150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby
150 Jaar Book.indd 1
2352011 5:24 PM
150 Jaar Book.indd 2
2352011 5:24 PM
150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby
Wim van der Berg
150 Jaar Book.indd 3
2352011 5:24 PM
Above: Springbok victory 1995. Half title page: Bok front row, CJ van der Linde, Chiliboy Ralepelle and Güthro Steenkamp. Title page: FNB Stadium, venue for the 2009 Tri-nations test against New Zealand.
First published jointly in 2011
All rights reserved. No part of this publication may be
by Bookstorm (Pty) Ltd and
reproduced, stored in or introduced into a retrieval system,
Pan Macmillan South Africa
or transmitted, in any form, or by any means (electronic,
Suite # 10
mechanical, photocopying, recording or otherwise) without
Private Bag 12
the prior written permission of the publisher. Any person who
Cresta, 2118
does any unauthorised act in relation to this publication may
Johannesburg
be liable to criminal prosecution and civil claims for damages.
South Africa ISBN 978-1-920434-14?-4
Editing by Patricia Botes Proofreading by Vanessa Perlman
Text © Wim van der Berg, 2011
Design and typesetting by Triple M Design, Johannesburg
Photographs © Christiaan Kotze and others (see pxx)
Printed and bound by Ultra Litho (Pty) Limited
150 Jaar Book.indd 4
2352011 5:24 PM
Contents Preface vii Acknowledgements ix 1 Official champions at last! The Springboks in the World Cup 1995–2007 1 2 The early beginnings – Schools, clubs and soldiers pave the way 23 3 Turmoil at the top – Woes and fortunes of South Africa’s 13 rugby presidents 43 4 Segregation, frustration and infighting – The history of multiracial rugby in South Africa 65 5 A competition of two phases: The Currie Cup: SA rugby’s Holy Grail 81 6 The struggle for the golden cup – A new Currie Cup giant emerges 101 7 Two teams dominate the nineties – Natal and Lions break the Currie Cup drought 121 8 The pillars of South African rugby – Craven Week, Vodacom Cup and so much more 141 9 Test matches – The grip of South African rugby loosens 159 10 The SANZAR disillusion – The reality of professionalism in rugby 177
Statistics 201 Bibliography 226 Index 228
150 Jaar Book.indd 5
2352011 5:24 PM
150 Jaar Book.indd 6
2352011 5:24 PM
Outeursnota
Die grootste uitdaging met die skryf van 150 Jaar van SuidAfrikaanse Rugby was om die ryke geskiedenis van die spel in ons land saam te vat, en terselfdertyd reg te laat geskied aan die groot rugbygeeste en hul dade oor dié tydperk. Dit is ’n geskiedenis wat, ideaal gesproke, vyf of ses volumes benodig. Die oplossing was om te poog om die storie van Suid-Afrikaanse rugby sedert 1861 te vertel, eerder as om die geskiedenis op ’n absolute wyse te probeer uiteensit. Omdat ek bevoorreg genoeg was om die spel in SuidAfrika sedert die 1950’s te volg – eers as ’n jong seun van sewe, en later as speler, administrateur en joernalis – was dit ’n vreugdevolle voorreg. Die navorsing het heelwat persoonlike herinneringe opgeroep. Dit het ook my oë oopgemaak vir ons rugby se tog deur die jare – ’n reis deur tye van swaarkry, politieke toutrekkery, drie oorloë, administratiewe onstuimigheid, en ook glorie. Die grootste leemte wat ek tydens die voorbereiding en skryf van die boek geïdentifiseer het, was ongetwyfeld die verhaal van Suid-Afrikaanse rugby onder die swart mense en sogenaamde kleurlinge. Die beskikbare dokumentasie oor daardie deel van ons rugbygeskiedenis is egter onvolledig en gefragmenteerd. Dit is dus met spyt dat die hoofstuk oor Suid-Afrikaanse rugby buite die IRR-erkende SA Rugby Football Board (later die SA Rugby-Voetbalraad en tans die SA Rugbyunie) reg aan daardie deel van ons ontwikkeling laat geskied nie. Ek hoop nietemin dat die boek genoeg van die SuidAfrikaanse rugbyverhaal bevat om lesers trots te maak op dit wat oor die afgelope 150 jaar bereik is. WvdB
Caption
150 Jaar Book.indd 7
vii
2352011 5:24 PM
150 Jaar Book.indd 8
2352011 5:24 PM
Erkennings
Die skryf van 150 Jaar van Suid-Afrikaanse Rugby was in alle opsigte ’n heerlike taak – en daar is sommer baie, baie mense wat bedank moet word dat die boek ’n werklikheid geword het. Ten eerste is daar die uitgewers, Bookstorm. Aan elke personeellid, dankie vir jul ondersteuning en hulp. En aan die HUB, Louise Grantham, ’n spesiale woord van dank vir jou vertroue dat die boek kon slaag; vir jou humor en geduld, maar veral vir jou raad en leiding. Ook aan my vrou Alida wil ek baie dankie sê. Sy het ondersteun, voorgestel, bygestaan en geredeneer – en ook die Afrikaanse vertaling gedoen om, soos sy dit stel, “die mense te laat verstaan wat jy skryf”! Daar is ook so baie ander uit wie se tyd en kennis ek kon put. In die besonder dankie aan die voormalige logistieke bestuurder van die Springbokke, Mac Hendricks, vir sy insette oor “kleurlingrugby”; en aan Derek Jardine vir die foto’s wat hy voorsien het van daardie afgeskeepte, maar baie belangrike afdeling van Suid-Afrikaanse rugby. ’n Mens het nie baie naslaanwerke nodig as jy vriende soos die voormalige rugbyskrywers Gerhard Burger en Herman le Roux het nie – en my dank ook aan Gerhard en Collis Janse van Rensburg vir hulle hulp met Afrikaanse en Engelse grammatiese onsekerhede. Dan is daar ook Christiaan Kotze wat op ’n baie groot dankie geregtig is vir die baie foto’s wat in die boek gebruik is; so ook die onderskeie rugbyunies en hulle beamptes vir hul bystand. Laastens, dankie aan al die spelers en beamptes op alle vlakke vir hul bydrae tot die groei van die wonderlike spel in Suid-Afrika oor die afgelope 150 jaar. Sonder hulle sou daar nie ’n rugbygeskiedenis gewees het nie. WvdB
Caption
150 Jaar Book.indd 9
ix
2352011 5:24 PM
x
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 10
2352011 5:24 PM
1
Oplaas – amptelike wêreldkampioene! Die Springbokke in die Wêreldbekertoernooie
Proud Springbok fullback, Percy Montgomery, with his 2007 World Cup winner’s medal.
Dit is 24 Junie 1995 – daardie onvergeetlike Saterdag toe die Amabokoboko volksbesit geword het. Vanaf die noordgrens met Zimbabwe tot so ver suid as Kaap Agulhas was daar ongekende vreugde toe die Springbokke met hul eerste deelname aan die Wêreldbekertoernooi die All Blacks op Ellispark in ’n drielose eindstryd 15–12 na ekstra tyd geklop het. Die grondslag vir hierdie triomf is gelê op meer as net passie en toewyding wat oor 135 jaar gestrek het. Redelik bekwame administrasie, sterk plaaslike kompetisies soos die Curriebeker, en goed georganiseerde skolerugbystrukture het ook bygedra. Dit het ook gevolg op jare se teenkanting en onderhandeling met die Suid-Afrikaanse regering oor die apartheidsbeleid. Hierdie beleid het gelei tot die verbod op die kies van anderskleurige spelers op enige vlak van Suid-Afrikaanse rugby; vandaar die uitsluiting van die Springbokke van internasionale rugby. Hierdie faktore, wat Suid-Afrika se rugby meer as ’n eeu lank gedra én vertroebel het, het die gemiddelde fanatiese, bittereinder-ondersteuners daardie dag in Junie min getraak. Vir hulle het die Wêreldbekeroorwinning Suid-Afrika se status as die beste ter wêreld oor die afgelope eeu bevestig. Per slot van sake, hul geliefde Bokke het meer wedstryde teen elke rugbyspelende land gewen as verloor. Hulle het die All Blacks in Nieu-Seeland geklop, iets wat die All Blacks toe nog nie hier in Suid-Afrika reggekry het nie. Boonop het die Bokke vier agtereenvolgende Grand Slams op toere na die Verenigde Koninkryk (VK) en Ierland gewen waartydens die vier tuisunies die knie moes buig – die All Blacks en die Wallabies kon dit slegs een keer regkry. Vir hierdie ondersteuners was die Springbokke die kampioenspan sedert daardie heel eerste reeksoorwinning teen die Britse Leeus van Mark Morrison in 1903. Net
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 1
1
2352011 5:24 PM
Morné du Plessis – geluk speel ook ’n rol 1971–1980: 22 toetse, 15 keer kaptein Morné du Plessis het tussen 1971 en 1980 in 22 toetse gespeel, waarvan hy vyftien keer die kaptein was. Hy is ’n wyse man wat nie baie praat nie, maar in die euforie na die 1995-Wêreldbekeroorwinning het hy gesê dit was asof ’n onsigbare mag die Springbokke se lot in ’n gunstige rigting gestuur het. Dit was inderdaad so, want daar was ’n aantal gebeure wat die Springbokke gelukkig getref het. Sake kon so maklik anders verloop het in hierdie toernooi wat ongetwyfeld ’n hoogtepunt in Suid-Afrikaanse rugby was. Die eerste krisis was die uitskop van die afrigting- en bestuurspan ’n skamele nege maande en vyf toetse voor die afskop van die Wêreldbekertoernooi. Na swak resultate – net vier oorwinnings en twee gelykopuitslae uit twaalf toetse – is Ian McIntosh summier deur Louis Luyt in die pad gesteek. As daar in gedagte gehou word hoe swak McIntosh se lang lys voorgangers teen Frankryk, Engeland, Nieu-Seeland en Australië gevaar het, was sy vertoning as afrigter glad nie so beroerd nie. Hy het net twee makliker toetse teen Argentinië gehad. Luyt was berug daarvoor dat hy afrigters van Transvaal en die Leeus nie enige tyd gegun het om hul voete te vind en ’n span op te bou nie. Van agterna beskou was Luyt miskien oorhaastig, maar alles het goed afgeloop. Kitch Christie se fabelagtige sukses met Transvaal en die Leeus, nadat Luyt hom by Harlequins in Pretoria se tweede span gaan haal het, het net agtien maande later aan hom die hoogste afrigtingspos in die land besorg. Die ommekeer binne nege maande in die standaard van die Springbokke se vertonings is een positiewe aspek van die aanloop tot die Wêreldbekertoernooi. Toe volg die besering van Chester Williams, wat hom gedwing het om aan die groep te onttrek. Die noodlot waarna Du Plessis verwys het, het weer saamgespeel en Williams se plaasvervanger, Pieter Hendriks, het ’n briljante drie in die openingswedstryd teen Australië aangeteken. Goed begin is half gewin! Na die skorsing van Hendriks en James Dalton vir hul aandeel in die bakleiery in die wedstryd teen Kanada, het ’n fikse Williams op sy beurt Hendriks se plek ingeneem en vier drieë in sy eerste Wêreldbekerwedstryd gedruk!
2
Nog ’n ernstige terugslag was die handbesering wat André Joubert, die sogenaamde Rolls Royce van heelagters, opgedoen het. Hy was so ampertjies nie beskikbaar vir die halfeindstryd teen Frankryk en die eindstryd teen NieuSeeland nie. Die Samoaanse heelagter, Mike Umaga, het in die kwarteindstryd vir Joubert met ’n stywe arm probeer stuit en Joubert het die slag op sy hand gekry. Joubert vertel dat hy eers vyf minute na die laagvat besef het dat iets ernstigs met sy hand gebeur het: “Ek het probeer om aan te hou speel, maar ek kon nie.” Dit was onmiddellik duidelik dat hy sy hand gebreek het. Joubert is met Brendan Venter vervang en Gavin Johnson is van die vleuel na heelagter verskuif. Dit was ’n dreigende krisis. So goed soos wat hy was, het Johnson maar ’n gemiddelde wedstryd teen die Samoane gehad. Christie is dus sonder enige keuse gelaat en Joubert is dieselfde aand na die wedstryd teen Wes-Samoa geopereer. Hy moes ure in ’n dekompressiekamer deurbring en ’n week later het hy op die veld gedraf vir die kwarteindstryd teen die Franse in Durban. Hy moes ’n stut wat in die Ierse sport “hurling” gebruik word, aan sy beseerde linkerhand dra. Hy het die beskermende groen stut ook die volgende week in die eindstryd teen Nieu-Seeland gedra. Joubert erken dat sy beseerde hand die hele tyd in sy gedagtes was, en die baie hoë balle waarmee die Franse hom van meet af aan getreiter het, het ook nie gehelp nie. Dit was maar ’n kwessie van
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 2
2352011 5:24 PM
vasbyt en deurdruk, het Joubert toegegee. Die skorsing van die twee spelers na die wedstryd teen Kanada het so ampertjies Suid-Afrika ontneem van die kans om in die eindstryd te speel. Die Springbokke moes die Franse in Durban klop om deur te dring, maar niks is ooit eenvoudig nie … Reën in die winter is nie die norm nie, maar drie van die vyf wedstryde wat aan die kus gespeel moes word, is deur nat weer beïnvloed. Die halfeindwedstryd in Durban het amper uitgereën. Dit sou beteken dat die Springbokke uitgeskakel is en Frankryk, wat ’n beter dissiplinêre rekord het, sou die kans kry om in die eindstryd te speel. Durban het gelyk of dit deur ’n moeson getref is. Die veld was letterlik ’n dam water. Die afskop is met negentig minute vertraag en skeidsregter Derek Bevan moes oor die veiligheid van die spelers besluit.Weerlig was die grootste gevaar, maar die skrums kon ook ineenstort en as die spelers ’n hopie vorm met ’n losskrum, was die poele water diep genoeg om die speler wat onder lê, te verdrink. Die geluk was egter aan die Springbokke se kant en die reën het opgehou in die tydperk voor die uitgestelde afskop. Skeidsregter Bevan het besluit dat die wedstryd kon voortgaan. Tien minute na die afskop het die hemele weer oopgegaan! Die Springbokke het deur die reën en modder na ’n oorwinning van 19–15 voortgeploeter. Hulle was baie gelukkig toe Abdel Benazzi, die groot Franse flank, net voor die einde van die wedstryd in die nattigheid gly op pad doellyn toe. Hy was net-net kort van die doellyn en as daar destyds ’n TV-skeidsregter was, is die drie dalk toegeken. Toe kom die eindstryd op Ellispark en die geluk is nog steeds aan die Springbokke se kant. Met die telling 9 elk twee minute voor die einde van die wedstryd, skop Andrew Mehrtens, die jong All Black-losskakel, die eenvoudigste skepskop van reg voor die pale mis! Daardie skepskop sou die Wêreldbeker aan Nieu-Seeland besorg het. Hoewel geen Nieu-Seelandse beampte dit ooit amptelik gesê het nie, het die Nieu-Seelandse pers te kenne gegee dat voedselvergiftiging die All Blackgroep die dag voor die eindstryd getref het. Hulle het verkondig dat dit ’n skelmstreek was om te sorg dat die All Blacks nie op hul beste sou wees nie. Die persmanne het egter nooit enige bewyse gekry om dié bewerings te staaf nie. !
Frankryk en die Britse Leeus met reeksoorwinnings in 1958 en 1974 onderskeidelik het die skoon rekord van die Bokke tot en met 1995 bederf. Ja, die Bokke was die kampioene – en die refrein van die rockgroep Queen se liedjie “We are the champions” het nog lank ná die eindfluitjie en die oorhandiging van die Webb Ellis Cup in die paviljoene weerklink, waar 60 000 toeskouers steeds bankvas gestaan het. Dit was ook op daardie dag dat die charisma van Madiba ’n nasie verenig het. President Nelson Mandela het die Springbokke voor die wedstryd in hul kleedkamer besoek en ná die wedstryd met ’n Springbokpet op sy kop en ’n nommer 6-Springboktrui (kaptein Francois Pienaar se nommer) die trofee aan die Springbokkaptein oorhandig met die woorde: “Thank you for what you have done for South Africa.” Pienaar se antwoord was: “We could never have done what you have done for South Africa.” Die oorwinning en wat dit in Suid-Afrika beteken en bereik het, was werklik die verwesenliking van die span se slagspreuk vir die duur van die Wêreldbekertoernooi, naamlik “Een nasie, een span”. Daardie helder, koue Hoëveldse wintersmiddag, net meer as 106 jaar na die stigting van die eerste nasionale beheerliggaam, naamlik die South African Rugby Football Union (SARFU) in Kimberley in 1889, was ongetwyfeld die grootste dag in die trotse geskiedenis van Suid-Afrikaanse rugby. Weens die kort bestaan van die nuwe demokrasie en die invloed wat die titel op die land se mense gehad het, was dit beslis ’n groter gebeurtenis as die Wêreldbekertitel wat die Springbokke in 2007 in Frankryk verower het. Vreemdelinge het mekaar omhels, 60 000 toeskouers het op Ellispark saamgesing en op en af gespring – en in die strate dwarsdeur die land het toeters geblaas en die nuwe Suid-Afrikaanse vlag is oral gewaai.
Die openingsriller Presies vier weke voor die eindstryd het die openingswedstryd die toon aangegee vir die toernooi toe die Springbokke van Francois Pienaar teen alle verwagting
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 3
3
2352011 5:24 PM
in die verdedigende kampioen Australië op Nuweland geklop het. Net drie jaar vantevore het die Wallabies die Springbokke op hierdie tradisionele setel van SuidAfrikaanse rugby met 26–3 verneder. Daar was twee hoogtepunte op daardie wonderlike wintersdag in Kaapstad, naamlik die geesdriftige skare met hul oorweldigende optimisme tydens die onvergeetlike openingseremonie; en die wyse waarop Pieter Hendriks om die Wallabie-ikoon, David Campese, geswenk het op pad doellyn toe om die Bokke se toernooi op koers te kry. Die Springbokke is drie jaar tevore, in 1992, hertoegelaat tot die internasionale arena na die vrylating van Mandela uit die gevangenis en met die eerste demokratiese verkiesing in 1994 net om die draai. Daar was ’n aantal gebeure tydens die toernooi waar die geluk toevallig na Suid-Afrika se kant gekom het. Nie dat SuidAfrika nie die Wêreldbeker verdien het nie, maar dit kon ook so maklik anders verloop het. Meer daaroor soos die toernooi verder ontvou vanaf daardie eerste wedstryd teen Australië … Hendriks se drie net voor rustyd – terloops, hy beskou dit slegs as sy derde mees onvergeetlike drie – was uitstaande en dalk deurslaggewend. Dit het ’n agterstand van 13–9 vir die Springbokke omgeskakel na ’n rustydvoorsprong van 14–13, nadat die Wallabies die wedstryd begin het soos die kampioenspan wat hulle inderdaad was. Die Springbokke het stadig begin, maar het met ’n passie gespeel wat aangevuur is deur die algemene gees in die land, en die luidrugtige skare van meer as 53 000. Die Bokke het algaande teruggeveg, en kenmerkend van die afgelope eeu was dit die Springbokskrum wat die Wallabies voorlangs laat disintegreer het. Voeg daarby die ongenaakbare verdediging wat deur die geesdrif en die opwinding van die dag geïnspireer is. Die adrenalienaangevuurde plettervatte het die Australiese span van stryk gebring. Namate die Bokke se selfvertroue toegeneem het, het die Wallabies al hoe meer foute begaan. Die Springbokke was klinies en geduldig, en het die Wallabies se aanvalle goed gelees en maklik afgeweer. Die losskakel Joel Stransky, die eerste Springbok wat
4
op al vier moontlike wyses punte in ’n enkele toetswedstryd aangeteken het, het die Springbokke se voorsprong na 27–13 laat rek toe hy in die 64ste minuut vir sy drie oor die doellyn is. Sy 22 punte het gekom deur ’n drie,’n vervyfskop, ’n skepskop en vier strafskoppe. Die skok van Hendriks se drie net voor rustyd het die verdedigende kampioen geskud. Die Springbokke was ongetwyfeld die beste span in die tweede helfte, maar die Aussies is teen die einde vir hul veggees beloon toe die haker, Phil Kearns, in die laaste minute ’n drie druk en die Wallabies en die Springbokke dus twee drieë elk gehad het. Die beste span het egter gewen en dit oortuigend reggekry, ten spyte daarvan dat baie min rugbykenners van mening was dat hulle die toernooi, of selfs net die eerste wedstryd, sou wen. Die telling van 27–18 het nie werklik die Springbokke se oorheersing weerspieël nie. Die Australiërs was goeie verloorders, maar het in die aanloop tot hul tweede wedstryd besef dat dit nou ’n opdraande pad sou wees om die Wêreldbekertrofee te behou.
’n Teleurstellende tweede wedstryd Die tweede wedstryd ses dae later het die Springbokke met ’n slag teruggebring aarde toe. Die teenstander was die nederige Roemenië en die Bokke het spelers wat nie in die eerste wedstryd gespeel het nie, onder die kapteinskap van Adriaan Richter ingespan. Die basiese beginsels is geïgnoreer en die span het van die wedstrydplan afgewyk. Die toeskouers – weer op Nuweland – het die Bokke sien sukkel teen die vasbeslote verdediging van ’n trotse span wat nie juis iets anders gehad het om op terug te val nie. Richter se twee malende oorstootdrieë is al wat die Suid-Afrikaanse span vir hul moeite kon wys, asook ’n doelskop en drie strafskoppe deur Gavin Johnson. Die Roemeniërs het ’n enkele drie deur Nicolae Raceanu en ’n strafskop aangeteken vir ’n eindtelling van 21–8, wat die Bokke gevlei het. Die Springbokke se vertoning was, om die minste te sê, teleurstellend en het die SuidAfrikaanse ondersteuners bekommerd gelaat. Hoeveel
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 4
2352011 5:24 PM
James Dalton was suspended in the match against Canada.
André Joubert played the semifinal and final with a broken hand.
diepte het die span gehad? Wat sou gebeur as daar kwaliteitplaasvervangers gebruik moes word?
Onnosele instorming van spanmaats om te gaan help, het die voorvalletjie in ’n volskaalse bakleiery laat ontaard. Springbokhaker James Dalton en die Kanadese speler Rod Snow en kaptein Gareth Reed is afgestuur. Later is Hendriks en Kanada se Christian Stewart, wat ter ondersteuning by die aanvanklike stampery ingestorm het, uitgewys en geskors. Al vyf spelers se verdere deelname aan die toernooi is opgeskort. Die afstuur van twee Bokke het later amper ernstige gevolge vir die Springbokke voor die kwarteindronde teen Frankryk gehad. Terloops, Christian Stewart, ’n broerskind van die Springbok Dave Stewart wat in die sestigerjare losskakel en senter gespeel het, het vir die Westelike Provinsie (WP) gespeel voor hy internasionale roem in Kanada gaan soek het. Drie jaar na die voorval in 1995 het die jong Stewart saam met die Springbokke na die VK getoer. Destyds kon spelers nog meer as een land verteenwoordig. Hy het in drie toetse vir die Bokke gespeel. Die groepsrondes is suksesvol afgehandel, met een uitstaande uitslag, een swak wedstryd en een skandalige vertoning – maar die Springbokke het die kwarteindronde gehaal waar Wes-Samoa op hulle gewag het. Hierdie
Die Veldslag van Boet Erasmus Hierdie vrae sou weldra beantwoord word soos wat die drama van die Wêreldbekertoernooi ontvou het. Die berugte “Veldslag van Boet Erasmus” wat op die powere vertoning teen Roemenië gevolg het, het geensins meer vertroue ingeboesem nie. Toe die Boet Erasmus-stadion in Port Elizabeth se ligte net voor die afskop uitgaan, was dit as’t ware ’n slegte voorbode van wat sou voorlê, want dit was inderdaad ’n donker dag vir rugby én in die besonder vir Suid-Afrikaanse rugby. Die Springbokke was rustyd 17–0 voor teen Kanada, en kort daarna 20–0. Behalwe vir goeie verdediging teen ’n robuuste, aggressiewe span is dit waar die telling en die doeltreffendheid van die Bokke geëindig het. Toe, tien minute voor die eindfluitjie blaas, is drie spelers van die veld afgestuur. Dit het begin met ’n gestampery tussen die held van die Australiese oorwinning, Pieter Hendriks, en sy teenstander, Winston Stanley.
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 5
5
2352011 5:24 PM
Jake White herstel die trots Springbokafrigter, 2004–2007 Jake White het in 2004 die Springbokafrigter geword na afloop van die berugte Kamp Staaldraad-affêre en die gevolglike swak vertoning van die Springbokke by die 2003-Wêreldbekerkompetisie. Dié toernooi het sy slagoffers geëis, onder andere afrigter Rudolf Straeuli, en die Springbokke is in die kwarteindronde uitgeskakel. White se aanstelling het dadelik ’n uitwerking gehad. Sy ampstermyn het in 2004 begin en in dieselfde jaar is die Springbokke as die IRR se Span van die Jaar aangewys. Schalk Burger, skaars uit junior geledere, was die IRR se Speler van die Jaar, en die Springbokke het vanaf sesde na vierde plek op die wêreldranglys geklim. White het ook met sy eerste poging die Drienasiesreeks gewen – in die nege bestaansjare van die kompetisie was dit slegs die tweede keer dat Suid-Afrika dit reggekry het. Die gevolg van hierdie suksesvolle jaar was dat White tot ná die 2007-Wêreldbekertoernooi as Springbokafrigter aangestel is. Dié voormalige lid van die Jeppe High School for Boys se eerste span het nooit enige groot rugby gespeel nie en was nooit in beheer van ’n provinsiale span nie. White was in 2000 assistentafrigter van die Sharks. Trouens, hoewel hy by die Goue Leeus in sy hoedanigheid as direkteur van rugby op klubvlak hand bygesit het, het hy nooit ’n klubspan afgerig nie. Sy ondervinding op provinsiale vlak was beperk tot junior skoolspanne van onder-19’s en onder-21’s. Toe trek Nick Mallett hom nader om te help met video-ontleding vir die Springbokke, en in 2001 word hy hulpafrigter van die Springbokke onder Harry Viljoen. Daarna word hy aangewys as die afrigter van die nasionale onder-21-span. White het die onder-21’s na die nuwe kompetisie, ’n wêreldkampioenskap, geneem en hulle het met die titel huis toe gekom. In 2004 word hy die nuwe Springbokafrigter. Met die intrapslag klop die Bokke die Iere in twee toetse in SuidAfrika, en daarna vir Wallis, ook tuis. Die Drienasiestitel het gevolg en toe ’n baie gemiddelde Grand Slam-toer waartydens die Springbokke twee wedstryde teen Wallis en Skotland gewen het, en twee teen Engeland en Ierland verloor het.
6
In 2005, na White se suksesvolle eerste jaar as Springbokafrigter, het Suid-Afrika na die tweede plek op die wêreldranglys opgeskuif. Dit het gevolg op ’n goeie vertoning in die Drienasiesreeks. Hulle het wel die Wallabies drie keer geklop, maar nie die titel behou nie. Die spelpeil van die Springbokke het egter afwaarts begin neig en hierdie tendens is in 2006 voortgesit, wat ’n slegte oesjaar vir Jake en sy span was. Die Springbokke is in 2006 met ’n rekordtelling van 49–0 deur die Wallabies afgeransel, en hulle het ook tuis en weg teen die All Blacks verloor. Hulle kon slegs twee keer daarin slaag om tuiswedstryde te wen. Die jaareindtoer het ’n nederlaag van 32–15 teen Ierland ingesluit en hulle het ook in die eerste toets teen Engeland 31–23 verloor. In die tweede toets kon hulle darem ’n klein bietjie salf aan die wonde smeer deur Engeland met 25–14 te klop. Die Springbokke het net vyf van hul twaalf wedstryde gewen. Maar 2006 was ook ’n jaar waarin White deeglike beplanning gedoen het. Hy het ’n verswakte span op toer na die VK gestuur sodat hy van sy spelers ’n blaaskansie kon gee. Die wêreldbekende prof. Tim Noakes van die Hoëprestasie-instituut in Kaapstad het White oortuig dat dit belangrik is om sy spelers voor die 2007-Wêreldbekertoernooi te laat rus. Nogtans het Engeland op hul toer na Suid-Afrika in 2007 twee keer goed pak gekry. Nadat die Springbokke tuis in die Drienasieskompetisie een wedstryd gewen en een verloor het, het White die res van die kompetisie opgeoffer deur ’n tweede span Springbokke vir die oorsese been van die kompetisie na Australasië te stuur. Daarna het hulle die Namibiese span in Kaapstad geklop – dit was beswaarlik ’n ordentlike opwarmingswedstryd – voor hulle na Frankryk vertrek het vir die 2007-Wêreldbekertoernooi. Die Springbokke het Connacht 18–3 in Galway geklop en na ’n aanslag van ses minute 26–3 met Skotland afgereken. Toe volg die opmars Parys toe vir hul Wêreldbekerveldtog … Die Springbokke het die toernooi gewen en Jake White het die teuels neergelê. Sedertdien het hy geen noemenswaardige afrigting gedoen nie.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 6
2352011 5:24 PM
keer was die Springbokke op die Hoëveld en het hulle Ellispark se skare in vervoering gehad met goeie hardlooprugby wat uit ’n indrukwekkende voorspelervertoning gespruit het. Dit was Chester Williams se eerste verskyning by die Wêreldbekertoernooi, wat hy dan ook met vier drieë gevier het – ’n Suid-Afrikaanse toetsrekord! Nog twee drieë is onderskeidelik deur die slot Mark Andrews en die haker Chris Rossouw aangeteken. Die Bokke was 35–0 voor. Tu Nu’uali’itia en Shem Tatupu het in die laaste twintig minute twee verdoelde drieë vir die besoekers aangeteken, voordat Chester se vierde drie die telling 42–14 gemaak het. Dit was ’n aanskoulike wedstryd, maar deurspek van onaanvaarbare stywearm-verdediging en laatvatte deur die Samoane, wat eintlik gelukkig was om nie meer as net strafskoppe teen hulle te kry nie. Daar is altesaam twintig strafskoppe aan die Bokke toegeken, terwyl hulle slegs agt afgestaan het. Die statistiek dui op ’n span wat hulle klaarblyklik nie veel aan die reëls van die spel gesteur het nie. Die oorwinning oor Wes-Samoa het beteken dat die Springbokke vir die halfeindronde teen Frankryk gekwalifiseer het. Dié harde wedstryd het egter sy tol aan beserings geëis. Slotte Kobus Wiese se knie en Mark Andrews se rib, flank Ruben Kruger se skouer en heelagter André Joubert se hand is beseer. Daar was ook kommer oor Joost van der Westhuizen. Tog is almal fiks verklaar vir die wedstryd teen Frankryk. Joubert moes egter eers ’n operasie aan sy gebreekte hand ondergaan en daarna tyd in ’n dekompressiekamer deurbring om betyds gereed te wees vir die halfeindstryd! Jake White
Op die keper beskou is White se afrigtingsrekord nie so indrukwekkend nie. Van sy 54 toetse het hy 36 gewen. In 2006, wat sy swakste jaar was, het hy slegs vyf uit twaalf toetse gewen. Ter versagting moet mens in aanmerking neem dat hy sy spelers vir die jaareindtoer laat rus het.
Die weer bedreig die Bokke se semifinaal In die eerste van die twee kragmetings tussen spanne van die Noordelike en Suidelike Halfronde moes Suid-Afrika ná stortreën op ’n deurdrenkte Kingspark in Durban teen Frankryk speel. Engeland en Nieu-Seeland sou die volgende dag op Nuweland kragte meet.
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 7
7
2352011 5:24 PM
Dit was so amper of die wedstryd in Durban is afgelas. Weerlig, die gevaar van beserings as gevolg van skrums wat ineenstort, en selfs moontlike verdrinking in die baie poele water tydens losskrums het daartoe bygedra dat die afskop met negentig minute vertraag is. Derek Bevan, die Walliese skeidsregter, moes die besluit maak. Die Fransman, Marcel Martin, ’n direkteur van die Wêreldbekertoernooi, het wederregtelik op die veld gegaan om die skeidsregter te probeer oortuig om die wedstryd af te stel. Sy motief was duidelik: as die wedstryd nie plaasvind nie, sou die span met die beste dissiplinêre rekord na die volgende ronde deurdring. Die skandes by Boet Erasmus kon nou by die Springbokke kom spook! Dr. Louis Luyt, president van die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalunie (SARVU) en lid van die organiserende komitee, was ook daar en hy het aan Bevan gesê dat net die skeidsregter kan besluit of die wedstryd moes voortgaan al dan nie, en dat hy Bevan se besluit sou aanvaar. Die halfeindstryd het toe in haas onspeelbare omstandighede begin en tien minute later het die reën weer uitgesak. Maar die koeël was deur die kerk en die opskorting van die wedstryd is nie weer oorweeg nie. Die Springbokke het hul fokus behou terwyl hulle vir die afskop van die wedstryd gewag het. Die Franse het Joubert met hul eerste balbesit probeer ontsenu. Joel Stransky het met ’n vroeë strafdoel geslaag, maar met twee pogings misluk toe die reën weer neerstort. Toe was dit ’n kwessie van foute beperk en geleenthede aangryp, en tien minute voor rustyd is Ruben Kruger na dryfwerk deur die voorspelers oor die doellyn gestoot. Die doelskop was oor en die Bokke was 10–0 voor. Die toekomstige Sharksspeler, Thierry Lacroix, het daarna met twee strafskoppe geslaag en die Bokke was teen rustyd net 10–6 voor. In die tweede helfte was die wind teen die Springbokke en strafskoppe was die logiese manier om punte op die telbord te kry terwyl die twee spanne deur die modder ploeter en gly. Stransky het net na rustyd nog ’n strafskop oorgeskop en die telling was 13–6. Lacroix ant-
8
woord ’n minuut later met ’n strafskop, en daarna was dit weer Stransky se beurt na ongeveer sewe minute in die tweede helfte. Die Bokke was 16–9 voor, maar na 57 minute het die voorsprong na 16–12 verminder toe die Franse senter weer sukses behaal. Met net elf minute oor maak Stransky die telling 19–12, en dit lyk asof SuidAfrika op pad is na die eindstryd. Frankryk moes nou twee maal punte aanteken om te wen, waarvan een ’n drie sou moes wees. Dit het onwaarskynlik gelyk totdat Lacroix die Franse agterstand tot net vier punte laat krimp het, met nog vyf minute speeltyd oor. Die uitslag was weer in die weegskaal. Die Bokke was vasgepen in hul eie gebied en meestal op hul eie doellyn, terwyl die Franse verbete alles in die stryd gewerp het. Dit het gelyk of hulle suksesvol sou wees, maar toe gly Benazzi in die modder en wat gelyk het na die wendrie word nie gedruk nie. Met hul eerste probeerslag dring die Bokke dus deur na die Wêreldbekereindstryd.
Die semifinaal tussen Engeland en Nieu-Seeland Die ander halfeindstryd op Nuweland was bykans ’n ongelyke stryd en Engeland kon die blaam hiervoor plaas op die Kiwi’s se Speler van die Toernooi, die twintigjarige Jonah Lomu. Hy is nie deur die groot name of die Engelse se verdediging gestuit nie en het vier drieë aangeteken. Na slegs vier minute was die All Blacks 10–0 voor na Lomu se eerste drie en ’n verdoelde drie van Josh Kronfeld. Dit was gou 18–0 na ’n strafskop deur Mehrtens en ’n verrassende skepdoel deur agsteman Zinzan Brooke. Teen rustyd was die telling 25–3 na Rob Andrews se strafskop vir Engeland en nog ’n vervyfde drie deur Lomu. Die Kiwi’s het altesaam ses drieë gedruk – Lomu se vier, plus een elk deur Kronfeld en Graeme Bachop. Mehrtens het net drie van Nieu-Seeland se drieë omskep, maar ook met ’n strafskop en ’n skepdoel geslaag. Saam met Brooke se skepdoel het die Kiwi’s 45 punte aangeteken. Engeland se vier drieë is almal in die tweede helfte gedruk nadat hulle van 25–3 af teruggeveg het toe die uitslag eintlik al ’n voldonge feit was. Die naaste wat hul-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 8
2352011 5:24 PM
Kitch Christie – die man wat moes raakvat en regruk Springbokafrigter, 1994–1996 Kitch Christie, wat Suid-Afrika na hul eerste Wêreldbekertitel gelei het, het dit reggekry met minder as drie seisoene in beheer van ’n provinsiale span. Ian McIntosh het die trekpas as Springbokafrigter gekry na die Nieu-Seelandse toer in 1994, toe hulle twee toetse verloor en gelykop in die derde toets gespeel het. SARVU se nuwe president, Louis Luyt, het besluit dat Christie die leisels moes oorneem. Luyt was ook die Gauteng Leeus Rugbyunie se president en het Christie van oorkant die Jukskeirivier uit Noord-Transvaal laat kom om die Leeus na twee opeenvolgende Curriebekertitels in 1993 en 1994 te lei. Dit was die eerste titels sedert 1972 toe hulle (as Transvaal) vir Oos-Transvaal om die titel geklop het. Die Leeus het onder Christie en sy assistent Ray Mordt die Lionbeker en die M-Netreeks in albei seisoene gewen en die Super 10 in 1993. (Mordt het die Leeus in 1994 na ’n Curriebekeroorwinning gelei, aangesien Christie reeds na die Springbokkamp opgeroep is.) Christie se sukses as afrigter was vir die groot indoena van rugby indrukwekkend genoeg om as Springbokafrigter aangestel te word. Christie het vir Pretoria Harlequins gespeel en afgerig, en ook vir Glenwood Old Boys in Durban afgerig. In 1988 het hy die Chicago Lions in die VSA na ’n streekstitel gelei. Hoewel hy Quins
se tweedespan-afrigter was toe Luyt hom nadergetrek het om na die Leeus oor te kom, het hy deur die jare baie bekers en trofeë vir die klub verower. Hy het ook vir Noord-Transvaal diens gedoen as ’n keurder en hulpafrigter. Hierdie “gentleman” van min woorde het seker die moeilikste afrigtingspos in die rugbywêreld gekry, met slegs nege maande oor voor die afskop in Suid-Afrika, en ons rugbymense wat die Wêreldbeker eis! In Suid-Afrika was daar nog altyd, en is daar steeds, die vaste oortuiging dat die Springbokke die beste span in wêreldrugby is. Christie moes hierdie geloof regverdig. Sy eerste oorwinnings was twee keer teen Argentinië tuis, en daarna klop die Springbokke vir Skotland en Wallis met die jaareindtoer in 1994. In 1995 het die Springbokke net een opwarmingswedstryd teen Wes-Samoa voor die groot toernooi gehad. Onder Christie se
leiding het hulle al ses wedstryde in die Wêreldbekertoernooi gewen – drie in die groepwedstryde, die kwart- en halfeindrondes, en dan die onvergeetlike eindstryd. Hy was nog verantwoordelik vir die span toe hulle later 40–11 met Wallis in 1995 afgereken het en die Italiaanse span in Rome afgeransel het. Sy laaste toets as afrigter was in November 1995 toe die Springbokke vir Engeland in ’n wegwedstryd met 24–14 geklop het. Christie, wat reeds in 1979 met leukemie gediagnoseer is, se gesondheid het agteruitgegaan. Hy was onoorwonne in die veertien toetse waarvan hy die afrigter was – ’n rekord wat hy met Fred Allen van Nieu-Seeland gedeel het, totdat Nick Mallett dit met sewentien toetse oortref het. As gevolg van sy swak gesondheid het Christie vroeg in 1996 bedank. Hy het tog in so ’n mate herstel dat hy sy droom om NoordTransvaal af te rig, kon verwesenlik. Hy was egter te siek om hulle in 1997 vir hul Super 12-toer na Australasië te vergesel en is in April 1998 oorlede. Hierdie stil en nederige man se nalatenskap vir rugby was dalk die wyse waarop hy sy spelers kon identifiseer en kies, asook sy bereidwilligheid om bekwame buitestanders te betrek om hulp by tegniese aspekte van die spel te verleen.
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 9
9
2352011 5:24 PM
Chester Williams en Pieter Hendriks Chester Williams –Springbok, 1993–2000: 27 toetse Pieter Hendriks – Springbok, 1992–1996: 14 toetse
10
Toe Chester Williams opgeroep is om die geskorste Pieter Hendriks na die Boet Erasmus-veldslag in 1995 te vervang, was dit asof die noodlot die Kaapse vleuel net regverdig behandel het. Hy is oorspronklik gekies om in die Wêreldbekergroep te wees, maar moes weens ’n besering onttrek. Hendriks was egter nie oorspronklik gekies nie. Hy het Williams se plek gevul en dan ook daardie wonderlike drie in die openingswedstryd op Nuweland teen Australië gedruk. Toe hy geskors is vir sy aandeel in die bakleiery in Port Elizabeth in die wedstryd teen Kanada, was die vleuel van Roodepoort Rugbyklub se deelname aan die Wêreldbekertoernooi na net drie wedstryde verby. Williams het sy tweede kans aangegryp en vier drieë in sy eerste Wêreldbekerwedstryd teen Samoa aangeteken. Dit was ’n nuwe Suid-Afrikaanse rekord. Hy het ook in die
halfeindstryd en eindstryd gespeel. Hy was egter nie ’n nuweling op die toetsveld nie, en het voor die Wêreldbekerkompetisie reeds tien wedstryde vir Suid-Afrika gespeel. Williams het 27 toetse vir die Springbokke gespeel en veertien drieë gedruk. Hy het ook twintig toerwedstryde vir die Springbokke gespeel, en ’n verdere dertien drieë in die wedstryde gedruk. Hendriks het in vier toetse voor die openingswedstryd van die Wêreldbekertoernooi gespeel en Suid-Afrika in ’n verdere sewe wedstryde verteenwoordig om die totaal op veertien toetse te staan te bring. Hy het twee toetsdrieë gedruk, asook ’n verdere vier drieë in die sewe toerwedstryde wat hy vir die Springbokke gespeel het. Dit is interessant dat hy die drie op Nuweland, toe hy om die ikoon David Campese gehardloop het, net as sy derde beste drie beskou.
Chester Williams
Pieter Hendriks
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 10
2352011 5:24 PM
le aan Nieu-Seeland se telling gekom het, was inderdaad net voor die eindfluitjie toe Rory Underwood sy tweede drie druk. Rob Andrews het vervyf en die punteverskil na ’n meer respektabele 16 laat krimp. Twee van Engeland se ander drieë is deur Will Carling gedruk, met Andrews wat met ’n strafskop en twee vervyfskoppe geslaag het. Die eindtelling was 45–29 in Nieu-Seeland se guns. Engeland het hul kans om in die eindstryd te speel, verbeur – en dit was ’n bittere pil nadat hulle in 1991 as die beste span in die toernooi die eindstyd teen Australië op Twickenham verloor het. Dit blyk Engeland se lot te wees om die Wêreldbekertoernooi met leë hande te verlaat, want in 1999 het die Springbokke onverwags hul glorie gesteel. Suid-Afrika en hul ou geswore vyand Nieu-Seeland, wat ongetwyfeld die twee voorste spanne in die rugbygeskiedenis tot en met 1995 was, sou mekaar op Ellispark die stryd aansê om te bepaal wie in 1995 die wêreldkampioen sou wees. Nieu-Seeland was die onbetwiste gunsteling om te wen. Dit was ’n luisterryke dag. Helikopters met die wapperende vlae van die sestien deelnemende lande het oor die volgepakte stadion gesirkel. Daar was ’n tromvertoning deur die verskillende lande, valskermspringers en verbyvlugte van straalvliegtuige om die 62 000 toeskouers te vermaak wat gelukkig genoeg was om in die reusagtige stadion plek te kry. Net voor die afskop het ’n Jumbostraler van die Suid-Afrikaanse Lugdiens van die suidekant af laag oor die stadion gevlieg, met die woorde “GOOD LUCK BOKKE” onder sy vlerke.
’n Epiese eindstryd Dit was ware rugby – ’n wedstryd tussen die twee reuse, die leiers van die rugbywêreld sedert die 1890’s toe die eerste treë gegee is om dié wonderlike sportsoort te vestig. Na 44 jaar se wedywering en 41 toetswedstryde tussen die twee lande was hul resultate só gelykop! Toe hulle op die veld draf, was Suid-Afrika ’n kortkop voor, met twintig toetse gewen teenoor die agtien van Nieu-
Seeland. Hulle het drie keer gelykop gespeel. Sedert die eerste ontmoeting in 1921 in Dunedin, het Suid-Afrika in die 41 toetse altesaam 460 punte teenoor die All Blacks se 430 aangeteken. Beide spanne het die ander al met 17 punte geklop. Die Springbokke het in 1928 met 17–0 in Durban gewen, en die All Blacks het in 1965 met 20–3 in Auckland geseëvier. Die individuele rekords was ook baie gelyk – Naas Botha se rekord van 20 punte in 1981 in Wellington is net twee meer as Shane Howarth se 18 punte wat in 1994 in Auckland aangeteken is. Tydens die nabetragting oor die wedstryd is daar bewerings gemaak van vergiftiging van die All Blacks in die paar dae voor die eindstryd. Daar was allerlei teorieë en beskuldigings. Die aanvaarde sondebok was ene Suzie wat ’n kelnerin by een van die All Blacks se eetplekke was. Inmenging deur die Britse beroepswedders om die uitslag van die wedstryd te beïnvloed, is ook as ’n moontlikheid genoem en joernaliste het die bewering verder probeer ondersoek. Maar dit was mosterd na die maal. Tot vandag toe het nóg die Nieu-Seelandse spanbestuur nóg enige speler kommentaar oor die bewerings gelewer, en geen spelers wat aan voedselvergiftiging gely het, is geïdentifiseer nie. Daar heers onsekerheid of dit kos was wat geëet is, of die water wat by ’n oefening gedokter is. Mens kan volstaan deur te noem dat toe die All Blacks in 1980 die eerste keer in 49 jaar die jaarlikse kompetisie met Australië vir die Bledisloebeker verloor, voedselvergiftiging ook die skuld gekry het! Dis interessant dat die Springbokke voor hul openingswedstryd self deurgeloop het as gevolg van slegte pasta wat hulle geëet het – “ in ’n stadium was ons bang dat hulle almal aan erge voedselvergiftiging ly, maar ons het nie ’n woord laat val nie,” skryf Luyt in sy outobiografie. Dit was net logies dat Nieu-Seeland die gunstelingspan was. Hulle was skitterend op dreef teen Engeland en het 222 punte in hul drie groepwedstryde aangeteken. Hul tellings was 43–19 teen Ierland, 34–9 teen Wallis en ’n massiewe 145–7 teen Japan in ’n wedstryd wat nie goed was vir rugby of die Wêreldbeker nie. Daardie
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 11
11
2352011 5:24 PM
loesing is steeds die hoogste Wêreldbekertelling; die 21 All Black-drieë was ’n nuwe rekord; Simon Culhane se 45 punte was ’n nuwe Wêreldbekerrekord vir ’n enkele wedstryd (en die meeste punte ooit vir ’n speler in sy debuutwedstryd); en Mark Ellis het ses drieë gedruk, die meeste ooit deur ’n speler in die toernooi. In die kwarteindronde klop Nieu-Seeland vir Skotland met 48–30 en en verniel daarna vir Engeland 45–29 in die halfeindronde. Hulle het deurgaans aantreklike en konstruktiewe rugby gespeel, in teenstelling met die Springbokke wat deur hul tweede en derde groepwedstryde gestotter het, en amper in die modder en reën teen Frankryk vasgeval het. Die eindstryd was nie ’n skouspel van sprankelende hardlooprugby nie, ondanks die feit dat die All Blacks uit die staanspoor ’n patroon van hardlooprugby op die wedstryd probeer afdwing het in ’n poging om met hul totale rugby te oorheers. Dit het vroeg vrugte afgewerp toe ’n strafskop aan Nieu-Seeland toegeken is na goeie werk deur Frank Bunce, Glen Osborne en Graeme Bachop, en
Andrew Mehrtens die All Blacks 3–0 laat voorloop. Die Springbokke het egter die bordjies verhang na twee strafskoppe en ’n skepskop, om met drie punte voor te loop na nog ’n strafskop deur Mehrtens. Die 22-jarige buksie van Canterbury het dertien minute na rustyd ’n skepskop deur die pale gestuur om die telling gelykop te maak. Dit het so gebly tot die einde van die speeltyd. Merhtens is in Durban gebore. Sy oupa het vir die All Blacks gespeel en sy pa, Terry, het in 1970 vir Natal teen die All Blacks uitgedraf. Hy het ook Curriebekeren vriendskaplike wedstryde vir Natal gespeel. Die jong Andrew het sy geboorteland ’n groot guns bewys toe hy twee minute voor die einde van die normale tyd ’n verspot maklike skepskop verbrou het nadat die senter Frank Bunce na ’n stormloop ’n losskrum afgedwing het. Die Springbokke het met ’n gelykoptelling van 9 elk ’n ongenadig harde wedstryd oorleef, wat gekenmerk is deur hul verbete verdediging om die All Blacks – en die magtige Jonah Lomu – uit hul doelgebied te hou. Trouens, Jonah Lomu het nooit ’n drie teen die Springbokke kon
Die 1995-Wêreldbekerspan Die groep wat die Wêreldbeker in 1995 gewen het, het uit 28 spelers en ’n bestuurspan van vyf mense bestaan. (Dit sluit die deskundiges uit wat Kitch Christie met die voorbereiding van die span gebruik het.) Francois Pienaar (kaptein) Gavin Johnson André Joubert Pieter Hendriks James Small Brendan Venter Japie Mulder Christiaan Scholtz Joel Stransky Hennie le Roux Joost van der Westhuizen Johan Roux Rudolf Straeuli
12
Adriaan Richter Ruben Kruger Robby Brink Mark Andrews Kobus Wiese Hannes Strydom Krynauw Otto Pieter (Os ) du Randt Balie Swart Marius Hurter Garry Pagel James Dalton Chris Rossouw
Chester Williams* Naka Drotské* * By die oorspronklike groep gevoeg na die skorsing van Pieter Hendriks en James Dalton na afloop van die wedstryd teen Kanada in Port Elizabeth.
Spanbestuur Spanbestuurder: Morné du Plessis Afrigter: Kitch Christie Hulpafrigter: Gysie Pienaar Spandokter: Frans Verster
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 12
2352011 5:24 PM
1995-Wêreldbeker – Madiba open die groot skouspel President Nelson Mandela, wie se rol in die Springbokke se wen van die Wêreldbeker nooit gering geskat moet word nie, het die derde Rugbywêreldbekertoernooi op 26 Mei 1995 op Nuweland in Kaapstad met die volgende woorde geopen: It is with great pride and pleasure that I welcome you to the opening of the Rugby World Cup in South Africa. There can be no greater expression of a nation’s pride, nor nobler path to universal understanding than for the cream of its youth to compete on the playing field. It is through their love of the game, their desire to succeed through skill and sacrifice, that mighty links are forged. In this spirit of healthy rivalry, let play begin. And may the better team win!
Joel Stransky drops the goal that won the 1995 World Cup.
druk nie. Nou het twee helftes van tien minute elk vir die spanne voorgelê om die groot prys te kan verower. Feitlik onmiddellik na die aanvang van die ekstra tyd het Mehrtens vir sy vroeëre blaps vergoed deur ’n baie lang strafskop oor te skop. Net voor die halfpadmerk dwing Os du Randt na ’n stormloop ’n strafskop af, en Stransky maak die telling weer gelykop, 12 elk. Dit was weer Stransky wat die Springbokke na ’n reuse hoë skop op die aanval plaas. Die daaropvolgende skrum word aan die Springbokke toegeken en Joost van der Westhuizen gee die bal sekuur aan na Stransky – en Suid-Afrika se groot oomblik breek aan. Stransky het egter die beplande beweging geïgnoreer en die bal suiwer en hoog deur die noordelike regoppale gestuur. Jubelspronge moes wag vir later. Hy het eenvoudig net omgedraai en teruggehardloop om sy posisie in te neem, baie bewus daarvan dat daar nog net ses of sewe minute voor die einde van die wedstryd oor was. Die feit dat hy later met ’n straf-
skop misluk het, was uiteindelik nie ter sake nie. SuidAfrika het gewen! Hulle het ook verdien om te wen. Ruben Kruger, Joost van der Westhuizen, James Small en André Joubert het almal amper daarin geslaag om drieë te druk. Die span het met rotsvaste verdediging en volgehoue fokus verhoed dat die All Blacks hul kenmerkende spelpatroon in hierdie harde, spannende wedstryd kon speel. Dit was ’n tipiese toetswedstryd tussen hierdie twee groot rugbylande, wat nie altyd aanskoulike rugby was nie. Na afloop van die oorhandiging van die gesogte Webb Ellis Cup, toe president Nelson Mandela en Francois Pienaar mekaar vir elkeen se onderskeie bydrae bedank het, het Pienaar die gevoel van samehorigheid in die nuwe Suid-Afrika verder versterk toe hy sê dat die Springbokke die trofee nie net vir die 60 000 toeskouers van die eindstryd by Ellispark gewen het nie, maar ook vir die 43 miljoen burgers van Suid-Afrika!
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 13
13
2352011 5:24 PM
World Champions! Francois Pienaar holds the Webb Ellis Cup aloft.
Die 1995-Wêreldbekertoernooi sou die laaste keer ’n toernooi vir amateurspelers wees. Spelers is al jare lank vergoed vir hul dienste in weerwil van die amateurreëls wat gegeld het. Hierdie verbreking van die amateurkode is ook reeds jare lank deur die vernaamste rugbyspelende lande aanvaar, met die uitsondering van Argentinië, waar die genot van die sport nog die belangrikste was. Die dag voor die Wêreldbekereindstryd het die president van SARVU, dr. Louis Luyt, ’n opskudding in rugbygeledere veroorsaak met die aankondiging van die stigting van SANZAR (’n akroniem vir South Africa, New Zealand, Australia Rugby). ’n Nuwe Super 12-kompetisie tussen die beste provinsiale spanne van die drie toplande van
14
die Suidelike Halfronde sou in 1996 afskop, asook ’n Drienasieskompetisie op nasionale vlak wat jaarliks op ’n tuis-wegbasis sou plaasvind. Hierdie verwikkelinge het gevolg op maande se onderhandelinge, konkelwerk en rugstekery tussen amptenare, met SANZAR se kontrak wat uiteindelik met Rupert Murdoch se Newscorp gesluit is. Die Springbokkaptein Francois Pienaar en Hennie le Roux, ’n lid van die Wêreldbekerspan, het intussen in die geheim met Murdoch se groot mededinger, Kerry Packer, onderhandel. ’n Onsmaaklike konfrontasie tussen die spelers en Luyt het gevolg. Dit was veral die Wêreldbekerspelers van Transvaal wat teen die SANZAR-ooreenkoms gerebelleer het, na hulle ’n kontrak met Packer se televisiegroep gesluit het toe hulle gaste van SARVU by Sun City was. Volgens Luyt het die spelers teruggekeer en ’n verhoging in hul besoldiging van die Goue Leeus Rugbyunie nie algeëis. Luyt het opdrag gegee dat die rebelse Leeus nie vir provinsiale diens oorweeg mag word nie en die verswakte span het hul volgende Curriebekerwedstryd teen Oostelike Provinsie (OP) in Port Elizabeth net-net verloor. Die spelers het egter hul eise laat vaar, openlik om verskoning gevra en na die oefenveld teruggekeer. Die lokroep van geld het egter reeds die sport besoedel, en kameraadskap en lojaliteit het verdwyn. Volgens Luyt het elke speler sy eie finansiële belange naarstiglik beskerm. Hy sien dit as ’n situasie waar die bestuur teenoor die werkers staan – en dan baklei die werkers ook nog onderling vir ’n groter porsie van die groot geldkoek! Pienaar het uiteindelik weggestap met die $300 000 wat hy aanvanklik van Packer gevra het. Die idee was om gemengde spanne te kies uit die beste spelers ter wêreld om in ’n reeks wedstryde te speel, soos wat Packer in die laat-1970’s met krieketspelers gedoen het. As deel van die versoeningsproses is Pienaar se fooi deur SANZAR via SARVU betaal. Na ’n vergadering van die Internasionale Rugbyraad (IRR) in Parys in Augustus van dieselfde jaar het rugby wêreldwyd ’n professionele sport geword en het die aard van dié sportsoort na meer as ’n
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 14
2352011 5:24 PM
honderd jaar vir altyd verander. Pienaar het aangebly as Springbokkaptein, maar afrigter Kitch Christie het in 1996 weens gesondheidsredes uitgetree. Hy is deur André Markgraaff opgevolg. Die nuwe afrigter het die onbenydenswaardige onderskeiding behaal om aan die stuur van sake te staan toe Suid-Afrika die eerste keer ’n reeks teen Nieu-Seeland in Suid-Afrika verloor. Markgraaff het in 1996 vier van vyf wedstryde teen die All Blacks verloor, waarvan drie die reeks uitgemaak het. Dit was die laaste reeks wat tussen die twee lande gespeel is. Markgraaff het Pienaar van sy kapteinskap onthef nadat hy hom daarvan beskuldig het dat hy voorgegee het dat hy beseer is. Gary Teichmann het as Springbokkaptein oorgeneem. Nóg Markgraaff nóg Teichmann was deel van die span vir die 1999-Wêreldbekertoernooi wat deur Wallis aangebied is, en in die VK en Frankryk gespeel is. Markgraaff het bedank nadat ’n bandopname aan die lig gekom het waarop hy neerhalende aanmerkings oor swart spelers gemaak het. Teichmann is nie deur die afrigter Nick Mallett gekies nie. Mallett het in November 1997 vir Carel du Plessis, Markgraaff se opvolger, vervang nadat Du Plessis na slegs agt wedstryde as afrigter in die pad gesteek is. Dit het ’n nederlaag in ’n reeks teen die Britse Leeus ingesluit.
Die 1999-toernooi Die 1999-Wêreldbekertoernooi is voorafgegaan deur eienaardige keuses deur Mallett. Hy het ’n onfikse Bobby Skinstad gekies, en Os du Randt en Joost van der Westhuizen, wat albei kniebeserings gehad het, is ook ingesluit. Om sake te vererger, het Henry Honiball net voor die eerste wedstryd ’n dyspier geskeur. Die span het voortgestrompel en Skotland, Spanje en Uruguay geklop, maar Brendan Venter is in die laaste wedstryd weens “gevaarlike spel” geskors. Venter het na ’n bal geskop wat op daardie oomblik deur sy kaptein, Van der Westhuizen, weggeraap is. In die afwesigheid van die bal maak hy toe kontak met die skrumpet van Mario Lame,
die slot van Uruguay. Hy is vir 21 dae geskors en sou eers die dag voor die eindstryd weer kon speel – as SuidAfrika dit sou haal. Die Springbokke het na Parys vertrek vir hul kwarteindstryd teen Engeland op Stade de France. Martin Johnson se Engelse span was die gunsteling om te wen. Teen rustyd het die Springbokke 16–12 voorgeloop, te danke aan ’n twyfelagtige drie. Kort na rustyd verander die telling na 16–15. Toe volg seker die mees uitsonderlike vertoning van skopwerk wat nog in ’n toetswedstryd gesien is. Tussen die 47ste en 84ste minuut het Jannie de Beer vyf skepskoppe oorgeskop! Hy het ook vyf strafskoppe en en twee doelskoppe deur die regoppale gestuur. Suid-Afrika wen die wedstryd met ’n telling van 44–21. Die halfeindstryd teen Australië op Twickenham was ’n baie spannende wedstryd. Met die telling op 18–12 het die Springbokke die agterstand met twee strafskoppe ingehaal en toe die eindfluitjie blaas, was die telling 18 elk. Dit was weer De Beer se skopwerk wat die Springbokke se bas gered het – die laaste strafskop was ’n moeilike skuinsskop net voor die fluitjie geblaas het. Daar moes ekstra tyd gespeel word. De Beer het die Springbokke met 21–18 in die eerste tien minute van die ekstra tyd laat voorloop, maar toe is dit die Springbokke se beurt om, soos die All Blacks vier jaar vantevore in Johannesburg, die onderspit te delf. Matt Burke het die telling eers gelykop gemaak. En toe, twee minute na die begin van die tweede deel van die ekstra tyd, het die Wallabies se losskakel, Stephen Larkham, losgetrek met ’n skuins skepskop vanaf die Springbokke se tientreëlyn. Larkham was nie juis bekend vir sy skopwerk nie en hy het die bal nie eens skoon getref nie, maar dit was goed genoeg om sowat vyftig meter deur die lug en tussen die regoppale deur te trek. Die Wallabies was 24–21 voor. In ’n omstrede beslissing is Van der Westhuizen gestraf vir hande in die skrum, en Burke skop sy agste strafskop oor. Die Australiese span het gekwalifiseer om die eindwedstryd teen Frankryk te speel. Frankryk het vir ’n verrassing gesorg en die All Blacks in die ander halfeindronde ’n dag later geklop.
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 15
15
2352011 5:24 PM
Suid-Afrika en Nieu-Seeland wat vier jaar vantevore in die spannende eindstryd betrokke was, moes nou tevrede wees om vir die derde en vierde plekke uit te speel. Die twee ou vyande het in ’n wedstryd deurspek van foute ’n teleurstellende toernooi vir albei afgesluit met ’n telling van 18–14 in die Springbokke se guns. ’n Kenmerk van die 1999-Wêreldbekertoernooi was hoe min drieë daar in die uitspeelwedstryde aangeteken is, moontlik vanweë die nuwe vertolking van die reëls wat verdediging bevoordeel het. Die Springbokke het slegs drie drieë in hul laaste drie wedstryde gedruk en die uiteindelike kampioene, Australië, net vyf. Nieu-Seeland het sewe aangeteken en Frankryk nege. Daar is dus 24 drieë in sewe wedstryde aangeteken, waarvan agt in die wedstryd tussen Frankryk en Nieu-Seeland gedruk is, en vier deur Frankryk teen ’n swak Argentynse span. Die gebrek aan drieë het nie juis bygedra tot die belangstelling in ’n toernooi wat eintlik net teen die einde opwindend geraak het nie. Australië het die eindstryd teen Frankryk in Cardiff 35–12 gewen en sodoende die eerste land geword wat die Wêreldbeker vir ’n tweede keer verower het. Die flouerige belangstelling in die toernooi kan voor die deur van swak bemarking gelê word, asook die powere vertonings van die tuisunies, met die uitsondering van Engeland en Frankryk. Diegene wat die stadige pas van transformasie in die Springbokspan gekritiseer het, het gevoel hul kritiek is geregverdig, want net vier swart spelers is in die span ingesluit, naamlik Deon Kayser, Kaya Malotana, Wayne Julies en Breyton Paulse. Daar kan geredeneer word dat hulle werklik die enigste spelers was wat op meriete gekies kon word, en dit versterk die beskuldiging van ’n gebrek aan transformasie. Dit is ook debatteerbaar of hulle op grond van meriete verdien het om in meer as daardie ses Springbokwedstryde te speel. Die middelmatige vertoning van die Springbokke in die 1999-Wêreldbekertoernooi was teleurstellend, veral in ag geneem die puik vertonings sedert Mallett die span in 1997 voor die jaareindtoer oorgeneem het. Hy het sestien opeenvolgende wedstryde as afrigter gewen. Saam
16
met Carel du Plessis se laaste toetswedstryd as afrigter, is dit sewentien opeenvolgende oorwinnings – ’n prestasie wat die All Blacks se wêreldrekord geëwenaar het. Maar toe raak die Springbokke die spoor byster. Aan die einde van 1998 verloor hulle teen Engeland; hulle klop Italië twee maal in Suid-Afrika met tellings van 74–3 en 101–0; hulle verloor vir die eerste keer ooit teen Wallis in Cardiff; en hulle verloor twee keer teen NieuSeeland en een keer teen Australië. ’n Oorwinning teen Australië in die Drienasiesreeks het egter vir hulle ’n hupstoot gegee en hulle kon die Wêreldbekertoernooi met meer moed tegemoetgaan. Teichmann is na die oorsese deel van die Drienasiesreeks uit die span gelaat en is deur Joost van der Westhuizen as kaptein opgevolg. As 1999 as ’n teleurstellende Wêreldbekertoernooi beskou kan word, was 2003 niks minder as ’n ramp nie, beide op en van die veld af. In die aanloop tot die toernooi was daar die onaangename voorval waar Geo Cronje nie ’n kamer met Quinton Davids wou deel oor die kleur van sy vel nie. Daar was ’n voortslepende ongelukkigheid onder die swart spelers in die Springbokoefengroep en is ’n ondersoek na rassisme in Suid-Afrikaanse rugby gelas. Die berugte Kamp Staaldraad se besonderhede is ook na afloop van die toernooi aan die groot klok gehang. Die Springbokke het druipstert van die toernooi teruggekeer nadat die All Blacks hulle in die kwarteindronde met 29–9 afgeransel het. Rudolf Straeuli het self uit sy afrigterspos bedank na al die bohaai oor Kamp Staaldraad in die media, maar hy sou hoogs waarskynlik nie die valbyl ontglip het nie, aangesien die span net twaalf uit 23 wedstryde onder sy afrigting gewen het. Onder sy ampstermyn het die Springbokke oorwinnings behaal teen Wallis (twee keer), Argentinië, Samoa, Australië, Skotland in Suid-Afrika (twee keer), Argentinië en Australië (albei in Suid-Afrika), Uruguay, Georgië en Samoa (Wêreldbeker). Voor hulle in 2003 die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi teen Nieu-Seeland verloor het, het die Springbokke ’n baie belangrike groepwedstryd teen Engeland verloor nadat hulle met rustyd 6 elk gelykop was. Engeland het die wedstryd 25–6 gewen,
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 16
2352011 5:24 PM
Nick Mallett – strange selections.
Kaya Malotana the first black World Cup Bok in 1999.
wat Suid-Afrika na die tweede plek in daardie groep laat afskuif het. Die gevolg was ’n ontmoeting met die All Blacks in die kwarteindronde. Die blaam vir die swak vertoning kan gedeeltelik aan ’n gebrek aan ondervinding toegeskryf word. Alles in ag geneem was die Wêreldbekertoernooi gedoem deurdat die Suid-Afrikaanse rugbyadministrasie se optrede deur die jare nie vertroue in hul leierskap gekweek het nie. Hulle het ook nie die nodige insette gelewer om die onaangenaamhede in die aanloop tot die toernooi te vermy nie. Kamp Staaldraad, vertel latere Springbokkaptein John Smit in sy outobiografie, kan nie verantwoordelik gehou word vir die swak vertonings nie. Die stand van sake het na die toernooi nie juis verbeter nie. Corné Krige was die kaptein van die span wat die kaptein van die vorige Wêreldbekertoernooi in 1999, Joost van der Westhuizen, ingesluit het. Die 2003-Wêreldbeker was vir Krige die laaste strooi. Na agtien toetse het hy die tuig as kaptein neergelê. Hy het net sewe van daardie toetse gewen – ’n wenrekord van slegs 39 persent. Krige was nie die rede vir hierdie swak
vertonings nie en het altyd sy span met sy voorbeeld gelei. Daar was egter nie juis ’n goeie kans op sukses tydens hierdie moeilike tydperk, op en van die veld af, in SuidAfrika se rugbygeskiedenis nie. In 2004 het Jake White die afrigter geword en die nuwe kaptein was John Smit. Smit was reeds een keer Springbokkaptein teen Georgië tydens die Wêreldbekertoernooi in 2003. Smit sou ’n nuwe wêreldrekord opstel vir die meeste wedstryde as kaptein van ’n internasionale span. Hy was ook slegs die tweede Springbok na Percy Montgomery om 100 toetse vir SuidAfrika te speel. Dié wedstryd is teen Nieu-Seeland by die FNB-stadion net buite Soweto gespeel. Smit het ten tye van hierdie skrywe reeds 102 wedstryde, en 76 wedstryde as kaptein, op sy kerfstok. Onder die leierskap van White en Smit het Suid-Afrika in 2007 ’n tweede Wêreldbeker gewen. Frankryk was hierdie keer die gasheerland, maar die wedstryde is ook in Wallis gespeel. Dit was ’n rugbyseisoen wat oor 44 weke gestrek het – die langste ooit in Springbokrugby! Na die oorwinning is White se kontrak nie weer hernu
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 17
17
2352011 5:24 PM
nie. Ondanks sy besluit om uit te tree, het die wyse waarop hy die pos verlaat het, tog ’n slegte nasmaak gehad. Dit was te wyte aan ’n agteruitgang in die verhouding met baie van die land se voorste administrateurs en die uitgesproke kritiek in sy boek teen die leiers van SARVU, wat nou die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) geword het.
Die triomf in 2007 Die 2007-Wêreldbekertoernooi was ’n eienaardige toernooi wat heelwat verrassings vroeg in die kompetisie opgelewer het. Suid-Afrika het nie juis probleme teëgekom in sy opmars na die uitspeelwedstryde nie. Die feit dat vyf van die ses topspanne vasgeval het, het sake nog verder vergemaklik. Nieu-Seeland, wat weer eens die gunstelingspan was, het teen Frankryk in die kwarteindronde verloor. Australië het ook nie die halfeindronde gehaal nie en Argentinië het met hul oorwinning oor die Franse die gashere se kanse op die titel beëindig. Die Franse se oorwinning oor die All Blacks was inderwaarheid ’n gelukskoot na ’n onoortuigende Wêreldbekervertoning. Hulle het teen Engeland in die halfeindronde vasgeval. Frankryk se oorwinning oor die All Blacks in die kwarteindronde was maar die tweede keer uit twaalf wedstryde. Die Franse het wonderbaarlik nie ’n enkele strafskop in die tweede helfte afgestaan nie! Hierdie wedstryd is eerder deur die vertolking en foute van die Engelse skeidsregter Wayne Barnes gewen as wat dit deur die All Blacks verloor is. Jake White het vir ’n geruime tyd volgehou dat dit ondervinding sou wees wat die Wêreldbeker vir Suid-Afrika sou wen. Hy het dit bewys toe hy die span met die meeste ondervinding ooit in Springbokgeskiedenis op die veld gestuur het om die eindstryd te speel. Dit kon meer as 668 toetse gewees het, as dit nie was vir die kniebesering wat Jean de Villiers tydens die toernooi opgedoen het nie. BJ Botha se knie het hom ook van die veld gehou. Pierre Spies het tuis gebly as gevolg van ’n probleem met bloedklonte op die long. Nog ’n terugslag vir die
18
Springbokke was die skorsing van Schalk Burger na ’n hoogvat in die openingswedstryd teen Samoa. Hy is vir twee wedstryde geskors, maar met die inbring van Wikus van Heerden en die bestaande diepte in die groep was die Springbokke steeds slaggereed.
Samoa In hul eerste wedstryd teen Samoa was die Springbokke na agtien minute slegs 9–7 voor. Hul teenstanders was ’n aggressiewe span wat dikwels hoog en laat gevat het, maar relatief ongestraf deur skeidsregter Paul Honiss gelaat is. Twee drieë in die sewe minute voor halftyd – die eerste van Bryan Habana se vier en een deur Percy Montgomery – het aan die Bokke ’n gemaklike voorsprong van 21–7 besorg. Na rustyd het Suid-Afrika egter nog ses drieë bygekry, met Habana wat vier keer gaan druk het en Montgomery een keer. Fourie du Preez en JP Pietersen was verantwoordelik vir die ander twee drieë. Die telling van 59–7 het egter nie reg laat geskied aan die Samoane se dapper vertoning nie.
Engeland Die volgende groepwedstryd was teen die verdedigende kampioen Engeland, wat vroeër in die jaar twee keer ’n groot pak slae met 58–10 en 55–22 op hul toer na Suid-Afrika gekry het. Hierdie keer was dit weer so! Die Springbokke het Engeland so deeglik met 36–0 afgeransel dat hulle nooit eens kans gekry het om pale toe te skop nie. Teen rustyd was die Springbokke reeds 20–0 voor in wat moontlik hul beste vertoning in die toernooi was. Hulle het na ses minute die voortou geneem toe Fourie du Preez steelkant om breek om Juan Smith oor die doellyn te stuur. Dit was net na rustyd toe Du Preez dié keer vir JP Pietersen wegstuur doellyn toe. Die Springbokke se voorspelers was uitstekend en het die hele tyd beheer gehad. Dit was die Bokke se vierde agtereenvolgende oorwinning oor Engeland en ook die kampioene se grootste
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 18
2352011 5:24 PM
nederlaag in ’n Wêreldbekerwedstryd. Dit het selfs die nederlaag van 1999 oortref, toe Jannie de Beer hulle uit die toernooi geskepskop het. Toe was die punteverskil net 23.
Tonga Tonga het in die volgende groepwedstryd verbete gespeel en Suid-Afrika het met net 30–25 gewen. Die Springbokke se tweede span was nogtans deurgaans in beheer en die punteverskil kon groter gewees het as dit nie vir vier verbroude strafskoppe was nie. Die Springbokke was slegs twee keer in die hele toernooi agter, en albei kere was dit in hierdie wedstryd, al was dit telkens net vir ’n kort rukkie. Tonga het vroeg in die eerste helfte met 3–0 die eerste punte aangeteken, en weer vier minute in die tweede helfte in die voortou geneem met 10–7 nadat die Springbokke met rustyd 7–3 voor was. Daarna het drie drieë binne ses minute gevolg nadat White die voorste spelers as plaasvervangers opgestuur het na die groot skrik in die 44ste minuut! Na 65 minute was Suid-Afrika 27–10 voor. Hoewel die Springbokke die beste span op die veld was en die oorwinning verdien het, het Tonga na die sirene vir groot opwinding gesorg. Hulle het ’n goeie kans gehad om ’n glorieryke drie te druk, maar die bal het in die Springbokke se kwartgebied vir hulle verkeerd oor die kantlyn gespring en Suid-Afrika het met 30–25 gewen.
Die VSA en Fidji Suid-Afrika het die Eagles van die VSA met nege drieë verwoes, maar hul ongefokusde, ontspanne houding was opmerklik. Die wedstryd sal deur baie mense onthou word oor die oomblik toe die blitsvleuel, Takudzwa Ngwenya, rats geswenk het en om Bryan Habana gehardloop het! Habana is na afloop van die eindwedstryd as Speler van die Toernooi aangewys. Die oorwinning van 64–15 het beteken dat Suid-Afrika na die kwarteindron-
Corné Krige – 2003 World Cup Captain.
de teen Fidji gevorder het. Dit sou die derde keer wees dat die Springbokke ’n teenstander van die Suidsee-eilande in die 2007-Wêreldbekertoernooi het, en dit sou beslis nie net ’n formaliteit wees nie. Trouens, met net 21 minute speeltyd oor was die telling 20 elk. Twee drieë deur Juan Smith en Butch James in die laaste elf minute kon die spanne behoorlik skei, en die Springbokke het 37–20 gewen. Vroeër was Suid-Afrika na 51 minute gemaklik voor, toe Fidji terugslaan met twee drieë binne twee minute om die telling gelykop te maak. Suid-Afrika het daarna die leiding geneem en met behulp van Butch James en Fourie du Preez die spel na Fidji se kwartgebied verplaas. Hulle het sodoende verseker dat daar nie enige onaangename verrassings sou wees nie!
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 19
19
2352011 5:24 PM
Kamp Staaldraad – ’n drilkamp vir die Springbokke Die Springbokafrigter Rudolf Straeuli het ter voorbereiding vir die 2003-Wêreldbekertoernooi die spelers aan “Kamp Staaldraad” laat deelneem. Dit was ’n drilkamp in militêre styl en die oogmerk was om samehorigheid en spangees te bou. Die besonderhede oor wat die kamp behels het, is eers na die rampspoedige toernooi waartydens die Springbokke in die kwarteindronde uitgeskakel is, aan die media uitgelek. Die publiek het die kamp verdoem en dit het ’n paar amptenare hul posisies gekos omdat hulle die kamp verdedig het. Ook Straeuli het as gevolg van die negatiewe nadraai van Kamp Staaldraad bedank. Piet Heymans, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (SARPA), was op daardie tydstip in Australië en volgens die webwerf Independent Online, het hy gesê spelersverenigings oor die wêreld heen het die aktiwiteite van Kamp Staaldraad ten sterkste afgekeur. Verteenwoordigers van die voorste rugbyspelende lande het hom meegedeel dat die idee van so ’n kamp nooit in die professionele era geduld kon word nie. Lande soos Nieu-Seeland, Australië en Engeland het ook sogenaamde spanbousessies gehou, maar dit is “op ’n baie professionele, wetenskaplike, humanitêre en waardige wyse hanteer”. Heymans het gesê dat die aktiwiteite by Kamp Staaldraad duidelik onaanvaarbaar was. Die kamp is onder die beheer van die Springbokke se lyfwag, Adriaan Heijns, deur vyf gewapende instrukteurs aangebied. Een van die spanbouoefeninge was om ’n nag in die koue naby Thabazimbi deur te bring, waartydens hulle hoenders moes slag en gaarmaak, maar nie eet nie. Die spelers moes ook naak in ’n poel staan, en vier ure lank in ’n put met ’n seil oor hulle sit. Hulle is in jakkalsgate
Argentinië Argentinië was die span wat in 2007 verras het. Hulle het Frankryk twee keer geklop en het hul plek in die kwarteindronde teen die Springbokke deeglik verdien. Die gehalte van die Suid-Afrikaanse span was egter vir hulle een te veel. Daar is in die eerste helfte drie drieë aangeteken, onderskeidelik deur Fourie du
20
ingedwing waar hulle die volkslied moes sing, na die Engelse volkslied en die All Blacks se haka moes luister terwyl koue water oor hulle gegooi is, en hulle geen slaap gegun is nie. Vuurwapens is ook tydens die oefeninge gebruik. Dit is later uitgewys dat die plan om ’n span tot ’n hegte eenheid te smee deur alle individualiteit uit te wis, nie noodwendig positiewe gevolge het nie aangesien individuele flair dikwels die verskil tussen wen of verloor op die rugbyveld tot gevolg het. Nieteenstaande die openbaarmaking van die spelers se ernstige kritiek op Kamp Staaldraad, het baie van hulle in privaat gesprekke te kenne gegee dat dit nie so erg was as wat die media dit gemaak het nie. Dit het die span tot ’n groot mate verenig, maar het min invloed op die speelveld gehad. Trouens, John Smit wat sy eerste van baie wedstryde as kaptein op die toernooi gespeel het, sê in sy boek dat hulle na afloop van die kamp ’n gevoel van samehorigheid gehad het en trots was dat hulle iets bereik het. Die braai saam met die instrukteurs wat hulle so gemoor het, beskryf hy as die lekkerste braai ooit. Op pad terug was die gees in die bus baie goed en elkeen het ’n “army”-storie gehad om te vertel. Hy sê dat daar vandag toe nog oor Kamp Staaldraad gepraat en gelag word. Die kamp het egter ’n tragiese nadraai gehad. Die Springbokke se video-analis, Dale McDermott, het selfmoord gepleeg. Hy was die persoon wat Kamp Staaldraad onder die publiek se aandag gebring het toe hy beeldmateriaal beskikbaar gestel het. Hy is gevra om te bedank uit sy pos by die WNNR, wat hom aanvanklik aan die Springbokke uitgekontrakteer het.
Preez, Bryan Habana en Danie Rossouw. Die rustydtelling was 24–6 en die naaste wat die Pumas aan die Springboktelling gekom het, was na hul drie vroeg in die tweede helfte, wat die telling 24–13 gemaak het. Percy Montgomery het twee strafskoppe oorgeskop en ook Habana se tweede drie verdoel. Die eindtelling was 37–13.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 20
2352011 5:24 PM
Die finaal teen Engeland Die Engelse afrigter, Brian Ashton, het uit sy diepte geblyk te wees. Met nuutgevonde vasberadenheid en insette van die spelers self oor hoe hulle die wedstryde moes benader, het Engeland vir Australië in die kwarteindronde met 12–10 geklop, en daarna vir Frankryk in die halfeindronde met 14–9. Hulle sou ongetwyfeld ’n ander en ’n beter span in die eindstryd wees as die een wat voorheen 36–0 teen die Springbokke pak gekry het. Die verbetering in die spelpeil van die Rose kan daaraan gemeet word dat die Springbokke meer laagvatte moes maak, minder besit by die afbreekpunte gewen het, en meer foute in hul taktiese skopwerk gemaak het. Die Springbokke het minder tyd in hul teenstanders se kwartgebied deurgebring, en die gebiedsvoordeel (56– 44) en balbesit (55–45) was ook in Engeland se guns. Die Springbokke meer druk uitgeoefen. Suid-Afrika se ses kanse om pale toe te skop, teenoor net twee van Engeland, is sprekend van die verloop van die wedstryd. Daar was net een mislukte poging, wat die Springbokke ’n oorwinning van 15–6 laat behaal het. Engeland het probeer om lynstane op die Springbokke se ingooi te vermy, maar dit het nie ’n verskil gemaak nie. In sewe van die dertien lynstane wat die Springbokke gewen het, het hulle die bal van die Engelse span afgeneem. Victor Matfield was weergaloos in dié faset van die spel en ook op die veld. Die Springbokke was dus doodtevrede om die bal vir gebiedsvoordeel uit te skop en meer as ’n kwart van Engeland se besit so te wen. Dit was ’n harde, ongenaakbare stryd wat selde aanskoulike rugby gelewer het, maar dit was deurgaans ’n boeiende kragmeting. Die wedstryd het een uitstaande twispunt opgelewer toe die linkervleuel, Mark Cueto, in die 43ste minuut na ’n breekslag van Matthew Tait en ’n vinnige losskrum amper ’n drie gedruk het. Elke Engelse speler op die veld en elke Engelse ondersteuner het geglo dit was ’n geldige drie. Danie Rossouw het Cueto oor die kantlyn geboender net toe hy vir die drie oorduik. Die TV-skeidsregter het sy tyd gebruik terwyl die wêreld asem opgehou het. Die drie is nie toegeken nie. Dit was
Caption
die korrekte beslissing, aangesien die televisiebeeld duidelik wys dat die vleuel se voet die kantlyn geraak het. Cueto het volgehou dat sy voet in die lug was. Per slot van rekening kon Engeland net die skuld vir die nederlaag op hulself pak. Hulle het nie hul kanse benut nie, en het verkeerde opsies uitgeoefen en te veel lynstane verloor. Die verdediging van die Springbokke, waarvan die dekwerk van Danie Rossouw om Cueto se drie te verhoed ’n sprekende voorbeeld is, het moontlik meer as enigiets anders die oorwinning verseker. Jake White het ’n span wat heelwat van die Wêreldbekerspan verskil het, op die jaareindtoer na Engeland geneem. Hulle het Wallis 34–12 geklop, met vyf drieë teen twee, maar 22–5 teen die Barbarians verloor.
Oplaas – amptelike wêreldkampioene!
150 Jaar Book.indd 21
21
2352011 5:24 PM
22
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 22
2352011 5:24 PM
2
Die vroegste jare Skole, klubs en soldate baan die weg
The oldest known rugby photograph in South Africa. The players are unknown.
Skole, klubs en soldate het die weg vir rugby gebaan. Die entoesiasme waarmee die Springbokke se twee Wêreldbekertitels begroet is, het nie eers in 1995 en 2007 begin nie. Wat wel nuut was, is die ondersteuning wat rugby uit die swart gemeenskap begin kry het na die opskorting van apartheid en die ontwikkeling in rugby sedert die 1970’s. Rugby – oftewel die primitiewer vorm daarvan – is ’n sportsoort wat so ver terug as 1860 gespeel is. Dit het sedertdien ontwikkel en in gewildheid toegeneem, sodat dit nou as Suid-Afrika se nasionale sport (hoewel nie die grootste sport nie) beskou kan word. Die twee wêreldtitels het die trots van ’n verenigde nasie geword. Die voetbal wat in die vroeë jare gespeel is, was op die sogenaamde Winchesterreëls geskoei. Skole het eerste die spel uitprobeer en soos wat die deelname toegeneem het, het die behoefte aan ’n formele struktuur en meer gereelde wedstryde tot die stigting van die eerste rugbyklubs gelei. Die heel vroegste groeipunt was Kaapstad, maar die kusstreke het weldra gevolg, hoofsaaklik as gevolg van die regimente wat daar gestasioneer was. Die ontwikkeling van die sport in die binneland het op die ontdekking van diamante en goud gevolg. Die kombinasie van die landswye groei van rugby, die gebrek aan eenvormige reëls en die toenemend beter vervoermiddele het in 1889 op die stigting van die South African Rugby Football Board (SARFB) in Kimberley uitgeloop, wat baie jare later ook bekend was as die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalraad (SARVR). Die man wat die vroeë vorm van rugby ter plaatse begin het, was George Ogilvie (MA, DLitt). Hy was vanaf 1861 tot 1885 skoolhoof van die Diocesan College, beter bekend as Bishops, in Kaapstad. Daardie vroeë spel was egter nie rugby soos ons dit vandag ken nie. Dit is so ver terug as 1861 by die Kaapstadse skool gespeel, selfs voordat sokker ’n
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 23
23
2352011 5:24 PM
George Ogilivie, principal of Diocesan College from 1861 to 1885.
Bishop’s 1882.
24
erkende sportsoort geword het. Dit is egter nie te betwyfel nie dat die spel wat by Bishops gespeel is, een van twee voetbalsoorte was wat mettertyd in hedendaagse rugby ontwikkel het. Dit was ’n vorm van Winchestervoetbal wat volgens die reëls van die elite-Winchesterskool in Engeland gespeel is, net soos skole soos Rugby en Eton ook hul eie reëls en spel gehad het. Die spel by Bishops is by die grootte van die beskikbare veld en die aantal spelers aangepas – en ook by Ogilvie se giere! Dit het bekend geword as “Gog’s game” of “gogball”. Die naam het ontstaan toe een van die leerlinge Ogilvie se voorletter en die eerste twee letters van sy van saamgevoeg het. Die spel by Bishops het verskil van die reëls van die voetbal wat Ogilvie as skoolseun by Winchester in Engeland gespeel het, soos die reëls van Rugby, Eton en ander Engelse skole ook van mekaar verskil het. Rugby en sy voorgangers, soos Winchestervoetbal, is heel moontlik reeds voor 1861 el-
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 24
2352011 5:24 PM
Hoe die reëls ontwikkel het Voetbal, in die wydste sin van die woord, het in 1806 met die Britse besetting na die Kaap gekom. Die soldate het sport in die algemeen laat posvat, en die skole wat dit van hulle geleer het, het dit verder gevoer en geleidelik ’n spel ontwikkel wat in Kaapstad gespeel is. Hoewel die eerste aangetekende wedstryd in Suid-Afrika in 1862 gespeel is, en die Diocesan College (Bishops) beskou word as die plek waar voetbal vir die eerste keer gespeel is, is daar min twyfel dat wedstryde wel in die tydperk tussen 1806 en 1861 elders plaasgevind het. Dit was egter nie rugby wat hulle in die 1860’s gespeel het nie, maar Winchestervoetbal. Winchester, soos ander eliteskole soos Rugby, Eton, Cheltenham en Westminster, het elkeen hul eie stel reëls gehad. Aangesien die reëls die spel bepaal het, het elkeen van die skole ’n eie vorm van voetbal gehad wat uniek aan daardie skool was. Selfs die bal het in daardie dae van plek tot plek verskil na gelang van die reëls wat gebruik is. Aanvanklik was dit rofweg rond en heelwat gevalle is gerapporteer waar die bal beskadig is en afgeblaas het! Dit was seker maar moeilik om onder sulke omstandighede te dribbel ... Interskoolaktiwiteite het gevolg en in ’n poging om eenvormigheid te verkry, het Cambridge in 1842 die leiding geneem. Dit was egter eers in 1863 dat sommige skole onderneem het om wedstryde volgens die reëls te speel. Dit is waar sokker begin het, en hande kon aanvanklik gebruik word om “die bal te stop”. By Bishops is Winchestervoetbal se reëls aanvaar. Volgens dokumentasie van daardie vroeë jare kon die bal net in buitengewone omstandighede hanteer word, soos wanneer die bal van ’n teenstander afbons en gevang word voordat dit op die grond land. Wedstryde het begin met ’n “hot”, wat aan vandag se skrums verwant is. Die bal mag nie gehaak word nie en die mikpunt was om die ander span van die bal af te druk. Soms het die “hot” die hele wedstryd lank geduur – en die reëls het bepaal dat die wedstryd vir vyf dae mag duur! As die bal eers uit die “hot” was, was die doel en die vaardigheid van die spel daarin geleë om die bal oor die teenstanders se lyn te dribbel. Die “doelpale” was twee togas wat op die gras neergelê is. As die bal die doelpale mis, het dit net een punt verdien en is ’n “shit” (!) genoem.
As die bal wel tussen die twee togas oor die lyn gegaan het, maar deur die “behind” (iets soos ’n heelagter of doelwagter in sokker) geraak is, het die span twee punte verdien. As die bal nie deur die “behind” geraak is nie, het dit drie punte verdien. Aanvanklik is die kantlyne deur lang rye juniors aan die sykante van die veld aangedui, maar die rye is later met seile vervang. As die bal oor die kantlyn gaan, is ’n lynstaan gevorm. Die bal mag egter nie gevang word nie, dus het die spelers mekaar geskouer en wild na die bal geskop. Dit het uiteraard kneusings en beserings tot gevolg gehad. Soos reeds genoem, het George Ogilvie, wat in 1861 die skoolhoof van Bishops geword het, die Winchesterreëls aangepas en dit het die basis gevorm van die voetbal wat by Bishops gespeel is. Ogilvie was per slot van sake ’n oudleerling van Winchester! Sy voorletter, G, en die eerste twee letters van sy van, het aan hom die bynaam Gog besorg by die net agtien seuns van Bishops toe hy as hoof oorgeneem het. Die aangepaste spel wat hy by die skool ingevoer het, was dus bekend as “gogball”. Bishops het ook hul eie unieke stel reëls gehad, soos die ander eliteskole in Engeland. Daar was egter ’n groot verskil: “gogball” het toegelaat dat die bal hanteer word en laagvatte was ook toelaatbaar. ’n Span het uit 22 spelers bestaan, van wie twintig in die sogenaamde “hot” was en die ander twee die “behind” was. Die spel is gespeel op ’n veld wat “nie meer as 200 jaart in die lengte en 100 jaart in die breedte oorskry nie”. Stel jou voor, met vandag se reëls as ’n speler op sy eie doellyn onderskep en dan die lengte van die veld moet hardloop – ’n “furlongresies” in die ou dae! ’n Doel is aangeteken as die bal tussen die pale deurgaan; daar was egter nie ’n dwarslat of dwarspaal nie. Daar was ’n onkant as jy voor die skopper is. As die opposisie die bal oor die doellyn skop, was daar ’n afskop vanaf 10 jaart van die verdedigers se doellyn. Laagvatte is toegelaat soos in “gogball”, maar geen balhantering behalwe dié van ’n skoonvang of van ’n teenstander af nie. Let wel, ’n “hot” is gevorm wanneer ’n speler die bal vang, daarmee hardloop en dan geduik word. Dit was sekerlik die onverfynde voorloper van vandag se losskrum! Hantering, wat die basis van moderne rugby is, is daarna geleidelik bygebring.
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 25
25
2352011 5:24 PM
South Africa’s two oldest clubs, Hamiltons and Villagers, 1877
ders in Suid-Afrika gespeel, maar geen rekord van sulke wedstryde bestaan nie. Daar word dus aanvaar dat Bishops die eerste voetbal in Suid-Afrika gespeel het, hoewel hulle nie by die eerste wedstryd betrokke was nie. Die eerste aangetekende wedstryd het in 1862 op die resiesbaan by Groenpunt plaasgevind, het die Cape Argus van 21 Augustus daardie jaar berig. Die wedstryd het tussen die offisiere en staatsamptenare plaasgevind. Nog wedstryde tussen raap-enskraapspanne het gevolg en die spel het ’n gewilde toeskouersport geword. (Daar is ook melding gemaak van ’n wedstryd tussen offisiere en burgerlikes op 23 Augustus 1860, maar geen rekords ter stawing kon gevind word nie.) Ondanks die gewildheid van die sport is wedstryde selde gespeel en wedstrydbepalings is nie vooruit gemaak nie. Elke wedstryd was sowel ’n sport- as ’n sosiale geleentheid, en dames het dit ook graag bygewoon. Die chaos rondom die bepalings was vir die spelers en die toeskouers onbevredigend. Na meer as ’n dekade van informele wedstryde was die onafwendbare gevolg dat voetbal meer georganiseerd moes raak. Die wyse waarop dit bereik sou word, was deur die stigting van klubs. Die Hamilton Rugbyklub (oftewel Hamiltons) wat in Maart 1875 gestig is, se lede was hoofsaaklik mans van die Seepuntgebied en nou, 136 jaar later, is die klub steeds in Groenpunt geleë. Die klub word amptelik as Suid-Afrika se oudste rugbyklub beskou. (Swellendam maak daarop aanspraak dat hul klub ouer as Hamiltons is, maar die klubhuis en al die stawende dokumente is in ’n brand vernietig.) Hamiltons het gespeel volgens die Winchesterreëls en al die variante daarvan wat Ogilvie ingebring het. Hulle het egter net die twee kolleges – Bishops en die South African College School (SACS) – as teenstanders gehad. Daar was ook geen rugbytuiste vir die manne van die suidelike voorstede nie, en uit hierdie behoefte is die Westelike Provinsie Rugbyklub in 1876 gestig. Hierdie nuwe klub het verkies om volgens die Rugbykode te speel, maar dit het twee-
26
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 26
2352011 5:24 PM
Diggers won the Arates Grand Challenge competition in 1896.
spalt onder die lede veroorsaak. Dit was onvermydelik dat hulle sou wegbreek na ander klubs toe, wat toe wel ’n paar weke daarna gebeur het toe Villagers gestig is. Die nuwe klub, die Villager Rugby Football Club, het ’n kode van hul eie begin speel, naamlik “rugbyvoetbal”. Op 2 Junie 1876 is die eerste derbywedstryd in Rondebosch tussen Hamiltons en Villagers onder die Winchesterkode gespeel. Dit is gepas dat die eerste ontmoeting van die twee spanne wat in die toekoms sulke groot mededingers sou bly, in ’n gelykopuitslag sonder enige punte sou eindig. Die twee spanne het weer op 24 Augustus teen mekaar gespeel, weer onder die Winchesterkode en die uitslag was weer 0 elk.
