L in d ie S tr y d o m en ander verklap hul SLEUTELS tot SUKSES
ons vier...
’n GENADEJAAR propvol sukses VROUE in die werkplek
&
06 • 2012
www.solidariteit.co.za
R16,95 (BTW ingesluit) Gratis aan lede I SSN 1683562 -X
9 771683
562000
Solidariteit Beweging
Dis feestyd! Geseënde Kersfees en voorspoedige Nuwejaar vir al ons lede!
Solidariteit Finansiële Dienste Motor- en huisinhoudversekering
VERSEKER dat jou planne nie in die WIELE gery word nie!
aksent media • 082 445 4513
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste uiters mededingende motor- en huisinhoudversekering deur Auto & General. Laat ons jou vandag help om die woema in jou droomwiele te beskerm!
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0860 21 21 61 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Motor- en huisinhoudversekering deur Solidariteit is ’n produk van Auto & General. Auto & General is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 16354
6 7 8
54 73
Met die intrapslag Ons mense die sleutel tot sukses Seepkis Ons lede sê hul sê SpreekBuys Dít is Beweging se sleutel tot sukses Jy & die reg Die reg tot vakbondlidmaatskap (Deel I1) In retrospek Oor moegheid, lewe, gereed wees
18
In Beweging 40 42 44 45 46 46 47
Nuuswaardig 10 12 14 15 16 17 18 20 22 23 24 25 26
Solidariteit spog met welslae in 2012 Waar werkendes in Afrikaans studeer Só sluit bekendes deur na sukses oop Lid vir Lid-veldtog: Help toekoms bou Bankkoste baie laer as in 2011 What does the word success mean to you? Mynposte in smeltkroes oor arbeidsonrus Unrest in mining sector, state of aviation Kommissie interpreteer eie verslag verkeerd Why women should belong to trade union Vroue in die werkplek: Gister en vandag Difficulties women face at work Stofpadfoto stof ander uit in kompetisie
28 29 30 31
Know your rights at work, ladies! Onontbeerlik vir werkende vroue Só woeker vakbond regdeur ons land Major improvements in Sasol’s safety standards Dark clouds are looming for Telkom ‘Woolworths-beginsel’ moet in die hof getoets word Common myths about packaging busted Union, Anglo working towards Zero Harm Samancor skenk kunshande aan oud-werknemer Kortliks • Briefly
Bedryfsnuus 32 33 34 36 36 37
2012
Gereeld
inhoud
06
6
48
22 32 52
49 50 51 56 57 58 60 61 62 63 64 65 66 68 70 72
’n Jaar propvol oorwinnings vir AfriForum AfriForum hou plaaslike regerings op hul tone Só veg AfriForum Jeug vir jonges se regte AfriForum kommunikeer nou ook in klank Helping Hand’s Schoolbag Project kicks off Roeping, beroep en beroepsleiding onder die loep geneem Gee vanjaar geskenk wat werklik aanhou gee Voedselgerigte beroep: Pad na man se hart? Talle struikelblokke vir maatskaplike werkers Sol-Tech: 2012 in ’n neutedop Studente sê waarom hul staal by Sol-Tech wys Verligting vir voormalige Atlantis Forge-werknemers Wen ’n boek vir Kersfees! Die waarheid agter afknouery Opleiding bemagtig verteenwoordigers Help! I’m a working mom! Boeke vir Kersfees so in jou Kraal FAK Sangbundel Volume II is fantasties! Gebruik jou slimfoon in Afrikaans Maroela-boekrak, maklike mango-resep Jou kind op die internet: Kinderspeletjies! Kinderheldin uit die Trek nie vergete Buckets full of benefits for our members Solidariteit-dienskantore: Diens op jou voorstoep
“
’n Mens moet besef dat God die Vader nie net ’n Vader is nie, maar mý Vader. Dan word Sy hart my hart, Sy plan word my plan, Sy mense word my mense en Sy roeping word my roeping.XX
”
Lindie Strydom, bekende aktrise, televisieaanbieder, ’n werknemer van Solidariteit Helpende Hand, ’n ma van drie, ’n geliefde vriendin en ’n eggenoot vir haar man. Voorbladfoto: Reint Dykema • Stilering: Moira-Marie Kloppers & Cilleste van der Walt
met die intrapslag
Ons mense die sleutel tot sukses
V
anjaar sal nog lank onthou word as ’n baie gebeurtenisvolle en deurmekaar 2012 – ’n jaar van politieke woelinge en onsekerheid in die aanloop tot die ANC se Mangaung-konferensie wat in Desember plaasvind. ’n Jaar met laagtepunte soos die uiters gewelddadige stakings, ’n rand wat hoër as R8,50 teen die dollar verhandel, brandstofpryse van meer as R12 per liter en petroltekorte. Maar terselfdertyd ook ’n jaar propvol welslae en hoogtepunte – ons vier in diepe dankbaarheid en afhanklikheid die Solidariteit Beweging se 110de bestaansjaar, openbare oproermakers en skurke word kortgevat en polities geïsoleer, ons span vaar goed by die Olimpiese Spele en burgerregteinisiatiewe soos AfriForum behaal suksesse om munisipaliteite op hul tone te hou. Wat my egter die meeste opgewonde maak, is dat ons mense al meer ons volkstrots begin terugwen. Hiermee word nie na ’n krampagtige teruggryp na die verlede verwys nie, maar ’n toekomsgerigte roepingsbewustheid wat weer na vore kom – die roeping wat ons voorouers en nou ook van ons vra om ’n verskil hier aan die suidpunt van Afrika te maak; om nie net te kyk na ons eie beursies en eie gesin nie, maar ons volksgenote en landsgenote se behoeftes langs ons raak te sien. Hierdie feesuitgawe vier juis die suksesse van 2012 se bydraes van elkeen van ons lede – die verskil wat jy teweegbring om die Solidariteit Beweging van krag tot krag te laat gaan. Saam met Solidariteit bekyk ons die
SOLIDARITEIT-HOOFKANTOOR SOLIDARITY HEAD OFFICE H.v. D.F. Malan- & Eendrachtstraat, Kloofsig Tel: 012 644 4300
www.solidariteit.co.za 0861 25 24 23
REDAKTEUR EDITOR Chris du Plessis
KOPIEREDAKTEUR COPY EDITOR Moira-Marie Kloppers NUUSREDAKTEUR NEWS EDITOR Cilleste van der Walt WEBREDAKTEUR WEB EDITOR Daleen de Jager
ADVERTENSIES ADVERTISEMENTS Denise Viljoen, tel: 082 352 7147 Adrie van Dyk, tel: 082 850 6784 ADVERTENSIE-ONTWERP ■ ADVERTISEMENT DESIGN Martie Maree
TAALVERSORGING ■ LANGUAGE EDITING Aksent Media INTEKENARE SUBSCRIPTIONS Heleen Robbertse REKENINGE ACCOUNTS Elna Botes
MEDEWERKERS CONTRIBUTORS Flip Buys, Ernst Roets, Lindie Strydom, Marita Enslin, Esmarie Prinsloo, Ilze Nieuwoudt, Reint Dykema, Phil Davel, Daleen de Jager, Juanita du Preez, Nico Strydom, Francois Smit, Suné van Heerden, dr. Danie Brink, Marietha Malan, Pieter Rautenbach, Inge Strydom, Karin Venter, Hanlie van Vuuren UITLEG, ONTWERP, REPRODUKSIE
Tel: 082 445 4513
aksentmedia@vodamail.co.za
DRUKWERK PRINTING Paarl Media Gauteng
VERSPREIDING DISTRIBUTION Prestige Bulk Mailers, Pretoria
Soli Deo Gloria!
Foto’s: Cilleste van der Walt; iStockphoto.com
6
werkplek, bespreek suksesse op die arbeidsregvlak en neem die voortdurende stryd teen regstellende aksie en absolute verteenwoordiging onder die loep. Die Lid vir Lid-veldtog met groot pryse op die spel word ook aangekondig – ’n oproep vir deelname aan elke lid om Solidariteit se slaankrag nog groter en beter te maak! AfriForum vertel van sy stryd en suksesse teen verskeie plaaslike regerings, sy internetradioinisiatief Afrikwensie en die suksesse van AfriForum Jeug op verskeie tersiêre kampusse gedurende 2012. Helpende Hand se Skooltassieprojek skop weer af, en die suksesstories van hoe hulle mense uit die armoedesirkel help breek, maak die hart warm hier voor die feesseisoen. Sol-Tech bars op sy beurt bykans uit sy nate met die aanvraag na gehalte tegniese opleiding in Afrikaans en Akademia vier sy eerste jaar met die bekendstelling van ’n entrepreneurskapsbeurskompetisie en posisioneer homself as die nommer een keuse waar werkendes in Afrikaans kan studeer. Soveel suksesstories in een uitgawe maak ons nederig teenoor Hom wat die grootste sukses behaal het – Hy wat die dood en Satan oorwin het vir ons sondes. Mag hierdie stampvol laaste uitgawe van 2012 ook vir elkeen van u ’n geseënde feestyd saam met familie en vriende inlei. Mag u die vreugde en vrede waarvoor ons Verlosser aan die kruis gesterf het, in u huis ervaar. Ek groet u hiermee as redakteur van Solidariteit Tydskrif, dankbaar vir die geleentheid om vir ’n jaar deel te kon wees van hierdie praguitgawes. Dankie vir die span wat so hard werk om hierdie tydskrif aan u te bied. Ek sien saam met u uit na 2013 se eerste tydskrif!
Solidariteit Solidarity
Chris du Plessis Redakteur 06/2012 • www.solidariteit.co.za
Solidariteit Tydskrif is lid van die Ouditburo van Sirkulasie en word uitgegee deur die Solidariteit Beweging, Posbus 11760, Centurion 0046. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Solidariteit of die tydskrif aanvaar geen verantwoordelikheid of aanspreeklikheid vir enige aansprake wat deur adverteerders gemaak word nie.
Seepkis
Word deel van die gesprek by www.soldariteitblog.co.za of op een van die sosiale netwerke. Of skryf aan Seepkis, Posbus 11760, Centurion 0046; of stuur ’n e-pos na tydskrif@solidariteit.co.za
Hoe bly lede positief as dinge skeefloop? Ons Facebook-volgelinge sê:
Theresa Maree: My dogtertjie se gesiggie! Herman Olivier: Hou ’n dankbaarheidsjoernaal. Skryf elke dag 10 goed neer waaroor jy dankbaar is. Jy mag binne vyf dae niks herhaal nie. Dit laat jou besef hoeveel jy werklik het om voor dankbaar te wees. Carien Van Dalen: Steenkool moet onder druk geplaas word om ’n diamant te word… Alfonso Middleton: Dit maak nie saak hoe sleg dit met jou gaan nie, daar is altyd iemand anders met groter sorge. Karin Wessels: My man… net die idee dat hy daar is! Aletta Taljaard: God se liefde!
Waar is welslae in 2012 behaal?
Solidariteit Tydskrif wou hoor wat ons ondersteuners dink die Solidariteit Beweging se grootste suksesse van 2012 was. Hier is van die Facebookkommentaar: Fred Oosthuizen: Solidariteit staan op vir dít wat verkeerd en onregverdig is. Marius Buys: Vir seker die aksies oor gelyke geleenthede en regstellendeaksie-vergrype. Marlyn Ferreira: In julle prentjie is dit seker iets kleins, maar my sus en al haar kollegas het ná jare van letterlik huil oor ’n hartelose werkgewer almal by Solidariteit aangesluit. Ek het haar besonderhede op jul webtuiste deurgegee
en sy is in ’n japtrap gehelp. Te danke aan julle het sy ook die eerste keer beskerming soos korttermynversekering. Dankie dat sy weer hoop het in haar werk. Louise Siebrits: Die blote bestaan van die Beweging is vir my ’n oorwinning!
Tarina Jansen van Rensburg: God, gebed, hoop, die Bybel, liefde.
Wat beteken sukses vir jou?
SÊ JOU SÊ!
A. Sukses beteken geluk. B. Sukses is ’n bewegende teiken wat jy nooit volkome tref. C. Sukses is om ander te lei om hul volle potensiaal te ontsluit. • Sê jou sê deur “Tydskrif A”,“Tydskrif B” of “Tydskrif C” na 34388 te SMS. SMS’e kos R2. Jy kan ook by www.solidariteittydskrif.co.za deelneem.
Marlene Rossouw Nel: Hoeveel tyd het julle om te luister? Alles wat die Solidariteit Beweging aanpak, maak ’n verskil.
Foto’s: iStockphoto.com
Kom beweeg saam en maak ’n verskil!
Jy kan maklik by Solidariteit aansluit deur ’n SMS te stuur. Solidariteit se vriendelike dienssentrumagente sal jou terugskakel en jou vinnig en maklik help aansluit. Al wat jy hoef te doen, is om die woord “Lid” na 34388 te stuur. SMS’e kos R2. • Vir adresverandering, stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za www.solidariteit.co.za • 06/2012
7
spreek Buys
Flip Buys is uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging.
Foto’s: Reint Dykema; iStockphoto.com
deur Flip Buys
8
Dít is Solidariteit Beweging se sleutel tot sukses
Die Solidariteit Beweging het die afgelope klompie jaar van krag tot krag gegaan en op verskeie gebiede welslae behaal – van die vakbondwese en burgerregte tot opleiding, armoedeverligting en die media.Wat is die geheim agter dié groei en sukses? Solidariteit Tydskrif het Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, gevra om dié suksesresep, oftewel die sleutel(s) tot sukses, met lesers te deel. 06/2012 • www.solidariteit.co.za
1. Span Die beginpunt van sukses is ons span. Die gehalte van jou span maak die verskil, en maak die uitvoering van ’n bykans onmoontlike plan maklik. Daarom is die beginpunt van sukses om ’n uitmuntende span bymekaar te maak, wat strek vanaf die senior leiers in die Hoofraad en Hoofbestuur tot by die jong skoolverlater wat sy of haar loopbaan by ons begin. Die doel is om leiers met karakter te betrek en nie blote volgelinge nie. 2. Samebindende plan Die tweede bestanddeel vir sukses is dat die span een plan moet hê waaraan almal werk. Ons plan, naamlik om ’n toekoms te skep waar ons blywend vry, veilig en voorspoedig in Afrika kan bly, is uitdagend, maar haalbaar. Ons voer ons plan uit deur ’n netwerk van sterk, selfstandige selfdoeninstellings op belangrike terreine te skep. Ons plan bind ons saam en dryf ons vorentoe, en daarom is ons plan ons magsbasis. 3. Lede eerste Dit is vir Solidariteit belangrik om altyd aan ons lede se kant te wees. Ons kan nie alles vir almal wees nie. Daarom stel ons altyd ons lede eerste en fokus ons op die knelpunte wat ons lede raak. Maar ons probeer dit op so ’n manier doen dat ons vriende maak sonder om terselfdertyd net soveel vyande te maak. ’n Mens moet altyd aan die regte kant van die argument wees. Vir ons beteken dit om vír ons lede te wees, maar nie noodwendig om téén ander te wees nie. 4. Strukture Solidariteit se landwye strukture is die enjins wat ons aandryf. Ons is nie net ’n hoofkantoororganisasie nie, want ons landwye kantore, takke en distrikte, asook ons nasionale Bedryfsrade en Hoofraad sorg vir ’n lewende organisasie. Bykans 2 000 deeltydse vakbondverteenwoordigers speel ’n aktiewe rol in die beskerming van ons 130 000 lede. Die meer as 300 voltydse personeellede wat uit 20 landwye dienskantore werk, speel voorts ’n belangrike rol om ons lede in die werkplek te ondersteun.
“
nuuswaardig spreekBuys
’n
Suksesresep is nooit voltooi nie, maar is iets waaraan ’n mens deurlopend moet werk. Dit moet deurentyd hersien en verbeter word, want die omstandighede waarbinne hierdie resep moet werk, verander voortdurend. Maar dit is moontlik om ’n resep of bestuurstrategie in ’n breë raamwerk op te som.
Ons beleid is om groot te dink, klein te begin, maar dan grootskaals uit te voer namate die loodsprojekte hulself bewys het. In hierdie tye is dit nie die groot visse wat die klein vissies vang nie, maar die vinnige visse wat die stadige visse vang!XX 5. Standaarde Solidariteit se gehaltebestuurstelsel word ondersteun deur ’n gehaltekultuur en ’n netwerk van gerekenariseerde diensstelsels. Gereelde diensoudits word gebruik om die vakbond se dienste deurlopend te meet en te verbeter. Die Hoofraad stel jaarliks uitdagende standaarde vir ledediens op elke moontlike gebied, en die standaarde word met die diensoudits gemeet deur duisende lede te kontak wat ons dienste beoordeel. Die resultate word dan ontleed en gebruik om ledediens deurlopend te verbeter. Die doel van die diensstandaarde is om ’n eenvormige gehaltediens te verseker. Dit lei tot ’n sukseskultuur wat homself deurlopend versterk omdat sukses tot meer sukses lei. 6. Skeppende vernuwing By Solidariteit glo ons aan skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes. Ons kan nie keer dat die Suid-Afrikaanse omgewing al moeiliker word nie. Maar al kan ons nie keer dat die see onstuimiger word nie, kan ons sorg dat ons skip sterk genoeg is om die storms te weerstaan. Dit beteken dat ons deurlopend moet sorg dat ons alles wat ons doen, beter doen, maar dat ons ook ’n kultuur van skeppende vernuwing regoor die organisasie vestig. Ons vernuwing is op grond van die organisasie se beproefde beginsels, omdat ons nie glo aan beginsellose verandering nie. 7. Skaal en spoed Ons beleid is om groot te dink, klein te begin, maar dan grootskaals uit te voer namate die loodsprojekte hulself bewys het. In hierdie tye is dit nie die groot visse wat die klein vissies vang nie, maar die vinnige visse wat die stadige visse vang! Ons het byvoorbeeld ’n paar jaar gelede ’n langtermyndoel gestel om jongmense met studie- en opleidingsgeleenthede te help. Ons het geweet daar is ’n groot behoefte, maar ons het nie geweet waar ons die geld vandaan sou kry nie.Waar ons vyf jaar gelede sowat 100 jongmense kon help, het ons vanjaar meer as 500 jongmense met rentevrye studielenings
”
van meer as R7 miljoen bygestaan. Danksy ons nuwe Opleidingsfonds kan die aantal lenings in 2013 bykans verdubbel word.
8. Selfdoenkultuur Ons kan nie van die staat afhanklik wees om vir ons ’n toekoms te skep nie. Ons toekoms is gans te belangrik om aan die ANC oor te laat. Daarom is ’n selfdoenkultuur die sleutel tot sukses. Natuurlik moet ons aandring op die staatsdienste waarvoor ons belasting betaal, maar ons moet ons historiese selfdoenkultuur kanaliseer deur ons selfdoeninstellings om ’n toekoms te skep. By ons kongresse en beplanningsessies praat ons nie die heeltyd oor wat ander soos besture en die regering moet doen nie, maar wat óns gaan doen! 9. Omvattende lededienste Ons is nie Kommuniste wat ons lede net as werknemers of “Robotniks” sien, soos die betekenisvolle Russiese woord vir werker nie. Ons sien ons lede as ménse met wye belange, wat strek van die werkplek tot hul belange as landsburgers. Daarom het ons ’n omvattende netwerk van selfdoenorganisasies geskep wat ons lede se werkbelange beveilig, maar wat ook na hul beroepsgesondheid en -veiligheid, hul taal en kultuur, hul kinders en hul burgerregte, en hul persoonlike veiligheid moet omsien. Dit is die hele doel van die Solidariteit Beweging. 10. Kort-, medium- en langtermynplanne Ons werk nie vir die volgende verkiesing nie, maar vir die volgende geslag. Daarom is dit nodig dat ons goeie kort-, medium- en langtermynplanne het. Bowenal is dit noodsaaklik om daardie planne suksesvol uit te voer. Dit is hoekom ons die heeltyd aan ons uitvoerende vermoë bou. Ons droom groot, maar ons planne is net so groot soos ons vermoë om dit uit te voer. Ons glo dat ’n strategie nie eerstens ’n sentrale plan is nie, maar ’n sentrale idee. Ons sentrale idee is selfstandigheid, en dit is wat ons deurlopend uitbou. S www.solidariteit.co.za • 06/2012
9
nuuswaardig
Solidariteit spog met welslae in 2012
Deur Cilleste van der Walt
Solidariteit vier 110 jaar van beskerming Die vakbond Solidariteit het in 2012 sy 110de bestaansjaar gevier en in dié jaar ook uitgeblink as dié vakbond wat werklik jou ouboet in die werkplek is en sekerheid gee wanneer die werkomgewing onstuimig raak. Die Solidariteit Dienssentrum het in slegs nege maande 379 760 telefoonoproepe en 9 960 arbeidsnavrae hanteer. In dieselfde tyd het nagenoeg 11 000 lede deur die Dienssentrum werkbeskerming verkry deur lid van die vakbond te word. Daarbenewens het die vakbond meer as R3,97 miljoen se ledevoordele-eise uitbetaal. Hiervan is R25 500 uitbetaal vir eise vir permanente mediese ongeskiktheid terwyl voordele wat vir bevallings uitbetaal is, R379 250 beloop het. Intussen het Solidariteit ook deur die uitbetaling van die Solidariteit-begrafnisvoordeel van meer as R3,5 miljoen honderde gesinne gehelp wat ’n geliefde aan die dood moes afstaan. Beskerming van lede in die werkplek bly egter steeds Solidariteit se hooffokus. Solidariteit se regsafdeling het vanjaar binne slegs nege maande meer as R177 miljoen se vergoeding namens lede beding. Hiervan is meer as R154 miljoen eise vir beroepsbeserings en -siektes, meer as R15 miljoen algemene litigasie-eise en meer as R68 miljoen in Arbeidshofeise beding. Sol-Tech: Groter, beter, beste Sol-Tech het in 2012 nog groter en beter geword danksy die instelling se roepinggedrewe personeel, gehalte-toerusting en uitstekende studente. Die kollege het die afgelope jaar ’n reusetoename in aansoeke vir opleiding ontvang, 10
06/2012 • www.solidariteit.co.za
wat bewys dat Sol-Tech se naam as geloofwaardige, bekwame opleidingsinstelling hom vooruit loop. Danksy die Groeifonds en Solidariteit het die kollege vanjaar nog toerusting aangekoop om studente op te lei, die Gereedskapmaker-kursus is uitgebrei en daar kon meer Meulmaker-studente ingeneem word. Sol-Tech-studente ontvang danksy dié instelling se moderne opleidingsmodel nie net teoretiese en institusionele opleiding nie maar ook praktiese opleiding in die werkplek. Hierdie werkplasings word deur die plasingsagentskap Ajani gedoen en danksy die hoëkaliber-studente wat Sol-Tech lewer, word studente dikwels deur die werkgewers waar hulle hul praktiese opleiding voltooi het, in diens geneem. Daarbenewens is die instelling se prestasies op ’n betroubare administratiewe en opleidingsmodel gebou. Kraal Uitgewers: Jaar van onthou Die 110de herdenking van die einde van die Anglo-Boereoorlog is vanjaar op ’n spesiale manier deur Kraal Uitgewers gevier met die bekendstelling van Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902. Dié boek is op 31 Mei by die Voortrekkermonument bekendgestel tydens ’n merkwaardige geleentheid waar die name van sowat 34 000 vroue en kinders, wat in en op pad na die kampe gesterf het, teen die monument uitgestal is. Daar is vanjaar nie net op die historiese nalatenskap gefokus nie maar ook op aktuele sake. ’n Projek as voorloper tot die nuwe uitgawe van die boek Treurgrond, wat handel oor plaasaanvalle in Suid-Afrika, is in April van stapel gestuur. Na aanleiding van nuwe navorsing en die publiek se deelname gaan sowat 500 nu-
we aanvalle, wat nie in die 2011-uitgawe verskyn het nie, ook in die nuwe boek opgeneem word. Die boek sal na verwagting vroeg volgende jaar beskikbaar wees. Nóg ’n boek, Belhar geweeg (wat die waardigheid van die belydenis van Belhar ondersoek), is in Oktober tydens die jaarlikse Aardklop Nasionale Kunstefees bekendgestel en ontlok reeds hewige reaksie vanuit verskeie geledere. Daarbenewens het Kraal, in samewerking met die FAK, ook in Oktober die nuwe FAK Sangbundel Volume II by dié fees bekendgestel. AfriForum: Só laat ons jou stem hoor! As ’n burgerregte-organisasie wat opstaan vir minderheidsgroepe se grondwetlike regte, ry AfriForum die golf van sukses. Die organisasie het byna 50 000 lede en dit is hierdie mense, ons lede, wat ons sterk maak en die kapasiteit gee om te veg vir dit wat reg is. AfriForum se plaaslike takstrukture behaal groot suksesse en hou munisipaliteite op hulle tone.Teen die einde van 2012 sal daar meer as 100 gevestigde takke regoor die land wees. AfriForum spog met verskeie groot suksesse in 2012: Sy regspan het die balju in Kaapstad opdrag gegee om voort te gaan om Zimbabwiese eiendom te verkoop, nadat die Hoogste Hof van Appèl ’n appèlaansoek van die Zimbabwiese regering, wat daarop gemik was om die proses te stuit, met koste van die hand gewys het. AfriForum het die Wallmansthal Communal Property Association (WCPA) met regsverteenwoordiging gehelp om in die Noord-Gautengse Hooggeregshof hulle grond van onwettige besetters terug te neem. Ná hernieude pogings
nuuswaardig
van die Tshwane Metroraad om Pretoria se naam na Tshwane te verander, is AfriForum se regspan in hul wegspringblokke om te veg vir die behoud van die hoofstad se naam. AfriForum Jeug het die vinnigste groeiende jeugbeweging in die land geword, met sterk verteenwoordiging op al die groot universiteitskampusse. Intussen is ’n historiese skikking in Oktober tussen die ANC, AfriForum,TLU-SA en Julius Malema bereik in die opspraakwekkende “Dubula iBunu” (Skiet die Boer)-haatspraakgeding. Die ANC en Malema het erken dat die lirieke van sekere struggle-liedjies kwetsend is en het onderneem om hul ondersteuners en leiers aan te moedig om hulle te weerhou van die gebruik van lirieke wat as kwetsend ervaar kan word. Akademia: Jaar van nuwe uitdagings Ná baie huiswerk, deeglike beplanning en baie sweet het Akademia amptelik vanjaar begin om programme op universiteitsvlak aan te bied. Hiermee is die eerste treetjie gegee na ’n baie belangrike instelling wat toegang in Afrikaans tot gesogte kwalifikasies bied. Akademia het binne ’n maand ná registrasie begin om studente vanuit ses studiesentrums regoor Suid-Afrika toegang tot vyf programme te bied. Die eerste klasse is amptelik op Maandag, 5 Maart 2012 aangebied en, afgesien van lekker dosent-student-interaksie, het studente ook gou met ander studente in ander sentrums begin kommunikeer. So het daar vinnig ’n Akademia-gemeenskap oor die land heen ontstaan.Voornemende studente kan reeds vanaf Oktober vanjaar begin aansoek doen vir registrasie by Akademia vir 2013. Die proses om meer programme te akkrediteer, is ook reeds aan die gang. Helpende Hand: Jaar van opheffing Solidariteit Helpende Hand se projekte is daarop gemik om mense deur opleiding op te hef. Talle projekte is in 2012 met hierdie doel aangepak.
Helpende Hand het in 2012 landwyd meer as 4 000 tassies aan behoeftige graadeens uitgedeel. Dit beteken dat sedert die Skooltassieprojek in 2007 begin is, meer as 12 500 skooltassies reeds aan behoeftige Afrikaanssprekende graadeens versprei is. Daarbenewens het die Afrikaanse Beursinstituut vanjaar R7 miljoen se beurslenings aan 529 behoeftige studente toegeken. Die massa-eetstaking ten bate van die nasionale Kosblikkieprojek was baie suksesvol en het die organisasie se verwagtinge oortref. Ongeveer R90 000 is tydens die eetstaking ingesamel. Intussen het die nasionale Kosblikkieprojek vanjaar deur middel van ’n voedingskema en kratte vol opvoedkundige speelgoed bygedra om ongeveer 3 200 behoeftige kleuters se lewens te verbeter. Verder het nagenoeg 2 000 ouers en kleuterskoolpersoneel ook voordeel getrek uit die indiensopleiding wat fasiliteerders van Immergroen Ouerskap as deel van die Kosblikkieprojek aangebied het. Die splinternuwe Loopbaangids is in September bekendgestel tydens Helpende Hand se heel eerste Roepingskonferensie. Verskeie nuwe projekte is vanjaar bekendgestel met die oog daarop om die gemeenskap deur opleiding op te hef. Helpende Hand het vanjaar die Borg ’n Kind-projek bekendgestel wat reeds volstoom by die 120 landswye takke aan die gang is. Hiermee sal R1,15 miljoen oor die volgende jaar in die gemeenskap terugploeg word. Verskeie nuwe takke en skenkingskantore is gestig en geopen. Helpende Hand het ook meer as ’n handvol voltydse personeel verwelkom om seker te maak die ondersteunersbasis van meer as 23 000 se opdrag word uitgevoer. Sowat 1 500 vrywilligers het in Junie saam met die Solidariteit Beweging meer as 200 Doen Goed-projekte in bykans elke dorp in Suid-Afrika aangepak.Vyftienduisend mense se lewens is deur dié projekte geraak. Die week van goed doen was deel van die Solidariteit Beweging se 110de verjaarsdag.
Maroela Media: Grootste Afrikaanse internetkuierplek ter wêreld Maroela Media het ‘n jaar van ongekende groei en sukses beleef. Maroela word beskou as die lekkerste Afrikaanse kuierplek op die internet – en met reg. By www.maroelamedia.co.za kan jy elke dag die nuus lees, aan debatte deelneem, gesondheidsinligting in jou moedertaal kry, daaglikse taaltoffies geniet, alles te wete kom oor Afrikaanse films, boeke en musiek, en veel meer. Op Maroela Media se Facebook-blad kuier Maroela-aanhangers sonder ophou. Die webblad se maandelikse besoeke het in die afgelope jaar van 11 500 tot sowat 90 000 gegroei – ‘n toename van sowat 670% – en sowat 6 000 mense kuier daagliks op Facebook saam. Met ‘n baie omstrede maar opwindende veldtog, Die Grootste Afrikaner van Alle Tye, het Maroela Media Paul Kruger aangewys as die grootste historiese Afrikaner van alle tye, en Steve Hofmeyr as die grootste eietydse Afrikaner. Liewe Heksie het in die fiktiewe kategorie met die titel weggestap. Maroela is baie trots op sy radioproduksiehuis, Draadloos, wat in Oktober bekend gestel is en wat goeie gehalte Afrikaanse programme aan gemeenskapsradiostasies verskaf. Solidariteit Finansiële Dienste Solidariteit Finansiële Dienste (SFD) het in 2012 ’n volwaardige finansiële adviesdiens op die been gebring. Die afdeling lewer ’n omvattende beplanningsdiens wat kliënte bystaan met beplanning vir aftrede, beskerming van risiko’s en enige ander beleggingsbeplanning. Die afdeling het reeds meer as R25 miljoen onder bestuur, wat vir SFD ’n belangrike hoogtepunt is. Die korttermynversekeringskema het in 2012 ’n nuwe hoogtepunt van 8 000 polisse verbygesteek. Dié skema is SFD se vlagskipproduk en maak ’n belangrike bydrae tot die Solidariteit Beweging se uitbreiding. S www.solidariteit.co.za • 06/2012
11
nuuswaardig
Akademia: Waar werkendes in Afrikaans studeer
Is jy seker dat jou kind eendag in Afrikaans sal kan studeer? Is jy seker dat jy dit sal kan bekostig? Gaan daar plek wees in ’n koshuis en gaan my kind ooit keuring kry om te gaan studeer? Dan moet jy hierdie lees! Groot tekort aan opleidingsgeleenthede Luidens die onlangste matriekverslag van die Solidariteit Navorsinginstituut (SNI), wil ongeveer 85% van Afrikaanse skoolverlaters graag gaan studeer. Van die ongeveer 550 000 leerders wat jaarliks inskryf vir graad 12, slaag ongeveer 350 000 met toelating om verdere studies by ’n hoëronderwysinstelling (universiteite, universiteite van tegnologie en privaatinstellings) te onderneem. Openbare universiteite kan egter slegs sowat 160 000 van dié studente inneem. Goeie nuus! Die Solidariteit Beweging het in dié tekort aan opleidingsgeleenthede ’n geleentheid gesien om te verseker dat ons kinders en hul kinders die geleentheid sal hê om te studeer. Studente kan nou nauurs naby aan hul huise geakkrediteerde universiteitsvlakprogramme in hul moedertaal studeer. Ons praat van Akademia! Die Akademia-model bied aan werkende mense (of jy ’n skoolverlater of 60 jaar oud is) die geleentheid om hulself verder te bekwaam. Boonop is die koste baie mededingend en het ons reeds studiesentrums in Pretoria, Centurion, Boksburg, Roodepoort,Vanderbijlpark en Stellenbosch. Ons nuutste toevoeging, Bellville, open sy deure vroeg in 2013!
Foto: iStockphoto.com
Virtuele klaskamers Deur gebruik te maak van die nuutste telekonferensietegnologie, draf Akademia-studente gelyktydig klas in een van talle studiesentrums regoor Suid Afrika. Regstreekse, interaktiewe klasuitsendings vind vanuit Pretoria plaas. Dié unieke klasgeemetode maak nie net interaksie tussen die studente by die studiesentrums en die dosent moontlik nie, maar ook interaksie tussen studente in die verskillende sentrums. So word ’n groot virtuele Akademia-klaskamer gevorm.
12
Eksklusief Afrikaans met lekker ekstras By Akademia is daar Afrikaanse dosente, Afrikaanse klasse en Afrikaanse studiemateriaal. Elke student kry boonop ’n tabletrekenaar met die bykomende voordeel dat gratis internettoegang by Akademia se studiesentrums beskikbaar gestel word sodat studente navorsing kan doen en klasmateriaal of selfs ’n klas wat misgeloop is, gerieflik kan aflaai. 06/2012 • www.solidariteit.co.za
akademia Wat kan ek studeer? Vier geakkrediteerde programme is vir 2013 beskikbaar: • ’n Drie jaar Diploma in Kleinsakebestuur en Entrepreneurskap vir dié wat graag van hul eie onderneming ’n groot sukses wil maak. Daar is tans ’n geleentheid om drie studiebeurse hiervoor te wen. • ’n Hoër Sertifikaat in Kantooradministrasie wat administratiewe beamptes na die volgende vlak neem. Hierdie eenjaarprogram leer jou skaars vaardighede aan in organisering, koördinering, kantoorstelsels, verslaghouding en baie meer wat jou onmisbaar vir werkgewers kan maak. • ’n Hoër Sertifikaat in Rekeningkunde is daar om jou voornemende finansiële personeel en boekhouersklerke ’n goeie basiese kennis van die bedryf te gee, wat jou ook daarna die geleentheid bied om vir ’n graadkursus te
kwalifiseer. • Die laaste program is die Hoër Sertifikaat in Gemeenskapsontwikkeling (ook oor een jaar), waar belangrike vaardighede in gemeenskapsontwikkelingsinisiatiewe en -prosesse geleer word om basiese beplanning en koördineringsfunksies in ’n bepaalde sosiale en ekonomiese konteks te kan uitvoer. Kyk hiervoor uit in 2013! • Nuwe programme wat ontwikkel word, is ’n BCom-graad en ’n Diploma in Bemarking en Verkope – albei word binnekort vir akkreditasie voorgelê! • Ander opwindende gebeure vir 2013 is die bekendstelling van ’n Afrikaanse sakeplankompetisie en ’n groot entrepreneurskapskonferensie met bekende entrepreneurs wat hul geheime kom deel! So, waarvoor wag jy? Belê in jouself en skryf vandag nog in vir een van Akademia se geakkrediteerde programme. Besoek ons webtuiste by www.akademia.ac.za, skakel 0861 222 888 of stuur e-pos na diens@akademia.ac.za. S
*
Akademia offers the working individual university level qualifications in Afrikaans through our innovative interactive distance-learning method.
Elke SMS kos R2. * Besoek www.akademia.ac.za vir die bepalings en voorwaardes.
Akademia MSW (Maatskappyregistrasienr: 2005/024616/08) is voorwaardelik by die Departement van HoĂŤr Onderwys en Opleiding tot 31 Desember 2015 as privaat hoĂŤronderwysinstelling geregistreer ingevolge die Wet op HoĂŤr Onderwys, 1997, Registrasienommer: 2011/HE08/005. Akademia is deel van die Solidariteit Beweging.
nuuswaardig
Só sluit bekendes die deur na sukses oop
S
Deur Cilleste van der Walt, Inge Strydom & Moira-Marie Kloppers ukses is ’n konsep wat op verskillende maniere gedefinieer kan word, en daar is ’n goeie kans dat die definisie van persoon tot persoon gaan verskil. Maar hoewel die begrip debatteerbaar is, sal jy tog steeds, sonder twyfel, weet wanneer jy sukses behaal het. Solidariteit Tydskrif het probeer uitvind wat die sleutel tot sukses eintlik is. ’n Paar bekendes het hul sleutel tot sukses met ons gedeel. Flip Buys Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, sê “’n suksesresep is nooit voltooi nie, maar is iets waaraan ’n mens voortdurend werk. Dit moet deurentyd hersien en verbeter word, want die omstandighede verander voortdurend. Die beginpunt van sukses is ons span. Die gehalte van jou span maak al die verskil, en maak die uitvoering van ’n bykans onmoontlike plan byna maklik.” Buys glo aan skeppende vernuwing gegrond op beproefde waardes.“Ons kan nie van die staat afhanklik wees om vir ons ’n toekoms te skep nie. Ons toekoms is gans te belangrik om aan ander oor te laat. Ons werk nie vir die volgende verkiesing nie, maar vir die volgende geslag,” meen Buys.
Foto: Reint Dykema
Karin Prinsloo Karin Prinsloo (23) was ’n lid van die vanjaar se Suid-Afrikaanse Olimpiese span en het aan twee individuele swem-items by die 2012 Olimpiese Spele in Londen deelgeneem.“Om sukses te behaal, reken ek, moet jy meer insit as wat jou teenstanders sal. Jy moet byvoorbeeld meer slaap inkry, harder werk binne en buite die swembad, en meer opofferings maak. Dis ook belangrik dat jy God wat jou talent gegee het, al die eer gee en dit wat jy doen, altyd geniet,” deel Prinsloo.
14
Kallie Kriel Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, glo “toegewyde personeel en lojale lede is AfriForum se suksesresep”. ’n Organisasie se belangrikste hulpbron is sy mense, sê hy. Die feit dat hierdie kernwaarheid ’n sleutelrol in AfriForum speel, is grootliks daarvoor verantwoordelik dat die organisasie binne ses jaar ’n prominente nasionale rolspeler geword het met byna 50 000 aktiewe lede.“Ek is dankbaar dat ek myself die afgelope ses jaar met toegewyde, energieke en uiters bekwame personeel kon omring. Hierdie sterk span speel ’n sleutelrol om te verseker dat AfriForum suksesse behaal.” Volgens Kriel het dit 06/2012 • www.solidariteit.co.za
weer tot gevolg dat duisende mense AfriForum begin steun het, en hierdie lojale steun van lede maak dit moontlik dat AfriForum nog meer suksesse kan behaal. Lindie Strydom Sy is ’n bekende aktrise, televisieaanbieder, ’n werknemer van Solidariteit Helpende Hand, ’n ma van drie, ’n geliefde vriendin en ’n eggenoot vir haar man. Lindie Strydom (foto bo) vervul baie rolle, maar volgens haar is daar net een sleutel tot sukses en dit is haar geloof. “Sukses is nie vir my belangrik nie. My belangrikste doelwit is om elke dag te doen wat God van my verwag. As ek eendag kan terugkyk en sê dat ek waarlik elke dag geleef het om Sy wil te doen en Sy Koninkryk te bevorder, sal ek suksesvol wees,” sê Strydom.Volgens Strydom begin alles by eienaarskap.“’n Mens moet besef dat God die Vader nie net ’n Vader is nie, maar mý Vader. Dan word Sy hart my hart, Sy plan word my plan, Sy mense word my mense en Sy roeping word my
roeping.” Intussen leef Strydom elke dag volgens die raad in Prediker: Dien God, doen wat gedoen moet word en geniet die lewe. Dr. Marthinus Hermann Dr. Marthinus Hermann beskryf sy suksesresep in sy jongste boek, Gekroon tot Diens. Hermann is nie net die voormalige uitvoerende hoof van Clover SA nie, maar bedryf steeds ’n boerdery, is ’n outeur en is ’n ware steunpilaar vir sy gemeenskap en familie. Hermann beskryf die sleutelbestanddele vir sukses in die werkplek soos volg: • Roeping; • afhanklikheid van en eer aan ons Hemelse Vader; • ’n toekomsvisie; • eerlikheid, entoesiasme, toewyding en ononderhandelbare kwaliteit; • versigtige, eerlike kies en voortgesette opleiding van personeel; • redelike beloning en erkenning; en • gesag en dissipline. S
Foto: iStockphoto.com
W
at beteken Solidariteit vir jou – hoekom is jy ’n lid? Dink ’n bietjie daaroor– is dit net vir werkbeskerming, of is dit vir daardie iets meer? Daardie stukkie hoop wat ons alledaagse gebeure nog nie kon doodmaak nie. Nie mag doodmaak nie. Daardie stukkie hoop wat kom omdat ons ’n roeping het om van hierdie wêreld en ook ons land ’n beter plek te maak. Dit wat ons dryf om te weet ons en ons nageslag is deel van hierdie kontinent, en die dringendheid wat dit by ons wakker maak om daadwerklik by te dra om in hierdie land vir ons kinders ’n gelyke geleentheid te gee. Die wete wat ons het dat ons hier en nou ’n verskil moet maak en sodoende die toekoms te help skryf. Dit is hierom dat ons ’n beroep doen op al ons lede om hierdie geleentheid aan te gryp en nie maar net om te blaai en te vergeet nie.
Solidariteit is al vir 110 jaar besig om vir sy lede ’n plek in Suid Afrika te beding en te bou aan ’n beter toekoms. Solidariteit se slaankrag is net so sterk soos die lede wat hom sterk maak. Daarom is dit belangrik dat jy hierdie toekomshoop, wat vir jou ’n realiteit is, met jou familie, vriende, kollegas en kennisse deel en hulle opgewonde maak oor hul kinders se toekoms. Hoe doen jy dit? Nadat jy met hulle gepraat het, stuur hul name en telefoonnommers per e-pos na lidvirlid@solidariteit.co.za, of besoek www.solidariteitverwysings.co.za en vul hul besonderhede daar in, of skakel die Dienssentrum by 0861 25 24 23 waar jy hul besonderhede aan een van ons agente kan deurgee. Hou die webtuiste en Facebook dop vir opwindende kompetisies! Kom, word deel, maak jou familie en vriende deel van die Solidariteit wenspan, en help bou aan ons toekoms! S
nuuswaardig
Lid vir Lid-veldtog: Help toekoms bou
nuuswaardig
Bankkoste baie laer as in 2011
Die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se jaarlikse Bankkosteverslag wat hierdie kwartaal bekend gemaak is, het goeie nuus vir verbruikers gebring: Die bankkoste van die meeste Suid-Afrikaanse banke wat in dié verslag bestudeer word, het die afgelope jaar gedaal, skryf Paul Joubert.
Foto: iStockphoto.com
C
16
apitec is vir die derde agtereenvolgende jaar die bank met die laagste bankkoste in die Bankkosteverslag. Soos voorheen, is FNB weer in die tweede plek, maar waar Nedbank voorheen die derde plek ingeneem het, is dié bank nou bo-aan die lys met die hoogste bankkoste. Absa en Standard Bank, wat in 2010 en 2011 veel hoër bankkoste gehad het as die ander drie banke in die vergelyking, het vanjaar ingrypende veranderings aan hul rekeninge en bankkoste gemaak. Dit het veroorsaak dat dié twee banke nou onderskeidelik in die derde en vierde plek uit die vyf banke in die vergelyking val. In vanjaar se verslag blyk dit dat die maandelikse koste van ’n middelvlak-tjekrekening by die groot banke ongeveer R80 tot R120 per maand beloop, met FNB aan die laer kant van die spektrum. Een van FNB se “vlagskip”-produkte, die 06/2012 • www.solidariteit.co.za
“Gold Cheque Unlimited”-rekening, se totale maandelikse koste beloop ongeveer R100 per maand. Waar Absa in 2010 en 2011 geen rekening gehad het wat werklik hiermee meegeding het nie, het dié bank nou die “Gold Value Bundle”-rekening wat teen ’n koste van sowat R110 per maand sterk met FNB meeding. Dieselfde geld ook vir die FNB “Smart Cheque Unlimited”-rekening en Absa se “Silver Value Bundle”, wat beide bankkoste van sowat R80 tot R85 per maand het. Selfs Standard Bank, wat in vorige jare buitensporige hoë bankkoste gehad het, se nuwe “Achiever Electronic”- en “Elite Fixed Fee”-rekeninge het nou opsies geword wat gerus deur bankkliënte oorweeg kan word. Capitec skop egter steeds stof in sy mededingers se oë, met bankkoste van sowat R30 tot R70. Indien daar in ag geneem word dat Capitec 4,25% tot 5% rente betaal op saldo’s wat in sy lopende rekening gehou word, verlaag dit die
effektiewe bankkoste nog verder. Indien slegs die rekeninge by die onderskeie banke wat gedurende 2011 en 2012 die goedkoopste was, se koste vergelyk word, het al die banke behalwe Nedbank se koste gedaal tussen die twee jare – Absa se koste met byna 40%. Nedbank is vanjaar uit pas met die algemene tendens van dalende koste. Elke rekening van Nedbank wat vergelyk is, het op elke transaksieprofiel met gemiddeld 4,7% duurder geword. Met al die veranderinge wat in 2012 aan bankrekeninge en bankkoste gemaak is, is dit ’n goeie tyd vir bankkliënte om te bepaal of hulle steeds die goedkoopste rekening vir hul behoeftes het en om te skuif indien nodig. Die banke bied almal nou dienste waar hulle kliënte bystaan met die skuif van debietorders, so die proses is baie makliker as voorheen. • Die Bankkosteverslag vir 2012 is by www.navorsing.co.za/bankkosteverslag-2012. S
W
By Cilleste van der Walt
hat does the word success mean to you? Chances are you won’t find two people who will give you the same definition. The New Zealand Health and Wealth Report identified six basic kinds of success. Even though there are different kinds of success, it will most probably be impossible to fit your definition of success into one of these kinds of success only. 1. Materialistic.This kind of success is probably the one people most often use to define their own success..The more money and status you have, the more successful you are in your own eyes. The media and Western society effectively sell this materialistic view to us on a daily basis – if you are successful financially, you have “arrived”. 2. Puritan. Do you always feel that you have to prove yourself by working as hard as possible to
show what you are worth? If so, you have a Puritan view of success. People with a Puritan mindset often come from a background where they constantly had to prove themselves, or keep up a certain standard of work. A person with this mindset will never see him- or herself as successful, because there is always another goal when one goal has been achieved. 3. Power. When you are always trying to get more and more control, power is the kind of success you’re after. The person looking for success in terms of power wants to be in control and make the decisions. This is similar to the materialistic view. 4. Contributor. For people wanting to be successful as a contributor, the future is very important.These individuals strive to be successful by trying to create a better world for other people
and future generations. For some people being able to give back and making a difference is the most rewarding way to live. 5. Spiritual. This can be seen as the opposite of measuring success by wealth or power. If you have a spiritual perception of success, you are detached from the everyday temptations of life. You choose to resist your desire for material gratification, and choose to be rewarded in the spiritual realm. 6. Escapist. Is having the most exciting experiences and having as much fun as possible the way you measure your success? Then you have an escapist view of success.This view of success is based on the belief that life is one big experience. People with an escapist view of success are always looking for fun and trying to live life to the fullest, constantly looking for the next exciting adventure. S
newsworthy
What does the word success mean to you?
nuuswaardig
“
Die regering moet sy goedkoop politiekery staak en politici moet begin om verantwoordelik op te tree. SuidAfrika moet eerste gestel word en Mangaung tweede.
”
Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit
Mynposte in smeltkroes oor arbeidsonrus
D Foto: iStockphoto.com
Deur Nico Strydom
18
ie arbeidsonrus in die mynbousektor kan oor die volgende 12 maande deurlopende afleggings en ’n afname in indiensneming tot gevolg hê. Die mynbousektor word sedert die Marikana-slagting in Augustus gekenmerk deur soortgelyke gewelddadige betogings deur mynwerkers wat hoër lone eis. Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit, sê die gebeure by Lonmin se Marikanamyn buite Rustenburg het twee gevaarlike presedente geskep. Eerstens, sê Du Plessis, is 06/2012 • www.solidariteit.co.za
daar ’n interne presedent geskep waar daar buite kollektiewe ooreenkomste onderhandel word.“Diegene wat nie deur die Lonminvredesooreenkoms bevoordeel is nie, eis nou dieselfde verhogings en dit bring baie interne spanning mee, ten spyte daarvan dat die ooreenkoms ten doel gehad het om orde te herstel en werksekerheid vir alle werknemers te bevorder.” Du Plessis sê die gebeure by Lonmin het tweedens ook ’n eksterne presedent geskep. “Die arbeidsonrus by Lonmin het oorgespoel
na ander mynhuise soos Anglo American Platinum en Impala Platinum waar mynwerkers by laasgenoemde nuwe eise gestel het as gevolg van die ooreenkoms wat by Lonmin bereik is – ondanks die feit dat die werkgewer vroeër die jaar buite kollektiewe bedinging ’n skikking met stakende werkers bereik het. Die arbeidsonrus het ook van die platinum- na die goudbedryf oorgespoel, wat tot gevolg gehad het dat Goldfields en Harmony gedeeltelik tot stilstand gekom het terwyl Anglo Gold Ashanti bykans heeltemal tot stilstand gekom het. Hierna het
grootliks belyn word. Voorts beteken dit dat vakbonde ’n meer gefokusde benadering tot loononderhandelings kan volg, aangesien alles sentraal en in een proses hanteer word in plaas daarvan dat vakbonde by die onderskeie werkplekke moet gaan beding.” Dít, meen Du Plessis, is een van die min positiewe verwikkelinge wat uit die afgelope maande se arbeidsonrus gespruit het. Hy waarsku egter dat die proses nie ’n meerderheidskarakter moet kry nie, en dat die aanpasbaarheid van arbeidsverhoudinge nie ondermyn moet word nie. “Een van die gevare waarop ’n mens dus bedag moet wees, is dat sentrale bedingingsrade in statutêre rigiditeit kan verval. Onder sekere omstandighede het die minister van arbeid, byvoorbeeld, die mag om die ooreenkomste wat in ’n bedingingsraad gesluit word, verpligtend te maak vir alle betrokkenes in die industrie – of hulle nou deel van die bedingingsraad is of nie. “So ’n rigiede verpligting is geneig om op die lang duur nadelig te wees vir goeie arbeidsverhoudinge. In ’n statutêr rigiede bedingingsraad is daar minder ruimte vir unieke oplossings vir unieke probleme en is die arbeidsrus wat ontstaan, geneig om slegs ’n korttermynillusie te wees.” Hy sê die moontlikheid word ook ondersoek om mynkontrakteurs by ’n sentrale bedingingskamer te betrek. Dit is egter nie die finale oplossing vir die arbeidsonrus nie, reken hy. “Vakbonde en mynhuise doen hulle deel om sover moontlik arbeidsverhoudinge aan te pak. Die onrus is egter nie net weens arbeidsverhoudinge nie. Ons doen ’n beroep op die regering om die belastinggeld en tantieme wat van mynhuise gehef word, bykomend aan te wend om maatskaplike verligting te bring in die omstandighede van mynwerkers. Die regering moet sy goedkoop politiekery staak en politici moet begin om verantwoordelik op te tree. Suid-Afrika moet eerste gestel word en Mangaung tweede.” Volgens Du Plessis kan die arbeidsonrus en algemene onstabiliteit in die mynbousektor oor die volgende jaar lei tot afleggings en ’n afname in indiensneming. “Mynhuise wat tot stilstand gekom het weens die onrus, het groot finansiële verliese gelei en veral marginale myne sal nie die verliese kan absorbeer nie. Dit gaan gepaard met ’n afname in beleggingsvertroue en werkgewers wat konserwatief is met kapitaalbesteding en die uitbreiding van bedrywighede weens die onrus, wat ’n negatiewe uitwerking op indiensnemingsyfers het.”
Malema-uitsprake stook onrusvuur
nuuswaardig
dit ook versprei na verskeie ander mynbedrywe waaronder die diamant-, chroom- en ysterertsbedrywe.” Volgens Du Plessis sien ’n mens dieselfde patroon in al hierdie gevalle raak. “Dit begin met ’n ‘spontane’ gewelddadige byeenkoms waarna ’n vae eis in lyn met dié van Lonmin ingedien word. Die onrus gaan gepaard met hoë vlakke van intimidasie en geweld.” Volgens Du Plessis was ’n soortgelyke patroon ook sigbaar tydens die onlangse vragmotorbestuurderstaking. “Die staking is ook gekenmerk deur soortgelyke eise as dié by Lonmin en daar was ’n toename in geweld en intimidasie, ondanks die feit dat dit ’n beskermde staking was.” Du Plessis sê mynhuise het hulle intussen al meer tot die reg begin wend in ’n poging om die arbeidsonrus onder beheer te bring.“Dit is egter ’n uitdagende proses, want hoewel die reg aan mynhuise se kant is om die gewelddadige aksies te stop en werkers af te dank, skep dit baie praktiese probleme. Die afdankingsproses is baie tydsaam, gepaardgaande met ’n ewe tydsame proses om weer nuwe mynwerkers aan te stel. Dit beteken dat ’n myn wat ’n groot gedeelte van sy werkmag afdank, tussen ses en agt weke stilstaan. Dit skep ’n reuse-logistieke uitdaging vir mynhuise. Die werknemers word ook dikwels as die slagoffers geag, en dan loop mynhuise deur onder die openbare mening. Die reg moet egter uitgevoer word ondanks die gevolge daarvan, maar die hartseer is die groot aantal onskuldige werknemers wat ook hul werk verloor nadat hulle bloot weens intimidasie aan die onbeskermde staking deelgeneem het.” Du Plessis sê die arbeidsonrus in die mynbousektor het ook ’n wesenlike invloed gehad op kollektiewe bedingingprosesse. ”As gevolg van die onstabiliteit in die platinumbedryf het die Kamer van Mynwese besluit om ’n sentrale bedingingsforum vir dié bedryf in plek te sit, soortgelyk aan die forums wat reeds in die goud- en steenkoolbedrywe bestaan. Daar is ook ’n taakspan aangestel wat sal fokus op die industrie se volhoubaarheid, loonstrukture en die maatskaplike en ekonomiese uitdagings wat veral by informele nedersettings rondom platinummyne ondervind word.” Volgens Du Plessis is Solidariteit in beginsel ten gunste van ’n sentrale bedingingsforum in die bedryf, aangesien dit ’n inklusiewe proses is wat alle rolspelers by ’n sentrale forum betrek. “Dit maak die speelveld gelyk vir maatskappye in die platinumbedryf, wat beteken dat beste praktyke in arbeidsverhoudinge deur die maatskappye gedeel kan word. Dit het ook tot gevolg dat salarisse en diensvoorwaardes
Die geskorste leier van die ANC Jeugliga, Julius Malema, kan op aanklagte van aanhitsing tot geweld vervolg word, aangesien die definisie van dié misdaad nie onderskei tussen suksesvolle en onsuksesvolle aanhitsing nie. Vir hierdie doeleindes maak dit dus nie saak of die voortslepende geweld in die mynbedryf wel deur Malema se uitlatings beïnvloed of veroorsaak is nie. Aanhitsing om enige misdaad te pleeg, is strafbaar. Dít is een van die feite in ’n verslag wat Solidariteit aan die Valke oorhandig het vir hul ondersoek na aanhitsing deur Malema. Die verslag is op Solidariteit se versoek saamgestel deur prof. Carel Snyman, voormalige dosent in strafreg aan Unisa. Die vakbond het vroeër strafregtelike klagte van aanhitsing tot geweld en intimidasie teen Malema aanhangig gemaak ná sy opruiende uitsprake oor ’n “mynrewolusie” en myne wat “onregeerbaar” gemaak moet word. Dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, sê volgens die verslag sal Malema nie ’n geldige verweer op ’n aanklag van aanhitsing hê nie.“Die woorde ‘rewolusie’ en ‘onregeerbaar’ impliseer aksies wat onwettig is. Daar kan geen twyfel wees nie dat Malema die bedoeling gehad het om die skare met sy woorde te beïnvloed om ’n ‘rewolusie’ te begin en om die myne ‘onregeerbaar’ te maak.” Hermann sê volgens die verslag kan Malema aanspreeklik gehou word, ongeag of die mynwerkers die misdaad gepleeg het waartoe hulle aangehits is. “Dit maak ook nie saak of die mynwerkers op enige manier deur Malema se uitlatings beïnvloed is nie. ” Volgens Hermann kan Malema ook op die klag van uitlokking tot intimidasie skuldig bevind word.“Enige persoon wie se optrede of uitsprake tot gevolg het of moontlik tot gevolg sal kan hê dat ’n persoon vrees vir sy eie veiligheid, die veiligheid van sy eiendom, die veiligheid van sy bestaan, die veiligheid van enige ander persoon of die veiligheid van die eiendom van ’n ander persoon, sal skuldig wees aan ’n misdaad. Die redelike en waarskynlike gevolg van Malema se uitlatings is dat mense vir hul eie veiligheid, die veiligheid van hul eiendom of die veiligheid van hul bestaan sal vrees,” het Hermann gesê. S www.solidariteit.co.za • 06/2012
19
newsworthy
Unrest in mining sector, state of aviation
I
Photograph: iStockphoto.com
By Inge Strydom
20
n the third edition of the Solidarity Research Institute’s quarterly labour market report Paul Joubert and Piet le Roux, both senior researchers at the Institute, discuss important matters which had a significant impact on the labour market during the past three months. According to Le Roux, it is unlikely that unreasonably low wages are at the root of the present labour unrest in the mining sector, but it is probably the nature of the local labour relations system which caused an eruption. Le Roux says the majoritarian character of the Labour Relations Act was one of the factors that caused the wave of strikes in the platinum industry. “In essence, it is an undemocratic winnertakes-all system. It gives the majority trade union the right to negotiate with the company on behalf of all workers and to enter into binding agreements. In the process, minority unions are being excluded and the position of the large unions is entrenched against smaller unions and newcomers in trade unionism.” Le Roux says calls to revisit the wage bargaining process in the platinum industry, and by implication also in other industries, are coming from various quarters. ”There is nothing wrong with following a central bargaining process, as long as it is not based on the existing ’winnertakes-all’ system. If the parties could agree to resolve the current labour unrest in a sustainable manner by dealing with certain issues
06/2012 • www.solidariteit.co.za
at central negotiating forums, it would be one of only a few positives to emerge from the tumultuous times of the past few months.” Meanwhile, Joubert says that although peaceful and orderly strikes constitute a legitimate last resort for workers and trade unions during wage negotiations, workers must always consider whether or not they would be better off after the strike. “It is often held that if, for example, a strike results in a 10% wage increase and the strike lasted for less than 10% of the working year (about 25 working days) then the strike was successful. However, this approach is wrong. The actual reward of the strike must be measured in terms of the difference between the wage increase offered and the one obtained after the strike, to mention but one factor. “If the employer offered an increase of 9% before the strike and an increase of 10% is settled on afterwards, then only the difference of one per cent can be attributed to the strike. It will therefore take an employee who was on strike for 25 working days in order to get a 10% increase instead of a 9% increase around 11 years to really benefit from the fact that he went on strike.” The sustainability of the South African aviation industry has in recent months come under close scrutiny, following reports of the tough conditions faced by private airline company 1time amid continued State support for the turmoil-beset state-owned South African Air-
ways (SAA). According to Le Roux, these sustainability issues are mainly caused by the unfair advantages that SAA gains from having access to the public coffers.“Government is constantly devoting tax money to subsidise SAA’s inferior products, pushing local free market competitors out of the market.” Le Roux claims this is evident from the fact that only two of the 11 privately owned airlines that have spread their wings alongside those of SAA since the early 1990s, still exist today. The result is an unfair market concentration, with the airline industry remaining in the hands of only a few suppliers and so becoming less diversified. As a first consequence, profitable job opportunities are destroyed when smaller airlines are forced to close their doors. Secondly, investors also suffer major financial losses when private airline companies are forced to shut down in the face of an underperforming but apparently invincible competitor, SAA. Potential investors become wary of making those new investments that would have led to additional airline services, along with wider choice for consumers. Thirdly, a large number of potentially profitable employment opportunities, which could have been created following the emergence of new airlines, are lost. • For more information on these and other matters that might have had an impact on the labour market in South Africa, visit www.solidarityresearch.co.za/solidarity-labour-marketreport-q32012/ S
nuuswaardig
Kommissie interpreteer eie verslag verkeerd
D
Foto: iStockphoto.com
Deur Nico Strydom & Cilleste van der Walt
22
ie departement van arbeid se Kommissie vir Billike Indiensneming het in dieselfde slagyster as vorige jare getrap deur foute wat Solidariteit voorheen uitgewys het, in sy jongste verslag te herhaal. Die fout sluip in by die kommissie se interpretasie van sy eie syfers. Die enigste maatstaf wat die kommissie in sy verslag gebruik om rassetransformasie te bereken, is die rassesamestelling van die ekonomies aktiewe bevolking, wat alle ander maatstawwe dus opsy stoot. Paul Joubert, senior ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), sê die manier hoe die kommissie syfers oor aanstellings en bevorderings vertolk, is verkeerd.“Die kommissie verwys byvoorbeeld daarna dat 43,9% van werknemers op senior bestuursvlak wit mans is en dat 39,5% van die aanstellings en 30,1% van die bevorderings op dieselfde vlak ook wit mans is. Hieruit maak die kommissie die afleiding dat wit mans sal voortgaan om op dié vlak te oorheers. In werklikheid dui die syfers juis daarop dat wit mans se posisie op senior bestuursvlak stelselmatig afneem. Hierdie afname kan ook gesien word wanneer die huidige syfers met die vorige verslae se syfers vergelyk word.” Ten spyte daarvan dat die verteenwoordiging van wit mans in die afgelope agt jaar met byna 9% op topbestuursvlak en met byna 14% op senior bestuursvlak gedaal het, voer die Kommissie vir Billike Indiensneming aan dat wittes en mans nog vir die volgende 127 jaar posisies van middel- tot topvlak sal oorheers. Die kommissie het hierdie syfer ook verlede jaar slegs ten opsigte van die topbestuursvlak gebruik, waarna Solidariteit uitgewys het dat die syfer foutief is. Soos telkens in vorige verslae is die sogenaamde oorverteenwoordiging van veral wit werknemers op die boonste posvlakke weer in die jongste verslag skerp veroordeel.“Dít terwyl top- en senior bestuur gesamentlik slegs 1,75% uitmaak van die werknemers wat deur die verslag gedek is,” verduidelik Joubert. “Die uitsprake word ook gemaak ten spyte daarvan dat wit mans se verteenwoordiging op topbestuursvlak luidens die kommissie se eie verslae van 67,5% in 2003 tot 55,2% in 2011 afgeneem het. Op senior bestuursvlak het wit mans se verteenwoordiging van 57,8% in 2003 tot 43,9% in 2011 gedaal. Op die professioneel gekwalifiseerde vlak het die verteenwoordiging van wit mans van 34,3% in 2003 tot 26,3%
06/2012 • www.solidariteit.co.za
Hoe weet jy of bron betroubaar is?
• Die skrywer: Is die skrywer kundig op die gebied waaroor hy of sy skryf? Het hy of sy moontlik ’n verskuilde motief? Watter bronne haal die skrywer aan en in watter bronne word hy of sy aangehaal? • Die argument: Is die basiese argumente in die bron geldig en logies? • Die beredenering: In die skrywer se poging om sy of haar hipotese te verifieer, is hy of sy objektief en is sy of haar beredenering gebalanseerd? • Ander faktore om in ag te neem: • Kyk krities na alle bronne. • Verifieer bronne deur ook ander bronne te raadpleeg.
in 2011 gedaal.” Daarbenewens verwys die kommissie glad nie na die belangrikste rede vir die sogenaamde wit oorheersing op hoër vlakke in die arbeidsmark, naamlik geskikte kwalifikasies, nie. Dít terwyl artikel 42 van die Wet op Gelyke Indiensneming stipuleer dat die poel van beskikbare mense met geskikte kwalifikasies ’n belangrike oorweging is wanneer voldoening aan die wet geëvalueer word. Luidens Statistieke Suid-Afrika se gemeenskapsopname van 2007 was byna 50% van alle
mense ouer as 20 met ’n graad as hoogste kwalifikasie, wit mense. Op honneursvlak of hoër was dit byna 60%. “Dit is dus nie verbasend dat wit mense ‘oorverteenwoordig’ is op hoër posvlakke nie, omdat dit op dié vlakke is waar hoër kwalifikasies in aanvraag is,” sê Joubert. • Lees die Solidariteit Navorsingsinstituut se kritiese ontleding van die 12de jaarverslag van die Kommissie vir Billike Indiensneming by www.navorsing.co.za/12de-jaarverslag. S
I
By Cilleste van der Walt
s it really necessary for me as a woman to belong to a trade union? What is in it for me? And why is it so important to belong to a union. These may be questions which you have asked yourself. The answers are all here. Men have been the majority of members for a long time, but since then women have made their stamp in the workplace and features very strongly in every industry. The workplace has evolved for women and so have the trade union Solidarity. It is as important for woman to join a trade union as it is for men, and just because your husband is a member doesn’t mean it will protect you as a woman in your workplace. Is it important for me as employee to belong to a trade union? Yes, you as employee need to belong to a trade union. In a perfect labour market the
interaction between the supply and demand of labour is 100% competitive and both are in the position to compete with one another. However, in South Africa an individual employer and an individual employee do not possess equal bargaining powers and also do not function in a perfect labour market. The relationship between an employer, who in most cases is the legal entity and possesses rare means of production, and a single employee is inherently unequal. Employees therefore have no choice but to form a group against the employer and in so doing create a strong collective force to establish equilibrium. The key is the formation and membership of a trade union. What is in it for you? • Work-related legal aid: Solidarity offers a telephonic legal aid service to members, as
•
• • •
well as free legal representation for workrelated labour matter which are referred to the CCMA. Confinement benefit: A Confinement benefit of R1 250 per child is paid to female members with 12 months’ uninterrupted membership at Solidarity. All claims must be submitted within six months after the confinement. Testament: Solidarity draws up a testament for members free of charge.The testament is also stored free of charge. Solidarity Magazine: The magazine appears six times a year. Funeral benefit: Solidarity members who qualify receive a comprehensive funeral benefit which includes her marriage partner/nominated spouse/life partner and dependant children younger than 21 years. S
newsworthy
Why women should belong to a trade union
nuuswaardig
Vroue in die werkplek: Gister en vandag
I
Foto: iStockphoto.com
Deur Inge Strydom
24
n ’n sarkastiese stemtoon antwoord sy die onderhoudvoerder se vraag oor wat haar en haar kêrel se planne vir die toekoms is: “’n Huis met ’n white picket fence, twee honde en ’n baba”. Die bekende Suid-Afrikaanse aktrise Rolanda Marais het onlangs in ’n televisieonderhoud op ’n subtiele wyse haar misnoeë laat blyk met die idee dat vroue noodwendig tuis moet bly en kinders grootmaak.“Daar is so baie wat ons twee nog saam wil doen,” sê sy terwyl sy dromerig vir haar kêrel glimlag. Marais is maar een van vele werkende vroue wat weier dat tradisionele stereotipes hulle daarvan weerhou om hul beroepe na te streef. Jahni Cowley (29), ’n werknemer van Solidariteit en ’n ma van twee, meen dat sy dikwels deur ouer mense veroordeel word omdat sy voltyds werk én kinders grootmaak.“Dis waarskynlik omdat die vroue van my generasie die eerstes is wat beide ’n beroep beoefen en ’n gesin het,” verduidelik sy. Die vrou word tradisioneel beskou as die een wat tuis moet bly en die huishouding moet versorg. Die skoner geslag het daarom in die meeste wêrelddele eers in die laaste helfte van die 20ste eeu die arbeidsmark betree. Amerikaanse vroue het byvoorbeeld eers in 1972 dieselfde regte as mans ontvang toe die Equal Rights Amendment aanvaar is. Dit is voorafgegaan deur etlike optogte deur feministe wat nie daarmee tevrede was om ondergeskik aan mans te wees nie. In Suid-Afrika het dieselfde toestand geheers, maar die situasie was ietwat meer gekompliseerd. Hoewel Suid-Afrikaanse vroue tradisioneel as die “moeders van die nasie” beskou is wat nie in die publieke sfeer kon optree nie, was daar heelwat feministiese bewegings wat onder meer hierdie ideologie probeer weerlê het. Afrikaner-vroue het egter nie by hul Engelse landgenote in hierdie bewegings se stryd om stemreg aangesluit nie, maar het hulle eerder met die welstand van hul volk bemoei. Soos die meeste van ons weet, lyk die situasie in Suid-Afrika vandag heelwat anders. Luidens die tweede kwartaallikse arbeidsmagpeiling van 2012 wat in Junie deur Statistiek Suid-Afrika uitgereik is, was daar in die tydperk van April-Junie 2012 sowat 3,9 miljoen vroue van 15- tot 64-jarige ouderdom in die formele sektor in Suid-Afrika werksaam. Onlangse peilings wat deur die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) saamgestel is, dui daarop dat 37% van Solidariteit se voltyds-
06/2012 • www.solidariteit.co.za
Vinnige feite oor vroueregte
• Solidariteit het in April vanjaar aan dr. Rina Venter ’n Ster in die gemeenskap-toekenning oorhandig om haar vir haar getroue diens aan die gemeenskap te vereer. • In 1967 was die Amerikaanse vrou Kathrine Switzer die eerste vrou wat die Boston Marathon gehardloop het.Toe die wedlooporganiseerder, Jock Semple, besef dat ’n vrou aan die wedloop deelneem, het hy agter Switzer aangehardloop en haar beveel om die wedloop te verlaat. Switzer se man en mede-atlete het haar egter beskerm, waarna sy die wedloop in ’n tyd van 3:07:29 gewen het. • In Suid-Afrika is daar in die verlede aan vroulike dokters en onderwysers voorgeskryf hoeveel van hul enkels onder hul rompe mag uitsteek en tot hoe laat hulle saans in die dorp mag wees. werkende lede vroulik is en 63% is manlik. Daar is vandag steeds talle vroue wat verkies om tuisteskeppers te wees. Die verskil is egter dat dit hulle keuse is en dat hulle nie deur die samelewing gedwing word om dit te doen nie. Vroue kan vandag dus self besluit of hulle ’n white
picket fence, twee honde en ’n baba wil hê en of hulle eerder ’n beroep wil beoefen – en talle vroue verkies selfs beide! • Bronne: Die eerste feministe deur Hermann Giliomee en Solidariteit Arbeidsmarkrapport 3/2012 deur Paul Joubert en Piet le Roux. S
W Photograph: iStockphoto.com
By Cilleste van der Walt
omen in the workplace have come a long way since the early 1900s, but there are still many bumps in the road for a woman who wants a successful career. Striking the perfect balance between family and work is a timeless problem that working mothers will always be confronted with. A perfect balance is achieved if a woman can fulfil all her needs for having a family while at the same time pursuing a rewarding career without neglecting any of her responsibilities. But it’s not only women with husbands and kids who face difficulties at work. Although women have for the most part been accepted in today’s workplace, they still struggle to get the same recognition, opportunities and even remuneration as their male counterparts. In addition, women must deal with the stereotype that they
are less capable or less efficient than men at work. Women who climb the corporate ladder soon discover that they must work harder than their male colleagues in order to reach the top. Working under such conditions inevitably puts much more strain on women, and that’s all the more reason for women to join a trade union like Solidarity who will look after their interests at work. Here are some of the challenges that women commonly face in the workplace: • Their skills are not developed. • They are denied maternity leave. • They are often subjected to sexual harassment. • They don’t receive the same benefits or promotion opportunities as male counterparts. • They soon reach the glass ceiling, an invisible and usually unofficial barrier that determines the level to which a woman can rise in an organisation. S
newsworthy
Difficulties women face at work
nuuswaardig
Ons wenner!
Stofpadfoto stof ander uit in fotokompetisie
H
Deur Cilleste van der Walt
aar foto “Stofpad” gee jou ’n knop in die keel en ’n warm gevoel om die hart. Met dié foto het Lize Hill, wenner van Solidariteit Tydskrif se eerste fotokompetisie, onomwonde en sonder ’n woord verklaar: My huis is hiér. Meer as ’n duisend foto-inskrywings van Suid-Afrikaners van alle ouderdomme en van regoor die land het vanjaar aan dié kompetisie deelgeneem. Die tema wat fotograwe moes uitbeeld, is:“My huis is hier”. Geo Jooste het met die algehele tweede prys weggestap, en Dieter Pey, ’n hoërskoolleerling, het die derde plek ingepalm. Lize vertel met passie die storie agter dié foto.“Ek het die skape saam met ’n vriend op ’n melkboer se plaas buite Kriel afgeneem. Dit het my gefassineer hoe die skape een enkele lammetjie omsingel en beskerm. Dit was lieflik. Ons almal se lewens is of was al soos ’n
26
06/2012 • www.solidariteit.co.za
stofpad en ouers is daar vir hul ‘lammetjies’ om hulle met liefde op die regte pad te lei en te beskerm. Ons gun dit vir ons kinders in ons lieflike land Suid-Afrika.” Sal sy dit ooit oorweeg om te emigreer? “Nee,” antwoord Lize beslis.“Hoekom sal ek so ’n lieflike, onvergeetlike land wil prysgee? Daarvoor is die natuurskoon, die verskeidenheid en al die uniekhede in Suid-Afrika vir my te spesiaal.” Sy het nog altyd in foto’s en kameras belang gestel, vertel Lize, maar haar liefde vir fotografie het eers later in haar lewe gekom. “Ons het grootgeword sonder ’n kamera in die huis en as ek by maatjies gaan kuier het, het ek altyd gevra of ek na hul foto’s kan kyk. Dan het ek ure lank albums deurgeblaai.Vandag kan ek my eie spesiale oomblikke afneem. Ek kyk deesdae anders na die wêreld – die blomme, insekte, diere en mense is een groot verhaal. Die
genot wat ek uit fotografie put, is onbeskryflik baie en ek geniet elke oomblik daarvan.” Ons lesers se gunsteling Frank van Solleveld se foto getiteld “Ek behoed en beskerm jou” is die Solidariteit Tydskrif-fotokompetisie se lesersgunsteling. “Hierdie foto is van my kleinseun se voete en my skoonseun se hande. Daar is geen plek anders as ’n ouerhuis vol liefde waar jy so behoed en beskerm sal word nie,” vertel Frank. Toe ons hom vra waar sy gunsteling plek in Suid-Afrika is, het hy nie lank gewonder nie. “Beslis Langebaan. Ek wil binne ’n paar jaar hier aan die Weskus aftree.” “My liefde en passie vir fotografie kom van binne en is oorgedra van my Vader. Ek is lief vir mense en die natuur. Voorheen het ek graag in die jagseisoen met die geweer geskiet – nou skiet ek met die kamera!” S
Bedryf snuus
Nuus oor die bedrywe waarin die vakbond Solidariteit funksioneer asook kwessies wat jou in die wêreld van werk regstreeks raak.
Know your rights at work, ladies!
W Photograph: iStockphoto.com
By Cilleste van der Walt
28
omen’s rights are not only an issue in patriarchal societies, as is commonly believed, nor is it no longer an issue at all. Despite the successful empowerment of women over the last few decades, there is still a lot that needs to be done. Gender equality promotes the upliftment of women, which furthers the cause of child survival and the development of society, so the importance of women’s rights and gender equality should never be underestimated. Know your rights. Every working woman should know the answers to these work-related questions:
between two employees ends, but one of the parties continues to direct sexual attention to the other, the attention can turn into harassment. As soon as one person says “no” or feels uncomfortable with an employee’s conduct or advances, it is sexual harassment. Sexual attention becomes harassment in the following cases: • If the actions or attention continues after the person to whom the attention is directed has objected to it. • If the person to whom the attention is directed immediately objects and makes it clear that the attention is undesirable.
Not sure what sexual harassment is? Sexual harassment entails unsolicited actions of a sexual nature, and differs from sexual attention agreed to by both parties. If a relationship
Could the fact that I am pregnant be a disadvantage? Section 187 of the Labour Relations Act lists a number of reasons for which an employee may
06/2012 • www.solidariteit.co.za
under no circumstances be dismissed. If an employee is dismissed because of any of the listed reasons it automatically constitutes an unfair dismissal. This means the employer will not have any defence or excuse if the matter goes to court and that the employee must be reappointed or compensated, should the employee prefer this option. Am I entitled to promotion? Section 186(2)(a) of the Labour Relations Act defines unfair labour practice as “any unfair act or omission that arises between an employer and an employee involving unfair conduct by the employer relating to the promotion, demotion, probation (excluding disputes about dismissals for a reason relating to probation) or training of an employee or relating to the provision of benefits to an employee”. S
Deur Inge Strydom
Klop die spanning
Vroue is oor die algemeen meer emosionele (en dikwels hormonale) wesens. Dit is daarom normaal om sommige dae lus te voel om een van jou kollegas te lyf te gaan. Gelukkig is daar oulike hulpmiddels wat jou sal help om jou stres onder beheer te kry voordat dit te laat is. As jy net af en toe aan die Stress Beater druk, sal jy rustiger voel en jou negatiewe gedagtes sal gou-gou by die venster uitwaai. Prys is op aanvraag beskikbaar. Besoek www.trendhunter.com vir meer inligting.
Alles-in-een-mams
Wees voorbereid op enige persoonlike krisis wat by die werk kan ontstaan met ’n noodsakkie gevul met algemene benodighede vir vroue. Besoek www.shop.pinchprovisions.com vir meer inligting.
Handsak so na jou hart Al ooit jou hande vol gehad met jou handsak, skootrekenaarsak en tabletrekenaar wat jy oral moet saamdra? Dan is Versetta se nuwe Prima i-Pad-handsak net die bykomstigheid vir jou! Die ontwerpers het diĂŠ innoverende handsak ontwerp sodat jou i-Pad gemaklik in die kantsakkie kan pas. Dit bied boonop beskerming vir die skerm van jou i-Pad. Dis definitief een van die items wat op jou Kersfees-wenslysie moet verskyn! Prys is op aanvraag beskikbaar. Besoek www.versetta.com vir meer inligting.
bedryfsnuus
Onontbeerlik vir werkende vroue
bedryfsnuus
Só woeker vakbond regdeur ons land Deur Inge Strydom
Kathu • Solidariteit is steeds met loononderhandelings by BHP Billiton in Hotazel in die Noord-Kaap besig. Die vakbond het aanvanklik ’n loonverhoging van 12% geëis terwyl die werkgewer ’n loonverhoging van 7% aangebied het. Die vakbond het reeds ’n ooreenkoms ten opsigte van werknemers se toelaag vir water en elektrisiteit met die werkgewer bereik. Dié toelaag sal in 2012 met R282 en in 2013 met R464 verhoog word. Daarbenewens het die werkgewer ingestem om ’n bonus van R6 000 aan werknemers toe te ken. Die vakbond verteenwoordig sowat 200 lede by die maatskappy.
Foto’s: iStockphoto.com
Kuruman
30
• Solidariteit het op 11 September met loononderhandelings by Booysen Bore in Kuruman begin. Die vakbond eis ’n loonverhoging van 12% terwyl die werkgewer ’n 6%-verhoging aanbied. Ander sake soos uitstaande uitbetalings op pensioenfondse en motortoelae is ook bespreek. 06/2012 • www.solidariteit.co.za
Pietersburg • Solidariteit het in September ná uitgerekte loononderhandelings van sowat vyf maande eindelik ’n ooreenkoms met Consolidated Murchison Mine (Consmurch) bereik. Solidariteit het in Augustus namens sy lede by die myn ’n loongeskil verklaar nadat die werkgewer aanvanklik ’n 6%-loonverhoging aangebied het en van plan was om werknemers se mediese toelaag van R1 960, wat deel van hul basiese salaris uitmaak, op te skort. Dit sou werknemers se pensioenfonds, oortyd en bystandstoelaag negatief beïnvloed het. Daar is egter intussen op ’n 7%-loonverhoging ooreengekom en lede se mediese toelae sal steeds afsonderlik van hul basiese salaris bereken word.
Pretoria
• Solidariteit het in September ’n artikel 189kennisgewing van Denel ontvang waarin kennis gegee word dat sowat 100 werknemers afgelê gaan word. Die vakbond het reeds met samesprekings hieroor met die werkgewer begin. In dieselfde maand het Solidariteit
ook ’n afleggingskennisgewing van JIC Myndienste ontvang waarin die maatskappy kennis gee dat sowat 281 werknemers weens veranderde operasionele vereistes afgelê gaan word. Solidariteit konsulteer tans met albei maatskappye om die afleggings te verhinder of die uitwerking daarvan te verminder. • Die telekommunikasiemaatskappy Saab Grintek het ook onlangs ’n artikel 189-kennisgewing aan Solidariteit gestuur waarin die maatskappy kennis gee dat nagenoeg 175 werknemers afgelê sal word. Die vakbond het ’n geskil by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verklaar en het ook ’n interdik bekom wat die maatskappy sal dwing om die afleggings te hersien. • Intussen het die vakbond namens een van sy lede wat by die Moot Hospitaal afgelê sou word, met die werkgewer onderhandel om in ’n alternatiewe pos aangestel te word.
Boksburg
• Solidariteit het in Oktober met die bestuur van Swiss Port begin konsulteer om die beplande afleggings by die maatskappy te bespreek. Sowat 47 van Solidariteit se lede word deur die beplande afleggings geraak. S
T
Photograph: Reint Dykema
By Nico Strydom
en people died and more than 100 were injured on 1 September 2004 when a massive gas explosion took place at Sasol’s Monomere plant in Secunda. Today, more than eight years later, major improvements in Sasol’s safety standards are evident, according to Marius Croucamp (photo), Head of Solidarity’s Communication, Chemical and Professional Services Industry. On that fateful day, Sasol workers were engaged in opening an ethylene pipeline in order to replace a measuring weir during the plant’s shutting-down period. The explosion was caused by a drop in the pipeline pressure which caused the ethylene gas to escape. The Department of Labour’s formal investigation into the incident was completed in 2005 and its report was handed to the National Prosecution Authority. Solidarity was constantly involved
in the process, signing a new safety manifesto at Sasol in 2005 together with other trade unions.
Motivated by their desire to avoid any further serious accidents at Sasol, the company, the workers and the unions have joined hands in, among others, nurturing a culture of safety in the new manifesto in which the timeous identification of safety problems and broad-based cooperation were highlighted. The manifesto also patently uplifted human lives as the supreme priority at Sasol.The manifesto was signed after a struggle of more than a year between Sasol and Solidarity about safety in the company, following a series of calamities hitting Sasol at the time. Croucamp said there were no serious incidents during Sasol’s recent shutting-down period, demonstrating the significant improvement in the safety standards of the petrochemical giant.“Solidarity plays a major role at Sasol – specifically when the safety of its almost 6 000 members is at stake. ” S
industrynews
Major improvements in Sasol’s safety standards
industrynews
Dark clouds are looming for Telkom
A
Photograph: Keshia van der Merwe
By Nico Strydom
32
colossal penalty imposed by the Competition Tribunal, a botched deal with the South Korean KT Corp, the unbundling of the local telecommunications network and the parastatal’s financial prospects are just some of the murky clouds starting to eclipse the future of Telkom, SA’s besieged telecommunication giant. Telkom’s financial projections are the latest in a series of problems to hit the telecommunication giant during 2012.Telkom predicted materially weaker earnings earlier this year, ascribing it to its penalty of R449 million imposed by the Competition Tribunal. (The company was punished for its cutthroat behaviour between 1999 and 2004.) Making matters worse has been the Competition Commission’s recent announcement that it would appeal for an even greater penalty, since its original penalty request amounted to R3.5 billion. Marius Croucamp, Head of Solidarity’s Communication, Chemical and Professional Services Industry, has petitioned the Competition Commission to consider in its appeal the plight of the more than 3 500 Telkom employees and their families (more than 17 000 people) before the penalty was possibly adjusted. “It would indeed be a tragedy if thousands of Telkom employees were ultimately to suffer for something they had nothing to do with in the first place.The reality is that the massive penalty would seriously dent Telkom’s profitability, and that large-scale retrenchments cannot be ruled out. Even though the union believes in fairness for all, this should not happen to the detriment of Telkom employees’ job security,” Croucamp added. Meanwhile Dina Pule, Minister of Communication, was to have submitted a cabinet report on Telkom’s future in the wake of the company’s unsuccessful transaction with the South Korean KT Corp.The deal was rejected by cabinet. Solidarity favoured the transaction because Telkom would have ceased being a parastatal with mostly private management in future.“KT has played a major role in making South Korea one of the world’s countries with the most rapid and generally wide-spread internet connectivity.Therefore, the company’s knowledge and experience can be profitable for Telkom and the South African community,” Croucamp said at the time. Earlier this year,Telkom had given feedback
06/2012 • www.solidariteit.co.za
“It would indeed be a tragedy if thousands of Telkom employees were ultimately to suffer for something they had nothing to do with in the first place.”
to trade unions in the company forum, including Solidarity, about the negative impact the unbundling of the local telecommunications network would have on the company. Telkom not only opposes the idea of unbundling but is of the opinion that it is complicated and expensive to implement. According to the company, it would have an injurious effect on job opportunities and investments in network infrastructure.Telkom added that its 2011/2012 financial results were showing pressured revenue, slipping profits and a declining demand for fixed-line technology. Telkom also warned that unbundling would undermine its sustainability efforts. Croucamp said
the warning left Solidarity concerned about Telkom’s future “Telkom is persistent that unbundling would jeopardise its financial sustainability, ultimately also leading to job losses. Solidarity’s first priority is to ensure that the problems at Telkom would not result in any job losses, and that they won’t compromise the job security of Telkom employees. Indeed, all the factors above have a bearing thereon, yet Telkom is manifestly doing all it can to retain its employees.” • Solidarity members working withTelkom would certainly do their colleagues a favour by motivating them to join the union.All they have to do is SMS the word “Member” to 34388. S
bedryfsnuus
‘Woolworths-beginsel’ moet in hof getoets word
S
Foto: iStockphoto.com
Deur Nico Strydom
olidariteit is tans besig met ’n hofsaak teen die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANB) oor die absolute uitsluiting van sekere rasgroepe vir poste. Die hofsaak volg op die vakbond se veldtog teen Woolworths nadat die groep advertensies geplaas het vir poste wat slegs vir swart Afrikane oop is. Werknemers van die SANB het na afloop hiervan met Solidariteit in verbinding getree omdat die bloeddiens ook poste adverteer wat slegs vir swart Suid-Afrikaners oop is. Solidariteit se dringende aansoek om ’n interdik om die SANB te keer om voort te gaan met die vul van poste terwyl die hofsaak aan die gang is, is deur die arbeidshof van die hand gewys. Die saak waarin Solidariteit die hof vra om uitsluitsel te gee oor of ’n werkgewer ’n absolute verbod op aansoeke van sekere rasgroepe vir vakante poste mag plaas, gaan egter volstoom voort. “Die Woolworths-beginsel, waarvolgens mense nie vir poste kan aansoek doen as hulle nie van ’n bepaalde ras is nie, moet in die hof getoets word. Indien ons met hierdie saak slaag om ’n presedent te skep, sal dit van toepassing wees op alle maatskappye wat hulle aan hierdie praktyk skuldig maak,” sê dr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit. “Soos uit die SANB se advertensies blyk, kom die Woolworths-beginsel wyer voor as net in Woolworths. In die geval van die bloeddiens tree ons namens twee applikante op,” sê Hermann. Die bloeddiens het met ’n plekmaakstrategie begin en het skeidingspakkette vir wit werknemers bo 55 aangebied. Dertien vakatures is sodoende geskep. Hierna is die vakante poste geadverteer met die woorde dat slegs swart aansoekers kan aansoek doen. Twee werknemers, Theodore Reyneke en Sanet Schönfeldt, wat al onderskeidelik 27 en 23 jaar by die SANB werksaam is, neem nou hul werkgewer hof toe omdat hulle nie vir die vakante poste mag aansoek doen nie. “Ons wil die beginsel in die hof toets en doen ’n beroep op mense om te bloei vir die beginsel deur bloed te gaan skenk en dan by die bloeddiens beswaar te maak. Ons wil geensins hê dat die hofaksie daartoe lei dat mense ophou bloed skenk nie,” het Hermann gesê. Groot omstredenheid het vroeër die jaar oor Woolworths-posadvertensies geheers omdat dit sekere rasgroepe uitsluit. Solidariteit het met ’n groot sosialemediaveldtog teen Woolworths begin. Die maatskappy het egter volgehou dat hulle net uitvoering gee aan wat die Wet op Gelyke Indiensneming van hulle verwag. “Vir ons is die Woolworths-beginsel van uitsluiting nie moreel regverdigbaar of op grond van ’n regsbeginsel aanvaarbaar nie. Die bloeddienshofsaak gaan nou uitsluitsel gee oor die regsbeginsel wat ter sprake is. Die vraag is of Woolworths hulle advertensies gaan wysig indien ons hofsaak slaag,” het Dirk Groenewald, hoof van Solidariteit se Arbeidshofafdeling, gesê. S www.solidariteit.co.za • 06/2012
33
industrynews
Common myths about packaging busted
Photograph: iStockphoto.com
In our modern lifestyle, packaging makes it possible for people to consume fresh produce, uncontaminated food and beverages and an endless range of products sold in containers. Even though packaging changed the way we live in terms of fresh food and other products we buy from retailers, there are a few myths about packaging that makes it out to be one of the greatest threats to the environment and people alike. Here are some of the myths busted by the Packaging Council of South Africa (PACSA), writes Cilleste van der Walt. Myth 1: Packaging is the biggest contributor to solid waste The production of packaging, like the production of any other product, involves the consumption of raw materials, energy and water and results in emissions in the air, soil and water. In developed countries, packaging accounts for around 3% of the waste sent to landfill, whether measured by weight or by volume; in South Africa, packaging amounts to approximately 6%. It was estimated that packaging is typically 9% of the weight of the packaged product and uses 8% of the energy required to produce and deliver all products to the household. Therefore,
the resources locked up in the packaged product are about ten times greater than the resources used for the packaging which protects the content. Myth 2: Product taxes such as supermarket checkout bags is the way to go The plastic bag levy was introduced in May 2003 as a result of an agreement between government and interested parties, with the intention to reduce the usage of the plastic bag which was considered to be a major litter problem. The effect of this agreement was dramatic and, initially, sales dropped to approximately 10%
of the number of bags that had previously been supplied. Sales have now stabilised, but an estimated 500 jobs were lost. One of the basic principles was to make the bags thicker for reuse, but thicker the bag, the more the raw material, water and energy required. Myth 3: The family is an innocent bystander in environmental issues Hazardous waste originates primarily from two sources: industry and households. Certain items essential to our lifestyle and hygiene standards end up in the garbage bag or down the drain when we are done with them. Households separating their waste can be a key player in environmental hygiene of the future, but it is also critical that municipalities fulfil their constitutional role in terms of effective waste management. Myth 4: Reuse of PET plastic water and soft drink bottles will poison you This hysteria resulted from e-mails circulating on the Internet, claiming that washing of PET bottles results in the formation of carcinogenic compounds. Specific reference is made to the formation of the chemical DEHA. Re-using any food or drink container without washing it can result in the spread of germs. However, it is safe to reuse PET bottles without the risk of degradation or contamination, providing that normal good hygiene practices are observed. Another story that has circulated is that the triangular mark on plastic packaging grades the toxicity of plastics, which is nonsense.There are six broad families of plastics, and each of these has a number which is printed or embossed in the triangle to allow recyclers to identify the grade of plastics easily for recycling. • Source: The latest report on Common Misconceptions About Packaging compiled by the Packaging Council of South Africa. S
34
06/2012 • www.solidariteit.co.za
industrynews
Union,Anglo working towards Zero Harm
T
By Cilleste van der Walt
he Tripartite Health and Safety Initiative is a steering group that was appointed to drive the outcome of the annual Safety Summit. Since the Safety Summit in April 2008 and with the mandate of the most senior principals, Anglo American has been working in a collaborative effort between Anglo American, labour unions such as Solidarity and the department of Mineral Resources towards Zero Harm at their South African operations. One of the steering group’s first tasks was the study of best practice in other companies, locally and in other parts of the world. According to Gideon du Plessis, General Secretary of Solidarity, safety initiatives are often developed by management with little input from workers or other stakeholders. “The inclusive team dynamics involving all stakeholders makes the tripartite more successful than any other initiative,” he says. The knowledge and insight gained from the group’s study tours led to the development of a “Declared Future” which outlines Anglo American’s vision for health and safety. “Anglo American has gone above and beyond to embed safety into all aspects of our
business,” says Phillip Williamson, head of human resources at Anglo American’s coal business.“This can only be achieved through partnership, because without strong, viable relationships with all stakeholders, the safety challenges facing the mining industry in South Africa cannot be addressed in a sustainable manner.” The Tripartite recently hosted a workshop
with the theme “Hazard Identification and Learning from Incidents” for 160 full time health and safety stewards and representatives, safety coordinators, officers and managers, risk champions from across all three business units as well as a representative from the Tripartite. According to Anglo American, such workshops are a touchpoint for them to engage with mine employees. S
Samancor skenk kunshande aan oud-werknemer
Photograph: iStockphoto.com
Deur Hanlie van Vuuren
36
“Ek hou daarvan om mense te laat lag,” sê Jan van Zyl. Sy lewensvreugde is opvallend, veral wanneer ’n mens sy lewensverhaal hoor. Hy het in 1993 albei sy hande in ’n werkongeluk verloor, maar het nooit vergoeding ontvang nie.Voor die ongeluk was hy altyd die staatmaker by die werk, maar ná die ongeluk is hy meermale afgejak wanneer hy nuwe kunsledemate by die Vergoedingskommissaris probeer bekom het. Sy vrou is onlangs oorlede en hy is boonop met kanker gediagnoseer. Boonop het hy deur die jare telkens deurgeloop onder diensverskaffers in die kunsledematebedryf wat hom uitgebuit het. Jan het egter nog nooit gaan lê nie. Hy het geleer om weer self te eet en homself sover 06/2012 • www.solidariteit.co.za
moontlik te versorg. Hy herstel selfs die meganisme van sy kunshande sover moontlik. Sy motor is aangepas sodat hy dit met sy kunsarms en -hande, wat eintlik hake is, kan bestuur, en hy herstel en verbeter graag self sy huis.Wat ’n mens die meeste van Jan opval, is sy sin vir humor. Hy vertel sonder ophou grappies. “Die byna 20 jaar sonder hande het sy hartseer en ligte oomblikke gehad,” vertel hy. “Soos die keer toe ’n verkeerbeampte my gestop het en vir my lisensie gevra het. Toe ek dit met die ‘hake’ aangee, is die beampte skielik weg. “Ná ’n gesoek sien ek hom toe langs die motor lê – die beampte het hom flou geskrik vir die metaaldeel van die kunshande en
gedink dit is ’n wapen wat op hom gerig word!” Om die lewe vir Jan ’n bietjie makliker te maak, het Solidariteit onlangs sy oud-werkgewer, Samancor, gekontak en formeel versoek dat die maatskappy nuwe kunshande aan hom skenk. Ná 20 jaar se gebruik is sy hande al onherstelbaar uitgeslyt en die meganisme skeur sy klere. Nuwe kunshande is ook nie iets wat Jan self kan bekostig nie. Samancor het ingestem en Jan het in September sy splinternuwe kunshande ontvang. ’n Dag in Jan se geselskap bring ’n mens diep onder die indruk van hierdie man se besonderse uithouvermoë en durf. Sy lewe is ’n les vir almal: Met geloof, hoop en liefde is enigiets moontlik. S
bedryfsnuus
KORTLIKS • BRIEFLY More doctors to be trained
The Department of Health recently announced that it is planning to train more doctors in South Africa. Dr Aaron Motsoaledi, Minister of Health, recently indicated that universities will be able to accommodate about 400 more students over the course of the next two years. However, the Department also has other plans in place to increase the number of practicing doctors in the country. This includes, amongst other things, founding a medical school in Polokwane.
Mynproduksie kommerwekkend
Luidens onlangse statistiek wat deur Statistiek Suid-Afrika uitgereik is, het produksie in die mynbedryf in Augustus afgeneem, hoewel dit
heelwat minder is as wat aanvanklik voorspel is. Die algehele produksiesyfer in die mynsektor het met 0,8% gegroei in vergelyking met dieselfde maand verlede jaar. Dié syfer is egter kommerwekkend indien ’n mens dit vergelyk met Julie se produksiesyfer, wat op groei van 7,1% in vergelyking met Julie 2011 dui. Hierdie lae groeisyfer is hoofsaaklik te wyte aan die opspraakwekkende staking by Lonmin se Marikana-myn waartydens 46 mense omgekom het.
smeltery. Die eerste Cuperex-aanleg word by Spektakel naby Springbok gebou. Dit sal die vermoë hê om 200 t koper per maand te produseer. ’nTweede aanleg by die naburige Concordia word beplan en dié aanleg sal tot 1 000 t koper per maand produseer.
In die eens florerende kopermyngebied van die Noord-Kaap word ’n aanleg gebou wat van Suid-Afrikaans ontwikkelde laekragtegnologie gebruik sal maak. Die aanleg sal in staat wees om standaardkoperertskonsentraat tot 98% suiwer koperkristalle te verwerk sonder enige
Of jy werk soek, beskikbare poste wil adverteer of ’n plasingsagentskap is – kies koers na WerkNet (www.werknet.co.za), ’n unieke Afrikaanse aanlynplatform wat die wêreld van werk ontsluit. Adverteer of soek jou droomberoep vandag nog. Maklik en in jou taal!
Smelterlose aanleg opgerig
WerkNet
Soek werk in jou taal!
promosie
MIBFA: Duisende uitbetalings reeds gedoen
D
ie proses om meer as ’n miljoen uitbetalings aan meer as 400 000 voormalige lede van die metaal- en ingenieursbedryf se aftreefondse, die Ingenieursindustrieë Pensioenfonds (EIPF) en die Metaalindustrieë Voorsorgfonds (MIPF) te doen, is volstoom aan die gang. Volgens die Metal Industries Benefit Funds Administrators (MIBFA) se raad van trustees, is 60 000 lede se betalings al voltooi, maar duisende lê nog voor. Die proses sal onbepaald voortduur totdat alle lede wat kwalifiseer en geregistreer het, hul uitbetalings ontvang het. Elke lid sal sy uitbetalingsbedrag mét rente ontvang. Meer as 2,5 miljoen mense sal waarskynlik kan voordeel trek uit dié surplusverdeling se uitbetaling van ongeveer R35 miljard.
Foto: iStockphoto.com
Wie, wat, wanneer en hoe? • Hoe weet ek of ek vir ’n uitbetaling kwalifiseer? • Is ek geregistreer? • Hoe moet ek registreer? • Watter dokumente is nodig? • Wanneer kan ek my uitbetaling verwag? • Wat is die sperdatum vir die uitbetalings?
38
Die MIBFA-dienssentrum hanteer elke week meer as 20 000 navrae soos dié. Hier is die feite: • As jy wonder of jy ook voordeel uit hierdie surplusverdeling kan trek, of wil weet of jou registrasie ontvang is, moet jy die MIBFAnavraaglyn by 0861 50 44 55 skakel. • Pensioenarisse wat op 1 April 2008 lede van die EIPF was en die surplusregistrasieproses gevolg het, se verhogings is goedgekeur en hul 06/2012 • www.solidariteit.co.za
enkelbedraguitbetalings is reeds voltooi. • Huidige lede word tans skriftelik van hul surplusse in kennis gestel en dit sal by hul pensioen- of voorsorgfondse gevoeg word. • MIBFA is besig om die voormalige lede van die MIPF en EIPF skriftelik in kennis te stel van die uitbetalings wat hulle kan verwag. • Vanweë die groot aantal uitbetalings wat gedoen moet word, sal al die uitbetalings nie teen die einde van die jaar voltooi wees nie. Hoewel dit nie moontlik is om vir elke lid ’n uitbetalingsdatum te gee nie, sal elke lid se uitbetalingsbedrag mét rente betaal word. • Om vertragings met die uitbetalingsproses te voorkom, moet elke lid self verantwoordelikheid neem om seker te maak dat MIBFA die regte dokumentasie vir die uitbetaling het. • As jy wonder of jy wel voordeel uit hierdie
surplusverdeling kan trek, moet jy die MIBFAnavraaglyn by 0861 50 44 55 skakel. Watter inligting het ek nodig om te registreer? • Identiteitsdokument • Pos- en woonadres • Kontaknommers • Voordeleverklaring • Lidmaatskapkaart of salarisstrokie • Besonderhede van vorige werkgewers en werktermyne. Watter inligting is nodig vir my uitbetaling? • ’n Gewaarmerkte identiteitsdokument. • ’n Oorspronklike brief van die bank wat die lid se bankbesonderhede bevestig. • Pos die dokumentasie aan MIBFA by Privaatsak X11, Marshalltown, 2107 (slegs oorspronklike dokumente is aanvaarbaar).
Are you one of the 2.5 million people?
MIBFA, a non-profit organisation, was established in 1994 with the sole purpose of managing the metal and engineering industry’s benefit funds. More than 2.5 million people stand to benefit from the surplus apportionment of R35 billion of the Engineering Industries Pension Fund (EIPF) and the Metal Industries Provident Fund (MIPF). Who can benefit? • Former members who were members of the MIPF from 1 May 1991 to 31 March 2008 • Former members who were members of the EIPF from 1 January 1980 to 31 March 2008 • Those persons who were active members on 31 March 2008 • Pensioners who were EIPF members on 31 March 2008 • Members who had benefits in the fund on 31 March 2008 and who have not yet been paid out.
Surplus Apportionment & DataVerification Exercise Due to amendments to the Pension Funds Act in 2007, you may be eligible for a payment. MIBFA would like anyone who is a member, a pensioner or a former member of the funds (or their predecessor funds) to contact them to ensure that they have on record the correct contact details of all members. MIBFA is also taking this opportunity to find and pay any former members who did not take their benefits which were entitled to them upon leaving the industry.
HAVE YOU WORKED IN THE METAL INDUSTRIES? ARE YOU OR WERE YOU A MEMBER OF THE: • Metal Industries Provident Fund (MIPF) • Engineering Industries Pension Fund (EIPF)
Then you need to contact MIBFA! Have the following on hand when contacting MIBFA: • Identity number (new and old); • Postal and home address; • Contact telephone number and/or cellphone number; and • Documents such as a benefit statement, a membership card or a salary slip.
0861 50 44 55 www.mibfasurplus.co.za
There is no registration fee to contact MIBFA.You are advised not to pay any third parties to assist you in replying to the funds. The entire process is expected to take at least 18 months to complete. Membership or former membership of one of these funds does not necessarily mean you will be entitled to benefit from the funds.
in Beweging
Nuus oor al die organisasies wat deel van die Solidariteit Beweging vorm.
’n Jaar propvol oorwinnings vir AfriForum
“L
Deur Ernst Roets
aat jou stem hoor!” Dít is AfriForum se leuse wat veel meer beteken as net dat AfriForum namens sy lede standpunt inneem. AfriForum is ’n organisasie wat nie net sy stem dik maak as dit kom by sake wat sy lede raak nie, maar is ook ’n organisasie wat welslae behaal en daadwerklike oplossings bied. “Is daar enigsins hoop?” en “Wat bereik ons nou eintlik?” is vrae wat ons dikwels uit die monde van bekommerde Suid-Afrikaners hoor. Mense wil nie net weet dat hulle by ’n saak betrokke is nie, hulle wil sien dat hulle werklik iets bereik en so tot die verwesenliking van ’n groter ideaal bydra. Dit is waar AfriForum inkom! Hoewel AfriForum sedert sy stigting in 2006 verskeie welslae behaal het, is dit tog nodig om enkele van die belangrikstes weer uit te lig. In hierdie laaste uitgawe van Solidariteit Tydskrif vir 2012 fokus ons op vyf van ons groot welslae van die jaar – elk op ’n ander terrein:
Foto: iStockphoto.com
1. Die behoud van Pretoria se naam Sedert die stadsraad se aankondiging van die sogenaamde “besluit” dat Pretoria se naam verander moet word, is AfriForum betrokke by die stryd om dié naam te behou. Verskeie aksies is reeds geloods en elke keer (soms in samewerking met ander organisasies) kon AfriForum daarin slaag om die aanslag op Pretoria se naam af te weer. Hernieude pogings word tans aangewend om die stad se naam te verander, maar AfriForum se regspan is slaggereed om hierdie pogings ook teen te staan.
40
2. Die regstryd teen Robert Mugabe AfriForum se regspan, Hurter Spies Ingelyf, het die balju in Kaapstad opdrag gegee om voort te gaan met reëlings vir die geregtelike verkoping van die eiendom van die Zimbabwiese regering in Salisburyweg in Kenilworth, Kaapstad. Dit volg nadat die Hoogste Hof van Appèl in Bloemfontein op 20 September ’n appèl van die Zimbabwiese regering teen die eksekusiebevel met koste van die hand gewys het. Dié appèl was daarop gemik om die verkoopsproses te stuit. Dit is waarskynlik die eerste keer in die internasionale regsgeskiedenis dat daar voortgegaan word met die geregtelike verkoping van eiendom wat behoort aan ’n staat wat hom aan growwe menseregtevergrype skuldig maak. Die regsaksie 06/2012 • www.solidariteit.co.za
Die behoud van Pretoria se naam is slegs een van die talle oorwinnings waarmee AfriForum in 2012 spog.
het begin toe ’n boer van Zimbabwe, Mike Campbell, in 2008 geslaag het met ’n aksie teen die Zimbabwiese regering voor die SAOG-tribunaal in Windhoek. Dié tribunaal, wat destyds saamgestel was uit vyf regters van verskillende Suider-Afrikaanse state, het in November 2008 beslis dat die Zimbabwiese grondhervormingsproses onwettig en rassisties is en dat Campbell en 77 ander boere wat by sy aksie betrokke geraak het, met rus gelaat moes word. 3. Die stryd teen haatspraak AfriForum is alombekend vir sy sterk standpunt teen haatspraak. AfriForum kon daarin slaag om vir Julius Malema en die ANC ’n spreekwoordelike bloedneus in die Gelykheidshof toe te dien omdat hy volhard het met die sing van die sogenaamde struggle-liedjie “Skiet die Boere”. AfriForum is ook besig om regstappe te doen teen die waarnemende president van die ANC Jeugliga, Ronald Lamola, vir sy uitlating dat boere nie veilig op hulle plase is solank hulle weier om hul grond af te staan nie. 4. Wallmannsthal: Oorwinning vir die reg tot grondbesit AfriForum se regspan het vanjaar die wettige eienaars van grond in Wallmannsthal, noord van Pretoria – die Wallmannsthal Communal Property Association (WCPA) – in die NoordGauteng Hoë Hof verteenwoordig om hul grond
van onwettige besetters terug te neem. Die hof het in hulle guns beslis en duisende onwettige grondbesetters, wat die grond tussen Desember 2011 en Februarie 2012 beset het, is deur die Rooimiere verwyder. Die situasie by Wallmannsthal het al die kenmerke van ’n Zimbabwe-tipe grondgryping gehad. Daarom is hierdie ’n belangrike oorwinning vir die reg tot grondbesit in Suid-Afrika. Die sukses is te danke aan goeie samewerking tussen AfriForum, die WCPA en die omliggende gemeenskap. 5. AfriForum Jeug-oorwinnings AfriForum Jeug het in minder as vyf jaar gegroei van ’n klein organisasie wat uit een komitee bestaan het tot die vinnigste groeiende jeugbeweging in Suid-Afrika. Dié organisasie het reeds takke by al die groot universiteite in SuidAfrika. Hoewel verskeie groot suksesse op kampusse regoor die land behaal is, kan AfriForum Jeug se deelname aan die studenteraadsverkiesing by die Universiteit van Pretoria in besonder uitgelig word. In 2011 het AfriForum Jeug vir die eerste keer deelgeneem en die verkiesing naelskraap gewen, met die ANC-geaffilieerde SASCO in die tweede plek.Verlede jaar het AfriForum die verkiesing met 2 925 stemme gewen, teenoor SASCO se 1 497 in die tweede plek. Lees meer oor AfriForum Jeug op bladsy 44. • Ernst Roets is adjunk uitvoerende hoof van AfriForum. S
Solidariteit Finansiële Dienste Korttermynlenings
Moenie dat SKULD jou STEM stil maak nie! Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste ’n kundige adviesdiens in samewerking met Spectrifin om jou met korttermynlenings en selfs skuldkonsolidering te help. Laat ons jou vandag help om jou skuldlas te verlig sodat jy die toekoms luidkeels tegemoet kan gaan! • • • •
Tot 36 maande terugbetalingstermyn. Voorlopige goedkeuring binne 24 uur. Mededingende rentekoerse. Konsolidasies.
aksent media • 082 445 4513
• Skakel 0800 734 346 of stuur e-pos na sales@spectrifin.co.za of besoek die webtuiste www.spectrifin.co.za
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Spectrifin is ’n gemagtigde kredietverskaffer NCRCP-nommer: 132
inbeweging
AfriForum hou plaaslike regerings op hul tone
Burgemeesters is uit hul poste verwyder, onbevoegde senior bestuurders wat hulle aan bedrog skuldig maak, is vasgevat en druk is geplaas op statutêre liggame om korrupsie te beveg. Dít is maar enkele van die talle welslae wat AfriForum se afdeling vir plaaslike regeringsake in 2012 behaal het, skryf Pieter Rautenbach. AfriForum lê korrupsieklag teen munisipale bestuurder van Cederberg-munisipaliteit Die Cederberg AfriForum-tak het ’n klag van korrupsie en bedrog teen Ian Kennedy, die munisipale bestuurder op Cederberg, by die Valke gelê. Kennedy het die diens van die munisipaliteit van Oudtshoorn en Stellenbosch verlaat nadat daar onder meer kriminele sake teen hom aanhangig gemaak is. AfriForum red Dealesville van waterdroogte Die gemeenskap van Dealesville in die Vrystaat het ernstige watervoorsieningsprobleme ondervind omdat die munisipaliteit versuim het om ’n waterpomp in stand te hou. Die Dealesville AfriForum-tak het ’n waterpomp gekoop en geïnstalleer, en die dorp se waterprobleme is sedertdien iets van die verlede. Nadat die AfriForum-tak met die munisipale bestuurder vergader het oor die gebrekkige dienslewering, het hy ingestem om die AfriForum-tak vir die aankoop van die pomp te vergoed.
Foto: iStockphoto.com
Senior amptenaar in Potgietersrus uit pos ontslaan oor bedrog, wanbesteding Die stadsraad van die Mogalakwenamunisipaliteit in Potgietersrus het ’n senior amptenaar in sy pos behou ondanks die feit dat hy skuldig bevind is aan 26 aanklagte wat met bedrog en wanbesteding verband hou. AfriForum het ingetree en die Hooggeregshof genader vir die hersiening en tersydestelling van hierdie besluit. Die munisipaliteit het AfriForum daarna meegedeel dat hy nie die aansoek sal teenstaan nie en het die amptenaar uit sy pos ontslaan.
42
AfriForum sit ondersoek teen omstrede Oudtshoorn-burgemeester voort Die voorsitter van die Oudtshoorn AfriForumtak het inligting wat dié Karoodorp se burgemeester, Gordon April, by die misbruik van munisipale toerusting en die wanbestuur van personeel en fondse betrek, aan die polisie oorhandig. Die saak is na die direkteur van openbare vervolging verwys om te besluit of die burgemeester vervolg moet word, maar die staat het besluit om hom nie te vervolg nie. AfriForum het egter die saak aan sy regspan 06/2012 • www.solidariteit.co.za
AfriForum veg nie net vir gemeenskappe se veiligheid nie, maar verseker dat plaaslike regerings en amptenare op hul tone gehou word en die dienste lewer wat van hulle verwag word.
oorhandig en ná volgehoue druk is die saak uiteindelik in Oktober in die hof aangehoor. AfriForum bring aanstellingsknoeiery aan die lig; beste kandidaat in Vredendal aangestel AfriForum se Vredendal-tak in die Wes-Kaap het beswaar gemaak teen die aanstelling van die direkteur van finansies by die Matzikamamunisipaliteit. Dié direkteur was na bewering slegs die vierde beste kandidaat uit vyf aansoekers. AfriForum het vertroulik verneem dat
die aanstelling in opdrag van die ANC-koukus gedoen is en het inligting ontvang dat die direkteur vanaf die Jeffreysbaai-munisipaliteit herontplooi is nadat verskeie klagtes dáár oor hom gelê is. Dié inligting en ander onreëlmatighede rondom die aanstelling is in ’n brief aan die LUR van plaaslike regering gestuur. Die aanstelling is kort daarna ter syde gestel en die beste kandidaat is aangestel. • Pieter Rautenbach is AfriForum se hoof van plaaslike regeringsake. S
Solidariteit Finansiële Dienste Regshulpversekering
Kry die KRAG van die WET aan jou kant!
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste regshulpversekering in samewerking met Legal X om jou te help om die krag van die wet aan jou kant te kry. Kry vandag nog ’n prokureur in jou diens teen slegs R77 per maand.* • • • •
Telefoniese regshulp – 24 uur per dag. Regsverteenwoordiging ter waarde van R40 000 per jaar. Onbeperkte toegang tot regsdokumentasie. Afslagtariewe op eiendomsoordragte.
aksent media • 082 445 4513
• Skakel 0861 765 734 of besoek www.legalx.co.za
* Bepalings en voorwaardes geld
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05 Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
Legal X is ’n gemagtigde verskaffer van finansiële dienste FSP-nommer: 5277
inbeweging
Só veg AfriForum Jeug vir jonges se regte
“O
Deur Esmarie Prinsloo
m selfstandigheid onder jongmense te bevorder en die werklikhede in SuidAfrika te beïnvloed deur veldtogte aan te pak en aktief vir jongmense se burgerregte standpunt in te neem.” Dít is die missie van AfriForum Jeug, die jeugbeweging wat tans die vinnigste groei in Suid-Afrika toon. Dié jeugorganisasie het in minder as vyf jaar gegroei van ’n klein organisasie wat uit een komitee bestaan het, tot ’n jeugbeweging wat takke en sterk verteenwoordigers op al die groot universiteitskampusse het. AfriForum se jeugdiges kon in 2012 met die volgende groot suksesse spog: UFS-101 AfriForum Jeug Kovsies het ’n petisie met 550 handtekeninge oorhandig aan die rektor van die Universiteit van die Vrystaat, prof. Jonathan Jansen, uit protes teen ’n verpligte eerstejaarsmodule wat by dié universiteit ingestel is. Die module raak onder meer kwessies met betrekking tot die politiek, geskiedenis en geloofsoortuigings aan. Onderwerpe soos die betwyfeling van Goddelike ingryping by die Slag van Bloedrivier, die gelykstelling van Bloedrivier aan Sharpeville, die skuld wat die Afrikaner vir sy verlede moet dra, die prioritisering van regstellende aksie bo meriete en die debat oor die bestaan van God het die meeste reaksie ontlok. Koshuistradisies by die UP AfriForum Jeug het vanjaar ’n aanlynpetisie geloods vir die beskerming van die “Koshuis van die Jaar”-titel by die Universiteit van Pretoria
44
06/2012 • www.solidariteit.co.za
(UP) asook vir die beskerming en uitbou van gesonde koshuistradisies. Die petisieveldtog het gevolg op ’n besluit deur TuksRes om die “Koshuis van die Jaar”-titel, wat as puntestelsel dien vir koshuise wat aan verskeie kultuuraktiwiteite by die UP deelneem, af te skaf. Volgens AfriForum Jeug het die verwydering van die “Koshuis van die Jaar”-titel rampspoedige gevolge vir koshuistradisies. “Indien die kompetisie-element weggeneem word, sal die kwaliteit en kwantiteit van deelname aan kultuuraktiwiteite sterk afneem,” sê Barend Taute, voorsitter van AfriForum Jeug Tukkies. Ronald Lamola AfriForum Jeug het ’n klag van intimidasie en aanstigting tot geweld teen die waarnemende president van die ANC Jeugliga (ANCYL), Ronald Lamola, by die Brooklyn-polisiekantoor in Pretoria gelê nadat hy boere gedreig het dat hulle gewelddadige grondbesetting in die gesig sal staar tensy hulle met grondhervormingsplanne saamwerk. Charl Oberholzer, die nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, sê die ANCYL verdien nie ’n plek in Suid-Afrika as die organisasie sulke uitlatings wil maak nie. Oberholzer is van mening dat dit nie alleen krimineel nie, maar ook immoreel en rassisties is. Toelatingsvereistes vir veeartsenykundestudies Studente van die Universiteit van Pretoria het hulle, saam met AfriForum Jeug-lede en -organiseerders, swart geverf en voor die departement van hoër onderwys betoog om protes aan te teken teen die rasseteikens wat dié departement
vir die UP se fakulteit veeartsenykunde stel. AfriForum Jeug verteenwoordig sowat 30 voornemende studente wat gesamentlik 190 onderskeidings in matriek behaal het, maar deur die UP se fakulteit veeartsenykunde weggewys is weens “swak akademiese prestasie”. AfriForum Jeug meen dat studente die reg het om die loopbaan van hul keuse te volg, en die doel van dié aksie is om hierdie reg op te eis. Dienste-seta AfriForum Jeug het regstappe gedoen teen die Dienste-seta (Sector Education and Training Authorities), aangesien dié Seta sedert Maart vanjaar sloer om sertifikate aan sowat 150 raadop studente uit te reik. Dié studente, wat hulle suksesvol in skaars rigtings gekwalifiseer het, wag al vir langer as twee jaar vir hulle sertifikate en talle kan nie sonder ’n sertifikaat vir werk aansoek doen nie. Volgens AfriForum Jeug ontneem die Seta deur sy optrede dié studente van ’n inkomste. AfriForum Jeug meen dat daar ernstige administratiewe wanbestuur by die Seta is en betwyfel die bevoegdheid van administratiewe beamptes by dié instelling. AfriForum Jeug sal aanstaande jaar vier groot nasionale aksies voortsit. Dit is om jongmense van regstellende aksie vry te stel, om Afrikaans en moedertaalonderrig te beskerm en bevorder, om politieke inmenging in onderwys te verhinder asook om jongmense met vaardighede en kennis toe te rus. En dié wenspan sal voortbou op vanjaar se sukses en daarna bly streef om jongmense die vryheid te gee om suksesvol te wees in ons pragtige land. S
A
friForum het ’n nuwe kommunikasieplatform genaamd Afrikwensie bekendgestel, waardeur die organisasie in klank met lede en die publiek kan kommunikeer. “AfriForum kommunikeer nog altyd baie suksesvol in die media, maar Afrikwensie stel ons nou ook in staat om direk met die publiek te praat,” sê Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum. Afrikwensie is nie ’n radiostasie nie, maar ’n platform op AfriForum se webblad, www.afriforum.co.za, waar daar daagliks nuwe onderhoude van tussen 5 en 10 minute lank uitgesaai word. “Afrikwensie se wenresep is dat kort, kragtige, interessante en informatiewe insetsels aan die publiek gebied word. “Die idee is om mense vinnig in te lig oor aktuele sake asook oor aangeleenthede in die AfriForum-kraal, sonder om hulle tyd te mors,” sê Esmarie Prinsloo (foto), AfriForum se hoof van
mediaskakeling en ook hoofanker en koördineerder van Afrikwensie. Die insetsels op Afrikwensie wissel van nuusonderhoude tot ligte, mensgerigte stories. Die gewildste insetsel onder luisteraars is egter die harde nuus, soos die onderhoud met die vrou van een van die beweerde boeremaglede, kort ná al 20 beweerde boeremaglede aan hoogverraad skuldig bevind is, oor hoe sy staande bly. Ligte insetsels soos wat van die oulike karakter Moemin geword het, lok ook besoeke na Afrikwensie. Die Joernalis van die Week-insetsel, wat elke Vrydag om 12:00 uitgesaai word, is baie gewild en is ’n inisiatief om die joernaliste wat die nuus vir ons in koerante, op radio en op televisie bring, beter te leer ken. • Kom kuier by www.afriforum.co.za/afrikwensie om na vinnige, vars klanksnitte te luister. Ouer insetsels bly ook beskikbaar en kan ná uitsending enige tyd weer geluister word. S
inbeweging
AfriForum kommunikeer nou ook in klank
inbeweging
Helping Hand’s Schoolbag Project kicks off
E
By Lindie Strydom
very child deserves the opportunity to dream and every child – rich or poor – deserves an equal start on her first day of school. Solidarity Helping Hand’s Schoolbag Project puts a bag filled with all the necessary stationery in a grade one learner’s hand and adds hope and possibilities to her heart. On the face of it, this seems to be a one-dimensional project where crayons, pencils, scissors and erasers are given to grade one pupils, but it involves much more than a backpack containing stationery for school. It is proof of our faith in children’s potential and of our love, care and involvement when they face the new challenge of the ‘big school’.
Two of the largest factors determining the success of a child’s schooling are the degree in which she is prepared for her first school day and whether or not she has the basic school stationery. Childrens’ readiness for school is addressed by our Lunchbox Project and the need for school gear by our Schoolbag Project. To date, Helping Hand, with the help of so many wonderful collaborators, has already distributed about 12 500 bags to needy grade ones and we will do so again in January 2013! This time we aim to send 5 000 grade ones to school with a big smile on their faces.What’s more, this time we will include a special surprise from our friends at the Bible Society. Join us in making an everlasting investment
this Christmas and give children’s dreams for the future a substantial boost by donating a schoolbag worth R200: • Text ‘tassie’ to 34388 (an SMS costs R2) and we will contact you to hear how much you want to donate. • Make a contribution in our bank account: • Solidarity Helping Hand Fund • FNB Centurion – branch code: 250655 • Account number: 62331445503 • Reference: tassie • Visit www.helpinghandfund.co.za for more information. Helping Hand’s Schoolbag Project: the gift that lasts the whole year... and perhaps even much longer! S
Roeping, beroep en beroepsleiding onder die loep geneem
Foto: iStockphoto.com
Deur Karin Venter
46
Wat is die verband tussen roeping, beroep en beroepsleiding? Solidariteit Helpende Hand het op 20 September die eerste roepingsgesprek aangebied vir onderwysers, tuisskoolouers, opvoedkundige sielkundiges en ander belangstellendes. Te midde van soveel uitdagings wat ons skoolgaande jeug konfronteer wanneer hulle toekomsbesluite en beroepskeuses moet maak, kan ons as volwassenes nie bekostig om negatief oor hul toekoms te praat nie. Die doel van die roepingsgesprek was om te fokus op die belangrikheid van beroepsvoorligting, roeping en die toekomsverwagtings van die jeug en hoe ons as ouers, onderwysers 06/2012 • www.solidariteit.co.za
en rolmodelle die jeug positief kan beïnvloed. Tydens die geleentheid is Helpende Hand se splinternuwe Loopbaangids bekend gestel, asook die beroepsleidingsdiens se webwerf, www.loopbaan.co.za. Verskeie sprekers het hul kundigheid oor die onderwerp van roeping gedeel, waaronder dr. Wikus Buys, wat oor gelowige beroepskeuses gepraat het. Hy het ook gewys hoe ons as Christene die toekoms moet benader. Flip Buys, uitvoerende hoof van die Solidariteit Beweging, het verder uitgebrei oor roeping in die werkplek en hoe jongmense ’n sukses van hul loopbaan kan maak. Hy het ook die
belangrikheid van karakter en lewenslange leer uitgelig. Die hoofspreker was dr. Kobus Neethling, bekende kreatiwiteitskenner en kundige op die gebied van breinprofiele. Hy het volwassenes uitgedaag om opnuut hul kreatiwiteit te ontdek en die kinders waarmee hulle in aanraking kom, positief te inspireer. “Roeping is wanneer die Here aan jou bekend maak wat hy as jou lewenstaak op aarde en uiteindelik ook in die Hemel sien,” verduidelik dr. Wikus Buys, direkteur van navorsing by Aros. Ons moet dus nie net vir kinders vra “wat gaan jy word” nie, ons moet verder gaan en vra “wie wil jy wees?” – ook in Christus. S
O
Deur dr. Danie Brink
ns nader weer een van die belangrikste datums op die Christelike kalender – Kersfees. Dit is ’n tyd wanneer dit bykans onmoontlik is vir ’n Christen om nié aan geskenke te dink nie, juis omdat die grootste geskenk van alle tye op Kersdag aan gelowiges gegee is. Dit is ’n geskenk wat, anders as in ander groot wêreldgelowe, ontvang en aanvaar mag word sonder enige teenprestasie deur die ontvanger – dus ’n onvoorwaardelike geskenk. Dit druis soms so in teen ons natuurlike aard om nie eers ’n teenprestasie te lewer voordat iets ontvang kan word nie. Moes ek nie eers in 2012 baie hard gewerk het voordat ek aan die einde van die jaar vir ’n prestasiebonus of bevordering in aanmerking kon kom nie? Moes ek nie eers ’n baie gedissiplineerde dieet gevolg het voordat die badkamerskaal vir my goeie nuus
gehad het nie? Moes ek nie eers ’n hele paar gholflesse en ure op die oefenbof spandeer het voordat ek ’n telling van minder as 100 op my telkaart kon skryf nie? Dit is mos hoe dinge in die fisieke wêreld werk – presteer eers en ontvang daarna ’n beloning vir daardie prestasie. Maar gelukkig werk dit nie so by God nie en maak Hy deur Jesus se kruisdood en opstanding ’n onvoorwaardelike plan met ons sonde. In hierdie seisoen van onvoorwaardelike geskenke is dit maklik om deur Helpende Hand ’n geskenk aan behoeftige kinders te gee. Ons gaan op die eerste dag van die 2013-skooljaar skooltassies uitdeel aan meer as 5 000 Graad 1leerders. Nie net gaan hierdie geskenk wat hulle sonder teenprestasie ontvang ’n simbool van Jesus se onvoorwaardelike liefde wees nie, maar elke skooltassie en die inhoud daarvan sal die kinders in staat stel om ’n skoolloopbaan op
gelyke voet met alle ander kinders te begin. Verder maak die beursafdeling ook gereed om aan studente hul 2013-beurse toe te ken – ’n geskenk wat hulle die vermoë sal gee om ’n skaars vaardigheid te bekom, ’n werk te kry en vir hulle mense te kan voorsien. In 2012 kon ons beurse en rentevrye studielenings aan 529 studente uit die meer as 2 500 aansoeke toestaan. By Helpende Hand kan elke lid van Solidariteit deel in die onvoorwaardelike gee van ’n geskenk. Gee jou R200-donasie en skenk sodoende ’n skooltassie in Januarie 2013 aan ’n behoeftige graad 1-leerder. Voeg jou donasie aan ons beursafdeling saam met duisende ander se donasies om deel van ons 75 groot beurse te vorm en help sodoende behoeftige studente met hul tersiêre studies. • Dr. Danie Brink is uitvoerende hoof van Solidariteit Helpende Hand. S
inbeweging
Gee vanjaar geskenk wat werklik aanhou gee
inbeweging
Voedselgerigte beroep: Pad na man se hart?
