DIE STREEKSKOERANT WAT VERSPREI WORD VANAF CITRUSDAL TOT BY ALEXANDERBAAI
Ons Kontrei Ons mense se koerant
R4.50 Inklusief
21 SEPTEMBER 2012 - JAARGANG 45 - 1074
Posbus 140, Vredendal 8160
Telefoon (027) 213 2074 / Faks 086 541 5852 / e-pos info@onskontrei.co.za / Webwerf: www.onskontrei.co.za
LEES BINNE:
Goud vir Sauvignon Blanc
Loslit Dag “Kom aan boord”
R72.99
Amarula Liqueur 750ml
R74.99 Wellington Brandewyn 750ml + 1 Liter Coke
Lions Vredendal Motor Gimkana
R84.99
Richelieu Brandewyn 750ml
R85.99
Black & White Whisky 750ml
R67.99
Firstwatch Whisky 750ml
Nuwe hoof by forensiese departement R129.99 R72.99
Castle/Black Label bottels/blikies (24)
Olof Bergh Brandewyn 750ml
Promosie geldig vanaf 20/9/2012 - 06/10/2012
Kerkstraat 10 Vredendal Tel: 027 213 3030
Die Parskuip is die beste
Pryse sluit BTW in. Geldig solank voorraad hou. F&WU
R49.99 Hunters Extreme Zero 275ml bottels 6 pak
GEEN HANDELAARS
Goeie tye. Goeie pryse Goeie mense.
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK
2 * ONS KONTREI -21 SEPTEMBER 2012
Vanrhynsdorp SAPD IMBIZO & Vrouemaand projek VANRHYNSDORP: Inwoners van Gifberg en Ronderug plase is op 28 en 29 Augustus toegespreek oor Gesinsgeweld deur die plaaslike Polisiediens en oor Die Veilige Beheer van Brande deur die Brandweer. ‘n Vertoning is ook deur die
Brandweer gelewer. Kaap Agri Vanrhynsdorp het geskenke geborg wat aan vroue uitgedeel is. Ongeveer 100 mense is toegespreek. Die polisiediens bedank almal wat betrokke was by die geleentheid om hiervan ‘n reuse sukses te maak.
Speurder van die maand
Speur Adjudant Offisier Lewies.
CLANWILLIAM: Speur A/O Albertus Lewies is aangewys as speurder van die maand vir Augustus. Dit is reeds die derde keer die jaar dat Lewies aangewys word as speurder van die maand. Lewies het 22 sake ontvang waarvan hy 19 hof toe gestuur het. Hy het ‘n oplossyfer van 88,6% behaal. Die tak is gedurende Augustus as nommer 1 in die Luitenant Kolonel stasies in die Wes-Kaap aangewys en het derde geëindig tussen al die ander stasies in die Wes-Kaap.
Dwelms verwoes lewens! VANRHYNSDORP: Adjudant Offisier Cokes Basson en Adjudant Offisier Gerrit Ludick in samewerking met die N7 patrollie, Adjudant Offisier Riaan Bester het verskeie dwelm operasies te Vanrhynsdorp gehou. Agt persone is tydens hierdie operasies gearresteer. ‘n
Een en dertig-jarige vrou asook ‘n 27-jarige Nigeriese man is onder die persone wie gearresteer is. Daar is beslag gelê op 361 gram dagga en 62 gram tik asook R12 700 kontant. ‘n Groot kommer is dat dwelms, veral tik, toeneem in die area en dit verwoes ons jeug se lewens. Daar word gepleit by die gemeenskap om saam met die Polisie te werk om hierdie euwel uit te roei.
Gesteelde selfone gevind deur Mariaan Smuts ELANDSBAAI: Vrydag 14 September het die SAPD ‘n klagte ontvang van ‘n selfoon diefstal. Terwyl die lede besig was om informasie op te volg het hul ‘n huis deursoek en beslag gelê op ‘n tuisgemaakte zipgun en twee lewendige rondtes ammunisie. Daar is ook beslag gelê op 18 moontlike gesteelde selfone, 16 moontlik gesteelde simkaarte, 6 tik lollies en ‘n aantal plastiek sakkies wat moontlik tik bevat. Die verdagte is gearresteer op die volgende klagtes: Besit van ‘n onwettige vuurwapen en ammunisie; Besit van dwelms; Besit van moontlik gesteelde eiendom. Die verdagte het Maandag 17 September in die landdroshof op Piketberg verskyn.
Die klagte van die gesteelde selfoon is op dieselfde dag opgelos en teruggevind. ‘n Verdagte is ook gearresteer vir diefstal uit ‘n motorvoertuig en het ook Maandag in die hof op Piketberg verskyn. Die SAPD van Elandsbaai vra dat indien daar enige persone is wat onlangs ‘n slagoffer was van selfoon diefstal hul die polisie op Elandsbaai moet kontak vir moontlike uitkenning. Kaptein Bernie Gordon wil ook al die lede wat deel was van die span, Adjudant Offisier Lizzie van Rhyn, sersant Jorrie Jordaan, konstabels Erica Titus, Gert Titius en Jasper Coetzee en speur konstabel Wimpie Xayimpi, bedank vir hul flinke optrede en goeie werk.
Hulp van publiek lei tot arrestasie deur Kaptein Carin Coetzee
VREDENDAL: Die oplettendheid van twee mans in die gemeenskap het gelei tot die arrestasie van ‘n man wat ‘n minderjarige verkrag het. Dit volg na twee mans, wat besig was om in ‘n tuin te werk, gesien het hoe ‘n 24jarige man, saam met ‘n 12jarige meisie in die wingerd inloop. Die slagoffer en twee vriendinne het na ‘n winkel gestap. Die verdagte het
hulle agtervolg, die meisie gegryp en in Lusanneweg opgehardloop. Hy het haar in die wingerd ingeneem en verkrag. Na ‘n klagte by die plaaslike SAPD aangemeld is, is daar na die slagoffer begin soek. Die twee mans wat gesien het hoe die verdagte met die meisie in die wingerd in is, het aan die SAPD uitgewys waar hulle die verdagte in die wingerd sien ingaan het. Na flinke optrede deur die SAPD is die verdagte by die meisie in die wingerd gevind. Hy is gearresteer. Die SAPD het die ooggetuies bedank vir hul bydrae om die verdagte persoon agter tralies te kry. “Deur inligting en hulp van die gemeenskap kan ons beslis Vredendal ‘n veiliger dorp maak”, aldus Kaptein Carin Coetzee.
VREDENDAL Woonhuis. 3 Ekstra ruim slk. met i.g.k., 2 volle badk., studeerk., aparte sitk., eetk., woonk., braaikamer, ruim kombuis met volop i.g.k., wask., dubbelmotorhuis. R1 200 000-00 Sakeperseel: Geskik vir kantore. R1 150 000-00 KLAWER Woonhuis by stasie. 3 Slk., 1 badk., eetk., sitk., kombuis, buitekamer en motorafdak vir twee voertuie. R380 000-00 o.h.b. ENB GEBOU. R500 000-00 TE HUUR: Woonhuis. 3 Slk., 1 badk., moderne kombuis, sitkamer, waskamer, stoorkamer, afdak vir 3 voertuie. R3 300-00 p.m. Beskikbaar 15 Desember 2012. LAMBERTSBAAI Moderne gemeubileerde woonstel met onbelemmerde see-uitsig. Slk., badk., moderne kombuis en binne-braai. Motorhuis en onderdak parkering. R850 000-00 VANRHYNSDORP Netjiese 4 slk. woonhuis met swembad en dubbelmotorhuis en supermark. P.O.A.
Vir meer besonderhede skakel Ena Wiese by (027) 213 1155 of 083 234 8009.
Verkragters op heterdaad betrap! CITRUSDAL: Saterdag 8 Augustus omstreeks 23:15 het die plaaslike SAPD ‘n klagte ontvang van ‘n lid van die publiek dat daar ‘n vrou gil en skree in die oop gedeelte tussen Parkstraat en die informele behuising te Sandkamp Citrusdal. Adjudant Offisier AHP Louw en student Boer het dadelik aandag gegee aan die klagte. Met hul aankoms op die oop stuk grond het hul gehoor hoe ‘n vrou skree. Hul het die voertuig afgeskakel om te probeer vasstel presies van waar die geskree kom. Hulle het toe die toneel te voet genader. By die toneel het hul twee manspersone aangetref wat besig was om ‘n vrou te verkrag. Die een beskuldigde het weggehardloop en die ander een is op heterdaad betrap en gearresteer. Die 20 jarige beskuldigde is aangehou te Citrusdal Polisie stasie. Die slagoffer is na die plaaslike traumasentrum geneem waar Clanwilliam FCS die voorval verder hanteer het. Die tweede verdagte is ook later in hegtenis geneem en beide beskuldigdes het reeds in die hof verskyn. Die twee het weer op 13 September voorgekom. Albei verdagtes is onbekend aan die klaagster. Die klaagster en haar suster het na bewering rusie gemaak en sy het besluit om alleen huis toe te loop toe sy deur die booswigte oorval is. Die vinnige optrede van die twee lede het daartoe gelei dat beide die booswigte gearresteer is. Die SAPD wil die twee lede bedank vir hul goeie werk aan die gemeenskap.
Kan u help om geraamte te identifiseer ? CLANWILLIAM: In Ons Kontrei van 17 Augustus het ons berig oor ‘n geraamte, ten volle geklee, wat in ‘n waterpyp langs die N7 gevind is. Die persoon se oorskot is deur ‘n boer van Nardouwsberg, mnr Niklaas Slinger, naby Rondeberg, in die rigting van die Sdraaie, gevind nadat hy en sy gesin vir die dag ‘n bietjie uitgery het. Intussen berig speur Adjudant Offisier Albertus Lewies dat daar op 12 September ‘n lykskouing deur professor Friedling van die Universiteit van Kaapstad se patalogiese afdeling op die oorskot uitgevoer is. Volgens Lewies ken die vrou haar werk en het sy op baie dinge afgekom tydens die ondersoek. Daar is vasgestel dat die persoon ‘n bruin man was, ongeveer 1,65 m lank. Drie tot vier van die man se onder- en botande was weg. Al die man se bene, behalwe twee van die skelet, was nog in plek. Die vermoede bestaan dat die twee bene weggespoel het. Dit wil voorkom asof die man ‘n regterkaak operasie gehad het (ou besering). Sy regterrib was beseer, maar is weer geheg. Aan die regterbeen was ook ‘n ou besering. Daar is ook vasgestel dat hy dood is gedurende Januarie, Februarie 2012. Die man is nie vermoor nie aangesien daar geen onmiddellike beserings gevind kon word nie. Indien iemand die persoon kan identifiseer deur middel van bogenoemde inligting word u versoek om onverwyld vir speur Adjudant Offisier Lewies, die ondersoekbeampte, te kontak by 027 482 8500 of die speurders se bystandnommer by 079 894 1668
21 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 3
Goud vir Teubes Sauvignon Blanc Nuwe dienssentrumpunt open deur Sumerie Geldenhuys
op Wupperthal WUPPERTHAL: Vrydag 7 September het die Departement van Justisie en Konstitusionele ontwikkeling ‘n nuwe diensleweringspunt op die Sendingstasie Wupperthal geopen om die gemeenskap van 3 200 mense te bedien. Hierdie aksie is die realisering van ‘n belofte wat die betrokke departement aan die Wupperthal gemeenskap gemaak het toe die Wes-Kaap streekkantoor op 8 Augustus 2011 tydens Nasionale Vrouedag ‘n besoek aan die dorpie gebring het. Om dienste soos beskermingsbevele, onderhoud, boedels en kinderhof dienste te bekom moes die betrokkenes in die verlede ten duurste die rit na Clanwilliam aflê. Die meeste van die mense moes ‘n motor huur om hul dorp toe te neem wat ‘n groot uitgawe vir hulle is. Die departement het op die mense se pleidooie reageer en lewer tans twee keer per maand ‘n diens op die Sendingstasie. Omdat die landdroskantoor so ‘n wye area het om te bedien is vervoer na die onderskeie punte dikwels ‘n struikelblok. Hierdie probleem, aldus mnr Josef Manuel, program direkteur van Justisie, is opgelos toe die departement ‘n 4 x 4 veldvoertuig van meer as R300 000 aangekoop het om Wupperthal en sy wye bedieningsgebied te besoek. Die oorhandiging van die sleutels deur Manuel het voor die Eendragsaal geskied waar ‘n handjievol entoesiastiese genooide gaste die geskiedkundige ge-
beurtenis meegemaak het. Die verrigtinge wat om 10:30 begin het was ‘n luisterryke affêre wat verder opgevrolik was deur dansitems van die bekende Wupperthal Rieldansers. In die afwesigheid van die uitvoerende burgemeester van die Cederberg Munisipaliteit, mnr Jonas White, is die oorhandigingsboodskap deur Manuel gelewer. Hy het die Wupperthallers geloof vir hul trots in hul dorpie en omgewing waarvan die netheid ‘n spreekwoordelike voorbeeld is. Hy het oud president Nelson Mandela treffend aangehaal met die woorde: “Pride in our country is a common bond”. Manuel het die vertroue uitgespreek dat die voertuig honderde kilometers van getroue diens aan Wupperthal en sy mense sal lewer. Mnr Ntsuingana het in sy bedankingsrede die kerk spesiaal bedank vir hul betrokkenheid tot dienslewering aan die gemeenskap by wyse van pastorale versorging en die beskikbaarstelling van geboue. Die oorhandigingseremonie het egter ‘n wanklank gehad omdat die breë gemeenskap, aan wie die bakkie dienste moet lewer, oor die hoof gesien is en net dertig van die mense uitgenooi was. Dit het groot ongelukkigheid onder die mense veroorsaak, maar die hoop is daar dat die ongelukkigheid reggestel sal kan word.
