Wapad - 19 April 2012

Page 1

BINNE

K&V

NWU-PUK MISS VARSITYCUP 2012 25

MK AWARDS SE GROOTSTE WENNERS 27

LEES JOU KAMPUS

19 APRIL 2012 / VOL 6

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >>

JAARGANG 66 >>

Die radiostasie,PUKfm het vanjaar weggestap met twee toekennings by die jaarlikse MTN Radio Awards.

211 WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD

FOTO: CHRISTOFF SWANEPOEL

PUKfm wen by MTN Radio Awards LIZANÉ TREURNICHT Die radiostasie van die NWU se Potchefstroomkampus het vanjaar weggestap met twee toekennings by die jaarlikse MTN Radio Awards. Dit was die eerste keer dat PUKfm ingeskryf het vir die kompetisie. Die kompetisie bestaan uit verskeie kategorieë. Die stasiebestuurder van PUKfm, Amoré Truter het gesê dat dit die derde keer is wat die kompetisie aangebied is. “Ons bestuurspan het besluit dit was vanjaar die regte tyd om in te skryf ” het sy gesê. PUKfm is in Maart as finaliste aangekondig in nege van die kategorieë. “Die Awards het plaasgevind in Sandton by die Convention Centre en al die finaliste van PUKfm was daar so die vibe was ongelooflik” sê sy. Truter is sedert 2005 deel van

Bianca van Aardt en Janus de Villiers het die toekenning gekry vir die beste promo event en Amoré Truter is ingehuldig in die Bright Stars Club. FOTO: CHRISTOFF SWANEPOEL PUKfm en is tans die eerste permanente stasiebestuurder wat in 2011 aangestel is. Haar bestuursvermoë en leierseinskappe is volgens Lance Rothschild, hoof uitvoerende beampte van die MTN Radio Awards, en-

kele eienskappe wat getuig van Truter se potensiaal om opslae te maak in die radiobedryf. Truter is ingehuldig in die Bright Stars Club as een van vyf individue wat ’n belowende toekoms het in die industrie, om-

dat hulle reeds besig is om diep spore te trap. Rothschild sê dat die prestige toekenning ’n nuwe innovering is en dat hulle “baie groot dinge” van die ingehuldigdes verwag. Twee van die oudste lede van

PUKfm het die toekenning gekry vir die beste promo event. Bianca van Aardt en Janus de Villiers het die toekenning gekry ná hulle 93 ure en 6 minute agtereenvolgend geDJ het. Die doel van die promo was om die hoeveelheid tyd wat gelyk is aan PUKfm se frekwensie (93.6) te DJ. Die uitdaging is nie net suksesvol aangepak en afgehandel nie, maar het volgens Truter ook ’n klomp nuwe luisteraars gelok. Rothschild het PUKfm beskryf as ’n radiostasie “wat buitengewoon goed bestuur word met ongelooflike entoesiasme en betrokkenheid”. Volgens Truter en Rotchscild was die MTN Radio Awards net die begin van groot dinge vir PUKfm. Die toekennings is volgens Truter behoorlik gevier met ’n afterparty waar hulle harde werk beloon is.


| 2 |

News headlines News Newsheadlines headlines

NUUS/NEWS NUUS/NEWS

19 APRIL 2012 19 APRIL 2012

No one at fault after drowning of student COLETTE BOTHA After an independant investigation by avocates Lourens de Koning (SC) and Vusi Pikoli, it has been found that no one is to blame after the drowning of a student during O&B. The investigation was launched to investigate the circumstances in which Thabang Makhoang drowned and to determine whether the existing rules and policies were upheld in this regard. According to a statement made by Louis Jacobs, director of corporate communication, it has been found that no one can be held accountable for the incident. “The drowning was a freak accident in the midst of every possible precautionary mea-

sure; it happend during an event that is organised for fun and team building and not part of any type of inisiation,” said Jacobs. De Wet Oosthuizen, primarius of Ratau Lebone, didn’t know what to expect from the investigation and is relieved that is is completed. “It felt like all the questions, investigations and interviews had no end. I am very relieved that this situation is over and done, because I know that no one can prevent or prepare for something like this,” said Oosthuizen. Chrisna Kraaij is also relieved: “We knew from the beginning dat everything is in place and I am glad that the investigation proves it.”

Former NWU-Puk student dies strange J.J. VISSER Richard Drevin (23), a former NWU-Puk student died on Saturday morning, the 2nd of March 2012. He went missing on Friday evening after he and some friends visited Hatfield Square. Drevin, an IT consultant at PricewaterhouseCoopers, was reported missing for four days before his body was found Tuesday morning in the Tshwane district hospital. He told one of his friends that he was going to meet another friend, but he never returned. Drevin was found later that evening by the Metro police lying on the corner of Pretorius and Festival Street and the ambulance was summoned. He was taken to hospital at about 03:00 and on Saturday morning he was declared dead at around 05:30. Police spokesperson, Warrant Officer Annabelle Middleton confirmed that they are no lon-

ger investigating a charge of murder and robbery. “We suspect no foul play.” That after Drevin’s cell phone was found in the possession of three men. Winslow Elrico Isaac (22), Vaughn Herrings (23) and his brother, Enrico Herrings (20) were taken into custody, but the charges were dropped because of a lack of evidence. According to a Facebook group that was created after his disappearance the results of the autopsy done by a private pathologist weren’t published on 24 March. According to an entry made by Drevin’s father, Gunther Drevin, another investigation found that he had an enlarged heart. Natural causes of death can still not be overruled. Drevin would have received his honours degree in IT on the 16th of March. Both his parents are lecturers in computer technology at the NWU-Puk.

Die mees meesonlangse onlangseakademiese akademiesegesprek gesprekhet het oor nasionalisering myne gehandel en was suksesvol. Die oor diedie nasionalisering vanvan myne gehandel en was baiebaie suksesvol. DEVIN DE BUDE DEVIN DE BU Die mees onlangse akademiese gesprek het oor die nasionalisering van myne gehandel en FOTO: wasFOTO: baie suksesvol. FOTO: DEVIN DE BUDE

CONFABULATIA:VERGROOT VERGROOT CONFABULATIA: Confabulatia: Vergroot JOUWÊRELDSIENING WÊRELDSIENING jou wêreldsiening JOU

om so die studente van daar ALESSANDRO CASALEGGIO omfakulteit so die die studente studente van daardie ALESSANDRO CASALEGGIO om so ALESSANDRO CASALEGGIO te lok. van fakulteit te lok. gesprek was byvo fakulteit lok. Die te vorige Confabulatia, die naam waarDie vorige gesprek was die waarnaam Die vorige byvoorConfabulatia, die naam beeld oor gesprek 2012: Diewas einde? en d onder onfabulatia, die kwartaallikse akadbeeld oor 2012: 2012: Die einde? einde? en dien waaronder die akadkwarbeeld oor Die onder die kwartaallikse ’n ander teikenmark.” emiese gesprekke bekend staan, ’nander ander teikenmark.” taallikse akademiese ’n teikenmark.” emiese gesprekke staan, Daar is nie ’n rigiede i se mees onlangsebekend gesprek was ’n Daar is is nie ’n rigiede rigiede idee bekend staan se mees Daar ’n segesprekke mees onlangse gesprek was ’n van reg nie en verkeerd in hier groot sukses. van reg reg en en verkeerd verkeerd in hierdie onlangse gesprek was ’n groot van groot sukses. gesprekke nie. Die gesprek oor die nasionaligesprekke nie. nie. sukses. gesprekke Die gesprek oor dieisnasionaliAlmal kan sê of vra wat h sering van myne gelei deur Almal kan kan sê sê of of vra wat wat hulle Die van gesprek oorisdie nasionaliAlmal sering myne gelei deur dink, sonder dievra vrees dathulle dit d Prof. Andre Duvenhage, ’n dosent dink,sonder sonder die die vrees vrees dat dat dit dit dom sering vanDuvenhage, myne is gelei deur dink, Prof. Andre ’n dosent of onbelangrik sal wees. dom in Politieke Wetenskappe, en of onbelangrik onbelangrik sal sal wees. wees. Andre Duvenhage, ’n dosent of inprof. Politieke Wetenskappe, en Aan einde gesp Prof. EwertWetenskappe, Kleynhans, ’n Aan diedie einde vanvan die die gesprek in Politieke endosent prof. Aan die einde van die gesprek Prof. Ewert Kleynhans, ’n dosent kan die studente selfs voel in Ekonomiese Wetenskappe. kan die studente selfs voel dat Ewert Kleynhans, ’n dosent in kanhulle die studente selfs die voelbetro dat in Ekonomiese Wetenskappe. siening oor Tydens hierdie gesprek kon hulle siening oor die betrokke Ekonomiese Wetenskappe. hulle siening oor die betrokke Tydens hierdie gesprek kon saak dalk verander elke student vrylik sy of kon haar latia. saak dalk verander het.het. saak dalk verander het. elkeTydens studenthierdie vrylik gesprek sy of haar Dit moedig die studente aan om “Ons vra dat die studente mening gee, of ’n vraag aan die Dit moedig die studente aan om “Ons vra dat die studente die elke student vrylik sy of haar Dit moedig die studente aan om “Ons vra dat die studente die mening gee, of ’n vraag aan die aan ’n wyer raamwerk te dink as kennisgewingborde kam spreker vra. aan ’n wyer raamwerk te dink as kennisgewingborde op op op kampus mening gee, of ’n vraag aan die aan ’n wyer raamwerk te dink as kennisgewingborde kampus spreker vra. nethulle hulle onmiddellike omgewing salsal dophou plakkate en Die gesprek onderwerp is net onmiddellike omgewing dophou vir vir plakkate en die die spreker vra. enen hulle onmiddellike omgewing sal dophou vir plakkate en Die gesprek onderwerp is net diewêreld wêreldbuite buitedie dieuniversiuniversit- temas temas vir die volgende gespre met respek enenkennis deur is die – –die vir die volgende gesprek,” Die gesprek onderwerp temas vir die volgende gesprek,” met respek en kennis deur die – die wêreld buite die universiteit,”sê sêMichelle MichelleBotha, Botha,SR-AkaSR-Akad- sê Botha. sê Botha. betrokke sprekers aangepak teit,” met respek en kennisaangepak deur die eit,” sê Michelle Botha, SR-Akadsê Botha. betrokke sprekers emievoorsitter. voorsitter. “Studente is per en sodoende kon elkeen wat dit demie “Studente is per per slotslot vanvan sakes betrokke sprekers aangepak “Studente is slot van sake en sodoende kon elkeen wat dit emie voorsitter. “Die onderwerpe onderwerpe virvir diedie diedie hartklop gesp “Die bygewoon het, verryk word. hartklop vanvan die die gesprek en sodoende kon elkeen “Die onderwerpe vir die die hartklop van die gesprek bygewoon het, verryk word.wat dit gesprekke is is beslis aktueel en en be-be- en en gesprekke beslis aktueel verseker algehele suk verseker die die algehele sukses “Dis diehet, heleverryk punt van Confabu- gesprekke bygewoon word. is beslis aktueel en been verseker die algehele sukses “Dis die hele punt van Confabuelke fakulteit trekom omdie diebeurt beurt elke fakulteit daarvan.” daarvan.” “Dis die hele punt van Confabu- trek latia. trek om die beurt elke fakulteit daarvan.” latia.

C

Dieonderwerpe onderwerpevirvir Die Die onderwerpe vir gesprekkeisisbeslis beslis gesprekke gesprekke is beslis aktueel betrek om aktueel enen betrek om diedie aktueel en betrek om die beurt elke fakulteit beurt elke fakulteit omom soso beurt elke fakulteit om so die studente van daardie die studente van daardie die studente van daardie fakulteit lok. fakulteit lok. fakulteit tetete lok.

Sand,see seeenenskulp skulp Sand,

This is ajoined joinedinitiative initiative byWapad Wapadand andAKSA AKSA This This isisa ajoined initiative bybyWapad and AKSA

Die Sand, See en Skuld ervaring het 24 kinders die geleentheid gegee om vir die eerste keer die see te beleef en ??????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????? ?????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????? om in die branders te baljaar. F OTO: VERSKAF ??????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????? ??????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????????

HET JY GEWEET? HET HETJYJYGEWEET? GEWEET? Sowat 380 vakatures in manskoshuise en 90 in dameskoshuise is gedurende die eerste semester van 1987

aangeteken. Die tendens het gekorreleer met90 studentegetalle. Diedie totale besetting in mansen1987 Sowat 380 vakatures in manskoshuise en en 90 indie dameskoshuise is gedurende eerste semester van van 1987 Sowat 380 vakatures in manskoshuise in dalende dameskoshuise is gedurende die eerste semester dameskoshuise was in 1987 sowat 2730met studente. Die getal het geleidelikDie gestyg totbesetting 3049 studente 1994. aangeteken. DieDie tendens hethet gekorreleer die die dalende studentegetalle. totale in mansen en aangeteken. tendens gekorreleer met dalende studentegetalle. Die totale besetting ininmansDaarna was daar ’ninafplatting vanaf 2975 instudente. 1995, Die tot Die 2656 in 1999. Gedurende 1996 is ernstig besininoor dameskoshuise was 1987 sowat 2730 studente. getal het geleidelik gestyg tot 3049 studente 1994. dameskoshuise was in 1987 sowat 2730 getal het geleidelik gestyg tot 3049 studente indie 1994. onderbesetting van koshuise en die studentedekaan en sy span het ’n vindingryke strategiese plan ontwikkel Daarna was daar ’n afplatting vanaf 2975 in 1995, tot 2656 in 1999. Gedurende 1996 is ernstig besin oor Daarna was daar ’n afplatting vanaf 2975 in 1995, tot 2656 in 1999. Gedurende 1996 is ernstig besin die oor die wat gedifferensieerde akkommodasie, instelling vir koshuise, en die verskaffing van basiese onderbesetting vanvan koshuise en en diedie studentedekaan en sy het het ’n vindingryke strategiese planplan ontwikkel onderbesetting koshuise studentedekaan en span sy ontruimingskoshuise span ’n vindingryke strategiese ontwikkel kosmaakgeriewe soos gangkombuise insluit. wat gedifferensieerde akkommodasie, instelling vir koshuise, ontruimingskoshuise en die van van basiese wat gedifferensieerde akkommodasie, instelling vir koshuise, ontruimingskoshuise en verskaffing die verskaffing basie kosmaakgeriewe soos gangkombuise insluit. kosmaakgeriewe soos gangkombuise insluit. DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUMNIKANTOOR


NUUS

19 APRIL 2012

|3

Oud NWU-Puk student se dood bly misterie JACO VISSER

R

ichard Drevin (23), voormalige NWU-Puk student, is Saterdagoggend, 2 Maart 2012 oorlede. Hy het Vrydagaand vermis geraak, nadat hy saam met sy vriende in Hatfield Square gekuier het. Drevin, ’n IT-konsultant by PricewaterhouseCoopers, se liggaam is Dinsdagoggend in die Tshwane-distrikshospitaal gevind, nadat hy vir vier dae as vermis aangemeld is. Hy het vir een van sy vriende gesê dat hy ’n ander vriend gaan ontmoet, maar het nooit weer teruggekeer nie. Drevin is later die nag deur die Metro polisie op die hoek van Pretorius- en Festivalstraat gesien lê en die ambulans is ontbied. Omstreeks 03:00 is hy na die hospitaal geneem waarna hy teen

Volgens ’n Facebook groep wat gestig is na sy verdwyning was die nadoodse ondersoek van ’n privaat patoloog op 24 Maart nog nie bekend nie. 05:30 Saterdagoggend dood verklaar is. Intussen het ’n polisiewoordvoerder, adjudant-offisier, Annabelle Middleton, bevestig dat hulle nie langer ’n klag van moord en roof ondersoek nie. “Ons vermoed geen vuilspel nie.”

Dit volg nadat Drevin se selfoon in die besit van drie mans gevind is. Winslow Elrico Isaac (22), Vaughn Herrings (23), en sy broer Enrico Herrings (20) is in hegtenis geneem, maar die aanklagtes teen hulle is teruggetrek, as gevolg van ’n gebrek aan bewyse. Volgens ’n Facebook-groep wat gestig is na sy verdwyning, was die nadoodse ondersoek van ’n privaat patoloog op 24 Maart nog nie bekend nie. ’n Inskrywing deur Drevin se pa, Gunther Drevin, sê dat ’n ander ondersoek wel bevind dat hy ’n vergrote hart gehad het. Natuurlike oorsake vir sy dood kan dus nie uitgesluit word nie. Drevin sou vanjaar op 16 Maart 2012 sy honneursgraad in IT ontvang het. Drevin word oorleef deur albei sy ouers, 20-jarige suster en agtjarige broer.

Onafhanklike ondersoek

Niemand skuldig bevind na ondersoek COLETTE BOTHA Na ’n onafhanklike ondersoek deur advokate Lourens de Koning (SC) en Vusi Pikoli, is daar bevind dat niemand die skuld kry, nadat ’n student tydens O&B verdink het nie. Die ondersoek is vroeër geloods om die omstandighede van die voorval, waartydens Thabang Makhoang verdink het, te ondersoek en om te bepaal of bestaande reëls en beleide in hierdie verband nagekom is. Volgens ’n verklaring wat deur Louis Jacobs, direkteur van

korporatiewe kommunikasie, uitgereik is, is daar bevind dat niemand aanspreeklik gehou kan word vir die insident nie. “Die verdrinking was ’n fratsongeluk te midde van elke denkbare voorsorgmaatreël; dit het plaasgevind tydens ’n gebeurtenis wat uitsluitlik vir pret en spanbou georganiseer is, en nie tydens enige vorm van ontgroeningspraktyk nie,” sê Jacobs. De Wet Oosthuizen, primarius van Ratau Lebone, het nie geweet wat om na die voorval te verwag nie en is verlig dat die ondersoek afgehandel is.

“Dit het aan die begin gevoel of die vrae, ondersoeke en onderhoude net nie wil end kry nie. Ek is baie verlig dat die situasie nou afgehandel en agter die rug is, omrede ek weet niemand so ’n insident kon voorkom of vir dit voorberei het nie,” meen Oosthuizen. Chrisna Kraaij, SR-Voorsitter, is verlig dat die ondersoek verby is en hoop dat die stof nou sal gaan lê. “Ons het van die begin af geweet dat als in plek was, en is bly dat die ondersoek dit ook wys,” het Kraaij gesê.

Simoné Theron is Miss Varsity Cup 2012.

