WEN! ‘N TOYOTA COROLLA OF LUUKSE VAKANSIE BLADSY 52
7
BASE BIEG
KONFYT KOOK EN COMRADES KAFDRAF TOT KANARIES SING & KUSSING SAAMSLEEP
BLADSY 22
R1 MILJOEN SE HULP OM BY SOL-TECH TE STUDEER
SA ONDERWYS LESSE VAN OORSEE
05 • 2014
www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X
9 771683 562000
ONS PLAN B(EWEGING)
NIE VIR PASSIEWE PASSASIERS, MAAR VIR PRO-AKTIEWE DOENERS
+
ONS GEE NIE BES NÁ RENATE BARNARD-UITSPRAAK
Solidariteit Beweging
ONSTUITBAAR SOLIDARITY NOW TAKES ON SAPS’S AFFIRMATIVE ACTION PLAN!
Trek voordeel uit die spesiale aanbiedings vir Solidariteit-lede by
MONUMENT TOYOTA CONSTANTIA op geselekteerde voertuie uit ons Toyota-reeks e-pos jou kontakbesonderhede na solidaritygroupdeals@um.co.za
Nuuswaardig
Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
3
inhoud NOMMER 5 VAN 2014
16
10 LESSONS LEARNED IN MINING INDUSTRY Beware of populists who encourage their followers to reduce poverty and unemployment through destructive behaviour. These individuals are in fact paralysing the South African mining industry, writes General Secretary Gideon du Plessis.
R1 MILJOEN se finansiële hulp beskikbaar gestel deur Sol-Tech en die Afrikaanse Beursinstituut bladsy 46
NUUSWAARDIG 10 12 14 15 16 18 20 22 26 28 30 30 31
SAPD versuim om Roos weer aan te stel Renate Barnard vs Suid-Afrikaanse Polisiediens: Dodelike uitspraak Solidarity takes on SAPD’s affirmative action plan SNI-verslag: Bankkoste raak ál meer mededingend Twenty years later: 10 Lessons learned in the mining industry Noordwes-munisipaliteite dop SNI-leefbaarheidstoets Geen rede tot kommer: Hier is al die feite oor aftreefondshervorming Ons groot leiers se gewone geheime Beter kwalifikasie = beter werkgeleenthede The what, why and how of workplace forums DStv-sensuur gee Solidariteit-advertensie stewige hupstoot Spesiale aanlynportaal eksklusief vir Solidariteit-verteenwoordigers 20%-afslag vir lede by die bekoorlike Kokoriba
BEDRYFSNUUS 32 Steeds geen geregtigheid vir voormalige Aurora-werknemers 33 The Life (Centre) at Sasolburg Operations Hub 33 Medupi power station’s unit 6 to be powered up on 24 December 34 Tough times ahead for telecommunication industry 36 It’s your right to be safe in the workplace 40 Jy kan lees en skryf, maar is jy werklik geletterd? 41 Solidariteit se BGV-afdeling by internasionale forum verteenwoordig 45 Só belemmer die staat jou eerstegenerasieregte
IN BEWEGING 46 46 47 48 50 51 52 54 55 56 58 59 60 61 64 66 67 68 72
Waar daar ’n (leer)wil is, is daar ’n (geld)weg Sol-Tech bied gehalte ambagsopleiding in Afrikaans Sol-Tech se PLC-kursus kry die groen lig by Siemens Help jou kind om die regte rolmodel te kies Só beskerm wet jou basiese regte in die werkplek Nog onbekend met Facebook? Lees ons lingo-blitsgids Bring jou inligting op datum en wen motor of vakansie SA onderwys: Wat kan ons by ander lande leer? Helpende Hand help bejaardes om met waardigheid oud te word Helpende Hand laat wiel met eerste motorfietstakke AfriForum: Nuwe toekomsplanne skep hoop AfriForum plant meer as 1 000 bome vir ’n groener Suid-Afrika Maroela Media eer die reg van toegang tot (gratis) nuus Lees, leer, ontdek, onthou @ Maroela Ons fotokompetisie: Ontmoet die drie beoordelaars Afrikaans: Jongmense verklaar hul trots op taal 1914-Afrikanerrebellie: Nuwe boek van Kraal nou op die rak Nuwe tye bring nuwe leierstrukture vir Solidariteit Opspraakwekkende 1914-Rebellie: “De Wet, Beyers... en ek”
GEREELD
Redakteursbrief
Ons sal aanhou stry vir mense soos Renate Barnard met die wete dat ons van die sterker morele standpunt uitgaan. Ons sal trou by ons gewete bly in ons strewe na geregtigheid. bladsy 6
Seepkis
Ons Facebook-volgelinge sê hul sê ná die bestuur van die Mpumalanga-polisie hul kommer uitgespreek het oor die gewelddadige betogings in die Thubelihle-nedersetting buite Kriel. bladsy 7
SpreekBuys
Die dae van bloot saamry as passasiers is vir goed verby. Die tyd het nou aangebreek vir moue oprol en meer doen om ’n beter toekoms vir die volgende geslag te bou. bladsy 8
8
jy & die Reg
Is ’n koerantverkoper ’n werknemer ingevolge die Suid-Afrikaanse arbeidsreg. Só het die KVBA vroeër vanjaar beslis in die onbillikeontslagsaak Dyssel and Media24 (Pty) Ltd. bladsy 44
in Retrospek
God is oneindig goed en Sy genade en seën is gelukkig nie afhanklik van hoe mooi en reg ons leef nie. Hy maak heel wat stukkend was. Hy maak reg wat krom was. bladsy 73
LEIERS LAP GEHEIME UIT Comrades tot konfyt; Kanaries tot kussings
+
22
8
2
Redakteursbrief “Doen wat reg is as die regter weg is”
“
Gee my ʼn man Wat sê wat waar is As die duiwel daar is Wat doen wat reg is As die regter weg is Wat trou by sy gewete bly As hy straf in plaas van beloning kry.
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
H
6
ierdie treffende woorde van C.J. Langenhoven was selde so toepaslik in Solidariteit se geskiedenis as juis nou. In die afgelope paar weke het ons gesien hoe die hoogste hof in Suid-Afrika teen Renate Barnard en Solidariteit beslis het. Die Konstitusionele Hof se regters het eenparig beslis dat die Hoogste Hof van Appèl verkeerd was in sy uitspraak dat die Suid-Afrikaanse Polisiediens onbillik teen Barnard gediskrimineer het. Hiermee het die hof duidelik te kenne gegee dat dit nie bereid is om teen die politieke heersers van die dag se vernietigende en verstikkende rasse-ideologie op te staan nie. Barnard het inderdaad in die woorde van Langenhoven straf pleks van beloning gekry. Ná ’n nege jaar lange stryd in vier verskillende howe is sy uiteindelik die kans op geregtigheid deur die Konstitusionele Hof ontsê. Pleks daarvan dat die Konstitusionele Hof haar beloon het vir haar moedige stryd teen die staat se ooglopend verkeerde regstellendeaksie-ideologie is sy inderwaarheid gestraf. Die 11 regters het die kern van die regstellendeaksiedispuut op tegniese punte omseil ten einde nie ’n polities ongewilde uitspraak hoef te maak nie. Solidariteit glo dat die uitspraak verkeerd is en dat die geskiedenis dit as sodanig sal bewys. ’n Mens sou inderdaad kon sê dat die regters weg was.
12
Die goeie nuus is dat die uitspraak nie die einde van die pad is nie. Die uitspraak het geen wesenlike invloed op Solidariteit se meer as 30 ander sake teen onbillike regstellende aksie in die Arbeidshof en Arbeidsappèlhof nie. Die kern van ons dispuut teen die ideologie van rasseverteenwoordiging is nie deur die Konstitusionele Hof bereg nie. Die hof het nog nie reggespreek oor die onregmatigheid al dan nie van die staat se ideologie dat elke werkplek op elke vlak die nasionale rassedemografie moet weerspieël nie. Solidariteit se ander sake staan in die ry om hierdie kwessie voor die gereg te beslis. Wat die uitspraak wel bereik het, is om ’n gevoel van verontwaardiging en ontnugtering te skep by baie van ons wat steeds glo dat die kernwaardes van die Grondwet onaantasbaar is. Ons voel dat waardes en regte soos gelykheid, nierassigheid en nasiebou ernstig deur die uitspraak ondermyn is. Hierdie gevoelens is sekerlik normaal, maar ons moet waak daarteen dat dit nie die botoon voer nie. Langenhoven se woorde doen ’n beroep op ons om eerder ’n ander houding in te slaan. Hy soek ’n man wat sê wat waar is, doen wat reg is en trou aan sy gewete bly. Dit is hoe Solidariteit ook hierdie uitdaging sal aanpak. Ons sal aanhou sê wat waar is, naamlik dat die regering se huidige regstellendeaksiemodel onregmatig is. Ons sal aanhou doen wat reg is en nie een duim
“
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
terugstaan vir enige onreg nie. Ons sal aanhou stry vir mense soos Renate Barnard met die wete dat ons van die sterker morele standpunt uitgaan. En ons sal trou by ons gewete bly en nie van stryk gebring word in ons strewe na geregtigheid nie. Dit is juis daarom dat ons met nuwe ywer en oortuiging voortgaan om die saak van Renate Barnard by die Verenigde Nasies verder te voer. Vir ons en vir haar is die stryd nie verby nie. Ons veldtog teen onbillike regstellende aksie het dus nou ook ’n internasionale dimensie bygekry. Vir hierdie veldtog vra ons opnuut u ondersteuning terwyl ons al ons lede en ondersteuners bedank vir hul jare lange, volgehoue ondersteuning. Intussen gaan ons voort met ons binnelandse regstrategie en die skep van sterk en onafhanklike instellings in ons eie kring om te verseker dat volhoubare demokratiese ruimtes vir ons en ons kinders geskep word. Die Solidariteit Beweging nooi u weereens uit om hierdie opwindende reis saam met ons aan te pak, met hoop en vasberadenheid.
JOHAN KRUGER REDAKTEUR
In die stilte van daardie oomblikke ná die uitspraak hoor ek hoe die vertroue in die Grondwet en die nasionale akkoord kraak. In my stomheid oor die uitspraak kom net een gedagte by my op: Die geskiedenis gaan hierdie uitspraak nog verkeerd bewys. Indien ons egter wil hê dat die geskiedenis die Konstitusionele Hof verkeerd bewys, moet ons die geskiedenis help skryf. Ons mag dus nie stilsit en moedeloos word nie, want dan gaan die geskiedenis met ons gebeur.” ~ Dr. Dirk Hermann in Beeld ná die uitspraak in die Konstitusionele Hof gelewer is. ~
Seepkis
Word deel van die gesprek by www.blog.solidariteit.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan: Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za
Solidariteit Solidarity SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE
H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 | 0861 25 24 23 | www.solidariteit.co.za REDAKTEUR | EDITOR Johan Kruger NUUSREDAKTEUR | NEWS EDITOR Cilleste van der Walt
Kommer oor plundery én polisie
Foto’s: iStockphoto.com
Die bestuur van die Mpumalanga-polisie het vroeër hul kommer uitgespreek oor die GEWELDDADIGE BETOGINGS wat in die Thubelihle- informele nedersetting in Kriel plaasgevind het. Die betogings het vroeg in September begin en ’n verkeerspolisievoertuig en ’n supermark is aan die brand gesteek. Verskeie winkels in die gebied is ook geplunder. Agt mense is reeds in hegtenis geneem en het in die Kriel-landdroshof verskyn op aanklagte van openbare geweld. “Al die verdagtes is op ’n waarskuwing vrygelaat en die saak is tot 29 September uitgestel vir verdere ondersoek,” het brig. Selvy Mohlala, ’n woordvoerder van die polisie, gesê. Só het ons Faceboek-volgelinge gereageer: • Glenn van der Westhuizen: Van wanneer af moet die polisie smeek vir samewerking en waarvoor word almal net op waarskuwing vrygelaat? G’n wonder dit sal nooit stop nie. • Marieta Pretorius: Die vrylating is vir my kommerwekkend. • Theresa Ross: Man, wat ek nou eintlik nie verstaan nie: Wat is dit met die polisie? Watse gevraery vir “vreedsame optrede”? Al wat hulle moet doen, is om oortreders en kriminele vas te vat, waarvan hierdie hele Kriel-spul vol is, so hoekom doen hulle nie net hul werk en stop hierdie onwettige “optrede” nie? • Marion de Beer: Ons is net so bekommerd oor die polisie se onbevoegdheid om die situasie te beheer.
• Frederik Sutherland: Julius Malema praat van anargie wat gaan kom sonder grondonteiening. Wat noem hy die gemors wat tans in ons land plaasvind? Al die betogings is ’n bewys dat anargie reeds heers en hierdie magtelose en onbekwame regering het beslis nie die kundigheid en wil om iets aan die saak te doen nie. Geen wonder Zuma het sy vesting beveilig nie, hy tref voorsorg vir ’n “veilige” wegkruipplek. • Koos Botha: Waar het jy gehoor van ’n waarskuwing waar goed beskadig is en afgebrand het? Dis so goed hulle het toestemming gegee vir die volgende stakers om te plunder en te breek. • Hettie Jansen: Sjoe... 8 mense in hegtenis geneem! Om net weer vrygelaat te word.
MENINGSPEILING
HOOF: BEMARKING | HEAD: MARKETING Moira-Marie Kloppers WEBREDAKTEUR | ONLINE EDITOR Daleen Gouws ADVERTENSIES | ADVERTISEMENTS Denise Viljoen – tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk – tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP | DESIGN Martie Maree INTEKENARE | SUBSCRIPTIONS Heleen Nortjé REKENINGE | ACCOUNTS Elna Botes MEDEWERKERS | CONTRIBUTORS Flip Buys, Chris du Plessis, Gideon du Plessis, Reint Dykema, Daleen Gouws, Mariné Jacobs, Susan Lombaard, Marietha Malan, Leigh McMaster, Ilze Nieuwoudt, Alet Rademeyer, Francois Smit, Inge Strydom, Nico Strydom, Herman Toerien, Hendrik van der Hoven,Valentyn van der Merwe, Cilleste van der Walt en Ansie van Niekerk UITLEG, ONTWERP, REDIGERING, REPRO | LAYOUT, DESIGN, EDITING, REPRODUCTION
Tel: 082 445 4513 | aksentmedia@vodamail.co.za DRUKWERK | PRINTING Paarl Media Gauteng VERSPREIDING | DISTRIBUTION Prosort
Dink jy ons het die reg om te sê wat ons wil? (Binne lasterlike perke)
a Ja, ons kan vrylik ons mening oor sekere dinge lug. b Ek weet nie, sosiale media maak dit moontlik, maar luister iemand? c Nee, ons word ingeperk met kommentaar oor ons land. • SMS “Tydskrif A”, “Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388. Of stem by www.tydskrif.solidariteit.co.za
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
7
SpreekBuys
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
Die dae van bloot saamry as passasiers na ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms, is vir goed getel. Dit is ons plig en voorreg om VIR ONS KINDERS iets beter op te bou as wat ons van ons ouers gekry het. Dit vra egter dat ons moue oprol en meer doen. CILLESTE VAN DER WALT het met FLIP BUYS gesels oor die Solidariteit Beweging se NUWE LEIERSKAPSTRUKTUUR en hoe die Beweging met sy eie “PLAN B” ’n beter toekoms vir ons mense wil help skep.
8
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
SpreekBuys
FLIP BUYS is voorsitter van die Solidariteit Beweging
ONS PLAN B
nie vir passiewe passasiers, maar vir pro-aktiewe selfdoeners
Hoekom ’n nuwe leierstruktuur vir Solidariteit? Die Solidariteit Beweging het die afgelope twee jaar so groot gegroei dat dit nodig geword het om ’n uitvoerende voorsitter aan te stel ter wille van beter koördinasie. Dit bring mee dat ek nie meer operasioneel by die vakbond betrokke kan wees nie, maar hoofsaaklik strategies as uitvoerende hoof sal optree. Daarom het ons vir dr. Dirk Hermann gevra om bestuurshoof te word, met Gideon du Plessis as hoofsekretaris wat hom sal bystaan om te verseker dat ons lede steeds die beste moontlike diens kry. Dit beteken dat ek steeds by die vakbond betrokke sal wees, omdat die vakbond deel is van die Beweging, maar dat Dirk die operasionele bestuur sal hanteer, met Gideon wat vir die hele arbeidsverhoudingediens verantwoordelik sal wees. Hulle is albei buitengewoon bekwame en ervare mense, en ek het die volste vertroue dat hulle, Appie Pienaar en Johan Kruger die vakbond na die volgende vlak sal kan neem. Hoe sien jy jou nuwe taak? Die Beweging het die afgelope jare ontwikkel tot ’n moderne helpmekaarbeweging wat werksaam is op die gebied van arbeidsverhoudinge, burgerregte, maatskaplike welstand, opleiding, taal en kultuur, en die media. Die toenemende staatsverswakking, die reeks rasse- en sosialistiese wette wat tans op die wetboeke kom, en hofuitsprake soos dié in die Renate Barnard-saak laat die rooi ligte flikker. Dr. Frans Barker het tereg gesê dat werkers se regte afhang van burgerlike en politieke vryhede. Dis die les van Zimbabwe: Toe eiendomsreg as fondament van die ekonomie daar aangetas word, het dit tot ’n 94%-werkloosheidskoers gelei. Daarmee bedoel ek as die politiek verkeerd loop, gaan die ekonomie saam ondertoe, en val werkers eerste oor die afgrond. Daarom is my rol om seker te maak dat die Beweging vinniger en groter uitgebou word, sodat ons ons lede en ons gemeenskap steeds sal kan beskerm.
Dink jy dat die land kan verval? Suid-Afrika is gelukkig ver van staatsverval af, maar sekere dele van die staat het reeds verval. Meer as die helfte van ons land se skole is disfunksioneel, talle staatshospitale is verwaarloos, in baie dorpe word dienste nie meer gelewer nie, in groot dele van die land is die polisie so swak dat geweldsmisdaad handuit ruk, sommige provinsiale en selfs nasionale staatsdepartemente kan nie meer hul werk doen nie, en korrupsie vier by instellings soos die Poskantoor skynbaar hoogty, met R2 miljard wat onregmatig wanbestuur is! Kortliks, die wolke van verval en verontregting is nie meer op die horison nie, dit hang al laag en donker bokant ons. Daar is gelukkig ook positiewe ontwikkelings op ander gebiede waar dit nog vir lank gaan goed gaan, maar ons kan nie meer aanvaar dat dinge net vanself gaan regkom nie. Ons sal aktief betrokke moet raak om te verseker dat ons kinders nog ’n toekoms in hierdie land het. Ons voorouers het dit reggekry om groot dinge uit niks op te bou, en ons kan dit ook doen. Dis ons plig en ons voorreg om vir ons kinders iets beter op te bou as wat ons van ons ouers gekry het. Jy het gesê dat ons aan ’n “Plan B” saam met “Plan A” moet werk. Wat bedoel jy daarmee? Met Plan A bedoel ek dat ons die Grondwet en die demokrasie steeds ten volle moet benut om ons lede en ons gemeenskap se welstand in die bestaande bedeling te bevorder. Mense moet deelneem aan verkiesings, ons moet ’n werkverhouding met die owerhede op alle vlakke handhaaf, ons moet die howe gebruik as die laaste uitweg as ons lede se regte geskend word, ons moet voortgaan met ons normale bedrywighede soos altyd. Maar dis nie meer genoeg nie. Ons kan nie net meer op die Grondwet, die regering en werkgewers staatmaak om vir ons en ons kinders ’n leefbare toekoms te verseker nie. Daarmee bedoel ek dat ons nie meer net soos passasiers kan saamry tot by ’n vry, veilige
en voorspoedige toekoms nie. Ons sal meer moet doen. Dis nie slegte nuus nie, want om op ander staat te maak, verlam ’n mens. Onlangse gebeure soos die Barnard-uitspraak bevry ons van daardie verlamming dat ander vir ons toekoms gaan sorg. Daarom moet ons deur ons Beweging se organisasies self vir ons toekoms verantwoordelikheid aanvaar. Hoe gaan dit in die praktyk werk? Neem opleiding as voorbeeld. Ons gaan steeds Plan A volg deur aan die Seta’s en maatskappyopleidingsprojekte deel te neem, maar dis nie genoeg nie, want ons kinders word dikwels vanweë hul ras en die ondoeltreffende Seta’s van opleidingskanse en -beurse uitgesluit. Daarom moet ons Plan B ook volg: Ons moet Sol-Tech uitbrei en die Solidariteit Studiehulp so groot uitbou dat elke kind wat wil, moet kan studeer. Die kern van Plan B is dat volhoubare oplossings geskep moet word om suksesvol en selfstandig in Afrika te bly – dus die Beweging se organisasies wat reeds op streekvlak bestaan, landwyd uitbrei. Dit vereis dat landwye selfhelpstrukture vir “kulturele selfregering” geskep word. Hierdie strukture moet gemeenskappe help om dorpe en stede te laat werk, goeie verhoudings met die regering te bevorder, met die staat te onderhandel, en te sorg vir veiligheid, ’n gesonde omgewing en ’n sakevriendelike klimaat. Voorts moet dié strukture ’n waghond vir burgerregte wees en Afrikaans en Afrikaanse onderwys en opleiding bevorder. Terselfdertyd moet hierdie helpmekaarbeweging ook maatskaplike dienste lewer, Afrikaanse gemeenskapsradiostasies en -media bedryf, bedryfsfondse bekom deur koopkrag te mobiliseer, navorsingsinstitute bedryf, grondwetlike en selfstandige ruimtes ontwikkel, die oppergesag van die reg beskerm, verhoudings met ander groepe bevorder, buitelandse skakeling doen, en erfenis- en geskiedenisbewaring bevorder. Ons het reeds ver gevorder met Plan B, ons gaan dit nou net na snelrat oorskakel! S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
9
Nuuswaardig
SAPD versuim om Roos weer aan te stel
Viktimisasie, onregverdigheid, die ontneming van sy passie, ’n verlies aan werksekerheid, ongerief en spanning. Dit is maar net ’n paar van die uitdagings wat KOL. KOBUS ROOS die afgelope drie jaar die hoof moes bied. Om sake te vererger, versuim die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) om Roos kragtens ’n hofbevel te vergoed vir die wandade wat teen hom gepleeg is. INGE STRYDOM berig.
S
olidariteit het die saak aanhangig gemaak weens die feit dat Roos deur lt.genl. Richard Mdluli, geskorste hoof van die misdaadintelligensie-eenheid, uit sy pos in dié eenheid verplaas is nadat Roos in ’n beskermde bekendmaking bewerings en bewyse van korrupsie in misdaadintelligensie blootgelê het. “Solidariteit meen Roos het uitstekende werk in die eenheid verrig en kon sy passie daar uitleef. Hy is juis uit die pad geskuif omdat hy goed was in sy werk en korrupsie ontbloot het,” het Johan Kruger, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, vroeër in ’n verklaring gesê. Regter Robert Lagrange het in April vanjaar in die guns van Roos en Solidariteit beslis. Hy het gelas dat Roos ontplooi moet word na ’n soortgelyke pos in misdaadintelligensie as die pos wat hy voor die beskermde bekendmaking beklee het. Die hof het ook vergoeding van vier maande se salaris aan Roos toegeken. Roos is egter tot op hede nie in misdaadintelligensie heraangestel nie en hy het Solidariteit genader om die saak verder te voer. Solidariteit voer in hofstukke aan dat Riah Phiyega, nasionale polisiekommissaris, en Nkosinathi Nhleko, minister van polisie, ’n hofbevel van die Arbeidshof minag waarvolgens hy die pos moet terugkry waaruit hy verplaas is. Roos meen Phiyega het destyds self aanbeveel dat Roos uit misdaadintelligensie verplaas moet word. Solidariteit versoek die hof nou namens Roos om Phiyega en Nhleko aan minagting van die hof skuldig te bevind. Die vakbond wil ook sien dat Roos heraangestel word in sy vorige posisie in die interne-ouditafdeling. S
Foto: Reint Dykema
DÍT HET ROOS ONTBLOOT
10
Roos het gedurende die tyd wat hy by die polisie se misdaadintelligensie-eenheid werksaam was, onder meer die volgende skokbevindings gemaak: • Agente wat met hoëvlakpolisielede bevriend was, is glo meer as R8 miljoen in eise en belonings betaal. • Nagenoeg 250 poste is deur toppolisielede se vriende en familielede gevul. • Die indiening van vals eise. Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
26 JAAR
Die aantal jare wat kol. Kobus Roos ’n getroue werknemer van die SAPD is.
1 1. Die Konstitusionele Hof lewer uitspraak in die Renate Barnard-saak. 2. en 3. Renate Barnard. 4. Johan Kruger, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit; Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke; Renate Barnard; dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit; en Piet le Roux, senior navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut, kom by die hof aan. 5. Dr. Dirk Hermann, Renate Barnard en Johan Kruger in gesprek.
Renate Barnard vs Suid-Afrikaanse Polisiediens
DODELIKE UITSPRAAK
Foto’s: Reint Dykema
D 12
ave Steward, uitvoerende direkteur van die F.W. de Klerk Stigting, het gesê die Konstitusionele Hof se uitspraak in die Renate Barnard-saak is dodelik vir die nasionale akkoord. Steward het dié uitlating gemaak tydens Solidariteit se seminaar oor die implikasies van die hof se onlangse uitspraak in die vakbond se saak namens Barnard teen die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD). Die Konstitusionele Hof het bevind dat die nasionale polisiekommissaris binne sy reg opgetree het toe hy Barnard oor die hoof gesien het vir bevordering, al was sy die beste kandidaat.
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Nico Strydom Die hof het bevind dat daar nie teen Barnard gediskrimineer is nie. Steward het gesê die ANC-regering se “beleid” om wit mense as tweedeklasburgers te behandel, moet nie geduld word nie. “Ons moet die ANC se weergawe van die geskiedenis uitdaag, sy beleide in die howe aanvat en ons regte uitoefen ten einde ons stem dik te maak teen diskriminasie.” Steward het gesê onbillike regstellende aksie is nie die manier om die grootste gedeelte van die bevolking te bemagtig nie. “Behoorlike onderwys, behoorlike werkgeleenthede en behoorlike dienste is die antwoord. Tans sit daar onbevoegde mense in sleutelposisies weens ras
en kaderontplooiing.” Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, het gesê die staat is steeds behep met die toepassing van die nasionale rassedemografie in alle gebiede en op alle posvlakke. “Die regering se regstellendeaksiebeleid het in ’n wiskundige benadering ontwikkel wat mense met syfers vervang. Dit het niks met regstelling te make nie, maar alles met ras. Poste word vakant gelaat en daar word verby vaardighede gekyk. Dit is verkeerd en ons moet dit stop.” Adv. Greta Engelbrecht, wat saam met adv. Martin Brassey SC die saak namens Solidariteit en Barnard gevoer het, het gesê hoewel
Nuuswaardig
2
“Ons moet die ANC se weergawe van die geskiedenis UITDAAG, sy beleide in die howe AANVAT en ons REGTE UITOEFEN ten einde ons stem dik te maak teen diskriminasie.”
3
4 Barnard geïdentifiseer is as die kandidaat met die nodige passie, vaardighede en kundigheid, is sy weens haar velkleur nie aangestel nie. Volgens Engelbrecht is die groot kwessie steeds die toets wat toegepas moet word in regstellendeaksiesake in terme van die balans tussen kwotas en teikens. Die Arbeidsappèlhof en die Konstitusionele Hof, wat ten gunste van die SAPD beslis het, het volgens Engelbrecht slegs gefokus op rasseverteenwoordiging terwyl die Arbeidshof en Hoogste Hof van Appèl ook die regte van die individu in ag geneem het. Brassey het gesê die regering streef veelrassigheid na en dat dit die gevolg van sosiale manipulasie is. “Jy deel die samelewing op sodat
5 die rassedemografie orals en op alle vlakke weerspieël word. Dit het niks met regstellende aksie te doen nie. Die Konstitusionele Hof het die veelrassigheidsbenadering onderskryf in die Barnard-uitspraak. Regstellende aksie moet toegepas word met verwysing na diskriminasie in die verlede.” Brassey het gesê die nasionale polisiekommissaris moes alle omstandighede in ag geneem het toe hy oor Barnard se bevordering besluit het. “Wat hy gedoen het, was nie regstellende aksie nie. Die wiele van die gereg maal dalk stadig, maar dit maal fyner.” Adv. Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Sentrum vir Billike Arbeidspraktyke, sê die
sentrum voer tans diskriminasiehofsake namens 87 van die vakbond se lede. “Daar is verskeie punte wat in die Konstitusionele Hof se uitspraak geopper is wat Solidariteit verder sal ondersoek en in die hof sal toets. Die Konstitusionele Hof het beslis dat hy regstellendeaksiemaatreëls en die implementering daarvan onder die loep kan neem. Dit is positief, aangesien ons dus die maatreëls en die manier waarop dit toegepas word, kan aanvat. Die hof het ook bevind dat regstellendeaksiemaatreëls vervat moet word in ʼn regstellendeaksieplan en dat dié plan opgestel en goedgekeur moet word,” het Groenewald gesê. • Lees ook die artikel op bladsy 14. S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
13
Newsworthy
SUGGESTED RACE DISTRIBUTION FOR THE SAPS South Africa
Western Cape
Eastern Cape
Northern Cape
Free State
KwaZuluNatal
North West
Gau teng
Mpuma langa
Limpopo
Black African
76,0%
29,9%
79,9%
60,3%
89,5%
83,9%
93,4%
78,6%
91,8%
96,2%
Coloured
10,5%
51,5%
12,0%
30,9%
2,3%
1,4%
0,9%
3,0%
0,7%
0,2%
Indian or Asian
2,8%
0,6%
0,2%
0,2%
0,2%
10,0%
0,3%
2,8%
1,8%
0,9%
White
10,6%
18,0%
7,8%
8,6%
8,1%
4,6%
5,4%
15,6%
5,7%
2,7%
Solidarity takes on SAPS’s affirmative action plan Instead of following a case by case approach, Solidarity will now take on the SAPS’s affirmative action plan AS A WHOLE, following the Constitutional Court’s ruling in the Renate Barnard case, writes CILLESTE VAN DER WALT.
Photograph: iStockphoto.com
T 14
he trade union Solidarity has announced that it will approach the Labour Court to compel the South African Police Service (SAPS) to consult the union on its new affirmative action plan. Solidarity argues that the two police unions POPCRU and SAPU do not protect the rights of minority groups within the SAPS. Solidarity’s announcement comes after the Constitutional Court’s ruling that condoned racial discrimination against Renate Barnard. Solidarity has previously sent a written request to Police Commissioner Riah Phiyega, asking to be part of the negotiations on the plan. To date, Phiyega has not responded to this request.
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
“This new court case is one in a series of actions by Solidarity to fight back after the controversial Constitutional Court ruling against Barnard. We are not going to sit back and meekly accept the racial discrimination against our members,” Solidarity Chief Executive Dr Dirk Hermann said. According to Hermann, Solidarity now wants to tackle the source of the unfair implementation of affirmative action, namely irrational affirmative action plans. In the Constitutional Court ruling the judges indicated that Solidarity should have attacked the SAPS’s plan and that is exactly what Solidarity intends to do. “Solidarity will intensify its actions against
companies and organisations that abuse affirmative action in order to discriminate unfairly against minorities. We have asked to negotiate with the SAPS on their plan, as we are already conducting 20 cases of unfair discrimination against them on behalf of our members. We believe it is better to consult pro-actively than to litigate reactively. It is clear to us that POPCRU and SAPU, the two recognised police unions involved with the drafting of the current affirmative action plan, are not prepared to represent the interests of policemen and women from non-designated and minority groups. Solidarity is therefore the only union in the SAPS prepared to fight for the rights of minorities,” he said. S
Nuuswaardig
SNI-verslag: Bankkoste raak ál meer mededingend
Terwyl CAPITEC steeds die bank met die LAAGSTE BANKKOSTE is, is Absa en FNB se heffings die laagste van die vier grootste banke. INGE STRYDOM berig oor dié en ander bevindings van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se jongste Bankkosteverslag.
Foto: iStockphoto.com
C
apitec is steeds oor die algemeen die goedkoopste opsie vir die publiek as dit by banke kom. Van die vier grootste banke is Absa en FNB se koste meestal die laagste, met minder as R4 verskil tussen hul rekeningfooie in al vier kategorieë. Standard Bank het egter weer in die stof gebyt deurdat dié bank se koste steeds in feitlik alle gevalle die hoogste is. Dít is sommige van die bevindings in die SNI se jongste Bankkosteverslag. Volgens Paul Joubert, senior navorser by SNI, het Absa en FNB, asook Nedbank in een marksegment sedert die vorige verslag relatief goedkoop, mededingende rekeninge ontwikkel wat die moeite werd is om te oorweeg. “Dit blyk dat van die groot banke tot die besef gekom het dat hulle beter op grond van bankkoste gaan moet meeding, aangesien kliënte meer bewus is van goedkoper opsies as voorheen.” Die verslag dui aan dat Standard Bank nou in feitlik alle marksegmente die duurste is wat sy bankkoste betref. “Die enigste kategorie waar Standard Bank nie die heel duurste is nie, is in die kategorie van rekeninge wat aan mense met ʼn lae inkomste bemark word, maar daar is dit slegs Nedbank wat duurder is. Standard Bank ding dus nie effektief mee wat bankkoste betref nie,” sê Joubert. Die verslag benadruk dat dit op die duurder rekeninge raadsaam bly om, sover moontlik, kontantonttrekkings by ander banke se kitsbanke te vermy. “Op die rekeninge wat aan mense met ʼn lae inkomste bemark word, buiten Standard Bank se AccessAccount, maak onttrekkings by ander kitsbanke egter nie so ʼn beduidende verskil nie, vanweë die relatief lae, vaste fooie wat Capitec, Absa, FNB en Nedbank op daardie rekeninge hef,” verduidelik Joubert. Kliënte wat nie tevrede is met pryse of diensgehalte nie, verskuif maklik hul besigheid na ʼn ander verskaffer van soortgelyke produkte of dienste. Tog verskuif mense nie so maklik van bank nie, meen Joubert. “Die skuif van ʼn bankrekening word as moeilik, duur, omslagtig, verwarrend en tydrowend gesien. Dit veroorsaak dat bankkliënte hul oë toeknyp en bankkoste betaal, eerder as om te bepaal of hulle dalk ʼn goedkoper diens elders kan kry,” meen hy. Die Solidariteit Bankkosteverslag maak dit egter makliker om van bank te verskuif, deur bankkoste op ʼn deursigtige wyse te vergelyk. S
BETAAL JY TE VEEL AAN BANKKOSTE? 4 SPAARWENKE: • Vind uit presies watter rekening jy tans het. Banke het baie verskillende rekeninge – daar is nie slegs een “tjekrekening” by elke bank nie. • Kyk op jou bankstaat hoe jy transaksies doen en hoeveel jou maandelikse bankkoste tans beloop. As dit meer as ongeveer R120 is, betaal jy hoogs waarskynlik te veel. • Kyk in die Solidariteit Bankkosteverslag na die goedkoper rekeninge wat by die verskillende banke beskikbaar is en maak ʼn kortlys. Lees die volledige verslag by www.navorsing.co.za • Kontak die bank of banke vir meer inligting oor die rekeninge op jou kortlys en skuif na die rekening wat jou behoeftes die beste pas vir die laagste prys. Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
15
Newsworthy
Twenty years later:
10 LESSONS LEARNED in the mining industry Photograph: iStockphoto.com
At the annual Mining Lekgotla in August, GIDEON DU PLESSIS, Solidarity’s general secretary, shared ten lessons all South Africans and, in particular, stakeholders in the mining industry can learn from. INGE STRYDOM reports.
16
T
his year’s Mining Lekgotla focused on the run-up to the fall of apartheid, the advent of a new democratic dispensation and the impact these developments have on labour relations 20 years down the line. Gideon du
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Plessis shared ten lessons he learnt from his experience with this industry – lessons which are not only meaningful to stakeholders in the mining industry, but to all South Africans. One of the most important things Du Plessis warned against was populists who encourage
their followers to reduce poverty and unemployment through destructive behaviour. He warned that these individuals are in fact paralysing the South African mining industry. He highlighted several other important factors that need to be attended to in order to save the mining industry.
THE MINING THINK TANK
1
RESPECT CONFIDENTIALITY, as per the general elections According to Du Plessis, employees are being intimidated due to their union affiliation, or non-affiliation to a union. Workers’ actual union affiliation should be removed from their payslips to merely reflect “union member” – a practice already introduced by a few companies. Ballot papers should also be kept confidential during strikes.
2
FREEDOM OF ASSOCIATION is a fundamental constitutional right People are being attacked and even killed because of their affiliation to a certain trade union. The emphasis should be put on the freedom to belong to a trade union of choice.
3
RISING TENSION between political democracy versus industrial democracy The core issue, according to Du Plessis, is the “undemocratic majoritarian principle”. In political democracy, a party with less than 1% representation has a say – in industrial democracy you require more than 50% representation in a workplace for recognition. “Since this matter played an underlining role in the recent labour unrest, I am sure the focus will soon shift to use ‘significant role player’ as criteria for recognition,” Du Plessis said.
GOOD FAITH BARGAINING should remain principle, as per Codesa According to Du Plessis, the Codesa negotiations that led to the rise of democracy proved that peaceful negotiations bring about the best results. Wage negotiations should take place on the same principle and should not result in any losses for the workers or the company. Furthermore, a strike or lock-out should be an act of last resort.
4
5
CHIEF NEGOTIATORS should be appointed to represent parties “Currently, there are CEOs taking over the role of their usual negotiators and ministers taking over the role of the CCMA or bargaining council. We need to break this cycle for various good reasons,” Du Plessis said.
The Mining Lekgotla was held for the first time in 2012 and creates an opportunity for collaboration between the Chamber of Mines of South Africa, the Department of Mineral Resources, and the National Union of Mineworkers. It is the premier mining think tank in the sector, and serves: • to explore key trends and policy shifts in the mining environment; • as a platform for strategic conversations between key stakeholders in the South African mining industry, and other role players; and • to identify and confront critical issues, risks, social pressures and opportunities. • Source: www.mininglekgotla.co.za All role players must actively take part in COLLECTIVE BARGAINING During national debates that take place in parliament and the various portfolio committees, all stakeholders are actively involved. The latter principle should also apply to role players in the labour market. Amcu should, for example, be more actively involved in forums regarding labour matters, such as those established by the Chamber of Mines.
6
7
SEPARATE POLITICS and mining Du Plessis said the best example to illustrate the harmfulness in combining politics and mining ventures is the Aurora debacle during which criminals were allowed to destroy mining assets and the lives of 5 300 mineworkers.
THE RULE OF LAW under pressure The rule of law and especially the constitutional “right to live” and “right to dignity” is severely under threat in light of strike-related violence and intimidation, according to Du Plessis. It also became apparent that the constitutional “right to strike” supersedes the implied “right to work”.
8
9
SA NEEDS STRONG LEADERS “South Africa requires strong union leaders to control and guide their members, business leaders who are looking for long-term solutions and political leaders who can put their prejudice aside and act in the best interest of the country,” Du Plessis said.
PUT THE COUNTRY FIRST “Everyone shares this interest: To ensure a future for their children and grandchildren. We need to work together in ensuring this communal goal is served.” S
10
Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
17
Nuuswaardig
75%
van die munisipaliteite in Noordwes het ’n LEEFBAARHEIDSTELLING van MINDER AS 2 UIT 10 behaal.
Noordwes-munisipaliteite dop SNI-leefbaarheidstoets Die blote gedagte aan munisipaliteite gee sommige mense outomaties ’n hoofpyn, want die diens en bestuur van munisipaliteite het al TALLE RILLERSTORIES opgelewer. Dit is ook g’n wonder dat Suid-Afrikaanse landsburgers so voel nie, gesien in die lig van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se nuutste negatiewe metingsresultate oor BEVREDIGENDE DIENSLEWERING EN BESTUUR by Noordwes se munisipaliteite. CILLESTE VAN DER WALT vind meer uit.
Foto: iStockphoto.com
S
18
NI se monitors meet die leefbaarheid van ’n provinsie op munisipale vlak en ontleed dit aan die hand van ’n stel sleutelaanwysers en subaanwysers. Gemeet aan algemene standaarde vir die bevredigende lewering van basiese dienste en goeie bestuur, vaar die meerderheid munisipaliteite in Noordwes uiters swak. Slegs 3 uit 19 munisipaliteite hier het leefbaarheidstellings van meer as 5 uit 10 behaal, volgens die SNI. Eugene Brink, senior navorser by die SNI, sê 14 uit die 19 plaaslike munisipaliteite in Noordwes, waarvan een ’n stadsraad is, het ’n leefbaarheidstelling van minder as 2 uit 10 behaal. Altesame 9 van die munisipaliteite het die swakste leefbaarheidstelling ontvang, naamlik 1 uit 10. Die Stadsraad van Tlokwe het die beste gevaar en het ’n telling van 7 uit 10 ontvang. Brink skryf die munisipaliteite se swak tellings toe aan ’n verskeidenheid faktore, waaronder hoë vlakke van misdaad en werkloosheid, gebrekkige gesondheidsgeriewe en infrastruktuur, en drinkwater van uiters swak gehalte. “Die meeste van die munisipaliteite kon beter gevaar het as die vernaamste gebreke in hul dienslewering en bestuur getakel was. Korrupsie en swak bestuur dra grootliks daartoe by dat hierdie probleme nie opgelos word nie,” sê Brink. Brink meen die uitslag van munisipaliteite wat ’n telling van 5 en hoër uit 10 ontvang het, is verblydend. Hieronder val die plaaslike munisipaliteite in Rustenburg, Matlosana en Tlokwe.
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
SÓ VAAR MUNISIPALITEITE OP LEEFBAARHEIDSINDEKS MUNISIPALITEIT Die Stadsraad van Tlokwe City of Matlosana Plaaslike Munisipaliteit Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit Naledi Plaaslike Munisipaliteit Mahikeng Plaaslike Munisipaliteit Mamusa Plaaslike Munisipaliteit Maquassi Hills Plaaslike Munisipaliteit Kgetlengrivier Plaaslike Munisipaliteit Madibeng Plaaslike Munisipaliteit Moses Kotane Plaaslike Munisipaliteit Moretele Plaaslike Munisipaliteit Ventersdorp Plaaslike Munisipaliteit Groter Taung Plaaslike Munisipaliteit Kagisano-Molopo Plaaslike Munisipaliteit Lekwa-Teemane Plaaslike Munisipaliteit Ditsobotla Plaaslike Munisipaliteit Ramotshere Moiloa Plaaslike Munisipaliteit Ratlou Plaaslike Munisipaliteit Tswaing Plaaslike Munisipaliteit “In Tlokwe (wat Potchefstroom insluit) heers taamlike lae werkloosheid (21,6%), hoër inkomstevlakke as in die res van die provinsie se munisipaliteite, informele behuising kom beperk voor, goeie en heelwat private mediese geriewe bestaan, baie huishoudings het spoeltoilette en kraanwater in hul wonings, en dit het uit-
PUNT UIT 10 7 uit 10 5½ uit 10 5 uit 10 3 uit 10 2½ uit 10 2 uit 10 2 uit 10 1½ uit 10 1½ uit 10 1½ uit 10 1 uit 10 1 uit 10 1 uit 10 1 uit 10 1 uit 10 1 uit 10 1 uit 10 1 uit 10 1 uit 10 sonderlike hoë Blou Druppel- en Groen Druppel-punte (van die hoogste in die land) behaal. Voorts word 80% van die huishoudings se vullis weekliks deur die munisipaliteit verwyder,” verduidelik Brink. Matlosana (wat Klerksdorp insluit) en Rustenburg toon min of meer dieselfde neigings. S
Nuuswaardig
Geen rede tot kommer: Hier is al die feite oor
Foto: iStockphoto.com
AFTREEFONDSHERVORMING
20
Solidariteit het die afgelope tyd verskeie NAVRAE ontvang van mense wat onseker is oor die huidige proses van aftreefondshervorming. Sommige mense het reeds op grond van gerugte ondeurdagte en impulsiewe besluite geneem, soos om hul werk te bedank uit vrees dat hul aftreegeld ontoeganklik word. Die gerugte dat die huidige proses van aftreefondshervorming beteken dat aftreegeld op 1 Maart 2015 genasionaliseer gaan word, is totaal onwaar. Die VREES wat deur dié gerugte veroorsaak word, is ongegrond en skadelik, sê FRANCOIS SMIT, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste (SFD). Hy stel die feite oor wat met die proses bedoel word. Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Nuuswaardig
Wat is aftreefondshervorming? Die hervorming is ʼn proses van nuwe wetgewing en regulasies oor aftreefondse en die verwante belasting. Deur aftreefondshervorming wil die staat: • werknemers aanmoedig om te spaar en voldoende voorsiening vir hul aftrede te maak; • werkgewers aanmoedig om aftreefondse aan werknemers beskikbaar te stel; en • seker maak dat aftreefondse waarde vir geld bied, regverdig met hul kliënte handel en kliënte op hoogte hou van hoe hul spaargeld vaar. Suid-Afrikaanse huishoudings se historiese spaarkoers was die afgelope jare baie laag tot negatief. Dit beteken dat talle Suid-Afrikaners deurlopend meer uitgee as wat hulle verdien en gevolglik die spaargeld wat hulle het en selfs krediet gebruik om lewenskoste te finansier. Byna alle werknemers onttrek al hul opgehoopte fondse wanneer hulle van werk verander en spandeer dit op luukshede eerder as om dit te bewaar. Teen aftreeouderdom het hulle dan nie genoeg spaargeld nie, selfs al het hulle deurentyd tot aftreefondse bygedra.
aftreeannuïteite) bydra, tot soveel as 27,5% van sy vergoedingsinkomste of sy belasbare inkomste (watter een ook al die hoogste is) kan aftrek, met ʼn boonste perk van R350 000 per jaar wanneer die jaarlikse inkomste R1,27 miljoen oorskry. Dit is ʼn gunstige verandering wat werknemers sal bevoordeel. • By aftrede gaan die behandeling van pensioenfondse en voorsorgfondse belyn word. Tans kan ʼn persoon by aftrede een derde van die geld in ʼn pensioenfonds as ʼn eenmalige bedrag kontant neem, en die ander twee derdes moet in ʼn annuïteit van sy keuse belê word. Tans kan die totale bedrag in ʼn voorsorgfonds egter as kontant geneem word. Die belyning beteken dat enige voorsorgfondsbydraes wat ná 1 Maart 2015 gemaak word deur persone jonger as 55 ook aan die een derde-reël onderhewig sal wees. By aftrede sal so ʼn persoon dus ook slegs ʼn derde van die bedrag wat hy ná 1 Maart 2015 tot ʼn voorsorgfonds bygedra het, in kontant kan neem. Die ander twee derdes sal in ʼn annuïteit van sy keuse belê moet word.
Wat gaan nou gebeur? Daar is twee aspekte van die hervorming wat tans ter sprake is; die een het al ʼn vaste datum, terwyl die ander nog geen datum het nie. Albei aspekte word vervolgens verduidelik.
Let op die uitsonderings: • Lede van voorsorgfondse wat teen 1 Maart 2015 reeds 55 jaar oud is, word nie deur die verandering by aftrede geraak nie. Hulle sal steeds hul hele belegging in ʼn voorsorgfonds (al die geld wat voor en ná T-dag belê is) as kontant by aftrede kan neem. • Vir lede van voorsorgfondse wat teen 1 Maart 2015 jonger as 55 is, is die veranderinge slegs van toepassing op nuwe bydraes wat ná 1 Maart 2015 gemaak word. Dit beteken alle geld (en toekomstige groei daarop) wat ʼn lid teen 1 Maart 2015 reeds in sy voorsorgfonds gespaar het, sal by aftrede steeds as ʼn eenmalige kontantbedrag geneem kan word. • Indien ʼn lid wat teen 1 Maart 2015 jonger as 55 is se totale nuwe bydraes ná 1 Maart 2015 by aftrede minder as R150 000 is, sal dit ook in geheel as ʼn eenmalige kontantbedrag geneem kan word. Indien dit meer as R150 000 is, sal net ʼn derde in kontant geneem kan word en met die res sal ʼn aftreeannuïteit gekoop moet word. • Let wel: Die veranderinge raak nie bestaande beleggings in voorsorgfondse nie. Alle geld (en toekomstige groei daarop) wat teen 1 Maart 2015 reeds in voorsorgfondse belê is, sal steeds soos voorheen by aftrede in geheel as ʼn eenmalige kontantbedrag geneem kan word. • Daar is dus geen rede om nou te bedank met die doel om die geld te kry nie.
1
T-DAG: Die belyning van belastingbehandeling van verskillende aftreefondse
Wat beteken dit? • Die belyning van belastingbehandeling beteken dat pensioenfondse, voorsorgfondse (“provident funds”) en uittreeannuïteite voortaan eenders in die Inkomstebelastingwet behandel gaan word. Die verandering sal egter nie terugwerkend op bestaande geld in die fondse van toepassing wees nie. • Tans word die drie soorte fondse verskillend behandel. Die grootste verandering is dat ʼn voorsorgfonds (“provident fund”) by aftrede dieselfde as ʼn pensioenfonds behandel gaan word. • T-dag (“Tax Day”) is 1 Maart 2015. Wat gaan die praktiese uitwerking wees? Hier moet ʼn onderskeid getref word tussen voor aftrede en by aftrede: • Voortaan sal ʼn persoon wat voor aftrede tot enige van die drie soorte fondse (pensioenfondse, voorsorgfondse of
RAAD MET JOU RANDE Solidariteit Finansiële Dienste Skakel Solidariteit Finansiële Dienste by 012 644 4360 of 0861 101 005 vir meer inligting en advies. SFD kan u bystaan met: • ʼn behoeftebepaling vir aftrede wat kontantvloeibeplanning ná aftrede insluit; • die berekening van belastingvoordele op bydraes asook by aftrede of bedanking; • advies oor beleggingsportefeuljes binne die aftreefondse; en • advies oor die bewaring van voordele en oordragte indien u uit ʼn fonds bedank.
2
P-DAG: Bewaring van voordele voor aftrede
Wat beteken dit? • Teen P-dag (“Preservation Day”; datum nog onbekend) wil die staat deur veranderinge in wetgewing toesien dat mense nie voor aftrede al hul spaargeld opgebruik telkens wanneer hulle van werk verwissel nie. Die idee is om mense aan te moedig om teen aftrede genoeg geld gespaar te hê om onafhanklik in hul behoeftes te kan voorsien vir die volle termyn van hul aftrede. • Die bedeling laat dit tans toe dat ʼn persoon wat van werk verander of bedank die volle opgehoopte bydraes in ʼn pensioenfonds of voorsorgfonds kan neem en dan ná belasting enigiets daarmee kan doen (dit hoef nie herbelê te word nie). • Die hervorming sal moontlik insluit dat ʼn persoon ná P-dag verplig sal word om onder normale omstandighede ʼn gedeelte van sy bydraes tot die ouderdom van 55 te bewaar. • BAIE BELANGRIK! Wat die finale besluit ook al is, die verandering sal net van toepassing wees op bydraes wat ná P-dag gemaak word. Geld wat lede van pensioenfondse of voorsorgfondse reeds in die fondse het, sal nie deur die veranderinge geraak word nie. • Wat die veranderinge presies gaan behels, is nog nie vasgestel nie. Solidariteit wil weereens sy lede aanraai om nie op skadelike gerugte te reageer en ondeurdagte besluite oor hul aftreefondse te neem nie. Die aftreefondshervorming is hoegenaamd geen rede om nou te bedank nie. S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
21
Nuuswaardig
Ons groot leiers se gewone geheime Die Solidariteit Beweging het ʼn beeld van professionaliteit, goeie diens en regverdigheid. Dié ideale klink soms ver verwyderd van die alledaagse lewe. Tog is die mense wat sorg dat die Beweging dié ideale nastreef, GEWONE MENSE wat doen wat hulle kan, met wat hulle het, waar hulle is. Dalk laat dié GEHEIME wat ʼn paar leiers van die Beweging aan ons verklap het, jou met nuwe oë na hulle kyk, skryf CILLESTE VAN DER WALT. COMRADES MARATHON? “JA, TWEE KEER!”
GIDEON DU PLESSIS
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
Hoofsekretaris van Solidariteit
“NÊRENS SONDER MY SPESIALE DONSKUSSING” “Ek besit ’n 1968 Fiat 850 Spider en spandeer naweke ure op die internet om van regoor die wêreld enige memorabilia in te voer wat met die kar verband hou.” Sy ander geheim is dat hy ‘n paar jaar gelede ’n onverbeterlike ferm donskussing in Clarens gekoop het. Sedertdien neem hy die kussing saam, maak
nie saak waarheen hy in die land reis nie. “Ek het eenkeer die kussing in ’n hotel vergeet en het hulle duidelik laat verstaan die kussing moet goed opgepas word totdat ek dit weer kan kom haal. Toe ek uiteindelik weer by die hotel aankom, kry ek toe die kussing in ’n piepklein kluis ingeprop.”
“Om verstaanbare redes sal baie mense dit nie glo nie, maar ek het die Comradesmarathon voltooi – twee keer, in 2004 en in 2005. O ja, ek was ook ‘n onderwyser van 1993 tot 1996 by die Hoërskool Verwoerdburg (nou Centurion).”
KALLIE KRIEL Uitvoerende hoof: AfriForum
“SPYT EK’T SIMFONIE VIR SPORT VERRUIL” “Ek was baie lief vir sport toe ek jonk was – maar het net so ʼn groot liefde vir musiek gehad. Saterdagmiddae moes ek, ná ʼn rowwe rugbywedstryd, gereed maak vir die aand se kultuuruitvoerings, beserings en al. Ek het viool gespeel vir die Vrystaatse Jeugsimfonieorkes en het in die Vrystaatse Jeugkoor gesing.” Dit kon egter nie lank so aanhou nie, en hy moes ʼn keuse maak, sê hy. “Ek het sport gekies – iets waaroor ek tot vandag toe spyt is.” PAUL VAN DEVENTER Besturende direkteur van Sol-Tech 22
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Nuuswaardig
GOED GEKONFYT! (EN HY MAAK MOOI MEUBELS) Vir Marthinus Visser was dié ʼn moeilik vraag, maar uiteindelik het hy gebieg dat hy ʼn paar verskuilde talente het. “Ek kook graag konfyt – dié vaardigheid het ek by my ma aangeleer. Ek boer ook met skaaphonde en maak meubels in my vrye tyd.” MARTHINUS VISSER Uitvoerende hoof van Akademia
“EK RED BOEKE VAN GEWISSE DOOD” “Ek het twee keer die Visrivier Canyon-staproete in Namibië voltooi en hoop om dit nog baie keer te doen as my kinders groot genoeg is om saam te stap. Ek is ook verslaaf aan gedrukte boeke en digbundels en koop kompulsief goeie tweedehandse Afrikaanse boeke – dit voel of ek ʼn boek van ʼn gewisse dood red elke keer as ek een aankoop. Ons huis bars uit sy nate van al die boeke wat ek en my man koop. En ja, ek het ʼn Kindle... Maar hoewel ek die nuus net elektronies lees, hou ek nog van die gevoel van ʼn gedrukte boek in my hande!”
VAN KOORSANG TOT WEDLOOP IN DIE VSA SUSAN LOMBAARD Uitvoerende direkteur: Maroela Media
“DÍT DOEN EK ALLES IN MY VOORTREKKERROK” Alana Bailey verklap dat sy in haar “vorige lewe” as navorser by die Nasionale Kultuurhistoriese en Opelugmuseum aan die internasionale kennetjiekampioenskap deelgeneem het. Sy het ook gansvere gepluk, kaiings gebraai en botter gekarring by kultuurdemonstrasies – alles geklee in ʼn Voortrekkerrok.
Danie Brink vertel dat hy baie in sy lewe koor gesing het, onder andere in die Kanaries en Tukkiekoor. Nadat hy vir agt jaar gerook het, kan hy egter nou amper glad nie meer sing nie. Hy is ook ʼn toegewyde drawwer. “Ek weet dit lyk nie so nie, maar amper elke oggend om vyfuur draf ek tussen 8 en 14 km. Die grootste wedloop waaraan ek al deelgeneem het, was ʼn 10 kmwedloop in Atlanta, Georgia, waaraan 55 000 mense deelgeneem het.” Na ʼn kort stilte voeg Brink by: DR. DANIE BRINK “En nee, ek het nie gewen nie”. S
Uitvoerende direkteur: Helpende Hand
ALANA BAILEY Adjunk uitvoerende hoof: AfriForum Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
23
Promosieartikel
Leer mooimaak met kwalifikasie in binneversiering
D
Kunstenaarsvoorstellings: Studente aan Potchefstroom Akademie
ie Potchefstroom Akademie se korrespondensiekursus in interieurontwerp en binneversiering is die eerste in sy soort: dit stel individue in staat om ’n hoër sertifikaat in dié vakgebied deeltyds te verwerf. Dié deeltydse kursus strek oor twee jaar en is deur die Raad op Hoër Onderwys geakkrediteer. Die kwalifikasie berei kursusgangers voor vir die kommersiële, residensiële en uitstalruimteindustrie. Die kursus is geskryf en ontwikkel om omvattende opleiding oor die verskeie fasette van interieurontwerp en binneversiering te bied. Die uitkoms van die korrespondensiekursus is die suksesvolle integrasie van funksie en kreatiwiteit.
24
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Die kennis en kundigheid wat kursusgangers opdoen, gee hulle vleuels vir die sakewêreld en open deure na nuwe geleenthede. Alle areas van interieurontwerp en binneversiering wat belangrik is vir die oorkoepelende aanbieding van ’n korporatiewe, residensiële of uitstalspasie word in die 20 modules behandel. Die module-inhoud is gestruktureer om die studente toe te rus met kennis oor die geskiedenis van interieurontwerp, die verskillende dekorstyle, ontwerpbeginsels en -elemente en verskeie fasette van die wêreld van ontwerp. Die deeglike teoretiese grondslag stel kursusgangers in staat om die beginsels en kennis tydens projekte toe te pas. Die modules en opdragte is spesifiek op die toepassing van
kennis gerig. Gedurende die twee jaar van die kursus kry kursusgangers die geleentheid om omvattende werkbare skemas aan te leer en interaktief deel te neem tydens vier afsonderlike werkwinkels. Tydens die werkwinkels kry studente blootstelling aan verskeie verskaffers in die bedryf. Die kursus dien as grondslag vir enige area van spesialisering. Indien jy ’n passie het vir ontwerp en jou grense wil verbreed, sal hierdie kursus jou lei na onbeperkte hoogtes en ’n suksesvolle beroep in interieurontwerp en binneversiering. • Vir meer inligting, besoek die webtuiste www.potchacademy.co.za of skakel 018 294 9037 of 018 294 5581.
Nuuswaardig
Beter kwalifikasie = beter werkgeleenthede
Illustrasie: iStockphoto.com
K
26
oerante het dit uitbasuin – sowat 78% (439 779) van die 562 112 voltydse matrieks slaag die 2013-matriekeindeksamen. ’n Diepteondersoek na hierdie syfer in vergelyking met dieselfde groep in hul graad 2-jaar dui egter aan dat hul klasgetal toe volgens statistiek 1 111 858 graad 2’s was. Dit beteken dat 549 746 voor hul matriekjaar reeds uitgeval het, met ʼn verdere 122 333 wat nie matriek in 2013 geslaag het nie. Ongeveer 672 000 leerders tussen die ouderdom van 18 en 19 jaar oud het dus in 2014 sonder matriek tot die werkmag toegetree! Van die 439 779 (±40%) wat wel geslaag het, het ongeveer 176 000 studente toegang tot graadstudies gekry, en het die ander 263 779 met slegs matriek as kwalifikasie tot die arbeidsmark toegetree. Kyk ’n mens na die aanbod van arbeid in die werkplek, lyk dit min of meer soos volg (die indiensnemingsyfers is slegs rofweg uitgewerk om die tendens weer te gee, en dui nie die presiese getalle per kwartaal aan nie): • Aan die einde van 2013 het 15,2 miljoen mense in Suid-Afrika gewerk, waarvan ongeveer 10,8 miljoen mense in die formele sektor werksaam was. • Die aantal werksoekende mense het van 4,8 miljoen aan die einde van 2013 tot 5,1 miljoen in die eerste kwartaal van 2014 toegeneem (van hierdie was slegs 8% tersiêr gekwalifiseer, het 34% matriek gehad en het ±58% nie matriek geslaag nie). In vergelyking hiermee (volgens Statistieke Suid-Afrika) was die markaanvraag per beroep oor die vier kwartale van 2013 tot aan die begin van 2014 gemiddeld soos volg: Van die ongeveer 408 556 nuwe werkgeleenthede per kwartaal was – • 71% van die posisies gevul deur geskoolde arbeid (matriek en hoër), • slegs 29% gevul deur ongeskoolde arbeid (huishulpe en elementêre werk), en • die salarisverwagting van mense met tersiêre kwalifikasies beduidend hoër as dié van mense sonder kwalifikasies of met slegs matriek (Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge, Statistieke Suid-Afrika, Sensus 2011). Watter doel dien hierdie statistiek? Dit maak ons bewus van die realiteit van die arbeidsmark, wat ons mededingingsvermoë in die mark bepaal. Dit dui ook aan dat die kans om ʼn werk te kry in Suid-Afrika outomaties verbeter word deur ons ná skool verder te bekwaam, veral in die regte rigting. Die dae wat Afrikaansspreken-
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
“
Jou kans om werk te kry, verhoog beduidend as jy jou ná skool in ’n skaars rigting bekwaam. WEN BEURSE, KRY 20%-AFSLAG OF STUDEER RENTEVRY Skryf in vir Solidariteit se Beurskompetisie en staan die kans om een van drie beurse vir nauurse studie by Akademia te wen. Die prys sluit in volbetaalde klasgeld asook ’n tabletrekenaar. Solidariteit-lede asook hul afhanklike kinders tot op die ouderdom van 21 jaar kan tot en met 24 Oktober 2014 inskryf. Voltooi die beursaansoekvorm vir 2015 aanlyn op die webtuiste www.solidariteit.co.za. Solidariteitlede kan boonop teen 20%-afslag vir enige
des met slegs matriek agter hul naam maklik goeie werk kon kry, is vir goed verby. Akademia se bestaansdoel is juis om hierdie toenemende aanvraag na geskoolde werkers in die mark in Afrikaans te help bevredig. Ons grade, diplomas en hoër sertifikate word spesifiek ontwikkel om beroepe wat in aanvraag is, met kundiges te vul. Ons bied reeds in sewe studiesentrums regoor Gauteng en in die Wes-
van Akademia se grade, diplomas of hoër sertifikate nauurs en in Afrikaans studeer. Solidariteit se lede het ook toegang tot rentevrye studielenings vir studie aan Akademia. Dit beteken dat jy letterlik slegs die bedrag terugbetaal wat jy leen, en jy hoef dit eers terug te betaal nadat jy jou studies voltooi het. Dit vorm deel van Solidariteit se driejaaropleidingsplan ten bedrae van R400 miljoen. Hiermee beskerm ons waarlik ons mense se werk! Kaap nauurse kontaksessies met behulp van moderne tegnologie aan, wat dit ideaal maak vir voornemende studente wat hul toekoms deur studie wil verbeter terwyl hulle werk. • Om meer uit te vind oor ons BCom-grade, diplomas en hoër sertifikate, besoek vandag nog ons webblad by www.akademia.ac.za, of SMS leerST met jou naam en van na 34933 (SMS’e kos R2). S
Newsworthy
The what, why and how of workplace forums Workplace forums have increasingly become an ESSENTIAL MECHANISM for employees to mobilise themselves in the workplace. Solidarity has in the recent past helped to successfully establish workplace forums on behalf of its members at several different workplaces, including the University of Pretoria, Air Traffic Navigation Systems (ATNS) and Telkom. INGE STRYDOM explores the FUNCTION and PURPOSE of workplace forums.
A Photograph: iStockphoto.com
ccording to www.services.gov.za, workplace forums are committees of employees elected by employees in a workplace. Members of these forums meet with employers on a regular basis to discuss various workplace issues. A workplace forum thus enables employees to be part of the decision-making process with regard to operational matters in the workplace that affect them.
28
Functions of workplace forums Workplace forums promote the interests of all employees in the workplace, not only union members, and enhance efficiency in the workplace. Matters workplace forums attend to According to the above website, these forums Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
do not replace collective bargaining but deal with matters which can best be resolved through consultation instead of collective bargaining. According to the Department of Labour’s Basic Guide to Workplace Forums published on www.labour.gov.za, workplace forums have the right to be consulted on the following: • Restructuring and new work methods • Partial or total plant closure • Mergers and ownership transfers • Retrenching workers • Job grading • Criteria for merits and bonuses • Education and training • Product development plans • Export promotions • Health and safety measures. Furthermore, unless otherwise agreed in a
collective agreement, an employer must consult the workplace forum before applying – • disciplinary codes and procedures, • workplace rules of conduct, • measures to monitor unfair discrimination, and • changes to rules of social benefit schemes. How to establish a workplace forum The guideline document states that the establishment of a workplace forum may be initiated by a majority trade union (one or more trade unions whose members form the majority of the company’s workforce) or by applying to the Commission for Conciliation, Mediation and Arbitration (CCMA). This is only applicable to companies who employ more than 100 workers. S
aksent media • 082 445 4513
Solidariteit Finansiële Dienste > doelgerigte beleggings > spaar vir aftrede > inkomste ná aftrede > brand > diefstal > ongelukskade > lewens > ongeskiktheid > inkomstebeskerming
BELEGGINGS
> hulpbronne > ontledings > oplossings
MOTOR- EN HUISINHOUDVERSEKERING
RISIKODEKKING
IS U: > bates beskerm teen brand, diefstal of ongelukskade? > lewe verseker om uself en u gesin te versorg in die geval van ’n lewensveranderende gebeurtenis? > seker u kan eendag onafhanklik aftree?
PROFESSIONELE FINANSIËLE ADVIES
Solidariteit Finansiële Dienste sal antwoorde op al u vrae kan verskaf, ontledings doen, aanbevelings maak en dit rugsteun met die regte produkte wat u sak en profiel sal pas. Skakel ons vandag nog!
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 www.solidariteit.co.za
Nuuswaardig
DStv-sensuur gee Solidariteit-advertensie ʼn stewige hupstoot
S
olidariteit het in Augustus met groot welslae van sosiale media gebruik gemaak om die Solidariteit-advertensie wat die digitale satelliettelevisiediens DStv geweier het om uit te saai, aan die publiek te vertoon. In Augustus het Solidariteit verneem dat sy televisie-advertensie wat Solidariteit-lidmaatskap bemark, nie deur DStv aanvaar is vir uitsending op kykNET nie. Solidariteit het hom egter nie laat stuit nie. Die advertensie is op sosiale media vertoon, en duisende internetgebruikers het in ʼn kort tydjie op sosiale media hul misnoeë met DStv se besluit te kenne gegee. Binne die eerste 24 uur is die advertensie byna 20 000 keer op YouTube gekyk, en teen middel September het 44 000 mense reeds die advertensie gesien. Volgens Johan Kruger, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, is dit die tweede keer dat DStv weier om ’n televisie-advertensie van Solidariteit uit te saai. “Volgens ons kom DStv se besluit op onbillike sensuur neer. Die publiek se ondersteuning vir Solidariteit se veldtog was oorweldigend. Ons ondersteuners het veral op Solidariteit se Facebook-blad hul steun vir die veldtog getoon. Daarbenewens het verskeie lesers van veral aanlynkoerante hul misnoeë met DStv se weiering om die advertensie uit te saai, in hul kommentaar op artikels oor die veldtog laat blyk,” sê Kruger. Volgens dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van
Deur Cilleste van der Walt EN NOU VIR DIE (AFRIKAANSE) NUUS Die SABC het intussen besluit om die Afrikaanse nuusbulletins van 3 November af om sewe saans na SABC2 terug te skuif.
Solidariteit, is dit veilig om te sê dat die advertensie reeds deur nagenoeg 250 000 mense op sosiale media gesien is.
Intussen saai die Afrikaanse Satelliettelevisie (ASTV) die advertensie gratis vanaf 17 Augustus 2014 uit. S
Spesiale aanlynportaal eksklusief vir Solidariteit se verteenwoordigers ontwikkel
Foto’s: iStockphoto.com
B
30
y Solidariteit speel ons verteenwoordigers ’n onmisbare rol in ons dag-tot-dagwerksaamhede. Die verteenwoordigers is daardie persone wat eerste in aanraking kom met ons lede. Om advies en bystand aan ons lede te voorsien, is net een van die vele take wat ons verteenwoordigers elke dag behartig. ’n Webtuiste is ontwikkel vir ons verteenwoordigers se eksklusiewe gebruik. Deur hierdie webtuiste poog ons om kommunikasie met ons verteenwoordigers te vergemaklik en toepaslike inligting aan hulle te voorsien, wat alles op een forum beskikbaar is. Hierdie Verteenwoordigersportaal bied verskeie
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
funksies, insluitend die opsie om arbeidsregtelike navrae te rig. Verteenwoordigers kan ook boodskappe deur die portaal aan ’n dienskantoor stuur. By die “Advies”-skakel word inligting oor arbeidsregtelike sake voorsien, asook artikels
en hofsake wat volgens onderwerp gekategoriseer is. Daar is ook ’n “Nuus”-skakel om ons verteenwoordigers op hoogte te hou van al die nuutste Solidariteit-aktiwiteite, deur onder andere Solidariteit se mediaverklarings te publiseer. Verder sal alle relevante inligting oor veldtogte en verteenwoordigersopleiding beskikbaar wees, asook inligting oor die filiale van Solidariteit en nog baie meer. Indien jy ’n verteenwoordiger is, besoek gerus hierdie webtuiste by www.verteenwoordiger.co.za. As jy nog nie toegang tot die Verteenwoordigersportaal het nie, klik op die “kry toegang”-skakel om toegang te reël. S
Promosieartikel
20%-afslag vir lede by die bekoorlike Kokoriba In die hartjie van die Bosveld is die gewilde Kokoriba Wildreservaat waarheen Solidariteit-lede wat na sielerus en EG AFRIKAANSE ONTSPANNING op soek is, teen spesiale tariewe kan wegbreek.
D
WEN!
Foto’s: Verskaf & iStockphoto.com
geriewe moet gebruik word. ié bekostigbare vakansiebestemKokoriba bied ’n wye verskeidenheid ming wat aan Gielie van Niekerk ontspanningsaktiwiteite wat onder meer behoort, is 38 km van Brits, wildbesigtiging, staproetes, ’n verhitte onder68 km van Sun City en 58 km van dakswembad, ’n verhitte buitelugswembad, Rustenburg. Kokoriba is ideaal vir ’n kouewaterswembad, tafeltennis, ’n mense wat van tradisionele gesinsvakansies, trampolien, veerpyltjies en minigholf die natuur en die buitelewe hou. insluit. ’n Grootskermtelevisie is ’n Verskeidenheid netjies gemeuLede in die lapa beskikbaar. Die oord bileerde en lugversorgde selfsorgontvang het sy eie aanloopbaan wat vir chalets wat tussen twee en ses mense 20%-afslag groot vermaak sorg oor naweke kan akkommodeer, is beskikbaar. op alle wanneer verskillende vliegtuie en Die oord het ook ’n woonwapark tariewe mikrovliegtuie daarvan gebruik maak. met vyf toegeruste ablusieblokke. Die Wild en ander diere wat te sien is, staanplekke is gedeeltelik met gras en sluit blesbokke, blouwildebeeste, duikers, hoofsaaklik met Bosveldgruis bedek. Die staanswartwitpense, kameelperde, koedoes, nagapies, plekke het ’n water- en kragpunt en los braaiers njalas, rooibokke, rooihartbeeste, steenbokke, kan by die oordkantoor bespreek word. vlakvarke, sebras en roofdiere in. Vir bekostigbare groepfunksies is daar die Die reservaat is ’n voëlparadys en meer as Makoro-basis wat bestaan uit ’n gebou met 300 spesies is al in die streek aangeteken. Dit tweebed- en driebedkamers en ander basiese sluit visarende, troupante, bontvisvangers, rooigeriewe. Die eenheid het ook sy eie buitelapa keelbyevreters en neushoringvoëls in. Die oord en is toegerus vir 32 mense. Buite-ablusie-
het drie toegeruste skuilings waarvandaan voëls en wild dopgehou kan word. Die reservaat maak ook vir dagbesoekers voorsiening wat slegs op voorafbespreking die oord se geriewe kan gebruik. Daar is ’n à la carterestaurant en ’n winkel wat vakansiebenodigdhede aanhou. Volgens Van Niekerk is Kokoriba daarop ingestel om besoekers ’n aangename Bosveld-ervaring te gee. Die kamp is elektries omhein, wat gemoedsrus gee. “Natuurbewaring word streng toegepas en ons het reëls om te verseker dat almal hul verblyf by ons ten volle geniet.” Kokoriba laat nie troeteldiere en vuurwapens toe nie en daar word van besoekers verwag om respek vir die omgewing te hê. Geen privaat voertuie word in die veld toegelaat nie, maar wel voetgangers en fietsryers. Wildbesigtigingsvoertuie is te huur. Die hek van die reservaat open om 06:00 en sluit saans om 21:00. Die kantoor is tussen 08:00 en 17:00 oop vir ontvangs en besprekings. • Alle tariewe is op die oord se webtuiste by www.kokoriba.co.za beskikbaar.
Baie geluk aan ons eerste naweekwenner, Suzette Benade van Pretoria. Sy is die gelukkige wenner van ʼn heerlike naweek weg by die Kokoribavakansieoord. Om ook in aanmerking te kom om ʼn naweek weg te wen, beantwoord die maklike vraag: Wat sal dit jou per nag kos om die Kudu-chalet te huur indien jy nie ’n Solidariteit-lid is nie? Stuur jou antwoord en kontakbesonderhede na wen@solidariteit.co.za en gebruik “vakansie” as verwysing, of SMS die woord “Tydskrif” gevolg deur jou naam en jou antwoord na 34802. SMS’e kos R2. Bepalings en voorwaardes geld en kan by www.solidariteit.co.za gelees word. Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
31
Bedryfsnuus
Nuus oor al die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.
Verskeie lede en werknemers van Solidariteit het in Augustus vanjaar voor die Hooggeregshof in Pretoria teen die uitstel van die Aurora-hofsaak betoog. Dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit (regs), het ook aan die betoging deelgeneem.
Steeds geen geregtigheid vir Aurora-werknemers Voormalige werknemers van die Aurora-myn sal teen die tyd dat hul saak aangehoor word, reeds vier jaar lank op AGTERSTALLIGE VERGOEDING wag. INGE STRYDOM berig.
Foto: Reint Dykema
“O 32
ns meen die toestaan van die uitstel is ʼn tydelike terugslag vir die voormalige Aurora-werknemers, wat teen die tyd dat die saak uiteindelik aangehoor gaan word, reeds vir vier jaar op terugbetaling van hul agterstallige vergoeding sou gewag het.” Só het Nic Arnold, korporatiewe regsadviseur by Solidariteit, na aanleiding van die uitstel van die omstrede Aurora-hofsaak in Augustus gesê. Die voormalige direkteure van Aurora Empowerment Systems, die moedermaatskappy wat in 2009 deur die Pamodzi-likwidateurs aangestel is om die Pamodzi-myne in Springs en Orkney te bestuur, word daarvan beskuldig dat hulle albei myne vernietig het deur plundering en wanbestuur. Die direkteure sluit onder andere Khulubuse Zuma, broerskind van pres. Jacob Zuma, en Zondwa Mandela, kleinkind van oudpres. Nelson Mandela, in.
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Dit volg nadat die groep ná ʼn lang insolvensieondervragingsproses deur die Pamodzi-likwidateurs ingevolge artikel 424 van die Maatskappywet aangekla is. Ingevolge artikel 424 kan direkteure in hul persoonlike hoedanigheid sivielregtelik aanspreeklik gehou word vir die wanbestuur van ʼn maatskappy. Die saak moes al eintlik op 25 Augustus in die hooggeregshof in Pretoria ʼn aanvang geneem het, maar die regter het die beskuldiges se aansoek om uitstel met koste toegestaan. Die hofverrigtinge is toe verder met sewe maande uitgestel. Boonop moes die aanvanklike hofaansoek reeds nagenoeg 18 maande gelede aangehoor gewees het, maar die hofverrigtinge is herhaaldelik op grond van regstegniese redes deur Aurora se regsverteenwoordigers vertraag. Volgens Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, is dit hoog tyd dat Aurora voor stok gekry word oor die verwoesting van die
Grootvlei- en Orkney-mynbates. Hy het die hoop uitgespreek dat die hofverrigtinge, ter wille van die voormalige Aurora-werkers, so spoedig moontlik afgehandel word en dat die skadevergoeding van nagenoeg R1,6 miljard wat van die Aurora-direkteure geëis word, deur die hof bekragtig word. Daar sal verder geëis word dat alle opbrengste verkry uit die verkoop van goud, gereedskap, skrootmetaal en ander bates, asook die onregmatige benutting van beleggingsfondse deur die direkteure en hul vriende en familie, terugbetaal moet word, sê Du Plessis. Intussen het nuwe inligting aan die lig gekom wat pres. Jacob Zuma midde-in die debakel plaas. Die Mail & Guardian berig Zuma het sy broerskind glo destyds gehelp om ʼn oorsese belegging van nagenoeg R22 miljoen vir Aurora Empowerment Systems te beklink. Laasgenoemde het plaasgevind in die tyd toe Aurora nog desperaat op soek was na finansiering om die Pamodzi-myne oor te neem. S
Industry News
The Life (Centre) at Sasolburg Operations Hub
T
he international integrated energy and chemical company Sasol has established a Life Centre in Sasolburg to assist employees at the Sasolburg Operations Hub with information as well as emotional and directional support during the Phoenix transition and transformation process. This walk-in centre, which is open daily during business hours, provides a one-stop service to address needs and give support to employees. The services are designed to guide employees through the change process brought on by the Phoenix transition and thereafter. Specific remedies are made available for every stage of the change process as shown in the table, to assist employees as best as possible. The philosophy underpinning the Life Centre, which is supported by Solidarity, is that if affected employees have sufficient information about their specific situations, they will be empowered to make informed choices and decisions relating to their lives going forward. Solidarity endorses the approach followed by Sasol and the Life Centre to promote empowered accountability, and is working closely with them in their efforts to support the Sasolburg community. Solidarity was recently invited to visit the Life Centre in Sasolburg. It is situated in Block E, 4th Floor, at the Sasolburg One site. Getting access to the 4th Floor is an experience on its own, either via five floors of spiral staircases or by lift – in this case one of the oldest lifts in Sasolburg, dating back to the early 1960s. The site tour was given by Elize, who enthusiastically explained the service offerings provided by the Centre. She described one of the services as follows: “This is our coaching and mentoring sitting room. You may select your coach or mentor from the profiles provided and we will support you in registration and the scheduling of one-on-one discussions.” “What is the difference between coaching
Deur Hayley Holtzhausen
Gerhard Cloete and Robbie Joubert.
STAGE Denial
REMEDY Information is provided relating to VR, VER, FR, HR, medial aid, pension fund, Inzalo shares, tax and wellness.
Resistance
Counselling, coaching, mentoring, group focus sessions, resilience training, etc.
Chaos/confusion
Directional support is provided with job searches, CV writing, interviewing skills, entrepreneurship training, business plans, volunteer services for mentoring and corporate social investment (CSI) programmes, and even networking and focus groups for colleagues who have decided to opt for early retirement but wish to maintain or enhance relationships with their colleagues.
and mentoring?” we enquired. “Well, mentoring is about the mentors sharing their knowledge, skills and experience with the mentee, while coaching focuses on unleashing and optimising the thinking and potential of the coachee,” Elize explained. The role of the coach is thus to
support the coachees in developing their own ideas and insights. Currently, 92% of managers and executives in the US have personal coaches and coaching is regarded as the most effective performance enhancer. In comparison, only 18% of managers in South Africa have coaches. S
Foto: Yvette Niemand
Medupi power station’s unit 6 to be powered up on 24 December 2014
E
skom has indicated that in approximately two months the Medupi power station’s unit 6 will be powered up. “It’s incredibly exciting, and at the same time, remains a daunting challenge as projects of this scale and complexity navigate potential technical, operational, contractual and staffing risks on a
daily basis,” interim CEO Collin Matjila said in a statement. The Medupi coal power station, the first power station to be built by Eskom in 20 years, is being built near Lephalale in Limpopo. Unit 6 of the new power station, which has faced numerous delays in its construction, is expected to be synchronised at midday
on December 24. Synchronisation, or first power, involves the generator being electrically connected to the power grid, so that its power is aligned with all the other generators and to generate and deliver electricity into the grid. It will take several months for the unit to reach full and stable power. – Source: Sapa S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
33
Industry News
The number of employees that could be retrenched at Telkom.
14c
The amount by which ICASA wants to reduce mobile termination rates.
847 The number of managers that could be retrenched at MTN.
Tough times ahead for telecommunication industry With a new round of RETRENCHMENTS cropping up every year or so, it is no secret that the South African telecoms industry is going through a rough patch. The increasingly tough operating environment in the industry has now been worsened by the latest proposed interconnect cut rate, with labour unions fearing that the current retrenchments at MTN and Telkom are only the beginning of a new wave of restructuring processes. INGE STRYDOM reports.
Illustration: iStockphoto.com
A 34
ccording to Marius Croucamp, Head of the Communications Industry at Solidarity, as many as 3 000 more retrenchments could take place in the telecoms industry within the next year. “Telkom, which has been in trouble for some time, is currently busy with the first wave of job cuts that could ultimately result in up to 400 retrenchments. MTN is also busy with a retrenchment process that could see as many as 847 managers retrenched. We have however confidentially been informed that the company is planning more retrenchments in the near future,” he said. Solidarity has nonetheless managed to extend the consultation process for the MTN retrenchments by a month. Consultation started mid-September. Solidarity has also managed to negotiate
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
severance packages for its members at Telkom on managerial level. The final number of retrenchments is expected to be finalised in October. Croucamp warns that even though Telkom is hosting several strategic sessions with role players in order to come up with and introduce new ways to save the company, there is still major concerns over the company’s future. “Telkom and BCX’s merging has also raised concerns for BCX’s employees, who fear that some of them might be retrenched as a result of the two companies merging,” Croucamp adds. Croucamp says it appears from the notice sent by MTN to its employees that the biggest reason for the lay-offs is the company’s inability to measure up to its competitors. “The solution for the problems MTN mentions cannot therefore be found in lay-offs, but in the company’s
marketing and product development strategies,” according to Croucamp. Meanwhile, the Independent Communications Authority of South Africa (ICASA) has proposed in September that mobile termination rates (MTR) should be reduced from 44c to 30c in terms of what the country’s larger network operators pay the smaller ones – a decision that could bring about even more retrenchments. “Outside parties who are manipulating prices and competitiveness are causing more harm than good to the industry,” Croucamp says. Croucamp says a lot needs to be done to save the industry. “We are especially concerned about the effect of the turmoil in the industry on people’s lives. They are losing their jobs and things are not looking up,” he says. S
Bedryfsnuus
SNIPPETS • KORTLIKS
Foto’s: iStockphoto.com
Deur Inge Strydom SOLIDARITY REQUESTS ENQUIRY INTO LONMIN RESIGNATIONS The trade union Solidarity has called on Lonmin’s board of directors to investigate an impending exodus of dissatisfied senior staff members from the company. Solidarity’s call comes after the third senior executive resigned within a short period of time, with other senior staff members also threatening to resign, according to Solidarity’s information. Resignations to date are those of the two executive vice-presidents, Mark Munroe and Natascha Viljoen, and now also that of Jomo Kwadi, Head of Employee Relations. Gideon du Plessis, Solidarity’s General Secretary, says the trade union is concerned about the impact of this brain drain on company prospects. “After two years of labour unrest and huge financial and production losses, institutional expertise and experience are needed to get Lonmin back on track.”
KNOETS BY PETRA DIAMONDS IN CULLINAN ONTDEK ʼn Wit diamant van 232,08 karaat is by die Petra Diamonds-myn in Cullinan, oos van Pretoria, gevind, het Maroela Media in September berig. Die steen is glo ʼn D-kleur tipe 2-diamant met ʼn uitsonderlike grootte en helderheid. Die maatskappy sal na verwagting die steen in die tweede kwartaal van hierdie finansiële jaar te koop aanbied. Tipe 2-diamante het geen meetbare stikstof-onsuiwerhede nie, wat beteken dat die stene oor ʼn intense kleur en helderheid beskik.
CABINET ATTEMPTS TO CLOSE ESKOM’S FUNDING GAP Cabinet has approved a package to close the funding gap at Eskom, the National Treasury said earlier in September. The package, approved at a special cabinet meeting in Cape Town, would guarantee energy security and support gross domestic product growth, spokeswoman Phumza Macanda said. “This package was based on recommendations from an inter-ministerial committee which reviewed an extensive set of options available to ensure energy security.” Eskom faced significant challenges which threatened its sustainability, including a funding gap. Eskom would not generate enough revenue to cover electricity supply costs, which was the cause for this gap. S
Industry News
It’s your right to be safe in the workplace The right to refuse unsafe work is one of the three basic HEALTH AND SAFETY RIGHTS secured by the labour movement, along with the right to know about the hazards at your workplace, and the right to participate in workplace health and safety decisions. While procedures and circumstances relating to the right of refusal may vary from one workplace to the next, all workers have the legal right to a healthy and safe workplace where they can protect their safety by refusing to perform work that they believe has the potential to harm themselves or others at the worksite.
Photographs: iStockphoto.com
How can I refuse to perform unsafe work? Exercising the right of refusal typically involves setting in motion a series of steps to resolve the unsafe or dangerous situation. While these steps vary slightly by industry, the following is a typical work refusal procedure: Workers must inform their supervisor that they refuse to perform work because they believe it is unsafe, and they must state why they believe the situation to be unsafe. If the situation is not immediately corrected, the worker, supervisor, and health and safety representative must investigate the situation by assessing the risk and controlling it appropriately. Employees can resume their work if the unsafe condition is resolved by mutual agreement. If the condition is not resolved, the health and safety representative and/or health and safety committee must assist in resolving the matter, and if they are unable to do so, a health and safety inspector must be called in to investigate and submit a written decision. While the issue remains unresolved, no other workers may be assigned to do the work unless they have been informed of the work refusal and the reasons for the refusal. The Mine Health and Safety Act, 1996 (Act 29 of 1996) expressly provides in section 23 for the right to leave a dangerous workplace without fear of negative consequences for the employee’s job:
36
23 Employees’ right to leave dangerous working place (1) The employee has the right to leave any working place whenever – (a) circumstances arise at that working place which, with reasonable justification, appear Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
to that employee to pose a serious danger to the health or safety of that employee; or (b) the health and safety representative responsible for that working place directs that employee to leave that working place. (2) Every employer, after consulting the health and safety committee at the mine, must determine effective procedures for the general exercise of the rights granted by subsection (1), and those procedures must provide for(a) notification of supervisors and health and safety representatives of dangers which have been perceived and responded to in terms of subsection (1); (b) participation by representatives of employer and representatives of the employees in endeavouring to resolve any issue that may arise from the exercise of the right referred to in subsection (1); (c) participation, where necessary, by an inspector or technical adviser to assist in resolving any issue that may arise from the exercise of the right referred to in subsection (1); (d) where appropriate, the assignment to suitable alternative work of any employee who left, or refuses to work in, a working place contemplated in subsection (1); and (e) notification to any employee who has to perform work or is requested to perform work in a working place contemplated in subsection (1) of the fact that another employee has refused to work there and of the reason for that refusal. (3) If there is no health and safety committee at a mine, the consultation required in subsection (2) must be held with –
(a) the health and safety representatives; or (b) if there is no health and safety representative at the mine, with the employees. (4) The Minister, by notice in the Gazette, must determine minimum requirements for the procedures contemplated in subsection (2). The Occupational Health and Safety Act, 1993 (Act 85 of 1993) does not contain a similar provision but rather an implied right, because the employee must report dangerous situations to the employer and must take reasonable care for his own health and safety (section 14). The functions of the health and safety representatives and the health and safety committee are to bring dangerous situations to the attention of the employer and if not satisfactorily addressed, to approach the inspector. Can I be disciplined or fired for refusing to work or raising concerns? You cannot be disciplined for complying with legislation, and there are provisions in the Act to protect you from reprisals. If your employer or supervisor takes action against you, makes remarks, or implies that you will be disciplined for refusing to perform unsafe work, contact your union immediately. You may however be disciplined for contravening company procedures and policies, including health and safety policies. Who can help? Members with a safety concern should speak to their union shop steward and/or a member of their health and safety committee. Also find out if collective agreements are in place which specify additional protection for certain situations, including work refusals. S
Solidariteit Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING
Kry die KRAG van die WET aan jou kant! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R90 per maand.* • • • •
Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
* Bepalings en voorwaardes geld
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277
Bedryfsnuus
95%
van maatskappye wat werwing deur sosiale media doen, gebruik uitsluitlik Linkedln.
Jy kan lees en skryf, maar is jy werklik geletterd? Om tegnologies vaardig te wees, is lank nie meer ʼn bonus op jou CV nie – dis ʼn gegewe. Talle instansies beskou jou deesdae as funksioneel ongeletterd indien jy nie sekere TEGNOLOGIE EN SOSIALE MEDIA onder die knie het nie, ongeag jou ander vaardighede, skryf GIDEON DU PLESSIS, hoofsekretaris van Solidariteit.
Foto: iStockphoto.com
S
40
olidariteit is onlangs in goeie gees deur sommige van ons verteenwoordigers en personeel gekritiseer vir kommunikasie wat ons per e-pos aan ons lede gestuur het en daarna op Solidariteit se webtuiste geplaas het, en ook vir die skep van ʼn aanlynportaal vir verteenwoordigers. Met dié tipe kommunikasie en tegnologie is die vakbond nie in pas met sy lede en verteenwoordigers se gebrekkige toegang tot e-pos en die internet nie, het die beskuldiging gelui. Ons eerste reaksie was om verskoning te vra en te poog om ʼn harde kopie van die inligting uit te kry by almal wat nie toegang tot tegnologie het nie. Maar toe het ons onsself begin afvra: Moet Solidariteit nie eerder lede sonder toegang tot die internet en sosiale media bystaan om tegnologies vaardig te raak nie? In eerstewêreldlande soos die VSA is die definisie van geletterheid só aangepas dat dié wat kan lees en skryf, maar nie rekenaarvaardig is nie en nie toegang tot ten minste e-pos of die internet het nie, as funksioneel ongeletterd beskou word. Selfs in Suid-Afrika het die wêreld van werk só verander dat maatskappye soos Multichoice van ʼn werksaansoeker verwag om deur middel van ʼn selfvervaardigde YouTube-video waarin jy jou CV aanbied, aansoek te doen vir werk. Benewens die gebruik van videokonferensies en tegnologie soos Skype, is dit al vir jare
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
die norm dat groter werkgewers, Solidariteit ingesluit, met hul personeel op alle vlakke deur middel van e-pos kommunikeer. Die uitvoerende hoof van Lonmin stuur byvoorbeeld ʼn gereelde e-posnuusbrief aan sy personeel. Dit beteken ek, wat nie ʼn Lonmin-werknemer is nie maar hul nuusbrief ontvang, weet meer van Lonmin se doen en late as van ons lede wat daar werk, maar nie toegang tot e-pos het nie. Tydens die Aurora-krisis en die onlangse Rustenburg-noodprojek het Solidariteit sy lede en werknemers wat deur die stakings geraak is, aangemoedig om hul CV’s elektronies vir ons aan te stuur. Ons het ook e-pos- en webadresse bekendgemaak van maatskappye wat gesê het hulle sal in hul aanstellings voorkeur gee aan werksoekers wat deur die mynboukrisis geraak is. Baie van ons lede het egter nie toegang tot e-pos of die internet gehad nie, en die vakbond het ingespring om vir hulle CV’s te tik en dit elektronies namens hulle te versprei. Ek besef ek is bevoorreg om deur my werk toegang tot die internet en e-pos te hê, en het simpatie met dié wat dit nie by die werk het nie en weens finansiële redes ook nie in hul persoonlike hoedanigheid kan bekostig nie. Indien jy egter bloot uit beginsel skop teen die gebruik van sosiale media en tegnologie, is dit dalk tyd dat jy besef jou weerstand kan tot nadeel van jou gesin of familie wees. Volgens http://www.socialnomics.com/ gaan
sosiale media lankal nie meer oor tegnologie nie, maar oor kommunikasie, verhoudings en vooruitgang. Kinders word daarmee groot – daar is reeds kleuterskole waar kinders op ʼn iPad geleer word om te teken. Selfs Akademia, Solidariteit se afstandsonderriguniversiteit, gee vir sy studente ʼn tablet wat die kern van hul onderrig en kommunikasie is. In die moderne werkomgewing gebruik 95% maatskappye wat personeelwerwing deur sosiale media doen uitsluitlik LinkedIn, ʼn portaal wat jou in staat stel om jou werkvaardighede ten toon te stel en ʼn professionele netwerk met ander te vorm. LinkedIn stel maatskappye in staat om kandidate te identifiseer, en vakante poste word hier geadverteer – nie meer in koerante nie. Ons het dus nie meer werklik ʼn keuse oor die gebruik van tegnologie en sosiale media nie. Ons enigste keuse is hoeveel daarvan ons wil gebruik buiten die gebruik daarvan vir noodsaaklikhede soos om inligting te bekom en in kontak met ander te bly. Sosiale media is nie net ʼn modeverskynsel nie, maar is die nuwe manier van kommunikeer. As jy ʼn Solidariteit-lid is en dit kan bekostig, moenie langer huiwer om met ʼn slimfoon, rekenaar of tablet toegang tot internet en e-pos te kry nie. Dis dié manier om ingelig te word en verbind te bly met die werkomgewing. • Lees ook die artikel oor die ABC van Facebook op bladsy 51. S
Bedryfsnuus
Solidariteit se BGV-afdeling by internasionale forum verteenwoordig
Foto: Leigh McMaster
D
ie 2014 Wêreldkongres vir Beroepgesondheid en -veiligheid (BGV) is van 24 tot 27 Augustus in Frankfurt, Duitsland gehou. Hierdie kongres, wat elke drie jaar gehou word, is die grootste van sy soort ter wêreld. Elke drie jaar kom sowat 3 500 BGV-praktisyns van regoor die wêreld bymekaar om BGV-tendense, beste praktyke en internasionale beleid te bespreek. Die kongres word deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) gereël, wat vennootskappe aangaan met gepaste organisasies in die gasheerland. Hierdie jaar het die Internasionale Vereniging vir Sosiale Sekerheid (ISSA) en die Duitse Sosiale Ongeluksfonds (DGUV) die geleentheid saam met die IAO aangebied. Die kongres se tema vir 2014 was “Vision Zero” wat aansluit by die “Zero Harm”-tema in die Suid-Afrikaanse milieu. Dus was al die aanbiedings by die kongres gefokus op nuwe inisiatiewe om “Zero Harm” in industrieë te verwesenlik. Die Wêreldkongres bied ’n unieke globale
forum waar nuwe idees en strategieë bespreek kan word. Slegs sprekers van die hoogste gehalte word vir die kongres gekeur. Vir die 2014-kongres is bykans 90 internasionale sprekers genooi om tegniese aanbiedings te doen. Leigh McMaster van Solidariteit was gekies as een van agt BGV-kundiges in die mynbousektor om ’n aanbieding te doen oor die vakbond se betrokkenheid by strategiese intervensies in die Suid-Afrikaanse mynbousektor. Die titel van McMaster se aanbieding was “Safety Culture Transformation in the South
African Mining Industry” en het gefokus het op die strategiese areas waarby die vakbond betrokke is om die sektor se BGV-kultuur te verander. Tydens die mynbousessie het sprekers van Turkye, Brittanje, Viëtnam, Duitsland, Kanada, Argentinië en België aanbiedings gedoen. McMaster het baie lof vir sy aanbieding ontvang en verskeie lede van die gehoor was geïnteresseerd in die strategieë en bedrywighede in die Suid-Afrikaanse mynbousektor. Die rol van Solidariteit as ’n sleutelbelangegroep in die sektor was deurgaans beklemtoon. Kongresgangers was ook bevoorreg om tegniese toere na verskeie wêreldklasorganisasies in Duitsland mee te maak. McMaster het die hoofaanleg van LSG Sky Chefs besoek, wat daagliks sowat 109 000 maaltye vir die Lufthansa-lugdiens by die Frankfurt-lughawe voorberei. Die blootstelling vir Solidariteit by hierdie forum was van onskatbare waarde en het weereens getoon dat Solidariteit en die vakbond se BGV-afdeling in besonder ’n kernrolspeler in die Suid-Afrikaanse arbeidsomgewing is. S
Advertorial
The reality of noise-induced hearing loss in South Africa
I
n South Africa, mining is the country’s largest industry, employing 5,1% of all workers in the non-agricultural, formal sector of the economy, a reported total of 458 600 employees in 2006 (Swanepoel et. al., 2012). The processes associated with mining generate a tremendous amount of noise due to activities such as percussion drilling, blasting and crushing of ore, that are often exacerbated by confined and reflective spaces. An audit undertaken by the Department of Mineral Resources reported 1 820 cases of noise-induced hearing loss (NIHL) in the RSA in 2007. The Chamber of Mines reported the number of NIHL cases since the baseline in 2002/2003 as 3,1 cases per 1 000 employees (Swanepoel, et. al., 2012). As such, NIHL is a reality across all industries, including the mining sector. However, NIHL is 100% preventable and government mandates hearing conservation programmes in all industries – where miners are exposed to noise of above 85dB during their standard 8-hour shifts. Even though hearing conservation programs have been mandated, a high prevalence of NIHL is still reported every year. In a previous audit conducted by the Department of Mineral Resources in South Africa, 2007, 1 820 cases of NIHL were reported. Effect of hearing loss on the employee and workforce • Cost associated with compensation penalties. • Loss of productivity as a result of:
Photographs: iStockphoto.com
dB
42
• Errors in work (instructions not being heard correctly); • Decreased communication skills; • An inability to concentrate in a noisy environment; • Increased absenteeism; • Increased labour turnover (cost of recruitment and training replacement). • Social withdrawal; • Overall reduced quality of life; and • Tinnitus (ringing sound inside ears) may also result from frequent noise exposure What solutions are available then? NIHL only results from employees being exposed to noise levels above 85dB, without the necessary hearing protective devices. The OHS Act of 1993 states that every employer must provide hearing protective devices for employees working in noise levels above 85dB. The Act also states that every employee must ensure that he or she wears the hearing protective devices given to them, to ensure that the incidence of NIHL is nipped in the bud. Several options are available for this purpose – the custom earplugs (such as Ukuthula custom earplugs) as well as universal, disposable earplugs. Your hearing is in your hands! Wear the hearing protection that has been provided to you so you do not become just another NIHL statistic and suffer the detrimental effects it has on your quality of life. The next issue will feature the above mentioned earplug options in detail.
Hours
Minutes
Seconds
120
0
0
0
115
0
0
28
110
0
1
29
105
0
4
44
100
0
15
0
95
0
47
37
90
2
31
11
85
8
0
0
80
24
0
0
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
For more information, contact us: Tel: 012 348 9350 Fax: 012 348 9251 E-mail: jane@noiseprotection.co.za Website: www.noiseprotection.co.za
jy & die Reg
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion, 0046; stuur ‘n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of faks na 012 664 1102.
Is koerantsmous ’n werknemer ingevolge wetgewing?
K
an ’n sypaadjiehandelaar wat namens Media24 koerante smous, as ’n werknemer ingevolge die Suid-Afrikaanse arbeidsreg omskryf word? Die saak Dyssel and Media24 (Pty) Ltd (2014) 35 ILJ 534 (CCMA) het oor die volgende gebeure gehandel: ’n Sypaadjiehandelaar wat op Sondae namens Media24 koerante verkoop het, het ’n saak van onbillike ontslag na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys. Die handelaar het kommissie van Media24 ontvang, afhangende van die getal koerante wat hy verkoop het. Die handelaar het self 30 van sy eie werkers aangestel om koerante te verkoop. Op 14 Julie 2013 is geen koerante aan die persoon gegee om te verkoop nie en die partye se verhouding is telefonies beëindig. Die handelaar het geargumenteer dat hy in 2000 vir Media24 begin werk het, en dat hy op 14 Julie 2013 summier ontslaan is as gevolg van geld wat hy aan Media24 geskuld het. Hy het erken dat hy die geld geskuld het, maar was bereid om dit terug te betaal indien hy met sy werk kon voortgaan. Hy het verder geargumenteer dat hy ’n werknemer ingevolge die arbeidsreg is, aangesien ’n aantal faktore gelys in artikel
Foto: iStockphoto.com
SÓ SKIK SOLIDARITEIT
44
Hennie Kommer van die Welkom-dienskantoor het onlangs ʼn skikking van R113 000 weens onbillike ontslag namens ʼn lid by Glen Harmony bereik. Wynand Strydom van die Port Elizabethdienskantoor, het op sy beurt ʼn skikking weens onbillike ontslag namens ʼn lid by Dana Spicer Axle in Uitenhage bereik. Die lid is heraangestel en vergoeding van R435 000, insluitend pensioen- en mediesefondsbydraes vir 19 maande, is toegeken.
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Hendrik van der Hoven 200A van die Wet op Arbeidsverhoudinge (No. 66 van 1995) op sy bepaalde omstandighede betrekking gehad het. Hy het onder meer geargumenteer dat hy onder ’n areabestuurder gewerk het, dat sy werkure deur Media24 beheer is, dat hy deel was van die Media24-organisasie, dat hy ekonomies afhanklik van Media24 was en dat hy gemiddeld 36 uur per maand vir Media24 gewerk het. Media24 het aangevoer dat die handelaar nie ’n werknemer was nie. Die handelaar het jaarliks ’n agentskapsooreenkoms geteken wat albei partye gemagtig het om die kontrak met 24 uur-kennisgewing te beëindig. Verder was die handelaar verplig om Media24 te betaal vir die koerante wat hy van Media24 ontvang het, ongeag of die koerante verkoop, gesteel of verloor is. Media24 het geensins aan die handelaar voorgeskryf waar en hoe hy die koerante moes verkoop nie, derhalwe het Media24 nie beheer gehad oor wanneer die handelaar sou werk nie. Media24 het aangevoer dat die handelaar nie deel was van Media24 nie en dat hy ’n afsonderlike agentskap bedryf het, aangesien hy 30 werkers van sy eie aangestel of gesubkontrakteer het om verkope te behartig.
Die kommissaris het bevind dat die manier waarop die handelaar die koerante verkoop het, nie deur Media24 beheer is nie. Verder het hy bevind dat die kontrak slegs finansiële en verslagdoeningsverpligtinge op die handelaar geplaas het. Die werkure van die handelaar was nie gereguleer nie en koerante kon te eniger tyd vanaf 05:15 tot 18:30 verkoop word. Daar is geen vereiste gestel dat die handelaar bepaalde ure moes werk nie. Die handelaar het nie deel van Media24 gevorm nie en sou slegs op ’n Sondag werk. Die handelaar sou hoogstens 39 ure per maand werk, wat buite die vereiste 40 ure soos genoem in artikel 200A van die Wet op Arbeidsverhoudinge val. Oor die handelaar se argument dat hy ekonomies afhanklik van Media24 was en slegs vir Media24 werk gedoen het, het die kommissaris bevind dat dit die handelaar se eie keuse was om geen ander werk te doen nie, aangesien niks hom daarvan weerhou het om ander werk te doen nie. Die kommissaris het derhalwe bevind dat die koeranthandelaar ingevolge die Suid-Afrikaanse arbeidsreg nie as ’n werknemer omskryf kon word nie en dat die KVBA dus nie ’n saak van onbillike ontslag namens die handelaar kon aanhoor nie. S
Bedryfsnuus BEDRYFSNUUS
Só belemmerverhoging staat vryheid Gesonde by Mediclinic beding
N
Deur Cilleste van der Walt
á die Konstitusionele Hof se teleurstellende uitspraak in die Renate Barnard-saak val die kollig weer op die Deur regering Inge Strydom Suid-Afrikaanse se inmenging in die lewens van sy burgers. Ná ʼn nege jaar lange regstryd met die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) oor regstellende olidariteit het onlangs aksie het die teleurstellende uitspraak bevestig dat iets wat so verkeerd ná drie rondes is, nie reg kan wees nie. onderhandelings by Suid-Afrikaanse burgers se vryheid word só deur regeringsinonderskeidelik menging belemmer hulen eerstegenerasieregte nie verwesenlik kan Mediclinicdat Paarl word nie. Verskeie eerstegenerasieregte word weens intervensionistiese Mediclinic Emfuleni ’n loonooren rasgemotiveerde eenkoms van tussen wetgewing 7,1 en 7,5%wat deur die parlement deurgevoer is, geskend. uitvoerende hoof van Solidariteit en hoof vir sy ledeJohan daar Kruger, bereik. adjunk Solidariteit van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê lae moraal in die SAPD, verteenwoordig 122 lede by die disfunksionele aard van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) en Mediclinic Paarl en 116 lede by die buitengewoon maak voortdurend op die reg tot Mediclinic Emfuleni.hoë Diemoordsyfer oorlewe inbreuk. eenkoms, wat vroeg in Julie bereik Volgens word die reg op gelykheid en die reg op vryheid is, behels dieKruger volgende: van bedryf, beroep en professie • ’n Gemiddelde verhoging vanook geskend deur onder meer die Wetsontwerp op Indiensnemingsdienste, die Wysigingswet op Gelyke 7,5% vir verpleegpersoneel. die verhoging Wysigingswetsontwerp op Arbeidsverhoudinge en •Indiensneming, ’n Gemiddelde van 7,1% vir administratiewe personeel. Wysigingswet op9,4% Basiese Diensvoorwaardes. S •die ’n Verhoging van vir die aankoop van uniforms. Die nuwe toelaag is R1 630 om sodoende ook vir die aankoop van skoene voorsiening te maak. FIRST GENERATION RIGHTS • Die werkgewer se mediesefondsbydrae het met 9% verhoog, wat Solidarity’s Research Institute reeds geïmplementeer is. released a report about the realisation generation rights in South Africa. Calculating the simpleword average • of’nfirst Totaal van 12 studieverlofdae (18 skofte) sal toegestaan ofaan these grades results a C symbol overall. decidedly werknemers wat indeeltyds studeer omThis vooriste berei virmiddleof-the-road whenofit projekte. is taken into consideration that important rights eksamens, take the right to life,isfreedom and lede security of the person, trade, occu• like Verskeie forums gestig waar se besware en enige ander pation andbespreek professionkan andword. property kwessies S have received such low grades.
S
First generation rights
Score
Equality F Werkplekforum by ATNS eerste van soort
D
Cie bestuur van Air Travel and Right to Navigation life D Systems (ATNS) het onlangs ingewillig om ’n werkplek Freedom and the security of the person D forum vir werknemers by die maatskappy te Slavery, servitude and forced labour B+ stig. Die doel van die forum is om werknePrivacy B mers ’n stem in die werkplek te bied en groter deursigtigheid werkaange Freedom of religion,rakende belief and opinion A leenthede werkkwessies te verseker. Freedom en of expression C Volgens Derek Mans, organiseerder in Assembly, demonstration, picket and petition Cdie lugvaartbedryf by Solidariteit, is die forum anders as normale Freedom ofen association werkgewervakbondkomitees.“Die doel van die forumAis om die werkgewer Political rights te dwing om beleide en praktyke te oorweeg B+ in oorleg met die forumlede, waarvan Solidariteit een is. Waar Citizenship A beleide, soos dié oor diensbillikheid, in die verlede bloot deur die Freedom movement andgeïmplementeer residence A bestuur vanofdie maatskappy is, mag Solidariteit
FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Dignity
nou insae daarin hê occupation voordat dit and in werking tree.” Freedom of trade, profession F Die forum, waaroor daar in Junie 2014 ooreengekom is, D-sal Property nasionaal by al die takke van die maatskappy ingestel word. Language and culture B-die Solidariteit verteenwoordig meer as 1 000 werknemers by Access to courts B+ maatskappy. S
Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
3745
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
Waar daar ’n (leer)wil is, is daar ’n (geld)weg
Foto’s: iStockphoto.com
I
s jy in die knyp(tang) met studiegeld of toelating vir verdere opleiding? Moet dan nie verder bekommer nie – waar daar ’n wil is, is daar ’n weg. Daar is nou meer geleentheid as ooit om die opleiding te ontvang wat jou kop en skouers bo die res van die werkmag sal laat uitstaan. Sol-Tech bied nou ’n verdere R1 miljoen se finansiële hulp in samewerking met die Afrikaanse Beursinstituut aan voornemende studente. Jy kan tot R85 000 se finansiële hulp ontvang, wat 100% van jou studiekoste by Sol-Tech sal dek. Jy kan selfs ’n gereedskapkas as bonus ontvang, onderhewig aan bepalings en voorwaardes. Wat moet jy doen om in aanmerking te kom vir finansiële ondersteuning? • Jy moet ’n N2-kwalifikasie of graad 11-sertifikaat hê en minstens 50% in die volgende vakke behaal het: • Wiskunde (nie Wiskundige Geletterdheid nie); • Ingenieurswetenskap of Wetenskap; en • Ingenieurstekene of Ingenieursgrafika en Ontwerp. • Jy sal bevoordeel word deur kennis van relevante vakteorie, Meganiese Tegnologie of Elektriese Tegnologie (50%<). • Jy moet die amptelike Sol-Tech-keuringstoets slaag. Indien jy goed presteer, kan jy ook die volgende voordele geniet: • ’n Gratis gereedskapkas ter waarde van sowat R6 000; • Suksesvolle plasing by gekeurde werkgewers vir indiensopleiding; • ’n Volle beurs van tot R10 000 vir die finale vaktoets by ’n geakkrediteerde toetssentrum; • ’n Basis vir verdere studies wat sal lei tot kwalifisering as ingenieur. Nuwe wetgewing met betrekking tot vaardigheidsontwikkeling in Suid-Afrika maak opleiding nou meer toeganklik vir voornemende studente wat voorheen nie vir ambagsopleiding kon kwalifiseer nie. Dit bring toelating tot vaktoetsaflegging nou binne die bereik van meer voornemende studente. Dit is vir Sol-Tech belangrik dat opleiding toeganklik moet wees vir sy leerders en daarom benut ons die wetsaanpassing om ’n oorgang te bied vir leerlinge wat net oor ’n akademiese agtergrond beskik. Die keuringsvereistes vir die vaktoetsaflegging is dieselfde as die keuringsvoorwaardes vir finansiële bystand. S
46
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Sol-Tech
*
0861 25 24 23 www.sol-tech.co.za
SOL-TECH BIED GEHALTE AMBAGSOPLEIDING IN AFRIKAANS Sol-Tech is ’n tegniese opleidingskollege en inisiatief van die Solidariteit Beweging. Die kollege is op Christelike waardes gefundeer en gebruik Afrikaans as onderrigmedium. SolTech bied formele opleiding in die volgende ambagte: elektrisiën, meulmaker, motorwerktuigkundige en dieselwerktuigkundige, passer en draaier, sweiser, gereedskapmaker en passer. Die kollege beoog om mettertyd nog kursusse in ander skaars vaardighede aan te bied. Die hoofkampus is in Kirkney, Pretoria-Wes geleë. Die kollege fasiliteer formele onderrig in N1 en N2 op die perseel van
HTS Tuine en bied ook remediërende klasse in wiskunde vir studente wat nie die nodige onderbou in wiskunde het nie. Hierdie diens word eksklusief aan Sol-Tech se studente gebied. Sol-Tech se studente is outomaties meer aanstelbaar omdat hulle in skaars vaardighede opgelei is. Daardeur help die kollege om die groeiende vaardigheidskrisis in die land hok te slaan. Sol-Tech spog met ’n slaagsyfer van 96% en bied reeds kortkursusse aan in onder meer gespesialiseerde opleiding in PLC. Gekwalifiseerde ambagslui kan ook vir die geakkrediteerde PLC-kursus by Sol-Tech inskryf.
InBeweging
HONDERDE HOOPVOLLES WOON SOL-TECH SE OPEDAG BY
Besoek www.sol-tech.co.za vir die datums van 2015 se opedae.
Sol-Tech se PLC-kursus kry die groen lig by Siemens
’n
Instansie wat onderskryf word deur ’n onafhanklike maatskappy van statuur kan homself inderdaad op die skouer klop. Die internasionale maatskappy Siemens het SolTech onlangs vir PLC-opleiding geakkrediteer en as een van die beste Siemens-vennote bestempel. Dit is nie elke dag dat ’n groot maatskappy soos dié tyd afstaan vir ’n besoek deur ’n internasionale afvaardiging nie, en dan boonop so ingenome is met dít wat hulle sien. Wat is die PLC-kursus? PLC staan vir “programmable logic controller” en verwys na ’n elektroniese prosesseerder wat gebruik word vir onder meer die outomatisasie van hoofsaaklik industriële elektromeganiese prosesse, soos die beheersisteem van masjinerie in ’n fabriek se produksielyne. ’n PLC word in verskeie industrieë en masjiene gebruik, en SolTech ag dit as baie belangrike onderbou vir enige elektrisiën en meulmaker. Sol-Tech bied daarom ’n inleidingskursus tot PLC asook ’n gevorderde PLC-kursus aan vir sy elektrisiën- en meulmakerleerlinge. Volgens Phillip Minnaar, hoof van Sol-Tech, bied Sol-Tech se PLC-kursus baie meer as die
minimumstandaard aan sy leerlinge. “Met hierdie kursus hou ons ons studente relevant in die mark. Iemand wat nie hierdie kursus voltooi het nie, het ’n groot agterstand in die werkplek,” verduidelik Minnaar. Stel jy in PLC-opleiding belang? ’n R500,00-registrasiefooi is in alle gevalle betaalbaar. • ST-PLC Intro: Nie-Solidariteit-lede – R3 500,00; Solidariteit-lede – R2 500,00 Kursusdatums en -tye: • 29 September tot 2 Oktober vanaf 17:00 tot 21:00 • 17 tot 20 November vanaf 17:00 tot 21:00 • ST-7 Micro1 (S7-1200): Nie-Solidariteit-lede – R6 250,00; Solidariteit-lede – R4 500,00 Kursusdatums en -tye: • 20 tot 30 Oktober vanaf 17:00 tot 21:00 • 1 tot 11 Desember vanaf 17:00 tot 21:00 Kursusse word by Maliestraat 1662, Kirkney aangebied en veilige parkering is beskikbaar. S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
47
InBeweging
HET JY GEWEET? ’n Verslag wat in 2010 uitgereik is deur The Prince Trust, die Verenigde Koninkryk se voorste jeugliefdadigheidsorganisasie, het getoon dat jongmense wat nie ’n positiewe rolmodel van dieselfde geslag het nie, 67% meer geneig is om werkloos te wees.
Help jou kind om die regte rolmodel te kies
Foto: iStockphoto.com
“S
oveel as wat ons oplet na wat ons kinders met hul lewens aanvang, kyk hulle na wat ons met ons lewens doen. Ek kan nie vir my kinders sê om na die son te reik nie. Al wat ek kan doen, is om self daarna te reik.” Só sê Joyce Maynard, bekende Amerikaanse skrywer wat veral oor onderwerpe soos ouerskap en familie skryf. Ouers speel ’n groter rol in hul kinders se lewens as wat hulle besef, aangesien ’n ouer altyd sy kind se eerste rolmodel is. Hestie Byles, ’n opvoedkundige sielkundige verbonde aan die Universiteit van Pretoria, meen ook ’n kind se ouers is altyd sy of haar eerste rolmodelle. “Dit is ’n natuurlike proses
48
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Inge Strydom en kinders kyk in die reël op na hulle ouers en probeer hulle naboots,” sê Byles. “Met verloop van tyd en soos kinders ouer word, verander die prentjie egter en kan ander rolmodelle meer prominent word. Dit is egter ’n deurlopend veranderende proses van identifikasie waardeur kinders hul identiteit en plek in die samelewing probeer ontdek. Dit vorm dus deel van hul emosionele ontwikkeling,” sê sy. Byles meen rolmodelle kan uiteindelik wissel van ouers tot onderwysers, klasmaats en later selfs akteurs of musikante. “Kinders is geneig om ’n rolmodel te kies waarmee hy of sy kan identifiseer. As ’n kind byvoorbeeld ’n ryk sakeman wil word, sal die bekende Amerikaanse biljoenêr Donald Trump ’n logiese rolmodel vir só ’n kind wees. Die rolmodel sal dan maatstawwe aan
die kind bied wat hy of sy moontlik sal aanwend om hul ideale te verwesenlik,” verduidelik Byles. Byles meen die identifisering van rolmodelle by kinders is nie ’n bewuste besluit nie. “Kinders assosieer met rolmodelle by wie hulle aanklank vind. Dit is dus nie die omstandighede wat van belang is nie, maar eerder die oorweging,” sê sy. Volgens Byles kan kinders ook rolmodelle identifiseer om ’n leemte in hul lewens te vul. “’n Kind mag byvoorbeeld voel dat hy of sy nie genoeg aandag van sy of haar ouers ontvang nie en sal dan daarvoor probeer vergoed deur met ’n rolmodel te identifiseer wat in sy of haar verwysingsraamwerk kan help om die leemte te vul. In sulke gevalle kan kinders maklik die verkeerde rolmodelle toelaat om hul denke en optrede te beïnvloed,” waarsku Byles. S
InBeweging
Só beskerm wet jou basiese regte in die werkplek Die Chinese skrywer en filosoof Confucius het gesê: “Kies ’n werk waarvan jy hou, en jy sal nooit ’n dag in jou lewe hoef te werk nie”. ’n Mens bring ’n groot deel van jou tyd by die werk deur en dit is daarom noodsaaklik dat jy jou werk geniet. Selfs al leef jy daagliks jou passie uit, kan slegte WERKOMSTANDIGHEDE uiteindelik jou werklewe bederf. INGE STRYDOM berig.
D
ie goeie nuus is dat Suid-Afrika oor van die voorste arbeidswetgewing ter wêreld beskik – veral wat basiese diensvoorwaardes betref. Laasgenoemde word vervat in artikel 75 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBD) van 1997. Die doel van die wetgewing is om billike werkpraktyke te reguleer deur minimumstandaarde daar te stel. Werknemers mag dus nooit slegter af wees as wat die WBD bepaal nie. Werkgewers mag wel op beter diensvoorwaardes met hul werknemers ooreenkom – hoewel dit dan ’n vergunning van die werkgewer is en nie die werknemer se reg is nie. Die voorwaardes waarop werknemers en werkgewers vooraf ooreenkom, mag dus van die Wet verskil. Sommige voorwaardes kan ook met die verloop van tyd verval, waarna dit deur albei partye heroorweeg kan word.
Hoe beskerm wetgewing werknemers? Die Wet skryf onder meer die volgende standaarddiensvoorwaardes voor: • Werkure: Die wet bepaal dat werknemers wat vyf dae ’n week werk, nie langer as 45 ure per week mag werk nie. Werkers wat ses dae per week werk, mag weer nie langer as agt ure per dag werk nie. • Oortyd: Werkgewers mag nie van hul werknemers verwag om oortyd te werk nie, tensy daar vooraf daarop ooreengekom word. Indien dit die geval is, mag werknemers nie langer as drie ure oortyd per dag of 10 ure oortyd per week werk nie. Daarby moet werknemers een en ’n half keer hul normale uurlikse vergoeding ontvang vir die ure wat oortyd gewerk is. • Middagete: Tensy anders ooreengekom, is werknemers geregtig op ’n daaglikse
etenspouse nadat vyf ure se werk voltooi is. Werknemers mag nie in hul etenstyd werk nie, en indien dit wel die geval is, moet hulle daarvoor vergoed word. Hierdie bepaling mag aangepas word na gelang van die voorwaardes waarop die partye vooraf ooreengekom het. • Werk op Sondae: Werknemers wat nie in die reël op Sondae werk nie, moet dubbeld hul normale vergoeding ontvang indien hulle op ’n Sondag werk. Werknemers wat gewoonlik op Sondae werk, moet een en ’n half keer hul normale vergoeding ontvang. • Vakansieverlof: Werknemers is kragtens wetgewing geregtig op 21 agtereenvolgende vakansieverlofdae per jaar – tensy hul indiensnemingskontrak anders stipuleer. S
Foto: iStockphoto.com
’n DIENSKONTRAK hoef nie noodwendig op skrif te wees nie. Sodra die vereistes van indiensneming nagekom is, is dit bindend. Dit is egter wys om aan te dring op ’n geskrewe kontrak omdat dit makliker is om later te bewys waarop ooreengekom is.
50
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
InBeweging
Nog onbekend met Facebook? Lees ons lingo-blitsgids
Illustrasie: iStockphoto.com
Ek sal jou “friend” op FACEBOOK. Mal oor jou hemp #somooi. “Tag” my as jy die foto klaar geneem het. Onthou om die artikel te “share”. Laat gesprekke soos dié jou soms voel dat jy nie meer ’n benul het wat die mense om jou sê nie? Sosiale media neem wêreldwyd in gewildheid toe, maar dit kom met ’n taal van sy eie. LINDIE DE BEER het hierdie blitsgids opgestel van die basiese terme wat mense op Facebook gebruik, sodat jy die “lingo” in ’n japtrap kan baasraak. • “Friend request”/Vriendversoek: ’n Persoon wat belangstel om jou vriend op Facebook te wees, sal vir jou ’n uitnodiging stuur wat jy dan kan aanvaar of weier. ’n Vriendversoek sal gewoonlik kom van iemand wat jy ken of lank gelede geken het. Dit is ook moontlik om vriendversoeke van vreemdelinge te kry. Dit bly egter jou besluit of jy dit wil aanvaar of nie. Onthou: Wanneer jy die vriendversoek aanvaar het, kan daardie persoon alles op jou profiel sien, ook al jou foto’s en inligting. Jy kan wel enige tyd ’n vriend van jou Facebook-blad afhaal. • “Facebook Wall”/Facebook-muur: Dit is die area op jou Facebook-profiel waar vriende kommentaar kan skryf of foto’s, skakels en video’s kan oplaai. Jy sal gewoonlik ’n kennisgewing ontvang sodra iemand iets op jou Facebook-muur plaas. Dit is belangrik om dit fyn dop te hou, sodat jy beheer het oor wie wat op jou profiel doen en sê. Jy kan ook op iemand met wie jy bevriend is, se muur gaan skryf of foto’s en video’s daar deel. Onthou: Enigiemand kan ’n plasing op jou Facebook-muur maak. Dit is ook sigbaar vir al jou vriende en is glad nie privaat nie. Jy kan wel enige tyd ’n plasing van jou muur verwyder. • “Tag”/Merk: Dis wanneer jy jou Facebook-vriende in ’n foto, video of boodskap merk of identifiseer deur hulle naam by die foto, video of boodskap te plaas. Jy of jou vriende sal ’n kennisgewing ontvang wanneer een van julle gemerk is. Jy kan slegs mense in ’n foto, video of boodskap merk indien dié persoon ook ’n Facebook-profiel het wat geaktiveer is. Onthou: Jy kan enige tyd die kennisgewing weier as jy nie jou naam aan ʼn foto, boodskap of video gekoppel wil hê nie. Jy kan dit verwyder en die persoon verhinder om jou naam weer daaraan te koppel. • “Inbox”/In-boksboodskap: Dit werk op dieselfde beginsel as ’n SMS of ’n e-posboodskap. ’n Boodskap wat jy in jou in-boks ontvang, is privaat en net jy kan dit lees. Dit is nie soos die Facebook-muur waarop enigeen kan skryf en almal dit kan sien nie.
• “News feed”/Nuusstroom: Dit is waar jy al jou vriende se gedagtes, video’s en foto’s kan lees. Sodra jy iemand se vriendversoek aanvaar het, kan jy alle nuus sien wat hulle oplaai en hulle kan alles sien wat jy oplaai. Onthou: Enigiets wat jy op Facebook laai, is vir jou vriende en die publiek beskikbaar. Slegs ’n in-boksboodskap is privaat, maar
selfs dit hou ’n mate van gevaar in omdat dit op die internet beskikbaar is. Noudat jy die basiese terme ken, kan jy volgende keer saamgesels. Onthou dat sosiale media op die internet funksioneer en dat sekuriteit en jou privaatheid dus uiters belangrik is. Dink mooi oor wat jy op Facebook laai en sê. Besoek gerus Solidariteit se Facebook-blad en klets saam oor dinge wat jou na aan die hart lê. S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
51
InBeweging
Baie dankie aan ons borge! Voor is Julian Visagie, handelaarshoof van Monument Toyota Constantia. Agter is Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste, en Johann du Preez van Unitrans Motors.
Bring jou inligting op datum en wen motor of vakansie
Foto: Ansie van Niekerk
S
52
olidariteit se grootste ledekompetisie tot op hede het op 19 Mei 2014 afgeskop. Solidariteit-lede staan ’n kans om ’n Splinternuwe Toyota Corolla en ’n luukse vakansie te wen. Om vir hierdie pryse in aanmerking te kom, moet jy jou persoonlike inligting by Solidariteit op datum bring en vir ons die kontakbesonderhede gee van drie persone wat by Solidariteit sal aansluit. Om te verseker dat ons aan jou as lid van Solidariteit die beste moontlike diens bied, is dit baie belangrik dat al jou kontakbesonderhede op datum moet wees. Omdat ons weet dat dit omslagtig is om veranderings in jou kontakbesonderhede deur te gee, wil ons die proses vir jou die moeite werd maak deur hierdie fantastiese pryse aan te bied. Sodra jy die “stuur inligting”-knoppie druk, kom jy in aanmerking om ’n splinternuwe 2014 Toyota Corolla 1.6 of ’n vyfstervakansie van vier nagte ter waarde van R35 000 aan die KwaZulu-Natalse kus te wen. Piet van Zyl was verlede jaar die gelukkige wenner van ’n splinternuwe Toyota Corolla. Om so gelukkig soos Piet te wees, bring nou jou inligting by www.solidariteit.co.za op datum!
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
DANK AAN ONS BORGE!
Solidariteit Finansiële Dienste Wie mag deelneem? Slegs lede en verteenwoordigers van Solidariteit mag aan die kompetisie deelneem. Solidariteitwerknemers en hul direkte familie word van die kompetisie uitgesluit.
Hoe om deel te neem • Die kompetisie sluit op Donderdag, 30 April 2015. • Om aan die kompetisie deel te neem, moet jy die amptelike inskrywingsvorm invul wat by www.solidariteit.co.za beskikbaar is. In die eerste afdeling moet jy jou persoonlike besonderhede invul of op datum bring. In die tweede afdeling moet jy die name en kontakbesonderhede invul van mense wat dit ernstig sal oorweeg om by die vakbond aan te sluit. • Albei afdelings moet voltooi word om in aanmerking te kom vir die luukse seevakansie of die Toyota Corolla. As jy net een van die afdelings voltooi, sal jou inskrywing ongeldig wees. • Die pryswenners se name word op 18 Mei 2015 getrek en die pryse sal amptelik op 22 Mei 2015 oorhandig word. Die eerste naam wat getrek word, sal die wenner van die motor wees en die tweede naam sal die wenner van die vakansie wees. Die wenners sal op 28 Mei 2015 bekendgemaak word. • Bepalings en voorwaardes kan op die webtuiste www.solidariteit.co.za gelees word. S
20
InBeweging
Solidariteit Helpende Hand
Foto bo: Voor is Gerdi Stols, Ednel Theart, Carla Portwig, Austané van Niekerk en Yvette Minnie. Agter is Kristoff Isaacs, Johan van Zyl en Janus Fourie. Foto regs bo: Janus Fourie in ʼn Nederlandse klas.
SA onderwys: Wat kan ons by ander lande leer?
Foto’s: Valentyn van der Merwe
D
ie Rapport-onderwysfonds het gedurende Augustus nege finalejaarstudente van regoor die land na Utrecht in Nederland gestuur om ʼn somerskool in Wiskunde-onderwys aan die Universiteit van Utrecht by te woon. Die somerskool is aangebied deur die Freudenthal Instituut wat wêreldwyd navorsing doen oor lande se onderwysstelsels. Suid-Afrika se onderwysstelsel word voortdurend gekritiseer deur die media en ander instellings. Dié kritiek is hoofsaaklik as gevolg van die gebrekkige onderrig in baie van ons skole, veral wanneer ons vergelyk word met lande regoor die wêreld. Uit ʼn onlangse peiling deur die WêreldEkonomiese Forum (WEF) vaar Suid-Afrika die swakste met die gehalte van wiskunde- en wetenskapopleiding. Hierdie meningsopname is egter deur talle kenners verwerp omdat die bevindings op menings en persepsies gegrond is en nie op werklike uitslae nie. Tog is dit algemeen bekend dat daar baie ruimte vir verbetering in Suid-Afrika se onderwysstelsel is. Die vraag is egter: Hoe? Baie navorsing word wêreldwyd oor onderwys gedoen. Lande se onderwysstelsels word hoofsaaklik met twee toetse vergelyk: TIMMS (Trends in International Mathematics and Science
54
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Deur Valentyn van der Merwe Study) en PISA (Programme for International Student Assessment). Die doel van hierdie toetse is om leerlinge van verskillende lande se leesvaardighede asook hul wiskunde- en wetenskapvermoë met mekaar te vergelyk. Die resultate van hierdie toetse word gebruik vir navorsing om te bepaal watter ooreenkomste tussen lande met doeltreffende skoolstelsels bestaan. Lande soos Suid-Korea, Japan, Singapoer en Finland, wat baie goed vaar in albei hierdie toetse, se onderwysstelsels verskil hemelsbreed, maar hulle het wel ooreenkomste wat waarskynlik sleutels tot ʼn suksesvolle onderwysstelsel is: • In dié lande is die opleiding van onderwysers vir die staat ʼn baie hoë prioriteit en baie tyd, aandag en geld word spandeer aan dié opleiding. • Die beste akademiese studente word gekies en aangemoedig om onderwysers te word. • Onderwysers het ʼn hoë aansien in die gemeenskap. • Beginner-onderwysers word professioneel ondersteun gedurende die eerste twee jaar van hul loopbaan. ʼn Ervare onderwyser beplan saam met die jong onderwyser sy of haar lesplanne, toetse en so meer. • Baie klem word gelê op voortdurende professionele ontwikkeling. • Hierdie lande het almal hoë slaagsyfers vir
wiskunde en wetenskap – ongeveer 55%. Herken jy enige van bogenoemde in ons onderwysstelsel? Miskien het die tyd aangebreek dat ons goeie onderwysers meer erkenning gee vir hul harde werk. Talle onderwysers sit baie ekstra ure in om te verseker dat hulle vir ons toekomstige dokters, ingenieurs, rekenmeesters en ander ʼn goeie grondslag gee. Die meeste van dié onderwysers, veral in Afrikaanse skole, is in die onderwys omdat onderwys hul roeping is en hulle ʼn daadwerklike verskil in die lewe van kinders wil maak. Dit sal wel jare neem voor ons sal kan meeding met lande soos Japan en Finland, maar die tyd het aangebreek dat ons eerder saam aan oplossings werk as om voortdurend te kritiseer. Net soos wat elke ouer wil sien hoe sy kind eendag suksesvol is, staan daar ʼn magdom goeie, liefdevolle onderwysers in ons kinders se klaskamers wat ook ons kinders se beste belange op die hart dra. Elke persoon het die reg tot ʼn goeie opvoeding! Kom ons pak probleme waar nodig, terwyl ons terselfdertyd erkenning gee waar dit verdien word. • Valentyn van der Merwe is ‘n onderwysspesialis by die Vereniging vir Afrikaanse Wiskunde-onderwysers (VAW) van Helpende Hand. Lees meer oor die VAW op die web tuiste www.skoolwiskunde.co.za S
2014 Uitgawe1 p27-50:Layout 1
2/14/14
11:48 AM
Page 47
InBeweging INBEWEGING
Helpende Hand help bejaardes om met waardigheid oud te word
Boerbokke laat klein entrepreneur Eddie groot wen
Behoeftige bejaardes het dieselfde reg as enige ander bejaarde om met waardigheid oud te word. Daarom het Solidariteit Helpende Hand besluit om vanjaar ʼn nuwe komponent tot sy OUMA-EN-OUPA-PROJEK toe te voeg du Preez – een waarmee hulle omsien na sulke bejaardes,Deur skryfJuanita MARINÉ JACOBS.
Foto: iStockphoto.com FOTO: VERSKAF
’n M
Boerbokboer, ’n erdwurm- en et die Tuisgenoot-projek wat vetplantjieverkoopsman en ’n onlangs tot Helpende Hand se beskuitbakker het sake in 2013 bejaardeprojek word uitgespook omtoegevoeg as wenneris,van daar spesifiek gefokus op die Solidariteit Helpende Hand se maatskaplikeaangewys behoeftestevan beEntrepreneurskompetisie word. hoeftige bejaardes. Die nie net Dié kompetisie hetorganisasie ontstaan uitfokus ’n behoefte op finansiële se armoede nie, maar ook op hul omhuljongmense entrepreneursingesteldheid emosionele armoede. te ontwikkel, hul vaardighede op te skerp en gereeld datsakewêreld bejaardes ʼntegroter om“Ons hullesien meer oor die leer. behoefte geselskap, liefde enBokboerdery kameraadskap Eddieaan Pienaar (13) van EHP is het as enigiets Michelle aangewys. Burger, proas die wenneranders, van die” sê kompetisie Hy jekorganiseerder van aan Helpende Hand se Ou- in is ’n graad 7-leerling Laerskool Dagbreek ma-en-Oupa-projek. “Baiealbejaardes het nie ʼn Carletonville. Eddie boer met boerbokke eggenoot waarop hulle kan staatmaak vandat hyofvyfkinders jaar oud is. Sy aanvanklike drie om hul eensaamheid te verlig nie. glo dat bokke het intussen aangegroei totOns ’n kudde vandit ongeveer Eddie bringsesoveel elkeen van 100. ons bejaardes reg is tyd om as met waarmoontlik saam met ”sy bokke deur en woon selfs digheid oud te word. venHelpende dusies by Hand om bokke te koopdie enTuisgenootte verkoop. het vanjaar Stephanus president vanvan die stapel Suidprojek op seweMalan, plattelandse dorpe
Afrikaanse Boerboktelersvereniging, was so gestuur om na eensame bejaardes om te sien. beïndruk met Eddie se suksesvolle boerdery ʼn Tuisgenoot-komitee is in elke dorp aangestel dat dié vereniging vir hom tien stoetooie en ’n en die bejaardes met diekudde grootste behoefte stoetram wil skenk. Die sal tydens dieis geïdentifiseer. In elke dorp is een persoon Bloemfontein-skou by die vereniging se as tuisgenoot aangewys aan en dié persoon ontvang maanraadsvergadering Eddie oorhandig word. deliks van Helpende “Ekʼnis honorarium geweldig beïndruk met dieHand kind,” om sê na die bejaardes wat omhytewat sien. Malan. “’n Mens kangeïdentifiseer sommer sienis,dis worddisvan om’n alles“Daar self doen; niedie ’n tuisgenoot outjie met verwag ’n pa met die bejaardes gereeld te besoekis en te klomp geld wat nou suksesvol nie.met Onshulle het al gesels, te vervoer en by van hulle ons lede gehoorna datdoktersafsprake Eddie ’n besonder kerkdienste en algemene aan hulle se liefde vir die ras het enondersteuning by die Nampo-oes te bied. Daarbenewens skenk Helpende Hand fees heelwat belangstelling in die bokke getoon ookDis elke’nmaand dieook bejaardes het. ras watvirmy na aan niebederfbare die hart lê. en “Ons vars voedselprodukte, het verneem dat” sê hy Burger. met die wengeld vergeet so dikwels dat wil hulle ookmaar eens van “Ons R15 000 vir hom stoetooie koop, die koste sowatbygedra R5 050.het. op ʼn tyd van aktiefeen totooi diebeloop samelewing Ons daarombejaardes besluit om hom Ons het wil hierdie soos ʼn hiermee vriend ofte vrienhelp. Om in sodat so ’n kind belê,daar is ook ’n din bystaan hulleteweet is iemand wat belegging in die ”bedryf. Dit is ’n voorreg.” S vir hulle omgee. S
TRAP DIEP SAKESPORE Helpende Hand se Entrepreneurskompetisie word in 2014 weer aangebied, en prysgeld ter waarde van R60 000 is op die spel. Skoliere van graad 6 tot 12 kan deelneem. Die kompetisie sluit op 2 Mei. Registreer vandag nog jou skerp sakeidees by www.loopbaan.co.za
InBeweging
Helpende Hand laat wiel met eerste motorfietstakke Solidariteit Helpende Hand se doelwit om armoede in die gemeenskap te verlig, voorkom en verbreek, is nie moontlik sonder die betrokkenheid van VRYWILLIGERS nie. Dié vrywilligers kom uit elke segment van die samelewing. Die “BIKER”-GEMEENSKAP is bekend vir hul betrokkenheid by liefdadigheid, en uit dié gemeenskap het die eerste Helpende Hand-motorfietstakke onlangs woema gekry. MARINÉ JACOBS het meer oor dié takke gaan uitvind.
Foto’s: Mika de Wit-fotografie & Verskaf
I
56
n Maart vanjaar is Helpende Hand se eerste motorfietstak in Pretoria gestig. Die sogenaamde “biker”-gemeenskap is bekend vir hul betrokkenheid by liefdadigheid, en die stigting van dié tak was dus ʼn logiese volgende stap om Helpende Hand se ondersteunersbasis te vergroot en by meer mense ʼn bewustheid van dié instansie se doen en late te kweek. Volgens Johan Böning, die takvoorsitter, wil hulle graag uitreik na weerlose groepe en behoeftige instansies. “In samewerking met die Bombshelter Bikers’ Church hoop ons om projekte van stapel te stuur wat spesifiek op armoedeverligting en geestelike ontwikkeling fokus,” vertel hy. Hy sê die tak wil ook saam met bestaande takke werk en hulle ondersteun waar nodig. Die eerste motorfietstak se bestuur bestaan uit Solidariteit-werknemers, onderwysers en motorfietsgeesdriftiges soos Petro Voges van die Bikers 4 Kids-rygroep. Die tak het op 17 Mei hul eerste projek aangepak en by Huis Judy, ʼn ouetehuis in Pretoria-Noord, gaan kuier en boeke en komberse geskenk. Een van die hoogtepunte van die dag was toe die 77-jarige Roma van der Spuy deur Christo Velloen van die Semo Sancus-motorfietsklub vir ʼn rit om die blok geneem is op sy GSXR-superfiets. Dié suksesvolle projek is op 26 Julie gevolg deur ʼn “Biker Day Jol”, wat saam met Nehusa Fellowship, Club Scorpio, Stallions of Steel Motorcycle Club en ander motorfietsklubs en
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
WIL JY MOTORFIETSTAK STIG? Om ʼn motorfietstak te stig, is vyf vrywilligers nodig om in die bestuur van die tak te dien. Dié bestuur bestaan uit ʼn voorsitter, ondervoorsitter, sekretaris, tesourier en projekkoördineerder. Die eerste verantwoordelikheid van ʼn nuwe tak is om ʼn databasis van taklede, ondersteuners en behoeftiges in hul gemeenskap op te stel. Behoeftes in die gemeenskap moet geprioritiseer word, en ondersteuners se inkoop moet gekry word sodat projekte met hul ondersteuning befonds kan word. Vir motorfietstakke is dit spesifiek belangrik om ʼn netwerk van motorfietsklubs en -rygroepe te vorm wat saam kan werk en ondersteuning kan bied. Onthou, die aantal wiele by dié takke se projekte bepaal hul welslae! -rygroepe in Pretoria aangepak is. Dié projek het gefokus op die insameling van kos vir niestakende slagoffers van die platinumstaking. ʼn Sleepwaentjie vol niebederfbare kos en 1,5 ton mieliemeel is geskenk deur die sowat 250 mense wat die geleentheid bygewoon het. Op 16 Augustus het die tak hul derde projek aangepak: ʼn Ontbytrit om produkte by Helpende Hand se verspreidingspunt in Hartbeespoort af te lewer. Die tweede Helpende Hand-motorfietstak
is op 28 Julie in Westonaria gestig, en samesprekings met onder andere die Bombshelter Bikers’ Church in Pretoria en Sabie, asook ander motorfietskerke word tans gevoer vir die stig van nog takke landwyd. Die motorfietstakke beoog om volgende jaar een van Helpende Hand se grootste nasionale projekte, die Skooltassieprojek, te ondersteun. Dié projek het ten doel om vir behoeftige graad een-leerlinge ʼn skooltassie te gee met alles in wat hulle nodig het om hul eerste skooljaar op gelyke voet met hul meer bevoorregte maats af te skop. Sedert die ontstaan van die projek in 2007 het Helpende Hand reeds 21 100 tassies uitgedeel. Deur by dié projek betrokke te raak, wil die Helpende Hand-motorfietstakke die motorfietsgemeenskap mobiliseer om te help met die uitdeel van skooltassies by geïdentifiseerde skole in die land. Hoewel die motorfietstakke dit geniet om saam te ry en liefdadigheidswerk saam aan te pak, is dit belangrik dat die visie van Helpende Hand steeds nagestreef word: Die verbreek van armoede onder Afrikaners, die vind van langtermynoplossings vir dié probleem, en die skep van geleenthede vir opleiding en ontwikkeling. Dit kan gedoen word deur ʼn beursfonds te stig of ʼn kind te bemagtig met een van Helpende Hand se talle projekte wat op kinders gerig is. Die motorfietstakke nooi vrywilligers om by hulle betrokke te raak en sodoende hande te vat om armoede te verlig, voorkom en verbreek. S
Solidariteit ® Helpende Hand
R2 MILJOEN
VIR ONS MENSE
Geen statistieke beteken nie geen ar moede nie
Helpende Hand w il UITREIK na d ie ar m Af rikaners wat nie raakgesien word n ie. Help ons om ARMOE DE te verlig. SMS “Onsmense” na 38969 en skenk R10 vir d ie Ons Me SMS nse-veldtog.
“Onsmense”
na 38969 (R10/SMS)
Solidariteit Beweging
0861 25 24 23 • www.helpendehand.co.za
InBeweging
AfriForum
Links: Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, en Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, met die amptelike opening van AfriForum se nuwe hoofkantoorgebou in Centurion. Bo: Flip Buys, en sanger en getroue AfriForumondersteuner Steve Hofmeyr tydens die geleentheid.
AfriForum: Nuwe toekomsplanne skep hoop
Noudat die burgerregte-organisasie AfriForum sy teiken van 100 000 lede bereik het, is dit tyd vir nuwe toekomsplanne wat ʼn selfs nog groter verskil moet maak in die gemeenskappe wat dié organisasie bedien en beskerm. Vir dié planne om suksesvol te wees, staan die betrokkenheid van die gemeenskap self sentraal. ALET RADEMEYER vertel meer.
Foto’s: Katelynn Botha
A
friForum het sy nuwe toekomsplan getiteld “Prioriteitsprojekte post 100 000 lede” aangekondig tydens die amptelike opening van die organisasie se nuwe hoofkantoorgebou in Centurion. Die toekomsplan staan op drie bene: • Aksies vir die verbetering en beïnvloeding van die bestaande werklikhede in die land ter beskerming van basiese burgerregte; • Die vestiging van nuwe werklikhede waarbinne Afrikaners, ander minderhede en burgers oor die algemeen selfstandig ’n beter toekoms kan skep; en • Die uitbou en versterking van AfriForum as organisasie om as voertuig te kan dien vir die suksesvolle uitvoering van die toekomsplan. Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, meen die belange van minderhede is nie deel van die regerende party se agenda nie en minderhede soos Afrikaners sal toenemend verantwoordelikheid moet neem om vir hulself ’n beter toekoms te skep. “Dit is bevrydend om selfstandig skouer aan die wiel te sit om die samelewing te verbeter sodat jy weet jy is nie aan die genade van owerhede oorgelaat nie.” Wat die beïnvloeding van bestaande werklikhede betref, is AfriForum tans met meer as 50 afsonderlike regsgedinge teen die staat, munisipaliteite en groot kommersiële instellings
58
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
besig. AfriForum verwag dat hy in die toekoms by nog meer regsaksies betrokke sal moet raak om te voldoen aan die groeiende nood en behoefte aan ’n sterk burgerlike samelewing. AfriForum se gemeenskapstrategie behels die mobilisering van gemeenskappe om plaaslike owerhede verantwoordbaar teenoor belastingbetalers te hou en ʼn selfstandige diensleweringsvermoë te ontwikkel. Die organisasie fokus plaaslik op vier terreine, naamlik omgewingsake, gemeenskapsveiligheid, plaaslike regering en erfenisterreine. Deur sy takstrukture voer AfriForum onafhanklike veldtogte om te bepaal of gemeenskappe se drinkwater aan die bloudruppelstatus en rioolwerke aan die groendruppelstatus voldoen. Vanjaar het AfriForum ʼn afdeling tot stand gebring wat net op onderwyssake fokus. Voorts is AfriForum toenemend met veldtogte rakende Afrikaans besig om die regte van dié taalgemeenskap te bevorder en te beskerm. AfriForum gaan in die toekoms ook meer veldtogte voer om ʼn toenemende verdraaiing van die geskiedenis reg te stel. Dit sal deur middel van publikasies, video’s en dokumentêre rolprente gedoen word. Met verwysing na die vestiging van nuwe werklikhede waarbinne Afrikaners en ander minderhede selfstandig ’n beter toekoms kan skep, gaan AfriForum onder meer navorsing doen en
’n sentrum vir kulturele outonomie begin. AfriForum het reeds met aanvoorwerk begin vir die stigting van ’n sentrum wat op die opleiding van jongmense sal fokus. Die sentrum sal in samewerking met geakkrediteerde onderwysinstellings werk en veral daarin spesialiseer om kortkursusse en geakkrediteerde kwalifikasies aan te bied. Die fokus van die sentrum sal veral, maar nie uitsluitlik nie, op politieke kommunikasie, politieke ekonomie en die beskerming van minderheidsregte fokus. Wat die uitbou en versterking van AfriForum betref, is die organisasie se operasionele afdeling reeds besig om hom strategies te posisioneer om die groot groei in lede en die administratiewe werklikhede wat daarmee gepaard gaan, te kan hanteer. Benewens die versterking van AfriForum se jeugstrukture by tersiêre instellings, gaan die organisasie voortgaan met die uitbou van verhoudings in die buiteland met Suid- Afrikaners wat tydelik of permanent daar woon asook met buitelandse meningsvormers wat in AfriForum se aktiwiteite belangstel. Met die opening van AfriForum se nuwe hoofkantoor het Kriel gesê dit is ʼn lewende monument vir wat ’n gemeenskap kan bereik as hulle deur sterk burgerlike instellings self verantwoordelikheid vir hulle toekoms neem en saam aan ’n beter samelewing bou. S
InBeweging
AfriForum plant meer as 1 000 bome vir groener SA Ter viering van NASIONALE BOOMPLANTWEEK het AfriForum vanjaar meer as ʼn duisend bome regoor die land geplant, berig ALET RADEMEYER.
Foto: iStockphoto.com
V
olgens Julius Kleynhans, AfriForum se hoof van omgewingsake, is dié spesiale program deur 125 takke van die organisasie aangebied. Tydens die week lange program is gefokus op die betekenis van Nasionale Boomplantdag, die belangrikheid van bome, hoe ’n boom geplant moet word, die impak van indringerplante, ’n groen toekoms, die herwinning van bome en bome in die Bybel. Boomplantdag het sy oorsprong in 1872 in Nebraska in die VSA, toe ’n koerantnuusredakteur met ’n passie vir bome die tradisie begin het. Dit het ook na Suid-Afrika oorgespoel waar die eerste Boomplantdag amptelik in 1983 gehou is. Volgens Kleynhans is bome deel van ons erfenis en speel dit ’n groot rol in die ekosisteem. “Bome verskaf suurstof, skaduwee en kos en ons kan nie daarsonder lewe nie. Suid-Afrika is ryk aan biodiversiteit, maar die mens is die grootste bedreiging vir sy natuurlike hulpbronne. Ons moet verseker dat ons natuurlike hulpbronne beskerm en volhoubaar bestuur word,” sê hy. Hy verduidelik daar word jaarliks twee inheemse plante, een algemene boomspesie en een skaars spesie, as die “bome van die jaar” gekies. “Vanjaar se bome is die Genus heteropyxis, wat beter bekend is as die laventelboom, en die Vepris lanceolata, ook bekend as die witysterboom. Daar is nie spesifiek versoek dat inwoners dié bome in hul gemeenskappe moet plant nie. Hulle kon ook bome plant wat endemies aan hul gebied is.” Verskeie skole het AfriForum se boomplantprojek ondersteun. In Mosselbaai is twee wildepruimbome tydens Loslitdag by die Laerskool Vorentoe geplant. Daar is spesifiek op dié boom besluit omdat dit vinnig groei, skaduryk en immergroen is en eetbare bessies dra wat voëls lok en veilig is vir kinders. Mnr. Koos Schutte, afgetrede skoolhoof en inspekteur, het tydens die plant van dié bome die verskillende groeifases van die boom aan die leerlinge verduidelik. Die AfriForum-tak in Hartbeespoort in Noordwes het altesame 26 bome geskenk wat by die Laerskool Generaal Hendrik Schoeman, die Meerhof-skool vir Gestremdes, die Laerskool Broederstroom en die munisipale
park in Kuyperstraat geplant is. Volgens Carmea Huysamen, provinsiale koördineerder in Noordwes, is daar ook vier bome in Klerksdorp en vier in Lichtenburg geplant. AfriForum se Rayton/Cullinan-tak het verskeie vrugtebome by die CVO-skool in Pretoria geplant. Die Amanzimtoti-tak in KwaZulu-Natal het boomplantdag in Queensburgh gevier deur vyf inheemse bome langs die rugbyveld by die Werda-skool te plant. Dié tak het voorts 20 vrugtebome by die Hoërskool Kuswag geplant, terwyl die Durban-tak tien witstinkhoutbome by die Hoërskool Gelofte geplant het. In Margate is tien bome by die Hoërskool Natal-Suid geplant. AfriForum se Heidelberg-tak het tien olyfbome by die Hoër Volkskool in die dorp geplant. “Die plant van bome regoor die land is ʼn simbool van volhoubare bestuur,” het Marcus Pawson, provinsiale koördineerder vir AfriForum in Gauteng-Suid, tydens die geleentheid gesê. In Springs aan die Oos-Rand is 50 wildeolyfbome by die Muriel Brand-skool vir Gestremdes geplant. In Centurion het die graad 1-klasse van die Laerskool Hennopspark ook tien bome by dié skool geplant. Volgens Leandri Streit, provinsiale koördineerder vir AfriForum in GautengNoord, is die jaarlikse boomplantweek ’n geleentheid vir Suid-Afrikaners om die belangrikheid van bome te leer. “Ons het juis die graad1’s gekies om aan boomplantdag deel te neem sodat hulle vir die volgende sewe jaar kan sien hoe hul bome groei en ontwikkel.” Ook in die Vrystaat het die AfriForum-tak in Frankfort skouer aan die wiel gesit en 40 inheemse vaderlandswilgerbome (Combretum erythrophyllum) aan die oewers van die Wilgerivier geplant. Baie uitheemse wilgerbome wat met hul skadurykheid ʼn vakansiegevoel aan die oewer verleen het, is uitgekap. Jan Oost, voorsitter van die Frankfort-tak, het gesê die vaderlandswilgerbome kan die rivieroewers rehabiliteer en stabiliseer. Ook in die Vrystaat is vier bome geplant by die CVO-skool Heilbron, agt by die Riemland-museum en 10 by die Vegkop- historiese terrein. S
1872
Die jaar wat BOOMPLANTDAG sy oorsprong in die VSA gehad het. Dit is die eerste keer in 1983 in Suid-Afrika gehou.
Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
59
InBeweging
mar ela Maroela Media eer die reg van toegang tot (gratis) nuus media
Het jy ʼn reg tot nuus? En, indien dit ʼn reg is, behoort jy vir dié reg te betaal? HERMAN TOERIEN, aktualiteitsjoernalis by Maroela Media, werp lig op dié kwessie.
D
ie inleiding van die Wet op Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000, lui soos volg: “Om beslag te gee aan die Grondwetlike reg van toegang tot enige inligting wat in die staat of enige ander persoon se besit is, en wat nodig is om enige regte uit te oefen of te beskerm.” Kort-kort moet persone en instansies hulle tot die howe wend om toegang juis tot sulke inligting te kry. Inligting kan om baie redes sensitief wees, en die houer daarvan se instink is om die verspreiding daarvan te beperk, al is dit ten koste van ander se regte. ʼn Mens hoef maar net te dink aan die stryd om agter die kap van die byl met die omstrede wapentransaksie te kom, en later met Nkandla, en, en... Maar is daar ʼn reg op nuus sodat burgers ingelig kan wees om sekere regte soos sinvolle deelname aan demokrasie te kan uitoefen? ’n Oningeligte persoon se stem is immers net so sinvol soos die stem wat ’n plank sou uitbring. Daar is ander redes hoekom toegang tot nuus belangrik is, soos skietery by ʼn misdaadtoneel wat jou veiligheid op die spel kan plaas, paaie op jou roete wat weens ʼn ongeluk gesluit is, die opskerp van sekuriteit op jou plaas weens baie plaasaanvalle in die omgewing, die ingrypende uitwerking wat ʼn regeringsverandering in die VSA hier op jou kan hê en baie meer. Voor na die reg gekyk word, net dié opmerking: Voorheen het dit dikwels betaal om Afrikaans te wees. Nou, só lyk dit, moet ʼn mens betaal om Afrikaans te wees. News24 se nuus is gratis, maar Netwerk24 s’n kos geld. As ʼn mens Afrikaanse nuus op TV wil kyk, en jy woon nie toevallig binne SABC3 se opvangsgebied nie, is “gratis nuus” jou nie beskore nie. Die SABC het egter onder druk geswig en die Afrikaanse bulletins is van 3 November terug op die SABC2-kassie. Die situasie is oorvereenvoudig gestel – daar is byvoorbeeld radionuus wat werklik gratis is. Nie eens ʼn jaarlikse lisensie is hiervoor nodig nie. Daar is ook heelwat gratis tokkelosse (glo die Afrikaans vir knock and drops). Maar ʼn gratis nuusportaal wat deurlopend vars, kwaliteit nuus en objektief-neutrale ontledings voorsien? Maroela Media staan as baken uit. Die reg van toegang tot nuus moet op verskillende maniere afgelei word, wat begin met die reg van joernaliste en die media om nuus in
60
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
te samel en beskikbaar te stel. Veral in die VSA is daar heelwat regspraak hieroor, en ’n paar instansies, soos Freedom House en Verslaggewers Sonder Grense, hou persvryheidsindekse by. Suid-Afrika het die afgelope aantal jare meestal agteruit geboer, selfs in Afrika-konteks, en nie net weens regeringsoptredes soos die sogenaamde Snoerwet wat wag om onderteken te word nie. Suid-Afrika word onder meer ook gepenaliseer oor ’n gebrekkige weergee van politieke diversiteit, wat as ʼn aantasting van demokrasie self beskou word. Selfsensuur en
politieke gedienstigheid, voorkeure van staats- en selfs ander advertensies, alles dra daartoe by dat Suid-Afrika deur Freedom House as slegs gedeeltelik persvry beskou word – al staan dit in die Grondwet. Dat Maroela gereeld uit links-liberale kringe vir sy aanbieding van nuus gestriem word, is ’n pluimpie vir ons objektiwiteit. Rhoda Kadalie het by geleentheid geskryf politieke korrektheid is die diktatuur van die liberalis, en enige diktatuur is die moeite werd om te opponeer – dít is wat Maroela ter wille van sy lesers doen. S
InBeweging
Lees, leer, ontdek, onthou @ Maroela GRENADELLAPOEDING Bestanddele 100 g (125 ml) suiker 50 g (60 ml) botter of margarien 2 eiers, geskei 50 g (75 ml) koekmeelblom 300 ml melk 1 blikkie (115 g) grenadellamoes (of die moes van 3 vars grenadellas)
Lewer 4 tot 6 porsies Metode 1. 2. 3. 4. 5. 6.
Voorverhit die oond tot 160 °C (325 °F). Smeer ʼn oondvaste bak van 15 x 25 x 5 cm. Klop die suiker en botter of margarien saam. Voeg die eiergele by en meng goed. Klop die koekmeelblom, melk en moes by. Klits die eierwitte tot styf en vou dit liggies in die mengsel in. 7. Skep dit in die bak. Bak vir 30 minute.
Oorspronklike resep gepubliseer in: Huisgenoot Wenresepte 1 • Uitgewer: Human & Rousseau • Prys: R285,00
BALLADE VIR ’N ENKELING Leon van Nierop
die lees werd
In die jare tagtig het die treffer TV-reeks Ballade vir ’n enkeling rekords gebreek. En nou word die verhaal weer vertel – dié slag soos dit werklik gebeur het, sonder versagting, aangepas vir 2014. Dit begin wanneer een van die land se gewildste skrywers, Jacques Rynhard, op die kruin van sy loopbaan verdwyn. Ballade vir ’n enkeling kos R220 en word uitgegee deur Tafelberg. Ook binnekort in rolprentteaters te sien.
eweging INInBBEWEGING
Pluk die vrugte van ons beskerming Hierdie is ’n opsomming van die voordele wat aan lidmaatskap van Solidariteit verbonde is. Dit is onderhewig aan die grondwet en beleid van die vakbond, asook aan die reëls soos vervat in die Reëlboek, en kan sonder vooraf kennisgewing deur die Hoofraad van Solidariteit gewysig word. Nuwe lede, wat bewys kan lewer dat hulle lid was van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy direk voor aansluiting by Solidariteit, is dadelik op voor dele geregtig, met dien verstande dat waar so ’n lid by aanvaarding reeds in litigasie of geskil betrokke is, die voordele van lidmaatskap deur die Hoofraad na goeddunke beperk kan word. LIDMAATSKAPKATEGORIEË
1
62
68
2
Kollektiewe lede
Individuele lede
Kollektiewe lede is lede in diens van ’n werkgewer met wie Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of van ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling ingedeel word. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede, ongeag ouderdom, kwalifiseer vir alle voordele.
Individuele lede is lede wat by aansluiting 50 jaar of jonger as 50 is en by ’n werkgewer werk waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar of ouer word, bly ’n individuele lid. Individuele lede kwalifiseer vir alle voordele.
U 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za Uitgawe ITGAWE 4 VAN 2014 • www.solidariteit.co.za
3 Ondersteuningslede Hierdie kategorie van lidmaatskap is ingestel op versoek van mense wat die visie van Solidariteit steun, maar nie kwalifiseer vir een van die ander kategorieë nie. Dit wil sê individuele lede wat by aansluiting 50 jaar of ouer as 50 is. Ondersteuningslede kan sekere voordele benut, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.
eweging INInBBEWEGING
Is jy ’n Solidariteit-lid? Wil jy graag ’n splinternuwe Toyota Corolla of ’n luukse vakansie wen? BRING JOU INLIGTING OP DATUM en jy kan wegry met wiele vol woema! Die kompetisie is oop tot 30 April 2015. Besoek www.solidariteit.co.za
WEN! WEN! WEN!
BYKOMENDE DIENSTE
ALTYD AAN JOU KANT Arbeidsake Gratis regshulp en hulp met arbeidsake Lede kry advies van deskundiges ten opsigte van alle arbeidsake soos dissiplinêre ondersoeke, werkongelukke en werkprobleme. Gratis regsverteenwoordiging word verskaf vir werkverwante arbeidsake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie of die arbeidshof verwys word. • Besoek www.regsdienste.co.za Hulp met ondersoeke Hulp in verband met ondersoeke deur die Mediese Buro vir Bedryfsiektes en voordele van die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual word verleen, asook hulp in verband met werkverwante ongeskiktheidseise. Kollektiewe bedinging Bekwame en ervare Solidariteit-personeel beding kollektief vir beter diensvoorwaardes en salarisse vir lede.
Begrafnisplan • ’n Gehaltebegrafnis word aan elke lid en sy of haar huweliksmaat verskaf. Dit sluit ’n kis van hoë gehalte asook die begrafnisdiens in. • In die geval van ’n verassing word ’n kis en ondernemersdiens voorsien. • ’n Begrafnis vir die lid se afhanklike kinders tot ouderdom 21 jaar word voorsien en is van dieselfde gehalte as dié vir volwassenes. Die ondernemersdiens word slegs deur Dovesbegrafnisdienste behartig. • Die gade kan aansoek doen om aan te bly as lid ná afsterwe van die hooflid. • Die las van begrafnisreëlings word verlig deurdat Solidariteit en Doves die reëlings tref.
Bevallingsvoordeel*
Uitbetalings bykomend tot begrafnisplan • ’n Kontantbedrag van R3 000 word by afsterwe van ’n opbetaalde lid aan die huweliksmaat of afhanklike kinders beskikbaar gestel. • ’n Bedrag van R2 000 word aan ’n lid wat volle ledegeld betaal, beskikbaar gestel as ’n huweliksmaat te sterwe kom. • Kontantuitbetalings aan ’n volle lid by die afsterwe van kinders behels die volgende: • Kinders tussen 14 en 21 jaar: R1 500 • Kinders jonger as 14 jaar: R1 000 • Kontantuitbetaling wissel as beide die man en vrou lid van Solidariteit is. • Eise moet binne 6 maande ingedien word.
’n Bevallingsvoordeel van R1 250 word vir elke bevalling aan vroulike lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap van Solidariteit betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.
Korting op grafstene ’n Korting van 10% op grafstene is met Doves beding. • Lees meer op bladsy 64.
Permanente mediese ongeskiktheid* Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatskap en wat spesialisverslae en bewyse van hul werkgewers voorlê dat hulle permanent ongeskik vir enige werk in die ope arbeidsmark is, ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 500. Eise moet binne ses maande ingedien word. * BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD – SKAKEL 0861 25 24 23 • FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM
Sterftevoordeel (Doves-kontrak)*
aritei
t 3 Omslag
2/14/1
4
Solidariteit Tydskrif Lede ontvang ses keer per jaar ’n eksemplaar van Solidariteit Tydskrif waarin aktuele kwessies in die wêreld van werk asook die Solidariteit Beweging se werksaamhede gedek word.
8:55
AM
Page
Studievoordeel*
2
VRY,
FOKU S
VEILIG,
BEROEP GESON SDHEID EN -VEILIGH BLADSY EID
VOORSPOE DIG Helpe nde belê R1,5 Hand in gemee miljoen nskappe
34
Solidarit
eit
Renate
“Ek’s dankbaBarnard: ar ondank s die diskrim inasie”
AfriFo
rum:
e2
014 Uitgaw
Safe, prospe communitiesrous possible Vakbo nd gee aan met riteit pas 3 - Omslag Solidaveiligheid en gesond cover: heid
4/3/14
2:33
PM
Page
APP
2
IS UIT
01 • 2
014 www.soli dariteit.co .za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN
9 77 168 3
1683562
DIE MO U
Solida riteit palm van nou in die jou HAN DD
-X
562 000
HAN
de te HELPENDE EKO om armoe ek se hart NO verbre m,MIE verlig, voorko * SA het groter koek 2014 nodig * Is there IESING ap hope for VERK ke landsk econom y? * Geson Sódelyk politie bestuur maak LITY vakbond voors ER QUAbomb – * Financial WAT poedi timeg freedo ticking a study m toorum * Spaar nou retire vir kind AfriF se opleid ing
Solida riteit Beweging
: DIE PUK unte RIE BY PENA beplan oor brandp Beraad
UPSIE KORR
G INvetter AK ST beursie maak nie
PROTECTS HOW LAW LOWERS WHISTLE-B
~ BLADSY
dit weer “Ek sal sê doen,” aser fluitjiebl
28
RMASIE TRANSFO onsentrasie” oor “oork heard soon
er sing gewei
2014 02 • .za
dariteit.co www.soli (BTW ingesluit) R16,95 lede Gratis aan I SSN
1683562
3 168 9 77
BLADSY
36
-X
000 562
riteit Solida ging Bewe
* Verpla g system: Case to be lar” rankin man “irregu a white * SAPD mending sformeer * Recom reeds breedweg getran diens * Staats DIE
S FOKU
VAT VROUE DIE VLAM IN WERKPLEK
MOED RIMI TEEN DISK
ONS HET
OM TE
NASIE,
FHA STAATSA
VEG
NKLIKHE
ID, BED
ROG
Lede van Solidariteit, asook hul afhanklike kinders tot en met die ouderdom van 21 jaar, ontvang 20%-afslag om by Akademia te studeer. Besoek die webtuiste www.solidariteit.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes. • Lees meer oor Akademia op bladsy 26.
Motor- en huisinhoudversekering Hierdie groepskema verskaf uitstekende premies by Auto & General aan lede. Vir ’n gratis, verpligtingvrye kwotasie, skakel 0860 34 62 53.
Solidariteit Regshulppakket Vir ’n bykomende premie van slegs R90 per maand kan lede en hul afhanklikes omvattende regsdekking geniet, dit wil sê buite arbeidsverband. Die voordele behels dekking vir siviele en strafregsake (krimineel), telefoniese regshulp, toegang tot regsdokumente en afslag op onder meer oordragte. Geniet dekking ter waarde van R45 000 per jaar (beperk tot R20 000 per saak). • Skakel 0861 SOL REG (0861 765 734).
Solidariteit Aftreeplan Solidariteit Finansiële Dienste hanteer die bemarking van die Solidariteit Aftreeplan. Dié produk is ontwikkel as ’n uitvloeisel van die feit dat so min Suid-Afrikaners onafhanklik kan aftree en word in samewerking met Allan Gray aangebied. • Skakel 0861 101 005.
Testamente en bereddering Elke lid het toegang tot die gratis opstel van sy of haar testament. Boedelbereddering kan teen ’n markverwante heffing gedoen word. • Skakel 012 644 4300. S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
63 69
InBeweging NUUSWAARDIG
STEM EN WEN!
Ons fotokompetisie: Ontmoet die drie beoordelaars Stem vir jou gunstelingkiekie en wen! Deur Cilleste van der Walt
FFoto .com OTO’’sS: :iS IStockphoto TOCKPHOTO .COM
Suid-Afrika VEILIG EN VOORSPOEDIG wees.ons Tog dikwels fokus mense dikwels Suid-Afrika is is ’n ʼn land land met met baie baie geleenthede geleenthede om om VRY, vry, veilig en voorspoedig te leef. Togteverval in negatiewe slegs op die onsons land. MetMet ’n negatiewe houding kan ons nie ’n egter positiewe maak om tot die toekoms gedagtes en negatiewe gesprekke inoor land. ʼn negatiewe ingesteldheid is dit haasbydrae onmoontlik ʼn positiewe nie. Daarom dietetema Solidariteit “Vry, veilig en voorspoedig”. Jy het “Vry, nou die bydrae tot diéwas land lewer.van Daarom was Tydskrif hierdie se jaarfotokompetisie se tema van Solidariteit Tydskrif se fotokompetisie veiligkans en om te STEM VIR GUNSTELINGKIEKIE wat die positiewe mooiste land, Suid-Afrika, voorspoedig”. DieJOU tyd het aangebreek vir die beoordeling, en onsvan stelons graag die beoordelaars voor. vasvang.
64
Hoe neem ek deel? • Reint Dykema doen al sedert sy stuGaandentedae loer na die inskrywings in vanjaar se Sy algemene en troufotografie. Solidariteit Tydskrif-fotokompetisie die redakteurskap van die Puk se deur studentekoewebtuiste https://tydskrif.solidariteit.co.za/rant Die Wapad tydens sy studentejare het fotokompetisie-2014/ te besoek. jou lewe in dié passie geblaas. Sy Kies natuurlike gunstelingkiekie en stem. webwerf fotografie-aanleg is inDie 1992 beloongee toe ’nhy stap-vir-stap verduideliking oor hoe jy jouby die as wenner in die fotografiekategorie gunsteling metPU ’n vir stem kan se ondersteun. destydse CHO Kampustalentfees aangewys is. Sy mediafoto’s verskyn gereeld Pryse in Solidariteit Tydskrif en ook van tyd tot tyd Daarinisander vanjaarmedia. grootGedurende pryse op diedie spel vir die laaste paar foto-inskrywings. Die wenners word later vanjaar jaar het die troufotografie van stokperdjie tydens glansgeleentheid bekend gemaak. tot’nsakeonderneming ontwikkel. • 1ste prys: R10 000 •• 2de prys:Yssel R5 000completed his degree in Elrich • 3de prys:picture R3 000production at the Tshwane motion • Lesersgunsteling: R2 000 (TUT). He has University of Technology distinguished himself as a specialist creative Sluitingsdatum director, special effects artist and editor. He Lesers het the die geleentheid vir on ’n the Afrijoined Film Factoryom team lesersgunsteling stem. Die sluitingsdatum vir kaans movie,te“Superhelde”, where he was Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
dié stemme is 1for Oktober Die responsible special 2014. effects. Hewenner has also van been die kompetisie sal in die creative director of Desember-uitgawe various television van commercials, Solidariteit Tydskrif bekend gemaak word. and he worked on the SABC1 drama “Soul City” as a data wrangler. He Reëls is currently working in collaboration with • Die kompetisie is oopon virindependent enigiemand. proformer film students • ’nductions Maksimum van vyf inskrywings per of comedic web series, amongst persoon sal aanvaar word. several other exciting projects. • Geen inskrywingsfooi word gehef nie. • Elke inskrywing die volgende bevat: Hendrik vanmoet der Merwe het in 2010 • •fotografie Jou foto,as’nʼnkort beskrywing joubeoefoto voltydse beroepvan begin ennadat jou persoonlike inligting van, fen hy dit vir ’n paar jaar(naam, as stokperdjie volledige gedoen het.kontakbesonderhede). Hy neem graag sportsoorte soos • Jygimnastiek, kan slegs karate, vyf keer vir jourugby, gunstelingfoto hokkie, oopwaterstem. swem en perdeskoue af. Daarbenewens is hy • Die se beslissing ookbeoordelaars baie doenig met fotografie isbyfinaal. funksies • Enige aanduiding van plagiaat gronde en skoonheidskompetisies. “Ekishet ’n tenvir diskwalifikasie. volle toegeruste ateljee in Hatfield waar ek • Solidariteit Tydskrifenbehou die reg voor om Ek portret-, gesinsmodelfotografie doen. enige van fotografie-opleiding die inskrywings vir publikasie te bied ook in basiese en gebruik. Erkenning sal” sê welVan gegee word. SS ateljeefotografie aan, der Merwe.
FOTOKOMPETISIE
2014
VRY, VEILIG, VOORSPOEDIG www.solidariteit.co.za • ISSUE 4 OF 2014
23
InBeweging
Die projek “Afrikaans – my TROTS!” is ter viering van Afrikaans se 100ste jaar as skooltaal deur Kraal aangebied. Dit is bekendgestel tydens die vrystelling van Ons gaan ‘n taal maak deur Jaap Steyn.
Afrikaans: Jongmense verklaar hul trots op taal Vir die viering van AFRIKAANS SE 100STE JAAR AS SKOOLTAAL is jongmense genooi om te sê hoe hulle oor Afrikaans voel. Dié hartswoorde sal in ʼn tydkapsule vir die nageslag bewaar word, skryf ILZE NIEUWOUDT.
Foto: iStockphoto.com
D
66
ie amptelike instelling van Afrikaans as skooltaal in 1914 mag dalk vir die jeug van 2014 soos “antieke geskiedenis” klink, maar skoolleerlinge se trots op en liefde vir Afrikaans is vanjaar, 100 jaar later, steeds baie duidelik. Die projek “Afrikaans – my TROTS!” is vanjaar op taaldag, 14 Augustus, tydens die bekendstelling van Kraal Uitgewers se boek Ons gaan ‘n taal maak (deur Jaap Steyn) van stapel gestuur. Dié projek, wat ook deur Kraal Uitgewers aangebied is, het jong, skoolgaande Afrikaanssprekendes genooi om hulle liefde vir Afrikaans te verkondig. As simbool van die 100 jaar van Afrikaans as skooltaal is 100 video’s en klankboodskappe ingesamel om die jeug van 2014 se passie, liefde en entoesiasme vir dié taal te verwoord. Die boodskappe, gelewer deur leerlinge van regoor die land, sal nou in ʼn tydskapsule geplaas word en aan die Taalmuseum in die Paarl geskenk word vir bewaring. Tydens die bekendstelling van die projek en boek het Jan-Anton Theron, die onderhoofseun van die Afrikaanse Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Hoër Seunskool waar die geleentheid gehou is, die eerste boodskap oorhandig. Só sê jongmense oor Afrikaans • “Afrikaans is ʼn Boekevat-taal – daar was oupa se gebede, in keurige Afrikaans met ʼn skeutjie hoog-Hollands daarby... Ons taal se woorde sing. Hulle duikel en slaan bollemakiesie. Hulle rondomtalie, wieg, behoor... Ons taal is prakties. Sonder nonsens. Ons timmer en werskaf nuwe woorde aan mekaar, want ons is woordmakers...” Jan-Anton Theon, gr. 12-leerling aan die Afrikaanse Hoër Seunskool in Pretoria. • “Afrikaans – die taal waarin ek praat, die taal waarin ek dink, die taal waarin ek droom, die taal van my hart wat ek koester, die taal waarin ek kan troos, die taal waarin ek kan bid, die taal wat kruisbeen in my
hart se binnekamer sit.” Madré Flemming, gr. 12-leerling aan die Elizabeth Conradie-skool in Kimberley. • “Ek is nie Afrikaans nie, maar die taal proe so lekker op my tong. Dit klink net reg, maak sin en blom van oorspronklikheid. Is dit nie lekkerder om te sê tieners gooi ʼn ‘vloermoer’ oor huiswerk, in plaas van ʼn ‘tantrum’ nie. Ja, dit is! Ek glo daar is ʼn bietjie Afrikaans in elkeen van ons. Afrikaans is my vierde, maar gunstelingtaal.” Pulani Reeba, gr. 12-leerling aan die Hoërskool Patriot in Witbank. • “Volksliedjies, Antjie Krog, Die Burger, koeksisters, Voortrekkers, die Taalmonument en RSG – so eie aan die Afrikaanse kultuur... Ek doen alles in my taal. Ek praat, dans, sing en leef in my taal. Johan Combrink het gesê: ‘Die taal is die hele huis van die mens se menswees.’ Ek is wie ek is omdat my taal my gevorm het, want soos ons in Afrikaans sal sê: ‘Afrikaans is ʼn lekker taal!’” Lara van der Spuy,16-jarige leerling van die Hoërskool Durbanville in Kaapstad. S
InBeweging
1914-Afrikanerrebellie: Nuwe boek op die rak
K
Deur Ilze Nieuwoudt
raal Uitgewers se nuutste boek in die gewilde Erwe van ons vaad’rereeks, Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (onder redaksie van Andries Raath en Danie Langner), is tydens ʼn herdenkingsgeleentheid op 15 September bekendgestel. Dit het saamgeval met die 100ste herdenking van die tragiese skietdood van generaal Koos de la Rey op 15 September 1914. Die boek herdenk die opstand wat in 1914 uitgebreek het waartydens broer teen broer, vader teenoor seun en vriend teenoor vriend te staan gekom het. Die Rebellie van 1914 het gespruit uit die besluit van die Unieregering om Suid-Afrika aktief aan die kant van Brittanje by die Eerste Wêreldoorlog te skaar en Suid-Afrika se Duits-beheerde buurland Suidwes-Afrika binne te val. Boereleiers Koos de la Rey, Christiaan de Wet en Christiaan Beyers was om verskeie uiteenlopende redes teen die Suidwes-veldtog gekant. Hul diepe teenkanting en dié van medebeswaardes het uiteindelik tot die Rebellie gelei. In waarskynlik die omvattendste werk oor die onderwerp plaas Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 die gebeure voor, tydens en na dié opstand in perspektief. Dit ondersoek die gebeure wat tot die verdrinking van Beyers in die Vaalrivier gelei het; die inhegtenisneming van De Wet; die teregstelling van Jopie Fourie; Kemp se trek deur die woestyn; en die oorgawe van Manie Maritz. Dekades lank is die politieke en emosionele verdeeldheid na aanleiding van die Rebellie steeds gevoel en nou word dié gebeure in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 met ʼn groter mate van ewewigtigheid en objektiwiteit onder die loep geneem. Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 in ‘n neutedop • Die bekendstelling van Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 val saam met die honderdjarige herdenking van die Rebellie van 1914. • Dié duursame koffietafelboek bevat nagenoeg 200 gerestoureerde historiese foto’s uit en oor die Rebellie. • Die boek bestaan uit dertien hoofstukke wat die prominente gebeure en gevolge van die Rebellie ondersoek – insluitend die internasionale agtergrond waarteen die Rebellie afgespeel het en die maatskaplike gevolge van die opstand. • Verskeie prominente persone (insluitende Jopie Fourie, genl. Christiaan de Wet, genl. Christiaan Beyers en Niklaas van Rensburg) se betrokkenheid by die Rebellie kom in die kollig. Twaalf vooraanstaande historici het bydraes tot die boek gelewer. Skrywers sluit in: André Wessels, Andries Raath, Danie Goosen, Danie Langner, Flip du Toit, Jaap Steyn, Jackie Grobler, Johan Schoeman, Leopold Scholtz, Marthinus van Bart, Pieter Möller en Wynand Boshoff. • Die redakteurskap van die boek het gestaan onder leiding van Andries Raath en Danie Langner wat reeds verskeie gewilde titels opgelewer het. • Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 (hardeband, volkleur, 304 bladsye) is nou beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R480 (R60 posgeld uitgesluit). Om jou bestelling te plaas, kontak Kraal Uitgewers by 012 644 4329, stuur e-pos na kraal@solidariteit.co.za of besoek die webtuiste by www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting. S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
67
InBeweging
Nuwe tye bring nuwe leierstrukture vir Solidariteit Solidariteit het onlangs ’n nuwe leierstruktuur bekendgemaak wat voorsiening sal maak vir die verdere uitbou van die vakbond én die Solidariteit Beweging. Die doel hiervan is om te sorg dat die organisasie doeltreffend bly midde in die GROEI EN UITBREIDINGS van die afgelope jare.
F
Foto: iStockphoto.com
lip Buys, die uitvoerende hoof van Solidariteit, word nou ook die voorsitter van die Solidariteit Beweging. Hy sal voortaan hoofsaaklik ’n strategiese rol by die vakbond speel. Die Hoofraad het hom getaak om die Solidariteit Beweging verder uit te bou en landwyd te vestig, wat beteken dat hy nie meer by die daaglikse bestuur van die vakbond ook betrokke kan wees nie. Daarom sal die operasionele bestuur van die vakbond nou aan dr. Dirk Hermann toevertrou word, wat as bestuurshoof aangestel is met die verantwoordelikheid om Solidariteit in die volgende fase te bestuur. Dit sluit onder meer in die versterking van Solidariteit se kollektiewe kant, die verbetering van individuele diens, die ontwikkeling van Solidariteit se nuwe elektroniese bedryfsplatvorm om lede met hul werk te help, Solidariteit se gelykheidstrategie, en die uitbreiding van Solidariteit se opleidingsplanne. Gideon du Plessis is as hoofsekretaris aangestel, en hanteer die omvattende arbeidsverhoudinge- en ledediensfunksies van die vakbond. Adv. Johan Kruger is as adjunkhoof van die vakbond aangestel, waar hy die hoof van Regsdienste, Navorsing en Kommunikasie word. Dawid Durie sal as besigheidsanalis en hoof van die vakbond se dienskantore vir Gideon in sy taak bystaan. Die Beweging se finansiële hoof, Appie Pienaar, bly steeds verantwoordelik vir die vakbond se finansies, waar hy bygestaan word deur Anneri de Jager wat tot finansiële bestuurder van Solidariteit bevorder is, met Jaco Bisschoff wat as hoofrekenmeester aangestel is. Nic Arnold wat Solidariteit Regsdienste jare lank gelei het, word nou die Beweging se korporatiewe regsadviseur, met die verantwoordelikheid om die korporatiewe regsdienste vir die hele Beweging te koördineer. Daarby is hy nou ook vir die Sekretariaat verantwoordelik.
68
Arbeidsverhoudingestuktuur Die vakbond se arbeidsverhoudingestrukture is ook herorganiseer, en al die arbeidsverhoudingedienste is nou in drie nuwe bedrywe saamgevat. Hierdie bedrywe is Energie, wat deur Deon Reyneke gelei sal word, die Metaal- en Ingenieursbedryf asook Kommunikasie, wat deur Marius Croucamp hanteer sal word, en die Professionele bedryf, waar Johan Botha tot Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Die Solidariteit Beweging bestaan tans uit altesame
18
instellings, wat meer as
250 000 lede verteenwoordig en
personeellede in diens het. bedryfshoof bevorder is. Willie Marais is aangestel as sektorhoof vir Landbou en Medies. André van der Merwe is na die Beweging sekondeer, waar hy sal help met die landwye vestiging en koördinering van die verskillende Bewegingstrukture. Terselfdertyd is daar agt organiseerders as sektorkoördineerders aangestel, wat die bedryfshoofde sal bystaan in hulle taak. Hulle is: • Francois van Heerden vir die Ingenieursbedingingsraad; • Cornelius van Leeuwen vir Ingenieursmaatskappye buite die Bedingingsraad; • Linda Senekal vir Kommunikasie; • Connie Prinsloo vir Mynbou; • Lee Coetzee vir Chemies; • Schalk de Bruyn vir Elektries; • Jahni Cowley vir Tersiêr/Finansieel/Algemeen; • Jack Loggenberg vir Denel/Krygkor/Lugvaart. Nog sterker Beweging as ooit Volgens Buys is die doel van die nuwe struktuur om die Solidariteit Beweging te versterk, met
die mediumtermyndoel om Bewegingstrukture wat reeds op streekvlak bestaan, regoor die land uit te brei en te koördineer. Dit het nodig geword vanweë die behoefte aan samewerking op plaaslike vlak as gevolg van die noodsaak om gemeenskapsdienste regoor Suid-Afrika te lewer. Hy sê dat die doel van die Beweging is om as ’n moderne helpmekaarbeweging dienste aan die gemeenskap te lewer. Daar is 18 verskillende instellings wat deel vorm van die Solidariteit Beweging, wat nou uit meer as 250 000 lede bestaan en bykans 700 voltydse personeellede in diens het. Benewens die vakbond Solidariteit is Solidariteit Helpende Hand, AfriForum, Sol-Tech, die Solidariteit Beleggingsmaatskappy, Akademia, en Maroela Media ook deel van die Beweging. Die FAK is as kultuurvennoot ook deel van die Beweging. In die lig van die omvang van die Beweging, sal Buys as uitvoerende voorsitter optree. Hy sal bygestaan word deur ’n sentrale Bewegingskantoor en die bestuurshoofde van die 18 instellings. S
InBeweging
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep BELLVILLE Ettienne Pio (litigant), Anton Gerretsen, Raymond Holland-Chapman, Bennie Harmse, Sarel du Plessis • Administratiewe beampte: Nicole Harmse • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Du Toitstraat 18, Bellville
KATHU Gert van Wyk, Adel Rossouw • Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu
BLOEMFONTEIN Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
LYDENBURG Quintus Sliep • Administratiewe beampte: Bianka du Preez • Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 • Faks: 013 235 1814 • E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za • Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
BOKSBURG Francois van Heerden, Zirk Gouws, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Herman de Jongh, Dana Viljoen, Gibbs du Toit • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Elize Pohlman • Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
CARLETONVILLE • • • • •
Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
ELLISRAS Jan Pretorius, Deon Viviers • Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) • Faks: 014 763 9511 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
KLERKSDORP Willie Marais, Coenie Rheeder, Danny Schutte • Administratiewe beampte: Nicoline Crafford • Tel: 018 468 8533 • Faks: 018 468 8563 • E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za • Adres: Buffelspark, Kantoor 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp
70
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
NEWCASTLE • • • • •
Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
RICHARDSBAAI John Smith • Administratiewe beampte: Chantelle van der Merwe • Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 • Faks: 035 753 1937 • E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za • Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
RUSTENBURG Johan Nell (litigant), Herman de Jongh, Jan du Plessis, Lucindi Pretorius (litigant) • Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Carisma Breet • Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 • E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za • Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg
SECUNDA Andy O’Toole • Administratiewe beampte: Sandra Scheepers • Tel: 017 634 5296 • Faks: 017 634 5297 • E-pos: secunda@solidariteit.co.za • Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda
PIETERSBURG
VAALDRIEHOEK
Eric Schoeman • Administratiewe beampte: Arlene Lourens • Tel: 015 297 0287 • Faks: 015 297 1589 • E-pos: polokwane@solidariteit.co.za • Adres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
Jaco van den Berg, Johan Venter, Francois Calldo, Gerhard Cloete, JJ Fernandes, Lee Coetzee, Nadia Coetzee, Le Roy Fritz (litigant) • Administratiewe beamptes: Elize du Plooy Saretha Jacobs • Tel: 016 931 3160 • Faks: 016 931 3171 / 016 981 6718 • E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za • Adres: Rossini-boulevard 130
PORT ELIZABETH Wynand Strydom • Administratiewe beampte: Yvette Stroebel • Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 • Faks: 041 364 2927 • E-pos: pe@solidariteit.co.za • Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 • Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
PRETORIA Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Jahni Cowley, Louis Pretorius, Sta-Sia Engelbrecht • Administratiewe beamptes: Christa Louw, Anke Cloete • Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 • E-pos: pretoria@solidariteit.co.za • Adres: H.v. Lambert Lee- en Van Rensburgstraat, Mayville, Pretoria
WELKOM Hennie Kommer • Administratiewe beampte: Sue Nel • Tel: 057 352 6839 • Faks: 057 357 2072 • E-pos: welkom@solidariteit.co.za • Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom
WITBANK Cornelius van Leeuwen, Jan du Plessis • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
InBeweging
Opspraakwekkende 1914-Rebellie: “De Wet, Beyers en... ek”
D
Deur Ilze Nieuwoudt
it is vanjaar reeds 100 jaar sedert die opspraakwekkende 1914Rebellie plaasgevind het. Dié opstand, wat vir talle Afrikaners nou in vergetelheid geraak het, het egter in 1914 en in die dekades wat daarop gevolg het, ʼn bitter letsel in families, dorpe en selfs kerke gelaat. Dit het nie net gelei tot die dood van generaal C.F. Beyers, die teregstelling van Jopie Fourie en die gevangeneming van talle Rebelle, insluitende genl. Christiaan de Wet nie, maar het ook verarming en skeuring op verskeie vlakke van die Afrikaner-samelewing tot gevolg gehad. Aangesien dit die grootste burgeroorlog in die geskiedenis van Suid-Afrika was waar wit Suid-Afrikaners teen mekaar te staan gekom het, word daar egter dikwels oor dié gebeure geswyg. Kraal Uitgewers het op 15 September (die 100ste herdenking van genl. Koos de la Rey se skietdood) ’n projek ter herdenking van die 1914-Rebellie bekendgestel. Die hoogtepunt van die projek is die bekendstelling van die boek Die Afrikanerrebellie, 1914-1915. Nog ʼn faset van die projek is die bekendstelling van ʼn databasis van Rebelle en vroue wat in 1915 aan die historiese vroue-optog na die Uniegebou deelgeneem het om die vrylating van Rebelle-gevangenes te eis. Dié projek is getiteld “De Wet, Beyers en... ek”. Hoewel die geskiedenis dikwels net die leiersfigure in die kollig plaas, vertel dié projek ook van die “voetsoldate” van die Rebellie. ʼn Databasis, bestaande uit nagenoeg 2 000 Rebelle se name, is opgestel en word tans uitgestal in Galery 20/20 by die Voortrekkermonument in Pretoria. Dié databasis is egter ook aanlyn op Kraal Uitgewers se webblad beskikbaar (by www.kraaluitgewers.co.za). Inligting soos die Rebelle se van, doopname of voorletters, die plek of plaasnaam van afkoms en plek en datum
72
Gevange Rebelle van genl. C.F. Beyers se kommando ná afloop van die Rebellie in die kamp in Booysens, Johannesburg.
van aanhouding, oorgawe of gevangeneming (indien van toepassing) is in die databasis vervat. In sekere gevalle is besonderhede oor persone wat die betrokke Rebel in hegtenis geneem het, ook beskikbaar. Benewens die databasis van Rebelle is ʼn lys van sowat 500 afgevaardigdes wat aan die eerste vroue-optog na die Uniegebou deelgeneem het, ook bekendgestel. Meer as 3 000 vroue het op 4 Augustus 1915 aan dié optog deelgeneem om te pleit vir amnestie vir die Rebelle wat nog in aanhouding was. Dié databasis vorm ook deel van die Galery 20/20-uitstalling en is ook op Kraal se webtuiste beskikbaar.
Kom soek die rebel in jou DNS Jy word genooi om nie net die databasis te gebruik vir die opsoek van jou Rebelle-voorsate nie, maar ook om Kraal by te staan in die uitbreiding daarvan. Enige bykomende inligting oor reeds gelyste persone of die toevoeging van name wat nie op die databasis verskyn nie, sal welkom wees. Bykomende inligting, foto’s en afskrifte van dokumentasie wat met die Rebellie verband hou, is ook welkom. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting oor die “De Wet, Beyers en... ek”-projek en vir skakels waarheen inligting gestuur kan word. Besoek ook die blad vir meer inligting oor Kraal se publikasie Die Afrikanerrebellie, 1914-1915. S
= 100
“Fourie het ʼn geleentheid gekry om van lede van sy familie afskeid te neem. Daarna het hy die nag in dominee Neethling se geselskap deurgebring. Hy het briewe aan sy gesin, sy advokate, Louis Botha (wat hy as ‘Oom Louis’ aangespreek het) en die Afrikanervolk geskryf. Kort ná vyfuur op Sondagoggend 20 Desember is hy deur ʼn vuurpeleton in die sentrale gevangenis in Pretoria tereggestel. Hy het die dood tegemoetgegaan terwyl hy ʼn gesang gesing het.”
3 000 vroue het op 4 Augustus 1915 deelgeneem aan ‘n optog om te pleit vir amnestie vir die Rebelle wat nog in aanhouding was.
~ Jackie Grobler oor die teregstelling van die rebel Jopie Fourie soos opgeteken in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 ~
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
in Retrospek
MARIETHA MALAN is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ‘n ma van vyf.
My omhelsing, jou omhelsing, Sy omhelsing Ons staan sy aan sy, vasgenael aan die vloer in VERLAMMENDE ANGS. Voor ons speel ’n verskriklike toneel in stadige aksie af. Ons tien dae oue babatjie is aan die sterf. Sy is so wit soos die muur agter haar...
Foto’s: Reint Dykema & iStockphoto.com
D
aar is ’n geskarrel van witgejaste vreemdelinge om haar. Die pediater blaf bevele uit: “Soveel cc van dit, soveel cc van dat!” Hulle lig haar effens, druk ’n pyp in haar keel af. ’n Rou snik ontsnap uit jou keel. Ek sit my regterarm om jou. Styf staan ons in ’n vreemde omhelsing. Twee mense in ’n wankelende huwelik, wat hierdie dodelike siek mensie in die wêreld gebring het. Marietjie het oorleef. Drie hartoperasies en talle ellendes later, is sy nou 21, maar serebraal gestrem. Baie dinge het sedert daardie angsdag gebeur. Ons huwelik het finaal geknak. Daar was ’n bitter egskeiding, letsels aan die kinders. Ons oudste, Marietjie se ousus, het totaal van jou vervreem. Daar was ’n kloof tussen julle wat onoorbrugbaar gelyk het. Die jare het aangerol. En nou, vandag: Weer staan ons sy aan sy. Verstom voor ’n ongelooflike wonderwerk: ’n Klein babatjie vir ons oudste dogter, wat as onredbaar onvrugbaar beskou is. Saam met haar twee aangenome kindertjies staan ons voor die preekstoel, die drie kleintjies in die mooiste dooprokkies wat Ou-Ouma gemaak het. Ná haar geboorte het jy sewehonderd kilometer ver gery om na jou vervreemde dogter se kleinkind te kom kyk. Jy het ’n geskenkie saamgebring. Teer het jy die babatjie in ’n omhelsing gehou, haar saggies gewieg. Jou oë was sag. Jare en jare se bitterheid en pyn het soos ou, vuil jasse van jou en van Sussie afgegly. Julle het iets in gemeen gehad. Julle het hierdie kindjie in gemeen gehad. Die kloof was skielik weg. Sus het jou genooi om op hierdie Sondag die doop te kom bedien. Nou is daardie oomblik hier. Jou stem breek wanneer jy jou hand in die water steek. Ek sit my regterarm om jou. Voor die oë van die gemeente staan ons styf in ’n vreemde omhelsing. Twee mense in ’n gestorwe huwelik. Maar ouma en oupa van hierdie kindjie, ja, van al drie pragtige kindertjies. “Life is a tragedy, confront it,” het Moeder Theresa gesê. Die aarde is en bly ’n sondige plek. Slegte en moeilike tye sal kom. Haat en bitterheid kan die plek van liefde en vrede
inneem. Maar God is so oneindig goed. Sy genade en seën is gelukkig nie afhanklik van hoe mooi en reg ons leef nie. Hy maak heel wat stukkend was. Hy maak reguit wat krom was. Lank, lank gelede het ’n kring mense om ’n krip gestaan om na ’n klein babatjie te kom kyk. Die alwyse, almagtige God het hierdie klein babatjie vir ons gestuur om heling, verlossing, vrede, die ewige lewe te kan kry. Hierdie baba was nie ’n gewone baba soos ons klein Carli nie, wat ook eendag die pad van sonde en bitterheid sou stap. Net in Hom is vrede, liefde en versoening moontlik.
Eendag sal ’n kring mense, my kinders en kleinkinders, om my bed staan, stom en verenig in hulle droefheid oor my. Hulle arms sal om mekaar geslaan wees. Woordeloos sal hulle my groet, omdat die einde van my aardse pad gekom het. En ek? Ek sal die lig instap, my Meester tegemoet. Hy sal Sy regterarm om my slaan en my lei na daar waar geen donkerte, droefheid, haat of bitterheid meer is nie. En dalk, net dalk, staan ek en jy daar weer sy aan sy. Singend voor Sy troon. S Issue 5 of 2014 • www.solidariteit.co.za
73
Promosieartikel
Mediese fonds: Kies dekking wat jou die beste pas Om die regte mediese dekking te soek, kan jou behoorlik kopseer gee. Daarom het Medihelp vir jou ’n BEGINNERSGIDS tot die verskillende tipes mediese dekking saamgestel sodat jy ’n ingeligte besluit kan neem oor watter dekking jou die beste sal pas.
Bron: www.medicalaid.co.za • Foto: iStockphoto.com
M
74
ense sluit by ’n mediese fonds aan sodat hulle goeie gehalte mediese sorg in die privaat sektor kan ontvang. Daar’s min mense wat kan bekostig om mediese behandeling of hospitalisasie uit hul eie sak te betaal en daarom is ’n mediese fonds noodsaaklik. ’n Mediese fonds bied jou toegang tot puik mediese fasiliteite en dienste vir die dag wanneer ’n siektetoestand of ongeluk jou oorkom. Mediese fondse het ’n verskeidenheid planne om van te kies. Hier is ’n kort opsomming van die verskillende planne sodat jy ’n ingeligte besluit kan neem wanneer jy by ’n fonds wil aansluit: • Die tradisionele (omvattende) plan: Hierdie plan dek amper alle mediese uitgawes, insluitend voordele vir behandeling in ’n hospitaal en dag-tot-dag-uitgawes (onderhewig aan die reëls van die skema). • Hospitaalplanne en planne met ’n spaarrekening: Hierdie planne dek net behandeling wanneer jy gehospitaliseer is en jy is self verantwoordelik vir jou eie dagtot-dag mediese uitgawes. Hierdie planne kos minder as die tradisionele plan. • Mediese spaarrekening: Die mediese spaarrekeningplan is spesifiek vir dag-totdag-uitgawes bedoel. Jy dra maandeliks by tot die spaarrekening en jou totale jaarlikse bydrae is vooruit beskikbaar vir mediese uitgawes deur die jaar. Wetgewing bepaal dat die bydrae tot die spaarrekening nie meer as 25% van jou jaarlikse premie mag wees nie. Indien jy die bedrag in die spaarrekening opgebruik, is jy verantwoordelik vir alle verdere dag-tot-dag-uitgawes. Enige krediet wat aan die einde van die jaar in die spaarrekening oorbly, word na die volgende jaar oorgedra. • Netwerkplanne: Dié planne bied basiese dag-tot-dag-dekking teen bekostigbare tariewe, by spesifieke netwerkverskaffers. Dié verskaffers verskil van skema tot skema. Sommige skemas bereken die ledegeld vir netwerkplanne volgens jou inkomste. Dit beteken dat jou maandelikse paaiement volgens jou salaris bereken word.
Uitgawe 5 van 2014 • www.solidariteit.co.za
Besoek die webtuiste www.medihelp.co.za vir besonderhede oor 2015 se voordeleopsies wat eersdaags bekendgestel gaan word of SMS die woord “solidariteit” na 32291 om meer te wete te kom.