BINNE: CANVAS VANJAAR IN DUIKWEG 24 TIDAL WAVES MAAK GOLWE
AFRI-FORUM PARKERINGSPETISIE LOK VRAE UIT 23
27
LEES JOU KAMPUS 23 MAART 2012 / VOL 5
KOSHUIS-SWANGERSKAPBELEID 23 STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 66
>>
WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD
Intervarsity 2012
Die jaarlikse Intervarsity tussen die NWU-Pukke en Kovsies is vanjaar afgestel weens verskeie redes. Intervarsity sou in die naweek van 11 Augustus plaasgevind het. FOTO: GALLO IMAGES GRAFIKA: ANLERIE CILLIERS
NWU-Puk se Intervarsity is afgestel CARLI KOCH
D
ie jaarlikse tradisie, Intervarsity, is vanjaar afgestel. Die NWU-Pukke sal nie vanjaar vir die 70ste keer teen die Universiteit van die Vrystaat deelneem nie. Twee weke gelede is daar ’n epos na lede van die universiteit gestuur om die skokkende nuus te bevestig. Volgens gerigte kon daar nie op ’n datum besluit word nie en is dit toe goed gedink om die tradisie vir 2012 af te stel. Volgens die SR:Sport van Kovsies, Bonolo Thebi, word die gebeurtenis net tot volgende jaar uitgestel. Daar was vroeër reeds optogte teen hierdie kompetisie tussen die onderskeie universiteite. Een van die studente van Bloemfontein, in Roosmaryn, Karen le Roux vertel aan Wapad dat daar aan hulle gesê is dat dit
net uitgestel en nie afgestel is nie. Die tradisie sal weer in 2013 hervat word. Le Roux is ’n derde jaar Optomitrie-student. “Hulle wil ’n Intervarsity teen ons buurkoshuis, Bakwa, reël wat net nie dieselfde gaan wees nie. Ons as universiteit is lus om ’n page op Facebook te skep en self die hele ding te reël.” D.B. Prinsloo, Adjunk Direkteur van Kovsie Sport kon nog niks oor die afstelling sê nie. Studente van die NWU-Puk is net so teleurgestel. Carla Henriet, vierdejaar Honneursstudent, is hoogs ontsteld. “Ek dink die NWU-Pukke moet in elk geval deurry, of dit nou oor sport gaan of nie. Die universiteit behoort iets soortgelyk teen Tukkies of UJ te reël.” Joubert Engelbrecht, kaptein van NWU-Puk 1, sê dat dit vir al die studente ’n teleurstelling is. “Die beste spanne speel nie teen
Ons as universiteit is lus om ’n page op Facebook te skep en self die hele ding te reël. mekaar nie, omdat baie spelers in daardie tyd aan die Curriebekerreeks deelneem. “Ons het die Shimlas al die afgelope sewe jaar gewen. Ek kan dink hulle is nie lus om teen ons te speel nie.” Die afrigter van NWU-Puk 1, Hannes Esterhuizen, sê dat daar op ’n hoë vlak onderhandel is en toe besluit is om dit af te stel. “Dit is ’n hoogtepunt vir alle spelers en iets waarna hulle uitsien. Dit is hartseer dat dit af-
gestel is.” Volgens Bertie Maritz, SR:Sport is die hele storie na die topbestuur geneem. “Kovsies wou die Intervarsity in Mei maand gehou het, maar ons het Opedag daardie naweek. Daar is tussen die Sport Direkteure onderhandel en daar is nie op ’n datum ooreengekom nie. Die hele program van die eerste semester moes na prof. Herman van Schalkwyk gestuur word. Daar is toe deur prof. Hermanhulle bekend gemaak dat geen datum in die eerste semester gaan werk nie.” Kovsies kan glad nie in die tweede semester as gasheer optree nie as gevolg van hulle SRverkiesing wat in Augustus plaasvind. “Die vraag wat egter gevra kan word is, hoekom kan jy nie die SRverkiesing beheer nie,” sê Bertie aan die Wapad.
Die omstredighede wat gepaard gaan met Invervarsity het reeds in 2010 begin toe die politieke party, South African Students Congress (SASCO), daarop aangedring het om die wedstryd tussen die twee spanne te kanselleer. Die rede hiervoor is die feit dat Kovsies nie noodwendig met ’n kampus soos Potchefstroom geassosieer moet word nie, aangesien Kovsies aktief betrokke is by transformasie en Potchefstroom ’n agterstand het. Die NWU-Puk studente het wel na Bloemfontein gereis vir Intervasity, maar op die Vrydag wat daar netbalwedstryde gespeel was, het ongeveer 100 studente van die Progressiewe Jeug Alliansie (PJA), onderleiding van die UV-studenteraad voorsitter Moses Mashita, ontwrigting veroorsaak. Alle sportbyeenkomste is vir die res van die dag afgestel om studente se veiligheid te verseker.
NUUS/NEWS
2 |
23 MAART 2012
News headlines NWU-Puk Debating team ready for nationals MONICA PIENAAR The NWU-Puk’s debating team has been chosen to compete in the ATKV-National Debating competition in Pretoria. Two teams of four speakers each have been chosen to represent the NWU-Puk from 12 to 14 April at the national competition. Members chosen for the team are: Michelle Groenewald, Rona Swart, Marine Opperman, JayCee van Rooyen, Susan Jansen van Rensburg, Leon Roets, Ruan Koch and Lizeri Mitchell. The team is being trained by prof. Paul Schutte, director of the school for Communication Studies and Corneels Schabort,
a lecturer in Chemical Engineering. “Our aim is to develop the dynamics of the team and to build relationships among the members,” said Michelle Groenewald, EC:Arts and also a member of the national team. According to Groenewald adjudicators identified various speakers during the hostel debate and afterwards the final speakers were chosen according to the points they scored. Eikenhof Ladies Hostel was the overall winners. “We are very proud of Eikenhof, this goes to show that any hostel, no matter the size, can win with hard work,” said Schabort.
Petition for parking by NWU-Puk students COLETTE BOTHA A petition has been set with regard to the parking behind the Law building after unfairness towards students. According to Marcus Pawson, chairperson of AfriForum Jeug, lecturers were approached to pay R35 per month for parking behind the Law building. This parking will be available for the use of personnel only. Students on the other hand, who don’t receive an income, pay a higher fee of R59 per month for roofed parking. According to Pawson parking on the NWU-Puk is a general problem. “The university doesn’t have a parking plan, they only make arrangements when there is a crisis,” said Pawson. The NWUPuk did a survey among personnel to see whether parking be-
hind the Main building should be reserved for personnel only. According to Kiewiet Scheppel, spokesperson for the NWU Potchefstroom campus, the survey was done to make parking where the most traffic is available to students and visitors whilst personnel have to park farther away. Scheppel also said that everyone who wants to make use of roofed parking should pay R59, not only students. The parking area behind the Main building is not roofed and thus a fee of only R35 is payable. The parking reserved for personnel only was merely a proposal. “No decisions have been made, seeing that the survey was done only to see whether there is any interest,” said Scheppel.
Die inwoners van Ratau Lebone het onlangs die heringebruikstelling van Ratau Lebone Suid, asook die viering van FOTO: FRANK DUVENAHAGE Chatarina Vywer gevier.
’n Nuwe begin vir Ratau Lebone ANICA SCHEEPERS
V
ir die inwoners van Ratau Lebone Manskoshuis, was die heringebruikstelling van Ratau Lebone Suid en die viering van die Chatarina Vywer, ’n groot geleentheid. Die Tweedejaars van die koshuis het dit goed gedink om die fontein, Chatarina Vywer, op die plein van Ratau, oor te doen en sommer met dieselfde geleentheid ’n glasie daarop te klink. “Die fontein is ’n simbool van die verbinding tussen die twee geboue – die vorm van ’n eenheid,” sê ’n inwoner, Gert Meiring. Die fontein is vernoem na die
vrou van die eerste rektor van die P.O.K., professor P.J. van der Merwe. Hulle sien Chatarina as die vrouefiguur van hul koshuis, na wie hulle moet omsien. Dit is alombekend dat albei geboue aan weerskante van die Chatarina Vywer, nóú aan Ratau Lebone behoort met die gevolg dat die manskoshuis verdubbel het. Die SR-voorsitter, Chrisna Kraaij, voel dat die drastiese verandering by Ratau Lebone ’n baie goeie besluit was. “Ratau is ’n goeie koshuis en met meer getalle gaan hulle net nóg hoër hoogtes bereik,” sê Kraaij. Min het verwag dat dié mans-
koshuis daarin sal slaag om die koshuis, wat nou in twee verdeel is, suksesvol te bestuur. DeWet Oosthuizen, primarius van Ratau Lebone, meen egter dat hierdie instelling baie goed werk. Die area om die koshuis voel soos hul eie eiendom en die ekstra geriewe is ’n bonus. “Dit is lekker om te sien dat daar nou ook aan die anderkant Ratau-manne is,” sê Oosthuizen. Nadat die lint voor Ratau Lebone Suid geknip is en elke inwoner die koshuis op hul knieë gegroet het, kan die inwoners van die koshuis nou met reg sê dat Ratau Lebone Suid aan hulle behoort.
This is a joined initiative by Wapad and AKSA
Die Koshuisraad en prims het onlangs 'n suksesvolle skakeltoer na Maties gehad.
FOTO: FRIK PRINSLOO
Skakeltoer ’n sukses
Koshuisraad en prims geniet skakeltoer MONIQUE VREY Die prims se skakeltoer na Maties het suksesvol verloop. Volgens Kevin du Plessis, Koshuisraad UK:Skakeltoere, was dit ’n baie lekker ervaring en het dit die prims ook die geleentheid gebied om ’n ruskans te neem. “Skakeltoere soos hierdie beoog grootliks om bande met die ander universiteite te bou, om die gevoel van ander kampusse te kry, om te
sien hoe hulle probleme hanteer, asook om ’n beter perspektief en oplossings te kry vir probleme wat ons kampus ervaar,” vertel du Plessis. Tussendeur die skakeling en gesprekke met die ander kampusse se SR, Beskermingsdienste, Inwoners en Voedseldienste (IVD) en prims, het ons eie prims ook darem tyd gehad om te ontspan en aktiwiteite soos wyntoere, bobsledding, kampustoere, bootritte
en die strand te geniet. “Die prims het almal ná die tyd gesê dat hulle bevoorreg is om op die NWU-Puk te kan studeer. Ons studentelewe en kampus is ver verby die ander kampusse,” brei du Plessis uit oor die terugvoer wat hy ontvang het. Die skakeltoer en die ander kampusse se anderse wêreld, het gehelp dat die prims die nodige kennis opdoen en dit terugbring na die NWU-Puk.
Debatspanne gereed vir nasionaal MONICA PIENAAR Die NWU-Puk se nasionale debatspanne is verkies en oefen reeds vir die ATKV-Nasionale Debat kompetisie in Pretoria. Daar is twee spanne van vier sprekers gekies, wat die NWUPuk by die nasionale kompetisie vanaf 12 tot 14 April gaan verteenwoordig. Die spanne bestaan uit Michelle Groenewald, Rona Swart, Marine Opperman, JayCee van Rooyen, Susan Jansen
van Rensburg, Leon Roets, Ruan Koch en Lizeri Mitchell. Die span oefen onder leiding van van prof. Paul Schutte, direkteur van die skool vir Kommunikasiestudies, en Corneels Schabort, ’n dosent in Chemiese Ingenieurswese. “Ons doel nou is om die dinamiek van die span te ontwikkel en om verhoudings met mekaar te bou,” het Michelle Groenewald, UK:Kunste en ’n lid van die nasionale span, gesê.
Volgens Groenewald het beoordeelaars tydens die koshuisdebatliga verskeie sprekers identifiseer en daarna is die finale sprekers gekies op grond van die punte wat hul tydens die liga behaal het. Eikenhof Dameskoshuis is die algehele wenners van die koshuisdebat-liga. “Ons is baie trots op Eikenhof en dit wys dat enige koshuis wat die tyd opsy sit om te oefen, maak nie saak hoe klein hulle is nie, die beker huis toe kan vat,” meen Schabort.
NUUS
23 MAART 2012
|3
Swanger studente in NWU-behuising
Swangerskapbeleid beskerm studente LIZANÉ TREURNICHT
D
ie Noordwes-Universiteit het ’n nuwe beleid oor die verblyf van swanger studente wat gebruik maak van kampuskoshuise of NWU-behuising. Die beleid bepaal dat die swanger dame wat van inwoning op enige van die drie kampusse gebruik maak, die huisouers in kennis moet stel van haar swangerskap binne twaalf weke. Dit is die student se verantwoordelikheid om alternatiewe verblyf te soek waar sy behoorlik versorg kan word tydens die laaste trimester van haar swangerskap. Volgens die jaarlikse ooreenkoms tussen die universiteit, alle vroulike inwoners en hulle ouers, onderneem hulle dat die swanger student haar kamer sal ontruim voordat sy 24 weke swanger is. Dié beleid is deur Lenie Kotzé, die maatskaplike werker van die Potchefstroomkampus se Gesondheidsorgsentrum geskryf. Dit is vanjaar vir die eerste keer geïmplementeer. Die studentedekaan van die Potchefstroomkampus, Rikus Fick, meen dat dié beleid verantwoordelike seksuele leefwyses onder studente gaan aanmoedig. Volgens Fick is daar “uiters prof e s s i o n e l e onder-
Die universiteit het nie ’n beleid teen swangerskap nie, maar oor swangerskap. steuingsdienste by die NWU beskikbaar vir studente wat voor drie maande van die swangerskap aanklop vir hulp.” Daar is geen fasiliteite vir babas in kampuskoshuise nie. Die swanger student word egter toegelaat om ná die bevalling terug te keer “indien sy dit verlang en ’n kamer beskikbaar is,” sê Kotzé. Volgens die beleid is dit in die belang van die swanger student en haar ongebore baba om die koshuis op 24 weke te verlaat. “Die rede hiervoor is dat geen HK-lede, koshuispersoneel of inwoners opgelei is om in die
geval van onvoorsiene omstandighede op te tree nie. Die universiteit het nie ’n beleid téén swangerskap nie, maar óór swangerskap,” sê Fick. Die feit dat die NWU die enigste universiteit in Suid-Afrika is wat ’n beleid hieroor in plek het, getuig volgens Kotzé dat die riglyne beskermend van aard is. “Die Gesondheidsorgsentrum bied gratis voorgeboortesorg, berading en volgehoue ondersteuning vir die volle tydperk van die swangerskap. Dit geld net vir studente wat by die ooreenkoms hou en voor twaalf weke by my kom aanklop vir hulp,” sê Kotzé. “Dit is duidelik dat die maatreëls nie bestraffend is nie, maar dat die beleid ingestel is om die student en ongebore baba te beskerm en ondersteun,” sê sy.
AfriForum stalletjie: besig met die petisie.
FOTO: KIRSTI VISSER
’n Inisiatief oor parkering
Petisie opgestel oor parkeerarea COLETTE BOTHA ILLUSTRASIE: FETALFACTS
•
Sowat 3% van alle swangervroue skenk geboorte aan ’n tweeling.
•
Ongeveer 10% van alle swangerskappe eindig in ’n miskraam.
•
Bevrugting vind plaas binne 24 uur van ovulasie.
•
Elke maand is daar ’n 20% kans van bevrugting.
•
Elke vrou sal swangerskap simptome in haar eie liggaam anders ervaar.
•
Die gemiddelde aanbevole tyd om ’n urienswangerskaptoets te neem, is ongeveer twee weke na ovulasie.
•
280 dae is die gemiddelde lengte van ’n swangerskap.
•
Die plasenta bereik volwassenheid by 34 weke.
•
Ongeveer 10% van vroue tydens swangerskap of na geboorte ly aan depressie.
•
Langer vrouens se kanse is groter om ’n tweeling te verwag.
•
Meer as 22% tweelinge is links-handig en slegs 10% gewone kinders is links- handig.
•
’n Kind wie se ma rook, se kanse is groter om ook self eendag te rook.
•
Vir elke ses swangerskappe is daar een miskraam.
•
Die longe is die laaste orgaan wat ontwikkel van die baba.
•
Ongeveer 10% vrouens ervaar depressie tydens en na haar swangerskap.
•
Een uit elke ses duisend babas word gebore met ’n tand.
•
Meer as 50% van swangervrouens ervaar rugpyn tydens swangerskap.
Inligting is saamgestel uit: www.welcomebabyhome.com.
Na aanleiding van onregverdigheid teenoor studente is daar ’n petisie opgestel oor die parkering agter die Regsgebou. Volgens Marcus Pawson, voorsitter van AfriForum Jeug is dosente genader om ’n bedrag van slegs R35 per maand te betaal om die parkering agter die Regsgebou te gebruik. Hierdie parkering gaan afgeskort word, sodat dosente alleenlik toegang tot hierdie parkering het. Studente aan die ander kant, wat nie ’n inkomste verdien nie, betaal ’n hoër bedrag van R59 per maand vir onderdakparkering. Pawson meen dat parkering oor die algemeen ’n groot probleem op die NWU-Puk is. “Die universiteit het nie ’n parkeringsplan nie, hulle maak slegs reëlings wanneer daar ’n krisis is,” sê Pawson. Die NWU-Puk het onlangs ’n opname onder personeel gedoen om belangstelling te toets of die parkeerarea teen die treinspoor, agter die Hoofgebou, slegs vir personeel gereserveer moet word.
Die universiteit het nie ’n parkeringsplan nie. Volgens Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die NWUPotchefstroomkampus, is die opname gemaak om parkeerplekke waar die meeste verkeer voorkom, eerder vir studente en besoekers te reserveer, terwyl personeel dan verder weg van besige areas moet parkeer. Scheppel voer ook aan dat enige persoon R59 betaal vir onderdakparkering, nie net studente nie. Die parkeerarea is nie onderdak nie, dus word daar slegs ’n bedrag van R35 gehef. Die parkeerarea wat gereserveer moet word vir dosente was slegs ’n voorstel. “Geen besluite is egter nog geneem nie, aangesien die skrywe aan personeel gedurende Februariemaand, slegs gedoen is om belangstelling te toets, sê Scheppel.
Rio Cafe THEHOME HOMEOF OFFISH FISH&&CHIPS CHIPS THE
BULT BULT
TRADING HOURS: 7:00 AM TILL LATEǀ ǀCONTACT CONTACT NO: 071 306 4914 TRADING HOURS: 7:00 AM TILL LATE NO: 071 306 4914 CLASSIC SQUARE ON THE CORNER OF STEVE BIKO AND BORCHERD STREET @@ CLASSIC SQUARE ON THE CORNER OF STEVE BIKO AND BORCHERD STREET
NUUS
4 |
23 MAART 2012
Wat as jy jou naam kon verander? Jané Fourie 2de Jaar Kasteel Bcom Fin-Rek
ANICA SCHEEPERS Vanjaar se Canvas sal in die duikweg plaasvind waar elke sleep ’n muur sal kry om die oorhoofse tema op uit te beeld. FOTO: FRANK DUVENHAGE
Canvas dra by tot duikweg se geskiedenis ANICA SCHEEPERS
V
anjaar se Canvas gaan in die duikweg plaasvind, om sodoende meer blootstelling aan hierdie geleentheid te gee. Volgens Izelle Mostert, SR-Kunste, gaan Canvas jaar na jaar, ongesiens verby en omdat daar daagliks honderde mense deur die duikweg stap, sal elke kunswerk nóú besigtig kan word. “Die duikweg is propvol geskiedenis en hoewel honderde studente daagliks deur die duikweg stap, is hulle nie eers bewus van al die stories wat die mure vertel nie.” Die skilder op die duikweg se mure het by die destydse Beeldende Kunste Departement begin. Só vertel Horst Bütow, hoof van Puk-Kunste. Hierdie departement het baie unieke en goeie kunswerke geskep. Vandag nog kan die kenmerkende BA (BK) op van die mure
Die duikweg is propvol geskiedenis en hoewel honderde studente daagliks deur die duikweg stap, is hulle nie eers bewus van al die stories wat die mure vertel nie. gesien word. Daarna het verskillende koshuise hul merk in die duikweg gemaak, maar dié tradisie stopgesit toe koshuise, as gevolg van jaloesie, vandalisties begin optree het. Met tyd het Alabama ook ’n muur gekry en kan hul kunswerk vandag nog in die duikweg gesien word.
SR-JOOL het steeds die voorreg om jaarliks die oorkoepelende tema uit te beeld, op ’n muur wat aan hulle behoort. Die NWU-Puk en SR-Kunste het dit goed gedink om vanjaar, weer die verskeie koshuise by die duikweg te betrek. Dus sal Canvas op 16 Mei in sleepverband plaasvind, waar elke sleep die oorhoofse tema op ’n muur in die duikweg gaan uitbeeld. Elke sleep sal 24 uur hê om hul kunswerk te voltooi – vanaf 07:00, die oggend van die 16de Mei, tot en met 07:00, die oggend van die 17de Mei. Beoordeling sal later die middag plaasvind. Daar word natuurlik gevrees, dat studente, soos in die verlede, vandalisties sal optree. SR-Kunste wil elkeen uitdaag om elke kunswerk te respekteer, sodat hierdie instelling ’n lewenslange tradisie sal word. “Ons hoop dat vandalisme sal afneem,” sê Mostert.
Famous Face
Indien jy jou naam kon verander, wat sou dit wees en hoekom? Nicolaas Nel 3de Jaar Privaat BCom Menslike Hulpbronbestuur Ek sou my naam verander het na Italian Stallion, want mense maak baie aannames daaroor – veral meisies!
As ek rêrig my naam moes verander, sou ek dit Kirsten maak, want dit klink so spontaan en fun! Lambert de Klerk 2de Jaar Over de Voor BA Psigologie, Geografie & Omgewingstudies
Ek sal nie my naam verander nie, want dit is ’n familienaam en ek’s die enigste man in die huis wat dit kan dra. Minuette van Nieuwenhuyzen 1ste Jaar Dinki BCom Ondernemingsbestuur
Jané van Aarde 2de Jaar Kasteel Bcom Fin-Rek
Nee, ek hou van my naam, ek sal nie ’n ander naam kies nie.
As ek my naam moes verander het, sou dit Jessica gewees het, sodat ouens vir my kon sing, “Jessica!”
Jean Olivier 5de Jaar – Honneurs Patria BCom Forensies
Ek sal my naam verander na Jean-Claude van Damme, want dan word die missing link vervul.
Maryke Koekemoer 1ste Jaar Wag-’n-Bietjie BA Kommunikasie
Ek sal eerder my van, Koekemoer, na Schlebusch toe wil verander, want dis ons primaria se van en sy is awesome!
Wat is St. Patrick's Day?
St.Patrick's Day, waar groen betekenis kry HELOÏSE VAN DER WALT
Adri Visser het al aan verskeie internasionale swemkompetisies deelgeneem en het sy selfs ’n SA-rekord gebreek. FOTO: JANI NOTHNAGEL
Adri het ’n passie vir die lewe
Meisie met vele talente leef voluit COLETTE BOTHA Sy is stralend, vriendelik en sy het wilskrag wat skrik vir niks. Hierdie Kempton Park meisie het al groot dinge in haar lewe bereik. Van Beijing tot Rio de Janeiro, het Adri Visser al aan swemkompetisies vir gestremdes deelgeneem en selfs ’n SA-rekord in 2011 gebreek. Sy het deelgeneem aan kompetisies soos die Paralim-
piese spele in Beijing, 2008, Nedbank National Championships for Physically Disabled, 2011 en die Midmar Mile in 2012, wat die grootste ope water swembyeenkoms ter wêreld is. Sy het onlangs haar diploma in Sportkunde voltooi en is tans besig om ’n graad in MBW en Sielkunde te doen. Soos meeste NWU-Puk studente is sy verslaaf aan series kyk en sy is ook lief daarvoor om scrap-
booking te doen. “Ek scrapbook al my swemfoto’s, wat nogal baie is, maar ek geniet dit.” Sy is betrokke by skole, kerke en koshuise waar sy gereeld motiverende praatjies doen om mense te motiveer om die beste moontlik te wees. “As ek dit kan doen, kan hulle ook.” Visser is ’n spontane persoon en sy is vasberade om al haar drome waar te maak.
’n Leksel groen hier, ’n skynsel groen daar, ’n dag om te onthou of vergeet sowaar. Slange in Ierland is glo deur hom verban en hy was ’n slaaf op ’n seerowerskip. Hoe feit en fiksie ook al sy, wat presies is St. Patricks Day? St. Patricks Day, afkomstig van Ierland, is ’n kulturele en religieuse vakansiedag wat op 17 Maart plaasvind, die dag wat St. Patrick glo die tydelike met die ewige verwissel het. “Here’s to a long life and a merry one. A quick death and an easy one. A pretty girl and an honest one. A cold beer – and another one!” weerklink ’n algemene St Patrick’s Day heildronk. Die dag word gekenmerk deur kerkdienste in die oggend, groen kleredrag en oormatige eet en drinkgewoontes ter feesviering. Paddy’s Day, soos die dag ook bekendstaan, herdenk die dood van St. Patrick, beskermheilige van Ierland. Dit word ook in lande soos Kanada, Australië en die Verenigde State gevier. St Patrick’s se oorspronklike kleur was eers blou gewees, maar het verander na groen in die 17de eeu met shamrock as simbool van
Here's to a long life and a merry one. A quick death and an easy one. A pretty girl and an honest one. A cold beer- and another one! die Heilige Drie-eenheid. Geestelike hernuwing en gebede vir sendingstasies oor die wêreld heen word met die dag geassosieer. In dieselfde sin is dit ’n geleentheid vir die vrye vloei van tiermelk en om ’n gek van jouself te maak onder die vaandels van Ierse optrede. Het jy vanjaar jou groen pakkie by die huis vergeet? Was jy onder die indruk St. Patrick’s Day is bloot die samevoeging van ’n naam en dag? Daar is hoop vir jou en jou denkwyse! Jy het bietjie minder as 365 dae om te vergroen en die simboliese slange uit jou lewe te dryf ! Soos die Iere sal sê, “continual cheerfulness is a sign of wisdom.”
NUUS
23 MAART 2012
Wyngilde: meer as net kultuur in ’n wynglas NADIA SCHULTZ
D
ie NWU-Puk Wyngilde se doel is om studente met ’n liefde vir wyn aan die wyntradisie en kultuur van SuidAfrika bekend te stel. Die Wyngilde bied formele- en informele aksies aan waar studente wyn kan proe en leer om dit
te evalueer. Hierdie jaar wil hulle ook uitbrei deur Whiskey- en Bierproe aksies te hou. Volgens Cindy Hayward, bemarking en Promosie, is die NWU-Puk Wyngilde “meer as net kultuur in ’n glas. Dit is ’n geleentheid om jou waardering vir wyn en ook wyn-
makers op te skerp en al jou sintuie in te span vir ’n nuwe en buitengewone ervaring - om kuns te ervaar!” Rouxdolf Wentzel noem dat “Wynkelders (Douglas Green, Laborie, Creation) dwarsoor SuidAfrika hulle wyn aanbied.” Aansoeke om aan te sluit by die NWU-PukWyngilde is nou oop.
Lidmaatskap die volgende voordele in: • Wyn-aankope teen kosprys by Overland Liquor • 'n Lidmaatskapkaartjie • Voorkeur by kaartjie-verkope • Afslag by aankoop van kaartjies • 'n Gratis botteltjie Claret-wyn • Inskrywing vir die gelukkige trekking • 'n Gratis aksie aan die einde van die jaar vir getroue deelnemers Vir meer inligting of om aan te sluit gaan kyk na die Facebook groep: NWU-Puk Wyngilde.
| 5
Wat gebeur in die buitewêreld? SAAMGESTEL DEUR LIZANÈ TREURNICHT
Clooney en pa word in hegtenis geneem Die akteur George Clooney en sy pa is van die betogers wat in hegtenis geneem is tydens ’n betoging voor die Soedannese ambassade in Washington. Clooney het saam met aktiviste betoog omdat aandag geskenk moet word aan die oorlog tussen Soedan en Suid-Soedan. Hulle is op borgtog vrygelaat.
Massamoordenaar word geïdentifiseer ’n Amerikaanse soldaat wat na bewering verantwoordelik is vir ’n massamoord in Afganistan, is geïdentifiseer as sers. Robert Bales. Dié soldaat se identiteit is bekend ná hy gearresteer is vir die moord op sestien burgerlikes waaronder nege kinders en drie vroue. Hy het sy basis te voet verlaat
Karlien hou Boeremark
Clooney het na sy onlangse besoek aan Soedan besluit om self in te spring deur aandag te vestig op die mensgemaakte krisis wat tans in Soedan afspeel. Hulle is gearresteer vir burgerlike ongehoorsaamheid. Clooney glo dat sy arrestasie die moeite werd was, omdat dit die wêreld bewus gemaak het van die krisis.
en van deur tot deur op inwoners geskiet. Hy het daarna van die lyke verbrand. Volgens sy prokureur kan die moorde as gevolg van Post-traumatiese stresversteuring wees, aangesien sy vriend se been die dag voor die moorde langs hom afgeblaas is.
Menseregte van ontsnapte mans geskend Drie mans wat ontsnap het uit die Pretoria Sentrale Gevangenis, is tydens hul ontsnappoging weer in hegtenis geneem. Die Juridiese Vereniging van Suid-Afrika is woedend omdat dié mans se basiese menseregte geskend is toe hulle voor die kam-
eras tydens ’n mediakonferensie ondervra is. Hulle meen dat die optrede teenstrydig is met die wet op korrektiewe dienste (1998) wat stipuleer dat gevangenes in aanhouding gehou moet word onder toestande van menswaardigheid.
UJ student dood na onwettige aborsie Karlien se Boeremark was vanjaar 'n reuse sukses.
FOTO: IAN ODENDAAL
Kom besoek ons op die Bult!
(018) 294 3253
’n Tweedejaar damestudent is dood in haar koshuiskamer gevind ná ’n onwettige aborsie wat moontlik skeefgeloop het. Nuus24 het berig dat Ayanda Masondo (20), ’n student in Menslike Hulpbronne van Newcastle, KwaZulu-Natal in haar koshuiskamer gevind is waar sy glo teen die deur in haar
kamer in die koshuis Benjemijn geleun het. In dié stadium wil dit lyk asof ’n onwettige aborsie die oorsaak van haar dood kan wees. Daar was volgens paramedici baie bloed op die toneel. Die ondersoek sal later meer duidelikheid en antwoorde oplewer.
Gradeplegtigheid seëvier
ÎÎ NWU ken meer as 4000 grade op Potchefstroom toe. ÎÎ Meer as 4 060 grade, diplomas en sertifikate is by vanjaar se fakulteitsgradeplegtighede van die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit toegeken. ÎÎ Die meeste grade is in die Fakulteit van Ekonomiese en Bestuurswetenskappe toegeken waar 1 234 studente hulle BCom-grade ontvang het. Hiervan het 378 hulle Honneursgrade ontvang. ÎÎ 421 grade is in die Fakulteit Natuurwetenskappe toegeken waarvan 143 Honneursgrade is.
HET JY GEWEET?
GRATIS PHOTOCHROMIC (VERDONKERING) TINT OP GLAS LENSE Aanbod geldig tot einde April
Met die sluiting van die eertydse Departement Spraakleer en Drama in 1993 het die Kleinteater daarmee saam verlore gegaan. Die behoefte aan so ’n fasiliteit het egter bly bestaan. Met die ontwikkeling van die Cachetpark-winkelkompleks het die toenmalige Rektor, prof. Carools Reinecke, die ideaal gekoester om weer ’n kleinteater te vestig, en wel as deel van die nuwe ontwikkeling. So is die Cachet-kleinteater in Junie 1998 amptelik deur die Voorsitter van die Puk-Raad, dr. Bart Grové. geopen. ’n Verskeidenheid kunstenaars het ook al in die Cachet-Kleinteater opgetree - onder andere Patrick Mynhardt, Jana Cilliers en Elize Cawood. DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUMNIKANTOOR
KUNS & VERMAAK
6|
23 MAART 2012
Kuns Vermaak
One Crown, die Christelike band wen ’n Ghoema-toekenning.
FOTO: ROCHELLE GROVE
Die persoonlikhede agter die Ghoema HELOÏSE VAN DER WALT
D
ie Christelike band, One Crown, bring die eerste Ghoema-toekenning Potchefstroom toe. Die Ghoema Afrikaanse Musiektoekennings staan bekend as die eerste onafhanklike toekenningsgeleentheid in Suid-Afrika, met kykNET en Jacaranda 94.2 as mediavennote. One Crown het die Ghoematoekenning vir die beste rockalbum van die jaar gewen by vanjaar se toekennings wat gehou is
by Carnival City Big Top Arena in Brakpan. Die band bestaan onder andere uit Hendri Hofmeyr, sanger en kitaarspeler, Lourens de Jongh, lead-kitaarspeler, Werner Taljaard, dromspeler en Ryno Jansen op die bass. Hulle is ook betrokke by die skryf en komponering van al hulle musiek. “Dit beteken veral vir ons baie aangesien ons teen die sekulêre mark gekompeteer het,” voer De Jongh entoesiasties aan. “Vir ons as Christelike band
Goeie show vir goeie doel
is dit belangrik om ons musiek so goed te maak dat dit nie saak maak waarin jy glo nie, maar dat jy nogsteeds na die musiek wil luister,” voeg Hofmeyr by. Hofmeyr, Lourens en Jansen was saam op skool gewees, maar die band het eers vier jaar gelede vorm aangeneem in hulle studentedae. “Die naam van ons band kom van die feit dat daar net een lewende God is, ons lewe vir Hom en die band is vir Hom. Dis ’n lewensstyl,” is deur Hofmeyr gesê.
Watter vooruitsigte is daar vir One Crown? Eerstens wil hulle aangaan waarmee hulle besig is. Hulle missie is nie om famous te wees nie en beskou One Crown as ’n roeping om ’n boodskap te kommunikeer deur hulle talent. Verder gaan hulle vanjaar druk werk om hulle derde album op die rakke te bring. Hulle bron van inspirasie kom vanaf die Bybel en die gebroke wêreld waarin ons leef, asook die feit dat hulle ’n verskil wil maak. “Ons wil net dankie sê aan al-
mal se stemme, ons waardeer dit. Ons is dankbaar om die eerste Ghoema Potchefstroom toe te bring,” voer Hofmeyr aan. Hou gerus die kassie dop, want kykNET saai die spoggeleentheid 29 Maart om 20:00 uit. One Crown hou ook ’n CD launch en ’n gratis dankie-sê show die 25ste Maart in die Oudit, 16:00 vir 16:30. “Geluk word nie gemeet aan hoe goed jy doen nie. ’n Mens is altyd opsoek na meer, maar as jou identiteit in God is, sal jy nie teleurgesteld wees nie.”
Kunstenaars word vereer
Eerste Vredefest in Potch Ghoema-toekennings - die wenners is hier DEANNE BOYD
NADIA SCHULTZ
DIE WENNERS IS:
Die eerste Vredefest in Potchefstroom vind op 13 April plaas. In samewerking met PUKfm word daar Donderdag, 12 April, ’n bewusmakingsveldtog oor Borskanker en Testikulêrekanker in Lovers’ Lane gehou. Hierdie dag dien as ’n oploop na die groot Vredefest. “Die veldtog maak hierdie awkward onderwerp meer toeganklik en dis makliker om daaroor te praat,” verduidelik Amore Truter, PUKfm Stasiebestuurder en ook organiseerder van die konsert in Potchefstroom. Die Vredefest Foundation is gestig deur Herman Pretorius, wat op ’n vroeë ouderdom oorlede is aan kanker. Henré Pretorius, sy broer, bou steeds voort aan die veldtog, om geld in te samel en jongmense met kanker by te staan. “Ek glo dat iets soos my boetie se dood nie gebeur sonder dat dit ’n impak op jou lewe het nie,” het Henré Pretorius in ’n onlangse onderhoud gesê. “Die keuse om in depressie te verval of iets positiefs soos Vredefest Foundation daaruit te ont-
Vanjaar se Ghoema-toekennings het plaasgevind op Sondag 11 Maart by Carnival City en daar was geen groot verrassing nie. Juanita du Plessis en Steve Hofmeyr was uitblinkers by die geleentheid en het albei weggestap met Diamantpryse vir die totale albumverkope van hul loopbane. ’n Toeskouer het die aand beskryf as: “Baie opwindend met baie famous mense en glamour.” Ghoema-toekennings is bedoel om Afrikaanse kunstenaars te vereer. Volgens die amptelike kriteria dokument is die Ghoema-Musiektoekennings, “die amptelike onafhanklike toekenningsgeleentheid waar kunstenaars, musiekgroepe en liedjieskrywers van die Afrikaanse musiekbedryf vereer word vir sekere prestasies oor ’n spesifieke periode.” Ander kunstenaars wat die gehoor aan die praat gehad het was One Crown wat die Beste Rockalbum gewen het en Heuwels Fantasties het Album van die jaar, Beste Groep van die jaar en Beste Alternatiewe album gewen.
BESTE NUWELING - ADAM (Liefdesoldaat)
Al die fondse word ingesamel om jongmense met kanker by te staan.
gin, lê by jouself,” verduidelik Pretorius verder. Die line-up vir die Vredefest in Potchefstroom is Bruce Noble, Moses Metroman, Wrestlerish, Zebra & Giraffe, Taxi Violence en Gazelle. Die kaartjies beloop R50 by die PUKfm Studio vanaf 21 Maart, of R60 by die hekke. Al die fondse word ingesamel om jongmense met kanker by te staan. Die doel is om bewusmaking by jongmense te kweek. “As kanker in ’n vroeë stadium ontdek word en aggressief behandel word kan dit genees word,” het Pretorius gesê.
BESTE MANLIKE KUNSTENAAR - Steve Hofmeyr BESTE VROULIKE KUNSTENAAR - Karlien van Jaarsveld BESTE GROEP VAN DIE JAAR - Heuwels Fantasties ALBUM VAN DIE JAAR - Wilder as die Wildtuin LIEDJIE VAN DIE JAAR - Bobby van Jaarsveld (Kan ek met jou praat) BESTE KONTEMPORêRE ALBUM - Steve Hofmeyr (Haloda) BESTE GEESTELIKE ALBUM - Juanita du Plessis (Wees Lig) BESTE HUMOR-ALBUM - Sorina Erasmus (Ek watch jou) BESTE KINDER-ALBUM - Helena Smith (Luidkids 2) BESTE ALTERNATIEWE ALBUM - Heuwels Fantasties (Wilder as die Wildtuin) BESTE ROCK ALBUM - One Crown (Verander Vir ander) BESTE TRADISIONELE ALBUM - Die Penkoppe (Kan nie kla nie) BESTE INSTRUMENTALE ALBUM - Charl du Plessis (Shangai Brunch) BESTE COUNTRY-ALBUM - Sarah Theron (Storm in ’n D-cup) BESTE ‘LIVE’ DVD - Romanz (Ek sal getuig) BESTE ‘LIVE’ ENSEMBLE DVD - Verskeie Huisgenoot Skouspel BESTE MUSIEKVIDEO - Karlien van Jaarsveld (Jakkals trou met Wolf)
|7
KUNS & VERMAAK
23 MAART 2012
FLIEK TOMAAN The Iron Lady
Celli-familie bekoor gehore.
FOTO: VERSKAF
Twaalf tjelliste en sopraan
Celli-familie lewer ’n uitmuntende konsert DEANNE BOYD
D
ie Celli-familie wat uit twaalf tjelliste en ’n sopraan bestaan, het Potchefstroom vir ’n tweede keer besoek sedert September 2009. Musiekliefhebbers is vermaak met ’n unieke program van musiek wat nie so gereeld in SuidAfrika aangebied word nie. “Die tjello-klank was opsigself ryk en strelend en die uitbreiding daarvan tot twaalf stemme het gesorg vir ’n weelderige klankervaring,” het Jaco van der Merwe van die Skool vir Musiek gesê. Die konsert was alles behalwe
Die insluiting van vier Suid-Afrikaanse tjelliste by die groep het kulturele kruisbestuiwing bevorder.
’n herhaling van hulle vorige optrede en as deel van die vertoning is daar vier Suid-Afrikaanse tjelliste by die ensemble ingesluit. Die byvoeging van die sopraan,
Tidal Waves in aksie.
Natasia Dokalou, by sommige van die items, het gesorg vir variasie in die klankkleur. Dit het ’n opwindende dimensie tot die sangerige klanke van die tjello’s gebring. “Die insluiting van vier SuidAfrikaanse tjelliste by die groep het kulturele kruisbestuiwing bevorder en was vir albei nasionaliteite waardevol,” sê van der Merwe. Die program het ’n wye verskeidenheid werke ingesluit, van Middeleeuse Canzona tot hedendaagse musiek, sowel as verwerkings van die Argentynse tango-komponis, Astor Piazzolla.
FOTO: FLYINGHORSE PHOTOGRAPHY
Tidal Waves rock Memphis
Die fliek waarvoor die legendariese Meryl Streep genomineer is vir ’n Oscar, The Iron Lady, handel oor die lewe van Mageret Thatcher, Engeland se eerste vroulike minister. In die film word daar uitgebeeld hoe Thatcher van ’n eenvoudige winkelassistent gaan na wêreldberoemd. Sy wroeg om van haar lae-klas stempel ontslae te raak en ook om deur die eng geslagversperring te breek om haar titel te verdien. Die fliek gee ’n goeie boodskap deur tydens die geveg vir mag en ’n suksesvolle land. Dit is inspirerend en ’n mens voel goed na die film. Die fliek speel ook in twee dele af wat die huidige Margaret Thatcher uitbeeld en gaan dan gepaard met terugflitse van gebeurtenisse in haar lewe. Die film spog met uitstekende uitbeelding van die tydperk, beligting en grimering. Oor die algemeen is die ensemble spel van al die ander akteurs (Jim Broadbent, Alexandra
FOTO: COLLIDE.COM
Roach en Olivia Colman) goed. Streep se spel is soos altyd briljant. Kykers sal moet sien of hulle saamstem. ’n Inspirerende 7.5.
SAMA nominasies
SAMA se sterre vir 2012 JIMMY PRESSLY & HELGAARD ERASMUS Die SAMA-toekennings vind dié jaar vir die 18de keer plaas. SAMA is die grootste musiek toekennings-funksie in Suid-Afrika omdat dit ’n wye verskeidenheid van genres dek. Soos elke jaar is talle Suid-Afrikaanse musikante genomineer. Hierdie spoggeleentheid vind plaas op 29 en 30 April by Sun City. SABC 1, MTN, Heineken en Edgars borg met trots die geleentheid. Wapad het gaan ondersoek instel om te sien wie die jaar in die tou staan vir ’n klop op die skouer en ’n trofee. Snotkop en Izak Davel is beide genomineer in die kategorie van Beste dans/sokkie. The Dirty Skirts en Heuwels Fantasties jam dit dan uit vir die Beste alternatiewe album. Groot Afrikaanse name soos Chris Chameleon, Coenie de Villiers en Elvis Blue spog met die
SAMA is die grootste musiek toekenningsfunksie in Suid-Afrika. nominasie vir Beste volwasse kontemporêre album. aKing se Red blooded Years en Van Coke Cartel se Wie’s bang staan altwee ’n kans om ook weg te loop met ’n toekenning in die kategorie Beste rock-album. The Parlotones en Goldfish se musiekvideo’s is beide in lyn vir ’n toekenning. Nog name om dop te hou is kunstenaars soos Joe Niemand, Lady Smith Black Mabazo en Jozi.
Indien jy wil adverteer, kontak:
Original music for original people GILLIAN BUSH Tidal Waves het studente op hulle tone gehad met egte Suid-Afrikaanse reggae in Memphis Rock verlede Donderdag. Die opening-band vir die aand was Kite Rider. Hulle is nog relatief nuut op die musiek scene en het aan die einde van 2011 hulle eerste single, Split an Atom, bekendgestel. Die lede bestaan uit Jon Savage (van Cassette), Friso Woudstra (van Cassette), die legendariese bass speler, Tebza Sedumedi (HHP) and Tino Damnbaneunga (HHP). Jon Savage beskryf hulle genre as indie rock dance pop. Jon Savage verduidelik: “Kite Rider is ’n
band, net soos enige ander band, maar net uniek en anders.” Die hoogtepunt van die aand was Tidal Waves, met net onder 7000 likes op Facebook. Hierdie band verseker ’n wye verskeidenheid en unieke songs met ’n Original Reggae, blues, rock, Ska en Mbaqanga genre. Die band bestaan uit Jacob “Zakes” Wulana (kitaar, vocals, harmonica), Sam “Drumbo” Shoai (dromme, vocals), Shadrack “Charlie” Mathopa (bass), Mr. Jaco Mans (kitaar) en Johannes “Charlie P” Papasha op klawerbord. In April 2010 is Tidal Waves aangewys as die official house band vir die South African Music Awards (SAMA’s).
Hulle verskyn ook in die dokumentêr, Marley Road Trip, wat tans op Discovery World (DSTV) wys in meer as 30 lande. “Our fifth album, Manifesto, is a powerhouse album but we are looking forward to releasing our next one soon. Our philosophy will always be: original music for original people!”���������������� sê ������������ Zakes, hoofsanger. “Kite Rider was oraait, maar ek het die lekkerste gedans en boogy op Tidal Waves. Hulle performance was suiwer Suid-Afrikaanse reggae, ” aldus Carli Erasmus, grafiese ontwerp student. Indien jy Tidal Waves gemis het kan jy by vanjaar se Splashy Fen dans op die beats van hierdie ongelooflike en unieke band.
by 018 299 2875 of stuur ’n e-pos na wapad@nwu.ac.za
Like op en word deel van die gesprek!
8|
23 MAART 2012
Redaksionele
Kommentaar
Janine Nel 23 MAART 2012
Wag is die moeite werd Het jy al vir iets betekenisvol gewag en die tyd omgewens? Het jy al gewens dat die tyd kan stil staan? Ek het opnuut besef dat die afwagting van ’n betekenisvolle gebeurtenis en die bietjie spanning wat met dit gepaardgaan, sin gee aan die lewe. In ons gejaagde lewe leef ons in roetine, jaag die lewe by ons verby en vergeet ons om sinvolle oomblikke in te drink. Goeie wyn, goeie kos en random roadtrips saam met tydlose vriende is onvergeetlike Die volgende Wapad verskyn 12 April 2012
oomblikke wat eendag die storie van die plooie op jou gesig gaan vertel. Om terug of vorentoe te kyk, staan in die pad van die ongelooflike oomblikke wat jy nou kan ervaar. Die punt is, moenie tyd om wens nie. Moenie wens dat jy tyd kan terugdraai nie. Verspeelde tyd is vir altyd verby. Leef vir nou, maak tyd vir die dinge wat vir jou belangrik is, leef voluit en leef met intensiteit.
Kernredaksie
HOOFREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) ADJUNKREDAKTEUR: Lizané Treurnicht (082 376 8046) INHOUDSREDAKTEUR: Gerna Coetzee (079 888 6185) TEGNIESE REDAKTEURS: Janine Nel (073 206 9876) en Monique Vrey (076 147 2474) SPORTREDAKTEUR: Carli Koch (078 357 3422) SKAKELING & BERMARKING: Johan le Grange (083 641 8096) FOTOGRAFIE: Frank Duvenhage (071 118 1312) TEKSVERSORGING: Marcelene Jordaan (083 656 0899) GRAFIKA & WEBMEESTER: Linél Malan (074 130 8301) TEKSVERSORGERS: Nicolene Maree, Tersia Landsberg, Marleny Arnoldi, Madeli du Plessis en Annemarie Schoeman. MEDEWERKERS: Elsabe Oosthuizen, Amanda van der Walt, Rachél du Preez en Anlerie Cilliers.
Chrisna Kraaij
M
iddag NWU-Pukke! Dit is amper vakansie en die akademie druk, maar ten spyte daarvan wil ek julle bedank vir jul positiewe gesindheid en dat julle die Studenteraad se aktiwiteite ondersteun. Dit het onder my aandag gekom dat daar oor ’n paar sake nie heeltemal duidelikheid is nie, dus wil ek die geleentheid gebruik om die feite aan julle voor te hou: Dit is met groot hartseer dat ons nie ons jaarlikse Intervarsity tydens Augustusmaand hierdie jaar kan hou nie. Soos jy in jou NWU-Puk-dagboek kan sien, was die datum geskeduleer vir die 11de Augustus en het ons almal baie daarna uitgesien. Kovsies het met die versoek gekom dat ons Intervarsity skuif na die eerste semester. Hulle het gevoel dat al die provinsiale spelers (van albei kampusse) nie tydens Augustus beskikbaar is nie en hulle nie met reserwes wil speel nie. Vir die afgelope 69 jaar werk dit al so en daar was nog nooit klagtes nie. Ons kon ongelukkig nie ’n datum in die eerste semester vind wat almal pas nie weens ons besige studentelewe en akademie. Die Studenteraad en Bestuur besef hoe belangrik hierdie tipe aktiwiteit en tradisie is vir ons studente. Ons het dus besluit dat ons uit ons pad sal gaan om iets alternatiewelik (soortgelyk aan die tradisionele Intervarsity) tydens die naweek van 11 Augustus te probeer reël.
Ek hou julle op hoogte sodra ons planne in plek en gefinaliseer is. Die nuwe wet op groot geleenthede is in plek en ons as studente moet ongelukkig hierby aanpas. Enige gebeurtenis wat op ’n terrein aangebied word wat meer as 2000 mense kan huisves (dus enige oop gedeelte op kampus) vereis dat ’n Events Bill uitgeneem word. Daar moet reeds ses maande voor die aksie plaasvind, aansoek gedoen word vir toestemming. Die slegte ding is dat die NWUPuk geen beheer oor die proses het nie en die gebeure word deur Beskermingsdienste aan die polisie in Pretoria oorhandig waarna hul verantwoordelik is om die proses te voltooi. Ons leef in ’n sensitiewe era en in ’n tyd van verandering en ons moet nuutskeppend dink om dieselfde uitkomstes te kry. Daar is partykeer goed wat verander moet word en weggevat moet word, maar dit is nie omdat die NWU-Puk wil moeilik wees en ons ontneem van ons tradisies nie. Dit is slegs om seker te maak dat ons binne die wette van die land optree. Indien jy enigsins voel dat besluite wat geneem is onnodig is, kom sien my asseblief dat ons kan kyk of ons iets daaraan kan doen. Die SR sal alles in ons vermoë doen om julle te help om jul unieke koshuislewe te beskerm. Ons werk SAAM met julle NIE TEEN julle nie en wil graag weet waar ons julle kan bystaan.
SUDOKU
SR-voorsitter
23 MAART 2012
|9
Gasskrywer
Kommentaar Gasskrywer: Maatskaplike werker by Gesondheidsorgsentrum
’n Paar feite oor aborsie
It means hope Die sterkste regterhand op kampus behoort aan die Rektor. Hoeveel duisende handdrukke en verlepte glimlagte moes hy nie oor die laaste paar weke uitdeel nie? Hoe kry hy dit reg om by elke liewe plegtigheid met soveel waardigheid Bless your Lord oh my mother, te sing? Ek dink ons onderskat soms die uitmergelende opofferings wat ons owerhede bereid is om vir ons te maak. Ek haal my stowwerige ou BKB-hoedjie vir u af ! So gepraat van hoede, oom Totius smile te lekker as die gegradeerde dames hulself so om hom gooi. Meisies rek en strek onbeskaamd oor die legende, terwyl Pappa soos ’n Sports Illustrated fotograaf tussen die plante deur duik om ’n foto uit elke windrigting van sy dogter te neem. Die ou Dopper se vrou vreet sy hoed op as sy moet uitvind op hoeveel foto’s Totius saam ander meisies al gepose en gepout het. Ek wonder hoe voel die Regspersoneel oor al hierdie foto’s wat so op hul voorstoep geneem word? Vir drie weke word alles wat jy in jou kantoor doen vasgevang op foto’s. Wat as jy vinnig ietsie uit jou neus moet verwyder? Ek wonder of daar êrens in iemand se huis ’n NWU-Puk-graadvangfoto hang waar daar in die agtergrond ’n regspersoneel-lid vasgevang is wie besig is om te grawe vir diamante? (Moenie my dagvaar nie! Dis net ’n grappie!) Dis so warm en wolkloos deesdae. As jy my vra is dit die perfekte toestande vir ’n goeie tan-sessie.
M rued keirbuR a r ht n ni
DEUR:
Lenie
Kotzé
A
borsies is gewettig in SuidAfrika met die inwerkingstelling van Wet 92 van
1996. Die dood van die Johannesburgse tweedejaar damestudent wat moontlik gesterf het as gevolg van aborsie, het weer die aandag gevestig op die gevaar van abortering. Dit is so jammer dat soveel jong meisies ’n oningeligte besluit neem om die ongebore baba te laat aborteer uit vrees vir hul ouers en nie die nodige ondersteuningsnetwerk het nie. Aborsie is moord en hoewel die wet ingestel is om onveilige agterstraat-aborsies te voorkom neem die statistieke van die terminering van lewe drasties toe. ’n Wettige aborsie is nie altyd die beste oplossing vir ’n onbeplande swangerskap nie. Pre-aborsie berading is dus uiters noodsaaklik sodat die dame ’n goed ingeligte besluit
HIERDIE IS DIE OPINIE VAN DIE RUBRIEKSKRYWER EN NIE DIE KOERANT S'N NIE.
kan neem in belang van haar en die toekoms van haar baba. Die onbetrokkendheid van die biologiese vader is dikwels een van die grootste oorsake dat sy besluit om vir ’n aborsie te gaan. Al die inligting kan oorweldigend wees, vir al in die geval van ’n student wat nog moet studeer. Om swanger te raak is ’n seëning, ’n geskenk uit die hand van God. Dit is juis om hierdie rede dat ons studente aanmoedig om by die Gesondheidsorgsentrum te kom aanklop vir hulp sodat hulle ’n ingeligte besluit kan neem. Aborsie in Suid-Afrika word uitgevoer tot op twaalf weke van swangerskap by staatsklinieke. Aborsies is wettig tot op 20 weke van swangerskap. Die feit is dat die bondel selletjies tydens bevrugting al die genetiese potensiaal van ’n mens bevat. Die baba se hart begin drie weke na bevrugting klop. Op ses weke is breingolwe
Studentwees, ons almal se blomtydperk
As student besef mens nie hoe lekker dit is om hier te wees vir die tydperk wat ons studeer nie. Hulle (wie ook al dit is) sê altyd dis die beste tyd van jou lewe! Net om seker te maak jy is bewus van hierdie feit, is hier tien dinge wat spesifiek kyk na hoekom dit so lekker is.
MARTHINUS BESTER IS 'N VRYSKUTSKRYWER WAT BESIG IS MET GRADE IN REGTE EN TEOLOGIE EN WIL DIT GRAAG VOLTOOI SODAT HY KAN GAAN BOER.
Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875
Die lewe is kosbaar. Die lewe is ’n geskenk.
KEVIN DU PLESSIS
ster Be us
us Be ster
‘
iek deur M a r thi ubr n nR
‘
Watter beter plek is daar om ontbloot te lê en son te vang as styf teen die Calfyn? Sal dit nie daardie groepie gillende graadvangende vriendinne se graadvang-photoshoot soveel cooler maak as ek op my lilo in die fontein rond dryf nie? Nou die dag keer ’n togagetooide dame my voor. “Can you take a picture of me and my family please?” “Yes, sure.” Sy gee vir my die mik-endruk kameratjie en trippel om by haar familie aan te sluit voor die fonteine. Ek sit my oog teen die stowwerige lensie. “Stand closer please,” sê ek. Dis moeilik om ’n gesin van 14 of 15 in ’n mik-en-druk in te pas. Die graadvanger staan in die middel van die bondel. Ma en Pa staan aan weerskante. Ma lyk soos ’n Afrika koningin in haar tradisionele Ndebele-drag. Pa sweet verskriklik, dis die eerste keer na sy troue wat hy weer ’n pak moes aantrek. Die boeties in hul pastel satynpakke, hul glimlagte is amper so groot soos hul straatmark sonbrille en die sussies lyk soos strooimeisies by ’n troue. Na die foto word daar heenen-weer gedruk en gesoen. “Congratulations,” sê ek vir die pa. “She is the first one,” se hy. “Your eldest child?,” vra ek. “No, she is the first one in our family to get the degree”. Vir ’n oomblik hou ek die familie se feesvieringe dop. “What is her name?” Sy lagplooie trek terug van lekkerkry. “Thembi, it means hope.”
waarneembaar. Die baba het vingerafdrukke op nege weke. Teen twaalf weke kan die baba hitte, aanraking, lig en geraas voel. Al die liggaamsfunksies werk en die baba weeg 28g en is ongeveer 6cm lank. Dit is duidelik dat die baba lewe en dat die beeïndiging van lewe moord is. Die mees algemene metode van aborsie wat gebruik word, is die suigproses, waar die ongebore baba en die nageboorte uit die baarmoeder gesuig word. Aangesien die baba aanraking kan voel, weet hy/sy wanneer dié apparaat die veiligheid van die baarmoeder binnedring. Die baba voel gevaar aan en is lewendig wanneer die liggaam soms stuk-vir-stuk uit die baarmoeder gesuig word. Die swangerskap is beëindig maar die fisiese en psigologiese skade sal die vrou altyd bybly. Wanneer ’n swanger student my kantoor verlaat beskik sy, en indien moontlik ook die biologiese vader oor voldoende inligting om ’n baie goed ingeligte besluit te neem asook die verantwoordelikheid te neem met betrekking tot hul besluit en die toekoms van hul ongebore baba. Dink voor jy doen. Die lewe is kosbaar. Die lewe is ’n geskenk. Die baarmoeder is dalk in jou liggaam, maar die lewe daar binne is deel van God se plan.
Tyd. Ons bind onsself nie aan iets so alledaags nie. Ons gaan slaap eers 02:00 in die oggend en skrik wakker as dit etenstyd is en gaan lê dan weer sonder om te skuldig te voel. Jy sal mos die volgende klas bywoon. Dit maak nie saak watter tyd van die dag of week dit is nie, daar sal altyd ’n kuier te vinde wees waar jy kan ontlaai deur alle inhibisies te ver-
Briewe
loor of te lag vir die ander wat dit doen. Studentelewe-aksies. Mens weet nooit regtig wat die punt daaragter is nie, maar dis lekker. Soos hoekom hou ons kaalvoetdag? Ek weet nie, maar ek druk nietemin my voet in verf in en plak hom neer op ’n stuk lap. Jy is in ’n nowhereland tussen grootmens en kind. Jy lewe soos ’n volwassene, maar jy het niks van die verantwoordelikheid of stres oor rekeninge en geld nie, en jy is nog nie verrimpeld nie. Daar is nooit ’n tekort aan vriende nie. Daar is plek vir elke tipe op die NWUPuk, hetsy jy pienk, groen of geel is, of jy hippie, emo of jock is, of jy vet, maer of lelik is, daar is altyd iemand wat jou gaan jammer kry om later uit te vind jy is eintlik nie te bad nie. Jy nooi hulle na jou troue toe. Gepraat van trou, baie van ons sal ons sielsgenote hier vind. Sommiges het reeds, en ander wag nog. Die laasgenoemde is veral hartseer, en raak dikwels oorryp in die wagproses en raak te oud om iemand te ontmoet. Hulle word gekenmerk deur hulle liefde vir katte.
