Bloudruk April 2010 Posbus 203
oraniacvo@telkomsa.net
Derde Uitgawe Orania, 8752
Volhoubare groei vir Orania CVO-skool
In ‘n onlangse onderhoud met mnr. Frans Pretorius, op Radio Orania, het mnr. Pretorius vertel dat die volgehoue groei in leerlinggetalle verrassend is. Aan die einde van 2008 het Orania CVO-skool gesluit met ‘n leerlingtal van 67 leerlinge. In die eerste kwartaal van 2009 het die skool vir die eerste keer sy honderdtal verbygesteek. Orania CVO-skool het een van die vinnigste groeiende skole in die Noord-Kaap geword toe dit einde 2009 afgesluit het met 114 leerlinge. Mnr. Pretorius het verder gesê dat daar verwag is dat die getal leerlinge konstant sou bly, aangesien die vorige jaar se matrieks die skool verlaat het en omdat daar gesinne was wat Orania verlaat het. Die verbasing was dus groot toe die leerlingtal in die eerste kwartaal gegroei het tot 140 leerlinge. Waaraan word hierdie groei toegeskryf? Mnr. Pretorius het dit soos volg verduidelik: “My personeelkorps bestaan uit 20 onderwysers en ander bykomende personeel. Hierdie bekwame onderwysspan en personeellede beskou ek as ‘n hulp tot die doel, naamlik ‘n skool met dissipline, Christelike waardes en ‘n hoë onderwysstandaard. Ons het positiewe ouers wat ‘n toekomsvisie het om te help bou aan ‘n skool wat ook vir die toekoms staande sal bly en omdat Orania se veiligheid ideaal is vir ‘n kind, het ons positiewe leerlinge. Met dié positiewe ingesteldheid van ouers, onderwysers en leerlinge, kan die skool nie anders as om te groei nie...” Orania CVO-skool akkommodeer reeds leerlinge van die omgewing. Vanuit Vanderkloof en Petrusville is daar daagliks bussies wat ry. ‘n Familie uit die De Aaromgewing, het saamgespan om ‘n tuishuis te skep vir hulle kinders. Leerlinge, selfs so ver as van Pretoria af, word gehuisves in die koshuis. In die direkte omgewing om Orania, word leerlinge daagliks aangery. Daar is ook vervoer vir leerlinge vanuit Hopetown. Te midde van hierdie groei word daar steeds individuele aandag aan elke leerling gegee. Die leuse van die BCVO is immers “Ter wille van ons kinders”.
So bou ons ‘n toekoms
‘n Hele nuwe terreinbeplanning is gedoen om die groei van Orania CVOskool te kan hanteer. Mnr. Willie Nel, ‘n opvoedingsraadslid van die CVO-skool, sê dat daar ‘n behoefte ontstaan het om die fasiliteite uit te brei. ‘n Argitek en ‘n landskapsargitek se hulp is ingeroep en na ‘n paar beplanningsessies is ‘n geskikte voorlegging gedoen. Hy sê dat die skool se klassikale stelsel van onderrig vereis dat elke graad in sy eie klaskamer onderrig moet word. Die aanvraag vir spesialiteitsvakke, soos met tegniese vakke, het begin toeneem en daar word ‘n reuse poging aangewend om teen 2011 ‘n tegniese afdeling staan te maak. In die eerste kwartaal is die volgende reeds afgehandel: - Elektrisiteitstelsel van die skool is hersien. - Verbetering van koshuise vir die toenemende behoefte. - Junior Primêre Fase se nuwe gebou en ablusieblok is dakhoogte gebou. - ‘n Nuwe speelgrond is aangelê. - Randstene is gelê en grasperke is gevestig. - ‘n Administrasiegebou, wat in Desember begin is, is byna voltooi. Mnr. Nel sê dat die ontwikkeling slegs moontlik is met ouerhulp, aangesien die skool se begroting nie van so ‘n aard is om onbepaald te spandeer nie. Sonder die positiewe ingesteldheid van die ouers, sou ons nie alles kon bereik het wat ons reeds bereik het nie. Party ouers en Vriende van die CVO (ondersteunersklub) is ook bereid om hulle hande diep in die sak te steek. Dit maak dat ons vinniger ons doelwitte kan bereik. “Ons doel is om ‘n skool te vestig en te bou wat ook vir ‘n volgende geslag nuttig kan wees.” 1
‘n Ou parkeerdak is gesloop om plek te maak vir ‘n nuwe administrasiegebou.
Die administratiewe gebou skoolklerewinkel huisves.
wat
ook
‘n
Bloudruk 2010
75ton in 2 dae Eers was dit 10 ton, toe later 30 ton, toe nog later 35 ton en op die ou end was dit ‘n volle 75 ton gras wat geplant moes word binne drie dae. Op 30 en 31 Maart is almal se hulp ingeroep.
verskuif. Tonne gras is deur Wilco Vervoer aangery en baie hande het gehelp om 75 ton gras geplant te kry voordat dit vrot word. Die voorsitter van die Opvoedingsraad het sy dank uitgespreek teenoor elke ouer, elke kind en elke ondersteuner wat kom help het. Hy het verder die persone bedank wat ‘n groot bydrae gelewer het deur van hulle personeel beskikbaar te stel. Na die goeie reën op dieselfde dag en daarna, behoort leerlinge binnekort ‘n oase in die Bo-Karoo te beleef.
Na die lê van rantstene was die terrein by die CVO-skool meer gedefinieerd. Ongelukkig het vaal kolle skalie, die spore van die bouery en ongewenste bossies die terrein onversorg laat voorkom. ‘n Groot behoefte het ontstaan vir ‘n grasperk vir die leerlinge. ‘n Berg rooigrond is met Conrad Buitendag se hulp
Kultuur wat kook
Onder die leiding van ‘n energieke onderwyser, mnr. Casper du Preez, is ‘n kultuuraksie gestig. Hierdie groep bestaan uit CVO-skoolleerlinge vanaf gr. 7 tot matriek Mnr. Casper, ‘n oud PUK, het verelede jaar ‘n pos by die skool aanvaar en maak sedertdien ‘n groot verskil aan die kultuurbedrywighede van die CVO-skool. Mnr. Casper het gemeen dat daar nie regtig ‘n tekort aan kultuurbewussyn is by die leerlinge nie, maar dat daar eerder struktuur geskep moet word in die huidige blootstelling wat leerlinge het. “Daar was nie regtig ‘n tekort aan kultuurblootstelling nie. Ek dink kinders in Orania is bevoorreg om meer blootstelling aan die Afrikanerkultuur te kry as kinders buite Orania. Daar was meer van ‘n leemte in georganiseerde kultuurbeoefening,” het mnr. Casper gesê. By die kultuuraksie word onder andere aandag gegee aan die sing van Afrikaanse liedjies, veral dié uit ons kultuurskatkis, gewoonlik FAK-liedjies . Alhoewel die kultuurgroep georganiseerd te werk gaan, word kultuur gesien as ‘n leefwyse en nie ‘n afgesonderde oefening nie.
Daar is reeds uitgekamp, verskeie kultuuraande gehou met verskillende temas en ‘n baie suksesvolle toer is gereël. (Sien berig – Geskiedenistoer op bl.5) Elke Donderdag-aand is daar ‘n samekoms van die leerlinge, want tussen sport en akademie moet daar ook aandag geskenk word aan dit wat ons bymekaar hou: ons Christelike Afrikaner kultuur.
Die Kultuuraksie volg die Orania kultuuralmanak, nl.: 28 Feb: Majubadag 31 Mei: Bittereinderdag April: Goeie Vrydag 6 April: Stigtingsdag en Orania se verjaarsdag. 14 Augustus: Taaldag 10 Oktober: Heldedag (of Krugerdag) 16 Des: Geloftedag
Hierdie bladsy is geborg deur: Bloudruk
2
Tel: 053 207-0106
Bloudruk 2010
Die Hoofmeisie se brief
Die eerste kwartaal van 2010 is agter die rug en ek is seker dat elke leerling ten minste een spesiale herinnering het wat uitstaan. Akademies moes onderwysers en leerling oudergewoonte saam staan. Sover het 2010 onder andere ‘n onvergeetlike kulturele Majuba ervaring en ‘n hele paar sportsterre opgelewer. Ongelukkig moet ek ook vermeld dat ons hoofseun, J.J. Steenkamp, aan die einde van hierdie kwartaal in ‘n ernstige motorfietsongeluk was. Ons glo egter dat hy deur die genade en almal se gebede gou weer terug sal wees by die skool en met die volgende uitgawe ook sy kolom sal kan vul. Sterkte aan almal, veral die Matrieks, vir dit wat voorlê. Ek is seker die tweede kwartaal sal net so leersaam en propvol pret wees! Mag CVO se trots altyd deur julle are vloei.
Mnr Ebert Terblanche kry sy deksel
Mnr Ebert Terblanche, ouditeur en rekeningkunde-onderwsyer, het Orania 'n groot guns gedoen toe hy vir Annabè van den Berg uit Nieu-Seeland uit gaan haal het en terug gebring het Orania toe. Annabè is 'n oud-Oraniër wat in Nieu-Seeland 'n graad in musiek verwerf het. Hulle het in die tuin van Esmien en Dissie Kruger getrou en die onthaal is deur Die Koffieketel in Orania se stadsaal gehou. Baie geluk aan die Terblanche-egpaar.
Groete Hantie de Villiers
Twee top tienerkokke
Om ‘n driegangmaaltyd vir twee voor te berei in net vier ure, klink nie na die alledaagse huiskok-ding nie. Die voorbereiding geskied ook nie in die gemaklikste omstandighede nie. Dit is alles deel van die Top Tiener Kok –kompetisie wat deur die Noord-Kaapse VLV aangebied word. Leerlinge van talle skole in die Noord-Kaap, het meegeding om die Top Tiener Kok-titel. Mev. Rika Kirsten, onderwyseres in voedseltegnologie, vertel met trots hoe haar twee ingeskrewe leerlinge ‘n eerste en ‘n tweede plek verwerf het. “Hierdie prestasie is die produk van baie oefen en nogmaals oefen...”, vertel mev. Kirsten. By die Orania CVO-skool kry leerlinge baie blootstelling en dit is vir hulle glad nie vreemd om onder druk te presteer nie. Hulle word goed geleer hoe om tyd effektief te gebruik in die kombuis en ook hoe om ekonomies, prakties, maar tog kreatief te werk te gaan. Carin van Biljon, ‘n matriekleerling en Alicia Pretorius, ‘n graad 11- leerling, is baie trots op hulle prestasie. Carin was die wenner van die kompetisie en Alicia was in die tweede plek. Dit is sowaar ‘n groot prestasie om twee wenners uit een skool te hê, veral omdat Orania CVOskool nog relatief klein is. Carin sal later in April aan ‘n landwye kompetisie deel neem. Sy sal bygestaan word deur haar mentor, mev. Kirsten. Mev. Kirsten vertel verder van die inisiatief en verantwoordelikheidsin wat daar onder CVO-leerlinge heers. “Voedseltegnologie is ‘n duur vak as gevolg van die produkte wat aangekoop moet word. Gelukkig neem die leerlinge by die CVO-skool self verantwoordelikheid vir hulle uitgawes. Die snoepie word pouses deur hulle bedryf en die wins word gebruik om produkte vir die resepte te koop.” Om Carin se uitgawes te dek vir die kompetisie, word daar beplan om ‘n Restaurantaand te hou, waarvan die wins aangebied sal word vir reis- en verblyfkoste. In 2008 het mev. Kirsten ook ‘n top kok opgelewer, wat sedertdien in die spysenieringsbedryf vorder en toekennings verwerf.
Koffieketel is op sy kop
Dit is nie almal se koppie tee om twee groot funksies op een dag te hanteer nie. Vir die meeste sal dit ‘n sluk te veel wees, maar vir die CVO-skool se spysenieringsgroep is dit eerder ‘n uitdaging as ‘n probleem. “Geen probleem!” is dan ook die woorde wat jy die meeste sal hoor as jy saam met die groep entoesiastiese ouers en onderwysers werk. Die Koffieketel, onder die bekwame leiding van Yolanda Nel, sorg vir ‘n stewige bydrae in die CVO-skool se geldtrommel. Die Koffieketel neem inisiatief by geleenthede soos sportdae en die jaarlikse skou. Tydens hierdie geleenthede sorg hulle dat alles rondom spys en drank goed en vlot verloop. Mev. Nel is uitgesproke oor die positiewe gesindheid van haar Koffieketel-lede. Volgens haar is die sukses van die Koffieketel opgesluit in die positiwiteit van al die ouers en onderwysers wat help. Leerlinge word ook betrek by projekte. Soms word leerlinge vergoed vir hulle harde werk. Tydens die CVO-skool se Feesdinee waar daar 300 gaste teenwoordig was, is opruim en skottelgoedwas gewoonlik nie die lekkerste deel van ‘n funksie nie, maar geen projek is voltooi as alles nie silwerskoon is nie. “Dit is die voorbeeld wat ons aan die kinders wil oordra. As ons konsert hou, dan word alles – dekor, versierings, stoele en kombuis opgeruim. As ons sport hou, eindig die sport as die laaste sondakke afgeslaan is, die veld skoon is en die asblikke uitgegooi is. Hierdeur leer die leerlinge ook ‘n sin vir voltooidheid,” het mev. Nel gesê. Groot funksies is al deur die span hanteer. In die afgelope kwartaal is ‘n troue en verskeie sportfunksies hanteer. Terwyl die meeste ‘n breek vat tydens die vakansie is die Koffieketelspan aan die werk om nog ‘n troue te beplan en op 16 April word ‘n heerlike tema-ete gehou.
Restaurant Aand - 22 April
4-gang maal voorberrei deur die CVO-skool se top kokke. Koste: R90 per persoon Slegs 18 plekke beskikbaar. Skakel 053 207-0177 om jou plek te bespreek.
Sanet Buitendag 083 6500 166 of Marlene van Staden 084 8164 932 3
www.oraniaeiendomme.co.za sanet@oranet.co.za Vir 'n belegging in u gemoedsrus! Skakel alle ure vir
Bloudruk
Bloudruk 2010
Koshuise word gedoop.
‘n Span wat hard kan werk kan ook lekker ontspan. Vrydag, 19 Maart, was dit ontspantyd vir ‘n span wat hard gewerk het aan die totstandkoming van beter koshuisgeriewe op Orania. Die skoolhoof, mnr. Pretorius, het dank uitgespreek teenoor diegene wat fisies en finansieel gehelp het. Daarna het hy sy openingstoespraak hoofsaaklik gewy aan die groot rol wat Pieter en Jodina Steenkamp gespeel het in die totstandkoming van ‘n koshuis vir die CVO-skool. 15 Jaar terug was daar maar ‘n handjie vol leerlinge en die idee van ‘n koshuis was vergesog. Mnr. Pieter Steenkamp het toe reeds besef dat die CVO-skool op Orania in die toekoms plek sal moet maak vir tientalle Afrikanerkinders. Met die agteruitgang van akademiese standaarde in staatskole, die onveilige omgewing waarbinne baie leerlinge en ouers hulle bevind en die miskenning van Christelike waardes en Afrikaans as onderrigtaal, was dit seker dat die behoefte aan beter onderrig sal groei. Mev. Jodina Steenkamp, toe ‘n onderwyseres by die Orania CVO-skool, het haar man bygestaan om ‘n seuns- en meisieskoshuis te vestig. Mnr. en mev. Steenkamp het geëerd gevoel toe hulle gevra is om die koshuise se name te onthul en nog groter was hulle verbasing toe hulle die name lees:
HUIS JODINA en HUIS DORINKIE
Jodina Steenkamp en Pieter (Dorinkies) Steenkamp se verbasing was groot oor die koshuisname
Orania Boekewinkel
• Afrikaanse boeke • DVD’s • Afrikaanse T-hemde • Vlae Experilab - opvoedkundige chemiestelle vir kinders 6-jaar en ouer
Tel: 053 207-0062
Bloudruk
4
Bloudruk 2010
Majubatoer........ ’n Toer wat nooit vergeet sal word nie.
‘n Fakkelloop teen die berg op, het ‘n ware idee gegee van die omstandighede van die Boere wat die Engelse van die berg moes afkry. Van slaap was daar weer min sprake. Daar is weer tot laat gekuier met ander feesgangers en blywende vriendskappe is opgebou. Teen 9-uur die oggend was die mis nog baie dik en die bergklim was belaai met onheilspellendheid. Die kultuurspan was ‘n geesdriftige groep en komplimente is ontvang oor die dissipline en spanwerk tussen die leerlinge.
