WH Her ald
TRADING HOURS: Monday - Friday 07:30 - 17:30 Saturday 08:00 - 13:00
Witzenberg
Volume 25 no. 4
R8
Friday, February 4, 2022
Since 1997
MINI SERVICE R150
UPCOMING EVENTS: • TANKWA TREK • PAARL CYCLE TOUR • KAROO BURN MTB • IMBUKO FIVE 49 Lyell Street (023) 312-3578
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 3 Februarie
Vrydag 4 Februarie
11° 24°
10° 28°
Saterdag 5 Februarie
12° 33°
Witzenberg Herald
Sondag 6 Februarie
18° 35°
Ceres Koekedouw dam
87,4%
1997 - 2022 Lesing: 2022/02/02
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
Voortrekkerstr. 17 Ceres 078-766-6268
Cream cheese and smoked salmon trout bagel @ R69 www.witzenbergherald.co.za
Lewenslange tronkstraf
Tulbagh-verkragter skuldig JAKOBUS Petoors, veroordeelde verkragter en moordenaar van Tulbagh, is verlede week in die Kaapstad hooggeregs-hof gevonnis. Petoors (55), het skuldig gepleit op drie aanklagte van ontvoering, moord en die verkragting van die 8-jarige Reagan Gertse op 29 Februarie 2020. Reagan is ontvoer, verkrag en verwurg skaars drie maande nadat Petoors in Desember 2019 op parool vrygelaat is. Hy is verlede Donderdag 27 Januarie gevonnis, byna twee jaar na die aanval. Hofsaak Volgens die staat se getuienis is Reagan Gertse die oggend van 29 Februarie in die teenwoordigheid van Petoors gesien. Reagan se stiefouma was Petoors se vriendin. Gertse was die dag van sy dood uitgenooi na ‘n kinderpartytjie wat die middag om 16:00 begin het. Hy was ongeveer ‘n halfuur daar voordat hy geloop het. Hy is later tussen 17:00 en 18:00 weer in Petoors se geselskap gesien. Hy het nooit teruggekeer huistoe nie en daar is na hom begin soek. Sy liggaam is die volgende dag in digte bosse gevind. Petoors het in sy pleitstukke genoem dat hy die betrokke dag na die NG Kerk se terrein gegaan het waar hy sy gemeenskapsdiens moes verrig. Hy was laat en daar was niemand nie. Hy het teruggekeer na waar hy gewoon het en vir Reagan daar naby gesien. Hy het vir hom gesê hy gaan in die rivier swem waarna Gertse wou saamgaan. Op pad na die rivier het hulle verby ‘n vrou met ‘n seuntjie gestap wat na Gertse geroep het. Hy wou saam met hulle gaan maar het
geval waarna Petoors hom om die nek gegryp en gedwing het om saam met hom te gaan. By die rivier aangekom, het hy die seuntjie verkrag. Hy wou hom nie huistoe laat gaan nie en het sy gesig in die sand gedruk totdat hy dood is. Hy het hom opgetel en in bosse versteek. Reagan se ma, Louisa, het later vir Petoors gekonfronteer en gevra waar Reagan is. Hy het ontken dat hy weet waar Reagan is of dat
hy saam met hom was al het inwoners hulle saam gesien. Petoors is op 1 Maart gearresteer. Vra omvergifnis Petoors het vir die hof gesê hy is spyt oor wat hy aan Reagan gedoen het en gevra dat die familie hom moet vergewe. Hy neem verantwoordelikheid vir sy dade. Lewenslange vonnis Petoors is nog besig om die res van sy 12
jaar vonnis tot Julie 2024 uit te dien na hy in Julie 2012 in die Paarl streekhof skuldig bevind was aan die verkragting en aanranding van ‘n 4-jarige. Lewenslank Petoors is in die Hooggeregshof lewenslange gevangenisstraf vir die verkragting en lewenslange gevangenisstraf vir die moord opgelê.
Petoors gevonnis JAKOBUS Petoors (middel), veroordeelde verkragter en moordenaar van Tulbagh, is in die Kaapstad Hooggeregshof gevonnis. DIE twee ondersoekbeamptes van GKS Ceres, sers. Desiree Prins (links) en sers. AJ van Rooy (regs) saam met die aanklaer, adv. Maresa Engelbrecht.
FOTO REGS: Reagan Gertse (8) is op 29 Februarie 2020 op Tulbagh vermoor.
2
WITZENBERG HERALD
Friday, February 4, 2022
Christelle se borrelende geaardheid gaan gemis word CHRISTELLE (Stemmet) Hamman is op 18 Januarie1968 in Kroonstad gebore.
CHRISTELLE Hamman is Saterdag 29 Januarie oorlede.
As oudste van drie kinders het sy die leiding geneem om die gevangenisbasis waar hulle as kinders grootgeword het, saam met die bure se kinders, op horings te neem. Van Wimbledon toernooie tot konserte is deur hulle uitgedink en moes dan later deur die gevangenes opgevoer word. Christelle matrikuleer in 1985 aan die Rooiskool in Kroonstad en het daarna vir twee jaar joernalistiek studeer by die destydse Pretoria Tegnikon. Dit is ook daar in 1986 waar sy vir Hammies ontmoet het en sommer dadelik geweet het sy gaan met hom trou. Na ‘n praktiese jaar in Nelspruit moes sy haar geliefde Vrystaatvlaktes finaal verruil vir die Kaapse berge nadat sy ‘n pos by die Burger gekry het. In 1990 het sy en Hammies die knoop deurgehaak en tot 1995 in Grabouw gebly.
Christelle se passie was nog altyd joernalistiek, maar sy het haar joernalisvingers, wat so vinnig kon tik, verruil vir kinders grootmaak en eerder sekretariële werk gedoen sodat sy middae met haar drie dogters kon spandeer. Na byna 10 jaar in Ashton het Hammies en Christelle in 2004 met hul drie dogtertjies Ceres toe getrek. Vir vier maande moes hulle in die Dennebos vakansieoord bly terwyl hulle gewag het om in Krigestraat 7 in te trek. Wintertyd in ‘n karavaanhuisie met drie jong kinders, in ‘n vreemde dorp, is nie kinderspeletjies nie. Eie aan Christelle het sy egter die beste van die situasie gemaak en wanneer die alleen te veel was het sy maar saam met die bure se bouers tee gedrink. In November 2004 kon die Hammans in hul huis intrek en Christelle het te werk gegaan om Hammies te oorreed om ‘n lekker kuierstoep te bou.
