2017/2018 Voorgraadse fakulteitsbrosjure www.up.ac.za
Laat vandag tel
ii
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
Boodskap van die Dekaan Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe aan die Universiteit van Pretoria het ‘n lang en trotse tradisie van uitnemendheid in die opleiding van professionele gesondheidsorgwerkers. Ons personeelkorps van meer as 600 voltydse en deeltydse dosente, navorsers en kliniese praktisyns is toegewyde rolmodelle wat ons studente opgewonde maak en hulle inspireer. Ons is daartoe verbind om te verseker dat ons gegradueerdes bekwame, verantwoordelike en deernisvolle gesondheidsorgwerkers is teen die tyd wat hulle ons verlaat. Prof Tiaan de Jager Waarnemende Dekaan: Fakulteit Gesondheidswetenskappe
Kwaliteit is die kern van die Fakulteit se verbintenis om ‘n omvattende onderrig- en leerkultuur daar te stel. Ons kurrikula en onderrigmetodes word voortdurend aangepas om te verseker dat ons tred hou met die eise van ‘n snel-veranderende wêreld. Hoë standaarde en innoverende benaderings tot leer verbeter ons gegradueerdes se vermoëns om ingewikkelde kwessies te hanteer en probleme op te los. Ons lesinglokale, laboratoriums, vaardigheidsontwikkelingslaboratoriums, IT-fasiliteite, opleidingshospitale en klinieke word voortdurend opgegradeer. Ons het voorsiening gemaak vir die nasionale eise vir meer gegradueerdes
om aan die gesondheidsorgbehoeftes van die land te voldoen deur die Gesondheidswetenskappe-kampus en -koshuise uit te brei ten einde meer studente te kan akkommodeer. Ons bied ‘n omvattende verskeidenheid tutor- en mentorskapprogramme en vorderingsmonitering aan ons studente, asook ‘n gesondheids- en beradingsdiens op die kampus. Die uitnemende slaagsyfers van ons modules en die voltooiingsyfers van ons grade is ‘n verdere bewys van die toegewydheid en harde werk van ons studente en die sukses van ons ondersteuningstelsels vir studente. Die Fakulteit het onlangs
navorsingsgeleenthede geskep vir voorgraadse studente en het ‘n betekenisvolle reeks opsies vir nagraadse studie. Studente in Gesondheidswetenskappe het ook die geleentheid om ‘n vol en gebalanseerde studentelewe te ervaar met die wye verskeidenheid sosiale, sport-, kulturele, leierskap- en gemeenskapsuitreik-aktiwiteite wat tot hul beskikking is. Ons sien daarna uit om jou in 2018 as ‘n student van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe te verwelkom.
Universiteit van Pretoria
iii
Inhoud Boodskap van die Dekaan.....................................................................................................................................................................................................................ii Voorgraadse programme.....................................................................................................................................................................................................................1 Algemene oorsig.....................................................................................................................................................................................................................................3 Skool vir Geneeskunde.........................................................................................................................................................................................................................4 Skool vir Tandheelkunde......................................................................................................................................................................................................................7 Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe...........................................................................................................................................................................................8 Algemene inligting................................................................................................................................................................................................................................13
Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2016. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111. Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reĂŤls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiĂŤring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.
1
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
Voorgraadse programme Belangrike inligting oor voorgraadse programme vir 2018 Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat in besit is van ‘n sertifikaat wat deur die Universiteit beskou word as ekwivalent aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met universiteitsvrystelling, ‘n kandidaat wat aan ‘n ander tersiêre instelling gegradueer het of aan wie die status van ‘n gegradueerde van sodanige instelling toegeken is, en ‘n kandidaat wat aan ‘n ander fakulteit aan die Universiteit van Pretoria gegradueer het. Toelating tot Gesondheidswetenskappeprogramme is onderhewig aan ‘n keuringsproses. Graad 11 se finale-eksamenuitslae, die Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) se uitslae en ‘n Toegevoegdewaardevraelys sal vir die voorlopige toelating van voornemende studente gebruik word. Die som van die uitslae van ses vakke, waaronder Engels, Wiskunde en Fisiese Wetenskap, word vir keuringsdoeleindes bereken. Lewensoriëntering word van die Toelatingspunttelling (TPT)-berekening uitgesluit. Aansoeke van internasionale kandidate wat van lande kom met mediese opleidingskole sal nie oorweeg word vir plasing in die MBChBprogram nie, behalwe waar interregeringssamewerkingsooreenkomte in plek is. Kandidate, neem asseblief kennis dat jou TPT nie met meer as twee punte mag daal in die uitslae van jou finale skooleksamen nie ten einde jou voorlopige toelating te behou. LET DAAROP dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie noodwendig toelating tot enige program in hierdie Fakulteit waarborg nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za. Universiteit van Pretoria se webwerf www.up.ac.za/health Nasionale Normtoets se webwerf www.nbt.ac.za Minimum toelatingsvereistes vir 2018 Prestasievlak
Programme Engels
Wiskunde
TPT
Fisiese Wetenskap
NSS/ IEB
HIGCSE
ASLevel
ALevel
NSS/ IEB
HIGCSE
ASLevel
ALevel
NSS/ IEB
HIGCSE
ASLevel
ALevel
5
3
C
C
5
3
C
C
5
3
C
C
35
Skool vir Tandheelkunde BChD – Baccalaureus Chirurgiae Dentium [5 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Beroepe: Tandartse, spesialiste, akademici en navorsers BMH – Baccalaureus in Mondhigiëne [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
4
3
D
D
4
3
D
D
4
3
D
D
25
3
D
D
4
3
D
D
4
3
D
D
25
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae en die NBT. Beroep: Mondhigiëniste
Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe BDieetkunde – Baccalaureus in Dieetkunde [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
4
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Beroep: Dieetkundiges BVerpl – Baccalaureus in Verpleegkunde [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
4
3
D
D
-
28
-
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT, die Toegevoegdewaarde-vraelys en ‘n onderhoud. Wiskunde, Fisiese Wetenskap, Lewenswetenskappe en Fisiologie is nie verpligte vakke nie, maar wel aanbevole vakke. Beroepe: Algemene verpleegkunde, psigiatriese verpleegkunde, verloskunde (vroedvroue) en gemeenskapsverpleegkunde BArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
4
3
D
D
4
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Beroepe: Arbeidsterapeute, akademici en navorsers
3
D
D
4
3
D
D
30
Universiteit van Pretoria
Voorgraadse programme
Minimum toelatingsvereistes vir 2018 Prestasievlak
Programme Engels
BFisio – Baccalaureus in Fisioterapie [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
NSS/ IEB
4
Wiskunde
HIGCSE
ASLevel
ALevel
NSS/ IEB
3
D
D
4
TPT
Fisiese Wetenskap
HIGCSE
ASLevel
ALevel
NSS/ IEB
3
D
D
3
D
D
HIGCSE
ASLevel
ALevel
4
3
D
D
30
4
3
D
D
25
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Beroepe: Fisioterapeute, akademici en navorsers BRad – Baccalaureus in Radiografie [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
4
3
D
D
4
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Daar word aanbeveel dat voornemende studente vir BRad Lewenswetenskappe en Fisiologie neem, maar hierdie vakke is nie verpligtend nie. Beroepe: Radiografiste, akademici en navorsers
Skool vir Geneeskunde BKMP – Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
4
3
D
D
4
3
D
D
25
-
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae en die Biografiese-inligtingsvorm. Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskappe is nie verpligte vakke nie, maar sal tot voordeel van kandidate strek vir keuringsdoeleindes. Beroepe: Kliniese mediese praktisyns, akademici en navorsers MBChB – Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde [6 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
5
3
C
C
5
3
C
C
5
3
C
C
35
Keuring is gebaseer op Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Beroepe: Algemene mediese praktisyns, spesialiste (na nagraadse opleiding) Engels
Programme BSportSci – Baccalaureus in Sportwetenskap [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 31 Mei Nie-SA – 31 Mei
Fisiese Wetenskap of Lewenswetenskappe
Wiskunde
NSS/ IEB
HIGCSE
ASLevel
ALevel
NSS/ IEB
HIGCSE
ASLevel
ALevel
NSS/ IEB
HIGCSE
ASLevel
ALevel
5
3
C
C
5
3
C
C
5
3
C
C
TPT
30
Keuring is gebaseer op Graad-11 resultate, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Beroepe: Dit berei studente voor om met bekwaamheid te werk in die gesondheids-, sport- en fiksheidsbedryf. Dit is ‘n voorvereiste om aansoek te kan doen vir die BSc-Honneursprogramme in Sportwetenskap of Biokinetika. Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap HSert (Sportwetenskap) Fokusareas (kies een): Sportafrigting Onderwys [1 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 30 September
Engels NSS/ IEB
HIGCSE
ASLevel
TPT
ALevel -
4
3
D
D
20
Keuring vir hierdie program is beperk tot goedgekeurde TuksSport-studente. Neem asseblief kennis dat die Hoër Sertifikaat nie ‘n oorbruggingsprogram is vir toelating tot die BSportSci-program nie. Studente moet voldoen aan die toelatings- en keuringsvereistes vir die graadprogram. Beroepe: Sportafrigting, en die sport- en fiksheidsbedryf
2
3
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
Algemene oorsig Algemene oorsig As ‘n internasionale rolspeler wat op gesondheidsorg in Afrika toegespits is, is die visie van die Fakulteit Gesondheidswetenskappe van die Universiteit van Pretoria om gesondheidstandaarde deur kwaliteitonderrig, navorsing en gemeenskapsdiens te handhaaf. Sedert die Fakulteit se totstandkoming het dit tot een van die grootste opleidingsinstansies in gesondheidswetenskappe in die land ontwikkel, wat tans met ‘n studentekorps van meer as 6 000 vooren nagraadse studente spog. Die bekwame dosente en personeel van die Fakulteit is verantwoordelik vir die toepaslike professionele voorgraadse opleiding van dokters, kliniese praktisyns, tandartse, mondhigiëniste, dieetkundiges, verpleegkundiges, arbeidsterapeute, biokinetici, fisioterapeute, radiografiste en sportwetenskaplikes, asook vir talle nagraadse kwalifikasies. Die kurrikula word gereeld bygewerk in ooreenstemming met veranderinge in die opleidingsmetodologie vir gesondheidswetenskappe wêreldwyd en in Suid-Afrika. Gemeenskapsgebaseerde onderrig is ‘n belangrike en integrale deel van al die programme. Die Fakulteit verseker dat studente as deel van ‘n multidissiplinêre span opgelei word in tersiêre en sekondêre gesondheidsorgfasiliteite. Studente word ook aan primêre gesondheidsorg in die landelike en voorheen benadeelde gebiede in Suid-Afrika blootgestel. Die Fakulteit Gesondheidswetenskappe rus studente dus toe met die nodige kennis, professionaliteit en vaardighede om hoop en ‘n beter lewenskwaliteit aan gemeenskappe te bied. Kliniese opleiding vind plaas in hospitale, klinieke en in die gemeenskap. Kliniese opleiding hou die risiko in van blootstelling aan infeksie en die misdaadsituasie in die land. Die Universiteit van Pretoria het egter maatreëls ingestel en duidelike instruksies vir die beskerming van sy studente verskaf. Studente wat by hierdie Fakulteit aansluit, word deel van ‘n nuwe generasie gesondheidspesialiste. Die Fakulteit volg ‘n uitkomsgebaseerde en probleemgeoriënteerde benadering tot opleiding – ‘n unieke manier om die gesondheid van pasiënte te benader. Dit is moontlik dat studente by die toepaslike professionele liggaam, die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA) of die SuidAfrikaanse Verpleegkunderaad (South African Nursing Council – SANC), sal moet registreer om hulle in staat te stel om aan praktiese kliniese opleiding deel te neem. Hierdie beheerliggame het bepaalde vereistes met betrekking tot akademiese kennis en kliniese ervaring, en die standaarde waaraan voldoen moet word. Sodra studente gegradueer het en hul grade verwerf het, sal hulle herregistreer om professionele status en die reg om te praktiseer te ontvang.
Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) Die NBT is verpligtend vir alle skoolverlaters wat aansoek doen vir enige program in die Fakulteit Gesondheidswetenskappe. Die NBT bepaal akademiese gereedheid vir universiteitstudie, en die uitslae hiervan help universiteite om die finale skool-eksamen uitslae soos die Nasionale Senior Sertifikaat (NSS) te interpreteer. Die uitslae dui ook aan of ‘n student bykomende akademiese ondersteuning mag benodig, en dit help ook met die ontwikkeling van kurrikula.
LET WEL:
Die NBT-uitslae steun die eksamenuitslae van die finale jaar, maar vervang of dupliseer dit nie. Die Fakulteit moet jou NBT-uitslae nie later nie as die einde van Julie ontvang. Elke toets vereis dat jy dit wat jy al geleer het (dit wat jy weet en kan doen) toepas. Die toetse is vertroulik. Geen vorige vraestelle is beskikbaar nie. Daar is geen studiemateriaal wat jy kan gebruik om vir die toetse voor te berei nie. Studente met gestremdhede word by toetssentrums geakkommodeer. Die NBT bestaan uit twee komponente: -- AQL: Akademiese Geletterdheid en Kwantitatiewe Geletterdheid wat gekombineer is. Kwantitatiewe Geletterdheid is soortgelyk aan wiskundige geletterdheid. -- MAT: Wiskunde ‘n Volledige skedule met al die toetssentrums is op die NBTwebwerf hieronder beskikbaar.
Registrasieproses
Teken aan op www.nbt.ac.za. Klik op ‘Register to write’. Volg die instruksies. (Jy kan ook met elektroniese toestelle en jou slimfoon registreer.) Jy sal ‘n kennisgewing van jou registrasie en ‘n EasyPaystrepieskode ontvang sodra jy die stuurknoppie druk. Laai die kennisgewing af, druk dit uit en neem dit saam met jou as jy na die EasyPay-betaalpunte gaan (daar is ‘n lys van die betaalpunte op die onderstaande webwerf beskikbaar, maar jy kan ook direk na www.easypay.co.za gaan om jou transaksie daar te voltooi). Hou afskrifte van die bewys van registrasie en die bewys van betaling en neem dit saam met jou na die toetssentrum op die dag wat jy skryf. LET WEL: Jy moet die NBT skryf op die DATUM en by die toetssentrum waarvoor jy geregistreer het. As jy om enige rede laat is of jou geskeduleerde toetssessie misloop, moet jy weer registreer en weer betaal. Slegs die uitslae van toetse wat betaal is, word vrygestel. Universiteitstudente Aansoeke van studente wat reeds besig is met ‘n tersiêre kwalifikasie of wat ‘n tersiêre kwalifikasie het, moet aan die volgende skoolvak- en prestasievlakvereistes voldoen: Hulle moet in besit wees van ‘n NSS vir graadstudie/volle vrystelligsertifikaat, en ‘n prestasievlak van 5 (of 50% HG indien voor 2009) behaal het in Wiskunde en Fisiese Wetenskap (of Lewenswetenskappe, as dit ‘n vereiste is). As vakke nie in Graad 12 geslaag is nie, moet die ekwivalente vakke (Fisika, Chemie en Wiskunde) op tersiêre vlak voltooi word. Universiteitstudente hoef nie die Nasionale Normtoets (NBT) te skryf nie, en hoef ook nie ‘n rekord van nie-akademiese prestasie of ‘n CV in te dien nie. Keuring word gebaseer op die resultate wat in die voltooide kwalifikasie(s) behaal is. Universiteitstudente sal op grond van hul hoër onderwysresultate oorweeg word. NBT-kontakinligting Tel +27 (0)21 650 3523 E-pos nbt@uct.ac.za Webwerf www.nbt.ac.za
Universiteit van Pretoria
4
Skool vir Geneeskunde Skool vir Geneeskunde MBChB – Baccalaureus in Geneeskunde en Snykunde Ten einde toegelaat te word om as ‘n dokter te registreer, moet ‘n student die MBChB-graad verwerf, gevolg deur ‘n twee jaar lange internskap en een jaar se gemeenskapsdiens. In die mediese beroep is die gesondheid van ‘n pasiënt van primêre belang. Mense wat siek is, word behandel met die doel om hulle weer gesond te maak. Spesiale programme word ontwikkel om die voorkoms of verspreiding van siektes en/of infeksies in die gemeenskap te verhoed. Die bevordering van ‘n gesonde lewenstyl is ook ‘n belangrike verantwoordelikheid van die mediese dokter. Die Universiteit van Pretoria se opleidingsprogram is vergelykbaar met internasionale programme, en volg ‘n probleemgeoriënteerde en uitkomsgebaseerde benadering. Dit word deur die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA) geakkrediteer en die hoë opleidingstandaard word plaaslik en internasionaal erken. Ons het uitruilooreenkomste tussen die Skool vir Geneeskunde en soortgelyke fakulteite by oorsese universiteite. Geneeskunde is nie net ‘n beroep nie; dit is ‘n roeping. Voornemende studente moet dus bereid wees om in diens van die mensdom te staan in al sy fasette. Die mediese professie vereis hoë etiese standaarde in die praktyk en die beroep stel groot fisiese en psigiese eise aan praktisyns.
Keuring
S legs driehonderd (300) eerstejaarstudente word jaarliks tot die MBChB-program toegelaat. Die Universiteit oorweeg skoolverlaters en diegene wat voorheen studente aan ‘n tersiêre instelling was. NEEM ASSEBLIEF KENNIS dat voldoening aan die minimum toelatingsvereistes nie toelating tot die MBChB-program waarborg nie. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet voldoen aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 2. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig toegelaat is) in die finale skooleksamen te behou – en om te verseker dat die TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za. Voorlopige keuring geskied streng volgens die merietelys. Enige plekke wat vakant raak, word gevul deur aansoekers op die waglys. LET WEL: Op grond van die uitslae van die eerste semestereksamen, kan verdere plekke toegeken word aan nuwe eerstejaarstudente wat vir ‘n program in Biologiese Wetenskappe-studierigtings aan die Universiteit van Pretoria geregistreer is.
Duur van die program
J aar 1 tot die middel van jaar 5: Teoretiese, praktiese en kliniese opleiding in geneeskunde dissiplines. Tweede helfte van jaar 5 en jaar 6: Studente-internskappe, waartydens alle kliniese opleiding rondom pasiënte in hospitale en klinieke plaasvind. Hierna is daar twee jaar se internskappe: kliniese diens onder toesig in geakkrediteerde hospitale regoor die land, en ‘n verpligte jaar van gemeenskapsdiens. Hierdie drie jaar is nie deel van die Universiteitsopleiding nie.
G emeenskapsbetrokkenheid: Die kurrikulum is saamgestel met die uitgangspunt dat opleiding deur middel van dienslewering moet geskied. In hierdie konteks lewer die Fakulteit ‘n omvattende diens aan die breë gemeenskap deur middel van verskeie uitreikprogramme. Studente word reeds tydens voorgraadse studie by hierdie programme betrek. Die Daspoort-kliniek in Pretoria is ‘n voorbeeld van ‘n plek wat dien as diensopleidingsplatform waar studente kan werk. Navorsing: Vooruitgang in die geneeskunde steun op aktiewe navorsing in die onderskeie spesialisgebiede. Gevolglik word voor- en nagraadse studente opgelei in ‘n navorsingsomgewing wat ‘n ondersoekgebaseerde benadering tot leer- en navorsingsvaardighede bevorder.
Loopbaangeleenthede
MBChB stel gegradueerdes in staat om as mediese praktisyns te registreer nadat hulle hul internskappe (twee jaar) en gemeenskapsdiens (een jaar) voltooi het. Daarna mag hulle as algemene praktisyns (mediese dokters) in hospitale of algemene privaat praktyke praktiseer, navorsing doen en/of voorgraadse studente onderrig. Verdere nagraadse studie is nodig om ‘n spesialis te word. Spesialiste kan in hospitale en/of privaat praktyke werk, of loopbane in akademiese geneeskunde volg. Dit sluit kliniese praktyk, onderrig en navorsing in. Kontakinligting E-pos healthapplications@up.ac.za
BKMP – Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk ‘n Kliniese praktisyn is ‘n professionele lid van die gesondheidsorgspan met die nodige kennis en vaardighede om ‘n wesenlike bydrae te maak tot die distriksgesondheidstelsel van Suid-Afrika. Kliniese praktisyns werk onder leiding van ‘n gekwalifiseerde mediese praktisyn, en funksioneer dikwels in die Departement Huisartskunde. Spanwerk en kommunikasievaardighede is van kritiese belang, en kliniese praktisyns moet ook goeie kliniese vaardighede hê om algemene kwale en siektes te bestuur. Kliniese praktisyns tree – ooreenkomstig met hul opleiding en ervaring – op as mediese assistente vir toesighoudende dokters in die uitvoering van alle praktykverwante aktiwiteite, insluitende die aanvra van diagnostiese, terapeutiese en ander mediese dienste. Kliniese praktisyns kan as lede van die gesondheidsorgspan in distriksgesondheidsdienste werk. Om as ‘n kliniese praktisyn by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA) te registreer, moet ‘n student die Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk verwerf. Potensiële werkgewers sluit die Departement van Gesondheid, die Suid-Afrikaanse Militêre Gesondheidsdiens en nie-regeringsorganisasies in.
Keuring
T agtig (80) studente word jaarliks gekeur op grond van akademiese meriete. Voorkeur word gegee aan studente wat deur die provinsiale gesondheidsdepartemente in die onderskeie provinsies in SuidAfrika genomineer word. Hierdie kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes van hierdie program voldoen. Keuring is gebaseer op akademiese meriete en die Biografiese-inligtingsvorm. Kandidate moet aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 2 voldoen.
5
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
‘Ek het na die Universiteit van Pretoria gekom om geneeskunde te bestudeer, maar ek is aanvanklik nie in die program opgeneem nie; pleks daarvan het ek ‘n BSc-kursus gevolg met die hoop om teen Julie na MBChB te kan oorskakel. Ses maande later was ek in die klas op die Prinshofkampus en ek wou nêrens elders ter wêreld wees nie. Na vier jaar wil ek steeds niks anders op enige ander plek doen nie. Geneeskundestudie aan Tukkies bied my so baie geleenthede en stel my in staat om te groei. Ons werk dwarsoor Pretoria, van hospitale en klinieke tot pasiënte se huise, en ek was bevoorreg om my keusevak in Noorweë te doen. In Olympuskoshuis het ek ‘n tuiste. Daar is dae wanneer ek wonder hoekom ek dit doen, maar dan is daar dae wanneer ek van die hospitaal af kom en niks anders as vervulling voel nie en ek weet ek is presies waar ek moet wees.’ Anleo Jansen – MBChB
‘As kinders het ons almal drome oor wat ons eendag wil word. Ek wou eers ‘n sjef word wat wonderlike geregte berei, en later wou ek lewens red en verander. Ek het altyd geweet ek het ‘n passie vir mense en wou ‘n lewe lei wat saak maak. Die dag toe ek van die Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk (BKMP) hoor, het ek besef ek kan hierdie droom verwesenlik. Die program dra waardes soos passie, selfdissipline en toewyding oor, saam met uitstekende mediese opleiding. Dit verander jou lewe ver buite die akademie; dit vorm jou as persoon. Dit is geensins maklik nie, want dit behels drie jaar van die intensiefste opleiding, selfgemotiveerde leer en kliniese werk. Om vir hierdie program aansoek te doen, was een van die beste besluite wat ek ooit geneem het en een wat ek beslis nie sal berou nie. Ek is absoluut seker dat ek na graduering ‘n ten volle bekwame, vooruitdenkende en uitstekende klinikus sal wees.’ Nicolene Pienaar – BKMP
‘Die Universiteit van Pretoria het my geseën met meer geleenthede as wat ek ooit kon dink. Van die eerste dag af is ek verstom deur die bystand en leiding wat ek ontvang het. Ek het die geleentheid gehad om by Gesondheidshuis aan te sluit, waar ek in baie aspekte van my lewe uitgedaag is en geleer het om by die universiteitslewe en die gemeenskap betrokke te raak, en hoe om ‘n verskil in mense se lewens te maak. Die akademiese standaard toets my maar verseker ook dat ek na graduering tot die gesondheidsprofessie sal toetree met ondervinding in die veld asook akademiese kennis. Ek sou vir jou kon vertel hoe wonderlik die Universiteit is, maar die enigste manier hoe jy dit regtig kan verstaan, is om dit self te beleef!’ Labarré Jansen van Vuuren – BSportSci
Universiteit van Pretoria
6
Skool vir Geneeskunde Duur van die program
Die Baccalaureus in Kliniese Mediese Praktyk-graad, is ‘n driejaarlange voltydse program met ‘n sterk fokus op dienslewering. Die opleiding is prakties en pasiëntgeoriënteerd, en kan soos volg opgesom word: Jaar 1: Teoretiese, praktiese en kliniese opleiding vind grootliks op die Prinshofkampus plaas. Die fokus is op die verkryging van pasiënte se mediese geskiedenis, die bemeestering van fisiese ondersoektegnieke en basiese navorsingstudies. Studente word in verskeie hospitale in Gauteng geplaas. Jaar 2 en 3: Kliniese praktiese opleiding vind in verskeie hospitale in Gauteng, Mpumalanga en ander provinsies plaas. Kliniese vaardighede word verwerf deur diensopleiding in hospitale, klinieke en gemeenskapskontekste.
Sportwetenskaplikes en biokinetici kan ook in die fiksheidsindustrie werk as persoonlike afrigters, gesondheids- en fiksheidsafrigters of gimnasiumbestuurders/eienaars. Indien studente verdere nagraadse studie wil onderneem, kan hulle ook ‘n loopbaan as navorser of dosent oorweeg. Daarbenewens kan gekwalifiseerde BSportSci-studente aansoek doen vir die Nagraadse Sertifikaat in Opvoedkunde. Dit is ideaal vir studente wat daarin belangstel om sport en fisiese aktiwiteite in skole te ontwikkel. Kontakinligting E-pos healthapplications@up.ac.za
Kontakinligting E-pos healthapplications@up.ac.za
Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap HSert (Sportwetenskap)
BSportSci – Baccalaureus in Sportwetenskap
Die Hoër Sertifikaat in Sportwetenskap word oor een jaar voltyds aangebied en het twee fokusareas waaruit studente een kies.
Hierdie driejaar voltydse BsportSci-program sluit basiese en toegepaste wetenskappe van die menslike liggaam en menslike beweging in. Die BSportSci-program bied toegang tot ‘n BScHons in Biokinetika of Sportwetenskap aan.
Sportwetenskap, wat studente bekendstel aan die grondbeginsels van afrigting Onderwys, wat studente bekendstel aan die grondbeginsels van sportonderrig in skole
Keuring
Die program dien as basis vir die ontwikkeling van die kennis en vaardighede wat vereis word om atlete se prestasie deur middel van fisiese assessering, oefening en kondisionering te verbeter. Die program sluit lesings, tutorsessies, navorsing en praktiese sessies in. Studente ontvang onderrig en opleiding van leiers in sportwetenskap en afrigting. Studente kry die geleentheid om die teoretiese beginsels van sportafrigting en sportwetenskap in die praktyk toe te pas.
D aar word elke jaar eenhonderd (100) eerstejaarstudente op akademiese meriete gekeur. Voorlopige keuring word op die finale resultate wat in Graad 11 behaal is, gebaseer asook op die Nasionale Normtoets en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook voldoen aan die minimum toelatingsvereistes wat op bladsy 2 gegee word. Daarbenewens moet kandidate hul Graad 11-gemiddeld (waarop hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen handhaaf en ook verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Keuringsnavrae moet aan healthapplications@up.ac.za gestuur word.
Beskrywing van die program
Die BSportSci-kurrikulum is probleem-gebaseerd en studentgeörïenteerd met vertikale en horisontale integrasie van vakke. Die program behels drie jaar se voltydse studie. Studente kry blootstelling aan die praktiese toepassing van die teoretiese kennis wat hulle vroeg in die program opgedoen het. Die primêre fokus van die BSportSci-kurrikulum is om studente voor te berei om met bekwaamheid in die gesondheid-, welstanden sportomgewing te werk. Die BSportSci-kurrikulum dien ook as voorbereiding vir studente om met die BSc Honneurs-program in Sportwetenskap of Biokinetika aan te gaan.
Loopbaangeleenthede
Nadat die BSportSci-graad voltooi is, mag student aansoek doen om voort te gaan met die BSc Hons-program in Sportwetenskap of Biokinetika. Studente wat graag ‘n loopbaan as Biokinetikus of Sportwetenskaplike wil volg, word ten sterkste aangeraai om met een van die twee honneursprogramme aan te gaan. Sportwetenskaplikes kan as krag- en kondisioneringspesialiste vir sowel spanne as individuele atlete werk, as sportbestuurders of as sportverwante professionele praktisyns in die sportindustrie. Biokinetici kan in die gesondheids- en welstandsindustrie werk, in privaat praktyk, multidissiplinêre mediese sentrums, sentrums vir finalefase-rehabilitasie, tehuise vir bejaardes, die Suid-Afrikaanse Weermag en die korporatiewe sektor.
Keuring
Keuring vir hierdie program is beperk tot goedgekeurde TuksSport-studente. TuksSportklubprioritisering behels die volgende: Prioriteitklubs; Individuele spesialisklubs; Ontspanningsklubs. Kriteria wat deur TuksSport oorweeg/onderskryf word in keuring vir die Hoër Sertifikaat sluit die volgende in: Potensiaal om ‘n positiewe bydrae tot spandeelname in die USSA Studente Nasionale Kampioenskappe te maak; Deelname aan die Varsity Sport SA-kompetisies in ‘n spesifieke sportsoort (waarin UP meeding); Die gebrek aan atlete in die klub vir spesifieke geleenthede of speelposisies; Die geprojekteerde langtermyn atleetbetrokkenheid by ‘n spesifieke klub, bv die behoefte aan vir ‘n naelloper, 400m-hekkiesatleet, doelwagter, swemmer of paaltjiewagter; Huidige posisie op die internasionale ranglys; Vermoë om vir internasionale kompetisies te kwalifiseer; Huidige posisie op sportspesifieke SA Senior-ranglys; Huidige posisie op sportspesifieke SA Junior-ranglys; ‘n Opgedateerde, gedetailleerde curriculum vitae. Dit is die prerogatief van die Universiteit en die Fakulteit Gesondheidswetenskappe om keuring te doen op die aanbeveling van die klub deur die Direkteur: TuksSport met inagneming van die bogenoemde. Kontakinligting Dr F Rossouw E-pos france.rossouw@up.ac.za
7
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
Skool vir Tandheelkunde Skool vir Tandheelkunde BChD – Baccalaureus Chirurgiae Dentium Die Skool vir Tandheelkunde aan die Universiteit van Pretoria geniet groot nasionale en internasionale erkenning vir die kwaliteit van die onderrig, navorsing, pasiëntesorg en betrokkenheid by gemeenskapsgebaseerde projekte. Die gegradueerdes van hierdie Skool maak wesenlike bydraes tot die tandheelkundepraktyk, gesondheidsbestuur, statutêre rade en akademiese opleiding. Die tipiese werksdag van ‘n tandarts bestaan uit die diagnose en behandeling van mond- en tandsiektes. Dit sluit die herstel van karieuse tande, die vervanging van afwesige tande deur middel van kroon- en brugterapie, en die behandeling van siektes van die tandvleis in. Die tandarts is ook verantwoordelik vir chirurgiese prosedures wat met die mond te doen het, die belyning van skewe tande, pynverligting, wortelkanaalbehandeling van tande, en die beplanning van tandheelkundige behandeling in oorleg met die pasiënt. Tandheelkunde bied talle uitdagings en stimulerende geleenthede vir mans en vroue. Met die uitsluitlike doel om mondgesondheidsorg van ‘n hoë kwaliteit aan die pasiënt te lewer, werk die tandarts in spanverband saam met al die ander rolspelers van die mondgesondheidspan. Die totale gesondheid van die individu vorm die grondslag van die opleiding van elke tandarts. Tandartse moet akademies begaafd wees én oor handvaardigheid beskik.