Wynmakers, mnr Sybrand Teubes en me Alta Stone. Foto’s verskaf. VREDENDAL: Tydens die 16de Michelangelo International Wine Awards, gehou by die Lord Charles Hotel in Somerset Wes, het Teubes Wines ‘n goue medalje ontvang vir hul Sauvignon Blanc. ‘n Paneel van 15 wyn en brandewyn spesialiste het die inskrywings, 1 432 inskrywings deur 295 produsente, beoordeel vanaf 13 tot 18 Augustus by Rodman Vineyards. Dié paneel het weereens hierdie jaar bestaan uit 14 internasionale spesialiste vanaf lande soos: Griekeland, Amerika, Ierland en Australia. Slegs een Suid-Afrikaner dien elke jaar op dié paneel. Sedert Teubes Wines in 2011 gestig is, het hul al verskeie toekennings ontvang. Die toekenning wat hulle vir hul Sauvignon Blanc ontvang het, is die enigste goue medalje in die Olifantsrivier streek. Hul ontvang ook ‘n silwer medalje vir hul Malkopbaai-reeks Sauvignon Blanc en
Pinotage. Die jaar was daar ‘n rekord getal inskrywings vir Sauvignon Blanc, 170 wyne. Die Michelangelo International Wine Awards is in 1997 deur me Lorraine Immelman in die lewe geroep na sy ‘n leemte in die plaaslike wynindustrie gesien het om ‘n internasionale komppetisie te skep vir Suid-Afrikaanse wyne. Geen bronsmedaljes word toegeken nie, slegs dubbelgoud, goud en silwer. Mnr Sybrand Teubes noem dat wyn verkope binnekort onder ‘n nuwe etiket aan die publiek beskikbaar sal wees.
4 * ONS KONTREI - 21 SEPTEMBER 2012
Menings Huisgenoot-Namaquafees gee terug aan die gemeenskap Die Huisgenoot-Namaquafees is 'n trotse gemeenskapsfees! “Die Huisgenoot-Namaquafees bring ons gemeenskap elke jaar bymekaar,” sê mnr John Bock, die burgemeester van Vredendal. “Musiek trek en verenig mense, en die fees bied wonderlike geleenthede vir toerisme en plaaslike ondernemings! Ek sien veral uit na die bekende musieksterre wat ons dorp besoek,” sê Bock. Op Donderdagaand 25 Oktober word die fees ingelui met plaaslike dansers wat hulle talente op die verhoog wys! Kaartjies sal slegs by die hekke beskikbaar wees en kos R30 vir volwassenes en R10 vir kinders.Kom ondersteun die fees wat iets teruggee aan die dorp! Onthou ook om jou feeskaartjies by jou naaste deelnemende skool te koop. 'n Gedeelte van die opbrengs word aan die skool teruggegee. Kontak Tertia Duvenage by 083 628 8855 vir meer inligting. En as jy nie aan die Weskusroete woon nie, maar saam met die vriendelike mense van Vredendal wil kom kuier, is ons spesiale aanbod nét vir jou! Vir net R450 kry jy 'n feeskaartjie, twee bottels wyn, 'n gratis CD, kampeerplek én vervoer na die fees! Busse vertrek na Vredendal vanaf Stellenbosch en Tygervallei. Vir meer inligting kontak Una Barrett by una.barrett@media24.com of skakel haar by 083 295 4400 (slegs tussen 9:00 en 17:00). Feeskaartjies is ook beskikbaar by Computicket of jou naaste takke van Shoprite en Checkers. Kaartjies vir Vrydag kos R80 en Saterdag kos R130. Spaar nou! As jy 'n naweekpakket koop kos dit net R190 vir albei dae. Dit is goedkoper as verlede jaar! Kinders onder 7 kry gratis toegang en skoliere betaal slegs R40. Besoek www.kalender24.co.za vir nog inligting
150 Eenhede bloed
Mnr Koos Horn besig om sy 150 ste eenheid te skenk.
178 Sekondes 2 Korintiërs 8:12 As die geesdrif daar is en julle gee volgens wat julle het, is die gawe aanneemlik. Julle hoef nie meer as dit te gee nie.
Briewe Droomdorp projek is vir almal Die skrywer in lesersbrief in Ons Kontrei van 6 September oor Droomdorp Vredendal verwys: Die DROOM projek is juis die teenoorgestelde as u skrywe. Die DROOM is ons kla nie oor wat NIE gedoen word nie, ons staan saam en DOEN self. Byvoorbeeld: ons kla nie 'strate is vuil' nie, maar kry skenkings van dromme by Tronox, Mike Brazier van Painters Choice skenk verf aan ons en Albie Fouche van Staalwerke help spuitverf dit vir ons. Ons Droomspan reel dan met munisipaliteit om dit skoon te maak. Doelwit: minder gemors op straat. Vredendal Kwekery skenk bome vir ons. Droomspan maak terrein self skoon en munisipaliteit verwyder die vullis. Ons gaan na 'n parkie, haal ou struike uit waar agter gedrink word en plant bome. Elke persoon maak self mooi en skoon. Die Droom projek is vir ALMAL. Enige een wat iets droom om te laat gebeur in Vredendal kontak Rhenda Stephan of vir my. Diegene soos skrywer wat 'n Droom het oor 'n buurdorp, hou op kla, kontak ons, en ons wys jul hoe om die Droomprojek in jou dorp te begin. Dit begin by ‘n DROOM. Byvoorbeeld Maretha kontak ons: ek wil weer Sentraalstraatparkie mooi sien vir kinders om in te speel. Dan stap ons saam met haar 'n pad om die Droom te laat gebeur. Namaqua Wines help ons met 'n geslaagde Parkie-braai om fondse te kry vir Maretha se droom. Radio Namakwaland help ons om die Droom uit te dra. Kom ons hou op kla en elkeen maak sy eie droom waar!
VREDENDAL: Mnr Koos Horn het op 12 September sy 150 ste eenheid bloed geskenk. Buiten die eenhede wat hy geskenk het gedurende sy diensplig jare 1981 en 1982, het hy gereeld begin bloed skenk sedert Januarie 1983 by Westelike Provinsie Bloedoortappingsdiens se tak Santie Human op Worcester.
Uitgewer: Riaan Oberholzer Marinda Oberholzer
Bemarking Advertensieverteenwoordigers: Louis Els 083 633 0605 ads1@onskontrei.co.za Sindy Huisamen 083 656 9821 ads2@onskontrei.co.za Mariaan Smuts (Clanwilliam) 082 926 9934
Redaksie Joernaliste: Mariaan Smuts (Clanwilliam) 082 926 9934 maaitjie@isales.co.za Julene Stephan (Klawer) 027 216 1725 Anja van der Westhuizen 083 229 2739 edit@onskontrei.co.za Sumerie Geldenhuys 072 606 6377 redakteur@onskontrei.co.za Grafiese ontwerpers: Marieta Swanepoel info@onskontrei.co.za
Dit vat, volgens ‘n onlangse studie, net 178 sekondes vir enige ervare vlieënier om gedisoriënteerd te raak as hy of sy in digte wolke of in slegte weer sonder instrumente moet vlieg. Net drie minute, dan is die bestes onder die beste van koers af as hulle nie die regte instrumente tot hul beskikking het nie. Hoeveel te meer gebeur dit nie met ons in die daaglikse lewe nie. Baie mense vlieg oop oë met hul lewens in die dood in. Ek hoop nie jy’s een van daardie solovlieëniers wat dink jy het niks van enigiemand nodig nie. Feit is: Jy het Iemand nodig! Sy Naam is Christus. Hy is die Ligbaken, die Reddingsboei saam met wie jy jou lewenskoers moet bepaal. Sonder Hom aan boord van jou lewe, verdwaal jy. Dan is jy gestrand sonder die regte instrumente in stormweer. Dan wag daar groot probleme vorentoe.
Trots / Menseverhoudings
nie die funksie van die Raad is nie, is daar wel ander woordvorme om die gedagte aan my oor te dra. Tydens die pratery is ek op verskillende tye uitgedaag om weer met die weergawe na die koerant te gaan. Ek het later gedurende die dag met die Uitvoerende Hoof gepraat wie bra negatief was om na my te luister. Op Maandag, 17 September, het straatveërs die straat gevee terwyl die gemors tesame met dorbank groter as my vuis in die park gegooi is. Twee vullisdrom karretjies was teenwoordig in die groep. Slegs die sykant van die pad naaste aan die park was skoon gemaak terwyl die anderkant teen die woonerwe net so gelaat is. Laastens wil ek noem dat hierdie park grotendeels deur myself ontwikkel (beplant en natgemaak) is met werkers wat ekself vergoed het en die natmaak deur myself gedoen. Huidiglik tydens die tye wat die bome blare verloor, word dit deur my gehark en die blare en takke weggery. My trots is die instandhouding van die park en ook verwag ek dit van ander werkers/beamptes om trotsheid te verdien. Martiens Bergh
Opgehoopte vullis/straatreserwes Na aanleiding van ‘n brief in verlede week se uitgawe, wil ek net opmerk dat vullis op die gronde tussen die heiningdraad van Lutzville pad en Buitelaan geskoffel is en gedurende die afgelope naweek tot so laat as Dinsdagoggend, 18 September, steeds daar lê. Grasse sonder dat dit geskoffel is lyk baie sleg, maar wees verseker dat geskoffelde gras sonder dat dit opgetel word en gevolglik oral rondwaai baie meer lastig is vir die omliggende bewoners en ook baie meer onnet voorkom.
Ek het verlede week ‘n gedagte gelaat dat Anoniem ‘n mens moet trots wees op ‘n projek, maar sekerlik ook op ‘n gesprek wat jy met ‘n ander persoon gevoer het. Teen Vrydag, 14 September, was die toestande rondom Chenelstraat se park steeds onveranderd. Ek het die beheerbeampte telefonies geskakel en met hom ‘n afspraak gemaak om myself in Damstraat te ontmoet waar olyf- en olienhoutbome op die gras van die erf geplant is. Tydens die ontmoeting wou die beampte my glad nie ‘n kans gee om te praat of te wys nie, maar konfronteer my omdat ek hom met f?kk?n k?k pla. Ek het probeer verduidelik, maar die gesprek is beëindig deurdat vir my gesê is dat ek f?kk?n k?k praat. Die doel van die afspraak was om die toestand aldaar te bespreek. Indien dit
Dagboek SEPTEMBER Saterdag, 22 September Vasbyt stap: FRIKKIE SE ROETE, Klawer, vertrek om 06:00 vanaf Vredendal NG Kerk-Wes, Navrae: 083 6499 448 of 083 558 4446. Maandag, 24 September Erfenisdag. Dinsdag, 25 September Hoërskool Lutzville matriekafskeid. Donderdag, 27 September * Hoërskool Vredendal matriekafskeid. * Hoërskool Vanrhynsdorp matriekafskeid. * ALG matriekafskeid Vrydag, 28 September * Nouveau Kollege Take-away braaietes.
Huisbrake en diefstal voorkomings maatreëls Lambertsbaai SAPD doen ‘n vriendelike dog ernstige beroep op vakansie en huis inwonders van Lambertsbaai: * Om ten alle tye vensters en deure gesluit te hou al is hulle in die woning. * Om skuifdeure se veiligheids knippe te gebruik. * Om nie vir bedelaars geld of kos te voorsien nie. * Om nie die deur oop te maak vir vreemdelinge nie. * Om nie duursame items te los waar ander dit kan sien nie, veral in u wonings. Bewaar dit op ‘n veilige plek. * Om verdagte persone onmiddellik by die plaaslike SAPD te rapporteer. * Indien u huise, oor veral naweke en vakansie tye verlaat, dit aan die SAPD te rapporteer sodat daar gereelde patrollies gedoen kan word.
Help asseblief !! Kan iemand asseblief help om die volgende twee dinge te verander: 1. Die ou strooi en klei kaia by Vredendal-Noord se afdraai. Kan die bouval moontlik verwyder word, want dit skep definitief nie ‘n goeie verwelkoming in ons mooi dorp nie. 2. Shoprite se parkeerarea. Onlangs is die strepe weer nuut geverf, maar deur die bestaande gate en oor die plekke waar die teer erg verbrokkel. Ons mense met die gewone plat motortjies sal een van die dae nie meer daar kan inkopies doen nie, want net ‘n 4 X 4 kan deur die gate klouter. Kan die gate asseblief herstel word? Trotse inwoner
Wesland kunskompetisie Die Wesland Kunsverening bied die Winter Rooi Kunskompetisie aan. Ons nooi alle kunstenaars om deel te neem, lekker pryse is op die spel! Inskrywingsvorms is by Lé Mar Art & Craft Inskrywingsgeld is R10 per inskrywing Kunswerk nie groter as A3 Afsnydatum is 15 Oktober Vir enige navrae kontak Cecile 0780191799
Persone wie se briewe op die Meningsblad geplaas word, gee hul subjektiewe siening van 'n situasie. Ons Kontrei se bestuur en personeel stem NIE noodwendig saam met 'n skrywer se mening NIE. Stuur u menings na redakteur@onskontrei.co.za, verskaf asb u naam en kontaknommer onder aan, naamlose briewe sal nie oorweeg word nie. Weens gebrek aan spasie sal GEEN briewe met meer as 200 woorde aanvaar word nie.
21 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 5
Nuwe hoof vir Forensiese Departement ANC gooi kundigheid in Cederberg oorboord insluit 11 polisiestasies en 2 munisipale
Mnr Eddie Neethling, Hoof Forensiese Beampte ~ Fasiliteits Bestuurder in Vredendal. VREDENDAL: Mnr Eddie Neethling is onlangs as die nuwe Hoof Forensiese Beampte aangestel in Vredendal. Oorspronklik van Paarl, het hy in 2004 by Vredendal Hospitaal begin werk en in 2006 hom by die Forensiese Departement aangesluit. Neethling moes tussen twee poste kies, een hier in Vredendal en een in Kaapstad, maar het besluit om hom vir eers hiér te vestig. Hy noem dat dié Departement die grootste area dek in die Wes-Kaap, wat
Dwelms CLANWILLIAM: Woensdag 12 September het lede van Clanwilliam SAPD ‘n voertuig kontrole punt by die stasie gehou. ‘n Taxi is voorgekeer en deursoek.
gebiede. Die besluit om hiér aan te bly was gegrond op die rede dat daar soveel meer moontlikhede is en dat daar soveel meer ondervinding opgedoen word. Neethling noem dat Forensiese Departemente in groter munisipale gebiede opgedeel is in verskillende departemente en dat beamptes daár, nie soos hiér, van die begin op ‘n toneel werk tot die saak afgehandel is nie. Forensies bepaal die oorsaak van ‘n dood, hetsy natuurlik of onnatuurlik. Beamptes werk saam met ander departemente soos: EMS, hospitale, SAPD, begrafnisondernemers en die Departement van Justisie. In hiérdie area word forensies uitgeroep na ‘n toneel en soos op televisie, moet DNA en ander bewysstukke nie net versamel word nie, maar ook bewaar word, wat kan help om die oorsaak van ‘n persoon se dood te bepaal. Die eerste skriftelike weergawe waar entomologie en medikasie gebruik is om ‘n kriminele saak op te los, was in ‘n boek deur Xi Yuan Lu, in 1248, toe ‘n moord van ‘n man opgelos is deur al die sekels in daardie dorpie te ondersoek en die insekte wat gelok word deur die reuk van bloed. Die moordenaar het toe uiteindelik gebieg. Konstabel Frans het om 21:50 beslag gelê op 11 kg dagga wat in 15 plastieksakke verpak was. Hul het ‘n verdere 20 pakke dagga in ‘n bou toksak gekry. Die passasier, ‘n 25 jarige man van Vredendal, is in hegtenis geneem en het reeds in die hof op Clanwilliam verskyn.
berig verskaf Helmar Geyer CLANWILLIAM: Sedert November 2011 is minstens 12 amptenare in die ANC-beheerde Cederberg Munisipaliteit, geskors, afgedank, het pakket geneem of weens druk bedank. Sewe van hierdie mense was senior amptenare! Die koste van jare se waardevolle ervaring wat verlore gaan, kan nie bereken word nie. Op plaaslike regeringsvlak, sukkel munisipaliteite om vas te hou aan kundige amptenare met waardevolle ervaring. Die ANC gooi egter kundigheid oorboord. Dit is die hoë prys van kader ontplooiing. Daar word, na bewering, verneem dat van die nuwe aanstellings slegs oor laerskool akademiese kwalifikasies beskik. Die Cederberg Munisipaliteit het vir Junie en Julie vanjaar, reeds meer as R231,000 aan regskostes bestee. Is dit dalk kostes wat hulle noodgedwonge moet aangaan omdat die amp-tenare (wat hulle afgedank het) nie sonder 'n geveg wil gaan lê nie? Die DA het die volgende verneem: Direkteur: Korporatiewe Dienste Geskors Nov 2011 ONTVANG STEEDS BETALING; Munisipale Bestuurder Pakket geneem weens druk Nov 2011; Hoof Finansiële beampte Pakket geneem weens druk Feb 2012; Tegniese Direkteur Pakket geneem weens druk Feb 2012; Streekbestuurder Geskors Jun 2012 (Laaste betaling Aug 2012); Streekbestuurder Geskors Jun 2012; Streekbestuurder Onthef van pligte. Hanteer nou wykskomitees; Finansiële Bestuurder bedank weens druk; Bestuurder geskors Jan/Feb 2012; Teg-
niese Direkteur geskors Jan/Feb 2012 (Aug 2012 afgedank); Finansiële Bestuurder geskors Jul 2012; Finansiële Amptenaar geskors Jul 2012. Die moeilike ekonomiese klimaat, eis dat munisipaliteite uiters versigtig werk met die geld van die belastingbetaler. Die ANC gee duidelik nie om vir die inwoners van Cederberg, as dit is hoe hulle die munisipaliteit se geld wanbestee nie. Daar lê moeilike tye vir die inwoners van Cederberg voor. Die DA sal egter voortgaan om die wan-bestuur van die ANC bekend te maak en die skuldiges sal aan die pen ry.
VLV Vanrhynsdorp Me Monica Cornelissen. Foto: verskaf
VANRHYNSDORP: Met die Augustus Algemene vergadering het die VLV van Vanrhynsdorp besoek gaan aflê by Stone & Pebble Trading net buite Vanrhynsdorp. Me Monica Cornelissen het die dames toegespreek. Na 'n heerlike koppie tee en smaaklike eetgoed, het die lede rustig na al die klippe en gruis in al hul vorms gekyk, asook na die groot verskeidenheid pragtige potte wat op die perseel gemaak word en selfs plante om daarin te plant.
6 * ONS KONTREI - 21 SEPTEMBER 2012
Prestasiebonusse ten spyte van Minister se omsendbrief deur Sumerie Geldenhuys VREDENDAL: Finansiële verslagdoening deur Wes-Kaapse munisipaliteite vir die 2010/11 boekjaar het nie juis die ouditeur-generaal beïndruk nie,maar ten spyte daarvan het munisipale bestuurders en finansiële hoofde prestasiebonusse ontvang. In antwoord op Ons Kontrei se skrywe rakende die beleid en riglyne met betrekking tot prestasiebonusse, aan die Minister van Plaaslike Regering, Omgewingsake en Ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, het mnr Peter Pullen (Media verteenwoordiger) as volg reageer: “Nieteenstaande die feit dat die Departement van Plaaslike Regering nie 'n beleid het wat prestasiebonusse reguleer nie, het die Minister 'n omsendskrywe (met verwysing na die Plaaslike Regering Omsendskrywe: C7 van 2012, klousule9) uitgestuur waarin werknemers van Munisipale Rade, wat onderworpe is aan pre-
stasiebestuur regulasies, sisteme en prosesse, aangemoedig om nie prestasiebonusse te betaal nie”. Die Munisipale Bestuurder van Matzikama het 'n prestasiebonus ontvang van R122 756.00 en die Finansiële Hoof, R87 550.00. Cederberg Munisipaliteit se Munisipale Bestuurder ontvang R74 040.00 en die Finansiële Hoof R59 624.00 . Ons Kontrei het 'n e-pos aan Matzikama Munisipaliteit gerig rakende die beleid en riglyne wat gevolg is vir die toekenning van prestasiebonusse. Daar is as volg geantwoord: “Matzikama Munisipaliteit wil geen
kommentaar lewer nie. Sien net gerus dat dit nie vir 2012 is nie, maar vir die 2010 /11 boekjaar. Elizna Mouton Skakelbeampte. Matzikama Munisipaliteit”.
Clanwilliam Sakekamer ~ Ledevergadering Clanwilliam Sakekamer het Dinsdagaand ‘n ledevergadering gehou waartydens hul deur mnr Piet Mouton, Hoof Uitvoerende beampte van die PSG groep, toegespreek is. Op die foto verskyn van links na regs: Me Charlene Kotzé (CSS), mnr Max van der Wath (aandele handelaar PSG groep), me Gerda de Wet (Rooibos / Addisionele lid), me Louise Nortjé (Sekretaresse), me Sanet Stander (NetMar), mnre Albertus Erasmus (Erasmus Prokureurs) en Piet Mouton (gasspreker, Hoof Uitvoerende beampte PSG groep).
Verpleeg assistent se inisiatief het groot welslae
Mnr Rusty Fortuin oorhandig die geld aan mnr Gert Klaase van Sederville terwyl me Sharleen Fortuin en mnr Joppie Amon toekyk.
CLANWILLIAM: Me Sharleen Fortuin, ‘n verplegings assistent van Sederville Tehuis vir Bejaardes op Clanwilliam, se inisiatief het daartoe gelei dat ‘n bedrag van byna R3 000 aan die tehuis oorhandig is. Fortuin wat reeds jare by die tehuis werksaam is, het gesien dat die tehuis befondsing nodig het en het in samewerking met haar man, Rusty, seun, Cornel en ‘n vriend, Joppie Amon, ‘n dans gereël om ekstra fondse te bekom. Die dans wat by Clanwilliam Senior Sekondêr gehou is met musiek
van DJ Fat Boy het alle verwagtinge oortref en Sharleen sê die gemeenskap het hul baie goed ondersteun. Die groep wil hul dank uitspreek teenoor elkeen wat bygedra het tot die sukses van die aand en beloof dat hul in die nabye toekoms ‘n “steakete” en dans beplan. Mnr Klaase, die bestuurder van Sederville, was baie in sy noppies met die skenking en wil ook die ander persone wat steeds besig is met insamelingsprojekte bedank vir hul hulp.
21 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 7
Vroue entrepreneurs deur Danie Theron
Van die dames wat betrokke is by die projek VREDENDAL: Vroue in die Hardeveld besef al hoe meer die belangrike rol wat hul kan speel in die “Selfbemagtiging van die Vrou”. Onbewustelik of met voorbedagte rade, het die idee van selfstandige bemagtiging by vroue begin posvat met die besef dat vroue ook instaat is om tot die onderhoud van die familie, maar ook tot die selfbevrediging van eie waardes wat uit geleef kan word, ‘n bydrae kan maak. 'n Aantal jare gelede het NDA (National Development Agency) verskeie projekte in die Hardeveld op die been probeer bring. Die gebrek aan besigheidservaring was blykbaar een van die faktore wat aanleiding gegee het tot die mislukkings in die verlede. Die prentjie het huidiglik heelwat verander. Die voorsitter van hierdie groep, Sara Cloete het die versekering gegee dat hul alreeds hul besigheidsplan uitgewerk het en afsetgebiede is bepaal om sodoende 'n volhoubare mark te skep. Daar word streng op besigheidsriglyne gewerk. Die dorpe in die onmiddellike omgewing, sal voorlopig alle produkte aankoop en mettertyd kan die mark verder uitgebrei word. 'n Fasiliteerder wat ook verantwoordelik sal wees vir die hantering van die boekhouding, onderhandelinge met besighede en finansies, is ook tot die beskikking van die entrepreneurs. Hy is Anvar Sterkse, 'n bekwame jongman van Bitterfontein, betrokke by verskeie projekte in die gemeenskap en iemand wat ‘n waardevolle bydrae sal kan lewer. Die oogmerk is ook om uit hierdie bedryf verder te beplan vir die uitbreiding van moontlike ander produkte wat ook vervaardig kan word. Meer deelnemers, uit die plaaslike gemeenskap, sal dan akkommodeer kan word wat vir al die betrokkenes en hul gesinne 'n beter toekoms kan verseker. Navorsing in hierdie opsig is reeds gedoen en daar bestaan 'n groter mark in die tekstielnywerheid, in die Hardeveld, as wat aanvanklik besef word. Volgens die beplanning sal daar aan die begin van aanstaande maand met produksie begin word en dit wil reeds voorkom of hierdie projek tot inspirasie van ander inwoners sal dien.
Everyone has inside of her a piece of good news. The good news is that you don’t know how great you can be! How much you can love! What you can accomplish! And what your potential is! – Anne Frank.
8 * ONS KONTREI - 21 SEPTEMBER 2012
Mediese Manlike Besnydenis Dag groot sukses VREDENDAL: Die Wes-Kaapse Regering Gesondheid, in samewerk-ing met die nie-winsgewende organisasie, TB/HIV Care Associa-tion, het 'n Mediese Manlike Besnyde-nis (MMB) dag gehou op 15 Sep-tember. Vele huishoudings is bereik en 128 mans het vrywilliglik aangedui dat hulle op die dag gaan kom om be-sny te word. Vervoer is verskaf deur Health NET en die mans is na Vredendal-Noord en Vredendal Sen-trale klinieke aangery. 'n Totaal van 53 mans is tydens die veldtog besny. Graag wil die Wes-Kaapse Regering Gesondheid ook die personeel, HealthNET, TB/HIV Care Association, Wynland en Koelbly bedank vir hul bydrae om die dag 'n groot sukses te Op die foto is pasiënte wat nog wag vir hul beurt met Sr Ina Cillie maak. (HIV/AIDS/STI/TB koördineerder - DOH) en verpleegster Cornelia Vermeulen.
Vertel my... Damestee
Op die foto van links na regs is Jean-Mari Swart, Ethel Beukes, Lindi Boltman en Regard Beukes.
VREDENDAL: Die Evangelies Gereformeerde Kerk het op Saterdag 15 September 'n damestee aangebied met die tema, “Vertel my…”, ten bate van die Seester Projek. Elke tafel het 'n tema gehad wat uit die Bybel kom, byvoorbeeld Wysheid uit Spreuke, die tuin van Eden, en nog ander. Lindi Boltman het die gedig Maria voorgedra, Jean-
Mari Swart en Regard Beukes het gaste met hul sang vermaak. Ethel Beukes het ‘n besonderse boodskap oorgedra. Die Seester projek word al die afgelope twee jaar aangebied. Elke jaar kies hulle 'n matriekdogter wat ondersteuning benodig. Hulle bederf haar deur uitstappies, geskenkies en op vele ander maniere.
het geskuif na Lausanneweg Alles onder een dak:
Big Boys Don’t Dance
Op die foto is die broers en die regisseur. VREDENDAL: Die twee Searle-broers het onlangs die streek besoek. Hulle het reeds vele pryse en toekennings ontvang waar onder die Standard Bank Ovasie Toekenning en is ook uitgenooi om in Australië, Engeland en Praag op te tree. Die bekende produksie, Big Boys Don't Dance het Maandag, 3 September te Hoërskool Vredendal plaasgevind. Ash en Bradley Searle is begaafde dansers wat deelgeneem het aan Suid-Afrika se So You Think You Can Dance-kompetisie wat landwyd op televisie uitgesaai is. Ash is 'n opgeleide danser wat al regoor die wêreld opgetree het. Bradley is 'n dinamiese akteur en geliefd onder die gehoor vanweë sy fantastiese humor. Big Boys Don't Dance speel af tydens Ash se rampartytjie. Teenstrydige idees lei tot probleme, wat bewys dat ware broers uitkyk vir mekaar. Die Searle-broers gebruik 'n verskeidenheid dansstyle soos hip-hop, ballet en vele ander, om die gehoor op 'n reis deur hul onvergeetlike kwajongstreke en gesin se verspottighede te neem. Die gehoor was ten alle tye vasgevang met die danspassies en humor van die toneel. Volgens die leerders wat dit tydens skool gekyk het, was dit iets besonders. Dit was 'n baie genotvolle aand vol humor.
Plaasmark
* Kwekery * Haarsalon * Skoonheidsalon * Verhurings * Buite troues Kom geniet ‘n koffietjie... Tel: 027 213 4719
Saterdag was dit weer tyd vir plaasmark by Die Keldery. Die dag was weereens ‘n groot sukses.
21 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 9
Dit ruk en riel op Betjiesfontein
Op die foto is die redaksielede van die skoolkoerant.
Die Parskuip tree as wenner uit VREDENDAL: Hoërskool Vredendal se skoolkoerant, Die Parskuip, is vanjaar as die Beste Skoolkoerant in Die Burger se Media24 NSP skoolkoerant kompetisie aangewys. Die top vyf wenners van elke streek (Die Burger, Beeld en Volksblad) dring deur na die nasionale kompetisie en sal dan verder sake
uitspook. Daar was vanjaar ook geen kategorieë nie en alle skoolkoerante is volgens dieselfde kriteria beoordeel. Die redaksie bestaan uit 26 lede. Klaas Carstens (redakteur), Gideon Basson (reklame), Megan van Wyk en me. Karina de Villiers (subredaktrise) dien op die uit voerende redaksie.
Onder top 20 in die Wes-Kaap Hoërskool Vredendal het hierdie jaar weer uitstekend gevaar in Wiskunde. Volgens Die Burger se kwalifikasie is Hoërskool Vredendal onder die top 20 wiskundige skole in die Wes-Kaap. Op die foto oorhandig Rikus van Rooy van Die Burger ‘n Ipad aan me Carin Engelbrecht (vakhoof) en mnr Nico Visser (skoolhoof) vir die uitstaande prestasie.
Die Riel Boys van Betjiesfontein tydens ‘n optrede. Foto: Mariaan Smuts
CLANWILLIAM: Onlangs het die voete behoorlik geklap op Betjiesfontein se plankverhoog toe die Betjies en die Calvinia Sitstappers die gehoor op hul tone gehad het met die uitvoering van een van die heel oudste kultuurdanse tydens die Riel en Storiefees. Die bekende skrywer en stigtersvader van die Riel, Elias P Nel, het die gehoor laat skater van die lag met sy stories van toeka. Wat verder tot die sukses van die aand bygedra het was die drie-gang ete wat
bedien was in blikborde en bekers. Die gaste is teruggeneem in tyd na hul grootouers se dae waar daar om die “gellieblik” gekuier is. Die talentvolle Emilio Jacobs het almal betower met sy sang. Hy is begelei deur die bekwame bekroonde musikant, Alfred Basson, wat ook altyd die Betjies se musiek verskaf tydens hul optredes. Volgens die hoof, me Dames, het hul behoorlik geruk en riel op Betjiesfontein en beloof om weer volgende jaar so maak.
Lots of people want to ride with you in the limo, but what you want is someone who will take the bus with you when the limo breaks down. Oprah Winfrey
Foto: Anja van der Westhuizen
Rox tennistoernooi uitslae
CLANWILLIAM: Leerders van ALG het gedurende Augustus in Somerset Wes aan ‘n ROX Tennistoernooi deelgeneem en weereens baie goed gevaar. JG de Bruin het negende gekom in die S 0/12 afdeling terwyl Luan Toerien ook negende was in die S 0/13 Afdeling. Die twee tennisspelers het dus die Goue Plaat Afdeling gewen. Deon Toerien het vierde in die S 0/10 afdeling geëindig. Luan Toerien (S 0/13), JG de Bruin (S 0/12), Nina Mouton (D 0/12), Celene Saaiman (D 0/12) en Deon Toerien (S 0/10) is ook uitgenooi om onlangs aan die ROX Boland Meester-toernooi deel te neem. Dit beteken hul het reeds deur die jaar aan 3 of meer ROX toernooie deelgeneem en genoeg punte ingesamel Op die foto agter is Nina Mouton, ds Pietie van Zyl (afrig- om aan die toernooi deel te neem. ter), Celene Saaiman en voor is Deon Toerien. Afwesig: Tydens die Toernooi het hul gespeel vir ‘n plek van 1 tot 8. Elke speler het ‘n medalLuan Toerien en JG de Bruin. je ontvang. Luan Toerien het derde gekom in die afdeling S 0/13 en sy boetie Deon was sesde in die afdeling vir S 0/10 alhoewel hy nog 0/9 is. Celene Saaiman was sewende en Nina Mouton derde in die D 0/12 afdeling.
Soek dringend huise in Vredendal om te bemark!! En terselfdertyd u vrae betreffende die koop en verkoop van eiendom te bespreek. Vrae wat gereeld opduik is: - Presies hoeveel is my eiendom werd? - Wat moet ek doen om my eiendom bemarkingsgereed te kry? - Vir watter kostes is ek verantwoordelik? - Is hereregte en oordragkoste dieselfde? Ek sal vir u ‘n gratis vergelykende markanalise doen. Alle oproepe sal vertroulik en professioneel hanteer word. Ek sien uit na u oproep of e-pos. Brand Sieberhagen - 082 44 36 35 0 E-pos: sieberhagen.eiendomme1@gmail.com
SOMETHING GOOD
Helen en personeel
Blik projek Op die foto is die leerders van Laerskool Vredendal met hul bydraes tot die blik projek.
(maksimum termyn 36 maande )
Ons is nog by DIE WOELIGEHOEK Ons het net verskuif in die gebou. Kom besoek ons gerus in die nuwe groot winkel vir vriendelike diens.
10 * ONS KONTREI - 21 SEPTEMBER 2012
Recycle Up-to-Date OVPG
Vredendal Hospitaal
MMR Finansiële Dienste
Vredendal SAPD
Medkem Apteek Wimpy Klawer SAPD
Laerskool Vredendal
Loslit dag het in 1995 begin, waar hul R413 000 ingesamel het. Die organisasie het gegroei en het laas jaar R20.3 miljoen ingesamel. Nog foto’s op Facebook!
Big Creek Spur
21 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 11
INDEKS Geklassifiseerd * Betrekkings * Bedankings * Kennisgewings GEKLASSIFISEERD•BETREKKINGS•BEDANKINGS•KENNISGEWINGS 1. 2. 3. 4. 5. 6. 7. 8. 9.
GEBOORTES STERFGEVALLE IN MEMORIAM BEDANKINGS LENINGS DIENSTE DAGSORG EETGOED BETREKKING GESOEK 10. VERLORE / VERMIS 11. ALGEMEEN 12. BOTE / DUIKTOERUSTING 13. LEWENDEHAWE 14. TROETELDIERE 15. GESOEK / BENODIG 16. MEUBELS 17. MUSIEKINSTRUMENTE 18. RADIO / TV / VIDEO 19. TUINBOUDIENSTE 20. JUWELIERSWARE 21. KLERASIE / MATERIAAL 22. SPORTTOERUSTING 23. FOTOGRAFIE 24. REKENAARS 25. KANTOORTOERUSTING 26. BOUMATERIAAL 27. BOUWERK / VERF 28. VERVOER 29. AKKOMMODASIE 30. TE HUUR 31. SEKURITEIT / WAPENS 32. FIETSE 33. MASJINERIE/ IMPLEMENTE 34. ONDERDELE / ENJINS 35. MOTORHERSTELWERK 36. SLEEPWAENS 37. MOTORFIETSE 38. WOONWAENS 39. VOERTUIE 40. EIENDOM 41. BETREKKINGS 42. BLINDINGS 43. ELEKTRIESE WARE 44. GRASSNYERS 45. TE KOOP 46. TE RUIL 47. SPYSENIERING
KOPIEREG Geen berig, foto, artikel of advertensie wat in die ONS KONTREI verskyn het mag sonder verlof van die Redakteur gereproduseer word nie, ingevolge Artikel 12 (7) van die Wet op Outeursreg van 1978. ONS KONTREI se redaksie deel nie noodwendig die menings van lesers, adverteerders of korrespondente nie. Gedruk en uitgegee deur Protea Drukkery, Sentraalstraat 8, Vredendal 8160. Uitgewer: Riaan Oberholzer, Posbus 140 Vredendal, 8160 Tel (027) 213 2074 Faks (027) 213 2075
30
Verhuring van: Kampvrieskaste, sonpanele en dubbelbatterystelsels. Herstel van kampvrieskaste, installering van dubbelbatterystelsels, Eezy Camping. Skakel 082 702 5037.
Vredendal: Winkelspasie te huur (reg oorkant poskantoor). Onmiddellik beskikbaar. Kontak 082 889 1820. Vredendal: “Bachelor flat” ongeveer 1km buite dorp, R1600 per maand plus deposito en koopkrag. Skakel 083 632 5151. Doringbaai: Huis te huur, R2904-00 per maand. Kontak Koekenaap Garage 027 217 1540. Koekenaap: Werkswinkel te huur, R2850-00 per maand. Geskik vir sweiswerke asook motorwerktuigkundige werke. Kontak Koekenaap Garage 027 217 1540.
13
LEWENDEHAWE
50 Bonsmara koeie te koop. Koeie met kalwers, R7000, dragtige koeie R6500. Pryse sluit BTW uit. Kontak Kallie Nel 083 633 5595 of 027 643 2009.
14
TROETELDIERE
Rottweilerhondjies, KUSA geregistreerd, 8 weke oud vanaf R5000R6500. Beskikbaar vanaf 20 September 2012. Skakel 082 225 1509.
JUWELIERS20 WARE Herstel van juweliersware, * Diamante en herontwerp van juweliersware. Kontak Panache Diamante, Rivierstraat 8, Vredendal, Tel 082 702 5037.
29
AKKOMMODASIE
Panorama: Netjiese Selfsorg eenhede by Panorama Medikliniek vanaf R200. Skakel Hester 072 769 4429 of 021 982 2673. Kaapstad: Noordelike Voorstede. Moderne selfsorg akkommodasie. Sentraal geleë vir Panorama Medi kliniek, N1 Stad hospitaal, Grand West casino, strande en besighede. Drie afsonderlike eenhede. Tariewe vanaf R155 per persoon wat deel of R600 vir volle eenheid. Ten volle toegerus, T.V asook veilige onderdak parkering. Skakel 084 645 8327 of besoek. www.accommodationnachel le.co.za
Bellville: Netjiese tenvolle toegeruste selfsorg woonstelle, nuwe buurt. Grens van Bellville en Parow. Binne 3km radius van 5 vernaamste hospitale. Veilige parkering, DSTV opsie 2, vanaf R200 per nag. Skakel 021 939 2881 of 082 681 3110. Durbanville: Selfsorgwoonstel ten volle toegerus, netjies, billik, braaipatio en naby Durbanville Mediclinic Mev. Van Niekerk 083 648 5858. Goodwood: Selfsorgeenheid vir 2 - 6 persone. Naby hospitale, vanaf R200 per nag. Skakel (021) 591 4479. Vredendal: Alfalfa verblyf selfsorg kontrakteur akkommodasie, Vredendal en Lutzville. Besoekers ook welkom. Kontak Alro 082 801 3730 of Epos:alfalfa@mylan.co.za www. alfalfaverblyf.co.za
30
TE HUUR
Vredendal: Netjiese 3 Slpk plaashuis met kantoor, eetkamer, sitkamer, 1½ badkamer, binnebraai, groot kombuis met spens, waskamer en lugverkoeling. Kontak Jaques 027 216 1416 tussen 10:00 en 14:30 gedurende die week. Vanrhynsdorp: 3 Slpk huis met motorhuis op klein erf , R2500 per maand + R1000 deposito. Skakel 027 217 1739.
38 WOONWAENS Sprite karavaan te koop. Laat 80 model, baie netjies binne. Werkende stoof en yskas met tentpenne ensovoorts, R12 000. Kontak Lizelle 082 561 8380 of 027 215 1837.
39
VOERTUIE
Huurkoop probleme:Kan u nie meer u motorvoertuig paaiement bekostig nie. Vermy die swartlys. Motor en bakkies dringend gesoek. Doen bank aflosse. Skakel 083 464 6960.
40
EIENDOM
Vanrhynsdorp: 1000m² erf te koop in Voortrekkerstraat, R165 000. Skakel 074 730 4479.
45
Te koop: 2 x deurkosyne, R40 elk 073 351 0412. Te koop: 2 x Sinkplate, R40 elk, 073 351 0412. Te koop: Groen Toilet en wasbak, R400, 073 351 0412.
TE HUUR
11 ALGEMEEN
TE KOOP
Snoeke te koop, R45 elk. Skakel 027 216 1001. 500 Chenin Blanc op Ramsey wingerdstokkies te koop, R10.50 per stok. Skakel Riaan Wiese 027 217 1409 of 082 802 2388.
4 Eende, 3 wyfies & 1 mannetjie, R100.00, 027 219 1224. 2 Grafte te koop VredendalSuid, Anita 022 715 1739 of 082 424 2894. Soek gebruikte kinderspeelgoed wat in 'n goeie toestand is, 084 443 3718. Te Koop : 12 x 1.9m (h) x 2.2m (L) traliewerke, R500 elk, 082 903 7250. Matriekseun soek dringend werk naweke en vakansies in Vredendal omgewing. Het bestuurderslisensie, bereid om enige iets te doen, 078 233 8134/027 213 2702. Soek Privaat kampplek vir Desember vakansie. Perdeskoen/Strandfontein, 083 233 9680. Te Koop, Tata Indica 2007 model 73 000km, R42 000 ohb. 082 379 1346. 6 Silinder Nissan Skyline enjin @ R3000 ohb, 082 379 1346. 40 Down Draft Weber vergasser @ R800, 082 379 1346. Skaaphond, 6 weke oud, R1500, Pieter Agenbag 083 616 1036. ‘02 BMW 320D, wit, 198 000 kilo’s. Kontak 083 283 3617. Orrel te koop R300.00, 072 427 2864. Hip Hop abs oefen DVD vir half prys, 072 242 7014. 1 x 61 'keys' elektroniese klawerbord, soos nuut, R600. 082 423 4574. Op soek na 2de handse dames trapfiets, 027 213 4469 / 071 886 9985. Gesoek: ogiesdraad wat in onbruik lê. 084 854 0614, 082 423 4574. Te Koop, Nokia N9 nuut. R4200.00, Kontak Riana 072 072 4510. Blackberry Curve 8520 te koop, 076 675 6482. Gesoek hondehok, 082 889 1820. Boer soek dringend 'n werkende skaaphond vir veeplaas op Clanwiliam. Ongeveer 2 jaar oud en reeds opgelei, 082 901 6555.
Te koop: Baba hout “cot”, maak ‘n aanbod, 072 214 2150. Te koop: 2 x Origan pine voordeure, R800 elk, 073 351 0412.
Vir plasing van veilings, bedankings, betrekkings, kennisgewings asook ander advertensies, faks u inligting na 086 541 5852 of E-pos na: info@onskontrei.co.za
Geen handelaars mag hier adverteer. Advertensies sal slegs 2 keer verskyn. Hou asseblief alle inligting so kort as moontlik.
ROOIBOS BPK OP CLANWILLIAM VERLANG DIE DIENSTE VAN ‘N BEKWAME
REKENINGEKLERK
Betrekkings
SEKURITEITSWAGTE Vereistes: * PSIRA geregistreerd * Minimum Gr D Faks volledige CV na 027 213 5129 of gee dit af by Voortrekkerstraat 6, Meubelmark gebou, Kantoor nr. 6, Vredendal.
Betrekking Vredendal
SUPERSPAR ADMIN POS (Cash Office) Vereistes: * Matriek * Rekenaarvaardig * Vorige ondervinding sal in u guns tel. Handig u CV in by Vredendal Superspar, De Keur Sentrum, Vredendal. Aansoeke sluit 25 September 2012. Indien u geen terugvoering binne 2 weke na die sluitingsdatum vir aansoeke ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
Betrekking Algemene Plaasbestuurder Vereistes: * Kode 10 lisensie met PDP * Rekenaarvaardig wees * Matriek met landbouopleiding * Ervaring van ten minste 2 jaar op tafeldruifplaas * Sober gewoontes Daar sal van die persoon verwag word om onder andere die volgende take te vervul: * Personeelbestuur * Rekordinstandhouding * Pakstoor bestuur * Hantering van besproeiing en kunsmis Aansoeke: Rig u aansoek, met ‘n volledige CV aan: Andréé Engelbrecht, Posbus 355, Vredendal, 8160 of stuur dit per e-pos na: andree@kingsley.co.za Sluitingsdatum: 3 Oktober 2012 Indien u geen terugvoering binne 1 week na die sluitingsdatum ontvang nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
BEDANKING SHEREE-DAG Vrydag 7 September 2012 is 'n fondsinsamelingsdag vir Sheree Botha by Jan Mostertpark gehou. Sheree is 'n laerskooldogter van Augsburg Landbougimnasium wat vir klierkanker behandel word. Ons wil langs hierdie weg ons opregte dank uitspreek aan elke persoon wat betrokke was om hierdie dag moontlik te maak. Dankie aan elke persoon, ook buite skoolverband, vir donasies, elke skenking en inbetaling wat tot die Sheree-fonds gemaak is. Ons waardeer dit opreg! Ons wil egter me Mariaan Viviers van Williston spesiaal bedank vir haar bydrae en koördinering van hierdie dag. Baie dankie, Mariaan!! Namens Augsburg, weereens baie, baie dankie!! FANIE NEL, PERSONEEL EN LEERDERS AUGSBURG LANDBOUGIMNASIUM
Die pos bied 'n besondere uitdaging aan 'n noukeurige persoon met bewese ondervinding in ‘n soortgelyke pos. Die suksesvolle kandidaat moet beskik oor: * Minstens Matriek (naskoolse opleiding in Rekenkunde sal as aanbeveling dien); * Afrikaans en Engels goed magtig wees; * Rekenaarvaardigheid in die hantering van rekenaarpakkette (Windows, MS Word en Excell). * 'n Vriendelike en aangename geaardheid, ten einde met kliënte te kan kommunikeer; * Onafhanklik kan funksioneer, maar streng by teikendatums hou. Daar sal van die persoon verwag word om onder andere die volgende take te vervul: * Die hantering en verwerking van Debiteure * Invordering en skakeling met Debiteure * Invoer van transaksies op die rekenkundige pakket. In ruil hiervoor bied die maatskappy 'n markverwante kontant vergoeding, halfdag, vyfdag werkweek en statutêre Verlof- en Siektevoordele. Datum van diensaanvaarding: So spoedig moontlik Aansoeke: Rig u aansoek, vergesel van ‘n CV met volledige besonderhede van kwalifikasies, ondervinding, kontant salaris verlang en onlangse getuigskrifte, teen Vrydag, 28 September 2012, aan: Die Personeelbeampte, Rooibos Beperk, Posbus 64, Clanwilliam, 8135 of stuur epos aan: rita@rooibosltd.co.za Navrae: Mnr Eugene Joubert (Tel: 027 482 2155) Let wel: Indien u Aansoek gedoen het en teen 5 Oktober 2012 nog nie van die maatskappy verneem het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
$
$ $ $ $ $ $ $ $ $ $ $
$
$
$
$
$
$
$WANEPOEL AFSLAER$ OPENBARE VEILING van BAKKIES (L.A.W.’s), TREKKERS, PADSKRAPER, GRASSNYERS, WAENS, MEUBELS en GEREEDSKAP Behoorlik daartoe gelas deur die Matzikama Munisipaliteit sal ons as die ondergemeldes die hierna genoemde voertuie, trekkers en ander artikels verkoop per openbare veiling op
DONDERDAG 4 OKTOBER 2012 om 10:00 te MUNISIPALE WERKSWINKEL, SIRKELWEG, VREDENDAL BESONDERHEDE van ARTIKELS VOERTUIE (L.A.W.’s): 1983 Toyota bakkie; 2003 Colt bakkie; 1999 Nissan bakkie; 2001 Isuzu bakkie; 1997 Ford bakkie; 2002 Volkswagen motor (Citi Golf) en 1993 Mazda bakkie. TREKKERS: 1994 Landini trekker; 4 x Ford trekkers (1967 - 2004); 2 x Massey Ferguson trekkers (1971 - 1983). WAENS: 3 x Waens (Trekker en wipwaens) ALGEMEEN: 1975 Gallion padskraper; 2 x betonmengers; teermenger; “generator”; enkeldrom Bomag (sonder enjin); kompakteerder (sonder enjin); 2 x petrol & elektriese grassnyers; munt wasmasjien; 2 x randsnyers (elektries) water & ander pompe; stamper & hoëdrukspuite; bakkie vir maak van beton kanaaltjies; 6 x Asbes - 300mm halwes; Asbes pype & laste, 37 staanligte en vele kleinere artikels. MEUBELS: 2 x Televisiestelle; winkelyskas; 23 gas waterverwarmers; stoof & mikrogolfoond; 4 x stoele; yskas; lugversorger; 6 x binnedeure; 1 x trapleer; ligtoetsmasjien en vibracrete tafel. Algemeen: Alle artikels kan voor die veiling besigtig word mits reëlings vooraf met Afslaers getref word. Volg rigtingaanwysers. Betaling: Kontant of bankgewaarborgde tjeks op dag van veiling en voor verwydering van enige artikels. AFSLAERS: Swanepoel & Swanepoel (Frikkie Swanepoel), Dorpstraat 3 VREDENDAL, Tel: 027 213 1011/2/3
$
$
$
$
$
$
$
$ $ $ $ $ $ $ $ $ $ $
12 * ONS KONTREI - 21 SEPTEMBER 2012
Die lede wat betrokke was by die soektog na die vleis, by hul fonds.
Booswigte slag teelooie CITRUSDAL: Om ongeveer 07:30 Vrydagaand 14 September, is die polisie in kennis gestel van 3 skape wat langs die Hexrivier pad geslag is. Die teelooie van ongeveer R2 000.00 elk, was afkomstig van die plaas Agterland buite Citrusdal. Die toneel is deur die polisie gefynkam en alle moontlike leidrade opgevolg. Die aand teen 18:00 het die lede ‘n perseel in die Riverview plakkerskamp deursoek vir karkasse. Terwyl hul op die toneel was, het hul inligting ontvang dat die booswigte reeds die vleis in die oop veld aan die Olifantsrivier se kant van die plakkerskamp gaan versteek het. Die polisiemanne
het die oop veld begin fynkam wat ongeveer so groot soos ‘n rugbyveld is en waar die grasse plek-plek heuphoogte staan. ‘n Gesamentlike poging is uitgevoer deur Vispol en die speurders. Met volharding het die lede die soektog in die donkerte voortgesit. Teen 20:00 het hul die sak en houer met vleis opgespoor. Saterdag omstreeks 07:15 is die eerste verdagte gearresteer vir veediefstal. Die ondersoek duur voort en nog arrestasies word verwag. Boere word versoek om seker te maak dat al hul vee gemerk is en dat daar kontrole gehou word oor hoeveel vee op die plaas is.
Diefstal~ om aan dwelmbehoeftes te voorsien deur Kaptein Carin Coetzee VREDENDAL: In ‘n voorval is verskeie items in ‘n woning in Hoërskoolweg, Vredendal-Noord oor ‘n tydperk geneem. Die verdagte wat oók by dié
woning woonagtig is, het erken dat hy die goedere uit die huis gesteel het en verkoop het om aan sy dwelmbehoeftes te voorsien.
VACANCY
JOB SPECIFICATION: KOHIN SOCIAL WORKER 1. Purpose Kohin is a faith-based organisation seeking to employ a registered social worker who will implement the Kohin substance abuse programme on the early intervention level in the Vredendal-area (West Coast) with at-risk children and their families through individual sessions, group programmes and family interventions within the farm worker community and identified schools 2. Requirements Passionate about working with children, child protection issues, reducing substance abuse within families and alleviating poverty A degree or diploma in social work from a recognised South African tertiary institution Valid registration with the SA Council for Social Service Professions (SACSSP) as social worker for a minimum of 3 years Willing to adhere to the Christian ethos of Kohin Preferably a minimum of three years experience in doing community development Preferably a minimum of three year experience in working with at-risk children, youth and their families Experience in working with farm worker communities and/or illiterate or semiliterate clients Excellent in individual sessions, small group facilitation and presentations An exceptional ability to work sensitively with people from different cultural and socio-economic backgrounds and able to contextualise programmes Fluency in Afrikaans and English (oral and written) Exceptional organisational, administrative and report-writing skills, as well as an exceptional ability to meet deadlines Excellent computer skills (Microsoft, Email, Power point) with own computer Valid driver's license with own transport 3. Salary: To be discussed 4. Deadline for applications: Wednesday, 26 September 2012 at 12h00 5. Enquiries: Elize Maritz email: elize@kohin.co.za
Die lede wat betrokke was by die padblokkade met die daggafonds van die dag.
Daggavonds CITRUSDAL: Sondag 16 September het die Citrusdal polisie ‘n padblokkade op die N7 gehou in samewerking met die provinsiale en plaaslike verkeer. Die Namakwaland Honde Eenheid het ook hul bystand verleen. Die volgende suksesse is tydens die padblokkade behaal. Verkeersboetes ter waarde van R6 600.00 is uitgereik.
Drie persone is gearresteer vir die besit van dagga van onderskeidelik 7,5 g, 16 g en 88 g. Nog drie persone, waarvan twee vroue was, is gearresteer vir die besit van 150 pakke dagga asook drie winkelsakke met los dagga. Die persone het reeds op 17 September in die hof verskyn en is tans in hegtenis. 187 voertuie is deursoek tydens die padblokkade.
VEP - Victim Empowerment Programme VREDENDAL: Vredendal SAPD poog nie net om kriminele vas te vat nie, maar ontferm hulle ook oor die slagoffers. Hierdie week is “Victim Rights Week” en verskeie projekte word aangebied om die regte van slagoffers bekend te maak. Pamflette oor regte van slagoffers is beskikbaar by die plaaslike SAPD en Landdroskantore. Op Vrydag 21 September, sal die Traumakamer by die SAPD oop wees vir die publiek om te besigtig. Slagoffers word na hierdie
vertrek geneem indien hulle baie ontsteld is om hulle uit die oog van die publiek te hou en persone op bystand word gekontak om hulle te help. In baie gevalle is kinders die slagoffers van misdaad en ons moet onthou dat die besoek aan ‘n polisiestasie vir ‘n kind, alreeds ‘n skrikwekkende ondervinding is, dus word die traumakamer met groot sukses gebruik. Indien enige iemand betrokke wil raak, kan hulle vir Konstabel Yolandi le Roux skakel by 027-201 3221.
Pa dreig dogter met byl VREDENDAL: ‘n Dame was Sondagoggend, 16 September om ongeveer 09:30 voor haar woonstel in Spes Bona, toe haar pa gedreig het om haar met ‘n byl aan te rand. ‘n Nege en Vyftig-jarige man is gearresteer.
Inbraak en diefstal VREDENDAL: Daar is weer by ‘n trok ingebreek op 7 September, voor ‘n besigheid in Vredendal. Die klein venstertjie is gebreek sowel as die agterdeur. Goedere ter waarde van R2048 is gesteel. OPTREK VAN 'N BEWARINGS BESTUURSPLAN VIR DIE BOBBEJAANPUNT PROVINSIALE ERFENISGEBIED, ELANDSBAAI UITNODIGING OM DEEL TE NEEM AGTERGROND Erfenis Wes-Kaap het EcoAfrica Omgewingskonsultante (EcoAfrica) aangestel om 'n Bewarings Bestuursplan (BBP) saam te stel vir die Bobbejaanpunt Provinsiale Erfenisgebied te Elandsbaai, Cederberg Plaaslike Munisipaliteit, Wes-Kaap Provinsie. EcoAfrica is besig met 'n openbare deelnemende beplanningsproses en nooi alle inset houers uit op hul menings te lug om sodoende die BBP proses te lei. Enige persoon en/of organisasie wat geïnteresseerd is en/of geraak word deur die bestuur van die Provinsiale Erfenisgebied, kan registreer en word uitgenooi om aan die proses deel te neem. Belanghebbendes wie hul besonderhede en belange registreer sal voortdurend ingelig word gedurende die beplanningsproses. LIGGING VAN DIE KERN ERFENISGEBIED Die kern van die Erfenisgebied is die Bobbejaanpunt Grot en die erfenisgebied is geleë op Elandsbaai Erwe 64, 65, 66 & 67, en Dele 4 en 8 van Plaas Nr. 8, Elandsbaai. OPENBARE WERKSWINKEL: DIE ELANDSBAAI ERFENIS LANDSKAP 'n Openbare werkswinkel word gehou te Elandsbaai, soos hieronder aangedui: Plek: Elandsbaai Hotel, hoek van Hoofstraat en Hunterstraat, Elandsbaai Datum: 26 September 2012 Tyd:16:00 KONTAK Individue en organisasies se registrasie besonderhede, hul belange in die saak en inleidende kommentaar kan gestuur word na 021 448 8433 (faks) of baboonpoint@ecoafrica.co.za (gebruik “Bobbejaanpunt BBP” as verwysing). Andersins, en indien moontlik, woon asseblief die openbare werkswinkels in Elandsbaai by. Inligting is ook beskikbaar by die plaaslike munisipale kantoor te Skoolstraat 1 in Elandsbaai (022 972 1745). Dankie
21 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 13
0/12 Boland Pettefunksie VREDENDAL: Laerskool Vredendal het op Vrydag, 14 September die Boland 0/12 Pettefunksie aangebied. Vier en veertig rugbyspelers het Vrydagmiddag in Vredendal arriveer vir ‘n oefenkamp en die Pettefunksie. Tydens die glans geleentheid die aand was daar twee leerders van Augsburg Landbou-
gimnasium ,Duan van der Westhuizen en Maritz Visagie, wat hul Boland kleure ontvang het.Bekende sakeman, Francois Maartens het die boodskap, “maak jou prestasies jou beter as ander” oorgedra. Die Saterdag het nog afrigting gevolg en daarna is daar ‘n wedstryd gespeel teen ‘n span van Noordwes-Boland.
Op die foto is van links na regs Maritz Visagie, Duan van der Westhuizen en Francois Maartens. Foto: Fotasia
"The legacy of heroes is the memory of a great name and the inheritance of a great example” Benjamin Disraeli, British Prime
BEDANKING Laerskool Vredendal
Sederberg Primêr hou Superspar Rugby en Netbal sportdag Chad Fortuin, wat aangewys is as beste voorspeler van die dag saam met mnre Deon van der Westhuizen (Superspar) en Isak September (Afrigter).
Gerrit Overbeek Janestersentrum, Vredendal Tel: 082 479 5834
Vir die vervoer van enige iets tot 3,5 ton, in die radius van 400km. Kontak Mariana 083 654 0652
Verhuring van toerusting: · Excavator ·Diggerloader · Lowbed · Spitdolwerk
Skakel 083 627 1272
Ons doen ook die volgende in die salon: * Grimering vir troues * Akriel & Jel naels * Keratien behandeling * Kop masserings * Verkoop ook haarprodukte * Cloudnine Flat irones te koop (selgs op bestelling + 50 % dep)
LOUW TRANSPORT Nico Louw 082 804 1876 E-pos: nico3663@gmail.com
· Spesialiseer in kort afstand meubelvervoer & aflewerings. · 1 Ton bakkie ook beskikbaar ∙ Vervoer tot 8ton. ∙ Billike tariewe. ∙ Gratis Kwotasies. ∙ Professionele diens gewaarborg.
MATZIKAMA MUNISIPALITEIT PUPLIEKE DEELNAME VERGADERINGS Die munisipaliteit is van voorneme om in al sy agt (8) wyke te begin met publieke deelname vergaderings soos aangedui in die onderstaande tabel.
WYK
DATUM
1 2 3 4 5 6 7
26 SEPTEMBER 2012 27 SEPTEMBER 2012 03 OKTOBER 2012 04 OKTOBER 2012 01 OKTOBER 2012 08 OKTOBER 2012 09 OKTOBER 2012
8
28 SEPTEMBER 2012 STOFKRAAL MOLSVLEI 02 OKTOBER 2012 PUTSKLOOF BITTERFONTEIN NUWERUS 05 OKTOBER 2012 KLIPRAND RIETPOORT 10 OKTOBER 2012 KOEKENAAP
TYD 19:00 19:00 19:00 19:00 19:00 19:00 19:00
PLEK UITKYK GEMEENSKAPSAAL MIRIAM OWIES SAAL VERGENOEG SKOOLSAAL VREDENDAL NOORD GEMEENSKAPSAAL VREDENDAL SPORTSAAL KLAWER NOORD GEMEENSKAPSAAL MASKAMSIG GEMEENSKAPSAAL
09:00 GEMEENSKAPSAAL 11:30 GEMEENSKAPSAAL 10:30 GEMEENSKAPSAAL 13:30 GEMEENSKAPSAAL 17:00 GEMEENSKAPSAAL 09:30 GEMEENSKAPSAAL 13:00 GEMEENSKAPSAAL 19:00 GEMEENSKAPSAAL
Gemeenskappe moet deelneem aan die vergaderings soos aangedui in die bostaande tabel vir die hersiening van die huidige GOP, Begroting en Beleide. Gedurende die eerste fase van die deelname proses word gemeenskapslede geleentheid gebied om insae te lewer ten opsigte van die GOP en Begroting vir die volgende finansiële jaar. DGI O'NEILL MUNISIPALE KANTORE MUNISIPALE BESTUURDER POSBUS 98 VREDENDAL 8160 TEL: 027 201 3300 KENNISGEWING no: K29/2012 FAKS: 027 213 5098
CLANWILLIAM: By die onlangse Superspar Rugby en Netbal sportdag wat Sederberg Primêr gehou het, het die skool se leerders besonders goed gevaar teen die ander skole wat die dag deelgeneem het. Die 0/13 rugbyspannetjie het uitgeblink teen Boy Muller van Ceres en is aangewys as die dag se wenners met ‘n telling van 29 – 0. Die 0/11 rugbyspannetjie het ook ‘n oorwinning van 12 – 5 teenoor St Thomas van Malmesbury behaal. Chad Fortuin 0/13, is aangewys as die beste voorspeler van die dag en CarlAndrew Heins 0/13, is aangewys as die beste agterspeler van die dag. Die 0/13 netbalspan wen Boy Muller met 11 – 8 en die 0/12 netbalspan wen teen Diazville met 12 – 7. Jennique Ruiter is aangewys as die beste speler in die 0/12 span terwyl die beste senter ‘n dogter van Boy Muller was. Die skool bedank Superspar vir hul borgskap en ondersteuning elke jaar.
Graag bedank ons die volgende persone of instansies vir hul bydrae tot die O/12 Boland Pettefunksie: Francois Maartens (Gasspreker), Functions 4 U, Vredendal Blommemark, Koelbly, Lutzville Wingerde, Namaqua Wines, Atman Engelbrecht, Laerskool Vredendal personeel, Augsburg Landbougimnasium, Jors Visser, Riaan van der Merwe, Ben Nel, Jockey Tubb, Protea Produkte, Kobus Nieuwoudt & braaiers en Marinda Oberholzer.
14 * ONS KONTREI - 21 SEPTEMBER 2012
Netbalnuus ‘n Baie besonderse Weskus netbaltoernooi het op 8 September by die bane van Hoërskool Piketberg plaasgevind. Meer as 150 deelnemers het van sover as Nieuwoudtville gereis om hierdie dag van “uit-die-maag-uit-lag” pret by te woon. Die toernooi is elke jaar 'n hoogtepunt op die Weskus Netbalunie se kalender en dit is 'n projek wat saam met die Departement van Kultuursake en Sport aangebied word. Op hierdie dag word netbal in die suiwerste vorm geniet, sonder wenmotief, sonder tellingkaarte met baie nuwe vriendskappe wat gesmee word. By registrasie het spelers 'n nommer getrek wat bepaal het in watter span hulle sou speel vir die dag. Die mans se fenomenale veer-
Namakwa Jag VREDENDAL: Namakwa Jag het die afgelope Saterdag 'n 3 geweer skiet aangebied. Daar is met jaggewere, .22's asook handwapens geskiet na teikens vanaf 7m tot 350m. Die weer het mooi saamgespeel en dit was 'n baie suksesvolle skietdag. Dit was ook die eerste aktiwiteit wat aangebied is sedert die skietbaan se nuwe afdakke opgesit is. Uitslae; Top 3 skuts van die dag:
krag, raak kwinkslae en ongelooflike netbaltalent was telkemale die oorsaak van dawerende applous. Klubs is ook aangemoedig om aspirant skeidsregters te nomineer om op hierdie dag vir die eerste keer die fluitjie op te neem. Die volgende pryse is oorhandig: *Assistent Skeidsregter met die ekstra fluitjie langs die baan: Yvette de Jager (Citrusdal) *Speler wat die gouste moeg geraak het: Wilmien Treurnicht (Citrusdal) *Skeidsregter wat die minste belanggestel het in sy eie wedstryd: El-jero Job (Excelsiors, Klawer) *Grootste val: Berenice Arahams (Excelsiors, Klawer) en Rachel Sterkse (Invincibles, Vredendal) *Span verste gereis: Young Stars (Nieuwoudtville) *Speler met die meeste gees: Sarie Isaacs (Young Stars, Nieuwoudtville).
1.) Braham de Swardt (330) 2.) Evan Lategan en Stephan de Swardt (300) 3.) Marco Kruger, Jannie Engelbrecht en Gert Vorster (270) Beste Ghong telling: Marco Kruger Beste Handwapen: Stephan de Swardt Beste .22 telling, 5 skuts almal voltal geskiet: Jannie Engelbrecht, Stephan de Swardt, Marius Coetzee, Braham de Swardt en Evan Lategan. Namakwa Jag se volgende aktiwiteit is 'n CHASA kompetisie die 13 Oktober. Skakel 0842490439 vir meer inligting.
MATZIKAMA MUNISIPALITEIT KENNISGEWING: AANSOEK OM VERGUNNINGSGEBRUIK
Die Riverside Rangers het onlangs na Worcester getoer waartydens hulle teen Double Foot Shooters Division gespeel het. Riverside Rangers het koning gekraai , beide spanne het met oorwinnig terug gekeer. Tans berei hulle hulself voor vir die Malfa kompetisie volgende jaar.
Namaqua tem die Rooiberg
Op die foto is die atlete wat aan die wedloop deelgeneem het. GARIES: Onlangs het 6 atlete aan die Namaqua Flower Run te Garies deelgeneem. Netta Truter en Heswil Krige doen die 10km in onderskeidelik 1:10 en 1:53. Adele Maass, Carin Lochner, Henry Scholtz en Douw Vermeulen pak die 20km aan. Tye as volg: Adele Maass-5:53
Henry Scholtz-5:25 Carin Lochner-6:15 Douw Vermeulen-7:00 Alwyn Maass- 5:50 (nie offisieel) Di twas ‘n moeilike, maar pragtige roete. Die Rooiberg is die hoogste punt in die Noord-Kaap.
Ds Pietie speel Boland
Boland veterane (55+ ouderdomsgroep) deelgeneem. Die Bolandspan het derde in die toernooi geëindig. Ds Pietie en Kobus Liebenberg het die beste in hul dubbels gevaar. Hierna het hy sowaar nog kans gesien om gemeng ook te speel en twee gewen. Ds Pietie, soos die kinders hom ken, het reeds op skool vanaf gr 4 tennis gespeel. Sedert 1999 speel hy vir die veterane en is ‘n internasionale tennis instrukteur. Ds Pietie is vierde op die Boland ranglys. Hy hou hom in sy spaartye, wat maar min is, besig met tennis afrigting. Tans rig hy tennisspelers in Clanwilliam, Vredendal Hoër- en Laerskool af. Ds Pietie is ‘n baie beskeie mens en dis moeilik om al sy welslae uit hom te kry. Hy is nie ‘n mens wat maklik oor homself praat nie, maar sy hart is wyd oop vir sy medemens. Ouers wie se kinders deur hom afgerig word, kan voorwaar trots wees daarop, want Ds Pietie het die geduld van die wêreld ontvang en gee net sy beste aan sy spelers.
Op die foto is ds Pietie van Zyl. CLANWILLIAM: Dominee Pietie van Zyl het gedurende die week van 26 Augustus tot 1 September aan die Interprovinsiale Tennistoernooi in Bloemfontein vir die
MATZIKAMA MUNISIPALITEIT
Kennis geskied hiermee ingevolge Regulasie 4.6 van die Skemaregulasies afgekondig in Provinsiale Koerant No 1048/1988 saamgelees met die gewysigde skemaregulasies afgekondig in die Provinsiale Koerant No 6894, (P.K 189/2011) op 29 Julie 2011, dat die Raad die volgende aansoek vir oorweging ontvang het: Eienaars : Kobus Visser Trust & Jan Ponk Trust Eiendom : Restant van die Plaas Groot Draaihoek No 293 en die Restant gedeelte van Gedeelte 1, 7 en 8 van die Plaas Groot Draaihoek No 293 Ligging : ±3 km Suid-wes van Vredendal Huidige sonering : Geag Landbousone I Voorstel: ‘n Vergunningsgebruikaansoek ten einde 'n gedeelte (±35ha) van bogenoemde aangrensende plaasgedeeltes (wat altesaam ongeveer 3530ha beslaan) in 'n windenergie fasiliteit met 'n maksimum opwekkingsvermoë van 30MW, te ontwikkel. Die Herwinbare Energie Projek sal uit 15 wind turbines van ongeveer 185m hoog (tot by die verste punt van die lemme) bestaan, elk met 'n maksimum opwekkingsvermoë van tussen 2MW tot 3MW. Besonderhede van die aansoek is gedurende kantoor ure by mnr Lategan of me Kriek ter insae. Skriftelik gemotiveerde kommentaar en/of besware ten opsigte van die voorstel kan by ondergenoemde voor of op Maandag, 22 Oktober 2012 by die Munisipaliteit ingedien word. Enige persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende die kantoorure van die Munisipaliteit na die ondergemelde kantoor kom waar mnr Lategan of me Kriek sodanige persoon sal help om sy/haar Kommentaar en/of besware af te skryf.
Kennis geskied hiermee ingevolge Regulasie 4.6 van die Skemaregulasies afgekondig in Provinsiale Koerant No. 1048/1988 saamgelees met die gewysigde Skemaregulasies afgekondig in Provinsiale Koerant No. 6894, (P.K. 189/2011) op 29 Julie 2011, dat die Raad die volgende aansoek vir oorweging ontvang het: Eienaar : Jan Frederick Zandberg Testamentêre Trust Eiendom : Restant van die Plaas Bakleiplaas No 277 Ligging : ±10km Noord-wes van Vredendal Huidige sonering : Geag Landbousone I Voorstel: 'n Vergunningsgebruikaansoek ten einde 'n gedeelte (±100ha) van die Restant van die Plaas Bakleiplaas No 277 (504,0763ha) in 'n sonenergie fasiliteit met 'n maksimum opwekkingsvermoë van 30MW, te ontwikkel. Besonderhede van die aansoek is gedurende kantoor ure by mnr Lategan of me Kriek ter insae. Skriftelik gemotiveerde kommentaar en/of besware ten opsigte van die voorstel kan by ondergenoemde voor of op Maandag, 22 Oktober 2012 by die Munisipaliteit ingedien word. Enige persoon wat nie kan skryf nie kan gedurende die kantoorure van die Munisipaliteit na die ondergemelde kantoor kom waar mnr Lategan of me Kriek sodanige persoon sal help om sy/haar kommentaar en/of besware af te skryf.
DGI O'NEILL MUNISIPALE BESTUURDER
DGI O'NEILL MUNISIPALE BESTUURDER
MUNISIPALE KANTORE POSBUS 98 VREDENDAL 8160 TEL: 027 201 3300 KENNISGEWING no.:G7/2012 FAKS: 027 213 5098 This notice is also available in English on request. Esi saziso siyafumaneka ngesiXhosa xa kuceliwe.
JG Drilling
KENNISGEWING: AANSOEK OM VERGUNNINGSGEBRUIK
MUNISIPALE KANTORE POSBUS 98 VREDENDAL 8160 TEL: 027 201 3300 KENNISGEWING no.:G6/2012 FAKS: 027 213 5098 This notice is also available in English on request. Esi saziso siyafumaneka ngesiXhosa xa kuceliwe.
SALON ILSE De Keur Sentrum (Bo Clicks) Vredendal
Boor van rotsgate en screengate, sowel as prospekteer werke. Gerrit Overbeek 083 627 1272 Hennie Coetzee 083 227 3622
automotive engineering
Diens van Vragmotors asook die herbou van petrol en diesel
Ons salon verkoop * Hare * Gom * Pony strings * GHD’s (tange) 027 213 5636 083 527 6257
Tel: 027 217 1516
Lente Special (Slegs Woensdagaande)
engins
Vanaf 18:00 - 21:00
Kontak ons gerus vir kwaliteit diens. Tel: 027 213 5809 Fax: 027 213 5235 Rivierstraat, Vredendal
Steak & Chips Vanaf R65 p/p Glasie wyn op die huis
Slegs besprekings
21 SEPTEMBER 2012 - ONS KONTREI * 15
Manne wat kan stoei
Op die foto is van die gimnaste wat deelgeneem het.
Gimnaste presteer uitstekend VREDENDAL: Gedurende die naweek van 7 en 8 September het 16 trampolien gimnaste van ProGymnastics aan die jaarlikse Wes-Kaap kampioenskappe deelgeneem. Die gimnaste het 6 goud, 4 silwer en 4 bronsmedaljes ingepalm. Die trampolien gimnaste het die volgende prestasies behaal: Ane Louw - 3e : Mini-Trampolien en 3e Blacktop Emore Vosloo - 2e: Minitrampolien Gerdo Louw - 3e: Minitrampolien en 1e Blacktop Le-Wandra Groenewald: 1e Mini-Trampolien en 2e Blacktop
Meubelmark Vredendal Tel: 027 - 213 5110
te * Hangkas * TV-Kaste rs * Lessenaa s * Bedkassie kaste * Kombuis e stell * Sitkamer BESTE PRYSE !!!!
JH Kleynhans: 1e Blacktop en 2e Mini-trampolien Ame Du Plessis: 1e Blacktop en 1e Mini-Trampolien Carmea Hennies: 3e Blacktop Stephanie Schlettwein: 1e Blacktop Roche Schutte: 2e Blacktop L e - Wa n d r a G r o e n e w a l d , Gerdo Louw, Emore Vosloo en Ane Louw gaan die Wes-Kaap span verteenwoordig en aan die komende SA's deelneem in die week van 1-6 Oktober te Pretoria. Baie dankie ook aan Vredendal Toyota vir die gebruik van hulle bussie om die gimnaste na Kaapstad te vervoer, die klub waardeer dit opreg.
Vredendal Tel: 02721 32 6 32 (alle ure)
Begrafnis Kennisgewings
Op die foto is JG de Bruin (regs) en MC de Jongh (links). Foto: verskaf VREDENDAL: JG de Bruin en MC de Jongh het die naweek van 8 September aan die Ceres Stoeitoernooi deelgeneem. Albei het 'n silwer medalje verwerf. JG het ook deelgeneem aan die presidente afdeling en daar 4de geëindig. Beide van hulle is in die Boland Stoeispan opgeneem wat eerskomende naweek aan die Kustoernooi te Bellville deelneem. Spanne van WP, Boland, OP en Namibië kompeteer teenmekaar. Na afloop van die toernooi word 'n Boland Span gekies wat aan die SA Nasionale kampioenskap gaan deelneem
Onthou jul modeparade kaartjies vir die verskeie matriekafskeide wat volgende week plaasvind. Vredendal-Noord Begraafplaas. DE KLERK DAWID 18/12/1949 - 13/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 22 September 2012 om 09:00. Van daar na Engen-Klawer Begraafplaas.
