Wapad - 23 Oktober 2014

Page 1

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 68

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

Nuwe slepe vra Die Groot Vraag

8

23 Oktober 2014 / VOL 11 LEES JOU KAMPUS

NUUS Vriende groet Divaco-lid ná onverwagse dood 4

KUNS Laaste kuns vir die jaar in galerye te sien

7

Kovsies verpletter Puk se netbal droom

Lees die treurspel op bl. 16

Iets om te sê?

SMS 31750 met die woord ‘wapad’ vooraan

NUUS.INTERAKTIEF

Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad


Nuus

2

Interkampus SAAMGESTEL DEUR ANNEMARIE HOOGENBOEZEM

UNISA teken Agenda 2063 ooreenkoms Die Afrika Unie (AU) en UNISA het baanbrekerstatus behaal toe hulle ’n historiese ooreenkoms geteken het wat die basis en beginsels van hulle samewerking bevat. Dié samewerkingsooreenkoms sluit navorsingsondersteuning en koördinering vir die ontwikkeling en implementering van Afrika se Agenda 2063 in, deur middel van praktiese programme in verskil-

23 Oktober 2014

Sirius X25 eindig vierde in Sasol Solar Challenge

NWU-Puk sonkar is tops

lende areas. Dlamini Zuma het die belangrikheid van samewerking in hierdie verband benadruk, aangesien die droom van ’n voorspoedige en geïntegreerde Afrika nie bewaarheid kan word sonder die samewerking van akademiese instellings nie. Die ooreenkoms is ’n langtermyn vennootskap en verbintenis om die groot potensiaal van die kontinent Afrika te ontgin.

Tuks studente treur oor die Square sluit Die gewilde Hatfield Square in Pretoria gaan moontlik binnekort sy deure sluit. Hatfield Square se eienaars, Redefine Properties, wil glo eerder behuising aan studente in die omgewing bied en beplan om die perseel in ’n residensiële ontwikkeling te omskep. Volgens die hoofbedryfsbeampte van die Hatfield City Improvement District (CID), Danie Basson, is dit nog onduidelik of die geboue as sulks in behuising omskep gaan word en of dit eers gesloop en herbou gaan word. Daar is nog nie ’n datum vasgestel waarop studente fi-

naal van Hatfield Square sal moet afskeid neem nie, maar volgens Basson wag eienaars glo net vir die laaste oorblywende kontrakhouers se huurkontrakte om te verval voor die ontwikkeling begin. Die gewilde kuierplek Dropzone se kontrak verval einde November en gaan nie hernu word nie. Na aanleiding van kommentaar wat op die Universiteit van Pretoria (UP) se studentekoerant, Perdeby, se webtuiste gelewer is blyk dit dat Tuks-studente baie teleurgesteld oor die verwikkelinge is en dat hulle dit as die einde van ’n era in die UP se geskiedenis beskou.

TUT-klasse hervat ná stakings Klasse by die Tshwane Universiteit van Tegnologie (TUT) het sedert 29 September normaal voortgegaan. Dit volg ná die universiteit se studente twee weke lank gewelddadig betoog het. Van die studente se redes was onder meer omdat studentelenings nie uitbetaal is nie. Die TUT-raad het intussen besluit om R46 miljoen vir studentelenings beskikbaar te

stel om ten einde 2500 studente se studiefooie vir die res van 2014 te help finansier. TUT se woordvoerder Willa de Ruyter het gesê dat studente toegelaat sal word om na hul behuising terug te keer ná hulle ’n onderneming onderteken wat stel dat hulle nie by enige gewelddadige aksie betrokke sal raak nie en nie enige skade aan eiendom sal rig nie.

Kortliks

Die NWU-Puk se sonkar, die Sirius X25, wat tydens die Sasol Solar Challenge vir universiteite regoor die wêreld 'n vierde plek verower het. SUNELLE VAN DER WATEREN

D

ie NWU-Puk se sonkar, die Sirius X25, het ’n plek in die top vyf tydens die Sasol Solar Challange behaal. Ná agt dae se swoeg en sweet het die universiteit met ’n algehele vierde plek in die wêreld weggery. Die NWU-Puk het sowat drie weke terug saam universiteite van regoor die wêreld weggespring en net ná die semesterweek hul onderskeidelike reise voltooi. Elke span moes probeer om 2000 km met hul sonkar af te lê. Nederland het eerste geëindig, Turkye tweede en Suid-Afrika se Universiteit van Kwazulu-Natal was derde. Prof. Albert Heilberg, die spanleier van die ingenieurspan wat die Sirius X25 gebou het, het gesê dat hul 2012-sonkar so ’n verrassing vir die universiteit was dat hulle al die pad agter die span gestaan het. “Hulle was so trots op ons dat

ons van toe af aansienlike ondersteuning van die universiteit, sowel as omliggende gemeenskappe ontvang het.” Vanjaar is die tweede jaar wat die NWU-Puk aan die Sasol Solar Challange deelneem. Die span het besluit om dié jaar ’n internasionaal kompeterende FIA Olympia-klas sonkar in te skryf, dus moes hulle die kar verbeter om vinniger en meer effektief te wees. “Dié jaar het ons ’n baie goeie aërodinamika ontwerp,” het Arno de Beer, die tegniese bestuurder, verduidelik. “Ek dink dit is die beste van al die sonkarre wat die jaar deelgeneem het.” Die NWU-Puk se solar batmobile het in 2012 ’n eerste plek tydens die Sasol Solar Challenge verower. Die kompetisie se roete is elke jaar anders met die doel om dit opwindend te hou sowel as om al die spanne ’n kans te gee om te wen.

Wêreldnuus

FOTO: Verskaf

Spesifikasies Geskatte gewig (sonder bestuurder): 175 kg Hoogte: 1,2 m Lengte: 4,5 m Topspoed: 120 km/h Gemiddelde spoed: 80 km/h Sonkrag: 1,4 kW/h Rim-grootte: 16 duim Motor: 4 kW/h GEEN RATKAS

Vanjaar se roete het in Pretoria afgeskop, ’n draai in Port Elizabeth gemaak en uiteindelik in Kaapstad geëindig. Dié interessante gebeurtenis word vanaf 28 Oktober tot 4 November op SuperSport uitgesaai.

SAAMGESTEL DEUR ANNEMARIE HOOGENBOEZEM

Nigerië en Senegal

Afrika-lande beheer Ebola-uitbreek Nigerië en Senegal het dit reggekry om ’n aantal belangrike gevalle van Ebola te beheer. In Senegal was daar nog nie een sekondêre geval van die virus nie. In Nigerië was daar egter al baie gevalle van mense wat met die virus geïnfekteer is en daarvolgens hul lewens verloor het, maar geen van hierdie gevalle het aanleiding gegee tot ’n grootskaalse uitbraak van die virus in Lagos nie. ’n Lid van die span wat die Ebola-virus in 1976 in die Demokratiese Republiek van die Kongo ontdek het, het vroeër vandeesmaand aan The Guardian gesê dat hy ’n “ondenkbare katastrofe” vrees indien die virus versprei na ’n groot stad soos Lagos.

VSA

Obama teen reisverbod President Barack Obama het gesê dat hy nie ’n “filosofiese beswaar” teen die verbanning van reis tussen die VSA en Wes-Afrika het nie. Hy het egter ook gesê dat die implementering van dié verbanning dit moeilik sal maak om te bepaal of passasiers wat die VSA binnekom onlangs in die streek was wat as die episenter van die Ebola-uitbraak bekend is. Obama het wel gesê dat ’n algehele reisverbod nie die manier is om die saak te benader nie.

Mosambiek

Vlermuise dra Ebola tot in Wes-Afrika Mosambiek is as een van die 15 lande gelys wat ’n risiko is vir dier-tot-mens oordrag van die Ebola-virus. Tot en met vanjaar was daar nie gevalle van Ebola in Wes-Afrika nie. Daar word gespekuleer dat die virus deur vrugtevlermuise vanaf Sentraal-Afrika tot in Wes-Afrika versprei het. Die vlermuise het moontlik die virus aan ander diere oorgedra. Die Mosambiekse klimaat is van só aard dat die risiko van dier-tot-mens oordrag van die virus hoër is as in ander lande. Suid-Afrika is nie op die lys geplaas nie, omdat die land voorbereid is op die moontlike uitbraak van Ebola.


23 Oktober 2014

Nuus

Meer betaal vir sjokolade weens Ebola? Aikona! Vyf vinnige feite

JACO-MARI FUTCHER

J

ou soettand gaan jou binnekort nog meer uit die sak jaag weens die vrees vir Ebola in talle Afrika-lande. Weens die vinnige verspreiding van die Ebola-virus het die Ivoorkus, die wêreld se grootste kakaoverskaffer naas Liberië en Guinee, besluit om hulle grense te sluit en alle uitvoere vir tyd en wyl te staak.

Die Ivoorkus verskaf ongeveer 33% van die wêreld se kakao en hierdie stakings kan beteken dat die prys van kakao tot $ 1000 per ton styg Die Wêreldstigting vir Kakao (WCF) is besig om fondse vanaf Nestlé en 133 ander maatskappye in te samel ter befondsing van ’n inisiatief wat op die bekamping van die virus fokus. Die Ivoorkus verskaf ongeveer 33% van die wêreld se kakao en hierdie stakings kan beteken dat die prys van kakao tot $1000 per ton styg. Dit beteken ook dat die beskikbare arbeiders onder groter druk gaan moet werk wanneer die nuwe oesseisoen begin, wat pryse nóg meer sal opstoot.

3

Î Die Ebola-virus is vernoem na die Ebola-rivier, waar die eerste uitbraak in 1976 voorgekom het. Î Simptome van Ebola sluit koors, pyn, diarree, braking en maagpyn in. Dit gaan ook dikwels gepaard met ’n rooi uitslag, rooi oë, pyn op die bors, moeilike asemhaling en bloeding. Î Simptome verskyn agt tot tien dae ná blootstelling aan die virus, maar die inkubasietydperk strek van twee tot 21 dae. Î Die virus versprei in die menslike bevolking weens kontak met liggaamsvloeistowwe. Î Wilde diere kan ook die Ebola-virus na mense oordra.

Gesondheidswerkers geklee in beskermende klere dra die lyk van ’n Ebola-slagoffer. * Ebola in Potchefstroom: ’n 72-jarige man is vroeër vandeesmaand in die Potchefstroom-hospitaal opgeneem met hoë koors. Die pasiënt is kort ná sy opname onder kwarantyn geplaas weens die vrees dat hy moontlik aan Ebola of Kongokoors ly. Hy is later na Klerksdorp verplaas waar hy negatief getoets het vir MIV, Ebola, Kongokoors en Malaria. Die man is vir Bakteriële Sepsis (bloedvergiftiging) behandel, maar is kort daarna oorlede.

Vigstoets of jy faal (dalk)

Suikerverslawing: die stille duiwel t Volgens Mariza van Zyl, geregistreerde kliniese dieetkundige, is suiker net so verslawend soos rook en ander dwelms.

t Kolwyntjie = 6 teelepels suiker t Blikkie Coke = 7 teelepels suiker

t Glas witwyn = 1 teelepel suiker t Sjokoladeblokkie = 1 teelepel suiker

t Volgens die Hart-en-beroertestigting van Suid-Afrika (HBS) is

t Glas lemoensap = 3 teelepels suiker

NWU-navorsers karjakker in Mauritius MARITA HERSELMAN

Sommige honneursstudente in kommunikasie voel glo ongemaklik met die keuse om ’n MIV-Vigstoets af te lê as deel van ’n klasopdrag. ’n Medestudent, Shaun Frazao, het glo voorgestel dat hulle vir Vigstoetse moet gaan. Koos de Villiers, dié honneursgroep se dosent in Gesondheidskommunikasie, het Frazao se idee ondersteun en skietlyste vir die belangstellendes opgestel. Beide partye hou egter vol dat dit absoluut vrywillig was. “Studente het vooraf ‘n vrywaringsklousule geteken om te bevestig dat hulle die toetse uit vrye wil doen en dit sou nooit enige punte tel nie,” het Frazao gesê. “ ’n Mens voel steeds gespanne terwyl jy vir jou uitslae wag, al weet jy wat die uitslae gaan wees.” Sommige studente voel egter steeds benadeel. Richardt Strydom, ’n dosent in grafiese ontwerp, het gehoor hoe van sy studente oor die projek praat. Hulle was ongelukkig omdat hulle oortuig was die Vigstoets sou as deelname tel of deel uitmaak van die puntetoekenning van hul bemarkingsprojek. Strydom wou nie die name van hierdie studente bekendmaak nie omdat hy hulle wil beskerm. Prof J.D. Froneman, ’n Kommunikasiedosent en etiekkenner, voel só ’n opdrag moes eerder op skrif

Prof. Henk Bouwman van die Skool vir Biologiese Wetenskappe en drie van sy studente, Veronica van der Schyff, Marinus du Preez en Karin Minnaar is tans op Agalega, ’n eiland ongeveer 1000 km Noord van Mauritius, op ’n navorsingsekspidisie. Bouwman en sy studente is in samewerking met ’n Sweedse navorser, Prof. Henrik Kylin en die Universiteit van Mauritius.

gestel word. Volgens hom kon die studente dit misverstaan en dink hulle is verplig om die Vigstoetse af te lê, al was dit nie De Villiers se bedoeling nie. “Dit gaan ook oor die outoritêre kultuur op die PUK,” het Froneman gesê. “Selfs al het die dosent beklemtoon dat die toetse nie verpligtend is nie, kon studente verplig gevoel het om die toetse te doen omdat die dosent die voorstel gemaak het.” “Ek het net die skietlyste van die studente wat aan die projek wou deelneem aan die gesondheidssentrum deurgegee,” het De Villiers gesê. Volgens hom het dit in hul guns getel omdat hulle dan weet hoe Vigs-slagoffers voel en dus beter veldtogte teen Vigs kan opstel.

sowat 40% van Suid-Afrikaanse vroue oorgewig weens hul leefstyl.

t Suiker laat jou vinniger vol voel, dus kry jy minder nodige voedingstowwe in nie.

ARISA JANSE VAN RENSBURG

Koos de Villiers, die kommunikasiedosent wat sy honneursstudente die keuse gegee het om vigstoetse af te lê. FOTO: Facebook

Î Volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie is daar tot dusvêr reeds 4 493 mense in WesAfrika aan die Ebola-virus dood.

Die doel van die ekspidisie is om opnames van plastiekbesoedeling en voëleiers te maak ten einde vir gifstowwe te toets. Bouwman en sy span gaan vir navorsingsdoeleindes die drie eilande: Rodriques, Agalega en St. Brandon’s Rock tydens hul ekspidisie besoek. Bouwman vertel dat hulle op Agalega voëlspesies teëgekom het wat hulle nog nie vantevore gesien het nie en volgens hom nog nooit aangeteken of beskryf is nie.

“Wat vreemd is, is die varswatervoëls wat hier voorkom, omdat ons meer as ’n duisend kilometer van die naaste natuurlike varswaterbron af is,” het Bouwman gesê. Hy vertel verder dat hulle reeds verskeie monsters van die koraalriwwe geneem het en talle voëleiers versamel het. Hy noem ook dat daar baie plastiek is wat met die seestrome uitspoel wat die strande besoedel. Die span gaan volgende St. Brandon besoek.


Nuus

4

23 Oktober 2014

Vriende en kollegas bring hulde aan oorlede Divaco-bestuurslid tydens gedenkdiens

Student sterf weens verkeerde medikasie

Bo en onder: Damian Klaaste

Vriende en koshuisbroers het verlede week 'n gedenkdiens in die POK-saal vir Damian Klaaste gehou.

ISABEL MOISES

D

ie POK-saal was verlede Donderdag gevul met vriende, koshuisbroers en komiteelede wat Damzo vir die laaste keer gegroet het. Vir sy kort leeftyd het Damian Nathan Klaaste (21) "diep spore in almal se harte gelos". Vriende beskryf Klaaste as hul broer. 'n Wyse, sterk persoon na

Ons het planne gehad om die manne Desember De Aar toe te vat. wie hulle kon gaan as hulle moeilikheid gehad het. Klaaste, ’n tweedejaar onderwysstudent en koshuisinwoner van Ratau Lebone, is sowat twee weke terug in sy huis in De Aar, in die Noord-Kaap, dood. Volgens sy vriend, Jacques Min-

naar, het hy die vorige aand oor maagpyn gekla en glo onbewustelik morfienpille gedrink om die pyn te verlig. Klaaste en Minnaar was 16 jaar lank vriende. Hy sukkel om te glo dat Damian weg is. “Ons het planne gehad om die manne Desember

Die donker kant van energiedrankies KafeĂŻeninhoud van drankies per 250 ml - Red Bull = 80 mg - Power Play = 78 mg - Monster = 88 mg - Coke = 23 mg - Filterkoffie = 105 mg - Kitskoffie = 53 mg

6WXGHQWHYHUEO\I

De Aar toe te vatâ€?. Klaaste het glo baie van opvoeding gehou en het “uit sy pad uit gegaan om minderbevoorregte mense te help," het Minnaar gesĂŞ. Damian was die vorige termyn ’n Divaco-bestuurslid en het volgens Revan Finck, voormalige Divaco-voorsitter, 'n “groot rol in die bemarkingsafdeling gespeel". “Hoe kan een persoon die wese van so baie mense verander deur

FOTO: Benette Rautenbach so min te wees?� het Ryan Maasdorp, sy koshuisbroer, gevra. Theo Foutie, koshuisvader, meen Klaaste was ’n man met ’n “regop houding� en volgens Ruan Chapman, Ratau se Primarius, het hy hulle trots gemaak en alles volledig gedoen. Klaaste het groot spore op almal se harte gelos. Klaaste se ouers was nie beskikbaar vir kommentaar nie.

8QLORIWV (NVNOXVLHI DDQJHELHG GHXU

*HPHXELOHHUGH HHQKHGH Â? 6ODDSNDPHUHHQKHGH Â? %DGNDPHU Â? /HHIDUHD Â? 8LWVWHNHQGH VHNXULWHLW Â? .RRSNUDJ Â? + 9 6WHYH %LNR HQ 0H\HUVWUDDW

5 SS SP

0HXEHOV LQJHVOXLW Â? <VNDV Â? 6NRWWHOJRHGZDVVHU Â? :DVPDVMLHQ Â? 7XLPHOGURHsU Â? 6WRRI 2RQG Â? 0LNURJROIRRQG Â? EHG Â? 6WXGHHUKRHNLH Â? %RHNUDN

Van die gewildste energiedrankies onder studente. JACO-MARI FUTCHER

Baie studente gebruik een of ander "studiehulpmiddel" vir daardie hupstoot tydens die eksamens, maar is nie altyd bewus van die newe-effekte wat dit kan inhou nie. Sommige energiedrankies bevat wel vitamiene, maar die hoofbestanddele wat beloof om onmiddellike energie te gee en jou verstandelik op te kikker, is egter niĂŠ die vitamiene nie, maar eerder tourien, suiker, glukose en hoĂŤ dosisse kafeĂŻen. DiĂŠ opkikkers het egter baie newe-effekte wat nie op die etiket verskyn nie en onttrekking daar-

van kan tot hoofpyne lei terwyl ’n oormaat kafeïen newe-effekte soos naarheid, prikkelbaarheid en slaaploosheid mag veroorsaak. Dit vat slegs ’n dosis van 250 mg kafeïen om kafeïenvergiftiging te veroorsaak in volwassenes. Wees op die uitkyk vir die simptome van kafeïenvergiftiging wat ondermeer senuweeagtigheid, rusteloosheid, maagpyn, braking en hartkloppings insluit indien jy graag energiedrankies drink. Na bewering verkoop elke kiosk op kampus sowat 480 blikkies Power Play (440 ml), 240 blikkies Red Bull (250 ml) en 168 blikkies Red Bull (335 ml). Die implikasies van die gebruik

Dit vat slegs ’n dosis van 250 mg kafeïen om kafeïenvergiftiging te veroorsaak in volwassenes. van hierdie hulpmiddels is dat dit hoÍ hoeveelhede kafeïen bevat wat verslawend kan raak en uiteindelik studente se konsentrasie en algehele gesonheid kan belemmer.

ZZZ QZXSXNNLYHUEO\I FR ]D


23 Oktober 2014

Nuus

5

Oudvoorsitter bedank weens gesondheidsprobleme

NWU raad soek nuwe voorsitter JACO-MARI FUTCHER

O

udvoorsitter van die NWU-Raad, Peet van der Walt, meen sy termyn op die raad het hom die geleentheid gegun om iets terug te gee vir sy alma mater “in ruil vir die groot geskenk van beginsels, ervaring, sosiale vaardighede en akademiese ervaringe”. Van der Walt het onlangs sy bedanking met onmiddellike inwerkingtrede ingedien weens gesondheidsprobleme. Hy het sowat drie jaar gelede ’n ernstige enkelbesering opgedoen en dit het veroorsaak dat hy nie sy volle aandag by sy rol as voorsitter kon vestig het nie. “Ek is reeds vir die afgelope vyf maande tuis,” het Van der Walt gesê. “Net sodra ek kon begin rondbeweeg, het ek weer ’n operasie ondergaan. Die impak op die uitvoering van my pligte was dat ek menigmaal nie vergaderings kon bywoon nie aangesien ek tuis moes herstel en nie kon reis om by vergaderings uit te kom nie. Ek het besef dat ek nie die NWU voluit kan dien nie en dat my gesondheid in die pad staan. Die NWU-Raad benodig lede en meer spesifiek ’n voorsitter wat op ’n

"Die NWU-Raad benodig lede en meer spesifiek ’n voorsitter wat op ’n deurlopende basis sy rol kan vervul. Deur ’n gebrek hieraan kan die NWU skade ly.” deurlopende basis sy rol kan vervul. Deur ’n gebrek hieraan kan die NWU skade ly.” Van der Walt het by die destydse PU vir CHO gestudeer en die grade B. Rek, Hons. B. Rek en M.Com. verkry. “Ek was vir ongeveer agt jaar op die NWU-Raad en het die afgelope ses jaar gedien as die Voorsitter van die Raad”, het Van der Walt gesê. Hy was ook die Voorsitter van die Uitvoerende Komitee (UK), Vergoeding- en al die Werwingskomitees van die NWU, ’n lid van die Senaat asook ’n lid van die UK van die Senaat, ’n lid van die Eretoekenningskomitee en ’n lid van die Forum vir Voorsitter van Universiteitsrade in Suid-Afrika. Die ondervoorsitter van die

NWU-Raad, Itumeleng Pooe, is aangestel as waarnemende voorsitter tot ’n nuwe, permanente aanstelling gemaak word. Pooe het gesê dat Van der Walt die universiteit op só ’n wyse bestuur het, dat die NWU groot hoogtes kon bereik tydens sy termyn as voorsitter. “Peet se vermoë om mense saam te snoer en om hulle te laat streef na dit wat die beste is vir die universiteit is prysenswaardig”, het Pooe gesê. “Op hierdie stadium het ek geen verdere betrokkenheid by die NWU nie. As ek ’n uitnodiging kry om weer by die NWU betrokke te wees nadat ek volkome herstel het sal ek dit ernstig oorweeg,” het Van der Walt gesê. “My vooruitsig vir die Noord-

Transformasie op die NWU te stadig? IAN VENTER Minister van Hoër Onderwys en Opleiding, dr. Blade Nzimande het laat in September ’n uitspraak gemaak dat die Noordwes Universiteit (NWU) ’n apartheidsinstansie is. Hierdie uitspraak het hare laat rys en was die eerste keer dat Nzimande enige instansie só aanval. Die uitspraak is gerig op die NWU, NWU-raad en die bestuurspan van die Potchefstroom kampus. “Dit is skandelik”, sê dr. Theuns Eloff. “Die NWU werk met ’n model van transformasie en daar was in 2010 teikens vir diversiteit gestel.” Daar kon nog geen bevindings gemaak word dat die NWU rasisties optree nie. “Jy kan nie ’n instansie soos die NWU as rassisties verklaar op grond van rasse getalle nie, maar wel as daar rassistiese praktyke plaasvind”, verduidelik Eloff.

Theuns Eloff Volgens Eloff is die huidige persenstasie van swart, Suid-Afrikaanse studente wat op die NWU kampus studeer 27% , maar beweeg egter vinnig nader aan 30%. Eloff meen ook dat dit nie oor ras gaan nie, maar eerder oor taal en dat dit ’n situasie van mag oor die NWU kampus skep. Die drie kampusse, Vaal Driehoek, Mafikeng, en die Potchefstroomkampus “is nie geïntegreerd nie en sal nooit wees nie,” het Eloff gesê. Die beleid en standaarde van die kampusse is dieselfde, maar as gevolg van die afstand

tussen die onderskeie kampusse en hulle bestuur sal dit nie werk nie. Die vraag is transformeer ons te stadig? Volgens Khaye Nkwanyana, woordvoerder van die Departement van Hoër Onderwys en Opleiding, transformeer die NWU te stadig. Hy is ook van mening dat daar “geen intitisionele en kulturele integrasie” op die NWU plaasvind nie en sê: “Die model wat die NWU gebruik vir integrasie werk, maar dr. Eloff het nie die volle visie van integrasie aan ons verskaf nie.” Daar moet ’n volledige beplanning van die transformasie en integrasie model gegee word sodat daar saam gewerk kan word om die model te verbeter of ten volle te laat werk. Hierop brei Nkwanyana uit deur te sê: “In orde om suksesvolle integrasie en transformasie op die NWU te verkry moet die dinamika van alle kulture in ag geneem word.”

Peet van der Walt, oudvoorsitter van die NWU-Raad, is al vyf maande tuis weens gesondheidsprobleme. wes-Universiteit is dat die universiteit sal uitstaan as ’n presterende universiteit waarvan die kern besigheid gesond is en deurgaans studente lewer wat toepaslik toegerus is om hulle by-

drae in die samelewing te maak,” het Van der Walt gesê. “Ek het my termyn op die NWURaad ontsettend geniet en die NWU sal altyd ’n spesiale plek in my hart hê.”

Oud-prim ontsteld oor 'verwronge beeld' JEANELLE GREYLING ’n Klagte in verband met die voorbladberig op 25 September is onlangs by die Wapad ombudsman, Hein Lubbe, ingedien. Dié berig, Heimat kry twéé prims in een week, handel oor Niki Henning, oud-prim, se skielike bedanking ná slegs ’n week se diens. Henning het só kommentaar gelewer: “Ek is ontsteld oor die feit dat onwaarhede oor daardie aand gepubliseer is, wat ’n direkte aanslag op my karakter is. “Verder voel ek die gepaardgaande foto is noukeurig uitgesoek om die verwronge beeld wat van my in die berig geskep is te beaam. Die foto is byna ’n jaar terug geneem en hou nie verband met daardie aand of met my hoedanigheid as HK-lid nie. “Ek hoop egter dat ons hierdie

saak kan regstel en spoedig kan afhandel.” Volgens Hannes Kruger, voormalige Wapad-redakteur, is die saak nog nie afgehandel nie. "Daar is drie bronne wat onafhanklik van mekaar bevestig het wat in die berig staan. Dit is standaardpraktyk dat indien drie bronne wat onafhanklik van mekaar is, dit as 'n feit beskou kan word." Volgens Kruger sou dit nie nodig wees om vir addiosionele bronne te gaan soek het indien Henning van die begin af oop kaarte gespeel het nie. Henning het egter nie op Wapad se navraag reageer oor of dit nie sy plig as leier is om nie foto's op Facebook te plaas wat moontlik sy beeld en reputasie kan benadeel nie. Volg Wapad vir die nuutste verwikkelinge oor die saak.


6

SASCO NWU PUKKE raises their opinion

23 Oktober 2014

SASCO is the biggest student movement in Africa. It champions the interests of students and seeks to ensure access and success in tertiary institions. Saki Gwicona, Tumelo Mojope and Terrance Mohale during their interview with Wapad. ISABEL MOISES

T

he North-West University (NWU) is one university with three campuses and not three different universities. It must not be treated as three different universities,” said the chairperson of the South African Student Congress’s (SASCO) NWU-Pukke-subdivision, Tumelo Mojope, during an interview. The SASCO representatives claim that, unlike the Student Representative Council (SRC), which acts as a representative of

“SASCO is not trying to hurt the image of the NWU-Puk. We care about the student’s interests” the campus management, SASCO represents the interests of students. Many have the perception that SASCO is a “political hooligan” organisation, but they stand to make a correction, said Mojope. “SASCO is not trying to hurt

the image of the NWU-Puk. We care about the student’s interests.” According to a statement issued by SASCO the campus neither has any rational bases nor speaks to the current population demographics of a democratic South Africa. The statement reads: “SASCO advocates for immediate changes to the admission policy as it will effectively resolve the re-occurring language policy question”. Mojope urges the NWU-Puk to implement a dual language sys-

tem on campus. According to him 50% of the classes should be presented in English. “The NWU’s language policy should not prioritize a minority language at the expense of the majority of the country, all policies of the campus must reflect the demographic realities of the country,” said Mojope. “It has a direct bearing on the quality of education that students receive while they are not academically strong in Afrikaans. “I have been a student at the NWU long enough to fully compre-

hend the implications of the language policy and culture and how it affects the student population,” said Terrance Mohale, secretary of SASCO NWU-Pukke. According to the representatives the NWU does not offer the same courses throughout all three campuses which is why the Potchefstroom campus should transcend to English, however they do not have any intention to slander the image of the NWUPukke as the credit of their degrees will be affected in the process.

Oud-Puk-Piet vermaak studente w

ANICA SCHEEPERS Derdejaar kommunikasiestudente het vanoggend aan Piet Matipa, ’n voormalige honneursstudent in joernalistiek op die Noorwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, asook voormalige Wapadredakteur, se lippe gehang tydens ’n lesing. Vanjaar het hy reeds drie toekennings ontvang. Onder andere ook ’n gesogte Mondi-toekenning. Cornia Pretorius, wat in 2011 een van sy joernalistiekdosente was, vertel hoe Matipa nie noodwendig ’n toppresteerder in akademie was nie, hoewel hy vandat hy in die praktyk werk, as ’n “ster” uitstaan. Matipa deel graag sy ervaringe vandat hy in 2012 by Beeld begin werk het. Hy is eerlik en entoesiasties oor sy beroep. Hy vertel met gemak van sy flaters en sê presies wat hy dink. “’n Mens weet net nooit te veel nie,” sê hy. Met sy eerste voorbladstorie was hy só trots en opgewonde – net om die volgende dag uit te vind dat die helfde van die mense se name verkeerd was. “So nou is ek paranoïes: hulle spel vir my A vir appel en P vir peer; soms laat ek hulle sommer vir my prentjies teken!” sê Matipa. Volgens Matipa het hy in sy eerste jaar baie misdaadstoriesgedek. “Ek weet nie wat aangaan nie,

Piet Matipa, joernalis van Beeld, maak ’n paar studente by die NWUPuk-kampus touwys oor dié bedryf. “Werk met jou persoonlikheid en charisma, wanneer jy veldwerk doen maak jou graad nie saak nie.”

mense lééf net meer deesdae!” sê hy. Hy gee graag raad. Hy lê klem op hoe belangrik dit is om verhoudinge te bou, waarsku dat ’n mens nie sommer net by ’n optog kan foto’s neem van als nie en herinner die student dat alle stories nie altyd nuuswaardig hoef te wees om boeiend te wees nie. “Moenie my tyd mors met ’n

plakkaatjie ‘Ons is moeg!’ nie! Brand tires, man!” spot hy, wanneer hy vertel hoeveel stories daar vanjaar oor stakings en optogte was. Die studente lag kort-kort vir sy unieke uitdrukkings en sy eie manier van praat. Hy eindig sy lesing met, “Maar ek is nou klaar… ek het nie nog nonsens om julle te vertel nie.”

Mal Matipa saam met uitsaalegende Riaan Cruywagen


23 Oktober 2014

Nuus

7

Potch

Patat HIERDIE IS SATIRE, AS JY DIT NIE VERSTAAN NIE, LOOP SOEK 'N SIN VIR HUMOR

SIMONSONNEKUS SONNEKUS SIMON

Vreemde voetsiekte breek uit by kaalvoetdag Studente se voete slaan neonpers uit tydens modeparade

P

otchefstromers het net hul opgehoue asems uitgeblaas na hul noue ontkoming met Ebola toe die volgende aansteeklike siekte toeslaan op die klein dorp. Die onbekende siekte, Vrotus Pootinzenia, het gesorg dat talle dokters, sommiges van die Sentrum vir Siektebeheer in die VSA, inderhaas na die Potchefstroomkampus reis om die nuwe bakteriële siekte wat na die kampus se kaalvoetdag verskyn het, te ondersoek. Dié nuwe mutasie van voetskimmel laat glo, soos atleetvoet, studente se voete afdop en jeuk. Dit laat ook ’n neonpers skimmel agter. Volgens ’n primêre mediese verslag van die dokters verbonde aan die saak is die siekte as vrotpoot gedoop en is as nie-dodelik

geklassifiseer. “Ons kon met die meerderheid van die gevalle sien dat die pasiënt se voet ná omtrent ’n uur ’n pers skynsel gekry het en vreeslik begin jeuk het. Ons kan wel sê dat dit nie dodelik is nie. Ons raai egter studente aan wat vrotpoot wil vryspring, om vir die res van die jaar met skoene op kampus rond te loop.” Kampuswoordvoerders is van mening dat die bakterieë in die reuse voetbad ontstaan het wat by die kampus-duikweg se ingang opgerig was en sê: “Ons bevestig dat die meeste mense wat vanaf die weste van kampus deur die duikweg beweeg ’n kans staan om vrotpoot te kry.” Die eerste geval van vrotpoot is tydens die modeparade deur voormalige studenteraad voorsitter, Janco Jordaan, waargeneem.

Wat beteken Kaalvoetdag vir jou?

“Ek het aanvanklik gedink dit is net perserige verf, maar toe ek sien hoe daar baie vlokkies vel van die persoon se voet afgeval het, het ek onmiddellik naar geword,” het Jordaan gesê. Volgens die NWU se verklaring sal ’n skimmel taakspan aan elke koshuis toegeken word om die voorkoming van die infeksie hok te slaan. “Elke koshuis is toegedien met ’n taakspan om seker te maak die NWU-Puk behou sy reputasie as die mees higiëniese kampus in die land. Die taakspan sal sorg dat koshuisinwoners vir die res van die maand (indien nie langer nie) met plakkies stort en met plastiek Ziploc sakkies bad.” Die universiteit het ’n beroep op privaatstudente gerig om “asseblief mooi tussen julle tone te was”.

Verhoed vrotpootjie só

Ek kon ook nie meer aan my twisters eet nie. Ek was so naar. Jordaan het die infeksie as “walglik” beskryf. “Toe ek dit sien, het my maag gedraai. Dit was nie lekker nie. Ek kon ook nie meer aan my twisters eet nie. Ek was so naar.” Volgens die NWU-woordvoerder, Kiewiet Scheppel, sal die taakspanne ook die volhoubaarheid van kaalvoetdag ondersoek, asook maniere om ’n meer higiëniese dag te hou.

zSit Ziploc sakkies aan jou voete as jy bad; zStort met visplakkies; zSalf jou voete met terpentyn sodra die neonpers uitslaan; zSkuur jou voete elke aand met ’n artichoke (beskikbaar by jou naaste supermark); zMoenie kaalvoet loop nie; zMoenie ’n paar sokkies meer as een keer aantrek nie en zVermy Overs se gange soos die pes.

Kaalvoetkinders vir 'n dag

SUNELLE VAN DER WATEREN

Quinn Claasen Derdejaar

Maxine van der Merwe

BEd Onderwys

Eerstejaar BSc MBW met Fisiologie

“We’re physically giving back to the community. It is really cool getting a bunch of university students actually excited about making a difference in other people’s lives.”

“Ek is mal oor kaalvoet loop, so vir my is dit die beste dag ooit!”

Heinrich Spies

Stephan Bezuidenhoud

Eerstejaar

Tweedejaar

BCom Bemarkingsbestuur

BSc Geografie en Omgewingstudie

“I respect it, but I wouldn’t do it (walk barefoot). I take care of myself.”

“Ek dink dit is ’n goeie inisiatief en ’n mens kan voortbou daarop. Kaalvoetloop is ’n bietjie onhigiënies, maar dit is ’n goeie idee.”

Sunelle Coetzee

Marcelle Eybers

Eerstejaar

Eerstejaar

BA Geografie

BA MBW en Psigologie

“Dit skep ’n lekker gees op kampus waar die hele kampus saam iets doen en dit is vir liefdadigheid so dit is vir ’n goeie doel.”

FOTO'S: Lize Lombard “Dit is ’n bietjie weird om kaalvoet te loop, maar ek voel nogal free so dit is cool.”

Elke koshuis het op Kaalvoetdag diep spore getrap. Modelpassies is op die loopplank beoordeel en die gehoor het 'n hele paar skaterlag-oomblikke beleef.


K&V

8

Wag-’n-Bietjie en Patria tydens hulle optrede by Binglesêr.

23 Oktober 2014

FOTO’S: Lize Lombard

verWAG PArfeksie met Bingle 2014 MARITA HERSELMAN

V

oordat sleepkoshuise kon hoor watter een van hulle die antwoord op Binglesêr 2014 se groot vraag is, moes hulle eers saam met die gehoor die antwoorde op hul eie vrae soek. Blommetjies en bytjies, superhelde, Disney-karakters, ruimtewesens en meer was gebruik om dié oorhoofsetema uit te beeld en elke sleepkoshuis se kreatiwiteit ten toon te stel. Babas se afkoms en gewigskwessies was gemeenskaplike vrae onder sommige van die slepe se vertonings en kinderlikheid as subtema is ook deur verskeie slepe uitgebeeld. Bouwer Bosch, oud BA-kommunikasiestudent aan die NWU-Puk, het as seremoniemeester mense met sy uitgesprokenheid en pittige kommentaar vermaak. Terwyl die slepe agter die skerms voorberei het, was die gehoor deur hul lewendige uitsending van twiets vermaak wat op ’n skerm verskyn het. Dié twiets het tussen humoristiese kommentaar, Bouwer-kritiek en ek-twiet-net-sodat-almal-in-die-oudit-bewus-isvan-my-twiets gewissel. Sleep 14, Vergeet-My-Nie en De Wil-

TOP 3 BINGLESÊRWENNERS 1. WAG-’N-BIETJIE & PATRIA 2. DINKI & VERITAS 3. HEIDE & EXCELSIOR TEMA-UITBEELDING (TOP 3) 1. DINKI & VERITAS gers-manskoshuis, het selfs Twitter in hul optrede geïnkorporeer en het die verhoog af getwiet. Algehele wenners van Binglsêr 2014 was sleep vier, beter bekend as Wag-’nBietjie en Patria-manskoshuis, wat die gehoor as kleuters van Heeltyd Speeltyd Kleuterskool vermaak het. Hul GROOT Vraag was waar babas vandaan kom, met ’n komiese uitbeelding van die reaksie wat die ontvanger van só ’n vraag het. Wag-’n-Bietjie en Patria-manskoshuis het ’n opgewekte vertoning gelewer met sterk musikale kwaliteite. Hul Engelse medley het uit treffers soos Simply the best en Substitute bestaan. Volgens Elsa van de Venter, eerstejaar Wag-’n-Bietjie-inwoner en Binglesêrdeelnemer, is die beste deel van Binglesêr om nuwe mense te ontmoet

2. VERGEET-MY-NIE & DE WILGERS 3. WAG-'N-BIETJIE & PATRIA EIE KOMPOSISIE (TOP 3) 1. DINKI & VERITA 2. VERGEET-MY-NIE & DE WILGERS 3. KASTEEL & CAPUT en om die samesmelting van mans- en vrouestemme te hoor. “Ons het baie hard geoefen, maar daar was altyd tyd vir fun," het Van de Venter gesê. Niel de Beer, eerstejaar Veritas inwoner en Binglesêrdeelnemer sê dat hulle aangenaam verras was met die wen van hulle eie komposisie. “Ons het hard gewerk en ons is heel gelukkig met ons ranking.” Christian Rudman, Patria Hk-lid en een van verWAG PArfeksie se afrigters, wat self ook vir hulle in hierdie jaar se Binglesêr opgetree het, vertel hoe goed dié groep mense oor die weg kom en van hul dissipline tydens oefening. “Ek het van die begin af vir hulle gesê indien jy hard werk sal die resultate daarvoor wys. Niks kan hierdié gevoel beskryf nie. Dit is ’n eer en ’n seën wat aan ons toegedien is.”

Spring Pageant causes ceiling outbreak KATLEHO DAWN MEJE Sassiness, attitude and striking poses. These are a few descriptions that the Mr and Miss Spring, hosted by Divaco last Thursday. Bonolo Dipone walked away with the title of Miss Spring 2014 and Shelton Mokuena looked pretty chilled someone who was just crowned Mr Spring. One of the judges, Samantha Meyers, knew exactly what she was looking for as she was Miss Divaco and Miss Varsity Cup in 2012 as well as Miss Divaco. Noël de Bruin, the chairperson, and Bernedine Staalmeester, the event planner, were highly satisfied when they received the “positive publicity” they had hoped for. The POK hall was packed with people chattering about the results. They honoured their late friend Damian Klaaste, who was also a part of the Dicavo com-

Divaco’s spring pageant winners mittee. Divaco’s arts committee members held a small performance which indulged the powerful voices. There was an audio malfunction, but the dancers recovered with professionalism. The audience, especially the women, screamed and yelled

FOTO'S: Gert Coetzer at the male models as they approached the stage. The couple-modelling, which was the last round, portrayed how romantic they can be. The music in the background was almost inaudible because of the noise coming from the audience.


23 Oktoberber 2014

K&V

23 Oktober - Nov DONDERDAG 23 OKTOBER - 20:00

Partyfest Men Grand Finale Impala DONDERDAG 23 OKTOBER- 13:10

Jazz Etensuurkonsert Konservatorium DONDERDAG 23 OKTOBER

"Once in a Blue Moon" met 5 bands wat optree, met onder andere Basson Laubscher. R40 toegang. Mystic Boer WOENSDAG 29 OKTOBER - 19:00

Gert Vlok Nel en Brixton Barnard Snowflake VRYDAG 31 OKTOBER

Halloween Tour Mystic Boer SATERDAG 1 NOVEMBER - 9:00

The Life Market Snowflake SATERDAG 1 NOVEMBER Halloqueen: Space Odyssey River Café

Besonderse kunsuitstallings betower oud en jonk NICOLE KEMP

K

unsliefhebbers in Potchefstroom kan nou na die Noordwes-Universiteit se galerye draai om die leemte wat Aardklop nagelaat het te vul. Ná ’n kultuurryke reses bied die universiteit se hoofgalery die solo-uitstalling, The lotus eaters, deur Barbara Wildenboer. Die kunswerke in The lotus eaters fokus op die geritualiseerde tema van water, ons komplekse verbindings met dit, asook hoe dit ’n magdom van lewensvorme in die fisiese en metafisiese wêreld op beide 'n makro- en mikro-vlak met mekaar verbind. Die uitstalling as geheel laat aanskouers nadink oor die mens se apatie teenoor die omgewing en hoe dit as ’n simptoom van die graad van vervreemding tussen die mens en die fisiese wêreld gesien kan word. Die uitstalling is klaarblyklik simbolies en vertel ’n storie van ’n skynbaar negatiewe vooruitsig vir die wêreld se waterbronne wat tog die idee van hoop as ’n uiteinde het. Homer’s Odyssey speel ’n opvallende rol in die oordrag van die boodskap, soos Wildenboer verduidelik:

Skerm laat Bittereinders bons CD-Resensie: Bittereinder - Skerm

MIZAN VAN DER MERWE As jy ’n groot Bittereinder aanhanger is, gaan jy beslis alreeds hulle nuwe album, Skerm, hê. As jy hom nog nie besit nie moet jy miskien jou aanhanger status heroorweeg of onmiddelik opstaan en hardloop om hom te gaan koop. Indien ek jou nie op die intrapslag reeds kan oorreed nie, lees maar verder (jy sal wel sien dat ek reg is). “As jy my kan hoor beteken dit jy luister Bittereinder in jou kantoor of in jou kar of op jou foon terwyl jy loop of dalk is jy vanaand in ’n live show gehoor.” Dié woorde is die lirieke van die heel eerste liedjie Ampersand en is dus ook die eerste gedagte wat aan jou gekommunikeer word. As jy so gelukkig was om die bekendstelling van die album te kon bywoon, of dit nou by Oppikoppi of op hulle toer was, dan sal jy kan saamstem dat dié CD

9

uitstekend inskakel met die res van hulle liedjies. Die oomblik wat jy die trio se nuwe CD hoor, voel dit asof jy dit eintlik al vir jare luister, asof jy dit ken en dit al deel van jou is. Elke liedjie is heeltemal ’n ander ervaring, ’n avontuur waarop die note jou wegvoer. Die klank is kenmerkend aan Bittereinder, maar dié produk is splinternuut. Net soos dit Bittereinder betaam, is die liedjies vol pittige lirieke en slim kletsrym gesaai, maar bevat ook heelwat onderwerpe en gedagtes waaroor jy nog lank oor gaan sit en dink. Die album het ’n effens donkerder, meer somber gevoel en baie van die liedjies se temas het te doen met die einde, die dood en dit wat jy agterlaat. Dit mag dalk ook die rede wees vir die eenvoudige, swart CDkassie. Moet egter nie dat dit jou afsit nie, die bittereinders gaan nog vir lank hard bons op die klanke.

Foto: Lize Lombard Bo en onder: Kunswerke vanuit The lotus eaters

Regs: ’n Skildery vanuit The trouble with memory

“Ek gebruik Homer’s Odyssey in hierdie uitstalling as ’n analogie vir ’n tipe omgewingsapatie wat ons het in terme van die waterkrisis wat voorspel dat daar teen 2030 wateroorloë gaan wees.” Alhoewel die kunswerke ’n ernstige saak aanspreek, ontlok dit terselfdertyd die gevoel van kalmte en tydsaamheid by die aanskouer. By die Botaniese Tuingalery het Cobus van Bosch ’n solo-uitstalling van olie-skilderye bek-

endgestel. Van Bosch se uitstalling, The trouble with memory, fokus hoofsaaklik op die menslike kondisie in ’n veranderende Suid-Afrika oor ’n tydperk van meer as ’n 100 jaar. Deur die kunswerke blyk dit asof Van Bosch die sielkundige impak wat slegte tye op die mens het ondersoek en na aanleiding van die uitstalling se naam meen Van Bosch dat die kwessie rakende geheue na vore tree wanneer daar na iets van die verlede gekyk

word. Hy verduidelik egter dat die psigologiese effek wat sommige gebeure op die mens het selde vergeet word en dat die herinneringe daarvan dus meer akkuraat is as die herinneringe van die werklike gebeure. Die uitstalling beeld nie net traumatiese gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis uit nie, maar ook tot ’n mate die gebeurtenisse vanuit die SuiderAfrikaanse geskiedenis. Van Bosch meen: “My idee was nie noodwendig om Suid-Afrikaanse geskiedenis te doen nie, dit was meer Suider-Afrikaanse geskiedenis.” Suid-Afrikaners wat hulself in beide Namibië en Suid-Amerika gevestig het word in sommige kunswerke uitgebeeld tesame met uitbeelding van lighartige oomblikke wat geen direkte invloed op die geskiedenis gehad het nie. Belangrike oomblikke vanuit die verlede word op ’n smaakvolle wyse deur die kunswerke vasgevang en deur die rou tegniek van Van Bosch se portretkuns word uiteindelik ’n nuwe perspektief aan die geskiedenis gebied. Albei uitstallings het gratis toegang en sal vanaf 16 Oktober tot 7 November in die onderskeie galerye te sien wees.

Hoogtepunte van Aardklop teater MARITA HERSELMAN, FRANCOIS LION-CACHET EN KEVIN DU PLESSIS Beste regisseur (Marthinus Basson vir Bloed en Rose: Die lied van Jeanne en Gilles) Nog ’n ernstige stuk was na die verhoog gebring deur Marthinus Basson met Bloed & Rose: Die lied van Jeanne en Gilles. Vanjaar se stuk speel af in Frankryk waar die staat, kerk en die individu in ’n geskiedkundige milieu teen mekaar afgespeel word om ten einde ’n blik op die 21ste eeu te bied. Basson het as die beste regisseur van die fees weggestap. Beste algehele aanbieding (Poskantoor) Poskantoor, ’n Aardklop première, is die eerste Afrikaanse opera van die 21ste eeu. Dié aanbieding het goeie sang en humor om te waardeer met hooftemas van onder meer liefde oor die kleurgrens, klassestryde en die mens se behoefte om te verbeter. Poskantoor is as die beste algehele aanbieding bekroon. Beste akteur (De Klerk Oelefse in Na-Aap) Na-Aap is ’n interessante stuk wat eksperimenteer met snaakse dialoogvorm asook unieke dekoren mediagebruik. Dit fokus ook op oor hoe die kultuur, beskawing en die mens se gewoontes die natuur verwring en hoe die mens se aangeleerde gedrag hom altyd gevangene sal hou. Oelofse is vir sy rol in Na-Aap as die beste akteur aangewys. Beste aktrise (Rolanda Marais in Die Seemeeu) Die Seemeeu is ’n aangrypende uitbeelding van die tragiese bestaan wat die mens lei.

Rolanda Marais is aangewys as beste aktrise vir haar rol in Die Seemeeu.

Die première produksie het hooftemas van onder meer die mens se stryd met selfaanvaarding en sy hunkering na liefde. Die sterbelaaide stuk word as ’n goeie refleksie van die werklikheid beskou weens die menslike eienskappe soos jaloesie, gierigheid en narsisme wat sterk na vore kom. Rolanda Marais is aangewys as beste aktrise vir haar rol in die produksie.

Foto: Facebook Rolanda Marais tydens haar opvoering in Die Seemeeu

Nog blitsresensies Dogma is 'n uiters belaaide produksie wat uitgaan om jou kassie te rattle. Perfekte milieu, briljante regie, lag en huil. In Jou gat my skat! kla die hoofkarakters Hardegat en Slapgat as man en vrou oor mekaar teenoor die gehoor. ’n Produksie gevul met frustrasie en afgewaterde humor. Die gehoor vee hulle trane af na Doep is nie dood nie. ’n Nostalgiese atmosfeer tydens die uitvoer van Koos du Plessis se bestes.

Posduif is ’n indrukwekkende vertoning gevul met passie en spontaniteit. Dié duo wat bestaan uit Chris Chameleon en Danielle Deysel slaag daarin om hul gehoor begeesterd te kry. Art is 70 minute van konflik op die verhoog. Dit is ’n swaar komedie, maar die spel van die akteurs trek die vertoning deur.


10

K&V

23 Oktober 2014


23 Oktober 2014

Leefstyl

11

No need for summertime sadness MIZAN VAN DER MERWE

S

ummer is one of the best seasons of the year, mostly because it means that it is almost time for a very long and well deserved vacation. As students a lot of us are extremely broke especially near the end of the year. Luckily there are endless posibilities that won’t destroy you financially and will ensure that you and your friends or

family will have the time of your lives. The first thing you have to do to get you in the mood for summer is to update your music playlist. Now is not the time for sad indie music that you want to listen while drinking tea. Add some music with happy and uplifting vibes that you can blast through your car’s sound system while going on a roadtrip or lying next to the swimming

pool. And there is another idea! Stop spending all your time inside the house or infront of the TV or computer and rather get together with a few of your friends and go outside. There are a lot of different options; from going to amusementparks to visiting the botanical gardens or having a braai or just relaxing by the pool. You can also expand your horisons by learning a few new skills

like cooking, or do something crafty. Grab a sleeping bag or a blanket and read a few books while enjoying the sun and fresh air outside. Remember to take extra good care of your skin by applying sunscreen when you are heading outside and look after your hair, especially if you are spending a lot of time on the beach or in the pool. Drink a lot of water to keep hidrated and indulge in fresh fruit

like berries, watermelon, strawberries and kiwi. Look out for interesting recipes for making your own fruitsicles and salads. Whatever you decide to do in the next few months before having to go back to a life filled with routine and resposibilities, try to have an adventure. Meet new people, invest in yourself, make a lot of memories and stay away from being trapped in a summertime sadness.

Iced cocktails for summer days These recipes are perfect for those days where nothing seems to be able to beat the heat.

Preparation time: 10 mins No extra time needed

FOTO: Lize Lombard

Frozen Blue Hawaiian

Frozen Cranberry Cosmopolitan Ingredients - 50ml cranberry- and orange vodka - 50 ml cranberry juice - 15 ml (1 tbsp) freshly squeezed lime juice - 15 ml orange liqueur eg. Cointreau - 1/2 cup crushed ice

Ingredients

Instructions 1. Add crushed ice to a chilled cocktail glass 2. Pour the alcohol and juices into a cocktail shaker and shake till well blended 3. Strain into a cocktail glass 4. Decorate with garnish Makes: 1 cocktail

-1/3 cup vodka (pineapple) -30 ml blue Curaçao -30 ml coconut rum -15 ml (1 tbsp) amaretto -30 ml fresh lime juice -1/4 cup agave nectar (simple syrup, or sugar) -4 cups ice

Haarstyle vir die somer

Instructions 1. Combine all ingredients in blender 2. Blend till smooth Makes: 5 cocktails

Modelle: Ise-Marie Human Carolien Brink Michelle Burger

JOHANE VAN DEN BERG Lang hare is altyd mooi, maar as die son op ons neerbak weet ons meisies dat dit sommer maklik in ’n nagmerrie kan ontaard. Dit beteken egter nie dat jy wanhopig na die haarkapper hoef te hol om alles af te knip nie! Met dié maklike vlegsels, bollas en nuwe maniere om ’n poniestert te maak kan jy die hele somer lank koel en vars bly sonder om van jou geliefde lokke ontslae te raak.

Kopband vlegsel-‘updo’ (werk met of sonder 'n kuif) 1. Vat 'n stuk hare aan die kant van jou kop en vleg dit oor; maak aan die ander kant vas met ’n knippie. 2. Herhaal 4 keer totdat 4 vlegsels oor jou kop lê. 3. Stapel die res van jou hare bo-op jou kop en knip vas.

‘Topknot’ met vlegsel 1. Begin om ’n Franse-vlegsel effens skuins oor jou kop te maak deur om van een kant af te begin en skuinsoor te werk. 2. Eindig die vlegsel by jou kroon en maak die res van jou hare in ’n hoë poniestert bo-op jou kop vas. 3. Maak ’n bolla met die hare wat in die poniestert is. 4. Trek die bolla effens uitmekaar vir ’n meer slordige effek.

Poniestert met ’n ‘twist’ 1. Tease die hare op die kroon van jou kop om volume te skep. 2. Deel jou hare in twee seksies. 3. Begin met die deel van jou hare net bo jou linker-oor en draai dit na die agterkant van jou kop. Knip vas en doen dieselfde aan die regterkant. 4. Maak al die hare met ’n rekkie agter in jou nek vas. 5. Deel die hare reg bo die poniestert in twee seksies en trek die poniestert deur die spasie. 6. Trek ’n paar stukkies hare los rondom jou gesig om ’n meer elegante styl te skep.


12

23 Oktober 2014

Redaksioneel

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: hein.lubbe@nwu.ac.za

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Volg klagtekanaal en hou op witvoetjie soek Daar was lanklaas ’n uitgawe wat ’n storm ontketen het soos die uitgawe voor dié een. Hoewel dit verblydend was om te sien dat Wapad nog soveel reaksie onder studente ontlok, was dit ook teleurstellend om te sien hóé en wáár julle kies om te reageer. Wapad het verskeie kanale wat jy kan gebruik om kommentaar te lewer. Ons moedig jou elke week aan om te twiet of vir ons ’n sms te stuur. Ons het die maklikste e-posadres op kampus. Ons het ’n ombudsman wat seker partykeer wonder of hy nog ons ombudsman is. Want ten spyte van al hierdie platforms wat jy kan gebruik, verkies jy om kommentaar in die gemaksone van jou Facebook-blad te lewer. Wat help ’n Facebook-inskrywing op jou eie blad jou? Jy is nie besig om konstruktiewe kritiek te lewer of ’n positiewe bydrae te maak nie. Al wat jy eintlik doen is om witvoetjie by jou Facebookvriende te soek deur ’n opinie te lewer wat by die meerderheid studente sal aanklank vind. Wapad maak ook foute, ons is immers ’n leerskool. Maar daar’s dinge wat ons jou ook kan leer. Soos om mooi te dink voor jy foto’s op Facebook plaas. Veral dié van julle wat leiersposisies in die NWU-Pukstrukture beklee. Of om nie dinge aan te vang wat moontlik op Wapad se voorblad kan beland nie. Want jou Facebook-tirade skrik ons nie af nie. Inteendeel. Dis soos petrol vir ons vuur. Wapad is vír jou. Ons gee regtig nie so baie om wie bingle wen of wie sy mede HK-lede slaan nie. Dit raak jou. Jy het die reg om te weet wat op kampus aangaan. Ons is daar om te voorkom dat jy sê "ek het nie geweet nie". Kom asseblief volgende jaar met bietjie meer waagmoed terug. Twiet ons. Skryf vir ons. Gaan drink ’n koffie saam met ons ombudsman. Kom werk vir ons as jy regtig wil wys jy het guts. Want dis een ding om te betoog dat jy sal opstaan, maar dis ’n ander ding om (soos ons) die daad by die woord te voeg.

23 Oktober 2014

Die volgende uitgawe van Wapad verskyn weer in 2015.

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw ADVERTENSIEBESTUURDER: Lynette Strydom Teksversorgers: Hannes Kruger, Jeanelle Greyling, Eugenie Gregan, Nicole Kemp, Marnus Kok, Madelein van Straaten. Uitleg: Hannes Kruger, Mizan van der Merwe, Eugenie Gregan, Jeanelle Greyling, Simon Sonnekus.

SMS’e en twiets @NWUWapad Dawie Fouche @DawieFouche Miss Scarlet @NotJohanson

Wapad Beeld dit goed uit!

Ek geniet @NWUWapad se modeblaaie, ek dink net dit sal beter wees as ek die model was. #IAmBringingScarletBack

Jacques Hugo @jjhugoboss

#Bingle14 #Sleep14 #14vir14 D.P. maree @dp94 Mense is bang vir wapad. Intimiderende koerant #mbekend14

#mbkend14

Julle is die wapad tot ons hart. Ons wil hê julle moet ons sê sê. #mbkend14 Hendri @hendrikvdyk Wapad wil ons tradisies wegvat #KEG #mbekend14

Ou hoofredaksie sê okei, baai!

Die vorige Wapad-hoofredaksie op die strand in Kampsbaai tydens hul besoek aan 'n nasionale studentekoerant konferensie in Kaapstad. FOTO: Uit die aard van die saak Simon Sonnekus

Klim ons op of wag ons vir ’n ander (osse)wa? Hannes Kruger is oud-redakteur van Wapad en hou van koek- én poetsbak, baie eet, bassets en ware lewensdrama.

D

ie NWU-Puk is seker maar ’n “lekker plek” soos almal hier sê. Dis oulik. Die studentelewe is lekker. Ons het nou die dag kaalvoet geloop en dit was net stalletjie-goetertjies oral in Lovers Lane en daar was op ’n stadium mense wat voor Janco op en af paradeer het. En almal het gelukkig gelyk. Kyk, ek was nog nooit ’n voorstander van dié in die maroenbaadjies op kampus nie. Tydens opedag maak dit my veral naar. Dit lyk dan soos ’n hoërskool leerlingraad wat soos hase aangeteel het. Maar dis eintlik oukei. Dit lyk of hulle dit geniet. Maar is dit nie dalk tyd om op ’n nuwe en moderne wa te klim nie? Dan beweeg ons ’n bietjie aan om net in strook te kom met die leefwyse van vry mense wat self kan dink en krities oor sake kan redeneer. Hulle wat kan leef sonder om bang te wees vir die oom met die boepens wat graag sy mag misbruik om die vrydenkende individu oor die vingers te tik. Die tradisies kan ook op die nuwe wa gepak word, want daarsonder blyk dit of die wêreld sal vergaan as ’n mens nou na die mooi en netjies gedrukte plakkate kyk by nou die dag se “optog”. Ek hoor al hoe die volk gal braak oor wat ek tot dusver hier geskryf het. “Jy het nie ’n identiteit nie. Dis omdat jy nêrens inpas dat jy so voel nie.” Snert soos dit. Gaan kyk na kommentaar op enige Afri-

Hoekom kan ons nie die rektor Herman noem nie? Hy is ’n gewone mens kaanse nuuswebwerf – dis almal dieselfde mense wat elke dag dieselfde kommentaar lewer wat nog op ossewaens in die samelewing invaar met ’n swaard en ’n skild. Maar voor jy, liewe leser, jou skerpste spykers uithaal en my wil kruisig soos wat jy vir Lady Gaga destyds wou kruisig met haar vleisrok en al, luister hier: Kom ons spring op ’n ander wa en skep ’n ander realiteit. Een waar jy dinge kan doen om jou individualiteit uitleef sonder om bang te wees. Een waar almal gelyk is. Een waar almal vrydenkend is. Een waar almal nie net klakkeloos agter die res aan ploeter nie. Jaar na jaar word dieselfde aksies oor en oor gehou en niemand vra of het dit nog ’n doel nie? Is dit nie tyd vir iets nuut en vars nie? Almal gaan maar net voort. En ek begryp dit. Mense hou van sekuriteit en stabiliteit. Hulle hou daarvan om veilig te voel. Dit is hoe die meeste van ons groot gemaak is. “Jy moet die regte ding doen, my kind!” Ek sal vir ’n jaar aan elke liewe studente-aksie deelneem as iemand aan my kan verklaar wat

“die regte” ding is. Ek belowe. Kom ons doen weg met die veiligheid en sekuriteit en kyk of dit nie ons horisonne kan verbreed nie. Kom ons skuif ons grense. Almal moet vry voel om die een langs hom te hanteer soos wat hy jou hanteer. Hoekom kan ons nie die rektor Herman noem nie? Hy is ’n gewone mens met dieselfde worstelinge as elke ander mens. Hy is nie spesiaal nie. Hiermee word nie bedoel dat daar weggedoen moet word met respek nie. Maar wedersydse respek. Elkeen gelyk met ordentlikheid. Dink net hoe lekker sal dit wees as elkeen sy sê kan sê en nie te bang is om iets krities te evauleer nie. En as jy die hele dag wil suip en dagdronk word, is dit ook fine. Moet asseblief net nie doen wat die ou langs jou doen in die naam van spangees en broederskap nie. Jy is in jou eie span wat in harmonie saam met die ander “spanne” kan saamleef. Doen wat jý graag wil, maar natuurlik binne wetlike perke en hou asseblief op om soos die maatjie langs jou te wees. Jy lyk soos ’n dom skaap. En as iemand jou oor die vingers tik omdat jy te drasties op die moderne wa wil spring en nie wil wag vir ’n ander (osse)wa nie, dan seg jy: “Herman! Klim saam met my op. Dis lekker. En nee, ek is nie bang nie en skrik nie graag nie."


Opinie

23 Oktober 2014

Droom asseblief in detail - Charlea Sieberhagen Charlea is ’n oud-Puk en predikantsdogter wat haar lyf deesdae hofverslaggewer by Beeld hou. Wanneer sy nie besig is om die Oos-Rand te fynkam vir stories nie, droom sy van Kaapstad se liggies.

T

oe ek klein was, wou ek ’n juffrou word. Toe ek in die laerskool was, wou ek en my beste vriendin sangeresse word. Van daardie kinder-sangeresse wat op Nootvir-Noot sing. Ek het nog altyd ’n lang poniestert gehad. Ek sou my hare lekker kon rondswaai. Maar ek moes eintlik lankal besef daardie paadjie is nie vir my beskore nie. Die koorjuffrou kon nie besluit of ek ’n alt of ’n sopraan is nie - en die optimistiese idealis wat ek is - het ek gedink dis ’n kompliment want dit beteken seker ek kan albei wees. Verkeerd. Wanneer ék sing, vat die katte die pad. So, nou sing ek net in my kar. Met die vensters toe. Ná ek kennis gemaak het met speurverhale, het ek geglo dís die ding vir my. Ek moet ’n speurder word wat misdade oplos en skelms vang. Later wou ek ’n spioen word. Toe ’n mode-ontwerper. Kort voor ek Puk toe is, het ek gedink ek wil advertensies uitdink.

Deur die jare, soos ek ouer geword het, het my eendag-asek-groot-is-droom verander. Die droom het groter geword. Die droom het ook meer realisties geword. Ek was een van die gelukkiges. Ek het reeds in my eerstejaar besef ek wil ’n joernalis word. Toe verkondig ek sommer wyd in die koshuis dat ek eendag die vrouetydskrif ELLE se redakteur wil word. Die droom het ook intussen effens verander. Ek besef dit is nie vir almal ewe maklik om te bepaal wát dit is wat hulle nou eintlik met hul lewens wil doen nie. En ek verstaan dit. Want daar is so baie goed wat ’n mens kan word. Daar is soveel om te doen en die wêreld het soveel om te bied. Maar wanneer ’n mens op universiteit is, is dit die tyd om te begin uitvind waarvan jy die meeste hou. En hier kom die preek-gedeelte. Gebruik die tyd wat jy het om uit te vind waarvan jy hou. Gebruik die tyd om te dink oor wat vir jou lekker sal wees. Watter soort werk gaan maak dat jy so te sê uit die bed spring en werk toe huppel? (Okay, ek speel. Dit gebeur seker nooit.) Nee, nee. Moenie nou vir my sê daar is nie tyd nie. Want glo my, wanneer ’n mens ’n student is, dink jy altyd daar is nie tyd en geld nie. Maar daar is altyd geld en tyd vir nóg ’n drankie of nóg een uur se kuier. Ek weet. Hierdie lang universiteits-

13 Lees hierdie opiniestuk, raak deel van die debat en lug jou mening!

SMS 31750 SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Droom dammit! Droom oor eendag as ek groot is. Droom oor wat jy wil wees. En droom groot. Droom in detail. vakansies. Rus. Maar tel die foon op, bel ’n plek waar jy dalk eendag sal wil werk en gaan kyk vir ’n dag of twee hoe werk dinge. Gaan werk-skadu. Gaan voel hoe dit voel sodat jy weet of die gevoel jou pas. En gaan ontmoet die mense, want dalk onthou hulle jou later as jy vir werk aanklop. Ek sê dit alles omdat ek nou al te veel keer gesien het hoe studente dink hulle hoef eers ná universiteit uit te vind wat hulle eintlik wil wees. Of hulle gaan deur universiteit en die enigste droom wat hulle het, is die van ’n “eie besigheid”. Hoe oorspronklik. Droom dammit! Droom oor eendag as ek groot is. Droom oor wat jy wil wees. En droom groot. Droom in detail. Want wanneer jy klaar is met universiteit, en die grootmenslewe wink, begin jy onder. Net soos in jou eerstejaar. En dan nè, dan gaan jy daardie droom nodig hê. Want op die ou einde is dit ons drome wat ons motiveer. Veral op die dae wat ons nie lus is om werk toe te huppel nie.


Sport

14 Wapad

23 Oktober 2014

VS

S E N W E S PA R K

24 O C T O B E R @ 1 5 h 0 0 TICKETS FROM

R40 TICKETS AVAILABLE AT

WALK ON THE FIELD Bring, Braai or Buy BRAAI FACILITIES AVAILABLE

CRICKET.CO.ZA #KINGSOFSUMMER *Terms & Conditions Apply.

www.lionscricket.co.za


23 Oktober 2014 Sport

15

Krieket kry ook ’n beurt

Wêreldsportnuus SAAMGESTEL DEUR CHRISTO BESTER

Sokkerspeler sterf ná feesvieringe ’n Sokkerspeler van Indië, Peter Biaksangzuala, is dood nadat hy op sy nek geval het kort ná hy ’n doel in die wedstryd tussen Betlehem Vengthlang en Chanmari West aangeteken het. Biaksangzuala is na die hospitaal geneem en geopereer ná hy beseer is, maar is kort daarna oorlede. Op Mizoram Premierliga se amptelike Facebook-blad het amptenare van dié liga hul hartseer oor die voorval te kenne gegee. “Peter was ’n baie verdedigende speler wat altyd baie aggressief gespeel het. Hy was ’n ware spanspeler.”

Senwes Park in Potchefstroom waar van die wedstryde in volgende jaar se Varsity Krieket-toernooi gaan plaasvind JEANELLE GREYLING NWU-Pukstudente gaan volgende jaar ’n tweede JOOL ervaar, aangesien dié Mooirivierdorp net ná die Jooltyd gasheer speel vir die Varsity Krieket-toernooi. Varsity Sports en Krieket Suid-Afrika (KSA) stuur eersdaags die eerste Varsity T20toernooi van stapel, waartydens agt van die beste universiteitspanne landswyd teen mekaar gaan meeding. Dié blitskrieketwedstryde gaan op Senwes Park, die NWU-Puk Oval en die NWUPuk Ibbies-Oval gespeel word. “Dit is die eerste keer wat die universiteite op daardie vlak krieket speel,” het Basil Clark,

stadionbestuurder van Senwes Park, gesê. Haroon Lorgat, KSA se uitvoerende hoof, meen ook dié toernooi neem krieket op tersiêre vlak na nuwe hoogtes. “Ondanks die gewildheid van krieket het die sport nie ’n bestaande platform vir die ontwikkeling van talent binne ’n tersiêre konteks nie,” lui Varsity Sports se mediaverklaring. Die reeks wat van 3 tot 8 Februarie plaasvind gaan ook op televisie uitgesaai word. Die wenspan sal Suid-Afrika by die internasionale kampuskrieketreeks verteenwoordig. Krieket is die jongste sport om by Varsity Sports se ontwikkeling baat te vind. Die blitskrieket gaan

in T20-formaat plaasvind, terwyl normale universiteitstoernooie gewoonlik uit 50 boulbeurte vir elke span bestaan. Volgens Clark moet die NWUPukke net hul kant bring tydens die University Sports South Africa (USSA) toernooi in Desember, aangesien die agt beste spanne hier deurdring tot die Varsity Krieketreeks. “Ons fokus op dié stadium net op die USSA-toernooi,” het Conrad de Swardt, krieketbestuurder van die NWU-Puk, gesê. “Dis vir die Noordwes-Universiteit, vir Potchefstroom en die Tlokwe-stadsraad ’n ongelooflike voorreg om as die eerste gasheer vir die kompetisie op te tree,” het

prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, in die mediaverklaring gesê. Volgens Van Schalkwyk was Varsity Sports baie beïndruk met hul fasiliteite. Francois Pienaar, voorsitter van Advent Sports Entertainment (ASEM) is die eienaar van Varsity Sports. Suid-Afrika se eerste nasionale cheerleader-uitdunne met sowat 200 deelnemers gaan ook tydens dié toernooi plaasvind en deel wees van die aksie op die veld. ’n Biertuin en na-uurse vermaak sal die studente ook besig hou. DJ Chopper gaan die krieketskare die hele week met haar beats vermaak.

Vanjaar se koshuis-kampioene: Sportbekerwenners: Patria en Karlien Eerstejaarsrugby: Over de Voor Eerstejaarstennis: Over de Voor en Wanda Eerstejaarswem: Heimat en Kasteel Rugby: Patria Netbal: Caput en Karlien Krieket: Veritas Gemengde Netbal: mHEI-hart-se-PUnt (Heide en Caput) Tafeltennis: Patria en Klawerhof Winterliga-Hokkie: Heimat en Dinki Vlugbal: Caput en Karlien Pluimbal: Patria en Minjonet Korfbal: Villagers en Karlien Basketbal: Veritas en Heide

Wes-Indië onttrek oor betalingsdispuut Die nasionale krieketspan van Wes-Indië het tydens hul toer na Indië vanuit die toernooi onttrek oor ’n dispuut rondom hul betaling vir die toernooi. Die Wes-Indiese krieketraad het aanvanklik gerugte dat hulle gaan onttrek ontken, maar het later die berigte bevestig. Die spanne sou nog ’n T20-wedstryd, ’n eendagwedstryd en drie toetse speel. Indië gaan nou in plaas van dié toernooi ’n reeks van vyf eendagwedstryde in November teen Sri Lanka speel.

Droomfinaal vir Curriebekertoernooi Die finale wedstryd van vanjaar se Curriebeker-toernooi vind eerskomende naweek tussen die Leeus en die Westelike Provinsie plaas. Die span van Johannesburg reis al die pad Kaapstad toe om die WP op Nuweland die stryd aan te sê. WP-afrigter Allister Coetsee het ná Saterdag se halfeindstryd teen die Blou Bulle gesê dat dit ’n wedstryd tussen die twee beste spanne gaan wees. “Daar is geen twyfel dat die finaal tussen die twee beste spanne van die seisoen gespeel sal word nie.”

Luiperd Amateurs eindig op goeie noot

FOTO: Annemie Bester Die Luiperds het vanjaar elke denkbare Amateur-trofee ingepalm nadat hul Amateurspan Saterdagmiddag in ’n naelbytstryd teen die Westelike Provinsie op Olen Park met 33-30 geseëvier het. Gerhard Nortier en Erno Nagy was die Luiperds wat oor die doellyn geduik het, terwyl Justin Botha se skopvoet telkens suksesvol was.


Sport

15

23 Oktober 2014

Luiperd Amateurs sluit jaar suksesvol af

Vrystaters verpletter wéér Pukke se Varsity Netbal-droom

Kovsies swaai steeds netbalsepter

Die NWU-Puk se Lentsa Motau in aksie tydens die halfeindstryd. Motsau was ook een van drie spelers wat as Varsity Netbal se speler van die toernooi gekies is.

FOTO’S: SASPA

EUGENIE GREGAN Die Universiteit van die Vrystaat het vanjaar weer hul reputasie as die NWU-Pukke se netbal-aartsvyande gestand gedoen. Dié keer het die verdedigende kampioene in die halfeindstryd al ’n einde aan die Potchefstromers se Varsity Netbal-droom gemaak, deur die NWU-Puk met 51-45 in verlede Maandag se wedstryd te klop. Die spanne het die wedstryd redelik gelyk begin en ná die eerste kwart was die telling 10-6 vir die Kovsies. In die tweede kwart het die Vrystaters egter die meeste van hul powerplay gemaak om teen halftyd ’n gesonde voorsprong van 27-14 te hê. Ná halftyd het beide spanne na ’n hoër rat oorgeskakel, maar Kovsies het hul geleenthede beter benut en teen die einde van die derde kwart was die telling 43-31. In die laaste kwart het die NWUPukke alles uitgehaal, maar selfs hul uitstekende terugvegpoging

Wat wel baie positief vir die Pukke is, is die feit dat ons nog baie jong bloed in die span het en dat daar nog baie netbal vir die spelers voorlê. was nie genoeg om die Kovsies te stuit nie. “Ons het ’n paar skuiwe gemaak wat vir ons kon werk, maar toe ongelukkig nie het nie. Ons het ’n agterstand ten opsigte van die telling gekry en kon nie betyds inhaal nie. Ek was baie teleurgesteld na die wedstryd, maar iemand moes verloor en op die dag was ons nie die sterkste nie,” het Nadia Uys, kaptein van die NWU-Pukke gesê. “Wat wel baie positief vir die Pukke is, is die feit dat ons nog

baie jong bloed in die span het en dat daar nog baie netbal vir die spelers voorlê. Ek glo Pukke sal in die nabye toekoms die Varsitygoud huis toe bring.” Volgens Uys, wat volgende jaar volgens Varsity Netbal se reëls te oud is om aan die reeks deel te neem, sal sy graag eendag haar land in netbal wil verteenwoordig. “Maar solank ek die laaste paar maande beseringsvry kan deelneem en dit kan geniet is dit ’n seëning van Bo.” Uys het ook baie lof vir hul afrigter, Dorette Potgieter gehad. “Sy is ’n afrigter wat van ’n donkie ’n resiesperd kan maak.” Potgieter het ná die wedstryd gesê dat hulle teleurgesteld oor die uitslag is, maar dat dit in geheel ’n goeie jaar vir die universiteit en Noordwes was. Die toernooi is vanjaar vir die tweede keer aangebied en Kovsies het hul kroon behou deur die Universiteit van Pretoria met 49-42 in Maandag se eindstryd te klop.

Pukke en Kovsies baklei vir die bal.

Kontak: Eugenie Gregan 076 612 9293


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.