2017/2018 Voorgraadse fakulteitsbrosjure www.up.ac.za
Laat vandag tel
ii
Fakulteit Teologie 2017/18
Boodskap van die Dekaan Die Fakulteit Teologie is goed op dreef om die Universiteit van Pretoria se institusionele strategiese visie en missie vir die tydperk 2012 tot 2025 ten uitvoer te bring. Die gees van samewerking onder die personeel en studente in die Fakulteit maak hierdie uitdaging opwindend. Prof Johan Buitendag Dekaan: Fakulteit Teologie
Die Fakulteit Teologie beklemtoon uitnemendheid, veral ten opsigte van die akademie en die uitlewing van ons waardes. Die Fakulteit het ‘n besondere karakter in die sin dat daar primêr met vennootkerke gewerk word. Die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika (NHKA) het in 1917 die eerste vennoot geword, en die Nederduitse Gereformeerde Kerk (NGK) is die grootste vennoot. Die Verenigende Presbiteriaanse Kerk in Suider-Afrika (UPCSA) dra by tot die besondere aard van die Fakulteit en so ook die jongste vennoot, die Verenigende Gereformeerde Kerk in Suidelike Afrika (VGKSA). Elkeen van die kerklike vennote voeg waarde toe tot die kwaliteit en relevansie van die programme. Die Fakulteit geniet nasionale en internasionale erkenning vir hoë akademiese standaarde en vakkundige integriteit. Die volgende drie aansprake vorm die grondslag vir die Fakulteit
se vormgewing aan intellektuele uitnemendheid: Ons verbind wêrelde. Ons onderrig lewegewende teologie. Bewese uitnemendheid is ons waarborg. Ons wil graag relevant bly en opleiding verskaf vir die kerk van die toekoms, nie van die verlede nie. Ons wil kerke ondersteun in hul bediening van vandag en môre. Daarom spreek ons sake aan soos middestadbediening, AfrikaChristenskap, publieke teologie en gemeenskapsontwikkeling. Die Fakulteit vier vanjaar sy honderdste bestaanjaar. Sy ontstaan was nederig: slegs twee studente en twee lektore. Dit is egter nie alleen die afgelope honderd jaar wat saak maak nie, maar veral die honderd jaar wat voorlê. Vandag maak saak! Die betekenis van die eeufees is dus dat dit ‘n poort na die toekoms is, gelei deur waardes soos inklusiwiteit en diversiteit.
Die oorhoofse navorsingstema van die Fakulteit is ‘Ekodomie: lewe in volheid’. Dit beteken kortliks om die koninkryk te bou. Navorsing in etiek, die omgewing, gender, asook teologiese of religieuse temas met sosiale implikasies is van besondere belang. Dit sluit xenofobie, diskriminasie en geweld in die gemeenskap in. Die Fakulteit doen navorsing oor unieke temas wat plaaslik relevant is en tog ‘n internasionale reikwydte het. Heelwat van die navorsing is interdissiplinêr en sluit internasionale deelname in. Die Fakulteit Teologie verwelkom graag voornemende studente wat predikante of ander geestelike werkers wil word. Die vraag wat jy nou moet beantwoord, is die volgende: ‘Jy verdien die beste! Waarom dan nie die Universiteit van Pretoria nie?’ Tel +27 (0)12 420 2322 E-pos johan.buitendag@up.ac.za
Universiteit van Pretoria
iii
Inhoud Boodskap van die Dekaan.....................................................................................................................................................................................................................ii Voorgraadse programme.....................................................................................................................................................................................................................1 Waarom by die Fakulteit Teologie studeer?....................................................................................................................................................................................3 Wat behels die program?.....................................................................................................................................................................................................................3 Voorgraadse programme in Teologie...............................................................................................................................................................................................3 Nagraadse programme in Teologie...................................................................................................................................................................................................5 Algemene inligting..................................................................................................................................................................................................................................5
‘Hoewel dit op die oog af baie eenvoudig lyk, is teologie ‘n studieveld met talle uitdagings wat ‘n mens diep laat nadink. Ek weet vir seker dat teologie jou toerus vir talle verskillende sfere van die lewe. Ek hou baie van die interaksie in ons klasse. Omdat ons klasse klein is, is dit moontlik om nabye verhoudings te bou en diep gesprekke te voer. My passie is die ontwikkeling en fasilitering van leierskap in die studenteomgewing. Die studie van teologie help my om dié passie te verskerp en berei my voor vir die toekoms. Dit is ‘n groot voorreg om te kan baat by alles wat die Fakulteit Teologie tans bied – die resultaat van baie mense se harde werk oor baie jare. Ek is bly dat ons aanstaande jaar die Fakulteit se honderdste bestaansjaar vier.’ Marco Koch
Uitgegee deur die Departement Toelating en Studenteadministrasie in Desember 2016. Kommentaar en navrae kan gerig word aan ssc@up.ac.za of tel: +27 (0)12 420 3111. Vrywaring: Hierdie publikasie bevat inligting oor reëls, beleide, onderriggelde, kurrikula en programme van die Universiteit van Pretoria soos van toepassing ten tye van die druk daarvan. Wysigings aan of bywerking van die inligting in hierdie publikasie mag van tyd tot tyd sonder vooraf kennisgewing geskied. Die akkuraatheid, betroubaarheid of geldigheid van die inligting vervat in hierdie publikasie word derhalwe nie deur die Universiteit op enige gegewe tydstip gewaarborg nie en is onderhewig aan verifiëring. Die gebruiker word versoek om deurgaans die korrektheid van die gepubliseerde inligting met die Universiteit te bevestig. Versuim om dit te doen, sal nie aanleiding gee tot enige eis of aksie van enige aard teen die Universiteit deur enige party hoegenaamd nie.
1
Fakulteit Teologie 2017/18
Voorgraadse programme Belangrike inligting met betrekking tot voorgraadse programme vir 2018 Die volgende persone sal vir toelating oorweeg word: ‘n kandidaat wat oor ‘n sertifikaat beskik wat deur die Universiteit as gelykstaande aan die vereiste Graad 12-sertifikaat met toelating vir graaddoeleindes aanvaar word; ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander tersiêre instelling is of die status van ‘n gegradueerde van so ‘n instelling geniet; en ‘n kandidaat wat ‘n gegradueerde van ‘n ander fakulteit van die Universiteit van Pretoria is. Lewensoriëntering word uitgesluit by die berekening van die TPT. Universiteit van Pretoria-webwerf www.up.ac.za/teologie Nasionale Normtoets (National Benchmark Test)-webwerf www.nbt.ac.za Minimum vereistes vir 2018 Prestasievlak
Programme
Afrikaans of Engels NSS/ IEB
BDiv – Baccalaureus Divinitatis (vir toelating tot MDiv-studie) [4 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus
4
HIGCSE
3
ASLevel
D
TPT ALevel
D
25 (23–24 toelating op grond van die NBT)
Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. Hierdie program word in aparte groepe aangebied in slegs een taal (Afrikaans of Engels). Dit is die eerste stap na MDiv-studie. BTh – Baccalaureus Theologiae [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus
4
3
D
D
25 (23–24 toelating op grond van die NBT)
Beroepe: Predikante, pastore, priesters, predikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Ander moontlikhede sluit in etiekkonsultante in die sakewêreld. Teologiese studies kan verrykend wees vir mense in verskeie ander beroepe. Voornemende studente wat gelegitimeer of georden wil word, moet dit ook met hulle kerkleiers bespreek. Hierdie program word in aparte groepe aangebied in slegs een taal (Afrikaans of Engels). DipTh – Diploma in Teologie [3 jaar] Sluitingsdatums: SA – 30 September Nie-SA – 31 Augustus
3 (Slegs Engels)
4
E
E
22 (20–21 toelating op grond van die NBT)
Beroepe: Predikante, pastore, priesters, lekepredikers in sekere denominasies, sendelinge en jeugwerkers. Kandidate kan hulle kerkleiers raadpleeg oor die mees geskikte opsie. Die Diploma in Teologie is bedoel vir kandidate wat Graad 12 (of ekwivalent) voltooi het, maar sonder die universiteitstoelating wat normaalweg vereis word. Hierdie program word slegs in Engels aangebied.