Ombudsman
Dan is dit ook die tyd vir herinneringe maak. As jy eendag oud en vrot is, gedump in een of ander ouetehuis, sal jy jou kleinkinders by Kersfees vertel van die dae toe die SS-pastei nog twee tiekies gekos het en jy kaal oor die bib se gras gehardloop het. Hulle gaan nie kan glo dat jy eens op ’n tyd kon hardloop nie. Ons is die geleentheid gegun om te leer! Om te leer hoe om Kings te speel in die Draak, hoe om kegstands te doen, hoe om iemand op te chat sonder om een keer te praat, hoe om boetes geskrap te kry en hoe om verskonings te maak vir klasse wat jy gemis het a.g.v babelas. Jou universiteitsdae is lekker want hier word jy gevorm as ’n mens. Deur alles uit te toets wat jy nog nooit kon met jou ouers wat oor jou skouer loer nie. Hier doen jy als wat jy jou kinders gaan verbied. Maar meeste van alles, is dit lekker om elke tweede Donderdag die Wapad op te tel en te lees oor dinge wat vir die res van die wêreld absoluut niks beteken nie. Dit laat jou uniek, spesiaal en ingelig voel as ’n student in jou blomtydperk.
As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za
10|
SPORT
23 MAART 2012
Damessokkerliga
Damessokker lewer naelbyt eindstryd MARGARETHA CILLIÉ Wanda en Kasteel het as oorwin� naars uitgetree tydens die sokker� liga. Die damessokker het vanjaar hoë gehalte in die twee eindstryde van die premier- en super-liga kategorieë gelewer. Wanda 1 het teen VMN 2 in die super-liga gespeel. Albei spanne het uitstekende sokker gespeel en sodoende vir ’n naelbyt wedstryd gesorg. Die twee spanne was na speel� tyd gelyk met 0-0. Wanda het die leiding geneem en met 1-0 in die uitspeelhoue gewen. Tydens die premierliga eind� stryd het Kasteel 1 te staan gekom teen Heide 1. Hierdie finaal het ook spelers op hul tone gehou. Na speeltyd was albei spanne gelyk met 1-1 en uitspeelrondtes moes besluit wie as
Mans wenners: Patria se sokkerspan.
wenners van die premierliga uit� tree. Kasteel het hul staal getoon en met 3-1 in die uitspeelhoue gewen. Hierdie toernooi dien as ’n oefening vir die winterliga wat die 19de Maart begin en in Augustus eindig. “Dit gee die spanne ’n geleentheid om hulle spelers finaal te kies asook om die spelers bekend te maak met die sokker reëls,” sê Dries van Zyl, UK: Sokker. Volgens Van Zyl kom daar baie potensiaal van die damessokker na vore tydens hierdie liga. “Sokker is die vinnigste groei� ende sport op die NWU-Puk. Daar word baie belangstelling getoon en die dames toon goeie verbetering,” is Tewie Human, ondervoorsitter van koshuisliga sokker se opinie oor damessokker. Kyk uit vir die winterliga wat nog opwindende sokker gaan oplewer.
FOTO: JANINE MOLLER
Patria wen sokkerliga
Patria superior in Premier-liga WYNONA LOUW Patria Manskoshuis het ’n��������� 2-0 ���� oor� winning behaal in ’n onversetlike ontmoeting met hulle kompetisie, Over de Voor om sodoende hul stand as heerders van die 2012 Premier-liga sokkertoernooi in te neem. Die eindstryd het van die aan� vangs af al geblyk om moeilik te wees. Beide spanne het gesukkel om die aanval binne die opposisie helfte te hou, maar dit was im� mers Patria wat daarin geslaag het om eerste ’n doel aan te teken. Tiki Maila, wat die eerste sowel as die tweede doel vir Patria binne die boks geskop het, het deur ontwykende spel en goeie kommunikasie dit reggekry. “Patria het verlede jaar in die eindstryd gespeel en tweede geëindig. Ons het aan ons foute gewerk en ons was hierdie jaar baie toegewyd en dus het ons geweet
Beide spanne het gesukkelmaar dit was immers Patria wat daarin geslaag het om eerste ’n doel aan te teken. ons kan wen,” het Paul Masooa van Patria, gesê. Die Super-liga-eindstryd van Heimat en Caput 2 was ’n wed� stryd waar Heimat volslae heer� skappy oor die ouens van Caput vertoon het. Die eindtelling was 8-0. Hul deurlopende dominansie wat hulle deur die toernooi ver� toon het, was genoeg om Caput te klop. Heimat se uitblinkerspeler, Ka� mogelo Motsabu, het vyf doele
aangeteken, en selfs die doelwag� ter, Ali Mosia, kon met hom glorie deel toe hy daarin geslaag het om in die tweede helfte ook een binne die opposisie doelboks te kry. Teen halftyd was die telling al� reeds 5-0 vir Heimat. “Die toernooi was interessant en ons het dit baie geniet. Ons het oor vyf wedstryde 44 doele aangeteken, waarvan Mot� sabu 16 aangeteken het”, het Kgo� motso Mafoko, afrigter van Hei� mat, gesê. “ Die spanne sal ’n����������� goe������� ie ver� toning opsit as gevolg van die goeie voor-seisoen voorbereiding en toewyding,” vertel Michael Seleke, bestuurder van NWUSokker. Die sokkertoernooi het aan alle verwagtinge voldoen. As vanjaar se sokkertoernooi almal so lyk, is dit ’n goeie aan� duiding van dinge om te kom wat sokker betref en dat opkomende sokkertoernooie beslis iets is om na uit te sien.
Die Rooirissie praat oor die Intervarsity Die tradisie is afgestel. Ag dis sommer bog! Die tradisie waarna alle Pukke uitgesien het, is uitgestel. Dit beteken dat nie een van ons vanjaar die pad Bloemfontein toe gaan aandurf nie – geen karre wat gespray of met toiletpapier versier gaan word nie, geen hempies met stoute sê-goed nie, geen ontmoeting halfpad, geen laat aande of studente sonder slaapplek nie… niks, nothing, ziltch. Persoonlik dink Die Rissie dis ’n lieg storie – dis ’n datum vir twee dae in die jaar. Dis seker een van die beste herinneringe van elke student se tyd op die universiteit en in ’n oog�
wink word dit weggevat. Vir ’n sekere manskoshuis; vir julle wil ek net een ding sê - laat Die Rissie nou weer hoor van sms’e wat aan koshuislede gestuur word wat die volgende sê “Kom kyk hoe die Pukke vanaand 19:00 teen UJ op die Fanie ver� loor.” Die Rissie het sommer nog rooi� er van kleur geword. Wie die lekkerste lag, lag die laaste… julle het toe laaste gelag toe ons rugby-manne UJ wen. Vroeg in die week ontvang Die Rissie ’n vreemde e-pos. Die Rissie sal nie name noem nie, maar daar is Varsitybeker-klubspanne wat aangespreek is omdat hulle spe-
Minjonet se pluimbalspan.
FOTO: ENA BUYS
Pluimballiga
Heimat en Minjonet wen ANDRIES HEYDENRYCH Heimat en Minjonet het as onder� skeie kampioene in die mans- en dames A-ligas uit die stryd getree. Heimat het hierdie titel, wat hulle ook in verlede jaar se kom� petisie gewen het, suksesvol teen Patria 1 verdedig in die mansfi� naal. Die derde en vierde plek is deur Caput en Villagers bepaal, met Caput wat die trotse derde po� sisie beklee. In vergelyking met verlede jaar se kompetisie, het die eerste vier posisies nie veel verander nie. In 2011 het Heimat gewen. Veri� tas was tweede, gevolg deur Caput en Villagers. Vanjaar het Veritas na die algehele vyfde posisie af� geskuif. Patria 2 het die mans B-liga gewen toe hulle met Hombré 2 af� gereken het.
Die dames A-liga is deur die span van Minjonet gedomineer. Minjonet 1 het in die finaal teen Huis Republiek gewen in ’n harde, maar goed gebalanseerde wedstryd. “ Die kompetisie het in ’n baie goeie gees plaasgevind,” het Li� zanne de Villiers van Minjonet gesê. De Villiers het verder gesê dat dit vir hulle ’n baie groot voorreg is om in die toernooi te kon speel. Bellatrix 1 het die derde plek verower toe hulle die span van Kasteel in hulle uitspeelwedstryd geklop het. Minjonet het in die 2011-seisoen algeheel sewende geëindig met Bellatrix wat die toernooi gewen het. In die dames B-liga het Min� jonet ook skoonskip gemaak toe hulle tweedespan met Bellatrix eweknie afgereken het.
Die finale posisies van die pluimbaltoernooi vir 2012 Dames A
Mans A
Dames B
Mans B
lers gebruik wat nie as studente geregistreer is nie – oeps! Daar sal verdere stappe teen hierdie spanne geneem word. Die Rissie wil vir die rugby-ramkatte uit my hart uit gelukwens met julle oorwinning teenoor die Shimlas. Die universiteit en julle aanhangers staan rotsvas agter julle en hoop om julle in die finaal van die toernooi te sien!
1. Minjonet 1 2. Huis Republiek 1 3. Bellatrix 1 4. Kasteel 5. Heide 1
1. Minjonet 2 2. Bellatrix 2 3. Karlien 2 4. Heide 2 5. Huis Republiek 2
1. Heimat 2. Patria 1 3. Caput 4. Villagers 5. Veritas 1 1. Patria 2 2. Hombré 2 3. Veritas 2 4. Laureus 2 5. Ratau 2
23 MAART 2012
SPORT
| 11
Veritas wen die koshuiskrieket-finaal in 'n opwindende en angsbevange wedstryd teen Patria. FOTO: ALEXANDER VENTER
Veritas intimideer in koshuiskrieket-finaal ALEXANDER VENTER Veritas het Patria in die koshuiskrieket-finaal met 49 lopies op die ABSA Puk-Oval geklop. “Ek is baie bly vir die wen en trots op die manne wat die wen uitgevoer het. Ons het ’n baie sterk en gebalanseerde span die jaar met groot gees en daarom het die manne die finaal gewen,” sê Jacobus Steyn, Sport HK-lid van Veritas. In die halfeindronde het Veritas daarin geslaag om die manne van De Wilgers een kant toe te skuif, met Patria wat skoonskip van Over de Voor gemaak het. Op �������������������������� ’n dag ����������������������� waar daar groot afwagting was, het die krieketspelers van ou vyande Patria en Veritas nie teleurgestel nie. Die wedstryd was opwindend. Dié dag se verwagtinge het ’n gevoel van gees langs die veld geskep – albei koshuise met die wenbeker in gedagte. Op ’n ideale dag vir krieket, het die finaal begin met Veritas wat eerste gekolf het.
Joe Seerane is een van die spelers wat gekies is om deel van Paul Treu, breier van die Blitsbokke, se oefengroep te FOTO: GALLO IMAGES wees.
Varsitybeker skep geleenthede
Jong spelers word raakgesien CARLI KOCH
D
ie Varsitybeker is ’n toernooi wat hope geleenthede vir jong spelers skep. Die NWU-Pukke se Joe Seerane en Siya Mdaka is van die twee spelers wat die kans gekry het om deel van die Blitsbokke se breier, Paul Treu, se oefengroep te wees. Die twee is na die afloop van die wedstryd teen die Universiteit van Kaapstad, genooi na die Nasionale Sewes-hoofkwartier in
Stellenbosch. “Ek hou hulle al ’n rukkie dop, en dit is belangrik om belowende spelers in ons omgewing én binne ons kultuur te toets,” het Treu aan Beeld gesê. Treu het op 12 Maart die span vir Hong Kong aangekondig, en ongelukkig is die sterspelers nie in die span ingesluit nie. “Die ouens wat beseer was, het herstel en is in die 14-groep ingesluit,” het Seerane aan Wapad gesê.
Die Blitsbokke is op die oomblik in die derde plek van die Sewes-wêreldreeks. Die span is 16 punte agter Nieu-Seeland, die voorlopers van die reeks. Die sewes se volgende toernooi vind in Hong Kong van 23 tot 25 Maart plaas en hulle vertrek daarna na Japan van 31 Maart tot 1 April. Die groen en goud sal onderskeidelik teen Wallis en die All Blacks in die sesde rondte van die Wêreldreeks speel.
Veritas se konsentrasie was duidelik in hulle geduldige kolfwerk. Hulle het 180 lopies verkry voordat Patria daarin kon slaag om almal uit te kry. Patria het dus ’n teiken van 180 lopies gehad om na te jaag. Patria ondersteuners was bekommerd, maar hul het steeds baie gees gewys en het agter hulle manne gestaan. Patria het gemakliker begin kolf, maar ongelukkig was dit te laat. Veritas se goeie veld- en boulwerk was te sterk op die dag. Veritas het daarin geslaag om Patria vir 131 lopies uit te kry. Dit is die eerste keer dat Veritas die finaal in die afgelope vier jaar wen. Veritas se span was baie gebalanseerd en daar was talle spelers wat uitgestaan het. Eric Watkins is as man van die wedstryd aangewys. Veritas kan met trots sê dat hulle die beste krieket op kampus speel.
Dj bring internasionale ervaring NWU-Puk ALEXANDER VENTER
Dj Strauss is die doelwagter van die nasionale manspan van Namibië en het ook in die Duitse klub-liga gespeel. FOTO: FACEBOOK
ouderdom van tien vir Namibië gespeel. Hy het op sestien die nasionale manspan van Namibië gehaal. Hy het na skool die pad Duitsland toe aangedurf waar hy in die Duitse klub-liga gaan speel het. Strauss is ’n aanwins vir die NWU-Puk se manshokkie. “Dit is ’n voorreg om die kans te kry om vir die eerstespan van ’n universiteit te speel, en waar beter as by die NWU-Pukke,” sê Strauss.
Dj Strauss het onlangs die NWUPuk 1 mans-hokkiespan gehaal as doelwagter. Strauss is ’n eerstejaar Grafiese student en inwoner van De Wilgers Manskoshuis. “Ek het Potchefstroom toe gekom omdat die NWU-Pukke se Grafiese departement die beste in die land is,” sê Strauss. Strauss het vanaf ’n jong ouderdom ’n passie vir hokkie ontwikkel en het reeds op die
Magnet clip with pen holder R14 Available in - Yellow - Royal Blue - Lime green - Purple - Black
Een van sy doelwitte is om die siening wat mense van doelwagters het te verander. Volgens Strauss is die doelwagter een van die belangrikste posisies in die sport omdat dit die laaste lyn van verdediging is. Die posisie verg baie tegniek en vaardighede. As ’n doelwagter oor daardie eienskappe beskik, kan dit ’n groot verskil maak in die sukses van ’n span. Strauss is ’n man wat dop gehou moet word.
Memorandum Sticky Flags R20 KE
-PUK
NWU
PU
KK
R
E
E
E
PUKK
PUKK
NWU-
Alumni klerewinkel
NW
U-P
E
PUKK
NWU-
Fourth Estate A4 Notebook R92
Clic-Clac Tin With Sugar-Free Mints R18
UK
KE
Grys NWU Hoodie R295
Ladies Blouse R215
NWU-
USB Hub R249
R
PUKKE
Kingspark Rugby Stress Ball R15 Available in - Black - Blue - Green - Red NWU-PUKKE
NWU-P
UKKE
UKKE
KE
UK
U-P
NW
NW U-P
Gelee in die studente sentrum tel: (018) 299 1518 ssrnolim@nwu.ac.za
Sport 23 MAART 2012 / VOL 5
23 MAART 2012
NUUS BINNE Veritas klop Patria Namibiër gee betekenis in krieket-finaal 211
aan hokkie 211
HEIMAT EN MINJONET PRESTEER PUIK IN PLUIMBALLIGA 210
Klein botteltjies groot gif Joe Seerane van die NWU-Pukke en Jerome Pretoruis van Tukkies sal mekaar in die semi-finale, Maandag 26 Maart, op die UP-Sportgronde in Pretoria aanvat. FOTO: GALLO IMAGES CARLI KOCH Die NWU-Pukke het met ’n roemryke sege van 64-24 teenoor die Shimlas geseëvier. Dit was knaps, aanskoulike en fisieke rugby wat op die Fanie du Toit-sportgronde in Potchefstroom gespeel is. Die nommer 8 trui is deur H.P. Swart gedra en het in die elfde minuut die eerste drie vir die NWU-Pukke aangeteken. Die skitterende losskakel, Gerhard Nortier, se skoppe was 100%. Skaars twee minute daarna is die tweede drie deur die ramkatspeler, Andrew van Wyk, aangeteken. Van Wyk het altesaam twee drieë in hierdie wedstryd onder
Die tuisspan sal teen die nommer een op die punteleer, Tukkies, volgende week in Pretoria speel. die pale gaan druk en bly steeds een van die top-puntemakers in vanjaar se Varsitybeker-reeks. Die NWU-Puk se Philip de Wet, is vir die tweede agtereenvolgende week as die player that rocks aangewys. Hy het die derde drie aangeteken. Paul Treu, breier van die BlitsBokke, het ’n groot fout begaan deur nie vir Siya Mdaka in sy vyftien-tal in te sluit nie. Mdaka het skitterende rugby
gespeel. Hy het die vierde drie vir die NWU-Puk-manne aangeteken. In die 36ste minuut het die Shimlas se flank, Armandt Koster, die eerste punte vir sy span op die telbord aangeteken. Die losskakel van die Bloemfonteiners, Franna du Toit, het al drie van sy skoppe oorgeskop. Teen die tyd wat die fluitjie vir die einde van die eerste helfte geblaas het, het die NWU-Pukke reeds gemaklik met 40 - 8 voor-
geloop. In die 57ste minuut van die wedstryd het die heelagterspeler van die Potchefstromers, SW Oosthuizen, oor die doellyn gebars. Die agtste drie is deur Martin Dreyer gedruk. In die laaste sewe minute het die Vrystaters die laaste twee drieë aangeteken. Hannes Esterhuizen, afrigter van die NWU-Pukke, het tevrede met sy span se vertoning van dié wedstryd gelyk.
“Ons het aandag gegee aan om die bal in die hand te hou en om die bal weg van die opponente te hou. Ons moet daaraan werk om vinniger te hergroepeer as die bal uit die opponente se hande uitkom,” sê Esterhuizen na afloop van die wedstryd. Die tuisspan sal teen die nommer een op die punteleer, Tukkies, volgende week in Pretoria speel. Patria Manskoshuis het met 87-8 teen Oppidani van NMMU koning gekraai. Volgende week kom hulle teen Dagbreek, Maties, te staande wat volgens Zwerus Evers, skrumskakel van Patria, ’n moeilike wedstryd gaan wees.
“Aan elke student wat kom ondersteun tydens die FNB Varsity Cup wedstryde wat op Maandae op die Fanie du Toit plaasvind, wil ons sê baie dankie. Die gees wat julle openbaar is fantasties. Ons waardeer julle ondersteuning, julle maak ‘n verskil!” Mervyn Taylor, Bestuurder: NWU-PRI