Solidariteit Tydskrif Uitgawe 5 van 2019

Page 1

SOLIDARITEIT

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

Vuisvoos verbruikers veg vurig Ons kinders se toekoms is in ons hande

#BELASTINGVUIS BOU OM TE BLY!

NGV • SAL • SAUK • DENEL • ESKOM

Uitgawe 5 van 2019 w ww . s ol id a r i te i t. co. za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X

9 771683 562000




05/2019

10

Jy verdien beter!

12

Wat kom die keiser toe?

14

Dis 11:07, die takshorlosie tik

15

Solidariteit bal belastingvuis

16

Die Denel-dossier

17

Opdraande vir SAL

18

Molefe feeling full fury for corruption

19

Hoofde kry dit hotagter in 2019

20

Geskiedkundige veldtog teen NGV

22

Solidariteit Jeug

23

Jou loopbaanvennoot

Ons hoef nie swak dienslewering te duld

Dis juis lojaal te gebruik nie. twoordbaarheid t – wat nie net umente vir veran – arm en ryk, wit en swar rs om wettige instr op.” “Dis nie dislojaal etalers en gewone Suid-Afrikane nie, maar ook geregtig is daar ag tingb verw belas staat or die teeno van tuur en dienste goeie infrastruk

el gestuur

stap tesveldtog van

tige belastingpro

IT BAL SOLIDARITE UIS BELASTINGV Omvattende, wet

Maak seker jy kry ook wat jóú toekom

DEUR

DYK CILLES TE VAN

wettige nie dislojaal om id te kan word. Dis et verantwoordbaarhebelasdie Maatskappyw r instrumente vir artikel 165 van juis lojaal teenoo stuur en korrup ndergebruik nie. Dis frikaners begin om wanbe direkteure van islukte staatso gewone Suid-A alige tingbetalers en wat nie net sie van voorm nemings sluk jaarliks oog op wit en swart – oek, met die in en – arm en ryk, van die dienste en Denel te onders miljarde rande uktuur ing. staat goeie infrastr geregtig is moontlike vervolg elyke artikel 165steeds belê die nie, maar ook verwag e staat ’n Soortg by ons swaarverdiend 4. ESKOM: met Sakeliga roekedaarop.” proses gaan saam belastinggeld word. het Eskom gevolg met entiteite. Daarom s, loos in hierdie riteit gaan voort swak 5. SAL: Solida vyfpunt-belastingvui die SAL en die Solidariteit ‘n belastingregsaksie teen ende, wettige instansie. oftewel ’n omvatt r. Dit sluit bestuur van die lers , van stapel gestuu nbelastingbeta protesveldtog dat staatso tyd is teen ng“Dit regsaksies e, wettige belasti minstens vyf deraars in. belastingplun oorgaan tot aktiew moet die krag van evel dernemings en frika riteit het ’n kosteb alige protes. Suid-A ontdek. Die smaak 1. SAUK: Solida eneng, voorm belastingaktivisme die e-tol-protes teen Hlaudi Motso ’n hofuitspraak met ná daarvan is reeds nie die SAUK-hoof, gekry SAUK-8. Die ngprotes hoef die ling in geproe. Belasti ten gunste van van belastingbeta oor is tot in die uding eneng weerho stryd teen Motso ngbetalers kan r en met le Hof gevoe te sluit nie. Belasti saamstaan en van Konstitusione is al van R20 000, tradisionele grense om die die uitsondering deur Motsoeneng te gebruik maak geld regsinstrumen s tot Solidariteit se ngplunderaar staat en belasti terugbetaal. gaan te bring,” het FE: Solidariteit verantwoording bestuurshoof 2. BRIAN MOLE Dirk Hermann, privaat laat vervolg dr. Molefe Brian sag gesê. ale Vervolgingsge van Solidariteit, om as die Nasion Dit volg beplan wys. riteit hand Solida die teen (NGV) dit van ngbetalers nog geen stappe se duisende belasti nadat die NGV iteit om betrokke m het ná Solidar Solite mobiliseer es en Molefe genee belastingprot teen hom nie. te raak by die Konklagte van bedrog rande deur skarewas ook in die le om etlike miljoen dariteit en Molefe Molefe wat geld te samel. ’n Spesia .za oor finansiering in olidariteit.co stitusionele Hof ldig is nadat adsy is op www.s versku webbl iteit aan Solidar iteit se guns bevind geskep. onderskat beuit die hof in Solidar nn atig Herma s Volgen hom onregm krag. “Die staat het. het dat Molefe betalers hulle met enfonds verryk lasting maar pensio se nie, Eskom nde hul eie geld riteit het dringe werk nie met lers,” het 3. DENEL: Solida sukkelende wapenbelastingbeta die die geld van is nie die hofstukke op te “Verkiesings verantbeteken om hom hy verduidelik. vervaardiger kering waarop die staat osheidsverse Daar is enigste manier dwing om werklo kan word nie. mers gehou werkne baar van wat woord gebruik riteit en belasting trumente wat te betaal. Solida verskeie regsins afgetrek is, oor lge proses ingevo het ook met ’n 15 05 / 2019 idariteit.co.za

M

Dié deel van dag werk jy vir die staat!

Belastingprotesveldtog van stapel gestuur

~ FLIP BUYS ~

HOTO.COM

Wapenreus voor stok oor wanbetalings

Dieselfde mense wat nie die land kan bestuur nie, dink blykbaar dat belastingbetalers onderdanige koeie is met ’n onuitputbare voorraad melk wat nooit sal opraak nie.

Nuuswaardig

FOTO: ISTOCKP

Solidariteit knip vermorsingsvlerke

www.sol

Sheriff instructed to seize property

Stoel te warm vir base by staatsondernemings

Ons sal staat nie eers met snoepwinkel vertrou

28

Graad 9-vakkeuses is kardinaal Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns daar vir jou

37

Bedryfsnuus 24

Afleggings ‘n bitter pil

26

Só kan jy vir longsiektes eis

27

Unisa’s unfair affirmative action plan

28

Bodemlose put ondanks reddingsboeie

30

Maatskaplike krisis dreig

31

Shocking study on pollution

Planne, nie pleister nodig by Amsa Geskiedkundige uitspraak van R5 mjd Quality of education in the balance

Privatisering kan SBO’s se boeie breek

Gesloer met uitbetaling van subsidies

SA home to pollution hotspot

32

Beroepsgesondheid en -veiligheid

33

Styging in werkloosheidskoers

33

ITAC-staalkomitee

34

Belasting

36

Belasting

37

Tax

Ergonomika en die toekoms Syfers skets nie die volle prentjie Solidariteit-man help uitdagings pak

Wat kry jy vir jou bloedsweet?

Só dok jy op van wieg tot graf

Taxpayers’ morale at all-time low


Help ons om belastingplunderaars aan die pen te laat ry. Lees meer hieroor op ons webtuiste: www.solidariteit.co.za

in Beweging 38

Solidariteit Finansiële Dienste

39

Solidariteit Finansiële Dienste

40

AfriForum

42

AfriForum

43

AfriForum

44

Helpende Hand Studiefondssentrum

46

Ons Winkels

47

Helpende Hand FroueVonds

{

Spaar vir jouself en jou gesin Verbreed jou Fintech-vernuf Burgemeester se duur partytjie

Hoë kragtariewe gestuit

Stappe om steenkoolmyn te stop Dekade van leergeleenthede skep Feniks van hoop vir Afrikaner-armoede

Studiefonds begin, vroue vereer

50

Skoleondersteuningsentrum

52

Skoleondersteuningsentrum

53

S-Leer

54

Sol-Tech

56

Akademia

60

Maroela Media

61

Maroela Media

71

Kraal Uitgewers

74

Akademia

Pak eerder voorskoolse onderrig Robotte in die klaskamer Skerp jou finansiële kennis op Ambagte deur die geskiedenis

Beursstudente skep speelruimte

Van sprokies tot somersmake

52

Maroela vier storieverteltradisie Legende se musiek herleef

Finansiële druk op studente verlig

“As belastingbetaler is dit jou plig en reg om aanspreeklikheid ~ CONNIE MULDER ~ van staatsamptenare en politici te eis.” belasting te betaal, om links en regs “Mense raak keelvol nie en te sien hoe hulle swaar kry word, net om dan niks daarvoor te ggeld geplunder verdiende belastin die privaat dienste te moet betaal.” al wéér ’n keer vir

Gereeld 08

SpreekBuys – Flip Buys Jy betaal vir diefstal & wanbestuur

idieer belastingbetalers subs R Hardwerkende WANBESTUU AL

48

My regte

D

58

Solidarity-voordele

62

My geld

63

My gesin

64

My work

66

Webwys

kennis it is algemene nde dat die hardwerke moet belastingbetaler diefstal en instaan vir die sowat wanbestuur van die R1,5 triljoen tydens Die nie. Maar dis nie al Jacob Zuma-era. gaan volstoom a-regering Ramaphos ike groot uitgawes voort om onbeskryfl te beplan, soos die etalers vir belastingb Nasioe en onwerkbar onbekostigbare idsversekeringstelsel. nale Gesondhe dvoerders ANC-woor dat is Die ergste werkers maak soos dat begin uitsprake sukkelende ndsgeld vir die word se pensioenfo “geleen” gaan staatsondernemingsnie by die Internasiote gaan sodat die regering Fonds (IMF) hoef glo te nale Monetêre nie. Die IMF stel aanklop om hulp

DYKEMA; ISTOCKPHOTO

.COM & VERSKAF

DIEFST

FOTO’S: REINT

Vertroue tussen werkgewer, werknemer

creates economy that except by an Yet the political van hul vastly more wealth?remarkable lack of in die besteding a fende inspraak As left has long had te hê. wealth is created. belastinggeld exists interest in how tyd dat die regering Daarom is dit concerned, wealth nie sal far as they are belastingbetaler betaal. Belastingbetalers the only interesting die werkende belasting hulle aan hulself somehow and it.” onderdane wat Tel al regering as wat e to redistribute behandel soos self die somme. question is how maar soos volwaardig failure is one Doen gerus maar moet betaal nie, philosophy of en indirekte belasting soos dié van left’s net direkte le “The • belange jy soorte die wat poverty, irresponsib burgers wie se word. daardie dienste in which ills as from beskerm moet bymekaar, plus jy nie die derive primarily ander groepe aankoop omdat hoeveel sex, and crime privaat moet from individual kyk en than nie, rather ‘society,’ denkers staat s’n kan gebruik Ons netto belasting To believe in Só sê gesiene kom nie net in oor het. to choices and behavior. geld jy daarna Die dienste lity would be in die Hierdie probleem in die wêreld. the personal responsibi nie, maar is selfs in is die hoogste special role of Suid-Afrika voor Daarom is dit insiggekry, is die swakste destroy the whole the ig. wat ons daarvoor casts them in swart VSA teenwoord omvang van wanbestetwee gesiene left, whose vision die wêreld. Die om te lees wat people treated het. geld is ook ’n of sê wend ons te van rescuers role of Amerika hieroor ding en diefstal se lamsakekonome van Die regering unfairly by ‘society’.” n needed for ikaanse denker wêreldrekord. uit te roei, is Die Afro-Amer explanatio paar aanom korrupsie is • “There’s no Sowell het ’n kige pogings began in poverty. wat prof. Thomas ter wêreld. Daarom is poverty. The species hieroor gemaak sekerlik die flouste etalers nou need to know grypende stellings ons land inhou, ten dat belastingb So what you really that enable some op vir dit wonderlik en VSA goeie opbrengs things belangrike lesse ’n die the op are what within verskille tussen hand en begin aandring some groups spyte van die gemors moet countries, and hulle geld. Hierdie prosperous.” Suid-Afrika: countries, to be tand beveg word. van die belastingSOWELL Vanweë die aard die PROF. THOMAS Suid-Afrikaners COLEMAN HUGES few stelsel dra werkende belastinglas • “There are van hierdie netto Die tweede denker grootgrootste deel talents more reg voel dat hulle is Colemen Huges, en kan hulle met die armes moet dra. richly rewarded én al wyd oor die wat wealth liks die regering Suid-Afrika both dat with tusredenasie welvaartgaping is, nie Daarom hou die and power, in het. land in die wêreld sen rasse geskryf die ongelykste nie appels countries around meer syfers vergelyk Hy maak onder steek nie. Die nie tussen the world, than twee Dit onderskei die volgende met appels nie. svlakke in verthe ability to stellings: die ongelyke vaardigheid die netto convince poor of nie en neem nie • “The wealth skillende lande se totale people that ag nie. Die armes modern namet belastinglas in their problems who are byvoorbeeld vergelyk to tions was not other people voor inkomste word are caused by ” was, and continues die ryker groep plundered; it more successful. die inkomste van aan die trip economically hulle uitgawes tries to lay a guilt be, created.” instance in belasting en voor someone “When belasting”. • know of a single successful, remember • “I do not bykomende “dubbele ving group rose lion you for being which an underachie is some politician’s and e by asking that your guilt onderdane for to economic prominenc what you worked Burgers, nie verskynsel dat die cense to take nt for cash transfers,and else who is more nie the governme Dit is ’n wêreldwye in education give it to someone politician who mense moontlik preferential policies gemiddelde werk dat die werkende for the for past vote to apologies likely or maar sal with your money.” employment, ryk maak nie, yd ook nie arm plays Santa Claus the left has done injustices.” t of middelklas terselfdert egter ’n veldtog Solidariteit ’n • “No governmenpoor as capitalism has. voorveronderstel eers Daarom voer wees nie. Dít r van sy as much for the waar die werkendes en wanbestuu to the redistribueld, om belastingstelsel teen die diefstal hul eie Even when it comes talks the talk but behoeftes van lede se belastingg skanthe left vir die basiese belasting hardwerkende tion of income, voordat hulle werkers nie hierdie walks the walk.” hoef te gesinne kan sorg behoeftes van ander te verseker dat the free market en vermorsing vir die need? They aan die staat dalige plundering the poor most belastinghow • “What do Verder behoort geld te being poor. And moet betaal. subsidieer nie. need to stop waarde vir hulle on a mass scale, betalers self ook gratis onderwys en can that be done, van kry in die vorm hulle doeltrefbehoort en 2019 05 / ander dienste, 9 teit.co.za

ekords die Skokkende wêreldr betaal meer aan

byna in die party dat met hulle oorlewing se oorlewing uitkom land niemand by die en is so geal afgestomp nie! Mense raak orrupsie dat hulle woond aan regeringsk begin aanvaar. gelate dit in die praktyk tolpaaie in Gauteng Die instelling van belastingbetalers keer dat is was die eerste en gesê het genoeg billike die streep getrek daar as gee om genoeg. Niemand dan moet word nie, maar d belastings gehef bestuur en doeltreffenwat nie doen die geld eerlik blykDieselfde mense Baie praat, min die land se leiers aangewend word. nie, dink blykbaar dat Die ergste is dat Hulle praat is met die land kan bestuur dis so erg nie. nooit onderdanige koeie baar nie dink maar ons hoor belastingbetalers wat nooit baie oor korrupsie, aangekla word nie. voorraad melk wat ’n onuitputbare openbare woede dat iemand daarvan Die koerante l, nie. veroordee sal opraak was eintlik ’n , Opposisiepartye ssie ontlok het, eenhede ondersoek die tolpadkwe ur. Mense kritiseer en spesiale niks. As Solidariteit swak staatsbestu te opstand teen gebeur aangevat maar daar bo links en regs belasting sien raak keelvol om soos Brian Molefe se pente kry nie en te nie vir mense van Eskom eld betaal, niks daarvoor het oor sy plundering Motsoeneng oor verdiende belastingg keer swaar hulle ’n hoe vir Hlaudi net om dan wéér sioenfonds of nie, het hulle geplunder word, betaal. r by die SAUK sy wanbestuu dienste te moet . vir al die privaat weggekom is moord besig met by die ANC so Dit lyk of almal

dat r is nie. Dit wys wat weg of wanbestuu e afmetings in net epidemies het korrupsie nie s aangeneem e dele van die staatsdien ook ’n aansteeklik ese nie, maar skynbaar ’n normale demokrati val siekte word. In al lankal tot ’n land sou die regeringSuid-Afrika is die in gekom het, maar tot regering verkies! weer ANC onlangs

verby streng eise! daar nie ’n dag Boonop gaan etalers nie nde belastingb bedrae dat hardwerke van ontsaglike in die media lees

05 / 2019

8

www.solidari

www.solidariteit.co.za

Só dien en beskerm Solidariteit lede

Belastingslim-beleggingseiendom Kinders met spesiale behoeftes

What you need to know about tax, travel

Skerp jou kennis op met aanlyn leer

67

Chris Chameleon

70

Histories gesproke

72

in Retrospek

73

Solidariteit-kantore

Slawedrywer eis jou arbeidsvrug Treinvernielers van die ABO

Verjaarsdagkoek, sosaties & Fanta

Ons is landwyd tot jou diens!

34


Redakteursbrief

Aflosstokkie B

Volgende geslag staan gereed in pylvak

Ek het die goeie stryd gestry; ek het die wedloop voleindig; ek het die geloof behou.” ~ II TIMÓTEÜS 4:7 ~

y Solidariteit het ek die voorreg om saam met ’n klomp inspirerende storievertellers te werk. Die stories wat hulle vertel, is nie sommer net stories nie. Hierdie stories gee jou moed, laat jou ’n bietjie verder en harder dink oor belangrike kwessies en laat jou altyd besef jy het ’n spesiale plek in die einste storie wat vertel word. Só het ek besluit om ’n storie wat ek nou die dag gehoor het, oor te vertel. Die groot insig van hierdie storie begin alles by ’n debatsaand waar skoolleerlinge aan debatte oor ’n verskeidenheid onderwerpe deelneem. Die meeste van hierdie debatte sal selfs die mees gesoute volwasse debatteerders onder die mat in vee, bloot omdat die manier waarop die jongmense dink so wonderlik uniek is. Hierdie jongmense word in ’n unieke tyd groot wat juis ’n nuwe manier van dink verg, net soos ons in ’n spesifieke tyd grootgeword het wat tot gevolg gehad het dat ons op ’n spesifieke manier dink en doen. Dit is wonderlik om te sien dat ons jongklomp so veerkragtig is met planne en idees van hul eie. Dit lig twee dinge in besonder uit: Ons werk nie verniet aan ’n vry, veilige en voorspoedige toekoms nie, die jongklomp sal dit benut! Maar ons moet hulle ook die geleentheid gun en dit vir hulle moontlik maak om dit aan te gryp. Die geskiedenis gee aan elke geslag ’n taak. Sommiges kry makliker take as ander. Party kry baie take, ander moet baie gee. Omdat daar egter ’n verbond tussen die geslagte is; omdat ’n beska05 / 2019

6

www.solidariteit.co.za

wing ’n ketting van geslagte is wat, soos met ’n afloswedloop, dít wat jy kry moet bewaar en vir die volgende geslag moet aangee; omdat die een geslag van die vorige en die volgende een afhanklik is, beteken dit as net een geslag nie sy taak opneem nie, is daardie ketting vir altyd verbreek. Dan gaan daardie beskawing onder, verskraal tot ’n voetnota in ’n geskiedenisboek. Dit is soos om ’n boom af te kap en dan te dink jy sal steeds sy vrugte en koelte kan bly geniet. Die nuutste stryd wat Solidariteit aanpak, is juis een van die huidige geslag, wat reeds werk, se grootste uitdagings: belasting wat sonder skaamte geplunder word. Solidariteit sê: Genoeg is genoeg, ons gaan belastingplunderaars vasvat en laat boet. Dit is onaanvaarbaar, en ons het ’n plan om dit teen te werk. Lees in hierdie uitgawe hoe ons onder andere Denel, die SAL, Eskom (en sy voormalige grootbaas Brian Molefe) en die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering kaalvuis aanpak! Dit is belangrik om nou reeds ons deel te doen vir die volgende geslag, maar ons moet ook nie huiwer om daardie aflosstokkie te oorhandig wanneer die tyd reg is nie. Ons jongmense wag ywerig vir daardie aflosstokkie om oorgegee te word. Lekker lees aan hierdie lente-uitgawe. Onthou: Blom net daar waar jy geplant is!

Cilleste CILLESTE VAN DYK REDAKTEUR


Lees ook die artikel op bladsy 18.

Solidariteit-hoofkantoor | Head Office H.v. DF Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300 • 0861 25 24 23 www.solidariteit.co.za Redakteur | Editor Cilleste van Dyk Webredakteur | Online Editor Lindie de Beer Advertensies | Advertisements Denise Viljoen – denise@solidariteit.co.za Advertensie-ontwerp | Advertisement design Martie Maree

BALJU KLOP AAN MOLEFE SE DEUR

Rekeninge | Accounts Jaco Bisschoff & Azelle Coetzee

Gespreksgenote Geld kan nie deur belastingplunderaars geplunder word en dan kom hulle skotvry daarmee weg nie. Brian Molefe, voormalige Eskom-baas, het homself verryk deur onregmatig betrokke te wees by die toekenning van sy eie pensioengeld van ongeveer R30 miljoen, waarvan hy R10 miljoen reeds ontvang het. Ten spyte van verskeie hofbevindings, het hy nog geen stappe gedoen om die geld terug te betaal nie. Solidariteit het ook opdrag aan die balju gegee om op Molefe se eiendom beslag te lê om R200 000 se uitstaande regskoste, wat aan Solidariteit verskuldig is, in te vorder. Só het Solidariteit se Facebook-vriende gereageer: “Mooi so, ek geniet dit om nog trane te sien rol!” ~ Rex Bester

FOTO’S: LIZE-MARI LABUSCHAGNE & ISTOCKPHOTO.COM

“Dit is een van die beste aksies wat julle nog geloods het. Die belastingboikot is die beste aksie nog. Ek vertrou dat al julle volgende aksies raakvat-aksies sal wees. Hulle moet sommer almal besluit om weg te hol.” ~ Marcus Volschenk “Almal moet vasgevat word en geld moet aan instansies terugbetaal word.” ~ Louise White

Veldtogte

Intekenare | Subscriptions Heleen Nortjé

“As Solidariteit soveel sake wen en nog gaan wen, hoekom is hul nie onse goverment nie? Dan sal Suid Afrika blom.” ~ Katy Steffen “Solidariteit, moet geen toegewings maak nie. Dit gaan oor verantwoordbaarheid en die plundering van openbare fondse. Hy het genoeg skade aangerig en moet in die bek geruk word, soos die spreekwoord sê. Dankie by voorbaat vir die werk wat julle doen.” ~ George Smith

Medewerkers | Contributors De Wet Blaauw, Wilmarie Brits, Flip Buys, Chris Chameleon, Inge Janse van Rensburg, Reon Janse van Rensburg, Elaine Krige, Lize-Mari Labuschagne, Susan Lombaard, Marietha Malan, Morné Malan, Paul Maritz, Connie Mulder, Monica Mynhardt, Marli Naidoo, Ilze Nieuwoudt, Hannes Noëth, Adel Orton, Appie Pienaar, Alet Rademeyer, René Roux, Mia Slabbert, dr. Juran van den Heever, Zydelia Venter, Marthinus Visser, Ernst Vorster en Jhua-Nine Wyrley-Birch Ontwerp & redigering | Design & editing

www.aksentmedia.co.za Drukwerk | Printing

Verspreiding | Distribution Prosort

VOEG JOU STEM BY DIE STRYD! BESOEK WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA

Is jy keelvol dat jou swaarverdiende belastinggeld in die bodemlose put van staatsondernemings gestort word? Só lyk ons vyfpuntbelastingvuis.

BLADSY 15

Die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering sal Suid-Afrikaners allermins in ‘n gesonde posisie plaas. Ons pak die NGV in ‘n geskiedkundige veldtog.

BLADSY 20 www.solidariteit.co.za

7

05 / 2019

Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie (ABC) en word uitgegee deur Solidariteit, Posbus 11760, Centurion, 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir aansprake deur adverteerders nie.


Hardwerkende belastingbetalers subsidieer

DIEFSTAL

FOTO’S: REINT DYKEMA; ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

D

it is algemene kennis dat die hardwerkende belastingbetaler moet instaan vir die diefstal en wanbestuur van sowat R1,5 triljoen tydens die Jacob Zuma-era. Maar dis nie al nie. Die Ramaphosa-regering gaan volstoom voort om onbeskryflike groot uitgawes vir belastingbetalers te beplan, soos die onbekostigbare en onwerkbare Nasionale Gesondheidsversekeringstelsel. Die ergste is dat ANC-woordvoerders begin uitsprake maak soos dat werkers se pensioenfondsgeld vir die sukkelende staatsondernemings “geleen” gaan word sodat die regering nie by die Internasionale Monetêre Fonds (IMF) hoef te gaan aanklop om hulp nie. Die IMF stel glo te streng eise! Boonop gaan daar nie ’n dag verby dat hardwerkende belastingbetalers nie in die media lees van ontsaglike bedrae

WANBESTUUR

wat weg of wanbestuur is nie. Dit wys dat korrupsie nie net epidemiese afmetings in dele van die staatsdiens aangeneem het nie, maar skynbaar ook ’n aansteeklike siekte word. In ’n normale demokratiese land sou die regering al lankal tot ’n val gekom het, maar in Suid-Afrika is die ANC onlangs weer tot regering verkies!

Baie praat, min doen

Die ergste is dat die land se leiers blykbaar nie dink dis so erg nie. Hulle praat baie oor korrupsie, maar ons hoor nooit dat iemand daarvan aangekla word nie. Opposisiepartye veroordeel, koerante kritiseer en spesiale eenhede ondersoek, maar daar bo gebeur niks. As Solidariteit nie vir mense soos Brian Molefe aangevat het oor sy plundering van Eskom se pensioenfonds of vir Hlaudi Motsoeneng oor sy wanbestuur by die SAUK nie, het hulle met moord weggekom. Dit lyk of almal by die ANC so besig is 05 / 2019

8

www.solidariteit.co.za

met hulle oorlewing in die party dat byna niemand by die land se oorlewing uitkom nie! Mense raak al afgestomp en is so gewoond aan regeringskorrupsie dat hulle dit in die praktyk gelate begin aanvaar. Die instelling van tolpaaie in Gauteng was die eerste keer dat belastingbetalers die streep getrek en gesê het genoeg is genoeg. Niemand gee om as daar billike belastings gehef word nie, maar dan moet die geld eerlik bestuur en doeltreffend aangewend word. Dieselfde mense wat nie die land kan bestuur nie, dink blykbaar dat belastingbetalers onderdanige koeie is met ’n onuitputbare voorraad melk wat nooit sal opraak nie. Die openbare woede wat die tolpadkwessie ontlok het, was eintlik ’n opstand teen swak staatsbestuur. Mense raak keelvol om links en regs belasting te betaal, niks daarvoor te kry nie en te sien hoe hulle swaarverdiende belastinggeld geplunder word, net om dan wéér ’n keer vir al die privaat dienste te moet betaal.


“Mense raak keelvol om links en regs belasting te betaal, niks daarvoor te kry nie en te sien hoe hulle swaarverdiende belastinggeld geplunder word, net om dan wéér ’n keer vir al die privaat dienste te moet betaal.”

Skokkende wêreldrekords

Belastingbetalers betaal meer aan die regering as wat hulle aan hulself betaal. Doen gerus maar self die somme. Tel al die soorte direkte en indirekte belasting bymekaar, plus daardie dienste wat jy privaat moet aankoop omdat jy nie die staat s’n kan gebruik nie, en kyk hoeveel geld jy daarna oor het. Ons netto belasting is die hoogste in die wêreld. Die dienste wat ons daarvoor kry, is die swakste in die wêreld. Die omvang van wanbesteding en diefstal van ons geld is ook ’n wêreldrekord. Die regering se lamsakkige pogings om korrupsie uit te roei, is sekerlik die flouste ter wêreld. Daarom is dit wonderlik dat belastingbetalers nou begin aandring op ’n goeie opbrengs op hulle geld. Hierdie gemors moet hand en tand beveg word. Vanweë die aard van die belastingstelsel dra werkende Suid-Afrikaners die grootste deel van hierdie netto belastinglas en kan hulle met reg voel dat hulle grootliks die regering én die armes moet dra. Daarom hou die redenasie dat Suid-Afrika die ongelykste land in die wêreld is, nie steek nie. Die syfers vergelyk nie appels met appels nie. Dit onderskei nie tussen die ongelyke vaardigheidsvlakke in verskillende lande nie en neem nie die netto belastinglas in ag nie. Die armes se totale inkomste word byvoorbeeld vergelyk met die inkomste van die ryker groep voor belasting en voor hulle uitgawes aan die bykomende “dubbele belasting”.

Burgers, nie onderdane

Dit is ’n wêreldwye verskynsel dat die gemiddelde werk mense moontlik nie ryk maak nie, maar dat die werkende middelklas terselfdertyd ook nie arm sal wees nie. Dít voorveronderstel egter ’n belastingstelsel waar die werkendes eers vir die basiese behoeftes van hul eie gesinne kan sorg voordat hulle belasting aan die staat vir die behoeftes van ander moet betaal. Verder behoort belastingbetalers self ook waarde vir hulle geld te kry in die vorm van gratis onderwys en ander dienste, en behoort hulle doeltref-

fende inspraak in die besteding van hul belastinggeld te hê. Daarom is dit tyd dat die regering die werkende belastingbetaler nie sal behandel soos onderdane wat belasting moet betaal nie, maar soos volwaardige burgers wie se belange net soos dié van ander groepe beskerm moet word.

Só sê gesiene denkers

Hierdie probleem kom nie net in Suid-Afrika voor nie, maar is selfs in die VSA teenwoordig. Daarom is dit insiggewend om te lees wat twee gesiene swart ekonome van Amerika hieroor te sê het. Die Afro-Amerikaanse denker prof. Thomas Sowell het ’n paar aangrypende stellings hieroor gemaak wat belangrike lesse vir ons land inhou, ten spyte van die verskille tussen die VSA en Suid-Afrika: PROF. THOMAS SOWELL • “There are few talents more richly rewarded with both wealth and power, in countries around the world, than the ability to convince poor people that their problems are caused by other people who are economically more successful.” • “When someone tries to lay a guilt trip on you for being successful, remember that your guilt is some politician’s license to take what you worked for and give it to someone else who is more likely to vote for the politician who plays Santa Claus with your money.” • “No government of the left has done as much for the poor as capitalism has. Even when it comes to the redistribution of income, the left talks the talk but the free market walks the walk.” • “What do the poor most need? They need to stop being poor. And how can that be done, on a mass scale, www.solidariteit.co.za

9

05 / 2019

except by an economy that creates vastly more wealth? Yet the political left has long had a remarkable lack of interest in how wealth is created. As far as they are concerned, wealth exists somehow and the only interesting question is how to redistribute it.” • “The left’s philosophy of failure is one in which ills as poverty, irresponsible sex, and crime derive primarily from ‘society,’ rather than from individual choices and behavior. To believe in personal responsibility would be to destroy the whole special role of the left, whose vision casts them in the role of rescuers of people treated unfairly by ‘society’.” • “There’s no explanation needed for poverty. The species began in poverty. So what you really need to know is what are the things that enable some countries, and some groups within countries, to be prosperous.” COLEMAN HUGES Die tweede denker is Colemen Huges, wat al wyd oor die welvaartgaping tussen rasse geskryf het. Hy maak onder meer die volgende twee stellings: • “The wealth of modern nations was not plundered; it was, and continues to be, created.” • “I do not know of a single instance in which an underachieving group rose to economic prominence by asking the government for cash transfers, preferential policies in education and employment, or apologies for past injustices.” Daarom voer Solidariteit ’n veldtog teen die diefstal en wanbestuur van sy hardwerkende lede se belastinggeld, om te verseker dat werkers nie hierdie skandalige plundering en vermorsing hoef te subsidieer nie.


Nuuswaardig

Waarom ons nie gebrek aan dienslewering hoef te duld nie

JY VERDIEN BETER!

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

V

erbeel jou dat jou selfoon vir die volgende twee weke net dood is. Jou klagtes val op dowe ore (en dit is natuurlik moeilik om sonder ’n selfoon oproepe te maak). Wanneer die rekening kom, sien jy dat jy steeds die volle bedrag moet betaal; inteendeel, jy moet 10% meer betaal sodat die bestuur van die selfoonmaatskappy ’n bonus kan kry. Jy sien – deel van jou diensverskaffer se kontrak met jou was dat hulle vir 18 dae in ’n jaar nie ’n diens aan jou hoef te verskaf nie en dan kwalifiseer hulle steeds vir ’n bonus. So ondenkbaar as wat die selfoonvoorbeeld is, so werklik is dit wat

DEUR CONNIE MULDER

elektrisiteitslewering betref. Tog word hierdie onvermoë om elektrisiteit te lewer, beloon met ’n reddingsboei van etlike miljarde rande se belastinggeld – nog belasting wat in een van die vele bodemlose putte val, met geen waarborg van aanspreeklikheid of dienslewering wat daaraan gekoppel word nie. As jy ’n salaristrekker is, dra jy reeds ’n enorme belastinglas. Nie net word die maatskappy waarvoor jy werk met 28% belas nie; jou salaris wat uit die wins vloei, word dan verder met tot 45% belas. Tog is dit nie die einde nie, want die geld wat wel in jou bankrekening beland en dalk bestee word, word met ’n verdere 15% belas. Ons praat nou nie eers van bykomende belasting soos die 05 / 2019

10

www.solidariteit.co.za

belasting wat op drank, sigarette, aandele, dividende of petrol gehef word nie.

Belastingbetalers gemelk

Die Suid-Afrikaanse belastingbetaler word behoorlik gemelk deur die ANCregering en kry feitlik niks in ruil daarvoor nie. Inteendeel – afgesien van hierdie reuse-koste moet daar dan nog betaal word vir ’n privaat sekuriteitsdiens en mediese sorg as jy dit kan bekostig. Wat belastinglading betref, is Suid-Afrika in die geselskap van Europese lande soos Frankryk, Spanje en Griekeland. Wat veiligheid, korrupsie en dienslewering betref, bevind Suid-Afrika hom egter eerder in die geselskap van Iran en Venezuela.


Dit is hierdie totale gebrek aan dienslewering en aanspreeklikheid wat die Suid-Afrikaanse belastingbetaler kwaad en moedeloos laat. Eintlik is dit totaal vreemd, want regerings is absoluut afhanklik van belasting. Hoewel ’n regering die reg het om belasting te hef, is daardie reg nie sonder koste nie. Die reg om belasting te hef, gaan gepaard met ’n ongelooflike verantwoordelikheid om belasting so doeltreffend en deursigtig moontlik aan te wend. In ander lande word belastingbetalers so ver moontlik gepaai en beloon om hulle gelukkig te hou met hoe die regering hul swaarverdiende belasting bestee. In Suid-Afrika word daar daagliks by die Zondo-kommissie gehoor hoe die ANC landsburgers en belastingbetalers minag deur swaarverdiende belasting te plunder. Nee, ’n mens moet dit nie belasting noem nie, want dan is dit abstrak en ver en behoort dit aan die regering. Noem dit wat dit is – dit is ander mense se geld. Enigiets wat belasting benodig, word in werklikheid met ander mense se geld gebou, bestuur en gefinansier. Prakties gesproke beteken dit dat elke maatskaplike toelaag in Suid-Afrika met

ander mense se geld betaal word. Daar word maandeliks ’n kontantoorplasing vanaf belastingbetalers na belastingontvangers gedoen. Dit impliseer ook dat elke staatsamptenaar se salaris met ander mense se geld betaal word; dat die petrol en versekering vir elke blouligbrigade met ander mense se geld betaal word; dat elke munisipale kontrak wat aan kaders toegeken word, met ander mense se geld gefinansier word en dat elke sukkelende staatsinstelling staatmaak op ’n reddingsboei afkomstig van ander mense se geld.

Belastingprotes noodsaaklik

As belangegroep het belastingbetalers ongelooflike mag en is hulle uitsonderlik belangrik. Maar tog het hierdie groep in Suid-Afrika hom nog nie laat geld nie. In ’n land wat gebuk gaan onder staatskaping en waar belastingmisbruik aan die orde van die dag is, het daar nog glad nie genoeg belastingprotes plaasgevind nie. Juis daarom gee Solidariteit se belastingprotes ’n stem aan elke belastingbetaler. Elke belastingbetaler moet aandring dat sy of haar swaarverdiende salaris

beter bestee word deur die regering. Elke belastingbetaler moet aanspreeklikheid van staatsamptenare vereis. Elke belastingbetaler moet die hoogste verwagting van die regering rondom dienslewering hê. Jy betaal immers daarvoor. Wettige belastingprotes behels dat belastingbetalers elke denkbare wettige instrument sal gebruik om die regering te dwing om sy deel te doen. Sodoende kan jy seker maak die SAL implementeer ’n omkeerstrategie en begin wins toon eerder as wat hulle bloot staatmaak op nóg meer van jou geld. Jy kan Eskom en Denel dwing om korrupte amptenare te vervolg wat met jou geld in hul sakke weggeloop het. Ons het tans ’n regering wat baie belangstel in die hef van belastings, maar wat nie regtig regeer nie. As belastingbetaler is dit jou plig en reg om aanspreeklikheid van staatsamptenare en politici te eis. Jy sou hierdie gebrek aan diens van geen ander maatskappy duld nie – daar is geen rede om ’n laer standaard vir die regering te stel nie. Jy werk hard vir jou geld. Jy verdien beter.


Nuuswaardig

WAT KOM DIE KEISER TOE?

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

O

ns almal kla vinnig oor hoe ons sommer wil ophou belasting betaal weens die regering se verkwisting daarvan – met goeie rede ook. Deur te kla oor die wyse waarop ons belastinggeld aangewend word, kyk ons egter die groter vraagstuk mis – behóórt ons enigsins belasting te betaal, en indien wel, hoeveel, waarvoor en hoe? Die Amerikaanse juris en regter van die hooggeregshof van die VSA in die vroeë 1900’s, Oliver Wendell Holmes Jr., het gesê: “Belasting is die prys wat ons betaal om in ’n beskaafde samelewing te bly.” Waarom voel die Suid-Afrika wat ons vandag ken allermins soos ’n beskaafde samelewing afgesien van die enorme bedrae belasting wat ons betaal? Sommiges meen belasting is georganiseerde diefstal omdat ’n regering jou dwing om dit te betaal. Ander mense verskil hiervan en sê dat regerings demokraties verkies word deur burgers wat kies om onderworpe aan die stelsel te bly. Die burgers onderhou die stelsel en gee daardeur aan die regering sekere magte en verantwoordelikhede – albei partye kom net hul deel van die sosiale kontrak na. Dan is daar mense wat verder gaan deur te sê dat ons ’n morele plig het om na ons medelandsburgers om te sien deur deel te neem aan ’n herverdelende belastingstelsel. Die geskiedenis toon dat dit baie voordelig is om in groepe te leef – dit is ook die menslike natuur. Die vorming van state met regerende entiteite is dus nie vreemd nie. In ware vrye samelewings trek almal voordeel uit dié stelsel. Die ideaal is om ’n klein regering te hê – een wat wel sekere basiese funksies het wat befonds moet word, maar nie soveel dat die staat oorgroot is nie. Die regering is dan verantwoordelik om mense se individuele vryheid te beskerm, hulle teen eksterne gevaar te verskans, ’n regstelsel daar te stel en ’n netwerk van dienslewering te bied. Die funksies wat so ’n regering bied, is tot voordeel van almal en noodsaaklik vir die instandhouding van ’n georganiseerde en vrye samelewing. In dié

DEUR MONICA MYNHARDT

geval is dit regverdigbaar om te verwag dat almal moet bydra tot die onderhoud van die stelsel. Die vraag is dan hoeveel belasting redelik is en waarvoor ons belasting behoort te betaal. Daar is in hierdie opsig twee sienings oor belasting: 1. Almal moet belasting betaal ten einde die basiese funksies van ’n klein regering te finansier. 2. Belastinggeld moet aangewend word om die regering te finansier, sowel as ’n stelsel van herverdeling van welvaart soos bestuur deur die regering. Indien belastinggeld vir herverdelingsprogramme gebruik word, ontstaan daar ander morele vraagstukke as wanneer dit slegs vir die mees basiese funksies aangewend word. Belasting vir herverdeling is die regering wat belastingbetalers dwing om vir hul medelandsburgers te sorg. Anders as belasting vir basiese funksies trek nie almal hieruit voordeel nie, maar net diegene wat maatskaplike programme en/of dienste van die regering gebruik. Die regering herverdeel die welvaart van een groep aan almal – hierdie vorm van belasting is in wese sosialisties. Die regverdigbaarheid hiervan is sterk te betwyfel – veral in ’n land soos Suid-Afrika. Die progressiewe aard van ons stelsel lei daartoe dat ’n baie klein deel van die land belas word om ’n baie groot deel van die land te dra. Verder 05 / 2019

12

www.solidariteit.co.za

trek diegene wat die belasting betaal, meestal glad nie direk voordeel uit die regering se maatskaplike programme en dienste nie. Dié programme is gewoonlik net vir die armes beskore, en die gehalte van die dienste is so swak dat mense wat kan bekostig om self daarvoor te sorg, verkies om dit te doen. Hierdie tipe belasting wat gebruik word om ’n groot staat met talle herverdelingsprogramme te finansier, is aansienlik minder regverdigbaar as belasting vir basiese funksies. In SuidAfrika het ons ’n regering wat belastinggeld jaar ná jaar verkwis. Almal word hierdeur benadeel. Dit opper natuurlik ’n nuwe vraag – aan watter keiser kom die geld toe? Is dit regverdig om belasting te betaal aan ’n regering wat jy nie ingestem het of daar wil hê nie? Wat is die alternatief? In Switserland word die belastingstelsel gebaseer op die land se federale raamwerk. Dit beteken dat individue onderworpe is aan die belastingstelsel van die kanton of staat waarvan hulle deel is. Hierdie gedesentraliseerde stelsel het tot gevolg dat belasting meer doeltreffend op voetsoolvlak aangewend word in elke spesifieke staat. Belastingbetalers sien waar hulle belastinggeld neerslag vind. So ’n stelsel kan belasting in Suid-Afrika moontlik meer regverdig maak, aangesien dit op ’n meer gedesentraliseerde vlak aangewend kan word binne kleiner state van ’n groter federasie. In Suid-Afrika het ons ‘n klein minderheid wat belasting betaal, wat uitgelewer is aan ’n regering wat hulle moontlik nie eens verkies het nie – as stemreg slegs toegeken sou word aan die 3 miljoen burgers wat 80% van die belasting betaal, sou die ANC in alle waarskynlikheid nie aan bewind bly nie. ’n Meer federale stelsel gee aan mense groter seggenskap oor wie hulle moet regeer. Ons het baie om oor te kla en daar ís talle oplossing vir die probleme wat ons ervaar, maar dis te betwyfel of dit ooit geïmplementeer sal word. In die tussentyd moet ons seker maak dat die keiser ook aan ons gee wat ons toekom.



Nuuswaardig

Jy kan die dood en belasting nie vryspring nie

DIS 11:07, DIE TAKSHORLOSIE TIK

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

V

oordat jy vandag ’n sent verdien, vat die regering ’n stuk uit jou salarispakket in die vorm van inkomstebelasting. Inkomstebelasting is die geld wat jy uit jou inkomste aan die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) oorbetaal om deur die staat gebruik te word vir dinge soos paaie, skole en hospitale, om maar enkele uitgawes te noem. Dit is natuurlik nie daartoe beperk nie en die geld word ook vir baie ander begunstigdes aangewend. Dit word staatsbesteding genoem. Indien jy in die 26%-drempel van die belastingskoers val, elke dag om 09:00 begin werk en vir agt ure lank produktief is, werk jy elke dag tot ongeveer 11:07 vir die staat. Eers ná hierdie tyd sal die geld wat jy verdien, aan jou behoort om jou en jou gesin se aktiwiteite en welstand te finansier. Elke verdiener word belas. Die regering neem deur middel van die een of ander soort belasting ’n bietjie van almal se verdienste. Dit beteken dat almal gedwing word om ure lank vir die regering te werk, selfs al werk hulle nie vir ’n staatsinstelling nie. Dis 11:07. Kry vir jou ’n koppie tee, belastingbetaler, want jy het die staat betaal. Nou is wat jy verdien, joune. Die las van die Suid-Afrikaanse belastingbetaler kan op ’n aantal maniere gemeet word, naamlik aan die hand van direkte, indirekte of totale belastingbydrae. Neem in ag dat die tyd hierbo genoem nie alle tipes belasting soos BTW insluit nie. Indien jy jou totale belastingbydrae byreken in die ure wat jy vir die staat werk, kan jy dalk net aan jou koppie tee verstik.

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

PERSOONLIKE INKOMSTEBELASTING Belasbare inkomste

Belastingkoers

R0 – R195 850

18% van elke R1

R195 851 – R305 850

R35 253 + 26% van die bedrag meer as R195 850

R305 851 – R423 300

R63 853 + 31% van die bedrag meer as R305 850

R423 301 – R555 600

R100 263 + 36% van die bedrag meer as R423 300

R555 601 – R708 310

R147 891 + 39% van die bedrag meer as R555 600

R708 311 – R1 500 000

R207 448 + 41% van die bedrag meer as R708 310

R1 500 001 en meer

R532 041 + 45% van die bedrag meer as R1 500 000

05 / 2019

14

www.solidariteit.co.za


“Dis nie dislojaal om wettige instrumente vir verantwoordbaarheid te gebruik nie. Dis juis lojaal teenoor belastingbetalers en gewone Suid-Afrikaners – arm en ryk, wit en swart – wat nie net goeie infrastruktuur en dienste van die staat verwag nie, maar ook geregtig is daarop.”

Omvattende, wettige belastingprotesveldtog van stapel gestuur

SOLIDARITEIT BAL BELASTINGVUIS

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

M

islukte staatsondernemings sluk jaarliks miljarde rande in en steeds belê die staat ons swaarverdiende belastinggeld roekeloos in hierdie entiteite. Daarom het Solidariteit ‘n vyfpunt-belastingvuis, oftewel ’n omvattende, wettige belastingprotesveldtog, van stapel gestuur. Dit sluit minstens vyf regsaksies teen staatsondernemings en belastingplunderaars in. 1. SAUK: Solidariteit het ’n kostebevel teen Hlaudi Motsoeneng, voormalige SAUK-hoof, gekry ná ’n hofuitspraak ten gunste van die SAUK-8. Die stryd teen Motsoeneng is tot in die Konstitusionele Hof gevoer en met die uitsondering van R20 000, is al Solidariteit se geld deur Motsoeneng terugbetaal. 2. BRIAN MOLEFE: Solidariteit gaan Brian Molefe privaat laat vervolg as die Nasionale Vervolgingsgesag (NGV) dit van die hand wys. Dit volg nadat die NGV nog geen stappe teen Molefe geneem het ná Solidariteit se klagte van bedrog teen hom nie. Solidariteit en Molefe was ook in die Konstitusionele Hof oor Molefe wat geld aan Solidariteit verskuldig is nadat die hof in Solidariteit se guns bevind het dat Molefe hom onregmatig uit Eskom se pensioenfonds verryk het. 3. DENEL: Solidariteit het dringende hofstukke op die sukkelende wapenvervaardiger beteken om hom te dwing om werkloosheidsversekering en belasting wat van werknemers afgetrek is, oor te betaal. Solidariteit het ook met ’n proses ingevolge

DEUR CILLESTE VAN DYK

artikel 165 van die Maatskappywet begin om wanbestuur en korrupsie van voormalige direkteure van Denel te ondersoek, met die oog op moontlike vervolging. 4. ESKOM: ’n Soortgelyke artikel 165proses gaan saam met Sakeliga by Eskom gevolg word. 5. SAL: Solidariteit gaan voort met regsaksie teen die SAL en die swak bestuur van die instansie. “Dit is tyd dat belastingbetalers oorgaan tot aktiewe, wettige belastingprotes. Suid-Afrika moet die krag van belastingaktivisme ontdek. Die smaak daarvan is reeds met die e-tol-protes geproe. Belastingprotes hoef nie die weerhouding van belastingbetaling in te sluit nie. Belastingbetalers kan oor tradisionele grense saamstaan en van regsinstrumente gebruik maak om die staat en belastingplunderaars tot verantwoording te bring,” het dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, gesê. Solidariteit beplan om duisende belastingbetalers te mobiliseer om betrokke te raak by die belastingprotes en om etlike miljoen rande deur skarefinansiering in te samel. ’n Spesiale webbladsy is op www.solidariteit.co.za geskep. Volgens Hermann onderskat belastingbetalers hulle krag. “Die staat werk nie met hul eie geld nie, maar met die geld van belastingbetalers,” het hy verduidelik. “Verkiesings is nie die enigste manier waarop die staat verantwoordbaar gehou kan word nie. Daar is verskeie regsinstrumente wat gebruik www.solidariteit.co.za

15

05 / 2019

kan word. Dis nie dislojaal om wettige instrumente vir verantwoordbaarheid te gebruik nie. Dis juis lojaal teenoor belastingbetalers en gewone Suid-Afrikaners – arm en ryk, wit en swart – wat nie net goeie infrastruktuur en dienste van die staat verwag nie, maar ook geregtig is daarop.”


Nuuswaardig

DIE DENEL-DOSSIER

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM – TER ILLUSTRASIE

D

ie skandale by staatsinstellings word nou so gereeld oopgevlek dat koerante selde hoef te wonder wat of wie op hul voorblaaie sal verskyn. Die media berig daagliks oor instellings soos Denel, die SAL en Eskom wat eens dienste en produkte met trots gelewer het, maar nou deur korrupsie en swak bestuur gekniehalter word. Die nuutste wanbetalingskandaal by Denel is onlangs op die lappe gebring toe werknemers se belasting, werkloosheidversekeringsbydraes en aftrekkings vir die vaardigheidsheffing nie aan die betrokke fondse oorbetaal is nie. Solidariteit het daarom namens sy lede dringende hofstukke beteken en die saak is op 20 Julie 2019 in die hooggeregshof in Pretoria aangehoor. Die hof se bevinding was dat die wapenreus op ’n dringende grondslag sy statutêre verpligtinge teenoor sy werknemers moet nakom. Denel word nou deur die hof gedwing om die werkloosheidversekeringsbydraes en belasting wat oor ’n aantal maande van werknemers se salarisse afgetrek is, oor te betaal. ’n Lid van Solidariteit wat by Denel werk, beskryf sy ervaring soos volg: “Ek en my vrou sit met iets in ons hart wat nie veronderstel is om daar te wees nie. Ons het twee klein kindertjies. Ek het reeds my debietorders ’n paar dae later geskuif omdat ons nie weet wanneer ons geld gaan kry nie. Ons bekommernis is iets om van naar te word. Niks in my wildste drome kon my voorberei vir die ontsaglike bitterheid waarmee ek vandag rondloop nie. Ek het my lewe, gesondheid en my gesin se tyd vir Denel gegee.” In reaksie op Solidariteit se artikel 165-proses en die Solidariteit-dossier het Denel se uitvoerende hoof, Danie du Toit, aan Solidariteit se regspan geskryf dat Denel onderneem om voort te gaan met sivielregtelike en strafregtelike aksies teen verskeie van Denel se voormalige uitvoerende direkteure en senior bestuurslede. Denel sal ook die

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

Nuwe Rooivalk te midde van gelddruk

D

ie wapenreus het gesê hy het bestellings van bykans R2 miljard in die lopende boekjaar ontvang en gesprekke word gevoer om ‘n tweede weergawe van sy Rooivalk-helikopter te ontwikkel. Denel het aan die parlementêre portefeuljekomitee oor openbare ondernemings gesê sowat R30 miljard se bestellings kan oor die volgende twee jaar realiseer. Die grootste uitvoerkontrak nog in sy geskiedenis kan ook binnekort beklink word, wat ‘n vooruitbetaling van R1,5 miljard insluit, berig Netwerk24. Denel voer tans 46% van sy produkte uit, maar die groep glo dié persentasie kan tot 70% opgestoot word.

geld wat deur siviele aksies vermors is, terugvorder en sal klagte by die SuidAfrikaanse Polisiediens indien soos wat forensiese ondersoeke afgehandel word. “Die laat betaling van salarisse het ’n reuse-impak op mense. Dit is huiseienaars wat gevaar loop om hul huise te verloor, ouers wat nie vir hul kinders se opvoeding kan betaal nie en gesinne wat weens die finansiële druk knak,” het 05 / 2019

16

www.solidariteit.co.za

Denel het die afgelope jaar sy bedryfskoste met R500 miljoen verminder, terwyl sy aantal werknemers die afgelope nege maande met bykans 1 000 van 4 500 tot 3 587 verminder het. Denel het onlangs ‘n reddingsboei van R1,8 miljard ontvang, maar het gesê hy benodig nog die oorblywende R1 miljard van die R2,8 miljard wat hy by die nasionale tesourie gebedel het. Die groep verwag vanjaar ‘n omset van R3,8 miljard teenoor die omset van R5 miljard en R8 miljard wat in onderskeidelik 2018, en 2016 en 2017 behaal is. Die wapenverskaffer beplan om binne die volgende paar maande van R1,56 miljard se niekernbates ontslae te raak.

Du Toit gewaarsku. Deur middel van hierdie regstappe plaas Solidariteit die bestuur van staatsinstellings terug in die hande van die belastingbetalers, wat hierdie regsproses kan gebruik om te verseker dat aanspreeklikheid by die instellings gehandhaaf word. Die Denel-stappe vorm deel van ’n groter veldtog, naamlik Solidariteit se wettige belastingprotes.


Solidariteit sál die vermorsing van belastinggeld se vlerke knip

OPDRAANDE VIR SAL DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

“W

anneer daar na belasting verwys word, word daar eintlik bedoel jóú geld. ’n Regering maak nie wins nie – dit belas wins. Elke liewe ding wat jy koop, is 15% duurder omdat jy hierdie staatinstellings finansier,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsinginstituut Solidariteit is jou waghond. Dit is iets waarvan ons lede kan getuig en waarvan hulle verseker kan wees. Solidariteit wil jóú verseker dat jy verseker is van ‘n toekoms. Ons is jou versekering in die werkplek, maar ook buite die werkomgewing waar ons ’n vriendelike omgewing wil help skep waarin jy en jou gesin kan leef en werk. Solidariteit wil, met jou hulp, die onvriendelike staat en omgewing aanvat deur die plundery wat plaasvind in staatinstellings stop te sit. Ons deel ’n vuishou uit en hou die skuldiges verantwoordelik vir hul dade. Daarmee sit ons die mag terug in jou hande – die hande van die belastingbetaler!

Waarom doen ons dit?

Ons daag die instellings wat skuldig is aan die plundery van belastinggeld in die hoogste howe van Suid-Afrika. Ons gaan verseker dat die vermorsing van geld, jóú geld, nie voortgesit word nie. Waar dit nodig is, soos in die geval van die SAL, sal Solidariteit stappe doen soos om die betrokke instansie onder sakeredding te plaas. As belastingbetaler mag en behoort jy te eis dat jou belastinggeld die burgers van SuidAfrika dien en nie die politici nie. Die SAUK het ’n paar jaar gelede dié slagspreuk gebruik: “Betaal jou TV-lisensie. Dit is die regte ding om te doen.” Solidariteit wil ’n kragtige vuishou toedien aan staatinstellings soos die SAL, nie net omdat jy as lid en ondersteuner ons die mandaat gee om hierdie stappe te doen nie, maar omdat dit die regte ding is om te doen. Die geveg is deel van ’n groter oorlog teen belastingplundery – Solidariteit is reg om die uitklophou toe te dien en nooi jou om aan ons kant van die bokskryt te kom ondersteun. Skree saam: “Genoeg is genoeg!” www.solidariteit.co.za

17

05 / 2019

Waarom het Solidariteit elkeen se hulp nodig?

W

erkende mense betaal maandeliks duisende rande aan belasting, sonder om waarde vir hul swaarverdiende geld te kry. Solidariteit se ledegeld van net meer as R100 per maand is maar ’n breukdeel hiervan. Hierdie bedrag stel ons in staat om alle sake namens ons lede in die howe te beveg. Ons wil met jou ledegeld vir jou waarde bied. Ons heg waarde aan jou as werknemer en as mens en wil verseker dat jy en jou gesin ‘n toekoms het – by die werk en by die huis! ’n Vry, veilige en voorspoedige lewe is ons mikpunt. Ons kan dit egter slegs met jou hulp bereik. Moedig jou vriende en familie aan om vandag nog ’n Solidariteit-lid te word. • SMS “LID” na 34802 en ons skakel jou terug.


Newsworthy

MOLEFE FEELING THE FULL FURY FOR CORRUPTION BY CILLESTE VAN DYK

PHOTOGRAPHS: ISTOCKPHOTO.COM & BLACKOPINION.CO.ZA

E

arlier this year the North Gauteng High Court found that Brian Molefe, former Eskom CEO, was personally involved in the unlawful allocation of pension money to the value of about R30 million. R10 million of that amount was paid to him personally. The High Court judges said the following in their ruling: “The decision by Eskom to waive penalties and buy Mr Molefe an extra 13 years of service totalling R30,1 million after only 15 months’ service at the age of 50 stretches incredulity and is unlawful … What is most disturbing is the total lack of dignity and shame by people in leadership positions who abuse public funds with naked greed for their own benefit without a moment’s consideration of the circumstances of fellow citizens who live in absolute squalor throughout the country with no basic services.” Following this ruling, Solidarity laid charges against Molefe with the South African Police Service (SAPS) and with the National Prosecuting Authority’s (NPA’s) special investigating unit, the

Hawks. Since then, Solidarity has not had any response to its enquiries about progress being made in the case. “It therefore appears that there is no prosecution of any kind in spite of overwhelming evidence against Molefe,” said Dr Dirk Hermann, Solidarity Chief Executive. “In light of this, Solidarity has asked Adv Gerrie Nel of AfriForum’s private prosecution unit to initiate the necessary steps for the private prosecution of Molefe.” Over the past few months, South Africans have continuously been confronted with media reports on the Zondo Commission and other events detailing allegations of fraud and mismanagement running into billions of rand at several public institutions. What is becoming evident from the commission’s hearings as well as other reports is that South Africa is suffering from a total lack of accountability. The country simply cannot continue to allow tax plunderers to get away without facing the consequences. Brian Molefe is one such tax plunderer. Despite the High Court having found that Molefe had enriched himself and that he had to pay back the R10 million already received in pension from the 05 / 2019

18

www.solidariteit.co.za

Eskom Pension Fund, he has not taken any steps to do so. Instead, he turned to the courts to appeal the ruling. Finally, the country’s highest court, the Constitutional Court, dismissed his appeal. Molefe now has to repay the R10 million as well as Solidarity’s legal costs. “It is a pity that the courts have to become the conscience of business leaders who enrich themselves unlawfully,” said Hermann. Solidarity also announced that it had obtained a warrant to seize Molefe’s goods for the settlement of his debt to Solidarity following a cost order against him. On 23 August, Solidarity gave the sheriff urgent instruction to proceed with the seizure of Molefe’s property to pay Solidarity’s outstanding legal costs. R200 000 is still outstanding. The goods will be sold at a public auction. Solidarity also addressed a letter to the Eskom Pension Fund, requesting them to immediately proceed with recovering the outstanding R10 million owed to the fund. The pension fund confirmed that it had not received any payment by the deadline and that it would take “vigorous” legal steps to recover the money.


Stoel te warm vir talle uitvoerende hoofde by staatsbeheerde ondernemings

HOOFDE KRY DIT HOTAGTER

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

G

een werk of pos is nét maklik of lekker nie, maar om die hoof van ’n maatskappy of organisasie te wees, behels soveel meer druk en verantwoordelikheid. Vir verskeie hoofde van staatsinstellings het die druk die afgelope ruk net te veel geraak. Mark Barnes, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Poskantoor, het in Augustus ná drie en ’n half jaar in dié pos bedank. In ‘n verklaring sê die Poskantoor die rede vir Barnes se bedanking is meningsverskille oor die instelling se toekomsstrategie. Barnes se bedanking volg kort ná Vuyani Jarana by die Suid-Afrikaanse Lugdiens en Phakamani Hadebe by Eskom bedank het. Hadebe het in Mei bedank ná net ’n jaar in die stoel. Hy het gesê dit is “geen geheim dat die pos as Eskom se hoof ongelooflike eise stel nie” en dat die druk ’n negatiewe uitwerking op sy gesondheid gehad het. Jarana se bedanking kom ná net 18 maande in die pos as die SAL se bestuurshoof. Hy het in sy bedankingsbrief gesê dat die “onsekerheid oor finansiering en stadige besluitneming deur die regering” sy planne ondermyn om die lugdiens om te draai. In Augustus het die SAUK se waarnemende bedryfshoof, dr. Craig van Rooyen, bedank, ook glo weens persoonlike redes. Van Rooyen is net vier maande gelede aangestel nadat Chris Maroleng afgedank is vir growwe nalatigheid. In Julie het die hoof van Eskom se tesourie bedank. André Pillay, groeptesourier van Eskom, het gesê hy maak einde Augustus klaar. Hy was sedert 2011 werksaam by Eskom en is in 2016 tot groeptesourier bevorder. Eskom het op die oomblik skuld van meer as R440 miljard waarvan sowat 70% deur staatswaarborge gedek word. Eskom se skuld word as die grootste enkele risiko vir Suid-Afrika se staatsfinansies beskou. Ook in Julie, skaars twee maande ná Jarana se bedanking, het JB Magwaza, voorsitter van die SAL, bedank.

DEUR MIA SLABBERT

“Al hierdie staatsinstellings misluk klaaglik in hulle plig om aan die publiek ’n diens te lewer, maar slaag daarin om transformasieteikens te haal.” ~ CONNIE MULDER Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het Magwaza se bedanking aangekondig en gesê hy het weens persoonlike redes bedank. In Februarie 2019 het Sibusiso Sithole uit sy pos as tussentydse uitvoerende hoof van die Passasierspooragentskap van Suid-Afrika (Prasa) bedank. Hy was minder as ’n jaar in die pos en was getaak om bestendigheid en sekerheid binne Prasa te bevorder. Volgens Connie Mulder, hoof van Solidariteit se Navorsingsinstituut, is die belastinglas op Suid-Afrikaanse burgers reusagtig, veral inaggenome die feit dat daar geen teenprestasie is nie. “Van al die bodemlose putte waarin Suid-Afriwww.solidariteit.co.za

19

05 / 2019

kaanse belasting val, is staatsinstellings sekerlik een van die ergste. In ’n 2004-beleidsdokument stel die ANC dit duidelik dat staatsinstellings se funksie moet wees om bemagtiging en transformasie te bevorder, en in ’n 2012-beleidsdokument word hierdie standpunt weer bevestig.” Mulder meen die gevolge van dié besluit is duidelik vir almal om te sien. “In 2019 kon Eskom nie die ligte aanhou in die somer nie, Denel stoei om salarisse te betaal en die SAUK moes kies tussen munisipale rekeninge en salarisse. Al hierdie staatsinstellings misluk klaaglik in hulle plig om aan die publiek ’n diens te lewer, maar slaag daarin om transformasieteikens te haal.”


Nuuswaardig

Staat nie eers met bestuur van snoepwinkel vertrou, watwou gesondheidsorg

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

GESKIEDKUNDIGE VELDTOG OM OMSTREDE NGV TE STUIT

S

olidariteit het in September bekend gemaak dat hy die grootste veldtog in sy geskiedenis van stapel stuur om die omstrede Nasionale Gesondheidsversekering (NGV) te stuit. Volgens Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), verg hierdie bedreiging die samewerking van alle Suid-Afrikaners. “Die NGV is nie ’n slegte plan omdat dit sekere mense ten koste van ander gaan bevoordeel nie. Inteendeel,

DEUR CILLESTE VAN DYK

Suid-Afrika in sy geheel gaan vanuit ’n ekonomiese en veral vanuit ’n gesondheidsperspektief slegter daaraan toe wees sou die NGV in sy huidige formaat deurgevoer word. Gesondheidspraktisyns sal ook van feitlik enige reg op vryheid om hul beroep te beoefen volgens hul voorkeur en na hul goeddunke ontneem word,” sê Malan. Solidariteit het voorts as deel van sy volgehoue verset teen die NGV gesê dat hy gereed is om kommentaar op die wetsontwerp in te dien, maar het ook reeds opdrag aan sy advokaat gegee om hofstukke op te stel en die menings van voorste deskundiges op die gebied in te win. “Ons kommentaar sal reeds in die vorm van hofstukke geformuleer wees. Ons wil dit duidelik stel – as die regering besluit om hierdie wetgewing deur te druk sonder om ag te slaan op kommentaar, dan gaan hierdie hofsaak op hom wag. Ons is nie net seker van die onwerkbaarheid van die voorstel nie, 05 / 2019

20

www.solidariteit.co.za

maar ook van die ongrondwetlikheid daarvan,” het Malan gestel. Solidariteit maan die regering om alternatiewe te ondersoek ter wille van alle Suid-Afrikaners se gesondheid en die toekoms van die gesondheidsbedryf. “Dit is nie ons wat halsstarrig of hardkoppig optree nie. Ons erken die krisis in die huidige stelsel. Ons maak voorstelle om dit op te los. Dit is die regering wat weier om van ’n totaal gesentraliseerde, staatsbeheerde gesondheidstelsel af te wyk. Ons wil Suid-Afrikaners gesond sien. Ons ondersteun universele sorg, maar ons sal nie eers die staat vertrou om ’n snoepwinkel te bestuur nie, wat nog die hele land se gesondheidsorg,” het Malan afgesluit.

Steun ons saak só

Die staat is besig om jou gesondheid te kaap. Lewer kommentaar voor 11 Oktober 2019 en gee ons jou mandaat. Só steun jy Solidariteit se regsaak, want jou gesondheid is nie onderhandelbaar nie. Besoek https://solidariteit.co.za/ngv/



Nuuswaardig

REGTE VAKKEUSES KARDINAAL

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

“M

ense het in die verlede ’n begeerte na geld, kos, skuiling, veiligheid, vrede en vryheid bo ’n begeerte na enigiets anders gehad. Die afgelope 30 jaar het ons egter verander. Mense wil nou ’n goeie werk hê en hulle wil hê hulle kinders moet ’n goeie werk hê. Dít verander alles.” Hierdie woorde van die werkplekkenner Jim Clifton behoort soos ’n eggo deur die gedagtes van elke graad 9-kind en die ouers van elke graad 9-kind te trek. Ons kan dit nie ligtelik opneem nie en ons kan nie maak asof ons dit nie hoor nie. Solidariteit Jeug kry elke dag te doen met jongmense wat raad oor hul loopbaanpad wil hê. Soms is hulle op soek na beurse of lenings en soms na algemene raad oor waar en wat hulle kan studeer. Dikwels is dit jongmense wat in ’n doodloopstraat in hul loopbaan beland het, met geen uitweg en geen pad vorentoe nie, en hulle soek ander werk. In baie gevalle het hierdie jongmense in graad 9 vakke gekies wat nie by hul aanleg gepas het nie, maar gewoon lekker geklink, gelyk, of, in sommige gevalle, ’n reputasie as maklike vakke gehad het. Twee jaar later vind hierdie kinders dan dat hulle nie kan gaan studeer wat hulle wou studeer nie, omdat hulle die verkeerde vakkeuses gemaak het. Wat

DEUR PAUL MARITZ

staan hulle dan te doen? Sommige skoliere kom uit ouerhuise waar oorbrugging van vakke of ’n addisionele jaar van skool sodat die nodige vakke geneem kan word ’n moontlikheid is, maar in baie jongmense se gevalle is dit nie moontlik nie. Hulle gaan studeer dan ’n studierigting wat hulle nie interesseer nie of gaan werk direk ná skool met die tentatiewe idee van nauurse studie, of “eendag in die toekoms”-studie. Daar is natuurlik niks verkeerd daarmee om direk ná skool te gaan werk nie, maar om te moet gaan werk omdat jy geen ander keuse het nie, is anders as om ná skool te gaan werk omdat jy werklik wil. Selfs vir hulle wat direk ná skool wil gaan werk, moet die waarskuwing duidelik gestel word: In die stryd om ’n goeie inkomste en ’n goeie werk, is kennis en vaardighede jou wapens, soos wat die einste Jim Clifton dit stel. Daarom moet jy mooi dink voordat jy wegdraai van ’n verdere kwalifikasie in die vorm van ’n ambag, diploma of graad. Vra jouself af of dit wat jy ná skool gaan doen, volhoubaar is en vir jou ’n bestendige inkomste gaan bied tot en met jou aftrede, wat in die toekoms moontlik op 70-jarige ouderdom of selfs hoër sal wees. Meer en meer boere laat hul seuns en dogters ná skool ’n kwalifikasie voltooi omdat selfs boerdery nie meer ’n sekerheid is nie, en dieselfde tendens word onder sakelui gesien. As daar oor die algemeen saamge05 / 2019

22

www.solidariteit.co.za

stem kan word dat studies ná matriek ’n goeie idee is, dan behoort graad 9-vakkeuses met groot omsigtigheid gemaak te word. Waarmee is jy regtig goed? As jy onseker is, kan jy aanlegtoetse oorweeg, of iemand in ’n spesifieke beroep vir ’n dag gaan dophou om te sien wat hulle doen. Soms is jongmense, selfs ná afloop van toetse of verdere ondersoeke steeds onseker oor hul toekoms. In so ’n geval behoort jy vakke te kies wat vir jou meer deure oopmaak as wat dit toemaak. As jy die vermoë het, behoort jy Wiskunde en Wetenskap te oorweeg, omdat rigtings met voorvereistes dikwels hierdie twee vakke as voorvereistes het. ’n Goeie punt in jou moedertaalvak is ook vir die meeste studierigtings ’n vereiste, sowel as ’n goeie TPT-telling. Die verkeerdste ding wat ’n graad 9-kind of die ouers van ’n graad 9-kind kan doen, is om te dink dat graad 9vakkeuses nie saak maak nie en dat daar later oor die toekoms besin kan word. As jy in graad 9 is, is vakkeuses een van die belangrikste besluite wat jy tot dusver gaan neem, en as jy die ouer van ’n graad 9-kind is, sal die verantwoordelike ding wees om regtig om te gee en saam met jou kind oor sy of haar loopbaan te wonder en die regte besluite aan te spoor. • Skep vandag nog ’n gratis profiel op Solidariteit Jeug – besoek ons webtuiste by www.jeug.co.za of volg ons op Facebook en Instagram.


Solidariteit Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns

JOU LOOPBAANVENNOOT

D

DEUR CILLESTE VAN DYK

ie Solidariteit Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns is ‘n gemeenskap wat daarop toegespits is om professionele persone wat dienste in die finansiële bedryf aanbied, met mekaar in kontak te bring. Die gilde wil jongmense ook ‘n kans op ‘n loopbaan in die beroep gee en sal die waghond wees wat brandpunte in die beroep met werkbare oplossings takel. Die Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns bied aan lede ‘n netwerk waardeur hulle met mekaar kan skakel, beste praktyke kan deel en sake kan doen.

LOOPBAANBYSTAND Akademia-graad: BCom Finansiële Beplanning www.akademia.ac.za Studiehulp van die Studiefondssentrum www.studiefonds.co.za Solidariteit se beroepsgildes www.gildes.co.za Solidariteit: Beskerming in die werkplek www.solidariteit.co.za S-Leer: Voortgesette leer www.s-leer.co.za

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

SOLIDARITEIT NETWERK VAN WERK Die beroepsgilde is ernstig oor lede se werk, en daarvoor moet goeie kennisfabrieke tot stand kom. Gildelede het die verantwoordelikheid om nie net hulself te bemagtig nie, maar om ook ons kinders toe te rus met die kennis en vaardighede om die wêreld van werk te betree en gesonde gemeenskappe te vestig. Gehalte is deurslaggewend vir uitnemendheid. Dit is ons droom dat almal hulself onmisbaar sal kan maak sodat dié wat wil werk, kan werk. Die Solidariteit Netwerk van Werk, tesame met die beroepsgildes, is ‘n netwerk wat fokus op werk. Dit verbind instellings en individue met mekaar en bevestig mense se geborgenheid aan mekaar. RAAK DEEL VAN BEROEPSGILDE Moedig jou kollegas en ander finansiële instellings aan om deel te word van die Beroepsgilde vir Finansiële Praktisyns sodat ons ons drome kan verwesenlik en die professie oorhoofs kan bemagtig. Stel jouself of jou maatskappy beskikbaar om klerke en interns in te neem sodat hulle die nodige leiding kan kry en kennis kan opdoen om die beroep as werknemers van gehalte te kan betree. Stuur ‘n e-pos na gildes@solidariteit.co.za om betrokke te raak.

HOE KAN JY HELP? • Stel jouself beskikbaar as mentor. • Deel jou kennis met ander en neem aktief deel aan netwerkgeleenthede. www.solidariteit.co.za

23

05 / 2019

WIL JY IN DIE TOEKOMS BELÊ? Die gilde stel studiefondse beskikbaar wat jongmense bemagtig om te gaan studeer.


Bedryfsnuus

Planne, nie pleister nodig om Amsa-poste te red

AFLEGGINGS ‘N BITTER PIL

V

DEUR MIA SLABBERT

werkers nou die gevolge dra.” Croucamp sê Solidariteit het op 11 Junie ’n versoekbrief aan die minister van handel en nywerheid gerig waarin dringend versoek word dat die minister rolspelers in die bedryf byeen moet roep om die uitdagings te bespreek. “Hierdie versoek het ongelukkig op dowe ore geval.” Daar is wel middel Augustus met alle rolspelers in die staalbedryf vergader om ’n oplossing vir die krisis in die staalbedryf te probeer vind. Die onlangse instelling van koolstofbelasting het die bedryf onder verdere druk geplaas en dit speel ’n groot rol in die afleggings wat Amsa tans in die gesig staar. “Die tydsberekening van dié instelling was heeltemal verkeerd, omrede Suid-Afrika Solidariteit glo dat afleggings nie die dit nie tans kan bekostig oplossing is nie en dat dit net ’n pleister nie. Hoër insetkoste in die staalbedryf, wat reeds onder is wat oor ’n sweer geplak word om te enorme druk verkeer, het probeer verhoed dat dit oopbars. noodwendig werkverliese tot gevolg,” meen Croucamp. Indien Amsa die afleggings deurvoer, Volgens Marius Croucamp, adjunkgaan Solidariteit in die beste belang van hoofsekretaris van Solidariteit, word die sy lede optree. “Solidariteit sal alles in sy afleggings onder meer toegeskryf aan vermoë doen om te verseker dat sy lede Eskom se verhoging in kragtariewe en wat deur hierdie proses geraak word, die Nasionale Energiereguleerder van die voorgestelde skeidingsvoordele en Suid-Afrika (Nersa) wat nie ag geslaan die nodige steun in hierdie moeilike tyd het op die staalreus se hulpkrete nie. ontvang,” het Croucamp gesê. “Ons het Nersa gewaarsku dat dié verSolidariteit vra die regering om sy hoging die bedryf gaan vernietig. Tog pligte na te kom en seker te maak dat is daar voortgegaan en moet gewone

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

anderbijlpark is ’n dorp ryk aan geskiedenis, en elke inwoner vorm deel van die dorp se DNS. Die skoknuus dat ArcelorMittal Suid-Afrika (Amsa) beplan om 2 000 werknemers by sy Vanderbijlpark-aanleg af te lê, is vir die maatskappy se werknemers en die gebied se inwoners ’n bitter pil om te sluk. “Ons maak reeds nie meer ’n wins nie en spook om kop bo water te hou. Ek weet nie wat met Vanderbijlpark gaan gebeur as daar skielik 2 000 minder kopers in die dorp is nie,” het Tirinta Theron, ’n kleinsakeondernemingeienaar van die dorp, gesê.

05 / 2019

24

www.solidariteit.co.za

maatskappye in Suid-Afrika volhoubaar kan voortbestaan. Dit moet gedoen word deur kragtoevoer te verseker en versmorende regulasies te hersien. “Kobus Verster, uitvoerende hoof van Amsa, het aangevoer dat hulle weens die heersende markomstandighede geen ander keuse het as om te herstruktureer nie, maar Amsa het glo wel die kapitaal om ’n aanbod van R300 miljoen te maak om ’n deel van Highveld Steel se struktuurwals te koop. Daar is dus ooglopende teenstrydighede tussen Amsa se rede vir die afleggings en sy optrede ten opsigte van die onlangse aanbod om die struktuurwals te koop,” het Croucamp gesê. Croucamp voer verder aan dat in die lig van die land se massiewe werkloosheidsyfer van 29%, moet die minister met voorstelle kom om die maatskappy en ander wat mag volg, in hierdie moeilike tye te help. Solidariteit glo dat afleggings nie die oplossing is nie en dat dit net ’n pleister is wat oor ’n sweer geplak word om te probeer verhoed dat dit oopbars. “Daar moet planne beraam word om die sweer te behandel sodat die pleister nie nodig is nie,” meen Croucamp. Solidariteit het sy Navorsingsinstituut opdrag gegee om ’n onafhanklike impakstudie te doen om die uitdagings in die breër staal- en vervaardigingsbedryf te ondersoek.



Bedryfsnuus

Geskiedkundige uitspraak oor vergoeding vir silikose en TB

SÓ KAN JY VIR LONGSIEKTES EIS

O

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

p 29 Julie vanjaar het regter Leoni Windell ’n geskiedkundige uitspraak in die Johannesburgse Hooggeregshof gelewer. ‘n Bedrag van R5 miljard is toegeken aan die slagoffers of naasbestaandes van mynwerkers wat longsiektes soos silikose en tuberkulose in Suid-Afrikaanse myne opgedoen het. Solidariteit het die uitspraak verwelkom en is verheug dat slagoffers of hul naasbestaandes amptelik kan begin om skadevergoeding te eis. Die skikking voltooi ‘n proses wat reeds in 2006 ‘n aanvang geneem het met die saak Mankayi v Anglo Gold Ashanti. In hierdie saak is die reg van werkers in die mynbedryf om skadevergoeding van werkgewers te eis vir longsiektes wat opgedoen is in die uitvoering van werkers se pligte, deur die Konstitusionele Hof erken. Dit het aanleiding gegee tot die instel van ‘n klasaksie namens eisers wat tussen 1965 en 2015 silikose en tuberkulose in die goudmynbedryf opgedoen het en is na die Hoë Hof verwys. INDIEN EK ‘N EISER IS, WAT MOET EK DOEN? Eisers moet gaan registreer op die webtuiste www.silicosissettlement.co.za HOE WEET EK OF EK KAN EIS? Persone wat tussen Maart 1965 en 2015 by een of meer van die mynhuise wat

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

ARM sets aside R319 m African Rainbow Minerals (ARM), which is chaired by Patrice Motsepe, has set aside R319 million in respect of the lawsuit aimed at compensating victims of silicosis and other occupational lung diseases.

hier onder genoem word, werksaam was en silikose of tuberkulose opgedoen het, asook die naasbestaandes van mense wat oorlede is as gevolg van silikose of tuberkulose nadat hulle gedurende dié tydperk by een van die betrokke mynhuise gewerk het, kan aansoek doen. Daar is egter bepalings en voorwaardes en elke saak word op meriete hanteer. WATTER BEDRAE IS TER SPRAKE? Die hof het verskillende kategorieë goedgekeur, maar let daarop dat daar aan die vereistes voldoen sal moet word voordat ‘n eiser vir vergoeding kwalifiseer. Die periodes wat die persoon by die betrokke goudmyne gewerk het, sal ook ‘n invloed hê op die berekening van die vergoedingsbedrag. Skadevergoedingsbedrae wissel van R10 000 tot R250 000 en in uitsonderlike gevalle selfs soveel as R500 000. WAT SÊ SOLIDARITEIT? “Solidariteit is ten gunste van die 05 / 2019

26

www.solidariteit.co.za

skikking wat bereik is,” het adv. Hanlie van Vuuren, hoof van beroepsgesondheid en veiligheid by Solidariteit, ná die uitspraak gesê. “Die skikking is nie noodwendig wat almal wou hê nie, maar dit is die aard van die onderhandelings en skikkings; dit is ‘n proses van gee en neem. Ons glo dat dit redelik en uitvoerbaar is en sal daartoe lei dat mense vergoed word vir ‘n saak wat lank geneem het om afgehandel te word. “Die opsie om te onttrek, is steeds op die tafel vir mense wat nie met die skikking tevrede is nie,” het sy gesê. MAATSKAPPYE WAT BETROKKE IS Die maatskappye wat betrokke is by die saak, is African Rainbow Minerals, Anglo American SA, AngloGold Ashanti, Gold Fields, Harmony en Sibanye-Stilwater. Regter Windell het bevind dat alle betrokke partye billik was in hulle optrede en dat die skikking voldoende en regverdig is. DRD Gold, ERPM, Rand Gold en Pan African Resources vorm egter nie deel van die skikking nie. Die saak word beskryf as een van die “mees komplekse veelparty-klasaksiesake wat nóg beding is” en maak Suid-Afrikaanse regsgeskiedenis. Die betrokke maatskappye erken ook dat hulle in die verlede verkeerd opgetree het deur nie die nodige voorsorgmaatreëls te tref wat sou verhoed dat werknemers aan silikastof blootgestel word nie.


Unisa’s unfair affirmative action plan

QUALITY OF EDUCATION HANGS IN THE BALANCE

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

S

olidarity has approached the Department of Labour with a request to intervene in the University of South Africa’s (Unisa’s) implementation of its proposed promotion criteria. According to Solidarity, the university’s proposal is a contravention of the Employment Equity Act (EEA). “In the letter to Unisa, two aspects are identified which are, in our opinion, unfair and contrary to the objectives and provisions in the Employment Equity Act,” said Annika Labuschagne of Solidarity’s Centre for Fair Labour Practices. “In the first place, it is our contention that different criteria are proposed for different groups. The reason Unisa gives for doing so is to achieve the objectives set in its affirmative action plan with the ultimate goal of having Unisa’s workforce reflect the national economic active population (EAP). The criteria, as proposed, can create possible absolute barriers for individuals not belonging to the designated group. Secondly, we argue that the use of the EAP figures is irrational for such a specialised field and that

BY REON JANSE VAN RENSBURG

a more equitable outcome would be achieved if the candidates’ demographics are considered,” she explained. Solidarity has also approached the university senate in order to produce a more equitable outcome. They argue that, in terms of the promotion criteria, only designated employees would be eligible for promotion or appointment. These criteria are also based on a lower standard or reduced minimum standards. Solidarity also expressed its concern over the impact such criteria will have on the quality of education offered at Unisa. “It is clear that two different sets of criteria exist for people from different groups. For example, if a person in the Law Faculty belongs to the non-designated group or to a designated group that is over-represented, this person must have at least a master’s degree to be promoted to senior lecturer. However, those in the underrepresented group only need an LLB degree or NQF Level 8 to be eligible for such a promotion. The impact of this adjustment to the quality of teaching at Unisa is cause for concern, especially since Unisa’s LLB accreditation was under threat recently,” Labuschagne said.

www.solidariteit.co.za

27

05 / 2019

In Unisa’s staff transformation plan, the university notes that in line with the EEA, “Unisa is required to develop an employment equity plan and set numerical goals that will accelerate measures towards achieving demographic representation of designated groups in each occupational level where under representation has been identified”. The reason Unisa gives for doing so is to achieve the objectives set in its affirmative action plan with the ultimate goal of having Unisa’s workforce reflect the country’s EAP. Solidarity insisted that Unisa and the department should comply with its demands as soon as possible, and undertook to take all legal steps at its disposal if this does not happen. “The problem with absolute barriers and the unreasonable application of national demographic figures goes beyond Unisa. Therefore, we hope that the university and the department will both step in to establish a fairer application. If this does not happen, we will be ready to take legal action and to act on behalf of our members at Unisa and elsewhere,” Labuschagne concluded.


Bedryfsnuus

Staatsbeheerde ondernemings bly bodemlose put ondanks reddingsboeie

PRIVATISERING KAN BOEIE BREEK

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

S

uid-Afrika is een van die toptien mees belaste lande ter wêreld wanneer daar gekyk word na die belastingopbrengs-teenoor-BBPverhouding. Hierdie maatstaf is ’n aanduiding van die verhouding tussen die belasting wat ingevorder word relatief tot die goedere en dienste wat in ’n betrokke tydperk in die land geproduseer word. Die wêreldwye gemiddelde staan tans op sowat 15%, terwyl dit in Suid-Afrika 27% beloop. Ons almal onthou ’n tyd toe die SAL ons beïndruk het met hul vaardigheid wanneer hulle met hul duur Boeings oor ’n sportstadion geduik het; toe Riaan Cruywagen saans vir ons die nuus op SAUK-nuus voorgelees het, en toe Eskom... wel, vir ons lig gemaak het. Deesdae is die prentjies wat by ons opgeroep word as dié drie instansies in die nuus genoem word, alles behalwe rooskleurig. Eskom, die SAUK en SAL is al drie staatbeheerde maatskappye. ’n Staatsonderneming is ’n entiteit wat deur ’n regering geskep word om namens die regering aan kommersiële aktiwiteite deel te neem. So ’n onderneming behoort in geheel of gedeeltelik aan die regering. Die doel van enige maatskappy is immers om ’n wins te toon en nie ’n verlies nie. Eskom, die SAL, die SAUK en ander staatinstellings se doel, nes enige ander maatskappy, is om winsgewende

DEUR REON JANSE VAN RENSBURG

organisasies te wees. Private maatskappye wat aandeelhouers het, wil graag sien dat hul aandele se waarde groei. Indien dit nie gebeur nie, sal die aandeelhouers sonder twyfel die skuldige party verantwoordelik hou. In Suid-Afrika word staatinstellings egter nie bestuur soos maatskappye nie, maar eerder soos staatsdepartemente waar niemand aanspreeklikheid aanvaar nie. In hierdie lig kan ons as belastingbetalers gesien word as die aandeelhouers. Maar ons geld word deur ’n uiters onbekwame belegger belê in maatskappye wat nie belangstel om ’n wins te toon nie, maar eerder om onbevoegde vriende en vriende van vriende se sakke vol te stop met geld wat hulle nie verdien nie, en wat op ’n korrupte wyse bekom is. Dit is tyd dat ons as belastingbetalers – of dan aandeelhouers – hierdie persone aanspreeklik hou vir hul dade. Suid-Afrikaners is gewoond daaraan dat staatsinstellings soos dié wat genoem is, in die verlede gehaltedienste en -produkte aan die land gelewer het. Hoe baie mense wat ons ken, werk nie steeds vir een van hierdie instellings nie? Ons vra nie eens meer die vraag of die staat werklik in beheer is nie. En met al drie instansies is dit duidelik dat die bodemlose put wat hulle vir hulself gegrawe het, net dieper en dieper word. Pogings om hulle te red, het tot dusver misluk, en ten spyte van reddingsboei ná reddingsboei sak hierdie instansies net verder in die bodemlose put af. 05 / 2019

28

www.solidariteit.co.za

Lui-lui telefoon

Daar is wel voorbeelde waar staatsinstellings, met die hulp van privatisering, dit reggekry het om uit die donker gat te klim. ’n Goeie voorbeeld hiervan is Telkom, hoewel Telkom nie 100% onafhanklik is nie en die staat steeds sowat 39,8% (of net meer as 50%, as jy die belang van die Openbare Beleggingskorporasie insluit) van die maatskappy besit. In 2017 was daar sprake dat die regering sy aandele in Telkom wou verkoop, maar hy het daarteen besluit nadat Telkom se syfers heel positief gegroei het, veral by Telkom se mobiele netwerk, Telkom Mobile. Die ironie is dat die geld wat uit die verkope van die Telkom-aandele gegenereer sou word, as reddingsboei gebruik sou word vir ander staatinstellings soos die SAL en die Suid-Afrikaanse Poskantoor. Vir die regering self was dit wel ’n wyse besluit om hierdie aandele te behou, maar vir die belastingbetaler was dit nie so goed nie. Die besluit sou kon beteken het dat minder van jou belastinggeld op ander staatinstellings soos Eskom en die SAL spandeer sou word. Maar waarom sou jy jouself in die voet skiet deur ‘n groot persentasie aandele te verkoop in die enigste instelling wat in geheel of gedeeltelik aan jou behoort wat nié diep in die rooi is nie? Dis ’n vreemde vraag, en een wat net die regering sal kan antwoord. In Maart vanjaar berig Telkom dat sy


bedryfsinkomste met 5,3% in die jaar tot einde Maart gestyg het tot R42,8 miljard. Verdienste voor rente en belasting het met 8,5% gegroei tot R11,3 miljard. In Junie 2018 was Telkom se aandeelprys R49,04. Die prys het egter teen einde Mei 2019 nog verder geklim en was op ’n hoogtepunt van R87,60 – ’n reusagtige 79%-groei in die aandeelprys. Die aandeleprys van ’n maatskappy wat op die aandelebeurs gelys is, kan dikwels as barometer gebruik word vir die gesondheid van die onderneming. ’n Maatskappy se aandeleprys weerspieël gewoonlik die belegger se persepsie van die maatskappye se vermoë om in die toekoms wins te toon en só die belegger se belegging te laat groei. Met ander woorde, hoe hoër die aandeelprys, hoe meer optimisme is daar oor die vooruitsigte van die instelling. Ons kan dus sê dat die vertroue wat Telkom tans beleef, te danke is aan goeie besluite wat deur die bestuur van die onderneming geneem word, die aanspreeklikheid wat private aandeelhouers aan die bestuur stel, en minder inmenging vanaf die regering om hulle eie agenda te dryf. Eenvoudiger gestel – dit is nie so maklik om met korrupsie weg te kom nie.

Donker toekoms

VOORDELE VAN PRIVATISERING • Privatisering maak die mark oop vir mededinging. • Die regering kan inkomste genereer uit die verkoop van staatinstellings, en kan daarmee skuld afbetaal. • Bestuurders of direkteure van staatinstellings is nie aandeelhouers nie. Om dié rede is daar vir hulle geen aansporing om die langtermynwinsgewendheid en -volhoubaarheid van die onderneming te verseker nie. Privaat ondernemings word aanspreeklik gehou deur hul aandeelhouers omdat hulle hul aandele kan verkoop as hulle nie tevrede is met die onderneming se opbrengs nie – op dié manier word die onderneming op sy tone gehou. • Die regering verdien steeds uit geprivatiseerde ondernemings ’n inkomste deur middel van inkomstebelasting.

Eskom se enigste, uitsluitlike doel is om elektrisiteit aan Suid-Afrikaners te verskaf. Dié diens is uiteraard in die kollig (binnekort ’n kerslig) indien Eskom sukkel om die diens te verskaf wat hom bestaansreg gee. Volgens Financial Results het Eskom in 2011 altesaam 45% van die elektrisiteit wat hy opgewek het, direk aan verbruikers voorsien. Die ander 55% was herverdeel en herverkoop deur byvoorbeeld munisipaliteite. Verder genereer en versprei Eskom elektrisiteit aan kliënte in verskeie sektore soos mynbou, kommersiële omgewings en landbou. Dié sektore is afhanklik van Eskom vir elektrisiteit – nie net omdat hulle diens ’n noodsaaklikheid is nie, maar omdat die sektore se toekoms daarvan afhang. Toe ’n elektriese toestel vir die eerste keer op 25 April 1860 in Suid-Afrika in die publiek gebruik is met die opening van die elektriese telegraaflyn tussen

Kaapstad en Simonstad, was die doel om ’n diens te lewer. Elektrisiteit is kort voor lank ook vir ander doeleindes gebruik en ander geleenthede het hieruit ontstaan. Die gebruik van elektrisiteit het die ekonomie laat groei. Werkgeleenthede is geskep wat gelei het tot werksekerheid. Elektrisiteit wás die toekoms. Vandag is elektrisiteit (en baie daarvan) egter nodig vír die toekoms. Die toekoms van Eskom lyk donker. Ten spyte van talle reddingsboeie kon Eskom se bestuur dit tot nog toe nie regkry om dié staatinstelling reg te ruk nie. Volgens die voormalige minister van finansies, Trevor Manuel, het Eskom die afgelope dekade 12 uitvoerende hoofde, ses voorsitters, 60 direkteure en 30 bestuurders gehad, wat die instelling ’n allemintige R514 miljoen gekos het. In 2001 is Eskom aangewys as die “Financial Times Power Company of the

2 jaar

R300 miljard

Hoe lank BEURTKRAG nog ons voorland is, het Jan Oberholzer, bedryfshoof van Eskom, gesê. Dit is glo hoe lank dit sal neem om kragverskaffing stabiel te kry.

Hoeveel dit Eskom sal kos om sy steenkoolkragstasies se vrystellings in lyn te bring met besoedelingsregulasies. Lees ook die artikel op BLADSY 31. www.solidariteit.co.za

29

05 / 2019

Year” tydens die Global Energy Awards in New York. In 2019, slegs agtien jaar later, is Eskom se skuldlas so groot dat dit sowat 15% van die staat se totale skuld is. Die skuld word nie minder nie. Inteendeel, dit groei teen ’n geweldige spoed – enersyds as gevolg van munisipaliteite se uitstaande rekeninge, en andersyds as gevolg van die maatskappy se salarisrekening wat van R9,5 miljard in 2007 tot R29,5 miljard in 2018 opgeskiet het. Jabu Mabuza het einde Julie 2019 die leisels by Eskom oorgeneem as waarnemende uitvoerende hoof. Dié aanstelling bied heelwat rede tot kommer: Behalwe dat Mabuza die hoeveelste persoon aan die stuur van sake is, dui verskeie bronne aan dat Mabuza in sy tweede jaar van studies opgeskop het en toe as taxibestuurder gewerk het. Volgens getuienis wat Mabuza in Februarie vanjaar by die Geregtelike Kommissie van Ondersoek afgelê het, besit hy 6% aandele (wat sowat R26 mijoen werd is) in Sphere Investment. Mabuza het aan die kommissie gesê die maatskappy onderhou ’n derde van Eskom se ketels. Sphere besit aandele in beide Badcock en Honeywell wat dié dienste by Eskom verrig. ’n Mens kan nie help om te wonder na wie se belange Mabuza gaan en sal wil omsien nie. Dit is geen geheim nie dat korrupsie en staatskaping die redes is waarom steenkoolaanlegte soos Medupi en Kusile selfs in 2019 nog nie elektrisiteit lewer nie. Dié aanlegte, wat die derde en vierde grootste steenkoolkragaanlegte ter wêreld is, moes lank al in werking getree het. Die twee kragstasies kon die land van ’n ekstra 9 600 MW krag voorsien het, wat sou verseker het dat die land nie kragonderbrekings sou gekry het nie. Ononderbroke krag sou op sy beurt weer ’n uiters positiewe impak gehad het op die ekonomie, asook op die skep en behoud van werk, wat broodnodig is vir die uitbreiding van die ekonomie.


Bedryfsnuus

Blitsnuus Duisende dalk afgelê

D

ie konstruksiereus Group Five gaan volgens sy sakereddingsplan nie net eersdaags van die JSE verdwyn nie, maar boonop tot 5 000 werknemers laat gaan. ‘n Eis van R1,5 miljard wat sy konstruksie-afdeling weens vertragings by die Kpone-kragstasieprojek in Ghana moet betaal, word as een vir die redes vir sy finansiële verknorsing voorgehou, berig Netwerk24. Die konstruksie-afdeling het tans laste van R6 miljard en die groep het sowat 8 000 werknemers in diens.

Staatskuld styg steeds

S MAATSKAPLIKE Gesloer met uitbetaling van subsidies

KRISIS DREIG

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

D

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

ie Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers het hom sterk uitgespreek teen die departement van maatskaplike ontwikkeling wat weens nalatigheid sloer met die uitbetaling van subsidies. Die Solidariteit Navorsingsinstituut het deurtastende navorsing oor die uitdagings van subsidie-uitbetalings gedoen sodat dié gilde werkbare oplossings aan die departement kan voorlê. “In April vanjaar moes kinderhuise in Pretoria wag op hul staatsubsidies en nou is dit kinderhuise, ouetehuise en ander instansies in die Oos-Kaap se beurt. Dit ontaard nou in ’n landwye maatskaplike kwessie en die departement moet hiervoor aanspreeklik gehou word,” het Hennie Bierman, hoof van Solidariteit se Beroepsgildes, gesê. Luidens ’n berig op Netwerk24 versuim die departement om staatsubsidies

aan talle organisasies sonder winsoogmerk in die Oos-Kaap uit te betaal. Die meeste van hierdie organisasies is blykbaar vier maande gelede laas betaal. “Die uitdagings wat die niebetaling van subsidies inhou, is aansienlik groter as net kosvoorsiening. Personeel se salarisse en ander basiese uitgawes kan ook nie betaal word nie,” het Bierman gesê. Indien die departement nie binnekort die subsidies uitbetaal nie, sal hierdie organisasies genoodsaak wees om hul deure te sluit, en dit sal ’n katastrofiese uitwerking hê op die gemeenskappe wat grootliks op maatskaplike hulp staatmaak. Volgens Bierman voel die gilde sterk dat maatskaplike werkers met genoeg uitdagings te kampe het. “Of hulle die salarisse gaan kry wat hul toekom, moenie een van daardie uitdagings wees nie.” • Word deel van Solidariteit se Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers. Besoek die webtuiste https://gildes.solidariteit.co.za 05 / 2019

30

www.solidariteit.co.za

uid-Afrika se staatskuld van R3 000 miljard beloop tans meer as 60% van die land se bruto binnelandse produk (BBP). Luidens ‘n verslag deur die Centre for Development and Enterprise (CDE), getiteld “Running out of road”, sal die regering en staatsbeheerde ondernemings in die sewe jaar tussen 2015-’16 en 2012-’22 sowat R2 200 miljard leen. Volgens die CDE behoort die regering vinnig iets te doen aan die voortdurende styging in openbare besteding.

Implats tel kop op

D

ie platinummaatskappy Impala Platinum (Implats) het daarin geslaag om in die boekjaar tot einde Junie sy geldsake beduidend om te keer. Die groep se netto wins het van R1,1 miljard tot R6,8 miljard gestyg en sy wesensverlies van R1,2 miljard is omgeswaai in ‘n wesensverdienste van R3 miljard. Ondanks die goeie syfers gaan Implats voort met sy herstruktureringsplanne, hoewel dit danksy die hoër syfers aangepas kan word. Implats het aanvanklik gesê hy gaan sowat 13 000 poste verminder.


South Africa home to the world’s second largest pollution hotspot

SHOCKING STUDY ON POLLUTION

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

T

he area around coal-fired plants owned by South Africa’s state power utility Eskom Holdings SOC Ltd. ranks as the world’s second-largest hotspot of sulphur dioxide emissions, according to Greenpeace. The level of sulphur dioxide emissions in the Kriel area in Mpumalanga province only lags the Norilsk Nickel metal complex in the Russian town of Norilsk, the environmental group said in a statement, citing 2018 data from NASA satellites. The province is home to most of Eskom’s 15 coal-fired power plants as well as coal-to-fuel plants owned by Sasol Ltd., South Africa’s biggest company by revenue. An earlier study on air pollution by Eskom, Sasol Synfuels, and Natref pro-

BY LIZE-MARI LABUSCHAGNE

vided shocking evidence of the harmful effects caused by these organisations to the environment and to human health. According to this study, Eskom accounts for 42% of South Africa’s greenhouse gases, while Sasol emits 11% of the

total. Sulphur dioxide is linked to lower respiratory infections and increased risk of stroke, as well as increased risk of death from diabetes. The study was conducted by Dr. H. Andrew Gray of Gray Sky Solutions, an air pollution research consulting firm specializing in particulate matter (PM) and visibility issues. The study and research report focused on the air quality in and around South Africa’s Highveld Priority Area (HPA). The results of the study were included as expert evidence in High Court papers served on Friday, 7 June 2019 to the president of South Africa, the minister of environmental affairs, and the national air quality officer. The legal action is aimed at “getting the minister to do her job” and ensure that South Africa’s air quality is improved.


Bedryfsnuus

Beroepsgesondheid en veiligheid

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

ERGONOMIKA EN DIE TOEKOMS

S

oos wat die nywerheidsektor die vierde industriële revolusie betree en werknemers met meer gevorderde toerusting werk, ontstaan die behoefte aan ’n goeie en doeltreffende ergonomiese program wat produktiwiteit en werktevredenheid sal verhoog. Robotika word byvoorbeeld reeds gebruik om gevaarlike take namens mense te verrig en kan ook in die toekoms gebruik word vir die beskerming van werknemers. Die doel is uiteindelik om totale samewerking tussen mens en masjien te bewerkstellig, waar albei die werkplek kan deel en die werk in dieselfde tyd kan voltooi. Met bogenoemde in ag geneem gaan ergonomika, oftewel die studie en wetenskap-

DEUR DE WET BLAAUW

like proses om die fisieke omgewing, objekte en prosedures te ontwerp sodat dit die gebruiker die beste pas, ’n baie belangrike rol in die moderne werkplek speel. Wanneer loopbane ontwerp word om by die vermoëns van mense te pas, is die resultaat beter werkgehalte en ’n beter ervaring vir die mens wat die werk verrig. Die voordele van ergonomika tydens die vierde industriële revolusie sluit ook die volgende in: LAER ONKOSTE Alle werkgewers in Suid-Afrika word geraak deur die sukkelende ekonomie. Deur ergonomika in die werkplek te implementeer, kan daar bespaar word op eise vir beserings aan diens, verlore werktyd weens beserings of siekte en menslike foute. Ergonomika verhoog wins terwyl dit werknemers veilig en vry van risiko hou. HOËR GEHALTE, PRODUKTIWITEIT Werknemers werk gemakliker in ’n ergonomiese werkplek, wat hulle meer energiek maak sodat hulle vinniger en meer doeltreffend kan werk. Verbruikersnavrae oor gehalte kan verminder word danksy verbeterde prosesse. Liggaams05 / 2019

32

www.solidariteit.co.za

bewegings, sigbaarheid en ander ergonomiese faktore beïnvloed nie net die kwaliteit van die werk wat gelewer word nie, maar ook die finale produk. BETER DEELNAME, INSETTE Ergonomika het ’n direkte invloed op die werwing en behoud van werknemers. Dit bevorder kreatiwiteit en verbeter probleemoplossingsvaardighede. Wanneer werkgewers hul werknemers oplei en ken in die verbetering van ergonomika in die werkplek, sal werknemers voel dat hulle insette en bydraes waardeer word en dit sal die moreel verhoog. BETER VEILIGHEIDSKULTUUR Afwesigheid en beserings kan verminder word deur te fokus op beroepsgesondheid en -veiligheid. Mense waardeer dit wanneer hulle ’n veilige en gesonde werkplek betree en erken die waarde daarvan. In hierdie oorgangsfase na die vierde industriële revolusie sal daar baie nuwe ergonomiese vraagstukke ontstaan, maar daar bestaan geen twyfel nie dat werkgewers bevoordeel sal word indien hulle hul werknemers se gesondheid eerste plaas en in die toekoms in ergonomika belê.


ITAC-staalkomitee: Solidariteit-man help om uitdagings te pak

Nimmereindigende styging in werkloosheid

SYFERS SKETS NIE DIE VOLLE PRENTJIE

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & REINT DYKEMA

D

DEUR LIZE-MARI LABUSCHAGNE

ie deurlopende, skynbaar nimmereindigende styging in die werkloosheidskoers is kommerwekkend. Solidariteit bevraagteken boonop Statistieke Suid-Afrika (SSA) se metodologie wat ontmoedigde werksoekers uitsluit van die amptelike werkloosheidsmeting. Die werkloosheidkoers het in die tweede kwartaal van 2019 tot 29% van die arbeidsmag gestyg. Indien die uitgebreide definisie egter toegepas word, wat mense insluit wat ontmoedig was om aktief na werk te soek, is die koers egter selfs hoër teen 38,5%. Morné Malan, senior navorser verbonde aan die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), verduidelik dat daar baie sterk gegewens bestaan wat impliseer dat die onrusbarende syfers soos vervat in die jongste vrystelling van die kwartaallikse arbeidsmagopname (QLFS) steeds ’n rooskleuriger prentjie skets as die werklikheid wat miljoene Suid-Afrikaners beleef. Malan verduidelik sy stelling soos volg: Hoewel die eng definisie van werkloosheid algemeen reg oor die wêreld gebruik word en deur die Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO) aanbeveel word, is daar verskeie redes waarom hierdie meting nie ’n akkurate maatstaaf vir Suid-Afrika se werkmag is nie, insluitend die volgende: • Suid-Afrika het ’n buitengewone

groot gaping tussen die eng werkloosheidskoers (29,0%) en die uitgebreide definisie (38,5%); • Ons het ’n besondere lae arbeids absorpsiekoers (42,4%); en • Volgens ’n studie in 2013 deur die Universiteit van KwaZulu-Natal staan die sogenaamde ontmoedigde werksoekers, wat nie in die amptelike koers as werkloos getel word nie, geensins ’n swakker kans om in diens geneem te word as die sogenaamde aktiewe werksoekers nie. Die debatte oor die metodologie om die werkloosheidskoers te bepaal, is van kritieke belang, aangesien dit bitter moeilik is om oplossings vir die werkloosheidsprobleem voor te stel indien daar ’n wanpersepsie van die omvang en die aard van die probleem bestaan. Solidariteit meen dat ’n werkloosheidskoers van 38,5% selfs nog groter aksie van die regering eis om die uitdagings van strukturele werkloosheid aan te pak. “Die regering veroorsaak die probleem met teenproduktiewe beleide soos ’n minimumloon, streng arbeidswetgewing, verskerpte afdwinging van swart ekonomiese bemagtiging, en talle meer. Die enigste oplossing is dat die regering hierdie hindernisse vir dié wat sake in Suid-Afrika doen, uit die weg sal ruim. Anders is ek bevrees dat werkloosheid, wat gepaardgaan met tallose ander maatskaplike en ekonomiese kwessies, nooit opgelos sal word nie,” het Malan gesê. www.solidariteit.co.za

33

05 / 2019

D

ie minister van handel en nywerheid, Ebrahim Patel, het einde Augustus lede van die Staalkomitee van die Kommissie vir Internasionale Handel en Administrasie (ITAC) van Suid-Afrika aangestel, wat onder meer die monitering van die staalbedryf sal behartig. Solidariteit is opgewonde om aan te kondig dat Marius Croucamp (foto), adjunkhoofsekretaris van die Metaal- en Ingenieursbedryf by Solidariteit, ook in die komitee gaan dien. Die komitee bestaan uit 14 lede waarvan sewe lede ITAC-kommissarisse is en die ander sewe lede bedryfsverteenwoordigers is. Die komitee is verantwoordelik vir die monitering van die staalbedryf en sal ook voorstelle maak om uitdagings in die staalbedryf op te los. Dit sluit in sake soos die impak van die verandering van invoerkoste en handelsremedies op die bedryf, spesifiek met betrekking tot sekondêre verbruikers in die bedryf, die pryse van die produkte van vervaardigers in die primêre staalbedryf na sekondêre verbruikers, asook ander algemene uitdagings in die bedryf. Die komitee sal ook ander belangrike aspekte in die bedryf takel, soos invoertariewe en die impak wat dit op werkskepping het, werkbehoud, industriële uitset, beleggings in aanlegte, toerusting, vaardighede, ontwikkeling, tegnologie en ekonomiese beleggings. Die lede is tot Junie 2021 aangestel en sal elke ses maande verslag lewer aan die kommissie.


Bedryfsnuus

Belasting

WAT KRY JY VIR BLOEDSWEET? DEUR MORNÉ MALAN

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

S

uid-Afrika is een van die toptien mees belaste lande ter wêreld wanneer daar gekyk word na die belastingopbrengs-teenoor-BBPverhouding. Hierdie maatstaaf is ’n aanduiding van die verhouding tussen die belasting wat ingevorder word relatief tot die goedere en dienste wat in ’n betrokke tydperk in die land geproduseer word. Die wêreldwye gemiddelde staan tans op sowat 15%, terwyl dit in Suid-Afrika 27% beloop. Wat selfs meer opvallend is, is dat Suid-Afrika sesde is op die Wêreldbank se wêreldwye ranglys van die persentasie belasting wat bekom word deur middel van belasting op inkomste, winste en kapitaalwins – dit wil sê, belasting op produktiwiteit. In Suid-Afrika beloop die persentasie 49% teenoor die wêreldgemiddelde van sowat 23%. Nog erger is die verandering wat oor die laaste bykans 50 jaar plaasgevind het. In 1972 (die jongste datum waarvoor data beskikbaar is) het Suid-Afrika se belasting-tot-BBP-verhouding op sowat 17% gestaan, terwyl die wêreldgemiddelde as ongeveer 14% bereken is. Dit beteken dat gedurende dieself-

de tydperk waarin hierdie verhouding vir die wêreld so te sê stagnant gebly het, het Suid-Afrika se verhouding met nagenoeg 10 persentasiepunte gestyg. Die VSA het byvoorbeeld in beide tydperke op presies dieselfde koers gebly, naamlik 12%. Wat sê dit vir ons? ’n Laer belastinglas korreleer dikwels met beter ekonomiese groei, maar dit is nie op sigself ’n aanduiding van welvaart in ’n betrokke land nie. Daar is byvoorbeeld lande soos Denemarke en Nieu-Seeland wat hoër belasting-tot-BBP-verhoudings as Suid-Afrika het, maar waar burgers ’n relatiewe goeie lewensgehalte geniet. Ander bekende voorbeelde wat dikwels gegee word, is lande soos Noorweë, Finland en Swede, wat ook baie belasting maar goeie lewenstandaarde het. Hierdie verweer is egter nie juis nie. Slegs Finland toon ’n effens hoër belasting-tot-BBP-verhouding (27,9%) en wanneer daar gekyk word na die persentasie van produktiwiteit wat in daardie lande belas word, dan is dit fraksies van Suid-Afrika se 49%, naamlik Noorweë op 22%, Finland op 16% en Swede op 16%. Ons leef in ’n samelewing waar ons progressiewe en herverdelende belasting05 / 2019

34

www.solidariteit.co.za

stelsel burgers toenemend belas omdat hulle werk en produktief is, terwyl leeglê en staatsafhanklikheid deur middel van maatskaplike toelae, gratis behuising, elektrisiteit en vele meer gesubsidieer word. Hoekom is ons dan verbaas wanneer ons kyk na ons land se werkloosheidskoers en trae ekonomiese groei? Die struktuur van die belastingstelsel is egter net een van die knelpunte. Die belangrikste probleem met belasting in Suid-Afrika is die feit dat diegene wat dit betaal, feitlik geen waarde daarvoor kry nie. Dit is juis belastingbetalers wat gedwing word om ekstra te betaal vir ordentlike onderrig, privaat sekuriteitsdienste en mediese fondse, en moet opdok vir die motorband wat gebars het toe daar deur ’n slaggat gery is omdat paaie nie deur die regering in stand gehou word nie, en nog vele meer. Is daar dus geen groen lote vir belastingbetalers nie? Dit hang net af hoe jy daaroor dink. Die meeste van ons het eintlik reeds een baie waardevolle gedagtesprong gemaak: Ons is nie afhanklik nie. Ons verwag eintlik al hoe minder van die staat. Hulle hoef nie vir ons te sorg nie. Ons is selfstandig. Ons is selfs staatsbestand. Kortliks gestel, ons bou self.



Bedryfsnuus

Belasting OPDOK VAN WIEG TOT GRAF DEUR MONICA MYNHARDT

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

H

ier is die storie van Jan Alleman – die lewensverhaal en belastingswedervaringe van ’n gedienstige en gedwee Suid-Afrikaanse burger. Jan is nou sewe jaar oud. Siende dat hy vanjaar in graad een is, het sy ma begin om vir hom weekliks sakgeld te gee. Jan kry elke week R30 en spandeer al sy geld aan gaskoeldrank. Met dié dat hy BTW en suikerbelasting op hierdie koeldrank moet betaal, gaan sowat 26% van sy geld elke week aan belasting – dit is R7,80 van die R30. Gestel Jan kry vir die res van sy skoolloopbaan elke week R30 sakgeld en spandeer dit elke week net aan gaskoeldrank, betaal Jan van graad een tot matriek R4 867 belasting. Met mondigwording het Jan begin om elke naweek een pakkie sigarette te rook en ses biere te drink. Hy betaal R16,66 sondebelasting op ’n pakkie sigarette en R1,74 op elke bottel bier. Hy betaal sodoende elke naweek nog R27 belasting. Indien hy hierdie gewoonte volhou totdat hy op die ouderdom van 80 jaar sterf, het Jan in sy leeftyd R87 370 belasting op sy weeklikse ontspanning betaal.

So ook het hy op 18 begin motor bestuur. Oor sy leeftyd het hy gemiddeld twee tenks brandstof per maand gebruik. Met ’n brandstofheffing van gemiddeld R5,63 per liter petrol het hy sowat R563 belasting per maand betaal, oftewel R6 756 per jaar en R418 872 tot op die ouderdom van 80. Ná skool voltooi Jan sy studies in ingenieurswese met sukses en kry ’n werk by ’n groot maatskappy. Vir die eerste 10 jaar verdien hy ’n gemiddelde salaris van R30 000 per maand. Daarop betaal hy R5 547 belasting elke maand, dus R668 880 belasting vir die eerste tien jaar. Hy word dan bevorder en verdien vir die volgende 10 jaar R50 000 per maand. In daardie tydperk betaal hy belasting van R12 595 per maand en R1 511 400 in totaal. Op 42 word hy tot direkteur van die maatskappy bevorder. Vir die volgende 20 jaar, tot en met sy aftrede op 62, verdien hy R75 000 per maand. Sodoende betaal hy R22 664 belasting per maand en R5 439 360 vir die tydperk van 20 jaar. In die 44 jaar wat Jan gewerk het, het hy ’n totaal van R7 619 640 se belasting betaal. In die eerste 10 jaar wat Jan gewerk het, is sy lewenskoste sowat R5 000 05 / 2019

36

www.solidariteit.co.za

per maand. In die tweede dekade is dit R10 000 per maand. In die daaropvolgende 20 jaar van werk asook in sy 18 jaar van aftrede beloop dit R20 000 per maand. Gestel dat hy 15% BTW op al sy lewenskoste betaal, het hy ’n totaal van R140 863 se belasting in sy leeftyd betaal. Op 35 besluit Jan om ’n huis met ’n waarde van R2 000 000 te koop. Hy betaal R60 500 oordragkoste op die transaksie. Hy bly tot op 80-jarige ouderdom in die huis. Met eiendomsbelasting van R750 per maand, betaal hy R405 000 vir die tydperk van 45 jaar. Op die ouderdom van 80 sterf hy met ’n boedel van R10 000 000. Met boedelbelasting van 20% betaal die boedel finaal nog R2 000 000 se belasting. In lewe en dood betaal Jan ’n totaal van R10 732 245 se belasting. Die eerste ding om in gedagte te hou, is dat hierdie storie slegs enkele van Jan Alleman se belastingswedervaringe vertel. Die tweede ding om te onthou, is dat dié verhaal van ’n gedienstige en gedwee Alleman wat 39% van sy lewensinkomste aan belasting betaal, vir miljoene Suid-Afrikaners ’n werklikheid is.


TAXPAYERS’ MORALE AT ALL-TIME LOW

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

M

ajor concerns about taxpayer morale were raised at the 2019 Tax Indaba held in Johannesburg on Monday, 26 August. The new commissioner of the South African Revenue Service, Edward Kieswetter, said at the tax conference that there has been a drastic drop in individuals’ and businesses’ confidence in the tax collector, which has led to an increase in tax avoidance and tax fraud, withholding billions of rand from the government. The tax system was hit hard by years of corruption and management issues, which has led to a decline in tax morale and has dealt a serious blow to confidence in the government. South Africans could be on the verge of a tax rebellion. Kieswetter warned that because of the years of corruption, South Africans are beginning to withhold their tax payments, which could force the country to apply for a bailout from the International Monetary Fund (IMF). Since 2015, tax income has fallen sharply due to poor economic growth and mismanagement. Independent economist Thabi Leoka said in an email response to Bloomberg: “The IMF is used as a scare tactic to make the government aware that if we don’t implement the necessary policies, we may be forced to turn to them.” Deputy Finance Minister Dr David Masondo said at the indaba that this period of instability coincided with growing shortages in tax revenue. “From a shortfall of R7 billion in the tax year that ended in 2015, the under-collections have consistently increased to the latest shortfall of R57 billion. And this has happened over a period where tax rates have been increasing, with higher personal income tax rates across the income distribution, a new top rate of 45 per cent on incomes over R1,5 million, higher capital gains tax and dividends tax rates, increases in fuel levies and even an increase in the rate of value-added tax.” According to Masondo, the success of South Africa’s tax system depends on three things: • GOOD TAX POLICY: Firstly, we need to determine whether our

BY LIZE-MARI LABUSCHAGNE

Did you know? More than 2 200 experts have resigned from the South African Revenue Service since 2014.

tax policy design is suitable for the future, based on the key principles of good tax policy design. • POLITICAL LEADERSHIP: Secondly, we must ensure that we have a strong, capable and technologically proficient revenue authority. SARS has suffered immensely from governance failures in recent years – to the detriment of staff morale, taxpayer morale and tax revenue collections. www.solidariteit.co.za

37

05 / 2019

• EFFECTIVE TAX ADMINISTRATION: Thirdly, we must spend more effectively and derive visible value for the revenue we collect. The developmental impact of our spending legitimises our taxes. Masondo said that taxpayer morale would improve automatically if the government spent tax money more effectively and produced visible value from it.


in Beweging

Spaar VIR JOUSELF EN JOU GESIN DEUR CILLESTE VAN DYK

I FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

s jy een van die 20 miljoen SuidAfrikaners met een of ander vorm van krediet? Dit sluit in enigiets van winkelkaarte of kredietkaarte, tot studielenings, persoonlike lenings of ’n oortrokke rekening. Dan is Spaar die tipe dekking wat jy sterk moet oorweeg. Dit is versekering vir jou kredietlenings indien jou maandelikse inkomste in sekere gevalle sou wegval. In die meeste gevalle het jy reeds dié dekking, maar teen ’n hoë premie. WAT IS KREDIETVERSEKERING? Kredietlewensversekering word ingesluit by byna alle kredietooreenkomste in Suid-Afrika deur middel van ’n versekeringspolis. Hierdie versekering beskerm polishouers in gevalle waar hulle weens dood, ongeskiktheid of aflegging nie meer hul leningspaaiemente kan betaal nie. Dit delg basies die uitstaande saldo van ‘n lening in een van die bogenoemde gevalle, of dit betaal die maandelikse

leningspaaiement in die geval van tydelike ongeskiktheid of aflegging. HOEKOM SPAAR EN NIE ’N ANDER KREDIETVERSEKERAAR NIE? Spaar het ’n kredietlewensversekeringspolis ontwikkel wat al jou bestaande

kredietversekeringpolisse onder een enkele polis konsolideer, teen ‘n premie wat aansienlik laer is as jou huidige premies. Die meeste kredietverskaffers bied sommer self hierdie tipe versekering, maar die premies is normaalweg baie hoog en die kredietverskaffers maak ook hulle geld hieruit. Verbruikers word selde ingelig dat hulle die opsie het om van hul eie versekeraar gebruik te maak. Dus, in plaas daarvan dat al jou verskillende kredietverskaffers ’n premie van jou verhaal wat deur hulle bepaal word, kan jy by Spaar jou al jou kredietlenings onder een dak bestuur en dit boonop teen ’n beter premie. Kry vandag alles onder een dak en spaar geld. Die polis beskerm jou in die geval van: • dood; • afleggings; • gevreesde siektes; • tydelike ongeskiktheid; en • permanente ongeskiktheid.

Kontak Spaar vandag nog by tel: 010 040 7634, stuur ’n WhatsApp na tel: 065 693 1728, of stuur ’n e-pos na info@spaar.co.za. Besoek gerus ook die webtuiste www.spaar.co.za 05 / 2019

38

www.solidariteit.co.za


Bly aan die voorpunt van tegnologie en innovasie in die finansiële wêreld

VERBREED JOU FINTECH-VERNUF

F

intech is ’n opkomende bedryf wat deel is van die finansiële wêreld en ons kan dit gerus dophou. Fintech is die nuwe gonswoord vir finansiële tegnologie, wat verwys na die tegnologie en innovasie wat deesdae in die finansiële omgewing uitgedink en gebruik word. Fintech ding regstreeks mee met tradisionele finansiële metodes en bied dus welkome alternatiewe vir hedendaagse uitdagings. ’n Onlangse verslag van RMB het bevind dat Suid-Afrika se finansiële sektor besig is om ’n baie vinnige verandering te ondergaan juis vanweë die toename in tegnologiese ontwikkeling wat hand aan hand gaan met verbruikers se vraag na beter, meer bekostigbare produkte en dienste. Om by hierdie nuwe tendens baat te vind, is dit nodig om die omvang daarvan te verstaan.

Fintech-tendense

DIGITALE BANKE ’n Digitale bank is presies wat die naam impliseer. Dit is slegs digitaal en daar is geen fisieke banktakke of ’n hoofkantoor wat besoek kan word nie. Hierdie digitale banke, soos TymeBank en BankZero,

DEUR CILLESTE VAN DYK

sal tradisionele banke dwing om op hul digitale kanale te fokus en om dié dienste te verbeter. Dit sal ook ruimte in die mark skep vir ander bedrywe soos selfoonnetwerke en handelaars om ook tot die fintech-wêreld toe te tree. KRIPTO-GELDEENHEDE Bitcoin is die bekendste voorbeeld van ’n kripto-geldeenheid. Hierdie geldeenheid het gekom om te bly. Dit strek ongetwyfeld tot jou voordeel om daarvan bewus te wees omdat baie mense deesdae daarin belê, maar dit is werklik ’n besondere hoërisikobelegging en dit word nie aanbeveel nie, tensy jy jouself goed ingegrawe het om dit te verstaan. MEER SPAARPRODUKTE Ons het reeds die koms van dienste van “robo-adviseurs” soos OUTvest beleef. Dit is die diens van ’n soort finansiële adviseur wat raad met minimale menslike intervensie kan gee. Dit is op die been gebring om ’n maklike beleggingsproses deur middel van ’n digitale diens te bied wat veral ’n jonger groep kliënte sal lok. Nog ’n voorbeeld hiervan is ’n alternatiewe spaarplatform soos Easy Equities wat belegging in aandele vergemaklik. www.solidariteit.co.za

39

05 / 2019

FINANSIËLE INKLUSIWITEIT In Suid-Afrika is daar ’n fokus op finansiële inklusiwiteit wat toepaslike finansiële dienste en produkte aan laeinkomstekliënte bied. Dit is ’n gebied wat nog in sy kinderskoene is, maar dit het groot potensiaal. OPLOSSINGS VIR KMO’S In die lig van die fokus op Suid-Afrika se ekonomiese groei is dit noodsaaklik dat klein- tot mediumgrootte ondernemings (KMO’s) ondersteun word. InvoiceWorx en Nisa Finance is voorbeelde van innoverende modelle wat ten opsigte van finansiering en kontantvloei goeie oplossings aan KMO’s bied.


in Beweging

AfriForum

Burgemeester bestee glo R1,5 miljoen aan eie verjaarsdag

POEIERVERF-PLUNDERY

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM & VERSKAF

T

erwyl haar munisipaliteit as een van die swakste in die land geïdentifiseer is, het Andrina Matsemela, burgemeester van die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit, dit verlede jaar goedgedink om ’n rojale R1,5 miljoen se munisipale fondse op ’n sogenaamde poeierverfpretloop vir haar verjaardag uit te gee. AfriForum het in Augustus strafregtelike klagte oor die beweerde wanbesteding teen Matsemela én Charles Malema, finansiële hoof van dié munisipaliteit, by die Mokopane-polisiestasie in Potgietersrus ingedien. Die burgerregte-organisasie eis dat die polisie hierdie bewerings ondersoek om vas te stel of Matsemela en Malema hulle aan onder meer korrupsie skuldig gemaak het. Daar is reeds voorheen verskeie bewerings van korrupsie en onbekwaamheid teen die burgemeester gemaak en dit is nie eerste keer dat haar spandabelrigheid die oë laat rek nie. Sy het in 2017 na bewering R70 000 op ’n drie dae lange werksbesoek in Kaapstad uitgegee. Matsemela en haar lyfwag het luidens mediaberigte R27 000 spandeer aan drie nagte se verblyf in ’n vyfsterhotel. Die paar het ook R22 000 op vliegtuigkaartjies en R65 000 vir die huur van ’n spoggerige motor uitgegee. Die ouditeur-generaal se jaarlikse munisipale ouditverslag vir 2017/2018 het getoon dat munisipaliteite se ongemagtigde, onreëlmatige, vrugtelose en verkwistende uitgawes tot R122 miljard toegeneem het. Luidens dié verslag is die Mogalakwena Plaaslike Munisipaliteit die tweede grootste oortreder ten opsigte van oorbesteding. Dié munisipaliteit het ’n verbysterende R1,12 miljard meer

DEUR JHUA-NINE WYRLEY-BIRCH

as hul begroting bestee. “Munisipale beamptes kan nie langer toegelaat word om belastingbetalers se geld só te vermors nie. Daarom beskou AfriForum hierdie aantygings teen Matsemela in ’n baie ernstige lig en verwag ons van die polisie om die saak deeglik te ondersoek. Ons sal ook die saak moniteer en gereeld verneem na die vordering van die polisie-ondersoek,” sê Natasha Venter, veldtogbeampte by AfriForum se teenkorrupsieeenheid. Volgens David Rule, AfriForum se koördineerder vir Limpopo, is dienslewering in die Mogalakwena-distrik uiters swak. Die dorp het verlede jaar etlike maande gebuk gegaan onder ’n voortslepende watertekort en vullis word gereeld vir weke lank nie verwyder nie. “AfriForum staan saam met gemeenskappe om hierdie tipe wanbesteding uit die weg te ruim. Indien Matsemela munisipale fondse gebruik het om haar verjaarsdagpartytjie te finansier, bewys dit dat sy geen agting vir die inwoners in die Mogalakwena-distrik het nie, aangesien R1,5 miljoen baie beter aangewend kon word om dienste te lewer,” meen Rule. Die DA en VF Plus het reeds voor die verjaardag-pretloop beswaar aangeteken teen die beweerde vermorsing van geld. Jacques Smalle, DA-leier in Limpopo, het geëis dat Matsemela haar tasse moet pak en het dr. Nkosazana DlaminiZuma, minister van samewerkende regering, gevra om in te gryp. Hy het ook vir Seaparo Sekoati, LUR vir die tesourie in Limpopo, gevra om ’n taakspan saam te stel om die geldsake van Mogalakwena te ondersoek. 05 / 2019

40

www.solidariteit.co.za

ANDRINA MATSEMELA

DAVID RULE, AFRIFORUM SE KOÖRDINEERDER VIR LIMPOPO, DIEN DIE STRAFREGTELIKE KLAGTES BY DIE MOKOPANE-POLISIESTASIE IN POTGIETERSRUS IN.



in Beweging

“Dit is jammer dat ons deur ’n hofproses moes gaan om die implementering van die tarief te staak. Ons hoop dat die metroraad in die toekoms beter met sy inwoners sal kommunikeer om soortgelyke optrede te vermy.”

AfriForum slaan slag vir belastingbetalers in Jakarandastad

HOË KRAGTARIEWE GESTUIT

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

A

friForum het onlangs ’n slag vir belastingbetalers in Pretoria geslaan toe die organisasie deur hofaksie en ander optrede verhinder het dat die Tshwane-metroraad voortgaan om buitensporige kragtariewe vir 2019/2020 in te stel. Die DA-beheerde metroraad het met eier op die gesig gesit en moes inwoners om verskoning vra vir die debakel rakende pryse vir elektrisiteit. Dit het gevolg nadat die Nasionale Energiereguleerder (Nersa) die Tshwane-metroraad se tariefaansoek afgekeur het. Die metroraad het op 1

DEUR ALET RADEMEYER

Julie, sonder Nersa se goedkeuring, ’n maandelikse tarief van R56 op voorafgekoopte krag ingestel. Nersa het uiteindelik beslis die metroraad mag net ’n verhoging van 13,07% instel, wat op 1 September vanjaar in werking getree het. Die aanvanklike voorgestelde tariewe het inwoners woedend gehad en AfriForum het hom tot Nersa en die hof gewend om te keer dat die metroraad met sy kragverhogings voortgaan. Morné Mostert, AfriForum se hoof van plaaslikeregeringsake, het dit verwelkom dat daar nie met die maandelikse heffing of ’n buitensporige verhoging voortgegaan mag word nie. “Die proses is van die begin af verkeerd 05 / 2019

42

www.solidariteit.co.za

gevolg.” Mostert meen die metroraad kan nou op ’n skoon bladsy begin met ’n tarief wat al Pretoria se inwoners in ag neem. “Dit is jammer dat ons deur ’n hofproses moes gaan om die implementering van die tarief te staak. Ons hoop dat die metroraad in die toekoms beter met sy inwoners sal kommunikeer om soortgelyke optrede te vermy.” AfriForum sal voortgaan om die proses fyn dop te hou en sal, waar nodig, aan die proses deelneem. Die organisasie sal ook in die toekoms nóú met die metroraad saamwerk om te verseker dat ’n billike tarief vir sy inwoners geïmplementeer word.


STAPPE OM STEENKOOLMYN TE STOP

FOTO: VERSKAF

A

friForum se veldtog om die beoogde steenkoolmyn by die Nasionale Krugerwildtuin te keer, het in Augustus momentum gekry toe strafregtelike klagte ingedien is teen die maatskappy Singo Consulting (Edms.) Bpk. Dié klag, wat by die Komatipoort-polisiekantoor ingedien is, hou verband met beweerde bedrog en plagiaat deur Singo nadat dit onder AfriForum se aandag gekom het dat die maatskappy se verslag oor omgewingsimpakstudies woord vir woord ooreenstem met impakstudies van ander omgewingskonsultante. AfriForum het Singo se omgewingsimpakstudie boonop eers ontvang nadat die organisasie se regspan ’n brief aan Singo en Manzolwandle Investments (Edms.) Bpk. gestuur het, hoewel AfriForum ’n geregistreerde belangegroep is. Die burgerregte-organisasie het ook in Augustus kommentaar ingedien op die omgewingsimpakstudie, wat grootliks onvolledig is. AfriForum se regspan gaan nou ook klagte indien by die betrokke rade waar Singo geregistreer en geakkrediteer is, aangesien dié maatskappy oneties optree en strafregtelike oortredings gepleeg het. Lambert de Klerk, hoof van omgewingsake by AfriForum, meen dat ’n indringende ondersoek selfs nog meer ongerymdhede aan die lig sal bring. “Ons is tot op hede nie werklik ingelig oor die gebeure nie en die prosesse wat gevolg word, is gebrekkig. AfriForum het om uitstel gevra om hul kommentaar in te dien, maar dié versoek het op dowe ore geval.” Volgens De Klerk was verteenwoordigers van die Marlothpark Inwonersvereniging ook aanwesig by die polisiekantoor waar die klagte ingedien is. Inwoners is diep beswaard oor die beoogde myn en is bereid om die ontginning teen te staan. Kundiges vanuit die omgewing is besig met navorsing wat die negatiewe impak van ontginning op die omgewing en die gemeenskap sal uitwys. Manzolwandle Investments wil die steenkoolmyn oor ’n gebied van 18 000

DEUR ALET RADEMEYER

HENNIE BEKKER, AFRIFORUM SE DISTRIKSKOÖRDINEERDER VIR DIE LAEVELD; LAMBERT DE KLERK, HOOF VAN OMGEWINGSAKE BY AFRIFORUM; EN CINDY BENSON, HOOF VAN MARLOTH PARK SE BELASTINGBETALERSVERENIGING.

hektaar digby die Krugerwildtuin begin. Dit hou enorme nadelige en vernietigende gevolge vir die onmiddellike omgewing, die Krokodilrivier en ander waterbronne, natuurreservate, wildlewe, die padnetwerk in Mpumalanga en landbouaktiwiteite in. Mpumalanga as toeristebestemming kan ook ekonomies in duie stort as daar met onwettige mynbedrywighede voortgegaan word, meen De Klerk. De Klerk het in ’n vorige verklaring reeds gewys op ’n onlangse uitspraak van die appèlhof teen die departemente van omgewingsake en minerale hulpbronne se goedkeuring dat Atha-Africa Ventures (Edms.) Bpk. met ’n steenwww.solidariteit.co.za

43

05 / 2019

koolmyn in die Mabola-gebied in Mpumalanga voortgaan. Die departemente het dié aansoek stil-stil goedgekeur, terwyl die gebied ’n geproklameerde bewaringsgebied is. Die hof het bevind dat die ministers nie deursigtig was nie en die besluit oorhaastig geneem het. “Dit blyk dat daar al meer sulke vergrype in die land voorkom en AfriForum sal nie toekyk hoe onwettige mynboubedrywighede die land verwoes nie,” het De Klerk gesê. • Jy kan ons help deur ons veldtog #BewaarOnsNatuur te ondersteun. Teken die petisie by https://www.afriforum.co.za/weg-met-myn-by-krugerwildtuin/


in Beweging

Studiefondssentrum

LEER MOET HULLE LEER!

I FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

n 2019 is Solidariteit Helpende Hand stil-stil by ’n besonderse mylpaal verby: die 5 000ste student kry ’n toekenning in die tiende bestaansjaar van die Studiefondssentrum (SFS). As ons sê ons is stil-stil daar verby, is dit nie omdat ons die gebeurtenis geringskat nie. Nee, inteendeel: Ons is besonder dankbaar daaroor, maar tyd vir feesvier was daar nie – ons was te besig om te dink aan die 682 aansoeke wat ons in 2019 moes afkeur. Ons wil nie hê dit moet gebeur nie, maar tog gebeur dit. Hier by Helpende Hand is ons maar te bewus daarvan dat ons nie altyd almal kan help nie. Tog wil ons so graag. Aan die een kant vier ons 5 000 studente wat met studielenings gehelp is, en aan die ander kant betreur ons die feit dat ons nie almal kan help nie. LANG PAD TOT HIER Die sukses van die SFS het nie oornag gekom nie. Dit is die gevolg van harde werk deur baie mense oor baie jare. Dit is die gesindheid van donateurs en mense wat opreg opoffer en opoffer oor ’n lang tyd. Dit is studente wat getrou studeer en getrou terugbetaal. Dit is gemeenskappe wat getrou die een fonds

DEUR HANNES NOËTH

ná die ander stig omdat hulle glo in die saak. Die SFS van Solidariteit Helpende Hand was nie net ’n besluit nie, maar ’n proses – ’n proses van harde werk. Die groei getuig daarvan dat hierdie insette nie sonder vrug is nie. In 2018 kon 1 041 studente gehelp word met R31 miljoen se rentevrye studielenings. In 2019 is 1 300 studente gehelp met R42 miljoen se lenings. Ons beur voort, en daarom is die SFS se totale studiefondse vandag sowat R200 miljoen sterk. TALLE FONDSE, EEN DOEL Hierdie groottotaal van studiefondse word saamgestel uit skenkers met verskillende voorkeure en behoeftes en donateurs met spesifieke opdragte, soos die JD Kestell-noodfonds, of die Susanna Smit-studiefonds wat pas gestig is. Almal se doel is egter presies dieselfde: die voorkoming van armoede. Daar is nie ’n beter manier om armoede te beveg as om ons mense te leer om te leer nie. Ons mense mag nooit ophou leer nie. Ons moet onsself onmisbaar leer. Ons moet ons plek in die samelewing in leer. Ons moet toegerus wees en toegerus bly. Ons moet almal laat leer, een vir een. Verby die logiese. Verby die 05 / 2019

44

www.solidariteit.co.za

normale. Verby die geskatte potensiaal. Só voorkom ons armoede, en só gaan ons vorentoe met ons mense. Die doel van die SFS is dalk op die oog af gedeeltelike, rentevrye studielenings, maar dis ook om studies moontlik te maak waar daar andersins geen moontlikheid en geen hoop sou wees nie. ’n Riem onder die hart vir die SFS is die groot aantal plaaslike gemeenskapstudiefondse wat gestig word. Hoe wonderlik as ’n gemeenskap na homself omsien en fondse stig om sy studente te laat leer. Hieroor is ons opgewonde. Deur gemeenskapstudiefondse wys ons gemeenskapskrag en só word die moontlikhede onbeperk. In 2009 is daar begin met die SFS soos ons dit vandag ken. Tien jaar later kyk ons terug en sê: Baie is gedoen, maar méér moet nog gedoen word. Stefan Pieterse as hoof en Yolandi Theron as administratiewe hoof van die SFS, met hulle getroue span, staan aan die voorpunt van hierdie roeping en uitdaging. Die taak is enorm en die behoefte groot, maar die antwoord is maklik: Laat ons nie tyd verspil nie, ons taak is om ons mense te laat leer. Een vir een – maar leer moet hulle leer.



in Beweging

Meer as vyftig Ons Winkels skep hoop in gemeenskappe landwyd

FENIKS VAN HOOP VIR ARMOEDE

U

it die Griekse, Noorse en Chinese mitologie leer ons van ’n interessante verskynsel, naamlik dat daar uit die as van ’n oudheid nuwe lewe verrys. Al drie hierdie kulture het ’n weergawe van die feniks – ’n reuse- en pragtige voël, glansend soos die son, groot van krag met eienskappe van vernuwing, herlewing en selfs heling vir dié wat dit kan aanraak. Die feniks verrys elke dag uit sy eie as wanneer die son opkom, en as die son ondergaan en die dag is verby, keer dit terug tot as. Dit maak nie saak dat die feniks elke dag tot as terugkeer nie, want die mitologiese kreatuur verrys weer die volgende dag. Hierdie verskynsel is van toepassing op soveel gebeurlikhede. Die son kom op en gaan onder; tyd kom en gaan; wat jonk is, word oud. Maar elkeen van hierdie gebeure herinner aan die verhaal van die feniks. Só is dit ook met ons “goed” wat nuut was en vir ons “oud” geword het. Ons praat dikwels van ons “ou goed”, “wit olifante” of “weggooigoed”, maar hoe kan goed wat oud geword het dan weer vir ons nuut word? Solidariteit Helpende Hand het ’n feniks van hoop vir Afrikaner-armoede gevestig. Ons kan jou ou goed weer nuut maak in die stryd teen ons mense se swaarkry. En uit die as van ou goed kan ’n nuwe lewe verrys vir jou mense wat behoeftig is en swaarkry. Ons Winkels is die feniks van hoop vir #onsmense. Helpende Hand het reeds 53 Ons Winkels reg oor die land gevestig. Hierdie winkels neem jou ou goed en omskep dit in geld deur dit aan die publiek te verkoop. Die geld word dan gebruik vir verskeie projekte om armoede te verlig, voorkom en verbreek. Die geld word spesifiek aangewend op vier gebiede: • STUDIEFONDSE deur Helpende Hand se Studiefondssentrum (SFS)

DEUR ERNST VORSTER

DIE OPENING VAN ONS WINKEL IN POLOKWANE. AGTER IS HANNES NOËTH, UITVOERENDE DIREKTEUR VAN HELPENDE HAND. VOOR VAN LINKS IS ALET ROBBESON, HOOF VAN ONS WINKELS; TANIA DE LANGE, REKENMEESTER; LIZANNE COETZEE, ADJUNKUITVOERENDE HOOF: FINANSIES; MARIANTHIE VAN DER WALT, STREEKORGANISEERDER: LIMPOPO; ZILLA FERNS, EIENAAR VAN ONS WINKEL POLOKWANE; EN JOHAN NEL, ADJUNK- UITVOERENDE HOOF: OPERASIONELE DIENSTE VAN HELPENDE HAND.

wat rentevrye studielenings verskaf aan behoeftige studente wat kwalifiseer om verder te gaan studeer, maar nie die geld het om dit te doen nie; • Die finansiering van TAK- EN STREEKPROJEKTE wat behoeftige kinders, bejaardes en gestremdes se swaarkry aanpak deur voedingsprogramme, takprojekte en nasionale projekte; • Die hulp wat Helpende Hand bied aan SOLIDARITEIT SE LEDE wat deur afleggings geraak word. Dit verdien spesiale melding, aangesien dit broodnodige kos op die tafels geplaas het vir honderde mense en gesinne wat die afgelope nege jaar deur afleggings geraak is; en • WERKSKEPPING, deurdat Ons Winkels werk bied aan die persone wat die winkel bestuur en die personeel wat in die winkels werk. Enigiets kan by Ons Winkels afgegee word – van klere, meubels, oudhede, kombuisware en klere tot beddegoed, gordyne, speelgoed, skoene, sporttoerusting en tegnologiese ware. By Ons Winkels word die geld wat 05 / 2019

46

www.solidariteit.co.za

gegenereer word nie net goed aangewend nie, die ou goed word ook nuut gemaak. Baie mense stap daagliks deur die winkels en koop iets wat hulle nooit sou kon bekostig terwyl dit vir jou nuut was nie. Nou is dit egter vir hulle nuut. Alet Robbeson, Helpende Hand se operasionele bestuurder van Ons Winkels, sê Helpende Hand se eerste Ons Winkel is in 2010 in Centurion oopgemaak en is sedertdien gekomplementeer met talle ander winkels wat saam ’n baken van hoop vir ons mense geword het. “Saam, en in ’n japtrap, kan ons almal ’n groot verskil in die gemeenskap maak deur bloot by jou naaste winkel in te stap en iets te koop of te skenk. Dit is die ideale manier om van oorbodige goedere ontslae te raak en te weet dit gaan reg aangewend word om ’n verskil in die gemeenskap te maak asook om iets teen ’n goeie prys te bekom,” het sy bygevoeg. • Besoek die webtuiste https://helpendehand.co.za/ons-winkel/ om jou naaste Ons Winkel op te spoor en bring jou ou goed soontoe sodat ons dit nuut kan maak.


DIE SANGER DEWALD WASSERFALL; MOTIVERINGSPREKER EN SKRYWER SUSAN COETZER; EN DIE VIERJARIGE SKYLER KLEYNHANS.

Susanna Smit-studiefonds bekend gestel; staatmakervroue vereer

FROUEVONDS BEMAGTIG VROUE

A

ltesaam 220 jaar sedert die geboorte van die bekende Voortrekkervrou Susanna Catharina Smit (née Maritz) het Suid-Afrika steeds vroue van Susanna se kaliber. Vroue wat saamstaan en sê: “Ons trek eerder kaalvoet oor die Drakensberge as om te swig onder ons omstandighede.” Tydens ‘n spoggeleentheid in Augustus het Solidariteit Helpende Hand die FroueVonds by die Moonshot Café in Pretoria bekend gestel. Die fonds se naam is spesifiek só gespel “want alles loop nie altyd reg nie,” soos die fonds se leuse lui. Gedurende dié geleentheid is die Susanna Smit-studiefonds ook bekend gestel – ‘n fonds wat ten doel het om opleidingsgeleenthede te bied aan vroue vir wie alles nie altyd reg geloop het nie. Met dié fonds wil Helpende Hand aan vroue die geleentheid gee om suksesvol te wees in ‘n loopbaan sonder dat hul omstandighede hulle terughou. Die fonds is vernoem na Susanna Smit, die vrou van eerwaarde Erasmus Smit wat as die Voortrekkers se predikant opgetree het. Susanna is bekend vir die woorde wat sy geuiter het tydens ‘n woordewisseling met ‘n Britse kommissaris in Natal:

DEUR RENÉ ROUX

MAAK ’N SKENKING AAN: Die Helpende Hand-studietrust Rekeningnommer: 62 331 447 541 Tak: Centurion – 250 655 Verwysing: Susanna Smit SF “Liewer kaalvoet terug oor die Drakensberge as om onder Britse beheer te staan.” Susanna het tydens die Trek die kinders leer lees, spel, skryf en somme maak omdat geletterdheid vir haar baie belangrik was. Om hierdie rede is daar besluit om die studiefonds vir vroue na haar te vernoem. Ds. Greta Muller, ‘n leraar by die Moreletapark-gemeente, het die geleentheid geopen, waarna die sangeres Monique Steyn, en Elma McKenzie, stigter van Placécol, as ambassadeurs van die fonds aangekondig is. Hierna het Dewald Wasserfall die temalied wat hy vir die fonds geskryf het, “So sterk soos ‘n vrou,” gesing. Susan Coetzer en Lynette Beer het as motiveringsprekers opgetree en die vroue in die gehoor herinner aan hoe besonders en waardevol hulle is. Helpende Hand se streektakke het ook elk aan Helpende Hand se hoofkantoor ‘n bedrag van R5 000 geskenk om die FroueVonds ‘n eerste hupstoot te www.solidariteit.co.za

47

05 / 2019

Deel jou vrouekrag

• Skryf ‘n blog en deel jou storie • Deel jou kundigheid in jou veld • Tree in vennootskap deur jou besigheid • Bied opleidingsgeleenthede vir jong vroue aan • Maak ‘n finansiële bydrae • Dra by tot die Susanna Smit studiefonds.

gee, wat die fonds laat wegspring het met ‘n bedrag van R60 000. Tydens ‘n toekenningseremonie is verskeie vroue vereer vir die werk wat hulle in hul gemeenskappe verrig. Dié vroue is dr. Rina Venter, Alana Bailey, Vanessa Schoeman, Sonnette Liebenberg, en laastens ‘n toekenning aan die 94-jarige tannie Sannie van Zyl en die vierjarige Skyler Kleynhans – laasgenoemde twee ‘n simboliese verering van elke vrou in Suid-Afrika, oud en jonk, as dogters, oumas, susters, ma’s, bruid van God en vrou. “Ek weet die vroue van Helpende Hand sien sake reg, en ek wil hulle graag aanmoedig om onafhanklik standpunt in te neem,” het dr. Rina Venter gesê. “My beste wense vergesel hulle. Ek sal help bou aan die FroueVonds.”


MY

REGTE Gesels gerus met een van ons regsadviseurs – skakel 0861 25 24 23 of stuur ’n e-pos met jou vrae na diens@solidariteit.co.za

Vertrouensverhouding JY EN DIE WERKGEWER

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

W

DEUR ADEL ORTON

erknemers het ’n fidusiêre verpligting om in die beste belang van hul werkgewer op te tree. Afgesien van die skriftelike dienskontrak, berus die verhouding tussen ’n werknemer en ’n werkgewer op wedersydse vertroue. Enige gedrag wat ’n negatiewe uitwerking op dié vertrouensverhouding het, kan as ernstige wangedrag beskou word. Gedrag wat nie met die werkgewer se reputasie strook nie, is een só ’n soort wangedrag. Wanneer werknemers dié ongeskrewe reël oortree, het die werkgewer die reg om op te tree. Onlangs was daar ‘n aantal gevalle voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) waarin werknemers ontslaan is as gevolg van gedrag wat na bewering die werkgewer se reputasie geskaad het. Een van hierdie gevalle is Tsimo vs Food and Allied Workers Union [2019] 6 BALR 700 (CCMA). Die applikant, ’n vakbondbeampte in diens van die respondent, is ontslaan nadat hy ’n klagte na die pensioenfondsberegter gestuur het met verwysing na sy voorsorgfondsbydraes wat van sy

salaris afgetrek word, maar nie aan die fonds oorbetaal word nie. Die respondent het aangevoer dat die applikant sy beleid oortree het deur skadelike inligting aan ’n derde party bekend te maak sonder om eers ’n grief aanhangig te maak. Die applikant het egter ontken dat hy enigiets verkeerd gedoen het deur die aangeleentheid by die betrokke owerheid aan te meld. Die KVBA-kommissaris het opgemerk dat die aanklag wat tot die applikant se ontslag gelei het, voortspruit uit die feit dat hy ’n klag by die pensioenfondsberegter ingedien het. Die kommissaris het bevind dat ’n interne grieweprosedure nie die regte forum is om so klag te hanteer nie. Dit was dus duidelik dat die applikant nie skuldig was aan die beweerde wangedrag nie, en die applikant is met terugwerkende krag heraangestel. Met herindiensstelling word die dienstydperk van die werknemer as ononderbroke beskou, en hy of sy is geregtig op vergoeding vir die tydperk waartydens hy of sy ontslaan was. • Kontak gerus Solidariteit se dienssentrum by 0861 25 24 23 met jou regsnavrae. 05 / 2019

48

www.solidariteit.co.za

Pasop wat jy twiet

D

aardie veilige gevoel wat ons ervaar wanneer ons in die afsondering van ons huis of kantoor iets op Facebook kwytraak of twiet, is misleidend, waarsku Basie von Solms, direkteur van die Universiteit van Johannesburg se kubersekuriteitsentrum. Ons is in werklikheid in ’n stampvol vertrek, omring deur mense wat kan inluister en reageer op ons ondeurdagte foto’s of inskrywings indien hulle sou wou. Veral as jy kla oor jou werk of werkgewer. Benewens die moontlike skade aan jou persoonlike reputasie en jou loopbaan kan ondeurdagte opmerkings op sosiale media tot gevolg hê dat moontlike toekomstige werkgewers huiwerig kan wees om jou aan te stel. Volgens ’n tegnologiebedryfopname wat in 2012 deur Eurocom Worldwide gedoen is, sê een uit elke vyf bestuurders ’n kandidaat se sosialemediaprofiel beïnvloed hul aanstellingsbesluit. Emma Sadleir, Suid-Afrika se voorste sosialemediaregskenner, verwys hierna as jou digitale CV of voetspoor en waarsku ons om te onthou dat só ’n CV alles bevat wat al ooit deur ons op die internet geplaas is.



in Beweging

Oorplasing van druipelinge

PAK EERDER VOORSKOOLSE ONDERRIG

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

V

oorgestelde wetgewing deur die departement van basiese onderwys (DBO) wat sal verhoed dat leerders voor die ouderdom van 10 jaar druip, maak inbreuk op leerders se grondwetlike reg tot onderwys, en kan verreikende gevolge hê op latere vordering van leerders. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, stel voor dat leerders nie in die grondslagfase (graad 1 tot 3) ‘n graad mag herhaal nie, omdat dit daartoe kan lei dat dié leerders lewenslank ‘n gevoel van mislukking met hulle saamdra. Kenners verbonde aan die Skoleondersteuningsentrum (SOS) meen egter dat dit roekeloos is om leerders, wat nog nie basiese lees- en syfervaardighede bemeester het nie, te laat slaag. “Graad R tot 3 is lewensbepalend vir leerders. Hier word die grondslag gelê vir hulle akademiese loopbaan,” sê Marnelda de Beer, SOS-kenner van onderwys in die grondslagfase. “Deur leerders kunsmatig in die grondslagfase te laat slaag, lei tot swak akademiese uitkomste later in ’n kind se skoolloopbaan. Herhaling van ‘n graad het ook ‘n

groter negatiewe uitwerking op ‘n tiener se selfbeeld as in die grondslagfase. Dit veroorsaak dat baie leerders nooit matriek bereik of ‘n tersiêre kwalifikasie behaal nie,” meen De Beer. ’n Studie deur die Harvard Universiteit het bevind dat dit beter is om ‘n leerder met onvoldoende leesvermoë in graad 3 terug te hou, aangesien dit op die lang termyn tot ‘n groot verbetering in hul akademiese vordering lei. Volgens dié studie was die waarskynlikheid dat hierdie leerders hul skoolloopbaan voltooi, geensins negatief beïnvloed deur die feit dat hulle in graad 3 ‘n jaar moes herhaal nie. Om te slaag, moet leerders in die grondslagfase tans ’n minimum van 50% vir hul Eerste of Addisionele taal en 40% vir Wiskunde behaal. Die lae standaard wat reeds geld, het daartoe bygedra dat Suid-Afrika loshande die swakste uit 50 lande presteer het in die jongste Progress in International Literacy Study (PIRLS). Volgens die verslag wat in Desember 2017 bekend gestel is, kan 78% van graad 4-leerders in Suid-Afrika nie met begrip lees nie. “Lees is ‘n voorwaarde vir leer. Deur weg te doen met minimum slaagvereistes in die grond05 / 2019

50

www.solidariteit.co.za

slagfase, gaan selfs meer leerders graad 4 betree sonder die nodige vaardigheid om te leer,” sê De Beer. “Hierdie leemtes sal al groter word soos leerders na die volgende graad vorder. Volgens ’n 2016-verslag deur die DBO sukkel leerders steeds tydens die matriekeindeksamen om vrae te beantwoord wat baie inligting bevat.” Volgens die DBO se eie syfers het meer as 86 000 graad 1’s in 2017 gedruip. Dit is 7,5% van die totale groep, wat beteken dat ongeveer drie leerders uit ’n klas van twintig graad 1’s druip. “In ’n poging om ‘n bottelnek te verhoed en hulpbronne te spaar, word die gevolge van ’n disfunksionele onderwysstelsel na graad 4 verskuif.” Die SOS meen die oplossing is om leerders vóór skool reeds voor te berei op die eise wat aan hulle gestel word in die laerskool. “n Kind se brein ontwikkel meer van geboorte tot die ouderdom van 5 jaar as enige ander tyd in sy lewe. Dié ontwikkeling het ’n langtermynimpak op ’n kind se vermoë om optimaal te leer en suksesvol te wees. Voorskoolse opleiding in Suid-Afrika skiet egter ver te kort en baie kinders gaan glad nie skool voor graad 1 nie,” het sy gesê.



in Beweging

Robotte in die klaskamer

SÓ BEMAGTIG SOS ONDERWYSERS

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

R

obotte het miskien nog nie die wêreld oorgeneem nie, maar dit is besig om vinnig ons klaskamers binne te dring! Robotika, ’n nuwe toevoeging tot die kurrikulum, sal leerders van jongs af blootstel aan die kodeer – en later bou – van robotte. Sommige skole het reeds Robotika-klubs waar leerders hul eie robotte bou uit onderdele en deelneem aan internasionale Robotika-kompetisies. Die Hoërskool Waterkloof in Pretoria se Robotika-span het byvoorbeeld in Mei aan die First Lego League Open European-kompetisie in Turkye deelgeneem. Die bou en kodering van robotte maak deel uit van ’n multidissiplinêre benadering, wat kennis en vaardighede van verskillende vakke by mekaar bring. Bo en behalwe die ontwikkeling van tegnologiese denke deur programmering, projekwerk, navorsing en wiskunde (logika), ontwikkel Robotika ook sagte vaardighede soos sensitiwiteit vir etiese aspekte, samewerking in groepe, emosionele intelligensie en leierskap. Die manier waarop Robotika en kodering aangebied word, slyp ook leerders se kommunikasievaardighede. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, het in Julie 2019 tydens haar begrotingsrede gesê haar departement is in die proses om ’n

DEUR ELAINE KRIGE

kurrikulum saam te stel vir die implementering van Robotika vir gr. R tot 3- en gr. 7-leerders. Die Skoleondersteuningsentrum (SOS) beskou dit as ’n positiewe verwikkeling, aangesien ’n gebrek aan ’n formele kurrikulum ’n groot struikelblok is wat skole tans moet oorkom indien hulle Robotika wil implementeer. Nog ’n uitdaging is die gebrek aan opleidingsgeleenthede in Suid-Afrika vir onderwysers wat die vak wil aanbied. Daarom het die SOS in Julie en Augustus vanjaar twee middagseminare in Pretoria en Stellenbosch aangebied om onderwysers touwys te maak oor die aanbieding van Robotika. Meer as 300 onderwysers, sommige van so ver as Namibië, het die SOS se Robotikaseminare bygewoon. Tydens die seminare het Angela Harris, ’n Robotika-kenner van Amerika, vyf verskillende robotte aan onderwysers bekendgestel. Onderwysers het die geleentheid gehad om self die robotte te programmeer om basiese opdragte uit te voer. Die SOS is tans besig ’n gids op te stel vir die praktiese implementering van Robotika in skole. Hierdie gids sal aan lede van ons splinternuwe Robotikavakvereniging beskikbaar gestel word. • Onderwysers kan aansluit by die vakvereniging deur die webtuiste www.skole.co.za te besoek. 05 / 2019

52

www.solidariteit.co.za

Het jy geweet? • LEGO MINDSTORMS se robotreeks is tans die gewildste opvoedkundige program in skole. Die pakket bestaan uit Lego-blokkies, ’n programmeerbare steen, ’n kleursensor, ’n tassensor (touch sensor), ’n afstandbeheerde infrarooi baken, ’n aandrywer/motor en ’n infrarooi sensor wat voorwerpe kan identifiseer. Sagteware kan gratis afgelaai word. • Sommige skole maak ook gebruik van EDRO ROBOTICS, wat Robotika as ’n buitemuurse aktiwiteit by skole aanbied. EDRO verskaf dan die robotte en programmeer sagteware.


SKERP JOU FINANSIËLE KENNIS OP

I

n vandag se gejaagde tyd, met werk wat gedoen moet word, huishoudings wat bestuur moet word en kinders wat rondgery moet word, moet ’n mens ook voortdurend omsien na jou persoonlike finansies: hoe om te begroot, hoe om basiese finansiële state te verstaan en hoe om jou elektroniese belastingopgawe te doen. S-leer is bewus daarvan dat daar by baie mense ’n basiese behoefte aan kennis oor onderwerpe soos hierdie bestaan. Daarom het ons onderneem om in 2020 verskeie opleidingsgeleenthede te skep wat mense oor onderwerpe soos hul persoonlike finansies en begroting sal bemagtig. Ons weet jou daaglikse take hou jou besig, en daarom sal ons jou met uur lange webinare toerus om die finansiële aspekte van jou lewe onder die knie te kry. Hier volg ’n paar van die kursusse:

DEUR DR. JURAN VAN DEN HEEVER

PERSOONLIKE BELASTINGINDIENING Elkeen van ons moet ons belasting op ’n gegewe tyd van die jaar by die SuidAfrikaanse Inkomstediens indien. Hierdie webinaar sal jou toerus met alles wat jy moet weet en verstaan rondom die indiening daarvan. FINANSIES VIR NIEFINANSIËLE BESTUURDERS Ons almal het die een of ander tyd met finansies te make, of dit nou tuis of by die werk is. Hierdie kursus sal jou toerus om die basiese finansiële konsepte te begryp en toe te pas. SPAARSAMIGHEID IN 2020 Die nuwe jaar lê voor en almal het aan die begin van die jaar nuwejaarsvoornemens om beter te begroot en daarby te hou. Hierdie webinaar sal jou toerus om op te let na jou finansies en sal jou leer hoe om reg te begroot. Dit sal jou ook

’n idee gee wat die beste manier is om daardie ekstra spaargeldjie aan te wend. • Moenie alles alleen probeer vermag nie. Besoek www.s-leer.co.za vir kursusse om jou te help. Die antwoord op lewenslange verandering is lewenslange leer.


in Beweging

Sol-Tech-kampus splinternuwe mylpaal om fakkel die toekoms in te dra

AMBAGTE DEUR DIE GESKIEDENIS

E

en van die eerste opdragte wat die mens ontvang het, was om die aarde te bewoon en te bewerk. Laasgenoemde is natuurlik ’n reuse-taak sonder enige werktuie of toerusting. Daarom het die mensdom deur die eeue heen bly soek na metodes om dinge vir hulself makliker te maak in die uitvoer van dié opdrag. Een so ’n uitvinding was die wiel. Niemand kan met sekerheid sê presies wanneer die wiel uitgevind is nie, maar wat ons wel weet, is dat die koms van die wiel die wêreld op sy kop gekeer het. Ná die koms van die wiel het dinge letterlik begin rol. Die vermoë en vaardigheid om planne te kan maak, is van geslag tot geslag oorgedra – tot waar dit as volwaardige beroep erken is. Feitlik elke bevolkingsgroep in die wêreld se ontwikkeling is onlosmaaklik deel van die vaardighede van ambagslui. Ambagte het ook ’n spesiale plek in die geskiedenis van die mense van Suid-Afrika. Daar is ’n hele aantal geskiedkundige gebeurtenisse wat ’n prominente rol gespeel het in Afrikaners en Suid-Afrika se geskiedenis, wat nie sou kon plaasvind as dit nie vir vaardige ambagslui was nie. Hier is ’n paar van dié historiese gebeurtenisse:

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

1836: Die Groot Trek

Sonder ossewaens sou die Groot Trek natuurlik onmoontlik gewees het. Maar wie het die ossewaens gemaak? Ambagsmanne, natuurlik. Toentertydse werktuigkundiges moes self planne opstel vir die meganika van die wa, en passers en draaiers het die plan omskep in ’n wa wat letterlik die Drakensberge kon aandurf en vandag ’n simbool is van Afrikaners wat vasbyt en oorwin.

DEUR CILLESTE VAN DYK

1860: Die treinspoor

Die eerste stoomtrein in Suid-Afrika het op 26 Junie 1860 ’n reis van 3,2 km in Durban onderneem. In 1862 is die eerste uitgebreide spoor vanaf Kaapstad na Eerste Rivier geopen. Dit is weer eens ambagsmanne wat deur die konstruksie van die treinspore, in die bloedige Afrika-son, bygedra het tot die groei van jong Suid-Afrika.

1882: Die straatlig

Op 2 September 1882 is die eerste elektriese straatligte in die Suidelike Halfrond, spesifiek in Kimberley, aangeskakel. Dit was ook ’n eerste in Afrika. Die eerste sentrale kragstasie het in 1891 gevolg – alles pionierswerk deur elektrisiëns van daardie tyd.

1886: Die goudmyn

Die goudmynindustrie het gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu as inspirasie vir die versnelde ontwikkelingstempo van nuwe goudmyngebiede in etlike dele van Suid-Afrika gedien. Die uitbreiding van die mynindustrie het gelei tot talle tegnologiese prestasies wat gespesialiseerde vakmanskap vereis het.

1902: Tweede Vryheidsoorlog

Die ambagsman het ook ’n kardinale rol gespeel tydens die Tweede Vryheidsoor05 / 2019

54

www.solidariteit.co.za

log. Gedurende hierdie tydperk moes Boere dikwels hul praktiese vaardighede inspan om hul eie wapens en ammunisie te vervaardig, aangesien daar in sekere gebiede dikwels ’n tekort aan wapens was. ’n Goeie voorbeeld van ’n ambagsman wat só ‘n verskil gemaak het gedurende dié oorlog is Marthinus Ras, ’n ystersmid van Rustenburg. Ras het raakgesien dat daar ’n behoefte aan wapens in sy omgewing is, en het toe die inisiatief geneem om self drie kanonne te vervaardig. Hy het gebruik gemaak van materiale wat vrylik tot sy beskikking was, soos ysterspoele wat ’n integrale deel van waens se wiele was.

1923: Stigting van Eskom

Die Elektrisiteitsvoorsieningkommissie is in 1923 gestig met ’n eenvoudige doel: om seker te maak alle Suid-Afrikaners het genoeg elektrisiteit. Hoewel die hedendaagse Eskom tans spartel om aan hierdie strewe te voldoen, is dit steeds belangrik om bewus te wees van die vroeëre suksesverhale van hierdie maatskappy. Talle Eskom-vakmanne het deur dekades heen gehelp om die pad van sukses ook vir hul opvolgers te verlig, en om met die regte metodes in Suid-Afrikaners se elektrisiteitsbehoeftes te voorsien.

1928: Stigting van Yskor

Met die aanvaarding van die Yster- en Staalnywerheidswet (Wet nr. 11 van 1928) het die Nasionale Regering statutêr die weg gebaan vir die tot-


‘N KUNSTENAARSVOORSTELLING VAN HOE DIE NUWE SOL-TECHKAMPUS GAAN LYK WAT NABY DIE WATERKLOOF-LUGMAGBASIS IN CENTURION GEBOU GAAN WORD.

standkoming van die Suid-Afrikaanse Yster- en Staalindustriële Korporasie Beperk (Yskor). Die doel was om ysteren staalprodukte uit inheemse grondstowwe te produseer en Suid-Afrika selfstandiger te help maak. Hoewel die staalindustrie tans in ’n oorlewingstryd gewikkel is, neem dit nie weg wat vermag was toe Yskor in die lewe geroep is nie.

1938: Voortrekkermonument Die konstruksie van die Voortrekkermonument het in 1938 begin en is in 1949 voltooi. Kerneels Pretorius was die hoofbouer terwyl Gerard Moerdijk die argitek van die monument was. Die presiesheid waarmee die gebou opgerig is, verstom besoekers vandag nog.

1950: Stigting van Sasol

Sasol se oorsprong dateer terug na ’n 1947-wetsontwerp wat vir die stigting van Sasol as ’n staatsbeheerde maatskappy in 1950 voorsiening gemaak het. Die eerste aanleg is wel deur ambagslui wat van Europa afkomstig was, gebou, maar hoewel hulle die konstruksie van die aanleg behartig het, het hulle in die proses ook Suid-Afrikaanse ambagslui opgelei. Sasol is die enigste kommersiële installasie in die wêreld wat steenkool in vloeistof omskakel.

1966: Die Gariepdam

Woestyn het paradys geword. Dit is grotendeels te danke aan die verskeie ambagte wat bygedra het tot die suksesvolle konstruksie van die Gariepdam, voorheen bekend as die Hendrik Verwoerd-dam. Bouers, messelaars, sweisers, elektrisiëns (wat steeds by die kragstasie bedrywig is), meulmakers en passer-en-draaiers was by die bou van die dam betrokke. Byna elke ambag het tussen 1966 en 1972 ’n deel gehad in die projek en dus ook in die verryking van Suid-Afrika.

1968: Stigting van Krygkor

In 1968 is Krygkor gestig en het die korporasie alles van swaar krygsbenodigdhede tot gepantserde voertuie en stelsels vervaardig. Ná talle eksperimente het ambagsmanne by Krygkor die G6-kanonloop solied gegiet met hoëkoolstofstaal. Hierdie was een van die wêreld se eerste prosesse waar ’n loop solied uit hoëkoolstofstaal gegiet is. Krygkor (deesdae bekend as Denel) en sy filiale is opgebou deur meulmakers, passer-en-draaiers wat die komponente gemaak het, wêreldklassweisers en metaalgieters.

1975: Die Taalmonument

Die Taalmonument is ontwerp deur die argitek Jan van Wijk om erkenning te gee aan die diverse herkoms van Afrikaans. Bouwerk het in 1972 begin en die monument is in 1975 voltooi. Die Taalmonument word as ’n beeldhouwerk www.solidariteit.co.za

55

05 / 2019

beskou, eerder as ’n argitektoniese werk. Die 57 m hoë monument is ’n erkenning dat Afrikaans ons erns is. Soos met talle ander projekte sou die Taalmonument nie moontlik gewees het sonder die beduidende bydrae wat gelewer is deur die beeldhouers, bouers en talle ander messelaars nie.

Sol-Tech-kampus volgende mylpaal

A

mbagte het ’n belangrike plek in ons geskiedenis en Sol-Tech neem met trots die leisels op om seker te maak dat ambagte aanhou om hierdie kardinale taak te verrig. Sol-Tech het die afgelope elf jaar hoëgehalteambagsmanne en -vroue opgelewer en met sukses ’n klomp mylpale behaal, wat alles tot die volgende baie belangrike sleuteldatum in ons geskiedenis van ambagslui oploop: Die bou van Sol-Tech se eie volledige kampus waarvan die eerste sooi op 13 September gespit is. Met sy nuwe kampus neem SolTech die volgende groot stap in die opleiding van Suid-Afrika se topgehalte-ambagslui. Uit vergelykings met van die beste tegniese kolleges in die wêreld is dit duidelik dat die nuwe kampus Sol-Tech onder die voorstes in die wêreld plaas. Die volgende sleuteldatum (onder andere die amptelike opening van die nuwe kampus) gebeur dalk gouer as wat ons dink!


in Beweging VYF STUDENTE, VYF VERSKILMAKERS! VAN LINKS IS FRANCO SMITH, MARLETTE SMIT, MINETTE NEL, NADINE SLUMP EN YOLANDI KRUGER.

Elitebeursstudente aan Akademia woeker om geld, speelgoed in te samel

STUDENTE SKEP SPEELRUIMTE

V

nege jaar wat by die sorgsentrum woon. Die doel van die gemeenskapsprojek is om hierdie kinders bloot te stel aan opvoedkundige speelgoed en hulle sodoende toe te rus met lewensbelangrike intellektuele en fyn motoriese vaardighede. Die speelruimte sal gedurende skoollesse en pouses deur onderwysers by Filadelfia Ark gekoördineer word. Die groepslede van die projek – Marlette Smit, Minette Nel, Nadine Slump, Franco Smith en Yolandi Kruger – is baie trots op die eindresultaat van die Speelgrot. “Ná nege maande se harde werk en deursettingsvermoë kon ons die projek ’n werklikheid maak en ’n leë kamer

FOTO’S: JACO-LOUIS KRUGER

yf BCom Ondernemingsbestuurstudente in hulle finale jaar by Akademia het op Vrydag 6 September die rooi lint geknip tydens die amptelike opening van die nuutopgerigte Speelgrot by ’n sorgsentrum in die weste van Pretoria. Hierdie sentrum, genaamd Filadelfia Ark, verskaf skuiling en voedsel aan ongeveer 500 persone, waarvan 140 kinders is, wat nie andersins ’n heenkome sou hê nie. Hierdie studenteprojek, die Speelgrot, bied ’n veilige speelruimte vir kinders tussen die ouderdom van vyf en

DEUR ZYDELIA VENTER

05 / 2019

56

www.solidariteit.co.za

in ’n ingerigte speelkamer omskep,” sê Kruger. “Dit was absoluut die moeite werd gewees toe ons die glimlagte en opgewondenheid op die kinders se gesigte sien toe ons die deure van die Speelgrot vir die eerste keer oopmaak.” Kruger meen dat elke kind verdien om te speel en te leer. “Ons wou die kinders graag blootstel aan opvoedkundige speelgoed – nes toe óns jonger was – sodat hulle ook die geleentheid het om te kan eksperimenteer en daardeur hulle vaardighede ontwikkel en verbeter.” Dirk van Vuuren, die bestuurder van Filadelfia Ark, verduidelik dat dit ’n


ongelooflike geskenk vir die kinders by die sentrum is. “Nou kan ons kinders ook deel aan die aktiwiteite waartoe ’n gewone ou plaasskooltjie nie noodwendig toegang het nie. Ek glo hierdie Speelgrot sal die kinders se vermoëns vergroot, veral hulle koördinasie en die koppeling tussen speel en opvoeding.” Hierdie groep studente vorm deel van die Elitebeursprogram aan Akademia en het sekere uitkomstes waaraan hulle moet voldoen om die program te voltooi. Een van hierdie projekte is om ’n volhoubare projek op die been te bring wat werklik ’n verskil in die lewens van die gemeenskap maak. Die groep is getaak om verantwoordelikhede en rolle onder mekaar te verdeel om die projek suksesvol te voltooi. Volgens Elize-Mari Coetzer, koördineerder van die program, het die studente ná afloop van dié suksesvolle projek gedemonstreer waartoe hulle in staat is deur selfs méér te bereik as wat van hulle verwag is. “Die projek was op die ou einde meer as die bereik van ’n uitkoms. Die innerlike vervulling, dankbaarheid en liefde wat uit die projek

gevloei het, is meer werd as die blote bereik van ’n uitkoms. Ons is trots op die studente wat die ekstra myl geloop het in elke faset van die projek en dus bo verwagting presteer het.” Smit, die groepslid wat verantwoordelik was vir die finansiële portefeulje, verduidelik dat hulle verskeie planne moes beraam en alternatiewe opsies moes oorweeg om genoeg geld en speelgoed in te samel om die Speelgrot ten volle in te rig. “Ons het meer as 700

pannekoeke gebak om te verkoop en die publiek het ook bydraes gelewer deur speelgoed te skenk.” Finansiële donasies is van Akademia en die publiek ontvang, wat gebruik is om rakke op te sit en die speelkamer uit te verf. “SA Toy Trade was so gaaf om nuwe speelgoed te skenk en om ons te help om speelgoed volgens vaardighede te kategoriseer,” voeg Smit by. ’n Speelarea is ook buite die Speelgrot ingerig met klimrame wat as donasies van die Akademia-studenteraad ontvang is. Hoewel die Speelgrot reeds ingerig is, het die groep studente steeds planne om die volhoubaarheid daarvan te verseker. Die groep beoog om deurlopend donasies in te samel sodat speelgoed ook afgewissel kan word. Daarbenewens bied SA Toy Trade eersdaags ’n werksessie aan vir die onderwysers by die sentrum om die speelgoed optimaal te kan benut sodat dit van opvoedkundige waarde vir die kinders is. • Kontak vir Nadine Slump by 082 929 6896 of stuur ‘n e-pos na nadine@akademia.ac.za om by die projek betrokke te raak.


Die voordele wat aan Solidariteit-lidmaatskap gekoppel is, word hieronder opgesom. Dit is onderworpe aan Solidariteit se grondwet en beleid asook aan die reëls wat in die Reëlboek vervat is, en kan sonder vooraf kennisgewing deur Solidariteit se Hoofraad gewysig word. Nuwe lede wat kan bewys dat hulle tot op die datum van hul aansluiting by Solidariteit lid van ’n ander vakbond in ’n kollektiewe maatskappy was, sal onmiddellik op voordele geregtig wees, met dien verstande dat waar ’n persoon met aanvaarding as lid van Solidariteit reeds in litigasie of ’n geskil betrokke is, mag die Hoofraad sy diskresie uitoefen om die betrokke lid se voordele te beperk.

