Transformasie: Hoe word die NWU-Puk gesien van buite? Geen stabiele doel aan Mnr en Mej Kampus 23
25
Oop gesprek: Realiteite van seks
213 26
LEES JOU KAMPUS
11 APRIL 2013 / VOL 5
STUDENTEKOERANT VAN DIE NOORDWES-UNIVERSITEIT SE POTCHEFSTROOMKAMPUS
HANNES KRUGER
S
R:JOOL het vanjaar ongeveer R400 000 minder aan SR:SJGD oorbetaal. Waar SR:SJGD in die verlede tussen R 670 000 en R 730 000 ontvang het, het hulle vanjaar slegs ongeveer R 300 000 ontvang. Dié daling is besig om ondersoek te word. Volgens Corné Zandberg SR:JOOL-voorsitter vir die termyn 2011/2012, kan die presiese bedrag nog nie aan die publiek bekend gemaak word nie omdat die oudit nog nie afgehandel is nie. Zandberg het verder by navraag gesê dat daar geen duidelike rede vir die daling is nie. “Daar was dieselfde getal mense by die JOOL-vertonings en dieselfde of minder uitgawes gewees. Ek het wel in my termyn toerusting aangeskaf om geld te spaar vir die volgende termyne, maar dit was ’n begrote uitgawe en het glad nie die daling veroorsaak nie.” Volgens Zandberg sal al die
JAARGANG 67
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’ VOOR
R 400 000 minder JOOL-finansies word ondersoek ná SJGD slegs ’n fraksie van die gewone uitbetaling ontvang
Daar is geen duidelike rede vir die daling nie. transaksies deeglik nagegaan word tydens die ondersoek om vas te stel of daar transaksies gedoen is sonder sy toestemming en om die regte prosedure te volg. Daar was ná bewering ’n probleem met die koshuise wat nie hulle FinJOOL geld oorbetaal het
nie of dit dalk in die verkeerde rekening inbetaal het. “JOOL HK-lede het eenvoudig net besluit om nie hulle werk en ’n bietjie moeite te doen nie omdat hulle voel hulle staan geen kans nie. Dit is een kommerpunt wat ons moet ondersoek sodra
ons die finale state kry,” het Zandberg gesê. SR:SJGD maak jaarliks staat op die bedrag wat JOOL aan hulle oorbetaal om hulle liefdadigheidsprojekte suksesvol aan te pak. Juaan Taute SR:SJGD, sê dit
WAPAD@NWU.AC.ZA
het SJGD geraak, maar nie tot so ’n mate dat hulle nie met die beplande projekte en aksies kon voortgaan nie. “Ons het dit nie verwag nie, maar toe ons dit uitvind, het ek dadelik aan die begroting gesny.” “SJGD het voorsiening gemaak vir so ’n geval en daar is oor die jare genoeg geld gespaar en uitgesit om te gebruik indien so iets sou voorval. “Ons sal dus uitkom met die begroting dié termyn.” Taute is verder van mening dat ’n mens nie altyd geld nodig het om ’n verskil te maak in die gemeenskap nie. “Al gaan die studente net uit om liefde te toon, maak dit klaar ’n baie groot verskil in daardie mense se lewens.” Sansha van der Merwe SR:JOOL-voorsitter van die termyn 2012/2013, wil egter net uitlig dat die fondse wat oorbetaal is, die wins van die vorige termyn is en dat die fondse van hierdie termyn (2012/2013) nog nie afgehandel of oorbetaal is nie.
‘Dokters kan nie glo sy’s lewendig’ CYRIL BLACKBURN
FOTO: FACEBOOK Jeanelle Greyling op een van haar Facebook-foto’s.
Iets om te sê?
SMS 31750 NUUS.INTERAKTIEF
NWU-Pukke, kollegas en vriende van Jeanelle Greyling ’n tweedejaar kommunikasiestudent en Wapad-joernalis, moes behoorlik asems ophou die afgelope week nadat ’n fratsongeluk op die Drakensberge tydens die herfsreses amper dié student se lewe geëis het. Greyling was saam met ’n vriendin vir dié se 21ste verjaarsdag op die plaas Glass Neven in die OosKaap toe die voorval plaasgevind het. Sy het omstreeks 18:00 alleen gaan stap toe sy oppad terug gegly en balans verloor het. Sy het aan ’n takkie gegryp om die val te keer, maar dit het enkele minute later afgebreek en sy het gevolglik 130 meter geval. Vriende het haar ná ’n uur begin soek en omstreeks 21:00 opgespoor waar sy op ’n krans gelê het. Hulle het haar geroep en haar stem in die donker gevolg. Haar liggaam was yskoud en sy was in pyn. Volgens Jenny Steytler haar vriendin, is dit net genade dat hulle haar opgespoor het. Steytler en ander vriende het haar warm gehou
met koffie, komberse, baadjies en liggaamshitte. Hulle het haar wakker probeer hou deur grappies te vertel. “Die lugmagreddingspan het gesê as ons nie daar was om haar warm te hou en haar te motiveer om wakker te bly nie, sou sy vir seker dood gewees het. Die dokters het ook gesê hulle kan nie glo sy is lewendig nie,” het Steytler gesê. Greyling is eers die volgende dag gered omdat die reddingsoperasie bemoeilik was weens rowwe terrein en dat die helikopter nie daar kon land nie. Sy het ’n gebreekte been, pelvis, drie gebreekte tone sowel as ’n gebreekte enkel. Verder het sy skraapplekke en kneuswonde opgedoen. Sy is eers omstreeks 14:45 die volgende dag gered. “Sy wou nie my baadjie hê nie, sy was bang ek kry ook koud. Terwyl sy vir haar lewe veg het ons gestry oor wie moet warm kry,” voer Steytler aan. Volgens Steytler was Greyling al twee maal binne die teater vir chirurgie. Sy en die vyf vriende insluitende Steytler en haar oom Willem, het almal hipotermie opgedoen binne die 24-uur wag vir die
Student val en hang aan ’n takkie wat toe breek en haar 130m laat tuimel tot die grond
reddingsoperasie om afgeskop en voltooi te word. Greyling gaan glo nie vinnig terugkeer na die NWUPuk nie. “Sy gaan nie hierdie kwartaal terug mag gaan nie, sy mag vir die volgende drie weke nie beweeg nie,” het Steytler aangevoer. Intussen het Jeanelle vriende op Facebook gemaan om nie bekommerd oor haar te wees nie, maar dat die paramedici wel gesê het dis ’n wonderwerk dat sy leef. “Óns is nie die helde nie, Jesus is. Ek het haar gesmeek om nie nou dood te gaan nie. Ek het gesê ons moet nog baie gaan Impala. Toe giggel sy net en belowe my,” het Steytler gesê.
Kry jou Wapad Elektronies by issuu.com/wapad
NUUS
2 |
11 APRIL 2013
NWUflitse PUKfm 93.6 wéér onder land se voorstes Meer as net radio. Maklik om te sê, moeilik om waar te maak. Dat PUKfm die amptelike radiostasie van die NWU-Puk, hul eie leuse verwesenlik was egter weereens duidelik toe die finaliste vir die vierde MTN Radio Toekennings op Dinsdag 2 April bekendgemaak is. PUKfm is ’n finalis in nege kategorieë waaronder die gesogte Kampus Radiostasie van die Jaar. Vir die 27-jarige Amoré Truter stasiebestuurder van PUKfm,
is dit egter hul benoeming in die Gemeenskapsprojek-kategorie wat vir haar die meeste beteken. “Ek is ongelooflik trots op wat PUKfm vir die gemeenskap doen. Om die gemeenskap deur die wonderlike medium van radio te verryk en te bemagtig moet elke radiostasie se eerste doel wees.” PUKfm het nagenoeg 18 000 luisteraars in Potchefstroom en wêreldwyd kan daar digitaal na PUKfm geluister word by www.pukfm.co.za. FOTO'S: JOPIE HENNING
Baanbrekersprojek bring moedertaalonderrig na die Bafokeng-nasie Agt studente van die Koninklike Bafokeng is die eerste studente in die land om hulle BEd-grade in hulle moedertaal Tswana, te ontvang. Hulle graadverwerwing is die vrug van ’n inisiatief tussen die NWU en die Koninklike Bafokeng in antwoord op ’n tekort van onderwysers in die grondslagfase wat in staat is om in die plaaslike taal skool te hou. Prof. Barry Richter direkteur van die Skool vir Kurrikulumgebaseerde Studies by die NWU, sê
dat slegs 12 van die 23 universiteite in Suid-Afrika grondslagfaseopleiding aanbied. Die NWU het dit ’n stap verder geneem deur die graad in ’n Afrikataal aan te bied. In 2012 is die program uitgebrei om studente tot die Intermediêre Fase toe te laat en in 2011 is vier studente tot die BEd Tegnika-program toegelaat. Daar is tans 46 studente van die Koninklike Bafokeng wat onderwys regoor die verskillende fases in Potchefstroom studeer.
NWU onder bestes in SA industriële kompetisie ’n Groep derdejaar ingenieurstudente aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus het vanjaar weereens hul staal gewys tydens die grootste industriële kompetisie in Suid-Afrika - die Nasionale Siemens Cyber Junkyard-kompetisie. Die NWU het onder tien ander universiteite ’n derde plek met hul projek behaal wat volgens streng spesifikasies gebou moes word. Die doel van dié industriële, interuniversitêre kompetisie is om die ontwikkeling en
verhouding tussen die industrie en opleiding in die land te bevorder deur uitdagende industriële projekte aan te pak wat die lewe in die industrie ’n bietjie makliker kan maak. Vanjaar moes spanne ’n geoutomatiseerde stelsel bou wat in pakhuise gebruik kan word om produkte netjies en akkuraat op rakke te pak. Dié projekte het te doen met die implementering van die nuutste bewegingstegnologie in ’n gebruikersvriendelike omgewing.
Plekke buite kampus waar padmerke ontbreek. Dit hou ernstige gevaar in vir motoriste.
Ontbrekende padmerke in Potchefstroom
Afwesige padmerke lei tot probleme JOPIE HENNING
I
ndien jy al ooit in Potchefstroom bestuur het of net saam met iemand anders rondgery het, sou jy opmerk dat die padmerke in Potchefstroom baie afwesig is. Voorbeelde van die swak gehalte van padmerke kan veral rondom kampus waargeneem word. Die besige verkeer in dié area maak die gebrek daaraan veral gevaarlik. Voor die ingang na die Institusionele kantoor naby Hombrémanskoshuis, is daar dowwe padmerke wat nie duidelik gesien kan word nie, maar daar is wel ’n stopteken. By die kampus se hoofingang is van die merke by die voetoorgang ook afwesig. Een van die grootste probleme is seker die ongemerkte spoedhobbels. Dit is maklik om só 'n
hobbel mis te kyk en oor hom te jaag en sodoende die motoris te laat skrik. Die verkeerslig op die hoek van Meyerstraat en Steve Bikolaan veroorsaak erge verkeersopeenhopings, hier is padmerke ook gedeeltelik afwesig. Wapad het ’n e-pos gestuur aan onder andere die DA-wykraadslid van Die Bult Johni Steenkamp, die waarnemende hoof van die verkeersafdeling in Tlokwe Malcolm Grimbeeck en aan die mediawoordvoerder van die Tlokwestadsraad Willy Maphosa. Maphosa en Steenkamp het egter nie voor druktyd gereageer nie. Grimbeeck voer aan dat daar slegs vyf padmerkverwers vir die groter Tlokwe-omgewing is en dat daar glo twee verfmasjiene aangekoop is om te help om die probleem op te los. Hy
Die swak toestand waarin die padmerke in Potchefstroom is, is ’n enorme probleem
het verder ook gesê dat die swak toestand waarin die padmerke in Potchefstroom is, ’n enorme probleem is. Teen druktyd was daar nog nie direk op ons vrae geantwoord nie en Wapad sal verdere ondersoek instel. Die afwesigheid van padmerke in Potchefstroom is uitersgevaarlik en stel besoekers aan Potchefstroom in gevaar aangesien hulle nie die paaie ken nie en daar weinig min padmerke is wat aandui waar hulle mag ry of nie.
Hawks to launch ‘new’ investigation into Thabang’s drowning MIZAN VAN DER MERWE On the 27th of March 2013 dr. Blade Nzimande the minister of Higher Education, issued a press release asking the Hawks to launch a “new” investigation into the drowning of Thabang Godwin Makhoang after new evidence has emerged. Thabang was a first year student in the Ratau Lebone Men’s Hostel and drowned during the fruit festival on the Fanie du Toit Sportgrounds of the NorthWest University (NWU) on 21 January 2012. In this statement Nzimande says there is apparently new visual material as well as written statements concerning the drowning which was not part of the previous investigation. Dr. Theuns Eloff vice-chancellor of the NWU reacted quickly in an official statement where he says: “The University is not aware of any concrete informa-
The University is not aware of any concrete information (which was not previously verified) tion (which was not previously verified), that has anything to do with Thabang’s death. If such information does indeed exist, the University will accept it gladly.” He adds that the University is waiting for official communication from the minister regarding the new investigation and is eager to work with the Hawks in this regard. In his statement Eloff also said that with Thabang’s death in 2012 Nzimande wanted to launch an investigation to which the University promised its full cooperation. Furthermore the University had also given its full support regarding the police investigation at that time. The independent investigation
by the NWU was finalised in 2012 by advocated Lourens de Koning (SC) and Vusi Pikoli (SC). They found that no crime was committed and that no one person or entity was responsible for Thabang’s death because of negligence nor can they be held accountable. “Thabang’s drowning was a freak accident despite every possible precautionary measure taken; it took place during an event which was organised exclusively for fun and team building purposes and not during any form of initiation practices.” According to Eloff ’s statement the death of Thabang was a tragedy for the council of the NorthWest University as well as for the University community as a whole. “Every young life lost means one less building block for our country and its future.” The University has published the report as well as the official statements on its website to keep the public informed.
NUUS
11 APRIL 2013
|3
Insig tot die finansies van kampus
NWU-Puk toe nie só ryk ANICA SCHEEPERS
D
aar is gerugte dat die NWU-Puk vir ’n aantal jare suksesvol kan voortgaan sonder enige inkomstes of finansiële bystand. “Stories hieroor is duidelik ongegrond en gebaseer op onwaarhede – elk waarskynlik met sy eie stertjie,” sê mnr. Bobo van der Westhuizen hoofdirekteur van Finansies en Fasiliteite op die Potchefstroomkampus. Daar word dikwels vergeet dat die NWU-Potchefstroomkampus deel vorm van die Noordwes-Universiteit. Die Mafikeng-, Vaaldriehoek- en Potchefstroomkampus stel elk jaarlikse begrotings op volgens ’n institusionele raamwerk om sodoende te verseker dat die NWU as geheel gelykbreek. Allerlei redes en afwykings
Die geouditeerde finansiële resultate word jaarliks in ’n NWU-jaarverslag gerapporteer en is beskikbaar vir insae op die NWU se webtuiste. GRAFIKA: MARIÉ SERFONTEIN veroorsaak dat die werklike resultate verskil van die jaarlikse begroting en daarom kan daar ook jaarliks ’n surplus of ’n tekort ontstaan. Volgens die Departement vir Hoër Onderwys en Opleiding (DHOO) behoort die NWU se surplus op bruto-inkomste 6% te wees. Die NWU beoog dus om jaarliks ’n surplus van minstens 3% te hê terwyl die nuutste geouditeerde inligting toon dat die NWU in die jaar 2011 ’n surplus van 2,9% gehad het.
Kapitaalprojekte wat nuwe geboue asook instandhouding en opgraderings insluit word gefinansier uit die subsidies van die staat en beskikbare reserwes. “Enige besigheid behoort reserwes te hê om sodoende die infrastruktuur daarvan op te gradeer en in stand te hou,” meen prof. Johan Rost uitvoerende direkteur van Finansies en Fasiliteite aan die NWU. Die doel van die NWU se tienjaar-plan vir opknappings en opgraderings is om alle geboue elke tien jaar tot so ’n mate op te
Mnr en Mej Kampus: geen stabiele doel MIZAN VAN DER MERWE Die inskrywings vir vanjaar se Mnr. en Mej. Kampus open eersdaags. Maar is dit net nog ’n skoonheidskompetisie of is daar werklik waarde aan dié wat elke jaar tydens die skouspelagtige geleentheid gekroon word? Volgens Ilzé Saunders voorsitter van SR:Skakeling, is die doel van die kompetisie om “NWU-Pukstudente die geleentheid te bied om aan ’n gesonde, glansryke kompetisie deel te neem en hulle kwaliteite ten toon te stel. Die kompetisie leen hom daartoe om onderskeidelik ’n mans- en vrouestudent te soek wat as ambassadeur kan dien vir hulle mede NWU-Pukstudente.” Sy be- klemtoon egter dat alhoewel die uiterlike voorkoms baie belangrik is, “omdat dit ’n gesonde voorkoms moet verteenwoordig, word die individue se persoonlikheid verseker in ag geneem, want Mnr. en Mej. Kampus moet die Universiteit kan verteenwoordig met ’n gesonde innerlike voorkoms”. Francois Naudé Mnr. Kampus 2011, sê egter sy ‘werk’ as Mnr. Kampus was slegs om die NWU-Puk op nasionale vlak te verteenwoordig. “Dis vir my
gradeer om dit nuut te laat lyk. Van der Westhuizen is van mening dat die Noordwes Universiteit se deeglike beplannings- en begrotingsprosesse asook kontroles vir inkomstes en uitgawes die wenresep vir die verantwoordelike spandering van finansies is. Een van die redes wat tot dié wanpersepsie lei is die hoeveelheid geld wat aan Studenteraadaksies soos skakeltoere toegeken word. Volgens Icel Burger SR: Finansies, word alle SR-skakeltoere deur verskeie afdelings van die
NWU-Puk gefinansier, onder meer Van der Westhuizen se departement, die kantoor van die studentedekaan en Bemarking en Kommunikasie. “Eksterne borge word ook genader om sekere onkostes te dra en sekere van die onkostes betaal die SR-lede en primari self vanuit hul leierskapsbeurse,” het Burger gesê. Die geouditeerde finansiële resultate word jaarliks in ’n NWUjaarverslag gerapporteer en is beskikbaar vir insae op die NWU se webtuiste.
Shane Perkins en Jimmy Watkins by die London 2012 Olimpiese Spele.
Op die oomblik is dit vir my bloot net ’n skoonheidskompetisie
’n leemte wat ons moet aan werk - om ’n rol op kampus vir dié persone te kry. Dit moet die persone wees wat moontlik as mediabeeld gebruik kan word of wat op studiegidse moet verskyn.” Crystal van Niekerk Mej. Kampus 2012, dink die kompetisie is nodig, maar voel dat die wenners van so ’n kompetisie meer projekte moet aanpak om terug te gee aan die gemeenskap. “Op die oomblik is dit vir my bloot net ’n skoonheidskompetisie, want ek het tot dusver nog geen werk of verantwoordelikheid gehad rondom my titel nie. Ek sou graag betrokke wou raak by al die kampusaktiwiteite en die bemarking van die NWU-Puk, veral by hoërskole.” Daar kan dus afgelei word dat die doel agter die kompetisie nog nie heeltemal vervul word nie, maar beide Naudé en Van Niekerk het beklemtoon dat dit vir hulle wel ’n ongelooflike ervaring was.
Die wenners verteenwoordig die NWU-Puk by Mnr. en Mej. SA Kampus en dié Mej. Kampus SA verteenwoordig SuidAfrika by World Miss University in Suid-Korea. Marlie Jonker Mej. Kampus 2011 en oud Wapad-redakteur, het die geleentheid gehad om as wenner van Mej. Kampus SA dié internasionale kompetisie by te woon. Volgens Saunders wil hulle vanjaar vir die twee wenners die geleentheid bied om in 2014 in die nasionale Bruidsgids-tydskrif gebruik te word as modelle. Sy spoor almal aan om die 15de April tussen 8:00 en 14:00 ’n draai te maak in Lovers’ Lane vir die openingsdag van Mnr. en Mej. Kampus 2013. Indien jy die geleentheid sou misloop is daar aansoekvorms beskikbaar in die SR: Skakeling kantoor tussen 12:00 en 14:00. Sluit gerus aan by hulle Facebook-blad – NWU Pukke Mnr. en Mej. Kampus. 2013, om op hoogte te bly.
Wanneer kom velodrome? FOTO: WALLPAPERSUS.COM SIMON SONNEKUS Daar gaan ’n Velodrome en BMX-baan gebou word in Potchefstroom. Potchefstromers wag al jare vir die verskyning van die velodrome. Dit lyk egter asof dit sowaar nie so onbereikbaar is nie. In 2010 is daar deur die NWU en die UCI (International Cycling Union) ooreengestem om die velodrome en BMX-supercross baan te bou op die Fanie du Toit-sportterrein. Ná bewering sou die bou van die velodrome voor die einde van die jaar (2010) klaar wees. Dié twee bane sal volgens internasionale standaarde gebou word en so ’n geleentheid skep om nasionale en internasionale byeenkomste in Potchefstroom te hou. Op 4 Augustus is die eerste Memorandum geteken tussen die NWU, UCI, die Centre Mondial du Cyclisme SA (CMC) en World Cycling Centre (WCC). Die ooreenkoms verskaf die basis vir die toekomstige samewerking vir die ontwikkeling van die velodrome – die eerste houtbaan in die land en vas-
teland. Befondsing van die velodrome is verskaf deur die Nasionale Lotery wat R15-miljoen geskenk het asook SASKOK (Suid-Afrikaanse Sport Konfederasie en Olimpiese Komitee), UCI en WCC. Die Potchefstroom Dam is later aangewys as die nuwe huis van die velodrome omdat die geriewe beter geleë is vir die publiek. Volgens die Herald-artikel van 14 Februarie 2013 is die NWU se grond nie geskik vir die velodrome nie en die verwerking van grondwerk lei tot groot onkostes. Die politiek agter die velodrome het egter ’n hoogtepunt bereik ná afloop van die raadsvergadering op 13 Februarie. Die Tlokwe-stadsraad het nie die notariële ooreenkoms van die velodromeprojek goedgekeur nie. Daar is veral omstredenheid oor die huurtydperk van 99 jaar. Volgens ANC hoofkoukus Dakota Legoete, moet daar meer openbare betrokkenheid betrek word tot die besluitneming. “Voor die raad die velodrome goedkeur moet dit onderhewig wees aan openbare deelname.”
NUUS
4 |
11 APRIL 2013
Annette, April en lekker lag ELPHIA BAARD
W
ie sou kan raai dat prof. Annette Combrink ’n aanhanger van Aprilgekke (April Fools) is? In haar termyn as NWU-Pukrektor het sy menigte kollegas se bloed laat kook met haar poetse. Sy deel graag ’n paar van haar beste grappe met ons.
’n Poets wat sy goed onthou en wat tot vandag toe nog ’n paar mense warm onder die kraag laat, is toe sy net nadat die amfiteater se dak met moeite en R 7 miljoen later opgerig is, personeellede ingelig het dat: “Die dak afgebreek moet word omdat die pilare onstabiel is. Dit sal ’n verdere R 5 miljoen kos wat vanuit navorsings-
Prof. John Lennox in die Sanlam Ouditorium op 18 Maart. FOTO: ANMI HONIBALL
Lennox ‘Geen konflik tussen Christenskap en wetenskap’
ELPHIA BAARD Christen akademikus John Lennox wat al wêreldwyd debatte gevoer het oor die rol van Christenskap en wetenskap, het belangstellendes voor die vakansie in die Sanlam Ouditorium oor die onderwerp Science, Christianity and the New Atheism kom toespreek. Volgens Lennox is dit ’n mite dat geloof en wetenskap onversoenbaar is en dat daar ’n botsing tussen die twee bestaan. “Die eerste belangrike beginsel wat verstaan moet word, is dat daar wel konflik bestaan tussen teenoorgestelde sienings, maar nie tussen geloof en wetenskap nie,” het hy gesê. Volgens Lennox is daar baie druk op die mensdom om te kies tussen geloof en wetenskap. “Sonder die wetenskap sou ons nie vrae gehad het om te vra nie, ons sou ook nie oplossings kon vind daarsonder nie. Sonder geloof sou ons nie die vermoë gehad het om te vertrou en te hoop dat daar antwoorde op vrae is nie.” Lennox sê dit is belangrik dat Christene vrae vra. “Wees oop vir vrae. Hou aan om vrae te vra, maar gee aan Christenskap en die wetenskap ’n gelyke kans vir oorweging.” Die Sanlam Ouditorium het uit sy nate gebars met toeskouers. Mense het soos sardiens ingeryg gesit op die trappies van die Ouditorium. Party mense het selfs in die
geld verhaal sal moet word.” “Een jaar het ek ook gespot dat personeellede wat by die hek inry elke keer R2 moet betaal om fondse in te samel vir ’n parkeergarage. Sommige kollegas was woedend, ander het gedink dis 'n goeie idee en sommiges het sommer voorgestel dat die bedrag R3 moet wees.” Prof. Annette sê as sy vanjaar weer die geleentheid gehad het om met haar kollegas en die hele kampus die gek te skeer sou sy beslis die volgende streep getrek het: “Daar is finaal besluit om die velodrome en die BMX-baan op die NWU-Puk se A en B rugbyvelde by die Faniesportgronde te bou. Aangesien die PUK nie die Varsity Cup beker kán wen nie, moet ons nou daarop fokus om fietsry die
hoofsport van die Universiteit te maak. Bouwerk sal binnekort begin en die hele sportbegroting vir die termyn 2013/2014 sal hiervoor gebruik word.” “Ek dink dit sal mense die stuipe laat kry, of hoe?” skerts sy. Kenners vermoed April Gekkedag is afkomstig van Pous Gregory XIII wat in 1582 die nuwejaars datum in Frankryk van 1 April
na 1 Januarie verander het. Baie Franse wou nie die nuwe datum aanvaar nie of was nie daaroor ingelig nie en dus het hulle voortgegaan om Nuwejaar op 1 April te vier. Dit het ’n gekskeerdery veroorsaak wat deur die hele Europa versprei het en vandag deur die hele wêreld geken word.
Your choice in sleep debate NADIA SWANEPOEL
deure gestaan om na Lennox te luister. Lennox het erken dat dit die grootste gehoor is wat hy al in Suid-Afrika gehad het. “Die projek-koördineerder het aan my genoem dat hier 2500 mense vanaand was. Hulle het 300 mense weggewys omdat hier nie meer sitplek was nie,” het Sue Muller ’n verpleegkundedosent, gesê. Simon Fräser-King ’n student wat Lennox al ’n jaar en ’n half lank navors, meen: “’n Mens kan nie help om van hom te hou nie. Hy het ’n wonderlike manier om abstrakte kennis en idees aan sy gehoor oor te dra. Ek hou baie daarvan dat hy wetenskap, geskiedenis en Christenskap met mekaar versoen.” Lennox is ’n wiskundige aan die Universiteit van Oxford. Hy het al suksesvol gedebatteer teen hoë profiel ateïste soos Richard Hawkins, Christopher Hitchens en Sam Harris. Uit sommige oorde word Lennox daarvan beskuldig dat hy sy gehoor flous en indoktrineer met sy charismatiese vaardighede. Marius Smit ’n dosent in onderwysreg, het die volgende hieroor te sê: “Ek dink nie ’n mens kan te veel waarheid daaraan heg nie. Lennox het baie diep idees oor geloof en hy beskik oor baie goeie debatvermoë. Hy is positief oor Christenskap en het ’n ware passie vir sy geloof.”
Een jaar het ek ook gespot dat...
Taking time to hone your skills of persuasion ensures an easier journey into your future world. The opinions you used to have, was not necessarily yours. It’s simply what you have always been told to believe. Debate provides the opportunity to question why you believe what you believe. Michelle Groenewald president of the NWU-Puk Debating Society, gave some insight into understanding the world of debate. Her passion and vibrant love for debate makes you look at debating rather differently. She makes a valid point when she says that “not everyone is a singer, a sportsman or even an academic, but if you have ever convinced your lecturer that you need participation, you’ve debated with them”. Sleep Debate will be launched for the first time this year. Here
hostels can choose with which hostel of the opposite sex they want to team up with. This year the results won’t be included in determining the winners of the culture trophy. For now the goal is mainly to give debaters the opportunity to compete in the sport they love throughout the whole year instead of debate ending in March as usual. Sleep Debate consists of five rounds with the first two rounds taking place on May the 15th and 16th. The two best teams will compete in the final on the 13th of August. “Although students can debate in the language they feel most comfortable in, we want our university to get to the forefront of engagement on all spheres of debate. That can only happen in English,” said Groenewald. The debate is based on general knowledge with a British Parliamentary style of debate which challenges debaters to think outside of
FOTO: CHARNÉ KINGWILL
the box. No googling or preparation based on statistics is allowed beforehand. All it takes is a 15 minute brainstorming session and brilliant persuasion skills. The Debating Society offers two golden opportunities every week for interested students to join them on Wednesdays at 18:00 in the Besembos room (Ferdinand Postma Library) and Thursdays at 19:15 in Eikenhof ladies hostel for practice.
24 kinderdrome word waar LIZANNE LOOTS Breë glimlagte, nuuskierige oë en ’n atmosfeer van opgewondenheid het die afgelope Maartvakansie in Ballito geheers toe 24 kinders vir die eerste keer in hulle lewe die see gesien het. Die Sand, See en Skulp-vakansie word jaarliks tydens die eerste week van die skoolvakansie in Maart gehou. Daar is 24 graad twee leerders van Promosa Laerskool geïdentifiseer wat saam op die vakansie was. “’n Mens besef selde wat jy het, totdat jy besef hoe min ander het,” het Dené van Wyk projekleier van die Sand, See en Skulp, gesê. Die vakansie is die eerste en waarskynlik ook die laaste keer wat die kinders die see sal sien.
Daar word verseker dat elke kind kan swem
Veiligheid is ’n hoë prioriteit. Juaan Taute SR:SJGD-voorsitter sê: “Voor die vakansie word die kinders gewoond gemaak aan water en daar word verseker dat elke kind kan swem. Daar is ook elke dag vir elke kind ’n voog wat saam gaan op die vakansie om na die kind en sy of haar veiligheid om te sien.” Die kinders het tydens die vakansie baie dinge beleef soos
om Ushaka Marine World en ’n krokodilplaas te besoek. ’n 3Dfliek was ook deel van die vakansieprogram. Daar word aandag gegee aan die kinders se opvoeding en hulle het baie geleer tydens die vakansie. “By die krokodilplaas was daar ná die tyd twee vrae aan die kinders gevra en een seun het albei die vrae reg geantwoord. Hy het ’n krokodiltand gewen,” het Taute gesê. Volgens Taute was daar ’n dogter wat so gegiggel het toe sy ’n paar tree op die sand gegee het omdat dit die eerste keer was wat sy sand tussen haar tone gevoel het. Van Wyk het gesê: “Ek het die afgelope vakansie geleer dis die klein dingetjies in die lewe wat saak maak.”
NUUS
11 APRIL 2013
| 5
Die ‘transformasie’ woord Waar staan ons vandag, hoe word ons gesien en wat weet die studente?
Studente mis moontlik uit COLETTE BOTHA
E
lkeen word met transformasie gekonfronteer hetsy hulle wil of nie. Die vraag ontstaan egter of ons as NWUPuk studente werklik genoeg blootgestel word aan transformasie ten opsigte van ras, kultuur en taal. Eric Plaatjie AKSA HK-lid van Laureus manskoshuis, is van mening dat die kampus divers is, maar dat daar wel plek vir verbetering is veral rondom die taalbeleid van koshuise. Baie talent gaan verlore omdat sekere studente volgens Plaatjie nie goeie Afrikaanse taalvaardighede het nie. Hy voel wel dat Afrikaans nie weggeneem moet word as onderrigtaal nie, maar dat daar net voorsiening gemaak moet word vir Engelse studente in die koshuis-opsig. Cornia Pretorius Joernalistiekdosent, noem dat sy al terugvoer in die mediabedryf ontvang het dat studente by vakansiewerke nie altyd swart name kan uitspreek nie en dat daar beslis plek vir verbetering in dié area is. Prof. André Duvenhage navorsingsdirekteur by Fokusarea Sosiale Transformasie, verduidelik dat die drie Universiteite van die NWU sedert 1994 as ’n eenheid geïntegreer het en die NWU se struktuur wel op ’n wyse verteenwoordigend is en dit tog ’n verskeidenheid akkommodeer. “Die NWU-Pukkampus het ’n primêre Afrikaanse identiteit, maar dit is nie onbuigsaam teenoor ander groeperinge nie." Die Taalbeleid is die leidende dokument in die
Studente by vakansiewerke kan nie altyd swart name uitspreek nie toepassing van Afrikaans op die NWU-Pukkampus. Volgens Janco Jordaan, SRvoorsitter doen die kampus ook moeite om ander tale te akkommodeer Duvenhage voeg egter by dat daar bewerings gemaak word dat NWU-Puk studente beperk word wanneer dit kom by blootstelling aan ander tale en ook interaksie tussen ander rasse en kultuurgroepe. “Wat dié dimensie aanbetref sou 'n mens waarskynlik kon argumenteer dat dit ’n meer beperkte ervaring is,” het Duvenhage gesê. Hannelie Booyens, joernalistiekdosent voer aan dat ’n inisiatief van stapel gestuur moet word met byvoorbeeld bemarkingsveldtogte om die tradisievaste mentaliteit op kampus af te breek. “Die insulêre kultuur word beïnvloed en reik nie vanself uit na ander mense nie. Dit moet gefasiliteer word deur die Universiteit se kanale en inisiatiewe deur hulle,” het Booyens gesê. Duvenhage verduidelik dat die NWU-Pukkampus deur die politieke omgewing en die tersiêre onderwys-omgewing gesien word as ’n wit kampus. Daar word dus gefokus op die kampus en nie op die NWU as totaliteit nie. “Die Potchefstroomkampus word in besonder deur die politieke omgewing gesien as nie getransformeer nie.”
FOTO: ANNEKE DU TOIT
Wat van binne af gebeur LUZNNE KEYTER Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding Blade Nzimande, het vroeër vanjaar dit duidelik gemaak dat hy van universiteite verwag om meer te transformeer. Dan moet die vraag gevra word: Wat doen ons kampus om te transformeer? Volgens die Institusionele plan van Noordwes-Universiteit (NWU) word transformasie gedryf “as ’n geïntegreerde, dringende, regverdige en goed bestuurde proses van fundamentele en volhoubare verandering om institusionele ongelykhede en die behoeftes van die land en al sy mense aan te spreek. Die NWU doen dit deur die bemagtiging van mense deur gehalte onderrig, wêreldklasnavorsing en die betekenisvolle implementering van sy kundigheid.” Transformasie onder studente op die NWU-Puk val onder Aktuele Sake (AKSA) omdat dit nie veronderstel is om ’n permanente kwessie te wees nie, maar slegs ’n aktuele saak. AKSA se hoofdoelwitte is om sosiale integrasie, diversiteit en eenheid op kam-
SA sien ons só Daar moet ’n transformasieprogram wees sodat studente wat hier weggaan Suid-Afrikaners is SIMON SONNEKUS In die Mail & Guardian van 22 Februarie verskyn die berig genaamd A ‘monster of racism’ at Potch. Dié artikel steun die idee dat die NWU-Puk wel nie pogings aanwend om te transformeer nie. As gevolg van die verlede van die NWU-Puk (toe PU vir CHO of Potchefstroomse Universiteit vir Christelike Hoër Onderwys) is dit soms beskou as ’n konserwatiewe universiteit en nie oop vir transformasie nie. Weens die onlangse media-kritiek en vorming van transformasie taakspanne is transformasie op die NWU-Puk weer onder die land se aandag geplaas. Cornia Pretorius ’n joernalistiekdosent en voormalige joernalis vir Mail & Guardian, meen dat studente se idees en verwysingsraamwerke moet verbreed. “Daar moet ’n transformasieprogram wees sodat studente wat hier weggaan Suid-Afrikaners is (nie Afrikaners of Sotho's of Tswanas nie),” sê Pretorius. Sy gaan aan om te verduidelik dat
die NWU as konserwatief gesien word deur die buitewêreld. “Die NWU moet harder werk aan sy beeld as ’n transformerende instelling,” het Pretorius bygevoeg. Volgens prof. André Duvenhage navorsingsdirekteur van die Sosiale Transformasiefokusarea, word transformasie gedefinieer as “’n Ou bedeling vervang op basis van kontinuïteit met ’n nuwe bedeling”. Baie meen dat transformasie wel beoefen is met die samesmelting van die PU vir CHO en die Universiteit van Bophuthatswana. Die NWU het ontstaan in 2004 na die samesmelting van die PU vir CHO en die Universiteit van Bophuthatswana. Die samesmelting is beskou as ’n groot stap vir transformasie ten opsigte van tersiêre onderrig in Suid-Afrika omdat albei universiteite – een ’n Afrikaanse instelling en die ander ’n swart instelling gestig in die ou tuislande – saam gekom het om alle studente te huisves. Prof. Annette Combrink voormalige kampusrektor van die
NWU-Puk, het gesê. “Die samesmelting was ’n groot stap vorentoe vir die transformasie van die NWU.” Om die eksterne beeld van transformasie te verander, verduidelik Duvenhage dat dit nodig is vir die instansie om self te transformeer. “Ek is van mening dat ’n instelling vanself moet verander nie deur ’n gedwonge proses waar intervensies bepaalde politieke doelwitte bereik nie.” Duvenhage verduidelik ook dat die NWU beskou moet word as ’n akademiese instelling en nie as ’n politieke instelling beoordeel word nie. “Om akademiese wetenskaplikes op te lei is en behoort die eerste prioriteit te wees van die NWU-Puk,” het Duvenhage gesê. “Die universiteit kan hom egter nie losmaak van die groter samelewing nie, so moet die universiteit betrokke raak by die hantering van sosiale kwessies,” het Duvenhage bygevoeg.
pus te bevorder. Volgens Janco Jordaan SRvoorsitter stel die institusionele plan en kampusplan transformasie-doelwitte wat graag bereik wil word. “Ons as Studenteraad het ook transformasie-doelwitte wat in lyn is met die kampusplan waarna ons streef ”. Jordaan het ook gesê dat dit elkeen se grondwetlike reg is om nie teen gediskrimineer te word nie en dat “enige aksie vanaf die bestuur of Studenteraad word gereël om almal te akkommodeer op grond van geloof, taal en ras.” Sinki Mlambo primaria van Oosterhof-dameskoshuis en AKSA SR-lid van 2011 en 2012, voel daar is genoeg prosesse en strukture in plek op kampus om transformasie te bestuur en dat “ons ook moet besef dat transformasie nie iets is wat oor nag kan gebeur nie – dit is ’n proses en daarom glo ek dat ’n mens transformasie moet bestuur en nie beheer nie.” Op die NWU-Pukkampus is die SR:AKSA Leave-a-Legacy leiers-program ’n goeie voorbeeld daarvan. Dié leiersontwikkelings -program fokus op die ontwikkeling van minderheidsgroep-leierseienskappe onder eerstejaars, tweedejaars asook eerste generasie studente. Akademiese gesprekke
word gereeld deur SR:Akademie aangebied wat fokus op ’n reeks aktuele sake waarvan transformasie onlangs die onderwerp was. “Ek is ’n trotse Xhosa-vrou en was nog nooit benadeel in enige situasie op die NWU-Puk nie. Inteendeel, hier het ek baie geleer van my medestudente,” was Mlambo se kommentaar op die transformasie-situasie op kampus. Strategiese plasings binne koshuise is nog ’n manier hoe ons kampus probeer transformeer. Daar is wel kritiek op dié manier van transformasie. ’n Student wat strategies geplaas word, word dalk aanvaar binne ’n koshuis, maar is die student regtig op dieselfde vlak as die ander inwoners? Veral wanneer die geplaasde student nie ’n Afrikaanse agtergrond het nie. Chrystal Anthony AKSA HKlid van Wag-’n-Bietjie vrouekoshuis, voel daar is altyd nog spasie vir verbetering en dat daar “soms nog skeiding is hoewel dit nie die Universiteit se beleid is nie. Meer aksies (wat transformasie bevorder) moet gebou word waar almal in die koshuis baat.”
6|
11 APRIL 2013
NUUS
Geen dop vir studente onder 21 MIZAN VAN DER MERWE Suid-Afrikaners sal waarskynlik eersdaags 21 moet wees om drank te kan gebruik. Aaron Motsoaledi minister van Gesondheid, het volgens Nuus24 in Maart bekendgemaak dat die regering beoog om die wettige ouderdom waarop SuidAfrikaners alkohol mag verbruik te verhoog van 18 na 21 jaar. Nóg ’n voorstel is dat motoriste geen alkohol mag neem voor hulle bestuur nie. Volgens Maryna Lamprecht ’n
joernalis van Beeld, meen die regering dat “die wettige ouderdom vir die gebruik van alkohol verhoog moet word omdat Suid-Afrika ’n krisispunt bereik het weens alkoholmisbruik onder die jeug”. Hoe beïnvloed só ’n verandering ’n studentedorp soos Potchefstroom dan nou aangesien die meeste studente eers in hulle derdejaar 21 word? Tertius Esterhuizen eienaar van Impala Hotel, sê hy vermoed dit gaan beslis ’n groot impak op die algemene ekonomie van Potchefstroom hê en dat werkloosheid ook beslis sal FOTO: CONRAD VAN WYK
Toeka Makiti kweek NWU-Puk identiteit
BENINE CRONJÉ & JEANELLE GREYLING Poeierreënboë val elke halfuur op ’n mengelmoes van mense. Dis ’n deurmekaarspul, maar alles is fyn beplan. Dís hoe die eerste Toeka Makiti afgeloop het. Volgens Ilze Saunders SR:Skakeling, was die Festival of Colours die eerste geleentheid in die NWU-Puk se geskiedenis wat alle studente betrek het. Volgens SR:Skakeling staan Toeka vir “hoe Pukke in die verlede was” en Makiti vir “lekker saam kuier en as ’n eenheid gesellig wees”. Toeka Makiti het op 12 Maart plaasgevind om 19:00 by die Potchefstroom Dam waar alle studente kon deelneem aan die roesemoes. Die kleredrag was wit en die pre-sale kaartjies was teen R5 beskikbaar. Dié R5 het drie bolletjies poeierverf en wielie-wielie-waaiertjies ingesluit wat elke student by die hek ontvang het. Hekkaartjies was teen R10 beskikbaar. Prof. Herman van Schalkwyk
het Saunders betrek om ’n funksie te reël om al die studente te betrek en só ’n trotse NWU-Puk identiteit te bou. “Dit maak nie saak watter kleur, geur, ras of jaar jy is nie,” het Saunders gesê. Prof. van Schalkwyk wou ou NWUPuktradisies terugbring. “Daarom het ons twee ou liedjies geleer,” het Danel Husselmann SR:Skakelingkomiteelid, gesê. Clumsy Cardhouse het die oud-PUK-liedjies van 1972 vir die studente aangeleer en by dié fees opgetree. Die liedjies wat die studente aangeleer het, kan dan weer by ander NWU-Puk funksies gesing word. Daar was ’n nagmark waar studente verskillende kosstalletjies kon besoek. Studente kon hul NWUPuk familieboom inkleur met hul vingerafdrukke op die Open Canvas. Snap-it van SR:MEK het al die foto’s by die Festival of Colours geneem. Die studente wat versuim het om skoene aan te trek, het egter ’n mate van ongemak ervaar as gevolg van ’n glasstukke voor die verhoog.
We offer value for money meals & warm hospitality, come try us! BREAKFAST SERVED ALL DAY Breakfast from R19.95 Great Coffee for only R10 HOUSE SPECIALS BILTONG PATE, SMOKED CHICKEN SALAD, FISH & CHIPS, CHICKEN SCHNITZEL, POT OF THE DAY, BURGERS & STEAK, PIZZA, BOBOTIE, PANCAKES, BELGIUM WAFFLES & MUCH MORE
STUDENT SPECIALS EVERY DAY
Cocktail Happy Hour 2 for 1- every day R 20 Betw een 5 & 6 pm – on M argarita & Straw berry Daiquiri
SUNDAY POTJIE BUFFET 11.00 to 14.00
HOME FROM HOME COOKING
2 FARM POTS, RICE or POTATO, 2 FARMHOUSE VEGETABLES, 2 SALADS - For only R75 pp
Tel: 018 2970708
Don’t be square, com e ex perience it! www.cafefiori.co.za
Follow us in facebook – see the crazy “JOOL” Cartoons Cnr Steve Biko & Borcherd St - Bult
toeneem. “Dit is ’n radikale wetgewing en ek glo dat alle rolspelers en die publiek hul kommentaar moet lewer voordat hierdie wetgewing goedgekeur word.” In die VSA is die wettige ouderdom vir die gebruik van alkohol 21 jaar, in Italië is dit 16 jaar en onder meer in Frankryk, Engeland en Australië 18 jaar. Dr. Dawid Fourie Wes-Kaapse direkteur van die Suid-Afrikaanse Nasionale Raad teen Alkohol- en Dwelmafhanklikheid (Sanca), het op 18 Maart 2013 aan Die Burger gesê: “Kinders onder 18 mag nie
GRAFIKA: MARI SCHEEPERS
drink nie, maar hulle doen dit. Daar is ’n probleem met die uitvoerbaarheid van die voorstel.” Jimmy Pressly ’n student aan die NWU-Potchefstroomkampus, is van mening dat dit nie oor ouderdom gaan nie, maar oor die toepassing daarvan. Mnr. Albert Bothma eienaar van Bourbons, sê dat indien die nuwe wetgewing ingestel word Bourbons na bykans ’n kwarteeu ongetwyfeld daardeur geforseer sal word om hul deure te sluit.
FOTO: INC.COM
SR veg vir Intervarsity HILETTE WENTZEL In 2012 het die Universiteit van die Vrystaat die 70ste Intervarsity afgestel weens hul SR-verkiesing wat in Augustus plaasgevind het. Daar is egter nou vrae oor of die Intervarsity in 2013 weer hervat gaan word. Daar is aan die Kovsie-studente gesê dat “die tradisie nie afgestel is nie, net uitgestel en dat dit in 2013 hervat sal word,” het Bonolo Thebi oud-SR: Sport van Kovsies, gesê. Sedert die eerste semester het Wapad gereeld navrae gedoen by NWU-Puk SR:Sport en Rekreasie oor Intervarsity, maar hulle het ook nog nie antwoorde met betrekking tot Intervarsity 2013 gehad nie. Sedertdien kon hulle op 10 April 2013 ’n vergadering skeduleer met die Universiteit van die Vrystaat te Wesselsbron. Op die dag beoog prof. Rikus Fick studentedekaan, James Stoffberg
Die tradisie was nie afgestel nie, maar uitgestel tot 2013
sportdirekteur, Janco Jordaan SR-voorsitter en Melissa Bates SR:Sport en Rekreasie om Intervarsity 2013 te bespreek. “Dié vergadering se hoofdoel is om vas te stel of Intervarsity tussen Pukke en Kovsies sal plaasvind en of ons dit in goeie gees kan aanbied sonder enige ongerymdhede soos in die verlede,” het Bates gesê. Die byeenkoms was vir lank ’n jaarlikse instelling.
“Ons sal dit graag weer só wil aanbied,” meen Bates. Die byeenkoms en verwante aktiwiteite verg baie beplanning. Bates bedank ook die studente vir hul geduld en samewerking en verseker dat studente op hoogte gehou sal word van enige vordering. Die eerste kragmeting tussen Pukke en Kovsies was in 1927 en vanaf 1943 het dit ’n jaarlikse instelling tussen die twee universiteite geword. Met die jaarlikse ontmoeting het hope studente gees en tradisies gevolg. Weke voor Intervarsity het entoesiastiese dirigente die sing-songs gelei, manstudente het hulle hare vreemd geskeer en die kaping van ’n dirigent of rugbyspeler was nie abnormaal nie. In die goeie gees van die byeenkoms het Intervarsity ’n geliefde tradisie geword.
