LEES JOU KAMPUS
17 MAART 2016 JAARGANG 70
WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS
3
SMS-LYN 31750 MET WOORD ‘WAPAD’VOOR
15
KUNS UIT NIKS
10
'N VRIENDSKAPKONTRAK?
WAPAD@NWU.AC.ZA
KARATE KALLIE
Misverstand oor vasvrawebwerf se betrokkenheid by betaling vir navorsing
‘Belofte nie nagekom’ JEANELLE GREYLING & INGE JANSE VAN RENSBURG @Jeanellegrey @Ingenajvr96
'n
Groep studente aan die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit (NWU) wag reeds ’n jaar vir die gesamentlike betaling van sowat R40 000 wat ’n meestersgraadstudent hulle in ruil vir hul bydraes tot haar navorsing sou betaal. Joanie Liversage het vir haar MAverhandeling navorsing onderneem om vas te stel of tegnologiese middele suksesvol aangewend kan word om te help met die verbetering van spellingvaardighede. Die sowat 120 studente is egter steeds nie betaal nie. Volgens prof Gerhard van Huyssteen, ’n buitengewone professor aan die NWU-Puk, moes Liversage toestemming kry om betaling aan die respondente te bied, omdat dit gewoonlik ’n negatiewe impak op resultate kan hê. Alle faktore is egter in ag geneem “en daar is besluit dat respondentbetaling nié ’n negatiewe impak op die studie sou hê nie”. Liversage sou ’n bedryfsbegroting en ’n beurs van Beter Afrikaans en die Navorsingseenheid: Tale en Literatuur in die Suid-Afrikaanse konteks ontvang om die navorsing uit te voer. Van Huyssteen het die ooreenkoms in sy private hoedanigheid hanteer. Die geld sou aan die Navorsingseenheid oorbetaal word mits die universiteitsprosedures en -beleide nagekom is. Die studente sou betaal word om
Iets om te sê?
vir ’n beperkte tydperk daagliks aan die gratis webdiens, Beter Afrikaans, deel te neem “ten einde te bepaal of dit hulle spellingvermoë verbeter”. “Dié toetse behels vier veelkeusevrae wat per dag voltooi moes word. Respondente moes ook by drie geleenthede ’n gestruktureerde kontroletoets van vyftig soortgelyke vrae voltooi,” het Van Huyssteen gesê. Liversage het tydens ’n onderhoud met Wapad gesê die studente is nog nie betaal nie weens etiekbeleid van betaling wat tydens die proses verander het. “’n Hele nuwe model en struktuur moet saamgestel word,” het Liversage gesê. “Tot dit nie afgehandel is nie, kan niemand wat aan die studie deelgeneem het hul geld ontvang nie.” Van Huyssteen het egter gesê hy weet nie van ’n etiekbeleid wat moes verander of vasgestel word nie. Hy het gesê Liversage kon weens mediese omstandighede sedert Maart verlede jaar nie haar navorsing voortsit nie. “Aangesien nóg die Navorsingseenheid, nóg Beter Afrikaans toegang tot die respondente het, kan daar nie ingegryp word om die studente te betaal nie,” het Van Huyssteen gesê. “Slegs Liversage skakel met die studente en sy is verantwoordelik om uiteindelik die studente uit die genoemde bedryfsbegroting te betaal.” Anina van Niekerk, ’n tweedejaar in BIng chemiese ingenieurswese, is deel van ’n Whatsapp-groep
SMS 31750
’n Voorbeeld van die daaglikse toetse wat jy op die Beter Afrikaanswebtuiste kan aflê.
Slegs Liversage skakel met die studente en sy is verantwoordelik om uiteindelik die studente uit die genoemde bedryfsbegroting te betaal.
met die woord ‘wapad’ vooraan
FOTO: BETER AFRIKAANS
Joanie Liversage. FOTO: FACEBOOK
Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief
respondente. Volgens haar het die lede van dié groep herhaaldelik aan Liversage gevra wanneer hulle betaal word. “Sy het naderhand nie eers meer geantwoord nie,” het Van Niekerk gesê. “Sy het op ’n stadium vir my gesê ek moet met iemand by CTexT gaan praat, maar ek wil nie weet wat agter die skerms aangaan nie. Hulle moet aanspreeklik gehou word.” Volgens Van Huyssteen is die Navorsingseenheid deurentyd in verbinding met Liversage “om die situasie te beredder, onderhewig aan haar mediese omstandighede”. Sy en prof Attie de Lange, navorsingsdirekteur, het vandag ’n afspraak “om haar vordering te moniteer”. Sommige van dié respondente blameer Beter Afrikaans vir die misverstand. Soné Muller, ’n tweedejaar in BEd Grondslagfase, het gesê: “Hulle gaan maak dat ons nooit weer bereid sal wees om met sulke goed te help nie.” Christie-Ann Dreyer, ’n tweedejaar in BEd senior- en verdere onderwys en opleiding (VOO), het gesê dit pla haar, “want dit is ’n belofte wat nie nagekom is nie”. Anina van Niekerk, ’n tweedejaar in BIng chemiese ingenieurswese, hou vol dit is Beter Afrikaans se verantwoordelikheid om met die studente te kommunikeer. “Die gemiddelde student is nie ’n ryk mens nie. Net so het ons ook nie baie tyd nie. Dit was werklik ’n opoffering om tyd af te staan om ’n maatskappy met navorsing te help,” het sy gesê.
2
Nuus
17 Maart 2016
Barclays withdraws from SA HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG @HeinzStruwig Last year, Barclays was rumoured to be considering selling at least a part of its African business because questions about the strategic fit of the bank’s large African business with the rest of the group had arisen. Britain’s Barclays Bank finally stated its intention to sell its 62.3% interest in the Barclays Africa Group in March. True, South Africa changed its mind three times in one week about its finance minister. This coincided with the underperforming economy. Needless to say, the confidence levels of the investors were not exactly increasing.
Barclays’ withdrawal will not affect the bank’s operations in the slightest. Barclays also struggled with legal problems, including an investigation into suspected money laundering at Absa Bank. This withdrawal plan does not affect clients. Absa sent out SMSs to clients stating: “You will not be impacted in any way. Absa is here to stay. Our financial results show solid growth.” Maria Ramos, Barclays Africa chief executive, said Barclays’ withdrawal will not affect the bank’s operations in the slightest. Although clients should not be worried about their banking, all South Africans should be concerned about investors leaving South Africa.
What’s new with Facebook HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG @HeinzStruwig After the update that allows users to react to posts in different ways other than the usual ‘like’, Facebook has also unveiled live video. iPhone users have had it since January but it has only recently been released for Android. Livestreaming is nothing new, and Facebook has allowed verified pages to do live videos for some time now. This feature, however, is now available to everyone. You simply tap the ‘status’ button and select the live video icon, follow the instructions and boom! You will be able to broadcast live, with your Facebook friends seeing it straight from their feeds. Facebook has only recently adjusted their newsfeed algorithm so that these videos show right at the top – ensuring that the live video has optimal reach while it’s live. This social media network has recently tweaked the newsfeed to prioritize stories based on relevancy and what you will likely interact with. This ensures that anything you may find interesting gets attention and does not disappear amongst the less relevant posts.
Rye karre staan in Steve Bikostraat weens ’n tekort aan parkering op kampus.
FOTO: HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG
Parkeer reg en vermy boete CHRIZELLE JOUBERT @chrizelle46
J
y gaan nie jou graad kry as jy nie die verkeersboete wat Beskermingsdienste opgelê het, betaal nie. Dít volgens Giel Senekal, hoof van verkeers- en toegangsbeheer by die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus. “Die bedrag van die boete word op die student se rekening geplaas.” Volgens hom word alle par-
keeroortredings met R300 beboet. “Met oortredings soos dronkbestuur, roekelose- en/of nalatige bestuur word dit na die dissiplinêre komitee verwys,” het hy gesê. Senekal het gesê die parkeer–skyfie in verskillende kleurkodes is ’n aanduiding van waar studente mag parkeer. “Koshuisstudente ontvang geel, blou, wit, pienk, pers en swart skyfies wat beteken hulle word slegs toegelaat om by hul afsonderlike koshuise te parkeer,” het hy gesê. Motors met oranje parkeerskyfies
mag nie by die koshuise parkeer nie. Maroen is vir personeellede. Eerste- en tweedejaars kry sebra kleurskyfies. Hulle kan by drie geïdentifiseerde areas af-kampus parkeer, “naamlik Astro Villa by die ingang van Gerrit Dekkerstraat, Presidentstraat by die kerk en op die ingenieurskampus,” het Senekal gesê. Volgens Jacobus Mahlangu, ’n tweedejaar in BA bedryfsielkunde en arbeidsverhoudinge, het hy al meer as een boete op die lyf geloop.
“Ek ontvang gereeld ’n papier in my windskerm, veral as ek voor die Draak stop.” Francois Uijs, ’n tweedejaar in BIng meganiese ingenieurswese, het gesê hy het nog nie ’n boete ontvang nie. “Indien ek een gekry het, sou ek spyt wees,” het Uijs gesê. “R300 is ’n paar rand vir ’n student.” Volgens Senekal is enigiemand welkom om na-ure op kampus te parkeer solank hulle motors net teen 06:00 die volgende oggend verwyder is.
Wapad pronk op herwinbare rok ALTA GRUNDLINGH @altaG100 Wapad verskyn deesdae nie net op kampus en sosiale media nie, maar is selfs in die vorm van herwinbare rokke beskikbaar. Lucinda van Schalkwyk, ’n eerstejaar in BSc plantkunde en dierkunde (met toerisme), het besluit om haar rok vir Mej Eikenhof – Eikenhof-vrouekoshuis se jaarlikse modeparade – uit Wapadkoerante te maak.
Wapad is nou in die vorm van herwinbare rokke beskikbaar. Dié glansaand het verlede Vrydag plaasgevind. Volgens Van Schalkwyk is Mej Eikenhof ’n lekker kompetisie waaraan die inwoners vir deelnamepunte of blote pret deelneem. “Herwinning is een van die temas van die modeparade,” het sy gesê. Sy het koerantpapier gevou en gesny om oor ’n gewone swart rok vas te werk. “Ek het koerantpapier gebruik aangesien ek ’n unieke en kreatiewe manier gesoek het om die rok te maak wat by die tema pas en steeds stylvol is,” het Van Schalkwyk gesê. Sy het geweet die Wapadkoerante is maklik in groot hoeveelhede bekombaar. “Ek het dit juis só beplan dat Wapad se naam duidelik sigbaar is.”
Lucinda het besluit op ’n skouerlose, informele rok wat kort voor en lank agter is.
FOTO: VERSKAF
17 Maart 2016
3
Nuus
PHOTOS: ISABEL MOISES
Friendship with terms and conditions ISABEL MOISES @Bellamoises107
S
igning contracts is usually associated with legal documents – not in the least with friendship. Yet Johan Lombard offers a different view about this. Johan has set up a friendship contract that legally binds him to his close friends with various terms and conditions.
I never got along with my parents. I was always seen as the weird child and never really learned to be myself Jana*, one of his good friends, signed the contract last year. “When he first mentioned it, I laughed it off because I didn’t think that he was serious.” Jana hesitantly signed the contract for the sake of making him
Johan Lombard with the papers for his “Friendship Agreement”
happy. “Johan struggles to socialize with people, and can be very socially awkward,” Jana said. During our chat, an apparently
emotionless Johan nonetheless opened up his heart as to why he decided to start this contract: “To prevent that I get hurt.”
PHOTO: ISABEL MOISES
This one sentence packages endless questions, like: How could it be that one can be so hurt that you’re pushed to drawing up a document
to protect yourself? “I never got along with my parents,” says Johan. “I was always seen as the weird child and never really learned to be myself.” The fact that he has a scientific brain and finds interest in television series such as Star Trek and Big Bang Theory explains his ways of doing things. In a serious tone of voice, Johan explains that after a few friends broke the agreement on the contract, he has since realised that life is not always black and white. “If you give people the option in black or white – with no grey areas – they are bound to fail.” The introvert young man from Sasolburg struggles to express his emotions. In remembrance of his grandmother’s passing, Johan wrote a book called The dark side of my happy life, in which he expresses his feelings and emotions. With a confident smile, he admits that he is weird. “I creep some people out but some find me interesting.” There was no mentioning of a girlfriend throughout the interview, and when asked if he would draw up a contract for a relationship, he giggles and adds “that has not happened yet.” *Names have been changed to protect the identity of the friends.
‘Ons soek Setswana as onderrigtaal’ MARNUS KOK & INGE-AME SCHOEMAN @MarnusKok & @inge-ame12 As die Noordwes-Universiteit (NWU) ernstig oor integrasie is, moet die universiteit Setswana as ’n onderrigmedium instel. Dít het Masha Mogorosi, SASCOlid, Maandag gesê toe sowat 60 optoggangers ’n memorandum by die Institusionele Kantoor aan die universiteit oorhandig het. Mogorosi en Shaheen Khan, wat saam met ReformPUK kragtens ’n hofbevel verbied word om werksaamhede van die NWU te ontwrig, is by die optog opgemerk. Volgens Reonette Jansen, bestuurder van Klipoog Kafeteria (SS) en Drakenstein Restaurant (Draak), kon hulle Maandag nie al die dienspunte oopmaak nie. “Volgens inligting wat ek nie kan bevestig nie, word werkers geïntimideer en weerhou om vir diens aan te meld,” het Jansen gesê. Volgens Mogorosi gaan die optoggangers nie ophou tot die universiteit tot ’n beslissing op hul voorwaardes kom nie. “Die universiteit gee nie om oor hulle werkers nie,” het hy gesê.
Die optoggangers het 10:00 vanaf Trimpark vertrek en hul memorandum uiteindelik om sowat 12:30 op die hoek van Borcherd- en Hoffmanstraat oorhandig. Volgens NWU-Pukke se Facebook-blad is “die veiligheid van ons personeel en studente eerste prioriteit”.
Setswana is in die verlede afgeskeep, maar die NWU wil dit “gelyk met die ander tale bring”.
Die optoggangers tydens Maandag se optog. Die optog was volgens ReformPUK se Facebook-blad teen wit oorheersing en die “uitkontraktering van werkers”.
Die optoggangers het ’n memorandum aan Robert Kettles, adviseur in die visiekanselier se kantoor, oorhandig. Die plaaslike
FOTO: Marianne Steyn owerhede het toestemming aan die optoggangers verleen om die optog te hou. Die optog het vreedsaam en sonder enige voorvalle verloop.
Prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende kampusrektor van die Potchefstroomkampus, het in Januarie aan Wapad gesê die NWU het “’n beginselbesluit geneem om ’n multitaal-universiteit te wees. In ons geval is dit dan Afrikaans, Engels en die streektaal Setswana,” het hy gesê. Hoewel hy erken het Setswana is in die verlede afgeskeep, wil die NWU dit “gelyk met die ander tale bring”.
Nuus 17 Maart 2016
4
Publikasie: Skrywers vertel jou hoe LISA IMMELMAN @Lisa_Immelman
J
ou manuskrip lê in ’n laai en stof gaar. Jy is te jonk en onervare en jou idee is te groot. Dié berig is ’n informatiewe gids tot publikasie vir amateurskrywers wat hulself aan die standaarde van Ingrid Jonker meet en ’n bundel of boek op sestienjarige ouderdom wil publiseer. Wapad het met prof Bernard Odendaal, direkteur van die ATKV-Skryfskool, en prof Franci Greyling, vakvoorsitter van die vakgroep skryfkuns op die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, gesels oor hul eie skryfuitdagings, die resep tot ’n publiseerbare manuskrip en die grootste fout wat jy as skrywer kan maak. ’n Magdom publikasiemoontlikhede en -platforms is vir jong skrywers in Suid-Afrikaanse literatuursirkels beskikbaar. Uitgewers soos NB-uitgewers, LAPA, Protea Boekhuis en Nalediuitgewers, asook webplatforms
soos Storiewerf, Versfabriek en LitNet is enkele voorbeelde. Greyling meen egter dit is belangrik om die volgende vraag te vra as jy ’n platform kies: “Wat wil ’n mens self doen en wat wil jy waag?” Selfpublikasie is ook ’n opsie. Selfs bekendes – insluitend die oud-skryfkunsdosent prof Hans du Plessis – het al dié keuse gemaak. Odendaal meen egter dit is nie die beste uitweg vir jong skrywers nie. “Die risiko van mislukking en finansiële verlies bly groot”. Uitgewers bly dus die gekose opsie vir nuwe skrywers “vanweë die kritiese terugvoer,” het hy gesê. “(Uitgewers) bied sulke platforms en groeigeleenthede vir opkomende skrywers.” Voor jy die uitgewers opweeg, moet jy egter ’n publiseerbare manuskrip skryf. Hoe voltooi mens egter ’n goeie manuskrip? “As jy ’n hele paar keer gedurende jou skooljare terugvoer gekry
het wat baie lowend was oor jou kreatiewe skryfwerk, kan jy weet dat jy waarskynlik skryftalent het,” het Odendaal gesê. “Die res van die resep is maklik.” “Lees baie. Baie, baie. Veral in die genres waarin jy self wil skryf. Talent wat nie gevoed word nie, bly wat dit is: latente talent,” het Odendaal gesê. Greyling het dit beaam: “Lees, skryf en lééf.” Volgens haar is die grootste fout wat ’n amateurskrywer met sy oog op publikasie kan maak om “nie die waagmoed te hê om te waag nie”. ’n Dosent op ons voorstoep het sowat twee jaar gelede sy debuutroman gepubliseer. Duane Aslett, ’n seniordosent in forensiese rekenmeesterskap aan die NWU-Pukkampus, se misdaadroman, Skoppensboer, is in 2014 gepubliseer. Hy het inspirasie uit sy ervaring in die loopbaan van forensiese rekeningkunde geput. Sy volgende roman is sterk op pad.
FOTO: Duane Aslett
The ultimate library guide for overwhelmed beginners BOUDINE KRUGER @BoudineKruger
The catalogue is very helpful and easy to use.
A project sometimes requires looking further than Google’s homepage. In these circumstances, you can always visit the Ferdinand Postma Library on the North-West University’s Potchefstroom Campus for books on any subject. By following a few easy steps, you too can take out books, reference works and journals at the library. This service, known as the loan services, is provided to all students. Undergraduate students can take out books for two weeks, while postgraduate students can borrow it for a month. You are usually allowed to use reserved books and reference works for three hours in the library. However, if you are the last to leave, you can take out a reference work overnight, provided that you return it by 08:00 the following morning.
Catalogue According to Franciska Heystek, a third-year in BSc geology and microbiology, “the catalogue is very helpful and easy to use”. Search for the book in the
The book depository in front of the Ferdinand Postma Library. catalogue. The catalogue can be accessed electronically. This database responds on keywords
such as the name of the book or the name of the author. The catalogue will then display the call number,
PHOTO: BOUDINE KRUGER which will help you to find the location of the book. It will also tell you if the book is available or if you
can only use it in the library. If the catalogue indicates that the book is in the basement or the reserved section, you have to inquire about it at the loan services desk. The books available for taking out can be found on the first and second floors. The bookshelves in the library are marked with the call numbers in alphabetical order. Once you have found the book, you go back to the loan service desk in the lobby. Remember that you have to supply your student card. Martin Nokoane from the loan services said the library is very strict about this. “No student card, no transaction,” Nokoane said. You will receive a receipt confirming the date you borrowed the books, how many books you borrowed, and the return date. If you do not respect this return date, you will be fined for every day you are late. “You can also return the book by dropping it in the door’s drop box,” Nokoane said. He also said you can renew your loan online or at the loan services desk.
MACHINE TRANSLATION WEB SERVICE
mt.nwu.ac.za
TRANSLATION
AT YOUR FINGERTIPS
This service is available to anyone with an internet connection! It can provide sentence, document and web page translation in any of the available language pairs. Automatic translation from English into Afrikaans, Sesotho sa Leboa, Setswana and Xitsonga. Machine Translation (MT): Computer attempts to automatically translate a provided text from one language into another Expectations: MT is not perfect and cannot replace skilled human translators. It can however aid in the translation process to ensure more consistency and to speed up the process by providing possible translations. This project is proudly sponsored by the Department of Arts and Culture.
17 Maart 2016
5
Nuus
Planted seeds of a cultural revolution
No taming these party animals. FRANCOIS LION-CACHET
T
he power is in numbers and the numbers are dancing. The Bult’s parking area and the old Aardklop grounds were
PHOTO: FRANCOIS LION-CACHET the unexpected hosts of a massive party of over 400 people last Saturday night. These were mostly students, and mostly black. Although this gathering seemed to have grown organically, it was a
first for the Bult area considering numbers and demographics. The core group originated from a 21st house party in Steve Biko Street, which was disbanded by police due to a noise complaint,
partygoers told. Elias “Pussy” Danke, the birthday boy, estimates that the house party grew to about 200 people. Apparently the crowd “danced in protest” when confronted by police,
and moved to the Bult at which point the crowd grew considerably. Various types and genres of music were played out of car sound systems, ranging from hip-hop to different types of house. Friday evening parties in front of the Drakenstein Restaurant on campus are common, but not on this scale. Attenders saw this gathering as culturally and even politically significant. A party to which the gates can’t be shut, so to speak. Jeanett Poe Masala, who also attended, told that the gathering and party signified a protest against the social culture in Potchefstroom that does not cater for a diverse crowd or culture. “We’re right in front of Bourbons and other clubs that don’t cater to us so we are catering for ourselves,” Masala told. A stark juxtaposition could have been seen with the street dividing mainly white and Afrikaner students on one side and this party on the other. In a time where political unrest on campuses are high, together with the contentious issues of social and cultural integration, the gathering showed signs of spaces being claimed that has been lacking from universities. “It’s important that we congregate and be united through our differences,” Masala elaborated. The party continued well into the morning where more people of all races started to join in. Police and Protection Services were present at the party. It remains to be seen if such an event will happen again and if it will receive headwind due to legality. *Francois Lion-Cachet is a guest writer.
Waarnemende kampusrektor nie onder kalkoen uitgebroei JANI MARAIS @marais_jani Die gebruik van sosiale media – veral Facebook – het ’n gewilde en effektiewe medium geword om vinnig mee te kommunikeer. Dít volgens prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende kampusrektor van die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus, wat die laaste tyd deur dié medium met studente kommunikeer. “Elke boodskap wat die afgelope tien dae gekommunikeer is, het van 250 000 tot 450 000 reikwydte gehad. Nog meer indrukwekkend is dat elke boodskap meer as 1 000 keer gedeel is,” het Janse van Rensburg gesê.
Dit is duidelik dat SuidAfrikaners eerder ’n konstruktiewe, positiewe houding binne hierdie gepolitiseerde tyd soek. “Facebook het die laai en besigtiging van video’s as deel van ’n boodskap baie makliker gemaak.” Hy het gesê hy is geweldig beïndruk met die positiewe terugvoer
Prof Fika Janse van Rensburg, waarnemende kampusrektor, spreek studente en ouers toe.
wat hulle gekry het. “Dit is duidelik dat Suid-Afrikaners eerder ’n konstruktiewe, positiewe houding binne hierdie gepolitiseerde tyd soek. Daar is ook waardering vir ons benadering van ‘Geen toleransie’ nie.”
Janse van Rensburg het gesê hy sien nie sy manier van kommunikasie met die studente en personeel as ’n benadering nie, maar eerder as ’n plig wat elke rektor het. Sy betrokkenheid strek selfs tot besoeke aan die Voorhuis-eetsaal.
Pia du Toit, ’n tweedejaar in BEd grondslagfase, het Janse van Rensburg sowat twee weke gelede in die Voorhuis gesien en het gesê sy was beïndruk. “Dis nie elke dag wat jy ’n gesagspersoon sommer in die Voorhuis
FOTO: HARDUS LUDICK
raakloop nie.” Lurica Pasques, ’n tweedejaar in BA sielkunde en Afrikaans, het gesê Janse van Rensburg se video’s is vir haar “interaktief en reguit tot die punt”.
6
Nuus
CES 2016’s Weirdest Gadgets HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG
Ons sondes word belas LINZETTA CALITZ @ LinzettaC
@HeinzStruwig CES (The Consumer Electronics Show) is considered to be one of, if not the most, important annual consumer technology shows. Consumers were this year entertained with weird and wonderful gadgets that you didn’t know you wanted. One gadget, the DietSensor SCiO Food Scanner, scans the chemicals in your food and analyzes if you can consume it based on your dietary conditions or preferences. The RippleMaker imprints an image from your phone on the foam of your coffee drinks. Samsung’s FamilyHub Fridge provides that something else for your kitchen. It is essentially a fridge with an enormous tablet on it – functioning as an electronic pin board. This fridge also has a camera inside that you can access via your smartphone when out shopping to check on what you might need. And then something you did not know you wanted: SensorWake. It is an alarm clock… of sorts: instead of ringing you awake, it wakes you with distinct odours at a designated time, for example the smell of coffee at 06:00.
17 Maart 2016
S
tudentwees is die enigste tyd wanneer dit (soort van) aanvaarbaar is om jou aan dinge soos drank en sigarette te vergryp… dít terwyl jy nie eens die handboeke vir al jou modules het nie! Die minister van finansies, Pravin Gordhan, het ons op 24 Februarie gemotiveer om eerder die handboeke te koop. Die ouditeursgroep Deloitte het die begrotingsrede kortliks op YouTube saamgevat: • Hoëronderwys sal in die volgende drie jaar ’n addisionele R16.3 biljoen ontvang, met R5.7 biljoen wat vir vanjaar se fooi-opskorting benodig word. • Die brandstofheffing styg met 30 sent per liter. • Belasting op suikerversoete drankies word bekendgestel. • Belasting op alkohol- en tabakprodukte verhoog met 6.85%. • Die regering moet R1 biljoen vir droogteverligting vind. Die algemene student voel sondebelasting (alkohol- en tabakprodukte) egter die meeste aan sy sak. Gerhard Oosthuizen, ’n derdejaar in BSc mikrobiologie en plantkunde, het gesê: “Ek dink nie ek het al minder gedrink nie. Ek eet minder of ek eet goedkoper.” Henco van Zyl, ’n vierdejaar in BPharm farmasie, het gesê die drank- en sigaretpryse beïnvloed
’n Student heroorweeg sy rookgewoonte ná die sondebelasting gestyg het.
hom nie omdat hy “nie ’n kuiergat” is nie. “Ek drink egter Lucozade (’n energiedrankie) terwyl ek leer. My ma-hulle betaal my kosgeld, so dis nie so erg nie,” het Van Zyl oor dié prysstyging gesê. Bianca de Villiers, ’n eerstejaar
in BA kommunikasie, het gesê sy en haar twee vriendinne rook saam “’n pakkie ’n dag.” Volgens haar sal hulle ook ander kostes sny sodat hulle die daaglikse pakkie kan bekostig. Ashlin Herman, ’n tweedejaar in BEd onderwys, dink
FOTO: VERSKAF
nie hy sal die drankprysstygings te erg voel nie. “Omdat ek Christelik is, drink ek net Saterdae.” Herman het gesê hy en sy vriende verkies hubbly (waterpyp) bo sigarette, maar omdat dit duurder uitwerk, sal hulle sigarette oorweeg.
Oormaat behuising laat die pryse nie daal: Studente ongelukkig RONÉ VAN WYK
Die mark vir behuising
@RonePink Vir die ontwikkelaar was die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus ’n gewaarborgde bron van inkomste. ’n Oormaat nuwe ontwikkelinge met die oog op studentebehuising is dus goedgekeur en gebou. Hoewel dit tans blyk dat talle ontwikkelaars hulle misgis het, meen kenners die deurlopende ontwikkeling van die dorp – asook die uitbreiding van die universiteit – mettertyd ekonomiese stabiliteit aan Potchefstroom sal verseker. Volgens Servaas Scheepers*, wat in dié bedryf werksaam is, het verhogings in belastings en ander lewenskostes daartoe gelei dat eenhede wat vir studentebehui-
• • • • • •
Suid-Afrika se huidige rentekoers vir verbande is 10.25%. Volgens interne berekeninge sal die aankoop van ’n huis wat R1 000 000 kos terugbetaling van sowat R10 500 per maand vereis. Kopers betaal tans kontantdeposito van 5.8% by die koop van eiendom. Die verhuringsindeks is vanjaar 8.01%, dus sal die huurpryse in SuidAfrika met 8.01% verhoog. Dit is die verlaging van die verwagte 10% as gevolg van die stewige stygings in water, elektrisiteit en sanitasie kostes. Sowat 60% van Suid-Afrikaanse gesinne is slegs huurders en nie in staat om hul eie eiendomme te bekostig nie.
sing geallokeer was, leeg staan. “Vele eienaars van eenhede moes noodgedwonge hul eiendomme aan publieke huurders verhuur, ten spyte daarvan dat die eenhede oor-
spronklik slegs vir studentegebruik bestem was,” het Scheepers gesê. Suid-Afrika se ekonomie word tans as “onderweg na ’n kommerwekkende depressie” gesien.
Die stakings en onrustighede rondom die universiteite is ’n groot faktor wat die ekonomiese stand van sake beïnvloed. Stygende rentekoerse, asook die heffings op water, elektrisiteit en sanitasierekeninge, dryf Jan Publiek uit hul huise en opsoek na verhuringspersele. “Tans is die stakings en onrustighede rondom die universiteite ook ’n groot faktor wat die ekono-
miese stand van sake beïnvloed,” het Scheepers gesê. ’nʼn Ander rede vir die oorskotbehuising is omdat ’n groot aantal studente nie die werkslading of studentelewe van die universiteit kan hanteer nie. “Van hierdie studente kry nie keuring om hul grade te voltooi nie en ander moet weens depressie of ander persoonlike kwessies die universiteit verlaat,” het Scheepers gesê. Hy het ook gesê Potchefstroom bestaan grootliks uit mynbou en boerdery, asook die menigte wat daagliks vanaf Potchefstroom na Gauteng ry om daar te werk. “Tog is die mark besig om op te tel en kan die verdere ontwikkeling van Potchefstroom met betrekking tot byvoorbeeld die uitbreiding van die pampoenboere ’n groot inspuiting vir die dorp se ekonomie wees.” * Skuilnaam.
Carstens: ‘Studente is my verantwoordelikheid’ RENERA LOUWRENS @JuanitaRenera Studente aan die Skool vir Tale wat ongereeld klasse bywoon kan verwag om ’n waarskuwing by die direkteur van dié skool te kry. Dít volgens prof Wannie Carstens, direkteur van die Skool vir Tale, wat alle studente in dié skool verlede week in ’n e-pos gewaarsku het oor die nagevolge as jy versuim om klasse by te woon. Die e-pos stipuleer dat geen standaarde verlaag sal word as gevolg van verlaagde studentewaardes nie. Deelnamepunte speel ’n belangrike rol in eksamentoelating. Carstens het gesê die personeel aan die Skool vir Tale “is altyd bereid om ’n klein bietjie harder te werk vir die student wat aanwesig is” omdat dit minstens beteken die
student neem deel. Volgens hom bestaan daar twee rolspelers tydens klasse: “Die student en die dosent.” Gesamentlike resultate kan slegs bereik word wanneer ’n student die klasse bywoon. Dosente sal geen verantwoordelikheid vir die uitkomste aanvaar as die student nie sy kant gebring het nie. “Jy moet jou dosent in staat stel om jou aktief te begelei. As jy nie klas bywoon nie, hoe verwag jy om ’n taal te leer of om gedigte te ontleed? Dis ’n verkriklike eenvoudige beginsel,” het Carstens gesê. Vervalste doktersbriewe was ook ’n knelpunt. “Dit is absolute bedrog. Ek meld dadelik sulke goed by die dissiplinêre kantoor aan en dit kom op jou rekord dat jy ʼn’n leuenaar is,” het hy gesê. Volgens Jacques Snyman,
Deelnamepunte is belangrik vir die eksamen – woon dus klasse by. tweedejaar LLB-student, is klasbywoning wel belangrik. ↓“Daar is mense wat slim genoeg is om wel klas nie by te woon nie, maar ons is tog hier om te studeer en nie om te ontspan nie.”
Julia Hamman, ’n tweedejaar in BA kommunikasie, het gesê dit is beter om klas toe te gaan. “Jy moet weet wat aangaan. Dosente hou jou dop en ons moet dit besef,” het sy gesê.
FOTO: PACE.EDU Carstens het gesê die Skool wil hê die studente moet suksesvol studeer. “Studente is my verantwoordelikheid. Ek is nie vies teenoor hulle nie. Ek wil hulle inlig oor die gevolge van nie-klasbywoning.”
17 Maart 2016
7
Nuus
Berei jouself maar voor op die eksamen: jy gaan skryf.
FOTO: VERSKAF
Eksamens dwing jou om die kennis te internaliseer ANNA-MARIE RICHTER @7AnnaMarie7
D
ie praktyk van promovering, waar studente met genoegsame deelnamepunte die opsie het om nie eksamen te skryf nie, is gegewe die inherente ontwerp en vereistes van programme nie haalbaar nie. Volgens Frans du Preez, registrateur van die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus,
is die onderrigbenadering juis gebalanseerd om te verseker ’n student voldoen aan al die moduleuitkomstes. “Die benadering behels ook die kombinasie van klasbywoning, selfgerigte studie, periodieke en deurlopende assessering wat in ’n deelnamepunt saamgevat word; en waar die formele eksamengeleentheid as finale bevestiging dien,” het Du Preez gesê. Du Preez het gesê ’n studie wat op derdejaarstudente van die Fakulteit Ekonomiese en Be-
stuurwetenskappe uitgevoer is, het aangetoon dat slegs 12% uit ’n klas van 152 studente deelnamepunte hoër as 75% gehaal het. “Ná die eksamen het 18% meer as 75% se deelnamepunte gehad,” het hy gesê. “Dit blyk dus of daar ’n direkte korrelasie tussen deelnamepunte en eksamens is.” Wilhelm Meyer, ’n vierdejaar in BA/BMus musiek, het gesê hy verkies dit om eksamen te skryf. “Ek dink ’n mens moet eksamen skryf omdat deelnamepunte maklik korrup kan wees, maar nie eksamen-
punte nie.” Miemie Richter, ’n honneursstudent in Engels, het gesê hoewel die idee van promovering goed klink, voel sy kennis gaan verlore omdat opdragte dikwels nie so moeilik is nie. “Eksamens dwing jou om die kennis te internaliseer waar, as jy promoveer, jy outomaties na ’n hoër vlak vorder sonder om die nodige kennis op te doen,” het sy gesê. Volgens Du Preez is “sekere gespesialiseerde kwalifikasies ook onderhewig aan verdere vereistes van professionele liggame wat
Kennis gaan verlore omdat opdragte dikwels nie so moeilik is nie. stipuleer dat eksamens afgelê moet word en aan spesifieke vereistes moet voldoen ten einde akkreditasie te verseker”.