Universiteit van Pretoria
2
‘Ek is baie lief vir teologie omdat dit ‘n mens dwing om jou geloof te bevraagteken en dit uiteindelik versterk deur jou toe te rus met kennis en ‘n breër begrip. In ons Fakulteit Teologie gaan dit oor die studie van God en tog word mense van ander gelowe nie uitgesluit nie. Ek hou ook baie van die grootte van ons klasse – dit maak dit makliker om nabye verhoudings met medestudente en dosente op te bou. Met hierdie kwalifikasie hoop ek om eendag ‘n diepsinnige prediker van die Evangelie te wees, sowel plaaslik as internasionaal. Benewens my begeerte om die Evangelie te verkondig, streef ek ook daarna om ‘n Nuwe Testamentiese vakkundige te word. Ek hoop verder om tot die gemeenskap by te dra deur die jeug deur middel van bemagtigingsprogramme te motiveer. My leuse is, ‘Moenie vir jou broer ‘n vis gee nie; leer hom eerder om self vis te vang’. Ek is opgewonde oor die vooruitsig om deel te wees van ons Fakulteit se eeufeesvieringe. Met sy unieke geskiedenis lyk die toekoms selfs helderder. Al wat ons hoef te sê, is ‘Ebeneser’: die Here het ons tot hier toe gehelp.’ Joshua Mwani
‘Teologie het aan my die geleentheid gegee om die lewe se vrae vanuit ‘n ander perspektief en sonder vooroordeel te beskou en my oë geopen om diegene wat ander opinies as ek huldig, te aanvaar. Kleiner klasse bring mee dat ons met groter deernis mekaar leer ken en die diversiteit daarvan geniet. Ek is uiters passievol oor die verkondiging van die Evangelie en oor berading, en my teologiese studie berei my voor om dié passies uit te leef. In die toekoms sal ek graag meer aktief betrokke wil wees by minder bevoorregtes wat ‘n behoefte het aan liefde, ondersteuning en aanvaarding. Die Fakulteit Teologie het ‘n mylpaal bereik en dit is so ‘n groot voorreg om deel te wees van die eeufeesvieringe. Sy ryke geskiedenis gee aan ons reuse geleenthede vir groei en ontwikkeling in alle fasette van bestuur, studentelewe en waardes. Daarbenewens het dit bygedra tot die rekonstruksie van die hede en daardeur van die toekoms, in ooreenstemming met die missie en visie van die Fakulteit. Ons eeufeesviering is tekenend van ons aanvaarding van die verlede, ons omarming van die hede en ons vorming van die toekoms om inklusief te wees en uitdrukking te gee aan die liefde van Christus.’ Allan Paskwababiri
3
Fakulteit Teologie 2017/18
Voorgraadse programme Waarom by die Fakulteit Teologie studeer?
Voorgraadse programme in Teologie
Die Fakulteit Teologie is bekend vir sy verbintenis tot die volgende: Die Bybel. Dit vorm die basiese vertrekpunt vir die teologie. Spiritualiteit. Geestelike vorming is ‘n prioriteit. Akademiese uitnemendheid. Op akademiese gebied vergelyk die Fakulteit goed met van die bestes ter wêreld. Dosente. Dosente is bekende akademici en ook gerespekteerde kerkleiers. Studentelewe. “Tokkelokke” neem voluit deel aan die kampuslewe: toere, Jool, kampe, sportaktiwiteite, serenades en vele meer. Internasionale kontakte. Studente kan voordeel trek uit van die Fakulteit se vele oorsese kontakte.
Die sewe hoofafdelings in die teologiese studie fokus op verskillende vrae oor die Bybel en die lewe.
Daar is persone wat nie noodwendig teologie studeer met die doel om dit as ‘n beroep te beoefen nie, maar om verskeie ander redes. Daar is byvoorbeeld mense wat teologie studeer omdat hulle dit interessant vind, of vir geestelike verryking, of om hulself beter toe te rus vir hulle werk. Die Fakulteit bied ook kursusse aan vir persone wat nie noodwendig teoloë wil word nie, maar wat hul eie lewens wil verryk. Daar is verskeie voordele daaraan verbonde om jou studies in jou eie vakgebied te verryk deur die insigte in en toepassings van teologie. Deur modules uit Godsdiensstudies in te sluit in ander programme soos rekenaarwetenskap, ingenieurswese, tale, sielkunde, maatskaplike werk of onderwys, word gegradueerdes in staat gestel om uiteindelik as beter toegeruste, ten volle ontwikkelde mense hul loopbane te betree.
Wat behels die progam? Teologie ondersoek die basiese lewensvrae: Hoe beïnvloed godsdiens en geloof mense se lewens? Hoe benader ‘n mens etiese en morele kwessies in die werkplek? Hoe dra teologiese insigte by tot opbouende menslikehulpbronpraktyke? Hoe word ‘n ekologiese bewussyn gekweek? Die Christen en landswette. Hoe dra godsdienstige waardes by tot onderlinge vrede en menslike verhoudings? Kan misdaad beëindig word deur ‘n beroep te doen op mense se geloof en waardes? Wat is die sin en doel van die lewe? Waar vind ‘n mens antwoorde op wesensvrae? Hoe vind ‘n mens dieper insig in menswees, sodat jy ‘n verskil in die wêreld kan maak? Sommige studente voel geroepe om as predikante, pastore, priesters, lekepredikers, sendelinge of jeugwerkers in die kerk te werk. Daarvoor is teologie die aangewese studierigting. Vir ander is hulle roeping om die gemeenskap te dien as maatskaplike werkers, ontwikkelingswerkers, sielkundiges, onderwysers, joernaliste of skrywers. Nog ander sal hulle bekwaam as ingenieurs en prokureurs of as entrepreneurs. Almal sal baat vind by ‘n beter begrip van die mens en die samelewing.
Ou-Testamentiese Wetenskap Die Ou Testament handel oor God se verhouding met Israel en God se betrokkenheid by mense en by die skepping. Die Ou-Testamentiese Wetenskap bestudeer die boeke van die Ou Testament sowel as die leefwêreld van Israel, en leer daaruit hoe hulle nagedink het oor sake soos lyding, liefde en hoe om in God se teenwoordigheid te lewe. Nuwe-Testamentiese Wetenskap Die Nuwe Testament bied verskillende verhale en perspektiewe op die lewe van Jesus. In hierdie vak word die boeke van die Nuwe Testament en die eerste-eeuse Mediterreense konteks waarbinne hulle ontstaan het, ondersoek. Kerkgeskiedenis en Kerkreg Die geskiedenis van die Christelike kerk en die lewes en teologie van groot figure soos Augustinus, Thomas van Aquino, Johannes Calvyn en Martin Luther word bestudeer. Kerkreg handel oor die spesifieke wyse waarop verskillende denominasies hulself organiseer. Godsdiens- en Sendingwetenskap Die groot wêreldgodsdienste, naamlik Judaïsme, Islam, Boeddhisme en Hindoeïsme, en hulle verhouding tot die Christelike godsdiens word in Godsdienswetenskap ondersoek. Sendingwetenskap fokus op die deelname van Christelike geloofsgemeenskappe aan God se sending. ‘n Holistiese benadering word gevolg. Dogmatiek en Christelike Etiek Dogmatiek bestudeer geloof in God. Wie is God en hoe dra geloof by tot mense se ervaring van die sin van die lewe? Etiek vra wat die regte ding is om te doen in ‘n situasie. Wat maak dat mense reg of verkeerd optree in die komplekse wêreld waarin ons leef? Praktiese Teologie Praktiese Teologie handel oor wat Christen-gelowiges doen (geloofshandelinge) en hoe hulle hul geloof ervaar en uitleef. Die erediens en prediking, die betekenis van simbole en simboliese handelinge, hoe om mense wat in ‘n krisis verkeer, te help, hoe geloof gevorm en onderrig word, asook ‘n beter verstaan van ons leefwêreld, is die studieveld van die vak. Godsdiensstudies Godsdiensstudies (vroeër genoem Bybel- en Godsdienskunde) is ‘n kursus wat oop is vir enigeen wat in die godsdiens belangstel. Dit staan bekend as ‘n lewensverrykingskursus en studente uit studievelde soos ingenieurswese, argitektuur, regte, musiek, politieke wetenskap, beeldende kunste en nog baie meer, volg die kursus. Die volgende vrae word gevra: Hoekom is mense godsdienstig? Wat het mense in die antieke tyd geglo? Hoe kan ons mense van ander godsdienste beter leer ken en respekteer? Kontakinligting Trone Stander Tel +27 (0)12 420 4053 E-pos trone.stander@up.ac.za
Universiteit van Pretoria
4
