WH Her ald Witzenberg
Volume 25 no. 7
R8
Friday, February 25, 2022
060-911-9535, Voortrekkerstr., Ceres
(Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)
5 vir R70 Beskikbaar by Celebrations ook
Since 1997
4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 24 Februarie
Vrydag 25 Februarie
Saterdag 26 Februarie
14° 33°
13° 33°
Witzenberg Herald
Sondag 27 Februarie
15° 35°
13° 33°
Ceres Koekedouw dam
81%
1997 - 2022 Lesing: 2022/02/23
Telephone: (023) 316-2021
Fax: 086-211-5774
Editor: 082-468-2649
nuus@witzenbergherald.com
www.witzenbergherald.co.za
Vandale saai verwoesting by Mooi Uitsig primêr
Moordenaar kry 25 jaar tronkstraf DIE Wolseley-reeksmoordenaar is verlede Vrydag swaar gestraf in die rondgaande Worcester hooggeregshof. Siyamcela Sombambela (33), ‘n oudplaaswerker, is deur regter Nuku tot 25 jaar tronkstraf gevonnis nadat hy skuld op al die aanklagte teen hom beken het. Hy is gevonnis nadat hy ‘n pleitooreenkoms met die staat gesluit het. Agtergrond Sombambela is op 24 Oktober 2020 gearresteer vir moord op drie jong vroue. Kort na die arrestasie van Sombambela is die liggaam van die 21jarige Bernadine Frans (Cloete) gevind. Haar liggaam is Saterdag 24 Oktober langs ‘n grondpad gekry nadat ooggetuies gesien het hoe Sombambela ‘n liggaam sleep. Die tweede slagoffer was Miché Pienaar (25) wat slegs aan haar vingerafdrukke uitgeken is. Haar beendere is Sondag 25 Oktober gevind nadat ‘n voetganger ‘n vlak graf in ‘n stuk veld opgemerk het. Die beendere van ‘n derde slagoffer is ook gevind en is deur middel van DNS-toetse as die van Gisela Minnaar uitgewys.
WANNEER begin ‘n gemeenskap verantwoordelikheid aanvaar deur vandalisme by skole te stop en die skuldiges aan die pen te laat ry? Dit is die vraag waarmee Mooi Uitsig ouers en skoolpersoneel worstel nadat die skool die afgelope twee maande erg onder vandale deurgeloop het. Die uiteinde hiervan is dat leerders hieronder lei. Volgens die skoolhoof, mnr. Desmond Ceasar, het vandale op 21 en 22 Februarie duisende rande se skade aangerig nadat ongeveer 50 ruite gebreek is. Die vandale het 44 vensters se brons handvatselknippe gesteel asook deurslotte. Vroeër in Januarie is daar ook ingebreek en skade aan die skool se alarm- en CCTV-stelsel aangerig en die boorgat is beskadig. Daar is ook skade aan die skool se lugversorgers en hul bedrading ter waarde van byna R100 000 aangerig. ‘n Graad 6 leerder van die skool moes ook verlede Vrydag huistoe gaan en vir sy ouers vertel dat sy splinternuwe fiets by die skool gesteel is. Al die voorvalle is by die SAPD aangemeld maar geen skuldige persoon is nog vasgetrek nie. Die Bella Vista gemeenskap en ouers van Mooi Uitsig moet enige inligting rakende die diefstal en beskadiging van dié skool aan die polisie rapporteer sodat die skuldiges kan boet vir die dade. WKOD se veilige skole projek is bewus van die vandalisme maar niemand het nog gereageer op die skool se versoek om hulp nie.
SIYAMCELA Sombambela (33).
Borgtog geweier
FOTO: Jaco Marais/Die Burger.
DIE Ceres landdroshof het Dinsdag borgtog aan die Inverdoorn5 geweier. Landdros Flip Hendriks het in sy uitspraak van byna twee uur, die renosterstropers se uitgerekte borgaansoek afgekeur nadat die hof die vlugrisiko, waarde van die renosters en ander feite voor die hof, in ag geneem het. Die staat het borgtog teengestaan aangesien die renosterstropers weens skedule-5 oortredings in die hof verskyn en dat die onus om hul onskuld te bewys, by die verdagtes lê.
DIE ondersoekspan kort nadat Siyamcela Sombambela gevonnis is. VLNR: Eric Ntabazalila (NVG woordvoerder), s/sers. Ricardo Pieters (Wolseley SAPD), kapt. Kobus Neethling, adv. Mabilietse (aanklaer), a.o. Lesley Dahlmini en kapt. Loganathan Chetty.
Lees berig op bladsy 3.
ONLY AVAILABLE AT CERES SPAR FROM 24 - 27 FEBRUARY 2022 OR WHILE STOCKS LAST. VAT INCL. NO DEALERS. ERRORS AND OMISSIONS EXCL. CERES SUPERSPAR (023) 316-2226
SUPERSPAR BUSINESS HOURS: Mon - Sun 07:00 - 19:00
Matured Rump Steak
129
99 p/kg
Pork Loin chops bulk
5999 p/kg
Lean mince bulk
89
99
79
Bulk egte Plaaswors
84 PER COMBO
120
00
99
p/kg
69
99 each
Pineapples
3 FOR
25
00
21
10
Nescafé Ricoffy 750g
15
54 39 99
99
260 00 250 00
5500
p/platter
17 5
each
PER MULTIBUY
2 FOR
99
each
899
Olof Bergh Brandy 750ml
PER MULTIBUY
99
Long cream Doughnut
10000
each
Spar Bacon
1kg Kellogg’s Corn Flakes
Savoury Bread
PER COMBO
99
6-pack
Large Samoosa Platter 6’s
Spar 5kg IQF mixed portions
p/kg
27
99
SERVING SUGGESTION
99
169
Spar UHT Milk 6x1L, Full Spar Eiers 18’s 2kg Allsome Rice, 2,5kg Spar Maize Meal, 2kg Spar Brown Sugar, 750ml SaveMor Oil, Cream, Fat Free or Low Fat 2,5kg Spar Cake Flour
69
Britos sandwich Ham
p/kg
7kg Potato Bag, Cabbage Head, Sweetcorn 4’s, Baby Marrow 350g, 750g Carrots, Sweet Potato 1kg, Mushrooms 250g
TOPS: BUSINESS HOURS: Mon - Fri 09:00 - 19:00 Sat 09:00 - 17:00
69 64 99
99
Aquellé Still water 5L
99 each
Brookes 2L Oros ass. PER MULTIBUY
10
OMO Auto Washing Powder 99 4kg
59 98 49 98
99
each
Mayfair Gin + Tonic + Dry Lemon 6 x 440ml
6499
per pack
NIE TE KOOP AAN PERSONE ONDER DIE OUDERDOM VAN 18. GENIET VERANTWOORDELIK.
