2 minute read
Julie
Witzenberg WHHerald
Volume 25 no. 25 R 8 Friday, July 1, 2022
Advertisement
TRADING HOURS: Monday - Friday 09:00 - 17:00 Saturday 08:00 - 13:00 Tel: (023) 312-3578 • SERVICES • PARTS • ACCESSORIES • CLOTHING • LAY-BYE
OPEN DURING LOADSHEDDING!
4-Da4-Da 4-Da4-Da 4-Dag wg w g wg w g weereer eereer eervv vv vooroor ooroor ooruitsiguitsig uitsiguitsig uitsig
Donderdag 30 Junie Vrydag 1 Julie Saterdag 2 Julie Sondag 3 Julie
4° 22° 5° 22° 2° 15° 0° 13°
Ceres Koekedouw dam 62,2%
Lesing: 2022/06/29 023 312 3223 • 083 301 6941 reception@sweetspot.co.zaSweet Spot Gymnasium,Victoria Sports Grounds, Cereswww.sweetspotgymnasium.co.za
Telephone: (023) 316-2021 Fax: 086-211-5774 Editor: 082-468-2649 nuus@witzenbergherald.com www.witzenbergherald.co.za
Beloning word aangebied
Vier mans sterf na kopskote
VIER mans is die naweek op Tulbagh dood nadat hulle almal op kort afstand in die kop geskiet is. ‘n Vyfde persoon is gewond en in ‘n ernstige toestand in ‘n hospitaal opgeneem.
Volgens die polisie het onbekende aanvallers Saterdag 25 Junie omstreeks 21:00 ‘n groep van 9 mense, ses mans en drie vroue, genader waar hulle om ‘n vuur in Joostestraat gestaan en kuier het.
Vier mans is in die kop geskiet en het op die toneel gesterf. ‘n Vyfde man, is ernstig gewond en in die hospitaal opgeneem. Die drie vroue en ‘n man, het ongedeerd weggekom.
Beloning
Die Wes-Kaap SAPD het kort na dié aanval ‘n beloning van R100 000 uitgeloof vir inligting wat moontlik daartoe kan lei dat die moordenaars vasgetrek word.
Name bekend
Die polisie het Maandag drie van die slagoffers se name be-kend gemaak. Hulle is Unathi Zoko, Lefa Mphuhlane en Enehelo Tolebelo. Die vierde persoon se identiteit is nog onbekend. Al die slagoffers was tussen 30 en 35 jaar oud.
Inligting
Die ondersoek is deur lede van die Wes-Kaap se eenheid teen ernstige geweldsmisdaad oorgeneem.
Die Wes-Kaap en Tulbagh SAPD versoek persone met meer inligting, om die polisie te skakel en die inligting anoniem deur te gee aan brigadier Makhaya Mkabile 082-222-6744 of lt.kol. Bonginkosi Libaya 082-4112-042. Tulbagh SAPD kan geskakel word by (023) 230-8100.
Die rede vir die moorde is nog onbekend.
Simpatie
Die Witzenberg munisipaliteit, politieke partye en die plaaslike polisiërsforum het Maandag hul simpatie teenoor die familie en naasbestaandes van die vier mans uitgespreek.
TULBAGH polisie en die Witzenberg munisipaliteit brandweerdienste, is Dinsdag 28 Junie uitgeroep waar ‘n klein groepie kinders en volwassenes rondgestaan het nadat ‘n paar bande aan die brand gesteek is. Die brand is gou geblus voordat die groepie vreedsaam uitmekaar is. Gerugte doen die rondte dat inwoners ontevrede is met dienslewering op die dorp, maar niks kon bevestig word nie. Dié voorval is naby die plek waar vier mans Saterdagaand in die aangrensende informele nedersetting op kort afstand koelbloedig doodgeskiet is.
FOTO: Anrie van der Walt