YOUR AFFORDABLE LOCAL NEWSPAPER
U BEKOSTIGBARE PLAASLIKE KOERANT
FFORDABLE DVERTISING Cnr Kingsway & Van Riebeeck Street, NIGEL - rekord@rekordpaper.co.za
FAX: 086 751 7998
TEL: (011) 814 8614 VOLUME 8 No. 10
14 Year s ffor or ears murder
Cell: 079 493 0075
View our online edition at www.rekord.org.za
P5
Flor ence Nighting ale - v er eer lorence Nightingale ver ereer
P9
29 MAY 2012
Wraakgevegte in Bokskr yt Bokskryt
P20
Willie se hart pomp lewe! Willie Kotzee (51), slotmaker van Heidelberg, se lewe is gered deur ‘n pompie wat op 10 Mei in Kaapstad aan sy vergrote hart gekoppel is om die bloed in sy liggaam te help sirkuleer. Die fyn stukkie werk om die pompie in te sit en aan ‘n batterystelsel buite die liggaam te koppel, is deur die kardio-torakale hartchirurg dr. Willie Koen, Hoof van die Hartoorplantingseenheid by die Netcare Christiaan Barnard Gedenkhospitaal in Kaapstad, gedoen terwyl twee oorsese spesialiste bygestaan het. Willie, die Old Bill (voorsitter) van Heidelberg Suikerbosrand Bomskuiling, (Shell Hole) is aanvanklik vir ‘n hartoorplanting opgeneem, maar ’n geskikte een kon nie betyds gevind word nie. Hy net slegs sowat 10-15% van sy hartwerking oor gehad. Na onderhan-
delings agter die skerms is toestemming gekry dat dr. Koen ‘n inplantaat kon doen om maande – en selfs jare indien nodig - tot Kotzee se lewe by te voeg terwyl hy op ‘n geskikte skenker wag. In ‘n persvrystelling wat op 23 Mei deur die hospitaal uitgereik is, sê dr Koen dat Willie kardiomiopatie, ‘n agteruitgang van die hartspiere beleef het. Die simptome wat ‘n gebrek aan asemhaling, uitputting en edeem (water terughouding wat swelling veroorsaak) insluit, het progressief slegter geraak en Willie is op die oorplantingslys geplaas. Teen vroeg hierdie jaar was Willie reeds twee jaar lank op die lys en dokters het bekommerd geraak. Hulle het besluit dat hy met dr. Koen en span in Kaapstad moes kontak. “Willie is al meer en meer in die hospitaal opgeneem,” sê dr. Koen. “Sy hart se bloed omset was 1.5 liters per minuut in teenstelling met die normale vyf liter. ‘n Noodoproep is gedoen maar daar was nie ‘n hart beskikbaar nie.” Die ergste met die agteruitgang van die hart is dat dit al meer lewensbedreigend raak. Die volgende stap is dat die lewer en niere ingee en as dit eers gebeur, mag die pasiënt se toestand nie verbeter nie selfs al word ‘n geskikte hart vir ‘n oorplanting gevind. Willie se mediese span het besluit om ‘n meganiese sirkulasie hulpmiddel in te plant. Die HartWare Ventrikulêre Hulpstelsel (HVAD) is ‘n pomp wat ontwerp is om ‘n pasiënt se verswakte hart te help om bloed deur die liggaam te pomp. Bloed word van die linker kant van die hart verwyder en in die
YOUR SAFETY IS OUR CONCERN!
H1021
Willie Kotzee en dr. Willie Koen wat die operasie gedoen het, afgeneem op 23 Mei. – Foto Maggie Landsberg
WE SELL DIRECTLY TO THE PUBLIC. Installers welcome!
WE SPECIALIZE IN: * Gate Motors * Garage Motors * House Alarm Systems * Intercoms* Electric Fencing * Anti Theft Brackets * Security Cameras * CCTV * Beams * Remotes
Cnr. Hendrik Verwoerd Street & Third Avenue, NIGEL TEL: 011 739 5760 H1031
Aorta in gepomp (die grootste bloeddraer wat bloed van die hart na die res van die liggaam dra). Die pomp is ontwerp om binne die pasiënt se borskas in die hartsakruimte te rus en ‘n kabel wat as aandrywer dien, gaan deur die vel na buite waar dit aan die ingeplante pomp met ’n eksterne kontrole verbind is. Die kontroleerder word deur ‘n pak batterye aangedryf (twee batterye of een) plus ‘n omskakelaar/laaier wat met ‘n muur- of voertuig -elektrisiteits uitlaatpunt verbind
word. Die kontroleerder laat die pomp werk en is ontwerp om die pasiënt met seine en alarms in te lig oor die werking van die stelsel. Die kontroleerder en batterye word in ‘n dratas verpak wat om die pasiënt se heupe of oor die skouer gedra kan word. Die toestel kan tot 10 liter bloedvloei per minuut hanteer. Die pomp self is ‘n sentrifugale bloedpomp en word bokant die diafragma ingeplant. na bladsy 2