Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Page 1

2017/2018 Voorgraadse fakulteitsbrosjure www.up.ac.za

Laat vandag tel


ii

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Boodskap van die Dekaan Die doel van hierdie boodskap is om u bekend te stel aan die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit van Pretoria. Ons is baie trots op ons Fakulteit, wat een van die vooraanstaande regsfakulteite in die land en in Afrika is.

Prof André Boraine Dekaan: Fakulteit Regsgeleerdheid

Ons visie is om daarna te streef om ‘n internasionaal erkende leier in sosiaal relevante regsnavorsing en -opleiding in Suid-Afrika en Afrika te wees. Ten einde hierdie visie te verwesenlik, is die missie van die Fakulteit Regsgeleerdheid om ‘n navorsings- en opvoedkundige omgewing te skep en in stand te hou wat op die waardes van sosiale geregtigheid en uitnemendheid gegrond is. Die Fakulteit het tans 70 toegewyde voltydse akademici in diens waarvan ongeveer twee-derdes doktorsgrade in verskillende velde van die reg verwerf het. Hulle word ondersteun deur hoogs gemotiveerde administratiewe personeel. Saam dien ons personeelkorps ons studentegemeenskap en berei hulle voor op die verskillende regsverwante beroepsgeleenthede.

Op voorgraadse vlak bied die Fakulteit ‘n LLB-graadprogram aan wat oor vier jaar strek. Die meerderheid studente skryf egter eers vir ‘n BCom (Regte)- of ‘n BA (Regte)-graad in. Ons doelwit is om LLB-graduandi te lewer wat deeglik toegerus is met die vereiste kennis, kritiese denke, bewustheid van sosiale en etiese verantwoordelikhede, en regsvaardighede wat benodig word om enige van die gevestigde loopbane in die regte te volg. Met hierdie doelwit in gedagte, asook die verbetering van ons studente se navorsings- en probleemoplossingsvaardighede, plaas die Fakulteit steeds sterker klem op ‘n ondersoekende onderwysbenadering.

Kyk gerus na die grafiese voorstelling in die middel van hierdie brosjure, wat die hoogtepunte uitbeeld van en meer inligting oor die Fakulteit Regsgeleerdheid bevat. Dit behoort u te oortuig dat TuksRegte dié plek vir regstudie in SuidAfrika is. Daar is ook ‘n afmerklys in die middel van hierdie brosjure wat u sal help om te bepaal of u oor die regte eienskappe beskik om ‘n suksesvolle regstudent en regspraktisyn te word.

Op nagraadse vlak bied ons omvattende meestersprogramme (LLM/MPhil) (óf gedoseer, óf navorsing), asook ‘n doktorale program (LLD/PhD) aan.

Tel +27 (0)12 420 4126 Webwerf www.up.ac.za/regte

Ons sien uit na ons 2018 studenteinname, en na hul uiteindelike bydraes as TuksRegte-graduandi in die nasionale en internasionale regsarena.


Universiteit van Pretoria

iii

Inhoud Boodskap van die Dekaan.....................................................................................................................................................................................................................ii Voorgraadse programme.....................................................................................................................................................................................................................1 LLB, BA (Regte) en BCom (Regte).......................................................................................................................................................................................................3 Regsprogramme in ander fakulteite.................................................................................................................................................................................................3 Toelatingsvereistes vir die LLB ten einde toelating tot die Fakulteit Regsgeleerdheid te verkry.....................................................................................3 Vrystelling/krediet vir modules geslaag by ander instansies......................................................................................................................................................3 Eksaminering............................................................................................................................................................................................................................................3 Samestelling van die LLB-graad..........................................................................................................................................................................................................3 Kernmodules............................................................................................................................................................................................................................................7 Keusemodules.........................................................................................................................................................................................................................................9 Beroepsmoontlikhede.........................................................................................................................................................................................................................11 Algemene inligting................................................................................................................................................................................................................................12 Inligtingsdiagramme (sien ook “Infographs” in Engelse weergawe op bladsy 14)..............................................................................................................13

Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2016. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111. Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.


1

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Voorgraadse programme Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2018 T en einde te kan registreer vir die graadprogramme moet NSS/IEB/Cambridge-kandidate voldoen aan die minimum vereistes vir graadstudie asook die minimum vereistes van die betrokke program. Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die Toelatingspunttelling (TPT). Die volgende persone kan ook vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is. Kandidate wat ‘n BA (Regte)- of BCom (Regte)-graad aan UP behaal het, sal nie aan ‘n keuringsproses onderwerp word nie en sal toegelaat word om outomaties vir die LLB-graad te registreer. Internasionale aansoekers met internasionale kwalifikasies – Aansoekers moet by die Matrikulasieraad van ‘Universities South Africa’ (www.universitiessa.ac.za/matriculation-board) vir ‘n sertifikaat van onvoorwaardelike vrystelling aansoek doen. Sodanige vrystelling moet aansoekvorms vergesel. – Voorwaardelike vrystelling is nie genoegsaam vir toegang tot LLB-studies nie. – ‘n Minimum prestasievlak van 5 vir Engelse Grammatika en ‘n minimum TPT van 32 word vereis, bereken in ooreenstemming met die UP- omskakelingstabel. – Aansoekers moet die resultate van ‘n SAT1 en/of TOEFL-toets indien sou die Dekaan dit versoek. – ‘n Voorwaardelike vrystellingsertifikaat verleen nie toelating tot LLB-studie nie. LLB is ‘n voltydse vierjaarprogram. Studente word nie toegelaat om voltyds te werk terwyl hulle geregistreer is vir LLB nie. Slegs aansoekers wat voldoen aan al die bogenoemde toelatingsvereistes sal oorweeg word vir toelating. Universiteit van Pretoria-webwerf

www.up.ac.za/regte Minimum vereistes vir 2018 Prestasievlak

Programme

LLB [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus Fakulteitskeuring: ‘n Beperkte aantal studente word toegelaat. *Kandidate met ‘n TPT van 32 of hoër sal by ontvangs van hul aansoeke op ‘n deurlopende basis tot 30 September aanvaar word, of totdat alle beskikbare plekke opgeneem is. Kandidate met ‘n TPT van 38 of hoër sal deurlopend aanvaar word tot en met registrasie in Januarie van die volgende akademiese jaar, ongeag die getal kandidate wat reeds aanvaar is. Beroepe: Verwys na die ingeslote inligtingsdiagram.

Engels NSS/ IEB

5

TPT

HIGCSE

ASLevel

ALevel

3

C

C

32*

Navrae ten opsigte van LLB-aansoeke: Me Helen van Tonder, Studenteadministrasie, Fakulteit Regsgeleerdheid Tel Faks E-pos

+27 (0)12 420 4265 +27 (0)12 420 2090 helen.vantonder@up.ac.za

BA (Regte) [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

Verwys na die Fakulteit Geesteswetenskappe vir vereistes en beroepe.

BCom (Regte) [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

Verwys na die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe vir vereistes en beroepe.


Universiteit van Pretoria

2

‘Harper Lee begin To Kill a Mockingbird met ‘n aanhaling van Charles Lamb: “Lawyers, I suppose, were children once.” Na twee en ‘n half jaar aan die Universiteit van Pretoria is my raad aan enige huidige of voornemende studente vir die LLB of enige ander regskwalifikasie om altyd nuuskierig te wees oor die reg en om altyd die fundamentele studievraag te stel: Hoekom? Omdat die Fakulteit oor sommige van die beste regskenners op hulle gebiede beskik, dink ek jy sal nuuskierig oor die reg bly en jy sal altyd toegang tot kundige leiding hê.’ Stephen Jarred van der Westhuizen Jarred het dwarsdeur sy studie aan die Universiteit van Pretoria uitgeblink en sy LLB-graad met onderskeiding behaal. Sy akademiese prestasies sluit in erkenning op die Dekaan se Merietelys en deur die Golden Key International Honour Society. Hy was ook medevoorsitter van die Volhoubare Ontwikkelingsdoelwitte by die Model Verenigde Nasies Suid-Afrikaanse Universiteite. – Redakteur

‘Ek is bevoorreg om te kan sê ek gaan my LLB aan Tukkies voltooi. Ek het die eerste jaar van my LLB deur UNISA gedoen, maar ek het gesmag na die wisselwerking tussen dosent en student, en met my medestudente, en daarom het ek in my tweede jaar na die Universiteit van Pretoria gekom. As regstudente het ons nie net die voorreg om deur hoog aangeskrewe dosente in die verskillende subdissiplines van die reg onderrig te word nie, maar het ons ook toegang tot ‘n moderne biblioteek met enige en alle hulpbronne wat ‘n student moontlik kan nodig kry – van eeue-oue gemeneregtekste tot aanlyn biblioteke van joernale en databasisse. Ek was in my tweede en derde jaar op die Dekaan se Merietelys en het toekennings gekry as topstudent in PBL 310 (Administrasiereg) en ODR 320 (Ondernemingsreg). Die boodskap wat ek graag wil oordra, is: Moenie met middelmatigheid tevrede wees nie, veral as jy toegang tot hierdie vlak van akademiese kundigheid het. Die regte ontwikkel voortdurend en ek dink dit is ‘n LLB-graduandus se plig om op hoogte te bly ten einde jou loopbaan as ‘n prokureur of advokaat, regsadviseur, akademikus of deel van die regbank te bevorder. Ons land het ons nodig, veral in die Parlement. Die Parlement is die hoogste wetmakende liggaam in die land, en ons, as toekomstige regsgeleerdes, is in die beste posisie om bewaarders van die reg te wees en te verseker dat enige wet wat aangeneem word, met die grondwetlike visie vir hierdie land ooreenstem. Daar is baie tyd vir ‘n sosiale lewe, skakeling met die gemeenskap en persoonlike vervulling op die sportveld of in die Universiteit van Pretoria se Regskliniek, die Verteenwoordigende Studenteraad, die Grondwetlike Tribunaal of die baie ander dinge waaraan ons as studente van hierdie uitstekende instelling kan deelneem.’ Dr Shimon Barit Gebaseer op sy akademiese prestasie geniet Shimon erkenning op die Dekaan se Merietelys sedert hy by TuksRegte aangesluit het. Hy verwerf onder andere toekennings vir die beste student in Publiekreg en Entrepreneursreg in sy derdejaar van LLB-studies in 2015. – Redakteur


3

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Voorgraadse programme/Samestelling van die LLB-graad LLB, BA (Regte) en BCom (Regte) In 1998 is die LLB-graad van ‘n vyfjaar- tot ‘n vierjaargraad verkort. Dit blyk egter dat nie alle studente na vier jaar gereed is vir die eise van die regsprofessie nie en daarom word studente oor die algemeen aangeraai om eers die driejaar BA (Regte)- of die driejaar BCom (Regte)-graad te voltooi en dan oor te skakel na die LLB-graad, wat ‘n verdere twee jaar se studie behels. Hierdie studente verwerf dan twee grade in twee verskillende studierigtings.

Regsprogramme in ander fakulteite Fakulteit Geesteswetenskappe: BA (Regte) Hierdie program voorsien in spesifieke opleidingsbehoeftes wat voortvloei uit die behoefte aan werknemers wat oor bepaalde regskennis beskik, maar ook in aspekte van die sosiale of geesteswetenskappe geskool is. Die doel is om studente op te lei as regspraktisyns met ‘n breë akademiese agtergrond, om sodoende ‘n alternatiewe roete na die uiteindelike verwerwing van ‘n LLB-graad te bied. Raadpleeg asseblief www.up.ac.za/jaarboeke vir die Jaarboek van die Fakulteit Geesteswetenskappe, wat meer inligting oor die BA (Regte)-program bevat. Die toelatingsvereistes vir BA (Regte) is op dieselfde webblad beskikbaar.

Sluitingsdatum vir aansoeke: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe: BCom (Regte) Die doel van hierdie program is om omvattende vormende opleiding te verskaf wat kan lei tot verskeie beroepsgeleenthede, veral in die korporatiewe wêreld. Hierdie program is ‘n kombinasie van BCom- en LLB-vakke. Die doel van hierdie program is om studente as regspraktisyns met ‘n breë akademiese agtergrond op te lei, om sodoende ‘n alternatiewe roete na die uiteindelike verwerwing van ‘n LLB-graad te bied. Raadpleeg asseblief www.up.ac.za/jaarboeke vir die Jaarboek van die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, wat meer inligting oor die BCom (Regte)-program bevat. Die toelatingsvereistes vir BCom (Regte) is op dieselfde webblad beskikbaar.

Sluitingsdatum vir aansoeke: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus

Toelatingsvereistes vir die LLB ten einde toelating tot die Fakulteit Regsgeleerdheid te verkry Ten einde toelating tot die Fakulteit Regsgeleerdheid te verkry, word toepaslike kombinasies van erkende Nasionale Seniorsertifikaat (NSS)-vakke, asook spesifieke prestasievlakke van voornemende studente vereis. ‘n Opsomming van die fakulteitspesifieke vereistes en die TPT wat vereis word vir toelating tot die LLB word op bladsy 1 uiteengesit.

Vrystelling/krediete vir modules geslaag by ander instansies Aansoek om vrystelling vir modules wat by ander instansies geslaag is, moet op die voorgeskrewe vorm (wat by die Fakulteit se Studenteadministrasie beskikbaar is) gedoen word. ‘n Akademiese rekord en die volledige leerplan van die betrokke module moet die aansoek vergesel. Studente wat van ‘n ander universiteit af oorskuif, moet ten minste die helfte (50%) van die modules wat benodig word vir die LLB aan hierdie Universiteit voltooi en moet ten minste twee jaar by hierdie Universiteit geregistreer wees voordat ‘n LLB van die Universiteit van Pretoria aan hulle toegeken kan word.

Eksaminering Die eksamens vir eerstesemestermodules vind in Mei en Junie plaas, terwyl eksamens vir tweedesemestermodules in Oktober en November afgelê word. Dit is elke student se verantwoordelikheid om op die amptelike eksamenrooster vas te stel wanneer sy of haar modules geskryf word.

Samestelling van die LLB-graad Die leergang vir die LLB-graad word uit die onderstaande lys modules saamgestel:

Eerste jaar Eerste semester

Tweede semester

Fundamentele modules Akademiese Inligtingsbestuur (AIM 101) Regsleer 110 (JUR 110)

Regsleer 120 (JUR 120)

Kernmodules Personereg 110 (PSR 110)

Familiereg 121 (FMR 121) Romeinse Reg 120 (ROM 120)


Universiteit van Pretoria

4

Samestelling van die LLB-graad Plus ‘n Minimum van 24 krediete uit die volgende taalmodules: (BA (Regte)- en BCom (Regte)-gegradueerdes benodig ‘n minimum van 12 krediete uit die volgende taalmodules):

Afrikaans vir Sprekers van Ander Tale (1) (AFR 114) English for Specific Purposes (ENG 118) Inleiding tot Teksstudie (AFR 120) Introduction to Literature in English 1 (ENG 110) Introduction to Literature in English 2 (ENG 120) Taal- en Teksvaardigheid (AFR 110)

Keusemodules: Twee semestermodules uit die volgende lys – BA (Regte)- en BCom (Regte)-gegradueerdes is vrygestel van hierdie vereiste: Enige taalmodule aangebied deur die Fakulteit Geesteswetenskappe, buiten die modules hierbo gelys Filosofie 110, 120 (FIL 110, 120) Finansiële Rekeningkunde 111, 122 (FRK 111, 122) (Voorvereiste: 5 of beter in die NSS vir Wiskunde) Geskiedenis 110, 120 (GES 110, 120) Kriminologie 110, 120 (KRM 110, 120) Politiek 111, 120 (PTO 111, 120) Sosiologie 110, 120 (SOC 110, 120) Die volgende moet in gedagte gehou word: Studente moet hulself vergewis van die voorvereistes van modules uit ander fakulteite. Die modules mag nie roosterbotsings veroorsaak nie. Sommige modules het beperkings op die aantal studente wat mag registreer.

Familiereg 121 (FMR 121) (15 krediete) Vir LLB en BA met spesialisering in regte

(a) Inleiding tot die familiereg (b) Algemene beginsels betreffende die totstandkoming van die huwelik (c) Nietige, vernietigbare en putatiewe huwelike (d) Die onveranderbare gevolge van die huwelik (e) Basiese beginsels betreffende die regsverhouding tussen ouer en kind (f) Die veranderbare gevolge van die huwelik (g) Die beginsels betreffende die ontbinding van die huwelik (h) Die gevolge van ontbinding van die huwelik (i) Gebruiklike huwelike (j) Gesinsvennootskappe en godsdienstige huwelike

Personereg 110 (PSR 110) (10 krediete) Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte

Die regsreëls in verband met die ontstaan, privaatregtelike status en tot-niet-gaan van ‘n natuurlike persoon of regsubjek.

Regsleer 110 (JUR 110) (15 krediete)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte Die module bevat beide teoretiese en vaardigheidskomponente. Alle elemente hieronder behels konseptuele kennis gekombineer met praktiese toepassing.

Grondliggende regsfilosofiese aspekte van reg/die reg in die algemeen: (a) ‘n Eerstejaardefinisie van reg/die reg (b) Die verband tussen reg en die samelewing, reg en geskiedenis, reg en politiek, reg en taal (c) Wat dit behels om ‘n regstudent of regsgeleerde in Suid-Afrika te wees (d) Inleiding tot verskillende perspektiewe op die reg Die Suid-Afrikaanse regstelsel en die historiese ontwikkeling daarvan; Bronne van die Suid-Afrikaanse reg en die historiese ontwikkeling daarvan: (a) Inleiding tot die eienskappe en komponente van die SuidAfrikaanse regstelsel (b) Gemengde regstelsels (c) Die Suid-Afrikaanse Grondwet en die historiese ontwikkeling daarvan (d) Inheemse reg en die historiese ontwikkeling daarvan (e) Die gemenereg en die historiese ontwikkeling daarvan (f) Regspraak, wetgewing en ander bronne van moderne SuidAfrikaanse reg (g) Toepassing van die bronne van die reg op ‘n feitestel en gebruik van die bronne van die reg om ‘n jurisprudensiële vraag te beantwoord Bogenoemde inhoud vorm die basis vir die vaardighedekomponent, wat akademiese geletterdheidsvaardighede insluit, en soos volg is: (a) Navorsing in die biblioteek (b) Die vind, lees en toepassing van die bronne van die reg (c) Die lees, verstaan en opsomming van tekste met regsonderwerpe (d) Die ontleding, kritisering en verbetering (redigering) van skryfwerk oor die reg in ‘n teoretiese sin (e) Die skryf van ‘n goed gestruktureerde opstel of paragraaf oor regsprobleme en regs- of regshistoriese onderwerpe

Regsleer 120 (JUR 120) (15 krediete)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte Basiese beginsels van die volgende: (a) Verbintenisreg (kontrakte en delikte) (b) Strafreg (c) Siviele prosesreg (d) Strafprosesreg (e) Bewysreg Toegang tot geregtigheid: (a) Howe en alternatiewe dispuutbeslegting (b) Regsprofessie (c) Toegang tot geregtigheid en die bevordering daarvan in SuidAfrika (die beginsel, probleme, verteenwoordiging in strafsake, rol van verskillende organisasies, ens) Bogenoemde inhoud vorm die grondslag van die vaardighedekomponent (insluitende akademiese geletterdheidsvaardighede) en bestaan uit die volgende: (a) Die opstel van ‘n eenvoudige kontrak wat op ‘n feitestel gebaseer is (kontraktereg) (b) Die lees, verstaan en opsomming van ‘n hofsaak wat op die deliktereg gebaseer is en toepassing van die beginsels van argument en logika op die hofsaak (c) Die opsomming, ontleding, kritisering en verbetering (redigering) van ‘n regsteks oor die bewysreg (d) Die verstaan en toepassing van die beginsels van hoofondervraging, kruisondervraging en herondervraging op ‘n feitestel met die oog op deelname aan ‘n skynhof of debat


5

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Samestelling van die LLB-graad Romeinse Reg 120 (ROM 120) (10 krediete)

Publiekreg 200 (PBL 200) (20 krediete)

Inleiding tot die Romeinse sakereg: (a) Sake, saaklike regte, besit (b) Eiendomsreg, beperkings, verkryging, beskerming (c) Beperkte saaklike regte, serwitute, saaklike sekerheidsregte

(a) (b) (c) (d) (e) (f)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte

Inleiding tot die Romeinse kontraktereg: (a) Algemene beginsels van die kontraktereg (b) Besondere kontrakte (c) Kwasi-kontrakte Inleiding tot die Romeinse deliktereg: (a) Algemene beginsels van die deliktereg (b) Besondere delikte (c) Kwasi-delikte

Tweede jaar Eerste semester

Tweede semester

Kernmodules Kontraktereg 211 (KTR 211) Publiekreg 200 (PBL 200) Regspluralisme 210 (RPR 210) Regspraktyk 210 (RPK 210) Regsuitleg 210 (RVW 210)

Besondere Kontrakte 220 (KTH 220) Erfreg 222 (ERF 222) Publiekreg 200 (PBL 200) Regspraktyk 220 (RPK 220) Verbruikersbeskerming 220 (VBB 220)

Besondere Kontrakte 220 (KTH 220) (15 krediete) Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte (a) Koopreg (b) Huurreg (c) Verteenwoordigingsreg (d) Borgkontrak (e) Werkaannemingsreg

Erfreg 222 (ERF 222) (15 krediete)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte (a) Intestate erfreg (b) Testate erfreg (c) Boedelbereddering: Funksie van die Meester Aanstelling en funksie van die eksekuteur Die eksekuteursrekening Aspekte van boedelbelasting

Kontraktereg 211 (KTR 211) (15 krediete) Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte (a) Algemene beginsels van die verbintenisreg (b) Totstandkoming van die kontrak (c) Inhoud van die kontrak (d) Interpretasie van kontrakte (e) Kontrakbreuk (f) Remedies vir kontrakte (g) Beëindiging van kontraktuele verhoudings (h) Opstel van kontrakte

Vir LLB, BAdmin en BA met spesialisering in regte Inleiding tot staatsregteorieë Basiese beginsels: die reg, die staat en die individu Historiese ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse staatsreg Verskillende elemente van ‘n staat Bronne van die Suid-Afrikaanse staatsreg Die grondliggende bepalings, die regsorde en die simbole van die Suid-Afrikaanse staat (g) Samewerkende regering (h) Die nasionale wetgewende gesag (i) Die president en die nasionale uitvoerende gesag (j) Provinsiale regering (k) Die regsprekende gesag (l) Die Suid-Afrikaanse Handves van Regte: geskiedenis van menseregte in Suid-Afrika, regsfilosofiese en politieke perspektiewe op menseregte, toepassing, beregbaarheid en uitleg van menseregte, jurisdiksie, prosedures en remedies, beperking van menseregte, ontleding van geselekteerde menseregte (m) Staatsinstellings ter ondersteuning van grondwetlike demokrasie (n) Die openbare administrasie (o) Die Suid-Afrikaanse veiligheidsdienste (p) Algemene bepalings

Regspluralisme 210 (RPR 210) (10 krediete) Vir LLB en BA met spesialisering in regte

(a) Die inheemse stamme, hulle kultuur en die begrip “regspluralisme” (b) Persone- en familiereg van inheemse volkere (c) Deliktereg van die inheemse reg (d) Erfreg van die inheemse reg (e) Kontraktereg van die inheemse reg (f) Regskonflikte en hofstrukture (g) Godsdienstige regstelsels in Suid-Afrika

Regspraktyk 210 (RPK 210) (10 krediete) Vir LLB

(a) ‘n Oorsigtelike studie van die ontstaan en ontwikkeling van die onderskeie regsberoepe (b) Statutêre voorskrifte van toepassing op die regsberoep (c) Professionele gedrag en etiek (d) Professionele gelde en kostes (e) Professionele aanspreeklikheid van regspraktisyns (f) Navorsingsvaardighede (g) Skryfvaardighede (brief van advies, kantoormemorandum, hoofde van betoog)

Regspraktyk 220 (RPK 220) (10 krediete) Vir LLB

(a) Praktykbestuur (b) Neem van instruksies (c) Boekhouding vir regspraktyke (d) Aspekte van hoftegnieke (e) Praktiese toepassing (f) Navorsingsvaardighede (g) Skryfvaardighede (brief van advies, kantoormemorandum, hoofde van betoog)


Universiteit van Pretoria

6

Samestelling van die LLB-graad Regsuitleg 210 (RVW 210) (10 krediete)

Bewysreg 300 (BWR 300) (10 krediete)

Wettereg: (a) Algemene inleiding: verhouding tussen teks en konteks (b) Wat is wetgewing: kategorieë en tipes wetgewing (c) Struktuur en formaat van wetgewing (enacted law texts) (d) Inwerkingtreding, wysiging en tot niet gaan van wetgewing

(a) Basiese beginsels van die bewysreg en toelaatbaarheidsvereistes met betrekking tot spesifieke kategorieë van getuienis (b) Bewysregtelike aspekte van getuienislewering en grondwetlike implikasies vir bewysreg

Beginsels van wetsuitleg: (a) Hoe word wetgewing uitgelê: teorieë en metodes van wetsuitleg en die invloed van die oppermagtige Grondwet op wetsuitleg (b) Interne en eksterne hulpmiddels om die oogmerk van wetgewing vas te stel (c) Sogenaamde gebiedende en aanwysende bepalings (d) Wetsuitleg en regterlike regsvorming (e) Basiese beginsels van grondwetuitleg

Deliktereg 320 (DLR 320) (15 krediete)

Verbruikersbeskerming 220 (VBB 220) (15 krediete)

(a) (b) (c) (d) (e) (f) (g)

Vir LLB, BAdmin, BA met spesialisering in regte

Vir LLB en BCom met spesialisering in regte

(a) Basiese beginsels van die Nasionale Kredietwet 34 van 2005 (b) Aspekte in verband met die reg insake kredietooreenkomste (c) Basiese beginsels van die Wet op Verbruikersbeskerming 68 van 2008

(a) Algemene beginsels van die deliktereg (b) Capita selecta uit die beginsels van toepassing op besondere delikte

Insolvensiereg 310 (ISR 310) (10 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte

Algemene inleiding en geskiedkundige agtergrond Die proses van sekwestrasie Gevolge van sekwestrasie Vernietigbare en nietige regshandelinge ‘n Oorsig van die bereddering van insolvente boedels Akkoord, rehabilitasie en misdrywe Likwidasie van insolvente maatskappye en beslote korporasies

Vir LLB Tweede semester

Kernmodules Belastingreg 310 (BLR 310) Bewysreg 300 (BWR 300) Insolvensiereg 310 (ISR 310) Publiekreg 310 (PBL 310) Regsleer 310 (JUR 310) Sakereg 310 (SAR 310)

Vir LLB, BA en BCom met spesialisering in regte

Intellektuelegoederereg 320 (IGZ 320) (10 krediete)

Derde jaar Eerste semester

Vir LLB

Betalingsmetodes 320 (VHD 320) Bewysreg 300 (BWR 300) Deliktereg 320 (DLR 320) Intellektuelegoederereg 320 (IGZ 320) Navorsingsmetodologie 320 (RHP 320) Ondernemingsreg 320 (ODR 320) Publiekreg 320 (PBL 320)

Belastingreg 310 (BLR 310) (10 krediete) Vir LLB

(a) Grondbeginsels van inkomstebelasting (b) Berekening van inkomstebelasting betaalbaar (c) Kapitaalwinsbelasting

Betalingsmetodes 320 (VHD 320) (10 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte

(a) Kenmerke van verhandelbaarheid, die wissel, tjeks en promesse, partye betrokke by wissels, tjeks en promesses (b) Geldigheidsvereistes, verhandeling, houerskap en akseptasie (c) Die bankier-kliënt-verhouding, kruisings en toevoegings tot kruisings, die regsposisie van die betrokkene en invorderingsbank (d) Elektroniese betalingsmetodes

(a) Algemene beginsels van die intellektuelegoederereg (b) Outeursreg (c) Uitvindings- en modellereg (d) Handelsmerkreg (e) Planttelersreg (f) Mededingingsreg

Navorsingsmetodologie 320 (RHP 320) (10 krediete) Vir LLB

Die module het twee hoofkomponente: generiese navorsingsvaardighede en metodes en perspektiewe aangaande regsnavorsing. Generiese vaardighede: (a) Hoe om ‘n navorsingsprojek te beplan (b) Hoe om ‘n navorsingsvoorstel te skryf (c) Hoe om konsephoofstukke te skryf (d) Taal (e) Verwysings, etiek van verwysing, aanbieding Metodes en perspektiewe aangaande regsnavorsing: (a) Die aard en doel van regsvergelyking, die voordele, nadele en gevare van regsvergelykende navorsing, dogmatiese en funksionalistiese benaderings tot regsvergelyking, tipe regsvergelykende studies en die regsvergelykende metode (b) Regshistoriese navorsing (c) Regspluralisme (d) Sosio-regsbenaderings (e) Breë teoretiese perspektiewe

Ondernemingsreg 320 (ODR 320) (12 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte (a) Maatskappyereg (b) Reg insake beslote korporasies (c) Vennootskapsreg


7

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Samestelling van die LLB-graad/Kernmodules Publiekreg 310 (PBL 310) (10 krediete) Vir LLB en BAdmin

‘n Oorsig van geregtelike hersiening van administratiewe optrede in die lig van die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid 3 van 2000, met besondere klem op die omvang van die toepassingsgebied van geregtelike hersiening en die gronde vir geregtelike hersiening.

Publiekreg 320 (PBL 320) (10 krediete) Vir LLB

Regsleer 310 (JUR 310) (10 krediete) Vir LLB en BA met spesialisering in regte

‘n Oorsig van die belangrikste regsfilosofiese benaderings, waaronder natuurreg, die positivisme, realisme, kritiese regsteorie, en moderne en postmoderne benaderings. Die teoretiese en praktiese waarde van hierdie benaderings word in ‘n postapartheidkonteks ondersoek.

Sakereg 310 (SAR 310) (15 krediete) Vir LLB en BCom met spesialisering in regte (a) (b) (c) (d)

Algemene beginsels van die sakereg Grondwetlike aspekte Beheer (besit en houerskap) Eiendomsreg (insluitende mede-eiendom en deeltiteleiendom) (e) Beperkte saaklike regte (insluitende serwitute, beperkende voorwaardes, publieke serwitute, mineraalregte en saaklike sekerheidsregte)

Vierde jaar Tweede semester

Kernmodules Arbeidsreg 410 (ABR 410) Publiekreg 410 (PBL 410) Siviele Prosesreg 400 (SIP 400) Skripsie en Seminaar 410 (SKY 410) Strafprosesreg 400 (SPR 400) Plus vier keusemodules.

Arbeidsreg 410 (ABR 410) (10 krediete) Vir LLB

(a) Individuele arbeidsreg (b) Kollektiewe arbeidsreg (c) Hantering van arbeidsgeskille

Publiekreg 410 (PBL 410) (10 krediete) Vir LLB

(a) Die historiese ontwikkeling en teorie van internasionale reg (b) Bronne van die internasionale reg (c) Gebied (d) Internasionale regspersoonlikheid (e) Jurisdiksie, immuniteit van jurisdiksie en uitlewering (f) Onafhanklike vakgebiede van internasionale reg en die verantwoordelikheid van state (g) Beslegting van internasionale geskille (h) Internasionale reg in Suid-Afrikaanse munisipale reg

Eerste semester

Kernmodules

Privaatreg 420 (PVR 420) Publiekreg 420 (PBL 420) Siviele Prosesreg 400 (SIP 400) Strafprosesreg 400 (SPR 400)

Inleiding tot die strafreg: (a) Strafreg en die regstelsel (b) Strafreg en die deliktereg (c) Begrippe “strafreg” en “misdaad” (d) Geskiedenis en bronne van die strafreg (e) Determinisme en die indeterminisme (f) Doel en funksie van die strafreg en misdade (g) Indeling van die strafreg en misdade Algemene beginsels van die strafreg: die misdaadvereistes: (a) Legaliteit (b) Handeling (c) Wederregtelikheid (d) Toerekeningsvatbaarheid (e) Skuld (f) Meervoudige verwere

Publiekreg 420 (PBL 420) (10 krediete) Vir LLB

Spesifieke misdade: (a) Poging, uitlokking en sameswering (b) Deelneming en begunstiging (c) Misdade teen die lewe (d) Misdade teen die liggaamlike integriteit en ouerlike gesagsregte (e) Misdade teen die goeie naam en waardigheid (f) Misdade teen die vermoë en wilsvryheid (g) Misdade teen die geslagslewe en huwelikslewe (h) Misdade teen die openbare sedes en godsdienstige gevoelens (i) Misdade teen die regspleging en amp (j) Misdade teen die staat Straftoemeting: (a) Strafteorieë (b) Strafvorme

Privaatreg 420 (PVR 420) (10 krediete) Vir LLB

Capita selecta uit enige van die volgende: (a) Verryking (b) Estoppel (c) Persoonlikheidsregte

Siviele prosesreg 400 (SIP 400) (15 krediete) Vir LLB (a) (b) (c) (d)

Aspekte van litigasietegnieke Algemene beginsels van die siviele prosesreg Praktiese toepassing Opstel van pleitstukke


Universiteit van Pretoria

8

‘My tyd as ‘n regstudent aan die Universiteit van Pretoria het my toegerus met ‘n verskeidenheid vaardighede wat my lewe nog baie jare lank sal verryk! Die Fakulteit Regsgeleerdheid het verskeie platforms geskep waar ek my regskennis op praktiese vlak kon toepas. Byvoorbeeld, ek het die geleentheid gehad om in die Grondwetlike Tribunaal te dien, om ‘n tutor te wees en om ‘n somerskool in Europa by te woon. Deur my studie en betrokkenheid by verskeie Universiteitstrukture het ek geleer dat hoewel kennis ‘n belangrike deel van ‘n volledige stel professionele vaardighede is, aanpasbaarheid en die bestuur van interpersoonlike verhoudings beter voorspellers van ‘n suksesvolle regsloopbaan kan wees. Ek is deur verskeie briljante persone geïnspireer om die hoogste standaarde in die regte na te strewe en ek sal dit as ‘n bloudruk vir my loopbaan gebruik. Ek sien daarna uit om in 2017 my klerkskap by Cliffe Dekker Hofmeyr te doen.’ Mia Labuschagne Me Labuschagne het dwarsdeur haar studie akademies uitgeblink en erkenning gekry op die Dekaan se Merietelys en die Golden Key International Honour Society. Sy is ‘n tutor in die Departement Privaatreg, in die vakke Personereg, Familiereg, Kontraktereg, Erfreg en Intellektuele Goederereg. Sy was in 2015/2016 Hoofregter van die Grondwetlike Tribunaal, sy was lid van STUKU (die Universiteit se Studentekultuurkomitee) en sy was TuksRegte se ‘ster’koördineerder in die UP STARS-projek. Mia het ook in die skynhofkompetisies uitgeblink. – Redakteur

‘Op my eerste dag in die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria in 2013 het ‘n regshuiskomiteelid na die OR Tambo-regsbiblioteek gewys en gesê, ‘Dit gaan vir die volgende vier jaar jou beste vriend wees.’ As ‘n vierdejaar-LLB-student kan ek bevestig dat dit ware woorde was. Die Fakulteit Regsgeleerdheid is goed toegerus met voortreflike dosente wat bekwame regslui oplewer. Hulle dra ook aan studente die vermoë oor om regsnavorsing te doen, ‘n vaardigheid wat noodsaaklik is om in die regswêreld te funksioneer. In daardie opsig word die biblioteek inderdaad jou beste vriend. Die Universiteit van Pretoria bied aan regstudente die weelde van toegang tot ‘n biblioteek wat toegerus is met hulpbronne wat die kwaliteitopvoeding wat deur die Fakulteit Regsgeleerdheid gebied word, verder verbeter. Ek kan met ‘n skoon gewete sê as ek die geleentheid sou kry om voor te begin, ek weer regte aan die Universiteit van Pretoria sal kies.’ Nomlayo Nannette Mabhena Me Mabhena het verskeie akademiese toekennings ontvang. Haar naam verskyn op die Dekaan se Merietelys en sy is ook ‘n lid van die Golden Key International Honour Society. Sy het ‘n Cliffe Dekker Hofmeyr-beurs en haar LLBverhandeling oor die rol van die Kantoor van die Openbare Beskermer in Suid-Afrika se grondwetlike demokrasie is deur die Nasionale Navorsingstigting geborg. – Redakteur


9

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Kernmodules/Keusemodules Skripsie en Seminaar 410 (SKY 410) (15 krediete) Vir LLB

(a) Die skripsie handel oor ‘n onderwerp in die reg. (b) Die studieleier verwittig finalejaarstudente vooraf van die datum waarop die onderwerp van die skripsie vir goedkeuring aan hom of haar voorgelê moet word. (c) Die departementshoof waaronder die onderwerp ressorteer, of ‘n dosent wat deur hom of haar aangewys word, tree as studieleier en as eksaminator op, met dien verstande dat die departementshoof ‘n eksterne eksaminator mag benoem indien hy of sy dit wenslik sou ag. (d) Twee getikte, gedupliseerde of gedrukte eksemplare van die skripsie van minstens 8 000 en hoogstens 14 000 woorde (met ‘n aanduiding van die hoeveelheid woorde op die laaste bladsy van die skripsie) moet ingedien word. Die indieningsdatum is die einde van die eerste semester. Elke dosent neem jaarliks ‘n maksimum van 15 studente. Hierdie studente se onderwerpe moet verkieslik tematies verband hou. Alle ingeskrewe studente woon aan die begin van die jaar as groep een verpligte lesing by oor die benadering tot en skryf van ‘n skripsie. Elke dosent reël dan een seminaar van twee uur lank met sy of haar groep studente, waartydens studente die onderwerpe en basiese struktuur van hul skripsies voorlê. Ná voltooiing van die skripsies, word een eksemplaar by die biblioteek ingedien en een by die betrokke studieleier. Die dosent reël dan ‘n reeks verdere seminare, waartydens elke student sy of haar gevolgtrekkings voorhou en blootlê aan die groep se kritiese evaluasie. By hierdie geleenthede betrek die dosent ‘n fakulteitslid of ander deskundige. Die evaluering geskied soos volg: (a) Skriftelike dokument: 70% (b) Deelname aan seminaar: 20% (c) Konsepskripsie: 10%

Strafprosesreg 400 (SPR 400) (15 krediete) Vir LLB

(a) Die algemene beginsels van die strafprosesreg in die laer howe, die Hoë Hof en die Hoë Hof van Appèl van Suid-Afrika (b) Opstel van pleitstukke (c) Praktiese toepassing

Keusemodules Plus vier van die volgende keusemodules (10 krediete elk, behalwe waar anders aangedui):

Reg en Transformasie 410 (AMR 410)

Inleidende debat oor die universaliteit en kulturele spesifiekheid van menseregte, geskiedkundige oorsig van menseregte in Afrika, die Afrika-unie en menseregte, ‘n oorsig en ontleding van die Afrikahandves van Mense- en Gemeenskapsregte, en ‘n regsvergelykende analise van die stand van menseregte in Afrikalande.

Aktes en Notariële Praktyk 410 (ANO 410)

Voorvereiste: Sakereg 310 (SAR 310) (a) ‘n Oorsigtelike studie oor die ontstaan en ontwikkeling van die professies van transportbesorger en notaris (b) Statutêre voorskrifte van toepassing op transportbesorgers en notarisse (c) Professionele verantwoordelikheid en etiek

(d) Aspekte rondom die oordrag van onroerende eiendom, registrasie van verbande, serwitute en saaklike regte (e) Praktiese opstel van aktes en notariële dokumente

Alternatiewe Geskilbeslegting 420 (AGF 420)

Teorie rakende onderhandelings, mediasie en arbitrasie, asook die teoretiese en praktiese toepassing daarvan op verskeie regsgebiede soos strafreg, huweliksreg, internasionale reg, arbeidsreg en deeltitelreg.

Belastingpraktyk 420 (BLP 420) (a) Hereregte (b) Belasting op toegevoegde waarde (c) Diverse belastingaangeleenthede

Effektereg 410 (LOC 410)

(a) Regsbeginsels ten opsigte van die regulering van die primêre effektemarkte (b) Regsbeginsels ten opsigte van sekondêre effektemarkte

Geneeskundige Reg 410 (GRG 410)

(a) Algemene grondslae van die geregtelike geneeskunde (b) Juridiese grondslae van die geneesheer/hospitaal-pasiëntverhouding (c) Regverdigingsgronde vir geneeskundige ingrepe (d) Mediese nalatigheid en middellike aanspreeklikheid (e) Die pasiënt se privaatheid en mediese geheimhouding (f) Kunsmatige menslike voortplanting (g) Aanspreeklikheid vir ongewensde swangerskap/geboorte/ lewe (h) Transseksualisme en geslagsveranderingsoperasies (i) Die moment van dood en genadedood (j) Aspekte van die mediese tugverhoor

Grond- en Grondhervormingsreg 420 (GHR 420)

(a) Inleiding tot die grond- en grondhervormingsreg (b) Capita selecta uit beleidsdokumente, asook grondwetlike en ander statutêre maatreëls ten aansien van grondbenutting en -hervormingsreg (c) Relevante aspekte van die reg insake aktevervaardiging

Inligting- en Kommunikasietegnologiereg 420 (KUB 420)

(a) Inleiding tot die studie van inligting- en kommunikasietegnologiereg: Die plek van inligting- en kommunikasietegnologiereg in die regstelsel Die aard en omvang van inligting- en kommunikasietegnologiereg Bronne van inligting- en kommunikasietegnologiereg Ontstaan en invloed van die Internet (b) Regulering van die Internet: Nasionaal/internasionaal Jurisdiksie (c) Aspekte van die intellektuelegoederereg en die Internet (d) Elektroniese kommersiële aktiwiteite en die Internet: Aspekte van jurisdiksie en kontraksluiting Databeskerming en enkripsie Aanspreeklikheid van Internetdiensverskaffers (e) Advertering op die Internet (f) Strafregtelike aspekte van inligting- en kommunikasietegnologiereg (g) Grondwetlike aspekte in van inligting- en kommunikasietegnologiereg: Die reg op privaatheid, vryheid van spraak en inligting


Universiteit van Pretoria

10

Keusemodules Internasionale Humanitêre Reg 420 (PUR 420)

(a) Wat is internasionale humanitêre reg (oorlogsreg)? Die onderskeid tussen ius ad bellum en ius in bello (b) Historiese ontwikkeling en die bronne van inter-nasionale humanitêre reg (c) Verskillende tipes gewapende konflik: die onderskeid tussen internasionale en nie-internasionale gewapende konflik (d) Die onderskeid tussen oorlogvoerendes en burgerlikes (e) Die krygsgevangenestatus van oorlogvoerendes: soldate, spioene, huursoldate en guerrillas (f) Optredes tydens gewapende konflik: juridiese beperkings op die manier waarop oorlog gevoer mag word (insluitende die gebruik van sekere wapentuig en die teikens wat aangeval mag word) (g) Die onderskeid tussen volksmoord, misdade teen die mensdom en oorlogsmisdade (h) Wenners of verloorders: oorlog, internasionale politiek en die toepassing van internasionale humanitêre reg (i) Die beskerming van vroue en kinders tydens gewapende konflik (j) Toerekenbaarheid en strafloosheid: vervolging van oorlogsmisdadigers deur nasionale howe, ad hoc-tribunale (die Internasionale Straftribunaal vir die voormalige Joegoslawië (ICTY) en die Internasionale Straftribunaal vir Ruanda (ICTR), en die Internasionale Strafhof (ICC) (k) Die nakoming van onwettige bevele en die aanspreeklikheid van bevelvoerders (l) Die rol van die Internasionale Komitee van die Rooikruis (ICRC)

Internasionale Keusemodule 411, 412, 413 en 414 (IET 411, 412, 413 en 414) Verwys na die Jaarboek vir verdere besonderhede.

Internasionale Privaatreg 410 (IPR 410) (a) (b) (c) (d)

Teoretiese en historiese agtergrond Konseptuele probleme Vasstelling van vreemde reg Konfliktereëls vir die vasstelling van ‘n toepaslike norm van die volgende: Familiereg Kontraktereg Deliktereg Sakereg Erfreg (e) Erkenning en afdwinging van vreemde vonnisse

Kinderreg 410 (KID 410)

(a) Die status van kinders in die Suid-Afrikaanse reg (b) Die grondwetlike beskerming van kinders (c) Algemene beginsels van die Children’s Act 38 of 2005 (d) Ouerlike verantwoordelikhede en regte (e) Kinderhowe (f) Aanneming en alternatiewe sorg (g) Internasionale dokumente met betrekking tot kinderregte (h) Internasionale aanneming en ontvoering (i) Kinders en die strafregstelsel

Mediareg 420 (MDR 420)

Capita selecta uit die media- en kommunikasiereg binne die raamwerk van die Grondwet, insluitende: (a) Die filosofiese grondslae en geskiedenis van vryheid van spraak, en die rol van die media in ‘n demokrasie (b) Artikel 16 van die Grondwet, en verskeie beperkings op vryheid van uitdrukking (c) Regsvergelykende oorsig van vryheid van spraak in die VSA, Kanada en Duitsland

(d) Laster, insluitende aanlyn laster (“on-line defamation”) (e) Privaatheid (f) Joernalistieke privilegie in die Suid-Afrikaanse reg (g) Regulering van die advertensiewese (h) Die Films- en Publikasiewet (i) Kinderpornografie

Munisipale Reg 410 (MRG 410)

(a) Inleiding: algemene beginsels van plaaslike regering (b) Die transformasie van plaaslike regering (c) Die status en doelstellings van, en uitdagings vir plaaslike regering (d) Regsaard en verpligtinge van munisipaliteite (e) Samewerkende regering (f) Nuwe institusionele modelle vir plaaslike regering (g) Afbakening van jurisdiksies van plaaslike regerings (h) Samestelling en verkiesing van plaaslike regeringstrukture (i) Die rol van tradisionele leiers binne plaaslike regering (j) Magte en bevoegdhede (k) Politieke strukture (l) Munisipale dienste en ander funksionele aktiwiteite (m) Menslike hulpbronne en arbeidsregtelike kwessies (n) Munisipale finansies en fiskale bestuur (o) Ontwikkeling, beplanning en unieke plaaslike regeringsaangeleenthede

Omgewingsreg 410 (OMR 410)

(a) Die aard en omvang van omgewingsreg (b) Die Grondwet en die omgewing (c) Raamwerkwetgewing oor die omgewing (d) Beplanningsreg (e) Omgewingsimpakstudies (f) Waterreg (g) Besoedelingsbeheer en afvalbestuur (h) Mynwese en energiebronne (i) Biodiversiteit en die beskerming van woude, plante en wilde diere (j) Erfenishulpbronne (k) Lewende mariene hulpbronne

Onderwysreg 420 (ONR 420)

(a) Inleiding tot die aard en rol van onderwysreg (b) Die fundamentele reg op onderwys en ander grondwetlike beginsels relevant in die onderwys (c) Sekere besondere regte van studente, leerders, ouers en opvoeders (d) Basiese regsbeginsels van onderwysbestuur in openbare skole (e) Basiese regsbeginsels by tersiêre onderwys (f) Ander tersaaklike dele van die onderwysreg

Praktiese Regskunde 400 (PRR 400) (20 krediete, twee keusemodules)

(a) Praktiese regswerk volgens ‘n diensrooster in die Universiteit se Regskliniek gedurende die akademiese jaar, wat konsultasies met kliënte, die opstel van pleitstukke en die bywoning van verhore insluit. (b) Besprekingsklasse oor sake wat in die Regskliniek hanteer word (c) Taakopdragte

Reg Insake Banke en Finansiële Instellings 410 (LBF 410) (a) Reg insake geselekteerde finansiële instellings (b) Bankreg (c) Versekeringsreg


11

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

Keusemodules/Beroepsmoontlikhede Reg en die Gemeenskap 420 (CLW 420)

Die module behels beide ‘n teoretiese en ‘n gemeenskapsbetrokkenheidkomponent. Teoreties: (a) Reg en die gemeenskap (b) “Street law” (c) Populêre geregtigheid (d) Toegang tot geregtigheid Gemeenskapsbetrokkenheid: (a) Deelname aan plaaslike gemeenskapsprojekte (b) Aanbieding van lesings met regstemas by skole, fabrieke, tronke en ander plaaslike gemeenskappe (c) Opstel van inligtingbrosjures en uitvoer van navorsing oor regstemas vir plaaslike gemeenskapsliggame

Regsleer 420 (JUR 420)

Die module fokus op verskeie regsbenaderings, waaronder filosofiese perspektiewe, kritiese teorie en ander inter- en transdissiplinêre perspektiewe op die reg en hul reaksie op en verhouding tot hedendaagse kwessies.

Regsproblematiek van MIV en Vigs 410 (RHV 410)

‘n Inleiding tot die mediese en sosiale aspekte van die siekte en aspekte van die regsposisie van mense met MIV/Vigs, seminaaropdragte (mini-skripsies) oor probleme van ‘n morele en regsaard, soos die kriminalisering van MIV-blootstelling as ‘n afsonderlike misdryf, implikasies van die reg op mediese sorg, aanmelding van MIV/Vigs en die perke van privaatheid, asook aspekte wat voortspruit uit mediese eksperimentering en die ontwikkeling van ‘n inentingsmiddel.

Skadevergoedingsreg 410 (SGR 410)

(a) Algemene beginsels en leerstukke van die skadevergoedingsreg (b) Besondere beginsels by deliktuele skadevergoeding (c) Besondere beginsels by kontraktuele skadevergoeding (d) Prosesregtelike beginsels in die skadevergoedingsreg

Skynhof 420 (SKH 420)

Studente wat die Fakulteit amptelik verteenwoordig by die jaarlikse Afrika Menseregte-skynhofkompetisie, die Phillip C Jessup-skynhofkompetisie oor Internasionale Reg, of ‘n ander skynhofkompetisie wat deur die Dekaan gemagtig is, kry krediet vir Skynhof 420 tydens die jaar van amptelike deelname.

Sosiale Sekerheidsreg 420 (SOR 420) (a) (b) (c) (d) (e)

Die omvang en funksies van sosiale sekerheid Ouderdomstoelae en versekering Beserings aan diens en werkloosheidsversekering Siekte, ongeskiktheid en gesondheidsorg Kinder- en gesinsonderhoud

Sportreg 420 (SRR 420) (a) (b) (c) (d)

Deliktuele aanspreeklikheid Kontraktuele aanspreeklikheid Strafregtelike aanspreeklikheid Diverse aspekte voortspruitend uit sport

Statutêre Misdade 410 (SMI 410) Misdrywe: Capita selecta uit: (a) Rekenaarmisdrywe (b) Drank- en dwelmmisdrywe

(c) Ekonomiese misdrywe (d) Geslagsmisdrywe (e) Misdrywe binne gesinsverband en teen kinders (f) Misdrywe teen diere (g) Misdrywe in verband met gevaarlike wapens, vuurwapens en plofstowwe (h) Polisie- en gevangenismisdrywe (i) Misdrywe teen die openbare veiligheid en orde (j) Misdrywe teen die staatsveiligheid (k) Misdrywe teen die omgewing (l) Verkeersoortredings (m) Minimum vonnisse Forensiese kriminalistiek: (a) Komponente en doelstellings van misdaadondersoek (b) Identifikasie, vergelyking en individualisering (c) Inligtinginsameling deur kommunikasie (d) Serologiese ondersoeke (e) Odontologiese ondersoeke (f) Daktiloskopiese ondersoeke (g) Trigologiese ondersoeke

Transnasionale Besigheidsreg 420 (TBR 420)

(a) Internasionale koopkontrakte (b) Internasionale vervoerkontrakte (c) Versekeringskontrakte ten opsigte van internasionale kontrakte

Trusts en Boedels 410 (TBS 410)

(a) Aspekte van die trustreg (b) Aspekte van bereddering van bestorwe boedels

Beroepsmoontlikhede Die verwerwing van ‘n regsgraad beperk gegradueerdes nie net tot die professies van prokureur of advokaat nie. ‘n Wye verskeidenheid beroepsmoontlikhede bestaan vir ‘n persoon wat hom- of haarself in die regte bekwaam. Voorbeelde hiervan is onder andere:

Prokureurs in privaat praktyk ‘n Prokureur is ‘n algemene regspraktisyn. Om as ‘n prokureur te kwalifiseer, moet ‘n kandidaat ná die suksesvolle afhandeling van sy of haar regstudies ‘n tweejaar-leerklerkskap as kandidaatprokureur by ‘n privaat regsfirma, ‘n geakkrediteerde regskliniek, of die Regshulpraad voltooi. Die kandidaat moet die Prokureurstoelatingseksamen suksesvol aflê alvorens hy of sy deur die Hoë Hof van Suid-Afrika as prokureur toegelaat word. Andersins kan ‘n kandidaatprokureur sy of haar leerklerkskap tot een jaar verkort deur voltyds of nauurs, ‘n geakkrediteerde regskool deur die Law Society of South Africa, vir ‘n tydperk van ses maande by te woon. ‘n Pas toegelate prokureur mag ‘n pos as ‘n professionele assistent by ‘n prokureursfirma aanvaar. Bevorderingsmoontlikhede sluit onder andere in om as ‘n junior vennoot of vennoot wat ‘n salaris ontvang, in die firma aangestel te word, waarna moontlike verdere bevordering tot senior of winsdelende vennoot kan volg. Alternatiewelik kan ‘n toegelate prokureur besluit om sy of haar eie praktyk op die been te bring en vir sy of haar eie rekening te praktiseer. ‘n Prokureur kan besluit om op ‘n spesifieke gebied van die reg te spesialiseer en op spesifieke soorte sake te fokus,


Universiteit van Pretoria

12

Beroepsmoontlikhede/Algemene inligting byvoorbeeld siviele of strafreglitigasie, kommersiële reg of eiendomstransaksies. Sommige prokureurs kwalifiseer ná die aflegging van verdere eksamens as aktevervaardigers wat toesig hou oor die oordrag en registrasie van vaste eiendom, of as notarisse wat notariële dokumente verly. ‘n LLB-gegradueerde kan ook as ‘n prokureur kwalifiseer deur ‘n leerklerkskap by die Staatsprokureur se kantoor, wat deel uitmaak van die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling, te voltooi.

Advokate in privaat praktyk Daar word tradisioneel na lede van die Balie verwys as “junior of senior advokate”. ‘n Senior advokaat is ‘n advokaat wat al minstens tien jaar lank as sodanig praktiseer, ‘n leier in die professie is, en wat deur die President van Suid-Afrika, op aanbeveling van die onderskeie Balierade, aangestel word as ‘n Senior Consultus (SC).

Staatsaanklaers/staatsadvokate Staatsaanklaers is amptenare in diens van die Direktoraat van Openbare Vervolging. Hulle behartig die vervolging in strafsake in landdroshowe namens die staat. Die staatsaanklaer besluit of iemand vervolg moet word. Die staatsaanklaer moet die getuienis in strafregtelike verrigtinge voor die hof plaas ten einde die staat se saak te probeer bewys. Dit is ‘n vereiste dat alle voornemende staatsaanklaers ‘n LLB-graad moet voltooi. ‘n Staatsaanklaer kan ook bevorder word tot ‘n senior staatsaanklaer of tot ‘n staatsadvokaat. Verder skep die huidige struktuur van die Direktoraat van Openbare Vervolging in hierdie verband ook verskeie werksgeleenthede vir staatsaanklaers. Staatsadvokate verskyn namens die staat in die Hoë Hof in strafregtelike aangeleenthede. Hulle verrig soortgelyke funksies as staatsaanklaers. Staatsadvokate berei voor vir strafverhore en stel regsopinies op. ‘n Staatsadvokaat moet oor ‘n LLB-graad beskik, ‘n toegelate advokaat wees en ‘n opleidingskursus by die Departement van Justisie en Staatkundige Ontwikkeling voltooi. Dit is moontlik vir ‘n staatsadvokaat om tot die posisie van senior staatsadvokaat bevorder te word. Dit is nie ‘n vereiste dat ‘n staatsadvokaat lid van die Balie moet wees nie.

Regsadviseurs Regsadviseurs is meestal gekwalifiseerde prokureurs of advokate of persone wat hul regstudies suksesvol voltooi het. Sulke persone werk in ‘n adviserende hoedanigheid by maatskappye, organisasies of instellings. ‘n Persoon wat as ‘n regsadviseur aangestel is, mag nie op die rol van praktiserende prokureurs of advokate verskyn nie.

Akademici Gegradueerdes in die regte kan ook besluit om loopbane in die akademie te volg. Regsdosente by universiteite en opleidingskolleges is leerkragte en navorsers van die reg. Hulle pligte sluit in die opstel en fasilitering van lesings, assessering van studente, navorsing en die skryf van navorsingspublikasies en die lewering van bydraes tot regshandboeke in hulle onderskeie spesialiseringsvelde. Verskeie regsakademici het ondervinding as praktiserende prokureurs of advokate. ‘n Dosent kan onder andere bevorder word tot senior dosent, medeprofessor of volprofessor, en kan aangestel word as hoof van ‘n departement of regskool of dekaan van ‘n regsfakulteit. Regspraktisyns wat praktiserende prokureurs in diens van ‘n regskliniek is, word ook aangestel as dosente in regsvakke, addisioneel tot die regshulp wat hulle aan die publiek verleen.

Voorsittende beamptes (landdroste of regters) Voorsittende beamptes sluit landdroste en regters in. Landdroste is voorsittende beamptes in die landdroshowe, terwyl regters voorsittende beamptes in die hoë howe is. Landdroste is ook gemoeid met sekere administratiewe pligte, byvoorbeeld om as huweliksbevestigers op te tree. ‘n Landdros kan bevorder word tot senior landdros, hooflanddros of streekhoflanddros. Regters word gewoonlik in die verskeie plaaslike en provinsiale afdelings van die Hoë Hof, die Hoogste Hof van Appèl of die Grondwetlike Hof aangestel. Aanvanklik is regters slegs uit advokaatgeledere aangestel, maar sedert 1994 kwalifiseer regslui en akademici toenemend om as regters aangestel te word. Regters word deur die Geregtelike Dienskommissie aangestel. Verwys ook na die Legal Practice Act 24 of 2014 en Implementation of Parts 1 and 2 of Chapter 10 op 1 Februarie 2015 vir die moontlike uitwerking wat die nuwe wetgewing mag hê op die professie en beroepsopleiding by http://www.lssa.org.za/legalpractitioners/advisories/misc/legal-practice-act-28-of-2014/misc/ legal-practice-act.

Algemene inligting Besoek www.up.ac.za/toelatingsinligting vir inligting oor die volgende: Studie-inligting Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT) Sluitingsdatums Fooie en befondsing Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders Doen aansoek by UP Wysig of voeg ‘n program by Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) Aansoekstatus Berei voor om by UP te studeer Registrasie en aanvang van die akademiese jaar.


Dear prospective law student If you are reading this, you are probably considering studying towards a career in law and justice. Are you fuelled by a desire to help others and ready to make an impact on society?

Checklist: Do you have what it takes to become a successful law student and lawyer? (Tick the appropriate box.)

1. Motivation I am:

Committed to a successful, honourable career in law and justice. Passionate about law and my decision to pursue a career in law and justice is based on something concrete such as spending time in a law firm or court and taking a real interest in societal interests linked to law and justice instead of being misled by some spurious TV series.

2. Good listening and interpersonal skills, proficiency in languages, writing ability and literacy

3. Logical reasoning, persuasiveness and sound judgement I have the ability to:

Analyse and think critically, to follow a chain of logic to identify potential trouble areas in arguments and to spot weaknesses in the reasoning of others. Exercise sound judgement in deciding the best course of action to pursue.

4. Value honesty and integrity

I am aware that lawyers are subject to a high degree of honesty, integrity and ethical behaviour. I possess intrinsic values such as work ethic, ethical conduct and integrity.

I have the ability to:

Persuade people to follow advice or convince them to negotiate a resolution. Read people and figure out the best approach. Adapt appropriate communication style. Communicate clearly and effectively in court, in writing, face-to-face or over the telephone. Manage and run a profitable practice.

5. Adaptability, stamina, energy and resilience I am creative, determined, enthusiastic, energetic, and possess drive, emotional intelligence and perseverance.


6. Digest and convert loads of information, scientific data and paperwork generated by cases

9. Time management

I have the ability to prioritise tasks and manage time effectively. I realise that the legal profession is based on procedures and limitations with accompanying prescriptions.

I have the ability to:

Prepare strategies that require absorbing and comprehending large amounts of information and distilling that into something manageable, relevant, valid and useful.

7. Mental agility and reasonable, logical arguments, assumptions and conclusions I have the ability to:

Draw reasonable, logical conclusions and assumptions from limited information. Analyse complex facts, versions, stories, hearsay, information, testimonies, etc. Analyse complex facts to identify the most crucial issues.

8. Problem Solver-in-Chief I have the ability to not get overly emotional when facing problems and explore options. I usually view problems as challenges or life experiences and pro-actively and objectively address them. I am a good problem solver, using a combination of intuition and logic to create solutions and finding opportunities.

10. Attention to detail

I am an administrator of note and have an eye for detail. After all, I realise that lawyers do detail!

Look at our Faculty’s checklist below and we are sure that you will agree that Tuks is the place to study law in South Africa. Criteria for an excellent faculty of law:

1. Leading academics

Who are housed in the Departments of Jurisprudence, Mercantile Law, Private Law, Procedural Law, Public Law and the Centre for Human Rights. Who publish articles and textbooks covering a range of topics in the legal field. Resulting in active partnerships and collaborations with a number of international universities and organisations.

2. Specialised research centres and chairs

Centres for: Advanced Corporate and Insolvency Law, Child Law [with representation on the United Nations Committee on the Rights of the Child], Extractive Industries Law in Africa, Human Rights, Intellectual Property Law, International and Comparative Law [with representation on the United Nations Human Rights Committee], Law and Medicine and Sports and Entertainment Law. Law Clinic Chairs in: Intellectual Property Law, Barclays Africa Banking Law in Africa, Education Law in Africa, International Development and African Economic Relations, International Constitutional Law and the United Nations Educational, Scientific and Cultural Organisation.

3. Inquiry-led approach teaching

Values and aims to develop and improve the research skills of our students. One of a few faculties in South Africa who prescribes a research essay for final-year LLB-students.

© Elzet Geldenhuys-Hurter

4. Equips students with knowledge, skills and perspectives

Produces highly sought-after graduates who display leadership and critical thinking abilities and are aware of their social and ethical responsibilities. Students are trained by experienced past mooters resulting in peer teaching and skills transfer.

5. Best mooters on the African continent

Law students of the Faculty’s Moot Society excel in local and international moot court competitions and our teams regularly achieve top honours at these events. Students are trained by students resulting in peer teaching and skills transfer.

6. Vibrant student life and active student bodies

Students serve the University of Pretoria’s student community through the Constitutional Tribunal and Student Disciplinary Advisory Panel. You may also join and/or serve on the management committees of Law House, Legal Shebeen, Moot Society, Pretoria Student Law Review and Students for Law and Social Justice. As a TuksLaw student, you will be part of a vibrant faculty, university and community.

7. Social consciousness and practical legal training

Boasts a Law Clinic, established in 1980 by law students, that ranks among the best in the country, which provides basic legal services to indigent members of society. Provides superior clinical legal education to final-year law students as a final-year elective.

8. Acclaimed accredited legal journals and publications

Such as De Jure, the Journal for Contemporary RomanDutch Law (THRHR), the African Human Rights Law Journal and the African Human Rights Law Reports. The Pretoria Student Law Review, which publishes articles by students, is funded and supported by the Faculty and managed by law students. Academic books and publications are also published in the Faculty by the Pretoria University Law Press (PULP).

9. Modern and impressive facilities

A Law Building, designed to reflect the transparency of the legal world – a modern and impressive feature on the Hatfield Campus of the University of Pretoria. The Law Building accommodates the well-equipped, and “law student only”, Oliver R Tambo Law Library, which includes the unique Law of Africa Collection. To enhance learning, leisure and interaction, students have access to social learning spaces such as the TuksLaw Kiosk and two quads.

10. Delivers top alumni and highly sought-after graduates Protecting legal rights, the Constitution and ensuring a just society for all.


15

Fakulteit Regsgeleerdheid 2017/18

‘Met vrees en bewing het ek die indrukwekkende Regsgebou met sy groot vensters, wit mure en ‘n vlieënde fiets wat van die derde verdieping hang, binnegestap. Gou het ek egter besef dat hierdie gebou ‘n simbool van harde werk en toewyding is. Ek is trots daarop om in die Fakulteit Regsgeleerdheid te gradueer, ‘n fakulteit wat strewe na akademiese vryheid, innoverende gedagtes en die waardes integriteit, aanspreeklikheid en maatskaplike geregtigheid. Benjamin Franklin het eenkeer gesê, ‘As jy ‘n student leer, sal hy onthou, maar as jy die student betrek, sal hy leer.’ Dit kan maklik ook op TuksRegte van toepassing gemaak word. Dit is hier waar ek in die loop van vier jaar getransformeer is. Ek het gefokusde vaardighede ontwikkel waarmee ek praktiese en oplossinggebaseerde uitkomste kan behaal vir my kliënte en die gemeenskappe wat ek hoop om eendag te dien. Ek wil deelneem aan die bou van ‘n samelewing gebaseer op demokratiese waardes, maatskaplike geregtigheid en fundamentele regte. Ek sal die Fakulteit Regsgeleerdheid aan die Universiteit van Pretoria sonder huiwering vir enige voornemende regstudent aanbeveel.’ Megan Labuschagne Me Labuschagne se prestasies sluit in lidmaatskap van die Golden Key International Honour Society en die Dekaan se Merietelys, en die hoogste geweegde gemiddelde in LLB II en III. – Redakteur

‘Ek het in 2015 ‘n LLB-student geword nadat ek in 2014 my BCom Honneurs in Belasting voltooi het. Die Fakulteit Regsgeleerdheid is beslis ‘n wonderlike akademiese omgewing vir sy studente en personeel. Ons het kundige dosente en tutors wat ons leerervarings op bekwame wyse fasiliteer, en dit word verder aangehelp deur die vriendelike bibliotekarisse, die drukstasie, die administrateurs en die instandhoudingspersoneel. Ek het twee jaar lank as studentementor deur die Universiteit se STARS-mentorskapprogram deelgeneem, en ek het in die bestuurskomitee van Tax@Tuks gedien en erkenning gekry van die Golden Key International Honour Society. In 2015 is ek as ‘n belastingtutor in die Fakulteit Ekonomiese en Bestuurswetenskappe aangestel. Ek het ook aan ‘n uitreikprogram by die Pretoriase Sentrale Gevangenis deelgeneem en as ‘n vrywilliger by die Universiteit van Pretoria se Eenheid vir Gestremdes gewerk. Daar is baie geleenthede vir studente, van tutorskap, mentorskap, skynhof en navorsing tot deelname aan gemeenskapsuitreikprogramme. My raad vir alle voornemende studente is om hierdie platforms te gebruik om uit te blink en te groei, en om in die proses blywende vriendskappe te skep.’ Josue Mudimbi Mnr Mudimbi het ‘n BCom (Regte)-graad met onderskeiding behaal en erkenning verkry op die Dekaan se Merietelys vir sy akademiese prestasie in 2015. Hy het onder meer toekennings ontvang vir Belasting 300, Verhandelbare Dokumente 320, Sakereg 310 en Bewysreg 311. – Redakteur


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.