1 minute read

Geen protesoptrede

PLAASLIK het daar absoluut niks van die beoogde #Shutdown nasionale protesoptrede van die EFF gekom nie. Geen optog of intimidasie het hier plaasgevind nie en besigheid het normaal verloop. Nagenoeg 85% van Ceres se besighede was Maandag oop voor Dinsdag se vakansiedag (Menseregtedag). In die industrieële gebied was nagenoeg 50% van die ondernemings oop. *Die Witzenberg munisipaliteit en plaaslike sakelui is dankbaar dat geen protesoptrede plaasgevind het nie en dat daar geen skade aan infrastruktuur aangerig is nie. Sakelui gaan reeds gebuk onder ‘n verslegtende ekonomie, die CV-19 impak, beurtkrag en die impak van buitelandse sakelui wat nie enige belasting hoef te betaal nie.

Vriendelike EWP-werkers kry 'n koeldrank

Advertisement

CERES en omliggende dorpe maak al jare gebruik van EWP kontrakwerkers om die dorpe skoon te hou. Die groep EWP werkers help personeel om probleem areas in die dorpe skoon te maak, in woonbuurtes om papiere en plastiek langs riviere op te tel en ekstra blare in die somer op te tel en in sakke te sit. Naas van der Merwe van Môrester landgoed

This article is from: