Wapad - 7 April 2011

Page 1

BINNE

KOSHUIS VARSITY CUP MAAK TROTS 214

BINNE STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS >>

>>

LEES JOU KAMPUS

JAARGANG 65 >>

WWW.PUK.AC.ZA/WAPAD

27

7 APRIL 2011 / VOL 5

BINNE

ERENA WIL ’N VERSKIL MAAK 27

1STEJAARS KAN TD DOEN 29

Puk-student van moord aangekla ELMARI DE VOS

’n

Puk-student het na bewering onlangs ’n onbekende slagoffer in Potchefstroom met ’n mes doodgesteek. Volgens die polisieverslag was die slagoffer en verdagte in Walter Sisulustraat betrokke in ’n argument oor dwelmhandel. Dit was omstreeks tien minute voor middernag toe die verdagte sy slagoffer na bewering herhaaldelik met ’n mes begin steek het. “Die slagoffer se wonde het daarop gedui dat hy in sy bo-lip en

Die slagoffer het gely aan ernstige kopwonde, sowel as ’n messteekwond in die nek.

regterarm gesteek is. Steekwonde is ook in sy linkersy gekry,” het Kaptein Mvula Chaka, woordvoerder van die polisiediens in Potchefstroom, gesê. Die polisieverslag het verder verwys na ernstige kopwonde, sowel as ’n oop nekwond wat op die slagoffer aangetref is. Hierdie wonde is waarskynlik ook deur die verdagte veroorsaak. Bogenoemde beserings was baie ernstig en het tot die slagoffer se dood gelei. “Die slagoffer het op die toneel gesterf,” het Chaka aan dieWapad

gesê. Die polisie het onmiddellik begin soek na die verdagte totdat die inhegtenisneming gemaak is. Volgens Chaka was die verdagte steeds in die omgewing van Walter Sisulustraat toe die polisie hom gekry het. Hy is gearresteer en aangekla van moord, maar het skuld ontken. Geen aanklagte wat verband met dwelmbesit of dwelmhandel hou, is teenoor die verdagte gemaak nie. Dít ondanks die verwysing in die polisieverslag dat dwelmhandel aanleiding gegee het tot die geveg

No more crocodiles and elephants KIEWIET SCHEPPEL The IM has approved that a revised version of the university anthem should replace the current official anthem, Mmaarona, following an overwhelmingly positive response from students and staff who preferred the proposed, revised anthem. As part of a consultative process

to revise the anthem, staff and students were invited through an online poll to listen to the current as well as the proposed, revised version of the anthem and then vote for the version of the anthem they like best. Out of a total of 1 266 respondents, 929 indicated that they prefer the proposed, revised anthem and 337 favored the current anthem.

In addition, a total of 888 respondents thought the proposed, revised anthem was good, 311 considered it to be average and only 67 felt it was poor. A task team will be convened to oversee the finalisation of the anthem and a plan to roll out the revised anthem. The online poll included a competition to encourage participation.

wat tot die afsterwe van die slagoffer gelei het. Chaka het met Wapad gesê dat die verdagte ’n 22-jarige is. Die verdagte se verhoor het op Dinsdag in die Potchefstroomse Landdroshof verskyn. Die regter sou gister uitspraak gelewer het. Die uitspraak was nog nie bekend teen druktyd nie. Hierdie gebeure is slegs die jongste reeks misdaadvoorvalle wat studente in Potchefstroom die afgelope tyd wakker hou. Lees meer oor bogenoemde voorvalle op bladsy 4.

LYRICS Mo re agang matla teng Mo releng teng, mafikeng Godimo ga Lefika Re boloke Waar die wilgers welig spruit, Doringboom sy skadu sprei Soos ons groei in kundigheid Sal U ons lei Chorus Bless us, oh Lord Guide us with grace May North-West be blessed always Three strong streams united flow Africa stands proud and tall As we learn, we trust, we know God is in control

Chorus Bless us, oh Lord Guide us with grace May North-West be blessed always Bless us, oh Lord Seën ons, o Heer Tlhogonolofatsa Boloka Seën ons Bless us, oh Lord Woorde: Success Lekabe (Tswana) en Corneels Schabort (Afrikaans en Engels) Melodie: Katlego Maboe Verwerking: Katlego Maboe, Stefan Pretorius, Michael van der Merwe, Niekie van der Walt en Johan Venter (Flip-a-coin)


NUUS

2 |

7 APRIL 2011

Toegesluit in die Bib

Wapad-ondersoek

Hoe effektief is Bib sekuriteit? JOERNALISTIEKHONNEURSSTUDENTE

B

oeke en tydskrifte ter waarde van R600 miljoen kan lag-lag gesteel word uit die Ferdinand Postma-Biblioteek. Dit het geblyk uit 'n ondersoek deur die Wapad waartydens twee studente in die Biblioteek toegesluit was. Die studente, wat op die vierde vlak was, het nie weggekruip nie. In die meer as 'n uur wat hulle gewag het vir veiligheidsbeamptes kon hulle, as hulle wou, brand stig, boeke steel of universiteitseiendom vandaliseer. “O, is dit julle wat die alarm so baie keer laat afgaan het?” het 'n beampte van die Puk se beskermingsdienste aan die studente gesê toe hy en 'n kollega uiteindelik ná meer as 'n uur opgedaag het om die studente te “bevry”. Die sekuriteitsfirma Bafana is verantwoordelik vir die sluit van die Biblioteek. Beskermingsdienste is verantwoordelik vir die monitering van die kringtelevisies, brand- en diefalarms, sowel as vir 24-uur bystand vir enige ongerymdhede. “Beskermingsdienste is blitsig en reageer onmiddellik wanneer daar 'n alarm ontvang word,” het Tom Larney, direkteur van die Biblioteek, gesê. Volgens Kiewiet Scheppel, woordvoerder van die Pukkampus, het die alarm by herhaling afgegaan, maar “verskeie patrollies” deur beskermingsdienste

’n Student klim by die venster uit.

Die Ferdinand Postma-Biblioteek is toegesluit vir die nag. het nie gedui op enige inbraak nie. Boonop sou diewe deur die kampus se toegangsbeheerhekke moet kom voordat skade aangerig kan word. “Die Biblioteek het dus die [Wapad se] toets met vlieënde vaandels geslaag,” het Scheppel gesê. Die Wapad-span wat buite die biblioteek gewag het, het egter nie enige patrollies deur beskermingsdienste gesien nie. Sekuriteitsbeamptes was ook nie vinnig op die toneel nie. Die twee studente het met sluit-

FOTO’S: MARISKA BATT

ingstyd om 22:00 by 'n tafel op die vierde vlak gesit. Personeel van die biblioteek en 'n sekuriteitsbeampte van die Bafanasekuriteitsfirma het die ligte afgeskakel. Niemand het die badkamers, versteekte gangetjies, leerhoekies of die “stal” deursoek nie. Ná sluitingstyd het die studente op elk vlak 'n draai gaan loop. Op die derde vlak was die nooduitgang versper met 'n lessenaar. Op die eerste vlak het hulle getoets en gesien dat

Studente is in die Biblioteek toegesluit.

van die skilderye los en draagbaar is. Hulle het ook tussen die boekrakke, by afrolmasjiene en die reserveringstoonbank op die eerste vlak rondgeloop. Hulle het geen eiendom beskadig of verwyder nie. Die Biblioteekalarm het vir die eerste keer na sowat 45 minute hoorbaar in die voorportaal afgegaan. Na sowat 50 minute het die studente beskermingsdienste gebel omdat dit wou voorkom of niemand op die luiende alarm gaan reageer nie.

Dit was egter eers ná 25 minute en nóg 'n oproep dat twee beamptes opgedaag het. Larney het gesê dat studente selde toegesluit word in die Biblioteek en dat daar vyf jaar laas 'n inbraak was. “Mense word feitlik nooit hier toegesluit nie. Sowat tien jaar gelede is 'n tydelike werker wat nie die klok hoor lui het nie, per ongeluk toegesluit. Ook jare gelede is 'n student wat op sy of haar stoel aan die slaap geraak het, op 'n Saterdagmiddag per ongeluk toegesluit.”

Like die page! op Facebook.

Top 24 aangekondig MARINE OPPERMAN Die finaliste vir Mnr. en Mej. Kampus 2011 is net voor die vakansie verkies. Na drie aande van uitdunrondtes is die 24 finaliste uit meer as 170 hoopvolles by die Mystic Boer bekend gemaak. Ses van die 12 mansfinaliste is in Patria terwyl die dameskoshuis met die meeste finaliste Vergeet-MyNie (met drie finaliste) is. Onder die finaliste is daar ’n tweeling, sowel as ’n broer en suster. Die groot finaal sal 11 Augustus wees, maar voor dit het die finaliste nog baie om te doen. Daar lê nou ’n foto sessie voor, wat by ’n sirkus gehou sal word, om by die Karnaval tema aan te sluit. Finaliste sal 12 Mei amptelik aan die kampus voorgestel word.

Damesfinaliste

Mansfinaliste

Anke-Marie Bronkhorst

Adolph Kleynhans

Elsabe Nortjé

Bernard Streuders

Jonél Schouwstra

Charl van den Berg

Kathleen Welgemoed

Cronje Wentzel

Kitty de Jager

Divan van den Berg

Koketso Theko

Erik Heppell

Rizanne Heppell

Francois Naudé

Liezl Hettasch

Francois du Plessis

Marché Maritz

Jannie Nel

Marlie Jonker

Juan Lombard

Naudica Gerber

Richard Webber

Rina Cilliers

Ruan Briel


NUUS

7 APRIL 2011

|3

Koshuise se kreatiwiteit loop oor Vanjaar se Canvas

FOTO'S: JEAN-MARI HENNING

Die Kunsteraad bied jaarliks hierdie aksie aan om die geleentheid aan koshuise te gee om met hul meer kunstige inwoners te spog. Elke koshuis kry ’n doek van 1x1m en moet dan ’n konsep uitwerk om ’n spesifieke tema uit te beeld. Vanjaar se tema was Life in technicolour. Die wenners van hierdie aksie word eers later vanjaar aangekondig.

Laureus

Bellatrix

Villagers

PUK-Dorp

Patria

Karlien

Hombré

Vergeet-MyNie

Klawerhof

Heide

Kasteel

Caput

Huis Republiek

De Wilgers

Minjonet

Excelsior

Thaba-Jäh

Heimat

LaVaria

Soetdorings

Veritas

Over de Voor

Dinki

Ratau Lebone

Eikenhof

Oosterhof

Plek: Alumni saal Moet dit nie misloop nie!

Wag-'n-Bietjie

Wanda

• 24 Mei – Algemeen • 25 Mei – Natuurwetenskappe, Ingenieurswese, Tegnologie en Gesondheidswetenskappe • 26 Mei – Rekeningkunde Besoek ons kantoor: Gebou F25, Joostestraat, Potchefstroomkampus Tel: 018 299 2059 Web: http://www.nwu.ac.za/i-career


7 APRIL 2011

NUUS

4 |

Moontlike drankwet steel mondigheid

21 word dalk alkoholperk

Karlien en De Wilgers neem blikkies weg

MARCEL SPAUMER

V

olgens ’n nuwe beleidsvoorstel, kan die wettige ouderdom vir drankgebruik opskuif van 18 na 21. Luidens ’n berig in Beeld van 11 Maart is dié voorstel deur Bathabile Dlamini, minister van Maatskaplike Ontwikkeling, gemaak. “Ek dink die implementering van só ’n wet sal moeilik wees, omdat verbruikers nog skelm sal drink. Dit sal maklik ontduik word,” het JP Olivier, bestuurder van Yoof, aan Wapad gesê. Olivier meen verder dat dit nie vir enige kuierplek goed sal wees nie, want ’n groot getal van die verbruikers sal uitgesny word. “’n 18-jarige is mondig genoeg om ’n kontrak te teken, maar nie om ’n drankie te koop nie,” het Olivier verder gesê. “Dit sal inbraak maak op mense se vryheid tot handelsreg en om ’n beroep van hul keuse te beoefen,” het prof. Marinus Wiechers, grondwetkenner en oudrektor van Unisa, in die Beeld van 11 Maart gesê. Volgens Wiechers sal ’n 18-jarige nie toegelaat word om ’n drankwinkel te koop of te bestuur nie. Tydens sy openingstoespraak by vanjaar se tweede Tweejaarlikse-Summit oor middelmisbruik, het pres. Jacob Zuma gesê dat die regering ’n openbare debat oor hierdie kwessie begin het en wat ook al die uitslag daarvan gaan wees, sal daar steeds bewustheid geskep moet word oor drankmisbruik. Van die grootste uitdagings gaan by sjebiens wees, asook studente in hulle eerste jaar op universiteit. Leana Olivier van die Stigting

Ons kan die ouderdomsperk vir drankverkope opskuif tot 30 jaar, maar dit hang steeds af van ons mense se opvoedingsvlak. Ons moet meer doen om mense in te lig oor die gevare van onverantwoordelike alkoholgebruik.

Karlien en De Wilgers (WILd-KARd) het vanjaar se SJGD Blikkieskosdag gewen. FOTO: JEAN-MARIE HENNING

vir Alkoholverwante Navorsing meen dat die regering strenger drankwette in werking kan stel, maar dit sal altyd van verbruikers afhang of hulle meer verantwoordelik drink. “Ons kan die ouderdomsperk vir drankverkope opskuif tot 30 jaar, maar dit hang steeds af van ons mense se opvoedingsvlak. Ons moet meer doen om mense in te lig oor die gevare van onverantwoordelike alkoholgebruik,” het Olivier aan Rapport gesê. Hoewel daar omstredenheid rondom die drankwet is, is hierdie bloot net nog ’n voorstel wat onder vele debat gaan deurloop.

Studente word geteister deur misdaad LIZANÉ TREURNICHT Vier dames- en twee mansstudente is beroof in ’n nuwe veiligheidskompleks op die Bult tydens vier verskillende insidente wat oor ’n tydperk van twee weke plaasgevind het. Kaptein Mvula Chaka, woordvoerder van die polisiediens in Potchefstroom, sê dat twee van die gevalle aangemeld is. Volgens die inwoners van die kompleks is die laaste twee (ernstiger) voorvalle aangemeld. “Die inbrekers het gesien dat die kompleks ’n maklike teiken was. Dit is duidelik dat hulle opgewasse is vir inbrake, want hulle weet presies wat hulle wil hê,” meen die meisie wat eerste beroof is. “Die laaste twee insidente het skaars 24 uur uit mekaar plaasgevind. Dit was in die oggendure tussen 01:00 en 03:00 en die inbrekers het oor die kompleks se muur geklim. Hoë

mure hou nie skelms uit nie,” sê Chaka. ’n Eienaar van die kompleks het tydens ’n telefoniese onderhoud bevestig dat die veiligheid van die inwoners vir hulle belangrik is. Hoewel daar geen diefwering of veiligheidshekke was nie, is die sekuriteitsmaatreëls opgeskerp en elektriese heining is tydens die vakansie aangebring. Dit is nie die eienaars van die kompleks se verantwoordelikheid om diefwering op te sit nie. In die derde voorval, is ’n mansstudent se skootrekenaar gesteel nadat die inbreker toegang verkry het deur die kombuisvenster. Volgens dié student, het die inbreker gedreig om hom te skiet. Dié mansstudent meen: “Dit is erg dat ’n mens se lewe bedreig word in die privaatheid van jou eie woonstel. ’n Mens is veronderstel om veilig te voel in ’n veiligheidskompleks.” “Die inwoners is ook verantwoordelik vir hulle eie veiligheid en moet sorg dat die vensters toe

en die deure gesluit is. Hoewel ’n veiligheidskompleks veilig is, moet ’n mens ten alle tye steeds waaksaam wees,” meen een van die eienaars. Tydens die vierde voorval is ’n damesstudent beroof en het die inbrekers gepoog om haar te verkrag. Hulle het by ’n baksteenmuur binne die kompleks opgeklim na die eerste vloer en deur die skuifdeur op die balkon ingekom. Volgens die polisieverslag is haar onderklere met ’n kombuismes van haar lyf af gesny. Sy was op haar bed vasgebind met skoenveters en ’n laken. Die inbrekers het op die vlug geslaan met haar selfoon en kontant nadat inwoners wat die geraas gehoor het, aan haar deur geklop het. Die twee verdagtes is vasgetrek en deur die polisie gearresteer. Dit is nog onbekend of die twee insidente met mekaar verband hou, maar volgens Chaka, duur die ondersoek voort.

Schabort kom kuier die naweek op jou televisie Corneels Schabort verskyn Vrydagaand as ’n finalis in die nuwe Noot vir Noot episode. Schabort, wat ’n dosent aan die NWU-Puk, asook lid van die improvisasie-groep, Lagnes, is, het reeds in 2010 aan die reeks deelgeneem. Die episodes word egter nou eers uitgesaai. “Daar is eenvoudig te veel liedjies in hierdie wêreld om almal te ken vir Noot vir Noot. So, ek gaan dinge maar net vat soos hulle kom en uitgaan om dit gate uit te geniet,” het Schabort vroeër vanjaar aan Wapad vertel. Die episode word hierdie Vrydagaand om 19:30 op SABC2 uitgesaai.


NUUS

7 APRIL 2011

| 5

As jy die volgende doen is jy 'n stalker

KEVIN DU PLESSIS Ek sien nog altyd ons kampus as 'n plek van liefde: Lover's Lane, die Bib se gras, die botaniese tuine se waterval - alles plekke waar liefde blom. Maar, in die jagproses om 'n beminde te kry is daar 'n paar dinge wat jy net nie moet doen nie. Is jy 'n stalker? Hier is tien maniere om uit te vind. Hoe het jy die kandidaat se nommer gekry? As jy hulle nie self gevra het vir die nommer nie is dit die eerste teken, en as sy vir jou 'n nommer gee en iemand van Kanada tel op kan jy ook maar weet... Is jy 'n Facebook stalker? As jy meer as twee keer 'n dag net na sy/haar foto's gaan loer om te kyk of hulle nog aantreklik is moet jy begin wonder of jy nie 'n obsessie het nie. Krap jy haar naam op jou pennesakkie, tafels, arm, been of boud? Dis weird, gaan sien iemand. Het jy al ooit met die persoon gepraat? Indien jy nie geweet het nie, dis een

van die vereistes om met iemand uit te gaan. Is die persoon reeds in 'n verhouding? Jy kan nie sjokolades en rose aandra vir iemand wat van die rak af is nie, dit kan 'n aanduiding wees dat jy self bietjie van die rak afgeval het. Staar jy vir haar in die klas tot op die punt dat sy ongemaklik raak en omdraai? Kyk sy terug met 'n uitdrukking van afgryse? Hou op kyk... freak. Stuur jy vier, vyf keer 'n dag vir hulle SMS'e al het hulle twee weke terug reply? Probeer asseblief insien dat die verskonings in jou kop, soos "sy het seker nie airtime nie", belaglik is. Daag jy net op by hulle koshuis op eienaardige tye en bel dan dat hulle moet afkom? As die eerste ding wat hulle sê "Sjoe, ek is so moeg vanaand" is, steek die tuisgemaakte brownies met jou spuitgoed op terug in jou sak en hardloop. Gebruik hulle altyd terme soos, "jy", "my mensie" of "dude" waar jou naam ook kon inpas? Het jy hulle ooit jou naam hoor sê? Kanse is goed hulle weet net nie wat dit is nie. Wapad is simpatiek teenoor die stalker-gemeenskap op kampus, en raai almal aan om te gaan vir berading indien jy voel jy pas by bogenoemde kriteria.

Janus de Villiers, joernalis by Wapad, het vir 'n dag gaan ondersoek instel oor wat dit behels om 'n dosent te wees.

FOTO'S: KIRSTI VISSER

Dag in die lewe van ’n dosent JANUS DE VILLIERS

S

elfs nog meer interessant as om ’n dag in die lewe van ’n NWU-dosent eerstehands te ervaar, is om te besef dat hulle waarlik nie soveel van ons studente verskil nie. Hulle gee dalk vir ons klas, en deel opdragte uit wat ons naweke besig hou wanneer ons liewers op die Bult sou wou kuier, maar dosente is immers verantwoordelik vir ons opvoeding. Hulle het ook ’n verantwoordelikheid teenoor hul werkgewer, die universiteit, om te verseker dat ons tot die beste van hul vermoëns opgelei word vir ons toekomstige beroepe. Ek het eerstehands ervaar wat dit vereis om ’n dosent op ons kampus te wees nadat ek ’n dag in een se skoene geloop het. Een van die opvallendste lesse wat ek geleer het, is dat dit vir ’n dosent net so bitterlik moeilik is om vir die half agt periode op te staan as vir hul

'n Dosent op die Potchefstroomkampus spandeer sowat agt ure op kampus per dag.

klas se studente. ’n Dosent op die Potchefstroomkampus spandeer sowat agt ure op kampus elke dag. Hul werksdae word opgedeel tussen spreektye vir studente, voorbereiding vir klasse en die aanbieding daarvan. Tydens my eksperiment het ek myself in ’n dosent se roetine probeer inleef sodat ek alle moontlike aspekte kon ervaar. Ek is die geleentheid gegun om voor te lees in ’n periode en so ’n

idee te kry hoe dit voel om voor ’n groep studente ’n klas aan te bied. Ek het ook ’n idee gekry van hoeveel tyd en moeite dit verg om ’n klastoets na te sien. Elrie Visser, 'n dosent aan die Skool vir Kommunikasiestudies, het my vertel van ’n tipiese dag in haar week, wat die aanbieding van 12 klasse per week insluit. Verder geniet sy dit om tyd af te staan aan haar eie studies, en lys die merk van opdragte en vraestelle as van die grootste frustrasies van haar loopbaan. Soos Visser, is daar heelwat dosente op kampus wat nog besig is met verdere studies. Wanneer hul opdragte en toetsdatums opstel en uitdeel, moet studente in gedagte hou dat hulle begrip vir ’n student se rooster en ander verpligtinge het, omdat hul self ook akademies verkeer. Sophia Kapp van Vertaalkunde, vertel dat sy ’n lugwaardin, ’n prinses, ’n fotograaf, ’n motorwerktuigkundige en selfs ’n Italianer as kind wou wees, en dat “die dosent-ding per toeval” gebeur het.


NUUS

6|

7 APRIL 2011

Ondersoeke ten bate van KANSA

Bekostigbare ondersoeke vir dames

April

MODEL

LIZANÉ TREURNICHT

D

ie Gesondheidsorgsentrum op kampus het gedurende Maart bekostigbare toetse vir dames beskikbaar gestel vir borsondersoeke en papsmere. KANSA het die geleentheid vir dames gebied om vir borsondersoeke en papsmere te gaan wat deur ’n goed opgeleide suster in die sentrum gedoen is. Bea Pretorius, ’n suster by die sentrum, meen dat dit baie belangrik is dat dames gereeld kom om hierdie toets te laat doen. Dit kan help om die vroeë tekens van servikale kanker te diagnoseer. Pretorius sê: “Servikale kanker is in Suid-Afrika meer algemeen as borskanker, en elke vrou word blootgestel aan dié risiko. Daar is nie rede tot vrees nie, omdat dit ’n kanker is wat met groot sukses behandel word.”

WAPAD MODEL Naam: Jean Strauss Koshuis: Heimat

Die Human Papilloma Virus (HPV) is die virus wat servikale kanker veroorsaak, en omdat daar selde simptome is, is gereelde ondersoeke nodig. Borskanker kom, volgens KANSA, hoofsaaklik voor by vroue ouer as 40, maar jonger vroue toon volgens Pretorius meer simptome. “Vroue moet gereeld hulle borste ondersoek om abnormaliteite te identifiseer soos verkleuring, knoppe en die skielike vergroting van ’n bors,” meen Pretorius. Die afsprake wat by die sentrum self gemaak moes word en R100 per toets beloop het, se fondse was ten bate van KANSA. “’n Klomp dames is by die sentrum verwelkom. “Alle ondersoeke is professioneel gedoen en is heeltemal veilig. Die dames kon met ’n geruste hart kom vir die toetse,” meen Pretorius. Gaan maak gerus ’n draai by die Gesondheidssentrum.

Studierigting: Menslike Hulpbronbestuur Mees vernederende oomblik: Ek het met ’n Jockey deur die duikweg gehardloop en toe het seniors my gesien. Iets interessants oor jouself: Ek het ’n tribal tattoo wat ek self ontwerp het op my skouerblad, en ook ’n tongring. Met watter bekende sal jy wil trou? Megan Fox, want sy is mooi en sportief gebou (hy hou van sportiewe meisies).

FOTO: IAN ODENDAAL

Voortaan sal daar vir elke maand ’n manlike sowel as ’n vroulike Wapad model uit verskillende koshuise gekies word. Hierdie modelle sal dan finaliste word in ’n spesiale Wapad modelkompetisie. Beoordelaars is onder meer Leandie Du Randt, Flip-a-Coin en Nadia Beukes. Wil jy die volgende Wapad model wees? Jy en jou koshuis kan groot pryse wen. E-pos vir ons ’n vollengte foto van jouself, asook jou kontakbesonderhede na wapad@nwu.ac.za en jy kan dalk in die volgende Wapad verskyn.

HET JY GEWEET? Die grondtekening het daartoe aanleiding gegee dat die Natuurwetenskappekompleks as die “Spinnekopgebou” bekend geword het. Die opvallende sentrale lesingsaal met sy buitestutte, is onder studente bekend as die “Kafferpot”. Die bouonderneming is in 1979 afgehandel. In 2000 is ’n gedeelte van die kompleks teen ’n bedrag van R2 111 000 heringerig om ook die Departement Elektriese en Elektroniese Ingenieurswese te huisves. DIÉ BROKKIE NUUS IS SAAMGESTEL DEUR DIE NWU-PUK-ALUMNIKANTOOR

Was die vakansie vir jou lank genoeg?

MONIQUE VREY Die feit dat die kwartaal weer volstoom aan die gang is, bly onvermydelik. Die werk word meer, dosente blyk meer genadeloos te word en in die proses word die rus ook minder. Die vraag is egter, voel die Pukke uitgerus en reg vir die kwartaal wat voorlê? LEISHA PRETORIUS BCom Menslike Hulpbronbestuur 3de jaar Bellatrix “Nee, want die dosente gee vir ons te veel werk en ek moes toetse en opdragte in die vakansie doen.”

MICHELLE MAYS BA Kommunikasie 2de jaar Heide

NEILL ROBERTSON BA Kommunikasie 1ste jaar Heimat

“ Nee, die vakansie het gevoel asof ek onder narkose was – ek het dit nie eers gevoel nie.”

“Ja, want ek’t ’n produktiewe vakansie gehad.”

HOUSTON EILERS Elektriese Ingenieurswese 4de jaar Ratau “Nee, die vakansie was gans te kort.” RUAN ROOS MBW 1ste jaar De Wilgers “Nee, die langnaweek was te kort.”

LEAH FOXCROFT Menslike Hulpbronbestuur 3de jaar Minjonet

“Nee, want dis baie werk en alles is opmekaar.”

ILZA VAN ZYL BA Kommunikasie 1ste jaar VMN

“Nee, want dit was soos ’n rip-off van ’n langnaweek.”