D
Foto: iStockphoto.com
Deur Karin Venter
48
ie pad na ’n man se hart loop deur sy maag, lui die bekende gesegde. Maar aangesien daar min vroue is wat deesdae kan bekostig om by die huis te sit en lekker resepte te beproef, moet die res dalk ’n voedselgerigte beroep oorweeg indien hulle die kansel wil haal. “Verbruikerswetenskappe is die studie van die verbruiker. Wie is hy? Wat wil hy hê?” verduidelik Minnet Thomas, ’n dosent in die vakgroep Verbruikerswetenskappe by die Noordwes-Universiteit. As ons dus weet wie die verbruiker is, kan die winkels daarvolgens aangepas word en kan daar in die verbruikers se behoeftes voorsien word. Die verbruikerswetenskaplike is dus die middelman tussen die verbruiker en die bedryf wat sorg dat die bedryf bewus is van verbruikers se behoeftes en hoe hulle daaraan kan voldoen. Die verbruiker het drie behoeftes: Hulle moet eet, hulle moet iets aantrek, en hulle moet in iets bly. Drie van die hoofvakke van verbruikerswetenskappe is daarom voedsel, kleding en behuising. Die ander studieveld is verbruikersgedrag wat saam met die vorige drie die hoekstene van verbruikerswetenskappe vorm. In elke vakgroep is daar ’n praktiese deel ingebou. Met die agtergrond van verbruikers se behoeftes en kennis oor verbruikersgedrag, is verbruikerswetenskaplikes se werk dus om te sorg dat die verbruiker voordeel uit sy of haar koopervaring trek. Verbruikerswetenskappe is ’n driejaar-graad en kan by die NWU gekombineer word met ondernemingsbestuur of toerisme. Nagraads kan studente spesialiseer in voedsel, interieurontwerp of mode. Daar is ook talle navorsingsgeleenthede vir meesters- en doktorsgrade. Die kleinhandelbedryf is nie ’n maklike omgewing om in te werk nie, hoofsaaklik omdat winkels langer moet oopbly en dus moet die rakke vol bly. Diegene wat verantwoordelik is om die rakke met hul produkte vol te hou, is die verkoopsbestuurders en die verkoopsagente wat onder hulle werk. Daar is sekere maandelikse doelwitte van verkope wat bereik moet word. Die verkoopsbestuurders sit pakkette bymekaar vir handelaars en neem bestellings van hul produk. Bemarking speel dus
06/2012 • www.solidariteit.co.za
’n kritieke rol in die sukses van ’n spesifieke produk se verkope. Die uitdaging in die industrie is om te verseker dat die produkte op die rak vars is en betyds verwyder word voordat dit verval. Ofskoon die handelaars of winkels ook daarna kyk, gaan die klagtes direk na die maatskappye wat die spesifieke produk vervaardig en daarom is dit ook hul verantwoordelikheid om gehalte te monitor. Hoewel verkoopsbestuurders baie lang ure werk, vakansiedae ingesluit, het hulle heelwat vryheid in die dag wanneer hulle tussen winkels rondbeweeg. Om ’n verkoopsbestuurder te word, is ’n bemarkingsagtergrond nodig, maar studies in verbruikerswetenskappe kan ook voldoende wees. Hoewel verbruikerswetenskappe se vakke soms oorvleuel met dié van dieetkunde, verskil hierdie twee studierigtings en beroepe heelwat. BSc Dieetkunde is ’n vierjaar-graad waarop ’n gemeenskapsjaar volg. Die hoofvakke sluit in biochemie, chemie en voedselwetenskappe. Daar is verskeie rigtings waarin dieetkundiges vanaf hul derde jaar kan spesialiseer. Dit sluit in: • Mediese voedingsterapie – Voeding as
behandeling: Hier word gefokus op mediese toestande en mediese voedingsterapie in hospitale waar hulle saam met dokters werk om te verseker dat pasiënte die regte voeding volgens hul behoeftes kry. • Gemeenskapsvoeding – Die dieetkundiges werk veral in klinieke waar hulle aandag gee aan die voorkoming van, onder andere, diabetes en wanvoeding. • Voedseldiens – In dié area werk dieetkundiges meestal saam met ’n span in hospitale waar hulle diëte uitwerk volgens pasiënte se verskillende behoeftes. Vir diegene wat dink dieetkundiges werk net diëte vir mense uit, wag daar ’n groot verrassing, sê Lucretia Jordaan. Dit is so dat dieetkundiges vir mense ’n gesonde lewensstyl wil aanleer, maar dit behels soveel meer. Vir Lucretia, ’n vierdejaardieetkundestudent, is dit baie bevredigend om te sien as iemand herstel of verbeter na aanleiding van die raad en hulp wat sy as dieetkundige verleen het. • KarinVenter is van Solidariteit Helpende Hand se Beroepsleidingsdiens. Besoek die webtuiste www.loopbaan.co.za S
S
Deur Marita Enslin
olidariteit Helpende Hand glo dat sterk gemeenskapsnetwerke nodig is om armoede uit te roei. Die organisasie maak egter grootliks op welsynsorganisasies staat om te help met die maatskaplike kwessies wat met armoede gepaard gaan. Tydens besoeke aan welsynsorganisasies in Pretoria, soos die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF), die Christelike Maatskaplike Raad (CMR), Ondersteuningsraad en Bejaardesorg het dit duidelik geword dat die tekort aan finansiële hulpbronne ’n groot struikelblok is in die uitvoer van broodnodige take. Te min hande om die toename in aanmeldings te hanteer, dra verder by om die las op welsynsorganisasies te verswaar. Intussen veroorsaak die toename in die aantal gevalle van mishandeling, seksuele molestering, gesinsgeweld, tienerswangerskappe, gedragsprobleme by kinders, egskeidings en die tekort
aan maatskaplike werkers dat die vraag (na hulp) en die aanbod (maatskaplike werkers en finansiële hulpbronne) nie by mekaar kan uitkom nie. Die tekort aan maatskaplike werkers vergroot die krisis verder. Volgens die Instituut vir Rasseverhoudinge was daar in Maart 2012 altesame 16 740 geregistreerde maatskaplike werkers in Suid-Afrika. Hiervan staan 40% (6 655) in diens van die staat, 16% (2 634) werk by nie-regeringsorganisasies en 45% (7 451) is werksaam in privaatpraktyke of is nie-praktiserend. Volgens die diensleweringsmodel van 2005 is die voorgestelde gevallelading van ’n maatskaplike werker 60. Met die aantal geregistreerde maatskaplike werkers en die aantal sake is die ratio egter een werker vir elke 5 000 gevalle. Om al die uitdagings wat werkers tans in die beroep ervaar, aan te pak, het die National Coalition for Social Services (NACOSS) in
Augustus tydens die nasionale gesprek met die minister van maatskaplike ontwikkeling, Bathabile Dlamini, verskeie kwessies bespreek. Hierby ingesluit was die tekort aan finansiële hulpbronne vir maatskaplike dienslewering, die gebrekkige wetlike verhoudingsraamwerk waarbinne die staat en vrywillige organisasies moet werk, onrealistiese eise, die oorregulering van nieregeringsorganisasies en inkonsekwente en ondoeltreffende kommunikasie tussen die staat en die nie-regeringsorganisasies in die welsynsektor. Die implementering van die nuwe Kinderwet veroorsaak ook baie probleme. Verskillende beamptes en howe interpreteer dié wet verskillend en veroorsaak dat die wet nie eenvormig toegepas word nie. Die minister het egter nog geen terugvoer gegee nie. • Marita Enslin is ’n maatskaplike werker by Solidariteit Helpende Hand. S
inbeweging
Talle struikelblokke vir maatskaplike werkers
inbeweging
Sol-Tech-gholfdag slaan kolhou ten bate van studente Sol-Tech se jaarlikse gholfdag, wat vanjaar op 23 Oktober plaasgevind het, was weer ’n reusesukses. Bekendes soos Pieter Koen was van die 140 gaste wat die vierde jaarlikse Sol-Tech-gholfdag ’n gesellige byeenkoms gemaak het. Die dag het gesorg vir strawwe kompetisie met twee vroue wat stof in die manne se oë geskop het. Daarbenewens het die jong Johan Smith, een van die gasgholfspelers, gesorg vir ’n opwindende albatros op die tweede putjie. Pryse ter waarde van R30 000 is aan die wenners oorhandig en die opbrengs van die dag sal aangewend word vir die ontwikkeling van Sol-Tech se studente. Saam met Pieter Koen (middel), is Phillip Minnaar (links), waarnemende hoof van Sol-Tech, en Paul van Deventer, besturende direkteur van Sol-Tech (regs).
Sol-Tech: 2012 in ’n neutedop
“D
Foto’s: Cilleste van der Walt
Deur Moira-Marie Kloppers
50
aar is dinge by Sol-Tech, die tegniese opleidingskollege van die Solidariteit Beweging, wat elke jaar verander en daar is dinge wat dieselfde bly. By Sol-Tech was dit in 2012 ook die geval. Die vraag na gekwalifiseerde ambagslui in Suid-Afrika het aansienlik toegeneem en gevolglik ook die vraag na opleiding by Sol-Tech. Daar is egter dinge wat jaar ná jaar dieselfde bly: gehalte-opleiding, uitstekende lektore en uitmuntende uitslae.” Dít is hoe Paul van Deventer, besturende direkteur van SolTech, 2012 by dié kollege in ’n paar sinne opsom. Volgens Phillip Minnaar, waarnemende hoof van Sol-Tech, was 2012 beslis ’n geseënde jaar, 06/2012 • www.solidariteit.co.za
hoewel daar ook nuwe uitdagings was wat aangepak moes word. “Ons is egter in die bevoorregte posisie om ’n sterk instelling soos Solidariteit agter ons te hê. Daarbenewens stel ons uitstekende personeel en toegewyde studente ons in staat om enige uitdaging aan te pak. As daar een les is wat Sol-Tech-studente moet onthou die dag wanneer hulle by dié kollege uitstap, is dit dat kwaliteit nie onderhandelbaar is nie.Volgens Johan Pieters, ’n lektor by die meganiese afdeling van Sol-Tech, sal studente wat kwaliteit nastreef wanneer hulle die wêreld van werk aandurf, sukses behaal. “Kwaliteitstandaarde verseker dat kliënte keer op keer terugkeer om van ’n spesifieke
vakman se dienste gebruik te maak en kwaliteitstandaarde gee vir jou geloofwaardigheid as werknemer of besigheidspersoon,” sê Pieters. “Dit is hierdie standaarde wat ons vanaf dag een by die studente vestig.” Hy beklemtoon dat goeie opleiding, wat uit teoretiese kennis en praktiese ervaring moet bestaan, die grondslag vorm waarsonder geen vakman ’n bestaan kan maak nie.“Ek is trots om vir ’n organisasie te werk waar kwaliteit ononderhandelbaar is. Toe Sol-Tech ’n paar jaar gelede op die been gebring is, was dit opsigself ’n groot sukses. Die feit dat die instelling nog elke jaar die vorige jaar se prestasies en groei kon oortref, is die grootste prestasie.” S
inbeweging
Gerhardus de Wet
Gideon Roodt
JP de Beer
Studente sê waarom hul staal by Sol-Tech wys GERHARDUS DE WET
GIDEON ROODT
JP DE BEER
Waarom het jy Sol-Tech bo ander soortgelyke opleidingsinstellings gekies? Ek en my ouers het verskeie opleidingsinstellings besoek, maar Sol-Tech het dadelik ’n indruk op ons gemaak. Ek het dadelik welkom en tuis gevoel, want alles word in Afrikaans gedoen. Omdat die klasse nie te groot is nie en die lektore baie individuele aandag aan elke student gee, het ek nooit soos ’n nommer gevoel nie.
Waarom het jy Sol-Tech bo ander soortgelyke opleidingsinstellings gekies? Sol-Tech was beslis die beste ingerig. Daar was ook nie een ander instelling waar ek my opleiding in Afrikaans sou kon doen nie. Die positiewe ingesteldheid van die lektore en die studente by die opedag het ’n groot indruk op my gemaak.
Waarom het jy Sol-Tech bo ander soortgelyke opleidingsinstellings gekies? Vir my was ’n ander instelling nie eers ’n opsie nie. As jy in ’n tegniese rigting wil kwalifiseer, is Sol-Tech dié plek om dit te doen.
(derde jaar, Pas en Draai)
Wat is Sol-Tech se sleutel tot sukses? Ek dink die praktiese opleiding op moderne toerusting en die ervaring wat ’n mens by werkplekke kry, is die grootste voordeel wat Sol-Tech-studente kry. Ek is oortuig dat dít beslis vir my ’n mededingende voordeel gaan gee wanneer ek volgende jaar vir werk aansoek doen.Werkgewers is ook altyd baie positief wanneer hulle hoor jy het by Sol-Tech studeer, want hulle weet dat ’n mens dan dadelik gereed is om aan die werk te spring. Wat is die sleutel tot ’n suksesvolle loopbaan in tegniese rigtings? Harde werk. Sol-Tech staan studente deur Ajani by tot in die werkplek, maar daarna moet jy jouself bewys en die kennis wat jy het, reg toepas.
(derde jaar, Elektries)
Wat is Sol-Tech se sleutel tot sukses? Een van die groot voordele wat Sol-Tech bo ander opleidingsinstellings het, is dat hy ’n groot en geloofwaardige organisasie soos Solidariteit agter hom het. Ek was nooit gedurende my studies bekommerd dat ek eendag vir klas gaan opdaag en dan is die kollege toe nie.Van my vriende wat nié Sol-Tech gekies het nie, het sulke ervarings gehad. Nog ’n voordeel is natuurlik om die opleiding in Afrikaans te doen. Wat is die sleutel tot ’n suksesvolle loopbaan in tegniese rigtings? Werknemers hou van mense wat bereid is om meer as hul plig te doen, mense wat hard werk. Ek doen reeds privaat werk en bou so verwysings op vir volgende jaar. Niks kom vanself of verniet nie. Ek weet ek gaan suksesvol wees, want ek gaan baie hard werk.
(derde jaar, Pas en Draai)
Wat is Sol-Tech se sleutel tot sukses? Beslis die kundige lektore. Hulle weet wat hulle doen. Hulle plaas druk op elke student om hard te werk, maar hulle is elke dag daar om ’n mens te ondersteun. Hulle raak nooit ongeduldig nie, maar help totdat ’n mens die fynere kunsies vervolmaak. My lektore van die afgelope drie jaar is vandag ook my mentors met wie ek lewenslank sal wil kontak behou. Wat is die sleutel tot ’n suksesvolle loopbaan in tegniese rigtings? Ek dink die sleutel tot sukses lê daarin dat jy moet besef dat dit ’n voorreg is om te studeer en dat jy erns moet maak van die geleenthede wat oor jou pad kom. Met Sol-Tech se hulp weet ek dat my drome nou binne bereik is. Ek moet net hard werk. Daar is nie kortpaaie nie. Sol-Tech het vir my die instrumente gegee wat ek kan gebruik om sukses te behaal. Nou begin die harde werk. S www.solidariteit.co.za • 06/2012
51
promosie
Annuïteite: Spaarvoertuig vir jou oudag
Foto: iStockphoto.com
Is annuïteite as spaarvoertuig vir aftrede die moeite werd? Hierdie is een van die vrae wat Solidariteit Finansiële Dienste gereeld moet antwoord. ’nVraag soos hierdie ontstaan gewoonlik uit slegte ondervindings met die produkte, en ook onkundigheid oor die werking daarvan. Die antwoord is dat dit definitief die moeite werd is. Inteendeel, dit word ’n al meer gesogte metode om vir aftrede te spaar, skryf Francois Smit, besturende direkteur van Solidariteit Finansiële Dienste.
52
Wat is ’n annuïteit? ’n Annuïteit is baie dieselfde as ’n pensioenfonds, met hoofsaaklik twee verskille: • ’n Annuïteit se belastingvoordele word verskillend bereken; en • met ’n annuïteit hoef daar nie ’n werknemerwerkgewer-verhouding te wees nie. Annuïteite is in 1960 in die lewe geroep vir mense wat nie formeel in diens van ’n werkgewer gestaan het nie, en wat vir aftrede voorsiening wou maak. ’n Boer of ’n sakeman wat sy eie onderneming bedryf, sal byvoorbeeld van ’n annuïteit gebruik maak om vir sy aftrede voorsiening te maak. Deesdae kan enige persoon ’n annuïteit uitneem. Jy kan selfs aan ’n pensioenfonds behoort en terselfdertyd ook ’n annuïteit uitneem indien jy meer wil spaar as dit waarvoor jou pensioenfonds voorsiening maak en die belastingvoordeel daarvan wil geniet. Dit blyk dat maatskappye al meer wegbeweeg van die tradisionele pensioenfonds en vir werknemers ’n totale kostepakket 06/2012 • www.solidariteit.co.za
aanbied waaruit die werknemer self moet voorsiening maak vir sy bydraes tot voordele soos aftreefondse en mediesefondsbydraes. In so ’n situasie is ’n annuïteit die ideale manier om vir aftrede te spaar: Aangesien jy nie aan ’n pensioenfonds behoort nie, word jou hele vergoeding gesien as nie-pensioendraend, en kan jy tot 15% van jou totale vergoeding as bydraes tot ’n annuïteit van jou belasbare inkomste aftrek. Daar is sekere vrystellings en aftrekkings wat in ag geneem moet word voordat die 15%aftrekking bereken kan word, maar dit gaan nie hier breedvoerig bespreek word nie. Hoe werk dit presies? Die werking daarvan kan aan die hand van die volgende eenvoudige voorbeeld verduidelik word: Gert verdien ’n totale kostepakket van R20 000 per maand. Sy werkgewer bied nie ’n pensioenfonds aan nie. Hy wil graag ’n annuïteit van R1 500 per maand uitneem om vir sy
aftrede te spaar. Die effek is dat Gert net op R18 500 belas gaan word en nie op die volle R20 000 nie. Die maksimum aftrekking gaan R3 000 wees (R20 000 x 15%). Die R1 500 per maand wat Gert bydra, val dus goed binne die toelaatbare aftrekking. Gert val in die 25%belastingkerf op sy R20 000 per maand-inkomste. Hy sou normaalweg ongeveer R3 113 per maand belasting betaal het. Met die inagneming van die bydrae tot die annuïteit verlaag Gert se belasting na ongeveer R2 738 per maand. Gert kry dus R375 meer per maand meer uit. Dit beteken eenvoudig dat die ontvanger van inkomste elke maand vir Gert met R375 van die R1 500-bydrae help. Die netto-effek is dat Gert net R1 125 van die R1 500 uit sy sak betaal. Nog ’n element van annuïteite wat in gedagte gehou moet word, is die beleggingsfondse wat binne die annuïteit vervat word. Dit is ’n onderwerp wat breedvoerig en afsonderlik bespreek kan word. Die buigsaamheid daarvan is ’n groot voordeel vir die voornemende belegger.
Solidariteit Finansiële Dienste Aftreebeplanning
Niemand kan die TOEKOMS voorspel nie, maar AFTREE is ’n gegewe!
aksent media • 082 445 4513
Daarom bied Solidariteit Finansiële Dienste ’n kundige adviesdiens in samewerking met Allan Gray om jou met jou aftreebeplanning te help. Laat ons jou vandag reeds help om jou oudag, wat dalk nog ver voel, sonder vrees en propvol visie tegemoet te gaan!
Skakel ons vandag nog by
Solidariteit Beweging
0861 10 10 05
Solidariteit Finansiële Dienste is ’n gemagtigde www.solidariteit.co.za • verskaffer 04/2012 van finansiële dienste • FSP-nommer: 15556
53
jy & die Reg
Stuur jou regsvrae na: Jy & die reg, Posbus 11760, Centurion 0046; stuur ’n e-pos na diens@solidariteit.co.za; of ’n faks na 012 664 1102.
Die reg tot vakbondlidmaatskap deur Phil Davel
I
(Deel I1)
n ’n perfekte arbeidsmark is die wisselwerking tussen die vraag na en die aanbod van arbeid 100% mededingend en is albei in ’n posisie om gelyk met mekaar mee te ding. In die vorige uitgawe is die reg op vryheid van assosiasie bespreek wat sedert 1994 grondwetlike beskerming geniet. In hierdie uitgawe bespreek ons die reg om in die werkplek aan ’n vakbond te behoort.
Foto: iStockphoto.com
Die reg van senior bestuurders om aan ’n vakbond te behoort Uit die aard van hul posisie verkry senior bestuurders normaalweg toegang tot operasionele en strategiese inligting, soos ’n werkgewer se bedingingsbenadering wat vir hom van onskatbare waarde kan wees en wat ’n werkgewer as hoogs vertroulik kan beskou. ’n Onhoudbare situasie kan ontstaan waar ’n senior bestuurder ’n vakbondlid of selfs ’n vakbondverteenwoordiger in die werkplek is. Dit is vanselfsprekend dat ’n botsing van belange kan ontstaan tussen die senior bestuurder se reg op vryheid van assosiasie en die werkgewer se reg op goeie trou en lojaliteit. Die arbeidshof het egter bevind dat niks op die reg van vryheid van assosiasie inbreuk kan maak nie, ongeag die persoon se posisie in die maatskappy. Die reg beskerm dus die werknemer ten opsigte van sy vakbondaktiwiteite, maar hy moet steeds sy toegekende verantwoordelikheid teenoor die werkgewer nakom. Dit beteken dat die werknemer steeds sy werk tot die beste van sy vermoë en in belang van die maatskappy moet verrig. Alle werknemers, senior bestuurders ingesluit, is daarop geregtig om by ’n vakbond aan te sluit en aan sy aktiwiteite deel te neem. Dié reg vrywaar senior bestuurders egter nie van hul gemeenregtelike en kontraktuele verpligtinge nie.
54
Die reg om aan meer as een vakbond te behoort Die reg op vryheid van assosiasie geniet sedert 1994 grondwetlike beskerming en elke werknemer het die fundamentele reg om by ’n vakbond aan te sluit. Daar is tans geen statutêre verbod wat ’n persoon verhoed om aan meer as een vakbond te behoort nie en dit staan ’n 06/2012 • www.solidariteit.co.za
werknemer vry om aan verskillende vakbonde te behoort. Artikel 4(1)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) bepaal dat ’n werknemer die reg het om by ’n vakbond aan te sluit, behoudens die vakbond se grondwet. Die afdwingbaarheid van ’n kontraktuele vereiste om bekend te maak dat jy aan ’n vakbond behoort ’n Werkgewer mag versoek dat ’n werknemer of werksoeker bekend maak of hy of sy aan ’n vakbond behoort of nie, maar mag nie op grond van ’n werknemer of werksoeker se vakbondlidmaatskap teen hom of haar diskrimineer nie. Dit kan egter gebeur dat werknemers of
werksoekers onwillig is om bekend te maak dat hulle aan ’n vakbond behoort uit vrees dat daar teen hulle gediskrimineer gaan word indien die werkgewer daarvan uitvind. ’n Werkgewer word ingevolge artikel 5(2)(c) van die WAV verbied om ’n werknemer of ’n werksoeker te benadeel as gevolg van vorige, huidige of selfs verwagte lidmaatskap van ’n vakbond of vir die openbaarmaking van inligting wat die werknemer wettig aan ’n ander persoon mag of moet gee. Dit sluit inligting in wat selfs aan ’n ander persoon verskaf is, byvoorbeeld dat ’n werknemer ’n lid van ’n vakbond is. • Vir meer inligting en om die volledige artikel te lees, besoek www.regsdienste.co.za. S
inbeweging
Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, oorhandig ’n tjek aan Geoffrey Bailey, wat vir sewe jaar by Atlantis Forge werksaam was.
Verligting vir voormalige Atlantis Forge-werknemers
“H
Deur Nico Strydom
ierdie geld is vir ons ’n lig in ’n donker tonnel en sal weer brood op ons tafels sit.” Dit was die reaksie van Geoffrey Bailey, wat vir sewe jaar vir Atlantis Forge gewerk het, nadat Solidariteit in September vanjaar die eerste deel van nagenoeg R10 miljoen se preferente eise aan voormalige werknemers van dié gelikwideerde maatskappy oorhandig het. Solidariteit hoop om oor die volgende paar maande nog ’n verdere 20%-dividend te kan oorhandig. Atlantis Forge, ’n maatskappy wat vragmotoronderdele vervaardig het, is in April 2009 onder voorlopige likwidasie geplaas en vroeg in Februarie 2010 finaal gelikwideer nadat die maatskappy nie meer in die destydse ekonomiese klimaat en veral weens die wêreldwye finansiële ineenstorting as ’n winsgewende maatskappy in die motorbedryf kon handel dryf nie. Volgens Nic Arnold, hoof van Solidariteit Regsdienste, bied die uitbetalings welkome verligting so kort voor Kersfees vir die 380 voormalige werknemers van die maatskappy. “Solidariteit het destyds ’n voedingskema
56
06/2012 • www.solidariteit.co.za
begin nadat die maatskappy onder likwidasie geplaas is om die nood te help verlig, en ons sit ons hulp aan die gemeenskap nou voort.” Samantha Philander, voormalige werknemer, het Arnold se stelling beaam.“Ons is baie bly dat ons nie verloor nie. Die geld kom net voor ‘Krismis’. Ons is dankbaar daar is iets vir ons.” Arnold sê die likwidateurs het verskeie pogings aangewend om met voornemende kopers te onderhandel, maar geen aanvaarbare aanbod is ooit gemaak nie.“Pogings om die maatskappy se bates aan ’n derde party te verkoop en om die aanleg operasioneel te hou, het ook misluk. Die verkoop van die roerende bates aan die Nywerheidsontwikkelingskorporasie het 21c in die rand opgelewer wat nou aan die werknemers betaal is as hul preferente deel van die eis ingevolge die Insolvensiewet.” Arnold sê die preferente eise wat aan die voormalige werknemers uitbetaal is, word ingevolge artikel 98(A) van die Insolvensiewet bereken. “Die formule is soos volg: Betaling van salarisse of lone vir ’n tydperk van hoogstens drie maande met ’n maksimum van R12 000; betaling
van verlofvoordele tot ’n maksimum van R4 000; betaling verskuldig ten opsigte van enige ander vorm van betaalde afwesigheid vir ’n tydperk van hoogstens drie maande voor die datum van sekwestrasie van die boedel tot ’n maksimum van R4 000 en betaling van ’n skeidingsloon verskuldig aan die werknemer tot ’n maksimum van R12 000.” Volgens Arnold word enige eise wat die bogenoemde berekenings oorskry, as konkurrente eise geag. Die uitbetaling van konkurrente eise kan eers geskied nadat verdere uitstaande skulde van onder meer debiteure ingevorder is. Arnold sê Solidariteit was deurgaans by die likwidasieproses betrokke. “Die vakbond het die eerste aansoek om likwidasie, wat op 18 Februarie 2009 in die Hoë Hof in Bloemfontein toegestaan is, teengestaan, aangesien Solidariteit van mening was dat die hof nie jurisdiksie oor die aansoek gehad het nie. Die aansoek is daarna by die Hooggeregshof in Kaapstad ingedien, waarna die maatskappy op 16 April 2009 weer voorlopig in likwidasie geplaas is en ’n finale likwidasiebevel later uitgereik is.” S
D
ie Kersseisoen is om die draai en die vakansie kan vir die meeste van ons nie vinnig genoeg kom nie. Wat is nou lekkerder as om dié Desembervakansie ’n bietjie lyf weg te steek en ’n lekker boek te lees? Vyf gelukkige lesers van Solidariteit Tydskrif staan die kans om ’n boek van hul keuse te wen. Die boeke wat op die spel is, is Belhar geweeg, De la Rey: ’n Stryd vir vryheid; Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding, 1899-1902 en Die verhaal van Racheltjie de Beer.
