Neon Fees jolyt! 082 853 4071 NIGEL/HEIDELBERG 1 DESEMBER 2020 rekord@rekordpaper.co.za www.rekord.org.za
“I love Nigel” ‘n projek deur Nigel Inwoners, wat poog om Nigel skoon te hou en deur die loop van die jaar verskeie projekte aan te pak, het weer verlede Vrydag ‘n fantastiese “Neon Night Fun Run” van stapel gestuur. Hierdie komitee bestaan uit vrywilligers en het tans sowat 20 lede. Hierdie organisaie het met slegs 2 lede begin en het gegroei en nooi alle inwoners om deel van hierdie “I love Nigel” projek te word. Fondse word vir die finansiering van projekte aangewend, sodat die nodige verbetering, verandering, opknappings en/of herskep van terreine, parke en sypaadjies kan plaasvind. Van die beoogde projekte behels onder meer die biblioteek se skoonmaak, beveiliging, oprig van lampe om sodoende besoedeling te voorkom. Die stadsaal is ook onder een van die groot uitdagings deur dit totaal en al te restoreer, binne asook buite. Nigel swembad gaan opgeknap word sodat dit weer in ‘n werkende toestand kan wees vir die genot van die gemeenskap. Die swembad sal dan weer in gebruik geneem kan word deur die betaling van ‘n minimale fooi om dan weer hierdie fondse aan te wend om die swembad te onderhou. Die infrastruktuur van John Vorster Stadion is huidiglik eerste op die lys om die grasperk op te knap, die geboue te verf om dit ten volle funksioneel te herskep. Alle ingangsfooie of enige ander vorm van gelde wat ingevorder gaan word, tydens geleenthede of funksies sal dan ook vir die onderhoud van die stadion gebruik word. Baie dankie aan borge soos Amicos, Kruger & Okes Prokureurs en Picanha.
Verlede Vrydagaand deelnemers
Inskrywings stroom in!
Oor die 600 mense het ingeskryf en gedeel in die pret!
Spesialiseer in: Persoonlike-, kommersiële- en boerderyversekering * Professionele en vriendelike diens * Persoonlike aandag * Vinnige en effektiewe eisehantering * Baie billike tariewe
Klippies: 083 282 7577 Wayne: 072 266 6157 Kantoor: 011 814 8297 Kantoor ure: 08:00 - 16:30
Lees bladsy 6 vir inligting vir jou seënwense!