LEES JOU KAMPUS | 30 APRIL 2011 | VOL 6 |
Welkom Skoliere! STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 65
>>
WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD
Hierdie is ’n bylaag van die Wapad studentekoerant en is saamgestel deur die Wapad-redaksie. Wapad fokus op aktuele studentenuus en dek dan ook gebeure wat studente op persoonlike-, akademiese- en sosialegebiede raak. Die koerant verskyn elke tweede Donderdag. HOOFREDAKTEUR Piet Matipa ADVERTENSIES Isabel Weideman
NUUSREDAKTEUR Marcel Spaumer
TEKSVERSORGING SPORTREDAKTEUR Stephen Nel
Caro van Aardt ADJUNKREDAKTEUR
SKAKELING Leané Meiring
FOTOREDAKTEUR
Marlie Jonker
Ian Odendaal
UITLEGREDAKTEUR Elmari de Vos
Welkom van
9 12 13
Die Puk is g'n kultuurlose kampus nie Die rektor wys ons sy ander kant Pukke presteer eindloos in sport
Redaksie vir dié uitgawe REDAKTEUR: Piet Matipa NUUS: Marcel Spaumer UITLEG EN GRAFIES: Elmari de Vos, Linél Malan, Ian Odendaal & Pieter Beukman TEKSVERSORGING: Caro van Aardt, Lisa-Marie Strydom, Nadia Schultze, Karlien Badenhorst, Marcelene Jordaan & Stefan van Zyl BEMARKING: Isabel Weideman KONTAK ONS OP: wapad@nwu.ac.za of 018 299 2875
Lekkertye is op pad Leané Meiring: Leané is 'n derdejaar student
Matriek. Jy droom daaroor. Jy hoop daarvoor en wanneer jy uiteindelik daar is, besef jy... “Ek’s so oor dit.” Skielik is die skool te klein, die Gr11’s is so kinderagtig en die onderwysers kan nie jou nuwe volwassenheid hanteer nie. Jy droom nie meer daaroor om die “grootmeneer” op die speelgrond te wees nie. Die veilige mure van die skool druk jou en jy begin groter droom. Daar wag iets beter as ’n matriekbaadjie en ’n Valentynsokkie. Jy droom oor universiteit. En jy hoop bittergraag dat dié droom alles sal wees wat skool nie was nie. Dat al die teleurstellings, die ontydige puisies en irriterende huiswerkopdragte iets van die verlede is. Hoe weet ek dit? Ek was self daar en uit ervaring weet ek dat daar goeie nuus en slegte nuus is. Die slegte nuus is dat jy nog vir so paar jaar huiswerk gaan kry, puisies is nie beperk tot hoërskool nie en teleurstellings is deel van die lewe. Die goeie nuus is egter dat universiteit ook alles is wat jy gehoop het dit is, en nog meer. Dis hier waar jy regtig grootword. Jy is verantwoordelik vir jou eie lewe en jy moet jou eie keuses maak. Dis hier waar jy leer van ware vriendskap, liefde, seerkry en deurnag werk. Jy voel die druk as jy daai toets nie, maak nie maar jy voel die trots as jou koshuis oorwinning behaal. Universiteit wys jou dat daar ’n groot wêreld daarbuite is en jy besef hoe groot jou drome regtig kan wees. Jy’s jonk en jy is die “grootmeneer” van jou eie toekoms. Gryp die kans aan en ja, jy mag opgewonde raak en droom oor wat alles vir jou wag – dit sal beter wees as skool.
info
FEIT Die NWU spog met meer as 47 000 studente op die Mafikeng-, Potchefstroom- en Vaaldriehoekkampus
3
Belangrike Opedag-inligting Meer oor fakulteitbyeenkomste, beurse en kostes vir 2012 LETTERE EN WYSBEGEERTE Kommunikasiestudies (F3) in Lover's Lane Grafiese Ontwerp (Kunste-gebou, F2) Sosiale- en Owerheidstudies (Politieke Studies) (Frans du Toit-gebou, E9) Musiek (Frans du Toit-gebou, E9) Filosofie (Frans du Toit-gebou, E9) Tale en Taaltegnologie (Frans du Toit-gebou, E9)
OPVOEDINGSWETENSKAPPE (Lesingsaalkompleks, C5) Alle onderwysstudente
EKONOMIESE EN BESTUURSWETENSKAPPE (Dawie du Plessis-lesingsaal, E8) Ekonomie, Risikobestuur en Internasionale Handel (E8) Mensehulpbronwetenskappe (E8) Ondernemingsbestuur, Entrepreneurskap, Bemarking en Toerisme (E8) Rekeningkundige Wetenskappe (Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, E3) Nuwe studierigting vanaf 2012: BCom Landbou-ekonomie en Risikobestuur
INGENIEURSWESE (Sportsaal, Studentesentrum, F14)
REGTE
Chemiese en Mineraalingenieurswese Elektriese-, Elektroniese- en Rekenaaringenieurswese Meganiese Ingenieurswese
BA Regte BCom Regte LLB
GESONDHEIDSWETENSKAPPE (G20) Farmasie (Aptekerswese) Dieetkunde Fisiologie, Voeding en Verbruikerswetenskappe Verpleegkunde Biokinetika, Kinderkinetika, Sportwetenskap en Rekreasiekunde Psigologie (Sielkunde) Maatskaplike Werk Diploma in Sportkunde
NATUURWETENSKAPPE (Natuurwetenskappe-kompleks, G1) Aktuariële Wetenskappe Bedryfswiskunde en Informatika (BWI) Biologiese en Omgewingswetenskappe en Toerisme Chemies-Fisies-Wiskundige Wetenskappe en Rekenaarwetenskappe (IT) Stads- en Streeksbeplanning
TEOLOGIE (Kommunikasie-ouditorium, Joostestraat, F20) Geestelike werkers Predikante Pastorale beraders
ANDER PUK-BEURSE •
Leierskap- en kultuurbeurse
•
Ondersteuningsbeurse
•
Sportbeurse
•
Oud-studenteleningfonds
•
NSFAS Beurs-leningskema
•
Funza Lushakaonderwysbeurse
NUWELING AKADEMIESE BEURSE Die beurse word outomaties ( jy hoef nie daarvoor aansoek te doen nie) aan alle voltydse eerstejaarstudente toegeken wat: •
'n Gemiddelde persentasie van 75% of hoër gedurende die graad 12-eindeksamen behaal het.
•
Die beurs word toegeken op grond van die rekenkundige gemiddeld van die persentasies van die student se ses beste vakke, Lewensoriëntering uitgesluit. Die persentasie behaal in nie-aangewese vakke, word egter met tien persent verminder in berekening van merietebeurse. Die punte word nie afgerond nie.
SLUITINGSDATUMS
(Hoofgebou, F5)
KURSUSSE WAT KEURING VEREIS Aansoeke vir onderstaande kursusse sluit 30 Junie 2011 BA Kommunikasie BA Musiek BA Musiek en Samelewing BMus Musiek Universiteitsdiploma in Musiek Diploma in Sportkunde BSc in Verbruikerswetenskappe BA in Maatskaplike Werk BCur BPharm BSc Dieetkunde BSc Voedingskunde BTH (vir voornemende GKSA-predikante) B.Art et Scien BCom Geoktrooieerde Rekenmeester BCom Forensiese Rekenmeesterskap BCom Bestuursrekenmeester BCom Kommunikasiebestuur LLB BA Regte BCom Regte
Keuringskursusse: 30 Junie 2011 Koshuisaansoeke: 30 Junie 2011 Algemene kursusaansoeke: 30 September 2011
Gemiddeld
Merietebeurs
90% 85% 80% 75%
110% korting van klasgeld 100% korting van klasgeld 75% korting van klasgeld 40% korting van klasgeld
BERAAMDE KOSTE VIR 2012 'n Gemiddelde berekende raming wat onderhewig is aan aanpassings en goedkeuring van die Raad, per kwalifikasie vir 2012 hieronder uiteengesit. Hierdie is nie 'n volledige lys van alle kwalifikasies nie, maar enkele algemene grade. BA BA (Kommunikasie) BA (Musiek) BA (Maatskaplike Werk) BA (Grafiese Ontwerp) BPharm BCom (Bestuursrek) BCom (Rek en Informatika) BCom Regte
R16 730 R18 200 R19 750 R19 200 R20 700 R21 750 R22 200 R22 400 R24 100
BIng BCur BSc (Aktuariële Wetenskappe) BSc (Verbruikerswetenskappe) LLB BTh Diploma in Sportkunde BEd BEd (Honneurs)
R27 250 R22 350 R23 350 R23 150 R21 350 R18 150 R14 600 R16 800 R13 750
GELDE BETAALBAAR BY REGISTRASIE Die onderstaande bedrae is tydens registrasie in Januarie/Februarie betaalbaar, maar is onderhewig aan aanpassings en goedkeurings van die Raad. Eerste minimium betaling: Koshuisinwoning Eerste minimum betaling: Privaatverblyf
Program vir Opedag EERSTE SESSIE 07:45 Die ontvangs in die Amfiteater en Sanlam-ouditorium (F14) begin. Stu- dentelewe in aksie. 08:30 Die NWU - alles wat jy wil en moet weet en nog vele meer. 09:30 Ons neem jou na die fakulteit(e) van jou keuse. 10:30 Besoek aan koshuise, beurse en lenings, toela- tingskantoor en stalletjies van jou keuse. TWEEDE SESSIE 11:00 Studentelewe in aksie (herhaling van eerste sessie se program, slegs in die Sanlam-ouditorium). 11:30 Die NWU - alles wat jy wil en moet weet en nog vele meer. 12:30 Ons neem jou na die fakulteite van jou keuse. 13:30 Besoek aan koshuise, beurse en lenings, toelatingskantoor en stal- letjies van jou keuse.
R11 150 R 5 800
4
nuus
FEIT In 2010 was die Potch-kampusstudente 33% manlik en 67% vroulik
Kampuslewe verander jou
KEVIN DU PLESSIS
Dinge gaan vir jou verander van volgende jaar af. Jy is nou een mens en dan kom jy op universiteit en begin uiteindelik ontwikkel
1
Die kanse dat jy gaan vet word in jou eerstejaar is groot. Weg van moeder se gesonde kos, op pad na die SS se Puk-burger. Die plaaslike term is “doorsindroom”. Pasop vir hom. Matriek is nou jou lekkerste jaar ooit. Dan word dit jou eerste jaar, dan jou tweede, derde ensovoorts. Die Draak se leuse is nie verniet “sosiaal joune” nie. Hier leer ons ook om te kuier. Jy dink dalk jy is slim, met jou nege onderskeidings en top tien status, maar as jy hier kom, word jy eintlik vir die eerste keer aan die akademiese wêreld blootgestel. As jy 50% kry vir ’n vak is jy reg, as jy 51% kry skeep jy jou vriende af. Al ooit ge-skinny dip? Is jy teen publieke naaktheid? Wel, jy sal vinnig
2 3 4
in die persoon wat jy gaan wees vir die res van jou lewe. Dis hier waar jy jou foute gaan maak. Dis hier waar jy gaan groei. Dis hier waar dinge interessant raak. Hier is tien dinge wat die Puk aan jou kan doen.
leer dat omtrent elke trotse Puk op een of ander tyd kaalbas in die slykerige Calvynfontein geswem het. As ek moet raai sou ek sê meeste van julle gaan slaap so 22:00 en staan weer net voor 07:00 op. Universiteite is in ’n ander tydsone. Ons 22:00 word 03:00 en 07:00 word wanneer ook al ’n voëltjie op jou gesig poef nadat jou vriende jou matras uitgedra het en jou heelnag in die tuin gelos het. Ja, ek weet jy dink jy en jou ou/meisie gaan met 1000 km tussen julle nog eendag trou en al jou vriende wat jy nou het gaan die ring aandra, maar kom ek sê jou gou, dis twak. Alles verander en die eerste ding om te gaan is hoërskool liefdes en vriende. Gedink jy sal nooit jou mond aan ’n sigaret sit nie? Ek lag vir jou. Die hoe-
5 6 7
veelheid studente wat begin rook elke jaar, is meer as die hoeveelheid wat hulle eerstejaar deurkom. Is jy ’n loser? Gooi mense jou met stukkies polonie tydens pouse? Wel, op kampus sal dit verander. Hier is ’n plekkie vir almal om in te pas, jy moet net joune gaan soek. Hou jy van 2 Minute Noodles? Jy gaan dit haat teen jou tweedejaar. Studentestapelvoedsel: enigiets wat net twee minute vat om gaar te word, geen voedingstowwe het nie en wat net ’n suggestie van geur toelaat. Kanse is goed dat jy nooit regtig koerant gelees het nie. Op kampus verander dit, want Wapad is onweerstaanbaar.
8
Varsity-wenke MONIQUE VREY
Studente het reeds besluit dat die Puk die beste plek onder die son is, maar soos ons deur die jare van hoër onderwys gaan, ontdek ons ’n paar interessante feite. Matrieks, nou is jou kans om ’n bietjie inside info te kry. Hier is die dinge wat huidige Pukstudente wens hulle het vroeër geweet het in matriek: JUANITA BEZUIDENHOUT BA Psigologie en Tale 2de jaar Huis Republiek “Ek wens ek het geweet van die groot verskeidenheid kursusse en kombinasies daarvan, wat die Puk aanbied.”
MARC “AWE” FRANS BCom Ekonomie en Internasionale handel 2de jaar Heimat “Dat drank in Potch so goedkoop is.”
9
10
ANRIKE SLABBERT BSc Verbruikerswetenskap 2de jaar Oosterhof “Ek wens ek het in matriek al geweet hoe lekker dit is en hoe vinnig mens vriende maak.”
STEPHAN VAN DER WESTEHUIZEN B.Ed 4de jaar Heimat “Dis okay om nie dadelik groot te word nie, reëls word gemaak om te breek.”
NWU-PUK Manskoshuise Villagers Mansdorpskoshuis
“Beste sportkoshuis op die Puk”
Primarius - Zak Fourie: 083 389 2337 Werwings HK - George Lyon: 084 299 4916 Villagers kantoor: 018 299 2838 www.puk.ac.za/koshuise/villagers
Manskoshuis
THABA - JÄH
No Guts No Glory Over de voor 2009/2010
nuus
FEIT Die NWU is onder die sewe topuniversiteite in Suid-Afrika ten opsigte van navorsing en onder die top twee vir innovering
Stil jou honger hier
Erena Stofberg, Puk Miss Varsity Cup, is onlangs gekroon as die nasionale wenner. FOTO: RUGGA VIBE
Voorhuis
Ah, die Voorhuis. Dit kom net-net nie by Ma se kos nie. Maar nogtans bied die Voorhuis ’n groot verskeidenheid gekookte kosse: pastas, ’n braaihuis en ’n magdom slaaie.
Dampad
Soortgelyk aan die Voorhuis, bied Dampad ook gekookte etes teen bekostigbare pryse. Die eetsaal is egter kleiner en het nie so groot verskeidenheid kossoorte soos die groter eetsale nie.
Miss Varsity Cup MARCEL SPAUMER
Hoe voel jy oor die wen?
Dis altyd 'n moeilike vraag, maar vanselfsprekend is dit 'n situasie waar ek gemengde gevoelens ervaar het van blydskap, trots en opgewondenheid, om net 'n paar te noem. Die hele Miss Varsity Cupproses is 'n ongelooflike ervaring en die uitslae van die groot aand is net 'n blessing uit die Here se hand! Ek voel dat dit die perfekte geleentheid is vir Jesus om deur my, Sy
koninkryk uit te bou, daarom sal ek saam met Hom die kanse aangryp om nuwe mense te ontmoet en die beste uit elke geleentheid te haal. Dis vir my, as Miss Varsity Cup 2011, regtig 'n wonderlike voorreg om die Puk te kan verteenwoordig.
Drakenstein
Almal (behalwe eerstejaars) sal weet dat daar net nie nog ’n plek soos die Draak is nie. Hier kan ure omgekuier word met Drakenstein-wyn en Chicken Dippas. Hier kom vriende, kos en drank byeen.
Is dit ’n groot verandering in jou lewe?
Klipoog Kafeteria
Wat verwag toekoms?
Internet Café
Die SS (Studentesentrum), waarvan die Klipoog Kafeteria deel uitmaak, bied ’n wye verskeidenheid kos. Kom ons wees nou maar eerlik - daar is net nie nog ’n SS soos die Puk-kampus s’n nie.
Ek is nou die gesig van Miss Varsity Cup en verteenwoordiger van die Puk by belangrike rugbywedstryde. Dit verander nogal baie.
jy
van
die
Was dit vir jou belangrik om Tydens my termyn as Miss Varte wen? sity Cup gaan dit oor betrokkenDit gaan nooit regtig daaroor nie. Dit is ’n guldige geleentheid en ook goeie blootstelling vir die Puk.
iCafé is nie nét die Puk-kampus se internetkafee nie, maar is ook ideaal indien jy tussen klas ’n versnapering wil gryp in jou drafstap. Hier kan jy lekkernye, van Smarties tot Stimorol, koop.
heid, soveel as moontlik. Ek wil die universiteit goed kan verteenwoordig en ook aan rugby ’n sekere finesse verleen.
NWU-PUK Dameskoshuise
5
Bellatrix Damesdorpskoshuis “‘n Kampuskoshuis in die dorp”
Primaria - San-Mari Erasmus: 082 827 0259 Werwing Hk-lid - Arzaan Badenhorst: 082 463 4678 Bellatrix Kantoor: 018 299 2841 www.puk.ac.za/koshuise/bellatrix
NORTH-WEST UNIVERSITY YUNIBESITI YA BOKONE-BOPHIRIMA NOORDWES-UNIVERSITEIT
POTCHEFSTROOMKAMPUS Eikenhof Anell Streuders (Prim) 083 4392 794 Christa van Niekerk (Werwing) 072 4818 340 Karin Roos (Huismoeder) 082 7789 820 www.puk.ac.za/koshuise/eikenhof
Dis ‘n kwessie van styl
6
Info
FEIT In 2008 het die NWU uit al die Suid-Afrikaanse universiteite die meeste inkomste uit die Tegnologie en Mensehulpbronne (THRIP) verdien
Kampuskaart: Vind jou weg op die Puk T5 2 1
2 3
A
J
4
8 10
6 4
6
T3
B
C B 3 A 5A 5 4 2A
7
5 8
5
9
2
10
C
3A 2 1A
1
ikweg
5
2
10
6
E
3
13 12 11
7
8
9 10
3
11 11 7 8
14
T2
10 11
12
24 6
13 14
15
9 10
1
5
4
3
A
15
G
2 20
E G
F 17
16 18 19
Universiteitstraat
21 22
15
18
29
20
14
12
12
13
1
9
D
7
F
2
8
1
23
17 16A
H
2
4
1
16B T1 1
Meyerstraat
Loopstraat
12
6
5 4
1
Steve Bikolaan (Tomstraat)
14
Die Du
4
8
9
2
13
7
T4
3
N
11 12
6
1
4
7
L
Molenstraat
2
3 4 6
11
21
K
14
1
4 3
2 5 6
10
7 7A 9 8
riv
ier
16
Moo
i
Die Puk gee om SJGD kuier vir projek
AKSA veg vir studente
JOOL samel groot geld in
Studente JOOL Gemeenskapsdiens (SJGD) is een van die Puk se geregistreerde welsynorganisasies. Die bekendste projekte en aksies wat hierdie organisasie behartig is kaalvoetdag, blikkieskosdag, Cansa JAIL en BAIL, Sand See en Skulp en die Marathonsokkie. Die Marathonsokkie het verlede week by Potch kuierplekke, Mystic Boer en Impala, plaasgevind. By hierdie geleentheid daag studente in groot getalle op en dans deurnag vir liefdadigheid. Die SJGD se visie is “giving hope, inspiring change”. Studente kan aan hul koshuisprojekte deelneem of aansluit by een van 20 aparte Pukprojekte. Dit is die grootste organisasie van sy soort in Suid-Afrika.
AKSA (Aktuele Sake) is verantwoordelik vir alle aktuele sake op kampus. Hierdie (Studenteraad) portefeulje behartig die aktuele sake wat geen betrekking het op ’n ander spesifieke SR-portefeulje nie. Hulle doel is om studente veiligheid- en gesondheidsbewus te maak. Verder mik hulle daarna om studente te leer om meer verdraagsaam teenoor alle rasse en gelowe te wees. Hulle pak verskeie projekte aan om by hulle doel uit te kom. In die begin van die jaar bied hulle ’n AKSAeerstejaarskamp aan. Verder bied die Kultuurdag aan koshuise die geleentheid om verskillende kulture uit te beeld. “The Biggest Loser” help studente om op ’n gesonde manier gewig te verloor.
JOOL, oftewel Jou Onbaatsugtige Opoffering vir Liefdadigheid, se hoofgedagte ná al die jare bly steeds dieselfde – om geld vir minderbevoorregtes in te samel. Vir meeste studente is dit ’n tyd van laataande, blommetjies vou, ovies dra en sosiaal verkeer. Gedurende hierdie tyd is daar ook bekende bands wat op die JOOL-plaas optree en vanjaar het Prime Circle, Foto Na Dans en Robbie Wessels studente vermaak. In ware JOOL-tradisie bou elke sleep (mansen dameskoshuis) ’n vlot, waar die oorhoofse tema betrek word. Vanjaar se tema was Ge(k)skiedenis en Karlien en De Wilgers het met die wenvlot gespog. X-spele, wat tydens die vlotbou plaasvind, en JOOL-ympics, is van die ander aksies wat onder hierdie portefeulje val.
Belangrike afkortings op die Puk AGLA Verpligte eerstejaarsmodule ASV Akademiese Studente Verenigings BIB Ferdinand Postma-biblioteek BOB Bemarking en Openbare Betrekkinge EW Gebou vir Ekonomiese Wetenskappe HK Huiskomitee van koshuise JCC J Chris Coetzee Gebou JOOL Jou Onbaatsugtige Opoffering vir liefdadigheid LAN Local Access Network, gebruik vir die Puk-netwerk MEK Media en Kommunikasie NW Natuurwetenskappegebou O&B Ontvangs- en Bekendstellingsprogram SJGD Studente Jool Gemeenskapsdiens SS Studentesentrum
Spotprent
SKETS :WILLIE BLIGNAUT
7
8
kultuur
FEIT Die NWU se kanselier is die Koning van die Bafokeng-koninkryk, waarskynlik die rykste nasie in Afrika
FEIT In 2008 kon die NWU spog met 1089 navorsingsuitseteenhede en 103 nasionale navorsingstigtings-gegradeerde navorsers, oftewel 11% van die akademiese personeel
kultuur
9
Die Puk is propvol kultuur B INGLESÊR
Binglesêr word in sleepverband gedoen en is ook dan jou eerste aksie met jou nuwe sleep aan die einde van die jaar. Dit gaan daaroor om te kan vermaak, dans en sing. ’n Algehele tema word gekies waarvolgens die slepe dan hul individuele temas opmaak. Die belangrikste deel van Bingle is die gees waarmee dit aangepak word.
BUZZIN’ Buzzin’ blaasorkes is ’n musiekgeselskap wat hoofsaaklik met koperblaasinstrumente en perkussie werk. Hulle verwerk die meeste van die musiek self en tree by nasionale feeste en kompetisies, asook by spesiale geleenthede op.
D IVACO E NKELSÊR
Dié is een van die grootste aksies op die Puk en koshuise oefen regdeur die jaar vir hierdie optredes. Met enkelsêr sing twintig mense ’n reeks liedjies wat strek van medleys tot eie komposisies, wat ook dan by hul gekose tema pas. Instrumente mag gebruik word, maar die klanke van ’n goeie sêr, is grotendeels sang. Daar is ook ’n nasionale sêrkompetisie vir die kampuswenners. Vergeet-My-Nie Dameskoshuis het verlede jaar die nasionale kompetisie gewen.
Indien jou talente verder as net toneelspel strek, is daar ook die DIVerse Action Cultural Organisation (DIVACO). Hierdie vereniging se fokus berus op die kreatiewe uitbeelding van die Kaapse kultuur en –leefwyse, deur gebruik te maak van verskillende kunsvorme, soos drama, sang, dans en digkuns.
E ERSTEJAARSKONSERT
Aan die begin van elke student se loopbaan op die Puk, word daar ’n konsert gehou waarin slegs eerstejaars van die verskillende slepe mag optree. Dit is dikwels die enigste keer wat studente die ouditorium se verhoog betree en kry juis daaroor meer aandag. Dié toneel laat nuwelinge aan die studentelewe toe om mekaar vinniger te leer ken. Veritas Manskoshuis wen dié aksie al vir die afgelope vier jaar.
T HALIA-TONEEL As jy ’n passie en talent vir toneelspel het, is Thalia Toneel die plek om te gaan. Thalia Toneel is die Puk se amptelike toneelvereniging, met die missie om toneel op studentevlak te ontwikkel, bemark en vermaak te verskaf. By Thalia kry jy die geleentheid om jou liefde vir toneel met ander, wat soos jy voel, te deel.
DYSFUNCTIONAL BEAT Dysfunctional Beat is een van die grootste dansgroepe op kampus. Hulle hou elke jaar oudisies om die beste dansers onder die Pukke uit te soek. Hulle oefen hard en lewer asemrowende dansstukke by die amfi-sessies gedurende O&B, by die Kampustalentfees en baie ander geleenthede.
C ANVAS
Die Kunsteraad bied jaarliks hierdie aksie aan om geleentheid aan koshuise te gee om met hul meer kunstige inwoners te spog. Elke koshuis kry ’n canvas van 1x1 m en moet dan ’n konsep uitwerk om ’n spesifieke tema uit te beeld. Vanjaar se tema was Life in technicolour. Die wenners van hierdie aksie word eers later vanjaar aangekondig. Patria Manskoshuis was verlede jaar se wenners.
PUK-KOOR Vir dié met sangtalent, is die Puk-koor en Serenaders beslis 'n moet. Die Puk-koor bestaan al vir meer as 50 jaar en spog met 'n uitstekende reputasie. Die hoeveelheid erkenning, pryse en uitnodigings vir optredes nasionaal en internasionaal plaas hulle ook onder die land se beste.
P UK-SIMFONIE Puk Simfonie-Orkes is die ideale vereniging vir die wat klassieke instrumente bespeel. Hulle doel is om saam musiek van goeie gehalte te maak. Hierdie onderliggaam bestaan tans uit ongeveer 30 lede wat ’n groot verskeidenheid musiekinstrumente bespeel.
D EBAT
Debat gaan alles oor voordrag, goeie argumente, logika en ’n bietjie houding. Daar word in die koshuise self uitdunne gehou om ’n debatspan bymekaar te sit wat dan teen ander koshuise op kampus debateer. Daar word ook mans-, dames- en algehele wenners aangekondig waaruit die Puk-debatspan saamgestel word. Daar word dan op nasionale vlak gekompeteer. Laureus Manskoshuis en Vergeet-My-Nie Dameskoshuis het vanjaar gewen.
K OSHUISTONEEL
Toneelspel kom voor in baie vorme op die Puk. Maar die een waarna studente elke jaar uitsien is koshuistoneel. Daar is drie kategorieë – enkel mans, enkel dames en sleep. Soos alle ander aksies word daar baie hard gewerk om goeie resultate te lewer en die kampus te vermaak. Soos al ses die bogenoemde aksies, tel toneel ook vir die Kultuurbeker. In die foto is Hombré Manskoshuis wat verlede jaar in die top 5 was.
Kampustalentfees ‘n Aand vol Puk-talent Kampustalentfees maak deure oop vir talentvolle studente in alle kreatiewe genres. Daar is ’n aantal kategorieë waarin studente hulle talente kan uitbeeld, waarvan sang, instrumentaal, beweging en dans, oorspronklike skryfkuns en toneel enkele kategorieë is. Daar is altesaam nege kategorieë.
Elke kategoriewenner ontvang ’n kontantprys ter waarde van R2 500 wat deur NWU-Puk Alumni Kampustalentfees 2011 geborg word. ’n Aantal trofeë word ook oorhandig tydens die Gala-aand. Die Vise-Kanselierstrofee gaan aan ’n besonderse prestasie in die skeppende kategorieë en ook die Rektorstrofee,
wat aan ’n besonderse prestasie uit die uitvoerende kategorieë. Die ander pryse sluit in Akker Koffiehuis-prys, De Jonge Akker-prys en die Artéma-prys vir koshuise. Die laasgenoemde prys gaan aan die koshuis met die meeste deelnemers. Vanjaar se Gala-aand sal plaasvind op 13 Mei.
10
vermaak
FEIT In 2010 is Flip-a-Coin, ’n a-capella groep van Potchefstroom na Skouspel genooi waar hulle saam met bekendes soos Emo Adams opgetree het
Glaskas benoem vir SAMA MARTIN LAUBSCHER
Glaskas, een van Potchefstroom se plaaslike bands, is vir ’n SAMA (South African Music Awards) toekenning genomineer. Dit is vir die kategorie “Best Rock Album: Afrikaans” vir die album Aan die ontmaskerde heldin. Deon Meiring, hoofsanger en kitaarspeler, voel dat dit ’n besonderse voorreg is om ’n SAMAbenoeming te kry. “Dit is vir ons ’n groot voorreg om genomineer te word, want ek dink die SAMA’s is vir die meeste plaaslike musikante ’n groot mylpaal. Ek kan onthou hoe ek opgekyk het na van my gunsteling SA bands toe ek jonger was, en dan selfs vir hulle part opgewonde geraak het – so om nou self genomineer te wees, is amper ’n bowerklike gevoel.” Hoewel Glaskas reeds ’n suksesvolle band met ’n groot aanhangersbasis is, behoort dié benoeming hulle te inspireer om tot hoër hoogtes te gaan.
“Ek dink dit is vir Glaskas ook ’n goeie aansporing. Dit is altyd lekker om bietjie erkenning te kry en ons is ook dankbaar om ons naam langs van die ander groot name in die bedryf te kan sien. Dit moedig ons aan om aan te hou met wat ons doen en om dankbaar te wees dat ons kan doen wat ons doen,” sê Meiring. Vir dié toekenning kompeteer Glaskas teen ander groot name soos Van Coke Kartel en Straatligkinders (ook ’n plaaslike Potch band). Meiring voel ook dat dit ’n baie groot hupstoot aan hulle loopbaan kan gee: “Dit is ook altyd ’n goeie ding om genomineer te word vir ’n toekenning, aangesien meer mense en gehore wat nie noodwendig aldag met jou te doen kry nie, nou kennis neem van jou en jou musiek. So dit help ons om ons invloed bietjie verder uit te brei en baan ook die weg vir nuwe geleenthede.” Wapad wens Glaskas sterkte toe vir die toekennings en hou duim vas dat hulle dit sal ontvang.
“Dit moedig ons aan om aan te hou met wat ons doen en om dankbaar te wees dat ons kan doen wat ons doen.”
FEIT In 2009 het Potch se rockers, Straatligkinders se “Gedagtes van die dag” ‘n MKAward gewen as PUKfm se kampushit
vermaak
11
Indien jy ook in Wapad wil adverteer, bel Wapad by 018 299 2875 of E-Pos ons by wapad@ nwu.ac.za
12
profiel
FEIT Sedert verlede jaar het die Prof. Herman van Schalkwyk reeds 20kg afgeskud
Hy is die baas van die plaas 1. Wat eet Prof vir ontbyt? Jogurt en Muesli
seuns (Neil, Willem en Herman) in Bloemfontein.
2. Was Prof al in die Draak? Ja, as my program dit toelaat, probeer ek om ten minste een maal 'n maand in die Drakenstein te gaan eet.
9. Wat is Prof se stokperdjies? My boerdery, maar ek hou ook van vleisbraai, jag, lees en musiek luister. Enige aktiwiteit wat met die natuur en buitelewe te doen het.
3. Eet Prof by die SS? Ja, so af en toe as my program dit toelaat en as ek nie ander verpligtinge oor etenstyd het nie. 4. Wat het Prof studeer en waar? Ek het Landbou-Ekonomie aan Tukkies (UP) studeer. 5. Wat is van Prof se gunsteling studentedaeherinneringe? My koshuisdae in Taaibos Mans koshuis op Tukkies. 6. Wat is Prof se gunsteling wegneemetes? Ocean Basket se seafood platter.
10. Wat wil Prof nog bereik in die lewe? Ek sal graag 'n rol wil speel in die opheffing van ons land se arm gemeenskappe en ook waar groei en welvaart vir Suid-Afrika en sy mense gefasiliteer word. 11. Wat is Prof se lewensfilosofie? Daar is nie 'n plaasvervanger vir uitnemendheid nie en die uitnemendheid van 'n instelling soos die NWU kan alleen deur spanwerk bereik word. 12. Met watter boek of fliek identifiseer Prof? Ek kan myself nogal vereenselwig met die karakter William Wallace, wat Mel Gibson in Braveheart vertolk, waar jy soms teen 'n oormag moet opstaan vir dit wat reg en regverdig is.
Aardklop 2011 2011 Aardklop Aardklop 2011 Tydelike werk werk Aardklop 2011 Tydelike Tydelike werk Tydelike werk
7. Gesondheidswenke? Oefening en gereeld eet – klein gebalanseerde porsies.
8. Glo Prof in liefde met die eerste oogopslag? Ja, ek het my vrou Rélyne op 13. Wie is Prof se rolmodel? 'n dansvloer (sokkie) ontmoet Deur 'n mens se lewe is daar en is vanjaar al 21 jaar getroud. verskeie individue wat 'n Aansoekvorms vir tydelike Ons het drie skoolgaande blywende indruk en impak op
Aansoekvorms vir tydelike werk by Aardklop 2011 is werk by Aardklop 2011 is Aansoekvorms vir tydelike Aansoekvorms vir by tydelike nou beskikbaar die nou beskikbaar by die werk by Aardklop Aardklop 2011 is is werk by 2011 Aansoekvorms vir tydelike Aardklop-kantoor, Aardklop-kantoor, nou beskikbaar die nou beskikbaar by dieis werk by Aardklop by 2011 Malherbestraat 59. Malherbestraat 59. Aardklop-kantoor, Aardklop-kantoor, nou beskikbaar by die Malherbestraat 59. Malherbestraat 59. van Aardklop-kantoor, Bring ‘n id-foto, afskrif Bring ‘n id-foto, afskrif van Malherbestraat jou id en jou 59. jou id en jou Bring Bring ‘n ‘n id-foto, id-foto, afskrif afskrif van bestuurslisensie (as jy van een bestuurslisensie (as jy een jou id jou jou id en en jou Bring id-foto, afskrif van het -‘n dis nie verpligtend het dis nie verpligtend bestuurslisensie (as bestuurslisensie (as jy jy een een jou id en jou nie). nie). het het -- dis dis nie nie verpligtend verpligtend bestuurslisensie (as jy een nie). nie). het - dis nie Kantoorure is verpligtend Maandae tot Kantoorure is Maandae tot nie). 08:00 en Vrydae tussen Vrydae tussen 08:00 en Kantoorure16:00 is Maandae Maandae tot Kantoorure is tot 16:00 08:00 en Vrydae tussen tussen Vrydae 08:00 en Kantoorure is Maandae tot
jou lewe het. Só is bv. prof. Jan Groenewald ('n briljante landbou-ekonoom), my studieleier en promotor vir my doktorsgraad meer as 15 jaar gelede, vir my die verpersoonliking van 'n rolmodel. Vandag is hy 'n baie goeie en spesiale vriend.
Prof. Herman van Schalkwyk die NWU-Puk se kampusrektor weet hoe om pret te hê. HeloΪse van der Walt het met hom gaan gesels. FOTO'S: VERSKAF
14. Wat wou Prof geword het toe Prof klein was? Ek wou net boer en is vandag 'n deeltydse boer met 'n onblusbare liefde vir die natuur en buitelewe. 15. Vir watter rugbyspan skree Prof? Die Cheetahs, natuurlik! 16. Wat is Prof se tweede naam? Daniël – ek is na my oupa vernoem. 17. Wat is Prof se swakhede? Ek raak ongeduldig met goed wat lank vat om klaar te kom. Ek hou ook nie daarvan om goed te soek nie. 18. Interessante goed wat ons nie van Prof weet nie? Ek is 'n deeltydse boer en ek hou van 'n goeie grappie op sy tyd. 19. Watter woorde beskryf Prof die beste? “I thrive on challenges.”
Aardklop 2011 Tydelike werk Aansoekvorms vir tydelike werk by Aardklop 2011 is nou beskikbaar by die Aardklop-kantoor, Malherbestraat 59.
nuus
FEIT Het jy geweet? Die NWU-Puk is die grootste, sowel as die oudtste van die NWU se drie kampusse.
Finaliste wil kampus verbeter
13
FOTO: LOVEROCKMD.COM
Mnr. & Mej. Kampus – meer as net ’n kompetisie.
Nuwe studenteprojek kap dronkbestuur MARCEL SPAUMER
FOTO: PRINTCAFÉ
MARINE OPPERMAN Die Mnr. & Mej. Kampus Finaliste is aangekondig en finaliste het reeds begin fondse insamel. Die mooiste mense op kampus is egter meer as net ’n klomp mooi gesiggies. Hiér is ’n groep mense wat glo dat Mnr. & Mej. Kampus meer is as net ’n skoonheidskompetisie. Die finaliste glo dat hulle die geleentheid het om, met hierdie kompetisie, die kampus vir die beter kan verander en ook ’n voorbeeld vir ander studente kan wees. Die dames is baie betrokke in hul onderskeie koshuise én op kampus. As hierdie groep iets op kampus kon verander sou dit wees om studente van drank- en dwelmmisbruik bewus te maak. Die graffiti in die duikweg en
klastye is ook iets wat die finaliste sal verander. Die manne wil graag die Puk meer kar vriendelik maak en meer parkering daarstel. Om die bestaan van koshuis- en kultuurtradisies te beveg lê hulle ook na aan die hart. Vanjaar se groep finaliste bestaan uit ’n diverse en aktiewe groep individue. Verskeie van die finaliste het al nasionale en provinsiale kleure ontvang op die sportveld. Op die gebied van leierskap het hulle ook al uitgeblink sowel as op kulturele vlak. Met die fotosessie en hul aand van kelner by die Spur, wat om die draai is, is die Mnr. & Mej. Kampus veldtog besig om behoorlik spoed op te tel en dit is duidelik dat vanjaar beloof om onvergeetlik te wees.
FOTO: PRINTCAFÉ
Studente wat dronk bestuur is dalk iets van die verlede met ’n nuwe liefdadigheidsprojek. Die “Buddy”-projek, wat deur Veritas se Werwing HK-lid begin is, sal rygeAnke-Marie Bronkhorst Adolph Kleynhans leenthede verskaf vanaf kuierplekke tot by studente Elsabé Nortjé Bernard Streuders se blyplekke. Jonél Schouwstra Charl van den Berg “Mense moet nog kan kuier, maar kom ons bring Kathleen Welgemoed Cronje Wentzel hulle veilig by die huis,” het Kitty de Jager Divan van den Berg Janco Jordaan, Veritas se Werwing en Borge HK-lid, Koketso Theko Erik Heppell aan Wapad gesê. Jordaan het aan die idee Rizanne Heppell Francois Naudé gekom nadat ’n vriend tyLiezl Hettasch Francois du Plessis dens die Desembervakansie in ’n ernstige ongeluk beMarché Maritz Jannie Nel seer is. Marlie Jonker Juan Lombard Hy het tans 11 komiteelede, almal in Veritas Naudica Gerber Richard Webber woonagtig, wat saam met hom werk. Hy wil dit egter Rina Cilliers Ruan Briel nie uitsluitlik vir ouens in Veritas maak nie. “Omdat hierdie projek langtermyn is en ons nog baie wil uitbrei, wil ons ander ook betrek.” Die “Buddy”-projek het op 28 Februarie die lig gesien na ’n aanloop van vele administrasie. Die komiteelede is almal ingedeel in skofte en Jordaan meen die volgende stap is om ’n webblad te ontwerp. “Hoewel ons wil uitbrei, FOTO: PRINTCAFÉ wil ons dit slegs in Potchefstroom doen. Dit is vir ons belangrik en lê ons na aan die hart.” Die projek is ’n liefdadigheidsprojek, maar Jordaan en sy span wil graag borge begin inspan om hulle kostes te dek.
