2 minute read

nuvance depot in brits

Sedert 2007 het Nuvance (destydse Klein Karoo Saad Bemarking) die Brits kliënte vannuit ons depot in 81 Tom straat (langs Obaro) gediens. In 2014 het Zelda Hill by hierdie depot aangesluit waar sy vir die laaste 6 jaar vir die kontantverkope, voorraadsbeheer en administrasie verantwoordelik was.

Na 13 jaar op hierdie perseel, het Nuvance einde laas jaar ’n nuwe depot in Brits in Harrington straat 15 (langs Nandos) oopgemaak. Hierdie is gerieflik geleë direk op die hoofroete (R511) ideaal vir dié wat vininig deur Brits kom, of net wil kom navraag doen oor die verskeidenheid groentevaritiëte wat ons kliënte bied. Met die opening van die nuwe hoofkantoor en distribusie sentrum in Pretoria, is Zelda daarheen oorgeplaas as pakhuis kontroleerder aangesien haar ervaring in voorraadsbestuur hier baie meer van waarde is.

In Februarie 2021 het El-Marie Kotze by Nuvance aangesluit en behartig tans die verkope en administrasie asook elektroniese voorraad beheer van dié depo. In samewerking met De Wet Meyer (verkoopsverteenwoordiger) bedien hulle die groter Brits area.

Kontak die Brits depot gerus by:

Tel: (012) 493 0358 El-Marie Kotze: e.kotze@nuvance.co.za De Wet Meyer: d.meyer@nuvance.co.za Adres: Harrington Straat 15 | Winkel no. 4 Brits | 0250

regional news

Wat ’n ondervinding om vanaf die mynbou bedryf na landbou oor te skakel. Dit was seker een van die onbekendste velde wat ek nog in my lewe betree het, en ek het nie eers groen vingers nie!

In die verlede het ek net altyd groente gekoop van ’n rak af. Vandag kyk ek met ander oë na dié groente. Ek het nooit eers gedink aan al die verskillende variëteite wat bestaan nie. Vir my was ’n ui ’n ui, maar nou het ek al name geleer van ui variëteite, wat die gewone publiek nie eers van weet nie.

Die omgewing was onbekend, maar ek leer steeds elke dag. Danksy my mede-kollegas het ek in ’n kort ruk deel geword van hierdie gemeenskap. Dankie aan Zelda Hill wat my ’n baie deeglike opleiding gegee het. Haar geduld en vermoë om kennis te deel, het my in ’n baie kort rukkie die geleentheid gegee om die Brits depot op my eie te kan hanteer. Elke dag kan ek my kontant kliënte met meer vertroue help. Ek kan meer van hulle vrae beantwoord, en hulle met meer vertroue behulpsaam wees.

Dankie aan De Wet Meyer, wat my elke dag geduldig antwoorde gee oor vrae wat ek aan hom stel oor saad, prosesse, en sommer bietjie agtergrond oor die plant tye van sekere groente gewasse.

Ons is ’n klein span, en ek is werklik baie dankbaar om deel te wees van hierdie span, ’n groep waar elkeen hulle bydrae maak.

- El-Marie Kotze

This article is from: