Kids & Teen Online Magazine

Page 1
















16



School/Skool

Boelies by die skool Wat jy as ouer moet doen om jou kind te help

• Vra die regte vrae Party kinders sal nie wil erken dat hulle afgeknou word nie, en in sulke gevalle moet jy hulle kalm en sonder vooroordeel benader indien jy vermoed dat afknouery plaasvind. Wees geduldig en gee hulle geleentheid om jou in hul vertroue te neem. As hulle nie gemaklik voel om met jou te praat nie, vra iemand wat hulle vertrou om te help. • Luister kalm As jou kind teenoor jou erken dat hy of sy afgeknou word, is die beste opsie om objektief na hom of haar te luister. Moet nooit aantygings maak of die skool gaan besoek sonder om eers met jou kind te praat nie – luister kalm na hulle. • Betrek jou kind Vra jou kind om met oplossings vir die probleem vorendag te kom. Dit sal jou kind laat voel dat hy of sy in beheer van die situasie is deur rasioneel te besluit om die situasie op ’n volwasse manier te benader. • Implementeer rolspel Die beste manier om jou kind vir die volgende afknousessie voor te berei, is deur rolspel – jy kan die rol van die boelie speel en met jou kind oefen wat hy of sy in die situasie sal doen. Dit berei hulle voor en verlig tot ’n mate hul angstigheid.

• Verseker jou kind Dis altyd belangrik om jou kind te verseker dat dit nie sy of haar skuld is nie. Boelies teiken gewoonlik ander kinders weens jaloesie, om van hul eie probleme te ontsnap, of in ’n poging om self belangrik te voel weens hul eie onsekerhede – dit het hoegenaamd niks met jou kind te doen nie. • Bou jou kind se selfvertroue As jou kind geboelie word, is hul selfvertroue gewoonlik die eerste wat ’n knou kry. Bou jou kind se selfvertroue deur hulle in te skryf vir ’n fisieke aktiwiteit waarin hulle kan presteer, ver verwyder van die afknou-omgewing. Sê altyd vir jou kind hoe belangrik hy of sy is en watter waardevolle bydrae hulle tot die samelewing maak.

18 Krediet: solidariteit.co.za


















35















Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.