‘My passie om teologie te studeer is versterk deur die modules wat ek tot dusver gedoen het, asook dié waarmee ek tans besig is. Elke module het nuwe insigte gebied in sommige van die diverse velde wat deel uitmaak van teologie. Die Fakulteit Teologie is beslis uniek in die sin dat almal (studente, personeel en dosente) mekaar op ‘n persoonlike vlak kan leer ken. Dit is wat ek so waardeer in die Fakulteit – ‘n mens kan ‘n spesiale band met iedereen opbou. Met hierdie kwalifikasie sien ek myself dien waar ook al God my heen lei net soos Hy my na hierdie Fakulteit gelei het. Ek het grootgeword onder die geestelike leiding van Doxa Deo [Kerk] en dit het my gehelp om ‘n verhouding met God te bou en my gevorm in die persoon wat ek is. So hoop ek om dieselfde vir ander te doen. As ondervoorsitter van Huis Teologie 2015/2016 en verantwoordelik vir die portefeulje Omgee en Uitreiking, is dit vir my belangrik om op enige moontlike manier ‘n bydrae tot die gemeenskap te maak. Vir my beteken dit om te dien deur uitreikings, veral dié wat deur Huis Teologie en die Fakulteit gereël word. Ek hoop ek kan op hierdie wyse ‘n voorbeeld wees van die dienende leier. Met die Fakulteit wat sy honderdste bestaansjaar in 2017 gedenk, is dit ‘n groot eer om juis nóú ‘n student in die Fakulteit te wees. Ek hoop om die Fakulteit te sien groei om selfs meer Godvresende leiers voort te bring wat ‘n impak op die wêreld sal maak.’ Chanyoung Yoo
5
Fakulteit Teologie 2017/18
Nagraadse programme/Algemene inligting Nagraadse programme in Teologie Baccalaureus Theologiae Honores – BThHons Die doel van hierdie program is om studente in staat te stel om op ‘n eerste nagraadse vlak gespesialiseerde kennis, vaardighede en toegepaste kundigheid ten opsigte van bepaalde gebiede van die teologie te verwerf. Nagraadse Diploma in Teologie en Bediening Die Nagraadse Diploma beoog die verwerwing van gevorderde teologiese kundigheid en praktiese vaardighede en is gemik op die algemene, breë bedieningspraktyk van die predikant. Kerkspesifieke opleiding en vorming word in samewerking met kerklike vennote aangebied. Dit volg op die BDiv-program of die vorige vierjaar BTh-program. Nagraadse Diploma in Teologie (NGDipl [Teologie]) Die Nagraadse Diploma in Teologie (NGDipl [Teologie]) bied toegang tot nagraadse teologiese studie aan kandidate wat reeds oor ‘n driejarige, nie-teologiese tersiêre kwalifikasie gelykstaande aan ‘n baccalaureus beskik, met die oog op die toepassing van teologie op verskeie bedieningsterreine, asook die beroeps- of gemeenskapslewe. ‘n NGDipl-kursus wat spesialiseer in die Psalms word ook aangebied. Magister Divinitatis – MDiv Die MDiv volg op die BDiv-program of die vorige vier jaar BTh-program. Dit is ‘n gedoseerde meestersgraadprogram in algemene Teologie wat al ses theologiese dissiplines insluit. Dit fokus op gevorderde teologiese kundigheid en praktiese vaardighede.
Magister Theologiae – MTh Hierdie program bied aan studente met die vier jaar BDiv of BThHons – of gelykwaardige kwalifikasies – die geleentheid om op meestersvlak in die teologie te spesialiseer en navorsing te doen. Daar is twee moontlikhede, naamlik ‘n gedoseerde program met ‘n mini-verhandeling, of ‘n volle navorsingsprogram wat uit ‘n verhandeling bestaan. Die gedoseerde komponent bied die moontlikheid om gespesialiseerde vaardighede in ‘n bepaalde dissipline te verwerf. Philosophiae Doctor – PhD Die programlyn wat met die drie jaar BTh via die BThHons na MTh gevorder het; of die programlyn wat met die vier jaar BDiv na die MTh gevorder het, vind die afsluiting in die PhD. Die uitkoms van die PhD is hoogs gespesialiseerde, navorsingsgebaseerde kundigheid en vaardigheid. Kontakinligting Doris Mokgokolo Tel +27 (0)12 420 2700 E-pos doris.mokgokolo@up.ac.za
Algemene inligting Besoek www.up.ac.za/toelatingsinlgting vir inligting oor die volgende: Studie-inligting Bereken jou Toelatingspunttelling (TPT) Sluitingsdatums Fooie en befondsing Spesiale aanbod aan akademiese toppresteerders Doen aansoek by UP Wysig of voeg ’n program by Nasionale Normtoets (National Benchmark Test – NBT) Aansoekstatus Berei voor om by UP te studeer Registrasie en aanvang van die akademiese jaar