ProAgri 140, Oktober 2011

Page 1

ProAgri tegnologie vir die boer technology for the farmer

Oktober / October 2011 Nr / No 140 ISSN 1042–1558

Gratis

Ons boer saam Maak jou grond gesond Suiwel-spesiaal: Genomika help melkboere Voer vir ’n verskil Werk só met hooi

dbXtream: Plant perfek; oes wins Meganisasie

|

Genegids

|

Veeboerdery

|

Blokraai |

AgriTrader





In hierdie uitgawe Voorblad

Redakteursbrief lke uitgawe van ’n tydskrif is soos ’n jong boompie. Jy buig hom in die rigting wat jy graag wil hê hy moet volg, maar voor jy jou oë kan uitvee het hy tog maar ’n eie koers ingeslaan. Ons tema vandeesmaand is suiwel en ons het ons glase vol melk gemaak, maar op ’n manier het kwessies rondom grond elke keer ingesluip. Die gewraakte Groenskrif op Grondhervorming het in hierdie dae die lig gesien en alle regdenkende boere – en ProAgri se uitlegkunstenaar, Esta van verbruikers – sou eerder wou sien dat Niekerk, het lekker saam met my by die dit in die buitenste duisternis gewerp boere gekuier by TLU SA se kongres. word. Beperkings op grondbesit en regeringsvoorskrifte vir produksie is iets wat in die donker middeleeue van kommunisme hoort. Ons vertrou dat boere hulle verteenwoordigende organisasies sal steun in teenkanting teen die gedagtes, ter wille van ’n land wat kos nodig het. Grond het egter op soveel ander maniere ook ter sprake gekom, soos in Chris Wagner se artikelreeks oor gesonde grond, ons voorbladmaatskappy, AgriPhyto, se planteroplossing vir minimumbewerking en les bes: Voer-boer wat reken jy het nie grond nodig vir die produksie van groenvoer nie. Dis nou grondige argumente na alle kante toe! Neem asseblief kennis dat ons besig is met die 2012 Landbou-kalender. Om seker te maak dat jou veiling, boeredag of kursus op die kalender beland, skakel so gou as moontlik met Marlien by ons kantoornommer 012-362-2732. Geniet die naderende somer en boer slim met ProAgri!

E

Annemarie Joubert – annemarie@proagri.co.za

Hulpbronbestuur 15 Ons boer saam (4) 18 Muck Boot: Altyd ’n tree voor die res 19 Gesonde boerdery vereis gesonde grond Gereelde gunstelinge 21 Perde heel ook harte 22 AgriKyk & Lees 23 Werfnuus 24 AgriLag 25 Boereblokraai 3 32 AgriTrader Vee en veilings 27 Wat is genomika en hoe kan dit suiwelboere help? 29 Voer-boer: Goeie kos in ’n kits 30 Simmentaler gee goeie vleis en melk 32 Voedingstrategieë vir suiwelbeeste 33 Greenfields verskaf spesialis-hooimaaktoerusting 34 GeneGids

4

www.proagri.co.za

59 167 average copies per month

SMARTPUBLISHING MASS MEDIA SPECIALISTS

Tel/fax: 012-362-2732 1218 Arcadia st, Hatfield, Pta www.smartpublishing.co.za

Redakteur Annemarie Joubert > 082-320-3642 annemarie@proagri.co.za Webredakteur Coenraad Rall > 083-973-3297 coenraad@proagri.co.za

7

Verkoopsbestuurder Chantell Nell-Marais > 082-780-4696 chantell@smartpublishing.co.za Senior bemarker Stefan van Wyk > 082-381-7563 stefan@agritrader.co.za

11

Agentskappe Carmel Ann Singh > 079-515-8708 carmel@smartpublishing.co.za Advertensienavrae Marlien van der Westhuizen > 012-362-2732 marlien@smartpublishing.co.za

18

Uitleg & grafika Esta van Niekerk Taalversorging Mediadienste

29 Copyright © 2011. All rights reserved. No material, text or photo graphs may be reproduced, copied or in any other way transmitted without the written consent of the publisher. Opinions expressed are not necessarily those of the publisher or of the editor. We recognise all trademarks and logos as the sole property of their respective owners. ProAgri shall not be liable for any errors or for any actions in reliance thereon.

Business-to-Business: Agriculture January to March 2011

Die ProAgri-span

Inhoudsopgawe / Contents Meganisasie 4 Fede is ’n moet vir elke boer met ’n boord 5 So werk spuitpunte 7 Kom ver met Rovic Leers se Grand Large 9 dbXtream: Die planter presies perfek vir SA 10 Teagle: Die baalmaler wat die paal haal 11 John Deere: Nog beter diens aan boere 13 Baalhanteerder: Rhino maak swaar werk lig

Die dbXtreamplanter van AgriPhyto is ’n plaaslik vervaardigde planter wat geskik is vir minimumbewerking in SuidAfrikaanse omstandighede. Die foto van die pragtige Overberg is aan ons gestuur deur Gideon Albertyn wat onlangs sy tweede dbXtream aangeskaf het.

Rekeninge & intekening Paula MacMavis > 012-362-6390 paula@proagri.co.za Gedruktemediabestuurder Suzanne Rall

30

Sakebestuurder George Grobler

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

3


Meganisasie

Spuit vir sukses:

Fede is ’n moet vir elke boer met ’n boord presies sien wat aangaan en die spuitproses beheer. Volgens Bobby is die kalibrasie eenvoudig deur die verandering van die spuitstukke. Hy is veral beïndruk deur die gemak waarmee die tenk en spuit skoongespoel kan word, want dit is vir hom baie belangrik. “’n Spuit moet versorg en skoongemaak word na elke keer se gebruik, anders gaan jy skade kry.” Die Fede-spuite kom in twee modelgroepe uit, die een groep het ’n waaiergrootte van 810 cm en die ander van 910 cm. Altwee groepe het modelle met 1 000, 1 500, 2 000 en 3 000 liter tenks beskikbaar. Die pompgrootte Jupidex se 1 000 liter Fede-boordspuit is ideaal word ook aangepas vir die verskillende modelle met ’n vir Tolbos se hellings. 200 ℓ/minuut diafragmapomp op die grootste hulle werk nou saam met die vervaardi(3 000 liter) model. ger in Spanje. Johan Jansen van Jupidex sê die “Ons kan maar ’n paar lesse by die Fede-spuite is aangepas vir druiwe, Europeërs leer oor goeie diens,” sê steenvrugte en sitrus. Die spuite is juis Johan. “Hulle verteenwoordigers besoek in die bekende sitrusstreek, Valencia, in ons gereeld en gaan saam met ons plase Spanje ontwikkel. toe waar hulle ook luister wat die SuidMet die Futur Advanced SystemAfrikaanse boere se behoeftes is. Hulle masjien is dit ook moontlik om lugspoed luister graag na voorstelle.” en lugdruk te verstel sodat daar meer Elke boer met ’n boord kan gerus by wind en warreling kan wees waar dit Jupidex aanklop om te deel in die nodig is. voordeel van ’n Fede-spuit. Skakel ’n Groot voordeel van die Fede is dat Johan Jansen by 082-338-6002 of die waaier sowat 5 kg weeg, wat dus stuur ’n e-pos na baie minder van die masjien vra, want johan.jansen@jupidex.co.za. hoe swaarder die waaier, hoe Besoek www.jupidex.co.za. harder moet die masjien werk. Die meeste ander waaiers in die bedryf weeg so 14 kg. Die waaier het ook gekurfde lemme wat ’n groter oppervlak meebring vir groter warreling en beter spuitstofindringing. Selfs hoë bome vang die wind! Nog ’n voordeel van die hele waaier-ontwerp is dat die ratkas wat die waaier aandryf binne die waaierkas (housing) sit en dus ook die voordeel ondervind van die waaier se verkoelingseffek. Die ratkas hou dus langer en werk beter. Jupidex se hoofkantoor is in Pietermartizburg, maar Johan sê hulle kan landwyd blitsig Die waaier weeg maar 5 kg en sy Die plaasbestuurder, Bobby Peyrot en sy ondersteuningsdienste lewer. ’n gekurfde lemme sorg vir meer warrehoofspuitbeampte, Richard Sengoba, glimlag Volledige reeks onderdele vir al ling en beter bespuiting. breed oor hulle nuwe Fede-spuit. die masjiene word aangehou en

n die Hemel-en-aarde-vallei tussen Caledon en Hermanus is die klimaat en omstandighede net reg vir die verbouing van appels en pere. Om dié vrugte suksesvol vir die binnelandse en uitvoermark te produseer, vereis die regte temperatuur, genoeg water en ’n goeie bestuursprogram wat afhanklik is van ordentlike, maklike bespuiting. “Witvlieg is maar ons grootste probleem hier, veral in die jongste tyd,” vertel Bobby Peyrot, bestuurder op Tolbos. Op die plaas is daar 75 hektaar boorde wat almal teen hellings aangeplant is en die wind en reën in die vallei kan nogal ’n rol speel om spuittyd te beperk. Dit beteken dat die spuittoerusting wat hulle gebruik altyd gereed en in ’n werkende toestand moet wees en daarby moet dit gemaklik teen die skuinste kan werk. Jupidex se Fede-boordspuite was die oplossing en twee van die spuite is onlangs op Tolbos in gebruik geneem. Bobby is tot dusver heel in sy skik met die werking van die spuite. “Daar is Fede-spuite met groter tenks, maar ons werk gemaklik met die 1 000 liter tenks, juis as gevolg van die hellings. As jy groter spuite wil gebruik, het jy groter trekkers nodig en dan raak dit net te ongemaklik om deur die boorde te beweeg,” sê hy. ’n Trekker van so 60 tot 85 kw is heeltemal voldoende om die spuite te trek en aan te dryf. Bobby sê met die 1 000 liter kan jy so 0,8 tot 1 ha op ’n slag spuit, afhangende van die produk wat gespuit word. Die spuitoperateur kan op die gebruikervriendelike kontrolestelsel

I

4

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


Meganisasie

Onkruid- en plaagbeheerwerktuie:

So werk spuitpunte JP le Roux, opsteller van die nuttige Meganisasiegids, vertel van die moets en moenies van spuittoerusting. Hierdie artikel, die tweede van vier in die reeks, vertel meer oor spuitpunte.

ie spuitpunt beheer die hoeveelheid spuitstof wat toegedien word, en ook die deeglikheid waarmee die oppervlak of teiken benat word.

Spuitpunttipes ’n Uiteenlopende reeks spuitpunte word deur verskeie oorsese maatskappye vervaardig.

Spuitpuntslytasie Namate spuitpunte slyt, vermeerder die toedieningsvolume en verander die spuitpatroon. Toetse het getoon dat sommige benatbare poeiers bronsspuitpunte so kan laat slyt dat die volume met soveel as 24% kan toeneem nadat 500 ha bespuit is. Gereelde kalibrasie en vervanging by hierdie tipe spuitpunte is uiters noodsaaklik.

Platwaaiertipe spuitpunte (“Flat-fan”) Platwaaierspuitpunte word op meeste plase gebruik vir die breedwerpige of strooktoediening van onkruiddoder op goed voorbereide saadbeddings.

D

Spuitpuntversorging Bo en behalwe normale slytasie van spuitpunte deur die spuitmengsel, kan die spuitpatroon en lewering van spuitpunte versteur word deur beskadiging van die spuitpuntopening. Beskadiging kom gewoonlik voor wanneer ’n harde voorwerp soos ’n naald of draad gebruik word om die spuitopening na verstopping oop te maak. Onder geen omstandighede moet daar met harde voorwerpe in die spuitopening gekrap word nie. Gebruik eerder ’n tandeborsel of tandestokkies om die presies-gevormde opening van die spuitpunt skoon te maak.

1. Breedwerpige toediening met platwaaierspuitpunte Platwaaierspuitpunte word eweredig op die spuitbalk gemonteer. Die spasiëring van die spuitpunte sal afhang van die spesifieke spuithoek van die spuitpunt en die hoogte van die spuitbalk bo die grondoppervlakte. Die spuitbalk moet op ’n spesifieke hoogte bo die grondoppervlakte geplaas word sodat ’n 30% oorvleueling op die kante van die spuitpatrone tussen spuitpunte verkry word. Die spuithoek en lewering van platwaaierspuitpunte word deur ’n kodenommer wat op die spuitpunt aangebring is, aangedui. So, byvoorbeeld, dui die getal 80 in die kodenommer 8004 op die spuitpunt aan dat die spesifieke spuitpunt die spuitmengsel teen ’n hoek van 80° sal uitspuit. Die laaste twee syfers in die

2

1

Platwaaierspuit

www.proagri.co.za

Platwaaier egalig

3

kodenommer, naamlik 04, dui (in Amerikaanse terme) die lewering van die spuitpunt aan wat in hierdie geval die volgende sal wees: 4 VSA gelling per minuut by ’n druk van 40 pond per vierkante duim. Daar is platwaaierspuitpunte met verskillende spuithoeke en lewerings in die handel beskikbaar. 2. Strookbespuiting met platwaaier spuitpunte (Egalig) Kodenommers op hierdie spuitpunte word gevolg deur ’n “E”. Dit beteken dat, anders as die gewone platwaaierspuitpunte, eweveel spuitmengsel oor die hele spuitwydte van die spuitpatroon van ’n spuitpunt gelewer word en dus nie toelaat vir oorvleuling met ander spuitpunte nie. Die hele spuitstrookwydte word dus eenvormig benat deur die een spuitpunt. Die “E”-tipe spuitpunte moet nie vir breedwerpige toedienings gebruik word nie. 3. Kegeltipe spuitpunte Van die kegeltipe spuitpunte is die volgende twee van groot belang: a Holkegelspuitpunte Soos die naam aandui, is die spuitpatroon van hierdie spuitpunt in die vorm van ’n hol kegel. Dit is belangrik om te let op die wyse waarop die spuitpunt aanmekaar gesit moet word. Holkegelspuitpunte is by uitstek geskik vir die toediening van swam- en insekdoders en ook blaarvoeding op plante. Die feit dat spuitdruppels in die vorm van ’n holkegel uitgespuit word, bring mee dat verskillende druppels met verskillende invalshoeke die teiken bereik. Op die manier word beter penetrasie en benatting in digte plantlower verkry. So byvoorbeeld, kan versteekte insekte en swamme ook makliker getref word. Holkegelspuitpunte is besonder geskik vir die toediening van sowel kontak- as sistemiese plantbeskermingsmiddels. Die aanwending van een, twee of drie spuitpunte per ry en die plasing daarvan sal afhang van die grootte van die plante sowel as die digtheid van die lower. Eienskappe van holkegelspuitpunte: • Druppels bereik die teiken vanuit verskillende invalshoeke wat blaarbenat blaai om 4

Holkegel

Vloedstraalspuit

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

5


ting (veral in digte lower) bevorder. • Fyn druppels word gewoonlik gevorm, wat penetrasie en benatting bevorder, maar ook die gevaar van dryf (“drift”) verhoog. • Werk teen drukvlakke van 300 tot 500 kPa. b) Volkegelspuitpunte Deur slegs die kern of swaaiplaatjies van die spuitpunt te verander, kan die spuitpatroon verander word van ’n holkegel na ’n volkegel. ’n Volkegelspuitpunt is by uitstek geskik vir die naopkoms beheer van onkruid en insekte in gewasse deur breedwerpige of strookbespuiting. Hierdie spuitpunte werk by drukvlakke van tussen 300 en 500 kPa. Die opvolgbespuitings van onkruid in staande mielies, is ’n goeie voorbeeld waar volkegelspuitpunte doeltreffend aangewend kan word. Volkegelspuitpunte kan ook met groot sukses reg bokant die mielierye geplaas word om ’n spesifieke teiken op die plante, byvoorbeeld die kelke van mielieplante wat met mieliestamruspelarwes besmet is, te benat. Indien ruspes nie te diep in die kelke in beweeg het nie, kan hulle doeltreffend beheer word deur korrekte plasing van holkegelspuitpunte bo-oor die rye en die toediening van genoeg spuitstof om druppelvorming in die kelke te bewerkstellig. 4. Vloedstraalspuitpunte (“Floodjets”) Hierdie tipe spuitpunt kan doeltreffend gebruik word vir grondingewerkte onkruiddoder en in ’n mindere mate vir vooropkomsonkruidbeheer. In ander lande word die spuitpunte gebruik om vloeibare kunsmis toe te dien, maar in Suid-Afrika word dit veral gebruik in boorde, veral vir toedienings onder die lower van bome . Eienskappe van vloedstraalspuitpunte • Werk teen lae druk van 100 tot 200 kPa. • Lewer groot druppels en min dryf (“drift”). • Betreklik groot spuitopeninge, wat nie maklik verstop nie. • Lewer ’n breë spuitwydte. Deur die aanwending van die regte spuitpunte, die regte plasing, druk en lewering kan boere veel beter plaagbeheer bewerkstellig en terselfdertyd vermorsing van duur spuitmiddels uitskakel.

In die volgende aflewering word lugondersteunde spuite (kousbalkspuite) bespreek. 6

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


Meganisasie

Kom ver met Rovic Leers se Grand Large Danie Rossouw van die Agter-Paarl is baie tevrede dat hy nou tot 50 hektaar en selfs meer op ’n slag kan spuit sonder om te hervul. word, beteken dat ’n boer sy Met die instandhouding en skoongewasbeskermingsprogram beter maak ondervind Danie ook geen kan beplan om in die regte tydprobleem nie. perk plaas te vind sodat die Die spoeltenk van 430 ℓ is bo, in die spuitstof ook meer doeltreffend middel van die hooftenk geplaas, wat kan werk. ook help met balans. Die tenks is van ’n Groot tenk beteken egter nie goeie gehalte poliëster gemaak met ’n dat enige ander voordele ingegladde binne-afwerking wat skoonmaak boet word nie. Die spuitbalk wat maklik maak. van 18 tot 38 meter lank is, word Ander eienskappe wat van die Grand van aluminium gemaak wat dit Large ’n leier in die veld maak is die lig, maar tog stabiel maak. raam met sy hoogteverstelbare Danie is ook beïndruk met die hangtrekstang, hangas, hidrouliese Rovic Leers se Kuhn Grand Large-spuite outomatiese seksiebeheer wat remme, hidroulies-terugtrekbare voet, het groot byval by Agri Megaweek gevind. noodsaaklik is vir enige hangbalkparallelogram, multifunksieinvolle gewasbeskerming beteken presisieboerderystelsel. Hy sê: kleppaneel, suierdiafragma- en sentrifudat boere moet kan reken op “Jy kan hom maar toets deur jou gale pompe vir die verlangde toerusting wat doeltreffend en op die spuitpad te kruis; daar waar hy vloeitempo’s en Equilibra-balkveerregte tyd die nodige diens kan lewer. In klaar gespuit het, maak die stelsel. die landboubedryf is die naam Kuhn betrokke seksie toe. Geen spuitstof Om deel te word van dié groot bekend vir betroubaarheid en doeltrefword vermors nie.” oplossing vir gewasbeskerming, fendheid. Die seksiebeheer geskied skakel vir Marius Ras van Die Kuhn Grand Large 5000-spuit wat outomaties deur GPS-lesings. Hoewel Rovic Leers by Rovic Leers by Agri Megaweek aan die spuit tegnologies gevorderd is, 021-907-1700 of 082-459-4808. boere vertoon het, kombineer dié beteken dit nie dat ’n boer noodwendig betroubaarheid en doeltreffendheid met ’n splinternuwe gevorderde trekker hoef die ekonomiese waarde wat ’n 5 000 aan te skaf nie. Danie sê hy gebruik ’n liter spuittenk bied. ou-skool trekker met net ’n eenvoudige Dit is juis hierdie houvermoë wat begeleidende GPS om die operateur te Danie Rossouw se aandag getrek het. rig. Hy boer in die Agter-Paarl en plant meer In die toekoms sal hy graag na ’n as 600 hektaar graan, lusern en weiding volledig geïntegreerde aan. Danie sê die groter spuitarea per stelsel wil kyk, maar nou volmaakslag beteken beter produktimoet die spuit homself eers witeit en meer wins. betaal! Hy sê as jy so tussen 80 en 100 liter Prys was een van die per hektaar spuit, beteken dit jy kan tot redes waarom Danie juis na 50 hektaar spuit voordat jy weer moet Rovic Leers gegaan het, gaan volmaak. Die tyd wat bespaar want die Grand Large word teen ’n baie mededingende Die Kuhn (Grand Large) kortweg: prys in die mark aangebied. Die ander oorwegings, • 4 000, 4 500, 5 000 liter benewens die groot tenk, poliëstertenks was die feit dat Kuhn • Spoeltenk 430 liter bekend is as ’n goeie • Verstelbare wielwydte 1,8 fabrikaat en Rovic Leers tot 2,25m bekend is vir goeie • Induksiegeutbak van 35 ℓ spoel dienslewering, ook met Die seksies van die spuitbalk word outomaties • PM 265 suierdiafragmapomp betrekking tot naverkoopdeur ’n GPS-stelsel beheer om vermorsing te • Balkwydte; aluminium 18 – 38 m diens. voorkom.

S

www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

7



Meganisasie

Die planter presies perfek vir SA Dit is hierdie soort opkoms en plantestand wat die dbXtream in ’n klas van sy eie plaas.

eenvoudiger, goedkoper, dog duursame onderdele word ingespan om die voordele wat slegs die dbX bied, vir alle boere toeganklik te maak. Wat die Super T verder uniek maak, is dat dit uitgebrei kan word om net so gevorderd as die gevorderdste modelle in die reeks te wees. Meganiese aandrywing van saad- en kunsmisstelsels kan opgegradeer word na elektro-/hidrouliese aandrywing om voorsiening te maak vir presisieplanting volgens satellietposisionering. Die dbXtream is hier om te bly en bied al die voordele van ’n plaaslike maatskappy wat bereid is om die ekstra myl saam met elke boer te loop.

y saadplasing en ontkieNet buite Bredasdorp het Gideon mingspersentasie is net eenAlbertyn onlangs sy tweede dbXtream voudig in ’n ander klas met die aangeskaf. dbXtream-planter,” sê JP Bester van Die dbXtream is sy eerste keuse Om werklik suksesvol vir die toekoms Moorreesburg. Hy is een van die boere omdat dit ’n sterk masjien is wat goeie te plant, skakel vir Rinus Willemse by wat die pad saam met Rinus Willemse resultate lewer in terme van opkoms en 028-735-2425 of besoek van AgriPhyto geloop het om ’n planter eweredige plantstand. www.dbx.co.za vir meer te ontwikkel wat perfek vir plaaslike toeHy is baie tevrede met die besonderhede. stande is. naverkoopdiens wat hy van Rinus en sy Een van die ontwikkelings wat hom span by AgriPhyto ontvang en sê promeer geskik maak as die soortgelyke bleme word uitgestryk. Australiese planter, is die ombouing van Vir Rinus Willemse van AgriPhyto is die raam om vir skuins grond voorsiedie naverkoopwaarde van sy toerusting ning te maak, waarvan die Swartland en baie belangrik. Die waardes ewenaar veral die Overberg genoeg het. JP sê feitlik die aankoopprys, wat van die ander planters is geneig om soos ’n krap dbXtream die beste belegging in werkteen die skuinste te loop, maar die nuwe tuie op die plaas maak. raam skakel die probleem uit. Die dbXtream word nou in sy geheel Verder gaan dit oor uithouvermoë. plaaslik vervaardig teen ’n verkoopprys Die plaaslik vervaardigde hidrouliese van meer as 40% minder as sy ingetande het hulleself al oor en oor bewys voerde eweknieë. Die reeks omvat in die klipperige grond. Die Besters boer verskeie modelle wat van 3 m tot 21 m biologies en probeer om die grond so wyd kan plant en 1 000 tot 18 000 liter min as moontlik te versteur. As gevolg saad/kunsmis kan hou. Dit is beskikvan hulle wisselboupraktyk stel die dik baar in gravitasie- of lugsaaistelsels. laag medic-reste ook ’n besondere Planters vir kleingraangewasse sowel as uitdaging aan ’n planter sê JP, maar die Die dbXtream se planterkonsep rygewasse is gegrond op dieselfde dbXtream hanteer dit lag-lag. berus op ’n dieplemstelsel en gelykbeproefde plantkonsep wat volhoubare Dit is vir JP ook baie belangrik dat die maker wat sorg vir akkurate saadminimumbewerking moontlik maak. dbXtream nie die kunsmis strooi nie, en kunsmisplasing, ’n toemaker en Goeie nuus is dat AgriPhyto nou ook maar dit netjies en akkuraat by die saad ’n breë vastrapwiel wat goeie ’n nuwe intreevlakplanter, bekend as die in die voor plaas waar dit regtig grondkontak verseker. Super T, bekendgestel het. Rinus sê nodig is. JP se pa, Pien Bester, is verlede jaar as Graan SA se Boer van die Jaar aangewys en JP meen die dbXtream was deel van die sukses: “Ons kry ongelooflike ontkieming en plantstand vir mense wat so dun saai soos ons.” In Riversdal se wêreld werk CD du Toit nou al langer as ’n dekade met die planterkonsep, naamlik ’n dieplem-stelsel wat die grond oopmaak vir kunsmis, ’n gelykmaker wat die oppervlak vir die saad regmaak vir eweredige plantdiepte en dan ’n breë vastrapwiel wat vir goeie kontak tussen saad en grond sorg. Hy meen dit is die beste stelsel vir die Suid-Kaap met sy bergagtige, klipperige dele waar die diere op dieselfde grond loop. “Dit gaan oor betroubaarheid,” sê hy van die dbXtream. Die dbXtream plant maklik, reguit en eweredig teen hellings. (Fotos: Gideon Albertyn)

“M

www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

9


Meganisasie

Staalmeester se Teagle 505M:

Die baalmaler wat die paal haal H

ooi maal is kinderspeletjies as jy ’n Teagle Tomahawk 505-baalmaler van Staalmeester het. Daarvan getuig Heiner Hinze van Hinze & Hinze-boerdery by Piet Retief. Hooi speel ’n belangrike rol in die Hinze-familie se Holstein-melkery en klein voerkraal, maar in die verlede was dit maar ’n probleem om hooi by die rantsoene in te meng. Gebruik jy die voermenger om die ronde bale te maal, moet jy lank wag, dikwels lemme vervang en gereeld herstelwerk aan die menger doen. Heiner se antwoord om ’n gewone hamermeul te gebruik, was ook nie die perfekte oplossing nie, omdat elke baal moeisaam en tydrowend met die hand losgetorring en gevoer moet word. Maar twintig maande gelede het Heiner ’n Teagle 505 by Staalmeester aangeskaf en sy glimlag word steeds al hoe breër. Die Teagle pas aan ’n 55 tot 60 kWtrekker se driepunthyser waar hy met die kragaftakker aangedryf word en met ’n hidrouliese bo-skakel (top link) gekantel word om bale te laai. (Staalmeester het Heiner s’n vir hom aan ’n elektriese motor gemonteer en ’n tweede klein motortjie met ’n hidrouliese pomp sorg vir die kanteling.) Die grootste ronde baal, of ’n grootpakbaal of ’n klomp klein blokbaaltjies, Rotor vir nat en droë materiaal

pas in die Teagle 505 se draaiende drom. ’n Vliegwielskyf met grypers en ’n stel messe draai in die teenoorgestelde rigting om die baal deeglik los te torring en blitsig te maal. Die grofheid kan met die vervanging van siwwe van 20 mm tot 125 mm verstel word. Daar is twee uitblasers wat die gemaalde hooi saam of een-een kan uitblaas, net soos jy verkies. Die boonste een lewer op ’n hoogte van 1,09 meter en die onderste een op 0,4 meter wanneer die masjien op die grond staan. Op werkhoogte kan tot 1 meter by hierdie hoogtes gevoeg word en as jy voer nog hoër wil uitblaas, kan jy ’n verlengstuk, genaamd ’n Giraffe Chute, aanheg. Jy kan ook ’n verlengstuk monteer om die drom 2,4 meter lank te maak. “Ek wil nooit weer sonder my baalmaler wees nie,” verklaar Heiner. Hooimaal en -meng verloop vir hom nou vlotweg, ekonomies en doeltreffend en sukkel is iets van die verlede. Op Staalmeester se kundigheid en diens kan ’n boer reken om immerdeur die perfekte, betroubare oplossing vir elke taak te vind, sê hy.

Staalmeester se Teagle Tomahawk 505M maak baalmaal kinderspeletjies. Kyk op www.staalmeester.co.za na ’n video van die Teagle 505M in aksie, kontak info@staalmeester.co.za vir meer inligting. Hoofkantoor: tel; 018431-0300, Worcester-tak: Neels, 082-937-4841, Humansdorp-tak: Faan, 082-446-9683.

Rotor met hamers en siwwe.

Die rotor met sy hammers en lemme draai in die teenoorgestelde rigting as die drom om ’n baal goed en netjies te ontstrengel en te maal. Vervangbare siwwe bepaal hoe fyn die materiaal gemaal word.

10

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


Meganisasie

John Deere:

Nog beter diens aan boere G een wagtyd langer as ’n dag vir enige onderdeel nie. Dit is die soort diens wat John Deere graag aan SuidAfrikaanse boere wil lewer en daarom is die maatskappy bereid om miljoene rande te belê in ’n nuwe pakhuis in Kemptonpark. Die pakhuis ter waarde van R144 miljoen sal na verwagting teen September volgende jaar in gebruik geneem word. Die grondvoorbereiding is reeds aan die gang. Len Brand, besturende direkteur van John Deere, sê die pakhuis word naby die OR Tambo-lughawe gebou sodat die groeiende landboumark verder noord in Afrika ook beter bedien kan word. In Zambië het John Deere byvoorbeeld reeds vanjaar 200 trekkers verkoop. Daar is ook goeie groei in Mosambiek, Kenia en Ghana en daar word selfs verwag dat Zimbabwe se boerderybedrywighede weer kan optel. Len sê die pakhuis sal met die mees moderne pakhuise in Amerika en Duitsland kan kompeteer en sal ’n volledige diens aan boere lewer, wat ook inligting en probleemoplossing insluit. Hy sê: “Danksy rekenaar- en satelliettegnologie kan selfs die grootste uitdaging vanaf ’n boer se plaas opgelos word. Ons tegnikus kan van daar af enige navraag elektronies rig en binne 20 minute van raad bedien word, hetsy plaaslik of uit die buiteland.” Om dit moontlik te maak het John Deere reeds drie jaar gelede begin om meer vakleerlinge op te lei. Tussen 30 en 50 tegnici kwalifiseer jaarliks danksy ’n nuwe verbeterde leerplan. John Deere in Afrika het die afgelope paar jaar met rasse skrede gegroei. Die personeeltal het van 58 tot 88 gestyg en teen September 2012 wanneer die nuwe pakhuis in gebruik

www.proagri.co.za

John Deere se uitstalling by Agri Megaweek het baie besoekers gelok en die aanbiedings is druk bespreek en bedink: Ek sê jou as die spuitbalk so opvou kan hy deur die agterkamp se hek kom.

geneem word, sal 150 mense gereed staan om die boere te bedien. Dit sluit personeel in beplande satellietkantore in Kenia en Ghana in. Len het die land se boere bedank vir hulle ondersteuning die afgelope jaar. Van November 2010 tot die einde van Augustus is reeds 2 094 trekkers verkoop teenoor die vorige volledige boekjaar se 1 684 trekkers.

Besoek www.johndeere.co.za om uit te vind waar jou naaste John Deere diensen verkooppunt is.

Dit is amper my laaitie se verjaarsdag – hoeveel kos julle pette?

Sal die taksman my glo as ek sê dit is noodsaaklik vir die boerdery?

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

11



Meganisasie

Baalhanteerder:

Rhino maak swaar werk lig en operateur, een 80 kw trekker en 14 groot ronde bale in minder as tien minute! Dit is alles moontlik met Inttrac se Rhino 1402-rondebaalhanteerder. Groen en droë bale word ewe maklik deur die sterk arm opgelig en met ’n eenvoudige verstelling kan 1,2 m- of 1,5 m-bale hanteer word. Eddie Stone van die bees- en wildplaas, Hoë Bome, naby Swartruggens se boodskap oor die Rhino is kort en kragtig: “Hy werk bakgat en hy bespaar vir ons baie geld.” Hulle hanteer jaarliks so 1 500 bale hooi wat vir rantsoene vir die beeste en wild gebruik word en met die Rhino 1402 kan hulle met gemak nege ton voer op een slag skuif. By Oostermoed Witdorper-stoetery is die Rhino al in sy tweede hardwerkende seisoen en Willie Lourens sê die arbeidsbesparende waarde maak dit oor en oor die moeite werd. Hulle plant Oulandsgras en Smutsvinger vir die 1 500 ooie en ook 300 Bonsmara’s aan en die baalhanteerder het gou deel van hulle bestuursprogram geword. Willie is heeltemal tevrede met die baaldraai-aksie wat verdere arbeid bespaar omdat bale nie eers in ’n bepaalde koers gedraai hoef te word nie. Hy sê die operateur leer gou dat hy

E

net bietjie vinniger moet ry om die baal behoorlik te draai en te lig in dieselfde aksie. Die verskuiwing van die bale op die bak en die aflaai geskied hidroulies en aangesien die bak kan wip, word die bale netjies en heel in twee rye neergesit net waar die boer dit wil hê.

Die rondebaalhanteerder word plaaslik, op Meyerton, vervaardig, wat beteken dat onderdele en diens maklik beskikbaar is. Adam van Aswegen van Inttrac sê egter die ontwerp is so eenvoudig as moontlik gehou met min bewegende dele, sodat die Rhino jaar na jaar probleemvry sy werk kan doen. Vir meer inligting, bel Inttrac by 016-365-5799 of Adam van Aswegen by 078-457-0952. E-pos: inttrac@cyberserv.co.za.

Die Rhino 1402 kan 14 groot ronde bale op een slag hanteer.

Inttrac Trading cc

Misstrooiers 7 tot 20 m3

Vence Tudo planters van 2 tot 18 ry, ryafstand 45 tot 1.5 m

STRAUTMANN voermengers 5-28 m3 Kontak Adam van Aswegen 078 457 0952 www.proagri.co.za

Tel: 016-365-5799

Faks: 016-365-5746 ProAgri 140 – Oktober / October 2011

13


Landboukorrels Boeredag woeker ekker vars tamaties, aartappels, uie en pampoen uit jou eie groentetuin! Jy kan dit regkry met die hulp van die Landboukorrels Boeredag. Die geleentheid word deur Radio Pretoria en TLU SA Sentraalstreek aangebied en ProAgri is ’n mediaborg. Die tema vir vanjaar se lesingdag op Vrydag 28 Oktober 2011 by die Cullinan Boere-unieterrein is groenteverbouing in strukture. Die program is saamgestel om nie net aan landbouers wat reeds op hierdie metode groente verbou, inligting te gee nie, maar ook aan diegene wat wil begin met tonnelverbouing en hidroponiese gewasverbouing. Die program begin om 9:00 en sal teen 14:00 afgehandel wees. Sprekers sluit in: Carla Jenkins van Plantforum wat oor saailinge praat, Hennie du Plessis van Agchem Africa wat bemesting hanteer, Reinette Gouws van LNR Roodeplaat wat oor bakteriese siektes en ’n beheerstrategie gesels en dr Ian du Plooy ook van LNR Roodeplaat wat die basiese beginsels vir hidroponiese gewasverbouing bespreek. Kostes beloop slegs R100 per persoon en sluit middagete in. Bespreking kan gedoen word by Lynette du Plessis, by 012-804-8031. Die Saterdag vind die Landboukorrelsfeesdag op dieselfde terrein plaas

L

14

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

met groente!

met bedywighede vir oud en jonk. BKB hanteer die veiling en daar is stalletjies, huisvlytuitstallings, helikopterritte, ossewaritte, gymkana en perdeboeresport, ’n sweepklapkompetisie, biertent en nog vele meer. Kunstenaars wat optree sluit in Ridder de Jong en die jongmens boeremusiekorkes, die Teelepeltjies. Toegang is slegs R10 per persoon. Verdere inligting by www.landboukorrels.co.za. Die Boeredag is ook die amptelike afskop van die 2012 Goliat van Gat pampoenkompetisie. Die wedstryd groei net so groot soos die pampoene en dit word hierdie jaar afgesluit met feeste in Pietersburg, Pretoria, Stilbaai, Pietermaritzburg, Utrecht, Henneman, Hartbeespoort, Swartwater en Marble Hall. Die inskrywingsgeld is R50 waarvoor jy ’n pakkie met 4 pitte en plantinligting ontvang. Die grootste, mooiste en lelikste pampoene word uiteindelik bekroon. Skakel Lynette du Plessis om inskrywingsbesonderhede te kry by 012-804-8031. Verlede jaar se nasionale wenner het ’n pampoen van 325 kg gekweek. Kom ons mik vir 400 kg!

www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Ons boer saam (4) deur prof Elmarie Venter Dit is moeilik om ’n presiese datum en tyd voor te stel wanneer beplanning vir opvolging moet begin. Die algemene mening is dat daar minstens vyf jaar voor die uittrede van die huidige eienaar-bestuurder met beplanning begin moet word, terwyl daar ander is wat glo dat daar selfs tot tussen 8 en 15 jaar voor die tyd met beplanning begin moet word. Net soos met die voorafbeplanning, is daar ’n paar vrae wat die familie moet beantwoord met betrekking tot die keuse van ’n opvolger(s): • Watter bestuurs- en tegniese vaardighede is nodig om die familieboerdery in die toekoms te bestuur? • Watter familielid(lede) het tans hierdie vaardighede? • Wie in die familie het die potensiaal om hierdie vaardighede te ontwikkel of aan te leer? • Volgens watter kriteria gaan die opvolger(s) gekies word? • Gaan nie-familielede of skoonseuns of -dogters as uiteindelike opvolgers oorweeg word? Waarom/waarom nie?

Die keuse van ’n opvolger Foto: Gideon Albertyn pvolging en die keuse van ’n opvolger is so ’n emosionele proses, dat dit dikwels gerade om mense van buite, soos konsultante, regs- of ander vertroude adviseurs, se hulp in te roep. Hierdie mense kan ook help om die geldelike en wetlike implikasies van die verskeie opsies rakende opvolging uit te spel.

O

www.proagri.co.za

In hierdie stadium moet daar reeds ’n verbintenis wees tot die voortbestaan van die familieboerdery. Nadat die poel van familie- en nie-familielede deur formele of informele besprekings geïdentifiseer is, moet daar besluit word wie die geskikste kandidaat is om die familieboerdery in die toekoms te bestuur. Dit moet geensins onderskat word hoe moeilik dit vir ouers is om ’n opvolger te kies, veral as meer as een kind betrokke is nie. Daar is baie ouers wat ’n slegte keuse maak weens verskeie redes, soos die probleem om onpartydig te wees. Kriteria vir die keuse van ’n geskikte opvolger wissel ook van familie tot familie. Hierdie kriteria kan verbind wees aan indiwiduele karaktertrekke soos vermoëns, belangstelling in die boerdery, formele opleiding en ontwikkeling, selfvertroue en praktiese opleiding. Ander kriteria kan meer omstandigheidsgebonde wees, soos of daar net een kind is wat belangstel om oor te neem, dalk is daar net een seun, of om ’n spesifeke rang in die familie te hê soos in die geval van die oudste seun. Oor die algemeen blyk dit tog dat die volgende eienskappe belangrik is wanneer ’n opvolger vir die familieboerdery gekies word, naamlik: die opvolger se verhouding met die eienaarbestuurder en ander familielede; stand in die familie; persoonlikheidseienskappe soos integriteit, onafhanklikheid, selfvertroue en gewilligheid om risiko’s te waag; huidige betrokkenheid in die

saak (byvoorbeeld huidige aandeel in eienaarskap, respek van werknemers en verbintenis tot boerdery); goeie gesondheid; energie; holistiese denkvermoë; deursettingsvermoë; en ’n redelike aanvaarding van en respek vir die huidige geslag se bestuurs-waardes. Indien meer as een opvolger gekies word, is dit belangrik om seker te maak dat die opvolgers min of meer dieselfde vlak van vermoëns, vaardighede, motivering en verbintenis tot die boerdery het. Kinders moet take en verantwoordelikhede volgens hulle indiwiduele talente verdeel, ’n gedeelde filosofie hê waarmee hulle die boerdery gaan bestuur en moet bewys kan lewer dat hulle in staat is/was om konflik konstruktief op te los. Maak die besluit bekend Indien daar klaar besluit is op wie die opvolger(s) vir die familieboerdery gaan wees, moet hierdie besluit so gou moontlik aan alle belanghebbendes oorgedra word. Dit sluit in aktiewe familielede wat op die plaas werk, sowel as nie-aktiewe familielede, werknemers, verskaffers en klante. Kommunikasie is belangrik aangesien dit die deursigtigheid van die kiesproses verhoog en familiekonflik tot die minimum beperk. Dit wys ook dat daar ’n openbare verbintenis van die senior geslag is om verandering deur te voer. Wanneer en hoe moet opvolgers betrokke raak? Daar is hoofsaaklik twee strategieë vir permanente toetrede van die opvolger, naamlik op ’n laer vlak, of ’n vertraagdetoetredestrategie. By toetrede op ’n laer vlak word die opvolger op ’n vroeë stadium in die onderneming ingeneem. Die opvolger kan in verskeie rolle geplaas word om kennis en ondervinding van alle aspekte van die onderneming en die bedryf op te doen en moet ’n toenemende mate van verantwoordelikheid ontvang om daardeur hopelik die respek van ander werknemers te verwek. Dit is noodsaaklik dat die opvolger die respek van werknemers op eie meriete ontvang, in plaas van op grond van sy familieverbintenis. In die vertraagdetoetredestrategie tree die voornemende opvolger eers tot die familieboerdery toe na ’n tydperk van ervaring en blootstelling aan ’n soortgelyke onderneming/boerdery. Dit is ’n goeie strategie as die voornemende opvolger blootstelling en ondervinding buite die familieboerdery opdoen. Dit geld veral as die opvolger nog onseker is oor ’n loopbaan op die plaas. Dit gee ook ’n gevoel van eie identiteit, en help die kinders om kennis, ondervinding, vaardigheid en selfvertroue op te bou. Dit is ook ’n belangrike manier omgeloofwaardigheid by alle werknemers in die vervolg op bl17 ProAgri 140 – Oktober / October 2011

15



onderneming te kry omdat almal gewoonlik skepties is oor die vermoëns en vaardighede van die jonger geslag. Ontwikkeling van die opvolger(s) ’n Persoonlike en bestuursontwikkelingsplan behoort vir elke kind opgestel te word en by sy/haar unieke sterk en swak punte aangepas word. Dit is ’n deelnemende en dinamiese proses en dien as ’n padkaart vir die toekomstige ontwikkeling van die kind. Ná die kind se toetrede tot die boerdery, moet daar aktief voortgegaan word met sy/haar persoonlike en bestuursontwikkeling. Die jong boer kan hom- of haarself op die volgende maniere beter toerus: • Formele opleiding by tersiêre opvoedkundige instellings. Doen graad- of kort kursusse om tegniese, vakkundige en bestuursvaardighede te ontwikkel. • Informele opleiding deur die verskaffers van dienste en produksiemiddele. Woon kort kursusse of demonstrasies by om tegniese vaardighede te verbeter. • Indiensopleiding op die plaas. Pas die teorie in die praktyk toe en bemeester boerderypraktyke en bestuursvaardighede. • Woon boeredae, skoue en kongresse by en raak ook betrokke by die reël en aanbieding daarvan. • Doen navorsing op die plaas of in studiegroepe. Eksperimenteer met verskillende praktyke en wees voortdurend vindingryk. • Ken die boerdery. Maak seker jy het die tegniese aspekte van die boerdery ten volle bemeester. • Wees betrokke by georganiseerde landbou, soos studiegroepe, boereverenigings en jongboerverenigings. • Raak aktief by die gemeenskap betrokke. • Teken in op landbou- en vaktydskrifte. Lees dit en pas die beginsels toe.

Johan van Staden van Kreupelbosch Boerdery naby Koedoesrand was die wenner van vanjaar se TLU SA Jongboer-toekenning. Hy is al die vierde geslag op die plaas. Johan en sy vrou Suzahn ontvang die toekenning van Johan van der Westhuizen van Manitou en Paul du Plessis van Mutual en Federal. • Bou aktief netwerke en hou dit in stand. • Moenie twee keer dieselfde fout maak nie. Leer uit jou foute. • Neem leiding om uitdagings die hoof te bied. Lees byvoorbeeld meer oor nuwe wetgewing, bemeester die toepassing daarvan en sien die geleenthede daarin raak. Uit bogenoemde bespreking is dit duidelik dat die ouers én die kinders ’n verantwoordelikheid het. Die ouers moet die kinders die geleentheid bied om te ontwikkel. Die kinders moet egter ’n passie hê vir die boerdery en hulle daartoe verbind om dit te laat slaag. Hulle moet ook die nodige kennis en ondervinding hê en reeds voor opvolging bewys lewer dat hulle beduidende waarde tot die boerdery kan toevoeg.

Johan sê: “Ek kom uit ’n familie van boere en ek is al die 4de geslag op die plaas, maar die grootste rede vir my beroepskeuse is dat dit vir my ’n passie en ’n leefwyse is.”

Johan van Staden, TLU SA se jongboer van die jaar beduie aan die beoordelaars tydens hulle plaasbesoek hoe hy sy tabakstoor bestuur. www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

17


Hulpbronbestuur

Muck Boot:

Altyd ’n tree voor die res s suiwelveearts in die Suid-Kaap weet dr Riaan Putter watter uitdaging dit kan wees om droogvoets deur jou dag te gaan. Sedert sy pad met Four Lakes se Muck Boot gekruis het, het hy egter nog nooit weer nodig gehad om om te kyk nie. “Ek dra die stewels die hele dag lank uit die aard van my werk,” sê Riaan. “Om die waarheid te sê, het ek altyd twee paar byderhand – as ek by my kantoor kom, trek ek die skoon paar aan en laat maak die vuiles skoon vir die volgende keer.” Aangesien die stewels waterdig is, is dit maklik om dit net met ’n borseltjie en ’n bietjie seepwater skoon te skrop. Riaan dra nou al ses jaar lank Muck Boot stewels en was een van Johannes Jansen van Four Lakes se eerste klante. So elke tweede jaar kry hy ’n nuwe paar. “Die skoene is gerieflik, warm in die winter, maar nie te warm of sweterig in die somer nie en my voete bly vars,” sê hy. “Die goedkoper gumboots wat baie mense dra, laat my voete sommer gou seer en moeg raak, want ek hardloop nogal bietjie so deur die dag om by alles uit te kom.”

A

Johannes vertel dat Muck Boot van dieselfde materiaal as duikpakke gemaak word, naamlik neopreen. Die sool en voetgedeelte bestaan uit ’n duursame en buigbare rubber. Die stewels het ook ’n verwyderbare Nitracell-voering van 6 mm vir verdere ondersteuning en varsheid. Muck Boot is aansienlik ligter as gewone waterstewels en het ingeboude bykomende beskerming vir tone en hakke. Vir nog groter gerief is daar ’n lussie agter wat help met die aantrekslag en ’n vastrapplekkie by die hak om die uittrek makliker te maak. Four Lakes het ’n volledige reeks waterdigte skoene wat nie net vir plaaswerk geskik is nie, maar ook vir perdry, verskillende sportsoorte en as jy wil, om vroegoggend die wasgoed te gaan ophang sonder om nat voete op die gras te kry!

Om die regte skoene vir jou te vind, besoek www.fourlakes.co.za, skakel Johannes Jansen by 082-560-0949 of stuur ’n e-pos na johannes@fourlakes.co.za.

Muck Boot is stewig, gerieflik en waarlik waterdig.

Met ’n paar Muck Boots stewels aan sy voete sien dr Riaan Putter kans om elke dag gemaklik deur sy werk as suiwel-veearts te draf.

Johannes Jansen van Four Lakes sorg dat dr Riaan Putter droogvoets deur die lewe gaan.

100% waterproof Very comfortable ESK

Ribble Craftsman

“ New style – available from mid August ” Tillamook Bay

18

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

For more styles,go to www.fourlakes.co.za

Contact 021 557 0606 or info@fourlakes.co.za or order online at www.fourlakes.co.za www.proagri.co.za


Hulpbronbestuur

Gesonde boerdery vereis gesonde grond(1) deur Chris Wagner

Chris Wagner is al jare lank by omgewingsbewaringsprojekte betrokke en is die skrywer van die boekie, Waterberg-Bosveld: Prikkelgids vir veldbewaring. Die gids is by PNA Warmbad, beskikbaar teen R45 (posgeld uitgesluit). Bestel by 014-736-4592 of per e-pos john@pnawarmbad.co.za

Om te ken, is om lief te hê! f ons nou met vee of wild boer en of ons die grond gebruik om daarin te plant, dit is elke verantwoordelike boer se plig om sy grond se gesondheid die hoogste prioriteit te gee. Saaiboere besef dit al oor ’n langer tyd – maar besef hulle ook hoe belangrik dit is vir weidingsgrond waaroor hulle mag beskik? Elkeen van ons wil graag ’n goeie boer wees. Elkeen wil graag geken word as ’n bewaringsboer, want die omgekeerde daarvan is om ’n boer te wees wat nie omgee nie.

O

Baie mense maak die aarde arm Elke ingeligte boer weet dat toenemende wêreldwye bevolkingsdruk die aardoppervlak se lewegewende hulpbronne stelselmatig begin ooreis. Die media is byvoorbeeld vol van reënwoude wat vernietig word deur, aan die een kant ongevoelige geldgieriges wat met die hout winsgewend handel dryf, of aan die ander kant oningeligtes wat brande stig om die woud te vernietig om ’n lappie grond skoon te maak om te ploeg. Vir elkeen van hulle gaan dit net oor oorlewing vanuit eie perspektief. Die resultaat is egter in albei gevalle ewe noodlottig vir die aardbodem. Te dikwels skud ons ons koppe maar net meewarig en vergeet dikwels ons eie rol by die bestuur van grond.

Lewende, donkerkleurige, krummelrige bogrond onderhou gesonde plante. www.proagri.co.za

Tree ons ook soms onsinnig op? Daar is egter ’n minder opvallende, stadiger, proses van hulpbronerosie binne ontwikkelde kommersiële boerderye aan die gang. Die oorsaak van die probleem is dat in daardie gevalle maksimum produksie uitsluitlik om ekonomiese redes nagestreef word. Hierdie probleem word vandag wyd erken en dwing ons as verantwoordelike boere om ons fokus vanaf maksimale opbrengs te verskuif na optimale produksie in balans met die hulpbron. In stede van dus op die kort termyn te konsentreer op wat ons nóú uit die grond kan put tot voordeel van ons eie

geldsak of ons bankbalans, moet ons beplan vir dit wat ons volhoubaar sal kan bly produseer vir hierdie geslag en die opvolgende geslagte. Dan alleen kry bewaringsboerdery eers werklik betekenis, wanneer ons die nodige respek prakties betoon aan die hele spektrum van die komponente van biodiversiteit. Dit wil sê, die hele spesieverskeidenheid wat die lewegewende hulpbron, naamlik grond, uitmaak en wat daarin en daarop lewe. Elke vee-, wild- of saaiboer behoort om bogenoemde redes in die eerste plek grond-boer te wees. Verantwoordelike grond-boere doen beter Om grond-boer te kan wees, moet ons onsself op die hoogte bring en daarna op die hoogte bly van wat die grond van ons verlang vir volhoubare boerdery. Ons moet dan daarby aanpas en daarvolgens bestuur. Dit maak nie saak uit watter agtergrond ons kom of hoe ryk of hoe arm ons is nie, boerdery is ’n lewenslange leerskool en eis groot verantwoordelikheidsin. Ons moet onsself dus doelbewus gedurende ons beperkte tyd van rentmeesterskap ywerig en deurlopend bemagtig met meer kennis; nie om in die eerste plek meer geld te maak nie, maar om beter met ons grond om te gaan en sodoende volhoubaarheid van boerdery te verseker. Dit sal terselfdertyd die behoud van die grond-ekosisteem bevorder. Volhoubare landbou As ons en ons nageslagte in staat moet wees om aan te hou boer, sal ons al ons kennis, breinkrag en energie daarop moet toespits om volhoubaar te boer. Omdat grond dié onontbeerlike hulpbron vir landbou is, sal ons die grond se vermoë om aan te hou om plante te produseer, moet beskerm en opbou. Holistiese begrip van ons landbourol Grond is oor duisende jare gevorm uit blaai om ProAgri 140 – Oktober / October 2011

19


moedergesteentes, die aard waarvan verder bepaal word deur die inwerking van klimaat, synde hoofsaaklik reënval en temperatuur, asook topografie en organismes. Dis ’n uiters tydsame vormingsproses wat bykans onmeetbaar is gedurende ons menslike leeftyd. Die oomblik wanneer die mens egter, as ’n sesde faktor na bogenoemde, ’n landbourol begin speel, word die proses van grondvorming belemmer en volg in die meeste gevalle grondverlies wat teen ’n dramaties vinniger tempo plaasvind as wat nuwe grond gevorm kan word. Die grondhulpbron wat ons het, moet ons dus so goed moontlik oppas deur dit reg te bestuur. Ons landbou-bedrywighede moet gevolglik nie net fokus op dit wat ons bo-op die grond wil sien nie, hetsy weiding, diere, bome of gesaaides, maar inderdaad ook om te verstaan wat met die grond gebeur wanneer ons daarop begin boer. Wat weet ons van die grond waarop ons boer? Die gesondheid en aard van natuurlike grond as groeibodem word hoofsaaklik deur drie komponente bepaal: fisies, chemies en biologies (of organies).

Oppervlakkig tipeer ons grond breedweg as sand, sandleem of leem. Dit word bepaal deur die verhouding tussen hoeveelhede en tipes van klip, sand, klei en slik waaruit dit saamgestel is. In mindere of meerdere mate bepaal dit dan ook die anorganiese chemiese eienskappe van ’n bepaalde grondtipe. Dit is die “dooie” deel van grond. Die organo-chemiese komponent word aan die ander kant weer bepaal deur die organiese komponent in verskillende stadia van afbreek en opbou te midde van water en lug. Dit is die “lewende” deel van grond. Grondstruktuur word op sy beurt weer deur bogenoemde elemente beïnvloed in die mate wat die struktuur vorm aanneem of verval deur binne- en bogrondse interaksie asook erosie. Struktuur is in die meeste gevalle die sigbare norm waaraan ons die grond se gesondheid meet. Die oomblik wanneer ons nadink en besef wat ons eintlik doen wanneer ons die grond “boer”, verstaan ons eers dat ons besig is om in ’n lewende sisteem se lewe in te gryp. Hoe verantwoordelik ons boer, sal bepaal of ons daardie lewe ontwrig of koester – of ons die grond se gesondheid benadeel of beskerm.

As ons ons grond ken, sal ons ons grond liefhê. Dan sal ons nie anders kan as om ons grond op te pas nie. Om op te som Die grond wat ons het, is die grond waarop ons boer. En dit is al wat ons het. Die fisiese eienskappe daarvan het ons meesal maar so gekry toe ons dit gekoop of geërf het – meer sand of meer klei en fyn of grof. Die natuurlike chemiese samestelling daarvan is meestal ook gegewe afhangende van die moedergesteente waaruit dit gevorm is, alhoewel ons dit in ’n sekere mate binne ekonomiese perke kan aanvul of manipuleer. Die derde komponent, die organiese, is die een waar ons baie liggies moet trap. Dit is bykans heeltemal in ons beheer of ons dit gaan kwaad of goed doen. Volgende maand bekyk ons hierdie aspek van nader.

JB STAMP PUMPS & IRRIGATION

Spring Specials! Swimming pool pump

HP Borehole pump From R3

599

From R1

199

Booster pump From R1

499

All prices include VAT

20 mm Poly pipe

R154/100m Fountainpumps From

R85 K Rain sprinkler From R136

Phone JC for advice on irrigation systems for all types of farming, from drip irrigation to specially designed pivots at 083-654-8896.

