1 minute read

WH H e r a l d

4-Da4-Da 4-Dagwgw gwgw g weereer eereer vv vooroor ooroor oor uitsiguitsig uitsiguitsig uitsig

Advertisement

DIE Wolseley SAPD het die naweek op ‘n plaaslike dwelmsmous toegeslaan en byna 25 000 mandrax pille met ‘n beraamde straatwaarde van meer as R1.4 miljoen gekonfiskeer.

Dit is dié polisiestasie se grootste dwelmvonds en het deel gevorm van die SAPD se taktiese intelligensie-gedrewe operasie.

Vrydag 18 Maart het Wolseley SAPD lede toegeslaan op drie persele in Madanistraat, Pine Valley. Daar is beslag gelê op 25 plastiek sakke met nagenoeg 24 700 mandrax pille in.

Nicolette Samuels (46) wat op die perseel was ten tye van die klopjag, is gearresteer. Samuels is na bewering in ‘n verhouding met ‘n buitelander en het Maandag 20 Maart vlugtig in die Tulbagh landdroshof verskyn op klagtes van handel in dwelms of alternatiewe klagtes van die die besit van dwelms en/of die gebruik van dwelms verskyn.

Sy bly in aanhouding tot haar volgende hofverskyning. Die saak is tot Donderdag 23 Maart vir ‘n borgaansoek uitgestel.

Ander optredes

Die polisie het al paar keer klopjagte op die dorp uitgevoer en buitelanders vir die besit van dwelms aangekeer.

DIE Wolseley SAPD het verlede Saterdag op ‘n plaaslike dwelmsmous toegeslaan en byna 25 000 mandrax pille met ‘n beraamde straatwaarde van meer as R1.4 miljoen gekonfiskeer. Dit is dié polisiestasie se grootste dwelmvonds. VLNR: Kst. R. Lintnaar, kst. Pieters, kapt. D.C. Farao (stasiebevelvoerder), sers. J. Petshwa, sers. Sass en sers. Randall van Rooyen.

This article is from: