Wapad - 28 Augustus 2014

Page 1

Patria en De Wilgers pak mekaar wéér in 16 die eindstryd 28 Augustus 2014 / VOL 9

5

LEES JOU KAMPUS STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

JAARGANG 68

Studente hartseer oor Liewe Heksie?

SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR

WAPAD@NWU.AC.ZA

NUUS

Nuwe studente verteenwoordigers verkies Bl. 4

NWU bo aan die lys van akademiese oneerlikheid 4

OPINIE

Janco groet NWUPukke met laaste woorde 12

Meer oor die lewe, seks en orgasmes 13

Stempersentasies 4

LEEFSTYL

KUNS

Museums: Resensie: Thalia toneel se Gaan kuier vir hoofproduksie oom Pretorius 11 10

INDIEPTE

Drama: Koshuis toiletpapier iets van die verlede? 7

NUUS

Protes: Potchefstromers ruk op in protes teen Gaza 3

SPORT

Soccer: Fiery end to Varsity Soccer awaits 14


Nuus 28 Augustus 2014

2

Interkampus SAAMGESTEL DEUR IAN VENTER

Amptelike EFF tak op Tuks Die Economic Freedom Fighters (EFF) het hulself onlangs by die Universiteit van Pretoria (UP) gevestig. Die nuwe komiteelede het hulself met bekende EFF-gesegdes aan die gehoor voorgestel, berig die Perdeby. Volgens Jaco Oelofse, EFF Tuks sekretaris, gaan drie EFFgeaffilieerdes die studenteraadverkiesing betwis. Dié party het ’n alliansie met die Young

Socialist Student Society, het Oelofse gesê. Volgens Oelofse sal EFF Tuks rassisme, seksisme, homofobie en klassisme aanspreek. Een van die party se doelwitte is dat NSFAS gekanselleer moet word en dat die fokus op gratis en gelyke onderrig geplaas gaan word, het EFF Tuks-woordvoerder, Nqobile Mhlongo, gesê.

Moontlike reeksmoordenaar gearresteer 'n 24-jarige manstudent aan die Universiteit van Venda was op 22 Julie in verband met die moord van vier mense en die aanranding van Sandy Shudufhadzo (20) gearresteer, berig IOL News. Dié man is by sy studenteverblyf-eenheid op kampus gearresteer. Sandy was na die aanranding en roof in Maart gehospitaliseer, maar is kort daarna ontslaan. ’n Skoonmaker aan die universiteit, Brenda Ndove (45), is doodgesteek en haar persoonlike items is gesteel. Ndove se liggaam is in die universiteit se administrasieblok gevind. Mbodi Livhuwani (22) se

lyk was ook in Maart op die universiteit se perseel gevind. Mbodi was glo verkrag voor sy vermoor is. ’n Klein dogtertjie, Ndou Tshililo (9), se liggaampie is Aprilmaand in die erf van ’n buurt binne loopafstand van die universiteit se perseel gevind. Alice Zwivhuya (8) se liggaampie is Juniemaand ook naby die universiteit, tussen twee hope sand gevind. Sy is na bewering verwurg ná sy verkrag is. Die man sal in die Thohoyandou magistraatshof op aanklagte van moord, verkragting, roof en poging tot moord verskyn.

UCT breek nie bande met Israel Die Studenteraad (SR) van die Universiteit van Kaapstad en die Palestinian Solidarity Forum (PSF) het ’n versoek aan dié universiteit gerig om te verklaar dat Israel ’n apartheidstaat is. Hulle het ook versoek dat UCT die Suid-Afrikaanse regering moet vra om alle diplomatiese bande met

Israel te breek. Die universiteit se bestuur het besluit om nié die standpunt en versoeke deur die SR en PSF in te neem nie. Die bestuur het in hulle terugvoer genoem dat akademiese bande belangrik is en beskerm moet word. Die studenteliggame sal egter hul standpunt behou.

Ooraanbod van verblyf laat beleggings tuimel

Een van die laaigrawe by die konstruksieterrein wat verkeersprobleme veroorsaak.

Bouery by Steve Bikorylaan ’n gemors

MARITA HERSELMAN

’N

Paar suurgesigte bly in die konstruksiewerk-mekka. Van die klagtes is onder meer die stof, aanhoudende geraas en die skielike Johannesburgse verkeer in Potchefstroom. Volgens Jean-Marc Stidworthy, NWU-Puk se gemeenskapskakelpersoon, sal die drie groot ontwikkelings, Campus Key, Unilofts en die ontwikkeling op die punt van Gerhard Dekkerstraat, Campus Living, na verwagting middel Desember voltooi wees. Dié ontwikkelaars wil reeds reg wees om studente in 2015 te huisves. Die mense is bang die Bult se karakter word aangetas en dat die akkerbome nie bewaar word nie, het Stidworthy gesê. “Die akkerbome mag nie in die proses seerkry nie. Daar is gevalle waar kontrakteurs bakstene en sement op die bome laat val het,” het Stidworthy gesê. Die bewaring van die akker-

bome is volgens hom by ’n onlangse sakekamervergadering bespreek en alle partye beywer hulle om die omgewing se karakter te behou en die bome te beskerm. Volgens Stidworthy is prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, bekommerd oor die 2 225 beddens wat volgende jaar in die Bult-area gaan bykom. “Daar word so baie gebou, maar die universiteit groei nie so vinnig nie,” het Stidworthy gesê. Die verwagte jaarlikse inname van eerstejaars is slegs twee tot drie persent, meen Stidworthy. Agt persent van die deeltiteleenhede het in Februarie van dié jaar nog leeg gestaan, het Stidworthy gesê. “Die realiteit is, hoe verder behuising van die universiteit is, hoe meer gaan dit leeg staan.” Volgens Stidworthy is daar ’n bekommernis oor die studente se welsyn. “As ontwikkelaars sukkel om die eenhede te vul, gaan enigeen daar kan bly. Die universiteit

Die rits nuwe ontwikkelings om die NWU-Potchefstroomkampus voorspel ’n reeks toekomstige probleme vir die Bult-area. ’n Anonieme bron van Property Pro, wat verskeie woonstelblokke in die Bult-area bestuur, voorspel ’n negatiewe invloed op die eiendomsmark in geheel. “Ons sit hierdie jaar met die meeste oop woonstelle in 18 jaar. Eienaars van die woonstelle is baie ongelukkig daaroor. Van die woonstelle word vir R2000 per maand minder as die markprys uitverhuur.” Volgens dié bron is dit vir hulle as agente ook baie moeiliker om eenhede te verkoop. “As ’n mens ’n woonstel vyf jaar gelede verkoop het kon jy tot 30% se groei op jou belegging verdien. Tans staan die koers op sowat 12%. Die nuwe ontwikkelings gaan die mark baie afskeep. Om ’n woonstel te koop kan nie meer as ’n belegging ge-

sien word nie”. Die nuwe geboue plaas ook groot druk op die huidige infrastruktuur. “Wat gaan gebeur as honderde mense die bykomende rioleringstelsel in een straat moet gebruik? Dit gaan ’n gemors afgee,” het die bron gesê. Volgens munisipale regulasies is die ontwikkelaar van ’n nuwe gebou verplig om 10% van die boukoste van ’n nuwe gebou aan die stadsraad te betaal om die infrastruktuur in stand te hou en te verbeter. ’n Bouer wat tans besig is met ’n nuwe ontwikkeling in Hoffmanstraat, wat ook anoniem wil bly, weet egter nie waarheen die fondse gaan nie. “Ek kan vir ’n feit sê dat die rioleringstelsel in Hoffmanstraat al vir 25 jaar dieselfde lyk.” Pukki-verblyf, wat die nuwe Unilofts-gebou op die hoek van Meyerstraat en Steve Bikosrylaan bestuur, het tot dusver geen kommentaar op navrae gelewer nie.

Die akkerbome mag nie in die proses seerkry nie. Daar is gevalle waar kontrakteurs bakstene en sement op die bome laat val het. vrees dat daar mense tussen die studente kan bly wat hulle wil uitbuit.” Stidworthy noem ook dat die stadsraad die enigstes is wat nuwe ontwikkelings kan goedkeur. “Al wat die universiteit kan doen, is om vir hulle inligting oor verwagte getalle te verskaf.”

Dié studente wens die stof wil oorwaai Lerine Miller Derdejaar BA Kommunikasie

CHRISTO BESTER

FOTO: Jaco-Mari Futcher

“Twee laaigrawe het al amper in my vas reverse. Mens word byna op ’n daaglikse basis raakgery. Die persoon wat veronderstel is om die verkeer te reguleer, weet nie hoe dit werk nie. Hy waai die vlaggie vir die karre om te ry, terwyl jy kan sien daar is aankomende verkeer. Gister (20 Augustus) het drie trokke voor my hek parkeer. Ek kon die heeldag nie met die kar ry nie. Ek was so vies, ek het amper die polisie gebel. Boonop is my kar forever vuil van al die stof.”

Ludwig Schlechter Eerstejaar BA Openbare Regeerkunde

Ek voel net dit ontwrig ons. Dit vat jou seker 20 minute om deur die straat te kom met al die trokke wat jou blokkeer, dan is mens nog haastig ook. Ek sal eerder ’n ompad loop as om daardeur te sukkel. Ek moet my kamer tien keer ’n dag uitvee omdat die stof so erg is.”

Darius Modisane Eerstejaar BEd Opvoedkunde

“It doesn’t really bother me. The noise bothered me earlier this year. We were really busy then so it was hard to study.” Felicia Scheepers Eerstejaar BSc Natuurwetenskappe

“Dis baie ongemaklik. Die stof is ongelooflik erg. Die konstruksievoertuie maak dit moeilik om te beweeg en die geraas maak dit moeilik om te leer.” Aneska Marx Eerstejaar BA Menslike Bewegingskunde en Psigologie “Dit is ongerieflik. ’n Mens, veral ons dames, voel baie ongemaklik, omdat die werkers vir ons fluit en aanmerkings maak. Ons gaan deur honderde pare skoene, aangesien die rooisand ons skoene vlek.”


28 Augustus 2014

Nuus

3

DissiplinĂŞre kantoor vervolg student weens rassistiese opmerkings teen kampusrektor

Pasop, die rektor lees jou twiets! JEANELLE GREYLING ’n Student aan die NWU-Potchefstroomkampus word deur die studente dissiplinĂŞre-kantoor vervolg omdat hy glo “ongesubstansieerdeâ€? rassistiese aanmerkings teen prof. Herman van Schalkwyk, kampusrektor, gemaak het. “We must move politically to get rid of a racist like Herman van Schalkwyk, since modest means do not work,â€? het ’n twiet wat Werner van der Merwe op Twitter geplaas het, gelui. DiĂŠ twiet is 14 Junie op Meltwater News, ’n sosiale media-bemarkingsplatform, se twitterprofiel geplaas. Vincent Eastes, bestuurder van die kantoor van die kampusrektor, het gesĂŞ hy het diĂŠ twiet vir Van Schalkwyk en die dissiplinĂŞrekantoor aangestuur. “As jy sulke aantygings maak moet jy maar die gevolge daarvan dra.â€? Van Schalkwyk het gesĂŞ hy voel beledig en sy naam is beswadder. “Dis inkriminerend en lasterend. Die feit is, geen mens - ’n personeellid of ’n student - kan ongesubstansieerde kommentaar lewer nie. “Dit gaan oor reputasieskade. Nie net myne nie, maar die NWU s’n ook.â€? Volgens Van Schalkwyk is dit ’n beginselsaak. “Anders kan almal maak soos hulle wil.â€? Van Schalkwyk meen hy het nie ’n saak teen Van der Merwe gemaak nie, maar die universiteit vervolg hom. “Die universiteit is die klaer van alle dissiplinĂŞre verhore op kampus,â€? het Carien Campher, van die studente dissiplinĂŞre-kantoor, gesĂŞ. “Die doel van die dissiplinĂŞrekantoor is om die beeld van die

Dis inkriminerend en lasterend. Die feit is, geen mens, ’n personeellid of ’n student, kan ongesubstansieerde kommentaar lewer nie.

NWU te beskerm - ter wille van die NWU en die studente.â€? “Jy moet weet wat jou regte is as dit by sosiale media kom. Baie mense gaan tot uiterstes om te sĂŞ wat hulle wil,â€? het Van Schalkwyk gesĂŞ. Volgens Campher word enigiemand verbonde aan die NWU vervolg indien hulle diĂŠ instansie se beeld beskadig. “Dit hoef nie noodwendig op kampus te wees nie.â€? Van der Merwe, ’n BIng Chemiese Ingenieurstudent, was nĂĄ herhaaldelike probeerslae nie bereid om met Wapad te praat nie. Hy het wel aangedui hy is nie meer in Potchefstroom nie. Volgens Campher het Van der Merwe die reg om oor die saak teen hom te praat. “Dit kan nie sy saak benadeel nie. Die universiteit is nie ’n Big Brother-instituut waar ons mense verhoed om met die media te praat nie.â€? Die dissiplinĂŞre-kantoor moet volgens wet eers ’n klag ontvang en genoeg bewyse hĂŞ om iemand te vervolg, het sy gesĂŞ. Tydens die saak is “twee seniorakademici en ’n prokureur wat

nie verbonde aan die NWU is nieâ€? op die paneel. “Hulle weet nie voor die tyd waaroor dit gaan nie en kry eers tydens die saak meer inligting.â€? Verder is ’n aanklaer wat deur die NWU aangestel is, deel van die proses. “Die student kan ook kies of hy ’n regsverteenwoordiger wil hĂŞâ€?. Campher kon egter nie bevestig dat Van der Merwe ’n regsverteenwoordiger aangestel het nie. Sy is bewus dat gesprekke tussen hom en die ingenieursfakulteit plaasgevind het, maar bevestig die fakulteit tree nie teen hom op nie omdat die universiteit hom reeds vervolg. Van Schalkwyk meen hy weet nie baie van Van der Merwe nie, maar meld dat hy op die DA-strukture dien en betrokke was by die verkiesing in Maart. Van der Merwe het 160 volgers op Twitter en sy biografie lui: “All Fair Opinions (Obviously).â€? Van Schalkwyk meen enige persoon wat ’n hoĂŤ pos beklee is uit die aard van die saak in die nuus. “Dis maar iets wat jy moet aanvaar as jy in die stoel sit.â€?

NWU-studente pleeg meeste plagiaat ANNEMARIE HOOGENBOEZEM Die Noordwes-Universiteit loop loshande voor met akademiese oneerlikheid volgens ’n Sunday Times-artikel. Volgens diĂŠ artikel is 535 studente aan die NWU skuldig aan plagiaat of oneerlikheid tydens toetse. Tweede op die lys is die Universiteit van Johannesburg met 153 studente. Dus is sowat 71% meer NWU-studente oneerlik. Die Universiteit Stellenbosch het ’n skamele 35 studente wat hulself aan verneukery skuldig maak. Die Universiteit van Kaapstad het die eerlikste studente populasie met slegs 24 gevalle van akademiese oneerlikheid. Kenners stem saam dat diĂŠ syfers net ’n aanduiding is van die hoeveelheid gevalle van akademiese oneerlikheid, aangesien baie studente nooit uitgevang word nie. DiĂŠ ondersoek dek egter nie al die tersiĂŞre instansies landwyd nie. Slegs 10 uit 23 instansies het op die versoek om data geantwoord. Mduduzi Manana, die adjunkminister van HoĂŤr Onderwys, het die sentimente van sy senior, die minister van HoĂŤr Onderwys, Blade Nzimande, weerspieĂŤl oor die toenemende voorkoms van kwalifikasie bedrog en gesĂŞ dat hy bekommerd is oor verneukery. In reaksie op wydverspreide oneerlikheid het die Universiteit van Suid-Afrika (Unisa) 519 studente verbied om te studeer vir ’n minimum van drie jaar. Hulle is verbied na aanleiding van die gebruik van ongemagtigde materiaal tydens eksamens. Carien Campher, dissiplinĂŞre beampte van die NWU-Pukkampus, het gesĂŞ dat die hele NWU ‘n “zero toleranceâ€? benadering

Die NWU het eerlik berig oor die aantal sake wat aangemeld is, ons is nie van mening dat die voorkoms van plagiaat op die Potchefstroomkampus meer is as by ander universiteite nie.

oor plagiaat en oneerlikheid het. “Die NWU het eerlik berig oor die aantal sake wat aangemeld is, ons is nie van mening dat die voorkoms van plagiaat op die Potchefstroomkampus meer is as by ander universiteite nie, maar dat die identifisering en rapportering van plagiaat meer effektief geskied.â€? Volgens Campher is die Potchefstroomkampus besig om ’n plagiaatkantoor op die been te bring ten einde plagiaat verder hok te slaan. Die NWU-Puk het vanjaar sowat 69 gevalle van plagiaat ervaar. Akademiese oneerlikheid verwys egter na ’n breĂŤr spektrum oortredings waaronder oneerlikheid in die eksamen en vervalsings ingesluit word. Volgens Campher spoor die NWU plagiaat baie effektief op omdat akademici geweldig bekwaam is en kenners in hulle velde is. “Ten spyte van die hoĂŤ aantal opdragte of referate en werkstukke wat hulle merk, spoor hulle plagiaat vinnig op,â€? het Campher gesĂŞ.

Gaza, dis nie oorlog nie dis volksmoord FRANCOIS LION-CACHET Die wĂŞreld en veral Suid-Afrika moet reageer teen die gebeure in Gaza soos daar teen Apartheid gereageer is. So is daar verlede week gesĂŞ by die Save Gaza-optog wat by Trimpark in Potchefstroom gehou is. “Israel is ’n terroriste-staat. Hulle het Apartheid ondersteun – hoekom sĂŞ ons regering dit nie?â€? DiĂŠ en vele ander stellings is deur die sprekers gemaak. Honderde mense het met vlae en baniere opgedaag om die beweging te ondersteun. Van die plakkate het gelui dat dit nie ’n oorlog is nie, maar volksmoord. Die stelling is ook deur Thabo Mosiane, voorsitter van die Free Palestine Solidarity Movement in Potchefstroom, gemaak. ’n Klompie mense het plakkate gehad wat die boikot van Woolworths aanmoedig. Die winkelketting word gekritiseer omdat hulle steeds Israelitiese produkte aanhou. Die kreet, “Amandla! Free Palestine!â€? is onder leiding van die voorsprekers geskree.

“Israel is ’n terroriste-staat. Hulle het Apartheid ondersteun – hoekom sĂŞ ons regering dit nie?â€? DiĂŠ en vele ander stellings is deur die sprekers gemaak.

Die hoogtepunt van die samekoms was toe die skare “To hell with Israel! To hell with Israel!� geskree het. Daar is versoek dat die Israelitiese-ambassadeur uit die land geskop moet word. Die versoek is ook in die memorandum wat aan die einde van die optog by die Potchefstroomse Landdroshof oorhandig is, ingesluit.

Die verklaring lui dat dit onredelik is om ’n verteenwoordiger van ’n land wat verantwoordelik is vir volksmoord te huisves. Daar is verder versoek dat die Suid-Afrikaanse ambassadeur uit Israel onttrek moet word en dat die regering alle vredebewegings moet in solidariteit met Palestina moet ondersteun. Dit kom nå die dood van ongeveer 1500 inwoners van die Gaza-strook na die oorlog wat tussen die twee lande uitgebreek het. Israel is hewig gekritiseer weens die bom van ’n Verenigde Nasies befondsde skool wat burgerlikes gehuisves het. Die Israelitiese magte het enkele minute se waarskuwing gegee voor hulle op die skool afgevuur het. Die ANC Jeug- en Vroueligas ondersteun die inhoud van die memorandum, asook Cosatu, SASCO en die Economic Freedom Fighters. In die begin van Augustus het ’n soortgelyke optog in Kaapstad meer as 150 000 mense getrek. Die oorlog woed voort.


Nuus

4

28 Augustus 2014

Die nuwe SR kandidate en die stempersentasies

Húlle is nou jou studenteleiers vir 2015 Studenteraad-verkiesingsuitslae en statistiek vir 2014/2015 2013/2014: 2678 studente het gestem. 2014/2015: 3019 studente het gestem.

SAAMGESTEL DEUR HANNES KRUGER

11.3% meer studente het dié termyn vir die SR gestem. Daar was 'n totaal van 5442 "geen stem"-opsie.

Die "geen stem" persentasies in onderstaande kassies is die totaal per portefeulje.

SR-Voorsitter

Adjunkvoorsitter

Akademie

AKSA

BOB

Monica van Schalkwyk

Bianca Enslin

Anrie van Wyk

Omphemetse Mmekoa

Danie Erasmus

Geen stem: 9.6%

Geen stem: 11.8%

Geen stem: 5.5%

47.8%

80.4%

63.6%

60.9%

55.9%

Abigail Leshope: 46.7%

Geen stem: 19.6%

Lizanne de Villiers: 24.6%

Geen stem: 39.1%

Marne Schouwstra: 34.5%

Finansies

Interne koördinering

Koshuisraad

Kunste

MEK

Paul Maritz

Marie Naude

Jaunmari Schoonraad

JP Jansen van Vuuren

84%

Ruan Meyer

90.9%

77.3%

Geen stem: 6.6%

Geen stem: 15.4%

54.8%

54%

Geen stem: 16%

Geen stem: 9.1%

Geen stem: 22.7%

Rudolph Boshoff: 38.6%

Thalita van der Merwe: 30.6%

SJGD

Skakeling

Sport en rekreasie

Verenigingsraad

JOOL

Brenden Fourie

Pearl Mashego

Olivia Fernandes

Parker Makonzo

Marion Fouché

Geen stem: 4.6%

86.5% Geen stem: 13.5%

40.4% Wynand Mulder: 32.1% Duan Laubscher: 22.9%

87.8% Geen stem: 12.2%

65.7% Geen stem: 34.3%

49.8% Sien Wapad van 22 Mei vir die volledige JOOL-uitslae


28 Augustus 2014

Nuus

5

Batman nou net nog meer jaloers op dié batmobile

Pukke ingenieurs bou nóg beter sonkar vir internasionale kompetisie JACO-MARI FUTCHER

D

ie NWU-Puk ingenieursspan se nuwe sonkar is nóg beter en vinniger as die 2012 batmobile. Só beskryf prof. Albert Helberg, spanbestuurder, die Sirius X25-sonkar. Helberg was ook die spanbestuurder van die batmobile. Die NWU-Pukspan het tydens die 2012 Internasionale Sasol Solar Challenge ’n algehele eersteplek met hul solar batmobile verower. “Ons het die geesbeker gewen en ’n paar rekords gebreek met die vorige resies,” het Helberg gesê. “Vanjaar is alles nuut. Die kar gaan die helfte van die gewig van die vorige kar wees. Die vorige kar het nog baie afwerking nodig gehad, maar met die kar het ons genoeg tyd om dit af te werk met gladde lyne wat die voertuig meer aërodinamies maak.” ’n Nuwe roete gaan dié jaar ty-

dens die internasionale resies van 27 September tot 4 Oktober gevolg word. Die karre trek in Pretoria weg en hul resies eindig uiteindelik in Kaapstad. Die prys word toegeken aan die span wat die langste afstand aflê en omdat daar ’n vasgestelde begin- en eindpunt is, sal dit moeilik wees om die wenner te bepaal. Daarom kry elke span die opsie om elke dag op ’n spesifieke plek ’n draai te ry wat ’n lis vorm sodat hul kan afstand opbou. “Ons ry op openbare paaie en dit kan gevaarlik wees vir die bestuurders. Die span ry in ’n konvooi van drie voertuie met ’n voertuig voor en agter die kar wat ander verkeer waarsku dat daar ’n sonkar op die pad is,” het Helberg gesê. “Die ervaring van die deelnemers neem toe en hulle weet nou teen dié tyd wat werk en wat nie werk nie. Dit is internasionale klas-voertuie.” ’n Kombinasie van voor- en nagraadse studente bou dié sonkar.

Spesifikasies Geskatte gewig (sonder bestuurder): 175 kg Hoogte: 1,2 m Lengte: 4,5 m Topspoed: 120 km/h Gemiddelde spoed: 80 km/h Sonkrag: 1,4 kW/h Rim-grootte: 16 duim Motor: 4 kW/h GEEN RATKAS

“Hulle het studieleiers wat hulle met die tegniese aspekte tydens die ontwerpfase help en ons het ook ’n span met vier bestuurders wat die kar gaan be_ stuur. Een van hierdie bestuurders is ’n vrou, Sumarie Brand,” het Helberg gesê. Studente kan daarna uitsien om in September na die Sirius X25-sonkar te kom kyk wanneer die span die kar in die amfi bekendstel.

Raynard du Preez, Aubrey Lotriet en Sumarie Brand werk aan die sonkar.

Vintage Vocals, pret en liters wyn

G'n vreemdelinge vir wen nie: die wengroep van die aand, Strangers.

’n Kategoriewenner juig oor hulle sjokolade-medaljes. JOHANÉ VAN DEN BERG As jy nie vanjaar kans gesien het om verkoue te kry in die ry vir sêrkaartjies nie, is Vintage Vocals net die ding vir jou. Dié sanggeleentheid is Sêr se rustiger, kleiner weergawe in die sang-arena. Volgens Niél Kruger, die organiseerder van Vintage Vocals, wou

hulle vir mense wat baie van acapella hou ’n ander kans gee om dit te kan geniet. “Ek dink daar is ’n paar mense wat ons nog nie getarget het nie of wat nog nie daarvan weet nie, maar ons hoop dat dit groter sal word en dat ons volgende jaar almal in Potch kan kry om te kom deelneem of te kom kyk,” het Kruger gesê.

FOTO'S: Gert Coetzer Aanvanklik sou net koshuisgroepe vir dié sangkompetisie inskryf, maar ná heelwat koshuise onttrek het, het die organiseerders besluit om dit oop te maak vir gekombineerde groepe. “Die cool ding is dit beteken ons kry regtig die beste talent om acapella te kom sing,” het Kruger gesê. Elkeen van die sowat 270 mense

Blommeland treur en die vlae hang halfstok Is jy hartseer oor die afsterwe van Verna Vels (Liewe Heksie)? Nicole Kemp het 'n paar studente gaan vra. “Ek dink dis ’n tragedie vir die hele Suid-Afrika, omdat sy tog so ’n groot invloed in die Afrikaanse gemeenskap en in ons TV-kamers gehad het. Sy gaan definitief deur ons almal gemis word, omdat sy tog deel van ons almal se opvoeding was.” -Juandre Fourie, vyfdejaar in BA Sielkunde, Thaba-Jäh.

“O, wel dis seker sad, maar ek was nooit ’n groot Liewe Heksie fan nie en het dit baie min gekyk, so dis nie vir my so erg nie. Sy was wel iemand wat elke kind geken het en iets wat ons almal aan ons kinderdae remind.” - Una Louw, eerstejaar in BIng Chemiese ingenieurswese, Lavaria.

“Met Verna Vels se dood het Suid-Afrika nie net ’n geliefde kinderskrywer verloor nie, maar ook ’n geliefde karakter uit ons kinderdae.” - Bernadette Jacobs, eerstejaar in BSc Dierkunde en Chemie “Ek is bly, want ek het nooit van Liewe Heksie gehou nie.” - Marco Vledder. Eerstejaar in BSc Inligtingstegnologie.

wat die aand bygewoon het, het ’n bottel wyn en ’n snoeppakkie saam die toegangskaartjie gekry. Volgens Danielle Fouché, tweedejaar van Wanda-vrouekoshuis en ’n lid van die groep Bellacanto was dit “regtig baie amazing”. “Ons het Sêr so baie geniet toe besluit ons om hierdie ook te doen net om af te sluit. Ek was heeltemal uit my gemaksone en het baie geïntimideerd gevoel, maar dit was verskriklik lekker om saam met mense van verskillende koshuise in een groep te werk en my horison te verbreed,” het Maya Carstens, ’n derdejaar van Wag’n-Bietjie-vrouekoshuis en ’n lid van die wengroep, Strangers, gesê.

Wenners en deelnemers Wenners:

1.) Strangers 2.) WWW 3.) 7th Chord 4.) Infinity

Deelnemers:

Bellacanto WWW Seventh Chord Pantomime Rhythm Rebels Strangers Mystic Majors


6

28 Augustus 2014


28 Augustus 2014

Nuus

7

Potch

Patat HIERDIE IS SATIRE, AS JY DIT NIE VERSTAAN NIE, LOOP SOEK 'N SIN VIR HUMOR.

SAAMGESTEL DEUR SIMON SONNEKUS

Company helps stranded students

Bestuur ly honger ’n Nuwe beleid wat by die universiteit se kwartaallikse bestuursvergadering ingestel is, sal sien dat lede van die bestuur lekkerder kos by funksies kry. Gemoedere het verlede week nuwe laagtes bereik toe die vingerhappies by ’n onlangse daktuin-funksie nie lekker genoeg was nie. Boonop was daar te min voorsien om die seniorlede se honger kolle te stil. Volgens ooggetuies is ’n bord kaaspoffertjies binne minute verslind, maar daar is later gekla dat dié versnaperings slegs met “plain ou cheddar gevul is en nie met duur emmentalerkaas nie”. ’n Addendum tot die beleid sal toesien dat bestuurslede nou by vergaderings en funksies die keuse sal hê tussen ’n Swart Angus biefstuk of die duurste Wes-

Kortliks

kus kreef. Betroubare bronne het bevestig dat die gewone J.C le Roux-vonkelwyn met die beste Moët & Chandon-sjampanje van Frankryk vervang sal word. Daar word verneem dat die befondsing vir die feesmaal deur die wins wat uit Pukki-pop verkope gemaak is, voorsien sal word. Daar is egter bekommernis dat die piepklein verkoopsyfer van dié pop nie die duur kosvoorkeure sal onderhou nie. “Ons glo dat die studente in hul massas die poppie sal koop as hulle hoor hoe ons tydens funksies honger ly,” het ’n senior institusionele-beampte, wat anoniem wil bly, gesê. Teen druktyd kon dit nie bevestig word of die bestuurslede die rump of filet-snit gekies het nie.

Students caught in a flurry of critique on social media with no form of logical or reasonable reply now have the means to trounce even the most stubborn internet trolls. Youvebeensavedyouidiot.co.za has opened its door to students who often make the mistake of posting obscene opinions without thinking of substantiating their arguments. According to CEO, Seymour Butts, their business model is based roughly on the services your parents paid to write your primary school speeches. The slogan reads “Tired of feeling stupid? We make you look smart!” According to a source who has already planked his name too often on social media that it is excruciating to mention, Youvebeensavedyouidiot.co.za has saved him from further annihilation. “I found that I would try to be quite controversial but didn’t know enough about the subject and after being constantly lambasted with critique I felt really stupid and depressed. “But with Youvebeensavedyouidiot.co.za I’m saved. I can ignorantly post away and they will supply the arguments.”

Witgoud in spervuur Skok-statistiek het vandeesweek die ronde gedoen ná navorsing oor ’n interim koshuisraad-organisasie, Studente Toilet Regulerings Operasie Nood Dienste (S.T.R.O.N.D) wys koshuisstudente is geneig om toiletpapier te mors. Volgens die voorsitter, Hugh Jass, is studente geneig om dié kosbare kommoditeit “deur hul gat te trek”. Daarom is koshuisbesture beveel om die gratis voorsiening van toiletpapier onmiddellik te staak en studente word nou versoek om hul eie witgoud van die huis af te bring. HK-lede sal egter nog hul twee-weeklikse toiletpapiervoorsiening ontvang, maar teen ’n stewige prys - 15% van

Wêreldnuus

hul honorarium. Koshuisinwoners is verdeeld oor hul lot. “Dis nou vir my beter, ek kan two-ply van die huis af bring,” het ’n nonchalante inwoner gesê terwyl ander opstandig was en wou weet waarheen die gespaarde fondse gaan. Jass het nie op navraag reageer oor waarheen die fondse gaan nie, maar kon bevestig dat hulle daarna kyk om Pukki-papier bekend te stel - toiletpapier eie aan die universiteit. Daar is ook gerugte dat bidets (die fancy Franse toilette) in kampusbadkamers geïnstalleer sal word, maar dit kon egter nie bevestig word nie.

SAAMGESTEL DEUR NICOLE KEMP

Engeland

Twiets vanuit die buiteruim Die toekomstige ruimtevaarder, Majoor Tim Peak, gaan in 2015 die eerste Britse ruimtevaarder wees wat die buitenste ruimte gaan verken. Hy gaan ook die eerste ruimtevaarder ter wêreld wees wat vanuit die buitenste ruimte gaan Twiet. Deur sy out of this world-twiets hoop hy om die publiek aan te moedig om ruimtevlugen mikroswaartekragnavorsing te ondersteun.

Moskou

Tweeling troupaar Engeland

Thailand

Dahl se Wonka in lewende lywe

Olifante maak musiek

Die Universiteit van Cambridge is opsoek na hul eie weergawe van die storieboekkarakter, Willie Wonka. Volgens die universiteit is die perfekte kandidaat ’n student vanuit die departement van Chemiese Ingenieurswese en Biotegnologie. Die gekose student sal aan die multidissiplinêre PhD oor sjokolade-program deelneem deur die beginsels van hitte-stabiele sjokolade te ondersoek.

In Thailand word “afgetrede” werksolifante sonder heenkome geleer om musiek te maak. Dié musikale groep staan as die “Thai Olifant Orkes” bekend. Behalwe vir hul natuurlike trompette speel hulle verskeie slaginstrumente. Die groep is besig om vinnig roem te verwerf en het al drie albums uitgegee.

Tiaan Dorfling tydens die onderhoud.

’n Heteroseksuele paartjie van Moskou, Rusland, wat op die oog af soos ’n identiese tweeling lyk is pasgetroudes. Dmitry Kozhukhov, oftewel Alina Davis, en Alison Brooks het in ooreenstemmende trourokke getrou wat dit moeilik maak om die een van die ander te onderskei. Alhoewel gay en lesbiese huwelike in Rusland taboe is, het die twee bruide die weg gebaan vir soortgelyke paartjies wat dieselfde droom deel.


8

Advertensie 28 Augustus 2014


28 Augustus 2014

K&V

9

10 Thalia voer jaarlikse hoofproduksie op 10 CD-Resensie: Posduif beïndruk

FOTO: Leanri Cunniff

NWU bied weer musikale belewenis BENETTE RAUTENBACH

A

s jy in die volgende week besef die akademiese las kry jou onder en jy het lus om dit met ’n aand van vermaak af te wissel, bied Artéma, Alabama Produksies en PUKKunste Breaking up is hard to do aan. “Na die sukses van Grease, en ook die vibe en belangstelling wat daardeur geskep en aangewakker is, het ons besluit om weer ’n musical waarby studente aanklank kan vind aan te bied,” het die vervaardiger, Chris de Bruyn, gesê. Nacia Kruger, oud Potchefstromer en oud-NWU-Puk tree as die produksie se regisseur op, Pieter de Bruin as die musiekregisseur en Glenn Cunniff

as die produksiebestuurder. “’n Belangrike deel van ons doel as ondersteuningsdepartement is om platforms te skep waar studente hul talente binne die uitvoerende kunste-omgewing kan uitleef en geleentheid tot blootstelling kan kry,” het De Bruyn gesê. Pieter de Bruin, musiekregisseur, vertel die gehoor het baie om na uit te sien. “Ons glo daaraan om hierdie bekwame en talentvolle jong performers se talente ten volle ten toon te stel en ook om die gehoor regte waarde vir hul geld te gee,” het De Bruin gesê. As jy dit nie wil misloop nie, kan jy solank volgende Woensdag tot Vrydag (3 tot 6 September) op jou kalender afmerk.

ROLVERDELINGS

MARY-LOU - Miemie Richter

MARGE - Ronel Stander

LISA - Stefanie Jansen van Vuuren

LOIS - Anneke Ueckermann

SAMMY - Armand Cronjé

ESTHER - Anika Pretorius

BOBBY - Erno Dykman

GABE - Delwin van Jaarsveld

BILLY - Liam Longwood

DEL DELMONACO - WG Nel HARVEY - Hanno Labuschagne

BAND Klavier: MD Pieter de Bruin

HOOFROLLE

Kitaar: Glenn Cunniff

TAMMY - Melanie Pretorius

Baskitaar: Thean Heyneke

BARBS - Landri van Emmenis

Tromme: Jardus Smith

Die hoofrolle van Breaking up is hard to do vertel... Wat is jou rol in die stuk? Ek speel die rol van Marge. Sy is ’n jong dame wat by die kansel laat vaar is. Haar beste vriendin, Lois, sleep haar saam na die oord waar sy saam met haar man op ’n wittebrood sou gaan en daar begin die avontuur! Julle sal maar moet kom kyk om te sien wat gebeur! – Ronel Stander Ek speel die eienares van die vakansieoord - Esthers' Paradise waar die musical afspeel. Ek speel ’n baie ouer karakter maar dis makliker om in karakter te kom as jy iemand speel wat nie naby aan jou eie persoonlikheid is nie, so ek geniet dit baie om haar in die musical te wees. – Anika Pretorius Ek vertolk die rol van Harvey Feldman, ’n middeljarige, enkellopende komediant wat voorkom asof hy nie ’n ding in die lewe het om oor te bekommer nie, maar wie agter die skerms baie eensaam is. Verwag baie grappies oor ouderdom- en verhoudingsprobleme. – Hanno Labuschagne Ek speel Del Delmonaco, ’n hartebreker-sanger met ’n gladde bek en ’n groot ego! – W.G. Nel

Wat het jou laat besluit om vir die oudisie te gaan? Ek het Grease gaan kyk en ek dink enige performer wat dit gesien het, het gebrand om deel daarvan te wees! – Ronel Stander Ek is nog altyd mal oor musicals, want dit bevat twee van my gunsteling goed - drama en musiek. Ek wou nog altyd in ’n musical gespeel het, so dié was die perfekte geleentheid! – Anika Pretorius Ek het aan Grease deelgeneem en dit was besonders lekker en het my gemotiveer om weer vir ’n oudisie te gaan. – Anneke Ueckermann Ek was deel van die Grease-cast. Dit was nie net een van die beste ervarings van my tyd op universiteit nie, maar van my hele lewe. – Hanno Labuschagne ’n Vriendin wat saam met my eerstejaarskonsert gedoen het, het op haar fiets verbygery en gevra of ek gaan oudisie. – W.G. Nel

Waarna kan die gehoor uitsien? Die gehoor kan uitsien na ’n hele verskeidenheid interessante

karakters, kleurvolle kostuums, pittige dialoog, ongelooflike musiek met ’n amazing band en fantastiese sangers en om werklik te ontspan en ’n topgehalte vertoning te sien wat vir niks terugstaan nie! – Ronel Stander Jy gaan dalk nie al die liedjies ewe skielik ken nie, maar hulle gaan verseker in jou kop vassit. – Hanno Labuschagne ’n Hele paar interessante kostuums en soentonele wat mense voor op hulle stoele sal laat sit. – W.G. Nel

Hoe lank oefen julle al? Ons oefen al vanaf die begin van die tweede semester, maar moes reeds tydens die reses goed bekend met ons karakters en liedjies raak. – Hanno Labuschagne

Interessanthede rondom die stuk: Breaking up is hard to do is ’n musical wat om die musiek van Neil Sedaka (sanger-liedjieskrywer) saamgestel is. Dit gee hierdie ou musiek werklik nuwe lewe met ’n mooi storielyn en verseker ’n ervaring propvol vermaak. - Ronel Stander

Jan Alleman en vriende woon Mystic se akoestieke aand by JEANELLE GREYLING Individue en groepe het in hul massas by Sondagaand se Acoustic Sessions by Die Mystic Boer in Potchefstroom opgedaag. Hoewel dit Ritmies Liries se vierde open mic-aand was, was dit die tweede keer dat hulle en Mystic saamgespan het om Acoustic Sessions te bied. “Kyk om jou,” het Ted de Boer, Mystic se bestuurder, gesê. “Die turn-out is amazing. Dit lyk beter as jou standaard Vrydagaand.” Die impromptu sangers het tot twee-uur die Maandagoggend, toe Mystic toegemaak het, aangeneurie, en onvoorbereide kunstenaars het die heel aand tou gestaan om op te tree. “Dit was baie stresvol!” het Robbie Boltman, die eerste kunstenaar, gesê. “Nét toe ek begin, het my kitaarkabel gebreek en een van my snare het ook later gebreek. Volgens Boltman het hy aanvanklik gestres om op te gaan, “maar as jy daar bo is, is jy nie so gephase nie.” Hy beveel dit vir enige musikant of digter aan. “Maak net voor die tyd seker alles werk.”

Dié geleentheid het meer musiek as digkuns ingesluit, en Ritmies Liries se doel is volgens Martin de Lange, medestigter, om altwee in Potchefstroom te bevorder. “Maar dit maak nie saak nie. Die idee is juis dat die crowd die content bepaal, nie ons nie,” het De Lange gesê. Bands soos Jack Rolling Dandy’s, Snowing Down South en Monstrous Regiment en selfs Neil Kruger, wat die musiekproduksie behartig het, het die verhoog aangedurf. Chris Rautenbach, die eienaar van Arcade Empire Potchefstroom, het ook met sy musikale talente gespog. Nie heeltemal stresvry nie: “Ek bewe so, dit lyk of ek spirit fingers het,” het hy vanaf die verhoog gesê. Mia Malherbe en Francois Keulder van Table for 2 het vir meer as ’n uur opgetree, wat ongewoon lank is op sulke aande. “Ek stres nooit om op te gaan nie,” het Malherbe gesê. ’n Raadgewer van die ATKV was glo aanvanklik skepties, “maar hy was baie beïndruk met die uitkoms,” het De Lange gesê. Dié raadgewer het glo gesê die covers moet beperk word.

Verskeie sangers en musikante het gesorg vir ‘n warm atmosfeer by Sondag se akoestiese aand by Die Mystic Boer Potchefstroom. FOTO: Ware Jacob Fotografie


10

28 Aug - 11 Sept VRYDAG 29 AUGUSTUS - 21:00

DJ Night "Best of Both Worlds" Die Mystic Boer Potchefstroom VRYDAG 29 AUGUSTUS - 19:00

Super Duper Bass Troopers - R10 Arcade Empire Potchefstroom SATERAG 30 AUGUSTUS - 10:00

Craft Beer Festival Snowflake DINSDAG 2 SEPTEMBER - 20:00

Laureus Partyfest - R15 Tema: Wolf of Wall Street Impala WOENSDAG 3 SEPTEMBER TOT SATERDAG 6 SEPTEMBER - 19:30

Breaking up is hard to do - R90 NWU Sanlam Ouditorium

K&V 28 Augustus 2014

Thalia: “Die wortel van alle kwaad” T

halia, die NWU-Puktoneelgroep, het verlede Woensdag en Donderdag (20 en 21 Augustus) hul produksie, Die wortel van alle kwaad, in die Totiussaal opgevoer. Volgens Marita Herselman kan dié toneelgroep maar hul “ekvoel-tevrede” glimlagte vertoon. Hier is haar ervaring van die produksie: Die gordyne gaan oop en ’n droewige situasie word aan die gehoor voorgestel. Sarel van der Merwe, Herman Thompson en oom Henning is in die hospitaal vir prostaatoperasies. ’n Vierde pasiënt, Rushdie Latief, sluit ook later by hulle aan. Terwyl hulle in hul hospitaalbeddens lê, kla hulle teenoor mekaar oor die dinge van die lewe. Twee verpleegsters, Frieda en Sarel se meisie van twintig jaar gelede, versorg hulle.

Die toneel handel oor hoe Sarel en Frieda vrede maak, nadat hul interkulturele verhouding tydens Apartheid verbrokkel het, asook oor die draaiboek wat Herman geskryf het. Die ander twee mans deel deurlopend hul pittige kommentaar met die res. Die wortel van alle kwaad is baie relevant tot die huidige situasie in Suid-Afrika. Kwessies soos drankmisbruik, die onreg van Apartheid, oudword, komplotte in die land, interkulturele verhoudings en taalbehoud kom na vore. Dit is slim geskryf en vermaaklik, ten spyte van die ernstige kwessies wat deurskemer. Oom Henning en Rushdie gee vir die toneelstuk behoorlik skop. “Ek is so vol naald en gare, ek voel al soos ’n gehekelde lap,” en “Ons dominee sê altyd ‘drank is die wortel van alle kwaad,’ dan sê ek vir hom, ‘hier’s vir jou ’n bot-

Ons dominee sê altyd ‘drank is die wortel van alle kwaad,’ dan sê ek vir hom, ‘hier’s vir jou ’n bottel, dan kan jy nog kwater raak vir alles’ - Oom Henning tel, dan kan jy nog kwater raak vir alles,’ is maar enkele voorbeelde van sy sêdinge. Rushdie noem dat “Afrikaans ’n lorrie is wat wag om ge-highjack te word” en filosofeer deur te praat oor die dag dat hy ’n suurlemoen gepluk het – “Toe maar

lemoen, jy is soos my lewe: suur, maar eendag sal jy soet wees.” Die akteurs se spel is oortuigend, veral die vertolkings van Frieda, oom Henning (wat deur ’n vrou vertolk word) en Rushdie, wat moeiliker aksent het om te bemeester. Sarel en Frieda se verhouding is egter nie áltyd oortuigend nie, aangesien daar nie naastenby genoeg chemistry tussen hulle is nie. Hoewel daar wel hartroerende tye is, kom hulle met tye soetsappig en effens voorspelbaar voor. Die musiek is beperk, maar tog effektief wanneer dit wel gebruik word. Danksy Hans Pienaar se teks, Leroux Malan en Arisa Janse van Rensburg se regie en die bekwame toneelspelers, laat Thalia se hoofproduksie grootliks ’n positiewe indruk. FOTO'S: Benette Rautenbach

DONDERDAG 4 SEPTEMBER - 21:00

aKING - R40 Arcade Empire Potchefstroom VRYDAG 5 SEPTEMBER - 21:00

Shaun Jacobs - R40 Arcade Empire Potchefstroom SATERDAG 6 SEPTEMBER - 9:00

The Life Market Snowflake SONDAG 7 SEPTEMBER - 15:30

NWU-Puk Simfonie Orkes speel Mendelssohn - R50 NWU Konservatorium DINSDAG 9 SEPTEMBER - 20:00

Ratau Partyfest - R15 Tema: Tron Impala DINSDAG 9 SEPTEMBER - 19:30

Grenzeloos Nederlands - Jules De Corte met Bert van den Brink en Jannie du Toit - R80 Heimatsaal

Music filled night with Shaun Jacobs Band MIZAN VAN DER MERWE Some of you may have seen Shaun Jacobs Band perform for the first time at JOOL earlier this year, but if you unfortunately missed it, we have good news. They will be performing at Arcade Empire Potchefstroom on Friday 5 September. “We are really excited to be coming back. Potch is a town with a fantastic vibe and that makes it a great place to play music!” Jacobs said. Jacobs will be joined by his band members Craig Sparks and Andrew Sowter. This time their show will be a little bit different because of the fact that it is an inside club show. “We always give it our best every time we get on the stage, but often playing indoors you

can ‘feel’ the audience more than you can outdoors. The atmosphere can be really intense in clubs and that is something that makes bands enjoy playing even more,” Jacobs explained and added: “I think music is one of those things that can transcend language. Music speaks to you in a deep way, so if people enjoy our style of music then they won’t be disappointed by the show.” Shaun Jacobs Band released their first album in 2012 and according to Jacobs they have a lot planned for the future. “We are currently working on the next album in studio and will be releasing the first single soon!” The show will start at 21:00 and entrance is R40.

Posduif skrop nes in musiekharte CD-Resensie: Chris Chameleon en Daniella Deysel - Posduif MARITA HERSELMAN Wanneer Posduif nes skrop in jou CD-versameling, gaan die passie, musikale euforie, digkuns en happy vibes wat dit vervat ook in jou hart nes skrop. Die musieknote voer jou weg na ’n misterieuse plek wanneer dié klanke jou ore binnestroom. Jy kan nie anders as om jou oë toe te maak en saam te neurie nie. Chris Chameleon en Daniella Deysel se nuutvrygestelde album Posduif was vir beide kunstenaars ’n nuwe ervaring. Dit was die eerste album wat Chameleon saam met iemand anders opgeneem het en dit was die eerste keer wat Daniella Deysel die verhoog singend aangedurf het. Byna al die lirieke is Deysel se handewerk, behalwe vir die laaste snit, “Dit is al,” wat uit Chameleon se pen kom. Chameleon se toonsettalente, wat al vantevore met die toonset van Ingrid Jonker se gedigte getoon het, het weereens gesorg dat die gedigte en klanke saamsmelt en ’n mens se ore bederf. Dié wat lief is vir taal sal veral hierby aanklank vind, aangesien die lirieke en klanke mekaar perfek komplementeer. Die woorde is alles behalwe oppervlakkig of straight forward, maar is interessant geskryf en neem jou werklik op ’n ontdekkingstog. Posduif beïndruk jou van die

eerste lied, “Die weerkaatsing,” af. Dié kragtige snit bestaan uit ’n opbouende ritme en beweging en bevat passie en betowerende woorde. Dis een van dáárdie wat in jou kop eggo voordat jy in die aand aan die slaap raak. Jou gemoedstoestand is gelukkig en opgewonde wanneer jy na die titelsnit, “Posduif,” luister. Daar is selfs liedjies wat rock-elemente bevat, soos “Aardskokke”, waar tromspel meer prominent

voorkom. Die liedjies wat in Posduif vervat is, is uiteenlopend en die album val nie nét onder die Afrikaanse genre nie. Die album het ’n ander klank as Chameleon se vorige werk, maar dit bevat steeds kenmerkende elemente. Dié duo het dit reggekry om pragtige woorde te sing sonder om soetsappig te klink. Hulle is waarlik ’n sangpaar van formaat.


28 Augustus 2014 Leefstyl

11

Leefstyl Verbreed jou kulturele horison PLAKAAT: FACEBOOK.COM

Daar is heelwat versteekte juwele in Potchefstroom wat net wag om ontdek te word. Besoek gerus die President Pretorius Museum vir 'n blik op die verlede. LUZANNE KEYTER

D

ie meeste van ons ry gereeld verby daardie wit geboutjies langs die SenWes wanneer ons mall toe gaan. Dié wit geboutjies het my vir lank bygebly en daarom het ek ’n rukkie terug besluit om ’n draai daar te maak. Dié ‘wit geboutjies’ is die President Pretorius Museum en was die huis van Marthinus Wessel Pretorius (1819 – 1901), die eerste president van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR) en die stigter van Pretoria. Die grond waarop die museum gebou is, was oorspronklik deel van ’n groot plaas wat die ZAR aan Pretorius geskenk het. Hy het vanaf die 1850’s tot 1893 in dié huis gewoon. In 1868 is die hoofhuis in ’n Kaaps-Hollandse styl gebou wat uiters populêr in daai tyd was. Die stalle en werkshuis is daarna bygevoeg. Pretorius het

Die museum is weeksdae oop vanaf 10h00 tot 13h00 en weer 14h00 tot 16h00, Saterdae vanaf 09h00 tot 13h00 en Sondae vanaf 14h30 tot 17h00. Vakansiedae is die museum wel gesluit. Ingang is verniet, maar donasies is welkom om die museum in stand te hou. boonop self die eikeboom en magnolia geplant wat nou nog op die grond groei. Die huis se hoofvertrek is die eetkamer, die eerste vertrek wanneer jy by die deur inkom. Hier is gaste ontvang en dit was ook die “trots” van ’n huis. Die mure is met duur muurpapier bedek en portrette van die Pretorius-familie kan oral gesien word. Besoekers kan die breekware en meubels van daardie tyd van naby af kan bestudeer. Die slaapkamer is met hekelwerk versier, iets waarvoor die President se dogter, Christina en

Aanwysings na die museum: Vanaf die hoofhek in Meyerstraat, draai links in Meyerstraat in die rigting van Hoffmanstraat. Draai regs om Thabo Mbeki laan. Na 600m is die President Pretoriusmuseum aan jou linkerkant. haar ma, Alletta Smith bekend was. In die studeerkamer hang ’n ou ZAR-vlag wat die besoeker herinner dat hierdie huis nie net ’n huis was nie, maar ook ’n plek waarvandaan die Pretorius ’n land regeer het. Manlike besoekers sou na etes in hierdie vertrek rook en Republieksake bespreek. Die kombuis het steeds ’n misvloer en ‘moderne’ toerusting van daardie tyd kan hier gesien word. ’n Broodoond binne ’n oop kooloond was ’n luuksheid in die 1800’s. Kos is hier voorberei, maar ook kerse en meeste medisyne,

aangesien dokters in daardie tyd baie skaars was. Wat vandag die kantoor is, was eers Pretorius se eie dogter, Christina en toe twee aangenome dogters, Aletta Jacobs en Johanna van Graan, se kamer. Die gebou regs van die huis is die werkshuis. Perde se skoene is hier aangesit, ossewaens se wiele reggemaak en verskeie ander items vervaardig. Baie antieke items kan hier gesien word so vra gerus vir die gids aan diens om dié gebou oop te sluit. Die stalle, die gebou links van die huis, huisves ’n groot perde-

FOTO'S: Luzanne Keyter

wa wat in 1955 deur die Pretorius-familie in Pretoria tydens die 100 jaar-viering van die stad gebruik is. In die tyd wat die Pretorius-familie in die huis gewoon het, is nie net perde in die stalle gehou nie maar ook items soos tabak, voer en gereedskap. Let daarop dat die vloerlys (skirting boards) en deurrame donker geverf is. In die 1800’s was dit hoogmode omdat dit glo vlieë weg van ’n huis of vertrek hou het. Tydens die Eerste AngloBoereoorlog (1880 – 1881) en die Tweede Anglo-Boereoorlog het die huis baie skade gely en baie min van die Pretorius-gesin se oorspronklike besittings het dié oorloë oorleef, maar die museum kan vandag in sy (amper) oorspronklike vorm gesien word. Die museum is die besoek werd vir enigiemand wat in Potchefstroomse geskiedenis of dié van Suid-Afrika belangstel.

Verryk jou bier-proe palet met Craft Beer IAN VENTER Potchefstroom se eerste bierfees is om die draai en word deur die liefdadigheidsorganisasie, Round Table Potch 47, aangebied. Dié fees vind Saterdag (30 Augustus) by die Snowflake plaas en mikrobrouers soos Dog & Fig, Clarens Brewery, De Grave Brewery, Aces Brew Worx en Darling Brew gaan ’n reeks plaaslike gebroude bier na die tafel bring. “Ons het al baie bierfeeste aangebied in die verlede, maar ons het besluit dit is tyd vir ’n verandering en daarom het ons gedink ons wil Potchefstroom ’n kans gee om hul bier-proe palet bietjie uit te brei,” het Bradley Rhodes, wat betrokke is by die reël van dié fees, gesê. Verskeie DJ’s en plaaslike kunstenaars soos Bosman Puren, Gavin Edwards en Jack Rolling Dandy’s gaan die

Craft Beerfest Saterdag 30 Augustus 2014 10:00 tot laat Snowflake Kaartjies: R120 beskikbaar by Die Mystic Boer Potchefstroom en Bourbons. Kaartjies sluit 'n draught-glas in.

bierdrinkers vermaak. Round Table 47 en Ribs for Africa gaan die kosstalletjies voorsien. “’n Mens kan nie yskoue bier in stilte sit en drink nie en daarom het ons dit goed gedink om ’n paar opwindende kunstenaars te kry om die mense te entertain,” het Rhodes verduidelik. Alle winste sal aan liefdadigheid gaan en die tekortkominge binne die Potchefstroom-gemeenskap vul. “Die feit dat al die wins gebruik word om minder bevoorregte mense in die Potchefstroom-gemeenskap te help, maak die event vir ons great, buiten die uitstekende bier en musiek natuurlik,” het Rhodes gesê en bygevoeg dat die lede van die Round Table wil help om ’n verskil te maak in dié mense se lewens. Die Mystic Boer en Bourbons verkoop die kaartjies teen R120 en sluit jou ingang en ’n draught-glas in.

Vir dié wat nie gereelde bierdrinkers is nie of selfs vir die manne wat nie presies seker is wat hulle drink wanneer hulle rugby kyk of braai nie – hiér is die verskille tussen Stout, Ale en Lager: t

Stout: ’n donker bier wat van geroosterde mout of -gars, hops, water en gis gemaak word.

t

Ale: ’n tipe bier wat deur ’n warm fermentasie van brouersgis met gars gemaak word. In vergelyking met lager-gis fermenteer Ale-gis vinniger. Dié fermentasie verseker ’n soeter vrugtesmaak.

t

Lager: Dit word in ’n lae temperatuur gefermenteer en is ook die mees beskikbare bier wêreldwyd en word die meeste gedrink. Bock, Pilsner en Märzen is almal Lagers. Daar is ook donker lagers soos Dunkel en Schwarzbier.


12

28 Augustus 2014

Redaksioneel

Ombudsman

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak die waarnemende ombudsman dr. Hein Lubbe by: hein.lubbe@nwu.ac.za

Kommentaar

SMS 31750

SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

28 Augustus 2014

Hou perspektief Niemand wen in ’n oorlog nie. Mense se lewens word deur die dood van hulle geliefdes verwoes en word met niks op die straat gelos. (Free Gaza-protes, p.3) Jy kan soveel kla soos wat jy wil oor die politiek in ons land, of die werkloosheid, armoede en vir seker die misdaad, maar ons is in allesbehalwe ’n oorlog. Mens kan maklik vasgevang word in jou wêreld en dié se probleme. Dit is tog belangrik om elke nou en dan terug te staan en na die volle prentjie te kyk.

Die nuutverkose SR en die uitdagings wat hulle in die oë staar, ook al die ander NWU-Pukliggame se uitdagings is maar baie relatief as mens dit vergelyk met iemand wat nie weet of hy of sy die aand gaan oorleef nie. Dit vat ook nou nie weg van akademiese- en kampusdruk nie. Jy kan nie dit wat reg rondom jou gebeur ignoreer of afmaak nie. As jy jouself egter in ander se skoene sit – iemand wat die wêreld heeltemal anders as jy beleef, mag jy dalk vind jou probleme is heelwat kleiner.

Die volgende uitgawe van Wapad verskyn op 11 Sep.

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Hannes Kruger ADJUNKREDAKTEUR: Simon Sonnekus NUUS- EN WEBREDAKTEUR: Francois Lion-Cachet SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw SPORTSUBREDAKTEUR: Eugenie Gregan LEEFSTYL, KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Mizan van der Merwe FOTOREDAKTEUR: Gert Coetzer ADVERTENSIEBESTUURDER: Lorraine Jordaan KANTOORBESTUURDER: Robbie Boltman UITLEGREDAKTEUR: Gwendoline Jansen van Vuuren HOOFSUBREDAKTEUR: Jeanelle Greyling Teksversorgers: Jeanelle Greyling, Francois Lion-Cachet, Hannes Kruger, Eugenie Gregan, Marnus Kok Uitleg: Hannes Kruger, Mizan van der Merwe, Lerine Miller, Simon Sonnekus

SMS’e en twiets

'Fokofpolisiekar het my help vorm' Francois Lion-Cachet vertel hoe hy as 'n wit Afrikaanse seun uiting gesoek het en hoe Fokofpolisiekar dit beïnvloed het.

E

k onthou toe ek die eerste keer na Fokofpolisiekar geluister het. Dit is 2009. Ek wil nie na Huisgenoot sokkietreffers luister nie, maar voel tog dat Afrikaanse musiek die meeste met my gaan praat. Ek is, in my skoolklere, by die musiekwinkel in en gaan staan en kyk op na die Afrikaanse rockmusiek van die tyd. MK was in sy beginjare en die opkoms van ’n Afrikaanse alternatiewe scene was iets wat behoorlik vlamgevat het. Ek is onseker oor my plek as ’n wit Afrikanerseun in die samelewing, ook as ’n nerdy figuur het ek uiting gesoek. Ek kyk na al die albums op die rak met geen idee wat om te vat nie. Die winkelassistent prop ’n FPK-album in my hand wat ek vat, juis omdat my laerskoolhoof my teen dié “duiwelsgroep” gewaarsku het. Ek koop ook ’n Foto Na Dans-album weens die aanloklike kassieontwerp. Soos die NWU-slagspreuk lui, het dit alles daar begin. By die huis pak my ma nog die Pick ’n Pay-inkopiesakke uit en ek prop die album in die CD-speler in. Die musiek van dié groep se eerste kompilasiealbum, Forgive them for they know not what they do, begin te speel. Die lirieke gryp my onmiddellik aan. Ek sit dit harder en maak my deur toe. “Die instruksies wat hul vir ons gee: werk, trou en kinders kry en moontlik dan aan depressie ly. Iemand moet vra hoekom.” As ek ’n hippy was, was Fokof my Beatles. Ek glo tot vandag vas dat hulle musiek die sleutel tot my bevryding van die “tradisiemasjien” was. Dit het ’n kringloop van ander gebeure aan die gang gesit tot wie ek vandag is.

Janco se terugblik na twee jaar as SR-voorsitter

@NWUWapad Jean-Marc Stidworthy @jsworthy

Kevin du Plessis @lcky_nmbr_kevin

Lekker om te sien dat die @ NWUWapad ook studente aanmoedig om die verantwoordelike besluit te neem #GaanGroen @NWUPUK

@SRnwupuk sjo daai @NWUWapad template wat jul so bki plagieer het vir SR-verkiesing doen nie justice aan die oorspronklike ontwerp nie.siesa

Regstellings Wapad het in die uitgawe van 15 Augustus op bl. 2 by die berig oor die nuwe ATKV-tak foutiewelik berig dat Agnes van Schoon die nuwe ATKV voorsitter is. Dit is Agnes du Pessis. Op bl.4 by die berig oor die aardbewing is foutiewelik berig dat Anuschka Jacobs BA Kommunikasie studeer. Sy studeer BA Tale en Literatuur.

Wapad het slegs oor André Olivier en Nijel Amos se prestasies by die Statebondspele berig. Sunette Viljoen het ook 'n silwermedalje by dié byeenkoms verower. Indien jy voel Wapad het nie aan die SA Perskode voldoen nie en/ of het foutiewelik berig gedoen, stuur 'n e-pos na wapad@nwu. ac.za

Ek deel nie die lewensuitkyk wat baie Afrikaners het nie. Ek kan nie om ’n braaivleisvuur staan en rassistiese, homofobiese of seksistiese grappies maak óf stilbly as iemand dit doen nie. Ek sien nie die wêreld uit ’n dopperperspektief uit nie. In skool, koshuis en verderaan het ek geweier om deel van die skaaptrop te vorm. “Die wêreld gaan jou haat my seun. As jy die waarheid praat gaan hulle jou wil doodmaak.” Met tyd het ek ook geleer dat uiterse liberaliteit net so dodge is soos verregses. Daar is waarde en waarheid in altwee kante van ’n saak. Maar ek sou op geen ander manier tot dié besef gekom het nie.

In 2012, ná ek as Voorsitter van die Studenteraad verkies is, het ek twee goed op my kantoorbord geskryf wat ek elke dag aan herinner wou word. Die eerste stelling was om my eie optrede te kontroleer en om myself te herinner om nie

Briewe:

noodwendig net aan die besluit voor hande te dink nie, maar die moontlike gevolge daarvan en ook die moontlike interpretasies daarvan deur interne sowel as eksterne rolspelers. Hierdie “kontrole-gesegde” in my lewe het my een dag getref toe die son sak en ek besef dat as jy regop staan kan jou skaduwee nie krom wees nie. Dit is waarmee ek die verantwoordelikheid van Voorsitter aangepak het. Die tweede stelling wat ek elke dag wou sien en van meet af wou verander was: “Die studente van Potchefstroom het stil geword…” Die vraag word gereeld gevra hoe relevant is die Studenteraad? En met reg ook. Die feit is dat ’n organisasie nie baie relevant sal wees as hy vir jou uitstappies en verversings reël wanneer hy eintlik jou belange moet vertoonwoordig nie. Jy bepaal self hoe relevant

jy is deur dit waarmee jy jouself besig hou. Deur die loop van my eerste termyn het ek besef dat dit dalk nie die studente is wat stil geword het nie, maar die Studenteraad wat doof geword het. Vir die eerste keer in baie jare het ons weer begin met massavergaderings, sinvolle gesprekke in koshuise en met Akademiese Studenteverenigings gefasiliteer en toe daag daar sommer meer as 3000 studente op vir ‘n optog. Dankie aan elke student wat sê wat gehoor moet word, ons luister! Ek het die voorreg gehad om met ‘n groot groep mense te werk en elke dag is ek blootgestel aan nuwe persoonlikhede, idees en houdings. Elke dag het ek gesorg dat ek iets by iemand leer en ná drie jaar op die Studenteraad het ek besef dat alle mense eintlik presies dieselfde is, want al wat ons skei is ons persepsies en vrese.

'Wapad plaas rektor in swak lig'

Die "Reaksie vanaf prof. Van Schalkwyk, rektor" in die Wapad van 15 Augustus 2014 het betrekking (bl. 4) Bullet 5: "...van kritiek en negatiewe beskrywings van homself..." Dit moet lees negatiewe kritiek en beskrywings.

Bullet 6: "...noem dat kritiek en lasterlike bewerings nie geduld sal word nie..." Dit moet lees: Hierdie kritiek en ander lasterlike bewerings nie verder geduld sal word nie. Wapad skep die indruk by die

- VINCENT EASTES, BESTUURDER VAN DIE REKTOR SE KANTOOR

leser dat kritiek in die algemeen nie verder geduld sal word nie. Dit is totaal onwaar en buite konteks aangehaal. Wapad plaas die rektor in 'n swak lig en kan sy reputasie verder negatief beïnvloed.


Opinie

28 Augustus 2014

13

Gebruik die spier tussen jou ore en maak ’n kopskuif

Lees hierdie omstrede opiniestuk, raak deel van die debat en lug jou mening!

SMS 31750 SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap

Heidi Sonnekus is ’n joernalis by ’n piepklein streekskoerant in ’n gemeenskap waarin mense die woord “seks” nie baie keer hardop uitspreek nie. Syself is ’n ekspert op dié gebied: sy was deel van ’n navorsingsprojek wat 283 000 tieners oor hul sekservarings uitgevra het, was self ’n student op haar dag, is gelukkig getroud en het drie kinders vir wie sy oor die blommetjies en bytjies moes inlig.

S

o jy is nou ’n jongeling in die paradys van intellektuele stimulasie: ’n universiteitskampus. Jy is onder die ouers se oge uit; in ‘n land where everything goes (binne Broederlike perke), ’n land van parallelle seksuele stimulasie soos jy waarskynlik nooit weer gaan beleef nie. ’n Land van ewigdurende jeug en lyflike mooi wat hiervandaan vorentoe net kan verlep. Die lewe is ’n lied met minimale finansiële probleme en lang ure wat loom verbysweef om bier en sigarette: jy beleef “dringendheid” so drie keer per jaar. Dis ook ’n plek van bevryding waar mense hul eie stem vind. Gebruik die kans! As jy eers vasgevang is in suburbia en babadoeke kom dit raarlik weer. In die proses word jy, liewe leser, hopelik blootgestel aan levels of weird waarvan jy, in die (metaforiese) klein dorpie van jou herkoms, nie sou kon droom nie. Daar is mense om wat met die ekwivalent jou diepste, swart geheime - die soort wat jy skaars aan jouself erken - merendeels oor jou seksualiteit, op hul moue rondloop. Hulle basuin die (vir jou) onnoembare uit – blatant getattoeëer op hulle lywe, in hul hare geryg, in boeke onder hul arms (doen julle nog boeke?) en

die sosiale media waaroor julle so gek is. Hulle flaunt vreemde lewenskeuses wat jy nog nie eers besef het bestaan nie, wat nog van deurdink het… Herken jy die gevoel van die lui spier tussen jou ore wat ontwaak en strek? Hier is een van min kanse wat jy het om vrywilliglik jou eie grense te skuif. En natuurlik waardeer mens nooit op julle ouderdom hoe heerlik dit is nie: gewoonlik wroeg mens vreeslik en leef deur angs en sweet waarmee mens op my ouderdom met deernis terugverlang. So, hier is ‘n paar praktiese wenke oor kopskuiwe van ’n ou tannie van 50 wat al deur ’n paar moes stoei: As mens jou brein nie gebruik nie, roes hy. Geniet dit: hy is nie net daar vir akademie, biergeld uit jou ouers hustle en om persoonlike grense te trek nie. Jou brein is ‘n formidabele instrument wat mens kan bespeel soos ’n fluit. Grense afbreek? O ja….. Kies soms vir die pret ’n standpunt wat teen jou hele wese indruis en verdedig dit met absolute passie oor ’n glas bier, rooiwyn of worsie op die rooster. As jy jouself sover kan kry om jou uitgangspunt te verander, well done!

That’s flexing some muscle. Kies juis een waaroor jy sterk voel – dis die beste manier om empatie aan te leer. Besef dat jy reëls wat ononderhandelbaar was toe jy 13 is, nou kan heroorweeg en selfs herskryf: dis een van die redes waarom jy hier is. Jy kan kies om die menings wat jou ouers op jou afgestempel het, slaafs te volg. Of jy kan besef dat jou eie belewenisse mag najaag: jou ouers se lesse is nie noodwendig joune nie. Op 13 was seks net onwenslik: vanuit verskeie oogpunte. Maar nou raak dit ’n noodsaaklike deel van jou lewenservaring en groei. En daar is bitter min wat “verkeerd” is as dit tussen consenting adults gebeur. Natuurlik hou mens in gedagte dat mens niemand ander skade mag aandoen nie en verkragting – op watter manier ookal – is ALTYD verkeerd. Maar. Het jy ’n diep begeerte om vasgebind te word? ’n Ding oor tone? Jy’s ’n man, maar verkies satyn vroueonderklere? Of satyn bo-klere? Word jy uit jou lamlendigheid geruk deur iemand in ’n Star Trek outfit? Het jy crusherfantasieë of ’n ding oor leer of kleefplastiek? Jy is nie alleen nie. En solank jy jou uitleef met con-

Het jy ’n diep begeerte om vasgebind te word? ’n Ding oor tone? Jy’s ’n man, maar verkies satyn vroueonderklere? senting adults, is jy is nie (so erg) weird nie. Daar is letterlik derduisende seksuele nissies waarin jy kan pas: ons “grootmense” praat net nie daaroor nie, want ons weet baie van hulle bring swaarkry en blootstelling en ons hoop, hóóp maar altyd dat ons kinders se paadjies maklik en suksesvol en sonder pyn gaan wees. En vol “normale” orgasmes - wat dit ookal beteken. Daar is niks nuuts onder die son nie. Seksuele gebruike waarvan jy, liewe leser, waarskynlik nog nooit gedroom het nie, word uitgebeeld op (onder andere) mure in Pompeii en bokale uit die tyd van antieke Griekeland. Die mensdom has been there, done that. Dis nie nodig om jouself te haat nie; en daar is werklik hulp beskikbaar om jou kop om

jou behoeftes te kry. Dit waaroor jy skaars kan fluister by jou dokter, het hy al honderde kere moes aanhoor en verwys na die nuuste denkers op die gebied. Jy hoef regtig nie jouself alleen toe te sluit in ’n persoonlike tronk van selfhaat nie. Draai om en kyk jou crazy in die gesig, oogbal hom/haar. Hoe vinniger hoe beter. Ek wonder gereeld wat op aarde Die Skepper besiel het toe Hy/Sy seks en vrye wil in die mensdom gekombineer het. Wat ’n gemors blyk dit te wees – veral as dit alles dan veronderstel is om net oor liefde te gaan. Maar dan herinner ek my daaraan dat Hy/Sy nog nooit stupid was nie. En dat Adam en Eva se appeltljie juis van die Boom van die Kennis van Goed en Kwaad af gekom het. Daai kennis is in ons DNA. Dink daaroor. Die grappie oor die wettiging van gay huwelike en die wettiging van boom wat nou weer op Facebook rondvlieg - “If a man lays with another man, he should be stoned” – is wel snaaks, maar wat ’n beginpunt vir multiple mindshifts is dit nie – amper net soveel pret as multiple orgasms. Laat die debat begin.


Sport 28 Augustus 2014

14 Wapad

Tabletoppers draw in Mafikeng SIMON SONNEKUS It was a clash of the titans last night in Mafikeng in a table topping tie between UJ and the NWU. With the top spot for the final few weeks available, the teams had everything to play for, and did they play! The fast paced match saw UJ first draw blood from a brilliantly struck volley from Ruben De Freitas and the goal saw an all-out offensive launched against the home side. NWU however could weather the storm and drew level after they were awarded a questionable penalty. Lindani Dudula scored from the spot where after both teams threw all they had to edge the other. Both teams had ample chance to declare themselves kings of the Varsity Sports table but no one could break the deadlock. With only 2 points seperating

NWU have a mountain to climb next week when they face the ever unpredictable Kovsies. the top 5 teams heading into the last round, everyone has something to play for. NWU have a mountain to climb next week when they face the ever unpredictable Kovsies who breezed passed UCT last night in Bloemfontein. Should the NWU’s Puk-Tawana team beat the Mafikeng team on Wednesday night, they’ll represent the NWU in next year’s Varsity Football season.

Wêreldsportnuus

NWU-Mafikeng in action against the University of Johannesburg.

Pukke presteer by Afrika-kampioenskappe

SAAMGESTEL DEUR EUGENIE GREGAN EN SIMON SONNEKUS

Woods en afrigter se paadjies skei Tiger Woods en sy afrigter Sean Foley se paadjies het geskei. Die 38-jarige Woods, wat al heel jaar deur beserings geteister word, het die aankondiging Maandag op sy webtuiste gemaak. Hy het Foley vir

sy hulp en vriendskap bedank en aangedui dat daar nie op die oomblik planne is om ’n nuwe afrigter aan te stel nie. Woods het ook gese dat hy eers weer in Desember ’n terugkeer na kompeterende gholf sal maak.

Curriebeker-puntestand 1. Westelike Provinsie (14) 2. Haaie (13) 3. Goue Leeus (10) 4. Pumas (9)

5. Vrystaat Cheetahs (7) 6. Blou Bulle (5) 7. Griekwas (3) 8. Oostelike Provinsie Kings (1)

Usain Bolt eindig 2014-seisoen Usain Bolt het besluit om sy 2014-atletiekseisoen te eindig. Die besluit is geneem ’n dag ná Bolt met 9.98 sekondes die vinnigste binnehuise-tyd nóg in die 100m opgestel het. Volgens sy afrigter, Glen Mills sal Bolt

in Oktober voortgaan met sy voorbereidings vir die 2015-seisoen. Bolt is van plan om nog drie goue medaljes by 2016 se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro te jaag en sy atletiekloopbaan in 2017 af te sluit.

Del Potro se geldsake ondersoek Die Argentynse tennisspeler Juan Martin del Potro word vir belastingontduiking ondersoek. Volgens die plaaslike media in Argentinië is Del Potro se prysgeld van 2010, die jaar ná hy die Amerikaanse Ope

gewen het, by die saak betrokke. Die 25-jarige Del Potro het die bewerings ontken en voorgeneem om sy samewerking aan die ondersoekbeamptes te gee.

Sunette Viiljoen wat ’n goue medalje en ’n nuwe Afrika-rekord losgegooi het. EUGENIE GREGAN Die NWU-Puk se topatlete het ná die Afrika-kampioenskap wat vroeër vandeesmaand in Marokko plaasgevind het met drie medaljes en talle noemenswaardige prestasies teruggekeer. Die Olimpiese spiesgooier Sunette Viljoen het met ’n afstand van 65.32m haar vierde Afrikatitel verower en in die proses ook ’n nuwe Afrika-Kampioenskaprekord opgestel. Viljoen hou ook nou die rekord vir die atleet wat

die meeste goue medaljes by dié byeenkoms kon wen. Nijel Amos het nie teleurgestel nie en die 800m in die afwesigheid van André Olivier, die Pukke se ander langasem, met ’n tyd van 1:48.54 gewen. Die veelsydige Bianca Erwee het die bronsmedalje in die sewekamp met ’n puntetotaal van 5086 punte gewen. Hardus Maritz (400mH) en Stefan Beukes (spiesgooi) het albei vyfde in hul onderskeie items geëindig.