In Januarie 2005 het Christelle begin om die gange van Laerskool Gericke te verkleur met haar rooi lippe en oop hart. Almal was altyd welkom in haar kantoor, al was dit om skelm in die kluis te huil of te lag. Op haar kuierstoep het sy elke middag vir haar drie dogters en Hammies gewag om te hoor hoe hulle dag was en vir ure saam met vriendinne gekuier. As mense haar nie geken het nie sou hulle nooit geweet het dat sy die laaste ses jaar ‘n verbete geveg teen kanker gestry het nie - nie een dag het sy gekla nie. Op 29 Januarie 2022 het Christelle daardie stryd gewen en die ewige lewe betree. Haar onvoorwaardelike liefde leef vir altyd voort in menigte harte van Ceres. ‘n Troosdiens is Donderdag 3 Februarie om 11:00 vanuit die Ceres NG Moedergemeente gehou.
Bekende boer van Ceres oorlede Neil Muller na kort siekbed oorlede HUGO de Kock (87), bekende boer van Ceres, is Sondag 30 Januarie oorlede. De Kock het vanaf 1957 op die plaas De Eiken in die Bo Swaarmoed-omgewing geboer. Hy het later saam met sy vennoot nog plase bygekoop totdat hy in 1985 die besigheid oorgeneem het en dit as De Kock boerdery verder bedryf het. Behalwe dat hy ‘n uitstekende boer was, het hy ook op verskeie verenigings en rade gedien. Hy was o.a ‘n direkteur van CFG, voorsitter van die KBV Boerevereniging, vir baie termyne kerkraadslid by Ceres Moedergemeente en ‘n Landbankwaardeerder. In sy vrye tyd het hy graag saam met vriende gaan diepsee-visvang en jag. Sy visvangboot se naam was “Sithanja” wat as dit in Xhosa vertaal word beteken: die klein hardegat mannetjie.
HOëRSKOOL CHARLIE HOFMEYR Ceres
INWONENDE HOOF / SUPERINTENDENT HUIS MCDONALD SEUNSKOSHUIS Aansoeke word ingewag vir ‘n geskikte kandidaat van bogenoemde pos. Die volgende sal in aansoeker se guns tel: • Getroude paar • Ondervinding as diensdoenende onderwyser in koshuis • Goeie bestuursvermoë + ervaring • Goeie menseverhoudings • Bewese bevoegdheid van finansiële bestuur en begrotingskontrole Diensaanvaarding: 1 April 2022 Sluitingsdatum vir aansoeke: 17 Februarie 2022 Stuur volledige CV aan: Die skoolhoof E-pos: hoof@charlie.org.za Vir enige navrae skakel: ☎ (023) 312 1130 (skool) Huidige inwonende hoof: Max Michau 083 557 1300 Voorsitter koshuiskomitee: Jannie Nieuwoudt 084 397 9619 Indien u teen 4 Maart geen terugvoering ontvang het nie, kan u aanvaar dat u aansoek onsuksesvol was.
De Kock sr. was gek oor watersport en vir baie jare die voorsitter van die Ceres Watersportklub. Hy was ook baie lief vir musiek en kon baie instrumente bespeel. Een van sy vriende het die volgende oor hom gesê: Sy lag was aansteeklik, maar sy woorde was altyd reguit en met kennis gekleur. Ander het hom as ‘n mentor gesien. Hugo se spore en nalatenskap lê diep op baie terreine in die Ceres gemeenskap. Die familie sê dankie aan almal wat gehelp het om oupa Hugo se laaste dae vir hom makliker te maak. Dankie aan die dokters, susters, Ceres Tuiste se personeel, die versorgers en al sy vriende. “Ons gaan hom baie mis, maar gun hom die rus na baie pyn en lyding”. Hy laat sy vrou, Elma, vier kinders, 10 kleinkinders en 8 agterkleinkinders, agter. Tydens sy dood was hy woonagtig in Ceres Tuiste. Die roudiens vind op Saterdag 5 Februarie om 10:00 plaas by Ceres Tuiste. Weens CV-19 regulasies word bywoning beperk tot die familie.
NEIL en Marlene Muller het in Desember 2013 van die Strand na Ceres verhuis, waar Marlene die pos as bestuurder van die Ceres Tuiste aftree-oord beklee het. Sy het die pos beklee tot en met haar aftrede op 31 Oktober 2021. Die Muller-egpaar se lewe het gedurende hul tyd op Ceres, vervleg geraak met die wel en wee van Ceres Tuiste se ouer mense en betrokkenes. Hulle het daarna gestreef om vir die ouer mens ‘n mooi tuiste te skep van liefde en vreugde. Neil Muller (67) is na ‘n kort siekbed oorlede op 20 Januarie 2022. Neil was ‘n senior offisier in die Suid-Afrikaanse Weermag, verbonde aan die Lugafweer (LA) Skool / 10 LA Regiment. Hy was later bevorder tot bevelvoerder van die LA Skool/10 LA Regiment
NEIL en Marlene Muller.
eenheid in Kimberley en het sy suksesvolle loopbaan in die weermag afgesluit as bevelvoerder van Groep 22. Neil was ook ‘n goeie sportman tot en met ‘n kniebesering in sy jonger dae. Daarna het hy hom toegewy aan die afrigting van rugby op skool-, klub- en universiteitsvlak. Die egpaar is getroud in 1980 en het twee getroude seuns, Derick en Pierre, en drie kleinseuns. Die egpaar is bekend dat hulle passievol gelewe het en so ook was in alles wat hulle aangepak het. Hulle was entoesiastiese stappers en het onder andere die 800km Camino in Spanje vanaf Saint-Juan-Pied-de-Port tot in Santiago de Compostela gestap. Hulle het ook die Visrivier Canyon in Namibië, die Otter, die Oorlogskloofroete en die Hoerikwaggo staproete - om net ‘n paar te noem - voltooi. Verder het die egpaar ook al die vuurtorings langs die Suid-Afrikaanse kus vanaf Alexanderbaai tot by Kosibaai besoek tydens ‘n toer van 72 dae in hul bakkie en ‘n tweeman-tent. Hulle het ook dié ervarings in ‘n boek vasgelê. Neil, altyd opsoek na ‘n uitdaging, het in 2012 ook ‘n stap- en fietstog langs die treinspore van Suid-Afrika aangepak van Kaapstad tot en met Beitbrug in die noorde. Hy het dit die “Op Spore tussen Stasies” toer gedoop en hy en Marlene het vanaf Beitbrug met publieke vervoer verder gereis tot in Dar es Salaam. ‘n Avontuur waar hy die land en mense van Suider-Afrika van nader kon leer ken.
