K&V
BINNE
PUKFM WEN WEER 211
YUM YUM LAUREUS YUM! 29
LEES JOU KAMPUS
27
11 MAART 2011 / VOL 4
STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >> JAARGANG 65 >> WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD
Ontgroening word ontwortel!
Nog vier koshuise word tans ondersoek MARLIE JONKER
D
ie huiskomitees van Puk-koshuise het tot Donderdag, 31 Maart, geleentheid om te bieg oor ontgroeningspraktyke wat moontlik in hulle koshuise plaasgevind het, het die kampusrektor, prof. Herman van Schalkwyk, tydens ’n onderhoud op Pukfm gesê. Dit volg op ’n voorval vroeër vanjaar in Veritas-Manskoshuis waar eerstejaars glo tydens ’n georganiseerde koshuisaksie fisies aangerand is. Die prim, Herman Retief, en die onderprim, Janus van der Merwe, van dié koshuis het vrywillig bedank nadat dit verlede week aan die lig gekom het. Nog vier koshuise (mans en dames) word tans ondersoek in ’n poging deur die kampusbestuur om wanpraktyke uit te roei. “Veritas was die eerste koshuis
waaroor ons ’n klagte (oor onwettige ontgroeningspraktyke) gekry het wat ons moes hanteer. Mense wil presiese feite hê van wat gebeur het, maar ek wil dit nie deel nie. Al wat ek kan sê is dat daar ’n vorm van geweld plaasgevind het,” sê Van Schalkwyk. Van Schalkwyk glo dat Veritas se inwoners op die oomblik nie baie gelukkig is met hom nie, maar die kampusrektor erken dat hy respek gekry het vir hoe die prim en die onderprim verantwoordelikheid vir die situasie aanvaar het. “Hulle het dadelik erken dat hulle skuldig is, dat hulle die straf sal dra en graag by ’n proses betrokke wil raak waar hulle kan help om die wanpraktyke te kan regmaak,” sê Van Schalkwyk. Intussen het die eerstejaarsgroep van Veritas ’n petisie begin waarin hulle as koshuis sê
Herman Retief, voormalige prim.
Janus van der Merwe, voormalige onderprim.
dat hulle nie met ’n vuis of hokkiestok geslaan is nie (sien die volledige petisie op bl. 13). Van Schalkwyk het egter daarop gewys dat hulle nie veel met die petisie sal bereik nie omdat die seniors reeds skuld erken het. “Ek probeer nie studente ongelukkig maak of die studentelewe vernietig nie. Ek probeer juis dit wat vir ons goed en mooi is, beskerm en ter wille van die kampus op te tree,” het Van Schalkwyk gesê. Volgens hom is dit noodsaaklik vir die universiteit om op te tree wanneer daar probleme is. “As ons ’n klagte kry en ons tree nie op nie, kan die universiteit aangekla word van nalatigheid,” verduidelik Van Schalkwyk. Die normale prosedures vir die hantering van klagtes oor ontgroening vereis dat daar ’n vergadering gehou word met die
FOTO: ANUSHKA LE ROUX
Studentedekaan en die koshuisvader van die betrokke koshuis. Die klagte moet dan geverifieer word. Daar is ook gevalle waar daar klagtes gelê word wat nie die waarheid is nie, het Van Schalkwyk gesê. In die Veritas-geval het die universiteit ’n senior advokaat van die hooggeregshof ingebring om ’n onafhanklike ondersoek te doen. “Ons het ’n stel reëls en regulasies en ons moet tog sorg dat individue in ’n koshuis nie oor daardie lyne trap nie,” het hy gesê. Die voormalige prim en onderprim van Veritas was nie beskikbaar vir kommentaar nie. Die koshuis het intussen ’n nuwe voorsitter van die huiskomitee aangewys, asook ’n nuwe eerstejaarsvoog. Op die Pukke se Facebook-blad was baie reaksie, lees bl. 13.
NUUS
2 |
11 MAART 2011
News headlines This is a joined initiative by Wapad and AKSA
Traffic is turning into a big problem JOURNALISM STUDENTS REPORT TEAM People are furious about the dramatic increase in traffic jams on and around campus during peak hours. The problems are on the bridge in Meyer Street at the crossing with Hoffman Street and on the bridge at the OK Supermarket in Albert Luthuli Avenue. The Gerrit Dekker Streetentrance is also under pressure.
One of the university's plans to improve traffic flow is, amongst others, a slipway to the left from West Campus over the Meyer Street Bridge to the main gate in Hoffman Street. However, the university is of opinion that there is "not really" a problem. Kiewiet Scheppel, Campus spokesperson, points out that unlike most of the other university campuses, the Puk students are privileged to park on campus.
Campus debates over, Laureus wins MARCEL SPAUMER Laureus Men's Residence is the overall campus debate winner and winner of the men's section this year. "We had four good speakers, two Afrikaans-speaking and two English-speaking students. This, I think, counted in our favour," Uaraera Tjaveondja, Culture Residence Committee member of Laureus, told Wapad. Karlien came third, Kasteel
second and the women's winner was Vergeet-My-Nie. The National Debate will take place on Potchefstroom Campus this year and Michelle Groenewald from the executive committee for Arts is of opinion that this is a great honour for the Puk, since the campus has already won the National Debate four times in a row. Puk, Maties, Tukkies, Kovsies and UJ will take part in this year's National Debate from 7 to 10 April.
Hubbly remains hazardous MARCEL SPAUMER The Central Control Committee for Residences (CCCR) decided that the smoking of hubbly bubblies will not be allowed in residences and their rooms. "The Residence Committee members are, in accordance with the residence regulations, responsible for the implementation of this rule in residences," said Willie de Klerk, Director of
Residence and Catering Services Department (RCS). "According to the law on tobacco in South Africa, smoking is not allowed in 'partially enclosed' public places such as balconies, patios under roofs, verandas, corridors and parking areas." Students are dissatisfied, but since this rule falls under a law of the country, no petition will be drawn up.
Ter illustrasie van die vrouemishandeling wat 'n alledaagse probleem is.
FOTO: 40 N FABULOUS
Veldtog teen vroue-geweld geloods
Rugby moedig respek vir vroue aan LIZANÉ TREURNICHT
D
ie Ware Man Veldtog (Hou die aggressie op die veld) is ’n projek wat in 2011 deur die Rugbyinstituut geïnisieer is om rugbyspelers en ondersteuners bewus te maak van geweld teen vroue. Mervin Taylor van die Rugbyinstituut sê dat die projek op vyf bene staan: “Ware mans: respekteer vroue, beskerm vroue, slaan nie aan vroue nie, hou die aggressie op die veld, en draai nie hul ruê op geweld teen vroue nie.” Die Rugbyinstituut, Puk1 en die Varsity Cup is primêr betrokke by die projek wat deur die Gemeenskapspolisiëringforum (GPF) gedryf word. Ilzé Saunders is die dame wat pryk op die plakkate saam met van die Puk1 rugbyspelers. Die plakkate is deel van die bewusmakingsveldtog wat gebruik word
DON’T HIT
Een van die veldtog se plakkate. om die konsep van manlikheid te herdefinieer. Saunders sê: “Ek is baie trots om deel te wees van die veldtog, omdat geweld teen vroue ’n groot
probleem is in Suid-Afrika.” Taylor meen dat die rugbyspelers ’n besonder positiewe gesindheid het oor die veldtog, omdat hulle dit as ’n “aktuele beginsel beskou en eienaarskap neem.” ’n Opstelkompetisie wat by hoërskole in Potchefstroom geloods is, is deel van die veldtog en die wenner sal tydens die laaste Varsity Cup wedstryd wat in Potchefstroom gespeel word, aangekondig word. Taylor beaam: “Ons wil ’n waardevolle waardestelsel aan die gemeenskap bekend stel deur die wit strikkies en armbandjies as sigbare teken te bevestig dat ’n man moet opstaan vir geweld teen vroue.” Die beduidende boodskap wat oorgedra word is dat manne hul aggressie vir die (rugby)spel moet hou eerder as om dit huis toe te neem en op hul vrouens uit te haal.
Meningspeiling:
'Pukki is onnodig en lelik'
Wapad journalist, Janus de Villiers, tested the Puk's English facilities.
FOTO’S: KIRSTI VISSER
Do we have an English-friendly campus? JANUS DE VILLIERS In theory the Puk comes across as accessible to English students. Study guides and most of the prescribed textbooks are conveniently available in English, there are interpreting services available in selected classes and lecturers are willing to check English tests and assignments if it is the student’s home language. But how comfortable are English students really on campus? In a social experiment to determine if our campus is really accessible to English-speaking students, I spent one day in their shoes to find out for myself. Klipoog Cafeteria has English menus and notices but only at certain pay and order points. Directions on campus are available in various languages and it is easy to find your way on campus. Roxanne Goodchild is an English-speaking second year student
Social Experiment and a resident of Wag-’n-Bietjie Women's Residence. She said that she respects the proudly Afrikaans attitude of the university and feels that it would be selfish to expect everybody to speak English when the campus had worked so hard to keep Afrikaans as the primary language of tuition. “Although the university makes provision in various ways and tries to accommodate us, such as providing English examiners and exam papers, the interpreting services in our classes are not always on standard,” she said further on. “For example, I asked if they could provide an interpreter for one of my zoology classes, but I
was informed that it would not be economically possible for the faculty to appoint one at that stage.” A student who wanted to remain anonymous added that she found it unfair that the residence meetings were held in Afrikaans even though there were quite a few English inhabitants. She also told that an assignment instruction in one of her subjects was only available in Afrikaans on eFundi with an added note that "English students should use Google Translator to translate the instructions and then complete the assignment". In my experiment I also made use of the interpreting services which I found a simple and comfortable experience. The Potchefstroom Campus is mainly Afrikaans and we are proud of the use of our language on campus, but better provision could be made for the bilingual or English students.
