Rekord - Nigel & Heidelberg

Page 1

Amicos - ses in ‘n ry

AMICOS VERSEKERINGSONDERNEMINGS H/A KLIPPIES STEENKAMP MAKELAARS GOUE TOEKENNING VIR 2019 FINANSIëLE JAAR SANTAM GAUTENG OOS-STREEK

AMICOS Versekeringsondernemings BK h/a Klippies Steenkamp Makelaars is op 17 Julie 2020 in kennis gestel dat hulle die SANTAM Goue Makelaarstoekenning vir die Gauteng Oos-streek vir die 2019 Finansiële jaar, verower het. As gevolg van die COVID-19-pandemie kon daar geen prysuitdelingsfunksie plaasvind nie. Amicos het vir die laaste opeenvolgende ses jaar elke jaar met ‘n toekenning weggestap: 2014 die Santam Goue Toekenning vir Makelaars aan die Oosrand. 2015 die Landbou Toekenning vir Makelaars in die Gauteng Oos- en Suidstreke. 2016 die Santam Diamanttoekenning vir Makelaars in die Gauteng Oos- en Suid-streke. 2017 die Santam Diamanttoekenning vir Makelaars in die Gauteng Oos- en Suid-streke. 2018 die Santam

KLIPPIES STEENKAMP

LEZELLE PRETORUIS

Goue Toekenning vir Makelaars in die Gauteng Oos- en Suid-streke. 2019 die Santam Goue Toekenning vir Makelaars in die Gauteng Oos-streek. Die toekenning is veral uitsonderlik omdat dit toegeken word deur SANTAM wat die leier in die korttermynbedryf in Suid-Afrika is. Ons wil ook baie geluk sê aan Suikerbosrand Makelaars BK wat aangewys is as die Agri-wenner vir die 2019 Finansiële jaar. Vandat die versekeringsbedryf sedert 2004 gereguleer word, is daar groot uitdagings, voldoeningsvereistes en wetgewing waaraan elke makelaar onderworpe is. Amicos bied hierdie uitdagings die hoof deur daaglikse opening met Skriflesing en gebed; ‘n voldoeningskultuur by die kantoor te skep; voortdurende opleiding; gereelde strategiese beplanning; daaglikse koördi-

CHARLES HERSELMAN

AMANDA VENTER

neringsvergaderings om foute tot die minimum te beperk en ‘n strewe om altyd te verbeter; harde werk, beskikbaarheid (24 uur) en opoffering aan die kant van die personeel; kliënte prioriteit te laat geniet en hul belange altyd eerste te stel. Ons beywer ons by Amicos om versekerdes die beste advies te gee sodat ons kliënte reg verseker is. Klippies wil dit ook duidelik stel dat Amicos as besigheid nie perfek is nie. Juis daarom poog ons om ons beste en kwaliteitdiens te lewer en bid ons elke dag vir wysheid, kennis en insig om reg op te tree en die regte besluite te maak. Ons verseker u van volgehoue kwaliteitdiens. Ons sê dankie aan ons goeie kliëntebasis en die vertroue wat u in ons plaas. Ons dra weer eens hierdie toekenning aan u op! Amicos in assosiasie met Little Rock Tra-

ding 393 BK wat die admin behartig, se span bestaan uit: Klippies Steenkamp, Charles Herselman (BK-lede – Amicos) en Suzette Steenkamp (BK-lid – Little Rock en Finansies), Wayne Moorcroft (Uitvoerende Bestuurder); Cara Steenkamp (Kantoorbestuurder); Susan Prinsloo, Lezelle Pretoruis, Bronwyn Steyn, Neéve Hewitt en Ruandé Engelbrecht (Onderskrywing); Amanda Venter (Eise) en Joyce Matebula (Liasseerklerk). Klippies, Charles en Suzette bedank hulle personeel vir hul getroue en lojale diens. Amicos sê baie dankie vir hulle kliënte se volgehoue ondersteuning en nooi enige een vriendelik uit om enige tyd hul kantoor in Hendrik Verwoerdstraat 130, Nigel, te besoek of hulle te skakel by 011 814 8297 of 011 814 4896 vir persoonlike diens.

SUZETTE STEENKAMP

WAYNE MOORCROFT

CARA STEENKAMP

RUANDé ENGELBRECHT

SUSAN PRINSLOO

NEéVE HEWITT

BRONWYN STEYN

JOYCE MATEBULA

Spesialiseer in: Persoonlike-, kommersiële- en boerderyversekering Klippies: 083 282 7577 Wayne: 072 266 6157 Kantoor: 011 814 8297 Kantoor ure: 08:00 - 16:30

* Professionele en vriendelike diens * Persoonlike aandag * Vinnige en effektiewe eisehantering * Baie billike tariewe


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.