Keuring
S ewentig (70) eerstejaarstudente word jaarliks vir die BChD gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 1 voldoen.
Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za. LET WEL: Op grond van die uitslae van die eerste semestereksamen, word ‘n verdere vyf plekke aan nuwe eerstejaarstudente toegeken wat vir ‘n program in Biologiese Wetenskappestudierigtings aan die Universiteit van Pretoria geregistreer is.
Beskrywing van die program
Ten einde tred te hou met die moderne vereistes vir tersiêre opleiding, volg die Skool vir Tandheelkunde ‘n probleemgebaseerde, student-georiënteerde en gemeenskapsgerigte kurrikulum met ‘n vertikale en horisontale integrasie van vakke. Die graad in Tandheelkunde is voltyds en strek oor ‘n tydperk van vyf jaar, gevolg deur een jaar se verpligte gemeenskapsdiens. Studente word reeds in die tweede semester van hul eerste studiejaar aan kliniese tandheelkunde blootgestel.
Loopbaangeleenthede
Daar is loopbaangeleenthede vir tandartse in die privaat praktyk, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, openbare hospitale en klinieke, gesondheidsorgorganisasies en in akademiese instellings. Kontakinligting E-pos healthapplications@up.ac.za
BMH – Baccalaureus in Mondhigiëne Die BMH is ‘n driejaar-graadprogram waartydens studente opleiding in basiese mediese en tandheelkundige vakke ontvang. Teoretiese en praktiese onderrig word van die eerste studiejaar af geïntegreer. In die eerste helfte van die eerste jaar vind opleiding in die prekliniese opleidingsaal plaas. Daarna behandel studente pasiënte in die goed toegeruste Hospitaal vir Tand-
‘Vyf jaar tandheelkunde kan net met ‘n vyf jaar lange wipwa-rit vergelyk word wat met opwinding begin en eindig en ‘n lepel vol vrees vir wat volgende is. Elke jaar het sy eie avontuur. Die eerste jaar was ‘n jaar waarin jy nuwe mense ontmoet, lewenslange vriende maak en natuurlik leer oor hierdie nuwe omgewing van universiteitslewe en hoe om daarin te floreer. In die tweede jaar het ons ons identiteit gevestig toe ons die Monden Tandheelkundehospitaal betree. Drie intense jare van leer om tandarts te word, het gevolg: noukeurige hand-oog-koördinasie, aandag aan detail, kunswaarde, pasiëntesorg, deernis en empatie is net enkele van die konsepte en waardes wat ons gaandeweg geleer het. Dwarsdeur dit alles was daar trane in ons oë – party van vreugde, party van hartseer – maar die hele ervaring was beslis die moeite werd. Tandheelkunde is nie vir wankelmoediges nie maar eerder vir diegene, soos ek, wat daarvan hou om te leer en uitdagings te bowe te kom.’ Odirile Kironji – BChD
Universiteit van Pretoria
8
Skool vir Tandheelkunde/ Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe en Mondheelkunde. Hierdie werk behels die motivering van pasiënte, voorligting oor mondhigiëne, polering en skalering van tande, flouriedaanwendings en die behandeling van tande met fissuurseëlmiddels. Mondhigiëne behels die instandhouding en versorging van die tande en tandvleis. Die mondhigiënis speel ‘n belangrike rol in die evaluering, beplanning, voorkoming en behandeling van siektes van die mondholte. Sodoende word ‘n voorkomende, opvoedkundige en terapeutiese diens aan individuele pasiënte en die gemeenskap gelewer. Benewens sy of haar rol as student, moet die aspirantmondhigiënis ook ander take verrig. Deelname aan die Nasionale Tandheelkunde-gesondheidsweek en navorsingsprojekte, en besoeke aan kleuterskole en spesiale skole vir die bevordering van mondgesondheid is deel hiervan. Gemeenskapsdiens behels besoeke aan die Steve Biko Akademiese Hospitaal se spinale eenheid en kindersale, en ‘n besoek aan die Phelophepagesondheidstrein, vanwaar ‘n tandheelkundige diens aan die gemeenskap gelewer word. Mondhigiëne is ‘n uitstekende beroepskeuse, veral vir diegene wat hul werksdae volgens hul eie behoeftes wil beplan. Dit is ‘n uitdagende beroep met ‘n hoë mate van werksbevrediging en sekuriteit, asook ‘n goeie inkomste. Mondhigiëniste vervul ‘n baie belangrike rol in die moderne samelewing. Hulle word opgelei om mense in te lig oor die handhawing van goeie mondhigiëne. ‘n Groot deel van hulle dagtaak word gewy aan die uitvoering van voorkomende behandelingsprosedures. Aangesien mondhigiëniste baie met mense werk, is dit noodsaaklik dat hulle goeie interpersoonlike vaardighede, ‘n spontane geaardheid en baie geduld moet hê. Bowenal moet hulle goed kan kommunikeer, verantwoordelikheid kan aanvaar en uitdagings die hoof kan bied.
Keuring
V yf-en-twintig (25) eerstejaarstudente word jaarliks vir die BMH gekeur. Die program in mondhigiëne is van ‘n hoë akademiese standaard, en dus is akademiese meriete van deurslaggewende belang vir toelating. Voorlopige keuring is gebaseer op akademiese meriete, finale Graad 11-uitslae en die NBT. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 1 voldoen. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skool-eksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za.
Loopbaangeleenthede
‘n Mondhigiënis kan in ‘n algemene tandheelkundepraktyk werk. Mondhigiëniste word ook toenemend deur spesialiste, byvoorbeeld ortodontiste, periodontiste en prostodontiste, in diens geneem. ‘n Verdere moontlikheid is om vir ‘n organisasie soos die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag of vir ander organisasies in die openbare sektor te werk. Individue wat in akademiese loopbane belangstel, kan as dosente by tersiêre instellings aansluit. Ander moontlike werkgewers is munisipale klinieke en gesondheidsorgorganisasies. Kontakinligting E-pos healthapplications@up.ac.za
Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe BArb – Baccalaureus in Arbeidsterapie Die program in arbeidsterapie is ‘n geïntegreerde en probleemgebaseerde program wat studente se selfvertroue en onafhanklikheid bevorder. Hierdie eienskappe is belangrik vir hul werk in hospitale of klinieke in die gemeenskap in die huidige gesondheidstelsel. K urrikulum: Mens- en natuurwetenskappe word in die kurrikulum geïntegreer, en dit stel terapeute in staat om mense te help wie se funksionering deur ontwikkelingsagterstande, verwaarlosing, trauma, ongelukke of veroudering geaffekteer is. Leerprogramme: Die BArb-graad is ‘n voltydse graad wat oor vier jaar strek en ontwerp is om aktiewe deelname te fasiliteer. Studente doen regdeur hierdie vier jaar praktiese werk in hospitale, klinieke en ander instellings, asook in ontwikkelende gemeenskappe. Navorsing: Studente kry op voorgraadse vlak die geleentheid om onder leiding van personeel kennis te maak met navorsingsaktiwiteite. Nagraadse studente doen navorsing oor ‘n verskeidenheid onderwerpe wat wissel van die ergonomiese ontwerp van rolstoele tot die uitwerking van musiekaktiwiteite op pasiënte met psigiatriese versteurings. Nagraadse diplomas in Handterapie en Beroepsrehabilitasie word ook deur die Departement Arbeidsterapie aan die Universiteit van Pretoria aangebied. Arbeidsterapie is ‘n gesondheidsorgberoep waar persone met fisiese of psigiese siektes of gestremdhede behandel word deur hulle aan alledaagse aktiwiteite te laat deelneem. Die arbeidsterapeut probeer om pasiënte te help om so normaal moontlik in die samelewing te funksioneer deur die toepassing van spesifieke tegnieke en prosedures. Sodoende word ‘n pasiënt se oorblywende vermoëns optimaal ontwikkel om hulle in staat te stel om betekenisvolle en onafhanklike lewens te lei. Arbeidsterapie word ook toegepas op persone met ontwikkelingsagterstande, leergestremdhede of psigososiale disfunksies. Arbeidsterapie is ‘n stimulerende beroep wat voortdurend uitdagings bied. Dit vereis ‘n aanpasbare, intelligente en praktiese persoon met goeie probleemoplossings- en bestuursvaardighede. ‘n Suksesvolle arbeidsterapeut het goeie interpersoonlike vaardighede en kan verskillende situasies met vindingrykheid benader.
Keuring
O ngeveer sewe-en-veertig (47) eerstejaarstudente word jaarliks gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 1 voldoen. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za.
9
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
‘My reis in hierdie graad het op ‘n taamlik stormagtige wyse begin, veral in die eerste en tweede jaar, toe ek baie vaardighede geleer het en toe gewonder het hoe op aarde ek al hierdie kennis in die regte lewe sal kan toepas. Toe, in die derde jaar, is ons ten volle aan die veld blootgestel en het ons kinders met drome ontmoet, en pasiënte wat meer as die etiket van hulle gestremdheid wil wees. Hierdie ondervinding het my gehelp om te besef dat ons nie net die gesig van Gesondheidswetenskappe verander nie; ons word ‘n uiters belangrike faktor om vir iemand anders weer ‘n doel in sy lewe te gee. Ek kan nie aan iets anders dink wat lonender is nie!’ Kamogelo Masinge – BArb
‘Dieetkundestudie is ‘n uitdagende en wonderlike reis. Ek het geleer om humor in die moeilikste situasies te sien ten einde genoeg positiewe energie op te bou om sukses te behaal. Ek het ook geleer om my studiebenaderings te verander omdat elke semester en elke jaar regtig op sy eie manier uitdagend is. As jy passievol oor dieetkunde is, is die werklike uitdaging egter om jou voete en jouself te vind in die studieproses. Ek het ‘n passie vir leierskap ontwikkel deur ‘n studentementor en huiskomiteelid te wees en uiteindelik by die VSR betrokke te raak. Die dosente is baie ondersteunend en bemoedigend. Ek het ook ander belangstellings ontdek wat ek in die toekoms wil verken. Dit het alles begin toe ek besluit het om vir dieetkunde aan die Universiteit van Pretoria in te skryf.’ Letlhabile Makone – BDieetkunde
‘Sedert ek in 2014 met fisioterapie begin het, was daar dae wanneer ek mal is daaroor en dae wanneer ek dit haat. Ten spyte daarvan kan ek aan niks anders dink wat ek eerder sal wil doen nie. Ek het wonderlike geleenthede gekry, soos om by SuperSport Unitedsokkerklub te werk, by die High Performance Centre (hpc), by rugbyklubs en by sportbyeenkomste te masseer, asook om die nodige kliniese werk vir die graad te doen. Die kursus aan die Universiteit van Pretoria bied jou kliniese blootstelling aan alle aspekte van fisioterapie, want vir die grootste deel van die derde en die vierde jaar werk jy in hospitale. Tot dusver is dit my gunstelingdeel van die kursus. Ek geniet dit hoe prakties die kursus is, want dit bied ‘n stewige platform vir kliniese werk. Hoewel dit baie werk en inspanning vereis, is daar niks anders wat ek eerder sal wil doen nie en ek sien daarna uit om in die nabye toekoms ‘n fisioterapeut te wees.’ Stephen Barnsley – BFisio
Universiteit van Pretoria
10
Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe Loopbaangeleenthede
Gekwalifiseerde arbeidsterapeute word by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA) geregistreer. Die Professionele Raad vir Arbeidsterapie, Mediese Ortotika/Prostetika en Kunsterapie reguleer die opleiding en werkprestasiestandaarde van arbeidsterapeute. Arbeidsterapeute kan by verskeie instansies werk, byvoorbeeld in hospitale (insluitende psigiatriese hospitale), skole, sentrums vir bejaardes, welsynsorganisasies, munisipale klinieke en gemeenskapsorganisasies. Werksgeleenthede in die privaat sektor sluit versekeringsmaatskappye en privaat praktyke in. Nagraadse studie bied loopbane in onderwys, die akademiese wêreld of navorsing. Kontakinligting Me Maretha Bekker E-pos maretha.bekker@up.ac.za
BDieetkunde – Baccalaureus in Dieetkunde Dieetkunde is ‘n dissipline wat die instandhouding en verbetering van gesondheid deur middel van goeie voeding bevorder. Dit is gebaseer op die biologiese wetenskappe, fisiese gesondheidswetenskappe, menswetenskappe, kommunikasiekunde en bestuurswetenskappe. Dieetkundiges spesialiseer in mensvoeding, en verskaf riglyne oor die voeding van gesonde en siek mense in die openbare en privaat sektore, deur geskikte standaarde vir voedingsorg daar te stel. Dieetkundiges is ook verantwoordelik vir die bestuur van voedseldiensstelsels. Dit word gedoen deur optimale kwaliteitstandaarde daar te stel vir die voeding van groepe soos bejaardes, studente, kinders en hospitaalpasiënte. Dieetkundiges is betrokke by die ontwikkeling van nuwe voedselprodukte wat spesifiek ontwerp is volgens verbruikers se behoeftes. Hulle lewer belangrike insette tydens die formulering van voedselprodukte om die voedingstatus van teikengroepe in die gemeenskap te verbeter. Dieetkundiges onderneem navorsing om die oorsake en optimale behandeling van voedingsverwante probleme te identifiseer. Hulle beplan en implementeer voedingsprogramme en beleidsontwikkelings as deel van gemeenskapsontwikkeling – die voedingsboodskap word gebruik om alle Suid-Afrikaners te bemagtig en op te hef. Dieetkundiges verskaf voedingsopleiding aan gemeenskappe wat vatbaar is vir siektes weens ‘n voedingsoormaat of -tekort en moet oor uitgebreide kennis van die gemeenskap se voedingstatus beskik. Dieetkundiges lewer ook ‘n bydrae tot die beplanning van spesiale diëte vir atlete wat op ontspannings- of professionele vlak deelneem.
Keuring
O ngeveer agt-en-veertig (48) eerstejaarstudente word jaarliks gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 1 voldoen. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za.
Beskrywing van die program
Die BDieetkunde-graad is ‘n voltydse gestruktureerde en geïntegreerde vierjaarprogram wat uit teorie en praktiese opleiding bestaan. ‘n Uitkomsgebaseerde en probleemgeoriënteerde benadering word gevolg om studente as lede van ‘n gesondheidsorgspan in ‘n kliniese en gemeenskapsomgewing op te lei. Die program bestaan breedweg uit drie spesialisareas binne die praktykgebied: K liniese dieetkunde (mediese voedingterapie) fokus op die voeding van individue. Dit kan voorkomend wees met betrekking tot leefstylverwante siektes, of dit kan terapeuties wees met betrekking tot die behandeling van ‘n siekte, soos in die geval van ‘n persoon met diabetes wat ‘n sekere dieet moet volg wat deur die dieetkundige saamgestel en gemonitor word. Gemeenskapsgebaseerde dieetkunde het ten doel om gemeenskappe of groepe toe te rus en op te lei om hul gesondheid deur middel van voeding te verbeter. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is gevalle waar gemeenskappe opgelei word oor die voedselsoorte wat hulle benodig om ‘n gesonde leefstyl te handhaaf. As hierdie voedselsoorte nie beskikbaar is nie, word hulle opgelei om, byvoorbeeld, die regte soorte groente te kweek wat die nodige voeding kan verskaf. Die bestuur van grootskaalse voedseldienseenhede, waar die voedingsbehoeftes van kliënte of pasiënte in aanmerking geneem word in die beplanning van normale en terapeutiese diëte van ‘n hoë gehalte, word bestudeer. Ten einde hierdie professionele diens te lewer, is wetenskaplike kennis van die volgende nodig: -- Voedsel en voedingstowwe -- Die voedingsbehoeftes van siek en gesonde mense -- Die biochemiese en fisiologiese beginsels van voeding -- Die rol van voeding in die oorsake, verloop en behandeling van siektes -- Voedingsonderrig en -voorligting Na voltooiing van die graad, word een jaar se verpligte gemeenskapsdiens vereis. Gegradueerdes moet by die Raad vir Gesondheidsberoepe van Suid-Afrika (Health Professions Council of South Africa – HPCSA) registreer. Hierdie graad word internasionaal erken.