KWALITEITSBESTUURDER / KOÖRDINEERDER VERTEENWOORDIGER / BEMARKER Ons benodig ‘n betroubare en eerlike persoon by ons Tulbagh kantoor
Vereistes: • Direkte skakeling met kliënte • Algemene kantoorwerk • Verkoop van begrafnispolisse • Moet op eie kan funksioneer • Eie Vervoer • Moet woonagtig wees in Tulbagh Stuur asb, u CV na: valleyfunerals08@gmail.com of u kan dit afgee by ons Tulbagh tak Vir enige navrae skakel: 081-742-6706
Verdun Estates in Prince Alfred Hamlet beskik oor ‘n tydelike posisie vir ‘n Vurkhyser drywer
TYDELIKE VURKHYSER DRYWER
Die ideale kandidaat moet beskik oor: • ‘n Geldige vurkhyserlisensie • Vorige ervaring as vurkhyser drywer sal die aansoek versterk. Sluitingsdatum vir aansoeke: Vrydag, 11 Februarie 2022 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik CV’s kan gestuur word aan: hr@verdun.co.za Vir enige verdere navrae, skakel die kantoor by: (023) 313-3051 Indien u 2 weke na u aansoek nog geen terugvoer ontvang het nie, kan u aanvaar u aansoek was onsuksesvol.
BAMCO is ’n sagtevrugte verkoelingsen verpakkingsfirma wat in 2009 ontstaan het as ’n vennootskap tussen drie goed gevestigde landbouondernemings: Bronaar Plase, Donkerbos Landgoed en Môrester Landgoed - elkeen afsonderlike progressiewe besighede wat spesialiseer in die verbouing van vrugte en groente in die Koue Bokkeveld, Ceres. Die pos het ‘n uitstekende groei geleentheid. Kandidate moet minstens een jaar ervaring hê in ‘n junior kwaliteit pos. ‘n Markverwante vergoedingspakket sal aangebied word volgens die aansoeker se ervaring. Hierdie pos rapporteer direk aan die pakhuisbestuurder.
Sleutelprestasie-areas: • Bestuur kwaliteits personeel • Verantwoordelik vir die byhou van die Kwaliteitstelsel • Bestuur van BRC en HACCP stelsels • Skakeling met PPECB • Uitvoering van pak instruksies Posvereistes: • Goeie kommunikasie • Rekenaarvaardigheid en basiese Vitrax • Goeie produk kennis • Kwaliteits ondervinding is noodsaaklik Eienskappe: • Aandag aan detail en akkuraatheid • Stiptelik en betroubaar • Moet onafhanklik kan werk • Ingesteld wees op netheid en orde
Rig asseblief ’n CV, wat drie kontakbare verwysings insluit, in vertroulikheid per epos na: mannekrag@bamco.co.za Vir meer inligting skakel: Kobus van Niekerk by 083-659-1735 Sluitingsdatum vir aansoeke: 11 Februarie 2022. Ons sal ontvangs van u aansoek bevestig, maar slegs kortlys kandidate sal weer gekontak word. Bamco volg ’n beleid van Gelyke geleenthede.
WITZENBERG HERALD
3
Friday, February 4, 2022
Mullins-verhoor eers in Februarie DIE man wat op Erfenisdag 2020 ‘n Bella Vista inwoner in sy bakkie doodgeskiet het, se sake in die Ceres streekhof is na Februariemaand uitgestel. Justin Mullins (38) staan tereg in die Ceres streekhof op aanklagte van moord (2020), poging tot moord (2019) en die oortreding van ‘n beskermingsbevel. Hy bly in aanhouding en moet weer op 17 Februarie in die streekhof verskyn. Moordondersoek Mullins word van die moord op Manschoer Constance (34) aangekla. Constance is op 24 September 2020 meer as twee keer in sy Toyota enkelkajuit bakkie
geskiet. Die voorval het omstreeks 21:50 in Impalaweg gebeur. Mullins het later gevlug en na meer as ‘n week op die vlug, het hy homself in Elsiesrivier aan die polisie oorgegee. Volgens inligting was daar op die dag van die moord na bewering klagtes van huishoudelike geweld by Mullins se skoonma se huis. Mullins se vrou het vir haar lewe gevrees en haar in ‘n kamer toegesluit. Iemand het toe haar broer gebel wat hom na die huis gehaas het. Constance was skaars voor die huis toe hy verskeie kere geskiet is. Hy het op die toneel gesterf. Die polisie het beslag gelê op die wapen.
POLISIELEDE by die plaasdam op De Rust.
Jong man verdrink in plaasdam 'n TWEEDE verdrinking binne ‘n week in die Ceres-omgewing het die gemeenskap geruk. Die naweek het Jehayne Booysen (20) op die plaas De Rust buite Ceres verdrink. Booysen het Saterdag 29 Januarie omstreeks 12:00 saam met twee ander werkers ‘n plaasdam se pomp skoongemaak. Nadat hulle klaar was met die werk het Booysen met ‘n branderplank die dam ingeswem. Hy het op die branderplank probeer staan maar het afgeval en om hulp geroep. Hy het kort hierna onder die water verdwyn. Die twee werkers het hulp ontbied maar kon nie vir Booysen red nie aangesien nie een van die twee kan swem nie. Die polisie is na die toneel ontbied waarna die SAPD duikspan ook ontbied is. Duikers het na 16:00 die liggaam uit die dam gehaal. Geen begrafnisreëlings was bekend nie.
JEHAYNE Booysen (20) het verdrink.
Talle inwoners sterf in Januariemaand
‘n GROOT brand het Sondag 30 Januarie in Michellspas buite Ceres uitgebreek. Die brand is later onder beheer gebring maar het Maandag weer met tye opgevlam. Brandbestryders van die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit en Witzenberg munisipaliteit is deur twee helikopters van Werk met Vuur bygestaan wat water op vlamme in hoër liggende areas gestort het. Die brand het omstreeks 16:30 aan die Witelsrivier se kant uitgebreek en later oor die pad gespring na Tolhuis se kant. Die pas was Sondag vir meer as ‘n uur gesluit voordat verkeer stuk-stuk deurgelaat is. FOTO: Arauna Wesson
SECURE YOUR PROPERTY AND GATES WITH CCTV CAMERAS Remotely access your CCTV system and view live images on your mobile, tablet and computer. WE OFFER OFFER: · Consulting Services · Maintenance · Access Control · Audio and Visual · Structured Cabling · Wireless Networking · Alarm Systems · Gate motors · IP Based CCTV Systems · Fibre Optic Installations · Analytic Based Alert Notification Systems · Analogue Based CCTV Systems · Integrated Security Systems
* Obligation free quotes and assessments. Remote viewing subject to internet. Product images may vary.