Die adrenalien het gepomp toe die 26-sitplekbus voor die skool stilhou om leerlinge van die CVO-skool op te laai vir hulle geskiedenistoer. ‘n Geskiedenistoer vind elke jaar plaas. Die doel is om die magdom Afrikaner-erfenisterreine te besoek. Die eerste stop was op Bloemfontein, by die Vrouemonument. Die indrukwekkende beelde het ‘n verhaal vertel van Boere wat geveg het tot die bittereinde toe. Mnr. Casper du Preez, inisieerder van die toer en die kultuuraksie, was ‘n goeie toergids en elke leerling kon verseker iets in sy hart saamneem van die stryd wat deur ons volk gestry is. Daarna het Dankbaar CVO in Bloemfontein gasheer gespeel en daar was lekker gekuier en geëet. Slaaptyd was ‘n bluf, daar is middernagfees gehou en gesels tot die eerste ligdag begin wys het. Vroeg opstaan om verder te ry, het nie die gees geblus nie. Liedjies is in die bus gesing en teen die tyd wat Bloedrivier bereik is, was daar reeds ‘n paar hees stemme. Bloedrivier se museum was nie wat verwag is nie. Afrikaaandenkings en vreemde geskiedenisboeke het nie die hele verhaal vertel nie. Op die terrein kon ‘n mens wel ‘n gevoel kry van hoe die Boere laer getrek het en ‘n mens kon jou indink met watter erns die Gelofte afgelê is. Die hoofbestemming was Majuba. Met die aankoms by Majuba moes plek gesoek word vir tente. Sowat 1 500 ander Afrikaners het ook Majuba besoek om die bekende Majubadag te vier en te gedenk. Dis hier waar die Boere die Engelse ore aangesit het. Met trots is die Orania vlag deur die kultuurspan die berg opgedra.
Die volkspele was ‘n jolige geleentheid en die kultuurgroep was man en muis op die dansvloer. Mnr. Casper het selfs die geleentheid gehad om as ‘niggie’ te dans vir ‘n lied of twee. ‘n Groot aktiwiteit tydens Majubadag is die Cantus. Donderdag-aande se saamsing en kuier het effense voorbereiding gedoen vir die groot Cantus-aand. Op Dietse tradisie en met ‘n beker in die hand het elkeen ‘n salamander in sy hart uitgeroep. Sondagoggend was dit tyd vir oppak en die lang rit het voorgelê. Na die uitstekende erediens deur ds. Willem van Schalkwyk het die CVO-skoolleerlinge vlytig opgepak en met ‘n lied in die hart (en in die bus) die pad terug huis toe gevat. Vir die bus sê ons dankie aan die Vriend van CVO uit Pretoria wat dit vir ons geborg het. Daarsonder sou die toer vir baie minder leerlinge bekostigbaar gewees het. Majubadag was inderdaad ‘n gebeurtenis wat geen leerling sal vergeet nie. Almal sien uit na volgende jaar se toer.
‘n Spes ia kinders le cantus, ‘n cantili, word g ehou vir jonger
Lede van die kultuuraksie-groep...oppad Majuba toe!
rivier.
Ons het
te iets om
Bloed wen by e g t e h r...ons
vie
‘n Jolige klompie CVO-leerlinge neem deel aan die cantus.
Hierdie bladsy is geborg deur
Die Wynhuis
Die Wynhuis beskik oor 'n kitsbank waar selfoontyd gekoop kan word Daagliks oop van 14:00 -18:00, Saterdae 9:00 -14:00. Tel: 053 207 0095 5
Bloudruk
Bloudruk 2010
Huissport op Orania
Orania CVO-skool het onlangs ‘n baie suksesvolle huissport-atletiekbyeenkoms aangebied. Die geleentheid het plaasgevind op Orania se nuwe atletiekbaan en rugbyveld. Meer as 200 atlete het aan hierdie byeenkoms deelgeneem en verskeie rekords het gespat. Deelname is sterk aangemoedig en feitlik elke skoolkind was die een of ander tyd op die baan gewees. ‘n Nuwe item by vanjaar se byeenkoms was die turbospies, ‘n oorgrote plastiek”veerpyltjie”, wat kinders in staat stel om reeds op ‘n jong ouderdom te leer spiesgooi.
Die wenspan van die dag, die
By vanjaar se byeenkoms het skoliere van Dankbaar CVO-skool in Bloemfontein op versoek deelgeneem. Orania CVO-skool het oudergewoonte in twee spanne verdeel, nl. Die Geelspan en die Blouspan. Dankbaar CVOskool was ‘n span op sy eie. Die Geelspan het hierdie jaar die geesbeker en ook die sportbeker gewen.
Geelspan
Oranjespan van Bloemfontein
Die Huissport het Vrydagmiddag begin om sodoende die warmste gedeelte van die dag te vermy. Vrydagaand is tot laataand gekuier met vriende en kolegas van Bloemfontein. Vroeg Saterdagoggend het die atletiek hervat en ‘n seepgladde, goed georganiseerde dag het teen 12-uur tot ‘n einde gekom. Onderwysers en ouers wat die kinders vergesel het, het ook van die geleentheid gebruik gemaak om die naweek in Orania uit te span. Die netjiese Oewerpark en dorpswembad het groot aftrek gekry. Hierdie byeenkoms gaan beslis weer volgende jaar herhaal word.
Turbospies is 'n nuwe item
‘n Nuwe gewigstootpunt is aangebring vir die Huissport
Party leerlinge het vir die eerstekeer blootstelling gekry aan atletiek. Hier wen Rilene van Staden die 800m
Die Blouspan se indrukwekkende koningspaar open die geleentheid
Hierdie bladsy is geborg deur: Bloudruk
6
Die van Niekerk-sussies glo bloed is dikker as blou- en geelspan verdeeldheid
Sel: 082-804-4255 Tel: 053 207-9200 Faks: 053 207-9214 E-pos: nelwj@xsinet.co.za
Bloudruk 2010
NK - Ludorums
Grootste Sportdag ooit in Orania! Gehou op 6 Maart
ʼn Sportdag met ʼn provinsiale kleur het die naweek van 6 Maart in Orania plaasgevind. Altesaam ses skole van die NoordKaap het op Orania saamgetrek om aan ‘n atletiekdag van hoë gehalte deel te neem. Orania CVO-skool het in die begin van die jaar, tydens sy jaarlikse huissport, reeds bewys dat hy daartoe in staat is om op professionele vlak sportbyeenkomste te reël en te organiseer. Dit was ʼn voorloper vir die BCVO Noord-Kaap atletiekbyeenkoms wat met nog groter sukses aangebied is. Die sportdag, wat ʼn jaarlikse gebeurtenis is, is vir die eerste keer op Orania gehou. Die spanne wat deelgeneem het is Orania CVO, CVO Kalahari, Eendrag Jan-Kempdorp, Volkskool Vryburg, CVO Fraserburg en Bergvesting. 60 atletiekbeamptes was betrokke by die sportbyeenkoms wat seepglad verloop het. Voorbereiding aan die baan het die CVO-skool reeds etlike duisende rande gekos. In die week voor die sportbyeenkoms moes ouers en onderwysers hard werk om die baan op sò ʼn standaard te kry om te verseker dat alle items as amptelik aangeteken kon word. Na twee aande se goeie Karoo-reën, moes water twee opeenvolgende dae vanaf die baan gepomp word en met die spreekwoordelike ‘’n boer maak ‘n plan’ moes die baan op standaard gebring word. Ten spyte van die natterige week was Vrydag en Saterdag wonderlike sonskyndae en kon atlete hul beste lewer. Orania CVO se volhoubare sportafrigting en oefenprogram het vrugte afgewerp en sy atlete het uitgeblink. Altesaam 58 atlete van Orania CVO-skool het deelgeneem. Hierdie atlete het 57 goue medaljes, 22 silwer en 9 brons medaljes verower. Anders gestel, Orania CVO se atlete het in 35% van die items eerste gekom. Wat die prestasies nog meer prysenswaardig maak, was dat drie van die vier beste atlete op die byeenkoms, vanaf Orania CVO afkomstig was. Die Junior Victrix Ludorum was Johanè Ferreira, met ʼn ABSA-tabel-punt van 743 vir hoogspring. Die Senior Victrix Ludorum was Sintiché Schmidt met ʼn ABSA-tabel-punt van 732 vir gewigstoot. Quinton Senekal was ʼn uitblinker en ʼn opwindende atleet om te aanskou. Sy ABSA-tabel-punt was 706 vir gewigstoot en hy is aangewys as die Senior Victor Ludorum. Die Junior Victor Ludorum was Christo Gresse van Volkskool Vryburg met ABSAtabel-punt van 741 vir hoogspring. Orania CVO is trots daarop om deur ons sportaktiwiteite ʼn positiewe bydrae te lewer tot die ekonomie van Orania en die ontwikkeling in Orania. Die naweek se sport was ʼn sterk inspuiting vir die akkomodasiebedryf in Orania. Die opgradering van die atletiekbaan en sy fasiliteite is ook ʼn groot pluspunt vir Orania se gemeenskap. Die skool ontvang geen staatsbefondsing nie, daarom word finansiële hulp van ondersteuners van buite Orania altyd waardeer. Ons is dankbaar teenoor al die Vriende van Orania CVO, wat help om hierdie geleenthede vir ons kinders te skep. Geleenthede om kinders bloot te stel aan sport, kultuur en uitnemende onderwys is duur, maar op die langtermyn is dit een van die beste beleggings in ons kinders!