Loopbaangeleenthede
Dieetkundiges is gekwalifiseerd om onafhanklik te funksioneer omdat hulle probleemoplossingsvaardighede tydens hul akademiese en praktiese opleiding verwerf het. Hulle is dus in staat om gesondheidsorgprogramme in gemeenskappe te ontwikkel. Dieetkundiges is bedrewe in die gebruik van tegnologie en navorsing op die gebied van voeding. Hulle kan ook doeltreffend as lede van ‘n multidissiplinêre gesondheidsorgspan werk. Hulle is ervare in die lees, interpretasie en skryf van wetenskaplike en populêre leesstof oor mensvoeding vir die leke. Indien dieetkundiges by die HPCSA geregistreer is, kan hulle, as lede van gesondheidsorgspanne, voedingsvoorligting en voedingsbestuur in hospitale en klinieke verskaf. Voorkomende voedingsorg kan ook aan die publiek verskaf word deur middel van voedingsonderrig oor gesonde eetgewoontes en die voorkoming van voedingsverwante siektes. Daar is besondere uitdagings in die konteks van primêre gesondheidsorg waar die dieetkundige op grondvlak betrokke is.
11
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe Die Departement van Gesondheid is die belangrikste werkgewer in hierdie verband. Dieetkundiges in die privaat praktyk bied voedingsvoorligting aan pasiënte wat deur geneeshere verwys word. Gewone voeding, soos sportvoeding, bied ook opwindende geleenthede vir konsultasie. Verder kan dieetkundiges hulle kundigheid aan voedseldienseenhede en ander privaat maatskappye, soos farmaseutiese maatskappye, bied. ‘n Loopbaan in dieetkunde bied geleenthede om bestuursvaardighede te ontwikkel en toe te pas. Die dieetkundige van ‘n voedseldiensstelsel bestuur, byvoorbeeld, ‘n grootskaalse voedseldienseenheid, terwyl die ervare kliniese dieetkundige in beheer is van die kliniese voedingsdiens van ‘n hospitaal. Gehalteversekering is belangrik in hierdie verband. Studente wat met nagraadse studie voortgaan, kan ook loopbane as dosente of navorsers in die akademiese wêreld oorweeg. Kontakinligting Me Gerda Gericke E-pos human.nutrition@up.ac.za
BFisio – Baccalaureus in Fisioterapie Fisioterapie het ten doel om die normale fisiese funksionering van die menslike liggaam te herstel of te bevorder, en om mense met beserings en gestremdhede te rehabiliteer. Die opleiding is op ‘n uitkomsgebaseerde en probleemgeoriënteerde benadering gegrond. Studente in fisioterapie word aan ‘n verskeidenheid pasiënte blootgestel en kan deur middel van ondersoek- en probleemoplossingsvaardighede ‘n betekenisvolle diens aan enige pasiënt lewer. Fisioterapeute wat aan die Universiteit van Pretoria gestudeer het, is wêreldwyd in elke sektor van gesondheidsorg in aanvraag. Fisioterapie is ‘n komplementêre gesondheidsorgprofessie, en die kursus behels vier jaar se voltydse studie. Studente word opgelei in oefenterapie, elektroterapie, massering, muskuloskeletale terapie en die voorligting van pasiënte om die normale fisiese funksionering van die persoon te herstel of te bevorder. Oefenterapie sluit gespesialiseerde tegnieke in om spiere te versterk, om stywe gewrigte te mobiliseer en om normale bewegingspatrone te fasiliteer. Gekoördineerde vaardighede en bewegingspatrone word aan pasiënte geleer, sodat hulle so funksioneel en onafhanklik moontlik kan wees. Behandelingsbeginsels word toegepas op pasiënte met neurologiese probleme, rugmurgbeserings, sowel as atlete. Elektroterapie-modaliteite word hoofsaaklik gebruik vir die verligting van pyn en swelling en vir die verhoging van bloedvoorsiening om die patologiese prosesse in die liggaam te beïnvloed. Sagte weefsel soos spiere, die vel en littekens word tydens miofassiale ontspanningsterapie gemobiliseer om pyn en spierspasma te verlig, swelling te verminder, sirkulasie te verbeter en littekenweefsel te versag. Muskuloskeletale terapie word gebruik om gewrigsverwante probleme in die vertebrale en perifere gewrigte te behandel. Pulmonale fisioterapie verbeter longfunksie. Rehabilitasie vir neurologies gestremde en sportpasiënte is noodsaaklik om funksionering te herstel.
Keuring
O ngeveer sestig (60) studente word jaarliks gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 2 voldoen.
Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za.
Programinhoud
Die eerste vier studiejare bestaan uit teoretiese, praktiese en kliniese opleiding in basiese mediese wetenskappe en fisioterapie. ‘n Bykomende jaar vir gemeenskapsdiens, wat nie deel vorm van die universiteitsopleiding nie, is verpligtend. G emeenskapsdiens: ‘n Ingeligte gemeenskap is ‘n gesonde gemeenskap, en daarom word baie tyd bestee aan die voorligting van pasiënte en hul versorgers. Pasiënte word ook geleer om hulle eie gesondheid te monitor en fisies aktief te wees. Gemeenskapsgebaseerde opleiding van voorgraadse studente vind plaas in die gemeenskappe van Mamelodi, Hammanskraal, Daspoort en Eersterust, verskeie tehuise vir bejaardes in Pretoria en by die Universiteit van Pretoria se Sportsentrum. Navorsing: ‘n Proaktiewe navorsingsomgewing op voor- en nagraadse vlak is ‘n belangrike prioriteit, en voorgraadse studente word onder leiding van personeellede aan die navorsingsproses bekendgestel.
Loopbaangeleenthede
Werksgeleenthede vir fisioterapeute is beskikbaar in hospitale, by skole vir kinders met spesiale behoeftes, en in myn- en nywerheidsklinieke en -hospitale. Geleenthede bestaan ook in privaat praktyke, die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag, tehuise vir bejaardes, plaaslike owerhede (munisipale klinieke), korporatiewe maatskappye, sportsentrums, en by sportspanne. Indien jy met nagraadse studie voortgaan, kan jy ook ‘n loopbaan as dosent of navorser in die akademiese wêreld oorweeg. Kontakinligting Muhammad Dawood E-pos muhammad.dawood@up.ac.za
BRad – Baccalaureus in Radiografie Radiografie is ‘n gesondheidsorgberoep wat te doen het met mediese diagnostiese beelde. Dit is een van die beroepe in moderne gesondheidsorg wat die vinnigste groei. Die Universiteit van Pretoria bied ‘n voorgraadse kursus aan in Diagnostiese Radiografie en nagraadse grade in drie professionele rigtings: diagnostika, stralingsterapie en kerngeneeskunde. Studente word blootgestel aan alle fasette van gesondheidsorg tydens hul opleiding. Opleiding vind plaas by primêre, sekondêre en tersiêre instellings. Studente het die geleentheid om saam te werk in spanne by gesondheidsorgpraktisyns, waar hulle as gewaardeerde lede ‘n beter begrip van die holistiese benadering tot pasiëntesorg verkry. Die persoonlike eienskappe waaroor ‘n radiografis moet beskik, sluit ‘n opregte begeerte om siek en beseerde pasiënte te help in. In die loop van ‘n werksdag word baie besluite oor pasiëntesorg geneem. Selfdissipline en ‘n sin vir verantwoordelikheid is noodsaaklik. Radiografiste moet ook gesond wees, aangesien die werk baie fisiese beweging vereis terwyl daar aan die pasiënt hulp verleen word en ondersteuning gebied word. Die manipulering van die apparaat behels ook fisiese bewegings.
