Witzenberg Herald Vol.24 no.41 (Online Weergawe)

Page 1

WH Her ald

COOL TECH COOLTECH

Witzenberg

Volume 24 no. 41

R7.50

Friday, October 22, 2021

Since 1997

Michael Smit 082-265-6828 cooltech@lando.co.za

REFRIGERATION • AIR CONDITIONING

4-Da g w eer voor uitsig 4-Dag weer eerv ooruitsig Donderdag 21 Oktober

Vrydag 22 Oktober

Saterdag 23 Oktober

Sondag 24 Oktober

7° 19°

6° 18°

5° 23°

12° 28°

Ceres

Ceres Koekedouw dam

99,4%

• Seed loafs • Ciabatta • Baguette • Sourdough • Rye • Pizza Bases • Panini • Speciality brode en vele meer ☎ 060-911-9535, Voortrekkerstraat, Ceres (Oorkant Witzenberg Munisipaliteit)

Lesing: 2021/10/20

Telephone: (023) 316-2021

Fax: 086-211-5774

Editor: 082-468-2649

nuus@witzenbergherald.com

www.witzenbergherald.co.za

Polisielid twee keer vir dronkbestuur gevang

Bestuurder ernstig beseer na bakkie rol

‘n POLISIELID wat onlangs van Bloemfontein na Ceres oorgeplaas is, is in Septembermaand twee keer vir dronkbestuur en roekelose en/of nalatige bestuur gearresteer. Die eerste voorval het op 11 September in Voortrekkerstraat, Ceres plaasgevind. Die bestuurder van ‘n KIA Picanto het omstreeks 19:50 ‘n U-draai in die hoofstraat gemaak waarna ‘n plaaslike verkeersman hom afgetrek het. Bloedmonsters is geneem en is hy gewaarsku om op 1 September 2022 in Ceres landdroshof te verskyn.

DIE bestuurder van die Ford Bantam bakkie is ernstig beseer nadat hy beheer verloor en die bakkie gerol het. Die ongeluk het Sondag 17 Oktober omstreeks 13:00 naby buite Tulbagh plaasgevind. EMS personeel het die bestuurder met ‘n hoofbesering na die hospitaal geneem. ‘n Manlike passasier het sy rug beseer.

Op 24 September is dié polisielid weer vir dronkbestuur vasgetrek nadat hy omstreeks 08:55 roekeloos bestuur het. Die polisieman was saam met twee vroue passasiers in Voortrekkerstraat, P.A. Hamlet onderweg in ‘n KIA Picanto toe hy deur Ceres verkeerslui afgetrek is. Hy het egter weggejaag tot by die polisieslaapkwartiere langs speurderskantore waar hy bly. Bloedmonsters Bloedmonsters is weer geneem en is hy gewaarsku om op 8 April 2022 in Ceres landdroshof te verskyn. ‘n Dissiplinêre proses is ook reeds van stapel gestuur.

Sakeman in hand gewond ‘n SAKEMAN van Ceres is gewond nadat onbekende mans op hom geskiet het.

Ceres polisie het die week bevestig dat daar Vrydagaand 15 Oktober verskeie skote op Jose Pestana (60), eienaar van JP Potatoes, geskiet is. Hy het Vrydagaand sy besigheid gesluit en was op pad huistoe, toe hy omstreeks 19:56 in sy hand gewond is. Hy het in sy Toyota bakkie buite sy huis ge-

wag dat hul veiligheidshek moet oopgaan. Twee voertuie het agter hom gestop waarna verskeie skote op hom geskiet is. Net een skoot het hom getref. Die verdagtes het daarna op die vlug geslaan. Die polisie het kort na die voorval hul ondersoek geloods en talle leidrade word opgevolg. Inligting Indien daar ooggetuies is met inligting, kan hulle die ondersoekbeampte, s/sers. Hamilton skakel by (023) 316-8500.

DIE ABSA Cape Epic vind van 17-24 Oktober plaas. Die internasionale fietsrybyeenkoms se eerste skof het Maandag rondom Ceres plaasgevind. Die tweede skof het Dinsdag 19 Oktober op Ceres weggespring via Gydopas na Saronsberg. *Berig op bladsy 12. FOTO: Trevor Felix.

Snowflake 2.5kg

22 99

☎ (023) 312-2125 CERES Voortrekkerstr. 91 2L Jive 99

10

Stayfree Maxi pads 99 10’s

9

White Star 10kg 99

79

D’lite Tub Spread 1kg

1,5kg Rainbow 00

56

2699

Fusion 1L 99

7

Clere Body Lotion 99 200g

12

Pryse en produkte geldig 21 Oktober - 11 November 2021 Ons behou die reg om hoeveelhede te beperk. Terwyl voorraad hou! Geen kleinhandelaars! Capitec OTM in winkel. SASSA-kaarte welkom.


2

WITZENBERG HERALD

Friday, October 22, 2021

Kleuterskool word opgeknap SANTA Shoebox se Legacy Fund het onlangs na die Fairfield kleuterskool buite Ceres uitgereik en hulle gebou heeltemal oor-gedoen en beveilig, onderwysers is deur Leer en Leef opgelei om met opvoedkundige programme te werk en werkswinkels word

gereeld aangebied. Meer as 20 families woon tans op die plaas. Kinders kan nou in ‘n veilige omgewing leer en speel terwyl hulle ouers op die plaas werk. Daar word na 14 kleuters omgesien asook 17 kinders wat die nasorg-fasiliteit gebruik. Santa Shoebox het die projek saam met rolspelers op Fairfield plaas aangepak. Boodskap Magdél van Leer & Leef het gesê die gemeenskap moet sulke projekte omarm. “Mag julle almal soos een span saamwerk en mekaar ondersteun! Mag jul saam probleme oplos en bou aan die kinders se toekoms. Dit was vir Leer & Leef ‘n voorreg om saam planne te kon maak, drome te droom en te sien hoe alles ontwikkel en gebeur”. Die Santa Shoebox projek is al 16 jaar aan die gang en elke jaar raak hulle by ‘n verskeidenheid projekte in die land betrokke.

