Rekord - Nigel & Heidelberg

Page 1

Sekuriteitstelsel word benodig! Pep Stores in die Angelo Mall Nigel is vir die derde keer in 2 maande deur rowers geteiken. In die derde poging is die verdagte deur een van die karwagte gefnuik en binne in die parkeer area vasgetrek, nadat die verdagte doodluiters beddegoed geroof het. In dieselfde sentrum is Clicks al 2 keer beroof in die afgelope 9 maande en selfs ‘n paar voertuie is al uit die sentrum deur rowers buit gemaak. Winkeleienaars beweer dat dit nou tyd geword het dat die sentrum eienaars ‘n sekuriteitstelsel in werking sal moet stel en tot stand sal moet bring om hierdie voorvalle te bekamp. Sekuriteitswagte sal die sentrum daagliks moet patrolleer voordat erger voorvalle voorkom.

Navorsing in misdaadvoorkoming by besigheidskomplekse is ondersoek. Voorstelle vir toekomstige navorsing is gedoen vir verdedigbare ruimte, besigheidskompleks, winkelsentrum, omgewingsontwerp en rondom hierdie teorie word voorkoming bepaal en vasgestel. Angelo Mall is 'n oopplan ontwerp en kan glad nie snags toegesluit word nie. Aanbevelings vir die ontwerp van sekuriteit by die beplanning van alle besigheidskompleks is beskikbaar. Daar kan egter navorsing in hierdie ontwikkelende gebied van misdaadvoorkoming gedoen word en voorstelle vir moontlike toekomstige navorsing kan gemaak word so miskien is dit iets waarna die eienaars van Angelo Mall kan kyk en ‘n sekuriteitstelsel dan so in plek bring vir die besigheidseienaars.

Noodlanding op N1 Verlede Woensdag het ‘n vliegtuig 'n noodlanding in die middestad van die N1 naby Hammanskraal, noord van Pretoria, gemaak. Daar was Woensdagmiddag spoedig planne gemaak om die ligte vliegtuig van die N1 te verwyder nadat dit op die snelweg 'n noodlanding uitgevoer het. Geen beserings ná vliegtuig se noodlanding op Gautengse snelweg is opgedoen nie. Kabela Ledwaba, woordvoerder van die Burgerlugvaartowerheid, het gesê die Piper PA-46 Malibu-turboprop-enjinvliegtuig het omstreeks 19;00 nm vanaf die lughawe van Wonderboom vertrek. Die beoogde bestemming was die Pietersburgse Burgerlike Lughawe in Polokwane, Limpopo.

Spesialiseer in: Persoonlike-, kommersiële- en boerderyversekering * Professionele en vriendelike diens * Persoonlike aandag * Vinnige en effektiewe eisehantering * Baie billike tariewe

Klippies: 083 282 7577 Wayne: 072 266 6157 Kantoor: 011 814 8297 Kantoor ure: 08:00 - 16:30

Hierdie rooftogte stel nie net winkeleienaars se lewens in gevaar nie maar ook die van die publiek. Onlangs was daar ook die voorval waar ‘n man met ‘n mes gesteek was het een van die winkeleienaars vertel. Al die winkels in die sentrum is nou beset en nuwe geleenthede is nou hier geskep en dit trek die publiek juis na die sentrum en dit veroorsaak dat daar ook ‘n groter toestroming na die sentrum is. Die gemeenskap maak ook juis gebruik van die ATM bankdiens by die sentrum aangesien dit vir hul veiliger voel omrede daar meer mense is wat beweeg. Die mening van die algemene publiek is dat inwoners baie onveilig voel om gebruik te maak van die publieke toilette wat agter in die hoek versteek is. Daar is ook verdere uitbreiding in die toekoms wat wel gaan plaasvind om die sentrum op te gradeer so dit sal goed wees as die sekuriteitsstelsel in plek is.

Ter persgaande was die sentrum eienaars nie beskikbaar vir kommentaar nie.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.
Rekord - Nigel & Heidelberg by Bacchus International - Issuu