CLOETE RANDALL 08/02/1981 - 15/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 22 September 2012 om 14:00 by die huis en die kerkdiens om 15:00 vanuit die Griekwa Kerk. Van daar na VredendalNoord Begraafplaas.
LOTT REGINA 16/06/1972 - 12/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 22 September 2012 om 10:00 by die huis en die kerkdiens om 11:00 vanuit die Rooms Katolieke Kerk. Van daar na Vredendal-Noord Begraafplaas.
COETZEE ELIZABETH 09/01/1920 - 11/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 22 September 2012 om 14:00 by die huis en die kerkdiens vanuit die V.G. Kerk, Vredendal-Noord om 15:00. Van daar na
SNEWE FRANCOIS (WORSIE) 04/06/1983 - 08/09/2012 Begrafnisdiens vind plaas op Saterdag, 22 September 2012 om 09:00 by die huis en die kerkdiens om 10:00. Van daar na Vredendal-Noord Begraafplaas.
Stoeiers vaar goed
Op die foto is die stoeiers wat aan die stoeitoernooi deelgeneem het. VREDENDAL: Olifantsrivier Stoeiklub het op Saterdag 8 September deelgeneem aan die Ceres Stoeitoernooi. Die klub het 8 stoeiers ingeskryf by name, Theunis Britz, AJ Britz, Gustav Fouche, Pierre du Toit, Daniel du Toit, Dylan Boshoff, Ros Zehippers en Hein van der Merwe. Vier van die stoeiers is gekies vir die Boland oefengroep om die naweek van 22 September deel te
neem in die Boland span aan die SA Streekskampioenskappe. Die stoeiers is AJ Brits, Daniel du Toit, Ros Zehippers en Hein van der Merwe. Ros en Hein het ook in hulle afdelings albei goue medaljes verwerf. Sterke aan die Boland span vir hulle deelname aan die Sa’s. Vir enige navrae, kontak Arniel du Toit by 083 544 0441.
CEDERBERG MUNICIPALITY PROPOSED APPLICATION FOR REZONING:- PORTION 17 OF THE FARM JAN DISSELS RIVIER NO. 270, CLANWILLIAM, FROM AGRICULTURAL ZONE I TO RESORT ZONE I (EXISTING BOSKLOOF SWEMGAT FARM HOLIDAY ACCOMMODATION FACILITY:- 8 UNITS) In terms of Section 17(2)a of the Land Use Planning Ordinance, 1985 (Ordinance 15 of 1985) notice is hereby given that an application for rezoning has been received. Further particulars are available for scrutiny at the Clanwilliam Municipal office during normal office hours, contact person, Mr AJ Booysen, Tel no:- 027 482 8000. Written, legal and fully motivated objections / comments, if any, against the application must be lodged in writing addressed to the Municipal Manager, Cederberg Municipality, Private Bag X2, Clanwilliam, 8135. Written objection and/or comments must be lodged on or before (30 days) Monday, 22 October 2012. Applicant: MARTIN Oosthuizen for BolandPlan Town and Regional Planning, Tel: 082 5655 835 Owner : Mr Paul Nieuwoudt Nature of Application: Rezoning application to enable the owner to use the existing 8 strucutres for the purpose of tourist accommodation. I KENNED MUNICIPAL MANAGER NOTICE NO. 73/2012
CEDERBERG MUNISIPALITEIT VOORGESTELDE AANSOEK OM HERSONERING:GEDEELTE 17 VAN DIE PLAAS JAN DISSELS RIVIER NR. 270, CLANWILLIAM, VANAF LANDBOUSONE I NA OORDSONE I (BESTAANDE BOSKLOOF SWEMGAT VAKANSIE AKKOMMODASIE FASILITEIT)
BERGH MEUBELVERVOER Vir u gemoedsrus gedurende verhuising bied Martiens sy dienste aan en onderhandel vir beste pryse. Ervare personeel, persoonlike toesig en bestuur plaaslik en landwyd.
TE HUUR Verskeidenheid Sleepwaens Plastiese Tenke in staalrame op palette en Dromme Skakel Martiens by (027) 213 3333 of 082 896 9633.
Kennis geskied hiermee ingevolge die bepalings van artikel 17(2)a van die Ordonnansie op Grondgebruikbeplanning, 1985 (Ordonnansie 15 van 1985) dat 'n aansoek om hersonering soos hieronder uiteengesit by die Cederberg Munisipaliteit ingedien is en dat dit gedurende kantoor ure beskikbaar is by die Raad se Clanwilliam kantoor, kontakpersoon is Mnr AJ Booysen, Tel nr:- 027 482 8000. Skriftelike, regsgeldige en goed gemotiveerde besware en of kommentaar indien enige, moet gerig word aan die Munisipale Bestuurder, Cederberg Munisipaliteit, Privaatsak X2, Clanwilliam, 8135. Besware en of kommentaar moet voor of op (30 dae) Maandag, 22 Oktober 2012 bogenoemde kantore bereik. Aansoeker: MARTIN Oosthuizen vir BolandPlan Stads- en Streekbeplanning, Tel: 082 5655 835 Eienaar: Mnr Paul Nieuwoudt Aard van aansoek: Hersonering ten einde die grondeienaar in staat te stel om die 8 bestaande strukture vir vakansie akkommodasie doeleindes te mag aanwend. I KENNED MUNISIPALE BESTUURDER KENNISGEWING NR. 73/2012
16 * ONS KONTREI - 21 SEPTEMBER 2012
Hierdie spasie is beskikbaar teen R360 + BTW per plasing.
Is dit tyd dat u huis geverf word ? Skakel ons nou vir ‘n gratis kwotasie.
Kontak ONS KONTREI by 027 213 2074.
H/V Kerk en Matzikamastraat, Vredendal Tel: 027 213 1606 / Sel: 076 677 6155
Lions Vredendal Gimkana Op die foto is deelnemers in aksie. VREDENDAL: Die sesde Lions Vredendal Gimkana was weereens ‘n reuse sukses. Op Saterdag, 15 September het die Lions klub weer hul jaarlikse Motor Gimkana aangebied. Daar was 37 spanne wat ingeskryf het. Daar was baie toeskouers wat in die opwinding gedeel het. Fanie du Toit en Kobus Wilson Jnr wen die gimkana met hul klas A Mazda Rustler LDV na ‘n verbete stryd met Izak van Zyl en Dewald van der Merwe in hul Dynotech klas G VW Golf MkII Turbo 2.0. Günther en Louise Appelgryn, ouderge-
woonte die bestendigheid vanself, eindig in derde posisie algeheel met hul klas B Eikestad Plastic Repairs VW Golf MkI 1800. Geskiedenis word gemaak toe Jacques Jansen van Vuuren en Johan van der Merwe die eerste Toyota 86 kombinasie in SA Motorsport word en hul behaal ‘n puik tweede posisie in klas E op hul debuut. Hul behaal ook ‘n tweede plek in klas C met ‘n ratse Toyota Etios 1500 onder die vaandel van Vredendal Toyota. Onderskeie klaswenners: A Fanie du Toit, Kobus Wilson Jnr Mazda
Rustler LDV 2.0 (Worcester kombinasie en tans die punte voorlopers in 2012), B Günther Appelgryn, Louise Appelgryn VW Golf MkI 1.8 (Gewilde egpaar vanaf Brackenfell), C Jacques du Plessis, Patrick Vermaak Toyota Conquest RSi 1.6 (Jacques was die 2011 algehele wenner en kom van Ceres), D Jan van der Vyver, Björn Venter VW Golf Chico 1.4i (Stellenbosch kombinasie), E Johann Zulch, Tania Vermaak BMW 325iM 2.5 (Tydren legende in WP en vanaf Ceres) (Tania jongste klaskampioen ooit in 2011
en dogter van Patrick), F Anton Smit, Gavin Parsons Nissan LDV 1.6 (Vanrhynsdorp kombinasie), G Izak van Zyl, Dewald van der Merwe VW Golf MkII GTi 2.0 Turbo (Skoonseun en Skoonpa kombinasie vanaf Brackenfell), H Johannes van der Westhuizen Quad (Vredendal) en I Yolanda van Zyl, Jacolien Hough VW Golf MkII GTi 2.0 Turbo (Vrou van Izak en dog-ter van Dewald). Algeheel Podium: Eerste is Fanie du Toit, Kobus Wilson Jnr Mazda Rustler LDV 2.0, tweede is Izak van Zyl, Dewald van der Merwe VW Golf MkII GTi 2.0 Turbo en derde Günther en Louise Appelgryn VW Golf MkI 1.8 G.
Essex toekennings deur Mariaan Smuts CLANWILLIAM: By Essex Krieketklub se jaarlikse sporttoekenningsaand het spelers verskeie trofees ontvang. Die Essex A span is ook vir die tweede agtereenvolgende jaar aangewys as die Wes Boland kampioene. Die klub het uitstekende resultate behaal en die bestuur is baie trots op hul spelers. André September is opgeneem in die Boland span en is deur die klub aangewys as hul Provinsiale speler. Alshaan Burrows, onder kaptein, is aangewys as Speler van die Jaar en Beste Veldwerker vir die A span. Ducane April het trofees ontvang vir Beste Vordering en ook as Beste eerste span Bouler. Ernst Maarman, kaptein van die B span, het bekers gekry vir Speler van die Jaar tweede span, Kolwer van die Jaar tweede span en Bouler van die Jaar Frikkie se roete 22 September 06:00 Vredendal NG kerk Wes
Namaqua Cup Namaqua Cup uitslae: Saterdag 15 September: Arrows 2 vs Future Builders 0, Diphakoe United 1 vs Vredendal FC 0, Rangers FC 4 vs Vanrhyn Spurs 3, Kangaroo Spurs 5 vs Evergreens 3, Future Builders 8 vs Graafwater FC 2, Young Rovers 1 vs Arrows 0, African Stars 5 vs Vredendal FC 2 en Young Ideas 5 vs Evergreens 1.
Op die foto is die beker wenners van die aand. Foto: Marian Smuts tweede span. Jacquin Titus het trofees ontvang vir Pro 20 speler en Opkomende Speler vir 2011/2012 seisoen. Die Voorsitter, mnr Nicky Crosney het die Wes Boland kampioene trofee aan Alshaan, kaptein van die A span, oorhandig. Die naweek van 21 tot 23 September bied die Essex Krieketklub ‘n naweek toernooi op Clanwilliam aan. Vrydagaand 21 Septem-
ber, word ‘n dans in die Skousaal gehou en Saterdagoggend om 09:00 begin die Cederberg Pro 20 krieket toernooi amptelik in die Park. Spanne van Touwsrivier, Darling, LaMar van Lambertsbaai, Citrusdal en Clanwilliam word by die toernooi verwag. Sondagoggend om 09:00 word spel hervat. Pryse sal toegeken word aan die wenners en toeskouers kan uitsien na
MATZIKAMA: Die duiwe word Saterdag om 06:30 te Britstown losgelaat, in winderige omstandighede. Die pad huiswaarts is met 'n wind van agter en 'n baie vinnige vlug word verwag. Calvinia berig dat hulle 10:10 klok en tuis wag almal in spanning, want die oostewind begin warm raak en dit kan meebring dat duiwe gaan sit om water te drink, wat die duiweboere juis nie wil hê nie. Om 11:10 klok Jos sy wenduif met 'n spoed van 1750.86 M.P.M Vredendal: J De Kock: 1, 12, 13, 14 en 15. W Brynard: 2, 5, 7, 10, 21 en 23. G Gerber: 3, 4, 9, 16, 22 en 24. J Mostert:
6, 11 en 20. P Viviers: 8, 11 en 19. E Theron: 18 en 25. Lutzville: 1-10 Engelbrecht Hokke (aankomstyd 11:20). Agenbach Hokke: 11 en 14. Boesman Giliomee: 12 en 13. Riaan Prins: 15. Klawer: Uitslae van Warrenton vlug soos op Saterdag, 8 September. Geldenhuys familie: 1, 2, 6, 8, 11 en 15. Coetzee en Horn: 3, 13 en 14. Renier Basson: 4, 5, 7, 9, 10 en 12. Uitslae van Britstown: Geldenhuys familie: 1, 3, 6, 7, 10, 11 en 13. Coetzee en Horn: 2, 8, 9, 12, 14 en 15. Renier Basson: 4 en 5.
‘n biertent en ‘n groot verskeidenheid eetgoed wat te koop aangebied sal word soos onder andere snoek, skyfies, roosterbrood en koeldranke. Die Essex Klub nooi almal uit om die naweek saam met hul te kom geniet waar goeie krieket gespeel sal word. ‘n Bonus is dat geen toegang by die hekke gevra sal word nie.
Posduifuitslae