Cluster Water 5L & 500ml Call 082&853 4071 Cnr Kingsway Van Riebeeck Str. NIGEL rekord@rekordpaper.co.za
Laaste eerbew ys Die Barnard gesin het geen bekendstelling in Nigel se gemeenskap nodig nie. Vanjaar 60 jaar gelede met ‘n skitterende terugblik op die verlede met talryke sukses staaltjies te vertel skryf Banie alles toe aan die genade van die Hemelse Vader. Banie Barnard het op 2 Augustus vanjaar sy 80ste verjaarsdag gevier en is bederf deur familie en vriende. Die Angelo Mall Spar het ‘n spesiale verjaarsdagkoek aan Banie geskenk om hom te vereer vir 33 jaar getroue ondersteuning deur die jare en hegte vriendskapsbande. Banie is getroud net Dolphine Barnard, uit die huwelik is daar 3 dogters en 1 seun gebore. Die egpaar is tans 58 jaar getroud en saam deur baie diep waters koester hul herinneringe wat vir ewig saamgebind is. Hulle spog met 9 kleinkinders en 2
agterkleinkinders wat diep in oupa en ouma se harte gesetel is. Banie en Dolphine het die gemeenskap van Nigel bedien, in verskillende kringe beweeg en hul bydrae waar nodig was met ywer gelewer. Hulle het ‘n passie gehad vir barmhartigheidsdienste en liefdadigheid. Na hul aftrede het hul lekker gereis en dit geniet om saam met die kinders te kuier en kleinkinders te bederf soos net oupa en ouma kan doen. Om ouma en oupa te wees was vir hul ‘n groot plesier. Banie het selfs op sy dag vir Nigel rugby gespeel. Hy was baie sportief en het ‘n liefde vir krieket en gholf gehad. Vlugbal was een van sy gunsteling sportsoorte wat hy beoefen het. Banie het getuig dat die Here in al hierdie jare met Hom en sy gesin was en deur die goeie en diep waters was God altyd getrou.
Skrywe wat Banie en Dolphine Barnard aan die Angelo Spar gerig het met sy verjaarsdag.
Dit is met leedwese dat Rekord berig dat sedert die skrywe van hierdie huldeblyk Banie skielik aan ‘n hartaanval oorlede is op Maandag, 7 Augustus. Die begrafnisdiens was vanuit die NG Suid Gemeente, Maandag 11 Augustus waargeneem. Dolphine Barnard en kinders bedank Dr Heunis, Suikerbosrand Life Kliniek asook familie en vriende vir die bystand tydens hul groot verlies. Banie en Dolphine Barnard
Van links Bettie, Savvas, Banie, Dolphine, Jimmy en personeel van Angelo Mall Spar by die 80 jaar verjaarsdagkoek van Banie.