Vanjaar se finaliste
Vir meer inligting, kontak Janco by 083 703 8068
14
sport
Patria maak koshuisrugbygeskiedenis STEPHEN NEL & LODEWYK UYS
P
atria Manskoshuis het onlangs geskiedenis gemaak deur die eerste NWU-Puk manskoshuis te word wat die gesogte Varsity Cup beker wen. Patria het gemaklik in die groepstadia met Bastion (UJ), Northernz (NMMU) en Vishuis (Kovsies) afgereken. In die semi-finaal was dit die manne van Kaapstad – die UCT Tornadoes, wat die onderspit moes delf. Patria het geensins terug gehou nie en gemaklik bo oor hulle weerstand gehardloop. In die ander groep het die bal in Simonsberg van Maties se guns gehop, toe hulle met Monitor (TUT), Onderstepoort (Tukkies) en Tornadoes afgereken het. In die semi-finaal was die aanslag van Northernz net nie sterk genoeg nie en Simonsberg het deurgedring na die finaal. Weens tegniese probleme kon die finaal nie by UCT gehou word nie. Dus het dit op Tukkies se velde plaasgevind. Na raming het 17 000 toeskouers die geleentheid bygewoon. Simonsberg het die wedstryd begin met alle vuur wat hulle gehad het en Patria moes net links en regs keer. Nadat die druk geabsorbeer
was kon Patria rustig raak en begin doen wat hulle goed doen – aanval. Simonsberg se dissipline het hulle in die steek gelaat waarop kaptein en losskakel, Wilco de Wet, keer op keer, strafskop na strafskop gekapitaliseer het. Vleuel, Janco van Zyl het ongelooflike individuele vaardighede gewys toe hy tussendeur en óm duikende Simonsbergers gesystap het en die bal net links van die pale neergesit het. De Wet het weereens gekapitaliseer en die halftydtelling was dus sestien punte teenoor nul in Patria se guns. Die tweede helfte kon slegs vyf punte tussen die twee van die spanne oplewer. Vanaf ’n goeie bewerkte lynstaan het die bal na die klein kantjie toe gekom, agsteman Zander Erasmus het die laaste verdediger plat getrek en gesorg dat slot, Lodewyk Uys, agter die wit lyn kon neerval. Die wedstryd was verder goed gebalanseerd en die eindtelling was 21 punte teenoor 0 in Patria se guns. “Dit was ’n belewenis soos min. Ons sou dit nie kon doen as dit nie vir die koshuis was wat bankvas agter ons gestaan het nie,” het primarius en flank, Jean Olivier, met trots gesê.
FEIT Atlete van die Dreamveldt NWU-Puk atletiekklub het sewe van die 22 medaljes wat Suid-Afrika by die Afrika-kampioenskap in Addis Adeba gewen het, saamgebring Potchefstroom toe.
Willem de Waal in aksie. FOTO: GETTY IMAGES
Puk lewer sportsterre RUGBYSPELERS Andre Markgraaff - ’n OudSpringbok flank, president van die Griekwas rugbyunie en het ook die Springbokke afgerig. Franco vd Merwe - vorm deel van die Leeus se groep vir die nuwe Superrugbytoernooi, en het ook gedien as kaptein gedurende die Curriebeker. Willem de Waal - Het verlede seisoen nog gespeel vir die Stormers en WP, maar speel nou rugby vir Treviso. Tiaan Liebenberg - Het reeds Springbokkleure verwerf en is ’n groot staatmaker vir die WP en Stormers. Brok Harris - Die stut is nog ’n gereelde verskynsel in die spanne van die WP en Stormers. Ronnie Cooke - Die oudCheetah speel nou sy rugby vir Brive in Frankryk. Jaco Engels - Was verlede seisoen nog deel van die Blou Bulle maar het pas verhuis na die Southern Kings. Henno Mentz - Het vir die Springbokke uitgedraf en speel tans vir die Lions. MJ Mentz - Het sy merk gemaak deur verskeie kere uit te draf vir die Suid-Afrikaanse sewes-span.
Daar is ‘n groot verskil in pryse op Studentebehuising. Ligging, afwerking en oppervlakte bepaal die prys. Bachelor woonstel 1 Slaapkamer woonstel 2 Slaapkamer woonstel
Een van die Puk se grootste oplewerings was die van Godfrey Makoena wat in 2008 ’n silwer medalje verower het by die Olimpiese Spele in Beijing in verspring. Makoena het ook in 2009 die nuwe Afrika rekord gebreek toe hy met ’n afstand van 8.50 m van die veld af weggestap het.
-DEUR GEORGE GERMISHUYS & LODEWYK UYS
Delene Minny 082 552 8541
Indien jy ook in Wapad wil adverteer, bel Wapad by 018 299 2875 of E-Pos ons by wapad@ nwu.ac.za
KRIEKETSPELERS Davey Jacobs en Arno Jacobs - Albei speel eersteklas krieket vir die Warriors. Davey het die tweede meeste lopies aangeteken in die 2010 se Kampioenliga. Alfonso Thomas - Speel tans sy krieket oorsee en het ook al vir die Proteas uitgedraf.
R260 000 tot R520 000 R350 000 tot R750 000 R438 000 tot R1100 000
Ek beskik oor ‘n BAIE GROOT verskeidenheid studentebehuising asook ‘n paar nuwe ontwikkelings wat voltooi sal wees teen einde 2011. SMS my jou e-pos adres met “Studentebehuising” dan stuur ek vir jou die volledige lys met pryse, foto’s, ligging en heffing alles deur!
sport Die Puk: 'n bok vir sport FEIT
Die NWU-Puk krieketklub is onlangs deur die Noordwes Krieketassosiasie beloon met toekennings vir Beste Klub-administrasie en Beste Klub in die Noordwes Provinsie
Plek: Alumni saal Moet dit nie misloop nie!
• 24 Mei – Algemeen • 25 Mei – Natuurwetenskappe, Ingenieurswese, Tegnologie en Gesondheidswetenskappe • 26 Mei – Rekeningkunde Besoek ons kantoor: Gebou F25, Joostestraat, Potchefstroomkampus Tel: 018 299 2059 Web: http://www.nwu.ac.za/i-career
15
Sport LEES JOU KAMPUS | 30 APRIL 2011 | VOL 6 |
Pukke maak trots
14
FOTO: IAN ODENDAAL STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
>>
JAARGANG 65
>>
HEIN DU PLESSIS EIENDOMME: 082 562 4248/083 565 5975 E-POS: HEINDU@TELKOMSA.NET VERSKEIDENHEID STUDENTE- AKKOMMODASIE TE KOOP EN TE HUUR.
WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD