Wapad - 24 september 2015

Page 1

WAPAD® IS DIE STUDENTEKOERANT VAN DIE NWU-POTCHEFSTROOMKAMPUS

LEES JOU KAMPUS

3

DUIWELSADVOKAAT: TWEE SLEUTELFIGURE WORD OPGEWEEG

5

ALTERNATIEWE VERVOER

10

OPINIE: LEANDI DU RANDT

24 September 2015/ VOL 12

Gras groei onder NWU-Raad se voete JEANELLE GREYLING

D

ie NWU-Raad het Vrydag op hul voorlaaste vergadering nog geen besluite oor die toekoms van die universiteit geneem nie. Dít terwyl die rektorspos aan die Vaaldriehoekkampus enkele maande voor die beoogde transformasie geadverteer is. Boonop moet die Raad teen einde Oktober besluit of die huidige rektor van die Potchefstroomkampus, prof Herman van Schalkwyk, aanbly. Johan Kruger, Raadvoorsitter, het vroeër aan Wapad gesê hulle sou teen Vrydag die raamwerk van die strategiese plan vasstel. Die kleiner details sou dan teen 20 November, hul laaste geskeduleerde vergadering, uitgepluis word. Die feit dat geen raamwerk vasgestel is nie, plaas groter druk op die Raad op hul laaste vergadering. “Ons is baie naby aan ’n raamwerk,” het Kruger gesê. “Dis ’n baie ingewikkelde saak.” Die plan gaan byvoorbeeld die akademiese- en bestuurstruktuur beïnvloed. “Sodra ons vorder is daar nuwe knelpunte.” Dié knelpunte sluit probleme met die visie en missie en toekomsprojeksies in. “Die taalbeleid is een van die ratte wat nog in plek moet val,” het Kruger gesê. “Maar ons is nie direk besig daarmee nie.” Die Raad het volgens hom nog niks aan die taalbeleid verander nie. Die hangende rektorsposte van die Vaaldriehoek- en Potchefstroomkampusse is ook van dié ratte. Hoewel die universiteit se statuut vereis dat dié poste geadverteer word, kan dit ’n uitwerking op die struktuur hê. Die Raad gaan ’n werkswinkel in Oktober hou om onder meer dié probleme aan te spreek. Die NWU se vyf jaar projeksieplan moet teen 15 Desember aan dr Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, voorgelê word.

Adv Johan Kruger is die voorsitter en mediawoordvoerder van die NWU-Raad.

NWU Council meeting lags in decision making

Silwerrandjie Dié sloering is volgens Kruger in die beste belang van die NWU, omdat die Raad hul bes probeer om die universiteit sterker te posisioneer. Trouens is dit nie tevergeefs nie: die NWU is vir die eerste keer in sy geskiedenis op die lys van potensiële universiteite wat die wêreldranglys van die beste uiniversiteite moontlik kan haal. “Ons aansien is dus besig om te verhoog.”

FOTO: NETWERK24

What's this? Even though most of our readers are Afrikaans, we have decided to add highlights of the main articles to accommodate our English readers as well.

Despite an earlier comment by Adv. Johan Kruger, the council chairman, the NWU Council still have not made any decisions after their penultimate meeting. Meanwhile, the vacancy for the rector of the Vaal Triangle Campus has been advertised only months before the proposed transformation. Kruger said it is a complicated affair and as soon as they have made progress, new issues arise.

These issues include problems with the language policy, the university's mission and vision as well as future projections. The hanging positions for the rectors' positions of the Vaal Triangle- and Potchefstroom campuses also have a large impact. The strategic plan should be presented to Dr Blade Nzimande, minister of higher education, by 15 December.

Reform PIK: Students sign petition against Interpreting Services LOUISE MAGANGA Students from the Reform PIK (Potchefstroom Institutional Kulture) movement, circulated on the NWU Potchefstroom Campus last Monday. Approximately 500 students signed petitions to prove to the NWU Council that many students do not deem the Interpreting Services as good enough.

Iets om te sê?

Reform PIK demands that the university should offer English classes for all modules. Those who feel more comfortable with Afrikaans can still be taught in this language. The movement also want the university to Africanise the curriculum. Ignatius Mokhatle, an honours student in BCom Disaster Risk Management said the Interpreting Services could always trans-

SMS 31750

late from English to Afrikaans. Although they acknowledge the rights of Afrikaans students, they maintain that keeping Afrikaans as language of instruction prohibits access to the university. According to Thembisele Mofokeng, a third year in BCom Economics, they “get lost in (the) translation” of the Interpreting Services. Mofokeng said they pass

met die woord ‘wapad’ vooraan

because they work hard, not because of the Interpreting Services. “We come from disadvantaged backgrounds, we can’t afford to fail.” Mokhatle said the Interpreting Services enables discriminatory environment. According to Rodney Motlogeloa, an honours student in BCom Disaster Risk Management, the

Teken in vir Wapad® se nuusbrief http://bit.ly/wapadnuusbrief

issue of Afrikaans language “manifests white supremacy” and increases a “black inferiority complex”. Reform PIK is a black students’ organisation that is inspired by Steve Biko’s consciousness ideals to fight for the decolonisation and equality.


Nuus

2

24 September 2015

Koshuiskeuring-kopseer RENERA LOUWRENS Spanning aangaande koshuisinwoners se toekomstige lêplek loop tans hoog met dié dat koshuisplek vir 2016 binnekort aangekondig word. Om vas te stel of ’n bestaande inwoner kwalifiseer om nog ’n jaar in ’n koshuis aan te bly, moet hy/sy aan streng keuringsvereistes, wat deur die NWU-Pukbestuur voorgeskryf is, voldoen. Dié vereistes fokus hoofsaaklik op akademiese prestasie, asook deelnamepunte wat die inwoner deur die loop van die jaar in die koshuis verwerf het. Dié twee aspekte word in die verhouding 70:30 geplaas. “Dit verseker dat die koshuis ’n gesonde prestasiekultuur handhaaf deur net die voortreflikste studente die geleentheid te gee om in die koshuis aan te bly en tot die prestasiekultuur wat nagestreef word, by te dra,” het Jacques Hugo, SR:Koshuisraad, gesê. Koshuislewe is een van die aspekte wat ’n mate van uniekheid aan die NWUPukkampus verleen. “Koshuise is die hartklop van ons kampus en daar moet dus ’n sisteem in plek wees om te verseker dat studente wat aan ons studentelewe deelneem, vir hul bydrae tot die verteenwoordiging van die koshuis en die NWU-Puk vergoed kan word,” het Hugo gesê. Tog meen sommige studente dat dié sisteem met hul akademie inmeng. “Ek voel dit is baie onregverdig dat dit op ’n 70:30 sisteem werk,” het Lieze van Wyk, B.Sc. Mikrobiologie en Biochemie, gesê. “Dit moedig mens aan om jou akademiese tyd af te staan om deelnamepunte te kry.” “Mense wat BSc en ingenieurswese swot werk daarvoor om ’n enkelkamer te hê omdat akademie so belangrik is, maar nou moet mens so hard werk aan deelname so dit kanselleer mekaar uit,” het Van

Wyk gesê. “Dit is wel moontlik om plek in die koshuis te kry wat suiwer op akademie gebaseer is, siende dat die afsnypunt meestal tussen 48 en 65 in die verskeie koshuise wissel,” het Hugo gesê. Ander kwessies soos taal speel ook ’n rol in koshuise. “Ek voel dat dit soms moeilik vir my is, veral in koshuisvergaderings, hoewel daar soms ’n tolk is, voel ek steeds anders,” het ’n anonieme bron gesê. Die bron het gevra om anoniem te bly uit vrees dat haar kommentaar aan Wapad haar koshuiskeuring gaan beivloed. “Die eerstejaars wat ons ontvang bepaal die taal en kultuur van ons kampus. Op hierdie stadium ontvang ons meerderheid Afrikaanssprekende studente so dit is steeds die voorkeur taal in koshuise,” het Hugo gesê.

Dit moedig ’n mens aan om jou akademiese tyd af te staan om deelnamepunte te kry. “As gevolg van die taalkwessie op die oomblik, is ek nie seker of ek koshuiskeuring soek nie,” het die anonieme bron gesê. “Ek glo egter dat dit belangrik is dat koshuise meer voorsiening moet maak vir studente wat nie gemaklik is in Afrikaans nie ten einde te verseker dat dit nie iemand die geleentheid ontneem om volheid aan koshuisaktiwiteite deel te neem nie,” het Hugo gesê.

Sleeping patterns of people during the night.

FOTO: TRENDHUNTER LIFESTYLE

Sleeping in the Digital Age NICOLETTE HARMSE

I

f you've been feeling especially drowsy, the culprit may be right under your nose as it is difficult to power down for a good night's sleep after you’ve spent the day looking at phones, tablets and computer screens. Have you ever heard of ‘circadian rhythm’? It is the clinical term for your “internal clock”, which makes you feel energized or sluggish during different parts of the day. This internal clock affects body functions, hormones and sleep or wake times. A group of cells in the brain called the Suprachiasmatic Nucleus (SCN) controls your internal clock. The SCN responds to the very simple cues of light and darkness. For example, the morning light tells your body that it is time to wake up. Your body's temperature rises and releases hormones that energize you. When the sun sets and it gets dark, your body releases melatonin, which makes you feel tired. SCN is particularly sensitive to short wavelength light – the type emitted from electronic devices and LEDs. This light confuses your body's internal clock by delaying the release of melatonin. Consequently

your brain is getting the signal that you should be awake and alert. This causes sleep deprivation and short lived energy spurts. Regardless of what some might think, a lack of sleep cannot be cured by a cup of coffee. This leads to certain health issues, like a weak immune system, diabetes and heart diseases that can all be caused by sleep deprivation. To top that off, recent studies have shown that people who sleep less than six hours a night are more likely to become obese, and sufferers of insomnia are five times more likely to develop depression. Another consequence of lack of sleep is car accidents as fatigued driving causes approximately 1500 fatalities and 40 000 injuries annually. Juanita Panther, a first year in BA Language and Literature said: “I definitely find that technology interferes with my sleep at night. That's why I usually put my phone on silent before bed. Where reading is concerned, I generally find that reading from a paper at night is much easier on my eyes than reading from a computer screen.” Marelize Scheepers, a first year in BA Communication said: “Technology really influences my sleeping pattern. You have to constantly be on your cellphone to know what

is going on and never really get the time to switch off. We live in a time that requires you to be in tune with social media and what is going on.“ If you are sleep deprived, follow these useful tips to get yourself back on track:

1. Establish a routine

A normal bedtime routine will cue your body that it's time to power down for sleep.

2. No Technology

Try to make your bedroom as technology-free as possible: create a sanctuary free from electronic dings, rings, buzzes and tweets.

3. Take a break

Take a nighttime break from e-mails: checking work e-mails can raise adrenaline and stress levels.

4. Unplug

Unplug 30-60 minutes before bed: get the sleep-inducing melatonin flowing by turning off electronics and avoiding screens.

5. Paper books versus e-Books

Tablets emit sleep-disrupting light, so go old-school if you read before bed.

6. Try flux software

It automatically adjusts electronic light displays based on the time of the day.

Au pair in Holland

Do you love children? Are you between 18 and 27 years old? Are you looking for a gap year in Europe? Benefits: x x x x x x x x x x x

Fully screened families Room and board Part of your flight Pre-paid VISA for 12 months Pre-departure au pair training Insurance cover Paid language course Pocket money Mobile phone and telephone allowance Two weeks of paid vacation. Bonus, if au pair contract is finished.

Please contact us for a wonderful AU PAIR year in Holland. Tel: 021 553 3638

Email: manager@house-o-orange.co.za


24 September 2015

Nuus

3

MARNUS KOK “I don’t hate whites.� One of the most prominent participants in the march of a few weeks ago sits across me, demanding that English must be the medium of instruction at the North-West University. Ignatius Mokhatle was born and bred in the “dusty streets� of Thaba Nchu in the Free State. His mother is a headmaster who graduated from the University of Port Elizabeth (Nelson Mandela Metropolitan University). He has been a teacher in accounting for a few years. “What I hate is white supremacy, whites that think they are more intelligent than black people,� Mokhatle said. He also hates the fact that some black people feel as if they do not “belong in the whites’ spaces�. He talked about the threats that the prostesters made, more specifically the threat to burn down buildings if the “university doesn’t listen�. Mokhatle doesn’t think those threats are valid: “It was said in the heat of the moment.� Yet he mentions that these threats indicate black students’ frustration. “Headsets are problematic and a disguise. It is being used to exclude black students and to preserve the white culture.� But is it wrong to be a diverse society? A society where everybody can strive in their preferred language? “We are also compromising by taking up study in English. It is not my first language either,� he says, adding that the rest of the world cannot access Afrikaans research. Mokhatle feels that white people have a lack of understanding for the history of this country. “The reality is that black people live in townships and they don’t have the opportunities that

kop kop

Kop aan

speel duiwelsadvokaat

Ignatius Mokhatle (links bo) en Hans Gildenhuys (regs bo) is altwee die voorbokke van opposisionerende bewegings. Mokhatle veg vir Engelse onderrig; Gildenhuys veg vir die behoud van Afrikaanse onderrig. FOTOS: (LINKS) HEINZ SCHOEMAN-STRUWIG, (REGS) DEVAN DU TOIT.

whites have. Due to segregation, whites had opportunities to study at institutions like Potchefstroom.� He says that black people have not always had access to these facilities, but “not because our parents were lazy�. For how long must whites still say that they are sorry? “It’s not about saying sorry. It’s about opening spaces like universities. Not trying to preserve things for themselves.�

Exciting new

Die kernfigure van twee opspraakwekkende bewegings op die NWU-Potchefstroomkampus se menings word teen mekaar opgeweeg

Hy sal graag ’n swart taal wil aanleer. “Dit is ’n groot begeerte van my.â€? Hans Gildenhuys is ’n vierdejaar in LLB by die NWU-Puk. “Ek word dikwels daarop gehamer omdat ek nie ’n swart taal ken nie.â€? Tog is onderrig in Afrikaans belangrik vir diĂŠ boorling van Kempton Park. “Ek ry Potch toe vir die great studentelewe en vir Afrikaans. Mense kom van so ver as die Kaap hiernatoe om in Afrikaans te studeer.â€? Hy dink nie dat dit onregverdig is dat swart studente in Engels, wat sommige se derde taal is, moet studeer nie. “Afrikaans is reeds tot op tersiĂŞre vlak

ontwikkel. Ons kan dit nie net verloor nie.â€? Sal dit nie beter wees vir nasiebou om alles Engels te maak nie? Soos gesien met die model wat nĂĄ 1990 in NamibiĂŤ ter onafhanklikheidswording in plek gestel was. Dit het daartoe gelei dat Engels die enigste amptelike taal in diĂŠ land geword het. ’n Land wat bekend is vir sy vreedsaamheid. Gildenhuys reageer heftig. “Ons is geregtig op moedertaalonderrig. Ons kan dit afdwing. Daar is reeds genoeg Engelse instellings.â€? Hy voel dat dit die moeite werd is om vir Afrikaans te baklei, selfs al beteken dit dat daar moontlik elke week protesoptogte teen Afrikaans kan wees. “Jy kan nie elke keer wat ’n groep hulle speelgoed uit die cot gooi, toegee nie. Daar sal altyd iemand kwaad wees oor iets.â€? Hy erken dat apartheid verkeerd was en dat hy dalk steeds daardeur bevoordeel word. “Vir hoe lank moet ons nog jammer sĂŞ? Apartheid is in elk geval nou omgekeer. Kyk die kwotas en transformasie wat afgedwing word.â€? Dink hy nie dat blankes meerderwaardig is nie? “As iemand voel dat blankes meerderwaardig is, is dit sy eie opinie. Dalk koester hy kwaad vir een of ander rede. As so iemand vrede met homself maak, sal sy lewe beter wees.â€? Op die vraag of hy rassisties is, sĂŞ Gildenhuys: “Ek is eerder raseg. Volgens my kultuuroorwegings gaan ek nie met ’n swart dame trou nie. Dit maak my egter nie ’n rassis nie. Ek het swart vriende ook.â€? Hy dink nie dat ’n Afrikaanse kampus afbreek maak aan die ideaal van ’n reĂŤnboognasie nie. Samesyn tussen verskillende kultuurgroepe is moontlik. “Mense moet egter opstaan vir dit waarin hulle glo. Ons wil niemand uitsluit nie, ons wil net in Afrikaans studeer.â€?

career opportunities for professionals

Do you have a 4-year degree in any of the following fields? Engineering, Mathematics, Statistics, Computer Science.

Apply

IRU WKH 06F LQ %XVLQHVV 0DWKHPDWLFV DQG ,QIRUPDWLFV %0, ZLWK VSHFLDOL]DWLRQ LQ Business Analytics / Data Science

"The MSc in BMI with specialisation in Business Analytics is the first of its kind in South Africa. The degree specializes in the exciting new field of data science and big data with the main focus on problem solving in the financial sector. I found the course to be intellectually stimulating and very challenging, but with the excellent assistance provided by the academic staff of the Centre for BMI, I could easily master complex concepts. In the end, the course and lessons learnt, opened up a vast number of new career opportunities and equipped me for the challenges I subsequently faced in the professional working environment. I highly recommend this excellent course to mathematically talented students who are looking for exciting and well-paid new career opportunities." Babette Roberts. Senior Associate EUnst & Young

%DEHWWH 5REHUWV % (QJ (UP) 06F %0, (NWU)

APPLICATIONS

‡ &ORVLQJ GDWH 2FWREHU ‡ (PDLO /LVH +HQGULNV#QZX DF ]D ‡ 7HOHSKRQH ‡ 2IILFH 1DWXUDO 6FLHQFH EXLOGLQJ * )ORRU 2IILFH +

INQUIRIES

‡ 3URI 0DFKLHO .UXJHU ‡ (PDLO 0DFKLHO .UXJHU#QZX DF ]D ‡ 7HOHSKRQH ‡ 2IILFH 1DWXUDO 6FLHQFH EXLOGLQJ * )ORRU 2IILFH +

ÂŽ

POTCHEFSTROOM CAMPUS


K&V

4

24 September 2015

FOTO: YEAHMAG

Kort vakansie, baie om te doen ALTA GRUNDLINGH

Pubcrawlers and local children enjoy a game

Ikageng with a drink INGE JANSE VAN RENSBURG

T

he Local Space Global Place (LSGP) project held yet another successful fundraising event. This time the project, I love Ikageng, took centre stage as it raised funds for the development and sustainment of a community park in Ikageng. The project consisted of visiting some of the local pubs in this rural area. On Saturday the 12th of September everyone gathered behind the ATKV amphitheatre where three mini-bus taxi's awaited the excited group of pub crawlers.

As soon as everyone was settled the party took off towards the first local pub, Club Motswedi. The space was limited which had the party moving to someone's backyard. After a quick bite of hotdogs all partygoers moved on to the next club, the Diphetogo Lounge. Upon arrival everyone was welcomed by the owner Bra Maxx who gave the organiser of the event, Wessel Strydom, a donation for the cause, telling everyone that “it is a token so that you can know that we are with you and are supporting what you are doing�. Soon after that the day drew to

an end at the Katlego Pub, a place that can easily be rated with star quality. Lucky Masentle, owner of this hangout, said: “I actually live on the same street as where the project is and I feel it is great that there are people and an organisation like this that wants to make a difference and contribute to a better Ikageng�. “This is a fantastic experience and I would do this a hundred times again, every weekend, if I have the chance,� Pretty Bareng, one of the pub crawlers, said to Wapad.

Die Oktober-vakansie is om die draai of kom ons noem dit eerder die Oktober-reses, aangesien dit eintlik net ’n vinnige asemskep is. Wapad het by studente gaan uitvind wat hulle in die vakansie aanvang en ook hoe hulle te werk gaan om ekstra geld in diĂŠ jolige tyd bymekaar te maak. Clover Aardklop wat jaarliks in Potchefstroom gehou word, vind in diĂŠ vakansie plaas. Sommige studente spaar al maande lank vir diĂŠ geleentheid en kry ’n stoute glimlag wanneer die woord “Aardklopâ€? opkom, terwyl ander weer juis gedurende diĂŠ tyd weg wil breek. Volgens Zeldri Nel, ’n eerstejaar BA in kommunikasiekunde, is vakansies oor die algemeen die tyd wat sy saam met ou skoolvriende en familie tyd probeer spandeer. “Ek gaan ook ’n TV-aanbiederskursus bywoon,â€? het Nel gesĂŞ. Vir JP Myburg, ’n tweedejaar in BA kommunikasiekunde is die vakansie weer heeltemal te kort en verkies hy om eerder

in Potchefstroom aan te bly en Aardklop tussendeur sy werk by te woon. Die reses is ook vir baie die perfekte geleentheid om met agterstallige take en opsommings in te haal. Die eksamen is immers om die draai. Volgens Keabetswe Rampete, ’n eerstejaar in BA sielkunde en toerisme, is slaap al wat sy nodig het nĂĄ diĂŠ semesterweek. Finansies aan die ander kant is gewoonlik vir die meeste studente ’n sensitiewe saak. “Ekstra geld? Wat jy waar kry?â€? het Nel gevra. Volgens haar moet mamma en pappa maar spaarbussie speel. “Ek speel graag met aandele op die aanlynaandelemark,â€? het Bastiaan Erlank, ’n eerstejaar in kwantitatiewe risikobestuur, gesĂŞ. Hy het al baie geld op hierdie manier gemaak. Ander doen weer die tradisionele ding en gryp ’n voorskoot en skinkbord in hul tuisdorp. Edric Westmore, BSc aktuariĂŤle wetenskappe, doen kelnerwerk in vakansies vir ekstra sakgeld, terwyl Myburg graag by die ATKV-tienertoneel werk.

KONTAK ONS VANDAG OM TE REGISTREER EN BESTUUR JOU TOEKOMS!

NAGRAADSE DIPLOMA IN

BESTUUR

met die

NWU POTCHEFSTROOM BESIGHEIDSKOOL ‡ *RHLH YRRUEHUHLGLQJ YLU œQ 0%$ ‡ 9ROW\GVH MDDU GLSORPD LQ %HVWXXU ‡ 2RSERHN HQ WRHJHSDVWH HNVDPHQV ‡ 7HQ YROOH JHDNNUHGLWHHU RS 1.5 YODN

‡ 0HGHGLQJHQGH YRRUGHHO LQ DUEHLGVPDUN ‡ *HULHà LNH NODVW\H RS GLH 3RWFKHIVWURRP NDPSXV

Leanie van Ronge - 018 299 1409, E-pos: leanie.vanronge@nwu.ac.za Ekonomiese- en Bestuurswetensakpgebou (E3), Kantoor 304, 3de vloer


24 September 2015

K&V

Vervoeropsies reflekteer reënboognasie IDA STEENKAMP

aan jou ’n asemrowende uitsig van alle kante af te gee.

Suid-Afrika is ’n land wat wêreldbekend is vir pragtige natuurskoon, wildreservate en groot verskeidenheid toeristeaktiwiteite wat daarmee gepaard gaan. Daar is verskeie unieke maniere van vervoer wat deel maak van daardie ervaring. Hier is tien Trots SuidAfrikaanse maniere van vervoer:

1.

6.

Regoor die land Johannesburg het ’n chaotiese, informele publieke vervoersisteem in die vorm van minibus taxi’s. Hierdie taxi’s is egter nie die standaardtaxidiens waaraan die Westerse persoon gewoond is nie, met ander woorde, daar is geen tydskedules nie.

Die Rickshaw Durban

Hierdie is ’n ervaring wat jy slegs in Durban sal vind. Teen slegs R20 kan die strand ervaar word soos op geen ander plek. Hierdie manier van vervoer is uniek en omgewingsbewus met so tikkie liefdadigheid daarby.

2.

Donkiekarretjie

Hierdie vorm van vervoer is die goedkoopste in Johannesburg.

Dis hoe ’n Durbanse rikshaw lyk.

FOTO: THE ULWAZI PROGRAMME

Karoo Op ’n omgewingsvriendelike manier, kan hierdie vervoer gebruik word om die landskap van die Karoo te ervaar. Hierdeur kan jy kan nader aan die natuur kom. Dit kan gesien word as ’n omgewingsvriendelike Karooavontuur!

3.

Die Gautrein Gauteng

Die Gautrein is ’n 80km spoorlyn in die Gautengprovinsie van Suid-Afrika wat hoofsaaklik gebou is om die verkeersknope tussen Pretoria

Die regte SuidAfrikaanse Taxi

en Johannesburg te verminder, asook om ’n alternatiewe manier van vervoer te bied. Die spoorweg dien as die skakel tussen Johannesburg, Ekhuruleni, Pretoria en die OR Tambo Internasionale Lughawe.

4.

Matie Fietse Stellenbosch

Die Universiteit Stellenbosch, is die eerste universiteit in Suid-Afrika wat met die idee van publieke fietse as medium vir volhoubare vervoer gekom het. Hierdie fietse is vanuit

Nederland ingevoer, waar dit eers gebruik is vir shuttling doeleindes vir ses jaar.

5.

Kabelkarretjies Tafelberg

Hierdie kabelkarretjies vat ’n mens al die pad na die bopunt van een van die sewe natuurwonders van die wêreld toe vat – Tafelberg. Die kabelkarretjie is in volle werking om toeriste elke tien tot vyftien minute op en af van Tafelberg af te vat. In die proses, draai die kabelkarretjie in die rondte om

7.

Atlantic Rail Heritage Steam Train Kaapstad

Vir ’n tipiese, outydse treinrit ervaring, is hierdie stoomtrein iets wat nie misgeloop kan word nie.

8.

5

Oop Safari Voertuie Enige wildreservaat

Die voertuie wat die meeste vir hierdie manier van vervoer gebruik word, is Land Rovers of Land Cruisers wat omtrent vier tot ses passasiers kan vat. Dié voertuie kan vier tot ses passasiers vat en kan oor die rowwe terrein beweeg sodat jy nader aan die natuur kan wees en dit eerstehands te ervaar.

9.

Die Wyn Trem Franschhoek

Prentjiemooi wingerde gepaard met gasvryheid, uitstekende cuisine en ongelooflike wyn, is wat verwag kan word met die Franschhoek Wyn Trem hop on, hop off toer deur die Franschhoekvallei. Die trem is oop aan die een kant, wat passasiers ’n beter uitsig van die pragtige wingerde in Franschhoek gee. Hierdie toer gaan gepaard met geskiedenisstories en komplimentêre wynproegeleenthede.

Dit bestaan uit “vintage” houttreinwaens uit die tydperk van 1922 tot 1938 waarvan een van die waens ’n luukse “lounge” is, kompleet met ’n kontantkroeg.

10.

Dit begin in Kaapstad en na ’n rit van ongelooflike uitsigte oor pragtige Kaapse landskappe, eindig jy op by Stellenbosch stasie.

Dit die geleentheid om panoramiese uitsigte te aanskou en geniet. Boonop loop dit elke drie minute vanaf die stasie in die parkeerarea by die Kaappuntkarpark.

Die Flying Dutchman Kabel Kaap Punt


6

Advertensie

24 September 2015

ENGINEERING COUNCIL OF SOUTH AFRICA

The Engineering Council of South Africa (ECSA) is a statutory body that has regulated engineering practice for more than 40 years in South Africa. ECSA exists as a regulatory body for the engineering profession. Engineering is essential and beneficial to society and the economy, therefore ECSA has a role to set certain professional standards in the interests of public safety and the economy. In addition, engineering services must be of high quality in the interests of maintaining a high standard of infrastructure in South Africa. Engineering is a global activity, with services and technology being exchanged across national boundaries. The standards of engineering education and professional competence are therefore benchmarked internationally. In addition, ECSA is empowered to advise government and other parties, and to take necessary steps to protect the public interest, health and safety, improve standards of engineering services, create awareness of the need to protect the environment and conduct research.

Registration of engineering practitioners as professionals or candidates in the categories of engineer, technologist, technician, certificated engineers, and specified categories is a key function of ECSA. Registrations with ECSA exceeds 40 000 members. The registration system has been established by law to ensure competence and accountability. Registration provides public recognition that the registered person has, through education, training and experience, demonstrated competence at an established level. Registration with ECSA and membership of a Voluntary Association (VA) are complementary. The VA promotes the interests of the discipline and its members and provides services such as continuing professional development (CPD). Different grades of membership – for example student, member and fellow – recognise the member’s career progression.


7

24 September 2015

Leandie du Randt

FOTO: Donovan Roets

No one can beat you at being you D

it is die snaakste ding vir my. Op skool probeer almal soos mekaar wees. Almal trek sekere klere aan en wens hulle kon deel wees van die jocks of die cheerleaders of die cool groepie, noem dit wat jy wil. Ons gaan deur sulke tawwe tyd net om te probeer inpas op skool en te voel ons staan nie te veel uit nie en praat en lyk soos die res. Sodra jy uit die skool is en jy gaan universiteit toe, is dit soos smack bam in your face hallo reality, dit is actually cool om myself te wees, wow!!!

Maar oepsie, wie is ek? Ons spandeer vyf jaar van ons lewens op hoërskool trying to be something we are not en dan op universiteit wanneer ons nou eintlik onsself kan wees en raakgesien wil word of jou trouman/-vrou wil ontmoet dan het ons nie ’n idee wie of wat ons eintlik is nie. Hou ek nou eintlik van brandewyn en Coke of is ek meer ’n Brutal Fruit tipe outjie of meisie en gaan ouens dink ek is gay of lame as ek Brutal Fruit drink? So ironies dat ons so baie self-

exploration tyd laat verlore gaan op skool, maar it happens. Wat doen jy nou as dit jy is wat op universiteit sit en jy weet nie eintlik wie jy is of van wie en wat jy hou nie? Ek sê, begin nuut en begin by die begin. Ná alles wat al met jou gebeur het in jou lewe, wat jy gesien en beleef het, wie is jy? Waarvan hou jy? Watse klere wil jy eintlik dra? Sonder enige iemand anders se invloed of die trends of jou rolmodel op instaSpam, wie is jy??? Die ding is, hoe langer jy gaan probeer wees soos iemand anders hoe langer gaan jy vat om iewers te kom in die lewe. Jy kan nooit ’n beter iemand anders wees as wat daai persoon hom/haarself is nie. Maar no one can beat you at being you. Niemand is soos jy nie, niemand op aarde nie! So jy kan altyd wen in iets; om jy te wees. As daar enigsins ’n trend is in vandag se tyd is, sê ek dit is om jouself te wees en jou uniekheid te vier, nuwe style en dinge te begin wat niemand doen of soos niemand aantrek nie. En as dit eenvoudig en outyds is, so what, dis jy! Hoe langer jy gaan vat om jouself te wees, hoe langer gaan jy vat om jóú drome te bewaarheid en jóú purpose te ontdek en jóú tipe mense te ontmoet. Selfkennis is een van die belangrikste dinge om te hê in die lewe, ek glo dit sterk! Jy kan nie verbeter of groei as jy nie weet waar jy is of waaraan jy moet werk of waarvan of van wie jy moet afskeid neem om daai beste jy te word nie. Geniet jou studentelewe, swot hard om aan jou toekoms te werk, “speel” genoeg om jou brein te laat rus en figure uit wie jy is en waarvan jy hou en staan op daarvoor. Die mense wat in jou lewe wil wees sal stick en daai einste ‘lame’ Brutal Fruit vir jou koop! En wat die liefde van jou lewe aanbetref – jy sal wéét as dit die een is. Jy sal nie anders kan as om jouself te wees nie, fun te hê nie en net veilig by daai persoon te voel nie. Moenie settle vir iemand wat jy weet nie eintlik die een is nie, die lewe is te kort, trou jou beste tjommie, die een wat daai beste jy uitbring!

Staak jou foto-fiemies, asseblief “Kan jy ons dinee foto’s neem, maar ek sal dit self edit en dan betaal ek net helfte van die prys?” Nee vriend, dit kom in ’n pakkie. Dié is maar slegs ’n fraksie van die belaglike vrae wat ek as ’n fotograaf al gekry het. Soms verstom dit my hoe mense so iets kan vra. “Foto’s neem is mos maklik, jy druk net ’n knoppie.” Dit vat meer as net ’n knoppie om jou te laat skitter in daardie dineerok, pop! ’n Bekende vir meeste fotograwe is dan ook: “Kan ek die oorspronklike foto’s ook kry?” Nee, jy kan nie! Daar is ’n rede hoekom daar sekere foto’s is wat nie die eindrondte gehaal het nie. Nóg een wat my ’n maagkramp gee: “Ek het ’n goeie idee vir die foto’s...” Indien jy nie ’n fotograaf is nie

en jy is besig om hierdie te lees, asseblief sien dit as ’n noodkreet! “Kan jy jou watermerk van die foto’s afhaal?” Ek weet nie van jou nie, maar daardie einste watermerk sorg vir kos op die tafel. Dit is ook deel van die pakkie. Soms wonder ek of ek hierdie vrae aan onkunde moet toeskryf of eenvoudig net my kop moet skud. Kyk moet my nie verkeerd verstaan nie, fotografie is my passie en mense is seker ook maar deel van dié pakkie. Maar van al die vele vrae is dié een seker die finale spyker in die doodskis: “Kan jy my dalk maerder laat lyk?” Goeie genugtig, ek is ’b fotograaf nie GlamGuru nie. Minder SS kos sorg ook vir ’n slanker figuur. Jy’s welkom!

Lize Lombard

FOTO: Theodor Moolman

Staak asseblief jou foto-fiemies, hierdie soort vrae laat enige fotograaf ril!

24 September 2015

Antidepressant vir die misluktes Redaksioneel

Dis die tyd van die jaar wat almal kla oor die akademiese las en wéns dis vakansie. Jou toekomsdrome is vaag en jy wonder of jy ooit die regte kursus studeer. Die weer se uitbarstings maak jou snags wakker net om jou te herinner aan al jou mislukte nuwejaarsresolusies. Die dreigende eksamen demp jou eetlus sommer. Boonop het jou ouers uitgevind die Draak is toe nié ’n boekwinkel nie, so jy kan nie eers bekostig om jou probleme soos ’n regte student op te los nie. Wapad voel jou pyn. Tog wil ons (soos jou ouer boetie wat jou boelie) jou teen die ribbekas boks en vir jou sê: "suck it up". Die feit dat jy vir nuwe komitees staan, deelneem aan koshuisaktiwiteite en sekermaak jy betaal jou verblyfdeposito is alles tekens dat jy tóg in jouself glo. Die feit dat jy nog jou Wapad lees om op hoogte te bly wys jy wéét jy gaan nog volgende jaar hier wees. Werk nou hard sodat jy eksamentoelating kry, wys daai eksamen wie's baas en hou op moan.

Die volgende uitgawe van Wapad verskyn op 22 Oktober

Hoofredaksie

WAPAD-KANTOOR: 018 299 2875 HOOFREDAKTEUR: Jeanelle Greyling ADJUNKREDAKTEUR: Eugenie Gregan NUUSREDAKTEUR: Jaco-Mari Futcher KUNS & VERMAAK-REDAKTEUR: Johané van den Berg FOTOREDAKTEUR: Lize Lombard UITLEGREDAKTEUR: Lerine Miller HOOFSUBREDAKTEUR: Nicole Kemp WEBREDAKTEUR: Justin Hocking BEDRYFSREDAKTEUR: Arline Louw BEMARKING- EN ADVERTENSIEBESTUURDER: Esta Saayman SKAKELING- EN KANTOORBESTUURDER: Marita Herselman Uitleg: Bianca Visagie, Inge Janse van Rensburg Teksversorgers: Marnus Kok, Madelein van Straaten, Hardus Ludick.


Sport 24 September 2015

Die NWU-Pukke in aksie tydens hul wedstryd teen Tuks. Links: Kifiloe Tsotetsi soek haar spelers. Regs: Chanté Bester (NWU-Pukke) en Yolande du Preez (Tuks) baklei vir die bal. FOTO'S: SASPA

Potchefstromers proe al halfeindstryd

Pukke buig voor Tuks, slag VUT EUGENIE GREGAN & RAYNIQUE MEYER

N

á die naweek se naelskraap-nederlaag teen Tuks het die NWU-Pukke Maandagaand teruggebons en ’n reuse-oorwinning van 67-21 oor die Vaal Universiteit vir Tegnologie (VUT) beklink. In hul wedstryd teen Tuks was die spanne aanvanklik kop-aankop, maar die Pretorianers het die eerste kragspel ten volle benut en kon halftyd met 35-22 voorloop. Ná die blaaskans het die besoekers hard baklei om hul agterstand te krimp, maar die moedige terugvergpoging kon hul uiteindelik net twee bonuspunte in die sak bring. In die Potchefstromers se Rondte Vyf-wedstryd het hul egter ’n bonuspunt-oorwinning ingepalm deur VUT te verpletter en hulself binne bereik van die boonste vier plekke op die punteleer te plaas. Die NWU-Pukke het dié wedstryd met ’n spoed begin en die eerste kwart met ’n voorsprong van 16 punte afgesluit. Ná die breuk het hul na ’n hoër rat verwissel en hul voorsprong

na 31-4 gerek. VUT het ná die rustyd hul doele gevind en kon die derde kwart met 45-11 afsluit, maar die maroenspan het die kragspel behoorlik uitgebuit en VUT moes uiteindelik met ’n nederlaag van 46 punte die knie buig. Die NWU-Pukke se Jeante Strydom is as Speler van die Wedstryd aangewys.

Daar is nog baie dinge waaraan ons moet werk, maar die span is positief en daar is ’n lekker vibe tussen die spelers “Tuks is altyd ’n moeilike span om teen te speel omdat hulle baie fisies is en speel tot die einde,” het Izanna Muller, kaptein van die NWU-Pukke, gesê. “Ons het ’n baie slegte tweede kwart [in die wedstryd teen Tuks] gehad en dit is moeilik om

catch up te speel omdat die span onder druk is en dan onnodige foute maak. “Ons is wel gelukkig oor die twee bonuspunte wat ons gekry het.” Muller en haar span is egter optimisties oor die res van die toernooi. “Daar is nog baie dinge waaraan ons moet werk, maar die span is positief en daar is ’n lekker vibe tussen die spelers. “Ons fokus nou om elke wedstryd te vat soos dit kom, om akkurate netbal te speel en goed voor te berei vir ’n semi-finaal.” Die NWU-Pukke se volgende wedstryd is Maandag teen die Universiteit van Kaapstad se segelose Ikeys. Die kragmeting begin om 18:00 in die SANDF Kompanelo Saal in Potchefstroom.

Varsity Netbal-punteleer SPAN

GS

W

G

V

P

1. Kovsies

5

5

0

0

24

2. Tuks

5

4

0

1

20

3. Maties

5

3

1

1

18

4. NMMU

5

3

0

2

16

5. NWU-Pukke

5

2

1

2

14

6. UJ

5

1

0

4

8

7. VUT

5

1

0

4

4

8. UCT Ikeys

5

0

0

5

1

GS - Gespeel W - Wen G - Gelykop V - Verloor P - Puntestand

Kontak: Raynique Meyer 083 875 3801


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.