Drie van die vier top presteerders is van Orania CVO-skool Quinton Senekal: Senior Victor Ledorum Sintiche Schmidt: Senior Victrix Ledorum Johanè Ferreira: Junior Victrix Ledorum
Orania CVO-skool en Orania Dorpsraad het ‘n spogbaan vir die besoekers voorberei.
Roelien de Klerk Juwele Ma - Vry: 9:00 - 13:00 Na ure: 083-683-3070 Vinnige herstelwerk, netjiese stringwerk en afgeronde juwele.
Konsultasies op afspraak Kom maak gerus ‘n draai, ook ‘n tak op Vanderkloof Kontak No.: 053-631 0974 of 053-631 2731 Onderdele: Sandra en Shaun v/d Kloof by 053-664 0041 Thunis of Johan by 083 288 6992
Vir alle Motor Onderdele • Kamptoerusting Visvang Toerusting • Ens. 7
Bloudruk
Bloudruk 2010
ʼn Groot prestasies op die BCVO SA-atletiek Orania CVO-skool se prestasies by die BCVO SA Atletiekbyeenkoms verbeter elke jaar. In vergelyking met verlede jaar se totale medalje-oes van 34 medaljes, het atlete hierdie jaar 20 goue medaljes, 8 silwer en 12 brons medaljes huis toe gebring, ‘n totaal van 40. Stefaan du Plessis in aksie met 'n uitstekende sprong.
ʼn Intensiewe oefenprogram die afgelope kwartaal het vrugte afgewerp. Orania-atlete het 5 dae per week geoefen. Die oefenprogram is saamgestel deur afrigters mnre. Boet Jacobs, Frans Pretorius, Hannes du Preez, Herman Grotius en Casper du Preez. Mev. Riëtte Roux het leiding geneem met die turbospies en mev. Sandra du Preez het gehelp met fiksheidsoefeninge. Hierdie 6 afrigters het gesorg dat die 39 atlete van Orania CVOskool goed afgerig en voorbereid vir die belangrike byeenkoms was. Die atlete moes nie net voorbereid wees vir die fisiese kragmeting nie, maar ook vir die sielkundige uitdaging van ʼn groot byeenkoms, ʼn tartanbaan en baie strawwer kompetisie.
Die Noord-Kaapspan (baan 5) is hier reg vir die pylvak tydens die aflosresies.
Die jaarlikse BCVO Atletiekbyeenkoms groei elke jaar en hierdie jaar was daar meer as 1000 atlete wat deelgeneem het. CVO-skole reg oor die land kom jaarliks byeen vir hierdie kragmeting. Die byeenkoms word geken aan die aangename Afrikanergees wat heers, die ordelikheid, die veiligheid en die stiptelikheid van die items. Hierdie byeenkoms se uitslae word as amptelike tye aanvaar en word erken deur universiteite en ander instellings.
Van die atlete wat goue medaljes gewen het was:
Die Noord-Kaap span in optog
Quinton Senekal spiesgooi Sintishe Schmidt gewigstoot en spiesgooi Johané Ferreira 100m en 80m Natasha van Zyl 400m en 800m Wiehan Nel 80m Wilmie du Preez 800m en 1500m Kobus Kirsten 1200m Marli Steenkamp 1500m en 3000m Karin van Biljon 400m Estella Boshoff 3000m Charne Nel 1200m 4 Goue medaljes is ook in die aflosse gewen.
Natasha van Zyl het in haar eerste byeekoms ‘n merkwaardige 400m gehardloop en goud verdien.
OEWER RESTAURANT ORANIA BESIGHEIDSURE: Ma: 18:00 tot laat OEWER Pierre – 083 399 9383RESTAURANT Dins - Sat: 08:00 – laat Maré - 082 318 3085
Bloudruk
Sien jou by die Oewer vir: * ‘n Heerlike ontbyt * Koek en tee * Middagkoffie * Smaaklike geregte * Ontspanne atmosfeer * Asemrowende uitsigte oor die rivier en omliggende landskap.
Sondae: GESLUIT
8
OEWER RESTAURANT ORANIA