DIE STREEKSKOERANT WAT VERSPREI WORD VANAF CITRUSDAL TOT BY ALEXANDERBAAI
Ons Kontrei Ons mense se koerant
R4.50 Inklusief
14 SEPTEMBER 2012 - JAARGANG 45 - 1073
Posbus 140, Vredendal 8160
Telefoon (027) 213 2074 / Faks 086 541 5852 / e-pos info@onskontrei.co.za / Webwerf: www.onskontrei.co.za
Selfmoorde skok gemeenskap
Op die foto is die gebied waar een van die selfmoorde gepleeg is. Foto’s: Sumerie Geldenhuys Berig op bladsy 3.
Lees Binne: Jaarvergadering Datum: 19 September 2012 Tyd: 19:00 Plek: Vredendal Sportgronderugbyklub (Castle afdak)
Plaaswerker van die jaar
Ford FIGO,
Chessa skaaktoernooi
Vredendal Tel: 027-213 1090
Vir navrae skakel 082 92 678 33
Awe-sum!!
3 Modelle nou beskikbaar
BRAND
Alle lede en toekomstige lede welkom vir die verkiesing van nuwe bestuur.
Wykie van Lill 082 920 0157
Petrol en Diesel modelle
2 * ONS KONTREI -14 SEPTEMBER 2012
Goeie speurwerk
Ernstige beroep LAMBERTSBAAI: Die SAPD van Lambertsbaai doen ‘n vriendelike, dog ernstige beroep op vakansiegangers en huiseienaars op die dorp om op te let na die volgende, aangesien daar nog steeds gereelde inbrake plaasvind. Hou te alle tye die vensters en deure op grendel al is u in die huis of woonstel. Gebruik die deure se veiligheidsknip. Moenie vir bedelaars geld of kos gee nie. Moenie die deure oopmaak vir vreemdelinge nie.
Kaptein Kamfer (regs) wens speur sersant Bonn geluk met sy suksesse. Foto verskaf deur SAPD. LAMBERTSBAAI: Speur sersant C M Bonn het twee persone aangekla vir die besit van gesteelde eiendom. Een van die persone is ook aangekla vir die besit van 11 sakkies tik. Bonn het ‘n derde beskuldigde gearresteer vir huisbraak en diefstal en die
persoon het op 10 September in die hof op Lambertsbaai verskyn. ‘n Vierde beskuldigde is aangekla vir die verbreking van ‘n beskermingsbevel en het ook op 10 September in Lambertsbaai voorgekom.
Verlore items Die volgende items is as verlore gevind. Indien u die items erken, skakel asseblief vir Adjudant Offisier Nel by 027-201 3251. Firehawk buiteband met ‘n staal “rim”; silwer Sansui musieksentrum; blou en swart fiets’ khaki sak met ‘n stortkop, pype, groen tuinslang en ‘n warmwater filter; Continental 4X4 buiteband.
Bêre duur en waardevolle items op ‘n veilige plek, moenie dit los waar dit deur ‘n deur of venster sigbaar is nie. Rapporteer onmiddellik verdagte persone by die plaaslike polisie. Indien u met vakansie gaan of vir ‘n naweek nie by die huis is nie, rapporteer dit by die polisie sodat gereelde patrollies daar gedoen kan word. Kontak die polisie by 027 432 8260 vir enige hulp of bystand, ook indien u hul van waardevolle inligting kan voorsien.
Veediefstal LAMBERTSBAAI: Konstabel Liedeman van die Veediefstaleenheid in Malmesbury het ‘n persoon gearresteer vir ‘n veediefstal saak wat by Lambertsbaai aangemeld was.
A/O A Smit van die speurtak op Lambertsbaai het twee persone gearresteer vir diefstal sake. Arrestasies op minder ernstige misdade wat deur die lede gemaak is, beloop 16 sake.
Veediewe loop hul rieme styf VANRHYNSDORP: Twee skape ter waarde van R3000, is op Maandag 27 Augustus is op die plaas Varsrivier van mnr Boetie Louw, gesteel. Na puik ondersoekwerk deur Kaptein Vermeulen, Adjudant Offisier Gentles en Adjudant Offisier Tieties van Vanrhynsdorp, in samewerking met Adjudant
Offisier Lourens en A/O Coetzee van die Veediefstaleenheid Malmesbury en die Veediefstal-eenheid Springbok, is die twee skape te Springbok terug gevind en is twee persone van Springbok vir Diefstal van Vee gearresteer. Puik werk manne, doen so voort!
Beslag gelê op tik deur Kaptein Carin Coetzee VREDENDAL: Konstabel Se- en het hy beslag gelê op 38 betoane was op Donderdag, pakkies tik, ter waarde van 6 September besig met al- ongeveer R2000. ‘n 39-jarige gemene patrolliediens toe hy man is gearresteer. ‘n verdagte voertuig opgemerk het. Hy het die Mazda afgetrek en waargeneem dat daar verskeie foute met die voertuig was. Terwyl hy die voertuig geïnspekteer het, is die passasiers ook deursoek
Dis amper tyd vir die Huisgenoot-Namaquafees! Die Huisgenoot-Namaquafees is die plek om te wees! Op 25, 26 en 27 Oktober gaan ons lekker saamkuier in Vredendal. Vanjaar se kunstenaarlys is omtrent iets om na uit te sien! Met Emo Adams, Heinz Winckler, Dozi, Riana Nel, Nicholis Louw, Juanita du Plessis, Theuns Jordaan en Robbie Wessels gaan die fees kook. En boonop gaan VonWest, Andriëtte, Amoré, Lee Scott, Unison, Dillon Lerm, Rooies, Desmond Wells, Ricus Nel, Adam en Demi-Lee Moore ook vermaak uit die boonste rakke verskaf. Emo Adams en sy orkes Take Note skop die musiekvertonings op Donderdagaand 25 Oktober af. Teen slegs R30 vir volwassenes en R10 vir kinders, is álmal welkom. Kom vroeg vir dié lekker makietie, want die kaartjies is slegs by die hekke beskikbaar! En wat is 'n fees sonder heerlike kos en ietsie vir die keel? Kom besoek gerus die kosstalletjies by die Pars-en-proetent. Daar gaan olyfprodukte, wyne, biltong, likeure, witblits, konfyte, kaasborde en brode wees. Selfs oesters! Koop 'n wynglas en proe vier wyne van 'n kelder langs die Weskus-wynroete proe. En so gaan ons, met 'n glasie in die hand, die lekker samesyn geniet terwyl musikante soos Jacques Barnard, Zaria en Mari lekker akoestiese musiek in die agtergrond speel. Vir die meer avontuurlustiges is daar buitelug-aktiwiteite soos die NamaquabergfietsUitdaging op 27 Oktober. Kies uit die roetes oor 56 km (inskrywingsgeld R110), 32 km (R80) en 'n 10 km-pretrit (R30). Skryf vroegtydig vir die lang afstande (56 km en 32km) in by www.recyclehobbyplanes.net of registreer vanaf 6:00 op die dag van die wedren. Maar as jy liewers die oggend met 'n koppie tee, ontbyt en goeie geselskap wil deurbring is daar die damesoggend ook op Saterdag 27 Oktober in die Vredendalsportsaal. Mans is ook welkom en die glansgeleentheid begin om 08:30. Kaartjies kos R250 en dit gaan 'n oggend van pure bederf wees! Met die skreeusnaakse Nataniël en die minlike Heinz Winckler is dit 'n geleentheid wat jy nie wil misloop nie! Kom geniet 'n bielie van 'n fees. Kaartjies vir die musiekfees is by Computicket of jou naaste tak van Shoprite en Checkers te kry. Kaartjies vir Vrydag kos R80 en Saterdag R130. Spaar nou! 'n Naweekpakket kos net R190 vir albei dae. Dit is boonop goedkoper as verlede jaar. Kinders onder 7 kry gratis toegang en skoliere betaal net R40. Besoek www.kalender24.co.za vir inligting.
Adjudant Offisier JJ Fraser en regs is die man wat gered is uit die rivier.
Man gered van gewisse dood KLAWER: Klawer SAPD het op Woensdag, 28 Augustus om ongeveer 14:00 inligting van die publiek ontvang van ‘n persoon wat vasgekeer is in die middel van die rivier te Remhoogte, Trawal en dat die persoon alreeds 2 ure lank in die water aan ‘n boom vasklou om nie deur die water meegesleur te word nie. Die polisie en die noodreddingswerkers is onmiddellik na die toneel en het die man gevind wat alreeds baie moeg was. Adjudant Offisier J J Fraser, van die SAPD Lutzville, wat betrokke was by ‘n padblokkade by die Weegbrug, het ook die berig oor die radio gehoor en het sy hulp aangebied om die man uit die rivier te gaan haal. Op die toneel was mnr JA Teubes reeds aan DeNeus se kant van die rivier, besig om in te swem om bystand te verleen. Fraser het ook in die rivier ingegaan en die persoon in die middel van die rivier by Teubes gaan kry en hom wal toe gebring waar die mediese personeel onmiddellik mediese bystand aan die persoon verskaf het. Na bewering was die persoon van Spoegrivier en wou die rivier oorsteek om vir familie op die plaas DeNeus te gaan kuier. Hy was egter nie bekend met die rivier en die sterk strome nie. Baie dankie aan Adjudant Offisier Fraser en JA Teubes vir hul onbaatsugtige diens en die feit dat hulle nie enige moeite ontsien het en hul eie lewens in gevaar gestel het, om ‘n ander persoon te red.