Deurbraak vir rugbyvoetbal Die Westelike Provinsie Rugbyklub het in 1877 doodgeloop en dus was daar weer net wedstryde tussen
vier klubs, naamlik die twee kolleges en Hamiltons en Villagers. In 1878 het ’n voormalige Engelse heelagter, William H. Milton, by Villagers aangesluit. Hy het die Rugbykode ondersteun en dit ook begin afrig. Moontlik het sy status as internasionale speler ’n rol gespeel, maar hy was so invloedryk dat oorwegend Rugby teen die einde van daardie jaar gespeel is. Milton – later Sir William Milton, die administrateur van Suid-Rhodesië – het ook in die laat-1880’s vir Suid-Afrika krieket gespeel. Die twee kolleges en die twee klubs het tot 1882 hul onderlinge wedstryde gereël toe ’n nuwe klub, Tuine (oftewel Gardens), by hulle aangesluit het. ’n Jaar later het die Woodstock Club gevolg, en die spel rugby het nou behoorlik vastrapplek in Kaapstad en omstreke gekry. In 1878 het die beroemde Stellenboschse Rugbyklub nieamptelik hul ontstaan gehad toe die universiteit, wat toe nog as Victoria Kollege bekend gestaan het, ’n wedstryd
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 27
27
2352011 5:24 PM
Bepaalde probleme rondom bepalings Die reël van bepalings is nooit maklik nie, maar in 1891 toe Griekwas Natal toe is op een van hul baanbrekertoere was dit ’n nagmerrie! Dit was ’n besondere jaar in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis met die besoek van Bill Maclagan se Britse toerspan. Vir Natal se rugby wat nog in sy kinderskoene (oftewel stewels) gestaan het, was die Britse toerspan se besoek aan Pietermaritzburg ’n uitstaande hoogtepunt. Dit was ’n jaar na die vestiging van die Natalse Rugbyunie, en onderhandelinge was aan die gang om aan die Curriebekertoernooi deel te neem. Die nuus dat die toerspan ingewillig het om teen Natal te speel, het natuurlik alles verander. Kimberley het op 1 Augustus 1891 teen Savages afgeskop en nog drie wedstryde op die Landbouskougronde in Pietermaritzburg gespeel. Na afloop van die laaste wedstryd is ’n “genotvolle aandfunksie wat deur almal geniet is” by die Horseshoe Hotel gehou, waartydens ’n lys indrukwekkende toesprake gelewer is en daar ook gesing is, luidens die persberig. Die hoogtepunt sou egter ’n wedstryd teen ’n Durbanse span wees. Die Natalse span wat teen die Britte sou speel, was eintlik ’n span van die Maritzburg Club en al vyftien spanlede was van die Natalse hoofstad afkomstig. Die datum vir die wedstryd was 11 Augustus en is ook (uiteindelik!) gespeel. Die Britse toerspan het maklik 25–0 gewen. Dit is egter nie die volle verhaal nie. Met
teen Bishops gespeel het en deeglik geklop is. Wat later as die Maties bekend sou staan, was nie studente nie, maar mans van die dorp en die kontrei. Hulle het die volgende jaar teen Bishops gespeel. Teen 1880 was Stellenbosch ’n georganiseerde klub. Hierdie beroemste van alle rugbyklubs in Suid-Afrika – en later moontlik ter wêreld – het rugby op die platteland só ’n hupstoot gegee dat ’n plattelandse uitdaagreeks ontstaan het. Vanselfsprekend het die span, wat toe al as die Maties bekend gestaan het, die reeks in die eerste jaar (1885) gewen, asook die twee jare daarna. (Daar was tevore ’n nieamptelike plattelandse kompetisie waaraan
28
al die opwinding rondom die toerspan se besoek het die reëlingskomitee heeltemal vergeet dat daar reeds ’n ander belangrike wedstrydbepaling vir dié dag was – Pietermaritzburg en Durban moes op dieselfde veld om die Brownebeker speel! Dus het Maritzburg ’n dubbelbepaling op dieselfde dag gehad en boonop teenstand op die hoogste vlak waarteen hulle nog gespeel het! Maar dis nie al nie. Kimberley moes ook op dieselfde dag op dieselfde plek teen Durban speel – en die besoekers uit die Kaapkolonie wou nie die bepaling verander nie, selfs al moes hul teenstanders van Durban óók teen Maritzburg om die Brownebeker speel. Die wedstryd kon nie uitgestel word nie en hulle moes Natal op 15 Augustus verlaat, kom wat wil – selfs al sou die wedstryd dan afgestel moes word! ’n Oplossing is gevind toe Association Football se komitee goedgunstiglik hul wedstryd op dieselfde veld afgestel het sodat daar drie wedstryde op die skougronde kon plaasvind. Maritzburg het die wedstryd teen Durban, en die beker, met twee drieë teen nul gewen. Toe is ’n gekombineerde span uit die twee teenstanders gekies om teen Kimberley te speel. Vyf spelers van Durban het goed genoeg in hierdie voorwedstryd vertoon om op te draf in die wedstryd waarin hulle oorspronklik moes speel. Die Gekombineerde Natalspan (in plaas van Durban) was egter teen dié tyd baie moeg en Kimberley het met twee drieë teen nul gewen. Eers tóé kon die groot wedstryd van die dag teen die Britte plaasvind!
die Maties nie deelgeneem het nie, maar dit was toe nog nie geformaliseer of erken nie.) Twee jaar na Stellenbosch se klub nieamptelik in 1880 ontstaan het, het hul tradisionele intervarsityvyande, die Ikeys, ’n rugbyklub gestig. Hierdie klub het later as die Universiteit van Kaapstad baie beroemde Springbokke en honderde Westelike Provinsie (WP) rugbyspelers opgelewer. Die universiteit het ontwikkel uit die SACS waarna vroeër verwys is. Intussen het die ontstaan en organisasie van die klubs in Kaapstad en die plattelandse distrikte die stigting van ’n beheerliggaam noodsaaklik gemaak. Op 31 Mei 1883 is
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 28
2352011 5:24 PM
Hamiltons 1881.
die Western Province Rugby Football Union (WPRFU) by die Masonic Hotel in Kaapstad gestig. Die klubs van Hamiltons, Villagers, Stellenbosch, Woodstock, Rugby en United Bank was teenwoordig, maar nie Bishops en SACS nie. Na die stigting van die nuwe beheerliggaam is die beroemde Groot Uitdaagreeks ingestel. Dit is volgens ’n uitklopformaat gespeel en Hamiltons het gewen. SACS het deelgeneem, maar Bishops nie. Hamiltons het met Villagers, Rugby en ’n plattelandse span van Malmesbury afgereken op pad na hul eerste WP-titel. Hamiltons het hierdie kompetisie oorheers en ses van die eerste tien titels gewen. Hul groot rugbyvyande, Villagers, het drie keer gewen en Tuine een keer. Die toenemende getal klubs wat wou deelneem, het gemaak dat die formaat van die kompetisie na ’n ligastelsel verander is. ’n Junior Uitdaagreeks vir die klubs se tweede spanne is ook ingestel.
Aangesien die helfte van die spanne na die eerste ronde uitgeskakel sou word, was daar ’n behoefte aan ’n aansporing om te bly speel. (Bishops het dit afgekeur aangesien hulle gevoel het dat deelname belangriker is as die motivering om te wen.) Bishops en SACS het as gevolg van die jeugdigheid van hul spelers wat teen groter en ouer mans moes speel, nie te waffers in die Groot Uitdaagreeks gevaar nie. In 1892 is ’n interkollegekompetisie ingestel. Die drie deelnemers was Bishops, SACS en Victoria Kollege, wat later die Universiteit van Stellenbosch sou word. Bishops en SACS het vanaf skole wat teen groot mans moes speel, tot kolleges uitgebrei en het meegeding om die Anderson Seniorbeker vir eerste spanne, die Anderson Juniorbeker vir tweede spanne, en die Harrisbeker vir derde spanne. Die trofeë vir die eerste en tweede spanne is geskenk
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 29
29
2352011 5:24 PM
First Maties 1880.
deur Henry Anderson, die vader van Biddy wat in 1896 ’n Springbok sou word. Die trofee vir die derde spanne was die Harrisbeker, wat geskenk is deur (en vernoem is na) die juwelier M. Harris van Kaapstad, by wie die ander bekers gekoop is. Die kompetisie was nie ’n groot sukses nie, maar het die grondslag gelê vir die beroemde intervarsity tussen Stellenbosch en die Universiteit van Kaapstad, in die wandel bekend as die Ikeys. Hierdie interkollegekompetisie is in 1889 vir die laaste keer gespeel. Die vroeë rugbyjare was nie maklik nie. Mens hoef net aan die probleme rondom vervoer te dink! Daar was ’n gebrek aan geld, velde en spelers, asook toestemming van die owerhede. Een van George Ogilvie se groot besware toe Bishops na rugby wou oorskakel, was dat die spel te rof vir seuns is. “As julle julself wil verongeluk, maak dan so!”, sou Ogilvie gesê het toe Ryk Myburgh sy toestem-
30
ming vra om na die Rugbykode oor te skakel. Al die ander klubs het toe reeds oorgeskakel en Bishops se spanne was sonder teenstanders gestrand. Nie dat “gogball” enigsins minder skadelik was nie! Daar is verwysings na gebreekte neuse en ore, twee gebreekte bene wat suksesvol gespalk is, en dies meer. Myburgh het sy rugbyloopbaan beëindig ’n jaar na hy Ogilvie se teësinnige toestemming gekry het.
Interdistrikkompetisies Die klubs in Kaapstad en die Kaapse platteland was teen die vroeë 1880’s al stewig gevestig. Dieselfde was besig om elders te gebeur, veral in Kimberley en omstreke. Dit was ’n bloeitydperk vir die nuwe spel en die eerste streeks- en provinsiale kompetisies was net om die draai.
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 30
2352011 5:24 PM
Newlands’ first international match, 1891.
Rugby is al langs die kus van die voormalige Kaapkolonie gevestig. Wedstryde is in 1884 tussen Kimberley en Kaapstad gespeel, en in 1885 tussen Grahamstad en Port Elizabeth. Teen 1886 het die sport in die Diamantvelde só gewild geword dat die Griqualand West Rugby Union gestig is. Rugby het verder uitgebrei na Wes-Transvaal en toe na Johannesburg en Pretoria, waar die eerste wedstryd tussen dié twee dorpe so vroeg as 1888 gespeel is. Die Transvaal Rugby Football Union (TRFU) is in 1889
gestig. In die volgende jaar het die kode reeds as die gewildste sportsoort oorgeneem by Association Football in Pietermaritzburg, waar die hoofkwartiere van die Britse Weermag geleë was, en ook in Durban. Hierdie vinnige uitbreiding het gelei tot die stigting van die South African Rugby Football Union (SARFU) in 1889. Volgens beskikbare bronne het die eerste wedstryd tussen twee dorpe op 22 Julie 1881 tussen Kimberley en Bloemfontein plaasgevind. Die spelers van die Diamantvelde het die 100 myl na Bloemfontein afgelê. Dit was egter nie die eerste “toer” van ’n rugbyspan nie – daardie onderskeiding behoort aan Natal (of eerder Pietermaritzburg), wat Kimberley in 1876 besoek het. Die Kimberley-Bloemfonteinwedstryd is op die veld van die Bloemfonteinse Krieketklub gespeel. Kimberley was die wenner, met vyf drieë en ’n skepskop, terwyl Bloemfontein geen punte kon behaal nie. Soos wat gebruiklik was, is die wedstryd onder die aangepaste Winchesterreëls en Rugbyreëls gespeel, wat toe reeds in Kaapstad die gewildste vorm van rugby was. Klubwedstryde in Kimberley het, soos dit ook in Kaapstad die geval was, tussen allerlei
Kimberley Rugby Club’s first touring side, 1884.
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 31
31
2352011 5:24 PM
Villagers, 1884.
spanne plaasgevind, soos die Koloniste teen die Plaaslikes (die belangrikste wedstryd van die jaar!), Kimberley teen die Amptenary, Getroud teen Ongetroud, Dorp teen Platteland, en derglike kombinasies. Die Kimberleyse span het hulle fiks gehou met ongereelde wedstryde teen Beaconsfield. Die eerste aangetekende “georganiseerde” wedstryd in Kimberley is op 4 Oktober 1873 gespeel tussen ’n span van West End en ’n groep spelers van Grahamstad wat in Kimberley werksaam was – heel moontlik prospekteerders. Hierdie ongereelde wedstryde was baie gewild onder sowel spelers as toeskouers, en die bywoning was altyd goed. Dit het daartoe gelei dat Kimberley in 1884 vir ’n toer van sewe wedstryde na Kaapstad genooi is. Grahamstad het nie die uitnodiging aanvaar nie. Kimberley, wat die uitnodiging van die nuutgestigte WPRVU aanvaar het, het hiermee hul latere faam bevestig as die span wat die pas aangee as dit by toer kom.
32
’n Span van 24 spelers het per muilwa vanaf Kimberley vertrek en sestig uur later die trein op De Aar na Kaapstad gehaal, ’n reis wat dus altesaam langer as vyf dae geduur het! Die Diamantvelders het drie wedstryde gewen, drie verloor en een gelykop gespeel. Dit was duidelik dat die nuwe rugbystreek murg in hul pype gehad het. Die laaste wedstryd was teen Union, ’n span wat uit elf klubs se spelers gekies is, en inderwaarheid die beste was wat WP op die veld kon stuur. Dit was die hoogtepunt van die toer. Kimberley moes versterkings gebruik weens die beserings wat sommige van die spelers in die vorige wedstryde opgedoen het, maar het hulle goed van hul taak gekwyt. Hulle het die wedstryd net-net verloor. Daar was ’n baie bekende naam op die lys spelers van die Unionspan, naamlik Loftus Robert Versveld. Hy het ’n groot rol gespeel in die vestiging van rugbyklubs en unies dwarsdeur die land, en die wêreldberoemde Loftus Versveld-stadion in Pretoria is na hom vernoem.
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 32
2352011 5:24 PM
Terloops, die Griekwaspelers het voor hul lang en uitputtende terugreis eers aan ’n atletiekbyeenkoms deelgeneem en sewe van die elf items gewen! Die sukses van die toer kan ook gemeet word aan die belangstelling wat dit in Kaapstad en die omliggende distrikte gewek het. Slegs ’n jaar later is die eerste interdistriktetoernooi met meer as drie deelnemende spanne in Grahamstad tydens die Grahamstadskou in 1885 gehou. (Dié skou vind steeds jaarliks plaas.) Grahamstad en Port Elizabeth het by die baanbrekers van Kaapstad en Kimberley aangesluit, en hierdie vier spanne het vir ’n baie suksesvolle toernooi gesorg. Kaapstad was die wenners, Grahamstad was tweede en Kimberley het derde gekom. Port Elizabeth kon nie ’n wedstryd wen nie. Daar was egter ’n ernstige, knaende probleem! Die gebrek aan eenvormigheid met die verskillende reëls en die toepassing daarvan, en die gevolglike appèlle wat teen die uitslae aangeteken is, was ’n frustrasie vir almal. Die daarstelling van ’n nasionale beheerliggaam het ’n dringende noodsaaklikheid geword, maar daar is eers nog vier jaar gesloer voordat dit gebeur het!
Die GWRFU word gestig Griekwas was die tweede rugbyunie wat in Suid-Afrika gestig is. Op 6 Februarie 1886 het ses klubs in die Central Hotel in Kimberley bymekaar gekom om die Griqualand West Rugby Football Union (GWRFU) tot stand te bring. Die klubs teenwoordig was Pirates, Kimberley, Newton, West End, De Beers en Dutoitspan, beter bekend as Die Pan en later as Beaconsfield. Daar is besluit om jaarliks om die Groot Uitdaagtrofee mee te ding. Die verteenwoordigers van die ses stigtersklubs sou in die toekoms spanne kies om die nuwe unie te verteenwoordig. Die eerste amptelike wedstryd (wat nie deel van die Groot Uitdaagreeks was nie, maar vir die Uniebeker gespeel is) het op 15 Mei 1886 plaasgevind. Die wedstryd is op ’n oop stuk grond voor die Pavilion by Gardens gespeel. Daar was 2 000 toeskouers, en Pirates en Beaconsfield was die twee spanne wat mekaar die stryd
Loftus Versfeld
aangesê het. Beaconsfield het 6–2 met “’n doel teen twee drieë”, soos dit gestel is, gewen. Die trofee vir die Groot Uitdaagkompetisie het in Kimberley aangekom twee weke na die eindstryd van die formele liga wat later in die seisoen gespeel is! Die seisoen het egter tragies geëindig. Alfred Schlemmer is met ’n laagvat in die tweede helfte ernstig beseer. Hy het ’n week later in die hospitaal gesterf en is so ver bekend die eerste rugbyverwante sterfgeval in Suid-Afrika. Die Kimberley Rugbyklub het weer in 1886 na Kaapstad getoer, en twee jaar later met hul derde besoek is die eerste stappe geneem om ’n nasionale beheerliggaam vir rugby in die lewe te roep. Die 24-jarige Percy Ross Frames van Kimberley en die 21-jarige Bill Bisset van Kaapstad het saamgestem dat iets gedoen moes word om eenvormigheid in die reëls en die vertolking daarvan te verkry. Niks het sedertdien verander nie, sal party mense seker sê! SARFU het die volgende jaar die lig gesien en die eerste vergadering is in die Craven Hotel in Kimberley gehou. Moontlik was die naam van die hotel ’n voorspel-
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 33
33
2352011 5:24 PM
Alles net uit liefde vir die spel Hoewel daar beskrywings bestaan van Kimberley se eerste toere na Bloemfontein, Kaapstad, Port Elizabeth en Natal, is die swaarkry van individuele spelers minder goed gedokumenteer. Dit is baie duidelik dat van die individue regtig lief was vir die spel. Paul Roos, wat in 1906 die eerste persoon sou wees om ’n Suid-Afrikaanse span as kaptein op die veld te lei, was in 1903 ’n onderwyser op Rustenburg. Week na week het hy per fiets vanaf Rustenburg na Pretoria gery om vir Pretoria Rugbyklub se eerste span te speel. Ná ’n vinnige koeldrank na die eindfluitjie het hy weer in die pad geval en die gruispad van 130 km terug Rustenburg toe aangedurf. Daar was nie tyd om saam met spanmaats te kuier nie, want dié toekomstige Volksraadslid was ’n godsdienstige man wat voor middernag tuis wou wees sodat hy nie op die Sondag nog op die pad is nie! Nog ’n Rustenburger wat so gemaak het, was Gerald Pilditch van Harlequins Rugbyklub. Hy was in die 1920’s en 1930’s vir ’n dekade lank betrokke by onderhandelinge om selfbestuur vir Noord-Transvaal te verkry, wat toe nog ’n sub-unie van die TRVU was. Wat hierdie reis van Pilditch des te meer merkwaardig maak, is dat hy nie eens vir die eerste span van Quins gespeel het nie! Willie Collins, later ’n Kabinetsminister, het nog ’n stap verder gegaan. Hy het 100 km per fiets vanaf Ermelo na Standerton afgelê om daar die trein na Pretoria te haal, rugby te speel en dan op dieselfde manier weer huis toe te gaan. En hierdie drie manne is maar net die spelers van wie ons weet ... Heelwat van die spelers moes destyds spesiale reëlings by hul werk tref om ’n oefensessie in te pas voor hulle te perd in die koue Pretoriase winters kon terugkeer huis toe. Dit het oral in die land gebeur, ook waar die winters nóg kouer was. Rugbyspanne het ook opofferings moes maak. In die 1880’s, nog voor die goudstormloop, was
ling van die belangrike rol wat dr. Danie Craven, SuidAfrika se mees invloedryke rugby-ikoon, in die toekoms sou speel. Die eienaars van die hotel was egter glad nie verwant aan Dok Craven, wat eers 21 jaar later gebore sou word nie!
34
wedstryde in Johannesburg nie altyd moontlik nie weens ’n tekort aan velde – en om Potchefstroom toe te reis, sou ses dae van ’n speler se week in beslag neem! Later, toe ligawedstryde teen Johannesburgse klubspanne ’n georganiseerde aktiwiteit geword het, het spanne van Pretoria dikwels met drie of vier spelers kort opgedaag omdat hulle nie van die werk kon afkry nie – Saterdag was meestal nog ’n werksdag. Spelers van Pretoria het die reis na Johannesburg in perdekarre afgelê en die uitwerking daarvan is feitlik in elke wedstryd opgemerk. Sulke reise het gereeld hul tol in die tweede helfte van ’n wedstryd geëis, is daar berig. Ondanks die feit dat Pretoria se klubs in die vroeë jare van die twintigste eeu en daarna dié van Johannesburg oorheers het, het die wedstrydbepalings vir jare nog in die Goudstad gebly. Die swaarkry om by ’n rugbyveld uit te kom, is nie net tot die verlede beperk nie. Selfs vandag nog reis spanne in die uitgestrekte gebied van Griekwaland-Wes 400–600 km in een rigting net om by ’n SuperSport-ligawedstryd uit te kom. Sishen, Kuruman, Upington en Kimberley is van die klubs wat só geraak word. Baie spelers moet lang afstande aflê om ’n oefening of tuiswedstryd by te woon. Staaltjies soos dié oor die legendariese Springbokvleuel Jannie Engelbrecht en die voormalige Transvaalse kaptein Toy Dannhauser is nie ongewoon nie. Albei moes sowat 650 km-retoer reis vir ’n oefensessie. In Engelbrecht se geval moes hy van Koekenaap aan die Weskus na Stellenbosch of Kaapstad reis, afhangende daarvan of dit ’n klub- of provinsiale wedstryd was. Dannhauser het twee keer per week van Vryheid na Durban gereis vir ’n oefening en natuurlik drie keer as hulle speel, óf na Kingspark vir ’n tuiswedstryd, óf na die lughawe as hulle iewers heen moes vlieg vir ’n wegwedstryd.
Rugby neem toe langs die kus Pirates en Kimberley was die twee sterkste spanne in die Kimberley-omgewing. In daardie dae was punte in ’n wedstryd maar skaars, en daar was dikwels gelykopbeslissings. In 1887 moes die twee spanne ses keer kragte
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 34
2352011 5:24 PM
Pirates, 1884.
meet alvorens die wenner van die Groot Uitdaagtrofee bepaal kon word. Kimberley en Pirates, wat aartsvyande op die rugbyveld was, het in 1890 ’n gekombineerde span op ’n toer Kaapstad toe geneem. Hier het hulle drie wedstryde gespeel waarvan hulle een gewen, een verloor en een gelykop geëindig het. Hulle het gesamentlik 16 punte aangeteken en 16 punte afgestaan, en het ook vir die eerste keer op die beroemde Nuweland uitgedraf! In 1891 was dit weer sulke tyd – dié keer ’n toer Natal toe. Amptelik was die Natalklub een jaar oud, maar hul strukture en rugby was nie naastenby so ver ontwikkel soos dié van Griekwas se klubs, of die klubs in en om Kaapstad nie. Die gewildheid van rugby in Natal was die gevolg van die geleidelike bekendstelling van die spel al met die kus langs deur studente afkomstig van die Kaap, asook fortuinsoekers wat moed verloor het en Kimberley verlaat het, en Britse soldate van die regimente wat langs die kus en in die Natalse middelande gestasioneer was.
In Port Elizabeth was die ontwikkeling van rugby soortgelyk aan dié in Kaapstad. Daar was aanvanklik net twee klubs wat vir ’n klompie jare teen mekaar gespeel het. Die Olympic Voetbalklub is in 1880 gestig, en die Crusaders in 1887. Union van Uitenhage het gevolg en die spanne het in driehoekige kompetisies gespeel. Een van die voorste en bekendste klubs was Uitenhage Swifts, wat in 1890 deur die span van St. Katherine’s se kerkkoor tot stand gebring is! Soos baie ander spanne is Swifts as ’n “junior” span beskou, maar toe die ander almal ingee, was Swifts die enigste span wat saam met die Arabs van Port Elizabeth ’n vyfde span vir die kompetisie voorsien het. Die eerste nieamptelike kompetisies het tot die Oostelike Provinsie (OP) se Groot Uitdaagbekertoernooi in 1888 gelei. Hulle het hierdie kompetisie op dié van die Kaap geskoei, met plattelandse spanne wat geleidelik die sport begin speel het, soms jare na die ontwikkelings in Kaapstad. Grahamstad Klub (later Albany), Cradock
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 35
35
2352011 5:24 PM
Sir Donald Currie.
Rovers, Somerset-Oos en Bedford het aangesluit, en Humansdorp, Graaff-Reinet en Middelburghet gevolg. Port Elizabeth het in 1885 aan die eerste streekskompetisie deelgeneem met ’n gekombineerde span wat uit die spelers van Olympic en Crusaders gekies is. Hulle het egter nie te waffers gevaar nie. Crusaders het ’n baie spesiale plek in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis. Hulle het altyd hul velde op St. George’s Park gehad, waar die Port Elizabeth Krieketklub geleë is. Dit is op hierdie veld waar die eerste toets tussen Suid-Afrika en die Britse toerspan van Bill Maclagan in 1891 gespeel is. St. George’s Park is ook bekend vir sy krieket en rolbal. Dit is hier waar die eerste kriekettoets gespeel is; die eerste vrouekriekettoets gespeel is; en die laaste toets voor Suid-Afrika uit wêreldkrieket verban is. Dit is ook die veld waar die eerste reeksoorwinning oor Australië beklink is; die sogenaamde Rebelletoets van 1980 gespeel is; en die eerste toets na Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale krieket. St. George’s Park is sedert 14 Augustus 1882 ook steeds die tuiste van die Port
36
Elizabeth Rolbalklub, Suid-Afrika se oudste rolbalklub. Net 120 myl noordoos van Port Elizabeth het Grens reeds in die laat-1870’s klubs gestig en rugby gespeel. Hoewel daar baie min inligting oor hul beginjare beskikbaar is, is dit tog bekend dat Alberts van King Williams Town, wat in 1878 gestig is, die eerste klub was. Buffaloes, wat vandag nog ’n krag in Grensrugby is, is twee jaar later gestig. Queenstown en Stars van OosLonden was reeds gevestig toe die rugbyunie in 1891 gevorm is, asook Swifts wat in 1882 gevolg het, en Pirates in 1889. Daar was ook ’n Pirates Klub in King Williams Town. Die klubs het slegs om een trofee, naamlik die Grensbeker, meegeding. Die Staatsdiens- en Starsklubs was ook deel van hierdie kompetisie. Swifts en Alberts het in 1892 die eindwedstryd vir die Grensbeker gespeel. Swifts het met twee doele teen nul gewen. In 1893 is ’n ligastelsel ingevoer en Pirates was die wenners. Alberts het die jaar daarna gewen – hulle het van 1897 tot 1899 die kompetisie gedomineer deur drie keer agtereenvolgens die liga te wen. Die stigting van die Border Rugby Football Union in 1891 het na dié van Natal in 1890 gevolg. As mens vandag die twee unies beskou, is dit interessant dat Grens wat toe so sterk was, deesdae sukkel en beswaarlik hul status as een van Suid-Afrika se veertien unies verdien. Natal wat laat begin het, het nie op provinsiale vlak presteer nie en het aanvanklik miskien meer as die ander unies gesukkel as gevolg van die sterk houvas wat Association Football in daardie gebied gehad het. As die Sharks was Natal egter in 2010 die houers van die Curriebeker en is hulle vandag steeds ’n rugbykrag, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in die Suidelike Halfronde. Die eerste wedstryde in Natal is om en by 1873 onder ’n mengsel van die Winchester- en Rugbyreëls gespeel. Dit was ’n jaar na die ontstaan van Bishops College, die voorloper van Michaelhouse, wat 137 jaar later hul eerste Springbok gelewer het toe Patrick Lambie in 2010 teen Ierland op die veld gedraf het. In 1876 is ’n wedstryd tussen ’n span Natallers en die “Ou Kolonie” in Kimberley gespeel vir die Moorbeker, wat saam met die
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 36
2352011 5:24 PM
Murraybeker Natal se vernaamste trofeë geword het. Die beroemde Maritzburg College is in 1877 as ’n hoërskool gestig en het volgens albei kodes voetbal gespeel. Wedstryde tussen die Bo-dorp en die Onderdorp was baie gewild, asook tussen die “Past”- en “Present”-spanne by die skole. Dit het die belangstelling in die sport aan die gang gehou. Die eerste aangetekende wedstryd tussen Pietermaritzburg en Durban was in 1880 – en vir jare daarna is hierdie derby met passie en aggressie gespeel. Dit was nie ’n wedstryd vir kleinmoediges nie! Hoewel Natal later as van die ander streke aan die gang gekom het, was hulle nogtans bereid om te toer. Dit was nie so maklik as mens in gedagte hou dat daar nie spoorverbindings tussen al die dorpe was nie. Soos oral die geval was met die unies aan die kus, het die regimente in Durban en Pietermaritzburg saam met die skole ’n belangrike rol gespeel in die uitbreiding van eers die Winchester-Kaapse mengsel en later die Rugbykodes van die spel. ’n Skamele drie maande na die Slag van
Kimberley’s first international, 1891.
Majuba is die eerste wedstryd tussen Newcastle en die leërmag op Newcastle gespeel! Barberton in die SuidoosTransvaal en Komati het as rugbyspelende dorpe gevolg weens die koms van prospekteerders en fortuinsoekers na die Barbertonse goudvelde. Association Football het ’n sterk houvas op die rugbyspelende gemeenskappe gehad, veral omdat hulle die meeste van die velde besit het. Interessant genoeg, dit het tot ge-
Western Province – winners of he SARFB Trophy, 1889.
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 37
37
2352011 5:24 PM
Sir TK Murray, first president of the Natal Rugby Football Union.
volg gehad dat baie spelers twee wedstryde op ’n Saterdag gespeel het – die een volgens die Association se reëls en die ander volgens die Winchester-Kaapse rugbyreëls. Dit is te verstane waarom (later kanunnik) Ogilvie van Bishops teësinnig was om sy skoolseuns toe te laat om in die laat-1880’s na die Rugbykode oor te skakel. Daar was dié berig in die pers oor ’n wedstryd wat in 1889 in Natal gespeel is: “Die Rugbyunie is as uiters rof beskryf, en luitenant Sparks se knie is so erg beseer dat hy huis toe gedra moes word.” Die berig verwys verder na ’n internasionale wedstryd tussen Skotland en Engeland wat “deur die mat geval het”, en noem dat die breuk tussen die twee lande “onwaarskynlik herstel sal kan word”. Dit blyk dat ruwe spel die rede vir die verwydering was: “By die Oval in Pietermaritzburg was die wedstryd Saterdag, soos mens te wagte kon wees, uiters rof. As ’n speler soveel selfbeheer oor sy optrede verloor dat hy veglustig
38
raak, sal die spel, wat dit ook al mag wees, die toeskouers sekerlik met ’n mate van weersin laat.” Dit is interessant om te weet dat Walter Webb Ellis in die vroeë jare van rugby in Natal die hoof van Hilton net buite Pietermaritzburg geword het, en heel gepas blykbaar rugby by dié skool ingestel het. Sy vader was die legendariese William Webb Ellis, wat volgens oorlewering die spel by Rugby begin het. Rugbyunies het nie net langs die kus ontstaan nie, en het in die laat-1880’s en vroeë 1890’s oral in die land verskyn. Een van die nuwe unies wat nie so ’n lang ontstaansgeskiedenis soos dié van Kaapstad en Kimberley gehad het nie, was Transvaal, wat mettertyd ’n reus in die provinsiale kompetisies sou word. Die Vrystaat- en Basoetolandse Rugbyunie is in 1895 gestig. Bloemfontein het teen 1893 reeds vier spanne gehad en rugby is ook in Kroonstad gespeel, asook in Naauwpoort, net oor die grens op pad na De Aar en sowat 300 km vanaf Bloemfontein. Die klubs het spelers gewerf uit studente wat van oorsee en die Kaap teruggekeer het, asook uit die ontnugterde manne wat sonder rykdom uit Kimberley padgegee het en hulle in die Oranje-Vrystaat kom vestig het. Grey Kollege, die toekomstige voorsiener van so baie Springbokke, was een van die eerste klubs. Die feit dat hulle nog nie ’n unie gestig het of by SARFU geaffilieer was nie, het die Oranje-Vrystaat nie verhoed om in 1894 aan die Curriebekertoernooi deel te neem nie. Die groot aantrekkingskrag was ook die feit dat die toernooi op die reeds beroemde Nuweland in Kaapstad gehou is!
Transvaal word ’n krag Nog voordat die Oranje-Vrystaat hulself in ’n unie georganiseer het, het die TRFU tot stand gekom. Transvaal het gou ’n rugbykrag geword en deur die jare so gebly, met die hoogte- en laagtepunte wat alle unies maar ondervind. Dit was nie, soos algemeen geglo word, die ontdekking van goud wat tot die sterk groei in Transvaalse rugby aanleiding gegee het nie. In die vroeë-1880’s is
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 38
2352011 5:24 PM
Hilton School and Old Boys, 1889.
die spel Transvaal toe gebring deur terugkerende studente wat dit in Johannesburg gevestig het. Tussen 1877 en 1881 was daar natuurlik ook Britse soldate in die Transvaal wat aanvanklik onderling en later teen saamgeraapte spanne gespeel het, soos wat die spel toenemend gewilder geword het. Na die ontdekking van goud het delwers uit Brittanje, Nieu-Seeland en Australië na Johannesburg gestroom op soek na rykdom. Saam met hulle het ’n groter ondersteuning vir rugby asook nuwe ontwikkelings in die spel gekom. Daar was ook ’n migrasie van spelers vanaf Kimberley na Johannesburg. Die grondslag vir die groot derbywedstryde tussen Transvaal en Noord-Transvaal (later die Leeus en die Blou Bulle) is so vroeg as 1888 gelê toe Johannesburg en Pretoria ten minste een maal per jaar slaags was. Transvaal was geografies ’n uitgestrekte gebied wat gestrek het van die grens met Rhodesië in die noorde tot
by Volksrust op die Natalse grens, en af met die Vaalrivier. Die huidige unies van die Blou Bulle en hul sub-unie Limpopo, die Valke, die Pumas, die sub-unie Laeveld en ook die Luiperds was almal deel van die TRFU wat in 1889 gestig is. Mens kan maar net wonder hoe moeilik dit was om die beste spelers in die unie te kies, en hulle daarna bymekaar te kry vir ’n wedstryd of ’n toer. Dit was eintlik vanselfsprekend dat bogenoemde unies sou wegbreek om hul eie paadjie te volg. Dit was in ’n groot mate ook te wyte aan die outokratiese houding van die Transvaalse administrateurs teenoor die plattelandse distrikte. Klubwedstryde is selde nie in Johannesburg gehou nie, en die klubs moes maar ewe gedwee na die Goudstad reis vir wedstryde. Die situasie het tot in 1920 voortgeduur en toe die stelsel die Curriebeker in 1922 na tuis-en-wegwedstryde in plaas van ’n toernooi verander het, het Johannesburg al die tuiswedstryde vir hulself
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 39
39
2352011 5:24 PM
Hoe punte oor die jare aangeteken is In 1884 het een van die reëls waarvolgens gespeel is, soos volg gelui: “Die wedstryd word gewen deur die span wat twee doele aanteken. Alle wedstryde is gelykop na vyf dae se spel [nie aaneenlopend nie!] of na drie dae as geen doel deur enige span geskop is nie.” Dit klink vergesog, maar daar was talle geleenthede in die 1880’s waar geen punte aangeteken is nie. Dis duidelik dat die reëls maar vaag, verwarrend en redelik naïef was. Dit is veral die ewige verandering destyds aan die ingewikkelde puntestelsel wat vandag deurmekaar klink. Die tabel hieronder sit uiteen hoe punte in die 1880’s aangeteken kon word, maar dit was nie al nie. Die verdedigende span kon byvoorbeeld vir die teenstanders punte aanteken deur die bal agter hul eie doellyn dood te maak. Dit is ’n “minor” of “rouge” genoem, ’n soort “eie doel” wat aangeteken is. Vandag sal ons dit ’n dooddruk of oordra van die bal noem. In daardie dae het dit egter reëlveranderings geverg voordat ’n speler kantlyn toe kon skop in plaas daarvan om punte vir die teenstanders aan te teken. Dit was dus nie buitengewoon om te hoor dat ’n wedstryd deur twee “rouges” teen nul gewen is nie. Wat vandag as drieë (“tries”) bekend staan, was nie die hoofdoelwit van die spel nie en het net ’n enkele punt getel. In 1889 het die Internasionale Rugbyraad (IRR) ’n drie se waarde na twee punte verhoog, en in 1891 het dit drie punte werd geword. So het dit gebly tot in 1971, waarna ’n drie vier punte getel het. In 1990 is die waarde van ’n drie verder verhoog na vyf punte. Die konstante verandering aan die puntestelsel in die 1880’s maak dit vir ons moeilik om te bepaal wat die telling in ’n wedstryd eintlik was. Mens moet na die stelsel van die dag kyk om uit te werk wat daar aangegaan het!
toegeëien, al was die meerderheid spelers van Pretoria! Trouens, eers met die derde toer van ’n Britse span na Suid-Afrika in 1903 het Pretoria sy eerste toerwedstryd gekry. Geen toerwedstryd is daarna in 1910 in die hoofstad gespeel nie, en in 1924 het hulle ’n enkele wedstryd gekry. Teen dié tyd het vyf toerspanne al sestien wedstryde in Johannesburg gespeel!
40
Die tellings in artikels en boeke van daardie tyd verwys byvoorbeeld na ’n span wat wen “met een doel teen drie drieë” of met “’n drie en twee dooddrukke teen nul”! Wat die puntestelsel betref, het Kimberley reeds in 1889 gedoen wat Stellenbosch sedert die dae van dr. Danie Craven gedoen het. Hulle is gevra om met die puntestelsel te eksperimenteer. Percy Ross Frames, die eerste president van Suid-Afrikaanse rugby, is deur Engeland se beheerliggaam, die Rugby Football Union (RFU), gevra om terugvoer op die toetse te lewer. Engeland was in daardie stadium nie ’n lid van die IRR nie, waar geen punte vir ’n strafdoel toegeken is nie, en het eers in 1891 lid geword. Die sogenaamde “double whammy” wat in bofbal geld, is ook in rugby toegepas. Wanneer ’n drie gedruk is, kon die opvolg van ’n doelskop tot nog ’n drie met ’n tweede vervyfskop lei! Die veranderende puntestelsel is soos volg (ons laat die wyse van punte aanteken in Engels omdat die huidige terminologie nie die ware toedrag van sake sal weergee nie): Jaar “Goal” “Try” “Conver- “Penalty” “Drop” “Goal sion” from mark”
1886 1889 1891 1894 1905 1948 1971 1977 1990
3 3 4 3 5 5 5 6 6 7
1 1 2 1 3 3 3 4 4 5
2 2 2 2 2 2 2 2 2 2
– 3 2 3 – 3 3 3 3 4 3 4 3 3 3 3 3 3 3 3
3 3 (RFU) 3 (IRB) 3 4 3 3 – –
Drie van die eerste vyf Transvaalse klubs bestaan vandag nog, naamlik Wanderers en Pirates van Johannesburg en Pretoria Rugbyklub, wat ook die eerste wenners van die Groot Uitdaagkompetisie (later die Pirates Groot Uitdaagbeker) was. Pretoria was die eerste wenners toe hulle Pirates in 1889 met 1–0 op die Wanderers se velde by Krugerpark geklop het. Pirates het die volgende drie
150 YEARS O F S O U TH AF R I C AN RU GB Y
150 Jaar Book.indd 40
2352011 5:24 PM
The Rev. Adrian Roberts’ team in Pretoria, 1879. It is not known who their opposition was.
kompetisies gewen, en na hul driekuns die eienaars van die trofee geword, wat hulle terug geskenk het. Die kompetisie is herdoop na die Pirates Groot Uitdaagreeks, vandag nog die Goue Leeus se vernaamste kompetisie. Die eerste Transvaalspan – wat nie op vol sterkte was nie, aangesien nie al die spelers beskikbaar was vir hierdie skielike toer nie – het in 1889 na Kimberley gereis om deel te neem aan die toernooi vir die Raadsbeker. Hulle het twee wedstryde verloor, maar WP, wat die uiteindelike wenner was, geklop. Almal het oral dieselfde probleme ondervind. ’n Gebrek aan geld en behoorlike velde en ander oefengeriewe het die ontwikkeling van die spel teruggehou. Die velde was hard, sonder gras en oortrek met rooi stof. In die helder sonskyn was daar ’n weerkaatsing wat sowel die spelers as die toeskouers gepla het. ’n Sportskrywer het só geskryf: “Tydens ’n skrum is ’n spul stof opgeskop wat een of twee keer die spelers heeltemal verberg het,
sodat dit moeilik was om te sien wat aangaan.” Ander unies wat vroeg gestig is, was South Western Districts Rugby Football Union in 1899 en North Eastern Districts Rugby Football Union in 1893. Rhodesië het in 1898, 1899, 1908 en 1914 spanne na die Curriebekertoernooie gestuur. Hoewel die Rhodesiër Freddie Brooks genooi is om in 1906 vir Suid–Afrika te speel, is daar vasgestel dat hy nie lank genoeg in SuidAfrika gebly het om te voldoen aan die verblyfspermit waarvoor mens na vyf jaar gekwalifiseer het nie. ’n Hele aantal Rhodesiërs het beroemde Springbokke geword en Rhodesië het trouens ’n Springbokkaptein gelewer, naamlik Des van Jaarsveldt teen Skotland in 1960. Spelers met ’n Rhodesiese/Zimbabwiese verbintenis was later kapteins van die Springbokke, insluitend Bobby Skinstad, Salty du Rand, Gary Teichmann en Piet Greyling. Corné Krige was van Zambië afkomstig, wat voor onafhanklikheid Noord-Rhodesië was.
Die vroegste jare
150 Jaar Book.indd 41
41
2352011 5:24 PM
42
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 42
2352011 5:24 PM
3
Die hoogste bome … Die wel en weë van dertien rugbypresidente
Die eerste sewentig jaar van Suid-Afrika se rugbyadministrasie is deur ’n tydperk van relatiewe stabiliteit en kalmte gekenmerk. In die 1960’s is die nasionale beheerliggaam egter meteens onder toenemende internasionale druk geplaas as gevolg van die regering se apartheidsbeleid. Oorsese politici en rugbybase wou hê dat gemengde spanne op meriete gekies word. Dr. Danie Craven, wat toe president van die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalraad (SARVR) was, het ook interne druk van die regering ondervind. Hulle wou nie toegee aan sy aanhoudende versoeke om die sportbeleid te verander en die kies van gemengde spanne toe te laat nie. Na die eenwording van Suid-Afrika se onderskeie rugbybeheerliggame in 1992 het die aard van die probleme verander, en in baie opsigte het dit aanleiding gegee tot ’n meer intense en vyandige tydperk in Suid-Afrikaanse rugby. Die spel se administrasie is sedertdien deur politiekery, stormagtigheid, venyn en hofsake gekenmerk. Die idealistiese waardes wat voorheen met rugby verbind is, het grotendeels verdwyn. Die dae toe administrateurs eerder deur ’n liefde vir die spel as deur persoonlike of politieke gewin gelei is, was helaas verby.
Management of the first Springboks, 1906: captain Paul Roos, manager Daddy Carden and vice-captain Paddy Carolin.
Die eerste president, Percy Ross Frames Die aanvanklike hoë standaard vir administrasie is gestel deur die eerste president, Percy Ross Frames, wat in 1889 met die stigting van die South African Rugby Football Board (SARFB) tot dié pos verkies is. Ondanks die gesonde grondslag wat Frames vir die nuwe rugbyunie gelê het, sal hy nie
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 43
43
2352011 5:24 PM
Percy Ross Frames.
in die geskiedenis onthou word met dieselfde mate van eerbied en ontsag as dr. Daniël Hartman Craven nie, wat vanaf 1956 tot 1993 die rugbypresident was. Dok Craven is waarskynlik die mees uitstaande rugbypersoonlikheid in wêreldrugby tydens die amateurjare. Dr. Louis Luyt sal ook met respek onthou word as die mens aan die stuur toe Suid-Afrika die Wêreldbekertoernooi in 1995 aangebied en gewen het. Ebrahim Patel sal onthou word as die eerste swart president van SARVU. Dan was daar ook W.V. Simkins van Grens wat president was in die moeilike jare van die Anglo-Boereoorlog (1899–1902) en, behalwe vir kort afwesighede, net drie maande minder as twintig jaar aan die stuur van sake was. Dit is die derde langste dienstermyn van ’n Suid-Afrikaaanse rugbypresident. Frames het heelwat gemeen met Dok Craven – die presidentskap is ook op hom afgedwing. Hy het ook nie die personeel of finansiering gehad om ’n beleid te implementeer nie. Soos Craven se nalatenskap, het dié van Frames Suid-Afrika tot op die kruin van wêreldrugby laat klim. Frames se aanstelling as president het gevolg na ’n
44
gesprek met W.M. (Bill) Bisset van Kaapstad in 1888. Bisset en Frames, wat later ’n internasionale skeidsregter was, was onderskeidelik betrokke by die toerspan van Kimberley en die klubspanne van Kaapstad. Die gesprek na ’n wedstryd het gegaan oor die ongelukkigheid oor die verskillende reëls en vertolkings daarvan wat in die distrikspanne, trouens ook in die klubwedstryde van die onderskeie unies, na vore gekom het. Nog ’n knelpunt was die verdeling van winste wat gemaak is. Hierdie kwessies is tot ’n punt gedryf met die Kimberleyspan se tweede besoek aan Kaapstad. Met Bisset as bondgenoot, het Frames besluit dat ’n nasionale beheerliggaam noodsaaklik is om die spel te administreer en beheer waar dit ook al in Suid-Afrika gespeel word. Hulle het saam met ander invloedryke toeriste van die Kimberleytoerspan ooreengekom dat wanneer die nasionale beheerliggaam gestig is, die gashere van die volgende interdistriktetoernooi die president moes aanwys. Kimberley, wat toe al ’n direkte spoorverbinding met die Kaap gehad het, sou die toernooi in 1889 aanbied, en Frames is as president aangewys. Dit was die eerste provinsiale toernooi. Die vorige toernooie in Kaapstad in 1884 en Grahamstad in 1885 is as interdistrikkompetisies beskou. Frames is tot 1893 as president herkies. Tydens Frames se dienstermyn het die eerste internasionale toer in 1891 plaasgevind. W.E. (Bill) Maclagan se Britse span het deur Suid-Afrika getoer en 23 wedstryde, insluitend drie toetse, gespeel. Al die spelers was óf van Engeland óf van Skotland afkomstig. Net agt spelers het al in rugbytoetse gespeel, en daar was veertien studente in die groep van 24, wat ’n bestuurder en ’n assistentbestuurder ingesluit het. Percy Ross Frames was ook president toe die Curriebekertoernooi die eerste keer gespeel is. Daar is geen amptelike rekords van die SARFB se vergaderings in die eerste drie jaar nie, maar in 1892 het die Curriebekertoernooi plaasgevind, weer eens in Kimberley. Terloops, die SARFB-trofee waarvoor daar die eerste keer in 1889 gespeel is, is weer aan die wenners
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 44
2352011 5:24 PM
tydens die 1892-toernooi oorhandig. Westelike Provinsie (WP) het dus nie net die eerste Curriebeker in 1892 gewen nie, maar ook die SARFB-trofee behou wat hulle in 1889 gewen het. Frames het rugby gespeel en ook die fluitjie hanteer in Suid-Afrika se tweede internasionale wedstryd ooit teen die 1891-Britse toerspan in Kimberley. Hy het natuurlik die spel in Kimberley geadministreer, waar hy eers eresekretaris en later ook president van Griekwaland-Wes was – poste wat hy elf jaar lank ononderbroke beklee het. Hoewel Frames die eerste president van die SARFB geword het, moet die rol wat Bill Bisset in die administrasie van Suid-Afrikaanse rugby gespeel het, nie gering geskat word nie. Hy was maar net 21 jaar oud op daardie dag toe hy en Frames die behoefte aan ’n beheerliggaam vir rugby bespreek het. Hy het die wedstryd wat sy toetsdebuut in Kimberley in 1891 sou wees, misgeloop omdat hy by ’n hofsaak betrokke was, maar het in die derde toets in Kaapstad gespeel. Bisset het nie weer gespeel nie, maar was steeds aktief by die spel betrokke. Bisset was in 1896 die SuidAfrikaanse spanbestuurder van Johnny Hammond se span en het drie van die 21 wedstryde as skeidsregter hanteer, insluitend die derde toets. Sodoende het hy een van net ses Suid-Afrikaanse toetsspelers geword wat ook as ’n skeidsregter in ’n toets opgetree het. Bill Bisset word beskou as Suid-Afrika se eerste ware losvoorspeler. Hy was nie baie groot gebou nie, maar rateltaai en besonder vinnig. Later jare het hy ’n mynmagnaat en die president van die Suid-Afrikaanse Regsvereniging geword. Die oudste bestaande rekords van SARFB-vergaderings dateer uit 1892, waarin Frames ’n balans van £24 19s 0d rapporteer. Alle rekords van vorige vergaderings het soek geraak tydens die samesmelting van De Beers en die Central Mining Maatskappy, waar die rekords gestoor is. By die vergadering in 1892 is besluit dat die reëls van Engeland se beheerliggaam, die RFU, aanvaar sou word. Destyds was daar twee gedagterigtings oor watter reëls moes geld, hetsy dié van die RFU, of dié van die IRR. Frames het ongelooflik hard gewerk, as mens in ge-
dagte hou dat hy ook die eresekretaris en later president van Griekwaland-Wes se rugby was. Dit was eers nadat hy as president van die SARFB uitgetree het dat H.G. Cadwallader as eresekretaris aangestel is om na sake soos die notules van vergaderings en finansies om te sien. Dit het ’n permanente pos op die raad geword. Op ’n vergadering in 1893 is daar ooreengekom dat die SARFB sou bestaan uit ’n president, ’n sekretaris en twee verteenwoordigers van “elke staat, kolonie of provinsie geaffilieer by die SARFB; vyf om ’n kworum te vorm”. Dit is nie duidelik of die “vyf” na stemgeregtigdes of unies verwys nie, aangesien daar net vier geaffilieerde unies was, naamlik die Westelike Provinsie, Griekwaland-Wes, Transvaal en die Oranje-Vrystaat. Dit is interessant dat daar in 1894 tydens ’n SARFBvergadering ’n brief van mnr. Donald Currie – later Sir Donald – voorgelees is waarin hy versoek dat die trofee wat die Britse toerspan in 1891 aan Griekwaland-Wes geskenk het, ’n wisseltrofee moes word. Dit was toe reeds deur die Griekwas aan die SARFB geskenk, en in 1892 het WP die eerste wenners van die beker geword. Of dit toe al die Curriebeker genoem is, is nie duidelik nie. Die Curriebekertoernooie het egter ongereeld plaasgevind, en nie jaarliks soos deur Currie versoek is nie.
Simkins, die groen trui en die Springbok W.V. Simkins het Frames in 1894 opgevolg. Transvaal was in 1895 die gasheerunie en Simkins kon ’n nettowins van £1 059 8s 8d verklaar. Dit was ’n tydperk van ontwikkeling op administratiewe vlak. ’n Vroeëre besluit om ’n grondwet vir die SARFB op te stel, het vrugte afgewerp deurdat daar ’n gevestigde beheerliggaam was wat hul probleme met kontantvloei kon oplos. Die SARFB was in ’n posisie om weer ’n uitnodiging aan ’n Britse toerspan na Suid-Afrika te rig. Dit was ook die jaar waarin die provinsiale spanne vir die eerste keer hul kleure kon registreer. WP se beroemde en kenmerkende blou-en-wit gestreepte trui is nog steeds in gebruik! Grens het ’n sjokoladebruin trui
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 45
45
2352011 5:24 PM
gekies wat hulle tot in die 1990’s gebruik het. Hoewel hulle die kleur behou het, het die trui baie verander. Die Oranje-Vrystaat het ’n maroenkleurige trui met ’n oranje kraag geregistreer. Griekwas het ’n vlootblou trui gekies, en Transvaal het ’n donkerblou-en-wit trui en kouse en ’n donkerblou broek gehad. Die Oostelike Provinsie (OP) het met ’n donkerblou broek en ’n wit trui gespeel. Simkins was die president toe Suid-Afrika die eerste keer in groen truie gespeel het. In 1896 kon die kaptein van die nasionale span nog besluit oor die kleure van die span. Barry (met die bynaam “Fairy”) Heatlie het die kleure van die gewese Old Diocesan Club se trui gekies. Dit is gepas dat daardie toets op Nuweland gespeel is, want die veld word sedertdien as die setel van SuidAfrikaanse rugby beskou. Kaapstad was egter nie altyd die tuiste van die SARFB nie. Suid-Afrika het hul eerste wedstryd in groen truie gewen. Nuweland is ook die veld waar Suid-Afrika op dié dag in 1896 sy eerste toets gewen het. ’n Hoogtepunt tydens Simkins se termyn was die eerste toer oorsee deur ’n Suid-Afrikaanse span. Paul Roos was die kaptein, en die gewilde Daddy Carden die spanbestuurder. Hy is die man wat baie van die teorieë oor waar die naam Springbok vandaan kom, verkeerd bewys het. In sy brief aan outeur I.D. Difford skryf hy soos volg (vertaal): Die feit is dat die Springbok as ’n embleem bestaan het toe my span van Suid-Afrika vertrek het, en hier is positiewe bewyse. Ons het op die aand van 19 September 1906 in Southhampton aan wal gegaan en van die Daily Mail van die 20ste het ek die volgende beriggie uitgesny: “Die span se kleure sal mirtegroen truie met ’n goue kraag wees. Hulle sal donkerblou kortbroeke en donkerblou kouse dra en die trui sal op die linkerbors, in sydraad geborduur, ’n Springbok hê – ’n klein bokkie wat net so tipies van Afrika is as wat die kangaroe van Australië is.” Nou, wat die benaming betref. Daar was geen uniforms of kleurbaadjies voorsien nie en ons was maar ’n bont spul wat by die oefening in Richmond
46
opgedaag het. Daardie aand het ek met Roos (die kaptein) en Carolin (onderkaptein) gesels en vir hulle daarop gewys dat die spitsvondige Londense pers die een of ander snaakse naam vir ons sal uitdink as ons dit nie self eers doen nie. Ons het voorts besluit om onsself die Springbokke te noem en die persmanne te vertel dat ons graag so genoem wil word. Ek kan dit baie goed onthou, want Paul het ons daarop gewys dat “Springbokken” die korrekte meervoud is. Ewenwel,die Daily Mail het ons na die eerste oefening Springbokke genoem en die naam het gebly. Ek het dadelik donkergroen kleurbaadjies met ’n goue omboorsel bestel, en ek het vandag nog die eerste Springboksakwapen wat gemaak is. Die bekende storie is dat Roos op die eerste perskonferensie gesê het sy span moet die Springbokke genoem word, met verwysing na die groen trui en die bok wat oor die groen vlaktes van Suid-Afrika swerf. Die Springbokembleem is egter so ver terug as 1894 gebruik toe ’n Suid-Afrikaanse atletiek- en fietsryspan aan die Engelse kampioenskappe deelgeneem het. Een van die atlete, P.J. Blignaut, wat later ’n aantal wêreldrekords in Amerika verbeter het, het ’n groen frokkie vir die kompetisie gedra. Die span van 1898, waarvan hy ook ’n lid was, het die Springbokwapen as hul embleem op die byeenkomste gedra. Simkins het in 1913 bedank met ’n aantal eerstes op sy kerfstok – al het nie alles deur sy toedoen of met sy goedkeuring geskied nie, soos die keuse van die Springbok as embleem in 1906. Saam met eresekretaris Jack Heyneman, wat in 1915 president sou word, het hulle puik werk gedoen en Suid-Afrikaanse rugby het in bekwame hande gebly.
Die Eerste Wêreldoorlog, Schreiner en Heyneman Bill Schreiner, voormalige Eerste Minister van die Kaapkolonie, was net ’n paar maande die president van die SARFB. Met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 46
2352011 5:24 PM
het hy as Suid-Afrika se hoë kommissaris na Londen vertrek en is in 1915 deur Jack Heyneman as rugbypresident opgevolg. John Heyneman, meer bekend as Jack, was goed toegerus vir die veeleisende pos met baie jare se ondervinding in administrasie. Sy eerste uitdaging was om rugby gedurende die oorlogsjare van 1914–1918 aan die lewe te hou. Daar was egter nie veel wat hy kon doen nie. Curriebekerrugby is vir ses jaar vanaf 1914 tot 1920 opgeskort, en in 1920 het die laaste Curriebekertoernooi plaasgevind. Daarna het Heyneman die kompetisie se formaat verander en die wedstryde is tot in 1939 op ’n tuis-wegbasis gespeel. Onder sy leiding en die nuwe formaat het die SARFB groter wins gemaak. Heyneman was ook die man wat aan die stuur van sake was toe die eerste (redelik amptelike) kontak tussen Suid-Afrikaanse en Nieu-Seelandse rugby gemaak is. Dit was in 1919, toe ’n skip met die span rugbyspelers van die gedemobiliseerde Nieu-Seelandse imperiale magte onderweg van die oorlogsfront in hul tuisland Suid-Afrika aangedoen het. Hul besoek was die direkte gevolg van onderhandelinge deur die voormalige SARFBpresident Schreiner, wat toe Hoë Kommissaris in Londen was en as koördineerder tussen die soldate en die SARFB opgetree het. Die Kiwisoldate het in veertien wedstryde gespeel, plus ’n laat nieamptelike wedstryd teen Natal om hul inkomste te verhoog. Heyneman was ’n outokraat, soos ook ander presidente van die SARFB, SARVU, die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARR) en die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) voor en na hom was, maar dit was op ’n tydstip wat hierdie bestuurstyl nodig was. Die sukses van die Springbokke in sy ampstermyn vanaf 1917 tot 1927 spreek boekdele vir ’n gesonde administrasie. Terwyl hy in beheer was, het die Springbokke hul eerste toer na Nieu-Seeland aangepak vir die eerste kontak op internasionale vlak tussen dié twee toonaangewende rugbylande. Dit was in 1921. Daar was onsekerheid aan beide kante, aangesien die twee spanne sedert die begin van die Eerste Wêreldoorlog geen internasionale wedstryde gespeel het nie. Suid-
Afrika het deeglik begin beplan nadat hulle in 1920 die uitnodiging gekry het om in Nieu-Seeland te gaan speel. Sodoende het hulle ’n goeie begin gehad in die wedywering wat tussen die twee sterk rugbylande sou voortduur. Die reeks is gedeel met een oorwinning elk en ’n gelykopstryd, sonder dat enige punte in die laaste toets aangeteken is. Heyneman het daarop aangedring dat die verhoogde status van die Springbokke na hul reeks teen die “onoorwinlike” Nieu-Seelanders vir meer internasionale kontak gebruik moes word. Dit het toe ook in 1924 gebeur, toe Ronald Cove-Smith se Britse span SuidAfrika besoek het. Heyneman het in 1927 bedank en is deur A.J. “Sport” Pienaar opgevolg.
Die bewind van Sport Pienaar en Craven as afrigter Terwyl Heyneman deur sy tydgenote en skrywers as ’n welwillende en verligte outokraat beskou is, was Pienaar ’n perd van ’n ander kleur – hy was ’n outokratiese diktator! Hoewel Dok Craven nooit in een van sy dertig boeke of in die openbaar vir Pienaar aangevat het nie, was dit tog duidelik dat hulle nie om dieselfde vuur gesit het nie, maar later meer hieroor. Craven het by Pienaar oorgeneem en die langste dienstyd as rugbypresident gehad. Sport Pienaar was tot en met sy dood in 1954 die rugbypresident, en gedurende sy bewind het die Springbokke ongetwyfeld die voorste span in wêreldrugby geword. Hulle het die All Blacks in 1937 in Nieu-Seeland geklop, nadat hulle weer ’n reeks in 1928 in Suid-Afrika gedeel het. Die Bokke het die Grand Slam in 1931/32 en in 1951/52 gewen. Hulle het die Britse Leeus (soos hulle al in 1938 bekend gestaan het) geklop na hulle in 1924 ook met die Britse toerspan afgereken het, en het Australië in Suid-Afrika in 1933 en 1953 gewen, asook die All Blacks op toer in Suid-Afrika in 1949. Met slegs sewe nederlae in 34 wedstryde teen die voorste rugbyspelende lande het die Springbokke ’n wengemiddelde van 79 persent gehad, wat die afgelope jare se vertonings dus in perspektief stel. Hierdie uitmuntende vertonings is bereik tydens die
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 47
47
2352011 5:24 PM
Theo Pienaar’s 1921 Springbok side that toured New Zealand – the first international contact between the two great rugby nations.
termyn van ’n man wat die bynaam “Sport” gekry het oor sy liefde en betrokkenheid by baie ander sportsoorte, nie net rugby nie. Trouens, hy was ’n groot krieketaanhanger en was tegelykertyd president van die Suid-Afrikaanse Krieketraad en die SARFB! Suid-Afrika se prestasies in Sport Pienaar se jare moet ook gesien word teen die agtergrond van die Tweede Wêreldoorlog. Pienaar en die administrateurs wat in die land agtergebly het, moes nie net die sport op ’n ordentlike standaard aan die gang hou nie, maar ook vrederegter speel tussen die pro-oorlog- en anti-oorloggroepe in Suid-Afrika, wat rofweg tussen die Engels- en Afrikaanssprekendes verdeel was. Die hoofrede vir die onenigheid was die wyse waarop geld wat met liefdadigheidswedstryde gemaak is, aangewend moes word. Nie almal was daarvoor te vinde dat geld aan die soldate via die Goewerneur-Generaal se
48
Oorlogfonds geskenk moes word nie. Wedstryde is oor hierdie kwessie gekanselleer, soos die wraakwedstryd tussen WP en Boland. Boland, wat toe ’n unie was, was nie bereid om fondse na enigiets anders as rugby te versprei nie. Drie unies, naamlik WP, Griekwas en OP, het egter nie by die reëling gebly dat spanne hulle moes weerhou van wedstryde wat ten doel gehad het om geld vir die Oorlogfonds in te samel nie. Dit het gelei tot interne verdeeldheid in die unies. ’n Verdere gevolg was dat Stellenbosch Rugbyklub van WPRFU-kompetisies onttrek het, en klubs onder die beheer van die Western Province Rugby Football Union (WPRFU) is gewaarsku om nie teen Maties te speel nie. Vir twee seisoene lank het Stellenbosch, Tuine, Paarl, Maitland en die junior klubs Tiervlei en Bellville weggebreek om deel uit te maak van ’n nuwe rugbyunie wat
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 48
2352011 5:24 PM
nie onder die WPRFU val nie. Die wegbreek- Wes-Kaapse Rugbyunie het sy ledetal verder versterk met ’n aantal studente van die Universiteit van Kaapstad (UCT), wat as die Groote Schuur Klub aangesluit het. WP se klubs het toe net bestaan uit Hamiltons, Villagers, UCT, SomersetWes en die nuwe klub, Union. Twee spanne wat uit soldate bestaan het, naamlik Fortress Green en Fortress White, het ook senior klubstatus gekry. Ondanks die verbod het die Maties baie wedstryde op die platteland gespeel. Hulle het ook gespeel teen wat later die Pukke sou word, en teen die Paarl Onderwysopleidingskollege in Paarl. Daar was selfs ’n wedstryd op volle sterkte teen Tukkies. (Dié twee spanne is in die 1970’s as die beste spanne in die land beskou en het 50 000 toeskouers na die wedstryde gelok.) Die Tukkie-Matiestryd het veral vir WP omgekrap, omdat die Noord-Transvaalse Rugbyunie nie die wedstryd teen die “onwettige” Maties stopgesit het nie. Die gevolg was dat WP in 1943 twee vriendskaplike wedstryde teen NoordTransvaal afgestel het. Die WP-bestuur is erg ontstel deur die Bolandse wedstryde wat gevolg het weens Boland se klubs se gewilligheid om teen Maties en die ander spanne van die wegbreekunies van WP en OP te speel. Die SARFB het gevolglik ’n ondersoek gelas na klubspanne wat teen spanne van ander unies speel. Ondanks al die probleme en ’n gebrek aan getalle om behoorlike klubkompetisies te hou, het rugby tog voortgegaan – dikwels met die ondersteuning van skole en die militêre eenhede wat in sommige unies gestasioneer was. Daar is deur die soldate getoer, vernaamlik ’n verteenwoordigende militêre span wat deur Dok Craven afgerig is. Dié span het weer die belangstelling onder die toeskouers aangewakker, wie se getalle aan die kwyn was weens die swak gehalte van rugby wat gespeel is. Pienaar se diktatoriale bestuurstyl het gesorg dat hy dinge in baie moeilike omstandighede bymekaar gehou het. Ondanks die administrateurs se pogings het die oorlog veroorsaak dat die volgende uit- of afgestel is: die beplande, maar onbevestigde All Blacktoer na Suid-Afrika in 1940; die tweede ronde van die Curriebekerkompetisie
in 1939; die viering van die eerste vyftig jaar van die SARFB se bestaan; en ’n internasionale rugbykonferensie. Pienaar was die man wat uiteindelik die eerste naoorlogse toer beding het toe die All Blacks in 1949 na SuidAfrika gekom het. Die Springbokke het die reeks 4–0 gewen. Dit is tot vandag toe die enigste reeks waarin die All Blacks nie ’n enkele toets kon wen nie! Die Springbokke van 1951/52 het daarna onder die bekwame afrigting van Craven onoorwonne teruggekeer van ’n Grand Slam-toer na die Verenigde Koninkryk (VK) en Ierland, en dit was nog ’n hoogtepunt van Pienaar se termyn as president. Hierdie toer, en veral die aanstelling van Craven as assistentbestuurder en dus vanselfsprekend as afrigter, is ’n goeie voorbeeld van Sport Pienaar se outokratiese bestuurstyl. Hy wou nie vir Craven as ’n assistentbestuurder hê nie. Pienaar het vir Bert Kipling gesteun en selfs stemme vir hom gewerf. Craven was toe die verteenwoordiger van Oos-Transvaal en het van sy unie die opdrag gehad om vir Kipling te stem. Craven het sy stembrief vir J.D. de Villiers en George van Reenen gewys as bewys dat hy sy unie se opdrag uitgevoer het en nie vir homself gestem het nie. Daar was twee keer ’n gelykop-stemming tussen Craven en Kipling. Toe, in die derde ronde, het iemand sy stem verander en Craven het gewen. Pienaar het daarna by ’n middagete voor die span se vertrek vir Craven beveel om “onder geen omstandighede” die Springbokspan af te rig nie. Craven erken in sy biografie dat hy bitterlik teleurgesteld was. Hy wou weet wat sy pligte op die toer sou wees. Pienaar het bloot geantwoord dat Frank Mellish, die toerbestuurder, hom sou vertel wat sy pligte was. Die president van die SARFB het egter nie rekening gehou met Basil Kenyon, die toerkaptein, nie. “Hoe lyk dit Dok, wanneer begin jy?” het Kenyon gevra, drie dae nadat hulle die seereis na die VK begin het. Craven was uit die veld geslaan en het geantwoord dat hy nie toegelaat is om die span af te rig nie. Kenyon het voet by stuk gehou. “Ek weet wat Pienaar gesê het, Dok, maar ek stem nie saam nie en ek wil hê jy moet die span afrig. Kom ons gaan praat
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 49
49
2352011 5:24 PM
met Frank Mellish en ek sal hom sê wat ek wil hê.” Kenyon was vasberade en Craven het afgerig. Hulle het al vier toetse teen die tuisunies en een teen Frankryk gewen. Hulle het net een van hul 31 wedstryde verloor, 562 punte aangeteken en net 167 afgestaan. Basil Kenyon het ongelukkig nie ’n enkele toets op die toer gespeel nie – of ooit weer daarna nie – nadat hy vroeg in die toer beseer is. In daardie tyd moes die SARFB vergaderings hou waar ook al hulle ’n leë vertrek kon kry, aangesien hulle nie hul eie kantore gehad het nie. Afgevaardigdes in Kaapstad of omstreke het die unies van die Oranje-Vrystaat en Transvaal verteenwoordig. Gewoonlik was hul vergaderplek die kantoor van die Argus-koerant, maar die aanwesiges moes loop sodra die gebouopsigter besluit dis tyd om toe te sluit. Dis dan wanneer Pienaar sou sê: “Moenie bekommerd wees oor wat nog [op die agenda] oor is nie. Ek weet hoe julle almal voel. Ek sal self die agenda by die huis afhandel.” Craven het as afrigter ’n benydenswaardige rekord gehad van sewentien toetsoorwinnings in 23 wedstryde. Dit is ’n wengemiddelde van 74 persent. (Vergelyk dit nou met die Springbokke van 2009 en 2010 wat 26 wedstryde gespeel het en sestien gewen het vir ’n gemiddelde van 61 persent.) Craven se rekord as afrigter is slegs verbeter deur Kitch Christie se veertien opeenvolgende oorwinnings, en Isak van Heerden se rekord van 75 persent in die reeks teen die Britse Leeus in 1962.
Tudhope – en toe Craven, die president Nadat Danie Craven in 1956 omgepraat is om homself as president verkiesbaar te stel, is hy versoek om aan te bly as bestuurder en afrigter vir die Springbokke se toer na Australasië. Dit het ’n feitlik onuithoubare situasie geskep, soos hy weldra op die toer uitgevind het. As bestuurder het hy nie die vrymoedigheid gehad om sake wat die toerspan gepla het, te bespreek nie – soos die beroerde gehalte van skeidsregting – want hy het as afrigter ’n
50
Basil Kenyon didn’t play in any of the 1951/52 Grand Slam tests.
belang in elke uitslag gehad. Die situasie is ook nie makliker gemaak deur die feit dat hy die president van SuidAfrika se hoogste rugbyliggaam was nie. Dit het beteken dat enige klagte ’n amptelike status gekry het! Edgar Tudhope, destyds Pienaar se adjunk, het ingestem om na Pienaar se dood in 1953 die pos van president te vul. Hy het vanaf Februarie 1954 tot 1956 diens gedoen, maar altyd gevoel ’n jonger man moes oorneem. Craven was daardie jonger man, en het in April 1956 president van die SARFB geword. Hy sou hierdie pos die langste beklee – sy ampstermyn het eers met sy dood in Januarie 1993 geëindig, meer as 36 jaar later. Die gesiene Dok Craven was 62 jaar van SuidAfrikaanse rugby se eerste 104 jaar by Springbokrugby betrokke. Louis Luyt mag dalk in sy vyf jaar as president meer aggressiewe teenstand en rugstekery van die African National Congress (ANC)-regering se sportbeamptes en hul meelopers ondervind het, maar die baasspelerige inmenging van die Nasionale Party (NP) en die Broederbond wat Craven moes verduur, het vir die duur van sy termyn as president aangehou. Hy moes die volgehoue druk en voorskrifte van die apartheidsregering ten opsigte van die insluiting van swart spelers en kontak
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 50
2352011 5:24 PM
met die Maori’s hanteer. Voeg daarby die internasionale druk en boikotte … Craven se persoonlike doelstelling om rugby vir alle spelers en alle rasse toeganklik te maak, is dikwels met weerstand begroet. Hy moes sowel dikvellig as diplomaties wees om die groeiende ongeduld en ongelukkigheid vanuit internasionale rugbygeledere teë te werk. Hy het nie die lae hou verdien wat hy in 1965 deur Eerste Minister Hendrik Verwoerd se uitsprake in die berugte Loskopdam-toespraak gekry het nie. (Meer hieroor later.) Die feit dat Craven, soos Luyt, nie ’n ondersteuner van die NP was nie, het die druk op hom net vererger. Gemene, selfs venynige aanvalle deur eerste ministers en kabinetslede, was deel van sy lewe. Dit is nie hier die plek om die hele politieke stryd van Suid-Afrikaanse sport te probeer ontleed sedert die NP in 1948 aan bewind gekom het nie, ook nie om redes aan te voer vir die optrede van ANC-sportleiers teen rugby, veral in die afgelope twee dekades nie. Die feit dat gekleurdes van nasionale sport uitgesluit was lank voordat apartheid formeel as ’n ideologie ingestel was, is ook nie hier ’n onderwerp van bespreking nie. Dit is voldoende om te meld dat rugby en krieket so ver terug as die laat-1800’s hul eie beheerliggame vir swart mense en kleurlinge gehad het. Dit is ’n aanduiding dat kleur al lankal ’n kwessie in Suid-Afrikaanse sport was. Die kleurkwessie is beklemtoon deur die optrede van die Maorispelers na ’n rowwe, selfs vuil wedstryd teen die 1921-Springboktoerspan wat die Springbokke naelskraap met 9–8 gewen het. Die tuisspan het die skuld vir die ongeoorloofde spel op die Springbokke se veronderstelde houding teenoor nieblankes gepak. Maurice Brownlie se All Black-toer na Suid-Afrika in 1928 het amptelik geen Maori’s ingesluit nie, maar daar was wel liggekleurde lede van hierdie inheemse Nieu-Seelandse nasie in die span. Selfs in 1937, voor die oorname van die NP, is die wedstryd van die Springbokke teen die Maori’s van die toerprogram geskrap oor die Nieu-Seelanders se siening dat die Springbokke die Maori’s as minderwaardig sou beskou.
Die optrede van Craven as onderkaptein het daartoe bygedra om die vyandigheid uit die weg te ruim, en teen die einde van die 1937-toer is die Springbokke na ’n Maorikonsert in Rotorua genooi.
Craven, Verwoerd en die Loskopdam-toespraak Craven se nagmerrie het in 1955 gestalte gekry toe die NP riglyne vir hul sportbeleid opgestel het. Sy grootste vernedering, ’n optrede wat hy in een van sy biografieë as ’n “verfoeilike” daad beskryf, was egter in 1965. Terwyl Craven op pad Nieu-Seeland toe was waar die Springbokke op toer was, het Eerste Minister Hendrik Verwoerd sy toespraak by Loskopdam net noord van Middelburg in Transvaal gelewer. Hy het onder meer gesê dat Maorispelers nooit welkom in Suid-Afrika sou wees nie. Salig onbewus van die toespraak het Craven op Christchurch van die vliegtuig afgeklim om deur ’n horde joernaliste gekonfronteer te word. Hy het toe na Rotorua, die hartland van die Maori’s, gevlieg om die Springbokke te sien speel en die aand ’n funksie saam met die Maori’s by te woon. ’n SuidAfrikaanse diplomaat het hom ingewag en ingelig oor ’n brief wat hy van Verwoerd ontvang het. Hy moes die Springbokke inlig dat dit onder Verwoerd se aandag gekom het dat daar “baie sosiale kontak” met die Maori’s na wedstryde was en, in Craven se woorde, het Verwoerd “te kenne gegee hy wil die toerspan daarop wys dat hulle Suid-Afrikaners was en dat hulle nie sosiale kontak in Nieu-Seeland behoort te hê met mense met wie hulle nooit in Suid-Afrika sou meng nie. Die diplomaat se boodskap was kortliks dat die regering wil hê die Springbokke moet hulle weerhou van vriendskap met die Maori’s”. Die Maori’s het sedert 1937 gereeld kontak met Craven gehad en hulle het hom geken en vertrou. Daardie aand het hulle vir Craven uit sy hotelkamer gaan haal waar hy besluit het hy sal bly. Hy was te skaam oor wat aan sy gashere gedoen is. Hulle het hom omgepraat om saam te gaan. Die aand was ’n onvergeetlike ondervinding vir
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 51
51
2352011 5:24 PM
Hannes Marais, captain of the 1971 unbeaten Springboks to Australia.
die toerspan en vir Dok ’n besonderse herinnering aan vriendskap. Verwoerd se toespraak is nie openlik deur die Springbokkaptein Dawie de Villiers verdoem nie. Hy het toegegee dat dit ’n groot verleentheid was om teen hierdie “wonderlike mense” te speel en vriendskaplik met hulle te verkeer, net om hulle dan in die oë te moet kyk en te sê hulle is nie welkom in ons land nie. “Dit het ons in ’n ongemaklike posisie geplaas, beide met die spelers teen wie ons gespeel het en die publiek – dit was nie iets waarvoor ons gesoek het en nog minder verdien het nie,” erken De Villiers.
SA-rugby kry die wind van voor Nog was dit het einde niet! Nie baie mense onthou die herrie rondom die 1976-Olimpiese Spele in Montreal wat gevolg het op die Nieu-Seelandse toer na Suid-Afrika nie. Omrede die toer het baie Afrikalande die Internasionale Olimpiese Komitee (IOK) gedreig om Nieu-Seeland uit die Olimpiese Spele te verban, of hulle sou die Spele boikot. Die IOK het geen seggenskap oor rugby nie, maar
52
ondanks hul pogings om die Afrikalande te oortuig om nie die Olimpiese Spele as weerwraak te gebruik nie, het 26 van die lande tog die spele geboikot. Dan was daar die betogerstoere na die VK in 1969/70, Australië in 1971 en Nieu-Seeland in 1981. Daar was die uitspraak van Nieu-Seeland se Eerste Minister, Dave Lange, dat die president van die SARR nooit weer welkom sou wees in sy land nie. Craven het baie konfrontasies gehad met Suid-Afrika se Eerste Minister en later staatspresident John Vorster, staatspresident P.W. Botha, asook sportminister Piet Koornhof en die toekomstige staatspresident F.W. de Klerk, toe nog die Minister van Onderwys. Daar was ook baie besprekings met Cuthbert Loristen se wegbreek- kleurling beheerliggaam, die South African Rugby Football Federation (SARFF), wat sy lot in 1977 by die SARFB (nou al die SARVR genoem) ingegooi het. Dit het gelei tot die SARVR se naamsverandering na die SuidAfrikaanse Rugbyraad (SARR). Craven het ook kontak gehad met Abdullah Abass se Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), wat by die meer militante South African Council on Sport (SACOS) geaffilieer was, en selfs met die ANC. Tydens Craven se kort termyn as president van die IRR in 1959, was dit net die respek wat mense vir hom gehad het en ou vriendskappe wat verhoed het dat die kritiek en merkbare spanning in openlike vyandigheid ontaard. Craven moes maar hierdie moeilikhede verdra, asook die sterk afkeur van die regses in Suid-Afrika. Dok Craven het uiteindelik na ’n amperse rusie vir Vorster sover gekry om in te stem dat ’n span met ’n paar nieblanke spelers gekies kon word om teen die Franse toerspan in 1975 te speel. Vorster het hom gewaarsku dat gemengde proewe nie moontlik sou wees nie. Craven het gevoel dat die wyse waarop hy en Abass en hul afvaardiging na minister Koornhof in die sewentigs behandel is, ’n groot verwydering nie net in sportverhoudings nie, maar ook in rasseverhoudings tot gevolg gehad het. Tot en met Abass se dood in 1983 het hy en Craven, wat sy goeie vriend geword het, maniere gesoek om die verskillende beheerliggame te verenig. Eers in Februarie 1991 het SARU en SARR ooreengekom
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 52
2352011 5:24 PM
om een beheerliggaam te vorm. Die basis van die ooreenkoms was dat daar een nierassige beheerliggaam vir rugby in die land sou wees; dat alle klubs oop vir almal sou wees; en dat spelers toegelaat moes word om te speel waar hulle wil. Hierdie ooreenkoms het natuurlik gekom nadat die verbod op die ANC opgehef is, en die vrylating van Nelson Mandela. Mense soos Verwoerd, Vorster en Botha het net nare herinneringe vir die rugbymense geword. Nog voor die samesmelting was Craven die eerste om die sogenaamde rugbyklinieke in te stel en het hulle spoedig veelrassig gemaak. Hy het ook saam met swart spelers en beamptes deur die land getoer om met die aanbieding van klinieke te help. Hy het by Stellenbosch met reëls geëksperimenteer wat later internasionale reëls geword het. Soms het dit konflik met die IRR meegebring, maar dit is deur sy werwing en aandrang dat onder meer die geenskopreël buite die 22 m-lyn ’n werklikheid geword het, asook die 10 m-onkantlyn by lynstane. Ongeag die politieke druk en binnegevegte was daar ook die alledaagse take waarna ’n president moes omsien, soos om fondse vir die SARFB te bekom, kantore te kry en personeel aan te stel. Craven het al dié take verrig en teen 1957 het die SARVR na 68 jaar sy eie administratiewe hoofkwartier gehad. ’n Jaar later het Kockie de Kock die eerste voltydse sekretaris geword, en Craven het ’n distribusiefonds met bydraes van al die unies begin. Dit sou hulle in staat stel om in die toekoms besluite met finansiële implikasies te kon maak, eerder as om geld van die twee groot unies, WP en Transvaal, te leen en hulle dan uit die opbrengste van toekomstige toere en toernooie te moet terugbetaal. In 1971 het die beheerliggaam nader aan die rugbyaksie getrek met hul nuwe kantore by Nuweland. Vandag is hulle net meters weg van die beroemde rugbyveld in die aangrensende Sportinstituutgebou.
1992–2006: Skade en skande, en ses presidente Politieke inmenging sedert die samesmelting het die doeltreffende bestuur van Suid-Afrikaanse rugby by-
kans onmoontlik gemaak. Die Nasionale Sportraad (NSR) het openlik en onophoudelik daaraan gewerk om hul doel te bereik, naamlik om beheer oor rugby te kry, en hulle is heelhartig deur die regering gesteun. Die onmiddellike integrasie op alle vlakke van die spel, insluitend internasionale wedstryde, het heel gerieflik die feit geïgnoreer dat rugby by al die rasse, behalwe wit, verwaarloos was. Van 1992 tot 2006 was Suid-Afrikaanse rugby, maar veral sy administrasie, dikwels die teiken van internasionale bespotting. In dié tyd het daar meer skandale uit die kantoor van die rugbypresident gekom as in die hele voorafgaande eeu! Dit was die gevolg van politieke skynhoofde aan die roer van sake, wat eerder politieke agendas gehad het as ’n belangstelling om vir rugby te werk; ’n gebrek aan ondervinding in die bestuur van rugby op nasionale en internasionale vlak; en ’n gedisintegreerde benadering tot die administrasie as gevolg van ses presidente (Danie Craven, Fritz Eloff, Ebrahim Patel, Louis Luyt, Silas Nkanunu en Brian van Rooyen). Op die keper beskou was dit waarskynlik die donkerste sestien jaar in Suid-Afrika se internasionale rugbygeskiedenis. Dit oortref selfs die tydperk toe die Springbokke oor apartheid uit internasionale deelname geskop is. Die probleme is net deels veroorsaak deur die nuwe politieke bedeling in Suid-Afrika, met die ANC wat in 1994 aan bewind gekom het, en die gepaardgaande programme en agendas om te verseker dat daar meer anderskleuriges op alle vlakke in spanne sou wees. Die feit is dat dr. Danie Craven, die formidabele en gerespekteerde administrateur wat vir so lank die hoogste pos beklee het, in 1992 ’n siek man was en nie veel meer was as president net in naam in ’n tyd toe sterk leierskap nodig was nie. Sy vaste hand en weerstand teen die politieke druk van die voormalige NP-regering en die nuwe ANCregering sou baie gehelp het om die oorgang na hierdie nuwe era gladder te laat verloop. Ebrahim Patel is as medepresident aangestel tot Craven se dood in Januarie 1993 en daarna saam met
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 53
53
2352011 5:24 PM
Krisis as Luyt weier om te bedank Die weiering van SARVU-president Louis Luyt in Mei 1998 om na ’n mosie van wantroue deur SARVU uit sy pos te bedank, het gelei tot dreigemente en ’n ultimatum van die Nasionale Sportraad (NSR). Dit het skokgolwe deur wêreldrugbykringe gestuur. Die NSR se dreigement om toere en Suid-Afrika se deelname aan die Super 12-kompetisie te kanselleer, sou miljoene rande se nagevolge hê. Hier volg die artikel wat op 8 Mei 1998 op die webwerf van die invloedryke Londense koerant, Sunday Independent, verskyn het. Die inhoud weerspieël die chaos en stormagtige emosies van ’n kritieke tydperk in Suid-Afrikaanse rugby. South African rugby plunged into crisis as Luyt refuses to quit The future of South African rugby was in crisis last night after the country’s white rugby supremo Louis Luyt refused to resign despite a demand by more than half his executive that he go to avert an international boycott. In an ominous split along racial lines, the four black members of the executive of the South African Rugby Football Union (SARFU) resigned after the notoriously stubborn Big Louis, SARFU president, refused to follow the majority decision. As a National Sports Council deadline for the resignation of Luyt and his executive expired, the rugby president also refused to support a decision of his executive to apologise to President Nelson Mandela for what they called his ‘humiliating’ appearance in court last month after a judge insisted he appear in person to defend his decision to order an inquiry into allegations of racism and graft in the game. Luyt refused to allow a government inquiry. Although SARFU won its court battle with the government it was widely predicted that it would lose the wider war. Last night Muleki George, the president of the Sports Council, said that the council’s threat to invoke an international boycott still stood, after Luyt refused to quit. A boycott would jeopardise millions of pounds of promised sponsorship in South Africa, Australia and New
54
Zealand, and throw international competition into disarray. Mr Luyt started the day in typical swaggering style, telling a breakfast meeting organised by a business publication that he would not resign and that the row between him and President Mandela’s government was to do with race rather than sport. With international isolation again looming for a sport which in the apartheid era earned a reputation for attracting racist and right-wing supporters, Luyt said little to take the racial sting out of the confrontation. ‘Are we going to remain a lawless society? Because that’s what we are, you know,’ he said to the loud applause of the audience of white, middle-aged men. Luyt said that the bitter row with government was not about SARFU but about Louis Luyt. ‘This was about someone being in the way, and, let me tell you, I intend to be in the way for a long time to come,’ he said. He added that he would bow before no man – presumably not even President Mandela – only to God. But last night, at the end of the SARFU executive meeting, the usually bullish Luyt looked uncharacteristically shell shocked. It is unlikely that he expected that eight of the 14 affiliated provincial rugby unions would turn against him. The fear now is that the row over rugby’s apparent failure to reach out to the black majority will spill over into an even more overtly racial conflict. Mr George has warned that protesters will block any tours planned in South Africa by Ireland, England and Wales which begin later this month; though it is doubtful that they would attempt to ignore a boycott urged by President Mandela. For big sponsors like Rupert Murdoch, who are funding the multi-million pound Tri-Nations competition between South Africa, New Zealand and Australia, a fortune is at risk. Silas Nkanunu, SARFU senior vice president and one of the four executive members to resign, said last night that the prospect for rugby was now ‘gloom’ and that the blame rested squarely with Mr Luyt.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 54
2352011 5:24 PM
Fritz Eloff vir nog ’n jaar. Volgens die bepalings van die eenwordingsooreenkoms moes Patel daarna ’n jaar as uitvoerende president dien. Hy was grootliks oneffektief en daar was ook ’n paar verleenthede in sy ampstermyn. Hy was nie beskikbaar vir ’n heraanstelling nie en is in 1994 deur dr. Louis Luyt opgevolg. Anders as Patel was Luyt briljant en doeltreffend, maar selde diplomaties. Sy ampstermyn is gekenmerk deur omstredenheid en verleenthede, en het in 1998 met ’n oneervolle bedanking tot ’n einde gekom. Luyt is opgevolg deur Silas Nkanunu, ’n man uit die ANC-elite, wat geen bande met rugby gehad het nie. Hy het nie as leier oortuig nie, veral oor sy gebrek aan ’n rugby-agtergrond. Nkanunu het nie veel verkeerd gedoen nie, maar hy het ook nie baie gedoen om rugby te bevorder nie. Na twee termyne het hy plek gemaak vir Brian van Rooyen, wie se bestuurstyl en verontagsaming van gesonde sakepraktyk in ’n hofsaak geëindig het. Dit het plek gemaak vir Oregan Hoskins, wat in 2006 sy eerste termyn as president begin het. Hoewel hy ook foute gemaak het, het hy daarin geslaag om relatiewe stabiliteit terug te bring en Suid-Afrikaanse rugby was weer op koers. Omdat die land so lank van internasionale rugby uitgesluit was, het die aanvang van professionalisme die administrateurs onkant betrap. Suid-Afrika was minder voorbereid daarop as die ander groot rugbylande – en dit het ook nie met die oorgangsfase gehelp nie. Die eenwording het nie op die ingewing van die oomblik geskied nie, maar was die resultaat van baie jare se volgehoue werk deur Craven. Hy wou ’n beter bedeling vir spelers van kleur verseker deur ontwikkelingshulp te voorsien en ’n enkele beheerliggaam daar te stel. Craven is gekortwiek deur ’n gebrek aan fondse en die apartheidsregering se onversetlike houding jeens “gemengde” rugby. Hy is jare lank deur eerste ministers, staatspresidente en sportministers verguis in sy strewe om die spel vir almal beter te maak. Craven het reeds voor 1977 samesprekings gevoer met SARU, die voormalige kleurling rugbyunie van Abass. Hy het voorts in die 1980’s met die ANC onderhandel nadat
Brian van Rooyen.
hy dit aanvanklik aan Luyt oorgelaat het om kontak te maak met behulp van die voormalige Springbokkaptein Tommy Bedford. Die verwagte onaangenaamheid wat vanuit die geledere van die regering, sommige van die SARR se geaffilieerde unies en die Afrikaanse pers gevolg het, het nie vir Dok Craven van stryk gebring nie. Rugstekery, vals beloftes en die verlies van vriendskappe is deels wat hy moes verduur, maar hy het die bevrediging en plesier gesmaak toe eenwording in 1992 ’n werklikheid word. Hierdie is net ’n deel van Danie Craven se beproewinge weens politiek. Sy bydrae, wat elders saam met dié van sy voorgangers bespreek is, het die grondslag gelê vir die sukses van Suid-Afrikaanse rugby tot en met 1992, toe ’n bejaarde en sieklike Craven sy werkslas afskaal. Hy is op 4 Januarie 1993 oorlede. Prof. Fritz Eloff, die adjunkpresident voor eenwording, was die tussentydse uitvoerende president in die twee maande na Craven se dood. Patel het die amp in Maart 1993 oorgeneem en sodoende die eerste persoon van kleur geword om die hoogste amp in Suid-Afrikaanse rugby te beklee.
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 55
55
2352011 5:24 PM
“Afrikaanse arrogansie versuur Springbokke se soete oorwinning” Dit is die vertaling van die opskrif van ’n artikel deur Mick Cleary en Lawrence Donegan wat die Maandag na die eindstryd op 26 Junie 1995 op die webwerf www.guardian. co.uk verskyn het. SARVU se president Louis Luyt het tydens sy toespraak by die afsluitingsdinee na die wedstryd dinge gedoen en gesê wat eerder kon gebly het, en wat afbreuk gedoen het aan wat ’n glorieryke geleentheid moes gewees het. Hier volg die volledige artikel. Afrikaans arrogance sours Springboks’ taste of victory The rugby world was most definitely not in union yesterday after remarks by South Africa’s rugby president, Louis Luyt, reduced a banquet to mark the end of the World Cup tournament to acrimonious farce. In a speech which resonated with the old Afrikaans arrogance, Mr Luyt proclaimed the victorious Springboks as the first ‘true’ world champions. ‘There were no true world champions in the 1987 and 1991 World Cups because South Africa were not there. We have proved our point,’ he said. This prompted New Zealand’s defeated captain, Sean Fitzpatrick, to lead his side out of the dinner – but not before some players had approached the top table to take issue with Mr Luyt. The All Blacks were quickly followed by the French and English. ‘It’s disgusting. I cannot believe what he has said,’ Mr Fitzpatrick said afterwards. The South African Rugby Football Union president’s remarks spoiled what should have been a day of celebration for 43 million South Africans. Morné du Plessis, manager of
Louis Luyt en sy dinge … Luyt se termyn as president van SARVU was alles behalwe vervelig! Daar was briljante hoogtepunte, politieke twispunte, hofsake, die begin van die professionele era, en dan sy oneervolle en kontroversiële vertrek na ’n mosie van wantroue van SARVU deurgevoer is. Luyt het drie ontmoetings met die ANC – twee in Europa en een in Harare – bygewoon, twee keer as ’n gesant vir Craven. Dit het uiteindelik gelei tot die eenwording van
56
the new world champions, led the apologies. ‘Tired and emotional are the words that come to mind, though I am not sure that I followed the theme at that part of Mr Luyt’s speech,’ he said. ‘The difference between being winners and being a sorrowful lot is fragile. We were not there in ‘87 or ‘91, and I have my personal doubts about us being able to do anything in terms of winning the World Cup in those years.’ Mr Luyt, who is to diplomacy what Jonah Lomu is to English wingers, compounded his country’s embarrassment by inexplicably singling out the Welsh referee Derek Bevan – who officiated at the Springboks’ crucial semi-final against France – for special praise. The match, which South Africa won 19–15, was marked by controversy after Mr Bevan denied the French a last-minute try because of an infringement. To the astonishment of the 1,000 diners – and to the Welshman’s obvious embarrassment – Mr Luyt presented him with a £1,000 gold watch, calling him ‘the most wonderful referee in the world’. ‘If everyone does not think that, I certainly do. I would ask him to step up and receive this gift as the outstanding referee in the World Cup,’ the SARFU president said. In the spirit of a rapidly disintegrating social event, the mortified Welshman joined his fellow officials as they staged their own walkout in protest at Mr Luyt’s behaviour. ‘It was something I could have done without,’ Mr Bevan said. ‘It came out of the blue: I have no idea why he singled me out. It could be misconstrued, and if that is the case, it leaves a bitter taste.’
rugby in die land. Luyt het aanvanklik ’n bondgenoot in Steve Tshwete gevind, maar die vriendskap het versuur, soos duidelik gesien kan word in die volgende verklaring van die minister toe Luyt op 10 Mei 1998 gedwing is om as president van SARVU te bedank: Louis Luyt’s departure from the centre-stage of South African rugby has ushered in a breath of fresh air for many rugby-loving people here at home
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 56
2352011 5:24 PM
and abroad. His autocratic behaviour and outright arrogance as he presided over the fortunes of one of the country’s most treasured assets were a painful embarrassment for rugby in particular and sport in general. He shall be remembered more by the consistent manner in which he resisted all efforts to take rugby across the threshold into the new era, and the way in which he alienated this sport from the majority of our people. Under his autocratic leadership rugby deteriorated to a point where it had become a divisive instrument in the hands of a man who “will not bow to any man”. There is a great deal of work for the new administration. The pieces are scattered all over the place. They must be put together speedily in order to restore lost confidences and loyalties, including the morale of the players at all levels. Development must not just be talked about. It must be seen to be done in a visible way that marks a break with the past autocratic one-man-show. Once again, the courage of the executive members and the unions that terminated one of the saddest chapters in the history of rugby must be commended. Luyt was ’n enigma. Hy was ’n briljante sakeman, ’n sterk, erg outokratiese figuur wat sonder aansiens des persoon of konvensies sy doelstellings nagejaag het. By tye was hy amper naïef in sy gebrek aan diplomasie. Hy het sy baie bekwame kinders en skoonseun in sy projekte en ondernemings aangestel, onder meer terwyl hy die president van Transvaal (later die Goue Leeus) en SARVU was. Aan die pluskant moet mens hom krediet gee vir die manier waarop hy die aanbieding van die 1995-Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika gereël het; sy hantering van die dreigende wegbreekfaksie nadat die spel professioneel geword het met die aankondiging net na dié toernooi; en sy onderhandelinge met die ANC en die plaaslike swart en gekleurde rugbyunies wat nie onder die beheer van die destydse SARR was nie. Hy het ook
sonder die wete van SARVU twee internasionale toere na Suid-Afrika bewimpel, naamlik die Nieu-Seelandse Kavaliers in 1986 en die gekombineerde Suidseespan daarna. Luyt het die professionele era vooruitgeloop toe hy ’n span rugbysterre, meestal van Noord-Transvaal, gekoop het om sy ambisie te bereik om die Curriebeker met die Leeus te wen – wat hy dan ook in 1993 en 1994 reggekry het. Hy het in 1994 vir Ian McIntosh as nasionale afrigter met Kitch Christie vervang, wat toe wel die groot prys in 1995, naamlik die Wêreldbeker, vir Suid-Afrika gewen het. Louis Luyt het vanaf ’n nederige begin sy pad boontoe oopgewerk en ’n fortuin gemaak. Hy het oor ’n aantal jare provinsiale rugby vir die Oranje-Vrystaat gespeel, insluitend ’n wedstryd teen die All Blacks in 1960, en ook ’n wedstryd vir Noord-Transvaal. Suid-Afrika was op die toppunt van sy voorspelerspel en Luyt het nie ’n nasionale span of die Junior Springbokspan gehaal nie. Net soos latere presidente Brian van Rooyen en Oregan Hoskins was hy ’n slot. Twee van Luyt se grootste diplomatieke blapse het plaasgevind by die afsluitingsdinee na afloop van die eindstryd van die 1995-Wêreldbekertoernooi. SuidAfrika het met 15–12 in ekstra tyd teen Nieu-Seeland gewen. In sy toespraak, wat die Nieu-Seelandse pers as “boorish” (lomp) beskryf het, het hy verklaar dat indien Suid-Afrika toegelaat was om in die vorige twee Wêreldbekertoernooie te speel, die Springbokke hulle ook sou gewen het. Die All Blacks, die 1987-kampioene, se reaksie hierop was om op te staan en uit te stap – sommige eers na ’n woordewisseling met Luyt by die hooftafel. Engeland en Frankryk, die twee spanne wat in die halfeindstryde uitgeval het, het ook aanstoot geneem en die dinee verlaat. So baie van die positiewe dinge wat vroeër daardie dag deur die Springbokke se oorwinning en die nasionale eenheid bereik is, is deur Luyt se optrede ongedaan gemaak. Die tweede onvergeeflike blaps wat Luyt gemaak het, was om vir die skeidsregter van die Springbokke se halfeindstryd teen die Franse, Derek Bevan, ’n duur horlosie
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 57
57
2352011 5:24 PM
Dr. D.H. Craven (1909–1993) President van SARVR, SARR en SARVU, 1956–1993 Springbokspeler, 1931–1938: 16 toetse Springbokafrigter, 1949–1956: 23 toetse, 17 oorwinnings (74%) Dr. Daniël Hartman Craven was sonder twyfel die invloedrykste man in die 150 jaar van Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis. Hy was vir 62 van hierdie 150 jaar op die hoogste vlak betrokke as speler, keurder, afrigter of president van Suid-Afrikaanse rugby. Hy het hom ook op vele ander maniere onderskei op die lang pad wat hy saam met rugby geloop het. Sy toewyding aan Suid-Afrikaanse rugby is veral duidelik as mens in aanmerking neem dat hy vir sewe jaar tydens die Tweede Wêreldoorlog, terwyl hy nie by rugby op nasionale vlak betrokke was nie, wel ’n reuse bydrae gemaak het tot die spel in Griekwaland-Wes waar hy gevestig was. Craven het op 21-jarige ouderdom sy debuut as Springbok gemaak as lid van Bennie Osler se Grand Slamtoer na die Britse Eilande en Ierland in 1931/32. Hy het in sy loopbaan as speler in sestien toetse gespeel, waarvan hy vier keer die kaptein was. Hy was ook die eerste Springbok wat toetsrugby in vier posisies gespeel het, naamlik as ’n skrumskakel, losskakel, senter en agsteman. Dit was in die dae toe spesialisasie die norm was, en plaasvervangers nie oorweeg is nie, nie soos vandag waar die veelsydige speler in verskillende posisies gebruik word nie. In die Westelike Provinsie (WP) was Craven nie die gewildste man nie, want Maties se rugby was vir hom belangriker as die provinsie s’n. In die Noorde het die mense ook nie baie van hom gehou nie, want hy is daarvoor verkwalik dat WP-spelers plek in die Springbokspan kry bo spelers uit die Noorde. Hoe meer Noord-Transvaal die Curriebeker begin oorheers het, hoe minder het die mense van Dok Craven gehou! Craven was ook die langsdienende president van die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalraad (SARVR), wat later verander het na die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARR), en in 1992 met eenwording weer verander het na die SuidAfrikaanse Rugby-Voetbalunie (SARVU). Hy was vanaf 1956
58
tot 1993 37 jaar lank in die pos. As die nasionale afrigter het Craven sy eerste tien wedstryde gewen, insluitend vier toetse teen die All Blacks in 1949; ’n Grand Slam en ook ’n oorwinning oor die Franse tydens die 1951/52 toer; ’n gedeelde reeks van vier wedstryde teen die 1955 Britse Leeus; en drie oorwinnings op die toer na Australië en Nieu-Seeland in 1956. Drie van sy nederlae was toe die Springbokke 3–1 in die reeks op die toer na die Kiwi’s verloor het. Dok Craven was ’n briljante akademikus wat drie doktorsgrade voltooi het. Die Universiteit van Stellenbosch het ook ’n eredoktorsgraad aan hom toegeken. Hy het met die moed van sy oortuiging sy man teen staatspresidente, eerste ministers, kabinetslede en die Broederbond gestaan, en het hard gewerk om die SARR en die SARU, te verenig. Soos die meeste sterk leiers het hy ook maar ’n diktatoriale streep in hom gehad. Hy was bekend vir sy droë humorsin en ’n uitstekende vermoë om mense te verstaan, veral sy spelers. Nie almal het van hom gehou nie, maar die meeste het hom gerespekteer – selfs sy vyande. Craven het die Curriebekerkompetisie as SA Rugby se lewensbloed beskou en die skaal waarop ’n speler geweeg word. Hy was een van die eerste spelers wat ’n Springbok geword het sonder dat hy self vir die Currriebeker gespeel het. Hy was sy lewe lank trots daarop! Hy was in die WP-span wat die Curriebeker met Grens in 1932 en 1934 gedeel het. Hy het ook vir Oostelike Provinsie in die Curriebekertoernooi gespeel en het vir altwee spanne as kaptein uitgedraf. Hy was in 1938 kaptein van Noord-Transvaal, maar dié jaar was daar nie ’n Curriebekerkompetisie nie. Craven het gedurende die Tweede Wêreldoorlog as offisier uitgeblink, en sy invloed op Griekwas se rugby was veral te sien in die ontwikkeling van sommige uitblinkerspelers vir die toekoms.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 58
2352011 5:24 PM
Dannie Craven’s famous dive past in the 1937 series against New Zeeland.
as geskenk te gee aangesien hy, volgens Luyt, die beste skeidsregter in die toernooi was. Dit het ook aanstoot gegee, veral as die drama rondom die wedstryd onthou word! Eerstens, die beoordelaars van die skeidsregters het nie gedink Bevan is die beste nie en, tweedens, Bevan het in die doodsnikke van daardie wedstryd nie ’n drie aan die Franse, wat aan hulle die oorwinning sou gee, toegeken nie. (Bevan was ook die persoon wat die besluit geneem het dat die wedstryd ondanks die reën en die haglike toestand van die veld mag plaasvind.) Luyt se optrede het Bevan baie erg in die verleentheid gestel, het die skeidsregter later erken. Toe was dit die beurt van al die skeidsregters teenwoordig en die internasionale skeidsregteradministrateurs om op te staan en uit te loop! Nietemin, hierdie was bloot ’n gebrek aan goeie oordeel en smaak. Dit was ’n groot fout, ook in Luyt se optrede in die sakewêreld, dat hy enige opposisie uit sy pad sou stoomroller, maar dit was tipies van die man se dominante persoonlikheid. Dit is ironies dat sy uiteindelike val as SARVU-baas aangebring sou word deur ander mense se leuens, insluitend dié van die Minister van Sport, Steve Tshwete, en sy direkteur-generaal Mthobi
Tyamzashe, in ’n hofsaak in Februarie en Maart 1998. In ’n gedetailleerde uitspraak het regter De Villiers ook die geloofwaardigheid van president Mandela se getuienis bevraagteken. Hierdie hofsaak het gespruit uit beskuldigings wat deur ’n latere president van SARVU, Brian van Rooyen, gemaak is. Hy is in 1997 met ’n meerderheid van 55–3 stemme verslaan toe hy teen Luyt gestaan het vir die amp van president van die Gauteng Leeus Rugbyunie. Op grond van die beskuldigings deur Van Rooyen is ’n kommissie aangewys om SARVU te ondersoek. SARVU het met ’n stemming van 18–4 besluit om die geldigheid van die kommissie te bevraagteken. Twee van die vier stemme was van Mluleki George van Grens en Silas Nkanunu van die Oostelike Provinsie, altwee stoere elites van die ANC, soos Luyt hulle genoem het. Die getuiedagvaarding van meneer Mandela het van regter Willem de Villiers gekom en nie van Luyt nie. Nietemin is Luyt deur ’n vyandige pers, die regering en instellings soos die NSR daarvoor blameer. Die aansoek van SARVU was suksesvol en president Mandela se besluit om die kommissie aan te stel, is ter syde gestel.
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 59
59
2352011 5:24 PM
Mluleki George het in 1997 by die jaarvergadering jammerlik misluk om Luyt as die president van SARVU te vervang, maar het daarna die president van die NSR geword. Dit was baie duidelik dat die beheer van rugby deur die NSR vir hom van die grootste belang was. Die NSR het gedreig om toekomstige toetswedstryde, die Super 12-kompetisie en beplande besoeke aan Ierland, Wallis en Engeland te verhoed indien die hele uitvoerende bestuur nie saam met Luyt bedank nie. Luyt skryf in sy outobiografie dat oorlede Bill Jardine, Gautengse president van die NSR, gesweer het om die oorlog teen rugby voort te sit. George het SARVU tot 7 Mei gegee om van Luyt ontslae te raak en by die NSR en die regering se eise in te val. Daar is gedreig dat die alternatief die opskorting van internasionale toere en die verwydering van die Springbok-embleem sou wees. Op 7 Mei, tydens ’n krisisvergadering van SARVU by Ellispark, is ’n mosie van wantroue in Luyt met 22 teen 15 stemme aanvaar, maar hy het geweier om te bedank. Hy moes eers deur die appél van die ANC teen regter De Villiers se uitspraak gaan, het Luyt gesê. Vier swart lede van SARVU het uit protes uit die vergadering gestap.
Silas Nkanunu neem oor Luyt het die situasie egter heroorweeg en op 10 Mei sy bedankingsbrief ingestuur. Silas Nkanunu het by die jaarvergadering aan die einde van die jaar die eerste swart president van SARVU geword. Politiek het sy tol geëis, en soos Nkanunu vroeër teenoor Luyt voorspel het, sou die “oerwoudwet” van toe af geld. Geen wit administrateur het sedertdien homself verkiesbaar gemaak vir die posisie van president van SARVU nie. Trouens, net André Markgraaff wat sy pos as nasionale afrigter as gevolg van rassistiese opmerkings verloor het, het onder Van Rooyen die posisie van adjunkpresident gevul, maar hy het voor die einde van sy termyn bedank. Nkanunu en Luyt het hul onderonsies gehad, maar die prokureur, en later advokaat, van die Oos-Kaap het
60
eintlik ’n kalm ampstermyn gehad. Hy is in 1998 onbestrede verkies en weer in Augustus 2001. In 2003 het hy op die nippertjie aan die verkiesing onttrek – en hy verdien respek vir die redes wat hy daarvoor aangevoer het. “Ek is tevrede dat ek by daardie deur kan uitstap met my kop omhoog gehou,” het hy in sy laaste toespraak by SARVU gesê. Nkanunu het sy jaarverslag voorgelê voor hy sy besluit om aan die verkiesingstryd te onttrek by die jaarvergadering van SARVU bekend gemaak het. Hy het deels aanspreeklikheid vir die onlangse krisis in SuidAfrikaanse rugby aanvaar. “Leierskap moet verantwoordelikheid aanvaar as dinge verkeerd loop,” het hy gesê, “en ek aanvaar verantwoordelikheid daarvoor – nie dat ek die probleme veroorsaak het nie, maar dat dit in my termyn gebeur het.” Van Rooyen het op 5 Desember 2003 vir Nkanunu as president opgevolg. Reg of verkeerd, maar Nkanunu het die blaam moes dra vir die fiasko in 2003 toe die Springbokke in die kwarteindronde van die Wêreldbekertoernooi in Australië uitgeval het. Hy was die laaste ongeval van die lang lys name van administrateurs wat na die Kamp Staaldraad-skandaal die tol moes betaal. Nkanunu se ontrekking as kandidaat het gevolg ’n dag na die Springbokafrigter Rudolf Straeuli en die besturende direkteur Riaan Oberholzer weens die Kamp Staaldraad-episode bedank het. Daar was baie bitterheid en verwyt uit alle oorde met Nkanunu en Oberholzer se vertrek, maar hulle het tog ’n gesonde balansstaat agtergelaat. SARVU se nettowins vir die finansiële jaar tot 30 September 2003 was R4,9 miljoen, wat die unie se reserwes tot R47,7 miljoen verhoog het. Dat Silas Nkanunu maar min van rugby geweet het, is duidelik uit die volgende drie insidente. Hy het in die openbaar die Springbokflank André Venter se naam uitgeroep terwyl dit eintlik die kaptein André Vos was wat hy wou naderroep. Met ’n ander geleentheid in 2002 in Frankryk was Corné Krige in die verkeer vasgevang en die president vra toe vir Bobby Skinstad om die toespraak na die wedstryd in die afwesigheid van die kaptein te doen – maar Skinstad was, soos almal teenwoordig ge-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 60
2352011 5:24 PM
Oregan Hoskins.
Peter de Villiers.
weet het, in Suid-Afrika om van ’n besering te herstel! Sy grootste blaps wat werklik skade gedoen het, was egter nie in die openbaar nie. Die Springbokke het so pas die heersende wêreldkampioene, Australië, geklop. Hierdie goeie oorwinning was belangrik, want dit was net voor die Wêreldbekertoernooi op ’n tydstip toe dit met die Springbokke sleg gegaan het. Nkanunu het hulle in hul kleedkamer gaan uittrap oor hul swak vertoning! Dit het baie skade gedoen aan ’n span wie se selfvertroue reeds laag was.
klubman en was as speler en ook beampte betrokke by Eldoronains Rugbyklub, wat deel van die voormalige Transvaal Independent Rugby Football Union (TIRFU) was. Soos sy voorgangers Patel en Nkanunu was hy egter nie genoegsaam toegerus vir die veeleisende posisie nie. Van Rooyen se twee jaar as president van SARVU was omstrede. Daar was beskuldigings van finansiële wanbestuur, swak administrasie, partydigheid en voortrekkery. Die gevoel was dat hy meer besorgd was oor sy posisie as om die belange van die spelers te beskerm, en dié persepsie het later teen hom getel. Die nuwe professionalisme, wat nog in sy eerste dekade was, het aan die spelers nuwe mag gegee. Die spelersvereniging het hul ontevredenheid met Van Rooyen as president met ’n stem van 67,1 persent ten gunste van Oregan Hoskins aangedui. Van Rooyen het ook politieke voordele aangebied om sodoende ondersteuning te werf. Só het Rustenburg ’n All Black-toets gekry, terwyl unies wat hom teengestaan het, soos KwaZulu-Natal en die Vrystaat, met minder belangrike of geen toetse tevrede moes wees. Soos te veel rugbybestuurders en leiers deesdae maak, het hy homself ook weerspreek. Hy sou byvoorbeeld kla dat die spelers te veel rugby speel, maar dan self ekstra toetse reël en selfs onderneem dat die Springbokke op toer in
Brian van Rooyen Uitgaande president Nkanunu het sy opvolger Brian van Rooyen gewaarsku dat 2004 ’n moeilike jaar sou wees. Hy het voorts daarop gewys dat hy aan die Springbokke se vertoning beoordeel sou word. “I must admit we failed here. We [also] failed to deliver on our promise of transformation. It is a responsibility I accept with a heavy heart,” het hy gesê. Brian van Rooyen kan – en is ook –van baie goed beskuldig, insluitend wanadministrasie, maar anders as sy voorganger, was die gemoedelike Van Rooyen ’n rugbyman in murg en been. Hy was ook ’n geesdriftige
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 61
61
2352011 5:24 PM
Engeland ’n wedstryd teen ’n wêreldvyftiental sal speel. Die feit dat Van Rooyen reeds aan die einde van 2004 gevra is om te bedank, was ’n sterk aanduiding dat hy in elk geval geen kans sou staan om teen Oregan Hoskins te wen tydens die jaarvergadering in Februarie 2006 nie. Van Rooyen het nogtans nie teruggestaan nie. Hy het die verkiesing teen Hoskins aangepak en verloor. Hy het beklemtoon dat sy foute eerlike foute was, en dat daar nooit by hom die bedoeling was om SA Rugby (Emds) Bpk te besteel of bedrog te pleeg nie. Die twee verslae oor swak bestuur het nie Van Rooyen se eerlikheid in twyfel getrek nie, en daar was geen finansiële verliese as gevolg van sy foute nie.
Oregan Hoskins skep weer orde Soos sy voorgangers, het Oregan Hoskins ook foute gemaak – in sy geval oordeelsfoute en ’n gebrek aan diplomasie. Nogtans het die voormalige prokureur wat nou sy aandag voltyds by sy werk as rugbypresident bepaal, verseker stabiliteit in SARU gevestig. Hoskins het Brian van Rooyen in 2006 opgevolg. Van Rooyen het die steun van die adjunkpresident Mike Stofile gehad, wat hard gewerk het om Van Rooyen sy posisie as president te laat behou. Die twee jaar wat gevolg het, was nie ’n gelukkige tyd vir die twee teenstanders in die topposte van SARU nie, maar Hoskins het deurgedruk. Met sy herverkiesing in 2008 het Hoskins egter Stofile – wat duidelik meer vir die politiek as vir rugby daar was – se ambisies gestuit. Sy broer, eerwaarde Makhenkesi Stofile, was per slot van sake die nasionale Minister van Sport, met baie min simpatie vir rugby se welsyn. Dit was ’n bitter stryd. Daar word gesê die omstrede Cheeky Watson het vir Stofile gehelp in sy veldtog om president te word. Watson is ’n bekwame administrateur wat nou aan die hoof van die Southern Kings staan. Hy het ’n groot aandeel daarin gehad dat die Southern Kings vanaf 2013 ’n gewaarborgde plek in die Super Rugbykompetisie sou hê. Van Rooyen het hom vergeefs beywer om Stofile verkies te kry, en Hoskins het met
62
’n enkele stem die verkiesing gewen. Die uitslag het Stofile laat sê dat daar geen plek vir ’n swart man in SuidAfrikaanse rugby is nie. Hoskins het president geword met die steun van die vyf Super Rugby-franchises, naamlik die Bulls, Stormers, Sharks, Lions en Cheetahs (laasgenoemde twee spanne was toe nog gekombineer as die Cats). Die franchises het vir hom gestem met die duidelike mandaat om die OosKaap-franchise, die Southern Spears, uit die Super 12 te hou. (Dié franchise het in 2009 sy naam na die Southern Kings verander.) Van Rooyen het gedurende sy termyn die Spears ’n plek in die Super Rugbykompetisie belowe, wat dan ook die rede was waarom Watson weer vir Van Rooyen as president wou hê. Die bestaande franchises het Hoskins gesteun omrede die Spears die plek van een van die ander vyf spanne in die Super Rugbykompetisie sou moes neem. Hoskins het sy bes gedoen om dit ter syde te stel, maar na sy verkiesing is verskeie aansoeke van SA Rugby in dié verband by die hooggeregshof van die hand gewys. Die finale nekslag is toegedien toe regter Dennis Davis ten gunste van die Southern Spears beslis het. Volgens sy uitspraak het SA Rugby oneties en onwettig opgetree, en die Spears het ’n geldige en bindende ooreenkoms gehad om Super Rugby te mag speel. Dit is nou ’n voldonge feit dat die Southern Kings in 2013 by die Super Rugbykompetisie sal aansluit. Een van die foute wat Hoskins gemaak het, was sy erkenning dat die aanstelling van Peter de Villiers as nuwe nasionale afrigter nie uitsluitlik op rugbyredes gebaseer was nie. De Villiers het geen noemenswaardige geskiedenis in afrigting gehad nie, behalwe ’n ellendige tyd by die Valke, en hy het maar in die laer ligas in WP en die nasionale junior span afgerig. Dit was ’n groot verrassing dat hy gekies is bo Heyneke Meyer, wat die goeie naam, prestasies, geloofwaardigheid en respek gehad het wat so ’n posisie waardig is. De Villiers was sedert sy aanstelling meer as een keer ’n groot verleentheid vir SARU met sy eienaardige uitsprake in die media. Hoskins was ook uitgesproke in sy oortuiging dat daar ’n anti-Suid-Afrikaanse vooroordeel in die IRR is,
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 62
2352011 5:24 PM
iets waarmee baie mense met hom sal saamstem. Hy het Australiese en Nieu-Seelandse skeidsregters uitgesonder en gesê: “Australië en Nieu-Seeland behoort goed na hul skeidsregters [se optrede] te kyk as dit wedstryde is waarby Suid-Afrika betrokke is.” Hierdie siening het waarskynlik in De Villiers se guns getel toe hy in twee van sy berugte stellings daarna verwys het: Speaking to IRB referee’s boss Paddy O’Brien is a complete waste of time … People don’t want to see other teams being successful. That is my biggest problem at the moment. We can’t go public about certain things because we don’t have all the evidence, but the body language of certain officials when things went against us in that game made us worry … The officials were so happy when decisions went against us on the day. Net nadat die span keer op keer deur die All Blacks afgeransel is, het De Villiers op die Australiaanse televisie geïmpliseer dat die skeidsregter doelbewus toegeeflik was teenoor die All Blacks: I’ve got my own observations about the last two tests, and maybe I can’t say it in public, but we do have a World Cup in New Zealand next year and maybe it was the right thing for them to win the games so they can attract more people to the games next year. De Villiers moes vir laasgenoemde opmerking op ’n aanklag van wangedrag voor ’n SANZAR-tugverhoor verskyn, maar is onskuldig bevind. Kwotas – die gedwonge insluiting van ’n aantal swart spelers in ’n span – is amptelik onder Hoskins op alle vlakke van die sport afgeskaf. In die praktyk het kwotas almal ontstel. Wit spelers was omgekrap omdat hulle uitgesluit kon word vir ’n swakker speler oor die kleur van sy vel; swart spelers was daarvan bewus dat hulle nie noodwendig die beste was nie en hul insluiting het dus ’n on-
gemaklike situasie geskep. ’n Swart speler is maklik as ’n “kwotaspeler” afgemaak ongeag sy spelpeil. Hoskins het egter deurgaans die Super 14-spanne en die nasionale span aangemoedig om meer swart spelers in te sluit. Onder di belied van transformasie moet spanne by di jeugweke steeds ’n minimum aantal swart spelers insluit. Dit is ironies, en miskien ook ’n aanduiding van die verwydering tussen kleurlinge en etniese swart mense in rugbyadministrasie, dat die vyandige Mike Stofile in Augustus 2009 in ’n verrassende ommeswaai uitgesproke was oor die afskaffing van kwotas. Stofile het gesê dat dit malligheid sou wees om die kwotastelsel terug te bring. Hy het gevoel dis onregverdig teenoor swart spelers om hulle aan sulke praktyke bloot te stel. Konflik tussen SARU (die naam het in 2005 verander na die Suid-Afrikaanse Rugbyunie) en die regering het voortgeduur. In ’n stadium het die Parlementêre Portefeuljekomitee vir Sport daarop aangedring dat Hoskins en sy bestuur bedank. Daar was ook die nimmereindigende vete tussen SARU en Jake White, die afrigter van die 2007-Wêreldbekerkampioene, nadat White aangesê is om aansoek te doen om sy posisie te behou. Die onaangenaamheid tussen die twee partye was dus nie ’n verrassing nie. En dan was daar die kwessie rondom Luke Watson se insluiting in die Springbokke se oefengroep sonder White se medewete. Watson is ’n omstrede figuur en ook ongewild by baie blankes vir die “sondes van sy vader”. White was van mening dat Luke Watson as speler te klein en nie goed genoeg was nie. Daar is geen twyfel dat hy van internasionale gehalte was nie, maar miskien nie die beste in sy posisie nie. Hoskins kan vir enkele voorbeelde van eienaardige optrede en vreemde verklarings gekritiseer word, maar hy is op die keper beskou ’n goeie president wat op die regte tyd vir SA Rugby gekom het. Hy is vir ’n derde termyn herverkies en die termyn is in 2010 met twee tot vier jaar verleng. Mark Alexander, ’n gesiene sakeman van Johannesburg en vir baie jare ’n bekende rugbyman, is ook as adjunkpresident herverkies. Sy rol in die nuutgevonde stabiliteit moet nie onderskat word nie.
Die hoogste bome …
150 Jaar Book.indd 63
63
2352011 5:24 PM
64
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 64
2352011 5:24 PM
4
Segregasie, frustrasie en woelinge Die geskiedenis van veelrassige rugby in Suid-Afrika
Bantu team 1944.
Meer as vyftig jaar voor apartheid die amptelike beleid van die regerende Nasionale Party geword het, het die sogenaamde swart en kleurling spelers reeds hul rugby gesegregeerd gespeel en is hulle nie op enige vlak vir blanke spanne oorweeg nie. Dit moet met die intrapslag duidelik gemaak word dat verwysings na die woorde “swart”, “kleurling” en “blank” om tussen spelers voor eenwording in 1992 te onderskei, onvermydelik is wanneer die geskiedenis beskryf word van die rugby wat deur etniese swart mense en kleurlinge (mense van gemengde afkoms, asook Kaapse Maleiers) gespeel is. Verwysings na kleur in hierdie boek en na terme soos Afrikane, Bantoe en “native” onderskei bloot tussen die verskillende rasse wat om uiteenlopende redes hul beheerliggame tot stand gebring het. Die blanke South African Rugby Football Board (SARFB) se naam het geleidelik verander na die South African Rugby Board (SARB), oftewel Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARR). Soos die SARFB het die ander beheerliggame se name geleidelik verander, met die terme “coloured” en “African” wat grootliks in die 1970’s en 1980’s vir identifikasie gebruik is – tot en met 1992, toe al die beheerliggame in die South African Rugby Football Union (SARFU) of die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalunie (SARVU) verenig is. Volledige rekords van die spel soos dit onder die verskeie swart en kleurling unies gespeel is, is skaars. Dis óf nie gehou nie, óf het oor die jare weggeraak. ’n Gedetailleerde voorstelling van die ontwikkeling van die spel is dus nie moontlik nie en die feite wat hieronder berig word, is van bestaande rekords en individue verkry. Die kleurling spelers was destyds toe die Kaapkolonie onder Britse beheer was, verplig om hul eie beheerliggame te vorm om die spel aan die gang te hou. Hulle het reeds
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 65
65
2352011 5:24 PM
Dan Qeqe, ’n man van daad Die Oos-Kaap het die pas aangegee vir swart rugby in Suid-Afrika en dit was in geen geringe mate te danke aan Dan Qeqe se ywer en toewyding aan die spel nie. Sy betrokkenheid was nie tot rugby beperk nie. In die 1970’s het hy ook aktief probeer om nierassige sport in die algemeen in die Oos-Kaap te vestig, veral krieket. Qeqe het nie net gepraat nie – hy kón die woord by die daad voeg. Toe swart spanne deur die BantoeAdministrasie Raad toegang tot sportgronde geweier is, het hy die gemeenskap bymekaar gebring om self vir hulle ’n stadion vir rugby en krieket te bou. Die hoofpaviljoen is deur Qeqe self ontwerp, gebaseer op die paviljoen op Healdtown. Met die stadion se opsigter Nyawuza en plaaslike arbeid het Qeqe die struktuur gebou waar krieket en rugby mettertyd floreer het. (Healdtown, wat in die 1990’s ’n naamsverandering na Healdtown Comprehensive School ondergaan het, is ’n Metodisteskool naby Fort Beaufort in die Oos-Kaap waar rugby en ander sportsoorte beoefen word.) ’n Aansienlike donasie vir die bou van die stadion is van die Amerikaanse burgerregte-aktivis, eerwaarde Jesse Jackson, ontvang deur die bemiddeling van ’n
in 1886 die Western Province Union (WPU) in die lewe geroep, slegs drie jaar na die stigting van die Westelike Provinsie (WP) se eerste rugbyunie, die Western Province Rugby Football Union (WPRFU) en dit nog voor enige ander unie in Suid-Afrika gestig is. Dit is onteenseglik ’n aanduiding van hoe ernstig hulle oor rugby gevoel het. Kimberley se plek in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis is verder uitgebrei toe die amptelike beheerliggaam vir kleurling rugby in 1896 daar gestig is, net soos SARFU sewe jaar tevore. Dié dorp het ook die hoofkwartier van die South African Coloured Rugby Football Board (SACRFB) geword. Kimberley het weer ’n rol gespeel toe die eerste provinsiale toernooi van die SACRFB in 1898 daar gehou is. Dieselfde provinsies wat aan die SARFB-kompetisie in 1889 deelgeneem het, naamlik Griekwas, Transvaal,
66
motormaatskappy in Port Elizabeth. Qeqe het hom ook beywer vir beter lewensomstandighede. Hy is as ’n aktivis beskou en is deur die veiligheidspolisie aangehou. Qeqe was ’n diaken van die Edward Memorial Congregational Church en was betrokke by die bou van twee ander kerke in die Motherwell- en KwaMagxaki-townships. Hy was ’n goeie haker en het in die vroeë 1950’s vir Spring Rose begin rugby speel. Qeqe se rugbyloopbaan het as speler begin, toe afrigter en daarna administrateur. Boonop was hy ’n goeie sakeman. Hy het ’n veldtog vir nierassige sport gelei deur die ontwikkeling van onontginde jong swart talent in die townships van New Brighton, KwaZakhele, Fort Beaufort en Uitenhage. Sy geesdrif en ywer is een van die vernaamste redes waarom rugby se gewildheid byna kultusstatus verkry het. Qeqe was tot met sy dood die tesourier van Spring Rose Rugbyklub. Dan Qeqe was die rugbykoning van die Oos-Kaap. Dit is gepas om hierdie besonderse man ’n legende te noem. Hy was met sy dood in 2005 76 jaar oud.
WP en die Oostelike Provinsie (OP), het in die SACRFBkompetisie meegeding. Die logiese gevolgtrekking is dat die deelnemers nie almal kleurlinge was nie, aangesien die OP en in ’n mindere mate Transvaal se nieblanke rugby toe deur swart spelers oorheers is, en waarvan sommige in die onderskeie spanne ingesluit sou gewees het. Rugby is reeds in die laat-1880’s in die Oos-Kaap gespeel waar dit aan die swart bevolking bekend gestel is deur die Britse setlaars, asook die Britse regimente wat in die streke gestasioneer was om die setlaars teen die inheemse volke te “beskerm”. Klubrugby was baie gewild onder die Xhosas. Van die oudste rugbyklubs in SuidAfrika is in die Oos-Kaap gestig en heelwat van die klubs was die sogenaamde “bantoeklubs” van dié era. Die eerste provinsiale Oos-Kaapse beheerliggaam was die Eastern Province Native Rugby Board (EPNRB), wat in
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 66
2352011 5:24 PM
1905 gevestig is. Die South African Bantu Rugby Board (SABRB) is eers in 1935 gestig, maar interstedelike wedstryde, plaaslike provinsiale ligas en selfs provinsiale kompetisies het reeds sover terug as die 1880’s plaasgevind. Die eerste amptelike swart provinsiale toernooi is in 1936 gehou – en waar anders as in Kimberley! Drie van die vier provinsies wat in die eerste SARFB-toernooi in 1889 en in die SACRFB-toernooi die vorige jaar gespeel het, was by die eerste swart toernooi teenwoordig. Die spanne in die toernooi was Noordoos-Kaap, Griekwas, Transvaal en OP. Laasgenoemde twee spanne het in die eindstryd gespeel, wat gelykop geëindig het sonder dat enige punte aangeteken is. Sover vasgestel kan word, is daar nie veel gedoen om die
swart en kleurling beheerliggame by die SARFB in te lyf nie. Die SARFB was die amptelike beheerliggaam wat deur die Internasionale Rugbyraad (IRR) erken is en by hulle ingelyf is. Die strewe van nieblanke spelers om in die twee Britse kolonies van Natal en die Kaap, en in die twee republieke, die ZAR (Transvaal) en die Oranje-Vrystaat, op die hoogste vlak te speel, sou egter net ’n droom bly. Pogings om te toer het voortgeduur na die Anglo-Boereoorlog – en dus steeds onder Britse beheer, asook na die vorming van die Unie van Suid-Afrika in 1910. Rugby onder die kleurlinge en swart mense het in dié tydperk aan die kortste ent getrek. Dit is wel gedane sake, maar geskiedkundiges het met nawete tot die gevolgtrekking gekom dat Brittanje grootliks bygedra het
Die Oos-Kaap – ’n geskiedenis van ontwrigting Die Oos-Kaap, waar rugby bykans ’n “godsdiens” en die setel van swart rugby in Suid-Afrika was, het ’n ongelukkige geskiedenis van ontwrigting en dwarstrekkery. Bedrog, wanaanwending van fondse, rusies oor geld, faksie-onenigheid, wegbreekaksies, verkiesingsprosedures, dissiplinêre aksies wat in die hof geëindig het, en toeskoueropstande wat tot sterfgevalle gelei het, het alles meegewerk om rugby in hierdie deel van die land ’n onstabiele sport te maak. Sommige toernooie het in chaos geëindig, met spanne wat óf laat óf glad nie opdaag nie, spelers wat na woordewisselings met die skeidsregter sommer die veld verlaat en amptenare wat geskors word. So ’n chaotiese toernooi is in 1969 onder die vaandel van die SAARB in Umtata gehou. Vooraanstaande mense is geskors, insluitend die invloedryke Norris Singaphi, Alfred Dwesi en Curnick Mdyesha. Die hooggeregshof het in 1970 die skorsings ter syde gestel en die ontwrigting is gedeeltelik gekeer. In 1982 het die krieket-ikoon, Eric Majola, gesterf. Spring Rose Rugbyklub, wie se voorsitter die beroemde Dan Qeqe was, het versoek dat ’n wedstryd uitgestel word sodat die begrafnis bygewoon kan word. Die Port Elizabeth African Rugby Board het egter stappe geneem teen diegene wat die begrafnis bygewoon het. Tien van die twaalf klubs in die eerste afdeling het hierna weggebreek en die KwaZakhele
Rugby Union (KWARU) gestig. KWARU het by die kleurling beheerliggaam SARU onder Abass aangesluit. SARU was ’n nierassige liggaam wat die bestaande rugbyorde uitgedaag het, en hulle was ook een van die stigterslede van die South African Council on Sport (SACOS). Die oorlopery van KWARU na die kleurling beheerliggame (soos ook in krieket) het verdere verdeeldheid in swart sport veroorsaak. Nietemin wou SACOS en die South African Cricket Board of Control (SACBOC) nie die suiwer swart klubs as entiteite aanvaar nie, want hulle het dit as ’n voortsetting van rassebeleid beskou. Stadig maar seker het kleurlinge by swart klubs aangesluit, en omgekeerd. Mono Badela was die voorsitter van die nuutgestigte KWARU. Ses jaar later, in 1977, is hy op grond van wanbesteding van fondse vervang en sy plek is deur Dumile Kondile ingeneem, wat op sy beurt plek gemaak het vir Silas Nkanunu. Nkanunu is die eerste etniese swart man wat tot die pos van president van die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalunie (SARVU) verkies is, nadat Louis Luyt die pos moes verlaat. Nkanunu is op sy beurt as voorsitter van KWARU deur Amon Nyondo teëgestaan. Dit het tot verdere tweespalt gelei en was dan ook die rede waarom vier spanne terselfdertyd op dieselfde veld ’n wedstryd gespeel het! (Dit word elders bespreek.)
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 67
67
2352011 5:24 PM
Errol Tobias word die eerste nieblanke Springbok Errol Tobias het sy plek in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis verseker deur die eerste swart speler te word om ’n toets vir die Springbokke te begin, toe hy op 30 Mei 1981 teen Ierland op Nuweland gespeel het. Hy was met sy debuut 31 jaar oud. Ongelukkig het hy gespeel toe Suid-Afrika waarskynlik sy beste agterlyn ooit gehad het, met Naas Botha op losskakel en Willie du Plessis as binnesenter. Dis nog meer ironies dat ’n groot deel van die land se kleurling bevolking daarteen gekant was dat Tobias vir die Springbokke gekies is. Hy is as ’n “sell-out” gesien, van samewerking met die blankes beskuldig, en ook dat hy nie ’n standpunt teen apartheid inneem nie. Die verbete verkramptes was net so ontevrede – hulle wou nie ’n gekleurde speler naby “hulle” Springbokke sien nie. Tobias was sonder enige twyfel op meriete gekies en met geen politieke bymotiewe nie. Hy was ’n loskakel wat sterk
tot die oorheersing van Afrika-gemeenskappe. Hierdie beleide was die grondslag waarop gekleurdes nie onder die beskerming van die SARFB kon speel nie. Met die vorming van die Unie van Suid-Afrika op 31 Mei 1910, het die politiekery agter die skerms die beleid van segregasie van die 1800’s onder die Britse vlag voortgesit. Dit het ’n belangrike rol gespeel deurdat dit toegelaat het dat die hoeksteen van apartheid gelê kon word. In die nuwe Unie het elkeen van die vier voormalige state, wat nou provinsies was (die Kaapprovinsie, Natal, Oranje-Vrystaat en Transvaal), hul bestaande stemregkwalifikasies behou. Die Kaap was die enigste provinsie wat stemreg gegee het aan nieblankes wat grondeienaars was. ’n Afvaardiging van swart en wit “liberaalgesindes” het onder die leierskap van die voormalige Eerste Minister van die Kaap, William Schreiner (wat van 1913 tot 1915 president van die SARFB was) na Londen gereis. Hulle het protes aangeteken teen die kleurskeidslyn wat in die 1910-grondwet vasgelê is. Die Britse regering het
68
kon hardloop en ’n oog vir ’n gaping gehad het. Hy het oor die skaars vaardigheid beskik om die bal met sy hande deur die gaping te kon uitgee. Saam met groot name soos Danie Gerber en Carel du Plessis het Tobias die Springbokagterlyn gehelp om twaalf drieë in ses toetse aan te teken. Hy het slegs in drie toetsreekse gespeel, hoofsaaklik weens die teenwoordigheid van die legendariese Naas Botha. In 1971 het Tobias saam met die sogenaamde Proteas – wat die nasionale span van die SARFF, die kleurling wegbreekliggaam was – na Engeland getoer. In 1979 het hy saam met die Barbarians na die VK getoer. In 1981 is hy saam na Nieu-Seeland op die berugte betogerstoer, maar het nie die toetsspan gehaal nie. Hy het vyftien keer vir die Springbokke op die veld gedraf, insluitend ses toetse. Hy het 22 punte in daardie toetse aangeteken, met een drie, vier strafskoppe en drie doelskoppe.
hulle min daaraan gesteur, en het meer daarin belang gestel om ’n verenigde land binne die Britse Ryk te vestig wat homself sou kon onderhou en verdedig. Die swart mense en kleurlinge het heeltemal uitgeskuif gebly, en dit sou in die volgende klompie jare net erger word. Die Naturellen Grondwet van 1913 was die eerste groot segregasiewetgewing wat deur die Unieparlement deurgevoer is en het ’n stelsel geskep wat die meeste inwoners van Suid-Afrika die reg ontneem het om grond buite sekere gebiede te besit. Dit het verreikende sosioekonomiese probleme veroorsaak. Die wetgewing het ook op rugby ’n invloed gehad. Sportgronde was nie meer vir nieblankes beskikbaar nie en gemeenskappe is van hul woonplekke verwyder en moes elders hervestig word.
Wetgewing beëindig die hoop op rugbysamewerking Bogenoemde Naturellen Grondwet van 1913 was ’n uitbreiding van die segregasiewetgewing van die 1880’s en in die besonder die volgende (van die wette is slegs in Engels
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 68
2352011 5:24 PM
gepromulgeer en ander weer voor die koms of erkenning van Afrikaans): die Franchise and Ballot Act (1892); die General Pass Regulations Bill (1905), wat die stemreg van swart mense beperk het deur finansiële en geleerdheidskwalifikasies daar te stel; die Natal Legislative Assembly Bill (1894), wat Indiërs stemreg ontneem het; die General Pass Regulations Bill (1905), wat swart mense geheel en al stemreg ontneem het, hulle slegs tot bepaalde gebiede beperk het en die berugte passtelsel ingevoer het; die Asiatic Law Amendment Act (1907), wat van alle Indiërs vereis het om te registreer en ’n pas te dra; die ZuidAfrika Wet (1909), wat aan blankes stemreg gegee het en sodoende algehele politieke beheer oor alle ander rassegroepe verleen het; die Wetsontwerp van die Naturellen (Stadsgebieden) Wet (1918), wat ontwerp is om swart mense wat in “wit” Suid-Afrika bly as ’n veiligheidsmaatreël na spesifieke gebiede of “lokasies” te verskuif; die Naturellen (Stadsgebieden) Wet (1923), wat formeel residensiële segregasie in Suid-Afrika ingelui het; en die Naturellen (Stadsgebieden) Wet (1936), wat swart mense heeltemal van die Kaapse kieserslys verwyder het. Die 1923-wetgewing wat formeel die beginsel van afsonderlike woongebiede deurgevoer het, was die doodskoot vir gekleurde spelers in Suid-Afrika se strewe om in die amptelike, IRR-erkende rugbysisteem onder die beskerming van die SARFB opgeneem te word. Die jare daarna tot 1992, met die eenwording van die verskeie beheerliggame as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), is gekenmerk deur voortgesette segregasie, bitterheid, hatigheid, rugstekery, boikotte en binnegevegte. Die aanhoudende wegbreekgroepe en opstandigheid was egter nie tussen die beheerliggame van verskillende rassegroepe nie, maar eerder die gevolg van uiteenlopende sienswyses en, dit moet gesê word, magstryde binne die onderskeie groepe. Eers na 1992 is daar na alle spelers wat nieblank of Asiaties is, as “swart” verwys.
Die eerste gekleurde Springbok In 1981, elf jaar voor die eenwording van die rugbylig-
game, het die losskakel/senter, Errol Tobias, die eerste gekleurde speler geword wat vir die Springbokspan gekies is. Dit is ironies dat hy moes wag vir sy debuut in die Springbokke se groen trui wat so hoog geag is, aangesien sy eerste wedstryd teen Ierland in Kaapstad was. In daardie dae het die besoekende span die eer gehad om in hul tradisionele kleure te speel, terwyl die tuisspan maar daarby moes aanpas – en Ierland het in groen gespeel! Tobias was reeds 31 met sy toetsdebuut en dit was onteenseglik op meriete. Drie jaar later het Avril Williams hom gevolg toe hy teen Suid-Amerika gespeel het. Dit sou eers twaalf jaar na Tobias se debuut wees voor die derde kleurling speler ’n Springbok geword het. Chester Williams het in 1993 sy debuut gemaak in die tweede toets teen Argentinië, tydens Suid-Afrika se eerste toetsreeks teen die Pumas. Thinus Linee, ’n kragtige senter, het ook sy Springbokkleure vir die toer na SuidAmerika gekry, maar hy het nie in ’n toets gespeel nie. Owen Nkumane, deesdae ’n bekende rugbykommen-
Chester Williams.
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 69
69
2352011 5:24 PM
SA Barbarians doen baanbrekerswerk In Oktober 1979, minder as twee jaar nadat die SARVR, SARA en SARFF saamgesmelt het om die SuidAfrikaanse Rugbyraad (SARR) te vorm, het Springbokflank Rob Louw die eerste Barbariansspan* op ’n toer oorsee geneem. Hierdie toer van vier weke na die Verenigde Koninkryk was die eerste goedgekeurde veelrassige toer deur ’n Suid-Afrikaanse span. Die toergroep het agt wit spelers van die voormalige SARVB ingesluit, agt kleurling spelers van die voormalige SARFF, en agt spelers van wat eers SARA was. Die spanbestuurder was Chick Henderson, ’n oud-Transvaalse rugbykaptein wat ook Oxford Universiteit, Richmond en Coventry verteenwoordig het. Hy het nege toetswedstryde vir Skotland gespeel terwyl hy in die VK gestudeer en gewoon het. Die span het sewe wedstryde gespeel, waarvan die Baa-Baa’s vier gewen het, twee teen Hawick en Newport verloor het, en een wedstryd gelykop gespeel het teen ’n baie sterk Scottish Border Club met tien Skotse toetsspelers. Die uitslae was: Devon (Exeter), wen 27–18, Cornwall (Camborne), wen 23–7, Scottish Border Club (Galashiels), gelykop 20–20, Co-Optimists (Hawick), verloor 24–4, Coventry, wen 41–24, Llanelli, wen 15–6, Newport, verloor 21–15. Die sterkte van die toerspan, kan daaraan gemeet word dat sewe van die spanlede in die daaropvolgende twee jaar Springbokke geword het. OranjeVrystaat se stut Martiens le Roux, Noord-Transvaal haker Ewoud Malan,
70
en WP-spelers Rob Louw en Divan Serfontein het almal in die toetse teen Bill Beaumont se 1980-Britse Leeus gespeel. Die toerspan van die Barbarians het ook vir Errol Tobias, wat die eerste nieblanke Springbok geword het, ingesluit en hy het in 1981 teen Ierland gespeel. WP se twee slotte, Hennie Bekker en De Villiers Visser, was in 1981 deel van die “betogerstoerspan” na Nieu-Seeland. In 1980 het sewentien van die Baa-Baa’s se toergroep na die VK teen die Leeus se toerspan hier plaaslik gespeel. Dit het ’n wedstryd tussen die Leeus en die Baa-Baa’s ingesluit. Twee kleurling spelers, Errol Tobias en Charles Williams, wat ook op die Barbarianstoer na die VK was, is vir die Junior Springbokke gekies om in 1980 teen die besoekende Britse Barbarians te speel. Sedert die stigting van SARVR negentig jaar tevore, was hulle die eerste twee gekleurde spelers om ’n nasionale Suid-Afrikaanse span te verteenwoordig. Die 1979-Barbarians se agt swart spelers was Morgan Cushe, Timothy Nkonki, Lillee Jonas, Sydney Ncate, Bridgman Sonto, Welcome Mtyongwe, Solomon Mhlaba en Arthur Poro. Die SAARB het ook die assistentbestuurder, Alfred Dwesi, voorsien. Die kleurling spelers van die SARFF was Hennie en Turkey Shields, Nicky Davids, Charles Williams, Louis Paulse, Hanne Meyer, Errol Tobias en Pompies Williams. Die afrigter van die span was die Federasie se Dougie Dyers. In Suid-Afrika was die spelers as
lede van twee beheerliggame wat met die SARVR saamgesmelt het, as uitverkopers of “sell-outs” deur die SARU-lede gebrandmerk. SARU het onwrikbaar bly staan by sy beginsel van “no normal sport in an abnormal society”, wat ook deur ander antiapartheidsorganisasies soos SACOS en SACBOC voorgestaan is. Hierdie standpunt het deur die wêreld weerklink, en die SA Barbarians van Rob Louw het meer as genoeg betogings tydens die sewe wedstryde verduur – en van die veld af ook! Britse en Europese verslaggewers was voortdurend op soek na inligting oor die sosiale aspekte van die toer, en het selfs tot sulke uiterstes gegaan as om teen die geute op te klim om te probeer sien of die lede van die gemengde toer werklik meng! Die toer van die SA Barbarians was in vele opsigte ’n deurbraak en veelrassige rugby het op alle vlakke, behalwe op internasionale vlak (toetse), met rasse skrede vooruitgegaan. Die SA Barbarians het ’n belangrike rol gespeel om die vestiging van veelrassige rugby te verhaas. Vyf jaar later het hulle hul tweede oorsese toer aangepak, dié keer na Wes-Duitsland. Die groep het uit twaalf blanke en dertien kleurling en swart spelers bestaan. Die gehalte van die teenstanders was egter baie swak, en in slegs vier wedstryde het die Barbarians 314 punte versamel en net 27 afgestaan. *Die Suid-Afrikaanse Barbarians het in 1960 gestalte gekry.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 70
2352011 5:24 PM
tator, was die eerste (etniese) swart Springbok na eenwording toe hy in 1998 saam met die Springbokke na die Verenigde Koninkryk (VK) en Ierland getoer het. Hy het egter nie in enige toetse gespeel nie. Hierdie keuses was ’n deurbraak. Daar was egter ’n geskiedenis wat oor een honderd jaar gestrek het, wat as voorbereiding gedien het vir hierdie kleurling en swart pioniers om uiteindelik die internasionale rugbyarena te betree. Swart rugby het in die Oos-Kaap begin. Nadat die setlaars die vroeë vorms van die spel, soos die Winchesterreëls, na Suid-Afrika gebring het, het die grootste invloed op die spel gekom uit die geledere van die sendingstasies en skole – en dikwels was dié twee ’n enkele inrigting, soos St Philip’s Mission School, wie se leerlinge later vir die Winter Rose Rugby Club in Grahamstad speel het. Skole waar rugby gespeel is, was Healdtown, Fort Hare en St Matthews, om net ’n paar te noem. Grahamstad, wat vandag nog bekend is vir sy skole, was dan ook die “hoofstad” van rugby in die streek. Swart spelers het gedurende die 1880’s rugby op ’n informele wyse gespeel. Die eerste swart span was Winter Rose Rugbyklub, wat in 1887 begin is, maar eers in 1891 amptelik gestig is. Lily White Rugby Club is Grahamstad se tweede oudste klub en is in 1894 deur eerwaarde White gestig vir swart leerlinge van die St Andrews College. Hoewel hulle leerlinge van die skool was, is hulle nie toegelaat om in dieselfde span as die blanke leerlinge te speel nie. Hierdie en ander klubs in Grahamstad het egter gevolg op die oudste swart klub in Port Elizabeth, naamlik Union. Die Union Rugby Club is in 1887 gestig en hul tuisveld was kwaMpundu. ’n Wegbreekgroep het later die Frontiers Rugby Club gestig, maar eers nadat ’n tweede rugbyklub, die Orientals, in 1894 gestig is. Aanvanklik het Union teen die kleurling klubs in Port Elizabeth gespeel, maar toe die Orientals op die toneel verskyn, het daar ’n wedywering ontstaan waarmee daar vir jare volgehou is. Tigers is in 1895 in Somerset-Oos gestig. Hul enigste (swart) teenstanders was myle ver weg en daarom het hulle dikwels teen die wit klub van
die dorp gespeel. Hulle het ook soms op Cookhouse gaan speel. Cookhouse was 40 km ver en hulle het tot in 1926 soontoe gestap; toe het hulle die gebruik van ’n vragmotor gekry. (Om dit in perspektief te stel: ’n standaardmarathon is 42 km lank. Dalk moet hierdie “staptog” met ’n knippie sout geneem word, want teen ’n stywe pas sou dit ongeveer agt uur neem om die afstand af te lê en dan moes hulle nog huis toe gaan ook!)
Fort Hare teen Transvaalse universiteite Een van die hoogtepunte was die wedstryd in 1935 tussen ’n gekombineerde span van Fort Hare en Lovedale wat teen ’n gekombineerde span van Transvaalse universiteite (waarskynlik Tuks en Wits) gespeel het. Die wedstryd is op Alice, die hoofkwartier van Fort Hare, gespeel. In 1901 is ’n tradisie met die eerste Paastoernooi in Grahamstad gevestig. Daar was vier deelnemers, naamlik Grahamstad, Oos-Londen, die Middelande en Port Elizabeth. Die toernooi het geleidelik al hoe groter en belangriker geword. Die gewildheid en die uitbreiding van die spel het meegebring dat die organisasie van rugby in die Oos-Kaap in ’n groter mate geformaliseer moes word. Die EPNRB is in 1905 op die been gebring as ’n uitvloeisel van die eerste toernooie.
Paastoernooie Die konsep van Paastoernooie het oor die jare in verskeie sentra gekom en gegaan, maar die afgelope jare het dit met die ingryping van SARU op ’n meer georganiseerde basis plaasgevind. Die jaarlikse toernooie in Langa, Soweto, Kimberley, Peddie, Mangaung en elders is nou heringestel as hoogtepunte vir townshipspanne. Xhanti Lamani, SA Rugby se bestuurder vir klubrugby, het in 2008 gesê dat toernooie soos die een in Langa deel is van ’n ryk rugbykultuur in die townships. Die toernooie “is deel van ons missie om die rugbybasis op gemeenskapsvlak uit te brei, en die ou gees van die Paastoernooie se feestelikhede in die townships te laat
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 71
71
2352011 5:24 PM
Die name van die verskillende beheerliggame (Die SARFB was ’n Engelse geregistreerde liggaam. Die Afrikaanse naam SARVR is eers in die 1940’s toenemend deur die Afrikaanse pers gebruik.)
SARFB – South African Rugby Football Board. Dit is in 1889 gestig en was die erkende en geaffilieerde liggaam by die Internasionale Rugbyraad (IRR). Die naam het oor die jare na SARB verander met gebruik deur die publiek en pers, maar het eers in November 1977 amptelik geword met die samesmelting met die SACRFF en SARU (sien hieronder). SACRFB – South African Coloured Rugby Football Board. Dit is in 1886 gestig en was die aanvanklike beheerliggaam van kleurling rugby. In 1977, onder die toentertydse president Dullah Abass, wou die SACRFB nie deel wees van die amalgamasie van die kleurling (SARFF), swart (SAARB) en die IRR-erkende SARVR nie, omdat dié steeds hul spanne volgens kleur gekies het. Die SACRFB is mettertyd na SACRB en South African Rugby Union (SARU) verander. SACRFF – South African Coloured Rugby Football
herlewe”.Oor die Paasnaweek in 2011 het Universal-klub van Kimberley hulle 125ste bestaansjaar gevier met ’n toernooi vat goed ondersteun is.
Die SABRB se tussenprovinsiale toernooie Die interstedelike toernooie het geleidelik in die vroeë interdistriktekompetisies ontwikkel, en in 1936 het die eerste provinsiale toernooi onder die beskerming van die nuutgestigte South African Bantu Rugby Board plaasgevind. Die SABRB is die vorige jaar in Kimberley in die lewe geroep, net soos sy voorgangers, die SARFB en die SACRFB, ongeveer veertig jaar tevore. J.M. Dippa was die eerste voorsitter en Halley Plaatje die sekretaris. Die swart trekarbeiders na die myne in Transvaal, asook dié na werksgeleenthede in die Wes-Kaap, het rugby na die swart mense van daardie omgewings ingevoer. Transvaal was dus in staat om ’n baie goeie span in die eerste provinsiale toernooi in die veld te stoot. Hulle het OP, wat die gunstelingspan was, in die eerste provinsiale
72
Federation. Dit is in 1959 gestig na ’n bittere wegbreekaksie van die SACRFB. Die naam is verander na die South African Rugby Football Federation (SARFF). Die liggaam is deur SACRB/SARU beskou as “uitverkopers”, omdat hulle in 1977 by die SARB aangesluit het. SABRB – South African Bantu Rugby Board. Dit was die eerste swart nasionale beheerliggaam en is in 1935 gestig. Eers in 1982 het SARA ander spelers as Xhosas vir die toetsspan oorweeg. Naamsveranderings na die SA African Rugby Board (SAARB) en SARA het gevolg, laasgenoemde waarskynlik in 1978. EPNRB – Eastern Province Native Rugby Board. Dit is in 1905 gestig en was die eerste beheerliggaam vir swart rugby in die Oos-Kaap. SARVU – Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalunie. Dit was die nuwe beheerliggaam na eenwording in 1992. Die naam is in 2005 verander na die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU).
eindstryd laat les opsê, en die uitslag was gelykop sonder dat daar punte aangeteken is. Hulle het die Native Recruitment Cup (NRC) wat deur die Kamer van Mynwese geskenk is, gedeel. Die volgende twee jaar is die NRC-beker deur die OP gewen, maar die relatief nuwe span van Noordoostelike Distrikte het verras toe hulle in 1939 die titel wen. Later van tyd is die NRC-beker aan die wenner van die ligafase van die kompetisie toegeken, en die algehele wenner het ná die eindstryd die Graham Remedies-trofee ontvang. Die trofee is herdoop na die Partonsbeker, maar die rede daarvoor is nie bekend nie. Die NRC-beker as ’n provinsiale trofee is in die vyftigerjare heeltemal afgeskaf as verset teen die uitbuiting van swart arbeid in die myne. Weens die koste verbonde aan die aanbieding van toernooie het die provinsiale toernooi al hoe minder plaasgevind. Net 28 toernooie in 38 jaar vertel die verhaal van interprovinsiale rugby tussen swart spanne. Van die 28 toernooie het OP elf gewen – en om die status van die Oos-Kaap as die vesting van swart rugby verder te ver-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 72
2352011 5:24 PM
hoog, het Grens die titel vyf keer gewen en een keer met Transvaal in 1949 gedeel. Griekwas en Noordoostelike Distrikte (een titel elk), Transvaal (drie keer en een met Grens gedeel) en WP (vier keer) was die wenners van die ander titels. Geen titels is in 1956 en 1969 toegeken nie, laasgenoemde as gevolg van chaotiese organisasie. In 1975 is die toernooi vervang deur die Bols Brandykompetisie wat op tuis-wegwedstryde gebaseer is, soortgelyk aan die Curriebekertoernooi. Die eerste eindstryd in die nuwe, gedesentraliseerde rondomtaliekompetisie het in 1975 plaasgevind. OP het weer hul heerskappy getoon deur die eindstryd 12–7 te wen teen Grens, die span wat al vir jare tweede plek behaal het. Nietemin, lank voor dié gebeure het die eerste toets tussen die spelers van die SACRFB en die SABRB in 1950 op Port Elizabeth se skougronde plaasgevind. Volgens beskikbare bronne het meer as 15 000 toeskouers die toets bygewoon tussen die twee spanne wat albei Springbokke genoem is. Die Bantoe-Springbokke het die eerste kragmeting 14–3 gewen, omdat hul skerper agterlyn vergoed het vir die skrobbering wat die voorspelers van die groter kleurling Springbokvoorspelers gekry het. Grant Khomo was die swart span se kaptein. Hy was ’n goeie, veelsydige sportman en ook ’n Springbok in swart sokker en tennis. In 1970–1975 was hy die president van die South African Rugby Association (SARA). SARA was die nuwe naam vir die SA African Rugby Board (SAARB), wat vroeër die SABRB was. Die bekende provinsiale skoleweek vir onder-16-spelers, die Grant Khomo-week, is na hierdie staatmaker in swart rugby vernoem.
Mini-samesmelting Khomo is as president deur Curnick Mdyesha opgevolg. Hy was van 1975 tot 1985 aan die stuur van sake. Gedurende sy ampstermyn het SARA met die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalraad (SARVR) – nou die Afrikaanse naam vir die SARFB – saamgesmelt onder leiding van Danie Craven en Cuthbert Loristen se South African Rugby Football Federation (SARFF), ’n wegbreekgroep van die
Cuthbert Loristen
SACRFB wat kleurling rugby beheer het. Hierdie minisamesmelting in November 1977 het tot gevolg gehad dat die beheerliggame met gekleurde spelers aanvaar is in die hoofstroom van die kompetisies onder die beskerming van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad (SARR), soos dit vanaf 1977 bekend was. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, SARU (voorheen die South African Coloured Rugby Football Board), het onder leiding van hul sterk president, Dullah Abass, besluit om nie deel te wees van die samesmeltingsproses nie. Dit was te verwagte toe die destydse Minister van Sport, Piet Koornhof, verklaar het dat gemengde rugby nooit op alle vlakke toegelaat sou word nie. SARU se standpunt het onwrikbaar gebly: “No normal sport in an abnormal society.” Dit het beteken dat hul spelers steeds nie toegelaat is om in saamgestelde swart en kleurling spanne, of spanne wat met wit spelers gemeng is, teen internasionale toerspanne mee te ding nie. Sulke gemengde spanne is wél deur die Suid-Afrikaanse regering toegelaat sedert die besoek van Engeland in 1972 vir hul toer met net een toets teen die Springbokke. In die 1970’s het die SAARB en die SARVR nader aan mekaar beweeg. Die voortdurende druk van die SARVR
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 73
73
2352011 5:24 PM
Twee wedstryde saam op een veld In 1982 in Port Elizabeth is die toekomstige president van SARU, Silas Nkanunu, as president van die KwaZakhele Rugby Union (KWARU) deur Amon Nyondo ontsetel. Die unie se twintig klubs het toe in twee kampe verdeel, wat aanleiding gegee het tot ’n unieke situasie in Suid-Afrika se rugbygeskiedenis. Dan Qeqe is saam met Nkanunu uitgestoot. Hy was ’n invloedryke man in Zwide in die Oos-Kaap en ’n rugbyveld is daar na hom vernoem. Dit was op dié veld in Maart 1982 dat vier spanne van die twee wegbreekfaksies amper gelyktydig op die veld gedraf het om terselfdertyd hul onderskeie wedstryde te speel. Daar was sestig spelers, twee skeidsregters en vier lynregters in twee wedstryde betrokke!
se president, dr. Danie Craven, op die regering om toe te gee, het vrugte afgewerp in die vorm van ’n wedstryd teen die besoekende Engelse span in die Wolfson-stadion in Port Elizabeth. Die Engelse het ’n maklike oorwinning van 36–6 gehad, en die volgende jaar is die swart toetsspan, die Luiperds, weer in die Wolfson-stadion 24–4 deur ’n Italiaanse toerspan geklop. Die Luiperds het hul internasionale ondervinding in 1974 met ’n toer na Italië voortgesit. ’n Wedstryd teen die onoorwonne Britse Leeus van Willie John McBride was ook in die Britte se toerplan ingesluit! Ondanks ’n telling van 56–10 het die Luiperds gewys dat hulle die wil het om te slaag deur die Leeus, wat een van die heel beste spanne was wat ooit in Suid-Afrika kom toer het, weer en weer te duik en grond toe te bring! Hierdie wedstryde teen die toerspanne, en ook die wedstryde teen Italië tydens hul toer, is deur die Luiperds as toetswedstryde beskou – so ook die wedstryde wat hulle sedert 1950 teen die twee kleurling spanne onder die beskerming van die SARFF en die SACRFB gespeel het. Laasgenoemde liggaam, wat na SARU verander is om weg te beweeg van die woord “coloured” in sy naam, het in 1970 hierdie reeks toetswedstryde om
74
Net vir die rekord: Easterns het Spring Rose 30–4 in die een wedstryd geklop, terwyl St Cyprian met 9–4 een te veel vir die African Bombers in die ander wedstryd was. Toe eersgenoemde wedstryd voltooi is, het die Wallabies en Orientals opgedraf vir hul kragmeting. Wat dus hier plaasgevind het, is dat negentig spelers en drie stelle beamptes op ’n enkele rugbyveld oorvleuel het in die tyd wat dit gewoonlik neem om een wedstryd te voltooi! Die kwade gevoelens tussen die twee faksies van KWARU het tragiese nagevolge gehad. Die ondersteuners van die Wallabies, wat geglo het hulle is van die titel beroof, het kort daarna met die ondersteuners van die opponerende faksie gebots. Byle en selfs motors is as wapens gebruik, wat die dood van ses mense veroorsaak het.
politieke redes gestaak. Hulle was nie langer bereid om wedstryde te speel teen spanne wat suiwer op ’n etniese grondslag gekies is nie. Hulle was daarom sterk gekant teen die (kleurling) federasie wat voortgegaan het om dit te doen. Hierdie standpunt het ’n hoogtepunt bereik met hul besluit om nie in 1977 by die samesmelting van die ander drie beheerliggame in te val nie. Die statistiek van die SAARB/SARA, wat die wedstryde teen toerspanne en tydens hul Italiaanse toer uitsluit, is soos volg: Teen SARFF: 25 gespeel, 13 gewen, 11 verloor, 1 gelykop Teen SACRB/SARU: 12 gespeel, 3 gewen, 6 verloor, 3 gelykop Die rekords van die verskillende beheerliggame stem nie altyd ooreen nie. Van die wedstryde is byvoorbeeld in sekere gevalle nie deur die een beheerliggaam as ’n toets beskou nie, maar wel deur die ander.
Oorsese toere ’n Aantal spelers van SARA – die nuwe naam van die SAARB waarop besluit is sodat daar geen beskuldigings van etnisiteit teen hulle gemaak kon word nie – is destyds dikwels uitgenooi om in uitnodigingspanne te
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 74
2352011 5:24 PM
Owen Nkumane – first black Bok.
Caption
speel en oorsee te toer. In 1977 is gekleurde spelers die eerste keer uitgenooi om aan die Springbokproewe deel te neem. Die verkose span sou teen ’n wêreldvyftiental by die inhuldiging van die nuwe paviljoene op Loftus Versveld speel. Timothy Nkonki en sy sentermaat Hennie Shields het daarna saam met die Noord-Transvaalse kaptein,Thys Lourens, na Argentinië gereis om in ’n uitnodigingspan te speel as deel van die rugbyklub, Club Atlético San Isidro (CASI), se gedenkvieringe. Nkonki en Morné du Plessis het ook in ’n feeswedstryd in Frankryk gespeel. Gemengde proewe was nou vry algemeen, maar steeds is geen ander spelers as die blankes van SARR in die nasionale span ingesluit nie. Dit het in 1978 baie waarskynlik
gelyk dat dit sou gebeur, maar internasionale druk het die Franse Rugbyfederasie gedwing om die toer na hul land af te stel. Voor die slegte nuus van Frankryk gekom het, het Nkonki, Andrew Msuki en Solomon Mhlaba aan die Springbokproewe deelgeneem. Die Franse se terugtrekking van die uitnodiging het heel moontlik Nkonki die eer ontneem om die eerste nieblanke speler te wees wat vir die Springbokspan speel. Dit was nietemin ’n seisoen waarin daar nog ’n tree na normalisering geneem is toe die spanne van SARA (Wes en Oos) deelgeneem het aan die Sport Pienaarkompetisie, so ook die span van die SARFF. Die gehalte van die rugby was ’n wrede ontnugtering vir die nuwelinge in SuidAfrika se laagste provinsiale liga, en die twee SARAspanne het die volgende jaar gekombineer om só die kompetisie aan te durf. Die Ierse toer in 1981 was nog ’n treetjie nader aan normalisering toe die besoekers in elke wedstryd teen gemengde tuisspanne gespeel het, insluitend die toetse waar Errol Tobias die eerste gekleurde speler geword het om Springbokkleure te verwerf toe hy op Nuweland vir die eerste toets uitgehardloop het. Minder as drie jaar na die samesmelting van drie van Suid-Afrika se vier beheerliggame, het ’n aantal swart spelers al ’n groot indruk op Suid-Afrikaanse rugby
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 75
75
2352011 5:24 PM
Bandise Maku, Tonderai Chavhanga, Odwa Ndungane, Akona Ndungane.
gemaak. Name soos Michael Mboto, Morgan Cushe, Timothy Nkonki, Dolly Ntaka, Aubrey Gidane en Sydney Ncate het bekende spelers geword in hierdie rugbydolland wat gaandeweg al hoe meer op internasionale vlak geïsoleerd geraak het. Met die oog op die All Blacks wat sou kom toer, is vier swart spelers in 1985 na die Springbokproewe genooi. Die toer is egter afgestel na die bohaai wat die 1981-Springboktoer na Nieu-Seeland veroorsaak het.
Ntaka, die nieamptelike Springbok Dolly Ntaka was die eerste swart speler om die Springboktrui oor sy kop te trek toe hy vir die binnelandse Springboktoer gekies is wat die afgestelde besoek van die All Blacks in 1985 vervang het. Die Springbokke het nie kleure ontvang vir die wedstryde wat hulle teen die Suid-Afrikaanse Barbarians (Baa-Baa’s) gespeel het nie. Die Barbarians se span het van die een wedstryd na die volgende gewissel, na gelang van watter provinsiale unie die gasheer vir die wedstryd was. Michael Mboto het bevestig dat hy ’n bogemiddelde speler is deur vir twee van die wedstryde teen die Springbokke gekies te word; hy het vir die Sentrale en die SA Barbarians gespeel.
76
Swart rugby moes tot 1998 op sy eerste Springbok wag toe Owen Nkumane vir die Springboktoer na die VK en Ierland gekies is. Dit is ’n treurige aanklag teen die provinsiale unies dat spelers wat goed genoeg vir internasionale kleure geag is, dikwels oor die hoof gesien is en nie plek in provinsiale en selfs klubspanne kon kry nie. Sedertdien het ’n aantal etniese swart spelers wel internasionale rugby vir Suid-Afrika gespeel – en drie van hulle was hakers soos Nkumane, naamlik Hanyani Shimange, Chiliboy Ralepelle en Bandise Maku (laasgenoemde twee was van Pretoria Boys’ High School). Saam met Lawrence Sephaka was hulle die voorry se sterk manne. Dan is daar Solly Tyibilika wat op flank speel; die 1999-Wêreldbekersenter Kaya Malotana; flank Thando Manana; die sterk senter Gcobani Bobo; en die Noord-Transvaalse flank Tim Dlulane, moontlik die belowendste totdat ’n nekbesering sy loopbaan beëindig het. Aan die einde van 2010 het Lwazi Movo sy toetsdebuut gemaak, en met sy vaardigheid, spoed en krag het hy die potensiaal om een van die grotes te word. In die agterlyn het Sewes-Springbokke Tonderai Chavhanga en Jongi Nokwe met hul spoed beïndruk,
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 76
2352011 5:24 PM
maar hulle het nie gereelde spelers in die nasionale span geword nie. Die eerste tweeling om vir Suid-Afrika te speel, is die twee vleuels Akona en Odwa Ndungane. Hulle is albei goeie, betroubare spelers wat in Super Rugby en op toetsvelde hul merk gemaak het. Die stut Brian Mujati speel oorsee goeie rugby. Daar is ook die stut Tendai “Beast” Mtawarira, maar hy het soos Mujati ’n Zimbabwiese rugbyagtergrond en het nie deur die SuidAfrikaanse strukture gekom nie. Die etniese swart spelers is ongetwyfeld baie beter daaraan toe as dertig of veertig jaar gelede, en is nou ten volle deel van die rugbysisteem. Tóg bly die beskuldiging dat daar nie genoeg vir die ontwikkeling van spelers in die townships gedoen word nie. Hierdie standpunt het wel meriete, maar diegene wat vingers wys, is nie altyd op hoogte van die koste van ontwikkeling vir die beheerliggame nie. Die harde werklikheid is dat baie min van die topfranchises in Suid-Afrika kwalik meer as solvent is, en die onderskeie ontwikkelingsliggame moet baie beproewinge verduur. Politiek speel onteenseglik nog ’n groot rol in SuidAfrikaanse rugby. Baie van die kritiek oor die stadige ontwikkelingsproses is gegrond op ’n misplaaste politieke agenda oor transformasie in ’n sport waar die individu wat te vinnig boontoe gedruk word, op die ou einde benadeel word. Dat daar nog baie werk vorentoe nodig is, is egter nie te betwyfel nie. Bogenoemde faktore geld uit die aard van die saak ook vir dit wat voorheen “kleurling rugby” genoem is. Beter kompetisie het tot gevolg dat spelers in groter getalle na die provinsiale en nasionale speelveld deurbreek. Daar is ook meer klubs wat in die eerste ligas van verskeie unies speel. Tygerberg Rugbyklub in die Westelike Provinsie het al die eindstryd van die nasionale klubkampioenskappe gehaal, en spanne soos Raiders, SK Walmer en Spring Rose is sterk teenstanders in hul onderskeie unies. Raiders het werklik die konsep van die nuwe “reënboogrugby” ter harte geneem en gebruik al jare lank spelers uit alle bevolkingsen etniese groepe.
Die eerste kleurling klubs Soos wegbreekfaksies deur die jare by swart rugby voorgekom het, het sulke faksies ook by kleurling rugby se beheerliggame voorgekom. Dit was egter nie so dikwels nie, en ook nie soseer op kleinlikhede gebaseer nie – hoewel dit ook gebeur het. Daar was die botsing van persoonlikhede tussen die twee vooraanstaande administrateurs, Dullah Abass van SACRFB, en Cuthbert Loristen, wat later die SARFF sou stig. Soortgelyk aan die blanke klubs van die WPRFU, het die kleurling klubs rondom bepaalde woonplekke ontwikkel. Trouens, daar is heelwat voorbeelde waar ’n groep mense van dieselfde straat ’n klub sou stig en vir ’n buitestander om daar aanvaar te word, sou bykans onmoontlik wees. Uit beskikbare rekords blyk dit dat Roslyn die eerste klub in Kaapstad was. Of dit waar is, is egter debatteerbaar. Dit was in dieselfde jaar as die stigting van die WPCRU – en dit is onwaarskynlik dat ’n unie in die lewe geroep sou word om ’n enkele klub te akkommodeer! Ander vroeë klubs vir gekleurde spelers was Brooklyn, Violets, Caledonian Roses, Olympics, Good Hopes, Meidevlei en Vygieskraal. Rugbyklubs het regoor Kaapstad en omstreke verskyn en uit dié geledere het verskeie beheerliggame ontstaan. Teen 1930 het die WP-gebied meer as 200 klubs gehad en beheerliggame het daarop gevolg. In 1936 het die Western Province League as die invloedrykste beheerliggaam oorgeneem, nadat die Western Province Union en ook die Western Province Board grootliks tot op daardie tydstip sake beheer het. Daar was onder meer ook die Suburban Independent Union en die Kensington Union. Rugby se gewildheid het na die Oos-Kaap en Transvaal versprei. Die PE Rugby Union is in 1893 gestig, met Swans en St Marks as die oudste klubs sover bekend. Daar word beweer dat die Transvaal Coloured Rugby Union in 1897 tot stand gekom het, maar soos ook in baie ander gevalle is bewyse hiervan nie beskikbaar nie. Dit kan ook nie bewys word dat Transvaal, Griekwas en die OP almal in 1896 beheerliggame gekry het nie. Dit is nietemin bekend dat die SACRFB wél in 1898 in Kimberley gestig is, en dat die
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 77
77
2352011 5:24 PM
eerste provinsiale toernooi in dieselfde jaar gehou is. Cecil John Rhodes het ook sy deel vir die ontwikkeling van kleurling rugby gedoen deur die Rhodesbeker te skenk, wat ’n gesogte prys vir die wenspan van die provinsiale Rhodeskompetisie was. Soos ook in die Curriebekertoernooi in 1892, was WP en Griekwas die twee topspanne. WP het die eerste provinsiale kompetisie van die SACRFB gewen toe hulle die tuisspan 5–3 klop, met ’n drie in die laaste oomblikke deur H. Keenie en ’n doelskop deur Seldon. Dit was nog lank nie ’n provinsiale kompetisie in die ware sin van die woord nie. Die verskillende beheerliggame het elkeen die reg gehad om deel te neem en hulle het ook. Dit het die krag van die provinsie verminder omdat die spelers tussen twee of meer spanne verdeel is. Anders as die swart klubs, was kleurlinge – hoofsaaklik omdat hulle nader aan die blanke gebiede gebly het – groot aanhangers van die provinsiale rugby wat onder die beskerming van die SARFB gespeel is. Hulle het ook die Springbokke ondersteun, maar net tot en met die Tweede Wêreldoorlog. Die werklikheid van die omstandighede en wetgewing waaronder hulle moes lewe en ook hul sport moes speel, het onder die bewind van die nuwe Nasionale Party-regering vererger, en het ’n weerstand teen die stelsel veroorsaak. In die 1930’s was Gamat (volle name Gasant Ederoos Behardien) die bagasiemeester van WP en die Springbokke as hulle in Kaapstad gespeel het. Selfs in daardie dae, en vir jare daarna, is die kleurlinge hul eie staanplek voor die suidelike paviljoen, nou die Danie Craven-paviljoen, toegewys. Maar weens die ontnugtering het ’n aggressiewe ondertoon begin ontwikkel en waar die plan in 1938 ’n oorsese toer was om hul spelers in een of ander internasionale kragmeting meer blootstelling te gee, het politiek die idee gekelder. ’n Toer sou beteken dat ’n belangrike beginsel prys gegee word, naamlik dat rugby nie volgens enige vorm van etnisiteit gespeel moet word nie.’n Binnelandse toer is nogtans gereël en na afloop van die 1938-Rhodestoernooi in Kaapstad is ’n span van 25 spelers gekies.
78
Swart Springbokke teen kleurling Springbokke Die toerspan se lede het destyds kleure verwerf vir hierdie geleentheid toe sowel die swart mense as die kleurlinge nog hul spanne die Springbokke genoem het. Verkose spelers het elk ’n Springbokdas, ’n groen kleurbaadjie en ’n sakwapen met ’n springende Springbok ontvang. Die kaptein van die span was die losskakel, Johnny Niels. Die toerspan het nege wedstryde teen provinsiale spanne en unies gespeel, waarvan hulle sewe gewen het. Die nasionale span het teen die einde van die toer teen Worcester en die WP Raad/Board verloor. Na nege wedstryde binne vier weke op harde velde het beserings hul tol geëis. ’n Dergelike toer is in 1953 vir die sogenaamde Federasie beplan, maar het egter deur die mat geval. In 1959 is die South African Rugby Football Federation deur afgevaardiges in die Paarl gestig. Dit moet nie met die 1953-Federasie (hierbo genoem) verwar word nie, en die nuwe liggaam was nie die gevolg van enige politieke motivering nie. ’n Groep ontevrede klubs het weggebreek en onder die leierskap van Cuthbert Loristen, die president, ’n nuwe beheerliggaam in die lewe geroep. Die ontevredenheid met die SACRFB het daaruit gespruit dat die verdeling van fondse na toernooie nie behoorlik na al die unies versprei is nie; die feit dat die beheerliggaam as ’n geslote kliek beskou is; en omdat besluite ongeag die vergadering se besluite geïmplementeer is. Die gevolg was dat die WP League sy meer as 10 000 spelers van die SACRFB onttrek het, en ander unies kort daarna gevolg het. Die gebeure het aanleiding gegee tot die Paarlvergadering in 1959, en Loristen het die Federation deur die samesmeltingsproses in 1977 gelei. Sy verkiesing was ook instrumenteel in die eerste veelrassige rugby op internasionale en provinsiale vlak, asook die aanvaarding van die WP League (WP Liga) in 1978 in die SARR se kompetisiestrukture. Die SACRFB was egter nie deel van die nuwe verwikkelinge nie. Hul president Dullah Abass was ’n beginselvaste man – daar sou geen sport gespeel word indien spanne volgens hul etnisiteit gekies word nie. Hy en Craven het op ’n persoonlike vlak nader aan mekaar beweeg, maar die Minister
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 78
2352011 5:24 PM
van Sport se uitlatings in 1977 (soos elders bespreek) het ’n stokkie voor enige verdere samewerking gesteek. Die nuwe WP Liga, en by uitstek die nuwe Federasie, het die tweespalt en onenigheid tussen die twee kleurling beheerliggame verder aangeblaas. Dit het uiteindelik gelei tot die onttrekking van die SACRFB aan die toetswedstryde teen die SAARB in 1963. Die Federasie het toe hul plek in die toetsskedule ingeneem – dit was ’n belangrike rede waarom hulle ook in 1977 met die samesmelting saam met SARA aangesluit het. Hulle het mekaar geken en vertrou.
Deelname aan die SARR-kompetisies In die sewentigerjare het WP se groot rykdom van talentvolle kleurling spelers in die SARR-kompetisies begin speel. In 1978 het twee spanne van die sogenaamde gekleurde South African Rugby Football Federation wat in 1959 gestig is, aan die Sport Pienaarbeker deelgeneem, so ook twee spanne van die SARA. Die WP Ligaspan het goed gevaar, maar die ander drie spanne – SWD League, SARA West en SARA East – het swaargekry teen spanne van gemiddelde sterkte. Hierdie drie spanne het besluit om nie in 1979 deel te neem nie, en het na die Golden Cup-kompetisie oorgeslaan waar wit spanne van semiprovinsiale sterkte gespeel het. WP Liga het egter gesamentlik vierde in Afdeling 1 van die Sport Pienaarkompetisie geëindig nadat hulle vier van hul sewe wedstryde gewen het. Hulle het in 1981 op ’n proefbasis by die WP Rugbyunie aangesluit en in 1984 ’n permanente lid geword. Agt Federasiespelers is in die SA Barbarianspan vir die 1980-toer na die VK ingesluit, onder meer Errol Tobias, wie se pad na die Springbokspan deur die Federasie en later Boland geloop het. Hy het in die 1980-Curriebekerreeks vir Boland gespeel. Avril Williams en Wilfred Cupido het in 1982 WP se provinsiale span gehaal, en meer spelers sou met gereëlde tussenposes in hul voetspore volg. Williams het in 1984 vir die Springbokke in die reeks teen die Engelse
Western Province Rugby Union playing Western Province Rugby Board at Gugulethu Stadium in 1981.
toerspan gespeel, en Cupido het vir die nasionale onder23-span, die Gaselle, gespeel. In 1985 het die Western Province League-span, soos hulle toe genoem is, net-net ’n moontlike promosie na die Curriebekerkompetisie misgeloop. Daar was al vyf keer ’n Speler van die Jaar aangewys uit die groep wat vroeër kleurlinge genoem is. Vier van hulle was vleuels, naamlik Chester Williams (1994), Breyton Paulse (2000), Ashwin Willemse (2003), Bryan Habana (2005 en 2007), en die voorryman Gurthrö Steenkamp (2010). Ander spelers wat vir die Springbokke gekies is, is heelagters Conrad Jantjes, Bevin Fortuin en Zane Kirchner; losskakel/heelagter Earl Rose; vleuels McNeil Hendricks en Gavin Passens; senter/vleuel Deon Keyser; senters Waylon Murray, Adi Jacobs, Juan de Jongh en Wayne Julies; losskakel Elton Jantjies; skrumskakels Bolla Conradie, Norman Jordaan, Heini Adams en Ricky Januarie; stutte Eddie Andrews en Etienne Fynn; haker Dale Sandton; slot Quinton Davids; losvoorspelers Hilton Lobberts, Ashley Johnson, Davon Raubenheimer en Kabamba Floors.
Segregasie, frustrasie en woelinge
150 Jaar Book.indd 79
79
2352011 5:24 PM
80
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 80
2352011 5:24 PM
5
’n Kompetisie in twee fases Die Curriebeker – die heilige graal van Suid-Afrikaanse rugby
The first clash in a final between the two Currie Cup giants, Northern Transvaal and Western Province, was won 11–9 by the Light Blues
Die Curriebeker word dikwels die “heilige graal” van Suid-Afrikaanse rugby genoem omdat daar so ’n gevoel van eerbied en ontsag rondom die gesogte goue beker ontstaan het. Die eerste toernooi het so ver terug as 1892 plaasgevind, wat dit die oudste provinsiale rugbykompetisie ter wêreld maak en moontlik ook die taaiste. Die belangrikheid van die Curriebeker in rugbyliefhebbers se lewens is die hoofrede waarom SuidAfrikaanse rugby die isolasiejare so goed oorleef het. Die provinsiale passie waarmee die kompetisie ondersteun word, en die skare toeskouers wat veel groter is as by enige ander vergelykbare nietoetskompetisie ter wêreld, onderstreep die rol wat dié kompetisie in Suid-Afrikaanse rugby speel. In die 120-plus jaar sedert die Curriebeker in Suid-Afrika aangekom het, is die kompetisie deur twee spanne oorheers. Die Westelike Provinsie (WP) het met 34 en NoordTransvaal/Blou Bulle met 23 altesaam 54 van die 71 titels gewen of gedeel, waarvan twee teen mekaar was. Die oorheersing van die twee spanne kan verder in twee duidelike fases verdeel word. Die eerste was die vroeë jare van die kompetisie toe ’n ligastelsel gebruik is – tot 1920 was dit by toernooie, en tot 1936 op ’n tuis-wegbasis; en daarna weer met drie geleenthede in die vyftiger- en sestigerjare. In daardie vroeë jare is die toernooie heeltemal oorheers deur WP, wat sewentien titels en twee gedeelde titels verower het – dus negentien titels uit die 22 kompetisies wat gehou is. Trouens, WP se rekord vertoon eintlik beter as mens in aanmerking neem dat hulle weens die naderende Anglo-Boereoorlog nie aan die kompetisie in 1899 deelgeneem het nie. WP het dus negentien titels uit ’n moontlike 21 gewen.
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 81
81
2352011 5:24 PM
The Griquas team of 1891. They were awarded what was later known as the Currie Cup for their performance against the 1891 British side.
In 1968 het die formaat van die kompetisie verander en dit is geleidelik oorheers deur Noord-Transvaal, wat eers in 1938 gestig is. Die Curriebeker het ’n jaarlikse kompetisie geword en die wenner is met ’n eindstryd bepaal. Uit die vyftig eindstryde wat gespeel is, het NoordTransvaal 23 gewen, waarvan vier gedeel is. WP het tien gewen en twee gedeel, en vier ander provinsies het ook hul kans gekry. Die Curriebekerkompetisie word deur die jare gekenmerk aan die strawwe en soms bittere wedywering tussen die spanne – en ook tussen die getroue ondersteuners! Eers was dit WP en Griekwas wat sake uitbaklei het om die land se beste span te wees; toe volg ’n tydperk waar Transvaal die grootste bedreiging was, en vanaf 1968 was Noord-Transvaal die span wat die toon aangegee het. WP het die bittere vyand gebly. Dit was, en is steeds, ’n kwessie van “noord teen suid”. Selfs die
82
land se politiek is oor die jare in dié twee rugbyspanne se benadering weerspieël – WP se spel was oop en liberaal, terwyl dié van Noord-Transvaal konserwatief was en aan die beginsels van die verlede vasgeklou het! Natal het sedert 1990 ’n vernuwing en vuur aan die kompetisie toegevoeg. Die Vrystaat in die 1970’s, en later as die Vrystaat Cheetahs in die nuwe millennium, het ook ’n vars dinamika meegebring. Die span uit Bloemfontein was oor die afgelope tien jaar of so waarskynlik die Blou Bulle se gevaarlikste teenstanders. Transvaal het in die 1920’s en 1990’s uitstekende rugbyspanne gehad, maar andersins was hulle nooit werklik ’n gevaar vir die twee topspanne nie. Hoewel Griekwas mededingend was, kon hulle net ’n enkele keer in 1970 die Curriebeker omhoog hou. Hul klubs was oor ’n groot gebied versprei en die aanvang van geldrugby het hulle sonder voldoende finansiële steun gelaat. Hulle het wel
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 82
2352011 5:24 PM
Barry Heatlie – ’n legende Heatlie was ’n besonderse mens en inderdaad ’n besonderse rugbyspeler. Hy het in 1890 as agtienjarige in sy tweede rugbyseisoen vir WP uitgedraf. ’n Jaar daarna het hy toetsrugby teen die Britse toerspan gespeel. Meer nog, toe die Britse span in 1891 genooi is om in Suid-Afrika te toer, was Heatlie ’n lid van die WP-komitee, nog voor die unie gevestig is. Hy was maar negentien jaar oud. Oor die volgende dekade sou hy ’n reuse bydrae tot rugby in die Westelike Provinsie en Suid-Afrika lewer, op die veld en van die veld af. Tot vandag toe hou Heatlie die rekord vir die langste tydperk as kaptein van ’n provinsiale span. Hy was vanaf 1891 tot 1904 WP se kaptein, met die uitsondering van 1895, toe Alf Richards die span aangevoer het. Heatlie se 28 Curriebekeroorwinnings het binne WP se reeks van 45 onoorwonne wedstryde geval – hy het dus nooit in al sy jare wat hy vir WP gespeel het, in ’n verloorspan teen Suid-Afrikaanse teenstand gespeel nie! Hy het in 34 wedstryde vir WP gespeel, wat vyf wedstryde teen drie Britse toerspanne in 1891, 1896 (twee keer as kaptein) en 1903 (twee keer as kaptein) ingesluit het. Heatlie het Suid-Afrika ook twee keer op die veld gelei, een keer teen die Britse toerspan in 1896 en een keer teen Mark Morrison se toerspan in 1903, waartydens hy SuidAfrika na ’n oorwinning gelei het. Dit was die derde toets in die reeks, en die eerste twee wedstryde was gelykop, eers 8 elk en toe 0 elk. Heatlie en sy span het daardeur aan Suid-Afrika sy eerste reeksoorwinning besorg. Heatlie het op ’n plaas in die Worcesterdistrik grootgeword en was werklik ’n grootgeboude man. Hy het 208 pond (95 kg) geweeg en was sesvoet-drie (1,91 m) lank. Om dit in perspektief te stel: hy was langer en swaarder as enige ander speler in die eerste Springbokspan wat in 1906 onder die kapteinskap van Paul Roos deur die VK en Frankryk getoer het. Heatlie was 34 jaar oud toe Paul Roos in 1906 die eerste Suid-Afrikaanse toerspan na Brittanje geneem het, maar hy was nie ’n lid van daardie span nie. Hy het toe
reeds uitgewyk na Argentinië om van sy skuldeisers te ontsnap! Daar word vertel dat hy in die donkerte deur van sy vriende na ’n skip buite die hawe geroei is. Hy het twintig jaar lank in Argentinië gebly. Dat Heatlie ’n uitstekende voorspeler was, is nie te betwis nie. Die legendariese Stellenboschse speler, afrigter en nasionale keurder, oubaas Markötter, het die volgende van hom gesê: “Ek het saam met hom gespeel en ek het teen hom gespeel. Heatlie is die beste veelsydige voorspeler wat Suid-Afrika nog gelewer het. Ek dink ook hy is die beste kaptein wat nog ’n Springbokspan gelei het.” Oubaas Mark se stelling is natuurlik baie jare gelede gemaak en toe hy in 1957 oorlede is, het talle ander uitstekende spelers vir Suid-Afrika reeds gekom en gegaan. Nietemin beklemtoon sy woorde dat Heatlie ’n besonderse speler was. Heatlie is ook die man wat die groen trui vir die SuidAfrikaanse nasionale span gegee het. Die gebruik destyds was dat die Suid-Afrikaanse span óf in wit truie, óf in die truie van die unie of klub wat die wedstryd aanbied, speel. Dikwels was die wapen van die betrokke klub nog op die trui. Met die derde toets van die 1896-reeks het dit verander. “Ek het daardie tyd ’n voorraad donkergroen truie beskikbaar gehad van die (gewese) Old Diocesan’s Club. Daar is besluit om die truie op Nuweland te dra en sedertdien is Suid-Afrikaanse vyftientalle in groen geklee,” word Heatlie in verskeie vertellings aangehaal. Heatlie se skielike vertrek na Argentinië in 1905 was die eerste “hoëvlak”-kontak tussen Suid-Afrikaanse en Argentynse rugby. Hierdie groot man het vir Lomas Rugbyklub gespeel. Hy het die kaptein en afrigter van Gimnasia y Esgrima geword, en het hulle in 1911 en 1912 na die nasionale titel gelei. Teen daardie tyd het hy al langer as twintig jaar rugby op ’n hoë vlak gespeel. Hy het Argentinië in twee “toetswedstryde” verteenwoordig in wedstryde teen ’n nieamptelike Britse toerspan. Heatlie was 43 jaar oud toe hy as gevolg van gebreekte ribbes sy rugbystewels in 1915 moes ophang. Hy het in die ouderdom van 79 jaar op ’n tragiese wyse in Suid-Afrika gesterf.
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 83
83
2352011 5:24 PM
in 1899 en 1911 die titel verower. Die sage van die Curriebeker het in 1892 begin, ’n jaar na die eerste oorsese rugbyspan deur Suid-Afrika getoer het. W.E. (Bill) Maclagan was die kaptein van die span wat sedertdien amptelik tot die span van die Britse Eilande herdoop is. Dit het hoofsaaklik uit Skotse en Engelse studente, asook ’n paar internasionale spelers bestaan. Twintig wedstryde is op hierdie toer gespeel. Saam met die span het die manjifieke beker gekom, wat soos ’n nagmaalskelk gevorm is. Dit was van suiwer goud en is vir £45 gewaardeer. Dit is deur mnr. (later Sir) Donald Currie geskenk. Hy was ’n skeepsmagnaat en die eienaar van die Castle Packet-maatskappy wat later in 1900 met die maatskappy Union Shipping saamgesmelt het om die reuse en bekende Union-Castle Line te word. Currie het Suid-Afrika in 1889 besoek en hy is deur die land betower. Sy opdrag was dat die beker oorhandig moet word aan die eerste span wat die toerspan klop. Dit het nie gebeur nie, en Griekwas het die beker aan die beheerliggaam, die South African Rugby Football Board (SARFB), geskenk nadat hulle dit ontvang het as die span wat die beste teen die Britte vertoon het. Sir Donald het ook trofeë vir krieket (selfs vóór rugby), sokker, seiljagsport en waterpolo geskenk. Hierdie trofeë is ook Curriebekers deur die betrokke sportsoorte genoem. Dié bekers het egter in onbruik verval na die eerste demokratiese verkiesing in Suid-Afrika. Die voorloper van die Curriebekerkompetisie het in 1884 ontstaan toe ’n tussendorpse kompetisie ingestel is, en in 1889 is die toernooi uitgebrei na ’n interdistriktetoernooi. Na hul oorwinning in die eerste provinsiale toernooi in 1889, wat ook in Kimberley gehou is, het WP in 1892 ook die eerste Curriebekertitel gewen. Vier spanne, naamlik Griekwas, WP, Transvaal en Oostelike Provinsie (OP), het in dié toernooi vir die Raadsbeker gespeel, wat deur die SARFB geskenk is. WP het nie die Raadsbeker regstreeks gewen nie. Hulle was gelykop met Griekwaland-Wes nadat hulle met 5–2 ’n onverwagte nederlaag teen Transvaal gely het. Transvaal is as nie veel beter as ’n raap-en-skraapspan beskou nie. Hul enigste
84
oorwinning het gemaak dat WP op ’n uittelling moes staatmaak, aangesien hulle Griekwaland-Wes in hul wedstryd geklop het. WP was volgens die toernooireëls dus die wenner. In die eerste Curriebekertoernooi in 1892 het vyf spanne deelgeneem, naamlik WP, Transvaal, Grens, Griekwaland-Wes en Natal.
Westelike Provinsie oorheers Die oorwinnings van WP in daardie toernooi van 1892 was die eerste in ’n reeks van 45 onoorwonne wedstryde – ’n rekord wat deesdae met professionele rugby onwaarskynlik verbeter sal word. Die vyf opeenvolgende Curriebekertitels in daardie vroeë jare is steeds ’n rekord, hoewel dit nie in opeenvolgende jare gebeur het nie, omdat die toernooi nie jaarliks plaasgevind het nie. WP het in 1892, 1894, 1895, 1897 en 1898 gewen. Hulle het wéér vyf opeenvolgende Curriebekertitels gewen en sodoende hul eie rekord geëwenaar, maar dié keer het dit elke jaar gebeur en is die kompetisie met ’n eindstryd beslis. Van 1982 tot 1986 was WP elke jaar die kampioen. Vyf van hul tien Curriebekertitels wat met eindstryde beslis is, kom uit hierdie wenreeks, en vyf ander eindstrydtitels en twee gedeelde titels is versprei oor die tydperk tussen 1939 en 2010. Hulle het in die toernooi van 1898 vier wedstryde gespeel en gewen, en 62 punte aangeteken sonder om ’n enkele punt af te staan toe punte nog skaars was. In die eerste vyf toernooie vanaf 1892 tot 1898 is slegs 24 punte teen WP in 22 Curriebekerwedstryde aangeteken. Dit is ironies dat die onoorwonne WP-span as kampioene onttroon is tydens daardie reeks van 45 Curriebekeroorwinnings tussen 1892 en 1911. Dit was omdat hulle in 1899 besluit het om weens die naderende Anglo-Boereoorlog nie aan die toernooi deel te neem nie. Transvaal het ook onttrek en net Griekwas, OP, Rhodesië en Grens het deelgeneem. Griekwas het die eerste van hul drie titels by die 1899-toernooi in Kimberley gewen. Tydens die 1911-toernooi in Kaapstad het hulle dit met ’n tweede titel opgevolg toe hulle WP, wat op daardie tydstip
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 84
2352011 5:24 PM
The first winners of the Currie Cup were Western Province in 1892..
vir 45 wedstryde onoorwonne was, 12–0 klop. Griekwas moes daarna 59 jaar wag om weer Curriebekerkampioene te word ondanks hul reeks van amperse oorwinnings in die vroeë jare. Hulle was darem die eerste nieamptelike houers (maar nie wenners nie) van die Curriebeker. Hul plaatjie is in 1891 die eerste op die trofee aangebring om te bevestig dat hulle die span was wat die beste teen die toerspan van Bill Maclagan gevaar het. Die vroeë oorheersing van WP was vanselfsprekend. Die aankoms van die setlaars, veral na die Britse oorname van die Kaap, het die politieke en kulturele invloed van die Britte in die gebied laat versprei. Voetbal en krieket, om net twee voorbeelde te noem, is na Suid-Afrika toe gebring, en Kaapstad was die setel vanwaar die Britse invloed versprei het. Setlaars en soldate het tussen 1875 en 1890 na Kaapstad toe gestroom, teen ’n ongelooflike tempo van 15 000 per jaar. Die immigrante en soldate het die sportsoorte bekend
gestel deur self te speel en af te rig. Dit is danksy hul inisiatief dat die eerste klubs gestig is, die eerste kompetisies ingestel is, en die eerste beheerliggame gevorm is. Die Western Province Rugby Football Union (WPRFU) is in 1883 gestig. Dit is duidelik dat WP ’n groot hupstoot gekry het met die toevloei van mense, en hulle het voordeel daaruit getrek in die tussenstedelike kompetisies. Die noodwendige gevolg van die groot getalle spelers was die vorming van die eerste klubs, en dit het gesonde wedywering meegebring. Al die faktore het daartoe meegewerk dat topspelers in die Westelike Provinsie ontwikkel is. Elke era lewer sy rugbylegendes op, en die heel eerste Suid-Afrikaanse legende is Barry Heatlie. Hy het tussen 1892 en 1898 in al 28 van daardie onoorwonne Curriebekerwedstryde vir WP gespeel, wat vyf Curriebekertitels ingesluit het. Selfs nadat Heatlie in 1905 na Suid-Amerika is en van die Suid-Afrikaanse toneel verdwyn het, het WP steeds die maatstaf gebly waar-
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 85
85
2352011 5:24 PM
86
Japie Krige, brilliant Maties centre.
Boy Morkel, captain in the 1921 tests against New Zealand.
aan ander spanne gemeet is. Griekwas was hul vernaamste teenstanders. Na die Anglo-Boereoorlog het WP die eerste drie titels in 1904, 1906 en 1908 gewen. In 1911 was Griekwas die Curriebekerkampioene. WP se oorwinning in 1908 was veral indrukwekkend. Bob Loubser, WP- en Suid-Afrikaanse vleuel, het verbysterende spoed gehad en kon ’n beweging uitstekend afrond. Hy is inderdaad vir die Olimpiese span as ’n naelloper oorweeg. Aan sy binnekant was Japie Krige, wat ook vir die Maties, WP en die Springbokke gespeel het. Die nederige Loubser het altyd die krediet vir sy sukses op die veld aan sy boesemvriend Krige gegee. Hulle twee was dan ook lede van die “Thin Red Line”, ’n naam wat die Britse pers in 1906/07 aan die agterlyn van Paul Roos se span gegee het. Dit het verwys na die invloed van die Maties in hul maroentruie in die agterlyn. In die 1908-Curriebekerwedstryd teen Transvaal het Loubser gewys wat in hom steek; Krige het toe al uitgetree. Loubser was die held na die oorwinning van 5–0 oor Transvaal, wat daardie dag met net sewe voorspelers gespeel het in ’n poging om die aanvallende agterlyn van WP te stuit. Sommie Morkel en Dougie Morkel was die twee spelers wat om die beurt die Transvaalse agter-
lyn met die verdediging gehelp het. Transvaal het albei Morkels in hul eie kwartgebied in die agterlyn gebruik en met ’n sesmanskrum gespeel. Transvaal het goeie voorspelers gehad en WP het ’n puik agterlyn gehad. Transvaal se vertroue in hul voorspelers het hulle laat besluit om met sewe, soms ses, voorspelers klaar te kom. Enkele minute voor die eindfluitjie het Bob Loubser die bal uit ’n agterlynbeweging ontvang. Sy vaart het hom tussen die twee Morkels laat deurglip en heelagter Billy Stoll kon hom nie keer nie. Selfs Loubser se voormalige spanmaat, Anton Stegmann, kon nie byhou nie. Loubser het die wendrie gedruk en WP het nog ’n Curriebeker gewen! Die hoogtepunt in 1908 is in 1911 gevolg deur WP se eerste nederlaag in ’n Curriebekerwedstryd én in die kompetisie. Hoewel dit Griekwas se tweede titel was, was dit WP se eerste nederlaag in ’n toernooi – en om die pyn te vererger, was dit op hul tuisveld, Nuweland! Griekwas het met hul goeie voorspelers en uitstekende verdediging ’n onaangename verrassing aan ’n goeie WPspan besorg en hulle deeglik 12–0 geklop. WP het egter nie gaan lê nie en met die volgende toernooi in 1914 het hulle die verdedigende kampioene, Griekwas, oorweldig
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 86
2352011 5:24 PM
Billy Millar – gewond, maar nie oorwonne nie Springbokkaptein, 1910–1913: 6 toetse, 37 wedstryde Internasionale skeidsregter Een van die Westelike Provinsie en Suid-Afrika se grootste spelers en leiers was Billy Millar. Hy is in twee oorloë gewond, maar het vasbeslote daaraan gewerk om sy beserings te oorkom. Hy het ’n provinsiale en nasionale speler geword, en later ook ’n internasionale skeidsregter. Hy het intussen afgerig en was ’n provinsiale keurder. Millar het in 1906 sy toetsdebuut gemaak tydens Suid-Afrika se eerste oorsese toer teen Engeland. Dit was sy enigste toets op die toer. In 1910 het hy in die tweede en derde toetse teen die Britse span van Tommy Smyth gespeel en is aangewys as kaptein van die 1912/13-span wat na Engeland, Ierland en Frankryk getoer het. Hy was kaptein in vyf van sy ses toetse, waarvan hy net een verloor het. Dit was die eerste een waarvan hy die kaptein van die span was, naamlik die tweede toets teen die Britse toerspan van 1910; hy het die eerste toets weens werkverpligtinge misgeloop. Millar het altesaam 37 wedstryde vir die Springbokke gespeel. Wat Millar se sportprestasies buitengewoon en prysenswaardig maak, is dat hy ernstig gewond is gedurende die Anglo-Boereoorlog. Hy was maar net sestien jaar oud. Die dokter se raad was dat hy baie moes stap en bergklim, en hy moes ook boks. Dié raad het
en 16–0 gewen. Hulle het ook 193 punte aangeteken en net ses punte afgestaan in die nege wedstryde wat hulle gespeel het. Transvaal, wat tweede in die toernooi in Durban was, is ook deeglik 10–0 geklop. Tydens hierdie toernooi het WP ’n nuwe benadering tot Suid-Afrikaanse rugby ingebring. Hulle het gebruik gemaak van ’n skrumskakel en ’n losskakel, soos tans gedoen word. Destyds het WP met ’n skrumskakel en twee binneskakels gespeel.
vrugte afgewerp en Millar het vir die Westelike Provinsie geboks en aan die stap-item op die Suid-Afrikaanse Atletiekkampioenskappe deelgeneem. Hy was ook lid van die onoorwinlike WP-rugbyspan van 1904. Teen 1906 was hy verseker van sy plek in Paul Roos se toerspan. Millar, met sy vurige persoonlikheid, was ’n groot sukses as WP-kaptein. Hy was nie die nasionale keurders se keuse as kaptein vir die Springboktoer van 1912/13 nie, maar die SARFB het hul besluit ter syde gestel en Millar as kaptein aangewys. Hy het die span in drie van die vyf toetse teen Ierland, Wallis en Frankryk gelei. Dougie Morkel en Uncle Dobbin het die kapteinskap teen Engeland en Skotland oorgeneem. Die wedstryd teen Engeland op Twickenham is 9–3 deur Suid-Afrika gewen, en daarmee saam het hulle skoonskip gemaak van die vyf toetse in Suid-Afrika se eerste Grand Slam! Hulle sou dit vier keer na mekaar regkry. Twickenham is eers vanaf 1910 vir toetsrugby gebruik, en Engeland se eerste nederlaag op dié beroemde veld was teen Billy Millar se Springbokke. Die Springbokke was net meer as drie maande van die huis af weg en het 27 wedstryde gespeel. Hulle het slegs drie keer verloor: teen Newport, London Counties en Swansea.
Die Eerste Wêreldoorlog onderbreek die Beker Oorlog het weer ’n stilstand in die Curriebekeraktiwiteite gebring. Hierdie keer was dit die Eerste Wêreldoorlog, en geen Curriebekerwedstryde nie en baie min ander provinsiale wedstryde is in die tydperk van 1914 tot 1920 gespeel. Die volgende Curriebekerkompetisie is in 1920 gehou. Die toernooi het in Kimberley plaasgevind en daar was baie amper ’n skokkende verrassing. Dit is ironies dat Transvaal deur
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 87
87
2352011 5:24 PM
Die legendariese oubaas Mark “Ek kon aanvoel dat ek in die teenwoordigheid was van iemand wat my hele lewe sou beïnvloed.” Dit is hoe Danie Craven sy eerste kontak onthou met ’n man wat ’n belangrike invloed op sy lewe as speler, afrigter en administrateur sou hê. Dié man was August Frederick Markötter, wat deur die land meer bekend was as Oubaas Mark – sy skoolnaam, en as Mister Mark vir sy spelers. Die geleentheid was by Craven se eerste rugbyoefening op Coetzenburg toe hy daar as negentienjarige van Lindley in die Oos-Vrystaat aangekom het. Na net drie uur se proewe onder die oë van Markötter het hierdie beroemde Matie-afrigter gesê: “Julle kyk na die Springbokskrumskakel wat oor twee jaar Brittanje toe sal gaan.” En dit is hoe Markötter was, wat waarskynlik die beste afrigter nog in Suid-Afrikaanse rugby was. Hy was nie ’n Curriebekerheld of selfs ’n geëerde Curriebekerafrigter nie, en hy het nooit die Springbokke afgerig nie. Maar wie was hy nou eintlik? Oubaas Mark is die man wat die Universiteit van Stellenbosch binne vyf jaar van ’n baie goeie mededingende span na vier Groot Uitdaagtitels in die vyf jaar van 1903 tot 1907 geneem het. Dit was die vroeë impetus van ’n klub wat deur die jare sonder twyfel die voorste klub in Suid-Afrika geword het, en wêreldbekend is vir hul rugby. Gedurende hierdie jare was hy ook die kaptein van die Westelike Provinsie Platteland. Hulle was die eerste span (toetsspanne uitgesluit) om ’n Britse toerspan te klop, naamlik die span van Mark Morrison se Britse toerspan in Suid-Afrika. Die telling was 13–7 en die wedstryd is op Nuweland gespeel. Markötter was in 1903 die kaptein van Maties, en hy het ook vir die klubs Paarl, Villagers en Wellington gespeel. Dit was egter sy gawe om talent in jong spelers te kon raaksien wat Markötter bo ander afrigters laat uitstyg
een van hul sub-unies, Wes-Transvaal, van hul eerste Curriebekertitel ontsê is. Wes-Transvaal het daardie jaar weggebreek om hul eie unie te stig, en die jong unie het gelykop teen hul “moeder-unie” gespeel. Dit
88
het. Feitlik tot en met sy afsterwe het Oubaas Mark se vermoë om spelers te identifiseer en dan te slyp, baie Maties vir WP opgelewer. WP het dan ook provinsiale rugby, en veral die Curriebeker vanaf sy oorsprong, tot in 1936 oorheers. Dit was onder Markötter dat die Maties in die vernaamste talentfabriek in die land ontwikkel het. Paul Roos se Springboktoerspan in 1906 het elf spelers ingesluit wat Oubaas Mark in Stellenbosch ontwikkel het. Sy afrigtingsmetodes was taai, maar altyd op die basiese vaardighede gebaseer. Sy soms stroewe geaardheid het ’n fyn humorsin verbloem, en hy was ’n gewilde en gerespekteerde man wat hom nie met onsinnighede opgehou het nie. Soos so baie ander invloedryke karakters in die rugbywêreld was hy diktatoriaal. Die volgende staaltjie illustreer dit goed. Tydens die jaarvergadering van Stellenbosch Rugbyklub waartydens lede vir die komitee verkies moes word, het Oubaas Mark as voorsitter die vergadering só toegespreek: “Ek stel Kockie de Kock as sekretaris voor en Herman Steytler as sy assistent. Daar is nie verdere voorstelle nie.” Toe Springboklosvoorspeler André McDonald by dieselfde vergadering as klubkaptein voorgestel word, het Markötter gesê: “André McDonald is as klubkaptein voorgestel. Wie gaan dit waag om iemand anders voor te stel?” Natuurlik is De Kock, Steytler en McDonald toe verkies! Markötter het in 1898 gegradueer en in 1900 ’n prokureursfirma, Kriege en Markötter, begin. Dit was egter toe reeds duidelik dat die man wat eers op sestienjarige ouderdom in 1893 begin rugby speel het, meer tyd op en langs die veld as in sy praktyk sou deurbring. In ’n brief aan ’n vriend skryf hy: “Ek het vas besluit om die res van my lewe aan rugbyvoetbal te wy.” En dit is wat hy tot en met sy dood in 1957 gedoen het.
het beteken Transvaal sou nie die beker met WP deel nie en laasgenoemde was weer bo! Dit was die tweede jaar wat Transvaal net-net die beker misgeloop het, maar dit sou met die volgende kompetisie
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 88
2352011 5:24 PM
The Transvaal team won the first Currie Cup competition that was played on a home-and-away basis in1922.
verander. Die toernooi in 1920 was die laaste een wat op een sentrale plek gehou is. Daar was reeds voor die oorlog aanduidings dat Transvaal ’n nuwe krag in rugby sou word, en hul uitstekende vertonings in 1914 en 1920 was ’n waarskuwing aan die ander spanne. In 1921 het hulle ses Springbokke gehad wat in die eerste Springbokspan na Australasië ingesluit is, en die ondervinding en selfvertroue het die kern vir die 1922-Transvaalspan by die toernooi gevorm.
’n Nuwe formaat Dit was die eerste Curriebekerkompetisie wat op ’n basis van tuis- en wegwedstryde beslis is, maar daar was bepaalde probleme. Die bepalings is gemaak ten einde die reisreëlings vir elke span so maklik moontlik te maak, maar daar was nie gelykheid tussen die spanne met die aantal tuis-wegwedstryde nie. Trouens, in 1927 het Transvaal ses tuiswedstryde gehad en hulle moes
net drie keer weg speel. In 1929 kon die bepalingskomitee nie al Westelike Provinsie se wedstryde inpas nie en WP het toe die vreemdste reëling aanvaar om twee Curriebekerwedstryde op een dag te speel! WP het egter die diepte gehad om dit te kon doen. Hoewel hul “A-span” met 11–9 teen Transvaal in Johannesburg pak gekry het, het die “B-span” darem vir Grens 24–3 op Nuweland geklop. Hierdie dubbelbepaling het bygedra tot die 48 spelers wat WP in een seisoen gebruik het, iets wat in daardie dae ongehoord was. En hulle het boonop die Curriebeker gewen! In 1922 het Griekwas vir Transvaal gehelp deur WP 9–6 in ’n ligawedstryd te klop. Al wat Transvaal daarna moes doen om die gesogte titel te wen, was om gelykop teen WP te speel. Dit het bars gegaan, maar hulle het vasgebyt en toe die eindfluitjie blaas, was die telling 3 elk! Meteens was WP nie meer onoorwinlik nie. Baie mense het gesê dis goed vir rugby. Tog het WP selfs sterker teruggekom en die volgende drie titels in 1925, 1927 en 1929 gewen. In die daaropvolgende twee kompetisies in 1932 en 1934
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 89
89
2352011 5:24 PM
moes hulle die beker met Grens deel, maar het daarmee tog nóg twee titels by die ander gevoeg.
Grens se grootste oomblik Grens se twee gedeelde titels was werklik ’n groot prestasie. Hulle het dit bereik in die jare toe Westelike Provinsie van die heel grotes in hul span gehad het, soos Bennie Osler, Danie Craven, Pierre de Villiers, Boy en Fanie Louw, André McDonald, JC van der Westhuizen, Dai Williams, Maurice Zimmerman en Koffie Hofmeyr. Hulle was almal Springbokke en deel van Suid-Afrika se skitterende internasionale era vanaf 1931/32 tot 1938. Die meeste van hulle was lede van die span wat in 1937 na Nieu-Seeland is. Die gedeelde titel van 1932 het gekom nadat Grens vir WP op ’n sopnat Nuweland 8–3 geklop het. Die voorspelers was baie goed en die span het die basiese dinge reg gedoen. Die bal is eerder gedribbel en hantering is sodoende beperk. Hulle het inderdaad beter gedink en beter gespeel as WP se sterbelaaide span. Teen die einde van die 1932-kompetisie het WP 101 van hul 110 Curriebekerwedstryde gewen – ver voor Transvaal, wat 73 uit ’n moontlike 109 wedstryde, en Griekwas, wat 63 uit 112 gehad het. Grens, wat in 1934 wéér die goue beker met WP moes deel, was maar sewende op die rangorde, met ’n skamele 35 oorwinnings na 100 wedstryde en ’n wenrekord van minder as 40 persent. Grens se tweede gedeelde titel is in Oos-Londen gewen. Wéér was dit ’n groot verrassing, hoewel albei spanne met die afskop nog onoorwonne was. In 1934 het WP 136 punte aangeteken en net 23 punte afgestaan, en Grens het 34 punte aangeteken en 24 afgestaan. As mens na dié statistieke kyk, is dit baie duidelik dat Grens ’n opdraande stryd teen WP sou voer. Hulle het egter hul oorwinning van 11–8 oor WP deeglik verdien. Toe WP ook teen Transvaal verloor, was Grens die gunstelinge om die Curriebeker te wen. Maar toe gaan verloor Grens onverwags 8–6 teen Natal in Durban. Grens en WP het vir die tweede agtereenvolgende reeks die Curriebeker gedeel! In 1936 het WP hul sestiende titel gewen, waarvan die
90
Brothers Fanie and Boy Louw – Bok team mates in 1938: referee and captain in the first Currie Cup final a year later.
vorige twee gedeel was. Hul oorheersing van die kompetisie blyk daaruit dat dit sestien titels is uit die moontlike negentien Curriebekerkompetisies, waarvan hulle in net agtien gespeel het.
Eindstryde verhang die bordjies Maar die wiel draai … en vir Westelike Provinsie het die wiel heel dramaties gedraai. In 1939 is die eerste van die vyftig Curriebekereindstryde tot einde 2010 gespeel en om die een of ander rede het die nuwe formaat WP glad nie gepas nie. Tot dusver het hulle in 22 eindwedstryde uit ’n moontlike vyftig gespeel, waarvan hulle net tien gewen en twee keer gelykop gespeel het. NoordTransvaal/Blou Bulle het vir hul 23 titels in 31 wedstryde gespeel, waarvan hulle negentien gewen en vier gelykop geëindig het. Vrystaat/Vrystaat Cheetahs het in dertien eindstryde gespeel, en twee keer gewen en een titel gedeel; Natal/Sharks het ook in dertien eindwedstryde
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 90
2352011 5:24 PM
gespeel en ses keer met die titel weggestap. Transvaal/ Leeus was by agtien eindstryde betrokke en het sewe oorwinnings en een gedeelde titel gehad. Oos-Transvaal en Boland het elk in een eindstryd gespeel en dit verloor. Griekwaland-Wes het hul enigste eindstryd gewen. WP se eindstryd-nagmerrie het met die heel eerste Curriebekereindstryd begin. Die kompetisie is verkort as gevolg van die Tweede Wêreldoorlog. Die beplande dubbelronde moes plek maak vir ’n enkelronde, en WP het teen Transvaal op Nuweland gespeel. Na hul oorwinning in 1922 het dit Transvaal sewentien jaar geneem om weer die Curriebeker te wen. Op 30 September 1939 het Transvaal ’n bielie van ’n span op Nuweland in die veld gestoot. Springbokstut Fanie Louw was die kaptein van die span wat die bekende name van Otto van Niekerk, Floris Duvenhage, Tony Harris en Jan Lotz ingesluit het. Hulle het 17–6 gewen teen ’n WP-span aangevoer deur Freddie Turner, wat nog die vorige seisoen vir Transvaal gespeel het. Vyf drieë teen een het duidelik gewys wie baas was. Duvenhage het binne die eerste vyf minute ’n drie gedruk, en Van Niekerk het nog twee drieë voor rustyd gaan druk. Fatty Pretorius het die wedstryd so te sê met ’n drie na rustyd beklink. Turner het ’n strafskop vir WP oorgeskop en Piet de Wet het ’n troosdrie aangeteken. GJ Roos het vir Transvaal met ’n strafskop en ’n vervyfskop geslaag. Die skeidsregter was Boy Louw. Hy het die vorige seisoen nog saam met sy broer Fanie (kaptein van Transvaal) in die Springbokskrum teen die 1938-Britse Leeus gesak.
Rugby tydens die Tweede Wêreldoorlog Tot 1945 was daar nie verdere Curriebekerwedstryde nie, net ’n erg ontwrigte provinsiale program. Nietemin is daar tydens die oorlog goeie rugby gespeel deur ’n klompie Springbokke, wat aangevul is deur ander topspelers van Suid-Afrika bo in die noorde se slagvelde. Daar is wedstryde tussen divisies gespeel en ook verskeie “internasionale” wedstryde binne ’n divisie tussen spelers van verskillende lande. Die tellings was nie amptelik deel van
Springbok captain Hennie Muller introduces the Duke of Edinburgh to future Bok captain Stephen Fry before a 1951/52 test.
die wedstryde onder die beheer van die SARFB nie, en dit is ook reg so, maar dié rugby het die soldate – sowel spelers as toeskouers – welkome afleiding gegee terwyl hulle in die noorde geveg het. Die Suid-Afrikaanse soldate het nie net rugby in hul eie eenhede gespeel nie, maar het ook as gekombineerde spanne teen dergelike spanne van ander lande in dieselfde streek gespeel. Met die minder belangrike wedstryde het die soldate dikwels kaal bolyf gespeel en soms ook kaalvoet. In belangrike wedstryde het hulle truie “gemaak” en met weermagstewels gespeel. Daar is later na die spelers as Springbokke verwys en dit blyk dat hulle die titel verdien het. Bekende Springbokke soos Louis Babrow, Jimmy White, Ebbo Bastard en Pat Lyster het vir die Suid-Afrikaanse spanne in hul onderskeie streke gespeel. Proefwedstryde is gereël. Die keurders het tussen eenhede gereis om te verseker dat hulle die beste spanne kry om teen spanne soos die baie sterk Wallis en Nieu-Seeland te speel. By Helwan in Egipte is ’n viernasiereeks gehou. Engeland het te staan gekom teen ’n Suid-Afrikaanse span wat met sorg gekies is om teenstand vir die bestes te bied. Die Suid-Afrikaanse kaptein was die voormalige losskakel van Transvaal, Charlie Newham, en die
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 91
91
2352011 5:24 PM
Die formaat van die Curriebeker – ’n voortdurende verrassing Sedert 1939, toe die Curriebeker die eerste keer met die speel van ’n eindstryd beslis is, was daar net drie kompetisies wat volgens die ou ligastelsel gespeel is, en die span met die meeste ligapunte was die wenners. Dit het eers sedert 1968 ’n jaarlikse instelling geword om ’n eindstryd te speel wat die wenner van die kompetisie sou bepaal. Tot onlangs toe het die unies nie voor die tyd geweet watter stelsels vir die kompetisie gebruik sou word om die finaliste te bepaal nie. Niks was van jaar tot jaar seker nie, want die besluite oor wat die volgende jaar sou gebeur is deur die unies se eie belang beïnvloed. In 2004 het daar stabiliteit gekom toe besluit is dat die voorste agt spanne in die Premier Liga op ’n krag-teenkragbasis sou meeding. Daar sou dan ’n Eerste Liga vir die ses ander spanne wees. Sedertdien word dubbelrondewedstryde gespeel, met uitspeelwedstryde wat die wenner bepaal. Die aanvanklike formaat van ’n gesentraliseerde toernooiliga het in 1922 verdwyn. In die beginjare was die gesentraliseerde kompetisie die praktiese uitweg, aangesien ’n gebrek aan geld en vervoerprobleme die deelnemende spanne aan bande gelê het. Die Curriebekerkampioen is destyds aangewys na ’n rondomtalieformaat wat oor ’n tydperk van ’n week tot tien dae gespeel is. Slegs vyf spanne het in 1892 in die eerste toernooi gespeel. WP was die wenners en Griekwas was in die tweede plek. Weens die naderende Anglo-Boereoorlog het net vier spanne in 1899 deelgeneem. Die plek waar die toernooi plaasgevind het, het voor 1920 geroteer. In die beginjare is die toernooi ook nie elke jaar gespeel nie. Internasionale toere het voorkeur geniet en die kompetisie is deur die oorloë onderbreek. Boonop was daar ’n onderbreking van vyf jaar tussen 1959 en 1964 as gevolg van struwelinge oor die stelsel en ’n besondere vol internasionale program. Die aanvanklike liga- en toernooistruktuur is tot 1920 met ’n wisselende aantal spanne gebruik. In 1904 was daar
sameroeper van die keurkomitee was die voormalige Springbok, Attie van Heerden. Daar was 18 000 toeskouers in Desember 1944 toe die “Springbokke” die Britse Artillerie Skool 14–0 in ’n “vriendskaplike” wedstryd by
92
sewe deelnemende spanne, wat Grens ingesluit het. In die volgende toernooi in 1906 het Rhodesië ook deelgeneem, en in 1908 het Noordoos aangesluit. In 1911 was die Suidwestelikes (vandag se SWD) ook daar, wat die aantal deelnemende spanne tot tien laat styg het. Die 1920-toernooi was ’n logistieke nagmerrie! Dit is gelyktydig op twee plekke, naamlik Bloemfontein en Kimberley, gespeel en dit was uiteraard problematies om die wenner aan te wys! Daarna is die gesentraliseerde toernooie in 1922 vervang met ’n ligastelsel wat op ’n tuis-wegbasis gespeel is. WP, wat tien van die eerste dertien kompetisies gewen het, het weer eens oorheers deur vier van die volgende ses toernooie regstreeks in 1925, 1927, 1929 en 1936 te wen. Hulle het in 1932 en 1934 die goue beker in die ander twee kompetisies met Grens gedeel. In 1936 is die ligaformaat vir die laaste keer gebruik, behalwe by nog drie geleenthede in 1957–1959 (vir een kompetisie!), 1964 en 1966. Teen 1939 het twaalf spanne om die Curriebeker meegeding en hulle is in ’n noordelike en suidelike gebied verdeel. Die wenners van die afdelings sou dan teen mekaar in die eerste Curriebekereindstryd speel. Dit was ongelukkig net na ’n enkelronde, want die dubbelronde moes weens die naderende Tweede Wêrldoorlog geskrap word. Dit was ’n herdenking van die vyftigste jaar van provinsiale rugby, wat in 1889 met die Raadsbeker begin het. Transvaal het WP in 1939 met 17–6 op Nuweland geklop. Dit was die eerste Curriebekereindstryd in die nuwe formaat wat vir WP vorentoe nog lang trane sou laat huil. Die struktuur van die Curriebekerkompetisie is weer in 1954 verander. Vyftien spanne is in drie afdelings verdeel en halfeindrondes is die eerste keer gespeel. Noord-Transvaal en die Vrystaat het in so ’n halfeindstryd teen mekaar te staan gekom. Noord-Transvaal het gewen en toe in die eindstryd teen WP verloor. Die wedstryd is op Nuweland gespeel en die telling was 11–8 in WP se guns.
El Alamein klop. Dit was die perfekte voorbereiding vir die viernasiereeks, wat met ’n wedstryd teen Engeland weggespring het. Suid-Afrika het 21–8 gewen. Twee jaar voor hierdie wedstryde, op 21 Oktober 1942, is
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 92
2352011 5:24 PM
Noord-Transvaal het in 1956 die Curriebeker gewen deur Natal 9–8 op Kingsmead se krieketveld te klop. Natal moes die lang pad deur ’n halfeindronde loop om by die laaste wedstryd uit te kom. Noord-Transvaal is egter direk deur na die eindstryd sonder om ’n halfeindstryd te moes speel. Die volgende Curriebeker is weer op ’n ligabasis beslis – en wel oor twee seisoene heen, maar altesaam ’n tydperk van drie jaar! Die kompetisie het in 1957 begin; in 1958 is geen wedstryde gespeel nie omdat die Franse toerspan hier was; en die liga is in 1959 voltooi. WP het een ligapunt meer as NoordTransvaal gehad en het die beker dus teruggewen. Daar was geen eindstryd nie. Ontevredenheid oor hierdie stelsel en ’n vol internasionale program het veroorsaak dat die Curriebekerkompetisie die volgende vyf jaar, tot 1964, nie plaasgevind het nie. In 1964, en weer in 1966, is elke span wat by die SARVR geaffilieer was, ’n kans gegun om die Curriebeker te wen. Dit het so gewerk: die kompetisie is in vyf afdelings van drie spanne elk verdeel. Die vyf afdelingswenners het dan ’n verdere liga sonder ’n eindstryd gespeel. WP het boaan die punteleer geëindig en was dus die Curriebekerkampioene vir 1964. Dieselfde stelsel is in 1966 gebruik. Die Franse het in 1967 kom toer, en dus was daar nie ’n kompetisie in daardie jaar nie. In 1968 is daar teruggekeer na die speel van ’n eindwedstryd, en van toe af is daar elke jaar in ’n finaal om die Curriebeker gespeel. In 1968 is die getal spanne na sestien opgeskuif en hulle is in twee afdelings verdeel. Noord-Transvaal het hul derde titel gewen nadat hulle Transvaal in die eindstryd geklop het. Dit het vier keer gebeur dat spanne in die eindstryd gelykop speel en dan die beker deel. In 1971 het Transvaal en Noord-Transvaal met 14 elk op Ellispark gelykop gespeel. Toe het Noord-Transvaal en WP dit in 1979 met 15 elk, en weer in 1989 met 16 elk gedoen, albei kere op Nuweland. In 2006 het Vrystaat en die Blou Bulle in Bloemfontein met 28 elk gelykop gespeel. Na hierdie wedstryd is daar besluit om in die toekoms nie weer die beker te deel nie, en dat ’n wenner vasgestel moes word as die twee spanne na ekstra tyd nog gelykop is. Sedert 1968 is daar op verskeie maniere te werk gegaan
die Suid-Afrikaanse span deur die Geallieerde Agste Leër beveel om ’n “wedstryd” agter die spoorwegstasie by El Alamein te speel. Dit was twee dae voor die Slag van El Alamein, en die doel was om die Duitsers te bluf dat niks belangrik binne-
om die wenner van die kompetisie te bepaal. In die 1970’s het die topvyftien- en later topsestien-spanne om die Curriebeker meegeding, terwyl die Paul Roos-kompetisie vir die ander unies ingestel is, asook vir die Natal Plattelandse Distrikte en die Transvaal Sub-unies. Al die Curriebekerspanne is in afdelings verdeel en soms is selfs een groot liga gebruik. In die vroeë 1980’s is ’n plan bedink om die B-afdeling se belangstelling in die kompetisie enduit te probeer volhou. Die twee topspanne in die B-afdeling het dus in die halfeindrondes teen die twee topspanne in die A-afdeling gespeel. Só het dit gebeur dat Natal in 1984 vanuit die B-afdeling in die eindstryd teen WP gespeel het nadat hy Vrystaat, die A-afdeling se tweede beste span, in so ’n halfeindstryd geklop het! Later in die 1980’s is daar besluit om die voorloper in die uitsoekliga sonder ’n uitspeelwedstryd tot die eindstryd toe te laat, terwyl die tweede en derde spanne op die punteleer mekaar in ’n “halfeindronde” die stryd moes aansê om te bepaal wie die ander span in die eindstryd sou wees. Al veertien spanne het in 1999 ’n rondomtalie oor ’n enkelronde gespeel. Die Leeus en die Sharks, wat gelykop was met 52 ligapunte elk, het in die eindstryd gespeel. Teen 2001 is die veertien spanne in twee afdelings verdeel, met die boonste vier in elke afdeling wat dan in ’n agtspanCurriebekerkompetisie speel. Die onderste drie spanne het in die Bankfin Beker-kompetisie gespeel, en beide kompetisies het halfeindrondes gehad. Dieselfde formaat is in 2002 gebruik. Dit het al die spanne kans gegee om die Curriebeker te wen, maar daar was te veel maklike of ongelyke wedstryde, wat ’n klug van die kompetisie gemaak het. Sedert 2003 het die voorste agt spanne in die Premier Liga dit uitbaklei en die ander ses spanne het dieselfde in die Eerste Liga gedoen. Daar was nie ’n halfeindronde in 2003 nie, maar dit is in 2004 hervat. Twee promosie- of relegasiewedstryde aan die einde van die seisoen het die topspanne van die Eerste Liga die geleentheid gegee om die volgende jaar na die boonste afdeling bevorder te word.
kort sou gebeur nie. Twee dae later het vier van die spelers wat aan die skynwedstryd deelgeneem het, gesneuwel en elf ander is gewond tydens hierdie veldslag wat finaal die houvas van Rommel se Afrikakorps gebreek het.
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 93
93
2352011 5:24 PM
’n Leier en kaptein met vele talente Jan Pickard – WP-president en -kaptein Springbokvoorspeler, 1951/52–1956 ’n Onderpresteerder, sal sommige mense van Jan Pickard sê. Hy was WP se kaptein in die 1950’s. Deels is dit moontlik waar, maar daar steek veel meer in die man as wat so ’n ondeurdagte mening te kenne gee. Hy was ’n skitterende slot, ook ’n agsteman in toetse en ’n speler van wie sy teenstanders altyd bewus was. Hy was ’n taai en genadelose opponent, een van rugby se “hardemanne”. Dr. Danie Craven het Pickard beskryf as ’n “great footballer”. Dit is die hoogste eer wat Dok Craven aan ’n speler kon gee. “Hy het uitstekende wedstryde gespeel, maar hy het waarskynlik nie die hoogtes wat hy moes, bereik nie. Hy het soveel potensiaal gehad,” het Craven geskryf. “Wat ek sonder enige huiwering kan sê, is dat hy ’n puik kaptein was. Sy spanne het nie net goed gevaar nie, maar Pickard het ook altyd deur sy voorbeeld gelei.” Pickard was by menige voorvalle op en van die veld af betrokke. Een van sy gunstelingstreke was om tydens ’n wedstryd op een van sy teenstanders wat goed speel, te begin pik en die skeidsregter teen die speler te beïnvloed. Met ’n wedstryd tussen WP en Natal was die Junior Springbokslot, Lappies Labuschagne, ’n erge doring in WP se vlees. Toe daar ’n onderonsie uitbreek, het Pickard sy skrumskakel, Aubrey Luck, beveel om grond toe te val. Toe hy dit doen, skree Pickard vir die skeidsregter: “Ref, kyk wat het Labuschagne aan ons skrumskakel gedoen!” Daarna het die skeidsregter Labuschagne fyn dopgehou en hy kon nie met sy gewone aggressie speel nie! In 1956 was Salty du Rand reeds gekies as die kaptein van die Springbokspan vir die toer na Australië en NieuSeeland toe hy met sy voormalige Matie- en WP-spanmaat, Pickard, in ’n voorval betrokke was. Dit het Du Rand die kapteinskap gekos, maar albei het saam getoer. Pickard het slegs in vier toetse en drie reekse gespeel. Hy was nie altyd so fiks as wat hy moes wees nie. Sy beeld as die hardeman – waardeur hy in vandag se rugby meer áf van die veld as daarop sou wees! – en sy voorliefde om in die agterlyn te staan, was “swakhede” wat by die keurders teen hom getel het.
94
Pickard was op 29 reeds ’n gevestigde sakeman, selfs voor hy in 1956 op die toer na Australasië gegaan het. In sy eerste jare as ’n sakeman het hy begin om sy eie besigheid te ontwikkel tot hy uiteindelik dertien genoteerde maatskappye op die Johannesburgse Aandelebeurs gehad het. Pickard se drankwinkels was die basis van sy sakeryk, en Sportman’s Warehouse, Comair, Rennies en KIC is ander sakebelange waar sy invloed geld. Hy het vanaf 1981 as president van die Westelike Provinsie Rugbyunie die gemiddelde vertonings sedert 1936 dramaties laat verbeter, en het sy komitee en die provinsiale span na ’n rekord van vyf opeenvolgende Curriebekertitels gelei. Dié prestasie is in die jare 1982–1986 bereik. Toe hy rugbypresident geword het, het WP sedert 1936 nog net twee uit ’n moontlike ses eindstryde gewen. Pickard het WP die eerste keer in 1953 in ’n wedstryd teen Boland op die veld gelei. Hy het die kapteinskap oorgeneem en in 1954 die Curriebekertitel gewen, en weer in daardie lang seisoen van 1957 tot 1959. Dit was ’n besonderse oorwinning, want geen ander span kon nog die titel wen in kompetisies wat volgens die tuiswegligaformaat én ’n eindstryd gespeel word nie. Hy is ook die enigste speler wat as kaptein en later as president van ’n unie ’n Curriebeker omhoog kon hou.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 94
2352011 5:24 PM
Suid-Afrikaanse spanne het, waar moontlik, met groen truie gespeel. Die kleur het hulle onder meer gekry van die Russiese soldate se seile wat in kookwater geweek is. Die goue krae is in een geval verkry van die grond langs ’n krygsgevangenis! Aan die einde van die oorlog, maar voor hulle gedemobiliseer is, het die lede van die Suid-Afrikaanse Sesde Divisie se rugbyspan op ’n toer van vier maande gegaan. Hulle het wedstryde in Italië, Duitsland, Engeland en Frankryk gespeel. Die span het die toekomstige Springbokkaptein Stephen Fry (teen die 1955-Britse Leeus) ingesluit, asook Cecil Moss wat in 1949 vir die Springbokke gespeel en hulle later ook afgerig het. Die toerspan is deur Springbokstut en -onderkaptein Boy Louw afgerig. Basil Kenyon, kaptein van die Springbokspan wat in 1951/52 die Grand Slam gewen het, was die kaptein van die Sesde Divisie-span wat tydens die oorlog die kampioenspan in die Midde-Ooste was. (Hoewel Kenyon kaptein van die 1951/52-span na die Britse Eilande, Ierland en Frankryk was, het hy weens ’n oogbesering nie in een van die toetse gespeel nie. Hennie Muller het vir al vyf toetse oorgeneem en het in 1953 sy kapteinskap teen die Wallabies voortgesit.)
Noord-Transvaal se eerste titel Met die soldate weer terug in die land het klub- en provinsiale rugby stadig maar seker na normaal begin terugkeer. In 1946 is die Curriebekerkompetisie hervat. WP en Noord-Transvaal – die twee spanne wat oor die volgende 64 jaar 35 van die vyftig eindstrydtitels tussen hulle sou wen of deel – het deurgedring na die eerste naoorlogse eindstryd om die Curriebeker. Die wedstryd is op Loftus gespeel en was die eerste van sewentien eindstryde tot en met 2010 op dié veld. Noord-Transvaal en later die Blou Bulle het veertien van die wedstryde op Loftus gewen en net drie verloor. Ses van die wedstryde was teen WP, waarvan Noord-Transvaal net een verloor het. Dit was in 1983, die tweede van WP se vyf agtereenvolgende oorwinnings van 1982 tot 1986.
1946: Noord-Transvaal steek hul kleim af Die Noord-Transvaalse losskakel, Hansie Brewis, het sy span in die wedstryd gehou met twee skepskoppe, een met elke voet! ’n Skepskop was toe nog vier punte werd, maar WP was met minder as ’n minuut se speeltyd oor 9–8 voor. Noord-Transvaal wen toe ’n lynstaan diep binne hul eie halfgebied. Brewis skop skuins oor die veld en die vleuel Johnny Lourens sit die bal agterna. Die bal het gerol en gerol en gerol. Lourens het dit sowat 75 meter gejaag met WP-spelers kort op sy hakke. Met die bal naby aan die doellyn wou die jong WPheelagter Con de Kock die bal oor die kantlyn tik, wat maar ’n voet of so weg was. Dit was egter winter op die Hoëveld en die gras was droog en die grond hard … Hy het gegly en die tikskoppie kantlyn toe was mis. Lourens
Hannes Brewis – outstanding kicker and elusive runner.
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 95
95
2352011 5:24 PM
het opgetel en Noord-Transvaal het met ’n wentelling van 11–9 hul eerste Curriebekertitel gehad. WP verloor dus hul tweede eindstryd na mekaar – al het daar sewe jaar tussen die twee wedstryde verloop. Dit was die eerste van baie spannende wedstryde in toekomstige eindstryde. Die Kapenaars was baie krities teenoor die wyse waarop die Ligbloues die wedstryd gespeel het – die bal het dan nie ’n enkele keer by die vleuels uitgekom nie!
1947: Derde keer skeepsreg WP het in 1947 die derde keer na die Curriebekereindstryd deurgedring, dié keer teen Transvaal wat hulle agt jaar tevore in die eindstryd voor die oorlog geklop het. Dit was nou WP se beurt, en die Streeptruie klop die Rooibontes 16–12 voor ’n Nuwelandse skare. Die tuisspan se agterlyn was besonder goed en hulle kon ook Transvaal se sterk pak voorspelers in toom hou. Na rustyd, met die telling 9 elk, het die senter Dirkie de Villiers ’n onverwagse skepskop deur die pale gestuur om WP te laat voorloop en op pad na ’n oorwinning te plaas. Dit was ’n deurmekaar seisoen vir WP, wat onverwags teen Rhodesië verloor het en 6–5 teen die OP deurgeskraap het om die eindstryd te haal. Noord-Transvaal, wat die vorige jaar se wenners was, kon op die ou einde nie die mas opkom toe dit regtig saak maak nie. Dit het gelyk asof hulle op pad na die eindstryd was, maar toe klop Transvaal hulle in die ligawedstryd en eindig boaan die afdeling – en die Rooibontes is Nuweland toe vir die finale wedstryd van die Curriebekerseisoen. Daar sou ’n bittere negentien jaar verloop voor Noord-Transvaal weer die Curriebeker omhoog kon hou - hul langste tydperk sonder die titel.
1950: Die Transvalers is plesierig Vir die volgende twee dekades is daar nie ’n Curriebekerkompetisie gehou as ’n internasionale toerspan na Suid-Afrika gekom het nie, soos in 1949 toe die All Blacks hier kom toer het. In 1950 was WP weer in die eindstryd, met Transvaal as hul teenstanders. Dit was
96
die eerste keer dat WP in vier eindstryde na mekaar sou speel; hulle het dit in 1982–1986 verbeter toe hulle in vyf eindstryde gespeel het. In 1950 was Hennie Muller die kaptein van Transvaal. Hy het Jan Lotz opgevolg nadat dié legendariese haker die vorige jaar uitgetree het. In 1949 het Lotz die Transvaalspan teen die All Blacks aangevoer – die ou Grote was toe reeds 39 jaar oud! Die Wes-Randse haker was jare daarna nog betrokke as ’n afrigter by sy ou klub en hy het ’n belangrike rol as administrateur, afrigter en keurder in Transvaal gespeel. Transvaal het in 1950, soos in 1947, vir Noord-Transvaal op pad na die eindstryd uitgeskakel met ’n deeglike oorwinning van 17–9. Hulle sou op hul tuisveld teen WP speel. Dit was weer ’n stryd tussen Transvaal se voorspelers en WP se agterspelers. Die steunende, beurende en malende manne van Transvaal het die stryd gewen, en die Streeptruie het uit vier eindstryd-probeerslae net een keer die gesogte goue beker gewen. WP het groot name in sy agterlyn gehad, soos die swierige Dennis Fry op losskakel en as skakelmaat nog ’n Springbok, Ballie Wahl, asook Chum Ochse en Roy Dryburgh. Dié keer sou Transvaal nie weer die beker deur hul vingers laat glip nie en hulle wen 22–11. Die Transvaalspan het baie groot name gehad. Selfs hul agterlyn was nie naastenby so “middelmatig” as wat die Kaapse pers hulle wou afmaak nie! Die Rooibontes se krag het egter by die voorspelers gelê, met spelers soos Okey Geffin, Barry Schmidt, Franz van der Ryst, Basie van Wyk, Gert Dannhauser, Gert Kruger, Piet Malan en Hennie Muller. Agt van Transvaal se spelers wat in die eindstryd gespeel het, was ingesluit in die Springboktoerspan wat ’n bietjie meer as ’n jaar later na die Verenigde Koninkryk (VK), Ierland en Frankryk getoer het. WP het eerste voorgeloop na ’n drie deur Jan Visser, wat deur Richard Boyes vervyf is. Johnny Buchler het met ’n 45 m-skepskop teruggeslaan. Ochse se onvervyfde (eerste) drie het die voorsprong van 8–3 aan WP terugbesorg. Twee strafskoppe deur Geffin het Transvaal met rustyd 9–8 laat voorloop. Kaptein Muller het nog ’n drie
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 96
2352011 5:24 PM
Chris Koch, Boland’s Springbok prop.
Natie Rens broke the Boland hearts.
vir Transvaal gedruk, wat die telling op 12–8 gelaat het, maar na Ochse se tweede drie was dit 12–11. Daarna het die toekomstige Springboksenter Des Sinclair met sy eie vervyfde drie en dié van Fancy van Staden wat hy aangevoor het die oorwinning met 22–11 beklink.
op die veld gestuur het. Daar was vyf Springbokke, of spelers wat Springbokke sou word, naamlik Buks Marais op senter, Steve Hoffman op vleuel, Bertus van der Merwe as haker, en die Koch-broers, Chris en Bubbles. Chris se broer Willem was ook in die uitmuntende pak voorspelers wat deur Jan Burger gelei is. Willem Koch het vir die Junior Springbokke gespeel. Die Transvaalspan het ook vier toekomstige Springbokke ingesluit, naamlik Natie Rens, Hansie Oelofse, Franz van der Ryst, Basie van Wyk en die Junior Springbok, Pa Pelser. Laasgenoemde het later as kaptein en afrigter een van Transvaal se legendes geword ten spyte daarvan dat hy nooit ’n Springbok was nie. Boland kón daardie dag gewen het … Hulle het met twee maklike strafskoppe en ’n vervyfskop misluk. Daar was ook ’n drie wat nie toegelaat is nie. Transvaal was met die aanbreek van rustyd 8–6 voor na ’n drie deur Pa Pelser, en ’n strafskop en vervyfskop deur Natie Rens. Boland se Buks Marais het twee skepdoele oorgeskop. Steve
1952: Rens breek Boland se harte In 1951 was daar nie ’n Curriebekerkompetisie nie. In 1952 loop WP egter hul eerste Curriebekereindstryd mis toe Transvaal met ’n nuwe kaptein, Basie van Wyk, en ’n nuwe span Wellington toe gaan om hul titel teen Boland te verdedig. Tydens die ligawedstryde het WP met 20–3 vir Boland ’n deeglike loesing gegee, maar hulle het ook op verrassende wyse gelykop gespeel teen Grens en OP, met 6 elk in albei wedstryde. Boland en WP moes toe uitspeel om die eindstryd te haal. Dit was eintlik maar soos ’n halfeindronde, en die Wynboere het met 5–0 geklop. Dit was waarskynlik die sterkste span wat Boland nog
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 97
97
2352011 5:24 PM
Hoffman het ’n skitterende drie gedruk en Boland het tot kort voor die eindfluitjie voorgeloop. Toe slaag Rens met ’n baie goeie skepskop en die Wynboere verloor 9–8. Transvaal het hul titel behou al moes hulle met ’n jong, onervare span teen Boland speel. Die Rooibontes moes egter negentien jaar wag vir hul volgende titel, wat hulle in 1971 met Noord-Transvaal moes deel. Hulle het die jaar daarna weer die Curriebeker gewen. Nog twintig jaar het verbygaan voor hulle weer ’n titel kon verower, en toe is dit weer twee na mekaar. Transvaal het tot op datum nege titels gewen, en ses van hulle was in pare! Weens die Wallabies se besoek aan Suid-Afrika in 1953 is daar in dié jaar geen Curriebekerkompetisie gehou nie. Die volgende Curriebekereindstryd is in 1956 gespeel, wat gevolg sou word deur seker die eienaardigste Curriebekertoernooi nog wat op die eindstryd in die Kingsmead-stadion sou volg. Voor daardie twee kompetisies was daar ook nog die 1954-titel wat besleg moes word.
1954: Die ligastelsel keer terug en WP floreer In 1954 het die Springbokslot, Jan (Bull) Pickard, by WP die leisels as kaptein oorgeneem. Jan Bull, soos hy alom bekend was, was taai, onverskrokke en vol streke, soos menige skeidsregter kon getuig. Hy was miskien so effens lui, maar volgens dr. Danie Craven wat hom op Stellenbosch help slyp het, was Pickard ’n skitterende kaptein wat by uitstek met sy voorbeeld gelei het. In die pensketse van spelers wat voor die Springboktoer van 1956 verskyn het, word hy beskryf as ’n “bullocking player of amazing strength”. Hy het WP na hul volgende Curriebekertitel gelei, wat hulle eerste sedert 1947 was. Dié keer, in die finaal in 1954, het WP op nuweland die bordjies verhang. Noord-Transvaal, wat WP in 1946 met 11–9 op Loftus Versfeld geklop het, is met ’n telling van 11–8 sonder die Curriebeker huis toe gestuur. Pickard het die oorwinning goed beplan. Hy het die vinnige flank Dawie Ackermann en agsteman Ivor Dorrington opdrag gegee om Hansie Brewis van sy agter-
98
lyn af te sny. WP het van die vaste fasette gedryf om die druk van die Ligbloues se losvoorspelers op hul agterlyn te verlig. Toe hulle teen rustyd teen die wind reeds 8–0 voor was, het dit gelyk of die uitslag veilig is. Die telling het na 11–0 gevorder voor Francois (Lucky) Roux vir Noord-Transvaal ’n drie gedruk het en Brewis oudergewoonte ’n skepdoel aangeteken het. ’n Tweede drie deur Roux is nie deur skeidsregter Ralph Burmeister toegeken nie, maar die beste span het die titel gewen. Die nederlaag het Noord-Transvaal in 1946 met net ’n enkele titel uit ses Curriebekereindstryde gelaat, en hulle het in net twee van die eindstryde gespeel. WP, met twee titels uit vyf eindstryde, was voor in die wedloop teen die span wat hul grootste teenstanders sou word.
1956: Die laaste eindstryd in twaalf jaar Die Ligbloues het Natal in 1956 in Durban geklop. Hulle het gespeel sonder hul Springbokke, wat vroeër op toer na Australasië was. Al die ligawedstryde moes deur al die spanne gespeel word sonder hul internasionale spelers wat op toer was. ’n Drie in die doodsnikke van die wedstryd het die titel vir Noord-Transvaal beklink. (Hoe dikwels het Noord-Transvaal en die Blou Bulle dit nie al gedoen nie!) Die wendrie is deur Schalk van Dyk aangeteken en hulle het met ’n telling van 9–8 deurgeskraap. Dit kon so maklik op daardie trietsige, reënerige dag op Kingsmead anders verloop het. Noord-Transvaal het gekies om sonder sy Springbokke te speel, maar Natal het besluit om Roy Dryburgh te kies. Ondanks ’n puik vertoning in die halfeindronde teen WP – sy ou span – en in die eindwedstryd, het hierdie ervare toetsspeler ’n maklike skop diep in die tweede helfte verbrou, wat aan Natal die oorwinning kon besorg het. Natal moes 28 lange jare wag voor hy weer ’n kans gekry het om in ’n Curriebekereindstryd te speel! Dit was in 1984 teen WP, na ’n eienaardige halfeindronde in Durban wat vir die Natallers baie pret besorg het. Die Curriebeker was belangrik genoeg dat die SARFB
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 98
2352011 5:24 PM
groot invloed op die eindresultaat gehad. WP was nietemin in albei seisoene in hul eie klas en het die titel deur en deur verdien. Hulle kon die goue beker langs die SA Raadstrofee uitstal. Om die Curriebekertitel te wen, moes hulle in hul laaste bepaling vir Transvaal op Nuweland klop, of ten minste gelykop speel. Hulle het hierin met ’n gelykoptelling van 11 elk geslaag. WP het drie drieë teenoor die twee van Transvaal gedruk.
Roy Dryburgh – the only 11956 Springbok in the final.
nie sou toelaat dat internasionale toere afbreuk aan dié kompetisie doen nie en daarom was daar in 1955 geen Curriebekerkompetisie toe die Britse Leeus hier kom toer het nie. Die toernooi in 1956, net die jaar daarna, was ’n afwyking van die normale patroon.
1957–1959: ’n Baie lang liga In 1957 is die eerste deel van die kompetisie wat oor twee seisoene sou plaasvind, gespeel. Dit op sigself was buitengewoon, maar dat die tweede deel eers in 1959 gespeel sou word, was vreemd, om die minste te sê. In 1958 het ’n Franse toerspan die eerste keer na Suid-Afrika gekom en die Curriebekertoernooi moes vir eers oorstaan. Spanne wat in die eerste ronde swakkerig was, het in 1959 baie verbeter vertoon, en ook andersom. Dit het ’n
1959–1964: Die Curriebeker vergader stof Na die uitgerekte affêre van tussen 1957 en 1959 het die langste onderbreking in die Curriebekergeskiedenis gevolg, behalwe tydens die twee wêreldoorloë. Daar was ongelukkigheid oor die vorige toernooi, maar ’n baie vol internasionale program het veroorsaak dat die Curriebekertoernooi eers vir vyf jaar – tot 1964 – moes wag. In hierdie tyd was daar ’n Junior Springboktoer na Argentinië in 1959, ’n Skotse toerspan op eie bodem in 1960, en die heel grote – die reeks teen die All Blacks in 1960; gevolg deur die Grand Slam-toer in 1960/61, die toer van die Britse Leeus in 1962, en dié van die Wallabies na Suid-Afrika in 1963. Wallis was ook in 1964 hier vir ’n enkele toets wat in Durban gespeel is.
1964–1967: Die laaste sien van die ligastelsel Die ligastelsel is weer in 1964 gebruik om ’n Curriebekerwenner aan te wys. ’n Werklik belaglike formaat is egter in dié jaar se kompetisie toegepas. In ’n poging om elke geaffilieerde unie van die Suid-Afrikaanse Rugbyraad ’n kans te gee om die Curriebeker te wen, is die kompetisie in vyf afdelings met drie spanne elk verdeel. Die vyf afdelingswenners is dus na net twee wedstryde elk bepaal en het daarna in ’n eie uitsoekliga gespeel. WP het weer boaan die punteleer geëindig en is as die Curriebekerkampioene gekroon. Dieselfde formaat is in 1966 gebruik, met dieselfde span wat die titel verower het. In 1967 het ’n Franse toerspan na Suid-Afrika gekom en is daar nie om die Curriebeker meegeding nie.
’n Kompetisie in twee fases
150 Jaar Book.indd 99
99
2352011 5:24 PM
100
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 100
2352011 5:24 PM
6
Stryd om die goue beker ’n Nuwe Curriebekerreus verskyn op die toneel
Coach John Plumtree celbrates the Sharks’ 30–10 Currie Cup final win over Western Province in 2010.
Presies twintig jaar na hul eerste Curriebekeroorwinning het die Sharks in 2010 die prestasie herhaal. Hierdie keer was dit in Durban, en dit was hul sesde titel. In 1990 was hul oorwinning oor Noord-Transvaal op Loftus welverdiend en tog was Natal, soos hulle toe genoem is, nie gedurende die seisoen die beste span nie. Met die besluit dat die Curriebekerwenner vanaf 1968 met die speel van ’n eindstyd bepaal sou word, het verrassende resultate deel van die kompetisie geword. Dit was dan ook die geval in 1990 toe Natal die ietwat arrogante Noord-Transvaal op “Fort Loftus”, soos dit toe al bekend was, in die eindstryd klop. Die Sharks se oorwinning in 2010 oor WP het gevolg op ’n verstommende reeks vertonings in die ligadeel van die kompetisie, wat uit ’n dubbelronde van die agt topspanne in Suid-Afrika bestaan het. Dit was ’n briljante vertoning deur die Sharks. Soos in 1990, was dit teen die verwagting van die rugbypubliek in. Die wedstryd was eintlik ’n eensydige affêre en die eindtelling van 30–10 was die vierde grootste punteverskil in die geskiedenis van vyftig eindstryde. Die twintigjarige losskakel, Patrick Lambie, was die ster van die dag. Hy het 25 punte aangeteken – die tweede meeste in ’n eindstryd na Derick Hougaard se 26 punte teen die Leeus op Ellispark in 2002. Hy het nie net geskop nie, maar ook twee drieë gedruk. Na ’n baie goeie seisoen het Lambie sy Springbokkleure vir die 2010-jaareindtoer verwerf waartydens hy in al vier toetse, asook die wedstryd teen die Barbarians, gespeel het. Hy is die eerste voormalige leerder van Michaelhouse aan wie Springbokkleure vir rugby toegeken is. Die Sharks se goeie vertonings in die seisoen het gesorg dat ses van hul jong spelers Springbokke geword het, naamlik Lambie, Lwazi Mvovo, Charl McLeod, Willem Alberts, Andries Strauss en Keegan Daniel. Saam met Odwa Ndungane, Adi Jacobs, Alistair Hargreaves, Tendai “Beast” Mtawarira, Ryan Kankowski en die Du Plessis-broers, Bismarck en Jannie, het die Sharks dertien spelers in die toergroep na
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 101
101
2352011 5:24 PM
Patrick Lambie – 25 points in the final.
die Verenigde Koninkryk (VK) gehad. Maar dit was nie net Lambie nie. Die Sharks se voorspelers was puik en die span se verdediging toe WP probeer terugveg, was selfs beter. Die indrukwekkendste vertoning van die Sharks was in die halfeindstryd twee weke vantevore toe hulle die verdedigende kampioene, die Blou Bulle, in Durban geklop het. Dit was ’n taai wedstryd, maar die Sharks het verbete geveg en naelskraap met 16–12 ’n plek in die eindstryd verdien. Dit moet in gedagte gehou word dat hulle die 2010 Super 14-finaliste, die Stormers en die Bulls, in die uitspeelwedstryde geklop het om die Curriebekerkampioene vir 2010 te word. Die 52 000 toeskouers het Kingspark volgesit om rugby van ’n hoë gehalte te geniet – ’n yslike skare vir ’n wedstryd wat nie eers ’n toets is nie, is iets waaroor ander lande net van kan droom! Na 26 minute, met die telling op 23–3,was die slag eintlik klaar gelewer. Schalk Burger en sy manne het alles probeer, maar dit is net Lambie wat punte by die
102
rustydtelling van 23–10 kon voeg. Hy het ’n drie gedruk en dit self verdoel. WP se kaptein het na die wedstryd toegegee dat die Sharks heeltemal te goed vir hulle was. Die uitgelate Sharksafrigter, John Plumtree, het eerstehandse ondervinding daarvan om in ’n wenspan te wees – hy was deel van die span wat in 1990 die Curriebeker die eerste keer vir Natal gewen het. Hy is ook ’n voormalige Springbok-Sewesspeler. Hy het die oorwinning toegeskryf aan ’n spanpoging, ongeag die vaardighede van die individue. Die feit dat niemand hulle ’n kans gegee het om te wen nie, het hulle ook gemotiveer, het Plumtree gesê. Hy is in Nieu-Seeland gebore en het veertig wedstryde vir Taranaki en tagtig wedstryde vir Natal/Sharks gespeel. Gedurende hierdie tyd het hy twee Curriebekermedaljes in 1990 en 1996 ontvang. Hy het ’n paar jaar lank teruggekeer Nieu-Seeland toe en vir Hawkes Bay gespeel en is na die All Black-proewe genooi. Dit was in 2010 die Sharks se tweede titel in twee jaar, maar dit was ook net hul tweede titel sedert 1996 toe hulle die Goue Leeus 33–15 op Ellispark geklop het. Vir hul oorwinning in 2008 het hulle die Blou Bulle 9–3 op Kingspark geklop - ’n groot prestasie teen ’n span wat sedert 2002 met sewe eindstryde in agt jaar oorheers het. Net soos Westelike Provinsie (WP) die Curriebeker oorheers het in die tyd voor die wenner deur ’n eindstryd bepaal is, het Noord-Transvaal, wat na 1998 as die Blou Bulle bekend gestaan het, die 43 seisoene sedert 1968 oorheers. Van 1939 tot 1968 was daar slegs sewe eindstryde waardeur die kampioenspan bepaal is (m.a.w. nie ’n ligawenner nie), maar in 1968 is daar besluit dat die Curriebekertoernooi ’n jaarlikse kompetisie sou wees en die wenner altyd met ’n eindstryd bepaal sou word. Dit was ’n welkome en baie geslaagde verandering, want die belangstelling het geweldig toegeneem en daarmee saam die publisiteit en inkomste. Om die kroon te span, het al die spanne wat deesdae as franchises aan Super Rugby deelneem, naamlik die Bulls, Stormers, Sharks, Cheetahs (die Vrystaat Cheetahs en Griekwas tesame) en die Lions, sedertdien die glorie ondervind om ’n Curriebeker te wen!
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 102
2352011 5:24 PM
Rugbysterftes Hoewel twee spelers na Curriebekerwedstryde in die hospitaal oorlede is, is die eerste en enigste speler wat tydens ’n Curriebekerwedstryd self noodlottig beseer is, die WP-heelagter Chris Burger. Dit was ’n wedstryd in Augustus 1980 tussen WP en die Vrystaat in Bloemfontein. Burger het ’n nekbesering in ’n losskrum opgedoen en hy is die Sondagoggend in die Universitas-hospitaal oorlede. Hy was ’n veelsydige en vaardige speler wat ook op losskakel en senter vir WP gespeel het. Dit is ironies dat Burger dit oorweeg het om aan die einde van die seisoen sy rugbystewels weg te pak. Slegs negentig minute voor die voorval wat sy lewe geëis het, was hy deel van ’n erewag vir die Vrystaatse en Springbokstut, Rampie Stander. Stander het die Donderdag voor die wedstryd waarin Burger beseer is, inmekaar gesak terwyl hy vir die wedstryd voorberei het. Hy is aan ’n beroerte oorlede. Ockert Brits, Transvaal se jong agsteman, het in 1984 aan ’n hartaanval beswyk na ’n wedstryd teen NoordVrystaat in Welkom. Brits het tydens rustyd inmekaar gesak en is op pad na Welkom-hospitaal dood. Sy dood het egter nie verband gehou met ’n rugbybesering nie. In 1989 is ’n jong speler, Petro Jackson van Kylemore in Stellenbosch, tydens ’n wedstryd dood. Die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) het die Petro Jackson Fonds gestig. In 1991 het Jan Lock, die kragman van Noord-Transvaal se skrum, sy terugkeer op Loftus gemaak ná ’n besering in ’n voorwedstryd vir ’n Curriebekereindstryd. Die versengende Oktober-hitte was blykbaar vir die groot man te veel en hy is na die wedstryd in die kleedkamer dood. Burger se dood het gelei tot die stigting van die Chris Burger Fonds deur die kaptein in daardie wedstryd in Bloemfontein, Morné du Plessis, en sy spanmaats. Met eenwording in 1992 het die twee fondse saamgesmelt om die Chris Burger/Petro Jackson Spelersfonds te word. Die doelwit van die fonds is om hulp te verleen aan slagoffers van ernstige rugbybeserings, ongeag die vlak waarop hulle gespeel het, asook vir die ontwikkeling en implementering van inisiatiewe met die doel om inligting te versprei en bewusmaking rondom rugbybeserings te skep. Die fonds het in Augustus 2010 sy dertigste bestaansjaar
gevier en Morné du Plessis, wat nou in sy vroeë sestigs is, is steeds aan die voorpunt hiervan. Du Plessis het die Springbokke vyftien keer in toetse op die veld gelei en hulle het dertien keer gewen. Hy was ook die bestuurder van die Wêreldbekerspan in 1995. Die traumatiese gebeure daardie middag in Bloemfontein het indirek aanleiding gegee tot sy besluit om as speler uit te tree, slegs ’n paar maande voor die Springbokke se toer na Nieu-Seeland. In 1987 het die fonds verhuringsregte gekoop van ’n suite in die Danie Craven-paviljoen op die Nuwelandrugbystadion wat spesiaal ontwerp is vir die eksklusiewe gebruik deur gestremde rugbyspelers in rolstoele. Die fonds bedryf ook ’n program, naamlik “Power of Prevention”, wat daarop gemik is om beserings te voorkom. Die “Spineline” is ingestel, wat ’n 24-uur nooddiens is vir rugbybeserings; daar is ook die “Rugby Medic Club” wat honderde klub- en hoërskoolnoodhelpers oplei. Die “Coaches’ Logbook” is ’n handleiding wat jaarliks verskyn en bevat praktiese raad oor spelers se kondisionering, veiligheid, tegnieke, en dies meer. Die Springbokke hou ’n jaarlikse fondsinsameling met ’n inbelprogram, en maak onder meer ook gebruik van gholfdae en ’n jaarlikse dinee om die fonds te onderhou. Rugby is uiteraard ’n sport met risiko’s omdat daar fisiese kontak ter sprake is. Daar is jaarliks ’n ontstellende hoeveelheid ernstige rug- en ander beserings, selfs noodlottige beserings. Deur reëls te verander, beter oefengeriewe te voorsien, seker te maak dat daar altyd noodhulp- en reaksieeenhede is wat ingeroep kan word, en ’n deurlopende veldtog van bewusmaking te loods, werk almal saam om die moontlike tragiese gevolge van die spel te verminder. Die eerste aangetekende sterfgeval in Suid-Afrikaanse rugby was in 1884, toe Alfred Schlemmer van West End op sy pad doellyn toe geduik is in die heel eerste eindstryd van die Groot Uitdaagkompetisie teen Beaconsfield in Kimberley. Hy is ’n week na die wedstryd in die hospitaal dood. In 1907 het ’n fratsongeluk nog ’n lewe geëis. Walter Wright, ’n talentvolle skrumskakel vir Pirates, het blykbaar tydens ’n wedstryd vasgeduik teen een van die groot vlagpale wat destyds in gebruik was. Dit het op die B-veld van die ou Wanderersklub gebeur.
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 103
103
2352011 5:24 PM
Western Province’s Hennie Bekker and Divan Serfontein with the Ross Frames Cup and Currie Cup 1982.
Noord-Transvaal/Blou Bulle het die trotse prestasie behaal om negentien eindstryde te wen en vier te deel van die vyftig wat al gespeel is. Hulle het nog agt keer op die veld gedraf, maar nie gewen nie; dus was hulle by 31 van die vyftig eindstryde betrokke. Hul eerste goue era was in die jare 1968 tot 1980, onder die afrigters Buurman van Zyl vir dertien seisoene en Salty du Rand vir een seisoen. Hulle het in dié tyd twaalf keer die eindstryd gehaal, nege keer gewen en twee maal die beker moes deel, en net die 1970-eindstryd teen Griekwas verloor. Hulle het die eindstryd in 1972 misgeloop toe Van Zyl siek was, en weer in 1976. Noord-Transvaal het eers in 1938 ’n onafhanklike unie geword. Van die eerste ses kompetisies het hulle net twee in 1946 en 1956 gewen, en ook een keer in die finaal verloor. Hulle het dus drie keer nie die eindrondes gehaal nie. WP het toe die volgende drie titels in 1957–1959, 1964 en 1966 gewen, toe die Curriebeker weer met ’n liga beslis is. Na 1968 het Noord-Transvaal egter tot hul reg
104
gekom deur in 1968 en 1969 die gesogte goue beker op Loftus te wen. Transvaal is met 16–3 en WP met 28–13 op indrukwekkende wyse met leë hande huis toe gestuur. Daar het egter ’n kommerwekkende patroon begin kop uitsteek. In die ses eindstryde onder Buurman van Zyl wat hulle weg van Loftus gespeel het, het Noord-Transvaal net drie gewen, almal in Bloemfontein teen die Vrystaat in die sewentigerjare. Dit sou nog erger word. Eers het hulle in 1970 in Kimberley die eerste keer, en teen alle verwagting in, met 11–9 teen Griekwas verloor. Daarna was dit teen Transvaal in 1971. Ondanks ’n vreemde beslissing deur die skeidsregter en ’n onbeheerste skare op Ellispark kon Noord-Transvaal met ’n telling van 14 elk gelykop speel. Noord-Transvaal het hul kwesbaarheid getoon in die wegwedstryde teen Griekwas, wat hulle verloor het, en in die gelykopwedstryde teen Transvaal in 1971 en teen WP op Nuweland in 1979. Noord-Transvaal se onvermoë om eindstryde weg van hul geliefde Loftus Versfeld te wen, het weer in 1982 en 1985 kop uitgesteek met die eindstryde op Nuweland. ’n Oorwinning teen Transvaal op Ellispark in 1987 was ’n uitsondering, en twee jaar later kon Noord-Transvaal in ’n eindstryd teen WP op Nuweland darem gelykop speel. Teen 1989 was hul uitslae in eindstryde wat sedert 1968 weg gespeel is, soos volg: tien gespeel, vier gewen, drie verloor en drie gelykop. Toe rugby amptelik in 1996 ’n professionele sport word, was Noord-Transvaal nie daarvoor gereed nie. Die Ligbloues het gesukkel, terwyl die Leeus onder Louis Luyt een van hul beste eras beleef het. Saam met die Sharks het hulle die jare 1990–1999 oorheers deur drie keer die Curriebekerkampioene te word, en drie keer die eindstryd te haal. Noord-Transvaal het weer die Curriebeker in 1991 gewen nadat hulle dit die vorige jaar in ’n onverwagte nederlaag aan Natal moes afstaan. Toe het sewe maer jare gevolg – die swakste tydperk ooit, want hulle het eers weer in 1998 die Curriebeker gewen. Wat die situasie vir die ondersteuners van Loftus nog erger gemaak het, was dat hul geliefde span nie eers ’n eindstryd kon haal nie
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 104
2352011 5:24 PM
Die Curriebeker se grootste wedstrydwenner Oor 120 jaar se Curriebekerkompetisies waarin meer as 20 000 spelers gespeel het, troon een naam bo almal uit as die grootste wedstrydwenner, naamlik Naas Botha. Dit is geen toeval dat NoordTransvaal in Botha se speeljare die Curriebekertoneel oorheers het nie. Uiteraard was daar oor die jare heen ’n hele rits skitterende vertonings deur baie spelers. Ongelooflike drieë, yslike strafskoppe en uitsonderlike individuele flair en vaardigheid in wedstryde dra alles daartoe by om die Curriebekertoernooi stellig die beroemdste en bes ondersteunde eersterangse kompetisie in wêreldrugby te maak. Botha se prestasies oor ’n tydperk van sestien Curriebekerseisoene (1977–1992 ingesluit) het deurgaans wedstryde vir NoordTransvaal gewen. Dit is nie toeval dat hul oorheersing in die kompetisie ingekort is in die twee jaar wat Naas oorsee was en Amerikaanse voetbal vir die Dallas Cowboys uitprobeer het nie. Naas se rugbyloopbaan was nie beperk tot net daardie sestien seisoene nie, want hy het tot 1995 aangehou speel, met ’n klein bietjie klubrugby vir Adelaar in Pretoria en ’n eersteklas-uitnodigingswedstryd. Daar is gehoop dat hy sy vaardigheid in die wedstryd sou vertoon sodat Kitch Christie kon besluit of hy hom vir sy Wêreldbekergroep wou kies. Maar Vader Tyd het sy tol begin eis en Christie moes sy planne met hierdie 37-jarige rugbylegende laat vaar. Twee stellings van dr. Danie Craven, een van die beste beoordelaars van spelers in die 150 jaar van Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis, vat die briljantheid
van Naas Botha soos volg raak: “Gee my Naas Botha en ek sal die wêreld verower.” Na Botha se tweede toets, in 1980 teen Suid-Amerika in Durban, het Dok gesê: “Hy sal ons grootste ooit wees.” Drie skepskoppe, ’n strafskop en die vervyfskop van kaptein Morné du Plessis se drie in dié toets het Botha ’n totaal van 26 van die Springbokke se 44 punte in daardie tweetoetsreeks gegee. Botha was onteenseglik ’n briljante skopper, uit die hand uit en ook pale toe, maar sy taktiese insig en visie was nog beter. Ondanks kritiek dat Naas Botha net kon skop, is Suid-Afrika se agterlyn dwarsdeur die rugbywêreld gevrees. Dit was waarskynlik die beste agterlyn wat die Springbokke gehad het, met spelers soos Divan Serfontein, Danie Gerber, Willie du Plessis, Gerrie Germishuys, Ray Mordt, Michael du Plessis en Carel du Plessis, wat almal in daardie era gespeel het. Voeg daarby gehalte-heelagters soos Johan Heunis en Gysie Pienaar, en dan is die punt gemaak dat Botha inderdaad met ’n agterlyn kon speel en nie net tot skoprugby beperk was nie. Die skeptici moet Botha se skitterende hardlooprugby onthou, vir die wêreldvyftiental op Twickenham tydens die Internasionale Rugbyraad (IRR) se eeufeesviering in 1986. Dit was die Naas Botha wat die klubrugbyondersteuners in Pretoria leer ken het. Dit het ’n cliché in sekere (oningeligte!) kringe geword om te sê: “Naas kan nie ‘tackle’ nie!” Sulke mense het gerieflikheidshalwe sy laagvat in die noordoostelike hoek van die Vrystaat-
stadion teen die 1980-Britse Leeus vergeet. Dit was ’n duikslag wat ’n drie en die toets gered het. Dit was in sy eerste jaar van toetsrugby en vele ander belangrike laagvatte het gevolg. Buurman van Zyl het Naas beveel om op sy voete te bly: “Jy help ons nie deur op die grond of in ’n losskrum te wees nie.” Van Zyl het geredeneer dat ander spelers die verdediging kan behartig, en hy het selfs ’n spesiale verdedigingstrategie bedink om dié wedstrydwenner op sy voete te hou sodat hy sy span na taktiese oorwinnings kon skop, of sy dodelike skepskoppe kon gebruik. Botha was ’n skraal, negentienjarige langhaarstudent aan die Universiteit van Pretoria toe die Noord-Transvaalse afrigter, Buurman van Zyl, hom uit Tukkies se onder-20-span gaan haal het. Sy senior debuutwedstryd was teen Suidoos-Transvaal. Die kaptein was Thys Lourens, wat vyftien jaar ouer as Botha was. Hulle twee sou saam met Buurman van Zyl ’n bykans onoorwinlike NoordTransvaalse driemanskap vorm. Botha het in slegs 28 toetse vir SuidAfrika gespeel, maar hy hou steeds ’n lang lys rekords op provinsiale en internasionale vlak. Hy het oor die jare heen die Curriebekerrekords oorheers met die meeste punte, skepskoppe, titels en eindstryde (saam met sy spanmaat, Burger Geldenhuys). Hy was ook ’n rekord 128 keer kaptein van Noord-Transvaal en het ’n rekord 2 511 eersteklaspunte aangeteken, insluitend ’n rekord 1 699 punte in die Curriebekerkompetisie. Botha het baie wedstryde vir die Ligbloues gewen, maar daar is twee
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 105
105
2352011 5:24 PM
wat waarskynlik as sy beste vertonings beskou kan word, naamlik die Lionbekermodderbad teen WP op Nuweland in 1985, en die Curriebekereindstryd teen Transvaal op Ellispark in 1987. Die 1985-Lionbeker Die wedstryd op Nuweland was ’n uitklopwedstryd om die Lionbeker. Alles het die tuisspan bevoordeel en hulle was op die kruin van ’n golf. Hulle het die Curriebeker die vorige drie seisoene gewen, en sou dit in 1985 en 1986 voortsit vir ’n vyftitel-Curriebekerrekord. Die veld was nat en die modder was dik. Noord-Transvaal was glad nie gewoond aan nat toestande nie en die modder het konstruktiewe rugby amper onmoontlik gemaak. Feitlik onherkenbaar in die Nuwelandse modder het Botha egter alles gedoen. Hy het gedek, verdedig en spelers geduik, maar veral WP met sy taktiese skoppe weer en weer laat omdraai. Die enigste drie is deur sy neef en spanmaat, Hendrik Kruger, gedruk. Die modderbesmeerde Ligbloues het 12–3 gewen. Was dié modderstryd sy beste vertoning? “Nee,” sê Botha, “die oorwinning in 1987 teen Transvaal was my beste wedstryd. Moenie vergeet nie, dit was ’n Curriebekerfinaal.” Die 1987-eindstryd Die Curriebekereindstryd in 1987 was inderdaad baie bevredigend vir die Ligbloues. Hulle het in daardie stadium die Curriebeker laas in in 1981 gewen. Die Transvaalse pers het dit wyd en syd verkondig dat 1987 die Rooibontes se groot jaar was, en hulle het inderdaad in die vroeë seisoen onstuitbaar gelyk. Transvaal het die vorige jaar in die eindstryd teen WP verloor, en in 1987 was hulle éérs
106
reg vir groot dinge! Botha het hulle egter daarop gewys dat “die Curriebeker nie in Mei gewen word nie” – en hy het lekker laaste gelag. Hy het vier strafskoppe en vier skepskoppe op ’n koue, reënerige dag oorgeskop – en dit het boonop tydens die wedstryd gehael. Sy voorspelers het aan hom die bal besorg, en hy het die wedstryd heeltemal gedikteer, ondanks ’n gemotiveerde Transvaalspan wat met rustyd 15–9 voor was. Die 24–18 oorwinning was een van Botha se gunstelinge, en hy meen dié wedstryd was sy beste provinsiale vertoning. Oorsee en terug Botha was ses maande in elke jaar ’n professionele speler vir Rovigo in Italië. Dit was voor geldrugby regtig aanvaarbaar geword het. Hy het vanaf 1987 tot 1993 vir Rovigo gespeel en twee nasionale kampioenskappe gewen. Aan die einde van die Europese seisoen het hy huis toe gekom om die Bulle met hul Curriebekerwedstryde te help. Botha se insette by die Italiaanse klub het aan hom die titel van ereburger van Rovigo besorg. Toe Botha terugkom van sy Dallaservaring in die VSA het Noord-Transvaal ná WP se heerskappy van vyf jaar weer die Curriebeker gewen. Die Ligbloues het die goue beker in 1987 en weer in 1988 gewen toe hulle WP geklop het. In 1989 het hulle die beker op Nuweland met WP gedeel. Die jaar daarna het hulle die titel aan Natal afgestaan, net om dit weer in 1991 teen Transvaal terug te wen. Botha se laaste Curriebekerseisoen was in 1992, toe Transvaal weer die eindstryd teen Natal verloor het. Naas Botha het in 1992 uit Curriebekerrugby getree. Hy het steeds by Rovigo gespeel en toe vir Adelaar, voordat Kitch
Christie hom in 1995 teruggelok het. Hier volg ’n opsomming van Naas Botha se voortreflike rugbyloopbaan. Plaaslike rugby: ❏❏ Botha het in 1977 op negentienjarige ouderdom sy provinsiale debuut vir Noord-Transvaal gemaak. ❏❏ Teen 1980, toe hy maar 22 jaar oud was, was hy Noord-Transvaal se kaptein. ❏❏ Op die ouderdom van 22 jaar en 217 dae was hy die jongste wenkaptein van die Curriebeker. ❏❏ Hy hou die Curriebekerrekord van 1 699 punte. Hy het in 1992 vyf skepskoppe teen Natal geskop, en ’n totaal van twintig skepskoppe in die 1985-Curriebekerseisoen. ❏❏ Sy totaal van 179 wedstryde, waarvan 128 as kaptein vir NoordTransvaal was, sluit 123 Curriebekerwedstryde in. ❏❏ Botha het in elf Curriebekereindstryde gespeel en deel die rekord met die flank Burger Geldenhuys, wat ook ’n Noord-Transvaalse kaptein was. ❏❏ Saam met Thys Lourens en Buurman van Zyl het Botha ’n driemanskap gevorm wat die kern was van die Ligbloues se sukses in die 1970’s en 1980’s. Botha en Lourens hou kontrasterende rekords: Botha was die jongste kaptein wat die Curriebeker gewen het (op 22 jaar en 217 dae), terwyl Lourens die oudste wenkaptein was (op 35 jaar en 138 dae). ❏❏ Botha se Suid-Afrikaanse rekord van 138 punte in Curriebekereindstryde is ver voor die speler in die tweede plek, naamlik die Vrystaat Cheetahs en WP se Willem de Waal wat 62 punte het.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 106
2352011 5:24 PM
❏❏
❏❏
Botha is aangewys as Suid-Afrika se Speler van die Jaar in 1979, 1981, 1985 en 1987, wat ’n rekord is. Slegs twee ander spelers, naamlik Gerald Bosch en Uli Schmidt, het die toekenning meer as een keer gekry. Naas het 210 skepskoppe vir NoordTransvaal en Suid-Afrika aangeteken. Dit sluit in twintig skepskoppe in ’n enkele Curriebekerseisoen in 1985. In 1992 het hy in sy laaste Curriebekerseisoen vyf skepskoppe in ’n wedstryd teen Natal aangeteken.
Internasionale rugby: ❏❏ Botha het sy debuut in 1980 teen
❏❏
❏❏
❏❏
die Suid-Amerikaanse Jaguars gemaak en ook teen die Britse Leeus gespeel. In die derde toets teen die 1980-Britse Leeus in Port Elizabeth het hy die oorwinning beklink met ’n strafskop vanaf die kantlyn in bykans stormsterkte wind en gietende reën. Die Britse pers het hom “Nasty Booter” gedoop. In 1981 het hy 20 van die Springbokke se 24 punte in die tweede toets teen die All Blacks in Wellington aangeteken. Botha was in 1980 die kaptein met Suid-Afrika se reeksoorwinning
❏❏
❏❏
❏❏
oor die Nieu-Seelandse Kavaliers, en ook in 1992 met Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale rugby. Hy het altesaam in 28 toetse gespeel en was kaptein in nege. In 2006 het hy die onderskeiding behaal toe hy tot die IRR se Heldesaal toegelaat is, wat erkenning aan sy uitsonderlike rugbyloopbaan gegee het. Botha het 312 punte in internasionale wedstryde aangeteken, wat toe ’n Suid-Afrikaanse rekord was. Dit het agtien skepskoppe ingesluit. In 1992 het hy die Staatspresidentstoekenning ontvang.
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 107
107
2352011 5:24 PM
en amper hul A-afdeling Curriebekerstatus verloor het! Die dekade vanaf 2000 het nog ’n goue era vir die Blou Bulle ingelui. Hulle het tussen 2002 en 2009 sewe eindstryde gehaal en vyf keer (waarvan een gedeel is) die Curriebeker gewen. Die Vrystaat Cheetahs was ook ’n krag om mee rekening te hou en het tussen 2004 en 2009 vyf eindstryde gehaal, waarvan hulle twee gewen en een met die Blou Bulle gedeel het. Na hul rekord van vyf agtereenvolgende titels vanaf 1982 tot 1986, het WP ’n “droogte” van ses jaar tussen hul gelykopstryd in 1989 en 1995 beleef waarin hulle nooit eens die eindstryd gehaal het nie. Toe was daar tussen 1995 en 2001 ’n oplewing waarin WP in vyf eindstryde drie keer gewen en twee keer verloor het. Daarna was daar ’n windstilte wat tot 2010 geduur het. In 2010 het WP teen die Sharks verloor en was tot toe nege jaar sonder die goue trofee. Die Leeus het hul laaste Curriebeker in 1999 gewen en was onsuksesvol in die twee eindstryde wat hulle daarna gehaal het. Hoewel Griekwas al die topspanne en franchises geklop het, het hulle nie die diepte gehad om tot by die halfeindrondes en daarna te vorder nie. In 2009 is die grootste prestasie bereik deur ’n SuidAfrikaanse span wat in ’n kompetisie in ’n laer vlak as internasionaal speel. Die Blou Bulle het die Curriebeker én die Super 14 gewen. Hulle het oortuigend gewen. Hul telling teen die Chiefs was 61–17, en die Vrystaat Cheetahs is in die Curriebekereindstryd met 36–24 afgestof.
2009: ’n Dolk word verwyder Die oorwinning oor die Vrystaat was soete wraak vir die Bulle na die nederlaag op Loftus in 2005. Dit het na ’n baie eensydige wedstryd gelyk, want die Blou Bulle het na 25 minute reeds 24–0 voorgeloop teen ’n span wat verras het deur so ver te vorder na ’n rampspoedige Super 14-toer na Australasië. Die Bulle se groot voorsprong was hoofsaaklik te danke aan Fourie du Preez. Hy het al drie vroeë drieë aangevoer deur twee goedgeplaaste skoppe wat gelei het tot verspot maklike drieë deur Francois
108
Hougaard en Bryan Habana. Fourie du Preez het ook met perfekte tydsberekening na Habana toe uitgegee vir die vleuel se tweede drie. Die Cheetahs het egter verbete teruggeveg en met die telling op 30–21 was hulle terug in die wedstryd. Twee suksesvolle strafskoppe deur Morné Steyn het die Vrystaters die nekslag toegedien. As iemand dalk getwyfel het of die Curriebeker na die Super 14-sukses vir die spelers belangrik was, moes hulle die Bulle se hardeman, Bakkies Botha, gehoor het. Die groot slot het gesê dit voel soos ’n dolk wat verwyder is, en het bygevoeg dat die nederlaag in 2005 teen die Cheetahs “regtig seergemaak het”. Hierdie oorwinning het natuurlik ook effens vergoed vir die vorige jaar toe die Bulle 14–9 teen die Sharks verloor het. Die 2009-eindstryd was die negende keer dat die Blou Bulle en die Vrystaat Cheetahs in die finaal slaags was. Die spanne se name het in die negentigerjare verander. Sewe oorwinnings, een gelykop en die enkele nederlaag in 2005, dui duidelik aan hoe Noord-Transvaal/Bulle die Vrystaat/Cheetahs in die eindstryd oorheers het.
Eindstryde – en Noord-Transvaal is op die kruin Met slegs twee oorwinnings uit sewe eindstryde van die tien toernooie waaraan hulle deelgeneem het, het Noord-Transvaal aan die begin nie juis waffers in die Curriebekerkompetisie gevaar nie, maar vanaf 1968 het hulle skielik tot hul reg gekom. Tot vandag toe is daar heelwat mense, selfs spelers wat hy afgerig het, wat beweer dat Buurman van Zyl nie ’n goeie afrigter was nie. Hy het ongetwyfeld die fiksste span gehad wat die beste gemotiveerd was, en het geweet hoe om met sy spelers te werk – die statistieke spreek vanself. Onder Van Zyl het die span meer gereelde oefensessies en ’n vaste spelplan gehad. Tot in 1967 het Noord-Transvaalse keurders beurte geneem om die provinsiale span gedurende die seisoen af te rig. Die eerste span wat agtergekom het dat dinge in Pretoria verander het, was Transvaal in die 1968-eindstryd. Hulle is 16–3 in Pretoria geklop in ’n seisoen waarin WP se gebrek aan gehalte-voorspelers hulle uit die wed-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 108
2352011 5:24 PM
loop om die beker gehaal het. Transvaal het egter deurgaans met hul voorspelers beïndruk, en die algemene voorspelling was dat die Ligbloues hulle nie in toom sou kon hou nie. Wat niemand kon voorsien nie, was dat Noord-Transvaal voortreflike rugby sou speel. Die skade is by uitstek aangerig deur hul voorspelers, en in besonder die voormalige Transvaalse losskakel, Alan Menter, wat nie deur die Rooibontes na waarde geskat is nie. Dit was Noord-Transvaal se eerste tuisfinaal sedert hul eerste oorwinning in 1946. Hulle het die skare getrakteer op bykans foutlose spel deur die voorspelers en presiese taktiese skopwerk deur Menter. Rustyd was hulle 10–0 voor na twee verdoelde drieë deur die groot Koos Meiring en sy medevleuel, Willem Stapelberg. Kort daarna was dit 13–0 met ’n skepskop deur Meiring na ’n skoonvang. Transvaal se enigste punte is na 55 minute aangeteken met ’n strafskop van Jannie van Deventer. Die eindtelling was 16–3.
1969: Frik se eindstryd In 1969 is Westelike Provinsie ook oortuigend geklop, met 28–13 in nog ’n eindstryd op Loftus. WP het in die halfeindronde 11–9 teen Boland deurgeskraap. Die Springbokkaptein Dawie de Villiers was dié dag kaptein van die verloorspan. WP het ’n beter seisoen as die vorige jaar beleef, maar hul voorspelers het steeds nie oortuig nie. Noord-Transvaal was nie so indrukwekkend soos die vorige jaar nie, en rustyd was hulle slegs 11–9 voor. In die tweede minuut van die tweede helfte het WP die voortou geneem. Gert Muller, hul stoomrollervleuel wat ook ’n provinsiale naelloper was, het sy tweede drie gedruk, en H.O. deVilliers het vanaf die kantlyn vervyf. WP het 13–11 voorgeloop. Toe volg een van die mees uitstaande individuele vertoning in die Curriebekergeskiedenis, met Frik du Preez in die hoofrol. Binne die bestek van nege minute het hy die wedstryd heeltemal omgeswaai deur twee strafskoppe en ’n drie aan te teken toe sy span tien minute in die tweede helfte in net 16–13 voor was. Dié groot man, net
Frik du Preez – ‘gedrop, geplace en gescore.’
ses weke duskant sy 34ste verjaardag, was selfs in daardie dae nie lank vir ’n slot nie, maar hy kon hoër spring as enige voorspeler ter wêreld – en hy het dit dikwels gedoen. Dalk kon hy in sy speeldae ’n bietjie fikser gewees het en ’n bietjie harder in die vaste los gewerk het. Nietemin was hy een van die beste spelers wat uit NoordTransvaal en Suid-Afrika gekom het. Dit was ’n taai wedstryd en nog glad nie gewen nie, ondanks die Ligbloues se 16–13 voorsprong. Toe, na ’n WPskrumoortreding, gooi die tuisspan se kaptein Piet Uys die bal vir Frik om pale toe te mik. Dit was 60 meter ver, maar Du Preez het losgetrek met ’n skepskop wat suiwer deur die pale getrek het. Daar was ’n uitbundige gejuig en die nasionale keurders is deur die Noord-Transvalers
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 109
109
2352011 5:24 PM
Die man wat Noord-Transvaal ’n rugbykrag gemaak het Buurman van Zyl: 13 seisoene afgerig, 9 oorwinnings, 2 gelykop, 1 nederlaag, 1 eindstryd misgeloop In die dertien jaar wat Buurman van Zyl aan die stuur van sake was, was Noord-Transvaal die suksesvolste span. Hy het met die Ligbloues nege titels gewen en twee gedeel. Sy enigste nederlaag was in 1970, toe Griekwas Noord-Transvaal verras het en 11–9 in Kimberley gewen het. In 1972 het Van Zyl weens swak gesondheid nie afgerig nie, en in 1976 het Noord-Transvaal nie die eindstryd gehaal nie. Tussen 1968 en 1981 het Buurman van Zyl se Noord-Transvaalspanne 116 Curriebekerwedstryde gespeel en 99 gewen, vier was gelykop en net dertien is verloor. Hoewel daar kritici en selfs spelers is wat sê sy sukses was eerder te danke aan sy dissipline as aan goeie afrigting, bly dit ’n onreg dat Van Zyl nooit gevra is om die Springbokke af te rig nie. Hy sou Suid-Afrika in 1982 afrig, maar is in Januarie van daardie jaar oorlede. “Oom Buurman”, soos hy alom bekend was, het in 1968 NoordTransvaal se afrigter geword. Hy was toe die afrigter van die baie sterk Pretoria Polisieklub. Hy het
Curriebekertitel besorg het.
Buurman van Zyl, Thys Lourens and the Currie Cup.
fiksheid en dissipline hoog geag, maar sy sterkpunt was om die beste uit sy spelers te haal. Dit moet darem genoem word dat hy ’n besonder talentvolle groep spelers gehad het om mee te werk – 35 van sy spelers het Springbokke geword. Natuurlik help dit ook om ’n lid van ’n uitstekende span te wees. Buurman van Zyl, Thys Lourens en Naas Botha was die pilare waarop die sukses van Noord-Transvaal se goue era gebou is. Onder Van Zyl het Noord-Transvaal voortgegaan met die eenvoudige, basiese spelpatroon wat in 1946 aan hom sy eerste
gehekel vir hul besluit om Frik weg te laat. Daarna het Frik se drie gevolg. Sy groot vriend Mof Myburgh het dit aangevoor toe hy deur ’n lynstaan gebars het. Myburgh was nie bekend vir sy beweeglikheid of balhantering nie, maar het perfek na Du Preez aangegee toe dié op volspoed langs hom verskyn. Du Preez het twee verdedigers agtergelaat in sy 30 meter-naelloop doellyn toe. Die drie
110
Van Zyl se rekord in Curriebekereindstryde is: 1968: klop Transvaal (Loftus) 16–3 1969: klop WP (Loftus) 28–13 1970: verloor teen Griekwas (Kimberley) 9–11 1971: gelykop teen Transvaal (Ellispark) 14–14 1972: Van Zyl siek; span afgerig deur Salty du Rand 1973: klop Vrystaat (Loftus) 30–22 1974: klop Transvaal (Loftus) 17–15 1975: klop Vrystaat (Bloemfontein) 12–6 1976: Noord-Transvaal het nie die eindstryd gehaal nie* 1977: klop Vrystaat (Bloemfontein) 27–12 1978: klop Vrystaat (Bloemfontein) 13–9 1979: gelykop teen WP (Nuweland) 15–15 1980: klop WP (Loftus) 39–9 1981: klop Vrystaat (Loftus) 23–6 * In 1976 het die Vrystaat WP 33–16 in die eindstryd in Bloemfontein geklop.
was amper ’n herhaling van sy beroemde drie teen die 1968-Britse Leeus, ook op Loftus. Hierdie keer was die laaste speler die WP-heelagter H.O. de Villiers oor wie hy gehardloop het om sy drie te druk. Die wedstryd was klaar gewen, maar Frik wou die keurders se stiksienigheid om hom uit die toetsspan weg te laat so ’n bietjie invryf. Noord-Transvaal het ’n strafskop
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 110
2352011 5:24 PM
binne hul eie halfgebied gekry en op die skare se aandrang het kaptein Uys die bal weer vir Frik gegee. Dit het na ’n onmoontlike skop gelyk, maar dit was suiwer en reguit deur die pale! Frik du Peez het in daardie nege goue minute die Curriebeker vir Noord-Transvaal gewen. Mof Myburgh het dit later so opgesom: “Ou Frik het gedrop, geplace en gescore!” Die eindtelling was 28–13 en WP is weer met die kous oor die kop huis toe in hul vierde nederlaag in ses eindwedstryde. Twee jaar later, toe hy op Nuweland met drie drieë en ’n strafskepskop vir Noord-Transvaal gehelp het om WP 21–9 te klop, is Frik du Preez vir minute lank deur die Nuwelandse skare toegejuig. Die gewone vyandigheid teenoor ’n ligbloutrui het verdwyn toe die toeskouers op die veld hardloop en Frik van die veld afdra. Destyds was die skare nog toegelaat om na ’n wedstryd op die veld te hardloop. Dit was die laaste keer wat Frik op Nuweland, die bakermat van Suid-Afrikaanse rugby, sou speel.
1970: Kirkpatrick se triomf In 1970 is die hiërargie van Curriebekerspanne op ’n verrassende wyse omgeskommel. WP is met ’n wegwedstryd 22–18 deur Griekwas geklop, en Transvaal verloor toe ook 16–9 teen die manne van Kimberley. Die tekens was daar dat Griekwas ’n faktor sou wees wanneer die uitspeelwedstryde begin. Ian Kirkpatrick het die kern van die Griekwasspan oor ’n tydperk van sewe jaar met net een doel voor oë gebou, naamlik om die Curriebeker te wen. Hulle het dit ook teen alle verwagting in gedoen! Dié groot dag in Griekwas se Curriebekergeskiedenis was 26 September 1970; die plek was die De Beersstadion in Kimberley. ’n Rekordtelling deur NoordTransvaal is vir die wedstryd voorspel. Kirkpatrick, een van Suid-Afrika se grootste afrigters, was die dryfveer agter die keuse van sy voormalige Springbokspanmaat, Mannetjies Roux, vir die span. Kirkpatrick se rol in dié triomfjaar moet nooit onderskat word nie. Hy het die span net vir tien of twaalf sessies in ’n hele seisoen onder hande gehad, omdat baie van die spelers honderde kilo-
meters moes ry om hul Curriebekerwedstryde te speel. Die spanoefeninge het op Vrydagaande plaasgevind, wat die enigste sessie sedert die vorige wedstryd was! Daar was ook nie ligte nie, met die gevolg dat oefening met die bal slegs sowat ’n halfuur geduur het! Die sukses van 1970 het gevolg op ’n opbouproses wat agt jaar tevore begin het toe die voormalige Springbok van Griekwas, nadat hy sy laaste internasionale wedstryd die vorige jaar gespeel het, van Bloemfontein na Kimberley teruggekeer het. ’n Jaar na Kirkpatrick se uittrede as speler het hy hierdie nuwe uitdaging aangepak. Die 1964-kompetisie het sonder baie van die ou spelers begin, wat óf verhuis óf uitgetree het. Griekwas het sy kaptein en ander staatmakers as gevolg van beserings verloor. Al die land se provinsiale spanne het in die Curriebekerreeks gespeel. Net die eerste twee spanne in die vyf Curriebekerafdelings het om dié trofee meegeding, terwyl die res om die Sport Pienaarbeker meegeding het, wat Griekwas dan ook gewen het. In 1966 het Griekwas gelykop gespeel teen WP, wat die uiteindelike Curriebekerwenners was, maar nie veel meer in die kompetisie reggekry het nie. In 1968, die eerste jaar van wat van toe af ’n jaarlikse kompetisie sou wees, het Griekwas weer die Sport Pienaartrofee gewen. Teen dié tyd het Piet Visagie, wat in 1967 Springbokkleure teen die Franse verwerf het, met sy algemene spel en briljante skopwerk ’n moeilike teenstander geword. In 1969, in nog ’n eienaardige kompetisiestruktuur, is Griekwas 13–0 deur Boland geklop en uitgeskakel in ’n kwarteindwedstryd teen WP. Griekwas was nog nie een van Suid-Afrika se sterkste spanne nie. Hulle het wel ander spanne vasgevat en soms gewen, maar nie met genoeg reëlmaat om as ’n gevreesde span beskou te word nie. Hul teenstanders het egter al hoe versigtiger vir hulle begin word. In 1970 het ’n paar gelukkige oorwinnings deur die loop van die jaar vir Griekwas gehelp. Hulle het naelskraaps oorwinnings oor Natal op Kingspark en ook Grens in Oos-Londen behaal. Die wedstryde teen NoordwesKaap en Noordoos-Kaap was albei maklik. Hulle was op
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 111
111
2352011 5:24 PM
koers na die Curriebeker en veral hul vertoning teen WP in Kimberley het die rugbykenners laat regop sit. Die telling was 22–18 in Griekwas se guns, en ’n wegholoorwinning van 43–16 oor Oos-Transvaal het gewys dat Griekwas klaar was met speletjies! Ander spanne se uitslae het hulle ook gehelp. Natal het gelykop teen Transvaal gespeel – as Transvaal gewen het, sou Griekwas ’n uitspeelwedstryd moes speel. Om hul skerpheid te behou en aandag aan spanwerk te gee, het Griekwas ’n vriendskaplike wedstryd teen Vrystaat gespeel. Mannetjies Roux, die spil waarom die span gedraai het, is in die wedstryd beseer. Hy is gelukkig kort voor die eindstryd fiks verklaar. Dit was sy 44ste wedstryd vir die unie waar hy grootgeword het, maar eers laat in sy rugbyloopbaan verteenwoordig het. Dit was ook Roux se 25ste wedstryd as kaptein. Na die wedstryd het die Ligbloues erken dat hulle oorgerus was, maar ook dat die beste span gewen het. Hulle het nie gekla oor die strafskop vier minute voor die eindfluitjie wat Griekwas se agsteman, Peet Smit, vanaf 53 meter oorgeskop het nie. Griekwas se skeidsregter, Ben Calitz, was die man met die fluitjie. Destyds het die tuisspan drie skeidsregters se name vir die besoekers gegee om uit te kies, maar die verloorspan het nie oor die skeidsregter gekla nie. Voor die wedstryd het Frik du Preez vir sy vriend en kamermaat Mof Myburgh gesê: “Dis nie hoe ’n mens voel voor ’n Curriebekerfinaal nie.” Daar was ’n gebrek aan fokus by die Noord-Transvaalse spelers merkbaar. Griekwas was die grootste deel van die wedstryd voor. Nogtans kon die sowat 16 000 toeskouers wat die De Beers-stadion volgepak het, nie glo dat dit moontlik was dat hul span die magtige Noord-Transvaal kon klop nie. Twee goeie breekslae deur die tuisspan se senter Koos Waldeck en skrumskakel Joggie Viljoen (wat die volgende jaar Springbok sou word) het vleuel Buddy Schwartz vir twee onverdoelde drieë oorgestuur. Dit was maar Schwartz se tweede wedstryd vir Griekwas. Waldeck se gaping het op die middellyn gekom. Hy het uitgegee na sy kaptein, Roux, wat vir Schwartz aangegee het en hy is
112
Mannetjies Roux captained Griquas to a surprise title.
reguit doellyn toe. Na dertig minute was Griekwas dus na die twee onverdoelde drieë 8–0 voor. Die Ligbloues het geweldige druk op Griekwas se ligter pak voorspelers geplaas en hul volgehoue stryd om Noord-Transvaal se voorspelers in toom te hou, het ’n groot bydrae tot die oorwinning gelewer. Springbok Piet Visagie het met sy slim skopwerk die teenstanders laat omdraai, maar nogtans wou die skare nie te opgewonde raak toe die rustydtelling 8–3 vir Griekwas was nie. Noord-Transvaal het toe hul beproefde taktiek om veld-op te dryf, gebruik en Griekwas was na rustyd in die moeilikheid teen die sterk wind. Noord-Transvaal se Chris Luther het sy tweede strafskop oorgeskop, en Frik du Preez het die tuisskare se grootste nagmerrie met ’n tipiese “storm-drie” laat waar word. Skielik was Griekwas
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 112
2352011 5:24 PM
9–8 agter en die Ligbloues was besig om beheer oor te neem. Vier minute voor die einde het Roux sy veteraan agsteman Peet Smith vir die baie belangrike strafskop nader geroep. Dit was teen die wind. Die skop was perfek en die bal het soos ’n pyl uit ’n boog die regte koers gevat. “Ek het net gehoop en gebid dat dit die lengte moet hê,” het Smith later gesê. Hy het vertroue in sy vermoëns gehad het. Hy het al tevore langer skoppe oorgeskop. Daar was trane in Griekwas se kaptein, Mannetjies Roux, se oë en trane het oor die spelers se wange gerol toe hulle besef wat hulle reggekry het. Lank na die eindfluitjie het die ondersteuners nog voor die hoofpaviloen saamgedrom. “We want Mannetjies, we want Mannetjies” het bly weerklink totdat die beroemde Springbok op die balkon verskyn het met net sy kortbroek aan.
1971: Dié een is vir die toeskouers! Die eindstryd in 1971 tussen Transvaal en NoordTransvaal op Ellispark was weer eens ’n spannende wedstryd. Transvaal moes Vrystaat en Griekwas in uitspeelwedstryde klop, want die spanne se ligapunte was na die rondomtalieliga gelykop. Daarna het ’n halfeindstryd teen Natal gevolg, wat Transvaal 21–10 gewen het. In Pretoria het die mense hulle verlekker dat Transvaal drie moeilike wedstryde moes speel voor die groot ontmoeting met Noord-Transvaal – hulle sou mos uitgeput wees! Transvaal se president, Jannie le Roux, het op die vergadering van die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalraad (SARVR) die halfeindronde en die eindwedstryd se datums laat aanskuif om vir Transvaal ’n blaaskans tussen die klomp uitspeelwedstryde te gee. Die Ligbloues sou dan aan die kortste ent trek, met vyf weke sonder enige rugby om hul spelpeil hoog te hou. Hulle het ’n vinnige vriendskaplike wedstryd teen die destydse Rhodesië gereël, maar dit was hul enigste wedstrydvoorbereiding in die vyf weke voor die eindstryd. Die wedstryd het in omstredenheid geëindig met ’n drie deur Transvaal in die doodsnikke, wat die tel-
ling 14 elk gemaak het. ’n Drie deur Noord-Transvaal se slot, Piet du Plessis, is deur Chris Luther vervyf, gevolg deur ’n drie van Tobias du Toit van Transvaal. NoordTransvaal het met rustyd 5–3 voorgeloop. ’n Strafskop en ’n skepskop deur die Rooibontes se heelagter, Jannie van Deventer, het Transvaal met 9–5 die voortou gegee. Noord-Transvaal se losskakel, Dudley Gradwell, het twee skepskoppe oorgeskop en Luther het net voor die eindfluitjie ’n moeilike strafskop oorgeplaas. Die telling was 14–9 en Transvaal se ondersteuners het op die veld gehardloop om hul helde af te dra … Maar skeidsregter Gert Bezuidenhout was nog lank nie klaar nie. Die oorhaastige toeskouers was nog op die veld toe Transvaal afskop en weer besit van die bal kry. Kaptein Piet Greyling en medeflank Simon Norwood het ’n aanval geloods. Toe hulle naby die doellyn gestuit word, was Springbokstut Theo (Sakkie) Sauermann daar om oor te dryf. Van Deventer het met die allerbelangrikste vervyfskop geslaag en die wedstryd was toe regtig verby, met die telling op 14–14. Die president van die Goue Leeus Rugbyunie, Kevin de Klerk, het in die wedstryd gespeel.
1972: Die dag behoort aan Bosch In 1972 moes Transvaal eers uitspeel en Vrystaat uitskakel voor hulle Oos-Transvaal 25–19 geklop het in die enigste Curriebekereindstryd wat nog op Springs gespeel is. Die dag het aan die Rooibontes se losskakel, Gerald Bosch, behoort. Rustyd het dit gelyk of die wedstryd reeds verby was. Transvaal was 18–3 voor na twee vroeë skepskoppe van Bosch die tuisspan op die agterste voet geplaas het. Oos-Transvaal het egter na rustyd teruggeveg en Transvaal behoorlik opgekeil. Beide spanne het twee drieë in die wedstryd gedruk, maar Gerald Bosch se skopskoen het die verskil gemaak. Sy totaal van 17 punte vir die wedstryd het drie skepskoppe ingesluit, wat toe ’n rekord vir ’n eindstryd was. Tommy Symons en Johan Esterhuizen het drieë vir Transvaal gedruk en Bosch het drie skepskoppe, twee strafskoppe en ’n vervyfskop oorgeskop. Koos Mulder en
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 113
113
2352011 5:24 PM
Ben Stander het elkeen ’n drie vir Oos-Transvaal gedruk; Boesman Wilkinson het met twee strafskoppe en ’n vervyfskop geslaag; en Bennie Dercksen met ’n strafskop.
1973: Vrystaat tree na vore In 1973 was die Curriebekerkompetisie in vier afdelings verdeel, en elke span het net vier ligawedstryde gespeel. Transvaal het 18–7 teen WP verloor en dit het hulle vir die eindrondes uitgeskakel. Noord-Transvaal was weer terug na die vorige jaar se glips. Hulle het ’n gedugte Rhodesiese span in die een halfeindronde op Loftus geklop, terwyl Vrystaat die ondenkbare reggekry het, naamlik om WP te klop op ’n nat Nuweland, wat volgens logika die tuisspan moes bevoordeel. Dit was ’n briljante eindstryd. Hoewel Noord-Transvaal sonder ’n aantal beseerde spelers moes speel, het hulle gou die wedstryd met hul indrukwekkende pak voorspelers beheer. Dit was geen verrassing nie. Vrystaat het egter met minder besit met die bal gehardloop. Vyf minute voor rustyd was die telling nog 10 elk. Toe druk die Ligbloues se haker, Moffie de Klerk, ’n drie en Dirk de Vos skop sy tweede skepskop oor. Dit was die teken vir NoordTransvaal om sy agterlyn in te span. Noord-Transvaal se 30 punte in die oorwinning van 30–22 was op daardie tydstip die hoogste telling in ’n Curriebekereindstryd.
1974: Transvaal weer tweede Die eienaardige drie afdelings waarvolgens die Curriebeker weer in 1974 gespeel is, het Transvaal kans gegee om vir die eindstryd teen hul ou vyand, NoordTransvaal, te kwalifiseer. Transvaal het net-net 17–15 verloor. Transvaal het al die spanne behalwe Oostelike Provinsie (OP) in hul oorkruisligawedstryde geklop, maar toe in die halfeindronde OP met 30–6 ’n loesing gegee. ’n Eindstryd teen die Ligbloues op Loftus het gevolg. Hierdie wedstryd was nog harder as die een in 1971 en is destyds as die hardste Curriebekereindstryd nog beskryf. Die Transvaalse haker, Dave Frederickson, het met
114
interne beserings in die hospitaal beland na ’n toelaatbare laagvat deur Moaner van Heerden. Van Heerden het self gesukkel om op te staan na die afskop. Thys Lourens het na die ongenadige stryd gebreekte tande gehad. Steve Strydom, wat ongelukkig was om in 1965 ’n plek in die toerspan na Australië en Nieu-Seeland mis te loop, was nooit een van die gunstelingskeidsregters in Pretoria nie. Sy aansien het dié dag ’n verdere knou gekry toe hy nie ’n enkele strafskop binne trefafstand aan Noord-Transvaal toegeken het nie! Die spring van die bal het Transvaal by twee geleenthede in die tuisspan se doelgebied stief behandel. Met net vier minute se speeltyd oor, het Gerald Bosch reggestaan om te skepskop, met die telling 17–15 in NoordTransvaal se guns. Dit was Transvaal se skrumbal in die dae toe skrumskakels nog reguit moes ingooi. Willie Kahts het egter met die hulp van die grote Hans Weber ’n vaskop gehaak, en Noord-Transvaal het die riller gewen.
1975: Spies se hartbreker drie Die 1975-Curriebeker is 12–6 deur Noord-Transvaal gewen na heel moontlik die beroemste drie in die kompetisie se geskiedenis. Die driedrukker was Pierre Spies, die oorlede vader van die huidige Springbok-agsteman. Spies was ’n vleuel wat werklik sy kanse met sy verbysterende spoed kon benut. Hy was ’n Springbokhekkiesatleet en het met ’n hoë knie-aksie gehardloop. Dié vleuel het in die sewentigerjare in Noord-Transvaal as driedrukker oorheers. Die meeste van sy drieë het aan die einde van wedstryde gekom nadat die Ligbloues die teenstanders se voorspelers al sag gemaak het. Elders in die land word hierdie taktiek moontlik as verbeeldinglose rugby beskou, maar dit is hoe Noord-Transvaal gewen het en dit is steeds grootliks die basis van hul suksesvolle wedstrydplan. Die wedstryd is op ’n nat, modderige veld gespeel en die telling was gelykop. Die wendrie het uit die laaste beweging gekom toe Christo Wagenaar die bal vorentoe skop en sodoende vir Spies die geleentheid vir die wendrie skep. Noord-Transvaal se lynstaanspringers het
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 114
2352011 5:24 PM
Pierre Spies eludes the Free State defence, 1975.
veertien ingooie deur Vrystaat gewen. Die Springbokke John Williams en Louis Moolman, twee van Suid-Afrika se heel bestes ooit, was die Ligbloues se slotte. As mens die wedstryd in oënskou neem, is dit dié twee se werk en Vrystaat se onvermoë om in die lynstane te slaag (waar die reëls strenger geblaas is as met die vorige wedstryd), wat Noord-Transvaal hul eerste driekuns in Curriebekeroorwinnings laat behaal het. Die Ligbloues se losskakel, Len Gerber, het die gebiedsvoordeel beheer in die nat toestande wat NoordTransvaal beter as die Vrystaat gepas het. Vrystaat wou met die bal hardloop. Die manne van Pretoria het geskop en gedryf en geskop en gemaal, en die lynstane heeltemal oorheers. Daar is geen drieë gedruk nie tot twee minute voor die einde, toe Vrystaat se senter Pikkie du Toit deurbreek en onder die pale gaan druk. De Wet Ras het oorgeskop en die telling was 6 elk.
Gerber het afgeskop. ’n Maalbeweging het die bal vorentoe gedra, steelkant om en weer vorentoe. Toe het groot Louis Moolman die bal uitgepluk en na sy skrumskakel Tommy du Plessis uitgegee. Du Plessis het na Gerber laat loop, wat op sy beurt die bal vir Christo Wagenaar aangegee het. ’n Speler uit ’n onkantposisie was op hom wat hom geen keuse gelaat het nie. Wagenaar het na regs geskop, ’n hoë bal wat in niemandsland geland het. Die bal het hoog gewip, buitengewoon hoog as mens in aanmerking neem hoe nat die veld was. Spies het gestrek en net sy vingerpunte by die bal gekry, dit vorentoe getik en weer gevang, sonder om spoed te verloor. Vrystaat se agsteman, Kleintjie Grobler, en Spies se teenstander Gerrie Germishuys, kon nie veel uitrig nie. Spies is in die hoek oor vir ’n wonderlike drie. Keith Thoresson het oorgeskop om die eindtelling 12–6 te maak.
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 115
115
2352011 5:24 PM
1976: Vrystaat se titel – uiteindelik! In 1976 het Noord-Transvaal “geskitter in hul afwesigheid” in die eindstryd van die Curriebeker. Dit was die eerste en enigste keer dat afrigter Buurman van Zyl ’n eindstryd met die Ligbloues sou misloop. Vrystaat het in 1976 hul eerste titel gewen deur WP op die Vrystaatstadion ’n goeie loesing van 33–16 te gee. Dit was slegs die derde keer dat Vrystaat die WP kon klop, en wat die oorwinning soveel lekkerder gemaak het, was die feit dat Vrystaat albei wedstryde teen WP in die rondomtaliefase van die kompetisie verloor het. Die ander spanne se uitslae het ook vir Vrystaat bevoordeel. Danksy Natal se oorwinning van 7–6 oor Transvaal, en Transvaal se nederlaag teen Noord-Transvaal, het Vrystaat die eindronde gehaal. Vrystaat het toe hul kans aangegryp en die uitstaande spanpoging van Wouter Hugo se span het aan hulle die oorwinning besorg. Die agterlyn het hul potensiaal verwesenlik en het die WP van hul voete af gehardloop. Vrystaat was ook in die vaste spel baas. WP is teen die einde meters ver in die skrums teruggedruk.
1977: Noord-Transvaal maak weer so In 1977 het Noord-Transvaal die verdedigende kampioene, Vrystaat, 27–12 op Loftus geklop. Dit was eintlik ’n ongelyke stryd en Noord-Transvaal het met die eerste twee skrums met die Vrystaatse voorspelers op loop gesit. Daar was drie drieë deur Noord-Transvaal se onderskatte agterlyn, maar Vrystaat se andersins skitterende agterlyn het nie veel indruk gemaak nie. Naas Botha, toe net negentien jaar oud, het 15 punte in sy eerste eindstryd aangeteken, insluitend sy eerste skepskop in ’n finaal.
1978: Die Ligbloues trek noustrop In 1978 het Noord-Transvaal en Vrystaat weer teen mekaar te staan gekom, weer in Bloemfontein. NoordTransvaal kon net met 13–9 wen, maar die telling het die Vrystaat gevlei. Weer eens het die twee drieë van NoordTransvaal gewys dat hul agterlyn wel agter die doellyn
116
Morné and Daan du Plessis after Western Province and Northern Transvaal drew the Currie Cup final 15–all in 1979.
kan kom. Vrystaat het nie gaan druk nie. Naas Botha het ontluik in ’n wedstrydwenner van die eerste water. Dit was ook Thys Lourens se agste en laaste eindstryd, en dit was die vierde keer dat hy die goue beker as kaptein omhoog gehou het. Dis besonders dat hy nooit in daardie agt wedstryde aan die verloorkant was nie.
1979: Du Plessis versus Du Plessis Dit was die Du Plessis-kapteins se eindstryd. Morné was die kaptein van WP en Daan was Noord-Transvaalse kaptein in die plek van ’n beseerde Thys Lourens. Dit was ’n teleurstellende wedstryd en die telling van 15 elk was gepas. Naas Botha het aan die einde van die wedstryd besluit om te skepskop toe ’n drie ’n moontlikheid was. Dit het die tellings gelykop gemaak. Botha het al sy span se punte aangeteken, wat twee skepskoppe ingesluit het. Daardie laaste skepskop het vir Morné du Plessis – een van Suid-Afrika se grootste kapteins ooit – die plesier ontneem om die Curriebeker as wenner omhoog te hou.
1980: Die groot pak slae In 1980 is WP weer verneder. Vier jaar tevore het hulle met 33–16 die grootste nederlaag in die
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 116
2352011 5:24 PM
Curriebekereindstryde teen Vrystaat gely, en dié keer was die loesing teen Noord-Transvaal op Loftus ’n allemintige 39–9. WP was in 1980 net ’n skaduwee van die eertydse beste span in Suid-Afrika. Morné du Plessis het hom kort voor die wedstryd onttrek en Hennie Bekker het as kaptein oorgeneem. Die punteverskil van 30 maak dit die grootste nederlaag in ’n Curriebekereindstryd. Dit was ’n ongewone seisoen vir WP. Hulle was soms briljant op die veld, net om dan weer teleur te stel. Dit is ook die seisoen wat onthou sal word vir die dood van hul heelagter, Chris Burger, na ’n ernstige nekbesering teen die Vrystaat in Bloemfontein. WP het Transvaal 37–0 afgeransel, maar Noord-Transvaal het WP drie maal geklop, waarvan die laaste nederlaag in die eindstryd uiteraard die Kapenaars se laagtepunt van die seisoen was. Noord-Transvaal het oor WP gehardloop en vyf drieë gedruk. Nog ’n drie is nie toegeken nie. Twee drieë is deur Edrich Krantz aangeteken, en een elk deur Thys Burger, Willie Kahts en Moaner van Heerden. Naas Botha het twee skepskoppe oorgeskop en 19 punte aangeteken.
1981: Die Springbokdebat In 1981 het Noord-Transvaal ’n bohaai veroorsaak deur agt van hul tien Springbokke wat Nieu-Seeland toe was, vir die eindstryd teen Vrystaat te gebruik. Die ander twee, Theuns Stofberg en Willie Kahts, was beseer. Die Ligbloues was die gunstelinge, veral omdat Vrystaat besluit het om nie hul Springbokke vir die eindstryd te gebruik nie. Noord-Transvaal se 23–6 oorwinning was daarenteen met die hulp van hul Springbokke behaal, en dit verduidelik seker die groot punteverskil. Noord-Transvaal het drie drieë gedruk en die Vrystaat geen. Oudergewoonte het Naas Botha ook ’n skepskop oorgeklits. Dit was egter die einde van ’n era. Buurman van Zyl, wat tien jaar vantevore weens swak gesondheid ’n seisoen as afrigter misgeloop het, is in Februarie 1982 oorlede. Sy dood, asook WP se opgang en Naas Botha se vertrek vir ’n proeftydperk by Dallas Cowboys in die VSA, was die begin van vyf jaar sonder ’n titel vir die Ligbloues.
Westelike Provinsie neem weer oor In die volgende vyf jaar vanaf 1982 het WP ’n rekord opgestel van vyf titels in vyf opeenvolgende eindstryde. Dit ewenaar hul vyf titels in 1892–1898 en weer in 1925–1934, hoewel laasgenoemde nie in opeenvolgende jare was nie. Noord-Transvaal het ook van 1977 tot 1981 vyf titels na mekaar gewen, maar moes die titel in 1979 met WP deel. Dawie Snyman, die briljante voormalige Matie van WP en die Springbokke, se veelsydigheid as agterspeler het hom moontlik verhinder om die hoogtes te bereik wat van hom verwag is. Hy het egter in ’n mate daarvoor vergoed toe hy in 1982 die jongste afrigter geword het wat ’n Curriebeker wen. Die seisoen het nog ’n rekord gesien toe drie broers, naamlik Willie, Carel en Michael du Plessis, saam in die eindstryd gespeel het. Dit was WP se eerste keer as alleenhouers van die Curriebeker vandat eindstryde in 1968 ingestel is. Die oorwinning op Nuweland in 1982 was ’n treffende vertoning. Noord-Transvaal was nie meer so ’n gedissiplineerde span nie en het ook baie foute gemaak. Aan die anderkant het WP ’n goeie, hardwerkende vaste vyf gehad. Daar was ook ’n nuwe gees in WP-rugby, wat selfs na die laer vlakke van rugby deurgedring het. Hul president, Jan Pickard, het feitlik elke oefening bygewoon, en het oor die land gevlieg om by al die provinsiale wegwedstryde teenwoordig te wees. Die span het ook twee Maties as leiers gehad, naamlik Divan Serfontein as kaptein en Hennie Bekker as onderkaptein, wat goeie kontinuïteit in beplanning en benadering verseker het. Noord-Transvaal is vroeg in die 1982-seisoen 24–13 deur WP geklop en die Kapenaars het begin hoop dat dit weer hul beurt was om die goue beker te wen wat hulle laas in 1979 net kon deel. Naas Botha kon nie in die eindstryd speel nie. Sy linkerbeen was in gips na ’n laagvat van Jannie Els in Noord-Transvaal se wedstryd teen OosTransvaal. WP se voorspelers het egter so oorheers dat selfs Naas nie sy span sou kon red nie. WP was na tien minute reeds 14–3 voor, en een van die spesiale drieë van die voortreflike vleuel, Carel du Plessis, het die telling na agtien minute tot 18–3 laat vorder. WP het dwarsdeur
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 117
117
2352011 5:24 PM
die seisoen beïndruk, en die dag met die eindstryd was hulle ongetwyfeld die beste span op die veld. Met slegs twee strafskoppe in die tweede helfte, het hul disspline ’n groot bydrae tot hul sukses gelewer.
1983: WP behou die beker Die Westelike Provinsie het die Curriebeker in 1983 op indrukwekkende wyse behou. Hulle het boaan die punteleer geëindig en moes toe eers teen Natal in die halfeindronde speel. Natal was tweede in die B-afdeling vir die swakker spanne. WP het op Kingspark teen Natal gesukkel, maar nogtans 7–3 gewen. WP moes toe weer teen die Ligbloues in die eindstryd speel, dié keer op Loftus, waar hulle 9–3 gewen het. Amper net so belangrik as daardie Curriebekertitel was ’n oorwinning op Loftus! WP het laas in 1964 ’n wedstryd op Loftus gewen, en dit was ook die eerste keer dat Noord-Transvaal ’n eindwedstryd op Loftus verloor het.
1984: Onstuitbaar! In 1984 het die Streeptruie 53 Curriebekerdrieë gedruk en slegs sewe afgestaan. Hulle het in die kompetisie 361 punte teenoor net 124 punte aangeteken. Dié keer het hulle die Curriebeker op Nuweland teen Natal gewen. Natal het uit die B-afdeling in die eindronde beland deur Vrystaat, wat die tweede geplaaste span in die A-afdeling was, in Durban te klop. (Volgens die stelsel wat toe in gebruik was, het die voorste twee spanne van die swakker B-afdeling uitspeelwedstryde teen die twee topspanne van die A-afdeling gespeel om sodoende ’n kans te kry om ook om die Curriebeker mee te ding.) Natal is deur Wynand Claassen aangevoer. Hulle het WP teen die verwagtinge in op Nuweland laat les opsê, nadat Natal weer nie die vroeëre promosiewedstryd kon wen om na die A-afdeling van die kompetisie bevorder te word nie. WP moes hard werk om 19–9 te wen. Vroeër het hulle ook gesukkel, en teen die Vrystaat verloor en twee keer naelskraap teen Noord-Transvaal gewen. Dit
118
Wynand Claassen.
was nie ’n goeie eindstryd nie, en WP het een van hul swakste wedstryde van die seisoen gespeel. Kaptein Divan Serfontein het vir die derde keer die Curriebeker omhoog gehou, en daarna as speler uitgetree.
1985: Beserings is ’n kopseer Beserings het in die 1985-seisoen vir Dawie Snyman hoofbrekens veroorsaak. Hoewel die streeptruie die Curriebeker die vierde jaar agtereenvolgens gewen het, was hul rugby nie van dieselfde hoë standaard as in die vorige wenseisoene nie. WP het vier van die ligawedstryde verloor en tweede na Noord-Transvaal op die punteleer van die A-afdeling geëindig. Hulle het in die eindstryd weer teen die Ligbloues op Nuweland te staan gekom, en die vorige dekade se topspan 22–15 geklop. Dit was oudergewoonte ’n taai wedstryd. Die Streeptruie se voorspelers het Noord-Transvaal laat swaarkry, maar die verloorders het die lynstaanstryd gewen. Ondanks die verbete teenstand was daar nooit enige twyfel dat WP die beste span op die veld was nie. Hennie Bekker en Neil Burger het vir WP gaan druk. Noord-Transvaal het weer op Naas Botha moes staatmaak. Hy het al 15 die Ligbloues se punte met twee skepskoppe en drie strafskoppe aangeteken.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 118
2352011 5:24 PM
1986: Vyf in ’n ry! Westelike Provinsie se mees indrukwekkende en volgehoue goue era het in 1986 met ’n oorwinning van 22–9 oor Transvaal op Nuweland tot ’n einde gekom. Hul hardlooprugby het Transvaal se konserwatiewe spelpatroon oorrompel. Dit was ook Transvaal se kaptein, Jannie Breedt, se eerste nederlaag in ’n eindstryd. Met die soveelste nuwe stelsel moes Transvaal in die halfeindronde teen Natal in Durban speel, wat hulle 18–4 gewen het, terwyl WP outomaties eindstryd toe is. WP se oorwinning in die eindstryd op Nuweland het darem meer behels as om net met elke bal te hardloop. Die voorspelers het die Rooibontes se gedugte pak goed besig gehou totdat die agterlyn oorgeneem het. Trouens, kort voor die einde van die wedstryd was Transvaal nog 9–8 voor, maar toe het WP-senter Goggie van Heerden twee keer kort na mekaar gaan druk. Die bekende radioomroeper John Robbie het in die eindstryd vir Transvaal gespeel, en in die seisoen ook met vier skepskoppe geslaag.
1987: Briljante Botha 1987 se Curriebekereindstryd het een van die heel beste individuele vertonings deur ’n speler opgelewer. In die reën en hael op Ellispark het die twee ou vyande, Transvaal en Noord-Transvaal, mekaar die stryd aangesê. Dit was Naas se wedstryd. Hy het al 24 punte aangeteken in die oorwinning van 24–18 (wat elders beskryf word). Hy het vier skepskoppe en vier strafskoppe tussen die pale deurgestuur, en sy foutlose taktiese skopwerk het die voorspelers op die voorvoet gehou.
1988: Alweer Naas! Westelike Provinsie was nog steeds ’n faktor in die Curriebekertoernooi en het in 1988 met 19–18 die eindwedstryd op Loftus met ’n enkele punt verloor. WP moes eers die B-afdeling se voorste span Noord-Vrystaat in die halfeindronde klop, wat hulle met 26–8 in Welkom ge-
Captain Naas Botha and his team celebrate their 1988 triumph.
doen het. Die Kapenaars was na ’n goeie seisoen die gunstelinge, en boonop het Noord-Transvaal in die drie weke tussen hul laaste ligawedstryd en die eindstryd geen wedstryde gespeel nie. Naas Botha het egter met drie strafskoppe, twee skepskoppe en foutlose taktiese skopwerk die Streeptruie se hoop op nog ’n Curriebekertitel verydel. Sy voorspelers het weer uitstekend gespeel.
1989: Weer gelykop Dit was 1989 op Nuweland. Daar was net enkele minute oor en Noord-Transvaal was 15–11 voor. Dit het gelyk of WP hul tweede nederlaag in die eindstryd op Nuweland gaan ly. Toe kom Carel du Plessis tot die Streeptruie se redding! Du Plessis, wat moontlik die beste linkervleuel is wat SuidAfrika nog gelewer het, het na volgehoue druk van WP en ook sy broer Michael se uitgee na ’n losskrum deurgesny en in die hoek gaan druk. Dit het van die onervare Riaan Gous, se vervyfskop afgehang of die goue beker sou terugkom Nuweland toe. Die skop het goed gelyk, maar op die laaste oomblik geswenk en verby die regoppaal getrek. Twee topspanne in die kompetisie het oorheers deur al tien titels te wen. In die dekade het WP vyf keer gewen, teenoor die vier titels van Noord-Transvaal. Een eindstryd was gelykop.
Str yd om die goue beker
150 Jaar Book.indd 119
119
2352011 5:24 PM
120
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 120
2352011 5:24 PM
7
Twee spanne oorheers die negentigerjare Natal en die Leeus breek die droogte in Curriebekerrugby
Lions captain Jannie Breedt laid the foundation for the Lions’ three Currie Cup wins in the 1990s.
As die 1980’s aan Westelike Provinsie (WP) en Noord-Transvaal behoort het, was die negentigerjare die dekade waarin Transvaal en Natal sterk na vore getree het. Sewe van ’n moontlike tien Curriebekertitels het na hierdie twee spanne se kant gekom nadat hulle ’n geruime tyd Curriebekerglorie misgeloop het. In 1993 het Transvaal se naam verander na die Gauteng Leeus, en het hulle na 21 jaar weer die Curriebeker gewen. Hul oorwinning in 1972 teen Oos-Transvaal was hul vorige sukses. Maar die Natalspan het sedert hul stigting in 1890 nog nooit ’n Curriebekertitel verower nie! Gedurende die negentigs is drie titels weggeraap van die oorheersing deur die Leeus en Natal, eers deur Noord-Transvaal in 1991 en later as die Blou Bulle in 1998, en ook deur WP in 1997. Dit was ’n dekade wat deur omwenteling en aanpassing gekenmerk is. In 1996 het rugby in Suid-Afrika uiteindelik ’n professionele sport geword nadat dit al ’n hele ruk in dié rigting beweeg het. Nie ’n enkele rugbyland – met die moontlike uitsondering van Argentinië – het stiptelik by die Internasionale Rugbyraad (IRR) se streng reëls oor professionalisme gehou waaroor hulle so jaloers waggestaan het nie. In Suid-Afrika was dit Transvaal wat die leiding geneem het om hul spelers te vergoed. Dit is heel openlik gedoen. Sedert die laat tagtigerjare, nadat Louis Luyt in 1984 die president van die Transvaalse Rugby-Voetbalunie (TRVU) geword het, het hulle sonder geheimhouding spelers van ander provinsies gekoop. Noord-Transvaal was die hoofverskaffer van sulke kwaliteitspelers en het ook Transvaal voorsien van ’n uitnemende kaptein, Jannie Breedt. Net soos Morné du Plessis, die Springbok- en WP-kaptein wat die Curriebeker slegs een keer gedeel het, het Breedt nooit die voorreg gehad om dié beker as kaptein van Transvaal te wen nie.
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 121
121
2352011 5:24 PM
Hy het Transvaal oor ’n tydperk van sewe jaar in 102 wedstryde op die veld gelei, insluitende die vier eindstryde wat Transvaal verloor het. Dit is billik om te sê dat as dit nie vir die briljante Naas Botha in twee van daardie eindstryde was nie, Transvaal twee meer titels sou gehad het. Breedt se span was ook ongelukkig om in 1992 met ’n enkele punt 14–13 teen Natal op Ellispark te verloor.
Die nege slagvelde Tot en met die einde van 2010 is vyftig Curriebekereindstryde op nege verskillende velde gespeel. Sewentien van daardie wedstryde is op Loftus Versveld beslis, terwyl Nuweland die tweede meeste Curriebekereindstryde, naamlik elf, beleef het. Ellispark (nou Coca-Colapark) was die gasheerveld vir ses eindstryde, terwyl vyf van die Vrystaat se ses eindstryde op die Vrystaat-stadion/Vodacompark gespeel is en een op Springbokpark. Durban se eerste eindstryd in 1956 is op die Kingsmead-krieketvelde gespeel, en hul volgende ses daarna is op Kingspark/Absa-stadion gespeel. Net drie eindstryde is elders as in Kaapstad, Johannesburg, Durban en Bloemfontein aangebied. In twee van hulle was daar op die nippertjie dramatiese heldedade wat ’n Curriebekeroorwinning besorg het. Die 1952-eindstryd is op die skilderagtige Bolandpark in Wellington gespeel. Natie Rens van Transvaal het die Bolanders se harte gebreek met ’n skepskop in die doodsnikke van die wedstryd wat sy span met 11–9 laat deurskuur het. Die De Beers-stadion was die veld waar Griekwas se Peet Smith in 1970 vir NoordTransvaal drie minute voor die einde met ’n lang strafdoel teen die wind verras het. Die telling was 11–9 in Griekwas se guns. Twee jaar later het Transvaal vir Oos-Transvaal op die PAM Brink-stadion in Springs met 25–19 geklop.
122
Breedt het ongetwyfeld die grondslag vir die volgende twee jaar gelê. Transvaal het as die Gauteng Leeus omtrent elke moontlike trofee gewen, insluitend die Super 10, die M-Net-aandreeks en die Lionbeker. Natal het op hul beurt sedert die sestigerjare totdat die laaste twee Curriebekers met ’n ligastelsel in 1964 en 1966 beslis is, nie naby ’n titel gekom nie. Dié twee kompetisies en die kompetisie in 1957–1959 was die enigste drie afwykings van die sewe eindstryde tussen 1939–1956, en die voortsetting in die speel van eindstryde in 1968. In 1984 het Natal wel ’n eindstryd teen WP op Nuweland gespeel, maar dit was nie eintlik die gevolg van ’n goeie seisoen nie, eerder die eindproduk van een van die baie kunsmatige kompetisiestrukture. Natal was in 1984 die wenners van die B-afdeling en verras toe vir die Vrystaat in Durban in die halfeindronde met ’n oorwinning van 26–15. In die ander halfeindstryd het WP, die topspan, vir Oos-Transvaal met 53–0 afgeransel. En só het Natal in 1984 hul kans gekry om in ’n Curriebekereindstryd teen WP te speel. As die stelsel in 2010 toegepas was, sou dit beteken dat Oostelike Provinsie (OP), die wenners van die Eerste Liga, vir WP, wat tweede in die Premier Liga was, moes klop om ’n plek in die eindstryd te kry. Van 1982 tot 1986 het Natal vyf seisoene lank in die B-afdeling water getrap. In dié tyd was daar net die amperse wen in die 1983-Curriebekerhalfeindronde toe Natal op Kingspark 7–3 teen WP verloor het, en die eindronde in 1984 op Nuweland wat hulle 19–9 verloor het. Dis ironies dat Natal in albei jare die B-afdeling gewen het, maar nie hul uitspeelwedstryd teen Noord-Vrystaat kon wen om na die A-afdeling te promoveer nie. Ná hierdie promosie-nederlae moes Natal maar weer die motivering vind om die halfeindstryde te speel ten einde die Curriebekereindstryd te haal! Maar niks bly ooit dieselfde nie. Toe Natal in 1990 die dramatiese deurbraak maak deur hul eerste Curriebekertitel te wen, was dit die eerste van ses titels, waarvan vier in die negentigerjare verower is. Daardie oorwinning was die resultaat van opbou en beplanning,
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 122
2352011 5:24 PM
wat vyf jaar in die B-afdeling ingesluit het. Die oorwinning in 1990 was inderdaad die begin van Natal se vestiging as ’n krag in Suid-Afrikaanse en wêreldrugby.
1990 Onder aanvoering van Craig Jamieson het die span vir Natal in hul eeufeesjaar die glorie behaal waarna hulle so lank uitgesien het. Die Curriebekertitel het egter nie sommer net in hulle skoot geval nie. Natal was gelukkig om hul eerste wedstryd van die 1990-kompetisie teen die Vrystaat te wen nadat die Vrystaatse heelagter, André Joubert, met vyf strafskoppe pale toe misluk het. Natal se oorwinning van 18–9 het hulle inderwaarheid gevlei. Die wedstryd teen Transvaal was taai, maar Natal het 25–19 gewen. In die wedstryd teen WP op Nuweland moes Natal ’n agterstand van 12 punte inhaal om in die laaste tien minute ’n gelykoptelling van 18 elk af te dwing. Daarna het Natal op Welkom hul ou vyand, NoordVrystaat, deeglik pak gegee en op Kingspark het hulle ’n 14-man Noord-Transvaalse span met 24–9 met die kous oor die kop huis toe gestuur. Natal het Wes-Transvaal net-net in Potchefstroom geklop en met slegs een punt teen OP in Port Elizabeth geseëvier. Groot Tom Lawton, die Wallabiehaker wat as die beste ter wêreld beskou is, is nader gelok om Jamieson se span deur die laaste deel van die 1990-kompetisie te help. Hy het in agt wedstryde vir Natal gespeel, en sy grootte en kundigheid het die deurslag gegee. Saam met die groot, harde Wahl Bartmann – toe in sy eerste seisoen vir Natal – en met Guy Kebble, die nuwe aanwins uit WP op losskop, het Natal skoongemaak. Hulle het WP dié keer op Kingsmead 21–12 in die omkeerstryd geklop. Natal was goed op koers, maar die Welkom-spooksel het so byna weer toegeslaan. Hulle is op die ou einde met ’n skepdoel van Joel Stransky teen Noord-Vrystaat gered, net om in die omkeerstryd in Pretoria deur Noord-Transvaal met ’n telling van 28–6 afgeransel te word. Transvaal het Natal daarna op Kingspark groot
Breakthrough! Captain Craig Jamieson holds the Currie Cup aoft after Natal’s first win in 1990.
laat skrik, maar Natal het die wedstryd 27–25 gewen. Natal het nietemin baie kwesbaar gelyk. Ondanks twee nederlae en ’n gelykopstryd het hulle wel tweede op die Curriebekerpunteleer geëindig. Hulle sou op 6 Oktober 1990 op Loftus Versveld teen Noord-Transvaal te staan kom om die 1990-Curriebekerkampioen te bepaal. Die 1990-eindstryd sal ook onthou word vir die slinkse taktiek van die Natalkeurders onder leiding van die sameroeper Piet Strydom, om ’n “vals” pak voorspelers aan te kondig wat nie dieselfde was as die span wat op die veld gedraf het nie. Voorts het Ian McIntosh die plaasvervangerreël baie slim tot Natal se voordeel toegepas. Dan was daar ook een van die legendariese Currie bekerdrieë van Tony Watson, Natal se regtervleuel. Dit was ’n skitterende drie. Watson het later erken dat dit ietwat van ’n gelukskoot was, maar dit was nogtans uits-
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 123
123
2352011 5:24 PM
124
Ian McIntosh – coached Natal to their first Currie Cup victory.
Tony Watson – a significant try.
onderlik. Dit was moontlik nie so aanskoulik soos Pierre Spies se drie vyftien jaar tevore toe Noord-Transvaal die Vrystaat in die doodsnikke getroef het nie, maar Watson se drie was in ’n paar opsigte betekenisvol. Dié drie het Natal se 1990-oorwinning aangehelp – ’n reuse deurbraak na ’n droogte van 100 jaar. Dié oorwinning sou Natal as een van die voorste spanne vestig. Die professionele era was net om die draai, en die oorwinning het R1,5 miljoen in die bankrekening van die Natalse Rugbyunie (NRU) geplaas. Vergeleke met vandag was dit ongeveer R20 miljoen werd. Dit was maar nét nie Noord-Transvaal se dag nie. Met die ophardloopslag het die senter, Pieter Nel, in die tonnel gegly en hom so beseer dat hy nie kon speel nie. Theo van Rensburg, die toekomstige Springbokheelagter, is senter toe geskuif en Gerbrand Grobler is opgestuur as heelagter. Noord-Transvaal was stadig maar seker besig
om die oorhand te begin kry, toe Watson se drie ’n wending in die wedstryd meebring. Van Rensburg het ’n desperate poging met dekverdediging uit die senterposisie aangewend, maar hy is op die verkeerde voet betrap en Watson het teen die kantlyn afgenael. Watson het later gesê dat dié drie ekstra spoed benodig het, wat hy wel gehad het. Ook die wegskouer van Van Rensburg deur Watson was briljant! Die wendrie is deur ’n strafskop van die middellyn af gevolg. Die Ligbloues se senter, Jannie Claassen, is gestraf vir ’n laatvat in die doelgebied net na die drie, en Stransky het oorgeskop. Voor Watson die Loftusskare laat stil word het, was die telling 12–9 in die tuisspan se guns. Die drie en die strafskop het die bordjies verhang, en Natal het 18–12 voorgeloop. Volgens afrigter Ian McIntosh was dit die dag waarop Natal se rugby volwassenheid bereik het.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 124
2352011 5:24 PM
1991 In 1991 het Transvaal die kans laat verbygaan om wraak te neem op Noord-Transvaal vir die nederlaag in 1987, toe Naas Botha en sy voorspelers die eindstryd 24–18 in die wind en reën op Ellispark gewen het. Noord-Transvaal het vir oulaas die Curriebeker met Naas Botha as kaptein gewen. Hy het na die 1992-seisoen uit eersterangse rugby in Suid-Afrika getree. Vanaf 1987 tot 1991 het Noord-Transvaal vyf jaar na mekaar in Curriebekereindstryde gespeel, waarvan hulle twee gewen, twee verloor en een gelykop gespeel het. Hul volgende eindstryd en titel sou eers sewe jaar later in 1998 plaasvind, met nóg ’n droogte daarna wat eers in 2002 met ’n eindstryd gebreek sou word. Vir Noord-Transvaal was die 1991-seisoen om die minste te sê onvoorspelbaar. Hulle moes hard werk om weer bo uit te kom na hul verrassende nederlaag teen Natal in die vorige jaar se Curriebekereindstryd. Twee groot pakke slae, wéér teen Natal met 54–15 en teen Transvaal met 24–9, was maar ’n trietsige begin van ’n seisoen waarin hulle vir die vorige jaar se verbeurde kanse wou vergoed. Ná Botha se terugkeer van Rovigo het die Lionbeker gevolg en hulle het Transvaal 35–12 geklop. Hulle het ook vir WP in die Curriebekerkompetisie met 28–9 pak gegee. Die opflikkering was egter te laat – of so het dit gelyk. Om enigsins ’n kans te hê, moes Noord-Transvaal staat maak op wat die ander spanne se uitslae was. Vrystaat moes WP klop, wat hulle toe ook gedoen het, maar nie sonder drama nie. ’n Toeskouer het op die veld gehardloop net toe WP se Springbok, FC Smit, doellyn toe storm. Goed binne die Vrystaat se kwartgebied het die toeskouer hom grond toe gebring! ’n Drie beslis ’n moontlikheid. Dit sou die wedstryd vir WP verseker. Izak Beneke het ’n verrassende drie reg aan die einde vir Vrystaat aangeteken, en drie spanne het saam die tweede plek op die punteleer beklee. Transvaal was boaan die liga. As ’n blyk van waardering teenoor die spelers en hul vroue en meisies het die Ligbloues daardie naweek by Sun City ontspan. Hulle moes toe skielik terugjaag om voor te berei vir ’n uitspeelwedstryd die Woensdag teen
WP op Loftus. Hulle het die wedstryd 34–21 gewen, en in Bloemfontein het hulle 27–23 in die halfeindronde met Vrystaat klaargespeel. ’n Week later het Noord-Transvaal vir Transvaal, wat die voorste span op die punteleer was, oortuigend geklop nadat die rustydtelling 6 elk was. Die eindtelling was 27– 15 en die Ligbloues het die wedstryd oorheers met vier drieë teenoor geen van Transvaal nie. Hul oorwinning was die gevolg van beter balbesit vanaf die eerste fase, en ook Botha se vermoë om gebiedsvoordeel te verseker. Transvaal se besluit om spelers in die veld te stoot wat pas van hul beserings herstel het, het meegehelp om NoordTransvaal die onwaarskynlike Curriebekerkampioene van 1991 te maak.
1992 Transvaal en die Gauteng Leeus het in vyf van die ses eindstryde tussen 1991 en 1996 gespeel, maar vir Jannie Breedt was daar geen beker om te wys nie. In 1991 was die Curriebekerkampioene Natal net ’n skadu van die span wat die vorige jaar gewen het – hulle het net elf van hul 21 wedstryde gewen. In 1992 was Natal egter weer ’n perd van ’n ander kleur. Hul oorwinning oor WP op Kingspark met ’n rekord 31–19 was ’n aanduiding van ’n goeie seisoen wat voorlê. Daarna verloor hulle op Loftus met 27–24, waarvan Naas Botha al 27 punte aangeteken het. Dit was egter die laaste keer dat hulle in dié seisoen ’n Curriebekerwedstryd sou verloor. Hulle het 19–11 teen WP op Nuweland gewen, die eerste keer sedert die halfeindronde in 1956 en slegs die tweede keer ooit dat Natal op die “bakermat van SuidAfrikaanse rugby” wen. Natal het ook die eerste keer boaan die Curriebekerpunteleer geëindig. Natal moes Ellispark toe gaan vir die eindstryd. Destyds was die reël dat die twee spanne na ’n vorige uitspeelwedstryd die tuisveld sal ruil – en dit was in 1986 met die halfeindstryd in Durban. Dit sou egter nie ’n verskil gemaak het nie. Natal het rustyd 8–3 voorgeloop na ’n vroeë drie deur Gary Teichmann, gevolg deur ’n breekslag van
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 125
125
2352011 5:24 PM
Eindstrydskeidsregters Craig Joubert het in 2010 die 25ste skeidsregter geword wat ’n Curriebekereindstryd hanteer toe hy in beheer was van die Natal Sharks en WP se kragmeting in Durban. Aangesien eindstryde aanvanklik ongereeld gespeel is (die eerste sewe is tussen 1939 en 1968 gespeel), is daar slegs 25 skeidsregters wat die kans gehad het om in die hoogtepunt van die Suid-Afrikaanse seisoen op te tree. André Watson se sewe eindstryde is boaan die lys; Steve Strydom is tweede met ses eindstryde, en Freek Burger en Jonathan Kaplan is volgende met vyf eindstryde elk. Watson het ses opeenvolgende eindstryde in 1996–2001 hanteer, en hy was ook in 1999 en 2003 die skeidsregter in twee Wêreldbekereindstryde. Met dié dat skeidsregters nou deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) gekontrakteer word, het die beginsel van “neutrale” skeidsregters verval. Dit is selfs verder op Super 14-vlak gevoer, waar skeidregters sedert 2009 in beheer van wedstryde kan wees waar hul eie land se spelers betrokke is. Hoewel ses toetsspelers ook in toetswedstryde as skeidsregters opgetree het, was daar net een voormalige Springbok, die stut Boy Louw, wat ’n Curriebekereindstryd beheer het. Dit was die heel eerste eindstryd in 1939, net ’n jaar na hy uitgetree het. Louw het die vorige jaar nog teen die Britse Leeus gespeel. Sy broer Fanie, wat ook ’n Springbokstut was, was die kaptein van Transvaal wat in daardie eerste eindstryd in 1939 teen WP op Nuweland gespeel het. Hier volg ’n lys van die skeidsregters in Curriebekereindstryde. (Tuisspanne word eerste genoem. Skeidsregters is sedert 1998 nie meer lede van ’n bepaalde unie nie, maar van SARU – die verwysing na hul unies is dus ’n aanduiding van waar hulle in die jaar van hul Curriebekeraanstelling gewoon het.) 1939: Westelike Provinsie vs Transvaal: Boy Louw (Westelike Provinsie) 1946: Noord-Transvaal vs Westelike Provinsie: Carl Basson (Noord-Transvaal) 1947: Westelike Provinsie vs Transvaal: Albie Henkes (Westelike Provinsie) 1950: Transvaal vs Westelike Provinsie: Eddie Hofmeyr (Transvaal)
126
1952: Boland vs Transvaal: Chris Ackermann (Boland) 1954: Westelike Provinsie vs Noord-Transvaal: Ralph Burmeister (Westelike Provinsie) 1956: Natal vs Noord-Transvaal: Bowden Coombe (Natal) 1968: Noord-Transvaal vs Transvaal: Bertie Strasheim (NoordTransvaal) 1969: Noord-Transvaal vs Westelike Provinsie: Fonnie van der Vyver (Noord-Transvaal) 1970: Griekwaland-Wes vs Noord-Transvaal: Ben Calitz (Griekwaland-Wes) 1971: Transvaal vs Noord-Transvaal: Gert Bezuidenhout (Transvaal) 1972: Oos-Transvaal vs Transvaal: Piet Robbertse (Oos-Transvaal) 1973: Noord-Transvaal vs Transvaal: Piet Robbertse (OosTransvaal) 1974: Noord-Transvaal vs Transvaal: Steve Strydom (OranjeVrystaat) 1975: Oranje-Vrystaat vs Noord-Transvaal: Justus Moolman (Oostelike Provinsie) 1976: Oranje-Vrystaat vs Westelike Provinsie: Gert Bezuidenhout (Transvaal) 1977: Noord-Transvaal vs Oranje-Vrystaat: Jimmy Smith-Belton (Oostelike Provinsie) 1978: Oranje-Vrystaat vs Noord-Transvaal: Gert Bezuidenhout (Transvaal) 1979: Westelike Provinsie vs Noord-Transvaal: Steve Strydom (Oranje-Vrystaat) 1980: Noord-Transvaal vs Westelike Provinsie: Steve Strydom (Oranje-Vrystaat) 1981: Noord-Transvaal vs Oranje-Vrystaat: Johan Gouws (OosTransvaal) 1982: Westelike Provinsie vs Noord-Transvaal: Steve Strydom (Oranje-Vrystaat) 1983: Noord-Transvaal vs Westelike Provinsie: Johan Gouws (Oos-Transvaal) 1984: Westelike Provinsie vs Natal: Cassie Carstens (NoordTransvaal) 1985: Westelike Provinsie vs Noord-Transvaal: Steve Strydom (Oranje-Vrystaat) 1986: Westelike Provinsie vs Transvaal: Steve Strydom (OranjeVrystaat) 1987: Transvaal vs Noord-Transvaal: Freek Burger (Westelike Provinsie) 1988: Noord-Transvaal vs Westelike Provinsie: Jimmy SmithBelton (Oostelike Provinsie)
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 126
2352011 5:24 PM
1989: Westelike Provinsie vs Noord-Transvaal: Jimmy SmithBelton (Oostelike Provinsie) 1990: Noord-Transvaal vs Natal: Freek Burger (Westelike Provinsie) 1991: Noord-Transvaal vs Transvaal: Freek Burger (Westelike Provinsie) 1992: Transvaal vs Natal: Freek Burger (Westelike Provinsie) 1993: Natal vs Gauteng Leeus: Freek Burger (Westelike Provinsie) 1994: Oranje-Vrystaat vs Gauteng Leeus: Stef Neethling (Boland) 1995: Natal Sharks vs Westelike Provinsie: Tappe Henning (Noord-Transvaal) 1996: Gauteng Leeus vs Natal Sharks: André Watson (OosTransvaal) 1997: Westelike Provinsie vs Vrystaat Cheetahs: André Watson (Gauteng Falcons) 1998: Blue Bulls vs Westelike Provinsie: André Watson (Gauteng Falcons) 1999: Natal Sharks vs Leeus: André Watson (Gauteng Falcons) 2000: Natal vs Westelike Provinsie: André Watson (Falcons) 2001: Westelike Provinsie vs Natal Sharks: André Watson (Falcons) 2002: Lions vs Blou Bulle: Jonathan Kaplan (Boland) 2003: Blou Bulle vs Sharks: Shaun Veldsman (Boland) 2004: Blou Bulle vs Vrystaat Cheetahs: André Watson (Falcons) 2005: Blou Bulle vs Vrystaat Cheetahs: Jonathan Kaplan (Boland) 2006: Blou Bulle vs Vrystaat Cheetahs: Jonathan Kaplan (Boland) 2007: Vrystaat Cheetahs vs Goue Leeus: Mark Lawrence (Mpumalanga) 2008: Sharks vs Blou Bulle: Jonathan Kaplan (Westelike Provinsie) 2009: Blou Bulle vs Vrystaat Cheetahs: Jonathan Kaplan (Westelike Provinsie) 2010: The Sharks vs Westelike Provinsie: Craig Joubert (KwaZulu-Natal) Belangrike naamsveranderinge: Noord-Transvaal word die Blou Bulle. Transvaal word die Gauteng Leeus, toe die Goue Leeus, toe net die Leeus, en toe weer die Goue Leeus. Oos-Transvaal het eers die Gauteng Valke geword, toe die Falcons/Valke, en toe die Valke. Oranje-Vrystaat het Vrystaat Cheetahs geword. Mpumalanga was eers Suidoos-Transvaal en toe Suidoos-Transvaal en Laeveld. Natal het Natal Sharks, toe net Sharks, en toe The Sharks geword.
Jonathan Kaplan refereed 143 Currie Cup matches by end 2010.
Aantal eindwedstryde (50): 7: André Watson 6: Steve Strydom 5: Freek Burger, Jonathan Kaplan 3: Gert Bezuidenhout, Jimmy Smith-Belton 2: Piet Robbertse, Johan Gouws 1: Boy Louw, Carl Basson, Albie Henkes, Eddie Hofmeyr, Chris Ackermann, Ralph Burmeister, Bertie Strasheim, Bowden Coombe, Fonnie van der Vyver, Ben Calitz, Justus Moolman, Cassie Carstens, Stef Neethling, Tappe Henning, Shaun Veldsman, Mark Lawrence, Craig Joubert Bron van statistieke: www.rugby365.com en Gabriel Pappas (GLRU).
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 127
127
2352011 5:25 PM
Celebrating after the 1993 Lions break the 21-year Currie Cup drought, Pieter Hendriks, Ian Macdonald, Lois Luyt, Hannes Strydom, Kobus Wiese.
Pieter Muller. McIntosh se sogenaamde “direkte rugby” is vir die eerste uur met groot welslae gebruik, met die nuwe Natal-kaptein en voormalige Transvaalspeler, Wahl Bartmann, aan die voorpunt. Hy het met sy sterk dryfspel Natal telkens oor die voordeellyn gekry. Natal het deurgaans op die telbord voorgeloop, en op die ou einde was dit ’n verbroude strafskop wat Natal 14–13 laat deurskraap het om die titel te wen. Die beste span het tóg gewen, en hul rekord deur die seisoen het bewys dat hulle die titel verdien het. Vir die vierde keer was Jannie Breedt as kaptein van Transvaal in ’n eindstryd aan die verloorkant, maar hy het sy span sedert daardie eerste nederlaag in 1986 gelei om deurgaans ’n sterk aanspraakmaker op die titel te wees.
1993 Die Curriebekersukses in 1993 het gekom ondanks Louis Luyt se ongeduld wat gelei het tot die aanstelling van ’n klomp afrigters sedert hy die presidentskap in 1984 oor-
128
geneem het, totdat hy in 1998 deur Jomo King opgevolg is. Trouens, Luyt het self die span vir ’n wedstryd of twee afgerig! Daar was ’n toevloei van spelers uit Noord-Transvaal – hoofsaaklik Springbokke – wat by Transvaal aangesluit het. Saam met hulle het afrigters soos Kitch Christie en Ray Mordt die Jukskei oorgesteek. Dit was genoeg om Luyt se Curriebekerdroom te bewaarheid. Die 1993-eindstryd is in Durban gespeel en dit was Transvaal/Leeus se derde finaal in drie jaar. Dié keer het hulle die knoop deurgehaak en Natal 21–15 op Kingspark geklop om die 1993-kampioenspan te word. Dit was ’n wedstryd wat Natal waarskynlik moes gewen het. Selfs teen ’n sterk wind het hulle in die eerste helfte die gebiedsvoordeel gehad. Deeglike beplanning deur Christie en Mordt het egter Natal se skrumvoordeel en Bartmann se dryfspel geneutraliseer. Die Leeus se uitstekende fiksheid het die deurslag gegee, en die Natallers het vir hulself ’n gat gegrawe met twee blapse wat tot drieë vir die Leeus gelei het. Eerstens het Gavin Johnson
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 128
2352011 5:25 PM
’n los bal opgetel, Pieter Muller se laagvat afgeskud en met Rudolf Straeuli se hulp oor die doellyn geduik. Daarna het Uli Schmidt, die voormalige Noord-Transvaalse haker wat in sy sewende Curriebekereindstryd gespeel het, sy eerste drie in ’n eindstryd gedruk na ’n hanteerfout van die Natalse vleuel, Cabous van der Westhuizen. Die Leeus se ander punte was drie strafskoppe en ’n doelskop deur Gavin Johnson.
1994 Die Leeus se vierde agtereenvolgende Currie bekereindstryd is in 1994 op Springbokpark in Bloemfontein gespeel, aangesien daar herbouings by die Vrystaat-stadion aan die gang was. Hulle het die Vrystaat 56–33 verpletter nadat hulle rustyd reeds 31–16 voor was. Die Leeus het sewe drieë gedruk, waarvan een ’n strafdrie was – dit was ’n rekord getal drieë vir ’n wenspan. Nog rekords is opgestel, naamlik die wentelling van 56 punte, 89 punte deur die twee spanne, sewe drieë deur die wenners en tien drieë in ’n enkele wedstryd. Dit klink na “sjampanjerugby”, maar die werklikheid is dat albei spanne se verdediging bra gemiddeld was. Die feit dat die verloorspan se 33 punte nog net twee keer deur ’n wenspan in ’n eindstryd oortref is, stem mens ook tot nadenke! Die oorwinning in 1994 is bereik terwyl Ray Mordt die afrigter was. Christie het toe reeds die leisels by Springbokafrigter Ian McIntosh oorgeneem.
1995 In die negentigerjare het die topspanne behoorlik wipplank gery, en in 1995 was dit weer Natal se beurt om bo te wees. Dit is die jaar waarin Natal hul eerste titel op hul tuisveld gewen het, na hul nederlae teen NoordTransvaal in 1956 en teen die Leeus in 1993. Dit is ook die jaar waarin Natal die Natal Sharks (later net die Sharks) geword het en Ian McIntosh teruggekeer het as afrigter nadat hy as Springbokafrigter deur Luyt afgedank is. Mac, soos hy steeds bekendstaan, het ’n stormagtige
Ray Mordt – Lions winning coach in 1994.
verwelkoming met sy terugkeer na Natal gehad. Nie al die spelers wou hom terughê nie, en sommige seniorspelers se koppe het gerol na die bestuursbesluit bevestig is dat McIntosh in beheer van sake sou bly. Die Sharks was gereed vir professionalisme. Keith Parkinson, die president van NRU, het die Franse slot Olivier Roumat en hulle losskakel Thierry Lacroix se dienste vir die Sharks beding. Luke Smith, die skoppende losskakel oorspronklik van Noord-Transvaal, het 158 Curriebekerpunte vir die Sharks aangeteken. Die Natal Sharks het net twee in tien wedstryde verloor – teen WP en die Leeus – in hul opmars na die eindstryd en nog ’n Curriebekertitel verloor. Die 1995-seisoen het Gary Teichmann se era as die Sharks se kaptein ingelui. Bartmann, wat tussen Johannesburg en Durban gevlieg het om te oefen en te speel, het na ’n besering en as gevolg van sy sakebelange besluit om sy rugbyloopbaan af te sluit. Cabous van der Westhuizen was hierdie keer die held. Na ’n skoppie deur die Franse Shark, Thierry Lacroix, het die bal vir hom reggespring en die langhaarvleuel kon vir sy vorige blaps in 1993 vergoed deur ’n drie
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 129
129
2352011 5:25 PM
te druk. Lacroix se doelskop het dit 10–3 gemaak. Lacroix en WP se Joel Stransky het om die beurt strafskoppe oorgeskop en die telling was 16–12. Tiaan Strauss het ’n drie aangeteken en WP weer met 17–16 laat voorloop. Stransky het die doelskop verbrou, en twee strafdoele deur die Sharks laat in die wedstryd het die tuisspan 25–17 laat wen.
1996 Die Leeus was in 1996 weer kaatjie van die baan en het in hul vyfde eindstryd in ses jaar gespeel. Hulle moes weer teen die Natal Sharks kragte meet, dié keer op Ellispark. Die Curriebekertoernooi se formaat is weer verander.
Die krag-teen-kragbeginsel is laat vaar en die 22 spanne is in twee afdelings verdeel. Wegholoorwinnings en dus ook vernederende nederlae was eerder die norm as die uitsondering. Die Sharks het die kwarteindronde 51–3 teen Griekwas gewen, asook die halfeindstryd 35–20 teen die Vrystaat Cheetahs, soos hulle sedert 1995 bekend gestaan het. Die Sharks het die eerste punte aangeteken toe die senter Jeremy Thomson na ’n losskrum gaan druk het. Gavin Lawless – die seun van Springbok Mike wat in die laat vyftigs en sestigs gespeel het – se skopskoen het die tuisspan in die wedstryd gehou, sodat hulle teen rustyd net 10–9 agter was. Lawless het die Leeus met 12–10 die voortou laat neem toe hy sy vierde strafdoel aanteken,
Snyman behaal ’n rekord vir WP Titels as afrigter: vyf (1982–1986) Loopbaan as speler: 10 toetse; 22 wedstryde vir die Springbokke Dawie Snyman het in 1982 die jongste afrigter in die Curriebekergeskiedenis geword om die beker te wen. Sy rekord as afrigter word net deur dié van die legendariese Noord-Transvaalse afrigter, Buurman Van Zyl, oortref. Hy het inderwaarheid beter gedoen as Van Zyl toe hy vyf titels in vyf jaar vanaf 1982 tot 1986 gewen het. Van Zyl het ook vyf eindstryde gewen, tussen 1977 en 1981, maar een titel is in 1979 met WP gedeel. Snyman was in 1982 net 32 jaar en 89 dae oud toe WP Noord-Transvaal geklop het. Hierdie rekord het 23 jaar gestaan voor Rassie Erasmus die jongste suksesvolle afrigter in ’n eindstryd geword het. Hy was 31 jaar en 351 dae oud toe Vrystaat in 2005 die Blou Bulle op Loftus geklop het. Snyman, ’n voormalige leerling van Grey Kollege in Bloemfontein, is vir Hannes Marais se span “onoorwinlikes” gekies om in 1971 in Australië te gaan toer. Hy is as negentienjarige vir Maties se eerste span gekies. Snyman is een van ’n handjievol spelers wat vir Suid-Afrika gekies is voor hulle provinsiale rugby gespeel het. Hy het sy eerste toets in 1972 teen Engeland gespeel, wat Suid-Afrika 18–9 verloor het. Snyman moes ongelukkig reeds vroeg weens beserings
130
uittree. Hy was egter so ’n goeie speler dat sy mentor, Dok Craven, die volgende van hom gesê het: “Hy was so begaafd dat hy nie geweet het hoeveel hy in sy spel moes insit nie.” Craven het so ’n hoë dunk gehad van dié Matie wat as ’n onder-19-speler van die weermag in Pretoria na hom toe gekom het, dat hy hom as sy opvolger as afrigter geoormerk het. Craven het bewys dat hy nie net toekomstige spelers kon uitken nie, maar ook afrigters! Snyman het ook ’n beurt as afrigter van die Leeus gehad. Dit was na Luyt se aanvanklike sukses met spelers wat gekoop is om die Curriebeker te wen, uitgeloop het en daar geen opvolgstrategie in plek was nie. Snyman het die Leeus in 1997 en 1998 afgerig. Toe hy nie die gewenste resultate kon lewer nie, het hy een van die talle afrigters van die Luyt-era geword wat vertrek het. Snyman het in tien toetse en twaalf toerwedstryde vir die Springbokke gespeel. Sy ouer broer, Jackie, was ook ’n Springbok en het in drie toetse gespeel. Dawie Snyman se briljante vermoë as rugbyspeler is moontlik gekortwiek deur sy veelsydigheid wat gemaak het dat hy nooit regtig kon spesialiseer nie en om die beurt as loskakel en heelagter gebruik is.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 130
2352011 5:25 PM
Gary Teichmann took over as Natal Sharks captain in 1995.
net om deur die Sharks se losskakel, Henry Honiball, met ’n strafdoel van sy eie getroef te word. Lawless het weer met ’n strafskop geslaag en die Leeus was 15–13 voor. Daar was net vyftien minute van die wedstryd oor toe André Joubert insny en die bal van Thomson ontvang. Die gaping was daar en Joubert het daardeur versnel om te gaan druk. Vyf minute later was dit weer Joubert wat met ’n kortskoppie vorentoe met ’n gunstige spring van die bal geluk het – ’n eenvoudige uitgee van die bal sou ook gewerk het. Maar “eind goed als goed”, en die Natal Sharks het met 33–15 twee opeenvolgende Curriebekertitels en hul vierde titel in die negentigs verower. Die volgende twee jaar moes die twee voorste spanne van die negentigerjare terugstaan, want WP (twee keer) en die Vrystaat Cheetahs en Blou Bulle het in die volgende twee eindstryde in 1997 en 1998 gespeel. In dié twee jare moes André Watson, wat later in twee Wêreldbekereindstryde die fluitjie geblaas het, moeilike en kritieke beslissings maak. In beide gevalle het die ontleding van die wedstrydvideo’s bevestig dat sy beslissings korrek was. Dit beklemtoon weer eens dat ’n skeidsregter wat met die spel kan byhou, altyd beter sal wees as dié wat nie kan nie!
André Joubert – two tries in 1996.
1997 In 1997 het WP die Curriebeker gewen toe hulle die Bloemfonteiners 14–12 op Nuweland klop. Heel aan die einde van die wedstryd het Helgard Muller die bal na JanHarm van Wyk op die vleuel uitgegee. Van Wyk het oor baie vaart beskik, maar Watson was in die perfekte posisie om te oordeel en die uitgee was vorentoe. Met sestien Curriebekerdrieë was Van Wyk die seisoen se voorste puntemaker. In ’n rugbyloopbaan wat oor 77 wedstryde gestrek het, het hy 63 drieë as een van die land se do-
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 131
131
2352011 5:25 PM
delikste aanvallende spelers gedruk. Hy is nooit vir die Springbokke gekies nie, maar het die volgende jaar die Springbok-Sewesspan gehaal. Helgard Muller het in 245 wedstryde vir die Vrystaat gespeel, wat ’n Suid-Afrikaanse rekord is. Hy was ook 89 keer die kaptein van die span. In ’n stadium in sy loopbaan het hy 65 opeenvolgende wedstryde gespeel, almal as kaptein! Sy jonger broer, Pieter, het 33 toetse vir die Springbokke gespeel. Met al hulle Springbokke oorsee het die Natal Sharks nogtans voortgegaan vanwaar hulle in 1997 opgehou het. Hulle het 29 agtereenvolgende oorwinnings behaal voordat hulle deur Noord-Transvaal onttroon is, wat ook maar net met 33–28 gewen het. Die Sharks het 40–22 teen die Vrystaat Cheetahs in die halfeindronde verloor. Die Cheetahs het toe in die eindstryd ’n bitter teleurstellende nederlaag gely na die “wendrie” (tereg) nie toegeken is nie.
1998 Die tradisionele konings van die Curriebekertoernooi, die Blou Bulle en WP, het mekaar die stryd aangesê in die 1998-eindstryd wat op Loftus gespeel is. NoordTransvaal, nou die Blou Bulle, moes glad nie eers daar gewees het nie! In die halfeindronde teen die Natal Sharks was hulle 17–3 agter en dit het gelyk of dit neusie verby is met hul kanse om die eindstryd te haal. Joost van der Westhuizen het met briljante spel die verloop van die wedstryd omgekeer. Hy het met ’n skerp breekslag sy span op die wenpad geplaas. (In die afwesigheid van Ruben Kruger was hy op dié dag ook die kaptein.) Die Blou Bulle het met 41–17 gewen! Tydens die Curriebekereindstryd in 1998 moes Watson weer ’n kritieke beslissing maak wat WP die oorwinning gekos het. Sy besluit was omstrede, maar is later as korrek bewys. Met rustyd was die Blou Bulle 14–6 voor. Verdoelde drieë van Chester Williams en Charl Marais het WP se agterstand uitgewis. Die wedstryd was amper verby en die Bulle was 24–20 voor toe Springboksenter Robbie Fleck vir Williams oorstuur hoekvlag toe vir sy tweede
132
Joost van der Westhuizen led the Blue Bulls to the 1998 title.
drie. Watson was op die regte plek om te beslis dat die aangee vorentoe was. Die Blou Bulle het met 24–20 deurgeskraap om die titel voor WP se neuse weg te raap.
1999 Net soos WP en die Blou Bulle die vorige jaar die rugbyondersteuners daaraan herinner het dat húlle deur die jare eintlik die toonaangewende spanne was, het die Leeus en die Natal Sharks in 1999 die Curriebekereindstryd gespeel asof hulle wou beklemtoon dat die afgelope dekade beslis aan hulle behoort het. Hierdie keer moes die Natallers ’n paar groot geeste van hul 109 jaar as ’n unie groet, naamlik André Joubert, Gary Teichmann en die beseerde Henry Honiball, wat nie gespeel het nie. Die afrigter Ian McIntosh het ook besluit om uit te tree. Die Leeus is afgerig deur die Nieu-Seelander, Laurie Mains, die voormalige afrigter van die All Blacks wat die 1995-Wêreldbeker verloor het. Hy is na afloop van die
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 132
2352011 5:25 PM
toernooi as afrigter vervang. Mains was die jongste aanstelling in Luyt se lang lys afrigters en nog een van die Leeus se ingevoerde mense. Hy het ’n groot impak gehad, maar die nuwe dissipline was een te veel vir Springbok en Wêreldbekerheld, James Small, wat halfpad deur die seisoen sy rugbystewels weggepak het. Dit was die Leeus se beurt om slae uit te deel na hul nederlaag van 31–15 teen Natal op Ellispark in 1996. Hul opwindende nuwe speelstyl het dwarsdeur die seisoen beïndruk. Die Leeus het drieë ingeryg deur AJ Venter, Thinus Delport (twee), Chester Williams en Leon Boshoff. Kobus Engelbrecht het twee maal verdoel en ook ’n strafskop oorgeskop. Die telling van 32–9 was gelyk aan die tweede grootste oorwinning in ’n Curriebekereindstryd. Hoewel die Natal Sharks die eindstryd gehaal het, was dit nie deurgaans ’n voorspoedige seisoen nie. Hulle het die Vrystaat Cheetahs in die halfeindronde met 45–8 afgeransel, maar het vroeër in die seisoen nederlae gely teen Griekwas (29–23), SWD Arende (28–14) en OP (22– 16). Hul indrukwekkendste vertoning was teen WP, wat met 65–29 afgeransel is. Dit is die grootste pak slae wat WP ooit in ’n Curriebekerkompetisie gekry het! Tog was die Sharks se vertonings te wisselvallig om te beïndruk. Dit is interessant dat na die vierde eindstryd tussen Transvaal/Leeus en Natal/Sharks dit altyd die span met die tuisveldvoordeel was wat verloor het! Die Natal Sharks het in die volgende twee eindstryde in 2000 en 2001 weer teen WP in Durban en Kaapstad gespeel, en met onderskeidelik 25–15 en 29–24 verloor. Drie nederlae in drie opeenvolgende Curriebekereindstryde in 1999–2001 dui op ’n agteruitgang van die spel in Durban na die goue era van 1990–1999 wat ses eindstryde en vier titels ingesluit het. Die twee titels aan die begin van die nuwe dekade dui weer op WP se oplewing na hul vorige titel in 1997. Dit is egter ironies dat hulle sedert die titel in 2001 nog nie weer die Curriebeker kon wen nie, en hulle het hul enigste verskyning in ’n eindstryd in 2010 verloor. Natal het egter sedertdien die Blou Bulle met 14–9 in 2008, en WP oortuigend met 30–10 in 2010 geklop.
Thinus Delport – two tries in the 1999 final.
2000 Rudolf Straeuli het na die uittrede van Ian McIntosh die Natalse afrigtingspos oorgeneem. Hy het ook ’n nuwe span gehad met die uittrede van Teichmann, Honiball en Joubert, veral ook omdat ou staatmakers soos Steve Atherton, Shaun Payne en Adrian Garvey nie meer deel van die opset was nie. Ondervinding was in groot aanvraag. Hulle was nog nie opgewasse vir die harde baarde nie, soos duidelik blyk uit hul Super 12-uitslae, waar hulle laaste geëindig het. WP het die Sharks se gebrek aan ondervinding uitgebuit. Hulle het die laaste wedstryd van die 2000-seisoen in Durban 25–15 gewen en sodoende die Curriebekerkampioene geword.
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 133
133
2352011 5:25 PM
2001 Die 2001-formaat waarvolgens die Curriebeker gespeel is, was weer waar die veertien unies in twee afdelings verdeel word, en die boonste vier van elke afdeling na die elite Top 8-kompetisie bevorder word. WP was die beste span in die Top 8-afdeling en het met 40–18 korte mette met die Vrystaat Cheetahs in die halfeindronde gemaak. Insgelyks het die Sharks 16–9 met die Leeus in Durban klaargespeel. WP het in 2001 die eerste keer sedert hul goue era in die 1980’s twee opeenvolgende Curriebekertitels gewen. Dit was ongetwyfeld losskakel Braam van Straaten se wedstryd. Hy het Naas Botha se rekord van 24 punte in ’n eindstryd met een drie, twee doelskoppe en vyf strafskoppe geëwenaar. WP het reeds vir die uitspeelrondes gekwalifiseer toe hulle nog ’n ligawedstryd teen die Sharks moes speel, wat die Sharks 36–13 gewen het. Dit het tot groot optimisme in Durban gelei, maar Van Straaten het ’n stokkie daarvoor gesteek! Die besoekers was deurgaans in beheer en het hul oorwinning van 29–24 beslis verdien. Die Blou Bulle het in die ligafase slegs met klein punteverskille teen die twee finaliste verloor. Die tekens was daar dat hulle in die nabye toekoms weer ’n bulspan sou wees. WP se droë seisoene wat op 2001 gevolg het, het kommer gewek dat die voortreflike rugbytalent van die omgewing, wat seker die meeste toprugbyskole het, nie op junior nasionale vlak weerspieël word nie, en dat die vloei van talent deur die provinsiale span nie so sterk was soos in die verlede nie. Rassie Erasmus het na sy sukses by Vrystaat na Kaapstad verhuis as Direkteur van Rugby. Hy het teen die einde van die eerste dekade van die nuwe millennium sake begin regstel. Die oorwinnings van WP se onder-19’s en onder-21’s in die 2010-nasionale kompetisies dui op ’n blink toekoms en dis onderstreep deur die Stormers wat op hul 2010-vorm as ’n topfranchise voortgebou het.
Die Blou Bulle weer bo Rugby het amptelik in 1996 professioneel geword
134
A Rassie Erasmus wins with Free State Cheetahs.
en Noord-Transvaal is heeltemal onkant betrap! ’n Sprekende voorbeeld van die finansiële impak in die beginjare op die spanne was die kontrasterende vertonings in die negentigerjare tussen Noord-Transvaal (wat in 1998 na die Blou Bulle herdoop is) en die span wat toe die Gauteng Leeus was. Die koms van professionalisme val saam met die swakste tydperk in Noord-Transvaal se geskiedenis toe hulle sewe maer jare tot 1998 sonder daardie goue beker was. Wat dit soveel erger vir die getroue ondersteuners gemaak het, was dat daar nie eens die opwinding van ’n eindstryd was om te geniet nie. Trouens, die span het amper hul A-afdelingstatus in die kompetisie verloor. Dit was nie net die geldrugbykonsep wat die Ligbloues laat struikel het nie. Hulle het ook sedert 1986 die kern van hul span afgestaan aan Luyt se Transvaal/Leeusspan;
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 134
2352011 5:25 PM
Naas Botha het uitgetree; hul langsdienende president, prof. Fritz Eloff, wat sedert 1965 die pos gevul het, het halt geroep; en baie belangrik, hulle het bloot nie die diepte gehad waarvoor die unie in die verlede bekend was nie. Hulle sou dit in die nuwe millennium weer terugkry, en daarmee saam nuwe krag en invloed vir die Blou Bulle. Die jaar 2002 het die begin van die Blou Bulle se tweede goue era ingelui. In die agt jaar tussen 2002 en 2009 het hulle in sewe eindstryde gespeel en vier titels gewen. Die Vrystaat Cheetahs het ook in 2004–2009 as ’n rugbykrag na vore getree. Hulle het in vyf eindstryde gespeel, twee gewen en een titel met die Blou Bulle gedeel. Vier van daardie eindstryde was teen die Bulle. Na hul vyf opeenvolgende titels tussen 1982 en 1986, het WP ses maer jare beleef tussen 1989, toe hulle die titel gedeel het, en 1995. Daar was ’n opflikkering tussen 1995 en 2001, toe hulle in vyf eindstryde gespeel het en drie gewen het. Toe volg nog ’n Curriebekerleemte. WP het sedertdien nog net een maal in ’n eindstryd gespeel – hul nederlaag teen die Sharks in 2010. WP is al nege jaar sonder die gesogte beker. Met die Leeus gaan dit egter nog slegter. Hul laaste Curriebekertitel was in 1999. Van die faktore wat tot hul sukses sedert 1986 bygedra het, was die feit dat die Leeus se president, Louis Luyt, spelers na sy unie gelok het, onder meer die kern van die Springbokspan wat die Wêreldbeker in 1995 gewen het. Hierdie “geleende” spelers het Transvaal/Leeus in so ’n mate gehelp dat hulle ses eindstryde gehaal het en in 1993 en 1994 die titel verower het. Die Leeus moes nietemin later ’n duur prys vir die gebruik van die “huursoldate” betaal. Daar is geen toekomsbeplanning gedoen nie en die Leeus het in hul volgende drie eindstryde die slegste daarvan afgekom. In 1996 het hulle 33–15 teen Natal verloor. In 2002 het die Blou Bulle hulle ’n loesing gegee met 31–7, wat die tweede grootste nederlaag in ’n eindstryd was! In 2007 het hulle in die doodsnikke teen die Vrystaat Cheetahs in Bloemfontein 20–18 verloor. Dit was eers in Januarie 2011 dat die Leeus die dienste
van Nico Serfontein verkry het. Hierdie afrigter wat met die Blou Bulle se juniors en die Vodacombekerspan gewerk het, het ’n vername rol gespeel in die daarstelling van die beroemde Blou Bulstrukture en ’n opvolgplan vir die seniorspan wat hulle tot op die boonste sport geneem het. Hy is deur die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) opdrag gegee om dieselfde vir die Goue Leeus te doen. Na meer as twintig jaar se verwaarlosing is daar baie om in te haal! Al het Griekwas die topspanne en selfs franchises geklop, het ’n gebrek aan diepte hulle verhinder om tot by die halfeindronde of verder te vorder. Hul wisselvallige prestasies is ook te wyte aan ’n tekort aan geld, wat die verlies van topspelers aangehelp het. Daar is ook nie juis toprugbyskole om as voedingsbronne te dien nie.
2002 Onder die afrigting van Heyneke Meyer het die Bulls in 2002 al elf hul Super 12-wedstryde verloor. Hulle het 500 punte en 76 drieë afgestaan. Meyer is as Super 12-afrigter afgedank, maar het steeds die Curriebekerspan afgerig. Alles in ag genome was die 2002-Curriebekertitel ’n groot verrassing. Dit was die Bulls se eerste titel sedert 1998 en slegs die tweede sedert 1991. Die druk op Meyer was geweldig, want die besluit is geneem dat net ses spanne die volgende jaar om die Curriebeker sou meeding. Daardie ses spanne sou op hul vertoning in die seisoene van 2000, 2001 en 2002 bepaal word. Die Blou Bulle was in die moeilikheid na hul swak vertonings die vorige twee jaar. In 2000 was hulle in die tiende plek, en in 2001 in die sewende plek. Dit het beteken hulle moes in 2002 ten minste die halfeindronde haal en dit was dan ook die minimum prestasie wat aan Meyer in sy kontrak gestel is. Die Blou Bulle het vierde op die 2002-punteleer geëindig. Hulle moes in Durban uitdraf teen die Sharks, wat boaan die punteleer was. Daardie wedstryd, asook die eindstryd teen die Leeus, het die negentienjarige Derick Hougaard in die rugbykollig geplaas. Sy skoppe, en veral sy skepskoppe, het die Sharks onaangenaam verras.
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 135
135
2352011 5:25 PM
Net soos in die halfeindronde het Hougaard die spel in die eindronde teen die Leeus op Ellispark beheer. Twee skepskoppe, vyf strafdoele en boonop ’n drie het die jong man, wat later Loftus se “Liefling” bekend sou wees, ’n nuwe rekord vir die meeste punte (26) in ’n Curriebekereindstryd laat opstel. Die telling teen die Leeus was 31–7.
2003 Die Curriebekereindstryd in 2003 het gewys hoe die Blou Bulle in die vorige twee seisoene ontwikkel het sedert Meyer die nuwe strukture vir sukses voorgestel het. Hulle het met 19–15 teen Griekwas op Loftus verloor, en is deur WP met 63–26 op Nuweland afgeransel. Daarna het die Blou Bulle hul volgende sewe wedstryde gewen, en 50 punte in drie van die kragmetings aangeteken. (Geen halfeindstryde is in 2003 gespeel nie en die Ligbloues is deur na die eindstryd toe.) In die eindstryd het die Blou Bulle die tweede keer in die 26 eindstryde wat hulle gespeel het, 40 punte aangeteken. Hulle het Natal goed afgestof, vyf drieë gedruk en met ’n wentelling van 40–19 met die goue beker weggestap. Dit was ’n indrukwekkende vertoning, veral as mens in gedagte hou dat Richard Bands, Danie Coetzee, Victor Matfield, Bakkies Botha, Joost van der Westhuizen, Derick Hougaard en Jaco van der Westhuyzen almal saam met die 2003-Wêreldbekerspan in Australië was en dus nie in die eindstryd gespeel het nie. Op daardie tydstip was 2003 sekerlik die Blou Bulle se suksesvolste seisoen. Die unie het in elke moontlike eindwedstryd van ’n nasionale kompetisie gespeel.
2004 Die Blou Bulle en die Cheetahs het in 2004 mekaar die stryd aangesê vir die eerste van vyf eindstryde oor die volgende ses jaar. Dié wedstryd staan uit weens een van die mees uitmuntende drieë wat nog in ’n Curriebekereindstryd aangeteken is. Die Bulle se senter,
136
Ettienne Botha, het gepypkan en gesystap om onder die pale te gaan druk. Hy het die eerste speler geword wat op twee geleenthede twee drieë in ’n Curriebekereindstryd druk; hy het dit die vorige jaar ook reggekry. Botha se skitterende spel het aan hom die toekenning vir Curriebekerspeler van die Jaar besorg, maar die man wat soms die Blou Bulle as kaptein op die veld gelei het, het nooit ’n Springbok geword nie. Hy is in 2005 in ’n motorongeluk dood. Die Blou Bulle was ongetwyfeld die topspan van die seisoen. Hulle was van begin tot end boaan die punteleer en het net een wedstryd 36–33 teen die Leeus verloor. Die eindstryd teen die Vrystaat Cheetahs was ’n taai kragmeting, wat kenmerkend was van al die eindstryde in dié dekade. Die Blou Bulle was vir die grootste gedeelte van die wedstryd in beheer en het ’n welverdiende oorwinning van 42–33 oor die Vrystaters behaal.
2005 Meyer Bosman, ’n veelsydige agterspeler wat later die jaar ’n Springbok geword het, het op Loftus Versveld die wendrie vir die Vrystaat gedruk, en die Vrystaat Cheetahs was die 2005-Curriebekerkampioene. Dié twintigjarige speler het ses minute voor die einde gaan druk en die telling was 29–25 in die Cheetahs se guns. Dit was die enigste keer wat die Vrystaat in nege eindstryde daarin kon slaag om die Ligbloues te klop. Die jaar se kompetisie is weer eens deur wegholoorwinnings gekenmerk. Al veertien spanne het in ’n eerste ronde gespeel wat in twee afdelings verdeel is. Die boonste vier spanne van elke afdeling het na die Premier Liga deurgegaan, en die ander spanne het in ’n sogenaamde Eerste Liga gespeel. Die Vrystaat het tweede na WP in sy afdeling geëindig, maar WP het die tweede keer in twee seisoene teen die Vrystaat verloor toe hulle met 16–11 in die halfeindronde op Nuweland in die Top 8-liga uitgeskakel is. Die Vrystaat se spooksel om op Nuweland te speel, is verjaag en hulle was rustyd 10–3 voor. Die Blou Bulle was boaan
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 136
2352011 5:25 PM
het. Bevan Fortuin en Meyer Bosman het die seisoen met twee drieë in die tweede helfte mooi afgerond. Dit het die deurslag gegee, want met rustyd was Vrystaat agter met die telling op 12–9. Dit was slegs die Blou Bulle se derde nederlaag in die sestien eindstryde wat tot in daardie stadium op Loftus gespeel is.
Meyer Bosman’s boot secured one title and brought a share of another for the Free State Cheetahs.
die liga en was na agt wedstryde onoorwonne. Hulle het die Leeus 31–23 op Loftus geklop en so deurgedring na die eindronde. In die sestien wedstryde wat die Vrystaat Cheetahs in die kompetisie gespeel het, het hulle net 28 drieë afgestaan, insluitend een in die halfeindstryd op Nuweland en een in die eindstryd op Loftus. Dit was die rotsvaste verdediging en suiwer skopwerk van die losskakel, Willem de Waal – wat 195 Curriebekerpunte daardie jaar aangeteken het – wat die titel vir die Vrystaat gewen
2006 Die kompetisie in 2006 is beslis tussen die agt topspanne wat ’n dubbelronde gespeel het. Die vier spanne boaan die punteleer sou dan halfeindrondes speel. In ’n taai maar goeie eindronde in Bloemfontein wou die Vrystaat Cheetahs eenvoudig nie bes gee nie. Trouens, dit was die Blou Bulle wat twee keer ’n agterstand moes inhaal toe dit lyk of hulle geklop is. Albei halfeindstryde is oortuigend gewen. Die Vrystaat Cheetahs het die Natal Sharks 30–14 in Bloemfontein getroef, en die Blou Bulle het WP 45–30 op Loftus geklop. Die eindstryd sou ’n herhaling van die 2005-Curriebekereindstryd wees. Die twee spanne het om die beurt die voortou geneem, vier keer binne tien minute in die tweede helfte! Met die tyd wat uitloop, het Kabamba Floors se drie en Willem de Waal se strafdoel kort daarna klaarblyklik die goue beker vir die Vrystaat verseker. Die laaste slag was egter nog nie gelewer nie. Die Ligbloues se senter, JP Nel, het na ’n volgehoue aanval deur die Bulle die lyn gebreek en gedruk, en Morné Steyn, ’n plaasvervanger vir Derick Hougaard, het met ’n moeilike doelskop geslaag. Daar was drie minute oor en die telling was 25 elk. In die ekstra tyd het Steyn met ’n strafskop geslaag, terwyl Meyer Bosman se strafskop die dwarslat getref het. Die Bulle was nog voor met 28–25, maar ses minute voor die einde – in ’n herhaling van die vorige jaar se eindstryd – het Meyer Bosman met ’n lang skuinsskop geslaag en die telling was 28 elk. Maar die eindfluitjie het nog nie geblaas nie. ’n Strafskop is naby die middellyn aan die Bulle toegeken. Gary Botha, die Blou Bulle se kaptein, wou nie pale toe laat skop nie – as die skop mis was, sou die Vrystaat van hul eie doellyn kon hardloop en kon hulle sodoende nog
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 137
137
2352011 5:25 PM
Willem de Waal – a points machine for the Free State Cheetahs and Western Province.
Heinrich Brüssouw – more than just a fetcher for the Free State Cheetahs.
die wedstryd en die titel wen. Botha het opdrag gegee dat die bal uitgeskop moet word. Dié besluit van hom het daartoe bygedra dat die Curriebekerregulasies sodanig verander is om te verseker dat ’n eindwedstryd nie weer met ’n gelykopuitslag sal eindig nie. Die Vrystaat Cheetahs se skielike opgang oor die vorige twee seisoene kan toegeskryf word aan die jong afrigter, Rassie Erasmus. Dié voormalige Springbokflank, wat ook in een toets die Springbokkaptein was, was ’n voorstander van minder hardlooprugby en ’n wedstrydplan waar foute tot die minimum beperk is. In 2005 het hy op die ouderdom van 32 jaar en 351 dae die jongste afrigter geword om die Curriebeker te wen – hy was ongeveer drie maande jonger as Dawie Snyman toe hy in 1982 die eerste van WP se vyf opeenvolgende titels gewen het.
voor na drieë deur Willie Wepener wat gevolg het op briljante spel deur Earl Rose en Jano Vermaak. Na 65 minute het ’n strafdoel deur Rose die voorsprong na 18–6 laat rek. Heinrich Brüssow, die Vrystaat se flank wat as plaasvervanger op die veld gekom het, het egter ’n drie gedruk, wat deur Willem de Waal, verdoel is. Tewis de Bruyn, die Cheetahs se plaasvervanger-skrumskakel, het naby die hoekvlag gedruk en met net drie minute oor was die telling gelykop. De Waal, wat die vierde seisoen na mekaar die voorste puntemaker in die Curriebekerkompetisie was, het vervyf en Vrystaat wen 20–18. Dit was die tuisspan se derde titel binne drie jaar (waarvan een titel gedeel is) en hul vierde titel ooit. In die aanloop tot die eindstryd is dit interessant om die invloed van oorgerustheid by ’n span te bekyk. Die Leeus het die eindstryd gehaal nadat hulle in Durban 19–12 gewen het teen die Sharks, wat klaarblyklik te veel selfvertroue gehad het. Net ’n paar weke tevore het die Sharks die Leeus met 19–3 ’n pak slae gegee!
2007 Die Leeus het in ’n taai eindstryd in Bloemfontein 20–18 teen die Vrystaat Cheetahs verloor. Die Leeus was 15–6
138
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 138
2352011 5:25 PM
2008 Die Sharks het twaalf van hul veertien wedstryde gewen om boaan die Curriebekerpunteleer vir 2008 te eindig. In die halfeindronde speel hulle 29–14 met die Leeus klaar en maak hulle sodoende gereed vir ’n eindstryd teen die Blou Bulle. Die Bulle het vir die eindstryd gekwalifiseer deur die Vrystaat Cheetahs in die halfeindronde met 31– 19 op Loftus te klop. Die Sharks het in die eindronde die Blou Bulle 14–9 geklop. Dit het ook die rits nederlae in eindstryde op hul tuisveld beëindig. Die vorige twee in Durban het hulle verloor, en hulle het net een van hul laaste vyf eindstryde gewen. Dit was ook hul eerste titel sedert hulle die Leeus in 1996 in Johannesburg geklop het. Daardie oorwinning is gevolg deur vier opeenvolgende nederlae. Twee drieë deur Frans Steyn en Ruan Pienaar – wat onderskeidelik deur die Fransman, Frédéric Michalak, en Pienaar self verdoel is (teen geen drieë van die Blou Bulle se kant nie) – vertel die verhaal van die Sharks se oorheersing in hul triomftog van 14–9 oor die Blou Bulle. Dit was die Sharks se vyfde Curriebekertitel wat die twaalf jaar se droogte sedert 1996 gebreek het. Dit het ook die reeks van vier tuisnederlae in vyf Curriebekereindstryde ietwat beter laat lyk. John Plumtree, die afrigter van die Sharks, het die belangrikheid van die oorwinning raak saamgevat: “… hierdie Sharks-span moes tot die besef kom dat hulle ’n eindstryd kan wen; dat ’n eindstryd nie iets is wat altyd ’n stap te groot vir hulle is nie.” Twee jaar later in 2010 het die Sharks gewys dat hulle inderdaad geleer het om te wen. Hulle het met 30–10 die vloer met die gunsteling WP gevee in die derde grootste Curriebekeroorwinning tot nog toe.
2009 Die grootste prestasie deur ’n provinsiale span in die 120 jaar sedert die eerste Raadskompetisie in 1889 gehou is, is ongetwyfeld in 2009 behaal toe die Blou Bulle die Curriebekertoernooi en die Super 14-kompetisie gewen
Fourie du Preez set up the Blue Bulls’ first three tries that set them on the road to victory.
het. Albei eindstryde is op Loftus gespeel in en dit was twee oortuigende oorwinnings, naamlik 61–17 teen die Chiefs en 36–24 teen die Vrystaat Cheetahs. Die Blou Bulle het met hul oorwinning oor die Cheetahs wraak geneem vir die nederlaag in 2005 teen die Bloemfonteiners op Loftus. Die wedstryd in 2009 het baie eensydig gelyk, want die Bulle het binne slegs 25 minute ’n 24–0 voorsprong opgebou. Vrystaat het verbasend goed gevaar om die eindstryd te haal na ’n rampspoedige Super 14-veldtog in Australië en NieuSeeland.
2010 Dit was die Natal Sharks en Patrick Lambie se groot Curriebekerjaar, soos vroeër bespreek. Vir WP was dit ook ’n goeie jaar, ondanks die groot pak slae in die Curriebekereindstryd.
Twee spanne oorheers die negentigerjare
150 Jaar Book.indd 139
139
2352011 5:25 PM
140
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 140
2352011 5:25 PM
8
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby Ander kompetisies
Youth weeks are the lifeblood of South African rugby.
Suid-Afrikaanse rugby is in sy eerste eeu gebou op die natuurlike krag van die spelers, veral dié wat van plattelandse distrikte afkomstig was; natuurlike talent; en die groot geesdrif en belangstelling in die spel vanaf ’n jong ouderdom. Dit het gewerk en dit het goed gewerk. Suid-Afrika se toetsrekord tot 1991, presies ’n eeu na die land se eerste toets, was die beste ter wêreld en die land se rugbygeesdriftiges het in 1992 met groot verwagting na Suid-Afrika se hertoelating tot internasionale rugby uitgesien. Die Curriebeker, het hulle geglo, was die beste, sterkste en taaiste kompetisie in die wêreld. Ander provinsiale kompetisies soos die Lionbeker, die Paul Roos- en Sport Pienaarkompetisies, die Southern Cross-trofee, intervarsities en klubrugby was van ’n baie hoë gehalte en die skolerugby, veral die Cravenweek, sou die rugbysterre van die toekoms voorsien – só is geglo. Aan die anderkant was daar net twee naelskraapse oorwinnings in 1989 teen ’n wêreldvyftiental en ’n reeksoorwinning in 1986 teen die nieamptelike Nieu-Seeland Kavaliers waaraan die rugbystandaard gemeet kon word. Dit was ’n era waarin professionele rugby onaanvaarbaar was, maar tóg oral in benadering en natuurlik ook finansieel beoefen is ’n oral, behalwe in Suid-Afrika. Die hertoelating in 1992 was dus ’n wrede ontnugtering. ’n Enkele oorwinning uit vyf toetse in 1992, en slegs drie oorwinnings uit die sewe toetse wat die volgende jaar gespeel is, het duidelik getoon dat die wêreld daar buite verder ontwikkel het terwyl Suid-Afrika agtergebly het. Die interpretasie van reëls, afrigtingsmetodes, kondisionering van spelers, taktiek en ook administrasie elders was Suid-Afrika ver vooruit.
