Romanmagazine Joubert

Page 1

DE NIEUWE JOUBERT!

LAATSTE DEEL IN DE TRILOGIE

Katrien is 10 jaar als ze op de radio hoort dat de politie geschoten heeft op schoolkinderen in Soweto ... Nog één keer keren onze geliefde personages terug: Gretl en Jakób, Kate en Bernard, Stan en Haneczka… MOZAÏEK | ISBN 978 90 239 9456 5 | € 21,90 ook als e-book

4


BRIEF VAN

IrmaJoubert

AAN JOU

Liewe lesers, Toe my eerste boek (Het meisje uit de trein) in 2011 in Nederlands verskyn het, het ek nooit besef watter wonderlike invloed dit op my ganse lewe sou hê nie. My oupa Moerdijk se ouers het in 1888 vanaf Ierseke in Zeeland na Suid-Afrika geëmigreer, hy het tydens sy studiejare in 1912 by sy grootouers besoek gaan aflê. ’n Honderd jaar later, in 2012, het ek ook die voorreg gehad om Nederland te besoek en soveel van julle, my lesers, te ontmoet. Dit was vir my ’n ongelooflike ervaring: die pragtige land, die sterk leeskultuur, die gevoel dat dit die plek van my wortels is en veral die hartlike mense. Ek het geweet ek is ver bo verdienste geseën.

Alles over de tour is te vinden op Irma Joubert.

En toe ek deur julle stemme in Februarie die BCB Publieksprys vir Kronkelpad wen, was ek nie net totaal verstom én verras nie. Ek was ook diep dankbaar en het opnuut besef dat alle seëninge suiwer genade van onse Hemelse Vader is. Nederland het vir my in hierdie paar jaar ‘n tweede tuiste geword, die Nederlandese mense ook mý mense, die Nederlandse taal deel van my taal. ’n Deel van my hart behoort nou aan Nederland. Daarom het ek besluit om ’n Nederlands-Afrikaanse boek te skryf. Ná die Tweede Wêreldoorlog het heelwat Nederlandse gesinne tydelik of permanent hier in Suid-Afrika kom woon en werk. Ek wil my verhaal begin gedurende die Tweede Wêreldoorlog, die ‘Versteekte Dorp’ (Het Verscholen Dorp) inwerk, beslis die Slag van Arnhem, ook ander insidente. En daar het ek julle, my lesers se hulp nodig. Indien jy weet van ’n ware storie wat in daardie jare gebeur het (moontlik met ’n SuidAfrikaanse konneksie) sal ek baie graag daarvan wil hoor. Skryf gerus aan my by janirma@mweb.co.za of kontak Uitgewery Mozaïek. Ek kom gedurende die tweede helfte van September weer Nederland toe: deels vir die Suid-Afrika Week, deels om navorsing vir hierdie verhaal te doen, maar belangrikste om weer met julle te kan gesels en te kuier. Tot dan, lekker warm Suid-Afrikaanse groete Irma Joubert p.s. Irma Joubert bezoekt Nederland in september. Ben jij er ook bij?

LEZERSOPROEP: Irma Joubert vraagt jullie hulp. Ze heeft besloten haar nieuwe roman deels in Nederland te laten spelen, tijdens WOII. Irma is benieuwd of jullie waargebeurde verhalen kennen die haar daarbij kunnen helpen. Laat van je horen!

5


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.