SKAKEL ONS VIR 023 1000 515 ALLE HEK MOTORS 066 205 3312 | ALARMS | CCTV info@jptek.co.za INSTALLASIES
DIE afgelope twee weke is vyf inwoners in die Witzenbergstreek skielik oorlede. Die 67-jarige Neil Muller, oud inwoner van Ceres en oudlid van Ceres gholfklub (lees berig elders in die uitgawe), is op 20 Januarie dood na ‘n kort siekbed. Christelle Hamman (54) van Ceres het haar kankerstryd verloor en is op 29 Januarie in Worcester Mediclinic oorlede. ‘n Bekende boer en inwoner van Ceres, die 87-jarige Hugo de Kock is Sondag 30 Januarie na ‘n lang siekbed oorlede. Wiehahn oorlede Okkie Wiehan van Ceres is op 29 Januarie oorlede. “Ons het verlede Saterdag van Okkie afskeid geneem. Na 2010 het die Here ons familie (Hilletjie, kinders en kleinkinders) geseën en hom nog 11 jaar vir ons geleen. Baie dankie vir almal se vriendskap en omgee. Dit het gehelp om sy dae soveel korter te maak”. Die begrafnis vind Saterdag 12 Februarie om 10:00 vanuit die P.A. Hamlet N.G. gemeente plaas. Raadslid oorlede ‘n Raadslid van Witzenberg munisipaliteit, Cornelius Lottering (wyk 2), is Woensdag 2 Februarie skielik aan ‘n hartaanval oorlede. Begrafnisreëlings sal later bekend gemaak word en 'n volledige huldeblyk van die munisipaliteit, sal volgende week verskyn.
RDL. Neels Lottering is die week skielik oorlede.
4
WITZENBERG HERALD
30 Jaar diens
Friday, February 4, 2022
BELLA Vista Hoërskool het hulle nuwe VRL vir 2022 aangewys. VOOR: Cedreick Hartneck (onderhoofseun), Kiara-Pearl Manuel (onderhoofmeisie), El-Jero Manuel (VRL- voorsitter), Ashmeeta Goliath (ondervoorsitter), Carlynne-Jade Alexander (hoofmeisie) en Mathew van Rooy (hoofseun). MIDDEL: Keisha-lee Jafta (SBL), Elzaan Titus (hulpsekretaresse), Sharmone Maart (sekretaresse), Ellenay Coleman (kassier) en Herman Brink (SBL). AGTER: Chantelle Galant, Hershelle Goliath, Joshua Abrahams en Hugan Muller.
LAERSKOOL Koue Bokkeveld bedank Dawid Maans of oom Dappie soos die kinders hom noem, vir 30 jaar se diens aan die skool. Dankie vir drie dekades se veilige reise!
CERES (023) 316-2226 Exciting new opportunities at Ceres Superspar
BAKERY MANAGER The following requirements are needed: • Must be able to work under and handle pressure • Must be willing to work shifts and weekends • Must be fully bilingual • Previous experience on this profession will be advantageous • Matric is a requirement • Must be energetic work promptly and accurately • Be knowledgeable of food safety and hygiene • Will be responsible for ordering of stock for the department • Excellent personal skills and be able to manage staff and handle clients • Must be able to work with large groups of people as well as individually • Must have qualities of a manager, previous management experiences will be an advantage. Salary negotiable. Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za For attention: Human Resources Applications close: 23 February 2022 Employment acceptance: Willing to join as soon as possible
CASHIERS (FULL TIME) The following requirements are needed: • Confident and honest • Ability to remain calm under pressure • A sense of responsibility • Previously worked with clients • Excellent people’s skills • Excellent customer service • Willing to work shifts and weekends • Fully bilingual (English & Afrikaans) • Must have matric • Preferably reside in Ceres/Wolseley. Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres2@retail.spar.co.za For attention: Human Resources Applications close: 23 February 2022 Employment acceptance: Willing to join as soon as possible
KITCHEN ASSISTANT The following requirements are needed: • Must be able to handle and work under pressure • Excellent people’s skills • Must be willing to work weekends and shifts • Must be fully bilingual • Preferably reside in Ceres/Wolseley • Previous experience in this profession will be advantageous • Must have matric • Must have knowledge of hygiene in the work place. Should you meet all the requirements, please e-mail your full CV (ID included) to: ceres3@retail.spar.co.za For attention: Human Resources Applications close: 23 February 2022 Employment acceptance: Willing to join as soon as possible
BAKERY ASSISTANT Die volgende vereistes sal u aansoek versterk: • Goeie menseverhoudinge • Moet onder druk kan funksioneer • Moet bereid wees om naweke en skofte te werk • Moet ten volle tweetalig wees • Vorige ondervinding sal in guns tel • Matriek is ‘n vereiste. Indien u aan al die vereistes voldoen, stuur asb. 'n volledige CV (ID ingesluit) per e-pos aan: ceres3@retail.spar.co.za Vir aandag: Personeelafdeling Aansoeke sluit: 23 Februarie 2022 Diensaanvaarding: So spoedig moontlik If you do not receive any feedback after 5 March 2022 please consider your application unsuccessful.
Polisie waarsku inwoners teen slenter van sindikate INWONERS word gewaarsku teen sindikate wat jou bankbesonderhede op ‘n bedrieglike wyse bekom. Bedrieërs is deesdae volop en slaan onverwags toe op naïewe inwoners en veral bejaardes. Ook hier in die Witzenbergstreek het ‘n nuwe bedrogspul opgeduik en die polisie waarsku inwoners om op hul hoede te wees. Bedrieërs het die afgelope tyd op vier inwoners van P.A. Hamlet toegeslaan en voorgegee hulle is van Standard Bank, ABSA of Capitec se bedrogeenhede. Ongeveer R150 000 is reeds so gesteel. Skelms se werkswyse Die bedrieërs bel mense, hoofsaaklik bejaardes, dat daar verdagte transaksies op hul rekening plaasvind.
Hulle lees dan gewoonlik die eerste paar nommers van ‘n spesifieke bank se kaarte en vra vir die res van die nommers, CVC nommer ingesluit, om die transaksies dringend te stop. Hulle stuur ook ‘n OTP-nommer na jou foon om die transaksie meer geloofwaardig te maak. Indien daar inwoners is wat deurgeloop het onder die misdryf, moet hulle met a.o. Janecke skakel by (023) 3133133. Waarsku Die CVC-nommer agterop die bankkaart of kredietkaart moet nooit, onder geen omstandighede, aan mense oor die foon gegee word nie. Inwoners sal ook nie deur hul banke vir sulke bedrogtransaksies vergoed word as hulle dié betroubare inligting self uitgegee het nie.