2
WITZENBERG HERALD
MOOI UITSIG primêr se prefekte het die 2022 skooljaar met groot ywer en entoesiasme aangepak. Hier is hulle saam met Brumilda Petersen (koördineerder).
PUBLIC PARTICIPATION PROCESS / PUBLIEKE DEELNAME PROSES Proposed Consolidation of Three Existing Dams into One New Enlarged Dam on Portions 44 and 57 Of Farm 372, Prince Alfred Hamlet Ref.: 16/3/3/6/7/1/B5/11/1006/22 Notice is hereby given of a public participation process in terms of the National Environmental Management Act, 1998 (Act No. 107 of 1998), the Environmental Impact Assessment Regulations, 2014, as amended June 2021.
English: The project requires the consolidation of 3 existing dams into one new enlarged infill off-dam on Portions 44 and 57 of Farm 372. The property is situated approximately 2km west from Prince Alfred Hamlet and is zoned as agriculture. The dam footprint will be approximately 16ha and is situated within the footprints of two of the 3 existing dams. Upon completion of the consolidation, the remaining 3rd dam’s wall will be levelled back into the dam basin to return the slope back to its original state. All current dams are off-stream, and the water sources includes water coming from the Koekedouw scheme, along with abstraction rights from the Wabooms River. Access to the farm is gained via an existing road. This advertisement serves as notification of the proposed development and for I&APs to register should they wish to receive more information. The 30-day Public Participation Process for the draft Basic Assessment Report (dBAR) will run from 25 February 2022 to 28 March 2022. This advertisement serves as notification of the availability of the dBAR (30 days) & information on the Water Use License Application (WULA - 60 days, which ends on 2 May 2022). More information of the development will be available from the EAP, as per the details provided below. The dBAR may also be accessed on https://tinyurl.com/VerdunDamConsolidation-Feb As per the listed activities indicated below, the proposed development initiated a Basic Assessment Application process. The following National Environmental Management Act (NEMA) listed activities are applicable under the NEMA 2014 Regulations as amended 2021: Listing Notice 1: R327 Activity 19, 27, 48 and 66. Afrikaans: Die projek is vir die konsolidasie van 3 bestaande damme in een nuwe vergrote opvuldam op Gedeeltes 44 en 57 van Plaas 372. Die eiendom is ongeveer 2km wes van Prince Alfred Hamlet geleë en is as landbou gesoneer. Die damvoetspoor sal ongeveer 16ha wees en is geleë binne die voetspore van twee van die bestaande damme. Na voltooiing van die konsolidasie sal die oorblywende dam se wal gelyk gemaak word om die oppervlak na sy oorspronklike toestand terug te neem. Alle damme is buitestroom, en die waterbronne sluit water in wat uit die Koekedouw-skema kom, tesame met onttrekkingsregte van die Waboomsrivier. Toegang tot die plaas word verkry via ‘n bestaande pad. Hierdie advertensie dien as kennisgewing van die voorgestelde ontwikkeling en vir I&APs om te registreer indien hulle meer inligting wil ontvang. Die proses vir openbare deelname van 30 dae duur van 25 Februarie 2022 tot 28 Maart 2022. Hierdie advertensie dien ook as kennisgewing van die beskikbaarheid van die konsep Basiese Assesseringsverslag (dBAR - 30 dae) en inligting oor die Watergebruiklisensieaansoek (WULA - 60 dae). Meer inligting oor die ontwikkeling is beskikbaar by die OBP volgens die besonderhede hieronder en die dBAR kan ook verkry word by https://tinyurl.com/VerdunDamConsolidation-Feb Die volgende Nasionale Wet op die Omgewingsbestuur (NEMA) gelyste aktiwiteiteis onder die NEMA 2014-regulasies van toepassing: R327 Aktiwiteit 19, 27, 48 en 66. Dit het ‘n basiese assesseringsproses begin. Date of this notice: 25 February 2022 Details of EAP/OBP: Therina Oberholzer GroenbergEnviro (Pty) Ltd P.O. Box 1058, Wellington, 7654 Cell: 072-089-5750 Fax: 086-672-1916 E-mail: therina@groenbergenviro.co.za Website: www.groenbergenviro.co.za
Details of WULA consultant: Lizbé Bester Sarel Bester Ingenieurs BK P.O. Box 21, Ceres, 6835 Tel: (023) 312-2017 E-mail: lizbe@sbri.co.za
To ensure that you are identified as an interested and/or affected party (I&APs) please submit your name, contact information and interest in the matter, as well as any comment to the EAP before 17:00 on 28 March 2022. Please note, the information submitted will be made public as part of the EIA process and no personal details are included. The personal details of comments received can only be made public if the affected party indicates with their comments that their details may be published. Om te verseker dat u geïdentifiseer word as ‘n belanghebbende en geaffekteerde party, stuur asseblief u naam, kontak besonderhede, gekose metode van korrespondensie en belangstelling in die saak, sowel as kommentaar aan die OBP, voor 17:00 op 28 Maart 2022. Let wel, kommentaar en informasie wat beskikbaar is in hierdie verslag, word bekend gemaak sonder persoonlike besonderhede van I&APs. Met kommentare ontvang sal persoonlike besonderhede slegs bekend gemaak word mits die geaffekteerde party toestemming gee daartoe.
Donkerbos Landgoed beskik tans oor die volgende vakature:
WERKTUIGKUNDIGE
Die geskikte kandidaat sal: • Ervaring hê in herstel van trekkers, landbou implemente en vragmotors • Prestasie gedrewe wees • Beskik oor goeie menseverhoudings • Sober gewoontes hê • Vermoë om onafhanklik te werk Stuur CV na: elmarie@donkerbos.co.za Vir enige navrae skakel: Martin van Niekerk 083-652-1572 Sluitingsdatum vir aansoeke: 15 Maart 2022
WOLSELEY
Friday, February 25, 2022
Ceres polisie soek na vermiste plaaswerker DIE Ceres speurders asook ‘n bekommerde ouerpaar van die Karoo vra die Witzenberg en Tankwa Karoo gemeenskap om te help om Ivan Calvin van der Merwe op te spoor. Van der Merwe (21) is sedert 22 Januarie vermis in die omgewing van Kareekolk en Sadawa op die Sutherlandpad. Die betrokke Saterdag was dit bloedig warm en is temperature bo 40 grade gemeet. Van der Merwe het die betrokke dag omstreeks 06:05 (met ‘n blou werkbroek aan) ‘n fiets sonder die eienaar se toestemming geneem en van die plaas Kareekolk anderkant Inverdoorn, na Ceres begin ry. Iemand het hom later langs die pad voorgekeer, die fiets opgelaai en gery om ‘n oproep te maak. Met hulle terugkeer het Van der Merwe weggehardloop. Die familie het hom op 31 Januarie as vermis aangemeld waarna die polisie hom sedertdien sonder enige sukses gesoek het. Geen kriminele saak is by die polisie aangemeld nie. Van der Merwe het begin Januarie op die plaas as algemene werker begin werk. Indien iemand weet waar in die uitgestrekte Karoo hy hom bevind, kan hulle s/sers. Titus skakel by (023) 316-8500. * Die plasing op Witzenberg Herald se FB-blad is deur byna 34 000 mense gelees. Nog geen positiewe inligting is ontvang nie.
MARKETING / FUNDRAISING AND COMMUNICATION COORDINATOR
Exciting new position available at Badisa Wolseley, a registered non-profit organisation based in Wolseley. Responsibilities: • Develop and deliver a complete marketing/fundraising and communications programme to promote the organisation’s purpose • Coordinate fundraising projects with the manager • Set achievable goals for the marketing / fundraising and measure timeously • Promote the organisation through the implemented marketing strategies • Manage and execute tactics to grow social media platforms • Ensure all communication is according to the organisation guidelines. Requirements and qualifications: • Excellent communicator (written and verbal) • Strategic thinker • Computer literate • Project management skills • Bilingual (english and afrikaans) • Own Transport. Remuneration: • Basic salary • Commission
Please send CV to: bestuurder@huismostertshoek.org Enquiries to: (023) 231-0282 Closing date: 11th March 2022
NOTICE
With this we would like to inform the public that the agreement between Tulbagh Funerals (Pty) Ltd (2020/ 848785/07) and Boland Group Scheme Administrators (BSGA) CC (FSP 51143), has been cancelled effective 28 February 2022. Should you currently enjoy cover with Tulbagh Funeral Services please contact them on (023) 230-0111 for assurance about your policy moving forward, alternatively contact BGSA at (021) 8735392 for assistance.
KENNISGEWING
Hiermee wil ons die publiek in kennis stel dat die ooreenkoms tussen Tulbagh Begrafnisdienste (Pty) Ltd (2020/8487 85/07) en Boland Groep Skema Administrateurs (BGSA) CC (FSP 51143), gekanselleer is effektief 28 Februarie 2022. Indien u wel begrafnisdekking geniet by Tulbagh Begrafnisdienste skakel asb. vir Tulbagh Begrafnisdienste by (023) 2300111 vir sekerheid oor u polis, vir alternatiewe hulp skakel BGSA by (021) 8735392.
CERES SEKONDÊRE KOSHUIS Beskik oor die volgende vakatures:
HUISHOUDINGSASSISTENTE (x4) TUINIER (x1) Toepaslike ondervinding sal in beide aansoeke se guns tel. Sluitingsdatum vir aansoeke: 28 Februarie 2022 Aanstellingsdatum: 8 Maart 2022 ‘n Kort aansoekbrief en CV kan by Ceres Sekondêre Skoolkantoor ingehandig word of per e-pos gestuur word aan: ceressec@mweb.co.za Aansoeke moet gerig word aan: Die Beheerliggaam Ceres Sekondêre Skool en Koshuis Vir enige navrae skakel die skool by: (023) 312-2460
WITZENBERG HERALD
Friday, February 25, 2022
Geen borg! DIE Ceres landdroshof het Dinsdag borgtog aan die Inverdoorn-5 geweier. Landdros Flip Hendriks het in sy uitspraak van byna twee uur, die renosterstropers se uitgerekte borgaansoek afgekeur nadat die hof die vlugrisiko, waarde van die renosters en ander feite voor die hof, in ag geneem het. Die staat het borgtog teengestaan aangesien die renosterstropers weens skedule-5 oortredings in die hof verskyn en dat die onus om hul onskuld te bewys, by die verdagtes lê. Vier van die mans kon nie bewys dat hulle op borgtog vrygelaat moet word nie terwyl ‘n vyfde verdagte, Wishes Mugari, nooit vir borg aansoek gedoen het nie. Volgens hofstukke kon die vier stropers, Amade Filemone Chongo (47), Justice Cossa (27), Innocence Davey Chiwenya (57) en Michael Mbaura (23), tussen R500 en R5 000 bekostig indien hulle borgtog toegestaan sou word. Verder is twee van die mans, Cossa en Chiwenya, werkloos en ‘n ander een, Mabaura, is afgedank na die stropingvoorval by Inverdoorn. Sy vrou is ook na die voorval afgedank. Die saak is tot 23 en 24 Maart uitgestel vir verdere ondersoek asook in afwagting van DNS-toetse, ballistiesetoetse en bloedtoetse. Bloedspatsels van ‘n mens of ‘n dier, is in die bakkie en op die skoene van Chongo gekry. Hy is op 10 Desember op die N1 voor die Hugenote-tonnel afgetrek en gearresteer. Al vyf verdagtes word op Worcester aangehou. Hofstukke Uit hofstukke blyk dit dat Chongo ‘n vervoer- en konstruksie-onderneming, Amado & Dauza Multitrade, bedryf en al 25 jaar in die land woon, al is hy onwettig hier. Sy kinders is volgens sy verklaring in Curro Benoni en is hy die alleen broodwinner van sy gesin. Die ander drie mans is ook onwettig in die land waarvan twee se permitte in 2021 en 2022 verval het terwyl Chiwenya wettig in die land is. Hy woon sedert 2006 in Modimolle, is ‘n gewese Lodge-sjef wat nou werkloos is. Mbaura, wie se familie in die P.A. Hamlet omgewing woon, se asielpermit het verval of is gekanselleer na sy arrestasie.
Vasgetrek Die vyf renosterstropers is op 10 Desember 2021, twee dae na die stropingsvoorval, met die hulp van die polisie, die veediefstal- en bedreigde spesie-eenheid in Worcester, CapeNature en ‘n forensiese ondersoeker, vasgetrek. Die mans word verdink van die stroping en skiet van vyf renosters op 8 Desember 2021 op Inverdoorn, ‘n private wildsplaas ongeveer 65km van Ceres op die Sutherlandpad en staan tereg op aanklagte van sameswering om ‘n misdaad te pleeg (vyf renosters te jag), dieremishandeling, die oortreding van art.57 (1) - ‘n optrede sonder ‘n permit teen ‘n bedreigde spesie, betreding, onwettig die land binnegekom en hier aangebly het en diefstal van vier renosterhorings. Die beraamde waarde van die renosters en die gestroopte horings beloop nagenoeg R825 000 per renoster en nagenoeg R2.64 miljoen vir die 24kg renosterhoring. Verhoordatum ‘n Verhoordatum sal later bepaal word en kan moontlik weens die aard van die misdryf en waarde van die renosters en hul horings, in die streekhof of self die Kaapstad hooggeregshof verhoor word.
Huis Maudie Kriel
3 Maart 2022 @ R65 Schnitzel, Chips & Mushroomsous DIE Witzenberg Matriekfonds het onlangs ‘n skootrekenaar geskenk aan Bridget Geduld van Bella Vista Hoërskool. Die rekenaar sal haar help in haar onderwysstudies wat sy in 2022 begin het. Hier is mev. Geduld afgeneem saam met Bridget en Sarel Brown (voorsitter van Witzenberg Matriekfonds).
Beskikbaar vanaf 17:00-18:00
Bestel en betaal by Huis Maudie Kriel
(023) 312-1950
3
VANDALE het op 21 en 22 Februarie duisende rande se skade by Mooi Uitsig primêr aangerig nadat ongeveer 50 ruite gebreek is. Die vandale het 44 vensters se brons handvatselknippe gesteel asook deurslotte.
4
WITZENBERG HERALD
Friday, February 25, 2022
Fokus op Central Ceres Motors
Die paneelkloponderneming het 18 maande gelede ‘n nuwe gebou met ‘n ruim werkstoor en nuwe kantoor ingerig in Voortrekkerstraat waar meer voertuie herstel kan word. Die onderneming herstel en hervul enige lugversorgers.
CENTRAL Ceres Motors se personeel. VLNR: Paul Farmer, Frikkie Engelbrecht, Anna-Marie Koegelenberg Arnold Engels, George Engels, Werner Muller, Victor Mbangula, Mark van Rooi, Ashley le Cordeur, Basie Sampson en Avril Louw.
Familie-onderneming langer as nege dekades op Ceres CENTRAL Ceres Motors is al vir meer as 9 dekades ‘n bekende landmerk op Ceres. Die paneelkloponderneming het 18 maande gelede ‘n nuwe gebou met ‘n ruim werkstoor en nuwe kantoor ingerig in Voortrekkerstraat waar meer voertuie herstel kan word. Die besigheid is verder uitgebrei met ‘n diensstasie vir die diens van voertuie en ‘n auto-elektriese afdeling is begin waar enige auto-elektriese werk gedoen kan word. Die onderneming herstel en hervul enige lugversorger. Ceres Central Motors werk nie net aan motors se lugversorgers nie, maar werk ook aan groot trekker en grondverskuiwingsmasjienerie. Hulle verkoop ook batterye en is van die goedkoopstes in die Witzenbergstreek. Arnold Engels is nou die vierde geslag wat dié familieonderneming bestuur en wat die volgende drie jaar gaan werk om die 100 jaar mylpaal te bereik. Arnold se pa, George, is vanjaar 49 jaar aan die stuur van sake gewees en het onlangs die leisels aan sy seun oorgegee.
Behalwe vir Môrester landgoed, Dutoit Groep en Boplaas wat ouer is as 100 jaar, is Central Ceres Motors die oudste onderneming in die oorspronklike familie se besit. Geskiedenis Die liefde vir karre was alreeds in 1892 in die bloed van JW du Plessis, ‘n wa- en karmaker van formaat. Hy was die vader van Flip du Plessis, oupa van Nollie Engels en Koos du Plessis en die oupagrootjie van George Engels. Almal het oor die jare op een of ander stadium ‘n groot rol in die geskiedenis van Central Ceres Motors gespeel. In 1925 het Flip Plessis, soos hulle hom destyds genoem het, Central Garage, op die perseel waar Engen vandag is, begin. Die perseel waarop Central Ceres Motors vandag staan, is eers in 1927 aangeskaf. Dit was destyds ‘n dubbleverdieping huis en die grondverdieping van die huis, was die vertoonkamer van die garage. Die huis is later afgebreek en ‘n groter garage en ‘n ander huis is gebou.
In 1927 het Flip Plessis die Chrysler Agentskap bekom en het die garage oor vier spoggerige petrolpompe beskik. In 1949 is die garage verkoop aan mnre. Scullard en Healy en is die huidige maatskappy, Central Ceres Motors gestig. Alhoewel die garage deur nie-familielede besit was, het Flip du Plessis, sy seun en Nollie Engels, by Central Ceres Motors aangebly as werknemers - hulle was immers die hart van die besigheid. In 1955 besluit Flip Plessis om die garage terug te koop en word Flip, sy seun en Nollie Engels die mede-eienaars van die onderneming. So is die tradisie voortgesit tot Flip Plessis in 1970, as besturende direkteur, afgetree het en Nollie Engels en Koos du Plessis met die besigheid voortgegaan het. In 1971 toe Ceres se hoofstraat wyer gemaak is, is die petrolstasie verskuif na waar die Caltex vulstasie tans geleë is. In Januarie 1973 het Nollie se seun, George (derde geslag), by die onderneming aange-
SAREL BESTER INGENIEURS BK
sluit. In Mei 1973 gaan George vir 9 maande weermag toe. In Februarie 1974 sluit hy hom permanent aan by die onderneming. In 1976 onttrek Chrysler uit Suid-Afrika waarna Koos du Plessis sy aandeel in die besigheid verkoop. Nollie Engels, wat reeds sedert 1946 diep spore by Central Ceres Motors getrap het, het toe besluit om hom net op die paneelkloppery en meganiese en petrolstasiewerk toe te spits. Central Ceres Motors het gedurende die meer as nege dekades, werk geskep vir talle personeellede en ook familielede. Vandag is Arnold die vierde geslag wat die onderneming bestuur. Kliënte word uitgenooi om die onderneming in Voortrekkerstraat te besoek of hulle by (023) 312-1254 te skakel. Vir enige auto-elektriese werk kan kliënte vir Frikkie Engelbrecht by 082-941-3472 skakel. Die onderneming herstel en hervul enige lugversorgers. Central Ceres Motors se besigheidsure is Maandag tot Donderdag van 07:30-12:45 en 13:30 tot 17:30. Vrydae sluit die onderneming 16:00. Die onderneming lewer dienste sover as Riebeeck Kasteel, De Doorns, Villiersdorp en Citrusdal. Ondersteuning George en Arnold en hul personeel, wil hul opregte dank aan elke kliënt uitspreek wat vir meer as 97 jaar dié onderneming so goed ondersteun het. Dankie ook aan elke personeellid wat help bou het aan die onderneming.
Raadgewende Siviele Ingenieurs / Consulting Civil Engineers Argitektuurdienste / Architectural Services
Ons is trots op ons verbintenis met CENTRAL CERES MOTORS. Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.
✉ 21, CERES, 6835 ☎ (023) 312-2017 E: admin@sbri.co.za
☎ (023) 312-2055 james@redantagri.co.za www.redantagri.co.za Porterstraat 13, CERES
Baie geluk met die viering van jul bykans 100ste bestaansjaar. Dit is voorwaar ‘n uitmuntende prestasie. Mag u van krag tot krag gaan en wens ons u ‘n voorspoedige toekoms vir u besigheid. Nickie Visser 082-902-0282 Adderleystr. 36, Worcester, 6850
FSP 7088
Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.
CENTRAL CERES MOTORS
CERES RETREADERS ☎ (023) 316-1160
Vosstraat 91, Ceres ceresrt@lando.co.za
Ons is trots op ons verbintenis met
CENTRAL CERES MOTORS Dit is vir ons ‘n voorreg om met julle besigheid te doen.
Beste wense aan CENTRAL CERES MOTORS
ARNOLD Engels (links bo) is nou die vierde geslag wat dié familie-onderneming bestuur en wat die volgende drie jaar gaan werk om die 100 jaar mylpaal te bereik. Arnold se pa, George (regs bo), is vanjaar 49 jaar aan die stuur van sake gewees en het onlangs die leisels aan Arnold oorgegee. Nollie Engels (inlas foto), het vanaf 1946 diep spore by Central Ceres Motors getrap.
Mag ons jarelange besigheidsvennootskap, bydra tot julle toekomstige suksesse.
Vosstraat 72, CERES 6835 ☎ (023) 312-1124
In 1927 het Flip Plessis die Chrysler Agentskap bekom en het die garage oor vier spoggerige petrolpompe beskik.
WITZENBERG HERALD
5
Friday, February 25, 2022
Tyd tussen entstofdosis verkort DIE nasionale departement van gesondheid het die week afgekondig dat die intervalle tussen eerste en tweede dosis van die Pfizer entstof vanaf Woensdag van 42 dae na 21 dae verkort word. Verder word die ekstra entstofdosis (booster) wat eers na ses maande ontvang kon word, verkort na drie maande. Die goeie nuus beteken dat mense vinniger beskerm kan word teen die virus. Persone kan ook kies (indien beide beskikbaar is), watter een van die Pfizer of J&J entstowwe hulle verkies. Die departement beveel egter aan om dieselfde een te kry as waarmee jy oorspronklik ingeënt is. Meer as 95% van dié onlangse sterftes in die Witzenbergstreek was nie ingeënt teen die virus nie. Plaaslike statistieke Dinsdag 22 Februarie was die 697ste dag van inperking in SuidAfrika. Sedert die begin van die pandemie is 9187 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld waarvan 8751 herstel het. Positiewe gevalle het die afgelope twee weke van 45 na 31 gedaal. Statistieke wys dat Ceres steeds die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 2149 gevolg deur Bella Vista met 1373, Wolseley met 1195, P.A. Hamlet met 1233, Tulbagh met 1124, Nduli met 612 en Koue Bokkeveld plase met 735. Vier honderd en vyf (405) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Die afgelope twee weke het die sterfgevalle weens die virus met 9 toegeneem. Dit is nuwe sterftes en ou sterfgevalle wat nou eers bygereken word. Meer as 95% van dié onlangse sterftes was nie ingeënt teen die virus nie. Ceres se getal sterftes staan tans op 80 gevolg deur Wolseley met 66, Bella Vista met 60, Tulbagh met 51, P.A. Hamlet met 49, Nduli met 33 en Koue Bokkeveld plase met 30. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 21 695 (21 Februarie). Daar is al 656 273 positiewe gevalle aangemeld en 628 075 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 3.66 miljoen mense al herstel. Meer as 98 804 mense (22 Februarie) het al weens die virus in Suid-Afrika gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96.3%. Ander statistieke sluit in: die positiwiteitskoers het gedaal na 7.37%. Meer as 31 miljoen landsburgers is al ingeënt.