‘Nuwe reëls’ te laat vrygestel
Nuwe plakkaatreëls? LUZANNE KEYTER Soos berig in die aanlynweergawe van Wapad op 20 Maart het kampusstrukture wat jaarliks dieselfde plakkate gebruik om aksies te adverteer dié jaar teleurgestel is toe nie een van hul plakkate goedgekeur is om op kampus opgesit te word nie. Wapad het berig dat dit kom ná die reëls vir wat op plakkate mag verskyn verander het. Lourens van Wyk SR:BOB, het wel ná die publikasie van die berig dit baie duidelik gemaak dat dit nie nuwe reëls is nie, maar slegs ou reëls wat vir die eerste keer reg toegepas word. Alle reëls “is al vanaf 2011 so en word vanaf Bemarking en Kommunikasie (BEK) aan SR:BOB gestuur om deur te gee en te implementeer. Al wat verander het, is die slagspreuk in die swoosh.” Volgens Shaun Frazao bemarkingsbestuurder van die NWU-Puk Debate Society, het die bemarkingsreëls wel verander. Die reël dat die strukture se logo’s kleiner moet wees as die NWU-Puk se logo op die swoosh en dat wanneer die struktuur se logo op die plakkaat verskyn die slagspreuk af moet kom, is volgens Frazao eers in 2013 in die bemarkingsreëls aangebring. Van Wyk hou vol dat die reëls al kom vanaf 2011. Die reël dat ’n logo van ’n komitee kleiner as die NWU-
Puk logo moet wees veroorsaak groot ontevredenheid. Frazao voel dat dié reël komitees se “kreatiewe vryheid” beperk en “skep die idee dat die NWU-Puk ’n houvas op komitees het.” Volgens Van Wyk is alle reëls wat in die NoordwesUniversiteit se KorporatieweIdentiteit(KID)-handleiding aan die strukture beskikbaar op aanvraag. In dié dokument wat deur BEK ontwerp en saamgestel is, word daar presies saamgevat wat die universiteit se beleid rondom plakkate is. SR:BOB implementeer slegs die reëls. Frazao het aan die begin van die jaar die 2012 stel bemarkingsreëls gebruik om die NWU-Puk Debate Society se 48 plakkate te ontwerp en laat druk en volgens dié reëls moet verenigings nie ’n swoosh op die plakkaat hê nie. Hy as bemarkingsbestuurder het verantwoordelikheid aanvaar vir die fout en die plakkate laat herdruk met die swoosh op wat toe steeds verkeerd was aangesien die regte swoosh nie gebruik is nie en die vereniging se logo was té groot. In plaas van ’n derde druk is daar besluit om net die swoosh van elke plakkaat af te sny en die R8 per plakkaat te betaal – ’n koste wat gehef word wanneer ’n logo van ’n onderneming of borg op ’n plakkaat
Ons soek nie totale vrye teuels nie, net ’n klein bietjie meer vryheid
verskyn. Jaarliks word daar ’n opleidingsessie aangebied waar verduidelik word presies wat van plakkate verlang word en dié jaar was die opleiding 11 Maart; dus nadat meeste strukture klaar plakkate laat druk het. “Ons soek nie totale vrye teuels nie, net ’n klein bietjie meer vryheid,” was Frazao se kommentaar. Van Wyk meen dat die beleid “reëls met redes” is. “Die Noordwes-Universiteit spandeer jaarliks miljoene rande om ’n handelsmerk vir die universiteit te vestig. Alle instansies van die NWU-Puk is verbonde aan bemarkingsreëls en die gebruik van sub-logo’s verwater die hoofhandelsmerk van die universiteit.” Hy nooi wel enige persone met probleme of navrae om hom persoonlik te gaan sien en ’n voorbeeldplakkaat vir hom te vat vir goedkeuring voordat al die plakkate gedruk word.
NUUS
11 APRIL 2013
|7
PHOTO: Provided
REUSe partEIKie hét stories KOBUS OLIVIER
Laureus
Eikenhof
Die woord Laureus beteken ‘oorwinning’, vandaar die lourierkrans rondom die buffel in hul embleem. Na aanleiding hiervan inkorporeer hulle Antieke Romeinse sowel as moderne militêre elemente in hul tradisies. Die buffel so ook die karakter waarna Laureus streef, is gegrond op Psalm 92: 11: “Maar vir my gee U krag soos die van ’n buffel; U laat my ’n oorwinningsfees vier”. Laureus manskoshuis gestig in 2001, het aanvanklik bestaan uit die huidige Suidelike gebou van Ratau Lebone en drie Weskampus huise. Toe die Wes-kampus huise in 2004 van Laureus weggeneem is, het hulle die titel van die kleinste koshuis in die suidelike-halfrond verdien met slegs 81 inwoners. Vanjaar het hul eerstejaarsgroep vir die eerste keer in twaalf jaar uit 90 bulletjies bestaan. Laureus se bekendste (en volgens die inwoners ook die lekkerste) tradisie is hul jaarlikse MidMan-Myl. Dié tradisie behels dat die hele koshuis in hul boxers op kampus rondhardloop en vir die vrouekoshuise sêr.
Eikenhof vrouekoshuis gestig in 1958 onder leiding van prof. van der Merwe, is vernoem na prof. van der Merwe se geboorteplaas. Hier het sy oupa C.L. Neethling, hom vertel van die eikebome wat hy op die plaas geplant het – simbole van krag en skoonheid. Die koshuis was in die jaar 1992 as ’n manskoshuis van die onderwyskollege gebruik, maar is in Julie 1993 deur die P.O.K. gekoop en word weer gebruik as ’n senior vrouekoshuis. Dus is Eikenhof vrouekoshuis soos wat dit tans funksioneer, slegs 20 jaar oud. Die deure is vir die eerste keer in 2000 vir eerste- en tweedejaarstudente geopen. Daar is gerugte dat die gebou lank gelede as ’n hospitaal gebruik is en dat ’n meisie genaamd Anneke, in een van die kamers in die Nothing Obvious-gang haar eie lewe geneem het. Dié kamer is andersom as al die ander kamers in die koshuis gebou, skynbaar om die bloedvlekke onder die kas weg te steek.
A short film taking two students to Seattle
KOBUS OLIVIER Brunch a short film by two NWUPuk students Vaughan Coetzee and Jacques Cilliers, with Liesl Ahlers as leading lady has been selected to compete in The National Film Festival for Talented Youth (NFFTY), the largest youth film festival in the world. It is also one of five films chosen for the festival’s opening night at the Cinerama Theatre in Seattle, Washington. “The first scene I imagined was a car scene, just riding through Potchefstroom. Then I just sort of built the story around it,” said Coetzee a third year BCom student, who wrote and directed the eight minute feature. Their film was one of the 215 films out of nearly 700 entries worldwide, selected to screen during the three day festival. Only people aged 22 and younger were allowed to enter. “I am mostly looking forward to comparing our project with the
films of people from all around the world.” Cilliers who was initially just the Arts Director, played the main character alongside Ahlers. Ahlers studied at the Vancouver Academy of Dramatic arts. “It was quite challenging acting with someone who is much more seasoned than I am, but Liesl is very easy to work with,” commented Cilliers who is busy with his honours degree in journalism. “The styling of the clothes and set was designed to be simple and realistic, a representation of what one could actually expect to find in a flat. Nothing too vintage or hipster.” The film which was shot in various areas of Potchefstroom, tells the story of a quarrelling couple, which is surprising considering how little dialogue is used. “We wanted to keep it fresh. Growing up in South Africa, you have a multitude of influences. The story is about a South Afri-
Kyk die voorprent vir Brunch op Youtube (App: ScanLive)
can couple and we wanted to stay true to that,” said Coetzee. The two brains behind Brunch received funding from Experia one of the main sponsors of NFFTY, as well as from the NWU-Puk School for Communication Studies, Faculty of Arts and Marketing and Communication departments respectively. Brunch has also been chosen for the New York Picture Start Film Festival, which will visit Potchefstroom between 22-27 April.
NUUS
8|
11 APRIL 2013
INTERKAMPUSNUUS
UCT studente soek aantreklikste ras HILETTE WENTZEL
V
arsity die studentekoerant van die Universiteit van Kaapstad (UCT), moes om verskoning vra ná ’n berig verskyn het waar daar ’n vergelyking verskyn het oor watter rassegroep die aantreklikste is. Dié berig maak gebruik van ’n opname van 60 studente waarvan 10 uit elke verskillende rassegroep gekies is om vrae te beantwoord oor interrasseverhoudings. Daar is met behulp van ’n grafiek getoon watter rassegroep die aantreklikste is. Volgens UCT woordvoerder Pat Lucas, is die artikel “problematies in verskeie gevalle.” Daar is al deur verskeie entiteite formele klagtes ingedien. Lede van die Young Communist League of SA (YCLSA) se UCT-tak het ook ’n klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommissie ingedien. Daar sal ’n ondersoek in die saak geloods word.
Maties
Studente staan op vir hul regte ’n Buitengewone vergadering vind vandag 11 April plaas op die Universiteit van Stellenbosch se kampus. Studente het ’n konvokasie gevorm en staan op teen die voorgestelde koshuisplasingsbeleid wat op 28 Februarie 2013 aan studente bekend gemaak is.
Kortliks
Tuks
Kovsies
Alex Caige en Cassy Clarke twee TuksFM DJ’s, het gefaal in hul poging om die Guinness World Record te breek vir die langste maraton radio-musiekshow. Die staande rekord is 74 ure en 3 minute. Deur 75 ure op die lug te wees vanaf 15-18 Maart sou hulle die rekord gebreek het. Clarke moes egter nadat hy 90 ure wakker was weens mediese redes onttrek. Die twee DJ’s beplan wel om volgende jaar weer te probeer. Die UP-Beats Festival van díe jaar is afgestel weens die JOOLkomitee wat nie vroegtydig aansoek gedoen het vir die geleentheid nie. Die jaarlikse UP-Beats Festival was gewoonlik geskeduleer vir die aand voor die JOOL-optog op die Joolplaas. Vanjaar is daar egter besluit om die geleentheid uit te stel om alle studente te akkommodeer en die warboel gebeurtenisse aan die begin van die jaar te verlig. Phatludi Modiba JOOLvoorsitter, sê dat die komitee nie bewus daarvan was dat hulle agt weke voor die gebeurtenis aansoek by die munisipaliteit moet doen nie. Volgens Modiba is dit die volgende JOOL-voorsitter se keuse of die UP-Beats Festival volgende jaar gaan plaasvind en of dit vir altyd verby is.
Die Qwaqwa Gospel Choir in samewerking met die Stanford Talisman het ’n verhoog gedeel vir ’n onvergeetlike vertoning. Die Stanford Talisman van die VSA is ’n unieke groep studente wat ’n studie daarvan maak om verskillende genres en verskeie inheemse musiek van diverse kultuurgroepe aan te leer. Díe koor het die gehoor verstom toe hul met oorgawe in inheemse tale soos Zulu en Xhosa sing. “Die konsert het ons almal gebind deur musiek wat geen grense ken nie,” het Sipho Mnyakeni gesê. Verder is vier kunswerke van onderskeie vierdejaar visuele kunsstudente vir die 2013 ABSA L’Atelier Toekennings gekies. Die ABSA L’Atelier is Suid-Afrika se mees gesogte kunskompetisie vir kunstenaars van die ouderdom 21-35 jaar . Die NWU-Puk se Steven Bosch ’n kommunikasiedosent, se kunswerk is ook vir die gesogte prys gekies. Dié kunswerke word deel van die ABSA L’Atelier uitstalling wat later vanjaar in die ABSA Galery in Johannesburg te sien sal wees.
TuksFM haal toe nie Guinness wêreldrekord
'n Skoot van die grafiek wat die Universiteit van Kaapstad se studentekoerant gepubliseer het wat hul ondersoek se bevindinge wys. FOTO: 2OCEANSVIBE.COM Dit is die tweede van sy soort, die eerste mosie is ingedien omrede studente gevoel het die nuwe koshuisplasingsbeleid diskrimineer op grond van ras, kleur, sosiale agtergrond of taal. Asook die reg om tot ’n spesifieke kultuurgroep te behoort en die taal en tradisies van die bepaalde groep uit te leef. Die tweede mosie vereis dat die gelykheid en transformasie wat met die nuwe koshuisplasingsbeleid beoog word, nie net op wetlike aspekte fokus nie, maar ook om studente toegang te gee tot hulpbronne om akademiese ver-
betering te bewerkstellig. Verder is daar ’n Moslem-gebedskamer op die Stellenboschkampus geopen. Kampusrektor Russel Botman het met die opening gesê, “laat ons almal nader aanmekaar kom, betrokke raak en meer van mekaar leer”. Botman versterk die stelling deur te sê dat almal by die Universiteit van Stellenbosch wil groei en verstaan dat elkeen hier is vir ’n doel. So ook moet die Moslemgemeenskap voel dat hulle ’n rol speel op kampus.
Wêreldnuus
Qwaqwa Gospel Choir vat hande met VSA
SAAMGESTEL DEUR CYRIL BLACKBURN
INDIË
NEDERLAND
Gebou stort in duie in Mumbai, 35 dood
’n Eenrigting kaartjie na lewe op Mars Mars One ’n organisasie waarvan die Nederlandse entrepreneur Bas Lansdorp die grootkop is, het die hele wêreld aan die praat oor die organisasie se plan om in 2023 ’n nedersetting op Mars te vestig. Die aansoeke om aan dié avontuurreis deel te neem word in 2013 op ’n onbevestigde datum geopen. 40 mense van regoor die wêreld sal in groepe van vier opgelei word om die reis aan te pak. In 2016 sal sowat 2,5 ton voorraad na Mars gestuur word op hul afwagting. In 2018 sal ’n verkenningstuig na Mars gestuur word om die beste ligging vir die nedersetting te vind. Die 40 gekose mense sal in 2022 die reis na Mars onderneem. Dié reis gaan sowat 7-8 maande duur. Daar is een uitvangplek: Jy ontvang ’n eenrigtingkaartjie na Mars. “Die hele aarde sal kan sien hoe ons Mars voorberei. Ruimtevaarders moet die nedersetting bou, in stand hou en ook historiese navorsing oor Mars doen en hul eie ervarings deel,” het Lansdorp gesê. Die mense kan ook nie terugkeer nie want ’n ruimtetuig sal daar gebou moet word. Die ruimtevaarders se liggame gaan ook fisiek verander met die ligter swaartekrag op Mars.
Konstruksiewerkers wat onwettig besig was om ’n gebou van agt verdiepings in die hoofstad van Indië te bou, word nou deur polisie gesoek nadat die gebou in duie gestort het. Tot dusver is die lewens van 35 mense geneem, onder andere 11 kinders. Die gebou het nie die groen lig deur die gemeenskapsoutoriteite gekry nie en baie ander krake kom nou na vore vandat ondersoek verlede week ingestel is. Die gebou waarvan vier van die vloere reeds voltooi en in gebruik was, was net veronderstel om vier verdiepings te kon hou. Werkers het egter voortgegaan om agt verdiepings te bou. “Die ondersoek duur steeds voort. Daar mag dalk nog mense vasgekeer wees in die onderste gedeeltes van die gebou wat nie heeltemal platgeval het nie,” meen K.P. Raghuvanshi polisiekommissaris van die gemeenskapspolisiestasie. “Vyftien mense is al vanuit die puin gered.” Geboue wat inmekaar val is nie ’n onbekende gesig nie, het Raghuvanshi gesê. Werkers sny dikwels hoeke om onkostes te verlaag deur swakker en minder materiaal te gebruik.
SAMOA
Vliegkaartjies – betaal nou per kilogram
ENGELAND
Ystervrou sterf op 87 Margeret Thatcher Brittanje se eerste vroulike eerste minister is Maandag oggend oorlede. Sy het op die ouderdom van 87 weens ’n beroerte gesterf. Die skadu van Alzheimers het die laaste jare soos ’n donker wolk oor haar lewe gehang. Die nuus is Maandag só deur lord Timothy Bell haar vroeëre woordvoerder, aangekondig: “Dit is met groot verdriet dat Mark en Carol Thatcher bekend gemaak het dat hul moeder barones Thatcher, gesterf het.” Die kantoor van die premier David Cameron – wat ’n besoek aan Spanje en Frankryk kortgeknip het – het voorts ná oorleg met koningin Elizabeth II bekend gemaak dat Thatcher ’n seremoniële begrafnis met volle militêre eerbewys sal kry. Dit sal vanuit die bekende St. Paul-katedraal plaasvind. Die datum is nog nie bekend nie.
SUID-AFRIKA
Ballonman breek rekord Suid-Afrika se eie Felix Baumgartner het op Saterdag 6 April sy reis van Robbeneiland na Milnerton in Kaapstad voltooi met slegs heliumballonne. Dié waaghals Matt Silver-Vallance het amper 200 ballonne gebruik om die vasteland te bereik. Die rit wat as fondsinsameling gedien het vir die Nelson Mandela Kinderhospitaal in Johannesburg, het omtrent 45 minute geneem. Vallance het probeer om R10m in te samel.
Samoa Air wat in Junie begin vlieg het, beplan om sy vliegkostes te bepaal op grond van die passasiers se gewig. Hulle het gesê dat hulle internasionale vlugte tussen die Amerikaanse Samoa-eilandgroep en Samoa se kostes wil grond op die gewig van die passasier – beginnende tussen sowat R8,60 – R9,80 per kilogram. “Vliegtuie word bestuur volgens gewig en nie per sitplek nie; reisigers moet bewus wees van hierdie belangrike punt,” sê Chris Langton die lugredery se hoof uitvoerende beampte.
Potch eenman-band het groot planne
‘Don’t be a can’t’ FRANCOIS LION-CACHET
D
aar verskyn ’n figuur, hy wys sy vinger na jou toe en in ’n Uncle Sampostuur sê hy vir jou: “wees die beste wat jy kan wees.” Kaihl Meades is die gesig van The Jack Rolling Dandy’s (TJRD), ’n eenman-band wat volgens plan in Mei na meer lede sal uitbrei in die “Who are the Dandy’s?” talentsoektog. Die band se eerste self-getitelde enkelsnit The Jack Rolling Dandy, is beskikbaar om gratis afgelaai te word en die musiekvideo daarvan is ook alreeds in Maart vrygestel. Meades het dit self geskryf en opgeneem en sy konsepte en idees vir die video is deur Stefan Louw van KoringKriek tot werklikheid gebring. Die video is al deur meer as 2000 mense gekyk en is al op verskeie blogs plaaslik en internasionaal gedeel. Verder het die snit tot die tweede posisie van die 5fm Rock Chart gestyg. Volgens Meades is die enkelsnit ’n outobiografie waarmee hy graag homself en The Jack
Gaan kyk die video vir The Jack Rolling Dandy op Youtube. (App: ScanLive)
Rolling Dandy’s aan die wêreld wil bekendstel. “Die lied is basies oor waarvandaan ek kom en waarna toe ek gaan asook oor van die mense en plekke wat ’n groot invloed in my lewe gehad het,” sê hy in ’n vorige onderhoud. In dié lied sing hy ook oor hoe hy die stad verlaat het vir Potchefstroom (“where the rock is hard, the girls are pretty and the booze is cheap”) en in spesifiek oor die
een en enigste Memphis Rock. TJRD vervul volgens Meades ’n leemte in die mark wat grotendeels net uit “jean en themp” bands bestaan. Hy het iets nuuts, vars en opwindend gesoek en aangesien niemand dit verskaf het nie, het hy besluit om dit self te doen. Die naam dra die betekenis van iemand wat trots op sy of haar kleredrag is en uitstekendheid handhaaf in wat ook al hy/sy doen. “The Jack Rolling Dandy's is ’n vertoning, ’n produksie, ’n handelsnaam – ’n leefstyl!” Meades bestempel die musiek as rock, met ’n sterk baslyn en ’n paar ontploffings hier en daar ingewerk vir “good measure”. “Ons tweede single is op die oomblik in produksie. Dit sal voor die einde van die maand uit wees. Verwag gerus iets meer ‘in jou gesig’ van hierdie outjie af,” het Meades vir Wapad gesê. Vrystelling van nog musiek en video’s van dié band word verwag met die aanloop van TJRD se volledige EP Don’t Be A Can’t, wat vrygestel sal word tydens hul debuuttoer- en optredes in die Junie/Julie vakansietyd.
FOTO’S: SIMON SONNEKUS
Tim McIlrath hoofsanger van Rise Against by RAMfest Jo’burg
Zac Blair die kitaarspeler van Rise Against.
Rise Against ruk RAMfest It’s taken 10 years to come to South Africa, I promise it won’t take so long to see you again SIMON SONNEKUS Daar is ek. Voor die verhoog op my hurke met my wapen. ’n Nikon. Jy het net ’n beperkte tyd so jy moet skiet en alles raak skiet al beweeg dit blitsvinnig. Kort-kort trek daar ammunisiestukke verby jou kop vanuit die skare agter jou: skoene, bra’s, koppies en glowsticks. Dit voel asof ek in die rysvelde van Vietnam hoort of die strande in Normandy, Frankryk. Ek het nie veel van weermagroetines geweet nie maar by RAMfest 2013 se photo pit het ek besef wat ’n close combat situasie is. Bands soos die Black Cat Bones (wat onlangs die MK-award vir die best live act verower het), Fuzigish en Van Coke Kartel het Vrydagaand die skare in ’n feesbui gekry met hul musiek. Dit was egter die twee-man band van Frankryk The Inspector Cluzo, wat veral verras het. Dié onbekende duo het in die wink van ’n oogknip ’n see mense voor hulle gehad besig om hul koppe as ‘n eenheid te swaai na hulle bluesy-liedjies.
Van Coke Kartel het weereens hul staal gewys met ’n reuse optrede waarin verskeie byvoegsels soos tjello’s, wolfmaskers en ander gesogte kunstenaars betrek is. Deur die dag is die RAMfestskare heelwat rustiger. Kort-kort is daar die gedreun van ’n motorfietsenjin wat mense lok om na die ryers se toertjies te gaan kyk, maar die meerderheid het hul tyd benut om by die kroeg te kuier of om ’n nodige slapie in te kry. Niks het my asem meer weg geslaan soos Bring me the Horizon (BMTH) nie. Dié metalcorereuse het werklik die RAMfestgronde soos ’n atoombom getref. Die stemme van duisende het saam met voorsanger Ollie Sykes, gesing met hulle openings lied – die splinternuwe single Shadow moses. BMTH het werklik die RAMfest-feesgangers geruk en verseker menigte nekspasma’s veroorsaak asook verskeie bloukolle van die wall of death. Politiese punk rockers Rise Against, het RAMfest 2013 afgesluit op ’n onvergeetlike wyse. Die energie waarmee die band
die verhoog oorgeneem het, was besonders. Tim McIlrath die voorsanger, het elke noot van hulle liedjies met die passie en energie waarvoor Rise Against bekend is gesing terwyl Zac Blair die hoofkitaarspeler, verskeie lugskoppe gegee het tydens hulle optrede. Na ’n passiegedrewe eerste deel het slegs McIlrath agter gebly. McIlrath het die skare aanhangers betower met sy akoestiese kitaar terwyl hy die liefdesballade Swing life away en die subtiele proteslied Hero of war gespeel het. Dit het gelyk asof dit alles verby was toe McIlrath omgedraai het en van die verhoog af gestap het. Na ’n paar minute se wag en geskree van “We want more”, het Rise Against vir ou laas die verhoog geneem en met die kragtige liedjie Give it all, weer begin speel. Met hulle bekende Saviour het Rise Against hul Suid-Afrikaanse skare gegroet. “It’s taken 10 years to come to South Africa, I promise it won’t take so long to see you again,” het McIlrath gesê.
KUNS & VERMAAK
10 |
11 APRIL 2013 FOTOGRAAF: ALDA BRONKHORST
11 April - 24 April 11 APRIL 23:00-00:00 PUKfm Rockoff 12 APRIL 18:00-19:00 PUKfm Titans of Talk 19:00-20:00 PUKfm Behind the scenes 20:00-21:00 PUKfm Studio Spektrum
Werke praat van karakter en lewenslesse
Hugo, meester van pastel
13 APRIL Snowflake-gebou Life Market 13 APRIL 09:00-12:00 PUKfm Flashback Friday 13:00-14:00 PUKfm Intellek Effek
NADIA SWANEPOEL EN HILETTE WENTZEL
M
et die eerste intreeslag oorweldig die bedwelmende reuk van vars emalje jou. Allerlei soorte wyn staan ingeskink. Die aand spreek van egte kunsliefhebbers wat dit regkry om uitstekende pastelwerke oor ’n glasie Clos Malverne te geniet. Dis die galery opening wat die groepuitstalling A drawn conclusion en Helena Hugo se langverwagte 2012 reeks genaamd Surface, bekendstel. Met die eerste opening word die kunswerke in die NWU-Botaniese Tuine bewonder waar die kykers aan die gebruik van ’n wye reeks media bekendgestel word.
15 APRIL 21:00-00:00 PUKfm Rooiwyn Sondag 16 APRIL NG Kerk Miederpark Orrel en Tjello Uitvoering 23 APRIL Schubert Abend Konservatorium
Dis werke wat die bestaan tussen mens en natuur saamweef. Die uitstalling verwelkom jou met ’n aangrypende beeld wat uit die dak hang en dwing jou om ’n opregte opinie te vorm. Gesprekke vloei en vinnig vra iemand: “Sien jy as student dalk dieselfde verband of iets heeltemal kontrasterend raak?” Dis wat kuns so interessant maak: Daar is nie ’n regte of verkeerde opinie nie. Tydens die opening van Hugo se werke in die hoofgalery wat tot 3 Mei beskikbaar is om te bewonder, sien jy ’n versameling van intensiewe portretstudies. Van nader beskou verdwaal jy in ’n mengelmoes palet van kleur en duisende individuele strepies
Sê vir hulle daar’s free wyn
wat perfek geposisioneer is. Soos jy verder beweeg kom die strepies op ’n verstommende manier in fokus en staar daar ’n merkwaardige gesig jou in die oë. Elke gesig ontbloot sy lewensverhaal en spreek van ’n tipe leefstyl wat al duur lesse geleer het. Om die lewe en emosie in pasteloë raak te sien sê iets van die ongelooflike talent waarmee Hugo met haar regterhand woeker. Die reeks fokus op die 1800’s se fisionomie van die mens wat beweer
dat jy ’n persoon kan opsom deur sy blote liggaamlike samestelling. Sonder twyfel ontstaan daar ’n behoefte binne jou om dieper te delf en ’n gevoel van ‘wat ek nie sal gee om dié persoon se regte lewensstorie te hoor nie’- vat vlam. “Tog probeer ek so objektief moontlik bly,” meen Hugo. Hugo borrel oor van vriendelikheid en so in die lag gebruik sy “Sê vir hulle daar’s free wyn” as haar tegniek om studente te lok. Haar passiewe pasteltegniek en ongelooflike talent verhoog die waarde van die kuns. ’n Gewone skildery word ’n meesterstuk met gevoel. So voor jy die Bib met ’n swaar gemoed benader betower jouself deur Hugo se werk te besigtig in die galery.
Smulpaap: Maklik, goedkoop, vinnige pasta 2 Minute Noodles nie studentevoorland HANNES KRUGER SS-kos maak vet. Eetsaalkos is vir sommiges grillerig. En omies en tannies wat steeds doer vanuit hulle “intellektuele ivoortoring” sit en stereotipeer en dink studente is gelyk aan 2 Minute Noodles, het ’n IK net-net noord van ’n wortelsop. Hoe nou gemaak? Maak jou eie kos. Maar nou is ’n groot kruideniersrekening die laaste ding wat jou
dun beursie op die stadium kan hanteer. Jy móét tog eet en (on)gelukkig is kos een van die dinge wat geld kos in die lewe. En om nou te vra of die kos wat jy self gaan maak gesonder en goedkoper gaan uitwerk as die SS of eetsale s’n, is soos om te vra of die pous ’n toekoms in die Katolieke Kerk het. Hier volg ’n liplekker eenvoudige pasta-resep wat goedkoop is en min tyd in beslag sal neem.
Musieksmaak
van die NWU-Pukke
Metode: Pasta:
Ostello Alfredo il Formaggio
1. Voeg ’n koppie pasta in ’n mikrogolf-bak. 2. Voeg 4 koppies kookwater by, asook sout en ’n eetlepel olie of botter. 3. Kook vir 8-10 min totdat dit al dente (sag, maar nog ferm) is.
Glo dit of nie, maar dié resep is spesiaal ontwerp vir koshuis(ostello)-inwoners wat ’n mikrogolf het of dalk iemand s’n kan leen.
Metode: Formaggio-sous:
1. Smelt die botter in ’n mengbak of maatbeker. 2. Meng nou die meel by die gesmelte botter in met verkieslik ’n houtlepel. ’n Vurk of gewone metaallepel kan ook werk. Roer die botter-meel mengsel tot gemeng. Voeg die melk bietjie vir bietjie by terwyl jy roer. Daar moet geen klonte wees as jy klaar geroer het nie. 3. Kyk of die pasta reg is, haal dit uit en sit die witsous in vir 3 minute. Roer na elke minuut. 4. Voeg die kruie, sout en swartpeper by na smaak. 5. Voeg die kaas en ham by die witsous. 6. Gooi die pasta se water af en meng met die sous. Geniet.
Bereideingstyd Voorbereidingstyd: 5 minute Kooktyd: ongeveer 15 minute Benodighede • 12,5 ml (opgehoopte eetlepel) botter • Pasta (Fattis and Moni’s Cavatappi) • Ham • 125 ml (halwe koppie) kaas • 12,5 ml (opgehoopte eetlepel) meel • 250 ml (1 koppie) melk • Droë kruie • Sout en swartpeper
Opsioneel:
• Sit dit voor saam met ’n mengelslaai en panini. • Strooi parmesaankaas oor. • Indien jou beursie nie so dun is nie, voeg die volgende by die witsous: 1 eetlepel basiliepesto, 30 ml witwyn, gorgonzola- en mozzarellakaas na smaak.
Persentasiegetalle ná afloop van studente se stemme
Wat is ons studentepopulasie se gunsteling tipe musiek? Só vra Conrad van Wyk op Facebook gedurende die afgelope vakansie. Aanlynlesers het die kans gehad om te stem vir hulle gunsteling genre in musiek en die resultate praat vir hulself.
Voorbeelde by elke genre: Alternative (Ho Hey – The Lumineers) Country (Downtown – Lady Antebellum) Dance (Titanium – David Guetta ft. Sia) Electronic (Bad Girls – M.I.A) Hip-Hop/Rap (Started from the Bottom – Drake) Metal (Enter Sandman – Metallica) Pop (Just Give Me a Reason – P!nk ft. Nate Ruess) Rock (Creep – Radiohead) Afrikaans-Pop (Beloofde Land – Die Heuwels Fantasties) Afrikaans-Rock (As Musiek Begin Speel – Karen Zoid)
GRAFIKA: MARI SCHEEPERS
KUNS EN VERMAAK
11 APRIL 2013
Identiteitsdief, identiteit-soeker, identiteitskrisis MIA JORDAAN Thalia kommitee 2012 - 2013
FOTO: SALMON BECKER
Thalia Face-lift CHRISTIAAN DU PLESSIS Drama-junkies sal die volgende ruk min geslaap kry. Die Thalia dramagroep het vanjaar besluit om ’n facelift te ondergaan met groot gebeurtenisse en toneeluitvoerings op die kalender. Die hoogtepunte is die kunste-skakelprogram met Tukkies, ’n Stellenbosch wyntoer en Thalia se 68ste verjaarsdag Birthday Bash wat beloof om “groter as H20 te wees”. Die Thalia word op 16 April in die Snowflake-fabriek aangebied in samewerking met Bourbons en MSM Productions. “Ons tema is Holi 1 Colour Festival. Ons is hard aan die werk om die geleentheid die beste in menseheugenis te maak,” het Anton Potgieter sosiale bestuurder van Thalia, gesê. “Dit behels studente DJ’s teen plaaslike DJ’s sowel as ligte en laservertonings.” Die koshuis wat per kapita die meeste aanwesig is, ontvang ’n gratis aksie by Bourbons en kan al die toegangsgeld van die aand as prysgeld hou. Die toegangsgeld is R20 en gee jou toegang tot onbeperkte poeier-verf. “Sover lyk dit of ons MK-Kampus en 5fm betrokke gaan kry by die gebeurtenis. Dit beloof om ’n eens in ’n leeftyd ervaring te wees,” het -
Dit beloof om ’n eens in ’n leeftyd ervaring te wees
Potgieter gesê. Nog ’n opwindende projek is Thalia se kunste skakelprogram met UP-Tukkies op die 23ste en 24ste Augustus. Tukkies en die NWU-Puk se hoofproduksies gaan saam die planke betree. “Thalia gaan dan ook die Tuksstudente vermaak en wys presies wat kultuur op die NWU-Puk is en wat dit beteken om ’n trotse PUK te wees,” het Rudolph Bosshoff Thalia-voorsitter, gesê. Thalia beplan ook ’n wyntoer na Stellenbosch in die Septemberreses. “Daar gaan gewyntoer word, brandewyn geproe word en natuurlik ’n draai by die Artscape Teater gemaak word. Daar word beoog om sowat 50 Thalia-lede te vat,” het Potgieter gesê. Senior oudisies vir Thalia se seniortoneel vind plaas tussen 9-11 April en Potgieter is oortuig dat “dit propvol asemrowende talent gaan wees”.
Sal jy ’n vreemde, verwaande vroumens wat jou identiteit gesteel het 4000 kilometer vêr agter jou aansleep? Heel moontlik nie. Maar Sandy Bigelow Patterson gee nie so maklik op nie. Die nuwe fliek Identity Thief deur regisseur Seth Gordon (Horrible bosses, Four Christmases) het onlangs die skerms getref. Diana (Melissa McCarthy van Bridesmaids faam) het ’n manier gevind om mense se identiteite te steel en dan die min wetende slagoffers se kredietkaarte te gebruik vir retail therapy. Ongeluk-
TARINA MULDER Moving House is ’n samestelling van Ashtray Electric se Andre Gideon, Montgomery Pienaar en ’n voormalige Zebra & Giraffe en Blind Watchmen lid, Rob Davidson. Die res van die band lede vorm nie self deel van Moving
FRANCOIS LION-CACHET Die Amerikaanse trio Thirty Seconds To Mars (30STM), het onlangs hul eerste snit vanaf hul
kig is dit wat gebeur met Sandy Bigelow Patterson (Jason Bateman) ’n hardwerkende, eerlike rekeningbestuurder. Sandy het presies een week om vir Diana of die ander “Sandy” op te spoor om sodoende sy lewe weer in orde te kry. Sandy se identiteit is as’t ware deur Diana gesteel, maar wie beleef werklik ’n identiteitskrisis? Dié lighartige komedie is nou nie juis een in sy soort nie. Ons almal ken die resep: ’n paar verspotte karakters, gewoonlik een baie aangename karakter en dan ’n string onwaarskynlike gebeurtenisse wat ’n gemors afgee. ’n
LUZANNE KEYTER Geocaching is ’n buitemuurse skattejag waaraan enige persoon met toegang tot ’n Globale Posisioneringstelsel (GPS) kan deelneem. Spelers gebruik slimfone of GPS-toestelle om deur die gebruik van koördinate versteekte houers genaamd “geocaches", op te spoor. Wanneer ’n speler ’n geocach opspoor mag daar ’n item uit die houer geneem word op voorwaarde dat ’n item met dieselfde of groter waarde terug in die houer geplaas word. Daar moet ook in die logbook geskryf word wie jy is, waar jy vandaan kom en wat in die houer gevind is. Op die webwerf vertel spelers wat hulle in geochaches al gevind het en
nente verkies. Die album bestaan nie uit ’n reeks kommersiële liedjies wat luisteraars na ’n jaar gaan vergeet nie. Luisteraars sal wel agter kom dat dié album nie geskryf was om te kyk hoeveel #1 hits hulle kan behaal nie. Die album is op internasionale vlak geskryf met die behoefte om hulle eie musiek te maak vir die liefde daarvan en om werk te doen waarop hulle trots kan wees. Die album sluit onder meer hulle enkel snitte Tongue In Cheek en I Sense in. Dit bevat ook ’n besonderse ballade in samewerking met ChianoSky wat in 2012 haar plek in die musiek bedryf bevestig het. Luisteraars moet hulle ore oop hou vir Gospel, die nuutste enkelsnit.
Up In The Air – Thirty Seconds To Mars nuwe album Love Lust Faith + Dreams vrygestel. Die lied Up In The Air is vir die eerste keer vanaf die ruimte vir die publiek gespeel deur ’n regstreekse beeldsending vanaf die Internasionale Ruimtestasie. Up In The Air verskil bietjie van die band se vorige werk, maar daar is baie kenmerkende elemente wat nog gehoor kan word. Die lied het ’n sterk elektro-gevoel wat ’n nuwe speelgrond vir die groep is, maar ander ouer elemente soos die groep se stewige rockonderlyn, Jared Leto se profetiese-uitlatings en natuurlik die koorgedeeltes is ook in die nuwe musiek te hoor. Algehele
FLIEK tomaan Identity Thief
Vuil grappie hier en daar en dalk selfs ’n ontploffing. Die feit dat die akteurs op ’n goeie standaard is, is nie noodwendig genoeg om die fliek fantasties te maak nie. Alhoewel McCarthy haar verspotte karakter uitstekend speel. Horrible bosses was by verre die beste van Gordon se bekendste drie flieks. Four Christmases is meer ’n familie-fliek, maar was makliker om te kyk as Identity Thief. Dit gaan nie ’n merkwaardige oomblik in jou lewe wees as jy dié fliek kyk nie, maar as jy wel lus is om nie te dink nie, te ontspan en elke nou en dan te giggel.
Geocaching bied opwinding en avontuur
Moving House getuig van wesenlike klankkombinasies House nie, maar is slegs vir live shows deel van Moving House omdat Rob en Andre self al die musiek skryf. Rob is verantwoordelik vir die elektroniese komponente waar AGMP ’n kuns op sy eie skep met sy warm bariton stem en emosioneel gelaaide lirieke. Dié kombinasie werk omdat die klank en die vokale mekaar uitstekend aanvul. Hulle self getitelde tien-snit debuut album is in Maart bekendgestel met ’n toer reg deur die land. Al voel dit vir sommige luisteraars of die album vir ’n spul hipsters geskryf is wat van Indie musiek hou, dwing die album jou om hom klaar te luister met ’n oopkop. Ashtray Electric aanhangers kan dalk afstoot gee omdat hulle Gideon se stem sonder die elektroniese kompo-
| 11
terugvoer oor die nuwe musiek is baie positief. Volgens Leto fokus hul vierde ateljee-album ook op al die snitte as ’n eenheid met ’n deurlopende tema en gevoel, eerder as net ’n klomp afsonderlike liedjies. 30STM het na ’n lang ontdekkingsproses en rustyd, ná hul wêreldtoer waar hul vir meer as drie miljoen mense opgetree het, hul klank en hulself vernuwe. “Dit was die perfekte geleentheid om onsself te herontdek en om nuut te begin,” het Leto gesê. Die volledige album word volgens plan op die 17de Mei beskikbaar gestel.
Amptelike logo van Geocaching.
deel stories oor die soektog. Geocaches kan reg oor die wêreld gekry word en word gewoonlik weggesteek op plekke wat spesifieke waarde het vir die geocacher. Die plekke kan baie divers wees en sommiges steek
selfs hulle skatte onderwater weg. Daar is ook verskillende soorte geocaches, hang af watter variasie van die spelletjie jy speel. Shana-Lee de Wet ’n gereelde geocacher van Vergeet-My-Nie vrouekoshuis neem aan die speletjie deel omdat sy “deelneem aan iets wat soveel ander mense in die wêreld doen. Maak nie saak waar in die wêreld jy is nie, jy kan dit letterlik enige plek enige tyd doen en dit is wat Geocaching uniek en lekker maak”. Geocaching is ook heeltemal gratis, dus ’n goedkoop en maklike manier om opwinding en avontuur in alledaagse lewe te bring. Om te speel, besoek Geocaching se webwerf by www.geocaching. com.
11 APRIL 2013
12
Redaksioneel
Ombudsman As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. JD Froneman by: 10061053@nwu.ac.za
Kommentaar
SMS 31750
SMS jou tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap
11APRIL 2013
Kan nie eens Engels praat Die studente op ons kampus behoort te weet dat Suid-Afrika dié kampus sien as ’n plek wat probeer om wit en Afrikaans te bly. Verskillende mense gaan altyd verskillende opinies hieroor hê. Dit hang net af van watter hoek af ’n mens dit beskou. Daar is niks eenvoudig en ook niks dadelik aan wat ons verstaan onder die woord transformasie nie. Vanuit die student se oogpunt lewe ons met een groot gaping wat die Afrikaanse Taalbeleid skep. In jou vormende jare as SuidAfrikaanse burger waar jy jouself leer ken, mense leer verstaan en regmaak om in die land in te gaan as salaristrekker word ons nie blootgestel aan genoeg ander kulture en tale nie. Ek stry nie dat ’n Afrikaanse kampus nie geleenthede bied wat ook waardevol is nie, maar wat gebeur die dag wat jy in jou werksplek kom en jy bevind jouself in die diepkant. Jy kan nie eens ordentlike Engels praat nie, soos wat die geval is met té veel NWUPukke - wat nou nog van werk met mense van kulture wat jy nie verstaan of weet hoe om mee te werk nie? My idee van studente bekendmaak met ander kulture is nie om ’n “kultuurdag” te hou waar koshuise kombuise uitbeeld van die antieke Grieke en Duitsland en allerhande ander kulture wat ons nie werklik aangaan in ’n land volgepak met kulture wat mekaar nie verstaan nie. Ek wil nie stalletjie-kompetisie hou nie, ek wil leer hoe ek met respek met mense werk wat nie in my eie konserwatiewe witmenskombuis grootgeword het nie.
Die volgende uitgawe van Wapad verskyn op 25 April.
Kernredaksie
HOOFREDAKTEUR: Kevin du Plessis (071 289 6480) INHOUDSREDAKTEURS: Colette Botha (072 521 4570) Simon Sonnekus (084 567 9271) SPORTREDAKTEUR: Wynona Louw (073 399 1866) FOTOGRAFIE & GRAFIES: Mari Scheepers (073 401 8235) SKAKELING: Kobus Olivier (083 456 3714) ADVERTENSIES & FINANSIES: Albertina Ngobeni (076 940 3864) WEBMEESTER & VIDEO: Conrad van Wyk (082 563 9535) HOOFVERSLAGGEWER: Hannes Kruger (076 047 4989) HOOFTEKSVERSORGER: Joanie Schiel (083 381 4467) Uitleg: Kevin du Plessis (hoof), Kobus Olivier, Ceranhi Du Preez, Joanelle Everson. Teksversorgers: Salmon Becker, Louise Krüger, Hannes Kruger, Antoinette Jordaan en Annerie du Toit.
SMS’e "Ek sou net graag wil weet of toestemming deur die 2de jaars om fisies aangerand te word 'n rol sou speel?" - Anoniem (Dié SMS kom na aanleiding van die berig oor 48 seniors wat getug is oor inlywing)
SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap
SMS 31750
"Skapie, hierdie is jou 2de clue. Kry my om 13:00 waar ek jou ontmoet het!" - Jou Takhaar "Salmon, daar is niks fout met Angus Buchan ni. Hy is net 'n man van geloof." - Anoniem
Mensdom S
oos dit ’n goeie aspirantskrywer betaam weet ek altyd wat aangaan, wie wat doen en hoe dit gedoen word. Daar is al baie oor transformasie en die NWU-Puk gesê, maar ek besluit om nogtans op die wa te spring en baldadig my mening te lig: ek dink nie transformasie is al naastenby waar dit móét of kan wees nie. Ek het onlangs te hore gekom van ’n geval op kampus waar ’n dosent ’n klas gevra het om vir ’n student hande te klap wat gesê het dat gay-wees “nie moet bestaan nie”. Die applous wat die dosent aangemoedig het, was nie direk op ’n student gemik nie, maar dit het een steeds ontstel. Daar is nie teen sy velkleur of geloof of keuse van studierigting gediskrimineer nie. Nee. Dit was sy seksualiteit
Salmon Becker Dié rubriek weerspieël die opinie van die skrywer en nie die koerant nie.
wat glo vir die dosent ’n probleem is. Die saak is onder die aandag van die outoriteite gebring, maar soos baie dinge op kampus het die saak so te sê doodgeloop. Ek was geskok toe ek van die geval hoor, maar ’n deel van my het ook gesê: “Wat verwag jy Salmon? Op ’n kampus waar daar 'n rangstelsel in koshuise gebruik word, het jy enigsins iets meer verwag?” Die antwoord was duidelik. Ek het vergeet dat daar nog mense in ons samelewing is wat goed soos homofobie en rassisme bevorder, mense wat ander mense haat op grond van hulle seksuele oriëntasie, hulle velkleur of hulle geloof. Mense wat waarlik iets belagliks soos die Nag van die Lang Messe glo. Ek is jammer, maar
Briewe
Briewe kan ge-epos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875
Some English in Wapad, please I am personally thankful for the work that you do and the interesting news you provide us with. One problem that I as a student have is this: The Wapad is supposed to be for every student and I feel that English students are neglected since most of the articles are in Afrikaans, even those giving critical information. I myself am not Afrikaans but I read the Wapad because of the information that is sometimes so important. What happened to the initiative that you guys had with AKSA to have at least one article written in English? I mean
I don't want to sound like a SASCO representative on a mission to change the language policy of the University and all that, but I would think that you are aware of the fact that a lot of students coming in are English. I can honestly tell you that English speaking students on campus do not really read their campus newspaper as they should be doing. Not because they do not want to but because they cannot read most of the articles. In terms of the newspaper distribution, why do you guys distribute so much to campus hostels while they
KEVIN DU PLESSIS Wanneer dit kom by lag is dit vir almal lekker. Die idee van ’n “sin vir humor” is so abstrak, asof ’n mens iewers tussen alles ’n papiertjie moet hê waarop staan “Hierdie sin is Humor s'n”. Almal lag vir iets en hier is tien oppervlakkige dinge wat baie van ons lekker lagplooie gee. Dis vir die meeste van ons ongelooflik snaaks as iemand val en seerkry. Veral as hulle simpel lyk terwyl
-Sello Seitlholo
just throw them away? Please make sure that you at least only send a limited number to them. I love the electronic version of the newspaper because it is sustainable and very environmentally friendly. I'm tired of seeing the paper all over the roads when going to the Fanie. Please, we are also students and want to feel like all the other students on campus. But overall: Good work with the paper! Every year you can see that there is improvement. Baie dankie. Thank you very much. Ke leboga thata fela.
Wat maak Golden Key met my geld? -Anoniem Ek is nou ’n sesde jaar Ingenieurswese-studente en is al ’n Golden Key lid vir die afgelope vyf jaar. Die voordele wat ek uit ’n Golden Key lidmaatskap gekry het? Baie min tot eintlik geen. Moontlike beurse, maar dit was erg beperk deur goeie akademiese en ander vereistes. Beurse is internasionaal wat keuring onregverdig maak. Ek het al uitnodigings gekry om oorsee te gaan, maar tog moet ek vir alles betaal; geen subsidie, geen hulp nie… als op my. Wat keer my om self oorsee te gaan as ek elk geval alles moet betaal.
Dan die $1 miljoen vraag: Waarna gaan ons ledegeld? R500 per persoon vir ’n lewenslange lidmaatskap. As net 1000 studente registreer, is dit R500 000 vir geen moeite nie, net so!? Om eerlik te wees, ek het nog nie een sent van daardie R500 (in my tyd was dit R450) gesien nie en ek weet nog nie van een persoon wat se "ek het werk gekry" of "deure het vir my oop gegaan" as gevolg van Golden Key nie. ’n Mens word gekeur en als om ’n lid te wees en ’n mens kry ’n Golden Key balkie (waarvoor jyself moet betaal bo en behalwe die
Want dis lekker om te lag! Haha. dit gebeur. Die resep loop as volg: iemand voer ’n aksie uit, val en lyk stupid, ons lag en wys vinger. Soos onlangs uitgewys in Rapport se Weekliks is toilethumor van die laagste soort komedie, maar ons geniet dit tog steeds. Die klanke, die gesigsuitdrukkings, die lukraakheid, net nie altyd die reuke nie. Van die beste oomblikke is seker daardie laat nagte wat jy saam met vriende of familie deurbring wanneer julle eenvoudige Jannie-Sannies en hasiegrappies vertel. Jy het nog nooit so lekker gelag nie. Dis net ’n kwessie van tyd totdat almal uitgelag word en iemand oorbly wat net aanhou
as jy iemand is wat jou met die bogenoemde ophou het ek nie veel hoop vir jou nie. Die feit dat daar wêreldwyd erger gevalle soos die bogenoemde is, help my ook nie. Te danke aan baie mense is ek besig om geloof en hoop in die mensdom te verloor. Ek praat nie net van mense soos Robert Mugabe en die malles in Korea nie. Daar is mense op ons eie kampus wat ander se drome kelder, die lewe selfs vir hulle ondraaglik maak. Ons dink dis klein en van geen belang nie, maar dit kan ’n persoon maak of breek. Ek het ongelukkig geen raad of oplossing vir die afbreek van die mensdom nie. Ek kan seker maar net bly hoop dat ons tot besef sal kom voordat dit te laat is.
probeer. Moenie. Stop vroeg en spaar jouself die vernedering. Slaaiblare en bone, sous en sop, krummels en kreef. As daar kos op iemand se gesig is en hulle gaan net aan asof niks fout is nie. Almal lag, maar die slagoffer van vuil-vreet weet nie waaroor nie. Daarom word daar maar ’n glimlaggie van onsekerheid gegooi. Moet hulle nie sê nie, kry eers jou lag in (en ’n foto dalk?). Stand-up komediante trek mense nogal heelwat. Oor die algemeen irriteer die aanbieding my. Iemand wat op ’n verhoog staan en hoop hulle grappies is snaaks genoeg om die gehoor aan die giggel te hou. As
mense nie lag nie slaan hulle oor na die vulgêr. Maar mens stry nie. Casper se middelvingerwys in vet-tannie-uitrustings bly snaaks. Dit raak goed as iemand oortuig is hulle is fantasties met iets maar niemand stem saam nie. Let asseblief op, die gelag moet nou agter hulle rûe gedoen word in ware cheerleaderbitch-styl. “Sjoe ja, jy sing so goed. Jy is net té uniek vir ons. Sprei jou vlerke elders!” In die stort miskien. Leon Schuster. O nee wag, niemand dink hy is snaaks nie. Ons lag as iemand jou iets snaaks van jouself vertel wat jy nie weet nie. Soos dat
R500 ledegeld), maar dit is waar die eksklusiwiteit stop. Oh nee wag… ek het ’n Golden Key sertifikaat - die vismotte geniet dit terdeë. My voorstel aan julle: Doen ondersoek en vind uit of die Golden Key regtig voordele bied, is daar voorbeelde en is dit R500 werd? En dan obviously, wat doen dié Society met al dié klomp geld? Volgens my as meeste vir administrasie gaan moet Golden Key Lidmaatskap ten sterkste ontmoedig word want die geld moet gaan tot voordeel van alle Golden Key lede nie net een of twee nie.
GRAFIKA: MARI SCHEEPERS
jy in jou slaap praat. “Rêrig! Wat sê ek?” sê jy opgewonde dat die onderwerp nou jy is. Ek weet nie wat jy sê nie maar ek wens jy wil ophou. Ek weet jy kan baie drink en van goed afval en jou enkel breek en kots op ’n karwag en pee teen jou dosent se deur. Jou stories is baie snaaks. Geluk. Jy is nou cool. Kom ons praat oor iets anders. 10 Dinge is nou al lank hier en navorsing toon dat dit uiters suksevol is. Ons het wel ’n brief ontvang wat sê: “Benut eerder dié spasie (10 Dinge s'n) met 'n gereg wat studente vinnig kan maak by die huis dalk”. Dít laat my lag. Wat van... nee.
11 APRIL 2013
| 13
Oop gesprek
Ombudsman As jy voel dat Wapad nie na jou klagtes luister nie, kontak prof. J.D. Froneman by: 10061053@nwu.ac.za
Realiteite van seks
SMS 31750
SMS jou Tip-off/klagte met die woord 'Wapad' vooraan jou boodskap
Gasskrywer Heidi Sonnekus was deel van ’n nasionale navorsingsprojek oor tieners se kennis en houdings oor seks en het duisende lewensoriëntering-onderwysers opgelei om seksualiteitsvoorligting in skole aan te bied.
FOTO: THEPHOENIX.COM
Seks en jonges
S
eks tussen toestemmende volwassenes is ’n doodnormale, belangrike deel van die lewe. Jou benadering tot seks kan gewoonlik deeglik bepaal of die etiket van volwassene wel van pas is. As Barney Stinson van How I met Your Mother jou held is, helaas, het jy nog ’n bietjie groeiwerk om te doen en sou ek enige potensiële seksmaats aanraai om te vlug – nóú. Seks is wonderlik en sekerlik deur die Skepper so gemaak vir ’n rede en om op tipiese studente-ouderdom met seks te wil eksperimenteer, is normaal. Omdat jy met jou eerste keer geweldige sterk gemeenskapreëls herbedink en net sulke sterk emosie beleef, is dit ’n mynveld. Wees versigtig. Seks kom met regte en verpligtinge. Ja, jy kan argumenteer dat jy ’n reg het tot ’n plesierige sekslewe met soveel pragtige maats as wat jy kan inryg… maar dié reg geld net solank jy die daarmee-gepaardgaande verpligtinge volledig met elkeen van die maats nakom: 1. Albei seksmaats moet behoorlik beskerm word teen seksueel oordraagbare siektes. As jy jou seksmaat ’n siekte gee, is dit jóú verantwoordelikheid om Maat in kennis te stel en aan te bied om die mediese kostes te dra. Met HIV is dit ’n lewenslange item vir jou begroting én jy kan met reg hof toe gesleep word. 2. Kondome is die beste beskerming teen siektes én swangerskap, maar word net as 80% effektief beskou. As valskerms net 80% veilig was, sou jy spring? Nie ek nie. Gebruik spermdoders daarmee saam en maak seker jou maat is siekte-vry. Toetse is gratis. 3. As sy swanger raak, eindig jou verpligtinge nie by doeke en onderhoudgeld vir ’n paar jaar nie. Jy is verantwoordelik vir jou kind tot hy/sy die dag ’n eie inkomste verdien. Dis omtrent net in flieks waar pragtige paartjies dit regkry om spontane, multiorgasmiese, staande seks in restourantkleedkamers te hê en steeds elegant te lyk en
klink. Dis gewoon onrealisties. Seks in die regte lewe gaan gepaard met spoeg, sweet, liggaamsklanke en -geure… en eksotiese posisies is harde werk en verg beplanning, tyd en privaatheid! Net so onrealisties is pornografie. Dis gewoonlik marathon-sessies waarin ’n verskeidenheid onwaarskynlike posisies onmoontlik lank, met meganiese presisie en in eksakte volgorde volgehou word. Cliché op cliché. Vermy liewer, dis intimiderend en net sover van realiteit verwyder as perfekte fliekseks. Seks is heilig ja, maar ook gewoon ’n biologiese proses. Omdat ouers nie graag daar oor praat nie, is die meeste jongmense tragies onvoorbereid daarvoor. Die meeste krisisse wat in sielkundiges se kantore bespreek word, wentel op een of ander manier terug na vroeër ervarings en gepaardgaande selfverwyt, skaamte, skuldgevoelens, teleurstelling en verwerping. ’n Paar riglyne, sou jy besluit om voort te gaan. Les 1: Wees minder neuroties. Die meeste mense se lywe is nie perfek nie en ons almal wroeg daaroor. Passie en die liefde “verdra alles”. Dis okay om in die donker te begin. Jy mag dalk net uitvind dat die groot boude waaroor jy so selfbewus is, sy/haar geliefkooste stukkie jy is. Les 2: Eerste seks is gewoonlik ’n mislukking: daar’s te veel verwagtinge. Merendeels ejakuleer hy lank voordat sy reg is. Dis nie die einde van die wêreld nie. Lag vir jouself, erken dat jy ’n bietjie soos ’n pampoen voel. Probeer weer. Les 3: Begin by die begin. Neem jou tyd. Besluit-tot-ejakulasie in net sewe sekondes is nie die doel hier nie. Les 4: Eerste penetrasie is gewoonlik seer. ’n Verantwoordelike seksmaat sal weet dis haar eerste keer en gaan oplees oor maniere om dit makliker te maak. Reg, jy is nou effens meer voorbereid as wat jy was voor jy die Wapad oopgemaak het.
SAAMGESTEL DEUR ANJA KOCKS
‘Trend’ tyd!
S
Seisoene is besig om te verander en winter kruip al hoe nader. Dit raak elke dag moeiliker om jou warm bed te verlaat en die dae word al hoe korter, maar Wapad Mode het goeie nuus – al is die koue nie aangenaam nie, kan jy dit tot jou voordeel gebruik. Seisoenverandering is die perfekte tyd om jou klerekas ’n nuwe hupstoot te gee. As jou styl vir jou vervelig is, is dit die ideale tyd om jouself te herontdek. Ons weet dat dit soms oorweldigend kan wees, so Wapad Mode draai na die grootkoppe in mode vir inspirasie.
BLINKER IS BETER Metale soos goud, koper en silwer is nie meer net vir juwele bedoel dié seisoen nie. ’n Ander groot mode tendens vir winter is om metale op ander maniere te dra. Metaal geïnspireerde handsakke, skoene, truie en selfs baadjies is maklike maniere om dié tendens te inkorporeer sonder om soos ’n kersfeesversiering te lyk.
KITSCH IS KOEL Groot patrone, helder kleure en enige iets retro is ’n moet dié seisoen. ’n Vinnige tip – kombineer ’n heldermet ’n neutrale kleur vir ’n DIE ENKELSTEWEL meer moderne-aanslag. Die Rond jou winteruitrusting met hoofdoel met dié tendens is ’n enkelstewel af. Dit is ’n om mense te kry om meer groot tendens vir winter en is met mode te speel, so moenie ’n maklike manier om karakter bang wees om verskillende aan jou uitrusting te gee. teksture en materiale te komSpeel rond en ontdek watter bineer nie. tipe die beste by jou pas. Stewels in verskillende kleure, met studs of met ’n bonkige hak is die seisoen gunstelinge.
Oop oor seks? Oordadigheid nie die weg
Seks nie selfde as dans KEVIN DU PLESSIS Ek en jy het nou seks gehad. As ek weer lus en eensaam raak wil ek jou bel, so ek groet mooi om dit oop te hou as ’n opsie. Tensy ek iemand hotter kry natuurlik. Is dit hoe ons deesdae oor seks dink? As ’n baie informele en toevallige aktiwiteit wat jy gelukkig is om te kry op ’n aand uit? Dit is hoe die oorgrote meerderheid van TV-programme dit aan ons voorstel en tóg hou ons aan kyk en lag. Dit kan ’n mens maklik los met ’n dringende gevoel dat jy self meer moet uitgaan, meer seks moet hê. Dis mos net iets lekker om te doen. Die webtuiste ChangingChannels.org wys bevindinge wat stel dat tieners wat blootgestel is aan dié tipe programme baie hoë verwagtinge het vir seks wat dikwels nie bereik word nie, dat hulle baie meer gemaklik is om seks te sien as ’n informele transaksie. Dié wat programme kyk wat op of oor die pornografiegrens is, is selfs baie minder geneig om kondome te wil gebruik. Hoe beïnvloed dié tipe blootstelling dan nou ’n universiteitstudent? Baie seks met min tot geen emosie. The Week het laasweek berig oor Donna Freitas se nuwe boek The End of Sex. Dit praat veral oor die geneigdheid van studente om seks te sien as iets wat mens móét doen. “Dit word net so onderdrukkend as wat ’n mandaat vir onthouding kan wees,” vertel die skrywer aan The Washington Post. Dié kultuur maak seks volgens Freitas
Báie seks word net so onderdrukkend as wat ’n mandaat vir onthouding kan wees
roetine en ’n ervaring wat nie meer uitdagend is nie. Idees van seksuele eksperimentering – of dit nou is met dieselfde geslag of nie – raak al hoe meer blote verwagting en al hoe minder betekenisvol in die soektog na wie jy is. Freitas is ten gunste van universiteite en studentelewe as platforms vir dié tipe soektog na self, maar meen dat dit vandag meer skade begin aanrig as wat dit goed doen. Die boek stel Freitas se idees wat alles deeglik nagevors en uitgetoets is as feite. Deel van haar oplossing hou in dat ons nie noodwendig meer onthouding hoef te sien as iets wat moet aanhou tot na jy getroud is nie, maar dat jy net eers jou maat moet leer ken, wag voor jy dadelik in die kooi spring en jou verhoudings eerder op hofmakery moet baseer as seks. Die Universiteit van Kaapstad se studentekoerant Varsity het vroeër vanjaar ook sy lesers aangeraai om bewus te raak van dinge waaraan hulle blootgestel word in terme van vandag se liberale sieninge oor seks en hoe dit afbrekende gevolge mag dra tot menseverhoudinge.
14 |
Presidentsliga-wenners
Ibbies oorheers liga SIMON SONNEKUS
D
ie NWU-Puk se tweede rugbyspan, die Ibbies, het in die eindstryd die Presidentsliga die Vaal Reefs se eerstespan met 54-14 geklop. Die Ibbies-span het die jaar se liga oor heers met pragtige hardlooprugby. “ Ons het die situasie gespeel, ons kon lekker hardloop met die bal,” het DeWet Le Roux skrumskakel van die Ibbies verduidelik. In die eerstejaar van die Presidentsliga het die Ibbies-span maklik die kompetisie oorheers. Die span het nie ’n wedstryd met minder as 40 punte gewen nie, al
11 APRIL 2013
SPORT
het hulle teen opponente met geen ouderdoms beperking op hulle spanne gehad nie. Die Ibbies-span se verdediging is min getoets tydens die liga, maar kaptein Jean Tiedt verseker dat dit op standaard is. “Ons het minstens twee keer ’n week gefokus op verdediging al het ons meeste van die tyd aangeval,” het Tiedt vertel. Tiedt het verduidelik dat die Ibbies ’n uitstekende liga beleef maar moes fokus om goeie rugby te speel en nie met die telbord te behep raak nie. “Ons het ’n spankultuur probeer kweek tydens die liga” het Tiedt gesê.
FOTO: SIMON SONNEKUS
Die Ibbies moet egter na hulle skitterseisoen weer spanbou nadat verskeie spelers na die NWU-Puk se eerstespan getrek is. “Baie spelers is op getrek na die NWU-Puk span, so die Ibbies het nou ’n nuwe uitdaging,” vertel Tiedt. Die span berei vir die begin van die Goue Leeus-liga voor waar hulle kragte gaan meet met ander spanne van die Gauteng-streek. Tiedt meen dat die span ’n goeie kans staan om weer uit te blink tydens dié liga en hulle goeie vorm van die Presidentsliga te behou.
Dorpskoshuise skop sokkerbal met mening
WYNONA LOUW
Mattheus Schuurman losskakel van die Ibbies.
Die Rissie praat oor koshuisrugby, (koshuisrugby) skeidsregters en Varsity Cup
NADIA SWANEPOEL Al was daar konstante weerligblitse wat gedreig het om reën te bring, was geluk aan die spanne se kant om net-net die eindstryde te voltooi voor die wolke kon breek. Die 2013 Rektorsligasokker-wenners is Heimat en Dinki in die mans- en vroueafdelings onderskeidelik. Die vrouefinaal het eerste plaasgevind waartydens Dinki vir La Varia 1-0 getroef het. Olivia Fernandes Dinki-kaptein, was oorstelp van vreugde toe hulle hul uitdagings wat eens soos ’n struikelblok gelyk het, baasgeraak het. “Dit was ’n uitdagende seisoen omdat ons span uit baie nuwe spelers bestaan,” het sy aan Wapad gesê. Die laaste spel vir die aand was gespeel deur die manne van Heimat en Excelsior waar dit geblyk het of die hinderende weersomstandighede stukrag aan Heimat gegee het om 3-0 te kon wen. Tydens die finaal het Wag-’nBietjie en Caput hul opponente op en van die veld af ’n les geleer. Dié koshuise het loshande die meeste
Top Vier Uitslae Mans:
1. Heimat 2. Excelsior 3. Hombré 4. Caput
Dames:
1. Dinki 2. La Varia 3. W’nB 4. Bellatrix
toeskouers gehad wat duidelik ’n kenmerkende bydrae tot hul oorwinning gelewer het. Behalwe vir die afwesigheid van tradisionele vuvuzela’s het die toeskouers gesorg vir die tipiese kompeterende sportatmosfeer. Die spanning was veral tasbaar tydens die uitspeel vir die derde en vierde plekke tussen Caput en Hombré. Die spel het eers na die derde rondte se strafdoele tot ’n beslissing gekom. Kommunikasie was hulle wenresep. "Ons sokker convenor Sylvester Smith, het effektiewe maniere gebruik om die manne bymekaar te kry om uiteindelik die eenheid te vorm wat ons is," meen Johan van Rooyen Sport HK-lid van Heimat.
Die Rissie het in die week voor haar welverdiende vakansie, soos altyd, die koshuisrugby bygewoon en ’n paar dingetjies het haar oog gevang by dié gebeure. Met die eerstespan wedstryde het die C-veld ’n area van frustrasie geword vir die Rissie (en definitief vir die Caput-ondersteuners) met Patria wat met teveel weggekom het en die skeidsregter wat gelyk het of hy beter sou doen met ’n paar drie sentimeter dik brille eerder as ’n fluitjie. Die feit dat Caput in die laaste minute van ’n definitiewe drie beroof is en dat Patria gewen het, het die Rissie nóg rooier van kleur gemaak. Die Rissie is seker dat die ‘Huis op Kampus’ inwoners nie verwag het dat die underdog span Caput, só sou uitdraf nie. Ja, dis wat die Brumbies seker ook oor die Kings gedink het voor hul
wedstryd verlede week. So, die Varsitybeker het toe nié verloop soos wat ons gehoop het nie; die NWUPukke lê vyfde op die punteleer en Tuks behou hul titel (persoonlik weet die Rissie nie watter een van die twee erger is nie). Die Rissie moet sê; Villagers het haar baie trots gemaak in die Steinhoff Koshuisligarugby en hoewel hulle nie die beker huis toe gebring het nie, was hul onoorwonne opbou tot die eindstryd genoeg om die NWU-Puk darem ’n bietjie menswaardigheid te spaar. Laastens, nog iets wat die Rissie van oor tot oor laat glimlag het (nee, nie die Bulle se 33-26 Vodacombeker-faal teen die Luiperds nie, wel, dit ook) was die Ibbies wat die inleidende Presidentsliga gewen het. Die Rissie kan met sekerheid sê hulle is ’n span om dop te hou.
Luiperd Sewesspan verower silwer by Spar Sewestoernooi WYNONA LOUW Die Luiperds Sewesspan bestaande uit NWU-Pukke, het by die Spar Sewestoernooi in Zimbabwe Harare, ’n silwermedalje verower.
Die Luiperds se prestasie by die toernooi: Dag 1: Luiperds 21-26 SA Akademie Luiperds 32-0 Bulle
Dag 2: Luiperds 3-0 SA Buffaloes Luiperds 10-7 Kenya
Wêreldsportnuus SuperRugby: Gekombineerde Punteleer (Week Agt) 1. Chiefs (29 punte) 2. Brumbies (29 punte) 3.Sharks (25 punte) Hoëveld Leeus plaaslike T20 kampioene: Die Hoëveld Leeus (155-5) het Sondag die verdedigende kampioene die Nashua Titans (125), met 30 lopies in die eindstryd van Ram Slam T20 Uitdaging geklop. Luiperds soek ’n deel van die Super Rugby begroting: Die Luiperds Rugbyunie het ’n versoek aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (SARU) gerig om die R39.6m Super Rugby uitsaai-geld gelykop tussen SuidAfrika se 14 provinsiale unies te verdeel. Die geld word tans onder die land se ses franchise spanne – die Haaie, Stormers, Bulle, Cheetahs, Kings en Leeus verdeel. May glo dat ’n gelyke verdeling onder al 14 provinsiale unies sal lei tot meer kompeterende Curriebeker kompetisies en wil ook hê dat al 14 unies in die top afdeling van die Curriebeker meeding en nie in die huidige ses-agt (Premier- en First Division) afdelings nie. Armstrong verbied om deel te neem aan VS-Meesters: Lance Armstrong wie lewenslank verbied is vanaf Olimpiese sport, is deur die Internasionale Swem Federasie (ISF) verbied om aan die Verenigde State Meesters Swem-kompetisie deel te neem nadat hy van plan was om weer na atletiese mededinging terug te keer. Armstrong was geskeduleer om te kompeteer, maar het vanweek die nee-woord vanaf die ISF ontvang omdat hoewel die VS-Meesters nie toets vir verbode middels nie, die ISF die beslissende party is. Pistorius terug op die baan: Oscar Pistorius het weer begin hardloop en sy terugvoer na oefening is op hande meen sy agent, Peet van Zyl. Dié stelling spruit uit die foto van Pistorius waarin hy in oefendrag op die Universiteit van Pretoria se bane deur skoliere afgeneem is. Dit was die eerste keer ná sy vriendin se Valentynsdag-skietvoorval wat Pistorius op ’n baan afgeneem is, sy familie ontken dus sprake dat hy reeds vanaf 21 Maart gereeld oefen.
SPORT
11 APRIL 2013
| 15
Onoorwonne Veritas
Veritas wéér krieket-kampioene EUGENIE GREGAN
Top Vyf uitslae
Veritas het die koshuiskrieketeindstryd vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen deur Over-de-Voor met 34 lopies in die eindstryd te klop. Veritas was die hele seisoen onoorwonne en die gunstelinge om weer met die trofee weg te stap nadat hulle in hul halfeindstryd met Patria klaargespeel het. Overs het egter hulle halfeindstryd teen Caput ook oortuigend gewen en was gedugte teenstaanders. “Ek is dankbaar dat ons die titel vir die tweede keer huis toe
Veritas Over-de-Voor Caput Patria Heimat kon bring, die manne het hard daarvoor gewerk en hulle verdien dit. Dit is ’n goeie oorwinning so vroeg in die jaar en die krieketmanne dra elke keer by tot ’n baie
goeie gees in die koshuis,” het Rudolph Muller Veritas se sport huiskomitee-lid, aan Wapad gesê. Veritas het eerste gekolf en het 192 lopies aangeteken. Overs het in antwoord hierop 158 lopies aangeteken voordat hul laaste paaltjie in die 38ste boulbeurt gekantel het. “Ons het regtig ’n positiewe gees hier by Veritas-krieket en dit was ’n groot eer om kaptein te kon wees van sulke passievolle manne. Alle eer aan God vir die feit dat ons twee jaar in ’n ry die koshuisliga-krieket kon wen,” het Jacques Kriek Veritas-krieketkaptein, gesê.
NWU-Puk hokkie presteer by SASSU's WYNONA LOUW
Die NWU-Puk1-manshokkiespan saam met hul afrigtingsspan.
Dit was die begin van groot dinge, dit was meer as net ’n wen; ons het die respek van ander gekry en dis waaroor dit gaan
houding en spoed en die oorwinning was die resultaat van weke se harde oefening," het Celia Evans kaptein van die NWU-Puk1vrouespan, gesê. Die NWU-Puk2-vrouespan het
in hul wedstryd teen UJ hul teenstanders 7-0 vermorsel. Die persoon verantwoordelik vir die fiksheid van die NWUPuk-hokkiespanne Sumari Brand (sportwetenskaplike), was baie beïndruk met die spanne se prestasie. "Ons almal was baie trots op die spanne se oorwinning. Die spelers sit baie ure se oefening in om ons Universiteit se naam hoog te hou. Ek sien baie uit na die res van die jaar se gebeure en glo in elke speler. Elkeen gee hul bes en ons sal die vrugte daarvan pluk," het Brand gesê. Die NWU-Puk1-vrouespan sal die 20ste, 21ste, en 22ste April Varsity-bekerwedstryde teen UJ, Universiteit van Stellenbosch (Maties) en NMMU (TV-wedstryd) onderskeidelik speel.
12 April Week 4 Vrydag
E-veld
F-veld
G-veld
Span 1 VS Span 2 Span 1 VS Span 2 Span 1 VS Span 2 Span 1 VS Span 2 Span 1 VS Span 2 Span 1 VS Span 2
18:30
Ratau 2
Excel- Villagers Veritas Villagers Veritas sior 3 4 4 3 3
Patria 3
Heimat Mafikeng 1 3
Patria Laureus 4 3
19:40
Ratau 1
Excelsior 2
De Wilgers 2
Caput Villagers 2 2
Veritas 2
Patria 2
Heimat Hombré 2 2
Overs Laureus Thaba3 2 Jäh 2
PUK O/19
Excelsior 1
De Wilgers 1
Caput Villagers 1 1
Veritas 1
Patria 1
Heimat Hombré 1 1
Overs Laureus Thaba1 1 Jäh 1
Patria De Wil4 gers 3
Thaba- Veritas Mafikeng 1 Jäh 2 4
21:00
16 April Week5 Dinsdag
D-veld
18:30
Villagers 3
Overs Villagers 3 4
19:40
Villagers 2
Overs 2
21:00 Villagers
Overs 1
1
Liga
Patria 4
Veritas 4
4
Patria 4 verloor
3
6
Laureus 3
Villagers 4
4
Laureus 3 verloor
0
80
Thaba-Jäh 2
Veritas 3
3
Thaba-Jäh 2 verloor
0
19
De Wilgers 3
Over de Voor 3
3
De Wilgers 3 verloor
3
22
Excelsior 3
Heimat 3
3
Excelsior 3 wen
27
10
Hombré 2
Ratau 2
3
Hombré 2 wen
22
10
Laureus 2
Villagers 3
3
Laureus 2 verloor
0
12
Thaba-Jäh 1
Veritas 2
2
Thaba-Jäh 1 verloor
19
52
Caput 2
Patria 2
2
Caput 2 verloor
3
13
De Wilgers 2
Over de Voor 2
2
De Wilgers 2 verloor
0
26
Excelsior 2
Heimat 2
2
Excelsior 2 wen
20
17
PUK o/19
Veritas 1
1
PUK o/19 wen
31
9
Caput 1
Patria 1
1
Caput 1 verloor
14
19
De Wilgers 1
Over de Voor 1
1
De Wilgers 1 wen
27
17
Hombré 1
Ratau 1
1
Hombré 1 wen
25
12
Excelsior 1
Heimat 1
1
Excelsior 1 verloor
7
20
Villagers 2
4
Laureus 1 verloor
12
34
Laureus 1
vir koshuisrugbyliga C-veld
Uitslag
Punte Punte vir teen
Span 2
VS
FOTO: VERSKAF
Wedstrydbepalings B-veld
FOTO: RUDOLPH BOSGOFF
Koshuisrygbyuitslae Span 1
Die NWU-Puk hokkiespanne het op 16 Maart tydens die Universiteit Sport Suid-Afrika (SASSU) teen die Universiteit van Johannesburg (UJ) op die NWU-Puk astrobane te stane gekom. Al drie die deelnemende NWU-Puk spanne het as oorwinnaars uit hul onderskeie wedstryde getree. Die NWU-Puk1-manshokkiespan het met UJ wat al die afgelope vier jaar in die eindstryd van die toernooi speel en ook verdedigende kampioene is, kragte gemeet en 4-2 met hulle afgereken. "Dit was ’n eye opener om te sien wat ons potensiaal is. Die wen het al die harde oefening, sweet en laat oefensessies die moeite werd gemaak. Dit was die begin van groot dinge, dit was meer as net ’n wen; ons het die respek van ander gekry en dis waaroor dit gaan," het Dirk van der Spuy kaptein van die PUK1-manshokkiespan, oor hul wedstryd teen die universiteit wat die maatstaaf vir universiteitshokkie stel, aan Wapad gesê. Die PUK1-damesspan het in hul USSA-ontmoeting die Johannesburgers met 4-3 in die stof laat byt. Die tuisgrond was inderdaad ’n voordeel vir die NWU-Pukdamesspan wat in 2008 hul laaste wedstryd teen UJ op tuisgrond gespeel en gewen het. "Die tye wat ons teen mekaar gespeel het, was nog altyd wedstryde vol rivalry. Hulle is bekend vir hul krag,
Tye
Die onoorwonne Veritas-krieketspan het Over de Voor met 34 lopies in die eindstryd geklop.
Overs 4
Overs 4
-
-
Laureus 3
-
-
-
-
Laureus Heimat De Wil2 3 gers 2
ThabaJäh 1
Patria 3
Ratau 2
-
-
-
-
Laureus Heimat Hombré 1 2 1
Caput 2
Patria 2
Ratau 1
Sport 11 APRIL 2013
Adrian Fransman van Huis Abraham Fischer van die UVS op die aanval teen die NWU-Puk se Villagers.
FOTO: FACEBOOK, NWU-PUK RUGBY INSTITUUT
Driemalige kampioene sink onoorwonne Villagers
WYNONA LOUW
V
illagers het in die eindstryd van die Steinhoff Koshuisrugbyliga op die Danie Craven Stadion Stellenbosch, teen die Huis Abraham Fischer-koshuis (Vishuis) van die Universiteit van die Vrystaat met ’n eindtelling van 20-16 kortgekom. Die Bloemfonteiners het eerste bloed getrek vroeg in die wedstryd ná ’n gemaklike strafskop in Villagers se kwartgebied. Dit was net die begin van die aand vir Vishuis se heelagter Beyers Louw nadat hy gemaklik die bal oor die dwarslat gekry het. Villagers het in die sesde minuut ’n strafskop gekry en hul
eerste punte van die wedstryd aangeteken. Dié twee punte het vinnig vermeerder nadat David Muller ’n akkurate hoekskop ingesit het en ’n aanvallende lynstaan vir die NWU-Pukspan vyf meter vanaf die opposisie-doellyn verseker het. Adriaan Oosthuizen het die aanval goed afgerond deur oor die witkalk te duik om Villagers se eerste drie op die bord te sit. Jean Booyens het geen foute gemaak nie en verdoel om die telling na 8-2 vir die Potchefstromers te neem. Die stryd van die losvoorspelers is duidelik deur Villagers gedomineer en hul groot voorspelers het goed gedoen om die Vishuisverdedigers in te trek. Daniël
Ons is tevrede met ons spel, maar hartseer.
Bensusan Villagers agtsteman, het vanaf ’n sterk, drywende losgemaal die maroenspan se tweede drie gedruk. Booyens het verdoel en die telling was 16-2 vir Villa-
gers met halftyd. In die tweede helfte het Vishuis met ’n goeie teenaanval in eie helfte momentum opgebou. Leon du Raan het in die 50ste minuut hul eerste drie aangeteken nadat hulle ’n hele wyle in hul eie helfte geboer het. Louw het verdoel en die telling na 16-10 gebring. Die driemalige-kampioene het met meer moed as in die eerste helfte gespeel en in die 57ste minuut het blitsige vleuel Lourens Jonker weer die bal anderkant die doellyn geplaas. Louw het vanaf die regterkantlyn verdoel en Vishuis het vir die eerste keer in die kragmeting met 18-16 voorgeloop. Die Noordwesters was onder toenemende territoriale druk ge-
plaas en Vishuis het in die laaste sekondes ’n strafskop gekry wat finaal die spyker in Villagers se doodskis gekap het. Die eindtelling was 20-16 vir Vishuis, wat hul derde Steinhoff Koshuisrugbyliga titel verower. “Ons het van November af hard gewerk en baie geleer, Jesus het baie gedoen. Dit was ’n goeie ervaring, ons het hard gespeel en wou regtig die beker huis toe bring. Ons is tevrede met ons spel, maar hartseer. Toe ons die gameplan gevolg het, het ons Vishuis ’n harde tyd gegee, dit was die meeste punte teen ons. Ek is baie trots,” het Daniël Goosen spanbestuurder en primarius van Villagers, aan Wapad gesê.
NWU-Pukke eindig met middelmatige 5de plek WYNONA LOUW Die 2013 Varsitybeker-kompetisie was een van waaghalsige spel en merkwaardige transformasies. Ten spyte hiervan is dit die FNB UP-Tuks wat die gesogte trofee vanjaar vir die derde keer in hul glaskas gaan vertoon. Die NWU-Pukke het hul Varsitybeker verrigtinge op ’n hoë noot afgeskop toe hulle in hul openingswedstryd teen FNB UP-Tuks die Pretorianers op die Fanie du
Toit-sportgronde in die stof laat byt het. Vir die duur van die kompetisie het die Noordwesters verskeie spogvertonings gelewer, maar hulle het ook soms noukeurige ondersoek ontlok met hul tweedehelfte-ellende wat soms kop uitgesteek het. Die NWU-Pukke se sewende rondte wedstryd teen Maties in Stellenbosch het alle doemprofete laat swyg toe hulle vanaf ’n 24-0 agterstand met halftyd terug-
gekom het om twee bonuspunte te verdien en vyf drieë in die tweede helfte aan te teken. Die puik vertoning was egter too little too late. Die NWU-Pukke het 37-34 kortgekom en in die proses op punteverskil hul kanse vir ’n plek in die halfeindrondtes verbrou. Dié verloor het die NWU-Pukke vyfde op die punteleer geplaas. In die Varsityskildafdeling het die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (CUT) hul tweede titel in die sak gedruk nadat hulle 29-19
met die Universiteit van die WesKaap (UWK) in Bloemfontein afgereken het. CUT sal in die 2014 seisoen in die Varsitybeker kompeteer. FNB Wits sal na die Varsityskild gerelegeer word nadat hulle in die agtsteplek as bodemskrapers uit die Varsitybeker tree. Die Jong Turke (Young Guns)trofee rus vir die tweede agtereenvolgende jaar in die FNB UP-Tuks se hande nadat hulle in die eindstryd met Maties 50-21 die loef afgesteek het.
Uitslae 1. UP-Tuks 2. Maties 3. UJ 4. NMMU 5. NWU-Puk
SPORTNUUS? Kontak ons sportredakteur Wynona Louw: 22976906@nwu.ac.za