1 minute read

bettollo - dié variëteit vir die winter

Met die winter wat op hande is, is daar steeds ’n groot aanvraag vir beet op die plaaslike markte. En met die laaste paar jaar se proefaanplantings wat gedurende die winter gedoen is, het daar een variëteit uitgestaan wat die koue kon trotseer en nogsteeds ’n kwaliteit bol gelewer het.

Bettollo is een van Bejo se variëteite wat goed geskik is vir winter-aanplantings. Die variëteit het ’n uiters sterk kieming en danksy ’n dik waslaag op die blare kan hy koue goed hanteer terwyl die blare groen bly.

Mnr Drias van Rensburg plant al vir die afgelope vier jaar beet en het laas jaar besluit om Bettollo te plant omdat die blare reg deur die winter groen bly wat noodsaaklik is vir goeie bolvorming.

Wat die variëteit verder uniek maak is dat hy ook in die somer verbou kan word vir die vars bossie-mark a.g.v sy ongelooflike blaar struktuur en groen loof. Mnr van Rensburg plant dus ook Bettollo in die somer en wat vir hom opvallend was is die groeikragtigheid van die plantjies en dat hy minder “damping off” gekry het op Bettollo as op die ander variëteite.

Bettollo kan vannaf middel Maart tot einde Julie geplant word.

artikel deur olav lange

produkte

Saai digtheid • Somer: 500 000 - 520 000 sade/ha • Winter: 430 000 - 450 000 sade/ha

Kunsmis behoefte Beet se algemene behoeftes is soos volg:

• 300-400kg/ha kalksteen, ammonium nitraat of ammonium sulfaat wat in 3 toedienings opgedeel kan word gedurende die groei seisoen. • 150kg/ha stikstof wat met plant toegedien word en die res as die plantjies ongeveer 10 - 15cm hoog is.

Tussen 500-600kg/ha superfosfaat en 200-300kg kalium chloried kan net voor plant toegedien word. Alternatiewelik kan ’n mengsel van 2:3:2(22) teen 1000 - 1200kg/ha toegedien word.

Let wel, dat hierdie slegs ’n basiese riglyn vir die kunsmis behoeftes is en dat dit altyd beter is om ’n grond analiese te laat doen om die spesefieke behoeftes beter uiteen te sit vir optimale opbrengs en kwaliteit.

Wees ook versigtig vir te veel growwe organiese material soos kompos en/of kraalmis wat die groei van sywortels kan bevorder en die finale produk baie onaantreklik kan laat lyk.

This article is from: