Sonskynfees 2014 program

Page 1



Inhoud bl 4

Feesprogram

bl 5

Musiek Kunstenaars

bl 6 - 7

Sterkman Kompetisie

bl 10 - 11

Sonskynfees Kindervermaak

bl 12 - 13

Bellville Sonskynfees kuier in die Boland

bl 14 - 15

Sonskynfees Borge

bl 16

Alta du Toit Nasorg Sentrum

bl 17

Navrae & Kaartjie Verkope


Saterdag 22 Februarie 2014 08:00 - 09:00 Skole Sterkman Opwarm 09:00 - 11:00 Skole Sterkman Kompetisie 10:00 - 11:00 SA Top Sterkman Opwarm 11:00 - 15:00 SA Top Sterkman Kompetisie 09:30 - 09:55 Jomari Greyling 10:00 - 10:25 Michelle Kuyper 10:30 - 11:00 LOLLOS 11:00 - 11:10 Pedro Kruger Amptelike opening 11:15 - 12:00 Pieter Mohr 12:05 - 12:50 Suzanne 12:55 - 13:40 Burger Le Roux 13:45 - 14:10 Maritza 14:15 - 15:10 Sterkman kompetisie Finaal 15:15 - 16:00 Quentin Prinsloo 16:00 - 16:45 Gerrie Pretorius 16:55 - 17:40 Amore 17:45 - 18:05 Sunel 18:10 - 18:55 Michael Lindt 19:00 - 19:45 Hugo Nieuwoudt 19:55 - 20:55 Wynand & Cheree 21:00 - 21:45 Pierre Rossouw 21:50 - 22:50 Nicholis Louw Sondag 23 Februarie 2014 10:00 10:10 Pedro Kruger Amptelike Opening 10:10 10:35 Carla Christene 10:40 11:05 Quentin Prinsloo 11:10 11:55 Christo & Cobus 12:25 13:10 Christo & Cobus 13:40 13:45 Pedro Kruger Finale bedankings 13:45 14:30 Christo & Cobus



See SA’s Top Strongmen & Schools Compe


ete in support of the Alta du Toit After Care

The Strongman Challenge is proudly hosted by


Kinders onder 12 kry gratis toegang tot die fees!

Fotosessie met Lollos Lollos produkte te koop Waterspele & Kastele Pret- & Ponieritte Arts & Crafts Lasertag & Sandart


p


Bellville Sonskynfees kuier in die Boland Die jaarlikse Sonskynfees, ten bate van die Alta du Toit Nasorg sentrum, het 22 Januarie op die bekende en gewilde Eaglevlei Wynplaas hul offisiële bekendstellings dinee gehou. Alta du Toit Nasorg sentrum is ‘n tehuis vir intellektuele gestremde persone en die Sonskynfees is ‘n hoogtepunt in hul jaarlikse dagboek. Die sentrum se dameskoor het die gehoor vermaak met ‘n paar bekende opgewekte afrikaanse treffers terwyl die Rugby liefhebbers van die tehuis die HAKA opgevoer het. Vele bekendes in die vermaaklikheids bedryf soos Emo Adams en Komediant Piet Potgieter, Rugby spelers Toks van der Linde en Frikkie Welsch, Sangers Wynand en Cheree Strydom, Christo Snyman, Michelle Keulder, Hugo Niewoudt, Burger le Roux, Wy nand Windpomp en JP Mohr het die aand bygewoon ter ondersteuning aan die instansie en die fees.

Die Sonskynfees 2014 beplan om die jaar groter te wees met die Sterkman kompetisie wat by die jaar se program gevoeg is. Van Suid-Afrika se top sterk manne neem deel tydens ‘n intense kragmeting. Plaaslike Hoërskole is ook genooi om seuns in te skryf vir die interskole sterkman kompetisie. Verder word daar gefokus op verskeie kindervermaak, waterspele, pretritte en ‘n foto sessie saam met die bekende LOLLOS! Vir die volwassenes is daar stalletjies met ‘n biertent en daar word natuurlik musiek gemaak deur gewilde kunstenaars Nicholis Louw, Gerrie Pretorius, Christo en Cobus, Cheree en Wynand, Burger le Roux, Pierre Rossouw Pieter Mohr, Jomari Greyling, Suzanne, Michelle Kuyper, Quentin Prinsloo, Hugo Niewoudt, Amore, Michael Lindt en Maritza Smith.





By die Alta du Toit Nasorgsentrum in Bellville word volwasse persone met intellektuele gestremdheid versorg en optimaal ontwikkeling om te verseker dat elke individu sy/haar volle potensiaal bereik. Die Nasorgsentrum is reeds vir 36 jaar ‘n baken in Bellville. Nege en vyftig jaar gelede met Alta se geboorte het haar ouers nie moed opgegee toe hul dogter met Down Sindroom gebore is nie. Vandag word Alta, saam met 260 ander kliente tussen die ouderdomme van 18 en 74 jaar versorg en leef hulle hierdie droom uit. Saam leef en werk hulle in ‘n veilige hawe, genaamd Alta du Toit Nasorgsentrum! Ten einde die hoë vlak van versorgingsdienste te handhaaf, moet daar jaarliks fondsinsamelingsprojekte aangebied word, en staatgemaak word op die vriendelike ondersteuning van die omliggende gemeenskap. Die Sentrum bied ‘n geleentheid vir ieder en elk om betrokke te raak by hierdie baie spesiale mense. Die sentrum het daaglikse behoeftes en finansiële drukdaarom is die Sonskynfees een van die belangrikste datums op die kalender. Die Sentrum se fondsinsamelings kalender is egter nie net beperk tot die Fees nie en daar word deur die jaar funksies aangebied waarin die gemeenskap kan deel en betrokke kan raak! Individue en besighede word genooi om betrokke te raak deur vrywilligerswerk en donasies ten bate van ons behoeftige inwoners. Kontak Marina by: 021 913 2106 of marina@altadutoit.org.za vir meer inligting. Sien julle by die Fees! Onthou dis die beste kuier onder die son!


Koop Kaartjies aanlyn by www.pnptickets.co.za

Saterdag R70 Sondag R50 Naweekkaartjie R100 Kinders onder 12 Gratis Kaartjies sal ook by die hekke beskikbaar wees.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.