jou stukkie is die legkaart onvolledig. Jou klein bydrae help dat ’n groot verskil gemaak word. Klein druppels vorm ’n stroompie, stroompies vorm ’n rivier en riviere vorm damme,” het Hermann gesê. S

Weggaan is nie ’n opsie nie. Die feit dat ek geen alternatief het nie, is my GEHEIME WAPEN vir ’n TOEKOMS in die land.

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Foto: Reint Dykema

it is hoe dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sy liefde vir sy land en sy taal beklemtoon het en hoe hy aangedui het dat hy, soos duisende ander Afrikaners, hier is om te bly en geen alternatiewe heenkome het nie. “My agterdeur is toe. Ek gaan nêrens heen nie. Weggaan is nie ’n opsie nie. Die feit dat ek geen alternatief het nie, is my geheime wapen vir ’n toekoms in die land.” Hermann het gesê hy is lief vir die land en dit is hier waar hy wil kerk toe gaan en God in sy taal wil aanbid. “Afrikaans is ’n inheemse Afrikataal wat ek hier kan gebruik en uitleef. Ek wil hê my kinders moet in hul moedertaal onderrig word.” Hy het gesê die uitdagings in 2015 is anders as dié in 1652 en in die tyd van die Groot Trek, die Anglo-Boereoorlog en die opstaan ná die oorlog, die depressietyd en in die tydperk van die groot republiek. “Die uitdagings is nie groter nie, maar wel anders.” Die groot republiek van 1961 is nog vars in die geheue. Dit was die tyd van groot leiers, groot staatsgeld, groot politieke partye en groot mag. “Ons antwoord lê egter opgesluit in die tydperk tussen die republieke – die tydperk tussen die Boererepublieke en die groot republiek van 1961. Dit is die tydperk toe die gemeenskap self betrokke was by hul eie toekoms en self plekke

12

KRISISBERAAD

Deur Francois Redelinghuys en Alet Rademeyer

Deur Alet Rademeyer

eer as 1 500 Afrikaners het tydens die Beweging se Krisisberaad ’n mosie van wantroue teen die regering van pres. Jacob Zuma aanvaar. Luidens die mosie is die agteruitgang in die land besig om handuit te ruk terwyl Zuma se bewind gekenmerk word deur korrupsie, swak regering en gebrekkige leierskap. “Die grondwetlike skikking onder Zuma se bewind is op ’n glybaan na ’n wenner-vatalles-benadering, terwyl die demokratiese ruimte vir kultuurgemeenskappe al kleiner word,” lui die mosie. Daarom is besluit om ’n spesiale taakspan aan te stel om ’n omvattende strategie te ontwikkel sodat Afrikaners blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan voortbestaan. Daar is ook tydens die beraad kennis geneem van verskeie kwessies, waaronder die groeiende staatsinmenging in die privaat sektor onder die dekmantel van swart ekonomiese bemagtiging, die rol van die media, skakeling met die owerheid, Afrikanersamewerking, die belangrikheid vir mense om goeie werk te hê, die verbreking, verligting en voorkoming van Afrikanerarmoede, die impak van verteenwoordigendheid op Afrikaans en toegang tot universiteitsopleiding vir Afrikaanse studente. Die beraad het ook kennis geneem van die strafbaarmaking van die Afrikaner se geskiedenis en die skending van Afrikanermonumente. Verskeie besluite oor aksies rakende dié uiteenlopende kwessies is geneem, wat daarop gemik is om oplossings vir probleme te kry. Dit behels onder meer groter deelname en samewerking deur Afrikanerorganisasies, gesprekke met die owerheid, regsoptrede waar nodig, ingrypingsaksies om wanfunksionele instellings tot verantwoording te roep, die uitbreiding van plaaslike takke, selfdoenaksies wat gemeenskappe kan aanpak en voortgesette druk om Afrikaanse skole en die gebruik van Afrikaans op universiteit te beskerm. Die taakspan moet ook ondersoek instel na voorbeelde van hoe gemeenskappe internasionaal inspraak kry oor sake wat hulle direk raak. Die voorstelle moet alle ruimtes in die Grondwet en internasionale reg ontgin – van kulturele selfstandigheid tot gebiedsgebonde selfstandigheid. S


Nuuswaardig

‘Ons sal ons nie laat uitvee, mnr. Zuma’

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

“O

ns storie, geskryf oor drie eeue, wys duidelik ons is bouers, nie brekers nie. Ons skep momente en bou monumente. Elke monument is ’n uitroepteken van ons intellektuele prestasies, ons identiteitstradisie, ons aristokratiese ideale en ons geloofsvertroue in God wat voorsien.” Dít is die standpunt van dr. Danie Langner, besturende direkteur van die FAK, wat as een van die sprekers by die Solidariteit Beweging se Krisisberaad in Pretoria opgetree het. Langner het in sy toespraak ’n pleidooi aan pres. Jacob Zuma gerig om op te hou om die Afrikaner se geskiedenis te kriminaliseer. “Die doel van die ANC se kulturele imperialisme is duidelik: Afrikaners se historiese selfbeeld, kulturele selfvertroue en trots moet vernietig word. Deur Afrikanergeskiedenis te kriminaliseer, word diskriminerende regeringsbeleid en plundering van staatsbates deur korrupsie vergoeilik,” het hy gesê. “Die strategie is duidelik: Neem oor, en wis dan minderhede se verlede uit.” Afrikaners het in dié land ’n voetspoor van hoëfunksieprestasies en hoëfunksiebesluite wat

Deur Susan Lombaard

strek oor 300 jaar. Dit is meer as voldoende bewys dat die Afrikaner nie ’n mislukking is nie, het Langner gesê. “Meneer die President, daar is baie wat hul mond uitspoel oor wat Afrikaners kwansuis gesteel het, maar kyk eerder wat het Jan en sy nasate na hierdie kontinent gebring: die Romeins-Hollandse reg, demokratiese tradisie, voedselsekerheid deur moderne landboumetodes, wêreldklasuniversiteite, infrastruktuur met meer fabrieke, teerpaaie en spoorlyne as die hele Afrika saam, die mees gevorderde bankwese in Afrika, uitnemende

KRISISBERAAD

skole, hospitale en navorsingsinstansies. Elkeen van hierdie hoëfunksiemonumente maak my trots.” Maar die Afrikaner sal nie toelaat dat hy uitgevee word nie, het hy gesê. “As jy iets wil uitvee, moet dit stilstaan, dit moet staties wees. Ons denke en dade is elke dag aan die roer en aan die beweeg. Jy kan nie ’n perd op galop uitvee nie.” Die krisis het Afrikaners reeds gehelp om ou Afrikanerinstellings af te stof en nuwes te stig wat uitnemend presteer, om nuwe eenheid as ’n kultuurgemeenskap te beleef en om ’n nuwe Afrikanermiddelgrond te skep, het hy gesê. “Ons is vandag steeds onbeskaamd trots Afrikaner. “Afrikaners het die krisis van Britse imperialisme met onderskeiding deurstaan en sal ook die kulturele imperialisme van u regering met onderskeiding oorkom,” het Langner gesê. “Momente skep en monumente deur selfdoenaksies bou, is deel van ons historiese DNS. Vandag is ’n moment. Deur ons selfdoenaksies word hier reeds nuwe monumente vir ons nageslag gebou.” Hy het afgesluit met die woorde: “Nie Willem Adriaan van der Stel, Lord Roberts óf Kitchener het ’n groot genoeg uitveër gehad om ons uit te vee nie. Meneer die President, ons sal nie uitgevee word nie!” S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

13


Nuuswaardig

KRISISBERAAD

Ons sien kans vir uitdagings, sê beraadgangers Beraadgangers by die Solidariteit Beweging se Krisisberaad het met groot geesdrif deelgeneem aan die besprekingsgedeelte van dié beraad. Beraadgangers is gevra om hul standpunt te stel oor die tema van die beraad, “Hier om te bly,” en om positiewe voorstelle vir oplossings vir krisisse in die land te maak. SUSAN LOMBAARD berig.

Foto’s: Reint Dykema

V

olgens ds. Hannes Noeth van die Instituut vir Christelike Onderwys is roepingsgedrewe onderwys belangrik as Afrikaners in SuidAfrika wil bly. “Ons moet leer hoekom ons hier wil bly,” het hy gesê. “Dit kan ons vermag deur roepingsgedrewe onderwys.” ’n Ander beraadganger, Johnny Zowitsky, het gesê: “My ouers se bloed is in hierdie grond, en my bloed sal daarin wees. Ons sal vorentoe gaan, van krag tot krag.” Volgens Roelof Lourens is dit belangrik dat elke individu in die land sy deel doen. “Elkeen moet stem in volgende jaar se munisipale verkiesings,” het hy gesê. “Ons moet mense mobiliseer om te stem sodat die ANC se mag in plaaslike regerings gebreek kan word.” Ook Tonie Meiring van Klerksdorp het gesê elke persoon wat die beraad bywoon, kan en moet insette lewer in die munisipaliteit waarbinne hy val en belasting betaal. Hendrik van der Westhuizen van Waverley het hierby aangesluit deur te sê mense moet paraat wees en betrokke raak by gemeenskapsorganisasies, om te voorkom dat hulle vervreemd raak van mekaar. “Maak ’n verskil waar jy bly. Moenie probeer om die land te verander voor jy ’n verskil maak waar jy bly nie,” het hy gesê. Willie Spies, uitvoerende hoof van Radio Pretoria, het dit beaam met dié woorde: “Daar is elke vyf jaar ’n verkiesing, maar elke dag is ’n uitdaging wat ons as die burgerlike samelewing moet aanvaar. Ons sien kans vir daardie uitdaging.” ’n Anonieme spreker het gesê hy het op Tuks studeer, maar is in sy hart, siel en gees ’n Puk. “Die Afrikaanse karakter van die Potchefstroom-kampus van die NoordwesUniversiteit moet ten alle koste behou word,” het hy gesê. “Alumni van elke universiteit moet opgeroep word om deel te neem aan hierdie poging.” Voorts, het hy gesê, moet dit onder die aandag van die wêreld gebring word dat Afrikaners nie ’n “hierjy-minderheidsgroep” is nie, maar ’n “eerstewêreld-minderheidsgroep wat verarm is deur die verfoeilikheid van die regering”. Volgens Joop Becker van die NG Gemeente Magalieskruin in Pretoria moet die Afrikaner ook holisties dink. “Anton Rupert het gesê as jou buurman honger slaap, sal jy nie baie langer

14

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

rustig kan slaap nie,” het hy gesê. “Ons moet dink aan die vestiging van waardes vir ons eie mense, maar ook vir alle mense in Suid-Afrika. Ons moet nie net vaardighede onder ons eie mense ontwikkel nie, maar ook onder ander mense.” Prof. Koos Malan het afgesluit met dié

standpunt: “Wat ná 1994 gebeur het, is dat ons onsself as Afrikaners herontdek het. Strydig met wat soms gemeen word, is die Afrikaner nie leierloos nie – hoegenaamd nie. Daar is leiers van uitstaande gehalte. Die Solidariteit Beweging moet ’n beweging wees wat leiding neem vir die hele politieke spektrum van Afrikaners.” S



Nuuswaardig

Ons bedel nie, maar beding – jou bydrae tel!

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

D

16

ie Solidariteit Beweging se Krisisberaad het duidelik gewys dat daar fout is in SuidAfrika, maar dat daar beslis ook oplossings vir die land se probleme is. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van die vakbond Solidariteit, het elke spreker by die beraad hierop gefokus. “Elke persoon wat die beraad bygewoon het, het bevestig dat hulle in Suid-Afrika is om te bly.” Hermann het 20 riglyne gegee vir ’n toekoms waarin Afrikaners kan voel hulle kan in die land bly. Hy het onder meer voorgestel dat staatsafhanklikheid plek maak vir gemeenskapselfstandigheid en dat groot politieke idees plek maak vir klein dade. “Die dae van groot politieke leiers is verby, maar die tyd van sterk gemeenskapsleiers het beslis aangebreek. Die Afrikaner se toekoms lê in sterk burgerlike instellings waardeur lewensruimte geskep kan word. Lewensruimte sluit in ’n plek waar ’n gemeenskap in sy volheid kan funksioneer,” het Hermann gesê. “Afrikaners gaan niks kry deur te bedel nie, ons moet beding. Ons kan met selfvertroue nee sê vir aanvalle op ons monumente, ons identiteit en op Afrikaans as onderrigtaal, asook vir nuwe rassisme, rassekwotas en ’n vrot regering.” Tog sê Hermann dit beteken Afrikaners het ’n verantwoordelikheid om ja te sê om hier te bly en ’n verskil te maak soos om aan ’n nuwe universiteit te help bou, om veiligheidstrukture te help skep en om Afrikaanse skole te beskerm en sterker te maak. “Op ’n baie praktiese vlak beteken dit elke individu kan patrollies in gemeenskappe ry, Afrikaanse boeke en CD’s koop, vra om in Afrikaans diens te ontvang, ’n Afrikaanse rolprent gaan kyk en betrokke raak by jou kerk en skool.” S Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Deur Esté Meyer Jansen

RAAK BETROKKE BY DIE SOLIDARITEIT BEWEGING DIE VAKBOND SOLIDARITEIT • Sluit aan by Solidariteit. Beskerm jou werk en jou inkomste – jou vermoë om na jou gesin om te sien. SMS die woord LID na 34802. Moedig ook jou vriende en familie aan om by Solidariteit aan te sluit. • Besoek die Solidariteit Wêreld-webtuiste by www.solidariteit.co.za en werk daaraan om ’n goeie werk ’n werklikheid te maak. Kry alles daar wat jy as werkende SuidAfrikaner nodig het om vry, veilig en voorspoedig te wees.

• Veg saam teen die onbillike toepassing van regstellende aksie. Dra by tot die Solidariteit Regsfonds en help ons om meer as 34 sake oor regstellende aksie tot in die hoogste hof te pak. SMS die woord REG na 34802. • Bou saam aan ’n universiteit waar jongmense nog in hul moedertaal kan studeer en waar waardes en gehalte-onderrig belangrik is. Dra by tot die Solidariteit Boufonds. SMS die woord BOU na 34802.

HELPENDE HAND

AFRIFORUM • Maak AfriForum nog sterker deur by dié organisasie aan te sluit. Doen dit deur jou naam na 32077 te SMS. Moedig ook jou vriende en familie aan om by AfriForum aan te sluit. • Raak betrokke by ’n projek van jou plaaslike AfriForum-tak om so jou plaaslike gemeenskap te verbeter. Klik op die webtuiste www.afriforum.co.za vir meer. • Skakel in by AfriForum se gemeenskapsveiligheidsinisiatiewe en buurtwag in jou omgewing. Indien daar nie een bestaan nie, help om een te stig. Besoek www.afriforum.co.za vir meer besonderhede.

• Ondersteun Helpende Hand deur aan te sluit as ondersteuner. Doen dit deur Hand na 34388 te SMS. Moedig ook jou vriende en familie aan om by Solidariteit Helpende Hand aan te sluit. • Stig ’n studiefonds waarmee behoeftige Afrikanerstudente se studies gefinansier kan word. • Besoek www.helpendehand.co.za/sosoorsig/ en raak betrokke by die projekte om Afrikanerskole in jou gemeenskap te ondersteun. • Raak betrokke by een van jou plaaslike Helpende Hand-takke se projekte om ’n verskil in jou plaaslike gemeenskap te maak. Besoek www.helpendehand.co.za vir meer besonderhede. • Ondersteun die skenkingskantoor in jou omgewing. Besoek die webtuiste www.helpendehand.co.za vir meer.


Nuuswaardig

XXXAfrikaners gaan niks kry deur te bedel nie, ons moet beding. Ons kan met SELFVERTROUE nee sê vir aanvalle op ons monumente, ons identiteit en op Afrikaans as onderrigtaal, asook vir nuwe rassisme, rassekwotas en ’n vrot regering. ~ DR. DIRK HERMANN, BESTUURSHOOF VAN SOLIDARITEIT ~

MAROELA MEDIA • Lees Maroela Media se nuus gratis by maroelamedia.co.za en volg ons op Facebook, Twitter en YouTube. • Laai Maroela Media se gratis nuus-app vir slimfone af. • Stuur nuuswenke uit jou omgewing aan Maroela Media (gebruik die “Nuuswenke”skakel op die tuisblad van die webwerf, of die “Nuuswenke”-funksie op die slimfoonapp). • Neem deel aan sinvolle debatte en gesprekvoering op Maroela Media se webwerf en op Maroela Media se sosialemediaprofiele om só jou stem te laat hoor oor aktuele kwessies wat die Afrikaanse gemeenskap raak.

FAK • Sluit aan by die FAK. Sodoende ondersteun jy kultuur- en geskiedenisprojekte, terwyl jy deurlopend die FAK se publikasies gratis in die pos ontvang. Motiveer ook jou vriende en familie om by die FAK aan te sluit en die voordele van FAK-vriendskap te geniet. • Lees en leer soveel moontlik oor die Afrikanergeskiedenis. Onthou en herdenk die belangrike gebeurtenisse van ons geskiedenis. Die FAK se Afrikanerinternetmuseum is die ideale plek om jou kennis omtrent Afrikanergeskiedenis te verbreed. Besoek gerus die webtuiste www.afrikanergeskiedenis.co.za.

KRISISBERAAD

SOL-TECH • Vertel jou vriende en familie van Sol-Tech se unieke Afrikaanse ambagsopleiding; verwys hulle na www.sol-tech.co.za; skakel Sol-Tech by 0861 25 24 23; of stuur e-pos na navrae@sol-tech.co.za. • Praktiese ervaring vorm ’n integrale deel van Sol-Tech se ambagsopleiding. Kontak Ajani, Sol-Tech se plasingsmaatskappy, by www.ajani.co.za of stuur e-pos

na jenny@ajani.co.za vir moontlike werkgeleenthede by werkgewers vir vakleerlinge, of indien werkgewers betrokke wil raak by die plasing van SolTech-studente. • Maak seker dat kinders beroepsverwante vakke op skool neem, wat wiskunde en wetenskap insluit, sodat teoretiese onderrig nie later herhaal moet word nie.

AKADEMIA

KRAAL UITGEWERS

• Bevorder die idee om in Afrikaans te studeer en tref die onderskeid tussen onderrigtaal en taal in die werkplek. • Bevorder die idee om te studeer terwyl jy werk – so doen jy waardevolle ervaring op en verwerf jy ’n kwalifikasie sonder om baie studieskuld op te loop. • Hou die webblad www.akademia.ac.za dop vir aankondiging oor al ons programme.

• Word ’n lid van Kraal-Klub (gratis) en bly op die hoogte van al Kraal se publikasies. • Koop ’n Afrikaanse boek by Kraal Uitgewers as ’n geskenk of vir jouself! • Lees Afrikaans. • Besoek Kraal Uitgewers se webtuiste vir nuus oor boeke en lekkerleesbrokkies oor woorde en geskiedkundige gebeure – besoek www.kraaluitgewers.co.za. Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

17


Nuuswaardig

* R100 MILJOEN

Die mikpunt is om binne drie jaar

per jaar in studiehulp aan Afrikaanse studente uit te betaal.

‘Ons wíl hier bly ter wille van die kinders’ Ons mág, kán, móét, gáán en wíl hier bly vir die kinders – dit is die boodskap wat dr. Danie Brink, uitvoerende direkteur van Solidariteit Helpende Hand, by die Solidariteit Beweging se Krisisberaad gegee het. Die beraad het die kollig op die toenemende tekens van AGTERUITGANG in die land geplaas en planne is voorgelê om die gemeenskap daarteen te beskerm. ILZE NIEUWOUDT berig.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

B

18

rink het dit duidelik in sy toespraak gestel dat Helpende Hand se fokus op kinders en opleiding van kardinale belang is vir Afrikaners se toekoms in Suid-Afrika. “Ons fokus veral op die toekoms van ons kinders en beywer onsself om te voorkom dat ons kinders eendag in armoede verval,” het Brink verduidelik. “Omdat ons goeie akademiese vordering op skool, opleiding, bekwaamheid in skaars vaardighede en kwalifikasies sien as dié voertuie om kinders se swaarkry te voorkom, is dit waarin ons belê.” Helpende Hand se belegging in ’n beter toekoms vir Afrikaners staan reeds miljoene rande sterk. Dié organisasie het vanjaar alleen meer as R26 miljoen in die opleiding van die Afrikanerjeug belê deur die toekenning van rentevrye studielenings. In die afgelope sewe jaar het meer as 4 600 studente by dié projek gebaat danksy meer as R73 miljoen se studiehulp. Daarbenewens is daar in die afgelope ses jaar meer as 25 000 skooltassies en skryfbehoeftes aan behoeftige graadeens uitgedeel en meer as 150 000 Afrikaanse leerlinge baat reeds by die goeie wiskundeonderrig wat hulle ontvang danksy die opleiding wat deur Helpende Hand aan wiskundeonderwysers gegee word. Meer as R1,5 miljoen

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

is in 2014 bestee aan werkskeppingsprojekte. Verskeie ander projekte, insluitend ’n aanlyn werksoekplatform en projekte ter ondersteuning van behoeftige bejaardes, vorm ook deel van Helpende Hand se fokus. Volgens Brink hoop Helpende Hand om in die komende jare, met die bystand van sy meer as 32 000 ondersteuners, aksies ten opsigte van opleiding en werkskepping aansienlik uit te brei. Dit alles, meen Brink, is ’n bevestiging van Helpende Hand se verklaring “dat ons hier is om te bly”. Die Krisisberaad het dit goedgekeur dat Helpende Hand moet voortbou op sy fokus om

KRISISBERAAD

armoede te verlig, voorkom en verbreek. Daar is kennis geneem van verskeie kwessies wat op maatskaplike vlak druk op Afrikaners plaas. Daarbenewens is bevestig dat daar ’n toename in Afrikanerarmoede is, veral in plattelandse gemeenskappe, dat opleiding die beste manier is om armoede onder jongmense te verbreek en dat finansiële studiehulp vir Afrikaanse leerlinge moeiliker bekombaar geword het. Afrikanerarmoede word as ’n stille armoede beskou, maar die beraad is van mening dat Helpende Hand se aksies rakende armoedeverligting voortgesit en uitgebou moet word. Gevolglik is die volgende besluite rakende Helpende Hand se werksaamhede geneem: • Helpende Hand moet ondersteun word om takke in elke gemeenskap te vestig om armoede te verlig, verbreek en te voorkom, • Helpende Hand moet gehelp word om die Skooltassie- en Kosblikkieprojek verder uit te bou, • Helpende Hand moet ondersteun word om sy Skoleondersteuningsentrum uit te bou om sodoende te help om Afrikaanse onderrig uitnemend te hou, en • Helpende Hand se studiefonds moet uitgebou word om binne drie jaar R100 miljoen per jaar aan Afrikaanse studente uit te betaal. S


Solidariteit ® Helpende Hand

Lees was nog nooit só lekker nie! Leer lees saam met Zak en sy pa! Leer hoe om die alfabet in ’n japtrap reg te skryf en ontmoet die lewendige dierekarakters in Helpende Hand se eie alfabetleesboek – ’n Dag by die dieretuin. Drie prettige apps (Dieretuin Pret, Alfabet Pret en Skryf Pret) is ook nou GRATIS beskikbaar. Koop ook die kleurvolle leesboek teen slegs R40 (posgeld uitgesluit).

Besoek www.leesapp.co.za en begin vandag nog lees op die prettigste manier nog. Hierdie advertensie maak gebruik van versterkterealiteitstegnologie. Laai die Helpende Hand Versterker gratis af en gee hierdie advertensie lewe!

Solidariteit Helpende Hand is ’n geregistreerde handelsmerk en deel van die Solidariteit Beweging.

www.helpendehand.co.za • 0861 25 24 23


KRISISBERAAD

Ons tienpuntaksieplan

D

ie Solidariteit Beweging het onlangs ’n tienpuntplan bekendgestel om die oplaaiende krisis oor die vandalisering van Afrikanerstandbeelde en -monumente te hanteer. Die plan behels kort-, medium- en langtermynaksies en gaan oor die volgende paar weke verder verfyn word. Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, sê die aksieplan het noodsaaklik geword in die lig van die landwye voorvalle van beskadiging van Afrikanererfenisse wat die afgelope tyd plaasgevind het. Buys sê die Beweging se plan staan op twee bene, naamlik om druk op die staat te plaas om sy verantwoordelikheid met betrekking tot erfenisbewaring na te kom, en om die Afrikanergemeenskap te mobiliseer om verantwoordelikheid vir hul eie erfenisse te neem.

Skenk R100 000 aan Erfenisstigting

1

Die Solidariteit Beweging steun die Erfenisstigting se projekte om Afrikanererfenisse te bewaar en skenk as ’n eerste stap R100 000 wat die Stigting kan aanwend vir herstelwerk aan beskadigde monumente. Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand sal as lede van die Erfenisstigting alles in hul vermoë doen om onder leiding van Sonja Lombard die Stigting se uitvoerende vermoë uit te bou. Die Solidariteit Beweging ondersteun ook ander bewaringsorganisasies se projekte om erfenisse in stand te hou en te bewaar.

Polisiebeskerming vir standbeelde bekom Ons het reeds die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gevra om die beskerming van standbeelde op te skerp en om sterk teen oortreders op te tree. Dit sal voorkom dat wetteloosheid uitbrei en sal verseker dat almal binne die raamwerk van die wet optree. Ons het die Erfenisstigting ook gevra om die departement van kuns en kultuur te kontak om toe te sien dat die departement sy verantwoordelikhede nakom.

2 Foto: Gallo Images/Getty Images/Richard l’Anson

Hofaksie teen skending neem

20

Die Beweging gaan die hooggeregshof dringend nader om die EFF te verbied om sy lede aan te hits om misdaad te pleeg deur standbeelde te beskadig. Die aanhitsing om ’n misdaad te pleeg, is op sigself ’n kriminele oortreding en is boonop roekeloos onverantwoordelik in hierdie gespanne tyd. Indien nodig, sal AfriForum weer sterk optree soos wat hy gedoen het toe die konsentrasiekampterreine in Winburg en Mafikeng verwaarloos en geskend is.

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

7


Nuuswaardig

Die geskiedenis is die bewaarder van die herinnering van grote dade en die getuie van die verlede, die voorbeeld en die leermeester van die hede, die waarskuwing vir die toekoms.

5

~ Miguel de Cervantes ~

Beplanningsberaad deur FAK en Erfenisstigting Buys het die FAK gevra om ’n dringende beraad oor erfenisbewaring te reël sodat beplanning oor die hantering van die krisis en die toekomstige bewaring van standbeelde en monumente gedoen kan word. Dit sal in oorleg met die Erfenisstigting gedoen word en sal deel vorm van die Stigting se eie beplande gesprekke met alle belanghebbendes oor die hantering van die krisis.

Fondswerwing vir instandhouding en bewaring Die instandhouding van standbeelde en monumente het die afgelope paar jaar toenemend ’n probleem geword weens verwaarlosing deur die owerhede en die koste verbonde aan onderhoud. Hoewel die krisis betreurenswaardig is, het dit bewustheid by die publiek geskep van die behoefte om monumente en erfenisse te onderhou en om geldelik by te dra tot die herstel, onderhoud en bewaring. Mense wat ’n bydrae wil maak, kan hul name en die woord “skenk” na 42315 SMS, waarna hulle deur AfriForum gekontak sal word. Die geld wat ingesamel word, sal aan die Erfenisstigting oorbetaal word vir die herstel en onderhoud van monumente. AfriForum het ook aangebied om die Erfenisstigting by te staan met fondsinsamelingsaksies.

Openbare bewusmaking en steunwerwing

6

’n Openbare veldtog moet geloods word om mense bewus te maak van die belangrikheid van die bewaring van ons erfenisse. Steun moet ook gewerf word vir die talle projekte wat reeds landwyd onderneem word. Die Beweging se benadering is om in ’n gees van wedersydse erkenning en respek onsself te beywer vir erfenisbewaring.Terselfdertyd stel ons dit duidelik dat die eensydige verskuiwing of verwydering van ons kultuurerfenisse nie aanvaarbaar is nie en sterk teengestaan sal word.

7

Die geskiedenis in perspektief stel

Dit het die afgelope ruk duidelik geword dat groot onkunde oor die geskiedenis heers. Daarom beplan die Beweging verskeie projekte om inligting oor die geskiedenis te versprei. Ons mag nie toelaat dat die Afrikaner se geskiedenis gekriminaliseer word nie en dit is nodig om die verlede in perspektief te stel. Ons moet ook die ANC se poging teenstaan om hul weergawe die amptelike weergawe van die verlede te maak. Die FAK gaan gevra word om spesiale verantwoordelikheid te neem om geskiedeniskennis onder skoolkinders te bevorder, terwyl Kraal Uitgewers se geskiedenispublikasies ook spesiale aandag gaan geniet.

Gesprekke met die regering

9

Die Beweging wil met die regering praat oor die bewaring van erfenisse volgens wetlike riglyne, en sal daarop aandring dat die staat sy bewaringsverantwoordelikhede teenoor ons as belastingbetalers nakom.Verder sal ons graag deelneem aan die minister van kuns en kultuur se beoogde beraad, op voorwaarde dat dit ruimte vir almal se standpunte sal bied en nie net ’n forum sal wees vir verdere aanvalle op die Afrikaner en ons geskiedenis nie. Ons benadering by so ’n beraad sal weereens wees om wedersydse erkenning en respek te bevorder.

Bevorder betrokkenheid

Ons gaan die Beweging se sowat 300 000 lede (lede van Solidariteit, AfriForum en Helpende Hand) vra om aktief te help om erfenisprojekte landwyd te ondersteun. Lede kan met ondersteuning begin deur hul naaste museums, standbeelde en monumente te besoek en hulp aan te bied waar dit benodig word. Die gemeenskap verkeer soms onder die wanindruk dat die staat hierdie erfenisse bewaar, wat nie die geval is nie en die enigste oplossing is dus om self verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar. AfriForum ondersteun reeds geldelik die instandhouding van konsentrasiekampterreine en monumente soos die Vegkopterrein naby Heilbron.

Vind van langtermynoplossings

10

Dit is duidelik dat langtermynoplossings gevind sal moet word vir die volhoubare bewaring van veral Afrikanererfenisse. Terwyl ons daarop aandring dat die betrokke owerhede hul wetlike plig moet nakom om monumente te beskerm en in stand te hou, sal Afrikaners self groter verantwoordelikheid daarvoor moet aanvaar. Daar is baie monumente wat nie deur die staat ondersteun word nie en wat al vir jare verwaarloos word. Die uitdaging wat die ligging van sommige standbeelde en monumente bied, verg spesiale aandag en blywende oplossings sal daarvoor gevind moet word. Die Erfenisstigting as die Beweging se bewaringsvennoot en plaaslike bewaringsorganisasies sal hieroor geraadpleeg word. S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

21


Nuuswaardig

Solidariteit v. EFF: Malema fyn dopgehou van misdaadslagoffers het in ’n peiling deur Statistieke Suid-Afrika (SSA) gesê dat hulle ontevrede is met die departement van korrektiewe dienste. Die resultate van die peiling het ook getoon dat die publiek se tevredenheid met die strafregstelsel afgeneem het.

DKD loop sy ras-rieme styf in arbeidsappèlhof “Hierdie uitspraak is ’n groot oorwinning vir Solidariteit en ’n groot terugslag vir die staat se beleid om die nasionale rassedemografie oral in Suid-Afrika toe te pas.” Só het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê kort nadat die arbeidsappèlhof in Kaapstad beslis het dat die departement van korrektiewe dienste (DKD) nie meer net die NASIONALE RASSEDEMOGRAFIE in die Wes-Kaap by die aanstelling en bevordering van werknemers mag toepas nie. INGE STRYDOM berig.

Foto: Reint Dykema

V

22

olgens die uitspraak word die vroeëre arbeidshofuitspraak van regter Hillary Rabkin-Naicker gehandhaaf. Kragtens dié hofbevel mag die DKD nie slegs die nasionale rassedemografie in ag neem nie en moet die rassedemografie van die Wes-Kaap ook oorweeg word. Die arbeidsappèlhof het voorts gesê hy kan nie sien hoe ’n diensbillikheidsplan wat slegs die nasionale rassedemografie in ag neem, grondwetlik kan wees nie. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, het gesê die uitspraak bevestig weer dat die Wet op Diensbillikheid die gebruik van kwotas verbied en dat ’n genuanseerde benadering gevolg moet word wanneer numeriese doelwitte gestel word. “Hierdie uitspraak hou verreikende gevolge in vir ander staatsdepartemente soos die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SADP) wat ook net die nasionale rassedemografie in ag neem by die maak van aanstellings en die toekenning van bevorderings. Die uitspraak van die arbeidsappèlhof stuur dus ’n duidelike boodskap uit teen die gebruik van die nasionale rassedemografie as die enigste maatstaf, sowel as teen praktyke wat neerkom op enige vorm van ’n kwotastelsel,” sê Groenewald.

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Hoewel die hof in beginsel Solidariteit se argument steun, het die hof steeds nie individuele regsremedie aan die applikante toegeken nie. Solidariteit het reeds ’n aansoek om verlof tot appèl by die konstitusionele hof ingedien om teen hierdie deel van die uitspraak te appelleer. “Die hof meen daar is nie ’n duidelike bewys dat die lede wel in die genoemde poste aangestel sou word as die DKD die streek se demografie as riglyn gebruik het nie. “Ons stem nie met die hof se standpunt hieroor saam nie, aangesien ons lede deur ’n paneel as die geskikste kandidate vir die betrokke poste geïdentifiseer is. Ons meen ons lede sou wel aangestel gewees het as dit nie vir die DKD se afdwinging van die nasionale rassedemografie was nie,” sê Groenewald. Dié prominente hofsaak teen die DKD het reeds in 2012 begin toe die vakbond ’n aantal sake oor die DKD se omstrede regstellendeaksieplan gekonsolideer het. Volgens dié plan moet die nasionale rassedemografie in alle posvlakke weerspieël word, ongeag die profiel van die provinsie of streek. Bruin Suid-Afrikaners maak sowat 51% van die ekonomies aktiewe bevolking van die Wes-Kaap uit, en in talle spesifieke streke selfs meer, terwyl hulle op nasionale vlak slegs sowat 8,8% van die totale bevolking uitmaak. S

D

Deur Inge Strydom

ie Solidariteit Beweging het in April ’n dringende interdik bekom wat die Economic Freedom Fighters (EFF) en sy leierskap verbied om die publiek verder op te sweep om enige standbeelde in die land te vandaliseer of te verwyder. Die EFF-leier, Julius Malema, ignoreer egter hierdie hofbevel en sit sy geveg voort teen standbeelde wat dateer uit die era voor demokrasie. Die Solidariteit Beweging het die hof op 21 April met ’n dringende aansoek teen die EFF genader nadat dié party sy lede en ondersteuners aangemoedig het om standbeelde te verwyder, insluitend dié wat Afrikanergeskiedenis en -kultuur verteenwoordig. Die hof het die aansoek toegestaan en die EFF en sy leierskap verbied om enige lid van die publiek verder aan te hits om standbeelde te verwyder, te vandaliseer of te ontsier. Volgens Johan Kruger, adjunkhoof van Solidariteit, is die hofbeslissing ʼn reuseoorwinning vir die Afrikaanse kulturele gemeenskap en stuur dit ’n duidelike boodskap uit teen die vernietiging van die Afrikaner se geskiedenis en erfenis. “Die ontsiering en vandalisering van standbeelde wat ’n bepaalde gedeelte van die Suid-Afrikaanse geskiedenis verteenwoordig, is ’n uiters emosionele saak. Hierdie tipe optrede is verdelend en lei tot verhoogde spanning tussen kultuurgemeenskappe en rassegroepe,” het Kruger gesê. Kort nadat die hofbevel toegestaan is, was Solidariteit egter weer verplig om die hof met ’n aansoek te nader in ’n poging om wetlike remediërende maatreëls teen Malema te verkry. Dit was nadat Malema, in weerwil van die verbiedende hofbevel, studente van die Durbanse Universiteit van Tegnologie (DUT) aangehits het om alle apartheidsimbole te verwyder. Hy is in die media aangehaal waar hy gesê het dat geen hofbevel enigiemand kan verhinder om standbeelde te verwyder of te beskadig nie. “Ons sal alle wetlike maatreëls tot ons beskikking gebruik om te verseker dat Malema en die EFF aan die hofbevel gehoor gee,” het Kruger gesê. S


Nuuswaardig

Solidariteit v. SAPD: Die stryd duur steeds voort

S

olidariteit gaan appelleer teen die arbeidshof se uitspraak oor die SuidAfrikaanse Polisiediens (SAPD) se weiering om bevorderings ingevolge sy nuwe rangstelsel op meriete te doen. Die arbeidshof het in April in die SAPD se guns beslis in dié omstrede saak wat Solidariteit sedert 2011 namens drie SAPD-lede voer. Die arbeidshof het bevind dat die bevordering en aanstelling van bepaalde polisielede in die range van luitenant, kaptein en majoor nie op grond van ’n kwotastelsel gemaak is nie. Die hof het verder bevind dat die SAPD nie anders kon as om die rasseteikens, soos uiteengesit in sy diensbillikheidsplan, na te volg nie. Solidariteit meen egter die arbeidsappèlhof of uiteindelik die konstitusionele hof sal ’n ander bevinding maak. Die vakbond het die SAPD kort ná die uitspraak in ’n brief vermaan om nie met hul beplande aanstellings in die genoemde range voort te gaan nie, hangende die uitspraak van nóg ’n hofsaak teen die polisie oor hul

Deur Inge Strydom regstellendeaksieplan. Solidariteit het die SAPD ook daarop gewys dat die hofinterdik van 28 Februarie 2013 oor hierdie saak steeds van krag is. Adv. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê indien die SAPD intussen met aanstellings voortgaan, sal Solidariteit benewens die appèlproses ook regsaksie in die vorm van ’n minagtingsbevel teen die SAPD instel. “Ons glo dat die kern van die SAPD se regstellendeaksieplan verkeerd is en meen ’n hoër hof moet die geleentheid gegun word om hieroor uitsluitsel te gee,” sê hy. Groenewald sê Solidariteit wil deur middel van verdere hofaksie verhoed dat die arbeidshof se uitspraak van krag bly, aangesien die uitspraak werkgewers sal toelaat om onbuigsaam met numeriese doelwitte om te gaan. “Dit sal meebring dat ras bo faktore soos kundigheid en ondervinding gestel word tydens aanstellings en bevorderings.” Monty Stone (49), een van die applikante in die saak, vertel dat die hofuitspraak uiters teleurstellend is. “Ek was vas oortuig dat die uitspraak in ons en

Solidariteit se guns sal wees. Die hofuitspraak is ontnugterend en ’n groot teleurstelling,” sê Stone. Stone, wat tans die rang van kaptein beklee, het in Junie 2011 ’n dokument ontvang met die name van 62 kandidate wat in Gauteng tot majoor bevorder is. Sy naam was egter nie op die lys nie. Hy het dieselfde dag ’n grief ingedien. In Julie 2011 is Stone meegedeel dat nie al die lede wat aan die minimumkriteria voldoen, bevorder kan word nie. Die saak is daarna na die KVBA en later na die arbeidshof verwys. Stone vertel dat sy besluit om in 1983 ’n polisielid te word, ’n hartsbesluit was. “My oupa, pa en broer was almal in die polisie en my suster is steeds. My werk as polisielid is my passie. Al word ek hoe negatief, weet ek dat dit my roeping is.” Stone het sy dankbaarheid teenoor Solidariteit se regspan betoon. “Ons weet dat Solidariteit baie tyd en energie in die hofsaak sit en ons is baie dankbaar daarvoor. Ons steun hulle ten volle met die appèlproses en is hoopvol dat die uitspraak hierdie keer in ons guns sal wees,” sê Stone. S


Nuuswaardig

Nuwe vakbondlandskap kan land laat brand Die WEDYWERING EN SPANNING binne die vakbondwêreld neem in felheid toe en in die skadu van ʼn moontlike politieke staatsdiens- en munisipalewerkerstaking hou dit ’n bedreiging in vir die brose arbeidsverhoudingelandskap, skryf GIDEON DU PLESSIS, hoofsekretaris van Solidariteit.

Foto: Reint Dykema

O

24

mdat die skeuring in die Congress of South African Trade Unions (Cosatu) onafwendbaar is, word daar hard agter die skerms gewerk om ʼn nuwe vakbondfederasie, waar Zwelinzima Vavi, voormalige hoofsekretaris van Cosatu, en die National Union of Metalworkers of South Africa (Numsa) die kitaar gaan slaan, die lig te laat sien. Solidariteit was onlangs genader om deel te word van dié nuwe federasie, wat eintlik Plan B vir die inisieerders is, want Plan A was om die Cosatu-dop vanweë sy sterk handelsmerk te kaap, die huidige Cosatu-leiers uit te skop en die federasie in opposisie tot die ANC te posisioneer. Hierdie scenario is nou onwaarskynlik en daar word eerder gepoog om al die ander bestaande vakbondfederasies, buiten dié deel van Cosatu wat gaan oorbly ná die skeuring, en alle ander nie-geaffilieerde vakbonde soos Solidariteit, te oorreed om deel van ʼn superfederasie te word. Solidariteit, wat uit die Christen-Demokratiese tradisie van vakbondwese ontstaan het, stel nie daarin belang nie, want ons sal eerder deel wil word van ʼn nie-ideologies gedrewe federasie wat eenheid onder alle vakbonde en werkersorganisasies wil bevorder. Word ons deel van die nuwe federasie, sal dit ook ons goeie verhouding skaad met ons vakbondbondgenoot met wie ons ʼn formele samewerkingsooreenkoms gesluit het, die National Union of Mineworkers (NUM), wat stewig binne Cosatu gevestig is. ʼn Nuwe federasie, met die populistiese Numsa as die grootste vakbond in SuidAfrika en die Association of Mineworkers and Construction Union (Amcu), die radikale en groeiende vakbond in die mynbedryf aan die voorpunt, sal ʼn toenemende impak op arbeidsverhoudinge hê omdat Numsa reeds die metaal- en ingenieurswese- en vervaardigingsektore domineer en Eskom en die mynbousektor kan volg. Dit terwyl Amcu groot aanklank by die ondemokratiese meerderheidsbeginsel gevind het en poog hulle nou om enige ander vakbond by die goud- en platinumwerkgewers, waar hulle die meerderheidsvakbond is, aggressief uit te werk. Numsa en Amcu werf ook saam lede in

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Gerugte word al hoe sterker dat Zwelinzima Vavi dalk as leier na vore gaan tree en sy charisma en gewildheid gaan gebruik om werkers agter hom te skaar om hom uiteindelik in die parlement te kry.

die steenkoolsektor en dit is ʼn kwessie van tyd voordat die res van die steenkoolsektor ook deur hierdie twee linkse vakbonde geskud kan word. Numsa hou ook die Medupi-projek gevange, terwyl Amcu besig is om deur die agterdeur hul voet by Medupi in te kry. Dié twee vakbonde kan ook binnekort by Eskom die middelpunt van vakbondaktiwiteite word weens hulle groei, terwyl Numsa reeds aandring om sitting in Eskom se raad te hê. Dan kan die Chemical Energy Paper Printing Wood and Allied Workers’ Union (CEPPAWU), wat tans die dominante vakbond in die chemiese sektor is en moontlik gederegistreer gaan word weens wanbestuur, deur Numsa oorgeneem word vanweë die noue bande wat tussen die leiers bestaan en die radikale Numsa kan dan só ook die dominante vakbond in die chemiese sektor word. Die Kamer van Mynwese se onderhandelings vir 2015-’16, wat binnekort ʼn aanvang neem, gaan ook ʼn nuwe fase betree met Numsa en Amcu wat moontlik vir die eerste keer in die geskiedenis deel sal uitmaak van die vakbonde wat in die steenkoolsektor gaan onderhandel. Amcu was wel in die onderhandelings vir 2013’14 vir die eerste keer deel van die goudsektoronderhandelings. Amcu was egter toe uit hul diepte en het die onderhandelings by hulle laat verbygegaan sonder dat hulle werklik ʼn bydrae gelewer het. Vanjaar gaan Amcu egter dié verleentheid kragdadig wil regstel en ʼn wankelende goudsektor gaan hulle nie afskrik om lank te staak nie en sal hulle ook poog om Solidariteit en die NUM by die onderhandelingstafel te oorskadu. Dit terwyl die NUM ook nie sal huiwer om te staak nie om só hul radikale beeld in stand te hou, maar die gevaar is dat die twee

vakbonde in die strate eerder hul woede op mekaar gaan uithaal. Die wankelrige National Economic Development and Labour Council (Nedlac) sal ook ʼn skommeling moet ondergaan omdat die nuwe federasie Cosatu se sleutelrol daar sal uitdaag en só Cosatu en die regering se dominansie by die instelling gaan belemmer. Daar is ook vele internasionale arbeidsforums waarop Cosatu dien waar hulle deur hul nuwe “vakbond-vyande” uitgedaag gaan word oor hul status as verteenwoordiger van Suid-Afrika. Intussen stuur Numsa gereeld seine uit oor hul verenigde front (VF) as politieke beweging wat in 2016 se munisipale verkiesings gaan deelneem. Gerugte word al hoe sterker dat Zwelinzima Vavi dalk eerder hier as leier na vore gaan tree en sy charisma en gewildheid gaan gebruik om werkers agter hom te skaar om hom uiteindelik in die parlement te kry. Indien die VF en die EFF mekaar aan die linkerkant van die politieke spektrum vind, en Numsa en Amcu mekaar aan die linkerkant van die arbeidspektrum kan vind, dan kan ʼn formidabele, nuwe radikale beweging die ANC en Cosatu se grootste nagmerrie word. Die linkerkant is egter besaai met populistiese politieke en vakbondleiers met groot ego’s wat alleen in beheer wil wees en so ʼn opmars gaan dalk van korte duur wees as gevolg van territoriale en binnegevegte. Dan is dieselfde groeperinge ook nie bekend vir goeie administrasie, bestuurstelsels en korporatiewe bestuur nie, wat ook hul voortbestaan kan pootjie. Die gevaar bestaan egter dat hierdie groepering baie goed in selfgeskepte anargistiese en oproerige omstandighede funksioneer en dat hulle moontlik nie van hierdie suksesresep gaan afwyk nie. S


Nuuswaardig

Opleiding kardinaal in opheffing van gemeenskap

“A

lmal wat wil, moet kan studeer,” sê Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging. Buys voeg egter vinnig by dat ’n mens nie slegs aan jongmense moet dink wanneer daar oor opleiding gepraat word nie. “Solidariteit volg die benadering van ’n lewensfasestrategie, waar die Beweging probeer verseker dat almal – van kleuters tot volwassenes – toegang tot goeie opleiding en onderwys kan ontvang op ’n deurlopende wyse,” sê Buys. Die doel is dus om mense te mobiliseer om hulself lewenslank te ontwikkel en sodoende ’n kultuur van lewenslange leer te help vestig. Só ’n kultuur ontbreek egter tans en met die veelvuldige aanslae op Afrikaanse tersiêre instellings en skole, word die behoefte na gehalte-moedertaalonderrig al hoe groter. Verskeie navorsing, onder andere deur

Deur Francois Redelinghuys Cummins, Heugh, Vermeulen en Vermeulen asook Louwrens, toon dat onderrig in leerders se moedertaal meer doeltreffende leer bewerkstellig. Die Solidariteit Beweging bestaan tans uit 18 verskillende instansies, waarvan verskeie hul beywer om juis hierdie doel van gehalte-moedertaalonderrig te behaal. Op kleuter- en laerskoolvlak is veral Solidariteit Helpende Hand betrokke om te verseker dat vroeë kinderontwikkeling plaasvind en dat laerskoolleerders die nodige toerusting en ondersteuning het om skool toe te gaan. Dit strek egter verder met die voorsiening van gehalte-opleiding vir wiskunde-onderwysers, om te verseker dat dié vak nie agterweë bly nie. Op hoërskoolvlak meen Buys dis noodsaaklik om te begin met beroepsleiding sodat die korrekte vakkeuses gemaak word vir toelating tot gekose studierigtings. Wat tersiêre

opleiding betref, speel Solidariteit Helpende Hand weereens ’n belangrike rol. Dié instansie voorsien tans jaarliks rentevrye studielenings van R73 miljoen aan studente en verdere groei in die toekoms word voorsien. Die Solidariteit Beweging het die afgelope paar jaar merkwaardig gegroei op die gebied van tersiêre opleiding. Met die stigting van die Afrikaanse universiteit Akademia en die Afrikaanse opleidingskollege Sol-Tech, is die Beweging al hoe meer besig om de factowerklikhede daar te stel wat meer en meer as ’n aantreklike alternatief vir verdere studies dien. Opleiding is kardinaal in die opheffing van ’n gemeenskap en ’n land. Deur gehalte-opleiding aan individue te verskaf, verseker die Beweging dat Afrikaanssprekendes nie uitgesluit word op grond van hul velkleur nie, maar aan ’n instansie kan studeer wat wêreldklasopleiding in Afrikaans bied. S


Nuuswaardig

Hoër onderwys, tegnologie en Buck Rogers Ek onthou nog toe ek klein was die OPWINDING sodra die kenwysie van die TV-reeks Buck Rogers begin speel het. Buck Rogers was ʼn ruimtevaarder. Terwyl hy in die ruimte was, was daar ʼn fratsongeluk wat tot gevolg gehad het dat hy vir 500 jaar gevries was. So gebeur dit toe dat Buck Rogers ná 500 jaar na die aarde toe terugkeer, maar alles het verander, skryf WALDEMAR BLANCHE, hoof van tegnologie van Akademia.

T

egnologie het ons lewens die afgelope dekade radikaal verander. Jy kan vandag in jou kantoor sit en deur die internet jou skottelgoedwasser aansit, die skaapboud in die oond gaarmaak en jou gunstelingprogram opneem. Danksy die sekuriteitkameras in jou huis kan jy sien as die honde jou banke kou, en kan jy die nuutste rolprent saam met pizza en wyn aanlyn bestel – alles sonder om jou kantoor te verlaat. Tegnologie vergemaklik nie net ons lewens nie, maar dit gee ons ook die geleentheid om met nuwe oë na hoër onderwys in Suid-Afrika te kyk. Oor die laaste dekade het nuwe tegnologie begin om die pas in hoër onderwys aan te gee. Akademia het hierin die geleentheid gesien om tegnologie in te span om probleemgebiede in hoër onderwys in Suid-Afrika te oorbrug. Die tegnologie wat Akademia inspan, stel jou in staat om nauurs te studeer, en klasse in jou omgewing by te woon. Deur middel van ʼn hoogs gesofistikeerde videokonferensiestelsel

Foto: iStockphoto.com

20%-AFSLAG VIR STUDIE

26

Solidariteit-lede kan teen 20%-afslag vir enige van Akademia se grade, diplomas of hoër sertifikate nauurs en in Afrikaans studeer. Solidariteit se lede het ook toegang tot rentevrye studielenings vir studie aan Akademia. Dit beteken dat jy letterlik slegs die bedrag terugbetaal wat jy leen, en jy hoef dit eers terug te betaal nadat jy jou studies voltooi het. Hiermee beskerm ons waarlik ons mense se werk!

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

word jou klas vanuit ʼn ateljee in Pretoria uitgesaai, intyds, na die klaskamer waar jy jou bevind. Jy is in direkte visuele verbinding met jou dosent en ander klasse, en kan so ook deelneem aan klasgesprekke met studente regdeur die land. Die e-ondersteuningstelsel sluit vir jou gerief ʼn aanlyn elektroniese biblioteek in, wat jou toegang gee tot duisende bronne waaruit jy kan kies, en dít letterlik in die palm van jou hand. Daar is geen geboue, geen verkeer en geen gesukkel om mee rekening te hou nie. Jou studiehandleidings is in die vorm van e-boeke beskikbaar wat met behulp van enige internetgebaseerde handstuk, hetsy dit ʼn slimfoon, tablet of skootrekenaar is, afgelaai en gestoor kan word. Jy hoef dus geen boeke met jou saam te dra oral waar jy gaan nie. Alle werkopdragte is ook elektronies beskikbaar; word elektronies opgelaai en gemerk; en jou punte word dan elektronies beskikbaar gestel. Selfs toetse word aanlyn geskryf en jou punte is dadelik beskikbaar. Sou jy dalk

Tegnologie oorbrug nie net afstand en tyd nie, maar skep ook BROODNODIGE GELEENTHEDE. Akademia is op die voorpunt van tegnologie en bied jou die kans om in Afrikaans te studeer terwyl jy werk!

ʼn klaskontaksessie gemis het, of sou jy weer wou seker maak van iets wat die dosent in die klas genoem het, is dit ook moontlik om die opname binne 48 uur ná die klas af te laai en weer by die huis te kyk. Dalk beleef jy nou ʼn Buck Rogers-oomblik. Tegnologie stel hoër onderwys in staat om afstand te oorbrug en om waardevolle tyd beskikbaar te stel aan studente om meer aandag aan hul studies te gee. Met die tempo waarteen tegnologie ontwikkel en waarmee dit die landskap van hoër onderwys konfronteer, behoort dit nie vreemd te wees om binnekort jou dosent as ʼn driedimensionele hologram voor in die klas te sien staan nie. Tegnologie oorbrug nie net afstand en tyd nie, maar skep ook broodnodige geleenthede waar dit voorheen nie bestaan het nie. Belangrik om te onthou – ʼn geleentheid is egter net ʼn geleentheid as dit gebruik word. • Lees meer oor alles wat Akademia bied by www.akademia.ac.za S



Bedryfsnuus

Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.

Evraz Highveld Steel: Solidariteit wil lede beskerm Die vakbond Solidariteit het gesê hy sal sy lede by Evraz Highveld Steel and Vanadium, wat eersdaags met ’n SAKEREDDING begin, se belange beskerm. Solidariteit tree namens 350 van dié maatskappy se 2 400 werknemers in Emalahleni (Witbank) op. INGE STRYDOM berig.

D

ie maatskappy het in April ’n kennisgewing aan Solidariteit gestuur waarin hy aandui dat hy weens finansiële en operasionele uitdagings noodgedwonge ’n aansoek om sakeredding moes indien. Die maatskappy skryf sy swak prestasie hoofsaaklik toe aan die onstuimige omstandighede waarin die staal- en vanadiumbedryf hom bevind. Volgens Moira-Marie Kloppers, woordvoerder van Solidariteit, ondervind die maatskappy weens die heersende ekonomiese toestand reeds vir ’n geruime tyd finansiële probleme. “Die staalbedryf in Suid-Afrika beleef tans moeilike tye. Ons as vakbond is deeglik bewus van die uitdagings wat die bedryf in die gesig staar,” sê Kloppers. Kloppers sê ook Solidariteit sal tydens samesprekings met die bestuur van die maatskappy oor die proses toesien dat daar in sy lede se belang opgetree word. “Die proses skep onsekerheid en spanning onder personeel. Ons sal daarom ons lede deurgaans ondersteun en bystaan waar moontlik,” sê Kloppers. Intussen het Piers Marsden van Matuson

aansoeke om sakereddings is sedert 2011 ingedien. Associates en Daniel Terblanche van Mazars Recovery and Restructuring, wat Evraz se sakeredding behartig, aan die media gesê dat Evraz se kanse op ’n suksesvolle sakeredding goed lyk. Hulle meen die moontlikheid dat die sukkelende staalbedryf in die afsienbare toekoms weer sy kop kan oplig, hou vir die

maatskappy potensiaal in. Die kommissie vir maatskappye en intellektuele eiendom (CIPC) het egter onlangs aan Netwerk24 gesê dat die klem met sakereddings dikwels op ’n beter opbrengs vir aandeelhouers eerder as op die beperking van werkverliese is. S

Labour Relations Amendment Act could be lethal to employment – union

Foto’s: iStockphoto.com

T

28

he new Labour Relations Amendment Act that came into effect on 1 April 2015 could severely hamper employment. The Act was revised to ensure temporary employees receive the same benefits as permanent employees after three months. According to Johan Kruger, Deputy General Secretary of Solidarity, the new legislation could result in fewer people finding work at all and temporary employees not having their contracts renewed after three months. Kruger said although the legislation applies to employees who earn less than R205 433,30 per year, it will have an impact on a significant number of workers.

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Labour Act

“We have already received several enquiries from members who are concerned about the impact of the new legislation on their careers. We are of the opinion that the amendments to the Act could result in companies increasingly subcontracting services or scaling down on certain activities instead of employing temporary workers,” according to Kruger. Kruger added that Government wants to force employers by means of the new legislation to employ temporary workers permanently. “The amendment of section 198 could however have the opposite effect, as it might discourage employers from employing temporary workers altogether,” he said. S


Industry News

SAA plans major restructuring process SAA has notified its employees that the airline will undergo a major restructuring. FRANCOIS REDELINGHUYS reports that the national flag carrier and South Africa’s largest airline has indicated in a section 189 notification that more than 50 of its employees’ JOBS COULD BE IN DANGER.

T

he airline has also stated that it will make use of the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA) to facilitate the lay-off procedure. “Solidarity has sent a written request to the company to participate in consultations about the process. During consultation with management we will propose alternatives to retrenchment in order to minimise the impact of the process on our members,” stated Johan Botha, head of the Professional Industry at Solidarity. According to Reuters, the United Association of South Africa (UASA), which represents about 30% of ground staff and cabin crew at the airline, has also indicated that it “will take a firm stand against any restructuring,” said spokesman Willie van Eeden. News of the intended lay-off preceded the resignation of suspended CEO Monwabisi Kalawe. Kalawe is the fifth CEO in the past six years to leave the service of the airline. Andiswa Maqutu reports that according to

Comair, the cash-strapped SAA would “never be able to meet its debt obligations and was instead raising debt against fresh guarantees to pay for interest on older debt”. It has come to light that

the airline has received more than R30bn in government guarantees and state loans since 1999, and is currently surviving on the R14.5bn government guarantees given after 2007. S

Photograpphs: Carlo de Blanco & iStockphoto.com • Sources: Business Day, Reuters

‘500 000 poste in gevaar gestel met getallespel oor ras in mynbedryf ’

D

ie departement van minerale hulpbronne stel ʼn halfmiljoen poste in gevaar deur ʼn getallespel oor die ras van myneienaars, het Solidariteit gesê. ’n Klein elitegroepie sal, soos gewoonlik, ten koste van die gewone werkers verryk word. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê dit is onverantwoordelik van die departement om onsekerheid in die reeds beleërde mynbedryf in Suid-Afrika aan te blaas. “Die departement se onlangs vrygestelde berekenings van eienaarskap ingevolge ras in die mynbedryf is nie korrek nie; dit is ʼn opportunistiese waninterpretasie van die Mynbouhandves. Daarbenewens minag dit die 500 000 mense wat steeds in onbestendige poste in die mynbedryf werksaam is. Die departement is eintlik besig om poste op te offer ten einde enkele swart diamante te skep.” Du Plessis sê voorts dat Solidariteit nie onbekend met Suid-Afrika se geskiedenis is

nie, maar dat transformasie nie belangriker as die volhoubaarheid van die mynbedryf kan wees nie. “Dit is kommerwekkend dat soveel debatvoering en energie aan die rassetransformasie van die bedryf bestee word, in plaas daarvan om die mynbedryf te omvorm van ʼn bedryf waaroor die son besig is om onder te gaan, tot ʼn bedryf waaroor die son helder skyn om sodoende die armes werklik te bevoordeel.” Du Plessis sê ʼn sterker mynbedryf moet die skip wees waarop ware bemagtiging en werkskepping kan plaasvind, maar dat ʼn obsessie met die rassetransformasie van eienaarskap die skip rotse toe kan stuur. “Die huidige ideologiese beheptheid met die rassetransformasie van eienaarskap sal die einde van die mynbedryf beteken, ten koste van die werkers,” het Du Plessis gesê. S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

29


Bedryfsnuus BRIEFLY • KORTLIKS Ysterertsmyne probeer lewering bestendig hou

Solidariteit veg verbete teen afleggings by Telkom Telkom het in April sy SAKEOORDRAGPROSES afgehandel waardeur meer as 1 000 werknemers geraak is. Intussen doen Solidariteit steeds alles in sy vermoë om te verhinder dat Telkom enige van sy lede by die maatskappy se Telkom Direct-winkels aflê. INGE STRYDOM berig.

Foto: iStockphoto.com

T

30

elkom het in Februarie vanjaar aangekondig dat hy beoog om landwyd 20 van sy 95 Telkom Direct-winkels te sluit. Terselfdertyd het die maatskappy, tot vakbonde en werknemers se ontsteltenis, ook aangedui dat hy met ’n enorme artikel 197-sakeoordragproses sal begin ingevolge waarvan bepaalde sakeportefeuljes binne die maatskappy uitgekontrakteer word. Solidariteit het sedert dié aankondiging deurlopend samesprekings met Telkom gevoer om alternatiewe vir afleggings te bespreek, en om te verseker dat sy lede nie negatief deur die artikel 197-oordragproses geraak word nie. Intussen is die artikel 197-sakeoordragproses afgehandel en is 1 169 werknemers daardeur geraak, waarvan 728 vrywillige skeidingspakkette aanvaar het. Die oorblywende 441 is na ander maatskappye oorgeplaas. Hul diensvoorwaardes bly onveranderd. Solidariteit kon daarin slaag om gunstige skeidingspakkette te beding namens sy lede wat verkies het om nie oorgeplaas te word nie, aangesien talle van hulle na aan aftrede is. Volgens Marius Croucamp, hoof van Solidariteit se Kommunikasiebedryf, bly die vakbond vasbeslote om sy lede wat deur die artikel 189-afleggingsproses vir die sluiting van die Telkom Direct-winkels geraak word, se poste te red. “Ons glo dat daar genoegsame alternatiewe

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

bestaan vir diegene wat deur die proses geraak word. Ons het Telkom nadruklik versoek om hierdie alternatiewe te oorweeg voordat besliste optrede in die vorm van ’n gedwonge afleggingsproses gevolg word,” het hy gesê. Tydens die laaste konsultasieproses het Telkom ingestem om verskeie alternatiewe te ondersoek, insluitend die aanbied van vrywillige skeidingspakkette en om werknemers in vakante poste te plaas. ’n Taakspan is aangewys om laasgenoemde te bespreek. Croucamp sê Solidariteit sal hierdie en ander voorstelle wat deur Telkom voorgelê is, oorweeg en ook sy samesprekings met die maatskappy voortsit in die hoop om sy lede teen aflegging te beskerm. “Solidariteit het voorgestel dat ’n taakspan aangewys word om die toekoms van die Telkom Direct-winkels te ondersoek. Ons sal ook die nodige voorstelle indien om toekomstige werkverliese by die maatskappy te voorkom,” sê Croucamp. Jacqui O’ Sullivan, Telkom se kommunikasiehoof, het aan Fin24 gesê die maatskappy doen alles in sy vermoë om die “moeilike proses” volgens die letter en gees van die arbeidswetgewing af te handel. “Telkom sal aanhou om al die regte prosedures te volg om sodoende te verseker dat die proses op ’n regverdige en deursigtige wyse bestuur word,” het sy gesê. S

Volgens Liberum moet die prys van ystererts eers ongeveer $30 per ton wees voordat myne soos Kumba sal oorweeg om produksie af te skaal. Aan die einde van April het die prys van ystererts reeds tot $47 per ton gedaal vergeleke met $135 per ton in 2013. Die daling in prys is teweeggebring deur die huidige hoë ertsaanbod in die mark en die laer aanvraag van China. Investec se ontleders verwag dat die prys in die komende maande nog verder gaan daal. Kumba, Suid-Afrika se grootste ysterertsmyn, bevind hom tans in ’n posisie waar hy skaars wins teen die huidige pryse toon.

Assmang staak sake in Machadodorp

Assmang in Machadodorp, wat hoofsaaklik ferromangaan produseer, het einde Februarie ’n artikel 189-kennisgewing aan Solidariteit gestuur waarin die maatskappy aandui dat hy alle bedrywighede by sy smeltery in Machadodorp noodgedwonge moet staak en 120 werknemers moet aflê. Die maatskappy skryf die afleggings onder meer toe aan die verhoogde koste van elektrisiteit, asook die onvoldoende voorsiening daarvan. Solidariteit sal tydens konsultasies met die werkgewer oor die afleggings poog om die impak daarvan op sy lede te beperk.

Solidariteit, MMC praat oor afleggingsproses

Solidariteit en die bestuur van Manganese Metal Company (MMC) in Nelspruit is tans in konsultasies oor die maatskappy se afleggingsproses gewikkel. Dit volg nadat die maatskappy op 10 Maart in ’n artikel 189A-kennisgewing aangekondig het dat hy met ’n afleggingsproses sal begin waardeur soveel as 126 werknemers geraak sal word. Solidariteit verteenwoordig 70 lede by MMC.

Onderhandelings skop af by Murray & Roberts Loononderhandelings het by Murray & Roberts Cementation afgeskop. Tydens die eerste ontmoeting op 15 April het Solidariteit sy mandaat aan die maatskappy voorgelê, asook motiverings vir die eise wat gestel word. Die maatskappy is tans besig om die mandaat te bestudeer en sal ’n datum stel vir verdere ontmoetings om onderhandelings te kan afhandel. S


Bedryfsnuus BEDRYFSNUUS

Taaiste onderhandelings Gesonde verhoging nógMediclinic lê vanjaar voor by by beding die Kamer van Mynwese

SS

Deur Inge Strydom

Deur Inge Strydom olidariteit het onlangs ná drie rondes olidariteit glo dat vanjaar se loononderhandelings by die Kamer onderhandelings by van Mynwese die moeilikste nóg gaan wees. Die vakbond meen onderskeidelik verskeie faktore, waaronder die onstuimige arbeidsverhoudingeMediclinic Paarl en omgewing, lae goud- en steenkoolpryse en onbetroubare Mediclinic Emfuleni ’n loonoorkragvoorsiening dra onder meer hiertoe by. Nietemin wil eenkoms van tussen 7,1 en 7,5% Solidariteit vanjaar toesien dat sy lede vir myne in Suid-Afrika behou vir sy lede daar bereik. Solidariteit word en vir hul vaardighede vergoed word, en daarom het die vakbond verteenwoordig 122 lede by ’n eis vir ’n 12%-verhoging by die Kamer ingedien. Mediclinic Paarl en 116 lede by Solidariteit eis vanjaar ook dat werknemers se aftree-ouderdom Mediclinic Emfuleni. Die oorvan 60 na 63, en in sommige gevalle 65, verhoog word om die eenkoms, wat vroeg in Julie bereik behoud van kritieke vaardighede in die bedryf te bevorder. Dit is is, behels die volgende: veral belangrik in sektore waar meganisering en outomatisering • ’n Gemiddelde verhoging van toenemend van deurslaggewende belang is. Die steenkool- en 7,5% vir verpleegpersoneel. goudsektoronderhandelings het teen einde Mei 2015 by die Kamer van • ’n Gemiddelde verhoging van 7,1% vir administratiewe personeel. Mynwese ’n aanvang geneem. • ’n Verhoging van 9,4% vir die aankoop van uniforms. Die nuwe Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sal die toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoene vakbond tydens vanjaar se onderhandelings ’n beroep op al die partye voorsiening te maak. doen om ’n balans te behou tussen die behoeftes en waarde van • Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, wat werknemers aan die een kant en die voortbestaan van die mynbedryf reeds geïmplementeer is. aan die ander kant. • ’n Totaal van 12 studieverlofdae (18 skofte) sal toegestaan word “Die omstandighede in die Suid-Afrikaanse mynbedryf is weens aan werknemers wat deeltyds studeer om voor te berei vir verskeie redes uiters plofbaar. Ons doen derhalwe ’n beroep op die eksamens, take of projekte. onderhandelaars om nie vanjaar se onderhandelings vir eie gewin uit te • Verskeie forums is gestig waar lede se besware en enige ander buit nie. Ons is by ’n kruispad en dit is in almal, en veral in die bedryf, se kwessies bespreek kan word. S belang dat vanjaar se onderhandelings vreedsaam en opbouend van aard moet wees,” sê Du Plessis. Du Plessis meen die uitwerking van die Marikana-voorval op Werkplekforum by nou ATNS eerstehoëvan soort het arbeidsverhoudinge, waar lede onrealistiese verwagtings en geweld en intimidasie hoogty vier, sal vanjaar se loononderhandelings ie bestuur van Air Travel and steeds beïnvloed, terwyl ander faktore Navigation Systems (ATNS)soos het Amcu se ongelukkigheid oor die vorige onderhandelings in 2013 en normale onlangs ingewillig om ’n werkplek- vakbondwedywering die spanning tydens die onderhandelings verdertesal verhoog. forum vir werknemers by die maatskappy “Daarby is die mynbouwerknemers in die stig. Die doel vanfrustrasievlakke die forum is omvan werkne algemeen die hoogste wat dit in ’n lang tyd was, ” sê Du Plessis. mers ’n stem in die werkplek te bied en Du Plessis meen ’n verdere wat -vanjaar se onderhandelings groter deursigtigheid rakende faktor werkaange salleenthede bemoeilik,enis werkkwessies die sterk moontlikheid dat die Kamer sy salarisaanbod te verseker. aan produktiwiteit koppel. “Solidariteit in is in beginsel nie teen die Volgens DereksalMans, organiseerder moontlikheid gekant nie, solank dit ’n moratorium op afleggings insluit. die lugvaartbedryf by Solidariteit, is die forum anders as normale Ons meen egter die beginsel moes lankal reeds buite die formele werkgewer- en vakbondkomitees.“Die doel van die forum is om onderhandelingsproses aandag geniet het, meeste in die werkgewer te dwing om beleide en aangesien praktyke tedie oorweeg werknemers so ’n voorstel oorleg metdie diebeweerde forumlede,voordele waarvanvan Solidariteit een is.wantrou, Waar ” sê hy. Solidariteit het Bheki Sibiya, voormalige bestuurshoof van die die Kamer beleide, soos dié oor diensbillikheid, in die verlede bloot deur wat onlangs met vervroegde pensioen afgetree het, bedank vir die bestuur van die maatskappy geïmplementeer is, mag Solidariteit groot wat hyhêgedurende gelewer nou bydrae insae daarin voordat ditsyintermyn werking tree.” het om verhoudings tussenDie al die mynbourolspelers verstewig. Die vakbond het die nuwe forum, waaroor daar inteJunie 2014 ooreengekom is, sal bestuurshoof, Roger Baxter, ook gelukgewens met sy aanstelling. nasionaal by al die takke van die maatskappy ingestel word. “Roger geniet hoë agting virmeer sy grondige van en verbintenis Solidariteit verteenwoordig as 1 000kennis werknemers by die totmaatskappy. die mynbousektor. Daarby is hy bereid om sensitiewe sake op ’n S professionele wyse prontuit aan te pak,” het Du Plessis bygevoeg. S

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

D

Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014

3731


Bedryfsnuus

Die risiko van ’n Eskom-netwerkineenstorting Eskom beskik oor ’n maksimumopwekkingskapasiteit van meer as 42 000 MW, maar sukkel gereeld om in piekvraag van sowat 31 000 MW te voorsien. Weens dié onvermoë is Eskom genoop om GESKEDULEERDE KRAGONDERBREKINGS in te stel ten einde ’n totale ineenstorting van die netwerk te voorkom, skryf PIET LE ROUX.

Foto’s: iStockphoto.com • Bykomende bron: Netwerk24.com

E

32

skom gebruik ’n geïntegreerde landwye elektrisiteitsverspreidingsnetwerk. Die gevolg is dat onbestendigheid in een deel van die netwerk die hele netwerk se bestendigheid in gevaar stel. Die aanbod en vraag na elektrisiteit moet daarom intyds bestuur word. Sou die vraag na elektrisiteit in een deel van die netwerk die aanbod na daardie deel oorskry, kan dit in ’n domino-effek kragstasie na kragstasie laat “uitskop” en uiteindelik die hele land sonder elektrisiteit laat. Algehele netwerkineenstortings is nie ongehoord nie en het oor die afgelope paar jaar in lande soos Brasilië, die VSA, Duitsland, Indië en andere gebeur. Terwyl elektrisiteitsvoorsiening in genoemde gevalle relatief vinnig weer herstel kon word, beloof die situasie in Suid-Afrika om heelwat meer uitdagend te wees. Groot hoeveelhede elektrisiteit sal by een punt opgewek moet word, waarna die res van die opwekkingsvermoë slegs

stelselmatig toegevoeg kan word. Net enkele van Eskom se kragstasies het egter hierdie vermoë, en voorvalle soos die ineenstorting van ’n steenkoolsilo by Majuba – een van die min kragstasies met ’n netwerkherelektrifiseringsvermoë – skep groot probleme. ’n Algehele netwerkineenstorting wat die SuidAfrikaanse kragnetwerk vir dae of weke aaneen buite werking stel, sal drastiese gevolge hê. Die negatiewe uitwerking op die ekonomie, Suid-Afrika se aantreklikheid as ’n beleggingsbestemming asook politieke en maatskaplike bestendigheid sal enorm wees. Eskom is gelukkig nie onbewus van dié gevolge nie en stel daarom sogenaamde beurtkrag in, juis om algehele ineenstorting te voorkom. Boonop moet ’n mens ook in gedagte hou dat ’n algehele netwerkineenstorting nie noodwendig alle dele van die land ewe lank sonder elektrisiteit sal laat nie – sommige dele se elektrisiteitstoevoer kan dalk veel vroeër as ander herstel word.