Foto: iStockphoto.com
Skryf nou in Antwoord die maklike vraag hieronder. Stuur
Húlle het DVD’s gewen
jou antwoord en kontakbesonderhede (naam, e-posadres en telefoonnommer) per e-pos aan tydskrif@solidariteit.co.za met die woord “boek” in die onderwerpveld om ’n kans te staan om te wen. Vraag Hoeveel rand se vergoeding het Solidariteit se regsafdeling die afgelope jaar namens sy lede beding? Reëls Die eerste vyf korrekte inskrywings sal wen. Pryse kan nie vir kontant geruil word nie. • Blaai na bladsy 62 vir nog Kersboekidees.
Die vyf gelukkige wenners van die War of the flea-DVD-kompetisie in uitgawe 5 van 2012 is Judith Vermeulen, Christa Botha, Julius Swanepoel, Charmaine Lowe en Lindy Parkin.
inbeweging
Wen ’n boek vir Kersfees!
inbeweging
Die waarheid agter afknouery
D
Foto: iStockphoto.com
Deur Inge Strydom
58
is alombekend dat boelies skade aan ’n kind se emosionele en geestelike (en dikwels fisieke) welstand aanrig. Onlangse navorsing toon egter dat die gevolge meer omvangryk is as wat ons besef. In ’n onlangse navorsingstuk getiteld Ma’s se persepsie van hoe afknouery gesinne beïnvloed skryf Awie Greef en Estelle Roodt dat kinders wat geboelie word, op verskeie maniere daardeur geraak word. In die artikel skryf Greef en Roodt oor ’n onlangse ondersoek wat hulle gedoen het. Ongeveer 48 gesinne, waarvan die kinders almal geboelie is of word, het aan die ondersoek deelgeneem. Dit blyk dat die betrokke kinders op die volgende maniere deur die afknouery beïnvloed is: • Drie (6%) van die kinders het fisieke beserings opgedoen en daarmee by die huis aangekom. • Die afknouery het in 15% van die gevalle daartoe gelei dat die kind wat geboelie is, nie wou teruggaan skool toe nie. • 27% van die kinders het negatiewe emosies begin ervaar as gevolg van die afknouery. • Die kinders wat geboelie is, het dikwels opstandig geword by hul huise (19%). • In teenstelling hiermee het ander kinders wat geboelie is, hulle weer begin onttrek (19%). • ’n Paar deelnemers het gemeld dat die afknouery hul kind se selfbeeld negatief beïnvloed het (13%). • Drie deelnemers (6%) het aangevoer dat hul kinders in reaksie op die afknouery snags herhaaldelik hul bed natgemaak het. • Nie net die kinders nie, maar ook die ouers is op verskeie maniere deur die afknouery geraak. Ouers het ernstige kommer oor hulle kinders ervaar (10%). Die meeste ouers is deur die afknouery beïnvloed deurdat hulle die een of ander negatiewe emosie ervaar het. Ouers het onder meer van woede (17%), ontsteltenis (4%), bejammering (8%), hartseer (4%) teleurstelling (8%) en/of ongelukkigheid (4%) gepraat. Verskeie ouers het magteloos gevoel (8%) en gesê hulle weet nie wat om aan die afknouery te doen nie. Die krisis van afknouery het ook in sommige gevalle die gesin as geheel beïnvloed en soms selfs tot konflik tussen gesinslede gelei (8%). Kyk ’n mens na die resultate van die ondersoek, is dit duidelik dat afknouery ’n wesenlike probleem met omvangryke gevolge is en dat daar iets aan
06/2012 • www.solidariteit.co.za
MY GESIN
die probleem gedoen moet word. Dit mag dalk moeilik wees om afknouery te monitor en te voorkom omdat dit in die meeste gevalle agter ouers en onderwysers se rûe gebeur. Volgens Peggy Moss, ’n Kanadese kenner en skrywer op die gebied van afknouery, moet ouers hul kinders toelaat om met hulle oor afknouery te praat. “Moenie jou kind oordeel of probeer om die
probleem op te los nie. Vra vrae soos “Hoe het dit jou laat voel?” en “Wat presies het gebeur?,” sê sy. Sy wys verder daarop dat jy jou kind die vrymoedigheid moet gee om met jou oor enigiets te kan praat. Dit is daarom belangrik om nie te oorreageer nie en om kalm te bly. Nadat jy nugter oor die situasie gedink het, kan jy besluit wat jou volgende stap moet wees. S
inbeweging
Opleiding bemagtig verteenwoordigers
V
Deur Cilleste van der Walt
akbondverteenwoordigers het die groot verantwoordelikheid om elke dag vakbondlede se regte te help beskerm. Solidariteit heg dus groot waarde aan sy verteenwoordigers wat elke dag die skakel tussen die vakbond en sy lede is. Aan die begin van die jaar het Solidariteit aangekondig dat die opleiding van verteenwoordigers vanjaar baie aandag sal geniet. Deur opleiding word die verteenwoordigers beter toegerus, sodat hulle ’n beter vlak van dienslewering aan vakbondlede kan handhaaf. Die opleiding, wat landwyd plaasvind, duur tot einde November. Gerhard Ceronie, Solidariteit se hoof van bedryfsopleiding en ontwikkeling, sê elke verteenwoordiger wil graag sy bes vir lede gee. Opleiding, sê hy, is van kardinale belang indien die verteenwoordigers die beste diens wil lewer.
Wat is ’n verteenwoordiger? Die vakbondverteenwoordiger in ’n werkplek is ’n Solidariteit-lid wat deur ander lede van dié vakbond tot verteenwoordiger verkies word vanweë sy of haar leierseienskappe en die vertroue wat die lede in hom of haar het om na hul belange om te sien. Waarom is opleiding nodig? Volgens Ceronie is opleiding die sleutel tot uitstekende diens. “Die opleiding wat ons gee, is bloot om hulle met die kennis en vaardighede toe te rus wat hulle nodig het om ’n sukses te maak van dit wat hulle aanpak.” Waarmee kan ’n verteenwoordiger jou help? Ondersteuning: ’n Mens dink gewoonlik eerste aan probleme in die werkplek, maar ’n
Promosieartikel
Foto: Verskaf
Dié waaier bied oplossing vir verkoeling en ventilasie
60
Met die grootste uitsuigwaaier van sy soort in SuiderAfrika, bied Ventura Cooling & Ventilation se Venturatecwaaier dié oplossing vir die verkoeling en ventilasie van kweekhuise, hoenderhuise, fabrieke, werkwinkels en pakhuise. Duisende van dié waaiers is al in Suid-Afrika verkoop en tevrede kliënte kan nie uitgepraat raak oor die mededingende pryse, waarde vir geld, lae instandhoudingskoste en beskikbaarheid van onderdele wat Venturatec-waaiers betref nie. Ventura Cooling & Ventilation bied boonop aan om enige geskrewe kwotasie vir ’n soortgelyke produk te klop. Fritz Eksteen, die stigter van Ventura Engineering Equipment en verskeie filiale van dié maatskappy, het nog altyd ’n voorliefde vir masjinerie gehad en het sewe jaar gelede ’n gaping in die mark gesien vir toetrede tot die waaierbedryf. Vandag is hy baie bly hulle het dié gaping gevul. Vra ’n mens vir Eksteen wat Ventura uniek maak, antwoord hy sonder om te aarsel: “Die rede vir ons welslae is eenvoudig: Ons bied waarde vir geld en uitstekende diens.” 06/2012 • www.solidariteit.co.za
verteenwoordiger help soms met baie meer. Lede word selfs in persoonlike situasies ondersteun. Griewe: As jy voel jou werkgewer het onbillik opgetree of dat jou werkomstandighede swak is, is jou vakbondverteenwoordiger die persoon wat jou kan bystaan. Dissiplinêre sake: Of die saak groot of klein is – die verteenwoordiger sal die nodige ondersteuning en bystand bied. Opleiding: Verteenwoordigers kan genader word om uit te vind hoe jy verder kan studeer of opleiding ontvang. Advies: ’n Verteenwoordiger kan help met die nodige inligting. Kanaliseer: As daar iets is waarmee ’n verteenwoordiger nie kan help nie, sal hy of sy jou na die regte persoon kan verwys. S
A
Photograph: iStockphoto.com
By Inge Strydom
s a working mom you probably often feel overwhelmed by all your responsibilities and tasks. When you forget to do something important, like fetching the kids from the school or buying the stuff your son needs for his science project, you feel like a failure. You start to wonder how other women manage to have a fulltime job, raise children and still have enough energy to be a loving wife.When your children are disobedient, you start to question your parenting skills. Through it all, you never get the chance to relax and do something for yourself. In the book Working Mom Survival Guide: How to Run Around Less & Enjoy Life More, Suzanne Riss & Teresa Palagano write that there are no one correct way to raise your children. They also list a few practical tips that can help mothers to
better take control of their own and their children’s lives. To be a happy mother, they advise mothers not to compare themselves with other mothers, to accept their shortcomings, to focus their attention on one thing at a time and to take care of their general health. It is also important, they say, that mothers keep their perspective and not think that each stumbling block is the end of the world.They advise moms to speak to their husbands, friends and family for moral support when things get a bit tough. According to Jahni Cowley (29), a fulltime employee of Solidarity and a single mother of two, it is very important that working moms make use of their support systems.“Ask your friends and family to help you when you feel as though you can’t cope with the pressure.” She
also advises mothers to make use of the valuable and practical parenting tips that are available on the internet and social networks. According to her, no mother should feel guilty about raising children whilst having a full time career. “I think it is important for you to allow yourself to still be your own person and to follow your dreams,” she says. S
inbeweging
Help! I’m a working mom!
MY WORK
inbeweging
Boeke vir Kersfees so in jou Kraal Dit is weer tyd vir Kersinkopies en mense skarrel reeds oral rond om die perfekte Kersgeskenk vir hul geliefdes te kry. Kraal Uitgewers maak dit vanjaar vir jou soveel makliker met sy reeks topverkoperboeke wat jy sommer in ’n japtrap in die gemak van jou huis kan bestel deur die boek se kodewoord te SMS. (’n SMS kos R2.) Besoek www.kraaluitgewers.co.za of skakel Kraal by 012 644 4329. Ilze Nieuwoudt het ’n paar Kraal-gunstelinge gaan uitsnuffel. Belhar geweeg
Prys: R150, R20-posgeld uitgesluit SMS:“Belhar” na 34388 In Belhar geweeg (redakteur: Piet Theron) ondersoek 18 skrywers – onder wie prominente kerklui soos prof. Piet Strauss, die voormalige moderator van die Nederduitse Gereformeerde Kerk, en bekendes soos die voormalige polisiehoof, genl. Johan van der Merwe, die waardigheid van Belhar as belydenisskrif. Belhar geweeg praat oor die Belhar waarvan daar nie in die media en populêre gesprekke gehoor word nie. Is Belhar die enigste weg tot ’n verenigde kerk, of staan dit juis in die pad van nouer bande tussen kerke? Is Belhar nie dalk net ’n tydgebonde protesskrif wat in die hedendaagse bestel uitgedien en oorbodig geraak het nie? Belhar geweeg poog om antwoorde op hierdie en ander vrae te gee.
Foto: iStockphoto.com
De la Rey: ’n Stryd vir vryheid
62
Prys: R300, R50-posgeld uitgesluit SMS:“Stryd” na 34388 Genl. J.H. de la Rey se gedenkskrifte oor die Anglo-Boereoorlog was nie net kripties nie – 06/2012 • www.solidariteit.co.za
hy het dit ook nooit voltooi nie! De la Rey was ’n man van min woorde, en annotasie is dus noodsaaklik wanneer ’n boek oor sy herinneringe geskryf word. Maar selfs met annotasies kan die optrede van die generaal en die verloop van die oorlog nie altyd in die regte verhouding tot mekaar geplaas word nie, en daarom het die outeur in dié boek gebruik gemaak van ’n tegniek wat as fokusinsetsels beskryf kan word. Dié boek deur A.W.G. Raath betree ’n nuwe genre in die geskiedskrywing, naamlik foto-annotasie. Hierdie gedenkboek oortref sy voorgangers in alle opsigte en meer as 500 foto’s word in die boek gebruik.
Onthou! Kronieke van vroue- en kinderlyding (1899–1902) Prys: R520, R50-posgeld uitgesluit SMS:“Onthou” na 34388
Onthou! deur A.W.G. Raath en Elria Wessels bied die leser ’n intense blik op die smartryke lyding van vroue en kinders in die Britse konsentrasiekampe gedurende die Anglo-Boereoorlog. Met meer as 200 foto’s, waarvan nagenoeg 80% nog nooit voorheen gepubliseer is nie, is Onthou! ’n uitsonderlike versamelstuk. Dit ondersoek die ontstaan van die Britte se
verskroeideaardebeleid, vertel die persoonlike verhale van meer as 30 vroue wat self in die kampe geleef het en bied ’n insiggewende geskiedenis oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein.
We were there – winning the war for Southern Africa Price: R300, R50 postage excluded SMS:“Border” to 34388
We were there – winning the war for Southern Africa by General Jannie Geldenhuys is a collection of heroes’ stories, fighters’ narratives and first-hand accounts of the actual course of events during the Border War. Besides being the most comprehensive book ever published about the Border War, it also finally breaks the silence about the history of this controversial war. By recounting the stories of 62 Border War soldiers, We were there sets the record regarding the war straight for the first time. We were there was compiled by Gen. Jannie Geldenhuys, former head of the South African Army (1985–1990), and published by Kraal Uitgewers. The Afrikaans version of the book, Ons was daar – wenners van die oorlog om SuiderAfrika, has already been sold out. S
inbeweging
FAK Sangbundel Volume II is fantasties!
M
Deur Ilze Nieuwoudt
et alles van “Agter elke man” en “Bitterbessie dagbreek” tot “Byeboerwa” en nog baie meer, is daar net een woord om die nuwe FAK Sangbundel te beskryf – fantasties! Die nuwe FAK Sangbundel Volume II, wat in Oktober by die Clover Aardklop Nasionale Kunstefees bekendgestel is, bevat Afrikaanse musiek van die afgelope sowat 30 jaar wat musiekliefhebbers weer aan die wonder van Afrikaanse musiek sal herinner. Dié bundel, met sy nagenoeg 400 liedjies, is bekendgestel tydens ’n boekgesprek met Andries Bezuidenhout, bekende sosioloog, liedjieskrywer en digter. Dr. Danie Langner, uitvoerende hoof van die FAK, en Jannie du Toit, bekende liedjieskrywer en mederubriekleier vir die FAK Sangbundel, is tydens dié gesprek op ’n ligte noot met vrae oor die bundel gepeper. Almal wou weet watter liedjies die spreekwoordelike paal gehaal het en die eer het om in dié gesogte bundel opgeneem te word. Hoewel daar duisende liedjies vir die bundel geïdentifiseer is, was daar slegs spasie vir sowat 400 liedjies. Bekende ouer werke van legendes soos Koos du Plessis en Laurika Rauch is ingesluit, maar daar is nou ook plek gemaak vir die musiek van meer moderne sangers en groepe soos Die Heuwels Fantasties (met hul liedjie “Tambotieboom”) en Karen Zoid (met haar liedjie “Engel”). Die bekendstelling is afgesluit met Jannie du Toit se sielvolle vertolking van sy trefferliedjie “Liedjie vir jou”, wat ook in die bundel ingesluit is, en dit het onomwonde bevestig dat die nuwe FAK Sangbundel vir seker fantasties is.
FAK Sangbundel in ’n neutedop • Die eerste FAK Sangbundel het in 1937 met 314 liedjies verskyn. • ’n Hersiene uitgawe het in 1961 verskyn en het hierdie keer 400 liedjies bevat. Slegs sowat 160 liedjies van die oorspronklike bundel is weer in die hersiene uitgawe ingesluit. • Die derde uitgawe is in 1979 tydens die FAK se 25ste bestaansvieringe uitgereik. Die liedjies in dié uitgawe is aangepas om makliker speel- en singbaar te wees. Waar is die bundel beskikbaar? Die FAK Sangbundel Volume II is beskikbaar by Kraal Uitgewers teen R450 (R50-posgeld uitgesluit). Bestel die bundel só: • SMS die woord “FAK” na 34388 en ’n Kraal-verteenwoordiger sal jou skakel. (’n SMS kos R2.) • Faks: 086 714 1100 • Tel: 012 644 4329 • E-pos: kraal@solidariteit.co.za S www.solidariteit.co.za • 06/2012
63
inbeweging
Gebruik jou slimfoon in Afrikaans
Met die koms van die slimfoon het selfone byna oornag verander van toestelle waarmee ’n mens net kon bel of teksboodskappe stuur, na ’n onuitputlike bron van inligting en vermaak. Voorheen moes jy maar tevrede wees met die funksies wat in jou selfoon ingebou was, maar vandag kan jy ’n klomp nuwe toertjies doen deur middel van sagteware (“apps”) wat jy self kan installeer. ABC in Afrikaans Afrikaans ABC flash cards Hierdie program deur Robert Meier ($0,99) werk soos die flitskaarte met letters van die alfabet daarop wat ons almal op laerskool leer ken het. Elke flitskaart bevat ’n letter van die alfabet, ’n woord wat met die letter begin en ’n prentjie wat die woord verteenwoordig. Die gebruiker kan ook na die uitspraak van die woord luister. Die program kan gestel word om flitskaarte in ’n ewekansige volgorde te wys, en kan ook die woord outomaties deur die foon se luidspreker speel. Dit is ’n baie eenvoudige program wat jong kinders op ’n lekker manier kan help leer. Nie alle verbruikers is gelukkig met die sagteware nie. Sommige kla oor spelfoute, en ander reken die program is nie goeie waarde vir jou geld nie. Besluit maar self!
Leer Afrikaans praat Learn Afrikaans – Talking Phrasebook
Die doel van hierdie program, ontwikkel deur Zi Chao Li, is om mense wat nie Afrikaans praat nie, byvoorbeeld toeriste uit die buiteland, te help om met Afrikaanse mense te kommunikeer. Die ontwikkelaar het Afrikaanssprekendes gebruik om ’n aantal frases op te neem, en die gebruiker kan dus presies hoor hoe om die woorde korrek uit te spreek. Gebruikers kan sommer die frase speel vir die persoon met wie hulle wil kommunikeer. ’n Voordeel van dié toestel vir reisigers in landelike gebiede is dat die sagteware al die nodige inligting op die iOS-toestel stoor, en dus nie ’n internetverbinding nodig het om te werk nie. Die program kos $2,99.
Foto: iStockphoto.com
Beeld
64
Gereelde lesers van Beeld mag hierdie gratis program deur 24.com Online Studios baie nuttig vind. Gebruikers kan die sagteware gebruik om enige tyd Beeld se aanlynkoerant te lees deur berigte uit verskillende kategorieë te 06/2012 • www.solidariteit.co.za
mar ela
24 000 media
Afrikaanse bydraes kan tans op Wikipedia aangetref word. kies. Behalwe dat gebruikers die koerant kan lees, kan hulle ook aktief tot Beeld se inhoud bydra deur nuuswenke met behulp van die program in te stuur.Terugvoer van gebruikers is oor die algemeen baie positief.
Afrikaanse ensiklopedie
Afrikaanse gebruikers wat graag artikels op Wikipedia lees, sal hierdie program deur Patrick Collison nuttig vind. Dit stel die gebruiker in staat om al die Afrikaanse bydraes op Wiki-
pedia, waarvan daar tans meer as 24 000 is, te lees. Gebruikers kan artikels maklik met behulp van ’n eenvoudige soekskerm opspoor, en kan die artikels lees selfs al is die toestel waarop dit gebruik word nie aan die internet gekoppel nie, aangesien die data plaaslik gestoor word. Alle skakels, of “hyperlinks”, in die artikels is beskikbaar, en gebruikers kan dus maklik tussen artikels blaai deur op die skakels te klik, terwyl die sagteware ’n spoor van alle geleesde artikels stoor, sodat daar vinnig weer na ’n vorige artikel teruggeblaai kan word. Prys: $5,99. S
Uitgawe6 p51-74:Layout 1
11/3/12
3:55 PM
Page 65
Maak 4 porsies.
BESTANDDELE
250 ml (1 k) room, styf geklits 250 ml (1 k) ongegeurde jogurt 2 ryp mango’s, in blokkies of skywe gesny 45 ml (3 e) sagte bruinsuiker
METODE
Foto: iStockphoto.com
Vou die room by die jogurt in. Skep die helfte van die mango’s in ’n bak of individuele glase en skep die jogurtroom bo-op. Strooi ’n lagie suiker oor en herhaal die lae. Eindig met suiker, bedek en verkoel dit vir 1 uur. Die suiker sal ’n karamelsousie vorm.
VARIASIES
Vervang die room en jogurt met 500 ml (2 k) Griekse jogurt. Strooi sjokoladesplinters of gekapte donkersjokolade, of grofgekrummelde gemmerkoekies tussen die lae.
Maroela-boekrak Deur Suné van Heerden
Die Anglo-Boereoorlog: ’n Chronologie en die kaarte Pieter Cloete Hierdie boek is nie ’n wetenskaplik-historiese ontleding nie, maar ’n chronologie: ’n poging om ’n beknopte, dag-vir-dag-, slag-vir-slag-opgawe met behulp van dagboektipe-inskrywings te bied. Waar moontlik, is direkte aanhalings uit toesprake, briewe, telegramme en dies meer gebruik om die gebeure “persoonlik” uit die oogpunte van die betrokkenes weer te gee. Die triviale brokkies vermeld ook ander gebeure wat gedurende die tydperk plaasgevind het. Die Anglo-Boereoorlog: ’n Chronologie en die kaarte word deur die skrywer self uitgegee en kan teen R450 (posgeld uitgesluit) by pgcloete@lantic.net bestel word.
Wen dié boek!
Een gelukkige wenner kan ’n eksemplaar van Die Anglo-Boereoorlog: ’n Chronologie en die kaarte wen! Stuur e-pos aan maroela@maroelamedia.co.za en vertel ons uit hoeveel bladsye dié boek bestaan. Die antwoord is op www.maroelamedia.co.za beskikbaar. S www.solidariteit.co.za • 06/2012
65
inbeweging
Maklike mango-nagereg
inbeweging
Jou kind op die internet: Kinderspeletjies!
Tegnologie, die internet en nuwerwetse sosiale netwerke is ongetwyfel deel van jou kind se toekoms. Jy kan wel bepaal of jy hulle daarvan gaan weerhou, en of jy hulle op ’n gereguleerde wyse aan die positiewe aspekte daarvan gaan blootstel, skryf Daleen Gouws.
Foto: iStockphoto.com
S
66
ewe ouers is in ’n kort vraelys gevra hoe gereeld hul kinders op die internet is en watter webtuistes gewild is onder hul kinders. Drie ouers, wie se kinders tussen die ouderdom van drie en nege jaar oud is, se terugvoer was dat hulle nie hul kinders toelaat om die internet te gebruik nie. Die ander vier ouers se kinders het wel internettoegang en hul kinders gebruik die internet vir take en die soek van allerlei inligting. Wat opvallend was, is dat nie een van die ouers geweet het spesifiek watter webtuistes gewild is onder hul kind se ouderdomsgroep nie. Die riglyne wat jy aan ’n kind moet gee vir die gebruik van sosialemediaplatforms is dieselfde riglyne wat jy hom van kleinsaf leer om sosiaal aanvaarbaar te wees. Verduidelik dit só vir jou kind: As hy bereid is om sy sosialemediakommentaar of -opdatering op die voorblad van ’n groot koerant te plaas met sy foto langsaan, kan hy dit gerus maar plaas. Indien nie, moet hy baie mooi dink voordat hy dit plaas. Die realiteit is dat sosiale netwerke op die internet baie meer “lesers” het as gedrukte koerante. Indien jy jou kind leer om die internet slim en verantwoordelik te gebruik, kan dit vir hom of haar verskeie voordele inhou: • Jou kind kan op die internet kennis opdoen en tegnologiese vaardighede ontwikkel wat hy in die toekoms in ’n loopbaan kan gebruik. • Kinders wat skaam is en nie maklik vriende maak nie, kan op sosiale netwerke hul vriendekring uitbrei. • Kinders kan met hul rolmodelle kontak maak. Soos wat tieners in die ou dae briewe aan hul rolmodelle gepos het, kan tieners nou ook op dieselfde wyse, net baie vinniger, met rolmodelle kommunikeer. • Jou kind kan ’n oneindige hoeveelheid inligting oor enige van sy belangstellings op die internet kry. ’n Kind wat byvoorbeeld in perde en perdry belang stel, het soveel meer foto’s om na te kyk en stories om te lees as wat hy ooit in boeke sou kon kry. Wees versigtig dat jy nie weens jou eie onkunde jou kinders weerhou van ’n wêreld van kennis en tegnologiese geleenthede nie. Help hulle eerder om dit veilig te gebruik. Verbreed jou kennis sodat jy jou kind kan bemagtig. S
06/2012 • www.solidariteit.co.za
2
Hou só ’n oog oor jou kind op die web
1
3
Wees ingelig oor die tegnologie.As ouer het jy waarskynlik ’n besige lewe en gaan tegnologiese ontwikkeling soms by jou verby, maar probeer om te gaan lees oor nuwe ontwikkelings en aanlynspeelplekke waaraan jou kind blootgestel kan word. Vertel jou kind van hierdie ontwikkelings waarvan jy gelees het, en debatteer met hom of haar daaroor.
Praat openlik met jou kind oor dit wat hy op die internet doen. As jy hoor of lees van gevalle waar kinders in gevaar was as gevolg van hul interaksie met ander op die internet, of as gevolg van inligting wat op die internet beskikbaar is, bespreek dit met jou kind. Gesels met jou kind oor gevalle soos Facebook-verkragtings en ander gruwelstories van persoonlike inligting wat gesteel word. So kan jy jou kind sensitief maak vir die inligting wat hy nie op die net moet plaas nie.
Hou ’n oog oor dit wat jou kind aanlyn doen. Daar is tegnologie soos veilige weergawes van soekenjins beskikbaar, maar ’n ander manier is om vir jouself ’n profiel te skep op die webtuistes en sosiale netwerke waar jou kind baie tyd bestee. Dis die beste manier om uit te vind wat op daardie webtuistes gebeur. Aan die begin sal dit dalk vir jou tiener voel asof jy inbreuk op sy privaatheid maak, maar as jy ’n goeie verhouding met jou kind het, sal hy gou gewoond raak aan die idee.
inbeweging
Kinderheldin uit die Trek nie vergete Volgende jaar vier talle organisasies die 175ste herdenking van die Groot Trek. Ondanks groot name soos Dirkie Uys en (die moontlik fiktiewe) Racheltjie de Beer wat ná bykans twee eeue steeds in die geheue van mense behoue gebly het, is daar ander name wat byna vergete geraak het. Ilze Nieuwoudt het gaan soek na die kinderhelde van Bloukrans en het meer as net nog ’n storie raakgeloop.
Foto: iStockphoto.com
H
68
aar naam was Johanna van der Merwe en vir die meeste mense beteken dié naam vandag nie veel nie, maar as 12-jarige meisie wat die Groot Moord by Bloukrans in 1838 oorleef het, is Johanna van der Merwe en ander soos sy, helde wie se verhale onthou moet word. Die gebeure wat met en ná die moord op Piet Retief en sy makkers afgespeel het, word beskou as van die wreedste wat die Voortrekkers ooit beleef het. Nadat Retief op 6 Februarie vermoor is, het die Zulu-impies beplan om sy trekgeselskap ook aan te val. Die Trekkers was uitgespan by Bloukrans en ander plekke langs die Boesmansrivier. Hulle het blykbaar nie ’n aanval verwag nie en daarom was die trekgroepe ente uitmekaar langs die riviere versprei. Die historikus J.C.Visagie, wat voorheen aan die departement geskiedenis by die Universiteit van Stellenbosch verbonde was, skryf in ’n insiggewende artikel in die dagblad Beeld in September 2000 dat duisende Zoeloes in die vroeë oggendure van 17 Februarie 1838 “niksvermoedende gesinne aangeval en vermoor” het. Die aanval, wat vandag ook as die Groot Moord bekendstaan, was onverwags en wreed en die ware omvang daarvan het eers teen dagbreek vir die oorlewende Trekkers duidelik geword. “Die gras het aanmekaar gekoek van die bloed wat vrylik gevloei het; die waens was verpletter of verbrand; die hele omgewing was wit van die vere van beddegoed wat stukkend gesny en uitgeskud is; babas is nog in die arms van hul moeders met assegaaie deurboor sodat die lyke aanmekaar vasgesit het,” skryf Visagie. Ten spyte van die hartseer tonele wat oorlewendes begroet het, was daar egter ook mense wat die aanval wonderbaarlik oorleef het. Hoewel bronne verskil, word daar gereken dat sowat 40 Voortrekkermans, 56 vroue en 185 kinders asook meer as 200 bruin mense dié nag vermoor is. Een kind wat egter dié aanval oorleef het, was Johanna van der Merwe. Johanna is die oggend ná die Groot Moord gevind waar sy onder die lyke van ander kinders gelê het. Sy het self 24 assegaaisteke opgedoen, maar het oorleef deur die liggame
06/2012 • www.solidariteit.co.za
“Die gras het aanmekaar gekoek van die bloed wat vrylik gevloei het; die waens was verpletter of verbrand; babas is nog in die arms van hul moeders met assegaaie deurboor sodat die lyke aanmekaar vasgesit het.” van reeds vermoorde kinders oor haar te trek en daaronder te skuil! Johanna was tot en met haar dood mank as gevolg van die aanval en word uiteindelik as ’n ware heldin onthou. Een van die gedenkwaens van die 1937-trek is na haar vernoem en selfs ’n duikboot van die SuidAfrikaanse vloot het later haar naam gedra. Johanna is in Mei 1888 oorlede, ná ’n lang
en vol lewe. Daar het reeds byna 175 jaar verloop sedert dié hartseer aanval wat haar naam in die geskiedenisboeke verewig het en intussen is die duikboot, die SAS Johanna van der Merwe, herbenoem na die SAS Assegaai. Tyd en omstandighede kon dalk haar verhaal vervaag, maar die dapperheid van ’n 12-jarige dogtertjie mag nooit vergeet word nie! S
inbeweging
Buckets full of benefits for our members
This is a summary of the benefits attached to Solidarity membership.The benefits are subject to the constitution and policies of the union, as well as the rules as contained in the rule book and may be amended by the Executive Council of Solidarity without prior notice. New members who can provide proof that they belonged to another trade union in a collective company immediately prior to joining Solidarity will immediately be entitled to benefits, on the understanding that in instances where such members are, upon acceptance by Solidarity, engaged in litigation or a dispute, benefit limits may be imposed by the Executive Council at its discretion.
We are on your side, come what may Labour matters
Free legal aid with labour cases Members are advised by experts on all labour matters, e.g. disciplinary investigations, injuries on duty and labour problems. Free legal re-presentation is provided for labour matters referred to the CCMA or the Labour Court. Assistance with investigations Assistance is provided in connection with investigations by the Medical Bureau for Occupational Diseases and benefits enquiries of the Compensation Commissioner and Rand Mutual, as well as work-related disability claims. Collective bargaining Competent and experienced Solidarity staff members undertake collective bargaining to negotiate better conditions of employment and salaries for members.
Photograph: iStockphoto.com
Death benefit (Doves)*
70
Funeral benefit • A dignified funeral is provided for members who qualify and his/her spouse.This includes a coffin and the funeral services. • For cremations a coffin and the usual undertaking services are provided. • A funeral of the same standard as that of adults is provided for a member’s dependent children under the age of 21 years. The undertaking services are provided solely by Doves funeral services. • The spouse may apply to continue as a member after the death of main member. • The burden of funeral arrangements is alleviated by the fact that Solidarity and Doves will make the arrangements. 06/2012 • www.solidariteit.co.za
Additional cash disbursements • At the death of paid-up members a cash amount of R3 000 is paid to the surviving spouse or dependent children. • At the death of the spouse of a paid-up member who pays full membership an amount of R2 000 is paid to the member. • Cash payments to full members at the death of children are: * Children aged between 14 and under 21 years – R1 500 * Children younger than 14 years – R1 000 • Cash payments vary when both husband and wife are members of Solidarity. Rebate on headstones A 10% rebate on headstones has been negotiated with Doves.
Permanent medical disability*
Members with 12 months’ uninterrupted membership, who provide specialist reports and proof from their employers that they are permanently unfit for any work in the labour market, receive a once-off amount of R1 500.
Maternity benefit*
A maternity benefit of R1 250 is paid for each confinement to female members with 12 months’ uninterrupted membership of Solidarity. Applications must be submitted within 6 months after the confinement.
Solidarity Magazine
Members receive 6 copies of Solidarity Magazine per year in which topical issues from the workplace as well as the Solidarity Movement’s activities are published.
Additional services
Car and household insurance
This group scheme offers members excellent premiums at Auto & General. Phone 0860 34 62 53 for a free no-obligation quote.
Solidarity Legal Aid Package
Members and their dependants can enjoy full legal cover outside the labour context for an additional premium of only R77 per month. This package provides access to civil and criminal law advice; 24-hour legal advice over the telephone; legal representation to the value of R40 000 per year (limited to R15 000 per case); access to legal documentation; and discount on, among other things, the transfer of deeds. • Call 0861 SOL REG (0861 765 734).
Solidarity Retirement Plan
Solidarity Financial Services handle the marketing of the Solidarity Retirement Plan. This product was developed as a result of the few people that are able to retire independently. The Solidarity Retirement Plan is offered in conjunction with Allan Gray. • Call 0861 101 005.
Wills and estate administration
Every member is entitled to the free drawing up of a will.The administration of the member’s estate can also be done at a market-related fee. • Call 012 644 4300.
Don’t delay, join Solidarity today!
• Phone 0861 25 24 23; visit our website at www.solidarity.co.za; SMS the word “member” and your name to 34388; or visit one of our local offices (see page 72). Membership costs R85 per month for individual members and R83 per month for collective members.
inbeweging
This is how we create hope for our members! Solidarity Helping Hand
Solidarity Helping Hand supports needy children, pensioners and widows. Every application is considered on merit. Applications may be addressed to: Solidarity Helping Hand, PO Box 11760, Centurion, 0046. Or phone 0861 25 24 23.
Bursaries
Solidarity Helping Hand manages and administrates various bursary funds and annually spend more than R5 million to assist deserving students for whom it would otherwise not have been possible to further their education.These
Solidarity offers a home for everybody With three membership categories Solidarity offers a home for everybody!
Collective members
Collective members are employed by a company with which Solidarity has a recognition agreement, or at a workplace that is incorporated by Solidarity in the collective division. Most members belong to this category. Collective members qualify for all benefits, regardless of their age.
Individual members
Individual members of Solidarity are members who are younger then 50 years at the date of joining and who are employed at a workplace where there is no recognition agreement and that is not considered by Solidarity to be collective. An individual member who turns fifty after joining remains an individual member of Solidarity. Individual members qualify for all Solidarity benefits.
students are either members of trade union Solidarity or monthly contributors to Solidarity Helping Hand and their children. For more information, contact Melani Gerber or Dinah Theron at 012 644 4428 or send e-mail to melani@helpendehand.co.za or dinah@helpendehand.co.za.
Supporting members
This membership category was introduced in response to requests from people who support Solidarity’s vision, but who do not qualify for one of the other categories, i.e. individual members who are over the age of 50 years at the date of joining. Supporting members enjoy certain benefits, excluding benefits such as collective bargaining, permanent disability, maternity benefits and the death benefit. S
* Terms and conditions apply. Call 0861 25 24 23.
www.solidariteit.co.za • 06/2012
71
inbeweging
Solidariteit-kantore: Diens op jou voorstoep Bellville
Ettienne Pio (litigant), Raymond Holland-Chapman, Anton Gerretsen, Bennie Harmse, Jan du Plessis Administratiewe beampte: Nicole Harmse Tel: 021 946 4440/4418 Faks: 021 949 4259 E-pos: bellville@solidariteit.co.za Straatadres: Du Toitstraat 18, Bellville
Bloemfontein Pieter Burger Administratiewe beampte: Ingrid Papenfus Tel: 051 430 6152/3 Faks: 051 430 6163 E-pos: bloemfontein@solidariteit.co.za Straatadres: Kellnerstraat 58C, Westdene, Bloemfontein
Boksburg Francois van Heerden, Zirk Gous, Hennie Vosloo, Amanda Hattingh, Fanie Vosloo, Derek Mans, Coenie Rheeder (litigant) • Administratiewe beamptes: Marlindie Booyens, Natasha van Heerden Tel: 011 913 0783/1101 • Faks: 011 913 3850 E-pos: boksburg@solidariteit.co.za Adres: Rondebultweg 232, Libradene, Boksburg
Carletonville Dana Viljoen Administratiewe beampte: Petro Watson Tel: 018 788 4861/018 786 2785 Faks: 011 788 5102/011 388 9854 E-pos: carlton@solidariteit.co.za Straatadres: Van Zyl Smitstraat 74, Oberholzer, Carletonville
Ellisras Jan Pretorius, Deon Viviers Tel: 083 651 5760 (Jan) of 078 802 0343 (Deon) Faks: 014 763 9511 E-pos: ellisras@solidariteit.co.za
Klerksdorp Manie Lourens,Willie Marais Administratiewe beampte: Nicoline Crafford Tel: 018 468 8533 Faks: 018 468 8563 E-pos: klerksdorp@solidariteit.co.za Straatadres: Buffeldoornweg 48, Eenheid 2, Buffelparksentrum, Klerksdorp
72
06/2012 • www.solidariteit.co.za
Kathu
Gert van Wyk,Adéle Liebenberg Administratiewe beampte: Jaatjé Sherman Tel: 053 723 1604 Faks: 053 723 1407 E-pos: kathu@solidariteit.co.za Straatadres: Rietbokstraat, Theque Gebou,Winkel 7, Kathu
Lydenburg Quintus Sliep Administratiewe beampte: Mariëtt Barnard Tel: 013 235 3698 / 013 235 4985 Faks: 013 235 1814 E-pos: lydenburg@solidariteit.co.za Straatadres: Versekeringsforumgebou, h.v.Viljoen- en Maasdorpstraat, Lydenburg
Newcastle Johan Botha Administratiewe beampte: Elize Bronkhorst Tel: 034 312 9711/9917 Faks: 034 312 5170 E-pos: newcastle@solidariteit.co.za Straatadres: Hardingstraat 79, Sanlampark, Blok B, Newcastle
Pietersburg Eric Schoeman Administratiewe beampte: Arlene Lourens Tel: 015 297 0287 Faks: 015 297 1589 E-pos: polokwane@solidariteit.co.za Straatadres: Biccardstraat 79 (3A), Pietersburg
Port Elizabeth Piet Veldtman,Wynand Strydom Administratiewe beampte: Yvette Stroebel Tel: 0861 25 24 23 Straatadres: Sesdelaan 52, Newton Park, Port Elizabeth
Pretoria Jack Loggenberg, Chris Roodt, Schalk de Bruin, Willie Venter, Connie Badenhorst, Johan Botha Administratiewe beamptes: Christa Louw,Anke Cloete Tel: 012 335 9051/2 • Faks: 012 335 9002 E-pos: pretoria@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Lambert Lee- & Van Rensburgstraat, Mayville
Richardsbaai
Administratiewe beampte: Chantelle vd Merwe Tel: 035 753 1935 of 035 753 1936 Faks: 035 753 1937 E-pos: richardsbaai@solidariteit.co.za Straatadres: Angler Rodstraat 12, Meerensee, Richardsbaai
Rustenburg Connie Prinsloo en Johan Nell (litigant) Administratiewe beamptes: Christelle Grobler, Charisma Breet Tel: 014 592 4336 • Faks: 014 592 4371 E-pos: rustenburg@solidariteit.co.za Straatadres: H.v. Heystek- en Thabo Mbekistraat, Heystek Ontwikkelaars, Kantoor 4,Total Garage
Secunda Mark Jacobs Administratiewe beampte: Sandra Scheepers Tel: 017 634 5296 Faks: 017 634 5297 E-pos: secunda@solidariteit.co.za Straatadres: Eerste Vloer, h.v. Joe Slovo- en Moorestraat, Uitbreiding 22, Secunda
Vaaldriehoek Jaco van den Berg,JohanVenter,Francois Calldo,Gerhard Cloete,JJ Fernandes,Lee Coetzee,Le Roy Fritz (litigant) Administratiewe beamptes: Nadia Coetzee, Rika Cronje Tel: 016 931 3160/2/4 • Faks: 016 931 3171 E-pos: vaaldriehoek@solidariteit.co.za Straatadres: Rossini-boulevard 130
Welkom Hennie Kommer Administratiewe beamptes: Sue Nel Tel: 057 352 6839 Faks: 057 357 2072 E-pos: welkom@solidariteit.co.za Straatadres: Winkel nr. 5, Eerste vloer,The Strip, Metro Village, Stateway 312,Welkom
Witbank Cornelius van Leeuwen, Jo-Anne Coetzer, Christo Hattingh Administratiewe beamptes: Irma Oberholzer, Sonja Bekker Tel: 013 656 3871 • Faks: 013 656 6846 E-pos: witbank@solidariteit.co.za Straatadres: Bureau de Paul 2B, Corridorsingel, Route N4 Business Park, Ben Fleur X11
in Retrospek
Marietha Malan is ’n onderwyser by Alma-skool, ’n skool vir gestremdes, en is ’n ma van vyf.
Oor moegheid, lewe, gereed wees Deur Marietha Malan
Illustrasie: iStockphoto.com
I
Daar is nie nog so ’n moegheid in die wêreld soos die moegheid van ’n onderwyser op die laaste dag van ’n kwartaal nie. Met die belofte van rus soos ’n heerlike, ryp vrug reg voor jou neus, voel jy doodseker dat jy skaars die drumpel van jou huis sal haal, so oorwerk is jy.
n hierdie luim strompel ek die huis binne op die laaste dag van die derde kwartaal, skakel met my laaste krag die ketel aan en besluit om met my stuitjie op die rusbank vanoggend se koerant te lees. Net toe skrou my huisbediende skril by die skuifdeur, ’n gil wat my die koerant vervaard eenkant toe laat gooi om te gaan kyk.Wat ek sien, laat elke senuwee in my liggaam op aandag spring.Want my dogter se geliefde wolhondjie wat by my kuier, lê skynbaar morsdood op die stoep! Haar kop is agteroor getrek, bekkie oop en oë grotesk oopgesper. Ek raap haar op, voel dat die hartjie darem nog klop.Voor jy kan sê “knipmes” is ek in my kar, die patetiese bondeltjie op die passasiersitplek. Benoud sny ek die hoek veearts toe, terwyl ek met die een hand die patetiese wolbondeltjie vryf en paai. Leef tog net, Lola’tjie! In die bekwame hande van die simpatieke dieredokter lyk Lola gelukkig ná ’n rukkie lewendiger, maar o genade, dit lyk asof sy verlam is. En erger: Hoogs waarskynlik, vermoed die veearts, het een van my honde haar aan die nek beetgehad. Sy het dus ’n nekbesering. Sussie en haar man daag kort daarna op. Hul sakke word deeglik geskud, en Lola word in die hospitaal opgeneem.Wonder bo wonder begin sy stadig maar seker beter word, en uiteindelik ontslaan die dierehospitaal haar in ’n hok, met vermanings dat sy baie stil in die hokkie gehou moet word, en net mag uitkom om ’n draai te loop. So vind ek myself die hele vakansie aan’t kloek om Lola, die wolhondjie. Soos ’n besorgde diere-ouma was ek haar kombersies, voer ek haar hoendervleis, bad en kam ek haar en laat haar gereeld draaitjies loop. Met die
opvolg is die veearts beïndruk met haar vordering. Dit lyk asof sy sowaar weer heeltemal gaan herstel. Honde-ouma se verligting en dankbaarheid is groot. Amper groter as honde-ma s’n. Tog, hoe vreemd is die weë van die Here nie. Gereeld en deeglik koerant lees is een van die moet-doene van my vakansie. So volg ek die storie van die klein seuntjie van ’n Mosambiekse sendeling-egpaar wat van ’n bakkie afgeval het. Ek lees hoe die ouers angstig met hom hospitaal toe jaag terwyl hulle sing en bid. Hoe hy met ’n noodvlug Suid-Afrika toe gevlieg word. Hoe die boeties prentjies teken van kleinboet wat saam met hulle uit die hospitaal stap. Die ouers bly moedig en sterk, glo onwrikbaar dat hy kan herstel, al begin die dokters sê dat daar byna geen breinfunksie is nie, en dat hulle moet dink daaraan om maar die masjiene te laat afskakel. En dan, een nag, word hulle uitgeroep hospitaal toe. Sy hartjie het
gaan staan. Dis verby. Die blondekoppie sal nie weer rondhardloop nie. Hoe dan nou? Hoekom lewe Lola, die wolhondjie, en die klein, blonde seuntjie nie? ’n Geweldige vraag. Een sonder ’n antwoord. Ons koppe is eenvoudig te klein om dit te begryp.Tog is daar dinge wat ek beslis weet, ook uit my eie ondervinding met my Marietjie, wat talle kere op die randjie van die dood was, en nou serebraal gestrem is. Ek weet dat, al verstaan ons nie wat aan die gebeur is nie, ons kan rustig wees in die wete dat ons (in lewe en dood) in ons Vader se liefdevolle hande is. Ek weet dat Hy jou genoeg krag vir elke volgende tree gee, al is daardie tree op die donkerste plekke en in die swaarste tye. Ek weet ook dat die genesing van ’n geliefde nie afhang van hoe baie hard jy glo nie, maar van wat ons hemelse Vader met daardie geliefde en met jou beplan. Dat jou geloof, hoe swaar dit ook al mag wees, moet ruimte maak vir “nie my wil nie, maar U wil geskied.“... want ons weet: swaarkry kweek volharding, en volharding kweek egtheid van geloof, en egtheid van geloof kweek hoop; en die hoop beskaam nie...” (Rom. 3:5) Daar is nie nog so ’n moegheid soos die moegheid van ’n onderwyser wat weer moet begin werk, veral ná ’n te kort Septembervakansie nie.Vir oulaas strek ek my uit op my rusbank, dink oor alles wat ek nog wou doen. Vir ’n oomblik is ek spyt omdat ek nie meer gerus het nie. Dan onthou ek hoeveel ek het om voor dankbaar te wees. Dankie dat ek wel skoolvakansies hét. Dankie dat Lola, die wolhondjie, beter is. Dankie dat my blonde Marietjie leef en gesond is. Dat ek vrede en liefde in my huis het. “Gereed,” sug my lyf. Ek kom, Lewe. Ek is gereed. S www.solidariteit.co.za • 06/2012
73
promosie
Medihelp bied 10%-besparing op dié opsies
M
edihelp het vir 2013 ’n netwerkopsie by sy Dimension Primereeks van voordele-opsies ingesluit wat lede gemiddeld 10% minder aan ledegeld sal kos. Dit beteken dat Medihelp se jaarlikse gemiddelde styging van 11,2% vir 2013 ’n ledegeldstyging van tussen 0% en 2,4% tot gevolg sal hê vir lede wat volgende jaar die Dimension Prime-netwerkopsies kies. ’nVergelyking van die skema se Dimension Prime-reeks en die Dimension Prime-netwerkopsies lyk soos volg: Opsie
Dimension Prime 1
Standaardstyging
Dimension Prime 2
Foto: iStockphoto.com
Dimension Prime 3
10,4% 12,4% 11,5%
Netwerkstyging 0%
2,4% 1,5%
Verskil 10,4% 10% 10%
Volgens Anton Rijnen, uitvoerende hoof van Medihelp, sal dienste vir die Dimension Prime-netwerk deur privaat hospitaalgroepe gelewer word. “Met 59 hospitale wat deel van ons landwye Dimension Prime-netwerk is, kan lede gerus wees in die wete dat hulle gehalte hospitaalsorg beskikbaar sal hê. Hulle sal steeds presies dieselfde dienste en voordele geniet as lede op ons standaardopsie,” sê hy. Behalwe vir die Dimension Prime-netwerkopsies het Medihelp ook verskeie verbeterings aan ses van sy sewe voordele-opsies aangebring. Die volgende algemene verbeterings is aangebring: • Maksimum voordelelimietbedrae is met gemiddeld 6% op alle opsies verhoog.
• Voordele vir tuisbevallings is op alle opsies bygevoeg. • Heup-, knie- en skouervervangings wat nie vir VMV kwalifiseer nie, is nou ook vir lede van die Dimension-reeks beskikbaar. • Konsultasies by gekontrakteerde spesialiste word teen 130% van die skematarief op Dimension Elite en Medihelp Plus betaal. • Die bybetaling op adenoïdektomies en/of tonsillektomies op die Dimension-reeks is geskrap. Volgens Rijnen het voorkomende sorg ’n belangrike deel van Medihelp se strategie geword om die algemene gesondheid en welstand van sy lede te verbeter. Daarom het die skema sy reeds omvattende voordele vir voorkomende sorg op die Dimension-reeks en die Medihelp Plus-opsie uitgebrei om nou ook die volgende te bied: • Voordele vir besnydenis in die spreekkamer. • Voordele vir neurostimulators. • Beenmineraaldigtheidstoetse vir vroue wat 50 jaar en ouer is. • Standaardimmunisering vir kinders jonger as sewe jaar is ook by die Dimension Elite- en Medihelp Plus-voordele-opsie ingesluit. Rijnen sê dat die premiestygings vir 2013 sal wissel, afhangende van die opsie wat die lid kies en die aantal afhanklikes wat geregistreer is.“Wanneer die stygings geëvalueer word, moet daar sekere faktore in ag geneem word, naamlik die verskeie voordeleverbeterings wat aangebring is en die koste van inflasiegedrewe uitgawes soos hospitalisasie, spesialisdienste en medisyne. Nog ’n faktor wat ’n rol speel, is die hoër gebruikmaking van dienste, wat tot gevolg het dat die mediese inflasiekoers skerper as die VPI-koers styg,” sê hy. Wat Medihelp se lede betref, het die gemiddelde ouderdom van die skema se lede sedert 2011 met 4,2 jaar gedaal tot 36 jaar, wat dit in ooreenstemming met die bedryfsgemiddeld van net ouer as 30 jaar bring. Medihelp het boonop weer ’n AA- (AA minus) gradering vir sy eisebetalingsvermoë van Global Credit Rating Company ontvang. Die skema kon ook sy posisie as leier op die gebied van kliëntediens behou, nadat dit in die 2012 Ask Afrika-indeks aangewys is as die mediese skema wat die beste kliëntediens in Suid-Afrika lewer. Op die gebied van niegesondheidsorguitgawes as ’n persentasie van netto bydraes staan Medihelp op 11,5% wat heelwat laer as die bedryfsgemiddeld is. Dit beteken dat Medihelp se primêre fokus op lede se gesondheidsorgbehoeftes is en dat hulle waarlik waarde vir hul maandelikse ledegeldbydraes kry. “Ons hoofdoel is om ’n balans tussen dekking, gehaltesorg en koste te handhaaf,” sê Rijnen.“Ons sal voortgaan om alle moontlikhede te ondersoek wat sal help om Medihelp se voortgesette volhoubaarheid en die waarde wat ons vir lede bied, te verseker,” sê hy.
Nog nie ’n lid van Medihelp?
SMS “kontak” na 32291 as jy meer inligting oor Medihelp se voordele-opsies verlang. Of besoek www.medihelp.co.za 74
06/2012 • www.solidariteit.co.za