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 141
141
2352011 5:25 PM
’n Spesialis in Sportgeneeskunde se besorgdheid oor skolerugby Hoewel die Jeugweke en Paas- en ander toernooie saam met die ligas en uitklopreekse ’n gesonde basis vir die toekoms van rugbykrag op provinsiale en internasionale vlak skep, is daar negatiewe aspekte wat die afgelope dekade kop uitsteek. Dr. Jon Patricios, president van die Suid-Afrikaanse Vereniging vir Sportgeneeskunde, is heel uitgesproke oor wat uit ’n mediese oogpunt fout is – en dit sluit nie beserings in nie. Hierdie voormalige spandokter vir die Lions en Goue Leeus is ook ’n groot rugbyondersteuner, maar hy is bekommerd oor die tendense wat hy in die sport raaksien. Een van sy grootste bekommernisse is die toename in die gebruik van prestasieverhogende middels en hy lê die blaam voor die deur van skolerugby se intense kompeterende aard. Hier volg uittreksels uit gepubliseerde artikels wat van dr. Patricios verkry is (vertaal): Ek is ’n liefhebber van die spel, veral wat ek beskou as skolerugby se vermoë om ’n plekkie vir alle liggaamstipes te maak, soos die ratse skrumskakel, die vaardige skopper, die lenige driekwart, die onverskrokke losvoorspeler en die vettie in die voorry. Maar ek kan deur die venster wat my sportgeneeskundepraktyk my gee, agterkom dat die situasie dramaties verander het. Die klem word nou meer as enigiets anders, op grootte, sterkte en krag geplaas. In ’n poging om gewigteikens te bereik (“die afrigter sê ek moet 95 kg weeg om in die voorry te kan
Daar was weinig strukture in plek. Junior provinsiale spanne het op ’n ad hoc-basis teen mekaar gespeel en wedstryde tussen provinsies se B-spanne het ongereeld plaasgevind. Eenderse afrigtingsmetodes, selfs binne ’n spesifieke unie, is nie toegepas nie. Dit sou amper tien jaar neem voor die Blou Bulle se Heyneke Meyer hierdie konsep met groot sukses by sy unie ingevoer het. Sedert daardie vroeë jare na eenwording, het die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalunie (SARVU) – wat toe in 2005 die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) geword het – goed gevorder met die invoer van strukture. SARU
142
speel”), gaan sommige skoolseuns na uiterstes toe met die gebruik van beide toelaatbare en verbode aanvullings. Die wêreld van skolerugby het oor die afgelope tien jaar buite verhouding mededingend geraak. Skoliere en instellings word in die kollig geplaas op grond van hul rugbyprestasies. Rangordes wat in die nasionale koerante en op die Internet geplaas word, word bedink om skole volgens hul vertonings op die sportveld te beoordeel. Baie skole se status word deur hul vordering in die streeken nasionale toernooie bepaal. Die gevaarlikste is unies wat onder-18-spelers kontrakteer en hulle sodoende in die vinnige baan na professionele rugby plaas. Dit beteken nie net die einde van mededingende jeugklubrugby nie, waar onder-21-spelers in die rugbyklubomgewing vaardigheid en karakter ontwikkel en provinsiale kleure sou kon kry, maar as die speler nie op skoolvlak raakgesien word nie, bevind hy hom ook in die rugbywildernis. Indien ’n speler nie vir die Cravenweek gekies word nie, kan dit ’n doodskoot vir sy rugbyloopbaan beteken. Ten minste een van die groot rugbyunies kontrakteer selfs onder-15-spelers uit ander provinsies en plaas hulle dan in ’n nuwe skool in hul nuwe provinsie! Die gevolge van die uitklopkompetisies, rangordes, jeugkontrakte en die gepaardgaande eise wat dit aan jong spelers stel, is ’n stresvolle sportomgewing wat deur wedywering, afrigters, ouers en ander spelers geskep word.
het strategieë vir groei ontwikkel wat sowel spelers as ondersteuners sou inkorporeer, en ’n aantal aktiwiteite is reeds onderweg om die doelwitte te bereik. Dit sluit in die ontwikkeling en implementering van programme om volhoubare klubs te vestig; opleidingsprogramme om die vaardighede van afrigters, skeidsregters en administrateurs te ontwikkel en te slyp; en ’n innoverende junior en jeugbeleid om die volgehoue groei van die spel op skoolvlak te verseker. Behalwe die groot professionele kompetisies, word rugby op die volgende vlakke gespeel:
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 142
2352011 5:25 PM
Ek glo as die huidige stand van sake nie aangespreek word nie, die “drukkoker”-toestand in skolerugby op ’n aantal negatiewe scenario’s kan uitloop. Eerstens sal ons waarskynlik minder seuns hê wat na senior rugby deurbeweeg. Meer spelers sal ernstige beserings opdoen; sommige spelers sal voel dat die “stelsel” hulle agtergelaat het; en talle sal “uitgebrand” wees, maar tog baie verlig dat die dae van verpligte sportdeelname verby is. Tweedens sal daardie spelers wat wel aanhou rugby speel, beperk wees tot spelers wat vroeg reeds in die talentpoel geïdentifiseer is. Hulle is reeds so lank aan voorbereiding van ’n hoë intensiteit blootgestel – alles net om kompetisies te wen en die toppunt te bereik – dat hulle aan fisiese en geestelike uitputting mag ly. Dus kan die spelers nie die verwagte standaard rugby lewer in ’n loopbaan wat eintlik twaalf jaar behoort te duur nie. Laastens, in ’n poging om raakgesien en ingesluit te word in ’n stelsel wat voordele soos beurse na “rugby”universiteite, provinsiale kontrakte en die ander gepaardgaande meevallers en borgskappe uitdeel, sal ons jongmense dalk enigiets doen om vroeë rugbyerkenning te bereik. Dit mag ’n oefenskedule insluit wat dwarsdeur die jaar strek ten koste van ander sport of skoolwerk; die gebruik van ’n reeks voedselaanvullings waarvan die meeste geen wetenskaplike basis het nie; en onverbloemde kullery (Tour de France-styl) deur die gebruik van anaboliese aanvullings en opkikkers om hul spelpeil te verhoog en op die vereiste vlakke te hou. Mens hoor dikwels die vraag waarom ons skoolspanne
❏❏ Die nasionale Sewesspan, en ’n groeiende getal Seweskompetisies en -toernooie deur die land, veral die Noordstreek-Sewesreeks ❏❏ Die Vodacombekerkompetisie, die voedingsbron vir toekomstige provinsiale sterre ❏❏ Die Varsitybekerkompetisie, wat die intervarsities versterk wat deur die jare soveel pret, maar ook taai wedywering opgelewer het ❏❏ Die nasionale klubkampioenskappe wat herleef ❏❏ Sub-uniekompetisies ❏❏ Unies se eie klubkampioenskappe
en onder-19- en onder-21-spanne konstant so goed presteer, maar dieselfde nie van ons Super 14- en nasionale spanne gesê kan word nie. Die wetenskaplike in my sê dat uitbranding en herhaalde beserings ook belangrike redes mag wees, terwyl my siniese kant sê dat beter kontrole van verbode middels op die hoër vlakke maak dat die spelers wat gekul het nie langer die ergogeniese hulpmiddels kan gebruik waarop hulle gesteun het nie. In ’n brief wat dr. Patricios vir die Super Schools se webwerf geskryf het, sê hy die volgende (vertaal): Oorentoesiastiese vaders wat paranoïes is dat hul seuns nie daardie uinversiteitsbeurs sal kry nie, en vasberade is om ondanks ernstige beserings die seuns deur die seisoen te druk; die verligting op ’n seun se gesig wanneer ’n rustydperk voorgeskryf word om van sy beserings te herstel; die rekmerke, geswolle tepels en erge aknee kenmerkend van die gebruiker van anaboliese sterioïede; ’n dertienjarige wat vra watter aanvullings hy moet gebruik vir ’n rugbyliggaamsbou – al hierdie scenario’s speel met ontstellende reëlmaat af. Die tyd is ryp om jaarlange oefenskedules, sielkundige en fisiese stres, professionele kontraktering, die misbruik van aanvullings en verbode middels wat die Suid-Afrikaanse skoolseun se rugbywêreld binnegedring het, aan te spreek. Kom ons skep ’n stelsel wat ons jong manne aanmoedig om te speel om te leef, en nie te lewe om te speel nie.
❏❏ Nasionale jeugweke en ’n groot aantal Paastoernooie en ander skooltoernooie vir verskeie ouderdomsgroepe. ❏❏ Daar is ook provinsiale kompetisies vir vrouespanne en ’n Springbokvrouespan wat internasionaal deelneem – nou ook op onder-20-vlak.
Die Vodacombeker Die Vodacombeker is ’n derdevlakkompetisie in rugbyunies in Suid-Afrika, na Super Rugby en die Curriebeker.
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 143
143
2352011 5:25 PM
Dit word ongeveer dieselfde tyd as die Super Rugbyreeks gespeel en dien as ’n belangrike ontwikkelingsplatform vir Suid-Afrikaanse rugby. Dit is die eerste keer in 1998 gehou, en is daardie jaar deur Griekwaland-Wes gewen wat dit nes die Goue Leeus teen die einde van 2010 reeds vier keer gewen het. Die Vodacombeker is aanvanklik ingestel om ’n leemte te vul. Professionele spelers wat nie by die spanne van die Super Rugbyfranchise ingesluit is nie, maar tog nog beskikbaar moes bly indien hulle benodig sou word, sou meer as net kluboefeninge nodig hê om op peil te bly. Die spanne sonder verteenwoordiging in die Super Rugbyfranchises sou heeltemal uit hul diepte wees wanneer daardie spelers later in die seisoen vir die Curriebekerkompetisie terugkeer. Die Vodacombeker skep dus ’n platform vir talentvolle jong spelers wat andersins nie die kans sou kry om raakgesien te word nie. Hierdie kompetisie is in ’n noordelike en suidelike afdeling vir die ligafase verdeel. Wedstryde word die een jaar teen spanne van dieselfde afdeling gespeel, en die volgende jaar word daar oorkruiswedstryde met die ander afdeling gespeel. Die boonste vier spanne van elke afdeling speel dan in die kwarteindronde vir plekke in die halfeindronde, waarna die eindstryd volg. Sedert 2010 speel die Namibiese Welwitschias en ’n span van Argentinië, die Pampas, ook in die kompetisie sodat hulle ondervinding teen goeie teenstanders kan opdoen. (Die Welwitschias het in 1999–2001 in die kompetisie gespeel en weer in 2010 aangesluit, en veral in 2011 uitstekend gevaar.) Die ontwikkelingsaspek van die kompetisie word beklemtoon deurdat ’n eerste prys van R1 miljoen aan die wenners gegee word, waarvan R500 000 vir die ontwikkeling van rugby aangewend moet word. Die Blou Bulle het twee van die drie geldpryse gebuit deur die titels in 2008 en 2010 te wen. Griekwas was die ander geldwenner in 2009. Die afgelope klompie jare word die kompetisie deur intenser wedywering en taai wedstryde gekenmerk. Dit blyk dat die kompetisie belangriker vir die unies geword het. Terwyl die franchise-unies veral die
144
Vodacombekerkompetisie gebruik om jong talent te skool, gee dit vir spanne soos Griekwas ’n gulde kans om vir die Curriebekertoernooi voor te berei. Dit is dus geen verrassing dat Griekwas die kompetisie al vier keer gewen en twee keer in die eindstryd betrokke was nie. Dit is die uitkoms van hul opbouproses na die grootste prys in Suid-Afrikaanse rugby, naamlik die Curriebeker, wat hulle laas in 1970 gewen het. In die eerste twee jaar het die tellings in die eindstryd eintlik ’n klug van die Vodacombekerkompetisie gemaak. In 1998 het Griekwas die Goue Leeus 57–0 afgeransel, en in 1999 is die rolle omgeruil en die Goue Leeus speel met ’n verbysterende 73–7 met Griekwas klaar! Die volgende drie eindstrydtellings was darem ’n bietjie meer mededingend, maar het nog steeds nie ’n groot wedywering weerspieël nie: ❏❏ 2000: 44–24 (Griekwas vs Vrystaat Cheetahs) ❏❏ 2001: 42–24 (Blou Bulle vs Boland Kavaliers) ❏❏ 2002: 54–38 (Blou Bulle vs Goue Leeus) Dis nogal ironies dat Victor Matfield, die Bulls-, Blou Bulle- en Springbokkaptein wat sy eerste treë in die Vodacombekerreeks gegee het, vir Griekwas teen die Leeus gespeel het toe laasgenoemde so ’n groot pak slae gekry het. Dit was ook die seisoen waarin hy sy Curriebeker- en Super Rugbydebuut vir die Cats gemaak het nadat hy vanaf die Blou Bulle se onder-21-span Kimberley toe verhuis het. Matfield is een van baie Springbokke wat deur die Vodacombeker na die volgende vlak gevorder het. Hierdie kompetisie is ’n belangrike deel van die stelsel wat ontwikkel is. Sy slotmaat in die Springbokspan, Bakkies Botha, is ook een van hulle. Hy het in 2000 eers vir die Falcons (nou die Valke) gespeel en na sy skuif Pretoria toe het hy in 2001 die toekenning as die Blou Bulle se Vodacombeker Speler van die Jaar verwerf. Vanaf 2001 tot 2004 het die spanne wat nie die boonste vier plekke in die groepfase gehaal het nie, aan ’n tweede kompetisie vir die Vodacomskild deelgeneem. Uit die oogpunt van ’n buitestander was die afgelope
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 144
2352011 5:25 PM
Francois Brümmer – last minute drop goal.
drie kompetisies dusver die hoogtepunte. In 2008 het die Blou Bulle die Cheetahs op Loftus Versveld geklop toe ’n vrou vir die eerste keer as TV-skeidsregter opgetree het. Jenny Bentel, ’n toetsskeidsregter, het die bykans onmoontlike taak gehad om ’n moeilike beslissing in die 84ste minuut van die wedstryd te maak. Sy het besluit dat die Cheetahs nie ’n drie gedruk het nie en die Blou Bulle het met 25–21 die beker en die groot prysgeld gewen. Twee jaar later het dit in die laaste sekondes van die wedstryd ’n desperate skepskop van Francois Brümmer geverg om die wedstryd 31–29 op Loftus se B-veld te wen. (Weens swaar reën in die voorafgaande weke is die wedstryd na die B-veld verskuif om die Loftus-stadion vir ’n Super Rugbywedstryd daardie middag te spaar.) Cheetahs was rustyd 16–8 voor, maar die Blou Bulle het met 28–22 weer die voortou geneem. Net toe dit lyk of die besoekers die oorwinning beklink het, word Riaan Vermeulen oorgedryf vir ’n drie. Dit is deur Louis Strydom verdoel en die Cheetahs het in die doodsnikke met 29–28 voorgeloop. Dis toe dat Brümmer onder druk (die toeter het reeds geskree!) en van amper 50 m ver met ’n skepskop lostrek. Daardie skop was letterlik R1 miljoen werd! Tussen die eindstryde van 2008 en 2010 was daar die
“eenmanvertoning” op Loftus van Griekwaland-Wes se Riaan Viljoen. Hy het al 28 sy span se punte aangeteken met ’n drie wat hy self verdoel het, asook sewe strafdoele. Die Blou Bulle se punte is ook deur net een speler, Francois Brümmer, aangeteken met ’n verdoelde drie, ’n skepskop en drie strafskoppe. Griekwas het 28–19 gewen. Die Bulle het die langste reeks verskynings in die Vodacombekereindstryde gehad, en wel vier jaar na mekaar vanaf 2007 tot 2010, maar hulle het slegs twee keer gewen. Die Goue Leeus se driekuns tussen 2002 en 2004 is die beste reeks oorwinnings tot op hede. Die Vodacombekerkampioene is soos volg: 2010: Blou Bulle 2009: Griekwas 2008: Blou Bulle 2007: Griekwas 2006: Valke 2005: Griekwas 2004: Goue Leeus 2003: Goue Leeus 2002: Goue Leeus 2001: Blou Bulle 2000: Vrystaat Cheetahs 1999: Goue Leeus 1998: Griekwaland-Wes
Die Jeugweke Die Cravenweek is die eerste keer in 1964 gespeel, en is beslis die grootste toernooi vir skolerugby ter wêreld. Dit kan sonder vrees van enige teenspraak gesê word! Daar is al 38 Cravenweektoernooie reg deur Suid-Afrika gehou, met honderde van die voormalige provinsiale skolespanne se spelers wat deurbeweeg het na die Suid-Afrikaanse Skolespan, die provinsiale junior en senior vlakke, en selfs na internasionale rugby. Die idee van ’n provinsiale skolerugbyweek is die eerste keer in 1964 aangevoor toe Suid-Afrikaanse rugby sy 75ste bestaansjaar gevier het. Die idee het nie by almal byval gevind nie. Hoewel provinsiale skolerugby al se-
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 145
145
2352011 5:25 PM
48 toernooie versprei oor 29 stede en dorpe Sedert 1964 het die 48 Cravenweke op 29 verskillende plekke, vanaf Kaapstad in die suide tot Windhoek in Namibië en Harare in Zimbabwe in die noorde, plaasgevind. “Die Coca-Cola-Cravenweek is ’n Suid-Afrikaanse instelling en ons maak ’n punt daarvan om te verseker dat die groot sentra en die kleiner dorpe in staat is om die verskillende geleenthede aan te bied. Dit het uitstekend daarin geslaag om geleenthede en opkomende rugbytalent aan ’n wye spektrum van die Suid-Afrikaanse gemeenskap te toon te stel,” het Mervin Green van SARU gesê. Die Cravenweek vir hoërskole het by die volgende plekke plaasgevind: 1964: Oos-Londen 1965: Oos-Londen 1966: Pretoria
1967: Kaapstad 1968: Bloemfontein 1969: Pietermaritzburg 1970: Salisbury – nou Harare 1971: Kimberley 1972: Potchefstroom 1973: Stellenbosch 1974: Johannesburg 1975: Pretoria 1976: Wolmaransstad 1977: Oudtshoorn 1978: Middelburg 1979: Oos-Londen 1980: Stellenbosch 1981: Worcester 1982: Windhoek 1983: Upington 1984: Bloemfontein 1985: Witbank 1986: Graaff-Reinet 1987: Paarl 1988: Port Elizabeth 1989: Johannesburg
dert die 1920’s gespeel is en met verloop van tyd beter georganiseerde vriendskaplike wedstryde geword het, het daar ’n konserwatiewe sienswyse bly voortbestaan dat skoolseuns nie te vroeg gedruk moet word nie. By baie skole – selfs in die ou Transvaal waar bekerrugby hoogty gevier het – het die seuns sonder nommers op hul truie gespeel om die benadering te versterk dat dit om ’n span gaan en nie om individue nie. Heelwat (meestal Engelse) skole wou nie toelaat dat hul seuns vir provinsiale spanne oorweeg word nie. Daar was ’n sienswyse dat provinsiale rugby, en veral in ’n georganiseerde toernooi, teen die gees van skolesport indruis en teenstrydig is met opvoedkundige beginsels. Die idee van ’n skoleweek is egter aanvaar en die organisasie daarvan het voortgegaan.
146
1990: Durban 1991: Oos-Londen 1992: Pretoria 1993: Secunda 1994: Newcastle 1995: Bloemfontein 1996: Stellenbosch 1997: Kimberley 1998: Vanderbijlpark 1999: George 2000: Port Elizabeth 2001: Rustenburg 2002: Pietermaritzburg 2003: Wellington 2004: Nelspruit 2005: Bloemfontein 2006: Johannesburg 2007: Stellenbosch 2008: Pretoria 2009: Oos-Londen 2010: Welkom 2011: Kimberley
Die eerste toernooi was ietwat amateuragtig. Daarmee word geen kritiek teenoor die skole van Grens se organisasie uitgespreek nie. Hulle het min tyd gehad om die grootste skoletoernooi ooit te reël en het puik werk gedoen. Hulle het egter geen ondersteuning gekry van die South African Rugby Football Board (SARFB), soos dit toe nog bekend was nie. Daar was ook geen oorkoepelende Suid-Afrikaanse skoleliggaam van enige aard nie. Net ’n bietjie meer as drie maande nadat die saak vir die eerste keer deur die 1949-Springbok Piet Malan aangeroer is, het Grens met trots die eerste toernooi aangebied. Vyftien skole het deelgeneem. Vir baie van die unies was die kies van ’n provinsiale span ’n nuwigheid ’n en dit is regverdig om te sê dat baie spelers wat ’n plek verdien het, oor die hoof gesien is weens die gebrek aan strukture en
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 146
2352011 5:25 PM
Piet Malan, who suggested the Craven Week.
Unions throughout South Africa cater for very young players.
prosedures wat sterker spanne sou verseker het. Die man wat die organisasie van die toernooi behartig het, was Jan Preuyt, ’n onderwyser (vir 31 jaar) van Oos-Londen. Die eerste Suid-Afrikaanse Skolekomitee is tydens daardie eerste Cravenweek verkies waar Preuyt as voorsitter verkies is. Hy sou 25 jaar lank die voorsitterskap behou. Die komitee wat verkies is, was soos volg: Preuyt (Voorsitter), Trens Erasmus (Wes-Transvaal), Wouter du Toit (Transvaal), Hennie Lochner (Boland) en Meyer Sauerman (Oostelike Provinsie). Preuyt was in 1974 die bestuurder van die eerste verkose SA Skolespan wat na Italië en Frankryk getoer het. Hy was ook die bestuurder van die nasionale skolespan wat in 1983 na Wallis getoer het. In 1986 het hy die eerste president geword van die Suid-Afrikaanse Skole-unie (SASU), wat alle sportsoorte ingesluit het. Die spanne wat aan die eerste Cravenweek deelgeneem het, was Boland, Grens, Oostelike Provinsie, OosTransvaal, Griekwaland-Wes, Natal, Noordoos-Kaap, Noord-Transvaal, Oranje-Vrystaat, Rhodesië, Suidwes-
Afrika, Suidwestelike Distrikte, Transvaal, Westelike Provinsie en Wes-Transvaal. Die getal spanne het egter van jaar tot jaar gewissel en het net in die afgelope tien jaar in ’n mate gestabiliseer. Meer en meer spanne, veral van plattelandse distrikte, is uitgenooi en teen 2000 was daar meer as 32 spanne. Namibië en Zimbabwe het as deelnemers teruggekeer. Hoewel die getal spanne wat aan die Cravenweek deelneem sedertdien verminder is, is die konsep uitgebrei met ’n bykomende Akademieweek om spelers in te sluit wat nie vir hul provinsie se beste vyftiental gekies is nie, en ook om meer spanne van die plattelandse distrikte in te sluit. ’n Onder-16-week is ook ingestel wat as ’n voedingsbron vir die onder-18-spelers van die Cravenweek dien. Dié week is vernoem na Grant Khomo, ’n invloedryke administrateur en voormalige rugbyspeler van die eertydse SABRF. Daar is ook ’n onder-13-Cravenweek, en die Learners with Special Educational Needs (LSEN) het hul eie provinsiale onder-18-week. Meer as 1 500 jong rugbyspelers van dwarsoor Suid-Afrika neem jaarliks aan
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 147
147
2352011 5:25 PM
’n Hupstoot vir klubrugby Die besluit van SARU vroeg in 2011 om in die toekoms die nasionale klubkampioenskappe sonder die universiteitspanne te hou, is vir die sogenaamde oop klubs ’n positiewe ontwikkeling en word gesien as ’n soliede grondslag vir die heropbou van klubrugby in die land. Die oop klubs het in die verlede aan die kortste ent getrek. Selfs voor die begin van die professionele era in 1996, het universiteite die eerste keuse van die beste spelers in die land gehad, want hulle kon beurse en huisvesting vir hul studentejare verskaf. En soos die rugbykrag van die universiteite verbeter het, wou die skoolverlaters juis na daardie instellings gaan waar hul rugbyloopbane deur die beste afrigters en spanmaats in die land bevorder sou word! Die besluit van SARU in 2011 het ook die belofte van ’n opwindende eindwedstryd tussen die klubwenners en die voorste universiteitspan ingehou. Hierdie jaarlikse hoogtepunt in die seisoen sal dan vasstel wie Suid-Afrika se topklub is. Dit is ironies dat die besluit, waarvoor daar al lank voorbrand gemaak is, juis kom na die twee vorige klubkampioenskappe deur oop klubs gewen is. College Rovers het die Maties, wat die Varsitybekerwenners van die vorige drie jaar was, in die 2010-eindstryd geklop en in 2009 het NWKPukke teen Hamiltons gewen. Pirates is die vorige oop klub wat as kampioen gekroon is toe hulle in 2001 ’n ander oop klub, Tygerberg, in die eindstryd geklop het. Prakties gesproke het SARU se besluit beteken dat meer oop klubs nou ’n groter kans het om na die kompetisie van sestien spanne deur te dring. Op enkele uitsonderings na is die oop klubs in die verlede ook in die eerste ronde uitgeskakel, wat dit dan aan die universiteitspanne oorlaat
die vier jeugweke deel en ontvang provinsiale kleure. Die Akademiespan is aanvanklik beskou as die tweede beste vyftiental wat na die week se wedstryde uit al die Cravenweekspelers gekies is. Dit het dikwels die nasionale span se keurders in die verleentheid gestel as die Akademiespan die SA Skolespan in die jaarlikse wedstryd klop! Deesdae, na afloop van die afsonderlike Akademieweek, word die beste spelers gekies om as ’n Akademie-vyftiental aan die Cravenweek deel te neem.
148
om sake onderling uit te baklei. Tot op hede het Maties twaalf van die vyftien eindstryde waarin hulle sedert 1975 gespeel het, gewen. Hulle het sedert 1981 al agt van hul eindstryde gewen, tot hulle in 2010 verloor het. Hulle enigste eindstrydnederlae was in 1976 teen Tukkies; in 1980 teen ’n ander Westelike Provinsieklub, Villagers; en in 2010 teen College Rovers van Durban. Daar was ’n tydperk in die 1990’s toe die titel nie tydens ’n toernooi beslis is nie, maar op ’n tuis-wegbasis. Dit is egter in 2001 laat vaar. Tot en met die 2010-kampioenskappe het die oop klubs slegs elf van die 36 klubkampioenskaptitels gewen. Durban Crusaders is die enigste klub wat dit twee jaar na mekaar reggekry het. Despatch is die enigste ander oop klub met twee titels. (Pretoria Polisie behoort miskien ook as ’n oop klub beskou te word, want in die jare wat hulle gewen het, naamlik 1995 en 1996, was hulle nie amptelik beperk tot net polisielede vir die span nie.) Die meeste opeenvolgende oorwinnings is Maties s’n in 1977, 1978 en 1979. Die enigste oop klubs wat die kompetisie gewen het, is Villagers (1980), Pretoria Harlequins (1983), Despatch (1985 en 1988), Roodepoort (1989), Old Greys (1991), Durban Crusaders (1993 en 1994), Pirates (2001), Hamiltons (2009) en College Rovers (2010). Klubspelers word ook deur die nasionale klubkampioenskappe die geleentheid gebied om op ’n hoër vlak as hul plaaslike kompetisie deel te neem. Die provinsiale amateurliga gee aan die beste spelers ’n kans om saam met spelers van ander klubs in ’n provinsiale span teen soortgelyke spanne van ander unies te speel.
’n Voorloper van die Akademiespan was die Projektoernooi in 1987, toe die voormalige SuidAfrikaanse Rugbyraad (SARR) ’n kwotavereiste van 50–50 vir spankeuses gestel het. In 2010 was dit weer die vereiste vir Akademiespanne, terwyl die Cravenweek vereis het dat ten minste nege swart spelers uit die 22 vir ’n provinsiale span gekies moes word. Om vir die SA Skolespan gekies te word, span ongetwyfeld vir enige Cravenweekspeler die kroon op ’n opwin-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 148
2352011 5:25 PM
dende week. SARU het nou ook begin met die kies van ’n Hoë Prestasie- (HP) groep in die onder-18- en onder16-ouderdomsgroepe.
Hoë Prestasiegroepe Negentien spelers wat vir die 2010 SA Skolespan gekies is, is ingesluit in die 32-man Suid-Afrikaanse Hoë Prestasiegroep wat in ’n aantal internasionale vriendskaplike wedstryde in 2010 gespeel het. Die onder-18-groep is deur die nasionale keurders uitgesoek en die Springbok-Sewesafrigter, Paul Treu, en die Suid-Afrikaanse onder-20-span se afrigter, Eric Sauls, was ook betrokke. Treu se aanstelling was met die oog daarop om potensiële spelers te identifiseer om die Springbok-Sewes in die toekoms by die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Seweswêreldreeks te verteenwoordig. Hy het dit ook gedoen, en in 2011 was Paul Jordaan, wat skaars uit die skoolbanke was, ’n groot sukses in die span. Jordaan is een van vyf belowende skoolseuns wat in 2010 deur Treu gekontrakteer is. Die voormalige Grey Kollege-leerder was pas negentien jaar oud toe hy sy Springbokbaadjie ontvang. SARU se HP-bestuurder, Herman Masimla, het in 2010 na afloop van die keuring van die HP-groep die volgende gesê (vertaal): Hierdie program is begin om potensiële spelers voor te berei wat moontlik eendag die Suid-Afrikaanse onder20-span in die IRR-Junior Wêreldkampioenskap of in die Springbok-Sewesspan in die IRR-Seweswêreldreeks kan verteenwoordig. Die groep is deur ons nasionale keurders geïdentifiseer wat die Coca-Cola-Jeugweke bygewoon het. Hulle het ook onder-18-spelers van tersiêre instellings en klubs oorweeg. Hierdie onder-18-groep sal die verdere aansporing hê om die volgende jaar (2011) na die onder-19-groep aan te beweeg. Ons is reeds by onderhandelinge betrokke om volgende jaar internasionale vriendskaplike wedstryde teen die Franse en Argentynse onder-19-spanne te reël. Hierdie strukture is geskep om uiteindelik te verseker
Harry Viljoen – SA Schools player who became the national coach, and Louis Luyt.
dat ons die beste junior rugbyspelers ter wêreld lewer. Die toekenning van nasionale kleure aan skoolseuns is glad nie deur Danie Craven ondersteun nie. Hy wou hê dat die Cravenweek ’n rugbyfees bly en nie ’n kompetisie word nie, en beslis ook nie dien as proewe vir die kies van spanne nie. Dit is waarom geen “skooltoetswedstryde” teen die Australiese span gespeel is wat in 1969 hier kom toer het nie. In 1974 moes Craven egter toegee, en ’n nasionale skolespan is gekies wat in Italië en Frankryk getoer het. Sedertdien is daar elke jaar so ’n skolespan gekies, maar wedstryde teen oorsese teenstanders is ongereeld. Hoewel Craven se idealisme ’n gesonde basis was om vanaf te werk, was dit onrealisties om te verwag dat die toernooi nie mededingend van aard sou word nie. Daar is nie ’n amptelike wenner nie, maar die laaste wedstryd van die toernooi word as ’n eindstryd beskou en die wenner is dan die nieamptelike Cravenweekkampioen. Wat Dok Craven nog meer sou omkrap, is die feit dat die Cravenweektoernooie, en selfs die meer junior toernooie, insluitend die onder-13’s, deur talentsoekers gebruik word om belowende spelers te identifiseer. Die onder-13’s word na voorste rugbyskole gelok en selfs deur rugbyunies in skole geplaas waar die unies dan (deels) die onkoste betaal. Die onder-18’s word weer vir die toekomstige provinsiale sukses van die unies geteiken. Ondanks die negatiewe aspekte, speel die Cravenweek
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 149
149
2352011 5:25 PM
Grey Kollege – ’n Springbokfabriek Grey Kollege, die voorste voorsiener van Springbokke, het in 2010 nog vier name gevoeg by sy indrukwekkende lys Springbokke wat daar op skool was. Die Bulls se slot Flip van der Merwe en flank Deon Stegmann het onderskeidelik hul toetsdebute teen die besoekende Franse span in Junie en teen Skotland op die jaareindtoer gemaak. Andries Strauss, die neef van Springbokhaker Adriaan, is na ’n skitterende vertoning vir die Sharks in die Curriebekereindstryd gekies. Soos nog `n Grey-peler Coenie Oosthuizen het hy een wedstryd op die toer teen die Britse Barbarians gespeel. Die voormalige Oranje-Vrystaat, nou die Cheetahs, het deur die jare swaar op Grey Kollege gesteun om hulle van spelers te voorsien. Dié oudste skool noord van die Oranjerivier het op 17 Januarie 1859 sy deure oopgemaak. Hulle het die eerste keer in 1881 teen ’n ander skool, die Anglikaanse St. Andrew’s skool in Bloemfontein, voetbal gespeel. Die spel wat aanvanklik deur hulle gespeel is, was ’n vorm van die Winchesterkode wat uit Engeland na Suid-Afrika gebring is en in die 1870’s deur die Diocesan College in Kaapstad gespeel is. Grey Kollege het in die 1890’s gereeld teen manspanne in die Oranje-Vrystaat gespeel. In 1896 was hulle die tweede wenners van die OVS-Groot Uitdaagbeker. Grey Kollege se ware rugbybloeitydperk was in die tweede helfte van die twintigste eeu, tussen 1986 en 1990, toe hulle tagtig wedstryde na mekaar onoorwonne was! Grey Kollege het meer spelers vir die Cravenweek as enige
en al die ander Jeugweke ’n belangrike rol in die identifisering van rugbytalent. Dit was selfs nog meer die geval toe Dok Craven in 1980 goedkeuring gekry het om die week vir spelers van alle rasse oop te stel. In 1996 is die sogenaamde kwotastelsel ingevoer om te verseker dat die beste gekleurde spelers, wat steeds nie dieselfde geleenthede gehad het om hul rugbytalent te ontwikkel nie, nie misgekyk word nie. Dis interessant om te weet dat twee voorma-
150
ander skool gelewer, so ook die meeste spelers vir nasionale skoolspanne. Hulle hou die rekord van ses spelers uit Grey Kollege in die 1981-SA Skolespan. Herman van Broekhuisen, wat toe vir Westelike Provinsie gespeel het, het SuidAfrika in 1896 verteenwoordig en was die eerste oudleerling van Greykollege om dit te doen. Die oudleerlinge van Grey Kollege wat vir Suid-Afrika gespeel het, is: Herman van Broekhuisen, Boet McHardy, Sarel Strauss, Henry Martin, Louis Babrow, Piet de Wet, Popeye Strydom, Gert Cilliers, John Wessels, Johan Spies, Morné du Plessis (kaptein), Dawie Snyman en sy broer Jackie, Theuns Stofberg (kaptein), Robbie Blair, Jaco Reinach, Helgard Müller en sy broer Pieter, Andries Truscott, Johan Styger, Heinrich Fuhls, Ruben Kruger, Ollie le Roux, Naka Drotské, Werner Swanepoel, CJ van der Linde, Ruan Pienaar, Tiaan Liebengerg, Jannie en sy broer Bismarck du Plessis, Frans Steyn, Heinrich Brüssow, Adriaan Strauss, Wian du Preez, Flip van der Merwe, Deon Stegmann, Andries Strauss en Coenie Oosthuizen. Die skool het ook vyf toetsskeidsregters opgelewer, naamlik Reg Stanton, Att Horak, Steve Strydom, Justus Moolman en Gerrit Coetzer. Paul Roos Gimnasium het 42 Springbokke gelewer, waarvan 33 voor die Tweede Weredoorlog was. Bishops het 35 gelewer, waarvan 10 na die oorlog was. Bron: www.rugby365.com, vertaal
lige SA Skolespelers, Nick Mallett en Harry Viljoen, Springbokafrigters geword het. Daar is natuurlik meer aan skolerugby as net die Cravenweek en ander Jeugweke. ’n Aantal kompetisies – selfs vir onder-9’s – vind in sommige unies plaas, al is dit deesdae die neiging om weg te beweeg van uitklopreekse en bekerrugby. Skole verkies om, soos in die ou dae, hul wedstryde teen spanne van gelyke standaarde te reël. ’n Skool se prestige word nietemin steeds grootliks
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 150
2352011 5:25 PM
aan sy sportprestasies gekoppel, veral rugby. Sommige topskole identifiseer dus belowende onder-13-spelers, wat dan beurse aangebied word. So begin die skool reeds aan sy superspan bou wat oor vier jaar die skool se eer moet verseker! Een van die meer genotvolle rugbyervarings vir beide spelers en toeskouers is die onderskeie skoleweke, wat meestal oor die Paasnaweek gehou word. Skole van oor die hele land word genooi na toernooie soos dié by Kearsney, St. Stithians, St. John’s, die Wildeklawertoernooi en vele meer. Die seuns kry die geleentheid om teen teenstanders te speel wat hulle nie andersins sou ontmoet nie. Daar is ’n ranglys vir skole, maar die bestaansreg daarvan bly ’n netelige onderwerp. Wat ook al die meriete daarvan, is dit so dat die name van Grey Kollege, Grey High, Paul Roos, Paarl Gimnasium, Outeniqua, Monument, Waterkloof, Paarl Boys High, Boland Landbou en Afrikaanse Hoër Seunskool al jare op die lys is en waarskynlik boaan sal bly as die professionaliteit wat in skolerugby ingesluip het, in ag geneem word.
SA Junior spanne Hierdie skole verskaf in ’n groot mate die spelers vir SuidAfrika se junior spanne wat aan die IRR-Wêreldbeker vir onder-20’s deelneem. Dit is sedert 2008 ’n jaarlikse toernooi wat die twee aparte toernooie vir die onder-21’s en onder-19’s vervang het. Suid-Afrika het die onder-21-titel in 2002 en 2005 gewen. Die onder-19’s was in 2005 die kampioene. (Die IRR se onder-19-toernooi is van 1998 tot 2007 aangebied, en die onder-21’s het vanaf 1996 tot 2006 gespeel.) Baie van die spelers het Suid-Afrika later op senior internasionale vlak verteenwoordig, insluitend spanlede wat vir die 2011-Wêreldbekertoernooi in NieuSeeland gekies is. In Suid-Afrika is daar besluit om die twee ouderdomsgroepe te behou. Albei provinsiale kompetisies vir onder-19’s en onder-21’s is in twee afdelings van sewe spanne elk verdeel. Die A-afdelings speel ’n dubbelronde, met ’n eindwedstryd aan die einde van die seisoen.
Sewes In ’n onverstaanbare miskenning van die rangorde word Suid-Afrika se Springbok-Sewesspan die gebruik ontsê van spelers wat die span op ’n volgehoue grondslag een van die wêreld se beste spanne kan maak. Slegs drie nasionale spanne word die eer toegelaat om Springbokke genoem te word, naamlik die nasionale span wat in toetswedstryde, die Drienasiesreeks en die Wêreldbekertoernooi speel; die Sewesspan wat aan die IRR se Seweswêreldreeks deelneem; en die nasionale vrouespan. Oorweeg egter vir ’n oomblik die situasie waarin Paul Treu, afrigter van die Springbok-Sewes, hom bevind. Treu, ’n voormalige Super 12-speler van die Stormers en Bulls, en ’n Sewesspeler wat die Springbokke in die IRRreeks gelei het, het ook vir die Opkomende Springbokke gespeel. Hierdie nederige Swellendammer is ’n voormalige onderwyser wat ’n meestersgraad in opvoedkundige sielkunde behaal het. Sedert hy in 2004 die leisels by die voormalige Sewesafrigter, Chester Williams, oorgeneem het, moes hy letterlik elke seisoen ’n nuwe span bymekaar skraap! Enige afrigter aanvaar dat beserings sy tol gaan eis, maar Treu word klokslag van sy sterspelers ontneem deur die Super Rugbyfranchises en die Curriebekerunies wat dié spelers se potensiaal op die internasionale Sewesverhoog raaksien. Dit is nie algemeen bekend nie, maar Treu moet vir die gebruik van elke speler afsonderlik met die betrokke unie beding. Hy het dus nie vrye toegang tot die top-400 of 500 spelers in die land nie. Hy het ook nie die reg om die nasionale onder-20-spelers te gebruik nie. In 2010 is hy die gebruik van twee Springbokke ontneem omdat die unie hulle vir die nasionale onder-21-kompetisie se uitspeelwedstryde benodig het! Hierdie louwarm benadering tot Sewes in Suid-Afrika verskil byvoorbeeld van die praktyk in Australië, waar die Seweskompetisie gebruik word om spelers vir hoër spanne (d.w.s. die nasionale span) voor te berei. Die Wallabies het byvoorbeeld in 2010 met ’n uitstekende agterlyn gespog, waarvan letterlik elke speler deur die nasionale Sewesspan na toets-
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 151
151
2352011 5:25 PM
The Springbok sevens side after winning the 2007 IRB title in Dubai.
vlak beweeg het! Die All Blacks maak ook van Sewes gebruik as spelers na ’n lang afwesigheid weens beserings weer begin speel. Sewes verskil heeltemal van die vyftienmanspel. Dit neem tyd, moeite en geduld om die verskillende strukture aan te leer en in te dril, vir sowel die aanval as die verdediging. ’n Groot deel van Treu se voorbereidingstyd word deur die nuwe rekrute opgeneem wat hierdie strukture moet leer. Dit is hoofsaaklik spelers wat nie deur die provinsiale afrigters benodig word vir hul kompetisies nie – en dit sluit die Vodacombeker in. Treu se ervaring as Sewesspeler het hom goed voorberei om af te rig. Hy het in 31 IRR-toernooie gespeel, waartydens hy 70 drieë gedruk het, asook in die Wêreldbekertoernooi in 2001. Treu het die Sewes begin afrig voor hy amptelik as speler uit die spel getree het! Hy het in 2004 by Chester Williams, ook ’n voormalige Springbok-Sewesspeler, oor-
152
geneem toe Williams ’n afrigtingspos deur die Super 12Cats aangebied is. Treu het gesukkel met ’n kniebesering toe die pos vir hom aangebied is, maar sewe jaar later rig hy nog steeds die Blitsbokke af. Ondanks ’n swak 2010 weens die verlies van feitlik die hele span van die vorige jaar, het Suid-Afrika sedert 2004 verskeie van die IRRtoernooie en ook die IRR-reeks in 2008/09 gewen. In 2010 het hulle die bronsmedalje by die Statebondspele in Delhi gewen. Verskeie Springbok- en Super Rugbyspelers het deur die Sewesstelsel na vore getree. Treu het in slegs sy vierde toernooi as afrigter ’n toernooi gewen. Springbokke soos Bryan Habana, Jaco Pretorius, Gio Aplon, Kabamba Floors, Heinrich Brüssow, Ryan Kankowski, Akona Ndungane, Jongi Nokwe, Juan de Jongh, Tonderai Chavhanga en Earl Rose is deur Treu se hande na die hoogste vlak, naamlik toetsrugby. Twee Springbok-ikone, Bobby Skinstad en Chester
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 152
2352011 5:25 PM
Blou Diamante skitter ’n Ontwikkelingsprogram wat waarskynlik uniek aan Suid-Afrikaanse rugby is, is die Blue Diamond Rugbyklub. Dit is gestig om te verseker dat jeugrugby in die Blou Bulle-unie op ’n nierassige, niepolitieke en demokratiese wyse gespeel, ontwikkel, bestuur en gekoördineer word. Die Blue Diamond Rugbyklub is een van die jeugklubs in die unie en hul primêre funksie is om met die binnestedelike skole van Pretoria te werk. Die klub rig af en gee ondersteuning wat gebaseer is op die beskikbare geriewe van deelnemende skole, soos Eendragt, Oost Eind en Jopie Fourie. ’n Skamele twee jaar na die projek aangepak is, het die Blou Bulle die vrugte gepluk toe sewe kinders uit die projek vir provinsiale spanne gekies is. “Ons is trots op ons prestasies,” het Danie Lerm, projekleier van die Blue Diamond-inisiatief gesê. “Ons het agt spanne wat op laerskoolvlak deelneem en elke jaar sien ons ’n toename in die getal deelnemers, wat wonderlik is, want ons hoofdoel is om die kinders van die straat af te hou. Ons is hierdie jaar [2010] besonder trots, want sewe van ons spelers het vir provinsiale spanne gekwalifiseer; dis meer as dubbel die drie wat verlede jaar gekies is. Drie
Williams, het die Sewes-Springbokke op die veld gelei. Hulle is ook twee van die vier Maties wat kapteins was van die Springbok-Sewesspan; die ander twee was die heel eerste Springbok-Seweskaptein, Dion O’Cuinneagain in 1997, en Kevin Foote in 2004, wat in 2011 die Ikeys in die Varsitybekerreeks tot die titel afrig. O’Cuinneagain het later vir Ierland as agsteman in toetse diens gedoen toe internasionale Sewesspelers nog toetsrugby vir ’n ander land kon speel. Hierdie reël is verander, so ook die reël oor die tydperk wat nodig is om vir ’n verblyfpermit te kwalifiseer. Laasgenoemde reël het die SA Sewes groot skade berokken. Suid-Afrika het die Zimbabwiër, Tonderai Chavhanga, in 2003 in die Dubai-toernooi laat speel onder die indruk dat hy reeds vir die Springbokke kwalifi-
van hulle is onder-14-spelers, twee is onder-13’s en twee is onder-18’s.” Sover dit die toekoms betref, sê Lerm, word daar oorweeg om die projek tot op die onder-19-vlak uit te brei, wat dan as ’n deurgang vir spelers na die klubrugbystrukture kan dien. “Die projek strek tans tot op die onder-18-vlak, maar ons vind dat sodra die seuns die ouderdomsperk bereik, hulle heeltemal ophou om te speel,” het Lerm gesê. “Om dit tot die onder-19-vlak uit te brei, sal dus daardie seuns ’n kans gee om klubrugby te speel. Gegewe die belangstelling wat sommige van hierdie kinders in die Blue Diamonds toon, sal dit help om hulle langer van die strate af te hou.” Die voormalige Blou Bul onder-21- en Vodacom bekerafrigter, Nico Serfontein, wat sedert 2011 by die Goue Leeus Rugbyunie is, was aanvanklik by die projek betrokke. “Vir jare het ons op gebiede soos Soshanguve en Mamelodi gefokus en van die ouens reg onder ons neuse vergeet. Hierdie program pas perfek in by die unie se strategiese plan om menslike kapitaal te ontwikkel en die getal spelers te vermeerder. Al die aspekte maak die projek so bevredigend.”
seer. Hy sou egter eers in 2005 kwalifiseer. Suid-Afrika se boete was meer as ’n miljoen rand en hulle het ook die 20 punte verbeur wat hulle verdien het toe hulle die Dubaitoernooi gewen het. ’n Verdere 12 punte oor hulle die halfeindronde in George gehaal het, is ook weggeneem, omdat Chavanga in George gespeel het. Die 32 strafpunte het die SA Sewes hul derde plek op die IRR se rangorde gekos. Paul Treu is ’n toegewyde afrigter wat deurentyd deur die wêreld op soek is na nuwe tegnieke en taktieke. Hy word deur sy medeafrigters as ’n uitstekende taktikus geag. Hy het ’n permanente basiskamp in Stellenbosch gevestig waar die uitgebreide Sewesgroep vir internasionale toernooie voorberei. Op Treu se aanbeveling kontrakteer SARU nou Sewesspelers. Dit gee Treu die eerste
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 153
153
2352011 5:25 PM
opsie om hulle te gebruik en verseker darem ’n bietjie meer kontinuïteit in die spankeuse. Die kamp maak dit ook makliker vir spelers wat by die span moet aansluit as gevolg van beserings. In 2009 het Treu begin beplan en bou vir die verwagte insluiting van Sewes in die 2016-Olimpiese Spele – iets wat sedertdien ’n werklikheid geword het. Hy kyk toenemend na jong talent, selfs op skolevlak, en die eerste twee gekontrakteerde tienerjariges wat hy op internasionale vlak ingespan het, was ’n openbaring. Paul Jordaan en Tshotsho Mbovane het albei indruk gemaak teen die meer ervare, groter en sterker spelers van onder meer Fijdi, Samoa en Nieu-Seeland, en het gewys dat Treu se beplanning inderwaarheid in die kol is. Daar was deur die jare heen werklik uitstekende Sewesspelers. Fabian Juries, wat in 2009 na die vyftienmanspel oorgeslaan het, was teen die einde van 2010 met sy 179 drieë derde op die lys van voorste driedrukkers. Dit is ’n puik prestasie as mens in ag neem dat hy in re-
154
latief min toernooie (43) gespeel het in vergelyking met die voorste twee driedrukkers, Argentinië se Santiago Gómez Cora met 230 drieë, en Engeland se Ben Gollings met 211 drieë. Juries is ook agste op die lys van voorste puntemakers met sy 925 punte. Stefan Basson, met slegs negentien toernooie in vier jaar, is vyftiende op die IRR se lys van puntemakers met sy 691 punte. Mzwandile Stick, wat die Sewes-arena verruil het om vir die nuwe franchise, Southern Kings, te speel en waar hy ook kaptein is, is tiende op die lys van puntemakers, met 855 punte in dertig toernooie, insluitend 86 drieë. Marius Schoeman, wat in 41 toernooie gespeel het en 103 drieë gedruk het, en Renfred Dazel is ander spelers wat uitgeblink het. Groot Frankie Horn, ’n speler wat nie so dikwels oor die doellyn duik nie, is nog besig om harde werk vir die Springbokke te doen. Die 2010/11-seisoen het egter ook die verskyning van ’n Sewesspeler gekenmerk wat stellig nog Suid-Afrika se heel beste sal word. Ondanks ’n besering wat hom
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 154
2352011 5:25 PM
verhoed het om in twee van die agt toernooie te speel, was Cecil Afrika reeds in sy tweede seisoen in die IRBreeks die voorste puntemaker. Ander spelers wat in hierdie en die vorige seisoen die eerste keer ingespan is, soos Branco du Preez, Sibusiso Sithole, Chris Dry en Bernardo Botha, beloof om die basis te vorm waarop Suid-Afrika met vertroue kan voortbou met die oog op die 2016-Spele. Die afgelope jare het Suid-Afrikaanse spanne op ’n laer vlak as die nasionale span in ’n verskeidenheid kompetisies gespeel, waarvan daar deesdae al hoe meer is. Die Zambiese internasionale toernooi; die top-Sewestoernooi in Afrika, naamlik die Safari Sevens in Nairobi; die Middelburg-Sewes; die Singapore-Sevens; die Dubai Sevens-kompetisies vir spanne laer as die uitgenooides vir die IRR-Sewesreeks; die baie gewilde @lanticSewesreeks vir skole; en die Nelson Mandela Bay-Sewes is die belangrikste en gewildste toernooie en kompetisies. Saheti High School in Johannesburg en Villagers in Kaapstad bied ook toernooie vir skole aan. Suid-Afrika het ook ’n uitstekende vertoningslys by die Melrose Sevens in Skotland waar dié vorm van rugby volgens oorlewering ontstaan het, en die eerste toernooi in die jaarlikse reeks reeds in 1883 gehou is. Die Maties (twee keer), Shimlas, Universiteit van Johannesburg en Hamiltons het tussen 2004 en 2010 vyf van die sewe titels gewen – en Hamiltons was in 2011 weer in Skotland met sy veteranespan om die prestige-titel te gaan verdedig. Die Suid-Afrikaanse Studentespan onder afrigting van Tuks se Freddie Grobler het in 2008 die wêreld se studentekroon gewen, en ’n studentespan speel nou gereeld oorsee om in die jare tussen die studente se Wêreldbekertoernooie vir die groot dag voor te berei. By Tukkies se Akademie word ook heelwat aandag aan Sewesspesialiste gegee. ’n Groot rolspeler in Sewesrugby onder nasionale vlak is die Noordstreekreeks. Dit het in 2004 begin en het dieselfde probleme as Treu ondervind. Deelnemende spanne is dikwels nie toegelaat om selfs die onder19-spelers te kies van provinsiale groepe vir die nasio-
TAG-rugby is ’n leerskool TAG Rugby Association het reeds in 1992 met hul aktiwiteite begin en in 2009 ’n assosiaatlid van SA Rugby geword. TAG-rugby is ’n vinnige, kontaklose weergawe van rugby waar die “laagvatte” op jou teenstander gedoen word deur ’n velcro-strook van sy lyfband af te ruk. Dit kan op enige oppervlak gespeel word en die minimum apparaat is nodig – net die lyfband, die tag-stroke en ’n bal. Selfs vyfjariges kan TAG speel. Seuns en meisies van alle ouderdomme kan deelneem aan hierdie spel wat sonder skrums, lynstane of skoppe gespeel word. Die fokus is op hardloop, aangee, aanval en ondersteuning. Die spel is ’n manier waarop hantering verbeter kan word en die aantal kinders wat rugby speel, vermeerder kan word. Dit is ’n goeie afrigtingshulpmiddel vir skole en klubs wat reeds kontakrugby speel. TAG-rugby word ook aangewend om tieners en volwassenes van albei geslagte aan rugby bekend te stel, ook in hoërskole wat nog nie rugby as ’n buitemuurse aktiwiteit aanbied nie. Dit is veral die geval waar unies meisies wil aanmoedig om rugby te speel.
nale onder-19-kompetisie wat eers maande later sou plaasvind nie. Dit belemmer die kwaliteit van die kompetisie wat dwarsdeur die jaar op dieselfde basis as die IRR-Sewesreeks plaasvind, met ’n toernooi in elk van die deelnemende unies, naamlik Limpopo, Pumas, Goue Leeus, Valke, Blou Bulle, Luiperds en Laeveld. (Dit ontneem ook daardie spelers ’n geleentheid!) Soortgelyk aan die IRR-kompetisie word daar in elke toernooi punte verdien en na agt toernooie bepaal hierdie ligapunte aan die einde van die reeks die wenner. Hierdie reeks het in aansien toegeneem en ’n verteenwoordigende Noordstreekspan word jaarliks gekies om aan die internasionale toernooie in Kenya en Zambië deel te neem. Hulle het ook in 2010 aan die Bafokeng Internasionale Toernooi deelgeneem wat deur die Springbokke gewen is. Die gereelde provinsiale kompetisie wat deur die jaar
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 155
155
2352011 5:25 PM
nie. Daar is natuurlik akademies wat meer professioneel funksioneer, hoofsaaklik dié wat deur unies en topklubs bestuur word, en daar is ook akademies wat deur skole bedryf word. Almal het een doelwit gemeen, naamlik om goeie spelers te lok en dan tot voordeel van die unie, klub of skool te ontwikkel. Baie van hulle kombineer die rugbyakademie met tersiêre opvoeding – soggens loop jy klas en smiddae speel jy rugby. In die geval van die Tukkies/Blou Bulle-akademie word spelers ook vrygestel om by die “buur-unies”, die Pumas en Valke, vir die nasionale onder-19- en onder21-kompetisies diens te doen. Hulle speel ook klubrugby vir ander klubs, nie net Tukkies nie, en versterk sodoende die klubstelsel. Skeidsregter-, afrigting- en noodhulpkursusse en ander aspekte rondom die spel maak gewoonlik deel uit van die akademies se leerplanne. Daar is egter ’n aantal van hierdie akademies wat uitsluitlik as sakeondernemings bestuur word. Dit is nie ongewoon om advertensies te sien wat deelnemers uitnooi na ’n vakansiekursus van drie weke wat mens R20 000 uit die sak gaan jaag nie. Die Hoë Prestasiegroepe wat die afgelope jare deur SARU op die been gebring is, is ’n groot stap om op die vlak van Australië se akademies te kom. Die meeste Wallabies word hier tot op internasionale vlak ontwikkel. The women of the Lions and Blue Bulls do battle in the provincial competition.
plaasvind, dra daartoe by dat drie van die vier halfeindfinaliste by die provinsiale kampioenskappe in 2010 uit die Noordstreekkompetisie gekom het. Heelwat spelers het al vanaf die Noordstreek se stelsel na Curriebeker- en Vodacombekerrugby gevorder.
Rugbyakademies Rugbyakademies het die afgelope dekade uit die niet soos paddastoele oor Suid-Afrika verskyn. Die akademies was moontlik nie so suksesvol as wat verwag is
156
Ontwikkeling Ontwikkeling vind op verskeie maniere plaas. Die meeste groter unies in Suid-Afrika het junior ligas, en afrigting vind weekliks by senior klubs plaas. Vanaf die onder8-vlak word wedstryde tussen klubs gespeel en provinsiale spanne wat uit die junior klubs se ouer ouderdomsgroepe gekies word, speel in die tweede helfte van die seisoen teen mekaar. Hierdie wedstryde bied aan die sterker spelers wat nie die formele SARU-Jeugweke haal nie die geleentheid om saam met en teen beter spelers te speel. Daar is ook provinsiale geleenthede spesifiek vir spelers in die townships. Die meeste van Suid-Afrika se rugbyunies het ’n Jeugliga, aangesien baie van die
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 156
2352011 5:25 PM
swart skole in die besonder nie rugby as sport aanbied nie. Verskeie van die unies ding op provinsiale vlak in die onder-12-, onder-13-, onder-16- en onder-18-ouderdomsgroepe mee.
Vrouerugby Vrouerugby voer ’n stryd om vastrapplek in Suid-Afrika te kry. Hul vertonings by die twee Wêreldbekertoernooie in 2006 en 2010 was nie op peil nie. Daar is nietemin nie veel kompetisie om kwaliteitspelers te lewer nie, en nasionale afrigter Denver Wannies se werk om sy span na die tiende posisie in die 2010-Wêreldbekertoernooi te laat vorder, is vrug op sy harde arbeid. ’n Provinsiale vroueliga met twee afdelings is steeds nie behoorlik aan die gang nie. Spanne onttrek steeds aan provinsiale bepalings en met die beste spelers wat net in ’n paar unies gekonsentreer is, is die provinsiale kompetisies ’n kunsmatige poging waar spelers aan unies geleen word bloot om hul teenstanders aan die gang te hou.
Universiteitsrugby Rugby op universiteite was baie jare lank die hoeksteen van Suid-Afrika se nasionale span. Toe Dawie Snyman en Morné du Plessis, wat onderskeidelik Suid-Afrika se 453ste en 455ste Springbokke is, in 1971 gekies is, het hulle gesamentlik die Stellenboschse Universiteit (Maties) se 100ste Springbokke geword. ’n Enkele universiteit het dus op daardie tydstip 22 persent van die Springbokke voorsien. Die Universiteite van Kaapstad (Ikeys), Pretoria (Tukkies), die Vrystaat in Bloemfontein (Shimlas) en Potchefstroom (Pukke) – nou Noordwes Universiteit – het ook ’n aantal uitstekende spelers vir die nasionale span gelewer. Deesdae het dinge egter verander. Professionalisme het veroorsaak dat die belowendste spelers in die provinsiale ouderdomsgroepstrukture opgeneem is eerder as wat hulle universiteit toe gaan. Vroeër jare se inter-
varsities is in ’n mate afgewater en moes êrens tussen al die provinsiale en internasionale bepalings ingedruk word. Spanne soos Tukkies, Maties, Shimlas, Universiteit van Johannesburg (UJ) en die NWU-Pukke word verswak as gevolg van verskeie provinsiale spanne, insluitend die onder-19- en onder-21-spanne, wat spelers vir “hoër diens” oproep. In 2008 is die FNB Varsitybekerreeks ingestel wat nuwe lewe in universiteitsrugby geblaas het. Op Stellenbosch is 9 000 seisoenkaartjies vir die 2011-seisoen verkoop en dit is nie slegs vir die Varsitybeker nie! Met die Varsityskildkompetisie wat in 2011 bygevoeg is, speel die twaalf topuniversiteite nou in ’n kompetisieformaat waarvan Dok Craven al in die 1950’s ’n voorstander was. In die 1970’s het die universiteite in die Ted Scealesuitklopkompetisie gespeel. (Dis ironies dat Maties nie deelgeneem het nie, ondanks Craven se vroeëre wense!) Hierdie kompetisie is deur Tukkies oorheers. Hulle was op hul kruin en in ’n stadium het hulle vyftig wedstryde na mekaar gewen. Hierdie kompetisie het ook aan die swakker spanne die kans gebied om teen die land se bestes te speel, wat destyds die provinsiale spelers en die Springbokke ingesluit het. Daar was gereeld sowat 40 000 toeskouers by die wedstryde. Op ’n laer vlak as die elite-universitêre kompetisies is daar die ruggraat van universiteitsrugby, naamlik wedstryde wat met groot ywer tussen koshuise by die meeste universiteite en by ander in fakulteitsligas gespeel word. Soos die spel en studente in die besonder maar is, is daar al sedert die vroegste tye wedstryde tussen koshuise aan Suid-Afrikaanse universiteite gespeel. Die eerste amptelike koshuiswedstryd het egter eers in 1949 plaasgevind, toe Dagbreek die titel vir Maties gewen het. Met meer as ’n duisend spelers by Maties en Tukkies sedert die vyftigerjare het die kompetisies gedy. Die voorste rugbyuniversiteite het vandag drie of selfs vier ligas vir spelers van verskillende standaarde. Koshuisrugby het nou op ’n laer vlak erkenning in die Varsitybekerreeks gekry, waar een koshuis van elke span uit dié reeks nou ook jaarliks teen mekaar meeding.
Die pilare van Suid-Afrikaanse rugby
150 Jaar Book.indd 157
157
2352011 5:25 PM
158
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 158
2352011 5:25 PM
9
Toetswedstryde Suid-Afrikaanse rugby verloor sy houvas
A day to remember. The Springboks played the All Blacks at FNB Stadium in 2010.
In 2011, 150 jaar na die eerste treë in Suid-Afrikaanse rugby gegee is met die speel van voetbal volgens die Winchesterreëls, was die Springbokke besig om voor te berei om die Wêreldbekertitel in September en Oktober in Nieu-Seeland te verdedig. Dit op sigself maak 2011 ’n spesiale jaar. Toetsskedules is verander en die spelers het ander oefenprogramme gevolg sodat daar verseker kon word dat hulle op die regte tyd piek. Provinsiale en franchise-afrigters is tot nadeel van hul eie loopbane versoek om die land se topspelers spaarsaam te gebruik. Dit was ’n seisoen waarin elke Springbokondersteuner asem opgehou het dat sterspelers soos Victor Matfield, Fourie du Preez en Morné Steyn nie in die Super Rugbyof Drienasiesreeks beseer sou word nie, veral na die achillesbesering van Cheetah- en Springbokflank, Juan Smith. Hy was gevolglik in ’n wedloop teen tyd gewikkel om fiks te wees vir die vierjaarlikse hoogtepunt. Nog beserings aan sleutelspelers het gevolg. Die fisiese bestuur van die Springbokke was geensins ’n maklike taak nie. Suid-Afrika is kontraktueel verplig om sy beste spelers vir elke wedstryd van Drienasiesreeks van SANZAR (South Africa, New Zealand, Australia Rugby) te kies. Hulle kon nie te na aan die onkantlyn beweeg met spankeuses nie, nadat hulle in die Drienasiesreeks van 2007 nie juis die kompetisiereëls gerespekteer het nie en die ooreenkoms grootliks geïgnoreer het. Dieselfde beginsel geld vir die afrigters van die Super Rugbyspanne wat in die eerste plek ’n plig het om wedstryde vir hul franchise in hierdie taai en belangrike kompetisie te wen. Tweedens hang die SANZAR-swaard oor hul koppe indien hulle nie volgens kontrak die sterkste spanne, in opdrag van die Springbokbestuur, sou kies nie. Boonop was daar ook ’n verlies aan vorm by van die groot name wat die titel moet gaan verdedig.
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 159
159
2352011 5:25 PM
Juan Smith – early season injury.
Die Springbokke se afrigtingspan het ’n talentvolle nasionale span gehad, van wie ’n hele paar spelers in die 2007-Wêreldbekertoernooi deelgeneem het. Veteraankaptein John Smit (33 jaar oud in April), Victor Matfield (34 jaar in Mei) en Bakkies Botha (32 jaar in September) het die jaar vol hoop begin dat hulle ’n derde Wêreldbekertoernooi sou bywoon. Ondanks die waardevolle ondervinding van die “ou manne” wat afrigter Peter de Villiers in sy beplanning kon gebruik om die Wêreldbekertitel te verdedig, het dit druk op die Springbokbestuur geplaas om nie die spelers te oorspeel nie. Die druk van professionalisme het veroorsaak dat die Super 14-kompetisie in 2011 na ’n kompetisie met vyftien spanne en 33 persent meer wedstryde opgegradeer is. Weens finansiële en kontraktuele oorwegings kon die verandering na die nuwe kompetisie nie na die 2012-seisoen uitgestel word nie. Wat die Drienasieskompetisie betref, was daar ook geen kans op respyt nie. Suid-Afrika,
160
Nieu-Seeland en Australië sou liewer hul eie teenstanders vir opwarmingswedstryde voor die Wêreldbekertoernooi wou kies, in plaas daarvan om mekaar op te dons. Die enigste toegewing was ’n verkorte Drienasieskompetisie. Elke span het net twee keer, in plaas van die gewone drie keer, teen die ander spanne gespeel. Enkele maande voor rugby vyftien dekades gelede sy eerste treetjies hier op eie bodem by die Diocesan College in Kaapstad gegee het, het die Springbokke die land se 250ste toetsoorwinning met 21–11 teen Engeland op Twickenham behaal. Dit was hul laaste toets in 2010. Dit was ’n gepaste mylpaal en ook die sewende opeenvolgende oorwinning teen Engeland sedert November 2006. Hierdie oorwinnings teen ’n rugbykrag sedert die heel vroegste jare het die krag van Suid-Afrikaanse rugby versterk. In die eerste 179 toetswedstryde tot en met eenwording van die land se vier beheerliggame in 1992, was SuidAfrika ongetwyfeld die rugbykoning. Die Springbokke het teen al die lande meer wedstryde gewen as verloor, selfs teen Nieu-Seeland, wat hul grootste rugbyvyand was. Slegs twee tuistoetsreekse is in die 1900’s tot en met eenwording verloor, naamlik teen die Franse span in 1958 tot voor die Drienasieskompetisie in 2011, en die Britse Leeus in 1974. Selfs ’n trotse rugbyland soos Wallis het teen 1992 nog nie teen die Springbokke gewen nie.
Meer rugby, minder tyd In 1991 was dit presies ’n honderd jaar sedert Suid-Afrika sy eerste rugbytoets gespeel het. In hierdie tydperk het Suid-Afrika 179 toetse gespeel. Dit stem mens tot nadenke by die besef dat daar in die volgende twintig jaar, tot 2011, as gevolg van geldrugby ’n verdere 216 toetse gespeel is. Die Springbokke het byvoorbeeld teen 1992 nog net 37 toetse teen Nieu-Seeland gespeel, maar sedert eenwording is reeds ’n verdere 44 toetse bygevoeg! Na die samesmelting van die vier beheerliggame was die hertoelating tot die internasionale rugbytoneel egter nie nét ’n plesier nie. In 1992 was daar net een oorwinning uit vyf wedstryde wat gespeel is, en die volgende
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 160
2352011 5:25 PM
Die geringskatting van die Maori’s Die Nieu-Seelandse Kavaliertoer het plaasgevind net sestien jaar na die All Blacks in 1970 toegelaat is om Maorispelers in hul toergroep na Suid-Afrika in te sluit. Hoewel dit nie die enigste rede was vir die onaangename omstandighede en betogings waarin die Springbokke in 1981 moes toer nie, het die Maori-saga al in 1921 begin. Die onaangenaamheid het begin met ’n onsensitiewe verslag wat tydens die eerste Springboktoer na NieuSeeland in 1921 deur ’n joernalis, Charles Blackett, na Suid-Afrika gestuur is. Daarin is gesê dat dit “erg genoeg was om teen ’n span amptelik verkose Nieu-Seelandse naturelle [natives] te speel,” en dan vervolg dit: “duisende blankes het naarstiglik ’n groep gekleurde mans aangemoedig om lede van hul eie ras te verslaan … [ dit] was een te veel vir die Springbokke wat eerlik gesproke met weersin vervul is”. Dit was ’n groot belediging vir die Maori’s, nog meer so omdat die Suid-Afrikaners in 1919 versoek het dat geen gekleurde spelers in die New Zealand Services-span wat in Suid-Afrika sou speel, ingesluit word nie. Die skitterende speler Ranji Wilson se weglating uit die toergroep was
jaar slegs drie uit sewe. Dit het duidelik gewys dat SuidAfrika, die eertydse rugbykonings, agtergeraak het. Die land se rugbykrag van weleer het dramaties verander. Negentien jaar later het Suid-Afrika nou net ’n wenrekord van 40 persent teen die All Blacks gehad nadat hulle sedert 1992 33 wedstryde uit ’n moontlike 44 verloor het en een gelykop gespeel het. Dit verteenwoordig ’n powere 23,87 persent vir hierdie “nuwe era”. Teen Australië is die wenverhouding sedert die samesmelting 44,15 persent teenoor 78,57 persent voor hertoelating. Ondanks hierdie ietwat neerdrukkende statistieke vir ’n Suid-Afrikaanse ondersteuner, is die gemiddelde oorwinnings sedert 1992 om en by 63 persent – en SuidAfrika het in die tydperk twee Wêreldbekertitels om te wys teenoor geen van Nieu-Seeland! Aan die ander kant is die wenpersentasie deur die swak teenstanders skeefgetrek. Samoa met ses wedstry-
ooglopend en die toer het sonder hom voortgegaan. Die geringskatting van die Maori’s is in 1928 herhaal toe die skitterende heelagter George Nepia tuis moes bly met die besoek van Maurice Brownlee se All Blacks aan SuidAfrika. Geen wedstryd is teen die Maori’s gespeel op die toer na Nieu-Seeland in 1937 nie. Hierdie situasie het in 1949 en 1960 nog steeds vir besoekende spanne van NieuSeeland gegeld, maar in 1970 was die Maori’s welkom. Die skreiende ironie is dat die lede van die Springboktoerspanne tydens al die toere – selfs in 1937 toe hulle nie daar gespeel het nie – hartlik in Rotorua en Napier deur die Maori’s verwelkom is, en die SuidAfrikaanse spelers het die gasvryheid en geselskap geniet van dié volk wat so lief vir rugby is. Tydens die 1981-toer wat deur betogings ontwrig is, is daar ’n wedstryd in goeie gees teen die Maori’s gespeel. Die uitslag was gelykop nadat die skeidsregter ’n mislukte skepskop as geslaagd beoordeel het! Dit was nogtans ’n goeie dag vir rugbyverhoudinge – die joviale Maorikaptein, Billy Bush, het by die vrolike onthaal na die wedstryd opgemerk: “Gelykop teen die Springbokke tel vir ’n wen!”
de, Roemenië (een), Kanada (twee), Italië (tien), Fidji (twee), Tonga (twee), Spanje (een), Uruguay (drie), VSA (twee), Suidsee-eilande (een) en Namibië (een) het aan Suid-Afrika 31 maklike oorwinnings gegee, wat sy suksesrekord sedert 1992 aansienlik beter laat lyk met 221 gespeel, 138 gewen, vier gelykop en 79 verloor. As hierdie oorwinnings teen die spanne wat nie as teenstanders van die hoogste orde beskou kan word nie, buite rekening gelaat word, is Suid-Afrika se wenrekord sedert hertoelating maar net 57,37 persent. Hoe swak die teenstand van hierdie kleiner rugbylande is, kan afgelei word uit die punteverskille van die volgende sewentien uit 31 wedstryde wat teen hulle gespeel is: 60–8, 74–10, 62–31, 101–0, 74–3, 39–3, 51–18, 60–14, 60–18, 72–6, 60–10, 134–3, 105–13, 59–7, 64– 15, 26–0 en 55–11. Die hoogtepunte van Springbokrugby was ongetwy-
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 161
161
2352011 5:25 PM
Springbokbloed in die stamboom en are Die Stegmann-, Delport- en Olivier-verwantskap Jan en Anton Stegmann, Willem Delport, Eben Olivier, Thinus Delport Toe Thinus Delport in 1997 vir die Springboktoerspan na die VK en Europa gekies is, het hy die vierde geslag in sy familie geword wat Springbokrugby speel. Hoewel daar baie rugbyfamilies op verskillende vlakke in ons land is, insluitend Springbokke, is die geval van Delport tog iets besonders. Aan moederskant het sy oupagrootjie, Ebbie Stegmann, sy kans om vir die Springbokke gekies te word weens ’n besering misgeloop, maar Ebbie se twee broers, Anton en Jan, het albei toetsrugby gespeel. Anton was ’n lid van Paul Roos se Grand Slam-span van 1906, wat die eerste Springbokke was om oorsee te toer. Anton het die eerste drie ooit in ’n Springboktrui gedruk, wat ook die eerste drie oorsee was. Dit was teen East Midlands, aangesien die toer in Northhampton begin het. Die volgende geslag om die Springbokke te verteenwoordig, was aan die vader Gerard se kant van die familie. Willem Delport was die broer van Thinus se oupa Gert, en hy het saam met Basil Kenyon se beroemde Springbokspan in 1951/52 na die VK en Ierland getoer. Willem Delport was op sy beurt die oom van Eben Olivier, wat die seun van Willem en Gert se suster is. Eben het in sestien toetse gespeel, nadat hy as ’n plaasvervanger vir die 1965-toer na Australië en Nieu-Seeland gekies is. Met dié dat Eben Olivier en Gerard Delport neefs is, het die vierde geslag Springbokke gekom met Thinus Delport se insluiting in ’n Springbokspan. Hy het in negentien toetse, insluitend die 2003-Wêreldbekertoernooi, gespeel; die Goue Leeus, Cats en Sharks verteenwoordig; en het net minder as 150 Premier Ligawedstryde vir Gloucester en Worcester in Engeland gespeel. Thinus het toe vir twee seisoene in Japan gaan rugby speel; ook vir die Noordelike Halfronde teen die Suidelike Halfronde in die wedstryd vir die Tsunamigedenkfonds; ses wedstryde vir die Britse Barbarians; en in ’n wêreldvyftiental teen ’n span voormalige All Blacks.
162
Kirkwood se rugbystamboom is egter nie tot hul Springbokke beperk nie. Die 1951/52-Springbokhaker Willem se seun, Kobus, ook ’n haker, het meer as tagtig wedstryde vir die Oostelike Provinsie (OP) gespeel en was ook die kaptein; Eben Olivier se broer, Eric, het vir die OP heelagter gespeel; en Eric se seun – ook Eric – het Vodacombekerrugby vir WP gespeel. Eric Jnr. se broer Otto was ’n losskakel vir Vrystaat Platteland. Thinus se pa, Gerard, het in 1971–1972 vir OP gespeel; en Thinus se oom Tertius, ’n voormalige kabinetminister, het skrumskakel vir OP gespeel en was ook per geleentheid kaptein. Tertius het voor Springbokke Dawie de Villiers, Dirk de Vos en Gert Brynard vir Maties skrumskakel gespeel, en het vir sowel die suidelike as die sentrale universiteite uitgedraf. Ten slotte, op ’n laer vlak van verteenwoordigende rugby as die voorafgaande het Thinus se broer Fritz vir die Kwaggas gespeel en die jongste broer, Gerrie, het vir die Leeus se juniors diens gedoen. Die kleinseun van Tertius Delport, die jong Johann van Niekerk, was die kaptein van die OP se Cravenweek-laerskoolspan wat die toernooi onoorwonne klaargemaak het! Pretoria se Bekkers Daar is net drie gevalle waar drie broers Suid-Afrika vir rugby verteenwoordig het. Dit is klaar iets besonders, maar die geval van die vier Bekker-broers en hul suster is uniek. Al vyf kinders het Springbokke geword. Jaap, Dolf en Martiens het rugby vir Suid-Afrika gespeel. Daan het ’n silwermedalje vir boks by die 1960-Olimpiese Spele in Rome en ’n bronsmedalje in die 1956-Olimpiese Spele in Melbourne gekry, albei in die swaargewigafdeling; hy het ook flank vir Noord-Transvaal gespeel. Hul suster, Connie Lategan, was ’n Springbokatleet. Jaap, een van die sterkste stutte wat Suid-Afrika gelewer het, en Dolf, ’n vleuel, het saam in die derde en vierde toetswedstryde teen die Wallabies se toerspan in 1953 gespeel. Martiens het in 1960 sy Springbokkleure teen Skotland verwerf.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 162
2352011 5:25 PM
Jaap was die bekendste van die gesin Springbokke. Hy het tussen 1952 en 1962 in vyftien toetse gespeel en het ook 39 Springboktoerwedstryde gespeel. Van 1951 tot 1956 het hy 56 keer vir Noord-Transvaal in die skrum gesak. Maties se drie Du Plessis-broers Drie Du Plessis-broers van Somerset-Oos het Suid-Afrika op die rugbyveld verteenwoordig toe hulle op Maties was, en al drie was besondere spelers. Willie, die oudste, het sy debuut in 1980 gemaak. Hy het veertien toetse en twintig toerwedstryde vir die Springbokke gespeel en het die bal skitterend versprei. Hy het in ’n goue era gespeel toe die Springbokke moontlik hul beste agterspelers ooit saam op die veld gehad het, insluitend Divan Serfontein, Naas Botha, Danie Gerber, Ray Mordt, Gerrie Germishuys, Johan Heunis en ook sy broer, Carel du Plessis. Carel is moontlik die beste linkervleuel wat vir ’n Springbokspan gespeel het. Soos sy broers, was sy toetswedstryde beperk as gevolg van Suid-Afrika se isolasie weens politiek, en het slegs in twaalf toetse en 22 toerwedstryde gespeel. Hy was WP-kaptein en het ook die Springbokke afgerig.
Michael and Carel du Plessis played together in Sevens tests. Carel also played in a test with brother Willie.
Die jongste Du Plessis om vir Suid-Afrika te speel, was Michael. Hy was briljant as losskakel of senter, en onortodoks. Met net agt toetse agter sy naam is die wêreld die geleentheid ontneem om hom op sy beste op internasionale vlak te sien. ’n Vierde broer, Jacques, het vir OP gespeel. Hy was ook ’n agterspeler wat as vleuel op Curriebekervlak uitgeblink het. Drie Luyts saam op toer en saam op die veld Soos die Du Plessis’e en die Bekkers, is die drie Luyt-broers die enigste stel van drie broers wat Springbokrugby gespeel het, maar hulle is die ander vóór deurdat hulle saam getoer en drie toetse saam gespeel het. Al drie Luyts was in die 1912/13-Springbokspan wat onder die kapteinskap van Billy Millar na die VK en Frankryk getoer het. John was ’n voorspeler, en Dick en Fred was in die agterlyn. Fred was ’n puik losskakel en het in 1910 in al drie toetse teen die Britse Eilande gespeel. Sy broer Dick was saam in die agterlyn vir die laaste twee toetse. Op die 1912/13-toer het al drie broers teen Skotland, Wallis en Engeland gespeel. John en Dick het albei teen Frankryk gespeel, terwyl Freddie en Dick spanmaats teen Ierland was. Die Morkels – tien rugby-“broers” En dan was daar die Morkels. Hoewel hulle nie almal verwant was nie, het tien Morkels vir Suid-Afrika rugby gespeel. (Dit is egter nie ’n rekord nie, want deur die jare is elf Du Plessis’e vir Suid-Afrika gekies.) Op die eerste drie Springboktoere in 1906/7 en 1912/13 na Frankryk en die VK, en in 1921 na Australasië, was daar Morkels in die span. In 1906 was daar die broers Dougie en Sommie, asook Andrew. In 1912 was daar vier Morkels, Gerhard en Jackie, hul neef Boy, en Dougie wat op sy tweede toer was. Die Morkels se getalle in ’n toerspan het gegroei toe vyf Morkels in 1921 na Australië en Nieu-Seeland getoer het. Hulle was die broers Harry en Royal, asook Henry, Gerhard en Boy. In 1928 het P.K. Morkel teen die besoekende All Blacks gespeel. Dougie was in 1910 en tydens die 1912/13-toer twee keer kaptein van die Springbokke. Boy was die kaptein in al drie toetse in daardie eerste reeks in 1922 teen die All Blacks in Nieu- Seeland.
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 163
163
2352011 5:25 PM
feld die twee Wêreldbekertitels in 1995 en 2007, en die Drienasiesoorwinnings in 1998, 2004 en 2009, wat elders beskryf word. Daar was baie ander hoogtepunte in die 120 jaar sedert daardie eerste toets in 1891, net soos daar teleurstellende uitslae was en ander bittere laagtepunte, wat dikwels die gevolg van politiek was. Eers in 1921 het die Springbokke onder kaptein Theo Pienaar in Nieu-Seeland gaan toer. Pienaar het nie in enige van die toetse gespeel nie, maar was ’n uitstekende leier wie se invloed op die span baie belangrik was. Die span het na ’n 13–5 nederlaag in die eerste toets in Dunedin baie sterk teruggeveg en hul aansien herwin. Boy Morkel het op die veld as kaptein oorgeneem en die Springbokke het die tweede toets in Auckland 9–5 gewen. Toe volg die derde toets in ’n koue, nat en winderige Wellington, ’n plek wat nooit ’n goeie jagveld vir Suid-Afrikaanse spanne sou wees nie. Die toets is op ’n veld wat aan ’n meer herinner het, gespeel, met net hier en daar ’n stuk modder wat bo die water uitsteek en ys wat in die spelers se gesigte waai. Die twee reuse het mekaar die stryd aangesê en die uitslag was gelykop sonder dat enige punte aangeteken is. Ondanks die gelykoptoetsreeks, was dit ’n suksesvolle toer en die twee spanne is as “gesamentlike wêreldkampioene” beskou. Dit was ook die toer waar die netelige kwessie rondom die Maori’s begin kop uitsteek het. Op pad Nieu-Seeland toe het die Springbokke vier wedstryde in Sydney gespeel – drie teen Nieu-SuidWallis (nou bekend as die Waratahs) en een teen ’n gekombineerde span, die Metropolitan XV. Daar was geen toetswedstryde nie, maar die wedstryde was taai genoeg om die Springbokke met agt ernstige beserings te laat waarmee hulle die Nieu-Seelandse toer moes aanpak. Jack Siedle is in sy eerste wedstryd vir die Springbokke beseer en het nooit weer vir Suid-Afrika uitgedraf nie.
’n Goue tydperk breek aan Die 1921-toer was die begin van ’n goue tydperk in SuidAfrikaanse rugby – of, as die Tweede Wêreldoorlog as ’n
164
afsnypunt beskou word, twee groot eras! Vanaf 1921 tot 1953 het die Springbokke in 41 toetswedstryde gespeel, waarvan hulle 31 gewen, twee gelykop gespeel en net agt verloor het. Dit het hulle ’n wenpersentasie van 78 persent gegee. In die proses het hulle een toetsreeks met die All Blacks gedeel, en hulle twee keer in ’n reeks geklop – eers in 1937 in Nieu-Seeland, en toe in 1928 en weer in 1949 in Suid-Afrika, toe die Springbokke skoonskip van hul teenstanders gemaak het. Die Springbokke klop die Wallabies in 1933 in Suid-Afrika, in 1937 in Australië, en weer in die 1953-toetsreeks in Suid-Afrika. Daar was twee Grand Slam-toere, naamlik in 1931/32 en 1951/52. Die Britse Leeus het twee van die drie toetswedstryde in 1938 verloor na hulle in 1925 drie verloor en een gelykop gespeel het. In 1951/52 het hulle die toets teen die Franse 25–3 gewen. In hierdie tydperk het Suid-Afrika met die 1951/52-toer ’n wêreldrekord (vir daardie jare) opgestel deur Skotland met 44–0 op Murrayfield af te ransel. Dit word steeds as een van die beste vertonings nog beskou. In 1937 was die Springbokke die eerste en enigste span wat die All-Blacks op eie bodem geklop het, totdat die Britse Leeus hulle dit in 1974 nagedoen het. Die Springbokke was ook die enigste span wat skoonskip in ’n reeks teen die All Blacks gemaak het toe hulle in 1949 al vier toetse gewen het en Okey Geffin se skopskoen die deurslag gegee het. Danie Craven was hetsy as speler of as afrigter by 35 van daardie 41 toetse betrokke. Dit was ’n tyd toe dit belangriker was om ’n wedstryd vir jou land te wen as om plaasvervangers vir drie minute op die veld te stuur; of om spelers vir ’n toekomstige Wêreldbekertoernooi te laat rus. Ja-nee, sedert geldrugby oorgeneem het, lyk die wêreld nou anders. Dit is opvallend dat ’n toetsreeks teen Nieu-Seeland feitlik elke keer ’n goeie tydperk in Suid-Afrikaanse rugby ingelui het. Dit was so in 1921, toe die Springbokke die mantel van die wêreld se beste rugbyspan vir die volgende sestien jaar oorgeneem het. Sedert 1949 het hulle ’n skitterende tydperk tot 1956 beleef, waartydens hulle veertien van die sewentien toetse gewen het. Vanaf 1960
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 164
2352011 5:25 PM
Springbokkapteins is ’n familiesaak Ondanks die feit dat Morné du Plessis in net 22 toetse gespeel het, was hy een van Suid-Afrika se grootste spelers en kapteins in ’n rugbyloopbaan wat vanaf 1971 tot 1988 gestrek het. Hy is deel van die unieke kombinasie van vader en seun wat albei Springbokkapteins was. Sy vader, Felix, was die kaptein in drie van die vier Morné du Plessis toetse in 1949 toe die Springbokke op eie bodem al die toetse teen die All Blacks gewen het. Dit was die eerste toetsreeks vir Suid-Afrika na die Tweede Wêreldoorlog. Soos sy vader 37 jaar tevore, het Morné in 1976 die Springbokke na ’n reeksoorwinning oor die All Blacks gelei. Suid-Afrika het die reeks 3–1 gewen. Morné het sy toetsdebuut as agsteman in 1971 in ’n toetsreeks teen Australië gemaak. Hierdie eerste en enigste onoorwonne Springboktoerspan, wat deur Hannes Marais gelei is, het die drie toetse 18–6, 14–6 en 19–11 gewen. Die volgende toetsreeks sou eers drie jaar later gespeel word. Daar was een toets teen Engeland in 1972 om die twee uiteenlopende reekse te skei. In 1974 was Marais die kaptein toe die Springbokke die toetsreeks 3–0 teen die Britse Leeus verloor, met die laaste toets op Ellispark gelykop. Morné du Plessis het in die eerste twee toetse gespeel toe die Springbokke 12–3 en 28–9 (’n rekordnederlaag) verloor het. In die res van Du Plessis se toetsloopbaan sou hy net twee keer weer in ’n verloorspan speel. Du Plessis het sy debuut as Springbokkaptein in 1975 gemaak toe Frankryk in Suid-Afrika getoer het. Die Springbokke het 38–25 in Bloemfontein, en 33–18 in Pretoria gewen. En toe kom die 1976-All Blacks. Die Springbokke het die eerste toets 16–7 gewen, die tweede toets 15–9 verloor, en in die laaste twee toetse 15–10 en 15–14 met die All Blacks klaargespeel. In 1977 het die Springbokke teen ’n wêreldvyftiental in Pretoria gespeel en 45–24 met hulle
afgereken. Daarna het Du Plessis die span in 1980 na twee oorwinnings oor Suid-Amerika gelei, en in dieselfde jaar ook teen die Britse Leeus. In Oktober 1980 het die Springbokke in SuidAmerika getoer, maar Du Plessis het net in een van die twee toetse gespeel. Hy was die kaptein toe die Springbokke die JaguFelix du Plessis ars 30–16 in Santiago geklop het. Sy laaste toets was in November in Pretoria teen die Franse. Morné du Plessis het 22 toetse vir Suid-Afrika gespeel en was agtien keer aan die wenkant. Hy was die Springbokkaptein in vyftien wedstryde, het dertien keer gewen en net twee keer verloor. In 1995 was hy die spanbestuurder van die seëvierende Springbokspan wat die Wêreldbeker ter plaatse gewen het. Hy is ’n stigterslid en voorsitter van die Chris Burger/ Petro Jackson Spelersfonds, wat hulp verleen aan spelers wat ernstige beserings opgedoen het. Die Laureus World Sports Awards het erkenning gegee aan sy statuur in die rugbywêreld, en in sport oor die algemeen. Du Plessis dien in die World Sports Academy, bestaande uit 42 wêreldberoemde en gerespekteerde sportfigure wat as die kieskollege van die Laureus World Sports se toekennings diens doen. Die akademie wil wêreldwyd die gebruik van sport om sosiale verandering te bewerkstellig, bevorder. Du Plessis se moeder, Pat, was ook soos haar man en seun ’n Springbokkaptein! Sy het toetshokkie gespeel. Twee van Du Plessis se ooms, Horace en Norman, het sokker vir Suid-Afrika gespeel en Horace was ook die kaptein van die Suid-Afrikaanse span. Du Plessis en Dawie Snyman, wat albei in 1949 gebore is, is aangeteken as die Maties se 100ste Springbokke toe hulle op dieselfde aand gekies is. Hy het ook Curriebekerkrieket vir WP gespeel.
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 165
165
2352011 5:25 PM
het hulle vyftien uit 21 toetse gewen; in 1970 het hulle oor ’n tydperk van twee jaar sewe toetse uit ’n moontlike tien gewen; en vanaf 1976 was hulle in 21 van 26 toetswedstryde die oorwinnaars. Dit sluit in die 1981-betogerstoer in Nieu-Seeland wat een van die vreemdste toetse in rugbygeskiedenis tot gevolg gehad het. In 1965 het die Springbokke die toetsreeks in NieuSeeland verloor. Dit het gevolg op ’n ellendige tydperk van sewe opeenvolgende nederlae. Hulle het hulself egter reggeruk en Frankryk in 1967 geklop, en die toetsreeks teen die 1968-Britse Leeus sonder te veel probleme 3–0 en met een toets gelykop gewen. Hulle het op die toer in Frankryk twee keer gewys wie’s baas en daarna ook die 1969-Wallabies geklop in ’n reeks van elf oorwinnings, twee nederlae en twee gelykoptellings – dit alles na die Springbokrugby-ramp in 1965. Die reeksnederlaag in 1956 teen die All Blacks in NieuSeeland het egter weinig positiewe gevolge gehad. Die volgende reeksnederlaag, na Suid-Afrika se eerste een ooit sedert 1896, het in 1958 gevolg toe die Franse gelykop teen die Springbokke in die een toets speel en die ander een wen – die Springbokke se eerste reeksnederlaag op eie bodem in die twintigste eeu. Na eenwording van die bestuursliggame het die All Blacks die rugbywêreld regeer. Hulle het hul vierde tuisreeks na mekaar teen die Springbokke se 1994-span van Francois Pienaar oortuigend gewen, met twee oorwinnings en een gelykopuitslag. Die skeidsregter kan moontlik vir die eerste toets se nederlaag die skuld kry, maar die Springbokke se dissipline was skokkend. Dit het hulle die eerste toets gekos, maar dit sou nog erger word. Een van die groot sondebokke in die eerste toets was die stut, Johan Strauss – en na die volgende toets is hy uitgewys vir sy berugte byt van die All Black-kaptein, Sean Fitzpatrick, se oor! Teen daardie tyd was hy egter reeds deur die Springbokbestuurspan na Suid-Afrika teruggestuur. Die reeks in 1994 sou die eerste keer wees dat die Springbokke huis toe kom sonder om ’n enkele toets op ’n toer te wen. Na Suid-Afrika in 1995 die Wêreldbekereindstryd teen Nieu-Seeland op Ellispark
166
Gary Teichmann.
gewen het, het Sean Fitzpatrick se All Blacks in 1996 in Suid-Afrika kom toer. Die eerste van die vier toetse in Kaapstad was bloot ’n Drienasieswedstryd en die ander toetse is gehou om dit ’n volle toetsreeks tussen die twee lande te maak. Dit was dan ook die laaste volle toetsreeks tussen dié twee lande. Die All Blacks het die Drienasieswedstryd 29–18 gewen en Francois Pienaar het die Springbokke die laaste keer op die veld gelei. Hy is daarna uitgelaat na beskuldigings van die afrigter, André Markgraaff, dat hy voorgegee het hy is beseer. Pienaar is as kaptein deur Gary Teichmann vervang. Die Springbokke het twee van die volgende drie toetse verloor: die eerste een 23–19 in Durban en toe 33–26 op Loftus. Die trots is so ietwat herstel toe die Springbokke die laaste toets in Johannesburg 32–22 gewen het.
All Blacks se sesde poging bring ’n r eeksoorwinning Dit was te laat vir die tuisspan om die reeks te wen en die
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 166
2352011 5:25 PM
All Blacks het van die spooksel wat ’n reeksoorwinning in Suid-Afrika verhoed het, ontslae geraak. Die lewe, en die rugby, het egter nie vir die Springbokke verbeter nie! Die All Blacks se triomftog het na die reeksoorwinning in 1996 voortgegaan en die Springbokke moes in 2001–2004 in agt toetse na mekaar die knie voor hul ou rugbyvyande buig. In 1999 kon hulle die eerste keer sedert die gelykopstryd in Wellington in 1921 en in Dunedin in 1965 nie enige punte teen die All Blacks aanteken nie. Die All Blacks het die Springbokke in Dunedin met 28–0 afgeransel, en in 2008 het hulle dit weer in Kaapstad met ’n telling van 19–0 in ’n Drienasieswedstryd gedoen. In dieselfde tydperk het die Wallabies die Springbokke op derglike manier verneder deur hulle in 2006 in Brisbane met 49–0 te oorrompel. Die All Blacks het meer as 50 punte teen die Springbokke aangeteken, met 55–35 in 1997 in Auckland. Engeland het dit ook in 2002 op Twickenham gedoen, met ’n wegholoorwinning van 53–3. Daar was natuurlik vele onvergeetlike wedstryde tussen Suid-Afrika en Nieu-Seeland. Die eerste reeks in 1921 was ’n verbete stryd om heerskappy. Dit was eerder stewige, harde werk as ’n briljante vertoning wat hulle die reeks laat deel het, en die 0 elk-uitslag in Wellington was ’n ware weerspieëling van die toetsreeks. Die derde toets het plaasgevind op ’n dag waarop die span wat saam met die sterk wind gespeel het, die wedstryd beheer het. Op die toer het die Springbokke slegs dertien drieë in hul negentien wedstryde afgestaan. Soos die gebruik daarna sou wees, was die groetwoorde na die laaste toets: “Till we meet again.” Destyds toe die Internasionale Rugbyraad (IRR) nog nie te veel seggenskap oor sake soos internasionale toere gehad het nie, is die All Blacks deur die South African Rugby Football Board (SARFB) genooi om in 1924 in SuidAfrika te toer. Hulle het verkies om nie te kom nie, weens die belangrikheid van hul klubrugby! In 1926 het hulle wel ’n uitnodiging aanvaar om in 1928 te toer, en dié toer het sonder enige Maorispelers plaasgevind. Dit het gevolg op die 1924/25 All Black Invincibles se toer, waar-
tydens hulle op drie vastelande in 38 wedstryde gespeel het. Hulle het die Grand Slam gewen en ook oorwinnings oor Frankryk en Kanada behaal. Die Springbokke het die toetsreeks teen Cove-Smith se 1924-Britse Leeus gewen. Die 1928-toetsreeks het gelykop geëindig met twee toetsoorwinnings elk – en dit is merkwaardig dat die Springbokke se oorwinning van 17–0 in Durban nog steeds die grootste oorwinning oor Nieu-Seeland is! Dit was een van losskakel Bennie Osler se beste vertonings in sy briljante rugbyloopbaan. Nege jaar het verloop voor hulle weer in 1937 ontmoet het. Die Springbokke het hul kaptein, Philip Nel, uit die eerste toetsspan weggelaat en 13–7 in Wellington verloor. In Christchurch het hulle die bordjies met 13–6 verhang en Nieu-Seeland geskok deur die laaste toets in Auckland 17–6 te wen. Die taktiek wat die oorwinning verseker het, was om eerder te skrum as om ’n lynstaan te neem – die reëls het die keuse toegelaat. Die veld was glad, maar nie modderig nie en die Springbokke se agterspelers was skitterend. Vyf drieë teen geen dui op totale oorheersing. Die oorwinning was ’n deurbraak – dit was die eerste keer dat ’n span ’n toetsreeks wen teen ’n span wat later sy tradisionele rugbyvyand sou word. Tydens die toer het die lang duikaangee van die skrumskakel, Danie Craven, baie opspraak verwek. Die Springbokke het dit uitgebuit. Craven het in die derde toets aan losskakel Tony Harris beduie om verder en verder van hom af te staan. Die All Blacks se losskakel Dave Trevathan het toe ook verder en verder uitgeskuif om hom te kon merk, net om te sien hoe Craven die bal na Freddie Turner uitskiet, wat ingehardloop het in die gaping wat geskep is. Die bal het toe na Flappie Lochner gegaan, wat weer na Louis Babrow uitgegee het. Babrow het gaan druk; dit was sy tweede drie en die Springbokke se derde. Lochner het kort na die afskop ’n drie gedruk en toe was die Springbokke se koppe deur. Die beplande toer van 1940 is weens die Tweede Wêreldoorlog afgestel en die wedywering tussen die twee spanne is eers weer in 1949 in Suid-Afrika hervat. Die skeidsregter se beslissings het die blaam vir Nieu-
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 167
167
2352011 5:25 PM
Seeland se nederlaag gekry. Baie Suid-Afrikaners het toegegee dat dit ’n “gelukkige” reeksoorwinning was; 4–0 telling was heeltemal buite verhouding as die gehalte van die twee spanne in ag geneem word. Die All Blacks het die eerste toets 15–11 verloor nadat Geffin vyf strafskoppe oorgeskop het. Dit was ’n rekord. Ander strafskoppe is deur Jack van der Schyff misgeskop en die All Blacks was omgekrap oor skeidsregter Eddie Hofmeyr se hantering van die wedstryd. Hy het ook die derde toets hanteer, wat ’n swak wedstryd was, en Geffin het dit weer met drie strafskoppe gewen teenoor een drie van die All Blacks. Die telling was 9–3. Die toetsreeks was taai, selfs oninteressant, maar die Springbokke sou Hansie Brewis se drie in die tweede toets in Johannesburg met vreugde onthou. Welbekend vir sy skopwerk, veral sy skepskoppe, het die geniale speler die bal van die skrum af gekry. Hy het gemik om ’n skepskop te skop, maar sy teenstander, Jim Kearney, was in die pad. Brewis het van rigting verander en na die linkerkant van die skrum omgehardloop. ’n Grondskoppie het na sy volgende opsie gelyk, maar hy het die gaping gesien en ’n wonderlike individuele drie aangeteken. Die Springbokke het die toets 12–6 gewen. Om te toer was sekerlik pret, maar dit was ook veeleisend. Die 1949-All Blacks het byvoorbeeld die Saterdagaand na die wedstryd teen Transvaal, wat hulle 13–3 gewen het, Johannesburg verlaat en op die trein na Bulawayo geklim. Hulle het Maandagoggend daar aangekom, na die Victoriavalle vertrek en weer Woensdagoggend in Bulawayo aangekom vir die wedstryd dieselfde middag teen Rhodesië. Na agt nagte op ’n trein en drie nagte in hotelle was hulle terug in Pretoria vir hul wedstryd teen Noord-Transvaal. Okey Geffin – lethal boot.