12:00


NUUS

7 APRIL 2011

|7

AKSA neem voortou in leierskapsontwikkeling HELOÏSE VAN DER WALT “AKSA hou aan die begin van die jaar ’n kamp vir die eerstejaars. Hulle het opvolgaksies deur die jaar wat help met die aanpassing op die Puk, asook in die koshuise,” voer Anmaré Steenkamp, AKSA HK-lid van Eikenhof aan. Daar is tans 15 AKSA geplaasde studente in Eikenhof, wat seniors insluit. “Ek het die studente voorberei op universiteit deur ’n uurlange lesing. Ek het van ’n gereedskapsboks gebruik gemaak, met verskeie gereedskap, wat lewenslesse verteenwoordig,” sê Suzette Weideman, kliniese sielkundige van die universiteit se Gesondheidsorgsentrum. BEK (Bemarking en Kommunikasie), werf elke jaar individue om te kom studeer. Daar vind ’n eerstejaarskamp plaas voor O&B, waar voornemende studente gewoond gemaak word aan die Puk se kultuur en strukture. Finansiële steundienste spreek die studente toe en plaas geld op hul studentekaarte. Die aktiewe portefeuljes van die SR bring ook portefeuljes soos sport en kultuur onder die studente se aandag. Aangesien die studente meerendeels Engels is, spreek His People Kampuskerk hulle toe. Tolkdienste is deur prof. Marlene Verhoef, direkteur van die NWU se taaldirektoraat, geborg.

Die inisiatief het die oog op toekomstige leiers van die Puk wat kan aangaan met die AKSA prentjie.

BEK plaas die studente in koshuise waar daar van hulle verwag word om deel te neem aan koshuisaktiwiteite en die koshuis te ondersteun. Die SR en AKSA kyk deurlopend na die betrokkenheid van die studente. Na O&B is daar ’n opvolgaksie om te bepaal hoe dit met die studente gaan. ’n AKSA gemeenskapsuitreikprojek, Leave-A-Legacy, is ook onlangs deur Sinki Mlambo, SR:AKSA, geloods wat fokus op die opleiding van swart leiers in die Puk se struktuur. “Die inisiatief het die oog op toekomstige leiers van die Puk wat kan aangaan met die AKSA prentjie,” het Mlambo aangevoer. Hulle word onder andere geleer om hul tyd en finansies te bestuur en interpersoonlike kommunikasie te bevorder.

INTERKAMPUS LIZANÉ TREURNICHT ’n Tweedejaar mansstudent van Stellenbosch is voor Dagbreekkoshuis aangeval. Dié student is op ’n Saterdagmiddag 17:00 deur vier verdagtes aangekeer. Die voorval het op die Groen Roete plaasgevind wat as die “veilige roete” bekendstaan. Die mansstudent is met ’n mes gesteek waarna hy ’n spier geskeur het. Hy het steke gekry, maar het geen ernstige beserings opgedoen nie. Die verdagtes is deur mede-koshuisinwoners vasgekeer en aan die polisie oorhandig. ’n Inwoner van die manskoshuis, Kollege, by Tukkies, het ’n koshuistradisie ernstig opgeneem deur vir 31 nagte

onder die sterre te slaap. Dit is ’n tradisie dat eerstejaars vir drie nagte op die klippe slaap om die koshuis te “beskerm”. Dié tweedejaar het die eerstejaars aangemoedig deur vir hulle te wys wat ware trots beteken. Hy het ten spyte van reën en koue deurgedruk en het ’n nuwe rekord opgestel vir Kollege. Ongeveer twintig eerstejaars het in die afgelope drie maande die koshuise verlaat by die Universiteit van Pretoria. Dié studente sukkel om kamers en badkamers te deel en wou nie aanpas by die koshuisreëls nie. Die leë kamers is sonder moeite gevul en ten spyte van studente wat sukkel om aan te pas, is daar nie meer kamers beskikbaar by Tukkies se koshuise nie.

Erena Stofberg is aangewys as die Puk se nuwe Miss Varsity Cup.

FOTO’S: VERSKAF

Famous Face

Sy wil ’n verskil maak as Miss Varsity Cup GERNA COETZEE

E

rena Stofberg is ’n tweedejaar onderwysstudent en die Puk se nuwe Miss Varsity Cup. “Jy kry nooit ’n tweede kans om eerste indrukke te maak nie.” Dít is die lewensmotto waarmee Stofberg op 14 Maart haar kroon ontvang het. “Dit is nou bitter onverwags,” was haar reaksie. Vir Stofberg is ’n meisie se hart die belangrikste, en nie voorkoms nie. “Miss Varsity Cup gaan definitief nie net oor ’n mooi gesiggie nie, maar jou innerlike speel ’n groot rol,” meen sy. ’n Moeilike vraag wat die beoordelaars vir haar gevra het tydens haar finale onderhoud was: “As jy ’n rugbyspeler was, watter posisie sou jy speel en hoekom?” “Verseker heelagter, want dié spelers het die meeste spasie en een van my jonger tweelingboeties speel hierdie posisie,” het sy geantwoord. Daar word van haar verwag

Erena ondersteun die Puk langs die veld.

Stem vir Erena vir Miss Varsity Cup National by www.varsitycup.co.za.

om die Puk te verteenwoordig op Maandag 11 April by die Miss Varsity Cup Nationals in Pretoria. Dit is ook waar die finale wedstryd tussen Tukkies en UCT gaan plaasvind. Stofberg kom van die klein dorpie, Rawsonville, af, waar sy op ’n wynplaas groot geword het. Haar Kaapse aksent slaan sterk deur en maak haar kêrel, Kit, se knieë lam. “Ek is stout vir tamatiesous en Wine Gums,” sê sy as iets wat niemand van haar weet nie Nog ’n geheim? As sy regtig lekker lag dan snork sy. Familievakansies in Buffelsbaai, reënweer, pienk rose en haar amper-vlieënier kêrel laat haar hart vinniger klop. “Ek bloos baie maklik en hakkel wanneer ek gespanne is. Ek slaap ook net op my maag,” is volgens Stofberg alles nog deel van haar geheimpies. Sy wil met haar nuwe titel ’n verskil maak in mense se lewens, al is dit net deur ’n opregte glimlag. “Ek wil ’n Jesus-voorbeeld vir my medemens wees,” sê sy.


NUUS

7 APRIL 2011


NUUS

7 APRIL 2011

VMN is algehele wenners van vanjaar se Wapad Telefoondienskompetisie. Patria en Ratau Lebone deel die eerste plek onder die mansafdeling.

FOTO’S: DEVIN DE BUDE

VMN is tops in TD

SUNÉ ESTERHUIZEN

V

ergeet-My-Nie Dameskoshuis het hierdie jaar die dames, asook die algehele afdeling van die jaarlikse Wapad Telefoondienskompetisie gewen. Patria en Ratau Lebone deel die wenposisie van die mansafdeling van die kompetisie. Die eerstejaars van VMN het beïndruk met vriendelikheid, entoesiasme, professionaliteit en effektiwiteit. Hulle het ’n persentasie van 79% behaal, waar Minjonet die tweede plek met 72.9% behaal het en Klawerhof derde is, met 70.4%. “Dit is fantasties!” meen Lucinda Louwrens, Eerstejaars HK-lid van VMN.

“Hulle kan sommer nou ’n uur later inkom as gewoonlik.” Die manskoshuise het hierdie jaar teleurgestel en het nie die algehele Top 3 behaal nie. Ratau Lebone het wel verras met vriendelikheid en behulpsaamheid. “Ek is baie gelukkig met hulle en baie trots. Hulle is ’n baie sterk groep,” het Jan Henning, Eerstejaars HK-lid, oor die welpies van Ratau gesê. “Ek is trots om te sien hoe die plebs Patria se beeld in alle opsigte uitleef,” is die mening van Patria se Eerstejaars HK-lid, Nicus Davel. Die plebs het behulpsaamheid gewys, en hulle diens het van goeie maniere en respek getuig.

GRADEPLEGTIGHEID KITSFEITE

Beide Ratau en Patria het ’n persentasie van 62.9% behaal. In die mansafdeling was Over de Voor tweede met 56.1% en Excelsior derde met ’n persentasie van 55.7%. Die kriteria vir die TD-kompetisie is vriendelikheid, behulpsaamheid, begrip en entoesiasme. Dan is daar ook gekyk na hoe flink die eerstejaars te werk gaan, die spoed waarteen die proses afgehandel word en hoe ordentlik die eerstejaars met die persoon wat bel kommunikeer. Elke afdeling het tien punte getel en vandaar is 'n gemiddeld uitgewerk. Die wenners van die TD-kompetisie is deur drie onafhanklike beoordelaars beslis.

SAAMGESTEL DEUR GERNA COETZEE

Aardklop 2011 Tydelike werk

’n Toga, skouerband en hoedjie kos R200.

Binne ’n uur na die verrigtinge moet jy jou toga, skouerband en hoedjie terug besorg.

Van 4101 studente het 2435 studente graadgevang aan die fakulteit Lettere en Wysbegeerte, Natuurwetenskappe, Teologie, Opvoedingswetenskappe, Ekonomiese en Bestuurswetenskappe, Regte, Ingenieurswese en Gesondheidswetenskappe in Maart 2011.