Hierdie pos het ontstaan by die kliniek van De Keur-, Rocklands- en De Keur verpakking
GEKWALIFISEERDE KLINIEKSUSTER Hierdie is ‘n permanente aanstelling, onderhewig aan suksesvolle aflegging van proeftydperk. Die geskikte kandidaat gaan in ‘n buigsame omgewing werk en nie meer as 20 ure per week werk nie. Doel van pos: Verantwoordelik vir die koste effektiewe en doeltreffende bestuur van die drie (3) klinieke. Verantwoordelikhede: • Primêre diagnostiese ondersoeke en behandeling en verwysings na hospitale, dokters en ander mediese ondersteunende dienste • Sien toe dat alle inligting in pasiënt lêers juis, korrek en volledig voltooi is • Sien toe dat pasiënte se liasseerstelsel effektief en volledig is • Verantwoordelik vir voorraadopnames van medisynekas, soos versoek • Bestel en aankoop van medikasies en mediese voorraad • Verwys ernstige gevalle na die dokter en reël doktersafsprake asook vervoer • Sien toe dat die noodhulpkissies aan wetlike vereistes voldoen en die korrekte toebehore bevat • Hanteer van noodtoestande op kliniekdae • Huisbesoeke kwartaalliks en wanneer nodig • Skakeling met ander rolspelers binne die mediese veld • Fasiliteer kroniese pasiënte en medikasies. Vaardighede: • Opstel van begrotings • Goeie rekenaarvaardighede veral Excel. Ondervinding: • 3 tot 5 jaar soortgelyke ondervinding in ‘n beroepsgesondheidsveld • Geldige bestuurderslisensie en eie vervoer. Opleiding: • Gekwalifiseerde suster (Graad of Diploma in Verpleging / Primêre Gesondheidsorg) • Dispensering kwalifikasie • Kwalifikasie in beroepsgesondheid sal voordelig wees. Algemeen: ‘n Hardwerkende, eerlike persoon, sober gewoontes, goeie menseverhoudings en goeie kommunikasievaardighede, sal geskik wees vir hierdie aanstelling. Vergoeding: Markverwante vergoeding en byvoordele sal aan hierdie pos gekoppel word, sowel as verpligte deelname aan die maatskappy se pensioen- en mediese skema is ‘n voorvereiste aan die aanstelling. Sluitingsdatum vir aansoeke: 18 Februarie 2022 Aanstellingsdatum: 1 Junie 2022 Stuur asb. u aansoek, met vermelding van u huidige vergoedingspakket en ten minste 3 verwysings aan: Johan du Plessis by e-pos recruitment@dekeur.co.za De Keur Landgoed is ‘n gelyke geleentheid werkgewer
Geen sterftes die week aangemeld GEEN nuwe COVID-19 sterftes is die afgelope week in die Witzenbergstreek aangemeld nie. Verdere goeie nuus vir inwoners is dat die slegste van die Omrikon-variant vir eers blyk verby te wees. Die departement van gesondheid vra inwoners om inenting teen CV-19 ‘n prioriteit te maak om lewens te spaar. Die Kaapse Wynland distriksmunisipaliteit het op 31 Januarie ‘n mylpaal bereik toe hulle 604 845 CV-19 inentings bereik het. Inenting bly steeds die beste wapen teen die virus. Nuutste statistieke wys dat 7 uit 10 mense wat in die hospitaal beland weens COVID-19, nie ingeënt is nie. Maatreëls verslap Leerlinge van laerskole en hoërskole sal dadelik na hul skoolroetine van voor die CV19 pandemie toegeslaan het, kan terugkeer. Die regering het Dinsdag 1 Februarie vlak 1 van die inperkingsregulasies gewysig. Mense wat COVID-19 opdoen maar geen simptome toon nie, hoef nie meer hulself af te sonder nie. Die dra van maskers bly verpligtend in openbare ruimtes. Die wysigings is onmiddellik van krag. Die verslapping van die maatreëls is ‘n verligting vir baie Suid-Afrikaners. Die COVID-19 bevelsraad het ook nog nie die ramptoestand opgehef nie. Daar is heelwat bespiegelinge dat dit dalk eersdaags kan gebeur. Plaaslike statistieke Dinsdag 1 Februarie was die 676ste dag van inperking. Sedert die begin van die pandemie is 9079 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8647 herstel het. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2107 gevolg deur Bella Vista met 1353, Wolseley met 1180, P.A. Hamlet met 1220, Tulbagh met 1118, Nduli met 610 en Koue Bokkeveld plase met 730. Drie honderd een en negentig (391) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes staan tans op 76 gevolg deur Wolseley met 63, Bella Vista met 59, Tulbagh met 50, P.A. Hamlet met 47, Nduli met 33 en Koue Bokkeveld plase met 29. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 504 (31 Januarie). Daar is al 645 875 positiewe gevalle aangemeld en 615 359 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 3.456 miljoen mense al herstel. Meer as 95 093 mense (31 Januarie) het al weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 95.9%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het na 8.06% gedaal.
WITZENBERG HERALD
Friday, February 4, 2022
Vyf Wolseley SAPD-lede in hof
DRIE Wolseley SAPD-lede het verlede Donderdag weer in die landdroshof op die dorp verskyn op korrupsie- en regsverydelingklagtes.
Die polisielede se hofverskyning spruit uit ‘n ondersoek van die Wes-Kaap SAPD antikorrupsie-eenheid rakende ‘n voorval op 21 April 2021 in die Pine Valley woonbuurt. Arrestasies Die polisielede is op 7 Januarie by die polisiestasie inhegtenis geneem kort nadat hulle aan diens gekom het en die ander twee verdagtes is by hul onderskeie huise gearresteer. Die polisielede, sers. Mxolisi Sigila (42), kst. Johannes Fransman (40) en kst.(v) Melzandré Pieters (33), is saam met ‘n oudpolisieman Daniël Davids (43) en ‘n buurtwaglid, Anita Fransman (41), gearresteer. Sy is die suster van kst. Fransman. Volgens die ondersoekspan het die vyf verdagtes na bewering dwelms (mandrax en tik) in Masiphelelostraat gekonfiskeer maar nooit ‘n kriminele klag by die polisiestasie geregistreer nie. Die dwelms is later verkoop en die opbrengs daarvan is tussen die verdagtes verdeel. Saak uitgestel Die saak is na 1 Maart uitgestel in afwagting van ‘n DOV-beslissing. Die vyf se borgtog is verleng. Nog klagtes Die oudpolisieman, Daniël Davids, staan ook tereg op ander soortgelyke klagtes waarvoor hy op borg van R4000 uit is.
5
Davids is op 15 Julie verlede jaar inhegtenis geneem na ‘n groot hoeveelheid mandrax pille op 10 Junie by die Wolseley polisiestasie verdwyn het. Hy is in die Tulbagh polisieselle aangehou en het later in die Wolseley landdroshof verskyn op aanklagte van ondermeer korrupsie. Davids was vir 17 jaar werksaam by Wolseley SAPD en is in Oktober 2021 uit die polisie ontslaan. Twee later in hof Twee polisie konstabels van Worcester wat op Wolseley gestasioneer was, is op 4 Januarie deur lede van die Wes-Kaap SAPD anti-korrupsie-eenheid gearresteer na ‘n voorval op 3 Desember verlede jaar. Kst. Byrone Williams (26) en kst. Ricardo Conradie (39) word van korrupsie aangekla nadat hulle na bewering ‘n man met tik in sy besit betrap het en daarna geld van hom geëis het om hom nie aan te kla nie. Die twee polisiemanne verskyn weer 7 Februarie in die hof. Beide is op borg van R2000 vrygelaat. Reaksie Die Wes-Kaap polisiebestuur het vroeër die maand die optrede van hul lede ten sterkste veroordeel en gesê hulle sal nie huiwer om teen polisielede op te tree nie. Daar is nie in die SAPD plek vir kriminele nie. Behalwe vir die kriminele klagtes is die polisielede reeds dissiplinêr aangekla weens die oortredings.