Die All Blacks sweer wraak Na die nederlaag in 1949 het die All Blacks wraak gesweer. Hulle het die eerste toets in 1956 gewen; die Springbokke het die tweede toets gewen. Die All Blacks het die derde toets in Auckland gewen, wat as ’n oorlog
168
beskryf kan word met die insluiting van ’n professionele bokser, Kevin Skinner, om die Springbokke ’n bietjie sag te maak! Na die toets, wat die All Blacks 17–6 gewen het, was Jaap Bekker se bebloede gesig sprekend van ’n toer
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 168
2352011 5:25 PM
wat selde aangenaam was. Craven, as die spanbestuurder en toe ook al president van die SARFB, het dikwels moes kla oor swak en bevooroordeelde skeidsregters. Dit was ’n ommekeer van die situasie in 1949. Die All Blacks het ook die vierde toets gewen. In 1960 was die uitstaande hoogtepunt die linkervleuel, Hennie van Zyl, se twee drieë in die eerste toets. Dit was op ’n Natalse beweging geskoei, met nuweling Keith Oxlee op losskakel wat na sy provinsiale vleuel, Mike Antelme, aan die binnekant uitgegee het. Hulle het dit twee maal gedoen, een keer in elke helfte. Antelme, ook ’n debutant, het die lyn gebreek en die bal is na Van Zyl, wat elke keer om die groot All Black-heelagter Don Clarke is om te gaan druk. Dit was ’n taai reeks waarin Martin Pelser naam as ’n ysterman gemaak het. Sy onderonsies met die Kiwiskrumskakel, Kevin Briscoe, is legendaries. In 1965, na sewe opeenvolgende nederlae teen Frankryk, Ierland, Skotland, Australië (twee keer) en Nieu-Seeland (twee keer), het die Springbokke die derde toets in ’n nat, modderige Christchurch gespeel. Ten spyte van hul mededingendheid het die Springbokke geen geluk gehad nie en 6–3 in die eerste toets verloor. In die tweede toets was hulle met rustyd 16–5 agter. Die Springbokondersteuners wat na die krakerige radiokommentaar van 1965 moes luister, het begin vrede maak met nog ’n nederlaag. Maar toe gebeur die wonderwerk en John Gainsford, Mannetjies Roux en Gertjie Brynard was die helde. Roux was meer as net ’n handvol, Brynard het twee drieë gedruk en Gainsford een; en die telling was 16 elk. Toe het die groot slot, Tiny Naude, in daardie ellendige toestande met ’n strafskop geslaag en die Springbokke wen 19–16. Die reeks was weer in die weegskaal … Die Springbokke was uiteraard ’n baie verligte span – en ’n paar uur later was dit ’n span wat diep verneder is toe hulle van die Loskopdam-toespraak van Eerste Minister Hendrik Verwoerd hoor. Hulle het die derde toets en ook die een in Auckland 20–3 verloor, maar daardie een glorieryke oorwinning na ’n grootse terugvegpoging was ’n ligpunt in ’n baie donker jaar vir Suid-Afrikaanse rugby, sowel op as weg van die speelveld af.
Jaap Bekker bore the brunt of the All Blacks revenge.
In 1970 is die All Blacks se toerspan na Suid-Afrika die eerste keer op meriete gekies. Nieu-Seeland was onwrikbaar: sonder Maorispelers sou daar geen toer wees nie. Drie Maori’s, Sid Going, Buff Milner en Blair Furlong, en die Samoaan Bryan Williams is in die toerspan ingesluit en dié span het met die trotse rekord van sewentien onoorwonne toetse hier aangekom. Hulle het ook die tien provinsiale wedstryde voor die eerste toets gewen. Maar toe klap Joggie Jansen hulle met ’n plettervat wat letterlik baie meters ver gehoor en selfs gevoel is. Die All Blacks se losskakel, Wayne Cottrell, het om die steelkant van die skrum gekom, waar hy gemeen het daar ruimte is, toe hy amper middeldeur geduik is! Die Springbokke was toe net 6–0 voor, maar daardie plettervat het ’n span wat goed gespeel het, geskud. Die All Blacks was in so ’n mate van stryk gebring dat die Springbokke ’n onwaarskynlike oorwinning van 17–6 behaal het. Dit was tydens die toets in Kaapstad, wat die All Blacks 9–8 gewen het, dat die heelagter Fergie McCormack vir Syd Nomis bygekom het. Nomis was besig om die bal te jaag toe McCormack se stywe arm behoorlik sy tande los geskud
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 169
169
2352011 5:25 PM
Joggie Jansen’s tackle turned the first test n 1970.
het. Dit was ook ’n toer met oproer op die paviljoene, veral in Kimberley, toe ’n klompie skobbejakke toeskouers aangeval het wat Bryan Williams van die veld gedra het. Ook in Port Elizabeth het die skare hulle swak gedra. Nog ’n merkwaardige toets teen die All Blacks het in 1998 plaasgevind. Die Springbokke het hulle in Wellington 13–3 geklop in ’n jaar waarin hulle twee keer teen mekaar gespeel het en die Springbokke albei kere gewen het. Pieter Rossouw het van die linkervleuel ingekom en die bal van losskakel Henry Honiball ontvang, die lyn gebreek en ’n drie gedruk. Dit het die Springbokke goed geplaas vir hul eerste oorwinning in die Drienasiesreeks. In die volgende kragmeting teen die All Blacks was die oorwinning in Durban een van die beroemstes ooit teen Nieu-Seeland, toe die Springbokke met ’n agterstand van 23–5 terugveg en 24–23 wen.
Die bisarre toer van 1981 Geen vertelling van die geskiedenis van die All Blacks en die Springbokke se kragmetings kan volledig wees son-
170
der om na die 1981-toer te verwys nie. Dit was ’n toer wat deur venynigheid, betogings, geweld en broedertwis ontsier is. Dit het geëindig met ’n bittere strafdoel op Eden Park in Auckland, terwyl ’n klein vliegtuigie die heeltyd oor die stadion vlieg en die spelers met meelbomme pepper. Dit was ’n strafdoel wat meer as net ’n geurtjie onregverdigheid en vooroordeel gehad het. Die toer is deur die betogings oorheers. Die Springbokke moes dikwels in of onder die paviljoene slaap van die velde waar hulle sou speel en het min vryheid van beweging gehad. Boonop wou die bestuur nie kaptein Wynand Claassen in die span hê nie en hulle het ook baie min begrip vir die politieke kwessies aangaande hierdie moeilike “politieke toer” getoon. Die Springbokke het sonder Claassen hul eerste toets 14–9 verloor. Hulle was rigtingloos, onseker en baie middelmatig. Min mense het in elk geval geglo dat hulle die mas sou opkom. Hul oefensessies is dikwels agter doringdraad gehou, met die polisie wat toekyk. Van die skilderagtige Nieu-Seelandse landskap en pragtige dorpe en stede het hulle maar min gesien. Die toergroep is ook dikwels verdeel, met die toetsspan wat voor die wedstryd by die veld oornag en die res wat by privaat mense tuisgegaan het. Hierdie verdeling van die toergroep het heelwat verder gegaan. Die afrigter, Nelie Smith, en Claassen het die toer met ’n kraak in hul werkverhouding begin, wat later op tweespalt tussen hulle uitgeloop het. Die spelers is uiteraard deur die probleme op bestuursvlak beïnvloed. Die onaangenaamheid van die toer was egter nie net tot die Springbokkamp beperk nie. Die hele NieuSeeland was tussen protoer-ondersteuners en antitoerprotesteerders verdeel. Families en selfs gesinne was oor die kwessie verdeeld. ’n Toerwedstryd in Timaru is afgelas om die polisie ’n blaaskans tydens die veeleisende toer te gee. ’n Ander wedstryd teen Waikato in Hamilton kon nie plaasvind nie, want die betogers het op die veld gestorm en kon nie sonder geweld verwyder word nie. Die Springbokke het die eerste toets sonder Claassen gespeel, wat Dawie de Villiers in 1965 die enigste toer-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 170
2352011 5:25 PM
’n Dag om te onthou Die aankondiging deur Oregan Hoskins, president van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU), dat die Springbokke op 21 Augustus 2010 by die FNB-stadion teen Nieu-Seeland sou speel, is met blye ongeloof deur die joernaliste wat teenwoordig was, aangehoor en is uiters goed deur die publiek ontvang. “Dit is ’n historiese dag en een wat die hele SuidAfrika kan vier,” het Hoskins gesê.
“Ek is bly om te kan sê dat die Leeus geen aanmoediging van SARU nodig gehad het om die skuif te maak nie. Dit het logistiese en kontraktuele uitdagings aan hulle gestel, maar ek wil die Leeus se president, Kevin de Klerk, en sy span gelukwens met hul vasbeslotenheid om hierdie droom ’n werklikheid te maak,” het Hoskins gesê. De Klerk het gesê dat die besluit eers na samesprekings met belanghebbendes, soos die borge, losie- en seisoenkaartjiehouers en die Leeus se rugbyklubs, gehou moes word. Die besluit om na die Nasionale Stadion met ’n kapasiteit van 94 700 te verskuif, waar die FifaWêreldbekereindstryd gehou is, het die volgende inte❏❏
ressanthede tot gevolg gehad: 5 000 kaartjies teen R100 is vanaf 26 Julie eksklusief by Computicketverkoopspunte in Soweto verkoop.
kaptein maak wat in ’n eerste toets in Nieu-Seeland gespeel het. In 1994 het Francois Pienaar ook die eerste toets misgeloop, en Tiaan Strauss het vir hom ingestaan. Terloops, al vyf eerste toetse is deur die All Blacks gewen. Teen alle verwagting in het die Springbokke die tweede toets 24–12 gewen, wat die derde toets die beslissende een gemaak het. As gevolg van beserings moes vier spelers die oggend voor die toets bymekaar gekry word om in die toets te speel. Dit was ietwat bisar, omdat hulle aanvanklik nie gekies was nie en by mense gehuisves is. Hulle het eers van hul insluiting in die toetsspan gehoor toe hulle die Saterdagoggend aansluit by die spelers wat by Eden Park geslaap het.
❏❏
❏❏
Meer as 9 000 van die beskikbare kaartjies is teen R350 verkoop, wat die laagste prys vir ’n belangrike Springboktoets sedert 2005 is. Gratis parkering is vir elke vier kaartjies by die prys ingesluit.
Die vuvuzela-dilemma Die opwinding oor die skuif na die FNB-stadion is ietwat getemper deur die aankondiging dat vuvuzelas nie by die toets waarmee die Springbokke die tuiswedstryde van die 2010-Drienasieskompetisie sou begin, toegelaat sou word nie. Dié aankondiging deur die Goue Leeus Rugbyunie (GLRU) se president, Kevin de Klerk, het gevolg na ’n ondersoek oor die gebruik van vuvuzelas by rugbywedstryde gedoen is. “Ons het ons navorsing gedoen en gevind dat vuvuzelas meer met rugby as met sokker inmeng,” het hy gesê. Vanuit sekere oorde is die stelling as ’n politieke besluit gesien. Na die Super 14-eindstryd vroeër die jaar by die Orlando-stadion tussen die Bulls en die Stormers, het kapteins Victor Matfield en Schalk Burger wat ook albei vir die Springbokke speel, saamgestem dat die vuvuzelas kommunikasie met spanmaats en die skeidsregter bemoeilik. Hoskins het daarop gewys dat skeidsregter Craig Joubert ekstra tyd vir die kapteins moes toelaat om met hul spelers tydens die Super 14-eindstryd te praat.
Die Springbokke het reg in die vlugpatroon ingespeel van die ligte vliegtuig wat weer en weer oor die veld geswiep het terwyl dit meelbomme laat val. Rustyd was hulle 16–3 agter. Toe het die Bokke se verswakte, maar steeds gevaarlike agterlyn ’n slag vir Suid-Afrika geslaan. Ray Mordt het die wedstryd met ’n driekuns drieë voltooi, die eerste wat die Springbokke teen die All Blacks behaal het. Sy derde drie het die telling na 22 elk laat opskuif. Gelykop! Naas Botha het ’n moeilike vervyfskop misgeskop; die tyd was verby, maar die wedstryd het aangehou. Die Walliese skeidsregter, Clive Norling, het na die wedstryd drie verskillende stories gehad waarom die Springbokke
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 171
171
2352011 5:25 PM
met ’n vryskop gestraf is, wat toe volgens die destydse reël na ’n strafskop verander is. Sy verduideliking wat seker die naaste aan die waarheid is, maar nie die volle waarheid nie, is dat dit ’n jammerte sou wees as so ’n wedstryd gelykop moes eindig. Norling se vierde storie, volgens die voormalige NoordTransvaalse president Hentie Serfontein, was dat hy ’n fout gemaak het om die strafskop toe te ken. Nietemin, dis mosterd na die maal. Die eindtelling was 25–22 in Nieu-Seeland se guns. Dit was ’n ongelooflike wedstryd tussen die wêreld se twee beste spanne – en dit is nié onregverdig of bevooroordeeld om te sê dat die beste span dié keer verloor het nie.
Die geheime toetswedstryd Die toer was nog nie op ’n einde nie, of nog ’n eienaardige toetswedstryd vind plaas. Die Springbokke was in die VSA waar hulle teen die US Eagles sou speel in die eerste toets tussen dié twee lande. Politiek en hofsake het die vriendskaplike wedstryde teen Wisconsin en Eastern gekenmerk, en die toetswedstryd wat die Saterdag gespeel sou word, is skelmpies die Vrydagmiddag 38–7 deur die Springbokke gewen. Selfs die niespelende Springbokke is in die duister gehou! Daar was slegs sowat 45 toeskouers by die poloveld teenwoordig, maar die atmosfeer is deur die onmiskenbare reuk van perdemis verskaf. Die speeloppervlak het van kant tot kant ’n helling van 3 meter gehad. Die plaasvervangers in die toets het die veld gemerk en die rugbypale opgerig – sommige het ook gespeel en plaasvervangerflank, Thys Burger, het ’n drie ook gedruk! Betogings was niks nuuts vir die Suid-Afrikaanse toerspanne nie. Dit het al met vroeëre toere kop uitgesteek, en die 1969/70-toer van die vier tuisunies was besonder onaangenaam. Natuurlik het die betogings ’n invloed op die spelers gehad, maar daar was geen verskoning vir die eerste Springboktoerspan om van die Verenigde Koninkryk (VK) terug te keer sonder ’n enkele oorwinning nie. Dit was inderdaad ’n Grand Slam van ’n ander
172
aard! Hulle het teen Skotland en Engeland verloor, en gelykop teen Ierland en Wallis gespeel. ’n Hoogtepunt van die wedstryde teen die tuisunies is waarskynlik die oorwinning van 3–0 teen Wallis in 1960. Dit het dae aaneen gesous. Cardiff Arms Park was deurdrenk en die ysreën het die Springbokke se gesigte gekasty terwyl hulle voor ’n gepakte stadion wag vir die sing van die onderskeie volksliedere. Die Walliese rugbytoeskouer steur hom mos nie aan slegte weer nie! Die Springbokke het oudergewoonte vir die toer van 34 wedstryde tydens ’n nat Britse winter die wedstryd met die voorspelers aangepak en op dié spesifieke dag nie juis die agterspelers die bal laat kry nie. ’n Strafskop – een van baie deur die Natalse losskakel, Keith Oxlee – het die besoekers aan die einde van die eerste helfte laat voorloop. Hulle het saam met die wind gespeel, maar die wind was so rukkerig dat ’n maklike skop in die windvlae rondgedobber het voor dit oor die dwarslat gesukkel het. Die Springbokke het 3–0 voorgeloop, maar die rustydtelling het nie in die tweede helfte verander nie. Wallis het feitlik die hele tweede helfte lank aangeval, maar die kombinasie agter die skrum van die briljante agsteman Doug Hopwood en die skrumskakel Piet Uys, wat in sy eerste toets gespeel het, kon die Walliese aanslag afweer. Enkele ure na die eindfluitjie geblaas het, was die speelveld ’n meter onder water. Hierdie 1960/61-toerspan van kaptein Avril Malan het net hul laaste wedstryd van die toer teen die Britse Barbarians verloor. Hulle het in die strik getrap om self Barbarianrugby te probeer speel, terwyl die teenstanders teen die tradisie besluit het en teen elke prys wenrugby wou speel! Die toerrekord was 34 gespeel, 31 gewen, twee gelykop en een verloor. Die tuisunies het om die een of ander rede toe hulle begin toer het – gewoonlik net vir een toetswedstryd – nie juis die belangstelling van die plaaslike Suid-Afrikaanse toeskouers geprikkel nie. Ierland en Skotland het in 1960 die eerste keer na Suid-Afrika gekom, en Wallis was eers in 1964 hier. Engeland het in 1972 met hul eerste toets in Suid-Afrika die Springbokke 18–9 op Ellispark geklop.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 172
2352011 5:25 PM
John Smit, kaptein sonder weerga John Smit hou omtrent alle Suid-Afrikaanse toets- en kapteinskaprekords denkbaar. Hy was 76 keer Suid-Afrika se eerste keuse as kaptein, wat ’n wêreldrekord vir toetse is, en sekerlik ook die statistiek waarin die meeste prestige opgesluit lê. Hy is sedert 2004 kaptein toe Jake White, afrigter van die 2007-Wêreldbekerwenners, hom aangestel het, en was sedertdien selde uit sy pos afwesig en dan slegs vir beserings. John William Smit is in 1978 in Pietersburg gebore en was op Pretoria Boys’ High School op skool. Hy het van 1994 tot 1996 in die skool se eerste span gespeel, en was in 1996 hoofseun. Smit was in die Blou Bulle se Cravenweekspan, het SA Skole gespeel en was in 1999 die kaptein en vaskop van die onder-21-span wat die SANZAR/ UAR-titel ingepalm het. John bly in Durban saam met sy eggenote, Roxane, hul dogter Emma-Joan en hul seun Tyron. Hy speel sy provinsiale en Super Rugby vir die Sharks. In 2009 is Smit se outobiografie, Captain in the cauldron: The John Smit story, geskryf deur Mike Greenaway, vrygestel. Smit hou die Springbokrekords vir die meeste toetse as kaptein (76, ’n wêreldrekord), die meeste toetse as haker (80) en die tweede meeste toetse as speler (102). Tussen Oktober 2003 en Junie 2007 het Smit in 46 opeenvolgende toetse vir Suid-Afrika gespeel, hoewel hy eers vanaf 2004, nadat White hom kaptein gemaak het, ’n gereelde keuse vir die beginspan was. Smit het die Springbokke na die Wêreldbekertitel in 2007 en die reeksoorwinning teen die Britse en Ierse Leeus in 2009 gelei. Suid-Afrika het ook tydens die 2009-Drienasiesreeks vyf van die ses wedstryde gewen, insluitend drie oorwinnings sonder ’n nederlaag teen Nieu-Seeland. Aan die einde van 2010 was Smit Suid-Afrika se vierde suksesvolste kaptein, na Morné du Plessis, Joost van der
Die langste toer In 1960/61 het die Springbokke binne net vier maande 34 wedstryde gespeel. Wat wedstryde betref, was dit die langste toer wat deur ’n Suid-Afrikaanse span onderneem is. Die langste toer in maande was dié van Basil
Westhuizen en Gary Teichmann. Hy het die Springbokke na oorwinnings in 51 van die 76 toetse gelei, met een gelykop, wat ’n wenpersentasie van 67,1 persent is. Hy het meer toetse as kaptein gewen as wat enige ander Springbokkaptein gespeel het! Na die 2007-Wêreldbekertoernooi het Smit ’n kontrak vir twee jaar met Clermont gesluit, maar in 2008 was hy weer terug by die Sharks. Spelersprofiel ❏❏ Posisie: Haker en stut ❏❏ Klub: Crusaders RFC ❏❏ Provinsies: Sharks en Natal Sharks (sedert 2000), Clermont-Auvergne, Frankryk (2008) ❏❏ Springboknommer: 691 ❏❏ Toetsdebuut: 10 Junie 2000 vs Kanada in Oos-Londen, ouderdom 22 jaar ❏❏ Totale aantal toetse: 102 ❏❏ Toerwedstryde: 1 ❏❏ Toere: Argentinië, Ierland, Wallis en Engeland (2000); Frankryk, Italië, Engeland en die VSA (2001); Wêreldbeker in Australië (2003); Britse Eilande, Ierland en Argentinë (2004); Argentinië, Wallis en Frankryk (2005); Ierland en Engeland (2006); Ierland en Skotland (2007); Wêreldbekertoernooi in Frankryk, Wallis en Skotland (2007); Wallis (2007); Wallis, Skotland en Ierland (2008); Frankryk, Italië, Ierland en Engeland (2009) ❏❏ Kaptein van Springboktoerspanne: Na die VK, Ierland en Argentinië (2004); Argentinië, Wallis en Frankryk (2005); Ierland en Engeland (2006); Ierland en Skotland (2007); Wêreldbekertoernooi in Frankryk, Wallis en Skotland (2007); Wallis en Britse Eilande (2008); Frankryk, Italië, Ierland en Engeland (2009) ❏❏ Benoemings: SA Rugby se Jong Speler van die Jaar (1999); die Spelers se Speler van die Jaar (2005).
Kenyon se Springbokke van 1951/52. Hulle het vir vier maande gespeel, maar dit sluit nie die seereise na die VK en terug in nie; hulle was dus langer van die huis af weg. Frankryk is die eerste keer in 1906 deur die span van Paul Roos besoek, wat die eerste “Springbokke” was. Die
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 173
173
2352011 5:25 PM
Franse is deeglik met 55–6 geklop, maar dit word nie as ’n amptelike toets of selfs ’n toerwedstryd beskou nie. Dit is vinnig gereël teen ’n span wat letterlik op die veld applous vir die Springbokke se goeie bewegings gegee het – en die Bokke het dertien drieë gedruk! Frankryk se eerste toets teen die Springbokke was in 1912, en toe het die Springbokke 38–5 in Bordeaux gewen. Die Franse was veral in die vroeë jare wisselvallig op internasionale vlak, waar hul flair deur die toeskouers waardeer is. Frankryk het meer gestruktureerd begin speel. Nadat die Springbokke tussen 1974 en 1997 vyftien van die agtien toetse gewen het (daar was ook twee nederlae en ’n gelykopwedstryd), het die Springbokke die afgelope jare net drie uit tien wedstryde gewen met een gelykop.
Springbokke se nemesis Net soos Frankryk, was die Wallabies welkome besoekers in Suid-Afrika omdat hulle ’n “oop” soort rugby gespeel het. Net soos die Franse, is hulle in die verlede – en tot nou toe – nie juis hoog aangeslaan nie. Australië het wel in 1933 vir ’n verrassing gesorg toe hulle twee van die drie toetswedstryde op hul eerste toer na Suid-Afrika gewen het. In 1937 is die Wallabies naelskraap in beide toetse tydens die Springbokke se toer na Australasië geklop. Die Springbokke het baie sterk gefokus op die toetsreeks teen die All Blacks wat voorgelê het. In 1953 het die Wallabies die eerste van vier toetse tydens hul tweede toer na Suid-Afrika gewen, en albei wedstryde teen die 1956-Springbokke wat op pad Nieu-Seeland toe was, verloor. In 1963 het swak spankeuses en die wipplankryery tussen die twee Malankapteins, Abe en Avril, op ’n gedeelde reeks uitgeloop. Die Springbokke het beide toetse in 1965 verloor; dit was daardie jaar deel van ’n sewende opeenvolgende nederlaag. Daarna het die Springbokke tussen 1969 en 1971 sewe opeenvolgende toetse teen die Wallabies gewen. Die laaste drie was deel van Suid-Afrika se enigste onoorwonne toerspan van Hannes Marais. Op die keper beskou was die Wallabies destyds mede-
174
dingend, maar nie ’n werklike rugbykrag nie. Niks bly egter ooit dieselfde nie! Na 1992 en die hervatting van wedstryde teen die Wallabies is daar 43 toetse gespeel, waarvan die Wallabies 23 gewen het en Suid-Afrika negentien, met een gelykoptelling. Suid-Afrika se tweede grootste nederlaag ooit was in 2006 in Brisbane teen Australië. Die telling was 49–0. Australiese sport word in die eerste plek deur krieket oorheers; daarna volg Australian Rules, Rugby League, sokker en dan eers rugby. In ’n land met min rugbyspelers het hul stelsels, wat doeltreffende akademies insluit, aan hulle twee Wêreldbekertitels besorg. Hulle het hul laaste vier kragmetings teen Suid-Afrika gewen en, sedert 2006, agt oorwinnings uit veertien toetswedstryde behaal. Dis merkwaardig dat Suid-Afrika hul laaste agt wedstryde in Brisbane verloor het. Hannes Marais se span het in 1971 laas daar gewen. Selfs in 2009, toe die Springbokke die Drienasieskompetisie gewen het, was hul enigste nederlaag uit die ses wedstryde die een wat in Brisbane gespeel is. Dit bly onverklaarbaar.
Suid-Amerika speel ook rugby Nog ’n sterk rugbyland, Argentinië, het eers na eenwording teen Suid-Afrika begin rugby speel. Hoewel hulle deurgaans sterk teenstanders was, het hulle na dertien wedstryde steeds nie ’n oorwinning op hul kerfstok gehad nie. In die era van sportboikotte het Danie Craven dit reggekry om hulle te oortuig om ’n Suid-Amerikaanse span te kies, ook met spelers uit die ander rugbyspelende lande op hul vasteland, en hier te kom toer. Dit was ’n groot verrassing toe hulle die Springbokke in 1982 in Bloemfontein geklop het. Die briljante en bekende Hugo Porta was die generaal van die span. Die telling was 21–12 nadat hulle die vorige week op Loftus ’n pak slae van 50–18 op die lyf geloop het. Hulle het weer in 1984 kom toer, maar toe ’n as die Jaguars, aangesien hulle ’n speler van Spanje in die groep ingesluit het. Die SuidAfrikaanse statistieke teen die “vermomde” Pumas was agt wedstryde en een nederlaag.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 174
2352011 5:25 PM
Sedert die 1930’s toe ’n Junior Springbokspan daar getoer het, was daar gereelde kontak met Argentynse rugby. In die 1970’s het die SARFB die suksesvolle afrigter van Natal, Izak van Heerden, na Argentinië gestuur om die Suid-Amerikaners met hul rugby te help. Die Pumas, wat bekend is vir hul kragtige skrumwerk, is egter die laaste klompie jare wisselvallig. Dit is die gevolg van die land se voorste spelers wat in Europa speel weens hul nasionale beheerliggaam se finansiële onvermoë om hulle in die land te hou. Die situasie kan egter binnekort verander met Argentinië wat in die afsienbare toekoms tot die Drienasiesreeks toegelaat word.
Die rebelse Kavaliers Die reeks wedstryde tussen die All Blacks en Suid-Afrika sluit nie die Nieu-Seelandse Kavaliers in wat in 1986 na Suid-Afrika gekom het nie. Suid-Afrika is deur die rugbylande reg oor die wêreld vermy en uitgeskuif, en die toer was ’n desperate poging om ordentlike teenstand vir ’n baie goeie Suid-Afrikaanse span te bied. Dit was ’n rebelletoer en het amper die plek ingeneem van die vorige jaar se amptelike Nieu-Seelandse toer wat deur die Nieu-Seelandse Premier, John Lange, afgelas is. Hy het egter toestemming gegee vir die spelers wat as individue op ’n toer wou gaan. ’n Telegram het hulle egter verhoed om op die vliegtuig te klim vir die vlug na Suid-Afrika via Los Angeles. Die telegram het hulle ingelig dat hulle aan minagting van die hof na ’n hofuitspraak skuldig sou wees. ’n Jaar later het die hele All Blackspan, op twee na, in Suid-Afrika aangekom, met hul slot Andy Haden aan die roer van sake, asook Robert Denton, destyds die besturende direkteur van Ellispark (Edms) Bpk. (Net die skrumskakel en kaptein, Andy Kirk, wat op pad Oxford toe was, en vleuel Stuart Wilson, wie se vader baie siek was, het die toer van die hand gewys.) Met die aankoms van die span het Danie Craven en Fritz Eloff hoog en droog in Londen gesit waar hulle ’n vergadering van die IRR bygewoon het. Craven het ontken dat hulle eni-
Robert Denton assisted with arrangements for the New Zealand Cavaliers tour.
ge kennis van die toer dra, en die New Zealand Rugby Football Union (NZRFU) het ook gesê húlle weet niks nie. Dit was ’n veeleisende toer. Die eerste wedstryd was teen die Junior Springbokke; drie dae later het hulle teen Noord-Transvaal gespeel, toe teen die OranjeVrystaat en Transvaal, en uiteindelik Westelike Provinsie (WP), ’n week voor die eerste toets op Nuweland. Natal, die SA Barbarians, Wes-Transvaal en nog drie toetswedstryde het gevolg. Die Kavaliers het drie toetse verloor en, getrou aan die tradisie van die twee lande, was hulle ontevrede met die skeidsregter van Wallis, Ken Rowlands, wat al vier toetse beheer het. Die eerste keer in SuidAfrikaanse rugbygeskiedenis het die toer ’n borg gehad (die Geelbladsye) en die Springbokke het ook ’n borg se logo op hul truie gedra (Toyota). Craven het later erken dat dié 1986-toer SuidAfrikaanse rugby gered het.
Toetswedstr yde
150 Jaar Book.indd 175
175
2352011 5:25 PM
176
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 176
2352011 5:25 PM
10
Die SANZAR-ontnugtering Die realiteit van professionalisme in rugby
Springbok flank Schalk Burger, who captained the Stormers in the historymaking 2010 Super 14 final.
Die uitwerking van professionalisme het nie net in die raadsale ’n draai gemaak nie. Dit het ook die manier beïnvloed waarop die spel gespeel word; kompetisies letterlik op alle vlakke van laerskole tot toetswedstryde; die toekoms van spelers na hul uittrede; en dit raak ook die ondersteuners. Rugby het ’n groot sport geword. Op bestuursvlak werk die groter unies met ’n jaarlikse omset van R150 miljoen tot R200 miljoen. Hierdie bedrag sluit die koste verbonde aan die administrasie van die groter stadia uit, waar die omset wissel, maar R70 miljoen kan as ’n gemiddelde bedrag beskou word. Afhangende van die bestuur daarvan kan daar ’n stewige wins wees, maar ook ’n verlies! Uit die omset van R150–R200 miljoen word ten minste R50 miljoen van die groter unies se geld aan die spelers toegewys. ’n Beduidende bedrag word aan reis- en verblyfskostes bestee, veral vir die Super Rugbyspanne, en dan is daar ook administrasiekostes. ’n Verdere R15 miljoen word opsy gesit vir amateurrugby, soos provinsiale Sewes, skole, vrouerugby, klubrugby, skeidsregters en dies meer. Die Super Rugbyreeks en die Drienasiesreeks word deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) as belangriker as die Curriebekerkompetisie beskou. Hierdie SANZAR-kompetisies het die eerste opsie as dit by die kies en gebruik van spelers kom. Die nasionale spelers is dus nog by die Drienasiesreeks betrokke wanneer die Curriebekertoernooi begin. Sommige van die spelers word op versoek van die nasionale afrigter en sy bestuur toegelaat om te rus met die oog op die jaareindtoer na die Verenigde Koninkryk (VK) en Europa. Indirek kan die nasionale afrigter se wense dus ’n groot invloed op die verloop van die Curriebekerkompetisie hê.
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 177
177
2352011 5:25 PM
Clash of the young Boks: No 8 Ashley Johnson tackles another young 2009 Springbok, hooker Bandise Maku, in a super rugby clash between the Cheetahs and Lions. Ryno Benjamin is the Cheetahs player in suport.
Die onregverdigheid van die stelsel is verder beklemtoon in 2010, toe daar ’n onverstaanbare situasie was waarin al die gekontrakteerde nasionale spelers moes rus en nie toegelaat is om in die Curriebeker se laaste rondes van die ligawedstryde te speel nie. Hierdie reëling het nie in ag geneem dat beseerde spelers, wat ’n groot deel van die seisoen noodgedwonge moes uitsit, ’n daadwerklike behoefte aan wedstrydtyd gehad het nie. Hulle moes dus tydens die laaste paar weke van die Curriebekerreeks op die bank sit, terwyl ander (niegekontrakteerde) spelers, wat nie ’n enkele wedstryd uitgesit het nie en tam gespeel is, wel vir hul provinsies mag speel!
178
Hierdie vreemde reëling om spelers te rus en ook die verstaanbare voorkeurreg op die kies van spelers vir toetse en Super Rugbywedstryde is veral vir die sterker Curriebekerspanne ’n groot nadeel. Die Curriebekerkompetisie as sodanig word ook verswak. Daar is nietemin bepaalde voordele. Dit gee byvoorbeeld die meerderheid provinsies die geleentheid om hul jong spelers, die sterre van die toekoms, in die groter rugbywêreld touwys te maak. Die afwesigheid van die Springbokke het trouens selfs ’n meer opwindende Curriebekerkompetisie tot gevolg, want spanne sonder Springbokke – Griekwas in die besonder – was meer me-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 178
2352011 5:25 PM
dedingend teen die swakker groot spanne sonder hul Springbokke. Die rugby in die Curriebekerkompetisie was nietemin van ’n baie hoë standaard. In 2006 is daar byvoorbeeld 24 spelers uit die kompetisie onttrek sodat hulle voor die 2007-Wêreldbekertoernooi kon rus, maar die eindstryd om die Curriebeker in Bloemfontein was ’n skitterende wedstryd tussen die Vrystaat Cheetahs en die Blou Bulle, wat gelykop met 28 elk geëindig het. SARU se kommunikasiehoof, Andy Colquhoun, het geskryf dat die Curriebekerkompetisie die afwesigheid van die groot sterre “gerieflik oorleef” het. Daar is sekerlik meriete in die standpunt dat die terugkeer van die nasionale spelers aan die kritieke einde van die Curriebekerkompetisie die stand van sake aansienlik verander. Afhangende van die Springbokafrigter het die sterker spanne hul beste spelers terug en dus kry hulle ’n “onregverdige voordeel”. Die teenargument is natuurlik dat indien hierdie spanne tydens die eerste deel van die kompetisie nie van hul beste spelers “beroof” is nie, hulle in elk geval deurgaans sou oorheers het. Hoe dit ook al sy, in die breë gesien gee hierdie stelsel aan die jong talent, in die afwesigheid van die gevestigde Springbokke, die geleentheid om ’n indruk te maak – in so ’n mate dat die Springbokafrigter, Peter de Villiers, in 2009 en 2010 tydens die tradisionele jaareindtoer ’n aantal nuwe, jong Springbokke gekies het. Geldrugby het egter ook ’n negatiewe kant, soos hofsake oor kontrakte; lojaliteit wat deur geld oorheers word; ryk unies wat spelers koop eerder as om ’n reserwekrag te ontwikkel; en spelers wat voor die lokstem van die Britse pond, die euro en selfs die yen swig. Dié lys nadele is geensins volledig nie. Daar word ook te veel rugby gespeel en te min ruskans gegee, volgens ’n gerespekteerde sportwetenskaplike, prof. Tim Noakes. Sommige Suid-Afrikaanse rugbyspelers sit hul loopbane oorsee voort weens die wisselvalligheid in die keuse van spanne op provinsiale en nasionale vlak, ’n onvermoë om verby die invloed van die kwotastelsel te sien, en die geldwisselkoers. Dit het die mededinging van die Britse en Europese rugby ’n hupstoot gegee. Daar het in
2010, aldus SARU, 240 Suid-Afrikaners oorsee geldrugby gespeel, en sowat sewentig van hulle het in die Franse Top 14-liga gespeel. Daar het dus gemiddeld vyf SuidAfrikaners per klub in die topliga gespeel. Met die Vodacombekerkompetisie word nóg meer spelers professioneel, en die wegkwyn van rugbyklubs is ’n verdere negatiewe gevolg van professionalisme. Dit word vererger deurdat honderde jong spelers landswyd belangstelling in klubrugby verloor sodra hulle besef hulle is nie in die vinnige baan om ’n professionele toekoms in rugby te ontwikkel nie. Dit is feitlik onmoontlik om uit die klubstelsel na die professionele geledere te vorder, en daarom daal die ledetal, asook die klubgehalte. Wat internasionale rugby betref, is daar heelwat negatiewe aspekte te wyte aan professionalisme. Uitgeputte, “oorspeelde” spelers word toegelaat om te rus of is beseer, en dan word toere met verswakte spanne onderneem. Die Noordelike Halfronde se spanne is veral hieraan skudig. Die gevolg is yslike nederlae wat nie vir rugby goed is nie, en ook nie die toeskouers se ondersteuning vir die toetse van sulke toere behou nie.
Die lewe na rugby Een van die langtermyn- en ernstiger gevolge van professionalisme in Suid-Afrika is dat ontstellend baie van die spelers wat nie suksesvol deurgebreek het na die professionele vlak nie, of selfs na jare op die hoogste vlak, moet ophou speel sonder dat hulle vir enige ander beroep opgelei is. In ’n groot mate is dit die gevolg van verwagtinge wat vir die jonger spelers geskep word. Dit is moontlik nie so algemeen bekend nie, maar van die voorste unies identifiseer spelers reeds op onder12-vlak. Jong seuns word ná goeie vertonings by die onder-13-Cravenweek deur hoërskole gekontrakteer. Dit word deur die spelers (en dikwels die ouers) beskou as die eerste stap na moontlike glorie en internasionale roem. ’n Groot groep van die jong sterre wat op twaalfjarige ouderdom geïdentifiseer is, word nou onderwerp aan die dissipline en oefening van verskeie hoë pres-
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 179
179
2352011 5:25 PM
tasiestelsels voordat hulle uiteindelik provinsiale skolespanne en junior spanne (onder-19’s en onder-21’s) haal. Hierdie sukses dien om hulle meer vasberade te maak om op senior vlak deur te breek. Die werklikheid lyk egter heelwat anders. Sowat 450 Cravenweekspelers kom jaarliks ná skool in die stelsel in en daar is bloot nie plek vir hulle almal in die junior provinsiale spanne nie. Per slot van sake is dit ook net die voorste rugbyunies wat regtig ’n moontlike professionele loopbaan kan bied. Maar selfs vir die spelers wat hierdie junior professionele vlak bereik waar hulle professioneel afgerig en betaal word, is die volgende trappie boontoe na die senior provinsiale vlak nóg moeiliker. In werklikheid verloor die senior provinsiale spanne jaarliks nie naastenby soveel spelers as wat daar nuwe provinsiale spelers uit die junior geledere “op die mark” kom nie. Nogtans volhard baie van die jong spelers met die sport en hang hulle op die rand van die provinsiale oefengroepe rond totdat hulle op die ouderdom van so 25 of 26 jaar besef dat hulle nie na ’n ordentlike professionele rugbyloopbaan gaan deurbreek nie. Werkloos en dikwels sonder ’n kwalifikasie van enige aard, is die arbeidsmark ’n moeilike nuwe uitdaging. Selfs gevestigde provinsiale spelers – wat relatief gesproke ’n beskeie vergoeding van die kleiner unies ontvang het – staar dieselfde probleem in die gesig. ’n Gebrek aan werksondervinding buite die rugbymilieu dwing hulle om aan te hou speel totdat die werklikheid hulle tref dat hulle ’n inkomste elders sal moet verdien. En daar is doodeenvoudig nie genoeg geleenthede vir dié uitgetrede spelers om professioneel af te rig nie. Die toekoms van rugbyspelers na hul speeldae is ’n groot probleem, sê Piet Heymans van die Suid-Afrikaanse Rugbyspelersvereniging (SARPA). In Australië, en in ’n mindere mate Nieu-Seeland, word spelers aangemoedig om ’n akademiese kwalifikasie te verwerf om hulle vir die toekoms voor te berei. Dit gebeur ook in Suid-Afrika, maar op ’n kleiner skaal. Baie min van die topspelers het akademiese kwalifikasies en bly onvoorbereid vir die lewe na rugby. Heymans is as uitvoerende hoof van
180
Hennie le Roux.
SARPA aangestel toe dit in 1998 in die lewe geroep is, en is ’n man wat die spel verstaan en begrip vir die spelers het. Hy was in 1987 kaptein van die onder-20-span wat Francois Pienaar en Joel Stransky ingesluit het. Heymans sê sommige van die rugbyunies het na vyftien jaar se professionele rugby steeds nie aangepas by die nuwe era nie, en die wettige kontrakte tussen unies en spelers bly ’n bron van kommer en frustrasie vir SARPA. Die voormalige Springbokvleuel, Pieter Hendriks, wat in die era van skyn-amateurisme én die vroeë dae van professionele rugby gespeel het, glo dat hoewel spelers op die hoogste vlak goed betaal word en iets behoort te hê om ná hul speeldae op terug te val, behoeftige voormalige rugbyspelers ’n ernstige probleem kan word. “Hulle is vir niks anders as rugbyspeel opgelei nie en het geen ondervinding in die arbeidsmark nie. Dit kan ’n groot maatskaplike probleem vir die rugbybase word.”
Verandering in bestuur Met geesdriftige amateurrugbymense, wat dikwels nie baie goed onderlê was in die bestuur van geldsake nie, was die oorgangsfase na bekwame bestuur van die nuwe stelsel ’n tydsame proses, ook op nasionale vlak. Terwyl
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 180
2352011 5:25 PM
hierdie en toekomstige probleme kop uitgesteek het, was die swak vertonings van Suid-Afrika se beste spanne in die Super Rugby- en Drienasiesreeks sedert die oorgang na professionalisme ’n aantyging teen die onbekwame administrasie op alle vlakke. Dit was ’n probleem sedert die amateurdae, toe die rugbymense alles beheer het sonder genoegsame kennis of belangstelling in geldsake.
Van Suid-Afrika se invloedrykste voormalige kapteins, nasionale keurders, provinsiale en selfs nasionale afrigters en administrateurs, stem saam dat die swak vertonings deels veroorsaak is deur die onaanvaarbare gebrek aan vaardigheid by die spelers. Die algemene gevoel is dat die afrigters van die laagste tot die hoogste vlakke die blaam daarvoor moet dra.
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 181
181
2352011 5:25 PM
Meyer se visie – vrug op die arbeid In 2001 het Heyneke Meyer, die afrigter van die Bulls en Blou Bulle, begin met die kern van die span wat die Super 14-titel vir die derde keer in 2010 gewen het. Daardie kernspelers het toe al vyf Curriebekers, twee Vodacombekers en drie Super 14-titels verower. Hierdie suksesse is op bepaalde strukture gebou en die uitkomste wat Meyer bereik het, strek baie verder as net die trofeë wat die Pretoriase spanne verower het. Dit het ’n nuwe standaard gestel en ook die bewustheid geskep dat strukture gebruik moet word om vir die toekoms te beplan. Hoewel dit ’n tydsame proses is, is dit die benadering om spelers vir die junior struktuur te identifiseer en hulle dan met ’n deurlopende benadering tot afrigting deur die verskeie vlakke te neem. Hierdie werkwyse is deur ander unies en franchises nagedoen en word nou op nasionale vlak ingevoer. Na die aankoms en vertrek van ’n klomp afrigters in die maer jare na die laaste van die Blou Bulle se Curriebekersuksesse in 1991 (met die uitsondering van die titel in 1998), is Heyneke Meyer weer eens gevra om na die teleurstellende 2001-seisoen die afrigting oor te neem. Dit was nogal ’n verrassing, want net twee jaar tevore het hy vreeslik misluk toe sy span tweede laaste in die Super 12-kompetisie geëindig het. Hulle het toe net een oorwinning behaal! Die 2002-seisoen was nie juis beter nie. Meyer se Bulls het die eerste Super Rugbyspan geword wat al elf hul wedstryde verloor het. Hulle het 500 punte en 76 drieë afgestaan. Meyer het sy pos as afrigter van die Bulls verloor, maar voortgegaan om die Blou Bulle vir die Curriebekerkompetisie af te rig. Hier het sy visie van
As mens die amptelike statistieke aanvaar wat in toetswedstryde gehou word, onderskryf die volgende feite die gebrek aan vaardigheid. Een van die Springbokke se voorste spelers het in die laaste vier Drienasiestoetse in 2010 die volgende gedoen: ❏❏ Elf van sy 39 doodvatte op die teenstanders was onsuksesvol (d.w.s. 72 persent suksesvol). ❏❏ Hy was vyftien keer verantwoordelik vir omkeerbesit,
182
twee jaar tevore uiteindelik begin vrugte dra. In 2003 het elke Blou Bul-span wat aan ’n SARVU-kompetisie deelgeneem het, ten minste die eindronde gehaal. Meyer se Curriebekerspan het ook ’n nuwe blaadjie omgeslaan en vanaf 2002 tot 2004 die kompetisie drie keer na mekaar gewen. Daarna het daardie groot deurbraak in 2007 gekom: ’n Super 14-titel vir ’n Suid-Afrikaanse franchise, naamlik die Bulls teen die Sharks in Durban. Onder Meyer het eers die Blou Bulle en daarna die Bulls die pasaangeërs op elke provinsiale vlak vanaf onder-19 boontoe geword. Meyer se visie het die unie ’n voorsprong bo die ander groot provinsiale unies gegee totdat hulle sy voorbeeld begin volg het. Die Sharks en Stormers het sedert 2008 al hoe meer mededingende vertonings op junior vlak gelewer om so hul deelname aan Super Rugby te verbeter. Meyer het ’n formule vir sukses in die Super 14 gehad: Ten minste tien spelers met internasionale ondervinding ’n Plaasvervanger in elke posisie wat net so goed as sy eerste keuse is, wat ook as ’n impakspeler gebruik kan word Ervare leiers, van wie ten minste vyf kaptein van ’n span op dié vlak was Agt spelers wat ten minste vyftig Super 12- of 14- en vyftig Curriebekerwedstryde gespeel het Kontinuïteit – in 2007 was dit ’n belangrike faktor. Dit was die derde jaar met feitlik dieselfde spelers, wat onder dieselfde afrigter tot ’n hegte eenheid ontwikkel het. Sommige mense mag hiervan verskil, maar die bewyse is daar! Per slot van sake word die resep ook deur ander afrigters gevolg …
dus amper vier keer per wedstryd. ❏❏ Selfs op dié vlak dra hy nog steeds die bal onder die verkeerde arm om teenstanders te kan afstamp. ❏❏ Hy skiet op die verdediging steeds te vinnig uit sy lyn uit, wat lei tot drieë wat só deur die gaping in die verdedigingslyn gedruk word. Daar is baie ander redes (of verskonings) vir die
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 182
2352011 5:25 PM
Springbokke se onvermoë om werklik hul stempel op die Super Rugby- en Drienasieskompetisies af te druk, maar hul middelmatige vertonings, soos ook oor die jare by die Junior Wêreldbekerkompetisie die geval was, bly steeds ’n groot bekommernis.
Die treurmare van die Drienasiesreeks Die volgende statistieke vertel die hartseerverhaal van Springbokrugby se eerste vyf jaar in die Drienasiesreeks wat op die skuif na geldrugby in 1996 gevolg het. SuidAfrika het in die vyf jaar: ❏❏ net een van die toernooie gewen, en wel in 1998; ❏❏ net agt uit ’n moontlike twintig wedstryde gewen; ❏❏ net vier bonuspunte in die twintig wedstryde behaal; ❏❏ 414 punte teen 495 aangeteken; ❏❏ veertig drieë gedruk en 45 drieë afgestaan; ❏❏ ’n totaal van net 40 ligapunte in twintig wedstryde aangeteken (Nieu-Seeland het 61 punte en Australië het 46 punte verdien). Die aanvanklike skok van professionalisme kan nie alleen die blaam hiervoor dra nie. In die daaropvolgende tien seisoene vanaf 2001 tot 2010 het die Springbokke se Drienasiesrekord verder verswak: ❏❏ die kompetisie net twee keer gewen (2004 en 2009); hulle was een keer tweede en sewe keer laaste; ❏❏ slegs 93 ligapunte in 48 wedstryde versamel; ❏❏ net ses bonuspunte vir vier drieë of meer in ’n wedstryd in daardie 48 wedstryde gekry; ❏❏ 91 drieë aangeteken en 120 afgestaan; ❏❏ net in 2004 (13 teen 10) en 2008 (13 teen 11) meer drieë aangeteken as afgestaan. Die Springbokke het net vier keer tussen 1996 en 2010 in die reeks meer punte aangeteken as afgestaan; en in net drie kompetisies het hulle meer drieë gedruk as wat hulle afgestaan het. Daar is darem ’n paar positiewe statistieke. Die Springbokke het in 1997 die hoogste telling in die kompe-
tisie aangeteken, in hul 61–22 oorwinning teen Australië op Loftus. Hulle het ook in 2008 met 53–8 teen die Wallabies in Johannesburg gewen. Ongelukkig is daar ook die volgende statistieke: die Springbokke het die meeste punte in ’n tuiswedstryd in die Drienasieskompetisie afgestaan. Dit was in 2003 teen Nieu-Seeland in Pretoria, en die telling was 52–16. Die grootste nederlaag behoort ook aan die Springbokke, toe hulle in 2006 in Brisbane 49–0 teen Australië verloor het!
1998: Mallett bring die beker huis toe Die Springbokke se eerste Drienasiestitel het regtig uit die bloute gekom! Die All Blacks het al agt van hul wedstryde in die eerste twee kompetisies in 1996 en 1997 gewen, en Suid-Afrika, Wêreldbekerkampioene in 1995, het net twee wedstryde gewen – een in elke jaar. Hulle het ’n nuwe afrigter gehad, Nick Mallett. Hy het Carel du Plessis, wat ’n swak rekord as afrigter gehad het, vervang. Dit is ironies dat Du Plessis se laaste toets in 1997 die een is waar die Springbokke die hoogste Drienasiestelling tot vandag toe aangeteken het, met hul oorwinning van 61–22 oor die Wallabies. Die Springbokke het in die 1998-kompetisie al vier hul wedstryde gewen, en die All Blacks nie een nie, en dit na agt oorwinnings na mekaar sedert 1996–1997! Dit was die eerste keer sedert 1949 dat die All Blacks vier opeenvolgende toetse verloor het. Die 1998-seisoen was ’n voortsetting van wat ’n onoorwonne reeks van sewentien wedstryde onder leiding van Mallett sou word. (Hy was met sestien van daardie toetse die afrigter na die oorwinning van Du Plessis se laaste toets as afrigter.) Dit het die All Blacks se rekord tussen 1964 en 1969 geëwenaar. Twee naelskraapse oorwinnings, 14–13 teen Australië in Perth (na Matt Burke vir die Wallabies met ’n doodmaklike skop misluk het), en 24–23 teen die All Blacks in Durban, het die Springbokke boaan die punteleer in 1998 geplaas. Agterna beskou het daardie mislukte skop van Burke die verskil op die punteleer gemaak, maar dit is hoe taai die kompetisie op toetsvlak is … Dit was ook
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 183
183
2352011 5:25 PM
CAPTION
die heel eerste toetswedstryd wat in Perth gespeel is. Vir Suid-Afrika was 1998 se hoogtepunt hul poging om in Durban terug te veg. Hulle was 23–5 agter, met net vyftien minute van die wedstryd oor. Die Springbokke se nuutgevonde selfvertroue en Mallett se uitstekende gebruik van plaasvervangers het die knoop vir ’n onwaarskynlike oorwinning deurgehaak. Eers het Joost van der Westhuizen, ’n drie gedruk en daarna die plaasvervanger-losvoorspeler, Bob Skinstad. Dit het die Springbokke binne trefafstand van die All Blacks gekry. Toe, met die horlosie wat aanstap, is die Springbokhaker James Dalton vanaf ’n aanvallende lynstaan oor die doellyn gestoot. Die drie is deur skeidsregter Peter Marshall toegeken. Dit was voor die dae van
184
die televisieskeidsregter. Die “kykweer” op die televisie het duidelik gewys Dalton het nie die bal gedruk nie, en hy het dit ook na die wedstryd bevestig. Maar die koeël was deur die kerk en die eindfluitjie het geblaas – die Springbokke wen 35–32. Die wraak was soet, want die vorige jaar het die All Blacks vanaf ’n agterstand van 23–7 op Ellispark teruggeveg en die wedstryd gewen. Daardie “inhaal-en-verbysteek”-oorwinning in Durban, so belangrik as wat dit was, was egter nie deurslaggewend nie. Ondanks die oorwinning oor die All Blacks moes die Springbokke ten minste gelykop teen Australië op Ellispark speel om as die Drienasieskampioene gekroon te word. Die telling van 29–15 in die Springbokke se guns lyk op die oog af na ’n maklike oorwinning en dit was in-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 184
2352011 5:25 PM
Peter de Villiers – a good 2009 spoiled on the year-end tour.
derdaad so. Twee verdoelde drieë en vyf strafdoele vir die Springbokke, teen vyf strafdoele vir die Wallabies dui op die Springbokke se oorheersing van die wedstryd. Hierdie Drienasiestitel was in ’n groter konteks belangrik, want Suid-Afrika het die eerste keer sedert hulle die Wêreldbekereindstryd in 1995 gewen het, soos ’n kampioenspan gelyk.
Die einde van Mallett se goue tydperk Die gety het egter gedraai en Mallett se sukses was iets van die verlede. Die Springbokke se reeks van sewentien ononderbroke oorwinnings is verbreek tydens die jaareindtoer in 1998, met ’n nederlaag van 13–7 teen
Engeland op Twickenham. Daarna het hulle in 1999 vyf uit dertien wedstryde verloor. In 1999 het die Springbokke twee wegholoorwinnings (74–3 en 101–0) teen ’n swak Italiaanse span gehad, maar dit is gevolg deur Suid-Afrika se heel eerste nederlaag teen Wallis in Cardiff. Die telling was 29–19. Daarna het Nieu-Seeland in Dunedin in ’n Drienasieswedstryd die Springbokke met 28–0 verneder. Dit was die eerste keer in 49 toetse sedert die nul elk-gelykopstryd in 1921 dat Suid-Afrika nie ’n enkele punt in ’n toetswedstryd teen die All Blacks kon aanteken nie. Nog was dit die einde nie! ’n Week later het die Springbokke sleg teen die Australiese span in Brisbane met 34–6 verloor, en daarna ’n nederlaag van 34–18 teen die All Blacks in Pretoria op die lyf geloop. Die verdedigende kampioene se enigste sukses in die 1999-Drienasieskompetisie was ’n naelskraapse oorwinning van 10–9 in hul laaste wedstryd teen die Wallabies in Kaapstad. Uiteraard het die Springbokke laaste in die 1999-kompetisie geëindig. Hierdie patroon het met die onsuksesvolle Wêreldbekertoernooi daardie jaar voortgeduur en, soos met die Drienasieskompetisie, is dit gekenmerk deur die eienaardige uitsprake en vreemde spankeuses van Nick Mallett. Hy het voor die toernooi van die kaptein, Gary Teichmann, ontslae geraak na hul werksverhouding versuur het, maar het self nog ’n jaar na die Wêreldbeker in die topafrigtingspos aangebly. In 2000 beskuldig Mallett vir die Suid-Afrikaanse Rugby-Voetbalunie (SARVU) van gierigheid omdat hulle kaartjies vir die Drienasiestoetse verkoop het teen wat hy gemeen het buitensporige pryse is. Dit het hom nog verder van SARVU se uitvoerende raad vervreem, na vroeëre uitlatings en sy swak onlangse rekord as afrigter. Mallett het in September aan die begin van ’n dissiplinêre verhoor as Springbokafrigter bedank. Dit sou ses jaar duur voor Suid-Afrika weer sukses in die Drienasiesreeks behaal. Die Springbokke se laaste plek en enkele oorwinning in 1999 sou in die volgende vier jaar herhaal word. Die Springbokke het vyf laaste plekke en net vyf oorwinnings in die vyf kompetisies tussen hul Drienasiessuksesse van 1998 en 2004 behaal.
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 185
185
2352011 5:25 PM
CAPTION
Nog twee afrigters Nog twee afrigters het gevolg in hierdie periode tussen Augustus 2000 toe Mallett bedank het, en November 2003 toe Rudolf Straeuli weg is. Die eerste, Harry Viljoen, het in sy jaar as afrigter agt uit vyftien toetse gewen. Maar Viljoen, ontnugter deur die rugbypubliek se kritiek wat deel van die pos uitmaak, het sy kontrak byna twee jaar vroeg gesluit. Dit was in lyn met die 42-jarige se afrigtingsloopbaan. Hy het sy afrigtingsposte by Transvaal, Natal en die Stormers ook vroeg opgesê. Dié keer was die kritiek van die media die rede vir Viljoen se besluit. “Jy weet nie wat die druk is totdat jy self daar is nie, en ek het gesukkel om dit te verwerk. Daar is nog twee jaar oor voor die volgende Wêreldbeker en om
186
dit te hanteer, sal ’n probleem wees.” Onder Viljoen het die Springbokke net vyf uit elf toetswedstryde gewen. Rudolf Straeuli word toe die agtste Springbokafrigter in minder as tien jaar. Dit was ’n aanklag teen die rigtinglose bestuur van SARVU, wat ’n bydraende faktor in die swak vertonings van die Springbokke sedert 1992 was. Straeuli het sy eerste vier wedstryde aan die stuur gewen, met twee oorwinnings oor Wallis, ’n 20-punt-sege teen Argentinië, en ’n wegholoorwinning van 60–18 teen Samoa. As dit egter by die toprugbyspanne kom, was Straeuli se vertonings swak. Daar was nederlae teen Frankryk (30–10), Skotland (21–6), Engeland (53–3) en Nieu-Seeland (52–16). Met Straeuli as afrigter het die Bokke net twee uit sewentien teen toplande gewen.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 186
2352011 5:25 PM
Bull’s coach Heyneke Meyer’s belief in planning structure and continuity paid off.
’n Tweede Drienasiestitel In die swak seisoen in 2003, wat om verskeie redes een van die laagtepunte in Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis was, het die Springbokke beide op en van die veld af ’n nagmerrie beleef. Hierna het die nuwe afrigter, Jake White, dinge laat verander. Die skamele vier drieë in vier wedstryde in die Drienasiesreeks in 2003 is in 2004 na dertien opgeskuif. Hoewel hulle slegs twee van hul vier Drienasieswedstryde gewen het, het die ander twee spanne ook elk net twee keer gewen. Suid-Afrika het die strawwe kompetisie met ’n enkele ligapunt gewen, omdat hulle in hul twee nederlae binne sewe punte van die wentelling was en dus bonuspunte verdien het. Daardie twee bonuspunte in die nederlae in Christchurch en Perth is met twee baie goeie oorwinnings in Suid-Afrika opgevolg. In die reeks het al die spanne hul tuiswedstryde gewen. Die 2004-titel is eers reg aan die einde beslis. Soos in 1998, was die Wallabies die Springbokke se teenstanders in die laaste wedstryd en die Springbokke moes wen. In 1998 was die oorwinning
maklik, maar dié keer was dit ’n taai stryd tot die einde toe en die Springbokke het die Drienasiestitel met die oorwinning van 23–19 gewen. Australië het drie drieë aangeteken. Lote Tuqiri, Stirling Mortlock en George Smith was die driedrukkers. Suid-Afrika se twee drieë is deur Victor Matfield en Joe van Niekerk gedruk. Percy Montgomery se drie strafdoele en twee doelskoppe, teenoor Matt Giteau se twee doelskoppe, het die verskil gemaak. Suid-Afrika het eers driekwart deur die wedstryd begin oorheers na Australië die eerste veertig minute baas was. Die Springbokke was kort voor rustyd nog 7–0 agter, maar het die wedstryd toe begin oorheers en het later 23–7 voorgeloop. Elf minute voor die eindfluitjie is Percy Montgomery en Breyton Paulse gelyktydig met geelkaarte van die veld afgestuur. Die wedstryd is weer in die weegskaal geplaas met twee drieë binne die laaste agt minute. Toe Mortlock sy drie druk en dit verdoel is, was daar nog agt minute oor en die telling was 23–14 vir Suid-Afrika. George Smith se drie kort voor die einde het die Wallabies met die taak gelaat om ’n drie in die laaste minuut te druk. Hul poging was egter tevergeefs en die Springbokke het gewen.
2009 se vreugde en verwyte Suid-Afrika se derde Drienasiestitel is weer eens onder leiding van ’n nuwe afrigter gewen. Die omstrede Peter de Villiers het die Springbokke afgerig. In dié jaar het die Springbokke ook die Britse en Ierse Leeus, wat ’n vasbeslote dog gemiddelde span was, in ’n reeks van drie toetswedstryde geklop. Wat ’n groot jaar vir SuidAfrikaanse rugby kon wees, is nietemin bederf deur die enkele oorwinning teen die swakkerige Italiaanse span op die jaareindtoer, wat drie toetswedstryde ingesluit het. De Villiers het ’n tweede span op toer geneem. Daar was groot opwinding en die toer is gesien as ’n toer van die ou soort met die sogenaamde Woensdag- en Saterdagspanne. Dit het egter nie so uitgewerk nie en was inderwaarheid twee afsonderlike toere met feitlik twee stelle bestuurspanne. Die toetsspan en die ander
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 187
187
2352011 5:25 PM
Die afbreek van grense Toe die aankondiging gemaak is dat die Super 14-halfeindstryd en die eindstryd na Orlando-stadion verskuif, het die uitvoerende hoof van die Blou Bulle Maatskappy (Edms) Bpk, Barend van Graan, iets van stapel gestuur wat een van die mees onvergeetlike geleenthede vir nasiebou sedert die 1995-Wêreldbekertoernooi sou wees. Die uitspeelwedstryd was ’n groot sukses en al die rasse het ’n spesiale dag daarvan gemaak. Die halfeindstryd was verreweg die grootste rugbywedstryd wat in ’n township plaasgevind het. Dit het ook alle televisierekords oortref. Rugby het beduidend meer swart kykers bygekry; amper 30 persent van die totale kykersgetal van 2,9 miljoen mense van sestien jaar en ouer. Dit was meer as dubbel die getal as in 2009 toe die Bulls die Chiefs in Pretoria geklop het. Met dié dat die halfeindronde in Soweto plaasgevind het, het die SABC die wedstryd direk gebeeldsend. Die gevolg was dat die swart kykerstal 127 persent meer was vergeleke met die Super 14-eindstryd in 2009. Die totale swart kykerstal van 840 000 was bykans ’n derde van die
span was trouens selde saam op dieselfde plek! ’n Goeie 2009 is verder bederf deur die “Woensdagspan” se twee nederlae teen Engelse klubspanne. Hierdie span het van verrassende keuses gewemel en baie min van hulle het in 2010 toetsrugby gespeel. Die seisoen was op die ou einde net 57 persent suksesvol vir die Springbokke en De Villiers. Suid-Afrikaanse spanne het nogtans hul vernaamste teenstanders in 2009 geklop, soos elders verder bespreek word. Die Super 14-kompetisie is ook deur die Bulls gewen, om by De Villiers se twee puik prestasies te voeg en dit ’n goue jaar vir Suid-Afrikaanse rugby te maak. Voorts is De Villiers as die Internasionale Rugbyraad (IRR) se Afrigter van die Jaar benoem, en die Springbokke as Span van die Jaar.
Die Bulls skop af vir ’n rugbyfees Die Bulls se tweede Super 14-titel in 2009 moes mee-
188
totale kykerstal. Daar was ook ’n beduidende toename in die vroulike kykers – 140 persent meer as in 2009, en boonop 51 persent van die kykerstal! Maar dit was binne Soweto en die stadion waar die gees en opwinding werklik merkbaar was. Toeskouers het reëlings getref om in die erwe van die inwoners van die township te parkeer; hulle het in die sjebeens en eetplekke gekuier; hulle het vrylik met die gasvrye mense van Soweto gemeng, wat in groot getalle op die sypaadjies gestaan het om deel van die groot geleentheid te wees – baie van hulle met Bulls-hemde en vlae. Ure voor die afskop het swart, wit, bruin en Indiër binne die stadion lekker op die maat van die tipiese Bulls-ondersteuners se “rugbymusiek” in die biertuin gedans en saamgesing. Toeskouers wat sonder kaartjies na die stadion gekom het, het die wedstryd op televisie in ’n sjebeen gevolg. Trouens, van hulle het ’n tafel vir die volgende week se eindstryd teen die Stormers bespreek. Na die Bulls se oorwinning oor die Crusaders is die 3 000 oorblywende kaartjies binne minute opgeraap.
ding teen die geesdrif rondom die Britse en Ierse Leeus se toer, wat op dieselfde dag as die Super 14-eindstryd afgeskop het. Loftus was stampvol, maar die Royal Bafokeng-stadion in Phokeng net buite Rustenburg was nie. ’n Super 14-eindstryd is duidelik belangriker geag as die openingswedstryd van ’n toerspan! Die eindstryd was ’n besonderse wedstryd in ’n toernooi waarin die Suid-Afrikaanse spanne, om die minste te sê, nie uitgeblink het sedert die begin van die kompetisie in 1986 nie. Die swak uitslae was onder meer die gevolg van ’n onbillike en moeilike reisskedule waar die Suid-Afrikaanse spanne in rotasie oor Australië en die Tasmaniese See moes vlieg om in Nieu-Seeland te gaan speel, terugkeer vir wedstryde in Australië, om daarna weer na Nieu-Seeland te gaan; asook die onvermoë of onwilligheid van Suid-Afrikaanse spanne om die franchisestelsel ten volle te aanvaar; die oorskatte opinie van Suid-Afrika se talentpoel; en veral die vaardigheids-
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 188
2352011 5:25 PM
vlakke van soveel van die Super Rugbyspelers wat onder standaard was.
Super Rugby – die waarheid Die algemene vertonings van die Suid-Afrikaanse franchises in die Super Rugbykompetisie die afgelope vyftien jaar het getoon dat die veronderstelde diepte van SuidAfrikaanse rugby baie oorskat is. Die volgende verkorte uitslae dien as bewys: 1996: Die Leeus (toe nog nie die franchise Lions nie) en die Westelike Provinsie (WP) wen elk net drie wedstryde, met WP wat ook een wedstryd gelykop speel en laaste eindig. Natal verloor die eindstryd teen die Blues in Auckland 45–21. 1997: In ’n redelike goeie jaar vir die Suid-Afrikaanse spanne wen Noord-Transvaal drie wedstryde en speel drie keer gelykop. Natal word in die halfeindronde deur die Blues met ’n telling van 56–3 uitgeskakel. 1998: Die Cats (gekombineerde Leeus- en Vrystaat Cheetahsspan) wen net twee wedstryde en die Bulls net drie. Die Sharks verloor die halfeindronde teen die Crusaders 36–32. 1999: Die Bulls wen een wedstryd en die Cats vier. Die Sharks, wat sewende uit die twaalf spanne is, is die beste Suid-Afrikaanse span. 2000: Onder die nuwe afrigter, Laurie Mains, eindig die Cats vierde, maar verloor 27–5 in die halfeindronde teen die ACT Brumbies; die Stormers is vyfde. Die Sharks wen een wedstryd en speel een gelykop; die Bulls wen een van hul elf wedstryde en speel twee keer gelykop. 2001: Die Cats en die Sharks haal die halfeindronde! Die Sharks klop die Cats 30–12, maar word in die eindronde in Canberra deur die ACT Brumbies met 36–6 afgeransel; die Bulls wen net drie wedstryde. 2002: Geen oorwinnings vir die Bulls nie, een vir die Cats en vier vir die Sharks uit hul elf wedstryde besorg aan die Suid- Afrikaanse franchises die laaste drie posisies op die punteleer. Die Stormers is sewende in hierdie baie swak jaar vir Suid-Afrikaanse rugbyspanne.
Victor Matfield led the Bulls to three Super Rugby titles.
2003: Die Cats is laaste met twee oorwinnings en die Sharks tweede laaste met drie oorwinnings. Die Stormers wen vyf keer en eindig vierde van onder. Êrens is daar groot fout met die Suid-Afrikaanse mededinging in die kompetisie. 2004: Daar is een oorwinning vir die Cats; die Stormers verloor ’n halfeindstryd 27–16 teen die Crusaders; en die Bulls is in die sesde plek. 2005: Die Sharks kom laaste met een oorwinning en een gelykopuitslag; die Cats is net een plek bo hulle met twee suksesse en een gelykopwedstryd; en die Stormers is vierde laaste. Die Bulls, wat in die derde plek is, verloor
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 189
189
2352011 5:25 PM
Try time! An elated Bulls wing, Francois Hougaaard, sprints in for a semifinal try against Crusaders.
hul halfeindstryd 23–13 teen die Waratahs. 2006: Die Western Force sluit as ’n nuwe span by die kompetisie aan en beklee die laaste plek. Die Cats en die Cheetahs stig af – die Cheetahs word een franchise en die Johannesburgers gaan voort as die Cats. (Hulle word eers later die Lions.) Die Cats van Johannesburg kom tweede laaste met twee oorwinnings en een gelykopwedstryd. Die Bulls verloor weer hul halfeindstryd, dié keer 35–15 teen die Crusaders. 2007: Oplaas! Die Sharks is boaan die punteleer en die Bulls is tweede! Hulle wen albei halfeindstryde. Die Sharks klop die Blues 34–18 in Durban, en dié keer is dit die Crusaders se beurt om 27–12 teen ’n onkeerbare Bullsspan in Pretoria te verloor. Die Pretoria-franchise is Durban
190
toe en wen die eindstryd op ’n dramatiese wyse met ’n drie deur Bryan Habana in die doodsnikke van die wedstryd. Die telling is 20–19. As mens egter nugter kyk na die SuidAfrikaanse vertonings, is die realiteit dat die Lions (12de uit veertien plekke), die Cheetahs (11de) en die Stormers (10de) nie opgewasse was vir die kompetisie nie. 2008: Die Bulls kon nie beter as ’n tiende plek behaal nie. Die Lions wen twee keer en speel een keer gelykop; die Cheetahs is tweede van onder, met net een oorwinning. Die Sharks is derde op die punteleer en gaan Sydney toe vir die halfeindronde, waar die Waratahs hulle 28–13 klop. 2009: Die Bulls wen hul tweede titel. Hulle eindig eerste op die punteleer, verslaan die Crusaders 36–23 in die halfeindstryd in Pretoria, en gee die Chiefs pak met 61– 17 in die eindstryd op Loftus. Die Cheetahs kom laaste met twee oorwinnings uit dertien wedstryde, terwyl die Lions derde laaste kom met net vier oorwinnings. 2010: Die Bulls doen dit weer! Hulle eindig boaan die punteleer en speel hul halfeindstryd en eindstryd op Orlandostadion in Soweto. Loftus was nie beskikbaar nie, want die veld is vir die 2010 Sokkerwêreldbekertoernooi aangewend. Die Bulls klop die Crusaders die derde keer in ’n ry in die halfeindronde. Die Stormers reken 25–6 met die Waratahs op Nuweland af, net om 25–17 teen die Bulls in die eindstryd op Orlando-stadion te verloor. Wanneer die euforie van die Bulls se titel en Orlando-ervaring verdwyn, is die werklikheid vir die Suid-Afrikaanse rugbyondersteuners steeds daar: die Lions het ’n rekord laagtepunt bereik deur al dertien hul wedstryde, plus die laaste een van die vorige jaar te verloor, en het gemiddeld bykans ses drieë per wedstryd afgestaan. 2011: Daar is ’n nuwe kompetisie met vyftien spanne wat deelneem. Suid-Afrika voel ongelukkig dat Australië toegelaat word om ’n vyfde span in die kompetisie te hê, terwyl Suid-Afrika met hul vermeende diepte tot hul huidige vyf spanne beperk word. Nog nie eers halfpad in die toernooi in nie, word SANZAR se besluit egter reg bewys, met die Lions en Cheetahs wat weer onderaan die punteleer is, terwyl die Melbourne Rebels reeds met drie oorwinnings kon spog.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 190
2352011 5:25 PM
Not the first choice of Springbok coach Peter de Villiers, Morné Steyn (above) and Heinrich Brüssouw (right) were the Bok stars of the series win against the 2009 British and Irish Lions.
2007: Die groot Suid-Afrikaanse eindstryd In 2007 was die Bulls die eerste Suid-Afrikaanse span wat vyf wedstryde op hul Australasiese toer gespeel het. Na twee vroeëre terugslae in Suid-Afrika – ’n nederlaag teen die Sharks in Durban en nog een teen die Western Force in Pretoria – het hulle die eerste Suid-Afrikaanse span geword wat drie wedstryde in Australasië kon wen. Dit het hulle in ’n posisie op die puntleer geplaas om ten minste nog ’n kans te hê wanneer die laaste rondes van die kompetisie gespeel word. Voor hul laaste ligawedstryd (wat afrigter Heyneke Meyer se 91ste wedstryd met die Bulls was) was hulle sesde op die punteleer waar ’n hele paar spanne nog
goed geplaas was. Hulle het die maksimum punte teen die Reds benodig om die halfeindronde teen die Sharks in Durban te haal. Daar was die vae moontlikheid dat die Bulls derde of selfs tweede op die punteleer kon eindig. Volgens berekeninge sou ’n oorwinning van ten minste 45 punte oor die Reds die Bulls in die derde plek plaas. Die halfeindstryd sou dan teen die Crusaders in Christchurch plaasvind. Indien hulle egter die ondenkbare kon regkry en die Reds met 72 punte of meer klop, sou die Bulls ’n half-
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 191
191
2352011 5:25 PM
Bok flankers Schalk Burger (left) and Heinrich Brüssouw (right) share the joy of clinching the series against the 2009 British and Irish Lions with fullback Frans Steyn.
eindstryd op Loftus speel. Die Vrydag voor die wedstryd het Heyneke Meyer elke speler vertel hy het hulle ’n “aandeelhouer gemaak in sy geloof dat hulle die Reds met ten minste 72 punte sou klop,” het Bulls-bestuurder Wynie Strydom later vertel. En Meyer se spelers het nie teleurgestel nie. Dit was die grootste oorwinning in Super Rugbygeskiedenis toe hulle die Reds 92–3 verneder. Die Bulls het dertien drieë aangeteken nadat hulle na twee minute van die wedstryd reeds 3–0 agter was! Rustyd was die telling 38–3 en die Bulls het in die tweede helfte nog 54 punte bygevoeg. Die Bulls se punteverskil van 89 punte was die grootste in die kompetisie se geskiedenis. Dit het die Crusaders se 77 punte in die 96–19 oorwinning teen die Nieu-Suid-
192
Wallis Waratahs in 2002 oortref. Victor Matfield, wat toe al ’n hele klompie jare die Bulls se kaptein was, het na die historiese oorwinning van 92–3 oor die Reds wat hulle ’n halfeindstryd tuis besorg het, baie waardering vir sy span gehad. “Dit het alles met die basiese goed begin, die skrums, lynstane en verdediging. Daarna was ons ingestel om aan te val en ons het geduldig ons pad na die groot telling oopgespeel.” “Sedert ons van Australasië teruggekom het, het ons goed gespeel en die Stormers, die Lions en die Blues geklop, maar dit kom nie naby wat ons vanaand reggekry het nie. Dit was awesome, werklik awesome.” Hy het egter toegegee dat die Crusaders in die halfeindronde ’n perd van ’n ander kleur sou wees.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 192
2352011 5:25 PM
Maar die seisoen was nog nie verby nie! Die gedugte Crusaders het in die halfeindstryd voorgelê, al was dit in Pretoria. Intussen het die Sharks die Stormers 36–10 geklop en sodoende met 45 punte boaan die punteleer geëindig. Dit het ’n halfeindronde teen die Blues in Durban bevestig en, as hulle sou wen, ook ’n eindstryd op hul tuisveld. Daar was drie spanne in die tweede plek met 42 punte, wat bewys hoe mededingend die reeks was. Slegs punteverskil het hulle onderskei, naamlik die Bulls met 165, die Crusaders met 147, en die Blues met 120. Die Sharks was die eerste Suid-Afrikaanse span wat aan die einde van die Super Rugbyliga boaan die punteleer was. Dit was ook die eerste keer sedert 2001, toe die Sharks en Cats mekaar getakel het, dat daar twee Suid-Afrikaanse spanne in die halfeindronde was. Daar is in die halfeindstryd tussen die Bulls en Crusaders nie ’n enkele drie gedruk nie. Derick Hougaard het die wedstryd van agter die Bulls se se pak voorspelers, wat beter as die besoekers s’n was, beheer en sy agt strafdoele en ’n skepskop was die beloning vir die beste span op die veld. Hulle het 27–12 gewen. Dan Carter het al Crusaders se punte aangeteken. Die Sharks het hul eindstryd in Durban bevestig deur 20 punte in die laaste kwart van die wedstryd teen die Blues aan te teken en uiteindelik 34–18 te wen. Hulle was rustyd 14–6 voor. Na dertien minute van die tweede helfte het die Blues só teruggeveg dat hulle 18–14 voorgeloop het. In die 62ste minuut het Percy Montgomery hul voorsprong met ’n strafdoel na 18–17 laat krimp. Die laaste dertig minute het egter aan die Sharks behoort. Hulle is vir hul spel beloon met ’n strafdoel deur Montgomery en twee drieë in die laaste agt minute deur Butch James en Waylon Murray, wat sodoende die wedstryd buite die bereik van die Blues geplaas het. Die Bulls se held in die 2007-eindstryd van die Super 14-kompetisie was ongetwyfeld Bryan Habana, toe hy na die sirene vir die einde van die wedstryd ’n drie gedruk het en die titel só voor die neuse van die Sharks weggeraap het. Die eindtelling in Durban was 20–19 in die Bulls
se guns. Die noodlot het die Sharks ’n wrede streep getrek, want hulle was die beste span op die veld. Die wedstryd was eintlik verby toe die Sharks die besit van die bal verloor en die Bulls toegelaat het om aan die hardloop te gaan. Dit het gelyk of die wedstryd en die titel die Sharks s’n is met die telling op 19–13 nadat slot Albert van den Berg ’n drie gedruk het om sy span, met net twee minute speeltyd oor, welverdiend die voortou te laat neem. Frans Steyn het ’n maklike doelskop verbrou. Indien die skop oor was, sou die Bulle twee keer moes punte aanteken. Om sy blaps te vererger, het Steyn ook nie die kantlyn gehaal toe die Bulls ’n laaste desperate aanval loods en tot in die Sharks se kwartgebied vorder nie. Habana het van die regtervleuel af deur die moeë Sharks se verdediging gesny om in die middel deur te glip en langs die pale te druk. Derick Hougaard se maklike doelskop het die Sharks se doppie geklink en die Bulls was die wenners. “Ek het geweet ons het een kans uit ’n miljoen,” het Habana agterna gesê. “Ek het die spel voor my sien oopgaan terwyl die Sharksspelers in ’n verdedigingskordon op my afstorm. Ek het ’n gaping gesien om deur te glip vir ’n drie wat een van my kosbaarste rugbyherinneringe in die toekoms sal wees.” Die volgende dag het ’n hele paar van Saterdag se teenstanders van albei spanne saam in die bus Bloemfontein toe gery om by die res van die nasionale span by die opleidingskamp aan te sluit met die oog op die tweetoetsreeks teen Engeland.
2008: Suid-Afrikaanse spanne met leë hande Die Sharks het in 2008 die halfeindronde van die Super 14 met ’n derde plek op die punteleer gehaal, maar is in die wegwedstryd 28–13 deur die Waratahs geklop. Maar die Bulls was nêrens nie! Daar word dikwels gesê dis moeilik om bo te kom, maar nog moeiliker om daar te bly. Dit was die geval met die Bulls in 2008, wat hul slegste jaar sedert die oplewing in 2003 was. Hulle het die Curriebekereindstryd 14–9 teen die Sharks verloor en was veral teleurstellend in die
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 193
193
2352011 5:25 PM
Springbok prop Beast Mtawarira vaults over a ruck in the test series against the 2009 British and Irish Lions.
Super 14-kompetisie. As verdedigende kampioene kon hulle nie beter as ’n tiende plek op die punteleer vaar nie. Miskien kan mens hulle tog vir die insinking vergewe. ’n Groot groep van die span het die Wêreldbeker in 2007 gewen en by hul Super 14-kroon gevoeg. Die motivering was dalk nie te sterk nie. Hulle het ook ’n nuwe afrigter gehad. Heyneke Meyer het na Leicester vertrek ná die teleurstelling om nie die pos as Springbokafrigter te kry nie. SARU-president Oregan Hoskins het erken dat die aanstelling van Peter de Villiers in die pos uit politieke oorwegings gemaak is. Saam met Meyer het sy protégé en wedstrydwenner, Derick Hougaard, ook na Leicester vertrek. Die inspirerende kaptein Victor Matfield het vir geld en ’n verandering van omgewing sy rugby in Toulon,
194
Frankryk gaan speel. Op nasionale vlak was 2008 Peter de Villiers se eerste seisoen as afrigter. Die Springbokke het twee van hul ses Drienasieswedstryde gewen, Engeland 42–3 op Twickenham geklop (die sesde opeenvolgende keer) en drie keer teen Wallis gewen. Argentinië en Italië (tuis) en Skotland is ook geklop. Dit was ’n redelike jaar, maar daar was nie gereelde oorwinnings teen die topspanne nie.
2009: Die Springbokke en die Bulls se jaar Matfield was terug by die Bulls vir die 2009-seisoen. Hy het gesê dat hy groot simpatie vir Frans Ludeke se probleme die vorige seisoen gehad het, en daarop gewys
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 194
2352011 5:25 PM
dat Ludeke eers in Desember 2007 as Meyer se opvolger aangewys is. “Om in Desember met die werk te begin, beteken dat jy twee maande agter is. Dinge sal baie beter gaan as hy eers sy voete gevind het. Ek sien daarna uit om hom my volle steun te gee.” Matfield was reg. Ludeke, wat net twee seisoene tevore as afrigter by die Leeus in die pad gesteek is, het die Blou Bulle gehelp en hulle het weer hul vorm herwin. In 2009 het hulle die Super 14- en die Curriebeker gewen. Meyer was ook terug, maar nou was hy Direkteur van Rugby en nie meer die hoofafrigter van die Bulls nie. Die Bulls was in drie eindstryde en het al drie gewen. Elke titel was in eie reg iets besonders. Waar die 2007-oorwinning oor die Sharks die eerste Super Rugbytitel vir ’n Suid-Afrikaanse span was, was die sukses in 2009 om twee redes spesiaal. Dit was die eerste dubbeldoor – die Super 14- én die Curriebeker is deur die span van Pretoria gewen. Die 61–17 oorwinning teen die Chiefs op Loftus was ook die grootste oorwinning in ’n eindstryd. In 2010 het die Bulls nog ’n eindstryd uniek gemaak deur die halfeindstryd en eindstryd na Orlando-stadion te verskuif. Dit was die eerste keer dat ’n verteenwoordigende rugbywedstryd waaraan soveel prestige gekoppel is, in Soweto gespeel is. Die Bulls het die derde van drie eindstryde gewen – en wat meer is, al drie titels is op verskillende speelvelde verwerf. Die Crusaders was elke keer die span wat hulle in die halfeindronde moes klop. As mens in gedagte hou dat die “Saders” al sewe titels agter hul naam gehad het, maak dit die Bulls se prestasie nóg indrukwekkender. Die Crusaders se eerste nederlaag in nege halfeindstryde was in 2007 op Loftus. Hulle het die volgende halfeindronde gewen en ook die 2008-titel. In 2009 het hulle vir die tweede keer ’n halfeindstryd in hul rekord van elf halfeindwedstryde verloor, en weer teen die Bulls. In 2010 het die Bulls dit behoorlik ingevryf om dit drie nederlae uit twaalf halfeindstryde vir die Crusaders te maak! As individue was die Bulls se voorspelers heeltemal goed, maar as ’n span was hulle in die eerste helfte nie te waffers nie. Na 24 minute van die halfeindstryd op Loftus
Fourie du Preez – brilliant on the break and an outstanding tactical player.
in 2009 moes hulle van ’n agterstand van 20–7 terugveg. Daar was te veel foute op die verdediging, op die aanval en ook in die lynstane waar die Bulls van hul eie ingooie aan ’n baie mededingende Crusadersspan moes afstaan. Na rustyd was dit ’n ander Bulls-span. Hul momentum, gepaard met ’n Crusaderspak wat moeg was, het die besit en die geluk dramaties in die Bulls se guns laat draai. Die Bulls se losskakel, Morné Steyn, het ’n rekord vier skepskoppe oorgeskop en nege ander punte verdien om sy span vanaf ’n agterstand na ’n welverdiende oorwinning van 36–23 te neem. Die Chiefs sou Loftus toe moes kom vir die eindstryd. Morné Steyn was die bloue Loftus se held. Uit tien pogings pale toe het hy net een ontsaglike
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 195
195
2352011 5:25 PM
Die kaptein, wat een van die Bulls se agt drieë gedruk het, het gesê dat kontinuïteit die sleutel tot sukses was. “Ek dink dis net goed dat ons regdeur die jaar dieselfde planne het. Dis een ding waarin ons glo by die Bulls. Ons doen dieselfde goed; ons probeer net om dit elke week beter te doen. Gelukkig het die bal vir ons reggespring en ons is baie gelukkig met die uitslag.” Steyn het weer ’n uitmuntende wedstryd met sy skopskoen gehad. Hy het ses doelskoppe oorgeskop (en net twee misgeskop), asook twee strafdoele en ’n skepskop om met ’n verdere 20 punte sy glorieryke Super Rugbyseisoen af te sluit. Sy 191 punte het uit ’n drie, 33 doelskoppe, 29 strafskoppe en ’n rekord elf skepskoppe bestaan.
Schalk Burger.
lang (vyfde) skepskop verbrou, en een skop uit tien, wat die regoppaal getref het. Die Bulls was reg vir die eindstryd teen ’n span wat hulle ’n maand tevore op Loftus geklop het. Toe was die telling 33–27 na ’n taai wedstryd; hierdie keer was dit ’n vloedgolf! Die Bulls het ’n rekord oorwinning behaal op ’n aand wat Victor Matfield as “die beste aand van my lewe” beskryf het. Dit was die Bulls se eerste tuiseindstryd en Matfield het die aanwesiges vir hul ondersteuning bedank. Die mense het onmiddellik na die halfeindstryd se oorwinning vir kaartjies begin toustaan. Met sy aankoms Maandagoggend het Matfield almal sien toustaan. “Ons kon amper nie by die oefening uitkom nie,” het hy gesê.
196
Steyn sink die Leeus Dit sou ’n nog groter jaar vir die Bulls-losskakel word. Hy het sy eerste toetswedstryd in 2009 gespeel ondanks die afrigter, Peter de Villiers, wat nie oortuig was dat hy die eerste keuse op losskakel moes wees nie. Morné Steyn het egter sy kans op nasionale vlak goed benut. Hy het as plaasvervanger met ’n briljante poging die wendrie van die Britse en Ierse Leeus in die eerste toets in Durban verhoed. Tydens die tweede toets in Pretoria het hy na die toeter reeds geblaas het, met ’n 55 meter-strafskop geslaag om die reeks te beklink. Hy was weer op die veld as ’n plaasvervanger. Daarna het Steyn sy aansienlike bydrae in die Drienasiestriomf gemaak én die Blou Bulle gehelp om die Curriebeker te wen. Hy het in die halfeindronde teen WP op Nuweland met ’n ongelooflike skop onder geweldige druk geslaag, om die wedstryd 21–19 te beklink. Die tyd was reeds verby en Steyn het ’n lang skuinsskop oorgeklits sodat die Blou Bulle teen die Vrystaat in die eindstryd op Loftus kon speel. Dankie tog vir Morné Steyn! In die reeksoorwinning van 2–1 oor die Britse en Ierse Leeus was dit hy wat op die ou einde die verskil gemaak het. De Villiers se swak gebruik van die plaasvervangersbank; sy keuse van ’n amperse tweede span Springbokke vir die derde toets; sy
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 196
2352011 5:25 PM
Orlando – Tutu gee applous Die Bulls se besluit om die halfeindronde en eindronde van die Super 14-kompetisie op die Orlando-stadion in Soweto te speel, was ’n klinkende sukses en ’n geleentheid vir nasiebou wat die gees en sukses van die 2010 FIFA-Wêreldbekertoernooi voortgesit het. Dit is deur baie meer as net die rugbymense geloof. Aartsbiskop (emeritus) Desmond Tutu, antiapartheidstryder en wenner van die Nobelprys vir Vrede, het gesê dit was “die belangrikste ontwikkeling in die sport sedert die Springbokke die Wêreldbeker in 1995 gewen het”. “Dit is een van daardie spesiale Suid-Afrikaanse oomblikke wat bewys ons is beter daaraan toe omdat ons mekaar het, en ondanks die uitdagings wat ons in die gesig staar, is ons gemeenskap op die regte pad,” het Tutu gesê.
ondeurdagte en dikwels taktlose opmerkings na toetswedstryde; sy soms onmanierlikheid tydens mediavergaderings; en die feit dat die Leeus hier aangekom het sonder ’n paar van hul sterspelers, wat voor hul vertrek beseer is, het alles meegewerk om dit ’n baie interessante toer te maak. Die Springbokke het die eerste twee toetse net-net 26–21 en 28–25 gewen. Die oorwinnings is grootliks deur drie kritieke foute van die Leeus se spelers aangehelp. In die eerste toets het Ugo Monye twee keer met die bal onder sy binne-arm, wat ’n afstamp moeilik maak, doellyn toe gehardloop. Dit het Steyn se wen-laagvat op die groot vleuel in die eerste toets in Durban soveel makliker gemaak. Toe volg onverstaanbare foute van die gesoute Leeus-losskakel Ronan O’Gara in die tweede toets. Eerstens het hy ’n bal nie uitgeskop nie. Daarna volg ’n onwettige duikslag op Jaque Fourie, reg voor die skeidsregter, en die toeter blaas vir die einde van die wedstryd. Van binne sy eie halfgebied het Steyn, Suid-Afrika se nuwe held, die bal oorgeskop. Maar die belangrikste fout – en dit het waarskynlik
die uitslag van die reeks bepaal – het van die Leeus se bestuur gekom. Hulle het in die eerste toets ’n vaste vyf gekies wat nie die nodige krag gehad het nie, en hulle is in die skrums oorheers. Die Leeus het verwag dat die skrums Suid-Afrika se swak punt sou wees en het daarop staat gemaak dat hulle die Bokke sou kon domineer. Dit is ironies dat die twee Springbokhelde van die reeks, Morné Steyn en die Cheetahs-flank, Heinrich Brüssow, nooit De Villiers se eerste keuses was nie. Nietemin, die Leeus se toer was weer ’n grootse ondervinding. Hierdie keer was daar die bonus om die Springbokke se 1997-reeksnederlaag, toe hulle nege drieë teenoor drie aangeteken en steeds verloor het, te wreek. In die reeks was die rolle omgekeer, met die Leeus wat weens Steyn tweede gekom het. Die toeskouergetalle was nie so goed as wat verwag is nie en die rede kan moontlik net te veel rugby wees. Dan het die Leeus, met die uitsondering van die Ierse senter, Brian O’Driscoll, ook nie regtig wêreldklassterre gehad nie. Hul toergroep het as gevolg van beserings heelwat van die groep verskil wat deur die afrigter Ian McGeechan geïdentifiseer is. Weens die verskillende tuisunies se selfsugtige belange het McGeechan onvoldoende tyd gehad om spelers van vier verskillende lande in ’n hegte eenheid saam te voeg. Wat wel baie lekker was, was om ’n ware toer te hê, al was dit dan die kortste in die Leeus se geskiedenis. Benewens die toetse was daar wedstryde teen provinsiale en gekombineerde spanne. Die Britse en Ierse spanbestuur moet ’n pluimpie ontvang omdat hulle toegelaat het dat die spelers en ondersteuners van die twee spanne met mekaar kon meng. Die nare werklikheid is egter dat daar met die groei van professionalisme gaandeweg minder plek vir ’n gekombineerde span uit vier unies sal wees. Die kanse op die sukses van so ’n span word minder. Met net ’n maand se voorbereiding met spelers van vier rugbykulture, benaderings en spelpatrone, word dit bykans ’n onbegonne taak om sukses te behaal.
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 197
197
2352011 5:25 PM
Die indrukwekkende 2009 Drienasiestitel Die eerste van Suid-Afrika se doelwitte vir 2009 is bereik. Die Super 14-oorwinning in 2009 was natuurlik net ’n deel van ’n uiters suksesvolle seisoen vir die Springbokke in die Bulls-span. Baie van hulle het voorts ’n belangrike rol in die reeksoorwinning teen die Leeus gespeel, en van die Blou Bulle se jong klomp het in die suksesvolle Curriebekerkompetisie se glorie gedeel terwyl die sterre nie beskikbaar was nie. Daar was ook ’n klompie Bulls wat saamgetoer het toe die twee groepe vir die Springboktoere na die VK, Ierland en Europa aangekondig is. Matfield en sy Springbokspanmaats het reeds twee van die grootste oorwinnings op hul kerfstok gehad. Die 2009-Drienasiesreeks was die volgende groot uitdaging. Dit was sonder twyfel die indrukwekkendste van Suid-Afrika se drie Drienasiestitels. Hulle het agt punte voor Nieu-Seeland in die tweede plek geëindig, met vyf oorwinnings en net een nederlaag van 21–6 in daardie stad waar die Springbokke nooit kon wen nie – Brisbane! Die beslissende wedstryde vir die titel was met die tuiswedstryde. Hulle het 28–19 teen NieuSeeland in Bloemfontein en 31–19 in Durban gewen, en ook die Wallabies 29–17 in Kaapstad geklop. Dit was die Springbokke se fisiese benadering wat hulle die vroeë voordeel gegee het. Die Springbokke, wat reeds as die wêreld se taaiste span beskou is, het met daardie twee oorwinnings hul reputasie gestand gedoen. Steyn het al 31 van sy span se punte in die oorwinning van 31–19 oor die All Blacks in Durban aangeteken en sodoende ’n string rekords daargestel. Daar is net twee drieë in die wedstryd aangeteken, een deur elke span, en Steyn het ’n doelskop en agt strafdoele by sy drie gevoeg. Victor Matfield was weer onverbeterlik in die lynstane; en Fourie du Preez en Morné Steyn het die Durbanse taktiese skopstryd beheer van agter die platform wat deur die voorspelers voorsien is. ’n Tikkie vermakerigheid kan sekerlik vir De Villiers en sy span vergewe word na hulle die Wallabies 32–24 in Perth met ’n skitterende vertoning van hardlooprugby geklop het. Daar was baie kritiek – waarskynlik
198
voortspruitend uit die nederlae in Australasië – dat die Springbokke eendimensioneel is en net op hul teenstanders se foute teer. Die Springbokke het teen die einde van die wedstryd so effens begin slaplê, wat die Aussies beter laat vertoon het as wat hulle verdien het. Met net twaalf minute van die wedstryd oor was die Wallabies 32–13 agter. Na die vier oorwinnings en een nederlaag was die wedstryd wat regtig saak gemaak het, die een teen die All Blacks op Waikato Park. Die Springbokke was onkeerbaar en het ’n voorsprong van 22–6 met drieë deur Fourie du Preez en Jean de Villiers opgebou. Toe het hulle vasgebyt in een van die klassieke wedstryde tussen die twee reuse in wêreldrugby. Die eindtelling was 32–29. Om sout in die All Blacks se wonde te vryf, was dit die eerste keer sedert 1949 dat Suid-Afrika drie toetse na mekaar teen die Kiwi’s gewen het. Ja nee, 2009 was ’n groot rugbyjaar … en selfs die teleurstellende jaareindtoere na die VK en Europa kon nie die glans laat verdwyn nie. Die Springbokke is dan ook as die IRR se Span van die Jaar aangewys en Peter de Villiers as die Afrigter van die Jaar. Juis daarom is die afname van die Springbokke se standaard en vertonings in 2010 so onverstaanbaar en onaanvaarbaar.