012-331-2202 20

jbstamp@netactive.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.jbstamp.co.za www.proagri.co.za


Perde

Elna Wahl is ’n opgeleide sielkundige en op haar plaas, Mooikrans Equus, naby Amersfoort, word die perd gebruik as fasiliteerder in ’n groot verskeidenheid van bedrywighede.

deur Elna Wahl ie perd leen hom uitstekend tot bykans alle vorme van terapeutieseen opvoedkundige programme. In SuidAfrika maak fisioterapeute en ook arbeidsterapeute, somtyds gebruik van perde as ’n hulpmiddel. Ons sien dikwels die prentjie van ’n fisies gestremde persoon op ’n perd, in ’n tydskrif of op die televisie. Wat nie so algemeen bekend is nie, is dat mense met sielkundige probleme, of te wel psigologiese probleme, ook dramaties baat kan vind by terapeutiese programme waarby perdry ingesluit is of as grondslag gebruik word. Dit staan bekend as perdgefasiliteerde psigoterapie. Dit is bekend dat die leerproses die beste plaasvind onder aangename omstandighede. Die perd het nou eenmaal die eienskap om die “goedvoel”hormoon in die brein te aktiveer en daarom gebruik Mooikrans Equus die

D

www.proagri.co.za

Perde heel ook harte perd ook in al die opvoedkundige programme wat hier aangebied word. In ons beginjare hier op Mooikrans het ons by ons plaas se afdraai van die grootpad af, ’n naambord opgesit met die volgende woorde: MOOIKRANS EQUUS TERAPEUTIESE RYSKOOL. Ek het maar besluit om die bord te verander nadat my ou buurman, uit die veld geslaan, my gevra het: “Ou Elnatjie, wie dink jy sal nou sy perd na jou toe stuur vir ’n behandeling of ’n ding?” Wanneer ’n mens eers werklik begryp dat elke perd uniek is, met sy eie unieke gewoontes, unieke aksies en reaksies, elkeen met sy eie plek en rang in die trop, en totaal anders is as enige ander perd in die trop, of enige ander perd in die wêreld, sal jy ook verstaan dat elke perd sy eie unieke karakter en “persoonlikheid” het. Daarom is dit vir ons op Mooikrans, wat ons perde deur en deur ken, moontlik om die absoluut geskikte perd, die volmaakte perd, uit te soek en aan te wend vir die spesifieke doel wat bereik wil word. Wanneer die groep kinders wat ons besoek so groot is dat ons nie elkeen persoonlik kan leer ken nie, of nie vooraf genoeg inligting omtrent die spesifieke omstandighede van elke kind ontvang het nie, gebruik ons ’n onfeilbare “toets” om meer omtrent die kind te wete te kom. Ons deel die perde lukraak uit aan ’n spannetjie wat uit twee kinders bestaan. Elkeen kry ’n roskam en ’n sagte borsel in die hand en ontvang die instruksies hoe om die perd te roskam en af te borsel. Jy kan maar seker wees dat hierdie werkie gedoen word, presies volgens die geaardheid van elke kind. Die outjie wat vir alles bang is, sal ook bang wees vir die perd. Die een sonder selfvertroue, weet nie hoe om te begin nie. Die aandag-afleibare gee twee hale en sien dan iets anders raak wat hom interesseer. Of vra byna dadelik:

“Tannie, wat gaan ons hierna doen?” Die skilpadjie kry nie klaar nie. Die toegewyde, wat ander take ook toegewyd sal aanpak, se perd word van hoek tot kant blinkgevryf. Die dromer vorder niks. Meneer Spiere wat sy spiere dophou terwyl hy die perd afborsel en die meisietjie wat oor die perd se rug vir die seuns loer en kastige bang gilletjies gee vir hulle om te hoor, vertel hulle eie storie self. Die weetgierige kyk in die perd se oë, neusgate en mond en vra ’n duisend vrae. As een die perd om die nek vashou en die trane loop, weet ek die hartjie is baie seer. Na hierdie oefening word die perde toegeken volgens die spesifieke probleem wat aangespreek moet word. Daar is ’n paar basiese grondbeginsels wat hier van toepassing is, en daaroor gesels ons graag ’n volgende keer. Baie groete vanuit die Hoëveld, waar ’n mens nog vry kan asemhaal. ProAgri 140 – Oktober / October 2011

21


Agrikyk & Lees Treurgrond: 20 jaar van plaasaanvalle in Suid-Afrika Deur: genl-maj Chris van Zyl (TLU SA) en dr Dirk Hermann (Solidariteit) Uitgewer: Kraal ISBN 978-0-9814009-6-9

(And how do I fix it?)

reurgrond is ’n register van plaasaanvalle wat oor die afgelope twintig jaar plaasgevind het. Dit is saamgestel deur generaalmajoor Chris van Zyl van TLU SA en dr Dirk Hermann van Solidariteit. Die idee om so ’n boek uit te gee het ontstaan toe die twee organisasies saamgewerk het om die ANC-jeugleier, Julius Malema, hof toe te vat oor sy haatspraak-lied, Skiet-die-boere. In daardie tyd is dr Hermann se oom, Frik Hermann op sy plaas doodgeskop en -geslaan. “My oom was nommer 1 647 op TLU SA se lys van boere wat vermoor is en ek het net besluit hy kan nie ’n statistiek bly nie. Die slagoffers van plaasaanvalle is mense en hulle stories moet gehoor word,” het dr Hermann tydens die bekendstelling van Treurgrond aan die media gesê. Generaal Chris van Zyl sê die syfers wat TLU SA het, is eintlik ’n konserwatiewe beraming, aangesien hulle maar net rekord kan hou van die voorvalle wat by hulle aangemeld word of in die media vermeld word. Elkeen van die 2 617 voorvalle wat in die boek opgeteken is en kortliks beskryf word, is bevestig. Dr Hermann skryf in sy voorwoord dat daar oral in SuidAfrika treurgrond is. “Families wat treur, gemeenskappe wat treur, plaaswerkers wat treur, grond wat treur.” Hy sê tog word daar nie genoeg getreur nie, want daar is talle wat koud staan. Die boek is ’n spieëlbeeld wat die regering, die media, die gemeenskap en die internasionale gemeenskap aankla omdat die moorde net aanhou en aanhou. Treurgrond kos R150 en kan bestel word deur ’n selfoonteksboodskap, bestaande uit die woord “treur”, na 34388 te stuur. Die boek is ook by TLU SA se kantoor beskikbaar.

T

Wen!

ProAgri het ook ’n eksemplaar van Treurgrond beskikbaar vir ’n leser. Om in aanmerking te kom om dit te wen, stuur asseblief ’n wenk vir beveiliging na

annemarie@proagri.co.za en merk dit Treurgrond. Die wenner sal op 14 Oktober aangewys word.

22

What’s wrong with my plant?

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

Deur: David Deardorff en Kathryn Wadsworth Uitgewer: Timber Press ISBN 978-0-88192-961-4 ruin kolle op die blom, blare wat omkrul, wortels wat knoetse maak? Hoeveel keer sit ’n boer nie met sy hande in die hare oor vreemde simptome wat kop uitsteek by plante nie? Die boek, What’s wrong with my plant? is geskryf om mense te help. Dit is meer as net die gewone inligtingsgids oor plantsiektes. Dit bied ’n roete wat die boer of tuinier kan volg van die beskrywing van simptome deur ’n paar vrae tot by die uiteindelike oplossing. Byvoorbeeld: Die vrug het gate in: Is die gate groter as 6 mm en is daar ’n slymerige spoor? Indien wel, blaai na bl 383. Indien nie, is die gate dieper as 3 mm? Blaai dan na bl 111. Tussendeur is daar ook verwysings na bladsye waar inligting gegee word oor die voorkoming van soortgelyke siektes in die toekoms. In die meeste gevalle word biologiese of organiese oplossings gebied sodat daar nie altyd na die spuitkannetjie met gifstof gegryp hoef te word nie. As jy reeds weet wat die probleem of gogga se naam is wat jou plante opvreet, hoef jy nie deur die vraelysie te werk nie, maar kan jy dadelik na die oplossing beweeg. Agter in die boek van 450 bladsye is daar ook pragtige foto’s van die mees algemene probleme wat jou ook na die regte bladsy lei om die probleem behoorlik te identifiseer en op te los. Op die omslag is daar ’n paar waardevolle woorde van bemoediging: “If you can see it, you can fix it. Curing a sick plant just doesn’t get any easier.” Die boek kan by Kejafa bestel word teen R250 (posgeld uitgesluit). Stuur ’n e-pos na kejafa@mweb.co.za of skakel 011-025-4388.

B

Wen!

Een gelukkige ProAgri-leser kan ’n eksemplaar van die waardevolle boek wen deur ’n wenk na Oppiestoep op ons webwerf te stuur. Merk dit: Boer-maak-’n-plan en stuur dit per e-pos na

oppiestoep@mweb.co.za. Die wenner sal op 14 Oktober aangewys word.

www.proagri.co.za


Werfnuus www.proagri.co.za ProAgri spog met ’n pragtige vars webwerf propvol nuus en foto’s. Besoek gerus ons werf of volg die skakels om spesifieke artikels en berigte te lees:

Finale mielie-oes afwaarts aangepas Die Oesskattingskomitee het in sy finale verslag vir die 2010/2011 seisoen die grootte van die verwagte kommersiële mielie-oes op 10 608 miljoen ton gestel, wat 0,66% laer is as die vorige skatting: http://bit.ly/r4g9pr Bêre daai gevaarlike wapen Een van die dae gaan ’n boer nie meer geken word aan die knipmes in sy sak as die konsepwet op Gevaarlike Wapens deurgevoer word nie. Die wet is in kommentaar as belaglik afgemaak: http://bit.ly/ocxxTi Pannar bepleit samesmelting met Pioneer Pannar het aan die Mededingingstribunaal gesê dat hy ’n uitgebreide ondersoek na ’n geskikte vennoot gevoer het, voordat hy op die DuPontfiliaal, Pioneer Hi-Bred International besluit het: http://bit.ly/rkNZBw Wêreld-organisasie sê steun aan landbou is op ’n laagtepunt Lande wat hulle boere subsidieer se bydrae tot hulle inkomste het tot sy laagste vlak in 30 jaar gedaal sê die Organisasie vir Ekonomiese Samewerking en Ontwikkeling (OECD): http://bit.ly/ofLNze Melkboere word nog minder Die MPO se nasionale kongres begin op Howick in Kwazulu-Natal te midde van kommer oor krimpende melkboergetalle. Die MPO reken die land het tans minder as 2 600 melkboere oor: http://bit.ly/o2faG9 Swak rand steun wolpryse Die swakker rand en klein aanbod het wolpryse ’n hupstoot gegee en Cape Wools se Merino-aanwyser het met 1,5% gestyg tot R96,57/kg (skoon). ’n Rekordprys is ook vir ’n baal fynwol behaal: http://bit.ly/pnWAoF Hof knoop Malema se liedjie se loop Regter Colin Lamont het in die Gelykheidshof in Johannesburg beslis dat die die woorde “skiet die Boer” wel haatspraak is. Dit volg op ’n klag deur Afriforum en TLU SA : http://bit.ly/retPV0 Agri SA bekommerd oor Groenskrif Agri SA is bekommerd daaroor dat die staat die grootste besitter van produktiewe landbougrond wil wees en dat daar beperkings op privaatbesit geplaas sal word: http://bit.ly/pJrrH6 www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

23


Kry en bêre jou ProAgri elke maand

Spesiale aanbod!

Liasseer elke maand jou ProAgri in ’n mooi stewige lêer. Die aanbod sluit ook intekening vir 12 uitgawes in. Teen R220 (posgeld ingesluit) sal jy ’n spoggerige lêer en vir ’n jaar lank elke maand ’n ProAgri ontvang. Skakel vir Paula by 012-362-2732 om van hierdie spesiale aanbod gebruik te maak.

agrilag Nare waarheid deur Dom Boer As klein apies grootword, word hulle groot ape en as klein varkies grootword, word hulle groot varke. Maar die mens, die wonderlike mens, kan enigeen van die twee word. Die verpleegster is laat vir haar skof by die hospitaal en ignoreer ’n rooilig. Die verkeerskonstabel keer haar voor: “Laat daardie rooi lig jou nie aan iets dink nie,” vra hy sarkasties. “Ja,” antwoord die verpleegster, “iemand wil ’n bedpan hê.” Drie toeriste kyk na die Grand Canyon. Die geoloog sê: “Wat ’n wonder van die wetenskap.” Die predikant sê: “Die glorie van die skepping.” Die boer sê: “’n Baie goor plek om ’n weggeraakte koei te soek.” Bruid: “Die lekkerste geregte wat ek kan maak is bobotie en appeltert.” Bruidegom: “O. Watter een van die twee is hierdie?” Probeer net help Twee tannies vra die sekerheidswag by die hondeskou of hy hulle na die labradors kan beduie. “Ja, seker,” antwoord hy, “reguit met hierdie gang af, die tweede deur links met die vroutjie op.” Oeps!

Die lêers kan ook alleen aangekoop word.

Die mense het gaste en die ma vra haar vierjarige seuntjie om die tafelgebed te doen. “Maar Mammie, ek weet nie wat om te sê nie.” “Sê net wat ek sê as ek bid.” Gehoorsaam laat sak die seuntjie sy kop en sê: “Ag liewe Vader, wat het my besiel om hierdie vervelige mense vir ete te nooi?” Regtig gehoor “Sjoe, maar jy het verander sedert ek jou laas gesien het. Jy het ’n groot bos pikswart hare gehad en nou is jy bles; jy het rosige wange gehad en nou is jy bleek; jy was frisgebou en nou is jy maer. Wraggies, maar jy het baie verander, Vannermerwe...” “Ek is nie Vannermerwe nie.” “Wat?! Het jy so wragtig jou naam ook verander?” ’n Boer maak ’n plan ’n Wes-Transvaalse boer het eindelose probleme gehad met jaagduiwels wat op die grondpad verby sy werf stof opgeskop het en sy kinders en diere se lewe bedreig het. Eindelik het hy die probleem opgelos met ’n kennisgewing wat die motors nou verby sy eiendom laat kruip: “Versigtig. Nudistekampoorgang.” Wrange waarheid Nadat die Skot en die Jood heerlik saam in ’n restourant geëet het, sê die Skot vir die kelner: “Bring maar die rekening vir my. Ek sal betaal.” Die volgende môre is daar ’n opskrif in die koerant: “Skot rand Joodse buikspreker in eetplek aan.”

Die een wat die beste Agrilagbydrae stuur, wen ’n musiekpiering van Thys die Bosveldklong. Stuur jou bydrae aan domboer01@mweb.co.za en help om die landbougemeenskap vrolik te hou. 24

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


Wen R500

Boereblokraai 3

Stuur voor 21 Oktober na ProAgri, Boereblokraai 3, Posbus 32123, Glenstantia, 0010 of faks na 012-362-2732 Yster

Tronie of bakkies

Bêre kos daarin Stelling

Oblaat

Hy in Duits

Groewe

Ton

Affodil

Radiaal Ou Gelykstroom lengtemaat

Dun Voor Job Sedes

Roedes

Berthieriet Tronkkamer

Staatmaker

Grof Europa

Rand

Mor Pipet

Rom 1

Haai!

Kilo

Melkfabriek

Agts

Graveer

Leeu

Herd

Smul

Nommer

Na h

Komiek

100e jare Bybelse priester Ou lengtemaat Wintersport

www. proagri. co.za Grein

Skakelbeampte Gierlande

Varke

Jaghonde

Noord

’n Politieke party

Draai

Draaie

Siel

Voor f

Gids

Skuinslopende

Flou

Gaps

Aanvaar

Speeltoestel

Suid

Kokhals

Kraster

Inhoudlose

Hahnium

Eet

Luidier

Na h

Watt

Spreker

Antwoord asb (Fr)

Maskas

Voerplan

Tabbert Plus

Insekteleer

Hidroulies

Hoopstad

Vark

G’n

Prior

Rysblits

Na t

Heide

Salot

Ogie

Padwysers

Studenteraad Gewese

En dies meer

Luiperd

Voor J

Kêrel

Nie toe

Groenlander Springs

Matig

Tering

Rom 6

Kaf

Opgestel deur Dom Boer

Ton

Kilo

’n Boeregeneraal

Luitenant

Vrees

Ankertou

Rakende

Ingelse koerant

Na h

Grens Onvervals Eties

Krugers- Harmonikas dorp Erflatings

Suiderlengte

Greenwichtyd Laer onderwys

Hitler se lyfwag

Planne

Uitwaarts

Flank

Kelt

Balans Eetlepel

Ert Melk regstreeks uit die speengedrink

Gevaarlik

Elegie

Toesmeerdery Niks

Trekdier

Naaldvaring

Wes

Tiran

Oormaat

Werktuie

Pond Probleem Fraai Eerste letter van die alfabet

Krag

Niks

Afguns

Hoor

Nis Suid Rand Smaaklik

Bose

Tandwiel

Arts

Stoomskip Indeks

Kant

Hersenskim

www.proagri.co.za

Suurstof

Kapot Oos

Meter

Naam:....................................................................................... Adres:........................................................................................ .................................................................................................. .................................................................................................. Telefoonnommer:......................................................................

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

25


26

ProAgri 140 - Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


deur Robyn Scheepers, MSc (Agric) Veekunde en Teling, bestuurder: Taurus-toetsprogram

Figuur 1 DNS-molekule DNS is ’n nukleïensuur wat die genetiese instruksies bevat wat die ontwikkeling en funksionering van organismes beïnvloed. Dit bestaan uit 4 basisse (A,T,C,G) wat oor en oor herhaal in die DNSmolekule. Die DNS in elke sel is dieselfde; dit is die genetiese kode wat bepaal wie en wat ons is, en wat ons aan ons nageslag kan oordra. Die fenotipe (dit wat ons sien) is dus afhanklik van die genotipe (al die gene van ’n organisme). Met ander woorde, ons kan verskille in diere toeskryf aan verskille in hulle DNS. Tegnologie het so ver gevorder dat ons ’n organisme se DNS kan visualiseer (Figuur 2). Ons kan presies die volgorde waarin die 4 bassise voorkom, sien.

Wat beteken dit vir die melkboer? Op die oomblik gebruik ons die EPD/verwagte verskil in nageslag om te voorspel hoe ’n onbeproefde bul gaan teel. Dit wil sê ’n bul sal so goed wees soos helfte van die moeder pus helfte van die vaar se prestasie vir ’n spesifieke eienskap. Hierdie metode is omtrent 30 tot 35% betroubaar (aangedui deur r²) omdat ons nie kan bepaal watter helfte van die ouers se genetika die kalf gaan kry nie en ons kan ook nie kies tussen volbroers nie. As ons SNP-tegnologie gebruik om teelwaardes te beraam, is die prestasiesyfers vir ’n onbeproefde bul tussen 50 en 70% betroubaar. Die syfers is ewe betroubaar vir alle eienskappe, selfs die met lae oorerflikheid, en dit is ’n goeie rigtingwyser, want die korrelasie tussen SNP-teelwaardes en nageslag-beproefde teelwaardes is 60 tot 80%.

Tabel 1 wys die tydsvoordele van die SNP-model oor die nageslag-model. In die nageslag-model begin ons ’n bul by 1,5 jaar toets, gegrond op sy EPD. Na 5 jaar kry die bul sy eerste syfers, met ’n betroubaarheid van omtrent 70 tot 80% en ons kan die beproefde bul nou bemark. Eers na 8 jaar, nadat hy sy tweede stel syfers gekry het, is die bul se gegewens 95% betroubaar. In die SNP-model het die bul reeds ’n 50 tot 70% betroubaarheid die dag wanneer hy gebore word. Sodra hy op omtrent 1,5 jaar begin semen produseer, kan dit versprei word. Dit beteken dat in jaar 5, wanneer sy eerste syfers inkom, die teelwaardes bevestig kan word en sy betroubaarheid dan al 95% kan wees. Soos aangedui in Tabel 2 is die stamboomindeks 30% betroubaar by die bul se geboorte. In teenstelling is die SNPindeks 50-60% betroubaar by geboorte, met meer as 60% betroubaarheid vir melkeienskappe en SST. Die nageslagbeproefde indeks skop na 5 jaar in, en dan is die betroubaarheid van melk- en tipe eienskappe hoër. Maar kyk hoe bly die SNP-indeks ewe betroubaar vir die funksionele eienskappe soos SST en vrugbaarheid. Igenity Igenity is ’n genomiese laboratorium wat hierdie ENP-blokskyf ontwikkel het (Figuur 3). Hulle gebruik 1 DNS-monster om sowat 54 000 ENP’s te toets. Hulle het ’n puntestelsel ontwerp om die resultate te vertolk, wat afgelei is van ’n databasis van beproefde bulle in Amerika en gebruik word om teelwaardes te voorspel. Die resultate is vergelyk met die Amerikaanse bevolking

Tabel 1 Tydsvoordele van SNP-model Nageslagmodel Bul gebore (EPD r² = 30-35%) Toetsprogram begin (r² = 30-35%)

Jaar 0 1,5

Toetsprogram eindig (r² = 70-80%)

5

Bevestig teelwaardes

8

SNP-model Bul gebore (SNP r² = 50-70%) Eerste verspreiding (r² = 50-70%) Bevestig teelwaardes (r² = 95% ) Top geselekteerde bulle is al wyd gebruik

r² = 95% (200 dogters)

Tabel 2 Betroubaarheid van 3 indekse/modelle: Stamboom/EPD, SNP, en nageslagbeproefde indeks. Inligting beskikbaar Melk eienskappe Somatiese seltelling Vrugbaarheid Tipe eienskappe

Stamboomindeks Vanaf geboorte 0,30 0,30 0,30 0,30

SNP-indeks Vanaf geboorte 0,55-0,65 0,63 0,50 0,48-0,57

Beproefde indeks Na 5 jaar 0,70-0,80 0,50-0,60 0,50-0,60 0,70-0,80

Figuur 2 DNS-volgorde van ’n organisme www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

27

Veilings

Begin by die begin Binne-in elke sel is ’n kern (nukleus) en daar vind ons die chromosome, wat eintlik lang stukke DNS is wat opgerol is (Figuur 1). Beeste het 30 pare chromosome – een paar van die vaar en een van die moeder afkomstig. Hierdie DNS bevat miljoene gene, en elke geen beïnvloed een of meer eienskappe in die organisme.

As ’n organisme se hele stel DNSvolg-orde bepaal word, noem ons dit die genoom – en genomika is die studie van genome, oftewel die DNS-samestelling van ’n organisme. Genomika word gebruik om oorerflike eienskappe te identifiseer en om diere van dieselfde spesie te vergelyk. Die mees algemene soort genetiese variasie wat ons kry, is enkel nukleotiedpoliforfismes of SNP’s. Dit is wanneer ’n enkele nukleotied binne-in die genoom verskil tussen lede van dieselfde spesie. SNP-kaarte word gebruik om veelvoudige gene te identifiseer wat saamgestelde eienskappe beïnvloed. Illumina het so ’n SNP-kaart ontwerp wat omtrent 54 000 SNP’s toets.

&

enomika mag dalk die betekenisvolste deurbraak in bulseleksie wees sedert nageslagtoetsing 40 jaar gelede begin het. As ’n organisme se hele stel DNS-volgorde bepaal word, noem ons dit die genoom – en genomika is die studie van genome, oftewel die DNSsamestelling van ’n organisme. Wag, wat?

G

Vee

Wat is genomika en hoe kan dit suiwelboere help?


Figuur 3 ENP-blokskyf en weergegee in ponde. Die genetiese profiel sluit resultate van ’n menigte eienskappe in, insluitend produksie-eienskappe, vrugbaarheid, suiwelvorm, langlewendheid en somatiese seltelling. Daar word ook gekyk na ander eienskappe soos kaasproduksie deur middel van die alpha- en kappa-kaseïengene, asook genetiese defekte soos CVM en BLAD. Holstein- en Jersey-telers kan gebruik maak van hierdie Igenity-profiel. Die wonder van genomika is dat ons kan sien in watter bulle eienskappe wat gewoonlik negatief gekorreleerd is, saam voorkom. FR2623 Shrek het by Igenity 9/10 behaal vir melkproduksie, 7/10 vir langlewendheid, 6/10 vir vrugbaarheid, en 6/10 vir proteïenopbrengs. Soos wat ons aangaan, word net bulle aangekoop wat genomies beter presteer as die laaste genomiese bul wat ons aangekoop het. Ons kan dit sien met FR2673 Desert Storm, wat 9/10 vir melk behaal het, asook 8/10 vir langlewendheid, 8/10 vir proteïenopbrengs en 7/10 vir vetproduksie. Dieselfde geld vir die Jerseys, met JE2637 Maddox wat 8/10 behaal vir proteïenpersentasie, 7/10 vir vetpersentasie, en 6/10 vir langlewendheid en vrugbaarheid. Sy opvolger, JE2675 Dyson, is die Jerseybul by Taurus met die hoogste genomiese punt vir melk tot op hede (6/10), en dan behaal hy ook 8/10 vir proteïenpersentasie, 10/10 vir vrugbaarheid, en 8/10 vir langlewendheid. Die Eurogenomiese projek Omdat hierdie tegnologie in die beginfase is, is die gebruik daarvan nog beperk tot dié wat deel vorm van die oorspronklike borge. Omdat Taurus vennote het wat deel vorm van hierdie groep, het ons toegang tot die Eurogenomiese projek. Die projek is een van die voorlopers in die wedren tot sukses. In genomika is die grootte van die verwysingsbevolking van uiterste belang. Die Eurogenomiese projek is die grootste ter wêreld met ’n totale ver28

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

wysingsbevolking van 18 300 bulle (teenoor Amerika en Kanada met omtrent 10 000 elk). Hulle doen ook hoë-digtheid genotipering in hierdie groep. Die 550 mees invloedryke bulle is nou hertipeer met die jongste Illumina-blokskyf wat 777 000 SNP’s lees, en hierdie inligting word gebruik om die betroubaarheid van die genomiese voorspellings vir Holsteinbulle te verbeter. Die voordeel om deel te wees hiervan lê daarin dat genomiese syfers nie net as ’n punt uit tien gegee word nie, maar reeds bygetel is by die bestaande ouergemiddeld, wat uiteraard meer betroubaar is. Die bul FR2640 Taurie het ’n Eurogenomiese ontleding waarin 75% betroubaar is vir +2 000 kg melk en +54 kg proteïen, tesame met goeie tipe en kalwingsgemak. Nog so ’n voorbeeld is FR2672 Harley met 71% betroubaarheid vir positiewe vastestofpersentasies (+0,02 BV en +0,05 Prot), baie goeie bestuurseienskappe en uitstekende voete en bene (+2,40). Gevolgtrekking Taurus het nog altyd daarna gestreef om die jongste genetiese tegnologie en hulpmiddels te identifiseer om sodoende die beste jong bulle te toets. Ons toets honderde bulle se DNS om een te kies wat inkom om nageslag beproef te word. Die voordele van hierdie nuwe tegnologie is dat ons nou bulle by geboorte kan selekteer en die beste bulle tussen volbroers kan identifiseer. Dit lei tot ’n korter generasie-interval en vinniger genetiese vordering – veral met funksionele eienskappe soos SST en vrugbaarheid. Die doel van genomiese bulle is om die genetiese basis in ’n kudde te verbeter om sodoende die vinnigste genetiese vordering te bereik. Die risiko is effens hoër, maar as die bulle in ’n groep gebruik word, word daarvoor vergoed met hulle beter genetiese potensiaal.

Genetiese vordering: So meet ons deur dr Nico Schutte – CenDel, MPO m te weet is om te meet; maar hoe weet ’n mens of daar genetiese vordering plaasvind of nie? Soos met enige onderneming word vordering deur die bereiking van doelwitte geëvalueer en indien vooruitgang nie plaasvind nie, moet herbeplanning geskied sodat doelwitte herbepaal word en oorsake vir die swak vordering

O

uitgeskakel word. In teling word gebruik gemaak van ’n groot aantal genetiese eienskappe wat volgens moderne ontledingsmodules in Beraamde Teelwaardes (BTW) uitgedruk word. Ondanks die gebruik van BTW’s word daar steeds stadig gevorder en raak telers en kommersiële boere soms mismoedig. Een moontlike rede vir stadige vordering is lang generasie-intervalle. In wese hang dit af van hoe vinnig een geslag die vorige geslag opvolg. Genetiese vooruitgang is gebonde aan dit wat in die volgende geslag te voorskyn gaan kom, bekend as die generasie-interval. Indien eienskappe soos volwasse koeimassa, wat eers laat in die produktiewe lewe van diere voorkom, in die seleksieprogram ingesluit is, gaan vordering langer neem. Dit benodig derhalwe langer generasie-intervalle as vir eienskappe soos geboortemassa, wat vroeër in die produksiesiklus voorkom. By melkbeeste kan die BTW vir die melkproduksie van ’n bul eers bepaal word as daar genoegsame aantal van sy dogters hul eerste laktasie voltooi het. Gevolglik is enige eienskap wat reeds by geboorte bekend is, ’n groot hulpmiddel om die generasie-interval te verkort. As daar reeds ’n redelike voorspelling oor die teelwaarde van ’n bul gemaak kan word kort na sy geboorte, kan die nadeel van lang generasie-intervalle bekamp word. Dit is presies wat gebeur met die chromosoomtoetse wat al hoe meer gebruik word om genomiese profiele op te stel. Hieruit kan deur die identifikasie van sekere gene – afwykings op die chromosome, asook deur sekere kombinasies wat voorkom, redelike betroubare vooruitskattings oor produksieeienskappe van teelbulle se nageslag gemaak word. Ander afwykings op die chromosome is ook gekoppel aan die voorkoms van ongewensde genetiese eienskappe en indien daarvoor getoets, kan draers van sodanige afwykings uitgeskot word. Die kanse is dus skraal dat daar iewers in die wêreld weer ’n jong bul aan duur nageslagstoetsing onderwerp sal word om na vier of vyf jaar as ’n mislukking in die slagplaas te beland. Geen telingsinstansie sal dit waag om sonder genomiese toetsing en die inligting wat daarmee gepaard gaan, enige bul op te neem vir nageslagtoetsing nie. Genomiese toetsing, wat welliswaar vir sekere eienskappe al 50-70% akkuraat kan voorspel, vervang egter nie nageslagsbeproefdheid nie. Die prentjie raak eers volledig as die BTW van nageslagsbeproefdheid gekombineer word met genomiese toetsing se voorspellings. Maak dus gebruik van genomiese profiele ter aanvulling van ander teelwaardes in die seleksie van teelbulle en die bepaling van teeldoelwitte. www.proagri.co.za


Voer-boer:

Goeie kos in ’n kits

V

www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

29

Veilings

Hoe werk dit? ’n Geïsoleerde houer, so groot soos ’n spoorwegvraghouer (6 m x 2,4 m) word toegerus met rakke, voerbakke, ’n besproeiingstelsel, beligting en ’n stelsel om die temperatuur te beheer. Dit werk amper soos ’n fabriekslyn met saadbakke vol saad wat elke dag aan die een kant ingesit Op sulke smaaklike kos kan ’n skaap mos net floreer. word en dan deur die houer geskuif word tot dit net ses dae later an saad tot trog in ses dae. Dit is aan die ander kant uitgehaal word – hoe die Voer-boer-konsep kortliks reg om voorgesit te word aan die beskryf kan word. Weg is die dae van kieskeurigste smulpaap! hektare en hektare se groenvoer-aan“Een van die boere in die Vrystaat plantings met al die insetkoste wat wat nou met die brande feitlik al sy daarmee gepaard gaan. Die kos-in-’nweiding verloor het, het my in groot kits word in ’n kis verbou! benoudheid gebel,” vertel Jaap Jan. “Ek self hou 150 skape op vyf hek“Ek kon dadelik vir hom ’n houer inrig taar aan met die hulp van ’n Voer-boeren aansleep – en binne ses dae kon stelsel,” beduie Jaap Jan Sterkenburg. Na ses dae is die gars 100 tot 120 mm ons sy diere help met lekker vars Hy sê: “Eintlik bestaan die konsep al hoog en vorm die wortels ’n mat wat die groenvoer.” jare lank in Europa. Dit verg net ’n kophantering sommer maklik maak. Jaap Jan sê 50 kg garssaad word skuif van Suid-Afrikaanse boere om te elke dag net so in die groeibakke verstaan dat alles nie in grond geplant geplaas. Na ses dae staan die saadVoordele van gespruite voer spruite 100 tot 120 mm hoog en vorm • Verhoog voer se voedingswaarde. hulle wortels ’n mat wat hantering • Geen insekte- of onkruiddoders. vergemaklik. Na dag 6 kan jy elke dag • Geen sand of stof in voer. 300 kg groenvoer uithaal van die 50 kg • Geen vermorsing: Wortels, saad en saad wat ingesit word. groen uitloopsels word gevreet. Die temperatuur en watertoevoeging • Groenvoer deur die hele jaar. word outomaties gereguleer. Sowat 300 • Verteerbare ensieme word verhoog. liter water word per dag gebruik, waar• Hoё energiewaarde. van die plante 80 liter opneem. Die • Puik gehalte proteïene, aminosure en afloop word gebruik om die diere se noodsaaklike vitamiene en minerale. suipbakke te vul. • Higiёnies, vry van moontlike Minder as een uur arbeid per dag besoedelingselemente. word benodig en een persoon kan die stelsel met gemak hanteer. Dit gaan ook nie ’n boer se kragrekening vreeslik Met Voer-boer kan jy nou tot in die opjaag nie, want die beheerstelsel vra winter diere afrond en die mark net enkelfasekrag van so 10 – 15 betree op ’n tyd wanneer die winsampère. grens op sy hoogste is. Om meer oor Die Voer-boer-stelsel kan net so in die stelsel te wete te kom, besoek ’n voerkraal geplaas word om aan Saadspruite is gesond www.voerboer.co.za of bel vir Jaap die diere se groenvoerbehoeftes te Met die inneem van die saadspruite Jan Sterkenburg by 082-890-9476. voldoen. word die saad self ook gevreet, wat

&

bydra tot verhoogde proteïeninhoud. In vergelyking met gars wat op ’n tradisionele manier gekweek word, is die proteïen-inhoud amper dubbeld soveel, die vitamine- en mineraalinhoud is ook hoër en verteerbaarheid word van 30% tot meer as 80% verhoog. Jaap Jan sê gars word voorgeskryf as groenvoer vir vleisbeeste, aangesien dit goeie verteringsensieme bevat. Minder voer is nodig omdat dit meer verteerbaar is. ’n Verhouding van 3 tot 5% van die dier se massa in groenvoer (met ekstra ru-voer) word deur voedingkundiges voorgestel. Suiwelboere meet hulle inkomste in sent per liter, wat hoofsaaklik bepaal word deur koste per kilogram voer. Gars-groenvoer wat by melkbeeste se daaglikse dieёt ingesluit word, verhoog melkproduksie, vrugbaarheid en algehele gesondheid van die beeste en dra by tot hoёr melkvastestowwe. Jaap Jan sê elke kilogram groenvoer het dieselfde voedingswaarde as 3 kg lusern. In vergelyking met normale voer, het die beeste op groenvoer 10,7% hoёr melkproduksie en 14,6% hoër melkvastestowwe.

Vee

hoef te word nie.” Hy is oortuig daarvan dat, hoe duurder en skaarser grond in Suid-Afrika gaan word, hoe meer gaan mense begin kyk na intensiewer vorms van boerdery, soos Voer-boer se stelsel.


Simmentaler gee goeie vleis en melk deur Thys Swart, Voorsitter van die Wes-Kaap Simmentalerklub diere. Die bekende Simdex-stelsel (SIMmentaler-reproduksie-indeks) gee interkalftydperk, ouderdom met eerste kalwing, getal kalwers en embriospoelings as een syfer weer. Na deregulasie in die bedryf was die Simmentalergenootskap die eerste om ’n eie, moderne stelsel te volg. Die ras gebruik BREEDPLAN, een van die wêreld se beste vleisbees-prestasiemetings. Reeds in 2008 het die ras nuwe genetiese indekse aangevra vir voerkraalstelsels, weidingstelsels en terminale vaar. Elf jaar gelede het net twee telers in Suid-Afrika hulle Simmentalerkoeie gemelk, nou is daar al 30 wat die waarde van die dubbeldoelras ten volle benut. uitswes-Afrika (Namibië vandag) was die eerste land buite Europa waarheen die Duitse Fleckvieh (Simmentaler) in 1893 uitgevoer en suksesvol gevestig is. Die hoofrede was kruisteling om die melk- en vleisproduksie van die inheemse beesrasse te verbeter. Die suiwer Simmentalers het egter gou aangepas en hulleself bewys. Oud-president MT Steyn van die Vrystaat het in 1905 die eerste Simmentalers na Suid-Afrika ingevoer. Die ras het relatief onbekend gebly – totdat die amptelike interras-toetsuitslae in die 1960’s gepubliseer is. Daarna het die vraag na Simmentalers die aanbod ver oorskry. In die 1960’s tot laat 70’s is groot getalle Simmentalers (Fleckvieh) vanaf Duitsland en Oostenryk ingevoer. Tydens die 1980’s het die invoere afgeneem namate ’n eie goed aangepaste Suid-Afrikaanse Simmentaler uit die Duitse en Oostenrykse diere geteel is.

D

“Simsasionele” prestasie Simmentaler presteer baie goed in vergelyking met die tien bekendste prestasiegetoetste rasse: (Beef Breeding in SA, 1993-98) • eerste in reproduksie-indeks (interkalftydperk en ouderdom met eerste kalwing) • eerste in speengewig • eerste in jaaroudgewig (verse op plase) • eerste in voerkraalgroei (intensiewe bulgroeitoetse) Daar is verskeie redes vir die ras se gewildheid. Simmentaler is hoogs suksesvol in kruisteling om sowel 1) koeie met baie melk as 2) swaar speenkalwers te produseer. Daar is verder ’n reusagtige genetiese poel om van te kies. Deurlopende beskikbaarheid van rasadviseurs en die streng inspeksie wat diere by keuring moet slaag, plaas die ras op ’n hoë gehaltepeil. Die Telersgenootskap bly voor met die jongste tegnologie en nuwighede. Die ras was die eerste om in die middel 70’s weg te beweeg van subjektiewe skou-beoordeling deur prestasie en voorkoms in beoordeling te kombineer. Die Telergenootskap se grondwet verbind beoordelaars om produksiesyfers te gebruik by die plasing van

Simmentaler neem sy plek in die Suid-Afrikaanse suiwel-arena Simmentalers in die melkstal staan bekend as Fleckvieh. Fleckvieh is die wêreld se tweede grootste suiwelras (8,1 miljoen koeie) en het dubbel soveel koeie in melk as die Jersey-ras (3,9 miljoen koeie), wat derde lê. Elf jaar gelede het net twee telers in Suid-Afrika hulle koeie gemelk; nou is daar dertig. Volgens telersgenootskap-lidmaatskap is die Simmentaler die derde grootste vleisras en die vierde grootste suiwelras. Buiten die groot getalle suiwer Fleckvieh-koeie in melk, is daar reeds duisende Fleckvieh-kruiskoeie in melkstalle regoor die land.

Fleckvieh-melk verklap meer geheime Simmentaler/Fleckvieh-melk is nie net nog ’n melk nie! Die onlangse ontdekking van hoë vlakke van vervoegde linoleïensuur (CLA), Omega 3 en die voorkoms van A2-kasseïen in Fleckviehmelk, plaas hierdie ras se melk in ’n heel ander klas. Dit het tot die stigting van ’n nuwe Prestasies in die vleisarena maatskappy, Gesertifiseerde Sim-proMeer as 40 miljoen diere wêreldwyd dukte, gelei. Die aandeelhouers en maak Simmentaler die wêreld se tweede rolspelers is produsente, die grootste beesras na die Holstein. Plaaslik telersgenootskap en Bayern Genetik. is die Simmentaler tans die derde grootVerskeie handelsmerke, soos Fleckviehste ras van die 32 nie-suiwelrasse na die melk®, is geregistreer en planne om Brahman (Zebu) en Bonsmara (sinhierdie produk binnekort op winkelrakke teties). Diere- en telergetalle groei in Suid-Afrika te plaas, vorder goed. steeds elke jaar gesond. Skaars ’n jaar na die ontdekking verklap die ras ’n verdere “ou” geheim. Meer as 70% van Bepaling Fleckvieh-melk bestaan uit die Eenheid: g FA/100 g vet A2A2 tipe Beta-kasseïene! Dit is dieselfde tipe kasseïene C18: C18:2n C18:2n C20:4 C18:3 C20:5 C22:5 C22:6 waaruit bok-, waterbuffel- en 2n6 6ct 6tt n6 n3 n3 n3 n3 menslike borsmelk bestaan. CLA CLA Samesprekings is reeds met Ras LA c9, t11 t9, t12 AA ALA EPA DPA DHA rolspelers in die suiwelbedryf Fleckvieh 0.49 0.649 0.134 0.068 0.295 0.066 0.104 0.012 gevoer oor die moontlikhede Jersey 0.287 0.218 0.070 0.051 0.164 0.06 0.09 <0.01 wat hierdie ontdekkings vir sowel produsent as verbruiker Fig 2 Voorlopige laboratoriumtoetse vir CLA in verskeie kuddes in die Suid-Kaap toon aansien- mag inhou. Dit beteken Fleckvieh-melk kan nou as ’n like hoeveelhede meer CLA vir Fleckvieh en Fleckvieh-kruisings. Meegaande tabel toon ’n gesondheidsproduk bemark kudde gemelk vanaf hawer- en medics-weidings. CLA-vlakke in die Fleckvieh-melk was 3 keer word. meer as dié van Jersey-melk. (Bron: S Abel) 30

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


Fleckvieh

0.012

Holstein Jersey

0.01 0.006

0.004 0.002 0

vroeg

middel

laat

Weidingsperiode Kanadese proewe toon dat selfs Fleckvieh-kruise heelwat meer CLA bevat as ander rasse. (Bron: Dr. Rob Berry)

A2-betakaseïen in Fleckvieh-melkDaar is twee variante van die proteïen, betakaseïen, in melk, naamlik A2 en A1. Die verskil tussen die twee is ’n enkele aminosuur op posisie 67 op die aminosuurketting. Melk van ander spesies soos melkbokke, waterbuffel en menslike borsmelk, bevat die A2-vorm van betakaseïen. Al hoe meer verbruikers in die VSA verkies A2-tipe melk omdat dit die naaste aan natuurlike borsmelk is. Volgens navorsing in tien lande bevat Fleckvieh-melk die tweede meeste A2-betakaseïen-proteïen.

Blink toekoms Die maatskappy, Gesertifiseerde Simprodukte, besit die handelsmerk, Fleckvieh-melk. Die gedagte is dat die naaste ander ras. Gesondheidsvoordele van CLA en produsent deur middel van die Navorsing toon dat CLA ’n kragtige Omega 3 maatskappy die eiendomsreg van die bondgenoot kan wees in die bestryding Vir die gesondheidsbewuste verbruiker handelsmerke sal besit en dat ’n supervan: kanker, kardiovaskulêre siektes, wat gewoonlik weggeskram het van mark wat die beste voordeel vir die prohoë bloeddruk, hoë cholesterol, rooivleis en suiwel weens ou opvattings dusent bied, per kontrak die alleenreg osteoperose, insulienweerstand, dat rooivleis en suiwel slegs uit versal hê om die handelsmerk te gebruik. Produsente moet die volle Beta Fleckvieh Holstein Jersey Bruin Switser Guernsey Melk-korthoring voordeel van hulle produk Kasseine ontvang. A2 71% 55% 50% 66% 96% 49% A1 en ander 29% 45% 50% 34% 4% 51% (Bron: FV World 2010/2011)

www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

31

Veilings

0.006

ontsteking, immuunstelselindringers en voedselveroorsaakte allergiese reaksies. Fleckvieh-melk bevat ook meer Omega 3.

&

Totaal CLA (L/dag)

0.014

sadigde vette bestaan en daarom ongesond is, is daar nou goeie nuus: Fleckvieh-melk en -vleis wat vanaf weidings geproduseer word, bevat ’n kragtige onversadigde vetsuur wat verbind word aan langtermyn gesondheid en gewigsbeheer. Hierdie kragtige vetsuur word vervoegde (conjugated) linoleïensuur (CLA) genoem. Navorsing in verskeie lande toon dat Fleckviehmelk tot 30% meer CLA bevat as die

Vee

0.016


Voedingstrategieë vir suiwelbeeste in ’n minder winsgewende omgewing Dr Hinner Köster (Pr. Sci. Nat.): Direkteur - Animate Animal Health ie ongekende toename in prys van meeste grondstowwe gedurende die laaste jare het baie meer klem begin plaas op die belangrikheid van voedingsbestuur en die maatstawe van ekonomiese doeltreffendheid van voerverbuik op plase. Winsgewendheid is aansienlik daardeur beïnvloed en ’n kritiese evaluasie van die totale voeding- en bestuursprogram word meer as ooit tevore vereis.

D

Belangrike strategieë wat gevolg kan word om hoë voerkostes te beperk, sluit in: 1.Produksie van kostedoeltreffende plaasgeproduseerde voere soos kuilvoer en lusern. Terselfdertyd moet daar vir hoog produserende, hoë gehalte basters en variëteite geselekteer word. 2.Instandhouding van die waarde van gewasse gedurende oes en berging. 3.Toepassing van waardetoegevoegde verwerkingsmetodes om die voedingswaarde van kommersiële grondstowwe te verbeter. 4.Om kennis te dra en begrip te hê van die werklike waarde van intydse grondstowwe en voedingstowwe. 5.Doeltreffende vervanging van duurder grondstowwe, terwyl optimale prestasie steeds bereik word. 6.Teiken optimale voerdoeltreffendheid vanaf goed gebalanseerde diëte deur ordentlike meting van wat werklik gevoer en uiteindelik geproduseer word. 7.Versekering van ekonomiese mededingendheid van voerprogramme deur inkomste bo voerkoste te bereken en teen bestaande bedryfsnorme te vergelyk. 8.Aankope van die regte voer/grondstowwe deur gedurig die werklike ekonomiese waarde van die huidige aangekoopte voer/grondstowwe te beraam. 9.Vergelyking van die ekonomie van tuismeng (of gedeeltelike tuismeng) teenoor die aankoop van die volledige kragvoer.

’n Goed gebalanseerde dieet moet volgens die verwagtinge presteer. Dit beteken dat die omskakeling van die voer na die produk moet plaasvind teen ’n doeltreffendheid wat voorspelbaar is. Indien inkomste bo voerkoste aansienlik van die bedryfsnorm afwyk, moet die vraag gevra word of die regte voere geproduseer of aangekoop word. Ander vrae wat gevra moet word is of ’n mens mededingend aankoop en die korrekte dieet saamstel? Watter droë materiaal (DM) inname gebruik ’n mens op die voerkaart en wat word werklik ingeneem? Word voer doeltreffend omgeskakel na produk soos werklik verwag word (met ander woorde is voeromsetdoeltreffendheid naby sy teiken)? Wie betaal vir voerweiering en krimping/vermorsing (shrinkage)? Watter kostes word gebruik en word plaasgeproduseerde grondstowwe en ruvoere se prys gegrond op hulle totale produksiekoste (insluitend berging) of slegs op veranderlike kostes? Selfs met hoë graanpryse is dit onwaarskynlik dat graan wel in aansienlike hoeveelhede uit diëte verwyder sal word aangesien hulle styselinhoud toelaat dat energie-digte rantsoene geformuleer kan word wat belangrik is vir huidige diere met ’n hoë genetiese meriete vir produksie. Koolhidraatvoeding van suiwelbeeste Om die werklike waarde van graan soos mielies te verstaan, is dit belangrik om ’n goeie begrip te hê van die oorhoofse koolhidraatvoeding in verhouding tot melkproduksie. Koolhidrate word al baie lank erken as die enkele grootste komponent (60 – 70%) van ’n suiwelkoei se dieet en die primêre bron van netto energie om onderhoud en melkproduksie te ondersteun. Hulle is die hoofbron van energie vir die rumenmikro-organ-

32

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

ismes en beïnvloed ook die samestelling van melk as voorlopers van laktose, vet en proteïen. Die optimale styselinhoud van lakterende koeie se dieet is nie goed omskryf nie, maar 24 – 26% stysel (DM-basis) word tipies aanbeveel. Proteïenvoeding van suiwelbeeste Die grondliggende doel van herkouerproteïenvoeding in ’n suiweldieet is om die doeltreffendheid van die benutting van stikstof (N; N x 6,25 = proteïen) te optimaliseer en daardeur uiteindelik maksimum melkproduksie te bereik. Dit vereis die verfyning van proteïenvoeding op twee maniere: Eerstens vereis dit die voeding van regte soorte en hoeveelhede rumenafbreekbare proteïen (RDP) wat die behoeftes vir N deur rumenmikrobes sal bevredig maar nie oorskry nie, en bepaal word deur die soorte en hoeveelhede rumengisbare koolhidrate in die dieet. Hoe beter die gisting, hoe meer mikrobiese proteïen word geproduseer. Optimale rumengisting word hoofsaaklik bereik deur ’n goeie balans tussen sowel die hoeveelhede as die tipes koolhidrate en proteïen. Voedingstrategieë wat tot maksimale mikrobiese groei lei, bevorder ook verhoogde DM-inname en gesonde rumentoestande (minder suurpens). Tweedens, om die oorhoofse doel van optimale melkproduksie te bereik, benodig melkkoeie ook rumen nie-afbreekbare proteïen (RNDP) met ’n aminosuurbalans wat die rumengeproduseerde mikrobiese proteïen aanvul in hoeveelhede wat, indien gekombineer met mikrobiese proteïen, die verlangde proteïen-tot-energie verhouding in opgeneemde voedingstowwe gee. Die beste raad vir die suiwelboer is om deurlopend ten nouste saam met sy veevoedingkundige te werk om deurgaans optimale produksie te verseker. www.proagri.co.za


Vee

Greenfields verskaf

Die 1,25 mswaailemsnyer draf woertswarts deur enige land en die viertolhark vorm elke keer perfekte windrye. Dit alles vir net McHale is wêreldwyd bekend as die koning van balers. R163 500, BTW uitgesluit, is die Greenfields konsentreer ook op mistoppunt van ekonomiese sin. strooiers vir weidingsproduksie. RollandGert Oosthuizen, ’n beesboer van misstrooiers word in Frankryk vervaardig Bethlehem, het ’n Kombo, met die en word wyd beskou as die markleier groter 505 Foton-trekker, B70-baler, onder misstrooiers. Greenfields is die swaailemsnyer en hark aangeskaf. “In amptelike verspreider van Rolland in die verlede,” vertel Gert, “kon ’n kleiner Suid-Afrika. boer glad nie ’n nuwe trekker koop nie. Nog goeie nuus is dat Greenfields Nou maak die bekostigbare Fotons dit onlangs as die amptelike agent vir JCBheeltemal moontlik.” landboutoerusting aangestel is. Die Greenfields is ook die Suid-Afrikaanse naam, JCB, is internasionaal sinoniem verskaffer van die voortreflike SiloKingmet meerdere gehalte, die hoogs reeks voermengers vanuit Duitsland. betroubaarste rugsteundiens en ’n SiloKing is bobaas om volvoer of uitstekende reeks werktuie. volledige gemengde rantsoene te lewer. Die rantsoen is gegrond op ’n dieet van kuilvoer, hooi, graan en ander bestandVir meer inligting, skakel Greenfields dele en die SiloKing verseker ’n perfek by 033-263-1305. eenvormige mengsel.

More info: www.cahi.co.za

DAIRY AUCTION 45 ton cheese cooler fridge Yoghurt cooler milk, yoghurt & cheese tanks mixers, pasteurising machines and more Duly instructed by the Liquidators in the matter of Redlex 554 (PTY) Ltd MRN T761/11 , we will sell on public auction

WEDNESDAY, 19 OCTOBER 2011 at 11am on site 7 STEYN STREET, CORNELIA, FREE STATE ** VIEW DAY PRIOR ** TERMS: R3 000 registration fee (refundable) (cash or bank cheques only) All bids exclusive of VAT. This advert is subject to change without prior notice

TEL: 012-940-8686 EMAIL: barendina@cahi.co.za www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

33

Veilings

eidingsbestuur, wat beskryf word as “die bedryf om vee te laat wei” en ’n voldoende voorraad hooi en kuilvoer vir die wintermaande te voorsien, is ’n wesenlike deel van moderne boerdery. Om hierdie bedryf te ondersteun, verskaf Greenfields die Rolls Royce van balers en baaltoedraaiers, die McHale, en die indrukwekkend taai, swaardiens Malone-snyers, albei vanuit Ierland. McHale-balers vorm netjiese, stewige, kompakte bale wat wonderlik dig en swaarder as gewone bale is. Malone-snyers is deur Mike Malone, wat eers ’n McHale-ingenieur was, ontwikkel. Hulle is deeglik in SuidAfrikaanse toestande getoets en het elke aspek van die toetse met vlieënde vaandels geslaag. Om “die bedryf om vee te voer” vir die kleiner boer makliker te maak, bied Greenfields tans die Hooikombo-aanbod, bestaande uit ’n betroubare Foton 254vierwieltrektrekker met ’n B70-baler, ’n 1,25 m-swaailemsnyer en ’n viertolhark. Die B70-baler is onverbiddelik betroubaar en maak goedsaamgepersde bale vinnig en ekonomies.

W

&

spesialis hooimaak en weidingtoerusting


34

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


Vee

& Veilings

www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

35


LE ROC

Meganisasiegids

2011

1ste Produksieveiling

26 OKTOBER 2011

op die plaas Eastry, Tweespruit

GPS: S 29º 13’427 E 027º 09’491

AANBOD

Tweespruit

N8 Ladybrand Westminster

3 Beproefde kuddevaars 22 Geregistreerde bulle 5 Kommersiële bulle 100 Geregistreerde dragtige verse 40 Geregistreerde verse reeds gekalf 20 Geregistreerde koeie (dragtig/gekalf) 30 Kommersiële koeie (dragtig/gekalf) 10 Kommersiële verse (dragtig/gekalf)

Mornay 082-779-1454 www.leroc.co.za

Nou beskikbaar! Inligting oor: • 20 Trekkerklasse volgens trekkragvermoë, van 30 tot meer as 400 kw. • Koste per uur of koste per hektaar vir trekker-enimplementkombinasies. • Werktempo en brandstofverbruik. • Koste van plaasbakkies. Bestel nou teen R200, by Koos le Roux, 082-828-9531

e-pos: koosleroux@live.co.za

Brangus Brangus Cattle Breeders Society PO Box 12465 Brandhof 9324 Tel: 051-444-1144 Fax: 051-444-5070 info@brangus.org.za www.brangus.org.za 36

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


Vee

& Veilings

Besoek ons webblad: www.dorpersa.co.za

www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

37


AgriGids

AgriTrader

Advertensiediens vir die boer Advertising service for the farmer

40 000 eksemplare na aktiewe kommersiële boere landswyd AgriTrader is ʼn uitstekende bemarkingsmeganisme om kopers en verkopers van lewendehawe, trekkers, voertuie, werktuie, en alle ander landboutoerus ng by mekaar uit te bring. Vir die bekos gbaarste advertensietariewe in Suid-Afrika, skakel: Stefan van Wyk Marlien vd Westhuizen

(Bloemfontein) (Pretoria)

082-381-7563 | 051-446-6089 012-362-2732

stefan@agritrader.co.za marlien@smartpublishing.co.za

WEED CONTROL IN DAMS Control aquatic plants with sterile (triploid) grass carp. We are the only national approved supplier of sterile(triploid) grass carp in SA. Aquatic Weed Control specialize in the biological control of aquatic weeds since 1991. We pioneered this protocol in South Africa. Biological control is the most cost efficient and effective method in the control of aquatic weeds. This service is supplied by professional scientists with 25 years experience.

Contact: Aquatic Weed Control: 011- 769-2257 E-mail:awc@exol.co.za

B&R BIO PRODUKTE

Natuurlik vervaardigde soja oliekoek en volvet soja oliekoek. Voldoen aan standaarde. Laboratoriumresultate beskikbaar.

Vir navrae kontak Giel by 079-511-2190 of Gerrit by 083-635-3873 38

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


AgriGids

Handmielieplanter • Planter betaal homself in ’n paar uur • Plant regte diepte • Plant haasbekrye sommer tjop-tjop in Kunsmisstrooiers en nog kleinskaalboerderywerktuie kan gesien word by www.backsaver.co.za

Kontak Michris 073-454-4111 mooiuitsigboerdery@telkomsa.net

www.proagri.co.za

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

39


AgriGids 40

ProAgri 140 – Oktober / October 2011

www.proagri.co.za


AgriGids



Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.