Staking vir hoër lone
VREDENDAL Woonhuis. Baie sentraal geleë. 3 Ruim slk. met i.g.k., volle badk., sitk. / eetk., kombuis met i.g.o. en plate, wask., enkelmotorhuis en afdak. Goeie diefwering. R1 050 000-00 Woonhuis. 3 Ekstra ruim slk. met i.g.k., 2 volle badk., studeerk., aparte sitk., eetk., woonk., braaikamer, ruim kombuis met volop i.g.k., wask., dubbelmotorhuis. R1 200 000-00 Sakeperseel. R1 300 000-00 KLAWER Woonhuis by stasie. 3 Slk., 1 badk., eetk., sitk., kombuis, buitekamer en motorafdak vir twee voertuie. R380 000-00 o.h.b. ENB GEBOU. R500 000-00 LAMBERTSBAAI Moderne gemeubileerde woonstel met onbelemmerde see-uitsig. Slk., badk., moderne kombuis en binne-braai. Motorhuis en onderdak parkering. R850 000-00 VANRHYNSDORP Netjiese 4 slk. woonhuis met swembad en dubbelmotorhuis en supermark. P.O.A.
Vir meer besonderhede skakel Ena Wiese by (027) 213 1155 of 083 234 8009.
VREDENDAL: Die staking by Namaqua Wines is nog lank nie verby nie. Stakers beplan om vir die volgende twee maande te staak. ‘n Woordvoerder vir die stakers het genoem dat hul beplan om voor die hekke, tydens die Huisgenoot Namaqua Fees te betoog.
14 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 3
Selfmoorde skok gemeenskap
Links bo: Die parkie in Kareestraat waar die man homself gehang het, middel: die perseel van Weskus Kollege waar ‘n student homself gehang het en regs: Rauol (Conzales) Donster (Ebenhaezer), wat homself om die lewe gebring het. Foto’s links en middel: Sumerie Geldenhuys. Foto regs: Verskaf.
VREDENDAL: Die afgelope tyd het drie selfmoorde plaasgevind wat skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het. Verskeie gerugte doen die rondte hoekom 'n student aan die Weskus Kollege sy eie lewe geneem het, deur homself aan 'n boom te hang op dié kollege se terrein. Volgens die Kollegehoof, me Esna Barnard, kon die saak nog nie in alle erns ondersoek word nie. “Studente het vandag (10 September) met hul eksamens begin en almal lei nog aan skok, so hierdie aangeleentheid moet baie sensitief hanteer word”, het Barnard gesê. Die voorval waarin Justin van Wyk (29) en Jody Frans, betrokke was het op Saterdagoggend om ongeveer 01:00 plaasgevind. Van Wyk het na bewering teruggekeer na die koshuis op die kollege se perseel, toe hy en Frans in 'n stryery betrokke geraak het. “Presies waaroor daar gestry is, weet ons nie. Ons neem kennis van’n koerantberig in ‘n dagblad, dat daar dwelms ter sprake is, maar dit is bespiegeling. Die saak sal ondersoek word”, aldus me Barnard. Tydens die stryery tussen Van Wyk en Frans het Van Wyk vir Frans met 'n mes in die arm gesteek. Barnard bevestig wel dat Frans se arm baie gebloei het. Sy het bevestig dat Frans na Vredendal Hospitaal vervoer is en hy steke ontvang het en die volgende oggend ontslaan is. By die koshuis het die koshuismoeder aan Barnard rapporteer dat hulle nie vir Van Wyk kon opspoor nie. Barnard het toe opdrag gegee dat die koshuis se deure gesluit moet word. Om ongeveer 06:30 Saterdagoggend het 'n student wat van die dorp af teruggekeer het langs die omheining van die kampus gestap, aan die buitekant, toe hy/sy gewaar dat iemand onder 'n boom staan. “Die
student het gedink die persoon is besonders lank, het nader gestap, want dit was baie mistig en toe gesien dat dit iemand is wat homself aan die boom gehang het. Dit is dadelik onder die koshuismoeder se aandag gebring, wat gaan ondersoek instel het en die plaaslike SAPD gekontak het”, sê Barnard. Volgens Barnard is die area waar dit plaasgevind het afgesper en studente weggehou deur SAPD lede. Die ambulansdienste en forensiese afdeling het opgedaag. Me Barnard bevestig dat sy ook op die toneel was en na Van Wyk dood verklaar is, is sy liggaam verwyder en weggeneem. Sy noem dat die berig in 'n dagblad wat beweer dat die liggaam daar gehang het tot ongeveer 11:00 onwaar is, “Van Wyk se liggaam is voor 08:30 verwyder”, aldus Barnard. Volgens Kaptein Carin Coetzee kan bevestig word dat daar wel iemand gesterf het, maar dat daar geen klag ingedien nie. Van Wyk is van Nababeep by Springbok en was 'n eerstejaar student in Elektries. Hy was die pa van 'n 8-jarige seun. In die tweede voorval het 'n 29-jarige man van Vredendal-Noord op Saterdag 8 September, gedurende die vroeë oggendure, selfmoord gepleeg. Kaptein Carin Coetzee, woordvoerder van die plaaslike SAPD, noem dat hulle om ongeveer 01:58 'n oproep gekry het van 'n man wat homself gehang het in die parkie in Kareestraat. Met hul aankoms het hulle die onbekende man gevind, hy was reeds oorlede en het geen identiteitsdokument by hom gehad nie. Coetzee noem dat die man ook geen brief gelos het wat die rede aandui waarom hy selfmoord gepleeg het nie. Na verdere ondersoek is sy naasbe-
Totsiens mnr Knappie
Mnr NSC Knappie van der Merwe. VREDENDAL: Mnr Knappie van der Merwe (86), bekende boer van Vredendal, het onverwags gesterf op 9 September. Hy het ‘n BCom graad verwerf aan die Universiteit van Stellenbosch en daarna sy HOD. In 1954 begin hy skoolhou by Hoërskool Vredendal, waar hy baie betrokke was
by die O/19 rugby en as kadetoffisier en het Boekhou en Handelswiskunde as vakke aangebied tot met sy aftrede in 1982. Van der Merwe was ook een van die stigterslede van die gholfklub en het gehelp met die bou daarvan. Hy was baie betrokke by die plaaslike duiweklub, die gemeenskap, boerdery en het as geestelike leier opgetree by die NG Kerk Wes gemeente. ‘n Aanhaling uit ‘n gedig wat vir hom geskryf is met sy aftrede lui: “ Die dokter het hom baie streng beveel: Hy moet elke môre potjie gholf gaan speel, moet bai’ blokkiesraaisels bou, hom met duiwe besig hou! En jy moet my onderskraag, my liewe vrou!”. Sy afsterwe laat beslis ‘n groot leemte, nie net in die gemeenskap nie, maar ook nie die harte van die wat hom goed geken het. Hy word oorleef deur sy eggenote Bettie, kinders Carel, Anwyn en Zulch, 11 kleinkinders en 3 agter kleinkinders.
staandes later die dag gevind en ingelig van sy dood. Die geregtelike ondersoek het op Dinsdag 11 September plaasgevind. In die derde voorval het 'n 25-jarige man, mnr Rauol (Conzales) Donster van Ebenhaezer homself om die lewe gebring. Donster, 'n kranige sokkerspeler vir die Riverside Rangers FC, sou saam met die span aan 'n toernooi in Worcester gaan deelneem. 'n Spanlid vertel dat Donster op die laaste oomblik gesê het dat dit nie vir hom moontlik is om saam te gaan nie. Op 1 September het die span met hul terugkeer 'n oproep ontvang wat hulle ingelig het dat Donster selfmoord gepleeg het. Die gemeenskap lei nog erg aan skok. Donster het geen brief nagelaat wat verduidelik hoekom hy sy lewe geneem het nie. Die Riverside Rangers FC wil hul oorwinnings in Worcester opdra aan hul afgestorwe spanmaat.
4 * ONS KONTREI - 14 SEPTEMBER 2012
Menings Om te gehoorsaam Matriekafskeid
Leefstyl Stephané van Schalkwyk
Diabetes Mellitus Ons gaan vir die volgende paar weke fokus op Diabetes Mellitus. Dis 'n baie algemene siektetoestand wat definitief voorkom kan word deur gesonde eetgewoontes. Eerstens: Wat is Diabetes Mellitus? Wanneer ons voedsel eet, word dit verteer (afgebreek) na glukose (suiker). Die pankreas, wat 'n orgaan in die liggaam is, maak insulien wat die glukose na die liggaamselle dra. In die geval van 'n persoon met Diabetes Mellitus maak die pankreas nie genoeg insulien nie of die liggaam kan die geproduseerde insulien nie gebruik nie. Die gevolg is dat glukosevlakke in die bloed begin toeneem. Daar is veral 2 algemene vorme van Diabetes Mellitus, naamlik (1) insulienafhanklike Diabetes (tipe 1), en (2) nie-insulienafhanklike Diabetes (tipe2). Die algemene tekens vir Diabetes is: verhoogde bloedglukosevlakke; toename in urinering; toename in honger en dors; gewigsverlies; swakheid; moegheid; gemoedsveranderinge; naarheid en braking. In die tipe 2 Diabetes vind ons veral ook die volgende tekens: veluitslag; dowwe visie; droë vel; en, ”naalde en spelde” gevoel in die voete en hande. Indien enige van hierdie tekens voorkom, word aanbeveel dat u 'n draai gaan maak by u huisdokter. Leefstyl-vriendelike groete!
Dagboek SEPTEMBER Saterdag, 15 September Motor Gymkana, kontak: Nico 083 635 3167. * Damestee, 10:00, Evangelies Gereformeerde kerk, kontak: 078 894 6221. Saterdag, 22 September Vasbyt stap: FRIKKIE SE ROETE, Klawer, vertrek om 06:00 vanaf Vredendal NG Kerk-Wes, Navrae: 083 6499 448 of 083 558 4446.
“In the hour of adversity, be not without hope; for crystal rain falls from black clouds.” Nizami (1141-1203)
Uitgewer: Riaan Oberholzer Marinda Oberholzer
Bemarking Advertensieverteenwoordigers: Louis Els 083 633 0605 ads1@onskontrei.co.za Sindy Huisamen 083 656 9821 ads2@onskontrei.co.za Mariaan Smuts (Clanwilliam) 082 926 9934
Redaksie Joernaliste: Mariaan Smuts (Clanwilliam) 082 926 9934 maaitjie@isales.co.za Julene Stephan (Klawer) 027 216 1725 Anja van der Westhuizen 083 229 2739 edit@onskontrei.co.za Sumerie Geldenhuys 072 606 6377 redakteur@onskontrei.co.za Grafiese ontwerpers: Marieta Swanepoel info@onskontrei.co.za
Psalm 119:105 U woord wys my presies hoe ek moet leef, soos ‘n helder lig skyn dit op die donker pad waarop ek stap.
Om te leef soos wat God wil hê, moet jy in ritme met Hom bly. As jou pas uit is met Hom, gaan jy dalk sit wanneer Hy staan, of loop as Hy sit. As jy weet wat Hy doen, ken jy Sy ritme. Waar leer jy Sy hart ken? In die Bybel! Dis jou enigste betroubare padkaart na God se hart toe. In die hande van die Heilige Gees leer die Bybel jou wie die Here is, wat hy alles gedoen het en tans nog doen. Word ‘n fynkenner van al God se woorde en dade. Dan leer jy vinnig die regte hemelse ritme aan, een wat jou hemelse Vader sy hart bly maak.
sakpas idees
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer duisende matrieks beplan vir hul matriekafskeid. Nie baie ouers het die fondse nie, hier is ‘n paar sakpas idees wat dalk sal help. http://www.fashioninmyeyes.com
Briewe
Julle ouens is tops!
Onderhoud van parke
Dis vanoggend wat ek weer met ‘n ander oog na Vredendal en sy mense kyk. Deesdae werk ons mos op almal se senuwees, want al waarvoor ons praat is die petrolprys, kospryse, inflasie en die ekonomie wat in duie stort. Ons praat nie eers meer oor ons stout kinders, pap wat aanbrand, die honde wat die asblikke omgooi of die bure se hoenderhaan wat ons wakker kraai in die oggend nie. Dis is nou al verskeie kere dat ek sekere items verloor. Dit is van ‘n tafeldoek, kinderklere, handdoeke en ander kinders se skooltasse. Ek kan ongelukkig niemand blameer nie, want ek is self skuldig aan agterlosigheid. Los net die ding en vergeet daarvan, om later soos ‘n afkop hoender rond te hardloop en soek daarna en dan almal ‘n harde tyd te gee opsoek na verlore items. Ek het weer vanoggend, soos ook in die verlede my verlore item terug gekry. ‘n Tas wat agtergebly het in ‘n trollie. Iemand het hom gekry en ingehandig. Dankie Vredendal se mense. Waar ek in die verlede gedink het daar is nie hoop vir ons nie, het ek met ‘n skok agtergekom dat ek die bal totaal en al mis gevang het. Eerlikheid, vriendelikheid, vrymoedigheid en saamstaan is wat Vredendal het en dit is die mense wat ek die pad mee wil saamloop. Dankie julle, al weet ek nie wie al hierdie items ingehandig het nie, kan ek net sê, julle ouens is tops!
‘n Paar maande gelede, terwyl ek langs Laboriesingelpark was en die Munisipale werkers aldaar besig was om die park te sny, was hul versok om toe te sien dat die gras knipsels tog in die pad opgetel word. Eers die daaropvolgende dag kon ek ‘n afspraak met die beheerbeampte bekom wie nie met die term tevrede was wat ek teenoor die werkers se werklus uitgespreek het nie. ‘n Maand later was die grasknipsels wat in die pad gelê het redelik deur die wind na die omliggende erwe gewaai. Hierdie bewering sal sekerlik ontken word, maar op Maandag, 3 September, is Shenelstraat park gesny en gevolglik is alle hope vullis net so gelaat. een van die amptenare het die versekering gegee dat ‘n ander span dit sal oplaai. Tydens die skryf van hierdie brief, op Dinsdag, 11 September, is daar geen verdere dienste gelewer nie en die hope het redelik verklein deurdat die knipsels blare en ander vullis maar weer oral versprei het. Soos die spreekwoord sê is dit die klein jakkelsies wat die oes verwoes en so is ek van mening dat elke wernemer van die Raad trots moet wees na die voltooiing van elke projek.
Ouma Magda
Martiens Bergh
Nuwe aanstelling ~ Vredendal Hospitaal
Depressie Om aan depressie te lei, beteken nie jy is minderwaardig of ‘n mislukkig nie. Daar is baie mense by wie die toestand voorkom. Selfmoord is beslis nie die oplossing nie! Verskeie organisasies bied hulp aan persone wat aan depressie le.i Indien jy vermoed jy lei aan depressie, besoek jou naaste kliniek en vra om met iemand te praat of skakel een van die volgende nommers: Suicide Crisis Line 8:00 - 20:00 0800 567 567 SMS 31393 ***** Department of Social Development Substance Abuse Line 24hr helpline 0800 12 13 14 SMS 32312 ***** http://www.sadag.org/
Versier jou skoene self. Dit hoef nie noodwendig ‘n nuwe paar te wees nie, selfs ‘n ou paar kan weer mooi gemaak word. Lê daar dalk ‘n ou aandsakkie by die huis rond? Sit vir dit ‘n nuwe bandjie aan of versier dit met mooi krale. Jy kan ook jou eie trekkoord sakkie maak deur ‘n ronde stuk materiaal te neem en ‘n lint aan die bokant deur te ryg!
Mnr Mervin Julius Mnr Mervin Julius, boorling van Wolseley en voorheen werksaam by Swartland en Ceres Hospitale is met ingang vanaf 1 September met bevordering na Vredendal Hospitaal oorgeplaas. Julius is aangestel as nuwe AssistentDirekteur, Menslike Hulpbronne Bestuur en Ondersteunende Dienste. Die Hospitaalraad en Personeel wens hom alle voorspoed toe in sy nuwe pos asook omgewing en spreek die wens uit dat sy verbintenis met dié instansie lank en gelukkig sal wees.
Bolla’s is hoogmode! Maak jou hare in ‘n bolla en druk ‘n kammetjie wat jy met krale versier het aan die kant in. Of as jy kort hare het versier ‘n haarband. Wees kreatief!
Onthou, as jy jou oë dramaties grimeer, gebruik dan ‘n ligte kleur lipstiffie. Indien jy sandale dra, sorg dat jou toonnaels goed versorg is. Dieselfde geld as jy ‘n helder kleur lipstiffie gebruik, dan moet jou oë meer natuurlik grimeer word. Onthou: Less is more!
Persone wie se briewe op die Meningsblad geplaas word, gee hul subjektiewe siening van 'n situasie. Ons Kontrei se bestuur en personeel stem NIE noodwendig saam met 'n skrywer se mening NIE. Stuur u menings na redakteur@onskontrei.co.za, verskaf asb u naam en kontaknommer onder aan, naamlose briewe sal nie oorweeg word nie. Weens gebrek aan spasie sal GEEN briewe met meer as 200 woorde aanvaar word nie.
14 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 5
Matzikama Munisipale gebied toon 'n toename in Toerisme deur Danie Theron
BITTERFONTEIN: Volgens kenners wil dit voorkom of die seisoene stadigaan besig is om al later plaas te vind. So was dit weereens die geval wat die afgelope reënseisoen in Namakwaland aanbetref. Betrokkenes by die Toerismebedryf het asem opgehou aangesien Augustus maand tradisioneel Toerismemaand is, want die vooruitsigte vir 'n uitstaande blommeseisoen was nie juis rooskleurig nie. Dit is baie interessant om te verneem dat die 2012 seisoen, sover dit die Hardeveld betref, 'n aansienlike toename, selfs aan buitelandse besoekers, ondervind het. Wat plaaslike besoekers betref, was daar bykans 'n toename van 66% meer as verlede jaar. Verskeie faktore kan hieraan toegeskryf word. Metode van bemarking speel 'n baie belangrike rol. Dit wil voorkom of plaaslike bemarking 'n baie groter rol speel. Plaaslike inwoners wat met buitelanders gesels, speel 'n groter rol in die bemarking en bekendstelling as wat hulself van bewus is. Met gesprekke wat deur toerismebeamptes met buitelandse besoekers gevoer was, het dit na vore gekom dat dieselfde besoekers ook verlede jaar met dieselfde persoon gesels het en sy raad gevolg het om maar weereens Augustus maand die land te besoek. Daar is tans ook die verandering van die hele toerismestruktuur wat die Matzikama gebied betref . Vanaf 1 Julie is die wynroete ook ingesluit en dit toon reeds 'n voordeel te wees. Hul beplan ook om voor die volgende seisoen, heel-wat veranderinge en sekerlik verbeteringe, in die struktuur van die Toerismebedryf aan te bring. Nie net het die wynbedryf 'n vastrapplek gekry nie, maar ook die plaaslike bevolking se tradisionele gewoontes en leefstyl. Hierby word sekere boerderypraktyke ingesluit wat eiesoortig slegs eie is aan hierdie area. Dit is aan ons bekend, maar vir die buitelander is dit iets heel vreemd en hy stel daarin belang om meer te weet en ook om meer te leer. Die suksesse wat behaal word deur Matzikama ten opsigte van toerisme, is nie net tot die Hardeveld beperk nie, maar strek ook ten voordeel van aangrensende gebiede soos groot gebiede van die Noord-Kaap. Deur te let op die tekortkominge van bemarking by sekere buitelandse agentskappe, byvoorbeeld vakansieoorde, kan baie geleer word. Daar word nooit melding gemaak wanneer die swaar reëns of ongure weer dieselfde eksotiese eilande sal tref nie. By ons plaaslike bemarking word die voorgenome toeriste spesifiek ingelig wanneer dit die beste tyd sal wees om die gebied te besoek. Volgens 'n toeristebeampte behoort die vygies gedurende hierdie maand ook baie goed te vertoon. Die nagte bly nog koud en die lugvog is redelik hoog en hopelik bly die oostewind meer rustig. Die vooruitsigte vir nog reën lyk belowend. Met die moontlike nuwe benaming van “Wine and Tourism Namakwa Westcoast”, behoort nog hoër hoogtes in die toerisme bedryf, bereik te word.
Raadslidvakature in die Raad deur die Speaker van Matzikama Munisipaliteit me Rhenda Stephan VREDENDAL: Na aanleiding van onlangse verwikkelinge in die raad voel ek genoop as Speaker om die publiek op hoogte te hou daarvan ten einde enige onduidelikhede wat by die publiek mag bestaan,uit die weg te ruim. Die DA het in terme van hul interne dissiplinêre prosedures die lidmaatskap van twee van sy raadslede in die Matzikama Munisipale raad teruggetrek. In terme van die Munisipale Strukturewet is 'n raadslid wat as lid van 'n politieke party 'n verkiesing in 'n wyk gewen het of as lid van die party op die proporsionelelys van die party as raadslid deur die Onafhanklike Verkiesings kommissie aangewys is, nie meer 'n raadslid wanneer die raadslid nie meer 'n lid van die politieke party is nie. Die raadslede wat eens lede van die DA was in die munisipaliteit en wie se lidmaatskap opgeskort was, is Delina Goedeman en Julia Kriel. Voordat me Goedeman egter amptelike kennis van haar lidmaatskap opskorting gekry het, het sy uit eie wil bedank. Op Dinsdag, 11 September 2012 in 'n bekende dagblad is
berig dat sy nou as kandidaat vir die ANC in die opkomende tussenverkiesing gaan staan. Kennisgewing van die opskorting van lidmaatskap is op Maandag, 03 September ontvang en sy het op Vrydag, 31 Augustus, nadat die munisipale kantore gesluit het haar bedankings brief gelewer. Gevolglik sal daar nou op Woensdag, 07 November, 'n tussenverkiesing in Wyk 2 plaasvind en indien die gerugte,soos gerapporteer in die dagblad waar is, sal Me Goedeman die wykskandidaat vir die ANC wees. My kantoor het op hierdie stadium geen inligting ten opsigte van die kandidate vir die ander partye nie, maar u sal sekerlik daarvan bewus word wanneer die plakkate op die pale aangebring word. Indien u enige navrae in dié verband het, is u welkom om my te kontak , maar ek kan u die versekering gee dat die werksaamhede van die raad ongestoord sal voortgaan totdat die bestaande vakatures gevul word.
Mnr Piet Huisamen en me Hanna van Zyl. VREDENDAL: Vredendal Tehuis vir Bejaardes se jaarlikse basaar op Vrydag 31 Augustus is goed deur die plaaslike gemeenskap ondersteun! Baie dankie aan ‘n ieder en ‘n elk wat die basaar saam met die inwoners en personeel kom geniet het. Mnr Piet Huisamen, ‘n oud-inwoner van Klawer was die gelukkige wenner van die lootjie wat deur sy vrou by Vredendal Spar uitgeneem is.
Blikskud vir gehoortoestel
hande te vat. Graag wil sy ouers teen die einde van September die toestel aankoop en sal dieJunior Raad hul bes doen om die fondse in te samel. VREDENDAL: Vrydagmiddag vanaf Vir verdere navrae of indien u 'n donasie 15:00 tot 18:00 sal die Junior Raad van wil maak, kontak gerus die SkakelMatzikama 'n blikskud hou in die dorp beampte, Elizna Mouton (Matzikama by die robot en by besighede. Munisipaliteit) by: Die doel hiervan is om fondse in te samel vir die 11 jarige Gillermo Cloete 027 201 3354 of van Hoërskool Vanrhynsdorp wat 'n ern- 082 871 5897 stige gehoorprobleem het en dringend 'n gehoortoestel benodig. Met 'n onlangse mediese ondersoek is bevestig dat hy reeds 70% van sy gehoor verloor het en dat hy 'n operasie moet ondergaan. Intussen is aanbeveel dat hy die Fmtoestel ses maande voor die operasie moet kry, hierdie toestel sal sy gehoor effe verbeter en sy opvoeder sal ook deur 'n toestel met hom werk, sodat sy a k a d e m i e n i e BESTE KWALITEIT RUITE @ DIE BESTE PRYSE hieronder ly nie. Sirkelweg, Vredendal Die koste vir die Tel: 027 213 3738 of 083 633 0606 Fm-toestel beloop Gratis was en stofsuig as jy R19 000 en dis jou voorruit vervang. waar die Junior Vanaf 12 September tot en met Raad 'n verskil wil 12 Oktober 2012. maak en u uitnooi *Ons verwelkom alle Outsurance kliente. om met hulle
Vredendal-Wes NG Kerk Bied aan
SNOTKOP MET Gaskunstenaar: Bianca Lombaard
Op: 15 September 2012 By: Vredendal Sportsaal om: 19:00 Kaartjies beskikbaar by Medkem Apteek Vredendal Tel: 027 213 4318 Verversings sal te koop aangebied word.
The wind shows us how close to the edge we are. ~Joan Didion Foto: Tania Fouché
6 * ONS KONTREI - 14 SEPTEMBER 2012
Plaaswerker van die jaar berig en foto’s: Sindy Huisamen
Foto: Danie Niemand (Dept Landbou), Niel le Roux (organiseerder), Jack Keffers (Plaaswerker van die jaar), Sunette Nieuwoudt (motiveringspreker), Pieter van Zyl (Shoprite) en Hugo Nieuwoudt (gaskunstenaar). VREDENDAL: Dié glansgeleentheid met dene Wildschut (Vredendal-Noord Pri79 inskrywings (van 14 plase) is vir die mêr), Jacqulene Carolisen (Departement vierde jaar suksesvol aangebied by Die van Landbou) en Nel de Villiers Keldery, hiérdie jaar met Burre Burger as (NEXUS). Elke deelnemer kry ‘n punt uit seremoniemeester. Woensdagaand, 5 50 en dit word streng toegepas volgens September was die deelnemers omtrent die Departement van Landbou se vereiopgewonde, nie net omdat Hugo Nieu- stes. Die nege kategoriewenners het elk woudt gesorg het vir goeie vermaak nie, 'n sertifikaat, geborduurde pet en 'n gemaar ook omdat al hul harde werk en skenkpak ontvang. Die kategorie- wenvroeg opstaan werklik vir hul plaas- ners is as volg: Diere Produksie Bernard eienaars baie beteken. Soveel so dat Zass (Doringrivier Trust), Chemiese daar 'n jaarlikse kompetisie is met 'n pa- operateur Frans de Bruin (Dagbreek neel beoordeelaars naamlik: Riekert Olyven), Trekker Drywer Gert Syster Botha (Radio Namakwaland), André Es- (Driefontein), Besproeiing Kayser Daterhuizen (Kaap Agri), Lincoln en Berne- vids (Rivierplaas), Algemene werker
Die kategoriewenners. Samantha Bock (Rivierplaas), Administrasie - Abigail Schalkwyk (Radyn), Junior Bestuur Brendon McKenna (Radyn), Middel Bestuur - Christina Toontjies (Vaalwater), en Senior Bestuur Jack Keffers (Bet El). Sunette Nieuwoudt was die motiveringspreker. Sy is 'n finalis vir Mev Suid-Afrika en sy het haar kroon verruil vir een van die trekkerdrywers se pet omdat sy nog altyd 'n trekker wou bestuur en nog nooit die geleentheid gehad het nie. Die tema van haar inspirerende praatjie was: “Moenie wag dat geleenthede na jou toe kom nie, probeer altyd beter doen!” Die algehele wenner was
Jack Keffers wat met handevol pryse weggestap het, onder andere kontant en 'n selfoon met lugtyd! Mnr Keffers dring ook deur na die finale rondte op 9 November in Kaapstad. Mnr Niel le Roux (organiseerder) is baie trots op almal en veral Keffers: “Ek weet dat Jack 'n goeie keuse was om ons te gaan verteenwoordig by die finale.” Boere en plaaswerkers word aangemoedig om in te skryf vir hierdie kompetisie om sodoende die plaaswerkers te motiveer en terselfdertyd blootstelling aan die boer te verleen.
BOSASA Womans day CLANWILLIAM: On 8 August BOSASA Clanwilliam Youth Development Centre celebrated National Women's Day. Mrs Lana O' Neill from Heavenly Promise was the guest speaker on the day as Heavenly Promise is also a community outreach project of the centre. She motivated the ladies of BOSASA to turn their hardships and daily struggles into victories. Mrs O' Neill also emphasised that all women must stand up for their rights and that they are the masters of their own destinies. During this day BOSASA also donated some items to Heavenly Promise that were made by Lana O'Neill (Heavenly Promise) with the staff of BOSASA. the BOSASA children in their different Photo supplied by BOSASA: educational workshops.
Benodig u dringend kontant ?? Wynland bied nou termyn afbetalings met lenings van tot R8000!
Ons benodig die volgende: * ID Boek + Afskrif * Laaste 2 payslips * 3 Maande bankstaat * Bewys van uitgawe Waar: Langs Poskantoor Tel: 027 213 1656 Faks: 086 634 6119
LENINGS
WYNLAND
Elizabeth Cady Stanton Because man and woman are the complement of one another, we need woman's thought in national affairs to make a safe and stable government.
Bestorwe Boedel TE KOOP: KLAWER
Dr Jas Strauss, mnr Willie Swartz en suster Donsie Beukes. CLANWILLIAM: Na 34 jaar maak vir onervare mense. diens by Clanwilliam Hospi- Hy sê die ouer mense is die taal was dit ook tyd vir mnr ruggraat van die hospitaal en Willie Swartz om te gaan. die mense waarop mens kan Swartz het volgens dr staatmaak. Strauss sê hul is Strauss, die mediese super- jammer om Swartz te verloor intendent, saam met die nu- omdat hul altyd op hom kon we hospitaalgebou sy intrek staatmaak. Swartz het as algeneem en het die hospitaal gemene tegnikus by die hossoos die palm van sy hand pitaal gewerk. Volgens sy ouderdom moet geken. Strauss het in sy toespraak hy nou aftree, maar hy sê hy tydens die afskeid gesê dat weet nog nie wat hy met al dit jammer is dat die ouer die tyd op hand gaan doen mense moet gaan om plek te nie.
Western Cape Government Health
KENNISGEWING
Uitstekend geleë naby Kerk en stil woonbuurt teen R550 000.00 of maak ‘n aanbod! Skakel 083 678 9589.