Klag skielik teruggetrek BYNA ‘n maand nadat ‘n jong seun op Saron met ‘n bofbalkolf aangerand is, is die klag skielik teruggetrek. Die saak teen die 45-jarige man van Ceres is deur die polisie teruggetrek maar geen redes is vir terugtrekking gegee nie. Die ma van die kind is na bewering oorreed om nie voort te gaan met enige vervolging nie omrede die man sy werk kan verloor. Die aanranding het op 7 Januarie omstreeks 20:30 plaasgevind. Die Wes-Kaap SAPD kommunikasie-afdeling het vroeër bevestig dat die polisie ‘n klag van aanranding met die doel om ernstig te beseer ondersoek het. Mekyle Morrie (18), is na die voorval na die Lapa Munnik hospitaal geneem waar hy volgens sy ma, Michelle, behandeling ontvang het vir ‘n hou teen die kop, inwendige beserings en drie steke in sy linkerarm.
VLNR: Kst. Ricardo Conradie (39) en kst.(v) Melzandré Pieters (33), sers. Mxolisi Sigila (42) en kst. Johannes Fransman (40).
BUURTWAGLID Anita Fransman (41), die oudpolisieman, Daniël Davids (43) en kst. Byrone Williams (26).
Motor beland in sloot ‘n CERES minibustaxi het Saterdag 29 Januarie omstreeks 07:30 agter teen ‘n Honda motor vasgery. Beide voertuie was van Nduli na die dorp onderweg. Die ongeluk het naby Dutoit vrugte plaasgevind. Die Honda het van die pad geloop en in ‘n sloot langs die pad beland. Een persoon is lig beseer.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds
Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
Maria Magdalena Matalla
Skakel
082-859-2300
Dr Johnson Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson.
•met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry
074-466-5760
Service Center & Panelbeating
1958/03/26 - 2022/01/25
Roudiens: Do. 03/02/2022 om 19:00, VGK Bella Vista
Privaat begrafnis: Sat. 5 Feb. 2022
Huis: 08:00, Keurboomstraat 23, Bella Vista Kerk: 09:00, VGK Bella Vista Graf: Bella Vista
• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing
Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274
• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
Agnes Makonda 4 February 2021
Psalm 23 “Na waters waar rus is, lei Hy my heen.”
AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS
STEFAN STEYN 083-227-6476
May you enjoy your birthday and everything special about your day.
Lots of love Francois, Erika, Ben, Luna, the other kids and all of us at Witzenberg Herald
Mervin Abrahams
Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060-619-2758 of 082-704-3276. w.t.o.
HOUSE FOR SALE 4 bedroom 2 bathroom double garage Solar geyser (2500L watertank, adapted for generator) R2 350 000 Contact: 072-646-8385
Huis: 10:00, Buitenstraat 12, Bella Vista Graf: Bella Vista
TE HUUR
KANTOORSPASIE (±150m²)
te h/v Vos- en Faurestraat. Onmiddellik beskikbaar
R8 300 p/maand
(023) 312-1414
Van jou vrou Maggie en kinders Marico en Maricha
• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
TE KOOP TOYOTA
Leah van Wyk
2006 Yaris 138 000 km (een eienaar)
R55 000 1948/01/31 - 2022/01/25 Privaat begrafnis: Sat. 05 Feb. 2022 Huis: 11:30, Noordhoekstr. 803, Bella Vista Kerk: 12:30, VGK Bella Vista Graf:Bella Vista
• 100 naasbestaandes • 1,5m Afstand • Geen handdruk/drukkies • Was hande/ gebruik sanitiser • Maskers verpligtend.
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
Skakel 082-721-4043 Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
CJ Williams
Transport (Pty) Ltd
EC TROKDRYWER
VEREISTES: • Lisensie Kode 14 • 1 - 2 Jaar ondervinding as trokdrywer
Skakel:
072-469-7517
079-298-4616
TRUIDA Joubert (97) het nog altyd ‘n passie vir onderwys gehad en om ‘n verskil te maak in haar gemeenskap. ‘n Paar jaar gelede het sy besluit om ‘n boekie: Leer klank-klank lees te skryf sodat ouers, oumas asook ouer broers en susters, ‘n jonger kind in die huis kan leer lees. “Die metode is eenvoudig. Daar is 6 klinkers, 20 medeklinkers, 4 dubbelklanke, 6 tweeklanke en 4 drieklanke. Dit is al.” Dié nuwe weergawe van die boekie is einde 2021 bekendgestel en is ‘n jarelange droom wat waar geword het. Met hierdie boekie wil sy ouers inspireer en aanmoedig om hul kinders te leer lees net soos wat sy 91 jaar gelede geleer het. Magdél Botha van Leer & Leef het gehelp om die droom te bewaarheid sodat voorskoolse kinders met gemak kan leer lees. Maandag 31 Januarie het Terese Benade van VIA Kwela en die filmspan ‘n draai op Ceres gemaak om met Truida en Magdél te kom ge-sels. Hier is die twee afgeneem terwyl die filmspan gereed maak vir die opnames. * Stuur ‘n e-pos vir bestellings na leerleefbestel@ breede.co.za. Die boekie kos R100.
Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by elke verhuising. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- en korttermyn. Tel: (023) 347-4092 Faks: (023) 3428629 of www.trek stoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o
van Ceres
Het jy probleme of is jy teleurgesteld deur so baie genesers wat dinge beloof het en dan gebeur dit nie? Hier is jou enigste kans om jou lewe te verander. Maama Rosset en Prof John kan help met jou probleme soos heksery, finansiële probleme, dwelms, huweliksprobleme, swangerskap en kan jou suksesvol maak in jou eie besigheid. Skakel dadelik vir hulp. Vind Maama Rosset en Prof in Ceres, Wolseley en Tulbagh. Kry resultate binne 30 min. Al die bogenoemde gratis vir dié bo 50 jaar.
Kwela kuier op Ceres
Listing no. 110662363
Maama Rosset & Prof John
1947/01/27 - 2022/01/26 Privaat begrafnis: Sat. 05 Feb. 2022
Christiaan 079-177-2490
View at:
Skakel Jaco-Marié
“Op 4 Februarie is Dedda 3 jaar weg van ons af. Die verlange raak nie minder nie maar ons gun Dedda die ewige rus. Tot ons weer ontmoet.”
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Property 24 Ceres
1969/05/22 - 2019/02/04
Elizabeth Mankopan
PLANT AND TOOL HIRE
Hy wil dit gee vir mense wat:
Skakel of Whatsapp
CENTRAL CERES MOTORS
Friday, February 4, 2022
Ceres Voortrekkers Voortrekkersaal, Hugostraat Elke Dinsdagaand van 17:30 - 18:30 Anton Erwee 082-828-7370 www.voortrekkers.co.za
Onthou om vroegtydig jou Valentyns-boodskap in kleur te plaas met ‘n foto of prentjie
@ R150
Skakel Karin (023) 316-2021
Kol. 1:13 “Hy het ons uit die mag van die duisternis weggeruk en ons onder die heerskappy gestel van sy Seun wat Hy liefhet.”
Evangelis Jacobs
WITZENBERG HERALD
7
Friday, February 4, 2022
Verhoor uitgestel ‘n VEROORDEELDE verkragter se verhoor gaan einde Februarie in die streekhof begin. Die saak is reeds talle kere uitgestel - die laaste keer oor hy ontevrede was met die tolk. Warren van Wyk (33) se verhoor begin op 22 Februarie in die Ceres streekhof en sal op 7 en 8 Maart voortgesit word. Agtergrond Van Wyk word aangekla van verkragting van ‘n 10-jarige meisie. Die verkragting het meer as drie jaar gelede in September 2018 plaasgevind. Van Wyk, gewapen met ‘n mes, het die meisie na bosse op die plaas Achtertuin ge-
neem waar hy haar verkrag het. Hy is kort na die voorval gearresteer en het op 10 September 2018 vir die eerste keer weens dié verkragting verskyn. Veroordeelde verkragter Van Wyk is ook ‘n paar jaar gelede skuldig bevind aan verkragting en is ‘n 8 jaar vonnis opgelê. Twee jaar van dié vonnis is opgeskort vir 5 jaar op voorwaarde dat hy nie weer ‘n soortgelyke misdryf sal pleeg nie. Hy is voor die verkragting vrygelaat nadat hy ses jaar van die vonnis uitgedien het. Hy het ten tye van die tweede verkragting by sy ma op die plaas Achtertuin gewoon.
Polisielede kry sertifikate vir goeie werk POLISIELEDE het Maandag 31 Jauarie erkenningssertifikate ontvang vir hulle goeie werk wat tot skuldigbevindings en swaar vonnisse gelei het. ‘n 10-jarige meisie se stiefpa is 20 jaar gevangenisstraf opgelê weens verkragting. Hier is die span wat betrokke was by die suksesvolle vervolging. VLNR: Sers. Makala (vispol Tulbagh), s/ sers. Desiree Prins, sers. Janssen (PKRS Worcester) en a.o. Jenny van Wyk (GKS Ceres). POLISIELEDE het Maandag 31 Jauarie erkenningssertifikate ontvang vir hulle goeie werk wat tot skuldigbevindings en swaar vonnisse gelei het. Die groep speurders het ‘n verkragter van ‘n Ceres-vrou laat boet na ‘n voorval buite Tulbagh. Hy is in Maart 2019 gevonnis weens verkragting en motorkaping. Hy is 10 jaar gevangenisstraf opgelê vir die kaping en 15 jaar vir die verkragting. VLNR: Sers. Jooste (vispol Tulbagh), a.o. Kock (PKRS Worcester), a.o. Jenny van Wyk (GKS Ceres) en kapt. Lombaard (GKS Ceres bevelvoerder).
nuusbrokkies NICO Williams en die Kluitjieskraal Trust bedank Pierre van den Heever, bestuurder elektrotegniese dienste, en Anita Grobbelaar van die Witzenberg munisipaliteit, vir hul deursigtigheid en goeie kommunikasie tydens die kragkrisis in Kluitjieskraal vanaf 23 tot 26 Januarie. Inwoners was vroeër in die duister wat die probleem veroorsaak het. WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by (021) 023-3018. BELANGRIKE wenk! Inwoners wat klagtes of foute by Witzenberg munisipaliteit se noodnommers aanmeld of oor naweke inbel, moet vir ‘n verwysingsnommer vra. Dit sal help om die klagte of fout vinnig op te volg en uit te vind wie dit hanteer het. VRIENDE van die Togryers museum is opgewonde oor die nuwe status wat hul nou beklee. Die organisasie is amptelik as ‘n niewinsgewende organisasie geregistreer wat beteken dat indien jy ‘n donasie gee, jy dit kan terugeis van belasting. Die Vriende organisasie is ook geregistreer by Erfenis Wes-Kaap as konserveringsliggaam. Hierdie status gee die Vriende ‘n mandaat om op te tree in die belang van die bewaring van enige gebou ouer as 60 jaar asook die bewaring van grafte en ander erfenisterreine soos die Tolhuis en Karoopoort. WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word.
KENNISGEWING
AANSUIWERINGSBEGROTING
Tydens ‘n raadsvergadering gehou op 26 Januarie 2022 is ‘n Aansuiwerings begroting vir 2020/2021 aan die Raad voorgelê en goedgekeur. Die dokument is ter insae beskikbaar by alle Munisipale Kantore en Openbare Biblioteke asook op ons webtuiste www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER Witzenberg Munisipaliteit Voortrekkerstraat 50, Ceres, 6835
NOTICE
ADJUSTMENT BUDGET
During a council meeting held on 26 January 2022 an Adjustment Budget for 2020/2021 was tabled and approved by Council. The documentation can be viewed at all municipal offices and public libraries and is available on our website: www.witzenberg.gov.za D. NASSON MUNICIPAL MANAGER Witzenberg Municipality 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
ISAZISO
UHLAHLOLWABIWOMALI OLUHLENGAHLENGISIWEYO LUKA
Kwintlanganiso yeBhunga ibibanjwe ngomhla we 26 January 2022, Oluhlahlolwabiwomali luhlengahlengisiweyo luka 2020/21, luye lwabekwa etafileni kwaboniswana, Lwaphunyezwa. Oluhlahlolwabiwomali oluhlengahlengisiweyo luyafumaneka kuzo zonke i-Ofisi zikaMasipala nakuMathala eencwadi, nakwi website kaMasipala: www.witzenberg.gov.za D. NASSON UMLAWULI-MASIPALA uMasipala wengingqi yaseWitzenberg 50 Voortrekker Street, Ceres, 6835
THE Momentum Medical Scheme Tankwa Trek, presented by Biogen, will be refreshing its route for the 2022 edition from 3-6 February. Stages 1 and 4 change entirely while Stage 2 will be significantly updated and Stage 3 received some minor tweaks to improve its flow. The most eye-catching names in the 2022 line-up are, nine-time XCO World Champion, Nino Schurter and the multitalented, six-time elite World Champion, Pauline Ferrand-Prévot.
