As
tegnologie seermaak Kwaadwillige e-pos, Facebook- en selfoonboodskappe kan seermaak en skade aanrig. Maar watter soort mens sit agter sulke boodskappe? vra Shanda Luyt
22
Vrouekeur 1 Maart 2013
Sarah was nie die enigste vrou by wie dié SMS nuwe hoop laat opvlam het nie. Webwerwe vir voornemende aanneem ouers is vol verhale van mense wat hoop vol op die SMS gereageer het. “Hoewel ek van die begin af versigtig was en vermoed het dis ’n hoax, was die realiteit seer,” vertel Sarah. “Mense sal nooit die impak van so ’n SMS of Facebook-bood skap verstaan tot jy in die skoene staan van ’n persoon wat ’n baba begeer nie. So, ja, ek wonder of daardie persoon wat die boodskap versprei het, besef hoeveel emmers trane hy of sy veroorsaak het?” Wikipedia noem hierdie poetsboodskap pe ’n doelbewus gefabriseerde onwaarheid, wat van oordeelsfoute, gerugte en stedelike legendes onderskei kan word, wat veel verder as ’n grap strek en selfs tot materiële verlies en emosionele pyn kan lei. Soos die boodskap wat verlede jaar as Aprilgekgrap versprei is dat die sangeres Karlien van Jaarsveld ernstig in ’n motorongeluk beseer is. In die boodskap word voorbidding vir haar en haar familie gevra. Die boodskap is in ’n japtrap op Twitter, Facebook, deur SMS’e en BBM’s versprei. Sy het die “grap” as “laag en gemeen” beskryf. Of die boodskap laat verlede jaar dat Joost van der Westhuizen, oud-Springbok
kaptein, dood is. Hy moes inderhaas twiet dat hy nog 100% is. In albei gevalle was die oorsprong van die boodskap onbekend. Op baie van die vals e-pos- of Face bookboodskappe word foto’s van vermiste, gebreklike of siek kinders gebruik om die boodskap meer eg te laat lyk. Die hartseer is dat dit dikwels werklike mense se foto’s is wat vir hierdie doel gesteel word en ge traumatiseerde familielede moet sien hoe die foto’s misbruik word.
Wie is so wreed? Watter tipe mens begin so ’n boodskap? Hoewel baie mense dit klakkeloos aan stuur en só tot die verspreiding van die vals boodskap (en soms tot mense se pyn) bydra, moes dit tog iewers ontstaan het? Wat gaan in so ’n mens se kop aan as hy dit skryf? Daar mag verskillende motiewe agter sulke boodskappe wees, reken dr ST Potgieter, sielkundige van Bellville. “Die een motief is die gebruik van ’n verdedi gingsmeganisme: gedragspatrone (meest al onbewustelik) wat ’n individu gebruik om homself teen skuldgevoelens, angstigheid of minderwaardigheid te beskerm. Hy gebruik dus ander middele om aan sy weg gesteekte gevoelens uiting te gee.
Shutterstock/ Bruce Rolff
J
are lank was dit Sarah du Toit* se grootste begeerte om ’n baba aan te neem wat perfek by hul gesin sou inpas. Babas wat vir aanne ming beskikbaar is, is egter skaars en die paadjie na aanneming steil en vol papier werk. En toe, laat verlede jaar, kry Sarah die SMS wat soos die antwoord op al haar drome geklink het: Pasgebore twee lingdogtertjies van Pretoria wat dringend ’n liefdevolle ouerhuis nodig het. Sy vertel: “Ek was maar baie agter dogtig toe ek die boodskap kry, want ná my jare se ondervinding in welsyn – deur pleegsorg, veiligheidsorg, my welsyns projekte en ons groot gesukkel om aan te neem – het die SMS net te veel rooi ligte laat aangaan. Babas word nie net aan enigeen gegee wat een soek nie. Tog het ek begin wonder: Wat as ek te paranoïes is? Wat as ek regtig die babas kon kry? ’n Mens begin weer van daardie bondeltjie in jou arms droom. Maar toe ek SMS ná SMS van vriende en familie oor die babas kry, het my borrel van hoop al kleiner en die realiteit al helderder geword. En toe, nie lank daarna nie, kry ek ’n SMS van ’n vriendin wat navraag gaan doen het, want sy was bang ek kry seer. Sy het uitgevind dis iemand se idee van ’n siek grap.”