Maak die beste gesondheids besluit vir jou en jou lewensmaat, EN verminder die risiko van oordrag van HIV. Gaan vir ‘n mediese manlike sirkumsisie! Vredendal Sentraal Kliniek: 15 September 2012
Kontak jou plaaslike kliniek vir besprekings.
Joernalis aan diens dié naweek Anja, 083 229 2839
14 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 7
Nasionale Jeugskou Kampioenskappe CLANWILLIAM: Die Wes-Kaap Landbou Jeugvereniging tree vanaf 1-3 Oktober op as gasheer vir die 13de Nasionale Jeugskou Kampioenskappe wat by Augsburg Landbougimnasium in Clanwilliam aangebied word. Hierdie versteekte juweel aan die Weskus, is maar twee uur vanaf Kaapstad en beslis 'n besoek werd aangesien dit slegs die tweede maal is dat die Jeugskou se Nasionale Kampioenskappe in die Wes-Kaap aangebied word. Die Jeugskou is geklassifiseer as 'n sport waar leerders met diere skou. Die sport bestaan uit drie dele naamlik die was en voorbereiding van diere, algemene kennis oor die dier waarmee geskou word en vertoon-kuns. Die kind word hier beoordeel en nie die dier nie. Hierdie sportsoort word in al nege provinsies beoefen om leerlinge se belangstelling in landbou te prikkel, hulle die geleentheid te gee om met diere te werk en om buite kurrikulêr aan 'n landbousport deel te neem. In die Wes-Kaap alleen neem meer as 800 leerlinge jaarliks aan jeugskou-kompetisies by landbouskoue en feeste deel. Byna 400 deelnemers word by die toernooi verwag, die meeste nog in die geskiedenis van die Nasionale Kampioenskappe. Tien jaar gelede was die Wes-Kaap een van die kleinste provinsies, maar het sodanig gegroei dat die Wes-Kaapspan vanjaar met 80 deelnemers aan die SA's sal spog, die meeste vir 'n enkel provinsie. Behalwe die gewone junior- en seniorklasse by die Nasionale Kampioenskappe, sal daar ook hierdie jaar 'n juniorjuniorklas wees waaraan deelgeneem kan word en sekerlik vir groot pret sal sorg.Die toernooi bestaan uit 15 afdelings nl, Perde, Vleisbeeste, Suiwelbeeste, Wolskape, Vleisskape, Sybokke, Melkbokke, Vleisbokke, Varke, Konyne, Pluimvee, Sierduiwe, Wedvlugduiwe en ook Kulinêre kuns en Suiwelbereiding. In die Kulinêre Kunsafdeling word deelnemers uitgedaag om kreatief met rooibos wat uniek is aan die omgewing, as een van die bestanddele te kook. Die tema van hierdie afdeling is 'n refrein uit C Louis Leipoldt se bekende gedig Oktobermaand, nl. 'Dit is die maand Oktober, die mooiste mooiste maand'.Vir die eerste keer in die Suiwelbereidingsafdeling sal deelnemers jogurt en amazi van bokmelk moet maak! Besoekers kan dus uitsien na 'n Nasionale Kampioenskap van hoogstaande gehalte en die grootste tot dusver vir jeugskoue in SuidAfrika. Vir meer inligting, kontak Breyton Milford by 082 708 5939 of e-pos breyton@agriexpo.co.za
Superspar promosie CLANWILLIAM: As deel van Superspar se “Proudly South Africa” feesvieringe, bied Clanwilliam Superspar ‘n spesiale promosie aan op Donderdag 20 September. Kliënte wat aan die gelukkige trekking wil deelneem moet sorg dat hul tussen 15:00 en 17:00 by die winkel inkopies doen. Indien u tydens die twee ure 3 Nestlé sjokolades koop, kom u in aanmerking vir die gelukkige trekking. Gooi u inkopiestrokie, met u naam en kontaknommer, in die inskrywingshouer en u kan dalk wegstap met een van die pryse. Dié pryse kan dalk net ‘n lekker verjaardag of kersgeskenk vir u seun of dogter wees. Superspar nooi al hul kliënte uit om deel te wees van die middag vol pret en plesier. Me Alta van Rooy, vloerbestuurder,beplan ‘n middag met baie vermaak vir ‘n ieder en ‘n elk.
8 * ONS KONTREI - 14 SEPTEMBER 2012
Chessa skaaktoernooi KLAWER: Die jaarlikse Chessa skaaktoernooi het Saterdag, 1 September te Klawer skoolsaal plaasgevind. Daar was sowat 200 inskrywings wat gewissel het tussen ouderdomsgroep van 0/8 tot 0/20. Verskeie skole van ons streek het deelgeneem, asook besoekende skole soos Panorama Primêr, Laerskool Dirkie Uys en Hopefield Hoër . Marinus Spamer van Laerskool Klawer is onder die top tien skaak spelers van die Weskus in sy ouderdomsgroep 0/14.
Op die foto is 24 leerders van Laerskool Vredendal wat aan die toernooi deelgeneem het. Chloë en Paige Booyse (0/10) het gesamentlik derde geëindig. Albei het 4 uit 5 van hul wedstryde gewen en dus ‘n bronsmedalje ontvang.
Leerders van Vredendal-Noord Primêr wat aan die toernooi deelgeneem het. Die volgende leerders het medaljes ontvang: Kyle Cloete, Cornell Joseph, Ferico Cloete, Everard Isacs en Deven Claasen. Die skool het 19 leerders onder die top tien van verskeie ouderdomsgroepe.
Wiskunde Kompetisie Die volgende leerders van verskeie skole het aan die Wiskunde kompetisie te Piketberg op 11 September deelgeneem. Naasdrift Primêr: Raydn Owies, Gary Klaase, Gaylian van Rooyen en Jobrie Tyc . Laerskool Vredendal: Beatrixdu Toit, Handre
Truter, Emma Basson, Daniel du Toit, Henk Fourie, Rihan Rupping en Willie Engelbrecht Sederberg Primêr: Amy Jantjies , Leighton Witbooi, Christin Maarman, Franchey Beukes en Preston Jonker. Foto’s op webblad!
Twee leerders van Hoërskool Vredendal, Tiaan Bredenhand (regs) wat die wenner van die toernooi was en Rouvé Bernardo (links) wat ‘n negende plek behaal het.
Lutzville leerders vaar goed Lieske Naude (Gr. 3) van Hoërskool Lutzville het deelgeneem aan die Helderberg Eisteddfod in Somerset-Wes waar sy vir voorbereide lees en Poësie goudplus verwerf het. By die Wes-Boland Eisteddfod in Vredenburg het sy goud in Afrikaans Poësie en silwer in Poetry verwerf. Hoërskool Lutzville is geweldig trots op hierdie prestasies van haar en gaan Op die foto is haar vordering met groot verwagting dop- Op die foto is Lieske Naude. Hannes de Villiers. hou.
Hannes de Villiers, (Gr. 3), het op 16 Augustus deelgeneem aan die Landswye R e de naars kompetisie te Rustenburg. Die skool is baie trots op hierdie prestasie en weet hy sal eendag 'n goeie spreker wees.
Baba Winkel & privaat babakliniek Matzikamastraat 6, Vredendal "Miracle Babies Privaat babakliniek het in Julie 2005 begin waar Suster Estelle uit haar sitkamer met voorgeboorte klasse begin het. Die nageboorte kuier van moeders en babas het ook in haar sitkamer plaasgevind, een keer per week. Die ouers wie daar betrokke was, sal dit so goed onthou, en vandag is daardie kinders voorskool en betree volgende jaar die laerskool. Die behoefte van die ouers het Daar word onder andere produkte aangehou ontstaan dat ons hulle babas moet weeg en soos: NUK, Avent, Tommy Tippee, Snuggle begin inentings gee. Daar is aansoek gedoen Time, Munchkin, Alex, Tolo, Kango, vir die nodige lisensies en goedkeuring om die Bambino, Carriwell, Pigeon, Medela, dienste aan ouers te lewer. Snookums, Babysense, Sr Lillian en Tibb Ons is so opgewonde dat die kliniek vandag produkte, en vele meer. steeds in volle werking is, na al die harde werk Ons bied ook die volgende dienste: wat daarin gesit is.Weereens uit die behoeftes Inentings, borsvoeding, hulp en van ons ouers en kliënte, het ons besluit om die ondersteuning, baba weeg en konsultasie. babawinkel in September 2010 te begin. Kontak Suster Estelle by 084 548 6841
Topskole Toernooi Op die foto is leerders van Vredendal-Noord Primêr wat aan die Wes-Kaap Topskole Toernooi in Kuilsrivier deelgeneem het. Die 0/11A span het derde geëindig en die dogters 0/13 span het algeheel tweede geëindig. Beide spanne het medaljes verower asook ‘n trofee.
Knersvlak Skouspel
(maksimum termyn 36 maande )
VANRHYNSDORP: Die leerders van Hoërskool Vanrhynsdorp het onlangs die Knersvlak Skouspel aangebied. Die konsert het die vorm aangeneem van 'n ware "Skouspelaand". Leerders het bekende kunstenaars uitgebeeld deur dans, sang en storievertelling. Plaaslike, nasionale en internasionale kunstenaars is uitgebeeld. "Bekendes" het as aankondigers opgetree en die gehoor vermaak met prettige sê-goed. Foto op webblad!
14 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 9
Toneel op pad na Aardklop VREDENDAL: Hoërskool Vredendal se toneelstuk genaamd Tjello(esie) en Violen(ce) het vanaf 27 Augustus tot 1 September aan die ATKV streeksuitdunrondte van die Tienertoneelkompetisie te Durbanville deelgeneem. Hoërskool Vredendal was een van 23 skole wat aan die kompetisie deelgeneem het. Llewellyn Stevens, me Michéle de Villiiers asook die beligting en klank het 'n silwer toekenning ontvang vir die Maandag se optrede, dit was die hoogste moontlike toekenning wat gemaak was. Gideon Basson het ook 'n brons toekenning ontvang. Hulle het deur gedring na die semi-finale en
onder die top vyf in die Wes-Kaap geeïndig. Op 1 September vertrek hulle na Durbanville om teen Bloemhof, Durbanville, Brackenfell en Paarl in die streeks finaal deel te neem. Na afloop van die optrede ontvang Llewellyn Stevens en me Michéle de Villiers 'n goue toekenning en Jean-Marie Swart ontvang 'n silwer toekenning. Die Saterdag behaal hul 'n algehele vierde plek. Op 3 September word aangekondig dat uit 187 toneelstukke landswyd is hulle onder die top tien. Hulle sal vanaf 2-7 Oktober, tydens Aardklop in Potchefstroom verder deelneem.
Pikkewyntjies vier Lentedag
LAMBERTSBAAI: Tannie Manda het vir die Pikkewyntjies koekies gebak om die Lente te verwelkom in Lambertsbaai. Die blomme is regtig pragtig hierdie jaar in Lambertsbaai. Die Pikkewyntjie-speelgroep het ‘n hoede parade gehou. Elke peuter se hoedjie is met sorg verfraai . Die peuters het deur die dorp gestap om oral die lekkerte van vriendelikheid en liefde aan die inwoners oor te dra.
Mej Clanwilliam Sekondêr
Op die foto is Talitha Fredericks wat aangewys is as Mej Clanwilliam Sekondêr en haar twee prinsesse: Carami-Jo Syster tweede prinses (links) en Chanelle Johnson eerste prinses (regs).
Muntlegging vir Gillermo Hoërskool Vanrhynsdorp het Vrydag, 31 Augustus, 'n muntlegging ten bate van Gillermo Cloete gehou. Die bedrag van R1100 is byeengebring. Hierdie leerder het gehoorverlies in beide sy ore. Hy benodig 'n FM sisteem, 'n apparaat wat gehoor aanhelp. Aangesien die mediese fonds nie alle kostes betaal nie, benodig die gesin finansiële hulp.
Rugby doen goed Op die foto is die 0/15A rugbyspan van Hoërskool Lutzville. Foto: verskaf LUTZVILLE: Die 0/15A rugbyspan van Hoërskool Lutzville het vanjaar skoonskip gemaak. Wat hul prestasies nog meer uitsonderlik maak, is die feit dat die skool net twintig spelers gehad het om uit te kies. Hulle het die eerste keer weer in die 0/15A-liga gespeel en van die begin van die jaar af hulself laat geld. Hierdie spannetjie het nie teruggestaan vir die groot skole nie en beide Hoërskool
Vredendal en Augsburg Landbougimnasium twee maal elk in 'n tuis en weg wedstryd gewen. Hulle teken in dertien wedstryde 375 punte aan en slegs 13 punte word teen hulle aangeteken. Nadat hulle ook hulle Interskole-wedstryd teen Citrusdal Akademie wen, sluit hulle dus die seisoen onoorwonne af. Die skool en dorp is trots op hierdie spelers en hul uitsonderlike prestasie.
Weskus Sports borg tennis Weskus Sports borg vir die volgende 2 jaar die seuns tennisspan van Hoërskool Vredendal. Op die foto staan die bestuurder, Christo du Preez saam met die spelers na die oorhandiging.
Uitstaande leierskap
Noordwes Boland Op die foto is Hannes Pieters van Laerskool Klawer wat in die 0/13 Noordwes Boland span opgeneem is.
VREDENDAL: Mnr Nico Visser, skoolhoof van Hoërskool Vredendal is genomineer deur die Weskusstreek van die WKOD vir die kategorie uitstaande leierskap vir Hoërskole. Onlangs is hy ook as wenner van die kategorie aangekondig en dus dring hy deur na die provinsiale kompetisie later vanjaar.
Wippie snippie toer Wippie Snippie Kleuterklub van Vredendal het 3-5 September na Dwarskersbos getoer. Die kleuters het baie plekke besoek en is met verskeie aktiwiteite besig gehou. Op die foto’s is die leerders tydens die toer.
SôE TE KOOP
Swaar dragtig tot leeg Kontak Gert Basson 027 219 1802
10 * ONS KONTREI - 14 SEPTEMBER 2012
INDEKS Geklassifiseerd * Betrekkings * Bedankings * Kennisgewings GEKLASSIFISEERD•BETREKKINGS•BEDANKINGS•KENNISGEWINGS 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.
GEBOORTES STERFGEVALLE IN MEMORIAM BEDANKINGS LENINGS DIENSTE DAGSORG EETGOED BETREKKING GESOEK 10. VERLORE / VERMIS 11. ALGEMEEN 12. BOTE / DUIKTOERUSTING 13. LEWENDEHAWE 14. TROETELDIERE 15. GESOEK / BENODIG 16. MEUBELS 17. MUSIEKINSTRUMENTE 18. RADIO / TV / VIDEO 19. TUINBOUDIENSTE 20. JUWELIERSWARE 21. KLERASIE / MATERIAAL 22. SPORTTOERUSTING 23. FOTOGRAFIE 24. REKENAARS 25. KANTOORTOERUSTING 26. BOUMATERIAAL 27. BOUWERK / VERF 28. VERVOER 29. AKKOMMODASIE 30. TE HUUR 31. SEKURITEIT / WAPENS 32. FIETSE 33. MASJINERIE/ IMPLEMENTE 34. ONDERDELE / ENJINS 35. MOTORHERSTELWERK 36. SLEEPWAENS 37. MOTORFIETSE 38. WOONWAENS 39. VOERTUIE 40. EIENDOM 41. BETREKKINGS 42. BLINDINGS 43. ELEKTRIESE WARE 44. GRASSNYERS 45. TE KOOP 46. TE RUIL 47. SPYSENIERING
KOPIEREG Geen berig, foto, artikel of advertensie wat in die ONS KONTREI verskyn het mag sonder verlof van die Redakteur gereproduseer word nie, ingevolge Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg van 1978. ONS KONTREI se redaksie deel nie noodwendig die menings van lesers, adverteerders of korrespondente nie. Gedruk en uitgegee deur Protea Drukkery, Sentraalstraat 8, Vredendal 8160. Uitgewer: Riaan Oberholzer, Posbus 140 Vredendal, 8160 Tel (027) 213 2074 Faks (027) 213 2075
5
LENINGS
Lenings vanaf R1000 R100 000. Swartlys welkom. Kontak Susan 082 290 6568 of 021 864 2772.
6
DIENSTE
Skoonspuit van dakke, mure, enjins en verf (opsioneel). Billike pryse. Skakel Frank 078 306 7763 of Hannes 083 660 2777.
11 ALGEMEEN Verhuring van: Kampvrieskaste, sonpanele en dubbelbatterystelsels. Herstel van kampvrieskaste, installering van dubbelbatterystelsels, Eezy Camping. Skakel 082 702 5037.
13
LEWENDEHAWE
50 Bonsmara koeie te koop. Koeie met kalwers, R7000, dragtige koeie R6500. Pryse sluit BTW uit. Kontak Kallie Nel 083 633 5595 of 027 643 2009.
14
TROETELDIERE
Boerboelhondjies: 6 weke oud, ingeënt en ontwurm te koop. Kontak 084 416 1042.
15 GESOEK / BENODIG Soek ou karavaan as slaapplek te koop. Hoef nie lisensie/tent/ligte te hê. Moet kan sleep. Skakel 083 657 4039.
JUWELIERS20 WARE Herstel van juweliersware, * Diamante en herontwerp van juweliersware. Kontak Panache Diamante, Rivierstraat 8, Vredendal, Tel 082 702 5037.
29
30
TE HUUR
Klawer: 2 Slpk woonstel te huur, R2000 per maand + R2000 deposito, alle ander kostes gedek behalwe koopkrag. Skakel 027 219 1382. Lutzville: 2 Slpk woonstel met binnebraai, omhein en enkelmotorhuis, R3025 per maand. Beskikbaar 1 Oktober 2012. Kontak 083 233 1034. Lutzville: Ruim huis op kleinhoewe. Nuut oorgedoen, omhein met stoor, R6000 per maand. Beskikbaar 1 Oktober 2012. Kontant 083 233 1034. Vredendal: Winkelspasie te huur (reg oorkant poskantoor). Onmiddellik beskikbaar. Kontak 082 889 1820.
39
VOERTUIE
Huurkoop probleme:Kan u nie meer u motorvoertuig paaiement bekostig nie. Vermy die swartlys. Motor en bakkies dringend gesoek. Doen bank aflosse. Skakel 083 464 6960.
40
EIENDOM
Vanrhynsdorp: 1000m² erf te koop in Voortrekkerstraat, R165 000. Skakel 074 730 4479.
45
TE KOOP
16 x Gegalvaniseerde spreierpype met spreiers, R200 elk. 16 x Gegalvaniseerde spreierpype sonder spreiers, R150 elk. 28 x Aluminium spreierpype met spreiers, R200 elk. 28 x Aluminium spreierpype sonder spreiers, R150 elk. Alle fittings en krane be-skikbaar. Kontak 083 657 4039.
AKKOMMODASIE
Durbanville: Selfsorgwoonstel ten volle toegerus, netjies, billik, braaipatio en naby Durbanville Mediclinic Mev. Van Niekerk 083 648 5858. Bellville: Netjiese tenvolle toegeruste selfsorg woonstelle, nuwe buurt. Grens van Bellville en Parow. Binne 3km radius van 5 vernaamste hospitale. Veilige parkering, DSTV opsie 2, vanaf R200 per nag. Skakel 021 939 2881 of 082 681 3110. Panorama: Netjiese Selfsorg eenhede by Panorama Medikliniek vanaf R200. Skakel Hester 072 769 4429 of 021 982 2673. Kaapstad: Noordelike Voorstede. Moderne selfsorg akkommodasie. Sentraal geleë vir Panorama Medi kliniek, N1 Stad hospitaal, Grand West casino, strande en besighede. Drie afsonderlike eenhede. Tariewe vanaf R155 per persoon wat deel of R600 vir volle eenheid. Ten volle toegerus, T.V asook veilige onderdak parkering. Skakel 084 645 8327 of besoek. www.accommodationnachel le.co.za
Vredendal: Alfalfa verblyf selfsorg kontrakteur akkommodasie, Vredendal en Lutzville. Besoekers ook welkom. Kontak Alro 082 801 3730 of Epos:alfalfa@mylan.co.za www. alfalfaverblyf.co.za
ROOIBOS BPK OP CLANWILLIAM VERLANG DIE DIENSTE VAN ‘N BEKWAME
Vredendal, Tel: 02721 32 6 32 (alle ure)
Begrafnis Kennisgewings BONES CHARLES 03/08/1924 - 05/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 15 September 2012 om 09:00 by die huis en die kerkdiens om 10:00 vanuit die A.G.S. Kerk, Klawer. Van daar na EngenKlawer Begraafplaas. MATHYS SANNA 02/09/1933 - 01/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 15 September 2012 te Doringbaai. Van daar na Doringbaai Begraafplaas. PETERSEN ANDRE 14/01/1969 - 04/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 15 September 2012 om 10:00 by die huis en kerkdiens om 12:00 vanuit die V.G.K. Vredendal. Van daar na VredendalSuid Begraafplaas.
“ONS GEE OM” Lid van NBOV
Betrekking
BANDKORP ALGEMENE WERKERDIENSDRYWER
Vereistes: * Sober gewoontes * Bestuurder’s lisensie ‘n vereiste Vir navrae kontak 083 321 9155 of 027 213 2529
Betrekkings UITKYK PRIMêR Gesoek, mans pad trapfiets, 073 492 9016. Basterhondjies te koop. 1 Teef swart, 8 weke oud. R150.00, soek goeie huis 082 563 8520 of 027 213 1376. Wendyhuis gesoek om te koop, 027 213 1376. Gesoek: 3 slpk huis te Vredendal om te huur, 076 934 6000. 10 x Wit eende te koop, 078 802 9949. Windhond reun te koop, 078 802 9949. 2 x Dwergbok ooitjies te koop, 078 802 9949. Soek werk (enige werk), 073 802 8003. Dell Laptop te koop, R3000. 072 625 4070 100 Verskillende groottes inmaakflesse, R50.00 027 213 5550. Loopraam vir volwassenes, R150.00, 027 213 5550. Kombuis glasbakke en borde te koop, 027 213 5550. Seuns somers baba klere (6 12 mnde), 073 312 0217.
LOUW TRANSPORT Nico Louw 082 804 1876 E-pos: nico3663@gmail.com
· Spesialiseer in kort afstand meubelvervoer & aflewerings. · 1 Ton bakkie ook beskikbaar ∙ Vervoer tot 8ton. ∙ Billike tariewe. ∙ Gratis Kwotasies. ∙ Professionele diens gewaarborg.
benodig die dienste van
3 Grondslagfase onderwysers Gr 1 (1 Pos) & Gr 2 (2 Poste Tydperk: 1 Oktober 2012 tot 31 Desember 2012. WKOD kontrakposte. Faks u CV na 027 217 2420 of e-pos na: henryfilton@gmail.com voor of op Vrydag 21 September 2012
Betrekking Die geskikte kandidaat sal verantwoordelik wees vir die volgende: * Alle administratiewe take * Voorraad fakturering * Vragte kontroleer * Telefoonverkope Vereistes: * Rekenaarvaardig * Moet onder druk kan werk * Sober gewoontes * Goeie menseverhoudings * Bereid om na-ure te werk Diensaanvaarding: So spoedig moontlik Sluitingsdatum: 19 September 2012 Faks u CV na 027 213 1365 of epos na design@onskontrei.co.za Indien u geen terugvoering binne 1 week na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
REKENINGEKLERK Die pos bied 'n besondere uitdaging aan 'n noukeurige persoon met bewese ondervinding in ‘n soortgelyke pos. Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor: * Minstens Matriek (naskoolse opleiding in Rekenkunde sal as aanbeveling dien); * Afrikaans en Engels goed magtig wees; * Rekenaarvaardigheid in die hantering van rekenaarpakkette (Windows, MS Word en Excell). * 'n Vriendelike en aangename geaardheid, ten einde met kliënte te kan kommunikeer; * Onafhanklik kan funksioneer, maar streng by teikendatums hou. Daar sal van die persoon verwag word om onder andere die volgende take te vervul: * Die hantering en verwerking van Debiteure * Invordering en skakeling met Debiteure * Invoer van transaksies op die rekenkundige pakket. In ruil hiervoor bied die maatskappy 'n markverwante kontant vergoeding, halfdag, vyfdag werkweek en statutêre Verlof- en Siektevoordele. Datum van diensaanvaarding: So spoedig moontlik Aansoeke: Rig u aansoek, vergesel van ‘n CV met volledige besonderhede van kwalifikasies, ondervinding, kontant salaris verlang en onlangse getuigskrifte, teen Vrydag, 28 September 2012, aan: Die Personeelbeampte, Rooibos Beperk, Posbus 64, Clanwilliam, 8135 of stuur epos aan: rita@rooibosltd.co.za Navrae: Mnr Eugene Joubert (Tel: 027 482 2155) Let wel: Indien u Aansoek gedoen het en teen 5 Oktober 2012 nog nie van die maatskappy verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
KENNISGEWING VAN 'N OMGEWINGSIMPAK EVALUERINGSPROSES OPENBARE DEELNAMEPROSES VOORGESTELDE GRAAFWATER FOTOVOLTAÏESE SONKRAGAANLEG, WES-KAAPPROVINSIE DEA Verwysingsnommer:12/12/20/2560 Applikant: iNca Graafwater Solar (Edms.) Bpk. ('n filiaal van iNca Energy) Voorgestelde Aktiwiteit: Die oprigting van 'n fotovoltaïese sonkragaanleg en gepaardgaande infrastruktuur. Die voorgestelde sonkragaanleg sal bestaan uit: fotovoltaïese sonpanele met 'n opwekkingsvermoë van ~25 MW; 'n generatortransformator op die terrein en 'n klein substasie om die konneksie tussen die hernubare kragaanleg en Eskom se kragnet te bewerkstellig; fondasies om die FV-panele te dra; kabels tussen die projek komponente; 'n Loop-in en loop-uitverbinding op die bestaande 66kV GraafwaterRatel toevoerlyn of 'n nuwe 66kV lyn paralelaan die bestaande lyn wat by die Graafwatersubstasie aan die suidekant van die voorgestelde projek inskakel. toegangspaaie; en 'n werkswinkel gebied. Ligging: Daar word aan die hand gedoen dat die projek op die volgende plaas gedeeltes onderneem word: Ratelfontein 75, Gedeelte 1 en 32; Graafwater, Restant van Uitbreiding 80; Bruins Kop 82, Gedeelte 1; Graafwater, Restant van Uitbreiding 81; en The Flats 83, Gedeelte 1. Die terrein wat vir die aanleg voorgestel word, is in die Sederberg Plaaslike Munisipaliteit ~4 km noord van Graafwater geleë. OPEBARE TERUGVOER VERGADERING Alle belangstellende en geaffekteerde partye word uitgenooi om 'n openbare terugvoer vergadering by te woon wat tussen 19:00 en 20:00 op 26 September 2012 in die Kaap Agri Graafwater Lede Saal, 2 Hoofstraat Graafwater gehou sal word. UITNODIGING OM DIE KONSEP OMGEWINGSIMPAK EVALUERINGS VERSLAG (OIE)TE BESIGTIG Savannah Environmental het 'n Konsep OIE opgestel, wat tans beskikbaar is vir openbare besigtiging. U word uitgenooi om die verslag by een van die volgende plekke te besigtig: * Graafwater Openbare Biblioteek * www.savannahSA.com Die besigtigings tydperk is 20 September 2012 tot 20 Oktober 2012. Ten einde meer inligting te bekom of om u bywoning van die openbare vergadering te bevestig, tree asseblief in verbinding met: Shawn Johnston van Sustainable Futures ZA Posbus 749, Rondebosch, Kaapstad, 7701 Tel: 083 325 9965 Faks: 086 510 2537 E-pos: swjohnston@mweb.co.za www.savannahsa.com
14 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 11
SUPER SMALLS Tel: 027 217 1516
Lente Special
GROOTDRIFT BASAAR sê baie dankie Soos tevore het almal hard gewerk om die prestasie te kon bereik. Ons wil ‘n ieder en ‘n elk bedank wat bereid was om te werk, en vir skenkings en donasies wat ontvang is. Baie dankie vir almal se liefde en ondersteuning met die basaar sonder julle almal se hulp sou dit nie moontlik wees nie.
(Slegs Woensdagaande)
Vanaf 18:00 - 21:00
Steak & Chips
JG Drilling
VREDENDAL TOYOTA
Vanaf R65 p/p Glasie wyn op die huis Verkieslik vooraf besprekings
Vanaf Grootdrift Basaar Komitee “Maar die wat op die Here vertrou kry nuwe krag. Hulle vlieg met arendsvlerke, hulle hardloop en word nie moeg nie”
BETREKKING Voertuig Verkoopskonsultant Vredendal Toyota beskik oor 'n vakante betrekking vir bogenoemde posisie. Vereistes vir die posisie is soos volg: Voertuig verkope ervaring sal tot voordeel wees Matriek Sober gewoontes Bereid wees om ongereelde ure te werk Gedrewe Vergoeding: Mark verwant Maatskappy voertuig Brandstof Selfoon toelaag Stuur CV aan: jacques@vredendaltoyota.co.za Sluitingsdatum: 25 September 2012
NUWE 2012 TELEFOONLYS NOU BESKIKBAAR BY ONS KONTREI KANTORE, SENTRAALSTRAAT 8 VREDENDAL. TEL: 027 213 2074
LAER OLIFANTSRIVIER WATERGEBRUIKERSVERENIGING
BETREKKING Boor van rotsgate en screengate, sowel as prospekteer werke. Gerrit Overbeek 083 627 1272 Hennie Coetzee 083 227 3622
WATERBEHEERHULP NOTICE 74/2012 Notice is hereby given of Ward Committee meetings to be held in September & October 2012. Agenda for September 2012: Feedback from IDP 2012/13 projects Consultation on proposed process plan Dates: Ward 1 - 20 September 2012 Ward 2 - 27 September 2012 Ward 3 - 21 September 2012 Ward 4 - 20 September 2012 Ward 5 - 19 September 2012 Ward 6 - 25 September 2012 Agenda for October 2012: Identifying of projects & programmes Dates: Ward 1 - 6 & 7 November 2012; Ward 2 - 22 October 2012 Ward 3 - 24 October 2012 Ward 4 - 25 October 2012 Ward 5 - 29 October 2012 Ward 6 - 23 October 2012
KENNISGEWING 74/2012 Kennis geskied hiermee van Wykskomitee vergaderings wat gehou sal word in September en Oktober 2012. Agenda vir September 2012: Terugvoering van GOP 2012/13 projekte Raadpleging oor die voorgestelde proses plan Datums: Wyk 1 - 20 September 2012 Wyk 2 - 27 September 2012 Wyk 3 - 21 September 2012 Wyk 4 - 20 September 2012 Wyk 5 - 19 September 2012 Wyk 6 - 25 September 2012 Agenda vir Oktober 2012: Identifisering van projekte en programme Datums: Wyk 1 - 6 & 7 November 2012; Wyk 2 - 22 Oktober 2012 Wyk 3 - 24 Oktober 2012 Wyk 4 - 25 Oktober 2012 Wyk 5 - 29 Oktober 2012 Wyk 6 - 23 Oktober 2012
Betrekking
HOËRSKOOL VANRHYNSDORP Skoolbeheerliggaamposte Pos 1: Afrikaans Huistaal Graad 8 - 12 Pos 2: Besigheidstudies Gr. 10 - 12 Tegnologie Gr. 7 - 9 Lewensoriëntering Gr. 10 - 12 Doen aansoek by: Die Skoolhoof, Hoërskool Vanrhynsdorp, Posbus 37, Vanrhynsdorp 8170. e-pos adres: admin@vanrhynsdorp.wcape.school.za Sluitingsdatum: 30 September 2012 Diensaanvaarding: 01 Januarie 2013
28 September 2012
Die hooffunksie van ‘n Waterbeheerhulp (WHB) behels die oop- en toemaak van sluise op gegewe tye. Om dié funksie en ander gepaardgaande take te verrig word sodanige WHB van ‘n fiets en toerusting voorsien waarmee ‘n seksie gewerk moet word. Minimum vereistes: » Graad 8 (wiskunde as geslaagde vak sal voordelig wees, maar is nie ‘n vereiste nie). » Kode 08 bestuurslisensie. » Moet fisies gesond wees. Die vergoedingspakket sluit in ‘n mededingende salaris ‘n verpligte pensioenfonds, opsionele persoonlike mediesefonds en ‘n 13de tjek. Die Laer Olifantsrivier Watergebruikersvereniging is 'n werkgewer wat gelyke geleenthede en regstellende aksie toepas. Rig navrae en volledige aansoeke per Curriculum Vitae (CV) aan die Menslike Hulpbronne Bestuurder: Mev. E Engelbrecht, Privaatsak X1, Vredendal, 8160, Tel. (027) 213 2043/4, Faks (027) 213 3519, E-pos: elitae@lorwua.co.za Sluitingsdatum: 28 September 2012 Korrespondensie sal slegs met kortlys kandidate geskied. Alle ander applikante moet hul aansoeke as onsuksesvol aanvaar sou geen terugvoering binne 2 weke na sluiting van die pos ontvang word nie.
12 * ONS KONTREI - 14 SEPTEMBER 2012
Hierdie spasie is beskikbaar teen R360 + BTW per plasing.
Ons is Saterdae oop vir u gerief en staan gereed om vir u van hulp te wees met Flinke en Vriendelike diens!
Kontak ONS KONTREI by 027 213 2074.
H/V Kerk en Matzikamastraat, Vredendal Tel: 027 213 1606 / Sel: 076 677 6155
Karate na Suid-Afrika kampioenskappe
Op die foto regs is die studente wat deelgeneem het met hul medaljes. Op die foto bo is Rohen De Villiers (links) en Noah Claasen (regs) wat as beste Karateka vir die kwartaal aangewys is. Foto’s: verskaf
KLAWER: Nouveau Kollege het op 1 September 'n suksesvolle gholfdag aangebied. 72 spelers het hierdie perfekte lentedag van 2012 benut om gholf te speel. Die formaat van die dag was 'n “Better Ball Scramble Drive”. Die spelers het tydens die rondte 'n innerlike versterking gekry en vir die droë kele was daar ook 'n lafenis. 'n Uitsonderlike gebeurtenis het ook tydens hierdie dag
VREDENDAL: Die Karate groep van Sensei Neville Claasen het die WesKaap in die Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskappe te Durban op Saterdag 2425 Augustus verteenwoordig. Die 10 studente se uitslae is soos volg: Wulber van Wyk-goud in die volkontak afdeling, Donavon Vries 2 goue medaljes in die Volkontak en Semi-Kontak afdeling, Franco Cloete (brons), Rohen Fisher
(brons), Carlton Engelbreght (2 silwer), Nollan Makakkela (goud), Jyoton Steyn (silwer), Rohen de Villiers (goud), Noah Claasen (silwer). Dit was die eerste keer wat ‘n span van Vredendal in die amptelike All Style toernooi deelgeneem het. Die klub wil ook hul dank uitspreek teenoor almal wat hulle gehelp het om aan die Suid-Afrikaanse Karate Kampioenskap te kon deelneem.
plaasgevind. Een van die damesspelers, Wilmarie Greyling, het op putjie nr.4 die perfekte hou geslaan en sodoende 'n “Hole in one” aangeteken. Ons glo sy sal dit vir nog lank onthou. Die dag is afgesluit met 'n heerlike ete en 'n prysuitdeling. Die beste gholf van die dag is gespeel deur Ian Rheeder en Nico Schade wat as wenners van die dag aangewys is. Baie dankie aan elke speler en borg wat 'n aan-
deel in hierdie dag gehad het om van hierdie geleentheid 'n sukses te maak. Hierdie dag sal beslis 'n instelling word in die toekoms. Foto op webblad!
Gholfdag
Atletiek nuus Op die foto is Hilton van Aarde (1:51), Kiewiet Basson (1:52), Pieter Kotze (2:08) en Abe Klaase (2:09) wat aan die Riebeeck Kasteel-Halfmarathon deelgeneem het.
Gerrit Overbeek
automotive engineering
027 213 5809 Fax: 027 213 5235 Rivierstraat, Vredendal
Asook die herbou van petrol en diesel engins. Kontak ons gerus vir kwaliteit diens.
SALON ILSE De Keur Sentrum (Bo Clicks) Vredendal
Diens van voertuie:
* Bakkies * Motors * Vragmotors
Namaqua atlete vaar goed
Vervoer van passasiers. ‘n 20 sitplek Sprinter bussie vir vervoer van passasiers na enige plek in die RSA. Toegerus met lugverkoeling. Drywer met nodige permitte asook goeie passasiers versekering is tot u diens. Skakel Dawie Fourie by 083 628 8808.
Ons salon verkoop
Verhuring van toerusting: · Excavator ·Diggerloader · Lowbed · Spitdolwerk
* Hare * Gom * Pony strings * GHD’s (tange)
Skakel 083 627 1272
027 213 5636 083 527 6257
Namaqua Cup Onlangs was daar weer groot opwinding tydens die Namaqua Cup. Op Saterdag, 1 September pak die volgende spanne die stryd aan: Arrows FC 6 vs Evergreens FC 1,Vredendal FC 4 vs Future Builders FC 1, African Stars FC 4 vs Graafwater FC 1 en Young Ideas FC 4 vs Young Rovers FC 3. Sondag word die volgende wedstryde gespeel: Amabantinti FC 2 vs West Coast Acamedy FC 1 en Aston Villa 14 vs Heroes 1. Die loting vir die Mini Namaqua Cup is as volg: Rangers FC vs Vanrhyn Spurs, Arrows FC vs Future Builders FC, Vredendal FC vs Diphakoe FC en Kangaroo Spurs vs Evergreens FC. Die volgende uitslae is van die wedstryde wat op Saterdag, 8 September en Sondag, 9 September gespeel is: Rangers FC 1 vs Vanrhyn Spurs 1, Arrows FC 1 vs Future Builders 1 ,Vredendal FC 2 vs Diphakoe United 2 ,Kangaroo Spurs 5 vs Evergreens FC 1. Vredendal FC 3 vs Future Builders 1,Arrows FC 4 vs Evergreens FC 3, Young Ideas 3 vs Young Rovers 1, African Stars 3 vs Graafwater FC 2 Mnr Jan Syster, Kompetisie Koördineerder van Matzikama Sokker Unie doen n beroep op die breë sport gemeenskap om die wedstryde by te woon. VANRHYNSDORP: ‘n Namaqua-span bestaande uit Alwyn Maass, Nico Louw, Riaan en Martha Combrinck (op die foto links) het onlangs Quantu Leap-Adventure Race aangepak. Vir vier dae moes hul hulle eie roete navigeer en onder andere hardloop, bergfiets en roei op die Doringrivier. ‘n Totaal van 250-300km. Dit het afgeskop by Waterval te Vanrhynsdorp. Sestien spanne het ingeskryf, nege het die wedloop amptelikl voltooi en Namaqua behaal ‘n 6de plek. Dit was ‘n eerste vir Namaqua atlete en die klub is werklik trots op hulle.
Cobus Fourie DANKBAAR VERVOER * Bourommel * Tuinvullis * Meubels tot en met 8 ton. * Afsaag en verwydering van bome * Vervoer van enige goedere, * Vervoer in en om Vredendal / Kaapstad
Kontak Heindrich by 083 630 6351.
Professionele Klavierstemmer
Vredendal Bestuursopleiding
asook * Musiekopnames * Klank vir konserte Kontak Cobus Fourie 083 630 6331 027 213 4898
Vir vragmotors, motors en motorfietse. Kontak Mariana 083 654 0652