PAARDEKLOOF primêr het Saterdag 19 Februarie aan ‘n atletiekbyeenkoms op Wolseley deelgeneem. Sewe atlete het uitstekend by die byeenkoms gevaar. VOOR: Andrew Louw (tweede plek seuns o/10 1200 meter), Stephanie Snyers (tweede plek meisies o/10 hoogspring), Jaylin Minnaar(tweede plek seuns o/11 1200 meter) en Curtleigh Jansen (derde plek seuns o/11 hoogspring). AGTER: Joyce Krotz (spanbestuurder), Cassidy Swarts (derde plek meisies o/13 hoogspring en ‘n tweede plek 200 meter), John-Lee Daniëls (tweede plek seuns hoogspring o/13 en derde plek 800 meter seuns o/13), Chrisné Pass (tweede plek hoogspring meisies o/12 en ‘n tweede plek 150 meter) en Henri-Jonn Lintnaar (afrigter). Dié atlete gaan op 5 Maart aan die Boland atletiekbyeenkoms in die Paarl deelneem. * Die skool is dankbaar vir die afrigter en spanbestuurder se hulp met die leerders. Vanjaar was die eerste keer dat hoogspring-afrigting by die skool plaasgevind het. Die skool beskik egter nie oor die regte oefentoerusting om die leerders in hul sportontwikkeling te ondersteun nie en gebruik hulle tans rugbypaalskerms en gimnastiekmatte om op te oefen. Indien daar instansies of persone in die streek is wat die skool kan help, kan hulle die skool skakel by (023) 313-3288.
Bekende Tulbagh inwoner oorlede ROSSOUW Theron (86), gewese boer van die plaas Die Vlakte in die Winterhoekvallei en een van Tulbagh se beminde inwoners, is Sondagoggend in die Cape Gate hospitaal oorlede. Hy het nie titels nagestreef nie, maar eerder, met sy liefde vir God, mens en natuur, die Vrugte van die Gees (Galasiërs 5:22) uitgeleef. Waar nood geheers het, was hy eerste om hand by te sit. Tydens fondsinsamelings het hy en Danny, meer as hul kant gebring. Rossouw word oorleef deur Danny, sy seun Pieter, Maryke Bischoff (Windhoek), Helene Zeeman (Breërivier), en Lorraine Geldenhuys (Ceres), hul gades en nege kleinkinders. ‘n Troosdiens word Saterdag 26 Februarie om 10:00 op Mont Rouge gehou.
6
WITZENBERG HERALD
classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)
nuusbrokkies Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van
AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”
We are looking for Sakhi Mtsewu, last seen in Nduli, Ceres. Please contact the social worker, Zenobia Goodwin 083-450-2032 In connection with an urgent family matter.
Skakel
082-859-2300 Lizette Ellouisse Crotz
1996/09/20 - 2022/02/15 Roudiens: Wo. 23/02/2022 om 19:00, Vastrap Plaas Privaat begrafnis: So. 27 Feb. 2022 Huis: 09:00, Vastrap Plaas Saal: 10:00,Vastrap Plaas Graf: Bella Vista
Motorhuisdeure. Verkope, herstelwerk en “automation. Skakel Derick 082-804-4550. rek S15 w.t.o. Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Alle areas. Meer as 60 jaar diens gekwalifiseerd. Skakel Wessel de Beer 060619-2758 of 082704-3276. w.t.o.
Ceres self storage. Stoorplek te huur. Voortrekkerstraat 131, Ceres. Skakel Hanlie 086111-5193 rek C27 w.t.o.
PLANT AND TOOL HIRE
Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.
Dr Johnson
Ragel Frans
Christiaan 079-177-2490
WAS jy een van die eerste matrikulante van Bella Vista Hoërskool in 1997? Vanjaar beplan die skool ‘n 25 jaar reünie en wil hulle graag dit ‘n spesiale geleentheid maak. Tree op Facebook via Messenger in verbinding met Ajay January, Lesley Koopman of Helga Swartz. Verdere inligting sal in komende weke via die sosiale mediaplatvorm deurgegee word. DIE Haven nagskuiling op Ceres se nommer het verander. Inwoners kan hulle skakel by (021) 023-3018. SHOFAR Ceres bied aan: Dissipelskapkursus - Nader aan God en nader aan mekaar. Die kursus word deur Cassie en Jenny Carstens aangebied vanaf 4 - 6 Maart (Vrydagaand: 18:00 - 22:00, Saterdag: 08:00 - 17:30 en Sondag: 08:30 - 12:30). Koste beloop R200 per persoon en etes is ingesluit wat binne sessie-tye val. Die goeie nuus van Jesus transformeer ons persoonlik, asook ons eie huis soos dit na buite vloei. Cassie en Jenny help kursusgangers op ‘n baie praktiese manier om in die gemeenskap met ander, hierin te groei. Vir verdere inligting skakel Shofar by 063-930-5340 of stuur epos na ceres@shofaronline.org CERES Netbalklub het weer met oefeninge op Dinsdae en Donderdae begin. Begintyd is vanaf 17:00 - 17:30 op Gericke netbalbane. Nuwe lede is welkom om by die klub aan te sluit. Skakel Marelize by 073-318-7638 of Beverley by 083-402-1246 vir verdere navrae. DIE Verenigde Gereformeerde Kerk (V.G.K.) Bella Vista wil graag die volgende persone bedank wat gedurende die CV-19 pandemie uitgereik het na die gemeente: Gielie Geldenhuys (Merino), Ceres Superspar, br. A. Mars en Witzen Apteek. “Ons gemeente waardeer dit opreg.”
☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83
Miljoene rande is nou in die hande van Dr Johnson. Hy wil dit gee vir mense wat:
1961/07/16 - 2022/02/20 Privaat begrafnis: So. 27 Feb. 2022 Huis: 11:30, Mazoe Plaas Kerk: 13:00, Burea Christen Gemeente, van der Stelstraat, Bella Vista Graf: Bella Vista
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181
James September
Christiaan Hufke 1946/02/28 2020/12/27
Dit is jou tweede verjaarsdag in die Hemel. Ons harte is stukkend, maar God belowe dat Hy vir ons vertroosting sal bring. Ons mis jou stem, jou stywe drukkies en liefdevolle geaardheid. Elke herinnering is so kosbaar, ons sal dit vir altyd koester. Rus sag by Jesus. Jy is verewig in ons harte. Met liefde van jou vrou, kinders en kleinkinders
•met ‘n besigheid wil begin •sterk medisyne nodig het om verskillende probleme op te los •‘n verlore minnaar terug te kry •‘n geliefde wat egbreuk pleeg te stop •medisyne vir mans om krag te gee •enige hofsake •‘n ongeluksfonds betyds te kry
Skakel of Whatsapp
074-466-5760
KOMBUIS PERSOON
Vereistes: Sy of hy moet kan kos maak en bak. Handig asb. ‘n afskrif van u ID, CV en kontakbare verw. in by: Ceres Motors Caltex Voortrekkerstr 19, Ceres Aanstelling: So spoedig moontlik
Leonardo Koopstadt 1984/02/24 - 2021/12/14
1972/07/11 - 2022/02/17 Roudiens: Do. 24/02/2022 om 19:00, Vygiestr. 59, Wolseley Privaat begrafnis: Sat. 26 Feb. 2021 Huis: 08:00, Vygiestraat 59, Wolseley Kerk: 09:00, AME Wolseley Graf: Wolseley
(023) 312-2392 n/u: 082-5753-181 Korneels Jacobus Huyser
1958/11/27 - 2022/02/17 Roudiens: Do. 24 Feb. 19:00 Akasiastr. 15, BV Begrafnis: Sat. 26 Feb. Huis: 09:00 Akasiastr. 15, BV Kerk: 10:00
Vandag kyk ek op na die Hemel, en ek weet dit is waar jy jou bevind. Hartseer lê vlak in my hart as ek dink jy vier jou verjaarsdag in die Hemel. Ek wens ek kon jou kom haal vir ‘n rukkie my man, dit is asof die hartseer die mooi van my menswees verniel, maar tog weet ek jy is nou gelukkig. Vandag sal God jou vashou en my boodskap sal jou vind, Hy sal jou ook sê hoe spesiaal jy is en dat jy moet lekker verjaar. Ek hou die mooiste herinneringe en is so verskriklik lief vir jou. Van jou vrou Alida
Bondels koerante @ R20 per bondel vir verpakking tydens trek, verfwerk of vir jou babahondjies. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.
Kol. 3:9 “En moenie vir mekaar lieg nie. Julle het met die ou, sondige mens en sy gewoontes gebreek”
Evangelis Jacobs
Polisie soek vermiste persoon DIE Ceres speurders vra die gemeenskap se hulp om Isaac Nasson (49) te help opspoor. Hy het die afgelope tyd op straat gewoon en is sedert Maandag 21 Februarie vermis. Hy is laas deur sy familie op 16 Desember 2021 gesien met ‘n bruin trui en blou broek aan. Indien iemand weet waar hy hom bevind, kan hulle s/kst. Watson skakel by (023) 316-8500.
Friday, February 25, 2022
WITZENBERG HERALD
7
Friday, February 25, 2022
Skryf nou in vir Witzenberg Herald Nag-gholftoernooi NA ‘n afwesigheid van meer as twee jaar, is daar weer besluit om weer ‘n pret naggholftoernooi aan te bied. Die Witzenberg Herald vier vanjaar hul 25ste bestaansjaar en bied op Vrydag 25 Maart die 2022 Nag-gholftoernooi aan. Afslaantyd begin om 14:30-16:30 met die eerste nege wat gespeel word in foursomes formaat. Spelers kies voor afslaantyd, wie speel gelyke en ongelyke gate (bofhoue). Daarna speel elke spanlid om die beurt. ‘n Shotgun-afslaantyd vir nag-gholf begin rondom 19:30 en die tweede nege word gespeel met beterbal stableford as formaat. Skryf vroegtydig in aangesien daar slegs 48 plekke beskikbaar is.
MICHIEL Herholdt (links) en Christo Strydom.
Michiel wen gholfdag CERES gholfklub het die naweek ‘n enkel stableford kompetisie aangebied. Michiel Herholdt het die kompetisie met 42 punte gewen. Christo Strydom was in die 2de plek met 40 punte gevolg deur Wilhelm Muller en Henry Brown, beide met 37 punte. Goeie brutotellings is aangeteken deur Cornel Muller (67), Michiel Herholdt (71), Dirk Strydom (71) en Lourens Strydom (72).
SUMEON de Villiers, een van Ceres rolbalklub se jong opkomende spelers, is gekies om vanaf 28 Maart die Boland o/15 span by die nasionale junior rolbaltoernooi in Bloemfontein te gaan verteenwoordig.
NEGE tennisspelers van Laerskool Koue Bokkeveld het die afgelope naweek vir die Boland Kavaliers teen WP gespeel. AGTER: Zak Oosthuizen, Roné Lourens, Jomarié Kotzé, Isabella Knoesen, Charl du Toit, Anlia van der Merwe en Johan du Toit. VOOR: Alize Fabricius en Anmari Steenkamp. * Zak Oosthuizen is gekies vir die Boland tennisspan wat van 18-21 Maart aan die Interprovinsiale toernooi in Bloemfontein gaan deelneem. Hy is tans die no.1 speler.
KYLE Nasson het die naweek 63 lopies aangeteken teen Touwsrivier. Twee ander kolwers, Frans Lottering (37) en Adiam Abrahams (35) het ook goeie bydraes gelewer. *Spantellings en uitslag van wedstryd is nie deurgegee nie.
ASHTON Vermeulen, ‘n kranige o/13 atleet van Laerskool F.D. Conradie het die afgelope tyd puik presteer tydens die interskole en sone atletiekbyeenkomste. Hy het die rekords vir die 100 meter en 200 meter, 80 meter hekkies, 200 meter hekkies en verspring verpletter. Tydens verlede week se byeenkoms by Laerskool Worcester waar skole in die Boland en WP deelgeneem het, het hy ook die 100 meter sowel as 200 meter verbeter. Ashton berei tans voor vir die Boland atletiekbyeenkoms wat op 5 Maart in die Paarl plaasvind.
LEHANZO Engelbrecht (middel) saam met sy ouers, Bernard Engelbrecht en Le-Hatsa Engelbrecht van Remhoogte. Lehanzo is onlangs as 2022 se hoofseun van Skurweberg Sekondêre skool verkies. Hy is ook ‘n baie goeie sportman.
8 Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie/redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.
Sport
WITZENBERG HERALD
Friday, February 25, 2022
Witzenberg Herald
Tankwa Crossing - ‘n Eerste vir Suid-Afrika!
DIE enkel-skof woestynkruising is die enigste wedloop van sy soort in die land en het ultra-hardlopers slegs 50 uur gehad om die afstand oor 207 kilometer te voltooi. Nicole Faul van Ceres (links) het aan die halwe enkel-skof woestynkruising (103 km) deelgeneem en tweede klaargemaak in ‘n tyd van 15 uur en 52 minute.
‘n EERSTE vir Suid-Afrika! Die Tankwa Crossing is die afgelope naweek vir die eerste keer tussen Calvinia en Ceres aangebied. Die enkel-skof woestynkruising is die enigste wedloop van sy soort in die land en die 31 ultra-hardlopers het slegs 50 uur gekry om die afstand oor 207 kilometer te voltooi. Hardlopers het verlede Vrydag om 16:00 weggespring waar die Tankwa-grondpad buite Calvinia begin en moes Saterdag voor 18:00 klaarmaak by Karoopoort waar die grondpad aansluit by die R46. ‘n Halwe wedloop oor 103 km en ‘n span-aflos waaraan 4 atlete deelgeneem het, is ook aangebied. Uitslae Johnny Young het die wedloop in 27 uur en 8 minute gewen met Jo Keppler, die eerste vrou oor die eindstreep, kort op sy hakke in 27 uur en 28 minute. Amri Williamson het die halwe enkel-skof woestynkruising (103 km) in 11 ure en 49 minute gewen. Team TailwindSA het die spankompetisie in 20 uur en 25 minute gewen. Nicole Faul van Ceres het aan die halwe enkel-skof woestynkruising (103 km) deelgeneem en tweede klaargemaak in ‘n tyd van 15 uur en 52 minute. Daar word reeds beplan aan die 2023 wedloop wat die naweek van 16-19 Februarie 2023 (Donkermaan) sal plaasvind. Vanjaar se wedloop het in volmaan plaasgevind. Daar is ook oorsese belangstelling in dié wedloop.
Ryers laat speke sing
Kampioenskappe om die draai
PIERRE de Jager DIE tweede Karoo Burn bergfietswedren oor 240km vanaf Calvinia na Ceres (Kaleo), het die afgelope naweek plaasgevind. Die roete strek oor die langste aaneenlopende gruispad in Suid Afrika en het meer as 2 000 meter se klim. Jaco Davel van Kaapstad, het die wedren gewen in 8:10:20. Hanno Smit (Rhino Agri Vantage), een van die bekendes in die Witzenbergarea, het die roete op sy ‘gravel-bike’ in die algehele sewende plek klaargemaak en was vierde in die ‘Gravel-bike’ afdeling. Hanno het die laaste paar jare sy stempel behoorlik afgedruk in ultra wedrenne en het die moordende Munga oor 1122 km reeds drie keer onder die top 10 voltooi. Sy tyd van 9:14:40 getuig van sy fiksheid en ervaring. Daar moet ook spesiale melding gemaak word van Ceres se deelnemers waarvan Rashid van Rhyn van Ceres Cycles een is. Rashid is op Ceres bekend as ‘n sterk en ervare ryer oor die korter en medium afstande. Hy het egter bewys dat daar nog ‘n blink toekoms vir hom voorlê met die ultra-afstande. Rashid het met die min ervaring 12de onder die individuele inskrywings klaargemaak in ‘n tyd van 11:44:03. Boetie Hugo van Ceres het saam met Rashid klaargemaak en bewys dat sy ervaring in ultra wedrenne goud werd is. Phillip Luff het saam met sy spanmaat, Fietie Rosher, in die algehele 30ste plek klaargemaak in 11:22:40 en sewende in die spankompetisie. Mitch Jantjies en Otto van der Dussen het ook in die spankompetisie deelgeneem en in 15:01:21 klaargemaak.
MITCH Jantjies (links) en Otto van der Dussen (regs) het in die spankompetisie deelgeneem en die Karoo Burn in 15:01:21 voltooi. By hulle staan Rashid van Rhyn.
DIE Ceres 2022 klubkampioenskappe vind oor twee weke in ‘n nuwe formaat plaas. Die komitee het vroeër die jaar besluit om ‘n proefneming te doen om vanjaar se Ceres klubkampioenskappe oor twee dae en in ‘n ander formaat te laat plaasvind. Die klubkampioenskappe word Saterdag 5 Maart en Sondag 6 Maart aangebied. Die A-afdeling sal Saterdag 36 putjies speel en 18 putjies op die Sondag. Die Bafdeling en C-afdeling spelers sal op beide die Saterdag en Sondag 18 putjies speel. Die klubkampioenskappe moet weer ‘n gesogte kompetisie vir klubspelers word. Nog ‘n verandering wat beplan word aan vanjaar se klubkampioenskappe, is om Vrydag 4 Maart ‘n pret/sosiale syfer3 kompetisie oor 6 putjies aan te bied. Na die tyd sal daar ‘n braai by die klub gehou word. Skryf nou in by die klub en skakel (023) 312-3068 en wees deel van dié nuwe formaat klubkampioenskappe om die 2022 kampioen te kroon.
Ceres Voortrekkers Voortrekkersaal, Hugostraat Elke Dinsdagaand van 17:30 - 18:30 Anton Erwee 082-828-7370 www.voortrekkers.co.za
ANDRIES Swarts van Ceres atletiekklub het die naweek aan die Kaap Peninsula marathon oor 42.2 km deelgeneem en goed gevaar. Hy het die wedloop in 3:57:52 voltooi.