Die Puk het onlangs ’n nuwe mascot gekry. Wapad se Suné Esterhuizen en Lizané Treurnicht het met eenhonderd Pukke gaan praat oor die Puk se nuwe mascot, die
Pukki. Meeste studente stem saam dat die Pukki goed bemark is, maar dat hulle eerder die ou mascot verkies. Hier is wat hulle gedink het:
Weet jy dat die Puk ’n nuwe mascot het? JA: 60% NEE: 40% JA - 60%
NEE - 40%
Het jy al die Pukki gesien? JA: 55% NEE: 45% 55%
45%
Is die Pukki vir jou mooi? JA: 29% NEE: 71% 29%
71%
Was dit nodig vir die Puk om ’n nuwe mascot te kry? JA: 33% NEE: 67% 33%
67%
Verkies jy die ou mascot bo die nuwe een? JA: 60% NEE: 28% 60%
40%
Die Pukki kry in die nabye toekoms ’n nuwe kop en sal dan anders lyk.
NUUS
11 MAART 2011
‘Op ’n punt van inligting’
Lucinda Louwrens, Kultuur HK-lid van Vergeet-My-Nie, damesdebat wenners, by Reghardt Smith, SR: Kultuur. FOTO: FRANK DUVENHAGE
Laureus se debatspan is Francois de Wet, Uaraera Tjaveondja, Karel van Rooyen en Mattie van Heerden. MARCEL SPAUMER
L
aureus Manskoshuis is vanjaar se algehele kampusdebat wenners, asook wenners van die mansafdeling. “Ons het vier goeie sprekers gehad – twee Afrikaanssprekendes en twee Engelssprekendes. Dit, dink ek, het in ons guns getel,” het Uaraera Tjaveondja, Laureus se Kultuur HK-lid, aan Wapad gesê. Die wenners in die damesafdeling is Vergeet-My-Nie. Kasteel
het tweede gekom en Karlien derde. By die manskoshuise het Veritas die derde plek verower en Patria het tweede gekom. “Omdat ons ’n klein koshuis is, is dit ’n opbouende oorwinning. Dit beteken baie vir die koshuis,” het Laureus se spanlede gesê. Vir Vergeet-My-Nie, wat die afgelope tyd swaar gekry het op kulturele gebied, stuur hierdie oorwinning die koshuis weer in die regte rigting. “Daardie eerste vyf minute na-
UITSLAE: Mans: 1. Laureus 2. Patria 3. Veritas
|3
Dames: 1. VMN 2. Kasteel 3. Karlien
Mansspreker van die toernooi: Francois de Wet (Laureus) Damesspreker van die toernooi: Susan Bothma (Vergeet-My-Nie)
FOTO: JEAN-MARI HENNING dat die tema gegee is, is maak of breek,” meen Tjaveondja. Volgens Alanka Craffert, beoordelaar, is debat nie altyd ’n stywe storie nie. “Daar is die lekker foutjies wat op die ingewing van die oomblik insluip, wat natuurlik skreeusnaaks en kostelik is.” Koshuisdebat bied ook die geleentheid om die span te kies vir Nasionale Debat. “Aangesien die Puk ’n goeie reputasie het wanneer dit by debat kom, is dit regtig nodig om weer
vanjaar op die uitkyk te wees vir goeie sprekers,” het Michelle Groenewald, UK:Kunsteraad, aan Wapad gesê. Die Nasionale Debat sal vanjaar op die Potchefstroomkampus plaasvind en Groenewald meen dit is ’n groot eer wat ons te beurt val, omdat die Puk die Nasionale Debat die afgelope vier jaar gewen het. Puk, Maties, Tukkies, Kovsies en UJ gaan almal aan vanjaar se Nasionale Debat deelneem vanaf 7 tot 10 April.
NUUS
4 |
Ongeluk voor Farmasiegebou
11 MAART 2011
Dosente en studente woedend
Verkeer maak Pukke moeg JOERNALISTIEK-STUDENTE VERSLAGSPAN
I
Daar was ’n paar weke gelede ’n ongeluk voor die Farmasiegebou. Mense is beseer, maar die aard van hul beserings is onbekend.
FOTO: PIET MATIPA
Puk-Bestuurskool help jou lisensie kry GERNA COETZEE Die Puk-Bestuurskool is ’n ryskool op kampus wat bestuurslesse en leerlinglisensievraestelle aanbied. Vir jou leerlinglisensie is daar ’n rekenaarprogram saamgestel met ’n kombinasie van al die vraestelle en jy kan dan by die bestuurskool die vraestelle deurwerk vir R80. Die bestuurslesse kos R160 per uur. Die les sluit parkering en roetes in. Albrecht Strydom, die PukBestuurskool se bestuurder, verduidelik dat hulle ongelukkig nie afsprake maak vir jou leerling- of bestuurslisensie nie. Die Verkeersdepartement het
L kke
pu nwu
GRAFIKA: ILSE VILJOEN
egter November verlede jaar ’n nuwe stelsel geïmplementeer waar jy binne 4 dae getoets kan word. “Gaan dus eers vir jou lesse en maak dan ’n afspraak sodat jy 100% reg is vir jou toets,” meen Strydom. Tans is die bestuurskool langs die POK-swembad geleë, by die ou Christenskooltjie, B5. Later in die jaar sal die bestuurskool weer terug skuif na hul vorige tuiste. Die Puk-Bestuurskool is toeganklik vir studente aangesien dit op kampus en dus naby aan alles is en die voordeel hiervan is dat die gemiddelde prys vir ’n uur se les by ’n bestuurskool in die dorp R240 is.
nwoners, studente en dosente is die josie in oor die dramatiese toename in verkeersknope op en rondom die Puk tydens spitstye. Die groeiende voertuigvolume is veral voelbaar oor die brug in Meyerstraat, by die kruising met Hoffmanstraat en die brug by die OK-supermark in Albert Luthuli-laan. Die ander ingang na die kampus wat druk ervaar, is in Gerrit Dekkerstraat. "Die oggende is baie besig. Ek dink daar is te veel karre vir die hoeveelheid hekke. Die meeste karre gebruik slegs die hoofhek in Hoffmanstraat, maar by die Patria-hek staan die verkeer soggens tot by Hoërskool Gimnasium," sê Bradley Cusins, ’n farmasiestudent in sy vierdejaar. Kiewiet Scheppel, die NWUPuk se mediawoordvoerder sê die Puk-verkeer het nie dramaties oor die jare verander nie. “Dit is die dorp se verkeer wat vermeerder het,” sê sy. Volgens haar, dra dorpsuitbreidings aan die westekant van die stad by tot die verkeer. Die universiteit se planne om die verkeersvloei te verbeter is onder meer ’n glybaan na links vanaf die Weskampus oor die Meyerstraat-brug na die hoofhek in Hoffmanstraat. Koshuisstudente sal ook nie meer toegelaat word om op kampus te parkeer tydens kantoorure nie. Volgens die universiteit se statistiek is daar sedert verlede jaar slegs 120 meer eerstejaars met motors geregistreer. Syfers wys ook dat daar in ’n periode van 24 uur gemiddeld 19 640 motors die kampus binnery. Michelle Reynecke, ’n LLBstudent sê: "Die verkeer in die dorp en op kampus is frustrerend. Die Puk bou graag geboue, maar akkommodeer nie studente met karre óf voetgangers nie." Nog ’n student, Porra Kondos, beskryf die verkeer as "pateties en ’n mors van tyd". Dr. André Haasbroek, ’n
Verkeer wat ophoop in Meyerstraat. FOTO: MARISKA BATT
dosent aan die fakulteit opvoedkunde, stem saam. "Die Puk is baie vinnig om boetes op kampus uit te skryf as mense nie op die regte plekke parkeer nie, maar help op die oog af nie met die verkeersvloei nie." "Een van die belangrikste gevolge van die ongelooflike slegte verkeer rondom en op kampus is die tekort aan parkering," sê Leilani Lindeque, ’n vierdejaar regsstudent. Die universiteit meen egter daar is nie regtig ’n probleem nie. Scheppel wys daarop dat anders as op die meeste ander universiteitskampusse, Pukke bevoorreg is om op die kampus te parkeer. Volgens haar is daar daagliks sowat 19 800 personeellede, studente en besoekers wat moet meeding om 5 861 parkeerplekke op die kampus. "Die verhouding is een staanplek vir elke 3.37 persone, ás almal met motors kom. Sou ons gereserveerde en afdakstaanplekke (5 861) en studentekoshuis-parkering (1 652) aftrek van beskikbare parkering, is die verhouding 6.83 persone wat moet meeding vir een staanplek," sê Scheppel.
SPECIAL:
Buy any two large pizzas between 17:00 and 19:00 and get a bottle of Graça free
Woensdae tot Saterdae 24 uur oop
NUUS
11 MAART 2011
| 5
Pasop vir hierdie woorde KEVIN DU PLESSIS Mense kan darem die eienaardigste sê-goed kwytraak! En as Afrikaner word jy dadelik geëtiketeer as kommin, tapid en wie weet watter ander Rockspaaider-terme. Hier is tien dinge wat jy nie oor jou lippe laat rol nie. “Awhe!” Dit was ’n vlugtige mode, maar het ongelukkig uitgesterf. Moenie jou foon met “Yebo yes” antwoord as jy nie swart is nie. Dis kultuurspesifiek. “Ja, pappa!” Sê my asseblief op watter manier is die losskakel op die veld jou "pappa". Dit kan verkeerd opgeneem word. Pasop. “That’s what she said.” Snaaks, ja, maar pasop voor wie jy dit sê, want as jy dit eers aangeleer het, is dit moeilik om te beheer en voor jy weer kyk sê jy iets vulgêrs vir jou dosent oor die piesang wat hulle gekry het vir middagete. Ek wil regtig nie hê jy moet my “bra” noem nie. Ek is niemand se gunholdsters nie. “Jis, ek was so dronk gisteraand.” Dalk waar, maar jou brein werk nou nog stadig, want regtig, dis nie so cool as wat jy dink om vir almal te vertel in watter lamppale jy alles vasgeloop het nie. Die klassieke “dude” is nie so erg as jy op die strand met ’n branderplank pose
As jy iemand sien stap met ’n bondel koerante, sê jy net, “Wapad my.” nie. Hier op die Puk leer ons maar mekaar se name. Daai “tune/song” is eintlik 'n liedjie. Dis doodeenvoudig, niks moeilik daaraan nie. Kief ? Wat is dit? 'n Tipe snoek? Mense, as jy vir my sê my hemp is kief sal ek nie weet of ek jou moet klap of bedank nie. By Wapad glo ons darem nie dat géén kommin sleng nie kan werk nie. As jy iemand sien stap met ’n bondel koerante, sê jy net, "Wapad my."
FOTO: PIET MATIPA
Studente nog apaties W
apad het ondersoek ingestel om vas te stel hoeveel studente geregistreer het vir die munisipale verkiesing wat op 18 Mei vanjaar plaasvind. Honderd is ondervra en meeste erken dat dit belangrik is om te registreer, maar slegs ’n derde van die studente het gehoor gegee aan die beroep.
64% van studente het nie geregistreer nie, aangesien sommige studente reken dit is “te veel moeite en het nie tyd nie”.
Ander studente wat ook aan die petisie deelgeneem het, glo dit help nie om te stem nie aangesien dit geen verskil maak nie. Braam de Clerq, wat deel vorm van die 34% wat wel geregistreer het, glo dat mense nie oor die politieke situasie van die land kan kla as mens nie bereid is om betrokke te raak nie.
NUUS
6|
11 MAART 2011
Maart
MODEL
Die Gingko Biloba voor F2 veroorsaak ’n stank in Lover’s Lane. FOTO: FRANK DUVENHAGE
Stink boom bied medisinale waarde
Sade lei tot kampusstank ALEXA SWART
D WAPAD MODEL Naam: Cecelia Swartz Koshuis: Kasteel Dameskoshuis Studierigting: B.Com Rekeningkunde Gunsteling quote: “Life is a succession of lessons which must be learned to be understood.” As jy ’n bekende sou wees, wie en hoekom? Michael Jackson – ek geniet die manier hoe hy sing en dans. Hy het ’n nuwe genre ontwikkel. Iets interessant oor jouself: My tweede toon is langer as my groottoon. Hoe was jou eerste soen? Ek was 13 jaar oud en dit was glad nie soos ek gedink het dit sou wees nie – dit was eintlik gross. Voortaan sal daar vir elke maand ’n manlike sowel as ’n vroulike Wapad model uit verskillende koshuise gekies word. Hierdie modelle sal dan finaliste word in ’n spesiale Wapad modelkompetisie. Beoordelaars is onder meer Leandie Du Randt, Flip-a-Coin en Nadia Beukes. Wil jy die volgende Wapad model wees? Jy en jou koshuis kan groot pryse wen. E-pos vir ons ’n vollengte foto van jouself, asook jou kontakbesonderhede na wapad@nwu.ac.za en jy kan dalk in die volgende Wapad verskyn.
FOTO: IAN ODENDAAL
ie boom voor F2 is die oorsaak van onaangename reuke op kampus. Mense trap die onwelriekende saadjies oral in klaskamers in en versprei die reuk. Die boom staan bekend as Gingko Biloba, ook genoem Maidenhair tree, Kew tree of Japanese silver apricot. Slegs die vroulike bome produseer die saad wat onaangename reuke vrystel. Die bestanddeel wat die reuke veroorsaak, is Bottersuur, oftewel Butanoick Acid. Dit is deel van die sade se chemiese samestelling. Daar word voorgestel dat sand of sodiumbikarbonaat gebruik word om die reuk te verminder. Hierdie bome groei in tien tot twaalf jaar slegs ses meter hoog. Die oudste Gingko Biloba in China is na beraming drieduisend-vyfhonderd jaar oud. In Noord-Amerika word die Gingko Biloba se blaarekstrak vir medisyne gebruik. Tradisionele Chinese medisyne maak ook gebruik van die Gingko Biloba se saad. “Die Gingko Biloba is een van die bome wat tydens die Plantkunde Departement kampus-
Die Gingko Biloba is een van die rare plantsoorte wat deur middel van lewende sperm voortplant. toere besigtig word juis omdat dit so merkwaardig is,” sê Franci Siebert van die NWU-Plantkunde Departement. Gingko Biloba se algemeenste funksies sluit die volgende in: verbetering van korttermyngeheue, bloedsirkulasie, verlig simptome van Alzheimers, hoofpyn ensovoorts. “Dit is ’n besondere boom en dit sal jammer wees as dit moet verwyder word weens die reuk,” sê Siebert. Dokters in Duitsland skryf gereeld Gingko Biloba voor. Die aanvraag het tot so ’n mate gegroei dat die industrie reeds in 1993 ’n markwaarde van 2 biljoen U.S. dollar opgelewer het vir Schwabe, ’n Duitse vervaardiger wat Gingko Biloba wêreldwyd versprei.
HET JY GEWEET? Nadat die verpleegkunde-gebou oor die hele kampus moes swerf en van verskillende lokale gebruik moes maak, is ’n eie gebou eers in 1988 vir die Departement Verpleegkunde opgerig. Die gebou is tussen die Totiusgedenksaal en Heimat gebou geleë en die oprigtingskoste was R 257 500. Hierdie terrein is aanvanklik vir die Studentesentrum toegewys, maar is later as pakhuis benut en is in 1988 as lokaal vir verpleegkunde omskep. DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUMNIKANTOOR
NWU-Puk Alumni Kampustalentfees trek vanjaar nuwe baadjie aan ALEXA SWART Die 28ste NWU-Puk Kampustalentfees word 13 Mei in die Sanlam-Ouditorium aangebied. Puk Alumni borg reeds die afgelope drie jaar die Kampustalentfees en dit sal nou amptelik bekendstaan as die NWU-Puk Alumni Kampustalentfees. “Studente is gewoond aan goeie koshuiskultuur en sêr, maar dit is ’n ander belewenis om indi-
viduele talent te aanskou,” sê UK:Kunsteraad en mede-organiseerder Ilzé Mcdonald. “Dit is regtig ’n top gehalte produksie.” Kommunikasiedosent, GP van Rheede van Oudshoorn is ’n gaskunstenaar en die seremoniemeester van die gala-aand. “GP is ’n talentfees op sy eie,” meen organiseerder Alanka Craffert. Kategorieë sluit in vokaal, be-
Oudisies vind 15 tot 17 Maart plaas in die Totiussaal, Cachet Kleinteater en die konservatorium
weging en dans, instrumentaal en vertolking. ’n Nuwe kategorie, naamlik wêreld-etniese musiek, beloof om nuwe karakters die verhoog te laat sien. “Die Afrikamusiek-kategorie het ander musiektalent en belangstelling beperk, daarom het ons dit goedgedink om die wêreldetniese musiek kategorie te skep waar deelnemers met ’n voorliefde vir byvoorbeeld Ierse musiek
hul talent kan kom vier,” sê Mcdonald. Inskrywingsgeld beloop R30 per kategorie, hetsy individu of groep. Toeskouers kan kaartjies in Mei koop by Puk-Kunste in die Heimat gebou. Navrae kan gerig word aan Alanka Craffert van Puk-Kunste by (018) 299 2844 of 084 207 2885. Laatslapers is welkom om Craffert Vrydag te kontak oor laat inskrywings.
10 MAART 2011
NUUS
|7
Koshuise en AKSA vier kultuur
La Varia en Over de Voor. FOTO: DEVIN DE BUDE
Heide en Heimat se Skotse kultuurstalletjie was ’n treffer.
FOTO: PIET MATIPA
Kasteel en Hombré se stalletjie.
FOTO: FRANK DUVENHAGE
Laureus en Oosterhof was Arabiere.
FOTO: FRANK DUVENHAGE
Party Fest is weer terug
Hoe om van ’n babbelas ontslae te raak
A
s jy op die Puk bly en ’n senior is, is daar ’n redelike kans dat jy al die harde nagevolge van ’n lekker aand gevoel het. Hier volg maniere om van ’n babbelas ontslae te raak: DEUR: MARTIN LAUBSCHER | GRAFIKA: PIETER BEUKMAN
Veg vuur met vuur: DRINK NOG ’n bier. Jy mag dalk nie baie lus voel nie, maar ’n koue bier sal jou gou laat vergeet dat jy in die eerste plek sleg gevoel het.
’n Ander manier om van ’n babbelas ontslae te raak is om glad nie een te kry nie. Die Draak het COKE, jy weet?
REHIDREER. Maak seker jy drink baie water. Vrugtesap en veral tamatiesap is baie goed. Verder sal sportdrankies soos Energade en Powerade ook wondere doen.
Jy kan jouself ook forseer om te gaan DRAF. So erg as wat dit klink, is dit ’n goeie manier om relatief vinnig al die gifstowwe uit jou liggaam te kry. Dit help ook vir die skuldgevoelens.
’n ORDENTLIKE ONTBYT is ook altyd effektief. Hoewel dit dikwels voel asof ’n mens nooit weer ’n stukkie kos in jou ligaam wil of kan kry nie, is daar niks beter as ’n vol maag om die gevolge van die vorige aand mee teen te werk nie nie.
Soos met alles in die lewe is daar ook PILLE vir hierdie onsmaaklike verskynsel. KGB is sekerlik die bekendste daarvan. Ander tipes lewerpille help ook vir die pyn.
SLAAP dit af. Jy gaan in elk geval nie veel deur die dag beteken nie.