Universiteit van Pretoria
12
Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe Keuring
O ngeveer veertig (40) eerstejaarstudente word jaarliks gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 2 voldoen. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skooleksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za. Voornemende studente moet egter bewyse indien van twee besoeke aan X-straaldepartemente – een in die openbare en een in die privaat sektor – aangesien hulle blootstelling moet kry aan die verskillende ondersoeke en prosedures wat in radiografie departemente gedoen word. Dit sal aansoekers help om sinvolle loopbaankeuses te maak.
Programinhoud
Die BRad-graad behels drie jaar se voltydse studie, gevolg deur een jaar se verpligte gemeenskapsdiens. Die kliniese onderrig vind plaas in die radiologie departemente by die Steve Biko Akademiese Hospitaal, Kalafong Akademiese Hospitaal, PretoriaWes Hospitaal, Mamelodi Hospitaal, Tshwane Distrikshospitaal, en sekere privaat radiologiese praktyke om studente in staat te stel om die verpligte kliniese ervaring op te doen wat hulle nodig het om verskeie ondersoeke en prosedures op ‘n bekwame wyse te doen. Studente doen ook na ure kliniese ervaring op deur op sekere openbare vakansiedae, of oor Kersfees, Paasfees en op Nuwejaarsdag te werk. ‘n Positiewe gesindheid teenoor hierdie deel van die voorgraadse opleiding is belangrik. Radiografiekategorieë wat deur die Universiteit van Pretoria aangebied word Diagnostiese radiografie: Die diagnostiese radiograaf is ‘n onmisbare lid van die gesondheidspan en is verantwoordelik vir die vorming en vaslegging van diagnostiese beelde van ‘n pasiënt wat verwys is deur ‘n mediese praktisyn vir ‘n spesifieke radiografiese prosedure. X-strale word gebruik om die beeld op die film te vorm. X-straalprosedures varieer in kompleksiteit en strek van eenvoudige ondersoeke van die skelet, tot ondersoeke met behulp van gevorderde hoëtegnologietoerusting waar verskillende modaliteite gebruik word. In laasgenoemde gevalle kan X-strale en rekenaars gebruik word om beelde te produseer. Frakture, breingewasse, bloedings en bloedklonte is net ‘n paar van die mediese probleme wat met die gesofistikeerde toerusting gediagnoseer kan word. Diagnostika word voorgraads en nagraads aangebied. Radioterapie en kerngeneeskunde: Radioterapie behels die gebruik van hoë-energiebestraling vir die behandeling van kwaadaardige en nie-kwaadaardige gewasse. Kerngeneeskunde behels die toediening van ‘n radiofarmaseutiese middel aan die pasiënt om die anatomie en funksionering van organe, sowel as die fisiologie van sekere siektetoestande te demonstreer. Die Universiteit van Pretoria bied Radioterapie en Kerngeneeskunde aan op honneursvlak. Dié twee kategorieë radiografie word aangebied by tersiêre hospitale en geselekteerde privaat gesondheidsorgsentrums.
Loopbaangeleenthede
Die gekwalifiseerde diagnostiese radiograaf kan by die volgende instansies werk: stedelike en plattelandse hospitale privaat klinieke en hospitale die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag mynboumaatskappye privaat radiologiepraktyke opvoedkundige instellings en opleidingsliggame gespesialiseerde eenhede soos angiografie, rekenaartomografie, magnetiese resonansie en ultraklank firmas wat apparaat en toerusting verskaf Radiografiste van alle kategorieë kan ook bestuursposte beklee of hulle eie privaat praktyke vestig. Indien jy met nagraadse studie voortgaan, kan jy ook ‘n loopbaan as dosent of navorser in die akademiese wêreld oorweeg. Vir beroepsvooruitgang in elk van die kategorieë kan studente ook hul meesters- en doktorale studies voltooi. Kontakinligting Me Erika Ahrens E-pos erika.ahrens@up.ac.za Me Mable Kekana E-pos mable.kekana@up.ac.za
BVerpl – Baccalaureus in Verpleegkunde Die Departement Verpleegkunde streef na uitnemendheid in sy onderrig-, navorsings- en gemeenskapsuitreikprogramme en is daarop ingestel om die intellektuele, kulturele en persoonlike ontwikkeling van al sy studente te bevorder. As ‘n professie, rus verpleegkunde ‘n mens toe om ander te dien en hul lewens te verryk. Tans beklee heelwat voormalige UP-verpleegkundiges bestuursposte in en buite Suid-Afrika.
Keuring
V yftig (50) eerstejaarstudente word jaarliks gekeur. Voorlopige keuring is gebaseer op finale Graad 11-uitslae, die NBT, ‘n onderhoud en die Toegevoegdewaarde-vraelys. Kandidate moet ook aan die minimum toelatingsvereistes op bladsy 1 voldoen. Daar word van kandidate verwag om hul Graad 11-gemiddeld (waarvolgens hulle voorlopig gekeur is) in die finale skool-eksamen te behou, en om te verseker dat hul TPT nie met meer as twee punte daal nie. Navrae oor keuring kan gerig word aan healthapplications@up.ac.za.
Beskrywing van die program
Verpleegkundiges is professionele verskaffers van gesondheidsorg, en in hierdie program sal studente leer oor anatomie, fisiologie en kliniese vaardighede in hospitale en klinieke. Die program bestaan uit vier jaar se voltydse studie. Dit berei studente voor vir vier loopbaanareas: A lgemene verpleegkunde, wat die versorging van mense van alle ouderdomme in hospitale, klinieke en gemeenskapskontekste behels. Gemeenskapsverpleegkunde, wat op primêre gesondheidsorg gemik is, en die voorkoming van siektes en bevordering van gesondheid, die lewering van kliniese verpleegdienste en die rehabilitasie van mense in die algemene gemeenskap insluit.
13
Fakulteit Gesondheidswetenskappe 2017/18
Skool vir Gesondheidsorgwetenskappe/Algemene inligting P sigiatriese verpleegkunde, wat ‘n gespesialiseerde gebied van verpleegkunde is. Psigiatriese verpleegkundiges versorg mense van alle ouderdomme met psigiatriese siektes of angs. Tydens plasing in psigiatriese hospitale en klinieke, ontvang verpleegkundiges opleiding in psigologiese terapieë, die hantering van uitdagende gedrag en die toediening van psigiatriese medikasie. Verloskunde (vroedvroue), waar die verpleegkundige klem op die verskaffing van voorligting en sorg is voor bevrugting en tydens swangerskap, bevalling en die postpartum-tydperk. Kliniese vaardighede en ervaring in verloskunde word verkry deur blootstelling in hospitale en klinieke.
Loopbaangeleenthede
Gegradueerdes in verpleegkunde word deur hospitale en klinieke in diens geneem, en baie het hul eie privaat verplegingspraktyke. Die staat en die privaat sektor bied ook verskeie geleenthede. Die volgende spesialiseringsgebiede in verpleegkunde is beskikbaar: Algemene mediese en chirurgiese verpleegkunde Traumaverpleegkunde Teaterverpleegkunde Gemeenskapsverpleegkunde Psigiatriese verpleegkunde Verloskunde Pediatriese verpleegkunde Neonatale verpleegkunde Verplegingsbestuur Verplegingsonderwys Kontakinligting Me Varshika Bhana E-pos varshika.bhana@up.ac.za
Algemene inligting Besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting vir inligting oor die volgende: Studie-inligting Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT) Sluitingsdatums Fooie en befondsing Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders Doen aansoek by UP Wysig of voeg ‘n program by Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) Aansoekstatus Berei voor om by UP te studeer Registrasie en aanvang van die akademiese jaar