FOTO: PICTURE CAFE

NWU-Puk Miss Varsity Cup 2012

Beeldskoon- binne en buite DEANNE BOYD Die beeldskone en elegante Simoné Theron is gekies as die NWU-Puk se Miss Varsity Cup 2012. Hoewel sy beeldskoon is, is daar veel meer aan hierdie dame as wat die blote oog kan sien. Simoné het haar graad in Bcom Internationalehandel en Ekonomie voltooi en is nou besig met ’n nagraadse diploma in Bestuur. Sy is ’n trotse lid van Bellatrix Dameskoshuis, geniet dit om tyd saam met haar vriendinne deur te bring en is absoluut mal oor enige soort sport. “Omdat dit my laaste jaar op universiteit is het ek besluit om alles te doen wat ek nog nooit gedoen het nie.” sê Theron. Sy is iemand wat hou van nuwe uitdagings en met ’n lewensleuse “Never waste a second”, is dit

duidelik waarom daar niks in hierdie ambisieuse dame se pad staan nie. Sy droom daarvan om eendag op ’n wynplaas te bly en is ’n sucker vir romanse. “Ek dink elke mens het net ’n soulmate. Daar is ’n pot vir elke deksel,” sê Theron. Haar bucket-list bestaan uit ’n toer in Dubai saam haar vriendin, onder die Eiffel-toring te soen en ’n sneeuman bou in die Switse Alpe. Die ding wat haar die bangste maak is die donker en sy haat dit om nie voor haar te kan sien nie of om alleen te wees nie. Hierdie was die eerste keer wat sy aan so ’n kompetisie deelgeneem het en sy is glad nie spyt daaroor nie. “Dit was ’n ongelooflike belewenis en super baie fun,” het Theron gesê.

Leave-a-Legacy program vertel alreeds suksesverhale. FOTO: MARIA VAN ECK

Leave-a-Legacy bemagtig voorheen benadeeldes JEANELLE GREYLING “Die Leave-a-Legacy program spog hierdie jaar met Lesego Maphetle, die Burgermeester se dogter,” beweer Sinki Mlambo, SR: AKSA. Leave-a-Legacy is ’n program wat deur ’n portefeulje onder die Studenteraad, Aktuele Sake, geskep is. Lee-Cardo Michael, AKSA UKlid, verklaar die doel van die projek is om voorheen benadeelde studente, soos Engelssprekendes en gekleurde mense, te vorm en bemagtig sodat hulle as individue ontwikkel. “Studente wat van swartskole afkomstig is, sukkel om by die kampus in te skakel. Die program help hulle om gemaklik te wees onder die wit studente en steeds hul leierseienskappe uit te beeld,” beweer Michael. Boonop het Kegomoditswe Letebele, ’n Wanda HK-lid, ook aan Leave-a-Legacy deelgeneem as eerstejaar. Die studente wat vir

hierdie program oorweeg word, is deur huiskomiteelede en uitvoerende komiteelede in hul verskeie koshuise genomineer. Onderhoude is met die genomineerdes gevoer om vas te stel of hulle die program nodig het en of hulle die potensiaal het om sukses te behaal in die program. Dié program bestaan uit twee stadiums: ’n eerstejaarsgroep en ’n tweedejaarsgroep. Die eerste stadium is gebasseer op die definiëring van leierskap, watter tipe leiers die deelnemers is, spanbou, waardes en projekstelling, sowel as tydbestuur. Die tweede stadium fokus op kreatiwiteit, bemagtiging, kompetisie en praktiese aktiwiteite. Deelnemers word in groepe ingedeel en elke groep het sy eie mentor. Leave-a-Legacy verwerf groeiende sukses en deelnemers se leierseienskappe ná die voltooiing van die program is sigbaar in die leierskapposisies wat hulle daarna aanneem.


4 |

Die Blikkieskosdag het in Lovers’ Lane plaasgevind waar die slepe dié jaar FOTO: KIRSTI VISSER se tema met hul ingesamelde kos uitgebeeld het.

NUUS

19 APRIL 2012

Blikkieskosdag vul weereens hongerkol HELGAARD ERASMUS

D

ie jaarlikse SJGDBlikkieskosdag het op Donderdag 22 Maart weereens Lovers' Lane in ’n miernes van bedrywighede verander. Blikkieskosdag behels die insameling van nie-bederfbare voedsel items deur die onderskeie koshuise. Elke koshuis moet vooraf minstens twee items per inwoner insamel om sodoende punte te verdien vir die SJGD-prys aan die einde van die jaar. Volgens Kobus Dannhauser, SR: SJGD, is daar altesaam meer as R100 000 se kos ingesamel. Dit word gebruik om behoeftige studente aan die NWU-Puk by te staan asook behoeftiges in die gemeenskap. Benewens die koshuise het die ASV’s ook vanjaar ’n groot bydrae gelewer. “Ek is diep in my skik met die eindresultaat. Dit het my verwagtinge oorskry,” sê Dannhauser. Klawerhof het met 1346 items per kapita met die louere weggestap. SJGD HK-lid van Klawerhof, Liani Smith, verduidelik dat hulle sukses deels te danke aan die feit dat hulle dit ’n kompetisie tussen die gange in hulle koshuis gemaak het. “Ons het gekyk watter gang die

Dié jaar se tema vir Blikkieskosdag was Fighting for Survival. FOTO: KIRSTI VISSER

Almal het mekaar bygestaan en die groter doel van die dag besef. meeste items kon insamel. Dit het almal nog verder gemotiveer om ’n verskil te maak.” Sy sê ook dat dit ’n voorreg was om die kos by hulle SJGD-projek, Ons Hulde Ouetehuis, te gaan oorhandig. Op die groot dag het die koshuise in sleepverband deelgeneem aan ‘n stalletjiebou-, potjiekos- en eetkompetisie in Lovers' Lane. Die slepe moes hulle ingesamelde kos gebruik om vanjaar

se tema, Fighting for Survival, in hul stalletjie uit te beeld. Daar is oudergewoonte baie moeite gedoen en die slepe het met kreatiewe idees vorendag gekom. ’n Nuwe toevoeging wat vanjaar groot opwinding verskaf het, was die dunk tank. Teen R5 vir 2 gooie, is studente die kans gegun om ’n teiken raak te gooi wat gevolglik ’n SR-lid in die water laat val het. Hiermee kon privaatstudente ook ‘n bydrae tot Blikkieskosdag lewer meen Dannhauser. Bijanca Landman, SJGD HK-lid van Kasteel sê daar het ‘n “wonderlike gees van samehorigheid geheers onder die slepe. Almal het mekaar bygestaan en die groter doel van die dag besef.”


NUUS

19 APRIL 2012

| 5

Famous Face

Wat gebeur in die buitewêreld? SAAMGESTEL DEUR MONICA PIENAAR

Meisie verklap Neethling se dwelmgebruik

FOTO: DEVIN DE BUDE

Paul Khumalo is die tegniese bestuurder by die Ouditorium.

Glimlag agter plaasjapie HELOÏSE VAN DER WALT

P

aul Khumalo, tegniese bestuurder, sien om na die foutlose bestuur van die Ouditorium. Daar is tans ses studente wat onderleiding van Khumalo werk en al met bekende figure soos Casper De Vries en Nataniël bande gesmee het. “Nataniël is definitief my gunsteling, daai man weet wat hy soek op die verhoog,” sê Khumalo.

Modes-Operandi SAAMGESTEL DEUR ANNICA BRINK EN ATLEGANG MOSHUGI Dit is uiteindelik hier, die nuwe mode kolom, Modes-Operandi. ’n Interessante kolom wat studente se individuele styl vier , kommentaar lewer oor kampus styl asook wenke gee aan die wat ’n bietjie leiding in die mode departement benodig. Ons is al twee baie opgewonde om ons mode kolom bekend te

Hy beklemtoon die belangrikheid van tyd in sy beroep. “Ek moet mooi vooraf weet wat die kunstenaar benodig.” “Ek is gebore in Potch en het op ’n plaas groot geword tot standerd ses en toe is ek lokasie toe. Ek wou ’n onderwyser word. Vandag bly ek in Parys in die Vrystaat.” Paul het aanvanklik vir Maschem gewerk waar hy bomme met poeier gevul het, asook bokse vir onderskeie bomme gebou het vir stel, en dit is terug met ’n bang. Jy wonder seker wat jy kan verwag van hierdie kolom, wat is ons Modes-Operandi? Oor die algemeen gaan ons kommentaar lewer oor die modes wat voorkom op kampus die goeie, slegte en net plein what-were-you-thinking uitrustings wat studente dra Baie mense het ’n mispersepsie oor mode en die belangrikheid wat dit speel in ons alledaagse lewe. Mode ontwerper Ralph Lauren het gesê, ‘Mode gaan nie noodwendig oor etikette nie. Dit gaan nie oor handelsname nie. Dit gaan oor iets anders wat ontstaan binnein jou.’ Die klere wat jy aantrek is meer as net iets om jou warm te hou, dit is ’n stukkie van jou identiteit wat jy dra vir die hele wêreld om te sien. Jou lyf is ’n canvas, en jou kleredrag moet jou kunswerk wees, iets unieks wat jou as individue definieer. Ons se nou nie dat jy elke dag moet aantrek asof jy op die rooi tapyt gaan verskyn nie , as ’n student

Van loopplank na Lovers' Lane As ’n student weet jy hoe kosbaar elke sent is, om ’n unieke uitrusting vir elke dag uit te kies kan jou teen die mure dryf. Daarom het ons die perfekte oplossing om seker te maak jou finansies gaan nie in die rooi in nie, en jy bly stylvol vir ’n vyf -dag week . Een item, vyf verskillende maniere om dit te dra dis so eenvoudig soos dit. Hier is ’n paar wenke hoe om die nuutste modes vanaf die loopplank tot in Loverslane te dra. Een van die ‘must have’ mode items vir hierdie winter is kleurvolle ‘leggings’ of sykouse met vrolike patrone op. Dit is die perfekte item om jou uitrusting op te kikker en jou te laat uitstaan. Waarskuwing! Onthou

drie jaar. Hy het egter vir iets meer permanent gesoek. “Ek sien myself oor tien jaar nog steeds by die NWU-Puk. Eenmaal ’n NWUPuk, altyd ’n NWU-Puk”. Die drie kernwoorde wat die essensie van sy werk opsom, heet pret, uitdagend en interessant. “Ek wil net dankie sê aan almal saam met wie ek werk, die oudit crew, kultuurmense en NWU-Puk Kunste wat my gebou het tot wat ek vandag is.”

Amanda Beard, ’n Amerikaanse Olimpiese ster wat ook voorheen ’n verhouding met Ryk Neethling gehad het, insinueer in haar outobiografie dat hulle saam dwelms gebruik het. Volgens haar was Neethling jaloers op haar sukses en het hulle net oor die weg gekom wanneer sy onder die invloed van dwelms was. Sy vertel ook van ’n twee maande lange besoek aan SuidAfrika saam met hom waartydens hul ecstacy, kokaïene en acid gebruik het. Volgens Neethling is die insinuasies ongegrond en het hy sy ver-

basing rondom die inhoud van haar boek uitgespreek. Hy het in ’n verklaring gesê dat hy al sy bloed-en-urinetoetse tydens sy loopbaan geslaag het. Hy het egter nie gereageer op die direkte vraag of hy al wel dwelms gebruik het nie.

Levi's spaar water met nuwe denims Levi’s het onlangs sy nuwe Water Less jeans bekend gestel as deel van ’n inisiatief om water te spaar. Volgens Erik Joule, ’n senior adjunkpresident by Levi’s, word daar tydens die finale vervaardigingsproses van die Water Lessreeks van 25% tot 96% minder water gebruik. Levi’s het dit reggekry deur byvoorbeeld die aantal wasmasjiensiklusse te verminder deur

die nat-siklusse saam te voeg. Daar word ook nie meer water gebruik in die stone wash-proses nie. Levi’s het besluit om die verbruiker op sy denim etikette in te lig oor hoe om minder water te gebruik wanneer dit gewas word. “Die eindresultaat het ons verwagtinge oortref en ons wil ’n groter impak maak deur te kyk waar ons dit nog kan toepas,” het Joule gesê.

Style Spotter

Baie mense het ’n mispersepsie oor mode en die belangrikheid wat dit speel in ons allerdaagse lewe.

NAAM: VAN: OUDERDON: STUDIERIGTING STYL: MODE INSPIRASIE:

sal jou begroting dit nie toelaat nie, maar wees kreatief met jou styl. Mag die volgende aanhaling jou inspireer: ‘Mode is nie iets wat net bestaan in rokke nie. Mode is in die lug, in die straat , mode het te doen met idees, ons manier van lewe, wat besig is om te gebeur. ’- Coco Chanel

As jy ’n ware fashionista is en dink jou uitstekende smaak word nie raak gesien nie, dink weer. Style Spotter is die perfekte plek om jou unieke styl te vier. Ons wil jou mode-kennis deel met die res van die kampus. Hou die blink kant bo, en wie weet ons mag jou dalk net kies om te verskyn in Style Spotter.

Annica & Atlegang MODEL: RIZAAN OLIVIER

FOTO: VERSKAF

FOTO'S: DEVIN DE BUDE

RAG AND BONE 2012 WINTER COLLECTION ‘leggings’ is nie ’n plaasvervanger vir ’n broek nie! Dit lyk goedkoop en gee die illusie dat jy 5kg swaarder weeg.

maandag

dinsdag

woensdag

donderdag

vrydag


KUNS & VERMAAK

6|

19 APRIL 2012

Kuns Vermaak Gazelle is een van die bands wat studente vermaak het by vanjaar se VredeFest.

FOTO: FRANK DUVENHAGE

PUKfm en die Vrede Foundation

Eerste VredeFest in Potchefstroom DEANNE BOYD

P

UKfm en die Vrede Foundation het hul kragte saamgespan om die eerste VredeFest in Potchefstroom moontlik te maak. “Die Vredefest in Potchefstroom was basies ’n pionier vir ’n groter idee,” sê Henré Pretorius, een van die stigters van die Vrede Foundation. “Die idee is om in die nabye toekoms na alle groot tersiêre

instansies te gaan en ons missie daar ook te versprei op dieselfde blueprint as die een op die Potchefstroomkampus,” verduidelik Pretorius. Die musiek was nie die enigste deel van die veldtog wat gehelp het met die bewusmaking nie. As deel van die oploop na die VredeFest was daar twee tonnels in Lovers’ Lane opgerig. Een blou en een pienk, waarin albei geslagte ’n video gekyk het oor hoe om hulself vir kanker te

ondersoek. Daar is ook nagemaakte borste en testes, sodat studente dit kon ondersoek om meer ervaring op te doen oor die gevaartekens van kanker. “Die bands op die JOOL-plaas het gedien as ’n celebration. Die bands wat opgetree het, ondersteun VredeFest en so ook die boodskap agter dit,” het Amoré Truter, PUKfm Stasiebestuurder en ook organiseerder van VredeFest in Potchefstroom,

Ken jy tant Mossie?

Ken jy die groot groen-bundel onder in die klavierstoeltjie? Ken jy vir tant Hessie se witperd, Mooie Mietjie, Sarie Marais? Die groen FAK-bundel was afgestof en die krane oopgedraai vir ’n musikale fees van vernuwe volkstreffers. Met vier oud-NWU-Puk musikante op onder andere klavier, viool, perkussie, twee trekklaviere, tjello en die saksofoon het Steffie le Roux, Babette Viljoen, Werner Ferreira en Izelle Claasens die Afrikaners, Engelse, Tswanas, Duitsers, vettes, maeres, langes en kortes plesierig vermaak. FOTO: ANUSHKA LE ROUX

gesê. Die bands wat die aand opgetree het was Gazelle, Bruce Noble, MoAl die ses Metro Man, Zebra & Giraffe, fondse word Taxi Violence en Wrestlerish. Die Vrede Foundation fokus op ingesamel om bewusmaking van kanker onder die Suid Afrikaanse jeug en om jongmense met finansiële hulp te verleen aan kanker by te staan. jong kanker pasiënte wat nie mediese fondse het nie. Jako Meyer van Moses Metro moet probeer om hulself ingelig Man, ambassadeur van Vrede te hou oor kanker en nie lewe asof Foundation sê dat, “Studente dit nie met hulle kan gebeur nie.”


|7

KUNS & VERMAAK

19 APRIL 2012

FLIEK TOMAAN The Lorax

Dit is vir my moeilik om objektief te wees oor die nuutste animasie film, The Lorax, want wie hou nie van ’n Dr. Seuss fliek nie. Horton hears a Who en Cat in the Hat was uitstekende flieks. In die film gaan die kyker op ’n sprokiesagtige reis saam met die hoofkarakter, Ted (stem van Zac Efron), wat vir ’n vriendin ’n boom in die hande wil kry, omdat daar in hulle dorp nie meer bome bestaan nie. Regisseurs, Chris Renaud en Kyle Balda, gebruik die tekenkarakter om ’n algemene wêreldkwessie deur te stuur van - pas die aarde op. Die kyker mag dalk voel die storielyn is net té eenvoudig. Die fliek is uit en uit gemik op ’n jonger gehoor en beskik nie regtig oor volwassehumor soos die vorige Dr. Seuss films nie. Die fliek is vir ontspanning en mense wat lief is vir die corny clichés wat in ander films voorkom, omdat hulle in die film ’n bietjie gek skeer daarmee.

Van Coke Kartel is vanjaar die grootse wenners by die MK Awards.

FOTO: COLLIDE.COM

Die film spog met stemme van Betty White, Taylor Swift en Danny De Vitto. ’n Poging om die aarde te red met ’n 5 uit tien.

FOTO: WARREN WILLIAMS

Van Coke Kartel: MK Awards se grootste wenners GERNA COETZEE

V

an Coke Kartel het hierdie jaar weggestap as die MK Awards se grootste wenners met ’n sleutel in die hand vir ’n Hyundai H1-bussie as prys vir Beste Groep. Hulle het ook gewen in die Beste Live- en Beste Rock kategorieë. “Dit is wonderlik en onverwags. Dit is lekker om te wen, maar om drie keer te wen is mal. “Dis lekker om te weet dat daar vir ons gestem is en dat mense hou van wat ons doen. “Die bussie is natuurlik die beste van alles. “Ons toer vreeslik baie in Gauteng, omtrent elke naweek,” sê Wynand Myburgh, baskitaarspeler en bestuurder van Van Coke Kartel.

Dit is wonderlik en onverwags. Dit is lekker om te wen, maar om drie keer te wen is mal.

Hierdie onuitputbare groep is ook genomineer vir ’n South African Music Awards (SAMA) toekenning in die Beste Rock Album kategorie. Die groep voel dat die druk op hulle is om vanjaar hierdie toekenning te wen. “Ons het nou al twee SAMA’s gewen, maar dit was in die Afri-

kaanse-Rock kategorie. Die jaar is dit meer interessant en moeiliker aangesien daar slegs ’n Beste Rock Album kategorie is,” sê Francois van Coke. Van Coke Kartel se musiekvideo, Tot die Son Uitkom, is tot dusver die groep se sterkste snit van Wie’s Bang. Die musiekvideo vir hierdie liedjie sal teen einde April vrygestel word. Die band se musiekvideo, Dis ’n Land, het groot bohaai gemaak en het vier weke op MK se Top 10 deurgebring. Die band op 10 April by die eksklusiewe SkyRoomLive geleentheid op ’n 20 verdieping wolkekrapper in die hartjie van Johannesburg opgetree.

NG-Kandelaar spog met eerste CD

Musikante van Kandelaar skryf musiek ANICA SCHEEPERS NG-Kandelaar spog vanjaar met ’n CD vol nuwe en oorspronklike musiek, geskryf deur die musikante van die Kandelaar-gemeente. Na die bekendstelling van die Keep It Real-CD was die opgewondenheid en belangstelling groot, en is daar reeds ’n groot aantal CD’s verkoop. Andries D’Alebout, wat verantwoordelik was vir die maak en opneem van die CD, sê dat die doel daarvan was, om die musikante van Kandelaar blootstelling te gee, die musiekbediening uit te brei en nuwe diepte te gee. “Kandelaar het al soveel in elkeen van hierdie musikante se lewens ingebou, en almal was net opgewonde om iets terug te gee,” sê D’Alebout.

Na die bekendstelling van die Keep It Real-CD was die opgewondenheid en belangstelling groot, en is daar reeds ’n groot aantal CD’s verkoop. Wat die CD so oorspronklik maak is die feit dat alles self deur die musikante van Kandelaar geskryf is, behalwe vir die liedjie, Keep It Real, wat deur die bekende

Jason Derulo geskryf is. Geeneen kry enige vergoeding daarvoor nie – dit was werklik vir die liefde van die saak. Van die begin af, was die idee dat die geld aan die musiekbediening van Kandelaar moes gaan om sodoende die musiek te verbeter. Hoewel hulle soms laataande in D’Alebout se studio, Retour Music moes deurbring, hoop hulle om in die toekoms ’n opvolg te kan doen. Enige iemand wat graag musiek maak en skryf, word uitgenooi om deel hieraan te hê en nuwe musiek vir hulle te vat. “Dit was so lekker om saam met soveel talentvolle mense te kon werk én wat dit vir die regte redes doen. Fantasties!” sê D’Alebout opgewonde. “Ons sal dit graag nóg groter en verder wil vat volgende jaar!”

Die energieke band, Octainium, tree binne kort in Potchefstroom op. FOTO: ROXANNE VAN OUDTSHOORN

Octainium

Metal-band maak naam GILLIAN BUSH Die energieke en uprising band, Octainium, tree binne kort op in Potchefstroom wat alle metal liefhebbers op hulle tone hou. Die lede bestaan uit Maritz (vocals), Gert (dromme), Sikes (kitaar), Grinch (bass) en Cameron (kitaar). Die naam is afkomstig van die woord Octane, wat Maritz verander het in ’n nuwe unieke naam, Octainium. In 2010 het hulle die RBF battle of bands finaal gewen. Hulle debuut album, The Prophecy is bekend gestel in November 2011. “Our next album will probably be an acoustic album, since we already now have a metal album and we do both metal and acoustic shows,” sê Maritz, hoofsanger. Hulle eerste moshpit en die borgskap van Jaded Ink Tattoos is van die band se beste en grootste oomblikke.

Hulle sal op die 28ste April die eerste keer in Memphis Rock optree. “It’s our Memphis debut, but we have played in Klerksdorp before and that was a killer show! Definitely one that we remembered. We aim to top that one now obviously on the 28,” voer Maritz entoesiasties aan. Cameron “TC” Tomlin sal na vier jaar aan die einde van 2012 as lid van die band bedank. Maritz verduidelik: “With heavy hearts and tears in our eyes, we will unfortunately have to say goodbye to our long time guitar player Cameron. He will be spending some time abroad and we wish him all the best!” Indien jy droom om deel te word van ’n ongelooflike band is dit nou jou kans. Oudisies vir Cameron se posisie vind plaas in Augustus. Kontak Maritz Booysen by 0793105417 of stuur hom ’n e-pos booysenm@out.co.za.


8|

19 APRIL 2012

Redaksionele

Kommentaar Linèl Malan 19 APRIL 2012 Toetsweek is om die draai. Ek weet wat jy dink - dat jy nou ’n tipiese redaksioneel gaan lees waarin ek gaan sê dat alle harde werk geregverdig sal word met goeie uitslae en dat jy net moet vasbyt deur hierdie ‘moeilike’ tyd. Ja, dit is dalk so, maar, terwyl jy hierdie uitgawe vir ’n tweede, deeglike keer deurlees net om die onvermydelike te vermy, is daar niks wat ek kan se om 'n vraestel makliker of jou leerwerk minder te maak nie. Daarom sal ek graag eerder julle meer wil vertel van Wapad Web. Wapad Web is die skakel tussen die Wapad wat jy nou lees en alle vorms van interaktiewe media van die Wapad wat op die internet geplaas word. Dus was stap een om elke uitgawe van die Wapad op die internet te kry. Jy kan nou die nuuste uitgawes Die volgende Wapad verskyn 10 Mei 2012

lees op www.issuu.com of kan jy net die link volg wat ons op Facebook sal plaas. En dan, Facebook. Ons almal het dit. Met die Wapad Facebook-blad beoog ons om julle as studente op hoogte te hou van nuusgebeure asook om ’n platform te skep waar die allerdagse student kan feature. Jy kan selfs deelneem aan ons weeklikse foto kompetisie waar ons blootstelling gaan gee aan studente met ’n oog vir fotografie. Dus vra ons dat jy deelneem aan die interaktiwiteit. Lewer jou opinie en stuur vir ons idees oor hoe ons kan verbeter. Ons belowe ons sal baie hard werk om ’n sukses van die projek te maak. So, as jy nou al klaar die Wapad deurgelees het en jy het nog vyf minute koffiebreuk oor, gaan like die Wapad blad op Facebook en neem deel.

Kernredaksie

HOOFREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) ADJUNKREDAKTEUR: Lizané Treurnicht (082 376 8046) INHOUDSREDAKTEUR: Gerna Coetzee (079 888 6185) TEGNIESE REDAKTEURS: Janine Nel (073 206 9876) en Monique Vrey (076 147 2474) SPORTREDAKTEUR: Carli Koch (078 357 3422) SKAKELING & BERMARKING: Johan le Grange (083 641 8096) FOTOGRAFIE: Frank Duvenhage (071 118 1312) TEKSVERSORGING: Marcelene Jordaan (083 656 0899) GRAFIKA & WEBMEESTER: Linél Malan (074 130 8301) TEKSVERSORGERS: Nicolene Maree, Tersia Landsberg, Marleny Arnoldi, Madeli du Plessis, Louise Kruger en Annemarie Schoeman. MEDEWERKERS: Elsabe Oosthuizen, Amanda van der Walt, Rachél du Preez en Anlerie Cilliers.

Chrisna Kraaij

SKETS: RACHÉL DU PREEZ

SR-voorsitter

Soos julle seker weet, was daar ’n onafhanklike ondersoek geloots na aanleiding van die verdrinking van ’n eerstejaarstudent tydens Vrugtefees. Die uitslag van hierdie ondersoek het bevestig dat niemand verantwoordelik gehou kan word vir Thabang Makhoang se dood nie. Alle reëlings van die Universiteit se kant af was in plek en dit was slegs ’n ongeluk wat nie voorsien kon word nie.

Studenteraad Huisreëls:

Aan die einde van verlede jaar het

8 1 2

2

3

4

7 7 4

5 1 4 5 5 6

9 8 3

6

1

6

6

8 4

1

6 2

5

SUDOKU

Onafhanklike ondersoek:

ons ’n versoek aan studente gestuur om insette te lewer vir die Huisreëls van die SR, sowel as die Grondwet van die ISR. Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om julle in te lig dat die proses goed aan die gang is en dat ek en die Institusionele Regsadviserder saam daardeur gewerk het. Daar is na al die voorstelle gekyk en aanpassings is aan ons Huisreëls gemaak. Die Huisreëls word nou aan prof. Herman en prof. Rikus voorgehou vir verdere insette. Sodra ek dit terug ontvang, sal die res van die proses gevolg word vir finale goedkeuring. Baie dankie vir dié van julle wat moeite gedoen het om insette te lewer. Dankie vir elkeen se betrokkenheid by die georganiseerde studentelewe. Dankie ook aan elke studenteleier (koshuis of NWU-Puk) vir julle hulp met die organisering van hierdie unieke aksies. Dit is as gevolg van positiewe studente soos elkeen van julle dat ons kampus so uniek is. Sterkte met alles wat jy aanpak. Mag God jou lei om die regte besluite te neem en mag jy alles wat jy aanpak, tot die beste van jou vermoë doen.

(c) Daily Sudoku Ltd 2012. All rights reserved.

B

este NWU-Pukke. Die eerste kwartaal het verbygevlieg en die eksamen is besig om ons vinnig in te haal. Die winter is op ons en “laat slaap” klink elke oggend na ’n beter idee. Alhoewel hierdie gedagtes deur ons almal se koppe flits, wil ek jou tog aanmoedig om maar jouself uit die bed te dwing om te verseker dat jy by jou akademie uitkom. Gebruik die toetsweke om vir jou ’n goeie deelnamepunt te verseker en sodoende die stres in die eksamen te verminder. Onthou ook dat jou punte jou koshuisplek kan beïnvloed.


19 APRIL 2012

|9

Gasskrywer

Kommentaar

Gasskrywer: Marita van der Vyver

Net ’n manskrywer?

T-Shirts

DEUR: So ruk terug vertel ’n vriendin my haar ouers gaan skei. Dis geen geheim dat haar pa bietjie te veel van die bottel hou nie. Haar ma het glo genoeg van die slanery gehad. My vriendin sê sy sal darem okay wees, sy het darem vir Neil. Sy sê Neil is die enigste stabiele ding in haar lewe op die oomblik. Sy sê Neil weet hoe om ’n swaar situasie ligter te maak. Neil is een van daai ouens wie altyd met ’n volgelaaide magasyn in sy grappie geweer rond loop! Hy dra waarlik sy hart op sy mou (en sy hemp). Neil is een van JayJays en Gooi Mielies se mees lojale ondersteuners. Ek raai hy’t seker 30 sulke skreeu snaakse T-hemde. Toe ek vir Neil ontmoet het, het hy so rooi hemp aan wat sê - Beer goes here! Al is daar nie Intervarsity hierdie jaar nie, het Neil en sy pelle nog steeds vir hulle ’n hemp laat maak. Op die hemp staan; 99% of women are beautiful, the other 1% study at my University! Neil vertel my hoe hy eenkeer na ’n rowwe aand se kuier deur ’n spiedkop afgetrek is. Erg ontsteld vra die spiedkop hom toe oor die bordjie in sy agtervenster wat sê Caution: De-signated driver drunk as well.

M rued keirbuR a r ht n ni

M

eestal gee ek nogal nie om om ’n ‘vroueskrywer’ te wees nie. Dis waar dat die meeste van my stories vroue as hoofkarakters het en dat ek dikwels skryf oor dinge waarin vroue veronderstel is om belang te stel. Gespanne verhoudings eerder as spanningsverhale, oorlog binne ’n gesin eerder as ‘regte’ oorlog daar buite, selfmoord eerder as moord, seks eerder as geweld. Dis ook waar dat die meeste fiksie wêreldwyd deur vroue gekoop en gelees word. Ongeag of dit deur vroue, mans of troeteldiere geskryf word. Soos my seun sal sê: What’s not to like, Ma? Slim mans steur hulle nie aan etikette nie en lees wat hulle wil. En dom mans, wel, dom mans, nes dom vroue, doen ander dinge as om te lees. Oor vroue se voorkeur vir fiksie is seker al talle tesisse geskryf. Ek glo een van die vernaamste

Wat ons doen om nie te leer nie

Dis altyd die lekkerste om te beplan presies wat jy gaan doen op elke presiese oomblik van toetsweek. Jy weet wanneer jy gaan eet, wanneer jy gaan slaap, stoelgang, ensovoorts, ensovoorts... Maar wat regtig gebeur en wat op daardie mooi gemerkte programmetjie is, is twee baie verskillende dinge. Hier is tien dinge wat ons doen om nie te leer nie.

MARTHINUS BESTER IS 'N VRYSKUTSKRYWER WAT BESIG IS MET GRADE IN REGTE EN TEOLOGIE EN WIL DIT GRAAG VOLTOOI SODAT HY KAN GAAN BOER. HIERDIE IS DIE OPINIE VAN DIE RUBRIEKSKRYWER EN NIE DIE KOERANT S'N NIE.

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

redes is bloot dat vroue dit nodiger as mans het om soms weg te kom van die wrede werklikheid van nie-fiksie. Want dit bly, in die woorde van James Brown, ’n harde manlike wêreld waarin ons lewe. Daarom kan g’n vrou ooit net ’n ‘vroueskrywer’ wees nie. Nee, sy word ‘net ’n vroueskrywer’. Daardie drieletterwoordjie word altyd soos ’n onsigbare perdjie voor die koets van die vroueskrywer ingespan. Nooit hardop uitgespreek nie natuurlik nie! - want dit sou seksisties klink, en in die beskaafde boekwêreld word seksisme nie geduld nie. In elk geval, nie sigbare, hoorbare seksisme nie. Maar vir so ’n onsigbare ou perdjie kan ons seker maar ons oë toeknyp, of hoe? Aikôna, sê hierdie merrie. Soms raak my oë seer van al die toeknyp. Soms raak ek so briesend dat ek (manlike) slange wil vang en onnoembare dinge met hulle wil

Marita se volgende roman, Die Blou van Onthou, verskyn in Oktober vanjaar.

KEVIN DU PLESSIS

ster Be us

us Be ster

Marita van der Vyver

iek deur M a r thi ubr n nR

Om sake te vererger, het Neil ’n hemp aan wat sê I’ll drink ’till you’re pretty! Kan jy glo, sleeptong en al, koop Neil die spiedkop om met ’n bottel Bells wat hy in sy kattebak gehad het. Neil se hemde sit ’n glimlag op enige iemand se gesig. Met sêgoed daarop soos All that matters is beer & rugby, Kiss me before my girlfriend comes back, Spaar jou bakkiery ’n boerseun, Ek’s maklik- ek trek my eie klere uit, Rehab is for quitters, I don’t get drunk I get awesome, Save a virgin- do me instead en It looks to you as if I care, but I don’t, kan ou Niella enige iemand se dag op beur! Nou die dag loop ek my vriendin raak. Ek vra haar hoe dinge nou gaan. Sy sê haar ma doen al beter, maar haar pa drink nou meer as ooit. Ten minste gee Neil baie om, sê sy. Gepraat van die duiwel, kom ou Niella toe om die draai! Vriendelik steek ek my hand uit, maar Niel gryp my sommer vas en gee my ’n pappa beer squeeze. “Like jy my nuwe hemp, Bester?”, vra hy met ’n breë glimlag. Dis ’n helder pers hemp en in sulke groot geel letters staan daar: I gave up drinking- worst 15 minutes of my life.

Soms raak ek so briesend dat ek (manlike) slange wil vang en onnoembare dinge met hulle wil doen.

doen. Sommige van die beroemdste romans in die geskiedenis het vroue as hoofkarakters en handel oor ‘vrouedinge’ soos verhoudings en selfmoord (Madame Bovary en Anna Karenina om maar twee te noem), maar wie sal dit wáág om vir Flaubert of Tolstoi ‘n vroueskrywer te noem? Jane Austen, daarenteen, is ’n vroueskrywer. Natuurlik, sy was ’n vrou, dan nie? Soms ontstig hierdie redelose meerderwaardigheid my so dat ek my volgende roman deur die oë van ’n manlike hoofkarakter wil skryf. Manskarakters is nie moeiliker as vrouekarakters nie, dit het ek lankal uit my eie boeke geleer. My meer feministiese vriende sal selfs beweer dat dit makliker is om in ’n manskarakter se kop te klim omdat daar minder in sy kop aangaan. Só ver sal ek nou nie gaan nie. Netnou word ek van seksisme beskuldig. Maar indien ek volgende keer aspris ’n manskarakter kies bloot om die vroueskrywer-etiket te ontduik, beteken dit mos ek stem saam dat dit beter is om ’n manskrywer eerder as ’n vroueskrywer te wees? Aikôna, die blote gedagte laat hierdie merrie hoog op haar agterpote staan en wild runnik. Buitendien, wie wil nou nét ’n manskrywer wees?

Maak kamer skoon. Die res van die jaar lewe jy in totale chaos, met laas maand se ontbinde tammeletjie onder jou stoel en 3000 jaar oue gebruikte sneusdoekies van vorige inwoners, maar in toetsweek is alles skoon.

Briewe

Ag nee, weet jy, ek was toe ek twee jaar oud was laas in die gym... Ek dink dis tyd om weer die ysters te gaan buig, sal nou-nou leer. Kap dit uit met ’n 1kg dumbell vir ’n intense vyf minute workout... Kom terug van die gym af, en gaan sit voor die boeke, ag nee nou is jy moeg en uitgeput, vinnige slapie, dan ekstra hard leer! Skrik wakker 22:00 die aand en dink dis 07:00 die oggend. Slegste gevoel in die wêreld. Dis dag twee. En dan begin jy wonder wat maak ou Piet drie kamers aan. Jy wonder wat het toe geword van daardie ingegroeide toonnael wat hy gehad het. Kuier vir drie ure. Uiteindelik knyp jy ’n tydjie af in jou besige ongeskeduleerde skedule om te doen wat jy eintlik geskeduleer het. Jy is op ’n roll. Jy leer vir drie ure sonder stop en kom dan agter jy hoef dit nooit te geleer het nie! Moedeloos en depressief gaan jy net een drankie drink saam jou ou skoolpel. Grootste leuen op die NWU-

Ombudsman

Puk. Jy rol uit Yoof uit en word wakker by ’n vreemde ou tannie se huis wat jou jammer gekry het toe sy jou langs die pad gewaar nadat sy haar straatkatte gaan voer het. Dis duidelik dat jy nie by jou eie lessenaar geleer kry nie. Bib toe! Hier loop jy drie klasmaats raak en kla eers vir ’n half-uur oor al die werk en hoe agter julle is. Hoe lieflik, dit raas want daar is een groepie wat heeltyd sit en raas. Briesend is jy weer af en terug huistoe. Hierdie is ook natuurlik die kampus se hoogste traffic ure op die webtuistes van Youtube en Facebook. Tyd om te gaan kyk wie vang wat aan, ou aksiefoto’s en ’n paar onsmaaklike komedie video’s. Net want jy kan. BBM, WhatsApp, Mxit, SMS en chatrooms. Tik gerus jou duime seer. Dis lekkerder as leer en as jy met meer as een persent ’n toets deurkom skeep jy jou vriende af ! Tyd om al jou ou Wapad uitgawes te gaan uitgrawe waar hulle tussen die bed en die muur ingeval het en jy nooit hul klaar gelees het.

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za


10|

SPORT

19 APRIL 2012

Tukkies is die wenners van vanjaar se Varsitybeker. FOTO: GALLO IMAGES

Varsitybeker Pieter Voster is ingesluit in ’n span waarvan die volgende mylpaal die volgende Olimpiese Spele is. FOTO: VERSKAF

Een van top juniors in die land

CARLI KOCH

Pluimbal se presteerder SHANA DE WET

P

ieter Vorster is een van die beste pluimbalspelers op die NWU-Puk. Badminton (die Engelse naam vir pluimbal) is vernoem na die Hertog van Beaufort se herehuis in Gloucestershire, Engeland. Die sportsoort het glo ontwikkel uit ’n spel wat die hertog se kinders na ete gespeel het om die gaste met die sport te vermaak. Die Afrikaanse naam vir pluimbal het ontstaan as gevolg van die spel wat met ’n soliede balletjie met vere daaraan gespeel word. Dié B.Ed Tegnies Snr- en VOO eerstejaarstudent speel al pluimbal vandat hy twaalf jaar oud is. Hy is ’n inwoner van Patria Manskoshuis. Vorster is een van die top ju-

Een van Pieter Voster se grootste doelwitte is om nog eendag pluimbal te speel as hy 65 is. niors in die land. Hy is ingesluit in ’n span en die span se volgende mylpaal sal die opbou na die volgende Olimpiese Spele wees. “My grootste droom is definitief om Olimpiese Spele toe te gaan, maar soos ek sê, daar is nog baie harde werk en water wat onder die brug moet vloei,” vertel hy. As dit by die sport pluimbal

Tukkies 2012 oorwinnaars

kom, is Vorster se stiefpa, Rian Vorster sy rolmodel. Vorster was ook sy afrigter gewees. “Hy was nog altyd daar, deur al die drama van my pluimbal jare,” vertel hy. Pluimbal is nie net ’n sport vir hom nie, dis ook sy passie. Hy wil aanhou om pluimbal te speel en nie soos meeste mense ophou as hulle hul piek bereik het nie. Een van sy grootste doelwitte is om steeds pluimbal op die ouderdom van 65 te kan speel. “Jy speel beter met jou voete op die grond as jou kop in die wolke. Bly altyd nederig en weet waar jou krag en talente vandaan kom, ons Hemelse Pappa.” Dit is sy lewensfilosofie en ook die rede vir sy sukses.

Die Varsitybeker-eindstryd op die Tuks-rugbystadion was ’n uitstekende vertoonvenster van studenterugby. Dit was ’n herontmoeting van twee spanne wat geskiedenis gemaak het in 2008 toe hulle die allereerste Varsitybekerwedstryd op 28 Februarie op die Danie Craven-stadion in Stellenbosch gespeel het. Maties en Tukkies het gelykop met 31-31 gespeel. In 2012 het ’n onverskrokke Tukkie-span, met tuisveldvoordeel, met ’n Matie-span afgereken wat hierdie seisoen onoorwonne was. Die verskil in die telling van 29-21 was die gevolg van Tuks se los-trio wat die wa deur die drif getrek het. Maties was wel sterker in die vaste fasette. Jerome Pretorius, senter van die wit-truie, het in die vierde minuut van die wedstryd, die eerste drie aangeteken.

Wesley Dunlop, Tuks se sleutelspeler, kon nie met die eerste doelskop slaag nie, maar het daarna met drie skoppe geslaag. Een van die plaasvervangers, Basil Short, het kort daarna ook ’n drie gedruk. Maties het hard teruggeveg met André Smith wat kort na Dunlop oor die wit-doellyn gebars het. Smith het ’n reeks goeie skoppe nagejaag en toe oorgeval. Kort voor rustyd het Hugo Kloppers in die linkerkantse hoek gedruk. Dié drie het vir ’n halftyd-telling van 13-13 gesorg. Tukkies se Lohan Jacobs gevolg deur Franco Mostert het albei drieë in die tweede helfte gedruk. Clayton Blommetjies, wat ook as die reeks se algehele player that rocks aangewys is, het indrukwekkende duikslae op die besoekers uitgeoefen. En so kom alle goeie dinge tot ’n einde - die tye langs die veld en voor die kassie en die fantastiese samekoms van studente.

Die Rooirissie praat oor die skeidsregters Skeidsregters op die veld sonder toerusting is onaanvaarbaar Goed. Die Rissie was helaas verkeerd oor die NWU-Pukke en die Varsitybeker. Die beker staan nie vanjaar in die NWU-Pukke se prestasiekas ter herinnering van die soete oorwinning wat kon gewees het nie. Die punteleer lyk tenminste beter as 2011 en die span het hulle goed van hul taak gekwyt. Die beker staan 2012 in Tukkies se vertoonvenster. Seker maar waar hy hoort. Die Rissie het ’n paar dinge gehoor wat haar ore behoorlik laat getuit het. Blykbaar is daar NWU-Pukrugbyspelers wat nie as studente op die kampus geregistreer is nie. Volgens die Rissie se vrinne wat rugbykenners is, is dit nie nodig nie. Dit onstel die Rissie ’n klein bietjie. Ek kry daardie manne jammer wat duur betaal vir hulle studies, wat dalk goeie rugby kan speel, maar nie span kry nie. Almal verstaan elke universiteit wil goeie spelers oplewer. Dalk op ’n meer regverdige manier. Steroïdes onder NWU-Puk-spelers. Ag, dit was aan die begin vir die Rissie ’n saak ondenkbaar, maar nadat ek gaan sit en dink het hieroor het ek besef dat dit ’n algemene ding onder alle spelers is, net soos Potchefstroom se goedkoop drankies. Wie reël die skeidsregters vir die onderskeie sportwedstryde wat gespeel word?

Die Rissie het van ’n hele paar klagtes gehoor. Blykbaar in een van die koshuisrugby wedstryde was daar 33 strafskoppe in die wedstryd uitgedeel. Liewe genade! Die koshuis van daardie span was vreeslik kwaad gewees oor die manier van blaas van die skeidsregter (as ’n mens kan waag om daardie woord te gebruik). By vanjaar se sokker-finaal het die skeidsregter van daardie wedstryd nie eens rooi- en geelkaarte by hom gedra nie. Hy het langs die veld vir die ondersteuners gevra of hulle iets rooi of geel het wat hy in die plek van die vierkantige kaart kan gebruik. Die Rissie waag dit eerder nie om name te noem nie. Dit was net baie vreemd – ’n skeidsregter wat op die veld gaan sonder dié toerusting. Dis net so goed ’n soldaat gaan oorlog toe sonder ’n geweer. Onaanvaarbaar as jy my vra. Die Rissie bly lief vir sport. Al is daar so een of twee goedjies wat krap.


19 APRIL 2012

SPORT

| 11

Koshuisrugby-kampioen skappe gaan voort in volle fleur SIMON SONNEKUS

D

ie 2012 koshuisrugbykampioenskappe het met volle vaart die groen gras van die Fanie Du Toit sport terrein getref verlede kwartaal. Vroeg in die seisoen het verkeie spanne al genoeg karakter gewys om die kroon van koshuisrugbykampioene oor te neem. Die kampioenskappe word nog tot Augustus gespeel maar daar was die afgelope paar weke geen te kort aan aksie nie. Week een het die aardsvyande Heimat en Villagers gespeel vir drie belangrike punte. Hier het Villagers as oorwinnaars weggestap, al is hulle met 33 strafskoppe gepenaliseer, met 13 punte teenoor 0. Week twee se groot stryd was tussen Caput en die NWU-Puk O/19 span waar die NWU-Puk span, met een punt, 14-13, verloor

Tans loop die Veritas eerste span voor op die eersteliga punteleer met 11 punte na hul oorwinning teen De Wilgers.

het. Tans met die wedstrydverslag van week drie, loop die Veritas eerste span voor op die eersteliga punteleer met 11 punte na hul oorwinning teen De Wilgers. Kort op hulle hakke is die NWUPuk o/19 span. Hul deel ’n eerste plek op die punteleer met Veritas ook met 11 punte maar tweede

weens punteverskil. Die Villagers en Caputspanne is tweede en derde onderskeidelik met 9 en 8 punte. Villagers het nog ’n wedstryd om te speel. Volgens Villagers HK-lid Daniël Goosen gaan dit oor verdediging. “Ek dink daar is vier sterk spanne. Veritas, Villagers, Caput en natuurlik Patria.” Die 2011 Varsity-cup kampioene Patria het egter nog geen punte op die leer nie weens Varsity Cup verpligtinge. Die tweede liga is vir die afgelope twee speelweke oorheers deur Villagers wie nog nie ’n wedstryd verloor het nie. Veritas se tweede span is tweede op die punteleer, kort agter Villagers met 10 punte teenoor Villagers se 12. Ondersteuners kan uitsien na kragmetings soos Patria vs. NWU-Puk o/19 op die B-veld en Caput vs. Veritas op die C-veld.

Olimpiese Spele

NWU-Puk atlete bereik nuwe mylpaal WYNONA LOUW Karlien sink nog ’n doel om hul as wenners van vanjaar se Winter Netbal-liga te laat wegstap. FOTO: SHANA DE WET

Winter Netbal-liga

Karlien is netbal nommer 1 SHANA DE WET Karlien het vanjaar se winternetbal-liga teen Wag-’n-Bietjie gewen. Voor Karlien en Wag-’n-Bietjie mekaar kon aanpak in die finaal moes hulle eers taai semi-finale wen. Karlien het 18-11 in hulle stryd teen Vergeer-My-Nie gewen. VMN het hard terugbaklei nadat hulle halftyd 11-3 agter was, maar ongelukkig was dit nie genoeg nie. Wag-’n-Bietjie het Eikenhof in hul semi-finaal 12-6 gewen. Albei spanne het gewys hulle wil in die finaal wees, maar net een kon deurdring. Dit was ’n naelbyt finaal. Die aanmoediging en ondersteuning het die koue van die aand gebreek en die spanne gemo-

tiveer om aan te hou. “Ek is baie bly ons het gewen! Ons het goed saamgewerk as ’n span en elkeen van ons het ons beste gegee,” vertel Sere-Né Scheepers, Karlien netbalspeler. Wag-’n-Bietjie het geveg tot die einde en het nie een keer gedink aan op gee nie. “Dit was ’n baie opwindende game, al die meisies het hul alles gegee,” vertel Esmari van Jaarsveld ’n W’nB ondersteuner. ’n Mens kon die spanning op die ondersteuners se gesigte sien, maar toe daardie eindfluitjie blaas, was daar groot verligting vir die Karlien ondersteuners. Karlien het koningin van die baan gekraai toe hul Wag-’n-Bietjie 13-9 gewen het. Behalwe vir ’n gebreekte neus in die kwart-finaal was daar geen ernstige beserings gewees nie.

Die Traumeel NWU–Pukke Atletiekklub het by twee kampioenskappe, die Yellow Pages Interklub- en die Senior SAKampioenskappe, gespog met uitmuntende atletiese vermoë en ’n medalje oes soos min. Die Yellow Pages Interklub Kampioenskap, wat plaasgevind het in Pretoria, was ’n skouspel. Atlete van die NWU–Puk Atletiekklub het wegstap met die eerste plekke in nie minder as ses items nie, ’n totaal van 124 punte en ’n algehele tweede plek. Dis ’n indrukwekkende daad aangesien die klub geworstel het met beserings en slegs ’n minuskale verskil in punte as deur die eerste plek verower, die Universiteit van Pretoria, wat ook ’n baie groter klub is, gelewer is. Twee van die spanlede van die Traumeel NWU–Pukke Atletiekklub het ook vir die Olimpiese Spele gekwalifiseer, naamlik Simon Magakwe, met ’n tyd van 10.15 sekondes in die 100m naelloop, en Tshlofelo Thipe, wat die 400m in 51.52 sekondes afgelê het. Die Senior SA – Kampioenskappe, gehou in Port Elizabeth,

Tumelo Thangane, Patience Ntshingila en Sunette Viljoen verteenwoordig die NWU-Puk by die Olimpiese Spele. FOTO: MACLEZ HUDIO

het die Traumeel NWU–Pukke Atletiekklub se platvorm vir briljantheid geword, met 22 medaljes verwerf waarvan tien goud, 6 silwer en 6 brons was. Die klub het vier atlete met Olimpiese kwalifisering tydens hierdie kampioenskap opgelewer. Willem Coertzen; tienkamp atleet, het ’n totaal van 8244 punte aangeteken en sodoende ’n SA rekord gestel en ook vir die Olimpiese

Spele gekwalifiseer. Sunette Viljoen; spiesgooier, het ook vir die Spele gekwalifiseer met ’n afstand van 61.15m, terwyl Simon Magakwe sy tyd verbeter het by hierdie kampioenskappe en die 100m naelloop in 10.11 sekondes voltooi het. Tsholofelo Thipe het die 100m in 11.56 sekondes afgelê ter kwalifisering tot die Spele. Derik Schutte; spiesgooier, is ook in die voorlopige SA–span vir die Olimpiese Spele ingesluit. “Ons is baie tevrede met die uitslae, en ons gaan werk om dit te verbeter,” was die woorde van die atlete wat deelgeneem het. Terseus Liebenberg; afrigter, is baie beïndruk met die prestasie van sy atlete. “Hierdie was definitief een van ons beste, as nie ons beste, prestasie in die kampioenskappe tot dusver,” het Liebenberg aan Wapad gesê. Met prestasies soos hierdie is die NWU-Puk se atlete verseker om nie teleur te stel by die grootste gebeurtenis in sport mededinging nie. Die Olimpiese Spele skop af op die 27ste Julie en strek tot 12 Augustus.

Student sentrem tel: (081) 299 1518 ssrnolim@nwu.ca.za

Recycled notebook

Laptop backpack

R40

R195 Foot keychain

R20

Folder Torch R15

A5 notebook R170

R89


Sport 23 MAART 2012 / VOL 5

BINNE

KARLIEN WEN WINTERNETBAL-LIGA 211

19 APRIL 2012

NUUS

VARSITY CUP 2012 KOM TOT ’N EINDE 210

Suid-Afrika vs. Engeland op Senwes

Die Suid-Afrikaanse vrouekrieketspan is tans besig om voor te berei vir die ICC Women’s World T20 wat later vanjaar plaasvind. ANDRIES HEYDENRYCH

S

enwes Park op Potchefstroom is weereens die gasheer vir die vrouekrieket toernooi tussen Engeland en Suid-Afrika. Senwes Park, voorheen as Sedgars Park bekend, speel ook gasheer vir die Internasionale Krieketkamp wat jaarliks in Potchefstroom aangebied word.

Nuwelinge op die krieketveld kry die geleentheid om deur bekende spelers soos Jimmy Cook, Gordon Parsons en Grant Morgan by die kamp te ontvang. Die spanne pak mekaar in ’n vriendskaplike toernooi wat deel maak van albei spanne se voorbereiding vir die ICC Women’s World T20 wat later vanjaar in Sri-Lanka aangebied word. Die toernooi bestaan uit een op-

warmingswedstryd, drie eendaginternasionale wedstryde van 50 beurte elk en drie T20-wedstryde wat op Senwes Park gespeel sal word. Hierdie twee spanne speel al sedert 1960 teen mekaar en maak twee van die Wêreld se tien vrouespanne. Potchefstroom het in Oktober 2011 ’n soortgelyke toernooi aangebied met dieselfde spanne. Yashin Ebrahim-Hassen af-

rigter van die Suid Afrikaanse vroue-span het gesê: “Ons het ’n groot jaar en ’n half wat voorlê. Ons berei vir twee Wêreldbeker-toernooie en ander toere soos hierdie een voor. Dié toernooi is vir ons goudwerd omdat ons so min Internasionale blootstelling het .” Die Suid Afrikaanse vrouespan het saam met die Engelse Vroue Akademie ’n afrigtingskliniek

FOTO: VERSKAF

vir die KFC Mini-Cricket spelers op Donderdag 12 April by Senwes Park gehou. Hierdie afrigtingskliniek het mini-krieket spelers van verskeie plaaslike kleuter- en laerskole ingesluit. Die toernooi het reeds op 10 April afgeskop. Die toernooi eindig met drie T20-wedstryde wat van 20-22 April strek.

Fisieke Basketbal:

Mans- en damesfinale sorg vir naelbyt oomblikke en opwinding MARGARETHA CILLIÉ Die mans- en dames basketbalfinaal wedstryde het vir vele opwinding en naelbyt oomblikke gesorg. Karlien en Villagers, vanjaar se koshuiliga wenners, het hulle vinnige vaardighede met die bal getoon. Karlien het teen Wag-’n-Bietjie in vanjaar se finaal gespeel en het met 4 – 2 as wenners uitgetree. “Ons is bly om te wen teen die verdedigende kampioene,” vertel Magdeli Reitz, Karlien Sport HK-lid. Die dames finaal was volgens Karlien ’n fisiese spel, maar tog het hulle bo uitgekom. Heimat het teen Villagers in die finaal gespeel en die twee dorpskoshuise het gesorg vir ’n baie spannende wedstryd.

Die HK-lede van Villagers en Karlien ontvang hul trofeë by Adriaan Moulder en Bertie Maritz, SR:Sport. FOTO: VERSKAF Na speeltyd van 20 minute was die twee spanne gelyk en moes hulle in ’n totaal van vyf minute

ekstra hul staal toon om ’n ekstra doel in te kry. Dit was ’n taai en fisiese stryd

tussen hierdie twee spanne maar Villagers het in die laaste paar sekondes ’n doel ingekry om

as die algehele wenners weg te stap. “Dit was ’n baie lekker game en dis die eerste jaar wat ek speel,” was Russouw Wheeler, Villagers Sport HK, se opinie oor die tawwe stryd. Kasteel, Heide, Ratau en Patria is die ander koshuis spanne wat tydens die semi–finale meegeding het. Basketbal wat deel vorm van die klein sport op die NWU-Puk toon vordering volgens Basketbal voorsitter, Adriaan Moulder. Koshuisbasketbal raak definitief beter veral by die mans en dit is as gevolg van die NWU-Puk basketbal spelers wat ’n bydra maak. Die NBA (Nasional Basketball Association) het finansieel baie bygedra tot SA basketbal hierdie haar. Daar is groot verwagtinge vir die toekoms van basketbal.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.