Veritas en Klawerhof se ontspanne FOTO: KIRSTI VISSER stalletjie.
ELMARI DE VOS
’n YSPAK of ’n pakkie gevriesde ertjies teen die voorkop help vir die kopseer.
Party Fest het verlede jaar reeds gewild geword onder studente en die geleentheid se populariteit groei steeds. Die eienaar en organiseerder, Lian Fourie, verduidelik dat sake aan die begin van die jaar stroef was, maar dat dinge nou anders lyk. “Die Puk-meisies het my verbaas – hulle was so competitive, dis eintlik ridiculous,” vertel Fourie. Die kompetisie, wat vanjaar in Impala gehou word, se opening was verlede Donderdag. Ramey Short, ook bekend as Quintin van die sepie Binnelanders, het die geleentheid ook bygewoon. Tina Scholtz is vanjaar ook deel van die geleentheid en volgens Fourie is die dames van Tina Scholtz tans onder die voorlopers. Die volgende aksie word deur Tina Scholtz gehou en daarna is dit Bellatrix se beurt. Die ander aksies vind volgende kwartaal plaas. Fourie sê punte word op verskillende maniere toegeken. “Bonuspunte is baie belangrik.” Oor die groei van die geleentheid, verduidelik Fourie dat hy nog universiteite wil betrek en ook meer koshuise. “Ek wil graag volgende semester Stellenbosch bybring en volgende jaar miskien Port Elizabeth.” Daar is reeds meer as 5000 mense wat die Party Fest Facebookblad like. Vir Fourie is hierdie nog net die begin. Hy wil Party Fest nog baie uitbrei. “My droom is om die wêreld se studente in rekreasie en feesviering te verenig.”
NUUS
11 MAART 2011
FOTO: ROCKHOPPERS DAILY GRIND
Gee jou blikkieskos vir dié wat nie het nie MONIQUE VREY
Mnr. & Mej. kampus
FOTO’S: KIRSTI VISSER
Die aansoeke vir Mnr. en Mej. Kampus 2011 het op Dinsdag 1 Maart met 'n groot bang oopgemaak in Lover's Lane. Die plaaslike band, ekhouvanjou,okay! het die "avontuur", soos die organiseerders dit beskryf, se begin gevier met 'n baie opwindende vertoning in die Amfi. Aansoeke sluit op 14 Maart.
Famous Face
Luré raak lewens aan GERNA COETZEE
Ek wil hê my voetspore moet agter bly en ander dames se lewens aanraak.
Luré Delport is aangewys as vanjaar se Mej. JOOL Persoonlikheid. FOTO: MACLEZ STUDIO
Luré Delport van Karlien Dameskoshuis, was gekroon as Mej. Persoonlikheid. Sy het dit glad nie verwag nie, maar dit was uit en uit die moeite werd en ’n wonderlike leerervaring. “Die oefeninge was so lekker en ek het geleer om ’n beter vrou en dame te wees en jouself uit te straal maak nie saak hoe hard jy werk nie.” Delport wil in haar termyn mense se lewens verander, sy wil haar tiende meer gee en elke dag opstaan met ’n glimlag. “Ek wil hê my voetspore moet agter bly en ander dames se lewens aanraak.”
Teen druktyd was die wenners nog nie bekend gewees nie.
nog nie bekend gewees nie. “Hierdie jaar het elke koshuissleep ’n tema gekry waarvolgens hulle hul stalletjie moes opmaak. Die temas het verskillende kombuise met verskillende temas, onder andere ’n Franse kombuis, ’n Spaanse kombuis, ensovoorts behels,” verduidelik Stidworthy verder. KANSA, SAPD en SR-Kunste se canvas was ook by hierdie dag betrokke. Maak jou hart oop – skenk iets vir die wat nie het nie!
Wat's jou bucketlist op Puk ALEXA SWART
M
ej. JOOL Persoonlikheid is ’n glinster liefdadigheidsgeleentheid waar die dames van die meisies geskei word. Veertig debutante word gekies en elk moet ’n minimum bedrag van R4000 insamel. Daar word dan onderhoude gehou en die Top 14 word gekies. Elk van die 14 debutante moet ’n projek loods vir liefdadigheid. Luré Delport, wat gekroon was as Mej. JOOL Persoonlikheid se projek was oor waterbesoedeling. Sy het in die Promosa parkie met 84 kinders te werk gegaan met watersuiweraars en hulle gewys dat water wel gesuiwer kan word. Op 27 Januarie was die liefdadigheidsbal en die 14 finaliste het geskitter. Hulle het in verskeie uitrustings geloop, onder andere die hoofborge se klere asook overalls. Cheree Mattee was as Mej. Fotogenies gekroon en Mej. Onvergeetlik was Juanita Badenhorst. Die finalis wat die mooiste gelyk het in haar ovie was Anneri Koen. Die tweede prinses is Madeleine Swanepoel en die eerste prinses Monsenique Matthysen.
Elke Puk het vanjaar op 10 Maart ’n geleentheid gekry om hul harte oop te maak met Puk-SJGD se Blikkieskosdag in Lover’s Lane. “Ons wou hierdie jaar meer blikkies insamel as vorige jare en meer hongerpyne probeer stil,” vertel Jean-Marc Stidworthy, SR:SJGD. Vandat Blikkieskosdag ongeveer 10 jaar gelede op kampus begin is, het dit volgens Stidworthy iets geword wat na aan baie studente se harte lê. Om hierdie rede help almal graag om nie-bederfbare produkte en blikkieskos in te samel vir minderbevoorregtes. Alles wat ingesamel is, word dan na minderbevoorregtes in omliggende dele van Potch gestuur. “Ons wil help met die nood daar buite,” lig Stidworthy in oor SJGD se doelwitte. Gister het die verrigtinge reeds om 07:00 begin. HK-lede het dan tot 09:00 kans gekry om hul blikkies uit te stal en te laat tel. Daarna was elke koshuis se stalletjie opgeslaan, potjiekos is gemaak, stalletjies is beoordeel en die wenners is uiteindelik om 14:00 aangekondig. Teen druktyd was die wenners
Hierdie graadvangseisoen laat mense besef dat studentwees eintlik verby vlieg. Wapad het gaan uitvind wat studente dink elke Puk moet doen voor hy/sy graadvang en die grootmens wêreld betree. COBÉ KRITZINGER BA Kommunikasie en Drama Derdejaar Minjonet “Slaap in die ry vir sêr kaartjies of sommer net in een van jou klasse.” TIFFANY MAKIER BA Psigologie en Arbeidsverhoudinge Eerstejaar Wag-’n-Bietjie “Verseker skinny-dip in die Calvyn.” RUDELLE WHITE BSc Chemie- en Mikrobiologie Derdejaar Minjonet “Woon ’n ander fakulteit se klasse by en maak ’n vriend in elke koshuis.”
SONETTE DU PLESSIS Fisiologie Honneurs Vyfdejaar Minjonet
“Jy moet picnic hou op die Bib se dak, spandeer een volle dag in die Draak en jy moet ten minste een keer hand aan hand met iemand loop in Lover’s Lane.” NATASHA STEENKAMP Bcom Berdryfsiel- kunde en Arbeids- ` verhoudinge Eerstejaar; Kasteel “Elke Puk moet verseker ’n Pukburger eet.”
MARI WEIDEMAN BA Psigologie en Toerisme Vierdejaar Wag-’n-Bietjie “Jy moet leopard crawl uit ’n klas uit voor jy ’n volwaardige Puk is.”
11 MAART 2011
KUNS&VERMAAK
Laureus-man wys lyf Vanjaar is daar nog ’n Puk as Rapport-model aangewys. Danny Stanfliet is genomineer vir die kompetisie, nadat hy Mnr. J-Bay gewen het. Wapad se Elmari de Vos het met hom gesels. 1. Wat swot jy? Ek swot BSc Aktuariële Wetenskappe (2de Jaar). 2. Wat behels die kompetisie? Ek het regtig nie ’n idee wat die kompetisie behels nie. Al wat ek weet is dat ek ’n kar kan wen en Hawaii toe kan gaan! Haha… 3. Hoe werk die kompetisie nou verder? Soos ek dit verstaan is ek nou in die Top 12, (mans en vrouens saam) en gaan Hawaii toe, waar daar ’n algehele wenner aangekondig gaan word, beide man en vrou. 4. Herken mense jou op kampus? Haha, ja. Dis eintlik baie funny. Random meisies stop my op kampus en sê hul het my in die Rapport gesien (nogal verstommend hoe baie studente koerant lees). 5. Is jy single? As jy is: wat soek jy in ’n meisie? Ja, ek is single. Ek hou baie van ’n meisie wat sportief is en goed na haarself kyk. Sy moet ’n oulike persoonlikheid hê, en sy moet my gemaklik kan laat voel, sonder om haarself ongemaklik te laat voel. 6. Wat beplan jy vir jou toekoms? Hopelik iets positiefs. Ek wil graag my graad kry (prioriteit nommer een), en aangaan totdat ek ’n volwaardige aktuaris is (indien moontlik). Model-gewys, ek dink dit het ’n rakleeftyd en myne verval amper.
|9
Interkampus
Vaaldriehoek kry koerant LIZANÉ TREURNICHT
Die studente van die NWU se Vaaldriehoekkampus het ’n studentekoerant op die been gebring. Die Student 24/7, is ’n elektroniese koerant wat maandeliks verskyn. Sodoende kan hulle die natuur bewaar deur papier te spaar.
Studente van Tukkies is ongelukkig omdat twee bekende kuierplekke (Aandklas en Springbok Bar) in Hatfield, na dese net rustige musiek mag speel. ’n Hofgeding tussen die universiteit en die twee kroeë, het dit bepaal. Drie dameskoshuise op die kampus het gekla oor die musiek en lawaaierigheid wat uit die kuierplekke weergalm wanneer hulle wil studeer.
By Kovsies het die misdaadsyfer afgeneem sedert die sekuriteitsmaatreëls op kampus opgeknap is. Daar is veiligheidsbeamptes wat saans van 18:00 tot 06:00 wag hou by al die koshuise. Patrollievoertuie patrolleer die kampus ook bedags en nuwe ligte, ’n beheerkamer en sekuriteitskameras is geïnstalleer.
Daar gaan streng dissiplinêre stappe geneem word teen manskoshuise by die Universiteit van Stellenbosch wat hulle skuldig gemaak het aan die skending van menseregte.
KUNS&VERMAAK
10|
11 MAART 2011
Kuns Vermaak FOTO: MACOMB DAILY BLOG
Die groot wenners op die 83ste Annual Academy Awards is Christian Bale (beste byspeler), Natalie Portman (beste aktrise), Melissa Leo (beste byspeelster) en Colin Firth (beste akteur).
Die koning neem die grotes huis toe ELMARI DE VOS
D
ie drie-en-tagtigste Annual Academy Awards het Hollywood aan die gons. Anne Hathaway en James Franco was vanjaar se aanbieders. Gunstelinge om met die waardevolle beeldjie weg te loop vir die beste rolprent van die jaar, was onder meer Black Swan en Social Network. The King’s Speech was egter die rolprent wat met die louere weggestap het.
Jesse Eisenberg (The Social Network) en James Franco (127 Hours) was onder die genomineerdes vir die beste manlike hoofrol. Weer het The King’s Speech oorheers en Colin Firth met die Oscar-eer bekroon. “I have a feeling my career’s just peaked,” het Firth sy aanvaardingstoespraak mee begin. Sy toespraak, wat al as een van die beste Oscar aanvaardingstoesprake beskryf is, was humoristies, sjarmant en op die man af
DIE WENNERS:
Beste Rolprent: The King’s Speech Beste Regisseur: Tom Hooper (The King’s Speech) Beste Akteur: Colin Firth (The King’s Speech) Beste Aktrise: Natalie Portman (Black Swan)
Prof. Hans maak Hoogliedere tot boegoe MONIQUE VREY Om te dig is moeilik, maar om góéd te dig, is nog moeiliker. Uit Boegoe vannie liefde, is dit egter duidelik dat digkuns reeds deur ons eie prof. Hans du Plessis bemeester is. In 2007 het Lapa-uitgewers hierdie digbundel gepubliseer. “Ek het ’n beheptheid met Hooglied, want dis vir my ’n storie van volmaakte liefde tussen mense, maar ek dink dit word verkeerd verstaan deur teoloë wat uiteenlopende kommentaar daaroor lewer. Ek moes die volgorde van die storie verander vir myself,” verduidelik Du Plessis. Die boek, met ’n skryfstyl geïnspireer deur die Griekwapsalms, het tot dusver meer as 10 000 kopieë verkoop en met dit het Du Plessis laat besluit om sy boek lewe op die verhoog te gee. “Ek het eers ’n musical daarvan geskryf, maar dit was te groot vir Aardklop, want ek’t iets soos My Fair Lady in my kop gehad,” bieg Du Plessis. Nadat Aardklop die Boegoe vannie liefde musical afgekeur het,
– baie soos wat Firth se karakter dikwels beskryf word. Buiten die bogenoemde twee, het The King’s Speech ook die toekennings vir die beste regisseur en beste oorspronklike draaiboek ontvang. The King’s Speech en Inception het die meeste toekennings gewen – vier toekennings elk. The Social Network het drie toekennings ontvang. Alice in Wonderland, The Fighter en Toy Story 3 het elk met twee toekennings weggeloop.
Die rolprent, Black Swan, het al baie opslae gemaak sedert dit uitgereik is. Hierdie sielkundige drama is vir vyf Oscars genomineer, maar het slegs een gewen. Natalie Portman, in ’n rok van Rodarte (kostuumontwerper van Black Swan) was die gunsteling om as beste aktrise in ’n hoofrol weg te stap en sy het ook nie teleurgestel nie. “Thank you. Thank you so much. This is insane,” het ’n swanger Portman aan die gehoor gesê.
FLIEK TOMAAN Bloedsuiers
Ek suig bloed in my taal
Die geselskap van Boegoe vannie liefde, besig met ’n repetisie. FOTO: ADRI BREED het Du Plessis egter nie gaan lê nie. Hy het met behulp van Lize Beekman, wat sy werk getoonset het, sy boek in ’n kabaret omskep. Die regie van Boegoe vannie liefde, is deur Adri Breed, ’n dosent in taalkunde aan die Puk, en Franco Prinsloo behartig. Dis ook nie net sommer ’n gewone kabaret nie. Hierdie produksie word opgevoer deur ’n groep Pukke en oud-Pukke. Boegoe vannie liefde, wat hierdie week in Potch gewys het, is ook reeds by groot geleenthede soos Volksblad Kunstefees en Aardklop vertoon. Kaartjies is sover
by al die geleenthede uitverkoop. Volgens Du Plessis is daar baie belangstelling en ons het beslis nog nie die laaste van hom gesien nie - gehore by Stellenbosch se Woordfees en KKNK later vanjaar, kan ook uitsien om bekendes soos Deon Meiring, Netanja Brink, Jako Meyer, Natie Klopper, Ester de Vos, Pierre-Louis le Grange, Andrè Klopper en Rineke Viljoen op die verhoog met hierdie kabaretstuk te sien. As jy die kans kry om Boegoe vannie liefde te gaan kyk – moenie twee keer dink nie, want jy sal nie spyt wees nie.
Die eerste Afrikaanse vampierfilm sal later hierdie jaar die lig sien in die vorm van Bloedsuiers. Die fliek se rolverdeling bestaan uit Darron Meyer (HBO se Generation Kill), Tyrel Meyer (I now pronounce you Black & White), Inge Beckmann (van die groep Lark), Francois van Coke, Porteus Xandau (Liefling & 7de Laan), Rob van Vuuren (beter bekend as Twakkie) en veteraan akteur Andre Roothman (Arende & Known Gods). Die film is ’n kruisingsgenre van komedie en gruwel, met volksmondige Afrikaanse dialoog wat die bestaan van “bloedsuiers“ in Suid-Afrika bekendstel sedert die dae van Jan van Riebeeck & Kie. Dan, na die hedendaagse en moderne Kaapstad, waar twee amateur vampierjagters per ongeluk hul eerste vampier
Francois Van Coke in die Afrikaanse vampier-fliek, Bloedsuiers. FOTO: THE CALL SHEET
vang. So word hulle op ’n reis gestuur na die Klein Karoo om die bose en bloedsuiende prins, bekend as Wyker, op te spoor en van kant te maak. Sodoende, vervul hulle dan ook ’n eeue-oue profesie. Die enigste probleem is dat dié profesie bekend is onder die vampiere en dus weet Wyker hulle is op pad. Besoek www.bloedsuiersmovie. com vir toegang tot meer inligting aangaande die film, akteurs en die gehoorbefondsingsveldtog.
KUNS&VERMAAK
11 MAART 2011
Song vir Katryn?
|11
Tweede keer in drie jaar
Pukfm weer MK-wenners SUNÉ ESTERHUIZEN
D
Die Afrikaanse sanger, Valiant Swart, het onlangs in Potch opgetree. Swart is ook bekend vir sy toneelspel in die televisiereeks, Song vir Katryn. FOTO: NELLIE VAN DER WALT
MARTIN LAUBSCHER KINGS OF LEON Come around sundown
Kings of Leon se vyfde album is ’n goeie weerspieëling van hulle ouderdom. Soos ’n sonsondergang - nogsteeds aanskoulik en iets wat jy wil geniet terwyl jy rustig op die stoep sit. Die album neem baie dieselfde vorm aan as hulle vorige album, Only by the night. Dit is asof hierdie album uit die vorige een vloei en dit afsluit. Die lirieke fokus meestal op persoonlike ervarings en het ’n effens nostalgiese ondertoon. Dit dra dus ook by tot die weerkaatsing van die band se ouderdom. Die enigste ding wat pla is die gebrek aan afwisseling. Daar is nie ’n groot onderskeid tussen die meeste snitte nie. Liedjies wat uitstaan is Radioactive, Pyro (beide enkelsnitte),
Mary en Mi Amigo. Dit is die perfekte CD vir roadtrips of bloot net vir rustig lê en luister.
KE$HA Animal + Cannibal
Oorverwerk en effens onnatuurlik. Die benadering van hierdie album haal die emosie en betekenis uit die musiek. Dié CD word saam met Ke$ha se vorige album, Animal, uitgegee. Waarskynlik om die band tussen die twee te toon. Die deurlopende tema van Ke$ha se musiek kan in die lirieke van die liedjie Animal (waarvan daar ook ’n interessante ‘k$ and friends’- herverwerking op Cannibal is) gevind word: “I am in love with what we are,
not what we should be.” Dit suggereer tog dat Ke$ha ‘verlief ’ is op mense se natuurlike, wilde aard. Dit is juis dít wat haar musiek so ironies maak. Die musiek gaan juis teen daardie natuurlike aanslag en belemmer vervolgens die poëtiese aanslag daarvan. Liedjies soos The Harold song, Grow a Pear en C U Next Tuesday wat regtig goed is, word bederf deur die oorweldigende elektroniese klank daarvan. Hoewel sy ’n pop-en danskunstenaar is, beweeg die CD eerder na rave toe. ’n Mens kry werklik min kans om Ke$ha se natuurlike stem te hoor, aangesien dit so gesinkroniseerd en oorverwerk is. Miskien kan sy net glad nie sing nie? Die enigste faktor wat hierdie album van ’n totale ramp weerhou is die treffende lirieke wat op ’n eenvoudige manier daarin slaag om baie te sê.
Mystic Boer bied iets vir elke student
Pukfm bestuur by die MK-Award FOTO: FRAND DUVENHAGE Na Dans en Van Coke Kartel ingesluit. Van Coke Kartel het ook die toekenning vir beste live optrede ontvang. Van die grootste skokke was dat Jack Parow en Die Antwoord geen toekennings ontvang het nie. Die grootste toekenning, naamlik beste video, het aan Die Heuwels Fantasties en Mr. X se Hyg Duiwel gegaan.
MK Awards: En die wenners is... Best feat/colab:
Beste Newbie:
Beste Pop:
Beste Pornster:
Beste Solo:
Beste Live Act:
Beste Groep:
Beste SFX:
Beste Neon:
Beste Kampus-hit:
Beste Internasionale Deurbraak:
Beste Video:
Monique & Snotkop – Ek Val Vir Jou
Bobby van Jaarsveld
Bobby van Jaarsveld – Net Vir Jou
Die Heuwels Fantasties – Doodgewone Aand Mr. X feat. Die Heuwels Fantasties – Hyg Duiwel
Prime Circle – Breathing
Die Tuindwergies – Kopskudkinders
Snotkop – Parapara
Van Coke Kartel
Mr. X feat. Die Heuwels Fantasties – Hyg Duiwel Dans Dans Lisa – Sing in Skaamte (Pukfm) Mr. X feat. Die Heuwels Fantasties – Hyg Duiwel
Beste Internasionale Treffer:
Eminem ft. Rihanna – Love The Way You Lie
ALEXA SWART Die Mystic Boer beloof om Potchefstroom se strate behoorlik te laat wemel. Pukke word blootgestel aan ’n nuwe kuierervaring wat by Kovsies en Maties reeds hooggety vier. Die nuwe Mystic Boer is 1.2 km van kampus af, no. 72 op die hoek van James Moroka en OR Tambostraat. Name soos Glaskas, ekhouvanjou,okay, DJ 7 en DJ Sasco Sam is die vermaak vir die openingsaand. “Ons het iets vir almal, ’n restaurant, drie bars, ’n buitelugstoep, ’n dansvloer en pool tafels” sê mede-eienaar Elouise Botha oor die fasiliteite. “As jy deur die plek stap is daar mense wat pool speel, ander dans, party is by die bar. Dit is regtig ’n vriendelike, gemaklike atmosfeer.” Broers, Willem en Johan Coertzen het in 1997 die eerste Mystic Boer geopen in Bloemfontein. In 2003 is die volgende tak in Stellen-
ie MK-Awards 2011 het goed afgeloop vir ons eie Pukfm, wat een van die dertien prestige toekennings ontvang het. Dié toekenning, wat Pukfm vir die tweede keer in drie jaar gewen het, is vir Beste Kampus-hit, Sing in Skaamte van Dans Dans Lisa. Die video is deur Bouwer Bosch geskiet. “Dit is ’n baie groot eer en dit sê baie oor Potch bands,” het Amoré Truter, stasiebestuurder van Pukfm aan Wapad gesê. “Dit gaan oor wat ons daaruit haal. Pukfm is hier om te bly – ons hoef nie terug te staan vir enige stasie nie.” Dans Dans Lisa se bestuurder, Louis Janse van Rensburg, is baie opgewonde oor wat die toekenning vir die band beteken. “Ons wil ook net dankie sê vir Pukfm vir al die ondersteuning, dis great!” Die MK-Awards was soos altyd propvol verrassings en het onverwagse wenners opgelewer. Die aand het live optredes van groepe soos Taxi Violence, Foto
V Restourasies word nog gemaak aan die gebou van die nuwe kuierplek, Die Mystic Boer. FOTO: JEAN-MARI HENNING
bosch oopgemaak. Planne vir ’n Potchefstroom Mystic Boer het al in Maart 2010 begin Die naam is afkomstig van Valiant Swart se liedjie Mystic Boer en hy is toestemming gevra om die naam te gebruik. “Enigiemand vorm deel van die
Mystic crowd: hippies, rockers, alternative-ouens, indie rock. Dit is niks anders as divers nie,” meen Heinrich Viljoen, bestuurder. Die Mystic Boer is anders in die sin dat dit ’n huis is omskep in ’n kuierplek.
12 |
11 MAART 2011
Redaksionele
Kommentaar 11 MAART 2011
Die plegtige dag van graadvang Vir drie, vier, of dalk vyf jaar lank, sien elkeen van ons uit na die dag wat al jou harde werk tot ’n punt kom. Hierdie dag staan algemeen bekend as jou gradeplegtigheid. Almal in jou lewe wat iets beteken doen moeite om óf self in die Ouditorium te wees, óf om jou ten minste te bel. Daar heers meer opwinding as met jou matriekafskeid, veral as ma hier is om seker te maak dat jy jou heel beste lyk en pa reg staan met die kamera. Maar dan kom jy en jou entourage op kampus en die soektog na parkering begin. Tensy jy voor sonop opdaag om skelm ’n parkeerplek onder ’n boom vol te staan, moet jy gebruik maak van die sokkerwêreldbeker-styl park and ride stelsel. Pret. Dan bou die opwinding tot ’n klimaks en jy kry ’n volle 20 sekondes op die verhoog. Drie (of vier) jaar lank se swot, en jy kry ’n halwe oomblik van glorie waar jy met moeite in jou toga en ves moet kniel, sodat die rektor jou op die kop kan piets met ’n sponserige hoedjie. Hierna moet jy baklei vir jou plekkie voor die Calvyn of langs Totius se standbeeld vir ’n paar foto’s. Al hierdie dinge mag dalk bietjie negatief en onnodig klink, maar eintlik is dit ’n fantastiese dag. Die seer voete, lang toesprake en warm toga kleur net die prentjie in sodat jy die dag vir lank sal onthou. Dis immers jou eerste graad. Jy’t nou iets agter jou naam. En dis legit.
Kernredaksie HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369) ADJUNKREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022) SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028) SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980) GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099) TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516) BEMARKING: Isabel Weideman (082 367 2248) TEKSVERSORGERS: Nina Linde, Lisa-Marie Strydom, Marcelene Jordaan en Karlien Badenhorst MEDEWERKERS: Cornia Pretorius, Kiewiet Scheppel UITLEG: Pieter Beukman
Dagsê Pukke Die kwartaal is besig om ten einde te loop en ek hoop dat hierdie eerste kwartaal vir elkeen goed gegaan het. Daar was reeds ’n klomp struikelblokke gewees, maar hopelik is dit oorkom. Onthou net, wat jou nie doodmaak nie, maak jou net sterker. Die SR is hier vir julle, kom klop aan vir enige vrae (met die trappe op, langs die ABSA-tellers). SR-groete Jaycee van Rooyen SR:VOORSITTER
SKETS: WILLIE BLIGNAUT
Gasskrywer
Herinneringe aan naftaleen... Francois
Toerien
Hy is 'n kykNET aanbieder
D
it is warm in die Kaap. Bloedig warm. ’n Drie-maande, ononderbroke hittegolf laat selfs die sonbesies skarrel vir skaduwee. En ek sit met ’n vismotplaag. My situasie voel uniek. Niemand in my uitgebreide kring van vriende en kennisse het al ooit so iets beleef nie. Ja, die enkele vismot wat wegseil as jy jou vergeelde kopie van Sewe Dae by die Silbersteins van die rak af skouer of jou oorgeërfde lappieskombers vir ’n dronk vriend op die rusbank oopgooi, dit is bekend. Maar ’n plaag? ’n Rillinkie hardloop langs my rug af. Ek is vuil. My huis is vuil. My ma skaam haar dood. Maar dis nie waar nie! Ek vee gereeld, gaar glad nie op nie en twee-weekliks skrop liefste Nosisi al wat ’n oppervlak is beenwit. Na ek myself vir ’n wyle gefolter het kom ek tot dié gevolgtrekking: Dis die hittegolf. Wat anders? Ek Google vismotte, kom op soft-porn foto’s af van
'n Rillinkie hardloop langs my rug af. Ek is vuil. My huis is vuil. My ma skaam haar dood. Maar dis nie waar nie! meisies in motgevrete toiings, leer van larwes en eiers en verskillende spesies. Bewapen met kennis besoek ek my naaste Pick&Pay opsoek na naftaleenballe. Vismotgif. By die huis maak ek die pakkie oop en die reuk van naftaleen – gemeng met die haardroër-bries wat by my venster indryf – laat ’n teelepel gal in my esofagus opstoot. Ek hou my asem op en kom oor dit. En skielik gaan my gedagtes op galop… Laaikaste vol opgaarsels en geheime, ouetehuise, die onvermydelike verganklikheid. ’n Naftaleenbal later en ek besin oor die dood! Vinnig ruk ek myself uit die ligte depressie-aanvalletjie en raak verspreidings-gedrewe. Die linnekas, die
kombuiskas vol skoonmaakmiddels, die badkamerkassie. Oral skarrel die wetters. En dis toe wat dit my tromp-op tref. My ouma Corrie! Daar lê die oer-herinnering aan naftaleen. Ek suig neer op die koel badkamerteëls en plat op my rug gee ek oor aan ’n bietjie nostalgie. Haar beskeie huisie in Warden in die Vrystaat, stofstrate en glasbottels vol melk en lemoensap, die nagwa in die diensstraat, die reënwatertenk waaruit die ketel volgemaak word, kersetes in die plaaslike hotel, haar hekellappies en breiwerk. My bewussynsstroom vloei ongeïnhibeerd. My ouma Hildegard word betrek. Haar rietdakhuis in Stellenbosch, digbundels van Keats, versamelaars uitgawes van Shakespeare, Jane Austen en Charles Dickens. Swaar eikehout-meubels, donker vertrekke, suurlemoenbome, vye, appels, druiwe. Ek dryf rond in my verlede en my geneurie van Laurika Rauch en Coenie de Villiers liedjies verskaf die klankbaan. ’n Uur (of was dit twee?) later trek ek myself effe swaarmoedig dog glimlaggend van die vloer af op. Hoe bevoorreg voel ek skielik dat ek albei my oumas kon ken! Ek mis hulle. Baie. En nou, elke keer as ek by my voordeur instap, dink ek aan hulle. Moet nooit ’n vismotplaag op die baadjie takseer nie.
11 MAART 2011
| 13
Gesprek
Kommentaar
Eerstejaars onderteken petisie Petisie:
H
FOTO: ANUSHKA LE ROUX
iermee verklaar ons, die 2011 eerstejaars van Veritas Manskoshuis, dat ons die afdanking van beide Primarius Herman Retief en Onderprimarius Janus van der Merwe ten sterkste teenstaan. Eerstens glo ons dat die stappe wat gevolg is, na aanleiding van die eksterne ondersoek, uiters onregverdig geskied het en sonder die nodige inligting uitgevoer is. Boonop is dit onder die opdrag van ouers gedoen en hulle opinie van die saak was heel moontlik subjektief. Tweedens verklaar ons dat geen eerstejaar met ’n vuis, ’n hokkiestok of enige ander voorwerp geslaan of op enige manier skade aangedoen is nie. By die HK-instorming was daar wel ’n gestampery betrokke, maar dit het geen fisiese skade of pyn veroorsaak nie behalwe vir ’n blou-oog wat per ongeluk veroorsaak is toe ’n eerstejaar in ’n ander eerstejaar vasgestamp is. Die Huiskomitee is reeds daaroor aangespreek deur die betrokke gesaghebbendes en die saak is afgehandel. Derdens is ons van mening dat die proses waardeur ons tydens O&B geneem is, ons verskriklik baie gehelp het om by die studentelewe aan te pas en by die pas wat daarmee saamgaan by te hou. Dit het ons ook die nodige respek geleer wat ’n volwassene moet hê vir dié wat bo hom aangestel is en ook vir alle ander mense. Laastens voel ons dat die Huiskomitee, onder leiding van Primarius Herman Retief en Onderprimarius Janus van der Merwe,
Die HK-lede het self erken dat hulle die reëls oortree het, so die petisie kan nie enige sin maak nie. – Prof. Herman van Schalkwyk –
hulle verantwoordelikheid uitstekend nagekom het deur ons werklik te ondersteun tydens seniorontmoeting en ons gelei het om die koshuis ons tuiste te maak. As gevolg van bogenoemde redes, versoek ons dat Primarius Herman Retief en Onderprimarius Janus van der Merwe in hulle betrokke leierskapposisies heringestel word. As daar ’n behoefte aan nog ’n ondersoek is, vra ons dat alle partye wat geaffekteer is, ondervra word, sodat ’n regverdige siening van ons “ontgroening” gevorm kan word en nie ’n eenkantige siening volgens slegs die partye wat klagtes gehad het nie. Hierdeur sal verseker word dat die getuienisse van al die betrokke individue in ag geneem word. Ons wil net beklemtoon dat geen eerstejaar van Veritas onder enige verpligting gestaan het om die petisie te onderteken nie. Hulle het dit uit vrye wil gedoen.
Wat is die mense se menings? Facebook wemel van kommentaar Anita Maritz Baie dankie VERITAS vir die manier hoe julle ons seuns se positiewe karakters versterk. Julle maak vinnig van windgat,arrogante matrieklaaities jong volwasse mans, wat weet wat hulle uit die lewe wil he. Dis Afrika die. Daar is nie plek vir ....... nie. Ons is so jammer dat ons 2 sulke dinamiese manne soos die prim en onderprim moet
verloor. Julle is geliefd en word gerespekteer vir wie julle is. Ons is trotse VERITAS ouers. Moenie in 'n koshuis wees as jy nie daar wil wees nie.
Natasha ten Krooden Ek kan nie help om na aanleiding van 'n gesprek vandag te wonder of prof Herman nie net bloot 'n diktator wil wees nie.
Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875
Amoré Truter reageer hierop: “Ek dink jy moet eers bietjie gaan navorsing doen alvorens jy so iets sê.”
Jenny Malan 'n Saak het ALTYD 2 kante. Hierdie was weer 'n onnodige affêre wat uit verband geruk is deur ouers met 2 seuntjies (let wel slegs 2 en nie 'n groep nie) wat namens hulle
Ombudsman
kindertjies baklei het. Slegs die kinders se klagtes is aangehoor, die res s'n is nie in aanmerking geneem nie! Hierdie tipe ouers sal berge versit om hulle kinders bo te kry maak nie saak op wie hulle trap nie! O ja, dit is net 'toevallig' dat die 2 seuntjies se ouers die klag gelê het waarvan die pa 'n prokureur is en die saak hanteer het! Was hierdie regtig so regverdige verhoor of was dit 'n eensydige heksejag deur 2 ongenaakbare ouers wat wraak wou neem!
As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za
SPORT
14 |
11 MAART 2011
Amper, Pukke!
Rudi Joubert staan in die agtergrond terwyl Puk1, hier nog onder sy afrigting, opwarm. STEPHEN NEL
S
o naby, maar tog so vêr. Dit was die verhaal van die Puk se wedstryd teen die Universiteit van die Vrystaat (Shimlas). Die Puk sit steeds sonder ’n oorwinning in vanjaar se Varsity Cup na Maandagaand se nederlaag teen Shimlas met 37 punte teenoor 28. Die wedstryd het plaasgevind op dieselfde veld waar die Puk verlede jaar vir Shimlas vir die sesde agtereenvolgende keer in ’n ry getroef het tydens die jaarlikse Intervarsity byeenkoms. Deur die Puk te klop in Maandag se wedstryd, het Shimlas dit ook reggekry om die manne van Potchefstroom vir die eerste keer te klop sedert die onstaan van die
Varsity Cup. Dat die Puk aansienlik verbeter het gedurende die laaste twee weke, is duidelik sigbaar. Teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) was dit ’n geval van die Puk wat moes wen, maar verlore konsentrasie het gelei tot ’n nederlaag van 16 punte teenoor 20. Ongelukkig het dieselfde probleem weer kop uitgesteek in Bloemfontein. Ligtoring Landman, kaptein van die Puk, het vroeër die week tydens ’n onderhoud gesê dat die Puk doelgerig is om trots terug te wen vir die universiteit. Dit is bewys deur die drie wat hy gedruk het in die sewende minuut van die spel. Binnesenter van die Puk, Wouter Watermeyer, het ’n uitstekende drie in die hoekie gedruk.
Agsteman, JC Oberholzer het hierna ook agter die pale gaan kuier en dit het al hoe meer begin lyk na die Puk se eerste oorwinning vanjaar. Die tweede helfte was egter die teenoorgestelde geval. Phillip de Wet is ’n geelkaart toegeken na ’n boorvat en tydens sy afwesigheid is 12 punte aangeteken deur Shimlas. Monty Dumond se skoppe pale toe het veel te wense gelaat en dit sou sy span later duur te staan kom. De Wet se terugkeer kon ook nie die Puk red uit die diep slaap waarin hulle geval het nie en Shimlas se terugvegpoging het gesorg vir ’n bonuspunt oorwinning vir die manne van die Rosestad. Die Puk se volgende wedstryd vind Maandag plaas teen NMMU op die Fanie.
FOTO: MARIO VAN DER WALL
Varsity Cup Punteleer 1 2 3 4 5 6 7 8
SPAN P W D L PF PA PD BP PTS Maties
5
4
0
1
177
72
105
5
21
UCT
5
4
0
1
172
83
89
3
19
Tuks
5
3
0
2
159
107
52
5
17
UJ
5
4
0
1
125
117
8
1
17
Shimlas
5
3
0
2
112
112
0
2
14
NMMU
5
1
0
4
93
171
-78
2
6
TUT
5
1
0
4
112
196
-84
1
5
Pukke
5
0
0
5
68
160
-92
2
2
Patria hou naam hoog STEPHEN NEL
Patria is steeds onoorwonne na hul tweede wedstryd in die Varsity Cup se koshuisliga. Die Blues het Northenz van die Nelson Mandela Metropolitan University (NMMU) in PortElizabeth geklop met 24 – 11. Patria sal nou vol selfvertoue wees nadat hulle die toernooi afgeskop het met ’n oorwinning teen die Universiteit van Johannesburg se Bastion. Die wedstryd, wat in Johannesburg beslis is, is deur Patria gewen met 16 punte teenoor 6. Patria is nou aan die toppunt van die punteleer met agt punte teenoor Bastion (in die tweede plek) se vyf. Hulle volgende wedstryd is op 14 Maart teen Vishuis van Bloemfontein. Wat in Patria se guns tel is die feit dat hierdie wedstryd op die Fanie du Toit gespeel sal word. Indien Patria hierdie wedstryd wen, sal hulle verseker wees van ’n plek in die halfeind, wat heel waarskynlik gespeel sal word teen die Universiteit van Kaapstad se Tornadoes of die Universiteit van Stellenbosch se Simonsberg.
SPORT
11 MAART 2011
Nuwe afrigter glo in sy besluite
Trots moet terugkom Hy glo hy sal die beste van die verandering kan maak, omdat hy die Puk se stelsel en spelers goed ken. Hy fokus op die afhandeling van Varsity Cup, die trots van die ondersteuners en die verkryging van die opponente se vertroue. “Puk1 speel al vir ’n hele paar jaar goeie rugby.” “Vir die span self is al die kritiek erg en die spelers wil nie onthou word as die swakste rugbyspan in die universiteit se geskiedenis nie,” voeg hy by. “Dit gaan nie net oor die spelers se universiteitsrugbyloopbane nie, maar ook oor hulle toekoms, omdat meeste spelers graag kontrakte na hul universiteitsjare wil teken.” Esterhuizen voel dat daar van die kultuur van die rugby verlore gegaan het en hy wil dit regstel. Goeie dissipline, hoë werksetiek en standaarde en vaste waardes is volgens hom nodig vir verbetering op die veld. Hy wil met die mens agter elke speler werk. Elke speler moet ’n beter mens word – nie net ’n beter speler nie.
CARLI KOCH
H
annes Esterhuizen, nuwe afrigter van die Puk1-rugbyspan, glo in wat hy doen en as hy ’n besluit neem, gaan hy voluit daarvoor. Esterhuizen het in die Kaap groot geword, maar in Johannesburg gematrikuleer. Na matriek het hy Menslike Bewegingskunde studeer en ’n Hoër Onderwyssertifikaat in Stellenbosch verwerf. Nadat hy sy studies voltooi het, het hy gaan skoolhou. Volgens Esterhuizen was hy op skool ’n beter krieketspeler as ’n rugbyspeler en nadat hy op tweeen-twintig ’n besering opgedoen het, moes hy ophou rugby speel. Nadat Rudi Joubert, voormalige afrigter, aangekondig het dat hy vir twee weke ’n ruskans neem, is Esterhuizen gevra om die leisels van die Puk1-span oor te neem. “Dinge was daardie oggend baie jittery,” sê hy. “Dit was baie onverwags en ek moes my kop baie vinnig agtermekaar kry.”
Hannes Esterhuizen is die nuwe Puk1-rugbyafrigter. FOTO: CARLI KOCH
Hy wil met die mens agter elke speler werk.
Binnenshuise hokkie is spanningsvol Die finaal van die binnenshuise hokkie het onlangs plaasgevind. In die damesafdeling het Eikenhof en Klawerhof teen mekaar te staan gekom. Villagers en Thaba-Jäh het in die mansafdeling gespeel. Die dameskoshuise was teen halftyd gelyk, maar Klawerhof het uiteindelik gewen. “Ons is ’n jong span met meestal eerstejaars en ons het teen ’n baie ouer en meer ervare Klawerhofspan gespeel. Eikenhof sien nou uit na die winterliga,” was Alicea Webster van Eikenhof se woorde. By die manswedstryde was die koshuise se ondersteuning oorverdowend en die wedstryd eindig gelykop met drie doele elk. ’n Doelskiet-einde is afgedwing
Krieketwêreldbeker en Superrugby, hoeveel weet jy hiervan? Hierdie week het ons twee susterskoshuise Karlien en Heide se Kultuur HK-lede gevra om hulle
Karlien en Oosterhof in aksie tydens die netballiga FOTO: FRANK DUVENHAGE
Howe oorheers die pluimbal
Heimat het as onoorwonne wenners van die Pluimbal Aliga uit die stryd getree toe hulle vir Veritas in die pluimbal finaal geklop het. Caput beklee die algehele derde plek en Villagers was vierde. In die dames A-liga het Bellatrix met Dinki afgereken om as onoorwonne kampioene te eindig. In die A-liga is Kasteel derde Klawerhof het die binneshuise hokkie gewen.
FOTO: VERSKAF
en Villagers het gewen met 4 doele teen 3. “Dit was ’n goeie deelnemende kompetisie met goeie gees,” het Jody Hosking van Villagers die geleentheid opgesom.
Klawerhof en Villagers het vanjaar gewen.
FACE OFF
RUGBY EN KRIEKET ANDRIES HEYDENRYCH
Hop Hop Spinnekop
ANDRIES HEYDENRYCH
ANDRIES HEYDENRYCH
krieket- en rugbykennis met ons te deel. Stephanie Heystek van Karlien en Emma Jooste van Heide het mekaar die stryd aangesê. Wie sal as wenners uit die stryd tussen blou en rooi tree?
Hoeveel spelers is op ’n rugbyveld ten tye van ’n wedstryd? (30, 15 in elke span) Watter groot sportgeleentheid is tans aan die gang? (ICC Krieketwêreldbeker) Daar word elke naweek rugby gespeel, wat is die naam van dié toernooi? (Superrugby) Hoeveel boulbeurte is in ’n standaard eendag internasionale wedstryd? (100, 50 per span) Wie is die huidige rugby wêreldbeker kampioene? (Suid-Afrika) Hoe lank is ’n toetswedstryd in krieket? (5 dae) Wanneer is die volgende rugby wêreldbeker? (Dit begin 9 September 2011) Wie is Graeme Smith? (Suid-Afrika se krieketkaptein) Ons plaaslike rugbytoernooi word wat genoem? (Currie Beker) Wie is Suid-Afrika se paaltjiewagter in die wêreldbeker? (AB de Villiers)
| 15
en Karlien vierde. By die mans B-liga het Ratau Lebone vir Over de Voor gewen. Veritas eindig derde en Hombré vierde. In die dames B-ligawenners het Eikenhof met Huis Republiek klaargespeel om as wenners weg te stap. Karlien is derde en Klawerhof vierde in die dames B-liga. Die beste mansspeler het gegaan aan Erik Fivaz (Heimat). Die beste damesspeler was Simoné Smith (Bellatrix).
Pluimbal Koshuisliga Uitslae Mans A-liga
Dames A-liga
1. Heimat (Onoorwonne) 2. Veritas 3. Caput
1. Bellatrix 2. Dinki 3. Kasteel
Mans B-liga
Dames B-liga
1. Ratau 2. Over de Voor 3. Veritas
1. Eikenhof 2. Huis Republiek 3. Karlien
The Golf Shop Emma
8
Stephanie
6
Driving Range Promosie Koop ’n emmer balle vir slegs R25-00 en kry ’n gratis bier. Elke Donderdagaand by Potch Buiteklub vanaf 17:00 – 19:30
SIEN JULLE DAAR!
Sport 11 MAART 2011 / VOL 4
BINNE
’N ONDERHOUD MET HANNES, PUK1 AFRIGTER 215
PUKKE MIS DIT NET-NET TEEN SHIMLAS 214
Patria is koning van krieket GEORGE GERMISHUYS
P
atria Manskoshuis is vanjaar se kampioene van die krieketliga, nadat hulle vir Over de Voor in die finaal met 7 paaltjies geklop het. Overs het eerste gekolf en is vir 139 uit. Patria het die bal deurentyd in goeie areas geboul, en het Overs se kolwers in foute in gedwing. Patria se draaiers en naatboulers is ook slim afgewissel om die Overs kolwers aan die raai te hou. Rikus Bezuidenhout (4/21) het die meeste
verwoesting gesaai. Patria se goeie boulwerk is deur senuweeagtige hardloopwerk tussen die penne deur Overs gekomplimenteer. Overs manne het so hul paaltjie weggegooi. Johan Senekal (52) het goed vir Overs gekolf. Tydens halftyd het Overs die down-downs en gooi kompetisie gewen. Die bier wat as prys gewen is, is met luide toejuiging deur die Overs skare begroet. Patria se kolwers het van meet af gemaklik teen die Overs naataan-
Krieketkoors tref Potch hierdie naweek
NPL Krieket Fixtures Vandag
12 Maart
12:00
10:00
Patria vs Overs
Chigo Giants vs 4Sure Phantoms
15:30 Chigo Giants vs Oranje Toyota Klerksdorp
19:00
STEPHEN NEL
13:30 Oranje Toyota Klerksdorp vs Senwes Spinners
4Sure Phantom vs Senwes Sprinters
Finale vind op 13 Maart om 10:00 en 13:30
Onthou,
val gelyk. Die wydloper was beslis Overs se grootste ondergang, met die tweede boulbeurt van Overs wat 9 wydlopers bevat het en 15 balle geduur het. Die wydlopers en grenshoue het Overs deeglik gesnoeker, en die wedstryd buite hul bereik geplaas. KRIEKET REGSTELOvers se draaiers het weer, LING: Villagers het Heisoos die vorige wedstryde, mat op 19 Februarie met die lopiekrane toegesewe paaltjies gewen. draai en druk gebou, maar die wedstryd was Patria (heel bo) en Overs (bo) stamp koppe. klaar verlore. FOTO’S: DEVIN DE BUDE
Potchefstroom se krieketliefhebbers gaan behoorlik bederf word met die afskop van ’n nuwe kriekettoernooi, soortgelyk aan die Indian Premier League (IPL). Die Sedgars North-West Premier League (NPL) vind plaas vanaf 10 – 13 Maart. Dit is ’n Pro 20-toernooi wat daarop gemik is om die beste klubspelers in Noordwes teen mekaar in aksie te sien. Die toernooi bestaan uit vier
spanne, elkeen wat besit word deur ’n maatskappy wat dien as hoofborg. Die Senwes Spinners, Oranje Toyota, 4Sure Phantoms en Chigo Giants sal deelneem aan ’n toernooi wat oor vier dae gaan duur. Uit die meer as sestig spelers waaruit die spanne opgemaak is, kom dertien spelers van die Puk af. Die toernooi vind plaas op Senwes Park en skop af met die wedstryd tussen Oranje Toyota Klerksdorp en Chigo Giants.
WAPAD VERSKYN VOLGENDE DONDERDAG, 17 MAART
hou jou dop! BESKIKBAAR ELKE TWEEDE DONDERDAG. LEES JOU KAMPUS, LEES WAPAD.
Villagers, De Wilgers, Overs en Patria, het almal deurgedring tot die semi-finale van die koshuisliga en het daarom in gister en vandag se voorafwedstryde teen mekaar gespeel. “Ek het nog nooit so ongelooflike atmosfeer beleef wat krieket by die unie betref nie,” het Jacques Faul, CEO van Noordwes Krieket, gesê. Hy het bygevoeg dat daar nog meer borge was wat betrokke wou raak, en dat hierdie formaat nog al die krieketunies in die land gaan betrek.