LIDMAATSKAPKATEGORIEË KOLLEKTIEWE LEDE

01

INDIVIDUELE LEDE

02

Kollektiewe lede is werksaam by ’n maatskappy waarmee Solidariteit ’n erkenningsooreenkoms het, of by ’n werkplek wat deur Solidariteit by die kollektiewe afdeling geïnkorporeer is. Die meeste lede val in hierdie kategorie. Kollektiewe lede kwalifiseer vir alle voordele, ongeag hul ouderdom.

Individuele lede van Solidariteit is

Nog nie ‘n lid nie? Skakel 0861 25 24 23 en kry die beskerming in die werkplek wat jy verdien. Besoek https://solidariteit.co.za

individuele lid. Individuele lede kwalifiseer

lede wat met aansluiting jonger as 50 is en wat werksaam is by ’n werkplek waar daar nie ’n erkenningsooreenkoms bestaan nie en wat nie deur Solidariteit as kollektief beskou word nie. ’n Individuele lid wat ná aansluiting 50 jaar oud word, bly ’n vir alle Solidariteit-voordele.*

05 / 2019

58

www.solidariteit.co.za

ONDERSTEUNINGSLEDE

03

Dié kategorie van lidmaatskap is ingestel in reaksie op versoeke van persone wat Solidariteit se visie ondersteun, maar wat nie vir een van die ander kategorieë van lidmaatskap kwalifiseer nie, byvoorbeeld individue wat met aansluiting 50 jaar of ouer is. Ondersteuningslede geniet sekere voordele, met die uitsondering van voordele soos kollektiewe bedinging, permanente ongeskiktheid, bevallingsvoordele en die sterftevoordeel.


• Afslagtariewe op eiendomsoordragte. • Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

IN DIE WERKPLEK

Studievoordeel *

Arbeidsake Gratis regshulp: Arbeidsake

Sterftevoordeel *

Lede word van advies bedien deur kenners op die gebied van alle arbeidsake, bv. dissiplinêre ondersoeke, beserings aan diens en arbeidskwessies. Gratis regsverteenwoordiging word voorsien vir arbeidsake wat na die KVBA of die arbeidshof verwys is.

Begrafnisvoordeel (Martin’s of Avbob)

’n Waardige begrafnis word verskaf aan kwalifiserende lede en hul huweliksmaats. Dit sluit ’n kis asook die begrafnisdiens in. • Vir verassings word ’n kis en die gewone begrafnisondernemerdienste Bystand met ondersoeke voorsien. Bystand word verleen met ondersoeke • ’n Begrafnis van dieselfde gehalte deur die Mediese Buro vir Beroepsiek as vir volwassenes is ingesluit vir ’n tes en met navrae oor voordele by die kwalifiserende lid se kinders onder die Vergoedingskommissaris en Rand Mutual, ouderdom van 21 jaar. asook met werkverwante ongeskiktheids• Ná die lid se afsterwe mag sy of haar eise. Alle eise moet binne ses maande huweliksmaat aansoek doen om steeds ingedien word. lid van Solidariteit te bly. • Die swaar las van begrafnisreëlings Kollektiewe bedinging word verlig deurdat Solidariteit en Bekwame en ervare Solidariteit-personeel Martin’s of Avbob al die reëlings sal tref. beding kollektief vir beter diensvoor• Solidariteit het 10% korting op die waardes en salarisse vir lede. koste van grafstene met Martin’s en Avbob beding. • Die begrafnisdienste word slegs deur Martin’s of Avbob verskaf. Indien ’n Lede met 12 maande ononderbroke lidmaatander begrafnisondernemer vir die skap wat verslae van spesialiste en bewyse van begrafnis gebruik word, sal Solidariteit die werkgewer indien dat hulle permanent meSolidariteit Solidariteit Finansiële Dienste isslegs ’n gemagtigde R500 tot verskaffer die begrafniskoste byBeweging dies ongeskik is om in die arbeidsmark tedienste werk, • FSP-nommer: van finansiële 15556 dra. (Bepalings en voorwaardes geld.) ontvang ’n eenmalige bedrag van R1 900. Eise •

Skakel ons vandag nog by Permanente ongeskiktheid *

0861 10 10 05

moet binne ses maande ingedien word.

Bykomende kontantuitbetalings

Bevallingsvoordeel *

’n Bevallingsvoordeel van R1 600 word met elke bevalling aan ’n vroulike lid met 12 maande ononderbroke lidmaatskap betaal. Aansoeke moet binne ses maande ná die bevalling ingedien word.

SOLIDARITEIT

tydskrif

ITEIT

SOLIDAR

tydskrif

SOLIDARITY

magazine

ITY SOLIDAR

magazine

Ons

D

!

EN

vir unieke tyd Unieke antwoord

En jy?

Veranderende tye vra vernuwende denke

w w w . s o l i d a r i t e i t . co . za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

Uitgawe 2 van 2019 riteit.co.za www.solida ingesluit) R16,95 (BTW lede Gratis aan I SSN

Deel van die Solidariteit Beweging

1683562

6 9 771

FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

k NetWer DINK NUUT Uitgawe 3 van 2019

Uitgawe 1 van 2019 www.solidariteit.co.za R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede

-X

20 83 56

Só staal Solid

ariteit sy

lede om self

toekoms Deel van

te bou

I SSN 1683562 -X

die Solidariteit

Solidariteit NetWerk omskep uitdagings in geleenthede

Beweging

9 771683 562000

Deel van die Solidariteit Beweging

00

Solidariteit Tydskrif

Lede ontvang ses uitgawes per jaar. Daarin word arbeidskwessies en verwikkelinge in die arbeidsmark bespreek. Die Beweging se aktiwiteite word ook daarin gepubliseer.

• Met die afsterwe van ’n opbetaalde lid word ’n kontantbedrag van R3 800 aan die oorlewende huweliksmaat of afhanklike kinders uitbetaal. • Met die afsterwe van die huweliksmaat van ’n opbetaalde lid wat volle ledegeld betaal, word ’n bedrag van R2 550 aan die lid uitbetaal. • Kontantbetalings aan volle lede met die afsterwe van ’n kind is soos volg: • ’n Kind ouer as 14 jaar maar jonger as 20 jaar – R1 900; • ’n Kind van 14 jaar en jonger – R1 300; • ’n Gestremde kind (20+) – R1 900.

Vakansievoordeel *

Solidariteit-lede (asook lede van Solidariteit Helpende Hand en AfriForum) ontvang 20% afslag op akkommodasie by die Kokoriba Natuurreservaat (Brits) en Santana-strandvakansieoord (Margate). Besoek die webtuiste www.vakansievoordeel.co.za vir die bepalings en voorwaardes van dié voordeel.

* BEPALINGS EN VOORWAARDES GELD. VIR MEER INLIGTING, SKAKEL 0861 25 24 23. www.solidariteit.co.za

59

05 / 2019

Lede van Solidariteit en hul afhanklike kinders (tot op die ouderdom van 21 jaar) ontvang 20%-afslag op studies by Akademia. Indien getalle dit toelaat, geniet lede se kinders keuringsvoorkeur by Sol-Tech. Solidariteit-lede geniet voorts tot en met 40%-afslag op alle kursusse by S-leer. Besoek ons webtuiste by www.solidariteit.co.za vir die volledige bepalings en voorwaardes.

ANDER DIENSTE

Motor- & huisinhoudversekering

Dié groepskema bied aan lede uitstekende premies by Virseker. ’n Deel van lede se premies word deur Virseker oorgedra aan die Virseker Trust * Bepalings en voorwaardes geld wat in Afrikaanse onderwys en opleiding belê. • Skakel 0860 101 005, SMS “Virseker” na 47552 of besoek www.virseker.co.za

Regsversekering

Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 5277 Lede en hul afhanklikes kan regsversekering buite die arbeidskonteks bekom teen ’n addisionele premie van R125* per maand. Dit gee 24-uur-toegang tot telefoniese regsadvies asook regsverteenwoordiging tot ’n bedrag van R100 000 per jaar (beperk tot R30 000 per saak). * Premies is vir ‘n jaar gewaarborg. Legalex (Pty) Ltd (FSP 5277), onderskryf deur Guardrisk Insurance Company Ltd (FSP 75) • Skakel 0861 765 734 of besoek die webtuiste www.legalex.co.za

Mediese gapingsdekking

Mediese fondse bied dikwels beperkte voordele vir mediese dienste en jy moet self vir die gapings betaal. Tenda Health bied Admedgapingsdekking wat deur Guardrisk onderskryf word en wat die verskil dek tussen wat mediese fondse betaal en wat diensverskaffers vra. • E-pos – gapcover@solidarity.co.za

Testamente & boedeladministrasie Jy kan jou testament gratis laat opstel. Die lid se boedel kan teen ’n markverwante bedrag geadministreer word. • Skakel 012 644 4300


Van sprokies tot somersmake Het jy al die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet ontdek? Maroela Media is jou gratis aanlyn tuiste waar jy kopstukke kan gesels, om die kombuistafel kan kuier, in die koöperasie kan snuffel en jou kennis oor Afrikaans kan opskerp. Dié unieke Afrikaanse mediahuis bied iets vir almal – van sprokies tot smullekker somersmake.

LEES DIÉ

BENNIE BOEKWURM SE MOOISTE SPROKIES

D FOTO’S: ISTOCKPHOTO.COM

aar is ’n generasie wat nog goed sal onthou dat as dié woorde gesing word, is dit storietyd. Nou kan ’n jonger geslag weer nader skuif om van die wêreld se gewildste sprokies te kom saamluister. Hierdie keer is dit Rooikappie, die skoenmakerkabouters, die dieremusikante van Bremen, Duimelina en Sneeuwitjie wat in die tweede boek in hierdie gewilde reeks met nog klassieke verhale verskyn. Bennie Boekwurm se mooiste sprokies deur Louise Smit is die ideale boek vir voorlees met slaaptyd. Bennie Boekwurm se mooiste sprokies word uitgegee deur Human & Rousseau en kos R165.

Kwartier (tyd)

TAAL– WYS

Vyftien minute: Waar draai jy so? Ek wag al ’n kwartier vir jou. Waar dit tyd aandui, is dit ’n verkorting van “kwartier uur”, dit is nie ’n ontronding van “kwart uur” nie.

Grenadella-vreugde Een van Maroela Media se lesers, Heila Brits, het dié heerlike resep ingestuur.

Bestanddele • 1 pakkie suurlemoen- of grenadellajellie

200 ml (¼ k) kookwater

200 ml (¼ k) koue water

sap van drie grenadellas

of 1 blikkie pulp

1 klein blikkie (210 g) gekondenseerde melk

05 / 2019

60

MAAK SELF

Metode 1. Los die jellie op in die kookwater. Voeg koue water by en laat afkoel tot dit net begin stol. 2. Voeg die res van die bestanddele by en meng baie goed. 3. Giet in ’n 600 ml-vorm of in ’n tertdop en laat stol in die yskas. 4. Versier met geklopte room indien verkies.

www.solidariteit.co.za


MAROELA MEDIA SE STORIEVERTEL-FEES HET AFGESKOP MET SY STORIEBUS WAT IN AUGUSTUS DEUR NAMAKWALAND GETOER HET.

STORIEVERTEL Maroela vier tradisie reg oor die land

FOTO’S: NAMAQUA TOERE

“D

aar in Garies se wêreld het ’n oom Snoek gewoon ...” Begin iemand só met ’n storie langs die kampvuur, weet jy: Hier kom ’n lekker ding. Daar is gewoonlik ’n oom of tante met ’n ongewone maar heel verklaarbare bynaam, ’n plattelandse dorp of streek wat rollerig of vol g-klanke op jou tong lê, en natuurlik ’n lekker kinkel – iets wat jou laat lag of laat huil, of gewoonlik sommer albei. Storievertel is so eie aan die Afrikaanse kultuur soos boeretroos, souskluitjies en biltong. Deur stories te vertel, bring ons as Afrikaanssprekendes hulde aan ons helde (hoe onkonvensioneel hulle ook mag wees), dra ons die fyner nuanses van ons geskiedenis aan mekaar en aan ons kinders oor, bevestig ons kultuur-eie tradisies en gebruike, en vier ons ons onblusbare oorlewingsgees, positiwiteit en sin vir humor. Kortom, daar is min dinge waarmee ons kultuur so eg en akkuraat oordra soos deur die

DEUR SUSAN LOMBAARD

stories wat ons vertel. Dis daarom dat Maroela Media besluit het om die tradisie van storievertel in die Afrikaanse kultuur te vier. Dié viering van stories vertel, is afgeskop met Maroela Media se Storiebus wat in Augustus vanjaar deur Namakwaland getoer het. Die toergidse, Mike Spies en Marné Lloyd, was maar te dankbaar vir ’n toerbus vol Afrikaanse toeriste, en het ons Maroela-gaste op die vyf dae lange toer vermaak met wonderlike stories uit die omgewing en oor elke plek waar die bus gestop het. Boonop het vernuftige storievertellers soos oom Jasper Nieuwoudt van Vanrhynsdorp en Egbert Brink van Radio Namakwaland in Vredendal saans saam om die kampvuur kom kuier, met sangeres Anna Davel en die Hardeveld Boereorkes wat met musiek hul eie stories vertel het. In September vanjaar neem Maroela Media die tweede stap in ons viering van stories vertel. Kontreistories is ’n Maroela Media-produksie wat op 25, 26 en 27 September by die Aardklop Kunstefees te siene is. Elke aand om 19:30 kan Maroela-lesers en ander feesgangers www.solidariteit.co.za

61

05 / 2019

as ‘t ware saam met ons kom aansit by ’n kombuistafel wat gedek is met die mooiste stories uit die storievertellers se eie kontrei. Die akteur Johny Klein, self ’n knap storieverteller, kry sy sit by die Kontreistories-tafel saam met storievertellers Alanka Craffert van Hoedspruit en Fanus Hansen van Potchefstroom, wat die gehoor gaan vermaak met wonderlike stories. Die musikante Muller Brandt en Michael van der Walt sorg vir musiek (en dalk ’n verrassing of twee). Kaartjies is beskikbaar by ticketpro.co.za teen R100 elk. In 2020 neem ons die viering van stories vertel na streke reg oor die land, en saam met Afrikaanse gemeenskapsradiostasies soek ons na onontdekte storievertel-talent, veral op die platteland. Hou maroelamedia.co.za dop vir meer inligting, en kom sluit aan by ’n Storievertel-fees in jou omgewing. Of kom vertel sommer self jou storie, want ons elkeen het mos ’n storie (of drie) om te vertel. • Susan Lombaard is uitvoerende hoof van Maroela Media.


MY GELD

Belastingslim

BELEGGINGSEIENDOM

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

B

eleggers beskou eiendom deurlopend as een van die belangrikste bateklasse. Soos aandele met dividende is eiendom een van die min bates wat met inflasie groei én steeds ’n gereelde kontantuitbetaling in die vorm van huur oplewer. Volgens Absa se huisprysindeks het die prys van middelslaghuise die afgelope drie dekades met gemiddeld 10% per jaar gegroei, terwyl die algemene inflasiekoers oor dieselfde tydperk effens laer was. Eiendom bied dus goeie verskansing teen inflasie. Een van die faktore wat hierdie verskansing waarborg, is die feit dat boukoste en vervangingskoste van huise inflasieverwant is. Beleggings soos vaste deposito’s verskaf wel kontantvloei in die vorm van rente, maar die bate verloor mettertyd sy koopkrag weens inflasie en die tydwaarde van geld. Ander beleggings soos goeie kuns of goudmunte behou hul kapitaalwaarde, maar verskaf nie noodwendig ’n deurlopende kontantvloei aan die belegger nie. Tussen 2000 en 2006 het Suid-Afrika ’n bloeityd beleef met huispryse wat gemiddeld 20% per jaar gestyg het. Dit het gelei tot ’n oorwaardasie van die mark. Vanaf 2008 het daar stagnasie in die mark ingetree en het eiendomspryse konstant gebly of in sommige jare selfs gedaal. Tans is die huismark steeds

DEUR APPIE PIENAAR

onder druk. Daar is verskeie redes hiervoor, waarvan die staat se dreigemente van onteiening sonder vergoeding en eiendomme wat beskikbaar raak weens toenemende emigrasie waarskynlik die belangrikste is. Eiendom het een baie belangrike voordeel bo ander bateklasse – die moontlikheid van hefboomfinansiering. Dit beteken dat ’n belegger wat ’n deposito gespaar het, ’n bate van vyf of tien maal soveel kan bekostig omdat die eiendom as sekuriteit vir ’n lening by ’n bank kan dien. Die kapitale groei wat die belegger toeval, is dus aansienlik meer as in die geval waar daar nie van hefboomfinansiering gebruik gemaak word nie. Kom ons neem as voorbeeld ’n belegger wat R100 000 beskikbaar het. Indien hierdie bedrag byvoorbeeld in genoteerde aandele belê word, bly die aanvangskapitaal R100 000 en die kapitale groei word gebaseer op die bedrag van R100 000. Indien die groei in die eerste jaar 8% beloop, styg die belegger se welvaart dus met slegs R8 000. Indien die belegger egter van hefboomfinansiering gebruik maak en die R100 000 as deposito aanwend om ’n bate van R1 miljoen aan te skaf, dan beloop die groei in die eerste jaar R80 000. Hierdie totale bedrag val die belegger toe. Hefboomfinansiering het egter ’n tweede belangrike voordeel en dit is dat aanvanklike kontanttekorte tussen die 05 / 2019

62

www.solidariteit.co.za

belegging se inkomste en finansieringspaaiemente grootliks belastingaftrekbaar is. Kom ons veronderstel ’n leningsbedrag van R900 000, ’n rentekoers van 10% en ’n terugbetalingstydperk van 20 jaar. Die totale paaiemente vir die eerste jaar beloop R104 222, waarvan R89 330 rente is en R14 982 kapitaal. Die netto inkomste voor rente uit die eiendom beloop, sê, R60 000 vir die jaar. Die belegger moet dus die kontantverskil van R44 222 (R104 222 minus R60 000) self uit ander bronne finansier. Omdat die rentekomponent van die paaiement egter belastingaftrekbaar is, sal die belegger ’n bedrag van R29 330 (R89 330 min R60 000) teen sy ander inkomste kan aftrek, en op dié manier R13 198 (R29 330 x 45%) terugontvang van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID). Die SAID subsidieer as ’t ware die tekort teen die belegger se marginale belastingkoers. Laastens kan gevra word waarom iemand die belegging sal doen indien die inkomste uit die belegging minder is as die kontantpaaiement betaalbaar op die lening. Die antwoord is voor die hand liggend: Die paaiement behoort min of meer konstant te bly, terwyl die inkomste met inflasie sal styg. Ná vier of vyf jaar behoort die inkomste die paaiement “verby te steek” en begin die belegger positiewe kontantvloei verdien.


MY GESIN

Kinders met spesiale behoeftes BELASTINGVOORDELE

D

ie lewe is kosbaar, maar dit is ook broos en onvoorspelbaar. Om ouers te wees van kinders met spesiale behoeftes kan oorweldigend en uitdagend wees, veral wanneer dit kom by mediese en opvoedkundige uitgawes. Het jy geweet dat jy vir belastingvoordele kwalifiseer indien jy ’n geregistreerde belastingbetaler is en een van jou afhanklikes is gestremd of fisiek ongeskik? Dit beteken dat jy sekere van hul uitgawes van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) kan terugeis.

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

Wie mag voordele eis?

Volgens Parent24 moet jou kind se toestand aan sekere kriteria voldoen om vir die ongeskiktheidsvoordele te kwalifiseer. Die SAID beskou ’n gestremdheid as enige matige tot ernstige beperking van ’n persoon se vermoë om ten volle te funksioneer of hul daaglikse aktiwiteite te verrig. Die gestremdheid waarna verwys word, kan fisiek, kognitief, gees-

DEUR WILMARIE BRITS

telik, sensories (visueel of gehoor) of emosioneel wees, of dit kan ’n ontwikkelingsgestremdheid of ’n kombinasie van gestremdhede wees. Om uitgawes van die SAID te eis, moet jy kan bewys dat jou kind se toestand langtermyn van aard is. Dit beteken dat jou kind deur ’n geregistreerde mediese praktisyn as permanent medies ongeskik verklaar moet word.

Wat behels die voordele?

Volgens Parent24 bestaan die SAID se ongeskiktheidsvoordele uit twee dele. Die een deel is belastingkrediet vir addisionele mediese uitgawes. Dit beteken dat jy korting ontvang vir die kind se mediese uitgawes wat jy uit jou sak betaal het. Sulke uitgawes sluit in enige dienste gelewer of medisyne voorgeskryf deur ’n geregistreerde gesondheidspraktisyn asook enige hospitalisasie of tuisversorging deur ’n geregistreerde verpleegkundige. Die ander komponent is korting op uitgawes wat direk met jou kind se www.solidariteit.co.za

63

05 / 2019

gestremdheid verband hou. Dit sluit in salarisse van versorgers en opleidingskursusse vir ouers. Indien jy ’n rolstoel moet aankoop en jou huis moet aanpas om rolstoel-vriendelik te wees, kan jy daardie onkoste ook terugeis. Indien jou kind spesiale opvoedingsbehoeftes het, is daar heelwat uitgawes wat jy van die SAID kan terugeis. As jou kind byvoorbeeld na ’n spesiale skool toe moet gaan, kan jy die bedrag wat dit meer as ’n gewone buurtskool kos, terugeis van die SAID. Indien jy meer as 10 km van die naaste spesiale skool geleë is, kan jy vir reiskoste eis. Jy kan ook, afhangend van jou kind se behoeftes, die koste van dienste gelewer deur privaat fasiliteerders terugeis. “Dit is baie belangrik om te onthou dat elke kind se situasie uniek is en dat die belastingswet baie ingewikkeld is. Indien iets op die SAID se lys verskyn, beteken dit nie noodwendig dat jy daarvoor kan eis nie. Dit moet direk verwant wees aan jou kind se toestand,” het Carin Bevan, joernalis by Parent24, gesê.


MY WORK

What you need to know about

TAX

TRAVEL BY WILMARIE BRITS

PHOTOGRAPH: ISTOCKPHOTO.COM

A

travel allowance is an allowance granted by your employer to you, for the use of your private motor vehicle for business purposes. A fixed travel allowances and/or a petrol, garage and maintenance card will be granted only to employees who are required to do substantial business travel as part of their work. A reimbursive travel allowance, on the other hand, is paid to employees who have to travel for business purposes using their personal vehicles but who don’t have a company petrol card. They can submit claims for the cost of the actual distances they have travelled to the company for reimbursement at a fixed rate per kilometre. Here is what you need to know about the employees’ tax (PAYE) and income tax consequences of these two allowances:

Travel allowance

According to Sumeshan Nair, executive committee member at the South African Payroll Association (SAPA), travel allowances are reported against the IRP5 code 3701. Your employer may tax a certain portion of the travel allowance they pay to you. “Most employers choose to tax 80% of the travel allowance paid to employees as a precaution and in the best interests of both the company and the employee,” said Nair. If you want to claim travel allowance deductions from SARS, you must meet certain requirements. For example, you must maintain a log book in order to effectively track the total distances you travel for business and personal reasons. You must also keep proof of your travel expenses. “If you do not have an updated log book you will not be able to claim any deductions, which can result in you 05 / 2019

64

www.solidariteit.co.za

being required to pay in to SARS on your assessment,” said Nair. You are allowed to claim for wear and tear on your vehicle, maintenance and repairs, vehicle licence costs, insurance costs and finance charges. However, travelling between your home and work is regarded as private travel, which means you cannot claim such travel expenses from SARS.

Reimbursive travel

Reimbursive travel is reported against IRP5 code 3703. No PAYE is payable on a reimbursive travel allowance paid by an employer to an employee up to the rate of 361 cents per kilometre, regardless of the value of the vehicle. You also don’t have to keep a log book. You should however keep in mind that when your reimbursed portion exceeds 361 cents per litre it is subject to PAYE just like a fixed travel allowance.


Finansiële Dienste REGSHULPVERSEKERING

REGSHULPVERSEKERING

Kry die KRAGVAN van die DIE WET KRAG WET aan jou kant! KRY VANDAG NOG ’N PROKUREUR AAN JOU KANT! Daarom bied Finansiële Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Dienste bied regshulpversekering in samewerking met Legalex. regshulpversekering in samewerking met Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen Legal X om jou te help om die krag van die wet R125 per maand* aan jou kant te kry. Kry vandag nog slegs ’n prokureur in jou diens teen slegs R82 per maand.*

1

• Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. • Regsverteenwoordiging ter waarde van R45 000 per jaar. Telefoniese • Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. regshulp – • Afslagtariewe op eiendomsoordragte.

3

Prokureurs landwyd

aksentmedia.co.za

24 uur per dag

• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za

2

4

Regsverteenwoordiging ter waarde van R100 000 per jaar

Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie

0861 765 734 www.legalex.co.za

* Bepalings en voorwaardes geld

Bepalings en voorwaardes geld en is op aanvraag beskikbaar. * Premie is gewaarborg vir een jaar.

Skakel ons vandag nog by

0861 10 10 05

Solidariteit Finansiële Dienste

Solidariteit Legal X isdienste, ’n gemagtigde verskaffer van Solidariteit Finansiële verskaffer Dienste is ’n gemagtigde Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde Legalexverskaffer (Edms) Bpk is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële FSP-nommer: 5277 Beweging finansiële Beperk, dienste •FSP-nommer: FSP-nommer: finansiële dienste • FSP-nommer: 15556 van finansiële dienste van • FSP-nommer: 15556. Onderskryf deur Guardrisk Versekeringsmaatskappy 755277


WEB WYS

Het jy geweet?

$325 miljard Die wêreldwye e-leermark sal na verwagting teen 2025 meer as $325 miljard werd wees.

SKERP JOU VAARDIGHEDE EN KENNIS OP DEUR

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

AANLYN LEER

J

y hoor die hele tyd hoe belangrik dit is dat jy jouself verder moet ontwikkel, moet aanhou groei en elke dag iets nuuts moet leer. Jy moet ’n spesialis wees in jou veld, maar ook ’n kenner op ’n verskeidenheid gebiede. Hierdie taak klink haas onmoontlik. Wat moet jy doen, waar moet jy dit doen, en hoe? Die internet bied ’n magdom moontlikhede. Een daarvan is die geleentheid om aanlyn te leer. Aanlyn leer beteken jy het net jou rekenaar en internetverbin-

ding nodig om jouself toe te rus vir die toekoms. Daar is verskeie plekke waar jy kan gaan leer. Kyk byvoorbeeld na S-leer, Solidariteit se eie sentrum vir voortgesette leer. Op hierdie platform kan jy inskryf vir webinare, seminare en gemengdeleerkursusse waar jy jou kennis kan opskerp óf heeltemal iets nuuts kan leer. Ander platforms vir aanlyn leer is GetSmarter met kursusse wat ses tot 10 weke lank duur. Hierdie kursusse oor ’n wye verskeidenheid rigtings kan vir jou die wêreld oopmaak – of jy nou as 05 / 2019

66

www.solidariteit.co.za

beginner ’n kursus wil doen, of as kenner verdere kennis wil opdoen. Indien daar nie iets by S-leer of GetSmarter is wat aan jou behoeftes voldoen nie, is daar ook Udemy, nog ’n aanlyn platform vir voortgesette leer waar jy oor enigiets van besigheid tot musiek meer kennis kan opdoen. Doen jou navorsing, kies jou platform en belê in jou toekoms. Jou webwêreld vir voortgesette leer is oop. Bemagtig jouself en laat die internet vir jou werk. • Besoek gerus www.s-leer.co.za vir kursusse om jou te bemagtig.


Volkleur

Slawedrywer eis jou arbeidsvrug

ILLUSTRASIE: ISTOCKPHOTO.COM

D

ie eerste hoofstuk van die Bybelboek Eksodus skop af met ’n beskrywing van die harde slawerny van die Israeliete in Egipte. Aldus vers 11 is daar toe “opsigters van dwangarbeid oor hulle aangestel om hulle met harde arbeid te verdruk”. Dat ons moet werk, is vanselfsprekend. Werk word reeds in Genesis 3 deur God as straf vir die sondeval uitgedeel. Maar dwangarbeid, slawerny, dit is van die mens af. Die argeoloë vertel vir ons dat die vroegste aanduidings van slawerny dateer uit die Mesopotamiese beskawings, 3 500 jaar voor Christus. Daarna het so te sê almal ’n beurt gehad om slawe aan te hou – Ghana, Sierra-Leone, die Kongo, Angola en nog vele ander Afrika-gebiede het slawerny bedryf lank voor die Europeërs slawe by hulle gekoop en uitgevoer het. Dieselfde het in die Amerikas gebeur, waar slawerny wyd versprei was lank voor die Spanjaarde, Portugese en Britte die slawehandel daar oorheers het. Slawerny is deur die Asiërs bedryf in Indië, China, Suid-oos Asië en selfs Japan. In die Midde-Ooste geskied dit al sedert die vroegste tye en vandag nog word slawerny bedryf in dele van Afrika en die Midde-Ooste. Gedurende die 1800’s het die ganse Europa haar rug op die slawehandel gekeer. Die aristokratiese republiek van Raguse (vandag Suid-Kroasië) het slawerny reeds in 1416

DEUR CHRIS CHAMELEON

as onwettig verklaar. Dit verbaas my nie, want Kroasië – net soos Rusland, Tsjeggië, Slowenië, Pole, Serwië en nog vele meer – praat ’n taal wat tot die Slawiese taalgroep behoort, en die ooreenkoms tussen die woorde “Slawies” en “slawe” is nie toevallig nie: Die woord slaaf kom van die woord “Slav” omdat die slawe van Europa meestal onder die Slawiese volke geneem is. Die dag van ’n slaaf lyk vir my nie gewens nie. Vanaf die oomblik dat hy wakker word, is hy ’n slaaf. Ja, hy kan eers sy gesig was, ’n maaltyd maak en eet (die slawedrywer slaap dan dalk nog steeds), sy huis of hut opruim, met sy kinders speel ensovoorts. Maar sy status as slaaf geld reeds. Terwyl hy in die nag geslaap het, was hy in sy drome vry, kon hy op water hardloop en oor berge vlieg. Maar selfs daar, in sy slapensure, was sy status dié van ’n slaaf en as sy slawedrywer wou, kon hy hom daar in die middernagtelike ure opjaag en tot harde arbeid beveel. Gedurende die dag het die slaaf gewerk en alles gedoen wat hy onder dwang van geweld of foltering beveel is. Vanaand laat kom die slaaf weer tuis. Nou kan hy weer kos maak, met sy kinders speel – maar hy is en bly ’n slaaf. Dit laat my wonder, waar lê die perke van die vereistes om ’n slaaf te wees? Moet jy 24 uur lank ’n slaaf wees, al kan jy nie 24 uur lank werk nie en al kry jy ’n aantal van daardie ure vir jouself om te

www.solidariteit.co.za

67

05 / 2019

slaap, te eet en met jou kinders te speel? Gestel die slawedrywer sê jy kry agt ure per dag vir jouself, maar die ander sestien ure moet ten volle aan die slawedrywer toegewy word. Is jy dan nog steeds ’n slaaf? Wat van tien ure? Twaalf? Wat presies is die vereistes? Hieruit wil dit voorkom of die vereistes vir slawerny nie aan tyd gekoppel kan word nie, maar aan dwang. Die tyd is irrelevant, omdat dit so vaag is. Die dwang, daarenteen, is ’n onteenseglike vereiste vir slawerny, en die dwang van die slawedrywer geskied gewoonlik onder dreiging van geweld: jy kan geslaan word, jou kinders kan benadeel word, jy kan in ’n gat gegooi word om in die son te bak tot jy voel jy wil doodgaan. Ja, jy kan opgesluit word. Dit alles kan aan jou gedoen word as jy nie jou lewenstyd aan die slawedrywer opdra nie, dit alles sal jou aangedoen word as jy nie die arbeidsvrug opoffer wat die slawedrywer besluit het hom toekom nie. As jy 40% belasting betaal, beteken dit dat al jou werkure vanaf 1 Januarie tot êrens in Mei toegewy is aan die staat. Jy het geen keuse nie, jy doen dit onder dwang. As jy dit nie doen nie, sal jy gestraf word. 100% van al jou arbeidsvrug van Januarie tot Mei behoort aan die staat en word vir die staat gelewer. Maar daar is darem heelwat om voor dankbaar te wees: Ek bedoel, ons kon slawe gewees het!


RUSVERSTORING Hoeveel geraas is te veel? DEUR MARLI NAIDOO

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

W

anneer dit by geraas kom, is daar onsekerheid oor wat aanvaarbaar of selfs wettig is. Mag ek maar ’n partytjie hou; mag my hond blaf; kan ek maar sweis en boor op ’n Saterdagoggend; mag my kinders buite lag en skree? Die wetlike beginsel is dat ’n mens toegelaat word om sy eiendom vrylik te gebruik en geniet, mits hy nie inbreuk maak op die regte van sy bure nie. Ons regters het die standpunt aanvaar dat ’n mate van ongemak, ongerief en ergernis verduur moet word. Geraas word deur die wet verdeel in twee groepe: versteurende geraas, en geraasoorlas. Versteurende geraas word gewoonlik beheer deur munisipale verordeninge. Wanneer jou kinders op ’n Vrydag- of Saterdagaand om 22:00 nog na harde musiek teen 85 desibels wil luister en jou bure reeds gevra het dat hulle hul musiek sagter sit, word dit as versteurende geraas beskou. Jou bure het dan die volle reg aan hulle kant, en jy kan maar verwag dat die polisie by julle sal inloer. Geraasoorlas is egter meer subjektief en sal oor ’n langer tydperk plaasvind. Dit word gedefinieer as geraas wat die gerief of vrede van iemand kan versteur of benadeel. Dit kan honde wees wat sonder ophou blaf, masjiene wat dreun, of enige soortgelyke deurdringende geluid wat vir ander mense ondraaglik kan wees. Dit kan ook die bespeling van ’n musiekinstrument, ’n geskree of toeslaan van deure, ’n raserige motor en die afvuur van vuurwerke insluit. Indien jy skuldig is aan geraasoorlas en weier om tegemoetkomend te wees, kan jou buurman ’n formele skriftelike klag by jou plaaslike owerheid indien. Hulle sal dan ondersoek instel om te bepaal hoe ernstig die situasie is.

Het jy geweet? Desibels ontsyfer • • • • • •

15 dB – 60 dB – 90 dB – 110 dB – 120 dB – 140 dB –

Fluister ‘n Normale gesprek ‘n Grassnyer ‘n Motortoeter Harde musiek of stralerenjin ‘n Geweerskoot of klapper

Indien dit nodig is, sal hulle jou vra om die geraas te verminder. As jy dalk besluit om die versoek te ignoreer, kan jy beboet word. In ernstige gevalle kan toerusting gekonfiskeer word. Indien jy steeds met jou geraas voortgaan, kan jou bure óf om ’n interdik aansoek doen wat jou sal verhoed om aan te hou met die spesifieke geraas, óf jou dagvaar vir skadevergoeding vir die lyding wat hulle as gevolg van jou geraas moet verduur. Die hof sal egter altyd seker maak dat die geraas wel ondraaglik is, en dat die eiser werklik negatief beïnvloed word deur jou geraas. ’n Ondersoek moet bevind dat die geraas regtig jou bure se genieting van hul eiendom belemmer. Jy moet egter bewus wees dat, indien jy wel jou bure skade aangedoen het en geweier het om daarmee op te hou, jy ’n boete van tot R20 000 kan kry, of selfs tronkstraf van tot twee jaar. Bure moet mekaar plesier en gemak gun sonder om selfsugtig te wees. Hou dus jou kant skoon, moenie van jou bure verwag om geen geraas te maak nie (want die hof sal ook nie), en hou die kommunikasiekanale tussen julle oop. 05 / 2019

68

www.solidariteit.co.za



in Beweging

BO: DIÉ FOTO, HERMEESTER DEUR TINUS LE ROUX, TOON ’N GROEP BOEREKRYGERS LANGS ’N SPOORLYN TYDENS DIE ABO. REGS BO: ’N TONEEL VAN DIE ONTSPORING VAN ’N TREIN BY DIE KAAPMUIDENBRUG TYDENS DIE ABO.

TREINVERNIELERS VAN DIE ABO

FOTO’S: TREINVERNIELERS

“O

orlog is ’n opsomming van flaters.” Dié woorde van die destydse Britse eerste minister, Winston Churchill, is in talle opsigte in die kol. Ironies genoeg is die gebeure wat dié latere staatsman se gevangeneming in die Anglo-Boereoorlog (ABO) voorafgegaan het alles behalwe vol flaters. Dit was eerder ’n bewys van die Boere se vernuf en ondernemingsgees wat gelei het tot die ontsporing van die trein waarop Churchill gereis het – nie net sy trein nie, maar ook talle ander. Treinvernielers: Boereaanvalle op en vernietiging van treine, stasies en spoorlyne in die ZAR tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 deur Tian Schutte en Peet Coetzee vertel die volle verhaal. Die ABO is bekend as ’n oorlog waartydens konvensionele oorlogvoering onvoldoende geblyk het. Die Boere van die ZAR en OVS – met generaal C.R. de

DEUR ILZE NIEUWOUDT

Wet aan die voortou – het later tot guerrillaoorlogvoering oorgegaan. Hiertydens is allerlei metodes ingespan om die Britte lam te lê. In Treinvernielers val die fokus op die tientalle aanvalle wat Boere op treine, treinspore en stasies uitgevoer het sedert die aanval van die guerrillaoorlogfase van die oorlog wat in Oktober 1900 begin het. Coetzee bestempel die Boerekrygers verantwoordelik vir dié aanvalle as ’n keurbende, “’n groepie gewone burgers wat in ’n oorlogsituasie ontluik het in ’n hoogs gespesialiseerde masjien”. Dié groep se doel was hoofsaaklik om die Britte se noodsaaklike spoorverbindings te beskadig en sodoende die Britte se opmars en vervoer van voorrade te belemmer. Verskeie vernuftige tegnieke is deur die “keurbende” ingespan om treine te ontspoor, byvoorbeeld deur relatief primitiewe middele soos klippe op die spoorlyn te pak, of deur spoorstawe te verwyder. Etlike ander meer innoverende tegnieke is ook ingespan, soos die gebruik van metaal05 / 2019

70

www.solidariteit.co.za

wiggies om die spoorlyn krom te trek, die aanwending van ghries, die ontkoppeling van treine se vakuumremme (wat swaar gelaaide treine teen afdraandes in die moeilikheid laat beland het) en selfs die gebruik van dinamiet in spoormyne. Treinvernielers bied ’n breedvoerige geskiedenis van die aanvalle sowel as die persone wat deel gevorm het van die gedugte treinvernielerspanne – manne soos kaptein Jack Hindon en luitenant Henri Slegtkamp. Die boek word ingelei met ’n waardevolle geskiedenis oor die ontstaan van die spoorweë in die ZAR sowel as ’n oorsig oor die uitbreek van die oorlog. Die honderde foto’s (sommige kundig in kleur ingekleur), nuttige kaarte asook ’n volledige chronologiese bylaag waarin elke gedokumenteerde aanval gelys en bespreek word, maak van Treinvernielers ’n boek wat enig is in sy soort en ’n waardevolle bydrae maak tot die dokumentering van die AngloBoereoorloggeskiedenis. • Treinvernielers, ’n selfpublikasie deur die skrywers, is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R480. Besoek www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting of om die boek deur die aanlyn winkel te bestel.


Histories gesproke

LEGENDE SE MUSIEK HERLEEF

“K

om dans, Klaradyn, kom dans weer met my op die maat van die aandwind ...” Die SuidAfrikaanse tenoor Gé Korsten en sopraan Nellie du Toit het jare gelede die land aan die sing gehad met dié lied; so ook die operalegende Mimi Coertse. Later sou die tenoor Manuel Escórcio dit ook verewig op sy unieke manier en intussen het talle sangers die lied bemeester. Ja, die woorde ís treffend, maar die musiek – soos geskryf deur die komponis S. Le Roux Marais – is beslis medeverantwoordelik vir die sukses van dié lied wat so diep in die harte van Afrikaanse musiekliefhebbers gekruip het. Marais, ’n gebore Bloemfonteiner, het reeds op agtjarige ouderdom musieklesse begin neem en volgens ’n artikel oor hom wat in Desember 1943 in Die Huisgenoot verskyn het, het hy reeds vroeg in sy skooljare besef dat musiek sy toekomstige loopbaan sou wees. Marais het in 1914 sy studies onder leiding van P.K. de Villiers (neef van M.L. de Villiers wat “Die Stem” getoonset het) begin en in 1918 sy lisensiaat aan die SuidAfrikaanse Kollege van Musiek verwerf.

Hierna het sy pad na Londen geloop, waar hy sy studies aan die Royal College of Music voortgesit het. Gedurende sy loopbaan het Marais minstens 100 kunsliedere gekomponeer, asook musiek vir operettes, kore en orrel. Buiten vir “Kom dans Klaradyn”, is “Die Roos” (die toonsetting van die bekende gelyknamige A.G. Visser-gedig) waarskynlik een van Marais se bekendste liedere. Dié lied het in 1929 die eerste prys by die Kaapse Eisteddfod verower. Hieroor is in Junie 1939 in Die Transvaler geskryf: “Dit was ‘Die Roos’ wat hom bekend laat word het as ’n komponis met uitstekende talent. Hierdie lied het dadelik byval gevind en word beskou as een van die drie mooiste Afrikaanse liedere.”

Die Roos in kroon van Visser én Marais

FOTO’S: VERSKAF & ISTOCKPHOTO.COM

D

ie gedig “Die Roos” deur A.G. Visser is in 1928 deur Marais getoonset en is kort voor lank as een van die beste liedere in Afrikaans bestempel. Die roos was dikwels ’n sentrale tema in Visser se gedigte en ’n geliefde is gereeld met ’n roos vergelyk, terwyl die verganklikheid van ’n roos, liefde en skoonheid hiermee verbind is. Volgens Visser se tweede vrou het die roos ’n muse in Visser aangewakker. “Die Roos” is treffend en ekonomies en dui op die kort huweliksgeluk wat Visser met sy eerste vrou, Lettie, gehad het. Dié gedig is danksy die woorde van Visser en die musiek van Marais ’n ware liefdeslied:

Te kort jou skoonheidsduur, Roos van my hof; Vir jou volmaakte uur Die Gewer lof! Te kort ons liefdestyd: Te lank die rou. Tog- tot in Ewigheid Goddank vir jou! www.solidariteit.co.za

71

05 / 2019

Manjifieke Marais!

V

eertig van S. Le Roux Marais se grootste werke is nou beskikbaar op ’n versamelaarsalbum om dié legende, wat vanjaar veertig jaar gelede in 1979 oorlede is, te gedenk. Sewentien van die land se voorste soprane, tenore en baritons asook die pianis Rosa Anderson Loots het kragte saamgesnoer vir dié album. Werke soos N.P. van Wyk Louw se gedig “Rooidag”, Jan F.E. Celliers se “Dis al”, Elizabeth Eybers se “Wit duiwe” en C.F. Visser se “Kom dans Klaradyn” is op dié gedenkalbum ingesluit. Die dubbelalbum “S. Le Roux Marais Feesjaar: 40 liedere – 40 jaar later” is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R250. • Besoek die aanlyn winkel www.kraaluitgewers.co.za vir meer inligting of om jou album te bestel.


in Retrospek

Verjaarsdagkoek, sosaties & Fanta DEUR MARIETHA MALAN

FOTO: ISTOCKPHOTO.COM

“E

lse Saterdag verjaar. Jy haar ’n koek braai.” Ek sug. Nog ’n SMS van Louis. Louis is doof en verstandelik gestremd. Hy het eendag by my hek opgedaag om ’n werkie te soek. Ek het heel toevallig ’n ou swaai gehad wat ek wou laat verf vir die skool. Hy het baie mooi netjies geverf en ’n geldjie verdien. Sedertdien kry ek gereeld SMS’e van Louis in ’n kinderlike styl, vol spel- en taalfoute – om te laat weet sy geld is op en of ek hom R200 sal leen; om te vra of ek vir hulle vleis het; om te laat weet dat hy niks van sy blyplek hou nie en ’n ander een soek. Ensovoorts. Meestal ignoreer ek dit net, maar vandag het ek tog weer ’n verfwerkie vir hom. Ek antwoord: “Louis, kom verf Saterdag my rondawel. Dan kan jy geld verdien en vir Else ’n koek koop.” Else is Louis se suster. Hulle twee woon saam in ’n garagewoonstel in iemand se agterplaas. Albei leef van hulle Sassa-pensioen. Ek sien haar skrams sit en brei toe ek Louis die Saterdag oplaai. Hy glimlag breed terwyl hy met ’n wuif groet. ’n Hele paar tande voor in sy mond is reeds getrek. Hy ruik sterk na rook en ek maak onopvallend twee van die kar se vensters effe oop nadat hy sy sit gekry het. Louis gesels land en sand op sy manier. Hy kommunikeer baie

effektief met gebare. Hy wys na Rietjie en verneem of sy kan praat. Hy beduie na die skool langs die pad en vertel dat hy in ’n skool vir dowes was. Hy vra waar my man is en trek met die vinger oor sy keel om te vra of hy dalk dood is. Geamuseerd beantwoord ek sy vrae so goed ek kan, ondersteun deur gebare van my eie. Hy verstaan baie mooi. Ná ’n koppie koffie (drie suiker, beduie hy) begin Louis verf. Hy kla dat die roller nie meer so goed is nie, maar werk heel netjies. Hy geniet die pap en wors wat ek hom vir middagete aanbied en bring die bord skoongeëet terug. Toe hy die plafon begin verf, kan ek sien dat die dag begin lank raak. Sy mondhoeke begin ondertoe rem. Hy skud sy arm en beduie dat sy hand nou seer raak. En die verf spat in sy gesig as hy hier bo verf, wys hy. Wel, dis darem al amper half drie, dus kan Louis se werkdag maar seker eindig. Ek beduie dat hy maar kan stop en dat ek hom weer sal kom haal om die werkie klaar te maak. So hou ek ’n rukkie later voor Pick n Pay stil, waar Louis met sy vars geldjie in die sak uitklim om vir Else ’n koek te koop. Ek wag en wag. Eindelik kom Louis te voorskyn. “Dirrrr” (duur), beduie hy. Hy het ’n kleinerige halwe koekie gekoop vir R40 asook ’n 2-literbottel Fanta en ’n klein pakkie sosaties. Else gaan bly wees, beduie ek. Louis straal tandeloos. Ja, wys hy: Sy gaan huil. Hy beduie met die vuil 05 / 2019

72

www.solidariteit.co.za

verfvingers hoe die trane gaan loop. Ek kyk in my spieëltjie toe ek wegry nadat ek vir Louis afgelaai het. Else ontmoet hom by die hekkie, bedek haar mond verras met haar hande. My spieëltjie lyk skielik bietjie dowwer as netnou! Louis is arm. Sy wêreld is eenvoudig. Hy is afhanklik van sy suster Else en veral ook van sy Jesus se sorg en liefde. Onwillekeurig, as ek aan hom dink, kom die woorde van die Here Jesus se saligsprekinge by my op: “Salig is die wat arm van gees is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele” (Matt. 5:3). Hoe anders is hierdie konsep nie as dit wat ons glo nie? Die wat slim is, wat ryk is, wat baie van die Bybel af weet, wat baie besit, wat senior posisies beklee, hulle sal gelukkig wees. As ek maar net so kan wees. Maar nee, die Here Jesus leer ons die teenoorgestelde: Salig, gelukkig is jy as jy weet dat jy hulpbehoewend is; as jy jou volle vertroue in God stel, dat jy Hom broodnodig het, elke dag. “Vertrou op die Here met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie” (Spr. 3:5). Al is jy ryk, is dit belangrik vir jou saligheid om te weet dat alles wat jy het, aan Hom behoort en dat jy volkome van Hom afhanklik is. Later die aand kom nog ’n Louis-SMS deur: “Louis lekker braai en koek reg, jiesus prys en louis en else maandag gaan haal pille.” Else het lekker verjaar.


Solidariteit kantore

LANDWYD TOT JOU DIENS Bellville

Raymond Holland-Chapman, Chantal van der Merwe (junior litigant), Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Ettienne Pio (litigant), Ronel Stander en Deon Jenkins • Administratiewe beamptes: Nicole Harmse en Yvette Erasmus • Tel: 021 946 4440/4418 • Faks: 021 949 4259 • E-pos: bellville@solidariteit.co.za • Adres: Tweede vloer, Eenheid 39, Imperial Terraces, Tyger Waterfront, Tygervallei

Bloemfontein

Pieter Burger • Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus • Tel: 051 430 6152/3 • Faks: 051 430 6163 • E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za • Adres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein

Boksburg

Gibbs du Toit, Amanda Hattingh, Thinus Jacobs, Derek Mans, Francois van Heerden, Danie van Graan (litigant), Mariëtte Redelinghuys (litigant), Lee Coetzee en Jannem Goussard • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden en Veruchka Whitehead • Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 • E-pos: boksburg@solidariteit.co.za • Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg

Carletonville

André Jansen van Rensburg • Administratiewe beampte: Petro Watson • Tel: 018 788 4861 of 018 786 2785 • Faks: 011 388 9854 of 018 788 5102 • E-pos: carlton@solidariteit.co.za • Adres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville

Ellisras

Deon Viviers • Administratiewe beampte: Helen Kay • Tel: 014 763 1174 • Faks: 014 763 1264 • E-pos: ellisras@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 4C, Marula Mile-winkelsentrum, Louis Bothaweg 35, Ellisras

Kathu

Adele Rossouw • Administratiewe beampte: Santie Pearson • Tel: 053 723 1604 • Faks: 053 723 1407 • E-pos: kathu@solidariteit.co.za • Adres: Winkel 1B, Prosperitasgebou, Rietbokstraat, Kathu

Richardsbaai Klerksdorp

Coenie Rheeder, Danny Schutte Administratiewe beampte: Leanne Meyer Tel: 018 468 8533/9 of 018 468 8547 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Adres: Buffelspark, Eenheid 2, Buffeldoornlaan 48, Flamwood, Klerksdorp Posadres: Posbus 14550, Flamwood, 2572

Lydenburg Clifford Smith Administratiewe beampte: Bianka Broodryk Tel: 013 235 3698 of 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Adres: Versekeringsforumgebou, H.v. Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg

Newcastle

Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Adres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle

Port Elizabeth Ivan Smith Administratiewe beampte: Yris du Plessis Tel: 041 364 3219 / 2925 / 3225 Faks: 041 364 2927 E-pos: pe@solidariteit.co.za Posadres: Posbus 63788, Greenacres, Port Elizabeth, 6057 Adres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth

Pretoria (Centurion)

Etienne Janse van Vuuren, Renate Barnard, Zirk Gouws, Fanus Maritz, Helgard Cronje, Johan Botha, Inge Labuschagne, Danielle van Heerden, Marike Pitzer, Sanri Stone, Linda Senekal, Nadine Botha, Henco Breytenbach en Johan Roos Administratiewe beamptes: Christa Louw en Anke Cloete Tel: 012 644 4442/8 Faks: 012 335 9002 E-pos: centurion@solidariteit.co.za Adres: H.v. DF Malanrylaan & Eendrachtstraat, Kloofsig, Centurion

WWW.SOLIDARITEIT.CO.ZA • 0861 25 24 23

Peter Mcbeath Administratiewe beampte: Karin van der Watt Tel: 035 753 1935 / 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Adres: Anglers Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai

Rustenburg

Johan Nell (litigant), Lucindi van Zyl (litigant), Eugene Prinsloo en Tommy Wedderspoon Administratiewe beamptes: Carisma Breet en Jumarie Palm Tel: 014 592 4336/1090 Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Adres: H.v. President Mbeki- en Heystekstraat, Total Garage, Kantoor 4, Rustenburg

Secunda

Andy O’Toole Administratiewe beampte: Henda van Deventer Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Adres: Eerste vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorstraat, Uitbreiding 22, Secunda

Vaaldriehoek

Francois Calldo, Gerhard Cloete, Nadia Coetzee, JJ Fernandes en Johan Venter Administratiewe beamptes: Saretha Jacobs en Chanell van Gent Tel: 016 931 3160 Faks: 016 981 6718 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Adres: Rossini-boulevard 130, Vanderbijlpark

Welkom

Coenie Rheeder Administratiewe beampte: Candice Gerber Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Adres: Winkel nr. 5, Eerste vloer, The Strip, Metro Village, Staatsweg 312, Welkom

Witbank Cornelius van Leeuwen, Toit Roux, Pieter van Zijl en Jo-Ann Potgieter • Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer en Sonja Bekker • Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 • E-pos: witbank@solidariteit.co.za • Adres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11


AKADEMIA-MODEL VERMINDER FINANSIËLE DRUK OP STUDENTE

S

tudieskuld is wêreldwyd ’n groot probleem. Volgens Forbes is studenteskuld in 2019 die hoogste wat dit ooit in Amerika was, met meer as 44 miljoen mense wat altesaam ongeveer $1,5 triljoen vir hul studies skuld. In die VSA is dit slegs skuld op verbandlenings wat meer as studieskuld beloop.

Studieskuld in Suid-Afrika

In Suid-Afrika lyk die situasie nie veel beter nie. Die navorsingsinstituut Eighty20 dui aan dat daar jaarliks sowat R9 biljoen deur die NSFAS-fonds aan studente uitgeleen word. Die terugbetalingskoers op hierdie lenings is volgens dié instansie ongeveer 30%. In 2015 het die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) vasgestel dat daar sowat 100 000 NSFAS-bevoordeeldes is wat reeds werk, maar nie hul studieskuld terugbetaal nie. Hulle gesamentlike skuld was in 2015 ongeveer R13 biljoen. ’n Totaal van 11 700 mense met uitstaande NSFAS-lenings kon nie opgespoor word nie, en hul lenings – ter waarde van R285 miljoen – is afgeskryf. Eighty20 dui verder aan dat daar in 2015 ongeveer 120 000 mense was wat privaat studieskuld gehad het. Van hulle was 33% agterstallig met terugbetalings. Die meerderheid studente in SuidAfrika kan hulle studies nie kontant betaal nie en is daarom op lenings aangewese om ’n kwalifikasie te kan voltooi. Waar privaat lenings ter sprake is (dit wil sê nie gefinansier deur byvoorbeeld NSFAS nie) word lenings óf in die naam van die student aangegaan met die ouer as borggewer, óf die ouer gaan self die lening aan (dikwels teen ’n huisverband of oortrokke fasiliteit). Die harde werklikheid is dat iemand hierdie lening

DEUR MARTHINUS VISSER

een of ander tyd sal moet terugbetaal. In die meeste gevalle moet hierdie lenings terugbetaal word, ongeag of die student werk kry en oor die finansiële vermoë beskik om die skuld te vereffen. Die groot les wat studente (en hul ouers, wat help om studies te finansier) hieruit moet neem, is om jou studies te voltooi met die minimum (indien enige) studieskuld. Hoe minder studieskuld ná afloop van jou studies afbetaal moet word, hoe makliker kan jy ekonomies op jou voete kom.

Akademia se oplossing

Akademia se studiemodel bied ’n gulde geleentheid aan studente om ’n kwalifikasie van hoogstaande gehalte te bekom sonder om daarna met hope studieskuld te worstel. Die kernrede hiervoor is dat studente ’n inkomste kan verdien terwyl hulle besig is om te studeer. Om die voordele hiervan te illustreer, word drie verskillende studiescenarios ontleed vanuit ’n finansiële of finansieringsperspektief, met inagneming van wat die moontlike impak daarvan op studieskuld is. SCENARIO 1: ’n Dagstudent by ’n openbare universiteit (gebaseer op klasgeld van R40 000 per jaar met ’n eskalasie van 6% per jaar en ’n rentekoers van 11%). ’n Persoon studeer voltyds vir ’n driejaargraad aan ’n universiteit met ’n studielening. Die student het nie verblyf en leefkoste nie, want hy woon by sy ouers of familie. Wanneer die student ná drie jaar afgestudeer is, beloop sy studieskuld ongeveer R156 834. Sou die student dié skuld oor vyf jaar delg, is die maandelikse paaiement R3 410 en was die totale koste om te studeer R204 600. SCENARIO 2: ’n Student wat verblyf benodig en by ’n openbare universiteit studeer (gebaseer op klasgeld van 05 / 2019

74

www.solidariteit.co.za

R40 000, behuising teen R36 000 en leefkoste van R24 000 per jaar). ’n Student ontvang ’n studielening om voltyds vir ’n driejaargraad aan ’n universiteit te studeer. Hierdie student het bykomende uitgawes wat aangegaan word vir verblyf- en leefkoste. Wanneer die student afgestudeer is, het hy R392 085 se studieskuld. Sou die student die lening oor vyf jaar terugbetaal, is die maandelikse paaiement R8 525 en was die totale studiekoste R511 500. SCENARIO 3: ’n Akademia-student wat nauurs klas draf en bedags werk (gebaseer op Akademia se 2019-klasgeld vir ’n BCom-graad in Ondernemingsbestuur teen R37 693). ’n Student skop sy studies af om ’n driejaargraad by Akademia te voltooi. Akademia se onderrigmodel is van só ’n aard dat die student bedags kan werk en nauurs klas draf. Die student begin werk om solank sy studieskuld af te betaal. Indien die student R2 500 per maand in die eerste jaar verdien, R3 500 per maand in die tweede jaar en R4 000 per maand in die derde jaar, sal die student nie enige studieskuld hê om af te betaal wanneer die kwalifikasie voltooi is nie. Daarby het die student reeds waardevolle ervaring opgedoen deur vir drie jaar lank te werk en is hy derhalwe baie meer aantreklik vir die arbeidsmark. Die moontlikheid om te werk en te studeer, klink dalk vergesog. Die werklikheid is dat meer as 90% van Akademia se studente dit wel so doen. Oorweeg al jou studiemoontlikhede. Deur vooraf jou huiswerk te doen, kan jy baie tyd en geld in die toekoms spaar. • Besoek www.akademia.ac.za vir meer inligting oor Akademia se onderrigleermodel asook om vir 2020 aansoek te doen.




Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.