Wapad - 20 Februarie 2014

Page 1

SS pryse 5 NUUS styg drasties Pukki-liedjie nie Hoekom? 6 YouTube gehalte 20 Februarie 2014 / VOL 2

Karlien, Overs: 'AfriForum is verantwoordelik'

LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 68

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

'Die bewerings teen ons tot dusver is onwaar' - Karlien se primaria

Karlien, Overs én Ratau in die sop HANNES KRUGER

O

ns was uit die veld geslaan. Ons het dit glad nie verwag nie! Só het Chantelle Ludik, prim van Karlien-vrouekoshuis, gesê ná die HK van dié koshuis tydelik geskors is ná klagtes van beweerde onbehoorlike praktyke. Volgens Ludik kan hulle op hierdie stadium nie dink wat die aard van die klagtes is nie. “Ons het die reëls deeglik gevolg en streng gehou by die goedgekeurde tradisies.” Volgens Ludik het die hele koshuis ’n SMS op die dag van die tydelike skorsing gekry wat sê dat die hele koshuis om 17:30 in die ontspanningsaal moet wees vir ’n vergadering met die rektor. “Die HK is egter apart geroep vir ’n vergadering in die raadsaal. Dit is waar vir ons gesê is ons is tydelik geskors en dat ons teen 20:00 moet ontruim.” Karlien en Over de Voor-manskoshuis, wie se HK ook tydelik geskors is na aanleiding van onbehoorlike praktyke wat aangemeld is, word tydelik in die Dennepark wooneenhede tydens die ondersoek gehuisves. “Ons het onveilig gevoel. Daar was een loper wat al die kamers in Dennepark kon oopsluit. Daar is mense wat ons nie ken nie wat ook daar bly,” het Ludik by navraag gesê. Die probleem is egter nou opgelos. Volgens Ludik veroorsaak die tydelike huisvesting ongerief. “Daar is geen internet nie. Ons moet die heeltyd kampus toe ry wat baie ekstra brandstofgeld uit die sak jaag om van die internet gebruik te maak.” “Ons moet nou ook betaal om ons wasgoed te was waar dit in die koshuis gratis was.” Intussen is daar geen nuwe inligting oor die presiese aard van die klagtes deur die kampusbestuur bekendgemaak nie. Volgens prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, sal daar meer inligting ná die verhoor bekendgemaak word.

“Anders is ons besig om die ondersoek en moontlike verhoor vooruit te loop en individue in die openbaar te verhoor,” het Van Schalkwyk gesê. Luidens ’n verklaring wat verlede week deur die universiteit op hulle Facebook-blad geplaas is, het heelwat studente, seniors en eerstejaars van albei koshuise die ondersoekspan met belangrike inligting genader wat egter nog bevestig moet word. Op grond van hierdie verdere inligting word onder meer beweerde voorvalle van intimidasie (geskreeu en gevloek) en sogenaamde rondstampery deur die span ondersoek. “Gerugte onder studente wat die Potchefstroom Herald te hore gekom het, is dat die HK’s van Karlien hulle eerstejaars verbied het om te eet en van toiletgeriewe gebruik te maak,” het die Potchefstroom Herald berig. Hulle moes glo van emmers in hulle kamers gebruik maak. Volgens Ludik het die media tot dusver die dam onder die eend uitgeruk. “Hulle laat dit lyk asof ons skuldig is nog voordat ons skuldig bevind is,” het sy gesê. “Die bewerings is onwaar. Ons het konkrete bewyse wat ek besig is om saam te stel dat ons nie oortree het nie.” Volgens Ludik is die bewerings dat eerstejaars in emmers moes urineer omdat hulle badkamergeriewe geweier is totaal en al onwaar. “Eerstejaars mag enige badkamer in die koshuis gebruik. Dit het wel so in die verlede gewerk dat eerstejaars en seniors verskillende badkamers moes gebruik. Dit werk nie meer so nie. Eerstejaars mag enige badkamer in die koshuis te alle tye gebruik, asook die voorportaalbadkamers.” JD Conradie, prim van Overs, het teen druktyd nog geen kommentaar gelewer nie. Boonop is die koshuisouer van Over de Voor-manskoshuis ook ty-

’n Ondersoek is ook in Ratau Lebone-manskoshuis begin weens beweerde wanpraktyke in dié koshuis tydens O&B.

delik onthef van sy verantwoordelikhede hangende die uitslag van die ondersoek. Volgens Van Schalkwyk hou die rede hiervoor verband met die bewering van wanpraktyke in die betrokke koshuise en die versuim daarvan om dit te rapporteer. Die koshuisouers van Karlien is egter nie tydelik onthef van hulle verpligtinge nie. Volgens Louis Jacobs, mediawoordvoerder van die institusionele kantoor, is hulle nie van hulle verpligtinge onthef nie aangesien “elke geval van ’n skorsing op eie meriete gehanteer word”. ’n Ondersoek is ook in Ratau Lebone-manskoshuis begin weens beweerde wanpraktyke in dié koshuis tydens O&B. ’n Eerstejaar wie se ouers altwee glo in die regspraktyk is, het ’n klagte by die studentedekaan gelê. Volgens prof. Rikus Fick, studentedekaan, is die saak aan die dissiplinêre kantoor oorgegee. “Daar is nog geen bevindings gemaak nie. Die ondersoek is nog aan die gang. Soos met die geval van Over de Voor en Karlien sal daar baie streng opgetree word as en wanneer iemand skuldig bevind word,” het Fick gesê. Dié koshuis se HK-lede is egter nie tydelik van hulle verpligtinge onthef nie. Volgens Frans Erasmus, prim

Karlien-vrouekoshuis se huiskomitee wat tydelik geskors is. FOTO'S: MSM-produksies

Over de Voor-manskoshuis se huiskomitee wat tydelik geskors is. van Ratau Lebone-manskoshuis, het hulle geen inligting tot dusver ontvang van die besonderhede oor die klagtes nie. Volgens Erasmus het daar geen onbehoorlike praktyke plaasgevind nie. "Ons is nie bewus dat die klagtes met enige senior te doen het nie, sou ons bevind dat die klagtes wel verband hou met ‘n senior sal daar verseker opgetree word," het Erasmus gesê. Luidens die verklaring op die NWU-Puk se Facebook-blad leef die kampus steeds sy "Omgee"-

DOWNLOAD OUR MOBILE SHOPPING APP!

ingesteldheid uit en streef daarna om studente in 'n veilige atmosfeer voor te berei om afgeronde en gebalanseerde studente vir ons land op te lewer. Daarom is die universiteit ook ernstig om praktyke wat nie strook met die land se grondwet en die universiteit se doenwaardes nie, met wortel en tak uit te roei. In die proses word almal versoek om die Universiteit ruimte te gee om die ondersoek deeglik af te handel, ook om begrip te toon dat die Universiteit nie voortydig inligting bekend kan maak nie. Dit kan die ondersoekproses benadeel.


Nuus 20 Februarie 2014

2

Interkampus SAAMGESTEL DEUR FRANCOIS LION-CACHET

Tuksstudent se lyk in veld gevind Ronald Patrick Uys, ’n 27-jarige student van die Universiteit van Pretoria (UP), is op Woensdag 5 Februarie dood in ’n veld gevind. Uys se lyk is naby ’n stroom gevind ná ’n vyfdagsoektog, het Tukkies se studentekoerant, Perdeby, berig. Sy kar is dieselfe dag in die Sandton-area gevind.

Uys het op 29 Januarie vermis geraak waar hy vermoedelik deur die gebiede van Diepsloot, Dainfern en Fourways gery het. Polisie vermoed nie dat vuilspel betrokke is nie, maar het gesê dat ’n nadoodse ondersoek onderneem sal word om te bepaal wat met hom gebeur het. Die derde vloer in die Ferdinand Postma-biblioteek bied nou ’n navorsingsmeent en ’n honneursmeent. FOTO’S: Marizka Esterhuizen-Rudolph

Matie prims kla oor hulle O&B Daar is klagtes gelê deur verskeie prims van die Universiteit van Stellenbosch (US) rakende die organisering en effektiwiteit van hulle verwelkomingsprogram. Jethro Georgiades, prim van Vesta-dorpskoshuis vir mans, het met die US se studentekoerant, Die Matie, gepraat oor sekere aktiwiteite wat volgens hom geen afsienbare uitkomstes het nie. Georgiades het verder gesê dat aktiwiteite soos Bondel-

sport en Colour Fest irrelevant is teenoor die oriëntasie en administratiewe voorbereiding van eerstejaars. Sonop-vrouekoshuis se prim, Adri Thiart, het ook vir Die Matie vertel dat hulle self moes reël vir Halaal-voorbereidings vir die openingsweek aangesien daar nie genoeg was nie. Thiart het verder gesê dat die universiteit min te doen gehad het met die handhawing van diversiteit en inklusiwiteit onder die nuwe studente.

Wits ‘kokaïen’-dief slaan weer toe ’n Man wat selfone steel deur om studente te truuk het weer by die Universiteit van die Witwatersrand toegeslaan. Volgens Wits se studentekoerant, Wits Vuvuzela, word studente genader deur ’n man met ’n Nigeriese aksent wat vra of hy ’n vriend kan bel van hulle foon af. Ná die oproep gemaak is, haal die man twee sakkies kokaïen uit wat hy beweer hy aan die persoon gaan verkoop wat hy gebel het. Hy dring daarop aan om die

foon saam met hom te neem vir wanneer die persoon hom gaan terugbel vir dié ontmoeting. Hy los egter een sakkie van die kokaïen agter om as sekuriteit te dien vir die selfooneienaar. In een geval wou die student nie toelaat dat die man sy selfoon vat nie, maar is gedreig met ’n mes. Soortgelyke gevalle het verlede jaar plaasgevind. Helfte van die swendelaars wat wel gearresteer is, was skynbaar studente van Wits self.

Die navorsingsmeent bied minstens 70 sitplekke.

Bib oorgedoen vir nagraadse studente JEANELLE GREYLING

D

ie Ferdinand Postma-biblioteek open vroeg Maart twee “toegewyde ruimtes” vir navorsingsdoeleindes: ’n navorsingsmeent vir doktors- en meesterstudente én ’n honneursmeent. Boonop is dié biblioteek een van min in die land wat óók ’n honneursmeent bied. Dié inisiatief spruit uit die behoefte om akademiese navorsing te bevorder en voorsien slegs vir vierdejaars en hoër, asook akademiese personeel. Die toegewyde ruimtes op die derde vloer word toegerus met sitkamers om ’n gemaklike atmosfeer te skep en bied die nuutste tegnologie. “Spesiale navorsingsagteware en -metodeboeke wat moeilik verkrygbaar is, is ook hier te bied,” het Louise Vos, bestuurder van inligtingsdienste, gesê. Vos en Elsa Esterhuizen, direkteur van biblioteekdienste, is veral opgewonde oor die seminaarkamer vir Skype-gesprekke in elke meent en die konferensielokaal in die navorsingsmeent. “Die navorsingsmeent het ook

Die navorsingsmeent het ook ’n kombuis met gesuiwerde water en ’n koffiemasjien wat koffie onder die markprys sal bied ’n kombuis met gesuiwerde water en ’n koffiemasjien wat koffie onder die markprys sal bied,” het Esterhuizen gesê. Die navorsingsmeent bied meer as 70 netwerkpunte en ruim kragvoorsiening vir toestelle wat driepunt- en tweepuntproppe vereis. “Dit is ’n internasionale tendens om voorkeur aan nagraadse studente te gee,” het Vos gesê. Die aanvanklike idee is in 2010 reeds geplant, maar dit was eers aan die einde van 2011 wat ’n ruimtelike argitek genader is om die biblioteekruimte ten volle te benut. “’n Reeks boeke uit die meer as

halfmiljoen moes herontplooi word om plek te maak vir dié ruimtes,” het Vos gesê. Die NWU-Potchefstroomkampus het donasies van onder meer PPS, ’n verskaffer van finansiële dienste wat op gegradueerde beroepslui fokus, ontvang om dié projek van etlike miljoene rande te realiseer. “Voorgraadse studente moenie afgeskeep voel nie,” het Vos gesê. Dié biblioteek gaan eersdaags begin met die tweede fase van die herontplooiing: ’n inligtingsmeent vir voorgraadse studente. Dié studieruimte gaan meer as 90 rekenaars bied, asook 40 addisionele opleidingsrekenaars wat toeganklik sal wees wanneer geen opleiding plaasvind nie. “Dis hopelik iets om na uit te sien vir die einde van die jaar,” het Esterhuizen gesê. “Die opknappings op elke vloer sluit verbeterings in lig- en lugkwaliteit in.” Esterhuizen en Vos berei studente egter voor op die lawaai wat hulle vanjaar sal ontwrig. “Maar hopelik tree ons volgende jaar met ’n song en dance in,” het Esterhuizen gesê.

Students scared off at gate ANINE PETERS Students won’t be allowed to pass through gates with their vehicles if they don’t have the right coloured parking disks. This is according to the Protection Services of the NWUPuk. “If they are at the wrong gate they will be expected to turn around and park at the right place,” Protection Services said. Upon this the NWU-Puk Protection Services stated that all students and faculty members with the right parking disks are allowed through the main gate. This includes senior students with green or orange parking disks and faculty with maroon parking disks. “Students with hostel parking disks must be parked at their hostels between 06:00 and 18:00 and west campus students with yellow parking disks will not be allowed through the main gate.” From the start of the semester students have complained that the security guards at the North-West University Potchefstroom campus gates have been very unfriendly in their enforcement of the new university parking rules. Many students did not know

Students are also not allowed to drive to their destination through campus as it already handles over 40 000 vehicles as it is.

about these parking rules and were taken by surprise at the fervent knocking on their windows and rude shouts when they were in the wrong place. Students are also not allowed to drive to their destination through campus as it already handles over 40 000 vehicles as it is. The different hostel parking disks are blue, white, pink, black, purple, and yellow. Private resident first years have green parking disks and also have designated parking spots. Fines are also handed out to those parking on yellow lines and cars that have not been registered.


20 Februarie 2014

Nuus

3

SASCO kap AfriForum Jeug oor koshuistradisies en menseregteskendings

Karlien, Overs: ‘AfriForum Jeug verantwoordelik’ HANNES KRUGER

S

ASCO blameer AfriForum Jeug Pukke vir die onbehoorlike praktyke wat in Karlienvrouekoshuis en Over de Voor-manskoshuis plaasgevind het, gevolglik het hulle ’n beroep op dié organisasie se lede gedoen om te bedank. Luidens ’n verklaring van SASCO deur Jason Mfusi, voorsitter van SASCO in die dr. Kenneth Kaundastreek, ondersteun AfriForum Jeug nou al vir jare die “konserwatiewe koshuisbeleide en barbaarse oortredings wat inbreuk maak op studente se menseregte. Alles om die koshuiskultuur en –tradisies te beskerm.” “Ons het genoeg gehad daarvan dat hulle [AfriForum Jeug] ons studentepopulasie so verdeel,” het Mfusi in die verklaring gesê. “Hoe durf julle sê julle veg vir jongmense se menseregte as jul besig is om sulke onbehoorlike praktyke aan te moedig en dit dan nog bonoop in die vorige uitgawe van Wapad te probeer regverdig?” Volgens Henk Maree, nasionale voorsitter van AfriForum Jeug, is AfriForum Jeug Pukke hier om te bly.

Hoe durf julle sê julle veg vir jongmense se menseregte?

Maree het verder gesê SASCO is duidelik daarop uit om enige insident te wil politiseer vir hulle eie gewin. Volgens Paul Maritz, voorsitter van AfriForum Jeug Pukke, wag AfriForum Jeug vir die uitslag van die ondersoek oor wat by Karlien en Overs gebeur het. “AfriForum Jeug veroordeel gebruike waar studente se regte op inbraak gemaak is. Dit is egter belangrik om nie alle gebruike en tradisies by die NWU-Puk af te maak as dieselfde nie. Die NWU-Puk het duidelike riglyne van wat aanvaarbaar is en wat nie,” het Maritz gesê. “AfriForum Jeug is pro gesonde koshuistradisies. Daar waar studente se regte geskend word stem ons saam dat

daar opgetree moet word. Ons beklemtoon wel dat ’n geïsoleerde geval nie die positiewe tradities negatief moet beïnvloed nie,” het Maree gesê. SASCO het ook in die verklaring ’n beroep op die studenteraad (SR) gedoen om stappe te neem teen AfriForum Jeug Pukke. Volgens Janco Jordaan, SR-voorsitter, is dit onredelik om op hierdie stadium terwyl die ondersoek nog aan die gang is, enigiemand die skuld te gee. “Dit is ook nie bewys dat enigiemand koshuistradisies voortsit onder die vaandel of leiding van Afriforum nie,” het Jordaan gesê. Jordaan het verder gesê dat indien SASCO 'n klagte het, is hulle welkom om dit by die studenteraad (SR) aan te meld. Hy het verder gesê dat SASCO ook soos AfriForum Jeug hul kant van die saak in die Wapad kan stel en dat “die inhoud en adverteerders van die Wapad nie noodwendig deur die Studenteraad goed- of afgekeur word nie”. Mfusi het prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, in die verklaring bedank vir sy onbaatsugtige werk om die onbehoorlike praktyke in koshuise te probeer uitwis.

Debat poog vir meer regverdigheid – geen koshuisdrag FRANCOIS LION-CACHET

Michelle Groenewald

Koshuise van die NWU-Puk sal voortaan nie meer koshuisdrag dra wanneer hulle aan debat deelneem nie. Só het SR:Kunste besluit na dié liggaam gestem het oor die dra van koshuisdrag tydens ’n debat. Slegs 10 lede was ten gunste daarvan, terwyl 18 lede dit teengestaan het. Volgens Anneke Ueckermann, SR:Kunste, is die rede vir die besluit om “ ’n gelyke speelvlak aan te moedig. Beoordelaars kan nie bevooroordeeld wees as hulle nie weet wie voor hulle staan nie.” Sy het bygevoeg dat dit moeiliker is om ’n koshuis se identiteit tydens ’n debat anoniem te hou,

maar hulle probeer om die kompetisie so regverdig moontlik te hou. Volgens Ueckermann het verskeie belanghebbendes dié voorstel gemaak. Michelle Groenewald, voorsitter van die debatsvereniging, het sterk daarop aangedring. Volgens Groenewald het sy weens verskeie redes voorgestel dat debatslede nie in koshuisdrag debatteer nie. “Eerstens is die probleem met die spesifieke debatstyl wat ons volg dat daar ’n tekort aan beoordelaars is. Daar is ’n beperkte aantal beoordelaars wat ervaring in dié styl van debat het. “Ons word ook deur ’n tekort aan finansies beperk. Ons kan net beoordelaars van Johannesburg,

Pretoria en Potchefstroom kry.” Groenewald voeg by dat debat nie soveel geld soos Sêr inbring nie, die UK moet dus die debatskostes dek. “Dit beteken dat dieselfde beoordelaars vir ’n paar opeenvolgende jare gebruik word,” het Groenewald gesê. Met die afskaffing van koshuisdrag poog die debatsvereninging en SR:Kunste om moontlike bevooroordeling van koshuise met ’n sterk debatsnaam uit te skakel. Groenewald beklemtoon dat vooroordeel nie deur dié besluit geëlimineer word nie. “Ons poog wel om dit te verminder.” “Ek glo nie vir een oomblik dat die beoordelaars doelbewus een

Beoordelaars kan nie bevooroordeeld wees as hulle nie weet wie voor hulle staan nie. koshuis bo die ander wil plaas nie.” Dit sal egter steeds ’n verskil maak as “een beoordelaar vir ’n debatspan wat verlede jaar goed was ses uit tien gee en vir ’n ander span vyf uit tien,” want volgens Groenewald kan slegs een punt die verskil tussen wen en verloor beteken.

‘Emosionele’ Thalia bestuur bedank, ontbind MARLANDI KÜSSMAN Sewe uit die tien Thalia-toneel bestuurslede het sedert September verlede jaar se verkiesing bedank. Ses uit dié sewe het glo binne die tydperk van ’n week in Januarie 2014 bedank. Anton Potgieter, gewese voorsitter, het gesê die bestuur het baie foute begaan. “Uit emosie doen jy goed wat ’n mens nie noodwendig sou doen as jy eers daaroor gedink het nie. Almal het emosioneel in plaas van rasioneel opgetree. “Ek dink ek was een van die eerstes wat emosioneel opgetree het.” Volgens Rozeldi Trollip, wat as ondervoorsitter bedank het, was meer as een persoon skuldig vir dié interne konflik. “Die konflik het uit ’n emosionele benadering op almal se probleme gespruit,” het Trollip gesê. Shaun van Eyssen, UK-onderliggame, het twee hoofredes vir dié rits bedankings vermeld. “Daar was ’n gebrek aan kommunikasie tussen die bestuurslede. Die bestuur het ook toegelaat dat hulle persoonlike lewens en ander probleme met

hul professionele pligte ingemeng het,” het Van Eyssen gesê. Volgens die NWU-Pukkunste reglement moet’n kunsteliggaam se bestuur ontbind indien meer as die helfte van die bestuurslede bedank. Van Eyssen moet in dié geval Thalia-toneel se sake hanteer. Die aansoeke vir bestuurposisies is geopen en die swete is op 18 Februarie gehou. Dié uitslae was teen saktyd nog nie bekend nie. “Thalia het ’n ryk geskiedenis en kultuur,” het Horst Bütow, Direkteur van NWU-Pukkunste, gesê. “Die voortbestaan hang egter af van die bestuur – wat ’n jammerte is.” Bütow verneem daar is wel ’n groot behoefte aan deelname, aangesien daar meer as ’n honderd mense by die massakeuring vir Thalia-toneel was. Trollip, die gewese ondervoorsitter, het aangedui dat sy vir die posisie van voorsitter gaan staan. Van Eyssen hoop om dié saak so vinnig as moontlik op te los sodat die nuwe bestuur so gou as moontlik in werking kan tree.

Facials Massages Manicures Pedicures

Get 10% Discount on treatments when presenting your student or staff card.


4

Advertensie

20 Februarie 2014

Diet Protein 400g

Omega 3 90 capsules

R109.95

R74.95

AminoSkin Day & Night Formula 60 day AND 60 night capsules

R229.95

Diet Protein Bar 50g

R15.95 each

Peptan Collagen 321g

R199.95

Raspberry Ketone100 60 capsules

VALUE PACK

Phenadrine ThermoCut 120 capsules

R299.95 SAVE R50

R119.95 Green CoffeeBean Extract 60 capsules

Collagen Value Pack 60 PLUS 30 capsules

R149.95

R129.95

CLA & Raspberry Ketone Body Toner Drink 210g

R169.95

WaterSlim 20 sachets

Diet Fuel UltraLean 1kg

R129.95

R199.95

Phedra-Cut LipoXT 30 capsules

R329.95 SAVE R50

R239.95

Welcome to

Discovery ChroniCare

Dis-Chem Online To access our new exciting

GET THE CARD AND GET

25% CASH BACK rewards

Cellu-Treat Body Sculpting Gel 200ml

ON CHRONICARE PRODUCTS

Online Store, simply go to

www.dischemonline.co.za

Dis-Chem reserves the right to limit the quantity of any item offered for sale. Sale products may vary from photographs. Pictures are for illustration purposes only. Offers may not be available at all stores. Prices include VAT and are valid for cash, cheque or credit card. E&OE.

www.dischem.co.za | Customer Careline 0860 347 243 | careline@dischem.co.za | Follow us on GO Advertising 69599

and

OZeb] *0 ?^[knZkr */ FZk\a +)*- pabe^ lmh\dl eZlm% ^q\^im pa^k^ li^\bÛ ^]


20 Februarie 2014 Nuus

5

Beeld-redakteur kap Pukke, rektor kap terug HANNES KRUGER

D

ít is hoe ’n universiteit wat na bewering in ’n pluraliteit van sienings en kritiese denke glo, vryheid van spraak versmoor. Dit was die inleiparagraaf van Adriaan Basson se rubriek, “Die waarheid is jou vyand”, in Maandag se Beeld oor hoe vryheid van spraak op ’n universiteit versmoor word. “Dit is duidelik dat hy na die NWU-Potchefstroomkampus verwys, omdat hy afgesluit het met ‘Wat gaan aan op Potchefstroom?’. Die ander gevalle waarna hy verwys is ook gevalle wat op die kampus afgespeel het,” het prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, by navraag gesê. Basson het na verskeie voorbeelde in die rubriek verwys van hoe vryheid van spraak op die

kampus versmoor word. Hy het onder meer na ’n dosent verwys “wat gedurf het om haar robuuste menings op haar eie Facebook-blad te publiseer” en gevolglik intern vervolg word. “Want eintlik glo jy vryheid van spraak is 'n euwel. Jy wens jy het beheer gehad oor jou studente en dosente se Facebook-blaaie,” het Basson in die rubriek gesê. Van Schalkwyk het egter nie die dosent se naam bekendgemaak nie en gesê dat die hantering van hierdie personeelaangeleentheid uiteindelik op ’n ooreenkoms uitgeloop het wat ’n vertroulikheidsklousule bevat. Basson het verder in die rubriek moontlik beweerde uitlatings gemaak oor die tydelike skorsing van Karlien-vrouekoshuis en Over de Voor-manskoshuis se HK. “Maar vir jou is die grootste bedreiging die wéét. Jy moet

Beeld-redakteur, Adriaan Basson. hierdie ding goed beheer sodat die waarheid nie sal uitkom nie. Jy het jou storie gereed: “stampery, intimidasie en ontneming van geriewe”. “Dit is wyd en vaag genoeg.” Van Schalkwyk het in reaksie gesê dat sodra die ondersoek en regverdige verhore afgehandel is

en skuldigbevindings gemaak is, sal die uitslag natuurlik bekendgemaak word. “Tot dan toe bly dit ’n ondersoek waar die feite eers bevestig moet word. Dit is normale praktyk en goeie korporatiewe bestuur. Anders is ons besig om die ondersoek en moontlike verhoor vooruit te loop en individue in die openbaar te verhoor.” Basson het ter afsluiting in sy rubriek verwys na die SMS wat die studente op kampus gekry het oor hoe om die media te hanteer. Die SMS het gesê: “Media op kampus oor HK-skorsing. Mediavryheid belangrik, lewer verantwoordelike kommentaar. Advies: kry vrae op skrif. Hulplyn: 018...” “Dit behoort hulle genoeg af te skrik om nie uit te praat nie. Want die grootste sondaar is die uitprater. Oor die HK-lede sal jy later worrie. Wat gaan aan op Potchef-

Die boodskap was nie bedoel om studente "af te skrik, maar om hulle aan te moedig om vrylik met die media te praat

stroom?” het Basson oor dié SMS in sy rubriek gesê. “Die boodskap was nie bedoel om studente "af te skrik" nie, maar eerder om hulle aan te moedig om vrylik met die media te praat,” het Van Schalkwyk in reaksie gesê.

Neknoms laat jou lyk soos ’n Numpty MARCÉ BESTER & SIMON SONNEKUS

Pukki ‘war cry’ nie YouTube-gehalte Flatlander sing die Pukki-liedjie voor die Varsity Cup-wedstryd tussen die NWU en UVS. CHRISTO BESTER

‘K

yk net hoe baie Pukke is ons hier, kyk net hoe baie Pukke is ons hier! “Ons almal weet dis lekker hier: ons plekkie langs die Mooirivier. Kyk net hoe baie Pukke is ons hier.” Die Pukki-liedjie wat deur die universiteit op die been gebring is om studente byeen te bring en as ’n “war-cry” te dien is vroeër die maand van YouTube verwyder. Jimmy Pressly, SR-MEK, het bevestig dat die liedjie van YouTube verwyder is omdat dié weergawe van slegte gehalte was

en die sanger Pieter Smith die woorde nie behoorlik geken het tydens die opname nie. “Die liedjie se gehalte in terme van Pieter Smith wat nie daai dag die woorde geken het nie, het verskriklike slegte kommentaar ontlok,” het Pressly gesê. “Die gevoel was dat die liedjie ook saam afgetrek word.” Volgens Pressly moet die NWU-Puk wag tot ’n beter opname beskikbaar is voor die nuwe weergawe op YouTube gelaai word. Dié verwyderde liedjie het baie verskillende reaksies onder studente op die NWU-Pukkampus ontlok. “Ek glo elkeen het hul eie smaak,” het Pressly gesê.

“Smaak verskil op die einde van persoon tot persoon.” Volgens Pressly beoog die NWU-Puk om deur die Pukkiliedjie ’n “war-cry” vir studente te gee: iets waarop ons kan trots wees en wat ons soos ’n eenheid laat voel. Flatlander, ’n band bestaande uit vyf oud-NWU-Pukke, het hul eie weergawe van dié liedjie by die Varsity Cup-wedstryd tussen die NWU-Pukke en die Universiteit van die Vrystaat se Shimlas gesing. Smith was teen druktyd nie beskikbaar vir kommentaar oor die bewerings dat hy nie sy woorde geken het tydens die video-opname nie.

Wat dink jy van Pukki? DANAY STOPPEL Eerstejaar Mikrobiologie en Biochemie

“Ek het nie geweet hy is ’n tarentaal nie. Maar hy is cool en hy het baie energie.” MARIËTTE SORGDRAGER Derdejaar Heide BA Kommunikasie

“Hulle moet meer die mascot by die actual brand inbring. Dit sal cool wees as hy meer tussen studente chill.”

ANGELO SMITH Vyfdejaar Privaat Meganiese Ingenieur

“ Hy is cool. “Hy is cool. Ons sien hom nie genoeg nie, hy moet meer gesig wys en dis cool dat hy nog ’n mystery is.” MARENA VAN WYK Eerstejaar Wag-’n-Bietjie Farmasie

“Hy is awesome! En sy privaatheid moet so gehou word want dit maak hom ekstra cool.”

HANNES MARE Derdejaar Heimat Ekonomie en Informatika

“Ek dink hy is cool en dis ’n mooi mascot.”

WHALLESSE RANGOLIE Derdejaar Privaat LLB Regte

“Ek’s nogal bang vir hom, want hy’s groter as ek, maar hy’s baie oulik solank hy net ’n ent wegbly van my af.”

Sosiale media, wat nog in sy embriofase is, het al ’n paar vreemde verskynsels gebaar. Planking, Harlem Shakes, selfies en stupid Bitstrips het al ongelukkig die lig gesien. Neknominations is nou egter die nuwe fad onder die massas. Neknomination is ’n eenvoudiger weergawe van die term “Drink your neck, nominate a friend.” Natuurlik moes die term verkort om by die intelligensievlak van besope studente aan te pas. Dankie tog dis nie soos Bitstrips waar almal in die derde persoon praat nie. Daar behoort binne die volgende paar dae ’n kennisgewing op jou vuisboek te verskyn: “Ek nomineer my beste tjommies en die res van die sosiale media gemeenskap om te kyk hoe verslind ek ’n bier.” Jy moet net nie van jou video-opnemer vergeet nie. Waaghalsigheid is krities tot ’n gewilde neknom en kan dalk sorg vir Youtube-faam. Wees gewaarsku, dié giftige mengsel kan dalk lei tot ’n dubbele dosis breinselverlies tesame met 'n paar gebreekte bene. Maar gaan wees Evel Knievel. Jy vermaak ons. Kies jou gif. Mense maak of hulle Neknomination ’n episode van MasterChef is. “ ’n Bietjie bier, met so ’n knertsie whiskey by en moet nie vergeet van die Tabasco en eiers vir smaak nie.” Dankie tog dis net jy wat jou eie brousel moet drink. Sommiges kies egter gewone, bekende brousels vir hulle Neknominations, maar reusagtige hoeveelhede daarvan. Die mense hou nie terug nie, ’n Kroegman van ons eie Mystic Boer het ’n hele bottel Jose Quervo-tequila binne ’n paar sekondes verorber. Die Brannewallie het ook bo-op ’n heuwel êrens in Pretoria vir almal gewys hy kan ’n liter brannas afsluk. ’n Eenhandklap vir julle. Kommunikasie in ’n Neknomination word dikwels belemmer deur ’n klomp faktore. Die feit dat jy ’n halwe liter bier afsluk in enkele sekondes is merkwaardig, maar die dialoog daarna klink bitter simpel. Ek buu-urp nominate bu-u-urp vir bu-uurp. Jou BlackBerry se flou videoopnemer help ook nie juis die saak nie.

Die DBV en PETA kry seker rillings as hulle die woord Neknominations hoor. Een Ozzie kou ’n goudvissie, ’n Engelsman eet ’n kuiken se kop. Wat dink julle gaan volgende kom? Julle sal sorg dat die hele wêreld vegan word en dan gaan die hipsters iets anders moet kry wat hulle cool kan maak. Tot almal se verbasing het die suipgier egter gelei tot die uitvoer van goeie dade. Die idee van ’n drink down het verander en mense het begin om ‘random acts of kindness’ uit te voer. So word daar deur ’n individu of ’n spesifieke groep mense teruggegee aan die gemeenskap of net ’n goeie daad gedoen. Julle is oulik, goue sterretjie vir menswees. Die meeste van die simpel internet-fads is skadeloos maar Neknominations het bietjie woes geraak. ’n Paar mense het al die emmer geskop as gevolg van hierdie besigheid. Kyk maar wyd vir moontlike blapse as jy fles vat en die massas wil entertain. Jou ma sal nie baie gelukkig wees nie. As al hierdie internetfads soms ’n bietjie te veel raak vir jou en jy met ’n babelas sit en wonder hoe jy ooit so blindelings die massas kon volg, tel ’n Wapad op. Ons bied iets oorspronkliks.


Nuus 20 Februarie 2014

6

Waarom is kospryse so peperduur?

Redes vir drastiese prysverhogings BENETTE RAUTENBACH “Ongeveer 30 of 40 jaar terug kon jy ’n hele graadkursus doen vir dieselfde geld as wat een module vandag kos.” Dit was prof. Derick Blaauw, ekonomiedosent aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, se kommentaar oor die feit dat studente al hoe meer aan hul broeksakke begin voel. Studente kry gemiddeld R1607,14 sakgeld per maand en 60% van studente sê hulle sukkel om daarmee uit te kom. Dit kan toegeskryf word aan die feit dat ouers baie geld aan studiegeld, handboeke, eet- en verblyfgeld moet spandeer. “Ek moes R19,50 vir vleisbredie by Oosterhof se eetsaal betaal. Dit was so min en glad nie genoeg vir die prys wat ek betaal het nie,” het Eunice Stolz, ’n student aan die NWU-Puk gesê. Studente voel hulle word ingedoen en dat hul te veel vir kos by die Klipoog Kafeteria (SS) en die Drakenstein-restaurant op kampus betaal. Reonette Jansen, hoof van die SS en Drakenstein, het verduidelik dat beide dié eetplekke op ’n gelykbreekbegroting funksioneer en geen subsidies van die staat of die NWU-Puk ontvang nie. Alle uitgawes berus dus op die verkope. “Daar is ’n paar vereistes waaraan ek moet voldoen,” het Jansen gesê. “Ons pryse moet die goedkoopste in Potchefstroom wees en ek moet sover as moontlik mededingend bly. As ons pryse hoër is as ander besighede in die dorp soos KFC of McDonald’s, moet ek gaan kyk hoekom dit só is. Die alombekende chicken wrap (R33,20) is duurder as KFC se Twister (R26,90/R32,90). Ek het bevind KFC se Twister bevat net twee stukkies hoender waar die chicken wrap 8 stukkies hoender bevat.” Jansen besef dat studente onder die huidige omstandighede swig.

Kortliks

SS hoeveel duurder? Stygings vanaf 2010 - 2014 R35

Wrap

R30

en k c i Ch

R25

Chicken Bites

R20

Spek 54% Kaas 11,65%

- Pita Ont byt ebie & tamatie to s a Ham, ka urger Budget B

R15 R10 2010

2011

2012

2013

Skyfies 48,55%

2014

Drakenstein

Kursusse

R80

R40 000

R70 BIng BSc BCom LLB BA BEd

2010 2014

R60 R50 R40 R30 R20 R10 Buffalo Wings

Swiss Bull 400g

Cheesy CHips

“Hoe budget jy as ons net pryse wild en wakker opstoot? Hoe kom jy uit met jou sakgeld? Hoe sit jou ma geld op jou eterekening?” “Ek het sover as moontlik probeer om pryse glad nie op te stoot tussen 2012 en 2013 nie, maar

Milo

R15 000

die wisselkoers en die produkte se pryse het ’n lae prysverhoging vir 2014 onmoontlik gemaak.” ’n Ander finansiële faset wat studente en hul ouers ’n kopseer gee, is die aankoop van handboeke.

2010-2014 Tydens ’n algemene opname op kampus het ’n chemiese ingenieurswesestudent gesê sy handboeke vir die eerste semester het R7500 beloop. “Die swak rand en die effek van wisselkoerse het ’n baie groot in-

Wêreldnuus

vloed op vanjaar se hoë boekpryse gehad,” het Retha van Zyl, takbestuurder van die akademiese boekwinkelgroep Van Schaik op Potchefstroom, gesê. “Die US Dollar ($) dui op ’n toename van 24% op die prys wat dieselfde boek ’n jaar terug gekos het en die GBP, Britse Pond, (£) dui op ’n toename van 28% op dieselfde boek se prys verlede jaar.” “Krause’s Food, Nutrition & Diet Therapy, ’n handboek vir voedingstudente, het laasjaar nog R1567 gekos en vanjaar kan ons hom nie vir minder as R2095 verkoop nie.” Volgens Daleen Bütow, bestuurder van Protea Boekwinkel op Potchefstroom, het selfs plaaslike boeke se pryse drasties gestyg. “Die meeste uitgewers het ’n jaarlikse verhoging in pryse. Ons probeer om druk op die voorgestelde verkoopspryse te plaas om boeke vir nóg minder te verkoop.” Blaauw, die ekonomiedosent, het verder gesê ouers sukkel om voorsiening te maak vir hul kinders se universiteitsgelde omdat lewenskoste op alle terreine verhoog het. Waar klasgelde in 2008 tussen R13 110 (vir ’n BA-graad) en R23 470 (vir ’n BCom-graad) was, is dit tans tussen R27 830 en R34 000 vir dieselfde grade. Klasgelde vir verskillende grade het in ’n jaar met tussen 26,61% en 36,7% gestyg. “Wat die studente self betref, het ek al waargeneem dat die klasgelde betaal word, maar dat hul nie noodwendig geld vir handboeke het nie. ’n Mens moet eet en bly. Die vraag na pret en plesier is dalk redelik onelasties dus is handboeke ’n terrein waar daar gespaar kan word,” het Blaauw gesê. Studente is nie die enigstes wat deur prysverhogings geraak word nie. Verskaffers aan studente word net soveel geraak en doen hul bes om pryse ten spyte van ekonomiese omstandighede so laag as moontlik te hou.

SAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

BELGIË

Genadedood vir kinders wettig

INDONESIË

Vulkaan eis 3 lewens VSA

Verdagte in Hoffman-saak borgtog toegestaan ’n 57-jarige man is in hegtenis geneem rakende sy beweerde betrokkenheid met die dwelms wat in die oorlede akteur Philip Seymour Hoffman se huis gevind is. Hy is op Vrydag 14 Februarie borgtog toegestaan. Hoffman is op 2 Februarie dood in sy huis gevind nadat hy glo ’n oordosis heroïen gebruik het. Die 57-jarige man is in hegtenis geneem toe sowat 50 klein sakkies van dié dwelm, sowel as materiaal wat gebruik word om heroïen te verpak, in sy besit was.

’n Vulkaniese uitbarsting in Indonesië het die lewens van drie mense geëis terwyl duisende ander hulle huise moes ontruim. Die rampbestuuragentskap het op Vrydag 14 Februarie bekendgemaak dat twee van die oorledenes dood is weens inaseming van rook en die derde is oorlede ná ’n muur op hom ineengestort het. Berg Kelud aan die oostelike deel van die hoofeiland, Java, het twee dae voor die uitbarsting al begin as en rook uitspoeg wat inwoners gewaarsku het van die chaos wat op pad is. Daar het na beraming byna 100 000 mense hulle huise ontruim.

Die Parlement van België het genadedood vir terminaal siek kinders gewettig. België is die eerste land wat dit wettig ná hulle 12 jaar terug die genadedood vir volwassenes gewettig het. Die genadedood moet toegepas word op ’n kind wat terminaal siek is en geweldige pyn ervaar. Dit mag slegs toegepas word indien die betrokke kind toestem op die besluit. Dié besluit het egter kritiek wêreldwyd ontlok. Ander lande is van mening dat ’n kind nie daartoe in staat is om ’n besluit te neem oor die voortsetting van sy lewe nie.


20 Februarie 2014

Profiel

7

Tiaan Dorfling: ‘Wanneer laas gehuil? Gehuil?! Jissie, nóú vra jy ’n vraag’

Dieper in die skrumskakel se lewe Die NWU-Puk Varsitybekerkaptein openbaar ’n bietjie meer oor sy persoonlike lewe. HANNES KRUGER het meer gaan uitvind oor dié skrumskakel.

W

at ek kan onthou is dat ek en ’n vriend van my wat nou ook saam met my rugby speel, afgerig is deur ’n juffrou by die skool. Dit was graad een. Dít is wat Tiaan Dorfling (23), NWU-Puk Varsitybekerkaptein, heel beskeie vertel as jy hom vra of hy die oomblik kan onthou toe die vlam van passie vir rugby hom kleintyd aangesteek het. Hy kom voor as ’n redelike skaam mens. En is nie baie uitgesproke nie. Mense wonder altyd wat in sy lewe aangaan. Hulle sê hy is anders as die ander spelers in die span. Ingenome en beskeie. Soos wat ’n mens by sy woonstel instap ná hy jou heel sagkens binnenooi, kan jy sien daar is ’n vrou in sy lewe. ’n Plek vir elke ding en elke ding op sy plek. Die banke is versier met rooi kussings en sommiges het hartjies op. Die TV is aan en op die kanaal Comedy Central. Dit word sagter gesit en hy gaan sit heel gespanne op die bank en vryf sy hande met stywe, reguit arms teen sy bene en maak hom reg vir die onderhoud. Die gedruis van ’n haardroër kom uit een van die kamers terwyl sy verloofde, Corna van Wyk, haarself regmaak vir die dag. Hy begin praat oor die sukses wat hy tot dusver met rugby behaal het as jy hom daaroor vra, maar sê niks meer oor homself as wat hy voel hy moet nie. Al wat ’n mens kan aflei is dat hy werklik ’n passie vir rugby het. Dis al. Verder wy hy nie veel uit oor die vele prestasies wat hy in rugby behaal het nie.

“Van my lekkerste rugbydae was op skool. Goeie memories en support gehad. Dit was lekker om rugby te jol daar by ons.” En die wisselwerking tussen akademie en rugby? “Op skool was dit redelik maklik. Op universiteit was dit maar erg. Ek het in my tweedeen derdejaar nie regtig geswot nie en op rugby gefokus. Ek is nou spyt omdat ek al ’n graad kon gehad het. Maar ek is nou besig daarmee en wil dit graag klaarmaak,” vertel dié onderwysstudent terwyl hy steeds sy hande taamlik ongemaklik teen sy bene vryf. Sy verloofde sluit aan by die gesprek en hy ontdooi. Sy het ’n kalmerende effek op hom. Hy sit terug en ontspan en praat gemakliker. Hy begin praat oor die persepsie wat daar is dat rugbyspelers dom is. “Rugbyspelers is maar lui. Ek is ’n voorbeeld daarvan. En jy kry maar soms ’n paar dom rugbyspelers. Jy doen. Maar hier by ons is daar ouens wat GR swot én honneurs doen, asook ingenieurswese. Daarom wil ek nie sê dóm nie. Meer lui as enige iets anders.” Dié kranige skrumskakel van Port Elizabeth het sy eerstejaar in 2009 aan die NWU-Puk begin en drie jaar in die Pukdorp-manskoshuis gebly. “Dit was vir my ’n aanpassing om Potch toe te kom. “Ek was maar bederf op skool en die enigste kind in die huis. “Dit was rof in die begin. O&B was nie so streng gereguleer soos nou nie. Dit was rof met tye, maar dit het my baie geleer. Ek was nooit gewoond om by die huis skottelgoed en wasgoed te was nie. Hier moes ek elke dag skottelgoed was vir iemand anders. Dit het my waardes geleer,” sê hy taamlik ernstig. Hy voeg tong in die kies by dat hy “ongelukkig moes eerstejaarskonsert doen” en ’n voordanser was. “Ons was verplig. Ek is maar skaam.” Hy kyk na sy verloofde en glimlag. “Sy is maar die chatty een wat vinnig vriende maak. Ek sukkel maar ’n bietjie daarmee.” Vra hom of hy gereeld konserte kyk, sê hy vinnig nee. “Maar ek wil nog een keer sêr gaan kyk, maar ek weet nie van ’n orkesopvoering nie. Dis maar ’n bietjie... ’n Bietjie wild daai.” Hy is ’n mens wat die buitelewe geniet, aan verskeie sportsoorte deelneem en graag in sy vrye tyd visvang. “Dis belangrik om net ’n bietjie iets anders te doen wat jou laat relax.” Hy vertel verder dat die “naaste wat ek aan lees kom, is maar visvang-magazines.” “Ek lees nie graag nie. Veral hierdie AGLA was ’n schlep nogal. Ek hou nie veel van stilsit nie. Ek hou van beweeg en besig bly.”

...ek is nou nie die all out romantic wat briefies skryf en goed op Facebook sit nie. En dit is waar die bal aan die rol vir hom en Corna se verlowing gesit is. “Ons altwee is baie lief vir visvang. Toe vat ek haar na ’n plekkie waar ons gereeld gaan stap op Sondae en soms visvang. Ek het voor die tyd sjampanje en eetgoedjies reg gehad. Toe ons op pad kerk toe is, vertel ek haar ’n vriend het ’n groot vis gevang en vra of ons gou daarna kan gaan kyk voor kerk,” vertel hy met glinsterende oë terwyl hy gereeld met Corna oogkontak maak. “Sy was verras.” “Maar ek sou nie sê ek is ’n romantiese tipe persoon nie. Ek sal partykeer vir haar blomme koop of so, maar ek is nou nie die all out romantic wat briefies skryf en goed op Facebook sit nie. Nee, ek is glad nie so nie.” Jy kan sien dat hy ’n taamlik gereserveerde persoon is wat sake presies hanteer, maar tog met takt. Maar hy is nie ’n totaal en al siel- en emosielose mens nie. “Wanneer laas gehuil? Gehuil?! Jis-

sie, nóú vra jy ’n vraag.” Hy kyk na sy verloofde en vra: “Wanneer laas het ek gehuil? Jy sou by gewees het. Ek huil nie sommer nie.” “Ek dink ek het laas gehuil toe my hond dood is. Ek het grootgeraak met die hond. Net die idee dat as ek huis toe gaan dat sy nie daar gaan wees nie, was ’n bietjie hartseer,” vertel hy skaam en bloos effens. “Maar ek is oor die algemeen ’n positiewe mens. “As kaptein van ’n span moet jy maar altyd positief wees. Al gaan dit sleg, moet jy die een wees wat almal positief hou.” Drama agter die skerms tydens Varsity Cup tot dusver? “Elkeen het maar sy eie opinie. Almal moet net eerlik en reguit met mekaar wees. Aanvaar mekaar se opinie en respekteer dit. Maar ek voel baie positief oor die jaar. Sover het ons ’n baie goeie begin gehad. As ons net op dit kan bou.”

NWU-Puk Varsitybekerkaptein

Tiaan Dorfling Volle name: Tiaan Arno Dorfling Skool: Hoërskool Framesby Studierigting: Onderwys Geboortedatum: 26 Julie 1990 Lengte: 1.75m Gewig: 85kg Posisie: Skrumskakel Tiaan Dorfling tydens die onderhoud.

FOTO: GERT COETZER

RUGBYPRESTASIES: 2007 Haal Oostelike Provinsie (OP) se o/18-Akademiespan 2008 Kaptein van Hoërskool Framesby se eersterugbyspan Onderkaptein van OP se 0.18 onoorwonne akademiespan Ingesluit in die Suid-Afrikaanse akademiespan Gekies vir die Suid-Afrikaanse o/19-sewesspan 2009 Puk 0/19 speler van die jaar Gekies vir die Platinum Luiperds se o/21-Curriebekerspan 2010 Curriebekerdebuut vir die Platinum Luiperds 2014 Gekies as kaptein vir die NWU-Puk se Varsitybekerspan


8

Advertensie 20 Februarie 2014


20 Februarie 2014

K&V

9

10

10

CD-resensie: High Hopes

Fliektomaan: Meer as net kulkuns

NWU-galery-uitstallings beïndruk MARLANDI KÜSSMAN EN MIZAN VAN DER MERWE

D

ie NWU-galery en die NWUBotaniese Tuin-galery het die kampus kunsliefhebbers in ekstase gehad toe Johan du Plessis en Usha Seejarim se kunsuitstallings ’n kunsryke jaar verseker het. Dié indrukwekkende uitstallings het albei op Donderdag 6 Februarie met ’n verskeidenheid digitale-gemengde media, portretfotografie en perseptuele uitbeeldings sowel as kontemporêre, humoristiese uitbeeldings, geopen. Du Plessis se uitstalling Stilte kan in die NWU-Botaniese Tuingalery gesien word. Dié uitstalling bestaan uit ’n reeks stilteportrette van Du Plessis se naaste vriende en sluit onder meer bekende akteurs in. Du Plessis poog om elke karakter wat die hooffokus van ’n portret uitmaak, uit te beeld volgens sy perseptuele waarneming van die betrokke persoon se karakter. Robert Hamblin, ’n fotograaf van onder meer die foto’s in die kunswerke, beskryf Du Plessis se werk as ’n groot verskuiwing van sy vroeëre werk na die nuwe tipe kunsvorm van vryheid. Hamblin het vir Du Plessis ingestaan aangesien hy nie self die opening kon bywoon nie. Hy het ’n toespraak deur Judith Mason, ’n bekende Afrika-kunstenaar, waarin sy Du Plessis se werk prys, voorgelees. “Du Plessis is ’n groot kontemporêre kunstenaar wat met vorms en beelde eksperimenteer totdat hy daardie ‘Ah-ha!’ oomblik ervaar.” “Dit gaan alles oor die kuns en nie oor homself nie,” het Melissa Cokayne, die NWU-Botaniese Tuin-galery se nuwe assistent, gesê. Een van die kunswerke wat die meeste aandag getrek het, is die een van Anna-Mart van der Merwe. Volgens Hamblin is die foto’s in dié werk spesiaal vir die portret geneem en volgens Cokayne “raam Du Plessis haar as ’n geheel om haar te verhelder”. Anders as Du Plessis se uitstalling, bestaan Seejarim se uitstalling Venus at Home uit beeldhouwerke wat uit ’n ver-

Studente verkyk hul aan die interessante kunswerke tydens die NWU-galery se openingsgeleenthede.

Dit gaan alles oor die kuns skeidenheid moppe, strykysters, besems en ander huishoudelike materiaal saamgestel is. Seejarim het materiaal wat reeds deur verskeie mense gebruik is vir haar kunswerke ingesamel in ’n poging om die vroulike werkersrol in die huis op ’n humoristiese en interessante manier uit te beeld. “Een vrou het met ’n hele vrag daar aangekom en ’n ander tannie van omtrent 80-jaar oud het my gebel en gevra of ek nie asseblief die een besem wat sy besit in my uitstalling wil sit nie,” het

Seejarim gesê. Volgens Michelle Constant, hoof-uitvoerende beampte van Business and Arts South Africa (BASA), gee Seejarim se werk respek deur humor en vreugde te wys. Volgens Constant spreek Seejarim ten spyte van die humor, ook ernstige Suid-Afrikaanse probleme, soos die etniese verdeling tussen ras en klas sedert die Apartheidsera, aan. Haar uitstalling bevat kunswerke met interessante temas soos “Lotus flowers” wat uit ’n rangskikking van strykysters, asook ’n paar tong in die kies kunswerke bestaan. Hieroor sê Seejarim: “In al my werke is ek soms ’n bietjie stout, maar ek wil dit nie te voor die hand liggend maak nie.” Die uitstalling is tot 20 Maart in die galerye te sien.

Uit die eerste ry – Luister-luister wie daar fluister Aanvanklik het dié van ons wat hier in die eerste ry sit, gedink die week gaan stil vir kampuskunste wees. Ons kon egter nie meer verkeerd wees nie. Dit is alles te danke aan Thalia wat, soos dit hulle betaam, behoorlik gesorg het vir meer as genoeg drama. Sodra jy jou voete op kampus sit, staan jy kniediep in die skinderstories. Die gerugte oor wat agter geslote deure van dié drama of toneelspel onderliggaam of wat ook al dit is wat hulle eintlik doen (behalwe om een powere produksie ’n jaar op te voer) gebeur het, lê die hele kampus vol en ons kan nie help om te wonder nie... Eintlik wys dit net weereens

dat die verkeerde mense aanvanklik verkies is en dat almal vir die res van die jaar na die verkeerde mense se bakkies in die dagboek gaan vaskyk. Iemand wat agter ons gesit het, meen hulle het besef die werk is te hard en toe is hul seker nie meer lus nie. Al wat ons weet is dat daar soveel verskillende stories is wat met mekaar bots, dat dit duidelik is dat iemand besig is om lelik deur hul nekke te lieg en iets toe te smeer. Gaan die veelvuldige bedankings dalk sorg vir die einde van Thalia se bestaan? So gepraat van alkoholmisbruik... Ons verneem ook dat die galery-opening vreeslik ver-

FOTO’S: Marcé Bester

maaklik was, veral as gevolg van die hoeveelheid gratis wyn wat deur een of ander fancy wynplaas geskenk is. Die mense wat net daar opgedaag het vir die gratis drank, het blykbaar soos ’n seer duim uitgestaan. Ons het gehoor van een meneertjie wat kompleet in sy gymklere, met ’n glas wyn in elke hand vir 15 minute na ’n asblik gestaar het en gedink het dis deel van die uitstalling. Hoewel die JOOL-debutante in al hul glorie nie werklik in die kunste se kollig val nie, was dit interessant om te hoor hoe die mense in die ry agter ons in mekaar se ore fluister. Die fluisterstemme het bespiegel oor die nuutgekroonde Mej. Jool per-

soonlikheid wie se kamermaat blykbaar een van die beoordelaars was. Ons het die week ook agtergekom dat sommige mense op kampus effens meer irriterend as gewoonlik is. Daar is heeltyd iemand wat sing, maak nie saak waar jy jouself bevind nie... Dit beteken net een ding: dis tyd vir sêroudisies. Nie dat ons ’n probleem met ’n bietjie gesingery het nie, maar sommige mense sal net ’n dowe skool kan trots maak en die SS-personeel was reeds ’n bron van frustrasie voor jy in ons ore kom kraai het. Ons het ook verneem dat Minjonet sêr-oudisies gehad het, so

’N ANONIEME KUNSTESKINDERRUBRIEK

geluk aan hulle dat hulle vanjaar onthou het dat daar wel so iets soos sêr is en dat hulle ’n poging gaan aanwend om deel te neem.


K&V 20 Februarie 2014

10

FLIEKtomaan

American Hustle – Meer as net kulkuns

20 Februarie - 5 Maart DONDERDAG 20 FEBRUARIE

Kunsuitstalling van Irma LochnerLouw: Memories – Yesterday and Today Potchefstroom Museum DONDERDAG 20 FEBRUARIE - 13:10

St. Alban’s College lunch hour konsert Konservatorium VRYDAG 21 FEBRUARIE - 21:00

Potch takeover Die Mystic Boer, Potchefstroom DONDERDAG 27 FEBRUARIE - 19:00

The Cherry Lane Band Snowflake VRYDAG 28 FEBRUARIE - 20:00

Jack Parow live Die Mystic Boer, Potchefstroom SATERDAG 1 MAART - 09:00

The Life Market Snowflake MAANDAG 3 MAART - 18:00

SR:Kunsteraad-debat finale rondtes begin NWU DINSDAG 4 MAART - 19:30

Potchpourri! konsertreeks met Charl du Plessis Konservatorium

Die hoofkarakters in ’n toneel uit die film American Hustle. Die film begin op Vrydag 28 Februarie in teaters draai. Dit het ’n ouderdomsbeperking van 16 LS en duur 2 uur en 17 minute.

MK-Awards 2014 MIZAN VAN DER MERWE EN IAN VENTER Alhoewel MK nie meer hul eie kanaal op DStv het nie, het dit hul nie gekeer om vanjaar steeds voort te gaan met die MKAwards nie. Dié geleentheid het op Saterdag 15 Februarie by die Pretoria Staatsteater plaasgevind en was behoorlik met bekendes uit die musiekbedryf gesaai. Die aanbieders vir die aand was Anne Hirsch, Jean Jordaan en Bouwer Bosch. Hirsch het ’n Lady Gaga op almal getrek en het in ’n eierpakkie op die verhoog verskyn. Haddad Viljoen is vir sy reuse bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf erken en het weggestap met wat MK hul “gesogte Legende-award” noem. Heelwat bekende musiekgroepe soos Wrestlerish en Shaun Jacobs het die mense by

die geleentheid vermaak en Fokofpolisiekar het gesorg dat die aand behoorlik op ’n harde noot afsluit. Die volgende toekennings is oorhandig: Û ÕÝ Û ² ᶠShortstraw – Good Morning, Sunshine Û ÕÝ Û Õ Oppikoppi ÕÝ Û BudgetÛ áÕ® ±­ Û ã® »Û¿»¸ ÒÛ ¼¡éééÀ Al Bairre – We Move On Û ÕÝ Û áä ²®¸¤ Al Bairre Û ÕÝ Û Ò®± ¸Õ Û á¸Õ­ Ý ¸ Ò Van Coke Kartel Û ÕÝ ÛLiveÛ á¸ÕÝ ¸ Ò Jeremy Loops Û ÕÝ Û áÕ® ±ã® » Shortstraw – Waterworks Û ÕÝ Û ¸á Û Arcade Empire, Pretoria en The Assembly, Kaapstad.

Pukki Talentfees bring hulde aan T.T. Cloete BENETTE RAUTENBACH Die Pukki Talentfees is om die draai en vanjaar word daar aan T.T. Cloete hulde gebring. “Met ons 31ste bestaansjaar is dit vir ons ’n voorreg om hulde te bring aan só ’n groot legende wat hier in ons midde is,” het Alanka Craffert aan Wapad gesê. “Die talentfees se gala-aand vindplaas op 16 Mei en die professor word vanjaar 90 jaar oud in dieselfde maand wat dit die perfekte geleentheid maak om hulde aan hom te bring,” het sy gesê. Op ’n byna 90-jarige ouderdom sien hy nog kans om elke Dinsdagaand in Februarie by die Woordkaffee op te tree en van sy Psalmsomdigtings aan mense voor te lees. Dan vertel hy ook oulike staaltjies soos hoe hy sy vrou,

Anna, en hul vyf kinders bome gaan plant het in die parkie oorkant hul huis. Hulle het die parkie Cloetepark gedoop en daar het hulle menigmale gaan piekniek hou. “Ons doen ’n beroep op studente om in hul voorbereiding dit te oorweeg om van Cloete se stukke gebruik te maak en só hulde aan hom te bring. Daar kan veral in die volgende afdelings daarop gefokus word: Eie komposisie, vertolking en visuele kuns,” het Craffert gesê. Daar is ’n totale bedrag van R70 000 wat die aand weggegee gaan word en die wenner kan tot R17 000 wen. Dalk met ’n bietjie moed en entoesiame kan jy vanjaar deel wees van die pret en sommer ook met ’n paar rand wegstap.

FRANCOIS LION-CACHET

M

et tien Oscar-nominasies is American Hustle nie te versmaai nie. Dié nominasies sluit beste film, akteur, aktrise en beste regisseur in. American Hustle vertel die storie van die briljante swendelaar, Irving Rosenfeld (Christian Bale), wat tesame sy ewe-slinkse en verleidelike kollega Sydney Prosser (Amy Adams) geforseer word om saam met die FBI te werk. Die FBI-agent, Richie DiMaso (Bradley Cooper), wat ook ’n hoofrol speel is wild en onbeheerbaar in sy rol. Saam moet die drie verskeie hoë-profiel politici, mafia en besigheidsmanne uitlok en vastrek vir bedrog. Dié film is die akteurs s'n.

Elke rol word oortuigend en sterk oorgedra. Elke rol, behalwe vir een gespeel deur Louis C.K., word gedryf deur ’n hoë mate van blindelingse ambisie. Die plot is ver van realisties, maar dien die film en die kyker goed. Soos David O. Russell se vorige films, kan ’n mens American Hustle nie in ’n spesifieke genre plaas nie. Die film skop af met ’n stelling wat lees: “Some of this actually happened.” Dít word later in die einderkennings herroep met: “This is a work of fiction”. Dus word selfs die kyker gekul in dié film oor swendelary. American Hustle het ’n sterk deurlopende tema van wat die mens gedwonge is om te doen om te kan oorleef.

Die film verdiep homself in wat dit is om mens te wees. ’n Eerlike benadering tot die rotresies. Swakhede en sterkpunte, beperkte keuses en keuses gemaak op emosies is aan die orde van die dag. Dié film kan vergelyk word met Martin Scorsese se The Wolf Of Wall Street op verskeie vlakke. Beide raak sekere aspekte van die menswees aan en die gejaag na roem en rykdom. American Hustle benader egter dié onderwerpe met takt en ’n mate van opregtheid – iets wat ontbreek in Scorsese se film wat in verskeie kategorieë teen dié een gaan staan by die Oscars. Die film het 'n sterk basis van goeie rolspel en fotografie. Dit begin binnekort wys by teaters landswyd.

The Boss se musikale reis Bruce Springsteen – High Hopes TARINA MULDER Bruce Springsteen, ook bekend as The Boss, se 18de studio-album, High Hopes, is Januarie 2014 vrygestel. Die album is ’n kombinasie van covers, oorspronklike liedjies wat weer opgeneem is, liedjies wat nog nooit opgevoer is nie en inhoud waarmee Springsteen nog nooit mee geëksperimenteer het nie. High Hopes kyk dus terug na optredes en opnames van Springsteen se laaste dekade. Springsteen het die album saam met die lede van E Street Band (sy ondersteunende band sedert 1972), ’n klomp addisionele musikante en sy eie kinders as agtergrondsangers opgeneem. ’n Groot deel van High Hopes is ook saam met Tom Morello (The Nightwatchman, Audioslave, Rage Against The Machine) gelewer. Morello se bydrae is natuurlik en sy invloed is duidelik op agt van die twaalf liedjies. Billboard beweer dat Morello Springsteen musikaal en emosioneel uitgedaag het en Springsteen bedank Morello in die albumboekie vir sy betrokkenheid. Alhoewel High Hopes ’n samestelling is wat Springsteen as ’n moet beskou, is die probleem met die album egter dat daar nie deurlopende elemente is wat die album saambind nie. Een van Spring-

steen se gewoontes is juis om ’n album as ’n eenheid te lewer met ’n lyn wat die liedjies as ’n produk verbind. Die bogenoemde kan dus die albumkwaliteit belemmer. Beide die klank en temas op die album varieer tussen Springsteen se klassieke manier van liedjies saamstel soos “Frankie Fell in Love”, maar ook liedjies soos

“American Skin (41 Shots)” wat as ’n reaksie op die skietinsident van Amadou Diallo in New York geskryf is. Aanhangers sal wel die album as ’n samestelling beskou wat die musikale reis van Springsteen verteenwoordig, asook optredes wat die laaste paar jaar Springsteen se fokus geword het.


20 Februarie 2014 Leefstyl

11

Leefstyl Klim uit jou gemaksone PLAKAAT: FACEBOOK.COM

Links: Besoekers wat by Dimaliche River Lodge white water raft. Bo: Parys se geheime bergfietspadjies. Onder: Rapid Fire, ’n nuwe paintball-baan. MARCÉ BESTER In ’n studentedor p soos Potchefstroom voel dit soms of daar nie altyd veel is om te doen behalwe om te gaan kuier en te drink nie. As jy egter ’n bietjie uit jou gemaksone beweeg en daar mooi gesoek word, kan jy op ’n avontuur gaan en jou lewe daardie effense hupstoot gee wat hy soms nodig het. Indien jy baie ywerig is om ’n bietjie meer moeite te doen, kan ons beweeg na die vlak-

tes van Parys. So 70 km van Potchefstroom af op die banke van die Vaalrivier lê daar heelwat geleenthede en wag. Dimaliche River Lodge bied ’n verskeidenheid aktiwiteite aan wat beslis die adrenalien sal laat pomp. ’n Mens kan die Vaal in al sy glorie aanvat in ’n witwaterkano of die koppies uitjaag met ’n vierwielmotorfiets. Hengelgeriewe sal sorg dat diegene wat daarvan hou om hul kos te vang, iets het om op die kole te sit. As pret met petrolvoertuie

nie jou ding is nie, kan jy ook by Parys se geheime bergfietspaadjies jou vernuf toets. Hierdie paadjies bevat verskillende moeilikheidsgrade en sal sorg dat jou hart vinniger klop en jou boepie effens krimp. As jy nie belangstel om ’n hele naweek op te offer nie en ook natuurlik as jou geldsake jou nie heeltemal toelaat om so avontuurlustig te wees nie, is daar wel ander alternatiewe. Rapid Fire is ’n nuwe paintballbaan wat in Potchefstroom oopgemaak het. As jy hou van skiet-

speletjies en graag voor jou rekenaarskerm wil uitkom, is hierdie die ideale opsie vir jou. Rapid Fire, wat op die Kromdraaipad geleë is, verskaf al die nodige toerusting en gewere, asook ’n goeie paar bloukolle. Die herstel na die tyd sal jou egter so ’n paar dae kos. As student is dit soms nodig om ’n bietjie meer gereeld uit jou gemaklike grot te kruip en die buitewêreld aan te durf. Die beste manier om dit te doen is met ’n stewige dosis adrenalien in jou bloedstroom.

Maksirompe

Jy kan jou romp kombineer met ’n T-hemp, ’n knoophemp wat jy kan insteek, kan knoop of bo-oor ’n ander hemp kan dra, ’n tenk top of ’n crop top.

Wanneer die temperatuur effens gedaal het, kan jy ’n langmouhemp dra en jou uitrusting bietjie skop gee met verskillende tipes serpe met interessante patrone.

Dit is die seisoen hoogmode om ’n hoed te dra. Met só ’n unieke hoed sal jy beslis kop en skouers bo die res uitstaan. ’n Mooi handsak of selfs ’n klassak kan ook as komplimentêre element gebruik word.

As jy dalk nie die dag

lus het om jou bene aan die wêreld te vertoon nie, is ’n langbroek nie jou enigste opsie nie. Jy kan maklik met ’n lang romp wegkom, maak nie saak wat die geleentheid is of watter seisoen dit is nie. Wat lang rompe ook so gewild maak, is dat enige iemand dit kan dra, maak nie saak hoe jy gebou is nie. ’n Lang romp in ’n neutrale kleur is ’n uitstekende opsie omdat daar soveel verskillende maniere is wat jy dit kan dra dat jy nie sommer verveeld daarmee sal raak nie. Daar is ’n verskeidenheid opsies wat jy kan oorweeg as jy jou uitrusting wil verander en dit is maklik om te eksperimenteer met verskillende kombinasies.

Jy kan ook maklik net die juwele by jou uitrusting verander om ’n ander gevoel te skep of om die uitrusting meer interessant te maak. ’n Gordel rond die uitrusting goed af, veral as jy ’n crop top aanhet of as jou hemp ingesteek is.

Saamgestel deur Mizan van der Merwe Fotograaf: Luzanne Keyter Modelle: Mariëtte Sorgdrager, Lizanne Loots, Amoré Caldeira, Marlandi Küssman, Rochelle Slabbert, Celetia Reinders, Ilana Swanepoel en Alicia Kotzee.


12

20 Februarie 2014

Redaksioneel

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: hein.lubbe@nwu.ac.za

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

20 Februarie 2014

Pasop vir te veel hooi Voor jy jou oë uitvee is jou vakansie verby, jy kom terug Potch toe en die eerste paar weke is maar stadig. Dosente gee nie noodwendig baie klas nie, jy wag nog vir handboeke en studiegidse en in ekstreme gevalle slaap jy die ou Joolbabelas nog af. Kom week twee tref die werk jou soos jou moeder se houtlepel, leereenhede word soos blits voltooi, sport begin en voor jy weer sien is jy agter. Dit is net die gewone studentelewe. Daar is studente wat verkies om ’n bietjie meer hooi op hul vurk te laai. Hulle is tipies jou UK’s, HK’s, ASV’s, SR-lede en selfs ons hier by kampusmedia. Dit is dus belangrik om te besef dat jy jouself verkiesbaar gestel het vir daardie pos. Soos in die werkplek is jy gewoonlik gebonde aan die spesifieke organisasie wat jy verteenwoordig. Daarom kan jy nie net “af” dae vat nie, jou selfoon nie antwoord nie al is dit hoe laat en veral nie alkohol misbruik nie. Daarom moet jy jou tyd bestuur om jou akademie en sosiale verpligtinge in te pas, te sorg jou selfoon is altyd aan en soms duiwel-drank te vermy. Hierdie poste word geskep vir leerskole vir die individu en jy kan dit plaas op jou CV. Dit is egter niks werd as jy 'n halwe termyn gedien het en toe halfpad bedank het weens emosionele redes nie. So tough it out, dit sal jou uiteindelik baat.

Die volgende uitgawe van Wapad verskyn op 6 Maart

Kernredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUS- EN WEBREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIES & FINANSIES: Lorraine Jordaan Uitleg: Hannes Kruger, Simon Sonnekus en Kevin du Plessis Teksversorgers: Bianca Enslin, Ruan Fourie, Jeanelle Greyling en Hannes Kruger

SMS’e en twiets " 'n Totaal van R1 256 300 is deur SJGD uitbetaal aan die gemeenskap. #SJGD14" -Great stuff. Here seen elk een van julle. Goeie werk almal. Corli @corli0990

@NWUWapad

Briewe

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Leon Roets - Tradisies, koshuiskultuur en om te behoort Ons leef in 'n tyd van verandering waaroor mense graag kerm en kla. Die mens leef onder ’n illusie van bevryding en verseker só sy eie ondergang. In dié tyd moet ons miskien vra wat beide partye vir jare geïgnoreer het, opnuut vra. Rakende koshuistradisies kry jy twee kampe: die stryders daarvan en dié wat geheel en al teen dit protesteer. Beide partye het sterk oortuigings vir hul saak, maar beide is soms te kleinlik om 'n nuwe visie aan te neem. Ek skryf na aanleiding van Maas se pessimistiese en eenogige vertelling in die vorige Wapad-uitgawe. Maas kryt die tradisies uit as negatief en impliseer dit word deur bykans onopgevoede mense voorgestaan. Hy kyk vas in die lank-vervalle tradisies van afbreek aan die menswees. Het hy al navraag oor hedendaagse koshuistradisies gedoen? In 'n wêreld wat klem op individualisme en vrye denke lê is dit hartseer dat 'n omgee-kultuur gereeld verlore gaan. Die individu met sy vrye denke is alleen in 'n wrede wêreld, want die wêreld is wild, genadeloos en onverskrokke. Ek is g’n sielkundige nie, maar enige sterk argument kort 'n fondasie. Hoe kan individualisme en vrye denke sonder ’n fondasie van sekerheid en standvastigheid seëvier? Dit moet ondersteuning en aanvaarding bied en ’n mens

laat vooruitstreef. Wat as koshuise dié fondasie kan bied? Die Universiteit van Stellenbosch het ’n groter persentasie eerstejaarstudente in koshuise toegelaat. Dis beduidend dat seniorstudente en mede-eerstejaars in koshuise ’n eiesoortige ondersteuning bied. Selfs op die NWU-Puk ontvang studente uit kampuskoshuise gewoonlik meer akademiese trofeë as dié van dorpskoshuise. Boonop trek juis die "swakker" koshuisstudent die meeste voordeel. Ná drie jaar se betrokkenheid met eerstejaars getuig ek van iemand wat kop-onderstebo by die koshuis ingestap het en na ’n kort tydperk die wêreld die stryd aangesê het. Uiteindelik bied 'n koshuis die geleenthede vir aanvaarding, respek en deelwording. Koshuistradisies daag jou uit om vrae te vra, jou grense te toets, jouself te ontdek en ontwikkel. Dié tradisies is eintlik 100% vrydenkend en individualisties en die individu hoef nie vergete te bly nie. Ek ken sulke koshuistradisies. Ek weet hoe dit voel om na 'n Primgroet en tydens 'n klere-ontvang seremonie te behoort. Ek het myself ontdek en my grense oorskry omdat iemand anders in my geglo het. Ek dra hierdie aanvaarding oor en maak ander deel van 'n samelewing waar die individu kan binne 'n

geborge omgewing kan ontwikkel. Ek ken pyn en seer wat genees is omdat iemand vir die eerste keer geluister het. Mnr. Maas, ek moet u gelyk gee: enige Pukstudent voel dieselfde oor die tradisies wat u opnoem. U denke is egter beperk en ons tradisies behoort op 'n nuwe lysie met 'n nuwe definisie. Ek weet my waarheid en dít wat Mnr. Maas skryf is nie dieselfde ding nie. Daarom vra ek dat dié twee partye hul stryd op 'n ander plek gaan voer. Ek het genoeg gehad van dié wat pret uit vernedering en afkraking wil put. Maar Mnr. Maas: van u soort is dit ook genoeg. Ek wil die NWU-bestuur en sy leier bedank vir hul oopkop-benadering toe die meeste universiteite ewe volstruis hul koppe onder die sand ingedruk het. Dis soveel meer tragies as ’n jongmens in die fleur van sy lewe doodgaan, maar kan die waarheid nie aanvaar word sonder om vir persoonlike vendettas gebruik te word nie? Dis tyd om núwe vrae te vra en núwe antwoorde te kry. Die koshuise en tradisies wat die individu en vrye denke bevorder moet bly. “Studentwees” beteken dat studente soms sinneloos optree. Voor u dink die naak mans was onder dwang in die Calvyn, gaan luister na hoe hulle lag en baljaar. "Want ’n mens is net eenkeer ’n student!"

Walter Doubell - Voorbehoedmiddels, 'n karwag en 'n verlowing In Wapad van 10 Oktober 2013 skryf Max du Preez onder meer, “...verwag ons van Wapad se redaksie om ekstra krities te wees: om meer waagmoedig eksperimenterend en avontuurlik te wees.” Ons hoef seker nie Max se voorstelle slaafs na te volg nie maar daar is tog rede om die Wapad te vergelyk met sy idees oor wat 'n studentekoerant hoort te wees. In die Wapad van 6 Februarie 2014 is Deon Maas se artikel besonder aktueel. Dié artikel prik-

kel belangstelling en sal hopelik sinvolle kommentaar lok. Ander berigte wat inligting verskaf oor die aktiwiteite op kampus en weg van die kampus het ook waarde en is nuuswaardig. Die sportberigte is interessant en verskaf nodige inligting. Daar is ander berigte wat ook van belang is. Die Tien Dinge-rubriek op bladsy 5 met die deels smerige en oppervlakkige inhoud sal nie onthou word nie, maar kan seker maar verduur word. Die Wapad se bladuitleg en

Wapad het 'n trotse tradisie. tipografie is goed. Bogenoemde positiewe inhoud van 6 Februarie se Wapad word egter bederf deur drie berigte wat, soos die spreekwoordelike vrot appel, die hele mandjie bederf. Die

voorblad basuin inligting uit van die oënskynlike promiskue gedrag van die NWU-studente. Is die berig bloot inligting of het ons te doen met 'n ernstige probleem? Indien daar wel 'n omvangryke probleem is, publiseer eerder kundige menings en 'n moontlike oplossing. Behalwe vir hierdie nuus, word die leser gekasty met 'n berig oor 'n karwag by 'n plaaslike kuierplek. Menslike-belang stories het waarde maar is hierdie werklik binne die belangstellingsveld van

die NWU-Pukke? En dan, die pièce de résistance. Die SR-voorsitter se verlowing. Al wat hieroor gesê hoef te word, is; gaan lees Afrikaanse koerante van die sestig- en sewentig jare. Kyk veral na die onderdanige heldevereringsberigte oor die ministers en hooggeplaastes van daardie tyd. Dit was toe. Nou is 2014. "Ons soek die plaaslike nuusbrokkies en inligting van die kampuslewe in ons Wapad, maar ons eis meer.”


