ons-kontrei-15-maart-2013

Page 1




4 * ONS KONTREI - 15 MAART 2013

Loopbaankeuse: Wat gaan ek eendag word as ek groot is? Reeds van die ouderdom van veertien, vyftien word ons kinders gekonfronteer met hierdie enorme vraag. Baie ouers het herinneringe aan hulle eie keuse. ‘n Kwaai pa sê jy moenie sy geld mors nie; ‘n ma kla die kind kry nie rigting nie; ‘n geduldige ouer probeer op sy manier raad gee... En nou wys navorsing dat 14 % van die Suid-Afrikaanse werkmag, uiters onbevredigend in hul werk is. So hoe lei ek my graad 9 en 11 kind in hierdie moeilike keuse? Leerders wat ‘n wetenskaplike- gefundeerde stel loopbaanvoorligtingstoetse deurgaan, gepaargaande met beroepsberading, is in besit van soveel meer selfkennis om hierdie keuse te maak. Die toetse meet drie hoof aspekte: *Aanleg - aspekte waarin die leerder natuurlikerwys goed doen, *persoonlikheid bepaal in watter beroep ‘n leerder meer tuis sal voel en dus laer vlakke van stres sal ervaar, *belangstelling - ‘n hoër vlak van belangstelling, verseker hoër beroepsbevrediging. Met hierdie leiding word verseker dat die leerder sy/haar loopbaankeuse met baie meer sekerheid kan uitoefen en so ook tersiêre studies en ‘n loopbaan met soveel meer selfvertroue kan betree. Indien u meer navrae het oor loopbaantoetsing of vir ‘n afspraak, kontak my: Alta du Toit, tel: 083 298 2718, adutoit@kingsley.co.za Toetsdatums vir 2013: 4, 5 April; 1 Mei; 11, 12 Julie; 30 September.

Very Cool Facts About The Human Body In your very own lifetime, you'll produce enough spit to fill two swimming pools. Baby gender is determined after the first 6-8 weeks of pregnancy. At birth every one is color blind. The thighbone is so strong that it withstands the axial load of about 16001800 kilos. The human body releases growth hormones during sleep. Alle ekstra foto’s wat nie in die koerant verskyn nie, word op ons Facebook blad geplaas. ‘Like’ gerus Ons Kontrei Streekskoerant

Uitgewer: Riaan Oberholzer Marinda Oberholzer

Bemarking Advertensieverteenwoordigers: Louis Els 083 633 0605 ads1@onskontrei.co.za Sonja Gebhardt 083 637 8726 ads2@onskontrei.co.za Mariaan Smuts (Clanwilliam)

Redaksie Joernaliste: Mariaan Smuts (Clanwilliam) 082 926 9934 maaitjie@isales.co.za Anja van der Westhuizen 083 229 2739 edit@onskontrei.co.za Julene Stephan 083 654 7272 Sumerie Geldenhuys 072 606 6377 redakteur@onskontrei.co.za Grafiese ontwerpers: Marieta Swanepoel info@onskontrei.co.za

Gedruk deur: Inc. Print Solutions

Briewe Briewe Briewe voel 'n mens jy wil hoera skreeu, want jy Gelukwensing aan weet daardie slag wat geslaan word is nie net om die reg te laat geld nie, maar dit was 'n slag tot voordeel van jong mense Vredendal SAPD wat verslaaf sou kon raak aan die goed Die polisie en speurders van Vredendal moet van harte gelukgewens word met hul onlangse welslae teen dwelmsmokkelaars op die dorp en in die omgewing, soos berig in Ons Kontrei. Dit was voorwaar 'n groot slag wat hulle geslaan het. Dwelms is en bly die grootste euwel van ons samelewing, want nie net verniel dit volwassenes ekonomies nie, dit verongeluk baie jong mense se lewe. Die smouse voel vere vir die mense wat verslaaf raak aan die goed wat hulle verkoop. Al wat hulle raaksien, is die groot geld wat hulle daarmee inwin. Dis geen maklike taak om dwelmsmouse op te spoor en vas te vat nie, want hulle raak natuurlik al hoe vindingryker in hul metodes om die boosheid by die kopers te kry. Dit beteken dan dat die polisie en die speurders net nóg vindingryker moet word om hulle op te spoor en vas te vat. Die publiek móét dit as hul absolute plig beskou om die polisie hierin te help, deur selfs net die geringste teken dat daar 'n dwelmsmous in hul omgewing is, aan die polisie te rapporteer. Ouers moet sorg dat hulle wéét wat hul kinders doen as hulle nie in die huis is nie. As daar net die geringste teken by 'n kind is dat hy of sy een of ander dwelm gebruik, móét die ouers dit aanmeld. As so 'n kind gestraf sou word, sal dit in elk geval op die lange duur tot sy of haar voordeel wees, want rehabilitasie van dwelmverslawing kan nét goed wees vir die jong slaaf. Vir elke dwelmsmous en elke dwelmhuis wat die polisie en die speurders vastrek,

wat by die dwelmhuis en deur die betrokke smouse verkoop word. In 'n TV-reeks Border Security is dit opvallend hoe baie daar in Australië gedoen word om dwelms en dwelmsmouse uit die land te hou. Hulle word veral by die land se lughawens vasgetrap. Dis verstommend om te sien hoeveel dwelms hulle voorkeer, en nog verstommender om te sien hoe slim die smokkelaars geword het. Daar is ook al pakkies uit Suid-Afrika voorgekeer met dwelms in. En as 'n mens na so 'n program kyk, wonder jy of daar by ons land se inkomplekke ook soveel ywer aan die dag gelê word om die smouse en veral die muile vas te vat. 'n Mens hoor selde van groot dwelmvondse by ons internasionale lughawens, en as die dwelms nie dáár gekeer word nie, is dit uiteindelik die gewone polisieman wat die goed moet opspoor en die smouse moet vastrek as dit eers van die inkomplekke af verder binneland toe versprei is. En hoe verder dit versprei, hoe moeiliker word dit om op te spoor. Die lede van ons polisiediens verdien alle steun wat die publiek hulle kán gee in hierdie stryd, en elke slag wat hulle slaan, móét myns insiens aan die groot klok gehang word sodat die smouse kan sien die gereg is kort op hul hakke en sál hulle vastrap en sorg dat hulle behoorlik gestraf word. 'n Mens kan net wens dat die stryd teen renosterstropers ook soveel welslae kon behaal. Ludwig Visser

Alles só onnodig Hiermee wil ek namens myself en die plase Aandrus en De Hoek, ons innige meegevoel aan die familie van Daniel (Mossie, Brakkie) Beukes betuig. Hy is in 1969 op Aandrus gebore en is in diens van hierdie plase, 42 jaar later oorlede. Daarvoor sê ons dankie en woorde sal nooit genoeg wees om te betoon hoe gewaardeerd Mossie Beukes in ons lewens was nie. Nou om net dinge uit die weg te ruim. Mens bly maar mens en daar word maar oral bespiegel hoe, waar en wat. Groot was my en die familie se ontsteltenis om daardie Dinsdagoggend, na die ongeluk, al die gissings te hoor van wat gebeur het. Nog voordat die polisie of enigiemand anders weet wat gebeur het, is op Facebook kommentaar gelewer. Dié persoon het verduidelik hoe die trekker “gehop” het voor die trok in. Die trekker het “gehop”, ja, ek gaan nie stry nie, maar dit is nadat die trok die wa van agteraf getref het en nadat Mossie al van die trekker afgeval het. Die trekker het op geén stadium gerol of bo-oor Mossie gegaan nie, soos dit beweer is nie. Die trekker het na dit deur ‘n sloot en oor ‘n draad is, steéds op drie wiele gestaan. Die vierde wiel het vermoedelik afgebreek toe dit deur die sloot gegaan het. Ons het Saterdag, 9 Maart, vir Mossie op Clanwilliam begrawe. Ek en my man, Niel, het deel gehad in die diens. Mossie en Niel was as kinders speel- en kattekwaad maats. Met die berig wat Dondedag, 7 Maart, in Ons Kontrei verskyn het, was ons en sy familie, baie ontsteld. Ek het verder ondersoek ingestel en is vandag, Maandag (11 Maart) deur die

Ons Kontrei bewys dat hulle die berig geplaas het, soos deur Klawer SAPD aan hulle verskaf is. Ek het 7 Maart met Klawer SAPD oók kontak gemaak en daar is deur die persoon bevestig dat dit wat in Ons Kontrei staan, nie korrek is nie. Me Oberholzer, van Ons Kontrei Streekskoerant, het die verslag wat hulle van Klawer SAPD ontvang het, aan my gewys. Wat my ontstel het, is dat die persoon by Klawer SAPD my gevra het watter verskil sal dit dan tog maak as die feite verkeerd om is? Kom laat ek u inlig; om by ‘n graf te staan saam met daardie persoon se familie en vriende, wat al baie stories gehoor het, maak dit nogal ‘n groot verskil! Dit is ‘n week later en ons het nog geén antwoorde of verskonings ontvang nie, nie oor die oorsaak van Mossie se dood nie, net mooi niks! Mossie het gedeeltelik afgetrek van die pad vir ‘n ander voertuig om verby te gaan. Toe daar ‘n trok van vooraf gekom het en sy ligte geflikker het, het Mossie teruggegaan in die baan. Die bestuurder van die trok het met ‘n vol vrag druiwe, van agter in Mossie se wa vasgery. Die bestuurder moes kies, Mossie se wa of die vragmotor wat van voor af kom. Klawer SAPD het die vragmotorbestuurder van die toneel weggeneem en daar is vasgestel dat hy onder die invloed van alkohol bestuur het. Daar is bloedtoetse gedoen, maar die uitslae is nog nie bekend nie. Ek gaan nie toelaat dat stories ons nagedagtenis aan Mossie skade aandoen nie. Veral stories sonder korekte feite. Ek wag vir ‘n verskoning van Klawer SAPD, wat die skuld dra vir die verkeerde berrig in Ons Kontrei en my nie eens in kennis

Dagboek 17-30 Maart 2013 "Die Waarheid Omtrent Jouself Poging" Plek: Clanwilliam Gemeenskapsaal Tyd: 19:00-20:30 Gratis suiker, bloeddruk, bmi en longkapasiteit toetse! Vir meer inligting skakel Lr Nigel Carolus (0844228053/0274822875)

Elke mens worstel soms met die vraag: “Hoe weet ek dat God my liefhet?” Of: “Hoe kan ek my liefde vir God bewys?” Wil jy weet hoe lief God jou het? Kom saam met my na Golgota. Daar kan jy sien hoe eindeloos lief God jou het. Daar het Hy uit liefde sy Seun gegee om vir ons sondes te sterwe. Kan daar groter liefde as dit wees? Ware liefde is onsterflik en onvernietigbaar. God sê vir ons in sy Woord: “Die liefde vergaan nooit nie: (1 Kor. 13:8). Ware liefde is onbevrees. Johannes sê vir ons: “Waar liefde is, is daar geen vrees nie, maar volmaakte liefde verdryf vrees, want vrees verwag straf en wie nog vrees, het nie volmaakte liefde nie” (1 Joh. 4:18). Egte liefde is ook onselfsugtig. Dit vra nie: Wat kan ek hieruit kry nie? Dit vra altyd: Wat kan ek gee? Van my edelste en beste, van myself. Khalil Gibran sê in Die Profeet; dit is wanneer ek van myself gee, dat ek waarlik gee”. Só het God gegee; só het Jesus Christus gegee, tot in die dood toe. Die egtheid van ons liefde word getoets aan ons liefde vir ons medemens: “ As iemand sê: “Ek het God lief en hy haat sy broer is hy ‘n leuenaar, want wie sy broer, wat hy kan sien, nie liefhet nie, kan hy onmoontlik vir God liefhê wat hy nie kan sien nie. Hierdie gebod het ons van God gekry: Wie vir God liefhet, moet ook sy broer liefhê” (1 Joh. 4: 2021). Elkeen wat ons lewenspad kruis, is ons medemens. Ons moet soos die barmhartige Samaritaan dade van liefde verrig. Dit is nie soseer wat ons sê nie, maar eerder wat ons doen wat sal wys of die liefde van God in ons lewe ‘n werklikheid is. Jesus het gesê: “Ek gee julle ‘n nuwe gebod: Julle moet liefhê. Soos Ek julle liefhet, moet julle mekaar liefhê. As julle mekaar liefhet, sal almal weet dat julle My dissipels is: (Joh. 13: 34 - 35). Jy vertel met jou mond hoe lief jy die Here jou het. Jy vertel met jou lewe hoe lief jy die Here het! gestel het dat hulle verantwoordelik was vir dié fout nie! Wil Klawer SAPD hulle nie maar eerder toespits op goeie polisiëring eerder as op power mediaverteenwoordiging nie!!! Mag die Here Sy hand en Lig hou oor dié wat deur hierdie tragedie geraak is. Dit was onnodig. Nicolene du Toit














Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.