MAN MET ’N KRAGTIGE PLAN

Tesla, ’n maatskappy met die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk aan die stuur, het vroeër vanjaar ’n reeks batterye vir huise bekendgestel. Meer as 35 000 eenhede van die Powerwall is binne ’n week van die hand gesit. Dié herlaaibare batterye is daarop gemik om son- en windkrag te berg om ’n betroubare bron van elektrisiteit te skep, selfs wanneer die wind nie waai of die son nie skyn nie. Die Powerwall word teen die muur gemonteer en kan met sonkrag gelaai word om met kragonderbrekings rugsteunkrag te bied. Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Die risiko van ’n algehele netwerkineenstorting kan egter nie ontken word nie. Enkele weke gelede het Rapport byvoorbeeld in ’n hoofartikel sy lesers gewaarsku om gereed te wees om tot twee weke sonder elektrisiteit klaar te kom. In die lig van bostaande het Solidariteit besluit om ’n huishoudelike noodplan saam te stel met wenke oor hoe om vir ’n dae lange kragonderbreking voor te berei en dit te hanteer. Die plan word op 26 en 27 Junie by die Solidariteit KragDag Ekspo in die Pretoriaomgewing bekendgestel. Terwyl ’n mens ’n mate van gerusstelling daaruit kan put dat Eskom darem aktief probeer om ’n algehele netwerkineenstorting te voorkom, kan dit nie skade doen om tog voorbereid te wees nie. Solidariteit se huishoudelike noodplan sal in dié behoefte voorsien. • Piet le Roux is hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut. S

Eskom se rekening vir steenkool het in die ses jaar tot 2014 van R19 miljard opgeskiet tot

R70 MILJARD


Bedryfsnuus

SÊ JOU SÊ OOR VERHOGING

=100 MW

Die kragvoorsiening van die Medupisteenkoolkragstasie het die 700 MW-merk oorgesteek, het Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, in Mei gesê.

Die publiek en kragverbruikers het tot 15 Junie om kommentaar te lewer op Eskom se aansoek om ’n totale tariefverhoging van 25,3% vir die jaar. Dit bestaan uit 12,69% wat reeds goedgekeur is, asook 10,1% vir die gasturbines en kragterugkope en ’n verhoging van die omgewingsheffing.

APPS WERP LIG Verskeie slimfoon-toepassings het die afgelope tyd die lig gesien om Suid-Afrikaners van beurtkrag in hul omgewing in te lig. Die gewildste betaalde app in die App Store is Loadshedding Schedule for South Africa wat vir R11,99 afgelaai kan word. Dié app is ontwikkel deur Dankospark. News24.com se GridWatch-app is op twee na die gewildste gratis Suid-Afrikaanse app op Google Play. Nog twee gewilde beurtkrag-apps is Loadshedding en EskomSePush.

Medupi se ses eenhede sal uiteindelik 4 764 MW elektrisiteit lewer. Volgens Brown sal eenheid 6, “wanneer dit soos beloof teen einde Junie ten volle operasioneel is, sowat 40% van die vermoë van die Koeberg-kernkragaanleg lewer”.

R32,9 MILJARD is nodig om Eskom se BEDRYFSTEKORT by oopsiklus-gasturbines te herwin en R19,9 MILJARD vir die korttermynkragterugkoopprogram, aldus die Nasionale Energiereguleerder (Nersa).


Promosieartikel

Negester Klein-Kariba: Bosveld op sy beste Bela-Bela, slegs ʼn uur se ry van Pretoria af, word tans as ʼn VOORKEUR AFTREEBESTEMMING in die Limpopoprovinsie gesien en dit is hier, in die hartjie van die Bosveld en op die voetheuwels van die Waterberge, waar Negester Klein-Kariba geleë is.

Foto’s: Verskaf

B

34

y Negester Klein-Kariba, met sy pragtige natuurskoon en lieflike bergfiets-, stap- en drafroetes, kan jy die Bosveld op sy beste geniet. Hierdie beveiligde leefstyl-landgoed grens aan die ATKVKlein-Kariba Vakansieoord naby Bela-Bela. Die natuurlike eienskappe van die leefstyllandgoed is grootliks onversteurd gelaat met geboue wat ontwerp is om ʼn lae visuele en fisiese impak op die bosveld-bioom te hê. Die ontwerpstyl is ʼn kontemporêre interpretasie van historiese Laeveldse plaasargitektuur, relevant tot die omgewing en landboukonteks. Negester Klein-Kariba se dorpsgebied gaan ongeveer 100 ha beslaan met 405 voltitel ploten-plan-eenhede wat in 4 fases ontwikkel word. Fase 1 en 2 se erfgroottes wissel van 250 m2 tot 728 m2 en erfpryse pryse begin by R342 800. Ingesluit by die erfpryse is goedgekeurde huisplanne, argitekfooie en oordragkoste – uitgesluit is munisipale indieningsfooie. Dienste sluit in ʼn mediesesorgsentrum, gemeenskapsentrum met biblioteek, sportfasiliteite, kleinhandelsdienste sowel as skoonmaak- en tuindienste. Fase 1 se dienste word tans geïnstalleer en hiermee saam word die ingangshek en fase 1 van die sorgsentrum gebou. Die sorgsentrum sal aanvanklik uit 10 beddens, dokterspreekkamer, ontvangsarea, waskamer, kombuis en ruskamer vir verpleegpersoneel bestaan. Die eerste woonhuise en die sorgsentrum behoort teen Desember 2015 voltooi te wees. Volgens Schalk Cilliers, die ATKV se uitvoerende direkteur: sake, het die ATKV-direksie ongeveer vyf jaar gelede ʼn diversifikasiestrategie aanvaar en daarom ook betrokke begin raak by die ontwikkeling van aftreebehuising. “Dis die ATKV se strategie om ʼn voetspoor van aftreebehuising in Suid-Afrika te vestig, en Negester Klein-Kariba was die begin van die uitvoering van hierdie strategie,” sê Cilliers. Die ontwikkeling bied voltitel-eiendom aan belangstellende kopers met spesifieke fokus op die vyftigplusser-groep. Dawid Malherbe van Negester sê hulle fokus daarop om ʼn wen-wen-vennootskap te sluit waar beleggers, die ATKV en Negester meewerk om gewaardeerde en volhoubare leefstyl-bestemmings vir vyftigplussers te ontwikkel. “Met behulp van die ATKV het ons toegang tot keur-eiendomme waarvan Negester Klein-Kariba ʼn sprekende voorbeeld is.”

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Schalk Cilliers, uitvoerende direkteur: sake van die ATKV.

Negester en stedelig Die naam Negester is afgelei van DJ Opperman se gedig Negester en stedelig en het grotendeels gedien as inspirasie agter die ontwikkeling van die Negester-handelsmerk en slagspreuk, “Skyn helder!” Ingevolge die Negester-visie word daar gestreef na die “ontwikkeling en bestuur van volhoubare, beveiligde, ekologies-sensitiewe en gewaardeerde leefstyl-landgoedere waar die totale menswees van die vyftigplusser-groep versorg, verbeter en gekoester kan word.” En, soos met Opperman se gedig, “Onthou altyd aan jou dade grens ʼn ewigheid [...] en mag die Suiderkruis en Negesterre witter as die stedeligte in jou siel bly skitter,” glo Negester Klein-Kariba dat sy leefstyl-landgoed juis so ʼn

volhoubare omgewing aan sy inwoners bied. Die ATKV, wat met meer as 80 jaar se suksesvolle oordbestuur en -ontwikkelings spog, het met die ontwikkeling van Negester Klein-Kariba raakgevat. Behalwe vir sy uitstekende ligging en klimaat, bied hierdie leefstyl-landgoed vir vyftigplussers ʼn bekoorlike Bosveld-eiendom wat ‘n uitstekende langtermynbeleggingsgeleentheid beloof te wees. • Ten einde jou plekkie in die Bosveld te bespreek, besoek gerus Negester Klein-Kariba se webtuiste by www.negester.co.za/klein-kariba, of kontak vir Carin Boshoff by 071 612 9129 (carinb@mosmail.co.za) of Hansie Boshoff by 082 419 4642 (negester@mosmail.co.za) vir meer inligting.



Industry News

200 000 The number of occupational injuries and diseases cases reported to the Compensation Commissioner per year.

Public Protector to investigate poor service delivery The Office of the Public Protector will investigate poor service delivery by the COMPENSATION COMMISSIONER. Solidarity recently requested the investigation, following public complaints of a total collapse in service delivery experienced at the compensation fund. INGE STRYDOM reports.

Photograph: iStockphoto.com

S

olidarity and various institutions representing medical practitioners compiled a memorandum at an emergency meeting in March, in which they requested the Commissioner, inter alia, to take urgent and immediate steps to improve service delivery by his office. The Commissioner did not respond to the memorandum within the stipulated period and denounced Solidarity’s campaign in the media as being “dramatic”. Meanwhile, Solidarity received almost 3 000 petitions from the public requesting the Compensation Commissioner to provide a proper compensation service to workers. Marina Fourie, senior investigator at the Office of the Public Protector, confirmed in an email addressed to Solidarity that they had received numerous complaints, including from compensation fund employees who wished

36

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

DID YOU KNOW? Compensation for occupational injuries is based on the degree of disablement. Workers may be entitled to increased compensation if their disablement is caused by the exclusive carelessness of their employer or a co-worker. • Source: www.labour.gov.za to remain anonymous. According to Fourie, the Public Protector, Adv. Thuli Madonsela, was tasked to meet with the Director General of Labour, Thobile Lamati, in April to discuss the complaints. Paul Mardon, head of Solidarity’s division for Occupational Health and Safety, said Solidarity had requested the Public Protector to ensure, during her discussions with the Department of Labour, that the rights and dignity of the affected

workers were protected and promoted. “The compensation fund’s failure to provide a proper service undermines the fundamental constitutional rights of employees who sustain occupational injuries or contract occupational diseases,” Mardon said. According to Mardon, the biggest problem with the compensation office and its new system is that claimants from the compensation fund often have to wait for years to have their claims processed. This results in huge delays in the settlement of medical bills and the calculation and payment of compensation for temporary and permanent disablement. “Patients do not receive written approval for chronic medication and medical service providers cannot print the electronic approvals should these appear on their systems. This also applies to prostheses, hearing aids and other medical devices,” Mardon added. S


Industry News

Solidarity Occupational Health and Safety Training

Quotations: http://www.brainyquote.com/quotes/keywords/empowerment.html#Upx0pYtQugObMdeK.99

You can’t fake confidence or empowerment.

employers only. Solidarity has therefore designed training courses in occupational health and safety. The broad principles of the Occupational Health and Safety Act, 1993 are covered in the basic and intermediary courses presented by the Training Division of Solidarity. In addition, two advanced courses in occupational health and safety have been designed for training learners in the Occupational Health and Safety Act, 1993 and the Health and Safety in Mines Act, 1996. The purpose of these courses is to equip the learners with some basic knowledge and understanding of the subjects being covered. The following topics are covered in the advanced courses in occupational health and safety: • The duties of employers regarding occupational health and safety • The duties of employees regarding occupational health and safety • The rights of employees regarding occupational health and safety • The rights and competencies of health and safety representatives, including those regarding their legal liability and victimisation • The role of trade union representatives regarding occupational health and safety • The role and function of the health and safety committee • Assistance to members at disciplinary hearings relating to matters concerning occupational health and safety

T

raining and education empower people to face the demands of life and to emerge victorious. In this regard Brigham Young said that “education is the power to think clearly, the power to act well in the world’s work, and the power to appreciate life” while Amy Jo Martin had the following to say about empowering people: “Confidence and empowerment are cousins in my opinion. Empowerment comes from within and typically it’s stemmed and fostered by selfassurance. To feel empowered is to feel free and that’s when people do their best work. You can’t fake confidence or empowerment.” The Occupational Health and Safety Division of Solidarity regularly receives enquiries from members who are worried about unsafe and unhealthy conditions at their places of work. They are unsure about their rights and responsibilities in this regard, and the correct procedure to be followed to enforce their rights. One of the key principles that applies to occupational health and safety in order to ensure healthy and safe places of work is that threats and risks at the workplace must be identified. Measures must then be put in place to eliminate those threats and risks or, where it is not possible to eliminate them, to control and limit them. Warren Buffet neatly summarised the link between the principles of health and safety on the one hand and training and empowerment on the other when he said that “risk comes from not knowing what you’re doing.” Occupational health and safety is regulated statutorily in South Africa through various sets of legislation, of which the Occupational Health and Safety Act (No. 85 of 1993) and the Health and Safety in Mines Act (No. 29 of 1996) are the most important. Workers who know and understand their rights and obligations regarding occupational health and safety in terms of this legislation are empowered to do their work freely without fear of sanction or harmful consequences. They can then call on their employers to be accountable for ensuring healthy and safe places of work. In fact, both Acts put a very high premium on workers being trained to know their rights and obligations regarding occupational health and safety. The Acts also require workers to be given information that will enable them to do their work safely and in a way that will make them remain healthy. Both of these Acts put the responsibility on the employers. However, the safety and health of our members is so important to Solidarity that we do not simply want to entrust this responsibility to

By Adv Paul Mardon

• Assistance to members during investigations into medical disability, with specific reference to medical disability arising from occupational injuries and diseases • The role of trade unions during informal and formal investigations held by the various inspectorates in terms of the above legislation • Points in terms of the law of evidence often encountered during the above investigations and hearings. Occupational health and safety is a practical matter that must be integrated with all activities at all places of work but practical training in this field of study is not feasible at places of work. The emphasis is therefore on illustrating the principles presented at these courses through practical examples. Practical problems and situations experienced by the learners at their respective and diverse workplaces are also discussed. The training courses are presented all over the country where people feel a need for it. They have become very popular among representatives since commencing at the beginning van 2014. Excellent feedback about all the courses has been received from the learners. In 2014 a total of 87 representatives were trained in the advanced occupational health and safety courses. Solidarity would like to reach all trade union representatives with these courses and encourages all of them to ensure that they attend them. S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

37


Advertorial

Making an impact protecting hearing

The Protec Program – A customised, comprehensive solution to the battle against NIHL

N

Photograph: iStockphoto.com

oise-induced hearing loss (NIHL) has since been established as a major occupational and social concern for decades now. Efforts to reduce the incidence of NIHL in the workplace, particularly the mines, have been ineffective thus far – failing to completely eradicate the incidence of occupational NIHL cases. Currently statistics from the Department of Mineral Resources (DMR) indicate that, on average, 1 600 cases of new hearing loss cases are reported each year. In particular, NIHL in the mining sector appears to be most prominent. Suggestions are that this is a result of action plans that are perhaps not comprehensive, hence ineffective. There is therefore a need for far more comprehensive & integrated programs to establish successful efforts of combating NIHL – besides the generic fitment of custom hearing protection devices alone. Interesting to note is the role that social noise exposure plays in the whole battle against NIHL. While programs implemented in the workplace to combat incidence of occupational NIHL may be effective and thorough, these efforts are often fruitless as long as there is a chance of social noise exposure among employees. These included, but are not limited to, rock concerts, target shooting sports and hunting; loud music from car stereos and personal music players. It becomes a problem trying to separate NIHL from occupational or

38

social noise exposure as individuals are often exposed concurrently. As such, comprehensive hearing conservation programs must not only be aimed at occupational noise exposure, but should include efforts targeted at social noise exposure as well so the “risk” is addressed from all angles. Such efforts are often lacking in most hearing conservation programs as emphasis is mainly placed on the custom hearing protective devices, and not the social aspect. As long as efforts towards combating NIHL are centred on occupational noise exposure, but exclude social noise exposure, the battle against NIHL is one that may never be won. At Impact Noise Protection, our Protec program attempts to address the issue of NIHL from both the occupational and social perspective.

The protect program consists of five different aspects targeted at first identifying a possible risk – both occupationally and socially, then devising means to address and eliminate the risk.

How can Protec Program assist you?

Addressing of social risks of NIHL This aspect aims to address possible situations where employees may be exposed to hearing loss socially, so that their social behaviours do not counteract the employer’s efforts to ensure there is no incidence of NIHL in the workplace. This process will involve informative sessions, trainings, and distribution of brochures for all employees to raise awareness and promote better social behaviour. Each of the 5 aspects will be discussed in greater detail, allowing you, the employer, to have a more successful hearing conservation program for your employees.

For more information, contact us on: Tel: 012 348 9350 • Fax: 012 348 9251 • Email: jane@noiseprotection.co.za • Website: www.noiseprotection.co.za Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Risk identification Risk for each employees will be identified through annual noise surveys and annual hearing screenings. Risk elimination Through careful selection, Impact Noise Protection will fit your employees with our Ukuthula custom hearing protective devices to attenuate the noise employees are exposed to a level that is not detrimental to their hearing. These devices are moulded on site, and made custom for each individual ear. The devices will be serviced annually.



Baie dankie aan ons Kongresborge 2015 Thank you to our Congress Sponsors 2015 Solidariteit FinansiĂŤle Dienste

AfriForum


Solidariteit Solidarity

0861 25 24 23 • www.solidariteit.co.za


in Beweging

Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.

Speke sing vir behoud van godsdiens in skole Die burgerregte-organisasie AfriForum het in April vanjaar ’n LANDWYE VELDTOG afgeskop om ondersteuning te werf vir die behoud van godsdiens in skole. ALET RADEMEYER berig.

Foto’s: Verskaf

D

42

s. Henk Stavast, leraar van die Gereformeerde Gemeente Totiusdal, en Derik Frances van die NG Kerk Moreletapark in Pretoria het op 13 April om 10:00 in Waverley, Pretoria, met ’n fietstoer begin om geld vir ʼn hofsaak vir die behoud van godsdiens in skole in te samel. Hulle sal na verwagting by meer as 100 dorpe aandoen en sowat 6 000 km in 11 weke aflê om die boodskap oor te dra dat die Christelike opvoeding van kinders in skole in gedrang is indien ’n hofaansoek van die Organisasie vir Godsdiensonderrig en Demokrasie (Ogod) slaag. Die hofaansoek, wat verlede jaar deur Ogod ingedien is, wil dit ongrondwetlik verklaar dat sekere gelowe se godsdienspraktyke voorkeur geniet bo dié van ander gelowe in skole. Van die dorpe waar hulle reeds aangedoen het en vriendelik verwelkom is, sluit Randfontein, Potchefstroom, Klerksdorp, Lichtenburg en Bloemfontein in. Die fietsryers sal, indien die toer volgens plan verloop, weer op 25 Junie terug wees in Pretoria. Stavast het gesê hulle neem aan die fietstoer deel omdat dit vir ’n baie belangrike saak is. “As die hofsaak suksesvol is, sal dit die Christendom in Suid-Afrika geweldig negatief raak en ons wil dit probeer keer.” Hy meen Christen-ouers se belofte aan God om hul kinders in die Christelike geloof op te voed, word deur die hofsaak bedreig. “Dit is tyd dat die

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

kerke ook hul stem in dié verband laat hoor en dit nie net aan burgerregte-organisasies oorlaat nie.” Volgens Stavast is die hofsaak ook ’n wekroep in die land waar baie ouers onbetrokke en apaties oor die geestelike opvoeding van hul kinders geraak het. “Wanneer dit by sport kom, is hulle baie meer betrokke, terwyl die geestelike en selfs akademiese ontwikkeling van hul kinders nagelaat word.” Die program op elke dorp behels ’n byeenkoms saam met lede van die gemeenskap waartydens ’n kort oordenking gehou sal word en mense opgeroep sal word om by kinders se geestelike opvoeding betrokke te raak. Petisielyste teen die verwydering van godsdiens uit skole sal onderteken word en mense sal ook hul name in ’n Bybel kan skryf as simboliese handeling dat Die Woord steeds die lig op mense se pad is. Wat die voorbereiding vir die fietstoer betref, het Stavast gesê hy en Frances het die afgelope sewe maande elke oggend tussen 35 km en 40 km gery en sommige middae ook 25 km. Oor naweke het hulle lang afstande van nagenoeg 100 km probeer ry. AfriForum het reeds sowat R1,4 miljoen tot die regskoste van ses Christelike Afrikaanse skole bygedra wat voor die hof gedaag is oor hul godsdiensbeoefening. Die skole is Hoërskool Oudtshoorn, Langenhoven Gimnasium in Oudtshoorn, Laerskool Garsfontein in Pretoria, Laerskool Randhart in Alberton, Hoërskool Linden

in Johannesburg en die Laerskool Baanbreker in Boksburg. Volgens Carien Bloem, AfriForum se hoof van onderwysveldtogte, is Ogod se hofaansoek onder meer daarop gemik om skole te verbied om hulself Christenskole te noem en om godsdiensbeoefening heeltemal uit die skooldag te laat. Bloem noem verder dat die doel van die fietstoer ook is om geld vir die hofsaak in te samel. Suid-Afrikaners wat sterk oor die saak voel, kan dit ondersteun deur hul name na 38315 te SMS en sodoende R10 te skenk. Die publiek kan ook hul stem laat hoor deur by AfriForum aan te sluit. Die Federasie van Beheerliggame van SuidAfrikaanse Skole (Fedsas) het ook tot die hofstryd toegetree. Paul Colditz, uitvoerende hoof van Fedsas, meen waar kinders se belange ter sprake is, moet hul stem gehoor word. “Dié beginsel is al herhaaldelik deur die Grondwethof beklemtoon. Daarom is deeglike en omvattende navorsing nodig vir ’n toetssaak oor skole se godsdiensbeleid en -beoefening.” Ingevolge beleid neem beheerliggame, wat uit ouers saamgestel word, ʼn besluit oor die godsdiensbeleid van ’n skool. Die beleid oor godsdiensbeoefening is op 13 September 2003 gepubliseer. Dit maak, in pas met die Grondwet en die Handves van Menseregte, godsdiensbeoefening in skole moontlik. Enige beleid oor dié kwessie is ondergeskik aan die Grondwet se beskerming van godsdiensvryheid. S


In Beweging

Afr

‘Afrikaans mág en móét aan universiteite gebruik word’ Te midde van die voortslepende uitrangeer van AFRIKAANS AS ONDERRIGTAAL aan universiteite, het ’n onlangse internasionale verslag die bestaansreg van Afrikaans op hoëronderwysvlak onderskryf, berig ALET RADEMEYER.

