Bloudruk Amptelike nuusblad van Orania CVO-skool
skoolhoof@oraniacvo.co.za www.oraniacvo.co.za
Oktober 2013 Tweede Uitgawe van 2013
Posbus 203 Orania, 8752
Wintersport eindig op hoë noot met Winterspele in Groblersdal
Die voorbereiding vir vanjaar se Ses provinsies het aan die Winterspele deelgeneem. Sewe en sewentig Winterspele het met die seekamp te leerlinge van Orania CVO-skool was deel van die Noord-Kaap-span. Die NoordJeffreysbaai begin. Leerlinge het tydens Kaap-spanne het baie goed gevaar. die tweede kwartaal hard geoefen. UITSLAE: Proewe is gehou, verskeie oefenRUGBY PLEK NETBAL PLEK dae is gereël en oefenwedstryde is gespeel. Die leerlinge het vanjaar baie 0/7 6 0/9 6 goeie blootstelling aan wintersport 0/9 1 0/10 3 gekry. 0/11 3 0/11 3 Vanjaar se Winterspele was weer 0/13 3 0/12 1 eens ʼn groot sukses. Dit is in Groblersdal 0/15 3 0/14 4 by Gromar CVO-skool gehou. Die reëlings OOP 5 0/15 2 en geriewe was van hoogstaande OOP B 3 gehalte. Ouers het baie opgeoffer om OOP A 2 hul kinders daar te kry. Groblersdal is Twee van ons skool se leerlinge, Christo Aucamp en Natasha van Zyl, is in die 900 km van Orania af Almal is dit eens dat dit ʼn baie lekker Winterspele was. BCVO se nasionale spanne opgeneem.
Matriekafskeid
Op Vrydag 6 September is daar met swier en glans afskeid geneem van die skool se 2013-matrikulante. Dit was voorwaar ‘n spoggeleentheid waarop elkeen wat by die reëlings betrokke was, trots kan wees.
Hierdie bladsy is geborg deur:
Telefoonnommer: 053 207 0106 Faksnommer: 086 510 4486 Jaspisstraat 32, Orania, 8752 E-pos: primabat2@telkomsa.net
Bloudruk Oktober 2013
Nuwe personeel sluit by skool aan
Mev. Esna Schumann is sedert 1 Mei 2013 in die Gr. 0-pos aangestel. Sy het baie goeie ervaring in die Junior Primêre Fase. Sy, haar man Bernhard en hulle drie kinders woon al 13 jaar in Orania. Mev. Schumann het vroeër by Volkskool Orania klasgegee.
Mev. Yolanda Nel is van 1 Augustus 2013 af in ‘n finansiële pos by die skool aangestel. Die skool is tans op so ʼn vlak dat hierdie pos noodsaaklik is. Mev. Nel is lank reeds as opvoedingsraadslid by die skool se finansies betrokke. Die feit dat sy nou ʼn kantoor by die skool het, maak dit vir ouers wat navrae het, meer gerieflik.
Met die weggaan van mej. Monica van Tonder (Engels) is mev. Elica Joubert van 1 Augustus 2013 af tydelik by die skool aangestel. Mev. Joubert is verantwoordelik vir Engels Gr. 4 – 6. Mev. Joubert het haar onderwyservaring by verskeie skole opgedoen.
ORANIA CVO-SKOOL DEUR DIE GELOOF
Sedert 1 Augustus 2013 is mev. Carina Hattingh aangestel as kosmatrone by die koshuis. Mev. Hattingh is ook ʼn onderwyseres by die skool en koshuismoeder by die koshuis. Sedert mev. Elmarie Krynauw aan die einde van Maart 2013 bedank het as kosmatrone, neem mev. Hattingh waar in die pos. Mev. Hattingh het by verskeie CVOskole skoolgehou en het ʼn Nasionale Diploma in Voedseldiensbestuur.
Volgende jaar se Graad 1’s lê skoolgereedheidstoetse af Indien die kind se liggaamlike ontwikkeling na wense is, hy ‘n positiewe selfbeeld het en maklik maats maak, behoort hy sonder moeite te kan leer en speel. - Dr. Melodie de Jager (Mind Moves en Wikkel die brein wawyd wakker) Is my Gr. 0-kind skoolgereed? Dit is ‘n algemene vraag van die ouer van ‘n toekomstige Gr. 1-leerling. By Orania CVO-skool word die Gr.0-leerlinge reeds vroeg in die derde kwartaal vir skoolgereedheid getoets. Die rede hiervoor is eintlik voor die handliggend. Uitvalle wat die jong kind se latere leer en speel kan beïnvloed, word geïdentifiseer en vroegtydig aangespreek. Hierdie uitvalle word verkieslik reggestel voordat die kind sy eerste gr. 1-skooldag betree. Die Skoolgereedheidstoets wat deur Me Riëtte Roux by ons skool behartig word, behels die volgende: Visuele persepsie. Dit sluit in visuele diskriminasie, skerp visuele waarneming en visuele opeenvolging. Hierdie vaardighede stel die kind in staat om ooreenkomste en verskille raak te sien en is nodig vir lees en skryf. Dit sluit ook visuele geheue in wat van belang is om te reageer op vrae en visuele inligting in die korttermyngeheue te stoor. Visuele sluiting is van belang om somme en sinne as ‘n geheel te sien en om sodoende sin daaruit te maak. Gestaltwaarneming word ook getoets en is nodig wanneer die kind leer lees en skryf. Oplettendheid en konsentrasie kan ook hier waargeneem word. Voorgrond- en agtergronddiskriminasie is ook hier van toepassing, wat van belang is sodat die kind nie
‘n reël uitlaat wanneer daar gelees of geskryf word nie. Ouditiewe persepsie. Dit sluit in ouditiewe diskriminasie, ouditiewe opeenvolging, ouditiewe voorgrond- en agtergrondpersepsie en ouditiewe analise. Storiegeheue word ook hier getoets en berus grootliks op die geheue van
die kind. Ruimtelike oriëntering en getalbegrip. Ruimtelike verhoudings is van belang t.o.v. spel, lees en skryf. Dit skakel latere probleme uit, soos om nie woorde of syfers om te ruil nie. Middellynkruising en rigtingbewustheid word ook hier getoets. Om rekenkunde te kan doen moet die kind kan tel en begrip hê t.o.v. hoeveelhede, verhoudings en getalle. Sosiale en emosionele ontwikkeling. Sosiale ontwikkeling is die aanleer van die vermoë om volgens sosiaal aanvaarbare norme te kan optree. Die kind se emosies beïnvloed hierdie ontwikkeling. Fynmotoriese en grootmotoriese ontwikkeling. ‘n Korrekte potloodgreep is van belang sodat die kind se hand nie gou moeg raak tydens skryfaktiwiteite nie. Die kind sal dit ook nie moeilik vind om groot volumes geskrewe werk betyds te kan afhandel nie. Grootmotoriese ontwikkeling sluit in koördinasie, liggaamsbalans en egaligheid van ritme. In die Gr.0-klas doen ons onder andere ook prettige oefeninge, spesifiek vir die voorskoolse kinders. Hierdie oefeninge stimuleer die primitiewe reflekse om sterk breinpaadjies te bou. So werk ons hard om ons Gr.0-leerlinge skoolgereed te kry! Orania Beweging www.orania.co.za
Hierdie bladsy is geborg deur:
Bloudruk
2
Bloudruk Oktober 2013
Groot planne vir uitbreiding van die skool se geriewe As ‘n mens vandag na Orania CVOskool se terrein kyk, kan jy jouself nie indink hoe dit ‘n paar jaar gelede gelyk het nie. ‘n Vervalle ou kampong uit die dae toe die Departement van Waterwese werkers tydelik hier moes huisves, is die afgelope paar jaar omskep in ‘n pragtige skoolterrein. Ou geboue is heeltemal omgebou en herstel en nuwes is bygevoeg. Die hele terrein is opgegradeer met randstene, gras, bome, speelterreine en vele meer. Die opknapping en uitbreiding van ons skoolterrein is egter ‘n voortdurende proses en verskeie klein projekte is die afgelope tyd by die skool aangepak. Dit sluit in: • Die opknapping van geboue wat nog in ‘n swak toestand was sodat al die geboue nou in ‘n uitstekende toestand verkeer, • ‘n nuwe deur is by die kombuis geïnstalleer, • die saksmeer van die geboue onderom is afgehandel, • ‘n afdak vir die tegniese sentrum is opgerig,
Hierdie bladsy is geborg deur:
• ‘n skeepsvraghouer is opgeknap en ingerig as stoorplek vir die tegniese sentrum, • verskeie betonblaaie en paadjies is gelê, • die oprigting van die betonmuur by die tegniese sentrum is byna voltooi, • ‘n groot sandput word tans by die Gr.0-klas gebou. Die skool het ook die aankoop van die aangrensende grond gefinaliseer en afgehandel. Dit beskik nou oor baie meer grond vir toekomstige uitbreiding. Dit maak dit dan moontlik om te begin met die finalisering van ons terreinplan. Verskeie veranderings op die bestaande terreinplan word ook oorweeg. Die ingenieursfirma MVD Kalahari van Kimberley het die afgelope tyd die hele terrein opgemeet en verskeie voorstelle aan die boukommissie voorgelê vir oorweging. Konsensus is bereik oor die uitleg en ligging van die skoolgeriewe en nuwe toegangsroete. Die ligging van die sport- en koshuisgeriewe behoort binne die
senbel 3
volgende maand gefinaliseer te word, waarna die grondwerke sal begin. MVD Kalahari en Avstrooi Argitekte gaan gevra word om voor die einde van die jaar vir ons die dienstebeplanning te doen en bouplanne op te trek, waarna van die projekte vroeg volgende jaar sal kan begin. Die skool beplan ook verskeie nuwe projekte vir die volgende drie jaar. Dit sluit in: • ‘n rugbyveld met besproeiingstelsel, • ‘n nuwe toegangspad met nuwe hoofingang nader aan die grootpad wat deur die dorp loop, • die oprigting van die nuwe tegniese gebou wat reeds sedert verlede jaar beplan word, • ‘n nuwe koshuis wat modulêr volgens behoefte gebou gaan word. Die nuwe koshuisgeriewe gaan dubbeldoelig beplan word, met ontspanningsgeriewe om dit ook in vakansietye uit te verhuur. Die tegniese geriewe word ook dubbeldoelig beplan om opleiding aan naskoolse studente te bied. Dit sal in samewerking met ‘n buite-instansie geskied. Met bogenoemde uitbreidingsprojekte wil Orania CVOskool homself as ‘n sterk en volhoubare streekskool vir Afrikanerkinders in die BoKaroo vestig.
Tel: 053 207 0108 e-pos: magdaleen@senbel.co.za
Bloudruk
Bloudruk Oktober 2013
Nog ‘n skuif vorentoe Op Saterdag 17 Augustus het die skaakspelers van Orania CVO-skool aan die eerste skaaktoernooi vir 2013 deelgeneem, waar CVO-skole uit die Noord-Kaap teen mekaar kragte gemeet het. Wiehan Nel, PC van Wyk, Frans de Klerk, Charné Nel en Wian van Veelen was die span wat skuif vir skuif hulle opponente in skaakmat geplaas het. Orania CVO-skool het vanjaar op 10 Oktober Heldedag herdenk deur op die Groot Trek te fokus
Leerlinge presteer in kultuuraktiwiteite
Terwyl die sportaktiwiteite gedurende die derde kwartaal effens op die agtergrond geskuif word, kry Orania CVO-skool se leerlinge die kans om hul kultuur te geniet. Die BCVO-beweging, waarvan Orania CVO-skool ‘n lid is, bied ook die geleentheid aan elke leerling om sy kultuurtalente op ‘n hoë vlak, nie net by sy skool nie, maar ook landswyd, te beoefen. Die kwartaal het afgeskop met ‘n plaaslike kultuurfees waaraan meer as 70% van die skool se leerlinge deelgeneem het. Items het onder andere ingesluit sang, voordrag, poësie, prosa, kuns en musiek. Die beoordelaars moes omtrent hulle storie ken en het hulle goed van hulle taak gekwyt. 25 leerlinge is gekies om aan die Noord-Kaap Kultuurfees deel te neem. Dit is in Julie in Jan Kempdorp aangebied. Uit die Noord-Kaap is 13 leerlinge gekies om aan die BCVO se finale ronde as span deel te neem. Nege van Orania se leerlinge is vir hierdie span gekies en het op 23 en 24 Augustus by die Nasionale Kultuurfees in Brakpan opgetree. Hierdie leerlinge is Eldien Kirsten (dwarsfluit), Cobus en Eldien Kirsten (blokfluitduet), Hillé du Plessis (sangsolo), Tharina Steyn (sangsolo), Mariza Steyn en Hillé du Plessis (sangduet), Sumari de Wet (gedramatiseerde prosa), Charlotte van Niekerk (formele poësie), Paul de Wet (formele poësie) en Mia Meyer (formele poësie). Paul de Wet en Danél van Wyk het ook deurgedring tot die redenaarsfinaal. Die Noord-Kaap het derde geëindig by die nasionale byeenkoms met die Orania-leerlinge wat baie goed presteer het. Kultuurbeoefening is vir Orania CVO ‘n belangrike aspek van ‘n kind se opvoeding. Die skool het elke Donderdagaand ‘n kultuuraksie, wat deur enige leerling bygewoon kan word.
Met hierdie prestasie verteenwoordig hulle die NoordKaap Skaakspan om later vanjaar in Potgietersrus aan ‘n nasionale kompetisie deel te neem. Die sukses van hierdie span kan grootliks toegeskryf word aan ‘n baie bekwame skaakafrigter, Rozanne Diederichs. Vir die afgelope twee kwartale rig sy skaak by die skool af. Sy is self ‘n kranige skaakspeler wat reeds in Gr. 7 haar provinsiale kleure in skaak verwerf het en vir vier jaar lank op provinsiale vlak skaak gespeel het. Rozanne sê dat skaak baie voordele vir ‘n leerling inhou. “Skaak het soveel voordele. Dis amper moeilik om te verstaan hoekom kinders en volwassenes traag is om die spel te leer. Skaak vereis dat jy albei dele van jou brein gebruik. Dit verhoog jou kreatiwiteit omdat dit ‘n strategiese spel is en verbeter ook jou geheue. Dit verbeter jou vermoë om probleme op te los en verhoog konsentrasievlakke. Beplanning en vooruitsig is ook noodsaaklik wanneer jy skaak speel.” Leerlinge word deur kompetisies gekeur vir die span. Die leerlinge speel ‘n reeks wedstryde teen mekaar. In hulle bepaalde ouderdomsgroepe word hul dan ingedeel volgens wie die meeste wedstryde gewen het. Klasbywoning dui op deursettingsvermoë en speel ook ‘n rol. Rozanne gaan voortaan fokus op opening- en verdedigingstrategieë. Sy gaan ook fokus daarop om haar studente te leer om hul wedstryde te notuleer sodat hulle hul foute na die tyd kan analiseer. Die skaakspan het met 27 leerlinge afgeskop en tot dusver kon die skool nog net trots wees op sy skaakspan.
Hierdie bladsy is geborg deur: ORANIA GROEIFONDS
Bloudruk
4
Orania Groeifonds Posbus 27, Orania, 8752 Tel: 053 207 0062 | Faks: 086 693 5385 groeifonds@orania.co.za
Bloudruk Oktober 2013
Taaldag word jaarliks formeel in ons dorp gevier, maar vanjaar wou die skool graag alle leerlinge meer direk daarby betrek. Elke leerling moes sy/haar eie Afrikaanse plakkaat maak, wat daarna uitgestal en beoordeel is. Die Grade is ook in groepe verdeel om onderskeidelik intensiewe vorme, spreekwoorde/idiome, aanhalings en interessante woorde te gebruik. Tydens die eerste twee weke van Augustus kon die kinders gaan nadink oor wat hulle wou doen en kon hulle herwinbare materiaal bring om saam met die beskikbare media te gebruik. Die skoolsaal het ‘n prettige atmosfeer gebied soos die klasse om die beurt hulle plakkate uitgestal het. Die uitstalling was kleurvol en ‘n mens kon nie anders as om ‘n bietjie meer na te dink oor ons Afrikaanse taal nie. Baie geluk aan die wenners: • Naftali Botha (Gr. 1-3) Hemelhoog, • Jan-Hendrik van Zyl (Gr. 4-6) Hoë bome vang die meeste wind, • Sumari de Wet (Gr. 7-9) Eet die roomys van die wolke, drink die koeldrank van die son en kus die blaartjie van ‘n blom deur Michelle Fouché, • Natasha van Zyl (Gr. 10-12) Gamofobie. Elke wenner het ‘n ɸ100-geskenkbewys van die Orania Beweging ontvang. Dankie ook aan mev. Ciska de Wet vir die sjokoladetroospryse!
Orania CVO-skool onbeskaamd christelik en volkseie
SKOOLHOOFSKRYWE
Orania CVO-skool betrek leerlinge by Taaldagviering
Dit is vir Orania CVO-skool ʼn voorreg om deel te wees van die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys. Die BCVO lewer kundige onderwysadvies aan die ledeskole en het ‘n netwerk van skole regoor Suid-Afrika wat goeie deelname aan sport en kultuurkompetisies moontlik maak. Hier by Orania CVO-skool leef ons die beginsels van ‘n trotse Christelike en Afrikanerskool uit. Ons wil nie net in ons naam Christelik wees nie, maar ook in wese. Die beginsel van uit God, deur God en tot God is ʼn belangrike uitgangspunt. Bybelonderrig is ʼn verpligte vak tot met Gr. 12 en leerlinge word ook hierin geëvalueer. Kerkgeskiedenis word ook een keer per week vir die leerlinge aangebied. Saalopeninge word deur bekwame persone hanteer. Ons leer ook die leerlinge dat geen vak los van God Drie-enig aangebied kan word nie. Inteendeel, alle aktiwiteite by die skool word tot eer van God en tot voordeel van die kinders aangebied. Die skool se volkseie karakter is ook vir ons belangrik. Die kinders is bevoorreg om in hul moedertaal onderrig te word. Tot en met Gr. 9 maak volkseie geskiedenis ʼn sterk deel van die vak Geskiedenis uit. Tradisionele Afrikanervakansiedae word nog hier gehandhaaf en ‘n interessante program word ook op hierdie dae vir die leerlinge aangebied. Bo en behalwe die skool se etos is onderrig van ‘n hoë gehalte vir ons ononderhandelbaar. Onderwysers met ʼn deeglike vakkennis word aangestel en vakuitslae word nagegaan. Leerlinge moet aan die BCVO se vereistes voldoen voordat hulle na ʼn volgende graad bevorder kan word. Kom, word deel van Orania CVO-skool. Ons is besig om saam met die gemeenskap gestalte te gee aan ʼn droom. Ons het iets uniek wat ons vir u kind kan bied. Johan de Klerk
Tel: 053 207 0282 E-pos: ontvangs@oraniajuwele.co.za
Hierdie bladsy is geborg deur: 5
Bloudruk
Bloudruk Oktober 2013
CVO-leerling Kaaplandse tienerkok van die jaar Die Orania CVO-skool het ‘n trotse geskiedenis wat sy hotelhouding en spyseniersvakke betref. Mev. Rika Kirsten bied tans hierdie spesialisrigting by die skool aan en ‘n groot aantal leerlinge neem met entoesiasme deel. Marli Steenkamp is tans ‘n leerling aan die skool en as een van mev. Kirsten se leerlinge in Gasvryheidstudie het sy onlangs ‘n besondere prestasie behaal. Leerlinge van Orania CVO-skool het aan die Vrouelandbouvereniging se tienerkokkompetisie deelgeneem. VLV-Kaapland bied elke jaar hierdie kompetisie vir Gr. 10en 12-leerlinge aan. Leerlinge stel ‘n portefeulje saam wat op takvlak beoordeel word en elke tak se wenner word na die streek gestuur. Daar is 18 streke in die hele Kaapprovinsie en 5 finaliste word uit die 18 streke gekies. Die vyf finaliste neem dan aan die finaal deel, waar hulle prakties moet doen wat in hulle portefeulje staan. Hierdie jaar se finaal het by La Rochelle Meisieskool in die Paarl plaasgevind. Marli is as algehele wenner aangewys tydens die finale rondte. Sy het 90% behaal en die leerling wat tweede gekom het, het 82% gekry. In 2010 het een van Orania CVO se leerlinge die tweede plek behaal. 2013 se tema was “’n romantiese piekniek teen sononder vir twee”. Die finaliste het elkeen R700 ontvang waarmee alle aankope gedoen moes word. Daarna moes hulle die piekniekplek dek en ‘n driegangete vir die piekniek in slegs vier uur voorberei. Ulla Parkendorf (aanbieder van Ontbytsake op Kyknet) was die hoofbeoordelaar en ook die gasspreker tydens die dinee waartydens die wenner aangekondig is. Marli het ‘n pragtige wisseltrofee, R5 000 kontant, ‘n R10 000-studiebeurs by die Institute of Cullinary Arts en ‘n klomp ander pryse soos ‘n eetstel, R700-geskenkbewyse, Tupperware, Ina Paarman-produkte, ‘n mandjievol toiletware, ‘n houtkissie vol avokado-olie, ‘n granietblok en koffiebekers ontvang. Die skool het ‘n trofee en plakkate vir die Gasvryheidstudieklas ontvang.
Die leerlinge geniet die kosmakery
Wayne Jonk met sy salmslaai in Charné Viljoen met haar filobakkies suurkersie gazpacho
Mev. Rika Kirsten met die skool se trofee en Marli Steenkamp met haar wisseltrofee
Juleen de Jong besig met die biltongsous
Sel: 082 804 4255 Tel: 053 207 9200 Faks: 053 207 9214 E-pos: willie@wilcovervoer.co.za
Hierdie bladsy is geborg deur:
Bloudruk
6
Bloudruk Oktober 2013
Noord-Kaap laat loop met Landloop
Jukskeidag weer ʼn groot sukses Orania CVO-skool het weereens saam met Orania Volkskool ʼn geslaagde rondomtaliedag aangebied. Twee en dertig kinders het deelgeneem. Daar word vier wedstryde van 45 minute elk gespeel. Na elke wedstryd kry elke speler die punte wat sy span bymekaar gemaak het. Na elke wedstryd word die kinders weer in nuwe spanne geloot. Uitslae: 1 – John Sutherland (Orania CVO-skool) 2 – Hugo Grotius (Orania CVO-skool) 3 – Kobus Bester ( Volkskool) 4 – Johan van der Westhuizen (Orania CVOskool) 5 – Markus van Staden (Orania CVO-skool) Mev. Alida Riekert is die groot gees agter die jukskei. Die skool wil haar graag bedank vir haar betrokkenheid by dié sport. John Sutherland het ook onlangs die trofee ontvang vir die opkomende speler van die jaar in die Noord-Kaap. Die skool is baie trots op hom.
Tydens die afgelope landloopbyeenkoms in Potgietersrus het die Noord-Kaaplandloopspan ‘n paar eersteplekke ingepalm. Tien deelnemers van die Noord-Kaapspan, waarvan 6 Orania CVO-leerlinge, het uit die 167 deelnemers altesaam 3 eersteplekke ingepalm. Die uitslae van Orania CVO-skool se deelnemers is soos volg: 0/12 Dogters – Chantal van Wyk: 4de 0/15 Dogters – Hermien Marais: 1ste 0/10 Seuns – Wiehan Nel: 1ste 0/12 Seuns – WJ Nel: 1ste 0/13 Seuns – Cobus Kirsten: 3de 0/15 Seuns – Erik du Preez: 2de
Koshuiskinders gaan kamp
Leerlinge van regoor Suid-Afrika ontvang onderrig by Orania CVO-skool en woon in die skool se koshuis. Die skool beplan om volgende jaar te begin bou aan ‘n nuwe, groter koshuis. Tans huisves die koshuis tussen 30 en 40 leerlinge. Die koshuisouers, Chris en Carina Hattingh, het onlangs ‘n kamp vir die koshuiskinders op die plaas van Pieter en Marlene van Wyk, ouers van Orania CVO-skool, aangebied.
Hierdie bladsy is geborg deur:
OR A N IA
D O R P SR A A D 7
Posbus 115, Orania, 8752 Tel: 053 207 0063/4 E-pos: dorpskantoor@oranet.co.za
Bloudruk
Bloudruk Oktober 2013
Mannetjies Roux oorhandig klere vir Winterspele
Hierdie bladsy is geborg deur:
VELDSKOEN TOERE EN BUITELEWE SPESIALISTE
Bloudruk
8
Sel: 082 481 0691 Epos: sarel.roets@gmail.com
SwiftPrint 65170
Dit is elke sportman of sportvrou se droom om die rugbylegende, Mannetjies Roux, te ontmoet. Op 14 Junie 2013 het Mannetjies en sy vrou, Charlotte, die skool besoek. Tydens die skool se Wintersportdinee het hy aan 77 leerlinge wat vir die Noord-Kaap spanne gekies is, hulle klere oorhandig. Oom Mannetjies, wat al 73 jaar oud is, het in elke kind se hart ingekruip. ‘n Legendariese drie van hom in sy Springboktrui is op die groot skerm in die Orania Gemeenskapsaal vertoon. Na die formele program is daar ʼn veiling van sportartikels gehou. Die geld wat ingesamel is, sal gebruik word om die skool se sportfonds te sterk.