1 minute read
Charlie-fotograwe sorg vir
Opskudding
FOTOGRAWE van die Charlie Hofmeyr fotografieklub het ‘n opskudding veroorsaak in die laaste PSSA Up & Coming nasionale fotografiekompetisie.
Advertisement
Uit die ses beskikbare medaljes het hulle vier verower en asook drie van die vier merietesertifikate ingepalm.
Die groep het ook vier-en-twintig aanvaardings ontvang.
Met die toekennings beklee hulle nou die eerste plek op die nasionale ranglys by die PSSA (Photographic Society of South Africa).
Drie skoliere het in drie verskillende kategorieë presteer. Sofia van der Merwe (foto links) het twee PSSA brons medaljes en een PSSA brons Up & Coming medalje vir ‘n tweede plek, verower.
Haar fotos is aangewys as die algehele wenner in beide selfoon en digitale kamera - swart en wit fotos. Verder het sy nog vyf aanvaardings wat haar die mees suksesvolle deelnemer onder die Charlie Hofmeyr skoliere gemaak het. Ané Sauer het die PSSA brons medalje ontvang vir haar foto (digitale kamera kleur ope afdeling) asook twee aanvaardings. Daniël Conradie, Luc Joubert en Lia Jordaan het elkeen ‘n sertifikaat van meriete ontvang.
Nasionale aanvaardings:
-Sofia van der Merwe het agt aanvaardings ontvang insluitende drie medalje wenners
-Daniël Conradie het vyf aanvaardings ontvang wat een sertifikaat van meriete insluit
-Luc Joubert het vier aanvaardings ontvang wat een sertifikaat van meriete insluit
-Anandi van As het vier aanvaardings ontvang
-Ané Sauer het drie aanvaardings ontvang wat een medalje wenner insluit
-Gustav Groenewald het twee aanvaardings ontvang
-Lia Jordaan het een sertifikaat van meriete ontvang
-Anine Engelbrecht, Chloe Sarikaki, Jaco Winterbach en Juan la Grange het elkeen een aanvaarding ontvang.
We need a self-motivated individual to fill the following vacancy that exists:
STORE & TRAINEE MANAGER
PRINCE ALFRED HAMLET
This position offers great growth potential.
MINIMUM REQUIREMENTS :
• Matric or equivalent qualification
• Two years retail management experience, essential
• Team Player
• Good communication skills
• Positive attitude
• Ability to manage a retail store across boundaries
Interested persons should send a detailed CV by: E-mail:tcs.recr uitment@crazystore.co.za or
Fax: 086 725 2560
Please specify the position and store that you are applying for. Closing date for applications: Friday, 5 May 2023 at 16:30
Correspondence will only be entered into with candidates who reach the short list.