2010: Bulls blink, maar Springbokke struikel As 2009 ’n goeie jaar vir Morné Steyn was, was 2010 selfs beter. Steyn het sy Super 14-vertoning voortgesit en in 2010 Dan Carter se rekord van 221punte na 263 punte verbeter. Hierdie keer is sy rekord in ’n Super 14-seisoen saamgestel uit vyf drieë en net drie skepskoppe, 38 doelskoppe en 51 strafdoele. Die afrigter, De Villiers, het ook tot insig gekom en Steyn het die eerstekeuse-losskakel in die toetsspan geword. Die wedstryd was taai, maar miskien makliker as wat mens uit die finale telling sou kon aflei. Die Bulls het die eerste twintig minute totaal oorheers en toe eintlik al die wedstryd gewen. Só deeglik het die Bulls op die Stormers se kop gesit, dat as daar ’n gekombineerde span uit die spelers gekies sou word, geen Stormers-voorspeler op grond van sy prestasie in
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 198
2352011 5:25 PM
die wedstryd waarskynlik ’n plek sou kry nie. Die Bulls se vaste vyf het beklemtoon dat die Stormers se vaste vyf, ondanks die verbetering, nog ’n lang pad gehad het om te loop. Dit het vir hul skrumwerk in die besonder gegeld, waar hulle nie die Bulls se druk kon hanteer nie. Dan het hulle ook die voorliefde gehad om by die agterlyn in te val, en net twee of drie Stormers te los om teenstand in die losskrums en losgemale te bied. Dit was ’n wedstryd waarin die Bulls se skakelpaar, Morné Steyn en Fourie du Preez, hul hoë skoppe akkuraat uitgevoer het. Hulle het só die gevaar van die Stormers se oop spelpatroon met hul taktiese skoppe en gebiedsvoordeel in die kiem gesmoor. Die Bulls het slegs die derde span geword wat die titel twee jaar na mekaar kon wen. Die Blues het dit in die eerste twee jaar van die kompetisie reggekry, en die Crusaders het twee keer daarin geslaag, insluitend ’n driekuns! Saam met Reuben Thorne en Richie McCaw van die Crusaders was Matfield dus kaptein van ’n span wat drie Super 14-titels gewen het. Dit was die Bulls se derde titel in vier jaar. Dit was ook hul twintigste opeenvolgende oorwinning tuis. Orlando-stadion het ongetwyfeld ’n tuiste vir die Bulls en hul ondersteuners geword. Die wyse waarop die skeidsregter, Craig Joubert, na die wedstryd deur die Stormers se kaptein Schalk Burger en die afrigter Allister Coetzee gekritiseer is, het die wenkbroue laat lig. Daar is wyd bespiegel of daar stappe teen hulle geneem sou word. “Ons het gedink ons sal die vinnige bal kry, en ons het geweet Craig was die soort skeidsregter wat verdedigende spanne swaar straf. Maar soos Schalk gesê het, hy het die een span gestraf en die ander een afgerig,” het Coetzee bygevoeg. Dit was ’n ernstige aantyging, maar die saak is nie na SANZAR verwys nie. Die baas van SuidAfrika se skeidsregters, André Watson, het dit egter belangrik genoeg geag om ’n verklaring uit te reik dat daar geen “afrigting” by die afbreekpunte was, soos Burger en Coetzee beweer het nie. “… Ek is deur elke raampie van die wedstryd – ons het die tegnologie om dit te kan doen … Daar was 167 losskrums in die wedstryd. Die Stormers het die bal 85 keer
gekry en die Bulls by 82 geleenthede. Craig [Joubert] het 25 keer met die Stormers en 28 keer met die Bulls by die afbreekpunte gepraat.” “Nie ’n enkele keer het hy ’n waarskuwing herhaal nie. Hy het deurgaans beide spanne net een keer, waar nodig, gewaarsku en hulle gestraf as hulle aangehou het.” Die Bulls het so swak weggespring dat hulle teen die halfpadmerk van die nuwe Super Rugbyreeks net drie uit agt wedstryde gewen het en slegs ’n uiters skrale kans gehad het om die uitspeelrondes te haal. Die Stormers, daarenteen, was kookwater – en die hoop was daar dat die Super Rugbytitel in Suid-Afrika kon bly.
Die Super 15-besluit Die Blou Bulle het weliswaar nie hul oorheersing in die Curriebekerkompetisie in 2009 voortgesit nie, maar was baie tevrede dat hulle twee opeenvolgende Super 14-titels verower het. Voor 2007, toe die Bulls die Sharks met Habana se hartseer-drie geklop het, kon Suid-Afrika nie ’n Super Rugbytitel wen nie en dus is 2009 en 2010 se dubbeldoor werklik iets om oor opgewonde te raak. Met hul drie Super 14-titels in vier jaar het hulle ook die permanente houers van die Super 14-trofee geword, want die nuwe Super 15 (wat as die Super Rugbykompetisie bemark word) het sy eie nuwe trofee. Dié kompetisie het in 2011 begin. Brian van Rooyen se nalatenskap as SARU-president het die netelige kwessie ingesluit dat hy die Southern Kings insluiting in die Super Rugbyreeks belowe het. Dit het die Suid-Afrikaanse administrateurs geen keuse gelaat as om Nieu-Seeland en Australië se voorstel vir uitbreiding te steun nie. SARU het gehoop dit sou ’n ekstra span vir Suid-Afrika beteken. Pleks daarvan het hulle nou die kopseer van ’n hofbeslissing en ’n belofte aan die Kings dat die span van die Ooskus teen 2013 toegelaat sal word. Tensy die kompetisie verder na ’n Super 16 uitgebrei word, sal die swakste geplaaste Suid-Afrikaanse span sy plek in die reeks moet prysgee, of hulle nou sterker as die Southern Kings is of nie!
Die SANZAR-ontnugtering
150 Jaar Book.indd 199
199
2352011 5:25 PM
200
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 200
2352011 5:25 PM
Statistics
Test Matches By Decade Decade Played Won Lost Drawn Win% 1891–1900 7 1 6 0 14.3% 1901–1910 10 5 2 3 50.0% 1911–1920 5 5 0 0 100.0% 1921–1930 11 6 3 2 54.5% 1931–1940 17 13 4 0 76.5% 1941–1950 4 4 0 0 100.0% 1951–1960 28 18 8 2 64.3% 1961–1970 46 26 14 6 56.5% 1971–1980 28 20 6 2 71.4% 1981–1990 18 14 4 0 77.8% 1991–2000 94 60 32 2 63.8% 2001–2010 127 78 47 2 61.4% 395 250 120 19
Prog. Win % 14.3% 35.3% 50.0% 51.5% 60.0% 63.0% 63.4% 60.9% 62.8% 64.4% 64.2% 63.3%
Caption to picture to go here.
Statistics
150 Jaar Book.indd 201
201
2352011 5:25 PM
South Africa Test Results Summary – 1891 to 2010 Conversions
Tries
Conversions
544
272
70
52
29
1
26
20
33
1
58%
1347
1239
164
94
148
17
128
81
152
12
British Isles
46
23
17
6
50%
600
516
95
48
52
7
68
30
59
14
Canada
2
2
0
0
100%
71
18
10
6
3
0
2
1
2
0
England
32
19
12
1
59%
661
491
61
44
84
12
34
22
89
7
Drop goal
Tries
100%
1
Penalties
% Won
0
29
Drop goal
Drawn
0
41
Penalties
Won 13
71
Points for
Played 13
Australia
Lost
Opponents
Points against
OPPONENTS
Argentina
Fiji
2
2
0
0
100%
80
38
10
6
6
0
4
3
4
0
France
38
21
11
6
55%
764
568
88
59
89
7
50
27
80
19
Georgia
1
1
0
0
100%
46
19
7
4
1
0
1
1
4
0
Ireland
20
15
4
1
75%
401
236
59
31
30
5
24
14
32
3
Italy
10
10
0
0
100%
533
129
74
59
15
0
11
7
19
1
Namibia
1
1
0
0
100%
105
13
15
12
2
0
1
1
2
0
New Zealand
81
33
45
3
41%
1261
1514
124
81
161
27
155
92
195
19
NZ Cavaliers
4
3
1
0
75%
96
62
7
7
15
3
5
3
11
1
Pacific Islands
1
1
0
0
100%
38
24
4
3
4
0
4
2
0
0
Romania
1
1
0
0
100%
21
8
2
1
3
0
1
0
1
0
Scotland
21
16
5
0
76%
518
237
66
44
43
5
24
17
30
3
South America
6
5
1
0
83%
156
86
22
16
6
6
7
5
13
3
S America & Spain
2
2
0
0
100%
54
28
9
3
4
0
3
2
4
0
Spain
1
1
0
0
100%
47
3
7
6
0
0
0
0
1
0
Tonga
2
2
0
0
100%
104
35
16
9
2
0
4
3
3
0
USA
3
3
0
0
100%
145
42
23
16
2
0
4
1
6
1
Uruguay
3
3
0
0
100%
245
12
38
23
3
0
0
0
4
0
Wales
25
23
1
1
92%
698
351
87
56
55
2
31
17
54
2
W Samoa/Samoa
6
6
0
0
100%
316
65
44
30
11
1
9
4
4
0
World Teams
202
SOUTH AFRICA
3
3
0
0
100%
87
59
11
5
10
1
9
7
3
0
395
250
126
19
63.3%
8938
6065
1113
715
778
94
605
360
805
86
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 202
2352011 5:25 PM
South Africa’s Seasonal Test Record Year Played Won Drawn Lost Points for Points against 1891 3 0 0 3 0 11 1896 4 1 0 3 16 34 1903 3 1 2 0 18 10 1906 4 2 1 1 29 21 1910 3 2 0 1 38 23 1912–13 5 5 0 0 104 8 1921 3 1 1 1 14 18 1924 4 3 1 0 43 15 1928 4 2 0 2 39 26 1931–32 4 4 0 0 29 9 1933 5 3 0 2 50 42 1937 5 4 0 1 72 47 1938 3 2 0 1 61 36 1949 4 4 0 0 47 28 1951–52 5 5 0 0 100 14 1953 4 3 0 1 79 38 1955 4 2 0 2 75 49 1956 6 3 0 3 47 41 1958 2 0 1 1 8 12 1960–61 10 7 2 1 81 43 1961 3 3 0 0 75 22 1962 4 3 1 0 48 20 1963 4 2 0 2 50 29 1964 2 1 0 1 30 11 1965 8 1 0 7 55 102 1967 4 2 1 1 62 31 1968 6 5 1 0 89 58 1969–70 8 4 2 2 101 62 1970 4 3 0 1 59 35 1971 5 4 1 0 81 40 1972 1 0 0 1 9 18 1974 6 2 1 3 57 91 1975 2 2 0 0 71 43 1976 4 3 0 1 55 46 1977 1 1 0 0 45 24 1980 9 8 0 1 208 130 1981 6 4 0 2 128 83 1982 2 1 0 1 62 39 1984 4 4 0 0 122 52 1986 4 3 0 1 96 62 1989 2 2 0 0 42 35 1992 5 1 0 4 79 130 1993 7 3 1 3 169 146 1994 9 5 1 3 225 164 1995 10 10 0 0 308 121 1996 13 8 0 5 352 260 1997 13 8 0 5 535 307 1998 12 11 0 1 361 136 1999 13 8 0 5 447 236 2000 12 6 0 6 301 301 2001 11 5 1 5 271 223 2002 11 5 0 6 284 318 2003 12 7 0 5 338 280 2004 13 9 0 4 408 276 2005 12 8 1 3 416 243 2006 12 5 0 7 258 321 2007 17 14 0 3 658 257 2008 13 9 0 4 360 195 2009 12 8 0 4 276 249 2010 14 8 0 6 397 344 Totals 395 250 19 126 8938 6065
% Won Season Overall Total wins Total matches 0.00 0.00 0 3 25.00 14.29 1 7 33.33 20.00 2 10 50.00 28.57 4 14 66.67 35.29 6 17 100.00 50.00 11 22 33.33 48.00 12 25 75.00 51.72 15 29 50.00 51.52 17 33 100.00 56.76 21 37 60.00 57.14 24 42 80.00 59.57 28 47 66.67 60.00 30 50 100.00 62.96 34 54 100.00 66.10 39 59 75.00 66.67 42 63 50.00 65.67 44 67 50.00 64.38 47 73 0.00 62.67 47 75 70.00 63.53 54 85 100.00 64.77 57 88 75.00 65.22 60 92 50.00 64.58 62 96 50.00 64.29 63 98 12.50 60.38 64 106 50.00 60.00 66 110 83.33 61.21 71 116 50.00 60.48 75 124 75.00 60.94 78 128 80.00 61.65 82 133 0.00 61.19 82 134 33.33 60.00 84 140 100.00 60.56 86 142 75.00 60.96 89 146 100.00 61.22 90 147 88.89 62.82 98 156 66.67 62.96 102 162 50.00 62.80 103 164 100.00 63.69 107 168 75.00 63.95 110 172 100.00 64.37 112 174 20.00 63.13 113 179 42.86 62.37 116 186 55.56 62.05 121 195 100.00 63.90 131 205 61.54 63.76 139 218 61.54 63.64 147 231 91.67 65.02 158 243 61.54 64.84 166 256 50.00 64.18 172 268 45.45 63.44 177 279 45.45 62.76 182 290 58.33 62.58 189 302 69.23 62.86 198 315 66.67 63.00 206 327 41.67 62.24 211 339 82.35 63.20 225 356 69.23 63.41 234 369 66.67 63.51 242 381 57.14 63.29 250 395 Statistics
150 Jaar Book.indd 203
203
2352011 5:25 PM
SOUTH AFRICA’S TEST RESULTS BY OPPONENT
ARGENTINA Played 13 Won 13 Lost 0 Drawn 0 PF 544 PA 272 Year Winner 1993 South Africa 1993 South Africa 1994 South Africa 1994 South Africa 1996 South Africa 1996 South Africa 2000 South Africa 2002 South Africa 2003 South Africa 2004 South Africa 2005 South Africa 2007 South Africa 2008 South Africa
Score 29–26 52–23 42–22 46–26 46–15 44–21 37–33 49–29 26–25 39–7 34–23 37–13 63-9
Venue Buenos Aires Buenos Aires Port Elizabeth Johannesburg Buenos Aires Buenos Aires Buenos Aires Springs Port Elizabeth Buenos Aires Buenos Aires Paris Johannesburg
AUSTRALIA Played 71 Won 41 Lost 29 Drawn 1 PF 1347 PA 1239 Year Winner 1933 South Africa 1933 Australia 1933 South Africa 1933 South Africa 1933 Australia 1937 South Africa 1937 South Africa 1953 South Africa 1953 Australia 1953 South Africa 1953 South Africa 1956 South Africa 1956 South Africa 1961 South Africa 1961 South Africa 1963 South Africa 1963 Australia 1963 Australia 1963 South Africa 1965 Australia 1965 Australia 1969 South Africa 1969 South Africa 1969 South Africa 1969 South Africa 1971 South Africa
204
Score 17–3 6–21 12–3 11–0 4–15 9–5 26–17 25–3 14–18 18–8 22–9 9–0 9–0 28–3 23–11 14–3 5–9 9–11 22–6 11–18 8–12 30–11 16–9 11–3 19–8 19–11
Venue Cape Town Durban Johannesburg Port Elizabeth Bloemfontein Sydney Sydney Johannesburg Cape Town Durban Port Elizabeth Sydney Brisbane Johannesburg Port Elizabeth Pretoria Cape Town Johannesburg Port Elizabeth Sydney Brisbane Johannesburg Durban Cape Town Bloemfontein Sydney
1971 South Africa 1971 South Africa 1992 Australia 1993 South Africa 1993 Australia 1993 Australia 1995 South Africa 1996 Australia 1996 South Africa 1997 Australia 1997 South Africa 1998 South Africa 1998 South Africa 1999 Australia 1999 South Africa 1999 Australia 2000 Australia 2000 Australia 2000 Australia 2001 South Africa 2001 Drawn 2002 Australia 2002 South Africa 2003 South Africa 2003 Australia 2004 Australia 2004 South Africa 2005 Australia 2005 South Africa 2005 South Africa 2005 South Africa 2006 Australia 2006 Australia 2006 South Africa 2007 South Africa 2007 Australia 2008 Australia 2008 Australia 2008 South Africa 2009 South Africa 2009 South Africa 2009 Australia 2010 Australia 2010 South Africa 2010 Australia
14–6 Brisbane 18–6 Sydney 3–26 Cape Town 19–12 Sydney 20–28 Brisbane 12–19 Sydney 27–18 Cape Town 16–21 Sydney 25–19 Bloemfontein 20–32 Brisbane 61–22 Pretoria 14–13 Perth 29–15 Johannesburg 6–32 Brisbane 10–9 Cape Town 21–27 London 23–44 Melbourne 6–26 Sydney 18–19 Durban 20–15 Pretoria 14–14 Perth 27–38 Brisbane 33–31 Johannesburg 26–22 Cape Town 9–29 Brisbane 26–30 Perth 23–19 Durban 12–30 Sydney 33–20 Johannesburg 22–16 Pretoria 22–19 Perth 0–49 Brisbane 18–20 Sydney 24–16 Johannesburg 22–19 Cape Town 17–25 Sydney 9–16 Perth 15–27 Durban 53–8 Johannesburg 29–17 Cape Town 32–25 Perth 6–21 Brisbane 13–30 Brisbane 44-31 Pretoria 39–41 Bloemfontein
15 0 Y E A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 204
2352011 5:25 PM
BRITISH ISLES
CANADA
Played 46 Won 23 Lost 17 Drawn 6 PF 600 PA 516
Played 2 Won 2 Lost 0 Drawn 0 PF 71 PA 18
Year Winner 1891 British Isles 1891 British Isles 1891 British Isles 1896 British Isles 1896 British Isles 1896 British Isles 1896 South Africa 1903 Drawn 1903 Drawn 1903 South Africa 1910 South Africa 1910 British Isles 1910 South Africa 1924 South Africa 1924 South Africa 1924 Drawn 1924 South Africa 1938 South Africa 1938 South Africa 1938 British Isles 1955 British Isles 1955 South Africa 1955 British Isles 1955 South Africa 1962 Drawn 1962 South Africa 1962 South Africa 1962 South Africa 1968 South Africa 1968 Drawn 1968 South Africa 1968 South Africa 1974 British Isles 1974 British Isles 1974 British Isles 1974 Drawn 1980 South Africa 1980 South Africa 1980 South Africa 1980 British Isles 1997 British Isles 1997 British Isles 1997 South Africa 2009 South Africa 2009 South Africa 2009 British Isles
Year Winner 1995 South Africa 2000 South Africa
Score Venue 0–4 Port Elizabeth 0–3 Kimberley 0–4 Cape Town 0–8 Port Elizabeth 8–17 Johannesburg 3–9 Kimberley 5–0 Cape Town 10–10 Johannesburg 0–0 Kimberley 8–0 Cape Town 14–10 Johannesburg 3–8 Port Elizabeth 21–5 Cape Town 7–3 Durban 17–0 Johannesburg 3–3 Port Elizabeth 16–9 Cape Town 26–12 Johannesburg 19–3 Port Elizabeth 16–21 Cape Town 22–23 Johannesburg 25–9 Cape Town 6–9 Pretoria 22–8 Port Elizabeth 3–3 Johannesburg 3–0 Durban 8–3 Cape Town 34–14 Bloemfontein 25–20 Pretoria 6–6 Port Elizabeth 11–6 Cape Town 19–6 Johannesburg 3–12 Cape Town 9–28 Pretoria 9–26 Port Elizabeth 13–13 Johannesburg 26–22 Cape Town 26–19 Bloemfontein 12–10 Port Elizabeth 13–17 Pretoria 16–25 Cape Town 15–18 Durban 35–16 Johannesburg 26–21 Durban 28–25 Pretoria 9–28 Johannesburg
Score Venue 20–0 Port Elizabeth 51–18 East London
ENGLAND Played 32 Won 19 Lost 12 Drawn 1 PF 661 PA 491 Year Winner 1906 Drawn 1913 South Africa 1932 South Africa 1952 South Africa 1961 South Africa 1969 England 1972 England 1984 South Africa 1984 South Africa 1992 England 1994 England 1994 South Africa 1995 South Africa 1997 South Africa 1998 South Africa 1998 England 1999 South Africa 2000 South Africa 2000 England 2000 England 2001 England 2002 England 2003 England 2004 England 2006 England 2006 South Africa 2007 South Africa 2007 South Africa 2007 South Africa 2007 South Africa 2008 South Africa 2010 South Africa
Score 3–3 9–3 7–0 8–3 5–0 8–11 9–18 33–15 35–9 16–33 15–32 27–9 24–14 29–11 18–0 7–13 44–21 18–13 22–27 17–25 9–29 3–53 6–25 16–32 21–23 25–14 58–10 55–22 36–0 15–6 42–6 21–11
Venue London London London London London London Johannesburg Port Elizabeth Johannesburg London Pretoria Cape Town London London Cape Town London Paris Pretoria Bloemfontein London London London Perth London London London Bloemfontein Pretoria Paris Paris London London
FIJI Played 2 Won 2 Lost 0 Drawn 0 PF 80 PA 38 Year Winner 1996 South Africa 2007 South Africa
Score Venue 43–18 Pretoria 37–20 Marseille
Statistics
150 Jaar Book.indd 205
205
2352011 5:25 PM
SOUTH AFRICA’S TEST RESULTS BY OPPONENT continued
FRANCE
IRELAND
Played 38 Won 21 Lost 11 Drawn 6 PF 764 PA 568
Played 20 Won 15 Lost 4 Drawn 1 PF 401 PA 236
Year Winner Score Venue 1913 South Africa 38–5 1952 South Africa 25–3 1958 Drawn 3 –3 1958 France 5–9 1961 Drawn 0–0 1964 France 6–8 1967 South Africa 26–3 1967 South Africa 16–3 1967 France 14–19 1967 Drawn 6–6 1968 South Africa 12–9 1968 South Africa 16–11 1971 South Africa 22–9 1971 Drawn 8–8 1974 South Africa 13–4 1974 South Africa 10–8 1975 South Africa 38–25 1975 South Africa 33–18 1980 South Africa 37–15 1992 South Africa 20–15 1992 France 16–29 1993 Drawn 20–20 1993 France 17–18 1995 South Africa 19–15 1996 South Africa 22–12 1996 South Africa 13–12 1997 South Africa 36–32 1997 South Africa 52–10 2001 France 23–32 2001 South Africa 20–15 2001 France 10–20 2002 France 10–30 2005 Drawn 30–30 2005 South Africa 27–13 2005 France 20–26 2006 France 26–36 2009 France 13–20 2010 South Africa 42–17
Year Winner 1906 South Africa 1912 South Africa 1931 South Africa 1951 South Africa 1960 South Africa 1961 Ireland 1965 Drawn 1970 South Africa 1981 South Africa 1981 South Africa 1998 South Africa 1998 South Africa 1998 South Africa 2000 South Africa 2004 South Africa 2004 South Africa 2004 Ireland 2006 Ireland 2009 Ireland 2010 South Africa
Score 15–12 38–0 8–3 17–5 8–3 24–8 6–9 8–8 23–15 12–10 37–13 33–0 27–13 28–18 31–17 26–17 12–17 15–32 10–15 23–21
Venue Belfast Dublin Dublin Dublin Dublin Cape Town Dublin Dublin Cape Town Durban Bloemfontein Pretoria Dublin Dublin Bloemfontein Cape Town Dublin Dublin Dublin Dublin
ITALY Played 10 Won 10 Lost 0 Drawn 0 PF 533 PA 129 Year Winner 1995 South Africa 1997 South Africa 1999 South Africa 1999 South Africa 2001 South Africa 2001 South Africa 2008 South Africa 2009 South Africa 2010 South Africa 2010 South Africa
Score 40–21 62–31 74–3 101–0 60–14 54–26 26–0 32–10 29–13 55–11
Venue Rome Bologna Port Elizabeth Durban Port Elizabeth Genoa Cape Town Udine Witbank East London
NAMIBIA
GEORGIA
Played 1 Won 1 Lost 0 Drawn 0 PF 105 PA 13
Played 1 Won 1 Lost 0 Drawn 0 PF 46 PA 19
Year Winner 2007 South Africa
Year Winner 2003 South Africa
206
Bordeaux Paris Cape Town Johannesburg Paris Springs Durban Bloemfontein Johannesburg Cape Town Bordeaux Paris Bloemfontein Durban Toulouse Paris Bloemfontein Pretoria Pretoria Lyon Paris Durban Johannesburg Durban Bordeaux Paris Lyon Paris Johannesburg Durban Paris Marseilles Durban Port Elizabeth Paris Cape Town Toulouse Cape Town
Score Venue 105–13 Cape Town
Score Venue 46–19 Sydney
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 206
2352011 5:25 PM
NEW ZEALAND Played 81 Won 33 Lost 45 Drawn 3 PF 1261 PA 1514 Year Winner 1921 New Zealand 1921 South Africa 1921 Drawn 1928 South Africa 1928 New Zealand 1928 South Africa 1928 New Zealand 1937 New Zealand 1937 South Africa 1937 South Africa 1949 South Africa 1949 South Africa 1949 South Africa 1949 South Africa 1956 New Zealand 1956 South Africa 1956 New Zealand 1956 New Zealand 1960 South Africa 1960 New Zealand 1960 Drawn 1960 South Africa 1965 New Zealand 1965 New Zealand 1965 South Africa 1965 New Zealand 1970 South Africa 1970 New Zealand 1970 South Africa 1970 South Africa 1976 South Africa 1976 New Zealand 1976 South Africa 1976 South Africa 1981 New Zealand 1981 South Africa 1981 New Zealand 1992 New Zealand 1994 New Zealand 1994 New Zealand 1994 Drawn 1995 South Africa 1996 New Zealand 1996 New Zealand 1996 New Zealand 1996 New Zealand 1996 South Africa 1997 New Zealand 1997 New Zealand
Score 5–13 9–5 0–0 17–0 6–7 11–6 5–13 7–13 13–6 17–6 15–11 12–6 9–3 11–8 6–10 8–3 10–17 5–11 13–0 3–11 11–11 8–3 3–6 0–13 19–16 3–20 17–6 8–9 14–3 20–17 16–7 9–15 15–10 15–14 9–14 24–12 22–25 24–27 14–22 9–13 18–18 15–12 11–15 18–29 19–23 26–33 32–22 32–35 35–55
Venue Dunedin Auckland Wellington Durban Johannesburg Port Elizabeth Cape Town Wellington Christchurch Auckland Cape Town Johannesburg Durban Port Elizabeth Dunedin Wellington Christchurch Auckland Johannesburg Cape Town Bloemfontein Port Elizabeth Wellington Dunedin Christchurch Auckland Pretoria Cape Town Port Elizabeth Johannesburg Durban Bloemfontein Cape Town Johannesburg Christchurch Wellington Auckland Johannesburg Dunedin Wellington Auckland Johannesburg Christchurch Cape Town Durban Pretoria Johannesburg Johannesburg Auckland
1998 1998 1999 1999 1999 2000 2000 2001 2001 2002 2002 2003 2003 2003 2004 2004 2005 2005 2006 2006 2006 2007 2007 2008 2008 2008 2009 2009 2009 2010 2010 2010
South Africa South Africa New Zealand New Zealand South Africa New Zealand South Africa New Zealand New Zealand New Zealand New Zealand New Zealand New Zealand New Zealand New Zealand South Africa South Africa New Zealand New Zealand New Zealand South Africa New Zealand New Zealand New Zealand South Africa New Zealand South Africa South Africa South Africa New Zealand New Zealand New Zealand
13–3 24–23 0–28 18–34 22–18 12–25 46–40 3–12 15–26 20–41 23–30 16–52 11–19 9–29 21–23 40–26 22–16 27–31 17–35 26–45 21–20 21–26 6–33 8–19 30–28 0–19 28–19 31–19 32–29 12–32 17–31 22–29
Wellington Durban Dunedin Pretoria Cardiff Christchurch Johannesburg Cape Town Auckland Wellington Durban Pretoria Dunedin Melbourne Christchurch Johannesburg Cape Town Dunedin Wellington Pretoria Rustenburg Durban Christchurch Wellington Dunedin Cape Town Bloemfontein Durban Hamilton Auckland Wellington Soweto
NEW ZEALAND CAVALIERS Played 4 Won 3 Lost 1 Drawn 0 PF 96 PA 62 Year Winner 1986 South Africa 1986 NZ Cavaliers 1986 South Africa 1986 South Africa
Score 21–15 18–19 33–18 24–10
Venue Cape Town Durban Pretoria Johannesburg
PACIFIC ISLANDS Played 1 Won 1 Lost 0 Drawn 0 PF 38 PA 24 Year Winner 2004 South Africa
Score Venue 38–24 Gosford
Statistics
150 Jaar Book.indd 207
207
2352011 5:25 PM
SOUTH AFRICA’S TEST RESULTS BY OPPONENT continued
ROMANIA
SOUTH AMERICA
Played 1 Won 1 Lost 0 Drawn 0 PF 21 PA 8
Played 8 Won 7 Lost 1 Drawn 0 PF 210 PA 114
Year Winner 1995 South Africa
Year Winner 1980 South Africa 1980 South Africa 1980 South Africa 1980 South Africa 1982 South Africa 1982 South America 1984 South Africa 1984 South Africa
Score Venue 21–8 Cape Town
SAMOA Played 6 Won 6 Lost 0 Drawn 0 PF 316 PA 65 Year Winner 1995 South Africa 1995 South Africa 2002 South Africa 2003 South Africa 2007 South Africa 2007 South Africa
Score 60–8 42–14 60–18 60–10 35–8 59–7
Venue Johannesburg Johannesburg Pretoria Brisbane Johannesburg Paris
Played 21 Won 16 Lost 5 Drawn 0 PF 518 PA 237 Year Winner 1906 Scotland 1912 South Africa 1932 South Africa 1951 South Africa 1960 South Africa 1961 South Africa 1965 Scotland 1969 Scotland 1994 South Africa 1997 South Africa 1998 South Africa 1999 South Africa 2002 Scotland 2003 South Africa 2003 South Africa 2004 South Africa 2006 South Africa 2006 South Africa 2007 South Africa 2008 South Africa 2010 Scotland
208
Score 0–6 16–0 6–3 44–0 18–10 12–5 5–8 3–6 34–10 68–10 35–10 46–29 6–21 29–25 28–19 45–10 36–16 29–15 27–3 14–10 17–21
Venue Glasgow Edinburgh Edinburgh Edinburgh Port Elizabeth Edinburgh Edinburgh Edinburgh Edinburgh Edinburgh Edinburgh Edinburgh Edinburgh Durban Johannesburg Edinburgh Durban Port Elizabeth Edinburgh Edinburgh Edinburgh
Venue Johannesburg Durban Montevideo Santiago Pretoria Bloemfontein Pretoria Cape Town
SPAIN Played 1 Won 1 Lost 0 Drawn 0 PF 47 PA 3 Year Winner 1999 South Africa
SCOTLAND
Score 24–9 18–9 22–13 30–16 50–18 12–21 32–15 22–13
Score Venue 47–3 Edinburgh
TONGA Played 2 Won 2 Lost 0 Drawn 0 PF 104 PA 35 Year Winner 1997 South Africa 2007 South Africa
Score Venue 74–10 Cape Town 30–25 Lens
UNITED STATES OF AMERICA Played 3–Won 3–Lost 0–Drawn 0–PF 145–PA 42 Year Winner 1981 South Africa 2001 South Africa 2007 South Africa
Score 38–7 43–20 64–15
Venue Glenville Houston Montpellier
URUGUAY Played 3 Won 3 Lost 0 Drawn 0 PF 245 PA 12 Year Winner 1999 South Africa 2003 South Africa 2005 South Africa
Score 39–3 72–6 134–3
Venue Glasgow Perth East London
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 208
2352011 5:25 PM
WALES Played 25 Won 23 Lost 1 Drawn 1 PF 698 PA 351 Year Winner 1906 South Africa 1912 South Africa 1931 South Africa 1951 South Africa 1960 South Africa 1964 South Africa 1970 Drawn 1994 South Africa 1995 South Africa 1996 South Africa 1998 South Africa 1998 South Africa 1999 Wales 2000 South Africa 2002 South Africa 2002 South Africa 2004 South Africa 2004 South Africa 2005 South Africa 2007 South Africa 2008 South Africa 2008 South Africa 2008 South Africa 2010 South Africa 2010 South Africa
Score 11–0 3–0 8–3 6–3 3–0 24–3 6–6 20–12 40–11 37–20 96–13 28–20 19–29 23–13 34–19 19–8 53–18 38–36 33–16 34–12 43–17 37–21 20–15 34–31 29–25
Venue Swansea Cardiff Swansea Cardiff Cardiff Durban Cardiff Cardiff Johannesburg Cardiff Pretoria London Cardiff Cardiff Bloemfontein Cape Town Pretoria Cardiff Cardiff Cardiff Bloemfontein Pretoria Cardiff Cardiff Cardiff
WORLD TEAMS Played 3 Won 3 Lost 0 Drawn 0 PF 87 PA 59 Year Winner 1977 South Africa 1989 South Africa 1989 South Africa
Score 45–24 20–19 22–16
Venue Pretoria Cape Town Johannesburg
Statistics
150 Jaar Book.indd 209
209
2352011 5:25 PM
INTERNATIONAL TOURS TO SOUTH AFRICA 1891–2010 (exclude tours where only test matches were played)
Tour Total Points Points Tries Tries Year Tour Captain matches Tests matches Won Lost Drawn for against for against 1891 British Isles WE Maclagan (Scotland) 16 3 19 19 0 0 224 1 89 1 1896 British Isles JF Hammond (Cambridge University) 17 4 21 19 1 1 310 45 64 10 1903 British Isles MC Morrison (Scotland) 19 3 22 11 8 3 231 138 49 29 1910 British Isles T Smyth (Ireland) 21 3 24 13 8 3 290 236 68 54 1924 British Isles R Cove-Smith (England) 17 4 21 9 9 3 175 155 45 26 1928 New Zealand MJ Brownlie (Hawke’s Bay) 18 4 22 16 5 1 339 144 70 23 1933 Australia AW Ross (New South Wales) 18 5 23 12 10 1 299 195 67 29 1938 British Isles S Walker (Ireland) 20 3 23 17 6 0 407 272 79 43 1949 New Zealand FR Allen (Auckland) 20 4 24 14 7 3 230 146 43 8 1953 Australia HJ Solomon (New South Wales) 23 4 27 16 10 1 450 413 92 68 1955 British Isles RH Thompson (Ireland) 20 4 24 18 5 1 418 271 94 39 1958 France M Celaya (Biarritz) 8 2 10 5 3 2 137 124 26 17 1960 Scotland GH Waddell (Cambridge University) 2 1 3 2 1 0 61 45 13 9 1960 New Zealand WJ Whineray (Auckland) 22 4 26 20 4 2 441 164 75 23 1961 Ireland AR Dawson (Wanderers) 3 1 4 3 1 0 59 36 8 6 1961 Australia KW Catchpole (New South Wales) 4 2 6 3 2 1 90 80 15 16 1962 British Isles AR Smith (Scotland) 20 4 24 15 5 4 351 208 62 37 1963 Australia JE Thornett (New South Wales) 20 4 24 15 8 1 303 233 46 28 1964 Wales DCT Rowlands (Pontypool) 3 1 4 2 2 0 43 58 5 6 1964 France M Crauste (Lourdes) 5 1 6 5 1 0 117 55 18 4 1967 France C Darrouy (Mont-de-Marsan) 9 4 13 8 4 1 209 161 30 23 1968 British Isles TJ Kiernan (Ireland) 16 4 20 15 4 1 377 181 55 21 1969 Australia GV Davis (New South Wales) 22 4 26 15 11 0 465 353 78 54 1970 New Zealand BJ Lochore (Wairarapa) 20 4 24 21 3 0 687 228 135 23 1971 France C Carrere(Toulon) 7 2 9 7 1 1 228 92 42 9 1972 England JV Pullin (Bristol) 6 1 7 6 0 1 166 58 23 4 1974 British Isles WJ McBride (Ireland) 18 4 22 21 0 1 729 207 107 16 1975 France J Fouroux (La Voulte) & R Astre (Beziers) 9 2 11 6 4 1 282 190 41 20 1976 New Zealand AR Leslie (Wellington) 20 4 24 18 6 0 610 291 89 27 1977 World Team WJ McBride (Ireland) 2 1 3 0 3 0 76 142 13 23 1980 South America H Porta (Argentina) 5 2 7 4 3 0 174 134 23 16 1980 British Isles WB Beaumont (England) 14 4 18 15 3 0 401 244 47 27 1980 France J-P Rives (Toulouse) 3 1 4 3 1 0 90 95 13 12 1981 Ireland JF Slattery (Blackrock College) 5 2 7 3 4 0 207 90 30 10 1982 South America H Porta (Argentina) 12 2 14 12 1 1 448 179 62 25 1984 England JP Scott (Cardiff) 5 2 7 4 2 1 156 145 19 18 1984 South America & Spain H Porta (Argentina) 5 2 7 4 3 0 146 140 17 20 1986 New Zealand Cavaliers AG Dalton (Counties) 8 4 12 8 4 0 275 229 33 16 1989 World Team P Berbizier (France) 3 2 5 1 4 0 100 130 14 20 1992 New Zealand SBT Fitzpatrick (Auckland) 4 1 5 5 0 0 167 79 20 6 1992 Australia NC Farr-Jones (New South Wales) 3 1 4 4 0 0 130 41 15 4 1993 France J-F Tordo (Nice) 6 2 8 4 2 2 169 159 14 12 1994 England WDC Carling (Harlequins) 6 2 8 3 5 0 152 165 11 13 1994 Argentina MH Lofreda (Buenos Aires) 4 2 6 3 3 0 216 216 27 28 1995 Western Samoa P Fatialofa (Auckland, New Zealand) 2 1 3 0 3 0 38 104 4 12 1995 Wales MH Humphreys (Cardiff) 1 1 2 0 2 0 17 87 1 10 1996 Fiji J Veitayaki (King Country, New Zealand) 1 1 2 1 1 0 62 80 7 9 1996 New Zealand SBT Fitzpatrick (Auckland) 4 3 7 5 1 1 190 139 24 14 1997 British Isles MO Johnson (England) 10 3 13 11 2 0 480 278 56 32 1997 Tonga L Katoa (Siutaka) 3 1 4 2 2 0 77 149 9 23 1998 Ireland PS Johns (Saracens, England) 5 2 7 2 5 0 126 214 11 26
210
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 210
2352011 5:25 PM
Year Tour Captain 1998 Wales R Howley (Cardiff) 1999 Italy M Giovanelli (Narbonne, France) 2000 England MO Johnson (Leicester) 2001 Italy A Moscardi (Benetton Treviso) 2002 Argentina A Pichot (Bristol, England) 2002 Samoa S Sititi (Borders, Scotland) 2003 Argentina G Longo (Narbonne, France) 2009 British Isles PJ O’Connell (Ireland)
Tour Total Points Points Tries Tries matches Tests matches Won Lost Drawn for against for against 4 1 5 0 5 0 94 224 9 32 2 2 4 0 4 0 30 267 3 40 3 2 5 4 1 0 183 105 20 6 1 1 2 0 2 0 25 102 2 14 1 1 2 0 2 0 65 91 7 11 2 1 3 1 2 0 75 117 9 15 1 1 2 0 1 1 55 56 6 5 7 3 10 7 2 1 309 169 34 15 555 144 699 457 202 40 13461 9150 2188 1187
SPRINGBOK TOURS 1906–2010 (exclude tours where only test matches were played) Total matches 28 27 23 26 26 31 29 34 5 30 6 24 13 9 6 17 13 12 6 14 13 10 7 8 9 4 2 2 5 5 444
Won Lost Drawn Pts for Pts against Tries for Tries against 25 2 1 553 79 130 19 24 3 0 441 101 103 22 19 2 2 327 119 74 21 23 1 2 407 124 86 23 24 2 0 753 169 161 29 30 1 0 562 167 120 26 22 6 1 520 203 108 31 31 1 2 567 132 132 25 0 4 1 37 53 7 8 22 8 0 669 285 144 42 5 1 0 84 43 12 5 15 5 4 323 157 59 23 13 0 0 396 102 76 11 8 1 0 170 74 23 10 6 0 0 376 78 66 8 14 2 1 535 190 81 16 8 5 0 297 236 30 16 9 3 0 527 147 75 15 5 1 0 243 152 32 11 10 3 1 445 241 58 22 11 2 0 375 151 50 12 8 2 0 367 205 53 19 5 2 0 276 155 40 16 7 1 0 290 92 42 6 6 3 0 253 219 30 20 2 2 0 93 76 9 8 2 0 0 18 3 2 0 1 1 0 39 34 6 5 1 4 0 95 91 10 5 3 2 0 110 104 10 10 359 70 15 10148 3982 1829 484
Statistics
150 Jaar Book.indd 211
211
2352011 5:25 PM
SPRINGBOK MATCH RECORDS Highest scores 134–3 v Uruguay East London 2005 105–13 v Namibia Cape Town 2007 101–0 v Italy Durban 1999 96–13 v Wales Pretoria 1998 74–10 v Tonga Cape Town 1997 74–3 v Italy Port Elizabeth 1999 72–6 v Uruguay Perth 2003 68–10 v Scotland Edinburgh 1997 64–15 v USA Montpellier 2007 63–9 v Argentina Johannesburg 2008 62–31 v Italy Bologna 1997 61–22 v Australia Pretoria 1997 60–8 v Western Samoa Johannesburg 1995 60–14 v Italy Port Elizabeth 2001 60–18 v Samoa Pretoria 2002 60–10 v Samoa Brisbane 2003
Biggest wins 131 v Uruguay (134–4) East London 2005 101 v Italy (101–0) Durban 1999 92 v Namibia (105–13) Cape Town 2007 83 v Wales (96–13) Pretoria 1998 71 v Italy (74–3) Port Elizabeth 1999 66 v Uruguay (72–6) Perth 2003 64 v Tonga (74–10) Cape Town 1997 58 v Scotland (68–10) Edinburgh 1997 54 v Argentina (63–9) Johannesburg 2008 52 v Western Samoa (60–8) Johannesburg 1995 52 v Samoa (59–7) Paris 2007 50 v Samoa (60–10) Brisbane 2003
Most tries scored 21 v Uruguay East London 2005 15 v Italy Durban 1999 15 v Wales Pretoria 1998 15 v Namibia Cape Town 2007 12 v Uruguay Perth 2003 12 v Tonga Cape Town 1997 11 v Italy Port Elizabeth 1999 10 v Scotland Edinburgh 1997 10 v Ireland Dublin 1912
212
Most points conceded 55–35 v New Zealand Auckland 1997 53–3 v England London 2002 52–16 v New Zealand Pretoria 2003 49–0 v Australia Brisbane 2006 45–26 v New Zealand Pretoria 2006 44–23 v Australia Melbourne 2000 41–20 v New Zealand Wellington 2002 41–39 v Australia Bloemfontein 2010 40–46 v New Zealand Johannesburg 2000 38–27 v Australia Brisbane 2002 36–38 v Wales Cardiff 2004 36–26 v France Cape Town 2006 35–32 v New Zealand Johannesburg 1997 35–17 v New Zealand Wellington 2006
Biggest defeats 50 England (3–53) London 2002 49 Australia (0–49) Brisbane 2006 36 New Zealand (16–52) Pretoria 2003 28 New Zealand (0–28) Dunedin 1999 27 New Zealand (6–33) Christchurch 2007 26 Australia (6–32) Brisbane 1999 23 Australia (3–26) Cape Town 1992 21 Australia (23–44) Melbourne 2000 21 New Zealand (20–41) Wellington 2002 20 New Zealand (35–55) Auckland 1997 20 Australia (6–26) Sydney 2000 20 England (9–29) London 2001 20 France (10–30) Marseilles 2002 20 Australia (9–29) Brisbane 2003 20 New Zealand (9–29) Melbourne 2003 20 New Zealand (12–32) Auckland 2010
Most points by a player 35 PC Montgomery v Namibia (1t, 12c, 2p) Cape Town 2007 34 JH de Beer v England (2c, 5p, 5dg) Paris 1999 31 PC Montgomery v Wales (2t, 9c, 1p) Pretoria 1998 31 M Steyn v New Zealand (1t, 1c, 8p) Durban 2009 30 T Chanvhanga v Uruguay (6t) East London 2005 29 GS du Toit v Italy (2t, 8c, 1p) Port Elizabeth 1999 29 PC Montgomery v Samoa (2t, 5c, 3p) Paris 2007 28 GK Johnson v W Samoa (3t, 5c, 1p) Johannesburg 1995 26 JH de Beer v Australia (1t, 6c, 3p) Pretoria 1997 26 PC Montgomery v Scotland (2t, 8c) Edinburgh 1997 26 M Steyn v Italy (2t, 5c, 2p) East London 2010 25 JT Stransky v Australia (1t, 1c, 6p) Bloemfontein 1996 25 CS Terblanche v Italy (5t) Durban 1999
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 212
2352011 5:25 PM
Most tries by a player
Most drop goals by a player
6 T Chavhanga v Uruguay East London 2005 5 CS Terblanche v Italy Durban 1999 4 CM Williams v W Samoa Johannesburg 1995 4 PWG Rossouw v France Paris 1997 4 CS Terblanche v Ireland Bloemfontein 1998 4 BG Habana v Samoa Paris 2007 4 JL Nokwe v Australia Johannesburg 2008 3 EE McHardy v Ireland Dublin 1912 3 JA Stegmann v Ireland Dublin 1912 3 KT van Vollenhoven v B Isles Cape Town 1955 3 HJ van Zyl v Australia Johannesburg 1961 3 RH Mordt v New Zealand Auckland 1981 3 RH Mordt v USA New York 1981 3 DM Gerber v South America Pretoria 1982 3 DM Gerber v England Johannesburg 1984 3 GK Johnson v W Samoa Johannesburg 1995 3 JH van der Westhuizen v Wales Cardiff 1996 3 AH Snyman v Tonga Cape Town 1997 3 PWG Rossouw v Wales Pretoria 1998 3 BJ Paulse v Italy Port Elizabeth 1999 3 DJ Kayser v Italy Durban 1999 3 JH van der Westhuizen v Uruguay Perth 2003 3 MC Joubert v New Zealand Johannesburg 2004 3 JH Smith v Namibia Cape Town 2007 3 SWP Burger v Namibia Cape Town 2007
5 JH de Beer v England Paris 1999 4 AS Pretorius v England London 2006 3 HE Botha v South America Durban 1980 3 HE Botha v Ireland Durban 1981 3 JNB van der Westhuyzen v Scotland Edinburgh 2004
Most conversions by a player 12 PC Montgomery v Namibia Cape Town 2007 9 PC Montgomery v Wales Pretoria 1998 9 AD James v Argentina Johannesburg 2008 8 PC Montgomery v Scotland Edinburgh 1997 8 GS du Toit v Italy Port Elizabeth 1999 8 GS du Toit v Italy Durban 1999
Most penalty goals by a player 8 M Steyn v New Zealand Durban 2009 7 PC Montgomery v Scotland Port Elizabeth 2006 7 PC Montgomery v France Cape Town 2006 7 M Steyn v Australia Cape Town 2009 6 GR Bosch v France Pretoria 1975 6 JT Stranksy v Australia Bloemfontein 1996 6 JH de Beer v Australia London 1999 6 AJJ van Straaten v England Pretoria 2000 6 AJJ van Straaten v Australia Durban 2000 6 PC Montgomery v France Johannesburg 2001 6 LJ Koen v Scotland Johannesburg 2003 6 M Steyn v Australia Bloemfontein 2010
Scored all points in a test (>15) 31* M Steyn v New Zealand Durban 2009 25 JT Stransky v Australia Bloemfontein 1996 21 JH de Beer v Australia London 1999 18 AJJ van Straaten v England Pretoria 2000 18 AJJ van Straaten v Australia Durban 2000 17 AJJ van Straaten v England London 2000 *World Record
Scored in all four ways in a test 22 JT Stransky (22 pts–1t, 1c, 4p, 1dg) v Australia 1995 18 AS Pretorius (18 pts–1t, 2c, 2p, 1dg) v New Zealand 2002 21 DJ Hougaard (21 pts–1t, 5c, 1p, 1dg) v Samoa 2003
Most points by a player against SA 29 SA Mortlock, Australia (2t, 2c, 5p) Melbourne 2000 27 CR Andrew, England (1t, 2c, 5p, 1d) Pretoria 1994 27 JP Wilkinson, England (8p, 1d) Bloemfontein 2000 27 G Merceron, France (1t, 2c, 6p) Johannesburg 2001 27 CC Hodgson, England (1t, 2c, 5p, 1d) London 2004 25 CJ Spencer, New Zealand (1t, 4c, 4p) Auckland 1997 25 DW Carter, New Zealand (2c, 7p) Wellington 2006 24 MC Burke, Australia (8p) London 1999 23 DW Carter, New Zealand (1t, 3c, 4p) Christchurch 2007 23 DW Carter, New Zealand (1c, 6p, 1d) Dunedin 2008
Most tries by a player against SA 2 HS Sugars (Ireland) Belfast 1906 2 JL Sullivan (New Zealand) Christchurch 1937 2 IST Smith (New Zealand) Auckland 1965 2 B Dauga (France) Bordeaux 1968 2 JJ Williams (British Isles) Pretoria 1974 2 JJ Williams (British Isles) Port Elizabeth 1974 2 J–L Averous (France) Pretoria 1977 2 PV Carozza (Australia) Cape Town 1992 2 A Penaud (France) Lyon 1992 2 JS Little (Australia) Brisbane 1993 2 JW Wilson (New Zealand) Pretoria 1996 2 FE Bunce (New Zealand) Johannesburg 1997 2 BN Tune (Australia) Brisbane 1997
Statistics
150 Jaar Book.indd 213
213
2352011 5:25 PM
2 CM Cullen (New Zealand) Auckland 1997 2 JW Roff (Australia) Brisbane 1999 2 CM Cullen (New Zealand) Pretoria 1999 2 SA Mortlock (Australia) Melbourne 2000 2 CM Cullen (New Zealand) Christchurch 2000 2 CM Cullen (New Zealand) Johannesburg 2000 2 JF Umaga (New Zealand) Johannesburg 2000 2 CE Latham (Australia) Brisbane 2000 2 WJH Greenwood (England) London 2000 2 JT Rokocoko (New Zealand) Pretoria 2003 2 DC Howlett (New Zealand) Pretoria 2003 2 S Sivivatu (Pacific Islands) Gosford 2004 2 GL Henderson (Wales) Cardiff 2004 2 MJ Giteau (Australia) Sydney 2005 2 JT Rokocoko (New Zealand) Dunedin 2005 2 V Clerc (France) Cape Town 2006 2 MJ Giteau (Australia) Brisbane 2006 2 T Croft (British Isles) Durban 2009 2 SM Williams (British Isles) Johannesburg 2009 2 MJ Giteau (Australia) Perth 2009 2 JD O’Connor (Australia) Pretoria 2010 2 G North (Wales) Cardiff 2010
Most conversions by a player against SA 5 SA Mortlock (Australia) Brisbane 2006
Most penalty goals by a player against SA
BY THE TEAM
Most conversions 62 17 tests 3.7 per game 2007 54 13 tests 4.2 per game 1997
Most penalty goals 46 14 tests 3.3 per game 2010 42 12 tests 3.5 per game 2009 41 17 tests 2.4 per game 2007 40 13 tests 3.1 per game 1996
Most drop goals 8 13 tests 1999
Most consecutive wins 17 August 1997 to November 1998
Most consecutive defeats 7 July 1964 to August 1965
8 MC Burke (Australia) London 1999 8 JP Wilkinson (England) Bloemfontein 2000 7 AP Mehrtens (New Zealand) Pretoria 1999 6 JP Wilkinson (England) London 2000 6 G Merceron (France) Johannesburg 2001 6 DW Carter (New Zealand) Dunedin 2008 6 DA Parks (Scotland) Edinburgh 2010
Most consecutive matches without conceding a try
Most drop goals by a player against SA
BY A PLAYER
2 G Camberabero (France) Johannesburg 1967 2 P Bennett (British Isles) Port Elizabeth 1974 2 JP Wilkinson (England) Perth 2003
214
SPRINGBOK SEASON RECORDS
5 1999
Most consecutive matches without scoring a try 4 1891 to 1896 & 1972 to 1974
Most points 219 PC Montgomery in 14 tests (5t, 52c, 30p) 2007 185 M Steyn in 13 tests (3t, 24c, 40p) 2010 158 PC Montgomery in 12 tests (1t, 24c, 32p, 3d) 2005 154 PC Montgomery in 11 tests (1t, 28c, 31p) 2004 137 M Steyn in 12 tests (1t, 12c, 31p, 5d) 2009 136 AJJ van Straaten in 11 tests (2t, 12c, 34p) 2000 120 LJ Koen in 11 tests (15c, 28p, 2d) 2003 112 JT Stransky in 9 tests (2t, 12c, 23p, 3d) 1995 111 PC Montgomery in 12 tests (2t, 25c, 17p) 1998 102 JH de Beer in 6 tests (18c, 16p, 6d) 1999 102 AS Pretorius in 10 tests (2t, 22c, 15p,1d) 2002
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 214
2352011 5:25 PM
Most tries 13 BG Habana in 11 tests 2007 12 BG Habana in 12 tests 2005 10 PWG Rossouw in 11 tests 1997 9 CS Terblanche in 12 tests 1998 9 J Fourie in 12 tests 2007 8 JT Small in 7 tests 1993 8 CM Williams in 6 tests 1995 8 PC Montgomery in 10 tests 1997 8 JH van der Westhuizen in 12 tests 1998 8 JH Smith in 13 tests 2007
Most conversions 52 PC Montgomery in 14 tests 2007 28 PC Montgomery in 11 tests 2004 25 PC Montgomery in 12 tests 1998 25 M Steyn in 13 tests 2010 24 PC Montgomery in 12 tests 2005 23 HW Honiball in 12 tests 1997 22 AS Pretorius in 10 tests 2002
Most penalty goals 40 M Steyn in 13 tests 2010 34 AJJ van Straaten in 11 tests 2000 32 PC Montgomery in 12 tests 2005 31 PC Montgomery in 11 tests 2004 31 M Steyn in 12 tests 2009 30 PC Montgomery in 14 tests 2007
Most drop goals 6 HE Botha in 9 tests 1980 6 JH de Beer in 6 tests 1999 5 HE Botha in 6 tests 1981 5 AS Pretorius in 6 tests 2006 5 M Steyn in 12 tests 2009
77 MG Andrews 1994–2001 72 JP Botha 2002–2010 69 JH Smith 2003–2010 69 CJ van der Linde 2002–2010 68 BG Habana 2004–2010 67 J de Villiers 2002–2010 66 AG Venter 1996–2001 64 BJ Paulse 1999–2007 63 SWP Burger 2003–2010 62 J Fourie 2003–2010 55 PF du Preez 2004–2009 54 A–H le Roux 1994–2002 54 DJ Rossouw 2003–2010 52 JC van Niekerk 2001–2010 51 PA van den Berg 1999–2007
Most appearances in all Springbok matches 111 JH van der Westhuizen 1993–2003 109 V Matfield 2001–2010 104 PC Montgomery 1997–2008 103 JW Smit 2000–2010 90 MG Andrews 1994–2001 87 FCH du Preez 1961–1971 85 JP du Randt 1994–2007 75 JFK Marais 1963–1974
Most points in all Springbok matches 906 PC Montgomery (104 matches) 1997–2008 485 HE Botha (40 matches) 1980–1992 329 JT Stransky (36 maches) 1993–1996 322 M Steyn (25 matches) 2009–2010 294 AJJ van Straaten (27 matches) 1999–2001 293 GH Brand (46 matches) 1928–1938 280 JH van der Westhuizen (111 matches) 1993–2003 258 AJ Joubert (49 matches) 1989–1997 240 PJ Visagie (44 matches) 1967–1971 201 K Oxlee (48 matches) 1960–1965
Most tries in test matches
SPRINGBOK CAREER RECORDS Most test match appearances 105 V Matfield 2001–2010 102 PC Montgomery 1997–2008 102 JW Smit 2000–2010 89 JH van der Westhuizen 1993–2003 80 JP du Randt 1994–2007
38 JH van der Westhuizen (89 tests) 1993–2003 38 BG Habana (68 tests) 2004–2010 30 J Fourie (62 tests) 2003–2010 26 BJ Paulse (64 tests) 1999–2007 25 PC Montgomery (102 tests) 1997–2008 21 PWG Rossouw (43 tests) 1997–2003 20 JT Small (47 tests) 1992–1997 19 DM Gerber (24 tests) 1980–1992 19 CS Terblanche (37 tests) 1998–2003 19 J de Villiers (67 tests) 2002–2010
Statistics
150 Jaar Book.indd 215
215
2352011 5:25 PM
Most tries in all Springbok matches 56 JH van der Westhuizen (111 matches) 1993–2003 44 JP Engelbrecht (67 matches) 1960–1969 39 BJ Paulse (74 matches) 1999–2007 38 BG Habana (70 matches) 2004–2010 32 JH Ellis (74 matches) 1965–1976 31 JL Gainsford (71 matches) 1960–1967 30 J Fourie (64 matches) 2003–2010
Most penalty goals in test matches 148 PC Montgomery (102 tests) 1997–2008 71 M Steyn (25 tests) 2009–2010 55 AJJ van Straaten (21 tests) 1999–2001 50 HE Botha (28 tests) 1980–1992
Most drop goals in test matches 18 HE Botha (28 tests) 1980–1992 8 JH de Beer (13 tests) 1997–1999 8 AS Pretorius (31 tests) 2002–2007 6 PC Montgomery (102 tests) 1997–2008 5 JD Brewis (10 tests) 1949–1953 5 PJ Visagie (25 tests) 1967–1971 5 M Steyn (25 tests) 2009–2010
Most drop goals in all Springbok matches 27 HE Botha (40 matches) 1980–1992 8 BL Osler (30 matches) 1924–1933 8 PJ Visagie (44 matches) 1967–1971 8 JH de Beer (14 matches) 1997–1999 8 AS Pretorius (33 matches) 2002–2007
Most test match appearances against SA 30 GM Gregan (Australia) 1994–2007 23 SJ Larkham (Australia) 1996–2007 22 JW Marshall (New Zealand) 1995–2005 22 GB Smith (Australia) 2000–2009 21 JM Muliaina (New Zealand) 2003–2010
Most drop goals in tests against SA 4 AP Mehrtens (New Zealand) (16 tests) 1995–2004 3 JP Wilkinson (England)(9 tests) 1998–2007 3 RJR O’Gara (Ireland) (6 tests) 2000–2010
216
SPRINGBOK MISCELLANEOUS RECORDS Most test match appearances in each position Fullback PC Montgomery¹ 87 Wing BG Habana² 67 Centre J de Villiers³ 53 Flyhalf AD James 36 Scrum half JH van der Westhuizen 87 Prop JP du Randt 80 Hooker JW Smit 87 Lock V Matfield 105 Flank SWP Burger 61 Eighthman GH Teichmann 42 Captain JW Smit 76* 1. Also made nine appearances as a centre, five as flyhalf and one as wing. 2. Also made one appearance as a centre. 3. Also made 14appearances as a wing. Also made three appearances as a centre and one as a fullback. Also made two appearances as a replacement wing. Also made two appearances as a replacement prop and 13 as a prop in the starting 15. Also made two appearances as a No 8. *World record
Most consecutive test match appearances by position Fullback PC Montgomery (1997–2999) 24 Wing PWG Rossouw (1997–1999) 24 Centre JL Gainsford (1961–1967 23 Flyhalf BL Osler (1924–1933) 17 HE Botha (1980–1982) 17 JNB van der Westhuyzen (2004–2005) 17 Scrum half PF du Preez (2004–2006) 21 Prop A–H le Roux (1998–1999) 25 Hooker JW Smit (2003–2007) 46 Lock V Matfield (2008–2010) 28 Flank RJ Kruger (1995–1997) 22 Eighthman GH Teichmann (1996–1999) 39 Captain JW Smit (2004–2007) 43
Most consecutive test match appearances 46 JW Smit (hooker) 2003–2007 39 GH Teichmann (eighthman) 1996–1999 28 V Matfield (lock) 2008–2010 26 AH Snyman (centre/wing) 1996–1998 26 AN Vos (eighthman/flank) 1999–2001
Most test match tries in each position Fullback 18 PC Montgomery *87 tests Wing 38 BG Habana *67 tests Centre 26 J Fourie *51 tests Flyhalf 6 PJ Visgaie 25 tests
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 216
2352011 5:25 PM
Springboks sent off in tests (7)
6 JT Stransky *21 tests Scrum half 38 JH van der Westhuizen *87 tests Prop 5 AC Koch 22 tests 5 JP du Randt 80 tests 5 GG Steenkamp 31 tests Hooker 5 J Dalton 43 tests 5 BW du Plessis *35 tests Lock 12 MG Andrews *75 tests Flank 11 SWP Burger *61 tests 11 JH Smith *59 tests Eighthman 7 PJ Spies *35 tests
Player Opponent Referee Venue Date JT Small v Australia EF Morrison (England) Brisbane 1993 J Dalton v Canada DTM McHugh (Ireland) Port Elizabeth 1995 AG Venter v New Zealand WD Bevan (Wales) Auckland 1997 B Venter v Uruguay PL Marshall (Australia) Glasgow 1999 MC Joubert v Australia PD O’Brien (New Zealand) Johannesburg 2002 JJ Labuschagne v England PD O’Brien (New Zealand) London 2002 PC Montgomery* v Wales SJ Dickinson (Australia) Cardiff 2005 *Montgomery’s first yellow card was subsequently dismissed by a disciplinary commission and his red card rescinded.
*Excludes tests played in other positions
Players sent off in tests against South Africa (3)
Longest international career
Player R Snow GL Rees GR Jenkins
14 seasons JP du Randt (1994–2007) 13 years, 12 days 13 seasons HE Botha (1980–1992) 12 years, 202 days 13 seasons DM Gerber (1980–1992) 12 years, 27 days 13 seasons BH Heatlie (1891–1903) 12 years, 14 days 13 seasons JM Powell (1891–1903) 12 years, 7 days
Most test matches as a replacement 43 A–H le Roux 31 CJ van der Linde 28 PA van den Berg 28 R Pienaar 19 DJ Rossouw 18 JC van Niekerk
Team Referee Canada DTM McHugh (Ireland) Canada DTM McHugh (Ireland) Wales J Dumé (France)
Venue Port Elizabeth Port Elizabeth Johannesburg
Date 1995 1995 1995
Total tests 54 69 51 47 54 52
Oldest living Springboks* P Malan b 13/02/1919 91 years, 321 days WHM Barnard b 07/08/1923 87 years, 146 days C Moss b 12/02/1925 85 years, 322 days MT Lategan b 29/09/1925 85 years, 93 days RP Bekker b 15/12/1926 84 years, 16 days *Age as at 31/12/2010
Most appearances as a test match combination Fullback/wings PC Montgomery, CS Terblanche & PWG Rossouw (1998–1999) 13 Centre pair J de Villiers & J Fourie (2005–2010) 22 Halfbacks JH van der Westhuizen & HW Honiball (1993–1999) 24 Locks V Matfield & JP Botha (2003–2010) 60* Front row EP Andrews, JP du Randt & JW Smit (2004–2006) 14 Loose forwards AG Venter, RJ Kruger & GH Teichmann (1996–1997) 14 AG Venter, J Erasmus & GH Teichmann (1997–1999) 14 *World record
Statistics
150 Jaar Book.indd 217
217
2352011 5:25 PM
e klubs
South Africa’s affiliated rugby unions and their early clubs
Rugby Football Union,
tigtingsdatums nie. n 1880’s wedstryde er bekend as die die voorste klubs. ws en later Grey Kollege
otball Union, 1899 en jaar ouer as ste klub erken word. ub is in 1865 in ’n brand
69
was ook by SARFU araland RFU geaffilieer. Sias Swart, wat in gbyspeler van SWA Afrika in 38 toetse ot in die 1990’s.
ië, wat nou Zambië er wat vir Suid-Afrika t wat in 1960 die
218
Western Province Rugby Football Union 1883 Hamilton Rugby Club 1875 Diocesan Rugby Football Club 1875 Villagers Rugby Club 1876 Stellenbosch Rugby Club 1880 Gardens Rugby Football Club 1882 SA College Rugby Football Club 1882 Griqualand West Rugby Football Union 1986 Kimberley Rugby Football Club 1870s (records of matches and tours exist but no firm date of establishment) West End 1872/73 (first match played 1873) De Beers 1883 Pirates Rugby Club 1884 Beaconsfield 1886 Eastern Province Rugby Union 1888 Olympics 1880 Crusaders 1887 Uitenhage Swifts 1892 Albany 1893 Natal Rugby Football Union 1890 Wanderers (Pietermaritzburg) 1890 Savages (1889, but as an Association/Rugby Club) Dragoons 1890 Hussars 1891 Wasps 1891 Berea 1891 Border Rugby Football Union 1891 Alberts RFC 1878 Buffalo 1880 Queenstown Swifts 1882 Pirates 1889 Transvaal RFU 1889 Potchefstroom Dorp 1885 Rand Wanderers 1887
Pirates 1888 Pretoria1888 West Rand 1892 Diggers 1893 Orange Free State and Basutoland RFU 1895 No records of establishment dates exist. However, matches were played in the late 1870s, and in the 1880s Pirates, Bloemfontein (later Ramblers) and Railways were the apparent leading clubs. They competed with St Andrew’s (initially) and later Grey College. South Western Districts Rugby Union 1899 Swellendam (possibly 10 years older than Hamilton, officially regarded as South Africa’s first club. Records of the Swellendam Club were destroyed in a fire in 1865.) Unions established after 1900 Western Transvaal Rugby Union 1920 Northern Transvaal Rugby Union 1938 Boland Rugby Union 1939 Eastern Transvaal Rugby Union 1947 Northern Free State Rugby Union 1968 South Eastern Transvaal Rugby Union 1969 Rhodesia and South West Africa (SWA) were also affiliated to the SA Rugby Football Union. SWA affiliated as the Damaraland RFU in 1922. Their first Springbok was wing Sias Swart in 1955 while flank Jan Ellis is the best-known rugby player from SWA and represented South Africa in 38 tests – a record until the 1990s. Rhodesia (including Northern Rhodesia which is now Zambia) produced a number of players who represented South Africa as Springboks, including Des van Jaarsveldt who captained the Springboks in 1960.
(Also see chapter 4 for the early black rugby clubs that were not part of these rugby unions)
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 218
2352011 5:25 PM
Currie Cup Winners Various league systems from 1892 to 1936 Season Winners 1892 Western Province 1894 Western Province 1895 Western Province 1897 Western Province 1898 Western Province 1899 Griquas 1904 Western Province 1906 Western Province 1908 Western Province 1911 Griquas 1914 Western Province 1920 Western Province 1922 Transvaal 1925 Western Province 1927 Western Province 1929 Western Province 1932 Border/Western Province 1934 Border/Western Province 1936 Western Province
Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament Tournament League League League League League League League
Kimberley Cape Town Johannesburg Port Elizabeth Cape Town Kimberley East London Johannesburg Port Elizabeth Cape Town Durban Bloemfontein & Kimberley
Finals from 1939 (with two exceptions*) 1939 Transvaal 16–6 1946 Northern Transvaal 11–9 1947 Western Province 16–12 1950 Transvaal 22–11 1952 Boland 11–9 1954 Western Province 11 8 1956 Northern Transvaal 9–8 1957–59* Western Province League 1964* Western Province League 1968 Northern Transvaal 16–3 1969 Northern Transvaal 28–13 1970 Griquas 11–9 1971 Transvaal 14–14 1972 Transvaal 25–19 1973 Northern Transvaal 30–22 1974 Northern Transvaal 17–15 1975 Northern Transvaal 12–6 1976 Orange Free State 33–16 1977 Northern Transvaal 27–12 1978 Northern Transvaal 13–9 1979 Western Province 15–15 1980 Northern Transvaal 39–9 1981 Northern Transvaal 23–6 1982 Western Province 24–7 1983 Western Province 9–3
Western Province Newlands Western Province Loftus Versfeld Transvaal Newlands Western Province Ellis Park Transvaal Boland Stadium Northern Transvaal Newlands Natal King’s Park Decided over two seasons (1957 and 1959) Thereafter no Currie Cup until 1964 Transvaal Western Province Northern Transvaal Northern Transvaal Eastern Transvaal Orange Free State Transvaal Orange Free State Western Province Orange Free State Orange Free State Northern Transvaal Western Province Orange Free State Northern Transvaal Northern Transvaal
Loftus Versfeld Loftus Versfeld De Beers Ellis Park PAM Brink Loftus Versfeld Loftus Versfeld Free State Stadium Free State Stadium Loftus Versfeld Free State Stadium Newlands Loftus Versfeld Loftus Versfeld Newlands Loftus Versfeld
Statistics
150 Jaar Book.indd 219
219
2352011 5:25 PM
1984 1985 1986 1987 1988 1989 1990 1991 1992 1993 1994 1995 1996 1997 1998 1999 2000 2001 2002 2003 2004 2005 2006 2007 2008 2009 2010
220
Western Province Western Province Western Province Northern Transvaal Northern Transvaal Northern Transvaal Natal Northern Transvaal Natal Gauteng Lions Gauteng Lions Natal Natal Western Province Blue Bulls Golden Lions Western Province Western Province Blue Bulls Blue Bulls Blue Bulls Free State Cheetahs Free State Cheetahs Free State Cheetahs Natal Sharks Blue Bulls Sharks
19–9 22–15 22–9 24–18 19–18 16–16 18–12 27–15 14–13 21–15 56–35 25–17 33–15 14–12 24–20 32–9 25–15 29–24 31–7 40–19 42–33 29–25 28–28 20–18 14–9 36–24 30 10
Northern Transvaal Northern Transvaal Transvaal Transvaal Western Province Western Province Northern Transvaal Transvaal Transvaal Natal Orange Free State Western Province Golden Lions Free State Cheetahs Western Province Natal Sharks Natal Sharks Natal Sharks Golden Lions Natal Sharks Free State Cheetahs Blue Bulls Blue Bulls Golden Lions Blue Bulls Cheetahs Western Province
Newlands Newlands Newlands Ellis Park Loftus Versfeld Newlands Loftus Versfeld Loftus Versfeld Ellis Park King’s Park Springbok Park King’s Park Ellis Park Newlands Loftus Versfeld King’s Park Absa Stadium Newlands Ellis Park Loftus Versfeld Loftus Versfeld Loftus Versfeld Vodacom Park Vodacom Park Absa Stadium, Durban Loftus Versfeld King’s Park
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 220
2352011 5:25 PM
FINAL RECORDS Scores of more than 30 points 56 Transvaal v Orange Free State, 1994 final score 56–33* 42 Blue Bulls v FS Cheetahs, 2004 final score 42–33 40 Blue Bulls v Sharks, 2003 final score 40–19 39 Northern Transvaal v WP, 1980 final score 39–9 36 Blue Bulls v FS Cheetahs, 2009 final score 36–24 33 Free State v WP, 1976 final score 33–16 33 Free State v Lions, 1994 final score 33–56 33 Sharks v Lions, 1996 final score 33–15 33 FS Cheetahs v Blue Bulls, 2004 final score 33–42 *The match aggregate of 89 points is also a finals record
Five tries or more 7 Lions v Orange Free State 1994 6 Blue Bulls v Cheetahs 2004 5 Blue Bulls v WP 1980 5 Lions v Sharks 1999 5 Blue Bulls v Sharks 2003
20 points or more by a player 26 Derick Hougaard, Blue Bulls v Lions 2002 (1 try, 5 penalties, 2 drop goals) 25 Patrick Lambie, Sharks v WP 2010 (2 tries, 3 conversions, 3 penalties) 24 Naas Botha, Blue Bulls v Lions 1987 (4 penalties, 4 drop goals) Braam van Straaten, WP v Sharks 2001 (1 try, 2 conversions, 5 penalties) 21 Gavin Johnson, Lions v Free State 1994 (6 conversions, 3 penalties) Morné Steyn, Blue Bulls v FS Cheetahs 2009 (3 conversions, 4 penalties, a drop goal) 20 Thierry Lacroix, Natal v WP 1995 (6 penalties, 1 conversion)
Six conversions by a player 6 Gavin Johnson, Lions v Cheetahs 1994
Six penalty goals by a player 6 Thierry Lacroix, Natal v WP 1995
Four drop goals by a player 4 Naas Botha, Northern Transvaal v Transvaal 1987
40 points or more in finals 138 Naas Botha 1t, 10c, 20p, 18dg 1977-1991 62 Willem de Waal 7c, 16p 2004-2010 54 Morné Steyn 6c, 12p, 2dg 2005-2009 45 Calla Scholtz 1t, 4c, 9p, 2dg 1983-1988 44 Derick Hougaard 1t, 3c, 8p, 3dg 2002-2006 41 Joel Stransky 1c, 13p 1990-1995
Three tries in final 4 Ettienne Botha Blue Bulls 2003-2004 3 Neil Burger WP 1982-1985 3 Edrich Krantz FS & Tvl 1976-1980
CURRIE CUP MATCH RECORDS More than 110 points 147 Blue Bulls v SWD (147-8) Pietersburg 1996 113 Cheetahs v SWD (113-11) Bloemfontein 1996 111 Pumas v SWD (111-14) Witbank 2001
Wins by 100 points 139 Blue Bulls v SWD (147-8) Pietersburg 1996 106 Cheetahs v NFS (106-0) Bloemfontein 1997 102 Cheetahs v SWD (113-11) Bloemfontein 1996 102 SWD Eagles v NFS (102-0) George 1999
16 tries 23 Blue Bulls v SWD (147-8) 1996 18 Western Transvaal v E.OFS (103-9) 1988 16 Transvaal v Far North (99-9) 1973 16 SWD Eagles v NFS (102-0) 1999 16 Pumas v SWD Eagles (111-14) 2001
35 or more points by a player 46 Jannie de Beer (3t, 14c, 1p) FS Cheetahs v NFS 1997 40 Casper Steyn (2t, 3c, 8p) Blue Bulls v SWD 2000 38 Henry Honiball (4t, 6c, 2p) Sharks v Boland 1996 Lance Sherrell (2t, 14c) Blue Bulls v SWD 1996 37 Casper Steyn (2t, 3c, 7p) Pumas v FS Cheetahs 2003 36 Gerald Bosch (1t, 13c, 2dg) Tvl v FN 1973 Eric Herbert (3c, 9p, 1dg) NFS v Valke 1997 Casper Steyn (1t, 7c, 7p) Blue Bulls v Pumas 2000 35 Jacques Olivier (7t) Blue Bulls v SWD 1996 Kennedy Tsimba (1t, 9c, 4p) FS Cheetahs v Griquas 2003 Braam Pretorius (2t, 11c, 1p) Pumas v Valke 2009
Statistics
150 Jaar Book.indd 221
221
2352011 5:25 PM
Six tries by a player
50 conversions
7 Jacques Olivier N Tvl v SWD (147-8) 1996 6 Buks Marais Boland v NED (33-3) 1952
62 Louis Koen WP 1997 55 Jannie de Beer FS Cheetahs 1997 54 Braam Pretorius Pumas 2009
14 conversions by a player 14 Lance Sherrell N Tvl v SWD 1996 14 Jannie de Beer FS Cheetahs v NFS 1997 14 Nel Fourie Pumas v SWD Eagles 2001
Nine penalty goals by a player 9 Eric Herbert NFS v Valke 1997 9 Derick Hougaard Blue Bulls v WP 2002
Five drop goals by a player 5 Naas Botha N Tvl v Natal 1992
50 Willem de Waal WP 2010 48 Gavin Lawless Lions 1996 45 Lance Sherrell WP 1991 Johan Heunis N Tvl 1987 Cameron Olivier Transvaal 1989 42 Cameron Olivier Transvaal 1990 Andre Joubert FS 1989
20 drop goals 20 Naas Botha N Tvl 1985
CURRIE CUP SEASON RECORDS
CURRIE CUP CAREER RECORDS
Seven hundred and fifty points
100 matches
792 Natal 15 matches 1996 783 Northern Transvaal 13 matches 1996
100 tries by a team 112 Natal Sharks 15 matches 1996 102 Northern Transvaal 13 matches 1996
250 points by a player 268 Johan Heunis N Tvl 1989 263 Gavin Lawless Transvaal 1996 252 Casper Steyn Blue Bulls 1999
15 tries 21 Bjorn Basson Griquas 2010 19 Carel du Plessis WP 1989 19 Colin Lloyd Leopards 2006 18 Ettienne Botha Blue Bulls 2004 18 Alistair Kettledas Pumas 2009 16 Jan-Harm van Wyk FS 1997 16 Ryno Benjamin Boland 2006 15 Philip Burger FS Cheetahs 2006
222
40 penalties
142 Helgard Muller FS 1983–1998 141 Rudi Visagie FS, Natal, SE-TVL 1980–1996 136 Chris Badenhorst FS, Natal, SE–TVL 1986–1999 128 Burger Geldenhuys N Tvl 1977–1989 Ollie le Roux FS & Natal Sharks 1993–2007 126 André Joubert FS & Natal Sharks 1986–1999 125 Eric Herbert NFS & FS Cheetahs 1986–2001 123 Naas Botha N Tvl 1977–1992 118 Willie Meyer EP, FS, Lions 1989–2002 115 AJ Venter FS Cheetahs, Lions & Sharks 1997–2008 114 Piet Krause Lions, GW, BB, Valke 1996–2007 Bevin Fortuin SWD, FS Cheetahs 2000–2010 Louis Strydom Griffons, Blue Bulls, Valke, Lions, FS Cheetahs 2001–2010 113 Skipper Badenhorst Valke, Pumas, Sharks, FS Cheetahs 2000–2010 112 Stefan Terblanche Boland, Sharks 1996–2010 112 Louis Moolman N Tvl 1974–1986 111 Jacques Botes Pumas, Sharks 2002–2010 Willem de Waal Leopards, FS Cheetahs, WP 2003–2010 110 Justin Peach EP, Boland 2001–2010 108 Eddie Fredericks Leopards, FS Cheetahs, NFS 1998–2010 106 Gavin Passens Griffons, Pumas, Blue Bulls, FS Cheetahs, Griquas 1999–2010 Kabamba Floors SWD, FS Cheetahs 2003–2010 Martiens le Roux FS 1973–1986 De Wet Ras FS & Natal 1974–1986
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 222
2352011 5:25 PM
104 Gerrie Sonnekus FS 1974–1985 103 Uli Schmidt N Tvl & Tvl 1983–1994 Albert van den Berg GW & Sharks 1996–2009 102 Adolf Malan N Tvl 1983–1992 John Daniels Boland, Lions 1998–2008 Adi Jacobs Valke, Sharks 2001–2010 101 Gysie Pienaar FS 1974–1987 Hendro Scholtz FS Cheetahs 1999–2010
CURRIE CUP Most drop goals Career 135 Naas Botha, N-Tvl 69 De Wet Ras, Free State, Natal
Season 1000 points 1699 Naas Botha N Transvaal 1977–1992 1433 Willem de Waal FS Cheetahs, WP 2002–2010 1402 Eric Herbert NFS, FS Cheetahs 1986–2001 1210 De Wet Ras FS & Natal 1974–1986 1165 Andre Joubert FS 2& Sharks 1986–1999 1017 Calla Scholtz Boland & WP 1980–1989
20 Naas Botha, N-Tvl–1985 19 Naas Botha, N-Tvl–1987
Final 4 Naas Botha, N-Tvl v Transvaal–1987 3 Gerald Bosch, Transvaal v E-Tvl–1972 3 Naas Botha, N-Tvl v Western Province–1985
Most Tries 77 John Daniels Boland, Lions 1998–2008 70 Breyton Paulse WP 1996–2007 65 Chris Badenhorst FS 1986–1999 58 Andre Joubert FS, Sharks 1986–1999 56 Stefan Terblanche Boland, Sharks 1994–2010 53 Eddie Fredericks WP, NFS, FS, Leopards 1998–2010 52 Egon Seconds WP, Griquas 2001–2009 51 Gerrie Germishuys FS, Transvaal 1971–1985 Carel du Plessis WP, Transvaal 1980–1989 Neil Burger WP 1982–1991 Jan–Harm van Wyk FS, Pumas 1996–2001 50 Fabian Juries EP, FS Cheetahs, NFS 2001–2009
Non-final match 5 Naas Botha, Northern Transvaal v Natal 1992 4 Len Rodriquez, Western Province v Griqualand West 1950 4 De Wet Ras, Natal v Western Province 1979 4 Giepie van Zyl, Eastern Province v Transvaal 1981 4 Naas Botha, N-Tvl v Golden Lions 1985 4 Naas Botha, N-Tvl v NFS 1985 4 Naas Botha, N-Tvl v Golden Lions 1987 (at Loftus) 4 Naas Botha, N-Tvl v Golden Lions 1987 (at Ellis Park) NFS 1985
CURRIE CUP MISCELLANEOUS 17 points or more in a final 26 Derick Hougaard, Blue Bulls v Golden Lions 1 try, 2 drop goals, 5 pen 2002 24 Naas Botha, N-Tvl v Transvaal 4 drop goals, 4 pen 1987 24 Braam van Straaten, Western Province v Natal Sharks 1 try, 2 con, 5 pen 2001 21 Gavin Johnson, Golden Lions v Free State 6 con, 3 pen 1994 21 Morné Steyn, Blue Bulls v FS Cheetahs 3 con, 4 pen, 1 drop goal 2009 20 Thierry Lacroix, Natal v Western Province 6 pen, 1 con 1995 19 Naas Botha, N-Tvl v Western Province 2 con, 3 pen, 2 drop goals 1980 19 Willem de Waal, FS Cheetahs v Blue Bulls 5 pen, 2 con 2005 18 De Wet Ras, Free State v Western Province 3 con, 3 pen, 1 drop goal 1976 18 Henry Honiball, Natal Sharks v Golden Lions 3 con, 4 pen 1996 17 Gerald Bosch, Transvaal v E-Tvl 1 con, 2 pen, 3 drop goals 1972
Fastest try after kick-off 20 seconds: Chris Jack, 11/7/2009 WP v Natal Sharks: Newlands 29 seconds: Gerrie Britz, 2/8/2003 FS Cheetahs v Pumas: Puma Stadium 39 seconds: Paul de Koker, 5/10/2002 Griquas v Blue Bulls: Absa Park 40 seconds: Dale Heidtman, 20/7/2002 Pumas v EP, PEPRFU Stadium 46 seconds: Juan de Jongh, 10/10/2009 WP v Lions: Coca-Cola Park 54 seconds: Riaan Swanepoel, 17/7/2009 Natal Sharks v Boland: Absa Stadium
Fastest drop goal after kick-off 22 seconds: Willem de Waal 22/9/2007 FS Cheetahs v WP: Newlands
Statistics
150 Jaar Book.indd 223
223
2352011 5:25 PM
Fastest yellow card after kick-off 43 seconds Derick Kuün, Blue Bulls v Sharks, Loftus Versfeld 5/7/2008 58 seconds Bakkies Botha, Blue Bulls v WP, Newlands 17/10/2009
Youngest winning captain in a final 22 years 217 days: Naas Botha Blue Bulls 1980
Winning captain, manager and coach in finals Naka Drotské, FS Cheetahs captain 2005 manager 2006 coach 2007
Most successful coaches Brig. Buurman van Zyl, Northern Transvaal: 9 wins & 2 draws 1968-1981 Dawie Snyman, Western Province: 5 consecutive wins, 1982-1986 Ian McIntosh, Natal/Natal Sharks: 4 wins 1990-1996 Heyneke Meyer, Blue Bulls: 3 consecutive wins, 1 draw 2002-2006
Youngest winning coaches 32 years 351 days: Rassie Erasmus 5/11/1972, FS Cheetahs 22/10/2005 33 years 89 days: Dawie Snyman 5/7/1949, Western Province 2/10/1982
Club with most players in a final Shimlas (Free State v Western Province, 1976): 13 players: Gerrie Germishuys, Joggie Jansen, Dirk Froneman, Edrich Krantz, De Wet Ras, Barry Wolmarans, Wouter Hugo, Martiens le Roux, Theuns Stofberg, Klippies Kritzinger, Ross van Reenen, Eben Jansen (injured Jansen replaced by Gerrie Sonnekus during the match).
Currie Cup individual records Most Currie Cup matches as referee 135 Jonathan Kaplan Saru 100 André Watson Saru
Most finals 11 Burger Geldenhuys Northern Transvaal 11 Naas Botha Northern Transvaal 9 Louis Moolman Northern Transvaal 8 Hennie Bekker Free State & Western Province 8 Tommy du Plessis Northern Transvaal 8 Thys Lourens Northern Transvaal (on the winning side in every final, four times as captain) 8 Uli Schmidt Northern Transvaal & Transvaal 7 Jannie Breedt Northern Transvaal & Transvaal
224
7 Carel du Plessis Western Province & Transvaal 7 Pierre Edwards Northern Transvaal 7 Willie Kahts Northern Transvaal 7 Ollie le Roux Free State & Natal Sharks & FS Cheetahs 7 Adolf Malan Northern Transvaal 7 Heinrich Rodgers Northern Transvaal & Transvaal 7 Theuns Stofberg Free State (win 1976), Northern Transvaal (share with WP in 1979, win 1980) and Western Province (win in 1982 and 1983) 6 Daan du Plessis Northern Transvaal 6 Michael du Plessis Western Province & Transvaal 6 Gerbrand Grobler Northern Transvaal & Transvaal 6 Martiens le Roux Free State 6 Rob Louw Western Province 6 Shaun Povey Western Province 6 Divan Serfontein Western Province 6 James Small Transvaal & Natal & Western Province 6 Henning van Aswegen Free State & Western Province 6 Pedrie Wannenburg Blue Bulls 5 Mark Andrews Natal 5 Wahl Bartmann Transvaal & Natal 5 Darius Botha Northern Transvaal 5 Gary Botha Blue Bulls 5 Fourie du Preez Blue Bulls 5 Robert du Preez Northern Transvaal & Natal 5 Pote Fourie Northern Transvaal 5 John Knox Northern Transvaal 5 Johann Lampbrecht Northern Transvaal 5 Hennie le Roux Transvaal 5 Victor Matfield Blue Bulls 5 Dick Muir Natal & Western Province 5 Jan Oberholzer Northern Transvaal 5 Gavin Passens Blue Bulls (2002, 2003, 2004) and Cheetahs (2006, 2007) – on the winning side in every final. 5 Francois Pienaar Transvaal 5 De Wet Ras Free State 5 Danie Rossouw Blue Bulls 5 Pieter Rossouw Western Province 5 Calla Scholtz Western Province 5 André Skinner Northern Transvaal & Transvaal 5 Gerrie Sonnekus Free State 5 Toks van der Linde Western Province 5 Moaner van Heerden Northern Transvaal 5 André van Staden Northern Transvaal 5 Christo Wagenaar Northern Transvaal
15 0 YE A R S O F SO U TH AFR IC AN RU G B Y
150 Jaar Book.indd 224
2352011 5:25 PM
Currie Cup semi-finals Year Winners 1954 Northern Transvaal 9 1956 Natal 11 1969 Western Province 13 1970 Northern Transvaal 24 1971 Transvaal 23 1972 Free State 19 1973 Northern Transvaal 20 1974 Transvaal 30 1979 Northern Transvaal 16 Western Province 20 1980 Northern Transvaal 49 Western Province 21 1981 Northern Transvaal 36 Free State 28 1982 Western Province 47 Northern Transvaal 24 1983 Western Province 7 Northern Transvaal 32 1984 Natal 26 Western Province 53 1986 Transvaal 18 1987 Transvaal 12 1988 Western Province 26 1989 Western Province 71 1996 Natal 35 Transvaal 31 1997 Western Province 38 Cheetahs 40 1998 Western Province 27 Blue Bulls 31 1999 Lions 81 Natal Sharks 45 2000 Natal Sharks 29 Western Province 43 2001 Western Province 40 Natal Sharks 16 2002 Lions 43 Blue Bulls 22 2004 Blue Bulls 40 Cheetahs 17 2005 Cheetahs 16 Blue Bulls 31 2006 Blue Bulls 45 Cheetahs 30 2007 Lions 19 Cheetahs 11 2008 Sharks 29 Blue Bulls 31 2009 Cheetahs 23 Blue Bulls 21 2010 Sharks 16 Western Province 31
Losers Free State 8 Western Province 10 Boland 11 Natal 8 Natal 10 Western Province 15 Rhodesia 7 Eastern Province 6 Eastern Province 6 Griqualand West 15 SE Transvaal 6 Eastern Province 13 Northern Free State 12 Eastern Transvaal 15 Natal 18 Northern Free State 21 Natal 3 Northern Free State 15 Free State 15 Eastern Transvaal 0 Natal 4 South West Africa 9 Northern Free State 9 Western Transvaal 9 Free State 20 Northern Transvaal 21 Lions 18 Natal 22 Griqualand West 11 Natal Sharks 17 SWD Eagles 21 Cheetahs 8 Cheetahs 15 Lions 22 Cheetahs 18 Lions 9 Cheetahs 29 Natal Sharks 19 Lions 33 Western Province 11 Western Province 11 Lions 23 Western Province 30 Natal Sharks 14 Sharks 12 Blue Bulls 6 Lions 14 Cheetahs 19 Sharks 21 Western Province 19 Blue Bulls 12 Cheetahs 7
Venue Free State Stadium, Bloemfontein Newlands, Cape Town Newlands, Cape Town King’s Park, Durban Ellis Park, Johannebsurg Newlands, Cape Town Loftus Versfeld, Pretoria Ellis Park, Johannesburg Boet Erasmus, Port Elizabeth De Beers Stadium, Kimberley Loftus Versfeld, Pretoria Boet Erasmus, Port Elizabeth Loftus Versfeld, Pretoria Pam Brink Stadium, Springs Newlands, Cape Town North West Stadium, Welkom King’s Park, Durban Loftus Versfeld, Pretoria King’s Park, Durban Newlands, Cape Town King’s Park, Durban National Stadium, Windhoek North West Stadium, Welkom Olën Park, Potchefstroom King’s Park, Durban Loftus Versfeld, Pretoria Newlands, Cape Town King’s Park, Durban Hoffe Park, Kimberley Loftus Versfeld, Pretoria Ellis Park, Johannesburg King’s Park, Durban Absa Stadium, Durban Newlands, Cape Town Newlands, Cape Town Absa Stadium, Durban Vodacom Park, Bloemfontein Absa Stadium, Durban Loftus Versfeld, Pretoria Newlands, Cape Town Newlands, Cape Town Loftus Versfeld, Pretoria Loftus Versfeld, Pretoria Vodacom Park, Bloemfontein Absa Stadium, Durban Vodacom Park, Bloemfontein Absa Stadium, Durban Loftus Versfeld, Pretoria Absa Stadium, Durban Newlands, Cape Town Absa Stadium, Durban Newlands, Cape Town
Statistics
150 Jaar Book.indd 225
225
2352011 5:25 PM
Bibliografie
Bath, Richard. 2008. The British and Irish Lions miscellany. Londen: Vision Sports. Bishop, John. 2000. MAC: The face of rugby. Kaapstad: Don Nelson. Burger, Gerhard & Van der Berg, Wim. 2008. The Lions’ tale – 120 years of the Red and White. Johannesburg: Online Communications. Carmichael, Shelley (red.) en verskeie outeurs. 2003. 112 Years of Springbok rugby, tests and heroes. Kaapstad: Highbury Monarch Communications vir die SuidAfrikaanse Rugby-Voetbalunie. Claassen, Wynand. 1985. More than just rugby. Johannesburg: Hans Strydom. Colquhoun, Andy. 2007. Hennie Muller: Die windhond. Kaapstad: Don Nelson. Craven, D.H. 1949. Ek speel vir Suid-Afrika. Kaapstad: Nasionale Pers. Craven, D.H. 1964. Springbok-annale/Springbok annals, 1891–1964. Uitgegee deur die SA Rugbyraad as deel van sy jubileumfees. Johannesburg: Mimosa. Craven, D.H. 1980. Die groot rugbygesin van die Maties, 1980. Kaapstad: Galvin & Sales. Craven, D.H. & Jordaan, Piet. 1955. Met die Maties op die rugbyveld, 1880–1955. Kaapstad: Nasionale Boekhandel. De Villiers, Steve. 1989. Kaviaar vir ’n kameraad.
226
Johannesburg: Perskor. De Villiers, Steve. 1990. Kaviaar vir ’n kanniedood. Johannesburg: Perskor. Difford, Ivor D. 1933. History of South African rugby football. Wynberg, Kaapstad: Speciality Press of SA. Dobson, Paul. 1989. Rugby in Suid-Afrika: ’n Geskiedenis, 1861–1988. Kaapstad: Zxzxzxzxz. Dobson, Paul. 1990. Bishops Rugby – a history. Kaapstad: Don Nelson. Dobson, Paul. 1996. Rugby’s greatest rivalry. Kaapstad: Human en Rousseau. Ferreira, J.T., Blignaut, J.P., Landman, P.J. & Du Toit, J.F. 1989.Transvaal Rugby-Voetbalunie: 100 jaar. Johannesburg: Transvaalse Rugby-Voetbalunie. Gerber, Hennie. 1982. Craven. Kaapstad: Tafelberg. Gouws, Leon. 1971. Frik du Preez, rugbyreus. Honeydew: Janssonius & Heyns. Greyvenstein, Chris. 1977. Springbok saga. Kaapstad: Don Nelson en Toyota SA. Greyvenstein, Chris. 1989. Naas Botha, rugby’s golden boy (SA Sporting Greats). Kaapstad: Don Nelson. Grieb, Eddie & Farmer, Stuart. 2009. Springbok miscellany. Johannesburg: Jonathan Ball. Heenop, Albert. 2001. Team of the 90s. Durban: Mundell Media.
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 226
2352011 5:25 PM
Herbert, Alfred. 1980. The Natal rugby story. Pietermaritzburg: Shuter & Shooter. Howitt, Bob. 2005. Sanzar saga. Johannesburg: Jonathan Ball. Jooste, Graham K. 1995. South African rugby teams. Londen: Penguin. Le Roux, Herman. 1998. Sportpourri. Pretoria: J.L. van Schaik. Luyt, Louis. 2003. Walking proud: The Louis Luyt autobiography. Kaapstad: Don Nelson. Medworth, C.O. 1964. Natal rugby, 1870–1964. Kaapstad: Howard Timmins. Parker, A.C. 1983. WP Rugby Centenary, 1883–1983. Kaapstad: Westelike Provinsie Rugby-Voetbalunie. Partridge, Ted. 1991. A life in rugby. Halfway House: Southern Book. SA Rugbyjaarboeke, 1950–2011. Verskeie uitgewers, borge en drukkers. SA Rugby Football Union, 1995. Kaapstad: Royston Lamond International. SA Rugbypublikasies. Verskeie uitgewers, borge en drukkers. Shippey, Kim. 1971. The unbeatables: Springboks in Australia. (Geen verwysing na uitgewers, drukkers of verspreiders nie.) Shnaps, Teddy. 1989. A statistical history of Springbok rugby. Kaapstad: Don Nelson. Smit, John met Mike Greenaway. 2009. Captain in the cauldron. Durban: Highbury Safika Media. Smit, Kobus. 2007. The complete book of Springbok rugby records. Kaapstad: Don Nelson. Sweet, Reg. 1956. The Kiwis conquer. Kaapstad: Howard Timmins. Sweet, Reg. 1990. Natal 100 – Centenary of Natal Rugby Union. Durban: Natalse Rugbyunie. Van der Berg, Wim. 2010. Greatest Currie Cup moments. Johannesburg: Penguin. Van der Berg, Wim & Burger, Gerhard. 2008. Blou Bulle: 70 gloriejare. Johannesburg: Penguin. Van Rensburg, Frikkie. 1986. Die ontstaan van GriekwalandWes-rugby, 1886–1986. Kimberley: Noordkaaplandse Drukkers. Van Zyl, M.C. (red.) en verskeie skrywers. 1988. NoordTransvaalrugby 50. Pretoria: Noord-Transvaalse Rugbyunie.
Volschenk, Johan. 1977. Die Ligbloues. Pretoria: TRIUitgewers. White, Jake met Craig Ray. 2007. In black and white: The Jake White story. Kaapstad: Zebra. Ander bronne: Argiewe en tydskrifuitknipsels Blou – amptelike tydskrif van die Bulls en die Blou Bulle Goue Leeus-Rugbyunie se argiewe Griekwaland-Wes-Rugbyunie se argiewe Herman le Roux: Brosjures en koerant- en tydskrifuitknipsels uit die versameling van Herman le Roux, voormalige sportredakteur van Volksblad en Beeld Raiders Rugbyklub se Museum Transvaal Independent Rugby Football Union se geskrifte Webtuistes http://bleacherreport.com/articles http://myfundi.co.za www.absa.co.za www.bluebull.co.za www.classicclashes.co.za www.genslin.us/bokke www.irb.com www.johnsmit.co.za www.lionsrugby.co.za www.planetrugby.com www.rugby365.com www.rugbyvaria.com www.sarugby.co.za www.sasahof.co.za www.sharksrugby.co.za www.sport24.co.za www.superrugby.com www.supersport.co.za www.tagrugby.co.za www.trinationsrugby.net
Bibliograf ie
150 Jaar Book.indd 227
227
2352011 5:25 PM
228
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 228
2352011 5:25 PM
150 Jaar Book.indd 229
229
2352011 5:25 PM
Index
230
150 J AAR VAN S U I D-AF R I K AANS E RU GB Y
150 Jaar Book.indd 230
2352011 5:25 PM