Sêrsimposium: ‘Mikrofone op verhoog sal hulle stemme dra’ ANNEKE VAN EEDEN @annekeveeden Die moontlikheid van klankversterking, beoordeling in die Konservatorium, asook die standaardisering van die beoordelingskriteria met Universiteitesêr is onder meer by die Sêrsimposium op 28 Februarie bespreek. Volgens Sean Smit, SR-Kunstevoorsitter, is die doel van die simposium om nuwe idees te genereer sodat die Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus ’n beter kans staan om die Universiteitsêrbeker te wen. Klankversterking in die ouditorium was een van die besprekingspunte, omdat “sêrgroepe baie stremming op hul stemme sit net om hoorbaar te wees,” het Smit gesê. Volgens Smit is die akoestiek in die ouditorium ook van ’n laer gehalte as die lokale wat tydens Universiteitsêr gebruik word. Dit veroorsaak dat die NWU-Puk ’n agterstand teenoor universiteite soos die Universiteit Pretoria en die Universiteit Stellenbosch het. “Die Konservatorium is as ’n vierde lokaal vir optredes voorgestel, wat deelnemers baie sal bevoordeel,” het Smit gesê. “Indien dit in die Konservatorium beoordeel word, gaan die klank
wat wen dieselfde klank wees wat op Universiteitsêr se verhoog gaan wees,” het hy gesê. Hoewel elke groep in die verlede slegs drie keer ’n aand opgetree het, dink Smit nie ’n vierde optrede gaan die deelnemers negatief beïnvloed nie.
Indien die klankversterking realiseer, gaan die sêrgroepe nie hul stemme hoef te forseer nie, so hulle stemme gaan langer hou. Benita van der Merwe, ’n eerstejaar in BCom kommunikasie, dink ook ’n vierde optrede is ’n goeie ding. “Meer studente sal die geleentheid hê om die optredes by te woon.” Boonop sal “die mikrofone op die verhoog hulle stemme dra”. “Indien die klankversterking realiseer, gaan die sêrgroepe nie hul stemme hoef te forseer nie, so hulle stemme gaan langer hou,” het hy
Die sin “Sêr-mense is lekker mense! Sêrsimposium 2016” het dié foto vergesel.
gesê. “Die Konservatorium behoort die tweede lokaal te wees waarin hulle optree, sodat hul stemme nog sterk is.”
Die eerste vertoning sal in die Totiussaal wees. Janda Snyman, ’n derdejaar in BPharm farmasie, het gesê sy is bly
FOTO: FACEBOOK
daar gaan klankversterkings op die verhoog wees. “Nou kan ons uiteindelik musiek maak, want jy kan nie wen as jy skree nie.”
8
Nuus 17 Maart 2016
Kennershoekie: Teoloog, komediant siële implikasies in nie én studente wat vinnig leer, hoef slegs een keer na die video’s te luister om die werk baas te raak. As ’n student langer neem om die werk in te neem, kan hy die video’s herhaaldelik kyk tot hy die werk snap. Klasse is dus interaktiewe sessies met praktiese toepassings en besprekings op die werk. Schabort is ’n lid van die navorsingsgroep, die NRF Leerstoel vir Biobrandstofnavorsing, wat op bio-energie en biomateriale fokus.
Ek studeer al van 2001 af. Hy sê om mense te onderrig en konsepte aan hulle te verduidelik is sy passie en roeping in die lewe. Daarom leef hy homself uit deur klas te gee, asook deur Sondagaande by die Duetgemeente se jeugdiens, Kruispunt, te preek.
Akademiese- en beroepsinligting • • • • •
In 2004 verwerf hy sy BIng in chemiese ingenieurswese by die destydse PU vir CHO. In 2007 verwerf hy sy tweede graad in BTeologie aan die NWU. Hy het 2004-2008 voltyds by Sasol gewerk en sy graad deeltyds in Teologie deur die pos voltooi. Hy het in 2008 sy BA Hons in Teologie verwerf (ook aan die NWU). 2009 tot hede: Corneels kry ’n lektorspos aan die NWU en is tans besig met sy PhD in chemiese ingenieurswese.
’n Gesiene man Corneels (J.C.) Schabort. INGE-AMÉ SCHOEMAN @ ingeame12
C
orneels (J.C.) Schabort, sê spottend hy is nie die “bestuurder van Dampadeetsaal” nie, al het ’n vrou hom al gevra of hy is. Hy is ’n dosent aan die departement chemiese en mineraalingenieurswese van die
FOTO: VERSKAF Noordwes-Universiteit (NWU) se Potchefstroomkampus. Corneels beskou doseer nie as ’n werk nie, want hy geniet elke aspek van klasgee en navorsing. “Ek studeer al van 2001 af. Ek het aanvanklik met BCom regte begin, maar in die helfte van die jaar na ingenieurswese oorgeskakel,” sê hy. “Ek was bevoorreg genoeg om ’n beurs by Sasol te kry en ek moes na die voltooiing van my graad vir dié
maatskappy gaan werk het.” Corneels het die ITOU-prys vir 2014 ontvang. Dit word toegeken aan dosente wat uitmuntende werk en onderrigmetodes lewer. Sy tegniek is om video’s vooraf op eFundi te laai sodat die studente reeds voor die kontaksessies daarna kyk en na sy aanbieding kan luister. Volgens hom akkommodeer dit beide Engels- en Afrikaanssprekende leerders, hou geen nie finan-
• • • • • • •
Hy was deel van die mediaspan wat die ingenieurswesestudente verlede jaar met die Bridgestone-wêreldsonkraguitdaging vergesel het. Suid-Afrika het eerste in Afrika geplaas en 11de in die wêreld. Soveel soos 46 voertuie uit 25 lande het aan dié resies deelgeneem. Corneels is ’n lid van die groep, Lagnes. Hy was ’n akteur in die fliek, Mooirivier. Volgens kykNET se webtuiste is Corneels Schabort “van adellike afkoms”. Hy is gebore in Tsjeggo-Slowakye, tot een van die invloedrykste families in van die Oos-Europese adelstand. Sy pa en sy hele familie het na Suid-Afrika geëmigreer om met patats te boer. Corneels was ’n wenner in ’n episode van die televisiereeks, Nootvir-Noot, waar hy R 8 900 se prysgeld gewen het.
Van Toeka tot Nou: Koshuise deur vergrootglas EMETIA ENGELBRECHT @ emetia_brecht Dié van ons wie se ouers oud-Pukke is, voel seker dat tyd ongemerk verbygaan. As ’n mens egter bloot die koshuislewe in oënskou neem, het baie verander. Esther de Klerk, ’n tweedejaar in BA Kommunikasie, was verlede jaar ’n lid van Klawerhof-vrouekoshuis. Haar ma, Ankie van der Kurk, was van 1981 tot 1985 ook in dié koshuis. Wapad het die koshuiservaringe van dié twee generasies vergelyk. Susan Engebrecht, ’n oudstudent wat omtrent dieselfde tyd as Van der Kurk in Kasteel-vrouekoshuis gewoon het, lewer ook haar bydrae. ’n Persoon se koshuiservaring in die tagtigs het verskil van dié van vandag.
Manstye
“Sleeptyd” was wanneer die mans kom kuier het. Die inkomtye was baie streng en mans is slegs in die koshuis se sitkamer toegelaat. ’n Flikkering van die ligte sou die einde van die kuier aankondig. Vandag kan alle gaste, hetsy hul geslag, ín jou kamer kuier.
Logistiek
“Ons het elke Maandag skoon linne by die linnekamer gekry en die gebruikte linne ingegee,” het van der Kurk gesê. Die koshuisgelde het alle etes ingesluit. Vandag bevredig die etes elkeen se persoonlike behoeftes, het Van der Kurk gesê. Geen elektriese toerusting behalwe ’n elektriese ketel en dalk ’n radio en kassetspeler is destyds in die kamers toegelaat nie. Die eerstejaar by die skakelbord het oproepe na die telefone in die gange deurgeskakel. Jy moes dus
soontoe hardloop as dit vir jou was! Jy het oproepe vanaf ’n tiekieboks gemaak en boonop moeilikheid gekry as jy te lank gepraat het.
Finansies
Studente was nie bekommerd oor geld nie. Trouens, het hulle slegs geld hanteer wanneer hulle handboeke gekoop het. Susan Engebrecht, ’n oudstudent wat in Kasteel-vrouekoshuis gewoon het, het gesê studente het niks van hul ouers se finansiële sake geweet nie.
Giere
Die studente het baiemaal hul matrasse buitentoe gedra as dit warm was. Die vroue het ook die mooiste patrone onder mekaar uitgeruil en sommer hul eie klere gemaak.
JOOL
“In karnavaltyd – ons het nie geJOOL nie – het elke koshuis ’n span vir die vlotvaart op die Potch-dam ingeskryf,” het Van der Kurk gesê. Dié vlotte het uit hout, plastiekhouers en toue bestaan. “Dit was ’n groot uitdaging om te kyk of jou koshuis die vlot, met almal bo-op, tot by ’n bepaalde punt en terug kon roei sonder om te sink of af te val of uitmekaar te breek!” Versierde vlotte het ook deur die dorp se strate baljaar, die studente het blikgeskud en Pukkies verkoop.
Tradisies
De Klerk, wat ’n meer onlangse koshuiservaring het, meen die koshuis is ná 60 jaar steeds gewortel in die waardes waarop dit gebou is. “Klawerhof dra byvoorbeeld jare reeds die konnotasie dat die koshuis die tuiste van die trouvroue op kampus is,” het de Klerk gesê.
Alhoewel baie goed oor die afgelope 60 jaar verander het, het baie egter dieselfde gebly – soos studentepret, wat JOOL-optogte insluit.
FOTO: ARGIEF
17 Maart 2016
9
Kuns en Vermaak
Beauty and butterflies TYRAH JACOBS @JacobsTyrah
T
he NWU Gallery launched their artistic year on 18 February with a captivating series of photos in the Albus exhibit by Justin Dingwall. Dingwall wants his art to alter people’s perceptions and change their views by creating conversation around the genetic disorder albinism. Both of the models in the photographs have albinism. Everyday life and diversity inspires this artist. According to Dingwall “in life you can think you know who you are or think you know other people or understand other cultures, until you go out there and explore and learn. He also said: “I am constantly learning and growing.” Butterflies and snakes were used as props in the photographs. Dingwall mentioned that he loves the but-terflies and that they are indigenous to South Africa. The butterflies are from the
Drakensberg, amongst other places. “The butterflies were such a delicate work, because they are so fragile and that fragility comes across in the images.” The butterflies also symbolize transformation and that transformation is very violent.
The butterflies also symbolize transformation and that transformation is very violent. “The snakes cannot be controlled. Yes, you are going to have a certain idea, because it is going to go where it wants to go and that to me is life, because life can take you down one road and all of a sudden takes you down a different direction.” Albus will be on show until 8 April.
Art-lovers admiring one of Dingwall’s latest masterpieces.
PHOTO: JACO-MARI FUTCHER
Diamond Thug steel harte ANNA-MARIE RICHTER @7AnnaMarie7
Diamond Thug van links na regs: Adrian Culhane, Chantel Van Tonder, Danilo Queiros en Ted Buxton.
FOTO: JACO-MARI FUTCHER
Wanneer jy die naam “Diamond Thug” hoor, stel jy jouself ’n groep kletsrymers wat woorde spoeg voor. In kontras met dié misleidende naam, is die Kaapgebaseerde musiekgroep in werklikheid ’n indie/ elektoniese/rock-groep. Chantel van Tonder, hoofsanger en klawerbordspeler, en Danilo Queiros, baskitaarspeler en vervaardiger, het aanvanklik saam aan ’n eksperimentele projek in die lente van 2012 begin werk. “Ek was by die Synergy-fees toe ek Chantel sien optree het, en ek het onmiddellik geweet dat ek saam met hierdie mens musiek wil maak,” het Queiros gesê. Adrian Culhane, kitaarspeler, agtergrondsanger en vervaardiger, het in 2013 by die groep aangesluit. “Ná afloop van omtrent ’n jaar, het ons besluit dat ons ’n tromspeler nodig het. Ted Buxton het ons toevallig in 2015 op die verhoog by OppiKoppi verras. Hy het opgekom, my gedruk en gemaak of hy my neef is en toe gevra of ons ’n tromspeler
nodig het,” het Queiros gesê. Van Tonder is die die enigste vrou tussen ’n groep mans, maar dit skep egter nie komplikasies nie: “Ek voel soos een van die ouens. Met twee broers van my eie moes ek konstant herinner word aan die feit dat ek ’n meisie is.” Diamond Thug se skryfproses is ’n groepspoging, hoewel Van Tonder grootliks die lirieke skryf. Diamond Thug se eerste EP, Monday will have to wait, is tans beskikbaar. Die eerste snit, “Beauty through the devil’s door”, is volgens hulle beslis ’n gunsteling. Diamond Thug is van plan om vanjaar nog twee enkelsnitte uit te bring en later ’n album, wat die EP se liedjies sal bevat, saam te stel. ’n Europese toer is ook op dié groep se doenlysie vir 2016. Tydens hul opvoering Donderdag 10 Maart by Die Mystic Boer het Diamond Thug, ten spyte van hul rustige klank, ’n sessie vol energie gehad. Met dié groep se alternatiewe klanke en foutlose optredes, is die band die moeite werd om dop te hou.
The 1975 – latest album a joyride I Like It When You Sleep, for You Are So Beautiful Yet So Unaware of It is so beautiful, but not everyone is aware of it. HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG @HeinzStruwig
With an album title that sounds just like a Fall Out Boy song title, The 1975 released a mammoth of a sophomore album that’s just under 74 minutes long – almost as long as the title. Starting with an intro aptly named “The 1975”, this song pays homage to their previous self-titled album which also started with a similarly named song and has identical lyrics. “The 1975” shows reflection on the band’s beginning stages before continuing into a new sound. “Love Me” follows as the lead single from the album and Matty Healy, lead singer, told Billbaord it’s about “the rock star buying into his own self-constructed mythology.” Healy referred to the album as a challenge, stating to NME: “I’m challenging people to sit through
Throwing set genres aside and simply going on a gut feeling of “what sounds good”.
17 songs that all sound completely different from each other.” “Ugh” is about Matty Healy’s addiction to cocaine, to which he admitted in 2013. Healy told KROQ the expression of the song’s title is intended to be “an understated disappointment.” “The Sound” is definitely a standout anthemic disco hit bringing out the best of their old and new sound. With synth that makes your heart
and fists pound and a chorus that can’t help but be belted out, this gem ends with an excellent guitarsolo from Adam Hann – begging to be listened to again. “A change of heart” describes the narrative of falling out of love with someone: “You used to have a face straight out of a magazine, now you just look like anyone.” These lyrics refer straight to “Robbers” from their previous album. This album is certainly erratic – throwing set genres aside and simply going on a gut feeling of “what sounds good – and this way of going about the album makes it excellent to some and difficult to listen to for others. The album went straight to Number One in the UK, and two days later they achieved the same feat in America, where they sold as many copies of this album as their debut sold in 26 weeks.
Rating: 3.5/5
The 1975’s latest album reached number One in the UK and USA
PHOTO: OAKNYC
10
Kuns en Vermaak 17 Maart 2016
#AktueleSake by Skeppende Kunste TYRAH JACOBS & MARIANNE STEYN
@JacobsTyrah & @marianne_steyn
D
ie verf en vonke het gespat soos verskillende slepe gespook het om hul kunswerke voor die afsnytyd te voltooi. Die skeppende kunsaksie is vanjaar weer op die Dorsland Joolplaas gehou. Dit is egter die eerste jaar wat Canvas en die Beeldbouaksie gekombineer is. Slepe het ’n halfuur gekry om materiaal in ’n skrootwerf uit te soek en moes binne 12 ure vanjaar se tema, “Hashtag”, uitbeeld. Sean Smit, voorsitter van SRKunste, het gesê hulle wou met
vanjaar se tema Skeppende Kunste en Aktuele Sake bymekaarbring en het gevoel dat ’n kontemporêre tema soos “Hashtag” dit die beste sal doen. Interpretasies van dié tema het hemelsbreed verskil. Sommiges het gewilde hutsmerke gebruik en ander het dit met aktuele sake gekombineer. Die sleepkoshuise het onder meer die volgende temas gehad: #Kulkuns, #Transformasie, #WaybackWednesday, #ThrowbackThursday, #Openmindedness, #DieMenseOpDieBus en #WatDieHartVanVolIsLoopDieMondVanOor. Schalk Marx, Kunste-HK van Over-de-Voor en derdejaar in BIng meganiese ingenieurswese, het gesê
hulle het ’n breë tema (#kulkuns) gekies, maar dit vir interpretasie oopgelos, deur ’n abstrakte beeld te maak: “Die een ou gaan dit kan sien en die ander ou gaan iets anders kan sien.” Minjonet en Caput het die vier elemente in hul kunswerk uitgebeeld: Die aarde verteenwoordig Eskom en die land se elektrisiteitskrisis, ind stel geld wat wegwaai voor, en vuur en water is die droogte wat ons land tans beleef. “Hierdie is ’n geleentheid vir koshuise om iets aan te spreek. Ons kyk wat studente met hul kreatiwiteit kan doen en watter boodskap hulle aan mense kan oordra” het Smith mee afgesluit.
Een van die finale kunswerke.
FOTO’S: CARINA BRIERS
Divaco production brings down the house in Vol Draadwerk MARISELLE STOFBERG
@stoof09 People were on their feet, left wanting more, after Divaco’s first production for 2016. Joy, anger, heartbreak, passion, just to mention a few emotions, were evident in the eyes of every single person in the audience. The POK-hall was packed Friday 11 March when Divaco hosted Vol Draadwerk. The production consisted of act-
ing, dancing and singing, giving you the full experience. Divaco only had three weeks to prepare the entire production. Samuel Jumat and Ryan Maasdorp wrote the text, Mareece Jones choreographed the dancing and Perseverance Mkhonto coached the singing. “Vol Draadwerk emphasizes the love between two different worlds. The ending is not what you expect, and the fantasy ends in tears,” said Jumat. More than 280 people came to
Some even sat two-two on a chair, just to be able to see the production.
Potpourri van klanke in Potchefstroom
watch the production, even though the POK-hall only had 250 chairs. “That did not stop anyone. Some even sat two-two on a chair, just to be able to see the production,” said Dillon Schreiner, the finances and marketing member of Divaco. The play was situated in Manenburg, a township in Cape Town. It portrayed the lives of two young people who fall in love, but who’s love is interrupted by materialism, drugs and deceit. Roxy Davids (portrayed by
Charné Malan) and Bradwill de Bruyn (portrayed by Shaun Adams) were the two young people who found love in a seemingly hopeless place. The story, however, is told by Aunt Roxy (portrayed by Sade Daniels), the older Roxy looking back at her life. “The production was fantastic. I enjoyed every moment of it. There was a variety of the arts displayed, and each aspect was excellently done,” said Johesma van der Linde, chairperson of Thalia Toneel.
Leonardo kry sy goue meneertjie MIEKE HOFMEYR
@MIWatchers
Potchpourri het oudergewoonte vanjaar Potchefstroom aan ’t luister gehad. RONÉ VAN WYK & MARIANNE STEYN
@RonePink @marianne_steyn Die 25ste jaarlikse Potchpourri het die gehoor vanjaar wéér behoorlik vermaak. Dit het die Konserwatorium se konsertreeks vir die jaar, geopen. Die lys kunstenaars het studente van die NWU-Puk, asook bekende gaskunstenaars, ingesluit. ’n Wye verskeidenheid genres, insluitend klassiek, jazz en house, is opgevoer. Die gehoor het veral aanklank gevind by “15 pounds away from my love”, gesing deur Tammy Aslett (sopraan), en die klavierduet, Sona-
ta Innamorata, deur Waldo Weyer en Jana Mathee gespeel en wat die gehoor hardop laat lag het. Patchouli van Astor Piazzolla, soos opgevoer deur Waldo Weyer (klavier) en Piet Koornhof (viool) het die gehoor laat verstil om te luister.
’n Geleentheid wat oud en jonk akkomodeer. “Potchpourri is ’n geleentheid wat oud en jonk akkommodeer en met ’n glimlag laat wegstap.
FOTO: MARIANNE STEYN
Dit is met passie gevul, wat die musiekveld verbreed en diversifiseer,” het Noeba Mgojo, ’n derdejaar kunsstudent aan die NWU en trompetblaser in die Bandura Express Marimba Ensemble, gesê. Die seremoniemeester, GP van Rheede van Oudtshoorn, het die gehoor met sy pittige opmerkings vermaak. Die groot orkes het dié aand met ’n blues-lied afgesluit, wat sommiges as die hoogtepunt van die aand beskou, terwyl ander meen dit was te veel. Die konsert was oor die algemeen baie gewild en die jongste toeskouer, Schalk van der Merwe (8), het gesê “die verskeidenheid ritmes maak die musiek goed”.
Indien jy nie self op televisie gesien het hoe Leonardo DiCaprio met die Oscar wegstap nie, het sosiale media jou heel waarskynlik met eindelose memes oor dié saak ingelig. Die 88ste jaarlikse Oscar-toekennings het 28 Februarie 2016 plaasgevind. DiCaprio is vyf keer tevore vir dié gesogte toekenning genomineer, maar sy rol in The Revenant het die eerste Oscar op sy trofeekas geplaas. Mad Max: Fury Road het ses Oscars ingepalm, vir onder meer “beste prestasie in filmredigering”, “beste prestasie in kostuumontwerp” en “beste prestasie in grimering en haarstilering” Bridge of Spies het die toekenning vir “beste akteur in ’n ondersteunende rol” gekry, Room vir “beste aktrise in ’n ondersteunende rol” en Inside Out was die beste animasiefilm. Johnny Depp (Pirates of the Caribbean), Gary Oldman (The Dark Knight-trilogie), Tom Cruise (Mission Impossible), Amy Adams (Enchanted), Harrison Ford (Indiana Jones) en Ralph Fiennes (Lord Voldemort in Harry Potter) is almal akteurs wat telkemale vir dié toekenning genomineer is, maar nog nooit gewen het nie. Steve Jobs, The Revenant, Spotlight, Mad Max: Fury Road, Room, en The Martian is almal vir “beste film” genomineer. Plaas dus dié rolprente op jou moet-kyk-lysie is.
GRAFIKA: JACO-MARI FUTCHER
17 Maart 2016
Leefstyl
Campus Fashion: Vibrant Vibes for all
11
PHOTO’S: LISA IMMELMAN Ernie Else, first year in BA mathematics and languages: As quirky and fascinating as his field of study, Else embodies kitschchic in olive-gold Nikes and a Mr Price graphic tee – the personification of James Dean á la Rebel Without a Cause, European cobbled streets and Gordon’s Dry Gin. The wilting rose and Fanta Grape are surprisingly welcome accessories.
Arné Engelbrecht, third year in BA languages and literature: Engelbrecht should be sitting at a café with a cinnamon latté or writing poetry under an oak or something equally hip-chic. Instead she’s uncomfortably posing for this picture and still managing to embody a character from Girls with a tribal button-up, black Factorie hat and lumberboots.
Rejuan Maepi, second year in BCom psychology and labour relations management: “I’m just trying to do something different.” With his classic good looks and suave persona, it is very, very hard not to stare. His Euro-African style and ability to impress in this printed blazer makes it even harder not to gape.
Katleho Lamiki, third year in LLB: Lamiki is an eclectic cultural mash-up topped with a turban. She’s wearing Converse high-tops under her full skirt and she pairs the minimalistic core-outfit (black tee and denim skirt) with stylish details like her Aztec turban, wood necklace and Adidas bag. You want to know Lamiki and she might want to know you.
Divan Bierman, first year in BA languages and literature: Pleather and silk are two materials one should never wear. Bierman wore both on a very humid, sticky day in Potchefstroom and looked very Tom Ford-ish. His whole outfit screams: “Look at my shirt!” And we did, because it’s a nice shirt. LISA IMMELMAN
Vegetarianism more than salad Bonolo Manone @Grumplezz Various environmental groups, entrepreneurs and media personalities have popularized the trend of consuming a totally vegetarian or vegan diet for just one day of the week. Meat-Free Mondays has taken ground in the past six years in support of protecting the environment. The intended result is that participants experience health and financial benefits, as well as benefit from the knowledge that they have reduced the impact of their carbon imprint in excluding just one item from their plate for a couple of hours.
Belinda Elrix and Karen Zoid at Kikis studio.
PHOTO: KIKI'S
KiKi’s Vintage Photo Studio – photos out of this era Heinz Schoeman-Struwig @HeinzStruwig With a black and white store sign soaring above the small-from-outside looking store, you’re definitely left curious to enter KiKi’s Vintage Photo Studio. This studio on the main street of Parys (75 Breë St.) is surrounded by an array of interesting stores and restaurants that will take you back in time. From the second you step inside, the atmosphere takes you back into an era that you just cannot put your finger on, encircled by beautiful pieces handpicked by Belinda Elrix – also known as Madame Kiki – owner of the studio. When there for a photoshoot, you are invited to the courtyard where you are welcomed with a tasty drink, setting the tone for the fun that awaits. One of Elrix’s passions is creating something special out of nothing, resulting in the magical courtyard garden behind the studio where Kiki’s also hosts intimate parties.
Elrix has been creating timeless memories for families and friends for eight years. Elrix says “she feels that the many ways people celebrate life through photography is priceless and being part of that journey with them is deeply fulfilling.”
An extreme makeover only takes a few moments She collects vintage clothes and that is where she saw a market for photographing people in such clothes. Elrix is often approached by people who generously donate their garments and accessories. There is a wide collection of clothing, hats, props and shoes. Madame Kiki mostly styles the clients and takes most of the photos herself which she explains as a
creative outlet, saying it’s “one of the reasons why I love to play dress up with my clients.” The excitement of getting ready behind the scenes makes you feel like a little kid in a toy store, getting to choose your props and getting some by surprise. An extreme makeover only takes a few moments at Kiki’s and the next thing you know you’re a unique piece of art, unable to stop staring at yourself in the mirror. Not smiling during serious photos is quite a challenge, as Elrix makes you feel completely at ease in front of the lens, and the setting doesn’t make all the lighting and equipment seem so intimidating. The clients get to select their photos based on the package of their choice after the photoshoot and if you present your student card, she will offer you a student discount. Elrix is excellent behind the camera – after a couple of clicks it’s all over and you’re left a bit sad that you need to change, but left excited to see the outcome.
Vegetarians and vegans enjoy nourishing and scrumptious meals like everyone else Fry’s Family Foods creates delicious alternatives to meat products that are manufactured in a way that avoids environmental degradation and can be bought at some local stores and restaurants. The promotion of vegetarianism and Meat-Free Mondays is not all about shaming meat-eaters, but creating practices that are mindful of the sensitivity of our planet’s health. Businesses like FNB and Fry’s have stood behind the initiative, as well as celebrities like DJ Fresh of 5FM and famous British cook, Jamie Oliver. Vegetarians and vegans enjoy nourishing and scrumptious meals just like everyone else – and this makes sense, as not every meal a meat-eater consumes contains a meat product, does it? Depending on how committed you want to be to the lifestyle, you can still enjoy dairy products and fish.
When asked why she eats meat, MSc (masters) geography and environmental management student Samu Myeni explained that meat gives her important nutrients, ensures a balanced diet, and it tastes great. “Meat is considered a delicacy, especially in the African or black community. Even Afrikaners love meat, pap en vleis is a signature,” Myeni said. BCom (honours) economics student Khumo Zingitwa said that she would definitely try Meat-Free Mondays because it is something new, but only if the replacement was made to be very tasty. Not only is a vegetarian diet likely to open up your taste-buds to exciting new combinations and nationalities of food, but it could also yield benefits such as higher energy levels and healthy weight loss.
Moral Benefits
• Being kinder to animals. • Shunning meat manufacturers who engage in animal cruelty.
Environmental Benefits
• Lowering your carbon footprint. • Reducing emission of harmful gasses into the atmosphere. • Reducing water wastage produced at meat-manufactur- ing plants.
Financial Benefits
• Fruits and vegetables are cheaper. • You can make your own meals instead of having to buy expensive ready-made products. • You have more money in your budget for healthy snacks and desserts.
Health Benefits
• Risk of getting some types of cancer is 20% lower than a meat-eater’s. • Lower blood pressure and cholesterol levels. • Less chance of developing diabetes. • Lower incidents of obesity and in some cases help towards maintaining a healthy body weight.
12
Redaksioneel17 Maart 2016
Redaksioneel
Kommentaar
Questioning the Status Quo
4 Februarie 2016
Verantwoordbaarheid Die inhoud in dié uitgawe van Wapad reflekteer dat studente die laaste tyd dikwels hiermee gekonfronteer word: In die voorbladberig blameer studente ’n taalvasvrawebwerf omdat hulle nie betaal word nie. Hulle meen die redes daaragter maak nie saak nie: hulle het leë beloftes ontvang. Die Skool vir Tale moedig aan dat studente hul klasse bywoon. Klasbywoning is ’n groot probleem op die NWU-Puk. Boonop is ’n hele kampus reeds vir vier weke gedwing om akademiese aktiwiteite agter slot en grendel vol te hou. In vrees vir die dreigende betogings is die spreekwoordelike “Puk bubble” nou ’n werklikheid. Die sowat 60 betogers van ReformPUK het Maandag geredeneer die werknemers van diensverskaffers moet meer betaal word – dít na die universiteitsfooie moes vál? Dieselfde (onwettige) studenteorganisasie se lede word tans verhoor. Hoeveel werd kan dit nou wees om kort-kort te betoog tot jy geskors word? Iewers moet jy ophou om ander mense te blameer vir die teenstand wat jy ervaar en konstruktief na sukses werk. Iéwers moet jy verantwoordelikheid neem vir jou aksies en volhard in jou studies – die rede waarom jy regtig op die NWU-Puk is. Die NWU-Puk is van die min universiteite wat sy akademiese aktiwiteite tussendeur die landwye stakings volhou. Dus skiet jy jouself in die voet as jy redes soek om jouself van sulke geleenthede ontneem.
Wapad
Hoofredaksie
WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Marnus Kok KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Marita Herselman FOTOREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher UITLEGREDAKTEUR: Bianca Visagie TEKSREDAKTEUR: Hardus Ludick WEBREDAKTEUR: Heinz Schoeman-Struwig SPORTREDAKTEUR: Raynique Meyer Uitleg: Heinz Schoeman-Struwig, Inge Janse van Rensburg, Bonolo Manone, Rone van Wyk, Stefanie Esterhuyse, Cheyenne Pienaar. Teksversorging: Colette Combrink, Gian Falko Jerling, Anna-Mari Richter, Madelein van Straaten.
BONOLO MANONE @Grumplezz
C
ritical thinking is a skill that cannot be taught out of books and in classrooms, it is one that can only be cultivated when you are able to see beyond the academic value of your studies, and start thinking about how it applies to the world you live in. It implies that you are able to absorb complicated sets of information and abstract ideas and interpret them by using your immediate environment as the context. Dr Jan Venter, senior lecturer of political science at the School for Social and Government Studies, says that critical thinking “is a function of the analytical mind, which is a higher function.” Someone who can analyze a situation critically is much more likely to be a valuable resource in his or her future career than someone who can only think in terms of theories. This is why it is important to start harnessing that talent at university level because employers are looking for people with this type of special skill. Two weeks ago, cashiers and kitchen and garden staff supplied to the Northwest-University’s Potchefstroom Campus by the Servest Group went on strike for higher wages and salaries. They brought the campus to a standstill, causing not only the cafeteria to close during the peak at lunch hour, but the Ferdinand Postma Library and the main gates as well. The complaint of the workers was that R2500 was barely enough to survive on as an employee when transport and food costs are considered, and it is certainly not enough to sustain a family. For a student who has been encouraged from the first year to think analytically, to think about such an event comes naturally, but for those involved in the “hard sciences” it is difficult to align their academic work. At the School for Social and Government Studies, first years are asked to describe social pheno-
PHOTO: SUPPLIED mena, second years are expected to enumerate easily the concepts involved in those phenomena, and third years must be able to analyze the causes, concepts and consequences of those social events. According to Dr Venter, this type of development of critical thinking means that students can put themselves in the shoes of somebody else, and think outside the borders of their own knowledge and experiences. Many students presented during the protest expressed frustration that their day was interrupted, instead of staying to find out what it was all about. This is symptomatic of individuals who cannot adopt a stance of neutrality and think about life from different perspectives. “I try to display my knowledge and display theoretical knowledge and I try to integrate the two,” Dr Venter
said. This should apply to everyone who is an academic and an intellectual, studying social sciences or natural sciences, because everyone works and lives their life in a political environment with change and events that can affect you at many levels. The search for “permanent answers and formula” can be crippling when a student attempts to accomplish some academic and understand a social or political event because they lack critical thinking skills that will enable them to analyze without having to learn it in a textbook. The political climate in South Africa and in our university is currently very unstable, and what is needed is people who can be creative and innovative about solving problems, not people who cannot understand the problem.
geloop net sodat ek alles kon inneem. Die kameras wat flits, die ooms en tannies wat so mooi en netjies aangetrek is, almal wat ’n foto saam met die graduandi wil neem. Almal lyk so vrolik en gelukkig. Elke dag het ek stadiger en stadiger begin loop totdat ek teen die einde van die week net gestop het. Ek het gestop en net bietjie met my eie gedagtes gesit. Dit was nie altyd so vrolik en gelukkig nie. Daardie trotse gevoel van die graduandi en die ouers is die produk van ten minste drie jaar se harde studies. Almal wat ’n toga
dra het die suksesresep aandagtig gevolg. ’n Hopie sweet met ’n koppie trane en ’n knippie bloed is wat in hulle tyd op die PUK gegaan het. Die graduandi is op die einde van ’n pad wat ek nou eers begin het. Daardie gedagte alleen gee my hoop. Dit is gerusstellend om te weet dat wat ons hier doen, al gedoen is. As jy in die aand sit voor daardie handboek wat net nie in jou kop wil gaan nie, weet net jy is nie eerste een nie. Niks is onmoontlik nie. Die graduandi is inderdaad torings om na op te kyk.
Togas en Torings GIAN FALKO JERLING @NWUWapad Registrasie en Oriëntering het gekom en gegaan, die eerstejaarskonsert was iets om te beleef en almal van ons weet nou hoe pret dit is om blommetjies te vou. Die eerste dag van klas se spanning is nou verby en die meeste van ons het die eerste paar toetse al agter die rug. Soos wat die stof van die eerstejaars se aankoms gaan lê en alles terugkeer na normaal, het iets my dadelik opgeval toe ek eendag klas toe stap – die togas. Ek het ’n week terug die eerste
Wapad
’n Hopie sweet met ’n koppie trane en ’n knippie bloed is wat in hulle tyd op die PUK gegaan het.
FOTO: VERSKAF
togas begin raaksien. Elke dag soos wat ek klas toe gestap het, het ek ’n bietjie stadiger
Briewe kan ge-e-pos word na wapad@nwu.ac.za of skakel ons by (018) 299 2875
www.facebook.com/wapad
www.twitter.com/nwuwapad
Redaksioneel
13
ampusse in Suid-Afrika beleef ’n krisis en ons kan dit sien aan die daaglikse protes en selfs geweld op verskeie kampusse. Die Noordwes-Universiteit is nie ’n uitsondering nie. Inteendeel – die Mafikengkampus is gesluit nadat van die belangrikste infrastruktuur op die kampus afgebrand is. In ’n Sondagkoerant van verlede week skryf ’n swart student van hoe uitgesluit sy op die Potchefstroomkampus voel. Sy sê dat swart studente daar ’n speletjie speel genaamd “find the black student”. Daar is ’n algemene misverstand dat protes by historiese Afrikaanse universiteite ’n protes teen Afrikaans is. Dit is nie. Meeste swart studente het nie ’n probleem met Afrikaans nie, maar ’n probleem met die uitsluiting wat meegebring word in die klaskamer, of in die kampuskultuur as hulle nie Afrikaans verstaan nie. Om te redeneer dat hierdie studente na Engelse universiteite moet gaan is sinneloos omdat dit nie die oplossing is nie. Alle studente behoort die reg te hê om te kan besluit waar hulle wil studeer.Ek is seker dat meeste van ons gegroei het en meer dink oor die problematiek van transformasie op ons kampusse sedert #RhodesMustFall begin het. Dit was nodig dat ons twintig jaar ná transformasie begin dink aan die plek van universiteite in ’n demokratiese Suid-Afrika en hoe ons kurrikula bydra tot ’n kennisprojek wat relevant is vir Afrika. Studenteprotes het ons hieroor laat dink. Wat ons moet aanvaar is dat die pyn van swart studente werklik is en dat gevoelens van uitsluiting legitiem is. Dit beteken egter nie dat Afrikaanse / wit studente alles moet aanvaar in die naam van transformasie nie, en dat die uiteinde
universiteit is ’n mikrokosmos van wat daar buite aangaan. Dr Naledi Pandor, die Minister van Wetenskap en Tegnologie, het verlede week die opening van Sasco se jaarlikse program op Stellenbosch kampus as hoofspreker bygewoon. As die stem van die regering het sy ’n belangrike boodskap gebring. Sy het onder andere gesê ons moet erken dat rasisme, geslagsongelykheid en die uitsluiting van inheemse kennis op ons kampusse bestaan. Vir haar is dit belangrik dat universiteite hul rol en kennis in Suid-Afrika herverbeel (reimagine). Ons moet rasionele gesprekke wat gebaseer is op feite voer, eerder as die emosioneelbelaaide interaksie wat ons tans het. Sy het egter ook gesê dat geweld en vandalisme nie geduld sal word nie. Ons sal moet sorg vir radikale verandering en transformasie van ons gemeenskappe. Wie sou dit beter kan doen as jong mense? Dit sal dus help as wit / Afrikaanse studente daaroor begin dink dat dit nie hul taal is wat die probleem is nie en dat swart studente daaroor sal dink dat nie elke wit persoon / Afrikaner ’n rassis is nie. Die jongste meningspeiling van die Instituut vir Rasseverhoudings wys dat 85% van Suid-Afrikaners houdings het wat kan help om rasisme teen te werk, 84% of meer van al die respondente saamgestem het dat alle rasgroepe mekaar nodig het en 44% of meer verskil het dat Suid-Afrika ’n plek vir net swart mense is (uit ’n proefgroep van 2 245 wat alle rasgroepe proporsioneel ingesluit het). Elkeen sal moet besluit of hy/sy deel van die oplossing of deel van die probleem wil wees. Soos die rektor van Maties onlangs aangedui het – protes op kampusse is die “nuwe normaal”. Ons sal daaraan gewoond moet raak totdat ons getransformeer het.
17 Maart 2016
Demokrasie kan nie oorleef sonder verdraagsaamheid nie – Prof Amanda Gouws K
FOTO: VERSKAF
FOTO: VERSKAF
Prof Amanda Gouws. noodwendig geweld beteken nie. Solank ons nie openlike dialoog kan voer en na mekaar luister nie, gaan geweld gebruik word om mense te laat luister. Dit is dus broodnodig dat ons met mekaar praat. Demokrasie kan net werk as ons ’n vrye mark van idees het wat deur vryheid van spraak versterk word. Die luister na goed waarmee ek nie saamstem nie of wat jou dwars in die krop steek is wat verdraagsaamheid is. Verdraagsaamheid is ’n funda-
mentele demokratiese waarde, en dit verg dikwels baie van ’n mens as jy moet luister na idees waarvan jy nie hou nie.Verdraagsaamheid is ’n houding en wanneer onverdraagsaamheid gerig word tot ’n spesifieke groep, kan hulle maklik die slagoffers van geweld word. Onverdraagsame houdings bepaal onverdraagsame gedrag. Die verbranding van kuns by UK en geweld is nie aanvaarbaar nie omdat vandalisme nie die oplossing vir die probleem is nie en ’n
Is Print media dying? DESIREE LETLHOGELA The competitive drive between print media and digital media brings out a huge apprehension of newspapers dying. The print media has changed vividly in recent years to keep up with embryonic digital era. Today, when one purchases their local newspaper or magazine, the same content is already distributed through a variety of wideranging digital channels. These digital channels have been premeditated to make the assimilation of news easier and quicker.
Print media has changed vividly in recent years. There is no doubt in digital media thumping print media, but they both have advantages and disadvantages. There are many consumers who choose to read newspapers as they prefer the work of journalists who are skilled in news writing for publications. News culture of digital media
Desiree Letlhogela. today has altered from constructing static content to adamant readership, which is one of the reasons I believe print media will not die.
PHOTO: SUPPLIED Newspapers may no longer have a huge profit margin, many remain profitable. In conclusion, newspapers are not dying.
ernstige vorm van onverdraagsaamheid is. Die uitwissing van kuns is ook die uitwissing van ’n nasie se geskiedenis. Ons kan dit nie toelaat nie. Maar net so is geweld teenoor mense wat protesteer tydens ’n rugbywedstryd onaanvaarbaar, al is ons hoe gefrustreerd met onderbrekings wat deur protes veroorsaak word. Studente is die leiers van more. As ons nie op ons kampusse kan saamleef nie, hoe gaan ons dit in die groter samelewing doen? Die
14
Sport 17 Maart 2016
Wêreldnuus Sport
COMPILED BY COLETTE COMBRINK
Cycling
Tennis
Sharap, it’s ova Maria Sharapova, the 28 year old tennis player, revealed on Monday that she tested positive for the banned substance meldonium in January. Sharapova says she has been taking meldonium for the past ten years due to health reasons. She also stated that she takes full responsibility. Sharapova tested positive for this substance at the Australian Open on 26 January 2016. A number of sponsors, including the sportswear company Nike, have already distanced themselves from the Russian athlete. Former president of the World Anti-Doping Agency, Dick Pound, says that he cannot understand how Sharapova found herself in this situation, given the high stakes involved, both professionally and financially. Sharapova faces a four-year ban from the sport, which will be a huge knock for the five time Grand Slam winner.
Gholf
Matthews wins stage PGA & European Tour merger Race leader Michael Matthews won the second stage of Paris-Niche after Nacer Bouhanni was disqualified. France’s Bouhanni crossed the line first at the end of the 213.5 km stage to Commentry, the longest of the event. But the Cofidis rider was ruled to have changed his line in the sprint finish, blocking Matthews who was subsequently handed the victory. The 25 year old Australian Matthews, who also won the opening Prologue, said that he would have won if he and Bouhanni hadn’t touched. Italy’s Niccolo Bonifazio was promoted to second place, with Bouhanni demoted to third.
PGA Tour Commissioner, Tim Finchem, wants the leading tours to merge, which would prevent two separate tours competing to attract the same talent. The list of names adorning the leaderboard was typically cosmopolitan when Australia’s Adam Scott clinched backto-back titles with victory at the World Golf Championship event at Doral near Miami. It provided yet another reminder of golf’s global nature and came just as one of the sport’s most influential figures made a significant call for a unified world circuit. Finchem says that the combining of these tours suggests an intensifying of the current power struggle at the top of the game.
Dryf jouself só teen die mure uit LINZETTA CALITZ @LinzettaC
A
Die NWU-Pukke het NMMU 46 – 18 geklop.
FOTO: SASPA
NWU-Pukke seëvier in Soweto MARNUS KOK @MarnusKok Die NWU-Pukke het hulle Varsitybeker-veldtog na die twee weke onderbreking, met ’n 46 – 18 oorwinning oor die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit se Madibaz hervat. SupaRugby berig dat elkeen van die Potchefstromers se drieë “in doodse stilte begroet is”. Dit omdat daar skaars toeskouers was om die room van universiteitsrugby in lewende lywe te sien. Die Varsitybeker-stryde is met twee weke uitgestel is as gevolg van die geweld op verskeie universiteitskampusse in die land. Al vier Varsitybeker-wedstryde is Maandag in die FNB stadion in Soweto gespeel. Die NWU-Pukke was rustyd gerieflik voor met 25 – 7. SupaRugby berig die besoekers uit die Oos-Kaap “was duidelik nie skerp na twee weke se rus nie”. Die Universiteit van die Vrystaat het ’n naelskraapse oorwinning teen verlede jaar se melkkoei van die reeks, die Sentrale Universiteit vir Tegnologie van 10 – 9, behaal. Die Universiteit van Pretoria het hulle veldtog om die kroon weer op spoor gekry, deur hulle buurman,
Die Varsitybekerstryde is met twee weke uitgestel is as gevolg van die geweld op verskeie universiteitskampusse in die land. Al vier Varsitybeker-wedstryde is Maandag gespeel. die Universiteit van Johannesburg met 43 – 8 met die kous oor die kop huis toe te stuur. Die Universiteit Stellenbosch het hulle stryd teen hulle aartsvyand, die Universiteit van Kaapstad, gerieflik met 60 – 13 gewen, om hulle plek boaan die punteleer te verseker. Die NWU-Pukke kom eerskomende Maandag teen die Universiteit Stellenbosch te staan. Alle Varsitybeker-wedstryde word weer Maandag in die FNB stadion in Soweto gespeel.
s jy al ooit gevoel het of jou studies (of miskien jou meisie/kêrel) jou teen die mure wil uitdryf, bied die NWUPuk Rotsklimklub jou die geleentheid om gedurende die week uiting te gee aan dié opgekropte emosies – gratis. Daar kan Maandae tot Donderdae tusssen 16:00 en 19:00 geklim word. Die “Cave”, soos Jay-D Muller, voorsitter van die klub, na G01 in die gimnasium verwys, is op dié dae oop. Dinsdae en Donderdae is hulle egter ook op dieselfde tye by G16 se klimmuur te vind. Buiten die feit dat rotsklim jou nie ekstra geld uit die sak gaan jaag nie, het jy ook geen ondervinding nodig nie. Muller het gesê: “Die ding om beter te word met klim, is om te klim.” Dit kom op probleemoplossing neer. “Die vashouplekke is op sekere maniere daar, so jy moet dit
Die vashouplekke is op sekere maniere daar, so jy moet dit op ’n manier vir jouself oplos, vir jou eie liggaamstipe. Jay-D Muller, voorsitter van die rotsklimklub, klim die muur by G16.
op ’n manier vir jouself oplos, vir jou eie liggaamstipe,” het hy gesê. Muller het aanbeveel dat beginners by G16 begin. “Dis waaroor klim aan die begin vir my gegaan het: die adrenalien,” het hy gesê. By G16 is die doel om tot heel bo te klim, anders as in die “Cave” waar mense meer op hulle
eie is. Volgens Muller sal hulle jou aanmoedig en instruksies gee terwyl jy klim. Die klub het hulle eerste beginnersnaweek die naweek van 18 Maart by Waterval Boven naby Nelspruit. “Daar is geen woorde om die
FOTO: ANDRÉ DOUSSY
gevoel en avontuur waarvoor jy jouself inlaat te beskryf nie,” het Muller gesê. Rotsklim het ’n effek op jou hele liggaam en is ’n alternatief tot jou tradisionele oefenmetodes. Muller se manier om mense te oorreed: “As jy gatvol is om te gaan gym, kom klim.”
17 Maart 2016
15
Sport
Ratau-manskoshuis verdedig hulle doelhok teen Heimat-manskohuis.
FOTO: JACO-MARI FUTCHER
Ratau en Heimat sorg vir opwinding COLETTE COMBRINK @CombrinkColette
D
ie winterhokkieliga, wat vandeesweek afgeskop het, lyk asof dit ’n taai tameletjie onder spanne tydens dié seisoen gaan wees. Ratau Lebone-manskoshuis en Heimat-manskoshuis het verlede Woensdag teen mekaar te staan gekom, en vir ’n naelbytkragmeting
Ons het laasjaar nie ’n kans gestaan teen dié spanne nie en vanjaar doen ons goed. gesorg. Toe die eindfluitjie blaas het die twee spanne met ’n eindtelling
van 1 – 1 gelykop geëindig. Op ’n reënerige en koel aand by die Astrobane, het Ratau eerste die doelhok gevind om die telling 1 – 0 in hulle guns om te swaai. Heimat se skitterende verdediging en goeie terugvegpoging het gesorg dat die manne die doelnet vind, om die telling 1 – 1 elk op die telbord te laat verskyn. Wipplankspel het vir ’n paar spannende oomblikke gesorg, maar ondanks die belowende spel, kon
nie een van die twee spanne ’n deurbraak maak om die telling voor mekaar se neuse weg te raap nie. Die wedstryd moes onbeslis eindig. Louis du Toit, van Rataumanskoshuis, beskryf ’n gevoel van verligting en verbasing ná die wedstryd. “Ons het laasjaar nie ’n kans gestaan teen dié spanne nie en vanjaar doen ons goed.” Nico Tiedt, sporthuiskomiteelid van Ratau Lebone-manskoshuis, sê dat “2016 beloof om ’n baie
Ratau-Lebone scored victory
NWU-Pukke’s own Karate Kid JEANELLE GREYLING
MARNUS KOK
@jeanelleGrey
Brandon Shepherd (20), still a young gun in karate, has recently achieved the unthinkable by achieving two bronze medals at the South African National Karate Championships in Johannesburg. Shepherd, a third-year in BCom economics and risk management, achieved third place in senior kata, as well as in senior u/60 kg kumite (fighting). “It was my first year as a senior competitor (ages 18 – 35), so I went in with the mind-set that I need to try my best and leave it all on the floor,” he said. Yet, he also prepared himself for the chance of a “grand failure”. He had to compete against the former All African Kata champion as well as other senior national team fighters. The four rounds of kata and four rounds of three minute kumite fights, took him “through a roller coaster of emotions from excitement and happiness to disappointment and heartache”. Stephan Steyn, Shepherd’s sensei, said that someone as young as him seldomly perform so well in their first senior championship. “The juniors generally last one or two rounds, so for Brandon to get this far is a hell of an achievement,” Steyn said. Shepherd trained with Stephan and Zilla Steyn at the World Shotokan Karate Federation (WSKF) dojo in Potchefstroom, as well as Johan
opwindende seisoen vir die hokkie te wees”. “Ons het die afgelope twee jaar nie laer as die top drie geëindig nie. Ons verwag om weer ten minste binne die top vier posisies te eindig. Hopelik eerste, dit is altyd die doelwit,” het die doelwagter van Heimat-manskoshuis, Wikus van Rensburg, gesê. Die uitkomste tussen dié twee spanne was egter ná die eindfluitjie onbeslis.
@MarnusKok
PHOTO: STEPHAN STEYN
Brandon Shepherd.
van Tonder with the PUK Karate team. Although he is satisfied with his performance at the championships, he said “there is always room for improvement”. His future goals are planned in detail. “I am competing in the USSA trials in Potchefstroom for the national university team this weekend,” he said. “If I achieve first place in my division, I make the team and will
PHOTO: SUPPLIED
then tour to Portugal for the World University Karate Championships in October.” These trials will be held at the NWU-Potchefstroom Campus’ gymnasium. He also hopes to participate as a senior participant in the Zone 6 championships in June as well as the Senior World Karate Championships in October. Yet, his main goal is to represent South Africa on the highest level in the 2020 Olympics.
Ratau-Lebone scored a historic win on the soccer field, when the beat Hombre on Thursday night. Ratau make their intense clear from the start, when they scored the first goal. One never got the feeling that Hombre could win this one. Passes got lost and many times a Hombre player got stuck on an island, with possession, but without support. Jess Africa, from Ratau, proved to be a handful every time he got the ball. Hombre had their chances, but they could never convert these chances to get on the scoreboard. By the time Ratau scored their second goal late in the match, it was game set and match. They score a convincing 2-0 victory. Ryan Maadorp, captain of Ratau, were very delighted with the win. “The key to our success is the commitment and team spirit of our team.” Neelsie Manuku, sport house committee member of Hombre, said it is a sad day for his residence to lose for the first time against Hombre. “But we did not make the best of the chances we got.”
Sport 17 Maart 2016
FOTO: CARINA BRIERS
Laureus bemeester 'n lynstaanbal in hulle wedstryd teen Heimat.
Koshuisrugbyliga skop af Over de Voor kraai koning
D
it was die twee magte van weskampus wat mekaar die stryd aangesê het, maar Over de Voor-manskoshuis het met die louere wegstap en die wedstryd met ’n eindtelling van 37 – 20 gewen. Dissipline het vir Excelsiormanskoshuis vrugte afgewerk binne die eerste minuut en kon Erick Janse van Rensburg, die eerste strafskop deur die pale laat seil om 0 – 3 die voortou te neem. Binne enkele oomblikke kon Overs van die agtervoet afklim na Marcelle Hattingh se skopskoen ses punte vir hulle aangeteken het, om 6 – 3 die voorsprong te neem. Excelsior se Janse van Rensburg kon na nog ’n strafskop poging die telling gelykevlak maak. Overs was op die aanval en na ’n gestoei op die doellyn kon Willy Tarpley vir die wenspan se eerste drie sorg en die telbord na 13 – 6 laat tik. Janse van Rensburg het vir ’n wipplank-spel gesorg, toe hy vir sý span oor die doellyn gegly het om weer die telling gelyk te maak. Voor halftyd het Overs se Christo van der Nest en Charlie Meyer vir aksiebelaaide spel gesorg toe beide suksesvol agter die doellyn gaan kuier het. Hattingh het beide verdoel en kon Overs het met die telling 27 – 13 in hulle guns gaan water drink. Excelsior se skrumpogings en verdediging in die tweede helfte, het omgeswaai toe Philip Louw die agterstand met 27 – 20 vernou. Hattingh het vir ’n goeie aanloop gesorg en kon die bal net-net in die hoek met ’n duikslag plant. Die telling was egter 32 – 20 in die blouleeu se guns Overs se aanvallende spel kon vir die laaste doodsnikke van die wedstryd sorg, toe hulle vir oulaas agter die doellyn gaan kuier het. Die kragmeting is deur Overs beklink met ’n eindtelling van 37 – 20. “Overs het guts gewys. Die manne het op ons koshuis se spreukwyse van ‘No Guts, No Glory’ geleef vanaand. Ek voel ons is goed en verder in die seisoen kan
ons dit net verbeter,” het Gerhard Dreyer, sport-HK van Over de Voormanskoshuis, gesê. Niel van der Spuy, sport HK-lid van Excelsior-manskoshuis, sê hulle sit die verloor agter hulle en gaan harder werk aan die wedstryde wat voorlê. “Ons was baie kompeterend en die ouens het baie karakter gewys. Daar was ’n paar foute, maar ons kan daaruit leer.” GIAN FALKO JERLING
Heimat laat Laureus stof vreet In ’n naelbytstryd het Heimatmanskoshuis net-net daarin geslaag om Laureus-manskoshuis met 12-7 te oorrompel. Dit was vroeg in die wedstryd baie duidelik dat dit nie ʼn maklike een sou wees nie, beide spanne het gewys hoe graag hulle wou seevier. Laureus het die wedstryd grotendeels gedomineer, hulle het die eerste helfte en in ’n groot deel van die tweede helfte voorgeloop. Die manne van Heimat het egter nie tou opgegooi nie. Dit was minute voor die einde van die wedstryd wat Heimat lig aan die einde van die tonnel begin sien het toe Tjaart Eygelaar oor die doellyn gekruip het. Die spanne was gelykop 7-7. Laureus het soos tiere verdedig, maar vier minute voor die eindfluitjie geblaas het, het Glen du Plessis gedruk om aan Heimat die oorwinning te besorg. Volgens JJ Vosloo, sporthuiskomiteelid van Heimat, is hulle grootste probleem op hierdie oomblik ’n gebrek aan voorbereiding. “Ons is ʼn nuwe span wat nog nie tyd gehad het om in ’n eenheid saam te snoer nie. Ons mikpunt is om in die top vier die seisoen af te sluit,” het hy gesê. Rino Diedericks, kaptein van Laureus, se seisoen is op ’n einde nadat hy met ’n ernstige besering die veld moes verlaat. Dit het Laureus natuurlik nie gehelp dat Stephan Kruger homself ’n rooikaart op die lyf geloop het nie. EMETIA ENGELBRECHT
Caput tydens 'n skrum teen De Wilgers.
De Wilgers maak stem dik Verlede jaar se finalis, De Wilgersmanskoshuis, het hulle intensie vir 2016 duidelik gemaak toe hulle Caput-manskoshuis in die eerste ronde van die koshuisliga geklop het. Caput het De Wilgers met skoppe na die agterste driehoek probeer ontwrig. De Wilgers het egter teenaanvalle geloods, maar hulle in rotsvasteverdediging vasgeloop. Met die rustydtelling 3-0 in De Wilgers se guns, kon die stryd nog enige kant toe gaan. In die tweede helfde het Caput het ondernemende spel aan die dag gelê, deur van vinnige afskoppe gebruik te maak, maar is helaas gekelder deur hanteerfoute en ’n tekort aan ondersteuning. Hulle het De Wilgers dikwels meters teruggestoot in die skrums. Ian Joubert, Caput se slot, was ’n derduiwel in die losgemale.
Diederik Oberholzer, hulle skrumskakel, het meters veld gewen, dit sonder om oor ’n drie te druk. Nadat De Wilgers gaan druk het, het die realiteit van ’n nederlaag Caput in die oë gestaar. Hulle het alles probeer om ’n gelykopuitslag af te dwing, maar sonder sukses. Met die eindtelling van 13-6 het De Wilgers ’n duidelike waarskuwing aan die ander koshuisspanne gerig. Volgens Ohann Fourie, kaptein van De Wilgers-manskoshuis, het sy span “guts” gewys. “Ons mikpunt is om in 2016 weer in die finaal te speel.” Wilco Kamfer, kaptein van Caputmanskoshuis, het gesê hulle het nie hulle kanse gebruik nie. “Ons dissipline het ons die wedstryd gekos en ons het ook fokus op kritieke tye in die wedstryd verloor,” het hy gesê. MARNUS KOK
FOTO: DORÉ SCHOLTZ
Jongelinge oorrompel Veritas Die NWU-Pukke se 0/19-rugbyspan het Veritas-manskoshuis in die eerste ronde van die koshuisrugbyliga geklop. Die room van more het ’n taai wedstryd beklink deur met 29 – 21 te wen. Veritas was eerste op die telbord, toe Meyer Mare oor die doellyn geduik het. Dié doelskop deur Wesley Myburgh was in die kol. Volgens Oelof Stander, Veritas se kaptein, was die verloor nie lekker nie, omdat sy span hoë eise aan homself gestel het. “Ons het nie afgerond toe ons in hulle doelgebied was nie.” Hein Steenkamp, losskakel van die wenspan. “Die voorspelers se oorheersing het die platform gelê vir die agterspelers om die bal die werk te laat doen,” het hy gesê. RAYNIQUE MEYER