FOTO: GALLATIN COUNTY SCHOOL YEARBOOKS

Aansoekvorms vir tydelike werk by Aardklop 2011 is nou beskikbaar by die Aardklop-kantoor, Malherbestraat 59. Bring ‘n id-foto, afskrif van jou id en jou bestuurslisensie (as jy een het - dis nie verpligtend nie). Kantoorure is Maandae tot Vrydae tussen 08:00 en 16:00

Aardklop 2011

Tydelike werk

265 van bogenoemde 2435 studente het hul graad met lof verwerf. 904 nagraadse studente het weer ’n graad gevang, waarvan 131 met onderskeiding was. 762 studente het diplomas ontvang.

|9


KUNS & VERMAAK

10 |

7 APRIL 2011

Kuns Vermaak Ester de Vos, Netanja Brink en Rineke Viljoen op die verhoog in Boegoe vannie Liefde.

FOTO: MARK REITZ

Boegoe vannie Liefde kry ’n encore

LEONÉ PRINSLOO

’n

Griekwa befaamde produksie van prof. Hans du Plessis en Lize Beekman word op aanvraag weer na die Puk gebring nadat dit sopas by die Woordfees in Stellenbosch ’n Prestige benoeming ontvang het. Hierdie herskrywing van die Bybelboek, Hooglied, na GriekwaAfrikaans bestaan uit gedigte van Du Plessis se gelyknamige bundel wat getoonset is om die verhaal van twee geliefdes in kabaret te omskep. Boegoe vannie Liefde volg op Du Plessis se Griekwapsalm-digbundel, Innie skylte vannie Jirre, wat in 2001 bekendstel is en waarvan reeds meer as 10 000 kopieë verkoop is. Dit bied aan sy groep kunstenaars bestaande uit Natie Klopper, Jako Meyer, Netanja Brink, Ester de Vos, Pierre-Louis le Grange, André Klopper, Rineke Viljoen en Deon Meiring, die geleentheid om saam met gevestigde kunstenaars te werk, asook die kans om as jong

Jako Meyer en Netanja Brink vertolk die verliefde Kois en Koib. FOTO’S: FLICKR ’n kunstenaarsvriendekring iets saam te kan aan te pak. Die kontemporêre musiekproduksie onder regie van Adri Breed en Franco Prinsloo is volgens ’n resensie in Die Burger ’n juweel wat jou geloof in die skoonheid van, en die noodsaak vir, woorde en musiek opnuut sal bevestig. Die laaste vertoning van Boegoe

vannie Liefde is 12 April om 19:30 op die planke by die Sanlam-ouditorium. Kaartjies kos R80 vir volwassenes en slegs R60 vir studente en kinders. Kaartjies is beskikbaar by die Departement van Kunste by die kultuurkantoor. Enige ander navrae kan aan Alanka Craffert by 018 299 2844 gedurende kantoorure gerig word.

De Priester vermaak gaste by Mej. Dinki JANINE NEL Die veelsydige liedjieskrywer, digter, sanger en storieverteller, Jak de Priester, het by vanjaar se Mej. Dinki kompetisie opgetree. De Priester sing altyd die liedjies waarvan gehore die meeste hou en hy vertel ook altyd ’n storie waarby sy gehore aanklank vind. Hy het tans ’n koffietafelboek met die titel Brood op die rakke en hy gaan vanjaar landswyd optree om dié versameling gedigte, liedjies, foto’s en bladmusiek te bemark. Vanjaar is sy tiende jaar op die verhoog en hy beoog ook om ’n CD of DVD vry te stel, getiteld Van Nougat tot nou. Sy nuutste CD sal oor twee maande op die rakke verskyn. Hy het vir vier jaar aan die Dra-

Skrywer en sanger, Jak De Priester, het by vanjaar se Mej. Dinki gesing. FOTO: ALEXA SWART

ma departement by Tukkies studeer. Hy onthou goed hoe hy met sy oupa se Datsun bakkie, waarop hy blommetjies geverf het, rondgejaag het op kampus. “Studentwees neem mens terug na kindwees en soms mis mens dit in die grootmenslewe. As mens terugdink aan jou studentedae moet daar goed wees wat jy kan onthou.” Sy vrou is tans swanger met hulle tweede kind. Hy geniet sy rol as pa baie. Hoewel hy nie dikwels tyd kry vir ontspanning nie, geniet hy dit om te fliek of saam met sy vriende te braai in sy vryetyd. Hy is sterk oortuig daarvan dat studente te gou die volwasse wêreld wil betree. “Mens moet die vier jaar op universiteit geniet, want dit is baie kort,” sê hy.


KUNS & VERMAAK

7 APRIL 2011

| 11

Braai4Heritage besoek Potch

Jan Braai vermaak Puk KIRSTI VISSER

J

Die braaiers in die Amfiteater voor die kole.

FOTO’S: IAN ODENDAAL

Jan Braai en Kampusrektor, prof. Herman van Schalkwyk gesels om die braaier.

an Braai se definisie van Braai4Heritage is die ryk en diverse erfenis van braai. Iets in die lyn van “Almal braai, van die ryk mense in die stad tot die mense in townships, tot die studente in hul komplekse.” Dit is presies hoekom Jan Braai en sy span ’n 40 dag toer regoor Suid-Afrika geloods het – hulle beoog om ’n braaidag te vier waar ons Suid-Afrikaners almal die kole uitpak en die blits aan die brand blaas. Braai4Heritage het op 13 Maart in Kaapstad afgeskop en vandaar hierdie jaarlikse byeenkoms om elkeen (en elkeen se vuurmaaktegniek) ’n kans te gee om die vleis te bring na die braai. “Jy sal verbaas wees om te sien hoe die mense se braaistyle ver-

skil soos wat jy na verskillende plekke toer.” Op 24 Maart het hulle in Potchefstroom aangeland en ons Amfi ingehuldig. Die studentedorp is as ’n erfenis gekies juis omdat dit die beste kuierplekke in Suid-Afrika het. Of iets van akademiese erfenis. Jan sê ook dat die Puk beskryf kan word as ’n eerstewêreldse universiteit. Hy het duidelik die Draak besoek. Die braai is juis in die Amfi gehou om studente bewus te maak van die Braai4Heritage inisiatief. Natuurlik was die saak gewonne – studente is nuuskierige wesens en ’n mens kan hulle altyd kry daar waar kos gemaak word. Hou gerus die kassie dop vir die Braai4Heritage show wat later op Kyknet gaan afskop.

ekhouvanjouokay! vermaak die braaigangers.

Polisiekar se storie word in boek vertel MARTIN LAUBSCHER THE ONE NIGHT STANDS Songs from the edge of the world

Indie-rock is ’n moeilike genre om te bemeester. The One Night Stands wend ’n waardige poging aan, maar slaag ongelukkig nie in al die uitdagings nie. The One Night Stands het as ’n tagtigs cover-groep begin. Die tagtigs-invloed in hulle musiek is dus baie duidelik. Die hoofsanger se stem toon ooreenkomste met dié van Block Party. Daar word dikwels van elektriese klanke gebruik gemaak. Dit bied ’n mate van afwisseling; ’n mens kan egter nie help om te voel dat selfs dít meer effektief toegepas kon word nie. Die meeste van die snitte op die CD begin interessant genoeg. Die liedjies tel egter nie op nie en verloor daarom die luisteraar se aandag. ’n Gemiddelde band met ’n gemiddele klank.

VERSUS THE WOLF Uncovering faces

Rock-musiek wat met ’n epiese aanslag benader word. Versus the Wolf se musiek word goed, met ’n verhalende trant, oorgedra. Hoewel die instrumentele werk ’n meer standaard-aanslag het, is dit interessant en boeiend. Die musiek herinner aan die destydse Suid-Afrikaanse band Valve. Die lirieke is epies en nogal intens. Wat interessant van die lirieke is, is die feit dat dit aanvanklik negatief oorkom. Daar is egter ’n deurlopende positiewe tema in die meeste van die liedjies. Die hoofsanger het ’n redelike alledaagse stem wat dikwels irriterend kan raak as die liedjies die koor bereik. Liedjies wat uitstaan is Enticing eyes (beide die oorspronklike en die akoestiese weergawe) en Uncovering faces. Neem in ag dat hierdie hulle eerste vollengte album is. Versus The Wolf toon baie potensiaal.

MARTIN LAUBSCHER Fokofpolisiekar het ongetwyfeld ’n groot merk in die Afrikaanse kultuur gelaat. Dit was dus onvermydelik dat die storie van hulle beginjare in ’n biografie saamgevat word. Annie Klopper, hoogaangeskrewe digter, musiekjoernalis en redakteur van die Protea Boekhuis, het dit op haarself geneem om die storie van Fokofpolisiekar se beginjare in ’n biografie genaamd Biografie van ’n Bende op te vat. Annie het die volgende vrae oor die boek beantwoord: Wat het jou laat besluit om die biografie aan te pak? My pad saam met Fokofpolisiekar het reeds begin toe ek ’n vryskut musiekjoernalis was wat met hulle ’n onderhoud gevoer het. Ek het meer belanggestel in die literêre status van hulle lirieke en het ’n Meestersgraadtesis daaroor geskryf. ’n Boek was die volgende logiese stap, want ek wou graag op ’n meer kreatiewe wyse oor hulle skryf en hulle storie vertel. Wat sal lesers verbaas? Ek dink heelwat van die vertellings oor die lede van Fokofpolisiekar as tieners sal lesers verbaas. Bloot die feit

Die omslag van die biografiese boek oor Fokofpolisiekar. FOTO: PROTEA BOEKHUIS dat die prentjie eintlik baie anders lyk as geken het. Dit was ’n groter uitdaging om wat dit in die media vertel is, behoort op myself te vertrou met my vyf vriende se sigself nogal verbasend te wees. stories – ek wou hulle nie teleurstel nie. Wat, sou jy sê, was die grootste uitdaDink jy dat die huidige Afrikaner-tieners ging tydens die skryf van die boek? ook aanklank by Fokofpolisiekar Om die legkaart te bou van vyf individuvind? ele ondervindings waarvan almal nie ewe Of hulle nou aanklank vind of nie, daar is veel kan onthou nie. Dit was nie soseer duidelik heelparty wat van die band hou. ’n probleem met die resente gebeure nie, maar om aanvanklik sin te maak uit Is die boek hoofsaaklik op aanhangers vyf onderskeie, gebroke vertellings van gerig, of sal mense wat nie noodwendig hulle herinneringe van die jare kort voor na die band luister nie, dit ook geniet? Fokofpolisiekar se ontstaan, was moeilik. ’n Ek hoop dat alle geharde aanhangMens sou dink die grootste uitdaging sou ers die boek sal koop, maar ek het dit só wees om hulle vertroue te wen, maar gegeskryf dat selfs iemand wat nie die band lukkig was dit reeds daar met die aanvang ken of van hulle hou nie, die boek sal kan van die projek – omdat ek hulle toe al goed verstaan.


12 |

7 APRIL 2011

Redaksionele

Kommentaar 7 APRIL 2011

Verkiesingstyd

D

ie tyd het weereens aangebreek vir die strate van Potchefstroom om ryklik versier te word met helder plakkate en helderder glimlagte. Verkiesingstyd. Politieke partye paradeer op en af, links en regs, en beloof die son, maan en sterre, maar ongelukkig nie deelnamepunte nie. Elkeen spreek die mooiste woorde en selfs die hemel word aan ons belowe. Met sulke groot aanbiedinge, beskou hierdie skrywer dit 'n moeilike taak om te besluit waar om die groot X te maak. Hierdie baie gekompliseerde besluit mag dalk selfs langer duur as 'n uitstappie na die SS om eenuur in die middag, en ons almal weet dié soort van uitstappie neem 'n ewigheid op sy eie. Na deeglike navorsing het hiérdie skrywer uiteraard tot 'n briljante oplossing gekom. Sport. Dwing die partye af teen mekaar in 'n rugbywedstryd. Die wenner bly aan bewind, die chokers word die amptelike opposisie. Daar is meer as genoeg boepensies in ons parlement wat die skrum kan volmaak. Julius Malema, wat nooit op sy bek geval is nie, kan dalk sy vinnige woorde in vinnige voete omskep op vleuel. Draai u gedagtes na Hellen Zille, wat herinner aan Schalk Burger soos sy vreesloos, blonde lokke in die lug, deur die lug in nog 'n losgemaal ploeg. Jacob Zuma dans agter die pale na nog 'n drie deur Nelson Mandela, wat sy comeback maak op losskakel. Kontroversie ontstaan ook wanneer Desmond Tutu 'n rooikaart toeken aan Julius Malema vir terugpratery. Vir hiérdie skrywer en onkundige politieke kenner, klink dit na 'n wenplan. Viva demokrasie!

Kernredaksie

SKETS: WILLIE BLIGNAUT

Welkom medestudente, dosente en kampuskatte

2

1

Dagsê Pukke Welkom terug na die kort, maar nodige, vakansie. Volgende week is toetsweek, vir die wat nie weet nie, en die Studenteraad wil elkeen van julle wat skryf sterkte toewens en ek glo dit sal goed gaan. Die kwartaal het weer 'n klompie aktiwiteite wat voorlê, so hou jou Wapad en die plakkate op kampus dop. Ons wil ook sterkte toewens aan die Puk se debatspanne wat hierdie naweek in die Nasionale Debat kompetisie gaan deelneem in Potchefstroom. Ek glo ons sal die beker vir 'n 5de keer kan wen, maar alle sterkte vir hulle ook. Die Studenteraad is daar vir julle, en indien daar enige navrae of klagtes van watter aard ookal is, kan julle ons gerus kontak. Die SR-lede is elke dag op kantoor van 13:00-14:00. SR-kantore se ingang is by die ABSA tellers se trappe op!

8

2

6 HOOFREDAKTEUR: Piet Matipa (082 720 7369) ADJUNKREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) TEGNIESE REDAKTEUR: Elmari de Vos (082 644 1022) SPORTREDAKTEUR: Stephen Nel (082 099 1028) SKAKELING: Leané Meiring (084 952 1980) GRAFIES & FOTOGRAFIE: Ian Odendaal (079 957 7099) TEKSVERSORGING: Caro van Aardt (079 189 3516) BEMARKING: Isabel Weideman (082 367 2248) TEKSVERSORGERS: Nina Linde, Lisa-Marie Strydom, Marcelene Jordaan en Karlien Badenhorst, Risha Lötter MEDEWERKERS: Cornia Pretorius, Kiewiet Scheppel UITLEG: Linél Malan

Hard

Very easy

3

7

5 3

7

9

Piet Matipa 2

REDAKTEUR 1

5

ker rustyd, kuiertyd en wat ookal jydoen-by-die-huis-tyd gehad. 7 4 Mag hierdie kwartaal (of tyd na die langnaweek), vir almal groter geluk 3 mag jy daai vak waarvoor jy inhou, 35% gekry het, ’n ekstra persent of 2 3distwee oplewer en mag jy genoeg sipline hê om tussen al die lekker tye 2 op die 5 Puk, akademies te verkeer en tussen al die akademie bietjie sosiaal te verkeer. 7 Dan wil ons ook dankie sê vir diegene wat die Wapad-vraelys met mag 5 het. 9 Dankie 3 en (sterk) 9 mening ingevul vir die positiewe terugvoer. Só weet

66 39 7

48

8

51

7 7

2 3

4

4

6 22

3

57

57

6 8

2

7

5

4

9

1

5 66

5

79

4

9

9 5

9

5

3 6

6

28 3

5

3

8 17

2

4

79

1

49 74 2

3 1 3

8 4 3

6 1

86 6

4 9

2

3

1

89 9

2 6 11 7

9 1

8

4 7

2

negatiewe (of soos ons dit noem tough love) 6so weet ons, 4 ons 2moet plek-plek terugkeer op die pad, sodat die wa altyd ’n pad sal hê en nie ’n padlose wa, 7 of ’n walose pad kan word nie, maar ’n Wapad sal bly. As4daar iets in Wapad is5 wat jou ongelukkig maak, is ons ongelukkig is, dus raai 6dat jy ongelukkig 9 8 ons en al die dokters wat ons ken, jou aan om gerus vir ons 5 ’n9e-pos te stuur. As jy meer impak wil hê like ons Facebookgroep. Ter afsluiting wil ek sê: vrede, 6 elke 2 tweede vreugde en lees Wapad Donderdag, or else...

67 7

6

24 6

2

9

6 83

9

5

6

7

9

Hard Very hard Sudoku 2

11

Gaan voluit hierdie kwartaal! Jaycee van Rooyen SR:VOORSITTER

1

Very easy Sudoku 1 Easy

3

8

3 jy het ’n lek- 1ons, ons is6op die pad. Dankie vir die 1 Ons hier by Wapad hoop

Vriende, 8 getroue of toevallige 4 7Wapad-lesers, welkom terug na hierdie langnaweek. Ek wou eers gesê het 6 5 vakansie, maar3ek definieer vakansie as iets langer as tien dae. Die 4 vakansie (?) het2skaars begin en toe moet ons al klaar rapporteer vir klas.

2

7

9

SWARTKAT

8

7

6

4

8

6

6

7 4

2 6

1 9

5 8

2 55 9 8

3 6

2


7 APRIL 2011

| 13

Gesprek

Kommentaar Rekjou bek DEUR:

George Germishuys

From Bellville with love

Knyp jy die kat in die donker? Lees eers hier PHILIP BOTHMA 'n Universiteit is eerstens 'n akademiese instelling, 'n plek waar ons land se toekomstige leiers, sakemanne, opvoeders en regslui hoër onderrig ontvang; 'n plek waar referate en vurige debatte oor alles wat kontroversieel is, elke dag plaasvind. 'n Kampus is ook 'n plek waar jy studentwees ten volle kan geniet en kattekwaad kan aanvang waarop net 'n student geregtig is. Maar kom ons wees nou eerlik: "Hormone" rym nie verniet met "demone" nie. 'n Drukkie of 'n soentjie of 'n knip van die oog van die regte persoon op die regte tyd kan baie welkom wees, maar seksuele teistering op 'n kampus is ook 'n werklikheid. Niemand behoort 'n klag van seksuele teistering ligtelik op te neem nie. Die Departement van Arbeid definieer seksuele teistering as volg: • ongewenste fisieke kontak, wat enigiets insluit van verkragting tot by fisieke visentering ('n strip search) in die teenwoordigheid van die teenoorgestelde geslag; • ongewenste suggesties en innuendo, aanmerkings met seksuele ondertone, grappies oor seks of aanmerkings oor 'n persoon se lyf of voorkoms. Onvanpaste navrae oor 'n persoon se sekslewe of 'n ongewenste gefluit vir 'n persoon of groep persone; • ongewenste gebare, tekens, ontbloting en die tentoonstel van

Foto's ter illustrasie.

Hormone rym nie verniet met demone nie.

Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

eksplisiete prente of voorwerpe; • die bevordering van werknemers of die toeken van salarisverhogings, byvoordele en merietetoekennings aan persone in ruil vir seksuele gunse. As jy meen dat jy 'n slagoffer van seksuele teistering is, maak seker jy volg die regte kanale. Die oomblik waarop die handeling wat jou ongemaklik laat voel plaasvind, is die eerste stap om dadelik jou reg om te praat in te span en sê dat jy nie hou van wat aan die gebeur is nie. Daarmee bewys jy dat die handeling ongewens was. Die tweede stap is om 'n verklaring by die ondersoekbeampte by Beskermingsdienste af te lê. Dis 'n eenvoudige proses waar

jy net jou weergawe van die gebeure moet gee en 'n vorm moet teken. Jy kan ook iemand in 'n gesagsposisie vertel wat gebeur het. Hulle kan namens jou met die Studentedekaan skakel (of jy kan dit self doen) en hy sal 'n aanbeveling maak oor hoe om die saak verder te hanteer. Dit is baie belangrik om die insident so spoedig moontlik aan te meld, aangesien 'n te lang tydsverloop tussen die gebeure en die aanmelding daarvan kan dui op stille aanvaarding. Indien die ondersoekbeampte meen dat die oortreding minder ernstig is, kan hy mediasie aanbeveel. Die twee partye kom byeen in die teenwoordigheid van 'n prokureur en die saak word deur middel van gesprek besleg. Ernstiger oortredings word na die Dissiplinêre Komitee verwys, en die saak word in 'n dissiplinêre verhoor besleg. Slagoffers van seksuele teistering is dikwels huiwerig om na vore te kom, maar dis belangrik dat die oortreder verhoed word om dieselfde ding aan ander te doen. Praat dus as jy benadeel is. Maar moenie hierdie aantyging gebruik om aandag te trek of iemand te probeer "terugkry" nie. Dis 'n ernstige saak en jy maak dit soveel moeiliker vir ander slagoffers om gehoor te word.

Ombudsman

Om ’n onderwerp vir ’n eerste rubriek te kry is nie die maklikste taak wat al ooit aan my verskaf is nie. Ek het dit toe goedgedink om moontlike onderwerpe in my koshuisgang te gaan soek. ’n Baie swak besluit... “Seks, drugs en rock & roll”, “die (vloekwoord) chokers in die krieket wêreldbeker”; “die koshuis met ’n halwe HK”; “Voorhuwelikse gemeenskap”(’n oorweldigende gunsteling); en “die gayboys in ander koshuise.” Nie een van daai kites sou vlieg nie. Toe besluit ek om te praat oor die huidige klimaat van oordrewe politieke korrektheid. Laat ons nou nie vir mekaar lieg nie, almal is bevooroordeeld oor een of ander saak, al is dit nou wat. Dis soos wyn drink in jou koshuiskamer, almal doen dit, maar almal sluit hul deure. Wat ek wil weet is wanneer ons almal so sensitief geword het? Alles het ’n eufemisme. ’n Waterboy is nie meer ’n waterboy nie, hy’s ’n waterverspreidingsingenieur. Alles word in doekies toegedraai. Soos wat my seniele oupa altyd vanuit agter sy Texan rookwolk vir my sê: “Call a spade a spade!” Wat interessant is om op te merk is dat ’n vooroordeel teruggehou word as daar sukses is: ’n Voorbeeld daarvan is as die Puk 1-rugbyspan wen word die gebleikte mullets en drie- groottes te klein Jay-jay’s hemde verskoon, en deur talle aanhangers nageaap. As die gekleurde vleuel van basies enige rugbyspan in Suid-Afrika drieë druk is hy almal se china, maar laat china ’n bal aanslaan dan is hy ’n dit of ’n dat. Moet my nou nie verkeerd verstaan nie, as jy skynheilig wil wees, doen dit, dit is immers een van Potch se kenmerke, soos ruk & rol orkeste met gekleurde skinnies. Maar so nou en dan: noem ’n ding op sy naam, al kyk die ding vir jou. Dis ’n kwessie van karakter. HIERDIE IS DIE OPINIE VAN DIE RUBRIEKSKRYWER EN NIE DIE KOERANT S'N NIE.

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za


SPORT

14 |

7 APRIL 2011

Patria maak geskiedenis teen Tornadoes Tornado’s

FOTO: DEVIN DE BUDE

Patria en die Tornadoes pak mekaar aan in ’n lynstaan. LODEWYK UYS

O

p Maandag, 4 April 2011 het Patria Manskoshuis geskiedenis gemaak deur die eerste koshuis van die NWUPukke te wees wat daarin kon slaag om in die gesogte Varsity Cup tot die finaal deur te dring toe hulle vir die koshuis van UCT, Tornadoes, in die halfeindrondte met 20 punte teenoor 6 punte verslaan het. Die wedstryd het stadig begin toe Wilco de Wet in die sewende

minuut die eerste drie punte aangeteken het met 'n strafskop. Die manne van die Kaap het egter 'n paar keer daarin geslaag om Patria se lyn te sny, en het geantwoord met twee strafskoppe na mekaar. Kort voor rustyd was die telling 6-3 in die guns van Tornadoes. Patria het egter 'n verrassing of twee gehad en kort voor rustyd het slot, Lodewyk Uys, daarin geslaag om 'n los bal op te tel en die bal anderkant die wit lyn neer te sit waarop De Wet vervyf het.

Ons sal dit Maandag teen Simonsberg weer verder vat Die telling was dus 10-6 in die guns van Patria. Direk van die afskop af het Johan Deysel gesorg vir een van die

beste drieë van die toernooi toe hy briljante individuele vaardighede getoon het deur van sy eie gebied af te hardloop en die bal onder die pale neer te sit. Die telling was toe 17-6 in Patria se guns. De Wet het egter met 'n strafskop geslaag en die telling na 20 punte teenoor 6 gestuur. Beide spanne se verdediging is wel in die tweede helfte getoets. Die eindtelling was dus 20-6. “Die wedstryd was 'n goeie aanduiding van hoe hoog die tempo is op hierdie vlak. Die voorlaaste

SPORTLEGENDES ANDRIES HEYDENRYCH

CAPPUCCINO’S Hoek van Borcherd en Steve Biko Potchefstroom (018) 297 0708

SPECIALS

Maandae 3 Pannekoeke met Koffie of Tee

R15

Woensdae Belgiese Wafels met Stroop & Room of Roomys

R20

Vrydae Melkskommels

(Sjokolade, Piesang, Aarbei, Lemmetjie, Koffie en Bubblegum)

SPECIAL TYE VANAF 18:00 TOT 21:00

ONS HET OOK PLATTERS VIR 4 OF 6 PERSONE MET ’N GLAS WYN. VIR BESPREKINGS VIR PLATTERS OF GROEPE SKAKEL 018 297 0708 VIR SPECIALS VAN DIE DAG OP BORD IN FIORI

R12

Twee bekende PUKfm DJ’s , Bianca van Aardt (Nuusredaktrise en aktuele sakekenner) en Charonike Nel (Programbestuurder en sportshow-

trappie is nou geklim, ons sal dit Maandag teen Simonsberg weer verder vat,” het Wilco de Wet, kaptein en losskakel van die Patria eerstespan, die Blues, kort na die wedstryd gesê. Die verhaal is egter oppad na die klimaks toe waar Patria Maandag, 11 April teen Maties se koshuis, Simonsberg, te staan kom in die finaal van die Varsity Cup-beker. Die wedstryd sal op televisie uitgesaai word en word op Tukkies se velde gespeel.

FACE OFF aanbieder) toets hulle kennis oor sportlegendes in vandeesweek se Face Off. Wat sal gebeur wanneer vriendinne en vennote meeding? Wie het die beste legende kennis? Charonike

Bianca

“I said I was the greatest not the smartest” Wie het dit gesê? (Mohammed Ali)

Sy was ’n middelafstand Olimpiese atleet wat in Suid-Afrika gebore is. Sy het meestal kaalvoet deelgeneem. Wie is dit? (Zola Budd)

Hy was die eerste Afrikaner wat in ’n wêreldswaargewig titelgeveg deelgeneem het, en dit ook gewen het. (Gerrie Coetzee)

    

Waarom is Joel Stransky ’n legende? (Hy het die wenpunte in die 1995 rugby wêreldbeker aangeteken) Wat maak van Lance Armstrong ’n legende? ( Hy was ’n kankerpasiënt wat sy siekte oorwin het en die Tour de France 7 keer gewen het) Hy was een van Suid-Afrika se beste krieketkapteins in die geskiedenis gewees, maar hy is weens omstredenheid uit krieket geskors. (Hansie Cronjé) Hy is volgens statistieke die beste F1-bestuurder van alle tye, 7 keer wêreldkampioen en word met Ferarri geassosieer. Wie is dit?(Michael Schumacher) ’n Wes-Indiese krieketheld bekend vir sy prag kolfvertonings. Hy hou die rekord vir die hoogste individuele telling in eersteklaskrieket: 501 nie uit nie. Wie is hy? (Brian Lara) Hy word deur die Amerikaanse NBA as die beste basketbalspeler ooit aangewys, sy bynaam is His Airness. Wie is dit? (Michael Jordan) Hy het in Januarie 2007 ’n 5 jaar kontrak met LA Galaxy geteken wat hom £128 miljoen ryker gaan maak. Hy is ’n Engelse sokkerlegende, wie is dit? (David Beckham)

 

      

7

7


SPORT

7 APRIL 2011

| 15

KOSHUISE KAP DIE STRYD UIT IN RUGBYLIGAS ANDRIES HEYDENRYCH EN CARLI KOCH ’n Interessante byvoeging tot vanjaar se liga is die feit dat

die Landbou Kollege, ook bekend as die Pampoenboere, twee spanne ingeskryf het. Landbou 1 sal deelneem aan Superliga 3,

en Landbou 2 aan Premierliga 2. Mafikeng stuur ook weereens vanjaar ’n span wat gaan deelneem aan die Premierliga 2.

VERITAS Spannaam: Veritas 1 Bynaam: Veritas 1 Verlede jaar se posisie: 2de in die superliga. Beste prestasie: Was al liga wenners. Interessante feite: Hulle afrigter, Tony Buurman, het die span al van sy tweedejaar afgerig.

PATRIA Spannaam: Patria 1 Bynaam: Patria Blues Verlede jaar se posisie: 1ste in die superliga. Beste prestasie: Patria het verlede jaar die liga gewen. Interessante feite: Blue Bird is hulle mascot en hulle sing voor elke wedstryd Ireland’s call.

VILLAGERS Spannaam: Villagers 1 Bynaam: Villagers 1 Verlede jaar se posisie: 5de in die superliga. Beste prestasie: Hulle was in 2009 superliga wenners. Interessante feite: Shaka Willemse wat verlede jaar die Luiperds afgerig het, rig Villagers tans af.

THABA-JÄH Spannaam: Thaba-Jäh 1 Bynaam: Thaba-Jäh 1 Verlede jaar se posisie: 6de in premierliga. Beste prestasie: In 2009 het hulle 3de in die premierliga geëindig. Interessante feite: Thaba-Jäh het ’n klein motorfiets wat voor elke wedstryd uitry.

OVERS Spannaam: Overs 1 Bynaam: Overs Verlede jaar se posisie: Nie beskikbaar. Beste prestasie: Hulle was in 2006 en in 2008 ligawenners. Interessante feite: Voordat hulle op die veld hardloop raak hulle die leeu met die hand.

LAUREUS Spannaam: Laureus 1 Bynaam: Laureus 1 Verlede jaar se posisie: 3de in die premierliga. Beste prestasie: In 2007 was hulle in die finaal teen Ratau. Interessante feite: Ongeag net 80 inwoners, bereik die koshuis steeds finaal en halfeindrondtes.

HOMBRÉ Spannaam: Hombré 1 Bynaam: Hombré 1

RATAU Spannaam: Ratau 1 Bynaam: Ratau 1 Verlede jaar se posisie: 2de in die premierliga. Beste prestasie: Hulle het in 2008 die premierliga gewen. Interessante feite: Hulle het ’n interessante mascot met die naam Mufassa.

CAPUT Spannaam: Caput 1 Bynaam: Caput 1 Verlede jaar se posisie: 4de in superliga. Beste prestasie: Het die premierliga in 2006 en 2007 gewen. Interessante feite: Die kleinste koshuis wat aan die superliga deelneem.

Verlede jaar se posisie: Haal die halfeindrondte. Beste prestasie: Eerste span wat seniorliga drie opeenvolgende kere kon wen. Interessante feite: Die inwoners noem die span Sallabs.

HEIMAT Spannaam: Heimat 1 Bynaam: Heimat 1 Verlede jaar se posisie: 3de in die superliga. Beste prestasie: In 2007 het hulle die superliga gewen. Interessante feite: Hulle het derde by die Varsity Cup vir koshuise in 2008 geëindig.

EXCELSIOR Spannaam: Excelsior 1 Bynaam: Excelsior 1 Verlede jaar se posisie: Hulle kom Verlede jaar se posisie: Ligawenners 2010 (Premierliga). 9de in superliga. Beste prestasie: Ligawenners Beste prestasie: In 2009 kom 2010 (Premierliga). hulle 2de in superliga. Interessante feite: Die man van Interessante feite: De Wilgers die wedstryd dra in die volgende skryf vanjaar vir die eerste keer ’n wedstryd wit kouse. 3de span ook in. DE WILGERS Spannaam: De Wilgers 1 Bynaam: De Wilgers 1

Superreeks - Eerste Liga

1 2 3 4 5 6 7 8 9

SPAN

S W V

G PV

PT

PV LP BP

T

Veritas

1

1

0

0

28

19

9

4

1

5

Villagers

1

1

0

1

23

10

13

4

0

4

Puk o/19

1

1

0

0

10

5

5

4

0

4

Caput

1

0

1

0

5

10

-5

0

1

1

De Wilgers

1

0

1

0

19

28

-9

0

0

0

Heimat

1

0

1

0

19

23

-13

0

0

0

Excelsior

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

Over de Voor

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

Patria

0

0

0

0

0

0

0

0

0

0

Premierreeks - Eerste Liga

1 2 3 4 5 6

Hombré

1

1

0

0

17

0

17

4

0

4

Excelsior 2

1

1

0

0

12

6

6

4

0

4

Ratau

1

1

0

0

11

8

3

4

0

4

Laureus

1

0

1

0

8

11

-3

0

1

1

Thaba-Jäh 1

1

0

1

0

6

12

-6

0

1

1

Caput 2

1

0

1

0

0

17

-17

0

0

0

De Wilgers in die Basketbal-finaal teen Veritas. FOTO: EDWIN SWANEPOEL

Basketbal kom tot ’n einde Mansuitslae 1. Veritas 2. De Wilgers 3. Villagers 2 4. Ratau Le- bone

Damesuitslae 5. Over de Voor 6. Excelsior 7. Caput 8. Veritas 2

1. Wag-’nBietjie 2. Minjonet 3. Bellatrix 4. Heide

5. Karlien 6. Vergeet-MyNie 7. Kasteel 8. Eikenhof

Goeie jaar vir Puk Krieket GEORGE GERMISHUYS

D

ie Puk 1-krieketspan het een van hul beste seisoene in jare in 2011 beleef. Nie net het hulle tweede in die 65-beurt kompetisie geëindig nie, maar hulle het die 45-beurt kompetisie gewen, en is ook as algehele wenners van die Noordwes klubkrieketliga aangewys. Met hierdie wen kwalifiseer hulle vir die nasionale klubkompetisie in September. Dit word deur klubwoordvoerder, Conrad de Swart, as “’n groot hoogtepunt” beskryf, omdat Impala van Rustenburg vir die kompetisie in die onlangse jare gekwalifiseer het. Die uitstaanspelers van die 2011-seisoen was Chris Jacobs wat

met sy kanonkolf ’n merkwaardige 957 lopies gedurende die seisoen aangeteken het. Marchant Genis het 27 paaltjies met sy draaiboulwerk ingepalm om die voorste paaltjievraat te word en Stefan Gerike het ’n goeie veelsydige seisoen beleef. Volgens Conrad de Swart was die Puk-manne se oorwinning in die 45-beurt kompetisie oor Impala hul beste wedstryd van die seisoen. “Die span se sterkpunt is dat hulle as ’n eenheid saamgespeel het,” sê woordvoerder Conrad de Swart. In ’n jaar wat tot dusver nie gaaf was vir Puk-sport nie, het die Puk 1-krieketspan met hul uitstekende spel die Puk naam hoog gehou.

The Golf Shop Driving Range Promosie Koop ’n emmer balle vir slegs R25-00 en kry ’n gratis bier. Elke Donderdagaand by Potch Buiteklub vanaf 17:00 – 19:30

SIEN JULLE DAAR!


Sport 7 APRIL 2011 / VOL 5

Kirsten lei Indië na die pot vol goud STEPHEN NEL

’n

Skrywer uit Bollywood kon nie ’n beter einde vir Indië voorspel het nie. In pure Bollywood styl, het Indië slegs hul tweede wêreldbekerkroon verower deur Sri Lanka te klop in Mumbai. ’n Ses deur kaptein, MS Dhoni, het die wenlopies vir Indië aangeteken en so ook is Australië se wurggreep op wêreldkrieket verbreek. Die Proteas aan die anderkant, moes tevrede wees met ’n plek in die kwarteindrondte en ’n nederlaag teen Nieu-Seeland het beteken dat die land nog steeds gekenmerk word as cho-

kers. Twee Suid Afrikaners het wel bygedra tot Indië se glorie. Gary Kirsten, voormalige Protea kolwer, het gedien as hoofafrigter terwyl Eric Simons as boulafrigter gedien het. Kirsten het Indië nie net aangevoer tot wêreldkampioene nie, maar Indië beklee ook die nommer een posisie op toetskrieket se ranglys. Intussen is Suid Afrika nou opsoek na ’n nuwe afrigter en kaptein, met die slegte nuus dat Kirsten nie belangstel in die Protea pos nie. AB de Villiers, Hashim Amla en Johan Botha is van die gunstelinge om aangewys te word as kaptein.

Benodig jy ’n fotograaf? Dinees, koshuisfoto’s, ens... Mario van de Wall 074 891 6206 Sportredakteur: Edgar Trollip Sportredakteur: Stephen Nel

wapad@nwu.ac.za

E-pos met sportnuus


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.