CERES SENIOR SEKONDÊRE SKOOL

Die personeel en skoolbeheerliggaam wil al sy matrikulante sterkte en voorspoed toewens met die 2021 eindeksamen.  (023) 312-2460 ceressec@mweb.co.za

A special message to our 2021 Matriculants On behalf of the Council of Witzenberg Municipality, I would like to take this opportunity as the Executive Mayor, to wish all our matriculants all of the best. May God bless you with grace and wisdom. Our prayers and thoughts are with you. Namens die Raad en die gemeenskap van Witzenberg, wil ek, as Burgemeester alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamens. Mag God u seën met wysheid en insig. Ons dra u op in gebed. Nje ngoSodolophu waseWitzenberg, Ndikwamele noMasipala waseWitzenberg. Ndithabatha elithuba, ndininqwenelela impumelelo kwimviwo zenu zamagqibela kankqoyi zebanga leshumi. Yanga uQamata anganiphahla xanibhala amaphepha enu okugqibela. Nakuhlala nisemithandazweni yethu.

Barnito Klaasen

Uitvoerende Burgemeester Executive Mayor USodolophu oLawulayo

LAERSKOOL KOUE BOKKEVELD ☎ (023) 317-0611 Faks: (023) 317-0123 Protealaan 1 Koue Bokkeveld, Op-Die-Berg

Namens die hele skoolfamilie van Laerskool Koue Bokkeveld, wil ons alle matrikulante sterkte toewens vir die komende eksamens. Mag God julle seën met wysheid en insig. Ons dra julle op in gebed.

CHARLIE HOFMEYR Alle voorspoed aan al die matrikulante met die 2021 eindeksamen!

Belangrikste eksamen DIE nasionale munisipale verkiesing vind oor minder as twee weke plaas op Maandag 1 November 2021. Matriekeindeksamen Die matriekeindeksamen is weens die verkiesing op 1 November, ook aangepas. Die eksamen sal nou op Woensdag 27 Oktober begin met 207 vraestelle wat oor ‘n periode van vyf weke geskryf gaan word. Die departement van basiese onderwys het onlangs bevestig dat Engels en Besigheidstudies na 27 en 28 Oktober verskuif is. Stemgeregtigde leerders kan Maandag 1 November gaan stem. Sterkte Die 2021 matrieks in die Witzenbergstreek word alle voorspoed toegewens vir die belangrikste eksamen van hul skoolloopbaan. Soos die matrieks voor julle, was 2021 ook ‘n uitdagende jaar vir matrieks. Bly positief en maak die beste van julle eksamen.

Laerskool FD Conradie P.A. Hamlet Voorspoed aan al die oud-leerders van F.D. Conradie asook alle Witzenberg matrikulante met die komende eksamen. Ons wens julle alle sukses toe. ☎ (023) 313-3407 Faks: (023) 313-3054 skoolhoof.fdconradie@telkomsa.net

LAERSKOOL GERICKE Ceres

Baie sterkte en voorspoed aan elke matrikulant met die komende eindeksamen.  (023) 312-1110

Die personeel en ouers wens die matrikulante van Bella Vista Hoërskool sterkte en voorspoed toe met die komende eindeksamen. 074-049-7078


WITZENBERG HERALD

3

Friday, October 22, 2021

Inentings gedy danksy toegewyde personeel SAL jy te midde van ‘n derde vlaag van die pandemie jou langverlof onderbreek ter wille van jou gemeenskap? Lameez van Wyk sê omdat sy haar eed as verpleegkundige ernstig opneem, het sy onlangs op ‘n Saterdag tydens haar verloftyd, haar uniform aangetrek en aangemeld vir diens. “Ek is toegewyd aan ons doel om soveel as moontlik mense in te ent teen COVID-19,” sê sr. Lameez. Sy het tot kort voor die uitrol van die inentingsprogram by Op-die-Berg kliniek gewerk, maar help tans die span uit wat uitreike doen na verskillende gemeenskappe soms tot twee ure vêr. By ‘n Saterdag-inentingsgeleentheid op Ceres was sy voor in die koor, nie net om mense in te ent nie, maar ook om mense in die omgewing aan te moedig om te kom. Dit sit haar nie af as die opkoms vir inentings nie so goed is as waarop personeel voorbereid is nie, want sy weet elke inenting beteken ‘n verskil in nog ‘n persoon se weerstand teen die virus. Gesondheidswerkers in die Witzenbergstreek het teen 15 Oktober uitgereik na 136 plase en pakhuise in die omgewing en op hierdie manier inentings moontlik gemaak vir net minder as 20 000 mense. ‘n Hoogtepunt tydens die inentingsveldtog was toe sy haar 87-jarige ma kon inent teen COVID-19. Haar ma het hul uitgebreide familie gemotiveer om ook ingeënt te word en twee dae later is hul hele familie en ook van hul vriende ingeënt. Sy erken dat die beplanning, vêr ente se ry en inentings uitputtend kan wees, maar die ondersteuning van haar gesin en kollegas, versterk haar. “My man, ma en seun maak ‘n punt daarvan dat ek in my afdae net rus en ontspan. Soms is dit bietjie moeilik, want mense ken my en

vra my graag uit oor die inenting,” sê sy. Ek is ook dankbaar teenoor sr. Madelein Bauer en mnr. Lulamile Wawini vir die vertroue wat hulle in my stel en die potensiaal wat hulle in my sien, want soms voel dit nie asof mense raaksien wat ons as gesondheidswerkers doen nie.” Witzenberg statistieke Statistieke wys dat Ceres die meeste positiewe gevalle aangemeld het nl: 1778 gevolg deur Bella Vista met 1221, Wolseley met 1028, P.A. Hamlet met 991, Tulbagh met 973, Nduli met 544 en Koue Bokkeveld plase met 652. By die drie korrektiewe dienste-sentrums in die streek, is daar sedert die pandemie begin het, nog net 89 gevalle aangemeld. Teen Dinsdag 19 Oktober het die aktiewe positiewe gevalle in die Witzenbergstreek van 9 na 17 gestyg. Daar is 7861 positiewe gevalle in die Witzenbergstreek aangemeld en hiervan het 7495 herstel. Drie honderd nege en veertig (349) mense het sedert 1 Maart 2020 gesterf. Ceres se getal sterftes sover is 74 gevolg deur Wolseley met 56, Bella Vista met 52, Tulbagh met 43, P.A. Hamlet met 39 en Nduli met 30. Positiewe gevalle het die afgelope week weer begin styg. Die afgelope week het 9 mense aan CV-19 gesterf waarvan twee in Bella Vista en twee op Ceres was. Die sterftes in die Wes-Kaap staan nou op 20 054 (18 Oktober). Daar is al 522 125 positiewe gevalle aangemeld en 499 209 het al herstel. In Suid-Afrika het meer as 2.80 miljoen mense al herstel. Ongelukkig het meer as 88 619 mense weens die virus gesterf. Die land se herstelkoers is tans 96,2 %. Ander statistieke sluit in: die positiewekoers is tans 1,39% en Wes-Kaap het die tweede meeste inentings in die land.

Inentings Die 400 000-kerf is oorgesteek! Teen Maandag 18 Oktober het 423 133 mense in die Kaapse Wynland inentings gekry om hulle teen ernstige siekte weens COVID-19 te beskerm. Van Woensdag 20 Oktober af kan kinders van 12 jaar en ouer ook gaan vir COVID-19 inenting. Kinders tussen 12 en 17 jaar hoef slegs een dosis van die Pfizer-entstof te kry, terwyl mense van 18 en ouer twee dosisse van dié entstof moet kry. Terwyl die somervakansie en meer geleenthede vir sosialisering nader kom, vra die gesondheids departement dat veral mense van 50 jaar en ouer so gou as moontlik gaan vir inenting. Mense in hierdie ouderdomsgroep het ‘n verhoogde risiko om ernstig siek te word van COVID-19. Ceres provinsiale hospitaal Gedurende die derde vlaag van die CV-19 pandemie moes die Wes-Kaap gesondheids departement noodgedwonge maatreëls aanpas om pasiënte en personeel veilig te hou en is alle nie-noodsaaklike operasies by Ceres provinsiale hospitaal onbepaald uitgestel. In lyn met die nuwe aangepaste vlak 1 inperkings, is daar die afgelope week besluit om hospitaalbesoeke in die Wes-Kaap aan te pas onder streng veiligheidsmaatreëls. Hospitale moet steeds waak teen te veel mense en moet ten alle tye veiligheidsprotokolle handhaaf. Die veiligheid van pasiënte en personeel is baie belangrik. Hier is slegs ‘n paar van die nuwe aanpassings: ● Buite pasiënte wat sukkel om oor die weg te kom, gestremd is of verswak is, kan deur iemand vergesel word. ● Pasiënte in die hospitaal mag vir 30 minute besoek word. Elke afdeling het ‘n 60 minute

tydgleuf. Skakel met die hospitaal wanneer dit besoektyd is. ● Terminaalsiek pasiënte mag besoek word en een familielid kan een keer per dag vir 30 minute besoek aflê. ● Ma’s kan by kinders bly of hulle gereeld besoek ● COVID-19 pasiënte mag steeds nie besoek word nie. Families sal op hoogte gehou word van pasiënte se vordering.

SUSTER Lameez van Wyk is een van talle gesondheidswerkers wat bedank word vir hul volgehoue toewyding.

Kiesers gaan op 1 November na stembus DIE nasionale munisipale verkiesing vind oor minder as 10 dae plaas. Maandag 1 November is ook ‘n vakansiedag verklaar om almal die geleentheid te gee om te gaan stem. Statistieke 320 politieke partye gaan vanjaar landswyd aan die munisipale verkiesing deelneem. Meer as 26.2 miljoen landsburgers is vir die verkiesing geregistreer. Hiervan is 55% vroue en 45% mans. Daar is 23 151 stempunte in die land. In die 2016 munisipale verkiesing was 26.33 miljoen mense as kiesers geregistreer met net 15.29 miljoen (58%) wat gaan stem het. Die ANC het toe nasionaal 53.91% stemme verwerf met die DA met 26.9% en die EFF met 8.19% wat die meeste stemme verwerf het. In die Wes-Kaap het die DA 63.33% van die stemme gewerf gevolg deur die ANC met 26.22% en die EFF met 2.81%. Daar was 3.06 miljoen kiesers geregistreer met 1.94 miljoen (63%) wat gaan stem het. In die Witzenberg munisipalegebied is slegs 47 098 inwoners (ongeveer 41%) geregistreer om te gaan stem!

Hiervan is 24750 vroue met die meeste tussen 40 en 49 jaar oud (6028). Daar is 22348 mans geregistreer met die meeste (6019) in die 40-49 jaar groep. Daar is slegs 260 tussen die ouderdom 18 en 19 geregistreer. Daar is 12 wyke met 44 stempunte. Laaste amptelike statistieke vir Witzenbergstreek (2011) soos ontvang van die OVK: Inwoners - 115,946. Tussen 0-14 jaar 25,4%, werkend tussen 15-64 jaar - 70,4% en ouer as 65+ slegs 4,2%. Die groeikoers was 2,64% (2001-2011) met ‘n werkloosheidsyfer van 7,6%. Dit behoort baie hoër te wees na die impak van CV-19 bygewerk word. Die werkloosheid onder die jeug is 9,9%. Persone 20 jaar en ouer met laerskool opleiding - 6,6%, diegene 20+ met hoërskool opvoeding - 5,8% en die met matriek 18,2%. Daar is 27,419 huishoudings in die munisipalegebied en 3,189 landbou huishoudings. In 28,9% is vroue die hoof van die huis. ‘n Beroep word weer op politieke partye gedoen om ondersteuners en kiesers te herinner om steeds by CV-19 maatreëls te hou.

DIE bestuurder van die vragmotor het Vrydag omstreeks 15:30 sy vrag verloor nadat hy beheer oor die vragmotor en sleepwa verloor het in Michellspas. Die ongeluk het by die treinspoor bokant Tolhuis gebeur. Die bestuurder het blykbaar sy skouer en rug beseer en is op die toneel deur Ceres EMS personeel behandel.* Die ongeluk is nie by Ceres SAPD aangemeld nie.


4

WITZENBERG HERALD

SATURDAY 16 October, the Western Cape joined the rest of the world in commemorating World Food Day. In the lead up to World Food Day 2021, the Western Cape Department of Agriculture (WCDoA) recently hosted an event in the Witzenberg Municipality. The occasion provided the Department and its partners with the opportunity to support the local community, household and school food security projects. This year, 179 households and 12 diverse community projects (including clinics, schools and nursing homes) within the Witzenberg Municipality benefitted directly from the day’s events. In addition, a local school gardening competition aimed at stimulating agriculture literacy at an early age was also held. With the support of sponsors and the generosity of the staff members, the WCDoA managed to mobilise donations towards a Food Mountain that was donated to five local NGOs/NPOs in the Witzenberg area. Seen here are Barnito Klaassen (mayor), Julian Williams, Minister Ivan Meyer and Dr Mogale Sebopetsa.

Friday, October 22, 2021

NA meer as 50 jaar het die bekende onderneming in Voortrekkerstraat, Ceres Fisheries Superette & Take-Aways, ‘n gedaantewisseling ondergaan.

SATURDAY 16 October, the Western Cape joined the rest of the world in commemorating World Food Day. In the lead up to World Food Day 2021, the Western Cape Department of Agriculture (WCDoA) recently hosted an event in the Witzenberg Municipality. Minister Meyer assited by Mayor Klaassen, Sister Albertina and Dr Mogale Sebopetsa to plant a tree. SAVEMOR Ceres se personeel.

Patmos brei uit

Bekende Superette nou 'n Savemor winkel NA meer as 50 jaar het die bekende onderneming in Voortrekkerstraat, Ceres Fisheries Superette & Take-Aways, ‘n gedaantewisseling ondergaan. Die superette gedeelte is begin Oktober

CERES FISHERIES (NOU SAVEMOR) baie geluk met jul 50+ jare in besigheid Agter v.l.n.r.: Cecil de Kock, Kallie Steenkamp, Johnny van der Merwe en Wilhelm de Kock Voor v.l.n.r.: Nico Afrika, Ma Anne en Allen Nicholas Afwesig: Clarence Uren, Lofty Baadjies, Linda Baadjies en Cordre Smith

Die Patmosbestuur/werkers wil graag van die geleentheid gebruik maak om al sy ledeplase te bedank vir volgehoue finansiële ondersteuning tydens ‘n baie moeilike Covid19 tydperk. Sonder julle bydraes sou Patmos nie kon aangaan met sy werksaamhede nie. Patmos moes ook noodgedwonge herstruktureer nadat 25 plase, ‘n kelder en ‘n grondverskuiwingsbesigheid van Slanghoek by ons aangesluit het. Die plase wat Patmos huidiglik bedien het gegroei tot 140 plase, 2 fabrieke, ‘n pakstoor en ‘n grondverskuiwingsbesigheid. Dit verteenwoordig ‘n sieletal van ±36 000 mense. Areas waar Patmos huidig werk is Ceres, P.A. Hamlet, Warm Bokkeveld, Koue Bokkeveld, agter Witzenberg, Wolseley, Breërivier, Slanghoek, die Sandveld, vanaf Elandsbaai tot in die Boesmanland, Tankwa vanaf Calvinia tot by Sutherland. Patmos is ook werksaam by 5 skole in die Noord-Kaap en Boesmanland.

Ons is saam met julle trots en dankbaar vir ‘n mooi besigheidsverhouding. Ons sien uit na nog baie groot suksesse vir die toekoms.

Altus, Gerrit & personeel

☎ (023) 312-3152

Patmos het 9 voltydse werkers in diens wat help met geestelike opvoeding, ondersteuning en die oplos van maatskaplike probleme. Die volgende persone is tans in ons diens: Allan, Johny, Cecil, Kallie, Clarence, Nico, Lofty, Linda en Anne wat betrokke is by die Xhosa sprekendes. Al die werkers ontvang elke kwartaal opleiding by die Universiteit van Stellenbosch en is opgeleide traumaberaders.

Suppliers of quality meat products to the Restaurant Trade

Patmos het ook die volgende programme ontwikkel en behaal groot sukses daarmee: • Herstel van Goddelike waardes • 5 Punt plan teen dwelmmisbruik • Geslagsgeweld teen vroue en kinders • Gesonde familiestruktuur • Toegerus vir volgende week

We wish the team of

Patmos bied ook die volgende dienste aan: Kerkdienste, bidure, Bybelskole, huisbesoek, siekebesoeke, kampe, uitreike. Patmos het 17/10/21 ‘n kerkdiens by die Tankwapadstal gehou en 260 mense het dit bygewoon. Dalene Vermeulen was die prediker. Vir meer inligting skakel ons by: Wilhelm de Kock 072-245-3889 of Cordre Smith 082-809-2935

Happy 50+ anniversary

CERES FISHERIES (NOW SAVEMOR) all the best for the future.

It is our pleasure being associated with your company.

omgeskakel in ‘n Savemor winkel wat deel van die Spar groep konsessiewinkels is. Die ander helfte van die winkel bly steeds Ceres Fisheries wat vir meer as 50 jaar heerlike vars vis en skyfies en ander wegneemetes verkoop. Besoek gerus die winkel vir goeie pryse en ander Savemor produkte. Geskiedenis Ceres Fisheries, Superette & Take-Aways het op 1 Julie 1969, ‘n paar maande voor Suid-Afrika se grootste aardbewing, in die De Wet gebou in Voortekkerstraat begin. Die besigheid was destyds maar klein en skaars ‘n kwart van wat dit nou is. Oor die jare het die besigheid baie uitgebrei na ‘n supermarkwinkel van 350 vierkante meter. Humberto Cardoso (mede-eienaar) het saam met sy oorlede broer, Tolentino (Tollie), die winkel bedryf. Vandag is Humberto saam met sy seun, Humberto jr, die eienaars. In 1969 het Humberto sr. met ses personeellede begin. Nou 52 jaar later is daar 22 permanente en 8 tydelike personeellede. Die Cardoso’s het oor die halfeeu hul merk in die gemeenskap gemaak. Humberto sr. is al vir meer as 40 jaar lid van die Ceres Lions. Bedanking Humberto sr. en Humberto jr. Cardoso is die eienaars van die winkel en bedank elke kliënt wat hulle oor meer as ‘n halfeeu ondersteun het. Dankie ook aan die personeel vir hul diens aan die onderneming oor die jare.

MAMA RôSA’S BAKERY CERES FISHERIES (NOU SAVEMOR) Baie geluk met jul 50+ jare in besigheid

Ons wens julle alles wat mooi is vir die toekoms en mag jul besigheid van krag tot krag gaan.

 (023) 316-1516


WITZENBERG HERALD

Friday, October 22, 2021

5


6

WITZENBERG HERALD

Friday, October 22, 2021


WITZENBERG HERALD

Friday, October 22, 2021

7


8

WITZENBERG HERALD

Friday, October 22, 2021

Ceres speurder in hof ‘n SPEURDER van Ceres het verlede week weer in die landdroshof op die dorp verskyn op klagtes van versekeringsbedrog en meineed. Behalwe dié twee klagtes ondersoek die P.A. Hamlet polisie ook ‘n klag van roekelose en/of nalatige bestuur nadat hy daar met sy motor teen ‘n stilstaande plaasbakkie van Wolseley in die Kliprug woonbuurt gebots het. Die voorval het op 19 September 2020 plaasgevind. Sers. Enrich van der Merwe (40) het weggery en by die polisie se slaapkwartiere op P.A. Hamlet gestop. Iemand in Kliprug het hom egter herken en hy is later opgespoor en aangekla. Inbraak Van der Merwe het ‘n diefstalsaak gemaak waar huishoudelike toerusting by hom gesteel is. Tussen die beweerde inbraak en Februarie 2021 was daar blykbaar ‘n familietwis waarna ‘n saak by die polisie aangemeld is dat die huishoudelike goedere nie gesteel is nie. Die Ceres polisie het ‘n lasbrief bekom waarna die huis deursoek en die beweerde goedere in die huis gevind is. Die versekeringsmaatskappy is ook van die polisie-ondersoek in kennis gestel. Die dossier is aan die senior staatsaanklaer in Worcester voorgelê wat besluit het daar kan voortgegaan word en Van der Merwe is toe formeel aangekla. Hy het Donderdag 14 Oktober in die Ceres landdroshof verskyn. Die saak is vir konsultasie met sy prokureur uitgestel tot 3 November.

Drie skrywers gekies om hul skryfkuns te verbeter DRIE skrywers van die Witzenberg streek het onlangs ‘n skrywerswerkswinkel op Bergland buite Worcester bygewoon. Die werkswinkel is aangebied deur Elias P. Nel. Die drie skrywers Neville Pedro (36), Nettie Hanse (62) en Corné Lottering (19), is deel van ‘n groep van 10 skrywers uit meer as 140 wat gekies is om te slyp aan hul skryfkuns. Die groep is opgewonde oor die toekoms en is groot dank verskuldig aan Elias P. Nel die Trust vir Afrikaanse kuns, kultuur en erfenis. “Ons wil kuns in al sy vorme laat voortleef. Ons hoofdoel met die herlewing van kuns is om die jeug betrokke te kry om op die manier te poog om die verval in ons gemeenskappe teen te werk.Sterk ontwikkeling is die positiewe vooruitgang in ons landelike gebiede.Ons doen ‘n beroep op regeringsinstansies, plaaslike sakelui en individue wat die welstand van al Witzenberg se inwoners op die hart dra, om ons in hierdie poging te ondersteun”. Om hulp te verleen aan die skrywers, kan belangstellendes vir Neville skakel by 063-860-4403 of ‘n epos stuur na nevped32@ gmail.com

Stacey-Leigh Lintnaar, oudleerling van Charlie Hofmeyr het haar Meestersgraad in Medisyne en Psigiatrie aan die Universiteit van Witwatersrand ontvang. Saam op die foto is haar ouers Steven en Audrey en neef Safin Williams.


WITZENBERG HERALD

Friday, October 22, 2021

MARTHIE Hauptfleisch (90), ‘n jarelange inwoner van Tulbagh, is Saterdag 16 Oktober oorlede. Sy was veral bekend vir haar betrokkenheid by sending en volwasse opvoeding vir plaasvrouens. Sy het ook ‘n groot hart gehad vir Yonder in Kimberley en was baie bemind in die gemeenskap. Marthie was ook ‘n stigterslid van die Tuisnywerheid op die dorp waar haar mense se produkte verkoop is. Na haar man, André, se dood in 2018, het sy na Huis Disa verhuis waar sy tot haar afsterwe gewoon het. Sy word oorleef deur Daniël, Phillippie, Charl, Christine, Antoinette, Aneretha en kleinkinders. ‘n Gedenkdiens word Sondag 24 Oktober om 15:00 op Vrolikheid buite Tulbagh gehou.

1985 matrikulante hou jare later hul afskeid Oud-matrieks sê dankie DIE 1985 matrikulante van Fred Gaum Senior Sekondêre skool wil elke donateur bedank. Eerstens ons Hemelse Vader wat dit beskik het vir ‘n pragtige, sonskyn naweek, elkeen wat opgedaag het en families se gespot oor “Wat, ’n matriekafskeid?” verduur het. Dié groep het onder moeilike omstandighede - selfs met polisiebeskerming - daardie jaar eindeksamen geskryf. Van ons matrieks het bo almal se verwagting uitgestyg en is vandag onderwysers, dokters, bewaarders en geestelike leiers en vele meer. Ons wedervaringe word deur ons plaaslike museum vasgevang en ons sê baie dankie vir Bertdene Laubcher vir haar bydrae. Dankie ook aan Ceres Pick n Pay, Jumbo Liquors, Lesvos Fisheries, Dirk Swart, Rocky River Spur, De Wet vrugte, Pepsico, Bella Vista slaghuis, Petersen Catering, Lazer Creations, Raymond Petersen, Trevor Abrahams, Raymond Koopstad, Francois van Wolseley, A.J. Renovations, Duke van Schalkwyk, Gaby Kalmeyer, Sindiwe en Simphiwe asook WRFM radiostasie. Dankie ook aan ons musiekskool wat Sondag se geestelike afsluiting van ons herdenkingsdiens waargeneem het vir die klasmaats wat reeds oorlede is. Aan die komiteelede: Julle is tops wat so hard agter die skerms gewerk het, om hierdie funksie ‘n suksesvolle herinnering te maak. Baie dankie vir elkeen, Wilrozette Strauss baie dankie vir die skoolperseel wat ons kon gebruik het. God seën onse skool.

