Wapad - 20 September 2012

Page 1

K&V

Suid-Afrikaanse Film-Feature 26

STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS

LEES JOU KAMPUS

>>

JAARGANG 66

WWW.NWU.AC.ZA/WAPAD

>>

20 SEPTEMBER 2012 / VOL 13

Huidige Studenteraad gooi voormalige SR se besluit om die JOOL bybel se naam te verander uit. 2 3 Studente kla glo oor die woord “bybel” in die naam van die JOOL bybel tydens 2011 studenteraadswete.

FOTO: MARI SCHEEPERS

UK-lede hou skaars twee weke

BOB verloor albei ondervoorsitters KEVIN DU PLESSIS

D

ie nuutaangestelde ondervoorsitters van Bemarking en Openbare Betrekkinge (BOB) het albei bedank na slegs twee weke. Mnr. Chris van Straaten en me. Mené Meyer, wat albei verlede termyn ook op hierdie uitvoerende komitee gedien het, het nie veel te sê gehad oor hulle keuse om die Uitvoerende Komitee (UK) te verlaat nie. Meyer het in die onlangse studenteraad verkiesing vir voorsitter van hierdie portefeulje gestaan, maar mnr. Lourens van Wyk het die pos gekry. Sy weier om enige kommentaar te lewer oor die omstandighede van haar bedanking. Meyer was die eerste een van die twee ondervoorsitters om die UK te verlaat.

Ek het aansoek gedoen want hy is my vriend Daar is gerugte dat Van Straaten glo opgemerk het dat Meyer hom voorgespring het met die besluit om te bedank. Van Straaten ontken egter dat hierdie uitlating gemaak is. Hy het aanvanklik in die onderhoud gesê dat die rede vir sy bedanking, “bietjie persoonlik” is. Later verander hy sy antwoord en sê dat hy nie later in die termyn vir Van Wyk in die steek wou laat as gevolg van te veel akademiese druk nie.

“Ek het aansoek gedoen want hy is my vriend, maar toe sien ek dat dit my akademie te veel gaan beïnvloed,” het Van Straaten gesê. Van Wyk hou vol dat die vriendskap nog op goeie voet is en dat die hele situasie in professionele hoedanigheid afgehandel is. Hy het ook gesê dat die bedankings nie die res van sy termyn sal beïnvloed nie. Op die vraag of hierdie insident mag dui op ’n leemte in die UK-verkiesingsproses, antwoord SR-voorsitter Janco Jordaan. “As iemand bedank mero motu kan daar nie na die proses vingergewys word nie. Dit was die kandidaat se besluit om ’n bedanking in te dien, nie die proses s’n nie.” UK-VERKIESINGSPROSES

26

’n POUT-lid by die Pride Parade.

FOTO: ALEXA SWART

Pride Parade: geslaag of vertraag? COLETTE BOTHA Die kampus gons steeds drie weke ná ’n omstrede optog deur die POUT-vereniging en die effektiwiteit van die parade word in sekere opsigte bevraagteken. Die Pride Parade was die eerste van sy soort in die dorp. VERVOLG

23

Regstellings Wapad vra om verskoning vir die gebruik van die woord “trannies”, die verwysing na mej. Le Coq as “hy”, die verwysing na POUT as ’n “homoseksuele organisasie”, sowel as die inligting van die kleurskema’s van die Parade wat verkeerd aan ons deurgegee is in die uitgawe van 30 Augustus 2012.


NUUS/NEWS

2 |

NWU SE SLAGSPREUK VERANDER

Gaan stem op Facebook vir "Innovasie deur diversiteit" of vir "Dit begin alles hier".

Wapad Page - Poll: “Die NWU-Puk se leuse het verander”

20 SEPTEMBER 2012

Vervalle Landboukollege

Riool in Pampoene se kombuis HELGAARD ERASMUS

D

Dit begin alles hier

Negatiwiteit oor laat Kunstedinee JIMMY PRESSLY Gerugte het die rondte gedoen dat daar ongelukkigheid is oor die jaarlikse Kunstedinee se tyd en laat aankondiging van wenners. Die Kunstedinee vind jaarliks plaas om die kunste-aktiwiteite van die jaar af te sluit en saam te vat. Izelle Mostert, voormalige SRKunste, vertel dat hulle beplanning só was dat die dinee op die 18de September sou plaasvind. Weens gradeplegtighede is die ouditorium egter vol bespreek en eers weer die 26ste September beskikbaar. Dit is dan ook die datum van die dinee. “Teen die 26ste is al die koshuise-, sowel as moederliggaamaktiwiteite verby. Dit werk dus beter, want dan kan almal waarlik ’n lekker termyn saam vier,” sê Mostert. Die Kunstedinee val vanjaar saam met die Varieté konsert-, ’n samevatting van al die kunste hoogtepunte van die jaar. NWU-Puk Kunste en die kantoor van die Studentedekaan span hulle kragte saam om die geleentheid te reël. Volgens Mostert kan, onder andere, sêroptredes en kampustalentfeesitems verwag word.

Die probleem is egter dat die aankondiging van wenners die vorige twee jaar tydens die SRaankondiging plaasgevind het. Mostert getuig dat hulle besluit het om dit dié jaar, soos vroeër jare, weer by die dinee aan te kondig. Verskeie kultuur HK-lede, onder andere Marcel Spaumer (Ratau Leboné) en Danielle du Plooy (Eikenhof), vertel dat dit so aan hulle deurgegee is aan die begin van die termyn en dat hulle nie ongelukkigheid rondom die datum van die dinee ervaar nie. Voormalige Vergeet-My-Nie kultuur HK-lid, Albertina Ngobeni, meen dat dit vir haar ’n bietjie laat is en dat sy dit graag nog in haar termyn sou wou afhandel. “Dit sou vir my ook lekker gewees het as almal wat die jaar in my koshuis deelgeneem het aan kultuur saam met my die aankondiging kon hoor, sodat ons saam in die geluk kan deel,” sê Ngobeni. Mostert is egter van mening dat die dinee ’n dankie-sê is aan die kultuur HK-lede wat “deurlopend harde werk getoon het”. Dit is vir haar belangriker om die mense wat die organisasiewerk gedoen het “die nodige erkenning te gee wat hulle verdien”.

ie Potchefstroomse Landboukollege ervaar al jare lank konstante agteruitgang en verwaarlosing van waar dit eens ’n spog instelling was tot ’n seer oog in die gemeenskap. Sedert Januarie 2010 word daar al beloof dat miljoene rande bestee gaan word aan die opknapping van koshuise en geskiedkundige geboue wat die Selborne-saal – ’n nasionale gedenkwaardigheid – insluit. Die kollege is minstens 100 jaar oud. Afriforum-Jeug is egter aktief betrokke by die stryd teen die agteruitgang van die kollege en verteenwoordig tans 100 studente daar. Volgens Ian Cameron, Afriforum-Jeug se nasionale organiseerder, het hulle alreeds in Mei vanjaar ’n versoek ingevolge die Wet op Toegang tot Inligting aan die Potchefstroomse Landboukollege gerig, waarin geëis word dat alle finansiële verslae en inligting vanaf 2005 tot 2012 ten opsigte van besteding aan instandhouding en infrastruktuur by die kollege bekendgemaak word. Sedertdien is die saak verwys na die provinsiale departement wat steeds nie die inligting oorhandig het nie. “Ons fokus is nie alleenlik om verbetering van die status quo van die kollege te sien nie, maar ons verlang antwoorde vir die jare wat die kollege stelselmatig agteruitgegaan het, vernaamste is die finansiële aspek,” meen Cameron. ’n Onlangse ondersoek het getoon dat die koshuise gesond-

Een van die vervalle dele van die Landboukollege. FOTO: KRISTI VISSER

NWU KOOP NIKS OOR NIE Gerugte wat die rondte doen dat die NWU enigsins betrokke gaan raak by die Potchefstroomse Landboukollege is met die volgende boodskap vanaf die universiteit begroet: "Gesprekke is gevoer met die provinsiale owerhede, maar daar is niks in die afsienbare toekoms wat die NWU by die Landboukollege gaan betrek nie."

Hoe veroorsaak algemene vandalisme dat riool in 'n kombuis in vloei?

heids- en veiligheidsrisiko’s inhou. Studente kla onder meer oor riool wat in die kombuis van ’n koshuis vloei. Volgens Cameron word dié foute deur die bestuur geblameer op vandalisme. “Hoe veroorsaak algemene vandalisme dat riool in 'n kombuis in vloei?” vra Cameron, wat dié geval toeskryf aan swak onderhoud. Verf kom in repe van die mure

af, badkamers is vervalle, water loop onophoudelik uit sommige krane en mos groei plek-plek op vloere en teen mure. Elektriese drade hang ook los uit mure. Mnr. Matshube Mfoloe, woordvoerder vir Noordwes se departement van openbare werke, het egter gesê sy departement het sedert 2007 altesame reeds meer as R38 miljoen aan gebou-opknappings by die kollege bestee.

G’n nikse gedansery KOBUS OLIVIER Die meeste mense sit nie veel meer gedagte in dans in as om skelm te poep nie. Maar, om te dans waar en wanneer jy wil, was nie altyd so maklik op die NWU-Puk nie. Of jy nou elke aand in die Mystic Boer jou nek in ’n spasma in dubstep, of net so nou en dan jou kop effens knik as jou gunstelingliedjie in die privaatheid van jou kar speel, bly dans lekker. Die geskiedenis van dans vir NWU-Pukke kan soos volg opgesom word: Eers mag jy glad nie gedans het nie (of net nie uitgevang word as jy gedans het nie). Toe kon jy dans, maar jy mag dit nie geniet het nie. Volgende kon jy dans en jy kon dit geniet, solank jy net nie gewys het dat jy dit geniet nie. Uiteindelik is die dans-kiem ook opgetel onder selfs die mees konserwatiewe van ons voorgangers en is dans goedgekeur. Alhoewel dit jare vroeër verban

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS

is, het die eerste groot “danskrisis” die Pukke in 1948 getref. Die Alabama, op ’n toer na die destydse Suidwes-Afrika (Namibië), het saans na hul vertonings tot laat gedans. Toe hierdie nuus die kampus

bereik moes die Alabama-lede elk ’n verklaring teken dat hulle nooit weer tydens toere sal dans nie. Amper almal het geweier om die verklaring te teken. Gevolglik was daardie hulle laaste jaar in die geselskap. Die stryd teen dans op Potchefstroom is hierna onsuksesvol aangevoer. In 1979 is die einste dr. Theuns Eloff, ons huidige visekanselier, tydens sy termyn as SR-voorsitter “gevang” dans in ’n Duitse restaurant in Johannesburg met sy vrou. Gevolglik is hy vir ’n maand lank geweier tot al sy klasse. Uiteindelik is dans in 1987 toegelaat. Ons woelige voorgangers moes lank sakkie-sakkie om dit reg te kry, so maak van nou af elke boogy en awkward shuffle ’n huldeblyk aan hierdie dapper mans en dames. Om Francois van Coke aan te haal: “Ek wil ****** dans.”


NUUS

20 SEPTEMBER 2012

|3

Ontevredenheid oor nuwe deelnamevorms CYRIL BLACKBURN Die nuwe gestandardiseerde deelnamevorms wat deur al die inwoners van die NWU-Puk koshuise ingevul moes word om te verseker dat hulle koshuisplek vir die opkomende jaar sou kry, het in sommige gevalle kontroversie ontlok. Koshuisraad het hierdie jaar die vorm voorgeskryf aan elke koshuis, waar almal hul eie gehad het in die verlede. Die vorm het verskillende kategorieë en bepaal uiteindelik ’n deelnamepunt uit 32, wat bestaan uit bywoning van en deelname aan sport- en ander koshuisaktiwiteite. Die inwoner se punte word dan verder by hul akademiese punt uit sewentig gevoeg. Die algehele punt wat inwoners ontvang bepaal of hulle hul plek in die koshuis behou vir 2013. “Sommige van die studente was ongelukkig oor die vorms,” het André Buys, Primarius van Excelsior Manskoshuis, gesê. “Party studente het gevoel dat die punte nie eweredig verdeel word nie. Drie punte word toegeken vir ’n UK-posisie en agt punte vir die kaptein van ’n derde rugbyspan. Dit voel onprakties,” sê Buys. Hy sê ook daar is wel met die studente wat hulle ontevredenheid oor die deelnamevorms uitgespreek het, gepraat. “Alhoewel daar ontevredenheid daaroor was, is dit duidelik dat die studente wat nie plek gekry het nie, nie hulle kant akademies gebring het nie,” voer Buys aan. Volgens Esmari Venter, Primaria van Heide Dameskoshuis, het hulle geen probleme met die nuwe deelnamevorms ervaar nie. “Ons het baie studente wat afstudeer hierdie jaar, en daar was geen probleme met die vorms en koshuisplek nie,” sê

SR: Koshuisraad skryf gestandardiseerde deenamevorm voor Drie punte toegeken vir ’n UK-posisie en agt punte vir die kaptein van ’n derde rugbyspan?

FOTO: MARI SCHEEPERS

JOOL bybel se naam bly onveranderd Venter. ’n Inwoner van VergeetMy-Nie Dameskoshuis het beswaar gemaak teen die deelnamevorms. Die bron, wat anoniem wou bly, het vertel dat daar probleme met die invul van die vorms was. “Ons moes die vorms twee keer invul. Ek dink daar was ’n kommunikasiegaping onder die HK-lede oor die puntetellings. Almal was nie aanvanklik op dieselfde blaadjie nie.” Veritas Manskoshuis het hulle vorms selfs drie keer oorgedoen. Thylita Kruger, inwoner van Karlien Dameskoshuis, het gesê dat van haar vriende ontsteld is omdat hulle nie plek gekry het in die koshuis vir volgende jaar nie. Studente wat nie koshuisplek vir 2013 se akademiese jaar gekry het nie, het nou aansoek gedoen om op die waglys geplaas te word. Hulle sal eers volgende jaar hoor of hulle weer in die koshuis mag bly, maar vir tyd en wyl moet hulle sak en pak uit die koshuise trek.

Voormalige SR se besluit geskrap KEVIN DU PLESSIS Die nuutverkose studenteraad (SR) het teen die besluit van die vorige termyn se SR en Koshuisraad om die naam van die JOOL bybel te verander, gegaan. Volgens Chrisna Kraaij, voormalige SR-voorsitter, was daar in die studenteraadswete van 2011 klagtes gewees oor die feit dat die JOOL bybel die woord “bybel” bevat. Kraaij is van mening dat daar net een Bybel is. “Enige iemand is welkom om dit na te slaan, bybel (let op na die kleinletter) beteken boek van reëls of ’n boek wat as gesaghebbend beskou word in ’n spesifieke veld. Die woord bybel kom nie eers in Die Bybel voor nie.” Só regverdig Me. Sansha van der Merwe, JOOL-voorsitter, die benaming van die JOOL bybel. Kraaij is egter van mening dat die eintlike probleem is die feit dat daar ’n moontlikheid vir mis-

Die woord “bybel” kom nie eers in Die Bybel voor nie

interpretasie is. Sy wou graag die studente wat gekla het daaroor akkommodeer. Bo en behalwe dit is daar in ’n SR-vergadering sowel as ’n Koshuisraadvergadering gestem in guns daarvan om wel die naam te verander. Hierdie stemme is egter nie genotuleer nie. “Hierdie is ’n sensitiewe saak, maar dit stel die geleentheid daar

om ’n presedent te skep dat die SR besluite neem wat nie amptelik goedgekeur of behoorlik prosedureel korrek was nie,” het Janco Jordaan, huidige SR-voorsitter, verduidelik oor hoekom die besluit weer geneem moes word. Van der Merwe is ook van mening dat die SR nie net besluite kan neem op grond van hoorsê nie. Die nuwe SR het toe besluit dat die naam van die JOOL bybel behoue sal bly. Kraaij het gesê dat dit wel vir haar ’n probleem is dat daar gestem is en nie deurgevoer is nie, maar dat sy verstaan dat die nuwe SR dit uitgegooi het, omdat dit nie genotuleer is nie. “Dit bly hulle besluit,” het Kraaij gesê. Van der Merwe het gesê dat indien ’n groot groep studente wat ongemaklik is met die benaming van die JOOL bybel na vore kom, dit weer onder die SR se aandag gebring kan word.

Effektiwiteit van POUT-optog VERVOLG

21

COLETTE BOTHA

Bo: Die Studenteraad in ondersteuning van die Pride Parade. Links: Die DA se studenteorganisasie (DASO) het ook opgedaag en deelgeneem aan die optog. FOTO’S: COLETTE BOTHA

Almal is nie heeltemal oortuig dat POUT se Pride Parade geslaad was nie. Sommige mense het gevra of die parade nie juis ’n wanvoorstelling van die lesbiese-, gay-, biseksuele-, transseksuele-, interseksuele- en aseksuele (LGBTIA) gemeenskap as geheel was nie en juis nuwe verstandhoudings verder vertraag het nie. Stefan van Tonder, voormalige voorsitter en tans ’n lid van POUT, verduidelik dat die parade ’n bewusmakingsveldtog van die LGBTIA gemeenskap was. Hy noem verder dat hy dink dat deelnemers aan die parade vir mense wou wys dat hulle trots is op wie hulle is. “Ek het met trots geloop om te vier wie en wat ek is. Asook vir al my vriende wat ek die afgelope ruk aan die dood moes afstaan weens selfmoord,” het Van Tonder gesê. “Ek weet nie hoekom hulle die parade gehou het en wat hulle

probeer bereik nie,” vertel Arno de Beer, ’n derdejaar Stads- en Streeksbeplanningstudent. ’n Ander leser, wat self gay is, voeg by dat hulle “te hard probeer” het. “Hulle smeer dit in mense se gesigte wat dit nie noodwendig wil sien nie en dan vorm mense opinies wat nie altyd goed is nie.” Pride Parades is daarop gemik om die LGBTIA-gemeenskap se teenwoordigheid bekend te maak in ’n positiewe en lewensbevestigende wyse. Volgens Johan Louw, voorsitter van POUT, was die doel om te wys hulle is ’n diverse groep jongmense en om vooroordele rondom POUT af te breek. Hulle wou ook diegene wat nog bang is om hulself te wees, te wys dat die kampus-omgewing veilig is vir hulle, net soos wat dit vir POUT is. “Pride is ’n viering van menswees en die diversiteit van mense, ’n kans vir elkeen om hom of haarself ten volle uit te leef,” voeg Louw by.

Hy meen verder dat dit te vroeg is om met sekerheid te sê of hul doel bereik is. Van Tonder voel egter dat die doel wel bereik is. “Mense het gesien wat POUT doen en ons het reeds baie navrae gekry.” ’n Kleurskema was egter dalk nie nodig vir studente om te wys hoe hulle oor die parade gevoel het nie. In die berig in die Wapad-uitgawe van 30 Augustus is die kleurskema verkeerd deurgegee. Blou en groen was nie vir persone wat teen die parade was nie, maar eerder vir die ondersteuners. Volgens Kimberley Ketsise, SR-Verenigings, was dit ’n tikfout tydens die opstel van die sakelys wat aan koshuise deurgegee is. In sekere koshuise is dit reggestel, maar ander het steeds die verkeerde inligting gehad. Misverstande rondom die kleurskema het moontlik bygedra tot verdere ongelukkigheid. Wat jou mening ook al is oor die POUT se optog, dit het beslis kleur en woema verleen aan Augustus.


NUUS

4 |

Groenkampus oor meer as net lig-afsit ANICA SCHEEPERS Sedertdien die NWU-Puk se raad verlede jaar besluit het om die Groenkampus Inisiatief te implementeer, is diegene daar agter steeds volstoom besig om ’n sukses van die projek te maak. Volgens Jean-Marc Stidworthy, wat verantwoordelik is vir die projek, is die doel daarvan om oor die langtermyn 'n impak te maak, eerder as onmiddellike veranderings aan te bring. Hierdie projek behels meer

herwinningstasies, ’n fietsprojek, sonpanele vir mense wat nie elektrisiteit by die huis het nie en ’n Swop Shop-projek. Die Swop Shop-projek versamel elke Vrydag rommel by President Pretorius Museum in, wat dan ingeruil word om aan skoolkinders se behoeftes te voorsien. Volgens Stidworthy is dit tans baie suksesvol. “Ons sê nog glad nie dat ons die doel bereik het nie maar dat ons elke dag streef na 'n meer volhoubare kampus.” Die groot

wenners van die elektrisiteitsbesparings-kompetisie vir koshuise sal aan die einde van Oktober aangekondig word, hoewel Oosterhof, Vergeet-My-Nie, Over de Voor en De Wilgers tans die meeste elektrisiteit bespaar. Sommige koshuise se verbruik het egter vermeerder. Ten spyte daarvan wys die NWU-Puk reeds ’n besparing van 4,54 KwH per student, wat neerkom op ’n 6,24% besparing in vergelyking met verlede jaar. Dit beteken daar word reeds R250 000 gespaar.

20 SEPTEMBER 2012

Hoe dink jy stem mense vir HK? KOBUS OLIVIER Wapad het op kampus uitgegaan om te hoor of studente dink dat HK-lede verkies word volgens bekwaamheid om die werk te doen, of volgens populariteit. CECILE BISSCHOFF Tweedejaar BCom Forensies Heide

Koshuise besluit self oor HK-verkiesingsmetode

HK’s: Stemme of portefeuljes? HELGAARD ERASMUS

D

ie afgelope verkiesings van huiskomitees (HK's) is afgehandel en Wapad het gaan ondersoek instel oor die tegniese aspekte van dié belangrike proses. Tans bestaan daar twee hoof stemstelsels wat HK-verkiesings betref. By die eerste stelsel besluit ’n kandidaat die portefeulje waarvoor hy/sy wil staan waarna die koshuis die beste kandidaat in elke portefeulje kies. Die tweede stelsel staan bekend as "eersteoor-die-wenstreep" stemmery en behels dat die kandidate met die meeste stemme ’n HK-lid word. Volgens die voormalige primarius van Over de Voor Manskoshuis, CJ Roets, verkies hul koshuis sedert laas jaar om hul HK verkiesbaar te stel volgens portefeulje en nie net slegs vir 'n HKposisie nie. “Voorheen het die populêrste en sterkste leiers op die ou end HK gekry, wat soms daartoe gelei het dat iemand ’n portefeulje

moet bedryf waarin hy nie belangstel nie. Deur volgens portefeulje te stem, verseker ons dat die beste kandidaat vir die betrokke portefeulje gekies word,” meen Roets. ’n Probleem wat egter ontstaan wanneer daar volgens portefeulje gestem word is dat wanneer daar sterk leiers is wat vir dieselfde portefeulje staan, daar net een is wat HK kry. Roets voel egter dat sulke leiers nie verlore hoef te gaan nie. “Ons stel in so geval graag iemand aan in dieselfde portefeulje soos byvoorbeeld ’n sport covenor, komiteelid of ondervoorsitter van die portefeulje.” Mar-Lizè Helm, oud-primaria van Wanda Dameskoshuis, sê egter Wanda verkies om vir die nege beste kandidate wat staan te stem en nie per portefeulje nie. “Deur vir die beste kandidate te stem verseker ons dat die beste leiers gekies word, omdat HK-wees groter is as

Ek dink mense stem in die meeste gevalle vir die persoon wat hulle dink die werk die beste sal kandoen. AMORI DU PLESSIS Eerstejaar BA Sielkunde en Sosiologie Oosterhof

Ek dink die stemme is grootliks gebaseer op populariteit. Baie mense stem vir hulle vriende. net die portefeulje – ’n goeie leier kan enige portefeulje behartig,” meen Helm. Verder voel Helm dat wanneer slegs een persoon vir ’n portefeulje staan in ’n "stemper-portefeulje" stelsel, is daar ’n risiko dat daardie persoon tot HK verkies word ongeag sy/haar leierskapsvermoëns. Volgens Sanmarie Schlebusch, SR-Koshuisraad, het die SR geen inspraak by HK-verkiesings nie. Koshuisraad dien as "kommunikasie kanaal na en tussen verkose lede.” Verder meen Schlebusch dat die SR toesien dat die koshuisreglement korrek toegepas word en dat die primarius/primaria saam met die bestuur van ’n koshuis presies die prosedure verstaan om ingeligte besluite te neem.

ENZO DANIELS Eerstejaar BCom Regte Veritas

Ek dink die kandidate se populariteit sowel as hul bekwaamheid speel 'n rol in die verkiesings. LILLIAN VENTER Vierdejaar LLB Regte Vergeet-My-Nie

Populariteit, duh. Enige verkiesing is 'n moerse popularity contest.

WILMAR ODENDAAL Vierdejaar BIng Chemies Heimat

Populariteit speel wel 'n rol maar die basis van die besluit hang af van watter persoon die beste sal wees vir die koshuis. RIDA MAARTENS Vierdejaar Onderwys Privaat (Oud-Karlien)

Ek dink die swete speel 'n groot rol. 'n Goeie sweet kan jou maak of breek. DEWALD LOUW Eerstejaar BPharm Laureus

Ek dink dit gaan verseker oor die kandidaat se bekwaamheid. ZELMARI FALCH Derdejaar BA Grafiese Ontwerp Minjonet

Ek dink populariteit het 'n mate van invloed. Mense gaan nie stem vir mense wat hulle nie ken nie.

Is zoep soms vernederend? HELOÏSE VAN DER WALT Veertien Manskoshuise en veertien Dameskoshuise sinspeel op emosie tydens zoeptydperk. Met sleepaankondiging om die draai word die vraag gevra of zoep effektief of vernederend vir sekere koshuise is? Het groot koshuise reeds vooraf bepaal by wie hulle wil zoep en sleep? “Dit is nie vernederend nie, maar wel wat jy daarvan maak. Jou sleepkeuse word gemaak na aanleiding van jou jaar. Met die sewe jaar reël gaan dit nie moontlik wees om altyd te sleep met wie jy wil nie,” sê Janco Jordaan, SR-voorsitter. “Of zoep effektief of vernederend is, hang af van hoe jy as kos huis dit benader. Dit sal nie seer maak om jou sewe keuses te leer ken nie, maar sodra daar R15 000 op ’n zoep spandeer word en jy kry dit nie, raak dit belaglik,” sê Corné Zandberg, voormalige SR:Jool. Na so zoep tydperk hoort mens te voel dat jy ’n goeie sleep in die sakkie het, maar wanneer kleiner koshuise jaar na jaar aan die kortste end trek wanneer dit kom by die aankondiging, kan dit vernederend raak. Sinki Mlambo, primaria van

Huis Republiek se zoep-materiaal teen 'n muur buite Veritas. FOTO: MARI SCHEEPERS

SLEEPAANKONDIGING: 22 September by La Bohéme die klein koshuis Oosterhof, meen dat mens nie jou hart te veel op 'n spesifieke koshuis moet sit nie. Ilze Saunders, van SR: Skakeling wat verantwoordelik is om

zoep-week te koördineer, erken ook dat almal nie altyd gelukkig is nie. “ ’n Mens moet dit egter sien as ’n uitdaging, en die beste daarvan maak,” sê sy. Sy hou vol dat die sewe jaar reël ’n ligpunt op die onderwerp bied deur kleiner koshuise ook die geleentheid te gee om met groter koshuise te sleep. As ons kyk na die bordkrythartjies en plaveisel-liefdesverklarings, is die praktyk van zoep nog lank nie ouderwets nie.


NUUS

20 SEPTEMBER 2012

Lecture-series on Bosman as ‘ou Potchefstroomer’ PROF. IAN BEKKER

FOTO: MATTHYS VAN ZYL

Mascot-opleiding

Pukki ontmoet sy maats oorsee COLETTE BOTHA

P

ukki het Knoxville, Tennessee in die VSA besoek vir ’n opleidingskamp om sy suksesvolle geesdrif veldtog op die NWU-Puk kampus te loods. Mascots is ’n gevestigde geesdrif konsep oorsee en behaal baie faam wêreldwyd. Die opleidingskamp was om vir Pukki te leer oor mascot-optrede, rekwisietegebruik en hoe om reg te kommunikeer ten opsigte van die hele kampus. Publisiteitsbestuur is ook behandel asook prioritisering, omdat Pukki die kampus op alle vlakke verteenwoordig. Pukki, sowel as twee Pukkikomiteelede, is genooi om deel te wees van hierdie kamp en dus was al die kostes, wat verblyf en etes ingesluit het, gedek. Die kamp het elkeen slegs $150 of R1240 gekos. “’n Klein bedrag om te betaal om die sukses van Pukki te verseker en die NWU-Puk kampus te bevorder,” vertel Theo Cloete, direkteur van Bemarking en Kommunikasie. Cloete voeg ook by dat die Pukki alreeds baie suksesvol is ten spyte van die feit dat hy slegs agt

’n Klein bedrag om te betaal om die sukses van Pukki te verseker en die NWU-Puk kampus te bevorder

maande oud is en streef om groter te gaan en selfs meer suksesvol te wees. “Pukki se sukses lê in sy groot aanvraag om oral te wees en is definitief ’n groot aanwins vir die NWU-Puk,” sê Cloete.

Dit is nie verseker nie, maar met Pukki se planne en reise is dit heel moontlik om hom volgende op die sypaadjies van Hollywood Boulevard te sien. Die Pukki is beslis hier om te bly en baie drukkies in Lovers' Lane uit te deel.

JOOL trap vir liefdadigheid

In honour of the writer Herman Charles Bosman, a lecture series will be initiated on the 26th of September by the subject group English at the Potchefstroom Campus of the North-West University. Many people know of Herman Charles Bosman as one of South Africa’s most famous English authors. Many know the name Oom Schalk Lourens (Bosman’s most famous fictional character and narrator) and many know that Bosman s most famous short stories are set in the Groot Marico, situated near Zeerust and the border between the current NorthWest Province and Botswana. What many do not know is that Bosman is linked to Potchefstroom in a number of ways. According to Stephen Gray, the main connection was through his mother, who was brought up at the Malan family home in Potchefstroom. Although he was himself born in Kuilsrivier near Cape Town, it seems that by Herman Charles’s twelfth birthday, in February, 1917, the family was gravitating back to Potchestroom. It seemed he spent a short time at the so-called South Street School, where his mother also taught, and then went over to Potchefstroom High School for Boys for a time. Potchefstroom features in the name of his short story `The Old Potchefstroom Goal’. It is thus not an overstatement to call Herman Charles Bosman an `Ou Potchefstroomer’. It is in this spirit that the English Department at the Potchefstroom Campus of the North-West University has chosen the life and works of Bosman as the focus of its new biennial lecture series. Apart from the connection with Potchefstroom there are a number of other reasons for choosing Bosman as the focus of this series: the North-West University is of course mainly based in the North-West Province, the setting for many of his more famous short stories. Furthermore, Bosman wrote in and brought together English and Afrikaans in a number of subtle and interesting ways. As an English Department

DETAILS Place: building G20 Date: 26 September 2012 Time: 18:00 for 19:00 RSVP: ian.bekker@nwu.ac.za *Light refreshments will be served

The first lecture in the series will be delivered by Dr. Annette Combrink, Professor of English, ex-Head of the English Department and previous Campus Rector

based in a predominantly Afrikaans institution and town we would like to celebrate this bringing together of languages and cultures by providing the platform for a series of prestige lectures that are at once scholarly but also, in memory of Bosman, entertaining and topical. Lectures which touch on Bosman's life and work as well as on cultural, literary and linguistic contact and mixing will be the focus of the series. The first lecture in the series will be delivered by dr. Annette Combrink, Professor of English, ex-Head of the English Department and Campus Rector of the Potchefstroom Campus of the NWU.

Vir ALLE besigheids

ALESSANDRO CASALEGGIO

N

WU-Puk JOOL poog om tydens hul jaarlikse sportnaweek, algemeen bekend as JOOLympics, nog groter en beter te gaan as tevore. Hierdie naweek word gekenmerk deur ‘n verskeidenheid sportsoorte waaraan alle koshuise deelneem. Volgens SR-JOOL wil hulle ’n nuwe toevoeging tot die lys maak. “Ons beoog om ’n 30-uur fietsmarathon te hou oor die naweek wat 12 tot 13 Oktober 2012 sal plaasvind,” sê Sansha Van der Merwe, SR-lid vir JOOL. Baie van die kampusstrukture soos koshuise, die Studente Raad (SR) en Studente JOOL Gemeenskap (SJGD) gaan betrek word om deel te neem aan hierdie projek. “Elke koshuis of struktuur gaan ’n fiets kry om te beman vir 30 uur. Daar gaan aan die einde op ’n meter gekyk word hoeveel

| 5

30-uur fietsmarathon oor die naweek van 12 tot 13 Oktober 2012

kilometer daar oor die totale tyd gery is en dan gaan daar ’n bepaalde bedrag aan elke kilometer gekoppel word,” sê Van der Merwe. Omdat JOOL per slot van sake ’n liefdadigheidsorganisasie is, gaan die helfte van die geld wat losgetrap is aan die Puk se SJGDprojek geskenk word. Die ander helfte gaan gelykop verdeel word onder die koshuise se onderskeie SJGD-projekte. Na beraming beoog JOOL om ’n totaal van 20 400 km af te lê oor

die loop van die naweek. “Daar gaan gebruik gemaak word van oefenfietse of gewone fietse met instrukteurs. Die fietse gaan op die JOOLplaas se verhoog geplaas word so almal gaan deurentyd gesien word.” sê Van der Merwe. Daar is ook geen kompetisie tussen koshuise nie en daar word nie belonings gegee aan die koshuis wat die meeste kilometers getrap het nie. Dis alles net ’n manier om die belangrikheid van liefdadigheid onder studente te beklemtoon.

drukwerk en branding!

jou

“"1-oSstsoinpg"!! opl

FLYER LAB Authorized Dealer 082 758 1232

“Like” us on

Precision

Precision Design

082 758 1232/ 018 293 2187/ design@precisiongroup.co.za Design • Print • Marketing • Photography • Distribution


6|

20 SEPTEMBER 2012

NUUS

Is ons sêr se klem op verkeerde plek?

Sêrre nie in top 3 ALESSANDRO CASALEGGIO

D FOTO: STEFAN VAN ZYL

FOTO: ALBERT VAN BILJON Bo: Die Heide-dames op die nationals verhoog. Onder: Heimat in aksie by nationals in hulle laaste uitrusting van die vier wat hulle gedra het op die verhoog.

ie Nasionale Sêr-kompetisie is onlangs aangebied deur die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies). Matieskoshuis, Hippokrates, het die kompetisie gewen in beide die mans- en damesafdelings. Die NWU-Puk is verteenwoordig deur onderskeidelik Heide en Heimat wie nie een in die top drie geëindig het nie. Ons kampus sit baie groot klem op ons jaarlikse kampussêr en baie studente sal saamstem dat dit nog altyd die oortuiging onder Pukke is dat ons die beste sêrstandaarde in die land het. Indien dit so was in die verlede, is dit duidelik nie meer die geval nie. “Dis moeilik om te bepaal presies waarna die beoordelaars soek in ’n bepaalde sêrgroep. Die NWU-Puk is nog altyd meer gefokus op die produksie as ’n geheel, eerder as om net op die

UK-soektog kry nuwe koers

FOTO: SUN.AC.ZA Maties se Hippokrates seëvier in die mans- en damesafdelings. musiek of ’n aparte faset klem te lê,” sê Corinna Wissing, Kultuur HK-lid van Heide vir die afgelope termyn. Sean Smit, Kultuur HK-lid van Heimat vir verlede termyn noem ook dat die NWU-Puk se benadering tot sêr inderdaad anders is as ander kampusse. “Ander koshuise skep meer ’n koor as ’n show in hulle oefeninge. Ons was maar net nie gelukkig genoeg om eerste te kom nie,” was sy woorde. Volgens die beoordelaarshandleiding tel die musikaliteit van

die totale optrede die grootste gewig en is die fokus op dit wat jy hoor en nie noodwendig sien nie, alhoewel produksiegehalte wel bygereken word. Ons kampus se dames het in 2010 laas die kroon gedra as Nasionale Sêrwenners toe VergeetMy-Nie gewen het. Aan die manskant, het Veritas vir vier jaar in ’n ry gewen van 2006-2009, wat ook die laaste keer is wat ons die mansafdeling gewen het. “Die NWU-Puk en koshuise gaan dalk moet kyk na hoe die sêr afgerig word en na wat die beoordelaars wil hê in die toekoms om te verseker dat daar nog oorwinnaars van ons kampus is,” sê Smit. Ons kampus bied volgende jaar Nasionale Sêr aan en dalk gaan dit beteken dat ons meer insae sal kry op presies wat verwag word. Intussen kan ons steeds trots wees op die twee koshuise wat ons kampus op nasionale vlak verteenwoordig het.

Potch’s Pavements pimped SIMON SONNEKUS

SIMON SONNEKUS Die UK-verkiesings is vanjaar met ’n nuwe invalshoek benader deur die SR. Elke SR-lid het ’n nuwe benadering tot die keuringsproses gebruik om te verseker dat die kandidate wat aansoek doen volgens die regverdigste keuringsproses onmoontlik gekeur is. Die Studenteraad het in hulle nuwe keuringsproses vir UK’s onafhanklike persone in die onderhoude betrek sodat daar maksimum regverdigheid geheers het. Die onafhanklikes het vanuit middelvlakbestuursposte gekom. Gevolglik het dosente, sekere lede van organisasies soos BEK en ander, in ’n onderhoud saam met UK-kandidate en vorige SR-lede gesit om die betrokke kandidaat te bespreek. Die keuring vir UK-poste is ook onderhewig aan die balansering tussen koshuise, en verskeie portefeuljes is deur voorsitter, Janco Jordaan, gefynkam om die perfek-

Die Alumni kan beter vrae vra en kan verseker dat ’n beter status aan bros geheg word. te balans te vind. Hier kon onafhanklikes wat betrokke is by koshuise nie hul menings gee oor kandidate wat in dieselfde koshuise as hul is nie. Tans spog sekere portefeuljes met ’n goeie balans van koshuise. Die Akademiese raad bevat 10 kandidate uit nege verskillende koshuise. Pieter Pienaar, SR: Akademie,

verduidelik: “Ons span is verskriklik divers in terme van koshuisverteenwoordiging en ouderdom.” Slegs kandidate met ’n indekspunt bo 60 is oorweeg. Pienaar se span se laagste indekspunt is 80 en die hoogste 91. Die Bros-eksamen se slaagpunt word ook oorweeg in die keuringsproses vir die verskeie UK’s. Daar is egter omstredenheid oor die gewig van die Bros-eksamen en of dit werklik moet oorweeg word in die keuringsproses. Die Alumni-kantoor sal nou die verantwoordelikheid oorneem vir die Bros-eksamen. “Die Alumni kan beter vrae vra en kan verseker dat ’n beter status aan die Bros geheg word,” het Pienaar verduidelik. “Dit is nodig dat studente hul kampus ken.” “SR-lede kies die beste persoon vir die werk, ongeag vreemdeling, vyand of vriend” verduidelik Pierre du Plessis voormalige ondervoorsitter van die Sport-enRekreasie portefeulje.

Grab your pickaxe, spade, torch and a bag of seeds, we’re going gardening! It seems to be a funny idea but the school for Social Anthropology has adopted a new community project but with a more anarchistic viewpoint: Guerilla Gardening. The idea behind this worldwide movement is to achieve a new form of producing organic food via planting in existing gardening infrastructures that will be made available to the general public. “Putting food back in the middle of social life, we want to contribute to the changing of food systems,” explains Anthropology lectrurer, Andre Goodrich. This worldwide phenomenon has hit the sidewalks of Potchefstroom The idea follows an idea that more “edible landscapes” should be created to finally abolish hunger. “We have a lot of urban space and by using smaller gestures

Anita Krooij and Kenalemang Molaoa. PHOTO: JEAN VORSTER like this we can reclaim the land back for the people. “We need more people for this project to have the desired effect but any help is welcome, even if you don’t want to get your hands dirty,” explains Goodrich. The green thumbs of Potchefstroom have already “pimped” two gardens and have others due for a “pimping”. Should you feel that gardening for a good cause with a slight rebellious streak is your thing, look for the Pavement Pimping group on Facebook or follow @AnonymousAgri on Twitter.

Dief in Veritas Manskoshuis betrap en gevang JIMMY PRESSLY ’n Dief is deur beskermingsdienste in Veritas manskoshuis betrap voor hy nog ’n keer kon toeslaan. Met ’n vorige voorval het ’n man in Veritas manskoshuis ingestap en een van die inwoners selfoon uit sy kamer uit gesteel. Die inwoningsbeampte, Hannelie de Beer, het dadelik opgetree deur na beeldmateriaal van die kameras in die koshuis te kyk. Die persoon se profiel is geïdentifiseer en is deur beskermingsdienste na alle koshuise toe gestuur om op die uitkyk te wees vir die misdadiger. ’n Week gelede het Reinhard Sieberhagen, ’n Veritas inwoner, die oggend opgestaan om een van sy mede-inwoners wakker te maak toe hy ’n vreemde persoon op sy gang opgemerk het. “Toe ek hom sien het hy dade-

lik in die badkamers ingestap. Ek het besef iets is nie pluis nie,” sê Sieberhagen. Verder vertel Sieberhagen dat die persoon weggehardloop het toe hy hom wil konfronteer. “Ek het dadelik na die gang HKlid gegaan om hom te sê van die persoon.” vertel Sieberhagen. HK-lid, Benjamin Lombard, het dadelik die koshuis se deure gesluit en ’n algemene afkondiging ingesit dat inwoners wat al wakker is, attent moet wees op die verdagte. Volgens Elize Joubert, Patria manskoshuis se inwonigsbeampte, was de Beer met verlof en was sy toevallig op die stadium in die koshuis besig met een van haar take.Werkers in die koshuis het gehelp om die persoon te soek. “Ek het hom gesien hier in ons gang,” getuig Tshiamo Kuzwayo met oorgawe.

Ek en die ander werkers het dadelik op die afkondiging reageer en hom afgejaag onder toe

Kuzwayo het die verdagte glo herken omdat sy die foto gesien het wat de Beer glo aan elke werker gewys het. “Ek en die ander werkers het dadelik op die afkondiging reageer en hom afgejaag onder toe,” vertel Kuzwayo verder. Die verdagte het met die afkon-

diging afgekom en gesê hy is een van die inwoners se broer. “Ek het dadelik ongemaklik gevoel, maar het kalm gebly en nugter gedink,” sê Joubert. Joubert vertel verder hoe die koshuisinwoners na onder gekom het om te kom kyk wat aan die gang is. Marno Matthee, Veritas-inwoner en Media en Kommunikasie SR-lid, was een van die wat afgekom het. Hy het die verdagte se regte vir hom voorgehou deur vir hom te sê dat hy nie sonder toestemming in die koshuis mag wees nie. Joubert het intussen die foto wat beskermingsdienste uitgestuur het gaan haal en hulle ook in kennis gestel van die verdagte. Hy meen ook dat Beskermingsdienste se reaksie “uitstekend” was, omdat hulle enkele minute na sy oproep by die koshuis opgedaag het.

Jak Jansen van Vuuren, ondersoekbeampte by beskermingsdienste, vertel dat die misdadiger heelwat ander hangende sake teen hom het, nie net in Potchefstroom nie, maar ook in Pretoria, Johannesburg en Hillbrow. Jansen van Vuuren vertel hulle het hom oorhandig aan die SAPD waar hulle dan die saak verder sal vat. “Beskermingsdienste doen alles in hulle vermoë om die kampus en koshuise veilig te hou,” sê Jansen van Vuuren. Verder meen Jansen van Vuuren dat hulle uitstekende samewerking oor die algemeen van studente af kry met sulke gevalle. Die verdagte is nie net in Veritas geïdentifiseer nie. Daar word vermoed dat hy by Caput en Patria ook van diefstal skuldig is, vertel Jansen van Vuuren.


NUUS

20 SEPTEMBER 2012

|7

SJGD-Blikkieskosdag blikkies selfs ’n jaar later steeds nie uit

Te lui vir liefdadigheid KOBUS OLIVIER Vanjaar se SJGD-Kaalvoetdag is reeds minder as ’n maand weg, tog is daar gerugte dat baie koshuise klere, komberse en blikkieskos wat laasjaar op hierdie dag ingesamel is, steeds in hul kelders hou. Die doel van die dag is om studente en die gemeenskap bewus te maak dat daar mense is wat nie klere en skoene het nie en om dan die opoffering te maak deur vir een dag kaalvoet te loop. Elke koshuis kry ’n SJGD-projek waarvoor hulle hulpbronne insamel. Dit blyk egter dat meeste koshuise steeds byna ’n jaar later, nie alles wat ingesamel is, versprei het nie. “Daar word gevra dat hulle dit sal versprei voordat die nuwe SJGD HK-lid oorneem,” het Juaan Taute, SR-voorsitter van SJGD, aan Wapad gesê. Hy het ook bygelas dat daar nie ’n reël is wat stel dat dit moet gebeur nie “solank dit net versprei word.” Marcellé Mineo, oud HK-lid by Vergeet-My-Nie Dameskoshuis, wat onder andere die SJGD portefeulje behartig het, het egter iets anders oor die voorgestelde afsnydatum vir verspreiding te sê. “Ek weet glad nie daarvan nie.” Die SR het ook nie tot Wapad se kennis opgevolg of die kos wel versprei is nie. Meeste SJGD HK-lede wat met

Ons deel ons blikkies stelselmatig uit anders raak ons projek gulsig en wil hulle net hê

Blikkieskos wat nog rondlê in ’n stoor wat afgeneem is in ’n manskoshuis op kampus. FOTO: KEVIN DU PLESSIS Wapad gekorrespondeer het, het gesê die onbederfbare goedere wat hul koshuis ingesamel het, word stelselmatig aan die onderskeie projekte oorgehandig. Daar word ook ’n gedeelte van die kos gehou vir behoeftiges in die koshuis self, onder andere lede van die primfonds. “In die verlede was die blikkieskos en klere baie oneffektief versprei. Dit is nou verkieslik dat die koshuise eerder dit sal hou tot

daar werklik iewers ’n behoefte is vir dit, eerder as om net daarvan ontslae te raak, selfs al vat dit dan langer,” verduidelik mnr. Jean-Marc Stidworthy, Junior bemarker by die NWU-PUK en voormalige SR-voorsitter van SJGD. Jacques Theron, SJGD HKlid van Excelsior, verduidelik hoekom Excelsior se kos soms teruggehou word. “Ons deel ons blikkies stelselmatig uit anders raak ons projek gulsig en wil hulle net

Gee jou graad momentum met die

NAGRGAADSE DIPLOMA

hê.” Daar was egter ’n geval twee termyne terug waar Excelsior Manskoshuis nie hul per capita ingesamel het nie, omdat omtrent driekwart van die blikkieskos wat hul ingesamel het van die vorige termyn se insamelings afkomstig was. Die vorige termyn was daar drie koshuise wat nie hul per capita gehaal het nie. “Daar word ook kontrole ge-

hou deur dat die blikkies gemerk word sodra dit kla getel is en so word dan ook gekontroleer dat dit nie in die volgende termyn gebruik word nie. Alle kriteria word vooraf bespreek met die HK-lede, so hulle weet presies hoe die prosedure werk,” sê Taute. Ander koshuise, onder andere Karlien Dameskoshuis, het geweier om kommentaar te lewer oor die vorige termyn se SJGD-projek en het Wapad na Taute verwys.

• Voltydse 1 jaar diploma in Bestuur

in

• Ten volle geakkrediteer NKR vlak 7 (8) • Gerieflike klastye op die Potchefstroomkampus • Goeie voorbereiding vir ‘n MBA • Mededingende voordeel in die arbeidsmark

Dié unieke geleentheid van die

POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL bied die volgende:

• Oopboek- en toegepaste eksamens

Kontak ons vandag om te registreer en bestuur jou toekoms! Me Marilize Minné (skakelbeampte) Ekonomiese en Bestuurswetenskappegebou (E3) Kantoor 402, 4e vloer Tel: 018 299 1412 E-pos: marilize.minne@nwu.ac.za

PBS

® POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL BUSINESS SCHOOL

POTCHEFSTROOMKAMPUS


NUUS

8|

20 SEPTEMBER 2012

Ontwikkeling en opgradering

NWU-Puk bou voort

COLETTE BOTHA EN JP JANSEN VAN VUUREN

D

aar vind tans verskeie ontwikkelings en opgraderings plaas op die NWU-Puk kampus. Die ontwikkelings is deel van ’n plan om fasiliteite te verbeter en uit te brei. Die grootste projek wat tans plaasvind, is die konstruksie vir ’n Metabotanika -sentrum wat in Wasgoedpennetjielaan plaasvind. Liezel

Die POK-swembad is geskeduleer om teen September 2013 voltooi te wees

Pukki webtuiste vir studenteverblyf Baie studente is hierdie tyd van die jaar opsoek na verblyf vir volgende jaar maar min mense weet dat die Pukki 'n webtuiste het wat spesiaal geleentheid bied om maklik en vinnig die plek te kry wat perfek is vir jou. Hierdie webtuise help jou om 'n gedetaileerde soektog te doen wat voorsiening maak vir alle faktore, soos die tipe verblyf, groottes, prysklas, intrekdatum, parkering, afstand van kampus en geriewe, ens.

www.nwupukkiverblyf.co.za

van Wyk, Departement Fisiese Infrastruktuur en Beplanning, vertel dat die bouwerk twee ekstra vloere vir die gebou langs die Sosialestudies-gebou insluit. Die algehele opgraderingsproses sluit ook meer parkeringsfasiliteite in, onder andere by die Fanie du Toit Sportgronde. Johann Mooi, Direkteur van Fasiliteite, meen dat hy graag sal wil sien hoe Potchefstroom weer ’n

fietsdorp word, soos die verlede. “Dit is ’n groener opsie en ’n oplossing vir die parkeersituasie op kampus,” vertel Mooi. Volgens Mooi is die opgradering van die POK-swembad geskeduleer om teen September 2013 voltooi te wees “Die POK-swembad is al ongeveer drie jaar besig met renovasies, maar na dit kan studente uitsien na 'n vol opgegradeerde

FOTO: MARI SCHEEPERS

swembad wat in die volgende somermaande gebruik sal kan word,” sê Mooi. Daar word ook omgesien na sproeiers op kampus wat die sypadjies natspuit of stukkend is. Die studente word gevra om geduldig te wees met die ontwikkelings en daar word gepoog om nie die studentelewe te ontwrig nie, maar om ’n beter kampus vir almal te skep.

Dagboekdinee onder bespreking NADIA SCHULTZ Daar is gerugte dat die dagboekdinee se formaat aanstaande jaar gaan verander. Prof. Rikus Fick, studentedekaan, het bevestig dat die dagboekdinee se datum en formaat nog onder bespreking is. “Dit gaan oor ’n ongemaklike tyd en praktiese probleme.” Volgens prof. Fick was vorige dagboekdinees "fantastiese funksies, maar veranderinge moet aangebring word". Hierdie jaar se dagboekdinee het plaasgevind net voor die Ontvangs & Bekendstelling-program (O&B) en is bygewoon deur, onder andere, die SR, UK’s, HK’s en ASV-voorsitters. Jimmy Pressly, MEK-ondervoor-

sitter, voel die dagboekdinee is 'n goeie instelling: “Ek dink dat daar geen amptelike afsluitingsdinee is om vir UK-lede dankie te sê nie. "Daarom dink ek dit is ‘n mooi tradisie om eerder vir hulle te sê sterkte vir die termyn en die nuwe dagboek vir hul te gee as geskenk.” Die "praktiese probleem", volgens prof. Fick, is dat al hierdie studente dan op kampus, en in koshuise moet bly, terwyl O&B nog moet plaasvind. “Die verblyf van senior studente in koshuise gedurende O&B word onderhandel met IVD, maar die alternatief is Dennepark.” Prof. Fick noem dat UK-lede wat nie gedurende O&B werk het nie dan ingespan sal word om te help op ander plekke nie. Soos met die vervoer van kospak-

kies tydens O&B. Anica Scheepers, BOB UK-lid, verantwoordelik vir die reël van die dagboekdinee is positief: “Ek is baie opgewonde oor die dinee en hoop werklik dit kan voortgaan soos in die verlede.” Die ander rede vir die moontlike verandering in die dagboekdinee se formaat is die vermindering van alle SR-funksies. “Ons moet ’n voorbeeld van matigheid en verantwoordelikheid stel by die spandering van fondse, sonder om af te skaal, maar steeds smaakvol en stylvol te wees.” Prof. Fick is van mening dat die dagboekdinee steeds dieselfde hoeveelheid mense kan akkomodeer. Die beslissings oor die dagboekdinee behoort binne die volgende twee weke afgehandel te wees.


Kuns Vermaak SA movie menu Night Drive – slasher horror District 9 – wetenskapfiksie avontuur Skoonheid – psigologiese kunsdrama How to Steal 2 Million – neo noir aksie Semi-Soet – eerste Afrikaanse rom-com 31 Million Reasons – rooftog aksie Liefling – Afrikaanse musical Jerusalema – misdaadriller Ek Joke Net – versteekte kamera komedie Black Butterflies – biopic Wolwedans in die Skemer – psigologiese riller Eternity – fantasie aksie met vampiere

Hoekom groei die SA filmbedryf?

Fliekvlooie floreer SCARLET JONES

D

ie dae van Suid-Afrikaanse films op ’n laer standaard as hulle oorsese eweknieë beoordeel is stadig maar seker besig om tot ’n einde te kom. Jy sal regtig onder ’n klip moet leef om nie die onlangse groei in die Suid Afrikaanse film-industrie raak te sien nie. Meer Afrikaans en Engelse produksies van ’n beter kwaliteit, wys op plaaslike en internasionaal skerms. In die 90’s het SA ’n gemiddeld van agt films per jaar vrygestel. Teen vanjaar is die gemiddeld al twintig, die derde meeste in Afrika naas Egipte en Tunisië. (Dit nou as mens natuurlik nie Nigerië se magdom straight to DVD produksies tel nie.) As verdere bewys van die groei was daar vanjaar sestien nuwe vrystellings by die Durban Filmfees, die meeste in die geskiedenis van Suid-Afrikaanse filmfeeste. Die vraag is nie hoekom daar ’n skielike ontploffing in hierdie bedryf is nie – Suid Afrikaanse

WAT DINK JY? Is daar ’n verbetering in die kwaliteit van Suid-Afrikaanse flieks? @NWUWapad #WapadFilmFeature Wapad Page Post: “Wapad Film Feature”

gehore is uitgehonger vir nommerpas flieks wat hulle taal praat en gretig om te spog met alles wat die land te bied het. Die vraag is hoekom brei hierdie industrie uit tydens globale resessie? Kethiwe Ngcobo, een van die vervaardigers van Gog’ Helen, ’n aksie-gevulde Zoeloe komedie wat in Maart volgende jaar vrygestel word, het in ’n onlangse onderhoud met BBC Africa gepraat oor die invloed van die resessie op plaaslike flieks. Sy glo die Suid-Afrikaanse filmbedryf kan steeds groei tydens tye van internasionale finansiële krisis omdat dit normaal is vir plaaslike filmmakers om op kreatiewe maniere geld in te samel om die produksies van die grond af te kry. Befondsing is al vir baie lank die grootste struikelblok vir plaaslike produksies, en alhoewel daar al meer inisiatiewe is wat toelae verskaf, is die grootste finansiële las steeds op die vervaardigers self. Meer geld sal ook die tweede grootste probleem vir filmmakers oplos. Draaiboekskrywers sal dit kan bekostig om

tyd eenkant te sit vir produksies wat in die pyplyn is, wat sal beteken dat daar nie meer ’n tekort aan goeie draaiboeke sal wees nie. Die belangrikheid van toelae vir draaiboekskrywers is ook beklemtoon deur Anél Alexander, mede-vervaardiger van SemiSoet, wat vroeër vanjaar meer as R5 miljoen by die loket verdien het. Die vervaardigers van SemiSoet het self die fondse vir die projek ingesamel, en is gedwing om kreatiewe maniere te kry om blik te skud. Een so voorbeeld is product placement, en die fliek is uit sommige oorde sterk gekritiseer vir die gebruik hiervan. Die projek se voortbestaan was egter afhanklik van die befondsing wat deur hierdie adverteerders verskaf is. Die gebruik van product placement is moontlik ook hoekom die fliek uit sommige oorde gekritiseer word omdat dit glo die Hollywood-resep te naby navolg. Is films met ’n Hollywood-geur ’n goeie ding, of moet daar gewerk word om ’n meer plaaslike, meer unieke geur aan die produksies

Die jong akteurs van Spud, waarvan die tweede fliek reeds in produksie is. Spud 2 is geskeduleer vir vrystelling op 21 Junie 2013. FOTO: RAPIDBLUE

Dis hoogtyd dat die sinici ophou kla oor wat fout is met Suid-Afrikaanse films

te gee? Hier kom die Catch 22 in. Hoe gouer plaaslike flieks op ’n internasionale standaard kom, hoe gouer sal dit maklik word om finansiering hiervoor te kry, en sal dit uiteindelik makliker word om produksies te skep wat meer gediversifiseerd en kultuurspesifiek is. Dit is hoogtyd dat die sinici ophou kla oor wat fout is met Suid-Afrikaanse films, en begin besef dat verbetering slegs met groei kom.


10 |

KUNS EN VERMAAK

20 SEPTEMBER 2012

‘Dis Opera’ vir NWU-Puk studente 20 September-18 Oktober 20 September Memphis Rock Dance your on Fire Southern Gypsy Queen 26 September Memphis Rock Habit To

Kunstedinee 26 September Sanlam Ouditorium Kunstedinee & Variety Show 27 Spetember Memphis Rock Taxi Violence 29 September Memphis Rock Silent Sneakers

Aardklop 3 Oktober Memphis Rock Walrus band Snowing Down South Van Coke Kartel 4 Oktober Memphis Rock Jet black Comaro Frankie fire Glaskas Klopjag Moses Metro Man 5 Oktober Memphis Rock Winterstasie Man as Machine City of Heroes Hiccup 6 Oktober Memphis Rock Johnny Late Band Mrs B TBA The 12 Bar Blues Band Moses Metro Man 13 Oktober Memphis Rock Wetnose and Pawed Metal For Charity Show

Bingle Sêr 16 Oktober Sanlam Ouditorium Bingle Sêr 18 Oktober Memphis Rock Snowing Down South

ANICA SCHEEPERS

D

ie NWU-Puk se Skool vir Musiek loop breëbors oor die handjie vol studente en dosente wat aan “Dis Opera – Die Konsert”, aangebied deur die radiostasie RSG, deelneem. Dié konsert, wat reeds op ’n jaarlikse grondslag in die Brooklyn Teater in Pretoria aangebied word, is ’n geleentheid vir talle Suid-Afrikaanse operasangers om hul talente ten toon te stel. Twee dosente van die Skool vir Musiek, dr. Conroy Cupido (bariton) en me. Antoinette Olivier (sopraan), sowel as vyf van die Skool se top-studente - Tshegofatso Letokwe, Palesa Malieloa en Nombuso Ndlandla (soprane), Aaron Mahlohla (tenoor) en Kamohelo Tsotetsi (bariton) - is genooi om aan vanjaar se konsert deel te neem. “Hulle is van ons top-studente en elkeen van hulle het óf eerste óf tweede in nasionale kompetisies gekom gedurende die jaar,” sê Cupido. “Sewe van die nege sangers wat aan hierdie konsert gaan deelneem, is betrokke by die NWUPuk,” sê mnr. Jaco van der Merwe, Direkteur van die Skool vir Musiek. Volgens Cupido is Ndlandla on-

Studente en dosente van die Skool vir Musiek, neem deel aan "Dis Opera - Die Konsert" wat deur RSG aangebied FOTO: ANICA SCHEEPERS word.

Sewe van die nege sangers wat aan hierdie konsert gaan deelneem, is betrokke by die NWU-Puk

Plaaslike talent by Aardklop SCARLET JONES Twee dosente en oud-studente van die NWU-Puk is deel van die span agter Dismotief, 'n interdissiplinêre produksie wat vanjaar deel van Aardklop se feesprogram vorm. Richardt Strydom en Steven Bosch, dosente in die skole van grafiese ontwerp- en kommunikasie onderskeidelik, is die kurators van die produksie. Hulle het ook kunswerke daarvoor geskep. Oud-Puk Franco Prinsloo hanteer die regie en is een van die komponiste vir die produksie en alumnus Wyn Roux is een van die digters wat bygedra het. Dismotief poog om deur die kombinasie tussen poësie, klassieke musiek en visuele kuns, 'n gesprek te begin oor die identiteit van die jong Afrikaner in postApartheid Suid-Afrika. Hoe sien wit Afrikaners hulself en hoe word hulle verteenwoordig in die samelewing vandag? Die kunstenaars en komponiste

is gevra om die werk van die digters te interpreteer. Die kunswerke kan dan saam met die poësie en opnames van die komposisies, wat as klankinstallasies dien, waardeer word. Dismotief plaas sterk klem op die plek van die Afrikaner-man in die nuwe bedeling. "In die Afrikaner-debatte is daar op die oomblik mense soos Steve Hofmeyr wat namens ons praat," verduidelik Bosch. "Dit is gewoonlik vermaaklikheidsterre met politieke aspirasies of aspirant politici met populistiese aspirasies. Ons soek iets meer eg." Digter Tertius Kapp glo daar is 'n eenvoudige verduideliking vir hoekom Afrikanermans nie weet hoe om hulself uit te druk nie. "Daar is veral 'n gebrek aan woordeskat, 'n gebrek aan woorde, wat 'n gebrek aan verbeelding beteken." Dismotief is van 2 tot 6 Oktober in die Potchefstroom Stadsaal. Kaartjies kos R80.

langs gekies om verder in Duitsland by die grootste Musikhochschule in Köln te gaan studeer. Cupido is van mening dat dié geleentheid soveel deure vir elke student sal oopmaak. Hier maak hulle reeds naam vir hulself en sulke blootstelling is veral nuttig wanneer hulle in die toekoms vir oudisies by verskeie

maatskappye wil gaan. “Die blootstelling wat die Skool vir Musiek kry is natuurlik nét so goed!” meen Cupido. Twee uitvoerings van hierdie produksie sal nog op die volgende datums plaasvind en op RSG uitgesaai word: Saterdag, 22 September om 20:00; en Sondag, 23 September om 15:00.

Video-onderhoude

15 September

WapadPUK Tuinstel Live (15 Sep) Kyk op Wapad se YouTube kanaal of volg die link om die video-onderhoude te kyk. FOTO'S: CECILE BISSCHOFF


KUNS EN VERMAAK

20 SEPTEMBER 2012

Miniatuuruitstalling met reuse verwagting

| 11

Barnyard-aand by Veritas

HELOÏSE VAN DER WALT Potchefstroom Museum, in samewerking met die Potchefstroomse Kunsvereniging, bied vanaf 20 November tot 4 Januarie 2013 ’n miniatuur-uitstalling aan. “Die doel met die uitstalling is om die algemene publiek die geleentheid te gee om aan ’n groepuitstalling deel te neem. So ontdek hulle nuwe kunstalent en maak mense bewus van die museum en die Potchefstroomse Kunsvereniging, asook die geleenthede wat hulle vir kunstenaars bied. “Dit is ook ’n geleentheid vir die kunstenaars om mekaar te leer ken,” sê me. Venessa van der Westhuizen, vakkundige en beampte by die Potchefstroom Museum. Kunstenaars kan hul werke voorlê vir keuring op die 16de November. ’n Maksimum van ses werke in enige medium mag ingeskryf word. Lede van die Kunsvereniging kan tot ses borde gratis kry, terwyl nie-lede R11,60 per bord moet betaal. Vorms vir lidmaatskap van die vereniging kan by Habitat verkry word teen R50 per jaar. Teen 7 Desember word die verkoopte werke verwyder, terwyl

Die doel van die uitstalling is om die algemene publiek die geleentheid te gee om aan ’n groepuitstalling deel te neem.

VERDERE NAVRAE Venessa vd Westhuizen: 018 299 5047 die res van die werke tot Januarie uitgestal word. Na 7 Desember kan die werke afgehaal word. Daar sal moontlik in die toekoms weer so ’n geleentheid gehou word, met die moontlikheid van die universiteit se uitstalruimte in die Botaniese Tuine. Op die vraag wat hul verwagtinge is, is Van der Westhuizen beslis. “Ons verwag dat bekende en nuwe kunstenaars aan die uitstalling sal deelneem en dat hulle die geleentheid met entoesiasme sal aangryp.”

NWU-Pukke pronk op TV NADIA SCHULTZ NWU-Pukke boer deesdae op die kassie. Die Afrikaanse kanaal, kykNET, sien baie van die NWU-Pukke, hetsy as deelnemer van ’n realiteitsreeks of verskyning as aanbieder. Lynn van Rooyen het aan hierdie kanaal se realiteitsreeks, Fortuinsoekers, deelgeneem en twee NWU-Pukke was te sien op ‘Ons soek die sanger’. Marcel Spaumer verskyn op hierdie kanaal as aanbieder en ’n oud-NWU-Puk het onlangs weggestap as wenner van Nootvir-Noot. Van Rooyen vertel van haar ervaring op Fortuinsoekers. “Dit was ’n ongelooflike ervaring wat mens verseker saam met die regte spanmaat moet aanpak.” Van Rooyen het saam met haar kêrel, Rauten Coetsee, deelgeneem en volgens haar het dit hulle verhouding op alle vlakke getoets. “Jy leer so baie nuwe dinge oor jouself en besef jy kan jou limits baie verder push as wat jy ooit gedink het,” sê Van Rooyen. Haar gunsteling deel van die reeks was dat sy baie nuwe mense ontmoet het wat min of meer dieselfde belangstellings as sy het. “Ek hoop ek en Rauten kon studente goed represent hierdie jaar.” Van Rooyen en Rauten het dit tot op episode 11 (die top 4) gemaak. Op ’n vorige reeks van Fortuinsoekers was NWU-Pukke Andrew Mtsweni en Charl Ubbink. KykNET het ook hierdie jaar vir ’n ruk die tuiste van Marcel Spaumer geraak, waar hy saam met sy tweelingbroer, Marco,

Veritas Manskoshuis het onlangs 'n kultuuraand gehou saam met Kasteel Dameskoshuis. Die aand was gevul met items uit die twee kos-huise. Die crowd het almal op bale om die verhoog gesit en lanterns het die volle Barnyard-gevoel geskep.

Lynn van Rooyen en Rauten Coetsee van Fortuinsoekers FOTO: VERSKAF die nuwe sêr-program, Sêr 2012, aangebied het. Verder het die oud-NWU-Puk, Marli Immelman, oud-inwoner van Karlien, Noot-vir-Noot se 35ste reeks gewen en weggestap met meer as R180 000. “Dit is iets wat ek nog altyd oor gewonder het: hoe goed is my musiekkennis werklik?” vertel sy. Corneels Schabort, wat nog op die NWU-PUK te sien is, het tweede in daardie selfde reeks gekom. Ook op kykNET is ‘Ons soek die sanger’, ’n realiteitsreeks waaraan manlike Afrikaanse sangers kan deelneem. Wynand Basson en Bordeaux Augustyn het deelgeneem aan hierdie realiteitsreeks. Volgens Basson was dit ’n “lekker en unieke, maar terselfde tyd ontnugterende ervaring”. Wynand was verbaas om te sien hoeveel talentvolle sangers daar in Suid-Afrika is wat nie raakgesien word nie as gevolg van “die gemors wat ons op TV sien.” Volgens Wynand is realiteitsTV nie werklik ‘realiteit’ nie.

Links na Regs: Ronald Bartie, Marno Mathee, Francois Troskie, Jacques Tredoux, Barend Janse van Rensburg, FOTO: NIEL WAHL Rouy Taute, Richann Brussouw.

International bands in SA

Arena Fever SCARLET JONES

‘W

e don’t get to see enough international musicians in South

Africa.” Sound familiar? That might be be true, but we’re definitely getting closer to it. Despite more and more international musicians saying yes to shows on South African soil, the demand for seeing foreign acts live is not in any way nearing saturation. The only company that has been able to sustain big scale ticket sales in South Africa over the years, is Big Concerts. Since Big Concerts hosted its first international show in 1992, it has managed to bring an average of 7 international music acts to South Africa each year. In 2012, it will host 11 international music acts. Last year, Big Concerts sold more than 620 000 tickets, landing it a number 13 spot on Pollstar’s international list of Best Worldwide Promoters. This will surely get a few eye-

Big Concerts sold more than 620 000 tickets rolls. I’m pretty sure you wouldn’t have to go down more than one degree of separation to find someone who has had sleepless nights when Big Concerts hosted their favourite acts. Most recently, fans had to struggle to get their hands on tickets for the Red Hot Chilli Peppers show in 2013. In what seems to prove that word of Big Concert’s and Computicket’s inadequacy to handle big scale ticket sales is getting around, the band opened sales on their own website two days before it was handed over to Big Concerts. Earlier this year, the whole Computicket system crashed when sales for Lady Gaga’s Born This Way Ball Tour was opened, and fans complain regularly

about having to queue online for hours for tickets. So why does everyone keep going back to a company whose reviews on customer service website Hello Peter is 92% negative? Simply because we have no choice. Competitors are few and far apart. Hilltop Live, hosts of the Oppikoppi Festival, still seem to be the biggest competitor when it comes to international acts. Others have tried, but not been able to make the cut, citing poor ticket sales as the biggest problem. However, in March of this year, 5Gum organized a “secret gig” with indie rockers Two Door Cinema Club – with fans having to enter a competition for tickets just a few days before the show. Ticket distribution went off without a hitch, proving that all the blood, sweat and groupie tears caused by Big Concerts can be avoided. In the meantime, we’ll just have to grind our teeth and get in line.

Sweet Brown, meme sensasie KOBUS OLIVIER Om deesdae ’n superster te word hoef jy jouself nie meer met Patricia Lewis te vergelyk nie, volg eerder net Sweet Brown se voorbeeld en kry jouself op die internet. Vir vele mense dien die internet as die kortpad na wêreldwye roem en deesdae is jy nie groot totdat jy nie in ’n meme (’n beeld, video, ens. wat tussen internetgebruikers versprei is) gesien is of ge-autotune is nie. Een skreeusnaakse voorbeeld van oornagsukses is dié van Sweet Brown, wat omkant gevang is deur ’n vuur in haar woonstelblok in Oklahoma City, VSA op 21 April 2012. Die inwoner het meer gekry as wat sy verwag het toe haar kleurvolle kommentaar oor die situasie tydens ’n onderhoud met ’n plaaslike nuusstasie

Meer as 4 miljoen hits op Youtube? "Ain't nobody got time fo' dat!" meer as 4 miljoen hits op Youtube behaal het. Die autotune weergawe het selfs nog meer, met byna vyf en ’n half miljoen hits. Ons almal sien uit om dit in Bourbons te hoor! In reaksie tot haar skielike roem het sy gesê: “Dit is al vir my gewys, maar ek hou nie daarvan om daarna te kyk nie, want ek hou nie daarvan om so na myself te kyk nie, ek lyk soos ’n grap en ek was regtig ernstig!”.

Dit lyk egter of sy intussen vrede met haar roem gemaak het, aangesien sy intussen ook in ’n advertensie vir ’n eiendomsagentskap ’n verskyning gemaak het. Vir eers kan niemand genoeg kry van Sweet Brown nie, maar die internet is altyd opsoek na ’n nuwe sensasie. Indien dit jy is, maak seker jy doen dit soos Sweet Brown. Volg die link hierbo of gaan kyk die Sweet Brown videos op Wapad-web.


12

20 SEPTEMBER 2012

Redaksioneel

Kommentaar Wapad 20 SEPTEMBER 2012

Leiers moet saam praat Dit is moeilik om in 'n studentegemeenskap te funksioneer binne die strukture. Ons het elke jaar nuwe mense in posisies wat werk hanteer wat oor meer as een termyn vlot moet verloop. Wapad het begrip hiervoor en respekteer die mense wat hulself in hierdie onbaatsugtige posisies plaas. Want, kom ons sê dit soos dit is, ons is almal maar een of ander vorm van cheap labour wat werk vir ervaring, en "die liefde vir ons kampus". Met dit ingedagte, wil ons graag ons lesers en studenteleiers se aandag rig op die feit dat die media nie daarop uit is om iemand te "kry" nie. Wapad poog om meer te fokus op joernalistiek wat verandering en verbetering mee bring. Dit wil sê dat ons altyd op die uitkyk gaan wees vir leemtes in ons studentestrukture. Dit is nie persoonlike aanvalle op jou as persoon nie, en dien 'n groter doel as wat mens dadelik besef. Ons kan egter nie groei bevorder sonder jou samewerking nie. Ontmoet ons halfpad. Lug jou opinie. Neem deel aan die gesprek. Die volgende Wapad verskyn 18 Oktober 2012

Kernredaksie

Oorgangsuitgaweredaksie: UITGAWEREDAKTEUR: Kevin du Plessis (071 289 6480) INHOUDSREDAKTEURS: Colette Botha (072 521 4570) Simon Sonnekus (084 567 9271) SPORTREDAKTEURS: Shana de Wet (072 849 6295) Wynona Louw (073 399 1866) TEGNIESE REDAKTEUR: Anlerie Cilliers (082 347 2165) FOTOGRAFIE & GRAFIES: Mari Scheepers (073 401 8235) SKAKELING: Kobus Olivier (083 456 3714) ADVERTENSIES: Albertina Ngobeni (076 940 3864) FINANSIES & BORGE: Berno van Heerden (082 922 4244) EKSTERNE AKSIES: Jolandé Pienaar (082 758 0204) WEBMEESTER & VIDEO: Conrad van Wyk (082 563 9535) HOOFTEKSVERSORGER: Joanie Schiel (083 381 4467) Teksversorgers: Tersia Landsberg, Anneke Boshoff, Salmon Becker, Louise Krüger

BrieweKolom Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875

Ombudsman

Briewe

As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za

*Spesiale woord van dank aan Scarlet Jones vir hierdie uitgawe.

‘Squeeza’ en ‘Chiefa’ is onaanvaarbaar

Uittredende redaksie: HOOFREDAKTEUR: Marlie Jonker (072 749 2431) SPORTREDAKTEUR: Carli Koch (078 357 3422) SKAKELING & BERMARKING: Johan le Grange (083 641 8096)

Nuutaangestelde Hoofredakteur Kevin du Plessis is aangestel as die hoofredakteur van Wapad vir die termyn 2012/13. Hy is tans besig met sy honneursgraad in Engelse literatuur. Hy is van sy eerste jaar af al betrokke by Wapad as joernalis. In 2010 het hy gedien as tegniese redakteur en het betrokke gebly by die koerant gedurende die termyne wat hy gedien het op die Skakelingsowel as Koshuisraad uitvoerende komitees. Kevin is nou 'n vierdejaar in Veritas Manskoshuis en is 'n groot ondersteuner van kunste en studentelewe op die NWU-Puk. "Ek strewe na 'n gebalanseerde koerant wat studente geniet, inlig, verder laat dink, en wat geballanseerde joernalistiek toepas." Hy gaan fokus op die produk, Wapad-strukture en die koerant se beeld in hierdie termyn.

Cornia Pretorius

Skool vir Kommunikasiestudies

@corniap

Ek was geskok om in ’n onlangse Wapad te lees hoe maklik die terme “squeeza” en “chiefa” skynbaar oor studente se lippe rol. Die laaste keer wat ek navraag gedoen het oor die terme het mense nie daarvan gehou dat hulle só genoem word nie. Dié feit dat studente nie nadink oor dié aanspreekvorme nie is vir my ‘n aanduiding dat te veel nog van ‘n sosiaal-politieke plek kom waar swart mense vir niks anders goed is as huis- en tuinwerk nie. Dié mense het skynbaar nie voorname en titels nie, hulle is gesiglose wesens wat toilette skoonmaak en onkruid uittrek. So aanspreekvorme soos “squeeza” en “chiefa” is maar reg vir almal.

Wat van “Tannie” en “Oom” of “Mevrou” en “Meneer” vir mense wat so oud is soos jul ouers? Beter nog: wat van die moeite doen om vir die werkers te vra wat ‘n respekvolle manier is om hulle in hul eie taal aan te spreek. “Mme”, “Sisi”, “Ausi” vir ‘n vrou of “Abuti” vir ‘n man. Taal is ‘n kragtige wapen in die bou of breek van verhoudings. Dit is dié soort kwessies wat die universiteit moet aanspreek as deel van ‘n transformasie- en versoeningspoging- om studente in die wêreld in te stoot wat werklik respek het vir hul medemens. Cornia Pretorius Skool vir Kommunikasiestudies (Joernalistiek)

Algemene Redaksie Aansoeke Oop

tot 25 Sep. Youtube:

WapadPUK

aansoeke video

Joernaliste Sportjoernaliste Fotograwe Sportfotograwe Grafiese ontwerpers Teksversorgers Bemarking Uitlegkunstenaars Aansoekvorms beskikbaar by die Wapad-kantoor (F25)


20 SEPTEMBER 2012

| 13

Gesprek

Kommentaar Skryf jou

mening

Rubriekkompetisie Is jy ’n vreeslose vegter vir die vryheid van spraak? ’n Ware dagdromer? Iemand wat nie bang is om te sê wat jy dink nie? ’n Vrye denker met idees wat die wêreld om jou kan verander? Hier is jou kans om jou droom te leef. Wapad is opsoek na die NWU-Puk se volgende groot rubriekskrywer. Iemand wat agter ’n skuilnaam amok kan maak. Hierdie vreeslose siel moet bereid wees om te skryf wat hulle op die hart dra en enige ander snaaksighede wat jy dalk mag waarneem.

Pen jou mees waaghalsige opinies oor jouself neer in 100 woorde en e-pos dit aan wapad@nwu.ac.za voor Woensdag 26 September. Hierna sal details van die res van die kompetisie aan kandidate wat lyk of hulle die besonderse vermoëns besit om te kan volg in die voetstappe van die legende wat Wapad is, deurgegee word. The power of Greyskull compels you. Wees Wapad se rubriekskrywer vir die volgende jaar...

Gesondheidsdienste op kampus

Hoeveel hulp is genoeg? MIQUE VAN DER MERWE Waaroor het ek die meeste spyt as ek terugkyk op die tyd toe ek ’n PUK-student was? Daar is ’n hele paar generiese antwoorde hierop. Maar dit is nie in my geval dat ek te min geleer, nie genoeg gekuier het, meer waaghalsig was, of beter met my geld gewerk het nie. Ek is spyt dat ek nie terwyl ek geswot het meer moeite gedoen het om na my psigiese gesondheid om te sien nie. Studentelewe is altyd ’n gejaagde gedoente en mens besef nie altyd die langtermyn gevolge van al die stres, laat aande en hope werk nie. Emosionele probleme speel maar altyd tweede viool totdat dit eenvoudig nie meer geïgnoreer

Dienste wat deur die universiteit verskaf word is ontoereikend

kan word nie. Ek het my eie toedeling probleme gehad, en het hulp gekry nadat ’n besorgde dosent toegesien het dat ek ’n sielkundige gaan sien. Ek was gelukkig om toegang te hê tot iemand wat begrip en empatie het met studente se probleme. Het hy nie ingegryp nie, sou ek nooit my graad gekry het nie.

Interaktiwiteit 'n realiteit @NWUWapad Wapad Page WapadPUK

Wapad stel ekstra inhoud beskikbaar op die internet, deur Youtube, Twitter, en Facebook. Op Wapad se YouTube-kanaal, WapadPUK, sal jy video’s kan sien van onderhoude, 10 dinge

Kalmeer vir my, ou bul KEVIN DU PLESSIS Die wêreld bestaan uit stereotipes. Ons almal val in een of ander kategorie, soos hipster of geek. Maar dan kry mens die jock. Die jock-mentaliteit is een waaroor die res altyd sal kla. Hier is tien redes hoekom. Dit begin by die generiese haarstyl. Jy dink jy is cool want jy dra ’n mullet, wat jy verdedig deur te sê dis “business in the front, party at the back”. Ek is hier om vir jou te sê nee. Dis net nog ’n plek waaraan hulle jou kan gryp op die rugbyveld. As ’n mens dit het, kan jy dit seker bietjie wys. Maar pasop om jou stywe kortbroekies oral te dra as jy een van die baie jocks is wat jou beenhare skeer. Ons almal weet jy doen dit sodat mense jou styfgepompde spiere beter kan sien. Ek wonder altyd hoe kry rugbyspelers vrouens. Dit moet seker ’n fisieke ding wees, want dis verseker nie die stimulerende geselskap nie. Dit is verstommend om te sien hoe gesprekke weer en weer kan draai rondom gym en al die “strooi” (vervangbaar) wat een of ander kaptein Vrydag op die veld aangejaag het. Alle kultuur is nie gay nie. Net omdat jy die sangtalent van ’n kat op hitte het, of omdat jy trots is dat jy “nog nooit ’n boek klaar

GRAFIKA: MARI SCHEEPERS

gelees het nie”, beteken nie rugby is al waarin ’n mens kan belangstel nie. ’n Mens weet nooit of dit die supplements is en of dit iets is wat aangeleer word met bulletjie-rugby nie, maar moenie iemand altyd wil

donder of bliksem (*diep mansstem) in kuierplekke nie. Almal lag vir jou agter jou rug, al kies jy om dit nie te sien nie. Ritme is nou nie een van die gawes van ’n jock nie. Kyk, jy mag maar jou arms buig as jy dans ou kêrel, en jy hoef nie heeltyd te stres oor wat almal van jou dink en hoe jy nou lyk nie. En die sprinkler en die scuba diver is nie heeltemal wat ons vandag meer doen nie. Brand name-klere is nie al wat op die mark beskikbaar is nie. Jy lyk soos ’nlopende advertensiebord. Billabong en Adidas moet regtig begin afslag gee vir jocks. Persoonlik dink ek dis immoreel dat hulle die arme mense se vatbaarheid so uitbuit. Die beste is dat jocks altyd dink hulle kan enige meisie kry en die oomblik wat hulle ge-bat word, is die meisie eweskielik “in elk geval nie so mooi nie”, of bietjie vet, of enige ander generiese verskoning wat skreeu: “ek het versteekte selfbeeld-issues”. Pampoene onder die arms, bene ver uit mekaar uit soos ’n Amerikaanse bulruiter, en skouers net effens opgetrek om taaier te lyk, loop die jock in Lovers’ Lane af. Kom nou? Regtig? Wapad ondersteun jocks. Die wêreld kort julle, net sonder al die stereotipiese gedrag. So hou op dink jy is beter as gemmers en nerds.

Dit was destyds so, en ek dink steeds vandag dat die dienste wat deur die universiteit verskaf word aan studente met emosionele probleme ontoereikend is. Natuurlik het koshuisinwoners verder portuurhelpers tot hulle beskikking, maar ek sal my dan maar met die lot van die dagstudente bemoei. Ek het ’n paar studente gevra waarheen hulle sou gaan as hulle sielkundige hulp nodig gehad het, en hulle het almal InGryp genoem. Maar dis ongelukkig waar dit geëindig het, want niemand kon vir my iets meer oor die diens sê as dat hulle sielkundiges het en, in sommige gevalle, in watter gebou hulle is nie. Dit is seker genoeg, of hoe? Wel, nie regtig nie. Wanneer jy teen ’n

krisis te staan kom en jy benodig werklik leiding, gaan dit nie genoeg wees om net te weet waar om op te daag nie. Die laaste ding wat jy wil doen is om êrens heen te gaan waar jy nog onsekerhede moet hanteer. Is ’n program vir geestelike gesondheid werklik effektief as dit nie op alle vlakke bekend en toeganklik is nie? Die punt is om ’n veilige omgewing te skep vir studente wat hulle kwessies wil aanspreek, en nie almal beskou die onbekende as ’n plek van veiligheid nie. Ek hoop dat die NWU-Puk eendag ’n stelsel sal hê wat weet hoe om hulp te gee waar dit werklik nodig is, want teen die tyd wat jy jou studies voltooi het, wag daar ’n wêreld vol nuwe probleme.

en al die ander kief dinge wat op jou kampus en in Potchefstroom gebeur. Barcodes kan deur middel van die application vir selfone Scan Life geskandeer word. Dit sal jou direk na die gekose interaktiewe media neem. Besoek Wapad se Facebook- en Twitter-blaaie vir addisionele inligting en foto’s van die artikels wat in Wapad verskyn. Op hier-

die blaaie sal jy ook jou mening kan lug, jou foto’s en enige ander sappige stories met Wapad en jou medestudente kan deel. Wapad kan digitaal afgelaai word by www.issuu.com/wapad. Indien jy enige vrae, inligting, voorstelle of klagtes aan die Wapad wil rig kan jy ons e-pos, by wapad@nwu.ac.za, of die Wapadkantoor skakel, 018 299 2875.


14 |

20 SEPTEMBER 2012

SPORT

O/19 Luiperds seëvier op Oliënpark WYNONA LOUW

D

ie O/19 Luiperds het in ’n tweede rondte O/19 Junior Curriebeker ontmoeting op Profert Oliënpark 11-7 teen die Leeus geseëvier en in die proses ’n tuisveld halfeindstryd verseker. Dit was van die afskop af reeds duidelik dat die kragmeting ’n taai een sou wees, met die Leeus wat vir die meeste van die eerste helfte op die aanval was en die Luiperds wat gelyk het asof hulle slegs ’n verdedigende rol gehad het om te vervul. Die Luiperds was egter eerste om punte aan te teken na die tweede strafskop in hul guns, maar na ’n goeie Leeus-lynstaan in die 12de minuut het die besoekers ’n drie met ’n suksesvolle doelskop gelewer. Die Luiperds het vier minute later nog drie punte na ’n strafskop op die bord gesit. Die 32ste minuut het die skouspelagtige vertonings na hoër hoogtes gevat na dreigende spel van die Luiperds agterlyn en ’n opbou in aanvallende spel. Die telling het egter met halftyd

Dit was ’n maakof breek-wedstryd en dit was ’n harde een, ons was die wenspan deur ons verdediging

op 6-7 vir die Leeus gestaak. In die tweede helfte kon die Luiperds vroeg al ’n puntevoordeel trek uit die Leeus se tegniese blapse, maar kon egter nie een van die twee strafskoppe wat aan hulle gegee is in punte omsit nie. Hierdie ongebruikte geleenthede was egter vinnig vergete toe die Luiperds agterlyn in die 32ste minuut ’n briljante vertoning van spoed, ondersteuning en hanteringsvaardighede vertoon het wat gelei het tot die enigste drie van die tweede helfte deur linker vleuel, Luther Obi. Met agt minute van spel oor kon

PUK-kaptein verhuis na Vrystaat SIMON SONNEKUS Die kaptein van die Luiperds en Varsity Cup-span van die NWUPukke onderskeidelik, Joubert Engelbrecht, sal in November verhuis na die Rosestad om sy twee jaar lange kontrak by die Vrystaat Cheetahs te begin. Die uitblinksenter groet Potchefstroom na vyf jaar by die unie. Joubert het al ’n paar jaar die seniorposisie as kaptein beklee. Hy het al die Luiperds se o/19, o/21 en Currie Cup-span op die veld gelei. Tans is Joubert beseer (enkelbesering) maar bly positief oor sy loopbaan op die rugbyveld. “Oefening tydens die seisoen is moeilik maar hierdie gekruk rondom Potch is moeilik, my hande is ook altyd besig.” Die senter het vertel van sy besering wat hy gekry het tydens ’n wedstryd teen die Griffons.

“Die besering beteken dat ek eers volgende Februarie weer sal kan speel.” Joubert verduidelik dat die skuif vir hom ’n nuwe uitdaging sal wees, maar iets wat hy nodig gehad het. “Mens word gewoond aan jou omstandighede, ek is gevestig.” Joubert vertel dat dit tyd is vir hom om uit sy gemaksone te beweeg en nuwe uitdagings aan te pak. “Dit gaan moeilik wees om Potch te verlaat, mens bly mos altyd ’n Puk.” “Ek het baie goeie herinneringe hier. Die wedstryd teen Engeland op Profert Park is die grootste wedstryd wat ek al gespeel het.” Joubert verduidelik dat sy doel is om binne die volgende paar jaar Super Rugby te speel. Hy glo dat sy skuif Bloemfontein toe hom sal blootstel aan hierdie geleentheid.

Die O/19 Luiperds saam met hul afrigters. ’n mens s����������������������� ê���������������������� dat die Leeus se vermoeiende spel wat hulle vroeër in die wedstryd getoon het hulle begin inhaal het en hul poging om die bordjies te verhang was tevergeefs. Die eindtelling was 11-7 vir die Luiperds. Melusi Mthethwa, die afrigter,

het aan Wapad gesê “Die bestuur van spelers is baie belangrik. Ons bestuurspan werk goed saam en ons analise is goed. Ons het ’n goeie eerste rondte gehad, ons het vier van ons ses wedstryde gewen en die tweede rondte moet die eerste rondte komplimenteer.”

FOTO: MELUSI MTHETHWA

“ Dit was ’n maak of breek wedstryd en dit was ’n harde een, ons was die wenspan deur ons verdediging,” het Marno Redelinghuys, onderkaptein, oor die kragmeting gesê. Die Luiperds O/19 se volgende wedstryd is op 22 September teen WP op Nuweland.

Jaar van baie dinge Daar was die ingekleurde kuiken, papegaai en uil. Daar was rugby-kenners wat opinies lewer en die pot vêr mis gesit het. Daar was die Intervarsity wat uitgestel is (van uitstel kom afstel). Daar was tye van raas en baklei, daar was sport. Die Rissie het deur die jaar op die Pukki se uitrusting verlief geraak en kyk op na die tarentaal se gees en passie op kampus. Die NWU-Pukke het die rugbyjaar op ’n hoogtepunt afgesluit deur tot die eindstryd van die Lions-Predator-liga deur te dring. Die manne het ongelukkig verloor, maar het vertoonvenster-rugby in die tweede helfte gespeel. Dalk as die velde van die NWU-Puk van beter gehalte was, sou die rugbyjaar anders uitgedraai het. Die Rissie was opgewonde oor Heyneke se aanstelling.

Sy is nogsteeds opgewonde, maar ’n paar van Heyneke se skakelpare werk eenvoudig nie. Die Rissie besef dat Morné Steyn ’n bietjie baie droogmaak. Ai toggie, sy hou van Morné. Sy wonder soms hoe sy sou vaar as die losskakel van ’n span soos die Bokke– en dink op die einde van die dag, dieselfde. Die Varsitybeker brei van volgende jaar af uit. Die Rissie weet nog nie lekker wat Duitser en sy span beplan nie. Die hoofkantore van die beker is in Potchefstroom, maar skuif Kaapstad toe. Sy sal altyd haar kampus op die televisie dophou as hulle op die veld uitdraf. Die Rissie wil nie die week haar mond verby praat nie. Sy is nie lus om die week in die moeilikheid te kom met die laaste stukkie korrespondensie nie. Haar Curriebekerspan sal van

nou af die Griekwas wees (hulle het haar vreeslik beïndruk met hulle wen teen die Sharks). Die Luiperds lê vierde op die log – Die Rissie het gedink hulle sou beter vaar. Die Rissie hoor nou die dag die allervreeslikste ding – blykbaar drink die manne daar in Roodeberg onophoudelik. Een van Die Rissie se rugbyvriende bly daar en hy vertel haar toe die volgende: JC en Andries was so dronk dat hulle skaars op hulle eie twee voetjies kon staan. Die Rissie wil graag vir alle atlete wat sport beoefen een ding vra: hoekom drink julle jul loopbaan om?


SPORT

20 SEPTEMBER 2012

| 15

Schutte skitter by Spele SHANA DE WET

Die Suid-Afrika Buffalo's wat in Middelburg sal speel.

FOTO: VERSKAF

Drie NWU-Pukke in Buffalo's span

Buffelkrag uit Potchefstroom SHANA DE WET

R

ussouw Wheeler, Zwerust Evers en Robin Goliath, almal van die Luiperdsrugbyspan, is gekies om die Buffalo-trui die 22ste September by die jaarlikse Nashua Middelburg sewestoernooi te dra. Die ILIFA SA Buffalo’s is ’n sewesrugby-uitnodigingspan wat deur die loop van die jaar hul slag op die veld gewys het by verskeie toernooie. Spelers vir dié span word uit die “Northern region 7’s Circuit” gekies wat uit provinsiale spanne soos die Leeus, Bulle, Valke, Luiperds, Laeveld en die Limpopo Bulle bestaan. “Ek sien uit om vir die Buffalo’s te speel. Dis ’n uitdaging omdat ons me-

Die Buffalo’s het al teen spanne soos Wallis, die Blitzbokke sowel as die Jong Bokke gespeel.

kaar nie ken nie, maar ons gaan mekaar vinnig leer ken,” vertel Goliath oor sy plek in die uitnodigingspan. Die Buffalo’s neem aan verskeie toernooie deel, waarvan

Dames

SOKKER September SOMERLIGA 24 Wanda vs H.Republiek vs Minjonet 2 WEDSTRYD- Bellatrix Kasteel 1 vs Wag-’n-Bietjie Eikenhof vs Heide 2 Heide 1 vs Klawerhof BEPALINGS g

25September EINDSTRYD: 11 Oktober 18:15 – 18:40 Dames 18:45 – 19:10 Mans

Dinki vs Karlien 2 VMN vs Karlien 1 Minjonet 1 vs Kasteel 2 Oosterhof vs Wanda 1 H. Republiek vs Bellatrix

26September

Kasteel 1 vs Eikenhof Wag-’n-Bietjie vs Heide 2 Heide 1 vs Dinki Klawerhof vs Karlien 2 VMN vs Wanda 2

die Nashua Middelburg-toernooi, die Castle Lusaka-toernooi en die Zimbabwe Spar-toernooi die bekendstes is. “Ek dink dit is ’n geval dat in ons land is die 15-man kode die belangrikste vorm van rugby en kry dit die meeste blootstelling. Dit sal hopelik verander sodra sewe rugby by die Olimpiese Spele in 2016 sy verskyning gaan maak”, meen Riaan Schoeman, Buffals-afrigter, oor hoekom sewesrugby nie so bekend is in Suid-Afrika nie. Die Buffalo’s het al teen spanne soos Wallis, die Blitzbokke sowel as die Jong Bokke gespeel. Asook teen ’n paar Afrikaspanne, soos Zimbabwe wat die verdedigende kampioene van beide die Castle Lusaka- en Zimbabwe Spar-toernooie is.

27September

Karlien 1 vs Minjonet 1 Wanda 1 vs Bellatrix H. Republiek vs Oosterhof Kasteel 1 vs Heide 2 Eikenhof vs Wag-’n-Bietjie

9Oktober

Wanda 1 vs Minjonet 2 Bellatrix vs Oosterhof Karlien 1 vs Wanda 2 VMN vs Kasteel 2 Minjonet 1 vs Wanda 2

10Oktober

H. Republiek vs Minjonet 2 Karlien 1 vs Kasteel 2 Veritas vs Overs

Halfeindstryd: 10Oktober

Dames A 1 vs Dames C1 Dames B1 vs Dames D1

Derik Schutte het ’n vierde plek in die klas F42 in spiesgooi behaal. Hy het twee van die SuidAfrikaanse en Afrika-rekords verbeter met ’n afstand van 48.12m. Uit die ses gooie wat Schutte gehad het, het hy met 4 van dié gooie sy persoonlike beste afstand verbeter. “Derik het Vrydag vir ’n blink vertoning tydens die Paralimpiese Spele gesorg,” vertel Terseus Liebenberg, bestuurder van die NWU-Traumeel atletiekklub. Schutte het verlede jaar in Singen gewys waarvan hy gemaak is toe hy ’n tweede plek in spiesgooi behaal het gedurende die Duitse Ope Kampioenskappe met ’n afstand van 40.17m.

Derik Schutte tydens die ParalimFOTO: VERSKAF piese spele.

Winter A-liga Uitslae Dames

Mans

Hokkiewinterliga 1. Wag-'n-Bietjie 2. Vergeet-My-Nie 3. Kasteel 4. Huis Republiek 5. Bellatrix

Basketbal

1. 2. 3. 4. 5.

Thaba-Jäh Overs Excelsior De Wilgers Patria

BasketbalBasketbal

1. Karlien 2. Wag-'n-Bietjie 1 3. Kasteel 1 4. Heide 1 5. Vergeet-My-Nie

1. Villagers 2. Heimat 3. Ratau 1 4. Patria 5. Veritas 1

Sokkerwinterliga Sokkerwinterliga Sokkerwinterliga 1. Kasteel 2. Karlien 3. Heide 4. Huis Republiek 5. Wag-'n-Bietjie

1. Laureus 2. Caput1 3. Veritas1 4. Thaba-Jäh1 5. Patria1

Vlugbal 1. Karlien 2. Kasteel 3. Eikenhof 4. Heide 5. Wanda

Mans 24September

Thaba-Jäh 1 vs Veritas Overs vs Caput 2 Hombré 1 vs Excelsior 1 Thaba-Jäh 2 vs De Wilgers 3

25September

Patria vs De Wilgers 1 Villagers vs Laureus 2 Caput 1 vs Laureus De Wilgers 2 vs Excelsior 2

26September

Thaba-Jäh vs Hombré 2 Veritas vs Caput 2 Hombré 1 vs Thaba-Jäh 2 Excelsior 1 vs De Wilgers 3

1. Veritas 2. Patria 3. Caput 4. Excelsior 5. Ratau

27September

Patria vs Villagers De Wilgers 1 vs Laureus 2 Caput 1 vs De Wilgers 2 Laureus 1 vs Excelsior 2

9Oktober

Patria vs Laureus 2 De Wilgers 1 vs Villagers Caput 1 vs Excelsior 2 Laureus 1 vs De Wilgers 2

10Oktober

Overs vs Hombré 2 Thaba-Jäh 1 vs Caput 2 Caput 2 vs Hombré 2

Halfeindstryd: 11Oktober

Mans A1 vs Mans C1 Mans B1 vs Mans D1


Sport 20 SEPTEMBER 2012

215 Derik Schutte by Spele

Man of the Match, Thys Ellis oppad na die HEIMAT doellyn.

FOTO: JOLANDI ERASMUS

Eindstryd van koshuisrugby liga

Villagers konings van rugbyveld WYNONA LOUW & SIMON SONNEKUS Villagers het met pure perdekrag die HEIMAT-span 49-11 oorrompel in die koshuisrugby-eindstryd. Die Maroen span het van die beginfluitjie af die aanval beheer en die HEIMAT-span minimale balbesit gegee. Die Villagers-span het hulle harde werk tydens die seisoen getoonset in die eindstryd en het die spel permanent beheer deur konstante aanval en harde verdediging. Villagers-kaptein Russouw Wheeler was tydens die wedstryd veral gevaarlik naby enige HEIMAT- beheerde losgemaal en het talle omkerings veroorsaak om balbesit vir Villagers te verseker. HEIMAT het egter met ’n bietjie momentum en aflaai-aangee’s die bal in die hoek gaan druk. HEIMAT kon ook steun op hulle

heelagter, Luan Janse van Rensburg, om twee strafskoppe oor te sit. “Hierdie is een van die suksesvolste seisoene nog,” het Daniël Goosen, nuwe Primarius van ���� Villagers, gesê. “Ek dink nie daar is ’n span wat al harder gewerk het vanjaar nie en hierdie titel wys dat al die werk af betaal het.” Vanjaar se Villagers-span het amper geen teenspoed ervaar in hul veldtog in die koshuisliga nie. Villagers het koning gekraai oor al die koshuise vanjaar en slegs een wedstryd, teen die PUK o/19 span verloor. Strukture en dissipline was duidelik die wenresep vir Villagers. “Ons strukture was uitstekend en ons het ten alle tye net gefokus op die dissipline op die veld. Die nuwe afrigter, Chaka Willemse, het veral die idee van

rustigheid tydens die wedstryd aangemoedig,” verduidelik Russouw Wheeler, kaptein en HK-lid van Villagers. “Dit was verseker ’n taai wedstryd en Heimat was seker die beste opponent gewees, mens kon sien hulle wou net so erg die eindstryd vat.” Andrew Todd; HEIMAT kaptein en Onder Prim, het aan Wapad gesê: “Ons het ����������������� ’n��������������� goeie span gehad. Dit was die eerste keer in vyf jaar wat ons die eindstryd behaal het, ons het ’n jong span gehad en daar is niks wat ons anders kon doen nie, maar dinge het gebeur soos dit moes, die beter span het gewen.” Met die oorwinning het die Villagers span hul plek in die nasionale Varsity-Cup se koshuis kompetisie verseker. “Ons wil graag vir Villagers sterkte toewens vir die Varsity

Villagers pad na eindstryd SPAN VILLAGERS

Halfeindrondte Eindrondte

0

Heimat

33

14

Veritas

26

15

De Wilgers

22

6

Caput

21

17

Over de Voor

28

20

Patria

53

8

Excelsior

30

31

Puk o/19

57

21

Veritas

30

11

Heimat

Cup-toernooi, ons weet hulle sal die Puk se naam hoog hou.” het Andrew Todd van die HEIMATspan gesê.

TAU en Puk O/20 bring Lions Predator-Liga tot suksesvolle einde

“Dis ’n����������������������� ������������������������� eer om die Puk te verteenwoordig op ’n nasionale vlak, veral met so ’n goeie groep ouens.” Vertel Wheeler.

Die span het baie verander, net ses van die spelers wat verlede jaar gespeel het, was hierdie jaar deel van die span, maar ons het elke game ingegaan met ’n doelwit, en dit was om onoorwonne te wees.

WYNONA LOUW & ANDRIES HEYDENRYCH Die NWU-Puk 3 span het die eindstryd van die Lions Predator-Liga gewen in ’n 35-21 oorwinning oor die Pirates, en die Puk O/20 span het die eindstryd van die O/21 liga 23-14 teen Impala gewen. “Ons O/20 span het in die O/21 liga deelgeneem en het baie goed gedoen, hulle wil graag speel en hierdie is ouens vir die toekoms, het Chaka Willemse, afrigter, aan Wapad gesê. NWU-Puk 3 se wedstryd teen die Pirates was ’n taai een, veral die eerste helfte. “Ons was met halftyd 14-12 agter, maar ons het die tweede helfte gedomineer en ons vaardighede was beter, en dis waarom ons gewen het, het DeWet le Roux, onderkaptein, aan Wapad gesê. Adriaan Jansen, kaptein van NWU-Puk 3, was baie beïndruk met die span se prestasie en die afrigters se

13

NWU-Puk 3 saam met hul afrigters, Sias van Rensburg en FOTO: SIAS VAN RENSBURG Christo Bischoff. ondersteuning. “Ons afrigters het baie vir ons beteken en het nooit baie druk op ons geplaas nie, so jy het elke keer net uitgegaan en jou hart uitgespeel,” sê Jansen. Ten spyte van die feit dat dit feitlik ’n nuwe span was, het Tau steeds daarin geslaag om onoorwonne in die liga te bly. “Die span het baie verander, net ses van die spelers wat verlede jaar gespeel het, was hierdie jaar deel van die span, maar ons het elke game ingegaan met ’n doelwit, en dit was om onoorwonne te wees.

Ons het geglo in elke speler en het ’n goeie verhouding gehad, ook met Christo Bischoff (assistent afrigter)” het afrigter, Sias van Rensburg, aan Wapad gesê. Die NWU-Puk 1 span kon egter nie dieselfde resultate lewer nie en het 12-30 in die eindstryd teen verdedigende kampioene, UJ, vasgeval. Met halftyd het ’n baie meer fisieke pak UJ voorspelers NWU-Puk1 tot ’n agterstand van 22-5 gestoot, en selfs na ’n verbeterde, meer aanvallende tweede helfte en ’n drie deur die NWU-Pukke, kon NWU-Puk1 nie daarin slaag om die bordjies te verhang nie en het hulle die kragmeting 12-30 verloor.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.