Gevaar van masker dra as leefw yse! Voor ons na maskers se moets en moenies kyk moet ons miskien eers bietjie gesels oor die voor- en nadele van suurstof en koolstofdioksied. Ons liggaam, bloed en veral ons immuunstelsel floreer op genoegsame suurstof en tydens ‘n pandemie soos ons nou beleef waarvan die simptome, hipoksie en pulmonêre edeem is, soveel te meer. Hipoksie (dieselfde wat met hoogte-boseespieël siekte beleef word) is ‘n tekort aan suurstof in die bloed tot op sellulêre vlak, van so ‘n aard dat dit weefsel-afsterwe kan veroorsaak. Dit is dan ook van die redes hoekom sekere mediese spesialiteite nou begin weg beweeg van ventilators tydens die behandeling van COVID-19, omdat dit longweefsel verder kan beskadig met verhoogde suurstofdruk. Dit kan ook die rede wees hoekom sommige medici beweer dat mense nie weer van ‘n ventilator afkom as hul weens COVID-19 daarop gesit is nie. Koolstofdioksied aan die anderkant maak ongeveer 84% van al die kweekhuisgasse uit wat meestal veroorsaak word deur menslike aktiwiteite. Ons en ons industriële aktiwiteite soos elektrisiteitopwekking, transport en fossielbrandstowwe vervaardig ongeveer 30 biljoen ton per jaar daarvan. Koolstofdioksied maak alles suurder in ons liggaam, oseane ens.
Waar asem ons nou tydens die “lockdown” die meeste CO2 in? In ons huise, deur die lug wat ons uitasem en nie toesien dat daar voldoende ventilasie is deur vensters en deure oop te maak nie. In die natuur word koolstofdioksied deur plante gebruik om koolhidrate deur die proses van fotosintese te produseer, wat dan weer geëet word deur mens en dier vir energie. ‘n Wonderlike sirkel van lewe wat deur ons Hemelse Vader geskep is. Dus is die natuur die grootste balanseerder van koolstofdioksied. Wie het voor COVID-19 maskers gedra? Dit was hoofsaaklik dokters en verpleegpersoneel in teaters om die pasiënt teen enige vorm van besmetting te beskerm. Aptekers getuig dat hulselfs maskers in die apteek dra wanneer hulle ‘n loopneus het, of as hulle hoes om sodoende werknemers en kliënte te beskerm. So eerstens moet nie ‘n masker dra terwyl jy stap, draf of enige vorm van oefening toepas nie. Dit is teenproduktief. As jy nie sonder jou masker wil oefen nie, los dit eerder, jy verrig meer skade aan jou liggaam. Wat gebeur as jy “brisk walk” of draf? Jou harttempo gaan op en jou aanvraag na suurstof in die bloed en weefsel verhoog, afhangende van die intensiteit met tot 20% en meer. Nou het jy ‘n masker op wat O2 inname belemmer en die CO2 wat jy uitasem, vasdruk teen jou gesig, sodat jy
Spesialiseer in: Persoonlike-, kommersiële- en boerderyversekering * Professionele en vriendelike diens * Persoonlike aandag * Vinnige en effektiewe eisehantering * Baie billike tariewe
Klippies: 083 282 7577 Wayne: 072 266 6157 Kantoor: 011 814 8297 Kantoor ure: 08:00 - 16:30
in plaas van suurstof, koolstofdioksied inasem. So jy veroorsaak hipoksie in jou liggaam sonder dat jy eers COVID-10 het! Hou net jou sosiale afstand van 2 meter en sit ‘n “buff ” om jou nek, wat oor die neus en mond getrek kan word sou dit nodig wees. Daar is al mense dood omdat hul ‘n masker in hul motor gedra het, flou geword het, ‘n ongeluk veroorsaak het en ander gesonde mense in die proses in gevaar gestel het. Moenie ‘n masker in jou huis of motor dra nie, want die natuurlike lugvloei is reeds ingeperk. Moenie bang wees om buite op jou erf tyd te spandeer, sonder jou masker nie, eet buite, drink jou 10h00 of 15h00 tee buite. As dit koel is trek warmer aan, maar kom buite, sonder jou masker. Jou liggaam het nou meer as ooit tevore voldoende suurstof, sonlig, Vit D en gesonde interaksie met jou huismense nodig. Buite in die natuur word al hierdie noodsaaklikhede; O2, Vit D en interaksie vir ‘n gesonde liggaam moontlik gemaak. Wanneer moet jy dan wel ‘n masker dra? Die owerhede verplig ons om ‘n masker te dra as ons ‘n winkel besoek. Sit die masker op net voor jy ingaan, beperk jou tyd binne, sodat jy so vining as moontlik weer van die masker ontslae kan raak. Enige iemand wat ‘n hospitaal besoek of werksaam is in ‘n hospitaal kan gebruik maak van N95 maskers verkieslik vir langdurige gebruik soos in hospitale, klinieke en spreekkamers. Maskers kan ook gedra word wanneer jy omsien na ‘n siek/COVID-19 persoon en wanneer jyself ‘n virus of bakteriële infeksie onder lede het. Moenie makers dra in jou motor, in jou huis, op jou erf of as jy gaan oefen nie. As jy jou erf verlaat, sit ‘n masker of “buff ” om jou nek as die area waar jy oefen beperk is en dit soms moeilik is om jou 2m afstand te handhaaf.
Waarsku ander en vertel hulle hoe belangrik O2 is, veral nou tydens COVID19. Beperk ten alle koste die inname van CO2. Wat kan ons verder doen om suurstof en bloedtoevoer in ons liggaam te verhoog? Konsentreer daarop om alles wat jy inneem so te doen om jou immuunstelsel te optimaliseer. Vit C word in die byniere gestoor en help die liggaam om O2 beter te gebruik. Een van die tekens van Vit C tekort, asook kalium tekort, is as jy uitasem is as jy een stel trappe of opdraande geklim het en bene wat swaar voel daarna. Vit D, sink en die gratis sonlig van minimum 20 minute per dag, is goed vir jou. Om die suurstofvermoë en drakrag van die liggaam nog verder te verhoog, moet ons eerstens elke dag oefen, al gaan stap jy net. Maak seker dat jou liggaam nie suur is nie. (Asidose). ‘n Suur liggaam is ‘n suurstof honger liggaam. Dus drink jou alkaliese poeier of minerale (veral kalsium en magnesium) elke aand voor jy gaan slaap. Bevorder Vit E inname, want dit is wat atlete wat berge soos Kilimanjaro klim gebruik om hoogte bo seespieël siekte (“high altitude illness ) te voorkom. Dit is ook hoekom Vit E vir hartkrampe/angina en vrouens wat nie hul ongebore babatjies kan behou nie, werk, want dit verhoog bloed toevoer! Vrees maak meer mense dood as COVID19. COVID mortaliteit kom nie eers naby diè van ons gewone griep dodetal elke jaar nie. Moet jou nie steur aan die getal mense wat al COVID gekry het nie, konsentreer op die 98% wat of simptoomloos is, of al gesond geword het. Baie mense het alreeds simptoomloos deur COVID gewerk en antiliggame gevorm en is nou immuun daarteen. Vertrou die wonder van die skepping en die SKEPPER en leef in oorwinning!