Charmaine van Rensburg gedenkdiens Vrydag 22 Oktober 2021 Ceresvallei Kerk om 10:00

Charmaine (links)en Lizelle van Rensburg is die dogters van wyle Junior en Patsy van Rensburg. Die 2 susters het ongeveer 18 jaar alleen in hul huis in Faurestraat gewoon, totdat hul 2 jaar gelede na Môredou verhuis het. Charmaine, die oudste van die susters het vir die grootste deel van haar lewe gesondheidsprobleme ervaar en is hoofsaaklik deur haar suster Lizelle versorg. Charmaine het haar stryd moedig gestry en was voorbeeld vir baie. Charmaine is verlede Donderdag skielik in die ouderdom van 44 jaar oorlede.

9


10

WITZENBERG HERALD

classifieds Skakel Karin ☎ (023) 316-2021 info@witzenbergherald.com 066-316-3003 (Slegs Whatsapp)

TE KOOP Skootrekenaar

R3 000 ohb (onderhandelbaar)

CANON drukker

R500 (onderhandelbaar)

Skakel 082-721-4043 Bondels koerante @ R20 per bondel. Skakel (023) 316-2021 w.t.o.

Boland Roll on Lawn Verskaffing, aflewering en pak van AANROLGRAS “ROLL ON LAWN”

Skakel

082-859-2300

Wat sê die reg? Wat word van my bates by gebrek aan ‘n geldige testament?

WARE VERHAAL

(Glo dit)!! My naam is Hazel, ek is 42 jaar oud, van Piketberg. Ek dank “Mama” Sherry wat my lewe verander het van hel deur vir my en my gesin te seën deur geluk te bring. Nou het ek my eie huis, groot besigheid en my eie duur motor. So asseblief, alle mense met lewensprobleme, skakel “Mama” Sherry met jou probleme. Sy kan help met finansiële probleme, en liefdesprobleme. Sien resultate binne 3 dae. Skakel gerus vir “Mama” Sherry. Sy sal jou help.

073-304-3531

LENOVO AND FRAMES SUPPLY AND INSTALL TAYLOR BLINDS AND SHUTTERS SPECIALISES IN FRAMING ART, CERTIFICATES AND MIRRORS

STEFAN STEYN 083-227-6476 Stem, herstel, verkoop en koop klaviere. Wessel de Beer 060-6192758 of 082-704-3276 w.t.o.

DIANA

is there to help: • Financial assistance • Bring back lost lovers • Court and divorce cases • Pay after job is done

Mama Jaliah

• Men problems • Lost lover • Money in account • Protection • Financial problems • Court cases Whatsapp/Call

073-280-8373

HEALER JULIUS • Money in account • Magic wallet/ring • Lucky oil • Clean home/

business • Promotion at work • Relationship/ pregnancy • Jealousy/ bad luck • Drug addiction • Claim pension/Uif

PLANT AND TOOL HIRE

Herbal Healer

CENTRAL CERES MOTORS

Service Center & Panelbeating

• Panelbeating •Servicing •Auto Electrical •Aircon regassing

Voortrekker St., Ceres ☎ (023) 312-1254 ☎ (023) 312-1274

TRADITIONAL & SPIRITU AL SPIRITUAL

Here for all your problems. Big or strong - she will make it dissapear. Find Mama 24/7 in Ceres

For free consultation call: 073-016-4088

Hulle sê daar is twee dinge in die lewe wat seker is, naamlik “death and taxes”. Ons gaan almal te sterwe kom en ons weet nie presies wanneer dit gaan gebeur nie. As ‘n persoon nie ‘n testament opstel nie, doen hy/sy afstand van die geleentheid om self aanwysings te gee oor hoe naasbestaandes met sy/haar boedel moet handel na sy/haar afsterwe. ‘n Testament verhinder dat daar onduidelikheid is of twis ontstaan oor ‘n persoon se laaste wense en dit kan ook duur litigasie voorkom. Dis ‘n mite dat die staat ‘n persoon se boedel sal oorneem indien hy/sy sonder ‘n testament sterf, maar dit kan wel gebeur indien geen bloedverwante ‘n persoon oorleef nie. Indien iemand te sterwe kom sonder ‘n testament of indien die testament wat wel opgestel is, ongeldig verklaar word, sal jou boedel verdeel word volgens die voorskrifte vervat in die Wet op Intestate Erfopvolging.

In ‘n neutedop bepaal die reëls van intestate erfopvolging ondermeer die volgende:

1. Indien die oorledene getroud is en nie kinders het nie, sal sy/haar gade alles erf. 2. Indien die oorledene nie getroud is nie en kinders agterlaat, sal sy/haar kinders in gelyke dele erf. 3. Indien die oorledene getroud is en kinders agterlaat, sal die oorledene se gade die grootste van ‘n kindsdeel of R250 000 erf en sal sy/haar kinders die balans in gelyke dele erf. 4. Indien die oorledene nie ‘n gade, kinders of kleinkinders agterlaat nie, sal sy/haar ouers en/of broers/susters erfgename raak in ‘n sekere verhouding. 5. Die oorledene se saamleefmaat sal nie geregtig wees om te erf nie. 6. Daar word nie erkenning gegee aan tradisionele/inheemse reg/gebruike nie. 7. Daar word nie ‘n onderskeid getref tussen kinders wat binne of buite die huwelik gebore is nie en almal erf gelyk. Indien ‘n persoon sy huis aan ‘n gade of ‘n motor en kontantbedrag aan sy kind wil nalaat om verblyfsekerheid aan sy gade te gee en om voorseining te maak vir sy kind wat studeer, sal die verdeling nie so eenvoudig wees nie, tensy daar natuurlik ‘n geldige testament bestaan wat die bates spesifiek bemaak soos wat die oorledene se bedoeling was. EKSEKUTEUR: Die Testateur/Testatrise mag self besluit wie die eksekuteur moet wees en stel hom/haar in ‘n testament aan. Die eksekuteur is die persoon wat die oorldene se boedel na sy/haar dood administreer en toesien dat die bates in terme van die testament verdeel word. Sonder ‘n geldige testament moet alle moontlike intestate erfgename ooreenkom wie as die ekekuteur aangestel moet word. Onthou ook om jou testament gereeld op datum te bring sodat dit vir veranderende omstandighede voorsiening maak. Byvoorbeeld, indien u na drie maande vanaf u egskeiding te sterwe sou kom sonder dat u testament opdateer is, sal dit geag word dat dit u wens was dat u eksman of eksvrou steeds erf, indien u testament dit steeds so bepaal. Dit is dus voor die hand liggend - maak seker u ontvang die regte raad en hulp om so gou moontlik ‘n gepaste en geldige testament op te stel sodat u besluite en wense aangaande u bates, na u dood uitgevoer word. * Die regsartikel is voorsien en opgestel deur Joubert Van Vuuren prokureurs op Ceres. Dit is ‘n hulpmiddel vir lesers en inwoners oor talle regsonderwerpe. Hulle nommer is(023) 312-3152.

WINKELASSISTENT KASSIER ALGEMENE WERK Vereistes: • Skoonmaak • hulp aan die bakker • goeie kliënteverhoudings • goeie kommunikasievaardighede • ondervinding in retail. Bring asb. u CV met verwysings na: Village Bakery, Ceres 060-911-9535

065-6311-997

073-597-8118

Dr Mama Moses

Friday, October 22, 2021

Mini skip rentals 2m² Waste bin for the removal of all building, garden and general waste.

Christiaan 079-177-2490 ☎ /Fax: (023) 312-1414 c/o Vos- & Faure Street 83

Landswye Meubelvervoer. Gereelde vragte na Gauteng. Deelvragte beskikbaar. Persoonlik betrokke by verhuisings. Verpakking van breekware. Kartonne en verpakkingsmateriaal, veilige stoorruimte, lang- & korttermyn. (023) 347-4092 Faks: (023) 342-8629 of www.trekstoor.co.za Kwotasies (Farrel). rek M44 w.t.o.

☎ (023) 315-5003 ✉ 35 CERES 6835

SEISOENSPOS: VURKHYSERBESTUURDERS

Ons benodig die dienste van vurkhyserbestuurders vir ons aanleg te Skoonvlei. HOOFFUNKSIES: • Hantering van palette/gmh’s binne en buite koelkamers • Laai van palette in tonnelkamers en rakke • Kratte tot 10 hoog stapel in BA kamers • Op en aflaai van palette/gmh’s vrugte vanaf vragmotors • Algemene instandhoudingswerk en skoonmaak werk en ad hoc take DIE IDEALE KANDIDAAT MOET: • ‘n Geldige rybewys van vurkhyserlisensie toon • Ondervinding hê van ry in koelkamers • Verwysings van vorige werke is ‘n vereiste ONS BIED DIE SUKSESVOLLE KANDIDAAT: • Markverwante loon • Gunstige werksomstandighede SLUITINGSDATUM VIR AANSOEKE: 5 November 2021 AANSOEKE KAN GESTUUR WORD AAN: elana@cereskoelkamers.co.za Nodige vorms kan ook by Ceres Koelkamers kantoor te Boerneefstraat, Skoonvlei Nywerheidsgebied ingevul word. VIR ENIGE NAVRAE SKAKEL: (023) 315-5003

Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd, has temporary vacancies in the following positions:

FORKLIFT OPERATORS

Candidates must have the following: • A valid forklift license • Good work record • Healthy work ethic

GENERAL WORKERS

Candidates must have the following: • Grade 12 • Healthy work ethic • Be prepared to perform production work on a shift basis Address your application (indicating the position you applying for) to: The Manager: People and Performance Systems Ceres Fruit Processors (Pty) Ltd P.O. Box 366, CERES, 6835 or E-mail: dlintnaar@cfp.co.za Closing date: 5 November 2021 Notice of Annual General Meeting Tuesday, 9 November 2021 Waverley Hills 18:30 for 19:00


WITZENBERG HERALD

11

Friday, October 22, 2021

Duiweseisoen afgesluit DIE 2021 wedvlugseisoen is Sondag met ‘n wedvlug vanaf Britstown afgesluit i.p.v. die Hopetown wedvlug. Duiwe moes sterk kopwinde trotseer. Die duiwekampioene van die onderskeie duiweklubs asook algeheel vir Ceres Federasie, is ook aangewys. Ronald November was ook die wenner van die uniale vlug vanaf Britstown. CHPS Britstown Ope 4 1. Cyril en Anne Davids - 1126.901 mpm 2. Cyril en Anne Davids - 1113.978 mpm 3. Team Koopman 1113.278 mpm 4. Team Koopman 1102.486 mpm 5. Cyril en Anne Davids - 1100.733 mpm Britstown Ope 5 1. Cyril en Anne Davids - 1090.163 mpm 2. Cyril en Anne Davids - 1063.835 mpm 3. Cyril en Anne Davids - 1035.745 mpm 4. Team Koopman 1032.249 mpm 5. Cyril en Anne Davids - 1022.406 mpm Ceres Federasie langpad kampioen 1. Cyril en Anne Davids - CHPS 2. Gawie Krotz - CPS 3. Marquine Pieterse - BHPS 4. Blue Mountain loft - CPS 5. Roberto van Wyk - BHPS Ceres Federasie algehele kampioen 2021 1. Cyril en Anne Davids - CHPS 2. Gawie Krotz - CPS 3. Meyer en Van Wyk - CPS 4. Lesley Koopman - BHPS 5. Erasmus Hok - Hamlet duiweklub CHPS klubkampioen 2021 1. Cyril en Anne Davids 2. Team Koopman 3. Bryan Isaacs 4. Neil Davids 5. Clarence van Wyk CPS Britstown Ope 4 1. N. Jacobs 1148.859 mpm 2. G. Williams 1144.949 mpm 3. Blue Mountain Loft 1140.577 mpm 4. Krotz Lofts 1121.678 mpm 5. Krotz Lofts 1115.134 mpm

Britstown Ope 5 1. Krotz Lofts 2. Camerin Mars 3. Krotz Lofts 4. Krotz Lofts 5. JRK Lofts BPHS Britstown Ope 4 1. L. Koopman 2. R.D. November 3. R.D. November 4. R.A. van Wyk 5. N. Smith Britstown Ope 5 1. R.D. November 2. L. Koopman 3. R.A van Wyk 4. M. Pieterse 5. L. Koopman -

1146.927 1108.953 1104.830 1077.498 1069.729

mpm mpm mpm mpm mpm

1110.398 1105.844 1097.803 1074.992 1070.786

mpm mpm mpm mpm mpm

1159.322 1110.398 1034.667 1020.514 1006.307

mpm mpm mpm mpm mpm

TWEE atlete van Ceres het Sondag 17 Oktober die reën getrotseer en die 42km Kaapstad Sanlam marathon aangepak. Marjorie Prins (links) het die marathon in 3:29:02 voltooi en in die 897ste posisie klaargemaak. Sy was ook sewende in haar kategorie. Emma Chapman (regs) het die wedloop in 3:54:23 voltooi.

Nuwe dromme moet help om netheid te verbeter CERES Besigheidsinisiatief (CBI) en die Witzenberg munisipaliteit se hoofstraat-taakspan werk nou saam om die mees effektiewe vullisdromme in Ceres se hoofstraat te plaas. Vyf dromme is aangekoop en op die besigste areas geplaas. Joseph Barnard (links), direkteur tegniese dienste en Frank Visagie (die installeerder), is dit eens dat hierdie dromme die netheid van die hoofstraat baie gaan verbeter. By Joseph staan Jannie Conradie (CBI se bestuurder).

CERES rolbalklub het onlangs uitgeblink in die Wynland vroue driespel kampioenskappe. Die span van Charmaine Mostert, Hanlie Bohlmann en Leandré Theunissen het met die titel weggestap na ‘n strawwe eindstryd teen ‘n mede Ceres-span.


12

Die Witzenberg Herald word uitgegee vir die eienaars, Snyman, Voortrekkerstraat 35, Ceres en gedruk deur Paarlcoldset, Lynxstraat 5, Paarden Eiland. Geen advertensie of redaksionele materiaal mag sonder die verlof van die eienaars volgens Art. 12 (7) Wet op Outeursreg 1978 gereproduseer word nie.

Sport

WITZENBERG HERALD

Friday, October 22, 2021

Witzenberg Herald

DIE eerste skof (98km) van Ceres oor Eselfontein en terug na die eindpunt by Victoriapark, was moeilik. Hier is Wium Mclachlan en Thinus Geldenhuys van Autism Assist op Delmien boerdery afgeneem. By hulle is Nicholas Price van GAP. FOTO: Trevor Felix

Drie Epic-skofte vind hier plaas

COVID-19 Ons is oop vir sake! Jou langtermyn betonvennoot

DIE Sanlam Cape Town Trail marathon is Saterdag 16 Oktober in Kaapstad aangebied. Atlete moes in reën en stormsterk wind hul weg vind oor en om Tafelberg. Die roete het oor 46km gestrek met 2,645 meter se vertikale klim. Twee Ceres atlete het hieraan deelgeneem. Ashwill Petersen (links) het die veldwedloop in 6:30:02 voltooi en in die algehele 44ste plek klaargemaak. Hy was ook 33ste in sy afdeling. Chloé Bishop het die veldwedloop in 6:50:13 voltooi en in die 59ste plek klaargemaak. Sy was 10de in haar afdeling. FOTOS: Fahwaaz Cornelius en Craig Kolesky

DIE ABSA Cape Epic vind van 17-24 Oktober plaas.

Die internasionale fietsrybyeenkoms se eerste skof het Maandag rondom Ceres plaasgevind. Die tweede skof het Dinsdag 19 Oktober op Ceres weggespring via Gydopas na Saronsberg. Die derde skof het Woensdag 20 Oktober rondom Tulbagh plaasgevind voordat bergfietsryers Donderdag 21 Oktober na Slanghoek ry. Die Cape Epic word na ‘n afwesigheid van ‘n paar jaar en Maart 2020 se kansellasie weens COVID-19 vlak 5 inperkings, weer in die Witzenbergstreek aangebied. Die 8-dag wedren loop na 619 km op Sondag 24 Oktober by Val de Vie ten einde. Die Hanekom-broers van Ceres, Hannes (45) en Sakkie (42), pak vanjaar hul tiende ABSA Cape Epic saam aan in die 17 jaar wat die byeenkoms aangebied word. Vordering Na afloop van die proloog en die eerste skof op Ceres, was die Hanekoms (Santa Cruz Masters) in die algehele 50ste plek. Hulle het die eerste skof in 52ste plek en 8ste in die meesters-afdeling voltooi, net meer as 40 minute na die wenners. Die span het Dinsdag die tweede skof in 4:57:59 in die 51ste plek voltooi en vyfde in die meestersafdeling. Na die tweede skof is hulle in die algehele 49ste plek. Die eerste skof is deur die Bulls span van Urs Huber en Simon Schneller in 3:57:35 gewen. Die vroue afdeling is deur die SongoSpezialized span van Sina Frei en Laura Stigger in 4:34:52 gewen. Die tweede skof is deur die Ninety One Songo-Spezialized span van Jordan Sarrou en Matthew Beers in 3:56:02 gewen. Die tweede skof is weer deur die Songo-Spezialized span van Sina Frei en Laura Stigger in 4:49:12 gewen.

SATERDAG 16 Oktober het Vryburger Omgeemense weer hul jaarlikse fietstoer van Matroosberg reservaat na Kagga Kamma en terug aangebied. Na ‘n koue en reënerige begin by Matroosberg was die wind van agter tot by Tankwa se boot. Daarna moes die fietsryers hard werk tot by Tankwa padstal. Na ‘n groot ontbyt is die moordende opdraande tot by Kagga Kamma aangepak. Dag twee het begin met Kagga Kamma se dik sand en daarna ‘n sterk wind van voor. Die fietsryers het heerlike koffie en hamburgers by Grondpad Koffie (net oop op naweke) geniet vir die res van die laaste skof deur die Bokveld. Die groep het 207 km afgelê met 2 458 meter se klimme. Vryburgers van Ceres, De Doorns, Kroonstad en Wolseley het deelgeneem en Biepa van Matroosberg het weer die ondersteuningsvoertuig bestuur. VLNR: Bennie du Plessis, Johannes Jacobs, Cordré Smith, Pietie Badenhorst, Boetie Hugo, Marilize Cilliers, Sarel Coetzee en Madeleen Kotzé.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.