Hokkie B-liga: Patria en Vergeet-My-Nie triomfeer

Barclays Premier at full speed The Barclays Premier league season has started with a bang and left many football fans excited and slightly nervous, especially if you are a red devil. The team from Manchester hasn’t enjoyed the most successful start to the season with a loss at Old Trafford against Swansea and a 1-1 draw at Sunderland’s Stadium of Light. Rumors are doing the rounds

Maritz het sy resies in 50.38 sekondes klaargemaak en sodoende die beste tyd van sy loopbaan tot dusver aangeteken. Nanette Stapelberg het met ’n afstand van 55.49m sesde in die hamergooi geëindig, terwyl Elroy Gelant met ’n negende plek in die 5000m tevrede moes wees. Suid-Afrika se atelete het die byeenkoms met 19 medaljes afgesluit en sodoende Nigerië as Afrika se atletiekkampioen onttroon. Suid-Afrika bied ook in 2016 die volgende Afrika-byeenkoms aan.

that the devils have in fact made a record breaking bid of near £60 million for Argentina winger, Angel di Maria. Should the deal fall through, manager Louis van Gaal will have a fresh arsenal for the rest of the season. Manchester United has a chance to add three points to their account when they face newly promoted Burnley away from home. Patria se hokkiespan wat die B-liga gewen het.


28 Augustus 2014 Sport

15

Junior Luiperds val vas teen Bulle Die Rissie praat gepraat

oor koshuissokker en kuiers

Die Bulle se Rohan Janse van Rensburg hardloop deur vir sy eerste drie terwyl ’n Luiperdspeler tevergeefs probeer keer. WYNONA LOUW Die Luiperds se juniorspanne moes Saterdag op Loftus Versfeld die knie teen die Blou Bul-juniors buig. In die Luiperds o.21-span se 38-20 tekortkoming teen hul Bul-eweknieë het die tuisspan vroeg in die wedstryd oor die witkalk geduik en later nog vier drieë gedruk om koning in dié stryd te kraai. ’n Verbeterde vertoning deur die Luipies in die tweede helfte was duidelik in beide balbesit en aanval, maar die tuisspan het aan die einde met die louere weggestap. Die o.19-span het in hul vierde wedstryd van die kompetisie 54-27 teen die Blou Bulle vasgeval, maar kon vier drieë inryg om ’n bonuspunt in dié nederlaag te verseker. “Dis maar tough. Die game teen die Bulle was moeilik, maar ons het darem ’n bonuspunt daaruit gekry. Die game teen die Sharks gaan ook ’n taai een wees. No pressure aan die boys, maar ons gaan moet jol, die wedstryd teen die Sharks gaan nie maklik wees nie,” het Melusi Mthetwa, die Luiperds se o.19-afriger, oor hul nederlaag teen die Bulle en hul komende wedstryd teen die Sharks, gesê. Beide Luiperds-juniorspanne se volgende wedstryd is Saterdag teen die Sharks op Profert Oliënpark in Potchefstroom.

Adri swem twee Afrika rekords los NICOLE KEMP Die paralimpiese swemmer en NWU-Pukstudent Adri Visser het Suid-Afrika vanaf 31 Julie tot 11 Augustus by die Pan Pacific Paraswemkampioenskappe in Pasadena, Kalifornië verteenwoordig. Dié kompetisie, wat laas in 2010 aangebied is, word as een van die moeilikste internasionale swemkompetisies naas die Olimpiese Spele, Wêreldkampioenskappe en Europese kampioenskappe beskou. Visser, wat BA Menslike Bewegingskunde en Sielkunde studeer, het tydens die byeenkoms twee Afrika-rekords in die 200m vryslag en 50m vlinderslag opgestel. Sy het ook in dié twee items onderskeidelik brons en silwer medaljes verower. Tydens die kompetisie het Visser altesaam aan vyf items deelgeneem en het sy in al vyf haar persoonlike beste tye geswem. Visser se kwalifiseringstye vir die 50m, 100m en 200m vryslag was onderskeidelik 52.49, 1:52.59 en 3:57.79. Vir die 50m vlinderslag en die 200m individuele wisselslag was haar kwalifiseringstye 56.88 en 4:56.53. Visser se resultaattye in die 50m, 100m en 200m vryslag was onderskeidelik 50.34, 1:50.20 en 3:50.87. Sy het ook tydens die 50m Adri Visser, paralimpiese swemmer van die NWU-Puk, was soos ’n vis en 200m vlinderslag resultaattye in die water tydens die Pan Pacific Para-swemkampioenskappe. van 53:87 en 4:46.18 geswem.

Die Rissie het verlede week bietjie sokker gaan kyk en terwyl sy daar gestaan het, het iets haar oog gevang. Die Rissie het waargeneem dat sekere sokkerspelers nie lekker verstaan waarvoor hulle opdaag nie, want wragtig, van die Hombré-spelers het voor een van hul wedstryde Po10c gedrink asof dit Energade is. Ouens, los die alkoholiese verversings vir julle kuiers, Die Rissie dink nou nie die sokkerveld is die gepaste plek daarvoor nie. Maar nou ja, ten minste het hulle opgedaag vir hul wedstryd, anders as Thaba-Jäh wat skynbaar van hul wedstryd verlede Maandagaand "vergeet" het, nes sekere vrouekoshuise. Gepraat van Hombré, Die Rissie is maar bly hulle het die Groenkampusprys gewen, want dit lyk nie of die mensies ooit iets betekenisvol in sport (of enige Puk-portefeulje) gaan wen nie. Terwyl ons op die onderwerp van ongepaste kuiers is, Die Rissie was heeltyd onder die indruk dat die Luiperds-span tydens hul af-maand ná die Curriebeker kwalifiserende kompetisie nie na sekere ure mag kuier nie. Toe nou nie, want wanneer Die Rissie by sekere kuierplekke instap lyk dit soos OlIënpark met al die Luiperds wat daar rondhang. Die Rissie neem nou maar aan die braai wat verlede week vir dié spelers gehou is, was seker dan nie vergoeding vir hul goeie gedrag nie. Om af te sluit, los Die Rissie julle met ’n gedagte vir die week: as jy nou vanaand dors raak en voel jy wil bietjie Impala met volle mag aandurf sal Die Rissie voorstel dat jy nie te veel gewig rondgooi terwyl jy kuier nie, die ou (of ouens) met wie jy dalk deur die loop van die aand woorde wissel en gretig is om vuishoue mee uit te ruil is dalk ’n bokser en dan eindig jy op met ’n gebreekte been en enkel en ’n rugbyseisoen wat so verby is soos Oscar Pistorius se gloriedae. Vra maar vir die Luipies se Elhardus, dis nie baie lekker om die oorsaak van só ’n besering aan jou afrigter te verduidelik nie. Praat van awkward.


Sport 28 Augustus 2014

15 ROOI RISSIE: Koshuissokker en ongepaste kuiers

Luiperds Amateurs is Noordelike Kampioene WYNONA LOUW Die Luiperds Amateurs het die Valke verlede Vrydag in die eindstryd van die Amateurweek-toernooi Polokwane met 27-10 in die stof laat byt om met die trofee weg te stap. Die Amateurs, bestaande uit NWU-Puk spelers, het in dié week drie wedstryde gespeel en het in die halfeindstryd die Blou Bulle oorkom om hul plek in die eindstryd te verseker, nadat hulle die Pumas met 57-13 verslaan het in hul eerste wedstryd. Die ander spanne wat by die Amateurweek vir Noordelike bonde tot die halfeindstyrd deurgedring het was die Leeus en die Valke, met die eersgenoemde wat toe in dié kragmeting voor die Gautengers die knie moes buig. Hannes Esterhuizen, die Luiperds se afrigter, was beïndruk met sy span se afronding en drie agterlyndrieë, alhoewel dit nie die mooiste wedstryd was nie. “Dit was maar scrappy en mens kon sien dit is albei spanne se derde wedstryd in vyf dae. Ek dink ons het uiteindelik ons kanse beter benut en afgerond toe ons moes.” Die Luiperds se Justin Botha is welverdiend as die toer-nooi se Agterspeler van die Toernooi aangewys en het in die eindstryd vyf uit vyf pogings doelpale toe in baie winderige toestande oorgeskop, terwyl die Luiperds se kaptein FG Fouché weggestap het met die Voorspeler van die Toernooi-titel. Punte vir die Luiperds: Drieë: Khotso Leepile, Ian Heyns, Gerhard Nortier. Doelskoppe: Justin Botha (3). Strafskoppe: Botha (2).

Die Luiperds Amateurspan met die Noordelike trofee.

Koshuisrugby 2014: Patria en De Wilgers ontmoet weer ’n keer WYNONA LOUW Vanjaar se koshuisrugbyeindstryd sal ’n herhaling van verlede jaar se finale kragmeting wees, met Patria en De Wilgers wat mekaar weer Vrydagaand vir die 2014-trofee sal aan aanvat. Dié twee spanne het hul plek in die eindstryd bespreek met halfeindstrydoorwinnings in wedstryde waarin beide spanne weer te staan gekom het teen hul halfeindstryd-teenstanders van verlede jaar; Patria teen Villagers en De Wilgers teen Veritas. In die halfeindstryd het Patria 17-12 met Villagers afgereken en De Wilgers het Veritas met 20-5 geklop. “Ons het geweet om teen een van die beste koshuise (Veritas) in die semi’s te speel gaan hard wees. Dis alles te danke aan ons Hemelse Vader, alle eer aan Hom vir ons great seisoen. Ons het ’n paar beserings in die span

“Ons het baie respek vir De Wilgers, die afgelope drie jaar het hul ’n baie goed gebalanseerde span. Hulle speel met passie. Ons weet presies wat van ons verwag word en hoe ons moet speel om te wen. Dit gaan verseker ’n baie opwindende wedstryd wees, alle sterkte aan De Wilgers en mag die beste span wen.”

“Dis ’n voorreg om weer in die kohuisrugbyeindstryd te kan speel en om teen ’n span soos Patria te speel maak dit nie ’n maklike wedstryd nie. Alle nodige voorbereiding sal gedoen word en De Wilgers se eerstespan sal rég wees vir een van die hardste koshuisrugbyeinstryde nóg. Ek en my span wens Patria sterkte toe.”

– Niël van Vuuren, Patria-kaptein

– Ohann Fourie, De Wilgers kaptein

gekry. Ons het ons kaptein, Neil Scholtz in die ligawedstryd teen Patria verloor met ’n besering. Dit was ’n groot verlies vir die span, maar die jonger manne het die step up gemaak en sy skoene gevul, ” het Ohann Fourie gesê. “Ons seisoen het dié jaar baie goed begin met twee oorwinnings, daarna het ons drie wedstryde in ’n ry verloor.

Ons het as span besef dat ons hard sal moet werk. Daar het sewe veranderinge in ons span plaasgevind en na ’n paar harde woorde en fiksheidsessies het ons ons laaste drie wedstryde goed gewen. Ons het geweet dat die wedstryd teen Villagers baie fisiek sou wees,” het Niël van Vuuren gesê Die eindstryd vind môre-aand om 21:00 by die Fanie du Toit-sportgronde plaas.

UNIEKE TV-AANBIEDER KURSUS IN POTCH!


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.