Foto: iStockphoto.com

A

friForum en Solidariteit het vroeër ’n omvattende verslag van die internasionale taalregtekenner, prof. Fernand de Varennes, bekend gemaak waarin beklemtoon is dat ’n taal met die omvang en ontwikkelingsvlak van Afrikaans as primêre onderrig- en administratiewe taal aan staatsondersteunde en private universiteite gebruik mag word. De Varennes meen internasionale menseregte-instellings se bevindings wys selfs dat die weerhouding of afskaffing van só ’n taalaanbod op diskriminasie teen die taal se sprekers sal neerkom. Die verslag het in die besonder gefokus op die gebruik van Afrikaans by die Potchefstroomkampus (Puk) van die NoordwesUniversiteit (NWU), waar ’n fel stryd rondom die behoud van Afrikaans woed. Die stryd brei nou ook uit na die Universiteit van die Vrystaat (UV), waar ’n storm dreig nadat die rektor, prof. Jonathan Jansen, die moontlike hersiening van die universiteit se taalbeleid in ’n brief aan personeel uiteengesit het. Jansen het aangevoer daar bestaan glo ’n vermoede onder studente dat studente in Afrikaanse klasse bevoordeel word. De Varennes het bevind dat dit ingevolge Artikel 29 van die Grondwet met die eerste oogopslag lyk of daar op universiteitsvlak ’n reg op onderwys in Afrikaans is. Daarmee saam sou die moontlike afdwing van slegs Engels by die Puk-kampus nie goeie praktyk wees nie. Volgens De Varennes lyk dit ongelukkig soms of nóg die Grondwet, nóg menseregteverpligtinge in ag geneem word wanneer slegs Engels afgedwing word of waar die gebruik van Afrikaans in verskillende openbare areas hanteer word. Hy het gesê enige poging om die reg op onderwys in Afrikaans te eis, of om Afrikaans te gebruik, sal met ’n beskuldiging van rassisme begroet word, selfs al is die meerderheid sprekers nie wit nie. “Tensy dié beskuldiging sterk en onomwonde hanteer word, sal dit ook in internasionale forums gebruik word. Dit sal vir sommige mense ongemaklik wees, tensy daar op intelligente en doeltreffende wyse daarop gereageer word.” De Varennes het voorts gesê Afrikaans as hoëfunksietaal is regverdigbaar, omdat die

Grondwet die reg tot toegang tot Afrikaanse onderrig erken en omdat daar ander internasionale voorbeelde is wat dié soort keuse sou regverdig. Die aanspraak op Afrikaanse tersiêre onderrig vir moedertaalsprekers is dus nie net ’n mooi sentiment nie. Dit is ook akademies beste praktyk. Dit is ’n bekostigbare en uitvoerbare moontlikheid met ekonomiese voordele vir beide die gemeenskap en die land. De Varennes het gesê moedertaalonderrig moet so lank as moontlik gebruik word. Dit is die beste manier vir skoliere en studente om te leer. Hy het gesê geen regering kan alle tale wat in ’n land gepraat word, op dieselfde vlak gebruik nie. Daar rus egter ’n regsplig op regerings om al die tale tot ’n redelike mate te gebruik. “Deur net een taal, in Suid-Afrika se geval dan ooglopend Engels, te wil gebruik, is diskriminerend. En dit maak boonop ’n bespotting van die sogenaamde reënboognasieideaal.” Volgens De Varennes is dit verkeerd om Afrikaans gelyk aan rassisme te stel, want die taal dui nie op ras nie. “Die regering moet al die landstale respekteer en bevorder. Die regering kan ook nie voorhou dat dit onbekostigbaar is om dit te doen nie, aangesien van die heel armste lande ter wêreld twee of selfs meer tale gebruik.” Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, sê die argument wat die owerhede dikwels teen die gebruik van Afrikaans as bedryfs- en onderrigtaal aan universiteite voorhou, is dat dit teen sprekers van ander tale diskrimineer, omdat dit hulle glo toegang tot onderrig ontsê. “Die verslag wys om Afrikaanssprekendes toegang tot onderrig in Afrikaans te ontsê, is juis diskriminasie en onaanvaarbaar.” Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, sê die Afrikaanse gemeenskap wil Afrikaanse onderrig op universiteitsvlak ontvang, maar ideologiese uitsprake deur Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, laat die twyfel ontstaan of hulle dit mag kry. Hermann het gesê daar kan nie toegelaat word dat Afrikaans van sy hoëronderwysfunksies gestroop word nie. AfriForum Jeug is tans met verskeie veldtogte besig ter bevordering van Afrikaans by hoëronderwysinstellings. S

*

Lees ook die artikel op bladsy 44.

AfriForum dra by tot regskostes ter behoud van Afrikaans in skole

G

ehalte- en moedertaalonderrig is vir AfriForum van groot belang. Daarom het dié organisasie bygedra tot die regskostes van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas) se dringende hofaansoek teen die veranderde en verkorte skoleregistrasieproses en steun terselfdertyd Afrikaanse enkelmediumskole wat moontlik na parallelmediumskole moet verander. Die LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, meen dat dié veranderings skole meer toeganklik vir leerlinge sal maak en dat skole wat onderbenut is meer benut sal word. “AfriForum en Fedsas voel sterk daaroor dat skole self beheer moet hê oor hul registrasie- en taalbeleid. Ouers moet die reg hê om hul kinders by skole van hul keuse en taalvoorkeur in te skryf,” sê Carien Bloem, veldtogkoördineerder vir onderwys en opleiding by AfriForum. S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

43


In Beweging

Onderwysdepartement kry slae oor foute en voorstelle Verskeie ondeurdagte VOORSTELLE EN FOUTE wat die afgelope paar maande deur die departement van onderwys gemaak is, het AfriForum sterk laat standpunt inneem, skryf MARISKA BATT. Nee vir naamsverandering van skole Indien ’n gemeenskap se verlede onwelkom is, kan die gemeenskap ook nie welkom voel nie. Elke gemeenskap in die wêreld het foute gemaak. Dié foute kan erken word sonder dat die reuse-bydrae wat so ’n gemeenskap gemaak het, te ontken en hul nalatenskap totaal en al te probeer uitwis. Só meen Alana Bailey, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, nadat dit aan die lig gekom het dat die Gautengse LUR vir onderwys, Panyaza Lesufi, verskeie skoolname wat aan “apartheidskole” herinner, wil verander. Volgens AfriForum is dit ’n teken van disrespek en ondermyn dit sosiale kohesie. “Die LUR is teen dié tyd bekend vir ondeurdagte onderwysvoorstelle en rasverdelende uitsprake wat sensasie wek, wedersydse erkenning en respek tussen gemeenskappe afbreek en die aandag aflei van groot probleme in die onderwysstelsel waaraan weinig gedoen word,” het Bailey gesê. Bailey het ook gesê duisende leerlinge van alle rasse het oor die jare hul skoolloopbane met trots voltooi aan skole soos die Hoërskool Hendrik Verwoerd en HTS John Vorster sonder dat die naam van die skool vir hulle nadelig was. ’n Studie deur Africa Check het bevestig dat nagenoeg 80% van die land se skole disfunksioneel is. Die LUR moet hom eerder hierop toespits, het sy gesê. Herrie oor opleiding in skooltyd Die besluit om gr. 8- en gr. 9-wiskundeonderwysers tydens skoolure vir ekstra opleiding in dié vak te stuur, het teenstand van AfriForum, beheerliggame en vakbonde ontlok. Dié besluit deur Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, sal beteken dat leerlinge elke Maandag oor ʼn tydperk van 23 weke sonder wiskundeonderwysers gelaat sal word. Carien Bloem, AfriForum se hoof van onderwysveldtogte, het gesê onderwysers sukkel

reeds om deur hul jaarlikse kurrikulum te kom. Verder gee alle gr. 8- en gr. 9-onderwysers nie net wiskunde nie, wat beteken ander vakgebiede sal ook geraak word. Die departement se personeeladministrasiemaatreëls (PAM) bepaal dat ’n onderwyser 1 800 ure per jaar diens aan die skool moet lewer en ʼn minimum van sewe ure per dag by die skool moet wees. “Met die destydse CAPS-opleiding moes onderwysers hul naweke en vakansies opoffer. As onderwysers in wiskunde ekstra opleiding nodig het, sal dit beter wees om eerder dié reëling weer in te stel,” het sy gesê. Melanie Buys, Gautengse bestuurder van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole (Fedsas), het gesê dit is onbillik om alle onderwysers oor dieselfde kam te skeer, ongeag hul kennis en bewese vaardigheid. Volgens haar moet daar buitendien nie net op hoërskole gefokus word nie, maar ook ernstig op die grondslagfase. Hoewel onderwysvakbonde Motshekga se plan veroordeel het, het die departement aangedui hy gaan voort met sy planne. Minister wil gr.11-druipelinge deursit Motshekga het vroeër ook voorgestel dat gr. 11-leerlinge wat gedruip het, eerder na gr.12 deurgesit moet word. AfriForum Jeug het dié stelling as onregverdigbaar bestempel en ook gesê die 75,8%-matriekslaagsyfer van 2014 is misleidend. Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, het gesê gr. 11-leerlinge wat nie die graad geslaag het nie, sal waarskynlik ook nie gr. 12 slaag nie. “Dié benadering is nie volhoubaar nie en gaan nie die probleem van ongeskoolde jeug in Suid-Afrika oplos nie. Leerlinge moet eerder bystand van die regering ontvang en die gehalte van onderwys in die armer gebiede moet groter prioriteit geniet. Daar moet ook meer aandag gegee word aan die grondslagfase om probleme in leerlinge se latere skooljare te verminder.”

Foutiewe vraestel AfriForum het ʼn versoek aan universiteite gerig om matrikulante se Junie-eksamenpunte vir gr. 12 in ag te neem wanneer hulle vanjaar aansoek vir universiteitskeuring doen. Dit volg nadat sowat 27% van die inhoud van 2014 se gr. 11 fisiesewetenskappe-eindeksamenvraestel foutief was, met die gevolg dat sommige leerlinge nie die vak geslaag het nie en ander se drome om onder meer medies, veeartsenykunde, arbeidsterapie, dieetkunde en ingenieurswese te studeer, dalk aan skerwe lê. “Dit is praktyk dat matrikulante hul gr. 11eindeksamenpunte gebruik om aansoek by universiteite te doen,” het Carien Bloem gesê. AfriForum het twee klagtebriewe aan die departement gestuur en ook vereis dat hulle ’n aksieplan moet opstel oor hoe die huidige situasie reggestel gaan word en hoe ʼn herhaling van dié probleem in die toekoms voorkom gaan word. Tekenprent AfriForum het onlangs ’n klagte aan die departement van basiese onderwys gestuur oor ’n illustrasie by ’n vraag in die departementele gr. 9-geografievraestel wat deur ʼn anonieme onderwyseres aangemeld is. Dié tekenprent beeld ʼn vet wit man uit wat deur ʼn maer swart man gevoer word. Die vraag by die prent is: “Watter een van dié twee mans het ʼn hoër lewensverwagting?” Bloem het gesê die tekenprent is ontstellend ongeag die satiriese aard daarvan. “Waarom is dit nodig dat daar volgens kleur en klas onderskei moet word om te bepaal wat ʼn persoon se lewensverwagting is? Dit is diskriminerend en onnodig. Ons gaan nooit ʼn punt van gelykheid bereik as selfs leerlinge op skoolvlak aan sulke propagandistiese materiaal blootgestel word nie,” het sy gesê. S

44 000 druipelinge in sewe provinsies is vanjaar van gr. 11 na matriek “deurgesit”. =1 000

1 UIT ELKE 10

leerlinge wat vanjaar matriek moet skryf, het glad nie graad 11 geslaag nie. 44

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

van die land se skole is DISFUNKSIONEEL, het ’n studie deur Africa Check bevind.


Finansiële Dienste

REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

KRAG Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! WET aan jou kant!

Solidariteit Dienste Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legal X. Daarom biedFinansiële Solidariteit Finansiële regshulpversekering samewerking metprokureur in jou diens teen Kryinvandag nog ’n Legal X om jou te help om die krag van dieR97 wet per maand.* slegs aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde vanTelefoniese R45 000 per jaar. regshulptoegang – • Onbeperkte tot regsdokumentasie. 24 uur per op dageiendomsoordragte. • Afslagtariewe

2

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar

0861 765 734 www.legalex.co.za

Solidariteit Beweging Solidariteit Beweging

Skakel ons vandag nog by Solidariteit Finansiële Dienste

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 FSP-nommer: 15556

3

Afslag op eiendomsoordragte

4

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

* Bepalings en voorwaardes geld

* Bepalings en voorwaardes geld

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 finansiële dienste • FSP-nommer: 5277


In Beweging

Dokumentêr wys ANC se ware kleure – AfriForum FORUM FILMS, ’n nuwe afdeling van AfriForum se kommunikasie-afdeling, is besig om ’n dokumentêre rolprent te vervaardig wat die ANC gaan laat regop sit en die publiek se hare sal laat rys, skryf ESMARIE PRINSLOO.

D

ie dokumentêr, getiteld Tainted Heroes, vertel die ware geskiedenis van die ANC, gestroop van enige versagting, in die party se strewe om die oorhand te kry tydens die onderhandelings vir ’n nuwe Grondwet tussen 1990 en 1994. Ernst Roets, die draaiboekskrywer en adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het die dokumentêr op dr. Anthea Jeffery, hoof van beleidsnavorsing by die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge (SAIRR), se boek, People’s War: New Light on the Struggle for South Africa, geskoei. Die Soweto-opstande van 1976 lei die kyker die geskiedenis in. “Ons staan ook stil by ’n minder bekende, maar uiters belangrike deel van die geskiedenis toe die ANC-leierskap in die laat 1970’s ’n studietoer na Viëtnam onderneem het, wat geweldige implikasies vir Suid-Afrika ingehou het, aangesien dit in Viëtnam was waar die ANC sy geweldstrategie uitgepluis het,” verduidelik Roets. Verder word halssnoermoorde, geweld in die townships, martelings in ANC-opleidings-

kampe, die gebruik van kinders in gewapende konflik en die ANC se besluit in die 1980’s om nie tussen harde en sagte teikens in militêre operasies te onderskei nie, deur Tainted Heroes feitelik, geloofwaardig en met visuele trefkrag vertel. Die feite word weergegee deur onder andere dr. Jeffery, oudgeneraals Johan van der Merwe en Constand Viljoen, politici soos Mangosuthu Buthelezi en Tony Leon asook ANC-veterane soos Ronnie Kasrils en die oudstafhoof van Umkhonto we Sizwe, die ANC se militêre vleuel, Siphiwe Nyanda. Beeldmateriaal van meer as 50 ure is vanuit verskeie bronne bekom, wat verwerk word om die vertellings verder te versterk. Elrich Yssel, regisseur en redigeerder van die dokumentêr, meen die grootste uitdaging in die aanpak van só ’n groot en moontlik omstrede projek is die ingewikkeldheid van die redigeringsproses, omdat hy só wil redigeer dat die storie kykers inlig en boei tot aan die einde. “Ek gebruik musiek en visuele effekte om die kyker se aandag gefokus te hou. Ons werk met ontstellende beeldmateriaal en dra baie inligting oor, maar

kan nie deurlopend dieselfde tempo volhou nie, anders kan dit die kyker oorweldig. Ek gebruik juis oomblikke binne die dokumentêr wat vinnig en aggressief is, en dan weer dele waar die kyker asem kan skep. Die gebruik van musiek speel ’n baie belangrike rol. “As ’n filmvervaardiger is my doel om soveel moontlik mense met Tainted Heroes te bereik, sodat almal die ware feite van die ANC se geskiedenis kan sien en verstaan.” Roets sê ’n verwronge weergawe van die geskiedenis seëvier ná 1994 en die ANC se gruweldade word verswyg, terwyl die Afrikaners se verlede gekriminaliseer word. “Die aanname dat die ANC ’n groep onbevlekte helde was wat teen Afrikaners se bose dade baklei het, is vals. Afrikaners moet verstaan waarom dit vals is en met selfvertroue daaroor kan praat.” Bea Pretorius, vervaardiger van die rolprent, meen die geskiedenis word stuk vir stuk uitgewis in handboeke, TV-produksies en boeke, terwyl standbeelde ook nou geteiken word. “Dit is belangrik dat die waarheid op film vasgelê en versprei word, sodat die ware geskiedenis nie verdwyn nie.” S

Moenie Treurgrond-rolprent misloop nie!

D

ie rolprent Treurgrond het einde Mei in teaters begin wys. Die fliek, wat deur André en Samuel Frauenstein van Phoenix Films vervaardig is, se draaiboek is deur Tarryn-Tanille Prinsloo geskryf met die befaamde rolprentmaker Darryl Roodt as regisseur. Die rolprent slaag

PLAASMOORDE

uitstekend daarin om die werklike omvang van plaasmoorde asook die brutaliteit, hartseer en trauma wat daarmee gepaard gaan, uit te beeld en ruk Suid-Afrikaners oor alle ras- en kultuurgrense heen aan die hart. Die akteur en sanger Steve Hofmeyr en Jana Strydom vertolk die hoofrolle as Lukas van

AANVALLE

1 JANUARIE 1990 – 30 APRIL 2015

46

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Staden en kaptein Helena Schoeman. Ander akteurs sluit in Barbara-Marie Immelman, Erica Wessels, Graeme Kriega, André Frauenstein, Boikie Pholo, Richard Lukunku, Shaleen Surtie-Richards, Richard van der Westhuizen, Deon Coetzee, Dirk Stoltz en Johan Scholtz. S


In Beweging

Gesoek: Die lekkerste koeksister in SA

Solid Help

Elke dorp het daardie één bakker. Die een wat, volgens die dorp se inwoners, die stroperigste, krakerigste en lekkerste koeksisters bak, kompleet met die een of ander geheime bestanddeel. Gelukkig is die bespiegelings oor wie nou regtig die BOBAASBAKKER is, binnekort iets van die verlede: Solidariteit Helpende Hand het pas die soektog na Suid-Afrika se lekkerste koeksister afgeskop, skryf ILZE NIEUWOUDT.

H

elpende Hand, met sy meer as 120 takke landwyd, het die kompetisie Stoofstories: Dié Koeksister Kompetisie, van stapel gestuur en nooi bobaasbakkers van oraloor die land om vir dié kompetisie in te skryf. Volgens Anél du Preez, projekbestuurder van Helpende Hand, is die doel van hierdie projek om nie net die lekkerste koeksister te bekroon nie, maar om ook die wenresep as deel van ’n werkskeppingsprojek te benut waarby die bakker en behoeftiges sal baat. “Koeksisters vorm ’n belangrike deel van ons Suid-Afrikaanse kultuur en is as’t ware met ons harte vervleg. As ’n mens dink aan eg Suid-Afrikaanse kookkuns, is koeksisters beslis een van die eerste dinge waaraan jy dink,” verduidelik Du Preez. Stoofstories is ook op soek na die stories agter die koeksister, en die verhale, staaltjies en selfs gerugte oor koeksisters word ingewag. “Daar is talle stories oor koeksisters – die manier waarop die geheime resep behoue gebly het, hoe die resep die Groot Trek oorleef het, of hoe die resep ontdek is – en dié stories moet vertel word,” sê Du Preez. Steeksuitdunrondtes sal gedurende Junie en Julie regoor Suid-Afrika gehou word. Die finale rondte sal in September in Pretoria aangebied word. Vir meer inligting oor die kompetisie, reëls en om in te skryf, besoek die webtuiste www.stoofstories.co.za.

Gekrul, gedraai, gedoop – dis ’n soet storie dié Die oorsprong van die koeksister soos ons dit vandag ken, is ’n storie wat vleg tussen wonder en weet. Volgens navorsing wat deur H.W. Claassens aan die Universiteit van Pretoria gedoen is onder die tema “Die geskiedenis van Boerekos, 1652-1806”, kan die oorsprong van die koeksister waarskynlik teruggespoor word na die Nederlandse oliekoek. In vroeë tye het resepte vir bolle, krullers (gedraaide repe) en koeksisters (gevlegte repe) verwarring veroorsaak en is al die terme eintlik as sinonieme vir bolagtige én gevlegte repies lekkernye gebruik. In sommige gevalle

is presies dieselfde deeg gebruik, maar die “afwerking” het verskil – sommige is in ’n gesmelte suikerstroop gedompel en ander is in suiker gerol. Die verwarring oor die ware “koeksister” het duidelik nog in die 1930’s voortgeduur, want in S. van H. Tulleken se boek Die praktiese kookboek vir Suid-Afrika (1937) lui die koeksister-resep dat versoete deeg in bolle gevorm moet word en “as dit gaar is, trek dit deur stroop...” Hoe dit ook al sy, daar kan kwalik twyfel wees oor die term koeksister in 2015 – die enigste vraag op elkeen se lippe is bloot: Watter koeksister is die héél lekkerste?

Foto: iStockphoto.com

Inspirasie uit die Koeksister-Karoo

Die inspirasie vir Helpende Hand se koeksisterkompetisie kom al die pad uit Steynsburg, ’n klein Oos-Kaapse dorpie, nagenoeg 90 km noordoos van Middelburg. Dit is hier waar tannie Anna Engelbrecht, sedert sy en haar man hul werk in die vroeë 1990’s verloor het, moes sien en kom klaar met die hulp van ’n koeksister-onderneming. Met vier klein kindertjies op skool het die paartjie nie ’n ander opsie gehad nie en daar is behoorlik gebak dat dit klap. Dié klein juweeltjies was eers op die straathoeke en later ook in ’n winkeltjie verkoop. Hoewel die kinders vandag lank reeds klaar is met skool, bak tannie Anna steeds koeksisters. Die komplimente vir haar handewerk stroom van oral in en in vakansietye, wanneer die Gautengers die pad deur die Karoodorpie neem, is dit veral besig. Haar koeksisters word selfs in die buiteland geniet, vertel sy met ’n glimlag, en ja, daar is al gesê haar koeksisters is die lekkerste in die wêreld! S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

47


In Beweging

Nomineer raakvatter in jou gemeenskap

O WerkNet: Snuffel en bied geleenthede vinnig, maklik

W

Deur Ilze Nieuwoudt

Foto: iStockphoto.com

erknemers spandeer nagenoeg ’n derde van hul dag op kantoor of aan aktiwiteite wat met hul beroep verband hou. Stadsjapies spandeer boonop waarskynlik nog ’n verdere twee ure of wat per dag om werk toe en terug te pendel. Na-ure en oor naweke word agterstallige werk dikwels ingehaal, e-posse word nagegaan of die hardebaard werknemer gaan selfs kantoor toe om nog ure in te pas. Die realiteit is dat ’n werk lankal nie meer net ’n werk is nie – dit is ’n leefwyse. Juis daarom is dit noodsaaklik vir werknemers om 100% gelukkig met hul beroepskeuse te wees. Volgens Annette Taljaard, psigometris by Helpende Hand, dra dié organisasie op verskeie maniere by tot ’n beter werklewe vir werkendes en staan hulle ook werksoekers en jongmense by wat op die punt van ’n loopbaanbesluit is.

48

WerkNet – dié aanlyn werksoekplatform Op www.werknet.co.za, ’n werksoekplatform wat deur Helpende Hand bestuur word, kry werksoekers en werkgewers die geleentheid om mekaar te ontmoet. Dié gewilde webblad het boonop onlangs ’n splinternuwe baadjie aangetrek om die diens wat reeds die afgelope vier jaar aan Afrikaanse werkgewers en werksoekers gebied word, te verbeter. Om poste op WerkNet te laai, werk te soek of CV’s van geskikte kandidate te vind, is gratis, en boonop is die webblad Afrikaans. Van die belangrikste nuwe toevoegings tot die webblad is die funksionaliteit om volledige CV’s op te laai en kennisgewings van nuwe beskikbare Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

poste in jou verkose veld per e-pos en SMS te ontvang. Werkgewers kan nou deur die gebruikersvriendelike stelsel maklik CV’s aflaai en binne ’n japtrap met vaardige en gepaste kandidate in verbinding tree. Regte besluit kan jou lewe verander Om die regte beroep te kies, een wat jou gelukkig sal maak én brood (en nog bietjie meer) op die tafel sal sit, is sekerlik een van die moeilikste keuses wat ’n mens kan maak. Hoewel talle jongmense dié lewensbelangrike besluit in matriek of midde-in hul studiejare aan universiteit neem, en sommige volwassenes selfs ʼn nuwe beroep kies ná jare in ʼn “verkeerde” beroepsrigting, word die opsies tot jou beskikking reeds in gr. 9 beïnvloed deur die vakkeuses wat jy maak. Om skoliere, jongmense en volwassenes leiding te gee in die maak van die regte vak- of beroepskeuse, bied Helpende Hand psigometriese toetse (wat persoonlikheid, aanleg en belangstelling toets), breinprofieltoetse en ambagsaanlegtoetse aan. Verskeie pakkette is tans beskikbaar. Individuele en groepsevaluerings word gedoen. Daar is ook die opsie om psigometriese toetse aanlyn te voltooi. “Ek bied professionele begeleiding aan elke jongmens om die nodige kennis en vaardighede te bekom, om te verseker dat hulle ’n ingeligte besluit oor hul toekoms kan maak,” verduidelik Taljaard. “Tersiêre opleiding is peperduur, en daarom maak professionele loopbaanvoorligting soveel sin.” • Helpende Hand bied verskeie pakkette vir individue of groepe aan. Vir meer inligting, kontak Annette Taljaard by 012 644 4390, stuur ’n e-pos na annette@helpendehand.co.za of besoek www.loopbaan.co.za. S

Deur Michelle Burger

ns almal ken daardie een persoon wat ’n regte raakvatter is. Die oom of tannie by die kerk wat ander aanry dokter toe, vir die behoeftige kinders in die plaaslike skool skooltruie brei of handwerkklasse vir werklose vroue aanbied. Die paartjie wat bakkiesvol groente van die plaas af aanry vir ʼn voedingsprojek, of wat vakansies straatkinders see toe vat om op die strand te kamp. Dié een persoon in die dorp of buurt wat nooit te besig is nie, en wat altyd bereid is om die ekstra myl vir ander te stap; vir wie verskonings soos “ek sien nie kans nie” of “ek is te besig” nie bestaan nie. Met die Silwerkroon-toekennings wil Helpende Hand persone bo 60 jaar vereer wat sulke werk in hul gemeenskappe doen. Jy kan vandag iemand nomineer vir dié toekenning, of as jy self so ʼn raakvatter is, kan jy self inskryf. In 2014 het Cornelius Swart (68) van Gonubie in die Oos-Kaap met die Silwerkroon-titel weggestap. Cornelius is baie betrokke by welsynswerk in sy gemeenskap. Hy voorsien en versprei weekliks kospakkies aan ongeveer 70 gesinne, asook aan werksoekers en inwoners van plakkerskampe. Verder behartig hy ook weekliks uitreikaksies in die gemeenskap. Helpende Hand is op soek na nog mense soos Cornelius om te vereer en te bedank vir hul onbaatsugtige hulp! Wie kwalifiseer? Die Silwerkroon-toekenning word gegee aan ’n persoon wat: • 60 jaar of ouer is (deelnemers moes reeds minstens 60 jaar oud gewees het ten tye van die buitengewone diens); • gedurende die afgelope vyf jaar eenmalig of voortdurend ander in hul gemeenskap versterk en ondersteun het; • ’n onbaatsugtige diens as lid van die liggaam van Christus doen; en • werklik ʼn helpende hand in hul gemeenskap is. • Inskrywingsvorms kan afgelaai word by www.silwerkroon.co.za, of kontak Helpende Hand by 012 644 4390. S



In Beweging

Meer as 1 000 studente ontvang tans ambagsopleiding by Sol-Tech.

Só woeker Sol-Tech-studente in die werkplek Sol-Tech, die Solidariteit Beweging se eie tegniese opleidingskollege, spog nie net met ʼn SLAAGSYFER VAN 96% vir studente wat die finale nasionale vaktoets aflê nie, maar studente aan dié kollege word ook gou deur die arbeidsmark opgeraap, skryf INGE STRYDOM.

Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com

W

erkgewers van SolTech-studente is dit eens dat dié studente hulself as uiters bekwame vakleerlinge in die werkplek onderskei, en skryf dit toe aan hul wêreldklas opleiding in skaars vaardighede. Dit blyk onder meer uit die terugvoering van bekende en suksesvolle maatskappye van oor Suid-Afrika, insluitend PG Bison, Meadow Feeds, Robotic Innovations, Waterkloof Electrical en Karan Beef, waar verskeie Sol-Tech-studente tans as vakleerlinge werksaam is. Christo Louw, opleidingsbestuurder by PG Bison, het in sy terugvoering aan Sol-Tech laat blyk dat hy uiters beïndruk is met die vlak van opleiding wat studente aan dié kollege ontvang. “As ʼn vervaardiger van ʼn wye reeks produkte uit saamgeperste hout, kan ons getuig dat die studente van Sol-Tech wat by

50

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

ons praktiese ondervinding opdoen oor goeie teoretiese en praktiese kennis beskik. Daarby openbaar hulle ʼn goeie gesindheid en ’n bereidwilligheid om te leer, en kan daar in die werkplek op hulle staatgemaak word,” sê Louw. Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech, verduidelik dat die kollege se unieke opleidingsmodel nie net daarop gerig is om studente deur middel van gehalte-opleiding vir die werkplek voor te berei nie, maar ook om vir hulle ʼn gunstige toekoms in Suid-Afrika te help skep. “Werkgewers raap ons studente op omdat hulle beter opgelei is en dadelik ’n produktiewe bydrae in die werkplek kan lewer. Daarbenewens verseker ons unieke opleidingsmodel, naamlik dat studente sowel teoretiese as institusionele opleiding ontvang voordat hulle die werkplek betree, dat Sol-Tech se studente hoog in aanvraag is,” sê hy. S

Besoek www.sol-tech.co.za vir meer inligting oor Sol-Tech of om die keuringstoets af te lê.


In Beweging

Sol-Tech

Ambag as loopbaan

Kry loopbaanvoorsprong by Sol-Tech

Deur Francois Redelinghuys

M

et die aanvang van die inligtingsera het die opleiding van ambagslui agterweë gebly en is daar ’n groeiende behoefte aan skaars en kritiese vaardighede in Suid-Afrika. Volgens Philip Minnaar, hoof van SolTech, toon navorsing dat byna die helfte van ambagslui met skaars vaardighede in Suid-Afrika binne die volgende dekade gaan aftree. Hoewel dié skrikwekkende feit die potensiaal het om Suid-Afrika en die nywerheidsbedryf in die moeilikheid te dompel, skep die afwesigheid van skaars vaardighede ’n unieke geleentheid vir jongmense wat ’n loopbaan as elektrisiën, meulmaker, dieselwerktuigkundige, passer en draaier, sweiser, gereedskap- en setmaatmaker oorweeg. Die tekort aan goed opgeleide ambagslui beteken ook dat persone wat oor dié vaardighede beskik, goeie salarisse verdien. Volgens careerplanet.co.za verdien ’n passer en draaier met drie jaar werkervaring tussen R20 000 en R30 000 per maand en ’n opgeleide meulmaker met dieselfde ervaring R20 000 tot R35 000 per maand. Tans is daar ook ’n tekort aan kolleges wat studente behoorlik kan toerus om die werkmag in hul gekose ambag te betree. Sol-Tech bied tans opleiding aan meer as ’n duisend studente op enige gegewe tydstip. Dié kollege is dus die grootste tegniese opleidingskollege in die land. By Sol-Tech ontvang studente die opleiding wat hulle in die praktyk daagliks gaan gebruik. Vakleerlingopleiding by die instansie duur ongeveer drie jaar, waarna leerlinge hul finale vaktoets skryf om die rooiseëlkwalifikasie te verwerf. Studente het toegang tot die instansie se werkwinkels, wat volledig toegerus is vir die intensiewe opleiding wat studente hier ontvang. Sol-Tech help verder om studente te plaas by SETA-goedgekeurde werkgewers waar hulle kan begin om werkervaring op te doen voor die aflegging van hul finale vakleerlingtoets. Verder kan studente ook by Solidariteit Helpende Hand aansoek doen om rentevrye studielenings, wat eers ná afloop van hul studies terugbetaal moet word. Verwesenlik jou drome en maak jou toekoms vry, veilig en voorspoedig by Sol-Tech! S

Elektrisiën Die elektrisiënkursus weerspieël die huidige behoeftes van werkgewers in die elektrisiteitsbedryf. Die kwalifikasie verleen aan studente toegang tot die elektrisiënsbedryf en bied aan hulle die geleentheid om verskeie loopbaanmoontlikhede in dié veld te oorweeg.

Motor-, trekker- en dieselwerktuigkundige Die kwalifikasie in motorherstel en -instandhouding handel oor die algehele versiening van voertuie, asook die verwydering en vervanging van onderdele en die maak van klein verstellings aan voertuie se stelsels. Studente word ook deur middel van moderne diagnostiese toerusting opgelei om foutsporing op voertuie te kan doen. Sol-Tech is boonop die enigste opleidingskollege waar studente in die nuutste lugremstelsels, insluitend ABS- en EBD-remstelsels, opgelei word.

Gereedskap- en setmaatmaker Sol-Tech se opleiding stel studente in staat om op die mees kostedoeltreffende metode setmate en matryse van hoë gehalte te ontwerp en te vervaardig. Dit skep boonop ʼn begrip van die motorbedryf, ingenieursbedrywe en presisie-inspuitvorming vir die voedselbedryf.

Passer en draaier Die pas-en-draai-kwalifikasie is daarop gemik om studente die nodige vaardighede aan te leer om doeltreffend in enige bedryf te kan werk, en spesifiek om die uitdagings van die ingenieursmonterings- en -masjineringsomgewing te kan baasraak. SolTech spog met die nuutste toerusting in die bedryf, waaronder CNC-freesmasjiene en vonkerosie-masjiene, waarmee studente vir die hedendaagse vervaardigingsbedryf opgelei word.

Meulmaker Dié kwalifikasie bied aan studente ʼn vlak van opleiding wat hulle in staat stel om doeltreffend te werk as meulmakers en die uitdagings van die vervaardigings- en produksiebedryf te hanteer. Studente word onder meer opgelei om tegnologies gesofistikeerde outomatiese stelsels te hanteer wat van meganika, elektronika en elektriese ingenieurswese gebruik maak.

Sweiser Verskeie bedrywe ondervind tans ʼn reuse-tekort aan goed opgeleide en bekwame sweisers. Studente kan deur Sol-Tech ʼn sweisambag van internasionale standaard verwerf, en kan maklik daarna in spesialis-sweisrigtings, soos onderwatersweis of sweisinspeksie, spesialiseer.

Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

51


jy & die Reg

Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.

Wat is die uitwerking van skikkingsooreenkomste?

Foto’s: iStockphoto.com

W

erkgewers is lief daarvoor om werknemers van wie hulle ontslae wil raak, te oortuig om ʼn skikkingsooreenkoms te sluit waarin hul dienste beëindig word. Die rede hiervoor is dat die werknemer dan nie meer kan aanvoer dat sy of haar ontslag onbillik was en gevolglik die saak na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) kan verwys nie. Die enigste manier om die saak dan voor die KVBA te kan kry, is om te bewys dat die werknemer die ooreenkoms nie vrywillig geteken het nie. In die saak Ulster v Standard Bank of SA Ltd & Another (2013) 34 ILJ 2343 (LC) het die werknemer ʼn skikking geteken wat behels het dat haar diensrekord ʼn bedanking in plaas van ʼn ontslag aandui en dat sy ʼn addisionele maand se salaris ontvang. Sy het die saak na die KVBA geneem en geargumenteer dat sy geforseer was om dit te teken deurdat haar unieverteenwoordiger haar onbehoorlik beïnvloed het. Die hof het bevind dat die werknemer bewyse moes lewer dat sy die ooreenkoms nie vrywillig aangegaan het nie. In hierdie saak kon die werknemer dit nie doen nie, aangesien sy ʼn geleentheid gegun is om die ooreenkoms self te deur lees voordat sy dit geteken het. Daarom het die hof bevind dat dit onmoontlik was dat sy nie geweet het wat sy teken nie en haar saak is met koste van die hand gewys. Dit is uiters belangrik dat werknemers nie skikkingsooreenkomste blindelings moet teken nie, aangesien die saak dan slegs met moeite deur die KVBA aangehoor sal kan word. Indien u werkgewer u met ʼn skikkingsooreenkoms konfronteer, kontak eers vir Solidariteit om aan u die inhoud en die implikasies van die ooreenkoms te verduidelik. S

52

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Deur Danie van Graan

Unfair labour practice: procedural fairness?

S

ection 188 of the Labour Relations Act (LRA) specifically prescribes the requirement of “procedural fairness” when an employee is dismissed. However, in the case of unfair labour practices there is unfortunately no statutory reference to the role of procedural fairness in this regard. On the basis of the constitutional right to fair labour practices one would certainly regard this as being implied, but the judicature has had different approaches to this. Previously the courts’ approach to this matter was that an employer’s discretion remains part of his managerial prerogative and that it could only be set aside if that discretion was exercised maliciously for baseless reasons or arbitrarily. However, in City of Cape Town v SAMWU obo Sylvester & Others (2013) 24 ILJ 1156 (LC), par. 14, the Labour Court ruled that the correct criterion would be “fairness to both parties”. In Apollo Tyres SA (Pty) Ltd v CCMA & Others (2013) 34 ILJ 1120 (LAC) (the Labour Court of Appeal confirmed the point of view of the Labour Court in Protekon (Pty) Ltd v CCMA & Others (2005) 26 ILJ 1105 (LC) that, although the employer could have discretion in the granting of benefits, section 186(2) (a) of the LRA does place an obligation of “fairness” on the employer. In Protekon the commissioner found that the replacement of travelling benefits by salary adjustments was unfair because the employer did not properly consult with the affected employees about this beforehand. The Labour Court commented as follows on this: (par 43) “The commissioner’s approach to assessing the fairness of the Applicant’s conduct was to look separately at the question whether there was a fair reason for the conduct and the question whether a fair procedure was followed. Although the LRA itself does not prescribe the separate analysis of questions of substance and

procedure, as it does for example in relation to the question of fairness of dismissal (In Section 188), this approach was well established under the general unfair labour practice jurisdiction of the 1956 LRA.” [WL Ochse Webb & Pretorius (Pty) Ltd v Vermeulen [1997] 2 BLLR 124 (LAC)] On the meaning of “fairness” the Labour Court specifically remarked as follows”: (page 366) “... fairness has a formal, procedural aspect to it, as well as a substantive one. The former manifests itself in the requirements of consultation and negotiation on decisions that affect employees in their working relationship, whilst the latter seeks to ensure that the formal process is not a sham and produces a fair result ...” [My accentuation] In Noonan v Safety & Security Sectoral Bargaining Council & Others (2012) 33 ILJ 2597 (LAC) the Labour Court of Appeal supported the “fairness” criterion in disputes related to unfair labour practices and in paragraphs 17 – 46 the Court considered the fairness of the process in its entirety and found that the employer did commit an unfair labour practice by not appointing the unsuccessful applicant to the post. The verdict above is a shift from the previous criterion of maliciousness or arbitrary decisions or reasons to mere “fairness”. This means that the investigation of the presiding officer will have to focus not only on reasons for the employer’s actions, but also specifically on the “process” followed by the employer. There is therefore no doubt that procedural fairness must definitely be a consideration when deciding unfair labour practices. I am of the opinion that this point of departure brings about a consistent application of the principle of “fairness” in disputes about unfair labour practices and that there is no reason why it should be applied only when judging cases of dismissal. S



In Beweging

Work fulfilment or big salary? – Gen Y responds This question has stood the test of time (until now, at least). Would you rather be bored to death whilst receiving a big pay cheque, or would you like to be FULFILLED AND SATISFIED with your work? FRANCOIS REDELINGHUYS discusses this conundrum and how Generation Y perceives working life.

Photograph: iStockphoto.com

T

he abovementioned question needn’t only apply to employees, but employers also need to know what motivates their staff in order to retain them. This specifically applies to Generation Y employees (also referred to as the digital generation, born after the early 1980s) who are fast becoming the dominant workforce in the world. Studies have shown that the average Generation Y employee works two years at a specific company before they leave. Dan Schwabel writes that companies often err by treating Generation Y employees like they did with older generations and hence lose them to competitors. Research done by the iOpener Institute, suggests that members of this generation are “motivated to stay with their employer, and to actively recommend their organisation to

54

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

friends by the level to which they are fulfilled by their job, rather than by the levels of pay”. This generation needs to feel that by doing their job, they are contributing to the economic and social purpose of society. This sudden change in mindset towards one’s work has indeed created opportunities the world over, not only for large enterprises, but also for recruitment agencies as the acquisition and retaining of talent have become key business strategies. There is no debating the fact that education is becoming more and more expensive, and as companies invest in their employees, the specific company would like to retain their investment and eventually benefit from it. While this is not possible in all circumstances, the knowledge of how employees perceive their work can have a great influence.

Companies can be successful in helping their employees being fulfilled in the workplace by: 1. Set expectations – Help the employee understand what the criteria for promotion are, and how they can achieve excellence. 2. Mentors – Generation Y employees need a parental figure who can guide them and give them career advice. This will also help them feel that the company cares about them. 3. Show them that they are making a difference – Gen Y wants to make a difference. Show that difference to them. Help them believe that the work they do is actually making a difference. 4. Give them access – Gen Y’s love to network. Give them some leeway and access to executives. 5. Let them pitch ideas – Listen to their ideas. This will encourage them to perform better with more confidence. S


In Beweging

They deserve better, union says after negative Eskom ruling Sometimes you don’t get the result you deserve, but it doesn’t mean the battle wasn’t worth it. This was the first reaction of Deon Reyneke, head of Solidarity’s Energy Industry, after the trade union had fought a 17-year long LEGAL BATTLE on behalf of 34 licensed nuclear power operators at the Koeberg Power Station. MOIRA-MARIE KLOPPERS spoke to him.

T

he case dates back to 1998 when Solidarity and Eskom reached an agreement that the Koeberg nuclear power operators may, in accordance with generally accepted international practice, go on early retirement due to the hazardous nature of their work. In addition, Eskom would continue to contribute to the employees’ pension to avoid penalties due to early retirement. This would have been calculated according to a fixed formula based on years of service. The formal agreement was ratified on 2 November 1998, and an Eskom directive (written policy) was issued by the manager of the Koeberg Power Station. Soon, a group of employees, who also

wanted to benefit from the agreement but didn’t qualify for it, threatened with strike action. “Suddenly, Eskom argued that the manager of the power station acted outside his powers and mandate and that the agreement was not valid. According to Solidarity’s information, the decision to withdraw the agreement came directly from the former CEO in a bid to avert the impending strike.” Solidarity declared a dispute and the matter was referred to the Labour Court. After a drawn-out legal process which went backwards and forwards, the case finally went to court in 2010 and 2011. The court found for Solidarity, ordering Eskom to honour the agreement. Eskom

approached the Labour Appeal Court and in 2013 this court found for Eskom. Solidarity then applied to the Constitutional Court for leave to appeal against the Labour Appeal Court ruling. In May this year, the Constitutional Court rejected the application. “Solidarity is disappointed by the ruling. We are still convinced that the manager of the power station acted within his mandate in 1998 and that the agreement was thus valid. It is sad that this is the way in which Eskom has treated some of its most loyal and experienced employees for the past 17 years. “We resign ourselves to the ruling, but should the opportunity arise we would fight another 17 years for these members. They deserved a positive ruling.” S


In Beweging

Neem die regte vitamiene in deur regte kossoorte te eet Dit voel soms asof ’n mens tussen twee vure is wanneer dit by kos kom. Aan die een kant voel ʼn mens genoodsaak om gesonde kos met ENERGIEGEWENDE WAARDE voor te berei, terwyl dit aan die ander kant dikwels moeilik is as gevolg te min tyd en omdat kitskos so maklik bekombaar is. FRANCOIS REDELINGHUYS berig.

O

Foto’s: iStockphoto.com • Bron: Health.com

ns almal besef die waarde van ’n gesonde en gebalanseerde eetplan. Dit word keer op keer aan ons oorvertel. Wanneer jy deur ʼn tydskrif soos Sarie of Rooi Rose blaai, word ’n mens oorweldig deur opskrifte soos “Gesonde eetplanne”, “Die voordele van gesond eet” en “Voel meer energiek in nege-en-ʼn-half dae”. Dis nie asof ons nie die waarde daarvan besef nie. Aan die ander kant word ’n mens gebombardeer met smullekker hamburgeradvertensies wanneer jy dit waag om teen half sewe jou gunsteling sepie te kyk. Die tema van gesonde kos is ook al holrug gery en die meeste van ons handhaaf in elk geval ’n goeie balans wanneer dit by ons daaglikse spyskaart kom. Dit is egter baie belangriker om te weet wat goed is vir jou en hoe jy juis dié goedheid kan inneem. Vitamiene en minerale speel ’n baie belangrike rol om ons energievlakke te verhoog, ons vel en hare gesond te hou, gesonde groei by kinders te bevorder en vele meer. Vergewis jouself dus van die onderskeie vitamiene wat in verskillende kossoorte voorkom om sodoende te verseker dat jy en jou gesin gesonde kos eet. S

56

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

VITAMIEN A Dié vitamien speel ’n baie belangrike rol in jou immuniteit en die instandhouding van goeie visie. Voedsel wat dit bevat: Patats, asook lewer, eiers, spinasie, melk en vis.

VITAMIEN C Dien as ’n baie goeie antioksidant en vergemaklik proteïenmetabolisme en die sintese van neurotransmittors. Voedsel wat dit bevat: Rooi soetrissie, kiwivrugte, brokkoli en Brusselse spruite.

VITAMIEN B12 Vitamien B12 hou die senuweestelsel gesond en bevorder die vorming van DNS en rooibloedselle. Voedsel wat dit bevat: Die meeste diereprodukte.

VITAMIEN D Vitamien D bevorder die opname van kalsium in die liggaam asook skeletgroei. Voedsel wat dit bevat: Probeer gerus om meer vissoorte soos salm en makriel in te kry.

VITAMIEN B6 Dit bevorder die vorming van hemoglobien en help om bloedsuikervlakke te stabiliseer. Kos wat dit bevat: Kekerertjies bevat die hoogste konsentrasie. Vis en hoender is goeie alternatiewe.

VITAMIEN E Vitamien E is ’n goeie natuurlike antioksidant en ondersteun ook die immuunstelsel. Voedsel wat dit bevat: Sonneblomsade beskik oor die hoogste konsentrasie.



In Beweging

Wenke vir persoonlike finansiële bestuur FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, gee ’n paar WENKE om jou finansies te midde van uitdagende ekonomiese omstandighede te bestuur. 1. Eie verantwoordelikheid Enige huishouding is soos ’n sakeonderneming met inkomste en uitgawes. ’n Tekort beteken jy gee meer uit as wat jy inkry, en ’n oorskot beteken jy spandeer minder as wat jy inkry en jy het dus spaargeld om te belê. Indien jy nie weet wat in jou onderneming se geldsake aangaan nie, wag daar moontlik ’n paar onaangename verrassings op jou. 2. Stel ’n begroting op Die meeste mense weet gewoonlik wat hul inkomste is, maar hou nie boek van hul uitgawes nie en het daarom geen beheer daaroor nie. ’n Begroting is die enkele belangrikste stukkie gereedskap wat in enige huishouding se finansiële gereedskapskas moet wees. Die begroting gee ook antwoorde oor ander finansiële sake wat aandag nodig het.

Foto’s: iStockphoto.com

3. Spandeer geld aan goeie advies Daar staan in Spreuke geskryf dat ’n mens nie kan oorlog maak sonder beraadslaging nie. Dit beteken jy moet iemand raadpleeg en ’n plan hê. Dit geld ook vir jou finansies en veral vir beleggings. Pasop vir beloftes van groot opbrengste – as dit te goed klink om waar te wees, is dit gewoonlik. Kry raad by meer as een kundige. Die resultaat verbaas jou dalk, en kan jou baie geld en verdriet spaar. 4. Stel doelwitte As jy eers jou begroting in plek het en goeie advies ingewin het, sal dit baie makliker wees om finansiële doelwitte te stel. Ons almal streef daarna om finansieel onafhanklik te wees. Finansiële onafhanklikheid beteken dat die opbrengs op jou spaargeld ten volle vir jou maandelikse uitgawes kan betaal. Sou jy dus aan die einde van die maand nie ’n salaristjek ontvang nie, sal jy vir jouself kan sorg. Dit gaan

58

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

egter nie gebeur sonder ’n weldeurdagte plan nie. Koppel teikendatums aan jou doelwitte, bepaal interimdoelwitte, en koppel take aan elke interimdoelwit. Dié take moet sperdatums hê om seker te maak jou planne verdwyn nie in die niet nie. 5. Pasop vir die verkeerde skuld Om skuld te maak om van maand tot maand te lewe, is fataal vir jou beursie. Daag jouself uit om in 2015 net een kredietkaart te kanselleer, en jy sal verbaas wees oor die resultaat. C.J. Langenhoven het tereg gesê: “Die kontantbetaler is baas van sy eie sak.” 6. Hou by ’n goeie beleggingsplan As jy tot dusver jou huiswerk deeglik gedoen het en die plan werk, moet nie paniekerig raak nie. Talle beleggers fouteer deur ’n regsomkeer te maak wanneer dit lyk of dinge wil skeefloop. Pas eerder dieselfde plan toe, maar wees net meer konserwatief. ’n Goeie voorbeeld is om dieselfde belegging in plek te hou, maar blootstelling aan aandele te verminder en só jou risiko te beperk. 7. Wees ingelig Doen moeite om uit te vind wat in die markte aangaan, selfs al lees jy net ’n paar artikels in die sakekoerant elke dag. Jannie Mouton van die PSG-groep het hierdie wysheid in ’n artikel gedeel: “As jy kan lees, en jy lees nie, het jy geen voordeel bo die persoon wat nie kan lees nie.” Het jy al ooit gewonder wie besit Skip, Omo en Surf wat ons elke week in ons wasmasjiene gooi? Doen moeite om te weet waarheen jou geld gaan. Die inligting is beskikbaar. 8. Bepaal wat jou groot risiko’s is • Mediese uitgawes: Jy kan dalk nog ’n plan maak met ’n doktersrekening vir R5 000 of

• •

R6 000 maar groot hospitaalrekeninge is ’n totaal ander saak. Skade aan duur bates: Maak seker jy is gedek teen groot verliese. Verseker jou huis en kar as eerste prioriteit. Jou grootste bate in die lewe is eintlik jou vermoë om inkomste te genereer. Het jy dit verseker?

9. Aftree en doodgaan is ’n gegewe Om vir hierdie twee gebeurtenisse voorsiening te maak, is nie eenvoudig nie. Kry kundige advies en maak seker jy skrik nie te laat wakker nie. 10. Stel ’n testament op Om intestaat te sterf, gaan vir jou geliefdes wat agterbly groot hoofbrekens gee. Die beste geld wat jy in jou lewe kan spandeer, is aan ’n testament wat korrek opgestel is. Jou testament verseker dat daar ná jou dood met jou bates gehandel word soos jy dit self sou gedoen het. Stoor jou testament en enige ander belangrike dokumente in ’n veilige plek. Maak genoeg afskrifte van alles, insluitend gesertifiseerde kopieë van ID’s en dies meer. Maak seker iemand wat jy vertrou het ook ’n afskrif. 11. Skei jou emosies van jou finansies Finansiële beplanning en bestuur gaan oor syfers en feite. As jy jou deur emosies laat lei, gaan die syfers nie klop nie. As die planne in jou begroting nie met die feite in jou bankstate ooreenstem nie, moet jy weet die emosies loop te hoog en jy is dalk nie 100% eerlik met jouself nie. Spaar op dít waarvoor jy altyd geld het. Solidariteit Finansiële Dienste kan jou help om al hierdie riglyne toe te pas. Ons het selfs voorafopgestelde begrotings beskikbaar wat jou kan help om aan die gang te kom. Die werk is klaar gedoen, jy hoef net by ons aan te klop om antwoorde te kry. S


aksent media • 082 445 4513

Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming

BELEGGINGS

> hulpbronne > ontledings > oplossings

MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING

RISIKODEKKING

IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?

PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES

Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!

Solidariteit Beweging

0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za


In Beweging

van alle PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING word deur 1,1 miljoen Suid-Afrikaners betaal.

Slegs 1,1 miljoen tot 3,3 miljoen dra takslas Aangesien die Suid-Afrikaanse regering toenemend tussen sy onvermoë om sy besteding in toom te hou en sy GROEIENDE SKULDLAS vasgedruk sit, verbaas dit nie dat hy dié druk op die belastingbetalers in Suid-Afrika afskuif nie, skryf PAUL JOUBERT, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut.

Foto’s: iStockphoto.com

S

60

legs een uit tien tot een uit dertig volwassenes in Suid-Afrika betaal ’n betekenisvolle hoeveelheid belasting. Dit, saam met die Suid-Afrikaanse regering se vyandigheid teenoor private ondernemerskap en werkgewers in die algemeen, het ʼn kloof tussen die regering en diegene wat sy werksaamhede finansier, geskep. Die Suid-Afrikaanse regering wil blykbaar verhinder dat die belastingbasis groei, terwyl hy hom terselfdertyd verlustig in die aantal mense wat afhanklik gehou word van maatskaplike besteding, soos opleiding, behuising, water, elektrisiteit, gesondheidsorg en toelaes, wat deur belastingbetalers gefinansier word. In plaas daarvan dat hy hom daarop toespits om alle mense die vryheid toe te laat om deur private inisiatief meer waarde toe te voeg, lyk die regering vasbeslote om die bietjie waarde wat elke jaar geskep word te herverdeel, terwyl hy in die proses baie van dié waarde vernietig. Wie betaal watter belasting? Om die werklike aantal belastingbetalers te bepaal, moet die verskillende soorte belasting eers uiteengesit word. Volgens

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

die jongste beskikbare syfers – dié vir die 2013-belastingjaar – het 34% van die regering se nasionale belastinginkomste uit persoonlike inkomstebelasting gekom. Meer as 26% was belasting op toegevoegde waarde (BTW), terwyl maatskappybelasting vir byna 20% verantwoordelik was. Die brandstofheffing en doeaneheffings (invoer- en uitvoerbelasting) het elk onderskeidelik nog 5% bygevoeg, terwyl die oorblywende tiende uit verskillende ander soorte belasting gekom het, soos aksynsbelasting op drank en tabak en die sogenaamde omgewingsbelastings. Aangesien persoonlike inkomstebelasting net meer as ’n derde van die totale belastinginkomste uitmaak, is dit miskien nie onmiddellik duidelik hoekom dit soveel saak maak hoeveel mense hierdie belasting betaal nie. Almal, ook dié wat geen persoonlike inkomstebelasting betaal nie, betaal tog mos BTW, maatskappye betaal maatskappybelasting, motoriste betaal brandstofheffings, handelaars betaal doeaneheffings en so meer. Tog, hoewel die verspreiding van mense wat dié belastings betaal nie presies parallel is aan dié wat persoonlike inkomstebelasting betaal nie, is dit ongetwyfeld soortgelyk.

Neem byvoorbeeld maatskappybelasting: dit is nie werklik maatskappye wat dié belasting betaal nie. ’n Maatskappy bestaan slegs op papier en papier betaal nie belasting nie. In die praktyk word maatskappybelasting betaal deur die belanghebbendes van die maatskappy – dié wat die maatskappy besit, dié wat daarvoor werk en selfs dié wat die maatskappy se produkte koop. Dit is grotendeels presies dieselfde mense as wat persoonlike inkomstebelasting betaal, want hulle is aandeelhouers, werknemers en verbruikers met koopkrag. Wanneer dit by invoerbelasting, die brandstofheffing en veral BTW kom, neig die verdeling effens meer na dié wat nie genoeg verdien dat hulle persoonlike inkomstebelasting hoef te betaal nie. Die grootste deel van dié belastings word egter steeds betaal deur die mense wat oor die meeste koopkrag beskik – die groep wat persoonlike inkomstebelasting betaal. Dit is nie moontlik om presies te bepaal wie hoeveel van elke soort belasting betaal nie, maar dit is redelik om aan te neem dat daar ’n regstreekse verband is tussen die hoeveelheid persoonlike inkomstebelasting wat iemand betaal en hoeveel ander belasting daardie belastingbetaler ook betaal.


In Beweging

Jy dok baie meer op as wat jy dink, wys SNI se Arbeidsmarkrapport

S

uid-Afrikaners betaal meer belasting as wat hulle dink. En danksy staatskuld, politieke verwagtings en regeringsinmenging by die ekonomie gaan jy vroeër of later nóg meer betaal. Só sê Solidariteit in ʼn spesiale belastinguitgawe van sy kwartaallikse Arbeidsmarkrapport, saamgestel in samewerking met ETM Analytics. Volgens Piet le Roux, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, is ’n breukdeel van die SuidAfrikaanse bevolking vir die leeueaandeel van belasting verantwoordelik. “Uit ’n bevolking van 55 miljoen mense, waarvan sowat 30 miljoen van werkende ouderdom, betaal ’n skamele 1,1 miljoen mense 70% van alle persoonlike inkomstebelasting. Dié skeefgetrekte situasie bestaan ook by ander soorte belasting, soos maatskappyebelasting en BTW.” Le Roux sê die sogenaamde “belasting-

Wie het in die 2013-belastingjaar persoonlike belasting betaal? Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) verplig werkgewers sedert 2011 om alle werknemers vir persoonlike inkomstebelasting te registreer. Dit het gelei tot ’n belasting-register met 15,4 miljoen individue in die 2013-belastingjaar. Dié syfer het die getal werkende mense (insluitend dié in die informele sektor, huis- en tuinwerkers) met sowat twee miljoen oorskry. Dit is ooglopend dus nie moontlik dat al die mense wat vir persoonlike inkomstebelasting geregistreer is, wel dié belasting betaal nie. Die meeste van hierdie mense se verdienste is onder die drempel vir persoonlike inkomstebelasting, terwyl baie uit vorige jare nog op die register gebly het al het hulle in die 2013-belastingjaar niks verdien nie. Die syfer vir die getal mense wat vir persoonlike inkomstebelasting geregistreer is, beteken dus nie veel nie, behalwe om te wys hoe bedrewe die SAID met rekordhouding is. Die SAID publiseer ook syfers oor hoeveel mense daar verwag word om vir ’n spesifieke belastingjaar opgawes vir persoonlike inkomstebelasting in te dien. Vir die 2013-belastingjaar was dit sowat 6,5 miljoen individue. Dit sluit sommige mense met ’n belasbare inkomste van minder as R250 000 per jaar uit, aangesien diesulkes (wat ook aan sekere ander kriteria voldoen)

verligting” waarmee Pravin Gordhan, die vorige minister van finansies, belastingbetalers in onlangse jare probeer paai het, was boonop blote oëverblindery. “In teenstelling met sy herhaaldelike aankondigings van belastingverligting, het Gordhan persoonlike inkomstebelasting sedert 2012 jaarliks met behulp van ‘bracket creep’ laat styg. ‘Bracket creep’ is wanneer belastingkerwe nie genoegsaam vir inflasie aangepas word nie.” Vir die ware prentjie van die persoonlike inkomstebelastingkoers, sê Le Roux, behoort Gordhan se verskuilde verhogings saamgetel te word met die openlike verhogings wat vanjaar deur sy opvolger, minister Nhlanhla Nene, ingestel is. “Iemand wat in 2012 R25 000 per maand se voorbelaste inkomste ontvang het, en sedertdien VPI-inflasieverwante verhogings gekry het, sal

nie belastingopgawes hoef in te dien nie, hoewel sommige dit steeds doen. In die 2013-belastingjaar was daar na raming 460 000 sulke mense. Die totale aantal mense wat in die 2013-belastingjaar enige bedrag persoonlike inkomstebelasting betaal het, was 6,9 miljoen. Dit is reeds minder as die helfte van die getal wat op die belastingregister was. In die 2013-belastingjaar het belastingbetalers met ’n belasbare inkomste van onder R140 000 minder as 4% van hul inkomste aan persoonlike inkomstebelasting afgestaan. Dié groep, bestaande uit 3,6 miljoen mense, het minder as 7% van die persoonlike inkomstebelasting van R276,7 miljard wat die SAID in die 2013-belastingjaar ingevorder het, betaal. Daarteenoor moes mense met ’n belasbare inkomste van meer as R140 000 per jaar gemiddeld meer as 21% van hul inkomste aan persoonlike inkomstebelasting afstaan.

vanjaar in reële terme 6% meer persoonlike inkomstebelasting betaal. Dan praat ons nog nie van meer onopsigtelike belastings soos die 42% hoër heffing op petrol, hoër koolstofbelasting, drankbelasting, inflasie en ʼn verskeidenheid verhoogde invoertariewe nie,” sê Le Roux. Le Roux sê dit is nie altyd maklik om tred te hou met die talle onopsigtelike vorme van belasting nie. Daarby toon die verslag dat Suid-Afrika se bruto nasionale skuld oor die afgelope ses jaar skerp toegeneem het. “Meer skuld beteken hoër skuldterugbetalingskoste, selfs in ’n omgewing van lae rentekoerse. Gegewe die gety van toenemende staatsbesteding, skulddienskoste en moeilike ekonomiese omstandighede, moet belastingbetalers hulself staal vir ’n moeilike tyd wat voorlê,” sê Le Roux. S

Dié groep van 3,3 miljoen mense het sowat 93% van alle persoonlike inkomstebelasting betaal. Wanneer die afsnypunt na ’n belasbare inkomste van R200 000 per jaar verskuif, bly daar 2,2 miljoen belastingbetalers oor wat sowat 85% van alle persoonlike inkomstebelasting – sowat R234 miljard – betaal het. Wanneer laastens slegs belastingbetalers met ’n belasbare inkomste van meer as R300 000 per jaar in ag geneem word, bly daar 1,1 miljoen mense oor wat sowat 69% (R191 miljard) van die totale bedrag persoonlike inkomstebelasting wat in die 2013-belastingjaar ingevorder is, betaal het. Herverdeling teenoor vryheid In die betrokke jaar was daar sowat 33 miljoen volwassenes in Suid-Afrika. Die 3,3 miljoen mense wat 93% van persoonlike inkomstebelasting betaal het, verteenwoordig slegs een uit elke tien volwassenes in die land. Die 1,1 miljoen mense wat byna 70% van alle persoonlike inkomstebelasting betaal het, is slegs een uit elke 30 volwassenes. Op die skouers en beursies van dié klein groepie van een-uit-tien tot een-uit-dertig mense rus die las van die Suid-Afrikaanse regering se besteding. Om dié groep mense wat vir hulself kan sorg, toe te laat om deur vrye ondernemerskap te groei, behoort die Suid-Afrikaanse regering se prioriteit te wees, nie ’n onvolhoubare herverdelingsbeleid wat mense deur staatsbesteding van belastingbetalers afhanklik hou nie. S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

61


In Beweging

Goeie boeke bly bekoor, wys Kraal-peiling

Foto: iStockphoto.com

“B

oekwinkels en uitgewerye kry swaar in die huidige ekonomiese klimaat.” “Die groeiende gewildheid van e-boeke beteken gedrukte boeke se dae is getel.” “Afrikaanse mense lees nie.” Hoe waar is dié veralgemenings, nie net wat lesers oor die algemeen betref nie, maar spesifiek lede van die Solidariteit Beweging? Kraal Uitgewers het onlangs ʼn peiling onder lede van stapel gestuur, en interessante resultate gekry. ʼn Derde van die mense wat die vraelys beantwoord het, is tussen 51 en 60 jaar oud. Slegs 17% van die deelnemers is onder 40 jaar oud. Hulle verteenwoordig dus ʼn ouer gehoor wat waarskynlik meer gevestig en welvarend is, en boeke kan bekostig. Hulle vertel dat hulle ten minste kwartaalliks (36%) of maandeliks (33%) ʼn boek koop. Hulle doen dit veral in boekwinkels (48%), of deur die internet (33%). Vir 37% is dit ʼn aankoop op die ingewing van die oomblik – hulle sien ʼn mooi boek en besluit om dit te koop. ʼn Verdere 32% word deur resensies oorreed om ʼn boek te koop, maar net 10% deur vriende en familie se aanbevelings en 6% deur advertensies. Die Beweging se lede verkies steeds gedrukte boeke met blaaie waardeur jy kan blaai en wat beskikbaar is, al is daar beurtkrag. Uit die meer as 680 respondente, kies net 9% e-boeke en ʼn skrale 1% oudioboeke. Uit die navorsing kan skrywers en uitgewers wys word dat e-boeke goedkoper is om te publiseer, maar beslis nog nie ʼn groot mark onder ouer lesers het nie. Hierdie mense word veral gelok deur mooi boeke wat in boekwinkels uitgestal word. Hulle sal eerder duurder boeke met volkleurillustrasies, gedruk op duursame papier, as goedkoop swart-en-wit boeke aankoop. Die gemiddelde prys wat hulle bereid is om te betaal, is tussen R200 en R300. Die respondente het aangedui dat hulle graag feite én fiksie lees. Geskiedenisboeke is gewild, veral as dit oor die Anglo-Boereoorlog of Groot Trek handel. Moderne geskiedenis is minder gewild. Die kernboodskap is dus dat gehalte deurslaggewend is. ʼn Boek moet volgens die deelnemers aan die peiling hul leeslus bevredig, maar ook aantreklik wees. • Kraal Uitgewers het heelwat boeke wat aan dié vereistes voldoen. Kom loer gerus op die webtuiste www.kraaluitgewers.co.za en besluit of een (of meer!) van Kraal se boeke nie dalk ‘n plek op jou boekrak moet kry nie. • Alana Bailey is uitvoerende hoof van Kraal Uitgewers. S

62

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Deur Alana Bailey


In Beweging

Kom kuier by Kraal-Klub

K

raal-Klub is ʼn eksklusiewe vereniging vir lede van Solidariteit en AfriForum met vingers wat jeuk om deur topgehalte Afrikaanse boeke te blaai en al lesende die verre of hedendaagse geskiedenis wil verken. Kraal Uitgewers bied aan lede van Kraal-Klub 10% afslag op die prys van al Kraal se eie publikasies. Van die boeke waarop só bespaar kan word, is: Onthou! Onthou! bied ’n intense blik op die lyding van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog. Met meer as 200 foto’s, waarvan nagenoeg 80% nog nooit voorheen gepubliseer is nie, is Onthou! ’n uitsonderlike versamelstuk. Treurgrond Treurgrond vertel die verhale van meer as 3 300 plaasaanvalle wat oor meer as twee dekades in Suid-Afrika plaasgevind het. Dié boek, wat

deur dr. Dirk Hermann, maj. genl. Chris van Zyl en Ilze Nieuwoudt saamgestel is, is nie net die grootste register van plaasaanvalle nie, maar vertel ook deur die oë van slagoffers, familie, geliefdes, digters en ʼn kunstenaar van die letsels wat dié misdaad los. Ons gaan ’n taal maak Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare deur die taalhistorikus prof. J.C. Steyn is ʼn monumentale werk wat die verhaal van Afrikaans as moderne taal vertel. Die titel hiervan eggo die leuse van een van die vroegste taalstryders wat geglo het dat Afrikaans “gemaak” kan word. Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redakteurskap van Andries Raath en Danie Langner) het verskyn in die jaar van die honderdste herdenking van ʼn gebeurtenis waartydens broer teen broer, vader teenoor seun en vriend

teenoor vriend te staan gekom het. Die effek van die Rebellie van 1914-1915 binne die kern van Afrikanergeledere – in die staat, kerk en volk – word in fyn besonderhede ontleed in dié boeiende boek. Regstellende Trane Regstellende trane: Waarom verteenwoordigendheid nie gelykheid is nie beeld vir die eerste keer dít uit wat in die toepassing van regstellende aksie vergete raak, naamlik mense en hul persoonlike verhale. Dr. Dirk Hermann gesels met mense wat weet wat dit beteken om weens die kleur van hul vel benadeel te word. Sluit só aan As jy ʼn Solidariteit- of AfriForum-lid is, SMS die woord “KRAAL-KLUB” na 32347. SMS’e kos R1. Kraal sal jou kontak met meer inligting. Lede van Kraal-Klub word boonop bederf met ʼn elektroniese nuusbrief en voorkeuruitnodigings na boekbekendstellings en ander funksies. S


In Beweging

Buckets full of benefits for our members This is a summary of the BENEFITS attached to Solidarity membership. The benefits are subject to the constitution and policies of the union as well as the rules as contained in the rule book, and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.

64

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za


In Beweging

R97

Independent Financial Advice Solidarity Financial Services has an independent financial advice department who can assist clients with various financial advice topics. This include basic budgeting and tax planning, risk and retirement planning as well as investment planning in general. The department has trained professionals that will assist with all your needs. • Phone 0861 101 005

Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

65


In Beweging

mar ela media

Afrikaans was nog nooit so lekker nie!

H

et jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? By Maroela Media kan jy (gratis) nuus lees, op die hoogte bly met wat in die Afrikaanse musiekwêreld gebeur en selfs jou gunsteling rugbyspan ondersteun. Daar is eg Suid-Afrikaanse resepte, vuurwarm debatte en nuus oor Afrikaanse boeke. Skop jou skoene uit en smul saam met ons by maroelamedia.co.za!

MA SARIE SE PIESANGBROOD Bestanddele 125 g botter of margarien 375 ml suiker 3 eiers 5 ml vanieljegeursel 250 ml fyngedrukte piesang 500 ml koekmeelblom 10 ml bakpoeier 1,5 ml sout 25 ml melk

Uit: Tannie Poppie kook (Human & Rousseau). Prys: R220,00 (onderhewig aan verandering).

Metode 1. Voorverhit die oond tot 180°C. 2. Klits die botter of margarien en suiker saam. 3. Voeg die eiers een vir een by. 4. Voeg die geursel by. 5. Voeg nou die piesangmoes by. 6. Sif die droë bestanddele saam. Voeg dit om die beurt met die melk by die piesangmengsel. 7. Skep in ’n gesmeerde broodpan en bak 1 uur lank tot gaar.

Bambaduze boei enduit, skrywer weet gewis hoe tienerkop werk

Foto: iStockphoto.com

E

66

k hoor dikwels dat daar “niks” in Afrikaans is vir kinders om te lees nie, en nog minder vir jongmense. Gelukkig is daar skrywers soos Derick van der Walt – en ’n hele paar ander – wat sulke doemprofete onomwonde verkeerd bewys. Met sy bekroonde debuut, Lien se lankstaanskoene, het Derick nie net tieners se harte gesteel nie, maar ook dié van heelparty volwasse lesers, des te meer toe die boek eers verfilm is. Sedert Lien kon ons ons ook verlustig aan Willem Poprok en Daan Dreyer en die blou geranium.

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Deur Ilze Salzwedel Van der Walt se werk is nie net vir jongmense nie, hoewel hy beslis weet hoe tieners se koppe werk, iets wat hy weer in Bambaduze (Tafelberg; R160) bewys. Bambaduze is die aangrypende verhaal van Jurie Viljoen, ’n matriekseun, se verlies, rebellie en uiteindelike aanvaarding. Van der Walt het ’n besondere en baie skaars vermoë om vanuit ’n tiener se perspektief te skryf – jy sien as’t ware vir Jurie voor jou, in al sy stugge, komplekse glorie. Jy verstaan aanvanklik nie hoekom hy so kwaad is vir die wêreld nie, en nog minder hoekom hy motors

“hot wire” en vir pretritte neem. As ma dink jy presies wat jy met hierdie knaap sou doen as hy joune was, maar geleidelik word die rede vir Jurie se optrede duidelik en besef jy dis ’n noodkreet vir aandag. ’n Mens kan dan nie help om te wonder oor jou eie ouerskap nie. Van der Walt neem ’n bedrieglik eenvoudige storie en bou dit uit tot ’n roman wat die leser enduit boei. Elke karakter is driedimensioneel, en dit voel of jy hom of haar al iewers in jou lewe ontmoet het. Selfs karakterbeskrywings van mense wat net ’n vinnige verskyning maak, tref die kol. S


In Beweging

’n Hart wat dié land nie kan los nie

Foto: iStockphoto.com

E

k ken ’n boer. Ek en sy vrou was grootword-maats. Ons het saam in die plaasdam op hul plaas geswem en agterna op die wal in die son gelê. As ons strooptyd saam met haar pa agterop die bakkie lande toe gery het, was die stof grinterig tussen ons tande. In die aand, as ons pajamas aantrek voor ons doodmoeg in die bed neerval, het die mieliepitte uit ons tekkies en broeksakke geval waar dit ingekruip het terwyl ons in die sleepwa vol gestroopte mielies gespeel het. Sy het vir ’n kort tydjie groener weivelde gaan verken, weg van die plaas, terwyl sy op Tuks studeer het. In dié drie jaar het ons mekaar minder gesien, en weg van mekaar gegroei: ek, die plattelandse Puk, en sy, die Tuks-stadstudent. Toe ontmoet sy haar man op ’n toe-oëafspraak – ’n landboustudent met vriende wat byname soos Tor en Ploeg het. Sonja is as jong bruidjie terug plaas toe, dolgelukkig. Vir Niel was boer die enigste ding wat hy ooit wou doen. Toe ons hom die eerste keer ontmoet, het ons geweet dié boer met die hoëveldblou in sy oë is nie gemaak om enigiets anders te doen as boer nie. Ons mans het mekaar gou gevind, en ek en Sonja was dankbaar dat ons die vriendskap kon voortsit.

Deur Susan Lombaard ’n Week gelede kuier ons saam op ’n Bosveldplaas. Dis al 15 jaar of wat vandat Niel en Sonja trou aan mekaar beloof het. Twee bulletjies is uit dié huwelik gebore en die derde is op pad. Ons kuier saans om ’n vuurtjie van Bosveldhout. Ons hoor die vlakvarke in die donker raas, verkyk ons aan die nagapies wat in die boom bokant ons koppe rondwip en skrik toe ’n troppie mak sebras doodluiters uit die donker aangestap kom en by ons vuurtjie kom kuier. Ons praat, soos ’n mens maar doen, oor die land – oor wat vir ons voorlê en wat ons te doen staan. Die drome in Niel se oë het plek gemaak vir ontnugtering en teleurstelling. Hy vertel ons van veediefstal wat dit amper onmoontlik maak om sy troppie stoetbeeste veilig te hou. Ons hoor van swendelaars wat sy goedhartigheid uitbuit, maar ook van hoe die boere van die omgewing saamstaan om misdadigers te help aankeer. Hy vertel van sy stoetkoei wat se uier en oorplaatjie hulle in ’n bloekombos opgetel het. Dis al wat oor was van haar. Terwyl ons langs die vuur sit, lui sy foon. Sy luitoon is die fluit van ’n ooruil. Dis die Boesman wat sy vee oppas. Daar was twee mans by die beeste wat weggehardloop het toe hulle hom sien, sê hy. Niel bel sy skoonpa om te gaan kyk. Dan sit hy lank stil en kyk in die vuur.

Hy laat my dink aan ’n man wat deur sy groot liefde verraai is. Die grond van hierdie land het ’n ander minnaar gekry. Hy is kwaad en seergemaak, maar minder lief kan hy nie vir haar wees nie, al sê sy verstand vir hom hy moet pasop. Hy weet nie wat soek hy nog hier, in hierdie verhouding nie. Daar is ander wat meer vir hom sal omgee. Maar ’n mens kies nie vir wie jy lief is nie. Die volgende dag ry ons ’n draai in die bos. Ons stop en stap ’n entjie na ’n uitkykpunt op die damwal. Die drie seuntjies – hulle twee en ons enetjie – staan in ’n ry en piepie dat die stofwolkies in die lug opslaan. Hulle is vuil, van kop tot tone. Hulle is kaalvoet en as een in ’n doring trap, haal een van die ander dit vir hom uit. Loopneusies word aan hempsome afgevee. Elkeen het ’n tak in die hand of ’n knipmes in die sak. “Ek hóú daarvan,” sê hy. “Ons laaities moet met die aarde speel.” Hy buk en pluk ’n grashalm. “Assegaaigras,” sê hy. “Goeie weiding. Voedsaam.” Later, toe ons in die geel laatmiddaglig terugry, laat Niel sy arm by die venster uithang. Sy handpalm vee deur die lang gras, half toevallig, liefkosend, asof hy vergeet het dat hy kwaad is vir die grond. Hy is, soos baie van ons, hier om te bly. Want sy hart sal dié land nie kan los nie. S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

67


In Beweging

Meer as 2 860 Afrikaner-vroue het op 4 Augustus 1915 aan die eerste vroue-optog na die Uniegebou in Pretoria deelgeneem om ’n versoekskrif vir die vrylating van genl. Christiaan de Wet en ander rebelle te oorhandig.

Die eerste vroue-optog na die Uniegebou

Praat jy van die vroue-optog na die Uniegebou, sal die meeste mense waarskynlik dink aan die paswette-optog van 1956 waaraan nagenoeg 20 000 vroue deelgeneem het – en wat vandag nog jaarliks op 9 Augustus as Vrouedag herdenk word. Tog was dit nie die eerste optog waar spesifiek vroue uit PROTES na dié Pretoriase baken gestap het nie, skryf ILZE NIEUWOUDT.

D

ie uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog het in Suid-Afrika onder meer tot die uitbreek van die 1914-rebellie gelei. Die prominente Afrikaner-leier Christiaan de Wet was een van die sleutelfigure in die Rebellie. Soos talle ander wat aan dié opstand deelgeneem het, is hy egter gevang en tot tronkstraf gevonnis. Tydens sy verhoor is hy gevra hoe hy op die aanklagte teen hom pleit, waarop hy ferm geantwoord het: “Onskuldig aan hoogverraad en skuldig aan oproer!” Hy is op 21 Junie 1915 aan agt van die tien aanklagte van hoogverraad teen hom skuldig bevind en die volgende dag tot ses jaar tronkstraf en ’n boete van £2 000 gevonnis. Minder as ’n week later is die De Wethalfkroonfonds deur die Het Volksblad-koerant gestig om die boete te help betaal. Teen die fonds se sluiting is meer as £4 000 ingesamel waarmee De Wet en ander rebelle-offisiere se

68

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

boetes betaal is. Enkele dae ná De Wet se vonnisoplegging is ’n beweging van Afrikanervroue, onder leiding van Hendrina Joubert (85-jarige weduwee van genl. Piet Joubert) en F.C. Eloff-Kruger (’n dogter van president Paul Kruger) in die lewe geroep om iets aan die lot van De Wet en die ander rebelle te doen. Die plan was om afgevaardigdes na die goewerneur-generaal, lord Buxton, te stuur, om te help toesien dat De Wet se vonnis nietig verklaar word en dat hy en ander rebelle vrygelaat word. Regoor die land het die vroue in hul steun aan De Wet en die rebelle opgeruk. In Bloemfontein het meer as 600 vroue aan ’n optog deelgeneem; in die Paarl meer as 250 vroue. Op 4 Augustus 1915 het nagenoeg 230 dorpe en stede se afgevaardigdes, geklee in swart, by die Uniegebou in Pretoria byeengekom. Voor met die optog begin is, is

Psalm 146 gesing (wat handel oor die Heer wat aan die gevangene vryheid skenk) waarna die optog in doodse stilte aangepak is. Volgens die tydskrif De Spectator het 2 863 vroue aan die optog deelgeneem terwyl ’n verdere geskatte 2 000 mense die vroue begelei het. De Wet se vrou, Cornelia, was ook deel van die optog. Joubert het die versoekskrif tesame met die name en handtekeninge van 65 000 mense wat die versoek gesteun het, aan lord Buxton oorhandig. Hoewel die Volksraad die versoek verwerp het, is De Wet en 118 ander rebelle uiteindelik op 20 Desember 1915 vrygelaat. ’n Verdere 45 rebelle, insluitend genl. Jan Kemp en Harm Oost, is egter nie dadelik vrygelaat nie en moes eers ’n aansienlike gedeelte van hul tronkstraf uitdien. • Bron: Ons gaan ’n taal maak: Afrikaans sedert die Patriot-jare deur J.C. Steyn, uitgegee deur Kraal Uitgewers (2014). S


In Beweging


In Beweging

Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Ettienne Pio (litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse • Administratiewe beampte: Nicole Harmse • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville

KATHU Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

LYDENBURG Quintus Sliep • Administratiewe beampte: Bianka Broodryk • Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

BOKSBURG Francois van Heerden, Zirk Gouws, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Dana Viljoen (litigant), Gibbs du Toit (litigant), Thinus Jacobs • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101/1105 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

NEWCASTLE • • • • •

CARLETONVILLE Riaan Visser • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861/018 786 2785 • Faks: 011 388 9854/018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

ELLISRAS Deon Viviers • Administratiewe beampte: Mariaan Pretorius • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4, Marula Mile Winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

KLERKSDORP Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Nicoline Crafford • Tel: 018 468 8533 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp

70

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

PIETERSBURG • • • • •

RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

RUSTENBURG Eric Schoeman, Tommy Wedderspoon, Johan Nell (litigant), Lucindi Pretorius (litigant) • Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

VAALDRIEHOEK

Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 296 0335 Faks: 015 296 0335 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 849, Faunapark, Polokwane, 0787

Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, Le Roy Fritz (litigant) • Administratiewe beamptes: Elize du Plooy, Saretha Jacobs en Chanell van Gent • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130

PORT ELIZABETH

WELKOM

Wynand Strydom • Administratiewe beampte: Yvette Stroebel • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

PRETORIA Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Louis Pretorius, Helgard Cronje, Inge Labuschagne, Sta-Sia Engelbrecht • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: pretoria@solidariteit.co.za • Adres: H.v. Lambert Lee- en Van Rensburgstraat, Mayville, Pretoria

Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


In Beweging

Solidariteit vereer sterre in die gemeenskap

S

olidariteit het tydens sy jaarlikse kongres ’n spesiale toekenningsaand gereël waar persone vereer is vir die besondere verskil wat hulle in hul onderskeie gemeenskappe maak. Die Sterre in die Gemeenskap-toekennings is reeds die afgelope vyf jaar ’n hoogtepunt by die jaarlikse Solidariteit-kongres. Daar is soveel mense wat op ’n daaglikse basis onbaatsugtige werk in hul gemeenskappe verrig en die toekennings is slegs ’n klein huldeblyk van dank aan hierdie uitblinkers vir hul soms jarelange diens aan die gemeenskap. By vanjaar se Sterre in die Gemeenskaptoekennings het vyf individue en een projek, wat deur drie ongelooflike vroue bedryf word, toekennings ontvang. Radiopersoonlikheid Cobus Bester, wat bekendheid verwerf het as finansiële joernalis en later ekonomiese redakteur van die radionuusafdeling by die SAUK asook aanbieder van Monitor op RSG sedert 1999, was een van die ontvangers. Die stigterslede van die Leipie Omgeeprojek

Deur Francois Redelinghuys

Steve Scott, president van Solidariteit; akteur Willie Esterhuizen; en dr. Dirk Hermann, bestuurshoof. het ook elk ’n toekenning ontvang vir die merkwaardige sukses en verskil wat dié projek op ’n daaglikse basis in die lewens van behoeftige leerlinge aan die Laerskool Louis Leipoldt maak. Dié projek voorsien tans kospakkies aan meer as 25 gesinne, terwyl skryfbehoeftes, skooltasse en skoolklere jaarliks aan leerlinge verskaf word. “Die Leipie Omgeeprojek kan alleen bestaan danksy die fenomenale Leipie-gemeenskap wat

die projek moontlik maak. Met genade van Bo het ons daarin geslaag om ’n doodgewone middelklasgemeenskap te mobiliseer waar hulle bo hul vermoë bydra,” sê Hanlie Kotzé, een van die stigterslede. Regisseur en akteur Willie Esterhuizen het ook ’n toekenning ontvang vir sy bydrae tot die Afrikaanse TV- en rolprentskatkis. “Willie is ongetwyfeld ’n nasionale held en pionier in sy veld,” sê Lizz Meiring, wat hom benoem het. Ander ontvangers van die toekenning is die Lichtenburgse onderwyseres Lizane Zanbergh vir al die projekte wat sy loods om behoeftiges by te staan, die veteraanskaakafrigter Chris Greyling vir sy bydrae tot die sport in SuidAfrika, en Willie du Plessis, die uitvoerende hoof van Gousblom Ontwikkeling in Orania. Solidariteit het ook by dié geleentheid sy kantoor van die jaar aangewys. Die Lydenburgkantoor het die toekenning ontvang danksy hul uitstekende uitbouing van Solidariteit se strategiese doelwitte, naamlik ledegroei, ledediens en ledebehoud. S


In Beweging

stilWo(o)rd

Gewilde rubriek nou ook in boekvorm te kry Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

D

stilWo(o)rd Twaalf jaar se aflewerings van die Solidariteit Tydskrif se gewilde rubriek “In Retrospek”

Marietha Malan

ie afgelope twaalf jaar skryf Marietha Malan al die geestelike rubriek in Solidariteit Tydskrif. In dié tyd het sy ons geleer hoe God rondom ons raakgesien kan word. Die Here openbaar Hom elke dag in hartseer, vreugde, humor en kwaadwees. Marietha is nie ʼn predikant of teoloog nie, maar ʼn gewone ma met vyf kinders – met al die drama wat daarmee gepaardgaan. Sy leer ons dat jy in die klein dingetjies wat gebeur, iets van die Here sien. Staaltjies uit haar eie lewe word gebruik yf reeds vir jaar die geestelike rubriek entwaalf haar rubrieke is gevul met met karakter Tydskrif.en In dié tyd neem sy die leser ʼn ware in die persoonlikheid. Sy trek jouopas’t waarop God hom in die hartseer, vreugde, rubriek in en as jy eerlik is, herken jy iets van wees van elke dag openbaar. jouself in byna elke rubriek. Daar is nou goeie nuus vir lesers of teoloog nie, maar ʼn gewone ma met vyf van Solidariteit Tydskrif wat metons elkedat nuwe uitgawe at daarmee gepaardgaan. Sy leer heelvan eerste na Marietha se slotrubriek blaai: ʼn gebeur iets die Here sien. Staaltjies uit en haar Keur rubrieke met wat karakter en van is diégevul rubrieke die afgelope twaalf jaar in Solidariteit Tydskrif verskyn het, is nou in ʼn bundel, stilWo(o)rd, beskikbaar. ʼn Gratis CD n haar rubrieke, handel nie oor wonderwaarop Magda van Biljon van die gewildste e dinge. Gewone dinge en gewone mense in die bundel is by die boek n God virrubrieke ons elkeen ʼn les én ʼnvoorlees, lig op ons ingesluit. Sy praat nie met lesers deur buitegewone gebeure en wonderwerke nie, maar deur gewone dinge. Sy sien die Here raak wanneer sy haar jongste seun na ʼn meisie toe moet aanry. Die Here praat met haar oor rigting deur ʼn GPS wat by die huis vergeet is. Ek het ’n GPS op my bedkassie. Dit is swart, met ‘n leeroortreksel. Binne-in is rigtingaanwysers oor die lewe. “U Woord is ’n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad,” sê Psalm 119:105. Baie van hierdie GPS se aanwysings ken ek uit my kop. Dis vir my oorbekend. Tog volg ek aanhoudend afdwaalpaadjies en val in die sondeverkeer vas. ʼn Gewone interaksie met ʼn lekeprediker op ʼn rooi fiets word vir ons ʼn lewensles. By die huis bied ek vir die pastoor broodjies aan en eindelik rits hy sy sakkie oop en haal ’n splinternuwe Engelse Bybel vir Marietjie uit. Ons belowe dat ons dit vir haar sal lees en ná nog ’n gebed en ’n paar ekstra “hallelujas” en “be blessed”-wense is hy weer weg op sy rooi fiets. Die volgende paar dae agtervolg Marietjie my met die Engelse Bybel. Soos sy haar boetie al gesien doen het, ‘highlight’ sy sekere gedeeltes of plak merkertjies in. Dan vra sy my om dit vir haar te lees en te vertaal. Sy luister aandagtig en met blink ogies. Tot my skaamte besef ek hoe dors sy vir die Woord van die

Deur dr. Dirk Hermann

72

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Marietha Malan Here is. Dit het ’n lekeprediker uit Zambië, wat my eie kind in my huis kom evangeliseer het, gekos om my dit te laat sien. En kinders wat leer kar bestuur... Tandeknerswerk, dis wat dit is. Ek praat nou van die proses om van ’n alwyse jong man ’n vaardige en veral veilige motorbestuurder te maak. Dit laat my dink aan die grappie van die dominee wat die gemeentelede gewaarsku het dat ’n geween en gekners van tande sal volg op al hulle sondes. En toe sy oog op ’n tandlose ou gewoontesondaar val, voeg hy by: “En vir die wat nie tanne het nie, tanne sal ge-supply word! ... Soms wonder ek of ons goeie Vader nie nou en dan lus kry om op te hou om ons te leer bestuur nie. En al die tyd is ons Vader geduldig besig om vir ons die pad aan te wys, as ons maar net die Boek wil oopmaak en daarin kyk.

So is elkeen van ons vasgevang in dinge wat elke dag gebeur, maar ons storm net voort. As ons net gaan stilstaan kan ons elkeen, elke dag in die klein dingetjies God se grootheid raaksien. Uit dít wat op die oog af sinloos is, kan ons sin vind. “U Woord is ‘n lamp vir my voet en ’n lig vir my pad,” sê Psalm 119. Ons gaan soek oral raad vir al ons ellendes, maar vergeet van die eenvoudige Bybelse beginsels wat ons oneindig baie gaan help om ons lewens met wysheid te bestuur. • StilWo(o)rd is teen R120 per boek by Kraal Uitgewers beskikbaar. Dit sluit ’n gratis CD in met voorlesings van die gewildste stories in die boek, gelees deur Magda van Biljon. Om ’n boek te bestel, SMS die woord “Stilwoord” na 34802. S


in Retrospek

MARIETHA MALAN is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.

Getof, gekous, geskoen en geserp vir kerk Marietjie is mal oor kerk. SONDAG is haar gunsteling-dag. Die Bybelsakkie bult eintlik van alles wat vir kerk gepak word. ʼn Hele pennesakie met ʼn verskeidenheid penne, potlode en merkpenne, effe oordadig vir iemand wat nie kan skryf nie. Natuurlik haar Bybel en Psalmboek. Tiesjoes. In die handsak kom haar ekstra lappie, ʼn noodsaaklikheid vir die lastige nattigheid op haar ken wat maar altyd deel van haar sal wees. Natuurlik ook die beursie met die kerkgeld in.

Foto: Verskaf

G

etof, gekous, geskoen en geserp kom sy aan my arm die kerk binne. Ons soek ʼn plekkie agterlangs, want die kerk-opwinding sit gou om in ʼn gevroetel, wat maklik vir mense lastig kan wees. Die pennesakkie word uitgehaal. In die stil kerk klink die rinkelende skryfgoed soos ʼn rotsstorting teen ʼn berghang. Ek probeer dit vir haar ooprits sodat sy met die minimum geraas kan uithaal wat sy wil hê, maar sy ruk dit verontwaardig uit my hand, sodat nog ʼn rotsstorting volg. Dan begin blaai sy deur haar Bybel. Sjoep, sjoep, maak die blaadjies, byna soos windvlae op ʼn Augustus-dag. Dan besluit sy om haar geldjie solank uit te haal en langs haar neer te sit. Natuurlik val dit met ʼn slag wat koppe rondom ons laat omruk. Terstond sak die getofde twee-en-twintigjarige dametjie sonder skroom op die vloer neer en begin onder die bank voor ons inkruip om dit te soek. “Marietjie!” sis ek dringend. “Hier is ʼn ander geldjie! Los daardie een.” Ek probeer reguit vorentoe kyk en die dogtertjie langs ons wat oopmond en grootoog staar, ignoreer. My gesig gloei soos Moses van ouds sʼn en dis nie van heiligheid nie. Ja-nee, kerk met Marietjie kan ʼn uitdaging wees. Maar ten spyte daarvan weet ek op een besonderse Sondag dat ʼn groot en heilige gebeurtenis rondom my kind gaan afspeel. Hierdie kind wat ek jare gelede uit die dood terug ontvang het, lê belydenis van geloof af. Sy staan voor die preekstoel. Weerskante van haar, by haar ingehaak, staan Magdi en Boetie. Sy het gekies dat hulle twee haar ondersteun. Op hierdie dag lyk sy regtig pragtig. Haar rokkie pas soos ʼn handskoen, en sy dra ʼn perskekleur serpie. Haar blonde hare is in ʼn knip agter haar kop vasgevat. Daar is ʼn gewydheid aan die oomblik, soveel so dat ek my maklik kan indink dat die engele bokant die kerkdak die blou van die uitspansel soos ʼn gordyn wegtrek om te kan sien. Die dominee klim van die preekstoel af. Hy kom staan voor

haar met ʼn mikrofoon. Pragtig vereenvoudig hy die vrae vir haar. “Ken jy die Here en het jy Hom lief?” “Jaa,” kom dit duidelik oor die klankstelsel. Dit klink amper meer soos “Haa”, maar wat maak dit saak? Niemand kan twyfel oor haar opregtheid nie. “Wil jy Hom dien?” “Haa,” sê sy weer. Die gemeente, dit wil sê dié wat nie met hul sakdoeke doenig is nie, sing haar toe: “Laat Heer U seën op haar daal”. Sy sing saam, hard en vals soos altyd, maar weer eens, wat maak dit saak? Soos soveel keer in Marietjie se lewe tot dusver voel ek hoe die woorde van Jesaja rondom haar eggo: “Omdat jy kosbaar is in my oë, hooggeag, en Ek jou liefhet”. Die Here koester sy anderster kinders met teerheid en begrip. Vir Hom is sy pragtig en uniek. Sy is presies soos Hy haar wou gehad het. Mense staar miskien, of fluister, kyk na haar met ʼn

mengsel van simpatie en afkeer. Maar haar Vader verstaan haar. Vir Hom is die gekletter van haar skryfgoedjies en die gesjoep van haar Bybelblaadjies totaal en al onbelangrik. Die oorgawe waarmee sy sing en die eenvoud van haar geloof is vir Hom genoeg. Hoe eenvoudig glo ons? Te dikwels ontaard godsdiens net in ʼn gekibbel oor wie wat reg verstaan en hoe watter woord vertaal is. Of in ʼn geskarrel rondom kermisse, pannekoeke en allerhande Martha-bedrywe. Maar het jy die Here lief? Wil jy Hom dien? Is Hy vir jou ʼn Vader wat jy onvoorwaardelik vertrou en volg? Sit jy soos Maria (of Marietjie) aan sy voete? Eendag sal Marietjie in spierwit klere geklee wees. Sy sal haar Here van aangesig tot aangesig ontmoet. Ek kan my byna indink dat Hy haar sal toelaat om haar Bybelsakkie en pennesakkie saam te neem. En dat die engele rondom haar en saam met haar sal sing. Want sy is mal oor kerk. S Issue 3 of 2015 • www.solidariteit.co.za

73


Promosieartikel

’n Beter, gesonder leefstyl met Medihelp Medihelp is altyd op soek na doeltreffender maniere om in ons lede se behoeftes te voorsien, om meer lede te bereik en om BETER WAARDE aan elke lid te bied – daarom is ons sommer baie opgewonde oor die nuutste uitbreidings in ons voordele wat binnekort in werking tree. Dokterskonsultasies Vanaf 1 Junie 2015 bied ons aan enkellede van Dimension Prime 1 voordele vir twee konsultasies per jaar by algemene praktisyns van hul keuse, en vir gesinne vier konsultasies per jaar. Hierdie bykomende voordele is beskikbaar teen geen ekstra ledegeld nie. 20 nuwe hospitale in netwerk Ons het 20 hospitale by ons hospitaalnetwerk vir die Dimension Prime Netwerk-opsies gevoeg: vier in KwaZulu-Natal, vyf in die OosKaap en 11 in die Wes-Kaap. Besoek ons webwerf of raadpleeg die Medihelp-app vir lede vir ’n volledige lys van alle netwerkhospitale. Gesondheidsorgdekking vir studente Voltydse studente by tersiêre instellings kan nou gehalte mediese dekking vir slegs R360 per maand ontvang danksy ’n ekstra inkomstekategorie wat by die Necessenetwerkopsie gevoeg is.

Foto’s: iStockphoto.com

Color Run-wedlope – gratis! Medihelp is vanjaar een van die borge van die gewilde Color Run South Africa – ook bekend as die “Happiest 5k on the Planet”. HealthPrintlede kan gratis aan 12 Color Run-wedlope deelneem, insluitend in Kaapstad, Stellenbosch, Grahamstad, Port Elizabeth, Durban, Pietermaritzburg, Bloemfontein, Potchefstroom, Johannesburg, Pretoria, Polokwane en Nelspruit. Die Color Run is ’n wedloop oor 5 km waar dit nie saak maak wat deelnemers se tyd is nie, maar wel dat hulle elke kilometer van kop tot tone in ’n ander kleur bestrooi word.

74

Uitgawe 3 van 2015 • www.solidariteit.co.za

Kry meer waarde met HealthPrint en sy vennote HealthPrint is ’n gratis aanlyn welstandsprogram wat aan die begin van die jaar bekendgestel is. Deur by HealthPrint aan te sluit, kan jy jou gesondheidsaktiwiteite monitor, toegang kry tot jou gesondheids- en voordeledata en voordeel trek uit die waarde wat HealthPrint se uitgesoekte vennote bied. Sluit aan by HealthPrint en kry die volgende:

Mom-2-be Sluit aan by HealthPrint se program vir swanger lede en ontvang – • dubbel-dubbelpunte en afslag by Dis-Chem, • ’n bêreboks vir speelgoed propvol babaprodukte ter waarde van R350, en • herinnerboodskappe, gesondheidsinligting en die opsie om doktersafsprake te skeduleer.

MomMe Sluit aan by HealthPrint se program vir babas en kinders tot die ouderdom van ses jaar en ontvang – • ’n eksklusiewe MomMe-sak ter waarde van R250, • ’n R100-koepon van takealot.com, en • gesondheidsinligting en opvoedkundige video’s.

Medihelp MultiSport-klub Sluit aan by HealthPrint se klub vir drawwers en fietsryers en ontvang – • fietsry- en drafuitrustings teen 50%-afslag, • ’n sportsak en produkte ter waarde van R320, en • afslag op inskrywingsgeld vir sekere wedlope.

Spesiale afslag by aanlyn winkel Lede van HealthPrint kry vanaf 1 Junie 2015 toegang tot ’n eksklusiewe aanlyn winkel wat tussen 10% en 15% afslag bied op Garmin se gesondheids- en fiksheidsprodukte.

Medihelp bied verskeie voordele-opsies met verskillende vlakke van dekking vir verskillende lewensfases aan. Om by Medihelp aan te sluit, SMS “kontak” na 32291. Of besoek ons webtuiste vandag nog by www.medihelp.co.za




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.