KENNISGEWING KONSEP 2020/2021 JAARVERSLAG VIR KOMMENTAAR Kennis geskied hiermee volgens artikel 21A van die Wet op Plaaslike Regering: Munisipale Stelsels 2000 en Artikel 127(5)(a)(i) van die MFMA, dat die Witzenberg Munisipaliteit se konsep Jaarverslag vir 2020/2021, ter insae lê vir kommentaar by alle munisipale kantore, openbare biblioteke asook die munisipale webtuiste: www.witzenberg.gov.za Enige persone wat nie kan skryf nie, mag na die munisipale kantore kom gedurende kantoorure, waar ‘n personeellid hulle sal bystaan met die neerskryf van hulle kommentaar of vertoë. Kommentaar of vertoë moet skriftelik aan die Munisipale Bestuurder gerig word, voor of op 28 Februarie 2022.
NOTICE DRAFT 2020/2021 ANNUAL REPORT FOR COMMENTS Notice is hereby given, in terms of Section 21A of the Local Government: Municipal Systems Act, 2000 and Section 127(5)(a)(i) of the MFMA, that the draft 2020/2021 Annual Report, is now made public for inspection and comments. The draft Annual Report may be accessed at all municipal offices and public libraries and on our website: www.witzenberg.gov.za Any person who cannot write may come to the Municipal offices during office hours, where a staff member of the municipality will assist to transcribe their comments or representation. All comments or representation must be lodged in writing to the Municipal Manager before 28 February 2022.
ISAZISO INGXELO YONYAKA ENGAGQITYWANGA KA 2020/2021 Esisaziso sikhutshwa, ngokuyinxalenye nomgaqo siseko ka (21A) wooMasipala basekuhlaleni: uMthetho ka 2000 owaziwa njenge(Municipal Systems Act) kunye necandelo lika 127(5)(a)(i) lweMFMA ukuba ingxelo yonyaka ka 2020/2021 ngoku iyafumaneka kuzo zonke i-ofisi zikaMasipala, nakumathala eencwadi nakwi website kaMasipala wase Witzenberg ethi: www.witzenberg.gov.za ukuba niyiphonononge kwaye nihlabe amadlala apho kuyimfuneko khona. Wonke ubani ongakwaziyo ukubhala unelungelo lokuba eze kwi-ofisi zikaMasipala ngexesha lomsebenzi ze afumane uncedo oluthe vetshe/oluphangaleleyo malunga nezikhalazo /ngo luvo olo. Lonke uluvo kunye nezikhalazo kufuneka zibhalwe phantsi kwaye zifikelele kuMlawuli-Masipala phambi komhla we weshumi elinesine ngomgqibelo ka28 February 2022. D. NASSON MUNISIPALE BESTUURDER MUNICIPAL MANAGER UMLAWULI-MASIPALA 04/02/2022
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, February 4, 2022
Witzenberg Herald
DIT was met groot opgewondenheid dat Charlie Hofmeyr die naweek, na ‘n afwesigheid van byna twee jaar, weer ‘n kleure-atletiekbyeenkoms kon aanbied. Verskeie rekords is tydens die byeenkoms gebreek en talle atlete het goeie prestasies gelewer. Die junior victor ludorum was Kerwin Pekeur en junior victrix ludorum was Helen du Toit. Die senior victor ludorum was Daneel Malan en die senior victrix ludorum was Liza du Toit. VOOR: Lané Giliomee (beste hekkies atleet en beste baanitem), Helen du Toit en Liza du Toit (beste 800 meter). AGTER: Johan van der Westhuizen (beste hekkies atleet), Daneel Malan, Daniël Conradie (beste 800 meter), Juan Marais (beste velditem) en Kerwin Pekeur. * ‘n Hele paar rekords het tydens dié byeenkoms gespat. Twee van die hoogtepunte van die byeenkoms was Juan Marais wat die diskus-rekord vir seuns o/17 verbeter het na 52.28 meter. Die ou rekord van 47,25 meter het vir 47 jaar van 1975 af gestaan agter die naam van K. Oosthuizen. Helene Lindveldt het die 200 meter meisies o/19 rekord gebreek met ‘n tyd van 27.32 sek. Die ou rekord van 27.40 sek was 45 jaar gelede in 1977, deur Marie de Kock opgestel.
LAERSKOOL Koue Bokkeveld se tennisspan het die jaar op ‘n hoë noot afgeskop. Vyf en twintig tennisspelers het na Citrusdal getoer waar hulle teen Citrusdal en Klein Paarl Gimnasium gespeel het. Die spelers vaar uitstekend. Baie dankie aan elkeen wat hierdie toer moontlik gemaak het.
LAERSKOOL Gericke het verlede naweek hul eerste kleure-atletiekbyeenkoms in byna 2 jaar aangebied. Atlete het goeie prestasies by die byeenkoms behaal met die Blou-span wat die byeenkoms met 946 punte teenoor die Wit-span se 879 punte gewen het. Hier hou die Blou-span se kapteins, Izelle Groenewald en De Villiers Herholdt, die trofee vas. * Die Wit-span het die Geesbeker verower.
DIE twee atlete van Laerskool Gericke is verlede naweek tydens die kleure-atletiekbyeenkoms aangewys as die victor en victrix ludorum. VLNR: Caleb Seroot en Mari Wium. *FOTO LINKS: Ruben Giliomee het die beste prestasie van die dag behaal. Hy het die 70 meter hekkies seuns o/11 wedloop in 11.38 sek voltooi. Dit is 845 op die ASA punte-tabel.
KENNISGEWING Kennis word hiermee gegee van die Raad se voorneme om ‘n gedeelte van Erf 2457, Olifantstraat, Tulbagh vir ‘n tydperk van 3 jaar aan Zanokhanye Creche te verhuur vir doeleindes van ‘n addisionele speelarea. Indien daar enige besware teen sodanige verhuring is, moet u skriftelike besware voor of op 18 Februarie 2022 by die kantore van die Munisipale Bestuurder indien vir aandag Mnr. Riaan Fick by Voortrekkerstraat 50, Ceres of per e-pos na riaan@witzenberg.gov.za Notice is hereby given of Council’s intention to lease a portion of Erf 2547, Olifant Street, Tulbagh for a period of 3 years to the Zanokhanye Creche for the purpose of additional playground. If there are any objections to the proposed lease such objection should be forwarded to the office of the Municipal Manager for the attention of Mr Riaan Fick at 50 Voortrekker Street, Ceres or e-mail to riaan@witzenberg.gov.za on or before the 18th February 2022.
ADRIAAN Wildschutt, oud-Ceresiet en tans ‘n MBA-student by die Florida Universiteit (FSU), is aangewys as die ACC Mansatleet van die Jaar asook die USTFCCCA Atleet van die Jaar en die ACC mansstudent atleet van die Jaar. Adriaan Wildschutt is die eerste atleet sedert 2012 wat die ACC Mansatleet van die Jaar-toekenning verower.