Rekord - Nigel & Heidelberg

Page 1

082 641 9184

011 814 7104

Cnr. Kingsway & Van Riebeeck Street, NIGEL

14 February 2017

VOL 14 NO 3

VIEW ONLINE @ www.rekord.org.za

Beskerming vir jou regte AfriForum is ‘n burgerregte-organisasie wat Afrikaners en ander minderheidsgroepe in Suid-Afrika mobiliseer en hulle regte beskerm. AfriForum poog om aan gemeenskappe ‘n eie stem terug te gee. Gemeenskappe ervaar tans toenemende druk van die regering, wat faal in die nakoming van sy verpligting teenoor die land se burgers. Die gevolg hiervan is onder meer swak dienslewering en onveilige woonbuurte. Daarom het die burgerregte-waghond besluit om benewens nasionale aksies, ook gemeenskappe op grondvlak buite partypolitiek te organiseer. Gemeenskappe moet verantwoordelikheid vir hulle belange aanvaar en sterk binne die raamwerk van die reg optree teen onbeholpe stadsrade en misdadigers. Die gemeenskap kan betrokke raak deur aan te sluit by ‘n bestaande tak of deur ‘n nuwe AfriForum-tak te stig. Sodoende kan jy deelneem aan aksies en

projekte om jou gemeenskap te organiseer. Stel jou kundigheid beskikbaar om probleme nasionaal of in ‘n bepaalde gemeenskap op te los. AfriForum-lidmaatskap behels ‘n maandelikse bydrae van ‘n bedrag waarop jy self kan besluit. Die minimum bedrag beloop R30 per maand of R360 per jaar. Aangesien AfriForum ‘n maatskappy sonder winsoogmerk is, word alle ledebydraes ter bereiking van die organisasie se doelwitte onder meer deur die aanpak van veldtogte en hofsake aangewend. Die bydraes word per debietorder van jou bankrekening verhaal. Dit is ook vir ons moontlik om ‘n debietorder teen jou kredietkaart te laai. Die debietorder kan op een van die volgende datums verhaal word: die 1ste, 16de of 25ste. Ten einde die administratiewe koste so laag as moontlik te hou, werk die stelsel uitsluitlik met debietorders. AfriForum se stelsel is ten volle

geoutomatiseer – dit bestuur ons lede se debietorders, stuur rekords aan die lede se banke, verwerk onsuksesvolle debietorders en rekonsilieer die bedrag wat direk in ons bankrekening oorbetaal word. Die stelsel word jaarliks deur ons ouditkomitee en ouditeure gekontroleer. AfriForum is dankbaar dat ons lede begrip het daarvoor dat ons eerder ons inkomste aan ‘n wye reeks veldtogte spandeer as aan administratiewe take soos bogenoemde. Elke lid ontvang AfriForum-GPS en die AfriForum 911-nooddiens. As nuwe lid ontvang jy ook ‘n AfriForum 911-armband in jou verwelkomingspakkie, met ‘n 24 uur-noodlynnommer in oranje daarop gedruk. Op die armband is ‘n unieke kode (dit bestaan uit vyf karakters, naamlik drie letters en twee syfers, wat in die armband versink is) wat jy op die webtuiste www.afriforum911.co.za onder jou naam moet registreer. AfriForum se webtuiste kan ook by

www.afriforum.co.za besoek word om meer inligting te bekom rakende AfriForum se veldtogte en projekte. Ons jongste nuus is ook deurgaans by www.forumnuus.co.za beskikbaar.Adv. Gerrie Nel gaan by die burgerregteorganisasie AfriForum aansluit. Die nuus dat Adv, Gerrie Nel by die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) bedank het en by ‘n onafhanklike ondersoekeenheid van AfriForum aangesluit het het sosiale media laat gons Nel, die voormalige hoof van die nou ontbinde Skerpioene, is een van die land se voorste aanklaers en alombekend om sy rol in die Oscar Pistorius-saak. Nel het destyds die Skerpioene se ondersoek na die oudpolisiehoof Jackie Selebi gelei. Nel, in regskringe ook bekend aan sy bynaam “The Bulldog”, het in die 80’s as aanklaer begin werk.Almal het dit eens dat hierdie besluit van Nel ‘n aanwins vir AfriForum sal wees.

Excellent Service: Buy/Sell your property Contact Belina 079 373 7961 to view

Spesialiseer in: Persoonlike-, kommersiële- en boerderyversekering * Professionele en vriendelike diens * Persoonlike aandag * Vinnige en effektiewe eisehantering * Baie billike tariewe Tjokkertjie Voorskool het hul harte oopgemaak en kontant(R850) , Bybels en Kinderbybels bymekaar gemaak nadat hul gehoor het hoeveel kinders nie eens n Kinderbybel besit nie. Hier is hul saam met Ds. Bennie de Klerk van N.G. Kerk , Klipkerk wie graag die Bybels ontvang het en aan kinders in ons plaaslike skole gaan oorhandig wie nie Kinderbybels besit nie.

Klippies: 083 282 7577 Wayne: 072 266 6157 Kantoor: 011 814 8297 Kantoor ure: 08:00 - 16:30

Get AHEAD of the competition For affordable rates ADVERTISE WITH

cnr Kingsway & Van Riebeeck Str, NIGEL ANNELIE 082 853 4071 or 011 814 8614


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Rekord - Nigel & Heidelberg by Bacchus International - Issuu