13

20 Februarie 2014

SMS 31750

Steven Bosch

Kultuurverandering is nodig S

o dit maak van jou ’n trotse koshuisinwoner om eerder trappe te klim of om in ’n emmer te pee, baie geluk. Dit is rêrig jammer dat soveel van die goeie aspekte van koshuislewe ondermyn word deur wanpraktyke wat soms in koshuise voorkom. In “Koshuisbesture ‘te versigtig’ oor tradisies” (Wapad, 6 Feb) beaam Afriforum wat om koshuistradisies veg, dat hulle “nie ten gunste is van tradisies wat inbreuk maak op individue se menseregte nie”. Dus wil dit voorkom asof daar konsensus is dat menseregte die maatstaf word waarvolgens tradisies op kampus beoordeel moet word. Hoekom is dit dan nog so moeilik vir mense om te verstaan dat om iemand die basiese fasiliteite van ’n koshuis te weier, juis ’n diskriminatoriese inbraak maak op hul regte? En ons praat dan nie oor die wyse waarop geweld (beide in dreigemente, sowel as fisies van aard) soms gebruik word om te intimideer nie. Die koshuise is ook nie al wie skuldig is nie – selfs al is aksies soos die President van Tarentaal in die lig van menseregte herbesoek, was daar geen optrede toe “ons soek bloed” steeds by hierdie geleentheid geskree is nie. Ons kan tog nie die koshuise oor die vingers tik as soortgelyke vergrype steeds in die georganiseerde program plaasvind nie.

So, as ons besef dat daar nie ’n keuse is om al ons aktiwiteite aan die Grondwet te meet nie, hoekom is mense steeds besig om so sterk daarteen vas te skop as die Universiteit ingryp weens beweerde menseregteskendings? Ek is van mening dat ’n deel van die inskakelingsproses in koshuise so sterk daarop fokus om koshuiseenheid te bou, dat daardie koshuisinwoners wanneer daar ’n bedryging is, op enige manier moontlik (selfs op onwettige of irrasionele wyse) sal optree om hul koshuise te beskerm. Op ’n Darwiniese wyse kom die idee, “there is safety in numbers”, by my op toe ek verlede week die kommentaar op sosiale media en aanlynkoerante oor die tydelike skorsing van HK-lede aan hierdie kampus sien. Deur die bank word saamgestaan, geregverdig en gepoog om die “dom door” of “lamsakkige eerstejaar” uit te kryt as die eintlike probleem in hierdie situasie. Jy sien, die meeste mense vertel graag hoe hulle deur veel erger goed is en dat hulle beter mense daarvoor is – dit sonder dat enigiemand werklik die feite het oor wat in daardie koshuise gebeur het en die universiteit weinig inligting hier rondom bekendgemaak het. Die feit dat die universiteit as instelling verantwoordbaar is vir dit wat in sy koshuise gebeur, word ook vinnig vergeet. Soos individue, het groepe hul

Deur die bank word saamgestaan, geregverdig en gepoog om die “dom door” of “lamsakkige eerstejaar” uit te kryt as die eintlike probleem in hierdie situasie. tekortkominge; groepe kan die beste en slegste in mense uitbring. Inlywingsaktiwiteite in koshuise is daarop geskoei om ’n groep te vorm, trots en lojaliteit te kweek en om te sorg dat die magbalans in die groep onderhou word. Wanneer nuwelinge afgebreek

word, demonstreer seniors in die koshuis hulle mag en status terwyl hulle ’n blinde aanhang afdwing – ’n proses wat jaarliks herhaal word om die groepsisteem in stand te hou. En selfs wanneer die tradisies wat hierdie stelsel in stand hou verander, word baie van hierdie aktiwiteite in die geheim gedoen met dreigemente dat “klikbekke” uitgesorteer sal word op ’n tipiese boelie-wyse. Dit is juis hierdie geheimhouding en groepslojaliteit wat telkens beteken dat die menseregtelyn bietjie-vir-bietjie oorskry word. Klakkelose konformisme vereis dat enigeen in die groep wat vrae vra, anders dink of “nie wil saamwerk nie” uitgewerk moet word. En as die bedreiging van buite af is, sal daar selfs teen die universiteitsowerhede opgestaan word, want die groep se behoud word bo alles gestel. En dit is juis hierdie geforseerde aanvaarding van ’n allesof-niks groepmentaliteit waar die probleem lê. Die grootste deel van die georganiseerde studentelewe is kompetisiegedrewe en dit bou aan ’n kultuur waar super-koshuise soos onaantasbare klein koninkrykies teen mekaar oorlog voer – op die verhoog, die rugbyveld of selfs die sypaadjie voor Bourbons. Dit is tyd dat ons as universiteit (koshuisstudente inkluis) besef dat hierdie ’n akademiese

SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

omgewing is. So as daar in videos gesê word dat O&B ongeveer 70% akademies van aard is, moet ons daaraan werk om dit so te kry. Sulke “akademiese aktiwiteite” kan onder meer insluit om kritiese denke te skoei en om studente (eerstejaars saam met seniorstudente) te laat besin oor hoe ons ’n ongesonde kultuur kan omswaai, eerder as om verbete te baklei vir die “reg” om deur iemand anders aangerand te word. En om te sê dat mense kan kies om in koshuise te bly, is ook te simplisties – koshuisverblyf is goedkoper as privaatverblyf, so as jy niks anders kan bekostig nie, moet jy maar net inval by die koshuispraktyke. Elke koshuisinwoner behoort juis op te staan en te veg dat hulle koshuise aan menseregtevereistes voldoen – al is dit nie altyd lekker om sogenaamde studentepret op te gee nie. As ons werklik ’n verandering op kampus wil sien, is dit nodig om ’n daadwerklike kultuurverandering te ondergaan. Dit help nie ’n mens lap toe, slaan vure dood en maak klein aanpassings net om later te vra hoekom vergrype dan weer kop uitsteek nie. Hou op om wanpraktyke te probeer beskerm en kyk eerder hoe jy jou koshuis kan verander om ’n plek te word waar almal, ten spyte van hul agtergrond of oortuigings, kan tuisvoel, vrae vra, van mekaar kan verskil en groei.


14 Wapad

Sport 20 Februarie 2014

EUGENIE GREGAN

500 Vitality-punte aan hulle lede vir elke parkrun wat hulle voltooi. As jy gaan gym kry jy net 150 punte!” Sowat ’n 100 mense het Saterdag vir Potchefstroom se eerste parkrun opgedaag. “Parkrun was vir my ’n belewenis! Ek sal dit definitief weer wil doen. Die roete is mooi en nie te uitdagend nie. Dit is iets wat almal kan hardloop,” het Joané Botha, vrouestudent aan die NWU-Puk, gesê. “Ek gaan soveel as moontlik parkruns probeer hardloop. Dis ’n baie lekker konsep wat familie en vriende oor naweke saambring.” Parkrun word elke Saterdag om 08:00 by die terrein oorkant die Trimpark in Govan Mbeki-laan gehou. Daar word slegs van deelnemers verwag om te registreer en ’n strepieskode te kry. Besoek www.parkrun.co.za vir meer inligting.

Gewilde parkrun nou ook in Potch

P

arkrun, die hardl o o p - r e vo l u s i e wat wêreldwyd posgevat het, is Saterdag in Potchefstroom bekendgestel. Parkrun is ’n unieke, gratis 5 km-pretwedloop wat elke naweek regoor die wêreld êreld reld in parke plaasvind. Paul Sinton-Hewitt, die baasbrein agter parkrun, is ’n boorling van Potchefstroom en het aan die Potchefstroom Boys High gematrikuleer. Hy het in 2004 die eerste parkrunkonsep in Engeland begin. Bruce Fordyce, een van Suid-Afrika se grootste sportikone en die organiseerder van parkrun in Suid-Afrika, was in Potchefstroom om die bekendstelling te behartig. Fordyce, wat die Comrades Marathon nege keer gewen het, is baie passievol oor parkrun en het self

Bruce Fordyce en plaaslike atlete hardloop Potchefstroom se eerste parkrun.

al amper 100 van dié wedlope regoor die land gehardloop. Hy was vol lof vir die plaaslike organiseerder, Manie Esterhuizen en die Tlokwe-munisipaliteit se bydrae en is vol vertroue dat die Potchwedloop baie suksesvol gaan wees. “As jy eers een keer gehardloop het is jy hooked. Dis verslawend. Mense sal kom hard-

loop al reën, hael en sneeu dit. En parkrun sal elke Saterdag daar wees.” Fordyce moedig studente aan om aan parkrun te kom deelneem. “Om te hardloop is die eenvoudigste van alle sportsoorte. Jy kan nie goeie rugby of krieket speel as jy nie kan hardloop nie. Dis die basis van die meeste sportsoorte en ’n mak-

Die Rissie praat oor ball girls, Laureus se skorsing uit eerstejaarsrugby, sproeiers en weereens Varsity Cup Daar is 'n paar sportsakies wat Die Rissie voel sy moet bespreek, dit is immers haar plig om haar lesers ingelig te hou. Die Rissie sal sommer by Varsity Cup begin. Hoe teleurstellend. So goeie begin en dan word die NWU-Pukke deur Maties gesink. Wat hierdie oorwinning vir die manne van Stellenbosch so soet maak is die feit dat hulle uiteindelik 'n bietjie menswaardigheid in die kompetisie kon herstel en dan is hul Man of the Match nog die NWU-Puk Varsity Cup-breier se seun ook. Die Rissie is seker die Pukke sal teen NMMU beter vaar, of so hoop sy. 'n Kwessie wat Die Rissie taamlik baie pla is die nuwe ball girls by Varsity Cup. Kyk, dié mensies is omtrent so nutteloos soos Luther Obi se performance teen die Shimlas (tenminste was hy baie beter Maandagaand). Dalk as hulle broekies 'n bietjie meer bloedsirkulasie toegelaat het sou hulle die balle vinniger by die vaste fasette kon kry, of ten minste lyk of hulle weet wat om daarmee te doen. Die Rissie het Vrydagaand bietjie 'n stappie na die rugbyvelde toe geneem om die eerstejaarsrugby te kyk en laat sy net sê die sproe-

iers wat tydens die Patria/Caputwedstryd afgegaan het, was so ontydig soos die afskoptye van die NWU-Puk-1 mansokkerspan se wedstryde, want dié se opponente daag mos altyd laat op (dis nou AS hulle besluit om op te daag). So gepraat van NWU-Puksokker, Die Rissie het Sondag ’n draai by die NWU-Puk-1/Defence Force game gemaak en gesien dat daar NOGSTEEDS nie lynregters by hierdie wedstryde is nie. Die enigste ding wat hierdie geval erger maak is die feit dat die skeidsregters nog onbekwaam ook is. Ai, sommige mense het dit darem maar moeilik. ’n Span wat dit wel nie vanjaar moeilik gehad het nie is ThabaJäh se eerstejaarsrugbyspan, dit het seker iets te doen met al die Rugbyinstituut-eerstejaartjies wat daarin gepomp is, maar nou ja. Van al die bogenoemde kwessies is Laureus se klein eerstejaarsrugbyvoorval nog die ergste. Hoe ironies dat die verdedigende kampioene uit die toernooi geskors is. Die Rissie het gedink dit sal nie nodig wees om manskoshuise teen die ‘kom-ons-gebruik-meer-seniors-as-wat-onseintlik-mag’-praktyk te waarsku

'n Kwessie wat Die Rissie taamlik baie pla is die nuwe ball girls by Varsity Cup. nie, want wragtig, sy het gedink dis vanselfsprekend, toe nou nie. Boonop lyk sake ook nie te goed vir hul sport HK-lid Reinhardt van Staden nie, maar ja, onbekwaamheid is mos lekker. Die Rissie wil dan laastens net baie geluk sê aan Patria en Klawerhof wat die tafeltennis gewen het, Heide en Caput wat die gemengde netbal gewen het (Caput het ook die mansnetbal gewen), en die NWU-Puksokkerspan wat hul wedstryd teen die Defence Force 3-0 gewen het. Oh ja, en die Leeus wat hierdie naweek hul terugkeer na Super Rugby gemaak het en hul wedstryd teen die Cheetahs gewen het, of altans Marnitz Boshoff wat die wedstryd gewen het. Die Rissie sou sê hulle het haar trots gemaak, maar toe besef sy sy voel eintlik ’n veer. Hopelik (vir hulle) is dit nie die laaste oorwinning vir Johan Ackermann se spannetjie nie.

FOTO: Simon Sonnekus

like manier om fiks en aktief te bly.” Sy raad aan atlete wat graag ernstig wil begin hardloop is om by ’n formele hardloopklub aan te sluit en parkrun deel van hul oefenprogram te maak. Parkrun is van borge en vrywilligers afhanklik. “Discovery Vitality het onlangs aan boord gekom as borg en gee

Tawana klop Defence Force met 9 spelers SIMON SONNEKUS Die NWU se Tawana-span het Potch Defence Sondag met 3-0 in hul SAB-ligawedstryd op die Fanie du Toit-sportgronde geklop. Tawana het vanaf die beginfluitjie die spel veral in die middelveld oorheers en het die bal gereeld by hul doelskieters uitgekry. Die manne kon in enkele minute ’n doel aanteken toe Kagiso Pitso van die middelveld Defence Force se verdediging met spoed geklop het en die bal in die net kon sit. Tawana het goeie balbesit getoon en met amper 'n Barcelona-agtige spel van tikka-takka voetbal die bal met fluïditeit na hul voorspelers versprei. Dit was egter moeilik vir Tawana om dié kanse te benut weens die aanhoudende en soms debatteerbare strafskoppe vir onkantspel wat hulle ontvang het. Bongani Mnyamane, Tawana se kaptein, het sy span se voorsprong verbeter ná ’n goeie kruisskop van die regtervleuel en die doel op die agterpaal met gemak geskop om die telling 2-0 te maak. Met die aanvang van die tweede helfte het Potch Defence Force egter eerste gevaarlik gelyk en kon hulle die bal verby die Tawana-doelwagter kry, net om vergeefs toe te kyk hoe ’n verdediger die bal van die lyn af red. Tawana het egter met maksimum balbesit weer verskeie aanvalle teen die Defence Force geloods wat kort-kort gekelder is

Tawana het Defence Force 3-0 geklop deur die skeidsregter se fluitjie. Die frustrasie van die Tawanaspelers het begin wys en twee spelers is binne enkele minute rooikaarte gewys, wat die tuisspan met net nege spelers gelos het. Dit het egter nie 'n verskil gemaak nie en Thabang Mathlako het net voor die eindfluitjie die finale spyker in Defence Force se doodskis geslaan toe hy die doelwagter geflous het. Die Tawana-span se volgende wedstryd is teen Sayana Porto by die Ikageng-stadion. “Dis by Ikageng- stadion en die skare daar is gewoonlik nie vriendelik nie, dit gaan ’n harde wedstryd wees,” het Tawana se afrigter, Moemeli Moektesi, gesê. “Ons het vandag goeie spel gewys, dis jammer dat die skeidsregter 'n paar slegte beslissings gemaak het. Dit het gelei tot die spelers se frustrasie en slegte dissipline gevolg deur die rooikaarte, nou mag hulle vir twee wedstryde nie speel nie.”


20 Februarie 2014 Sport

15

Caput seëvier in mans-netballiga REINETTE VENTER

D

ie NWU-Puk se netballiga vir mans het vanjaar op ’n goeie voet afgeskop en het baie trots én teleurstelling gebring. Die 3-dag toernooi het op 11 Februarie begin en het uit ’n A- en Bliga bestaan. Al 14 manskoshuise het hieraan deelgeneem. Caput het hulself bewys as ’n koshuis waarmee rekening gehou moet word toe hulle in die A- én B-liga met die trofee weggestap het. Die eerstespan het tot die bitter einde teen Veritas geveg, wat die eindstryd tot op die punt van sudden death gebring het. Caput kon eerste ’n doel aanteken en het Veritas met 9-8 geklop. Dit was nie die eerste keer wat dié twee koshuise vir die titel teen mekaar moes meeding nie. Vanjaar se eindstryd was die vyfde agtereenvolgende een vir dié twee spanne. Tiaan Visagie, sport HK-lid van Caput, speel sedert sy eerste jaar in 2010 al en kon nou vir die eerste keer die trofee ook lig. “Die ouens is almal baie bly oor die wen, maar die ekstra tyd was spanningsvol en dit het daarop neergekom dat die span wie eerste

’n fout maak sal verloor so dit was nogal intense.” Veritas se doel, Tyrone Breytenbach sê dat die kompetisie vanjaar definitief veel sterker was as in vorige jare. “Baie spanne het dit meer ernstig opgeneem as vantevore, individuele spelers in spanne het baie uitgestaan en daar was aansienlik meer ondersteuning deur die koshuise”. Oor die nederlaag is hulle hartseer, maar hulle het in goeie gees afgesluit. “Dit was maar vir my en my span ’n teleurstelling om na jare wat ons die liga wen met een punt dan in die eindstryd te verloor. Ek is baie trots op elkeen van my spelers wat 110% gegee het, maar op die einde van die dag het die beste span gewen, daar is geen suur druiwe nie,” het Breytenbach gesê. Ratau Lebone het hulself oortref met goeie spel om in die derde plek te eindig en Excelsior kan hulself op die skouer klop met hul vierde plek. *Caput en hul sleepkoshuis Heide (mHEI-hart-se-PUnt) het ook die liga vir gemengde netbal gewen deur Ratau Lebone en Bellatrix (RAU-BEL-leer) in die eindstryd te klop.

Caput, wenners van die mans-netballiga saam met hulle afrigter.

Foto: Gert Coetzer

Patria en Klawerhof

Laureus gediskwalifiseer uit eerstetafeltennis-kampioene jaarsrugbytoernooi CHRISTO BESTER Die finale rondte van die tafeltennis-liga het verlede week Donderdag in die Weet-en-Sweet plaasgevind. Die spelers het goeie ondersteuning vanaf die koshuise ontvang en veral die ondersteuners van Hombré, Caput en Karlien het gesorg dat daar ’n lekker gees in die Weet-en-Sweet heers. In die afdeling vir vroue het Minjonet en Klawerhof in die eindstryd teen mekaar gespeel. Na ’n uitstekende wedstryd kon Minjonet egter nie in die laaste stel by Klawerhof kers vashou nie en is laasgenoemde as wenners gekroon. In wat seker die grootste wed-

Patria en Villagers in aksie.

stryd van die aand was, het Villagers en Patria vir die tweede jaar in ’n ry mekaar die stryd aangesê vir die trofee vir eersteliga-wenners in die mansafdeling. In die laaste stel het Patria gedomineer om hul titel as tafeltennis-kampioene in die mansafdeling te behou. In die liga vir vroue se tweedespanne het die spanne van Minjonet en Heide teen mekaar te staan gekom. Minjonet was egter te sterk vir Heide en kon hul aand as wenners afsluit. In die mans se tweede liga het Veritas en Patria teen mekaar gespeel. Patria kon egter nie hul eerstespan se prestasie eggo nie en moes teen Veritas die aftog blaas.

Foto: Christo Bester

WYNONA LOUW Laureus manskoshuis is uit vanjaar se eerstejaarsrugbytoernooi gediskwalifiseer nadat hulle oortollige seniorspelers in hul eerstejaarspan ingesluit het. Volgens die rugbyreglement mag ’n koshuis twee seniorspelers in hul eerstejaarsgroep hê, mits hulle in die voorpak speel. Laureus het vier spelers in hul groep van 23 ingesluit. “Ons het die jaar ’n sterk groep rugby-eerstejaars ontvang en hulle het lang ure spandeer op die rugbyvelde vir voorbereiding. Ons eerste wedstryd was teen De Wilgers Manskoshuis, nadat hulle Thaba-Jäh gewen het in die uitdunrondtes. Die wedstryd is 15-5 gewen. Ons spanlyste is Dinsdag die 11de Februarie ingestuur en die seniors se besonderhede is daarop, ons het toe geen terugvoer ontvang aangaande die saak nie. Dit het ongelukkig te laat onder ons aandag gekom dat daar slegs twee seniors in die span van 23 mag wees, en ons het dit verkeerdelik verstaan as twee seniors op die veld. Dus was daar twee seniorspelers wat langs die kant gesit het en deel was van die 23,” het Bernard Streuders, Laureus se onderprimarius, gesê. “Ons sport HK-Lid, Reinhardt van Staden en ons drie afrigters het met die Rugbyinstituut gaan praat. Hulle het toe wel vasgestel dat die tegniese fout nie ons spelers sal beïnvloed nie en hulle steeds die kans gegun sal word om die Barbarian-span te haal. Ons wens alle spanne wat nogsteeds in die toernooi is alle sterkte toe en berei onsself voor vir ’n groot jaar in 2015,” het Streuders gesê. Die eindstryd van die eerstejaarsrugbytoernooi vind op Vrydag 21 Februarie om 19:15 op die D-veld van die Fanie du Toit-sportgronde plaas.

Dit het ongelukkig te laat onder ons aandag gekom dat daar slegs twee seniors in die span van 23 mag wees, en ons het dit verkeerdelik verstaan as twee seniors op die veld.


Sport 20 Februarie 2014

14 ROOI RISSIE: Laureus, ball girls en ontydige sproeiers

FOTO: Eugene le Roux

Armand van der Merwe, haker van die NWU-Puk, word deur ‘n speler van Maties gestuit.

NWU-Pukke val vas teen Maties WYNONA LOUW

D

ie Universiteit van Stellenbosch (Maties) het Maandagaand hul eerste oorwinning in vanjaar se kompetisie gevier nadat hulle die NWU-Pukke met 33-21 op Potchefstroom geklop het. Die Potchefstromers, wat hul eerste nederlaag Maandagaand teen die driemalige kampioene gely het, het na rustyd na 'n agterstand van 21-0 goed teruggeveg, maar die manne van Stellenbosch het die NWU se vurige aanslag goed hanteer om met die louere weg te stap. Die besoekende maroenspan het vroeg beheer van die wedstryd geneem en punte was vinnig om te volg toe flank Beyers de Villiers vanaf 'n losgemaal gebreek het en oor die doellyn gegaan het. Die besoekers het teen die einde van die eerste kwart van die wedstryd weer die tuisspan se doelgebied gaan besoek toe buitesenter Johnny Kotze die NWU se verdediging in die middelveld uitgebuit het om hul tweede drie in die hoek te druk en die Maties 'n 13-0 voorsprong te gee. Kort daarna het Maties se losskakel Robert du Preez, wat ook die seun van NWUPuk breier Robert du Preez is, die NWUPukondersteuners weer op hul senuwees

gehad toe hy 'n skop van Johnny Welthagen afgestorm het en met die optelslag voor 'n oop doellyn aangeslaan het. Du Preez sou egter nie lank worstel oor sy hanteringsblaps nie en het kort daarna 'n gat in die NWU-Pukke se verdediging gevind en reg onder die pale gedruk. Hy het ook verdoel om die Universiteit van Stellenbosch met 21-0 die voortou te laat neem. In die tweede helfte het die NWU meer balbesit geniet en uiteindelik die besit in punte oorgesit toe vleuel Luther Obi na ‘n kragtige skrum oorgeduik het om die Pukke se eerste drie te druk. In die 52ste minuut het losvoorspeler HP Swart die NWU-Puk se telbordsyfers aan die beweeg gebring en die Pukke se tweede drie gedruk. Engelbrecht het verdoel en die die telling na 21-13 vernou. 'n Drie twee minute later deur Jacobus Jordaan en verdoeling deur Du Preez het die Maties met 29-13 weer gemaklik voor laat loop. Met 10 minute oor het 'n troosdrie deur plaasvervanger-skrumskakel Dillon Smit en verdoeling deur Engelbrecht die telling na 29-21 vernou, maar twee laat strafdoele deur Du Preez het finaal die spyker in die NWU se doodskis gekap en die bonuspuntoorwinning

vir die Maties verseker. Ten spyte van die feit dat die tuisspan in die tweede helfte baie meer in opposisie helfte gewei het en uitgerekte periodes van druk in Maties-gebied geloods het, het Maties sterk verdediging getoon en verseker dat die NWU nie tot die witkalk deurbreek nie. Die NWU-Puk val na die tweede plek op die punteleer, met die Universiteit van Pretoria (Tuks) wat na die eerste plek skuif en NMMU en Ikeys wat die derde en vierde plekke onderskeidelik beklee.

Varsitybeker WEEK 3 TUKS

26 - 0 SHIMLAS

NMMU 13 - 26 IKEYS PUKKE 21 - 33 MATIES UJ

32 - 15 WITS

Die NWU-Pukke se volgende wedstryd is op 24 Februarie teen NMMU by die Madibaz Stadion in Port Elizabeth om 19:00. Die NWU-Pukke se volgende tuiswedstryd is op 10 Maart teen Wits by die Fanie du Toitsportgronde om 16:45.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.