Bloudruk Junie 2009 Posbus 203
oraniacvo@telkomsa.net
Tweede Uitgawe Orania, 8752
Orania CVO teken ʼn 100-tal aan! Orania CVO het in meer as ʼn dekade die eerste skool in Orania geword om ‘n
leerlingtal van 100 verby te steek. Die afgelope 2 jaar het die skool met ongeveer 50% per jaar gegroei. Nadat die skool in Desember 2008 gesluit het met 67 leerlinge het die 100-tal vir 2009 onbereikbaar gelyk. Orania-CVO het egter in 2009 heropen met 92 skoolpligtige leerlinge. Gedurende die eerste en tweede kwartaal het nog 8 leerlinge by Orania CVO aangesluit. Saam met CVO-Kleuters bring dit die totale aantal kinders op 109 te staan. “Hierdie is ‘n prestasie waarop ons almal by Orania-CVO baie trots is,” het mnr. Frans Pretorius, die hoof, gesê. Hy het ook genoem dat dit ʼn bewys is dat Orania CVO se kwaliteit-opvoeding vertroue wek by ouers en kinders. Hierdie drastiese toename in leerlinge het egter ‘n groot probleem veroorsaak, nl. ‘n tekort aan klaskamers. Hierdie probleem is egter gou opgelos deur sowel die saal as die personeelkamer te omskep in klaskamers. Nogsteeds was daar nie genoeg spasie nie. Vier nuwe klaskamers is vir die junior primêre fase voltooi en siedaar, voorlopig genoeg spasie vir al die kinders. Tydens die skrywe van hierdie berig was die Bestuur hard aan die beplan vir die daarstelling van die nodige fasiliteite om ten minste 150 leerlinge te akkommodeer. ʼn Ervare argitek word tans ingespan om ruimte en spasie optimaal te benut. Orania CVO hoop om die groei van die afgelope 2 jaar voort te sit. So kan ʼn spog-skool vir Afrikanerkinders in Orania gevestig word. ‘n Skool waarheen ouers hulle kinders met gemoedsrus kan stuur, trots Afrikaans en geanker in die Christelike tradisie. Estella Boshoff
Nuwe Junior Primêre Fase open met ’n hoë standaard
“Die Junior Primêre Fase (JPF) is die hoeksteen van ‘n skool, aangesien die grondslag van enige leerling se skoolloopbaan hier begin.” So het Mnr Hannes du Preez op 9 Maart die JPF geopen. Hy het verder in sy toespraak die nodigheid van ‘n goeie aanvangsfase met remediërende vaardighede beklemtoon. Mev. Riëtte Roux, oud-onderwyseres van Oranje Meisies-skool in Bloemfontein, het die voordele wat Orania CVO vir ‘n kind het, uitgelig. Uit haar ervaring by ʼn stadskool kon sy die kinders van Orania CVO positief onderskei van stadskinders. Mev. Roux het haar kollegas voorgestel nl. Nicolene Eloff wat verantwoordelik is vir CVOkleuters. Nicolene is tans ʼn ingeskrewe student en werk aan haar onderwysgraad. Sy het die kleuters met sponsies vergelyk wat alle inligting opsuig. Haar primêre taak is om hul persoonlike ruimte te vergroot, higiëne, konstruksiewerk en vorms te leer. Mev. Marie van der Westhuizen is die afgelope paar jaar al verantwoordelik vir die Graad R-klas. Sy fokus op fynspierontwikkeling, getallebegrip, skrif, kommunikasie en omgewingsleer. Mev. Retha Swiegers is verantwoordelik vir die Graad 1-klas. In Mev. Swiegers se eie woorde: “Die kwaliteit van ʼn leerling se toekoms hou verband met die kwaliteit van sy skoolloopbaan. Die onderwyser se aandeel hierin is onvervangbaar.” Mev. Martie van der Merwe hanteer die Graad-3 klas. Haar primêre taak is om leerlinge gereed te kry vir die Senior Primêre Fase. Alle agterstande moet tydens die jaar ingehaal word en elke leerling se individuele vermoëns moet so ontwikkel dat die oorgang na die volgende fase sonder probleme geskied. Die Graad 2-klas is in mev. Riëtte Roux se hande. Liefdevolle en streng dissipline in ʼn ontspanne atmosfeer maak kinders selfversekerd en gelukkig. Sy fokus op stimulasie met begrip sodat kinders ontdek en leer uit alledaagse ervarings. Roetine word gekweek wat vir die kind ʼn veiligheidsgevoel gee. Redenasievermoë, kommunikasie, korrekte taalstruktuur, lees en basiese wiskundige berekeninge word verder verbeter en verfyn. Dit is vir Orania CVO krities dat elke graad se klasse afsonderlik deur ‘n ervare onderwyser hanteer moet word. Die skool is trots om in hierdie doel te kon slaag. Estella Boshoff
1
Bloudruk 2009
Profiel van Casper Hermanus du Preez
Brief van die redakteur
Die jaar het vir almal op ‘n baie goeie noot begin. Nie net was ons matriekuitslae betyds nie, maar ons het ook ‘n 100% slaagsyfer behaal. Die skool het sy eerste 100-tal geslaan, en die belangstelling van buite Orania in Orania CVO, is ongekend. Die koerant is weer in die kenmerkende blou ink gedruk, hoe dan anders met ‘n naam soos “BLOUDRUK”? Ons moes fyn selekteer aan al die nuus, aangesien ons ‘n besige eerste kwartaal gehad het en nou twee kwartale se nuus in een BLOUDRUK moet vervat. Die BLOUDRUK sal weer vanjaar een van die min skoolkoerante wees (indien nie die enigste nie) wat ook elektronies versprei word. Hierdie uitgawe lyk soos ‘n ‘sport-uitgawe’. Dit was twee vol - en suksesvolle sportkwartale en ons het goed presteer. ‘n Klomp werk is gedoen tussen sport-oefeninge en toetsreekse deur. Dit het baie werk van my redaksiespan gevat om die uitgawe daar te stel, maar gelukkig is ek geseën met ‘n uitstekende span! Met hierdie uitgawe wil ons vir oom Andreas du Plessis sterkte toewens en ons hoop dat hy die derde uitgawe weer met sy raad kan bystaan. Van ons ouers, Vriende van CVO en onderwysers het gehelp met hierdie uitgawe, baie dankie. Ek wil ook al die borge bedank vir die ondersteuning. Die laaste dankie gaan aan ons ouers, onderwysers en ons skoolhoof. Soms gee ons julle grys hare, maar julle het ons geleer om te volhard.
(Onderwyser in Tegnologie, Meganiese Tegnologie, Ingenieursgrafika en ontwerp en Lewens Oriëntering) Het jy ‘n familienaam? Ja, dit is my oupa se name Getroud, geskei of verloof? Verlos..ha-ha. Nee, ek is net realisties… Stokperdjies? Ek maak messe in my vryetyd. Waar het jy studeer? Potch, PU vir CHO. Ek het geeindig by NWU. Hoekom wil jy in Orania ‘n onderwyser wees, veral nadat jy veel beter betaling by ander skole sou kon kry? Dit was ‘n beskikking van Bo Wat by diè CVO-skool is uniek? Daar’s ‘n positiewe gees, ‘n lekker atmosfeer. Was jy al oorsee en hoekom? Ja, om ‘n bietjie te werk en baie te verken. Sal jy dit oorweeg om te emigreer? Nee, verseker nie.
Geniet ons tweede uitgawe van die BLOUDRUK. Shaine Viljoen Redakteur 2009
Is skoolreëls belangrik en hoekom?
Min mense twyfel oor die nodigheid van skoolreëls. Maar tog wonder ʼn mens tot op watter vlak is skoolreëls belangrik en wanneer raak dit belaglik? Is skooldrag, reëls oor hare, oorgetrekte boeke, ens. regtig nodig? Hierop gee ek ʼn onomwonde JA! Skooldrag is ʼn goeie voorbeeld. Sodra 'n kind 'n uniform dra gee dit ʼn gevoel van "ek behoort aan...”. Tog verwys baie mense na skoolreëls en -drag as militaristies. My ondervinding is dat skooldrag ʼn meer gestruktureerde omgewing daarstel waarin ʼn “akademiese kultuur” kan figureer. Net soos jou werksplek en jou kuierplek in die volwasse lewe ʼn sekere kleredrag van jou vra, net so impliseer ʼn skool waar dissipline, ooreenkomstig met ons christelike kultuur, toegepas word van jou as jongmens netjiese en eenvormige kleredrag. Nou waar pas goed in soos "Steek in jou hemp!" en "Geen gekleurde hare!" (LW: kinders sal weet waarvan ek praat) Hierdie is reëls wat myns insiens help om kinders kind te hou. ʼn Kind is op skool in sy vormingsjare. Deel daarvan is om bloot met gemak in ʼn veilige skoolomgewing te kan beweeg en waar ryk en arm, slim en dom, sterk en swak en mooi en lelik op gelyke terrein kan meeding.... dit vorm sterker karakters as die bekende Amerikaanse model. In Amerika kleur kinders na willekeur hare, skiet gate in die ore en/of enig denkbare menslike deel, ding mee teen medeskoliere in terme van handelsmerke (“brand names”) wat klere en voertuie betref. Gevolglik tree Amerikaanse (en so lees ons ook van die Engelse) leerlinge op soos bedorwe en arrogante klein volwassenes wat geen respek vir dissipline en wette het nie. Oor en oor lees ons in die media van opvoedkundiges wat ‘n pleidooi lewer vir die belangrikheid van vaste strukture, roetine en dissipline. Skoolreëls is dus nie net belangrik vir ʼn mooi gedissiplineerde beeld nie, maar is ook ʼn belangrike anker in die grootword-proses van ʼn kind. Lourens du Preez Hoofseun 2009
Hierdie bladsy is geborg deur: Bloudruk
2
Tel: 053 207-0106
Bloudruk 2009
Verskeie pryse vir CVO op Orania Skou
Orania Skou is een van die hoogtepunte op ʼn Oraniër se almanak. Hierdie jaar het die skou gewys dat hy volhoubaar groei. Die skou-komitee het moeite gedoen om die skou uit te brei deur verdere aanbouings (meer stalletjies) op die skouterrein en ʼn propvol program met ʼn verskeidenheid van skou-aktiwiteite. Orania CVO se vlot was kleurvol en die sing van volksliedjies deur ons leerlinge het die skou positief afgeskop. Soos verlede jaar het Orania CVO - stalletjie ʼn tweede plek ingepalm. Die Bewarea-stalletjie was weereens die wenner. Die besoekersboek is bewys daarvan dat Orania CVO se stalletjie uiters gewild was en dat dit die lekkerste kuierplek op die skou was. Dit was nie net in die stalletjie waar ouers en Vriende van CVO hulle kant gebring het nie. Tydens die bekende ‘perd-en-fietsresies’ het Tommy de Villiers, ʼn leerling in gr. 8, eerste geëindig onder die fietsryers. Ongelukkig kon hy nie die perd wen nie, maar in die afgelope tien jaar kon die perd nog net een keer deur ʼn fiets gewen word. Tydens die skoumyl het die leerlinge van die CVO-skool gewys dat elke dag se oefening tog die moeite werd is. Barry Forssman, Ronnie Forssman, Tommy de Villiers en Quinton Senekal was van die wenners. CVO spog nie net met slim meisies nie, hulle spog ook met die mooiste meisies. Mev. Janneke Wiid het ʼn stylvolle Mej. Skou aangebied. Die saal was Vrydagaand stampvol en op professionele wyse is die wenners aangewys. Orania CVO het geskitter met hulle groepsgees. Agt meisies uit Orania CVO het deelgeneem en is onder luide toejuiging deur hulle vriende aangemoedig. Estella Boshoff (gr. 9) is gekroon as skoukoningin, Monja Strydom (19 jr.) was die eerste prinses en die tweedeprinses was die rooikop Wilmie du Preez (gr 8). Hulle pryse was ondermeer ʼn opwindende helikopterrit. Carmé de Villiers
Orania CVO kry ʼn nuwe baadjie! Skoolklere mag in die meeste skole as vanselfsprekend aanvaar word, maar in ʼn onafhanklike skool, met ʼn klein begroting, is dit ʼn moeisame proses. Die skool het etlike jare gelede afgeskop met eenvormige blou gholf-hempies. Verlede jaar het leerlinge en ouers aangedui dat ʼn meer formele skooldrag geïmplementeer moet word. Die Opvoedingsraad het die bal aan die rol gesit. Vandag lyk CVO-leerling netjies uitgevat in hulle skooldrag. Hierdie jaar is daar nog ʼn nuwe toevoeging gemaak in ons sportdrag. Daar word gespog met ʼn donkerblou hempie en bypassende drafbroek met oranje insetsels in die synaat. Daar is besluit op oranje want oranje verteenwoordig ook ons dorp, Orania. Ondersteuners van die CVO-skool het hulle eie ‘ondersteunersdrag’. Tydens vanjaar se skou het 'n groot klomp Oraniërs van hierdie hempies gedra en daar is ʼn tiental hempies bestel by die CVO-stalletjie. Tydens sportgeleenthede buite Orania word Oraniërs beslis raakgesien en die positiewe opmerkings is ʼn bewys dat dié eenvormige drag ʼn groot sukses is. Ondersteunershempies, gemaak van ʼn duursame materiaal, en geborduurde pette is beskikbaar by die CVOklerewinkel. Skakel gerus met Yolanda Nel vir meer inligting. Mart-Mariè van Antwerpen.
Hierdie bladsy is geborg deur
Die Wynhuis
Die Wynhuis beskik oor 'n kitsbank waar selfoontyd gekoop kan word Daagliks oop van 14:00 -18:00, Vrydae tot 19:00 en Saterdae 9:00 -14:00. Tel: 053 207 0095 3
Bloudruk
Bloudruk 2009
ʼn Rekenaarsentrum om op trots te wees!
Alles kom nie maklik nie en partymaal moet geduld ʼn groot rol speel. So was dit met die rekenaarsentrum van die Orania CVO-skool. Ou rekenaars (wat waarskynlik nog met paraffien gewerk het), het plek gemaak vir nuwe platskermrekenaars. Tien rekenaars is aangekoop en in ʼn netwerk gekoppel. Hierdie nuwe rekenaars word aangewend vir Rekenaartoepassingstegnologie (RTT) vir gr. 10–12, Tegnologie vir gr. 8-9 en Ingenieursgrafika en Ontwerp vir gr. 11-12. Die vorige rekenaars het hul belangrike doel gedien naamlik om leerlinge rekenaargeletterd te kry. Verder voeg ʼn rekenaar waarde toe tot klassikale onderrig (dit is onderrig waarin onderwysers ʼn sentrale rol speel). Orania CVO beskou rekenaars as ʼn uitstekende hulpmiddel wat klassikale onderrig aanvullend ondersteun. Die hoeksteen van suksesvolle onderwys bly maar konvensionele onderwys, soos bewys in universiteite en tersiêre instellings regoor die wêreld. Ons torring nie aan ‘n wenresep nie! Shaine Viljoen
Bittereinderdag
Dié netjiese rekenaarsentrum as ‘n waardevolle hulpmiddel tot CVO-onderwys.
Die Kleine Reus
Soos gebruiklik word Bittereinderdag in Orania op uiteenlopende maniere gedenk. Die Afrikaner Volkswag bou ʼn gepaste uitstalling in Orania se hoofstraat. Hierdeur word Bittereinderdag reeds ʼn week voor die tyd onder mense se aandag gebring. Tweedens is daar Orania CVO se jaarlikse skietdag. Tydens hierdie dag word die beste Bittereinder skuts in verskeie skietafdelings aangewys. Kettie- , windbuks-, boog- en verfbalskiet was deel van hierdie jaar se Bittereinderskietkompetisie. ʼn Gepaste taktiese baan is gebou vir verfbal. Die verfbaloorlogsveld was nie vir Khaki’s nie. Twee spanne moes teen mekaar meeding en na ʼn paar rondtes is Ebert Terblanche, Attie Olivier en Armand Smit as die wenners aangewys. JC Louw, ʼn gr. 5 leerling van die Orania CVO was die algemene wenner van die skietdag. Hy het loshande die meeste punte in die winbuksskiet aangeteken en is sodoende gekroon as die Bittereinder van 2009. Tydens die opening van die skietdag, het ds. Adam Boshoff dit beklemtoon dat Bittereinderdag eintlik ʼn hartseer dag is. Dit is ʼn dag om te dink aan daardie persone wat tot op die bittere einde (baie keer tot die dood toe) geveg het vir die Afrikanervolk se vryheid. Dit bring ons dan by die derde manier waarop Orania Bittereinderdag vier, naamlik ʼn gewyde seremonie by die Oranjerivier Konsentrasiekampkerkhof. Kransies is by kindergrafte gelê en mev. Rina Wiid het meer vertel oor die geskiedenis van die konsentrasiekampkerkhof. Orania CVO ondersteun onvoorwaardelik Afrikanergedenkdae wat sy oorsprong het in ons geskiedenis. Ons moet die dae nie net behou nie, maar ook uitbou. Daarom is dit vir die CVO-skool ʼn groot voorreg om jaarliks ʼn finansiële bydrae aan kultuurorganisasie te maak om die dae te herdenk. Uit die opbrengs van die skietdag gee Orania CVO jaarliks ʼn finansiële bydrae aan die Volkswag en bedank hulle op hierdie manier vir hul waardevolle insette op die kultuurakker. Hantie de Villiers
Orania CVO laat nie verniet die Kleine Reus (Orania se vlag) wapper tydens sportgeleenthede buite Orania nie. Hierdie Reusie het vir ons ʼn baie belangrike simbool geword van ons vryheidstrewe. Orania is net soos ons Kleine Reus klein in vergelyking met die res van Suid-Afrika en nog kleiner in die oë van die wêreld. In die kleine Orania is al veel vermag. Hier word nuut gedink en anders gedink. Die ‘moue oprol’ is simbolies vir dit wat ons alles self doen. Hoe kan ʼn reus klein wees? Orania is in getalle klein, maar in gedagte groot. Orania is waarskynlik die dorpie waaroor die meeste geskryf word deur joernaliste, wat besoek word en wat onder bespreking staan, Orania is dus ʼn reuse gedagte. Kinders moet blootgestel word aan hierdie simboliek om ons vryheidsideaal lewend te hou. By Orania CVO is ons daagliks besig om moue op te rol soos die Kleine Reus, om vir Afrikanerkinders onderwys binne geloofs- en volksverband te gee. By Orania CVO is ons daagliks besig met moue oprol deur self verantwoordelikheid te neem vir die skoolhou, skoonhou van klasse en die terreinversorging. ʼn Verdere verantwoordelikheid wat nagekom word is die daarstel van ʼn skoolstelsel wat losstaande is van die staatstelsel. Onderwys geanker in ons christelike aard, moedertaal en kultuurverband is die DNA van die BCVO se skoolopvoeding. BCVO, alhoewel nog klein gemeet teen staatskole, is reeds ʼn reus in die opvoeding van die Afrikanerkind. Netsoos Orania, is die BCVO ook ʼn instelling wat die vryheidsideaal van die Afrikaner nastreef. Ons wapper met trots ons Kleine Reus en assosieer graag met die BCVO, want ons besef hoe belangrik hierdie simbool en instelling onderskeidelik vir Orania se strewe is. Mart-Marie van Antwerpen
Orania Boekewinkel
• Afrikaanse boeke • DVD’s • Afrikaanse T-hemde • Vlae Nuut: Experilab - opvoedkundige chemiestelle vir kinders 6-jaar en ouer
Tel: 053 207-0062
Bloudruk
4
Bloudruk 2009
GESKIEDENISTOER 2009 stilte, terwyl bekendes en familiename herken word.
Dit was ons voorreg tydens die geskiedenistoer van 26 - 28 Februarie om geskiedenis te beleef teen die agtergrond van die omgewing waar dit afgespeel het. Die doelwit was om ons kinders bewus te maak van geskiedenisgebeure van die Afrikanervolk in ons onmiddellike omgewing; asook ‘n liefde te kweek vir dié geskiedenis deur die genot van ‘n gesellige toer.
Die groep van 36 kinders en 12 volwassenes is gehuisves by die Riverside Country Lodge, ‘n netjiese, goed-toegeruste uitkampplek, 3 km vanaf Modderrivier. ‘n Swembad op die terrein het gesorg vir groot pret en die groen grasperk was ‘n uitnodiging tot balspele. Uitkamp sonder braaivleis is onvolledig, daarom het die reën ‘n uitdaging gebied aan die manne, wat hulself meesterlik gekwyt het van hul taak. Die innerlike is versterk deur geurig-gebraaide lamstjops en wors, tesame met roosterkoeke en wafels met roomys vir die soettande!
Die besoek aan die Kimberley Mynmuseum en die Groot Gat, het met behulp van ‘n bekwame gids, vir ons ‘n kykie gegee in die lewe van die delwers van destyds. Die prag en waarde van die diamante wat geroof is van die Boerevolk deur Rhodes, Barnato en die De Beers Maatskappy, het ook duidelik geword uit hierdie besoek. Die McGregormuseum is ‘n indrukwekkende gebou wat deur Cecil John Rhodes opgerig is, daarom is dit te verstane ‘n plek waar Rhodes opgehemel word.
Dit was voorwaar ‘n ervaring om te onthou - en nooit sal ons weer verby die waterryke Thomson's Farm jaag, of verby Doornbult Konsentrasiekampkerkhof, sonder om die aangrypende gebeure te onthou wat daar afgespeel het nie.
Magersfontein-slagveld was ‘n hoogtepunt. ‘n Aanskoulike visuele- en klankbaanvoorstelling van die slag het die gebeure lewend gemaak. By die Burgermonument, waar die name van gesneuwelde burgers op grafstene aangebring is, heers ‘n gewyde
Linda van Antwerpen
“Oomie trap die petrol dat ons vinniger kan ry”
Wat ‘n lek ke
r manier o
m te toer.
Goudkoors loop hoog.
Hierdie bladsy is geborg deur: 5
Sel: 082-804-4255 Tel: 053 207-9200 Faks: 053 207-9214 E-pos: nelwj@xsinet.co.za
Bloudruk
Bloudruk 2009
Nuus van Lise Hagen
Lief en leed
Lise is aan baie Oraniërs bekend. ʼn Groot deel van haar studies handel oor Orania. Leerlinge van die CVO-skool korrespondeer met haar en ons sluit graag met elke uitgawe van Bloudruk iets van haar in. Sy bevind haar tans in Engeland. Hallo daar almal! Vir diegene wat my nog nie ontmoet het nie my naam is Lise en ek is ʼn Meesterstudent in Antropologie by UNISA onder leiding van prof. Mike de Jongh. Antropologie is, baie kortweg, die studie van mense in hulle kulturele, fisiese en sosiale omgewing. Ek het laas gepraat oor my studie en die klem laat val op die verskeie landskappe en fisiese ruimtes van Orania. Om my literatuurstudie uit te brei het ek in die akademiese biblioteek, die British Library, gaan werk en bykomende inligting ingewin oor die landskapsteorie. Dit was ʼn wonderlike ervaring want daar is duisende akademiese tekste. My literatuurstudie is nou voltooi. Dit sal egter nog redigering moet ondergaan voordat dit finaal voltooi is. My volgende stap is om die literatuur in verband te bring met die data wat ek gedurende my besoeke aan Orania ingesamel het. Ek moet egter erken dat ek ook tyd maak om die Engelse lente te ervaar. Die Engelse skooldag is nogal lank, van 8:00 tot 3:30 elke dag en ‘n mens kan sommer agterkom dat die kinders uitsien na die vakansie. Die kinders hier in London is almal stadskinders van formaat, so jy kan daarop reken dat hulle vakansies nie rêrig buitelug-georiënteerd is nie. Soos altyd is enige vrae of voorstelle welkom. Kontak my gerus op lisehagen@hotmail.com. Groetnis Lise Hagen
• Totsiens Charles, Lorette, Nadia en René. Krokodiltrane is gehuil toe maatjies moes afskeid neem van Nadia en René Naude. Charles en Lorette het ʼn vierjaar werkspermit in Australië aanvaar en het op 19 Junie 2009 vertrek. Met die afskeid het Lorette positief geëindig: “Wat ons seker die meeste sal mis in Orania, is die CVO-skool. Dit is ʼn goeie skool en ek en Charles het nie vir een enkele dag getwyfel oor ons kinders se skoolopvoeding nie. Bou die skool verder uit, want wie weet, dalk kom ons vroeër as later terug!” Orania CVO is spyt oor die twee blondekop dogtertjies wat vir die volgende vier jaar in Australië sal tuis gaan. Dit is nie net vir ons skool nie, maar vir Orania ʼn groot verlies. Ons vertrou dat dit met hulle sal goed gaan. • Oom Wynand van der Westhuizen is oorlede na ‘n driedubbele hartomleiding. Ons skool en al die Vriende van CVO dra vir juffrou Marie en haar gesin aan die Here op. • Een van ons ster redaksielede, Angeliuque Steyl, se oupa is op 18 Junie oorlede. Baie sterkte aan die Steyl- en Aggenbachfamilie. Julle is in ons gebede. • BLOUDRUK het kennis geneem van al die babas wat gebore is in Orania. Dit blyk dat die ooievaar ʼn baie aktiewe lewe in Orania het. Baie welkom aan al hierdie “pienkvoetjies.” Baie geluk aan al die ouers en sterkte met ʼn belangrike opvoedingstaak!
In Diepte
Suid-Tirol gee moed vir Orania Alhoewel almal bewus was van mnr. Julius Malema se besoek, was min Oraniërs bewus daarvan dat Orania gasvrou gespeel het vir besoekers waarmee ons baie meer in gemeen het. In Orania is ons besig om ‘n omgewing te skep vir Afrikaners wat bewus en trots is op wie hulle is. ‘n Soortgelyke projek vind plaas vir Duitsers van Suid-Tirol. Twee besoekers uit Suid-Tirol het Orania onlangs besoek. Suid-Tirol is histories deel van Oostenryk en daarmee saam van die groter Duitssprekende gebied. Hulle geskiedenis kan op plekke vergelyk word met die van die Afrikaner. Reeds in 1812 het hulle op ‘n guerilla-manier teen ‘n Napoleontiese Frankryk geveg. Tydens hierdie oorlog het Andreas Hofer, ‘n figuur byna soos De Wet, hulle bevry. Na die Eerste Wêreldoorlog in 1918 is Suid-Tirol deur Italië, die buurland in die Suide, geannekseer as oorlogsbuit. Die Italiaanse diktator Benito Mussolini het gepoog om hierdie gedeelte te Italianiseer deur die Duitse taal, -skole en -verenigings te verbied. Verder het hy Italianers in die streek ingevoer en die Suid-Tirolers het ‘n minderheid in hul eie land geword. Net voor die uitbreek van die Tweede Wereld-Oorlog het Mussolini en Hitler ‘n ooreenkoms bereik dat alle Suid-Tirolers moes besluit of hulle hul kultuur wil prysgee. Hulle moes besluit of hulle Italianers wil word of Duits wou bly en emigreer na die Duitse Ryk. Altwee hierdie leiers wou etnies suiwer state hê. Behalwe vir ‘n skrale 10% van die Duitse bevolking in Suid-Tirol, was almal bereid om terug te trek na die Duitse Ryk, maar die uitbreek van die Tweede Wêreldoorlog het hierdie emigrasie verhoed. Na die oorlog het Oostenryk ‘n ooreenkoms met Italië bereik om die regte van die Suid-Tirolse minderheid te waarborg en vir hulle outonomie te gee. Omdat Italië nie hierdie ooreenkoms nagekom het nie, het die Suid-Tirolers in die sestiger jare begin veg vir selfbeskikking. Die einddoel was aansluiting by Oostenryk. Twintig jaar later was daar ‘n nuwe ooreenkoms en Suid-Tirol het spesiale status gekry om as ‘n outonome provinsie met sy eie regering, parlement en seggenskap oor interne sake, te funksioneer. Suid-Tirol het nou Duitse skole en Duitse universiteit en nou trek Italianers weg omdat hulle voel soos ‘n bedreigde minderheid. Suid-Tirol se suksesse gee Orania moed vir die toekoms en is ʼn voorbeeld van wat kan gebeur as ons saam staan en werk om ons ideaal te bereik. Estella Boshoff en Sebastiaan Biehl
Hierdie bladsy is geborg deur: Bloudruk
6
053 207-0082
Bloudruk 2009
CVO Orania skitter in atletiekseisoen Kleursport Die atletiekseisoen het reeds vroeg in die jaar afgeskop met die kleursport. Die skool se kinders word in twee spanne verdeel, Geel en Blou. Tuisskolers is genooi om deel te neem in die Groen-span, saam met CVO Fraserburg. Die gemeenskap van Orania het die byeenkoms goed ondersteun en ses skape is op die spit gebraai en verkoop. Dirigente het inisiatief getoon met sierwaens en oorspronklike uitrustings. Die Geelspan het hierdie jaar die geesbeker gewen en die Blouspan het die meeste punte op die telbord gehad.
Orania CVO laat die rekords spat tydens die Dorpsbyeenkoms Orania Koördinerende Onderwysraad (OKO) reël elke jaar ʼn gesamentlike atletiekbyeenkoms. CVO-atlete het op hierdie byeenkoms talle rekords laat spat. Die georganiseerde afrigting van mnr. Boet Jacobs, Sandra du Preez, Hannes du Preez, Riëtte Roux, Casper du Preez, Leslie Kunneke en Herman Grotius was duidelik te sien in die skitterende vertonings. Ongeveer 75% van Orania CVO leerlinge het ʼn eerste of tweede plek behaal. Frans Pretorius het geskitter in die baanitems en het homself bewys as die vinnigste 100m skoolatleet wat Orania nog opgelewer het.
Die byeenkoms was goed gereël en items het volgens die voorgestelde rooster betyds begin. Veld- en baanitems is professioneel hanteer en OKO verdien ʼn pluimpie vir die reëlings.
Atlete presteer by BCVO se SA byeenkoms. BCVO-atletiek is reeds bekend vir sy hoë standaard. Atlete word hier beoordeel volgens die erkende nasionale puntestelsel, die ABSA-tabel. Tydens die byeenkoms te Roodepoort het 19 Orania CVO-atlete meegeding teen ongeveer 900 ander atlete van reg oor die land. Orania CVO begin nou in atletiek sy merk maak in groot geselskap. Wenkbroue het gelig nadat Orania se naam nie minder as 34 keer oor die luidsprekers genoem is nie. Verlede jaar kon Orania CVO slegs 23 medaljes huistoe bring. Vanjaar is 34 medaljes verower waarvan 22 goue medaljes, 3 silwer en 9 brons. Een van die uitblinkers tydens hierdie byeenkoms was Johanè Ferreira wat BCVO erekleure ontvang het vir hoogspring. Sy behaal ‘n ABSAtabelpunt van 855. ʼn Gestruktureerde oefenprogram van 9 maande en kinders wat gedissiplineerd daaraan deelneem, is die wenresep.
Roelien de Klerk Juwele
Ma - Vry: 9:00 - 13:00 Na ure: 083-683-3070
Johané Ferreira oppad na haar ereklere
Frans Pretorius trap vas vir ‘n goud in verspring
Konsultasies op afspraak
Vinnige herstelwerk, netjiese stringwerk en afgeronde juwele. 7
Bloudruk
Bloudruk 2009
SPORTBLAD SPORTBLAD ʼn Aktiewe Rugby- en Netbalseisoen
Leerlinge van Orania CVO blink uit ʼn Kleinskoledag vir rugby en netbal is die eerste keer aangebied. Die byeenkoms is in Kroonstad gehou en klein skole van oor die land het deelgeneem. Orania CVO-skool het saam met ander CVO-skole in die Noord-Kaap sterk spanne saamgestel wat deelgeneem het. Die hoofdoel van hierdie geleentheid was om aan alle leerlinge van klein skole speelkans te gee voordat hul provinsiale proewe plaasvind. Groen en rooi vir 15 spelers! Tydens die naweek van 16 Mei is die Noordwes provinsiale proewe in Lichtenburg gehou. Ongeveer 450 spelers het meegeding om ʼn plek in die provinsiale spanne. Uit die 20 Orania-CVO leerlinge wat deelgeneem het aan die proewe, het 15 leerlinge die provinsiale spanne gehaal. Week-na-week: oefening en strawwe kompetisie Slegs ʼn week na die proewe is die eerste oefenkamp te Lichtenburg gehou. Van 22-24 Mei het die Noordwes spanne hard geoefen en mekaar beter leer ken. Rugby- en netbalspelers van Orania-CVO het goed ingeskakel en hulle fiksheid het bo-gemiddeld vertoon. Die daaropvolgende naweek, 30 Mei, is die eerste provinsiale wedstryd teen die Vrystaat in Bloemfontein gespeel. Vrystaat het in die stof gebyt tydens hierdie vriendskaplike wedstryde. Erik du Preez het uitgeblink in die 0/11 rugbywedstryd en het drie keer agter die doellyn gaan kuier. Geesdriftige ouers en gemotiveerde onderwysers het weer ʼn keer, op 6 Junie, na Lichtenburg vertrek. Sentraal-Transvaal is die stryd aangesê. Noordwes het daardie dag skoonskip gemaak en al die wedstryde gewen. Estella Boshoff
Winterspele sukses Op 26 en 27 Junie het die Winterspele van die BCVO plaasgevind by die Landbouskool Bekker te Magaliesburg. Dié spele strek oor 3 dae. Ongeveer 1000 spelers van reg oor die land het deelgeneem. Orania CVO se spelers het geskitter in uitgelese geselskap. Die Noordwes Bulletjierugbyspan het die Winterspele gewen. Wiehan Nel was een van die span se spelers en het beïndruk met sy verdediging. Die 0/15 Noordwes netbalspan het ook die Winterspele gewen. Wilmie du Preez het skitterspel gelewer. Die span word ook afgerig deur Sandra du Preez, Nat- en Skeikunde onderwyser van Orania CVO. Quinton Senekal wat vir die Noordwes 0/19-span losskopstut gespeel het, is die tweede keer vir die BCVO-Nasionale span gekies. Hy is ook gekies om vir die Nasionale Afrikaner Volkseie Sportfederasie (NAVSFED) se 0/17-span in Frankryk te gaan toer vanaf die 18de September 2009. ʼn Volledige verslag oor die sukses van al Orania CVO se leerlinge by die Winterspele, sal binnekort gepubliseer word.
Hoekom speel Orania vir Noordwes? CVO-skole in die Noord-Kaap is groot genoeg vir atletiek- en netbalspanne, maar te klein om volle rugbyspanne met 22 spelers in die hoërskool daar te stel. Die CVO-skole toon egter positiewe groei in sy leerlinggetalle in die Noord-Kaap. Orania-CVO is die skool wat die vinnigste gegroei het die afgelope twee jaar in die Noord-Kaap. Met hierdie groei blyk dit moontlik te wees om binne die volgende drie jaar in beide rugby en netbal provinsiale span vir die Noord-Kaap in te skryf.
Afsaal Kafee
Kom kuier by ons!
Bloudruk
Pêrellaan 137, Orania • 053 2070199 www.afsaal-op-rania.co.za
8