Rekord - Nigel & Heidelberg

Page 1

rekord@rekordpaper.co.za

h/v Kingsway & Van Riebeeck Straat NIGEL

25April 2017

VIEW ONLINE @ www.rekord.org.za

Verlos uit dwelmhel

deur Janie Monsieur, Maroela Media

Maruschka Joubert (26) se lewe het handomkeer verander toe haar dwelmverslawing daartoe lei dat sy haar rug breek en die gebruik van haar bene heeltemal verloor. Maar selfs om vir ewig aan ‘n rolstoel gekluister te wees, was nie genoeg om haar te oortuig om dwelmgebruik finaal te los nie. Vandag lyk die donkerkop ma van ‘n driejarige se lewe egter baie anders. In haar huis in Nigel, is alles silwerskoon en netjies. Ja, Joubert woon in haar eie huis, bestuur haar eie motor en woerts gemaklik in haar rolstoel rond. Haar huis is goed ingerig vir ‘n rolstoel, en vir haar is hierdie die norm – haar lewe is gemaklik en sy verkies dié lewe enige dag bo haar “vorige lewe”. Eerste stap na die afgrond Joubert was ‘n doodgewone 14-jarige skoolmeisie toe sy ‘n verhouding met ‘n matriekseun aangeknoop het. Dit was ook in dié tyd wat sy vir die eerste keer met dwelms begin eksperimenteer het omdat die paar gereeld saam dagga gerook het. In gr. 9 het sy na ‘n skool in Heidelberg geskuif en dáár sê sy het haar moeilikheid eintlik begin. “Ek het ‘n vriendin ontmoet wat in matriek was, ek was 15. Sy het een aand vir my gevra of ek saam met haar Ecstasy wil gebruik. Ek het nuwe vriende gemaak in die nuwe skool en ek het ingepas by hulle, so ek het ingestem al het ek nie geweet wat dit is nie.”By die vriendin se huis het sy vir die eerste keer Ecstasy gebruik. Sy het ook met Candy flip geeksperimenteer, wat ‘n mengsel tussen Ecstasy en LSD is. Van daar het Joubert in ‘n warrelwind van dwelms verval. Sy het verhoudings begin met mans wat reeds uit die skool was, wat hul eie karre gehad, reeds hul eie geld gemaak en self ook dwelms gebruik het. Sy erken dat haar verslawing in haar gr. 11 en gr. 12 jare die ergste was. Sy het steeds Ecstacy gebruik, maar dit was CAT en kristalmetamfetamien wat haar veral ingetrek het. In ‘n stadium het Joubert slegs 45 kg geweeg omdat die dwelms haar eetlus so gedemp het. “Ek het selfs voor my eksamens CAT gesnuif. Ek sou dit saam met my skool toe neem, en dan vir die onderwyser vra om badkamer toe te gaan, sodat ek nog kan gaan snuif, en dan verder eksamen gaan skryf,” sê sy. Volgens Joubert het sy nie in daardie

stadium gedink sy is verslaaf aan dwelms nie, sy het gedink sy gebruik dit bloot sosiaal. Dit is eers toe sy haar ma se geld uit haar handsak begin steel om vir die dwelms te betaal, wat sy besef het sy het ‘n probleem. Maar tog het sy nie iets daaraan gedoen nie. Sy erken die grootste rede hoekom sy keer op keer terug na dwelms gegaan het, is omdat sy in die verkeerde vriendekring was. Joubert is die jongste van vier kinders en het ‘n rustige kinderlewe gehad, maar daar is tog ‘n oomblik wat sy kan onthou wat kon aanleiding gee vir haar latere dwelmverslawing. Sy het as gr. 7-dogter by ‘n maat se huis gaan oorslaap toe sy daar deur ‘n volwasse man gemolesteer is. Sy het die geheim vir lank binne haarself gehou omdat sy bang was sy maak haar ma seer as sy haar vertel. “Ek dink dit is waar ek my kop so bietjie verloor het. Ek het myself ook op my arms gesny, so ek dink dit was maar alles maniere waarop ek dit probeer hanteer het,” sê sy. Joubert het eers in gr. 9 vir haar ma in ‘n brief vertel wat met haar gebeur het, maar toe was dit reeds te laat en het sy reeds in die dwelmmaalkolk beland. Die aand toe alles verander Op ‘n noodlottige aand toe Joubert in haar matriekjaar was, het sy saam met vriende van ‘n klub in Heidelberg gery om dwelms te gaan koop in Springs. “Die man wat bestuur het, was baie dronk en hy het begin huil. Ek het gesê ons moet vir hom gaan CAT koop omdat dit hom sal laat beter voel. Ons was almal dronk in die motor,” sê sy. Sy kan nie veel van die ongeluk onthou nie, maar onthou dit het daardie aand gereën. Die laaste wat sy kan onthou, is dat hulle 200 km/h gery het. Sy het ‘n slag gehoor en toe in ‘n mielieland op die grond wakker geword. Joubert het op die agtersitplek van die

motor gesit en is tydens die ongeluk uit die motor geslinger. Die man wat bestuur het, het van die ongelukstoneel gevlug en sy het hom nooit weer gesien nie. “Ek kon nie opstaan nie en ek kon nie my bene voel nie. Ek onthou nog hoe ek gate in die grond gegrou het soos wat ek probeer opstaan het,” sê sy. Mense wat Joubert se ma ken, het op die ongelukstoneel afgekom en haar dadelik gebel. Sy was daarna vir sowat vier maande lank in hospitale. Vir mense wat nie aan dwelms verslaaf is

nie, sal só ‘n traumatiese ervaring ‘n duidelike omdraaipunt wees, maar Joubert was meer afhanklik van die dwelms as wat sy besef het. Sy het reeds in die rehabilitasiesentrum waarin sy was om te leer hoe om met haar rolstoel oor die weg te kom, weer begin kristalmetamfetamien en CAT gebruik. Ná haar ongeluk het sy nog twee jaar lank in haar rolstoel dwelms misbruik. “Ek was baie depressief en ek kon nie alles hanteer nie. Ek was kwaad vir die wêreld en het almal blameer.” Vervolg op bladsy 7

EL CO S TEEL DEALERS ELCO STEEL TEL: 011 362-1551/2 FAKS: 011 815-3427 Cnr. Ermelo & Dagbreek Rds, Largo, SPRINGS Valid while stocks last Fen y std 2mt R30.Fen y std 2.45mt R90 Fen y std 1.8mt R80 Fen Feny kstdstd3.05mt 2.4mtR125 R77

F/BAR 6MT

ANGLES 6MT

20X3 20X5 25X3 25X5 30X3 30X5 40X3 40X5 50X3

25X25X2 R 67.10 25X25X3 R 93.60 25X25X5 R 149.00 30X30X3 R 114.50 30X30X5 R 183.10 40X40X2 R 111.00 40X40X2.5 R136.70 40X40X3 R 157.50 40X40X5 R 250.00 50X50X3 R 204.50 50X50X5 R 316.70

R 43.40 R 67.80 R 54.20 R 84.80 R 65.10 R101.70 R 88.80 R135.60 R108.50

SQBAR 6MT 8MM 10MM

R66.60 R67.80

R/BAR 6MT 6MM 8MM 10MM 12MM 16MM

R 17.60 R 31.30 R 48.90 R 70.30 R125.00

WIND/SECT RT6 RT13 RF7 RFX7

R R R R

90.40 128.40 107.20 105.20

EXP/METAL 6320C

R206.90

WHEEL KIT SETS 60MM R154.20

SHEETS/PLATES EA 2450X1225X1.6 2450X1225X2 2450X1225X2.5 2450x1225x3 2450x1225x4 2500x1200x5

R623.00 R758.20 R858.00 R1092.00 R1663.00 R1923.00

PALISADES PALISADE PANELS 600x3mm High R447.20 900x3mm High R542.30 1.0x3mt High R578.40 1.2x3mt High R650.60 1.5x3mt High R758.80 1.8mt High R866.50 2.0mt High R939.50 2.4mt High R1083.60 LOOSE PALES 600mm R18.20 900mm R25.00 1.0mt R27.20 1.2mt R32.70 1.5mt R40.80 1.8mt R49.00

RECT.T 1.6MM 2.0MM 25X12 38X20 38X25 50X25 50X38 76X25 76X38 76X50

R84.50 R139.00 R150.00 R175.00 R210.00 R230.00 R270.00 R296.00

Welding Rods 5kg 2.5mm

R120.00 R169.00 R190.00 R216.00 R260.00 R290.00 R330.00 R368.00

DACE SPRINT

500 2yr Warrenty, 2 remotes, 4mt rack & battery

SQ. Tube 1.6mm R2.0mm 20X20 25X25 32X32 38X38 50X50 76X76

R 85.00 R105.00 R144.00 R175.00 R231.00 R350.00

R104.00 R139.00 R178.00 R217.00 R287.00 R436.00

GALV SHEETS 2450X1225x0.5 R227 2450X1225x0.6 R311 2450X1225x1.0 R519 2450x1225x0.2 R1085

PIPE 1.6MM 2.0MM MESH SALE 19MM 25MM 32MM 38MM 42MM 50MM 76MM

R 66.00 R 89.00 R113.00 R137.00 R154.00 R184.00 R279.00

R 80.00 R110.00 R139.00 R169.00 R191.00 R228.00 R346.00

REF100 REF156 REF193 REF395 REF311 REF888

R215.30 R334.90 R418.60 R633.90 R663.80 R2194.70

Lip Channel 6mt 9.1mt 75X50X20X2 100X50X20X2 125X50X20X2 150X50X20X2 175X50X20X2 PURLINES 6mt R225.00

R297.00 R337.00 R371.00 R410.00 R447.00

R453.00 R514.00 R565.00 R625.00 R682.00

SPECIALS

Glv Sht 2450x1225x1.2mm R481.85 Glv Sht 2450x1225x2.0mmR1043.20 CHANNEL ROOF SHEETING C/R Sht 2450x1250x0.4mm R161.50 76X38 6.70kg/mt R711.40 I.B.R 0.4MM CQ R61.80 C/R Sht 2450x1250x0.8mm R336.10 100X50 10.73kg/m R935.00 I.B.R/CORR. 0.5mm R79.50 C/R Sht 2450x1250x2.0mm R836.00 152X76 R1871.00 I.B.R/CORR.0.6mm R99.00 H/R Sht 2450x1250x3.0mm R1092 H/R Sht 1850x920x3.0mm R655.40 H/R Sht 3000x1500x4.0mmR2911.60 A grade prices include vat subject to availability E&OE Tool Box & 2 Ton Trolley JackR3499


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.