Bejo Nuvance | Oppiplaas 10

Page 32

bettollo - dié variëteit vir die winter

M

et die winter wat op hande is, is daar steeds ’n groot aanvraag vir beet op die plaaslike markte. En met die laaste paar jaar se proefaanplantings wat gedurende die winter gedoen is, het daar een variëteit uitgestaan wat die koue kon trotseer en nogsteeds ’n kwaliteit bol gelewer het. Bettollo is een van Bejo se variëteite wat goed geskik is vir winter-aanplantings. Die variëteit het ’n uiters sterk kieming en danksy ’n dik waslaag op die blare kan hy koue goed hanteer terwyl die blare groen bly. Mnr Drias van Rensburg plant al vir die afgelope vier jaar beet en het laas jaar besluit om Bettollo te plant omdat die blare reg deur die winter groen bly wat noodsaaklik is vir goeie bolvorming. Wat die variëteit verder uniek maak is dat hy ook in die somer verbou kan word vir die vars bossie-mark a.g.v sy ongelooflike blaar struktuur en groen loof. Mnr van Rensburg plant dus ook Bettollo in die somer en wat vir hom opvallend was is die groeikragtigheid van die plantjies en dat hy minder “damping off” gekry het op Bettollo as op die ander variëteite. Bettollo kan vannaf middel Maart tot einde Julie geplant word.


Turn static files into dynamic content formats.

Create a flipbook
Issuu converts static files into: digital portfolios, online yearbooks, online catalogs, digital photo albums and more. Sign up and create your flipbook.